Rugby: Die Springbok-losvoorspeler Ben-Jason Dixon is besig om opgang te maak en staan voor die grootste uitdaging van sy kort internasionale loopbaan tot dusver. Dit sal die 26-jarige se vierde keer toets wees wanneer hy vanmiddag in Suid-Afrika se opdrafspan is in die Rugbykampioenskaps-kragmeting met Nieu-Seeland op Ellispark. Dixon sĂȘ dit is 'n droom wat bewaarheid is om vir die Bokke teen die All Blacks te speel.