Buite Christus is mense verduisterd, verhard, sonder perke en onrein. Iemand wat Christus op die regte manier leer ken het, sal anders lewe. Ons moet alles aflê wat by die ou, sondige mens hoort en alles najaag wat by die nuwe skepping pas, o.a. waarheid, vergewensgesindheid, eerbaarheid, goeie spraak en vriendelikheid.