Die KwaZulu-Natal politieke moordtaakspan het 'n tradisionele geneser van KwaMashu in hegtenis geneem wat daarvan beskuldig word dat hy die moorde op die ANC-jeugliga-lid Thamsanqa Gcabashe, die eThekwini-metropolisiebeamptes Lindokuhle Madonsela, en Ndumiso Thusi in 2020 beplan het. Polisiewoordvoerder Athlenda Mathe sĂȘ die verdagte sal na verwagting Maandag in die Hammarsdale-landdroshof verskyn, terwyl vyf ander beskuldigdes reeds tereg staan op aanklagte van moord en sameswering om moord te pleeg: