Suiwelprodusente in Lichtenburg in Noordwes is steeds besig om te herstel nadat Clover, Suid-Afrika se grootste suiwelmaatskappy en een van die voorste vervaardigers en bemarkers van voedselprodukte in die land, sy kaasfabriek in 2021 na KwaZulu-Natal geskuif het. Dié besluit is na bewering geneem op grond van swak dienslewering deur die plaaslike munisipaliteit. OFM-nuus se Elsabé Richard-May het met Agri Noordwes se Naudé Pienaar hieroor gesels…