Kosmos 94.1 is an Afrikaans Commercial Station in Namibia. The audience profile of Kosmos 94.1: Namibian between 25-59 years old. The whole nation, and those in the higher LSM groups with disposable income listen to Kosmos 94.1. We are a news leader, disseminating news on an objective unbiased basis. We engage with high-level government in order to monitor the state of the nation, and to bring the news of the day to our listeners. Hence it is not uncommon to hear the voices of government ministers on our station - clarifying or explaining important matters, or reacting to matters of the day. The music spectrum of Kosmos 94.1 ranges from hits of the 70's, straight through to current hits.
Rugby: Die Springbok-legende Tendai "Beast" Mtawarira glo Suid-Afrika gaan Nieu-Seeland verslaan in die Rugby's Greatest Rivalry-reeks. Die stut, met 117 toetse op sy kerfstok, glo die Bokke se grofgeskut-voorspelers sal die All Blacks oorrompel en Suid-Afrika die voordeel besorg. Mtawarira sê die Suid-Afrikaanse pak se krag en fisiese aanslag kan beslissend wees in een van die sport se grootste kragmetings tussen die wêreldkampioen en sy vernaamste teenstander:
Die Binnelandse Sake-ministerie het 'n program vir kommunikasie en betrokkenheid by belanghebbendes van stapel gestuur. Dit het ten doel om gemeenskappe oor sy mandaat in te lig en staatsdienste nader aan die mense te bring. Adjunkminister Edward Wambo sê dat hierdie interaksies daarop gemik is om te verseker dat gemeenskappe verstaan wat hulle van die ministerie kan verwag, veral met betrekking tot binnelandse vrede en veiligheid, immigrasie en die beweging van mense en besighede die land in en uit.
Wêreldolifantdag word môre gevier, en die Namibia Nature Foundation beklemtoon die dringende noodsaaklikheid daarvan om oop gebiede te bewaar waar Afrika se reuse vrylik kan rondbeweeg. Navorsingsdirekteur Morgan Hauptfleisch het Namibië se model van oop landskappe vergelyk met Suid-Afrika se omheinde reservate, en waarsku dat olifante in die buurland in hulle beperkte gebiede hul eie habitatte kan vernietig, terwyl Namibië se troppe wat vrylik rondbeweeg, ekosisteme die kans gee om te herstel. Namibië se oop model het egter sy eie nadele.
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Spanne berei goed voor vir die FNB T20-driehoekige reeks wat van 28 Augustus tot 6 September in Windhoek plaasvind, tussen Suid-Afrika, Namibië en Zimbabwe. Alle wedstryde vind plaas by die FNB Namibië Krieketveld, met elke span wat twee keer teen die ander speel voor die finaal. Krieket Suid-Afrika se uitvoerende hoof, Jono Leaf-Wright, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en opgewondenheid oor die komende wedstryde gedeel.
Henry Okello Oryem, die voormalige Ugandese minister van buitelandse sake, sê dat lande in Oos- en Suider-Afrika moet saamwerk om struikelblokke vir handel binne Afrika uit die weg te ruim. Hy het die kwessie aangeroer tydens 'n hoflikheidsbesoek aan president Netumbo Nandi-Ndaitwah. Die besoek maak deel uit van pogings om beleggingsgeleenthede te ondersoek en ekonomiese samewerking te versterk.
Arbeidsontleder Sydwill Scholtz voer aan dat 'n probleem met plaaswerkers is dat baie deel vorm van gemarginaliseerde groepe en steeds uitgebuit word. Hy het die departemente van arbeid en landbou geprys vir hul pogings om beleid af te dwing en boere in te lig oor hul regte en verpligtinge. Inspekteurs van die arbeidsdepartement besoek tans plase in verskeie streke om vas te stel of landbouwerkgewers aan die nasionale minimum loon-vereiste voldoen. Scholtz het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Die Amerikaanse president, Donald Trump, het teruggekap na Iran oor sy eis vir vergoeding en gesê Teheran moet eerder vergoeding betaal vir sterftes en skade. Iran het 'n reeks nuwe eise uitgereik wat Washington moet nakom voor hy skepe toelaat om vrylik deur die strategies-belangrike Straat van Hormuz te beweeg. Trump sê hy het sy verteenwoordigers opdrag gegee om die vergoedingsversoek deel te maak van enige toekomstige onderhandelinge met Iran:
Die parlementêre staande komitee oor natuurlike hulpbronne doen landswyd assesserings van die uitdagings en geleenthede wat kleinskaalse mynwerkers en myngemeenskappe in die gesig staar. Komiteevoorsitter Tobie Aupindi sê hoewel daar ekonomiese aktiwiteite plaasvind, meer gedoen moet word om werklik die myngemeenskappe te bevoordeel. Hy het gepraat op die kantlyn van die besoek aan Okarikua Mining buite Opuwo in die Kunene-streek:
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Die National Coloured Congress se parlementslid, Fadiel Adams, hou vol probleme met sy skootrekenaar is die rede vir die laat indiening van sy verklaring aan die Madlanga-kommissie. Hy sê dit vries gereeld, wat hom dan dwing om inligting van kollegas te ontvang en oproepe te maak. Adams sukkel ook om te verduidelik wanneer hy die eerste keer van die Reël 3-kennisgewing bewus geword het, en voorsitter Mbuyiseli Madlanga betwyfel dit:
Die Namibiese Revolusionêre Vervoer-vakbond, Naretu, het tydens sy vyfjaar-bestaansvieringe sy verbintenis teenoor sy lede herbevestig en 'n beroep op ekonomiese vryheid gedoen. Naretu se opperbevelvoerder, Petersen Kambinda, het verklaar dat dit Naretu se voorneme is om ekonomiese vryheid vir sy lede te bewerkstellig, want vakbonde kan nie bestaan terwyl lede steeds in armoede leef nie. Die vieringe het bestaan uit 'n uitreikprogram wat op werkersregte en ekonomiese bemagtiging gefokus het.
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Sokkerverenigings in Europa, Suid-Amerika en Asië wil steeds hê dat Gianni Infantino as hoof van Fifa moet onttrek en sê hy het hulle vertroue verloor. Dit kom na hy 'n deel van die Wêreldbeker wou kommersialiseer. Hy het die plan onttrek maar, dit blyk om geen verskil te gemaak het nie. Voormalige Fifa-raadslid Isha Johansen het die kwessie met Sky News bespreek.
Die algemene werkersvakbond Giwusa eis die onmiddellike nasionalisering van die farmaseutiese bedryf. Pharmaceuticals Made in South Africa het verlede week onthul plaaslike medisynevervaardigers verloor belangrike tenders weens die Departement van Gesondheid se fokus op prys. Dit het die afgelope 18 maande gelei tot die verlies van 2 500 werksgeleenthede. Giwusa-president, Mametlwe Sebei, sê die regering moet regstreekse eienaarskap en beheer van vervaardigingsfasiliteite oorneem om te verseker dat produksie deur maatskaplike behoeftes gedryf word en nie deur private wins nie:
Vermiste persone word amper daagliks op verskeie belange-WhatsApp-groepe gedeel net vir die persoon om etlike ure later gevind te wees. NamPol se adjunkkommissaris Kauna Shikwambi wys daarop dat die polisie in gevalle van vermiste persone eers moet vasstel of die persoon se verdwyning opsetlik is of nie. Sy sê dat baie jongmense dikwels die huis verlaat om by vriende of ander familielede te gaan woon sonder om enigiemand in kennis te stel. Dan word die persoon as vermis aangemeld, en mannekrag en koste word daaraan gewy om na die persoon te soek. Sy praat met Kosmos 94.1 Nuus:
Ekonome is minder optimisties oor die vooruitsigte vir goud, ten spyte van sterker as verwagte produksie by B2Gold se Otjikoto-myn in die tweede kwartaal. B2Gold het gedurende die kwartaal sowat 130,7 miljoen Namibiese dollar in kapitaaluitgawes by die myn belê, terwyl produksie meer as 23 000 onse bereik het. Maar ekonoom Dawie Roodt sê aan Kosmos 94.1 Nuus die vooruitsigte vir goudprestasie vorentoe is minder positief.
Simonis Storm waarsku in 'n nuwe verslag teen El Niño-risiko vir voedselpryse en fiskale risiko's. Daar is tans 'n 81%-waarskynlikheid dat die verskynsel 'n baie sterk intensiteit tussen Oktober en Desember vanjaar sal bereik, binne die plaaslike plantseisoen. Yanna Smith doen verslag.
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Die vakverbond Cosatu sê hy is geskok dat die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling 1,4-miljoen Suid-Afrikaanse rand aan ʼn eksterne diensverskaffer betaal het om persverklarings te skryf en te redigeer. Die departement het Six Fingaz Media sedert Oktober verlede jaar sowat 82 000-rand per maand betaal. Tussen 2025 en Mei vanjaar het die departement boonop 670 000-rand betaal om die waarnemende hoof van Kommunikasie, Sandy Godlwana, in hotelle in Pretoria te huisves. Cosatu-woordvoerder Zanele Sabela sê dis verkwistende besteding:
Menseregtegroepe en die VN maak alarm oor die toenemende aantal voorvalle van setlaargeweld teen Palestynse burgerlikes in die Wesoewer. Te midde van toenemende ongevalle, gedwonge verplasings en vergeldingsaanvalle word hele landelike gemeenskappe van hul grond verdryf. 'n Lid van die Israelse Knesset, Ofer Cassim sê aan Al Jazeera die setlaars is gevolmagtigdes van die Israelse regering.
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Die minister van Binnelandse Sake, Leon Schreiber, sê sy departement het 61-persent minder werksure weens vanlyn stelsels verloor, wat ʼn aansienlike verbetering in dienste se betroubaarheid gebring het. Die totale werksure wat weens vanlyn stelsels vermors word, het afgeneem van 35 426 in 2024/2025 tot 13 867 in 2025/2026. Schreiber sê die verbetering word toegeskryf aan ʼn reeks digitale hervormings wat gemik is op die modernisering van die departement se tegnologie-infrastruktuur en beter dienslewering:
Die aktivis en vierde-geslag-oorlewende van volksmoord, Sima Luipert, sê die Internasionale Dag van die Wêreld se Inheemse Volk is meer as net 'n kulturele viering. Dit is 'n geleentheid om identiteit en waardigheid, kollektiewe regte, historiese kontinuïteit en die reg op deelname aan besluite oor hul voorvaderlike gebiede te bevestig. Sy het met Kosmos 94.1 Nuus gesels na die onlangse herdenking van die dag in Katima Mulilo.
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Die Haaie se hoofafrigter, JP Pietersen, moes twee veranderings aanbring vir vanaand se kragmeting met die All Blacks op Kingspark in Durban. Die slot Emile van Heerden is beseer en die Springbok-voorspeler Vincent Tshituka het harsingskudding. Deon Slabbert vervang Van Heerden in die opdrafspan en Corné Rahl vir Tshituka op die bank. Pietersen verdedig die insluiting van die 44-jarige All Black-legende Ma'a Nonu, wat pas by die Haaie aangesluit het:
Eskom sê hy het die afhanklikheid van diesel-aangedrewe opwekking aansienlik verminder, ondanks die selektiewe gebruik van diesel tydens spitstye en om die vereiste reserwes te handhaaf. Vir die boekjaar tot dusver van 1 April tot 6 Augustus, staan dieseluitgawes op 948,46-miljoen Suid-Afrikaanse rand, vergeleke met 5,73-miljard-rand oor dieselfde tydperk verlede jaar. Eskom-woordvoerder Daphne Mokwena sê die Oopsiklus-gasturbine se ladingsfaktor was gemiddeld 1,17-persent, teenoor die 9,33-persent in die vorige jaar:
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
President Donald Trump van Amerika het ʼn uitvoerende bevel onderteken om die getal inentings wat vir kinders aanbeveel word, te verminder. Die Amerikaanse Akademie vir Pediatrie beveel tans 18 inentings aan, maar dit sal tot elf verlaag word. Volgens die bevel sal kinders ingeënt word teen masels, pampoentjies, rubella, witseerkeel, klem-in-die-kaak, kinkhoes, polio, Hib, pneumokokkus, HPV en waterpokkies. Trump sê die inentings teen masels, pampoentjies en rubella sal in drie inentings toegedien word:
Tydens 'n openbare verhoor deur die Parlementêre Staande Komitee oor Openbare Rekeninge op Rundu, het dit aan die lig gekom dat die Rundu-dorpsraad nie in die afgelope sewe jaar sy finansiële verslae ingedien het nie. Die komitee hou tans 'n openbare verhoor oor die ouditverslae van die Rundu-dorpsraad vir die boekjare 2018 tot 2020. Komiteelid Job Amupanda het tydens die verhoor gepraat.
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
In jou finansiële nuus vanoggend: Die plaaslike konstruksiebedryf gaan vanjaar steeds bakstene kou, toon die jongste groeiverwagtinge van die sentrale bank. KosmosKapitaal gesels met Bärbel Kirchner, uitvoerende hoof van die Federasie vir die Konstruksie-industrie in Namibië, oor of die bedryf saamstem. Is die myn van fosfaat van die Namibiese seebodem 'n blink of stink idee? KosmosKapitaal het by dr. Chris Brown, uitvoerende hoof van die Namibiese Kamer van die Omgewing, gaan aanklop.
Volg KosmosKapitaal op Facebook, Instagram, X en LinkedIn, en kry finansiële en ekonomiese nuus soos dit breek - elke dag van die week!
Die GOOD-party sê die Nasionale Tesourie se besluit om teen 'n hofuitspraak te appelleer wat die regering gelas om die toegang tot die Maatskaplike Noodlenigingstoelaag te verhoog en uit te brei, is skandelik. Die Tesourie skat die toepassing van die uitspraak deur die hoërhof in Pretoria om toegang tot die toelae te verbreed, kan die regering 'n ekstra 93,5-miljard Suid-Afrikaanse rand per jaar kos. GOOD se sekretaris-generaal, Brett Herron, sê die verskoning van onbekostigbaarheid deur die Tesourie is 'n politieke keuse wat as fiskale beperking vermom word:
Die Vereniging van Landdroste en Regters van Namibië het arbeidsminister Wise Immanuel, die Landdrostekommissie en vyf ander respondente na die hoërhof geneem om beslissings te betwis wat landdroste se behuisings- en voertuigtoelaes aan staatsdiensgrade koppel. Die vereniging vra ook die hof om verskeie bepalings van die Landdrostewet ongrondwetlik te verklaar, met die argument dat dit regterlike onafhanklikheid ondermyn. Saakbestuur, wat aanvanklik vir 6 Augustus geskeduleer is, is nou vir 20 Augustus geskeduleer omdat die partye nie opgedaag het nie. Die hoofverhoor is vir 11 September geskeduleer. Prokureur Florian Beukes, wat die vereniging verteenwoordig, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
Coca-Cola Beverages het sy 2026 Recycling Heroes-projek in Rundu en Ondangwa van stapel gestuur in 'n poging om herwinning te versterk en ekonomiese geleenthede vir plaaslike gemeenskappe te skep. Die inisiatief, wat saam met plaaslike owerhede, herwinners en die Recycle Namibia Forum geïmplementeer is, het 244 mense opgelei in afvalversameling, sortering en veiligheid, terwyl dit help om afvalversamelaars met formele herwinningsmarkte te verbind. Woordvoerder van Coca-Cola, Ockert Jansen.
Namibiese veeprodusente sien gemengde markseine, met onlangse veilingpryse van die Vereniging van Veeveilingmeesters, Makelaars en Handelaars wat slagskape gemiddeld net bo 40 Namibiese dollar per kilogram toon, terwyl slagosse gemiddeld 39 dollar en 23 sent behaal het. Die Lewendehawe- en Lewendehawe-produkteraad se bemarkingsbestuurder, Desmond Cloete het met Kosmos 94.1 Nuus gesels:
Daar word verwag dat die Bank van Namibië die repokoers onveranderd sal hou op 6,75 persent wanneer sy Monetêre Beleidskomitee vandag vergader. Die aankondiging word môre verwag. Simonis Storm-ekonoom Almandro Jansen sê die sentrale bank se besluit sal waarskynlik sy Junie-koersverhoging weerspieël. Terwyl inflasie sedertdien tot 4,4 persent gestyg het, die hoogste vlak sedert Augustus 2024, sê Jansen aan Kosmos 94.1 Nuus dat die styging grootliks gedryf word deur brandstof en vervoerkoste, met kerninflasie wat laer bly op ongeveer 3,3 persent.
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Die voormalige skoolhoof van Bergview College, Jaco Pieterse, sê hy hoop sy saak teen die EFF-leier Julius Malema sal help om gewone burgers teen politici en mense in magsposisies te beskerm. Malema sal na verwagting aangekla word van crimen injuria nadat die Nasionale Vervolgingsgesag vertoë van AfriForum aanvaar het oor sy openbare bewerings dat Pieterse 'n sewejarige meisie in Matatiele, Oos-Kaap, verkrag het. Pieterse sê mense wat sulke roekelose en skadelike bewerings maak, moet aanspreeklik gehou word:
Straathandelaars in Otjiwarongo het in 'n gesprek met burgemeester Leonard Simushi kommer uitgespreek oor die toestande waaronder hulle moet werk, terwyl die munisipaliteit verduidelik dat hy steeds besig is om fondse te bekom vir die oprigting van 'n ope mark vir die handelaars, wat tans oor die dorp versprei is. Die voorgestelde ope mark word op 52 miljoen Namibiese dollar gewaardeer. Otjiwarongo beskik tans nie oor 'n funksionele mark nie, wat daartoe gelei het dat handelaars by besige kruisings en voetpaaie handel dryf. Simushi het met handelaars in die omgewing van die dorpsentrum gesels:
Gedruk vir tyd? Rond en bont die hele dag? Kosmos 94.1 Nuus bring vir jou die dag se sportnuus. Plaaslik. In die streek. Internasionaal. Gratis en in Afrikaans. ‘n Samevatting, in minute. Jy kan nie sê jy het nie geweet nie. Elke weeksaand om sewe.
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Cosatu is bekommerd oor die beplande afleggings by Media24 en eNCA en waarsku teen 'n groeiende krisis in Suid-Afrika se mediabedryf. Media24 het aangedui dat 126 poste in gevaar is, terwyl eNCA 171 afleggings oorweeg. Cosatu sê die afleggings bedreig demokrasie en vra vir alternatiewe vir die postevermindering. Cosatu-woordvoerder Zanele Sabela sê hulle wil ook hê dat die regering 'n volhoubare, diverse mediasektor moet ondersteun:
Die visekanselier van die Universiteit van Namibië, Kenneth Matengu, het amptelik 'n nuwe sampioenproduksiefasiliteit oorhandig en die Sustainable One Health Garden by Dâures bekendgestel. Hy het beklemtoon dat die inisiatief die universiteit se verbintenis demonstreer om onderwys, navorsing en innovasie verder as die grense van 'n klaskamer te neem deur praktiese oplossings vir werklike gemeenskapsuitdagings te bied. Die hoof van Unam Cares, Rachel Freeman, het meer:
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Visepresident Lucia Witbooi het Namibië se eerste Groenwaterstofveiligheids- en Toetsprojek, bekend as die RealTest-projek, amptelik by Unam bekendgestel. Die inisiatief fokus op veiligheids-, betroubaarheids- en volhoubaarheidsnavorsing vir groenwaterstoftegnologie om die land se opkomende groen industriële ekonomie te ondersteun. Sy het by die bekendstellingsplegtigheid in Windhoek gepraat:
Die FNB-huisprysindeks het met 7,4 persent in die tweede kwartaal van 2026 gegroei, 'n toename teenoor 7,1 persent in die eerste kwartaal van 2025, maar effens laer as die 7,7 persent wat in die tweede kwartaal van 2025 aangeteken is. Mandisa Van Wyk, FNB Namibië se marknavorsingsbestuurder, sê voortgesette huisprysstygings dui daarop dat die vraag na behuising veerkragtig bly. Dit sal waarskynlik verhoogde behuisingskoste handhaaf en bydra tot taai inflasie in die behuising-subkategorie.
Werke- en vervoerminister Veikko Nekundi het die tussentydse raad van die Agentskap vir Openbare Batebestuur beveel om dadelik aan die gang te kom en die kwessies rondom staatswoonstelle aan te spreek. Nekundi het vanoggend die agentskap se eerste raad van vyf lede vir 'n tydperk van ses maande aangestel, of totdat die agentskap se registrasie en beleidsformulering gefinaliseer is. Hy het beklemtoon dat die situasie met staatswoonstelle en -huise dringend aangespreek moet word.
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Die N3-tolkonsessie sê die kombinasie van verhoogde verkeersvolumes, ongunstige weerstoestande en voortgesette konstruksie-aktiwiteite sal heel waarskynlik lei tot stadiger reistoestande en moontlike vertragings. Dit volg met die Vrouedag-langnaweek wat vandag ten einde loop, met swaar verkeer wat reeds noordwaarts na Gauteng ervaar word. Die konsessie se hoofbedryfsbeampte, Thania Dhoogra, sê ligte sneeu is aangemeld rondom Swinburne in die Vrystaat, met reën en ysreën wat gebiede tussen Mooirivier en Warden in KwaZulu-Natal beïnvloed:
Die Tsumeb Munisipale Raad het die aanstelling van Calista Schwartz as sy hoof uitvoerende beampte aangekondig. Schwartz volg Victoria Kapenda op, wat die munisipaliteit in Augustus 2024 verlaat het na haar aanstelling as uitvoerende hoof van die Walvisbaai Munisipaliteit. Volgens skakelbeampte Elli Imalwa-Nangolo is Schwartz na die raad se werwingsproses aangestel.
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Die waarnemende polisieminister, Firoz Cachalia, sê verhoogde maatreëls is ingestel om georganiseerde en geweldsoortredings te bekamp. Dit sluit bendemisdaad en onwettige dwelms in. Hy het gister die toneel in Reigerpark, Ekurhuleni, besoek waar twee vroulike lede van die publiek en twee lede van die Teen-bende-eenheid Vrydagaand vermoor is. Cachalia sê bendelede is swaar gewapen en toon geen genade nie:
Stad Windhoek het gereageer op die dood van twee werknemers van Cape Advanced Engineering Namibia wat oor die naweek by die Gammams-waterversuiweringsaanleg oorlede is, nadat hulle na bewering aan giftige chemikalieë of gasse blootgestel is. Die Stad se woordvoerder, Harold Akwenye, het die Stad se verbintenis herbevestig om die voorval deeglik, objektief en met die grootste integriteit te ondersoek. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
President Donald Trump loop die risiko volgens kenners, om geloofwaardigheid te verloor met herhaalde dreigemente oor aanvalle teen Iran wat herhaaldelik teruggetrek word. Die voormalige Trump-minister van verdediging, Mark Esper, sê Iran is aangemoedig, en is vol vertroue oor hul posisie in die wêreld.
Drie bergpasse in die noordelike dele van die Oos-Kaap is tans gesluit weens swaar sneeuval. Dit is die Barkly-pas op die R-58 tussen Elliot en Barkly-Oos, die Penhoek-pas op die N6 tussen Komani en James Calata en Boesmanshoek-pas tussen Sterkstroom en Molteno. Die provinsiale woordvoerder van die Departement van Vervoer, Unathi Binqose, sê motoriste word aangeraai om hierdie roetes tot verdere kennisgewing te vermy:
Die situasie is haglik vir die Namibiese naellopers Beatrice Masilingi en Christine Mboma, na aanleiding van Masilingi se besluit om op te hou om die testosteroononderdrukkende medikasie te neem wat vereis word onder Wêreldatletiekregulasies vir atlete met verskille in seksuele ontwikkeling. Masilingi het effektief afgetree uit mededingende atletiek, terwyl haar afrigter, Henk Botha, sê die situasie het ook ernstige kommer oor Mboma se toekoms in die sport laat ontstaan. Botha het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
Die Van Eck-kragstasie in Windhoek, die land se enigste steenkoolkragstasie, het 'n geleidelike oorgang ondergaan van 'n primêre opwekkingsbate na 'n strategiese rugsteun- en netwerkstabiliteitsfasiliteit. Van Eck bly op papier operasioneel, maar funksioneer hoofsaaklik as 'n strategiese veiligheidsnet en spanningsstabilisator terwyl Namibië steenkoolopwekking afskaal ten gunste van hernubare energie en streeksinterkonneksies. Daar was op 'n stadium sprake om dit op te knap maar energiekenner Harald Schütt meen dit is nie ‘n goeie idee nie.
Daar is onlangs baie gepraat oor die diversifikasie van die ekonomie weg van die swaar afhanklikheid van diamant- en uraanmynbou. Onlangse ekonomiese seminare fokus op die bevordering van groei in groen waterstof, landbou, toerisme en vervaardiging om werk te skep en langtermynstabiliteit te bou. Ekonoom Gabriel Erastus sê egter dat die regering beleide en aansporings moet implementeer om werklik te slaag om hierdie sektore te verminder.
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Brittanje sukkel met wat hy as droogte geklassifiseer het na uiters warm toestande en amper geen reën in meer as twee maande nie. Die klimaatwetenskaplike van Oxford Universiteit, dr. Chloe Brimicombe, sê hierdie somer was besonder merkwaardig as gevolg van klimaatsverandering wat meer ekstreme weersgebeurtenisse meebring en verskeie rekords het gespat.
President Cyril Ramaphosa sê baie moet nog gedoen word om veral geslagsgeweld en vrouemoord aan te spreek, wat die regering as 'n nasionale ramp verklaar het. Die Verenigde Nasies se Vroueorganisasie reken die koers waarteen Suid-Afrikaanse vroue vermoor word is vyf keer die wêreldgemiddeld. Die president het gister die viering van die 70ste herdenking van die 1956-Vroueoptog in Pretoria gelei. Ramaphosa het 'n beroep op mans en seuns gedoen om na vore te tree en deel van die oplossing te wees. Hy sê geslagsgeweld is nie 'n vroueprobleem nie:
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Die Nobel-vredespryswenner, Malala Yousafzai, het Suid-Afrika versoek om saam met Afghaanse vroue en meisies te staan teen wat sy bestempel as "geslagsapartheid" onder die Pakistanse Taliban-bewind. Sy was een van die sprekers by die Nasionale Vrouedag-vieringe in Pretoria. Yousafzai is in Oktober 2012 deur die Taliban in die kop geskiet vir haar geslagsaktivisme. Sy sê die regerende Taliban het die opvoeding van meisies onwettig gemaak en mans die reg gegee om hul vrouens te slaan:
Hannali Mukuta, sekretaris-generaal van die United Democratic Front se vroueraad, het beklemtoon dat vroue 'n betekenisvolle stem verdien in die vorming van die nasie se toekoms. Sy het bygevoeg dat vroue nie vooruitgang sal bereik deur op die kantlyn te staan nie, maar deur moedige optrede. Vroue is nie net in staat om gesinne te lei nie, maar ook gemeenskappe en politieke strukture, sê sy. Mukuta het onlangs by die UDF se Khomas-vroueraad se verkiesingskonferensie gepraat.
Die DA-leier Geordin Hill-Lewis het gebrekkige munisipaliteite gekritiseer en gesê Suid-Afrikaners verdien plaaslike regerings wat basiese dienste lewer. Met die bekendstelling van die party se manifes in Johannesburg het Hill-Lewis drie sleutelbeloftes gemaak, insluitend die aanstelling van gekwalifiseerde en eerlike mense in munisipale poste, die beskerming van water- en elektrisiteitsinkomste en die versekering dat daar gevolge sal wees vir korrupsie en verkwistende besteding. Hy het belowe om dorpe en stede wat werk te herstel voor die plaaslikeregeringsverkiesing op 4 November:
Die goewerneur van die Oshana-streek, Hofni Iipinge, het die publiek aangemoedig om veral vroue en meisies met gestremdhede in gedagte te hou wanneer daar vir mense met gestremdhede voorspraak gemaak word. Hy het voorts gepleit vir die implementering van die Hersiene Nasionale Beleid oor Gestremdheid reg oor die streek. Hy het in Oshakati gepraat tydens 'n opleidingsessie oor onderwys en bewustheid rakende die beleid, en die aksieplan vir die implementering en kosteberekening daarvan:
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Voormalige president Joe Biden se kanker het verder as sy bene versprei en is pynlik en aftakelend, hetsy seun Hunter gesê, en voeg by dat sy pa steeds aktief is. Biden het in Mei 2025, minder as vier maande nadat hy die Withuis verlaat het, onthul dat hy met 'n "aggressiewe vorm" van prostaatkanker gediagnoseer is, en destyds gesê dat dit na sy bene versprei het. Hunter is aan die woord.
Eskom sê 504 977 slimmeters is landwyd op lasverminderingsvoerders geïnstalleer, wat 87,4-persent van sy teiken vir hoë-prioriteitsgebiede verteenwoordig. Die nutsmaatskappy sê 565 kraginvoerders is van lasvermindering verwyder. Na raming word 1,2-miljoen klante nie langer geraak nie, wat 70,8-persent van die geteikendes verteenwoordig. Eskom-woordvoerder Daphne Mokwena sê onwettige verbindings, elektrisitetsdiefstal insluitend intimidasie en werkonderbrekings, belemmer steeds installasies, met ongeveer 122 000 beplande installasies wat geraak word:
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
In jou finansiële nuus vanoggend: Twee supermoonthede – China en Amerika. Maar hoe lyk hul handelsyfers met Namibië? Eksklusiewe konsessies in die toerismebedryf: Die vonke gaan die week spat. En hoe het die plaaslike indeks van die Namibiese Effektebeurs Vrydag gevaar?
Volg KosmosKapitaal op Facebook, Instagram, X en LinkedIn, en kry finansiële en ekonomiese nuus soos dit breek - elke dag van die week!
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Israel se premier Benjamin Netanyahu is onder erge druk. Alle peilings toon dat hy uiters ongewild is. Hy het ook Donald Trump se 15-punt plan vir Gaza verwerp. Die voormalige Amerikaanse ambassadeur in Saoedi-Arabië, Michael Ratney, sê terwyl verkiesings in Israel moeilik is om te voorspel bereken Netanyahu duidelik dat hoe harder hy teenoor die Palestyne is, hoe beter is sy vooruitsigte.
Terwyl Namibië steeds nuwe hulpbronvennootskappe lok, versterk Finland mynboubande met die land deur sy mynmaatskappye aan die plaaslike bedryf bekend te stel. Die Finse ambassadeur Katja Kalamäki sê Finland is dalk klein, maar hy het wêreldklas mynboukundigheid en is daartoe verbind om voort te bou op sy langdurige verhouding met Namibië. Sy het gepraat by 'n geleentheid om Finse mynmaatskappye in Windhoek te verwelkom.
Die eerste heer, Epaphras Ndaitwah, het 'n beroep op seuns gedoen om die geleentheid wat aan hulle gebied word, te benut om hul lewens te verbeter en onderwys aan te gryp. Hy was ‘n spreker by 'n byeenkoms vir seuns op Nkurenkuru in Kavango-Wes. Ndaitwah sê seuns kry nie die nodige aandag nie, wat daartoe lei dat hulle by onproduktiewe aktiwiteite betrokke raak.
Die Independent Patriots for Change het die besluit van die omgewingskommissaris in die ministerie van omgewing teengestaan om ’n omgewingsgoedkeuringsertifikaat aan Namibian Marine Phosphate uit te reik. Die sertifikaat gee die groenlig vir die voorgestelde Sandpiper-marienefosfaatprojek aan die kus van Namibië. Die IPC se skadu-omgewingsminister, Rodrick Likando, het ’n beroep op die ministerie gedoen om die omgewingsimpakstudie, rekords van openbare deelname en die wetenskaplike grondslag waarop die kommissaris se besluit berus, in die openbaar bekend te maak.
Die Namibiese Mededingingskommissie sal Woensdag met die toerismebedryf in gesprek tree oor die kwessie van konsessies in die toerismesektor, veral in bewareas. Dit is in die lig van die ondersoek wat die kommissie geloods het na sy beoordeling van bewerings van eksklusiewe ooreenkomste, wat 'n oortreding van die Mededingingswet is. Dina //Gowases, woordvoerder by die kommissie.
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Die ANC se Groter Johannesburg-streek het 'n peiling van die Maatskaplike Navorsingstigting verwerp wat toon dat die DA 42-persent steun in Johannesburg het, vergeleke met 18-persent vir die ANC. Die party bevraagteken die opname se onafhanklikheid en wil hê die metodologie en besonderhede oor die opdrag daarvoor moet vrygestel word. ANC-woordvoerder Mantombi Nkosi erken inwoners is bekommerd oor dienslewering, misdaad, werkloosheid en korrupsie. Sy sê die mobilisering in al 135 wyke sal voor die 2026-plaaslikeregeringsverkiesing verskerp word:
Die adjunkminister van landbou, Ruthy Masake, het jongmense aangemoedig om gebruik te maak van geleenthede in klimaatslim landbou, landboubesigheid, waterbewaring en volhoubare produksie. Sy het by die Ohangwena-streekskonferensie oor omgewingsopvoeding in Eenhana gepraat en gesê die jeug moet betrokke raak en nie wag op toegifte nie.
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Die Wes-Kaapse polisie het 'n soektog begin ná die moord Saterdagaand op vyf mense in Langa, Kaapstad. Die polisie het gereageer op 'n klagte van 'n skietery by 'n huis in Winnie Mandelastraat, Fase Drie. Met hul aankoms het beamptes die liggame van vier mans en een vrou gevind. Geen arrestasies is gemaak nie en die motief bly onbekend. Polisiewoordvoerder Andrè Traut doen 'n beroep op enigiemand met inligting wat die ondersoek kan help om na vore te kom:
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Werke- en vervoerminister Veikko Nekundi het padkontrakteurs gemaan om nie werkers wat hulle vir padprojekte in diens neem, sleg te behandel nie. Werkers moet ook ten minste die minimumloon betaal word en daar moet na hul klagtes geluister word. Nekundi het onlangs tydens 'n seremonie vir die aanvang van herstelwerk aan verskeie paaie in Walvisbaai gepraat.
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Bitcoin het met byna 50 persent vanaf sy rekordhoogtepunt gedaal, maar Bitcoin Mining Namibia se hoof Bitcoin-beampte, Nikolai Tjongarero, sê dit is nie ongewoon nie. Hy verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus dat die jongste daling volg op 'n massiewe institusionele kooptog wat pryse tot nuwe hoogtepunte gedryf het, voordat miljarde dollars uit gereguleerde Bitcoin-fondse teruggevloei het namate wêreldwye ekonomiese toestande verswak het.
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Die regering het die moord op twee lede van die Teen-bende-eenheid in Reiger Park veroordeel. Hulle is na bewering in 'n lokval gelei en doodgeskiet. Die adjunk-regeringswoordvoerder William Baloyi sê wetstoepassingsagentskappe het hulpbronne ontplooi om die skuldiges op te spoor. Hy sê optredes soos Operasie Shanela is gemik op misdaadbrandpunte, gesoekte verdagtes en misdaadnetwerke, terwyl die regering daaraan werk om gemeenskapsveiligheid te versterk en die oppergesag van die reg te handhaaf:
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Cosatu doen 'n beroep op die ANC-geleide regering om werksgeleenthede in die plaaslike farmaseutiese vervaardigingsbedryf te red. Die vakbond sê 2 500 werkgeleenthede het die afgelope 18 maande in die sektor verlore gegaan, met nege vervaardigers wat volgens berigte gesluit het. Die federasie blameer die regering se verkrygingsbeleid wat goedkoper oorsese voorraad bevoordeel. Cosatu-woordvoerder Matthew Parks doen 'n beroep op die departemente van gesondheid, finansies en handel om plaaslike vervaardigers te ondersteun, die gesondheidsmeesterplan te laat herleef, en medisynevoorsieningskettings te beveilig:
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
A storm erupted on social media on Saturday after the ministry of environment confirmed that Namibian Marine Phosphate had received an environmental clearance certificate for its controversial offshore Sandpiper Project near Walvis Bay. The planned extraction of phosphate-rich sediments from the seabed for processing into fertiliser has faced opposition for years because of the potential impact it could have on marine ecosystems and fisheries. Naude Dreyer, founder of Ocean Conservation Namibia, spoke to KosmosKapitaal:
‘n Herrie het Saterdag op sosiale media losgebars ná die omgewingsministerie bevestig het dat Namibian Marine Phosphate ’n omgewingsgoedkeuringsertifikaat ontvang het vir sy omstrede aflandige Sandpiper-projek naby Walvisbaai. Die beplande ontginning van fosfaatryke sedimente van die seebodem vir verwerking tot kunsmis word reeds jare lank teengestaan weens die moontlike impak wat dit op mariene ekosisteme en visserye kan hê. Naude Dreyer, stigter van Ocean Conservation Namibia, het met KosmosKapitaal gepraat:
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Gesondheidminister Esperance Luvindao het 'n beroep gedoen op die lewering van gehalte- en bekostigbare gesondheidsorgdienste aan alle Namibiërs, en beklemtoon dat toegang tot mediese sorg nie deur 'n persoon se finansiële status bepaal behoort te word nie. Sy het tydens die amptelike opening van die Onamafila-kliniek in die Oshikunde-kiesafdeling gepraat.
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
TransNamib-woordvoerder Alina Garises sê bedrywighede op die Walvisbaai-Karibib-spoorkorridor het in Julie begin, wat vragverbindings tussen die Walvisbaai-hawe en binnelandse streke versterk. Na verwagting sal die vragkorridor tot 25 000 ton vrag per maand vervoer, wat na raming elke maand 735 vragmotors van die paaie sal verwyder en jaarlikse koolstofvrystellings met ongeveer 900 ton sal verminder. Garises praat met Kosmos 94.1 Nuus:
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Die All Blacks-kaptein Patrick Tuipulotu sê die Stormers het sy span se dissipline Vrydagaand op die Kaapstad-stadion getoets, waar die besoekers met 38 - 21 gewen het. Hy het die Stormers se sterk fisiese oorheersing in die eerste botsing van hul Suid-Afrikaanse toer geprys. Hoofafrigter Dave Rennie het ook frustrasie uitgespreek oor die span se gebrek aan afronding en dissipline. Hy sê die All Blacks het baie geleenthede geskep maar hul afronding was swak. Tuipulotu het bygevoeg dat hulle die ondersteuning van plaaslike ondersteuners waardeer:
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Absa Bank het Vrydag sy NewWave-silwerbeursverhandelde note, of ETN’s, op die Namibiese Effektebeurs, of NSX, noteer. Teen die sluiting van die NSX Vrydag, het dié ETN’s teen 9 Namibiese dollar en 70 sent stuk verhandel. Robert McGregor, aangewese besturende direkteur van Cirrus Securities, het aan KosmosKapitaal verduidelik wat dié notering beteken:
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Die vakbond Solidariteit sê werkers by Premier Foods het meer vrae as antwoorde oor die moontlike sluiting van die inmaakfabriek in Tulbagh in die Wes-Kaap. Gideon du Plessis van die vakbond vrees die eerste konsultasieproses wat deur die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie gefasiliteer word, kan dalk slegs 'n formaliteit wees, aangesien vrugteprodusente glo reeds meegedeel is dat geen vrugte meer aangekoop sal word nie:
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Die land sal oor die naweek oorwegend sonnige en warm winterstoestande ervaar, met koue nagte oor die binneland en matige, mistige toestande langs die kus. Die weerkantoor se Albertina Anderson sê aan Kosmos 94.1 Nuus dat sterk, winderige toestande oor groot dele van die land sal heers. Sy sê selfs ligte reën is moontlik soos 'n kouefront inbeweeg.
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Die waarnemende nasionale polisiekommissaris, Puleng Dimpane, het 'n beroep op inwoners van Reigerpark aan die Oos-Rand in Gauteng gedoen om ondersoekbeamptes te help om die persone te identifiseer wat verantwoordelik is vir die moord op twee lede van die Teen-Bende-eenheid. Die nasionale polisiewoordvoerder, Athlenda Mathe, sê gespesialiseerde polisie-eenhede is ontplooi om die verdagtes op te spoor en vra mense met inligting om na vore te kom. Sy het die noodsaaklikheid van gemeenskapsamewerking beklemtoon om die oortreders te arresteer en geregtigheid te verseker:
Bosbou-minister Indileni Daniel het Vrydag ’n beroep gedoen op groter belegging in Namibië se biomassa-industrie en gesê dit kan werk skep, gedegradeerde grond herstel en ekonomiese groei bevorder. Daniel het tydens die opening van die Standard Bank Biomassaskou en Nywerheidskonferensie op Otjiwarongo die direktoraat bosbou beopdrag om ’n nasionale opname van die land se biomassahulpbronne te doen, wat herstelpogings, produksie en uitvoere, beleggingshindernisse, ondernemings en werksgeleenthede ondersoek. Die bevindinge sal help om ’n nuwe strategie te ontwikkel om die Nasionale Strategie vir die Volhoubare Bestuur van Bosbronne te vervang wanneer dit in 2027 verstryk. Die voorsitter van die Namibiese Biomassabedryfgroep, Colin Lindeque, het tydens dieselfde geleentheid gesê hoewel die bedryf nie die nodige aandag geniet nie, dit werk aan 15 000 mense verskaf en jaarliks sowat 1,5 miljard Namibiese dollar in uitvoere verdien:
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Die Copps 94.1-span was Vrydagaand op Otjiwarongo, waar hulle by lede van die Namibiese polisie en die buurtwag aangesluit het om wetgehoorsaamheid op dié dorp te monitor. Volgens Kosmos 94.1 se Francois Lottering was daar ‘n paar geringe voorvalle. Hy berig van die toneel:
Gedruk vir tyd? Rond en bont die hele dag? Kosmos 94.1 Nuus bring vir jou die dag se sportnuus. Plaaslik. In die streek. Internasionaal. Gratis en in Afrikaans. ‘n Samevatting, in minute. Jy kan nie sê jy het nie geweet nie. Elke weeksaand om sewe.
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Die minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Velenkosini Hlabisa, het 4 November amptelik in die Staatskoerant geproklameer as die datum vir die plaaslike regeringsverkiesing. Hy het met die SABC gepraat en burgers versoek om te registreer voor die kieserslys om middernag sluit. Hlabisa moedig gemeenskappe aan om die stembus te gebruik om raadslede aanspreeklik te hou, aangesien dit beter dienslewering kan afdwing en plaaslike demokrasie kan versterk:
Ovambanderu-hoofman Eben Tjozohongo Nguvauva II het die regering geprys vir sy pogings om Ovambanderu-mense, wat meer as 'n eeu gelede verplaas is, uit Botswana te laat terugkeer. Hy het tydens 'n hoflikheidsbesoek aan president Netumbo Nandi-Ndaitwah by Staatshuis gepraat.
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Die 2026 El Niño-verskynsel is vinnig besig om in die tropiese Stille Oseaan te versterk, met die 30-dae Suidelike Ossilasie-indeks wat tot diep negatiewe vlakke daal. Onafhanklike weervoorspeller Johan van den Berg sê dit is veral verlede maand waargeneem, en verhoog die risiko van droë periodes en wisselvallige reënvalpatrone gedurende die komende seisoenale siklus in Suider-Afrika. Hy het met AMT gepraat:
Krieket Namibië sal gasheer wees vir die Proteas en Zimbabwe in die FNB T20 driehoekige reeks van 28 Augustus tot 6 September in Windhoek, wat gevolg sal word deur drie internasionale reekswedstryde tussen die FNB Eagles en die Proteas. Dit is vanoggend tydens 'n perskonferensie aangekondig deur Krieket Namibië se uitvoerende hoof, Johan Muller, wat sê die inisiatief is daarop gemik om samewerking te versterk en meer mededingende geleenthede te skep.
Die Konstruksie Industrie-federasie van Namibië sê dat sy oproepe vir sterker plaaslike deelname aan openbare tenders geïgnoreer word deur beide die Werke en Vervoer-ministerie en die staatsbeheerde Padkontrakteurmaatskappy, RCC. Die federasie se uitvoerende hoof, Bärbel Kirchner, sê kommer wat al in April geopper is oor die RCC se nuwe kontrakteur-klassifikasiereëls en finansieringsvereistes bly onopgelos. Sy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
Die IPC het kommer uitgespreek oor die beplande bekendstelling van Namibia Air en waarsku dat die pas-uitgereikte lugbedryfslisensie nie kommersiële vlugte magtig nie. Die party sê dit moet nie verwar word met die lugbedryfsertifikaat wat vir kommersiële bedrywighede vereis word nie. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het die IPC se skadu-vervoerminister, Nelson Kalangula, bevraagteken of die lugredery realisties teen Desember kan begin vlieg, met verwysing na regulatoriese, operasionele en finansiële struikelblokke.
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Die Amerikaanse president, Donald Trump, het twee nuwe uitvoerende opdragte onderteken wat behels dat kinders nie outomaties Amerikaanse burgerskap kry nie deur sogenaamde geboorte-toerisme te verbied. Die Hoërhof het verlede maand sy poging verwerp om geboortereg-burgerskap te beëindig. Die Migrasiebeleid-instituut reken tussen 22 000 en 26 000 babas word jaarliks in Amerika gebore in geboorte-toerisme. Trump sê die opdrag ontneem geboortereg-burgerskap van kinders wie se ouers bedrog gepleeg het om burgerskap te verkry:
Die Paaie-owerheid se woordvoerder, Hileni Fillemon, sê dat hulle 'n deeglike hersiening van die veiligheid van die Westelike Verbypad in Windhoek doen, na aanleiding van kommer van die publiek oor die toestand van die pad. Dit volg op drie vragmotor-ongelukke Maandag op dieselfde deel van die pad, waar bouwerk gedoen word. Dit het die lewe van 'n bestuurder geëis en 'n ander is ernstig beseer, terwyl 46 beeste ook dood is.
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Giwusa veroordeel eMedia se aankondiging dat hy van voorneme is om 171 werknemers by eNCA af te dank. eMedia Holdings het slegs weke terug die vergoeding van sy topbestuurders bekend gemaak ingevolge onlangse wysigings aan die Maatskappywet. Giwusa se president, Mametlwe Sebei, sê die groep het 'n inkomste van drie-miljard Suid-Afrikaanse rand en 'n wins van 299,5-miljoen-rand aangeteken, wat beteken hy verkeer nie in finansiële nood nie, en daar is geen bedreiging teen sy bestaan nie:
Onderwysminister Sanet Steenkamp het die regering se standpunt van nul-toleransie teenoor die verkoop van poste in die openbare diens herbevestig, en sê dat sulke praktyke neerkom op korrupsie, omkopery en bedrog. Sy beklemtoon dat die verkoop van poste verdienstelike en hardwerkende Namibiërs van billike werksgeleenthede ontneem. Steenkamp het met skoolhoofde in die Kunene-streek beraadslaag om leierskap, aanspreeklikheid en leerderprestasie te versterk.
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Die Amerikaanse president Donald Trump sê die oorlog in Iran sal binnekort eindig, terwyl hy 'n daling in oliepryse regoor die land aanprys. Intussen het die prys van Brent weer geklim na rondom 83 Amerikaanse dollar. Trump hou vol die wêreld was in gevaar met Iran.
Die GOOD Party beskuldig die Stad Kaapstad van die wegsteek van 'n enorme 174-megawatt datasentrum-toekenning vir privaat datasentrums. Die party beweer die bestuur van die portefeuljekomitee oor Energie ontduik deursigtigheid deur die toekenning weg te steek. Joy Kamineth van GOOD sê die voorgestelde hiper-groot Equinix-datasentrum by King Air Industria sal reusedruk op energie en water, beide skaars hulpbronne in Kaapstad, plaas om korporatiewe infrastruktuur te bou waarby gewone inwoners van Kaapstad min sal baat:
Frieda Asino, 'n opvoedingsbeampte by die Namibiese Bloedoortappingsdiens het aangedui dat die diens 'n tekort aan O-negatiewe bloedvoorraad het. Sy het 'n beroep op alle geskikte skenkers gedoen om na vore te kom en bloed te skenk met die afskop van hul veldtog, "Give From the Heart This Winter", wat môre by die diens se hoofkantoor begin.
Die president van die Republikeinse Party, Henk Mudge, het skerp kritiek gelewer teen die regering en verwys na gebrekkige gesondheidsorg met 'n tekort aan medisyne, onderwys en vervalle infrastruktuur, waarvoor daar nie geld is nie. Dit kom terwyl die regering beplan om die oorskot van ses bevrydingshelde op 24 Augustus op te grawe en by die Helde-akker te herbegrawe.
'n Navorser by die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing, Frederico Links, sê die eise van Namibiese werkers aan Yslandse owerhede om as Fishrot-slagoffers by enige strafregtelike sake teen die visseryfirma Samherji ingesluit te word, is geloofwaardig en geldig. Hy sê die benadering kan verreikende gevolge hê vir gewone mense wat direk deur korrupsie deur buitelandse entiteite geraak word. Links het met Kosmos 94.1 Nuus gesels:
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Die onafhanklike meteoroloog Vilho Ndeunyema waarsku teen 'n kouefront wat na verwagting volgende week van Maandag tot Woensdag oor die land sal beweeg. Ndeunyema sê ons gaan bibber onder vriespunt.
Tydens multidissiplinêre wetstoepassing- en nakomingsoperasies in Pretoria-Wes en Hercules in Tshwane, is 374 verdagtes gister in hegtenis geneem. Hulle is aangekeer weens misdade soos moord, poging tot moord en gewapende roof. Die polisiewoordvoerder, Johan van Dyk, sê 54 onwettige buitelanders is ook vasgetrek en aan immigrasiebeamptes oorhandig:
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Defend Our Democracy moedig alle Suid-Afrikaners wat kwalifiseer aan om te registreer en hul kieserregistrasie-besonderhede aanlyn na te gaan voor die verkiesingsdatum vir plaaslike regering vandag afgekondig word. Tydens die twee kieserregistrasie-naweke in Junie en vandeesmaand was daar interaksie tussen die Verkiesingskommissie en byna 4,7-miljoen kiesers. Die kommissie se aanlyn registrasieportaal sluit om middernag. Defend Our Democracy-woordvoerder, Wade Manning, beklemtoon die belangrikheid van plaaslike regering en sê dis die voorste linie van die land se demokrasie:
Olie en gas is op die voorfront van die plaaslike nuustoneel, met die Mynbou-expo en konferensie wat afgesluit het en voortdurende nuus oor eksplorasie, asook uitdagings wat die land in die gesig staar. Die voorsitter van die Forum van Duitssprekende Namibiërs, Harald Hecht, sê dat hoewel Namibië die potensiaal en politieke stabiliteit het om die opkomende olie- en gassektor aan te vat, die land sonder behoorlike wetgewing en 'n beleggersvriendelike omgewing nie die volle voordeel van die sektor sal kan benut nie.
Die Stormers-afrigter John Dobson sê hy verwag 'n groot stylbotsing met sy fisieke span wat voorberei om die All Blacks vanaand in 'n vinnige wedstryd in Kaapstad aan te vat. Hy sê die Stormers se deelname aan die Verenigde Rugbykampioenskap beteken hulle het nog nie voorheen 'n kenmerkende speelstyl soos dié van die All Blacks teëgekom het nie. Dobson dink egter sy span se beste kans sal wees om met hul fisieke spel die besoekers uit hul gemaksone te dwing:
Die finansministerie is besig om die aansoekproses vir die Nasionale Jeugontwikkelingsfonds te hersien, nadat duisende jong entrepreneurs nie vir befondsing gekwalifiseer het nie. Die fonds het sedert sy bekendstelling meer as 13 400 aansoeke ontvang, maar slegs 353 besighede het tot dusver finansiële steun gekry. Die ministerie se woordvoerder, Wilson Shikoto, sê aan Kosmos 94.1 Nuus dat komende inligtingsessies aansoekers sal help om sterker, meer realistiese befondsingsvoorstelle in te dien.
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Die Africa Centres for Disease Control and Prevention en die Wêreldgesondheidsorganisasie vra dringende verskerping van die gemeenskap-gedrewe Ebola-reaksie in die Demokratiese Republiek die Kongo. Daar is 3 973 bevestigde gevalle en 1 801 sterftes in die DRK aangemeld. Meer as tweederdes van hierdie sterftes was in gemeenskappe en nie in behandelingsentrums nie. Africa CDC se direkteur-generaal, Jean Kaseya, sê gemeenskappe se bydrae sal die uitbreking bekamp en uiteindelik oorwin:
Die DA sê die Wes-Kaapse regering se projek vir sanitêre waardigheid sal byna 13-miljoen Suid-Afrikaanse rand in die 2026/2027 finansiële jaar ontvang om nagenoeg 190 000 meisie-leerders by 715 openbare skole te ondersteun. Wendy Kaizer-Philander van die party sê die program voorsien gratis sanitêre produkte, wat help om meisies op skool te hou, hul waardigheid te beskerm en hul gesondheid en opvoedkundige vooruitsigte te verbeter:
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Die adjunkdirekteur in die landbouministerie, James Nzehengwa, sê dat die ministerie tans die land se groenskemas hersien om hulle winsgewendheid en volhoubaarheid te bepaal. Dit volg nadat die Hardap-groenskema se waarnemende assistentbestuurder, Stefanus Iininga, gesê het dat hulle vanjaar hul eerste mielie- en koringoeste sal lewer, maar dat bykomende landboumasjinerie en -implemente benodig word om doeltreffendheid te verhoog, produksie uit te brei en meer werksgeleenthede te skep.
Die Investec-ekonoom Lara Hodes sê Suid-Afrika se mynbousektor maak steeds 'n belangrike bydrae tot ekonomiese groei, ondersteun deur die land se ryk minerale hulpbronne. Volgens Hodes ondersteun die sterk wêreldwye vraag na platinumgroepmetale, goud, steenkool, ystererts, mangaan en chroom steeds uitvoere. Sy sê die oplossing van elektrisiteits- en logistieke probleme kan produksie en uitvoere selfs verder verhoog:
Reaksie word steeds ontvang oor borsvoeding in die werkplek. Arbeidskundige Herbert Jauch sê dat solank werkgewers bereid is om 'n omgewing te skep wat dit ondersteun, dit moontlik behoort te wees om buigsame werksure en voedingshoeke vir nuwe moeders in te stel. Hy sê egter dat in proeflopies in ander lande, meeste werkgewers dit nie as hul verantwoordelikheid beskou het nie. Hy het meer:
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
In jou finansiële nuus vanoggend: Beplande vars beleggings van sowat N$48 miljard en 18 000 nuwe werkgeleenthede in mynbou - Namibië is op koers met dié teiken, sê pres. Netumbo Nandi-Ndaitwah. Uraan bly die oogappel van mynbou met dié kommoditeit wat in Junie vir bykans N$2,9 miljard in buitelandse valuta gesorg het. En op die plaaslike indeks van die Namibiese Aandelebeurs het Oryx Properties Donderdag vir die leeue-aandeel van verhandeling gesorg.
Volg KosmosKapitaal op Facebook, Instagram, X en LinkedIn, en kry finansiële en ekonomiese nuus soos dit breek - elke dag van die week!
Die omgewingsministerie waarsku oor 'n misleidende skakel op sy webwerf wat gebruikers herlei na wat lyk na 'n bedrogspulwebwerf. Gebruikers wat na omgewingsimpakstudie-aansoeke navigeer en dan op 'Omgewingsklaringsertifikaat' klik, word na 'n bedrieglike Russiese dobbelwebblad geneem wat hulle aanspoor om op verdagte skakels te klik. Die probleem bestaan na bewering sedert middel Junie. Kosmos 94.1 Nuus het met die ministerie se woordvoerder, Vilho Hangula gepraat, wat sê die kwessie word nou aangespreek.
Bestuurskenner Pius Dunaiski sê Namibiërs moet die potensiële ekonomiese voordele van die voorgestelde Trans-Kalahari-spoorwegprojek van 264 miljard Namibiese dollar verwelkom, maar waarsku teen te vroeë feesvieringe. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het Dunaiski gesê hoewel die projek se belofte van 10 000 werksgeleenthede bemoedigend is, behoort die publiek die uitvoerbaarheid, befondsing en bestuur daarvan te bevraagteken, veral in die lig van TransNamib se lang geskiedenis van finansiële verliese en verkrygingskontroversies.
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Cope het president Cyril Ramaphosa weer gevra om die geskorste minister van Polisie, Senzo Mchunu, af te dank. Drushanta Ramsamy van die Ondersoekdirektoraat teen Korrupsie het aan die Madlanga-kommissie gesê Mchunu het 'n getuie na die Oos-Kaap gevlieg om getuienis aan hoofondersoeker Dylan Perumal te lewer in verband met 'n beweerde tenderverkrygings-onreëlmatigheid binne Misdaadintelligensie. Cope se voorsitter, Pakes Dikgetsi, sê dit toon dat Mchunu by die direktoraat se ondersoek ingemeng het:
President Netumbo Nandi-Ndaitwah het 'n ontbytgesprek met die uitvoerende hoofde van staatsinstellings gehou, waaraan finansminister Erica Shafuda ook deelgeneem het. Sy het gesê dat die kabinet beraadslaag het oor die wyse waarop staatsbates deur ministeries en staatsbeheerde ondernemings bestuur word. Hulle het tot die slotsom gekom dat die proses geëvalueer moet word. Shafuda het meer.
Gedruk vir tyd? Rond en bont die hele dag? Kosmos 94.1 Nuus bring vir jou die dag se sportnuus. Plaaslik. In die streek. Internasionaal. Gratis en in Afrikaans. ‘n Samevatting, in minute. Jy kan nie sê jy het nie geweet nie. Elke weeksaand om sewe.
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Rugby: Die All Blacks se hoofafrigter, Dave Rennie, het bewerings verwerp dat die wedstryde teen die Stormers, die Haaie, die Bulle en die Leeus gebruik word as opwarming voor die toetsreeks teen die Springbokke. Nieu-Seeland pak die Stormers môre in Kaapstad. Elf Verenigde Rugbykampioenskap-spelers is ingesluit in die Stormers se groep, insluitend die Bokke Evan Roos en Ntuthuko Mchunu. Rennie sê hulle is deeglik bewus van hoe goed die Stormers is:
Landbouminister Inge Zaamwani het vandag die 2026 Aminuis landbou- en nywerheidsskou, die geleentheid se twee-en-twintigste uitgawe, amptelik geopen. Sy het belanghebbendes geprys vir hul toewyding aan die bevordering van die land se landbousektor, ekonomiese groei, voedselsekerheid en landelike ontwikkeling. Sy het 'n toespraak namens eerste minister Elijah Ngurare gelewer, met die tema "Die Kweek van 'n Erfenis van Uitnemendheid".
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Die Namibiese Jaarlikse Musiektoekennings keer terug op 13 Maart 2027, na 'n onderbreking van ses jaar. Tydens die bekendstellingsgeleentheid by die Nasionale Teater van Namibië het kunsminister Sanet Steenkamp aangekondig dat nominasies vir toekennings op 10 Augustus sal open en op 11 September vanjaar sal sluit. Die regering het 10 miljoen Namibiese dollar in die herlewing van die toekennings belê.
Die aktivis Michael Amushelelo het die Amushelelo Hosea Kutako Lughawe-landgoed, sowat 30 km buite Windhoek, bekendgestel. Hy sê die ontwikkeling is daarop gemik om huiseienaarskap toeganklik te maak vir gewone Namibiërs wat lank reeds uit die eiendomsmark geprys is. Die projek word in vennootskap met die moordbeskuldigde Britse miljardêr Harvey Boulter en regsman Kadhila Amoomo aangepak. Amushelelo is aan die woord:
Die Bank van Namibië het die 2026-uitgawe van sy Olie- en Gas-seminaar afgesluit, wat 'n platform aan banke gebied het om finansieringsgeleenthede te ondersoek en samewerking te versterk ter voorbereiding van Namibië se oorgang na 'n olieproduserende nasie. Die goewerneur, Ebson Uanguta, het beklemtoon dat hoewel die opkomende bedryf beduidende geleenthede bied, deelname gegrond moet bly op gesonde kommersiële beginsels en gepaste bestuur. Die woordvoerder van die sentrale bank, Josefina Oskar, het meer:
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Mpumalanga se polisie sê daar is tans nie 'n aanduiding van gemene spel in die dood van twee tieners van St Stithians College nie. Die liggame van die 19-jarige Ethan Coetzee en die graad 11-leerder Cameron Waldeck-Cooks is Maandag in 'n lodge in Sabie ontdek. Coetzee het verlede jaar matriek geskryf en vir die Johannesburgse skool se eerste rugbyspan gespeel. Waldeck-Cooks was 'n talentvolle roeier en netbalspeler. Woordvoerder Mavela Masondo sê die saak word ondersoek:
Die land het 'n handelstekort van 5,5 miljard Namibiese dollar in Junie aangeteken, wat 'n verswakte handelsbalans weerspieël teenoor die tekort van 3,2 miljard dollar wat in Mei aangeteken is. Die woordvoerder van die Namibiese Statistieke-agentskap, Mirjam Shihepo, sê verdere ontleding toon 'n surplus van 669 miljoen dollar is in dieselfde maand verlede jaar aangeteken.
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Die Amerikaanse adjunkpresident JD Vance het gewaarsku diplomatieke onderhandelings met Iran sal ingewikkeld wees en dit sal tyd neem om 'n ooreenkoms te bereik. Iran se Ministerie van Buitelandse Sake het nog nie besluit of hy voortgaan met die ooreenkoms van verstandhouding wat vroeër onderteken is nie. Vance het aan Fox News gesê oliepryse sal mettertyd daal, Iran sal nooit 'n kernwapen besit nie, en Amerika sal in 'n sterker posisie wees:
Die nuwe nasionale lugredery, Namibia Air, se eerste vlug is geskeduleer om in die eerste week van Desember op te styg. Dit het aan die lig gekom na die Vervoerkommissie van Namibië vandag die lugredery se lugbedryfslisensies aan vervoerminister Veikko Nekundi en die Namibia Air-komitee oorhandig het. Die lisensies tree vandag in werking en is vir vyf jaar geldig. Dit laat Namibia Air ook toe om vliegtuie aan te koop. Die regering het reeds in middel-Julie in die Staatskoerant onthul hy beplan om sewe vliegtuie ter waarde van 594 miljoen Namibiese dollar aan te koop, en dat Namibia Air daarmee geskeduleerde sowel as huurvlugte in Namibië, Afrika en internasionaal wil bedryf.
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Die woordvoerder van die Stad Windhoek, Harold Akwenye, het bewerings van korrupsie, begunstiging en die viktimisering van sekuriteitspersoneel in verband met die sluiting van 'n tydelike sekuriteitsdienste-ooreenkoms met Namibia Protection Services van die hand gewys. Hy het verklaar dat die Stad die nodige administratiewe en verkrygingsprosesse implementeer om kontinuïteit en sekuriteitsdienste te verseker in ooreenstemming met die Wet op Openbare Verkryging en alle toepaslike bestuursvereistes. Akwenye praat met Kosmos 94.1 Nuus:
Die vakbondfederasie Cosatu in die Wes-Kaap het Premier Foods veroordeel nadat sy uitvoerende hoof, Kobus Gertenbach, 'n salarispakket van 26-miljoen Suid-Afrikaanse rand ontvang het terwyl die maatskappy beplan om sy Tulbagh-vrugte-inmaakaanleg te sluit. Die federasie voer aan die beplande sluiting kan duisende werksgeleenthede bedreig en die plaaslike ekonomie verwoes, en beskuldig die maatskappy daarvan dat hy die uitvoerende bestuur se salarisse bo werkers se lewensbehoud stel. Malvern de Bruyn van Cosatu het premier Alan Winde versoek om die afleggingsproses te staak:
Speurhoof inspekteur Kaunapawa Shangula, hoof van die Erongo-subafdeling vir geslagsgeweld, sê die Namibiese polisie het in 2023 'n internasionale aanlyn misdaadnetwerk, bekend as “Pig Butchering”, in die land ontmantel. Die netwerk het werklose jongmense onder die voorwendsel van werk as internet-beïnvloeders gelok. Sy het tydens 'n herdenking van Wêrelddag teen Mensehandel op Hentiesbaai gepraat en die netwerk se misdade uitgelig.
Die omgewingsministerie sê die implementeringsfase van die nuwe beleid rakende prospektering en mynbou in beskermde en omgewingsensitiewe gebiede sal nou begin, nadat dit deur die kabinet goedgekeur is. Die beleid is daarop gemik om ekonomiese groei deur mynbou te balanseer met die beskerming van biodiversiteit en natuurlike hulpbronne. Die ministerie se woordvoerder, Vilho Hangula, sê die nuwe raamwerk sal geleidelik op prospektering- en mynbouprojekte dwarsoor die land toegepas word. Hy het meer.
Die omgewingsministerie het bewerings ontken dat hy proefontginning by die Leonardville-uraanprojek in die Omaheke-streek goedgekeur het. Die ontkenning volg op bewerings dat Headspring Investments met toetsontginning met regeringsgoedkeuring begin het. Die voorgestelde projek het kontroversie ontlok oor planne om in-situ loging in die omgewingsensitiewe Stampriet-bekken te gebruik. Omgewingskommissaris Timoteus Mufeti het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat 'n besluit waarskynlik later vandeesmaand geneem sal word.
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
'n Voorstel deur 'n Stad Windhoek raadslid, Fransina Kahungu, om munisipale werknemers twee keer per maand te betaal in plaas van een keer om hul finansiële bestuur te verbeter, ontlok skerp kritiek. Dit is nadat die 2025 Namibiese Finansiële Insluitingsopname getoon het dat sowat 60 persent van die werkende bevolking minder as 3 000 Namibiese dollar per maand verdien, en 51,3 persent van werkers moet geld leen om kos te koop. Kosmos 94.1 Nuus het met die leier van die Namibiese Revolusionêre Vervoer- en Vervaardigingsvakbond, Naretu, Petersen Kambinda gepraat, wat sê werkers verdien te min.
Bryan Eiseb, wat vanaf Augustus as die nuwe direkteur-generaal van die Teenkorrupsie Kommissie sal oorneem, sê kunsmatige intelligensie kan 'n potensiële keerpunt in die stryd teen korrupsie wees. Eiseb sê elke korrupte transaksie laat 'n digitale voetspoor agter in tenders, fakture en betalingsrekords, wat KI in staat stel om verdagte bodpatrone, herhaalde kontraktoekennings en duplikaatbetalings op te spoor lank voordat openbare fondse verdwyn. Kosmos 94.1 Nuus het met tegnologie-kenner Nrupesh Soni gepraat, wat sê dit sal nie tans so maklik wees nie.
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
AfriForum sê hy bied regshulp aan skole wat munisipale kragonderbrekings ervaar. Die organisasie sê 'n uitspraak van die Hooggeregshof in Pretoria wat die Stad Tshwane verhoed om krag na skole af te sny oor onbetaalde munisipale tariewe, word nou deur skole in Johannesburg gebruik wat aan soortgelyke optrede onderwerp word. Alana Bailey van AfriForum sê skole moet nie gestraf word vir geskille tussen regeringsowerhede nie, en moedig skole wat hierdeur geraak word aan om regshulp te verkry:
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
'n Gemeenskapsaktivis van Gobabis, Wallace Finnies, het die dorp se munisipaliteit daarvan beskuldig dat hulle munisipale grond onwettig sonder openbare advertensie toegeken het, en beweer dat dit oortredings van die Wet op Plaaslike Owerhede is. In 'n formele klagte gerig aan die munisipaliteit en die stedelike en landelike ontwikkelingsministerie, eis Finnies 'n onmiddellike opskorting en hersiening van onlangse grondtoekennings, volledige openbaarmaking van begunstigdes oor die afgelope vyf jaar, en streng nakoming van deursigtigheidswette. Hy het die munisipaliteit sewe werksdae gegee om te reageer. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Bafana Bafana se afrigter Hugo Broos het 'n roerende huldeblyk aan wyle Jayden Adams gelewer en sê hy verstaan die pyn van die verlies van 'n seun. Broos het in Stellenbosch, waar Adams ter ruste gelê is, die 25-jarige beskryf as 'n merkwaardige sokkerspeler wat vroeë uitdagings by Mamelodi Sundowns oorbrug het om 'n gereelde speler vir die klub en land te word. Hy voeg by sy dood is steeds moeilik om te begryp:
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Die eienaar van Shamvura-kamp in die noorde van Namibië, Mark Paxton, het die Zambezi-streek se verskerpte optrede teen onwettige visvang verwelkom en gesê sterker wetstoepassing lewer reeds positiewe resultate. Hy sê soortgelyke optrede is egter dringend nodig in die Kavango-streke. Paxton sê aan Kosmos 94.1 Nuus dat owerhede die onwettige handel in visnette moet aanpak.
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
'n Nuwe verslag oor die mynbedryf waarsku Suid-Afrika om die modernisering van mynbou te versnel om wêreldwyd mededingend te bly. 'n Raadgewer van die Navorsingsinstituut vir Innovasie en Volhoubaarheid, Ashleigh Muller, sê verouderende infrastruktuur, vaardigheidstekorte en stadige tegnologie-aanvaarding verswak die sektor. Sy sê nouer samewerking tussen die regering, die bedryf en navorsingsinstellings, sowel as verhoogde belegging in innovasie en vinniger aanvaarding van gevorderde tegnologieë is noodsaaklik om die toekoms van Suid-Afrika se mynbedryf te verseker:
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Die binnelandse sake-ministerie het bewerings op sosiale media dat die regering beplan om mikroskyfies in mense in te plant, verwerp. Die nuwe elektroniese identiteit sal vanaf Augustus uitgerol word. Die administratiewe beampte vir siviele registrasie, Taddeus Shambalula, het tydens 'n inligtingsessie verduidelik dat die skyfie slegs in die nuwe elektroniese identiteitskaart ingebed sal word om veilige identiteitsverifikasie moontlik te maak en dienslewering te verbeter.
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Die gewilde natuurbewaarders Marlice en dr. Rudie van Vuuren is genomineer vir beste aanbieder in 'n dokumentêre program by die 2026 kykNET Silwerskermfees. Die duo is genomineer vir Groen Namibië, 'n gewilde Afrikaanse televisiedokumentêre reeks oor wildbewaring. Die program fokus op wildrehabilitasie, anti-stropery, die versagting van mens-dier konflik en habitatbeskerming. Kosmos 94.1 Nuus het met mede-aanbieder Marlice van Vuuren gepraat:
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Die DA sê hoewel hy die besluit van die Kaapse Hooggeregshof in die Wes-Kaap respekteer om die Parlement se artikel 89-ampsklagondersoek te staak, moet die hersiening van president Cyril Ramaphosa se Phala Phala-saak so gou as moontlik afgehandel word. Die leier van die party, Geordin Hill-Lewis sê die uitspraak spreek nie vir Ramaphosa van die oortreding vry nie, maar vertraag slegs die ondersoek totdat die hofsaak beslis is:
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Dis ‘n bedrywige dag vir die Namibiese Nasionale Boogskietspan in Oran in Algerië, waar 17 lande vandag by die Afrika-kampioenskappe meeding. Dit is 'n wêreldranglys-kompetisie en deel van kwalifiserende reeks vir die Olimpiese spele in Los Angeles 2028. Een van die Namibiese spanlede, Lutz Wahlers, het meer:
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Die Bloedoortappingsdiens van Namibië bied vandag sy landswye bloedskenkklinieke aan en nooi alle burgers wat kan, om te help om kritieke winterbloedvoorrade aan te vul. Opvoedingsbeampte Frieda Vatileni-Asino gee meer besonderhede oor die klinieke in Windhoek en Swakopmund.
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Die KwaZulu-Natal politieke moordtaakspan het 'n tradisionele geneser van KwaMashu in hegtenis geneem wat daarvan beskuldig word dat hy die moorde op die ANC-jeugliga-lid Thamsanqa Gcabashe, die eThekwini-metropolisiebeamptes Lindokuhle Madonsela, en Ndumiso Thusi in 2020 beplan het. Polisiewoordvoerder Athlenda Mathe sê die verdagte sal na verwagting Maandag in die Hammarsdale-landdroshof verskyn, terwyl vyf ander beskuldigdes reeds tereg staan op aanklagte van moord en sameswering om moord te pleeg:
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Windhoek se burgemeester, Sakarias Uunona, die uitvoerende hoof van die munisipaliteit, Moses Matyayi, en ander hoëlui het Vrydagaand by die Copps 94.1-span aangesluit om hulle van inwoners se doen en late in die nag te vergewis. Die hoofstad se paaie het oudergewoonte vir ‘n paar insidente gesorg. Kosmos 94.1 se Francois Lottering doen verslag van die toneel:
Gedruk vir tyd? Rond en bont die hele dag? Kosmos 94.1 Nuus bring vir jou die dag se sportnuus. Plaaslik. In die streek. Internasionaal. Gratis en in Afrikaans. ‘n Samevatting, in minute. Jy kan nie sê jy het nie geweet nie. Elke weeksaand om sewe.
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Motorsport: Die Mercedes-renjaer George Russell beskryf sy seisoen as 'n emosionele wipplank nadat hy dit as 'n gunsteling vir die wêreldkampioenskapstitel begin het. 'n Battery-fout en 'n botsing tydens verlede naweek se Belgiese Grand Prix het gelei tot sy tweede onvoltooide wedren. Die Brit is 50 punte agter sy spanmaat, Kimi Antonelli, voor die naweek se Hongaarse Grand Prix, maar sê die stryd om die wêreldkampioenskapstitel is nog nie verby nie:
Die polisie in die Hardap-streek het gekonfiskeerde dwelms vernietig uit sake wat tussen Januarie en Desember 2025 afgehandel is. Dwelms ter waarde van 2,6 miljoen Namibiese dollar is gekonfiskeer en slegs 462 510 dollar se waarde is nou vernietig, het adjunkkommissaris Theodore Kotungondo gesê. Die vernietigde dwelms het 600 Mandrax-tablette, 2 670kg skunk dagga, 11 971kg ander dagga en 400 eenhede crack-kokaïen ingesluit.
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Die Tsumeb-tydren vind môre plaas en is die derde been van die Namibiese Nasionale Tydrenkampioenskappe. Daar is 18 inskrywings in die S-klas en CR-klas, wat 10 spesiale stadiums oor 105 kilometer vir 'n totale afstand van 237 kilometer dek. Francois Lottering van Kosmos 94.1 sal die byeenkoms regstreeks dek met vergunning van Jou Ma Se Kombuis. Hy het meer.
Die aanbieder van die treffer-televisieleefstylreeks “Op Pad Met My Potjie”, Joalette de Villiers, is genomineer vir Beste Aanbieder in 'n Leefstylprogram by die gesogte kykNET Silwerskermfees. Die Swakopmunder se nominasie erken haar bydrae tot die program se suksesvolle tweede seisoen, wat gehore in Namibië, Suid-Afrika en verder betower het. Vervaardig deur MultiChoice Namibië in samewerking met kykNET, vier die reeks kos, kultuur en gemeenskap deur unieke kulinêre avonture dwarsoor Namibië. Kosmos 94.1 Nuus het met De Villiers gepraat.
'n Basiese inkomstetoelaag is weer in die kollig nadat die opname oor finansiële insluiting van 2025 aan die lig gebring het dat sowat 75 persent van Namibiese volwassenes se salaris nie tot hul volgende betaaldag hou nie. Volgens die verslag leen 51,3 persent van werkende volwassenes geld om kos te koop. Kosmos 94.1 Nuus het met dr. Dirk Haarmann, ’n navorser by die Economic Policy Research Institute in Kaapstad gesels, wat sê dat hierdie statistieke, insluitend navorsing wat hulle reeds tussen 2007 en 2009 gedoen het, toon dat die toelaag ’n broodnodige reddingsboei is.
Die vrystelling van die 2025 Kinderbeskermingsverslag het hernude oproepe vir sterker kinderbeskermingsmaatreëls ontlok. Die verslag het bevind dat gemiddeld 1 252 meisies en 711 seuns elke jaar tussen 2014 en 2023 geweld ervaar het. Terwyl die syfers 'n afname tussen 2020 en 2021 as gevolg van Covid-19 aandui, sê voormalige kinderadvokaat en hoof van die Ombudsman se kantoor, Ingrid Husselmann, aan Kosmos 94.1 Nuus dat die statistieke waarskynlik nie die ware omvang van die probleem weerspieel nie, omdat baie gevalle nie aangemeld word nie.
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Die Kanadese eerste minister, Mark Carney, sê hulle sal steeds met Amerika onderhandel oor 'n nuwe handelsooreenkoms, maar kan reageer as nuwe dreigende tariewe in werking tree. President Donald Trump se administrasie het nuwe tariewe van 50-persent op 'n reeks Kanadese goedere aangekondig wat vanaf 19 Augustus sal geld. Carney sê as 'n ooreenkoms nie bereik kan word nie, kan hulle besluit om handelsbande met ander markte uit te brei:
Standard Bank sê die Reserwebank se Monetêre Beleidskomitee se besluit om rentekoerse onveranderd te laat, bied welkome verligting vir die landbousektor. Dis geneem ondanks die inflasiekoers wat verlede maand tot vyf-persent gestyg het. Brendan Jacobs van Standard Bank waarsku dat die landbou-sektor steeds aansienlike eksterne risiko’s ondervind, veral weens die voortslepende geopolitieke spanning in die Midde-Ooste. Hy sê ondanks hierdie uitdagings is daar bemoedigende verwikkelinge wat voedsel-inflasie betref:
Die Wes-Kaapse Hooggeregshof het 'n tussentydse interdik aan president Cyril Ramaphosa toegestaan wat die Parlement se Artikel 89-ampsklagondersoek staak. Die volbank het in 'n verdeelde beslissing bevind die ampsklagkomitee moet sy verrigtinge opskort hangende die uitslag van die hersieningsaansoek, waarin Ramaphosa die wettigheid van die onafhanklike paneel se verslag oor die Phala Phala-aangeleentheid betwis. Regter André le Grange sê die komitee mag intussen nie met openbare verhore voortgaan nie:
Na weke van protesoptogte en gesprekke tussen studente-unies, die regering en Nsfaf, blyk die studente-uitbetalings-sage om vordering te toon. Nsfaf werk deur 'n beduidende agterstand en verwerk daagliks gemiddeld 1 615 studente-aansoeke en -uitbetalings, met die doel om alle uitstaande agterstallige nie-klasgeld-agterstallige betalings van April tot Julie teen die einde van Julie te delg. Kosmos 94.1 Nuus het met die raadsvoorsitter van die Studente-unie van Namibië, Bernard Kavau gepraat, wat sê die situasie is nou grootliks onder beheer.
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, waarsku dat die toenemende konflik tussen Amerika en Iran buite beheer raak en die Midde-Ooste op die “rand van die ondenkbare” plaas. Oliepryse het skerp gestyg nadat president Donald Trump gedreig het dat hy ʼn massiewe aanval teen Teheran oorweeg, groter as die aanvalle wat hy reeds uitgevoer het. Guterres sê die streek word toenemend by die konfrontasie betrek:
Die ANC-jeugliga sê ekonomiese beleide moet gelyke klem plaas op groei, vervaardiging en werkskepping, en inflasiebestuur. Verbruikersprysinflasie het verlede maand tot vyf-persent geklim – die hoogste vlak in twee jaar. Die Suid-Afrikaanse Reserwebank se Monetêre Beleidskomitee het die terugkoopkoers op 7,5-persent gehou en die prima uitleenkoers op 10,50-persent. Die jeugliga se woordvoerder, Sindiswa Scheepers, sê monetêre en fiskale beleid moet op ʼn gekoördineerde manier saamwerk om ekonomiese groei en werkskepping te ondersteun:
Jean-Louis gesels met Dewald van Niekerk, Suid-Afrika se nommer 1 muurbalspeler, tweemalige Namibiese Ope-kampioen, agtvoudige Suid-Afrikaanse kampioen en tans nommer 68 op die PSA Wêreldranglys. Hulle praat oor sy merkwaardige loopbaan, sy tyd in Namibië, en die afrigtingsessies en uitdagings wat hy dié week aanbied om plaaslike spelers te inspireer en hul vaardighede verder te ontwikkel.
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Die RMB Brandberg Backyard Ultra 2026 is afgesluit, met die opvolg WhatsApp-veiling wat oor twee dae 286 800 Namibiese dollar vir wildbewaring ingesamel het. Mede-organiseerder Nico Scholtz het hardlopers, vrywilligers, borge, skenkers en bieërs bedank vir die sukses van die geleentheid en gesê die fondse sal Save the Rhino Trust Namibia, Ocean Conservation Namibia en die Pangolin Conservation & Research-stigting ondersteun. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
El Niño en die positiewe fase van die Indiese Oseaan-dipool ontwikkel vinnig en begin al hoe meer na 2015 se toestande lyk. Dit is ’n kombinasie wat baie droë en warm toestande kan bring. Onafhanklike weervoorspeller Johan van den Berg sê aan AMT dit sal veroorsaak dat die laaste ryp vanjaar moontlik vroeër as normaal sal kom.
Reaksie word ontvang op eerste minister Elijah Ngurare wat Meatco en die landbouministerie een week gee om operasionele uitdagings op te los en intervensies by staatsbeheerde abattoir te versnel. Landboukenner Wallie Roux sê aan Kosmos 94.1 Nuus dat dit nie maklik sal wees om Meatco se verpligtinge teenoor produsente aan beide kante van die veeartsenykundige kordonheining met sy kommersiële volhoubaarheid te balanseer nie.
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Statistiek Suid-Afrika sê skuldverwante siviele hofsake het in die drie maande tot Mei toegeneem. Die aantal siviele dagvaardings wat vir skuld uitgereik is, het met 1,4-persent gestyg, terwyl die aantal siviele vonnisse in vergelyking met dieselfde tydperk verlede jaar met 7,4-persent toegeneem het. Vhonani Kwinda van Statistiek SA sê die totale waarde van siviele vonnisse het ook toegeneem, wat aandui dat groter bedrae skuld deur die howe toegeken word:
Venezuela se twee reuse aardbewings op 24 Junie het die land in chaos gedompel met derduisende wat nog vermis word, duisende wat dood is en infrastruktuur wat in puin lê. Die hoof van die Internasionale Reddingskomitee, Rafael Garcia, sê hulle ontplooi nou mediese bystand sowel as water en sanitasie.
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
President Cyril Ramaphosa het die Nasionale Water-aksieplan bekendgestel om die basiese oorsake van die watervoorsieningskrisis in baie munisipaliteite te hanteer. Die plan sit strategiese ingrypings uiteen om die krisis op die kort, medium en lang termyn aan te spreek. Hy het in Februarie die aanstelling van die Nasionale Waterkrisis-komitee aangekondig en beloof om die waterkrisis te beëindig. Ramaphosa sê die plan bied ʼn duidelike en praktiese raamwerk om watersekerheid vir alle landsburgers te bring:
Bank Windhoek doen 'n beroep op hul kliënte vir groter waaksaamheid namate swendelary meer gesofistikeerd word. Die Bank se uitvoerende hoof van bemarking en korporatiewe kommunikasie, Jacquiline Pack, vertel aan Kosmos 94.1 Nuus dat bedrieërs ook hul metodes aanpas. Hulle gebruik dikwels vals SMS-waarskuwings, e-posse, sosiale media-boodskappe en telefoonoproepe om paniek te skep, valse vertroue te bou en kliënte te druk om vinnig op te tree.
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
President Donald Trump van Amerika se administrasie stel tariewe van tussen 10- en 12,5-persent in teen 60 handelsvennote wat nie Namibië insluit nie maar wel Suid-Afrika. Die rede is die lande se versuim om maatreëls doeltreffend toe te pas om die invoer van goedere wat deur dwangarbeid vervaardig is, te keer. Die tariewe raak belangrike ekonomiese vennote soos die Verenigde Koninkryk, China, die Europese Unie, Kanada, Japan en Indië. Amerika se handelsverteenwoordiger, Jamieson Greer, sê dwangarbeid raak meer as 27,6-miljoen mense wêreldwyd:
Die goewerneur van die Suid-Afrikaanse Reserwebank, Lesetja Kganyago, sê voortdurende wêreldwye onsekerheid, veral die konflik in die Midde-Ooste en wisselvallige oliepryse, kan leenkoste langer hoog hou. Die Monetêre Beleidskomitee het die terugkoopkoers onveranderd op 7 persent gelaat. Kganyago sê inflasierisiko's bly hoog en toekomstige rentekoersbesluite sal afhang van inkomende ekonomiese data, inflasietendense en wêreldwye verwikkelings:
Statistiek Suid-Afrika sê kleinhandelverkope het met 2,3-persent in Mei gestyg in vergelyking met dieselfde maand verlede jaar, wat voortgesette groei in verbruikersbesteding toon. Die grootste toenames het van ander kleinhandelaars, klerasie- en skoeiselwinkels en algemene handelaars gekom. Raquel Floris van Statistiek SA sê oor die drie maande tot Mei was kleinhandelverkope twee-persent hoër as in dieselfde tydperk verlede jaar, wat dui op voortgesette bestendige groei in die kleinhandelsektor:
Die direkteur van die Nasionale Beplanningskommissie, dr. Kaire Mbuende, sê Namibië se toekoms hang af van doeltreffende belegging in jongmense. Kaire het tydens die vrystelling van die nuwe VN Bevolkingsfonds se Democratic Futures-opname gesê dat die jeug ambisieus bly ten spyte van werkloosheid, ongelykheid, beperkte geleenthede en ongelyke toegang tot noodsaaklike dienste.
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Die Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers het die Oorlogsmagte-resolusie aanvaar wat president Donald Trump beveel om die weermag aan die konflik met Iran te onttrek. Vier Republikeine het saam met die Demokrate ten gunste van die maatreël gestem, wat die stemme op 214 teenoor 208 gebring het. Die Senaat het ook ʼn poging aangewend om Trump se oorlogsmagte in Iran te beperk, maar dit was onsuksesvol. Die Senaat se minderheidsleier, Chuck Schumer, sê net Trump en sy volgelinge wil oorlog maak:
Die vakbondfederasie Cosatu het die Suid-Afrikaanse Reserwebank se besluit verwelkom om die terugkoopkoers op sewe-persent te hou, aangesien dit verligting sal bring vir werkers en middelklas-huishoudings wat reeds sukkel met stygende lewenskoste. Zanele Sabela van die federasie sê 'n rentekoersverhoging sou baie gesinne dieper in die skuld gedryf het, aangesien brandstofpryse die afgelope jaar skerp gestyg het terwyl elektrisiteitstariewe ook gestyg het:
Die Namibiese Nasionale Boogskietspan is in Algerië by die Afrika-kampioenskappe waar 17 lande en ongeveer 140 skuts meeding. Dit is 'n wêreldranglys kompetisie en deel van kwalifiserende reeks vir die Olimpiese spele in Los Angeles 2028. Die Boogskiet Vereniging se Jannie Meuwesen het meer oor die uiters goeie uitslae.
Die Pangolin Conservation and Research-stigting gaan voort met sy pogings om beseerde ietermagô’s te rehabiliteer. Hierdie keer is die fokus op Sparky, wat in Maart deur die stigting gered is nadat hy geskok op 'n elektriese heining gevind is. Kosmos 94.1 Nuus het met die stigter, Kelsey Prediger gesels, wat sê Sparky se pad na herstel was lank en uitdagend.
'n Regter in die hoërhof in die Vrystaat, Lepono Lekale, het sy agt jaar lange siekteverlof verdedig voor 'n Geregtelike Gedragstribunaal in Johannesburg, wat ondersoek instel of hy medies ongeskik is om op die regbank te bly. Lekale het getuig dat hy in 2018 twee amputasies ondergaan het voordat hy sy sig verloor het. Hy sê 'n tradisionele geneser het hom aangeraai om nie vroeg af te tree nie omdat hy geglo het sy visie kon terugkeer. Hy het enige wangedrag of onbevoegdheid ontken:
Reaksie word steeds ontvang op Stad Windhoek wat tariewe vir basiese dienste met gemiddeld vier persent verhoog. Die IPC eis antwoorde en vra vir volle deursigtigheid oor hoe die verhoging bereken is, hoeveel bykomende inkomste dit na verwagting sal genereer en hoe die fondse bestee sal word. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het die IPC se skaduminister van stedelike en landelike ontwikkeling, Armas Amukoto, gesê die munisipaliteit moet besonderhede van sy uitgawes aan oortyd, bestuursreise en ander bestuursvoordele vrystel.
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Die Madlanga-kommissie se kommissaris, Sandile Khumalo, bevraagteken die regsgrondslag vir die insluiting van 12 name in die Ondersoekdirektoraat teen Korrupsie se ondersoek na die Misdaadintelligensiehoof, Dumisani Khumalo. Hy het gesê die meeste van die name is nie in die oorspronklike Artikel 27-beëdigde verklaring van die Parlementslid Fadiel Adams nie. Die hoof van die direktoraat, Andrea Johnson, het toegegee die persone moes nie ingesluit gewees het nie:
Die ooreenkoms tussen die VSA en Saoedi-Arabië vir die Golf-koninkryk om kernenergie te ontwikkel hang af van Riyadh se erkenning van die staat Israel, volgens president Donald Trump. Hy het Donderdag op Truth Social gesê dit is “ten volle onderhewig daaraan dat Saoedi-Arabië by die baie gerespekteerde en suksesvolle Abraham-ooreenkomste aansluit”. Dit volg ná kritiek van kenners dat die ooreenkoms die risiko kan verhoog van toekomstige kernverspreiding in 'n reeds onstabiele streek. Die Withuis perssekretaris, Karoline Leavitt, is op 'n perskonferensie gevra hoekom die voorwaarde nie genoem is toe die ooreenkoms aangekondig is nie.
Gedruk vir tyd? Rond en bont die hele dag? Kosmos 94.1 Nuus bring vir jou die dag se sportnuus. Plaaslik. In die streek. Internasionaal. Gratis en in Afrikaans. ‘n Samevatting, in minute. Jy kan nie sê jy het nie geweet nie. Elke weeksaand om sewe.
