Jan-Albert van den Berg in gesprek met Deon Kitching

[AFRIKAANS]

Meer oor Jan-Albert   https://ufs.academia.edu/JanAlbertVandenBerg

Daar word baie  gepraat oor die 4e Industriële Rewolusie in ons dag. Selfs die  Suid-Afrikaanse regering sien dit as 'n noodsaaklike ontwikkeling  waarvan ons deel moet bly. Maar wat word daarmee bedoel en hoe raak dit  ons alledaagse bestaan?

Jan Albert van  den Berg van die UFS het hom ingegrawe op die terrein en is ook die  redakteur van 'n konferensie-publikasie wat eersdaags verskyn: “Engaging the Fourth Industrial Revolution: Perspectives from theology, philosophy and education”.

Ons luisteraars sal die geleentheid kry om die hele boek hier GRATIS af te laai, sodra dit gepubliseer word. Die boek verskyn aan die begin van Julie 2020. Stuur jou e-ps adres na deonkit@mweb.co.za as jy belangstel om die skakel te kry.

Jan-Albert is Professor in Praktiese Teologie aan die Universiteit van die Vrystaat.