'n Trein vol hoƫrskoolleerders is op pad na die jaarlikse interskole. Dit is 'n nag vol tradisie, poetse, passie, liefde, hartseer en gevaar. 'n Reis wat hulle almal sal verander en niemand sal vergeet nie... Altesame elf jong akteurs, waarvan die meeste tans nog in die skoolbanke, debuteer in 'n opdrag-jeugdrama uit die pen van die gewilde radioskrywer, Anton Treurnich. Met Patricia Baadjies, Luka Geldenhuys, Du Toit Albertze, Dealan Fredericks, Carla Smith, Jeani Heyns, Lise-Mari van Wyk, Liam Walsh, Luke White, Margo Kotze en Nienke Geldenhuys. Regie: Eben Cruywagen