Jy ken hom van verskeie films, TV-reekse en advertensies, maar Ian Roberts is ook al vir die afgelope 13 jaar die voorsanger van die Radio Kalahari Orkes. Hy het in die harte van Afrikaanse mense ingeklim, maar min van hulle weet dat sy huistaal is eintlik Engels is. Op skool het 'n onderwyser vir hom gesĂȘ hy gaan die koning wees van Afrikaans. Hy skryf die lirieke vir die groep, en speel onder andere die penniefluitjie, kitaar en trekklavier.