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Die Suid-Afrikaanse Reserwebank se Monetêre Beleidskomitee het die terugkoopkoers onveranderd gehou op sewe-persent, in die lig van voortdurende inflasierisiko's en wêreldwye onsekerheid oor die konflik in die Midde-Ooste. Vier lede van die komitee was ten gunste daarvan om die koers onveranderd te laat, terwyl twee 'n verhoging van 25-basispunte verkies het. Die president van die Reserwebank, Lesetja Kganyago, sê inflasie bly steeds hoër as die bank se drie-persent-teiken. Hy sê ekonomiese groei sal na verwagting in die komende maande verlangsaam weens swakker verbruikers- en sakevertroue.
FirstRand Namibia en die Namibië Bankwerkersunie het 'n loonooreenkoms vir werknemers binne die gedefinieerde bedingingseenheid vir die 2026/27 finansiële jaar onderteken. Kirsty Watermeyer, woordvoerder van FirstRand Namibia, sê die ooreengekome gemiddelde verhoging van 5,71 persent sal toegepas word in ooreenstemming met die beginsel van betaling vir prestasie en sal vanaf 1 Augustus van krag wees.
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Jean-Louis gesels met Nilson Coelho, die Nasionale Afrigter van Namibië se Brazilian Jiu-Jitsu-span, oor die sport wat wêreldwyd vinnig groei en waarom hierdie naweek se Nasionale Brazilian Jiu-Jitsu-kampioenskappe in Windhoek 'n belangrike mylpaal is.
Die kampioenskappe by Pionierspark Primêre Skool bied nie net die geleentheid om Namibië se beste talent in aksie te sien nie, maar dien ook as die amptelike keuringsgeleentheid vir die span wat later vanjaar aan die Abu Dhabi Pro (AJP) in Kaapstad gaan deelneem.
Koue weer is vandag ervaar, en voorspellers verwag dat dieselfde môreoggend ook sal geld. Albertina Anderson, 'n voorspeller by die Namibiese Meteorologiese Diens, sê egter dat warmer toestande vanaf die middag verwag kan word, met warmer toestande oor die naweek.
IPC-parlementsleier Imms Nashinge eis dringende verantwoording oor wat hy beskryf as verwaarlosing by die staatsbeheerde Nida Naute Dam-dadelplaas in die //Kharas-streek. Na 'n besoek deur die Parlementêre Staande Komitee oor Natuurlike Hulpbronne, het Nashinge kommer uitgespreek dat kritieke masjinerie jare lank stukkend bly. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus bevraagteken Nashinge hoe 'n openbare belegging van miljoene dollar met die potensiaal om buitelandse valuta te genereer en werk te skep onder sulke omstandighede kan funksioneer, en beskuldig Nida-bestuurders daarvan dat hulle hoë salarisse verdien terwyl die projek verwaarloos.
Die Namibiese Beleggingsbevorderings- en Ontwikkelingsraad herinner SME's wat kwalifiseer om 'n geleentheid om te groei aan te gryp deur aansoek te doen vir befondsing voor die einde van 24 Julie. Deur die SME-fonds kan kwalifiserende besighede toelaes van tussen 50 000 en 100 000 Namibiese dollar ontvang, tesame met sake-opleiding en adviesondersteuning wat ontwerp is om hulle te help uitbrei, werk te skep en toegang tot nuwe markte te verkry. Woordvoerder Catherine Shipushu het meer:
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Rugby: Die voormalige All Black-kaptein Sean Fitzpatrick sê 'n reeksoorwinning oor die Springbokke in Suid-Afrika sal die kersie op die koek wees, en die perfekte wegspringplek vir volgende jaar se Wêreldbekertoernooi. Nieu-Seeland sal tydens die Greatest Rivalry-toer teen die vier Suid-Afrikaanse Verenigde Rugby-kampioenskapspanne speel, asook vier toetse teen die Bokke. Fitzpatrick sê die uitdaging vir die nuwe All Black-afrigter, Dave Rennie, is om strawwe kompetisie vir die Bokke te skep:
Die hoof van die Ondersoekdirektoraat teen Korrupsie, Andrea Johnson, het voor die Madlanga-kommissie erken sy het die parlementêre ad hoc-komitee verkeerde inligting gegee oor die tydlyn van die ondersoek na die hoof van Misdaad-intelligensie, Dumisani Khumalo. Sy het geantwoord op vrae van kommissaris Sesi Baloyi. Johnson het toegegee sy het verkeerdelik beweer die Artikel 27-verwysing het haar in middel-Desember 2024 bereik, maar sy het reeds op 6 Desember 'n ondersoek gemagtig:
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Sokker: Die president van die Konfederasie van Afrika-sokker, Patrice Motsepe, sê hy het geen voorneme om nog 'n termyn te dien na diens van agt jaar aan die hoof nie. Die mynmagnaat en gewese president van Mamelodi Sundowns het in Maart 2021 as CAF-president oorgeneem en is verlede jaar vir 'n tweede termyn herkies. Motsepe sê CAF het meer as genoeg bekwame individue wat by hom kan oorneem:
Die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking beskryf twee Ghanese burgers se versoekskrif aan die Internasionale Strafhof as opportunisties. Hulle vra die hof vir 'n voorlopige ondersoek na aanvalle teen buitelanders in Suid-Afrika omdat hulle glo dit kan neerkom op misdade teen die mensdom. Die departement se woordvoerder, Chrispin Phiri, sê die voorlegging voldoen nie aan die wetsvereistes en voorwaardes wat nodig is vir die hof om op te tree nie:
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Jean-Louis gesels met Henrico, Besturende Direkteur van Tiger Wheel & Tyre, oor die opwindende Tiger Wheel & Tyre & Kosmos 94.1 Padel Liga. Hulle bespreek wat deelnemers en ondersteuners kan verwag, waarom die liga so 'n besonderse geleentheid is, en hoe hierdie vennootskap sportliefhebbers bymekaar bring. Luister saam vir al die besonderhede oor hierdie opwindende padel-inisiatief.
Tariewe is nie uitgesluit na die Verenigde Koninkryk se sosiale media verbod vir kinders onder 16 ingestel is, nie. Dit is die mening van die Amerikaanse ambassadeur in Brittanje Warren Stephens. In 'n onderhoud met Sky News sê hy, hy kan die beleid verstaan maar, Amerikaanse maatskappye word geteiken.
Die vakverbond Cosatu sê hy verwag die Suid-Afrikaanse Reserwebank gaan die terugkoopkoers vandag verhoog as gevolg van die verhoging in inflasie. Volgens Statistiek Suid-Afrika het inflasie van 4,5-persent in Mei tot vyf-persent gestyg en het die hoogste vlak sedert Junie 2024 bereik weens vervoerkoste wat pryse laat styg het. Jaarlikse inflasie vir kos en nie-alkoholiese drankies staan op 1,6-persent. Matthew Parks van Cosatu sê dit plaas ondraaglike druk op werkers- en middelklasgesinne.
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Die wêreldwye luuksegoederemark toon tekens van herstel na twee jaar van trae groei. 'n Nuwe Simonis Storm-verslag voorspel organiese verkoopsgroei van 4 tot 5 persent vanjaar, met verdienste wat na verwagting met ongeveer 8 persent sal styg. Terwyl geopolitieke spanning die grootste risiko bly, lui die verslag dat die mark reeds baie van daardie onsekerheid ingewerk het. Hoof van beleggings by Simonis Storm, Max Rix, sê aan Kosmos 94.1 Nuus dat beleggers tans luukse juweliersware en horlosies verkies, terwyl die sektor op sterker verkoopsvolumes later vanjaar wag.
Die omgewingministerie het verduidelik wanneer leeus in Namibië doodgemaak mag word, en sê dat slegs die lynminister dit kan goedkeur. Dit volg na gemeenskapsboere in die Kunene-streek gesê het dat hulle goedkeuring gekry het om leeus wat 'n bedreiging vir vee inhou dood te maak, te midde van toenemende mens-dier konflik om die Etosha Nasionale Park. Bennett Kahuure, die ministerie se direkteur van nasionale parke en wildlewe, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat boere slegs leeus kan doodmaak as hul lewe in gevaar is.
Die Ekonomiese Beleidsnavorsing Vereniging het die 2026 NEEEF-wetsontwerp teen 10 fundamentele beginsels van gesonde openbare beleid geëvalueer en bevind dat dit misluk of ernstige kommer wek oor elke enkele maatstaf. Eerder as om Namibië se primêre ekonomiese probleem van hoë werkloosheid op te los, diagnoseer NEEEF die probleem verkeerd as 'n eienaarskapsgebrek en maak staat op voorskriftelike bevel-en-beheer-regulering wat breë regulatoriese onsekerheid skep. Die vereniging sê dit het nie duidelike, meetbare doelwitte nie, dit versuim om 'n beëindigingsklousule of uittreemeganisme in te sluit, en stel kritieke regsbesonderhede uit vir toekomstige ministeriële diskresie. Verder, omdat die raamwerk streng staatmaak op rasse-klassifikasies van voor 1990 sonder enige middeletoetsing, slaag dit nie daarin om werklike armoede behoorlik te teiken nie, en prioritiseer dit uiteindelik die herverdeling van 'n krimpende ekonomiese koek bo die bevordering van belegging, groei en werkskepping. Eben de Klerk van die vereniging...
Die burgemeester van New York, Zohran Mamdani, sê sy kantoor het nie die gesag om die Internasionale Strafhof se lasbrief vir die Israeliese premier Benjamin Netanyahu uit te voer nie, en het Amerikaanse federale amptenare versoek om in te gryp.
Die MK-party sê president Cyril Ramaphosa moet persoonlik voor die Ampsklagkomitee getuig en kan dit nie deur regsverteenwoordigers doen nie. Dit volg nadat die komitee besluit het sy regsraadgewers moet leiding gee oor die wetlike vereistes van Ramaphosa se verskyning en getuienislewering en die gevolge indien die president besluit om nie te getuig nie. John Hlophe van MK sê Ramaphosa behoort ter voorbereiding tot die ampsklagondersoek eerste getuig:
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Namibië se langtermyn ekonomiese groei sal nie alleen deur groot maatskappye gebou word nie. Dit is die boodskap van senior medewerker by R&J Steytler Management Consultants, Peik Bruhns, wat 'n beroep doen op groter ondersteuning vir SME's as 'n nasionale ontwikkelingsprioriteit. Bruhns voer aan dat klein besighede werk skep waar mense woon, plaaslike ekonomieë stimuleer en een van die mees doeltreffende maniere bied om armoede en ongelykheid te verminder. Hy sê aan Kosmos 94.1 Nuus dat sterker samewerking nodig is om entrepreneurs die vaardighede te gee wat hulle nodig het om te groei en te slaag.
Die Organisasie teen Belastingmisbruik sê die Departement van Water en Sanitasie het bevestig die meeste huishoudings wat boorgatwater vir normale huishoudelike doeleindes gebruik, hoef nie te registreer onder die nasionale watergebruikregistrasieproses nie. Die verduideliking volg na verwarring oor die Departement se onlangse registrasieveldtog. Julius Kleynhans van Outa sê die besluit gee gemoedsrus aan huishoudings wat op boorgate staatmaak weens onbetroubare munisipale watervoorrade:
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Die Statebondspele begin vandag in Glasgow, Skotland. Meer as 3 000 atlete uit 74 lande sal aan 215 medalje-items in 16 sportsoorte deelneem. Ses van die sportsoorte is geïntegreerde para-sportsoorte. Namibië is ook verteenwoordig. Glasgow is aangewys nadat die Australiese staat Victoria in Julie 2023 as gasheer van die Spele onttrek het. Glasgow 2026 se uitvoerende hoof, Phil Batty, glo die vereenvoudigde, goedkoper weergawe van die geleentheid kan dit vir toekomstige geslagte red:
Die parlementêre Ampsklagkomitee het besluit om die sperdatum vir politieke partye om kandidate vir die aanstelling as 'n getuienisleier te benoem, te verleng. Na aanleiding van die benoemings van politieke partye, is slegs vier advokate op die kortlys beskikbaar om onmiddellik te begin. Hulle is Kate Hofmeyr, Vuyani Ngalwana, Ismail Jamie en Pule Seleka. Die komiteevoorsitter, Makashule Gana, sê politieke partye wil meer tyd hê om die soektog na 'n getuienisleier te verbreed:
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Die DA het aangekondig hulle gaan hul manifes vir die plaaslike regeringverkiesing van 2026 op 8 Augustus in Johannesburg bekendstel. Volgens die party is die stad gekies omdat die party glo Johannesburg is vervalle gelaat as gevolg van swak bestuur en kiesers kry die geleentheid om dit op 4 November by die stembus te verander. Werner Horn sê die leier van die party, Geordin Hill-Lewis sal planne en prioriteite vir plaaslike regerings uiteensit:
Nudo-parlementslid Vetaruhe Kandorozu het die regering versoek om die ontwikkeling van landelike toegangspaaie te prioritiseer en gewaarsku dat verwaarloosde infrastruktuur noodsaaklike dienste vertraag en lewens in gevaar stel. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het hy gesê dat die meeste landelike paaie slegs toeganklik is met 4x4-voertuie, terwyl swak mobiele netwerkdekking dit moeilik maak vir gesondheidswerkers om ambulanse tydens mediese noodgevalle aan te vra.
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
President Donald Trump van Amerika het ʼn belangrike kern-ooreenkoms met Saoedi-Arabië onderteken wat die Golf-koninkryk sal toelaat om ʼn burgerlike kernenergie-program met ondersteuning van Amerikaanse maatskappye te ontwikkel. Saoedi-Arabië wat lank reeds ʼn Amerikaanse bondgenoot is, huisves talle Amerikaanse basisse wat deur Iran aangeval is. Die ooreenkoms word nou na die Kongres verwys vir ʼn verpligte hersieningsperiode. Amerika se minister van Energie, Chris Wright, sê die ooreenkoms sal na verwagting die uitvoer van Amerikaanse kerntegnologie uitbrei en die stand van Amerika se energie en nasionale veiligheid versterk:
Die Konfederasie van Afrika-sokker het die prysgeld vir die Vroue-Afrikabeker, wat Sondag in Marokko begin, aansienlik verhoog. Volgens die nuwe struktuur sal die kampioene nou byna 33 miljoen Namibiese dollar ontvang, die naaswenners 12,4 miljoen dollar, en die span wat derde is, 8,2 miljoen dollar. Elkeen van die 16 nasionale vrouespanne wat deelneem, ontvang 2,5 miljoen dollar. CAF-president Patrice Motsepe sê die finansiële hupstoot beklemtoon hul toewyding aan groei en die langtermyn-volhoubaarheid van vroue-sokker in Afrika:
Die Paaie-owerheid doen 'n beroep op die publiek om op hul hoede te wees nadat bedrieërs vals SMS-boodskappe begin versprei het wat beweer dat ontvangers uitstaande spoedboetes het. Die boodskappe lei mense om op 'n betaalskakel te klik, maar die owerheid beklemtoon dat dit 'n bedrogspul is. Die woordvoerder van die Padowerheid, Hileni Fillemon, het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat die saak met die grootste erns hanteer word en doen 'n beroep op die publiek om nie op verdagte skakels te klik of enige betalings deur nie-amptelike platforms te maak nie.
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Die Namibiese Kuberveiligheidsvoorvalreaksiespan sê kuberbedreigings eskaleer vinnig reg oor die land. Nuwe syfers wat deur Cran vrygestel is, toon dat meer as 513 000 kuberkwesbaarhede tussen April en Junie vanjaar opgespoor is, 'n toename van 39,8 persent vanaf die vorige kwartaal, terwyl 161 547 kuberkraak-pogings aangeteken is, wat 'n toename van 56,7 persent aandui. Cran-woordvoerder Mufaro Nesongano is aan die woord:
Die beplande nuwe nasionale lugredery, Namibia Air, belowe bekostigbare kaartjiepryse van onder 2 000 Namibiese dollar, maar lugvaartkenner dr. Guy Leitch sê die geadverteerde pryse weerspieël moontlik nie die volle kosteprentjie nie. Hy sê lughawebelasting, brandstofheffings, vraginkomste en passasiersvraag sal alles die pryse beïnvloed. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus sê Leitch dat sukses uiteindelik sal afhang van passasierladings en -opbrengste, wat dinamiese pryse 'n deurslaggewende faktor maak.
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Amerikaanse president Donald Trump sal 'n ooreenkoms met Saoedi-Arabië onderteken wat die land sal toelaat om 'n burgerlike kernprogram te ontwikkel, volgens verskeie bronne. Die ooreenkoms sal na bewering Amerikaanse maatskappye toelaat om kernkrag vir die Saoedi's in Saoedi-Arabië te bedryf. Die ooreenkoms sal ook die potensiaal skep vir die Saoedi's om uraan te verryk, berig CBS News. Kernkrag-kenners en voormalige Israeliese amptenare het gewaarsku dat so 'n ooreenkoms Saoedi-Arabië in staat kan stel om 'n kernwapen te ontwikkel. Matt Frei, Channel 4 News se Europa-redakteur en voormalige Washington-korrespondent noem dit malle skynheiligheid van Trump. Hy verduidelik.
AfriForum vra die polisie vir terugvoering oor die ondersoek na die voormalige Johannesburgse burgemeester, Thapelo Amad, se roekelose hantering van 'n vuurwapen. Hy verskyn na bewering in 'n video waarin hy in April vanjaar 'n vuurwapen in die openbaar afvuur. Jacques Broodryk van AfriForum sê hulle het 'n strafregtelike klagte ingedien rakende oortredings van die Wet op Vuurwapenbeheer. Hy sê daar was nog geen betekenisvolle vordering met die ondersoek nie:
Gedruk vir tyd? Rond en bont die hele dag? Kosmos 94.1 Nuus bring vir jou die dag se sportnuus. Plaaslik. In die streek. Internasionaal. Gratis en in Afrikaans. ‘n Samevatting, in minute. Jy kan nie sê jy het nie geweet nie. Elke weeksaand om sewe.
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Die Ahmed Kathrada-stigting verwelkom die Hooggeregshof in Johannesburg se bevel vir die beslaglegging op 326-miljoen Suid-Afrikaanse rand se bates van die Hangwani Maumela-sindikaat, maar sê dis nie genoeg nie. Woordvoerder Anele Gcwabe vra die Nasionale Vervolgingsgesag om almal betrokke by die beweerde korrupsieskandaal van twee-miljard-rand in die Tembisa-hospitaal in Gauteng strafregtelik te vervolg, en betrokke ondernemings op 'n swartlys te plaas. Sy eis groter deursigtigheid oor hangende strafsake en inhegtenisnemings:
'n Vol Oponona-meer bied hernude hoop aan sowat 300 boere in die Uuvudhiya-boerderygebied van die Oshana-streek, met boere wat sê die meer hou genoeg water om duisende vee vir ten minste die volgende drie jaar te onderhou. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus sê Ileni Nandjato, 'n boer in die Oshana-streek, dat die grootste waterliggaam in die 7 000 vierkante kilometer Cuvelai-dreineringstelsel ook vis en riete aan omliggende gemeenskappe verskaf.
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Die Namibiese Lughawensmaatskappy het 'n nuwe vluginligtingstelsel van 1,3 miljoen Namibiese dollar by die Walvisbaai Internasionale Lughawe onthul. Die maatskappy se woordvoerder, Dan Kamati, sê die digitale opgradering bied passasiers intydse vlugopdaterings dwarsdeur die terminaal, terwyl dit operasionele doeltreffendheid verhoog en die lughawe se verbintenis tot wêreldklasdiens versterk.
Finansiële insluiting in Namibië het 'n rekordhoogtepunt bereik, met 86 persent van volwassenes, of meer as 1,56 miljoen mense, wat nou toegang tot finansiële dienste het. Dit is volgens die 2025 Namibië Finansiële Insluitingsopname wat vandag deur die Namibië Statistieke-agentskap vrygestel is. Die verslag toon 'n skerp styging vanaf 78 persent in 2017, met formele finansiële insluiting wat tot 81,5 persent styg. Terwyl stedelike gebiede steeds landelike gemeenskappe oortref op 91,7 persent insluiting, bly vroue meer finansieel ingesluit as mans op 87,6 persent. Die agentskap se woordvoerder, Mirjam Shihepo:
ReconAfrica het bevestig dat hy natuurlike gas suksesvol vanaf diep ondergronds na die oppervlak gebring het tydens toetse by sy Kavango-Wes X1-put. Dit is die eerste keer dat natuurlike gas op land ooit suksesvol na die oppervlak in Namibië gevloei het. Brian Reinsborough, uitvoerende hoof van ReconAfrica, het op Proactive Investors gesê die resultate is 'n belangrike mylpaal vir die olie- en gaspotensiaal in die Kavango-bekken.
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Die Amerikaanse president, Donald Trump, dreig om ʼn kompleks, bekend as Pickaxe Mountain, aan te val wat vermoedelik ʼn ondergrondse kernterrein is waar Iran moontlik ʼn onverklaarde verrykingsaanleg bou. Dit is in 2020 aan die Verenigde Nasies se Internasionale Atoomenergie-agentskap verklaar as ʼn toekomstige aanleg om toerusting op te rig wat kernbrandstof vervaardig. Trump sê hy is daartoe verbind om te keer dat Iran ʼn kernwapen vervaardig:
Inwoners van Gobabis eis bykomende streeksbesprekings oor die voorgestelde nasionale grond-wetsontwerp, met die argument dat die departement van landbou se onlangse openbare konsultasie op baie kort kennisgewing gehou is. Kosmos 94.1 Nuus het met gemeenskapsleier Wallace Finnies gepraat, wat sê hoewel die besprekings vrugbaar was, bywoning swak was. Dit beteken dat geaffekteerde gemeenskappe, veral gemarginaliseerde groepe en voormalige plaaswerkers, geen stem in die sessie gehad het nie.
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Geleenthede om van die huis te werk, het in die eerste helfte van die jaar ʼn rekord-hoogtepunt bereik in Suid-Afrika. Volgens die werksplatform, Pnet, se jongste verslag oor arbeidsmark-neigings is afstandwerk-geleenthede 28-persent hoër as 'n jaar gelede en het die afgelope twee jaar met 41-persent toegeneem. Paul Byrne van Pnet het aan Newzroom Afrika gesê afstands-werksgeleenthede is nie beperk tot die tegnologie-sektor nie, maar het oor ʼn wye reeks bedrywe uitgebrei:
Die Huurbeheerwetsontwerp, wat steeds op parlementêre debatvlak is, bly omstrede. Kommentators en ekonomiese ontleders is verdeeld, met kritici wat waarsku dat dit die aanbod van behuising kan verminder en tekorte kan vererger. Voorstanders en politieke groepe dring weer aan op die versnelde implementering daarvan om kwesbare huurders teen hoë koste en uitbuiting te beskerm. Kosmos 94.1 Nuus het met Vijay Jha, die hoofbedryfsbeampte by R&J Steytler Management Consultants gepraat, wat sê huiseienaarskap moet die prioriteit wees:
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Datasentrums is die nuwe beleggingsbestemming, veral in lande soos die VSA. Kenners meen 'n manier om 'n voet in die deur te kry om in KI te belê is om te belê in maatskappye wat die grond bekom sowel as diensverskaffers. In die VSA, is alle oë op die groei van die sektor, wat 'n verskuiwing van mikroskyfies aandui. Greg Friedman, die uitvoerende hoof van die Amerikaanse beleggingsgroep Peachtree Group het met Reuters gepraat.
Die Forum for South Africa sê die permanente verbeurdverklaring van 325-miljoen Suid-Afrikaanse rand se bates wat met die beweerde Tembisa-hospitaalbedrogverdagte, Hangwani Morgan Maumela, verbind word, is 'n belangrike stap in die stryd teen korrupsie. Tebogo Mashilompane van die Forum glo meer gesteelde bates moet teruggevind word, en almal wat by die skandaal betrokke is, insluitend openbare amptenare, moet in hegtenis geneem en vervolg word. Mashilompane sê korrupsie in die gesondheidsorgsektor ontneem pasiënte van noodsaaklike dienste:
Namibië se boogskutters mik na die kontinentale verhoog, maar hulle het die publiek se steun nodig om daar uit te kom. Africa Genesis Archery Namibia samel fondse in nadat hulle 'n uitnodiging ontvang het om aan die Africa Genesis Archery Federation se Afrika-toernooi in Botswana deel te neem, wat van 12 tot 16 Augustus plaasvind. As deel van die fondsinsamelingspoging bied die organisasie komende Saterdag 'n gala-dinee in Windhoek aan. Kosmos 94.1 Nuus het met die klub se vise-president, Nomin Lucas gesels:
Botswana en Namibië maak vordering met die beplande Trans Kalahari-spoorwegprojek, 'n strategiese infrastruktuurinisiatief wat daarop gemik is om Botswana en die streek direkte spoorwegtoegang tot die Atlantiese Oseaan deur die Walvisbaai-hawe te bied. Botswana se staatsbeheerde logistieke maatskappy Sea Rail het planne uiteengesit om sy rol in streekslogistieke dienste uit te brei, deur die ontwikkeling van 'n volhoubare droëhawe-operasie by die Walvisbaai-hawe. Namport-woordvoerder Cliff Shikwambi het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê hulle is gereed vir samewerking en beleggings.
Die herlewing van 'n nuwe nasionale lugredery neem vorm aan. Die regering het ambisieuse planne vir Namibia Air, soos daarna verwys sal word, sluit in die verkryging van sewe vliegtuie ter waarde van 594 miljoen Namibiese dollar en geteikende plaaslike en streeksvlugpryse onder 2 000 dollar voor 'n beplande bekendstelling teen laat 2026. Kosmos 94.1 Nuus het met die IPC se skaduminister van internasionale betrekkinge, Rodney Cloete, gepraat, wat 'n bietjie skepties hieroor is:
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
President Donald Trump sê hulle sal optree teen Jemen se Houthi-rebelle met Iranse bande as hulle hul dreigement om Saoedi-hawens te blokkeer, uitvoer. Die belangrike skeepsroetes van die Rooi See lê langs Jemen se kus. ’n Volledige sluiting van Bab el-Mandeb kan die wêreldwye olievoorraad met 7 persent verminder. Die Houthi's se gewapende magte het 'n maritieme embargo teen Saoedi-Arabië ingestel, in weerwraak teen 'n Saoedi-blokkade van hawens en lughawens in die Houthi-beheerde noordwestelike Jemen. Trump sê hulle sal seker maak dat Bab el-Mandeb nie gesluit word nie:
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Reaksie word steeds ontvang oor die Grondwetsontwerp wat by die Nasionale Vergadering heringedien is. Ten spyte van heelwat negatiewe kritiek, meen kenners daar is nie groot veranderinge gemaak nie. Mark Kutzner, besturende vennoot by Engling, Stritter and Partners, meen boere hoef hulle nie oor onteiening te bekommer nie. Hy het by die Namibiese Landbou-unie se jaarlikse kongres gepraat.
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Die Kommissie vir Geslagsgelykheid het Hoofstuk 9-instellings en burgerlike samelewingsorganisasies versoek om 'n oop, inklusiewe en veilige omgewing te skep om haatspraak- en diskriminasiesake vinnig op te los. Kommissaris Leigh-Ann van der Merwe het in reaksie op onlangse uitsprake oor LGBT-persone deur die radiopersoonlikheid Ngizwe Mchunu, gesê die kommissie is diep bekommerd oor die hardnekkige voortbestaan van geslags- en seksuele geweld:
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Die Lewendehawe Produsente Organisasie het Cirrus genader om navorsing te doen oor die volhoubaarheid van skaapboerdery in die land, en wat die beste uitvoermarkte sal wees. Die Cirrus-ekonoom Tannan Groenewald verduidelik wat die studie bevind het, en Suid-Afrika bly die beste mark.
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Dit was warm, stowwerig en opwindend met tien uiters vinnige trajekte wat afgehandel is by die Shell V-Power M+Z tydren in Gobabis. Francois Lottering was daar.
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Die minister van Hoër Onderwys en Opleiding, Buti Manamela, sê sy departement werk nou saam met die polisie, die Oos-Kaapse regering en die Universiteit van Fort Hare se sekuriteitspanne om kalmte te herstel en studente en personeel te beskerm. Manamela het die media ingelig oor die situasie by Fort Hare na verwoestende brandstigtingaanvalle tydens studentebetogings. Die minister sê wat by Fort Hare gebeur het, is nie betogings nie, maar misdadig:
Die Azanian People’s Organisation verwelkom die klopjagte en beslagleggings deur die Valke en die Spesiale Ondersoekeenheid op persele wat verband hou met die geskorste adjunk- nasionale polisiekommissaris Shadrack Sibiya en die sakeman Hangwani Maumela. Die Azapo-woordvoerder Nosipiwo Manona sê hulle beweerde rol in misdaad moet deeglik ondersoek word:
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Met Namibië se nuwe Grondwetsontwerp op die tafel, sê landbou-ekonoom dr. Kobus Laubscher dat grondbesit nie as die enigste roete na suksesvolle boerdery beskou moet word nie. Hy het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat globale voorbeelde, soos die Amerikaanse Mid-Weste, wys hoe huurmarkte en alternatiewe finansiering produktiwiteit kan dryf. Maar hy waarsku dat sonder noukeurige beleid om kleinboere te beskerm en spekulasie te voorkom, beperkings soos 'n verbod op buitelandse eienaarskap meer skade as goed kan doen.
Die geskiedkundige T20 Internasionale botsing tussen Namibië se FNB Eagles en Suid-Afrika se Proteas vind vanmiddag plaas. Dit merk ook die amptelike opening van die splinternuwe FNB Namibië Krieketveld. Die opgewonde spelers het by 'n perskonferensie met die media gepraat. Gerhard Erasmus, die kaptein van die FNB-Eagles, het teruggekyk na hoe ver Namibiese krieket gekom het.
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Die Nasionale Seereddingsinstituut verwelkom Elon Musk se Starlink-plan om sy bedrywighede uit te brei en 2,5-miljard-rand in Suid-Afrika te belê, en beskryf dit as 'n deurbraak vir reddingskommunikasie ter see. Hulle glo die vennootskap sal die NSRI-bote met satelliet-internet toerus, wat reddingswerkers selfs in afgeleë waters sal toelaat om in aanraking te bly. Andrew Ingram van die instituut sê die tegnologie sal koördinering, veiligheid, en reaksietye tydens noodgevalle verbeter, en sal help om meer lewens langs die kus te red:
President Netumbo Nandi-Ndaitwah het die land se jeug versoek om die leiding te neem in die toekoms, en Nust-gegradueerdes aangespoor om innovasie en tegnologie vir nasionale ontwikkeling te benut. Sy het die krag van die Vierde Industriële Revolusie beklemtoon en jong Namibiërs uitgedaag om hul kennis volhoubaar toe te pas, van huishoudings tot in die streke. Eerste minister Elijah Ngurare het 'n hooftoespraak namens haar gelewer tydens Nust se Oktober-gradeplegtigheid.
Die nasionale polisiekommissaris Fannie Masemola sê hy het sy bes gedoen om die ontbinding van die taakspan vir politieke moorde te stop. Masemola het voor die Parlement se ad hoc-komitee oor polisie-kaping getuig en sê hy het die minister van Polisie, Senzo Mchunu, se besluit om die eenheid te ontbind bevraagteken, en gewaarsku soortgelyke optrede teen die taakspan vir plaasmoorde sou woede en verontwaardiging in landbouverenigings ontketen het:
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Namibië het goeie vordering gemaak in sy pogings om van die Finansiële Aksie-taakmag se gryslys gehaal te word, met 13 geïdentifiseerde strategiese tekortkominge wat reggestel is. Die taakmag sal by sy vergadering op 24 Oktober besluit of daar nog werk nodig is of nie, maar onder andere die stadige inhandiging van entiteite se voordelige eienaarskap-verklarings wek kommer. Die Finansiële Intelligensie-sentrum se direkteur, Bryan Eiseb, het by 'n ope dialoog met die publiek en burgerlike organisasies ook die omvang van onwettige kontantvloei uitgelig.
Statistieke Suid-Afrika berig vervaardigingsproduksie het in Augustus met 1,5-persent gedaal vergeleke met dieselfde maand verlede jaar. Die afname is hoofsaaklik gedryf deur yster en staal, metaalprodukte, masjinerie, voedsel en drank. Nicolai Claassen van Statistieke SA sê vervaardigingsverkope het ook winste getoon, met 'n toename van 0,6-persent vanaf Julie en drie-persent oor die afgelope drie maande, met dieselfde sektore wat meeste bygedra het tot groei:
Namibië en Botswana het 'n reeks ooreenkomste onderteken om bilaterale samewerking te verdiep, na afloop van die tweede sitting van die Bilaterale-kommissie. Die nuwe akkoorde dek 'n wye verskeidenheid sektore, waaronder energiebronne, sowel as verskeie memorandums van verstandhouding, soos oor samewerking in wetenskap, tegnologie en innovasie. Bykomende ooreenkomste is ook gesluit oor korreksies en gevangenisse, polisie-samewerking, gesondheid, en indiensneming en arbeid. Presidente Netumbo Nandi-Ndaitwah en Duma Boko het hul regerings se verbintenis bevestig om die ooreenkomste binne die vasgestelde tydraamwerk te implementeer, en benadruk dat daar geen verskonings vir vertragings moet wees nie. President Netumbo Nandi-Ndaitwah het die afgevaardigdes toegespreek.
Minstens 18 mense word vermis en is vermoedelik dood nadat 'n ontploffing Vrydag by 'n ammunisiefabriek in die landelike gebiede van Tennessee die gebou vernietig het. Die ontploffing by Accurate Energetic Systems, sowat 100 kilometer wes van Nashville, is kilometers ver gevoel. Dit het tot verskeie sterftes gelei, maar teen laat gisteraand moes amptenare nog die dodetal bepaal. Die polisiehoof in Humphreys, Chris Davis,sê die toneel was een van die mees verwoestendes ooit in sy loopbaan en dit sal tyd neem om die oorsaak te bepaal. Davis het emosioneel geword toe hy die aankondiging gemaak het:
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Die Copps 94.1-span was besig in Windhoek Vrydagaand, met 'n selfmoordpoging en twee dronkbestuur-voorvalle te midde van ander insidente. Kosmos 94.1 se Francois Lottering was saam met die Namibiese polisie aan diens en doen verslag:
Gedruk vir tyd? Rond en bont die hele dag? Kosmos 94.1 Nuus bring vir jou die dag se sportnuus. Plaaslik. In die streek. Internasionaal. Gratis en in Afrikaans. ‘n Samevatting, in minute. Jy kan nie sê jy het nie geweet nie. Elke weeksaand om sewe.
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Tydens die bilaterale vergadering tussen Namibië en Botswana het president Duma Boko die belangrikheid van die samewerking tussen die twee lande beklemtoon. Hy en president Netumbo Nandi-Ndaitwah het vandag die staatshoof beraad van die Namibië-Botswana Bilaterale-kommissie gehou.
Sokker: Bafana Bafana se kaptein, Ronwen Williams, sê Wêreldbeker-kwalifisering is steeds in hulle hande in vanaand se deurslaggewende Groep C-kragmeting met Zimbabwe in Durban. Suid-Afrika was boaan die punteleer met 17 punte, maar het drie punte verbeur vir die gebruik van 'n ontoelaatbare speler teen Lesotho in Maart. Die span is nou gelyk met Benin op 14 punte en agter op doelgemiddeld. Bafana se laaste kwalifiseringswedstryd is Dinsdag teen Rwanda. Williams sê hulle weet wat op die spel is:
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Terwyl die wêreld vandag Wêreldgeestesgesondheidsdag herdenk, is daar 'n hernude oproep om die sosiale stigma rondom geestesongesteldheid aan te spreek. Kliniese sielkundige, Shaun Whittaker, beklemtoon dat dit veral vir Namibiese mans belangrik is om na hul geestesgesondheid om te sien. Volgens hom speel alkohol- en dwelmmisbruik ’n groot rol in Namibië se hoë selfdoodsyfer. Whittaker het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.
Die vyfde en voorlaaste nasionale tydren kampioenskappe vind die naweek in Gobabis plaas. Daar is 16 spanne in die Shell V-Power M+Z tydren ingeskryf wat mekaar die stryd in beide die S- en CR-klasse sal aansê. Francois Lottering van Motor Media Namibia het meer.
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Die Stampriet Akwifer Uraanmynbouvereniging, Sauma, gaan voort om sy standpunt te verdedig teen die voorgestelde in-situ-mynbou vir die Stampriet-kom. Tanja Dahl, 'n lid van die bestuurskomitee van Sauma, het tydens die jaarlikse kongres van die Namibiese Landbou-unie bewerings verwerp dat die water in die gebied reeds besoedel is, maar gewaarsku dat dit gevaarlik kan wees om twee of meer boorgate in die nabyheid te hê.
Die Namibiese Akkerbouraad het 'n verbod op tamatie-invoere uit Suid-Afrika ingestel. Hierdie stap is bedoel om die plaaslike landbousektor te ondersteun, omdat boere geraak word deur Suid-Afrika se opskorting van Namibiese produkuitvoere sedert Augustus. Die uitvoerverbod is afgedwing nadat Suid-Afrika invoerpermitte vir Namibiese produkte herroep het, met verwysing na sanitêre kwessies. Gilbert Mulonda, hoofbestuurder vir Akkerbou en Tuinbou-by die raad het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Botswana het Namibië gedurende die 2023/2024-boekjaar met meer as 3,8 miljoen dosisse entstowwe voorsien om teen bek-en-klouseer in te ent. Dit is vanoggend deur president Netumbo Nandi-Ndaitwah aangekondig tydens die openingsessie van die tweede Namibië-Botswana Bilaterale-kommissie in Windhoek. Nandi-Ndaitwah sê die twee lande het verlede jaar 'n driejaarooreenkoms onderteken vir die voortgesette verskaffing van vee-entstowwe deur die Botswana-entstofinstituut.
Die Amerikaanse Departement van Justisie het New York se prokureur-generaal, Letitia James, van bedrog aangekla. Die aanklag van vyf bladsye beskuldig haar dat sy in leningsdokumente beweer het sy gaan 'n huis wat sy in Norfolk, Virginia, gekoop het as tweede woonhuis gebruik, maar het dit eerder as belegging vir verhuring gebruik. Aanklaers sê dit haar toegelaat om gunstige leenvoordele te kry. James sê die aanklag is 'n voortsetting van president Donald Trump se desperate magstryd met die regstelsel:
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Die Namibiese Statistieke-agentskap sê inflasie vir September staan op 3,5 persent. FNB meen daar is hoop vir huishoudings in die toekoms met goeie reën wat verwag word wat beteken kosinflasie mag daal. Helena Mboti, ‘n ekonoom van FNB gee 'n voorspelling.
Country-sangeres Dolly Parton het aanhangers gerus gestel oor haar gesondheid nadat kommentaar deur haar suster kommer gewek het dat die Grammy-wenner baie siek was. Dolly het onlangs aangekondig dat sy 'n reeks vertonings wat vir Las Vegas beplan is, uitstel om 'n paar ongespesifiseerde gesondheidsprobleme te hanteer. Hierdie week het haar suster, Frieda, gebede vir Dolly gevra. Dolly het in ‘n video op Instagram gesê sy is nog nie dood nie.
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Die hoof van die Spesiale Ondersoekeenheid, advokaat Andy Mothibi, sê hulle beplan om sowat 900 miljoen Suid-Afrikaanse rand te verhaal van die sindikaat wat betrokke was by die verduistering van miljarde uit die Tembisa-hospitaal deur middel van bedrieglike verkrygingskemas. Luukse motors was onder die items wat gister tydens 'n klopjag uit 'n herehuis in Sandton gekonfiskeer is wat gekoppel is aan Tembisa-hospitaal se tendermagnaat, Hangwani Maumela. Hy het na bewering 41 maatskappye gebruik om 820 miljoen rand oor twee jaar deur bedrieglike kontrakte te buit. Mothibi sê 'n klopjag is ook by 'n motorhandelaar in Mpumalanga uitgevoer:
María Corina Machado het die Nobel-vredesprys gewen. Die voorsitter van die Nobel-komitee Jorgen Watne Frydnes het die aankondiging gemaak.
Volgens die minister van inligting, Emma Theofelus het sy die ondersteuning van die Internasionale Telekommunikasie Unie gevra om Namibiërs toe te laat om betaling te kry van sosiale media platforms. Blykbaar het die ministerie met verskeie diensverskaffers gepraat om Namibiese sosiale media betalings moontlik te maak. Kosmos 94.1 Nuus het met Nrupesh Soni gepraat, eienaar van Facilit8 Namibië. Hy sê Namibiëse betalingsisteme is die probleem.
Boere verdien miljoene in Suid-Afrika deur klimaatsvriendelike praktyke en deur handel in koolstofkrediete. 'n Program wat volhoubare boerdery beloon, AgriCarbon, het in die eerste ronde bykans 5 miljoen Suid-Afrikaanse rand aan boere uitbetaal wat vrystellings verlaag deur metodes soos min- of deklaagbewerking. Die inisiatief help boere om klimaatsverandering te pak terwyl hulle daaruit wins maak. Die Namibiese Landbou-unie werk tans daaraan om plaaslike boere by die inisiatief te betrek en by die kongres het herlewingsboerdery kenner Koos Briedenhann aan boere verduidelik hoe boere voordeel kan trek uit koolstofkrediete.
Reaksie word steeds ontvang oor die Europese Unie wat Namibië se voorstel om die handel in renosterhoring te reguleer, teenstaan. Die EU het lidlande gevra om teen die voorstel te stem by die komende CITES vergadering. Alex Oelofse, die eienaar van Mount Etjo, verduidelik die stem-strukture van CITES, wat die EU meer mag gee as individuele lande.
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Reaksie word ontvang oor toenemende dwelmgebruik in die land. Dit volg op 'n verslag van NamPol wat onthul dat owerhede in September alleen ongeveer 1 085 ton dagga, meer as 1 035 mandrax-tablette, 33 gram kokaïenpoeier en 186,5 eenhede crack-kokaïen gekonfiskeer het. Kosmos 94.1 Nuus het met voormalige NamPol-dwelmhoof, Hermie van Zyl, gepraat, wat onder meer die behoefte aan verhoogde grenspatrollies beklemtoon.
Namibië vier vandag Wêreldboomplantdag, met boomplantseremonies wat in dorpe reg oor die land plaasvind. Die dag beklemtoon die belangrikheid van omgewingsbestuur en wys hoe bome help om klimaatsverandering te beveg, wildlewehabitatte te ondersteun en gemeenskapswelstand te verbeter. Linda Mupupa, woordvoerder van die Swakopmund-munisipaliteit, beklemtoon die belangrikheid van die geleentheid.
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Die finansministerie het onder die Nasionale Jeugfonds 'n bemarkings- en kommunikasie-kompetisie geloods vir jong besigheidseienaars, wat 'n besigheidsplan en digitale stelsel-innoverings moet voorlê. Die kompetisie is oop vir almal wat 18 en ouer is. Belangstellendes kan die aansoekvorm op die ministerie se webtuiste aflaai. Kosmos 94.1 Nuus het met die ministerie se woordvoerder Jonathan Swartz gepraat, wat meer inligting gee.
Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, het 'n beroep op Israel en Hamas gedoen om ten volle by die wapenstilstand- en gyselaarsvrystellingsooreenkoms te hou. Die partye het Woensdag ingestem tot die eerste fase van 'n wapenstilstandsplan wat deur die VSA bemiddel is en wat die vrylating van alle gyselaars in Gaza, die Israelse onttrekking tot 'n ooreengekome punt en die vrylating van sommige Palestynse gevangenes sal toelaat. Guterres sê 'n permanente wapenstilstand moet verseker word en die bloedvergieting moet eens en vir altyd stop:
Die Nasionale Polisiekommissaris, Fannie Masemola, sê geen geheime fondse is gebruik om die taakspan vir politieke moorde te befonds nie. In sy getuienis voor die parlement se ad hoc-komitee, sê Masemola die span se operasies is befonds deur die nasionale polisiebegroting wat deur homself en die hoof- finansiële beampte bestuur was. Hy het bewerings dat die span hulpbronne uit geheime intelligensiefondse verkry het, verwerp en gesê enige samewerking met Misdaadintelligensie sou afsonderlik gefinansier word:
Die Hongaarse skrywer László Krasznahorkai het 2025 se Nobelprys vir Letterkunde gewen. Die Koninklike Sweedse Akademie het sy visioenêre en boeiende werk geprys, wat die krag van kuns te midde van rampspoedige en uitdagende temas verken. Steve Sem-Sandberg van die Nobelkomitee sê Krasznahorkai, aangespoor deur sy reise na China en Japan, is bekend vir sy lang, verbeeldingryke stories met vreemde en uitsonderlike karakters:
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Die langverwagte Naute-Keetmanshoop-waterpyplynprojek het uiteindelik begin. Die Sentrale Verkrygingsraad het die 191 miljoen Namibiese dollar kontrak vir Fase 1 aan Adaptive Building Land Construction CC toegeken, in gesamentlike onderneming met China State Engineering Corporation. Die aanvang van die projek is met byna twee jaar vertraag weens wetlike verkrygingsuitdagings wat deur onsuksesvolle bieërs geopper is. Kosmos 94.1 Nuus het met Keetmanshoop-landelike raadslid Willem Labuschagne gesels, wat sê hoewel die betrokkenheid van 'n Chinese vennoot kommerwekkend is, is die projek 'n broodnodige hupstoot vir die streek.
Mkhululi Mthethwa, die seun van Suid-Afrika se ambassadeur in Frankryk, Nathi Mthetwa, het sy pa se dood as traumaties beskryf. Die 58-jarige is dood nadat hy van die 22ste vloer van 'n hotel geval het. Mkhululi het aan Newzroom Afrika in Parys, Frankryk gesê die familie is gebroke en gereed om hom te ruste te lê. Hy het bevestig dat die oproep van die geeste afgehandel is voor vandag se repatriasie. Hy het bevestig dit is 'n stap nader aan afsluiting:
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Die geskorste adjunk- nasionale polisiekommissaris vir misdaadopsporing, Shadrack Sibiya, sê hy sal nie bedank nie en daag owerhede uit om hom af te dank. Die nasionale Ingrypingseenheid, Spesiale Taakmag en Misdaadintelligensie het op sy huis in Centurion in Gauteng toegeslaan en verskeie elektroniese toestelle gekonfiskeer. Die operasie vorm deel van 'n ondersoek na bewerings van korrupsie, geldwassery en regsverydeling. Sibiya verwys na die klopjag as magsmisbruik:
Die Israelse regering het die eerste fase van die 20-punt Gaza-vredesplan goedgekeur. Met dié goedkeuring tree 'n wapenstilstand onmiddellik in werking. Die ooreenkoms sluit ook die onttrekking van Israelse magte uit die Gazastrook in, en humanitêre hulp wat Gaza binnekom, sal toeneem tot soveel as 600 vragmotors per dag. Die Israeliese premier Benjamin Netanyahu sê dit is 'n betekenisvolle ontwikkeling:
Namibiese krieket kry 'n splinternuwe tuiste, die FNB Namibië Krieketveld. Die nuwe stadion, wat gereed is om groot wedstryde aan te bied en die land se amptelike internasionale ovaal te word, is 'n groot mylpaal vir die sport. Johan Muller, die uitvoerende hoof van Krieket Namibië, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die fokus sal nie daar stop nie, aangesien die ontwikkeling van ander krieketlokale landwyd 'n prioriteit bly.
Die eerste druppels val vanoggend in die sentrale gebied en volgens weerkenner George van der Merwe kom daar nog. Hy voeg by dat daar 'n veldbrandgevaar bestaan, veral vandag, weens die ontwikkeling van donderstormselle wat met blitse en sterk wind sal gepaardgaan. Vog sal egter van Angola af bly invloei en volgende week is daar 'n goeie kans vir reën.
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Namibiese groente- en vrugteprodusente is in 'n penarie aangesien uitvoere na Suid-Afrika sedert 18 Augustus opgeskort is. Suid-Afrika het alle uitvoerpermitte teruggetrek weens nie-nakoming van sanitêre vereistes aan Namibië se kant, maar pogings deur Namibië om bilaterale gesprekke te begin voer, het vasgeval. Die landbouministerie sê dat hulle steeds wag vir hul Suid-Afrikaanse eweknieë om die probleem te help oplos. Die ministerie se woordvoerder Simon Nghipandulwa het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Goud het die week vir die eerste keer bo 4 000 Amerikaanse dollar per fynons gestyg te midde beleggers die veilige hawe aangekoop het om dekking te soek teen toenemende geopolitieke onsekerheid. Tradisioneel word goud as 'n waardebewaarder gedurende tye van onstabiliteit beskou. Kosmos 94.1 Nuus het met bekende Suid Afrikaanse ekonoom, Chris Hart gepraat wat sê dit kan nog vir 'n paar weke hoog bly. Hy verduidelik.
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Die nasionale polisiekommissaris, Fannie Masemola, sê die Suid-Afrikaanse Polisiediens is onder geweldige druk namate misdaad aanhou styg terwyl hulpbronne steeds beperk is. Hy het getuig voor die Parlement se ad hoc-komitee wat politieke inmenging in polisie-sake ondersoek. Masemola sê wetstoepassing het meer ingewikkeld geword sedert die Covid-19-pandemie, met werkloosheid en maatskaplike uitdagings wat misdaad aanvuur. Hy het interne korrupsie en infiltrasie in die polisie erken terwyl gepoog word om Misdaadintelligensie te versterk en aanspreeklikheid met leefstyl-oudits te verbeter:
Israel se kabinet het die vredesooreenkoms bekragtig. Vlote vragmotors met voedsel en mediese hulp sal ook toegelaat word om Gaza binne te gaan. Hamas se verbanne Gaza-hoof, Khalil al-Hayya, sê dat hy waarborge van Amerika en ander bemiddelaars ontvang het dat die oorlog verby is. Trump het die aankondiging van die ooreenkoms in Washington gemaak.
Gedruk vir tyd? Rond en bont die hele dag? Kosmos 94.1 Nuus bring vir jou die dag se sportnuus. Plaaslik. In die streek. Internasionaal. Gratis en in Afrikaans. ‘n Samevatting, in minute. Jy kan nie sê jy het nie geweet nie. Elke weeksaand om sewe.
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Feldstraat in Windhoek se Ausspannplatz is amptelik hernoem na Botswana se stigterspresident, Sir Seretse Khama. Khama het in 1966 in die amp getree nadat die voormalige Bechuanaland-protektoraat onafhanklikheid van Groot-Brittanje verkry het. Hy het tot 1980 gedien. Die hernoeming erken Botswana se rol in Namibië se geskiedenis. Sy oudste seun en voormalige president van Botswana, Ian Khama, het by die seremonie gepraat.
President Cyril Ramaphosa het die Wêreldhandelsorganisasie versoek om handelstariewe te reguleer en multilaterale handelstelsels te verbeter om die manipulering van bestaande handelsbetrekkinge te beëindig. Hy het tydens die Europese Unie se forum in Brussel, België, beklemtoon die organisasie bly die enigste instelling wat globale handelsverskille kan bestuur. Ramaphosa bevestig ook Suid-Afrika se verbintenis tot samewerking met die EU om handelsbetrekkinge te bevorder:
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Die Namibiese Universiteit van Wetenskap en Tegnologie bied môre sy Lentegradeplegtigheid by die Mercure Hotel in Windhoek aan. Nust-woordvoerder Cindy van Wyk het alle motoriste gewaarsku om swaar verkeer naby die hotel te verwag. Sy sê weens voortdurende padwerke op Auasweg, tussen Sean McBridestraat en Mandume Ndemufayo-laan, sal geen parkering by die gradeplegtigheidslokaal beskikbaar wees nie.
Die Wysigingswetsontwerp op die Bestuur van Openbare Ondernemings is amptelik in die parlement ter tafel gelê. Die voorgestelde wetgewing dui op 'n groot verskuiwing in die bestuur van staatsbeheerde ondernemings, wat algehele toesig onder die gesag van die eerste minister plaas. Die wetsontwerp bemagtig ook lynministers om ondernemings onder hul ministeries direk te bestuur. Die wetsontwerp is deur Eerste minister Elijah Ngurare ter tafel gelê.
Die Namibiese Landbou-unie het nuwe kommer uitgespreek oor die nasionale minimumloon en sê dat dit toenemende druk op boere plaas. Die landbouminimumloon in 2025 is 10 Namibiese dollar per uur, met geleidelike verhogings tot 14 dollar per uur in 2026 en 18 dollar per uur in 2027. Tydens die NLU se jaarlikse kongres vandag in Windhoek het die uniepresident, Thinus Pretorius, gewaarsku dat onbekostigbare loonkoste sommige boere dwing om werkers af te dank, wat uiteindelik bydra tot werkloosheid.
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Die gesondheidministerie stel vandag die Nasionale Strategie vir Reproduktiewe, Moederlike, Pasgeborene-, Adolessente Gesondheid en Voeding amptelik bekend. Dit gaan ook die Driejaarlikse Verslag oor die Vertroulike Ondersoek na Moedersterftes, Stilgeboortes en Neonatale Sterftes vir die tydperk 2021 tot 2024 terselftertyd bekendstel. Lynminister Esperance Luvindao gaan die verrigtinge waarneem. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Walters Kamaya, die ministerie se woordvoerder, wat meer inligting gee.
COPE sê hy steun die onthullings van die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, oor hoe die Suid-Afrikaanse Polisiediens se Misdaadintelligensie vir politieke gewin gebruik is. Hy het getuig voor die Parlement se ad hoc-komitee wat bewerings van misdadige insypeling en politieke inmenging in die polisie ondersoek. COPE se waarnemende nasionale voorsitter, Pakes Dikgetsi, sê Mkhwanazi se onthullings bewys die ANC het staatshulpbronne misbruik om politieke teenstanders te ondermyn:
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Namibië se uitvoerstatus is 'n seldsame Afrika-sukses en dit moet beskerm word. Dit was die boodskap van die president van die Namibiese Landbou-unie, Thinus Pretorius, wat aan boere by die NLU-kongres in Windhoek gesê het dat die land goeie vordering maak om bek-en-klouseer in toom, en uit te hou.
'n Dwelmmuil en koerier is Woensdag by die Kaapstad Internasionale Lughawe in hegtenis geneem. 'n Polisiewoordvoerder, Zinzi Hani, sê die Valke se Narkotika-buro en ander wetstoepassingsagentskappe het op intelligensie gereageer en 'n 35-jarige man onderskep toe hy van Doha, Katar, aangekom het. Sy sê die man het 5,1-kilogram van vermoedelik kokaïen ter waarde van meer as 2,2-miljoen Suid-Afrikaanse rand in sy bagasie gehad, wat in sy hemde versteek was:
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Die Britse premier Keir Starmer sê hy verwelkom die aanvaarding van die eerste fase van die Gaza-vredesplan deur Hamas en Israel. Dit baan die weg vir die vrylating van die gyselaars en Palestynse gevangenes. Hy het die partye wat betrokke was, bedank.
Kaapstad is benoem onder die wêreld se beste stede in Travel plus Leisure se reistoekennings vir Indië en Suid-Asië, in die kategorie Internasionale Bestemmings, Beste Stad. Die tema is die Kuns van Ontdekking, en die toekennings vier plekke wat verkenning en verbintenis aanmoedig. Briony Brookes van Kaapstad Toerisme sê die benoeming bevestig die Moederstad se ongeëwenaarde wêreldwye aantrekkingskrag en spoor Kapenaars aan om te stem en so te help om die eerste plek te verseker:
Die hoof van Unam se Veeartsenykundige Akademiese Hospitaal, dr. Rainer Hassel, het in vennootskap met die Namibiese Landbou Unie in 2015 navorsing begin om 'n hondsdolheid-entstof vir koedoes te ontwikkel. Die navorsing is befonds deur boere en instansies. Die Duitse Friedrich Loeffler-instituut ondersteun ook Hassel se navorsing. Tydens die Lewendehawe Produsente Organisasie se jaarvergadering het Hassel 'n opdatering oor die navorsing gegee.
Die Namibiese Landbou-unie sê dat hulle nie sal terugstaan in hul pogings om Starlink in Namibië goedgekeur te kry nie, en voer aan dat dit die sleutel is tot die verbetering van internettoegang in landelike gebiede. NLU-president Thinus Pretorius het vanoggend tydens die unie se jaarlikse kongres in Windhoek gesê betroubare konnektiwiteit is nie meer 'n luukse nie, maar 'n noodsaaklikheid vir boere, veral namate WiMAX-dienste uitgefaseer word.
Namibië se vordering om van die Finansiële Aksie-taakmag se gryslys te kom word steeds belemmer deur vertragings in besighede se verklarings van voordelige eienaarskap. Dit skep wetlike en finansiële bestuursgapings wat die stelsel kwesbaar maak vir kriminele uitbuiting. Die Besigheids- en Intellektuele Eiendomsowerheid, Bipa, doen 'n beroep op alle entiteite om hul verklarings vinnig in te dien om Namibië te help om aan een van die belangrikste vereistes vir gryslys-verwydering te voldoen. BIPA se kliëntediensbestuurder, Romancia Shoonga, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Inflasie vir September het op 3,5 persent ingekom, hoër as die 3,2 persent in Augustus aangeteken. Die sonale inflasiekoerse vir die maand September 2025 het getoon dat Sone 1, die noordelike dele, die hoogste jaarlikse inflasiekoers van 3,8 persent aangeteken het, gevolg deur Sone 3, die Suide en Omaheke en Erongo teen 3,4 persent, terwyl Sone 2 die laagste koers van 3,2 persent aangeteken het. Mirjam Shihepo van die Namibiese Statistieke-agentskap het meer oor die kostes van geselekteerde items.
Die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking het bewerings ontken dat die regering die repatriasie van Suid-Afrikaanse Global Sumud Flotilla-aktiviste wat in Israel aangehou is, befonds het. Ses Suid-Afrikaners, saam met meer as 500 ander aktiviste van 45 lande, is verlede week deur Israeliese magte in internasionale waters vanaf 41 skepe ontvoer wat na Gaza gevaar het. Die departement se woordvoerder, Chrispin Phiri, sê die plaaslike aktiviste se terugkeer is moontlik gemaak deur finansiële steun van hul families en solidariteitsgroepe:
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
President Cyril Ramaphosa sê deur die Gesamentlike Kommissie vir Samewerking tussen Suid-Afrika en Ierland het die twee nasies hartlike betrekkinge gehandhaaf wat gewortel is in wedersydse respek, gedeelde waardes en 'n gemeenskaplike verbintenis tot multilateralisme. Suid-Afrika is Ierland se grootste handelsvennoot in Afrika, met invoere wat wissel van vliegtuie tot dataverwerkingsmasjinerie tot farmaseutiese produkte. Ramaphosa het tydens sy staatsbesoek aan Ierland Woensdag die sterk kulturele bande en beleggingsvloei tussen die twee nasies benadruk:
Vanjaar se Nobelprys vir Chemie is toegeken aan Susumu Kitagawa van Japan, Richard Robson van Australië en Omar Yaghi van Amerika vir hul ontwikkeling van metaal-organiese raamwerke. Hierdie poreuse molekulêre strukture kan gasse vasvang, water vanuit die lug oes, giftige chemikalieë berg en chemiese reaksies bevorder. Hiener Linke van die Nobelkomitee sê hul baanbrekerswerk kan help om globale uitdagings soos waterskaarste en besoedeling aan te pak en nuwe oplossings bied vir omgewings- en tegnologiese probleme:
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Inligtingminister Emma Theofelus het die belangrikheid van SIM-kaart registrasie beklemtoon om bedrog op mobiele toestelle te bekamp. In 'n toespraak in die parlement het die minister 'n onlangse toename in bedrogsake met betrekking tot selfone opgemerk. Sy sê dat die ministerie nou saamwerk met mobiele diens-verskaffers om die probleem dringend aan te spreek.
Beth Mooney se honderdtal het Australië gehelp om in die top-orde te herstel en Pakistan met 107 lopies by die Vrouewêreldbeker in Colombo te klop. Die verdedigende kampioen is tot 76 vir sewe beperk. Mooney het egter 109 aangeteken en die hoogste vennootskap om die negende paaltjie ooit in die geskiedenis van vroue-eendagkrieket met Alana King gedeel, 106 van 96 balle, terwyl Australië herstel het tot 221 vir nege in 50 boulbeurte. In antwoord hierop is Pakistan vir 114 uitgeboul. Mooney sê die kolfwerk was geestelik uitputtend:
Namibiërs maak gereed vir die plaaslike- en streeksowerheid verkiesings op 26 November. Volgens die verkiesingskalender is dit nou die tydperk waarin verteenwoordigers genomineer word. Tydens 'n regeringsinligtingsessie het die inligtingministerie met die hoofverkiesingsbeampte, Peter Shaama gepraat, wat meer inligting gee.
Die Amerikaanse gholfspeler, Collin Morikawa, ontken dat sy opmerkings voor verlede maand se Ryderbeker-toernooi die toeskouers se opruiende gedrag by Bethpage in New York veroorsaak het. Hy het die tuisskare aangemoedig om harder te kere te gaan. Europese spelers is meedoënloos uitgejou terwyl selfs bier na Rory McIlroy se vrou, Erica, gegooi is. Morikawa sê sy kommentaar is ietwat buite verband gehaal en hy het nie bedoel dat toeskouers onbeskof moet wees nie. Europa het die kompetisie gewen:
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Nelson Mandela se kleinseun, Mandla Mandela, het die swak behandeling deur Israelse soldate beskryf nadat die Israelse Vloot hulle bote onderskep het. Hy sê hulle is kos geweier, geboei, geparadeer en hardhandig hanteer toe hulle in Asjdod aangekom het. Mandela sê Israelse owerhede het ook die 22-jarige Sweedse aktivis Greta Thunberg geteister. Hy beskryf die ondervinding as 'n bewys daar sal nooit geregtigheid wees op gesteelde grondgebied nie:
Amerikaanse president Donald Trump het gevra dat top Illinois-amptenare tronk toe gestuur word omdat hulle volgens hom nie genoeg doen om die veiligheid van federale immigrasiebeamptes wat klopjagte in Chicago uitvoer, te verseker nie. Hy het in 'n sosiale media-plasing gesê dat Chicago-burgemeester Brandon Johnson en Illinois-goewerneur JB Pritzker, albei Demokrate, "in die tronk moet wees omdat hulle nie die ICE-beamptes beskerm nie!" Johnson het vinnig teruggekap en gesê: "Dit is nie die eerste keer dat Trump probeer het om 'n swart man onregverdig in hegtenis te laat neem nie. Ek gaan nêrens nie." Die BBC het met Johnson gepraat.
Swapo-parlementslid Salomon April het in die parlement kommer uitgespreek oor die groot aantal vrae wat elke week in die Nasionale Vergadering geopper word. Hy het aangevoer dat die kernverantwoordelikheid om wetgewing te debatteer en aan te neem, opsy gesit word, aangesien parlementêre sittings toenemend oorheers word deur vrae van opposisielede. April sê gerugte uit Katutura hoort nie in die parlement te wees nie.
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Die Vereniging vir Ekonomiese Beleidsnavorsing, Epra, het reeds in 'n verslag oor die Grond-wetsontwerp gemaan dat 'n verbod op buitelandse eienaarskap van kommersiële landbougrond onder meer beleggers kan afskrik. Die vereniging is ook van die mening dat die owerhede op werkloosheid moet fokus en nie grond-eienaarskap nie. Kosmos 94.1 Nuus het met die bekende sakeman Dr. Leake Hangala gepraat, wat 'n ander siening het oor die verbod.
Privaat gesondheidsorgverskaffers in Namibië verwerp bewerings dat hulle agter stygende mediese koste is en wys eerder op die meer as 1 miljard Namibiese dollar in surplusse wat deur mediese hulpfondse tussen 2024 en 2025 aangeteken is. Die uitvoerende hoof van die Namibië Privaat Praktisynsforum, dr. Jürgen Hoffmann, sê slegs 5,1 miljard dollar van die 6,1 miljard dollar wat in bydraes ingesamel is, is aan pasiëntesorg bestee, terwyl hospitale se terugbetalings tot 'n derde van 2023-tariewe verminder is. Die forum doen 'n beroep dat 'n Mediese Beheerraad dringend gestig word en waarsku dat sonder behoorlike regulering beide pasiënte en verskaffers kwesbaar bly vir ongekontroleerde fondspraktyke en stygende koste uit eie sak. Hoffmann het meer.
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Die polisie- en gevangenisvakbond, Popcru versoek 'n nasionale spitsberaad om aandag te gee aan die groeiende aantal polisiemoorde. President Thulani Ngwenya het tydens Popcru se Sentrale Uitvoerende Komitee-vergadering in Johannesburg, kommer uitgespreek oor voortdurende uitdagings in die strafregstelsel te midde van die Madlanga-kommissie van ondersoek. Hy sê nuwe strategieë word dringend benodig om beamptes te beskerm, aangesien ondersoeke oor korrupsie in die regstelsel voortdurend op die lappe kom:
President Donald Trump sê Israel en Hamas het ooreengekom oor die eerste fase van die 20-punt-vredesplan vir Gaza wat die spoedige vrylating van alle gyselaars moontlik maak. Die aankondiging volg op dae van onderhandelinge tussen Israel en Hamas in Egipte. Trump sê Israel sal sy weermag uit die Gazastrook na 'n ooreengekome gebied onttrek. Hamas sê gyselaars en Palestynse gevangenes sal binne 72 uur na die implementering van die vredesooreenkoms uitgeruil word. Daar is steeds 48 gyselaars in Gaza, met slegs 20 wat glo nog leef. Trump sal ook na die Midde Ooste reis.
Gedruk vir tyd? Rond en bont die hele dag? Kosmos 94.1 Nuus bring vir jou die dag se sportnuus. Plaaslik. In die streek. Internasionaal. Gratis en in Afrikaans. ‘n Samevatting, in minute. Jy kan nie sê jy het nie geweet nie. Elke weeksaand om sewe.
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Hierdie week is die Namibiese Landbou Unie saam met die Lewendehawe Produsente Organisasie besig met hulle jaarvergaderings. Baie kwessies word bespreek en die EU se ontbossing-regulasie wat op 1 Januarie in werking moes tree maar is uitgestel tot 2026, het ook onder die loep gekom. Namibië se beesvleiswaardeketting werk daaraan om te voldoen aan die EU se regulasies. Viktor Klazen die bestuurder van Farm Assured Namibian-vleis by die Lewendehawe en Lewendehawe Produkteraad het gepraat oor Namibië se vordering om aan die vereistes te voldoen.
Krieket: Engeland het sy tweede oorwinning van die Wêreldbekertoernooi vir vroue behaal deur Bangladesh in 'n taai stryd in Guwahati met vier paaltjies te klop. Engeland is nou bo-aan die punteleer. Sophia Ecclestone het drie paaltjies platgetrek en Bangladesh is vir 178 uitgeboul. Heather Knight het daarna 'n onoorwonne 79 aangeteken en hulle het die wenteiken in die 47ste boulbeurt gehaal met ses paaltjies plat. Kaptein Nat Scriver-Brunt sê hulle het gedoen wat nodig was om te wen:
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Die Namibië Nasionale Studente-organisasie, Nanso gaan 'n onafhanklike ondersoek instel na 'n voorval in die Kavango Wes-streek. Tydens die insident het 'n onderwyser blykbaar leerlinge vir 30-minute op hul knieë laat loop. Die voorval was vasgevang op video en het wyd op sosiale media sirkuleer. Beeldmateriaal wys hoe leerlinge beserings op hul knieë opgedoen het. Kosmos 94.1 Nuus het met Jessy Abraham, Nanso-woordvoerder gepraat.
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Die omgewingministerie het bevestig dat 25 diere, insluitend 12 olifante en 'n renosterkalfie, dood is in die massiewe brand wat deur die Etosha Nasionale Park gevee het. Die direkteur van parke en wildlewe in die ministerie, Bennett Kahuure, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die meeste watergate nou nagegaan is vir aangetaste wildlewe, met verskeie diere wat ook brandwonde opgedoen het.
Terwyl die parlement die wetsontwerp rakende grond debatteer, word aanbevelings gemaak oor hoe dit verbeter kan word. Die wet sal die 1995 Landbou-kommersiële Grondhervormingswet en die 2002 Kommunale Grondhervormingswet vervang. Regskonsultant Dianne Hubbard sê die wet benadeel vroue, veral weduwees, wanneer dit by grondeienaarskap kom. Hubbard het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Vanjaar se Nobelprys vir Fisika is toegeken aan die Amerikaners John Clarke, Michel Devoret en John Martinis vir hulle grondverskuiwende proefnemings wat die kwantummeganiese effekte in 'n handgrootte elektriese stroombaan demonstreer. Die bekroondes sal 18-miljoen Namibiese dollar deel. Olle Eriksson van die Koninklike Sweedse Akademie van Wetenskap sê die drietal het bewys dat kwantum-tonnelering en energie-kwantisering op makroskopiese skaal kan gebeur wat die gaping tussen mikroskopiese kwantumteorie en alledaagse voorwerpe oorbrug:
Rugby: Die Haaie se senter Lukhanyo Am, sê hy is vasberade om weer sy plek in die Springbok-groep terug te kry. Die 2019-Wêreldbekerwenner het, as gevolg van beserings, verlede November laas vir die Bokke teen Engeland gespeel. Die Haaie berei voor om in die derde ronde van die Verenigde Rugbykampioenskap, Saterdag teen Leinster in Dublin te speel. Am sê hy fokus daarop om die werk te doen wat hom terug in die nasionale span sal kry:
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Die Namibiese Mededingingskommissie het sy mandaat as 'n nie-kommersiële openbare onderneming wat nie vir wins bedryf word nie, verduidelik. Dit kom na mediaberigte dat die kommissie finansiële verliese van 65 miljoen Namibiese dollar in drie jaar gely het. Woordvoerder Dina //Gowases sê die boetes wat deur die kommissie ingevorder word, is nie inkomste vir die kommissie nie. Hierdie boetes, wat opgelê word aan entiteite wat die Mededingingswet oortree het, word oorgeplaas na die Staatsinkomstefonds, wat sedert die ontstaan van die kommissie 65 miljoen Namibiese dollar ontvang het.
President Cyril Ramaphosa het 'n paneel saamgestel wat 'n opvolger vir die Direkteur van Openbare Vervolging moet kies. Die paneel, onder voorsitterskap van die minister van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling, Mmamoloko Kubayi, bestaan uit leiers van die regsgemeenskap en Hoofstuk Nege-instellings. Ramaphosa se woordvoerder, Vincent Magwenya, sê die huidige direkteur, advokaat Shamila Batohi, se termyn eindig in Januarie volgende jaar:
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Die adjunkpresident, Paul Mashatile sê die versterking van die waardekettings op die Afrika-vasteland is noodsaaklik om waardetoevoeging te bevorder en mededingendheid te bereik. Hy het Dinsdag die tweede byeenkoms van die Invest in Senegal-forum toegespreek. Die forum lê hom toe op die bevordering van handel en beleggings deur die sakegemeenskappe in Senegal, Afrika en die wêreld bymekaar te bring. Mashatile sê Afrikalande het saam hard gewerk om die Afrika-vryhandelsooreenkoms te skep en dit is nou tyd om dit ten volle in te stel:
Arbeidsdeskundige en langdurige voorstander van 'n universele basiese inkomstetoelaag, Herbert Jauch, sê die regering se bekendstelling van die voorwaardelike basiese inkomstetoelaag sit die pot mis, beide maatskaplik en ekonomies. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het Jauch gesê die huidige model sluit baie kwesbare huishoudings uit en penaliseer diegene wat werk vind. Hy voer aan dat 'n universele toelaag 'n meer effektiewe oplossing sou bied deur armoede te verminder en werk aan te moedig sonder vrees om hulp te verloor.
Die Kankervereniging van Namibië sal hierdie Sondag Wêreldhospies- en Palliatiewe Sorgdag vier onder sy nuwe Palliatiewe Sorg Namibië-program. Opknappings by die Swakopmund-sorgeenheid is voltooi, met dienste wat na verwagting in Januarie 2026 sal begin. Om kwesbare pasiënte te ondersteun, het die vereniging in Januarie 2025 'n Palliatiewe Sorgfonds van stapel gestuur. Uitvoerende hoof Rolf Hansen het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die eerste inisiatief om fondse vir die program in te samel 'n kolwyntjieverkoping is wat Vrydag sal plaasvind.
Namibië sal in laat-Oktober hoor of dit van die Finansiële Aksie-taakmag se gryslys gehaal sal word, en of nog werk nodig is. Die land is in Februarie 2024 op die gryslys geplaas en het 'n aksieplan met 13 strategiese tekortkominge gekry wat reggestel moes word, waarvan agt reeds afgehandel is. Die taakmag het die land tot Mei 2026 gegee om die oorblywende vyf aan te spreek, maar die Finansiële Intelligensie-sentrum het reeds in 'n aangesig-tot-aangesig vergadering rekenskap gegee van vordering daarmee. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die sentrum se direkteur, Bryan Eiseb.
Tydens die Lewendehawe Produsente Organisasie se kongres in die hoofstad het die lede na die volhoubaarheid gekyk van die skaapbedryf in Namibië en watter markte die beste sal wees om na uit te voer. Die LPO het Cirrus Capital genader om navorsing in die verband te doen. Romé Mostert, 'n medestigter van Cirrus het die bevindinge gedeel.
Africa Bitcoin Corporation, Afrika se eerste genoteerde Bitcoin-tesouriemaatskappy, is vandag amptelik genoteer op die Namibiese Sekuriteitsbeurs. Hierdie ontwikkeling vorm 'n sentrale deel van die firma se multi-beursnoteringsstrategie, wat daarop gemik is om toegang tot gereguleerde Bitcoin-blootstelling regoor Afrika te verbreed. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het die beurs se uitvoerende hoof, Tiaan Bazuin gesê dat dit 'n opwindende ontwikkeling vir Namibiese Bitcoin-handelaars is.
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Die Direktoraat van Veeartsenykundige Dienste waarsku plaaslike boere oor die potensiële risiko dat bek- en klouseer in die land kan uitbreek. Namibië is een van die min Afrika-lande wat 'n bek-en-klou-vrye sone is sonder inentings, terwyl Suid-Afrika 'n groot uitbreking ervaar. Tydens die Lewendehawe Produsente Organisasie se kongres het boere kommer uitgespreek oor die toestand van veeartsenykundige heinings op die kontinent. Die direktoraat se hoof-veeartsenykundige beampte, Emmanuel Hifuke, het die kwessie bespreek.
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Die werksomstandighede waarin sekuriteitswagte verkeer is tans in die nuus in die land. Dit kom na Celeste Muhunduru, nasionale administrateur vir die Sekuriteitsvereniging van Namibië en die Namibiese Veiligheidsarbeidsforum die kwessies in die media opgehaal het. Kosmos 94.1 Nuus het met Mhunduru gesels.
Cosatu sê hy verwerp met uiterste veragting die aanval van die uitvoerende hoof van Business Leadership South Africa, Busisiwe Mavuso, op Transnet se werknemers. Mavuso het Transnet se besluit gekritiseer om 'n verhoging van ses-persent aan werkers toe te staan vir die volgende drie jaar en sê die ooreenkoms neem nie die land se swak ekonomiese groei, stygende skuld en Transnet se swak prestasierekord in ag nie. Cosatu se woordvoerder, Matthew Parks, sê die werkers verdien die verhoging:
Meer inligting is bekend oor die toenemende voetgangerverwante ongelukke wat die MVA-fonds aangemeld het. Van 1 Januarie tot 4 Junie 2025, het ongelukke met 15 persent gestyg, beserings met 14 persent en sterftes met 45 persent. Die hoof korporatiewe beampte by die fonds, John Haufiku, het meer.
Die sekretaris-generaal van die Namibiese Motorsport-federasie Derek Jacobs het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor die nuus dat die FIA-beheerliggaam Kyalami se opgraderingsplanne goedgekeur het. Dit sal dit die enigste Graad 1-baan in Afrika maak en die weg baan dat Formule Een na Suid-Afrika terugkeer. Die opgradering sal nie die baan se uitleg verander nie, maar veranderinge insluit wat aan moderne veiligheid- en tegniese standaarde voldoen. Dit moet binne drie jaar voltooi word. Jacobs het meer.
Die Namibiese Statistiekagentskap se 2025/26-hoofopname van huishoudelike inkomste en uitgawes het op 28 April afgeskop. Dit sal Namibiërs se totale en gemiddelde inkomste bepaal, en sluit in armoede-aanwysers, gesondheid en onderwys. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Iipumbu Sakaria, die agentskap se woordvoerder, wat 'n opdatering gee.
Die AR-beweging se leier, Job Amupanda, het onlangs in die Nasionale Vergadering kennis gegee van vrae wat hy aan verdedigingsminister Frans Kapofi sou stel. Dit gaan oor aanhoudende bewerings van korrupsie in die verdedigingsministerie, veral by die omstrede August 26 Holding Company. Adjunk-verdedigingminister Charles Mubita het die vrae geantwoord en gee 'n oorsig van August 26 se projekte.
Die Namibiese Kommissie vir Navorsing, Wetenskap en Tegnologie werk daaraan om die land se bioveiligheidsraamwerk te versterk deur wetgewende hersiening en verbeterde toetskapasiteit vir geneties gemodifiseerde organismes. Anicia Pieters, die kommissie se uitvoerende hoof, lig belangrike uitdagings uit, insluitend beperkte grensinspeksies, onvoldoende infrastruktuur en lae publieke bewustheid. Sy het tydens 'n bioveiligheid-opleidingsessie in Windhoek gepraat.
Rugby: Die Springbok-slot Eben Etzebeth sê hy is topfiks en gretig om te speel. Die 33-jarige speler het drie maande van die Verenigde Rugbykampioenskap misgeloop weens harsingskudding wat hy in Desember opgedoen het, en ʼn dyspier wat hy tydens ʼn Springbok-belyningskamp in Maart verrek het. ʼn Besering het hom ook op die kantlyn gehou in die Haaie se VRK-halfeindstryd teen die Bulle. Etzebeth sê ondanks die beserings sien hy daarna uit om weer die Boktrui aan te trek:
Bibberweer word volgende week verwag met 'n sterk kouefront wat op pad is. Sneeu word voorspel in die Kaap en kan die Suide van Namibië ook tref. Kosmos 94.1 Nuus het met weerkenner Johan van den Berg gesels.
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Die waarnemende premier van die Oos-Kaap, Mlungisi Mvoko, sê vloedskade in die provinsie word op vier-miljard Suid-Afrikaanse rand beraam. Meer as 4 200 huise is vernietig, met amper 2 000 wat gedeeltelik beskadig is. Mvoko het bevestig dat meer as 400 skole en 1 500 klaskamers beskadig is, wat meer as 40 000 leerders raak. Hy sê die regering is daartoe verbind om slagoffers by te staan:
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Bibberweer word volgende week verwag met 'n sterk kouefront wat op pad is. Sneeu word voorspel in die Kaap en kan die Suide van Namibië ook tref. Kosmos 94.1 Nuus het met weerkenner Johan van den Berg gesels.
Die waarnemende premier van die Oos-Kaap, Mlungisi Mvoko, sê vloedskade in die provinsie word op vier-miljard Suid-Afrikaanse rand beraam. Meer as 4 200 huise is vernietig, met amper 2 000 wat gedeeltelik beskadig is. Mvoko het bevestig dat meer as 400 skole en 1 500 klaskamers beskadig is, wat meer as 40 000 leerders raak. Hy sê die regering is daartoe verbind om slagoffers by te staan:
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Parlementslede het in die Nasionale Vergadering kommer uitgespreek oor ongeakkrediteerde instellings, diskriminasie op grond van Nsfaf-befondsing en onnodige verpleegevalueringstoetse. Die PDM-parlementslid Inna Hengari het beklemtoon dat baie jongmense groot bedrae belê in instellings wat nie erkende kwalifikasies aanbied nie.
Die Namibiese Instituut vir Patologie en Unam het 'n memorandum van verstandhouding onderteken wat daarop gemik is om mediese opleiding, gespesialiseerde opleiding en navorsing in patologie te versterk. Kosmos 94.1 Nuus het met die woordvoerder van Unam gepraat wat meer inligting oor die ooreenkoms het.
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Tien ernstig bedreigde swartrenosters is vandeesweek suksesvol uit Suid-Afrika in Mosambiek se Zinave Nasionale Park hervestig. Die renosters, vyf bulle en vyf koeie, is geskenk deur Ezemvelo KZN Wildlife, in samewerking met Mosambiek se Nasionale Administrasie vir Bewaringsgebiede en die Peace Parks Foundation. Antony Alexander van die stigting sê die hervestiging is om die eerste swartrenoster-bevolking te vestig sedert renosters in Zinave vyf dekades gelede uitgesterf het:
Die nuutste besettingskoers statistieke vir Mei is bekend. ‘n Daling is aangemeld teenoor April maar is ook laer as die 2019, of voor-Covid-syfers. Baie faktore speel 'n rol in die statistieke, onder andere, ekonomiese druk op huishoudings in Europa. Gitta Paetzold, die uitvoerende hoof van die Namibiese Gasvryheidsvereniging, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Nog reaksie word ontvang op Suid-Afrikaanse boere wat goeie geld verdien deur handel in koolstofkrediete en klimaatsvriendelike praktyke. AgriCarbon is 'n program wat volhoubare boerdery beloon en het reeds sowat 5 miljoen Suid-Afrikaanse rand aan boere uitbetaal wat vrystellings verlaag deur metodes soos min- of deklaagbewerking. Die inisiatief sal mettertyd ook in Namibië bekendgestel word met die NLU wat daaraan werk. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die landboukenner dr. Kobus Laubcsher.
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Die Statebond Besigheidsforum het Woensda in die hoofstad afgeskop en duur tot vandag. Handelsminister Selma Ashipala-Musavyi het by die opening die hoop uitgespreek dat handel met die Statebond-lande sal lei tot ekonomiese groei, wat werkloosheid sal verminder. Kosmos 94.1 Nuus het met Danny Meyer van SME Compete gepraat.
Cosatu het die Openbare Beleggingskorporasie geprys nadat hy 'n geskiedkundige 3 triljoen Suid-Afrikaanse rand in bates aangekondig het. Dit is teenoor 2,7 triljoen verlede jaar en 1,8 triljoen tydens Covid-19. Matthew Parks van Cosatu sê die korporasie moet voortgaan om werkers se fondse te beskerm en ekonomiese groei, werkskepping en volhoubare ontwikkeling in Suid-Afrika ondersteun:
Teen die agtergrond van die pas afgehandelde streeks-tussenverkiesings, het die Verkiesingskommissie van Namibië nuwe strategieë om 'n groeiende vlaag van geteikende waninligting te bestry. Dit ondermyn die integriteit van die demokratiese proses. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met De Wet Siluka, die kommissie se woordvoerder.
Neave Barker van AlJazeera het ‘n onderhoud gevoer met Rafael Grossi, direkteur-generaal van die Internasionale Atoomenergie-agentskap. Dit was kort na die vrystelling van sy verslag oor Iran, met kommentaar dat die land nie heeltemal deursigtig was nie dat, Israel Iran aangeval het. Barker wou weet of die verslag bygedra het.
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Die Organisasie teen Belastingmisbruik sê die probleme met plaaslike regering word veroorsaak deur swak en onetiese leierskap, nie swak wette nie. Die organisasie sê in sy voorlegging oor die konsep-witskrif oor Plaaslike Regering dat korrupsie, politieke inmenging en ’n gebrek aan aanspreeklikheid wydverspreid is. Julius Kleynhans van Outa sê meer as die helfte van munisipaliteite is bankrot of wankelrig, met swak dienslewering, stygende skuld en mislukte infrastruktuur:
Brittanje se minister van Buitelandse Sake, David Lammy, ontmoet vandag sy Franse en Duitse ampsgenote, asook Iran se minister van Buitelandse Sake, Abbas Araghchi, in Switserland. Die doel is om ʼn diplomatieke manier te kry om Iran se kernprogram te bespreek. Die Europese Unie se hoof van buitelandse beleid, Kaja Kallas, sal ook teenwoordig wees. Meer as 500 mense is in Israel en Iran dood sedert vyandelikhede begin het. Kallas sê alle kante moet internasionale wette gehoorsaam en selfbeheersing toepas:
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Die VN het voortgesette steun belowe om Namibië te help om jeugwerkloosheid aan te pak. VN-koördineerder Hopolang Phororo sê dat 32 miljoen Namibiese dollar reeds uit die Gesamentlike SDG-fonds gebruik word, met nog 'n voorstel van 18 miljoen dollar wat by die Wêreldbank onderweg is. Die fondse sal werkskepping in die biomassasektor en Namibië se groen ekonomie-verskuiwing ondersteun.
Israel se eerste minister Benjamin Netanyahu het president Donald Trump geloof en sê Amerika help sy land baie met die konflik in Iran. Volgens berigte het Trump aanvalsplanne vir Iran nagegaan, maar wag om te sien of Teheran van sy kernprogram afsien. Netanyahu het gister die Soroka Mediese Sentrum in Beersheba besoek wat deur ʼn Iranse missiel getref is. Meer as 70 mense is beseer. Hy sê hulle is vasbeslote om die kernbedreiging teen Israel uit te wis:
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Die wêreld-nommer-een, Scottie Scheffler het 'n openingsronde van 62 aangeteken en is saam voor met sy Amerikaanse landgenoot Austin Eckroat by die Travelers-kampioenskap in Connecticut. Rory McIlroy van Noord-Ierland het ook goed begin en is twee houe agter, met ses onder, saam met die Amerikaners Keegan Bradley en Wyndham Clark. Tommy Fleetwood van Engeland en die Noorweër Viktor Hovland het ook sterk begin met 66 houe - vier houe agter die voorlopers. Scheffler sê hy is tevrede met sy begin:
Die Vryheidsfront Plus verwelkom die sluiting van ses spazawinkels deur die metropolisie in Ekurhuleni omdat hulle onder meer nie aan gesondheidsregulasies voldoen het nie. Die spazawinkels is in Alberton, Edenvale en Katlehong. Jennifer Glover van die VF Plus sê daar is nog baie meer spazawinkels in die metro wat nie aan die basiese gesondheids- en veiligheidsregulasies voldoen nie, wat die gesondheid en welsyn van gemeenskappe in gevaar stel:
Omgewingsminister Indileni Daniel het onlangs verwys na 388 stuks vee wat tussen 2019 en 2024 deur roofdiere gevang is in bewareas wat aan die Etosha Nasionale Park grens. Sy het ook gesê die opknapping van Etosha se grensdraad moet teen 2030 voltooi wees. Werk aan die 824 kilometer lange heining is in 2012 begin en nog net 185 kilometer is voltooi. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met professor Helmke von Bach, 'n landbou-ekonoom by Unam, wat die belangrikheid van die grensdraad onderstreep.
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Die Welwitschia-fonds is in 2022 gestig om die welvaart wat uit die olie- en gassektor gegenereer sal word versigtig en deursigtig te bestuur. Hierdie soewereine welvaartsfonds het ten doel om inkomste vir toekomstige geslagte te beskerm en die ekonomie te stabiliseer in onstuimige tye. Wetgewing om die fonds te rig ontbreek egter steeds. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Graham Hopwood, die direkteur van die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing, wat sê dis 'n effe gevaarlike situasie.
Plaaslike media berig van toenemende honde-diefstalle in Oshakati en omgewing, en dat die troeteldiere oop en bloot aan kapana-verkopers by die Oshakati-mark verkoop word. Die kapana-verkopers sê die vleis is baie gewild en hulle maak sowat 1 000 Namibiese dollar wins op 'n hond-karkas. Hulle koop die lewende honde vir sowat 200 dollar en dra nie kennis of die diere gesteel is of nie. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Sylvia Breitenstein, die Dierebeskermingsvereniging se hoof van operasies.
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Die Oos-Kaapse LUR vir Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Xolani Williams, het die onlangse vloede as katastrofies en ondenkbaar beskryf. Twee-en-neëntig sterftes is tot dusver bevestig, terwyl duisende mense dakloos gelaat is. Daar word verwag dat getalle sal styg terwyl soek- en reddingspogings voortduur. Williams het op 'n gedenkdiens in Mthatha gesê treurende gesinne wag steeds op vermiste geliefdes.
Amerikaanse president Donald Trump het 'n sperdatum van twee weke gestel om te besluit of die VSA by Israel se oorlog met Iran sal aansluit, wat tyd toelaat om 'n onderhandelde einde aan die konflik te kry. Die besluit om 'n venster vir diplomasie oop te laat, kom na Israel se verdedigingminister Israel Katz openlik 'n regime-verandering in Teheran as oorlogsdoel gestel het. Katz het tydens 'n besoek aan 'n hospitaal wat deur 'n Iranse missiel getref is, gesê dat hy verskerpte aanvalle beveel het om die Iranse regering te ondermyn. Withuis perssekretaris Karoline Leavitt het Trump se besluit by 'n media-inligtingsessie aangekondig.
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Nog reaksie word ontvang op die repokoers wat Woensdag onveranderd op 6,75 persent gelaat is. Beleggingsontleder Arney Tjaronda sê die besluit is in lyn met al die huidige neigings en tendense wat tans plaaslik, in die streek en internasionaal voorkom. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Die African Farmers Association of South Africa in die Vrystaat is bekommerd oor swart boere se uitdagings om toegang tot grond te verkry. Die verklaring volg ná 'n grondgeskil in Hoopstad, waar 'n opkomende swart boer nie by staatsgrond wat deur die Departement van Water en Sanitasie bestuur word, ingesluit is nie. Realeboha Mokhethi van die organisasie het in gesprek met SABC News gesê wit kommersiële boere het luidens berigte beheer oor die meeste van die grond:
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Die besturende direkteur van N/a'an ku sê, Rudie van Vuuren, sê hulle is uiters trots op die prestasie van hulle Neuras Wyn- en Wildlandgoed. In ‘n mylpaal vir Namibië het al die wyne wat ingeskryf was by die International Challenge Gilbert & Gaillard 2025, een van die wêreld se mees vooraanstaande wynkompetisies, goud gewen. Van Vuuren het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.
