Die dodetal in die George-gebou-ineenstorting in die Wes-Kaap het tot 13 gestyg. Reddingsoperasies duur vandag vir die vyfde dag voort met nooddienste wat aktief soek na nog 40 vermiste mense. Die woordvoerder van die munisipaliteit, Rowena van Wyk, sĂȘ nog 'n liggaam is omtrent half-drie vanoggend opgespoor.