Matt 22:37-39“ ‘Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel’ en met jou hele verstand. Dit is die grootste en die eerste gebod. En die tweede, wat hiermee gelyk staan is: ‘Jy moet jou naaste liefhê soos jouself’ “.
"En die vrede wat Christus gee, moet in julle lewens die deurslag gee. God het julle immers geroep om as lede van een liggaam in vrede met mekaar te lewe. Wees altyd dankbaar."
'Ek is die Here jou God, Ek vat jou hand, Ek se vir jou: Moenie bang wees nie, Ek help jou.
...Onthou...wees sterk en vertrou My met alles in jou! Moenie vir iets of iemand skrik of bang wees nie, want Ek, die Here jou God, is by jou waar jy ook al gaan."
"Eer aan God in die Hoogste Hemel, en vrede op aarde vir die mense in wie Hy 'n welbehae het!"
'Mag God, die bron van hoop, julle deur julle geloof met alle vreugde en vrede vervul, sodat julle hoop al hoe sterker kan word deur die krag van die Heilige Gees.!'
"Wie van hierdie drie is volgens jou die naaste van hom wat onder die rowers verval het?"
“Jonatan het die mantel wat hy aangehad het, uitgetrek en dit vir Dawid gegee, ook sy uitrusting, sy swaard, sy boog en sy gordel.
"Terwyl ons dan so 'n groot skare geloofsgetuies rondom ons het, ...laat ons die wedloop wat vir ons voorlê met volharding hardloop, die oog gevestig op Jesus"
'Hy het elke mag en gesag ontwapen en hulle in die openbaar vertoon deur hulle as gevangenes in die triomftog van Christus mee te voer.'
Terwyl ek deur julle stad geloop en kyk het na die plekke waar julle aanbid, het ek ook 'n altaar gekry waarop geskrywe staan: ‘Aan 'n onbekende god.’ "Nou ja, wat julle aanbid sonder om daarvan kennis te hê, verkondig ek aan julle."
'Oefen jou liewer om in toewyding aan God te lewe. Om jou liggaam te oefen , het wel 'n bietjie waarde, maar om in toewyding aan God te lewe, het in alle opsigte groot waarde, want dit bevat 'n belofte van lewe, vir nou en die toekoms.'
"Sorg daarenteen dat julle steeds toeneem in die genade en kennis van ons Here en Verlosser, Jesus Christus."
"Julle het met die ou, sondige mens en sy gewoontes gebreek en leef nou die lewe van die nuwe mens, wat al hoe meer vernuwe word na die beeld van sy Skepper...."
'Christus het vir ons sondes gesterf, volgens die Skrifte; Hy is begrawe en op die derde dag opgewek, volgens die Skrifte.'
"Now the betrayer had arranged a signal with them:"The one I kiss is the man; arrest him."
Iemand wat aan Christus behoort, is ‘n nuwe mens. Die oue is verby, die nuwe het gekom.
Iemand wat aan Christus behoort, is ‘n nuwe mens. Die oue is verby, die nuwe het gekom.
Matt 9:13 “Gaan leer wat dit beteken:’ Ek verwag barmhartigheid en nie offers nie’. Ek het nie gekom om mense te roep wat op die regte pad is nie, maar sondaars.”
Filip 2:7 Hy het Homself verneder deur die gestalte van 'n slaaf aan te neem en aan mense gelyk te word.
Markus 12: 28-34 'Jy moet die Here jou God lief hê met jou hele hart, verstand en al jou krag... en jy moet jou naaste liefhê soos jouself.'
Ons moet Jesus, Christus se missie uitleef. Ons moet mense om ons aanraak. Ons 'Kerk' is 'n kerk van woorde en dade.
'Vir ons is 'n Seun gebore, aan ons is 'n Seun gegee; Hy sal heers, en Hy sal genoem word: Wonderbare Raadsman, Magtige God, Ewige Vader, Vredevors.'
Die liefde van Christus bring ons, omdat ons tot die insig gekom het dat een vir almal gesterwe het, en dit beteken dat almal gesterwe het.
Laat julle lug so voor die mense skyn dat hulle julle goeie werke kan sien en julle die Vader wat in die hemel is verheerlik.
Dit gaan oor hoe God ons sien en hoe ons dan ander mense sien, ons moet God beter leer ken deur ons Bybel te lees en God se goedheid in ons lewens raak te sien.
Basiese elemente, van kommunikasie in 2018, wat bepaal hoe jy kommunikeer, hoe jy dit verstaan en hoe jy dit deurgee.
Jy moet 'n navolger van Jesus Christus wees, Sy Woorde jou eie maak, dan sal jy groei ervaar in jou lewe.
Christus red ons en aanvaar ons soos ons is, ons het 'n plek in Sy ewige woning. Wat is die punt daarvan om te glo en stil te bly daaroor.
Jy moet God soek en Hom ken op JOU kronkelpad. God is jou koers en jou rigting in jou lewe.
'Ek wil die Here loof met alles wat in my is, wil ek sy Heilige Naam loof. Ek wil die Here loof en nie een van sy weldade vergeet nie.'
Onse Vader wat in die hemele is, laat U Naam geheilig word; laat U Koninkryk kom, laat U wil geskied,...
