Daar is 'n voortdurende stryd om bloed by die Suid Afrikaanse Bloeeddiens gedurende die feesseisoen wanneer daar 'n skerp toename in aanvraag is. Die ideaal is om vyf dae se voorraad te h^e maar dit is selde die geval. 'n Spesiale bloedskenkingsveldtog is in Port Elizabeth in die Oos Kaap geloods ter nagedagtenis aan Mej.Port Elizabeth 2010, Bianca Harper-Agherdien. Sy is laas November dood na 'n motorongeluk, ondanks die feit dat sy 39 eenhede bloed ontvang het. Veronica Fourie doen verslag.