Die Namibiese druiwebedryf maak staat op water van die Oranje-rivier maar volgens die nuutste hidrologiese bulletin van die week vertoon die Oranje-rivier vlakke van Blouputs en Sendelingsdrif redelik swak. Die vlakke staan tans onderskeidelik op minder as 0,34 en 0,19 meter. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Pauline Mufeti, die hoof hidroloog van die Namibiese Hidrologiesedienste. Sy sĂȘ Suid-Afrika beheer die vloei.