RSG Kunsfees 2014: Recent Episodes

RSG

RSG se tweede bekroonde kunstefees op lug. Ons bring die kunste na jou toe!

View Details

Christelle Webb-Joubert gesels met die kunstenaar Diane Victor oor haar lewe en werk.

View Details

Oom Goltros van Verneukpan gaan met sy “kwinksinnigheid” en enigmatiese verbeeldingsvlugte die luisteraars laat lag en kopkrap.

View Details

Johan van Lill kyk na die jong, nuwe stemme wat die teaterbedryf die afgelope paar jaar op sy kop draai.

View Details

Dit lyk asof Poen alles vergeet het - tot sy woorde! En nou moet daar vinnig 'n nuwe superheld gekies word, anders stuur die konsert op 'n fiasko af!

View Details

Reis sonder einde is 'n dramatiese speurtog van die mens se hunkering na emosionele en geestelike vervulling. Uys Krige verbeeld die brug wat hy tussen twee uiteenlopende kulture ontdek het. Bekoor deur die flamenco-ritmes skilder hy 'n soldaat se eensame tog deur die woestyn en herskep hy in Afrikaans die Spaanse digter Federico Garcia Lorca se klaaglied oor sy gestorwe vriend. Ervaar Krige en Lorca vervleg tussendeur die kitaarmusiek van Paco de Lucia en Ricardo Morego se album, Dos Guitarras Flamencas. Met Elma Potgieter & Schalk Jacobsz.

View Details

Johan van Lill gesels met die kunstenaar Tyrone Appollis oor sy lewe en werk.

View Details

Die konsert is om die draai en almal oefen dat dit klap. Dan gebeur daar 'n ongeluk wat amper die hele kunstefees bederf.

View Details

'n Groep kunstenaars het geskenkbewyse met vyf minute se stilte ontvang. Kom luister hoe die verbeelding op galop gaan en hoe die stilte verdryf word...

View Details

Een van Afrikaans se mees omstrede skrywers, 'n vernuwer en verskuiwer van literêre grense – wyle Koos Prinsloo – het in 1982 gedebuteer. Andre Kotze het die titelverhaal van “Die Jonksmanskas” as 'n radiodrama verwerk. Dit is 'n uitsonderlike verhaal van konflik – tussen geslagte, gender, etniese groepe en veral die stryd binne een mens. Met Wessel Pretorius, Lida Botha, Martelize Kolver, Leon Kruger, Roeline Daneel, Esther von Waltsleben, Geon Nel & Piet Beyers. Regie: Joanie Combrink

View Details

Die akteur, sanger en komediant Waseef Piekaan doen 'n oudisie vir 'n fees in Amerika.

View Details

Christelle Webb-Joubert gesels met die kunstenaar Diane Victor oor haar lewe en werk.

View Details

Oom Goltros van Verneukpan gaan met sy “kwinksinnigheid” en enigmatiese verbeeldingsvlugte die luisteraars laat lag en kopkrap.

View Details

Johan van Lill gesels met die balletdanser Johaar Mosaval oor sy lewe en werk.

View Details

Oom Goltros van Verneukpan gaan met sy “kwinksinnigheid” en enigmatiese verbeeldingsvlugte die luisteraars laat lag en kopkrap.

View Details

Die digters toor met woorde en borduur vanjaar vrolik voort op verse van onder andere Boerneef en Barend J. Toerien. Daar is ook kans om 'n gunsteling-gedig te herbesoek. En dan moet hulle binne vyf minute 'n bekende en klassieke, Afrikaanse gedig nuwe lewe gee. Kom luister en lag saam. Poësie was lanklaas soveel pret en plesier. Met Ilse Salzwedel en die digters Diana Ferrus, Andries Bezuidenhout en Philip de Vos, en voorlesings deur Elize Cawood.

View Details

'n Paar onaangename goed gebeur met Poen wat hom so 'n bietjie toets, maar die konsert moet voortgaan en die tyd is min!

View Details

Die akteur en dramaturg Christo Davids se splinternuwe radiodrama handel oor 'n egpaar wat besig is om na jare hul huis op te pak. Tussen die foto's en herinneringe deur ontdek hulle iets wat albei se lewens verpletter. Tussen die bokse is 'n verhaal wat die luisteraars meer as net 'n traan sal laat wegpink. Met Duncan Johnson, Fatima Abdool, Donovan Pietersen & Martin Jansen. Regie: Helena Hugo

View Details

Christelle Webb-Joubert gesels met die kunstenaar Diane Victor oor haar lewe en werk.

