Eers word 'n oorsig van die verskriklike toestand van die verlore mens gegee en dan 'n herinnering aan God se groot liefde en genade wat mense verlos. God red uit eie inisiatief en tot Sy eie eer, alleen deur geloof in Christus en sonder ons eie werke, maar ware redding lei tot goeie werke.