Die Manhattan Distriksprokureur, Alvin Bragg, het die skuldigbevinding van oudpresident Donald Trump verwelkom. 'n Jurie het Trump skuldig bevind op 34 aanklagte van die vervalsing van sakerekords om 'n swyggeld-betaling aan die porno-ster Stormy Daniels te verdoesel. Hy is die eerste Amerikaanse president wat aan 'n misdaad skuldig bevind is. Bragg sĂȘ die beslissing wys niemand is bo die reg verhewe nie.