Die PDM-president McHenry Venaani het in die Nasionale Vergadering vrae aan eerste minister Elijah Ngurare gerig. Hy wou weet of daar 'n omgewingsimpak-studie gedoen is om te bepaal of gronddamme in die Cuvelai-gebiede wat vatbaar is vir vloede, gebou kan word. Landbouminister Inge Zaamwani het so geantwoord:
Die gesondheidsminister, dr. Esperance Luvindao, het die Teenkorrupsie-kommmisise gevra om die beweerde onwettige invoer van medisyne en interne diefstalsindikate te ondersoek. Sy het ook 'n ondersoek na personeel by die Verpleegraad versoek. Kosmos 94.1 Nuus het met die woordvoerder van die kommissie, Josephine Nghituwamata, gepraat vir meer inligting oor die ondersoek.
Die direkteur van die Regshulpsentrum, Toni Hancox, het haar stem bygevoeg by die gesprek oor aanhouding vir jeugdiges. Dit kom na die nuus van die ontsnapping en herarrestasie van 11 jeugdiges in die Noorde. Sy het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Die Statebond Besigheidsforum is tans in die hoofstad aan die gang. Die HyIron Oshivela span is teenwoordig en die maatskappy se besturende direkteur, Johannes Michels, het die uitdagings met vraag en voorsiening uitgelig. Hy sê hulle produksie volumes is steeds uiters laag en beleggings is nodig om produksie te verbeter.
Rugby: Die Springbok-afrigter, Rassie Erasmus, sê hulle voorbereiding vir volgende Saterdag se kragmeting met die Barbarians in Kaapstad vorder goed. Die Bokke is byna voltallig na die aankoms van die Bulle se spelers, Leinster se slot, RG Snyman, en Leicester Tigers se losskakel, Handré Pollard. Hulle was verlede naweek nog betrokke by die eindstryde van die Verenigde Rugbykampioenskap en die Premierskap. Erasmus sê sommige spelers keer ook terug nadat hulle van beserings herstel het:
Lede van geregistreerde mediese fondse word aangeraai om deel te neem aan jaarlikse vergaderings. Namfisa se uitvoerende hoofbeampte Kenneth Matomola het die kwessie geopper nadat verskeie jaarvergaderings swak bygewoon was. Kosmos 94.1 Nuus het met Victoria Raimond gepraat die woordvoerder van Namfisa wat die regulerende liggaam se kommer verder uitspreek.
Cosatu vra die regering om vinnig op te tree om ʼn brandstof-prysstyging in Julie af te weer. Die Sentrale Energiefonds se data in die middel van die maand toon ʼn skerp styging in wêreldwye oliepryse weens die oorlog in die Midde-Ooste wat die huidige verhaling in Suid-Afrika negatief raak. Cosatu-woordvoerder Matthew Parks sê die regering moet dringende maatreëls instel om werkers en die ekonomie teen ʼn hoë prysstyging te beskerm:
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Daar word herhaaldelik gewaarsku oor aanlyn bedrog maar steeds val mense vir allerhande mooi storietjies. Hoekom word ons so maklik gemanupileer om besonderhede te verskaf aan vreemde mense?
Mike Bolhuis, spesialis ondersoeker in ernstige geweld, ekonomiese en kubermisdade, gee insig op Kosmos 94.1.
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Die komitee van die Dierebeskermingsvereniging het die skorsing van die Otjiwarongo-takbestuurder aangekondig hangende 'n interne ondersoek. Dit kom na daar blykbaar verskeie klagtes was. Ondersoek is deur die Windhoek-tak ingestel en die skorsing het gevolg. Dus, is die DBV-tak in Otjiwarongo tydelik gesluit. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Silke van der Merwe, die direkteur van die DBV.
Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, het kommer uitgespreek oor die toenemende konflik tussen Israel en Iran. Die krisis het Vrydag ontstaan toe Israel kern- en militêre persele reg oor Iran aangeval het en Teheran wraakaanvalle op Israelse stede uitgevoer het. Meer as 500 mense is in albei lande dood. Guterres se woordvoerder, Stéphane Dujarric, sê die sekretaris-generaal het beklemtoon dat ʼn skietstilstand noodsaaklik is om verdere onbestendigheid in die streek te verhoed:
Die Stad Johannesburg het die tariewe vir 2025/2026 goedgekeur wat volgende maand in werking tree. Die metro se nuwe tariewe beteken elektrisiteit kos 12,74-persent meer, water en riool styg met 13,9-persent, vullisverwydering met 6,6-persent en eiendomsbelasting met 4,6-persent. Die burgemeesterskomiteelid vir Finansies, Margaret Arnolds, sê die tariewe is so saamgestel dat die metro voorkeur gee aan noodsaaklike dienste en arm gemeenskappe beskerm word:
Reaksie word ontvang op die Internasionale Monetêre Fonds wat Namibië versoek om sy loonrekening te sny, staatsondernemings te hervorm en belastingstelsels te versterk om fiskale druk te verlig en groei te bevorder. Met groei wat tot 3,7 persent in 2024 gedaal het, het dit ook beter openbare besteding, belyning van rentekoerse met Suid-Afrika, en sterker pogings teen geldwassery aangemoedig. Kosmos 94.1 Nuus het met dr. Omu Kakujaha-Matundu van Unam se departement ekonomie gepraat.
Die Shack Dwellers-federasie is deel van die planne van die Khomas-goewerneur, Sam Nujoma om 5 000 huise in die huidige jaar te bou en informele nedersettings te formaliseer. Die plan is reeds ingedien. Heinrich Amushila van die federasie het meer en sê die konstruksie van 500 van die huise sal onder hulle resorteer.
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Die PDM-LP Rosa Mbinge-Tjeundo het in die Nasionale Vergadering die stedelike en landelike ontwikkelingminister, James Sankwasa, uitgevra oor watter maatreëls geïmplementeer word om die menseregte van informele verkopers te beskerm. Dit geld veral vroue en die jeug, wat die meerderheid van die informele handelsektor uitmaak. Sy het kommer uitgespreek dat munisipale verordeninge dikwels die sosio-ekonomiese uitdagings wat verkopers in die gesig staar, oor die hoof sien.
Die DA verwelkom die Finansiële Taakspan se eenparige besluit om Suid-Afrika se vordering op te gradeer om die laaste twee hervormings toe te pas wat nodig is om van die gryslys verwyder te word. Die land het al 22 aanbevole items van die aksieplan afgehandel. Suid-Afrika is op die gryslys geplaas weens gebreke in sy finansieringsregime wat geldwassery en teen-terrorisme betref. ʼn DA-woordvoerder, Wendy Alexander, sê om van die gryslys verwyder te word en van dit af te bly, vereis volgehoue verandering en toepassing:
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Die saamryplatforms Yango en InDrive is volgens die Windhoek Stadspolisie nie formeel as openbare vervoerverskaffers by die Stad geregistreer nie. Alle voertuie wat vervoerdienste teen betaling of vergoeding binne die stad aanbied, moet bedryfspermitte hê. Die eienaar van Lefa, Melkies Ausiku, sê egter aanlyn saamryplatforms is slegs 'n aanlyn bemarkingsplatform wat bestuurders met passasiers verbind.
Die voormalige Israeliese verdedigingsminister Yoav Gallant sê Amerika het ‘n plig om toe te tree in sy land se oorlog teen Iran. Gallant sê Iran se kernwapen bedreig die sekuriteit van die hele gebied. Hy het met CNN gepraat.
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Die vakverbond Cosatu vra vir 'n G20 Raamwerk vir Kritieke Minerale wat gelykheid, volhoubaarheid en menseregte bevorder terwyl Suid-Afrika die G20-besprekings oor inklusiewe groei en groen industrialisering aanbied. Zanele Sabela van Cosatu vra plaaslike waardekettings, die skep van ordentlike mynbou, en versterkte bestuur, wat mynwerkers en gemeenskappe bevoordeel. Sy vra ook die toepassing van oorkoepelende belastingreëls, die oordrag van tegnologie, en streng lisensiëring:
Iran se diplomatieke sending by die Verenigde Nasies ontken president Donald Trump van Amerika se bewerings dat Iranse onderhandelaars die Withuis wil besoek. Die sending sê Iran onderhandel nie onder dwang nie, en sal nie vrede onder dwang aanvaar nie. Intussen het Rafael Grossi, die hoof van die Internasionale Atoomenergie-agentskap bevestig dat hulle geen aanduidings van kernwapen vervaardiging in Iran gevind het nie, wat die land se buitelandse minister Majit Takht Ravanchi, aan CNN ook bevestig het.
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Die Lüderitz-dorpsraad is besig om te digitaliseer om by te bly met ontwikkelings in die gebied. Die dorp is aan die voorpunt van olie- en gas-eksplorasie, sowel as sonkrag- en groenwaterstof-bedrywighede. Om hulle verder 'n hupstoot te gee het die dorpsraad nuwe sagteware in werking gestel. Lüderitz burgemeester Phil Balhao gee meer inligting.
Statistieke Suid-Afrika sê kleinhandelverkope het in April met 5 persent gestyg vergeleke met dieselfde maand verlede jaar. Algemene handelaars het die meeste groei getoon met 'n styging van 5,3 persent, en kleinhandelaars in tekstiele, klerasie, skoeisel en leergoedere het met 12,5 persent gestyg. Raquel Floris van Statistieke SA sê verkope het met 0,5 persent gedaal teenoor die vorige drie maande, hoofsaaklik as gevolg van dalings vir algemene handelaars en voedsel-, drank- en tabakwinkels:
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Tydens 'n sitting van die Nasionale Vergadering het die IPC-LP Rodrick Likando die omgewingminister, Indileni Daniel, uitgevra oor die lang rye waarin toeriste by die Hosea Kutako Internasionale Lughawe hulle bevind weens visumvertragings. Daniel gesê die kwessie is onder bespreking en dat die ministerie moontlike oplossings ondersoek om die wagtye aan te spreek.
Terwyl president Donald Trump die wêreld op sy tone hou en weier om te sê om hy Israel in sy oorlog en Iran sal bystaan, is die Republikeinse Party verdeeld oor of die VSA militêr betrokke moet raak. Oud-Fox aanbieder Tucker Carlson, een van Trump se grootste ondersteuners, het verras toe hy sy teenkanting aan Amerikaanse betrokkenheid uitgespreek het. Hy het ‘nonderhoud met nog ‘n Trump-ondersteuner, senator Ted Cruz, wat ‘n aanval ondersteun, gevoer.
Reaksie word steeds ontvang oor die bek-en-klouseer by Karan Beef se Heidelberg-fasiliteit. Berigte dat die siekte ook by Karan se Nigel- en Albert Falls-voerkrale teenwoordig is, is nog nie bevestig nie. Karan Beef koop maandeliks duisende speenkalwers in Namibië, maar het vir eers die aankope gestaak. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met dr. Anja Boshoff, die vleisstandaarde bestuurder by die Lewendehawe en Lewendehawe Produkteraad.
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Die langtermynvooruitsigte vir die Suid-Afrikaanse rand, en dus die Namibiese dollar, teenoor die Amerikaanse dollar bly versigtig optimisties. Analiste verwag die moontlikheid van een laaste fase van swakheid voor 'n moontlike ommekeer. Ten spyte van huidige druk, is die oortuiging dat die rand 'n verrassende en positiewe prestasie oor die langer termyn kan lewer. Kosmos 94.1 Nuus het met die Suid-Afrikaanse ekonoom Dawie Roodt gepraat.
Landbouminister Inge Zaamwani het in die Nasionale Vergadering gesê die ministerie bly daartoe verbind om die ommekeer en volhoubaarheid van Meatco te ondersteun. Dit kom na die skok-bedanking van Sakaria Nghikembua, die voorsitter van Meatco se direksie.,as gevolg van inmenging. Zaamwani sê haar ministerie het saam met die finansministerie en die prokureur-generaal gepoog om met die direksie te vergader om voortslepende probleme te bespreek, maar die partye kon nie 'n geskikte datum vasstel nie. 'n Vergadering sal moontlik môre kon plaasvind. Zaamwani het meer.
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Namibië ervaar toenemende druk in sy diamantbedryf na die instelling van 'n Amerikaanse tarief van 21 persent op mineraaluitvoere, insluitend diamante. Die sektor, wat reeds sukkel met dalende pryse en mededinging van laboratorium gekweekte edelstene, het ‘n daling van die regering se inkomste van 6 miljard Namibiese dollar tot net meer as 2 miljard dollar teen middel 2023 aangeteken. Die adjunkminister van mynwese, Gaudentia Kröhne, het hierdie opmerkings gemaak tydens 'n hoëvlak-ministeriële rondetafelgesprek oor natuurlike diamante in Luanda, Angola.
Suid-Afrika se president Cyril Ramaphosa het, ter afsluiting van sy G7-besoek in Kanada, wêreldleiers gevra om befondsing vir die uitwerking van klimaatsverandering, soos vloede, voorop te stel. Hy het die land se Billike Energie-oordrag en gereedheid om die komende G20-beraad aan te bied, beklemtoon. Ramaphosa het die behoefte aan finansiële steun uitgelig om die nagevolge van klimaatsverwante rampe aan te pak, veral in KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap:
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Die Lewendehawe en Lewendehawe Produkteraad het die jongste vleispryse bekend gemaak. Ten spyte van die Karan Beef bek-en-klouseer voorval bly pryse redelik bestendig vanweë plaaslike verkope. Kosmos 94.1 Nuus het met Desmond Cloete, die raad se bemarkingsbestuurder, gesels.
Die opperleier van Iran, die Ayatollah Ali Khamenei, sê die land sal nooit oorgee soos wat president Donald Trump eis nie. Hy waarsku Amerika dat dit "onherstelbare skade" in die gesig staar as dit ingryp om Israel te ondersteun. Trump sê op sy beurt niemand weet of hy sal toelaat dat die VSA by aanvalle op Iran betrokke raak nie. Hy het op die Withuis se grasperk met die media gepraat na 'n massiewe nuwe vlagpaal geïnstalleer is. Hy sê Iran is in die moeilikheid en wil na die Withuis kom, maar dit is onmiddellik deur Iran ontken. Luister self na Trump.
Krieket: Die Proteas se toetskaptein, Temba Bavuma, sê hulle het oorweldigende ondersteuning van Suid-Afrikaners ontvang na die oorwinning oor Australië in die Wêreldtoetskampioenskap. Hy het op die OR Tambo-lughawe in Gauteng gepraat met die span se terugkeer uit Engeland, waar hulle die eindstryd op Lord's in Londen gewen het. Hy het sy spanmaats geloof vir hulle poging en sê hulle is trots dat hulle die taak op 'n behoorlik Suid-Afrikaanse manier verrig het:
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Bipa het die Namibiese Konsepwetsontwerp op Kopiereg en Verwante Regte voorgestel, wat die instelling van 'n kopieregheffing voorstel as 'n moderne benadering om die uitdagings aan te spreek wat die ongemagtigde gebruik van kopieregbeskermde inhoud inhou. Hierdie heffing verseker dat kopiereghouers billik vergoed word. Kosmos 94.1 Nuus het met Albert Nicanor, die uitvoerende hoof van Nascam gesels.
Die AR-beweging parlementslid Tuhafeni Kalola het in die Nasionale Vergadering kennis gegee van 'n mosie oor die stemouderdom. AR-leier Job Amupanda vra al lank dat die stemouderdom van 18 jaar oud na 16 jaar verlaag moet word. Kalola is aan die woord.
Tydens 'n sitting van die Nasionale Vergadering het die Affirmative Respositioning-leier, Job Amupanda, die minister van gesondheid, Esperance Luvindao, gevra oor die beweerde onwettige invoer van medisyne deur die Walvisbaai-hawe. Hy het die gesondheidsraad daarvan beskuldig dat hulle lewens in gevaar stel. Lynminister Esperance Luvindao sê dat 'n vergadering met die regspan reeds plaasgevind het en dat hulle tans op terugvoer wag.
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Die Europese Unie en Unicef het 24 miljoen Namibiese dollar geskenk om Namibië se droogtereaksie te ondersteun. Die bystand aangekondig sal 86 000 mense in erg geraakte streke help, wat toegang tot gesondheid, voeding, water, sanitasie en gesondheidsorg, en kinderbeskermingsdienste verbeter. Die ondersteuning is daarop gemik om gemeenskapsveerkragtigheid en rampvoorbereiding te versterk. Eerste minister dr. Elijah Ngurare.
Statistiek Suid-Afrika sê inflasie het laasmaand onveranderd op 2,8-persent gebly ten spyte van stygende voedselpryse. Die grootste faktor was 'n 1,1-persent verhoging vir die maand in voedselpryse en nie-alkoholiese drankies. Die prys van beesvleis styg steeds as gevolg van die bek-en-klouseer-uitbreking, met biefstuk wat 4,5-persent in Mei gestyg het. Ricado Johnson van Statistiek SA sê mieliemeel en groente het noemenswaardige stygings getoon, met beet wat op 'n jaargrondslag met 64-persent gestyg het:
Die Kanadese eerste minister, Mark Carney, sê sy land sal bykomende sanksies teen Rusland instel wat 77 individue en 39 instellings insluit. Hy sal ook sanksies instel teen die handel van ʼn bykomende 201 vaartuie en verdere beperkings plaas op vaartuie wat deel is van Rusland se skadu-vloot. Carney sê dis belangrik om maksimum druk op Moskou uit te oefen wat nou weier om oor ʼn skietstilstand te onderhandel:
Die Statebond Besigheidsforum vind tans in die hoofstad plaas. Dit is die eerste keer wat Namibië gasheer is. Die geleentheid duur tot 20 Junie. Die handelsminister Selma Ashipala-Musavyi, het in haar toespraak die hoop uitgespreek dat handel met die Statebond-lande werkloosheid in Namibië sal bekamp.
Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, sê die finale besluit om die Israelse ambassade in Suid-Afrika te sluit, word nog deur die kabinet verwerk. Die Parlement het die ambassade in 2023 afgegradeer weens Israel se voortdurende besetting van Palestynse gebiede. In reaksie op mondelinge vrae in die Nasionale Raad van Provinsies, het Lamola gesê alle faktore word oorweeg voordat 'n finale besluit geneem kan word:
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Hierdie week deel Anette Rheeder insig oor mansgesondheid, spesifiek oor die prostaat en hoe A.Vogel se Prostasan natuurlike ondersteuning bied vir dié sensitiewe kwessie wat ’n groot invloed op lewensgehalte kan hê.
Prostasan is beskikbaar by jou naaste apteek. Vir navrae of meer inligting, kontak gerus vir Estie by: info@sanatural.co.za081
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Die wêreld se vinnigste man, Usain Bolt, is amptelik benoem as ʼn Guinness-wêreldrekord-ikoon. Die voormalige Jamaikaanse naelloper is vereer vir sy prestasie in atletiek en omdat hy mense wêreldwyd inspireer. Sy 9,58-sekondes oor 100 meter is die vinnigste ter wêreld terwyl sy tyd van 9,63-sekondes op 2012 se Spele in Londen steeds ʼn Olimpiese rekord is. Bolt sê hy is geëerd om die toekenning te ontvang:
Tydens die Konferensie vir Regeringskommunikasiebeamptes in Rundu het die uitvoerende direkteur van die inligtingsministerie, Audrin Mathe, die behoefte aan gekoördineerde en konsekwente kommunikasie tussen alle regeringsentiteite beklemtoon. Hy het die lynministerie se rol in die leiding van inligtingsbestuur uitgelig en 'n beroep gedoen op sterker kommunikasiestrategieë, veral tydens krisisse. Doeltreffende, deursigtige en tydige kommunikasie is volgens hom die sleutel tot openbare vertroue en demokratiese verantwoordbaarheid. Mathe het meer.
Iran se ambassadeur in die Verenigde Koninkryk, Seyed Ali Mousavi, hou vol sy land het geen voorneme om ʼn kernwapen te bou nie. Amerikaanse intelligensie-assesserings het gevind Iran is nie aktief besig om ʼn kernwapen te bou nie. Dit is in sterk teenstelling met Israel se mening dat Iran binnekort kernwapens sal hê. Mousavi het aan lede van die Laerhuis se Buitelandse Sake-komitee gesê Iran se kernbedrywighede is vir vreedsame doeleindes:
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Namibië het sy eerste geval van hondsdolheid in 'n Kaapse pelsrob bevestig, luidens 'n verklaring van die landbouministerie. Die besmette rob is op 13 Junie by die Walvisbaai strandmeer gesien met simptome wat ooreenstem met hondsdolheid. Dit is kort daarna dood, en 'n monster wat van die karkas geneem is het positief getoets vir die virus. Dit volg op verskeie gevalle van hondsdolheid onder robbe wat sedert Junie 2024 in Suid-Afrika aangemeld is. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Naude Dreyer van Ocean Conservation Namibia.
Die repokoers is vanoggend onveranderd gelaat op 6,75 persent. Die goewerneur van die sentrale bank, Johannes !Gawaxab het die redes daarvoor se verwoord.
Sister Namibia se redaktrise, Brigit Rudd het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor Forbes Africa wat berig dat Namibië Afrika se mees geslagsgelyke ekonomie is, met 'n gemiddelde van 81,1 persent van die geslagsgaping wat gesluit is. Die land is wêreldwyd agste geplaas in die 2025 Wêreld Ekonomiese Forum se Geslagsgapingsverslag. Rudd meen die situasie op 'n maatskaplike vlak is bedroef al is die president en haar adjunk beide vroue.
Reaksie word ontvang op die sentrale bank se monetêre beleidskomitee wat die repokoers onveranderd gelaat het op 6,75 persent. Cirrus-ekonoom Robert McGregor het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
FNB Namibië het kos, toiletware en skoonmaakmiddels ter waarde van 50 000 Namibiese dollar per streek aan kwesbare gemeenskappe in Oshana, Ohangwena en Omusati geskenk. In Oshana sal ten minste 60 huishoudings en voorskoolse leerders in Oshakati, Ongwediva en Ondangwa baat vind. Die inisiatief vorm deel van FNB Namibië se voortgesette pogings tot korporatiewe maatskaplike verantwoordelikheid om gemeenskappe op te hef. Oshana-goewerneur Elia Irimari, het meer.
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Die 11 jeugdige voorverhoor-verdagtes wat uit die Oluno-korrektiewe fasiliteit in Ondangwa ontsnap het, waar hulle aangehou is vir ernstige misdade soos verkragting, veediefstal en huisbraak, het weer die kollig geskyn op die gebrek aan fasiliteite vir jeugoortreders. Die vyf Namibiërs en ses Angolese van tussen 14 en 17 jaar oud is weer in hegtenis geneem. Hulle is oorspronklik tussen 2022 en vanjaar gearresteer. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die voormalige ombudsman advokaat John Walters, wat sê dinge moet in die belang van kinders gedoen word.
Die Israelse weermag sê hy het oornag 'n nuwe vlaag aanvalle op Iran se uraanproduksie- en missielvervaardigingsaanlegte uitgevoer. Van die geriewe wat geteiken is, is 'n monteeraanleg vir die vervaardiging van grond-tot-lugmissiele, 'n sentrifugeerdervervaardigingsaanleg en 'n opleidingsinstelling wat met die Revolusionêre Wagte verbind word. Sentrifugeerders word gebruik om uraan te verryk. Die fasiliteit by Natanz is volgens die direkteur-generaal van die Internasionale Atoomenergie-agentskap, Rafael Grossi, die ergste beskadig.
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Toegang tot inligting is ‘n basiese mensereg wat deursigtigheid, verantwoordbaarheid en openbare deelname bevorder. Dit bemagtig Jan Alleman en ondersteun ontwikkeling en versterk demokrasie. Cran, die plaaslike kommunikasie-owerheid sê dit is noodsaaklik vir inklusiewe besluitneming en is ver van net 'n modewoord. Jennifer Pogisho, die lynbestuurder by Cran, het meer.
Die organisasie teen belastingmisbruik, doen 'n beroep op minister van Vervoer, Barbara Creecy om boetes vir mense wie se bestuuderslisensies vertraag word as gevolg van die nasionale agterstand, op te hef. Die agterstand van 700 000 kaarte is veroorsaak nadat die enigste lisensiedrukker-masjien in die land gebreek het. Stefanie Fick van OUTA eis dat 'n moratorium ingestel word op boetes vir motoriste wat wag op lisensiehernuwings, en doen ’n beroep op die regering om die geldigheid van rybewyse tot tien jaar te verleng:
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
President Cyril Ramaphosa sê die G7-beraad in Kanada was betekenisvol, veral vir Suid-Afrika wat president van die G20 is. Onder Suid-Afrika se G20-presidentskap is pogings aangewend om die G7 se doelwitte en agenda in ooreenstemming met dié van die G20 te kry. Ramaphosa sê hulle soek groter samewerking in areas soos belegging, internasionale misdaad, klimaatsverandering en billike oordrag, asook inklusiewe wêreldwye groei en ontwikkeling:
Minstens 59 mense is dood na Israeliese tenks in 'n skare in Khan Younis in Gaza afgevuur het wat probeer het om meel van vragmotors te kry. Dit was een van die bloedigste voorvalle sover in die toenemende geweld, terwyl desperate inwoners sukkel om kos in die hande te kry. Die Israeliese weermag het erken dat hulle in die omgewing geskiet het en sê dat hulle die voorval ondersoek. Intussen het lede van Dokters Sonder Grense by EU-leiers gepleit om Israel te druk om sy beleg op Gaza te beëindig. Een van die dokters, Virginia Monetti, het by 'n perskonferensie gepraat.
Dereleen James van ActionSA sê die regering van nasionale eenheid het nie wet en orde gevestig nie, en dus verdien hy nie 'n slaagsyfer nie. Sy het in 'n oorsig van die RNE se eerste jaar gesê meer as 5 000 mense is vermoor en meer as 13 000 seksuele oortredings is binne slegs drie maande aangemeld, wat 'n nasionale krisis aandui. James sê gemeenskappe in die Wes-Kaap is in die greep van bendegeweld en korrupsie en swak hulpbronne beïnvloed die polisie se pogings:
Reaksie word ontvang op kritiek dat die polisie meer gereeld klein dwelmhandelaars vang. Dit was veral die geval oor die afgelope naweek met beslagleggings wat oor die algemeen klein was. Kosmos 94.1 Nuus het aangeklop by die oud-NamPol dwelmhoof, Hermie van Zyl, wat sê die klein outjies lei tot die base.
Meatco is weer in chaos gedompel. Die voorsitter van die direksie, Sakaria Nghikembua, het sy bedanking by die maatskappy bevestig en verwys na inmenging en pogings om die direksie te dwing om onwettige opdragte te laat implementeer. In April, net 'n week nadat die nuwe regering aan bewind gekom het, het die kabinet druk uitgeoefen om 'n omstrede besluit van die vorige administrasie te implementeer om voormalige Meatco-uitvoerende hoof, Mwilima Mushokabanji, 'n nuwe kontrak by die maatskappy aan te bied. Sy prestasie by die maatskappy was uiters swak en oud-lynminister Calle Schlettwein het ook daarteen gewaarsku. Die direksie is omseil en 'n regsopinie van die prokureur-generaal geïgnoreer wat verklaar dat die kabinet geen wettige magtiging het om 'n kontrak aan die vorige uitvoerende hoof aan te bied nie. Kosmos 94.1 Nuus het in April met bestuurskenner dr. Marius Kudumo oor die aangeleentheid gepraat.
Boere verdien miljoene in Suid-Afrika deur klimaatsvriendelike praktyke en deur handel in koolstofkrediete. 'n Program wat volhoubare boerdery beloon, AgriCarbon, het in die eerste ronde bykans 5 miljoen Suid-Afrikaanse rand aan boere uitbetaal wat vrystellings verlaag deur metodes soos min- of deklaagbewerking. Die inisiatief help boere om klimaatsverandering te pak terwyl hulle daaruit wins maak, en landbou bly kritiek vir die land se groen ekonomie. Kosmos 94.1 Nuus het kommentaar gekry by Roelie Venter, die Namibië Landbou-unie se uitvoerende bestuurder.
Die Europese Unie het Namibië by sy lys van hoërisiko-jurisdiksies, algemeen bekend as die gryslys, gevoeg. Hierdie besluit stem ooreen met die Finansiële Aksietaakmag wat Namibië in Februarie 2024 op sy gryslys geplaas het weens kommer oor die land se implementering van maatreëls teen geldwassery, die bekamping van die finansiering van terrorisme en die bekamping van proliferasiefinansiering. Kosmos 94.1 Nuus het met Cirrus-ekonoom Robert McGregor gepraat.
Die buurland se rooivleisbedryf het nog ‘n hou gekry. Karan Beef se Nigel-voerkraal in Gauteng en sy Albert Falls-voerkraal in KwaZulu-Natal het nou ook positief getoets vir bek-en-klouseer. Dit kom slegs weke nadat die maatskappy se massiewe en uiters bioseker Heidelberg-voerkraal in Gauteng positief vir dié siekte getoets het. Die uitvoerende hoof van die Rooivleis Produsente Organisasie dr. Frikkie Mare sê aan Kosmos 94.1 Nuus, dat selfs al word alle biosekuriteitsmaatreëls ingestel, daar geen waarborge is nie.
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
ActionSA sê die regering van nasionale eenheid kon in die jaar sedert sy totstandkoming nie daarin slaag om sy beloftes na te kom nie. Michael Beaumont van ActionSA sê die regering kort 'n duidelike agenda van hervormings. Hy noem dit 'n Instagram-administrasie wat meer fokus op openbare betrekkinge as om werkloosheid, swak dienste en korrupsie reg te stel. Beaumont waarsku die RNE funksioneer as 'n verlengstuk van die ANC, sonder enige tasbare verandering of sigbare vordering:
Amerikaanse president Donald Trump het op sosiale media gesê die VSA weet waar Iran se opperleier, die ajatolla Ali Khamenei, hom bevind en hy is 'n maklike teiken, maar sal hom nie doodmaak nie - nie nou nie. Hy het gevra vir Iran se onvoorwaardelike oorgawe en gesê geduld raak min. Trump het ook sy nasionale veiligheidsraad bymekaar geroep om die konflik tussen Israel en Iran te bespreek. Professor Michael Clark, SkyNews se sekuriteit- en verdediging-analis, het Trump se posisie so opgesom.
Die gesamentlike Departement van Regering en Tradisionele Sake in Limpopo het 'n streng keuringsproses vir tradisionele snydokters en operateurs ingestel voor die 2025 insiasie-seisoen. Die LUR van die departement in Limpopo, Basikopo Makamu, sê 529 aansoeke is goedgekeur en 40 is afgekeur. Hy sê die proses sluit in die nagaan van agtergrondinligting en 'n mikpunt van geen sterftes nie. Hy vra ook ouers om vroegtydig enige mediese probleme bekend te maak met tuisondersoeke as die eerste stap in voorkoming:
Amerikaanse president Donald Trump sê hy soek nie 'n wapenstilstand tussen Israel en Iran nie, maar 'n ware einde aan die kern-dispuut met Iran. Hy het ook aangedui dat hy dalk senior amptenare sal stuur om met Iran te ontmoet. Trump voorspel dat Israel nie sy aanvalle op Iran sal verlig nie. Hy het aan media op Air Force One gesê, “Julle gaan oor die volgende twee dae uitvind. Niemand het tot dusver teruggetree nie”. Trump het gepraat na sy vroeë vertrek vanaf die G7-beraad in Kanada.
Amerikaanse president Donald Trump sê hy soek nie 'n wapenstilstand tussen Israel en Iran nie, maar 'n ware einde aan die kern-dispuut met Iran. Hy het ook aangedui dat hy dalk senior amptenare sal stuur om met Iran te ontmoet. Trump voorspel dat Israel nie sy aanvalle op Iran sal verlig nie. Hy het aan media op Air Force One gesê, “Julle gaan oor die volgende twee dae uitvind. Niemand het tot dusver teruggetree nie”. Trump het gepraat na sy vroeë vertrek vanaf die G7-beraad in Kanada.
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Junie is Nasionale Kanker-oorlewendesmaand, wat wêreldwyd toegewy word aan die krag en veerkragtigheid van miljoene wat die siekte oorkom het. Dit skyn ook die kollig op die voortgesette vooruitgang in kankerversorging en die groeiende fokus op die verbetering van lewensgehalte vir oorlewendes. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Rolf Hansen, uitvoerende hoof van die Kankervereniging van Namibië.
Hier is ‘n wonderlike geleentheid om fiks en gesond te bly en terselftertyd ‘n bietjie pret in die natuur te geniet. Die Clausthaler Finkenstein Trail Run op 21 Junie is oop vir hardlopers van alle vlakke en vermoëns by die Finkenstein-landgoed. Registrasie open om 08:00, met die wedloop wat om 08:30 afskop. 'n Spesiale beloning wag op lojale deelnemers: enigiemand wat drie Clausthaler Finkenstein-roetewedloopmedaljes terugbring, sal 'n gratis T-hemp ontvang. Kosmos 94.1 Nuus het met die organiseerder, Francois Steynberg gesels.
Die tussenverkiesings in vyf streeks-kiesafdelings is aan die gang, maar dit lyk nie of daar 'n toestroming na die stembusse is nie. Die verkiesing is om posisies binne 90 dae te vul wat vakant geword het toe politieke leiers hul plekke in die Nasionale Vergadering ingeneem het, volgens die wet. Die nasionale uitsaaier het in die Otjiwarongo-kiesfadeling gepraat met Emilia Nghikembua, die voorsitter van die Verkiesingskommissie van Namibië.
Die adjunk-ouditeur-generaal, Goms Menette, het die verslegtende situasie by meeste plaaslike owerhede onderstreep na 'n vergadering met die Nasionale Raad se Komitee vir Openbare Rekeninge en Ekonomie. Kosmos 94.1 Nuus het met regeringskenner, dr. Marius Kudumo gepraat wat sê inwoners het ook 'n rol te speel hierin.
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Vandag is Wêrelddag vir die Bekamping van Woestynvorming en Droogte, herdenk by die Omusati-streeksraadsaal in Outapi onder die tema "Herstel die land. Ontsluit geleenthede." Die geleentheid beklemtoon die dringende behoefte om Namibië se grond te beskerm en te laat herleef vir 'n meer veerkragtige en voorspoedige toekoms. Selma Asino, die burgemeester van Outapi, beklemtoon die verbintenis om 'n beter, veilige en skoon groen omgewing vir almal te verseker.
Sokker: Mamelodi Sundowns se afrigter, Miguel Cardoso, glo die Klub-Wêreldbekertoernooi in Amerika is die ideale vlak om hulself te toets. Sundowns is in Groep F saam met Ulsan HD van Suid-Korea, die agtmalige Bundesliga-kampioen, Borussia Dortmund, en Fluminense van Brasilië. Hulle skop hul veldtog môre teen Ulsan af. Cardoso sê om verder as die groepfase te vorder, sal 'n ongelooflike prestasie wees:
Ten spyte daarvan dat Namibië se hooflyninflasie relatief stabiel vertoon in vergelyking met die buurlande, is die land steeds onderhewig aan globale ekonomiese bewegings weens sy groot invoere. Voorspellings is dat plaaslike inflasie vanjaar stabiel sal bly tussen 3,4 persent en 3,6 persent, afhangende van vyandighede tussen Iran en Israel. Almandro Jansen, 'n Simonis Storm ekonoom, het meer oor hoe dit ons sak kan ruk.
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Indien die Stad Windhoek se voorgestelde kragtarief-verhoging van 4 persent vir 2025/26 toegestaan word, sal residensiële kliënte 3 persent meer betaal vir krag en pensioenarisse 1 persent meer. Dit beteken dat 100 Namibiese dollar 38,46 eenhede elektrisiteit sal koop, teenoor die ongeveer 40 eenhede wat dit tans koop. Dit kom na die Elektrisiteitsbeheerraad NamPower se gemiddelde grootmaattariefverhoging van 3,8 persent goedgekeur het, wat op 1 Julie in werking tree. Kosmos 94.1 Nuus het reaksie gekry van die gemeenskapsaktivis Shaun Gariseb.
Die DA-leier John Steenhuisen sê dit is 'n nasionale tragedie dat meer as 8,7-miljoen jongmense nie deel is van die arbeidsmag, onderwys of opleiding nie. Hy het Jeugdag in Mbombela, Mpumalanga, herdenk waar hy die party se planne om jeugwerkloosheid te beveg, uiteengesit het. Steenhuisen sê vanuit die regering kan en sal die DA aandring op dringende hervormings wat ekonomiese groei sal steun, en as gevolg hiervan, werksgeleenthede vir alle burgers verbeter:
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Elke dag maak ons spore. Van die plaas tot die stad, van klaskamers tot kantore en kombuise – elke beroep, elke roeping het sy eie ritme. Maak Spore – ’n vars kykie in die werklike wêreld van werklike Namibiërs.
Wolfgang Rohl van Rohl's Tours & Safaris cc vertel wat dit verg om 'n toeroperateur te wees en wat maak Namibië so uniek om aan die wêreld te bemark? Moontlik gemaak deur Jakkals Vellies Namibia.
Wat dink jy is die top-3 ononderhandelbare veiligheidsgewoontes wat elke Namibiër moet aanneem, ongeag waar jy woon of werk? Mike Bolhuis, 'n spesialis ondersoeker in ernstige geweld, ekonomiese en kubermisdade, deel sy raad.
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Die Oos-Kaapse regering vra gemeenskapslede om te midde van die stygende dodetal na die onlangse vloed, na vore te kom met inligting oor vermiste geliefdes. 'n Woordvoerder vir die Provinsiale Regering, Khuselwa Rantjie, sê soektogte sal voortduur tot almal gevind is. Sy het die behoefte aan 'n behoorlike stelsels beklemtoon ten einde ongeïdentifiseerde liggame uit te ken en gesinne by te staan. Sy sê owerhede is veral bekommerd oor gevalle waar hele gesinne dalk in die ramp vermis geraak het:
Forbes Africa berig dat Namibië Afrika se mees geslagsgelyke ekonomie is, met 'n gemiddelde van 81,1 persent van die geslagsgaping wat gesluit is. Die land is wêreldwyd agste geplaas in die 2025 Wêreld Ekonomiese Forum se Geslagsgapingsverslag. In 'n historiese eerste vir Afrika is beide Namibië se president en vise-president vroue – Netumbo Nandi-Ndaitwah en Lucia Witbooi. Ten spyte hiervan is daar nog hoë vlakke van onder andere geslagsbaseerde geweld. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Zoe Titus, die direkteur van die Namibië Media Trust.
Die regering het sowat 24,8 miljard Namibiese dollar begroot vir onderwys in die 2025/26 finansiële jaar. Dit is al lank die norm dat die lynministerie een van die grootste begrotings toegewys word. Die portefeulje vir onderwys is ook vanjaar heelwat groter. In Suid-Afrika het professor William Gumede in 'n onderhoud met State of the Nation voorgestel dat onderwys 'n kleiner begroting moet kry. Kosmos 94.1 Nuus het met die regeringskenner professor Johan Coetzee gepraat, wat dieselfde mening huldig. Coetzee verduidelik.
Die Mej. Namibië 2025-wenner sal 'n volledig gemeubileerde huis ontvang, danksy 'n nuwe vennootskap tussen die NBC, die Mej. Namibië-organisasie en die Nasionale Behuisingsonderneming. Die ooreenkoms, wat van Junie vanjaar tot Junie 2028 geldig is, sluit twee huise per jaar in – een vir Mej. Namibië en een vir NBC se "Wen 'n Huis"-program. NBC sal dit ondersteun met lugtyd en produksiedienste. Kosmos 94.1 Nuus het met die Mej. Namibië-organisasie se woordvoerder, Beaulah Boois-Beukes, gepraat:
O&L Leisure het Le Mirage in Sossusvlei en Divava Lodge aan die Kavangorivier verkry, hangende goedkeuring van die Namibiese Mededingingskommissie. Die verkryging ondersteun O&L se Visie 2029 en skep 'n naatlose, luukse reiskring wat Namibië se natuurlike skoonheid en kulturele erfenis beklemtoon. Kosmos 94.1 Nuus het met die groep se uitvoerende voorsitter, Sven Thieme, gesels.
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Die Nasionale Erfenisraad stel voor dat drie nuwe terreine erfenisstatus kry. TimBila-natuurreservaat met ou rotstekeninge en skaars spesies, die saal van die Ongwediva Onderwyskollege as simbool van opvoeding, en die historiese Abenab-myn naby Grootfontein. Die publiek kan kommentaar lewer voor aanbevelings binne twee maande aan die minister voorgehou word. Kosmos 94.1 Nuus het met met Nathaly Ahrens van die Toer- en Safari-vereniging gepraat oor die waarde van nasionale erfenisgebiede vir toerisme.
Die polisie se hersiene plan van optrede oor geslagsgeweld en moord op vroue, is skerp gekritiseer in 'n gesamentlike vergadering van die Parlement se Portefeuljekomitee oor Polisie en Vroue, Jeug en Gestremdes. Die plan is in Januarie opgestel en fokus op die versterking van die voorste linie-dienste en vestiging van komitees wat op kinders gerig is. Die voorsitter van die Portefeuljekomitee oor Polisie en Vroue, Jeug en Gestremdes, Liezl van der Merwe, het egter die doeltreffendheid bevraagteken en sê dit word swak bestuur:
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Die GOOD Party het sy beroep op die regering herhaal om in plaas van leë toesprake beslissend op te tree in belang van Suid-Afrika se jeug. Die nasionale jeugvoorsitter, Kaden Arguile, sê implementering is noodsaaklik. Hy vra onmiddellike fokus op onderwys, industrialisering, digitale toegang en infrastruktuur. Arguile beklemtoon ook dat swak skoolomstandighede, duur data en jeugwerkloosheid die nalatenskap van 1976 verraai. Hy doen 'n beroep op die dringende implementering van die regering se eie G20-jeugstrategie:
Die Kankervereniging van Namibië en sy vennote het onlangs 'n nuwe kliniek vir borskanker-pasiënte by die Swakopmund Privaat-hospitaal oopgemaak. Die kliniek word ondersteun deur die Langer Heinrich-uraanmyn en die gesondheidministerie. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Sanet de Waal, die Kankervereniging se hoof in die Erongo-streek.
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Mynwese word steeds deur die manlike geslag oorheers en gedurende die internasionale herdenking van ‘vroue in mynwese’ het die Namibiese regering 'n mentorskapsprogram geloods vir vroue wat in mynwese werksaam is. Die uitvoerende direkteur van die lynministerie, Ben Nangombe, sê vroue se uitlating uit die bedryf het niks met vaardighede te doen nie.
Die lang verwagte sport-aksiefliek, F1 The Movie, het gister sy debuut op Times Square in New York-stad gemaak. Die fliek vertel die storie van ʼn gewese F1-renjaer, Sonny Hayes vertolk deur Brad Pitt, wat ʼn terugkeer maak om saam met sy nuweling-spanmaat, Joshua Pearce gespeel deur Damson Idris, te jaag. Dit begin op 27 Junie in teaters draai. Lewis Hamilton, een van die vervaardigers, sê hy is tevrede met die fliek:
Die dodetal in die Oos-Kaapse oorstromings het tot 90 gestyg en sluit 30 kinders in. Lykskouings is afgehandel en 80 liggame is positief geïdentifiseer, terwyl 77 liggame aan families oorhandig is. Die oorstromings het infrastruktuur beskadig, wat 58 skole en 20 mediese sentrums insluit. Die minister van Maatskaplike Ontwikkeling, Sisisi Tolashe wat Maandag met die betrokke families in Mthatha vergader het, sê staatsbesteding op rampverligting moet fyn dopgehou word:
Iran het Israel se aanval op sy staatstelevisiekanaal, IRINN, veroordeel en ʼn oorlogsmisdaad genoem. Die aanval het tydens ʼn regstreekse uitsending plaasgevind en die nuusleser genoop om na talle ontploffings te gaan wegkruip. Die Israelse weermag sê die Iranse weermag het die gebou se infrastruktuur en bates onder die dekmantel van burgerlike aktiwiteite vir militêre doeleindes gebruik. Iran se ambassadeur by die Verenigde Nasies, Amir Saeid Iravani, sê Iran val Israel aan uit selfverdediging:
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
EFF-leier Julius Malema het weer bewerings van 'n wit volksmoord in Suid-Afrika veroordeel. President Donald Trump van Amerika het verlede maand tydens sy ontmoeting met president Ramaphosa gesê Malema moet gearresteer word en hom beskuldig dat hy geweld teen wit boere in die land aanhits. Malema het gister tydens ʼn Jeugdagviering in Durban gesê die EFF sal nie toelaat dat die land se soewereiniteit ondermyn word nie:
Die kantoor van die ouditeur-generaal het met die Komitee vir Openbare Rekeninge en Ekonomie van die Nasionale Raad vergader om ouditverslae van plaaslike owerhede en streeksrade te hersien, veral die met negatiewe ouditmenings. Die adjunk-ouditeur-generaal, Goms Menette set die haglike situasie by plaaslike owerhede uitgelig.
'n Nuwe Covid-19-variant, Nimbus, versprei vinnig in die VSA, Asië en Europa en word deur die Wêreldgesondheidsorganisasie gemonitor weens hoë oordraagbaarheid en nuwe mutasies. Namibiërs word gewaarsku om te waak teen infeksie, al is hulle ingeënt. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met dr. Willie Bruwer, 'n bekende longspesialis van Windhoek, wat sê mense word tans sieker van respiratoriese sinsitiale virus, of RSV.
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
'n Meningsartikel wat onlangs in die media gepubliseer is, bevorder Uranium One se in-situ-herstel uraan-mynbouprojek in Leonardville en noem dit veilig en voordelig. Dit het kundiges en die Regshulpsentrum aangespoor om kommer uit te spreek dat die artikel wetenskaplik ongegronde aansprake maak. Dit maak ook ernstige omgewings- en gesondheidsrisiko's af, veral vir die belangrike Stampriet oorgrens-akwifeerstelsel. Corinna van Wyk, die hoof programkoördineerder by die Regshulpsentrum, het aan Kosmos 94.1 Nuus die gevare van in situ-mynbou verduidelik.
Tosco, die organisasie vir toerismeondersteunende bewaring, sal op 20 Junie 'n openbare bespreking oor Toerisme in die Ongerepte Natuur aanbied. Lara Potma, die besturende direkteur by Tosco sê die onlangse ontydige dood van Bernd Kebbel het die behoefte aan die gesprek aangewakker. Potma het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor die uitdaging van wilde diere wat gewoond raak aan mense.
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Die Raad vir Lewendehawe en Lewendehaweprodukte doen 'n beroep op individue of entiteite wat betrokke is by die handel in produkte wat onder die Wet op Lewendehawe en Lewendehaweprodukte gereguleer word, om by die raad te registreer. Registrasie is 'n voorvereiste vir aansoek om permitte wat nodig is vir die invoer en uitvoer van beheerde veeprodukte. Die raad het 'n aanlyn stelsel vir permitaansoeke geïmplementeer, wat die proses doeltreffender maak. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Desmond Cloete, die raad se hoof van bemarking, wat sê die sperdatum is 15 Maart.
In die buurland sê Cosatu hy is diep bekommerd oor die president van Amerika, Donald Trump, se aankondiging van moontlike tariewe op uitvoere deur Suid-Afrika en ander lande. Die Cosatu-woordvoerder, Matthew Parks, sê dit bedreig duisende Suid-Afrikaanse werksgeleenthede in talle sektore, waaronder landbou, mynbou, juweliersware, chemikalieë, die motorbedryf en klerasie. Hy sê met 'n werkloosheidskoers van 41,9 persent kan Suid-Afrika nie bekostig om nog werksgeleenthede te verloor nie:
Die oostelike dele van die land kan oor die volgende dag of twee goeie neerslae verwag, maar dan blyk dit of dit die westelike dele van die land se beurt is. Die bekende weerkenner van die Suide, George van der Merwe, sê teen Dinsdag sal die prentjie duideliker wees.
Vandag word Wêreld-ietermagôdag gevier. Oor die afgelope ses jaar het handel in die diertjies aansienlik toegeneem, met 499 ietermagôs wat gestroop is, wat ernstige kommer oor die spesie se oorlewing laat ontstaan. Ietermagôs in Namibië is ook in krisis as gevolg van 'n langdurige droogte wat hul voedselvoorraad ernstig beïnvloed het. Hul primêre dieet van miere en termiete bly grootliks ontoeganklik, want die insekte bly diep ondergronds ondanks onlangse reën. Plaaslike gemeenskappe berig dat hulle verskeie ietermagô-karkasse ontdek het, wat die dringendheid van die situasie onderstreep. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Kelsey Prediger, die stigter van die Pangolin Conservation and Research Foundation.
ActionSA veroordeel die versuim van die ANC-geleide regering om Suid-Afrika se toenemende dwelmkrisis aan te pak. ActionSA-woordvoerder, Dereleen James, kritiseer die ANC se afwysende opmerkings oor die Sentrale Dwelmowerheid se pleidooi vir ondersteuning en beskryf dit as 'n blatante mislukking van leierskap. James doen oplossings aan die hand, insluitend die ontplooiing van die weermag na bende-brandpunte, die dekriminalisering van dwelmgebruik en verpligte rehabilitasie. Sy vra ondersteuning vir gemeenskappe waar verslawing en misdaad hoogty vier:
In die buurtland sê Eskom die kragstelsel bly bestendig en beurtkrag is steeds opgeskort. Die woordvoerder Daphne Mokwena sê die stelsel het ook genoeg reserwekrag. Sy sê van 1 April verlede jaar tot 14 Februarie was beurtkrag opgeskort vir 317 dae, vergeleke met die 32 dae oor dieselfde tydperk verlede jaar. Sy voeg by elektrisiteitstoevoer is 99 persent van die tyd beskikbaar, vergeleke met net 10 persent verlede jaar:
AfriForum sê doeltreffende gevolgsbestuur is uiters belangrik om die water- en sanitasiekrisis aan te pak. Dit volg nadat die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie ernstige diensleweringsmislukkings in munisipaliteite ontbloot het. Marais de Vaal van AfriForum het die regering versoek om munisipale nakoming wettig af te dwing om verdere omgewingskade te voorkom:
Huishoudelike probleme bly ‘n kopseer in Namibië met kinders wat dikwels aan die kortste end trek. Dit het gisteraand tydens Copps 94.1 opnuut na vore gekom. Francois Lottering van Copps 94.1-span was daar en doen verslag van die toneel:
Twee bykomende beskuldigdes, Iwan Schelbert en Hein Odendaal, het Vrydag saam met Stephanus Grobler in die Handelsmisdaadhof in Pretoria verskyn vir beweerde bedrog by Steinhoff. Hulle is borgtog van 150 000 Suid-Afrikaanse rand elk toegestaan met streng voorwaardes, insluitend die oorhandiging van paspoortoorte en weeklikse rapportering aan die polisie. Die streekswoordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, Lumka Mahanjana, sê die saak is tot 30 Mei vanjaar uitgestel vir verdere voorbereidings en verhoorreëlings:
Sestig boere van die Namibiese Landbou Unie gaan van 3 tot 8 Maart vier suksesvolle herlewingsboere in Suid Afrika besoek. Dr. Louis Du Pisanie van die Universiteit van die Vrystaat het die toer gereël vir Namibiese boere om kers op te steek by die boere. Die doel is om te gaan kyk hoe boere hulle weiding kan herstel om grondgesondheid te verbeter. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Piet Gouws, die voormalige president van die Namibiese Landbou Unie, wat meer inligting gee oor die toer.
Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola het Lerato Mataboge gelukgewens met haar geskiedkundige verkiesing tot die pos van kommissaris vir Infrastruktuur en Energie van die Afrika Unie. Sy is tans die adjunk-direkteur-generaal van die Departement van Handel, Nywerheid en Mededinging. Lamola se woordvoerder, Chrispin Phiri, sê Mataboge sal 'n deurslaggewende rol speel in die bevordering van infrastruktuurontwikkeling en die versterking van energiesekerheid dwarsoor Afrika.
FNB verwag besteding op Valentynsdag sal vanjaar weer met dubbelsyfers toeneem. Dit volg op 'n styging van 11-persent op 'n jaargrondslag in 2024. Besteding aan sjokolade, blomme, geskenke en juweliersware het aansienlik toegeneem, met 'n styging van 60-persent in sjokolade-aankope en 83-persent in blomme in die aanloop tot Valentynsdag. FNB se woordvoerder, Ashley Saffy, moedig verantwoordelike besteding, veilige transaksies en die gebruik van virtuele kaarte aan.
Fietsry: Die eerste Gravel Burn, 'n internasionale grondpad-skofwedren, wil Suid-Afrika vestig as die grondpad-fietsry-mekka van die wêreld. Die sewedaagse wedren oor 850-kilometer sal op 26 Oktober in Knysna in die Wes-Kaap begin en op 1 November by die Shamwari-privaat wildreservaat in die Oos-Kaap eindig. Nedbank is die amptelike borg van die byeenkoms. Khensi Nobanda van die bank verwag die wedren sal die streek se ekonomie 'n hupstoot gee.
'n Verslag van kindermishandeling het opgeduik van 'n 44-jarige vrou wat in hegtenis geneem is nadat sy haar sewejarige seun by 'n dorpie in die Oshakati-distrik aangerand het. Die vrou en haar mansvriend het haar kinders by bure gelos terwyl hulle die aand uitgegaan het. Hulle het nie later die kinders gaan haal nie. Toe die oudste seun die volgende oggend huis toe gaan het sy hom met 'n gordel geslaan, onder andere op die linker-oog, wat erg geswel het. Die kind se skool het dit by die polisie aangemeld. Die vrou is gearresteer en die kind is na die Oshakati Staatshospitaal geneem vir behandeling. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Yolande Engelbrecht, die koördineerder van die Regshulpsentrum se Gender-afdeling, wat sê kindermishandeling kom algemeen voor.
Die rehabilitasie van die Sandverhaar na Buchholzbrunn-spoorlyn in die Karas-streek het nog 'n terugslag gehad. Die Openbare Verkrygingsoorsigpaneel het die Sentrale Verkrygingsraad van Namibië beveel om binne 30 dae 'n bod in die finansiële stadium te herevalueer. Die werk behels 'n 40km-spoorlynopgradering wat die drakrag van 16 ton per as tot 18,5 ton per as sal verhoog. Dit is noodsaaklik vir die vervoer van mangaan vanaf die Noord-Kaap na die Lüderitz-hawe. Dit is die tweede keer dat die bod-evalueringsproses uitgedaag word. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Kendall Swartz, die uitvoerende hoof van kommersieel en bemarking by TransNamib.
AR-leier Job Amupanda het die voormalige ombudsman John Walters en prokureur Richard Metcalfe gekritiseer en hulle daarvan beskuldig dat hulle hulle by die regering skaar om die rooilyn te verdedig. Amupanda het Walters die "ergste ombudsman" genoem, en beweer hy het nie daarin geslaag om die hervestigingslys openbaar te maak nie. Walters het ook glo een keer sy hulp gesoek onder druk van Vicki Erenstein, wat na bewering 'n gratis plaas onregverdig ontvang het. Hy het Metcalfe daarvan beskuldig dat hy sake vermy het om die owerhede te beïndruk. Amupanda, wat belowe om die stryd teen die rooilyn voort te sit, het sy kritici gewaarsku om "die ratte van hul mond te beheer", en dring daarop aan dat die veterinêre kordonheining sal val. Uitspraak in Amupanda se hofsaak oor die rooilyn word gelewer op 27 Maart. Reaksie is van prokureur Richard Metcalfe ontvang.
Die DA vra die minister van Vroue, die Jeug en Persone met Gestremdhede, Sindisiwe Lydia Chikung, om vertraging met die stigting van die Nasionale Raad vir Geslagsgeweld en Vrouemoord te verduidelik. Die raad is in November gemagtig, maar is steeds onaktief. Die DA-lid, Eleanore Bouw-Spies, veroordeel die gebrek aan optrede te midde van Suid-Afrika se krisis met geslagsgeweld. Sy eis deursigtigheid en onmiddellike vordering ter ondersteuning van slagoffers en oorlewendes.
’n Onlangse Africa Youth Survey onthul dat slegs 34 persent van Namibiese jeugdiges glo dat die ekonomie op die regte pad is, met 58 persent wat pessimisties voel. Dit is Namibië se eerste insluiting in die opname, wat groot kommer onder jongmense regoor die vasteland beklemtoon. Namibiese jeug staar onsekerheid oor hul toekoms in die gesig, met 63 persent onseker oor hul rigting, vergeleke met hoër vertroue in lande soos Tsjad en Zambië. Korrupsie bly 'n groot bekommernis, met 65 persent bekommerd oor korrupsie in besighede en 64 persent in die regering. Die opname beklemtoon ook ontevredenheid met regerings se pogings om armoede te verlig en die dringende behoefte aan werksgeleenthede regoor Afrika. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met George Kambala, die woordvoerder van die AR-beweging, oor of hy met die jeug saamstem.
Die Suid-Afrikaanse Korrektiewe Dienste Werkersvakbond vra die Departement van Korrektiewe Dienste om veiligheidsmaatreëls by alle fasiliteite te hersien en te verskerp. Dit volg nadat Yanga Wayithi, wat ʼn vonnis van ses maande vir diefstal en oortreding uitgedien het, Dinsdag uit die Pollsmoor-gevangenis ontsnap het. Hy is Woensdag weer vasgetrek. ʼn Vakbondwoordvoerder, Alude Jizana, sê die departement moet ook genoeg opleiding en hulpbronne bied aan gevangenisse se veiligheidspersoneel.
Die uraanprys was 67,70 Amerikaanse dollar per pond op 13 Februarie, af van 75,06 dollar op dieselfde datum verlede maand en 98,89 dollar op dieselfde datum 'n jaar gelede. Dit is 'n afname van 8,2 persent sedert verlede maand en 'n daling van 33,59 persent vanaf verlede jaar. Dit staan in sterk kontras teenoor verlede jaar, toe die uraanprys 'n hoogtepunt van meer as 108 dollar per pond bereik het. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die plaaslike energiekenner, Harald Schütt, wat 'n rede vir die verandering gee.
Die hoof van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag, Rudzani Maphwanya, het mense veroordeel wat die ontplooiing van soldate in die Demokratiese Republiek die Kongo bevraagteken. Hy het Donderdagaand by die militêre lugmagbasis in Pretoria by ʼn gedenkdiens vir die 14 SANW-soldate wat in die DRK dood is, gepraat. Maphwanya sê ʼn nasie in rou moenie beskuldigings rondslinger oor die soldate se ontplooiing nie:
Die München Sekuriteitsberaad begin vandag in die stad en vrede in die Oekraïne sal hoog op die agenda wees. Die Britse verdedigingskenner kolonel Simon Diggins sê aan SkyNews dat daar spanning sal wees en verder, dat Europa nie sy kant van die Navo-ooreenkoms nagekom het nie. Europa sal moet begin kyk na die Oekraïne.
Unam en Namport het hul verbintenis tot omgewingsvolhoubaarheid herbevestig deur 'n memorandum van verstandhouding oor die Walvisbaai-lagoon te onderteken. Die lagoon is ‘n Ramsar-aangewese vleiland van wêreldwye belang wat 'n verskeidenheid seelewe en plaaslike visserye ondersteun. Die moniteringspoging sal gelei word deur die Unam Sam Nujoma-kampus op Hentiesbaai. Kosmos 94.1 Nuus het met Simon Namesho, die woordvoerder van Unam, gepraat.
President Sam Nujoma was nie net Namibië se stigterspresident nie, maar, was ook die laaste van die groot bevrydingstrydrosse. Sy naam word verbind met name soos Kenneth Kaunda, Julius Nyerere, Nelson Mandela en meer, sowel as met die dekolonisering van Afrika. Maar, professor Nixon Kariithi, ‘n kenner in Afrika-aangeleenthede sê die stryd vir vryheid is nie verby nie.
Die eskalerende dispuut tussen Amerika en Suid-Afrika het kommer oor Namibië se ekonomie laat ontstaan, met die Bank van Namibië se goewerneur Johannes !Gawaxab wat waarsku oor moontlike destabilisasie. Die Namibiese dollar is gekoppel aan die Suid-Afrikaanse rand, wat dit kwesbaar maak vir fluktuasies, veral as Amerika dalk Suid-Afrika uit die Agoa-handelsooreenkoms skop. Kosmos 94.1 Nuus het met die plaaslike ekonoom Josef Sheehama gesels oor hoe ons invoere uit SA beïnvloed kan word as pryse in die buurland styg.
Twintig van die land se 26 malaria-endemiese distrikte ervaar malaria-uitbrekings. Volgens die gesondheidministerie is byna 6 000 gevalle tussen 1 Desember en 19 Januarie aangeteken. In die Ohangwena-streek het 28 mense gesterf sedert Oktober. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met dr. Richard Kamwi, voormalige gesondheidminister en Namibiese verteenwoordiger van die Eliminate Malaria-veldtog, wat die uitbreking toeskryf aan die teenwoordigheid van vektore, oftewel malaria-draende muskiete.
Die Gautengse regering gaan sy poging opskerp om die provinsie te posisioneer as 'n top-beleggingspilpunt. Die LUR vir Finansies en Ekonomiese Ontwikkeling, Lebogang Maile, het Donderdag die Gautengse Beleggingsentrum van stapel gestuur, wat 'n eenstop-beleggingsfasiliteringspilpunt is gemik op die vermindering van rompslomp en die versterking van beleggersvertroue. Die beleggingspoging sal uitloop op die Gautengse Beleggingskonferensie in April. Valdene Reddy van die Johannesburgse Aandelebeurs sê die doel is om oor die volgende drie jaar 800-miljard Suid-Afrikaanse rand se beleggingsbeloftes in te win:
Die Namibië Toerismeraad het 'n streng waarskuwing aan ongeregistreerde akkommodasieverskaffers gerig wat deur platforms soos Airbnb sake doen dat hulle moet voldoen aan die Wet op die Namibië Toerismeraad. Volgens hierdie wet moet enigiemand wat 'n akkommodasie-onderneming wil bedryf by die raad registreer voor hulle dit mag doen. Airbnb-operateurs moet voor 30 April registreer of 'n boete van 20 000 Namibiese dollar in die gesig staar. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Flora Quest, die Toerismeraad se korporatiewe kommunikasiepraktisyn.
Die Oscar-bekroonde aktrise, Tilda Swinton, het die Berlynse filmfees se Goue Beer-toekenning vir haar lewenslange bydrae ontvang. Sy het byna vier dekades lank ʼn noue verbintenis met die fees gehad en hoofrolle vertolk in 26 flieks wat die fees se lys gehaal het. Vanjaar se fees het Donderdag afgeskop met die wêreld-première van The Light. Dis die verhaal van ʼn disfunksionele Duitse gesin en ʼn Siriese vlugteling. Swinton het in haar toespraak kritiek gelewer op politieke ekstremisme, die verval van die omgewing en die wêreldwye toename in outoritêre regerings:
Die Namibië vee-identifikasie en naspeurbaarheid-stelsel, of NamLITS, se kantoor in die Direktoraat Veeartsenydienste het veeboere en die publiek in kennis gestel van die kansellasie van alle ongebruikte brandmerke teen 30 April. Indien veehandelsmerke aktief of funksioneel gehou wil word, moet die naaste Staatsveeartsenykantoor of die Lewendehawe- en Lewendehaweprodukteraad besoek word. Simon Nghipandulwa, die landbouministerie se woordvoerder, gee meer inligting.
Die GOOD-party sê die DA-geleide regering in die Wes-Kaap misluk met die aanspreek van die kultuur van bendes op die Kaapse Vlakte. Sewe mense is dié week binne die bestek van twaalf uur doodgeskiet in afsonderlike voorvalle in Kaapstad, wat vermoedelik met bendes verband hou. Die sekretaris-generaal van GOOD, Brett Herron, sê die premier Alan Winde en burgemeester Geordin Hill-Lewis moet hulle volledige planne verduidelik om die Kaapse Vlakte reg te ruk:
Amerikaanse president Donald Trump se aanslag in die Oekraïne word as pro-Russies beskryf maar, daar is nie werklike kommer onder die Kiëf-regering nie. Sviatoslav Yurash, ‘n parlementslid in die Oekraïne het met Sky News gepraat. Hy sê hy is bemoedig. Trump was die een wat hulle ondersteun het voor Rusland se inval.
AfriForum verwerp ten sterkste beskuldigings deur ANC-leiers, insluitende presidensiële woordvoerder Vincent Magwenya, wat aanvoer dat die organisasie rasseverdeeldheid aanmoedig. Die menseregte-organisasie sê hulle werk aktief daaraan om lewensomstandighede oor kultuurgrense te bevorder, in teenstelling met die ANC se verdelende aksies en stellings. Barend Uys van AfriForum verdoem die aanstootlike taal wat deur regeringsamptenare gebruik word en wys op die belangrikheid van wedersydse respek en eenheid tussen verskillende kultuurgroepe:
Veertien Amerikaanse deelstate het 'n federale regsgeding teen president Donald Trump en Elon Musk aanhangig gemaak en Musk se rol as hoof van die nuwe departement van regeringsdoeltreffendheid uitgedaag. Hulle sê sy oënskynlik onbeperkte mag is ongrondwetlik. Daar is ook geen sekerheid in watter amp hy praat of, met wêreldleiers vergader nie – praat hy as sakeman of regeringsamptenaar, soos die kommentaar wat hy by die Doebai Wêreldberaad gemaak het...
President Cyril Ramaphosa verbind hom om met voortdurende ekonomiese hervormings werkskepping te dryf en beleggings te lok. Hy het in sy repliek op die debat oor die staatsrede gewys op vordering wat gemaak is met strukturele hervormings onder Operasie Vulindlela, insluitend pogings om die sake-omgewing te verbeter, infrastruktuur op te knap en die energiesektor te ondersteun. Ramaphosa sê dat die fokus op sektore soos toerisme, landbou en infrastruktuur die sleutel is om groei aan te dryf en werk te skep:
Die Kankervereniging van Namibië het amptelik die 2025 Spray-a-Thon-veldtog van stapel gestuur, wat skole en besighede regoor die land aanmoedig om deel te neem ter ondersteuning van kinders wat kanker beveg. Hierdie jaarlikse geleentheid nooi deelnemers uit om hul hare in 'n verskeidenheid kleure te spuit om fondse in te samel en bewusmaking te verskerp. Die veldtog duur tot die einde van Maart en bied Spray-a-Thon-stelle, insluitend kleurvolle haarsproei en geleentheidsriglyne. Belangstellendes kan die Kankervereniging se projekafdeling kontak. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Rolf Hansen, die Kankervereniging se uitvoerende hoof.
Die implementering van die sowat 86 miljard Namibiese dollar Swapo-manifes beoog om 256 000 werksgeleenthede te skep. Dit is in lyn met verbintenisse wat deur verkose president Netumbo Nandi-Ndaitwah in die verkiesingsveldtog gemaak is. Die politieke ontleder Rui Tyitende het teenoor Kosmos 94.1 Nuus die bron van befondsing vir die ambisieuse plan bevraagteken.
Die plaaslike pluimveebedryf boer goed vorentoe en het die tweede grootste bydraer tot landbouproduksie geword na die beesbedryf. Die produksiewaarde het met 13,74 persent gestyg vanaf 1,5 miljard Namibiese dollar in 2023 tot 1,74 miljard verlede jaar. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Hanks Saisai, die tegniese adviseur vir gewas- en pluimveeproduksie by Agribank. Hy verwag verdere groei.
ʼn Jong Suid-Afrikaanse seun wat byna twee jaar lank vermis was, is uit Zimbabwe teruggestuur huis toe. Die kind wat net 11 was toe hy vermis geraak het, het in Mei 2023 van sy huis verdwyn en op ʼn bus na Zimbabwe geklim. Hy is by die Zengeza-polisiekantoor in Harare afgelaai. Die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling se woordvoerder, Bathembu Futshane, sê dit het ʼn ingewikkelde oorgrens-kinderbeskermingsaak aan die gang gesit. Dit het daartoe gelei dat die seun opgespoor en met sy familie in Johannesburg herenig is.
Amerikaanse president Donald Trump het 'n nuwe wederkerige tariefbeleid aangekondig, en gesê die land se bondgenote is erger as sy vyande wanneer dit by invoerbelasting kom. Die tariewe sal van toepassing wees op alle Amerikaanse handelsvennote, en is die jongste in 'n reeks tariefmaatreëls deur die Trump-administrasie. Geen begindatum vir die tariewe is bevestig nie, en Trump het voorheen die dreigement van tariewe as ’n onderhandelingstaktiek gebruik. Hy het in die Oval Office herhaaldelik gesê dit sal werkskepping aanwakker.
Daar is 'n kommerwekkende toename in misdaad in Kavango-Oos, veral in Rundu, met skoolseun-bendes wat inwoners terroriseer en hulle van waardevolle items beroof. Die tieners van tussen 13 en 18 jaar oud maak die strate onveilig, met selfs polisiebeamptes wat glo slagoffers van aanvalle geword het. Slimfone en ander waardevolle items word geteiken om verkoop te word. Baie voorvalle vind laat in die aand plaas en is gemik op kroeg- en nagklubgangers, veral diegene onder die invloed. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Olavi Nathanael, die Rundu dorpsraad se uitvoerende hoof, wat probleme uitlig.
Rugby: Die Blitsbokke het belangrike veranderings aan die groep aangebring voor volgende naweek se sewestoernooi in Vancouver. Sebastiaan Jobb is terug in die span na amper twee jaar en vervang die beseerde Zain Davids, terwyl Tristan Leyds herstel het van sy besering en by Dewald Human oorneem. Die span speel sy groepswedstryde teen Nieu-Seeland, Ierland en Australië. Afrigter Philip Snyman sê die veranderings pas by die vinnige sintetiese oppervlak in Kanada, met Jobb se spoed wat moontlik 'n belangrike faktor gaan wees.
Die routydperk en herdenking van stigterspresident Sam Nujoma duur voort in die Nasionale Vergadering, waar parlementslede hul herinneringe van hom deel. Die dagblad The Namibian het in die week 'n hoofopskrif op die voorblad gehad dat die LGBT-gemeenskap Nujoma vergewe vir sy retoriek teen die gemeenskap. Swapo-parlementslid Jerry Ekandjo het in die parlement hierteen te velde getrek.
Die vakbond-federasie Saftu veroordeel ten sterkste die vakbond Solidariteit se roekelose oproep op die Amerikaanse president, Donald Trump, om druk op die Suid-Afrikaanse regering te verskerp oor wat hy rassewette noem. Dit volg ná Solidariteit se aanval op beleide soos swart ekonomiese bemagtiging en regstellende optrede. Saftu se woordvoerder, Newton Masuku, sê Solidariteit se optrede weerspieël AfriForum se onlangse misleidende veldtog teen die Onteieningswet, waarin beweer is die wet bedreig eiendomsreg en teiken wit boere.
'n Uitbreking van knopvelsiekte is in talle gebiede regoor die land aangemeld. Dit is 'n virussiekte wat deur bloedvoedende insekte soos vlieë, muskiete en bosluise oorgedra word. Plasings op sosiale media beweer dat beeste van noord van die rooilyn na die Omaheke-streek gesmokkel is, wat na bewering baie veevrektes veroorsaak. Kosmos 94.1 Nuus het met landbouminister Calle Schlettwein gepraat, wat sê hy glo die stellings is vals aangesien die uitbreking oorspronklik in die Omaheke-streek begin het.
Dr. Audrin Mathe, die uitvoerende direkteur van inligting, het 'n inligtingsessie oor die routydperk vir stigterspresident Sam Nujoma by die Regeringsinligtingsentrum aangebied, waar die oorlede president se amptelike portret vrygestel is. Hy het ook aangekondig die besoektye vir die publiek by die Nujoma-woning is van 2-uur tot 6-uur middae op weeksdae. Geen gaste sal op naweke toegelaat word nie. Mathe sê 'n lys op sosiale media van sakelui wat bydraes gemaak het tot die staatsbegrafnis is vals. Mathe het meer.
Namibië bou die eerste fasiliteit vir die direkte reduksie van ystererts met behulp van waterstof wat deur fotovoltaïese stelsels vervaardig word, die HyIron-Oshivela-projek in die Erongo-streek. Produksie sou na verwagting teen die einde van 2024 begin met ingevoerde groenyster wat nie net vir staalvervaardiging gebruik kan word nie, maar ook vir elektrisiteitsopwekking. Die aanleg sou na verwagting op 7 Maart geopen word, maar dit kan later gebeur weens die nasionale routydperk. Waterstofkommissaris James Mnyupe het in 'n onderhoud met Royale Wealth Management meer inligting gegee oor die gebruik van direkte verminderde yster, waarmee Namibië aan die voorpunt is.
Die EFF het 'n beroep op president Cyril Ramaphosa gedoen om op sy plaas Phala Phala in Limpopo te fokus in plaas daarvan om leë beloftes te maak. Omphile Maotwe van die party het tydens die staatsrededebat vir Ramaphosa gekritiseer oor sy versuim om vorige verpligtinge aan te pak, veral die stygende lewenskoste en werkloosheid wat die land aanhoudend teister. Maotwe het aangevoer dit is nodig om dringende stappe te doen, soos die onteiening van grond sonder vergoeding en om die Suid-Afrikaanse Reserwebank te nasionaliseer.
Meatco se lang-verwagte spesiale ledevergadering het by Nipam in die hoofstad plaasgevind. Die vergadering is aangevra deur die Lewendehawe Produsente-organisasie, vir dringende terugvoering oor verskeie kwessies. Kosmos 94.1 nuus het gesels met Jako van Wyk, voorsitter van die organisasie, wat sê die vergadering is goed bygewoon deur meer as 100 lede. Hy vertel meer.
Die leier van die ACDP, Kenneth Meshoe sê werkloosheid bly te hoog, en talle gekwalifiseerde dokters sukkel om werk te kry. Hy waarsku indien die Wet op Groei en Geleenthede in Afrika wegval, kan dit ernstige ekonomiese gevolge vir Suid-Afrika inhou. President Cyril Ramaphosa se staatsrede het gister vir die tweede dag onder die loep gekom. Meshoe het tydens die debat gesê die ACDP ondersteun 'n afvaardiging wat na die Verenigde State gaan om met die nuwe administrasie oor handelsbetrekkinge in gesprek te tree.
Krieket: Die Protea-kaptein, Temba Bavuma, sê sekere aspekte van hul spel moet verbeter voor die Kampioenetrofee volgende week in Pakistan begin. Pakistan het Suid-Afrika gister in hul Drienasieswedstryd in Karatsji met ses paaltjies verslaan en daarmee hul plek in môre se eindstryd teen Nieu-Seeland bespreek. Die Proteas begin hul aanslag in die kompetisie volgende Vrydag teen Afganistan. Bavuma sê hulle sal 'n veelsydige vertoning moet lewer in moeilike kolftoestande.
Die hooggeregshof sal op 28 Februarie uitspraak lewer oor die uitdaging oor die presidensiële verkiesing terwyl die hoërhof, wat ook ‘n aansoek aanhoor oor die parlementêre verkiesing en die verlenging van stemmery, daarvoor wag voor hy sy verhoor hervat. Die partye wat die uitdagings gebring het is die IPC en die LPM. By ‘n perskonferensie in die hoofstad vanoggend het LPM-leier Bernadus Swartbooi die kern van hulle saak so uiteengesit.
Die Spesiale Ondersoekeenheid sê hy het ʼn skema ontbloot waar Eskom-werkers verkrygingsprosesse gemanipuleer het om meer as ʼn miljard Suid-Afrikaanse rand te steel. Dis in kleiner kontrakte verdeel om strenger oorsig te ontduik. Die eenheid se hoof, Andy Mothibi, het Woensdag aan die staande komitee oor Openbare Rekeninge gesê die skema is uitgebrei na familielede en instellings se netwerke om gesteelde geld te was. Hy sê 334 werknemers het finansiële bande met Eskom-verkopers terwyl 5 464 werknemers nagelaat het om konflik van belange verklaar:
Die Namibië Boere Droogtehulp sê sy fondse is uitgeput. Ten spyte van die reën is daar nog dele van die land wat droog is en baie boere benodig hulp. Die fonds vra vir skenkings en beplan ook verskeie fondsinsamelings. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Henriette Le Grange van die fonds...
Die regering se implementering van die Swapo-manifes lok steeds reaksie uit. Terwyl die party se sentrale komitee-lid Ephraim Nekongo uitlig dat die party eenvoudig sy beloftes aan kiesers nakom, is daar kommer oor die koste van die manifes, net minder as 86 miljard Namibiese dollar. Nekongo sê verder saboteurs sal nie geduld word nie.
Terwyl produsente juig oor Hardapdam se krane wat 100 persent oopgemaak is, is dit baie laat in die seisoen vir aanplantings van veral die allerbelangrike witmielies. Kuilvoer en boontjies maak nou die meerderheid van die gewasse uit, soos die voorsitter van die Hardap Boerevereniging Dawie de Klerk aan Kosmos 941 Nuus verduidelik.
Motoriste in die hoofstad word daaraan herinner dat ‘n deel van Auasweg gesluit sal word as gevolg van konstruksie op die roete om dit in ‘n dubbelbaan te omskep. Die deel is net suid van die verkeerslig wat aansluit by Aviationweg en ‘n ompad sal geskep word. Die sluiting tree Maandag, 17 Februarie in werking. Cillie Kapolo van die stad het meer.
Ses-en-negentig nuwe parlementslede sal hul posisies inneem wanneer die nuwe administrasie die bewind oorneem. Die komende 8ste Parlement sal in Maart begin werk, ná die inhuldiging van verkose president Netumbo Nandi-Ndaitwah op 21 Maart. Kosmos 94.1 Nuus het met die politieke kommentator dr. Ndumba Kamwanyah gepraat, wat die induksieproses moet deeglik en prakties wees.
Daar is kommer uit verskeie oorde, veral Europa, oor president Donald Trump se aanslag met sy vredespogings in die Oekraïne. Kenners meen hy skaar hom by Russiese president Vladimir Putin en spreek nie Rusland se aggressie aan nie. Trump se verdegingsminister, Pete Hegseth, is tans in Brussel by die EU-beraad en het sy baas se sentiment ge-eggo deur te sê Oekraïne sal nie sy grond terugkry nie en ook nie by Navo aansluit nie.
Namibië se Nopal Carbon Farming-inisiatief is 'n belangrike stap in die rigting van volhoubare landbou en koolstofsekwestrasie, wat die land posisioneer as 'n wêreldleier in koolstofkrediet-generering deur nopal-kaktus, of turksvy-boerdery. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Nicole Maske, besturende vennoot van die projek, oor hoe dit tot sosio-ekonomiese ontwikkeling sal bydra.
Daar is groot kommer in Suid-Afrikaanse landboukringe oor waninligting rakende die Onteieningswet, wat gelei het tot Amerikaanse president Donald Trump se opskorting van hulp aan die land. AgriSA het reeds die regering gevra om grond in staatsbesit vir opkomende boere vry te stel om groei in landbou te bevorder. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Kobus Laubscher, die bekende landbou-ekonoom, wat sê daar sal gevolge wees vir die land se sosiale stelsels met die onttrekking van hulp van die VSA.
ActionSA eis aanspreeklikheid vir korrupsie by Eskom van die minister van Elektrisiteit, Kgosientsho Ramokgopa, en Eskom se voorsitter, Mteto Nyati. Die ouditeur-generaal het reuse-verliese uitgelig weens ongerymde besteding en bedrog, wat bydra het tot die skerp styging in kragtariewe van 135-persent binne agt jaar. Dit het huishoudings en sake-ondernemings swaar getref. Alan Beesley van ActionSA vra dringende hervormings, die verwydering van onbevoegde uitvoerende hoofde, en regstappe teen korruptes:
Die Ohlthaver en List-groep het gereageer op die 100 persent vloei van die Hardapdam vir watervoorsiening nie net aan boere nie maar ook O&L se Aimab Superfarm melkplaas en die varkplaas. Die dam is vanoggend op 23,1 persent van kapasiteit na nog invloei ontvangis. Die voorsitter en uitvoerende hoof van die groep, Sven Thieme, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
President Donald Trump sê hy het Woensdag ʼn produktiewe telefoongesprek met die Russiese president, Vladimir Putin, gehad. Hy sê hulle het ooreengekom om onmiddellik met onderhandelings te begin om die oorlog in Oekraïne te beëindig. Trump het ook met Oekraïne se president Volodymyr Zelensky gepraat oor blywende vrede. Meer as 40 000 burgerlikes is in die oorlog dood. Trump sê die minister van Buitelandse Sake, Marco Rubio, sal die vredesonderhandelings lei:
Standard Bank sê Suid-Afrika se rol as gasheer van die 2025 G20-beraad en sy gepaardgaande B20-beraad bied ʼn goeie sakegeleentheid. Suid-Afrika het die G20-presidentskap in Desember 2024 ontvang en die eerste Afrikaland geword wat die presidentskap van die wêreld se grootste groepering vir ekonomiese samewerking beklee. Oscar Siziba van Standard Bank sê die B20-beraad, die G20 se amptelike skakelforum met die privaat sektor, sal ʼn platform bied vir leiers in dié sektor om wêreld- ekonomiese beleid te beïnvloed wat sakevriendelike hervormings aandryf:
Daar is talle vrae oor die regering se besluit om die amper 86 miljard Namibiese dollar Swapo manifes te implementeer as deel van die regering se ontwikkelingsplanne. Inligtingsminister Emma Theofelus het die aankondiging gemaak.
Liverpool het sy kans verbrou om met nege boaan die tabel van die Engelse Premierliga te eindig toe hy en Everton op Goodison-park gelykop geëindig het met twee-elk. Beto het Everton gou laat voorloop, maar die Reds het dadelik 'n gelykmaker van Alexis Mac Allister aangeteken. Mohamed Salah se oënskynlike wendoel vir Liverpool was van korte duur en James Tarkowski het dit in die 98ste minuut gelykgemaak. David Moyes van Everton sê dit was 'n interessante Merseyside-derby:
Wêreldradiodag word vandag gevier en beklemtoon radio se blywende krag as 'n bron van inligting, opvoeding en verbinding. In 'n era van KI-gedrewe media, bly radio 'n noodsaaklike medium vir toeganklikheid, egtheid en menslike storievertelling. Radio se intydse betrokkenheid en vertroude stemme gaan voort om gemeenskappe te oorbrug, verkeerde inligting te bekamp en inklusiwiteit te verseker. Soos tegnologie ontwikkel, pas radio aan om KI te integreer, terwyl dit sy kernrol as 'n betroubare en demokratiese platform vir almal behou. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die deurwinterde uitsaaier Kolie van Coller, tans die sameroeper van die Vereniging van Uitsaaiveterane.
Die Richelieu Eagles speel môreoggend om agt-uur teen die VSA in die driehoekige eendagreeks wat ook Oman insluit. Die reeks val onder die IKR Krieket Wêreldbeker Liga 2. Die Namibiërs het tot dusver 'n wedstryd verloor teen die VSA en een gewen teen Oman. Sondag speel die Eagles hulle laaste wedstryd teen Oman, wat Woensdag die VSA gewen het. Die Eagles se hoofafrigter, Pierre de Bruyn, lewer kommentaar op hul vertoning sover en voorbereidings vir die laaste wedstryde.
Mopaniewurms, ʼn belangrike bron van proteïene en ʼn vaste inkomste vir baie mense, is nou skaars in Botswana. Dit word toegeskryf aan klimaatsverandering met sy droogtes en uiterste temperature, wat die wurmbevolking skerp laat daal het. Daar is ook te veel wurms geoes, wat bevokingsgroei knou. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Erginus Endjala, die goewerneur van die Omusati-streek, wat sê die situasie is dieselfde in Namibië.
Namdia se raad het die uitvoerende hoof, dr. Alisa Amupolo, hoofbedryfsbeampte Uahoroka Kauta en sekuriteitsbestuurder Paulinus Shiyapo tydelik geskors. Dit is hangende verdere ondersoek na die dodelike diamantroof in Januarie. Lelly Usiku is as tussentydse uitvoerende hoof aangestel. Volgens plaaslike berigte is daar al lank ontevredenheid oor onder andere Amupulo se bevoegdheid. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met professor Johan Coetzee, 'n beleidsdeskundige by Nust se beleidsnavorsinginstituut.
Amerikaanse president Donald Trump het die oorlog in Oekraïne in telefoonoproepe met Russiese president Vladimir Putin en Oekraïnse president Volodymyr Zelensky bespreek. In 'n plasing op sosiale media nadat hy met Putin gepraat het, het Trump gesê hulle het ingestem dat hul onderskeie spanne dadelik met onderhandelinge begin, en dat hy sal begin deur Zelensky te bel. Nadat hy met die Oekraïense leier gepraat het, het Trump gesê die gesprek het baie goed verloop en Zelensky wil, soos Putin, vrede maak. Karoline Leavitt, perssekretaris van die Withuis, het die gesprekke aangekondig.
Die repokoers is met 25 basispunte afgebring na 6,75 persent, wat besighede en huishoudings 'n ekonomiese blaaskans gee. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Salomo Hei, die besturende direkteur van High Economic Intelligence, wat sê die verlaging is 'n goeie teken in die korttermyn. Hei het meer.
Die Wet op Toegang tot Inligting, wat in Desember 2022 aangeneem is, is 'n belangrike stap om deursigtigheid en aanspreeklikheid in Namibië te verbeter. Dit bemagtig mense om toegang te verkry tot inligting wat deur openbare en private entiteite gehou word, insluitend die Kommunikasie Regulerende Owerheid van Namibië, Cran. Ter voorbereiding vir die toepassing van die Wet, het Cran onder andere 'n inligtingsbeampte en adjunk-inligtingsbeampte aangestel. Jennifer Pogisho, Cran se bestuurder van toegang tot inligting, het meer.
Die staatsbeheerde wapenvervaardiger Denel sê hy is steeds besig om sy globale profiel uit te bou met 'n sterk verteenwoordiging op volgende week se Internasionale Verdedigings-tentoonstelling en -konferensie in Abu Dhabi. Daar is sowat 1 400 uitstallers van 65 lande by die geleentheid wat sowat 135 000 besoekers lok. Denel se woordvoerder, Pam Dlamini, sê die tentoonstelling is 'n ideale platform om hulle produkte weer bekend te stel, wat beskou word as koste-doeltreffende oplossings vir die verdedigings- en sekerheids-omgewings.
Knopvelsiekte het in verskeie staatsveeartsenydistrikte uitgebreek, met 73 gevalle in die Otjombinde-kiesafdeling in die Epikuro veeartsenydistrik alleen. Nuwe statistieke is nog nie bekendgemaak nie. Gesonde beeste behoort ingeënt te word en boere moet vektore beheer. Beeste in die geaffekteerde areas mag eers 21 dae na inenting na en van die gebiede beweeg. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met plaaslike veearts Dr. Theuns Laubscher.
AfriForum versoek die omgewingspraktisyn Kimopax, wat die mynbou-aansoek naby die Krugerwildtuin in Mpumalanga hanteer, om teen Maandag alle gesprekke met belanghebbende partye bekend te maak. Die burgerregte-organisasie is as 'n belanghebbende en geraakte party geregistreer en beweer hulle is uitgesluit van sleutelkommunikasie rakende die omgewings-uitwerkingstudie. AfriForum se woordvoerder, Lambert de Klerk, waarsku oor meer omvattende regstappe om die mynbou-aansoek teen te staan indien daar nie aan die versoek voldoen word nie.
Tommy Collard, die stigter van Tommy's Tours & Safaris, nou bekend as Living Desert Tours, is oorlede. Hy het die ikoniese toer ontwikkel, 'n unieke 4x4 avontuurrit deur die duine buite Swakopmund. Collard se diep liefde vir die woestyn en sy natuurlewe het die toer vir vele besoekers 'n onvergeetlike ervaring gemaak. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Chantelle Bosch, 'n voormalige kollega van Collard by Living Desert Tours.
Die Verkiesingshof het vroeër beslis dat die IPC 450 000 Namibiese dollar betaal as sekuriteit vir koste in sy voortgesette uitdaging van die 2024 Nasionale Vergadering se verkiesingsuitslae. Die bedrag sal gelykop verdeel word tussen die drie respondente die Verkiesingskommissie van Namibië, president Nangolo Mbumba, en Swapo. Die saak is tot 20 Februarie vir 'n statusverhoor uitgestel. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met IPC-woordvoerder Imms Nashinge, wat sê die party het reeds die kostebevel betaal, maar nie verklap waar die fondse vandaan kom nie.
Die Bank van Namibië het in Desember in sy Opdatering van ekonomiese vooruitsigte-verslag geraam dat die ekonomie in 2024 met 3,5 persent sal uitbrei en vanjaar met 4 persent. Tydens die aankondiging van die laer repokoers het die bank se goewerneur, Johannes !Gawaxab, gesê die sentrale bank sal volgende maand sy ekonomiese vooruitsigte vir 2025 bekendmaak. !Gawaxab het die sektore uitgelig waar groei verwag word.
NamWater het aangekondig dat besproeiing by die Hardap-skema tot 100 persent verhoog word, na die Hardapdam aansienlik water gevat het. Net hierna is bekendgemaak dat die dam van 22,1 persent Maandag na 22,9 persent gestyg het om 2-uur vandag. Water vloei steeds in teen 10,2 kubieke meter per sekonde. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Rico Bothma, 'n boer op die groenskema.
Die Vryheidsfront Plus sê hy is bekommerd oor die ongeveer 203 279 organisasies sonder winsbejag wat in gevaar verkeer om hul deure te sluit weens die versuim om jaarverslae in te dien. Altesaam 41 787 instansies is reeds hiervan in kennis gestel en 6 221 is reeds gesluit. Die VF Plus-lid, Philip van Staden, sê die maatskaplike ontwikkeling-departement moet die organisasies bystaan sodat hulle aan die wetgewing kan voldoen.
