Daar is net meer as drie maande oor voor die verkiesing en nog net die Republikeinse Party het sy verkiesingsmanifes vrygestel. Swapo se presidensiƫle kandidaat, Netumbu Nandi-Ndaitwah, het by 'n vergadering in die Erongo-streek aangekondig die party se manifes sal op 14 September bekendgestel word. Volgens haar sal die party hom slegs tot realistiese doele verbind. Nandi-Ndaitwah brei uit.