Anton Goosen, Liedjieboer, sy lewensverhaal soos vertel aan Hanlie Retief, word deur Johan Rademan onder die loep geneem in 'n gesprek met die legendariese baanbreker musikant, Anton Goosen, en bekroonde skrywer Hanlie Retief. Die boek is rock-'n-roll in die binnewêreld van die legendariese liedjieboer. Hanlie Retief vertel Goosen se buitengewone lewensverhaal, van sy grootwordjare in die Vrystaat, die Musiek-en-Liriek-era, sensuur, hoogtepunte en teleurstellings, tot waar die vader van Afrikaanse Rock 'n terugblik gee op sy merkwaardige lewe.
Haidee Muller gesels met bekroonde teaterakteur en sanger Dean Balie oor die musiek in sy are, David Kramer, en die toonsetting van Adam Smal se gedigte.
Haidee Muller kuier in die sangeres Hilandi du Toit se tuisateljee. Sy speel vir haar 'n paar liedjies op verskillende kitare, en gesels met Haidee oor haar indrukwekkende kitaarversameling.
In 2016 het Refentse vir die eerste keer by die OPPIRADIO-ateljee kom kuier. Hy was net uit die skool, en sy loopbaan het nog nie begin nie. Daar was 'n video van hom op Facebook wat die land aan die gons gehad het, maar niemand het geweet hoe vinnig sy loopbaan en lewe sou verander nie. Drie jaar later spog hy met drie albums. Wat lê voor vir hierdie jong musikant? Christelle van Tonder gesels met hom oor sy planne vir 2020.
Karen Zoid het in 2000 Suid-Afrikaners regop laat sit en luister na haar lied, Afrikaners is plesierig. Sy vier volgende jaar 20 jaar in die musiekbedryf. Haar jongste album, Op die oomblik Deel 2, weerspieël waar Karen haar in hierdie stadium in haar lewe en loopbaan bevind. Christelle van Tonder het met haar gesels voor haar laaste vertoning in Johannesburg in 2019 by die Teatro in Montecasino.
Sy droom al jare lank daarvan om in te skryf vir die realitetisreeks, The Voice. Toe sy uiteindelik 18 jaar oud geword het, neem sy die besluit om die stap te doen. Al vier beoordeelaars het hulle stoele vir haar omgedraai. Sy gekies om saam met Francois van Coke te werk. Tasche Burger het daardie reeks gewen, en skuur nou skouers met die toprockers in die plaaslike musiekbedryf. Sy skryf musiek saam met Hunter Kennedy, neem duette op saam met Francois van Coke, en word bestuur deur Wynand Myburg. Christelle van Tonder het met hierdie jong musikant oor haar sukses gepraat.
The Color Blew glo musiek moet gevoel, en nie net gehoor kan word nie. Liaan Horton, Marius Cronje, Armando Santos en Timothy James is passievol, en lewe in die nou. Die vier musikante stoei teen kommersiële musiek. Hulle het 'n lied, African Sky, geskryf, wat gekskeer met hierdie soort musiek. Die lied het egter vinnig 'n kommersiële sukses geword! Christelle van Tonder gesels met Liaan Horton en Marius Cronje oor hulle jongste album, Light Switch, en hoe dit so kort op die hakke van hulle debuutalbum vrygestel is.
Sy het sewe keer vir Idols ingeskryf, en toe sewende geëindig. En toe wen sy die eerste reeks van Die Kontrak. Demi Lee Moore spog nou met 'n nuwe Country-album. Christelle van Tonder het met haar gesels oor haar goeie jaar.
Hy maak al baie lank musiek, maar die afgelope drie jaar is sy naam op almal se lippe.. selfs buite Suid-Afrika. Roan Ash het 'n rekord laat spat op Appel Music, en is toe deur die maatskappy genooi om oorsee op te tree. Hy vertel vir Christelle van Tonder van die oomblik in Tennessee in die V.S.A. toe daar 'n Suid-Afrikaanse vlag in die gehoor gewaai is tydens sy vertoning.
Neil Nachtrein was eers deel van die duo, Blomtrein, saam met Jan Blohm. Sy tweede solo-album, Op Plekke Waar Ons Eens Was, is nou beskikbaar.
In 2012 was die groep, Spoegwolf, taamlik onbekend. Hulle het in daardie jaar by hulle eerste Oppikoppi-optrede hulle debuutalbum, Swaartekrag, uit die hand verkoop. Vandag stel hulle rekords op op digitale platforms soos iTunes, en hulle stel binnekort hulle vyfde album, See, bekend. Die lede van die groep het elkeen hulle eie projekte en besighede wat die pot aan die kook hou. Christelle van Tonder het met Chris von Wielligh, Albert van der Merwe en Moskou du Toit gesels.
Vir die eerste keer in langer as tien jaar, is daar nuwe musiek van die rockgroep. Cutting Jade. Hulle gesels oor hulle 20 jaar in die musiekbedryf.
Ons het hom leer ken met sy lied, De La Rey. Sewe albums later is Bok van Blerk nog net so patrioties soos die dag wat hy begin musiek maak het. HOOR ONS! is in Augustus bekendgestel, en verkondig 'n positiewe boodskap vir almal wat sukkel om hulle koppe hoog te hou oor wat in Suid-Afrika aan die gang is. Hy gesels met Christelle van Tonder oor sy gevoel oor die land, sy musiek en hoekom hy die album onafhanklik uitgereik het.
Harry en Tony Campbell het in 1995 as professionele musikante begin werk. Twintig jaar en 17 albums later is hulle steeds aan die gang en besiger as ooit. Musiek is hierdie broers se brood en botter, en Country is in hulle bloed.
Johan C. Venter het bekendheid verwerf as lid van die a capella groep, Flip a Coin. In 2012, nadat die groep ontbind het, het hy op sy sololoopbaan begin met 'n debuutalbum. Vandag fokus hy meer daarop om ander musikante te help, maar is steeds te sien op verhoë dwarsoor die land.
Willem Botha het hom vroeër vanjaar in die middel van die Ghoemas-drama bevind. Musikante, en veral die publiek, het hom skerp gekritiseer oor sy betrokkenheid by die geleentheid. Hy gesels met Christelle van Tonder hieroor, en oor sy jongste enkelsnit, Een Shot, wat oor meer as net 'n vinnige drankie by 'n partytjie gaan.
Die Grammy-bekroonde fluitis en vervaardiger, Wouter Kellerman, spog met 'n splinternuwe album. Hierdie keer het hy “covers” van bekende liedjies geneem, en dit 'n nuwe fluit-baadjie aangetrek. Kellerman het sy instrument nie net bemeester nie, maar ook 'n hele nuwe manier ontwikkel om dit te bespeel. Niks is vir hom onmoontlik nie.
Justin Swart beskryf sy jong lewe as stormagtig en uitdagend. Hy het met 'n paar dinge in sy lewe gesukkel, maar as 'n volwasse man en pa van drie dogters is sy fokus op sy musiek en sy orkes, The Amblers, saam met die tromspeler Jason Hinch, wat ook vir Bok van Blerk speel. Hulle nuwe enkelsnit, Ratty Old Mo', trek nou die aandag van internasionale gehore.
Petro de Villiers het deelgeneem aan Idols in 2003 en The Voice in 2019. Sy was 'n dekade lank betrokke by die Barnyard-teater se produksies, maar het besluit sy wil op haar sololoopbaan fokus. Sy gesels met Christelle van Tonder oor haar diagnose met ADHD, en hoe sy ander probeer help deur daaroor te praat. Sy gesels ook oor musiek en die eerste lied uit haar eie pen.
Dis 'n familie-affêre! Juanita du Plessis vier 21 jaar in die musiekbedryf. Twee van haar drie kinders, Ruan Josh en Franja, het besluit om in hulle ma se voetspore te volg. Hulle tree soms saam op, maar dis wat agter die skerms gebeur wat die Du Plessis-gesin sterk maak. Juanita en haar oudste seun, Ruan, gesels met Christelle van Tonder oor die bedryf, nuwe albums en die moeilike tye wat hulle moet deurstaan.
Tydens Ed Sheeran se besoek aan Suid-Afrika het Jeremy Loops 'n oproep van die internasionale superster se agente af ontvang. "Hallo Jeremy. Ed Sheeran volg jou musiek al 'n geruime tyd, en hy wil jou graag ontmoet. Ons gaan jou kom oplaai." En so begin 'n nuwe verhouding wat binnekort dalk nuwe musiek oplewer. Jeremy Loops se grootwordjare was stormagtig, en sy ouers het selfs gewonder of hy skool sal klaarmaak. Na 'n tyd oorsee het hy teruggekeer huistoe waar hy finansies studeer het, maar ook vroeg besef het dat dit nie sy passie is nie. Nadat hy sy graad voltooi het, het hy voltyds musiek begin maak, en nou, na twee albums, het hy die aandag van Ed Sheeran.