Die land se handelsbanke rapporteer 'n toename in bedrieglike aktiwiteite, en bekommerde lede van die publiek wil weet wat die Bank van Namibië as sentrale bank doen om die probleem teë te werk. In sommige gevalle het niksvermoedende mense hul bankbesonderhede aan hoogs oortuigende bedrogspul-bellers gegee. Leonie Dunn, adjunk-goewerneur van die Bank van Namibië, verduidelik.
Solidariteit sê hy gaan 'n omvattende nasionale en internasionale veldtog van stapel stuur teen Suid-Afrika se rasgebaseerde wette, insluitend regstellende optrede en swart ekonomiese bemagtiging. Jaco Kleynhans van Solidariteit sê hulle aksieplan sluit in druk op die regering om die land se raswette te wysig en skakeling met die G20-lande om Suid-Afrika se rasgebaseerde wette op die agenda te plaas. Hy sê hulle gaan die Internasionale Arbeidsorganisasie ook vra vir die aanstelling van 'n spesiale verteenwoordiger om na die land te stuur.
Tennis: Die Amerikaanse Ope gaan sy gemengde dubbelspel verskuif na ʼn week voor die hooftoernooi begin. Dit sal uit 16 spanne bestaan, met agt wat regstreeks toegang kry op grond van hul gekombineerde enkelspel-ranglysposisies en die ander agt promotorskeuses. Die vroeër rondes se wedstryde sal bestaan uit die beste uit drie stelle, net tot vier potte, met 'n beslissende punt wanneer 40-elk bereik word. Die toernooi-direkteur, Stacey Allaster, sê die geleentheid vind op 19 en 20 Augustus plaas.
Boere in noordelike streke sukkel met 'n uitbreking van herfskommandowurms, wat mielie- en mahangu-lande vernietig en hierdie seisoen se oes bedreig. Landbouvoorligtingsbeamptes is bewus van die situasie en sal ingryp op grond van die beskikbaarheid van plaagdoders. Maar daar is erge uitdagings, soos Ileni Nandjato, ‘n boer in die Oshana-streek verduidelik. Hy sê daar is te veel lande wat besmet is.
Die Zimbabwiese boer Ben Freeth het in Maart verlede jaar sy meer as 2 000 kilometer-tog te perd na Namibië aangepak om aandag te vestig op die SAOG tribunaal wat in 2014 ontbind is. Die kwessie is nog steeds hangende. Die Suidelike Afrika Landbou Inisiatief, Saai, het 'n beroep gedoen vir die herinstelling van die tribunaal. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met dr. Theo de Jager, die uitvoerende direkteur van Saai, wat 'n opdatering gee.
Beleggers sal vanjaar op hulle tone gehou word deur veral Amerikaanse beleid deur die Trump-administrasie, geo-politieke spanning, handelbeperkings en klimaatsverandering. Beleggers word aangemoedig om te diversifiseer, en veral in inflasiebestande bates. Tumelo Thudinyane, assistent portefeuljebestuurder by Old Mutual het meer.
Die sluiting van Kombat-myn na oorstromings op 16 Januarie en ongeveer 500 werkers wat einde Januarie huis toe gestuur is, is ‘n arbitrasie-eis deur die mynwerkersvakbond by die arbeidskommissaris ingedien. Die vakbond voer aan die afdankings was onwettig. Intussen sê die vakbond aan Kosmos 94.1 Nuus dat Trigon Metals uitgereik het en beraadslaging tussen die partye sal voortgaan voor die saak voor die arbeidskommissaris verskyn. George Ampweya van die vakbond verduidelik.
Daar is verligting vir huishoudings met die repokoers wat met 25 basispunte afgebring is na 6,75 persent. Die sentrale bank se gowerneur Johannes !Gawaxab het die redes daarvoor so uiteengesit.
Die Nasionale Botaniese Tuin in Windhoek se kurator, Leevi Nanyeni, en landskaptuinier Rainer Raue beoog om 'n nuwe rotstuin te vestig, maar hulle benodig die regte klippe en rotse. Volgens Nanyeni moet daar uniformiteit in veral kleur wees, anders sal die rotstuin kunsmatig lyk. Die doel is dat die tuin oor 'n jaar of twee jaar natuurlik moet lyk, asof dit nog altyd daar was. Hulle is op soek na rotse wat geskenk kan word en kan reëlings tref om die materiaal na Windhoek te vervoer. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met kurator Nanyeni, wat verduidelik waarna hulle soek.
Reaksie word ontvang op die repokoers wat vanoggend met 25 basispunte na 6,75 persent verlaag is. Die goewerneur van die sentrale bank Johannes !Gawaxab het die aankondiging gemaak. Una-ekonoom dr. Omu Kakujaha-Matundu het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Die Verenigde Nasies se Klimaatsveranderingsliggaam doen 'n beroep op lande om hulle nuwe klimaatsteikens teen September in te dien. Dit volg na China, Indië en die Europese Unie, wat van die grootste besoedelaars is, die spertyd vir nuwe teikens misgeloop het. Lande moet ingevolge die 2015-Parys-klimaatooreenkoms elke vyf jaar gedetailleerde planne voorlê, met duidelike teikens vir koolstofvrystellings of in die geval van armer lande vir die vermindering daarvan. Simon Stiell van die VN sê die G20-groep is verantwoordelik vir 80-persent van globale vrystellings:
Anette Rheeder gesels vandag oor A. Vogel se Menoforce. Jy is welkom om navrae te stuur na info@sanatural.co.za
Die Namibiese Civil Society Non-State Actors-netwerk, NamNet, het diepe kommer uitgespreek oor die opskorting van USAid-finansiering deur die Trump-administrasie, want dit kan ernstige gevolge hê vir plaaslike noodsaaklike dienste en lewensreddende programme. NamNet, wat meer as 1 150 organisasies verteenwoordig, het gewys op die aansienlike voordele wat uit Amerikaanse hulp spruit. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Ben Schernick, 'n lid van NamNet, wat uitbrei oor die impak.
Die DA-leier en minister van Landbou, John Steenhuisen, waarsku geweldsmisdaad en die onderwys-stelsel wat misluk benadeel steeds Suid-Afrikaners, met 70 mense wat daagliks vermoor word. Steenhuisen het tydens die staatsrededebat die DA se rol in die regering van nasionale eenheid verdedig en belowe om korrupsie en ekonomiese agteruitgang te beveg. Hy doen 'n beroep vir vinnige hervormings om werksgeleenthede 'n hupstoot te gee, lewenskoste te verminder en landelike misdaadvoorkoming te versterk, waar plaasaanvalle 'n ernstige bekommernis bly:
Namibië se landbousektor gaan geskiedenis maak deur sy eerste plaaslik-verboude piesangs in Junie, Julie en Augustus vanjaar te oes, wat 'n groot ommekeer vir die invoerafhanklike sektor sal wees. Namibië voer jaarliks nagenoeg 7 000 ton piesangs ter waarde van meer as 65 miljoen Namibiese dollar vanaf Suid-Afrika in. Piesangs is die tweede mees verbruikte vrug in Namibië na appels. Tangeni Hangula, die Namibiese Akkerbouraad se vrugte-ontwikkelingsbeampte, sê proefprojekte in die Zambezi-streek het goeie resultate gelewer. Kosmos 94.1 Nuus het met Hangula gesels, wat verduidelik hoekom die proewe belangrik is.
Die Amerikaanse visepresident JD Vance het gewaarsku dat oormatige regulering die vinnig-groeiende kunsmatige intelligensie-bedryf sal doodmaak. Hy het Dinsdag wêreldleiers en tegniese bestuurders by die Kunsmatige Intelligensie-aksieberaad in Parys, Frankryk, toegespreek. Vance sê die VSA beoog om die leiers op die gebied van KI te bly en die Europese Unie se streng regulatoriese benadering gekritiseer. Hy sê Amerika wil hê KI moet vrygestel wees van ideologiese vooroordeel:
Die verdedigende kampioene, Real Madrid, het vir Manchester City ingehaal om hulle met 3-2 in 'n uitspeelwedstryd op die Etihad-stadion te klop. Erling Haaland het City se eerste punte aangeteken, maar Madrid het teruggeslaan met Kylian Mbappe. Dit het gelyk asof Haaland die wedstryd vir City sou beklink met 'n strafskop, maar met slegs vier minute oor het Brahim Diaz die telling gelykop gemaak voor Jude Bellingham die wendoel aangeteken het. PSG, Juventus en Borussia Dortmund het ook hulle uitspeelwedstryde gewen. Madrid se bestuurder, Carlo Ancelotti is tevrede:
Die leier van die Vryheidsfront Plus en minister van Korrektiewe Dienste, Pieter Groenewald, sê die regte van Afrikaners moet gerespekteer word terwyl daar aan 'n beter toekoms vir alle Suid-Afrikaners gewerk word. Hy verwerp onteiening sonder vergoeding vir grondhervorming en vra vir meer besliste optrede deur die polisie oor onwettige grondbesettings. Groenewald sê hy is in Suid-Afrika om te bly:
Die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging het kommer uitgespreek oor die Amerikaanse president, Donald Trump, se besluit om befondsing aan buitelandse organisasies wat deur die presidensiële noodplan vir vigs-verligting, Pepfar, ondersteun word en alle ander fondse vir navorsing te staak. Pepfar dra 17-persent by tot Suid-Afrika se MIV-befondsing terwyl die res van plaaslike bronne en die Global Fund geld kry. Die vereniging se voorsitter, Mvuyisi Mzukwa, sê die skielike staking en die ernstige gevolge vir pasiëntesorg dra by tot erns van die situasie:
President Donald Trump het ʼn uitvoerende bevel onderteken wat agentskappe opdrag gee om met die Departement van Regeringsdoeltreffendheid saam te werk om personeel te verminder en aanstellings te beperk. Die opdrag is dat agentskappe begin om hul arbeidsmag op groot skaal te verminder en dan nie meer as een persoon vir elke vier wat afgedank is, aan te stel nie. Die miljardêr Elon Musk het by die Withuis in ʼn striemende toespraak gesê die federale burokrasie is vol onverkose bedrieërs:
Amerikaanse president Donald Trump se staking van befondsing het talle Afrika-lande op hol met verskeie maatskaplike en gesondheidsprojekte wat gestaak moet word. Maar, die oud-Keniaanse president Uhuru Kenyatta vra hoekom huil julle daaroor...
’n Ontleding deur Theo Klein van Oxford Economics Africa voorspel dat Namibië se monetêre beleid vanjaar beperk sal word deur ’n versigtige globale houding oor rentekoersverlagings, met die Amerikaanse Fed wat reageer op moontlike inflasie na president Donald Trump se tariewe op invoere. Die huidige Namibiese repokoers staan op 7 persent en in Suid-Afrika is dit 7,5 persent. Die Bank van Namibië sal vandag die repokoers bekendmaak. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Klein, wat sy voorspelling gee.
Namibië het dieselfde telling as in 2023 behou in Transparency International se 2024 Korrupsie Persepsies Indeks op 49. Dit weerspieël voortdurende kommer oor korrupsie, ondanks 'n paar pogings om dit aan te spreek. Sleutel onopgeloste sake, soos die Fishrot-skandaal, ondermyn steeds die publiek se vertroue en daar is vertragings met die implementering van belangrike regshervormings. Onopgeloste sake soos die ineenstorting van die SME Bank, die Kora-toekenningskandaal en aanhoudende kwessies in openbare verkryging dra ook by. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Graham Hopwood, die direkteur van die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing.
Die onderwysministerie het riglyne uitgereik vir bedrywighede tydens die nasionale routydperk. Daar word van alle opvoedkundige instellings verwag om spesifieke protokolle na te kom. Dit sluit in dat die nasionale vlag halfmas moet hang, 'n oomblik van stilte by vergaderings en dat 'n portret van Nujoma op sleutelplekke soos streekkantore en skole vertoon moet word. Belangrike aktiwiteite soos skoolinspeksies, dissiplinêre verhore en personeelonderhoude moet voortgaan. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die uitvoerende direkteur van onderwys, Sanet Steenkamp, wat meer inligting gee.
Amerikaanse president Donald Trump het sy plan vir die VSA om Gaza oor te neem herhaal tydens 'n ontmoeting met Jordanië se koning Abdullah. Hy het ook beklemtoon dat Jordanië ontheemde Palestyne sal huisves, ondanks die koning se teenkanting teen die voorstel. Trump, wat saam met koning Abdullah in die Oval Office gepraat het, het voortborduur op sy idee wat behels die verskuiwing van die Gazastrook se inwoners en die transformasie van die gebied in wat hy as 'n "Riviera van die Midde-Ooste" bestempel het. Hy het 'n vraag oor of belastingbetalers vir Gaza sal betaal, so beantwoord.
Die Petroleum Opleidings- en Onderwysfonds, Petrofund, en SBM Offshore Africa het 'n memorandum van verstandhouding onderteken om saam te werk aan kapasiteitsbou in Namibië se olie- en gassektor. Hierdie vennootskap beklemtoon 'n gedeelde verbintenis tot die ontwikkeling van 'n bekwame Namibiese arbeidsmag wat in staat is om uit te blink in die stroomop petroleumbedryf. Nillian Mulemi, Petrufund se uitvoerende hoof, het die belangrikheid van die vennootskap by die perskonferensie beklemtoon.
Navorsers van die Universiteit van Pretoria het ʼn internasionale span sterrekundiges gelei wat dieper insig verskaf het oor die algehele lewensloop van reuse-radiosterrestelsels. Die studie het bekende teoretiese modelle uitgedaag deur te verduidelik hoe buite-galaktiese kosmiese fonteine groei om sulke geweldige afstande te dek. Die studieleier, die sterrekundige Gourab Giri, sê astrofisici bestudeer sterrestelsels vir meer as net die sterre wat hulle kan sien, maar kyk ook na baie verskynsels wat dikwels met mekaar verband hou.
Die veevoermark in Suid-Afrika beleef uitdagings, met lusernpryse wat verder gedaal het. Die beskikbaarheid van hoë kwaliteit lusern bly egter beperk, met baie lusern wat as graad 2 of graad 3 gegradeer word weens ’n afname in die vraag na voer. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Jaco Labuschagne, die uitvoerende hoof van Voermeester, oor wat plaaslike boere kan verwag.
Die Nasionale Raad van DBV's ondersoek die voorval waartydens 'n bobbejaanmannetjie, bekend as "Raygun" wreed doodgemaak is. Die dier is gejaag, geslaan en aan die brand gesteek by die Botleng Secondary School in Delmas in Mpumalanga. Die woordvoerder, Jacques Peacock sê die raad bied 'n beloning van 20 000 Suid-Afrikaanse rand aan vir inligting wat sal lei tot die suksesvolle vervolging van mense wat by die voorval betrokke was. Hy versoek mense wat die aanval verfilm het om na vore te kom.
Air Botswana is optimisties oor sy groeivooruitsigte in die streek, veral in Namibië, ná die bekendstelling van geskeduleerde vlugte tussen Gaborone en Windhoek in November 2024. Die lugredery het reeds meer as 600 passasiers op hierdie roete vervoer. Nog 'n faktor wat Namibië vir Air Botswana posisioneer, is die hordes toeriste wat na die land stroom. Kosmos 94.1 Nuus het reaksie ontvang van Nathaly Ahrens, die voorsitter van die Toer- en Safarivereniging van Namibië, wat hoop op meer direkte vlugte na Botswana.
Nadat alle sportbyeenkomste opgeskort is tydens die routydperk vir wyle president Sam Nujoma, het die inligtingministerie nuwe maatreëls aangekondig. Die opskorting is wyd gekritiseer as iets wat die ontslape president nie sou ondersteun nie. Adjunk-inligtingminister Modestus Amutse is by die inligtingsessie gevra onder watter wet die opskorting-besluit geneem is. Volgens hom is daar nie regulering nodig nie en die regering neem besluite soos hulle goeddink. Amutse gee die nuwe maatreëls.
Huldeblyke stroom in vir oud president Sam Nujoma. Die SABC joernalis, Sophia Mokoena het 'n onderhoud met die tweede Suid Afrikaanse president, Thabo Mbeki gepraat. Die twee vryheidsvegters het saam gewerk vir die onafhanlikheid van die twee Suider Afrika lande. Hy gee meer inligting oor die band wat hulle gedeel het.
NamPower het die Anixas II-kragstasie van 1,28 miljard Namibiese dollar in Walvisbaai voltooi. Dit kom te midde van streeksenergie-uitdagings, met Zambië wat 'n ernstige kragkrisis in die gesig staar weens droogte. Die 54 megawatt-fasiliteit word op 21 Februarie ingewy. Tesame met die bestaande Anixas-kragstasie sal dit die netwerk versterk, betroubare energie verseker en hernubare integrasie ondersteun. Dit loop op swaar brandstofolie wat gebruik maak van binnebrand-siprokerende enjintegnologie, met opsies vir diesel of gas. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Abraham Angula, waarnemende direkteur vir energiebeplanning en navorsing by die energieministerie.
Unam het nuwe buigsame betaalopsies aangekondig vir studente met finansiële uitdagings, en ook die registrasietydperk verleng. Hierdie maatreëls het ten doel om te verseker dat finansiële beperkings nie studente se toegang tot onderwys belemmer nie. Unam het 'n vlakbenadering tot registrasiebetalings ingestel. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Simon Namesho, Unam se woordvoerder, wat meer vertel oor hoe die finansiële bystand werk.
Voormalige president Hifikepunye Pohamba, 'n dekadeslange vriend van stigterspresident Sam Nujoma, sê hy was nie verbaas om van sy sterwe te hoor nie. Die twee leiers se paaie het die eerste keer in 1960 in Dar es Salaam in Tanzanië gekruis. Pohamba het met plaaslike media gepraat by sy huis in Okanghudi ka Pohamba in die Ohangwena-streek.
ʼn Ernstige breuk in ekonomiese verhoudings met ʼn belangrike handelsvennoot soos Amerika kan indirekte gevolge vir Suid-Afrika inhou. Dit is volgens ʼn ekonoom aan die Noordwes-universiteit se Sakeskool, professor Raymond Parsons. Dit volg ná Amerika se ongekende optrede teen Suid-Afrika oor beweerde waninligting oor die Onteieningswet. Parsons sê die land moet dringend reageer op die Trump-administrasie se jongste dreigemente en die ekonomie so “Trump-bestand” as moontlik maak.
Landbouminister Calle Schlettwein het by die onlangse watersimposium in Keetmanshoop die kwessie van voorgestelde mynbou- en energie-intensiewe projekte in die Omaheke-streek aangespreek. Hy het gesê dit moet so geïmplementeer dat die volhoubaarheid van water- en ander skaars natuurlike hulpbronne verseker word. Een hiervan is uraan-eksplorasie en beoogde ekstraksie daarvan in die Stampriet akwifer, wat beveg word deur onder andere die Stampriet Aquifer Uranium Mining Association, of Sauma. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Wolfi Teichert van die Sauma bestuurskommittee.
Die MK-party sê AfriForum se pogings om die Amerikaanse regering te oortuig om ekonomiese strafmaatreëls teen Suid-Afrika in te stel, is 'n doelbewuste poging om die staat te verswak. Die party het 'n saak van hoogverraad teen die drukgroep geopen weens president Donald Trump se besluit om finansiële hulp aan Suid-Afrika te staak. Hy het ook vlugtelingstatus vir Afrikaners aangebied. MK se adjunkpresident, John Hlophe, sê die regering moet diplomatieke en regstappe doen om die vyandige Amerikaanse optrede teen te staan:
Namdia is steeds in die nuus na die gewaagde roof op 18 Januarie. Die nuus dat sy raad die uitvoerende hoof, dr. Alisa Amupolo, hoofbedryfsbeampte Uahoroka Kauta en sekuriteitsbestuurder Paulinus Shiyapo tydelik geskors het hangende verdere ondersoek het wenkbroue laat lig. Die NEFF-aktivis Michael Amushelelo het vandag besoek afgelê by Namdia se kantore om te vra oor ‘n perskonferensie maar is aangesê om ‘n epos te stuur. Amushelelo is nodeloos te sê woedend. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Die Fishrot-verhoor het vanoggend hervat en datums van 4 Augustus is rondgegooi vir die verhoor om te begin. Oud-visseryminister Bernhardt Esau het melding gemaak van hulle voortdurende aanhouding sedert November 2019 sowel as die staat wat appelleer teen die hof se beslissing dat hy toegang tot sy fondse kan kry, maar, sê ten spyte hiervan is hy gereed om te begin.
Ten spyte van beloftes dat die maksimum kapasiteit van Hardapdam, tans op 70 persent, aandag sal kry, staan die riglyn van die kabinet steeds. Daar was beroepe uit verskeie oorde vir aanpassings en beloftes deur NamWater en die lynministerie dat die kwessie aandag geniet. Die sogenaamde vloedtaakspan, wat in 2006 saamgestel is, maar niks behaal het nie, is verlede jaar weer op die been gebring. Kosmos 94.1 Nuus het met die uitvoerende hoof van die Mariental-munisipaliteit Paul Nghiwelepo gepraat.
Verskeie internasionale banke voorspel dat goud vanjaar 3 000 Amerikaanse dollar ‘n fynons kan bereik. Goud is ‘n sogenaamde veilige hawe veral in onsekere ekonomiese tye, veral in verband met Amerikaanse president Donald Trump se verreikende uitvoerende bevele. Kosmos 94.1 Nuus het ekonoom Dawie Klopper gesels – hy sê goud kan nog verder gaan.
Build One South Africa het sy Sakeraad bekendgestel. Dis ʼn platform om seker te maak klein-, medium- en mikro-ondernemings se stemme word gehoor wanneer ekonomiese beleid gevorm word. Kleinsakeondernemings is die ruggraat van die land se ekonomie. Dit dra 60-persent tot werkskepping by en meer as 40-persent tot die bruto binnelandse produk. BOSA se woordvoerder, Roger Solomons, sê die raad sal uit ʼn wye verskeidenheid rolspelers bestaan wat SME’s se groei wil ontsluit:
Duisende burgerlikes is reeds dood in die konflik in die oostelike DRK en miljoene is ontheem. Die M23 rebelle vorder steeds en die VN sê menseregte vergrype is algemeen. Die sekretaris generaal, Antonio Guterres, bepleit by die partye om terug te keer na onderhandelings.
Die Namibiese Professionele Jagvereniging, Napha, het Namibië by drie groot internasionale jagkonvensies verteenwoordig. Dit was die Dallas Safari Club Convention in Georgia, die Safari Club International Convention in Tennessee, en Jagd & Hund in Dortmund, Europa se grootste jagskou. Maar dit is nog nie verby nie en Oostenryk kom ook die week onder die loep. Kosmos 94.1 Nuus het met Napha-president Axel Cramer gesels, wat baie positief is oor vooruitsigte vir die komende jaar.
Die Amerikaanse president, Donald Trump, het sy aanvalle op Suid-Afrika herhaal en sê die situasie in die land is gevaarlik. Hy het verlede Vrydag 'n uitvoerende bevel onderteken wat hulp van die VSA aan Suid-Afrika opskort, en waarin hy sy afkeuring uitspreek oor die land se onteieningsbeleid en sy volksmoordsaak teen Amerika se bondgenoot, Israel. Trump wat beweer daar is wydverspreide grondgrype wat ingevolge die Onteieningswet plaasvind, sê die situasie is sleg vir baie mense:
Die GOOD-party beskuldig die Gautengse regering van wanbesteding ter waarde van meer as 600 miljoen Suid-Afrikaanse rand wat vir maatskaplike verligting geoormerk was en sê dit het sukkelende organisasies sonder winsbejag sowel as kwesbare inwoners sonder ondersteuning gelaat. Die party sê verkwistende uitgawes deur die provinsiale Departement van Maatskaplike Ontwikkeling, insluitend die misbruik van fondse vir voedselbanke, skooldrag en waardigheidspakkies is in forensiese verslae ontbloot. Matthew Cook van die party beweer senior amptenare wat by die skandaal betrokke was, is steeds in hul posisies ondanks aanbevelings om hulle te vervolg:
Namibië se naelloop-ster Beatrice Masilingi het die naweek die 200 meter by die Tampere-binnehuisbyeenkoms in Finland gewen en tweee gekom in die 60 meter-wedloop. Haar tyd van 23,54 sekondes in die 200 meter was 'n nuwe nasionale binnenshuise rekord. Kosmos 94.1 Sportnuus het gesels met Masilingi se afrigter, Henk Botha.
Die leier van die Patriotic Alliance, Gayton McKenzie vra wraak teen die M23-rebelle wat verantwoordelik is vir die dood van 14 soldate van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag in die Demokratiese Republiek die Kongo. McKenzie het tydens 'n dringende Parlementêre debat sy medelye met die gesneuwelde soldate se naasbestaandes betuig. Hy het lede van die Parlement wat beweer hulle is opperbevelvoerders gekritiseer en daag hulle uit om saam met die soldate te gaan veg:
Die aanhoor van die aansoek wat die uitslae van die presidensiële verkiesing betwis, gaan vandag voort. Vyf regters van die hooggeregshof hoor die saak aan wat deur die IPC-leier Panduleni Ithula gebring is. Tydens Maandag se tweede sessie het advokaat Raymond Heathcote, wat president Nangolo Mbumba verteenwoordig, sy hoofbetoog gelewer en die bewering dat die verlenging van stemdae onwettig was, aangespreek.
Die Amerikaanse president Donald Trump het voorgestel die skietstilstand tussen Israel en Hamas word gekanselleer as al die gyselaars in Gaza nie teen Saterdag vrygelaat word nie. Dit volg nadat Hamas gesê het die volgende vrylating van gyselaars word uitgestel en Israel beskuldig het dat hy die skietstilstand-ooreenkoms verbreek. Sedert die skietstilstand op 19 Januarie begin het, is 16 Israelse en vyf Thaise gyselaars vrygelaat in ruil vir 566 Palestynse gevangenes. Trump het ook sy twyfel uitgespreek of baie gyselaars lank genoeg sal bly leef om vrygelaat te word:
Die uitvoerende hoof van die Orania Beweging Joost Strydom het in ‘n video op X lede op die platform gevra om die poging vir ‘n soewereine gebied vir die Afrikaner-volk te bevorder. Hy sê sy boodskap aan die Trump-administrasie is eenvoudig – hulle soek die belasting dollars nie, net ‘n eie gebied.
Veiliger Internetdag word jaarliks op 11 Februarie gevier en bevorder aanlynveiligheid en verantwoordelike digitale betrokkenheid onder die tema "Saam vir 'n beter internet." Die Kommunikasie Regulerende Owerheid van Namibië, Cran, ondersteun die inisiatief met sy kinder-aanlynbeskermingsprogramme, wat kinders, ouers en opvoeders opvoed oor aanlynrisiko's soos kuberafknouery, skadelike inhoud en sogenaamde aanlyn roofdiere. Ella-Betty Chapoto, die verbruikersverhoudinge- en voorspraakpraktisyn by Cran, het meer oor die dag.
Meatco se lang-verwagte spesiale ledevergadering vind vandag by Nipam in die hoofstad plaas. Twee vorige pogings om ‘n jaarvergadering te hou het misluk weens 'n gebrek aan kworum. Die Lewendehawe Produsente-organisasie het hierdie vergadering aangevra vir terugvoering oor 'n verskeidenheid kwessies. Kosmos 94.1 nuus het gesels met Jako van Wyk, die organisasie se president, wat 'n beroep op Meatco-produsente doen om op te daag.
Ten spyte van inflasie vir Januarie wat 3,2 persent was, 0,2 persent laer as in Desember, het pryse volgens die Namibiese Statistieke-agentskap met 1,1 persent gestyg vanaf Desember. Simonis Storm het hulle verslag vrygestel wat die agentskap se statistieke evalueer. Volgens 'n ekonoom by Simonis Storm, Almandro Jansen, kan inflasie dalk 'n probleem word weens globale handelspanning, en veral die spanning tussen Suid-Afrika en die VSA.
Die DA het 'n aansoek teen die onlangs-getekende Onteieningswet by die Wes-Kaapse Hooggeregshof ingedien en beweer dis ongrondwetlik. Die party voer aan die wet bied die regering buitensporige magte om eiendom sonder vergoeding te vat, in 'n stap wat herinner aan grondonteiening tydens apartheid. Die voorsitter van die DA se federale raad, Helen Zille, vra dat die wet nietig verklaar word, met verwysing na onduidelike klousules en die belyning daarvan met die ANC se breër strewe na onteiening sonder vergoeding.
Hamas het aangekondig dat hy sal ophou om Israeliese gyselaars vry te laat tot verdere kennisgewing oor wat hulle noem Israeliese oortredings van die wapenstilstand-ooreenkoms. Abu Ubaida, woordvoerder van Hamas se militêre vleuel, sê dit sluit in die vertraging van Palestyne om na die noorde van Gaza terug te keer, die teiken van Palestyne met bombardemente en geweervuur, en die voorkeer van humanitêre hulp. Israeliese verdedigingsminister Israel Katz sê die aankondiging skend die skietstilstand-ooreenkoms. Hy het die weermag opdrag gegee om op die hoogste vlak van gereedheid in Gaza voor te berei. Die Palestynse aktivis en politikus Mustafa Barghouti het aan Al Jazeera gesê Israel het die ooreenkoms ook oortree deur Amerikaanse president Donald Trump se plan om Gaza etnies te reinig, te ondersteun.
Die Namibië Kamer van Koophandel en Nywerheid het 'n openbare betrokkenheidsplatform begin om verskeie onderwerpe wat met handel verband hou, te bespreek. Die tema is “Verseker die Kamer se voortgesette relevansie”. Die jongste onderwerp was “Aanpassing by 'n veranderende sakelandskap en versterking van institusionele impak”. Tydens die sessie het sakeman dr. Leake Hangala uitgelig hoe die Kamer sake-ontwikkeling bevorder.
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens vra vir geduld terwyl kundiges werk om sy inligting- en kommunikasietegnologiestelsels te herstel na 'n kuberaanval twee weke gelede. Hoewel sommige dienste beïnvloed is, word noodsaaklike dienste voortgesit vir dienste soos lugvaart en voorspellings vir swaar weer, deur die gebruik van ander metodes. Woordvoerder Oupa Segalwe sê die span werk daaraan om die virus te verwyder en data te herwin, maar dit neem langer as wat verwag is.
Die finansministerie het dit duidelik gemaak dat die nasionale begroting eers ter tafel gelê sal word nadat die nuwe parlement saamgestel is, in teenstelling met berigte dat dit vroeër gedoen sal word. Die begroting word tipies voor die einde van Februarie ter tafel gelê, maar vanjaar is die proses vertraag weens die onlangse verkiesings. Die verkose president Netumbo Nandi-Ndaitwah word op 21 Maart ingehuldig, waarna sy haar kabinet sal aanstel. Die publiek word versoek om op amptelike regeringskommunikasie staat te maak vir akkurate inligting.Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die finansministerie se woordvoerder, Wilson Shikoto.
Amerikaanse voetbal: Philadelphia Eagles het in ’n skitterende poging die verdedigende kampioen, Kansas City Chiefs, 40-22 verslaan en die Super Bowl in New Orleans gewen. Chiefs het probeer om ’n ongekende derde agtereenvolgende Super Bowl-sege op te raap. Hierdie oorwinning is uit wraak vir Eagles se nederlaag van 38-35 teen Chiefs twee jaar gelede. Eagles se agterspeler, Jalen Hurts, wat as waardevolste speler aangewys is, sê die oorwinning was ’n spanpoging.
Voornemende studente doen aansoek by hoëronderwysinstellings regoor die land. Daar is kommer oor ongeakkrediteerde instellings wat studente inloop met kwalifikasies wat niks werd is nie. Die Namibië Kwalifikasie-owerheid is die enigste entiteit met die mandaat om persone, instellings en organisasies wat onderwys en opleiding verskaf, te akkrediteer. Kosmos 94.1 Nuus het met Lina Ndengu, die owerheid se woordvoerder, gesels wat 'n oorsig oor hul blitslyn gegee het. Die blitslyn kan op hul webwerf gevind word.
Namibië en Nigerië het hulle tot verbind tot die uitbreiding van samewerking en kennisdeling in sleutel ekonomiese sektore. Dit sluit in werke, vervoer en mariene samewerking, handel, finansies, beleggings en ontwikkeling van klein- en medium besighede, myne en hernubare energie. Namibië wil ook Nigerië se kundigheid benut in die ontwikkeling van die olie- en gassektor, veral in eksplorasieaktiwiteite by Walvisbaai. Eben de Klerk, ’n navorser en lid van die Vereniging vir Ekonomiese Beleidsnavorsing, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels en sê daar is beter plekke om te leer.
Vyf regters van die hooggeregshof hoor vandag en môre die aansoek aan deur IPC-leier Panduleni Ithula, wat aspekte van die presidensiële verkiesing betwis. Die LPM steun die IPC in die aansoek. Tydens die LPM se hoofde van argument wat deur Suid-Afrikaanse advokaat Kameel Premhid voorgelees is, het die amptelike resultate verklaring-vorms, vorms 26, wat nie deur die Verkiesingskommissie as bewyse ingehandig is nie, ter sprake gekom.
Na openbare klagtes oor pasiënte wat op die vloer by die Gobabis-staatshospitaal slaap, het die NEFF-aktivis Michael Amushelelo die gesondheidministerie besoek om die kwessie aan te spreek. Amushelelo sê hy het 'n gesprek gevoer met Ben Nangombe, uitvoerende direkteur van gesondheid, oor die haglike toestand van gesondheidsorg. Verslae dui daarop dat die Gobabis-hospitaal lank reeds gebuk gaan onder 'n tekort aan beddens, wat selfs kraam- en hoësorgpasiënte affekteer. Amushelelo het dringende optrede deur die ministerie geëis om beddens teen middernag te voorsien, en waarsku oor ernstige gevolge as die situasie onopgelos bly.
Die Wes-Kaapse polisie het kommer uitgespreek oor geweldsmisdade in die provinsie, en veral die neiging om slagoffers aan die brand te steek. Die afgelope paar dae is meer as tien mense doodgeskiet en talle gewond. In Philippi-Oos is vyf mense in een voorval vermoor. Die provinsiale polisiekommissaris, Thembisile Patekile, sê die toename in geweldsmisdaad is ten spyte van ekstra polisiehulpmiddels en -personeel wat ontplooi is.
Lesotho se afgetrede Verdedigings-attaché by die Afrika-unie, Tefo Nkeli, versoek Afrika-leiers om dringend gewere stil te maak op die hele vasteland. Hy benadruk Afrika se hulpbronne moet nie 'n vloek vir sy mense word nie. Nkeli vra vrede en samewerking in die nasleep van die voortslepende konflik in die Demokratiese Republiek die Kongo om te verseker die vasteland se potensiaal word ten volle verwesenlik. Nkeli het op SABC News gepleit vir 'n verenigde Afrika vry van konflik.
ActionSA sê hy gaan aan arbeidminister Nomakhosazana Meth skryf en eis dat daar dringend ingegryp word by die ongebreidelde korrupsie en wanbestuur by die Vergoedingsfonds en die Werkloosheidsversekeringfonds. Die fondse is verantwoordelik vir ʼn gesamentlike jaarlikse inkomste van 46-miljard-Suid-Afrikaanse rand. ʼn ActionSA-woordvoerder, Alan Beesley, sê sommige van die Ouditeur-generaal se bevindings oor die fondse sluit in bedrieglike transaksies, en ʼn totale gebrek aan gevolgbestuur vir korrupsie en wanbestuur.
Die opknapping van die Katutura-hospitaal is reeds 10 maande agterstallig na die projek 40 miljoen Namibiese dollar toegeken is. Die werke-ministerie het ook nog nie ‘n konsultant aangestel om die teaters te ontwerp nie, wat volgens berigte vervalle is. Die toestande is uiters ongunstig genoem deur die hospitaal se superintendent, dr. Nelago Amagulu. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Ben Nangombe, die uitvoerende direkteur van gesondheid, wat verduidelik.
Die Sandhof-lelies het begin blom met ongeveer die helfte van die pan op die noordelike deel wat water gevat het. Dit is ‘n week voor daar verwag is dat hulle hul verskyning sou maak. Die plaas is van vandag af oop vir besoekers soos Marika Raves van die Maltahöhe Hotel verduidelik.
Die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing het ‘n inligtingsessie gehou oor die Deursigtigheidsinisiatief in die onttrekkingsbedryf, of mynbedryf, waarvan Namibië nog nie lid is nie. Die inisiatief bevorder die oop en verantwoordbare bestuur van olie, gas en minerale hulpbronne. Graham Hopwood, die direkteur van die IPPR, beklemtoon die belangrikheid van die inisiatief.
Die landbou-organisasie TLU SA sê die ANC se transformasie-agenda het gelei tot die geleidelike uitsluiting van sekere groepe in die arbeidsmag en ekonomiese geleenthede. Verlede Vrydag het die Amerikaanse president Donald Trump beveel dat finansiële hulp aan Suid-Afrika gestaak word weens die land se onteieningsbeleid. Hy het ook toevlug vir Afrikaners gebied. Bennie van Zyl van TLU SA sê die regering het homself geplaas tussen lande wat Amerika openlik teenstaan, terwyl hy terselfdertyd verwag dat Amerikaanse belastingbetalers finansiële hulp aan Suid-Afrika sal verleen:
Meatco se spesiale ledevergadering vind môre om nege by Nipam in die hoofstad plaas. Die vergadering is aangevra deur die Lewendehawe Produsente-organisasie om terugvoer te kry oor talle kwessies na twee mislukte pogings om ‘n jaarvergadering te hou. Registrasie vind tussen half-agt en half-nege plaas. Kosmos 94.1 Nuus het met landboukenner Wallie Roux gesels. Hy sê dit is ‘n waterskeiding-vergadering wees.
Boere by die Hardapdam is verlig oor goeie neerslae wat ontvang is en die dam wat tans op 22,1 persent van kapasiteit staan. Dit het vroeër broekskeur gegaan met besproeiing wat op ‘n stadium gestaak is maar teen middel Januarie hervat. Met die onlangse reën het die Visrivier nie teleurgestel nie. Produsent Rico Bothma sê daar is baie om voor dankbaar te wees.
Die Staatsinstellings Pensioenfonds het 'n beroep op alle pensioenarisse, hul kinders en gadebegunstigdes gedoen om hul biometriese verifikasie teen 28 Februarie te voltooi om te bevestig dat hulle nog lewe. Diegene wat die sperdatum mis, se pensioenbetalings sal vanaf 28 Maart opgeskort word. GIPF doen 'n beroep op begunstigdes om die mobiele verifikasie-toep so gou moontlik te gebruik om te verseker dat voordele korrek en sonder vertragings betaal word. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Katrina Sikeni, die fonds se bestuurder vir belanghebbende-betrokkenheid, wat verduidelik hoekom die proses belangrik is.
The DA vra vir die onmiddellike implementering van President Cyril Ramaphosa se staatsrede wat belowe om elektrisiteitsopwekking oop te maak vir privaat deelname. Woordvoerder Kevin Mileham het die gebrek aan tydskale gekritiseer en aangedring op die vrystelling van sleutel energie-hervormingsdokumente. Dit sluit in die Geïntegreerde Energieplan en die Hernubare Energiemeesterplan. Hy vra vir hervormings, insluitende elektrisieteitshandel en die reëls vir die toegang tot die elektrisiteitsnetwerk:
Video's op sosiale media oor die naweek het nog 'n rondloper-leeuwyfie naby Oshivelo gewys, naby waar een verlede week gesien is. Motoriste word versoek om vir veiligheid in hul voertuie te bly. Verlede naweek het die omgewingministerie twee voorvalle van rondloperleeus bevestig. 'n Leeuwyfie is in die Tsumeb-Oshivelo-omgewing gesien, terwyl 'n ander leeu naby Oromowa, op Etosha se westelike grens, opgemerk is. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Romeo Muyunda, die ministerie se woordvoerder.
Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie het sy huidige ondersoek na Stilfontein se Operasie Vala Umgodi in Noordwes na ʼn nasionale ondersoek uitgebrei. Sedert Augustus vanjaar het 2 000 onwettige mynwerkers by die Buffelsfontein-myn na die oppervlak gekom en minstens 78 zama zama’s is dood. Die kommissie se advokaat, Sandra Makoasha, het aan die SABC gesê die besluit om die ondersoek nasionaal uit te brei, is genoodsaak deur die omvang van dit wat by Stilfontein gebeur, en voorleggings van gemeenskapslede, mynwerkers en nieregeringsorganisasies:
Die Suid-Afrikaanse Sakekamer in Amerika sê hy het meer as 20 000 navrae van Suid-Afrikaners ontvang wat hulle in Amerika wil hervestig. Dit volg nadat Amerika se president, Donald Trump, Vrydag met 'n uitvoerende bevel hulp aan Suid-Afrika opgeskort het en die hervestiging van Afrikaners in Amerika prioritiseer wat slagoffers is van rasse-diskriminasie. Die sakekamer-president, Neil Diamond, het aan die SAUK gesê 'n massa-uittog van vaardige professionele boere uit Suid-Afrika kan moontlik plaasvind:
Die Swakopmund-munisipaliteit begin met 'n openbare bestekopname vir die mees geskikte plek om 'n voorgestelde nuwe visskoonmaakfasiliteit vir die gemeenskap te bou. Die publiek kan 'n e-pos stuur om 'n kaart te kry wat die ligging van die voorgestelde terreine aandui. Drie is in Henrichsenpark, oorkant die jetty selfsorgverblyf, oorkant The Tug-restaurant en oorkant die akwarium. Die ander een is die parkeerarea tussen Moses Garoëb- en Schlachterstrate op Erf 118. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Linda Mupupa, die Swakopmund munisipaliteit se woordvoerder, wat meer inligting gee.
Ierland se tydelike hoofafrigter, Simon Easterby, het sy span geloof na hul bonuspunt-oorwinning van 32-18 oor Skotland in die Sesnasies-reeks op Murrayfield. Ierland se sege is te danke aan Calvin Nash, kaptein Caelan Doris, James Lowe en Jack Conan se drieë, plus 12 punte wat die nuweling, losskakel Sam Prendergast, bygedra het. Die span kon vir die derde agtereenvolgende keer die titel opraap. Easterby sê die spelers het gedoen waaraan hulle geoefen het:
Die DA betreur die afsterwe van die eerste president van 'n onafhanklike Namibië, Sam Nujoma. Hy is op 95-jarige ouderdom in 'n hospitaal in die hoofstad dood. Nujoma het in 1990 die lang stryd vir onafhanklikheid teen Suid-Afrika volbring, nadat hy in die 1960's gehelp het om Namibië se bevrydingsbeweging bekend as Swapo te stig. Ná onafhanklikheid het hy in 1990 president geword en die land gelei tot 2005. Die DA se Willie Aucamp, sê Nujoma was ’n buitengewone nasionale figuur:
Die EFF het teruggekap nadat die Suid-Afrikaans-gebore miljardêr, Elon Musk, gesê het die partyleier Julius Malema moet gestraf en as internasionale misdadiger verklaar word. Dit volg nadat Musk ou video’s op X geplaas het waar Malema sê witheid se keel moet afgesny word. Die EFF-woordvoerder, Sinawo Thambo, sê Musk se opmerkings teen Malema kom neer op inmenging by die land se huishoudelike sake en voeg by dit verklaar die miljardêr as vyand van Suid-Afrika:
Die viermalige Grand Slam-kampioen, Carlos Alcaraz, het sy eerste binnenshuise, hardebaan-titel van sy loopbaan behaal toe hy die Rotterdam Ope in Nederland gewen het. Die 21-jarige Spanjaard het die Australiër Alex de Minaur met 6-4, 3-6, 6-2 geklop om sy 17de toer-sege te behaal. Hy is die eerste Spaanse kampioen in die toernooi se geskiedenis van 52 jaar. Alcaraz sê hy het baie selfvertroue gekry na sy vertoning in die toernooi:
Namibië treur oor die afsterwe van sy stigterspresident, Sam Nujoma, wat Saterdag 8 Februarie net voor middernag in die ouderdom van 95 oorlede is. Nujoma was instrumenteel om Namibië tot onafhanklikheid van Suid-Afrika in 1990 te lei en het 15 jaar lank as die land se eerste president gedien. Namibiërs van alle vlakke van die samelewing het hul medelye uitgespreek en oor sy nalatenskap besin.
Terwyl reën verligting vir boere bring ná 'n droogte, hou dit ook risiko's in. Agribank waarsku teen gevare soos weerlig, vloede, plae en siektes wat vee en gewasse kan skade doen. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Hanks Saisai, 'n tegniese adviseur by Agribank wat in gewasse spesialiseer.
Die land is in rou na die dood van stigterspresident Sam Nujoma. Die leier van die amptelike opposisie PDM, McHenry Venaani, beskryf wyle oudpresident Sam Nujoma as 'n voorspraakmaker van Namibië se moderne demokrasie en 'n geskiedkundige staatsman. Hy sê Nujoma was 'n beslissende leier wat sy alles gegee het om die land se vryheid te verseker.
Nopal Carbon Namibia het begin met die ontwikkeling van 'n 800-hektaar nopalkaktus, of turksvy-plaas by Maltahöhe, nadat sy omgewingsklaringsertifikaat uitgereik is. By die sooispit seremonie het vennoot Nicole Maske gesê die projek beoog om meer as 60 werksgeleenthede in die aanvangsfase te skep. Die plaas is deel van Nopal se breër strategie om 17 500 hektaar turksvye teen 2028 te verbou, met die doel om die droë landskap in produktiewe terreine vir bio-energie en koolstofsekwestrasie te omskep. 'n Bioverteerder kan metaangas uit die plant se blare en stamme maak, wat gebruik kan word om elektrisiteit op te wek. Die hoofrede is namens vise-president Netumbo Nandi-Ndaitwah gelewer deur die adjunk-uitvoerende direkteur in die kantoor van die vise-president, Mateus Kaholongo.
Die voorsitter van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap en president van Zimbabwe, Emmerson Mnangagwa, beklemtoon die streeksuitwerking van die konflik in die Demokratiese Republiek van die Kongo, en vra 'n standhoudende oplossing. Die SAOG en die Oos-Afrikaanse Gemeenskap het in Tanzanië vergader. Mnangagwa vra eenheid en lê klem op die behoefte om die Kongolese belange voorop te stel en die uitdagings te konfronteer wat vrede en bestendigheid in die streek kniehalter.
Die land is geruk deur die nuus van die dood van stigterspresident Sam Nujoma. President Nangolo Mbumba het by die Nujoma-woning in Windhoek hulde gebring en gesê Nujoma het geen moeite ontsien om Namibiërs van alle vlakke van die samelewing te motiveer om 'n land te bou wat hoog sal staan onder wêreldnasies nie. Hier is sy aankondiging voor 5-uur vanoggend.
Namibië eer vandag die 35ste herdenking van die aanvaarding van die Grondwet. Hierdie mylpaal reflekteer op die kernwaardes van eenheid, vryheid, gelykheid en geregtigheid wat steeds die nasie vorm. Namibië se hoogste wet, wat erken word as een van die mees progressiewe grondwette ter wêreld, beskerm die waardigheid en fundamentele regte van alle individue, insluitend die regte op lewe, vryheid en die strewe na geluk. Die geleentheid bring ook hulde aan wyle president Hage Geingob, wie se leierskap deurslaggewend was in die opstel van die Grondwet as voorsitter van die Grondwetgewende Vergadering. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die politieke ontleder dr. Phanuel Kaapama oor of die Grondwet gehandhaaf en beskerm word deur diegene wat daarmee toevertrou is.
’n Onlangse opname deur The Brief het gewys dat sommige van die land se groot hotelle wegbeweeg het van vaste pryse ten gunste van dinamiese tariewe, aangedryf deur internasionale standaarde en stygende bedryfskoste. Internasionaal is wisselende tariewe, ook bekend as Beste Beskikbare Tariewe of BAR algemeen, wat ondernemings in staat stel om pryse te verlaag gedurende nie-spitstye, watctoeriste kan bevoordeel met laaste-minuut-aanbiedings. Daar is egter kommer dat dit binnelandse toeriste, wat hul reise lank vooruit beplan weens finansiële- en tydsdruk, kan vervreem. Kosmos 94.1 Nuus het Gitta Paetzold, die uitvoerende hoof van die Namibiese Gasvryheidsvereniging, gevra of plaaslike pryse teenoor internasionale pryse 'n opsie kan wees.
Die president van die Suid-Afrikaanse Sakekamer in Amerika, Niel Diamond, sê die afwesigheid van die VSA by die G20 is 'n kans vir Suid-Afrika om sy geopolitieke toepaslikheid in Afrika te bewys. Die Amerikaanse minister van Buitelandse Sake Marco Rubio het aangekondig hy sal nie die spitsberaad bywoon nie, oor verskille rondom die Wet op Onteiening. Diamond het aan eNCA gesê sy afwesigheid is 'n geleentheid vir Suid-Afrika om klem te lê op die belangrikheid van multilaterale diplomasie.
AfriForum waardeer die Amerikaanse president Donald Trump se erkenning van ongeregtighede teen Afrikaners maar hou vol hulle toekoms bly in Suid-Afrika. Die uitvoerende hoof Kallie Kriel het die media toegespreek en die belangrikheid beklemtoon van die behoud van Afrikaner-kulturele identiteit aan die suidpunt van Afrika. Hy het ook regeringsbeleid gekritiseer. Die organisasie stel oplossings voor, wat insluit die beskerming van eiendomsregte, die uitroei van korrupsie en die aanmoediging van kulturele samewerking. Kriel sê hulle sal met beide regerings praat om die spanning opbouend by te lê.
Huldeblyke stroom in na die afsterwe van Namibië se stigtingspresident Sam Nujoma. Hy is net voor middernag oorlede in 'n Windhoekse private hospitaal. Nujoma was 95. Dr. Riaan 'Koedoe' Eksteen, Suid-Afrika se gesant in Namibië net voor en na onafhanklikheid, bring hulde.
Stigterspresident Sam Nujoma is net voor middernag oorlede na drie weke se hospitalisasie in die hoofstad. President Nangolo Mbumba het die aankondiging net voor vyf vanoggend by staatshuis gemaak.
Die wrede byldood van die Rottweiler Ragnir om as kapanavleis verkoop te word, het skokgolwe deur Swakopmund gestuur. Die voorsitter van die dorp se DBV, Desiree Nel, sê dit was nie 'n geïsoleerde voorval nie maar deel van 'n groeiende tendens waar honde vir vleis geslag word. Sy bepleit veranderinge aan die Dierebeskermingswet en die daarstelling van eksplisiete kodes wat misdade wat honde teiken, reguleer. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Toni Hancox, die direkteur van die Regshulpsentrum, wat kommentaar lewer.
Die voormalige minister van Internasionale Betrekkinge Naledi Pandor het teleurstelling uitgespreek oor die Amerikaanse president Donald Trump en minister van Buitelandse Sake Marco Rubio se kritiek op Suid-Afrika. Trump beweer die grondonteieningswette mishandel sekere groepe, terwyl Rubio gedreig het om die G20-spitsberaad te boikot. Pandor vra behoorlike kommunikasie en versterkte diplomatieke pogings, en beklemtoon Suid-Afrika se sterk bande met die VSA.
Rugby: Die Stormers pak die Bulle sonder verskeie eerstekeuse-spelers in vandag se Verenigde Rugbykampioenskapswedstryd in Kaapstad. Manie Libbok, Ruhan Nel, Neethling Fouché, JD Schickerling en Ali Vermaak is almal beseer. Dit is baie slegte nuus vir 2021/22 se kampioen, wat tans maar 12de op die punteleer is. 'n Oorwinning oor hul aartsvyand kan hulle egter laat opskuif tot onder die voorste agt, en 'n plek in die uitspeelronde. Die wedstryd begin vanmiddag 2-uur op die Kaapstad-stadion.Willem Strauss, die president van die Blou Bulle, is in Kaapstad.
Die land het 'n groot werkloosheidsprobleem wat basies net opgelos kan word deur meer klein- en mediumgrootte ondernemings asook groter besighede, wat werk sal skep en ook die belastingbasis verbreed. Al hoe meer sakelui sê egter dat Namibië se beleide dit uiters moeilik maak om 'n besigheid te begin en te laat groei. Hulle noem dit selfs ’n uiters onvriendelike sake-omgewing, met wette en beleid wat werksgeleenthede smoor en ekonomies vernietigend is. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Danny Meyer van SME Compete, wat kommentaar lewer.
Amerikaanse president Donald Trump se uitvoerende bevel wat hulp aan Suid-Afrika staak en die hervestiging van Afrikaners onder die vlugtelingprogram bevorder, het 'n bom laat bars. Die F.W. De Klerk-stigting vra vir kalmte en koel koppe, en dringende samesprekings met die Trump-administrasie. Kallie Kriel, die uitvoerende hoof van Afriforum, sê Afrikaners se plek is aan die suidpunt van Afrika. Afriforum en Solidariteit vergader vanoggend dringend oor die bevel. Kosmos 94.1 Nuus het ekslusief met die deurwinterde diplomaat en voormalige SA Ambassadeur in Namibië, Dr. Riaan Eksteen, gesels.
Die Copps 94.1-span het 'n ongewone en ook hartseer aand gehad in die hoofstad. Francois Lottering, wat aan diens was, lewer verslag.
M23-rebelle en geallieerde Rwandese magte het 'n nuwe offensief in die oostelike Demokratiese Republiek van die Kongo geloods en het onlangs op die myndorp Nyabibwe in die Suid-Kivu-provinsie beslag gelê. Die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap het vredesmagte in die Kongo maar Namibiese soldate vorm tot nog toe nie deel daarvan nie. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Dr. Charles Mubita, Swapo-veteraan en oud PLAN-vegter, wat verduidelik.
Amerikaanse voetbal: Buffalo Bills se agterspeler, Josh Allen, het die eerste keer die NFL se toekenning vir waardevolste speler gewen op die prysuitdeling in New Orleans. Die 28-jarige het sy span gelei na 'n oorwinningsrekord van 13-4 en 'n vyfde agtereenvolgende AFC East-titel. Washington Commanders se agterspeler, Jayden Daniels, is aanvallende nuweling van die jaar en Joe Burrow van Cincinnati Bengals die beste speler wat vanjaar 'n terugkeer gemaak het. Allen sê hy is deel van 'n spesiale span.
Landelike-stedelike migrasie word veroorsaak deur verskeie sosio-ekonomiese faktore, soos indiensneming, besigheid, onderwys en gesondheid. In Namibië is die verskynsel veral die afgelope paar jaar opvallend, met mense wat na dorpe stroom op soek na beter werk- en onderwysgeleenthede. Kosmos 94.1 Nuus het met die sosiale aktivis Simon Amunime gesels, wat sê dit plaas verskeie sektore onder druk.
Die oorskot van 14 Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag-soldate wat gesterf het in gevegte met M23-rebelle in die Demokratiese Republiek die Kongo, word vandag gerepatrieer. Dit volg ná verskeie vertragings te midde van hangende administratiewe prosesse met die Verenigde Nasies. SABC News het bevestig Suid-Afrika het die nodige administratiewe vereistes nagekom en die repatriasie is tans aan die gang. Hulle sal deur Rwanda en Uganda beweeg en daarna na Suid-Afrika vlieg. Die VN berig altesaam 2 000 liggame was in Goma en 900 in hospitale. President Cyril Ramaphosa het hulde gebring aan die soldate in sy staatsrede.
Die Nasionale Teater van Namibië hou oudisies vir Blended Voices, 'n viering van Namibiese koorsang. Aspirant-sangers het die kans om mee te ding vir opwindende prysgeld deur 'n video-uitvoering van 3 minute van 'n kontemporêre Namibiese koorlied in te dien, tradisionele gesange uitgesluit. Oudisies is oop tot 9 Februarie, met die finaliste wat op 17 Februarie aangekondig word. Blended Voices word op 29 Maart aangebied. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die teater se woordvoerder, Desiree Mentor, wat meer deel.
Die opknapping van die Katutura-hospitaal het nog nie begin nie, 10 maande na daar 40 miljoen Namibiese dollar opsy gesit is daarvoor. Daar moet ook nog ‘n konsultant aangestel word om die teaters te ontwerp. Die Sentrale Hospitaal neem glo toerusting na die hospitaal vir operasies in die vervalle teaters. Reaksie is ontvang van Elvire Theron, die sekretaris-generaal van die Republikeinse Party.
Sommige werkers rapporteer dat sedert die minimum loon ingestel is, hul werksure verkort is. 'n Veiligheidswag, wat veronderstel is om die sektor se minimum loon van 13 Namibiese dollar 50 sent per uur te kry, sê hul skofte het van 12 uur na 6 per dag verander. 'n Deli-werker in Tsumeb sê hulle werksure is van 12 tot 8 verminder, en werksdae van 22 tot 14. Werk op openbare vakansiedae en Sondae word ook nie meer as oortyd beskou nie. Ekonome het gewaarsku dat dit kan gebeur want sommige werkgewers sal sukkel om die minimumloon te bekostig. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Mahongora Kavihuha, sekretaris-generaal van Tucna.
Die land se eerste gespesialiseerde omgewingsmisdaadhof in Otjiwarongo het ten doel om wild- en omgewingsmisdade doeltreffender te bekamp. Die hof vorm deel van die Nasionale Natuurlewebeskermingstrategie. Spesiale wildmisdaadhowe het ook verlede jaar in Oshakati, Rundu en Katima Mulilo. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Jaco Muller van die Rhino Momma-projek, wat die hof verwelkom.
Die staat het diefstal-aanklagte ter waarde van meer as 800 000 Suid-Afrikaanse rand laat vaar teen die president van die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging, Danny Jordaan, en die finansiële hoof, Gronie Hluyo. Hulle en die sakeman Trevor Neethling het hul vierde verskyning in die Handelshof in Palm Ridge, Gauteng, gemaak. Albei word egter steeds beskuldig van bedrog en sameswering. Jordaan wil probeer om die saak uitgegooi te kry. Phindi Mjonondwane van die Nasionale Vervolgingsgesag sê die saak is tot 15 Augustus uitgestel.
Die inligtingsministerie het verlede Augustus die onderskrywing van die Wet op Toegang tot Inligting No. 8 van 2022-regulasies aangekondig. Lynminister Emma Theofelus het in die parlement gesê die ministerie is besig om met die justisieministerie en die Nasionale Vergadering te skakel om 'n inligtingskommissaris aan te stel. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die redakteur van Fact Check Namibia, Frederico Links, wat sê dit sal seker eers gebeur wanneer die nuwe regering ingesweer is.
Sokker: Die verdedigende kampioen, Liverpool, het sy plek in die eindstryd van die Carabaobeker-kompetisie bespreek. Cody Gakpo, Mohamed Salah, Dominik Szoboszlai en kaptein Virgil van Dijk se doele het die Reds ʼn sege van vier-nul oor Spurs besorg in die tweede wedstryd van die halfeindronde op Anfield. Liverpool speel op 16 Maart op Wembley teen Newcastle, wat Arsenal vier-nul verslaan het in hul twee halfeind-kragmetings. Liverpool se afrigter, Arne Slot, sê dis spesiaal om sy eerste eindstryd met die span te bereik.
Die landbou-organisasie TLU SA sê Suid-Afrika het reële ekonomiese groei nodig, nie nog sosialisme nie, wat werkskepping vernietig. Die organisasie sê president Cyril Ramaphosa se staatsrede was 'n teleurstelling omdat hy die ANC se mislukte ideologie herhaal het en politieke speletjies gespeel het. Bennie van Zyl van TLU SA sê as Ramaphosa ernstig is oor groei, sal hy aktief privaat eienaarskap beskerm en beleid stabiliseer om belegging aan te moedig.
Kraguitdagings in die Dorob Suid en Rooibank gebied raak op die oomblik watervoorsiening aan Walvisbaai en die gewone vloei van 400 kubieke meter per uur is af na 154 gedurende die dag. NamWater sê hy werk saam met die Walvisbaai-munisipaliteit om die uitdaging op te los. Lot Ndamanomhata, NamWater se woordvoerder.
Die LUR vir Infrastruktuur in die Wes-Kaap Tertius Simmers sê die provinsie het 'n behuisingsagterstand van omtrent 620 000 huishoudings, meesal in Kaapstad. Dit is weens die vinnige bevolkingstoename en 'n gebrek aan bekostigbare behuising. Intussen sê Sindisiwe Ngxongo van die Departement van Menslike Nedersettings 'n behuisingsprojek in Macassar sal na verwagting 2 469 gedienste persele oplewer, met die totale koste van die projek wat beraam word op 1 miljard Suid-Afrikaanse rand:
Die tragiese voorval by Canopy in die Dorob Nasionale Park waar 'n groep bedreigde Kaapse kormorante opsetlik doodgery is, is steeds nie opgelos nie. 'n Voertuig het hulle doelbewus geteiken terwyl hulle op die strand geslaap het. Bewaringsowerhede het 'n beloning van 10 000 Namibiese dollar aangebied. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Naude Dreyer van Ocean Conservation Namibia, wat 'n opdatering gee van kustoestande asook die kormorante-saak.
Die styging in die prys van mielies in Suid-Afrika, vanwaar Namibië meeste van sy mielies invoer raak reeds ons sakke. Wanneer die graan hier aankom, kos ‘n ton rondom 9 000 Namibiese dollar. Verbruikers in Khomas het dit reeds in Desember gevoel met ‘n 5 kilogram sak wat 70 dollar 49 sent beloop het terwyl die suidelike dele van die land, sowel as Omaheke en Erongo, 71 dollar 57 sent betaal het. Die bestuurder van akkerbou en tuinbou by die Akkerbouraad, Gilbert Mulonda verduidelik.
Die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing het ‘n inligtingsessie gehou vir die Extractive Industry Transparency Initiative vir die ontginningsbedryf. Namibië is steeds nie ‘n lid van die inisiatief nie en almal wat om te hoor wat die kabinet besluit het. Die groepering bevorder die oop en verantwoordbare bestuur van olie, gas en minerale hulpbronne. Mark Robinson, die uitvoerende direkteur van die inisiatief het vandag gesprek gevoer met die burgerlike samelewing.
Die IPC se uitdaging van aspekte van die presidensiële verkiesing in die Hooggeregshof sal Maandag hervat. Tydens die laaste verhoor van die party se soortgelyke uitdaging van die Nasionale Vergadering-verkiesings, het die Verkiesingshof beveel dat dit sal voortgaan wanneer die Hooggeregshof die presidensiële verkiesing-saak afgehandel het. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Imms Nashinge, die IPC se woordvoerder.
Die Israeliese ambassadeur na die VN, Danny Danon, sê hy kan glad nie verstaan waaroor daar ‘n bohaai is oor die verskuiwing van Palestyne uit Gaza sodat president Donald Trump dit kan omskep in die Riviera van die Midde-Ooste nie. Hy het met SkyNews gepraat en sê as mense wil trek moet hulle kan.
Meer as 200 huishoudings wat in Januarie deur kitsvloede geraak is, is deur die Stad Windhoek op Plaas 508 hervestig. Sommige gesinne het dit egter teengestaan weens 'n gebrek aan noodsaaklike infrastruktuur soos gesondheidsdienste, onderwys- en veiligheidsfasiliteite. Die Khomas-streekraad sal help met verdere ontwikkeling van die hervestigingsterrein. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Lydia Amutenya, Stad Windhoek se woordvoerder, wat 'n opdatering gee van die fasiliteite by die terrein.
Die DA-leier en minister van Landbou, John Steenhuisen, sê sy party se beleid wat ekonomiese groei en werkskepping bevorder, was ʼn belangrike deel van president Cyril Ramaphosa se staatsrede. Die president het gesê die regering van nasionale eenheid sal nog ʼn fase hervormings instel om ekonomiese groei bo 3 persent te kry. Steenhuisen sê die beleid moet nou dringend ingestel word:
President Cyril Ramaphosa sê die dringendste taak vir die regering van nasionale eenheid is om die ekonomie te laat groei en armoede te verminder. Hy het Donderdagaand die staatsrede in Kaapstad gelewer. Ramaphosa sê die regering gaan nog 'n fase van hervormings van stapel stuur om die ekonomiese groei bo 3 persent te probeer lig. Hy sê die regering gaan oor die volgende drie jaar meer as 940 miljard Suid-Afrikaanse rand aan infrastruktuur bestee:
Die kletsrymer met 22 Grammy-toekennings agter sy naam, Kendrick Lamar, sê hy gaan sy Los Angeles hip-hop-ritme in New Orleans inklits, terwyl sy storievertel-kern nie sal agterbly tydens sy optrede by Sondag se Super Bowl-rustydvermaak nie. Die 37-jarige sal geskiedenis maak as die eerste enkel hip-hop-kunstenaar wat die rustydvertoning aanvoer. Lamar het aan Apple Music gesê die geleentheid om hip-hop te verteenwoordig op 'n globale verhoog soos die Super Bowl is waarvoor hy gewerk het:
Die vakbond Solidariteit doen 'n beroep op die regering om sy rassebeleid voor die G20-beraad in Johannesburg in November aan te spreek. Dit volg nadat die Amerikaanse minister van Buitelandse Sake, Marco Rubio, aangekondig het die G20 ministeriële beraad sal geboikot word oor hoe Suid-Afrika diversiteit, gelykheid en inklusiewe beleide gebruik as sleutelkwessies. Jaco Kleynhans van Solidariteit sê die rassebeleid benadeel buitelandse betrekkinge en beleggings en hulle sal hul beywer vir die verwydering daarvan:
Nudo-parlementslid Joseph Kauandenge het premier Saara Kuugongelwa in die parlement gevra oor wanvoeding in die Omaheke-streek, en die moontlikheid van 'n universele basiese inkomstetoelaag. Kuugongelwa het geantwoord dat haar kantoor nie gekant is teen 'n universele basiese inkomstetoelaag nie. Sy het 'n opdatering gegee oor registrasies vir die voorwaardelike basiese inkomstetoelaag wat haar kantoor verlede jaar begin het. Meer as 21 000 gesinne kry nou die toelaag.
President Donald Trump het ʼn uitvoerende bevel onderteken om sanksies teen die Internasionale Strafhof in te stel en beskuldig die hof van ongegronde en onwettige optrede teen Amerika en Israel. Dit stel finansiële sanksies in en keer visums vir strafhof-werknemers en hulle gesinne wat gehelp het met ondersoeke na Amerikaanse burgers of hul bondgenote. Die strafhof het in November lasbriewe vir inhegtenisneming uitgereik vir Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, en sy destydse minister van Verdediging, Yoav Gallant, vir misdade teen die mensdom en oorlogsmisdade. Die bevel sê die hof bedreig Amerikaanse soewereiniteit. Die hof se hoofaanklaer, Karim Khan het verlede jaar in Mei met Christiane Amanpour gepraat oor dreigement deur Amerika oor die Israeli-sanksies.
President Cyril Ramaphosa sê Suid-Afrika sal nie geboelie word nie en sal opstaan in nasionale belang en vir sy soewereiniteit. Dit is in regstreekse reaksie op die Amerikaanse president Donald Trump se beskuldiging dat die regering grond onwettig konfiskeer. Ramaphosa het Donderdagaand die staatsrede in Kaapstad gelewer en gesê die regering is bekommerd oor die potensiële uitwerking van die Amerikaanse besluit om van sy befondsing vir MIV- en TB-programme in Afrikalande op te skort:
Wêreld Ietermagô-dag word vanjaar op 15 Februarie by Das Bos en Yellowstone Trails gevier. Dit is net meer as 'n week weg en val vanjaar saam met Valentynsdag. Verskeie familie-vriendelike aktiwiteite sal aangebied word asook musiek deur die Ells en ander groepe. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Kelsey Prediger, die stigter van die Pangolin Conservation and Research Foundation, wat meer inligting gee.
Met die onttrekking van befondsing van USAid, is verskeie Namibiese sosiale programme onseker oor hul toekoms. Programme vir lede van die LGBT-gemeenskap is ook geraak. Volgens bronne gaan 17 uit die 19 projekte vir die gemeenskap gesluit word. Project Hope Namibia, wat deur die VSA gefinansier word, moes reeds hul deure sluit. Die projek het opleiding verskaf aan jong meisies uit mishandelde en armoede-geteisterde agtergronde. Kosmos 94.1 Nuus het met die sosiale aktivis Linda Baumann gesels, wat kommentaar lewer.
Die Elektrisiteitsbeheerraad se besluit verlede jaar om elektrisiteitstariewe met 8 persent te verhoog, het volgens parlementslede wydverspreide kommer ontlok, weens die bykomende finansiële druk op huishoudings en besighede. Namibië worstel reeds met hoë werkloosheid, stygende lewenskoste en voortdurende ekonomiese uitdagings. PDM visepresident Jennifer van den Heever het energieminister Tom Alweendo in die Nasionale Vergadering gevra wat die regering se planne is om elektrisiteitstariewe bekostigbaar te hou.
Die direkteur van Amnestie Internasionaal Suid-Afrika, Shenilla Mohamed, versoek die land om Amerikaanse invloed te weerstaan ná president Donald Trump se omstrede uitlatings. Sy kritiseer ook Trump se optrede om mense uit Gaza te verwyder en noem dit menseregteskendings. Sy het teenoor Newzroom Afrika beklemtoon uiteenlopendheid en regverdigheid is kenmerkend van Suid-Afrika se demokrasie. Mohamed vra die vermindering van afhanklikheid van Amerika ondanks moontlike finansiële gevolge.
Amerikaanse president Donald Trump het aangekondig hy gaan 'n taakspan skep wat daarop gemik is om wat hy noem 'n "anti-Christelike vooroordeel" binne die federale regering uit te roei. Hy het gepraat by die Nasionale Gebedsontbyt in Washington DC, 'n jaarlikse geleentheid vir godsdiensgroepe en regeringsleiers. Trump sê dat hy 'n uitvoerende bevel sal onderteken en die Amerikaanse prokureur-generaal Pam Bondi sal aanstel om die poging te lei. Hy het ook die Biden-administrasie met onakkuraathede aangeval.
Die Bank van Namibië het sy strategiese plan vir die volgende drie jaar begin. Onder leiding van die goewerneur, Johannes !Gawaxab, het die Bank die grondslag gelê vir 'n innoverende en samewerkende toekoms. Die bank beplan om meer tegnologie te gebruik, soos om KI vir finansiële transformasie in te span, 'n slim sentrale bank te bou, die toekoms van kripto te omhels en hul hoofkwartier na Lüderitz uit te brei. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Josefina Oskar, die bank se kommunikasiebeampte, wat meer inligting gee.
Kongolese burgers het ʼn optog na die Europese Unie se kantoor in Pretoria gelei. Hulle eis dringende ingryping om die bloedbad in die Demokratiese Republiek die Kongo te beëindig. Die groep het ʼn versoekskrif oorhandig waarin hulle eis dat die EU streng optree teen die Rwandese regering wat volgens hulle die konflik aanblaas. Die optog se sameroeper, Gilbert Kongolo, het aan eNCA gesê die voortslepende geweld het 'n verwoestende uitwerking op burgerlikes in die streek.
MTC gaan voort om sy markposisie in Namibië te verstewig met aansienlike beleggings in netwerkinfrastruktuur. In 2024 het sy dekking oor 98 persent van die land gestrek. Hy het sy aantal torings van 1 014 in 2023 tot 1 032 in 2024 vermeerder, wat groter konnektiwiteit en diensbeskikbaarheid regoor die land verseker. ’n Sleutelontwikkeling was die dramatiese uitbreiding van sy veselinfrastruktuur, van 1 187 kilometer in 2023 tot 2 738 kilometer in 2024. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Kara van den Heever, 'n institusionele navorser by Simonis Storm, wat meer inligting gee.
Die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling sê dwelm- en alkoholmisbruik neem toe onder jong mense in Suid-Afrika. Die departement se woordvoerder, Lumka Oliphant, sê jong mense is kwesbaar en kan maklik in die versoeking gelei word. Die rede hiervoor is hul ingebore nuuskierigheid, die begeerte om nuwe ervarings op die proef te stel, teenkanting oor gesag, lae selfbeeld en uitdagings met die gesonde ontwikkeling van interpersoonlike verhoudings.
Inligtingminister Emma Theofelus het die ministeriële opdatering in die parlement gelewer, met die fokus op 2025. Sy het opgraderings vir die NBC aangekondig en sê 100 miljoen Namibiese dollar is oor drie jaar bewillig om konnektiwiteit na gemeenskappe te neem. Sy het infrastruktuurontwikkeling uitgelig, met 40 nuwe netwerktorings wat gebou gaan word. Die kubermisdaadwetsontwerp is ook aan die kabinet oorhandig. Theofelus het meer.
Volgens weerkenners gaan die huidige reën oor dele van die land beslis nog 'n ruk aanhou. 'n Hoogdrukstelsel oor die land is besig om te verswak en wes te skuif, wat vogtige lug toelaat om oor die land in te kom. Die voorspelling is dat meer streke reën kan begin verwag. Vooruitsigte vir reën vir die volgende week, ook oor die groot damme se opvanggebiede, lyk volgens weerkenner en suideboer George van der Merwe uiters belowend.
'n Miernes is weer oopgekrap na Job Amupanda regter Shafimana Ueitele se grondbelasting-kwytskelding aan die groot klok gehang het. Die feit is dat nie net die regter nie, maar verskeie hooggeplaastes wat groot geld verdien, regstellende aksie-lenings vir plase gekry het. Hierdie lenings is eintlik geskep vir voorheen benadeelde burgers wat arm is. Kosmos 94.1 Nuus het reaksie gekry van Henk Mudge, die president van die Republikeinse Party, wat sê Swapo se korrupsie hou nie op nie.
Gemengde Gevegskuns: Dricus du Plessis en Sean Strickland sê hulle is slaggereed vir Sondag se herontmoeting om die UFC-middelgewigtitel in Sydney, Australië. Du Plessis het in Januarie verlede jaar die titel by Strickland afgeneem. Hy sê daar is geen omstredenheid nie en is voornemens om dit hierdie naweek te bewys met ʼn oortuigende oorwinning terwyl Strickland beplan om die gordel terug te vat. Volgens Du Plessis het hy nie ʼn herontmoeting versoek nie, maar die skeidsregters het.
Zimbabwe se president en voorsitter van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap, Emmerson Mnangagwa, vra 'n dringende skietstilstand in die Demokratiese Republiek van die Kongo. Dit volg op berigte dat Rwandees-gesteunde rebelle nog 'n dorp naby Bukavu oorgeneem het ondanks die vorige aankondiging van 'n skietstilstand. Swaar gevegte duur voort met Goma steeds onder die beheer van M23-rebelle. Mnangagwa se versoek kom voor die komende naweek se spitsberaad van die SAOG en die Oos-Afrika-gemeenskap in Tanzanië.
Die Namibië Nasionale Studente-organisasie, Nanso, het weer amptelik die "Toegang tot Hoër- en Beroepsonderwys-veldtog" van stapel gestuur, wat daarop gemik is om studentefinansiering deur politieke diskoers te revolusioneer. Die veldtog beklemtoon 'n verbintenis tot bekostigbare, toeganklike, billike en kwaliteit hoër onderwys. Hulptoonbanke sal in alle hoëronderwysinstellings landwyd gevestig word om studente en leerlinge met hul bekommernisse en navrae by te staan. Kosmos 94.1 Nuus het met die president van die organisasie, Dorothea Nangolo, gesels.
Die GOOD-party herhaal sy oproep op die Stad Kaapstad om met bedryfskenners, akademici, mediese dokters en marienebewaringskundiges te skakel oor die toetsprotokolle by die metro se strande. 'n Inwonergedrewe ondersoek het die teenwoordigheid van rioolbesoedeling op sekere Kaapse strande in November en Desember verlede jaar gevind. Suzette Little van GOOD sê Netwerk24 het berig dat die Stormers se senter, Dan du Plessis, het na bewering 'n E. Coli-infeksie opgedoen na hy in Kampsbaai geswem het.
Die NEFF-aktivis Michael Amushelelo het verlede jaar 'n betoging teen werkloosheid gehou. Hy het in die week die Arbeidsministerie besoek en terugvoering gevra oor die eise wat tydens die betoging in 'n petisie gestel is. Die betogers het hul CV's by die ministerie ingedien en aangedring op indiensneming. Hulle het ook gevra dat 'n werkloosheidstoelae ingestel moet word. Kosmos 94.1 Nuus het opgevolg met Amushelelo wat 'n opdatering van hul planne gee.
Die landbou-organisasie, TLU SA, doen ʼn beroep op president Cyril Ramaphosa om vanaand tydens sy Staatsrede aan te kondig dat die Onteieningswet onttrek en hersien word. Die organisasie se woordvoerder, Bennie van Zyl, sê die wet se toepassing gaan die ekonomie, beleggersvertroue en die land se toekoms benadeel. Hy sê die grootste probleem is nie die beginsel ʼn Onteieningswet nie, maar die vae definisie van wat openbare belang is:
Reën sal na verwagting tot deur die naweek voorkom in die land met die weerdiens wat waarsku oor kitsvloede wat kan voorkom oor die sentraal-noordelike gebiede. Odillo Kgobetsi van die Namibiese weerkantoor het meer.
Die onderwysministerie het gereageer op die nuus dat twee laerskole in Rundu deur die dorpsraad gesluit is weens uiters swak sanitasie. Die skole se gesamentlike 3 100 leerders deel ablusiegeriewe, wat volgens die dorpsraad lank reeds buite werking is. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Edda Bohn, die adjunk-direkteur van onderwys, wat sê sanitasie is 'n prioriteit vir die ministerie en daar word aan gewerk.
Die Regbank het bevestig dat die Regterlike Dienskommissie wel Job Amupanda se klag teen regter Shafimana Ueitele ontvang het. Amupanda beskuldig die regter van geregtelike wangedrag, vooroordeel en onbehoorlike hantering van die rooilyn-saak. Luidens die klag het Ueitele na bewering partydigheid in die saak aan die dag gelê. Amupanda sê hy was beledigend.
Inflasie vir Januarie is effe laer op 3,2 persent teenoor 3,4 persent wat in Desember verlede jaar aangeteken is maar, baie laer as die 5,4 persent van Januarie 2024. Maar, die Namibiese Statistieke-agentskap sê pryse het met 1,1 persent gestyg teenoor Desember se 0,2 persent. Mirjam Shihepo, woordvoerder van die agentskap het meer.
Die sekretaris-generaal van Amnestie Internasionaal Agnes Callamard sê Donald Trump se planne om Gaza oor te neem en die Palestyne te verwyder uit die gebied kan moontlik ‘n misdaad teen die mensdom wees, indien dit bewys kan word dit is deel van ‘n groter plan. Callamard het met SkyNews gepraat.
Die premier van die Wes-Kaap, Alan Winde, bepleit 'n ferm en beslissende staatsrede wat ekonomiese groei en werkskepping vooropstel. Hy doen 'n beroep op president Cyril Ramaphosa om te fokus op die herstel van die land se hawens en spoornetwerk om handel en belegging 'n hupstoot te gee. Winde vra ook fiskale dissipline om te verseker hulpbronne word na noodsaaklike dienste herlei:
President Volodymyr Zelensky van Oekraïne sê dit sou 'n groot fout wees om Britse, Franse en ander geallieerde troepe te ontplooi om Oekraïne se veiligheid te waarborg sonder om die VSA te betrek. Hy sê so 'n stap sal "Rusland 'n voordeel gee". Hy sê Londen en ander Navo-lidlande moet nou hul weermagte versterk of die risiko loop om hulself in die Oekraïne se posisie te bevind. Hy het vergader met David Lammy, die Britse buitelandse sake minister. Lammy het hom verseker van Britse bystand.
Die laaste sitting van die sewende parlement het op 'n hoë noot afgeskop, aangesien parlementariërs verskeie uitstaande sake voor die einde van die huidige administrasie moet afhandel. Die sitting het begin met 16 vrae van parlementslede wat vandag deur die betrokke ministeries beantwoord gaan word. Jennifer van den Heever, visepresident van die PDM, het vrae aan die arbeidministerie gestel oor die jongste arbeidsverslag.
’n Gewapende man wat 10 mense by Swede se Risbergska sentrum vir volwassenes in die dorp Örebro doodgeskiet het, het toegang tot verskeie wapens gehad en groot probleme by die skool gehad, volgens Sweedse media. Die aanvaller is geïdentifiseer as Rickard Andersson, 35, wat al meer as 10 jaar werkloos is en 'n spesiale klas vir mense met Asperger en hoë-funksionele outisme bygewoon het. ’n Jagwapen waarvoor hy ’n lisensie gehad het, is langs sy lyk op die toneel van die aanval gevind. Sweedse koning Carl XVI Gustaf en die koningin het die toneel besoek. Hy het met die media gepraat.
Amerikaanse president Donald Trump het 'n uitvoerende bevel onderteken wat transgender-atlete verbied om aan vrouesport deel te neem. Die bevel stel strenger mandate oor sport- en geslagsbeleid vas, wat federale agentskappe, insluitend die Departement van Justisie, beveel om federale Titel IX-reëls te interpreteer as die verbod op transgender-meisies en -vroue om aan enige vroulike sportkategorieë deel te neem. Die bevel is getitel "Keeping Men Out of Women's Sports". Die bevel, wat onmiddellike afdwinging vereis, beveel staatsprokureurs-generaal om beste praktyke vir afdwinging te identifiseer.
President Cyril Ramaphosa lei op 15 en 16 Februarie Suid-Afrika se afvaardiging na die 38ste AU-beraad in Addis Abeba. Die tema van die beraad is “Justice for Africans and People of African Descent Through Reparations” en sal kwessies oor vrede en veiligheid behandel, insluitend die konflik in die Demokratiese Republiek die Kongo. Die woordvoerder in die Presidensie, Vincent Magwenya, sê gesprekke sal ook fokus op die belangrikste punte van Agenda 2063, verkiesing van die AU-leierskap en vordering met die Afrika Kontinentale Vryhandelsgebied.
Finansiële probleme kan voortspruit uit verskeie faktore, insluitend onverwagte uitgawes, ekonomiese afswaai en oormatige afhanklikheid van krediet. Kosmos 94.1 Nuus berig weekliks oor die miljoene wat deur banke in die mosiehof in verstekvonnisse opgeëis word as gevolg van wanbetaling. Onvoldoende begroting en versuim om vir toekomstige uitgawes voor te berei kan lei tot finansiële wanbestuur, terwyl onvoorsiene koste, soos mediese rekeninge of noodherstelwerk, reserwes vinnig kan opgebruik. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Eddie King, die krediet-uitvoerende beampte by Bank Windhoek, wat verduidelik wat nodig is om probleme te verhoed.
Die Namibiese druiwebedryf maak staat op water van die Oranje-rivier maar volgens die nuutste hidrologiese bulletin van die week vertoon die Oranje-rivier vlakke van Blouputs en Sendelingsdrif redelik swak. Die vlakke staan tans onderskeidelik op minder as 0,34 en 0,19 meter. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Pauline Mufeti, die hoof hidroloog van die Namibiese Hidrologiesedienste. Sy sê Suid-Afrika beheer die vloei.
Die bevriesing van befondsing deur Amerika se Agentskap vir Internasionale Ontwikkeling, of USAid, het onmiddellik enige geldelike steun van die Amerikaanse regering aan inisiatiewe in ander lande gestaak. Namibië is een van die geaffekteerde lande en verskeie projekte word hoog en droog gelaat. Kosmos 94.1 Nuus het met die maatskaplike aktivis Sandy Tjaronda gepraat, wat die posisie van sekere projekte verduidelik.
Die DA versoek president Cyril Ramaphosa om in sy staatsrede voorrang te gee aan fiskale dissipline en bestuur van skuld. Die party waarsku Suid-Afrika kan ekonomies ineenstort indien staatskuld nie verminder word nie. DA-leier, John Steenhuisen, vra vir ʼn duidelike plan om skuld te verminder, reddingsboeie aan sukkelende staatsondernemings te staak en onnodige staatsbesteding te besnoei.
Donald Trump se uitlatings oor die toekoms van Gaza ontlok steeds hewige reaksie van Amerikaanse bondgenote sowel as teenstanders. Volgens Sky News het Navo-lid Turkye ook Trump se idee as onaanvaarbaar beskryf, terwyl Palestyne dit veroordeel en absurd noem. Intussen het die Withuis se perssekretaris Karoline Leavitt by 'n perskonferensie teruggeroei oor Trump se voorstel dat Gaza-inwoners hervestig moet word, asook dat Amerika die gebied met die weermag kan beset. Sy het sy woorde verander na tydelik hervestig. Luister self.
Met die feesseisoen wat tot 'n einde gekom het, het Kosmos 94.1 Nuus met Nelson Ashipala, die skakelbeampte van Namibia Wildlife Resorts, gesels vir 'n opdatering van hul vakansie-ervarings. Ashipala beklemtoon dat meer Namibiërs dit 'n tradisie maak om regdeur die jaar te reis en die land se besienswaardighede te verken. Hierdie verskuiwing in gedrag is voordelig vir NWR, aangesien dit help om besigheid bestendig te hou en die maatskappy se groei selfs buite spitsvakansietydperke te ondersteun.
Windhoek General Administrators, WGA, 'n filiaal van MTC, het die MTC Marisbeker bekend gestel, 'n baanbrekende sokkertoernooi wat spog met die grootste prys in Namibiese geskiedenis. Die kompetisie bevat die 16 klubs van die komende Debmarine Premierliga-seisoen. Die spanne sal sake uitspook vir 'n rekord 1,5 miljoen Namibiese dollar-prys, wat dit die rykste sokkertoernooi maak wat die land nog ooit gesien het. Die MTC Marisbeker sal op 25 Januarie 2025 met die ronde van 16 afskop. Die toernooi is ook die debuut van MTC se mobiele gelddiens, MTC Maris. Toeskouers sal gratis toegang tot die wedstryde kry, mits hulle vir MTC Maris registreer. MTC woorvoerder Erasmus Nekundi het met Kosmos 94.1 Nuus gesels en gee meer inligting.
Die Nasionale Minimumloon, gepubliseer in die Staatskoerant, het amptelik op 1 Januarie 2025 in werking getree en landbouwerkers se salaris op 10 Namibiese dollar per uur vasgestel, met beplande verhogings na 14 dollar in 2026 en 18 dollar in 2027. Die Landbou Werkgewersvereniging het verlede jaar die arbeidministerie gevra vir kwytskelding. Kosmos 94.1 Nuus spoke to Danie van Vuuren, die vereniging se uitvoerende hoof, wat ‘n opdatering gee.
Die Chinese minister van buitelandse sake, Wang Yi, het in Windhoek aangekom en verkose president Netumbo Nandi-Ndaitwah ontmoet. Hy sal later samesprekings op Swakopmund met president Nangolo Mbumba vergader. Yi is tot 7 Januarie op ‘n amptelike besoek aan Namibië. Volgens die minister beplan hy om betrekkinge tussen China en Afrika te versterk. Sy vertaler het sy toespraak gelewer.
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Christelike Forum doen 'n beroep op gemeenskappe en geloofsinstellings om daadwerklik stappe te doen om tienerswangerskappe hok te slaan. Die forum se president, Marothi Mashashane sê geloofsgebaseerde organisasies kan programme instel wat beroepsgerigte-opleiding en lewensvaardighede aan beide meisies en seuns verskaf. Hy sê om mentorskaps-geleenthede te skep met suksesvolle vroue en mans uit die gemeenskap wat die jeug lei, kan die aanmoediging en hoop verskaf wat hulle nodig het om gefokus te bly op hul opvoeding en toekomsdoelwitte.
Oud-gesondheidsminister dr. Bernhard Haufiku vra vir 'n verbod op alle kommersiële gesondheid-advertensies weens kommer oor verkeerde inligting en etiese oortredings. Sy opmerkings is aangespoor deur advertensies wat in WhatsApp-groepe die rondte doen wat beweer dat aanvullings verskeie siektes en chroniese toestande, soos maagsere, diabetes en cholesterol, kan behandel en genees. Haufiku beskryf sulke advertensies as 'n vorm van mediese waninligting wat die publiek mislei. Terwyl hy met Kosmos 94.1 Nuus gepraat het, het hy bygevoeg dat hierdie aanvullings nie genees nie, maar eerder help om metaboliese reaksies te bevorder, soos enige vitamien.
NamWater se jongste dambulletin is uit daar is 17,9 persent waterbronne in die drie sentrale damme wat onder meer Windhoek voorsien, op van 9,8 persent 'n week gelede. Von Bach het gestyg van 9,8 persent vol na 23,5 persent na inloop van 6 070 000 kubieke meter, en Swakoppoort staan op 24,4 persent teenoor 15,9 persent verlede week. Die Omatako wat leeg was het 1 027 000 kubiek gevat en is 2,4 persent vol. In die Suide is Hardap op 14,8 persent vanaf 5,5 persent na inloop van 27 419 000 kubieke meter water. Neckartal is 77,8 persent vol vanaf 76,8 persent. Naute by Keetmanshoop is op 29,7 persent en die Oanobdam by Rehoboth het 31,8 persent water na inloop van 380 000 kubiek. Die Ooste se totale bronne is op 2,1 persent, vanaf 0,9 persent verlede week met die Otjiverodam op 1,5 persent. Die twee Viljoendamme het effe inloop gehad en is op 1,4 en 11,2 persent. In die Noorde is die Olushandjadam op 38,8 persent. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Richard Nashikaku, 'n weerman by die Namibië Meteorologiese Diens, oor die reënval en verwagtinge vir die res van die week.
Noah's Ark-dieretuinplaas in Noord-Somerset in die Verenigde Koninkryk herwin ou Kersbome om diere se omgewing te verryk. Die dieretuin het die afgelope vyf jaar sowat 15 000 bome ontvang en beplan om ʼn gemeenskapskern vir herwinning te word. ʼn Woordvoerder, Chris Wilkinson, het aan die BBC vertel hoe bril-bere die bome se dennegeur waardeer terwyl renosters graag tussen die spaanders snuffel.
Angola beplan om alle brandstof-subsidies teen die einde van die jaar af te skaf. Die land se burgers is onbeïndruk en daar was verskeie betogings. Die regering sê dit is broodnodig omdat die fondse nodig is vir die land se ontwikkeling. Plaaslik sukkel vulstasie-eienaars met die smokkel van sogenaamde goedkoper ngungula maar, sou die subsidies heel afgeskaf word, sal die brandstof ongeveer dieselfde kos. Maar, Jafet Nakanue, ‘n vulstasie-eienaar in die Noorde, is skepties.
