Die onlangse goedkeuring van 'n nasionale minimum loon van 18 Namibiese dollar per uur deur die kabinet, onder leiding van arbeidminister Utoni Nujoma, word onder die loep geneem terwyl arbeidskenners die doeltreffendheid daarvan bevraagteken. Die besluit, wat in Januarie volgende jaar in werking sal tree, sluit 'n hersieningstydperk van twee jaar in. Sektore soos die Namibiese Landbou-unie se Landbouwerkgewersvereniging maak egter sterk beswaar teen die nuwe minimumloon, met verwysing na unieke faktore soos behuising en voorsiening vir lewensbehoeftes binne die sektor. Tim Parkhouse, die voormalige sekretaris-generaal van die Namibiese Werkgewers-vereniging, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en sĂȘ daar was talle besprekings vir 'n leefbare loon in teenstelling met 'n minimumloon.