Wat sal gebeur as jy die skoolhoof kielie? Kan jy die alfabet van A tot Z burp? Kruip daar ’n wurm in hierdie boek weg? Waarom is dit ’n slegte idee om jou toonnaels te kou? Wat is die moeilikste vraag op aarde? Die antwoorde op al hierdie vrae is NOU beskikbaar in hierdie e-boek met meer as 60 rympies wat gewaarborg is om jou lagspiere hope oefening te gee. Kry meer inligting by http://www.jacojacobs.co.za