Die buurland se regering sê hy hou die situasie in China fyn dop en kyk voortdurend uit vir nuwe inligting. China beleef ʼn toename in asemhalingsiektes, veral griep en die menslike meta-longvirus. Algemene simptome sluit koors, hoofpyn, liggaamspyne en ernstige hoesbuie in. Die Departement van Gesondheid se woordvoerder, Foster Mohale, sê dis die normale seisoen vir asemhalingsiektes in China, maar dit het later as gewoonlik begin:
Demi Moore het by die Golden Globe-toekennings in Los Angeles haar eerste Golden Globe ooit gewen – na 45 jaar in die bedryf. Sy is as die beste ondersteunende aktrise vir haar rol in The Substance, aangewys. Die Globes het vroegoggend afgesluit maar, Moore se aanvaardingstoespraak maak nou reuse opslae. Luister self...
Die Lewendehawe Produsente-organisasie vra ‘n Meatco-ledevergadering aan na twee pogings om ‘n jaarvergadering te hou, eers in November en toe in Desember misluk het omdat daar nie kworum was nie. Die minimum hoeveelheid lede vir ‘n kworum staan op ‘n skamele 50 en Meatco het 400. Die LPO wil kritieke aspekte en strategieë bespreek. Kosmos 94.1 Nuus het met die landbouminister Calle Schlettwein gepraat en hy sê dit is heeltemal verstaanbaar.
Ontleders meen dat Brent rondom 70 Amerikaanse dollar in 2025 verhandel. Volgens berigte het oliepryse in 2024 met ongeveer 3 persent gedaal, die tweede agtereenvolgende jaar wat die kommoditeit daal. Dit kom na vraagherstel na die pandemie afgekoel het en China se ekonomiese uitdagings. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die bekende ekonoom Dawie Klopper wat sy mening oor die kommoditeit vanjaar so uiteen sit.
Die kwessie van die Namibiese Studente Hulpfonds is weer in die nuus. Daar is kommer dat die organisasie eintlik het skuld veroorsaak omdat in gegradueerdes werk kry en baie, wat wel ‘n pos bekom, lae salarisse verdien. George Kambala van die Affirmative Repositioning-beweging sê NSFAF moet terugkeer na die lynministerie en moet in die vorm van toelaes bestuur word.
Die Vrystaatse Departement van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake is bekommerd oor die erge reën en donderstorms wat skade in Welkom in die Vrystaat aangerig het. Die woordvoerder, Zimasa Mbewu, sê in die stadium kan die departement nie bevestig of 'n tornado of hewige donderstorm die skade veroorsaak het nie, maar hulle wag op 'n bevestigingsverslag van die Suid-Afrikaanse Weerdiens:
Geslagsgeweld bly ‘n uitdaging veral oor die feestyd met drankgebruik. Die bekende aktivis Zack Itodo se groep was redelik stil oor die vakansie-tydperk wat belowend voorkom maar, kinders is steeds agter gelaat, is alleen en verlore gevind en daar was geweld. Itodo sê dit was stil in Khomas omdat inwoners elders was, maar die hoop bly staan dat mense begin luister.
Die MK Party eis die onmiddellike herroeping van die regering se besluit om die Gemeenskapswerkprogram-kontrakte vir mense van 55 jaar en ouer te beëindig. Die party vra ook 'n verbintenis om die lewensbestaan van die deelnemers te beskerm. Visvin Reddy van die MK sê die program, wat tydens president Jacob Zuma se administrasie ingestel is, was 'n baanbrekersingryping en daarop gemik om armoede en werkloosheid te verlig deur een-miljoen werksgeleenthede te skep:
Januarie is die bewusmakingsmaand vir servikale kanker. Servikale kanker is voorkombaar deur inenting en behandeling. Vroeë opsporing is die sleutel, maar dit bly 'n globale kwessie, veral in lae-inkomste gebiede. Rolf Hansen, uitvoerende hoof van die Kankervereniging van Namibië, doen 'n beroep op vroue om getoets te word, veral omdat dit die tweede hoogste voorkoms van vrouekanker in die land is.
Saftu doen 'n beroep op alle progressiewe magte om aan te sluit by die stryd teen die beëindiging van kontrakte vir werkers van 55-jaar en ouer wat deel is van die Gemeenskapswerkprogram. Saftu se woordvoerder, Mogoshadi Maserumule sê Suid-Afrikaners kan gesamentlik aandring op 'n regering wat mense bo winste stel en waardigheid vir alle werkers verseker, ongeag hul ouderdom. Sy sê baie van hierdie werkers is sedert die ontstaan van die program in 2010 deel daarvan en vul die kritieke leemtes wat deur vakatures in die regering veroorsaak word:
Die laaste verdagte wat verbind word met die massaskietery in Lusikisiki is in King Williams Town in die Oos-Kaap in hegtenis geneem. Polisiewoordvoerder Siphokazi Mawisa sê na deeglike ondersoek het die polisie ʼn bus, wat op pad was na Kaapstad, by King Williams Town se bus-depot deursoek. Hulle het die 20-jarige man gevind wat die enigste verdagte in die Lusikisiki-massaskietery is wat nog op vrye voet was:
Carlos Sainz se ongeluk met sy Ford Raptor tydens die Dakar het Sondag die nuus gehaal. Dit het plaasgevind tydens die veelgevreesde 48-uur Chrono-sneltrajek wat in wese twee sneltrajekte in een is en oor opeenvolgende dae strek, maar sonder die voordeel van tegniese hulp tussenin. Toyota Gazoo Racing se Guy Botterill was kort op sy hakke en het berg geklim om sein te kry en ‘n stemnota via WhatsApp te stuur.
Die laaste verdagte wat verbind word met die massaskietery in Lusikisiki is in King Williams Town in die Oos-Kaap in hegtenis geneem. Polisiewoordvoerder Siphokazi Mawisa sê na deeglike ondersoek het die polisie ʼn bus, wat op pad was na Kaapstad, by King Williams Town se bus-depot deursoek. Hulle het die 20-jarige man gevind wat die enigste verdagte in die Lusikisiki-massaskietery is wat nog op vrye voet was:
Die Suid-Afrikaanse Polisiediens is besig met die sifting en keuring van nuwe rekrute vir die 2025-inname in al nege provinsies. Dit sluit onderhoude met aansoekers se naasbestaandes en ander gemeenskapslede in. Polisiewoordvoerder, Amanda van Wyk sê aansoekers word aangemoedig om hul volle samewerking te gee om die proses af te handel:
Demi Moore het op die Golden Globe-toekennings in Los Angeles haar eerste Golden Globe ooit gewen. Moore is die beste ondersteunende aktrise vir haar rol in The Substance. Colin Farrell is die beste akteur in 'n beperkte reeks vir The Penguin, en Jodie Foster is die beste aktrise in dieselfde kategorie vir True Detective: Night Country. Brady Corbet het die toekenning vir beste regisseur ontvang vir sy rolprent, wat hy ook help skryf het, The Brutalist. Corbet het ‘n roerende toespraak gelewer.
Die boere by die Hardap-besproeiingskema juig. Teen Sondagnamiddag was die dam reeds 11 persent vol met nog water wat verwag is. Die laaste dambulletin het die dam op 5,4 persent geplaas en miljoene kubieke meter water het ingestroom na goeie neerslae in die opvangsgebied. Die volgende dambulletin word vanmiddag verwag. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Rico Bothma, een van die produsente by die skema, wat reeds sedert Oktober geen water ontvang het nie.
Afgesien van die amper 365 000 huishoudings wat staatmaak op droogtehulp en die 1,6 miljard Namibiese dollar wat die kantoor van die eerste minister daarop sal bestee, is daar nou ook vloedslagoffers. Nie net in dorpe soos Opuwo is hulp nodig nie maar, in die hoofstad is 282 huishoudings deur die onlangse goeie reën geraak en die kantoor van die eerste minister sê hy sal hier ook ingryp met tente, voedsel en meer. Kosmos 94.1 Nuus het met premier Saara Kuugongelwa-Amadhila gepraat, wat 'n beroep op die privaatsektor doen om die regering by te staan.
Reaksie word ontvang op die jongste verslag van die Amerikaanse Pentagon wat aandui dat die Chinese weermag dit oorweeg om ‘n militêre basis in Namibië te vestig. Die twee lande werk jare reeds saam in verdediging en op 16 Desember het Namibië die eerste buitelandse kliënt van China se Y-9E mediumvragvliegtuig geword met twee wat in Grootfontein afgelewer is. Politieke ontleder dr. Ndumba Kamwanyah sê die Namibiese regering moet uiters versigtig wees hiervoor.
Die ANC doen 'n beroep op die regering om 'n positiewe oplossing te vind wat nie die meer as 65 000 begunstigdes van die Gemeenskapswerkprogram sal benadeel nie. Die regering het aangekondig die kontrakte vir deelnemers van 55 en ouer sal op 31 Januarie ten einde loop. Die ANC se woordvoerder, Mahlengi Bhengu-Motsiri, sê die program is lank reeds die hoeksteen van die regering se pogings om werkloosheid en armoede aan te spreek deur 'n noodsaaklike veiligheidsnet te voorsien vir werklose Suid-Afrikaners van 'n werkende ouderdom:
Erge koue word vir Kanada, die VSA, Brittanje en Ierland voorspel met die Ierse weerdiens wat sê dat tot 10 sentimeter se sneeu is sommige gebiede sal voorkom. Moeilike reisomstandighede en vertragings vir openbare vervoer word verwag. Deon Backhaus-Louw, oud-omroeper van Kosmos 94.1 en wat nou in Dublin woon, het met die nuuskantoor gesels.
‘n Totaal van 7 448 mense is oor feestyd op Suid-Afrikaanse paaie in hegtenis geneem vir verskeie oortredings, insluitend onder meer dronkbestuur, spoedoortredings en poging tot omkopery. Simon Zwane, woordvoerder van die Padverkeersbestuurskorporasie, sê tot dusver is meer as 1,1 miljoen voertuie gestop en nagegaan as deel van die feesseisoen-toepassingsplan wat daarop gemik is om veiligheid op nasionale paaie te bevorder. Hy sê rytoestande kan as gevolg van die weer erger word:
Eskom sê hy is steeds op koers om in die aanvraag na elektrisiteit te voldoen en 'n bykomende 3 760 megawatt sal na verwagting teen Maandagaand weer aanlyn wees. Die waarnemende woordvoerder, Aubrey Sambo, sê die onbeplande verlies aan kapasiteit is tot dusver op 24,94-persent vir die finansiële jaar, maar het vanaf 32,93-persent in die ooreenstemmende tydperk verlede jaar verbeter. Hy sê dit verteenwoordig 'n verbetering van 8,1-persent vergeleke met dieselfde tydperk verlede jaar:
Internasionale migrante speel 'n belangrike rol in die wêreldwye arbeidsmark en het 4,7 persent van die arbeidsmag in 2022 uitgemaak, volgens die Internasionale Arbeidsorganisasie se jongste verslag. Die meerderheid was in hoë-inkomstelande gekonsentreer, wat verantwoordelik was vir 68,4 persent van die totaal van 114,7 miljoen werkers. Plaaslik is trekarbeiders ook teenwoordig maar, op ‘n ander vlak, en hulle werk vir minder. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Tim Parkhouse, voormalige sekretaris-generaal van die Namibiese Werkgewersvereniging.
Dit is nie net plaaslik wat goeie reën ontvang is nie. Die Stad Ekurhuleni sê sy rampbestuurspanne bly op 'n hoë gereedheidsgrondslag ná die Suid-Afrikaanse Weerdiens hewige reënbuie vir die naweek en volgende week in Gauteng voorspel het. Die woordvoerder, William Ntladi, sê boonop word hoë verkeersvolumes op die paaie verwag namate vakansiegangers terugkeer na die provinsie:
Die 2025 Dakar is goed op dreef in Saoedi-Arabië maar die weer sukkel met sandstorms wat toestande uitdagend maak. Dan is daar altyd die voertuie... en die eerste dag van Giniel de Villiers se laaste Dakar het nie goed gegaan nie. Hy het groot uitdagings gehad met sy voertuig soos hy self aan Wiele2Wiele verduidelik.
Die direkteur van die Family Policy Institute, Errol Naidoo, sê gebroke gesinstrukture is 'n hoofoorsaak van Suid-Afrika se hoë syfer vir tienerswangerskappe. Dit volg op onrusbarende syfers, insluitend 'n 12-jarige wat oor die vakansie geboorte geskenk het en gelei het tot aanklagte van statutêre verkragting. Naidoo het aan die SABC gesê die gebrek aan ʼn vaderfiguur word verbind met verhoogde tienerswangerskappe en skoolverlating. Hy vra vir dringende optrede om hierdie neiging hok te slaan:
QatarEnergy het 'n belang van 27,5 persent in PEL 90 verkry, geassosieer met Blok 2813B, wat deur die Chevron filiaal Harmattan Energy Limited bedryf word. Ná die verkryging sal die lisensie-eienaars Chevron Harmattan wees met 'n belang van 52,5 persent, QatarEnergy met 27,5 persent, Namcor met 10 persent, en Trago Energy, 'n filiaal van Custos Energy, ook met 10 persent. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Paulo Coelho, die woordvoerder van Namcor.
Die besoek van môre tot Dinsdag deur Wang Yi, die Chinese minister van buitelandse sake is ‘n strategiese skuif, veral met die wêreld, en plaaslike, se veranderende politiek. Yi kom môre in die land aan en is geskeduleer om samesprekings met verkose president, Netumbo Nandi-Ndaitwah, in Windhoek te voer en dan op Swakopmund met president Nangolo Mbumba te vergader. Die politieke ontleder, professor Andre Duvenhage het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Daar is goeie neerslae regoor die land aangemeld en riviere loop steeds by Okahandja, Omaruru en selfs die Kahn verder wes, het geloop. Goeie reën word vandag verder Suid verwag. In Suid-Afrika waarsku die Weerdiens ook oor wydverspreide buie en donderbuie oor die sentrale en oostelike streke van die land. Voorspeller Samkelisiwe Thwala het motoriste wat na die vakansie huiswaarts keer, gewaarsku om versigtig te wees.
Nes plaaslik, is daar beroepe in die buurland om graad 12’s te ondersteun met uitslae wat binnekort bekend gemaak word. Die buurland se onderwysaktivis Hendrick Makaneta sê elke graad 12-leerder moet in hierdie deurslaggewende wagtydperk ondersteun te word. Hy sê ongeag die uitkoms, is dit reeds 'n prestasie om matriek te voltooi en te bereik. Makaneta doen 'n beroep op suksesvolle leerders om die oomblik aan te gryp en hul drome trots na te streef:
Die Suid-Gautengse Hooggeregshof het Johannesburg se BBP-sekerheidsbeleid ongrondwetlik en onwettig verklaar. Die beleid, wat persoonlike beskermingsdienste na senior munisipale amptenare sonder 'n vereiste bedreigingsbepaling uitgebrei het, is deur die DA betwis. Regter Stuart Wilson het die uitspraak vir ses weke opgeskort, om partye wat geraak is toe te laat om feite oor moontlike skade aan te bied. Die DA-lid, Belinda Kayser het die uitspraak verwelkom:
Die Gautengse Departement van Gesondheid en Welstand het bevestig onder die 387 babas wat op Nuwejaarsdag gebore is, was daar 31 tieners tussen die ouderdomme van 15 en 19 wat geboorte geskenk het in die onderskeie staatsgesondheidsgeriewe. Die woordvoerder, Motalatale Modiba lig ook uit dat 780 babas tussen Kersfees en Nuwejaar in Gauteng gebore is. Hy spreek kommer uit oor die toename in tienerswangerskappe, en beklemtoon die belangrikheid van opvoedkundige bewustheid van seksuele voortplanting:
Dit het 'n neiging geword, veral in die noordelike dele van die land, dat mense tot op die nippertjie wag om na die vakansie vervoer terug na hul huise te soek. Dit lei dikwels tot openbare vervoer-operateurs wat hul voertuie oorlaai en pryse drasties verhoog, asook aansienlike chaos. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Werner Januarie, die president van die Namibiese Vervoer- en Taxi-unie, wat 'n boodskap het vir operateurs.
Die adjunkminister van Polisie, Polly Boshielo, is besorg oor siviele eise van meer as 600 miljoen Suid-Afrikaanse rand teen die ministerie weens onregmatige arrestasie en aanhouding. Boshielo raai die polisie aan om daarop bedag te wees om die korrekte prosedures te volg wanneer hulle ‘n verdagte in hegtenis neem. Polisiewoordvoerder Malesela Ledwaba sê wetstoepassers se lewens mag egter nie bedreig word nie en beamptes moet hulle oordeel uitoefen ooreenkomstig die Grondwet:
Die Ruimte-agentskap van Kenia het bevestig 'n metaalvoorwerp van 500 kilogram, wat vermoedelik deel was van 'n vuurpyl se skeidingstadium, het in 'n dorpie in die ooste van Kenia geval. Die agentskap se Aloyce Were sê amptenare het die gedeeltelik verbrande metaalring as ruimterommel uitgeken. Hy het verseker die rommel hou geen onmiddellike bedreiging in nie en beklemtoon daar is wêreldwyd ʼn uitdaging met die terugkeer van ruimterommel:
Die 2025 Dakar begin vandag. Dit is 47ste Dakar en die sesde in Saoedi-Arabië. Die 353 inskrywings sal 7 737 kilometer aflê tot 17 Januarie. Dit is nie net een van die taaiste tydrenne ter wêreld nie maar ook ‘n reuse-logistieke uitdaging. Kosmos 94.1 Nuus se Francois Lottering het met plaaslike motorsport entoesias Phillipie Baard gesels. Baard het ‘n paar vinnige feite oor Suid-Afrikaner Brian Baragwaneth van Century Racing se span.
Reën word vandag vir die noordelike dele sowel as Windhoek voorspel maar, die nuus raak beter... teen môre is die voorspelling uiters voordelig vir die dorre Suide. Die bekende Namibiese weerkenner George van der Merwe...
Die metaalwerkersvakbond Numsa sê massas mense is steeds ekonomies gemarginaliseer, sonder grond en ly onder onteiening in na-apartheid Suid-Afrika. Numsa se woordvoerder, Phakamile Hlubi-Majola, sê die vakbond se visie vir 2025 is uiters eenvoudig en ideologies duidelik. Sy sê hulle doen 'n beroep op almal om te glo in die bou van 'n samelewing om die mensdom te bevorder en verenig:
’n Sewejarige meisie is onlangs dood nadat sy deur ’n swart mamba gepik is. Die meisie het saam met haar jonger sibbe in 'n mahangu-veld in die Oshikoto-streek naby 'n miershoop gespeel. Die meisie het 'n stok in 'n gat in die miershoop gesteek, waarna die mamba uitgekom het en haar gepik het. Kosmos 94.1 Nuus het met die bekende slangkenner en navorser Francois Theart gesels, wat mense aanspoor om voorsorgmaatreëls te tref, soos om gepaste klere te dra wanneer hulle in die veld is.
President Cyril Ramaphosa sê Suid-Afrika het die afgelope jaar aanhou fokus op die stryd teen geslagsgeweld en vrouemoord. Hy het in sy Nuwejaarsboodskap gesê die regering het die strafregstelsel se vermoëns versterk en die ondersteuning vir oorlewendes verbeter. Ramaphosa sê die belangrikste aspek is die beskerming van jong meisies en vroue in die land:
Namate lewenskostes die hoogte inskiet, ervaar 'n toenemende aantal Namibiërs finansiële druk, wat hulle aanspoor om bykomende inkomstestrome te ondersoek. Ekstra werk of sogenaamde "side hustles" het 'n reddingsboei geword in die uitdagende ekonomiese tye, aangesien 'n tradisionele 9-tot-5-werk vir baie mense nie meer genoeg is om stygende lewenskostes te dek nie. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Danny Meyer van SME Compete, wat nie dink dis 'n goeie idee om 'n besigheid so te begin nie.
Die Departement van Gesondheid sê hy is bekommerd oor tienermeisies wat steeds as nuwe ma's getel word, nadat 'n 12-jarige meisie in die Frontier-hospitaal in die Oos-Kaap geboorte geskenk het. Die departement se woordvoerder, Foster Mohale sê meer as 650 babas is tussen middernag en vyf namiddag op die eerste dag van die jaar in die land se openbare gesondheidsgeriewe gebore:
Die vakbond Giwusa veroordeel die brandstofverhogings vir Januarie. Die woordvoerder, Koketso Phasha, sê dit sal meer spanning vir die werkersklas veroorsaak, te midde van al die ekonomiese uitdagings. Die petrolprys sal met 12- tot 19-sent per-liter styg en diesel met 7,5- tot 10,5-sent per-liter, maar lampolie se prys het gister met 9,5-sent gedaal. Phasha vra die regering om in te gryp, ook met brandstofsubsidies:
Namibië se olie- en gassektor beleef 'n transformerende tydperk na die ontdekking van beduidende hulpbronne in die Oranjekom. Dit het die potensiaal om die land se ekonomie aansienlik te bevorder, werk te skep en burgers se algehele lewenstandaard te verbeter. Verantwoordelike hulpbronbestuur en omgewingsvolhoubaarheid sal egter deurslaggewend wees om die langtermynvoordele van hierdie ontdekkings te verseker. Myne en energie-minister Tom Alweendo het nie vanjaar Swapo se parlementêre lys gehaal nie, dus kan sy termyn as minister dalk eindig. Alweendo het teenoor bedryfsleiers die belangrikheid van vasgestelde bedryfsbeginsels uitgelig, maak nie saak wie minister is nie.
Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Brian Black, die nasionale voorsitter van die Independent Patriots for Change. Hy wens die Namibiese volk 'n geseënde nuwejaar toe.
Limpopo se polisie en wetstoepassings-agentskappe het beslag gelê op 47 gevaarlike wapens en 1 091 mense in hegtenis geneem tydens feestyd-optredes. Altesaam 466 verdagtes is aangekeer vir skending van immigrasiewette, en ander vir moord, roof en aanranding. Polisiewoordvoerder Malesela Ledwaba sê goedere soos dwelms, kontant en gesteelde eiendom is afgeneem:
President Nangolo Mbumba het in sy Nuwerjaarsboodskap melding gemaak van die uitdagings wat die land in 2024 in die gesig gestaar het wat begin het met die afsterwe van dr. Hage Geingob sowel as die voortslepende droogte. Maar, hy sê Namibiërs is veerkragtig en die land sal wel seëvier. Intussen het eerste minister Saara Kuugongelwa-Amadhila het met Kosmos 94.1 Nuus gesels en wens alle Namibiërs 'n gelukkige 2025 toe.
Die jaar 2024 het die uitdagings vir Namibië onderstreep om stabiliteit in 'n vinnig veranderende wêreld te verseker. Dit het gewissel van die Bank van Namibië wat rentekoers-besluite moes navigeer, tot 'n ongebalanseerde ekonomiese herstel en 'n herbeoordeling van olie- en gasontdekkings, en die onstuimige verkiesings wat in die hof uitgedaag word. Kosmos 94.1 Nuus het met die plaaslike ekonoom Josef Sheehama gesels wat die ekonomiese hoogtepunte van die jaar uiteensit.
Die Grensbestuursowerheid in Suid-Afrika het bevestig die bedryf van die Lebombo-grenspos in Mpumalanga is terug na normaal. Dit volg nadat Mosambiek se opposisieleier, Venancio Mondlane, aangekondig het betogings teen die verkiesingsuitslae word vir vyf dae opgeskort. Die owerheid se adjunk-kommissaris, Mmemme Mogotsi, sê daar is nie meer toue vragmotors nie en die normale verwerking van reisigers is hervat. Sy sê hulle bly op hoë gereedheidsgrondslag vir moontlike ontwrigting ondanks die tydelike opskorting van verset-optrede:
Die Verenigde Nasies sê klimaatsverandering het in 2024 'n spoor van uiterste weer en rekordhitte gelaat en versoek die wêreld om af te wyk van die weg na ondergang. Die VN se weer- en klimaatsagentskap, die Wêreld Weerkunde-organisasie, sê hierdie jaar gaan die warmste jaar op rekord wees en sluit 'n dekade van ongekende hitte af. Die VN-hoof Antonio Guterres sê dit is ‘n bewys van klimaat-ineenstorting.
Na 'n moeilike jaar is dit tyd vir 'n nuwe hoofstuk, 2025. Vergeet al jou bekommernisse en bring positiwiteit en hoop terug in jou lewe. Die bekende sanger Stefan Ludik deel 'n stukkie positiwiteit met Kosmos 94.1 se luisteraars.
Aanklaer-generaal Martha Imalwa het geslaag in haar ‘n dringende aansoek vir 'n bevel vir die behoud van eiendom kragtens die Wet op die Voorkoming van Georganiseerde Misdaad. Yanna Smith het meer.
Namcor, saam met sy vennote Galp Energia, as operateur met 'n 80 persent belang, en Custos Energy met 10 persent, het die suksesvolle boor van die Mopane-2A-put in PEL83 aangekondig. Die put, wat op 2 Desember 2024 aangebring is, het belowende uitslae opgelewer. Namcor-woordvoerder Paulo Coelho het meer.
Die Nasionale Gesamentlike Operasionele en Intelligensiestruktuur, oftewel Natjonts, sê die regering staan vas in sy pogings om onwettige mynbedrywighede aan te pak, omdat dit aansienlike gevare vir beide individue en die breër gemeenskap inhou. Tebello Mosikili van Natjoints sê hulle is besig met bedrywighede soos "Vala Umgodi" om verlate myne te rehabiliteer en verdere onwettige uitbuiting te voorkom. Sy sê die regering takel ook die onderliggende maatskaplik-ekonomiese kwessies wat bydra tot onwettige mynbou, soos werkloosheid en die gebrek aan ekonomiese geleenthede:
Die Namibiese Bloedoortappingsdiens het net ‘n dag se voorraad oor en ervaar tans landswye ‘n kritieke tekort aan bloedvoorrade. Die diens doen ‘n dringende beroep op Namibiërs om te skenk. Frieda Vatileni Asino van die diens het meer.
Die DA in die Wes-Kaap veroordeel 'n beweerde rassistiese voorval wat onlangs op 'n plaaslike FlySafair-vlug plaasgevind het ten sterkste. Die party-lid, Tertuis Simmers sê 'n passasier het na bewering tydens 'n hewige woordewisseling rassistiese opmerkings geslinger na 'n lid van die bruin gemeenskap. Hy sê die DA gaan vandag by die Bishop Lavis-polisiestasie 'n klagte van crimen injuria indien teen die FlySafair-passasier:
Tussen 24 en 29 Desember is ses selfmoorde aangemeld in die land. Selfmoord is 'n voortslepende probleem in Namibië en het epidemiese proporsies bereik. Teen Oktober vanjaar het die gesondheidsministerie 679 selfmoordgevalle aangemeld vir die jaar – net meer as twee gevalle daagliks. Van die was 559 mans en 91 vroue. Onder die 29 kinders wat selfmoord gepleeg het, was 18 seuns. Die bekende maatskaplike aktivis Zack Itodo sê geliefdes moet na vore tree.
Die voorsitter van die Pan-Afrika-Parlement se suidelike koukus, Duduzile Zuma-Sambudla, sê die onluste in Mosambiek hou aansienlike gevare in vir sy buurlande en die breër Suider-Afrikastreek. Woordvoerder Moshe Semenya sê politieke onbestendigheid ontwrig reis, handel en ekonomiese bedrywighede, ontwortel gemeenskappe en bedreig die vordering met streeks-integrasie. Hy sê die streek kan nie die uitdagings ignoreer wat veroorsaak word deur die politieke oproerigheid nie:
Die ANC-Vroueliga vra alle sektore van die gemeenskap, insluitend tussen-regeringsdepartemente, die progressiewe studentebeweging, onderwysersverenigings en die privaat sektor, om dringend en gesamentlik aandag te gee aan tiener-swangerskappe. Woordvoerder Boitumelo Moiloa sê Suid-Afrikaners moet saamwerk om 'n omgewing te skep waar tienermeisies bemagtig word om keuses te maak wat hulle waardigheid, gesondheid en toekomsvooruitsigte verbeter:
Soos 2024 tot 'n einde kom, besin die Namibië Professionele Jagvereniging, Napha, oor 'n suksesvolle jaar en sien met optimisme uit na 2025. Tydens sy 50ste algemene jaarvergadering het die organisasie boeiende besprekings en aanbiedings gefasiliteer. Die uitvoerende komitee het kennis geneem van bekommernisse en aanbevelings, veral in die geslote sessie, en sal veranderinge implementeer om kommunikasie te verbeter en 'n suksesvolle 2025-seisoen te verseker. Kosmos 94.1 Nuus het met Napha president Axel Cramer gesels.
Die sesde en laaste been van die Weskus 4x4 Vasbyt is met groot sukses op Walvisbaai aangebied. Daar was 20 voertuie met drie spanne uit Suid-Afrika wat net vir die pret deelgeneem het, soos Francois Lottering verduidelik.
Die DA vra politieke bestendigheid en sekerheid vir Suid-Afrikaners in Mosambiek. Die party se nasionale woordvoerder, Willie Aucamp, is bekommerd oor toenemende geweld en menseregteskendings. Hy moedig die Mosambiekse regering aan om veiligheid te verseker en menseregte te beskerm. Aucamp sê die DA het dringende gesprekke aangevra met die minister van Internasionale Betrekkinge, Ronald Lamola, om Suid-Afrikaanse burgers se veiligheid te verseker.
Die Namibiese Polisiemag het 'n verdrinking in die Otjozondjupa-streek in die Kersfees misdaadverslag gerapporteer, asook twee verdrinkings in die Kavangorivier net voor Kersfees. Die 17-jarige Festus Lawrens de Bruin het op die middag van 26 Desember by die Otjiwa Lodge verdrink terwyl hy in 'n groot waterpoel geswem het. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Percy Openshaw van Crisis Emergency and Response Services, wat wenke oor waterveiligheid gee.
Adjunk-premier John Mutorwa moedig Namibiese studente wat aan Kubaanse universiteite studeer, sterk aan om gefokus te bly en hul studies te voltooi. Mutorwa het onlangs met 13 van die 33 studente vergader wat in Kuba studeer met beurse wat deur die werke en vervoer-ministerie toegestaan is, waarvan hy die lynminister is. Sy boodskap het ten doel gehad om die studente te motiveer om toegewyd te bly tot hul akademiese doelwitte en om die langtermyn impak van hul studies op Namibië se groei uit te lig.
Cosatu verwelkom die Amerikaanse administrasie se uitbreiding van voordele in die Wet op Groei en Geleenthede in Afrika, of Agoa, vir Suid-Afrikaanse uitvoere. Matthew Parks van Cosatu sê die federasie verwelkom ook die Amerikaanse Kongres se beëindiging van 'n wetsontwerp wat daarop gemik is om betrekkinge tussen die VSA en Suid-Afrika, insluitend sy lidmaatskap van Agoa, te hersien en moontlik af te gradeer. Hy sê dit bied sekerheid aan belangrike Suid-Afrikaanse uitvoerbedrywe en bemoedig die betrokke werkers.
Die Copps 94.1-span was op Walvisbaai op patrollie en het uitsluitlik met drink-en-bestuur kwessies te doen gekry. Francois Lottering was aan diens en lewer verslag.
Die leierskap van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap het olie op die vuur in Mosambiek gegooi deur die verkose president Daniel Chapo met gelukwensingsboodskappe te oorlaai. Dit is volgens die plaaslike politieke ontleder Ndumba Kamwanyah, wat sê die organisasie se leierskap is nie in beheer van die situasie nie. President Nangolo Mbumba was van die eerstes om Chapo geluk te wens, en Zimbabwe se president Emmerson Ngagwa het na bewering Chapo gelukgewens voordat uitslae bekend gemaak is. Kamwanyah sê die SAOG moet hergroepeer en vra vir dialoog om 'n vreedsame oplossing te vind. Ook in Suid-Afrika vra verskeie organisasies en partye dat die organisasie moet ingryp. Die Activists and Citizens Forum se Dennis Bloem is aan die woord.
Die mynwerkersvakbond NUM is ernstig bekommerd oor afleggings by bykans alle myne in die mynbousektor. Livhuwani Mammburu van NUM sê met die jaar wat amper op sy einde is, het die vakbond nuwe 189A-kennisgewings vanaf verskeie ondernemings ontvang. Hy sê werkers staan gebukkend onder 'n donker feestyd en die toekoms lyk somber op pad na die Nuwe Jaar.
Die Keetmanshoop Hospitaal het 'n endoskopiese masjien saam met die uitreik mediese span van die Onandjokwe Hospitaal bekend gestel. Die Keetmanshoop hospitaal se mediese beampte, Bako Motinga, sê die masjien sal medici bystaan met die diagnose en behandeling van gastro- en ingewande-siektes. Twee-en-twintig pasiënte het reeds van die masjien gebruik gemaak. Motinga sê dit is belangrik vir die vroeë opsporing van siektes wat uit die maag- en dermkanale ontstaan. Die endoskopiese masjien bedien tans die Karas-streek, maar pogings is aan die gang om ook die Hardap-streek te bedien.
Die Kavango-Wes-streek sukkel steeds met die onwettige oes van hout. Permitte word sedert 2023 uitgereik aan diegene wat aan streng vereistes voldoen. NamPol en die Namibiese Inkomste-agentskap het in 2023 en vanjaar meer as 1 600 stukke onwettige hout en 1 800 planke van Angola en Zambië gekonfiskeer. Boetes van meer as 32 000 Namibiese dollar is vanjaar tussen Januarie en November aan 16 oortreders in die streek uitgereik. Kosmos 94. Nuus het gesels met Johnson Ndokosho, die direkteur van bosbou by die omgewingministerie, wat sê wetstoepassing is versterk.
Die Namibiese Polisie in die Otjozondjupa-streek het kommer uitgespreek oor die houding van sommige bestuurders op die B1, wat voortdurend verkeerswette en -regulasies verontagsaam. NamPol se gemeenskapskakelbeampte, senior inspekteur Maureen Mbeha, vra vir nakoming van die wette en versoek motoriste om noodvoertuie die reg van weg te gee, aangesien sommige bestuurders dit ignoreer. 'n Totaal van 14 motorongelukke was in die naweek se misdaarverslag gerapporteer. Altesaam 9 mense het gesterf, waarvan vier voetgangers was. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met NamPol Kommissaris Petrus Swartz, wat uitbrei.
Die gesondheidsdepartment vier die veilige aankoms van meer as 570 babas, onder wie ses tweelinge, op Kersdag in gesondheidsfasiliteite landwyd. KwaZulu-Natal het 47 Kersbabas verwelkom. Onder die ma's is drie 15-jariges en 'n 13-jarige, wat kommer oor die gemeenskap laat ontstaan. Die LUR vir Gesondheid in die provinsie, Nomagugu Simelane, vra ouers om statutêre verkragtingsake in te dien teen mans wat tienermeisies swanger maak. Sy beklemtoon die wetlike plig om sulke gevalle aan te meld en vra die polisie om op te tree om minderjariges te beskerm.
Die burgemeesters van Swakopmund en Walvisbaai sê 2024 was 'n uitdagende jaar. Die buurdorpe het mekaar ondersteun en plaaslike besighede en kliënte op innoverende maniere bygestaan. Walvisbaai-burgemeester Trevino Forbes het die dorp se inwoners bedank en die hawedorp se rol as 'n leier in ekonomiese ontwikkeling uitgelig.
Die land se paaie is steeds uiters besig met duisende mense wat reis om tyd saam met hul geliefdes deur te bring. Wetstoepassingsagentskappe doen 'n beroep op motoriste om by die padveiligheidsreëls te bly. Eerste minister Saara Kuugongelwa-Amadhila het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en wens alle Namibiërs 'n veilige feesseisoen en nuwe jaar toe.
Die Grensbestuurowerheid het bevestig dat die aantal vragmotors wat op die Lebombo-grenspos in Mpumalanga verwerk word, afgeneem het. Die kommissaris van die owerheid, Mike Masiapato, sê baie vragmotorbestuurders vrees moontlike opstande nadat Mosambiek se grondwetlike raad Frelimo verklaar het tot wenner van Oktober se verkiesing. Masiapato het aan SABC News gesê alternatiewe roetes word beoordeel om die bedreiging teen te werk van betogings wat vrag teiken.
Die bekende Namibiese musikant Gazza, regte naam Lazarus Shiimi, wens alle Kosmos 94.1-luisteraars 'n geseënde Kersfees toe. Hy moedig almal aan om verantwoordelik fees te vier.
Namibiërs wat hulle Kersfees en vakansie in die hoofstad spandeer hoef nie verveeld te word nie, want die Stad Windhoek het seker gemaak hulle het plek om te ontspan. Harold Akwenye, die Stad se korporatiewe bestuurder vir kommunikasie, sê hulle het hard gewerk om parke vir die gemeenskap in die hoofstad op te knap vir die feesseisoen. Akwenye het meer.
Kersfees is uiteindelik hier en te midde van vieringe met familie en vriende, moet almal die ware boodskap van Kerfees, die koms van Jesus Christus, in gedagte hou. Kosmos 94.1 Nuus het gaan aanklop by plaaslike pastoor Brian Philander. wat 'n boodskap van hoop en liefde deel.
Debt Rescue se jongste opname oor finansiële nood het aan die lig gebring talle Suid-Afrikaanse huishoudings sal moontlik nie die feestyd kan geniet nie. Baie verbruikers het hierdie jaar uitdagend gevind omdat hulle worstel met groot bekostigbaarheidsbeperkings. Die uitvoerende hoof van Debt Rescue, Neil Roets, het aan SABC News gesê baie mense kies om hul Kersbesteding te verminder om verdere finansiële probleme in die nuwe jaar te verhoed.
Boodskappe van welwillendheid stroom in soos die Kersseisoen ontvou. Ongwediva burgemeester Tarah Shanyefu het in 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus die belangrikheid beklemtoon om minderbevoorregtes in gedagte te hou in hierdie tyd van feesviering. Hy doen 'n beroep op die publiek om liefde te versprei en vriendelikheid te betoon aan behoeftiges, en om te verseker dat niemand tydens die vakansie agterbly nie. Shanyefu vra ook dat almal veilig bly terwyl hulle tyd saam met familie en vriende geniet.
Die Namibiese Polisie het oor die naweek ses sake van huisbraak en diefstal ondersoek. Kosmos 94.1 Nuus het met NamPol hoofinspekteur Elifas Kuwinga gesels oor hoe huiseienaars kan verseker dat hul eiendomme veilig is gedurende die feesseisoen. Kuwinga het 'n paar wenke vir huiseienaars.
Die burgerlike organisasie Save South Africa vra die gesondheidministerie om die verkope van kondome in spazawinkels op te skort na berigte dat vervalsde kondome in Sunnyside, Pretoria, verkoop is. Woordvoerder Tebogo Mashilompane waarsku oor gesondheidsgevare soos besmettings en onbeplande swangerskappe omdat gehalte nie gereguleer word nie. Hy het die gesondheidminister, Aaron Motsoaledi, gevra om vinnig op te tree, en die publiek versoek om eerder staatsuitgereikte kondome te gebruik vir hulle eie veiligheid.
Die ooreengekomde minimumloon vir die sekuriteitsindustrie is deur arbeidsminister Utoni Nujoma goedgekeur. Die Sekuriteitsvereniging van Namibië en die Namibiese Sekuriteit Arbeidsforum het vroeër ‘n ooreenkoms onderteken vir ‘n minimumloon van 13 dollar 50 per uur, laer as die nasionale minimumloon van 18 dollar uurliks wat op 1 Januarie in werking tree. Tucna se sekretaris-generaal Mahongora Kavihuha lewer kommentaar.
Gauteng se LUR vir Finansies en Ekonomiese Ontwikkeling, Lebogang Maile, sê owerhede sal toeslaan op groter winkels en vervaardigers. Hy het tydens 'n inspeksie van voedselveiligheid in Soweto dit duidelik gemaak nie net spazawinkels word geïnspekteer nie. Hy het tydens die blitsbesoek daarop gewys owerhede moet ook na verskaffers omsien. Volgens Maile sal amptenare ʼn opvolgbesoek aan Soweto bring om te verseker daar is deurlopende voldoening en veiligheidheidstandaarde word gehandhaaf.
Groot dele van die land het goeie reënval aangeteken vanaf Vrydag, en vogtige lug begin ook oor die droeë Suide inbeweeg. Plasings op sosiale media wys die Okamitarivier het sterk geloop op pad na die Swakoppoortdam, en daar word beweer dat die Von Bachdam se watervlak ook met sowat 10cm gestyg het. Vooruitsigte vir reën vir die res van die week lyk volgens weerkenner en suideboer George van der Merwe uiters belowend.
Toerismeminister Patricia de Lille is besorg oor die styging in die koste van vakansies in Kaapstad. Die metro is bekend as 'n luukse bestemming vir baie vakansiegangers, met verblyf wat nou glo tot 55 000 Suid-Afrikaanse rand vir vyf nagte kos. De Lille het aan eNCA gesê die pryse is buite die bereik van die meeste Suid-Afrikaners.
Sportminister Agnes Tjongarero maak gereed om haar amp in Maart 2025 te verlaat en het aansienlike probleme uitgelig wat Namibiese sport in die gesig gestaar het. Tjongarero was van 2015 tot 2020 adjunk-sportminister en vanaf 2020 die lynminister. Tjongarero sê haar grootste hoop is dat die sportwetsontwerp gefinaliseer sal word deur die volgende persoon wat die amp aanvaar.
Krieket: Pakistan het Suid-Afrika in die derde en laaste eendagwedstryd op die Wanderers in Johannesburg met 36 lopies getroef volgens die Duckworth-Lewis-Stern-metode en daarmee skoonskip gemaak in die reeks. Die wedstryd is vir albei spanne tot 47 boulbeurte verkort weens reën. Die 22-jarige Saim Ayub het 101 van 94 balle bygedra vir Pakistan se wentotaal van 308 vir nege. Die Proteas is vir 271 uitgeboul, ten spyte van 81 lopies deur Heinrich Klaasen. Die Protea-kaptein, Themba Bavuma, sê die reeks was teleurstellend.
Die Bank van Namibië sê in sy kwartaallikse verslag dat besigheidsregistrasies die afgelope jaar met 34 persent afgeneem het. Op 'n kwartaalgrondslag het nuwe besigheidsregistrasies met 14,3 persent gedaal. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Eliphas Simon, voorsitter van die Black Business Leadership Network of Namibia, wat probleme met toegang tot geoormerkte fondse kritiseer.
Die Verenigde Nasies se hulp- en werkagentskap vir Palestynse vlugtelinge in die Nabye Ooste sê gesinne in die suidelike stad, Khan Younis in Gaza, krap in asblikke rond op soek na kos om te eet. Daar is daagliks meer as 1 000 ton opgehoopte vullis, wat versprei tot in ontwortelde Palestyne se tente en skuilings. Unrwa se woordvoerder, Louise Wateridge, sê verlede maand het die agentskap bygedra tot meer as 60-persent van die algehele hoeveelheid rommel wat ingesamel is, maar dit is nie naastenby genoeg nie.
Mense uit alle dele van die land stroom na die noordelike streke, en die Namibiese Polisie in die Oshana-streek het hul patrollies vermeerder ná die bekendstelling van 'n inisiatief om sigbaarheid regoor die streek te verhoog. Hierdie inisiatief sal tot 18 Januarie duur. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die NamPol Oshana-streekbevelvoerder, kommissaris Naftal Sakaria, wat beklemtoon dat die publiek se veiligheid voorrang sal geniet.
Swapo sal op 28 Februarie volgende jaar sy buitengewone kongres hou. ‘n Nuwe partypresident moet op die kongres verkies word na dr. Hage Geingob se afsterwe. Volgens berigte sal die pos van vise-president, wat tans deur Netumbo Nandi-Ndaitwah beklee word, nie verkiesbaar wees nie. Kosmos 94.1 Nuus het met die bekende regsman Richard Metcalfe gepraat, wat Swapo lede verteenwoordig wat die party hof toe gevat het omdat 'n buitengewone kongres nie binne drie maande na Geingob se dood gehou is nie. Metcalfe lewer kommentaar.
Volgens die jongste klimaatverslag van die Namibië Meteorologiese Diens is aansienlike reënval in November meestal oor die noord-oostelike dele van die land aangemeld. Gemiddelde tot ondergemiddelde reënval is oor die Kunene-, Oshana-, Oshikoto-, Otjozondjupa-, Khomas-, Omaheke- en Hardap-streke aangeteken. ’n Boer in die Ondangwa-landelike kiesafdeling in die Oshana-streek, Ileni Nandjato, het aan Kosmos 94.1 Nuus die situasie op die grond verduidelik.
Die Amerikaanse minister van Buitelandse Sake, Antony Blinken, het 'n hulppakket ter waarde van 4,2-miljard Namibiese dollar aan die konflikgeteisterde Soedan aangekondig. Dit sluit 3,6-miljard-rand in vir humanitêre hulpverlening en 550-miljoen-rand om Soedan se demokratiese oorgang te ondersteun. Blinken het ter afsluiting van sy vier-jaar ampstermyn gesê dit bring Amerika se algehele bystand tot meer as 42-miljard dollar sedert die konflik in 2023 begin het.
Terwyl die feesseisoen ontvou, deel verskillende amptenare opregte boodskappe van welwillendheid. Tarah Shanyefu, Ongwediva-burgemeester, die belangrikheid daarvan beklemtoon om die minderbevoorregtes te onthou gedurende hierdie tyd van feesviering. Hy het 'n beroep op die gemeenskap gedoen om liefde te versprei en vriendelikheid te betoon aan behoeftiges, om te verseker dat niemand gedurende die vakansie agterbly nie. Shanyefu het In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus ook almal daaraan herinner om veilig te bly en versigtig te wees terwyl hulle hul tyd saam met familie en vriende geniet.
Handelsyfers vir die laaste kwartaal van 2024 toon 'n beduidende styging in Namibië se graan-invoere, wat 718 miljoen Namibiese dollar beloop het, vergeleke met 415,5 miljoen dollar in dieselfde kwartaal van 2023. Volgens die jongste Landbou Statistiese Bulletin van die Namibië Statistieke Agentskap was mielies die mees ingevoerde graan, ter waarde van 413,4 miljoen dollar, gevolg deur koring teen 269,4 miljoen dollar, en rys teen 6,7 miljoen dollar. Die hoë invoerrekening word toegeskryf aan lae binnelandse produksie te midde van die voortslepende droogte. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Hanks Saisai, 'n tegniese adviseur by Agribank wat in gewasse spesialiseer, wat sê as dit nie gou reën nie, sal dieselfde volgende jaar gebeur.
DA-leier John Steenhuizen sê die onderhandelings in die regering van nasionale eenheid wat dit moontlik maak vir die BELA-wet om ingestel te word, is 'n wen-wen skikking, sonder dat bestaande grondwetlike regte tot moedertaalonderrig ondermyn word. DA-woordvoeder Willie Aucamp sê die minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube moet norme, standaarde en regulasies uitreik wat die instelling van die bestrede artikels sal reguleer.
Rugby: Die Bulle het Cameron Hanekom op nommer 6 gekies vir die langverwagte Verenigde Rugby Kampioenskapskragmeting teen die Haaie vanaand in Durban. Kaptein Elrigh Louw skuif na nommer 8 en Cobus Wiese vervang Marcell Coetzee op nommer 7. Coetzee skuif bank toe. Stedman Gans en Harold Vorster is die nuwe senters met Canan Moodie wat na linkervleuel skuif. David Kriel is nie in die wedstryd-23 ingesluit nie. Afskop is om 6-uur. Willem Strauss, die president van die Blou Bulle, het eksklusief met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Namibië teken jaarliks 'n kommerwekkende hoë koers van padongelukke aan, veral gedurende die feesseisoen. Dit word toegeskryf aan verskeie faktore, insluitend verhoogde verkeersvolumes, roekelose bestuur en alkoholgebruik. Padongelukke lei jaarliks tot talle sterftes en beserings, asook finansiële verliese. Kosmos 94.1 Nuus het met NamPol-kommissaris Petrus Swartz gesels, wat bestuurders versoek om verkeersreëls te gehoorsaam en om ander padgebruikers in ag te neem.
’n Brand het vanoggend in die vroeë oggendure by die Grand Canyon Spur-restaurant in Onafhanklikheidslaan in Windhoek se sentrale sakekern uitgebreek. Die Windhoek Brandweer het daarin geslaag om die brand te blus. Die oorsaak van die brand word nog ondersoek. Geen beserings is aangemeld nie en die omvang van die skade is nog nie bepaal nie. Kosmos 94.1 se JP Nel was op die toneel en lewer verslag.
Die Copps 94.1-span was op patrollie in Swakopmund en het met 'n padongeluk buite die dorp te doen gehad. Francois Lottering was aan diens en het al die besonderhede.
Transnamib het kommer oor die toenemende diefstal langs spoorlyne landwyd. Dwarslêers word gereeld gesteel, wat kan veroorsaak dat treine ontspoor. Transnamib se uitvoerende hoof, Desmond Van Jaarsveld, het by 'n media-bespreking gesê hulle het 'n blitslyn op die been gebring om diefstal of enige ander misdade anoniem wenke aan te meld.
Die ministerie van myne en energie het 'n kriminele klag by die polisie teen die Chinese mynmaatskappy Xinfeng Investment ingedien vir onwettige mynbou buite Uis. Dit is in stryd met sy eksklusiewe prospekteerlisensie, wat mynbedrywighede verbied. Die Uis-gemeenskap het ook gekla oor skade aan die omgewing en ontheiliging van voorvadergrafte. Reaksie is ontvang van die AR-beweging, wat vroeër 'n dispuut met die bestuur van XinFeng gehad het oor werkers se omstandighede. Kosmos 94.1 Nuus het geswels met George Kambala, AR se woordvoerder, wat sê Xinfeng se bedrywighede moes al lankal opgeskort gewees het.
Human Rights Watch beskuldig Israel van volksmoord-dade teen Palestyne in Gaza deur voldoende watervoorsiening te weerhou. Die organisasie sê in sy jongste verslag Israel het doelbewus infrastruktuur beskadig. Dit sluit in sonkragpanele by watersuiwerings-saanlegte, 'n reservoir, en ʼn pakhuis met onderdele. Hy sê hulle keer ook dat brandstof vir opwekkers gelewer word. Die Amerikaanse Departement van Buitelandse Sake se waarnemende woordvoerder, Vedant Patel, sê hulle verskil van die verslag, maar gaan voort om met Israel oor die kwessie te praat.
Een van die stigters van die Affirmative Repositioning-beweging, Dimbulukeni Nauyoma, wat na Swapo teruggekeer het, het onlangs 'n onderhoud met Henock TV gehad. Nauyoma is in 2022 tydens die NEFF se China Town-betogings gearresteer en het ook die onafhanklike presidensiële kandidaat, Ally Angula, gesteun. Die onderhoudvoerder het hom gevra of Swapo in hul 34 jaar aan bewind enige verskil aan die land se probleme gemaak het. Nauyoma het die volgende te sê gehad.
Die Gesondheidsdepartement in Suid-Afrika het mense gevra om kalm te bly na 'n toename in gevalle van Duitse masels. Meer as 10 000 gevalle is vanjaar aangemeld, meestal by kinders onder 15. Gauteng en die Wes-Kaap het die meeste gevalle aangeteken. Ouers moet op die uitkyk wees vir simptome soos 'n uitslag, koors en geswelde limfkliere. Die departement se woordvoerder, Foster Mohale, sê hoewel Duitse masels minder ernstig is by kinders, hou dit groot gevare in vir swanger vroue en hulle ongebore babas.
Ghana se hooggeregshof het twee sake wat die grondwetlikheid van die land se drakoniese wetgewing oor LGBT-kwessies uitgedaag het, van die hand gewys. Die president kan nou een van Afrika se mees beperkende anti-LGBT-wetgewings bekragtig, waarvolgens mense wat as LGBT identifiseer drie jaar tronkstraf kan kry. Vyf jaar kan opgelê word vir die vorming of finansiering van LGBT-groepe. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Omar van Reenen, stigter van Equal Rights Namibia, wat sê dat die LGBT-gemeenskap sal oorleef, kom wat wil.
Die eerste FlyAngola vlug vanaf Catumbela in die Benguela-provinsie na Windhoek sal môre opstyg, wat toerisme in beide lande ‘n hupstoot sal gee. Die Benguela-provinsie is bekend vir sy natuurskoon en warmwater strande. Die roete sal ook in Luanda land wat nog 'n opsie vir reisigers bied. Reaksie is ontvang van plaaslike toergids Joseph Kafunda, wat sê dit is 'n geleentheid vir Namibiërs om die pragtige Angola te verken.
Berigte het na vore gekom dat ses groot hommeltuie omstreeks drie-uur Donderdagmiddag oor plase suid van Aranos in die Hardap-streek gevlieg het. Die doel van hierdie hommeltuie en hul eienaarskap is onbekend, wat kommer onder plaaslike boere laat ontstaan. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met adjunk-kommissaris Johannes Mwatongwe van die Hardap-streek se streeks-misdaadondersoekafdeling, wat bevestig dat ondersoeke aan die gang is.
Die regering het die verkryging van 'n 24 persent-aandeel in Hyphen Hydrogen Energy, 'n Namibiese groenwaterstof-ontwikkeling maatskappy, voltooi. Die belegging, gefasiliteer deur die SDG Namibia One Fund, het ten doel om 1 miljard Amerikaanse dollar in te samel om Namibië se groeiende groenwaterstofsektor en sy infrastruktuur te ondersteun. Groenwaterstof-kommissaris James Mnyupe het in 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus 'n opdatering gegee van die vordering van die groenwaterstof-inisiatief. Hy het ook die mylpale wat bereik is uitgelig.
Die Omusati-streek ervaar hoë koerse van diefstal en ander misdade, wat 'n groeiende bron van kommer vir inwoners en owerhede geword het. In die lig hiervan het Kosmos 94.1 Nuus gesels met NamPol Omusati-inspekteur Anna Kunga, wat beklemtoon dat dorpe reeds besig is om vol te raak en hulle verwag 'n toestroming van selfs meer mense soos die jaareinde nader kom. Dit dra dikwels by tot 'n toename in kriminele aktiwiteite. Sy versoek die gemeenskap om waaksaam te bly en ekstra voorsorgmaatreëls te tref om hulself en hul eiendom te beskerm.
Die internasionale betrekkinge-minister, Ronald Lamola, het Botswana se besluit verwelkom om die verbod op groente-invoere uit Suid-Afrika geleidelik op te hef. Botswana is ʼn belangrike handelsvennoot van Suid-Afrika en sedert 2021 was sowat 15-persent van Suid-Afrika se totale groente-uitvoere na dié land. Die ministerie se woordvoerder, Chrispin Phiri, sê tydens die verbod het uitvoere na Botswana met byna die helfte afgeneem tot 272-miljoen Suid-Afrikaanse rand in 2023.
Krieket: Pakistan het Suid-Afrika met 81 lopies geklop in die tweede eendagwedstryd op Nuweland in Kaapstad. Dit gee hulle 'n twee-nul voorsprong in die reeks van drie wedstryde. Die nuweling Kwena Maphaka het vier paaltjies ingeoes, terwyl Mohammad Rizwan 80 aangeteken het toe die besoekers uitgeboul is vir 329. In antwoord was Heinrich Klaasen se 97 nie genoeg nie en is die Proteas uitgehaal vir 248. Die laaste eendagstryd is Sondag op die Wanderers. Kaptein Temba Bavuma sê hulle was nie op hulle beste nie.
Die Telecom-kubersekuriteitsmislukking is steeds in die nuus omdat dit nie net die entiteite en individue wat geraak word deur die uitlek van hulle data raak nie. Dit kan beleggers afskrik en die SME-sektor is volgens Jason Meinert van Meinert Security uiters kwesbaar met 60 persent van die besighede wat vou na so ‘n aanval. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Die Grensbestuursowerheid het 14 nuwe biometriese stelsels by OR Tambo Internasionale Lughawe geïnstalleer om lughawesekerheid te versterk, die immigrasieproses te stroombelyn, en ter ondersteuning van biosekerheid en landbou-inspeksies. Hierdie opgraderings is om verhoogde getalle passasiers gedurende die feestyd te hanteer terwyl dit terselfdertyd doeltreffende sifting verseker om die invoer van skadelike landbouprodukte en omgewingsrisiko's te voorkom. Die kommissaris van die owerheid, Michael Masiapato, sê vier stelsels is reeds in werking.
Die Britse vervaardiger van top-dokumentêre rolprente Asif Kapadia het in September sy jongste projek, 2073 bekend gestel. Die verhaal speel af in 'n post-apokaliptiese wêreld waar toesighoudende hommeltuie oral vlieg, en gemilitariseerde polisie outoritêre heerskappy afdwing. Kapadia het met Sky News gesels oor sy siening van die toekoms, veral in die lig van die inkomende Donald Trump-presidensie en het geraak aan sy immigrasie beleid.
Vanoggend het die Afrikaanse dagblad Beeld vir die laaste keer op straat verskyn na sy eerste uitgawe op 16 September 1974. Rapport, wat in 1970 gestig is, en uit Die Beeld as Sondagkoerant gebore, sal die naweek sy laaste keer op straat verskyn. Dit is in werklikheid, die einde van ‘n era. Daar is uitdagings regoor die wêreld met gedrukte media en aanlynkoerante raak al hoe meer gewild. Ben Roodtman van die Suid-Afrikaanse Persklub sê hy hoop dat aanlynpublikasies nou die nodige ondersteuning sal ontvang.
Die twee-dag inspeksie van verkiesingsmateriaal is Donderdagmiddag voltooi maar, die LPM, wat een van die hofaansoekers was, sê daar was nie genoeg tyd nie. Die party se woordvoerder Lifalaza Simataa sê amptenare van die Verkiesingskommissie was nie altyd hulpvaardig nie en, ongerymdhede is gevind.
Swapo se buitengewone kongres sal op 28 Februarie volgende jaar plaasvind. Volgens The Namibian, sal die pos van vise-president, wat tans deur Netumbo Nandi-Ndaitwah beklee word, nie verkiesbaar sal wees nie. Die kongres moet ‘n nuwe partypresident verkies na dr. Hage Geingob se afsterwe, soos Swapo se sekretaris van inligting Hilma Nicanor verduidelik.
’n Erge windstorm het Woensdag aansienlike skade in die Sun City-gebied van die Kavango Oos-streek aangerig en drie huise en ’n kerk vernietig. Die storm het vroegoggend swaar reën gebring en uitgebrei tot sterk winde en donderstorms, wat sowat drie uur lank geduur het. Die geweldige wind het ook dakke afgewaai en heinings laat omval, maar geen beserings is aangemeld nie. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Olavi Nathanael, die uitvoerende hoof van die Rundu-dorpsraad, wat meer inligting gee.
Die minister van Elektrisiteit, Kgosientsho Ramokgopa sê Eskom se werksverrigting het verbeter, wat gelei het tot meer as 260 dae sonder beurtkrag, verbeterde aanlegprestasie en miljarde rande aan diesel-besparings. Die kragvoorsiener het 'n netto verlies voor belasting van sowat 25,5 miljard Suid-Afrikaanse rand aangeteken, 'n verbetering op die vorige boekjaar se 34,6 miljard. Ramokgopa sê Eskom is minder op diesel aangewese, maar munisipaliteite se skuld het tot 74 miljard rand gestyg:
Die lynministerie het die 2024 vasstelling vir nuwe kragopwekkingsprojekte aangekondig, in lyn met die Nasionale Geïntegreerde Hulpbronplan van 2022. Dit sal NamPower en die elektrisiteitsvoorsieningsbedryf lei in die ontwikkeling van energieprojekte, wat fokus op hernubare energie om Namibië se energiesekerheid en onafhanklikheid te verbeter. Dit sluit in 330 megawatt se fotovoltaïese sonkragkapasiteit vir verkryging, verdeel tussen NamPower en onafhanklike kragprodusente. Anna Salkeus, die ministerie se woordvoerder, het meer.
Human Rights Watch beskuldig Israel van volksmoord-dade teen Palestyne in Gaza deur voldoende watervoorsiening te weerhou. Die organisasie sê in sy jongste verslag Israel het doelbewus infrastruktuur beskadig. Dit sluit in sonkragpanele by waterbehandelingsaanlegte, ʼn reservoir, en ʼn pakstoor met onderdele. Hy sê hulle keer ook dat brandstof vir opwekkers gelewer word. Die Amerikaanse Departement van Buitelandse Sake se waarnemende woordvoerder, Vedant Patel, sê hulle verskil van die verslag, maar gaan voort om met Israel oor die kwessie te praat:
Die Namibiese Paaieowerheid het nuwe kantore in Kleine Kuppe in Windhoek oopgemaak om dienste nader aan die mense te bring. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het die owerheid se skakelbeampte, Hileni Fillemon, verduidelik dat nie alle dienste by hierdie kantoor gelewer sal word nie. Fillemon gee meer inligting.
Giwusa het solidariteit uitgespreek met Mining Affected Communities United in Action in hul dringende aansoek aan die Hooggeregshof om onwettige mynwerkers te help wat in die ongebruikte Buffelsfontein-goudmyn in Stilfontein, Noordwes vasgekeer is. Die aansoek, wat vandag in die Hooggeregshof in Pretoria gehoor word, vra onmiddellik kos, water en mediese bystand vir die zama zamas, asook dat reddingsoperasies uitgevoer word. Koketso Phasha van Giwusa het MACUA en Lawyers for Human Rights geprys vir hul optrede:
Die Verenigde Nasies sê 'n wapenstilstand in Gaza moes lankal gebeur het, met meer as 45 000 Palestyne wat volgens berigte dood is. Dit kom te midde van Egipte wat gasheer is vir die leiers van agt lande met ʼn Moslem-meerderheid. Die adjunk-sekretaris-generaal van die VN, Mohamed Khaled Khiari, veroordeel die bombardering deur Israelse magte. Hy sê bemiddelingspogings deur Amerika, Katar en Egipte toon belofte maar gevegte duur voort en eis onskuldige lewens:
Cosatu sê hy sal sy voorlegging afhandel, ter ondersteuning van die aanbevelings van die Nasionale Minimumloonkommissie van ʼn verhoging van 1,5-persent vir die nasionale minimumloon vir die 2025-boekjaar, en sy voorstelle aan die minister van Indiensneming en Arbeid, Nomakhosazana Meth finaliseer. Woordvoerder Matthew Parks sê die federasie versoek die minister om die finale verhoging aan te kondig om te verseker dit tree op 1 Maart 2025 in werking:
Aangesien jongmense meer geneig is om ongelukke te veroorsaak as volwassenes, het Kavango-Oos goewerneur Bonifatius Wakudumo ouers gewaarsku om nie hul jong kinders oor die vakansieseisoen te laat bestuur nie. Wakudumo het by Masivi gepraat tydens die bekendstelling van die streek se padveiligheidsfeesseisoenprogram. Wakudumo sê almal het 'n rol te speel om die paaie te beveilig.
Eskom het 'n rekordverlies van 55 miljard Suid-Afrikaanse rand aangeteken in die 2024-boekjaar, grootliks gedryf deur die afskryf van belastingbates ter waarde van 36,6 rand miljard wat verband hou met die ontbondeling van sy transmissie-afdeling. Ten spyte hiervan het die kragreus aansienlike vordering opgemerk, insluitend geen beurtkrag in die afgelope 6 maande nie, verlaagde dieselkostes en verhoogde verkope. Eskom se uitvoerende hoof, Dan Marokane, verwag om volgende jaar weer winsgewend te wees, met krediet vir doeltreffendheidswinste en basiese hervormings:
Die Kommunikasie Regulerende Owerheid van Namibië, Cran, sê in sy 2023 Inligting- en Kommunikasietegnologie-verslag dat radio steeds meer gereeld as televisie gebruik word. Volgens sy verslag maak 45 persent van die bevolking staat op radio as hul primêre bron van inligting, vergeleke met 36 persent wat op televisie staatmaak. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die radio-uitsaaiveteraan en die stigter van Kosmos 94.1, Kolie van Coller, wat verduidelik hoekom radio die toets van die tyd deurstaan.
Die Automobiel Assosiasie in Suid-Afrika het aangekondig dat middel van die maand data van die Sentrale Energiefonds 'n effense petrolprysstyging vir Januarie 2025 aandui. Woordvoerder Eleanor Mavimbela sê loodvrye petrol kan geringe stygings van tussen 4 en 11 sent per liter sien, terwyl dieselpryse na verwagting met 3 sent sal daal en paraffien met 14 sent. Mavimbela skryf die verlagings toe aan laer internasionale produkpryse aan die einde van die vorige maand en 'n sterker rand. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Tannan Groenewald, hoof van data en analise by Cirrus, oor sy voorspelling vir Namibië se brandstofpryse in Januarie.
Die Swakopmund-munisipaliteit het die Spesiale Reserwemag verwelkom as deel van 'n gesamentlike inisiatief met die Namibiese Polisie. Die jaarlikse ontplooiing het ten doel om sekuriteit te versterk en openbare veiligheid gedurende die feestyd te verseker. NamPol inspekteur-generaal Joseph Shikongo sê patrollies, stop-en-deursoek aktiwiteite en kroeginspeksies sal deel vorm van die veiligheidstrategie. Hy het ook die publiek versoek om nie reisplanne of persoonlike inligting te veel op sosiale media te deel nie, want dit kan misdadigers lok. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Linda Mupupa, die Swakopmund-munisipaliteit se woordvoerder, wat meer deel.
Die registrasieproses vir die voorwaardelike 600 Namibiese dollar maandelikse basiese inkomstetoelaag eindig vandag. Die toelae is beperk tot een persoon in huishoudings wat geen inkomste het nie, ook nie pensioen of ander toelae nie. Die toelaag is om hulp te verleen aan die mees behoeftige huishoudings in stedelike en buitestedelike gebiede. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Lukas Haufiku, die woordvoerder van die maatskaplike welsyn-ministerie, wat meer inligting gee.
Toerismeminister Patricia de Lille sê pogings om Durban as vakansiebestemming te laat herleef, werp vrugte af aangesien die eThekwini-munisipaliteit hierdie feestyd 1,3-miljoen besoekers verwag. Die minister het aan SABC-nuus gesê sy prys die werk van die presidensiële taakspan om vakansiegangers terug te lok na die stad. De Lille sê Durban het verlede jaar slegs 700 000 besoekers ontvang teenoor 1,45-miljoen in 2017.
Die Khomas-streek het die hoogste aantal padongelukke in 2024 aangeteken, met die Erongo-streek in die tweede plek, volgens die Motorvoertuigongelukkefonds. Dit beklemtoon die voortdurende uitdagings met padveiligheid in hierdie streke, wat die fonds deurgaans monitor en probeer aanspreek. Kosmos 94.1 Nuus het met John Haufiku, die fonds se hoof korporatiewe sakebeampte, gepraat wat sê alle belanghebbendes moet hul kant bring om te verseker dat die hoë aantal ongelukke bekamp word.
City Power het kommer uitgespreek oor die skerp toename in kabeldiefstal in die Johannesburgse middestad. Kabels en vyf hoofeenheid-kragbokse is Dinsdag van die sentrale verspreider in Selby gesteel en het baie mense sonder krag gelaat. Die kragbokse is later op 'n private eiendom gevind en 'n klagte is by die polisie gelê. City Power se woordvoerder, Isaac Mangena, sê hulle veroordeel die misdadige optrede ten sterkste en herbevestig hul belofte om die metro se infrastruktuur te beveilig.
Gesondheidsminister dr. Kalumbi Shangula het die regering se verbintenis tot die beëindiging van MIV en Vigs as 'n openbare gesondheidsbedreiging teen 2030 bevestig. Oud-gesondheidsminister dr. Bernhard Haufiku het beklemtoon dat die bereiking van hierdie doel afhang van individue wat hul gesondheid ernstig opneeam en bewus bly van hul gesondheidstatus. Hy het met Kosmos 94.1 gepraat en sê mense moet in die eerste plek voorkomende maatreëls tref.
Die konsensus siening is dat 'n Trump 2.0-presidentskap nie goed sal wees vir markte buite die VSA nie. Verskeie sleutel makro-ekonomiese maatstawwe sal op wêreldvlak geraak word, met hoër inflasie en rentekoerse; 'n sterker Amerikaanse dollar; 'n swakker Chinese ekonomie; en oliepryse onder druk. Theo Klein, 'n ekonoom by Oxford Economics Africa, sê potensiële impakte op nasionale vlak in Namibië is 'n stadiger rentekoersverlagingsiklus; stygende inflasiedruk; hoër buitelandse skuldterugbetalings; voordelige metaalvraag en -pryse; en laer oliepryse. Kosmos 94.1 Nuus het met Klein gesels, wat meer deel.
Die GOOD-party in die Wes-Kaap vra 'n openbare debat oor die jongste algemene waardasierol vir die komende boekjare van 1 Julie 2025 tot 30 Junie 2029 in die munisipaliteit van Stellenbosch. Marius van Stade van die GOOD-party sê hulle maak voorspraak vir 'n hersiening van die skerp stygings in die waardasie van residensiële eiendomme, wat hulle glo 'n oordrewe las op huiseienaars en inwoners sal plaas.
Die Ongwediva-dorpsraad het begin om die dorp se watertoring op te knap om gereelde wateronderbrekings aan te spreek. Die projek van 5,3 miljoen Namibiese dollar sal na verwagting binne vier maande voltooi wees. Die watertoring is al dekades lank in gebruik en sukkel om in die vraag te voorsien weens onvoldoende watervlakke in NamWater-reservoirs en lae druk. Die opknapping is om verdere duur kwessies te voorkom en waterlewering aan die dorp se inwoners te verbeter. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die woordvoerder van die Ongwediva-dorpsraad, Ottilie Shingenge, wat meer inligting gee.
Die M+Z Swakop tydren het Vrydag en Saterdag by die kusdorp plaasgevind. Dit was die vyfde en laaste been van die nasionale tydren kampioenskappe, wat oor 13 trajekte en sowat 108 kilometer beslis is. Net vyf van die 12 karre in die S-klas het klaargemaak, maar in die bakkie-klas het net twee van die 13 inskrywings uitgeval. Francois Lottering was op die toneel en het al die klas-uitslae.
Namibië het 'n beslissende stap geneem om bedrog te bekamp met die stig van 'n plaaslike afdeling van die Vereniging van Gesertifiseerde Bedrogondersoekers, of ACFE. Die vereniging is 'n globale leier in teen-bedrog opleiding en sertifisering, en het ten doel om Namibiese professionele persone te bemagtig om die groeiende bedreiging van bedrog aan te spreek. Dit is veral belangrik in die lig van Namibië se plasing op die Finansiële Aksie Taakmag se gryslys. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Lehana Nel, die president van ACFE Namibië, wat uitbrei.
Die IPC se leier, Panduleni Itula, sê indien hy as president verkies word, sal sy Kabinet nie net lede van die party se parlementêre lys bevat nie, maar ook lede van ander partye. Hulle sal egter korrupsie-vry en patrioties genoeg moet wees om te wil saamwerk om die land op te bou. Die party het 'n "Gaan uit en stem"-verkiesingsveldtog-saamtrek by die Kuisebmond-stadion in Walvisbaai aangebied. Luister self na Itula.
Die polisie verwelkom die tussentydse hofbevel van die Hooggeregshof in Gauteng vir die beskerming van onwettige mynwerkers wat nog ondergronds is by die Stilfonteinmyn in Noordwes, wat in onbruik is. Die opdrag gee hulle kans om vrywillig uit te kom en verbied die versperring van die skagte. Die woordvoerder van die polisie, Athlenda Mathe, sê hulle statiese operasies duur voort by alle agtergelate mynskagte in die gebied. 'n Beroep word weer gedoen op alle onwettige mynwerkers om na die oppervlak te kom. Sy sê die bevel keer nie dat die polisie hulle grondwetlike taak uitvoer nie.
Namcor se visie is om Namibië se koolwaterstofpotensiaal te ontsluit deur strategiese vennootskappe, volhoubare praktyke, gevorderde tegnologie en infrastruktuurontwikkeling, met die fokus op ontluikende komme soos die Oranje- en Walvis-bekken, terwyl dit bydra tot ekonomiese groei en energiesekerheid. Om die omgewings- en logistieke uitdagings in Namibië se sensitiewe ekosisteme aan te spreek, het Namcor verskeie voorsorg- en strategiese maatreëls ingestel, insluitend deeglike omgewingsimpak beoordelings. Namcor se batebestuurder, Martin Negonga, het meer inligting oor hierdie pogings gegee by 'n regeringsinligtingsessie in die hoofstad.
Volgens Stad Windhoek se weeklikse waterverslag het inwoners tussen 4 en 11 November slegs 1 persent water gespaar en was dus 14 persent bo die vasgestelde besparingsteiken. Die maatskaplike aktivis Shaun Gariseb skryf dit toe aan inligting wat nie betyds deur die Stad aan inwoners deurgegee word nie. Kosmos 94.1 Nuus het met Gariseb gesels, wat sê het dat hy op 25 November 'n perskonferensie gaan hou om verskeie kwessies aan te spreek, insluitend 'n gebrek aan tydige inligting oor die water-situasie.
Die PDM het 'n verkiesingsaamtrek by Opuwo in die Kunene-streek gehou, waar sy president, McHenry Venaani, hom teen 'n stemmery in terme van stamverband uitgespreek het. Hy moedig Namibiërs aan om nie hul kruisies te trek volgens 'n kandidaat se stam of taal nie, maar gebaseer op bevoegdheid en kwaliteit. Luister self.
Rugby: Springbok-kaptein Siya Kolisi is optimisties oor die wedstrydgroep wat afrigter Rassie Erasmus vir vandag se kragmeting met Engeland op Twickenham gekies het. Daar is 12 veranderings in die opdrafspan met ʼn splinternuwe agterlyn. Erasmus het op ʼn plaasvervangersbank van 5-3 besluit. Kolisi is vol lof vir die balans tussen ervaring en jeug om die groep te versterk en jonger spelers noodsaaklike speelkans te gee.
NamPower en belanghebbendes het Vrydag grond gebreek vir Namibië se eerste 40 megawatt Otjikoto-biomassakragstasie by Tsumeb. Die kragstasie gaan na verwagting twee en 'n half jaar neem om te voltooi. NamPower se besturende direkteur, Simson Haulofu, het by die geleentheid gesê die projek sal nie net elektrisiteit opwek nie, maar ook werk skep en verskeie ander sektore bevoordeel. Hy sê dit sal groei en welvaart na die Oshikoto- en Otjozondjupa-streke sowel as omliggende gemeenskappe bring. Haulofu is aan die woord.
Die Staande Komitee oor Openbare Rekeninge in Mpumalanga is besorg oor vertragings met projekte van die openbare werke-departement. Die projekte sluit in die parlementêre dorpie vir lede van die Wetgewer. Bouwerk het in 2018 begin, maar is nog nie afgehandel nie. Die provinsiale voorsitter van SKOOR, Desmond Moela, het aan SABC News gesê die vertragings kos jaarliks een-miljoen Suid-Afrikaanse rand.
Unam het aangekondig hy gaan volgende jaar sy program vir korporatiewe werk-geïntegreerde onderwys bekendstel. Die program vereis van alle derdejaarstudente om praktiese werkservaring op te doen. Hierdie werksgeïntegreerde leer het ten doel om gegradueerdes te lewer wat "toekomsgereed" is, met praktiese vaardighede en akademiese kennis. Daar is egter kommer dat studente kan sukkel om praktiese werkservaring of internskappe te verkry weens die land se beperkte werksgeleenthede. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Tim Parkhouse, die voormalige sekretaris-generaal van die Namibiese Werkgewersvereniging, wat redes gee hoekom werkgewers nie graag internskappe aanbied nie.
Die Copps 94.1-span was in Swakopmund op patrollie saam met polisielede en het 'n interessante aand gehad. Dit is volgens Francois Lottering wat daar was, en hy doen verslag oor dronkbestuur en padveiligheid kwessies.
In 'n poging om Namibiërs te ondersteun om kwaliteit landbouprodukte te lewer, veral in die huidige droogte, het Agribank 'n gratis aanlyn opleidingsprogram begin vir boere en belangstellendes om te gebruik wanneer hulle dit pas. Die opleidingsessies, beskikbaar op Agribank se YouTube-kanaal, dek verskeie landbou-onderwerpe om boere te help om hul vaardighede en kennis te verbeter. Fillemon Nangonya, Agribank se skakelbeampte, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels en meer inligting gegee.
Die Outomobiel Assosiasie sê Suid-Afrikaanse motoriste kan in Desember 'n mengelmoes in brandstofprysaanpassings verwag. Die AA se woordvoerder, Eleanor Mavimbela, sê huidige ongeouditeerde data vanaf die Sentrale Energiefonds dui op 'n daling in petrolpryse, met aansienlike stygings in diesel- en lampoliepryse. Sy sê volgens afleidings van die data sal die prys van loodvrye 95-oktaan-petrol met ongeveer vyf-sent-per-liter daal en loodvrye 93 'n geraamde 16-sent-per-liter.
Inwoners van Lüderitz se enkelkwartiere verduur swak lewensomstandighede, insluitend nie-funksionele toilette, wat hulle dwing om tydelike sanitasie-metodes in te span. Dit skep gesondheidsrisiko's, veral vir die kinders wat daar woon. Ten spyte van pogings om die plaaslike raad te betrek, het die burgemeester se kantoor nog nie gereageer nie. Burgemeester Phil Balhao het die kwessie erken en sê die raad het finansiering van die premier se kantoor aangevra om verbeterings aan te bring, maar wag steeds op 'n antwoord. Hoewel sommige ablusiegeriewe verlede jaar opgeknap is, is van dit kort daarna gevandaliseer. Kosmos 94.1 Nuus het met die Lüderitz-burgemeester Phil Balhao gesels, wat die situasie verduidelik.
Statistieke Suid-Afrika het ʼn jaar-tot-jaar-verhoging van 4,7-persent in mynbouproduksie vir September aangekondig, op die rug van sterk vertonings deur metale in die platinumgroep, ystererts en mangaan. Steenkool en goud het egter gedaal. Mineraalverkope het ook met 8-persent toegeneem met goud en mangaan aan die voorpunt, terwyl die platinum-groep metale 'n daling getoon het. Juan-Pierre Terblanche van Statistieke Suid-Afrika sê die mynbousektor het in die geheel tekens van herstel getoon ten spyte van 'n paar uitdagings.
Die Castle Lite T20 Franchise-toernooi, Namibië se voorste plaaslike krieketkompetisie, is tot 24 November by die Trustco United-sportklub aan die gang. In die heel eerste wedstryd vanmiddag het die Green Windhoek Jets die N/a’ankusê (Naankoesê) Lions met 5 lopies geklop. Die toernooi span die land se topspelers in saam met opkomende jeugtalent, wat hulle waardevolle blootstelling aan hoë-standaard, gebeeldsende krieket in 'n professionele omgewing gee. Kosmos 94.1 Nuus het met John-Colin Namene, die kommersiële assistent by Krieket Namibië, gesels wat meer insigte verskaf.
Palliatiewe Sorg Namibië, 'n afdeling van die Kankervereniging van Namibië, het onlangs die Palliatiewe Sorgfonds geloods om finansiële bystand te verleen aan pasiënte wat sukkel om toegang tot noodsaaklike palliatiewe en hospiesdienste te verkry. Volgens die Kankervereniging se uitvoerende hoof, Rolf Hansen, is die fonds ontwerp om te voldoen aan die groeiende vraag na verpleegsorg, pynstillers soos morfien en ander noodsaaklike voorrade, soos doeke vir volwassenes. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die oud-minister van gesondheid, dr. Bernard Haufiku, wat die belangrikheid van hierdie inisiatief beklemtoon.
Indien droogte bonusse onmoontlik maak, word eerlike en tydige kommunikasie met werkers aanbeveel.
Die Landbouwerkgewersvereniging deel dat die betaling van jaarlikse bonusse, hoewel nie deur die Arbeidswet voorgeskryf nie, algemeen is in die landbousektor. Volgens die LWV Loonopgawe van 2024 betaal 92% van NLU-lede jaarlikse bonusse, met die "13de tjek" die mees algemene. Hierdie bonus, gelyk aan een maand se salaris, word ná 12 maande diens betaal. As werkers hierdie bonus gereeld ontvang het, kan dit nie eensydig gestop word nie, aangesien dit as ’n ongeskrewe diensvoorwaarde beskou word. Merietebonusse, gebaseer op prestasie of finansiële sukses van die boerdery, word al gewilder en bevorder mede-eienaarskap. Danie van Vuuren van die Landbou Werkgewersvereniging het meer.
Die uitvoerende direkteur van onderwys, Sanet Steenkamp, het die belangrikheid van hoë inskrywingsyfers vir die bereiking van universele onderwys, die vermindering van armoede en die bou van 'n geskoolde arbeidsmag beklemtoon. Sy het egter voortdurende uitdagings in skool-toeganklikheid en leerder-behoud uitgewys wat dringende ingryping nodig het om nasionale doelwitte in jeugbemagtiging, geletterdheid en ekonomiese groei te bereik. Die ministerie is bekommerd oor die swak 76 persent nasionale inskrywingskoers. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die LPM se woordvoerder, Lifazala Simataa, wat sê onderwys is in krisis en het meer befondsing nodig.
Die spesiale stemme in die verkiesing is Woensdag uitgebring, waarna die Namibië Verkiesingskommissie die voorlopige resultate bekend gemaak het. Dit sluit in al die stemlokale in die buiteland asook ter plaatse, waar personeel van die sekuriteitskluster en seegaande werkers gestem het. Gewoonlik word al die resultate eers na afloop van die hele stemproses aangekondig. Die kommissie het aangkondig dat 16 352 stemme getel was. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Professor Henning Melber, navorsingsdirekteur by die Scandinavian Nordic Africa-instituut, wat sê die verkiesingskommissie moet hulle fout regstel want die uitslae moes nooit vrygestel geword het nie.
Die Basic Income Grant-koalisie van Namibië sal môre 'n universele basiese inkomstetoelaag byeenkoms in die hoofstad hou om te pleit vir so 'n inkomstetoelaag, die voordele daarvan bo voorwaardelike toelaes duidelik te maak, en om op politieke aanspreeklikheid aan te dring. Die doel is om armoede, werkloosheid en inkomste-ongelykheid aan te spreek. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Renaani Musutua van die BIG-koalisie, wat meer inligting verskaf.
Rugby: Die Springbok-afrigter, Rassie Erasmus, sê die terugkeer na die tradisionele verdeling van vyf voorspelers en drie agterspelers op die bank is gemik op die uitdagings wat Engeland na verwagting môre op Twickenham gaan bied. Daar is 12 veranderings aan Suid-Afrika se opdrafspan wat Skotland verlede naweek verslaan het. Slegs Eben Etzebeth, Ox Nché en Bongi Mbonambi bly oor. Erasmus sê hy is tevrede met die hele span.
Voormalige eerste dame Monica Geingos verjaar vandag. Geingos, wat bekend is vir haar onwrikbare toewyding om maatskaplike kwessies aan te spreek, gaan voort om ontelbare lewens in Namibië positief te beïnvloed. Sy het vanaf 2015 as die derde presidentsvrou gedien tot die afsterwe van haar man, wyle Hage Geingob, in Februarie vanjaar. Kosmos 94.1 Nuus het met premier Saara Kuugongelwa-Amadhila gesels, wat namens alle Namibiërs haar opregte verjaardagwense aan Geingos oordra.
Die Namibiese Polisiemag loods vandag 'n Nasionale Padveiligheidsveldtog in Tsumeb, voor die feesseisoen. Met toenemende ongelukke en misdaad gedurende hierdie tydperk, word die publiek versoek om voorsorgmaatreëls te tref om hul veiligheid te verseker. Van 1 Januarie tot 10 November vanjaar is 2 659 ongelukke aangemeld, wat gelei het tot 4 864 beserings en 354 sterftes, volgens die Motorvoertuig Ongeluksfonds se ongelukstatistieke. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Kauna Shikwambi, die adjunkkommissaris van die Namibiese polisiemag, wat 'n belangrike boodskap vir almal het.
Die Limpopo-regering maan ouers om kalm te bly nadat 75 leerders van Dzumeri-laerskool weens vermeende voedselvergiftiging in die hospitaal opgeneem is. Die leerders het blykbaar melk gedrink waarna hulle siek geword het. Die Limpopo-premier se woordvoerder, Thilivhali Muavha, sê slegs elf van die leerders het vir verdere waarneming in die hospitaal oornag en is tans in ʼn stabiele toestand:
Namibië het goeie vordering gemaak met die bekamping van MIV-oordrag van moeders na hul babas, maar statistieke van die gesondheidministerie wys dat meer mense hul MIV-status moet ken. Dit is omdat behandeling die virus kan onderdruk en dis onnodig dat mense daaraan sterf. In 2023 is net meer as 6 000 nuwe infeksies in die 15 tot 49-ouderdomsgroep aangeteken, waarvan 93 persent bewus van hulle status. Daar is egter byna 7 200 kinders onder 14 wat MIV-positief is. In 2022 is 408 nuwe gevalle aangeteken en 293 het gesterf. Net sowat 76 persent is bewus van hul status en word behandel, en 90 persent van hulle is viraal onderdruk. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met voormalige gesondheidminister dr. Richard Kamwi, wat sê daar moet op die jeug gefokus word.
‘n Nuwe brief doen weer die rondes op sosiale media. Die brief, blykbaar weer van die Britse Arbeiders LP Sarah Champion, wens die IPC geluk met sy oorwinning tydens die spesiale stemmery in Londen. Die brief maak ook melding van lof vir die party vir sy vooruitstrewende visie, ook met die LGBT-gemeenskap en meer. Dis natuurlik vals. Kosmos 94.1 Nuus het met die party se visepresident Trevino Forbes gepraat.
Die Lewendehawe- en Lewendehaweprodukte-raad het die jongste weeklikse prysopdaterings en marktoestande vir beeste, skape en bokke vrygestel, wat 'n reeks veilings- en abattoirpryse dek. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die raad se bemarkingsbestuurder, Desmond Cloete, wat sê die beespryse begin beter lyk. Cloete het meer.
Die Namibië Aandelebeurs sal voortaan bekendstaan as die Namibië Sekuriteitsbeurs, Die beurs bestaan sedert 1992 en het destyds begin met een dubbel genoteerde firma. Die beurs het nou altesaam 36 dubbel genoteerde maatskappye en 13 plaaslike genoteerde maatskappye. Die beurs se uitvoerende hoof Tiaan Bazuin.
Die gesondheidsministerie sê die plaaslike herroeping van Top Score kitspap is opgehef. Die woordvoerder, Walters Kamaya sê handelaars hoef nie die produk wat reeds in hulle besit is, terug te gee nie, behalwe as dit verval het.
Die GOOD-party vra ʼn volledige ondersoek na die finansiële wanbestuur by die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging. Dit volg nadat SAFA-president Danny Jordaan en twee medebeskuldigdes vroeër die week gearresteer en aangekla is van bedrog en diefstal van sowat 1,3 miljoen Suid-Afrikaanse rand. Die drie is uit op borgtog van 20 000 rand elk. Lulama Benge van GOOD sê die nasionale sokkerhelde het te lank finansieel gesukkel terwyl die uitvoerende gesag beskuldig is dat hulle in weelde lewe:
Die minister van Openbare Werke en Infrastruktuur, Dean Macpherson, het streng nuwe maatreëls aangekondig teen wydverspreide vertragings en korrupsie met projekte vir openbare infrastruktuur. Macpherson het in die parlement bekendgemaak 79-persent van die departement se 206 projekte word vertraag, teen ʼn koste van 3 miljard Suid-Afrikaanse rand. Om dit teen te werk het die minister stappe aangekondig, wat 'n swartlys vir kontrakteurs insluit, met streng toesig oor prestasie en die skep van ʼn kontrakbestuurseenheid:
Dertig Amerikaanse Vredeskorps-vrywilligers is amptelik ingesweer om twee jaar diens te begin doen in Namibië as ekonomiese bemagtiging- en MIV/VIGS-gemeenskapsgesondheid-werkers. Die seremonie is bygewoon deur adjunk-gesondheidminister dr. Esther Muinjangue, die Amerikaanse ambassadeur Randy Berry, en die Vredeskorps se landdirekteur, dr. Elizabeth Anderson. Dit is die 53ste groep vrywilligers wat in Namibië werk. Tiffany Muller, die Amerikaanse ambassade se woordvoerder, gee meer inligting oor die opleiding wat die vrywilligers moes ondergaan.
Die lynministerie is tans besig met die registrasie van begunstigdes van die voorwaardelike basiese inkomste-toelaag. Die program word tans in stedelike gebiede uitgerol en behels 600 Namibiese dollar maandeliks. Kosmos 94.1 Nuus het met die armoede uitwissingsministerie se woordvoerder Lukas Haufiku gesels oor wie kwalifiseer en wat nodig is.
Politieke partye maak gereed vir hul laaste veldtog-byeenkomste voor die verkiesings. Hierdie naweek hou die Independent Patriots for Change hul finale veldtog in die Erongo-streek. Volgens 'n advertensie van die IPC het dit al hoe moeiliker geword om besigheid te doen in Namibië, wat 'n afname in werksgeleenthede tot gevolg het. By 'n onlangse paneelbespreking deur die politieke partye het Christine !Aochamus, die IPC se nasionale sekretaris-generaal, gesê hul oplossing vir werkloosheid is om Namibiërs beter op te lei.
Aksieheld en akteur Sylvester Stallone het uit die MAGA-kas geklim. Hy het by Mar-a-Lago, Donald Trump se Florida-landgoed, Trump voorgestel vir sy hoofrede by die America First Policy-instituut. Volgens Stallone is Trump die tweede George Washington.
