Dikstertmerries en feite soos koeie (Jana Luther). Teenoor die spesialiswetenskap van die etimologie staan die volksetimologie van Jan en alleman; gewone mense wie se tonge oor vreemde woorde struikel, en wat dan spontaan en heeltemal onwetenskaplik, diƩ tongknopers by hulle eie taal, hul eie variƫteit, hulle eie, unieke taalgebruik aanpas.