Die Namibiese Mededingingskommissie kyk na die instel van maatreƫls om marktoestande te verbeter na die afhandeling van 'n ondersoek na die motorbedryf. Dit kom nadat die kommissie sy ondersoek na die motorbedryf teen verskeie vervaardigers van oorspronklike toerusting vervaardigers, bekend in Engels as OEMs, voertuighandelaars en paneelkloppers afgehandel het wat in September 2018 begin het. Kosmos 94.1 Nuus het met Dina Gowases, woordvoerder by die kommissie, gepraat.