Die Khomas- en Omaheke-streke het die grootste aantal plakkershutte in die land, met 46,9 persent van Windhoek se inwoners en 46,8 persent van Omaheke-inwoners wat in hutte woon. Hierdie belangrike kwessie het die aandag van die PDM getrek, wat herhaaldelik beklemtoon het dat indien hulle aan bewind kom, hulle beplan om die wydverspreide behuisingskrisis aan te spreek en uit te skakel. Kosmos 94.1 Nuus het met die PDM se sekretaris-generaal, Manuel Ngaringombe, gesels oor hoe hulle beplan om dit te doen.
Die metaalwerkersvakbond, Numsa, het sy verbintenis tot die bekamping van diskriminasie in die werkplek op grond van geslagsidentiteit en seksuele oriëntasie herbevestig. Die vakbond neem deel aan die konferensie van die Internasionale Lesbiese, Gay-, Biseksuele, Trans- en Interseksvereniging in Kaapstad, wat vandag ten einde loop. Hulle sê alle werkers, ongeag hul identiteit, verdien beskerming. Numsa-woordvoerder, Phakamile Hlubi-Majola, is gekant teen alle vorme van vooroordeel en verwerp pogings om die werkersklas te verdeel
Die wêreld se nommer een, Jannik Sinner, is deur na die halfeindronde van die ATP-jaareindtoernooi in Turyn, Italië. Die 23-jarige Sinner het op sy tuisgrond die Rus, Daniil Medvedev, met 6-3, 6-4 verslaan om bo-aan die Ilie Nastase-groep te eindig en Medvedev terselfdertyd uit te skakel. Die Amerikaner, Taylor Fritz, is intussen ook deur na die halfeindronde nadat hy die Australiër, Alex de Minaur, met 5-7, 6-4, 6-3 geklop het. Fritz sê dit was fisies ʼn taai wedstryd:
Meer tyd wat voor rekenaar- en foonskerms bestee word vererger gesondheidskwessies selfs onder gesonde mense. Jong volwassenes wat baie tyd voor skerms spandeer ervaar byvoorbeeld erger simptome van droë oë. Langdurige blootstelling aan skerms oor 'n paar uur per dag, verhoog die risiko van migraine-agtige hoofpyne en ander sensoriese simptome. Algemene hoofpynklagtes is ook meer algemeen onder mense wat vir langer as drie uur per dag televisie kyk of video- of rekenaarspeletjies speel. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met dr. Shaun Whittaker, 'n sielkundige, wat sy mening gee.
Die spesiale stemme-rondte van die verkiesings is Woensdag afgehandel, met Namibiërs in die buiteland en personeel van die sekuriteitskluster asook seegaande werkers wat gestem het. Uitslae van die spesiale stemme is wyd op sosiale versprei, waarvolgens Swapo 61 persent van stemme gekry het, gevolg deur die IPC met 27 persent en AR met 12 persent. Daar is egter kommer uitgespreek oor die legitimiteit van hierdie uitslae. Zenia Klazen, die Namibië Verkiesingskommissie se operasionele direkteur, het op 'n perskonferensie gesê die uitslae op sosiale media is nie die finale uitslae nie. Sy verduidelik.
Kleinsake-eienaars is vies vir die Besigheids- en Intellektuele Eiendom-owerheid en sê dat vertragings in die verwerking van hulle voordelige eienaarskap-verklarings hulle verhoed om bankrekeninge oop te maak en handel te dryf. Hulle voer aan dat die stadige burokratiese prosesse werkskepping blokkeer en hul ekonomiese bydraes beperk. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Ockert Jansen, Bipa se woordvoerder, wat verduidelik.
Die voorsitter van die Suid-Afrikaanse parlement se staande komitee oor Openbare Rekeninge, Songezo Zibi, is besorg oor vertragings met die agtergrondondersoeke na senior regeringsamptenare, ondanks verbeterings. Hy het tydens ʼn inligtingsvergadering erken die huidige proses sukkel met 'n agterstand, ʼn tekort aan hulpbronne en vakante poste, en bevestig nie alle senior amptenare word ondersoek voor hulle in kritieke poste begin werk nie. Daar word gepoog om die stelsel te verbeter, maar Zibi beklemtoon die behoefte aan strenger toesig.
Unam gaan volgende jaar sy program vir korporatiewe werk-geïntegreerde onderwys bekendstel, wat van alle derdejaarstudente vereis om praktiese werkservaring op te doen. Die inisiatief sal bykans 3 000 studente uit velde soos landbou, ingenieurswese, regte en gesondheidswetenskappe betrek. Die program voeg professionele praktyk by akademiese kennis, bekend as werksgeïntegreerde leer, wat ooreenstem met Unam se missie om gegradueerdes te lewer wat "toekomsgereed" is met praktiese vaardighede vir die arbeidsmark. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Simon Namesho, Unam se woordvoerder, wat meer inligting gee.
Die waarnemende hoofveeartsenybeampte in die landbouministerie, dr. Johannes Shoopala, het die verwoestende gevolge van die droogte by die Bank Windhoek Landboureeks 2024 gedeel. Volgens Shoopala was mielie-invoere dubbel dié van verlede jaar. Die Nasionale Statistieke-agentskap het berig dat mielie-invoere in die tweede kwartaal 402,1 miljoen Namibiese dollar beloop het, koring-invoere 232,6 miljoen dollar en rys-invoere 7 miljoen dollar. Shoopala is aan die woord.
Die ontbinde liggaam van 'n onwettige mynwerker is uit die Stilfontein-myn in Noordwes gehaal. Plaaslike vrywilligers het gehelp om die liggaam uit die skag te haal. Vyf mynwerkers is Woensdag gered. Meer as 4 000 onwettige mynwerkers is steeds vasgekeer met die polisie wat skynbaar die voorsiening van kos en water verhoed. Gemeenskapsleier Thembile Botman het aan Newzroom Afrika gesê vrywilligers het toue gebruik om die liggaam uit te trek.
Die kabinet het Namibië se aanbied van die Finansiële Aksie Taakspan Afrika / Midde-Ooste Gesamentlike Groep-vergadering in Swakopmund van 6 tot 11 Januarie 2025 goedgekeur. Hierdie belangrike vergadering sal die land se pogings om geldwassery en die finansiering van terrorisme teen te werk, bespreek en hersien. Die besluit weerspieël Namibië se verbintenis tot die versterking van sy finansiële bestuur, om van die gryslys verwyder te word. Inligtingminister Emma Theofelus het die kabinetsbesluite by die regering-inligtingsentrum in die hoofstad aangekondig.
Die premier van KwaZulu-Natal, Thamsanqa Ntuli, het 'n beroep op die nasionale regering gedoen vir begrotingsverligting en beklemtoon daar is beperkings op noodsaaklike dienste in die provinsie. Ntuli het die uitdagings uiteengesit wat die onderwys-, gesondheids- en maatskaplike ontwikkelingsektore mee te kampe het as gevolg van begrotingsbesnoeiings, en hoe dit dienslewering beïnvloed. Hy het die hoop uitgespreek dat provinsiale behoeftes in die volgende nasionale begroting voorop gestel sal word.
Daar is nog net ses dae oor vir skenkings aan Droogtehulp Namibië se "Kersboks vir 'n Boervrou"-projek, wat daarop gemik is om boervroue wat droogte-uitdagings in die gesig staar, se gemoedere te lig. Die projek vra skenkings van geskenkbokse gevul met items soos gebakte lekkernye, skoonheidsprodukte, huishoudelike benodigdhede en ontspanningsmateriale. 'n Persoonlike boodskap van ondersteuning is veral welkom. Skenkings moet teen Woensdag, 20 November aan Droogtehulp Namibië in Windhoek afgelewer word. Die geskenkbokse sal saam met voeraflewerings aan boere uitgedeel word. Henriette le Grange van Droogtehulp Namibië het met Kosmos 94.1 Nuus gesels en 'n opdatering gegee.
Capricorn Bank het PSG Wealth Namibia se Bank van die Jaar-toekenning 2024 gewen. Die top-aanspraakmakers vir die toekenning sluit in Nedbank wat die vierde plek behaal het, Standard Bank in die derde plek, en FNB wat tweede was. Die toekenning vergesel 'n bankoorsigverslag deur PSG. Banke word beoordeel op grond van ses kategorieë, naamlik winsgewendheid, dividende, voorskotte, kostedoeltreffendheid, kredietrisiko en kapitaaltoereikendheid. Die besturende direkteur van PSG, Brian Van Rensburg, het die toekenning by die aankondigingsgeleentheid oorhandig aan David Nuyoma, die uitvoerende hoof van Capricorn Bank.
Die spesiale verkiesing vir die polisie, weermag, seegaande personeel en Namibiërs in die diaspora is Woensdag afgehandel. Die resultate wys dat Swapo, die IPC en die Affirmative Repositioning-beweging die partye is wat voorloop. Swapo het 61 persent van die stemme gekry, die IPC 27 persent en AR 12 persent. Kosmos 94.1 Nuus het met die politieke ontleder Dr. Marius Kudumo gepraat, wat sê die stemme is te min om afleidings te maak oor wie die verkiesings gaan wen.
Boks: Die gewese swaargewig-wêreldkampioen, Mike Tyson, word gekritiseer omdat hy op 58 weer na die kryt terugkeer. Die Amerikaner veg môre teen die 27-jarige Youtuber, Jake Paul, in ʼn Netflix-ondersteunde geleentheid in Arlington, Texas. Hulle pak mekaar in agt rondes van twee minute elk. Tyson het in 2005 laas as beroepsbokser geveg. Kritici beskryf die geveg as ʼn grieselrige sirkus wat onaanvaarbare risiko’s inhou vir Tyson, wat volgens berigte meer as 365-miljoen Namibiese dollar sal ontvang. Paul sê hy gaan nie terughou nie.
Die minister van Menslike Nedersettings, Mmamoloko Kubayi, sê werk vorder goed om probleme op te los wat die Titelakte-herstelprogram kniehalter. Sy het die Titelakte Vrydagveldtog begin om seker te maak begunstigdes ontvang titelaktes betyds. Kubayi sê sedert die begin van die veldtog is 60 246 titelaktes in al nege provinsies aan begunstigdes oorhandig.
Die vakbond Giwusa eis die onmiddellike redding van onwettige mynwerkers wat ondergronds vasgekeer is in 'n ongebruikte goudmyn in Stilfontein, Noordwes. Volgens die polisie is sowat vier-duisend-500 onwettige mynwerkers en verskeie liggame steeds ondergronds - terwyl die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag en polisie toegang tot kos, water en basiese benodigdhede verhinder.. Giwusa se woordvoerder, Koketso Phasha, sê hulle erken zama-zama's is 'n ernstige probleem in die land se mynbousektor.
Die Namibië Kwalifikasie-owerheid versoek hoëronderwys- en onderwys-instellings asook opleidingverskaffers om doelbewuste stappe te doen om te verseker dat hulle geakkrediteer is. Dit is in die beste belang van beide opleidingsverskaffers en voornemende studente. Geakkrediteerde instellings trek studente, en die studente loop geen risiko om hul tyd en geld te mors nie. Die owerheid sal ook hul laaste raadsvergadering vir die jaar hou waar instellings se aansoeke hersien sal word. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Lina Ndengu, die Kwalifikasie-owerheid se bemarkings- en kommunikasiebestuurder, wat meer het oor die akkreditasie.
Die Namibiese Weermag beplan om in Maart volgende jaar 1 500 nuwe lede oor al 14 streke te werf deur die NDF-werwingsbeplanningskomitee. Die rekrute sal gedurende die 2024/25-boekjaar vir nege maande basiese opleiding by die weermag se opleidingsinstelling in Okahandja ondergaan. Belangstellende kandidate moet Namibiese burgers wees en moet tussen die ouderdomme van 18 en 25 wees. Kosmos 94.1 Nuus het met verdediging-minister Frans Kapofi gepraat, wat sê die doel is nie net om werkloosheid onder die jeug aan te spreek nie, maar om die weermag op te gradeer.
Die EFF-leier, Julius Malema sê hy is nie geïntimideer of bang vir die voormalige president en MK-partyleier Jacob Zuma nie, en hy voeg by hy is gereed om te veg. Dit volg na die uittog van vooraanstaande EFF-lede na die MK-party, insluitend die voormalige adjunk-president, Floyd Shivambu. Malema sê in 'n party-potgooi daar is geen manier waarop enigiemand die bestaan van die EFF sal bedreig en dan 'n vriend word nie:
Ombudsman Basilius Dyakugha het die nuwe Wet op Ontbinding van Huwelike verdedig, wat onder kritiek deurgeloop het vir die moontlike aanmoediging van gerieflikheidshuwelike, en valse beskuldigings van mishandeling of owerspel. Die wet bepaal dat gades wat by wangedrag betrokke was hul deel van die huweliksbates kan verloor, met die hof wat die erns van hul optrede moet beoordeel. Kosmos 94.1 Nuus het met Dyakugha gepraat, wat beklemtoon dat die wet die onskuldige gades beskerm.
Die langverwagte opdatering oor Namibië se nasionale sokkerinfrastruktuur-opgradering is onverwags deur Nicolas Tembwe, waarnemende uitvoerende direkteur van die sportministerie gekanselleer – omdat die adjunkminister Emma Kantema-Gaomas en ander ministerie-amptenare, wat nie teen tien-uur opgedaag het nie. Media het amper ‘n uur gewag voor dit gekanselleer is.
Die uitslae van die spesiale stemmery toon dat drie partye oor die algemeen voorloop – Swapo, die IPC en die Affirmative Repositioning-beweging. Job Amupanda vertoon oor die algemeen beter as die PDM en LPM se leiers al is die party nuut geregistreer. Kosmos 94.1 Nuus het met George Kambala van die beweging gesels.
Die Hollywood-akteur, skrywer en regisseur, John Krasinski, is aangewys as People Magazine se Sexiest Man Alive vir 2024. Hy neem oor by Patrick Dempsey wat verlede jaar die kroon gedra het. Mel Gibson was die eerste draer van die titel wat reeds die afgelope 40 jaar toegeken word. Ander ontvangers sluit in Brad Pitt, George Clooney, John F. Kennedy Junior, David Beckham, Michael B. Jordan en Pierce Brosnan. Krasinski het aan die tydskrif vertel wat sy eerste reaksie was toe hy as Sexiest Man Alive aangewys is:
In Oktober vanjaar het die hoërhof die Verkiesingskommissie van Namibië se deregistrasie van die Christian Democratic Voice en die Namibia Economic Freedom Fighters tersyde gestel. Die deregistrasie was omdat die partye nie hulle geouditeerde finansiële state aan die kommissie voorgelê het nie, soos vereis ingevolge die Kieswet. Daar was ook bewerings in plaaslike media dat die CDV se president, Gotthard Kandume, van die party se geld onttrek het. Kosmos 94.1 Nuus het met biskop Gerson Hoebeb van die CDV gesels wat sê dat die deregistrasie hulle byna finansieel geknak het. Hy voeg by dat die bewerings teen Kanduma bog is.
Rory McIlroy sê hy beskou steeds die seisoen as 'n sukses hoewel hy nie daar in kon slaag om sy dekade-lange droogte van major-toernooie te breek nie. Die viermalige wenner van major-toernooie van Noord-Ierland slaan vandag in Dubai af in die laaste byeenkoms van die DP World-toerseisoen. McIlroy, wat vanjaar drie toernooie gewen het, sê hy het dalk nie al sy doelwitte vir 2024 bereik nie, maar is steeds tevrede met sy spel in die algemeen:
Die Walvisbaai Korridor-groep gaan welstandklinieke langs die Walvisbaai-Ndola-Lubumbashi-ontwikkelingskorridor oopmaak. Die klinieke het ten doel om toegang tot noodsaaklike gesondheidsdienste vir vragmotorbestuurders, oorgrenshandelaars en plaaslike gemeenskappe wat op die noodsaaklike handelsroetes staatmaak, te verbeter. Die klinieke sal kritieke gesondheidsdienste verskaf, insluitend MIV-Vigs-toetsing, behandeling, berading, primêre gesondheidsorg en verwysings, asook inligting en opvoeding oor padveiligheid en goeie gesondheidspraktyke. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Edward Shivute, die groep se welstandprojek bestuurder, wat meer inligting gee.
Die buurland se Kabinet het vanjaar se veldtog vir 16-dae van aktivisme teen geslagsgeweld goedgekeur. Die veldtog van 25 November tot 10 Desember is daarop gemik om bewustheid te kweek en gemeenskapsbetrokkenheid te verhoog om geweld teen vroue en kinders te voorkom. Die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshaveni, het aan die media gesê die regering sal saam met die burgerlike samelewing en wetstoepassing werk om slagoffers te ondersteun en beter voorkomingsmaatreëls te tref:
Statistieke Suid-Afrika sê die buurland se vervaardigingsuitsette het in September met 0,8-persent gedaal, hoofsaaklik weens swak prestasie in die motorbedryf. Dit is die tweede maand dat uitsette afneem na 'n daling van 1,2-persent in Augustus. Nicolai Claassen van StatsSA sê die produksie van motorvoertuie, onderdele en vervoertoerusting het met 18,7-persent gedaal, wat 'n beduidende deel van die algehele afname was:
’n Biodinamiese-boerdery opleidingskursus word Saterdag op die plaas Krumhuk aangebied. Deelnemers sal die holistiese benadering tot landbou ondersoek, wat die onderlinge verbondenheid van grond, plante, diere, die kosmos en mense binne die plaas-ekosisteem beklemtoon. Die fasiliteerders is Ulf Voigts, Charlene Makondora en Aina Hauwanga. Kosmos 94.1 Nuus het met Ulf Voigts, wat volgens biodinamiese beginsels op Krumhuk boer, oor die opleiding gesels.
Amerika se gekose president Donald Trump het die omstrede kongreslid, Matt Gaetz, as prokureur-generaal benoem. Hy het Woensdagaand laat uit die Kongres bedank. Dit beëindig die Huis se etiekkomitee se ondersoek na bewerings van finansiële en seksuele wangedrag teen hom. Hy ontken die bewerings. ʼn Senator van die Demokratiese Party, Chris Murphy, het aan CNN gesê Gaetz se benoeming as prokureur-generaal laat gevaarligte flikker vir Amerikaanse demokrasie:
Die Kalimbeza-rysprojek, waaraan 8 miljoen Namibiese dollar bewillig is op Onafhanklikheidsdag, trek steeds swaar. Volgens projekbestuurder Patrick Kompeli het hulle nog nie die geld gekry nie, dus kan hulle nie die toerusting koop wat hulle dringend nodig het nie. Hulle het 33 hektaar aangeplant maar net vier trekkers en een oesmasjien werk. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Simon Nghipandulwa, die landbouministerie se woordvoerder, wat sê die projek het terugslae ondervind en verduidelik waaraan die geld spandeer word.
Die wêreld herdenk vandag Diabetesdag en Namibië staar groot uitdagings in die gesig om bewustheid oor die toestand te verhoog. Algemene struikelblokke vir diabetiese pasiënte sluit in swak dieet, gebrek aan fisiese aktiwiteit en onvoldoende selfmonitering van glukosevlakke. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Carmen Letlahagoje, 'n voedingkundige van die Voedings- en Voedselsekerheid Alliansie van Namibië, wat sê bewusmakingsveldtogte is nodig.
Die president van die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging, Danny Jordaan, en sy medebeskuldigdes in 'n bedrogsaak is 20 000 Suid-Afrikaanse rand borgtog toegestaan in die Palm Ridge-landdroshof in Gauteng. Jordaan, Safa se finansiële hoof, Gronie Hluyo, en die sakeman Trevor Neethling word daarvan beskuldig dat hulle die beheerliggaam uit 1,3 miljoen rand verkul het. Landdros Philip Venter het beslis dat Jordaan sy paspoort mag behou vir werksverpligtinge, maar die ander twee moet hulle paspoorte inhandig:
Amerikaanse verbruikersinflasie het verlede maand hoër geneig weens 'n styging in behuisingskoste, wat die Amerikaanse Federale Reserweraad se planne bemoeilik om rentekoerse te verlaag. Die verbruikersprysindeks het in Oktober tot 2,6-persent gestyg teenoor 'n jaar gelede, vanaf 2,4-persent in September. Die styging is ʼn stok in die wiel vir die Federale Reserwe, wat onlangs begin het om rentekoerse te verlaag in reaksie op die daling van inflasie wat verlede week met 'n bykomende kwart-persentasiepunt gesny is.
Wêreld herdenk Diabetesdag
Die wêreld herdenk vandag Diabetesdag en Namibië staar groot uitdagings in die gesig om bewustheid oor die toestand te verhoog. Algemene struikelblokke vir diabetiese pasiënte sluit in swak dieet, gebrek aan fisiese aktiwiteit en onvoldoende selfmonitering van glukosevlakke. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Carmen Letlahagoje, 'n voedingkundige van die Voedings- en Voedselsekerheid Alliansie van Namibië, wat sê bewusmakingsveldtogte is nodig.
Ná onafhanklikheid in 1990 is Bybelstudie in skole vervang deur Godsdiens- en Morele Onderwys. Dit was daarop gemik om die land se diverse godsdienstige landskap te akkommodeer en begrip van verskeie gelowe te bevorder. Volgens die Raad van Kerke in Namibië het leerlinge se dissipline verswak sedert Bybelstudies gestaak is. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met dominee Heinz Mouton, die raad se uitvoerende komitee-voorsitter, wat sê dat hulle van plan is om met skole te praat om Bybelstudies weer in te stel
Suid-Afrikaanse motoriste het welkome nuus gekry, aangesien brandstofpryse na verwagting aansienlik laer as verlede jaar sal wees, ten spyte van die verhoging in November en die klein verhoging wat in Desember verwag word. Hierdie neiging van dalende brandstofpryse het oor die jaar opgebou, gekenmerk deur matige prysaanpassings, maar die algehele trajek was gunstig vir verbruikers. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die Cirrus-ekonoom Robert McGregor, wat sy voorspelling vir brandstofpryse in Desember gee.
Wandile Sihlobo, 'n landbou-ekonoom in Suid-Afrika, het in 'n opiniestuk bespreek hoe onlangse geopolitieke spanning en beperkende handelsbeleide, veral dié wat deur die VSA geïnisieer is, wêreldwye landbou beïnvloed het. Sedert 2018 het handelsspanning toegeneem, wat begin het met Amerikaanse tariewe op Chinese invoere, en die daaropvolgende vergeldingstariewe op landbouprodukte. Volgens Sihlobo het die situasie vererger na Rusland se inval in die Oekraïne en toenemende spanning in die Midde-Ooste, wat gelei het tot 'n verskuiwing na proteksionistiese handelsbeleide. Lande is toenemend ten gunste van "vriendskaphandel" met geallieerde nasies of diegene binne hul handelsblokke. Kosmos 94.1 Nuus het met die bekende Suid-Afrikaanse landbou-ekonoom dr. Kobus Laubscher gesels oor die impak hiervan op landbou in Suid-Afrika en Namibië.
Tydens 'n geleentheid wat deur die Raad van Kerke van Namibië aangebied is, het net ses van die 21 geregistreerde politieke partye opgedaag om aan 'n paneelbespreking deel te neem om hul standpunte oor maatskaplike kwessies te deel. Met net twee weke oor voor die verkiesing, skarrel partye om hul veldtogte af te handel. Die moderator het die partye gevra wat hul planne is om armoede in die land te verminder. Vistoh Sabisa, die uitvoerende sekretaris van die Republikeinse Party, sê hulle sal op beide bestaans- en kommersiële boerderye fokus.
Die Amerikaanse verkose president Donald Trump en president Joe Biden het Woensdag vir die eerste keer vergader sedert Trump verlede week die Withuis teruggewen het en albei het 'n gladde oordrag van mag op 20 Januarie belowe. Die twee leiers het langs mekaar gesit voor 'n brullende vuur in die Oval Office, 'n vreedsame toneel wat die spanning tussen hulle weerspreek het. Die tradisionele hoflikheid om die verkose president in die Oval Office te verwelkom, is een wat Trump nie nagekom het toe Biden in 2020 gewen het nie. Hul ontmoeting was in skerp kontras met die kritiek wat die twee mans jare lank na mekaar geslinger het. Luister self.
Die Staatsinstellings Pensioenfonds herinner pensioenarisse en hul begunstigdes om biometriese verifikasie voor 20 November te voltooi, of hulle loop die risiko om nie op 28 November hul pensioenvoordele te kry nie. Begunstigdes kan nou verifieer via die Mobile Biometric Verification toep, beskikbaar vir beide Android en iOS toestelle. Die fonds moedig almal aan om hierdie veilige en toeganklike hulpmiddel te gebruik om vertragings te vermy. Katrina Sikeni, die fonds se bestuurder vir belanghebbende-betrokkenheid, gee meer inligting.
Die minister in die presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, het aangekondig die regering het 'n nuwe konsepverordening gepubliseer om township-ekonomieë te reguleer en voedselveiligheid te verbeter. Dit volg ná die dood van kinders in verskeie provinsies weens voedselverwante siektes. Hierdie sterftes sluit in ses kinders wat in Naledi, Soweto, dood is nadat hulle versnaperinge geëet het wat met die hoogs giftige chemiese organofosfaat, Terbufos, besmet was. Ntshavheni het op 'n nuuskonferensie gesê die verordening stel duidelike standaarde vir township-ondernemings en verseker beter voedselveiligheid en aanspreeklikheid.
Die Revolutionary Union verwelkom die onlangse salarisverhoging van 2 000 Namibiese dollar per maand vir meer as 600 werknemers by BeifangMiningTechnologies Services. Volgens die vakbond is die verhoging 'n direkte gevolg van hul onvermoeide stryd vir billike behandeling vir alle lede, ná jare se onbillike vergoeding deur Beifang. Die vakbond waarsku lede dat hierdie stap 'n poging kan wees om sy eenheid en veerkragtigheid te verswak. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Julius Natangwe, die Revolusionêre Unie se sekretaris-generaal, wat uitbrei.
Saftu sê die regering se strategie van die afgelope 30 jaar kon ongelukkig nie daarin slaag om die ekonomiese groei te bereik wat benodig word om die katastrofiese vlakke van werkloosheid aan te pak nie. Mogoshadi Maserumule van Saftu sê met die sogenaamde regering van nasionale eenheid, is daar geen moontlikheid vir 'n verandering in die land se ekonomiese rigting nie. Sy sê indiensnemingsyfers in die derde kwartaal se Kwartaallikse Arbeidsmagopname beïndruk die federasie glad nie.
Die globale afspraak-toep Grindr het sy program uitgebrei om gebruikers te koppel aan gratis tuisafgelewerde MIV-selftoetsstelle in Namibië, wat die eerste keer is dat die maatskappy hierdie diens in Afrika aanbied. Grindr het 'n vennootskap aangegaan met IntraHealth Namibia, 'n proses wat gefasiliteer is deur Equal Namibia, 'n jeuggeleide sosiale beweging vir gelykheid. 'n Toegewyde knoppie in die toep koppel gebruikers met IntraHealth om gratis toetsstelle te bestel, wat 'n vertroulike en gerieflike manier bied vir individue om hul MIV-status tuis uit te vind en ingeligte gesondheidsbesluite te neem. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Mama Africa, 'n plaaslike aktivis, wat sê die diens sal help met diskriminasie teen MIV-positiewe Namibiërs.
Die omgewingsministerie is steeds besig met die uitdun van meer as 723 stuks wild, insluitend 83 olifante, om droogtegeteisterde inwoners van vleis te voorsien. Tot dusver het die ministerie 43 olifante van kant gemaak, met planne om nog 15 in die Kamanjab-, Khorixas- en Omajete-areas te jag. Daar is berigte dat van die beroepsjagters wel olifante in die Ugab-gebied soek, wat nie toegelaat is nie omdat dit woestynolifante is. Maar, boere voel anders. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Piet Gouws, 'n boer by Kamanjab wat konflik met olifante ervaar het, wat sê die diere het steeds 'n groot negatiewe impak.
Die Raad van Kerke in Namibië het vanoggend 'n vergadering gehou met die leiers van verskeie politieke partye, saam met 'n Nasionale Dag van Gebed vir die komende nasionale verkiesing. Dit val ook saam met die spesiale stemme wat vandag uitgebring word. Die raad se president, Enoch Sakama, is aan die woord.
NamRA is besig om 75,1 miljoen Namibiese dollar aan 50 804 belastingbetalers terug te betaal, met bedrae wat wissel van 100 dollar tot 3 000 dollar. 'n Derde groep terugbetalings, wat meer as 200 miljoen dollar beloop en krediet van tussen 101 dollar en 100 000 dollar dek, is vir later die maand geskeduleer. Hierdie inisiatief het ten doel om die agterstand in terugbetalings uit te wis, soos onder Artikel 94 van die Inkomstebelastingwet van 1981. Tans word 60,9 miljoen dollar se terugbetalings aan 31 162 belastingbetalers opgehou weens onvolledige belastingopgawes of ontbrekende bankbesonderhede. Belastingbetalers word aangeraai om hul rekords op te dateer om vinnige terugbetalings te verseker. NamRA-woordvoerder, Tonateni Shidhudhu het meer.
Spesiale stemme in die verkiesing word vandag uitgebring by die 35 Namibiese diplomatieke missies in die buiteland, en ook by 33 stemlokale regoor die land. Ter plaatse kom die Namibiese Polisie, Namibië Korrektiewe Dienste, Namibië Weermag, en seegaande personeel in aanmerking vir spesiale stemme weens die aard van hul werk. Sowat 8 000 kiesers het vir spesiale stemme geregistreer. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Duminga Ndala van die Landless Peoples Movement, wat sê daar was swak beplanning deur die Namibië Verkiesingskommissie in Keetmanshoop.
Cosatu sê die werkloosheidsyfer se effense daling van 33,5-persent tot 32,1-persent, word verwelkom nadat werkloosheid drie agtereenvolgende kwartale gestyg het. Sowat 294 000 meer mense het in vanjaar se derde kwartaal werk gehad. Cosatu-woordvoerder Matthew Parks sê werkloosheid onder jongmense bly gevaarlike hoog. Hy sê die privaat sektor moet die vlaag afleggings staak en alternatiewe soek.
Die binnelandse sake-ministerie verwerp ten sterkste uitsprake wat die politieke aktivis Michael Amushelelo gemaak het ten opsigte van 'n personeellid se optrede. Amushelelo het 'n personeellid gekritiseer omdat hy kortliks 'n selfoon tydens werk gebruik het, maar die ministerie verduidelik dat personeel dikwels fone gebruik vir wettige, werkverwante doeleindes—soos om kliënte terug te bel, dokumente by te werk, kollegas te raadpleeg en kliënte in afgeleë gebiede te help. Die ministerie sê dis onregverdig om personeel uit te sonder wat hul werk verrig, en die toepaslike gebruik van selfone vir werksdoeleindes is geregverdig. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die ministerie se woordvoerder, Margaret Kalo, wat verduidelik.
Die Cannabis- en Hennepvereniging van Namibië beplan 'n betoging in Windhoek op 10 Desember, wat saamval met Menseregtedag. Die saamtrek sal by die Windhoek Veeldoelige Jeugsentrum begin en voortgaan na Ausspannplatz Park. Die doel daarvan is om te pleit vir ekonomiese geleenthede, gesondheidsorgvoordele en persoonlike vryhede wat verband hou met die wettiging van dagga. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Angela Prusa van die vereniging, wat die redes vir die betoging gee.
Die DA sê dit is 'n skande dat die parlementêre leier van die MK Party, John Hlophe, probeer het om die parlement te gebruik om leemtes in die Guptas se uitleweringsproses te vind en bloot te lê. Die regering het vroeër vanjaar die versekering gegee dat hy sy pogings voortsit om die broers Atul en Rajesh Gupta van die Verenigde Arabiese Emirate te laat uitlewer. Glynnis Breytenbach van die DA sê dit is hoog tyd dat die Guptas met die volle mag van die Suid-Afrikaanse strafregstelsel te doen kry:
Die Staatsinstellings Pensioenfonds, GIPF, met bates van sowat 6,9 miljard Namibiese dollar, besit 'n aansienlike portefeulje van genoteerde belange in beduidende plaaslike maatskappye. Hierdie strategiese belange sluit 'n wye reeks nywerhede in, insluitend verbruikersgoedere, vaste eiendom, telekommunikasie, hernubare energie en bankwese. Opmerklike beleggings sluit in 'n 16 persent belang in First National Bank Namibia; 'n belang van 29 persent in MTC; en 'n belang van 26 persent in Capricorn Investment Group Limited, die moedermaatskappy van Bank Windhoek. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Katrina Sikeni, die fonds se bestuurder vir belanghebbendes-betrokkenheid, wat sommige van hul beleggings oor die afgelope 11 jaar uiteensit.
Die Amerikaanse minister van Buitelandse Sake Antony Blinken is in Brussel by ‘n Navo-vergadering. Daar is kommer onder lidlande nie net na Donald Trump se verkiesing nie maar, ook die Oekraïnse oorlog met die teenwoordigheid van Noord-Koreaanse troepe in die Russiese weermag. Blinken sê die VSA staan bankvas agter Kiëf.
Die Oud-Soldaatkomitee in Namibië hou Saterdag, 16 November om drie-uurvergadering by die Rehoboth-skougronde. Voorsitter Lukas de Klerk het met Kosmos 94.1 Nuus gesels en sê dat Jabulani Ndeunyema, voorsitter van Namvet, die sambreelliggaam vir voormalige SWATF/Koevoet-soldate terugvoering sal gee oor voortgesette pensioenkwessies met Sanlam Namibië, maar voor onafhanklikheid.
Die vyfde herdenking van die Fishrot-skandaal kom nader met die hoofverdagtes wat op 27 November 2019, op verkiesingsdag gearresteer is. In aanleiding van die herdenking het die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing sy tweede menseregte-impak verslag bekend gestel. Die ondersoek kyk na die breeër impak van die skandaal, onder andere, die werksverliese onder vissermanne. Daniel Nailonga was een van hulle....
Inwoners van Ongwediva en omliggende gebiede het na die maatskaplike welsyn-ministerie in die dorp gestroom om hul huishoudings en potensiële begunstigdes te registreer vir die voorwaardelike basiese inkomstetoelae, voorheen bekend as Voedselbank. Begunstigdes ontvang 600 Namibiese dollar per huishouding per maand. Altesaam 8 238 huishoudings kry tans die toelae. Mense wat nie Ongwediva-inwoners was nie, het egter ook na die lokaal gestroom om te probeer registreer. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Tjipura Tjipura van die Basic Income Grant-koalisie oor die nood.
Die United Democratic Front is vies vir die Verkiesingskommissie van Namibië oor verskeie kwessies. Die kommissie het aan die begin van die jaar 'n verkiesingskalender vrygestel en die onlangse stembrieftender-debakel het vrae laat ontstaan oor of die kalender gevolg word. Die kommissie het ook deurgeloop oor sy deregistrasie van die Namibia Economic Freedom Fighters en die Christian Democratic Voice. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Daniel Tsaneb, die UDF se sekretaris-generaal, wat kommer oor die Verkiesingskommissie se werkswyse opper.
Die GOOD-party sê alhoewel die verbetering in Suid-Afrika se werkloosheidsyfer gevier moet word, is dit steeds te hoog. Die syfer het in die derde kwartaal vanjaar effens afgeneem met 1,4-persent tot 32,1-persent. Agt-miljoen landsburgers is steeds werkloos. GOOD se sekretaris-generaal, Brett Herron, sê die regering moet ʼn basiese inkomste-toelaag instel:
Suid-Afrika se suikerriet-oes sal na verwagting hierdie seisoen weens droë toestande tien-persent laer wees. Die Suid-Afrikaanse Suikerrietkwekersvereniging beraam die totale oes sal laer as 17-miljoen wees, minder as die gebruiklik 18-miljoen ton. Hoewel dit aan die plaaslike vraag sal voldoen, sal uitvoere minder wees. Die voorsitter van die organisasie, Higgins Mdluli, glo diversifisering na volhoubare lugvaartbrandstowwe kan bydra om produksie te bevorder en terug te keer na die produksievlakke voor suikerbelasting:
'n Namibiese landboukundige het 'n beroep op kommunale boere gedoen om biochar, of landbou-houtskool, in hul mahangu-lande te gebruik om die grond te verbeter en meer voedsel te produseer. Axel Rathouge van AgriConsult Namibia sê die meeste kommunale boere se mahangu-lande word in sanderige grond geplant, wat deur reën weggeloog word. Hy sê een van die beste maniere om grond organies te verbeter om meer voedsel te produseer, is om landbou-houtskool op gewasse se wortelsones toe te dien, want dit 'n geweldige kapasiteit om water en plantvoedingstowwe te hou. Hy sê boere versamel klein stukkies afvalhout van hul lande wat verbrand kan word en in mahangu-lande se vore geplaas kan word om die grond te verbeter. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Hanks Saisai, tegniese akkerbou-adviseur by Agribank, wat saamstem en meer inligting gee.
Orbital deur Samantha Harvey het die 2024-Bookerprys gewen. Dis die Verenigde Koninkryk se mees gesogte prys vir fiksie. Die boek van 136 bladsye is die tweede kortste boek wat in die prys se geskiedenis van 55 jaar wen. Orbital is Harvey se vyfde roman en handel oor ʼn enkele dag in die lewe van ses ruimtevaarders. Harvey is die eerste vrou sedert 2019 wat die prys wen, en sê dit sal haar lewe verander:
’n 24-jarige man van Ontoko in die Onesi-kiesafdeling in Omusati- is gevind in besit van sewe AK-47-aanvalsgewere en sewe leë AK-47-magasyne. Die items is laat Dinsdag ontdek maar die verdagte is nog nie aangekla nie. Kosmos 94.1 Nuus het met Omusatiise streeksbevelvoerder, kommissaris Ismael Basson, gesels wat sê hy sal eers môre voor die hof verskyn omdat hy dalk nie die hoofverdagte is nie.
’n 24-jarige man van Ontoko in die Onesi-kiesafdeling in Omusati- is gevind in besit van sewe AK-47-aanvalsgewere en sewe leë AK-47-magasyne. Die items is laat Dinsdag ontdek maar die verdagte is nog nie aangekla nie. Kosmos 94.1 Nuus het met Omusatiise streeksbevelvoerder, kommissaris Ismael Basson, gesels wat sê hy sal eers môre voor die hof verskyn omdat hy dalk nie die hoofverdagte is nie.
Orbital deur Samantha Harvey het die 2024-Bookerprys gewen. Dis die Verenigde Koninkryk se mees gesogte prys vir fiksie. Die boek van 136 bladsye is die tweede kortste boek wat in die prys se geskiedenis van 55 jaar wen. Orbital is Harvey se vyfde roman en handel oor ʼn enkele dag in die lewe van ses ruimtevaarders. Harvey is die eerste vrou sedert 2019 wat die prys wen, en sê dit sal haar lewe verander:
Die Ombazu- en Eraka-fees, wat Ovaherero-erfenis vier en wat die volksmoord van 1904 tot 1908 insluit, word hierdie naweek by Okozonduzu in Okakarara gehou. Die fees word geborg deur die Hitambo Virtual Academy, die Stigting vir Volksmoordopvoeding en die Sentrum vir Holocaust en Volksmoordstudies. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die stigter van die Hitambo Virtual Academy, Mitiri Mbunga, wat die belangrikheid onderstreep om hierdie tipe geleentheid aan te bied, veral om jongmense op te voed oor hulle geskiedenis en menseregte.
Trustco Group Holdings, wat op die Johannesburgse aandelebeurs en die Namibiese aandelebeurs genoteer is, het sy aansoek om op die Nasdaq-aandelemark te noteer aangekondig. Die beplande notering, wat op 11 November ingedien is, het ten doel om Trustco se reikwydte in die wêreldwye finansiële markte te verbreed, veral in Amerika, wat 'n aansienlike deel van die wêreld se aandelemarkkapitalisasie uitmaak. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die adjunk uitvoerende hoof van Trustco, Quinton van Rooyen Junior, wat meer deel.
ActionSA het president Cyril Ramaphosa versoek om 'n noodtoestand af te kondig ná die toenemende voedselvergiftigingsvoorvalle. Athol Trollip van ActionSA het die Parlement toegespreek en bevestig twaalf gesinne het hul kinders begrawe en honderde is in die hospitaal opgeneem. Die kinders wat ter sprake is, het na bewering produkte by spaza-winkels gekoop. Hy beklemtoon arm gemeenskappe word die meeste geraak en vra vinnige optrede om hierdie toenemende krisis te voorkom:
Oshakati het planne aangekondig om die doeltreffendheid van voorafbetaalde watermeters te toets voordat die stelsel na die hele dorp uitgebrei word. Die dorpsraad het in die huidige boekjaar 1 miljoen Namibiese dollar vir die voorafbetaalde waterstelsel bewillig, in reaksie op inwoners se jarelange klagtes oor hoë waterrekeninge en hul versoek om voorafbetaalde meters te kry. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die Oshakati-dorpsraad se skakelbeampte, Katrina Kamari.
Die matriarg van die Ugab-olifante, Mathilda, is weens natuurlike oorsake dood. Elephant Human Relations Aid, bekend as Ehra, sê Mathilda se dood is die einde van ’n betekenisvolle era vir die trop, aangesien sy bekend was vir haar rustige, leidende teenwoordigheid. In 'n huldeblyk teenoor Mathilda se nalatenskap, het Ehra sy 2025-kalender vrygestel, met 12 foto's van Namibië se woestynolifante. Die opbrengs van die kalender sal Ehra se bewaringswerk ondersteun en help om die trop en hulle streek te beskerm. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Rachel Harris, Ehra se besturende direkteur.
Die Presidensie het skerp gereageer op wat hy as veralgemenings deur veteraan joernalis Jonathan Beukes oor president Nangolo Mbumba se verbintenis tot persvryheid beskryf. Hy sê dis misplaas, en is 'n wanvoorstelling van feite. Mbumba se woordvoerder, Alfredo Hengari wat gereeld die media aanval, sê die president is ‘n voorbeeldige rentmeester van demokrasie. Beukes sê sedert die dood van Hage Geingob is daar kommer oor persvryheid, wat die media-ombud staaf. Intussen het die media-vakbond ook gereageer op die inligtingsministerie se verklaring. Die vakbond se sekretaris-generaal Jemima Beukes.
Die droogte raak Namibië se landbousektor erg, wat lei tot 'n vermindering in die produksie van sleutelvoedselgewasse, veral koring en mahangu. Die land moes op invoere staatmaak om in die plaaslike vraag te voorsien. Die bemarkingseisoen vir mahangu het op 1 Junie begin en vir koring op 1 November. Voor hierdie datums was Namibië hoofsaaklik afhanklik van ingevoerde grane. Die Namibiese Akkerbouraad se Graanhandel Statistiese Verslag meld dat 'n totaal van 2 449 ton mahangu ingevoer is, met 90 persent van Angola en 10 persent van Indië, terwyl slegs 382 ton plaaslik verkry is. Kosmos 94.1 Nuus het met die hoofbestuurder van die Akkerbouraad, Gilbert Mulonda, gesels oor die prentjie vir mahangu.
Werknemers van TransNamib het vroeër 'n betoging gehou en 'n petisie aan die ministerie van finansies oorhandig oor die heraanstelling van Webster Gonzo as die onderneming se uitvoerende hoof van menslike hulpbronne. Hulle het 'n beroep op TransNamib-bestuurders gedoen om die aanstelling te heroorweeg aangesien Gonzo van nalatigheid en begunstiging beskuldig word. Finansminister Ipumbu Shiimi het geantwoord dat TransNamib met die vakbonde moet saamwerk. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Abigail Raubenheimer, TransNamib se woordvoerder, wat sê hulle sal voortgaan om met die vakbonde saam te werk oor werknemersaangeleenthede.
Suid-Afrika se Internasionale Betrekkinge minister, Ronald Lamola, het vals inligting veroordeel oor Suid-Afrika se saak teen Israel by die Internasionale Strafhof. Die saak handel oor Israel se beweerde oortredings van die Volksmoordkonvensie in Gaza en wil die land aanspreeklik hou vir sy optrede, insluitend massamoord. Lamola het aan die media gesê die verkeerde inligting trek aandag af van die voortslepende geweld in Gaza, en Israel moet ingevolge die internasionale reg aanspreeklik gehou word.
Die Internasionale Atoomenergie-agentskap berig dat plastiekbesoedeling een van die grootste globale omgewingsuitdagings van die eeu geword het. Projeksies toon dat die oseane teen 2050 meer plastiek as vis kan bevat. Verder sê die Internasionale Finansieringskorporasie dat die wêreld meer as 2 miljard ton munisipale vaste afval jaarliks genereer, en dit sal na verwagting met 70 persent toeneem teen 2050. Kosmos 94.1 Nuus het met die plaaslike ekoloog dr. Peter Cunningham gesels, wat opsies uitlig wat gevolg kan word om afval en besoedeling te verminder.
Die sekretaris-generaal van die VN, António Guterres, het leiers tydens COP29 in Baku, Azerbaijan, aangemoedig om hul beloftes oor klimaatsbefondsing na te kom. Guterres het die behoefte beklemtoon om aan globale uitstralings jaarliks met tot nege-persent te verminder. Hy het gewys op dringende behoeftes in ontwikkelende lande, veral rakende klimaatsbefondsing, en beklemtoon 80-persent van die wêreldbevolking moet sterker klimaataksie ondersteun om ware klimaatsgeregtigheid te bereik.
Die inligtingministerie het gereageer op die voormalige besturende redakteur van New Era, Johnathan Beukes, wat kommer uitgespreek het oor persvryheid ná die voorgestelde samesmelting van New Era Publications Corporation en die Namibia Press Agency, Nampa. Beukes het ook die regering oor media-onafhanklikheid gekritiseer en gesê die samesmelting word deur die inligtingsministerie ondersteun. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Ngaevarue Katjangua, die ministerie se woordvoerder, wat hulle standpunt verduidelik.
AfriForum eis die Stad Johannesburg moet begin om waterlekplekke te herstel en voortdurend die waternetwerk onderhou. In 2023/2024 het die metro 46,2-persent van die watervoorraad geklassifiseer as nie-inkomste, wat beteken dit gaan verlore weens lekkasies of word nie voor betaal nie. Johannesburg Water wil waterverbruik verminder tot 175-liter per persoon per dag. Lambert de Klerk van AfriForum sê die waterkrisis is die gevolg van die ANC se swak munisipale en provinsiale bestuur.
Die Kankervereniging van Namibië bevorder aktief die #MovemberFriday-geleentheid op 15 November, as deel van hul voortdurende veldtog om bewusmaking oor mans se gesondheidskwessies, veral prostaat- en testikulêre kanker, te verhoog. Hierdie inisiatief is van kardinale belang aangesien prostaatkanker die kanker is wat die meeste onder Namibiese mans gediagnoseer word. Rolf Hansen, die Kankervereniging se uitvoerende hoof, beklemtoon die belangrikheid van vroeë opsporing. Hy sê prostaatkanker is aan die toeneem, met 'n aansienlike styging in diagnoses oor die afgelope jare. Hansen moedig mans aan, veral diegene ouer as 40, of 35 as hulle 'n familiegeskiedenis het, om gereelde toetse soos die prostaatspesifieke antigeen of PSA toets te laat doen, wat vroeë tekens van die siekte kan opspoor voordat simptome sigbaar word. Kosmsos 94.1 Nuus het gesels met Hansen, wat meer inligting gee.
Die BDO Namibië Ope 2024 is hier! Moenie die grootste ope muurbaltoernooi ooit in Namibië misloop nie, met topspelers van regoor die wêreld in aksie. Die aksie skop vanaand af en duur tot 16 November by Wanderers Muurbalklub. Toegang is gratis, en eet- en drinkgoed is beskikbaar. Dit is die tweede PSA Challenger Tour wat in Namibië gehou word, met 'n totale pryspoel van 9 000 Amerikaanse dollar, of sowat 163 950 Namibiese dollar. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Steven Berry, die spanbestuurder, wat die publiek nooi om wêreldklas muurbalaksie te kom geniet.
Ná Donald Trump se verkiesing het sommige Suid-Afrikaanse kommentators kommer uitgespreek oor die impak op Afrika-lande, spesifiek oor die Wet op Groei en Geleenthede in Afrika, of Agoa. Dit verleen belastingvrye toegang tot Amerikaanse markte vir duisende produkte uit lande suid van die Sahara, wat Namibië se uitvoer van beesvleis, houtskool en minerale bevoordeel. Agoa se struktuur laat lede egter kwesbaar vir veranderings in Amerikaanse beleid en leierskap, veral gegewe Trump se "Amerika eerste" houding. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met dr. Omu Kakujaha-Matundu van die departement Ekonomie by Unam, wat sê ons hoef nie bekommerd te wees nie.
Johnathan Beukes, voormalige besturende redakteur van New Era, het sterk kommer uitgespreek oor die voorgestelde samesmelting tussen New Era Publications Corporation en die Namibia Press Agency, Nampa, en waarsku dit kan persvryheid in die gedrang bring. Beukes kritiseer die regering se verbintenis tot media-onafhanklikheid en sê dat die samesmelting, ondersteun deur die inligtingministerie, New Era se "beginselvaste stem" sal stilmaak. Hy verwys na kommer oor die stemme van minderhede en openbare belange in Namibië en verduidelik dat sy vertrek by New Era 'n wedersydse besluit was, met besonderhede wat privaat bly. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met dr. John Nakuta, die media-ombudsman, oor of die media bekommerd moet wees oor die bewerings.
Die GOOD-party sê Israel moet na die onderhandelingstafel gedwing word terwyl die Internasionale Geregshof se uitspraak in Suid-Afrika se volksmoordsaak teen die land hangende is. Meer as 43 000 mense is volgens berigte in Israelse wraakaanvalle in Gaza dood. Die konflik het ontstaan nadat Hamas Israel op 7 Oktober verlede jaar ingeval het. 1 200 mense is vermoor en 251 gyselaar geneem. GOOD se woordvoerder, Brett Herron, sê die Suid-Afrikaanse regering moet meer doen om die Palestyne te ondersteun.
FNB verbeter sy oorgrensbetalingsdienste oor die Gemeenskaplike Monetêre Gebied deur 'n vennootskap met BankservAfrica te sluit om die "transaksies onmiddellik verwerk"-, of TCIB-stelsel, bekend te stel. Die nuwe stelsel, wat op 18 Oktober ingestel is, sal FNB-kliënte in Suid-Afrika, Namibië, Lesotho en eSwatini in staat stel om laewaarde-betalings onmiddellik en veilig te stuur, enige tyd van die dag. Dit volg na elektroniese fondsoorplasings vervang is met SWIFT-betalings, wat langer vat en duurder is. Met die TCIB-stelsel word betalings tussen FNB-rekeninge regoor die monetêre gebied byna intyds verwerk, wat verbeterde sekuriteit, spoed en betroubaarheid bied. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Ian Erlank, die hoof van globale markte by RMB Namibia, wat verduidelik wat dit vir FNB-kliënte sal beteken.
Cosatu is geskok oor die drukkoste van matriekvraestelle wat van 1-miljard tot 3,6-miljard Suid-Afrikaanse rand gestyg het na die aanstelling van Siviwe Gwarube as Basiese Onderwys-minister. Woordvoerder Zanele Sabela sê die besluit om provinsies toe te laat om hul drukkers te kies, het tot hierdie reuse-toename gelei. Net in Limpopo het die koste met meer as 130-persent gestyg. Sabela het Gwarube gekritiseer oor haar hantering van befondsing te midde van die begrotingskrisis, en beklemtoon ook die uitwerking op onderwysers wat die besnoeiing van poste vrees.
Daar is kommer oor die toename in toeriste wat in Namibië beroof word. Die Namibiese Gasvryheidsverenging se uitvoerende hoof, Gitta Paetzold, sê berigte oor rooftogte en diefstal is negatief en sal toeriste ontmoedig om na Namibië te reis en dit sal weer die land se ekonomie skade berokken.
Die sekretaris-generaal van die VN, Antonio Guterres is op pad na Baku, Azebeidjan, om COP29 by te woon. Hy het ‘n beroep op aktiviste en die burgerlike samelewing gedoen om druk op wêreldleiers te plaas om werklike oplossings te vind.
Die afrigter van die Springbok Sewes, Philip Snyman, sê hy sien uit na die opbou van groepsdiepte in die aanloop tot die komende Wêreldreeks. Die Blitsbokke sal vir minstens die eerste twee toernooie in Dubai en Kaapstad sonder kaptein Selvyn Davids en Tiaan Pretorius wees, wat beseer is. Rosko Specman is nie meer deel van die sewesprogram nie, terwyl Justin Geduld hom aangesluit het by die Stormers. Snyman sê daar is verskeie sterk en ervare leiers in die groep:
Bitcoin klim soos ‘n wegholtrein en het in die afgelope week, sedert Donald Trump herverkies is met meer as 27 persent gestyg. Die kripto-geldeenheid het bo 89 000 Amerikaanse dollar geklim maar effe teruggesak en verhandel rondom 88 500 dollar. Dit is ook die agtste belangrikste bate ter wêreld, bo silwer. Kosmos 94.1 Nuus het met die hoof van CBI Exchange Coenie Botha gesels.
Onvoldoende menslike hulpbronne, hoë personeelomset en 'n groeiende aantal ervare personeel wat aftrede nader, ondermyn die visserye-ministerie se vermoë om mariene en binnelandse visserye te beskerm en volhoubaar te bestuur. Boonop is toerusting verouderd, voertuie staan ledig, navorsingsvaartuie kan nie see toe gaan nie, daar is slegs een operasionele vliegtuig en 'n ondoeltreffende vaartuigmoniteringstelsel wat deur onwettige vaartuie omseil kan word. Dit is volgens 'n verslag deur die parlementêre staande komitee oor landbou, omgewing en natuurlike hulpbronne. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Naude Dreyer van Ocean Conservation Namibia, wat sê die regering sal heelwat meer hieraan moet doen.
Piesangs is die tweede mees verbruikte vrugte in Namibië, maar al ons piesangs word ingevoer. 'n Piesang proefprojek word tans uitgevoer, en daar word beplan om die aantal proefterreine te vergroot om verskeie agro-ekologiese sones regoor die land te dek. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Emilie Abraham, die bestuurder van tuinbou-ontwikkeling by die Namibië Akkerbouraad, wat 'n opdatering van die proewe gee.
’n Groep MBA-studente van die Namibia Business School was onlangs betrokke by ’n veldstudie van Namibië se opkomende volhoubare mynboupraktyke in die land, veral die baanbrekerspogings van Headspring Investments in Leonardville in die Omaheke-streek. Headspring Investments, 'n filiaal van Uranium One Group, bevorder 'n innoverende in-situ herwinningsmynmetode. Sommige boere in die omgewing wil egter nie hê die maatskappy moet sy eksplorasie-aktiwiteite voortsit nie weens vrese dat die belangrike Stampriet-akwifeer besoedel sal word. Kosmos 94.1 Nuus het met Aldo Hengari, bedryfsdirekteur van Headspring Investments, oor die veldstudie gesels.
Die Britse premier, sir Keir Starmer is in Baku, Azerbeidjan vir COP29. Daar heers kommer oor die beraad se sukses, veral om nie president Joe Biden nog Xi Jinping, die leiers van die twee grootste besoedelaars ter wêreld, afvaardigings gestuur het. Starmer het met die media gepraat oor sy doelwitte.
Plaaslike media berig vanoggend oor die uitdagings van die San-gemeenskap, veral die begunstigdes van maatskaplike toelae. Daar word berig dat besigheidseienaars die kaarte van die begunstigdes afvat as hulle skuld het, hetsy drank of kos, en dan self die toelae gaan haal om die skuld te delg. NEFF-lid Michael Amushelelo sê toegang tot grond en verbeterde ondersteuning is nodig.
Nieu-Seeland se eerste minister, Christopher Luxon, het ʼn verskoning aangebied aan duisende slagoffers wat fisiese, seksuele, verbale of sielkundige mishandeling beleef het in staat- en geloofsgebaseerde sorg. Dit volg nadat ʼn verslag bevind het 200 000 kinders en kwesbare volwassenes is tussen 1950 en 2019 mishandel terwyl hulle in staat- en geloofsgebaseerde sorg was. Dit sluit mense uit die Māori- en Pasifiese gemeenskappe in. Luxon beskryf die mishandeling as afgryslik en hartverskeurend:
Reaksie word ontvang op die koning van die Damara-gemeenskap, Justus Garoëb, ’n veteraanpolitikus en stigter van die United Democratic Front, wat geskaar het by vise-president Netumbo Nandi-Ndaitwah, die regerende Swapo-party se presidentskandidaat. Hy sê dat hy 'n vroulike staatshoof in sy leeftyd wil sien, en dat dit tyd geword het dat dit gebeur. Reaksie is ontvang van Dudu Murorua, 'n UDF-parlementslid, wat sê dat die party nie gelukkig is oor sy kommentaar nie.
Die onderbreking van watervoorsiening in Gauteng is die gevolg van stygende vraag en mislukkings van verouderende infrastruktuur. Die Departement van Water en Sanitasie het saam met die provinsiale regering en Rand Water besonderhede verstrek oor uitdagings met watervoorsiening in die provinsie. Die verslag van die departement toon Johannesburg verloor 35-persent van sy gelewerde water weens verouderde infrastruktuur met swak instandhouding. Die minister van Water en Sanitasie, Pemmy Majodina, het die media meegedeel Rand Water het 3,5 miljard Suid-Afrikaanse rand belê om die kapasiteit by die Zuikerbosch-waterbehandelingsaanleg te verhoog:
Die sesde gekeurde Casper Ruud het die Wimbledon-kampioen, Carlos Alcaraz, verslae gelaat in hul openingswedstryd van die ATP-jaareindtoernooi in Turyn, Italië. Die Noorweër het die Spanjaard afgeransel in die John Newcombe-groep en sy 50ste sege van die seisoen behaal. Die Duitser, Alexander Zverev wat sy derde trofee by ʼn ATP-jaareindtoernooi wil opraap, het Andrey Rublev van Rusland verslaan. Ruud sê dis vir hom een van die beste oorwinnings van die seisoen:
President Cyril Ramaphosa het die Spesiale Ondersoekeenheid toestemming gegee om die Suid-Afrikaanse Spesiale Risikoversekeringsvereniging te ondersoek oor eise en uitbetalings wat verband hou met 2021 se openbare onrus in Gauteng en KwaZulu-Natal. Die eise het net meer as 28,5-miljard-rand beloop. Die eenheid se woordvoerder, Kaizer Kganyago, sê die ondersoek moet vasstel of die eise in ooreenstemming was met die toepaslike wetgewing of Nasionale Tesourie se praktyke:
Die Rusland-Afrika Vennootskapsforum het gedurende die naweek in Sochi plaasgevind waar Rusland bande met Afrikalande wou versterk. Op die kantlyn van die forum was Russia Today gasheer vir Namibië se internasionale betrekkinge minister, Peya Mushelenga. Mushelenga het Rusland se betrokkenheid by Namibië se mynbedryf uiteengesit
Die Rusland-Afrika Vennootskapsforum het gedurende die naweek in Sochi plaasgevind waar Rusland bande met Afrikalande wou versterk. Op die kantlyn van die forum was Russia Today gasheer vir Namibië se internasionale betrekkinge minister, Peya Mushelenga. Mushelenga het Rusland se betrokkenheid by Namibië se mynbedryf uiteengesit.
Kopanang Africa Against Xenophobia is gekant teen die regering se uitgebreide plan om informele handelaars te reguleer, wat nou straatverkopers saam met spaza-winkels teiken. Die groep beweer die ingryping kan moontlik armoede kriminaliseer en ignoreer die grondoorsake van werkloosheid en ekonomiese ongelykheid. Woordvoerder Dorothy Mabelebele glo die regering moet met handelaars saamwerk om oplossings te vind en te fokus op kwessies soos onveilige produkte van verskaffers in plaas daarvan om die verkopers te penaliseer
Namibiese natuurbewaarders het kommer oor olifante wat kremetartbome beskadig. Kremetarte is hoogs aanpasbaar, met stamme wat in droë seisoene kan krimp en uitswel wanneer water volop is om berging te maksimeer. Ten spyte van hul lae waterbehoeftes, het kremetarte 'n bietjie vog nodig om te oorleef en kan sterf as hulle oor lang tydperke daarvan ontneem word. Die bome stoor groot hoeveelhede water gedurende die reënseisoen, met groot kremetarte wat tot 140 000 liter in gespesialiseerde selle binne hul stamme en takke kan hou. Kosmos 94.1 Nuus het met die beroepsjagter Jofie Lamprecht van Jofie Lamprecht Safaris gesels.
NamPol het hul dwelmstatistieke vir Oktober bekend gemaak. Daar is onder andere beslag gelê op honderde kilogramme dagga, meer as 1 400 Mandrax tablette en 186 eenhede crack-kokaïen. Altesaam 191 verdagtes is gearresteer, waarvan 177 Namibiërs is. Kosmos 94.1 Nuus het met die voormalige hoof van die Nampol-dwelmeenheid, Hermie Van Zyl, gesels wat die publiek aanmoedig om enige verdagte aktiwiteite aan te meld. Hy sê het dat meer dwelms die land sal binnekom voor die vakansieseisoen.
Plaaslike media berig dat volgens die Besigheid en Intellektuele Eiendoms-owerheid, Bipa, daar sedert 2014 gemiddeld sowat twee kerke per week geregistreer is. Daar is ook 3 211 aktiewe Artikel 21-maatskappye, waarvan 1 245, of 38,7 persent, geloofsgebaseerde organisasies is. Dit kom te midde van berigte oor gewetenlose sogenaamde kerke en predikers wat gemeentelede misbruik vir kontant en selfs seksuele gunste. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die voorsitter van die Koalisie van Christelike Kerke, dr. Shirley Magazi, wat sê daar word gewerk aan 'n wetsontwerp.
Werke- en vervoerminister, en adjunk eerste minister, John Mutorwa is tevrede met die vordering van die Talismanus na Gobabis- en Du Plessis Plaas na Epukiro Pos 3-padopgraderings in die Omaheke-streek. Die 8,7km fase 2 van hierdie pad sal volgende maand voltooi wees, terwyl fase een van die 145km Talismanus-Gobabis-pad vorder met terreinvoorbereidings en 'n verbypad. Kosmos 94.1 Nuus het met Mutorwa gesels, wat beklemtoon dat die beplanning vir fase 1 nou al gedoen moet word, sodat werk nie onderbreek word nie.
Mauritius se premier Pravind Jugnauth het Maandag gesê sy politieke alliansie is op pad na 'n groot nederlaag teen 'n mededingende koalisie gelei deur 'n driemalige voormalige premier ná Sondag se parlementêre verkiesing. Jugnauth het gesê die Alliance du Changement onder leiding van die 77-jarige veteraanpolitikus Navin Ramgoolam is gereed om die verkiesing in die Indiese Oseaan-argipel van sowat 1,3 miljoen mense te wen. Te midde van 'n lewenskostekrisis het Rangoolam se alliansie gesê hulle beplan om pensioene te verhoog, gratis vervoer en internetdienste in te stel, en brandstofpryse te verlaag. Die oud-diplomaat Jean Michel de Senneville het eksklusief met Kosmos 94.1 Nuus uit Port Louis in Mauritius gepraat.
In 'n bespreking oor Namibië se ergste droogte in 'n eeu, het die Wêreldvoedselprogram Namibië se landbestuurder Tiwonge Machiwenyika gepraat oor die verskeie uitdagings, insluitend honger, en die oplossings wat ontwikkel word om voedselonsekerheid aan te pak, uitgelig. Ondanks voortdurende uitdagings in die landbousektor en wydverspreide armoede, het Machiwenyika beklemtoon dat maatreëls bespreek word en binnekort in werking gestel sal word om kwessies aan te spreek.
Die president van Giwusa, Mametlwe Sebei, sê Eskom se dreigement om krag in Johannesburg te sny, is onwettig. Eskom het ’n kennisgewing uitgereik na aanleiding van die stad se skuld van 4,9-miljard-rand. Die Stad Johannesburg veroordeel hierdie beweerde oorfakturering en oorweeg regstappe. Eskom en die stad het met die minister van Elektrisiteit, Kgosientso Ramokgopa, vergader om ’n oplossing te vind. Volgens Sebei kan dit tot ekonomiese spanning lei.
’n Gesamentlike ondertekeningseremonie van memorandums van verstandhouding tussen die Stad Windhoek, Welwitschia Universiteit en die Namibië Lughawensmaatskappy het in die hoofstad plaasgevind. Die adjunkvoorsitter van die Lughawensmaatskappy se raad van direkteure, Elize Petersen, sê die memorandum tussen die maatskappy en die Stad is gebaseer op grondgebruikbestuur, vervoervermoëns en die deel van lugreisstatistieke. By die ondertekeningseremonie het Windhoek se burgemeester, Queen Kamati, die belangrikheid van die memorandum beklemtoon.
Die Johannesburgse metro het bevestig die Lilian Ngoyi-straat-rehabilitasieprojek in die middestad is 'n jaar na die verwoestende ontploffing slegs 22-persent voltooi. Die burgemeesterskomiteelid vir Vervoer, Kenny Kunene, sê die projek het tot stilstand gekom met rampspoedige gevolge vir padgebruikers, ondernemings en inwoners. Tot dusver is meer as 17-miljard-rand bestee uit die totale bedrag van 180-miljoen-rand wat vir die afhandeling van die projek begroot is. Kunene het aan die SABC gesê die projek het tot stilstand gekom weens kwessies met kontrakteurs.
Die Verenigde Nasies se Bevolkingsfonds (UNFPA) Namibië Landkantoor het 'n besoek aan die Osire-vlugtelingkamp gebring vir die sanitêre doekies vervaardigingsprojek. Hierdie projek is deel van die Bevolkingsfonds se breër "Laat niemand agter nie"-inisiatief wat deur die ambassade van Japan in Namibië befonds word. Dit is daarop gemik om menstruele higiënebestuur aan te spreek, lewensbestaan te verbeter en gemarginaliseerde vroue in die kamp te bemagtig met vaardighede om volhoubare sanitêre doekies te maak. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Letisia Alfeus-Iiyambo, die geslagspesialis by die Bevolkingsfonds.
Verskeie hooggeplaastes in die regerende party spreek duisende Namibiërs toe by hulle verkiesingsaamtrekke, en raak liries oor wat hulle noem vordering wat onder Swapo in die land plaasgevind het. Die laaste was eerste minister Saara Kuugongelwa-Amadhila, wat Swapo ondersteuners in die hoofstad toegespreek het. Sy het verwys na misdaadvermindering, ekonomiese groei, gesondheidsorg, armoedeverligting en meer. Dit terwyl vanjaar se statistieke wys daar is 111 000 misdade in een jaar aangemeld, werkloosheid en verkragtings is hemelshoog en 23 000 veediefstalle is van 2021 tot 2023 aangemeld. Kosmos 94.1 Nuus het met die LPM se operasionele sekretaris, Dawid Eigub, gesels wat wil weet waar die ontwikkeling dan is.
Die myne en energie-ministerie het twee aardbewings oor die naweek bevestig. Die eerste, wat 3,7 op die Richterskaal gemeet het, het Saterdagoggend naby Gross Barmen, ongeveer 27km suidwes van Okahandja, gebeur. Die tweede, 'n aardbewing van 4,2 op die skaal, het Sondag om 14 minute na middernag plaasgevind, sowat 10km suidwes van Opuwo. Anna Salkeus, die ministerie se hoof-skakelbeampte, gee meer inligting.
Die DA het bekendgemaak Gautengse staatskole skuld munisipaliteite meer as 262-miljoen-Suid-Afrikaanse rand. LUR Matome Chiloane het die inligting bekend gemaak in antwoord op ʼn vraag deur die DA in die wetgewer. Volgens Chiloane se verslag skuld 1 332 nie-Artikel 21-skole 70-miljoen-rand met die balans deur Artikel 21-skole verskuldig. Die party se Onderwyswoordvoerder in Gauteng, Michael Waters, sê hierdie skuld maak dit moeilik vir plaaslike regering om noodsaaklike dienste te lewer.
Geregistreerde Namibiërs wat hulle buite die land bevind en nie op 27 November plaaslik kan stem nie, sal Woensdag by die 35 Namibiese diplomatieke missies stem. Meer as 2 000 kiesers is by diplomatieke missies geregistreer. Spesiale stemme sal ook Woensdag by 33 stemlokale regoor die land plaasvind. Diegene wat in aanmerking kom vir spesiale stemme is die Namibiese Polisie, Namibië Korrektiewe Dienste, Namibië Weermag, en seegaande personeel. Sowat 8 000 kiesers het vir spesiale stemme geregistreer. Elsie Nghikembua, die voorsitter van die Namibië Verkiesingskommissie, het by 'n perskonferensie gepraat.
AfriForum sê die Gautengse Onderwysdepartement se besluit om die verkoop van eetgoed in en om skoolterreine te verbied is veels te drasties. Meer as 400 gevalle van voedselvergiftiging is in die provinsie aangemeld, met 23 sterftes, meesal onder kinders. Die Vrystaatse Onderwysdepartement het ook alle nie-skoolbestuurde verkoperbydrywighede in en om skoolterreine opgeskort. Alana Bailey van AfriForum sê vir sommige kinders is goedgekeurde snoepwinkels op skoolterreine die enigste bron van middagete.
NamRA het twee nuwe stelsels van stapel gestuur. Die eerste, die sogenaamde Vooraf-uitspraakstelsel verskaf klassifisering van die waarde en oorsprong van goedere voor invoer en uitvoer en die tweede, die e-Tariefoplossing wat rolspelers maklik toegang tot heffings in doeane en aksyns sowel as geregtelike bepalings bied. Dit laat beter nakoming toe en maak dit makliker vir rolspelers om doeltreffend en binne die wet sake te bedryf. NamRA-kommissaris, Sam Shivute sê dit sal ook sogenaamde bottelnekke en meer aanspreek.
Die onafhanklike Senaatslid, Bernie Sanders, wat bekend is vir sy linksgesinde en liberale standpunte, sê die Amerikaanse Demokratiese Party het die werkersklas in die steek gelaat en daarom het hy die verkiesing en beheer oor die Kongres, verloor. Hy sê werkende families is vies, en hulle het ‘n reg om te wees.
Inwoners van Area 7 informele nedersetting in Lüderitz eis beter sanitasiegeriewe van die dorpsraad. Hulle beweer dat van die 200 openbare toilette wat meer as 'n dekade gelede gebou is, slegs 80 nog in werking is, en dié is in 'n swak toestand. Kosmos 94.1 Nuus het met die skakelbeampte van die Lüderitz-dorpsraad Elwin Gaoseb gepraat. Hy sê daar is oplossings wat in plek gestel word.
'n Video op sosiale media van jong skoolkinders wat in hulle skooluniforms drink by ‘n kuierplek het wyd reaksie uitgelok. Dit is nie onmiddellik duidelik na watter skole die kinders gaan nie. Die meisies se gedrag is ook op tyde onsedelik. Die uitvoerende direkteur in die onderwysministerie Sanet Steenkamp het haar reaksie so verwoord.
Reaksie word ontvang op China se verbruikerspryse wat in Oktober teen die stadigste pas in vier maande gestyg het. Data wat vrygestel is toon ook produsenteprys-deflasie het verdiep, al het Beijing stimulering opgeskerp om die sukkelende ekonomie te steun. Kosmos 94.1 Nuus het met Suid Afrikaanse ekonoom Dawie Klopper gepraat, wat waarsku dat China se ekonomiese probleme die Suid-Afrikaanse rand sowel as uitvoere in die buurland en plaaslik, sal raak...
Reaksie word ontvang op die toekenning van drie NamWater pyplyn-projekte aan Chinese maatskappye. Die konstruksie van die Ogongo-Oshakati pyplynvervanging en bykomende werke ter waarde van amper 237 miljoen Namibiese dollar is almal aan Chinese konstruksiefirmas toegeken. Die PDM se skadu-finansminister, Nico Smit, sê dit is onaanvaarbaar omdat daar genoeg plaaslike maatskappye en, die Chinese skep nie werk nie.
Die visum-program van die Namibiese regering is steeds in die nuus en het, ten tyde van aankondiging groot kritiek uitgelok. Daar is 33 lande wat geraak word en lande buite die AU se kostes het tot 1 600 Namibiese dollar gestyg terwyl AU-lande 1 200 dollar betaal. Die Britse hoë kommissaris Charles Moore meen dit is nie die herrie werd nie en sal geen wesenlike impak hê nie.
Die plaaslike firma, Alensy, sal die Gerus sonkragaanleg bou, die eerste keer in die geskiedenis vir ‘n onafhanklike kragprodusent. Die aanleg sal by die NamPower Gerus substasie gebou word. Alensy se uitvoerende hoof en medestigter Norbert Dörgeloh het met Kosmos 94.1 Nuus gesels oor die baanbrekende oomblik.
Die HyIron-Oshivela-projek in die Erongo-streek sal teen die einde van die jaar met produksie begin, wat 'n koste-effektiewe metode is om die energie-oorgang te ondersteun en die staalbedryf te ontkoolstof. Die projek, in samewerking met die Climate Neutrality Foundation en die Namibië Groenwaterstofprogram, stel yster-tot-waterstof-tegnologie bekend. Hierdie deurbraak bied 'n oplossing vir die vervoer van waterstof, wat Namibië as 'n leier in die wêreldwye skoon energie-beweging posisioneer. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Jona Musheko, die bestuurder van eksterne sake en kommunikasie by die Namibië Groenwaterstofprogram, wat uitbrei.
Die Gautengse premier, Panyaza Lesufi, sê 'n provinsiale strategie is ontwikkel om die toepassing van die verordeninge en regulasies te versterk wat spaza-winkels en ander voedselverkopers beheer. Die provinsie het 441 gevalle van voedseloordraagbare siektes met 23 sterftes aangeteken. Die premier het met raadslede, munisipale leiers en departementshoofde vergader om provinsiale reaksie te koördineer. Lesufi sê veiligheidstandaarde moet regoor die provinsie afgedwing word:
Die voormalige adjunkpresident van die EFF, Floyd Shivambu het belowe om die MK-party te help om 'n gedugte organisasie te word wat verkiesings sonder moeite kan wen. Die president van MK, Jacob Zuma het hom as sekretaris-generaal aangestel om die leisels oor te neem by Sifiso Maseko, wat verlede week bedank het. Hy is terug by die Gautengse Departement van Gesondheid. Shivambu het aan die SABC gesê hy sal die party met respek en eerlikheid dien:
Die Suid-Afrikaanse sensasie Tyla het drie toekennings ingepalm by die MTV Europe-musiektoekennings wat in Manchester, Engeland, gehou is. Sy was die wenner van Best R&B, Best Afrobeats, en Best African Artist. Die popsuperster Taylor Swift was die groot wenner met vier toekennings; Best Artist en Best Video vir haar samewerking met Post Malone aan Fortnight, Best Live, en Best US Act. Onder die ander wenners was Eminem, Ariana Grande en Raye. Tyla sê sy is geëerd en geskok oor haar toekennings:
Die DA beskryf die minister van Kommunikasie en Digitale Tegnologie, Solly Malatsi, se onttrekking van die omstrede SAUK-wetsontwerp in die Parlement as dapper en deurslaggewend. Die minister voer aan die wetsontwerp hanteer nie die SAUK se dringende finansiële behoeftes nie en gee die minister te veel mag wat die aanstelling van raadslede betref. Thsolofelo Bodlani van die DA sê gegewe die openbare uitsaaier se magdom uitdagings, is die wetsontwerp beslis teenproduktief:
Die Independent Patriots for Change begin stelsematig sy veldtog afsluit met twee groot saamtrekke wat tot net voor die verkiesings in Erongo en Oshana beplan word. Die party-woordvoerder Imms Nashinge sê verandering is dringed nodig en sê kiesers moet mooi dink voor hulle hul kruisies trek.
Die voormalige hoof van Misdaadintelligensie van die Polisie, Richard Mdluli, appelleer teen die Regshulpraad se besluit om hom bystand te weier in sy voortgesette korrupsiesaak. Die hof in Pretoria het ook sy aansoek verwerp dat die SAPD moet betaal vir sy regsonkoste, en hom opdrag gegee om dit te dek. Henry Mamothame van die vervolgingsgesag sê Mdluli het te doen met ernstige aanklagte wat verband hou met 'n geheime polisie-omkoopgeldfonds van 2008 tot 2012.
Shaquille O’Neal sê hy wil Muhammad Ali se nalatenskap voortsit nadat hy by die Muhammad Ali-sentrum vereer is vir sy welsynsprojekte, wat die ondergedienste jeug steun. Ali se weduwee, Lonnie, het O'Neal se gees van meelewing lof toegeswaai, wat haar man se ideale uitbeeld. O’Neal, wat ge-inspireer is deur sy ma en Ali, het klem gelê op die belangrikheid van goedhartigheid en die gees van gemeenskap as onontbeerlik vir sy visie. Die geleentheid het ook geld vir die sentrum ingesamel:
Volgens die Namibiese Statistieke Agentskap het Namibiese vroue gewoonlik hul eerste kind teen die ouderdom van 21 en gemiddeld vier kinders op 49-jarige ouderdom. Dit laat vrae ontstaan of 21 te vroeg is om 'n kind te hê en of vier kinders te veel is. Hierdie besluite word beïnvloed deur persoonlike, kulturele en ekonomiese faktore, en wat as "te vroeg" of "te veel" beskou word, wissel na gelang van individuele omstandighede. Kosmos 94.1 Nuus het met die sosiale aktivis Ethne Mudge gesels.
Vrydag begin die vyfde en laaste been van die nasionale tydren kampioenskappe op Swakopmund. Die aksie skop af by die M+Z vertoonlokaal met M+Z Motors wat ook die hoofborg is. Francois Lottering het meer.
Daar is kritiek teenoor SAOG-leiers uitgespreek oor almal wat Botswana toestroom terwyl Mosambiek sukkel met geweld en betogings. Daar word ook nie kommentaar daaroor gelewer nie. Leiers het reeds gesê hulle sal die aangeleentheid binnekort bespreek terwyl logistiek geraak word en vervoerstelsels ontwrig word. Politieke ontleder Ndumba Kamwanyah sê enige onstabiliteit in ‘n SAOG-lidland moet aangespreek word.
Adjunk-jeugminister Emma Kantema het onlangs die belangrikheid beklemtoon om mikro-, klein- en mediumondernemings te ondersteun om werkskepping te dryf en jongmense te bemagtig. Kantema het verwys na die beduidende befondsingsuitdagings wat beginners en klein besighede ondervind. Sy het die behoefte aan praktiese, regeringsgeleide oplossings beklemtoon. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Danny Meyer van SMEs Compete oor wat hierdie praktiese regeringsgedrewe oplossings behoort te wees.
Job Amupanda, leier van die Affirmative Repositioning-beweging eis om toegang te kry tot die kontrak wat Namport met Terminal Investment aangegaan het vir die vraghouer-konsessie op Walvisbaai. Namport het aangekondig dat Switserland se Terminal Investment die suksesvolle bieër is vir 'n vraghouer-hantering konsessie by sy nuwe terminaal op Walvisbaai. Namport het gesê die konsessie, effektief 1 Oktober vanjaar, vir 25 jaar sal duur. Die besluit vir ‘n konsessie is geneem omdat privaat kapitaal nodig is om verskeie verbeterings by die hawe aan te bring.
Die Springbokke het Skotland op Murrayfield met 32-15 verslaan in hul negende agtereenvolgende sege oor die gasheer. Makazole Mapimpi het twee drieë in die eerste helfte gedruk, met Thomas du Toit wat 'n derde bygevoeg het en Jasper Wiese 'n laat vierde. Skotland is beperk tot die 15 punte van Finn Russell se skopskoen. Dié oorwinning plaas die Bokke weer boaan die wêreldranglys. Kaptein Eben Etzebeth sê die wedstryd was taai:
Hoërskool Oshigambo in die Oshikoto-streek het 17 koshuisinwoners op AS-vlak tydelik geskors omdat hulle aan 'n ongemagtigde, middernagtelike vyf uur-lange godsdiensvergadering deelgeneem het. Dit het ongoedgekeurde prediking en aansprake van bonatuurlike ervarings behels, wat aansienlike kontroversie ontlok het. Die leerlinge het na bewering 'n verskyning deur die engel Gabriël aangemeld, wat glo hekse onder die graad 12-leerlinge geïdentifiseer het. Sommige ouers het amok gemaak en beweer die leerlinge is permanent die skool verbied. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die uitvoerende direkteur van onderwys, Sanet Steenkamp, wat die kwessie opklaar.
Ses-en-veertig karwagte is amptelik deur die Swakopmund Munisipaliteit geregistreer, as deel van 'n inisiatief om hul sigbaarheid en professionaliteit te verbeter. Hulle dra uniforms wat deur FNB Namibia verskaf is en het basiese opleiding ondergaan. Kosmos 94.1 Nuus het met die munisipale woordvoerder Linda Mupupa gesels, wat die belangrikheid van karwagte se werk beklemtoon.
Eerste Minister Saara Kuugongelwa-Amadhila het Swapo ondersteuners by ‘n saamtrek in die hoofstad toegespreek. Sy het die party se lofliedere gesing oor vordering in infrastruktuur, gesondheidsorg, misdaadvermindering, ekonomiese groei, werkloosheid en armoedeverligting.
Die hoofsweep van die raad van Ekurhuleni het diepe kommer uitgespreek oor 'n toename in voedseloordraagbare siektes reg oor Suid-Afrika. Dit sluit die onlangse voedselvergiftiging van leerders van die Tamaho Primary School in Katlehong. Hoofsweep Pelisa Nkunjana eis vinnige regeringsoptrede en doen 'n beroep op president Cyril Ramaphosa om 'n noodtoestand oor kosveiligheid af te kondig:
Die Landless People's Movement se jeugbevel het 'n veldtog - #AnythingButSWAPO - van stapel gestuur, wat kiesers versoek om vir enige party behalwe die regerende party in die verkiesings te stem. Met minder as drie weke oor tot die verkiesing, beklemtoon die LPM-jeugvleuel dat Swapo se bestuur in 34 jaar nie in die behoeftes van die land, veral die jeug, voorsien het nie. Hulle vra vir 'n verandering in leierskap. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met William Minnie, woordvoerder van LPM Jeug, wat meer deel.
Die voorsitter van die Oorgrensvereniging, Joseph Ntemane, het ernstige finansiële verliese vir die taxibedryf bevestig weens die onlangse sluiting van die grens met Mosambiek en geweld. Hy sê bestuurders het erg deurgeloop met voertuie wat op krediet gekoop is, omdat hulle nie 'n inkomste gehad het tydens die sluiting nie. Terwyl vragoperasies hervat is, vra hy 'n vinnige oplossing in Mosambiek vir sakebestendigheid en vrag:
Die Grensbestuursowerheid en die Suid-Afrikaanse Inkomstediens het vragbedrywighede by die Lebombogrens hervat. Die opeenhoping van skeepsladings is opgelos nadat Mosambiek die verwerkingstelsels by Ressano Garcia herstel het. Die woordvoerder van Grensbestuur, Mmemme Mogotsi, sê kommissaris Michael Masiapato het bevestig die hawe werk weer volstoom. Reisigers word aangemoedig om op die hoogte te bly van ontwikkelings terwyl hulle en SARS seker maak van veilige, doeltreffend grensverwerking:
Die Suid-Afrikaanse Polisiediens het in Fordsburg, Johannesburg beslag gelê op vervalste goedere ter waarde van meer as 2 miljoen Suid-Afrikaanse rand, en 24 verdagtes in hegtenis geneem. Die aanklagte sluit in 23 sake van oortreding van die Wet op Immigrasie en een van handel in vervalste goedere. Die polisie-woordvoerder Amanda van Wyk sê die operasie het beslag gelê op meer as 8 000 items, waaronder elektronika en selfone, in 'n geteikende klopjag op 'n plaaslike winkelsentrum:
Die sekretaris-generaal van die ANC Fikile Mbalula moedig die Suid-Afrikaanse Weermag aan om die polisie te steun met die sluiting van spazawinkels wat kos na die vervaldatum verkoop. Onlangse gevalle van voedselvergiftiging het honderde leerders in verskeie provinsies geraak, en in sommige gevalle is sterftes aangemeld. Daarby het skole in Gauteng alle kosverkope naby hulle geriewe verbied. Mbalula plaas klem op vinnige regeringsoptrede om openbare gesondheid te beskerm:
Die Suid-Afrikaanse Plaaslike Regeringsvereniging in KwaZulu-Natal het dringend met munisipale omgewingsgesondheidspraktisyns vergader om toenemende voedselvergiftigingsvoorvalle onder leerders te bespreek. Dit gebeur terwyl honderde leerders geraak is deur die uitbreking. In 'n onderhoud met die SABC het die direkteur van SALGA in die provinsie, Sabelo Gwala, kommer uitgespreek oor tekortkomings in die stelsel en stygende misdaadbedrywighede, en gevra vir beslissende maatreëls om nog sterftes weens besmette kos te keer:
Die gesondheidministerie het inentings aan 3 813 kinders landwyd verskaf en noodsaaklike vitamien A-aanvullings gegee om hul immuniteit te versterk. Boonop het 2 643 kinders ontwurmingsbehandeling ontvang om die opname van voedingstowwe en algemene gesondheid te verbeter. Gesondheidminister Kalumbi Shangula beklemtoon dat die aanspreek van wanvoeding en die verbetering van openbare gesondheid 'n samewerkende, multisektorale benadering vereis wat verder gaan as gesondheidsorgdienste.
Eerste minister Saara Kuugongelwa-Amadhila het die skenking van droogtehulp deur die Europese Unie verwelkom. Die EU het 3,82 miljoen Namibiese dollar se humanitêre hulp verskaf wat deur Namibiese Rooi Kruis versprei sal word. Kuugongelwa-Amadhila het die lewensreddende impak van hierdie tydige ondersteuning uitgelig.
Meer inligting is bekend oor Namcor se planne om drie nuwe olie- en gasputte teen die eerste kwartaal van 2025 te boor. Die program is daarop gemik om nuwe reserwes te vind asook om onlangse ontdekkings te ondersoek. Namcor is ook besig om seismiese data in te win en evaluasies te doen in die Oranje-, Walvis-, Namibe- en Lüderitz-bekkens. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Namcor se woordvoerder, Paulo Coelho...
Die Suid-Afrikaanse Vragversendersvereniging waarsku die voortslepende konflik in Mosambiek veroorsaak aansienlike ontwrigting van oorgrens-handelsroetes, veral die Maputo-deurgang. Die vereniging berig skade aan infrastruktuur en tydelike sluitings van die grens ontwrig logistiek, wat kritieke aanbodkettings vertraag wat Suid-Afrika, Zimbabwe en ander streeksmarkte bedien. Woordvoerder van die vereniging, Barbara Mommen, versoek die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap om te bemiddel om bestendigheid teweeg te bring:
Dit wil voorkom asof inwoners van Hentiesbaai hulle self by goed gedra. Die Copps 94.1-span het patrollie by die kusdorp uitgevoer en alles was in orde. Francois Lottering het meer.
"A Trilogy to Remembrance, Part III: Shaping a Brighter Future" is afgesluit in 'n paneelbespreking wat die volksmoord en versoening herdenk het. Die trilogie het gekyk na die bewusmaking en opvoeding van die jeug oor die OvaHerero- en Nama-volksmoord van 1904 tot 1908. Die trilogie het geëindig met die bekendstelling van die boek "An Unresolved Issue" met Andreas Eckl, Matthias Häussler en Martha Akawa as redakteurs, uitgegee deur die Friedrich Ebert-stigting. Die reeks het in Julie vanjaar begin. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Jacinta Kasume, projekbestuurder by die Namibië Instituut vir Demokrasie, wat 'n oorsig van die trilogie gee.
Die Universiteit Stellenbosch se Departement van Elektriese en Elektroniese Ingenieurswese het 'n hipermoderne navorsingsplatform bekend gestel wat die weg baan vir mensagtige robots. Doktor William Duckitt van die universiteit sê die baanbrekerplatform stel gevorderde robotika-tegnologie ten toon en demonstreer die krag van inter-dissiplinêre samewerking in ingenieurswese. Hy voeg by die mensagtige robot staan ten volle regop met 'n funksionele torso en 'n regterarm en hand wat in volle werking is terwyl die linkerarm voltooiing nader.
Neville Andre, goewerneur van die Erongo-streek, het die kritieke rol van rekenaartegnologie in skole beklemtoon en inligtingstegnologie 'n poort na kennis, kreatiwiteit en innovasie genoem. Hy het gepraat by die inwyding van 'n nuwe rekenaarklaskamer en grensmuur van 610 000 Namibiese dollar by Matutura Sekondêre Skool in Swakopmund, geskenk deur Swakop Uraan. Andre het beklemtoon dat die vaardighede wat studente in hierdie nuwe fasiliteit sal opdoen, hulle sal bemagtig om in die digitale wêreld te floreer. Hy het beklemtoon dat rekenaargeletterdheid nou sinoniem is met geleenthede. Kosmos 94.1 Nuus het met Andre gesels, wat 'n beroep op die privaatsektor doen om die onderwyssektor te ondersteun.
Die kommissaris van die Grensbestuursowerheid, Mike Masiapato, het ʼn gedeeltelike heropening van Suid-Afrika se grens met Mosambiek aangekondig sodat mense en vrag kan deurgaan. Dit volg na gesprekke met leiers in Mosambiek. Masiapato het op die grens gepraat en Suid-Afrikaners ontmoedig om vir ontspanning na Mosambiek te reis weens moontlike konflik na die verkiesing. Hy het ook bevestig dat doeanebeamptes individue sal bystaan deur hulle permitte te bekragtig.