View Details

Christelle Webb-Joubert gesels met die kunstenaar Diane Victor oor haar lewe en werk.

View Details

Bennie en Sarie vertel vir Poen en Toekie waarom hulle aarde toe moes kom, en die plonkies lê 'n strawwe oudisie af.

View Details

Met Marius Weyers, ter viering van sy 70ste verjaardag. 'n Sjimpansee wat deur 'n berugte wildvanger aan die Goudkus gevang en per skip na Hamburg geneem is, ontdek een aand tydens 'n partytjie aan boord van die skip – tot groot vermaak en die verstomming van die bemanning – dat hy kan praat nadat hy 'n bottel brandewyn gedrink het. Hierdie deurbraak veroorsaak dat die aap bekend word en Europa deurkruis en voor groot gehore optree. Een van hierdie optredes is 'n verslag aan 'n akademie oor sy nuwe lewe nadat hy sy dierlike aard oorwin het. Soos die meeste van Kafka se kortverhale lewer hierdie stuk kommentaar op die samelewing en medemenslikheid. Marius Weyers was vir die eerste keer in 1979 in die Markteater te sien in die Engelse solostuk, wat in 1986 vir die laaste keer in Los Angeles opgevoer is. Dit is die heel eerste keer dat Weyers dit in Afrikaans en vir radio aanpak. Ook met Petrus du Preez en Marlo Minnaar. Regie: Eben Cruywagen

View Details

'n Groep kunstenaars het geskenkbewyse met vyf minute se stilte ontvang. Kom luister hoe die verbeelding op galop gaan en hoe die stilte verdryf word...

View Details

Johan van Lill gesels met die veteraanakteur Marius Weyers oor sy lewe en werk.

View Details

Oom Goltros van Verneukpan gaan met sy “kwinksinnigheid” en enigmatiese verbeeldingsvlugte die luisteraars laat lag en kopkrap.

View Details

Philip de Vos is alombekend vir sy lustige limerieke en filosofiese rymelary. Hierdie maltrap versprogram is 'n samestelling van die virtuose De Vos se verse in die vorm van 'n moderne sprokie. Maak kennis met 'n vet feë, 'n padda, 'n prins, 'n mielie en 'n kreef op hierdie besonderse liefdesreis. Kostelike vermaak vir die hele gesin.

View Details

Johan van Lill gesels met papierrestoureerder Dieter Ludemann.

View Details

Dit is 25 jaar na die “wittebrood” en die geliefdes is weer aan tafel... Die veelbekroonde aktrise en regisseur Sylvaine Strike skep 'n radiodrama sonder woorde. Hoor hoe 'n storie met klank en geluide vertel word!

View Details

'n Trein vol hoërskoolleerders is op pad na die jaarlikse interskole. Dit is 'n nag vol tradisie, poetse, passie, liefde, hartseer en gevaar. 'n Reis wat hulle almal sal verander en niemand sal vergeet nie... Altesame elf jong akteurs, waarvan die meeste tans nog in die skoolbanke, debuteer in 'n opdrag-jeugdrama uit die pen van die gewilde radioskrywer, Anton Treurnich. Met Patricia Baadjies, Luka Geldenhuys, Du Toit Albertze, Dealan Fredericks, Carla Smith, Jeani Heyns, Lise-Mari van Wyk, Liam Walsh, Luke White, Margo Kotze en Nienke Geldenhuys. Regie: Eben Cruywagen

View Details

Dit is reeds meer as vier dekades sedert Hennie Aucamp se eenakter op 'n verhoog in Stellenbosch gedebuteer het. Die veelbekroonde radiodramaregisseur Margot Luyt het die stuk vir die radio verwerk en 'n groep van Suid-Afrika se teaterveterane byeengebring vir 'n roerende opvoering oor die mens se stryd teen tyd. Met Louis van Niekerk, Wilna Snyman, Lida Botha, Kitty Albertyn, June Seymour, Neels Coetzee, Marga van Rooy, Juanita Swanepoel & Deidre Wolhuter. Klavier: Albie van Schalkwyk. Regie: Margot Luyt

View Details

Oom Goltros van Verneukpan gaan met sy “kwinksinnigheid” en enigmatiese verbeeldingsvlugte die luisteraars laat lag en kopkrap.