John Rock Prophet het op 12-jarige ouderdom sy eerste lied op 'n vriend se kitaar gespeel. Sy pa het vir hom gesê hy kan eers sy eie kitaar kry indien hy iets leer speel. Hy speel toe sy unieke weergawe van Suikerbossie vir sy pa, en net daar is pa en seun in 'n rooi Cortina na die winkel om vir hom sy eie kitaar te hoop. Nadat hy sukses in sy tuisdrop Windhoek gehad het, kom hy Suid Afrika toe en steel die harte van die mense hier. Hy reis nou gereeld tussen Pretoria en Windhoek. Windhoek is waar hy stilte kry, en in Pretoria is dit besigheid. Christelle van Tonder gesels met hom oor musiekskryf, die Suid-Afrikaanse musiekbedryf en sy eerste kitaar.
Jason Bradley is 'n gesoute countrymusikant wat al groot naam vir homself gemaak het. Hy is tans besig met 'n nuwe album. Hy vertel vir Christelle van Tonder hoe hy besluit het om countrymusiek te maak, terwyl hy eintlik 'n voorliefde vir rock het. Hy praat ook oor sy samewerking met Lance James.
Die nuwe mansgroep, Serenade, word beskou as die nuwe Romanz. Die groep bestaan uit vier lede, wat ná 'n landswye kompetisie, saamgestel is om 'n unieke klank te vorm. Hulle debuutalbum is onlangs uitgereik, en nou het hulle die uitdaging om hulle werke, repetisies, studies en sangverpligtinge te balanseer. Christelle van Tonder gesels met Mynhardt Kruger van Kaapstad, Juandre van den Berg van Boksburg, Dawie de Wet van Vanderbijlpark en Fredric Dacomb van Pretoria oor hulle nuwe sanggroep.
Daar was al hordes treffers uit sy pen wat hyvvir ander musikante geskryf. Hy is bekend vir die sielvolle Vier Seisoene Kind wat vir Laurika Rauch baie sukses gebring het. Maar wat van die musiek wat hy vir homself skryf? Christelle van Tonder gesels met Gian Groen oor hoe sy musiek verander het vandat hy pa geword het, en die musiek wat hy vir die Amerikaner, Camille van Niekerk, skryf.
Jazzmusikant en tromboonspeler Kyle du Preez is al 15 jaar lank betrokke by die Nasionale Kunstefees se Jazzfees. Die fees gee elke jaar aan jong opkomende jazzmuzikante die geleentheid om saam met die topmusikante in die land op te tree. Kyle vertel vir Christelle van Tonder van vanjaar se fees wat aan die einde van Junie plaasgevind het. Ht praat ook oor sy loopbaan.
Op 74 tree Glenys Lynne en 4 Jacks and a Jill nog op en gee die ou bekende treffers nuwe lewe, saam met die gospelmusiek in hulle repertoire. Glenys Lynne het by die OPPIRADIO ateljee kom kuier om te praat oor haar loopbaan, kinders grootmaak op die pad, en haar oorgang na gospelmusiek. Christelle van Tonder maak kennis met die legende.
Lance James vier op 18 Julie 2019 sy 81ste verjaarsdag. Hy spog met 'n nuwe album getiteld Swan Song maar Lance belowe dit is nie sy laaste album nie. In 'n loopbaan wat strek oor meer as 60 jaar het Lance James country-treffer na -treffer bekendgestel en die harte van die Suid-Afrikaners gesteel veral met sy Afrikaanse liedjies soos Dankie. Lance beskou ook die lied as die belangrikste lied in sy loopbaan. Hy praat oor sy lang loopbaan by die SAUK, sy nuwe album, toer en hoe hy van kleins af geweet het hy moet deel wees van die musiekwêreld.
Hanco is 'n jong opkomende musikant wat oorspronklik van Tzaneen af kom maar nou in Pretoria woon waar hy voltyds musiek maak en skryf. Sy debuutalbum Hou Vas is in Maart bekendgestel en die titelsnit kan ook nou op RSG gehoor word. Christelle van Tonder gesels met die jong musikant oor sy opleiding, liedjieskryf en sy debuutalbum Hou Vas.
Jann Klose is nie in Suid Afrika gebore nie, maar weens sy pa se werk het Jann en sy familie dikwels verhuis. Hy het 'n gedeelte van sy kinderjare in Johannesburg deu gebring waarna hulle weer na ander dele van die wêreld verhuis het. Jann het homself geleer om instrumente te bespeel in die laat jare negentig het hom in New York gevestig waar hy 'n voltydse musikant is. Sy nuutste enkelsnit “Pour the champagne” (wat op RSG te hoor is) het hy saam met Karen Zoid geskryf en opgeneem. Die lied geniet sukses nie net in Suid Afrika nie maar ook in die buiteland. Christelle van Tonder gesels met Jann Klose oor sy grootwordjare in Suid Afrika en sy lied Pour the champagne saam met die rocker Karen Zoid.
Ettienne Ludick doen Twaalf Rondtes teen Juan Boucher. Juan gesels oor sy begindae in die bedryf, die techno-era en sy liefde vir goeie lirieke.
Jare gelede was Bob Ffole betrokke by harde rock in die vorm van Tripple Bypass. Deesdae is hy bedrywig in die Afrikaanse mark. Ettienne Ludick gesels met hom oor die verandering van styl en taal in sy loopbaan.
Ettienne Ludick gesels met Gert Koevert, wat al vir byna 'n dekade in the musiekbedryf is. Hy vertel meer oor sy loopbaan en sy musiek.
Deon Groot het al van jongs af geweet hy gaan 'n musikant wees, maar sy debuutalbum is eers twee jaar gekede vrygestel. Wat het tussen toe en nou gebeur, en het sy musiekstyl verander?
Ettienne Ludick gesels met Pieter Smith oor sy loopbaan, en die storie van Afrikaanse musiek.
Guy Buttery het verlede jaar geskiedenis gemaak toe hy die eerste nie-klassieke musikant geword het wat die Standard Bank Young Artist-toekenning gewen het. Hy het ook op 17-jarige ouderdom die jongste musikant ooit geword om vir 'n SAMA-toekenning genomineer te word. Die kitaarmeester vertel vir Christelle van Tonder van die toekenning, sy reise oorsee, en 'n musiekskool in Sao Paolo, Brasilië, waar twee ongeletterde broers duisende kinders help deur middel van musiek.
Christelle van Tonder stel jou voor aan 'n musikant wat van Mitchells Plain af kom, en as sesjarige voor 'n winkel saam met sy broer begin sing het. Hy maak al jare lank musiek, maar het onlangs eers sy eerste oorspronklike skepping bekendgestel wat in Japan, Australië en baie Europese lande gespeel word. Die lied is nommer 1 in Duitsland! Branton Charles vertel sy storie vir Christelle.
Carmen Rodrigues het die korporatiewe wêreld verruil vir 'n voltydse loopbaan as musikant, nadat sy 'n internasionale sanger/liedskrywer-kompetisie gewen het.
Dan Patlansky word beskou as 'n Blues-legende. Hy is aangewys as die vierde beste kitaarspeler in die wêreld! Dan toer gereeld in die buiteland, maar ploeg ook terug in die nuwe generasie musikante. Een keer 'n jaar bied hy 'n kitaarnaweek aan waar amateurmusikante van verskillende vlakke bymekaar kom om by die meester te leer. Hy vertel vir Christelle van Tonder van sy Elektriese Duo-toer, 'n nuwe album en 'n Europese toer in Oktober.
Van Pietman Geldenhuys tot Pietman die Skot tot Peter Mitchell. Maak nie saak onder watter naam hy optree nie, hierdie grapjasmusikant het altyd die gehoor net waar hy hulle wil hê. Verlede jaar het hy sy heel eerste Afrikaanse album bekendgestel, Van die os op die jas.
Jesse Clegg staan lankal nie meer in die skadu van sy bekende pa nie. Hy het in sy lang loopbaan sy eie gaatjie in die musiekbedryf plaaslik en internasionaal geskrop. Met die ervaring om van kindsbeen af saam met sy pa, Johnny Clegg, op die pad te wees, is hy van vroeg af voorberei vir die lewe as musikant. Christelle van Tonder gesels met Jesse oor sy nuwe album, sy loopbaan in Los Angeles en die lewe op die pad.