Die MTC-filiaal Windhoek General Administrators het die MTC Maris-beker geloods, 'n baanbrekende sokkertoernooi met die grootste prys in Namibiese geskiedenis. Die kompetisie sal bestaan uit die 16 klubs in die Debmarine Premierliga, wat sake sal uitspook vir 'n rekord 1,5 miljoen Namibiese dollar wenbedrag. Die MTC Maris-beker skop af op 25 Januarie met die ronde van 16. Die kwarteindronde is geskeduleer vir 1 en 2 Februarie, gevolg deur die halfeindronde op 15 en 16 Februarie, en die finaal op 1 Maart 2025. Die toernooi is ook die debuut van MTC se mobiele gelddiens, MTC Maris. Toeskouers sal gratis toegang tot die wedstryde kry, mits hulle vir MTC Maris registreer. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met MTC se woordvoerder, John Ekongo, wat uitbrei.
Namate Namibië se verkiesings nader kom, is baie jong kiesers verskeur tussen groepsdruk en hul eie keuse. Terwyl groepinvloed hul stem kan laat swaai, dryf die begeerte na opregte verteenwoordiging hulle om kandidate krities te wil beoordeel. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met dr. Nangula Mbako, 'n Swapo-jeugaktivis, wat raad het vir jong kiesers oor hoe om hul keuses te maak.
Namibië is besig om meer as 723 stuks wild uit te dun, insluitend 83 olifante, om vleis te voorsien aan diegene wat deur ernstige droogte geraak word. Die omgewingministerie beheer die jag in parke en gemeenskaplike gebiede waar weiding en waterbronne beperk is. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Romeo Muyunda, die ministerie se woordvoerder, wat 'n opdatering gee.
Bouwerk het begin aan 'n 20 megawatt sonkragaanleg by Otjiwarongo, ten volle besit deur Solarcentury Africa. Dit sal die eerste volledig handelaar-onafhanklike kragprodusent in Suider-Afrika wees. Al 51 Gigawatt-uur se jaarlikse uitset sal in die Suider-Afrikaanse Kragpoel verkoop word, 'n netwerk van Suider-Afrikaanse elektrisiteitsmaatskappye. Die Namibiese kontrakteur Alensy Energy Solutions bou die aanleg, en ingebruikneming word vir die derde kwartaal volgende jaar beplan. Solarcentury Africa se uitvoerende hoof, Jason De Carteret, het oor die projek gepraat by die sooispit geleentheid in Otjiwarongo.
Om sy begrotingsverpligtinge vir die 2024–2025-boekjaar na te kom, beoog die regering om tussen vandeesmaand en Maart volgende jaar 4,6 miljard Namibiese dollar te leen. Dit is volgens 'n regeringsleningstrategieplan deur die Bank van Namibië en die finansministerie. Dit sal help om die opgedateerde begrotingstekort aan te spreek, aangesien totale staatsbesteding na verwagting 106,1 miljard dollar sal oorskry. Kosmos 94.1 Nuus het met die plaaslike ekonoom Gabriel Erastus gesels, wat sê dat die regering meer deursigtig moet wees oor sy uitgawes.
Cosatu verwelkom die indiening van die Wetsontwerp op Tabakprodukte en Beheer oor Elektroniese Leweringstelsels by die Nasionale Ekonomiese Ontwikkelings- en Arbeidsraad, Nedlac. Dit volg na toenemende druk van die sakesektor, arbeid en verskeie partye in die regering van nasionale eenheid. Matthew Parks van Cosatu sê dit is 'n belangrike wetsontwerp om die regering se vermoë te versterk om 'n bedreiging vir openbare gesondheid te bestuur.
Namibia Wildlife Resorts se statistieke toon 'n aansienlike toename in besprekings deur Namibiërs vir die 2024-feesseisoen, wat 'n groter belangstelling uitwys van mense om hul eie land te verken. Ontleding dui aan dat Namibiërs besprekings vir Desember 2024 en Januarie 2025 oorheers, 'n tendens wat ondersteun word deur NWR se inisiatiewe soos die Namibiese Leisure Card en afslag-aanbiedings, wat daarop gemik is om plaaslike reis meer toeganklik te maak. Volgens die besprekingsverslag vir Desember dra Namibiërs sover 12,8 persent in eenheidsbesetting by, met Suid-Afrikaners op 2,5 persent en Duitsers in die derde plek. Hierdie tendens duur voort in Januarie 2025, met Namibiërs wat 8 persent besetting verseker het, gevolg deur Suid-Afrikaners en Duitsers. Kosmos 94.1 Nuus het met NWR-woordvoerder Nelson Ashipala gesels, wat meer deel.
Die ANC het sy verbintenis herbevestig tot 'n inklusiewe demokrasie in sy voorlegging aan die verkiesingstelsel-paneel, waarin hy die huidige proporsionele verteenwoordigingstelsel steun. Die party sê die model verseker regverdige verteenwoordiging deur uiteenlopende groepe, insluitend vroue, jongmense, mense met gestremdhede en die LGBTQI-plus-gemeenskap. Sekretaris-generaal Fikile Mbalula het aan die media gesê die party beloof om voorkeur te gee aan toerekenbaarheid en deursigtigheid in enige wysigings en steun die beginsel dat die mense sal regeer:
Landbouminister Calle Schlettwein is ook voorsitter van die Afrika-waterfasiliteit, en het die toekomsplanne van die liggaam se beheerraad gedeel. Sy 24ste vergadering het in Abidjan, Ivoorkus, plaasgevind waar Schlettwein gesê het dat 'n nuwe strategie opgestel word. Die vorige strategie vir die tydperk 2017 tot 2025 skets 22 aksies wat die bereiking van die langtermyndoelwit van “verbeterde lewenskwaliteit vir stedelike en landelike gemeenskappe in Afrika” ondersteun.
Die landbou-urganisasie TLU SA het skriftelik aan president Cyril Ramaphosa hulle kommer uitgespreek oor adjunk-president Paul Mashatile se versoek om die Wetsontwerp op Onteiening so gou moontlik te onderteken. Die wetsontwerp wat in Maart deur die Parlement goedgekeur is, is 'n uiteensetting van die proses vir eiendomsonteiening vir openbare doeleindes of in die openbare belang. Bennie van Zyl van TLU SA sê die president moet die omstrede bepaling oor onteiening sonder vergoeding uit die wetsontwerp verwyder:
Die voormalige hoof van die Britse MI6-agenstkap, sir Richard Dearlove, skryf nie veel toe aan Donald Trump se kommentaar oor die Oekraïne nie en ook nie dat hy wat Trump is die oorlog sal beëindig nie. Dearlove het met SkyNews gepraat en sê dis alles retoriek.
Namibia Breweries Limited het pogings verskerp om water te bespaar. Die maatskappy gebruik 4,4 liter water om 'n enkele bottel bier te produseer, en het sy gebruik van munisipale water met minstens 70 persent verminder. Hulle fokus hoofsaaklik op interne optimalisering om waterverbruik te minimaliseer en doeltreffendheid te maksimeer. Die brouerye vang onder andere afvalwater op en hergebruik dit vir ander doeleindes soos verkoeling en skoonmaak. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Surihe Gaomas-Guchu, NBL se woordvoerder, wat meer inligting gee.
Robert McGregor, 'n ekonoom by Cirrus, beklemtoon die verergerende werkloosheidskrisis in Namibië. Dit word beïnvloed deur faktore soos lae groei, disinvestering, die pandemie en die regering se fiskale verstramming, maar amptelike data van die Namibië Statistieke Agentskap is sedert 2018 nie bygewerk nie. Hy voer aan dat die regering nie alleen werkloosheid volhoubaar kan aanspreek nie en vra vir beleidshervormings om die privaatsektor te bemagtig. Deur besigheidskoste te verminder en beperkings te verlig, glo McGregor dat werk meer effektief geskep kan word, wat sal help om armoede en ongelykheid te verlig. Kosmos 94.1 Nuus het met McGregor gepraat, wat verduidelik.
Die Elektrisiteitsbeheerraad se beleid sê dat verspreiders van krag, soos munisipaliteite en streeksentiteite, nie kragmeters mag blokkeer vir uitstaande munisipale skuld nie. Maar, die beleid word tans in die hof uitgedaag en dus, kan die raad geen ondersoeke instel in die verband voor die hofsaak nie verby is nie. Die raad sê hy ontvang klagtes en daarom die kommentaar. Ferdinand Molale, woordvoerder het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Die Ongwediva-dorpsraad bou 'n ontspanningspark van 1,5 miljoen Namibiese dollar, met fase een van die konstruksie wat Maandag sal begin. Up-Mark Investment CC het die tender gekry en die park sal na verwagting teen die eerste week van Maart volgende jaar voltooi wees. Tydens die sooispit seremonie het Ongwediva-burgemeester Taarah Shanyefu beklemtoon dat die park die dorp in 'n lewendige aktiwiteitsentrum sal omskep, wat groen ruimtes bied vir gesinspieknieke en speelareas vir kinders. Shanyefu het ook beklemtoon dat die projek werksgeleenthede vir die jeug sal skep.
Met die verkiesing van Donald Trump as Amerikaanse president is die voorsitter van die Federale Reserweraad Jerome Powell in die nuus. Hy en Trump het baie koppe gestamp tydens Trump se presidensie. Powell het die amp in Februarie 2018 opgeneem en is weer op 23 Mei 2022 ingesweer vir 'n tweede termyn as voorsitter wat op 15 Mei 2026 eindig. Hy is by die rentekoers aankondiging, waar hy die koers met 25 basispunte verlaag het, of hy sal bedank wanneer Trump oorneem...
Die arbeidsministerie het Goeie Praktykskode vir arbeidsinspekteurs ingestel, wat standaarde en etiese riglyne daarstel om hul gedrag te reguleer. Effektief vanaf 23 Oktober en reeds in die Staatskoerant gepubliseer, dien die kode as 'n operasionele handleiding vir arbeidsinspekteurs wat kragtens die Arbeidswet van 2007 aangestel is. Hulle is verantwoordelik vir die toepassing van wette oor basiese diensvoorwaardes asook beroepsveiligheid en gesondheid. Aune Mudjanima, waarnemende uitvoerende direkteur van arbeid, verduidelik die doel van die kode.
Die Wimbledon-kampioen van Tsjeggië, Barbora Krejcikova, het die Amerikaner Coco Gauff geklop en deurgedring na die halfeindronde van die WTA-jaareindtoernooi in Riaad, Saoedi-Arabië. Haar sege beteken die verdedigende kampioen, Iga Swiatek, is uitgeskakel al het sy die Rus, Daria Kasatkina, in haar laaste groepwedstryd verpletter. Krejcikova kom in die laaste vier teen Qinwen Zheng van China te staan terwyl Gauff en die wêreld-nommer-een, Aryna Sabalenka van Belarus, sake uitspook. Krejcikova sê Zheng gaan ʼn gedugte teenstander wees:
Mosambiekse polisie het Donderdag traangas op betogers in die hoofstad Maputo afgevuur in die grootste betoging nóg teen die lang regerende Frelimo-party wat verlede maand as wenner van 'n betwiste verkiesing verklaar is. Woede het toegeneem sedert verkiesingsowerhede verklaar het dat Frelimo die verkiesing van 9 Oktober gewen het, wat sy 49-jarige bewind verleng. Menseregtegroepe sê minstens 18 mense is dood in die polisie se onderdrukking van betogings sedertdien. Kosmos 94.1 Nuus het eksklusief gepraat met Errol Bowles, wat in Maputo woon, wat sê die situasie in Maputo vererger net.
Die burgerlike organisasie Save South Africa doen ʼn beroep op president Cyril Ramaphosa om ʼn noodtoestand af te kondig weens kommer oor toenemende misdaad, insluitend moord en afpersing. Die woordvoerder van die organisasie, Tebogo Mashilompane, vra ook dringende optrede oor beweerde voedselvergiftiging van leerders. Hy vra strenger regulasies vir spaza-winkels en stel voedselinspeksies voor om openbare veiligheid te beskerm, veral vir kinders:
Die GOOD-party vra dat 'n provinsiale misdaadberaad in die Wes-Kaap gehou word om aandag te gee aan beweerde bande tussen bendebase en amptenare in die provinsie. Dit volg op 'n debat oor onlangse massamoorde in Bishop Lavis, Atlantis en Khayelitsha. Brett Herron van GOOD wys daarop figure soos Mark Lifman gebruik politieke vriendskappe om misdaadnetwerke te verbloem. Hy vra die regering om 'n misdaadberaad te belê om oplossings te vind vir die provinsie se toenemende bendegeweld:
Leonard Hango sal vir die vierde keer Oshakati-burgemeester dien na sy herverkiesing Woensdag. Oshakati is die streekhoofstad van die Oshana-streek en is welbekend as die "Kommersiële Sentrum van die Noorde". Kosmos 94.1 Nuus het met Hango gesels, wat sy opgewondenheid oor sy herkiesing deel.
Eskom sê hy het ʼn kennisgewing van voorneme uitgereik om kragvoorsiening aan die Stad Johannesburg en City Power op sekere vasgestelde tye te onderbreek. Die metro skuld die kragvoorsiener tans 4,9 miljard Suid-Afrikaanse rand wat nie die huidige rekening van 1,4 miljard rand insluit wat die einde van die maand betaal moet word nie. Eskom se woordvoerder, Daphne Mokwena, sê die metro wanbetaling dra by tot die stygende munisipale skuld wat sedert die einde van September op 90 miljard rand staan
ʼn Verwoestende veldbrand woed in Ventura-distrik in Suid-Kalifornië. Meer as 14 000 inwoners moes hul huise ontruim terwyl stormsterk winde en droë toestande die vlamme aanblaas. Sowat 3 500 wonings en sakeondernemings word bedreig. Rooivlagwaarskuwings teen gevaarlike weerstoestande raak meer as 18 miljoen mense, insluitend in die Los Angeles-area. Ventura-distrik se brandweerkaptein, Trevor Johnson, sê meer as 800 brandbestryders en 58 brandweervoertuie is ontplooi:
Die redakteur van Namibia Fact Check, Frederico Links, het 'n verslag oor verskeie verkiesingsmanifeste uitgereik. Die verslag kyk na hoe politieke partye Namibië beskou en wat hul visie vir die land is. Links beoordeel die boodskappe en toon van die manifeste. Die volledige verslag kan vandag in die dagblad The Namibian gelees word en vul die Election Fact Checking Coalition-projek aan. Die artikel beklemtoon slegs die manifeste van die vier hoof-politieke partye, naamlik Swapo, die PDM, die LPM en die IPC. Links lewer kommentaar op Swapo se manifes.
Die redakteur van Namibia Fact Check, Frederico Links, het 'n verslag oor verskeie verkiesingsmanifeste uitgereik. Die verslag kyk na hoe politieke partye Namibië beskou en wat hul visie vir die land is. Links beoordeel die boodskappe en toon van die manifeste. Die volledige verslag kan vandag in die dagblad The Namibian gelees word en vul die Election Fact Checking Coalition-projek aan. Die artikel beklemtoon slegs die manifeste van die vier hoof-politieke partye, naamlik Swapo, die PDM, die LPM en die IPC. Links lewer kommentaar op Swapo se manifes.
Die Namibiese Werkgewersfederasie doen 'n beroep op bykomende besprekings en parlementêre betrokkenheid oor die nuwe nasionale minimum loon. Die regering het die minimum loon tot 18 Namibiese dollar per uur verhoog vir alle werkers, huis- en landbouwerkers uitgesluit, wie se lone geleidelik oor drie jaar sal styg om hierdie koers te bereik. Die nuwe minimumloon sal op 1 Januarie volgende jaar in werking tree. Terence Makari, voorsitter van die Werkgewersfederasie, stel hulle kant van die saak.
Chaos het ná die verkiesing op 9 Oktober in Mosambiek uitgebreek. Volgens Junior Nel Snel, 'n Namibiese logistieke maatskappy wie se vragmotor Dinsdag by die grens met Suid-Afrika verbrand is, het die bestuurder daarin geslaag om te ontsnap. Hy kruip weg vir gewelddadige betogers en kan nie die land verlaat nie, aangesien Suid-Afrikaanse owerhede die hoofgrensoorgang met Mosambiek gesluit het. Die maatskappy sê dat hulle skade van tot 4 miljoen Namibiese dollar gely het, aangesien al die bevrore vis wat die vragmotor vervoer het, in die brand geplunder of vernietig is. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Bennie Steyn, die operasionele bestuurder by Nel Snel, wat 'n oorsig van hulle penarie gee.
Zambië berei voor om koring deur Walvisbaai se hawe in te voer, soos uitgelig in hierdie week se African Agri Overview deur Jacques Pienaar, 'n ontleder by Commodity Insight Africa. Die verslag fokus op Zambië se koringmarkdinamika en verskaf 'n opdatering van onlangse graanpryse in die land.
ʼn Ekonoom aan die Stellenbosch Sakeskool, André Roux, sê die aangewese president, Donald Trump, se oorwinning sal moontlik weer globale gesprekke aanvuur oor die rol van die Amerikaanse dollar en die opkoms van die BRICS-groepering. Roux glo Trump sal hom beywer vir die oorheersing van die dollar as die sleueteleenheid in die wêreld, ʼn standpunt wat BRICS-lande moontlik sal aanspoor om alternatiewe te oorweeg.
Amerikaanse president Joe Biden het belowe om 'n vreedsame en ordelike oorgang na sy Republikeinse opvolger, Donald Trump, te verseker. “Ons aanvaar die keuse wat die land gemaak het,” het die Demokraat gesê en herhaal dat hy glo “jy kan nie jou land liefhê net wanneer jy wen nie”. Biden het ook vise-president Kamala Harris gesalueer as 'n vennoot en 'n amptenaar in diens van die publiek wat 'n inspirerende veldtog gevoer het nadat hy teruggetree het. Sy eerste openbare opmerkings ná Dinsdag se verkiesing is in die Withuis se Roostuin gemaak. Luister self.
Die Namibia Economic Freedom Fighters het in hulle manifes onderneem om maatskaplike toelaes vir oorlogsveterane tot 4 400 Namibiese dollar per maand te verhoog, vanaf die huidige 2 200. Die NEFF sê hulle beoog om sosio-ekonomiese toestande te verbeter deur toelaes aan ekonomiese deelname te koppel. Daarbenewens beloof die party om die ouderdomspensioen en ongeskiktheidstoelae van 1 600 dollar tot 3 000 dollar per maand te verhoog, en kinderondersteuningstoelaes tot 1 000 dollar per maand. Kosmos 94.1 Nuus het met die NEFF-adjunkleier Longinus Iipumbu gesels oor waar die geld vandaan gaan kom.
Politieke partye het kommer uitgespreek oor die reddingsboeie vir staatsondernemings. Hulle is tydens 'n debat in die Parlement beskryf as finansiële sinkgate wat geld wegneem van dienste soos onderwys, gesondheid en die polisie. Partye soos die DA, die Vryheidsfront Plus en die Inkatha Vryheidsparty stem saam te veel van hulle is ondoeltreffend en werk teen 'n verlies. Virgill Gericke van die EFF sê die instellings word nie behoorlik bestuur nie.
Bitcoin het van 68 734 Amerikaanse dollar Dinsdagoggend tot 'n nuwe hoogtepunt van 75 434 dollar gestyg Woensdag na afloop van die Amerikaanse verkiesing, volgens Coingecko, die prys- en statistieksamesteller. Bitcoin het in vroeë verhandeling byna 8 persent geklim en sy vorige rekord wat in Maart opgestel is, verpletter. Vanmiddag verhandel bitcoin teen 74 896 dollar. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Nikolai Tjongarero van OKIN Trading Enterprises, wat beide Bitcoin Mining Namibia en EasySats bestuur. Tjongarero sê dat Donald Trump tydens sy verkiesingsveldtog positiewe opmerkings oor die kripto-valutamark gemaak het.
Amerika se verkose president, Donald Trump, se oorwinning sal sy land se verhouding met Suid-Afrika toets wat die Wet op Groei en Geleenthede in Afrika betref. Dit is die mening van die politieke ontleder, Daniel Silke. Namibië neem ook aan die Agoa-program deel, maar Suid-Afrika is die grootste begunstigde. Agoa verskaf belastingvrye toegang tot Amerikaanse markte aan goedgekeurde lande suid van die Sahara. Silke sê Trump se sege sal bepaal of Agoa as diplomatieke hefboom gebruik word, en of die strategiese voordeel van toegang tot markte die belangrikste motivering bly.
Kraamverlof vir staatsdienswerknemers is onlangs van 12 tot 14 weke verleng en 'n aanvulling-betaling is ingestel. Die betaling verseker dat werknemers hul volle basiese salaris sal kry, en dek die verskil tussen hul gewone salaris en die Maatskaplike Sekerheidskommissie se kraamverlofvoordeel. Die aankondiging het debat ontlok. Geslagsaktivis Ngamane Karuaihe-Upi sê dat dit 'n strategiese skuif kan wees weens die komende verkiesings. Kosmos 94.1 Nuus het met Ngamane Karuaihe-Upi gepraat, wat uitbrei.
Die landbouministerie werk deur sy lewendehawe ondersteuningsprogram daaraan om die uitdagings in die sektor aan te spreek. Dit sluit pogings in om die Omutambo wo Mawe-kwarantynkamp in die Omusati-streek te laat herleef, wat nie in werking was sedert Meatco dit in 2015 gesluit het nie.
Tydens die deurlopende toesigbesoeke deur die parlementêre Staande Komitee vir Ekonomie en Publieke Administrasie in die Noordelike Kommunale Gebiede, het dit aan die lig gekom dat vier abattoirs en slagplase aandag verg om uitdagings wat boere in die gesig staar, te verlig. Die besoeke spruit uit 'n petisie wat die Nasionale Vergadering in 2022 ontvang het, oor boere se kommer oor beperkte bemarkingsgeleenthede vir hul vee tydens die droogte. Die het inligting verskaf oor die Oshakati- en Outapi-abattoirs, terwyl die Europese Unie die opgradering van die bestaande slagplaas in Opuwo gefinansier het. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Simon Nghipandulwa, die landbouministerie se woordvoerder, wat meer deel.
Die Groenwaterstof-kommissaris, James Mnyupe, het by die Namibië-EU Handels- en Volhoubaarheidskonferensie in Windhoek uitgelig hoe die EU se koolstofgrensaanpassingsmeganisme, of CBAM, Namibië se beoogde groen produkte, soos groen yster en ammoniak, kan bevoordeel. CBAM maak die speelveld gelyk deur koolstofprysaanpassings op invoer van lande met minder streng klimaatbeleide af te dwing. Dit sal Namibiese groen produkte 'n mededingende voordeel gee in die EU-mark en ondersteun die land se strewe na groen industrialisasie.
Omgewingminister Pohamba Shifeta het tydens die regerings-inligtingsessie gepraat oor die ministerie se deurlopende projekte. Hy het meer inligting oor die mens-wild-konflikvergoeding aan geaffekteerde gemeenskapslede gegee. Hy het ook die uitdun van wild vir droogtehulp verduidelik
Brandstoftekorte word in Zimbabwe en ander buurlande ervaar as gevolg van die politieke onrus in Mosambiek. Zimbabwe se brandstof- en baie ander invoere kom via Maputo se hawe, wat nou ook nie meer vrag inneem nie weens die onstabiliteit wat dikwels op geweld uitloop. Eddie Cross, 'n ekonoom in Zimbabwe, praat eksklusief met Kosmos 94.1 Nuus oor die onstabiliteit.
Omgewings- en gemeenskapsgroepe, insluitend die Green Connection, Aukotowa Fisheries en Natural Justice het die Hooggeregshof in die Wes-Kaap gevra om TotalEnergies se planne om langs die Suid-Afrikaanse weskus vir olie te boor, te keer. Hulle is van mening die regering het met die goedkeuring van die projekte nie ag geslaan op die risiko vir die marienelewe, kusgemeenskappe en die omgewing nie. 'n Woordvoerder van Green Connection, Lisa Makaula, is van mening die goedkeuringsproses was onbillik en vra vir meer volhoubare energie-oplossings.
Verskeie gebiede in die Otjozondjupa-streek, insluitend Grootfontein, Otjiwarongo, Okakarara en Klein-Waterberg, het Woensdag aansienlike reënval geniet. Plase naby Otjiwarongo, soos Sukses en Doornkom, het tussen 20 en 40 mm aangeteken en ligte reën het ook in die noordelike gebiede geval, insluitend Rundu in Kavango-Oos en Tsumeb in Oshikoto. Namibië Meteorologiese Diens voorspel vandag of môre meer reën in die noorde, met buie wat vandag in die suidwestelike binneland en môre in Windhoek verwag word. Richard Nashikaku, 'n weerman by die Namibië Meteorologiese Diens, het verdere besonderhede aan Kosmos 94.1 Nuus verskaf.
Motorsport: Die renjaers Valtteri Bottas van Finland en Zhou Guanyu van China verlaat die Formule Een-span Sauber die einde van die seisoen. Hulle was drie jaar saam. Die twee het dié seisoen gesukkel en geen punte aangeteken in 21 wedrenne nie. Sauber het bevestig dat die Formule Twee-kampioenskapsvoorloper, Gabriel Bortoleto, volgende seisoen by die span sal aansluit, saam met die Duitser Nico Hulkenberg. Die Brasiliaan het 'n meerjarige kontrak onderteken. Bottas sê hy sien uit na wat die toekoms inhou.
PSG Wealth sal hul jaarlikse PSG Bank-oorsigverslag vir die jaar op 14 November vrystel. Die maatskappy stel reeds 11 jaar lank die oorsigverslag bekend wat die banke in Namibië ontleed. Vanjaar se geleentheid sal gepaard gaan met 'n prysuitdeling vir die PSG Bank van die Jaar. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Anja Steyn, die navorsingsontleder by PSG Wealth, wat meer inligting gee oor die kriteria wat gebruik is.
Die DA in Gauteng doen ʼn beroep op premier Panyaza Lesufi om ʼn multidissiplinêre taakspan aan te stel om die vergiftiging van kinders te ondersoek. Die afgelope paar maande was daar ʼn skerp toename in gevalle waar kinders voedselvergiftiging opgedoen het nadat hulle kos geëet het wat by spazawinkels gekoop is. Twaalf kinders in die provinsie is dood aan siektes wat deur kos oorgedra is. Crezane Bosch van die DA sê verkopers en spazawinkels moet deeglik gekeur word:
Die pas afgelope 12de VN-konferensie vir skoolkinders was ‘n groot sukses. Die fopkonferensie word aangebied om vaardighede onder leerders se vaardighede te ontwikkel en debat vermoë te verbreed. Een van die koördineerders, Naomi Boys projekbestuurder by die Britse Hoë Kommissariaat, het meer.
Die 2024 Nedbank Desert Dash vind op 6 en 7 Desember plaas. Hierdie jaar sal die All4thebabies-span die uitdaging aanpak en 'n verstommende 401km deur die oudste woestyn in die wêreld aflê. All4thebabies wil fondse insamel deur borgskappe per kilometer te kry om lewensbelangrike stigtings in gemeenskappe soos The Ruach Elohim Foundation en ander te ondersteun. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Ronel Peters, die stigter van Rauch Elohim, wat verduidelik hoe die publiek betrokke kan raak.
Die negejarige meisie wat deur haar pa uit Suid-Afrika na bewering ontvoer en na Namibië gebring is, Yaleen Rachel Mare, is met haar ma herenig nadat sy Woensdag in Opuwo, in Kunene gevind is. Dit is bevestig deur die senior privaatspeurder en ondersoeker van Namibia Investigation Services, Michael Nieuwoudt. Volgens berigte het die pa, Jacob Philipus Maré, na bewering sy negejarige dogtertjie op 14 Oktober sonder haar ma se toestemming by die skool opgelaai en saam met haar van Suid-Afrika af gereis.
Die landbouministerie het gereageer op berigte van ‘n Otjozondjupa-boer wat sê 17 skaap is in nege dae vrek omdat owerhede weier dat hy voer vanaf Angola invoer. Die betrokke boer sê voer vanuit Suid-Afrika is uiters duur en daarom die skuif na Angola. Dr. Johannes Shoopala, die waarnemende hoof-veeartsenybeampte sê daar Angola is ‘n bek-en-klouseer gebied en dus moet die voer in kwarantyn vir 30 dae gehou word.
'n Ekonoom van die Stellenbosch Bestuurskool, Andre Roux, sê die Amerikaanse verkose president, Donald Trump, se oorwinning kan 'n negatiewe uitwerking op die ekonomie van Suid-Afrika en Afrika hê. Roux waarsku Trump se beleide, wat handel met ander lande beperk, insluitend tariewe op invoer, kan die handelsverhoudinge benadeel, veral ingevolge Agoa in Afrika. Hy het ook Trump se lae prioriteit oor klimaatsverandering beklemtoon, wat langtermyngevolge vir Afrika kan inhou:
Inflasiesyfers vir Oktober is bekend. In September het dit op 3,4 persent ingekom en dit het in Oktober gedaal na 3 persent, af van 6 persent in Oktober 2023. Mirjam Shihepo, skakelbeampte by die Namibiese Statistieke-agentskap het meer oor die sonale inflasie vir die maand.
Na Donald Trump se verkiesing as Amerikaanse president het ontluikende ekonomieë se geldeenhede en aandelemarkte begin wankel. Oor die algemeen is daar kommer op die vasteland oor Trump se beleide wat skade kan berokken. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die Suid-Afrikaanse ekonoom Dawie Roodt, wat sê dit lyk nie goed vir die buurland nie.
Unam se Departement Natuurlewebestuur en Toerismestudies op sy Katima Mulilo-kampus se splinternuwe moderne fasiliteite is vandeesweek ingewy. Die uitgebreide kampus kan 120 meer studente akkommodeer. Die departement se doelwit is om vraaggerigte kwalifikasies in wildbestuur en verwante velde aan te bied. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met professor Morgan Hauptfleisch, die hoof van die Biodiversiteitsnavorsingsentrum by Nust, wat sê dat dit 'n belangrike rol sal speel in die Kavango–Zambezi-oorgrensbewaringsgebied.
ie Springbok-senter, Andre Esterhuizen, sê hulle maak gereed vir ʼn taai wedstryd wanneer hulle Sondag op Murrayfield in Edinburgh teen Skotland uitdraf. Die Bokke is weens diepte en beserings steeds onseker oor verskeie belangrike posisies in die span. Afrigter Rassie Erasmus sal Vrydag sy groep vir die wedstryddag aankondig. Esterhuizen sê hulle effense rustyd-voorsprong van ses-drie in verlede jaar se eerste Wêreldbeker-groepwedstryd in Frankryk, wys hoe mededingend toetse teen Skotland kan wees:
Die gebruik van kunsmatige intelligensie in joernalistiek is aan die toeneem. KI-gereedskap kan gebruik word om take soos data-analise, inhoudgenerering en selfs feitekontrole te outomatiseer. Die Namibia Media Trust het 'n studie gedoen van hoe plaaslike joernaliste KI in hul daaglikse take integreer. Die resultate van die studie is by 'n geleentheid in die hoofstad vrygestel. Zoe Titus, die direkteur van die media trust, deel meer oor die bevindinge.
Polisie by die OR Tambo Internasionale Lughawe het die week twee Nederlandse burgers in afsonderlike voorvalle vasgetrek en beslag gelê op 80-kilogram Khat. Die verdagtes is aangekeer toe hulle aan boord wou gaan. Polisiewoordvoerder Amanda van Wyk sê albei sal in die Kemptonparkse Landdroshof verskyn. Dit is die 13de dwelmverwante arrestasie by die lughawe die afgelope tyd.
Die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing het hul tweede Groenwaterstof Monitor-verslag in die hoofstad vrygestel. Die verslag lig die vooruitsigte van werksgeleenthede in die groenwaterstofsektor uit. Graham Hopwood, die instituut se direkteur, het by die geleentheid gesê dat as daar nie oorsig oor die groenwaterstof-projek is nie, korrupsie hoogs waarskynlik is.
ActionSA verwelkom die vonnisoplegging van Steinhoff se voormalige finansiële hoof, Andries la Grange. Hy is tot vyf jaar tronkstraf gevonnis nadat hy ʼn pleit- en vonnisooreenkoms met die staat aangegaan het. Dit hou verband met bedrog van 367-miljoen-rand en spruit uit die manipulering van finansiële state en versuim om bedrieglike bedrywighede aan te meld. Alan Beesley van ActionSA sê hulle hoop dit lei tot bewyse sodat ander wat hierby betrokke was, ook suksesvol vervolg word.
Vanjaar merk 24 jaar van die Bank Windhoek Kanker Appelprojek en sy volgehoue pogings om innoverende maniere te ondersoek om die stryd teen kanker te ondersteun. In 2021 het die Bank Windhoek Kanker Appelprojek die e-Apple-platform bekendgestel, wat mense in staat stel om bestellings aanlyn van enige plek in die wêreld te plaas, heeldag en aldag. Kosmos 94.1 het deur Bank Windhoek 'n iPhone 15 aan 'n spesiale wenner weggegee. Audrey Mastert, Bank Windhoek se bestuurder van korporatiewe maatskaplike verantwoordelikheid en borgskap, het ná die oorhandiging gepraat.
Die firma Weder Kauta Hoveka het 'n inligtingsessie oor die onlangs uitgevaardigde Wet op Oordrag en Seëlregte aangebied. Dit volg op die aankondiging deur finansminister Ipumbu Shiimi wat die amptelike inwerkingtreding van belangrike wysigings aan belastingwette bevestig het. Ingevolge die nuwe wet word natuurlike persone vrygestel van seëlregte op transportaktes vir eiendom van minder as 1,1 miljoen Namibiese dollar. Vir eiendomme wat hierdie waarde oorskry, geld seëlregte van 10 dollar per elke 1 000 dollar. Kosmos 94.1 Nuus het met die eiendomsagent Hillie Valombolah gesels, wat deel was van die sessie.
Die Namibiese Landbou-unie het op sy jaarkongres in die hoofstad vir Thinus Pretorius herverkies as sy president. Jako van Wyk is herverkies as voorsitter van die Lewendehawe Produsente Organisasie. Pretorius het in sy presidentsrede 'n oorsig gegee van die unie se drie kongresse en 'n boodskap gelewer.
Sokker: Die polisie in KwaZulu-Natal het gepaste veiligheids- en sekerheidsmaatreëls ingestel om môre 'n suksesvolle aanbieding van die MTN8-bekereindstryd tussen Orlando Pirates en Stellenbosch in Durban te verseker. Woordvoerder Robert Netshiunda sê 50 000 mense sal na verwagting die Moses Mabhida-stadion volpak. Hy sê verblyf- en vermaaklikheidsgeriewe in die stad sal waarskynlik ook 'n toestroming van besoekers en kliënte ervaar.
MTC het 'n selfoon-gelddiens, MTC Maris, bekendgestel wat mense sal toelaat om geld te stuur en te ontvang sonder 'n bankrekening. Tydens die bekendstelling in Windhoek het finansminister Ipumbu Shiimi gesê ander telekommunikasiemaatskappye moet hul voorbeeld volg aangesien die land streef na finansiële insluiting. Hy beklemtoon dat baie landelike en informele sektor inwoners nie toegang het tot tradisionele bankdienste nie, en die produk sal help om hierdie onderbediende gemeenskappe in die formele finansiële stelsel te integreer.
Die DA in Gauteng sê daar moet dringend ondersoek ingestel word na bewerings van bedrog en korrupsie met beurse in die provinsiale Onderwysdepartement. Die departementshoof, Rufus Mmutlana, en hoof van Menslike Hulpbronne, Kgabo Morifi, word beskuldig dat hulle ʼn ingewikkelde skema bedryf het om junior administrateurs te oorreed om betalings en toelaes aan studente na ander rekeninge te herlei. Sergio Isa Dos Santos van die DA sê die beweerde intimidasietegnieke teen fluitjieblasers is selfs meer kommerwekkend.
Die myne- en energieministerie sê in 'n verklaring die twee skuddings wat Donderdagaand en vroeg Vrydagoggend in Groot Aub net suid van Windhoek gevoel is, het by verskeie seismologiesestasies in Namibië en Suid Afrika geregistreer. Hulle het onderskeidelik 3,6 en 3,9 op die Richterskaal gemeet. Volgens die ministerie was die skuddings 10km onder die aardoppervlak, wat baie vlak is in geologiese terme. Anna Salkeus, die ministerie se senior openbare betrekkinge offisier, gee meer inligting.
Reaksie word ontvang op die berig van die onderwyser wat in Rundu aangekla is op ‘n klag van verkragting. Die man, die 30-jarige Olavi Immanuel het reeds in die laerhof verskyn. Hy is borg van 2 000 Namibiese dollar toegestaan en sal weer op 26 November verskyn. Kosmos 94.1 Nuus het met die bekende maatskaplike aktivis Linda Baumann oor die aangeleentheid gesels.
Harry Maguire se kopskoot in die doodsnikke het Manchester United se kragmeting met Porto in die Europa-liga gelykop laat eindig met drie-elk. United het vroeg voorgeloop ná doele deur Marcus Rashford en Rasmus Hojlund, maar Porto het binne sewe minute twee keer teruggekap en teen rustyd was die telling twee-elk. Samu Omorodion het die tuisspan nog ʼn doel besorg voor Maguire se gelykmaker in die laaste minute. United se beleërde bestuurder, Erik ten Hag, sê hulle moet wedstryde beter beheer:
'n Strokiesprentboek, "Peace Girl," is vandeesweek in Windhoek bekendgestel, en dit is die eerste keer in Namibiese letterkunde dat 'n dowe adolessente superheld die middelpunt van 'n verhaal is. Die strokiesprent het ten doel om verdraagsaamheid te bevorder, lees onder leerders en studente aan te moedig, en die belangrikheid van gebaretaal uit te lig. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die skepper van die strokiesprent, dr. Philipe Talavera, stigter en direkteur van die Ombetja Yehinga-organisasie, of OYO.
Die Namibiese Landbou-unie hou vandag sy jaarkongres in Windhoek. Belangrike landboukwessies word bespreek en die nuwe leierskap vn die unie en die Lewendehawe Produsente-organisasie sal voor die einde van die dag gekies word. Thinus Pretorius, die president van die NLU het die lede toegespreek. Hy sê hy is trots op die boeregemeenskap.
Die hoërhof het bevind dat die lynminister Erastus Uutoni geen locus standi gehad het om die Karasburg dorpsraad te skors en sy magte oor te neem nie. Die stap het in Maart vanjaar ‘n herrie ontketen. Die LPM het die saak hof toe gevat. Partywoordvoerder Lifalaza Simataa het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Sommige inwoners van Oshakati weier om hul huise te laat bespuit in die binnenshuise bespuitingsveldtog wat daarop gemik is om muskiete en malaria te bestry. Dit belemmer die veldtog se effektiwiteit. Die Oshakati-dorpsraad beplan om die hele dorp teen 30 November te dek. Die poging is deel van 'n breër inisiatief van die gesondheidministerie wat 21 malaria-besmette distrikte teiken. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met dr. Richard Kamwi, voormalige gesondheidminister en Namibiese verteenwoordiger van die Eliminate Malaria-veldtog, wat sê die inwoners is nie behoorlik ingelig oor die voordele van die veldtog nie.
Lusanda Dumke sal die Springbok-vroue aanvoer wanneer hulle môre op die Athlone-stadion in Kaapstad teen Australië te staan kom in die tweede ronde van die Vroue-15 se tweede seisoen. Dumke se insluiting in die opdrafspan is een van die veranderings wat Swys de Bruin en die afrigtingspan aangebring het vir die kragmeting na verlede week se oorwinning van 31-24 oor Japan. De Bruin verwag 'n moeilike stryd teen Australië:
Politieke partye is besig om hul veldtogte te verskerp in aanloop tot die verkiesing. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die Popular Democratic Movement se presidensiële woordvoerder, Roberto Dirkse, wat na sommige van die probleme met die land se ekonomiese strukture verwys. Hy verduidelik wat die PDM met staatskuld en semistaatsinstellings wil doen.
Die Wêreldgesondheidsorganisasie sê 28 gesondheidswerkers is die afgelope 24 uur in Libanon dood. Meer as 1 000 mense in dié land is dood en sowat 1 miljoen inwoners is verplaas sedert Israel se oorlog teen die Iran-ondersteunde militante groep Hezbollah verskerp het. Die WGO se direkteur-generaal, Tedros Adhanom Ghebreyesus, sê weens vliegbeperkings oor die land kan ʼn groot besending trauma- en mediese voorrade nie vandag in Libanon afgelewer word nie:
Die bekendstelling van Namibië se Nasionale Handelsbeleid en die Nasionale Aksieprogram vir Belegging is geskeduleer vir Maandag, 14 Oktober. Dit sal amptelik die strategiese raamwerk bekendstel wat die land se globale handelsbetrekkinge, in lyn met Visie 2030, sal lei om 'n ontwikkelde nasie te word. Elijah Mukobonda, die handelsministerie se woordvoerder, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels en gee meer inligting.
Die Republikeinse presidentskandidaat Donald Trump het gereageer op Republikein Liz Cheney wat saam met Demokraat Kamala Harris op haar veldtog verskyn het. Cheney sê Trump is ‘n bedreiging vir demokrasie en sy sal vir Harris stem. Trump het met Fox News gepraat.
Die Tafelbergse Sweefspoor vier vandag sy 95ste bestaansjaar. Suid-Afrikaners wat in Oktober verjaar kry 'n gratis retoer-kaartjie. Die maatskappy se direkteur, Selma Hercules, sê hierdie maand is daar ook 'n spesiale herdenkingskaartjie teen 195 Suid-Afrikaanse rand aanlyn beskikbaar. Die fondse wat ingesamel word by die Gholfdag op 8 November, sal vrywillige veldbranddienste en die wildernissoektog-en-reddingsdiens ondersteun:
Die Namibiese Korrektiewe Diens bedryf verskeie nywerheidsprogramme. Hierdie inisiatiewe poog om deur werkopleiding uitstekende werksetiek en die ontwikkeling van bemarkbare beroepsvaardighede te bevorder. Kursusse word aangebied in onder andere meganiese herstelwerk, kabinetwerk, konstruksie, kleremakery en stoffering. Die diens se hoof, kommissaris-generaal Raphael Hamunyela, gee aan Kosmos 94.1 Nuus 'n opdatering oor die werkswinkels se vordering.
Voormalige Republikeinse kongreslid, Liz Cheney, sê sy gaan in November vir die visepresident en Demokrate se presidentskandidaat, Kamala Harris, stem. Cheney was derde in die Republikeine se hiërargie in die Huis voordat sy uitgeskop is omdat sy vír die ampsklag teen Trump gestem het. Sy was een van twee Republikeine wat op die Huis se 6 Januarie-komitee gedien het om die oproer by die Kongresgebou te ondersoek. Cheney sê Trump is ʼn bedreiging vir demokrasie:
Cosatu het die skuldigbevinding en vonnisoplegging van die voormalige finansiële hoof van Steinhoff, Ben la Grange, verwelkom. Hy is tot tien jaar tronkstraf gevonnis waarvan vyf jaar opgeskort is na hy skuldig gepleit het op 'n aanklag van bedrog van meer as 300 miljoen Suid-Afrikaanse rand. Hy is die tweede persoon wat in die Steinhoff-skandaal vervolg is, na die arrestasie van die Gerhardus Burger. Matthew Parks van Cosatu sê La Grange se vonnis moes swaarder gewees het vir een van die grootste finansiële misdade in die Suid-Afrikaanse geskiedenis.
Persoonlike lenings kan 'n waardevolle bate wees as dit verstandig gebruik word. Alhoewel hulle broodnodige fondse kan verskaf vir aansienlike uitgawes of skuldkonsolidasie, is dit van kardinale belang om op produktiewe lenings te fokus. Deur lenings te gebruik vir uitgawes wat jou finansiële welstand verbeter, soos onderwys, huisherstelwerk of kleinsakeondernemings, kan jy jou verdien-potensiaal verhoog en die lening makliker terugbetaal. Die besturende direkteur van Old Mutual Finansies, Natasha Winkler, wys uit hoe lenings optimaal aangewend kan word.
Bouwerk by Savanna Beef net Suid van Okahandja vorder flink met die eerste verslagtings wat moontlik teen middel volgende jaar verwag word. ‘n 100-persent meerderheidsbelang in Savanna Beef vir produsente is ook op 6 September beklink, toe die laaste beskikbare aandele van 6,46 miljoen Namibiese dollar verhandel is. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Mecki Schneider, die voorsitter van die Beesvleis-waardekettingforum, wat die jongste inligting deel.
M+Z Motors het sy nuwe tak amptelik in Ondangwa, by 1777 Hoofweg, geopen. Die opening word gelei deur die goewerneur van die Oshana-streek. Top-handelsmerke soos Mitsubishi, JAC Motors, Mercedes-Benz, Alfa Romeo, FIAT, Mahindra, Jeep, INEOS Grenadier en Chery is nou beskikbaar vir inwoners van die Oshana-streek. Die eregas, goewerneur Elia Irimari het tydens die geleentheid met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Die Verplegingsraad van Namibië het streng voorskrifte ingestel wat studente-innames by alle goedgekeurde opvoedkundige instellings tot 50 studente per kampus per jaar beperk. Daarbenewens het die Raad 'n moratorium op die opening van nuwe Verpleeg- en Verloskundekampusse ingestel, behalwe dié wat reeds goedgekeur is maar nog nie in werking is nie. Die goedkeuring van nuwe voorgraadse opleidingsprogramme vir verpleegkundiges en vroedvroue is tot verdere kennisgewing opgeskort. Die PDM se skadu-gesondheidminister, Winnie Moongo, het die raad geprys vir hierdie inisiatiewe. Kosmos 94.1 Nuus het met Winnie Moongo gesels, wat verduidelik.
Suid-Afrika se Motorvervoerwerkersvakbond sê hulle staan saam met Fedusa wanneer hulle Maandag op die Nasionale Dag van Aksie standpunt inneem. Vakbond-woordvoerder, Masechaba Kobola, sê Fedusa beplan ʼn optog oor werkers se swaarkry weens swak regeringbestuur. Sy sê tensy iets gebeur sal die stryd om beter werksomstandighede van geslag tot geslag voortduur.
Die kusstreke vier die derde aflewering van Maritieme Week, met die vieringe wat by Walvisbaai plaasvind. Die feesvieringe word deur Namport en die hawedorp se munisipaliteit gereël. Walvisbaai se burgemeester, Trevino Forbes, het by die openingsgeleentheid beklemtoon dat die vieringe ten doel het om beleggings in die dorp te bevorder.
Die adjunkminister van Water en Sanitasie, Sello Seitlholo, sê die besoedeling van waterbronne bly een van die grootste bedreigings vir watersekerheid en volhoubaarheid. Seitlholo het gepraat tydens die bekendstelling van die Vaalrivier Anti-Besoedelingsforum wat daarop gemik is om die langdurige besoedeling uit te wis, wat die watergehalte in die Vaalrivier beïnvloed. Hy sê die besoedeling van die land se waterbronne is belangrik vir elke Suid-Afrikaner en elke bedryf.
Die Verkiesingskommissie van Namibië staar opposisie in die gesig oor sy plan om die huidige bodproses vir die druk van stembriewe vir die komende verkiesing te stop. Die kommissie soek 'n vrystelling om 'n firma direk vir die taak aan te stel, weens kommer dat vertragings in die tenderproses die tydige druk van stembriewe in gevaar kan stel. Die kwessie was vandeesweek die fokus van intense gesprekke tussen die kommissie en die Politieke Partye Skakelkomitee, aangesien die kommissie goedkeuring van die partye gevra het om die regering te nader vir die vrystelling. Peter Shaama, die kommissie se hoofverkiesingsbeampte, het 'n opdatering aan die nasionale uitsaaier gegee.
Cosatu sê hy is ontsettend ontsteld oor die DA se skokkende dreigemente om die Wet op Gelyke Indiensneming ongrondwetlik te laat verklaar. Matthew Parks van die federasie sê enigiemand met basiese regskennis sal weet die toondowe DA se toertjies het geen kans om te slaag nie, aangesien die grondwetlike verpligting duidelik uitgestippel is op die staat en werkgewers om aandag te gee aan diskriminasie in werkplekke.
Krieket Namibië het die Castle Lite Senior T20-franchise aangekondig wat van 15 tot 24 November sal plaasvind. As jy belangstel om een van die vier spanne in die T20-franchise-kompetisie te besit, kan jy Krieket Namibië kontak vir besonderhede. Die wedstryde sal by die United Krieketgronde in Windhoek gespeel word. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met John-Colin Namene, die kommersiële assistent by Krieket Namibië, wat meer inligting gee.
Boomplantdag word op 11 Oktober gevier. Die Verenigde Nasies-aangewese Wêreldskoonmaakdag, oorspronklik geskeduleer vir 20 September, sal op 12 Oktober in Namibië herdenk word. Die omgewingministerie doen 'n beroep op alle Namibiërs om deel te neem aan landwye opruimingsaktiwiteite om bewustheid oor omgewingsvolhoubaarheid te kweek. Romeo Muyunda, die ministerie se woordvoerder, gee meer inligting oor boomplantdag.
Die Namibiese Landbou Unie het vandeesweek hulle jaarkongress gehou in Otjiwarongo en Keetmanshoop, en gaan môre afsluit in Windhoek by die NG Kerk Suiderhof Gemeente. Günther Kahl, een van die uitvoerende raadslede en boer in die Kalkveld omgewing, sê die kongres in Otjiwarongo en Keetmanshoop het goed afgeloop. Kahl het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en gee 'n oorsig.
Die Affirmative Repositioning-beweging het amptelik die naam van sy leier en hoofaktivis, Job Amupanda, as sy presidensiële kandidaat aan die Verkiesingskommissie van Namibië voorgelê. Vereistes om as 'n presidensiële kandidaat geregistreer te word, sluit in om 'n kandidaat van 'n geregistreerde politieke party te wees, indien nie 'n onafhanklike kandidaat nie, om 'n geregistreerde kieser te wees en betaling van 20 000 Namibiese dollar. Kosmos 94.1 Nuus het met Amupanda gepraat oor die party se benadering tot die verkiesing.
Die DA betreur die versuim van die minister van Verdediging en Militêre Veterane, Angie Motshekga, om ’n verslag voor te lê oor die stand van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag. Die verslag moes reeds op die 17de van verlede maand die Nasionale Raad van Provinsies bereik het. DA-woordvoerder, Nicholas Gotsell, sê die versuim van die minister om ʼn verslag voor te lê is ʼn duidelike bewys die weermag is in ʼn krisis.
Die kabinet se besluite ná sy 17de sitting is deur die adjunk-inligtingminister, Modestus Amutse, bekendgemaak. Hy het aangekondig dat Erongo-goewerneur Neville Andre die Beste Afrika Goewerneur van die Jaar-toekenning gewen het. Namibië sal ook gasheer wees vir 'n gesamentlike vergadering oor die Landbou-ontwikkelingsprogram vir die 15de Afrika-dag van voedsel- en voedingsekerheid in Windhoek, van 29 Oktober tot 1 November. Daarbenewens sal ingrypings ingestel word om verskeie sosio-ekonomiese kwessies aan te spreek. 'n Hof vir klein eise sal onder andere dringend tot stand gebring word. Amutse het meer.
Die parlement sê hy is verstom oor die ongegronde uitsprake van die voormalige openbare beskermer, Busisiwe Mkhwebane. Die Appèlhof het haar appèl van die hand gewys teen 'n uitspraak deur die Wes-Kaapse Hooggeregshof in verband met haar afdankings-ondersoek. Mkhwebane het op sosiale media gesê mense van Indiese afkoms was voortdurend betrokke by haar voortgesette stryd teen haar ontslag. Sy noem spesifiek die ondersoek se getuienisleier, Nazreen Bawa, en die parlement se hoofregsraadgewer, Zuraya Adhikarie. Woordvoerder Moloto Mothapo sê Mkhwebane se aanvalle is verregaande.
Die landbouministerie se Lewendehawe-ondersteuningsprogram het ten doel om die prestasie van die lewendehawewaardeketting in die noordelike kommunale gebiede te verbeter. Dit het vyf vragmotors aangeskaf om te help met die vervoer van boere se vee na abattoirs, met voorbereidings vir die oorhandiging reeds aan die gang. Messag Mulunga, die program se impakadministrateur, gee meer inligting.
Aktivis Omar van Reenen het die eerste openlike LGBT-aktivis geword om die Kofi Annan NextGen Democracy-toekenning te ontvang, 'n eerbewys wat toegeken word vir uitsonderlike leierskap wat jongmense inspireer om demokrasie te bevorder. Hy het Woensdagaand die toekenning by die Athene Demokrasie-forum van 2024, in Athene, Griekeland, ontvang.
Cosatu het die DA se beroep gekritiseer dat die minimum loon nie verhoog moet word nie om dit teen inflasie te beskerm. Die DA sê hy erken die goeie bedoelings agter die verhoging, maar glo dit sal die land se bestaande uiters hoë werkloosheidsyfer vererger. Cosatu se woordvoerder, Matthew Parks, beskryf dit as 'n onbeskaamde aanval op die ses-miljoen werkers op plase en in huise, asook in die bou-, skoonmaak-, sekerheids- en gasvryheidsbedryf, en ander werkers wat op die minimum loon staatmaak:
Die Britse eerste minister, Keir Starmer, waarsku die Midde-Ooste is op die rand van 'n volskaalse oorlog, wat rampspoedig sal wees. Dit volg nadat Iran Dinsdagnag byna 200 missiele afgevuur het op Israel, in weerwraak vir Vrydag se lugaanval in die Libanese hoofstad, Beiroet, waarin die Hizbollah-leier Hassan Nasrallah dood is. Starmer het deelgeneem aan 'n telefoongesprek om Iran se aanval op Israel te veroordeel. Starmer sê die verergering van vyandighede in die streek moet voorkom word:
Otjozondjupa-goewerneur James Uerikua het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor sy kommentaar om veebemarkingstelsels in die land te heroorweeg. Hy sê die klem moet gelê word op waardetoevoeging om werkskepping en ekonomiese groei te bevorder. Volgens Uerikua moet die uitvoer van op-die-hoef speenkalwers staak. Hy verduidelik.
Namibië se ekonomie het in die tweede kwartaal met 3,5 persent gegroei, maar staar verskeie uitdagings in die gesig. Droogtetoestande sal nog vir 'n wyle 'n rol speel en daar word laer vraag verwag in die uraan- en diamantmynsektore. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die Suid-Afrikaanse energiekenner, Chris Yelland, wat kommentaar lewer op die sektore.
Die leier van Nudo, Esther Muinjangue het berigte dat sy ‘n ommekeer gemaak het en weer as partypresident by die kongres sal staan, weerlê. Die party sal sy langverwagte kongres die naweek hou om sy parlementslede en president te verkies. Muinjangue sê sy was baie duidelik toe sy gesê het sy staan nie weer nie.
Die Namibië Finansiële Instellings Toesighoudende Owerheid, Namfisa, het Oktober aangewys as Verbruikersbeskermingsmaand, wat daarop gemik is om verbruikers op te voed oor hul finansiële regte en verpligtinge. Hierdie inisiatief sal die kritieke belangrikheid beklemtoon om verbruikersregte te beskerm en te handhaaf, om verbruikers teen markwangedrag te beskerm en om te verseker dat hulle ingelig is oor hul verantwoordelikhede wanneer hulle met finansiële instellings skakel. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Namfisa se woordvoerder, Victoria Raimond, wat uitbrei.
AfriForum versoek die DA en Vryheidsfront Plus om hul deelname aan die regering van nasionale eenheid te heroorweeg indien die omstrede BELA-wet sonder veranderings in werking gestel word. Die organisasie beplan versetoptrede en beweer die regering verontagsaam verdere gesprekke oor die aangeleentheid. AfriForum se uitvoerende hoof, Kallie Kriel, waarsku die wet hou 'n bedreiging in vir Afrikaanse skole en kan Afrikaanse gemeenskappe negatief raak:
Die Besigheid en Intellektuele Eiendoms-owerheid, Bipa, waarsku eiendomseienaars in die sakewêreld van nie-nakomingsrisiko's. Die owerheid doen 'n beroep op besighede wat onroerende eiendom besit om hul voordelige eienaarskap-status onmiddellik te verifieer, of moontlike regsgevolge in die gesig staar. 'n Beduidende aantal entiteite het versuim om aan nuwe vereistes te voldoen, wat kommer wek oor die wettigheid van hul eiendomsbesit. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Ockert Jansen, Bipa se woordvoerder, wat die risiko's onderstreep vir individue wat nie voldoen nie.
Meer as 215 mense insluitend 35 kinders is dood en tientalle word vermis nadat swaar reën kitsvloede en grondstortings in Nepal veroorsaak het. Baie sterftes is in die digbevolkte hoofstad, Katmandoe, aangemeld. Unicef se woordvoerder, Florine Bos, sê toegang tot noodsaaklike hulpbronne soos vars water sal in die komende dae ʼn probleem wees. Sy sê wanneer die water gesak het, kan oordraagbare siektes soos dengue-koors uitbreek:
Die DA doen regstappe teen die minister van Indiensneming en Arbeid, Nomakhosazna Meth, se plan om 20 000 ras-inspekteurs aan te stel ingevolge die Wet op Diensbillikheid. Die party glo dit sal uitgediende apartheid-era klassifikasie versterk en ekonomiese groei bedreig. Die DA mik daarna om die wet en sy rassekwotas ongrondwetlik verklaar te kry en is eerder ten gunste van 'n nierassige, meriete-gebaseerde ekonomiese stelsel. Woordvoerder Michael Bagraim vra duidelikheid hoe die regering die plan wil befonds te midde van begrotings-beperkings.
Die Amerikaanse ambassadeur by die Verenigde Nasies, Linda Thomas-Greenfield, het Iran se missielaanval op Israel veroordeel en sê dit vererger spanning in die Midde-Ooste. Iran het Dinsdag sowat 200 ballistiese missiele op Israel afgevuur, maar die meeste is met behulp van Amerika onderskep. Volgens Iran was die aanval uit weerwraak op die dood van die Hezbollah-leier, Hassan Nasrallah, en ander. Thomas-Greenfield waarsku nog sanksies gaan teen Teheran ingestel word:
Die ambassadeur van Iran by die Verenigde Nasies, Amir Saeed Iravani, sê sy land se missielaanvalle was noodsaaklik en 'n gelykmatige reaksie op Israel se voortdurende aggressiewe terreurdade. Iran het Dinsdagaand 'n hoëspoed-missielaanval op Israel uitgevoer. Dit was Teheran se grootste aanval ooit op sy streeksvyand. Iravani het aan die VN-Veiligheidsraad gesê Israel moet onmiddellik sy gewelddadige optrede teen Gaza en Libanon staak om verdere optrede te voorkom:
Die Bank van Namibië het aangekondig dat sy kitsbetalingstelsel in September 2025 in werking sal tree, wat intydse oorplasings tussen bankrekeninge, e-beursies en ander finansiële platforms sal fasiliteer. Johannes !Gawaxab, goewerneur van die sentrale bank, het gesê dat die 24/7-stelsel die spoed en doeltreffendheid van finansiële transaksies regoor Namibië sal verbeter. Deur intydse transaksies wyd toeganklik te maak, beoog die bank om finansiële dienste te demokratiseer en mededinging tussen fintech-beginbesighede en tradisionele banke te bevorder. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Sandra Garises, die hoof van kommunikasie by die sentrale bank, wat meer inligting gee.
ActionSA het vasgestel 2 901 maatskappye skuld die Suid-Afrikaanse Inkomstediens 216 miljard Suid-Afrikaanse rand. Een-duisend-156 individue skuld 62 mijard -rand, altesaam 277 miljard rand. Hierdie bedrag verteenwoordig bykans 90-persent van die diens se belastinginkomste. Die diens se begroting is ook met 1,3 miljard rand gesny wat sy vermoë om belasting in te vorder in die wiele ry. Alan Beesley van ActionSA vra vir verhoogde befondsing om doeltreffende belastingvorderings te behaal en beter ondersteuning.
ʼn Israelse aanval op ʼn mediese fasiliteit in sentraal-Beiroet in Libanon, het tot ses sterftes gelei en sewe mense is beseer. Die mediese sentrum behoort aan die Hezbollah-verwante Islamitiese Gesondheidsorganisasie. Dis die eerste Israelse aanval op die hart van die hoofstad sedert die volskaalse oorlog tussen Israel en Libanon in 2006. Israelse aanvalle is ook in Sirië aangemeld waar drie dood is, en in Gaza waar agt sterfgevalle was. Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, veroordeel die verskerping van die Midde-Oosterse konflik:
Lynminister John Mutorwa sê opvoeding is nodig om Namibië se ongeluksyfers af te bring. Die land het 868 of 5,12 persent van totale sterftes wêreldwyd bereik met 44,05 mense per 100 000 wat in motorongelukke in die land sterf, die 14de hoogste in die wêreld. Maar, padveiligheid was in die skoolkurrikulum en is net na onafhanklikheid verwyder deur die destydse onderwysminister Nahas Angula. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Aubrey Oosthuizen van die Weskus Veiligheidsinisiatief, wat sê hoe vroeër opvoeding oor padveiligheidskwessies begin, hoe beter.
Volgens die Lewendehawe- en Lewendehaweprodukteraad het die lewendehawesektor in Augustus jaar-tot-jaar afnames oor alle groot subsektore ervaar, behalwe vir die varke-subsektor. Intussen het die vleisbedryf in dieselfde tydperk verbeterde prestasie getoon. Prysneigings was gemeng, met dalings in speenkalf-, bees- en skaapkarkaspryse, terwyl die beeskarkasprys verbeter het. Desmond Cloete, die raad se bemarkingshoof, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels en gee meer insig oor die beesektor.
Dit gons omtrent omdat die brandstofpryse in Oktober met 1 Namibiese dollar gedaal het, maar net in Walvisbaai. In die binneland het die pryse minder gedaal, veral weens die instelling van die brandstof-vervoertariewe, wat die goedkoper spoortariewe vervang. Jafet Nakanue, ’n vulstasie-eienaar in die noorde, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en sê mense is ontsteld, want hul brandstofprys het net met 48 sent gesak.
Die digitale era het joernalistiek aansienlik beïnvloed. Verkeerde inligting en waninligting versprei vinnig aanlyn, wat die publiek se vertroue erodeer. Die behoefte aan konstante inhoud en dalende inkomste het joernalistieke integriteit in die gedrang gebring en veranderinge in nuusorganisasies veroorsaak. Hierdie uitdagings bedreig die toekoms van joernalistiek se rol in demokrasie. By 'n geleentheid aangebied deur die Namibia Media Trust, onder die tema: "Die bou van veerkragtige inligting-ekosisteme in Suider-Afrika", het die Deutsche Welle Akademie se direkteur van media-ontwikkeling, Natascha Schwanke, 'n voorstel gelewer om wantroue in joernalistiek te bekamp.
Die Black Business Council versoek die insluiting van swart- en ondernemings in vrouebesit in die tweede fase van die vennootskap tussen die regering en die sakesektor wat deur president Cyril Ramaphosa bekendgestel is. Ten spyte van vordering op terreine soos energie, vervoer en vermindering van misdaad, glo Kganki Matabani van die raad dat meer diverse ondernemings voorrang moet geniet vir ekonomiese groei en werkskepping.
Klasse by die Ndama Junior Primêre Skool in Rundu is vir ’n onbepaalde tyd opgeskort weens sanitasiekwessies. Dit kom nadat die Namibië Nasionale Onderwysersunie, Nantu, gedreig het om die skool te sluit weens nie-funksionele toilette en 'n gebrek aan water. Nantu sê daar is meer skole met dieselfde probleme. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Edda Bohn, die adjunk-uitvoerende direkteur van onderwys, wat sê hulle werk aan die kwessies.
Die MANCOSA Skool van Onderwys sê hoewel leermodelle van kunsmatige intelligensie in die toekoms al hoe meer invloedryk sal raak, moet ʼn gebalanseerde benadering gebruik word ten opsigte van integrasie. MANCOSA-woordvoerder, Stephan van der Westhuizen, sê die impak van mens-gebaseerde onderwysmodelle durf nie agterweë gelaat word nie, veral binne die Suid-Afrikaanse konteks.
Reënval alleen kan nie optimale weiveldherwinning verseker nie, volgens Erastus Ngaruka, tegniese adviseur vir vee en weiveld by die Landboubank van Namibië. In Namibië se kommunale gebiede gaan weiveld agteruit as gevolg van praktyke soos oorbeweiding, bosindringing en gronderosie. Oorbeweiding verswak die mededingende vermoë van grasse, en dan neem ongewenste spesies, soos houtagtige plante en onkruide, oor. Selektiewe beweiding dra ook by tot 'n afname in waardevolle grassoorte. Om langtermynherstel te bewerkstellig en noodsaaklike grasspesies vir ekosisteemstabiliteit te herstel, is volhoubare weiveldbestuur noodsaaklik. Kosmos 94.1 Nuus het met Ngaruka gepraat, wat verduidelik.
Die Suid-Afrikaanse Windenergievereniging berig miljoene huishoudings ontvang tans windenergie deur Eskom. Bedryfsleiers het op die 13de jaarlikse Windaba-konferensie in Kaapstad gesê ongeveer 3,6-miljoen huishoudings vind baat by bekostigbare windenergie, met tariewe wat die afgelope dekade met meer as 100-persent verlaag is. Morongoa Ramaboa van die vereniging sê egter ondanks vordering, duur verskeie infrastruktuuruitdagings voort.
Die Fine Art Gallery in Swakopmund nooi kunstenaars van regoor die wêreld om voorleggings vir die Afrika Natuurlewekunstenaar van die Jaar 2025-kompetisie in te dien. Die sperdatum vir voorleggings is 28 Februarie 2025 en die toegangsfooi is 200 Namibiese dollar per kunswerk. Die kompetisie se tema is “Wild in hul natuurlike omgewing”. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die galery se eienaar, Martina von Wenzel, wat die belangrikheid van die kompetisie uitlig. Die fondse wat ingesamel word gaan na die Pangolin Conservation and Research Foundation.
Die maatskappy het ook sy stroomop-eksplorasievermoë versterk deur uitplaasooreenkomste met Chevron aan te gaan. Coelho het meer.
Namcor het sy 2024-vorderingsopdatering vrygestel, wat 'n belangrike jaar in sy transformasie merk. Sleutelmylpale sluit in die ontwikkeling van 'n handelsmaatskappy-omkeerplan en finansiële herstrukturering. Bedryfsdoeltreffendheid, soos die integrasie van verkope, bemarking, verskaffing en logistiek, het gelei tot ‘n besparing van 22 miljoen Namibiese dollar. Die heronderhandeling van sleutelverskafferkontrakte, insluitend die Basiese Brandstofprys-ooreenkoms, sal bruto marges met 15 miljoen dollar oor die volgende 12 tot 18 maande verhoog. Paulo Coelho, Namcor se woordvoerder, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en gee meer inligting.
Volgens arbeidskenner Herbert Jauch, het die Namibiese regering die neo-liberalistiese benadering gevolg deur alles na die mark te oriënteer, wat ongelykheid en ongelyke verspreiding van hulpbronne bevorder. Jauch het verwys na Recon Africa se eksplorasiewerk en sê dat die gemeenskap nie ten volle by sekere ekonomiese aktiwiteite baat nie. Kosmos 94.1 Nuus het met Jauch gesels, wat sê Namibië moet sy ontwikkelingsplan hersien.
'n Herrie het losgebars tussen politieke partye en die Verkiesingskommissie van Namibië oor die openbare verkryging van stembriewe vir die verkiesing. 'n Vergadering gister tussen die Politieke Partye Skakelkomitee en die kommissie moes ontbind na groot onenigheid. Dit was na die kommissie gesê het hy sal openbare verkryging vir die stembriewe staak en die finansministerie vra om noodverkryging toe te laat, weens beperkte tyd. Die partye het vandag weer vergader, en volgens LPM-president Bernadus Swartbooi het die kommissie versuim om die bod vir die druk van die stembriewe betyds te adverteer. Hy sê op 'n perskonferensie die kommissie het sy plig versuim en dat hulle slegs maatskappye sal gebruik waarmee hulle gemaklik is. Swartbooi is aan die woord.
Die jaarlikse Spoorveiligheidskonferensie in Stellenbosch het die behoefte aan beter spoorveiligheid onthul. Die Spoorveiligheidsreguleerder en waarnemende uitvoerende hoof, Mmuso Selaledi, het die behoefte aan verbeterde spoorinfrastruktuur beklemtoon. Hy het verwys na die Paarl-voorval waarin 24 mense beseer is, en 'n botsing in Mpumalanga wat ses lewens geëis het. Hy sê veiligheidsverbeterings en tegnologiese innovering in die bedryf is nodig.
Namibiese media- en burgerlike organisasies, in vennootskap met Africa Check en ondersteun deur die Google Nuus-inisiatief, het 'n koalisie gevorm om geloofwaardige inligting voor die November-verkiesing te bevorder. Dit is daarop gemik om kiesers te help om krities by inligting betrokke te raak en ingeligte besluite by die stembus te neem. Die koalisie sal politieke eise nagaan, onpartydige inligting oor sleutelkwessies verskaf en die publiek toerus met die vaardighede om verkiesingsverwante waninligting te identifiseer. Die inisiatief is tydig, gegewe die toename in verkiesingsverwante disinformasie namate Namibië se politieke landskap meer mededingend word. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Frederico Links, die hoofnavorser by Namibia Fact Check, wat hul doelwit verduidelik.
Die Verenigde Nasies se Menseregteraad is bekommerd oor die toenemende vyandelikhede in die Midde-Ooste en die moontlikheid van 'n streekoorlog. Iran het gisteraand 'n missielaanval op Israel uitgevoer na die dood van die Hizbollah-leier Hassan Nasrallah. Dit het gevolg 'n paar uur na Israel se aankondiging dat hy 'n beperkte, plaaslike grondoperasie in Libanon van stapel gestuur het. Die VN se Menseregte-woordvoerder, Liz Throssell, sê alle partye moet 'n duidelike onderskeid tref tussen militêre teikens en burgerlikes.
Volgens die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing moet Namibië en ander Afrika-uitvoerders dringend hul koolstofintensiewe industrieë ontkoolstof om finansiële boetes onder die EU se koolstof-grensaanpassingsmeganisme te vermy. Die meganisme is in Oktober 2023 ingestel met 'n oorgangstydperk van twee jaar en teiken koolstof-intensiewe sektore soos yster, staal, sement en aluminium, wat moontlik Namibiese uitvoere kan beïnvloed. Dit sal van Namibiese uitvoerders vereis om die koolstofvrystellings wat in hul produkte ingebed is, aan te teken en aan te meld, wat 'n verskuiwing na lae-koolstof produksiemetodes aanmoedig. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Suzie Shefeni, 'n navorsingsgenoot by die instituut.
Die direkteur van onderwys in Kavango Oos, Christine Shilima, het klasse by Ndama Junior Primêre Skool onbepaald opgeskort weens sanitasiekwessies. Dié optrede het gekom nadat die Namibië Nasionale Onderwysersunie, Nantu, gedreig het om die skool in Rundu te sluit weens sy stukkende toilette en gebrek aan water, wat die afgelope drie weke voortduur. Nantu ondersoek ook 'n ander skool wat soortgelyke toestande ondervind, met planne om dit te sluit. Kosmos 94.1 Nuus het met Thomas Niilonga, adjunk-sekretaris-generaal van Nantu, gepraat.
Die Lughawensmaatskappy van Suid-Afrika sê hy verwelkom die nuwe vlugroetes en bykomende vlugte na verskeie van sy lughawens, veral terwyl die land in Oktober Vervoermaand vier. Air Botswana se eerste vlug tussen Gaborone en Durban vind volgende Vrydag plaas met ʼn regstreekse vlug na King Shaka Internasionale Lughawe. ACSA se woordvoerder, Ernest Mulibana, sê van een November af stel British Airways ook meer vlugte in tussen Kaapstad Internasionale Lughawe en Heathrow-lughawe in Londen:
‘n Ondersoek is gelas na ‘n brand by die Gobabis-landdroshof ontstaan het. Volgens berigte het ‘n polisiebeampte by die polisie barakke by die hof rook in die vroeë oggendure van Dinsdag gesien. ‘n Verdagte is ook gewaar en het ‘n ruit gebreek en aanklaers se kantoor brand gesteek. Kosmos 94.1 Nuus het met hoofinspekteur Elifas Kuwinga van NamPol gesels oor die vordering van die ondersoek.
Die Brent ru-olieprys verhandel tans bo 75 Amerikaanse dollar ‘n vat, op van die 70 dollar wat Dinsdag aangeteken is. Die kommoditeit het in die afgelope dat met 3,5 persent gestyg na Iran Israel aangeval het en Israel nou sy terugaanval beplan. Die bekende ekonoom Dawie Klopper het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor wat voorlê.
Die vergadering tussen die Hardap-produsente, Namibia Dairies, die Mariental-munisipaliteit en NamWater het volgens berigte baie goed afgeloop. Produsente het NamWater se onttrekkingsyfers bevraagteken en besprekings het ook gesentreer op die 4,3 miljoen kubieke meter water dooie-kapasiteit van Hardap. Daar is bevind dat ‘n totaal van twee miljoen kubiek hiervan onttrek kan word. ‘n Nuwe voorlegging vir benutting in die huidige maand sal aan die lynministerie en NamWater se bestuur voorgelê word. NamWater se uitvoerende hoof Abraham Nehemia het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Die Lewendehawe en Lewendehawe Produkteraad het die proses begin om te verseker dat beesvleisuitvoerende abattoirs en boere voldoen aan die streng nuwe EU-standaarde rakende ontbossing. Die nuwe wette sal op 1 Januarie 2025 in werking tree en sal almal wat goedere na die Europese mark wil uitvoer dwing om bewys te lewer dat die produkte nie van ontboste grond afkomstig is of daartoe bygedra het nie. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Dr. Anja Boshoff van die raad, wat sê hulle het 'n deklarasie geskep.
Die debat tussen die twee vise-presidentskandidate in die VSA was ‘n louwarm affêre. Beide JD Vance van die Republikeine en Tim Walz van die Demokrate het uiters beleefd voorgekom en gefokus op beleid. Terwyl albei sê hulle is tevrede se ‘n regeringskundige Natasha Lindstaedt, van die Essex Universiteit, geen kieser sal geswaai word nie.
Die Verkiesingskommissie het ’n finale sperdatum uitgereik vir onafhanklike kandidate om hul ondersteunerslyste in te dien, gebaseer op die 2024 Kiesersregister. Sulke kandidate moet kennis neem dat die 2014 Kieserslys op 30 September verval het. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met De Wet Siluka, die kommissie se woordvoerder, wat sê benoemings sal nou tot 14 Oktober duur.
President Cyril Ramaphosa sê die regering van nasionale eenheid is heelhartig verbind om met die hervormingsagenda voort te gaan en groter en meer inklusiewe ekonomiese groei te bereik. Hy het gisteraand in Johannesburg fase twee van die regering/sake-vennootskap bekendgestel waar hy ook met meer as 80 uitvoerende hoofde vergader het. Ramaphosa sê hulle het deur hierdie vennootskap probeer om die vaardighede, talent, kennis en welwillendheid in die land op ekonomiese groei en werkskepping te mik:
Build One South Africa het die regering van nasionale eenheid versoek om 'n omvattende plan vir staatsbestuur aan te neem. BOSA sê die regering se eerste 100 dae was 50-persent suksesvol met 'n gebrek aan gedeelde beleidsrigtings. Dit het aanleiding gegee tot vertragings rondom sleutelkwessies soos die BELA-wet en die Nasionale Gesondheidsversekeringsplan. BOSA se leier, Mmusi Maimane, het gewaarsku beleidsdooiepunte en groeiende verdeeldheid bedreig die administrasie se bestendigheid:
Die twee vise-presidentskandidate in die VSA, JD Vance en Mike Walz se debat is afgehandel. Dit was uiters beleefd en het op beleid gefokus. CBS News het dit aangebied en aan Vance gevra op hy die stemmery sou sertifiseer, ongeag die uitslag, veral na 6 Januarie 2020.
Die DA het die beslissing van die Appèlhof verwelkom om die aansoek van die voormalige Openbare Beskermer, Busisiwe Mkhwebane van die rol te skrap. Sy het die Wes-Kaapse Hooggeregshof se uitspraak betwis wat haar aansoek met koste afgewys het om die voorsitter van die parlementêre Artikel 194-komitee, Qubudile Dyantyi, en DA-parlementslid Kevin Mileham te laat onttrek. Glynnis Breytenbach van die DA sê die hof het met reg beslis Mkhwebane se appèl is prosedureel gebrekkig en absoluut ligsinnig:
Pastoor Danie Danda van die Alliansie van Christelike Kerke sê egter hulle ondervind probleme met die sentrum. Hy verduidelik.
Die Finansiële Intelligensiesentrum poog om te verhoed dat onwettige operateurs nie-winsgewende organisasies en kerke as fronte vir onwettige aktiwiteite gebruik. Hulle moet elke jaar saam met hul jaarverslae bewyse van hul befondsing verklaar en indien, of die sentrum kan regstappe neem. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met biskop Lukas Katenda van die Gereformeerde Evangeliese Anglikaanse Kerk Namibië, wat sê dis 'n goeie ding en hulle voldoen aan die vereistes.
Die Israeliese eerste minister Benjamin Netanyahu sê Iran het 'n groot fout gemaak met die missielaanval op sy land en hy gaan daarvoor betaal. Minstens een mens is dood en verskeie ander tydens die aanval beseer wat Iran sê 'n reaksie is op die dood van die Hizbollah-leier, Hassan Nasrallah en andere. Die Israeliese ambassadeur by die Verenigde Nasies, Danny Danon, sê hulle het geen begeerte vir oorlog nie, maar hulle kan nie sit en wag terwyl burgerlikes aangeval word nie:
Nasionale polisiekommissaris Fannie Masemola het bevestig 'n persoon word ondervra in verband met verlede week se massa-skietvoorval in Lusikisiki in die Oos-Kaap. Niemand is nog in hegtenis geneem nie, maar speurders probeer vasstel of daar voldoende bewyse is om die persoon in hegtenis te neem. Masemola het vertroue uitgespreek dat mense binnekort aangekeer gaan word omdat die polisie sleutel-verdagtes identifiseer het:
Tussen 1904 en 1908 het Duitsland volksmoord op Namibië se Ovaherero- en Nama-bevolkings gepleeg. Daar word beraam dat 80 persent van die Ovaherero- en 50 persent van die Nama-bevolkings dood is van hongersnood, dors, harde arbeid en blootstelling aan onmenslike toestande. Dit is vandag die 120ste herdenking van die uitwissingsbevel wat op 2 Oktober 1904 deur luitenant-generaal Lothar von Trotha uitgereik is. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Maboss Ortmann, 'n lid van die Nama Tradisionele Leiersvereniging se tegniese komitee, wat sê dat hulle in solidariteit met die Ovaherero is.
Privaat sektor kredietverlening het in Augustus met 2,1 persent gestyg, vergeleke met 1,8 persent in Julie, volgens 'n verslag deur Cirrus. Stygings is oor die meeste besigheids- en huishoudelike kategorieë aangeteken, behalwe vir huishoudelike verbandkrediet, wat 'n daling beleef het as gevolg van dalende plaasverbandlenings. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Tannan Groenewald, hoof van data en analise by Cirrus, wat meer deel.
Klimaatsverandering het onder die loep gekom tydens die debat tussen die Amerikaanse vise-presidente, die Republikein JD Vance en Demokraat Tim Walz, veral na die verwoesting van orkaan Helene. Donald Trump glo nie aan klimaatsverandering nie en JD Vance maak melding van vreemde wetenskap.
Die Suid-Afrikaanse Lugdiens het aangekondig dat hy 'n derde daaglikse vlug tussen Windhoek en Johannesburg vanaf 27 Oktober sal bedryf. Air Connect Namibia het die stap verwelkom, wat daarop gemik is om reisopsies te verbeter en in die groeiende vraag na lugreise in die streek te voorsien. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Dan Kamati, die woordvoerder van die Namibië Lughawensmaatskappy, wat uitbrei.
Iran het laat Dinsdagaand ʼn missielaanval op Israel uitgevoer ná die dood van die Hezbollah-leier, Hassan Nasrallah en ander. Minstens een persoon is in die aanval dood en talle ander is beseer. Iran se aanval volg ure nadat Israel aangekondig het hy het ʼn beperkte grondoperasie in Libanon begin. Amerika se woordvoerder vir Nasionale Veiligheid, Jake Sullivan, sê Iran het sowat 200 ballistiese missiele op Israel afgevuur en Amerikaanse torpedojaers het Israel gehelp om dit af te skiet:
Die langverwagte debat tussen die twee vise-presidensiële kandidate Tim Walz vir die Demokrate en JD Vance vir die Republikeine het sowat 90 minute terug afgesluit. CBS News het die debat gereël. Die kwessie van Iran is bespreek maar die vraag aan die twee kandidate het gehandel oor Iran en kernwapens. Donald Trump het tydens sy presidensie, ‘n verdrag met die land, om kernwapens te keer, verlaat. Walz het so geantwoord.
Die Walvisbaai-munisipaliteit het 1,5 miljoen Namibiese dollar van die Walvis Bay Backyard Tenants Group ontvang, wat 'n groot vooruitgang in die oplossing van die behuisingskwessie verteenwoordig. Die betaling is gebruik om die aankoop van Gedeelte 19 van Plaas 37 by die hawedorp op 1 Augustus af te handel. Die Walvis Bay Backyard Tenants Group, wat gestig is om behuising vir die gemeenskap te verseker, het meer as 2 000 lede. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Immanuel Festus, die groep se verteenwoordiger, wat sê hulle het die geld bymekaar gemaak deur maandelikse bydraes van lede. Hulle wag nog vir dienste, maar het planne.
Amerikaanse visepresident Kamala Harris het haar verkiesingsveldtog onderbreek en teruggekeer na Washington, weens die verwoestende orkaan Helene. Ten minste 116 mense is dood tydens die aanslag, onder meer in oorstromings en modderstortings. Reddingspogings duur voort en die dodetal kan styg, volgens amptenare. Harris het in Washington gepraat met federale reddingswerkers.
Die Namibia Economic Freedom Fighters kan nou voorbereidings tref om aan die November-verkiesings deel te neem. Die Namibiese Verkiesingskommissie het die party in Junie gederegistreer, wat deur die party in die hof uitgedaag is en in September deur die hof omgekeer is. Die kommissie het aangekondig hy sal by die hof se uitspraak hou. Longinus Iipumbu, die NEFF se adjunkleier, het by 'n perskonferensie sy ontevredenheid oor hierdie laat kennisgewing uitgespreek. Hy sê dis tyd dat Namibiërs 'n party kry wat vir hulle staan.
Die DA het sy oproep herhaal dat die justisieminister, Thembi Simelane, van haar pligte onthef word. Dit volg te midde van nuwe bewerings van teenstrydighede in haar leningsooreenkoms met die fasiliteerder van VBS Mutual Bank, Gundo Wealth Investments. Volgens News24 is die leningsooreenkoms waarskynlik teruggedateer. Glynnis Breytenbach van die DA, sê Simelane kan nie voortgaan in haar rol nie want die bewerings werp ’n skadu oor haar vermoëns om haar pligte uit te voer.
Oktober is borskankerbewustheidsmaand! Borskanker is steeds 'n beduidende uitdaging in Namibië, veral om die groot aantal vroue wat in gevorderde stadiums gediagnoseer word te verminder. Elke jaar word meer as 550 vroue in die land met borskanker gediagnoseer. Ongelukkig is baie van hierdie diagnoses in laat stadiums, wat lei tot swak prognoses en uitkomste. In reaksie hierop is die Kankervereniging van Namibië, CAN, aan die voorpunt van pogings om borskanker te bekamp deur bewusmaking en siftingsinisiatiewe. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Rolf Hansen, die vereniging se uitvoerende hoof.
Headspring Investments het tydens 'n raadplegende vergadering met die Parlementêre Staande Komitee oor Natuurlike Hulpbronne aangedring dat hul boorbedrywighede in die Stampriet artesiese kom streng voldoen het aan Namibiese wetgewing. Dit kom nadat die landbouministerie twee prospekteerpermitte wat aan die maatskappy uitgereik is, gekanselleer het. Percy Misika, uitvoerende direkteur van landbou, het Headspring in 'n brief gedateer 9 November 2021 meegedeel dat die ministerie die permitte kanselleer weens geïdentifiseerde growwe nalatigheid. Headspring beweer daar is 'n agenda, aangesien hulle die kansellasiebrief gekry het nadat dit eers deur boere in die omgewing ontvang is. Vanessa Bohitile, die bestuurder van strategiese ontwikkelings by Headspring Investments, het meer.
Hardap-produsente slaak 'n sug van verligting na 'n vergadering met Namibia Dairies, die Mariental-munisipaliteit en NamWater. Die dam is net 7,8 persent vol en ‘n nuwe voorlegging vir benutting hierdie maand sal aan die lynministerie en NamWater voorgelê word. Intussen kan produsente water kry. Een van die produsente, Rico Bothma, is aan die woord.
Die Algemene Nywerheidsvakbond, Giwusa, versoek die regering om die stygende lewenskoste en toenemende hongerkrisis aan te spreek. Hulle voer aan die jongste huishoudelike bekostigbaarheidsaanwyser toon voedselpryse styg wat dit moeiliker maak vir families om noodsaaklikhede te bekostig. Die vakbond maak voorspraak vir ʼn minimumloon van 15 000 Suid-Afrikaanse rand, ʼn universale basiese inkomstetoelaag, en beter regulering van voedselpryse om sukkelende gemeenskappe te ondersteun. Die president van Giwusa, Mametlwe Sebei, sê werkerslone en maatskaplike toelaes hou nie tred met inflasie nie.
Die land se handelsbalans het in Augustus op 'n tekort van 3,6 miljard Namibiese dollar gestaan, vergeleke met 'n tekort van 2,1 miljard dollar in Julie en 'n tekort van 4,9 miljard dollar in Augustus verlede jaar. Dit is volgens die Namibië Handelsware Handel Statistiek Bulletin vir Augustus, wat deur die Namibië Statistieke-agentskap uitgereik is. Suid-Afrika is steeds Namibië se grootste mark vir beide uitvoere en invoere. Mirjam Shihepo, die skakelbeampte by die statistieke-agentskap, het 'n paar insigte oor die inhoud van die verslag gegee.
Tydens 'n openbare lesing van die Bank van Namibië by Unam het die bank se goewerneur Johannes !Gawaxab gepraat oor "Modernisering van Namibië se finansiële landskap vir 'n voorspoedige toekoms". Tydens sy lesing het hy die bank se verlede bespreek en spesifiek gefokus op die toekoms van die bankbedryf wanneer dit kom by tegnologiese vooruitgang. !Gawaxab het ook die bydrae van die handelsbanke tot die land se BBP aangespreek.
Adjunkpresident Paul Mashatile sê die regering van nasionale eenheid se strategiese voorkeure is om volhoubare ekonomiese groei te bereik, armoede te verlig en ʼn etiese, bevoegde ontwikkelingstaat te ontwikkel. Hy is tans op ʼn werksbesoek aan die Verenigde Koninkryk wat een van Suid-Afrika se belangrikste bilaterale vennote is, veral wat handel, belegging, toerisme en Billike Energie-oordrag betref. Mashatile het aan Bloomberg gesê die regering van nasionale eenheid wil ʼn gunstige beleggingsomgewing skep:
Die Universiteit van Namibië en die Nasionale Beplanningskommissie het 'n memorandum van verstandhouding onderteken om 100 staatsamptenare met kritieke projekbestuurvaardighede toe te rus. Die opleiding sal gefasiliteer word deur die Namibië Sakeskool, in noue samewerking met die Projekbestuur-instituut van Namibië en die Prestasieleweringseenheid. Hierdie samewerking is daarop gemik om die vermoëns te verbeter van staatsamptenare verantwoordelik vir die koördinering en lewering van nasionale ontwikkelingsprojekte. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Unam se woordvoerder, Simon Namesho, wat meer inligting gee.
Orkaan Helene het geskiedkundige skade in die suidooste van die VSA aangerig met honderde mense wat steeds vermis is. Die federale regering het reeds fondse en dienste beskikbaar gestel vir die verskeie deelstate wat Florida en die twee Carolinas insluit, wat geraak is. Maar, die Republikeinse presidentskandidaat Donald Trump kom onder skoot vir die verpolitisering van die ramp. Hy het in Georgia, wat ook geraak is, dit te sê gehad.
Klagtes het begin opduik oor toenemende misdaad in Klein Windhoek oorkant die Hidas-sentrum, wat deur motorwagte gepleeg word. Onlangs is twee toeriste by die sentrum beroof, volgens 'n sosiale media-plasing deur 'n barmhartige samaritaan wat die toeriste bygestaan en hul besittings teruggekry het. Geen bystand is egter van die polisie in die omgewing ontvang nie. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met raadslid Brian Black van die Windhoek-Oos Kiesafdeling, wat sê hy het die kwessie met die Stad Windhoek opgeneem.
Die Verdrag vir die Toekoms, wat op 22 September deur die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering, Namibië ingesluit, aanvaar is, doen 'n beroep op staats- en regeringshoofde om 56 konkrete stappe te neem om huidige en toekomstige geslagte te beskerm. Henk Mudge, die president van die Republikeinse Party sê die verdrag is 'n nuwe wêreldorde en het sy kommer daaroor uitgespreek.
Die groter meerderheid geregistreerde kiesers in Namibië beslaan die sogenaamde Generation Y, gebore tussen 1982 en 1996, met van 900 102 individue uit die totaal van amper 1, 450 miljoen kiesers. Rondom 42 persent van die kiesers vanjaar is tussen die ouderdomme van 18 en 34 wat ‘n invloed op die uitkoms moet hê, veral met die uitdagings wat die jeug het. Kosmos 94.1 het met die ontleder dr. Marius Kudumo gesels. Hy sê dit behoort ‘n invloed te hê maar vra of die jeug sal opdaag.