View Details

Die veelbekroonde aktrise en regisseur Sylvaine Strike skep 'n radiodrama sonder woorde. Hoor hoe 'n storie met klank en geluide vertel word!

View Details

Ná drie en 'n half jaar kom kuier Poen en Toekie, die twee plonkies van die planeet Wopper, weer op die aarde. Die groot vraag is egter: wat moet hulle hier kom doen?

View Details

Johan van Lill gesels met die aktrises Kitty Albertyn en June Seymour oor hulle lewe en werk.

View Details

Christelle Webb-Joubert gesels met die kunstenaar Diane Victor oor haar lewe en werk.

View Details

Henning Snyman beskryf Hendrik J. Botha, 'n narkotiseur en digter van Pretoria, as 'n “ware vonds vir die Afrikaanse digkuns”. Soos die draad van die lewe, gespan in die hande van Zeus se dogter, Atropos, so verloop hierdie debuut van herinneringsgedigte oor die jeug, deur die mediese beroep tot waar die draad finaal geknip word – gedigte oor sterflikheid en verlies. 'n Versprogram wat eggo met Botha se vernuftige interaksie tussen betekenis en klank. Met Rika Sennett en Richard van der Westhuizen

View Details

Hierdie splinternuwe drama uit die pen van die Hertzogpryswenner is vir die Katolieke Adam Small die vervulling van 'n hunkering sedert sy jeugjare om 'n drama oor Maria, die moeder van Jesus, te skryf. Ook om sy Rooms-Katolieke skoling op die Kaapse Vlakte in herinnering te roep en erkentenis aan die Islamitiese invloede in sy lewe vorm te gee. 'n Kontemporêre lydensverhaal met Maria (Leande Valentyn) en Josef (Chris Majiedt) word in 'n makro-drama, soos 'n Uberammergau-spel, nuwe gestalte gegee. Met Deon Lotz, Chris Majiedt, Ivan Abrahams, Marlo Minnaar, De Klerk Oelofse, Leande Valentyn, Hannah Borthwick, Morne Visser, Andre Samuels, Freda van den Heever en Roeline Daneel.

View Details

Die komediant Shimmy Isaacs kielie jou lagspiere.

View Details

Liewe Heksie en vriende se avonture in Blommeland.

View Details

Antjie Krog eksklusief in gesprek met Susanne Beyers. Krog lees verse uit haar eerste bundel in agt jaar, Mede-wete, en gesels oor ma- en ouma-wees, kos, kreatiwiteit, die grond in elkeen van ons, mede-menslikheid en hoe om woede te verskans.

View Details

'n Kreatiewe en eksperimentele projek, met musiek, woordkuns, ballet en selfs visuele kuns... Luister hoe 'n handvol kunstenaars die stilte verdryf...

View Details

Prof. Paf kom agter dat dit nie so maklik is om 'n ruimteskip te laat vlieg nie. Nog twee Ploeters daag ongenooid op. Hulle maak onthullings wat die wereld skok, en red die mensdom van ondergang.

View Details

Die komediant Mark Banks kielie jou lagspiere.

View Details

Is daar ‘n nasionale kunstebedryf, of het die kunstefees-kringloop ‘n aantal streeksfeeste geskep, sonder ‘n nasionale “bedryf”? Hoe bevoordeel of benadeel dit kunstenaars?

View Details

Kim Heynes lees Elani Venter se kortverhaal LETTIE SE VERLIES.

View Details

Die komediant Shimmy Isaacs kielie jou lagspiere.

View Details

Vertaal deur Uys Krige. Met Louis van Niekerk as Lear en Lochner de Kock as die nar. Die ander spelers is Richard van der Westhuizen, Anton Dekker, Andre Stolz, Wilhelm van der Walt, Melt Sieberhagen, Sulette Thompson, Heidi Mollentze, Lelia Etsebeth, Morne Coetzer, Marcel van Heerden, Henk Hugo en Duncan Johnson.

View Details

Die komediant Mark Banks kielie jou lagspiere.

View Details

Liewe Heksie en vriende se avonture in Blommeland.

