Elke Donderdag omstreeks 11:30 is dit tyd vir Vra vir Riekert op Radio Tygerberg 104FM. Mike Potgieter vra Riekert luisteraarsvrae rondom die gees en die lewe. Riekert se styl is informeel en prakties. Hy beskik oor die vermoë om diep geestelike waarhede op 'n eenvoudige manier bloot te lê sodat almal kan verstaan.