Sharon Katz kuier in Suid Afrika waar sy in 1993 The Peace Train-projek begin het. Sharon, 150 koorlede en die Grammy-bekroonde Ladysmith Black Mambazo het op 'n trein geklim en deur die land gereis met hulle vertoning. Die meeste van die koorlede was kinders. Hulle boodskap was eenvoudig: hou op baklei en maak gereed vir die land se oorgang na 'n vredevolle demokrasie. Nadat Nelson Mandela as president van Suid-Afrika verkies is, het Sharon na Amerika verhuis waar sy steeds The Peace Train bestuur en musiek maak reg oor die wêreld. Sy vertel vir Christelle van Tonder van die geskiedenis van die projek en haar lewe in Amerika.
Die kaptein van Afrikaanse musiek, Kurt Darren, spog met 'n nuwe voorkoms en binnekort ook 'n nuwe album. Hy verklap dat hy binnekort ook 'n danslied saam met die groep, Pascal and Pearce, vrystel. Behalwe vir die nuwe album, gaan Kurt ook op 'n Kids Cruise, Sokkie Cruise en hy verfilm 'n realiteitsreeks saam met sy vrou. Christelle van Tonder het met hom gepraat.
Na agt jaar se wag, kan Corlea Botha se aanhangers hulleself voorberei vir 'n splinternuwe album. Volgens Corlea is daar selfs 'n moontlikheid van twee albums vanjaar! Sy gesels met Christelle van Tonder oor nuwe musiek, hoe sy gesien word deur die publiek, en haar groei as 'n musikant.
Lisa Katzke se debuutalbum het volgens haar geflop. Sy het die terugslag gebruik om te soek na wat dit is wat sy eintlik moet doen. Sy het selfs vir 'n jaar lank ophou sing. Toe besluit sy om 'n gospelalbum op te neem. Sy gesels met Christelle van Tonder oor haar reis van kommersiële musiek na gospel.
Amerika het die Jackson 5. Suid-Afrika het die Snyman 3. Die broers, Christo en Cobus Snyman en Nic Stevens, maak al 27 jaar lank saam musiek. Hulle besit ook Snyman Musiek Produksies waar hulle verkeie musikante bestuur. Die drie broers gesels met Christelle van Tonder oor hulle nuwe vollengte Afrikaanse album wat vanjaar uitgereik word.
Mari Bosman was deel van die vrouegroep DOGTERS VAN MAN. Nadat hulle platemaatskappy verkoop is, het die lede van die groep besluit om sololoopbane na te jaag. Mari het die Paarl vir Pretoria verruil om voltyds musiek te maak. Sy vertel vir Christelle van Tonder van die mag van sosiale media om musiek te bemark en die aanpassing om haar eie baas te wees.
Jak de Priester het in 2002 die lied, Sally Williams Nougat, aan ons bekendgestel. Hy vier 16 jaar in die musiekbedryf, en het vir die bekende lied 'n nuwe baadjie aangetrek sodat 'n jonger gehoor ook daarmee kan identifiseer. Hy gesels met Christelle van Tonder oor sy tyd in die bedryf en nuwe musiek in 2019.
Douvoordag het tien jaar lank opgetree voor hulle debuutalbum opgeneem is. Jattie en Ilse de Beer vertel dat dit hulle vier jaar geneem het om Die Avontuur te skryf en op te neem. Hulle jare lank net covers gespeel. Christelle van Tonder gesels met die duo oor die getroude lewe, toer en die nuwe album.
Haar ma is 'n huishoudelike naam in Suid-Afrika. Haar broer sing ook, en sy volg in die Du Plessis's se voetspore met musiekmaak. Franja du Plessis spog reeds in haar vroeë 20's met twee albums! Die jongste een, Hittegolf, was in Oktober 2018 op die rakke. Christelle van Tonder gesels met Franja oor haar loopbaan.
Jy sien hom elke weeksaand op die kassie in Suid-Afrika se gunstelingsepie, 7de Laan, as Diederik. Hy is nie net 'n akteur nie, maar ook 'n talentvolle liedjieskrywer en musikant. Hennie Jacobs vertel vir Christelle van Tonder van sy drama-opleiding, skryftalent en optredes.
Leon Gropp was deel van die SAMA-bekroonde kitaarduo, CH2. Hy het in 2016 'n sololoopbaan begin. Hy vertel vir Christelle van Tonder van die oorgang, en hoe hy moes aanpas om alleen op die verhoog te staan.
Louise Carver is al 20 jaar in die musiekbedryf. Sy is plaaslike bekend vir pop-rock, maar in die VSA kan jy haar dansmusiek in die vroeëoggendure in die klubs hoor. Sy het haar eerste kontrak by 'n platemaatskappy gekry toe sy 15 jaar oud was. Sy het 'n honneursgraad in politiek, filosofie en ekonomie. Christelle van Tonder gesels met haar oor haar musiek, juweelontwerp en haar YouTube-kanaal waar sy vroue help wat in giftige verhoudings is.
"Die klankbaan van my studentedae." Dis hoe sommige aanhangers na die groep, Klopjag, se musiek verwys. Ses vriende het in 2002 besluit om saam musiek te begin maak. Hulle het later almal in 'n huis gebly, wat hulle as 'n groep gekoop het. Vandag is meeste van hulle al getroud, het kinders, en is 'n bietjie wyser. Hulle tree nie meer so gereeld op nie, maar daar is 'n moontlikheid vir nuwe musiek. Christelle van Tonder gesels met John-Henry Opperman en Dawie de Jager oor die groep.
Pieter Koen is al 'n huishoudelike naam vir langer as 20 jaar. Hy is 'n TV-aanbieder, radio-omroeper, musikant en pa van drie. Christelle van Tonder gesels met Pieter oor sy grootwordjare, die lewe in die bedryf met drie kinders en die moontlikheid van 'n nuwe album.
Van die einde van 2016 af het SEVVEN gereeld enkelsnitte vrygestel. Sy eerste album is onlangs uitgereik. Hy sê hy probeer 'n balans vind tussen elektroniese en akoestiese musiek. Hy het twee jaar gelede ophou om musiek te luister, om seker te maak dat ander musikante se styl nie in sy musiek oorspoel nie. Hy wil eg bly aan sy eie manier van musiekmaak. Christelle van Tonder gesels met SEVVEN oor sy debuutalbum, sy liefde vir mode, en sy internasionale toere.
Shotgun Tori is 'n musikant in murg en been. Daar is vir haar niks onmoontlik wat musiek betref nie. Sy het met die hulp van haar aanhangers en borge, haar albums opgeneem, is 'n ma van twee en begin binnekort weer toer. Sy laat nie enigiets in haar pad staan nie. Christelle van Tonder gesels met haar oor haar loopbaan, waaroor sy musiek skryf en die belangrikste, hoe sy 'n voltydse musiekloopbaan bestuur met 'n tweejarige kind en 'n baba van ses maande.
Tuin is 'n musikant van Cenutrion wat die plaaslike musiekbedryf op horings neem! Sy is dalk klein gebou, maar wanneer sy op die verhoog klim met haar stem en energie, staan sy die verhoog vol. Tanya Schoeman het op skool die bynaam, Tuin, gekry. Sy hou die storie van bynaam geheim. Tuin dra nie skoene nie, eintlik besit sy nie eers skoene nie, maar rock kan sy rock!
Lucinda Strydom was 16 jaar oud toe sy die voorsanger van die groep, Die Melktertkommissie, geword het. Dis nou 16 jaar later, en Lucinda skryf en sing steeds. Hoewel die groep nie meer voltyds aktief is nie, tree hulle steeds nou en dan op. Christelle van Tonder gesels met Lucinda oor die begindae, die skryf van musiek en die toekoms van die Die Melktertkommissie.
Die musiekgroep het in die middel jare 80 begin is as 'n man-en-vrou-duo. Die afgelope ses jaar bestaan die groep uit twee mans wat die land plat reis. Touch of Class bestaan uit die stigterslid Deon van der Merwe en Ruhan du Toit. Ruhan het die afgelope ses jaar 'n nuwe klank na die groep gebring. Met Deon se kitaarspel en Ruhan se stem het hulle die land aan die gons. Christelle van Tonder gesels met hulle orr 12 albums in sewe jaar, en 'n besige toerskedule.
Heinrich George Günter, beter bekend as Faraway George, het die landelike Robertson verruil vir die bedrywige Gauteng. Hy skryf, sing en toer die land plat met sy kitaar. Hy het die oog van Elvis Blue gevang, en toer hulle saam. Hy is tans ook 'n deelnemer aan die realiteitsreeks, Die Kontrak, waar Elvis Blue sy mentor is. Hy vertel vir Christelle van Tonder oor musiek skryf, toer, sy oupa se liefde vir jazz wat hom beïnvloed het, en die moontlikheid van 'n album.