View Details

Prof. Paf se plannetjie loop skeef en hy moet inderhaas terug PloeterPlaneet toe. Die enigste manier hoe hy egter daar kan kom, is met iets soos 'n ruimteskip. En die enigste ruimteskip in die omtrek is... Pongie en Polollie s'n!

View Details

Ilse Salzwedel doen 'n woordketting met die digters Philip de Vos, Diana Ferrus en Andries Bezuidenhout. Elize Cawood is die spesiale gas.

View Details

Hoekom is Shakespeare so tydloos? Wat omtrent sy werk maak dit so universeel?

View Details

Lê ons kunste nou in die vlak water? Het ons smaak vervlak? Is alles nou net kits, vinnig en oppervlakkig? Wat het van ons aandagspan geword?

View Details

Kunste-joernalistiek in Afrikaans – is die einde in sig?

View Details

Die Ploeters vertrek uiteindelik op hulle aardse reis, en wanneer hulle hier aanland ontmoet hulle 'n baie kleurryke karakter wat hulle nooi om 'n regte, egte aardse avontuur te beleef...

View Details

Die komediant Mark Banks kielie jou lagspiere.

View Details

'n Huldigingsprogram oor DJ Opperman, nagevors, saamgestel en aangebied deur Lina Spies. Met Nic de Jager en Sue Pyler.

View Details

Die bekroonde toneelstuk is spesiaal vir die radio verwerk en handel oor die “perdevrou van die Overberg”, Ella Gordon Dove Colston. 'n Legende van die Hemel-en- Aarde-vallei kry hier roerend nuwe lewe.

View Details

Liewe Heksie en vriende se avonture in Blommeland.

View Details

Die komediant Shimmy Isaacs kielie jou lagspiere.

View Details

Regstreekse opname by die KKNK 2014: Die gegriefde Antjie (Rolanda Marais) begelei Christoffel (Deon Lotz) in sy toetrede tot die hel. Hy't dit nie verwag nie en sit hom hewig tee, maar tevergeefs. Die rot, die skare, die baba, die skroue en skreeue van die ander Teerlinge is weer daar om ds. Christoffel te laat weifel en wonder en selfs te verbyster. Sy verlede haal hom klaaglik in en hy word gestroop tot die naakte waarheid.

View Details

Gaan mense nog feeste toe?

View Details

Liewe Heksie en vriende se avonture in Blommeland.

View Details

Pongie en Polollie lê besoek af by prof. Pafler Pascal om hom te vra om vir hulle 'n ruimteskip te bou. Hy is die enigste Ploeter wat slim genoeg is om hulle te help, maar hy is ook n bietjie slu, en daarom is hulle maar versigtig vir hom.

View Details

Die komediant Mark Banks kielie jou lagspiere.

View Details

Dean John Smith lees Corne Koegelenberg se verhaal DIE VRESE VAN BENNIE WESSELS.

View Details

Tobie Cronje speel 'n middeljarige man wat deur sy dominerende vrou aangesê word om 'n lesing oor die euwels van tabak aan te bied. Die lesing verloop egter nie soos beplan nie.

View Details

Johan Rademan gesels met die aktrise June van Merch oor haar lewe, haar belangstelling in drama, en hoe die karakter van Katriena haar uiteindelik bevry het.

View Details

Die komediant Mark Banks kielie jou lagspiere.

View Details

“Die lewe kan 'n mens soms so bolmakiesie laat slaan. Jy kan net reddeloos toekyk en jou oë toeknyp.” Met Grethe Fox, Gerard Rudolf, Rolanda Marais, Jacques Bessenger en Danielle Retief.

View Details

June van Merch lees drie verhale uit KATRIENA, VERTEL uit die pen van Riana Scheepers.

View Details

“Uit die keur van Serfontein se werke neem Antoinette Kellerman jou met deernis terug na die skrywer se kosbare beskrywings van haar ouers, haar soms eksentrieke Serfontein-familie en haar jare op die plaas as jong kind en later as joernalis, getroude vrou, versorgende moeder en ouerwordende dame. Lekker aardse koekemakranka-kosgoed vir die siel,” skryf Nico Luwes.

View Details

Maak kennis met die Ploeters van PloeterPlaneet - Pongie en Polollie en hulle maats, Pomfried en Pienatus. Hulle hoogtepunt van die jaar is die skoolkonsert, maar vanjaar het Polollie ander planne...