Meer as 180 verskaffers is op pad om die naweek hul kundigheid te deel by die Makadamia-ekspo in Witrivier. Philip Moufarrige van AmberMacs, wat die twee-dag ekspo reël, sê dit is hoogtyd dat makadamia-boere in die Laeveld so ‘n geleentheid kry. Die fees vind Vrydag en Saterdag plaas by AmberMacs op die Ou Plaston/Yaverland-pad. Bywoning is gratis, maar vooraf-registrasie is noodsaaklik. Besoek Quicket om te registreer.