Sy het spesiaal van Japan af gevlieg, waar sy en haar man gewoon het, om 'n oudisie te doen vir die tweede seisoen van The Voice South Africa. Caroline Grace het 'n LLB-graad, is opgelei as 'n danser en is getroud met oudSpringbok-rugbyspeler Heinrich Brussouw. Sy toer die land plat, en maak tyd om elke drie weke vir haar man in Engeland te gaan kuier. Carloine vertel vir Christelle van Tonder van haar besige skedule, die skryf van musiek, hoe sy haar loopbaan en persoonlike lewe balanseer, en die uitdagings van die musiekbedryf.
Jy ken hom van verskeie films, TV-reekse en advertensies, maar Ian Roberts is ook al vir die afgelope 13 jaar die voorsanger van die Radio Kalahari Orkes. Hy het in die harte van Afrikaanse mense ingeklim, maar min van hulle weet dat sy huistaal is eintlik Engels is. Op skool het 'n onderwyser vir hom gesê hy gaan die koning wees van Afrikaans. Hy skryf die lirieke vir die groep, en speel onder andere die penniefluitjie, kitaar en trekklavier.
Jan Blohm se jongste album, DIE LIEFDE ALBUM, weerspieël sy passie vir die tema in sy musiek. Hy het 'n liefde vir skilder en poësie, wat op hulle eie manier in sy musiek figureer. Hy gesels met Christelle van Tonder oor die album, sy optredes, Afrikaans as 'n jong taal, en die gevoel van musiek.
Alwyn Bekker en PG Badenhorst is die twee lede van die groep, Bad Peter. Hulle het ná universiteit besluit om hulle passie vir musiek na te volg, en het toe musiek gaan studeer. Hulle het nie 'n kontrak met platemaatskappy nie, en verkies om alles self te doen.
Bellville het nog 'n suksesvolle musiekgroep opgelewer. Sunset Sweatshop het met hulle eerste enkelsnit, Move It, die land aan die sing en dans. Ian Heyns, die stigterslid van die groep, gesels met Christelle van Tonder oor hulle musiek, optredes en debuutalbum, Chasing Gold.
Voor die Idols-musiekprogram het Elvis Blue musiek opgeneem onder sy geboortenaam Jan Hoogendyk. Alhoewel hy vir een van die albums benoem is vir 'n SAMA toekenning, het hy nie genoeg geld gemaak om vir sy familie te sorg nie. Hy verruil toe Johannesburg vir George, en wen Idols onder die verhoognaam Elvis Blue. Christelle van Tonder hoor waar die naam vandaan kom, en hulle gesels oor sy jongste album STORIES.
Charlie Smidt is 'n stigterslid van die legendariese Afrikanse rockgroep, Beeskraal. Charlie en die groep vier 20 jaar in die bedryf. Hy sê Anton Goosen is sy mentor. Christelle van Tonder gesels met Charlie oor 20 jaar van musiek maak, die aanpassings om relevant te bly, en vooruitsigte vir die volgende 20 jaar.
Marcato is 'n musiekterm wat “klem op note” beteken. Die plaaslike musiekgroep, Marcato, bestaan uit vyf lede, wat 'n liedfde vir musiek deel. Die groep gaan gereeld op skryfnaweke waar hulle hulleself afsonder om op hulle musiekte fokus. Christelle van Tonder gesels met Ben van Zyl, Pieter Marcato, Euan Nel en Jerry Spanengberg oor hulle musiek.
Jean Zenan het op 'n tabakplaas grootgeword, en het van kleintyd af klavierlesse geneem. Ná hoërskool op Zeerust, het hy by die PUK gaan studeer. Hy spog nou met drie grade, 'n debuutalbum en 'n produksiemaatskappy. Christelle van Tonder gesels met hom oor hoe hy gedeeltes vir die album in 'n linnekas opgeneem het.
Granville Michaels kom uit 'n musikale familie, en het deurentyd die ondersteuning van sy familie gehad om musiek as 'n loopbaan te volg.
In dust we trust - as jy al ooit by Oppikoppi was, sal jy weet wat dit beteken. Vanjaar vier hierdie musiekfees in die bos hulle 24ste fees, met die tema, Nomokonjani, wat ook die titel is van Brenda Fassi se 1999-treffer. Christelle van Tonder gesels met Misha Loots van die Oppikoppi-span oor die veranderings by vanjaar se fees en die feit dat daar slegs plaaslike musikante daar sal optree.
Ná 40 jaar in die musiekbedryf en 21 albums, is dit moeilik om te glo dat musiekmaak nie Coenie de Villiers se hooffokus is nie. Hy toor met woorde, en het die kuns al op 17 bemeester toe hy sy treffer, Karoonag, geskryf het. Ettienne Ludick gesels met Coenie oor sy 21ste album, Pure Coenie.
Nadat Charlie Smit van Port Elizabeth sy BMus graad verwerf het, het hy besluit om die verhoognaam Charlie Finch aan te neem. Hy het op hierdie van besluit om sy Ierse herkoms te herdenk. Sy debuutalbum, Life's Journey, is vir SAMA-toekenning benoem.Christelle van Tonder gesels met Charlie oor sy grootwordjare in 'n musikale familie, en sy besluit om die Baai vir Johannesburg te verruil.
Daniel Baron se moedertaal is Engels maar het in die Afrikaner se hart gekruip met sy werk saam met die mans groep Adam.
Die vrouerockgroep, Saarkie, is genomineer vir 'n SAMA-toekenning. Hoewel hulle nie gewen het nie, het hulle die Ghoema gewen vir hulle jongste album, Queen van die Toorbos. Die groep het al 'n paar keer van lede verander, maar na 13 jaar is die voorsanger en die tromspeler steeds die hart van Saarkie.
Willim Welsyn het sy loopbaan begin met sy groep, Die Sunshine Toffies. Hy het intussen 'n potgooiprogram begin waarvoor hy onlangs 'n ATKV-mediaveertjie gewen het. Hy is ook genomineer vir 'n SAMA-toekenning vir sy jongste album, Blitzkriek. Christelle van Tonder het met hom gesels oor die potgooie wat hy in sy motorhuis opneem, tot sy musiek en hoe hy dit alles self finansier.
Michael Buble kan gaan lê. Suid-Afrika se eie Swing City sing die land se harte warm! Loyisa Bala, Nathan Ro en Graeme Watkins is deel van hierdie SAMA-genomineerde groep. Die idee vir die projek het langs die braaivleisvuur ontstaan. Christelle van Tonder gesels met Nathan en Graeme oor hulle liefde vir swingmusiek.
Tien jaar gelede is daar nog 'n Afrikaanse rockgroep in Belville gebore met die naam Die Heuwels Fantasties. Hulle spog met twee Ghoema-toekennings en 'n SAMA-nominasie vir Beste Alternatiewe Afrikaanse Album. Pierre Greeff, Hunter Kennedy en Fred den Hartog vertel vir Christelle van Tonder wat hulle die afgelope dekade geleer het.
Die 19-jarige Storm het op 16 besluit dat hy 'n porfessionele musikant gaan word. Hy het die tradisionele skoolstelsel verlaat, en musiek studeer terwyl hy matriek voltooi het. Drie jaar later kyk hy nie vir een oomblik terug nie. Hy werk gereeld saam met Stonebridge wat musiek vervaardig vir internasionale sterre soos Madonna en Missy Eliot. Christelle van Tonder gesels met hom oor die stormagtige Suid-Afrikaanse musiekbedryf.
Die rockgroep, Prime Circle, het sy onstaan in 'n motorhuis in Witbank gehad. Die motorhuis het gou te klein geword vir hulle talent, en 16 jaar later maak die groep ook naam internasionaal. Hulle het ontlangs teruggekeer van 'n suksesvolle internasionale toer. Hulle jongste album, Head In The Clouds, spog met 'n meer emosionele klank, maar beslis nie rustiger nie. Christelle van Tonder gesels met voorsanger Ross Learmoth en kitaarspeler Dirk Bisschoff oor die broederskap in die groep.
Lizandra Winter is nie meer 'n agtergrondsanger nie, sy maak nou naam as solomusikant wat nuwe lewe gee aan Christa Steyn se EK WIL VIR JOU saam met Joshua na die Reën. Haar debuutalbum is in 2017 bekendgestel. Sy is 'n ma van twee kleintjies en handhaaf 'n toerskedule tussenin. Christelle van Tonder gesels met Lizandra oor haar musiek, verhoognaam en die lewe as 'n musikant.
