Piesangs is die tweede mees verbruikte vrugte in Namibiƫ, maar al ons piesangs word ingevoer. 'n Piesang proefprojek word tans uitgevoer, en daar word beplan om die aantal proefterreine te vergroot om verskeie agro-ekologiese sones regoor die land te dek. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Emilie Abraham, die bestuurder van tuinbou-ontwikkeling by die Namibiƫ Akkerbouraad, wat 'n opdatering van die proewe gee.