Alles wat ek en jy doen moet ons doen in die naam van die Here. Deur Sy koningkryk te verkondig maak ek en jy 'n verskil.
Ons moet ons oorgee aan die Here, sodat ons ingestel en gehoorsaam kan wees aan God se Woord.
"See, I am doing a new thing! Now it springs up; do you not perceive it? I am making a way in the wilderness and streams in the wasteland."
'Hierna het Jesus, met die wete dat alles klaar volbring is en sodat die Skrif vervul kan word, gesê: "Ek is dors" '
Geloof vereis gehoorsaamheid. Jesus het die wet vernuwe. My gehoorsaamheid het 'n impak op my verhouding met my Here, my familie, my eggenoot, my kinders en almal om my.
'Elkeen wat hierdie woord van My hoor en daarvolgens handel, kan vergelyk word met 'n verstandige man wat sy huis op rots gebou het.'
And he said to them, "Is a lamp brought in to be put under a basket, or under a bed, and not on a stand?
Julle weet dat God aan Israel sy woord gestuur het, naamlik die evangelie van vrede wat Jesus Christus gebring het.
'Transforming my Esperience' Twee van ons gemeentelede gee getuienis van die werk van Jesus in hulle en die mense om hul se lewens (ons vra omverskoning vir die klank in die begin van die opname)
Renewing My Mind Becoming the best version of yourself, then, rests on one simple directive: Think great thoughts!
Luke 5:20 'And when He saw their faith He said unto him, Man thy sins are forgiven thee'
Die tweede preek in die 'Wat is God se storie' reeks. 'God hoor as Sy kinders roep' - Eerste deel van die Bybel
Iemand wat aan Christus behoort is 'n nuwe mens. Die oue is verby, die nuwe het gekom. Dit is alles die werk van God. Die vraag wat altyd in ons koppe moet weergalm, is: Hoe nuut is ek? Wat het in my lewe verander in die afgelope tyd? Of dalk moet ons die vraag omkeer en eerder vra: Wat het nie verander nie? Waarmee sukkel ek nog steeds? Wat is daar in my wat ek nie van hou nie?
Deur die lens van die kulturele en eerste eeuse gebruike, gaan lees ons weer die bekende en eerste wonder van Jesus. Deur Jesus wat die water in wyn verander, openbaar Jesus Sy liefde vir die mens. Jesus verander Sy plan en skedule omdat Hy omgee vir elkeen van ons.
Die verskil tussen Oosterse en Christelike meditasie, voordeel van meditasie, asook metodes van meditasie.
So sal ons uiteindelik almal kom tot die werklike eenheid in ons geloof en in ons kennis van die Seun van God.
Na aanleiding van die gelykenis van die saaier word ons uitgedaag om vrugbare grond te wees.
God het nie vir ons die Tien Gebooie gegee as reels om ons te bind aan wat ons mag en nie mag doen nie, maar om ons in werklikheid volkome vry te maak. Dit gee vir ons die geleentheid om tot ons volle potensieel te kan lewel.
Dit is teen hierdie agtergrond dat God juis ‘n gemeenskap van mense kies om die voertuig van sy evangelie te wees, die toekoms in.
Vandag se preek kom uit Exodus 20:1 as die die Here verklaar: "Ek is die Here jou God wat jou uit Egipte uit die plek van slawerny bevry het" God se plan was nog altyd ons vryheid, om vry te raak, los te kom van soveel wat ons vashou, terughou, wat ons vryheid steel. Dit is sy plan vir jou ook.
Geloof selfs in moeilike omstandighede en wanneer ons nie verstaan nie. Kyk ook Hebreers 11:1 se opsomming van geloof.
We are called to be part of His story, wherever we find ourselves and however we got there.
Te midde van onsekerheid oor Middelandse gemeente se pad vorentoe, gesels Dawie met ons oor die ware betekenis van kerk.
Hoe gaan dit met jou verhoudings? Wat was die laaste woorde wat jy vanoggend vir jou man, vrou of kinders gesê het?
Ons kyk na nog 'n geleentheid waar God die mens 'n tweede kan gee, 'n nuwe begin. Dat daar vir God se kinders en sy kerk die moontlikheid van 'n nuwe begin is.
Elkeen van ons het ons 'giants' in ons lewe wat ons een of ander tyd moet 'face'. Rian verduidelik aan die hand van die intog van Israel in die beloofde land in, dat ons almal voor keuses te staan kom. Ons kan dit of voluit aanvat, of weghardloop (en nog 40 jaar in die woestyn deurbring).
Daar is ‘n behoefte aan eerlike, outentieke mense, wat eerlik is oor hulle tekortkominge en hulself en ander aanvaar.
Wyses waarop ons die Bybel beter kan verstaan, hoe ons dit interpreteer en wat ons soms weg trek van die evangelie.
Stephan gesels oor immegrasie van ..... (Ons vra om verskoning vir die agtergrond geraas op die opname)
When bad things happen to good people. Job as voorbeeld karakter in Christo se karakters reeks.
Andre gesels oor die verskille (en ooreenkomste) tussen hoor en luister. En hoe ons na die Heilige Gees luister en Hom hoor.
Preek opname tydens erediens in Loughton deur Ds. Gavin Meistre op 23 Julie 2006. Die tema was; Kuiertyd by God.