Hermand en Douw Steyn spog elk met 15 jaar se ervaring in die musiekbedryf - Herman voor die skerms en Douw agter die skerms. Net meer as 'n jaar gelede het die twee hulle ondervinding en talente saamgevoeg om die intstrumentale groep, DECA (wat 10 beteken), te stig. Christelle van Tonder gesels met hulle oor hulle musiek en instrumente, en hoe hulle 'n vertrek vul met slegs twee instrumente.
Stone Jets is 'n driestuk-groep van die Kaap. Hulle het net saam begin jam en toe die groep begin. Vir somige motorhuisgroepe is dit waar dit eindig, maar nie vir Stone Jets nie. Hulle toer nou die land plat en het laat deurskemer dat hulle debuutalbum in 2019 op die rakke sal wees.
Howie Combrink het vir jare agter sy tromme weggekruip en die sing vir ander gelos. Hy is steeds die tromspeler vir die legendariese plaaslike groep Watershed, maar Howie is ook 'n solo kunstenaar wat nou spog met sy tweede album. Christelle van Tonder het met die talentevolle musikant, liedjies skrywer en vervaardiger gesels.
Alwie Carstens het groot geword in Pofadder, en toe Kaap toe verhuis waar hy nou werk. Alhoewel musiek vir hom 'n stokperdjie is, is hy baie vinnig besig om aanhangers te wen. Sy ma skryf sy lirieke. Eintlik skryf sy gedigte, en Alwie vat dan sy kitaar en toonset dit. Christelle van Tonder het met hom gesels.
Die 25 jarige Karien Barnard van Knysna, ook bekend as Kay Faith, maak Hip Hop musiek. Sy is onlangs deur internasionale bekendes raakgehoor, en Apple Music het haar genader. Christelle van Tonder gesels met haar oor haar sukses, en die uitdaging van vrouwees in 'n mansgedomineerde bedryf.
Jack Parow is lanklal nie meer net 'n rapper wat mense skok met sy lirieke nie. Hy is nou 'n “brand”. Hy het produkte soos brandewyn, glase, braaisous, pette, klere en 'n branderplank met sy naam op. Christelle van Tonder gesels met hom oor sy jongste album, Afrika 4 Beginners, en sy oorgang na 'n “brand”.
Bianca Blanc het verlede jaar matriek geskryf by die Hoërskool Zwartkops in Centurion, en is nou 'n voltydse musikant. Sy gesels met Christelle van Tonder oor die skryf van musiek, en die geleentheid om saam met die legendariese sanggroep Wonderboom op te tree.
Broers Salva en Luigi Zaca is Afrikaanssprekende Italianers. Hulle ouers woon in Amerika, maar die twee noem Suid-Afrika hulle huis. Hulle het verlede jaar hulle eerste enkelsnit bekendgestel, en baie aandag daarmee getrek. Christelle van Tonder gesels met die broers oor hulle musiek, hoe hulle loopbaan begin het, en hulle ondersteuningstelsel in Suid Afrika.
Joe Foster se sangloopbaan het baie draaie geloop. Hy het in Amsterdam studeer, in Duitsland gewoon, en het nou 'n nuwe klank. Christelle van Tonder gesels met hom oor Europese invloede, stres en sy jongste enkelsnit.
Joe Foster se sangloopbaan het baie draaie geloop. Hy het in Amsterdam studeer, in Duitsland gewoon, en het nou 'n nuwe klank. Christelle van Tonder gesels met hom oor Europese invloede, stres en sy jongste enkelsnit.
As kind het sy ouers nie gedink Loki Rothman sal ooit 'n instrument kan bespeel nie, as gevolg van sy vingers wat geweb was. Vandag het hy die kitaar bemeester, en kan enige genre uit sy skatkis trek en speel. Christelle van Tonder gesels met hom oor sy tyd saam met Jack Parow, sy intrumente en musiek, en hoe hy ontdek het hy kan sing.
Carina Bruwer is die stigterslid van die plaaslike groep, Sterling EQ. Buiten haar musiektalent, het Carina al menige prestasies behaal in die water as 'n langafstandswimmer. Haidee Muller het met Carina gesels oor haar musiek, Sterling EQ se 10 jaar herdenking en haar passie vir swem.
The Rustlers het bekendheid verwerf in die vroeë jare 60 met Rock-n-Roll-musiek. Hulle weergawe van Can Can Ladies het vinnig 'n gunsteling geword vir radiostasies om te speel. Meer as 50 jaar nadat die groep begin het, gesels Christelle van Tonder met ds. Hennie Coetzer en Dries van Zyl, twee van die lede van die groep, oor hoe die groep begin het, en die teenkanting wat hulle van hulle families gekry het.
The Capitals is 'n opkomende musiekgroep van Pretoria. Met 'n enkelsnit wat gereeld oor die lug gehoor word, is die manne vinnig oppad om hulle eerste album op te neem. Hulle gesels met Christelle van Tonder oor die verskil tussen die Afrikaanse- en Engelse musiekmark, en hoekom dit moeiliker is om in Engels musiek te maak.
Jay du Plessis vier vanjaar sy 21e jaar in die musiekbedryf. Hy het onlangs sy eerste solo-album in vier jaar bekendgestel. Hy vertel vir Christelle van Tonder van die album, So Lank Sal Ek Jou Lief Hê, en van die TV-realiteitsreeks waarin hy verskyn saam met sy vier seuns.
Alexandra May is 'n jong opkomende musikant. Christelle van Tonder gesels met haar oor mentors in die plaaslike musiekbedryf.
Hulle sien hulleself as die moderne Afrikaanse Bee Gees. David-Lee, Jeffrey en Reno Gericke is drie broers wat saam musiek maak. Hulle groep se naam is 1925 BAND. Christelle van Tonder gesels met hulle oor die naam, die begindae en hoe hulle lirieke van Afrikaans na Spaans vertaal het.
Bouwer Bosch het die titelsnit geskryf vir die film, Sy Klink soos Lente. Hy hou sy lyf ook akteur in die nuwe rolprent, Vuil Wasgoed. Bosch het 'n potgooikanaal waar hy met musikante, akteurs en skrywers gesels oor ernstige onderwerpe wat mense soms vermy. Christelle van Tonder gesels met hom oor sy projekte en waar musiek in pas.
Trevor Rebello se jongste album is pas bekendgestel ná 'n baie lang skryf- en opneemproses. Rebello het na Engeland geëmigreer, maar na vier jaar teruggekeer na sy tuisland. Hy vertel vir Christelle van Tonder van hierdie impulsiewe besluit, die betekenis van die lewe en hoe dit by sy musiek aansluit.
Die kitaarduo, CH2, het aan die begin van die jaar 'n nuwe baadjie aangetrek met Dirkie van Staden wat aangesluit het nadat Leon Gropp die groep verlaat het. Corneille Hutten en Dirkie van Staden spog nou met 'n splinternuwe album en 'n nuwe klank. Christelle van Tonder gesels met hulle oor die verandering, en die invloed van internasionale groepe op hulle musiek.
Josh Middleton is net 15 jaar oud, maar hy het die land aan die gons met sy sangtalent. Met slegs 'n paar enkelsnitte wat bekikbaar is, het Josh klaar die harte van Suid-Afrikaners gesteel, en is almal in afwagting vir 'n vollengte album. Christelle van Tonder gesels met Josh oor musiek, volwasse lirieke en hoe hy nederig bly met soveel sukses op 'n jong ouderdom.
Moses Metro Man het verskeie MK-toekennings ingepalm, en ook by die toekenningsgeleenthede opgetree. Die MK-platform het baie deure vir opkomende en bestaande rockgroepe oopgemaak. Hoe het Moses Metro Man aangepas toe hierdie platform tot niet gegaan het? Christelle van Tonder vind uit by Jako Meyer en Benjamin de Jager.
Christian Heath volg nou 'n sololoopbaan nadat die Christian Heath Band uitmekaar is. Hy gesels met Christelle van Tonder oor 'n operasie aan sy stembande ná jare se rockmusiek, en sy ervaring van Hollywood se musiekbedryf.
Op 25 spog hy met die 2017 Standard Bank Jong Kunstenaarstoekenning vir Jazz, hordes vertonings oor die wêreld heen, en hy word beskou as 'n musikale wonderkind. Christelle van Tonder gesels met Benjamin Jephta oor sy loopbaan en die Standard Bank Joy of Jazz fees, waar hy opgetree het.
Riaan Nieuwenhuis het die wêreld al plat getoer, en met verskeie professionele en amateurmusikante musiek gemaak. Hy was deel van 'n hordes verskillende musiekprojekte. Sy jongste instrumenetele rock-album is vandeesweek bekendgestel.
