Die voorspelling vir 2023 is dat die wêreldekonomie stadiger gaan groei as wat verwag is. Dit is volgens ekonoom en prof. Waldo Krugell, verbonde aan die Noordwes-Universiteit. Krugell sê die oorlog in Oekraïne het daartoe gelei dat die internasionale aanbod van onder meer mielies en sonneblom kleiner is. Hier is OFM-nuus se Elsabé Richard-May met meer…