Philip de Vos is alombekend vir sy lustige limerieke en filosofiese rymelary. Hierdie maltrap versprogram is 'n samestelling van die virtuose De Vos se verse in die vorm van 'n moderne sprokie. Maak kennis met 'n vet feƫ, 'n padda, 'n prins, 'n mielie en 'n kreef op hierdie besonderse liefdesreis. Kostelike vermaak vir die hele gesin.