Wie oornag in Karien Carstens se gastehuis op die plaas? En wie se motor staan netjies voor die gastehuis geparkeer? ʼn Kamera word gesteel en skelm teruggesit: “Dit was nie in jou motor toe ek netnou daarin geloer het op pad hiernatoe nie,” sê Karien met oortuiging.