Dr. Liela Groenewald, 'n voormalige lektor by die Universiteit van Johannesburg se Sosiologie departement, het baie meer as net akademie aan haar kant. Sy spog ook met ongelooflike sangtalent en skryfvermoë, en het die verhoog al gedeel met die meeste groot en legendariese musikante in Suid-Afrika. Liela vertel vir Christelle van Tonder van haar nuwe album, sosiologie en musiek, en hoekom musikante nie meer oor politiek sing nie.
Hennie de Bruyn en die Kitaarkêrels is vir 'n Suid Afrikaanse Tradisionele Musiektoekening, of SATMA, benoem in die kategorie Beste Boeremusiekalbum. 'n Paar weke voor die spoggeleentheid het Hennie de Bruyn en die Kitaarkêrels hulle 25e album opgeneem. Christelle van Tonder gesels met Hennie oor die nominasie en sy liefde vir Boeremusiek.
Nicola (18) en Lindie-Lee (15) Venter kan 13 intrumente bespeel, sonder 'n enkele dag se opleiding! Die Ventertjies, soos hulle bekendstaan, is vir 'n Suid Afrikaanse Tradisionele Musiektoekennings benoem in die kategorie Beste Boeremusiekalbum. Hulle gesels met Christelle van Tonder oor hulle liefde vir Boeremusiek.
Dirk Jansen van Vuuren en Cinda de Klerk van die groep, Hartklopduette, is vir 'n Suid Afrikaanse Tradisionele Musiektoekenning benoem in die kategorie Beste Boeremusiekalbum. Hulle passie en doel is om by al die ouetehuise in Suid-Afrika op te tree. Hulle gesels met Christelle van Tonder oor hulle musiek, en Cinda se sewe snitte wat in Nashville opgeneem is en op 200 radiostasies gespeel word.
Ná Rubber Duc se 'oornagsukses' het die groep nog nie een oomblik stil gesit nie. Die groep spog met hulle eie selfoontoepassing - 'n eerste vir Suid-Afrika. Christelle van Tonder gesels met die groep se kitaarspeler, Brendon Campbell, en toerbestuurder Ryan Poerner oor hulle kits-sukses.
Peach van Pletzen het onlangs 'n nuwe projek aangepak wat grootliks gefokus is op komedie. Die projek se naam is Van Pletzen, en wanneer jy na die musiekvideo's kyk en selfs net na die snitte luister, verstaan jy dat hulle hulleself nie te ernstig opneem nie. Peach gesels met Christelle van Tonder oor die projek en oor sy opleiding in elektroniese musiek.
Grethe van der Merwe is van Ladysmith, maar woon ddesdae op Stellenbosch. Sy was lank 'n dosent by die Universiteit Stellenbosch se dramafakulteit, maar fokus nou op haar tweede album JY WEET. Sy gesels met Christelle van Tonder oor haar kopskuif van kabaretmusiek na 'n meer kommersiële klank.
Willlem Botha se nuwe album SIEN EN VERGEET is op die rakke. Ná 11 jaar se ervaring is hy wyser, en kyk anders na sy loopbaan en die musiekbedryf.
Emma van Heyn, kleindogter van die sangpaar Francois van Heyningin en Lucille Ackerman, en dogter van die sanger Charl van Heyningen, volg in hulle musikale voetspore. Sy maak gebuik van alledaagse voorwerpe wat klank kan maak, en eksperimenteer graag met haar musiek.
Sy het as 'n rekenmeester begin en toe alles gelos om te sing. Die ikoon, Lira, wat in die buiteland bekend staan as die 'Beyonce van Afrika', maak 'n dokumentêre reeks oor haar toere na Amerika en die ontwikkeling van haar albums. Die dokumentêre word in 40 lande in Afrika gewys, en Christelle van Tonder gesels met haar oor haar besluit om met die projek te begin.
Die huishoudelike naam Lize Beekman is na 4 jaar se stilte weer aan die sing met 'n splinter nuwe lied. Haidee Muller het met Lize gesels oor die 4 jaar se stilte, die besluit om weer te sing en die selfs vertroue om weer te skryf en sing na 4 jaar.
Die huishoudelike naam Lize Beekman is na 4 jaar se stilte weer aan die sing met 'n splinter nuwe lied. Haidee Muller het met Lize gesels oor die 4 jaar se stilte, die besluit om weer te sing en die selfs vertroue om weer te skryf en sing na 4 jaar.
Jakkie Louw gesels in episode 9 van Jakkie Louw-meesterklas oor vernuwing van jou beeld as musikant.
'n Jong rymklets-musikant van Port Elizabeth, met 'n vinnige tong en 'n liefde vir musiek, gesels met Christelle van Tonder oor die unieke manier waarop hy sy musiek versprei en vertel vir ons meer oor sy persoonklike lirieke.
Jacques Terre'blanche het van die begin van sy loopbaan af slegs in Engels geskryf en gesing, maar onlangs het hy in Afrikaans begin sing en skryf. Christelle van Tonder gesels met hom oor die besluit om die Afrikaanse mark te beproef en hy vertel meer oor sy ateljee.
In episode 8 van Jakkie Louw-meesterklas, gee Jakkie raad aan aspirant musikante en gesels hy oor finansiële bestuur.
Suid-Afrika se eie verkleurmannetjie, Chris Chameleon, het in 'n kwessie van 'n jaar twee albums opgeneem met oorspronklike musiek. Die een is Engels, en die nuutste een is 'n Afrikaanse album met die titel "Jy en ek en ek en jy." Chris vertel vir Christelle van Tonder meer oor hoe die liefde en 'n Indiese-vertoning die inspirasie was vir sy nuutste album.
In die sewende episode van Jakkie Louw-meesterklas gesels Jakkie verder oor logistieke bestuur en kwessies soos kontrakte en fantasietoere.
Jakkie Louw gesels oor die logistieke bestuur van 'n musikant en sy groep, en hoe om toerkoste effektief te beplan.
Steven McKellar en sy groep, Civil Twighlight, is 12 jaar gelede as jong manne na die VSA om internasionale sukses na te jaag. Steven gesels met Christelle van Tonder oor sy lewe in Tennessee en sy solo-projek getiteld David.
In Jakkie Louw se reeks oor die musiekbedryf het hy raad oor hoe musikante met die media moet werk, en wat jy moet en nie moet sê nie tydens onderhoude.
Karin Hougaard woon saam met haar gesin in die VSA, maar hulle beskou Suid-Afrika steeds as hulle huis. Met gedeelde burgerskap reis die gesin graag tussen Suid-Afrika en die VSA vir vakansie en Karin se vertonings. Sy was onlangs in Suid Afrika, en het met Christelle van Tonder gesels oor haar lewe in die buiteland, en of sy sukkel om deesdae in Afrikaans te skryf.
Connell Cruise het Suid-Afrika verlaat om sy musiekloopbaan in die VSA voort te sit. Hy was onlangs op besoek aan Suid-Afrika. Christelle van Tonder het hom uitgevra oor die lewe in die buiteland, en hoe dit sy musiek verander het.
Jakkie Louw praat in die derde aflewering van sy reeks oor hoe om suksesvol in die musiekbedryf te wees, oor die verhoog.
Opkomende musikant Jauni M het onlangs 'n lied geskryf en opgeneem saam met Deon Meiring. Sy gesels oor SONDER JOU en hoe dit op haar lewe van toepassing is. Haar orkeslede, Zander Kriegler en Niel Theunissen, gesels saam oor die lesse wat die bedryf hulle geleer het, soos wanneer om vir blootstelling te speel, en wanneer om eerder nee dankie te sê.
Die jong, opkomende musikant en liedjieskrywer, Ze, vertel vir Christelle van Tonder van haar ervaring as 'n deelnemer aan die eerste reeks van The Voice SA, en wat sy daaruit geleer het. Sy gesels ook oor haar werk saam met Jude Harpstar as die duo, Lu Flur.
Jakkie Louw maak in hierdie reeks gesprekke aspirantmusikante touwys om 'n suskses in die plaaslike musiekbedryf te wees. In die tweede episode gesels hy oor hoe om 'n liedjie te skryf. Jakkie gee ook 'n voorbeeld deur met een woord, wat Christelle van Tonder vir hom gee, 'n liedjie te skryf.
Tailor se stem en musiek kan vir sommige mense as vreems oorkom maar daar is geen manier om dit te ontken nie, Tailor is 'n besonderse talente volle liedjie skrywer en musikant. Haar album Trust Part 1 onlangs vrygestel en Tailor vertel vir Christelle van Tonder van die opneem proses in die VSA.
Die eerste episode van gesprekke met Jakkie Louw waar hy vir aspirant musikante tou wys maak om 'n suskses in die plaaslike musiek bedryf te wees. In die episode gesels hy oor bemarking.
