Uiteindelik, ná jare lank se gewag, is grond amptelik aan agt plaaswerkers van Eddie Prinsloo - ‘n boer uit die Smithfield-omgewing in die Vrystaat, by wyse van die Uitbreiding van Sekerheid van Verblyfreg, oftewel Esta-model, oorhandig. Prinsloo is in 2015 deur die staat genader om saam met sy werkers ‘n boerdery deur die 50/50-model te begin. Maar hierdie proses is gestaak, en die Esta-model is toe in die Vrystaat van stapel gestuur. Prinsloo gesels met OFM-nuus se Elsabé Richard hieroor…