Op die ouderdom van 17 word hy die jongste musikant in die geskiedenis wat al ooit genomineer is vir 'n SAMA. Hy is genomineer in die kategorie beste nuweling en beste instrumentale album. Hy het al reg oor die wêreld opgetree, en is binnekort oppad Bangkok en Nie-Seeland toe. Sy naam is Guy Buttery, en hy is 'n absolute meester met die kitaar. Hy het by die KwaZulu-Natal Technikon jazz studeer en musiek by die Durban Skool van Musiek. Christelle van Tonder het hom gesels.
Die jong, opkomende sanger Wandile Mbambeni het die Oos-Kaap vir die stad se liggies verruil om 'n loopbaan in musiek na te jaag. Hy het sy rugbytoks opgehang, sy kitaar nadergesleep en begin musiek skryf. Christelle van Tonder gesels met hom oor sy liefde vir musiek, hoekom hy ophou rugby speel het en sy ongelooflike sukses in Duitsland.
Wouter van de Venter het al liedjies geskryf vir Laurika Rauch, Theuns Jordaan en Dozi, om maar net 'n paar te noem. Hy skryf sy sukses toe aan die legendes by wie hy geleer het, soos Anton Goosen. Hy deel ook graag sy kennis en gee aanlynkitaarlesse. Christelle van Tonder gesels met Wouter oor die skryf van musiek, en die duur lesse wat hy geleer het.
Beukes & Delaney beskryf hulle musiek as Ierse-Boere Blues. Christoff Beukes is 'n Afrikaner en David Delaney is van Ierland, wat Suid Afrika nou sy huis noem. Saam het hierdie twee musikante Ierse en Boeremusiek saamgevleg om unieke styl te ontwikkel. Christelle van Tonder gesels met hulle oor hulle debuutalbum, Good to be alive.
Joshua Na Die Reën se jongste album is op die rakke, en mens sukkel om te glo dat die jong man nog net vier jaar in die bedryf is. Hy vertel vir Christelle van Tonder van die album en hoe sy jazz-agtergrond sy musiek beïnvloed.
Jy ken moontlik vir Suzzi Swanepoel as aktise in Sterlopers en Binnelanders, maar Suzzi dra ook die hoed van musikant. Ná 12 jaar in die bedryf het sy besluit om 'n album vry te stel met die titiel Stukkies van my.
Christiaan Baartman vertel vir Christelle van Tonder oor hoe hy ADHD en disleksie tot sy voordeel gebruik het om 'n suksesvolle musiekloopbaan te hê.
Thys die Bosveldklong vermaak Suid-Afrikaners al van die laat jare 90 af met sy grappe, stories en musiek. Christelle van Tonder gesels met Thys hieroor en meer ernstige sake.
Die blues-rockgroep, The Black Cat Bones, gesels oor hulle musiek, optredes en die uitdaging om 'n voltydse tromspeler te kry.
The Oh So Serious het so baie lede dat hulle self eintlik nie weet hoeveel daar in die groep is nie! Vana, die voorsanger, sê hulle benader dit soos Jazz. Soms kom die musikante by die ateljee aan vir opnames en ontmoet mekaar vir die heel eerste keer.
Stefan Dixon het in 2014 Suid-Afrika verlaat, en gaan wortel skiet in Brussel in België. Hy vertel vir Christelle van Tonder van sy lewe in die buiteland, pa-wees en sy musiek.
Die bekroonde musikant en liedjieskrywer, Joe Niemand, se elfde album VRYHEID is aan die einde van 2016 vrygestel. Niemand en sy span het een van die snitte op die album, Die Onse Vader, by die Voortrekkermonument opgeneem. Christelle van Tonder gesels met Joe oor die besluit en wat dit vir hom beteken het.
Chrizaan se vierde album, DEEL VAN MY, is vroeër vanjaar uitgereik. Christelle van Tonder gesels met haar oor die uitdagings om 'n album self te finansier.
Francois van Coke het 'n baie suksesvolle 2016 agter die rug, en boonop het hy ook pa geword. Martelize Brink het met hom by 'n vertoning in Kaapstad gesels oor pa-wees en sy nuwe projekte.
Die 52-jarige rocker, Wendy Oldfield, het in die vroeë jare negentig mense se aandag getrek met haar lied Acid Rain. Vandag woon sy in Wildernis in die Suid-Kaap waar sy musiek maak saam met haar tienerseun.
Riku Lätti spog met internasionale musiektoekennings vir sy werk, maar hy het ook 'n groot liefde vir Afrikaans. Christelle van Tonder gesels met hom oor sy musiek en ander projekte saam met plaaslike kunstenaars.
Churchil Naude is 'n rymkletskunstenaar wat nie skroom om te sê wat op sy hart druk nie. Hy gebruik sy musiek om, veral die jeug, weer trots te maak op Afrikaans. Christelle van Tonder gesels met hom oor sy liefde vir die taal.
Luister na gesprekke wat Koos van der Merwe in 1980 met Frans en Sannie Briel gehad het.
Christelle van Tonder gesels met Heinz Winckler oor sy lewe in Somerset-Wes, sy tuisateljee en waarom sy jongste album Engels is.
Casper Ace is al vir jare in die musiekbedryf as deel van 'n band. Hy het nou sy debuutalbum uitgereik en is vir die eerste keer op die voorgrond. Haidee Muller het met hom gesels.
Thembi Khubeka, Sonto Khumalo, Portia Mntambo, Thami Ngoma en Ntombi Mtshali is die a capella-groep Sweet Aroma, voorheen bekend as Amakha. Christelle van Tonder gesels met hulle oor die uitdagings wat vroue a capella-groepe in die gesig staar, hoe hulle voorberei en hoe hulle liedjies kies vir optredes.
Hanno Zeeman, Sparky (HP) Toerien, Hennie Meyer, Schalk Baard en Andre (Killer) van Wyk is die lede van die a capella mansgroep NAVI REDD. Christelle van Tonder het met hulle gesels oor hoe die groep begin het, watter rol elkeen het, en hoeveel klanke hulle op een slag met hulle monde kan maak.
Jean Marais van Stellenbosch het 'n klomp musikante genader vir 'n projek wat hy Herwinningsafrikaans noem. Deur middel van Afrikaanse musiek skep Jean en die musikante bewusmaking oor die belangrikheid van herwinning.
Akkedis vier vanjaar 20 jaar in die musiekbedryf. Hulle het met hulle jongste album hulle klank verander met invloede van die Kaap en die gebruik van interessante instrumente. Christelle van Tonder gesels met Rudi en Arthus Dennis en baskitaarspeler Adrian John Graham oor die rock en roll-lewe en hoe die Kaap hulle klank beinvloed het.
Twee rymkletsmusikante van Kakamas, G-RAUCK en JODEE, gesels oor hulle musiek wat hulle in Kuba aangeleer het, en hoe hulle deur middel van musiek die gemeenskap ophef.
Bantu Continua Uhuru Consciousness (BCUC) gesels met Christelle van Tonder oor hoe hulle helde vir Suid-Afrika probeer wees deur hulle musiek.
Die manne van ADAM gesels met Christelle van Tonder oor die lekker en die moeilike tye om deel te deel te wees van 'n groep.
4WERKE bestaan uit vier solokunstenaars wat hulle talente saamsmelt. Twee van die lede, Nicholis Louw en Liezel Pieters gesels met Christelle van Tonder.
Vier manne van Bloemfontein vorm die groep Kirkland, en is van die nuutste talent in die plaaslike musiekbedryf. Hulle het by Christelle van Tonder in Johannesburg kom kuier.
Josh Kempen is 'n Suid-Afrikaner wat in Australië grootgeword het, maar ná skool sy pad terug gevind het na sy geboorteland. Hy het besluit om sy musiekloopbaan hier voort te sit. Christelle van Tonder gesels met Josh oor sy lewe, loopbaan en musiek.
Christelle van Tonder gesels met Nick Taylor en hoor waar hy is en waarmee hy homself deesdae besig hou. Nick is reeds 50 jaar in die musiekbedryf.
Mynie Grove het nie net gesing en liedjies geskryf nie. Sy was ook voor die kamera as aktrise en beoordeelaar van musiekprogramme. Christelle van Tonder vind uit wat sy deesdae doen.
Carike Keuzenkamp is al bykans 50 jaar in die musiekbedryf. Sy vertel vir Christelle van Tonder van haar loopbaan en wat die toekoms inhou.
Die sanger en liedjieskrywer, Roger Lucey, se musiekloopbaan is in die jare tagtig deur die apartheidsregering verwoes. Sy musiek is verbied, en sy vertonings is gesaboteer deur traanrook te gooi. Roger is vanjaar die gesig van die Moshito Musiekkonferensie, wat in September by SAUK in Johannesbuerg gehou word. Christelle van Tonder gesels met hom oor die moeilike jare en sy terugkeer na die musiekbedryf jare later.
Gavin Edwards is die naaswenner van THE VOICE SA, maar dit is nie waar sy sangloopbaan begin het nie. Die sanger en liedjieskrywer het die wêreld platgetoer met sy musiek. Hy het al saam met groot internasionale name in die musiekbedryf skouers geskuur. Christelle van Tonder gesels met hom oor sy loopbaan.
Ilse Assmann het 27 jaar lank by die SAUK gewerk in die klankargief. Sy het 'n belangstelling in die musiek in die jare 70, 80 en 90 deur die korporasie verbied is. Sy vertel vir Christelle van Tonder wat sy in haar navorsing hieroor uitgevind het.
Deon Maas vertel vir Christelle van Tonder oor vroeër jare se musiek wat verbied was, en wie verantwoordelik was daarvoor.
Tonya Koenderman is al langer as 20 jaar bedrywig met kabaret. Christelle van Tonder gesels met die gesoute kunstenaar oor hierdie vorm van drama.
Anneke Hanekom werk bedags in die finansiële bedryf. In haar vrye tyd maak sy musiek. Sy vertel vir Christelle van Tonder hoe kabaret haar debuutalbum beïnvloed het.
Melissa van der Spuy, ook bekend as Ousus, was een van die vervaardigers van Wouter Kellerman se Grammy-genomineerde album LOVE LANGUAGE. Haidee Muller het met haar gesels.
Haidee Muller gesels met Koos Kombuis oor die verlede, die hede en sy toekomstige album
Elvis Blue het my sy laaste album, Êrens in die middel van nêrens die toekennings laat instroom onder andere 'n SAMA vir Beste Kontemporêre album. Christelle van Tonder gesels met hom oor die toekennings en sy nuutste album: Optics.
Dillon Lerm gesels met Christelle van Tonder oor lewe op die pad. Waar is huis wanneer jy 138 vertonings 'n jaar het en dit elke keer in 'n ander dorp.
Jakkie Louw is man, 'n pa en 'n musikant. Jakkie is vir dae en soms weke aaneen op die pad en weg van sy gesin. Christelle van Tonder gesels met hom oor die lewe op die pad en sy versteekte liedjie op sy nuutste album.
Refentse is 'n jong man van Vereeniging wie groot opslae maak in die plaaslike musiek bedryf. 'n Vrremdeling het 'n video gemaak van Refentse terwyl hy De La Rey sing en die volgende dag was hy 'n internet sensasie. Hy gesels met Christelle van Tonder.
Lloyd Cele gesels met Christelle van Tonder oor sy besluit om 'n Afrikaanse lied op te neem en die proses om in 'n ander taal te sing.
Die Namibiër Stefan Ludick is 'n huishoudelike naam in Suid-Afrika - nie net as realiteitstelevisiester nie, maar ook as akteur, liedjieskrywer en sanger. Christelle van Tonder gesels met hom oor sy sukses in Suid-Afrika.
Die sanger Tiro is oorspronklik van Namibië en het op 'n jong ouderdom kom wortel skiet in Suid-Afrika om 'n sangloopbaan te volg. Christelle van Tonder gesels met hom oor sy loopbaan en die aanpassing om in Pretoria te kom bly.
Haidee Muller gesels met Paul Blom en Ingrid Jonker se dogter, Simone, oor die album DIE KIND IS NOG JONGER.
Herman Bergman se nuwe album, Mahai, is nou op die rakke. Die musiek, die musikante en selfs die intrumente is plaaslik vervaardig deur Suid-Afrikaners.
Herman Bergman se nuwe album, Mahai, is nou op die rakke. Die musiek, die musikante en selfs die intrumente is plaaslik vervaardig deur Suid-Afrikaners.
Van T is 'n nuwe stem in die plaaslike musiekbedryf wat opgang maak met haar akoestiese kitaar en “folk” stem. Christelle van Tonder gesels met die Kapenaar oor haar musiek.
RSG is al vir jare deel van die KKNK in Oudthoorn. Die RSG-verhoog is baie gewild onder feesgangers wat graag kom luister na opkomende plaaslike talent. Christelle van Tonder gesels met RSG se organiseerder Muriël Janse van Rensburg oor wat jy vanjaar by RSG se verhoog kan verwag.
Die groep Romanz het wêreld wyd opslae gemaak met hulle sangtalent en het selfs by Prinses Charlene van Monoco se troue opgetree. Al vier die manne het hulle eie projekte aangepak na die groot sukses. Haidee Muller gesels met Louis Loock, voormalige lid van die groep Romanz, oor sy solo-loopbaan.
In 2003 ontstaan 'n sang trio uit die sangkompetisie Coca Cola Popstars. Die groep, Jamali, het vir tien jaar na die kompetisie Suid Afrikaners bederf met hulle musiek. Jacqui Carpede was deel van die suksesvolle damesgroep en het onlangs besluit om 'n solo-loopbaan na te jaag. Christelle van Tonder gesels met Jacqui oor die uitdagings van 'n solo-loopbaan.
Laurinda Hofmeyr spesialiseer daarin om digters se werk te toonset. Christelle van Tonder gesels met haar oor haar tegnieke en watter gedigte haar intimideer.
Mathys Roets gesels oor sy nuwe musiek en toerskedule, en hy deel opwindende nuus eksklusief met RSG-luisteraars.
Jak de Priester het deur sy hele sangloopbaan ander kunstenaars genader om saam met hom musiek op te neem. Hy vertel vir Christelle van Tonder meer van sy samwerking met 'n uiteenlopende groep sangers.
Veelsydige kunstenaar Richard van der Westhuizen vertel vir Christelle van Tonder oor sy werk saam met Lochner de Kok, Capser de Vries en ander musikante.
Dit vat 10 jaar om 'n oornag sukses te wees, so sê die Avri Visie liedjieskryf kompitisie 2015 wenner Herman Kleinhans van die groep TWEE. Christelle van Tonder gesels met Herman en Maria Rademan oor hulle groot sukses in 2015 en Maria wat haar werk gelos het om voltyds musiek te maak.
Die 19-jarige sanger, Brendan Peyper, het in een dag sy getal Facebook-vriende van 800 tot 5,000 opgestoot, ná slegs een optrede. Hy vertel van sy sukses en die oorweldigende reaksie van sy aanhangers.
Heide Edeling wat al op baie sang kompitisies as afrigter gewerk het kom deel hulle insigte oor kits faam – die goed en die sleg.
Sang kompitisities is so oud soos die berge en elke dag is daar nuwe konsepte wat vorendag kom hoe om nuwe sangers te skool oor 'n paar weke en dan in die bedryf in te stuur. Bobby van Jaarsveld, een van die afrigters en beoordelaars van “The Voice” lewer insig op die onderwerp.
Jacob Zakes Wulana is die voor sanger van die plaaslike REGGAE groep Tidal Waves. Hy gesels met Christelle van Tonder oor die REGGAE musiek en die Rastafarian leefwyse.
Adorned in Ash is 'n Christelike Heavy/Black/Death metal groep. Hulle gesels oor die stigma van metal.
Adorned in Ash is 'n Christelike Heavy/Black/Death metal groep. Hulle gesels oor die stigma van metal. 'n Guru van die Metal genre, Patrick Davidson, vertel meer oor Heavy Metal en wat dit behels.
Die Grammy-wenners, Ladysmith Black Mambazo, vier vanjaar hulle 55ste jaar in die musiekbedryf. Christelle van Tonder gesels met broers Thulani en Tami Shabalala oor die groep wat hulle pa Joseph, 55 jaar gelede op Ladysmith begin het.
Adam Ribeiro, Werner Bekker en Mykel Goslin is lede van die opkomende plaaslike groep VON BECK. Hulle beskryf hulle musiek as folk. Christelle van Tonder gesels met die manne oor hierdie genre en 'n unieke trom wat hulle gebruik.
In 2008 is Anneli van Rooyen se stem stilgemaak deur 'n operasie, wat ernstige senuweeskade aan haar gesig gelos het. Twaalf jaar ná haar laaste album, spog sy nou met 'n nuwe CD, NOGTANS SAL EK SING. Dit is iets wat sy nie gedink het sy weer sal kan doen nie. Christelle van Tonder gesels met haar oor die moeilike en die goeie tye.
Sanger, danser, motiveringspreker en TV-aanbieder. Dis net 'n paar van die talente waarmee Amor Vittone kan spog. Ná vyf jaar stel sy weer 'n album vry met die titel DIE TYD IS NOU. Christelle van Tonder wou by haar weet wat sy afgelope vyf gedoen het.