Drie gru-verkragtings is onlangs in die Omusati-streek aangemeld. 'n 104-jarige vrou is na bewering deur 'n 33-jarige familielid verkrag en 'n 12-jarige meisie deur haar twee ooms. Voor dit is 'n polisiesersant in hegtenis geneem weens die beweerde verkragting van sy 15-jarige dogter. In al die gevalle woon die beskuldigdes en slagoffers in dieselfde huis. Die Omusati-polisie se streekbevelvoerder, kommissaris Ismael Basson, het met Kosmos 94.1 Nuus oor hierdie sake gepraat.
Die regerings van Suid-Afrika en Lesotho sê hulle is voorbereid op die sluiting van ses maande van die Lesotho Hoogland-waterprojektonnel. Die minister van Water en Sanitasie, Pemmy Majodina, en haar ampsgenoot in Lesotho, die minister van Natuurlike Hulpbronne, Mohlomi Moleko, vra mense om gedurende hierdie tyd saam te werk om water en energie te bespaar teneinde ontwrigtings te beperk. 'n Woordvoerder van die Suid-Afrikaanse departement, Mandla Mathebula, sê omvattende maatreëls is ingestel om watersekerheid regdeur die instandhoudingswerk te verseker:
Die Namibië Jeug Energie-forum, die voorste forum vir jong Namibiërs in die energiebedryf, het 'n Groenwaterstof Roadshow van stapel gestuur met befondsing van GIZ Namibia. Die toer sal voortgaan met sessies in Ongwediva en Rundu na 'n suksesvolle meesterklas in Tsumeb. Die doel van die meesterwerksessies is om jong Namibiërs 'n deeglike begrip van die groenwaterstofbesigheid te gee, die potensiaal daarvan te beklemtoon en voordelige werksopsies bekend te stel. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Fanuel Shinedima, die forum se uitvoerende hoof, wat die belangrikheid daarvan onderstreep.
Die Britse regering het 'n huurvlug gereël vir Britte wat Libanon wil verlaat te midde van toenemende geweld. Daar is kommer oor die toenemende geweld in die Midde-Ooste nadat die Hezbollah-leier, Hassan Nasrallah, die naweek in Israelse lugaanvalle op Beiroet dood is. Die Israelse Weermag het ook beperkte, plaaslike en geteikende grondaanvalle teen Hezbollah in Libanon van stapel gestuur. Brittanje se minister van Buitelandse Sake, David Lammy, sê die vlug sal môre vanaf die Beiroet-Rafic Hariri-Internasionale Lughawe vertrek:
Die direkteur van Gun Free South Africa, Adèle Kirsten, is besorg oor die massaskietery van 18 mense die naweek in Lusikisiki. Statistieke toon 34 vuurwapen-verwante sterftes word daagliks aangemeld met 24 vuurwapens wat wegraak. Kirsten het strenger vuurwapenhervormings bepleit asook die verbetering van die vuurwapenregister en beklemtoon doeltreffende vuurwapenbeheer is noodsaaklik vir vuurwapenbeheer:
Die Amerikaanse president Joe Biden het Orkaan Helene as geskiedkundig bestempel met ten minste tien state wat deurgeloop het. Nagenoeg 116 mense is dood nadat Helene verlede Donderdag in Florida aangeland het. Dit het as kategorie vier begin en die kragtigste op rekord geword om Florida se Big Bend te tref, voordat dit noord na Georgia, die Carolinas en Tennessee beweeg het. Biden, wat die gebied later die week sal besoek, sê 600 mense word vermis:
Die Protea-snelbouler Kagiso Rabada is terug in die span nadat toetsafrigter, Shukri Conrad, ’n groep van 15 aangekondig het vir volgende maand se reeks van twee wedstryde teen Bangladesj. Die Proteas kom op 16 Oktober in Dhaka aan en die eerste wedstryd begin vyf dae later. Rabada sal die snelaanval lei wat die tweetal van Westelike Provinsie, Nandré Burger en Dane Paterson, insluit. Conrad verwag nie speeltoestande wat gunstig sal wees vir snelboulwerk nie:
Die Namibië Beleggingsbevordering en -ontwikkelingsraad het oorgeskakel na 'n nuwe bestuurstruktuur. Die raad sal nou bestaan uit onafhanklike nie-uitvoerende lede, onder voorsitterskap van 'n presidensiële aanstelling. Die raad se uitvoerende hoof sal aan die direksie en die president verslag doen. 'n Nuwe Tegniese Beleggingskomitee sal saamgestel word om staatsdienslewering aan te dryf en die gemak van sake doen te verbeter. Catherine Shipushu, die raad se senior bestuurder van kommunikasie, bemarking en handelsmerke sê dat 'n nuwe direksie aangestel sal word. Die huidige adviesraad se termyn eindig op 31 Oktober.
Die Israelse weermag sê hy het begin met beperkte, plaaslike en geteikende grondoperasies teen Hisbolla die suide van Libanon. Hy sê soldate sal daarop fokus om onmiddellike bedreigings uit Libanese dorpies langs die grens te verwyder, insluitend Hisbolla se vermoë om noordelike Israel te infiltreer. Vyf-en-negentig mense is Maandag in Israelse aanvalle in Libanon dood. Die Verenigde Koninkryk se minister van buitelandse sake, David Lammy, sê die situasie in Libanon is plofbaar en kan vinnig versleg:
Die DA sê hy is gekant teen enige voorgestelde verhoging van Suid-Afrika se nasionale minimumloon omdat dit die land se hemelhoë werkloosheidsyfer sal vererger. Maandag was die laaste dag waarop belanghebbers geskrewe kommentaar oor moontlike veranderinge aan die minimumloon kon indien. Michael Bagraim van die DA sê deur die huidige minimumloon te behou, word ʼn balans geskep tussen die beskerming van bestaande werkers terwyl dit terselfdertyd deure oopmaak vir indiensneming:
Die Schumacher Bonsmara-veiling is geskeduleer vir 8 Oktober by die Agra Bank Windhoek arena en sal om ses-uur begin. Die veiling sal ook aanlyn beskikbaar wees, met ongeveer 20 bulle en 60 vroulike diere. Marc Schumacher, die eienaar van Schumacher Bonsmara, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels en sê dis nou 'n goeie tyd om te koop.
Die kwessie van ’n basiese inkomstetoelaag is dikwels in die nuus, weens die hoë vlakke van armoede en voedselonsekerheid. Die regering beplan om die voorwaardelike inkomstetoelaag van 600 Namibiese dollar per huishouding na stedelike sentrums uit te brei, as deel van droogtehulp. Die Basic Income Grant-koalisie en ander veg vir 'n universele basiese inkomstetoelaag van 500 Namibiese dollar per persoon as 'n omvattende en volhoubare oplossing. Kosmos 94.1 Nuus het die PDM se sekretaris-generaal Manuel Ngaringombe gevra vir hul standpunt oor 'n basiese inkomstetoelaag.
Die voorsitter van die Namibiese Akkerbouraad, Hubertus Hamm, het gevra vir 'n hersiening van die Suider-Afrikaanse Doeane-unie-ooreenkoms om handelsuitdagings aan te spreek. Hy het die behoefte aan hervormings beklemtoon om gebalanseerde handel en billike ontwikkeling tussen lidlande te verseker. Hamm het beklemtoon dat Namibië kollektiewe groei ondersteun en het Suid-Afrika gekritiseer omdat hulle nie ten volle by die ooreenkoms hou nie. Reaksie is ontvang van Dr. Theo de Jager, voorsitter van die Wêreld Boere-organisasie, wat sê die hele stelsel moet reggeruk word.
Namibia Breweries Limited het sy verkorte gekonsolideerde tussentydse finansiële resultate vir die tydperk geëindig 30 Junie aangekondig, wat 'n toename van 19,8 persent in netto inkomste tot 4,057 miljard Namibiese dollar beklemtoon. Dit is aangedryf deur sterk groei in wyn, sider en spiritualieë, tesame met 'n toename in markaandeel in bier. Bedryfswins het met 10,6 persent gestyg, terwyl netto wins na belasting op 'n jaargrondslag met meer as 90 persent gedaal het, grootliks as gevolg van beduidende eenmalige winste in 2023. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die brouerye se bestuurder van korporatiewe sake, Surihe Gaomas-Guchu.
Die dood van Hezbollah-leier Hassan Nasrallah het 'n hupstoot gegee aan die eens beleërde Israeliese premier Benjamin Netanyahu. Netanyahu het in 'n televisieverklaring gesê die sluipmoord is ’n keerpunt in die oorlog. Hy het gesê Israel het momentum en hulle wen. Volgens 'n opname deur Israel se N12 News, het 43 persent van respondente Sondag gesê Netanyahu se hantering van die oorlog is goed, teenoor 35 persent 10 dae vroeër. Netanyahu het ook 'n televisieboodskap aan die mense van Iran gerig, en sê die mense van Israel ondersteun hulle. Luister self.
Die Verdrag vir die Toekoms, wat op 22 September deur die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering aanvaar is, doen 'n beroep op staats- en regeringshoofde om 56 konkrete stappe te neem om die belange en behoeftes van huidige en toekomstige geslagte te beskerm. Henk Mudge, die president van die Republikeinse Party, sal 'n perskonferensie hou oor Namibië se ondertekening van die ooreenkoms. Kosmos 94.1 Nuus het met Mudge gepraat.
President Cyril Ramaphosa sê geregtigheid sal geskied ná Vrydag se massaskietery in Lusikisiki in die Oos-Kaap wat die lewens van 18 mense, meestal vroue, geëis het. Hulle het voorberei om 'n grafsteen-onthulling by te woon vir twee familielede wat verlede jaar vermoor is. Ramaphosa se woordvoerder, Vincent Mangwenya, sê die president het sy meegevoel met die slagoffers se families betuig en die versekering gegee spesialisspeurders en forensiese kundiges van die polisie is ontplooi om ondersoek in te stel.
Die myne- en energieministerie het verskeie sleutelveranderinge aangekondig aan vervoertariewe, wat brandstofpryse sal beïnvloed. Die padgebruikersheffing, wat deel vorm van die brandstofprys en na die Padfonsadministrasie gaan, is met 25 sent per liter verhoog na 2 Namibiese dollar 23 sent per liter. Die geweegde brandstof-vervoertariewe is ook ingestel om die spoortariewe tussen Walvisbaai en binnelandse brandstofdepots te vervang. Die nuwe tariewe is gemiddeld sowat 21,9 persent hoër as die spoortariewe. Dit sal dus brandstofpryse in die binneland verhoog. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Abednego Ekandjo, die ministerie se hoofpetroleumekonoom, wat die vervoerkoste verduidelik.
Die minister van Binnelandse Sake, Leon Schreiber, het ʼn vyfjaarstrategie bekendgestel, bekend as “Binnelandse Sake by die Huis”, wat die dienste van die departement teen 2029 sal digitaliseer. Dit is daarop gemik om landsburgers in staat te stel om aanlyn toegang te kry tot dienste soos ID- en paspoortaansoeke, wat die noodsaaklikheid uitskakel om persoonlik besoek af te lê en doeltreffendheid en sekerheid verbeter. Schreiber benadruk dat digitale oorgang die sleutel is tot ekonomiese groei en gebruikersvriendelike dienste.
Wêreldhondsdolheidsdag is op 28 September herdenk, met die landbouministerie wat die gevare van hondsdolheid beklemtoon het. Dit is ’n siekte wat diere sowel as mense aantas. Hondsdolheid is 100 persent dodelik sodra simptome verskyn, maar is ook heeltemal voorkombaar met inentings en tydige mediese aandag. Die siekte dood elke jaar na raming 59 000 mense wêreldwyd, hoofsaaklik in Afrika en Asië, en bly endemies in Namibië. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die veearts Theuns Laubscher van die Windhoek Veeartsenykliniek, wat die uitdagings wat hulle in die gesig staar in die bekamping van die siekte uitlig.
Die Meatco-beesleweringsooreenkoms met produsente vir die tydperk van 1 Oktober tot 31 Januarie volgende jaar bevat goeie pryse vir beeste. Die bepalings en voorwaardes vir beesslagting vereis 'n minimum koue karkasgewig van 180 kg, voldoening aan EU- en China-regulasies, en betaling vier weke na slagting. Kosmos 94.1 Nuus het met die landboukenner Wallie Roux gesels, wat sy siening gee.
Pohamba het ook gepraat en sy ervaring as voormalige president en bevrydingsvegter uitgelig. Hy sê hy het hy sy deel gedoen en dit is tyd dat die jeug ook hul deel doen.
Die Hifikepunye Pohamba-stigting het die biografie van die voormalige president vrygestel, met die titel "Footprints of Hifikepunye Pohamba - Ondjila Eyi A Enda". Die boek is geskryf deur dr. Ellen Ndeshi Namhila, die pro-visekanselier van die Universiteit van Namibië. Die geleentheid is regstreeks uitgesaai en deur verskeie politieke figure bygewoon. By die geleentheid het gesondheidminister dr. Kalumbi Shangula, die raadsvoorsitter van die Hifikepunye Pohamba-stigting, gesê die opbrengs van die boek sal na die stigting gaan.
Die Finale Kiesersregister is nou opgestel en vrygestel, met 'n totaal van 1 449 569 geregistreerde kiesers. Die Verkiesingskommissie van Namibië het 1 875 veelvuldige inskrywings tydens die outomatiese vingerafdrukinligtingstelsel-verifikasieproses opgespoor. Die Finale Kiesersregister sal gebruik word vir vroeë stemming op 13 November en vir die hoofstemdag op 27 November. By die persinligtingsessie het Elsie Nghikembua, die voorsitter van die Verkiesingskommissie, die uitkoms van die verifikasie-proses uitgelig.
Die Suid-Afrikaanse Suikervereniging waarsku die suikerbedryf moet diversifiseer om permanente sluiting te verhoed. Die bedryf is in die landelike KwaZulu-Natal en suidelike Mpumalanga gekonsentreer. Die organisasie is besorg oor die kritieke uitdagings wat die bedryf in die gesig staar. Ondanks die stabilisering van plaaslike verkope die afgelope drie jaar, het jaarlikse suikerproduksie die afgelope 15 jaar met 25-persent afgeneem. Die uitvoerende hoof van die vereniging, Trix Trikam, sê die bedryf sal nie nog ʼn skok kan oorleef nie.
Die Swakopmund Munisipaliteit beplan om alle motorwagte te herregistreer om teistering van inwoners en toeriste in die sentrale sakekern te bekamp, aangesien geregistreerde wagte kommer gerapporteer het oor ongeregistreerde individue wat hul besigheid en reputasie ondermyn. Die munisipaliteit, saam met die polisie en verkeersowerhede nooi alle huidige en voornemende motorwagte na 'n inligtingsessie. Linda Mupupa, die Swakopmund Munisipaliteit se openbare betrekkinge beampte, het meer besonderhede met Kosmos 94.1 Nuus gedeel.
Die Al Jama-ah-party doen 'n beroep op die regering om ekonomiese en handelssanksies teen Israel in te stel. Dit volg nadat die leier van die militante groep Hizbollah met sy basis in Libanon, Hassan Nasrallah, Vrydag dood is in 'n Israelse lugaanval op sy ondergrondse hoofkwartier in Beiroet. Ganief Hendricks van Al Jama-ah sê hulle veroordeel Israel se optrede en steun ten volle die bevryding van Palestina.
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het waarskuwings uitgereik vir ontwrigtende sneeu in die Wes-Kaap, met sneeuval wat ook in dele van die Oos-Kaap en KwaZulu-Natal verwag word. Intussen word in Namibië koue toestande met ryp in sommige suidelike gebiede verwag. Die binneland sal gedeeltelik bewolkte en koue tot sagte weer in die Karas-streek ervaar, terwyl dit elders sonnig en koud tot warm sal wees, met temperature wat teen die middag tot warm in die noorde sal styg. Die Namibië Meteorologiese Dienste raai inwoners in die suide aan om die nodige voorsorgmaatreëls te tref teen die naderende koue. Odillo Kgobetsi van die Windhoekse weerkantoor het meer.
Namport het vroeër aangekondig dat hy vraghouer-hantering op konsessie sal uitsit by sy nuwe terminaal op Walvisbaai en het Terminal Investment, gesetel in Switserland, as die suksesvolle bieër aangekondig. Die konsessie sal vir 25 jaar sal duur en dit sal môre op 1 Oktober in werking tree. Die besluit vir ‘n konsessie is geneem omdat privaat kapitaal nodig is om verskeie verbeterings by die hawe aangebring moet word soos Elias Mwenyo van Namport verduidelik.
Die MK-party het enige vorm van grondinval deur Israel in Libanon veroordeel. Meer as 50 mense is dood in die aanvalle, twee dae na Israel se sluipmoord op die Hisbolla-leier Hassan Nasrallah in Beiroet. Die lugaanvalle het dalk reeds soveel as ‘n miljoen mense reg oor Libanon uit hulle huise verdryf. Wesley Douglas van die MK-party sê Israel se aggressiewe optrede is 'n gevaarlike eskalasie wat die hele wêreld in wydverspreide konflik kan dompel:
Landbouminister Calle Schlettwein het onlangs in 'n Facebook-plasing gesê die voortdurende gesprekke oor mens-wild-konflik fokus dikwels op wild wat met vee meeding om weiding en water, en oesskade aanrig. Hy pleit vir oplossings wat naasbestaan bevorder eerder as om die een dood te maak tot voordeel van die ander. Hy beklemtoon dat die konsep volhoubare benutting vir beide wild en vee moet geld, en dat dit heeltemal moontlik is om hierdie balans te bereik. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met dr. Peter Cunningham, 'n plaaslike ekoloog, oor wat die oplossing behoort te wees.
Reaksie word ontvang op die LPM se manifes. Groot beloftes word gemaak soos 1 500 Namibiese dollar maandeliks vir drie jaar aan 500 000 Namibiërs wat akute honger in die gesig staar. Daar word 500 miljoen dollar vir sportontwikkeling en 200 miljoen dollar vir die kunste beloof, sowel as ‘n oumenspensioen van 3 000 dollar en kindertoelaag van 2 000 - maandeliks. Politieke ontleder dr. Ndumba Kamwanyah het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Otjomuise in die hoofstad het ‘n brandpunt van misdaad geword met sakkerollers wat oral voorkom, handsakke en selfone van gegryp word en meer. Daar word berig dat inwoners in groepe beweeg om veiliger te wees. Kosmos 94.1 Nuus het met Nampol se senior inspekteur Silas Shipandeni gepraat. Hy sê inwoners moet waaksaam wees en die polisie kontak as iets verdag voorkom.
‘n Opname deur Old Mutual toon dat in 2023 het 37 persent van Namibiërs geen aptyt vir riskante beleggings getoon nie – veral jonger Namibiërs. Die groter meerderheid van landsburgers verkies veiliger, lae-risiko beleggings, soos spaarrekeninge. Jo-Ann van Wyk van Old Mutual het meer.
Span Amerika het die rekord verbeter toe hy die Presidentebeker die tiende agtereenvolgende keer opgeraap het nadat hy Span Internasionaal by die Royal Montreal-gholfklub in Kanada verslaan het. Amerika het die laaste dag met ʼn voorsprong van 11-7 begin nadat hy Saterdag ses van die agt punte gewen het. Keegan Bradley het die wenpunt beklink toe hy Kim Si-woo verslaan het. Amerika het ses van die enkel wedstryde gewen en was gelykop in drie. Bradley sê die span was ongelooflik:
Die 21ste sessie van die dr. Theo-Ben Gurirab-lesingsreeks het onlangs in die hoofstad plaasgevind. Die tema was "Ekonomiese diversifisering deur volhoubare praktyke: Gebruik van trofeejag en veeboerdery om streekswelvaart te verbeter". Internasionale betrekkinge-minister dr. Peya Mushelenga het gepraat oor die belangrikheid van trofeejag in Afrika-lande. Hy sê Namibië se huidige trofeejagregime moet hersien word.
Die Demokratiese Verplegingorganisasie van Suid-Afrika het kommer uitgespreek oor berigte dat ervare gesondheidswerkers na lande soos Brittanje, Dubai en Duitsland verhuis. In Mei het die Departement van Gesondheid 'n vakaturekoers van 18,6-persent vir gespesialiseerde mediese personeel en 13,7-persent vir verpleegpersoneel gerapporteer. Denosa se Gautengse voorsitter, Simphiwe Gada, sê dis belangrik om die opgeleide mense in die land te hou:
Die minister van Polisie Senzo Mchunu, het die massamoord in Lusikisiki in die Oos-Kaap veroordeel waarin 18 mense dood is. 'n Twee-maande-oue baba het oorleef. Mchunu het bevestig die polisie ondersoek die motief en hy het sy kommer uitgespreek oor die voorkoms van onwettige vuurwapens in gemeenskappe:
ie bestuurder van Manchester United Erik ten Hag sê hy is vol vertroue hy sal tyd gegee word by die klub, met die druk op sy posisie wat oplaai. United is gister op Old Trafford 3-0 deur Tottenham Hotspur afgeransel, met die kaptein Bruno Fernandes wat net voor rustyd 'n rooikaart op die lyf geloop het. ManU het nou sewe punte na ses Premierliga-wedstryde. Ten Hag, wat in sy derde seisoen by die klub is, sê hy is nie bekommerd oor sy werk nie:
ʼn Een-en-twintig-jare Suid-Afrikaanse vrou is Sondag by die OR Tambo Internasionale Lughawe gearresteer omdat sy vermoedelik dwelms gesmokkel het. Die vrou is uitgeken en voorgekeer toe sy op ʼn vlug vanaf São Paulo, Brasilië, in die land aangekom het. Die nasionale polisiewoordvoerder, Athlenda Mathe, sê dis die elfde dwelmmuil wat die afgelope twee maande by die lughawe vasgetrek word:
Goudpryse het Vrydag met 0,9 persent teruggesak tot sowat 2 648 Amerikaanse dollar per ons nadat dit 'n rekordhoogtepunt van 2 672 dollar in die vorige sessie bereik het. Die geel metaal het opeenvolgende rekordhoogtes beleef, en ongeveer 1,6 persent in die week gestyg. Dit is tans net bo 2 656 dollar. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die bekende Suid-Afrikaanse ekonoom, Dawie Klopper, oor die goudprys se bewegings. Hy verduidelik.
Jorge Martin van Spanje het sy kampioenskapvoorsprong vergroot deur die Indonesiese Moto Grand Prix te wen. Dit was sy derde oorwinning van die seisoen. Prima Pramac Racing was tweede voor sy mede-Spanjaard, Pedro Acosta, en sy mededinger Francesco Bagnaia was derde. Suid-Afrika se Brad Binder het agtste geëindig vir KTM. Martin het 25 punte verdien met sy aanslag en sy voordeel oor Bagnaia tot 21 uitgebrei. Hy sê dit was 'n taai wedren:
Die Organisasie teen Belastingmisbruik vra vir duidelikheid oor Gauteng se 3 miljard Suid-Afrikaanse rand e-tolskuld wat na verwagting vandag betaal sal word. Die LUR vir Finansies, Lebbogang Maile, het verlede week die geskeduleerde betaling bevestig. Maile het erken die skuld is 'n aansienlike finansiële las, want dit word van die provinsie verwag om sowat 20 miljard rand se skuld te dek. Wayne Duvenhage van Outa doen 'n beroep vir die uitwissing van verkwistende uitgawes en 'n deursigtige proses.
Die Stad Windhoek gaan voort met 'n 1,7 miljard Namibiese dollar projek om in die stad se groeiende waterbehoeftes te voorsien. 'n Nuwe regstreekse drinkbare herwinningsaanleg sal gebou word, en die Gammams- en Otjomuise-afvalwaterbehandelingsaanlegte sal uitgebrei word. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Lydia Amutenya, Stad Windhoek se woordvoerder, oor wanneer die projek voltooi sal wees en die belangrikheid daarvan.
Die energie-ministerie het aangekondig dat die pryse van petrol en diesel op 2 Oktober met 1 Namibiese dollar per liter sal daal. Die padgebruikersheffing, wat deel vorm van die brandstofprys, is met 25 sent per liter verhoog na 2 dollar 23 sent per liter. Die geweegde brandstof-vervoertariewe is ook ingestel om die spoortariewe tussen Walvisbaai en binnelandse brandstofdepots te vervang. Die nuwe tariewe is gemiddeld sowat 21,9 persent hoër as die spoortariewe. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met dr. Omu Kakujaha-Matundu van die departement ekonomie by Unam oor die impak van al hierdie bewegings.
Die ministerie van omgewing het die uitreiking van 'n jagpermit vir 'n jagluiperd in die Anabeb-bewarea weerlê. Die ministerie beklemtoon dat geen jagpermitte vir jagluiperds uitgereik is nie en dat Namibië nêrens in die land ’n jagkwota vir jagluiperds het nie. Hy skryf die gerugte toe aan smeerveldtogte. Izak Smit van die Desert Lion Human Relations Aid het egter kommer uitgespreek oor deursigtigheid binne die ministerie en bevraagteken hoe feite vasgestel kan word as die ministerie inligting weerhou, soos wat na bewering gebeur met die trofeejag van die woestyn-aangepaste leeu Mwezi op 11 Oktober 2023. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Romeo Muyunda, die omgewingministerie se woordvoerder.
Erongo Liquid Petroleum Gas, ELPG, gaan 'n 6 000-ton vloeibare petroleumgas-bergingsfasiliteit op Walvisbaai oprig. Die terminaal op Plaas 39 sal die Namibiese mark voorsien en ook buurlande insluitend Botswana, Zimbabwe en dele van die Noord-Kaap. Die fasiliteit sal in fases ontwikkel word, met die eerste fase wat 'n bergingskapasiteit van 10 500 kubieke meter sal hê. Erongo-goewerneur Neville Andre het by die sooispit-seremonie gepraat en gee meer inligting.
Die dodetal in die Lusikisiki-skietery in die Oos-Kaap het tot 18 gestyg na 'n man in die hospitaal beswyk het. Hy was een van die mense wat in twee afsonderlike huise doodgeskiet is. 'n Twee-maande oue baba het oorleef. Die moorde word ondersoek en die motief is steeds onbekend. Prins Chulumanco Sigcau van die Amapondo Koningshuis het in 'n onderhoud met Newzroom Afrika meer inligting gegee.
Die Omusati-streek het onlangs verskeie verkragtings van vroue en jong meisies deur familiede aangemeld. In die mees onlangse gevalle is 'n 104-jarige vrou na bewering deur haar nefie verkrag, terwyl 'n 12-jarige meisie na bewering deur haar twee ooms verkrag is. ’n Polisiebeampte is onlangs in hegtenis geneem omdat hy na bewering sy 15-jarige dogter sedert 2020 verkrag het. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Ethne Mudge, 'n sosiale aktivis, wat kommentaar lewer.
Die Motorsport Federasie se streng veiligheidsvereistes het voorkom dat 'n renjaer ernstig beseer is tydens die derde been van die nasionale langbaan kampioenskappe by die Tony Rust-renbaan. Michael Strydom se voertuig het 'n meganiese probleem ontwikkel en het deur die veiligheidsheining gejaag. Francois Lottering het die besonderhede.
Die Geowetenskapraad van Namibië, die Geologiese Vereniging van Namibië en die Vereniging van Ekonomiese Geoloë bied die Vereniging van Ekonomiese Geoloë 2024-konferensie aan, wat môre klaarmaak. Onderwerpe wat bespreek word sluit in die jongste geologiese bevindinge, nuwe hulpbronontdekkings, en die tegnologieë wat eksplorasie en ontginning dryf op 'n manier wat ekonomiese groei met omgewingsverantwoordelikheid balanseer. Die voormalige president van SEG, Laurence Robb, sê die primêre doel van die konferensie is om die veranderende vraag na kritieke metale wat noodsaaklik is vir moderne tegnologieë aan te spreek.
Volgens NamWater se laaste dam bulletin, is die Ooste se totale waterbronne op 1,5 persent met die Otjiverodam op 2,6 persent. Die twee Viljoendamme by Gobabis is op 2,7 en 0,5 persent. Tensy dit begin reën, kan die streek se damme heeltemal opdroog. Die Gobabis munisipaliteit het al op 8 April begin met water rantsoenering, met watertoevoer wat saans vanaf 9 uur tot 4 uur die volgende oggend afgesluit word. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die skakelbeampte van die Gobabis-dorpsraad, Frederick Ueitele, oor die dorp se planne om watertoevoer te verseker. Hy sê die situasie wek kommer.
Die Landless People's Movement, LPM, het sy manifes by 'n saamtrek in Rundu bekendgestel. Die LPM se leier en presidentskandidaat, Bernadus Swartbooi, het gesê sowat 43 persent van Namibiërs leef in multidimensionele armoede. Die party sal wanneer hy verkies word 'n basiese inkomstetoelae van 1 500 dollar per maand vir drie jaar aan 500 000 Namibiërs gee wat akute honger in die gesig staar. Swartbooi sê daar is geen manier waarop honger nie verpolitiseer kan word nie, aangesien dit polities beïnvloed word.
Die Kommunikasie Regulerende Owerheid van Namibië, Cran, het die belangrikheid van billike mediadekking tydens verkiesings beklemtoon, in ooreenstemming met die Uitsaaikode vir Uitsaailisensiehouers. Die kode sit verpligtinge vir uitsaaiers uiteen om deursigtige, onpartydige en gebalanseerde dekking van verkiesings en referendums te verseker, veral gedurende die verkiesingsuitsaaitydperk tot 24 November. Nie-nakoming van die kode kan lei tot sanksionering deur Cran, wat wissel van waarskuwings tot lisensie-herroeping. Die streng toepassing van hierdie reëls is bedoel om 'n regverdige en deursigtige verkiesingsproses te handhaaf, wat demokrasie in Namibië versterk namate die land die verkiesings nader. Simson Shimakeleni, die regsadviseur vir klagtes en afdwinging by Cran, het meer.
Toerisme-operateurs in die Noord-Kaap is gretig om Suid-Afrika se pas goedgekeurde Astro-Toerismestrategie in te span wat in Carnarvon bekendgestel is. Die inisiatief met 64 satelliete is daarop gemik om die wêreld se sterkste radioteleskoop te ontwikkel en toerisme te verbeter deur die streek se ongerepte hemelruim uit te stal. Minister Blade Nzimande verwag ekonomiese groei deur verhoogde toeristebelangstelling tot voordeel van plaaslike gemeenskappe en om landelike ontwikkeling te bevorder.
Die energie-ministerie het aangekondig dat die petrolprys in Oktober met 1 Namibiese dollar sal daal. Die prys van diesel in altwee kategorieë sal ook met 1 dollar per liter daal. Dit tree 'n minuut na middernag op Woensdag, 2 Oktober in werking. Die verlagings is weens 'n lae olieprys en 'n sterker Namibiese dollar. Die padgebruikersheffing, wat deel vorm van die brandstofprys, is met 25 sent per liter verhoog na 2 dollar 23 sent per liter. Die ministerie het ook die geweegde brandstof-vervoertariewe ingestel om die spoortariewe tussen Walvisbaai en binnelandse brandstofprysdepots te vervang. Die nuwe tariewe is gemiddeld sowat 21,9 persent hoër as die spoortariewe. Stella-Maris Amadhila, 'n ekonoom by die ministerie, brei uit..
Die Streekhof in Palm Ridge, Gauteng het die korrupsiesaak teen die voormalige Eskom-kontrakteur, Michael Harry Lomas, tot 28 Oktober uitgestel vir die formele openbaarmaking van die dossier. Henry Mamothame van die Ondersoekdirektoraat sê Lomas, wat onlangs uit die Verenigde Koninkryk uitgelewer is, het 65 aanklagte teen hom in verband met 1,4-miljard Suid-Afrikaanse rand wat veronderstel was om tussen 2014 en 2017 na die opgradering van Eskom se Kusile-kragstasie in Mpumalanga te gaan.
Cenored het 'n kragonderbreking in die Otjiwarongo-area tussen 7-uur vanoggend en 6-uur vanaand aangekondig, weens jaarlikse lynonderhoud op die Otjiwarongo Matemba 66kV-lyn. Die gebiede wat geraak word sluit in die hele dorp, militêre basis, Goodhope-erwe, Staatshospitaal, nywerheidsgebied, padblokkade-area, en alle skole en koshuise. Die MTC en Telecom torings het ook nie krag nie. Inwoners moet hul kragtoevoer as lewendig hanteer, aangesien die krag sonder enige kennisgewing aangeskakel sal word. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Chali Matengu, Cenored se skakelbeampte.
Sewentien mense, insluitend 15 vroue, is in afsonderlike aanvalle in Lusikisiki, Oos-Kaap, doodgemaak. Dertien slagoffers, twaalf vroue en ʼn man is in een huis aangetref terwyl nog vier in ʼn ander woning vermoor is. Een persoon se beserings is kritiek. Polisiewoordvoerder, Athlenda Mathe, sê ʼn soektog na die aanvallers is op tou gesit.
Die Dag van die Namibiese Kind is net soveel 'n dag van nadenke en voorspraak as 'n viering. Alhoewel Namibië aansienlike vordering gemaak het, soos die inwerkingstelling van die Wet op Kindersorg en Beskerming, is daar steeds aansienlike uitdagings wat kinders daagliks in die gesig staar. Dit sluit in armoede, mishandeling en beperkte geleenthede vir 'n beter toekoms. Ingrid Husselmann, 'n kinderadvokaat by die Kantoor van die Ombudsman, het met Kosmos 94.1 Nuus oor die situasie gesels.
Rugby: Springbok-kaptein, Siya Kolisi, is vol vertroue vir ʼn oorwinning teen Argentinië vanmiddag in die Mbombela-stadion. Dit is die laaste Rugbykampioenskapswedstryd. Argentinië moet met meer as sewe punte wen en drie bykomende drieë aanteken om hulle eerste kampioenskapstitel in te palm. Die afskop belowe intense rugby-aksie na ʼn naelskraapse nederlaag van 29-28 verlede naweek. Kolisi is oortuig die span het goed voorberei en sal meer klinies wees.
Adjunk-premier John Mutorwa sê die konstruksie van die Katima Mulilo korrektiewe fasiliteit op die Katima-Liselo plaas is 'n belangrike mylpaal in die land se strewe na volhoubare ontwikkeling en voedselsekerheid. Die fasiliteit sal na verwagting sowat 420 hektaar grond bewerk, met die fokus op mielies, koring, sonneblomme, en 'n verskeidenheid vrugte en groente. Fase een van die projek het begin, wat insluit die skoonmaak van die 13,2km kaplyn deur die Nasionale Jeugdiens. Omheining en rehabilitasie van die bestaande verblyffasiliteite sal gedurende die 2025/2026 finansiële jaar gedoen word. Mutorwa het by die sooispit-seremonie gepraat.
Sokker: Twee reuse in Suid-Afrikaanse sokker pak mekaar vandag in ‘n Premierliga-kragmeting in die FNB-stadion. Kaizer Chiefs is gashere vir Mamelodi Sundowns en albei spanne is onoorwonne na hulle eerste twee wedstryde van die seisoen. Sundowns se afrigter, Manqoba Mngqithi, verwag ’n moeilike wedstryd.
Die land herdenk die Dag van die Namibiese Kind en die regering werk aan kwessies om ontwikkeling en toekomsvooruitsigte vir kinders te verbeter. Dit is volgens maatskaplike welsyn-minister Doreen Sioka, wat by 'n herdenking in Otjinene gepraat het. Sioka sê die regering verseker verbeterde gesondheidsorg vir die Namibiese kind, toegang tot onderwys en beskerming teen geweld en uitbuiting. Sioka doen 'n beroep op meer bewusmaking van die uitdagings wat kinders in Namibië in die gesig staar. Sy het ook 'n boodskap vir kinders.
President Cyril Ramaphosa vra 'n hernude wêreldwye verbintenis in die stryd teen kolonialisme en apartheid. Die president het gepraat tydens 'n seremonie ter ere van die repatriasie van vryheidsvegters. Hy het Suid-Afrika se verbintenis herhaal om onderdrukking in al sy vorms teen te staan. Ramaphosa het die internasionale gemeenskap aangemoedig om ferm te wees teen ongeregtighede, en onderdrukte nasies soos Palestina en Wes-Sahara te ondersteun.
Donald Trump en Oekraïense president Volodymyr Zelensky het in New York ontmoet waarin die Oekraïense leier gehoop het om bande met die voormalige Amerikaanse president te herstel. Die ontmoeting was te midde van 'n groeiende vete tussen Zelensky en Republikeine, en die Oekraïne vrees dit kan verdere Amerikaanse militêre hulp saboteer as Trump in November wen. Trump het by 'n gesamentlike pers-geleentheid gesê hy kan die oorlog met Rusland gou stopsit as hy die presidentsverkiesing wen.
Grenspolisiespanne van die SAPD in Limpopo het beslag gelê op onwettige tabak ter waarde van meer as 21-miljoen Suid-Afrikaanse rand as deel van Operasie Vala Umgodi. In ʼn ander operasie is 11 Zimbabwiese burgers aangekeer en beslag gelê op drie onwettige vuurwapens, 74 rondes ammunisie en 110 kilogram dagga. Polisiewoordvoerder Amanda van Wyk sê die operasie is gemik op onwettige mynbou en misdadige bedrywighede in sewe brandpunt-provinsies.
Die leier van die LPM se Jeugbevel, Duminga Ndala, het aangekondig dat hulle hul Jeug-bemagtingingsplan saam met die party se manifes sal bekendstel. Die manifes word vandag bekendgestel. Ndala het gesê die plan sal as 'n bloudruk dien om jongmense te bemagtig en hul sosio-ekonomiese status te verbeter. Kosmos 94.1 Nuus het met Ndala gepraat, wat verduidelik wat die plan behels.
Die Copps 94.1-span was op Walvisbaai en het saam met Erongo NamPol gepatrolleer. Drank-verwante voorvalle het oorheers en 'n motorfietsryer is ook bygestaan. Francois Lottering was aan diens en doen verslag.
Die uitvoerende hoof van die Padowerheid, dr. Conrad Lutombi, het aangekondig dat die nuwe Makanga- en Masida-toegangspaaie nie meer gruis sal wees soos aanvanklik deur die vervoer-ministerie beplan en aangekondig is nie. Lutombi sê die paaie sal nou lae bitumenstandaard sal wees, 'n besluit wat volgens hom saam met sy span geneem is terwyl hulle die terreine gedurende die week besoek het. Die projekte word ten volle deur die regering befonds. Die Padowerheid het verder 10 000 Namibiese dollar elk aan die gekombineerde skole in Makanga en Masida beloof, as deel van sy korporatiewe maatskaplike verantwoordelikhede.
Die landbou-unie TLU SA sê hy is gekant teen Eskom se voorgestelde tariefverhogings omdat dit ʼn onaanvaarbare las is wat verbruikers nie behoort te dra nie. Die kragverskaffer het by die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika aansoek gedoen vir ʼn tariefverhoging van 36,15-persent in die 2026-boekjaar; 11,81-persent in 2027; en 9,1-persent in 2028. TLU SA se woordvoerder, Bennie van Zyl, sê voor enige tariefverhoging oorweeg word, moet Eskom eers sy struktuur omvattend hersien.
Volgens plaaslike mediaberigte was daar aan die begin van die jaar altesaam 47 geregistreerde vakbonde en 17 geregistreerde werkgewersorganisasies. Teen Mei is sewe vakbonde en een werkgewersorganisasie deur die arbeidskommissaris gederegistreer, nadat hulle versuim het om hul jaarlikse opgawes in te dien. In onlangse regering-inligtingsessies het vakbonde en die arbeidswet onder die loep gekom. By een van die sessies het Sackaria Nandjigua, die hoofbeleidsontleder in die Kantoor van die Arbeidskommissaris, benadruk dat werknemers by vakbonde moet aansluit wat vir hulle kan onderhandel.
Die DA se leier in Gauteng, Solly Msimanga, sê die party gaan Cilliers Brink as burgemeesterskandidaat vir die Stad Tshwane benoem om steeds vordering te maak in die metro. Msimanga het gepraat tydens ʼn nuuskonferensie oor die afloop van die mosie van wantroue teen Brink wat gister in die raad deurgevoer is. Hy sê die president van ActionSA, Herman Mashaba, het aan joernaliste gese hulle het ʼn ooreenkoms met die ANC om Nasiphi Moya as burgemeester aan te wys.
Internasionale Brandveiligheidsweek word van 7 tot 11 Oktober by die Brandweer-hoofkwartier in Windhoek gevier. Die geleentheid sal daagliks van 9-uur tot half-vyf plaasvind en is oop vir die publiek. Daar sal uitstallings, demonstrasies, stasietoere, kindervermaak, kosverkopers en 'n kontantkroeg wees. Kaartjies is beskikbaar by Webtickets en by die hek vir 50 Namibiese dollar per persoon. Spesiale aktiwiteite sluit in 'n modeparade met brandbestryders en Namibiese skoonhede, 'n skuimdanspartytjie, en 'n veiling vir 'n uitgaan-afspraak met 'n brandweerman. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Fillipus Sikongo, die senior stasiebeampte van die Stad Windhoek Brandweer.
Sommige ontleders verwag dat inflasie in sleutel-Afrika-ekonomieë tot volgende jaar sal verlangsaam, maar relatief hoog sal bly in Namibië. Business Day TV het gepraat met Ridle Markus, hoof Afrika-makro-ekonoom by Absa Korporatiewe en Beleggingsbank, oor sy inflasieverwagtinge vir Namibië, Ghana en Botswana. Markus is van mening die verwagtinge vir Namibië is positief, afhangende van die invloed van die droogte en die bewegings van die Suid-Afrikaanse rand.
Namibië, as lid van die Verenigde Nasies se Wêreldtoerisme-organisasie, vier Wêreldtoerismedag op 27 September saam met ander lidlande. Die 44ste uitgawe van hierdie geleentheid word in Georgië gehou onder die tema "Toerisme en Vrede", wat beklemtoon hoe toerisme wêreldwye harmonie kan bevorder. Hierdie tema is veral relevant vir Namibië, wat presidensiële en Nasionale Vergadering-verkiesings in November hou, wanneer vreedsame optrede deurslaggewend is. Die omgewingsake-ministerie se uitvoerende direkteur, Teofilus Nghitila, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en sê hulle is bekommerd oor misdade teen toeriste.
Die regering het meer as 1 miljard Namibiese dollar aan waterverwante projekte vir die 2024/2025 fiskale jaar toegeken, met 76 persent van hierdie begroting wat aan infrastruktuurontwikkeling gewy is. NamWater het egter aansienlike finansiële uitdagings weens uitstaande skuld van 2,1 miljard dollar. Hierdie skuld belemmer sy vermoë om op 'n volle kosteverhalingsgrondslag te funksioneer, aangesien dit nie vir wins nie maar vir staatsdiens werk. In Junie vanjaar het ondernemings en individue Namwater meer as 313 miljoen dollar geskuld en die regering skuld dit meer as 32 miljoen dollar. Kosmos 94.1 Nuus het met die bestuurskenner dr. Marius Kudumo gepraat, wat kommentaar lewer op die kwessie.
Die Walvisbaai Munisipaliteit het 'n verskoning aan RedForce gerig nadat 'n skikkingsooreenkoms tussen die munisipale raad en die maatskappy bereik is. RedForce sal heraangestel word as die munisipaliteit se skuldinvorderaar. Stadsraadslede het egter kommer uitgespreek oor verskeie sake wat met die maatskappy verband hou. Die munisipaliteit se uitvoerende hoof, Victoria Kapenda, het in 'n brief aan raadslid Ryan Gordon gesê dat die raad reeds die RedForce-aangeleentheid aangespreek het deur 'n resolusie wat op 27 Junie aanvaar is en op 16 Julie bevestig is. Hierdie resolusie negeer enige vorige aksies wat rakende RedForce geneem is. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met raadslid Ryan Gordon, wat glad nie gelukkig is nie.
Die Sentrum vir Ontwikkeling en Onderneming doen ʼn beroep op president Cyril Ramaphosa om ʼn afgetrede regter aan te stel om ʼn dringende ondersoek na die Nasionale Vervolgingsgesag te lei. Dit moet die gebrek aan prestasie en verwoestende uitwerking van staatskaping ondersoek wat die vervolgingsgesag lamlê en ondersoeke na hoëprofiel-korrupsie kniehalter. Die sentrum se woordvoerder, Ann Bernstein, sê die teleurstellende vertoning van die NVG veroorsaak ʼn oorheersende gevoel van wanhoop dat die staat nie die wet kan toepas nie.
Die Namibië Statistieke Agentskap het die aanvang van die loodsfase vir die 2025/2026 Namibië Huishoudelike Inkomste- en Uitgawes-opname aangekondig. Die opname word elke vyf jaar gedoen en is 'n sleutelbron van data oor Namibië se huishoudelike inkomste en uitgawes, wat noodsaaklik is vir die berekening van armoede- en ongelykheidsaanwysers. Die loodsopname sal van Maandag tot 20 Oktober in agt ewekansig geselekteerde streke plaasvind: Erongo, Hardap, Kavango-Wes, Khomas, Kunene, Omaheke, Omusati en Zambezi. Dit het ten doel om die metodologie, opname-instrumente en logistiek te toets en te verfyn ter voorbereiding van die volledige opname, wat vir Maart volgende jaar tot Maart 2026 geskeduleer is. Mirjam Shihepo, die agentskap se skakelbeampte, het meer.
President Cyril Ramaphosa neem vandag die tuiskoms-seremonie waar van Suid-Afrikaanse vryheidsvegters wat tydens apartheid in Zambië en Zimbabwe dood is. Die geleentheid vind plaas by die Vryheidspark-erfenisterrein en -museum in Pretoria. Die oorskot van 42 gewese vryheidshelde en -heldinne het Woensdag in Suid-Afrika aangekom. Vryheidspark se uitvoerende hoof, Jane Mufamadi, het aan die SABC gesê hulle name sal op die Muur van Name geplaas word.
Almal wag gretig vir die maandelikse brandstofprys-aankondiging, met die oorsigkomitee wat die prys bepaal wat reeds vergader het. Intussen het die olieprys in Namibiese dollar-terme tot sy laagste vlak gedaal sedert Desember 2021, tot 1 231 rand per vat. Dit is as gevolg van die laer olieprys, wat in Amerikaanse dollars gerapporteer word, en die dollar wat laer neig. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Rome Mostert, 'n ekonoom en medestigter van Cirrus. Hy deel meer.
Die Stad Kaapstad sê omgewingsfaktore bly ʼn bedreiging vir openbare gesondheid. Die metro het 209 omgewingsgesondheid-praktisyns in diens wat opdrag het om alle gebiede waar die omgewing en openbare gesondheid oorvleuel, te monitor en te bestuur. Die burgemeesterskomiteelid vir Gemeenskapsdienste en Gesondheid, Patricia van der Ross, sê die somerhitte verhoog die gevaar dat kos vinniger sleg word, kieme vinniger versprei en diarree-siektes toeneem:
Inwoners van Karas en Hardap word gewaarsku oor koue toestande wat die naweek in beweeg met ‘n frontale stelsel wat in die Wes-Kaap aankom. Die bekende Namibiese weerkenner George van der Merwe het meer, ook oor moontlike reën...
Günther Kahl en Danie van Vuuren het die Namibiese Landbou-unie verteenwoordig by die Padsektorbeleidskonferensie wat die week gehou is. Ten spyte van verskeie uitdagings, word Namibië steeds erken vir die beste paaie in Afrika. Die konferensie het beklemtoon dat padnetwerkstandaarde nie gekompromitteer moet word nie, en oplossings moet gevind word om finansiële tekorte aan te spreek. Kosmos 94.1 Nuus het met Van Vuuren gesels en padgebruikers sal moet betaal ...
Die Kalimbeza Nasionale Rysprojek het sedert sy ontstaan verskeie uitdagings beleef, onder andere toerusting wat onklaar raak en gereelde bedryfsontwrigtings. Dit het in 2020 'n 7,1 miljoen Namibiese dollar-reddingsboei van die regering gekry en 'n bykomende 8 miljoen dollar is vir die 2024/2025-boekjaar toegeken om die projek te laat herleef. Ten spyte van hierdie beleggings het die projek sedert 2014 slegs 1,8 miljoen dollar uit rysverkope gegenereer. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die landbouministerie se woordvoerder, Jona Musheko, wat 'n opdatering van die situasie gee.
Die Independent Patriots for Change sê in 'n verklaring die publiek moet daarvan bewus wees dat Swapo, wat volgens hulle 'n nederlaag in die verkiesing in die gesig staar, voortgaan om desperate propaganda-materiaal te skep en te publiseer wat teen die IPC en sy leiers gemik is. Luidens die verklaring is die Swapo-masjinerie nou besig om teen homself te draai, aangesien die party swak interne dissipline, selfhaat, valse eenheid en wantroue weens probleme van sy eie maaksel ervaar. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Imms Nashinge, die IPC se woordvoerder, wat sê in teenstelling met die regerende party, lewer hulle konsekwent positiewe boodskappe.
ActionSA verwelkom die verwydering van die burgemeester van Tshwane, Cilliers Brink, deur middel van ʼn mosie van wantroue en beskryf dit as die einde van die DA se mislukte leierskap in die hoofstad. Die party kritiseer Brink se ampstermyn en verwys na swak dienslewering, veral in townships waar slegs 24-persent van die inwoners verbeterings ervaar het. Die party was deel van die DA-geleide koalisie. Die provinsiale voorsitter van ActionSA, Funzi Ngobeni, beplan om die verkiesing van ʼn nuwe burgemeester te steun wat voorrang sal gee aan die verbetering van dienste vir alle inwoners:
Die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, het by die New York Klimaatsweek in Amerika gesê Afrika behoort nie agtergelaat te word in globale klimaatsgesprekke nie. Hy sê die vasteland dra die grootste las van die gevolge van klimaatsverandering, ten spyte van sy kleiner bydrae tot die probleem. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Dr. Charles Sinkala, 'n politieke kommentator, wat vra hoekom die Weste volhoubare energie in Afrika wil vestig, maar steeds baie steenkool invoer.
Die Amerikaanse adjunk-president, Kamala Harris, sê Oekraïne kan nie gedwing word om 'n vredesooreenkoms te aanvaar waarin hy sy soewereine grondgebied en neutraliteit prysgee om vrede te maak met die Russiese president Vladimir Putin nie. President Joe Biden en Harris het met die Oekraïnse leier Volodymyr Zelensky by die Withuis vergader. Harris het bevestig dat indien sy president sou word, Amerika sy onwrikbare steun vir Oekraïne sal voortsit:
Daar is steeds reaksie op eerste minister Saara Kuugongelwa-Amadhila se aankondiging dat die regering die voorwaardelike basiese inkomstetoelaag na stedelike sentrums sal uitbrei. Dit sal deel vorm van droogtehulp-pogings. Sy het gepraat by die bekendstelling van die nasionale platform oor die implementering van die 2024/2025 droogtehulpprogram. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Tjipura Tjipura van die Basic Income Grant-koalisie, wat wil weet hoe vasgestel sal word wie kwalifiseer.
AfriForum beklemtoon ʼn doen-dit-self-benadering nadat ʼn mosie van wantroue deur die ANC, ActionSA en die EFF die burgemeester van Tshwane uit die kussings gelig het. Ernst van Zyl van AfriForum moedig inwoners aan om veiliger gemeenskappe te verseker deur by hulle takke aan te sluit, na ʼn versoekskrif met 17 000 handtekeninge teen die ANC-EFF-koalisie. Hy beklemtoon optrede deur die gemeenskap is belangrik wanneer partypolitiek misluk:
Die president van Oekraïne, Volodymyr Zelensky, het president Cyril Ramaphosa en Suid-Afrika bedank vir sy steun vir die behoud van sy grondgebied te midde van die oorlog met Rusland. Die twee leiers het by die Verenigde Nasies se Toekoms-spitsberaad in New York ontmoet. Zelensky benadruk dat die eenheid van wêreldleiers die enigste manier is om die Russiese president, Vladimir Putin, te dwing om die oorlog te stop.
Meer as drie dekades na onafhanklikheid is dit duidelik dat armoede, ongelykheid en werkloosheid erger geword het, wat jeugproteste teen werkloosheid tot gevolg gehad het. Armoede is een van die grootste uitdagings waarmee baie gemeenskappe in Namibië te kampe het en Okahandja is geen uitsondering nie. Volgens Sydney Gariseb, 'n aktivis van Okahandja, groei die dorp se bevolking en ekonomiese aktiwiteite neem af, en daar is geen werkskepping nie.
Die Namibië Natuurstigting het die Oppenheimer Generations Research Fellowship in People and Wildlife in die hoofstad bekendgestel. Die bekende professor Morgan Hauptfleisch, die stigting se direkteur van navorsing, is die eerste ontvanger van die beurs wat twee van sy PhD-studente sal befonds. Hy doen al vir dekades navorsing oor mens-wild probleme en hoe om dit te takel. Een van die probleme is die hoë armoedevlakke van gemeenskappe naby bewareas wat dikwels verliese lei weens wilde diere. Tydens die geleentheid het dr. Duncan Macfadyen, hoof van navorsing en bewaring by Oppenheimer Generations Research and Conservation, eksklusief aan Kosmos 94.1 Nuus 'n oplossing vir sulke konflikte aan die hand gedoen.
Die burgemeester van New York, Eric Adams, staar vyf strafregtelike aanklagte in die gesig, insluitend bedrog, omkopery en die verkryging van onwettige buitelandse veldtogskenkings. In die klagstaat van 57 bladsye word beweer Adams het vir byna 'n dekade onbehoorlike, waardevolle voordele versoek en aanvaar. Dit sluit in luukse internasionale reise van ryk buitelandse sakelui en ten minste een Turkse regering. Die aanklaer vir New York se Suidelike Distrik, Damian Williams sê daar was voorwaardes gekoppel aan die voordele wat Adams ontvang het:
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku oor 'n kouefront wat die suidweste van die Wes-Kaap môre gaan tref. Woordvoerder Celeste Fourie sê sneeuneerslae word van Sondagoggend af op die hoogliggende dele van die provinsie verwag, wat teen Maandag na die Oos-Kaap sal uitbrei. Sy sê sneeu sal die suide van KwaZulu-Natal Dinsdagoggend bereik:
Die toename in toerisme-verwante misdaad in Namibië, insluitend diefstal, inbrake en gewelddadige voorvalle wat internasionale toeriste teiken, is 'n bron van groot kommer. Aangesien toerisme 'n beduidende sektor van die land se ekonomie is, is die beveiliging van die bedryf van kardinale belang. Die Namibiese Polisie het veiligheidsveldtogte by sleuteltoegangspunte en gewilde toeristeplekke van stapel gestuur om besoekers te beskerm en korrupsie te bekamp. ’n Groep genaamd Tourism Against Crime, TAC, het ook met NamPol begin saamwerk om veiligheidsmaatreëls vir toeriste te verbeter. Peter Boer, een van die groep se stigters, het aan Kosmos 94.1 gesê TAC wil die bedryf en sy werksgeleenthede beskerm.
Orkaan Helene word as katastrofies beskryf met winde van 225 kilometer per uur. Die storm het Florida getref as ‘n kategorie vier orkaan. Florida-goewerneur Ron DeSantis het inwoners vroeër gewaarsku om eerder die gebied te verlaat. Hy het ‘n uur gelede weer met inwoners gesels en sê daar is reeds ‘n sterfte aangemeld.
NamPol-inspekteur-generaal, luitenant-generaal Joseph Shikongo, het 'n beroep op die polisie se veediefstal-onderafdeling en streeksaanklaers gedoen om die afhandeling van veediefstalsake te bespoedig. Hy sê hulle moet meer gekoördineerd saamwerk en dat daar gevalle is waar vee al vir jare geskut word. Dit beroof die diere se eienaars van hul lewensbestaan, en eienaars moet ook op hoogte gehou word van die sake se vordering. Shikongo het gepraat by die hernoeming van die Luitenant-Generaal Raonga Jesaja Andima-polisieplaas in die Omaheke-streek, voorheen bekend as Uichenas.
Die Israeliese weermag het oornag nuwe lugaanvalle op Hezbollah-teikens in Suid-Libanon geloods, nadat topamptenare 'n VSA-gesteunde oproep vir 'n 21-dae wapenstilstand botweg verwerp het. Dit kom net ure voor Israeliese premier Benjamin Netanyahu die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering gaan toespreek. Hy het tot dusver internasionale oproepe verwerp om in Libanon te de-eskaleer en in te stem tot 'n wapenstilstand met Hezbollah daar en met Hamas in Gaza. Dominic Waghorn, die internasionale aangeleenthede-redakteur van SkyNews, berig uit New York dat 'n wapenstilstand deur Netanyahu self gekelder is. Hy verduidelik.
Reaksie word ontvang op die Bank van Namibië wat 'n nasionale kunsmisproduksiestrategie bepleit. Dit is om Namibië se afhanklikheid van duur invoere te verminder en landbouproduktiwiteit te verbeter. In 2018 reeds het Thomas Abanga van Abanga Farms and Food Systems gesê hulle is besig om 'n kunsmisfabriek op te rig, maar daar het nog niks van gekom nie. Daar is volgens kenners baie uitdagings met kunsmisproduksie. Kosmos 94.1 Nuus het met die plaaslike landboukenner Wallie Roux gesels, wat die regering se gebrek aan pogings om kunsmisproduksie te vestig bevraagteken.
Oryx Properties het 'n totale opbrengs van 18,64 persent aan eenheidhouers aangekondig vir die jaar tot 30 Junie. Die groep het wins van 384,8 miljoen Namibiese dollar vir die jaar aangeteken, 'n noemenswaardige toename vanaf 190,9 miljoen dollar wins in 2023. Netto eiendomsinkomste was 235,4 miljoen dollar, en basiese verdienste per gekoppelde eenheid het vanaf 287,82 sent tot 461 sent toegeneem. Francis Heunis, die finansiële hoof van Oryx Properties, brei uit.
Die Namibië Finansiële Instellings Toesighoudende Owerheid, Namfisa, het sy Jaarverslag 2024 bekendgestel. Dit skets skets 2023-tendense in verbruikersklagtes binne die nie-bank finansiële instellings-sektor, met 'n totaal van 691 klagtes, 'n 5,3 persent afname vanaf 2022. Namfisa het 629 hiervan opgelos, of 'n resolusiekoers van 91 persent, af van 94,9 persent die vorige jaar. Die uiteensetting toon toenames in langtermynversekering- en mediese fondsklagtes, terwyl ander afgeneem het. Dit weerspieël vordering in verbruikersbeskerming, alhoewel die laer resolusiekoers gebiede vir potensiële verbetering uitlig. Die verslag is bekendgestel deur Kenneth Matomola, uitvoerende hoof van Namfisa.
Suid-Afrikaanse Nasionale Parke het sy 2040-visie in Sandton bekendgestel met die doel om toekomstige bewaring te verbeter. Die raadsvoorsitter, Pam Yako, verduidelik die plan is daarop toegespits om klimaatsweerstandige, beskermde gebiede te skep en nasionale trots te bevorder, wat alle Suid-Afrikaners betrek. Sy beklemtoon dat gevorderde tegnologie die plan sal aanvuur om bestaande omgewingsuitdagings aan te pak en ekostelsels te versterk.
Lifeline Childline Namibië beplan 'n veldtog ter ondersteuning van Selfmoordvoorkomingsmaand. Die nie-winsgewende organisasie sal môre by die padblokkade tussen Windhoek en Rehoboth wees om bewustheid te kweek oor die plaag wat byna elke dag Namibiese lewens neem. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Nicolette Bessigner, direkteur van Lifeline Childline Namibië, wat meer inligting verskaf.
Die onderwysministerie se onderwysbestuur inligtingstelsel-verslag rapporteer 'n hoë voorkoms van kwessies soos onvoldoende skoolfasiliteite asook vele buite-onderrigareas, veral in Kavango-Wes, waar 29 sulke areas aangemeld is. Kavango-Wes goewerneur Bonifatius Wakudumo het die behoefte aan begrotingstoewysing vir infrastruktuurontwikkeling beklemtoon, met verwysing na uitdagings soos vervalle fasiliteite, onvoldoende klaskamers en hulpbronne, en 'n gebrek aan sanitasie en wetenskaplaboratoriums. Kosmos 94.1 Nuus het met Wakudumo gesels, wat verdere probleme uitlig.
Trustco Namibia moet deposante van Trustco Bank teen 28 Februarie 2025 terugbetaal nadat die Bank of Namibia sy bankbedrywighede weens insolvensie gekanselleer het. Alle onopgeëiste fondse na die sperdatum sal na die Voogdyfonds gaan. Trustco moet ook "bank" van sy naam verwyder en sy bestuursdokumente teen 30 November bywerk. Die maatskappy het sy banklisensie op 22 Augustus aan die sentrale bank terugbesorg. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die adjunk-uitvoerende hoof van Trustco, Quinton van Rooyen Junior, wat 'n opdatering gee oor die terugbetaling van deposito's.
Professor Morgan Hauptfleisch, die Namibië Natuurstigting se direkteur van navorsing, is die eerste ontvanger van die Oppenheimer Generations Research Fellowship in People and Wildlife. Hierdie baanbrekende beurs is daarop gemik om die gaping tussen mense en natuurlewe regoor Suider-Afrika te oorbrug. Hauptfleisch lei al dekades lank innoverende navorsing en bewaringstrategieë wat die interaksies tussen mens en natuur aanspreek en wild beskerm. Die mediabekendstelling van die beurs het vandag in Windhoek plaasgevind. Kosmos 94.1 Nuus het aan Nicky Oppenheimer van Oppenheimer Generations Reasearch and Conservation gevra hoekom die beurs belangrik is.
Volgens High Economic Intelligence se BBP-verslag vir die tweede kwartaal het die vervaardigingsektor 'n toename van 0,6 persent in reële waarde toegevoeg geregistreer in die tydperk onder oorsig, vergeleke met 'n toename van 3 persent in die ooreenstemmende kwartaal van 2023. Die sektor groei is hoofsaaklik weerspieël in die subsektor "graanmeulprodukte" wat 'n toename van 26,1 persent geregistreer het. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met dr. Omu Kakujaha-Matundu van die departement ekonomie by Unam, oor kommer dat vervaardiging in die land hoofsaaklik deur graanmeuleprodukte ondersteun is.
Cosatu dring aan dat die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika Eskom se omstrede inkomste-aansoek tot 2028, moet verwerp. Die kragverskaffer wil hê elektrisiteitstariewe moet in die 2026-boekjaar met 36,15-persent verhoog; in 2027 met 11,81-persent; en in 2028 met 9,10-persent. Cosatu se woordvoerder, Zanele Sabela, sê die regering moet Eskom meer ondersteun om dubbelsyfer-tariefverhogings te vermy.
Oryx Properties het sy bestendige ontwikkelingstrajek gehandhaaf vir die jaar tot 30 Junie, wat aan eenheidhouers 'n totale opbrengs van 18,64 persent gee. Die groep het 'n totale omvattende wins van 384,8 miljoen Namibiese dollar vir die jaar aangeteken, 'n noemenswaardige toename vanaf 190,9 miljoen dollar wins in 2023. Netto eiendomsinkomste was 235,4 miljoen dollar, en basiese verdienste per gekoppelde eenheid het vanaf 287,82 sent tot 461 sent toegeneem. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Francis Heunis, die finansiële hoof van Oryx Properties, wat uitbrei.
Krieket: Suid-Afrika en Ierland meet kragte in twee T20s en drie Eendagwedstryde met die eerste T20 môre in Abu Dhabi. Die Proteas het pas ʼn geskiedkundige Eendagreeksnederlaag met 2-1 teen Afghanistan gely en verskuif nou hulle aandag na die kortste formaat van die spel. Patrick Kruger is een van verskeie veelsydige spelers in die groep en sê daar is gesonde mededinging tussen die lede van die span.
Die onderwysministerie het sy onderwysstatistieke vir 2023 vrygestel. Daar was altesaam 846 519 leerders waarvan 17 152 ophou skoolgaan het. Die Ohangwena-streek het die meeste gevalle aangeteken, met 2 069 leerders. Hiervan was 49,2 persent vroulik en 50,8 persent manlik. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Dorothea Nangolo, die president van die Namibië Nasionale Studente-organisasie, Nanso, wat moontlike redes vir die groot aantal skoolverlatings in die noordelike streke gee.
Die burgemeester van New York, Eric Adams sê klagtes teen hom is vals. Hy word sal tereg staan op federale kriminele aanklagte. Die 64-jarige Adams se klagtes kom minder as 'n jaar nadat federale agente beslag gelê het op sy se elektroniese toestelle. Daar word gekyk of sy veldtog in 2021 met die regering van Turkye saamgesweer het om onwettige skenkings in die veldtog in te voer. Vyf ander lande word betrek: Israel, China, Katar, Suid-Korea en Oesbekistan. Adams weier om te bedank en het met die media gepraat.
Gauteng se LUR vir Finansies en Ekonomiese Ontwikkeling, Lebogang Maile, sê die eerste paaiement van 3 miljard Suid-Afrikaanse rand vir e-tolskuld word Maandag betaal. Die provinsiale regering het sy bydrae van 30-persent aanvaar om die skuld en rente aan die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap te betaal terwyl die regering die balans van 70-persent sal delg. Dit hou verband met die Gautengse snelwegverbeteringsprojek. Maile sê die e-tolskuld is ʼn groot finansiële las:
Geslagsgebaseerde geweld bly 'n uitdaging in Namibië. Die Namibiese polisie het toenames in gesinsgeweld, seksuele aanrandings en ander vorme van hierdie geweld aangeteken. In reaksie hierop het die regering en verskeie organisasies bewusmakingsveldtogte, wetgewende hervormings en gemeenskapsprogramme van stapel gestuur om die krisis te bekamp, maar die probleem duur voort. Zack Itodo, 'n toegewyde voorspraakmaker vir slagoffers van geslagsgebaseerde geweld, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels en sê in baie gevalle is slagoffers hul eie grootste vyande want hulle meld nie sake aan nie.
Die Swapo Party Jeugliga het uiteindelik kommentaar gelewer op die omstrede voorval waar kospakkies na ondersteuners gegooi is. SPYL het sy dankbaarheid uitgespreek vir wat hy noem die merkwaardige opkoms by Swapo se Star Rally in Walvisbaai, waar die voorval plaasgevind het. Hy veroordeel wat hy noem die chaotiese verspreiding van kospakkies, waar die aangewese voertuig oorweldig en ontwrig is deur sogenaamde oproerige individue. SPYL het sy lede en almal wat geraak is om verskoning gevra, en homself verbind tot die voorkoming van soortgelyke voorvalle. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Moses Shikerete, die liga se nasionale woordvoerder.
Daar is indikasies dat NamWater watertoevoer van Hardapdam na die besproeiingskema gaan afsny. Daar is ‘n vergadering vir Vrydag met produsente belê. Hardap is tans op 8 persent of 23 miljoen kubieke meter en daar is in die afgelope week 727 000 kubiek deur die skema onttrek. Die skema mag net 25 persent van gewasse besproei. Kosmos 94.1 Nuus het NamWater se uitvoerende hoof Abraham Nehemia gepraat. Hulle werk nou saam met die munisipaliteit, die produsente en die melkplaas van Namibia Dairies.
In 'n toespraak by die bekendstelling van die nasionale platform oor die implementering van die 2024/2025 droogtehulpprogram, het premier Saara Kuugongelwa-Amadhila aangekondig dat die voorwaardelike basiese inkomstetoelaag na stedelike sentrums uitgebrei sal word. Hierdie program betaal tans 600 Namibiese dollar per huishouding per maand aan voormalige Voedselbank-begunstigdes. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Ben Schernick, die direkteur van die Nutrition and Food Security Alliance of Namibia, wat sê dit is 'n stap in die regte rigting, maar 'n behoorlike basiese inkomstetoelaag is nodig om almal te help, nie net sommiges nie.
Die Blou Bulle bied die Rugby-afrigtersimposium aan. Dit het ten doel om 'n geleentheid te bied aan provinsiale en internasionale afrigters om hul kennis met deelnemers te deel. Die vereniging het meer as 6 500 geaffilieerde lede, wat die belangrikheid van afrigting beklemtoon om beide die spel en die lewens van individue te vorm, veral gegewe die statistiek dat 60 persent van Suid-Afrikaners sonder 'n vaderfiguur groot word. Kosmos 94.1 Nuus het met Willem Strauss, president van die Blou Bulle gesels...
Die Stad Kaapstad waarsku Eskom se voorgestelde elektrisiteitstariefverhoging van bykans 44-persent gaan ernstige gevolge hê vir inwoners en klein sakeondernemings. Burgemeester Geordin Hill-Lewis versoek die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika om hierdie verhogings te verwerp en sê dit kan lewensomstandighede verswak. Die burgemeesterskomiteelid vir Energie, Xanthea Limberg, sê hierdie verhoging bedreig bestaande ondersteuningsmaatreëls vir lae-inkomstehuishoudings met die lewenslyntarief:
Namibië was hierdie jaar gasheer vir verskeie hoëprofielgeleenthede, soos die Lugvaartontwikkelingskonferensie, die Namibië Olie- en Gaskonferensie, die Afrika Versekeringsorganisasie-konferensie en die Namibië Internasionale Energiekonferensie. Die Afrika Unie se SME Forum en die Globale Afrika Waterstofberaad is mees onlangs aangebied. Volgens Bonnie Mbidzo, die waarnemende uitvoerende hoof van die Namibië Toerismeraad, is dit te danke aan voortdurende pogings deur die raad sowel as onder andere die Namibië Beleggingsbevordering- en Ontwikkelingsraad. Kosmos 94.1 Nuus het met Mbidzo gesels wat beklemtoon dat hulle Namibië bemark in terme van vergaderings, aansporings, konferensies en uitstallings, of MICE.
Nust het sy Lüderitz-kampus, ook bekend as die Technovation Park, bekend gestel. Boonop het Nust meer grond bekom vir die uitbreiding van die kampus. Browny Mutrifa, bedryfshoof van Nust, sê die grond beslaan 80 000 vierkante meter, of agt hektaar. Volgens hoër onderwys-minister Itah Kandji-Murangi, is die universiteit se uitbreiding in ooreenstemming met die land se doelwitte om 'n groenekonomie te vestig.
Die DA sê hy is bekommerd oor die finansiële krisis wat die onderwyssektor teister. Hy sê dit bedreig nie net kinders se toekoms nie, maar is ʼn simptoom van groter finansiële wanbestuur oral in die regering. Die minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube, het onthul die departement is opgesaal met begrotingsdruk van ʼn geraamde 79 miljard Suid-Afrikaanse rand oor die medium termyn wat tot meer as 118 miljard rand kan styg. Mark Burke van die DA sê elke regeringsprogram se besteding moet omvattend hersien word:
Sam Cane sal Saterdag sy 100ste toetswedstryd vir Nieu-Seeland speel in die opdrafspan in die Rugbykampioenskap-eindstryd teen Australië in Wellington. Beauden Barrett was siek, maar keer terug om saam met skrumskakel TJ Perenara uit te draf wat Cortez Ratima vervang. Op binnesenter vervang Anton Lienert-Brown vir Jordie Barrett, wat ʼn kniebesering het. Damian McKenzie sal op die bank wees. Afrigter Scott Robertson sê hulle wil graag die kragmeting wen:
Rampbestuurspanne in KwaZulu-Natal is ontplooi in reaksie op voorspellings van moontlike sneeu volgende week. Die LUR vir Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Thulasizwe Buthelezi, waarsku inwoners oor verwagte uiters koue temperature Maandag en Dinsdag, veral in gebiede rondom die Drakensberge. Senzelwe Mzila van die departement sê die provinsiale rampbestuursentrum werk saam met plaaslike munisipaliteite en ander belanghebbendes om voor te berei vir alle moontlike noodgevalle:
Amerika en Frankryk werk saam om dringend ʼn tydelike skietstilstand van 21 dae te bewerkstellig tussen Libanese Hezbollah-militante en Israel in Libanon. Sedert Maandag is meer as 600 mense in Israelse lugaanvalle dood en duisende is ontheem. Frankryk glo ʼn diplomatieke oplossing is moontlik. Intussen sê Israel se ambassadeur by die Verenigde Nasies, Danny Danon, indien Hezbollah ophou om vuurpyle op Israel af te vuur, sal daar geen wraakaanvalle wees nie:
Die Instituut vir Rasseverhoudinge sê die regering van nasionale eenheid moet ʼn dapper benadering volg om seker te maak Suid-Afrikaners het toegang tot goedkoop, betroubare elektrisiteit. Eskom is gekritiseer oor sy tariefverhogingsaansoek wat by die Nasionale Energiereguleerder ingedien is. Daarin vra hy ʼn tariefverhoging van 36,15-persent vir direkte klante in die 2025/2026-boekjaar. Hermann Pretorius van die instituut sê die regering moet burokratiese hindernisse soos rasgebaseerde verkrygingsregulasies verwyder, omdat dit kragopwekking duurder maak:
Die Namibië Natuurstigting, NNF, in samewerking met Oppenheimer Generations Research and Conservation, het die Oppenheimer Generations Research Fellowship in People and Wildlife aangekondig. Hierdie baanbrekende beurs, wat in die Natuurstigting gesetel is, verteenwoordig groot vooruitgang in Namibië se bewaringspogings, en is daarop gemik om die gaping tussen mense en natuurlewe regoor Suider-Afrika te oorbrug. Die beurs is toegeken aan professor Morgan Hauptfleisch, die NNF se direkteur van navorsing, en 'n bekende figuur in die Namibiese bewaringslandskap. Hy lei al dekades lank innoverende navorsing en bewaringstrategieë wat nie net wild beskerm nie, maar ook die komplekse interaksies tussen mens en natuur aanspreek. Die mediabekendstelling van die beurs vind vandag plaas. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met professor Hauptfleisch wat meer inligting verskaf.
Daar is drie damme in die gebied van die die Lyambezi-meer in die Zambezi-streek, waar seekoeie gestrand is. By Munambeza het 130 seekoeie vasgeval. Die omgewingsministerie het spanne ontplooi en boor dringend vir water om die diere by te staan. Vyf het volgens Romeo Muyunda reeds gevrek, moontlik van honger. Muyunda waarsku gemeenskappe om uiters versigtig te wees by alle waterpunte omdat mens-dier-konflik nou toeneem.
Volgens Bank Windhoek se Tesourie Tegniese Ontleding en Vooruitsigverslag het die Suid-Afrikaanse rand verlede week sterk onder die 17,60-steunvlak gesluit nadat die Federale Reserweraad rentekoerse met 50 basispunte verlaag het, wat die Amerikaanse dollar verswak het. Dit het veroorsaak dat die rand uit 'n jaarlange regstellende reeks gebreek het, wat die plaaslike geldeenheid versterk en die vorige korttermyn swakker vooruitsig vir die rand negeer het. Momentum-aanwysers dui egter daarop dat die rand se sterk lopie beperk kan wees, met die langtermynvooruitsigte wat steeds 'n swakker rand bevoordeel. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Bank Windhoek se senior finansiële markte-handelaar, Andriko von Ludwiger, wat verduidelik.
Die Bank van Namibië het die repokoers na 7,50 persent gesny, om binnelandse verbruik en belegging 'n hupstoot te gee. Daarna het Suid-Afrikaanse Reserwebank die repokoers daar met 25 basispunte tot 8 persent verlaag. Die volgende monetêre beleids-aankondiging in Namibië is geskeduleer vir 23 Oktober, en verwagtinge is dat rentekoerse weer kan daal. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Halleluya Ndimulunde, 'n ekonoom by Simonis Storm, wat verduidelik dat dit 'n risiko vir plaaslike beleggings inhou.
Oekraïne se president, Volodymyr Zelensky, het aan die Verenigde Nasies gesê dat Rusland dieper aanvalle op sy land se kernkragsentrales beplan en waarsku teen 'n moontlike kernramp. Hy sê hy het inligting ontvang wat wys Moskou gebruik satelliete wat deur ander lande verskaf is om inligting oor Oekraïne se kerninfrastruktuur in te samel. Bestraling respekteer nie staatsgrense nie en baie nasies kan 'n verwoestende effek ervaar, het hy die VN se Algemene Vergadering Woensdag gewaarsku. Rusland het sedert die begin van sy volskaalse inval in Februarie 2022 herhaaldelik energiefasiliteite regoor die Oekraïne geteiken. Luister self na Zelensky
In 'n voortdurend veranderende wêreld is dit noodsaaklik om jou finansies proaktief te bestuur om stabiliteit vir jouself en jou geliefdes te verseker. Dit behels die handhawing van bestendige kontantvloei, die antisipering van potensiële risiko's en die implementering van strategieë om die impak daarvan te versag. Die opbou van 'n veiligheidsnet deur spaar en behoorlike versekering, insluitend inkomstebeskerming en lewensversekering, is noodsaaklik vir finansiële veerkragtigheid. Phillipus Hamunyela, makelaarskonsultant by Old Mutual Namibia, verduidelik hoekom dit belangrik is.
President Cyril Ramaphosa het sy oproep herhaal vir ʼn onmiddellike skietstilstand in Gaza en dat alle gyselaars dadelik vrygelaat word. Hy het ʼn toespraak gelewer by die 79ste sitting van die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering New York. Hamas het in Oktober verlede jaar sowat een-duisend-200 mense in Israel vermoor en 251 ander gyselaar geneem. Israel het in wraakaanvalle volgens berigte meer as 41-duisend mense in Gaza doodgemaak. Ramaphosa sê Suid-Afrika sal nie stilbly en kyk hoe apartheid teen ander toegepas word nie:
Die Kommunikasie Regulerende Owerheid van Namibië, Cran, het 'n mandaat om verbruikers in die telekommunikasie-, uitsaai- en possektore te beskerm. Hierdie klagtes word deur die Beregtingsregulasies hanteer, wat riglyne verskaf oor die ontvangs en oplossing van klagtes. Tussen 1 Februarie 2022 en 31 Januarie 2023 het Cran altesaam 23 klagtes teen telekommunikasiediens-lisensiehouers ontvang. Ella Chapoto, verbruikersverhoudinge en voorspraakpraktisyn by Cran, gee meer inligting.
Caledon in die Wes-Kaapse Overberg-streek is nou die tuiste van die wêreld se langste glykabel. SA Forest Adventures se K3-glykabel van 3,2 kilometer is net minder as 400 meter langer as die vorige rekordhouer, Jais Flight, in Ras al Khaimah in die Verenigde Arabiese Emirate. Die LUR vir Toerisme, Ivan Meyer, sê hierdie nuwe glykabel sal die plaaslike ekonomie deur toerisme ondersteun.
Borskanker bly die algemeenste kanker onder vroue in Namibië, maar ten minste 30 persent van gevalle is voorkombaar of volledig behandelbaar indien dit vroeg opgespoor word. Vroue word aangemoedig om "365-borsbewus" te word deur daagliks selfmonitering en een keer per maand 'n selfborsondersoek uit te voer. Jaarlikse kliniese borsondersoeke en mammogramme of ultraklanke word ook aanbeveel. Ter ondersteuning hiervan bied Windhoek Spar-winkels, in vennootskap met die Kankervereniging van Namibië, vanaf Vrydag gratis borskanker-skanderings aan. Skanderings sal elke Vrydag in Oktober by die Hochland Spar gedoen word, vanaf 8-uur die oggend tot 1-uur die middag. Rolf Hansen, die uitvoerende hoof van die Kankervereniging van Namibië, het meer.
Die munisipaliteit van Otavi staar 'n ernstige finansiële krisis in die gesig as gevolg van wydverspreide wanbetaling van belasting en dienstariewe. In Julie het verbruikers en besighede 75,4 miljoen Namibiese dollar geskuld, terwyl die munisipaliteit se skuld aan diensverskaffers, insluitend NamWater, op 65,1 miljoen dollar staan. Volgens die 2023-sensusresultate beloop die bevolking van Otavi 18 279 inwoners. Kosmos 94.1 Nuus het met die plaaslike ekonoom Gabriel Erastus gesels oor hoe so 'n klein dorpie soveel skuld kan hê. Hy het verskeie probleme uitgelig.
Die leier van die Affirmative Repositioning-beweging, Job Amupanda, bevraagteken die behoefte aan 'n twee-jaar-lange haalbaarheidstudie vir die geleidelike verwydering van die veterinêre kordonheining, of rooilyn. Die regering het onlangs die studie aangekondig, maar Amupanda sê 'n uitvoerbaarheidstudie is reeds onder oudpresident Hifikepunye Pohamba gedoen. Die regering het miljoene Namibiese dollar daarop bestee. Hy het by 'n media-inligtingsessie gevra of die president en vise-president nie bewus was van die studie nie. Amupanda betwyfel of die huidige regering iets aan die verwydering van die heining sal doen.
Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, António Guterres, het regerings versoek om goeie planne vir optrede teen klimaatsverandering op te stel, ooreenkomstig die doelwit om te verhoed dat die aarde se temperatuur met meer as 1,5 grade Celsius styg. Hy sê die wêreld se klimaat is besig om te versmelt, met ekstreme temperature, brande, droogtes en ongekende oorstromings. Guterres sê dít is egter nie natuurrampe nie, maar menserampe wat toenemend deur fossielbrandstof aangevuur word.
Die Regeringsinligtingsentrum het by die kabinetsinligtingsessie gasheer gespeel vir Alexia Manombe-Ncube, die adjunkminister vir gestremdheidsake. Sy het die bekendstelling van beleide en inisiatiewe uitgelig wat ten doel het om te verseker dat individue met gestremdhede toegang tot onderwys, werk en ander geleenthede het. Sy het die belangrikheid beklemtoon van die uitreiking van nasionale dokumente, soos geboortesertifikate, sodat hierdie Namibiërs maatskaplike toelaes en ander voordele kan ontvang.
Die EFF sê die illusie van ʼn reënboognasie het misluk en Suid-Afrikaners leef in ʼn samelewing waar die Afrika-meerderheid steeds gemarginaliseer word en wit instellings en individue wat volgens hom straffeloos voortgaan. Die party-woordvoerder Leigh-Ann Mathys sê erfenis is nie net in monumente of viering van verskeidenheid nie maar in die bloed, sweet en opoffering van vryheidsvegters. Sy sê volgens die party is erfenis ook die voortslepende stryd teen sogenaamde wit-monopolie-kapitaal, korrupsie en uitbuiting:
Namibië se toerismesektor het in Augustus veerkragtigheid en bestendige groei getoon, versterk deur 'n diverse mengsel van plaaslike en internasionale besoekers. Veral Europese toeriste was 'n dryfveer. Volgens Simonis Storm se gasvryheidstatistieke-verslag vir Augustus, bied die voortgesette oorheersing van vakansie- en ontspanningsreise geleenthede vir verdere ontwikkeling in infrastruktuur, om besoekers se ervaring te verbeter en die positiewe momentum te behou. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Almandro Jansen, 'n ekonoom by Simonis Storm, wat sê die verwagtinge vir die komende vakansieseisoen is positief.
Weens die voortslepende droogte is meer as 130 seekoeie by Munambezadam, naby die Lyambezi-meer in die Zambezi-streek, gestrand. Munambeza is die derde dam aan die Choberivier, wat aan Botswana grens, waar seekoeie vasgeval het. Om die seekoeie aan die lewe te hou tot die volgende reënseisoen, het die lynministerie boorgate begin boor. Kosmos 94.1 Nuus het met omgewingswoordvoerder Romeo Muyunda, gepraat.
Oekraïne se president Volodymyr Zelensky sê die oorlog met Rusland kan nie net met gesprekvoering tot bedaring gebring word nie, maar Moskou moet tot vrede gedwing word. Hy het die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad, waarvan Rusland ʼn permanente lid is, toegespreek. Zelensky beskuldig Moskou van internasionale misdade omdat hy Oekraïnse burgerlikes en energie-infrastruktuur teiken. Hy beweer ook hy het bewyse dat die Russiese president, Vladimir Putin, drie Oekraïnse kernkragaanlegte wil aanval om die land se energienetwerk verder te beskadig:
Daar is plek-plek voggies in die land met reën wat ontvang is. Maar hoe lank nog? Kosmos 94.1 Nuus het met Odillo Kgobetsi van die Windhoek weerkantoor gesels en die nuus is goed.
Reaksie word ontvang op berigte dat laerskool-leerders in Opuwo eerder deur op stortingsterreine na kos, boumateriaal en klere soek as wat hulle skool bywoon. Die skole het blykbaar ‘n plan gemaak en hou nou twee skedules – een in die oggend en een in die middag. Dit is om die kinders ‘n geleentheid te gun om die terrein te besoek. Die adjunk-uitvoerende direkteur in die onderwysministerie Edda Bohn sê die skoolvoedingprogram is by al die betrokke skole in Opuwo geïmplementeer en aan die gang.
In sy weeklikse nuusbrief sê die Namibiese Landbou-unie dat gesigsherkenningstegnologie ’n kardinale rol kan speel in die voortdurende stryd teen veediefstal. Dit het reeds in Suid-Afrika posgevat. Die tegnologie is in staat om met 99 persent akkuraatheid, individuele beeste via hul bekke te identifiseer. Kosmos 94.1 Nuus het met Christiaan Swartbooi 'n verteenwoordiger van die Gibeon-boerevereniging gepraat. Hy het so reageer op die tegnologie.
In 2021 het die vervaardiging van doodskiste 'n kritieke fokus in Namibië geword weens toenemende Covid-19-sterftes. In reaksie hierop het plaaslike doodskisvervaardigers regeringsondersteuning gesoek om in die vraag te voorsien. Die handelministerie het meer as 50 vervaardigers geïdentifiseer wat in staat is om gemiddeld 860 kiste per dag te vervaardig. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Danny Meyer van SMEs Compete vir 'n opdatering oor die kis-vervaardigingsektor en die uitdagings.
Die hoof van NamPol, luitenant-generaal Joseph Shikongo en sy bestuurspan het onlangs met die bestuur van die Sentrale Verkrygingsraad van Namibië vergader om dienslewering deur openbare aankope te verbeter. Die hoofdoel was om 'n langtermyn strategiese samewerking tussen NamPol en die raad te kweek. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die woordvoerder van die Verkrygingsraad, Johanna Kambala, wat sê dat die gesprekke gesentreer was op die belangrikheid daarvan dat tenderaars deeglik deur die polisie bygestaan word. Kambala beklemtoon dat tenders behoorlik gesertifiseer moet wees om aanvaar te word.
Die Israelse Weermag sê hy kon vandag ʼn missiel onderskep wat uit Libanon op Tel Aviv afgevuur is. Israel en die militante Hezbollah-groep wat deur Iran ondersteun word, voer reeds maande lank aanvalle uit op mekaar. Die onderskepping volg dae nadat meer as 500 mense in Libanon dood is in Israelse aanvalle op Hezbollah. Die Verenigde Nasies se Menseregte-woordvoerder, Ravina Shamdasani, is bekommerd oor die aantal ongevalle:
SANParke maan stappers om in groepe te loop en veiligheidsmaatreëls na te kom. Dit volg nadat ʼn Amerikaanse toeris se liggaam op Tafelberg gevind is. Die vermiste stapper, Brook Cheuvront, se liggaam is Sondag na ʼn uitgebreide soektog op Duiwelspiek aangetref. Besoekers word ook aangeraai om roetes versigtig te beplan en iemand in te lig oor hulle verwagte terugkeertyd. SANParke se woordvoerder, JP Louw, sê stappers moet die regte klere dra en noodkontaknommers byderhand hê voordat hulle begin stap:
Amerika se president Joe Biden vra ʼn einde aan konflik in die Midde-Ooste en sê ʼn volskaalse oorlog is in niemand se belang nie. Hy het gister sy laaste toespraak by die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering in New York gelewer. Biden het Hamas veroordeel vir sy dodelike aanval op Israel op 7 Oktober, maar ook simpatie uitgespreek vir die mense wat ly onder Israelse operasies in Gaza. Hy sê hy glo ʼn diplomatieke oplossing is steeds moontlik:
Die Kantoor van die Eerste Minister begin vandag 'n tweedaagse nasionale platform oor die implementering van die 2024-2025 droogtehulpprogram. Dit word deur streeksgoewerneurs, voorsitters van streeksrade en meer bygewoon. Die primêre doelwit is om 'n oorsig van die droogtehulpprogram te gee, uitdagings wat ervaar word aan te spreek en koördinasie tussen die nasionale en streeks ramprisikobestuurstrukture te versterk. Rhingo Mutambo, van die kantoor het meer.
Die Amerikaanse verkiesings kom al hoe nader en die twee kandidate, Donald Trump vir die Republikeine en Kamala Harris vir die Demokrate, rits die land vol en lewer toesprake. Trump was in Savannah, Georgia en het beleggers na die VSA genooi. Hy het die industrialisasie van die VSA so uiteengesit.
"ThreshHold" is al vir 25 jaar lank beskikbaar in Suid-Afrika, en soveel mense het al groot baat gevind met die gebruik van hierdie produk vir hul kroniese pyn! Van seer gewrigte, spiere, ou sport-beserings, en vele ander pynlike probleme. "ThreshHold" kan help! "ThreshHold" is beskikbaar by apteke in Namibië in jel of tablet vorm. Vir meer inligting besoek gerus www.threshhold.co.za, of stuur vir ons ‘n epos na info@sanatural.co.za
Oekraïne se president Volodymyr Zelensky het wêreldleiers se ondersteuning gevra vir ʼn billike en vreedsame toekoms vir Oekraïne. In sy toespraak by die Verenigde Nasies se Toekomsberaad het Zelensky onlangse Russiese missielaanvalle op Zaporizhzhia veroordeel. Die missiele het noodsaaklike infrastruktuur getref en hy het herhaal dat dit belangrik is om Rusland vir sy optrede aanspreeklik te hou. Hy het ook gevra vir volgehoue internasionale steun om ʼn vreedsame oplossing vir die konflik te vind:
Die Namibië Universiteit van Wetenskap en Tegnologie se satellietkampus in Lüderitz by die Ou Kragstasie word vandag amptelik geloods. Voor die amptelike bekendstelling het Nust 'n openbare lesing oor die olie- en gasbedryf in Namibië aangebied. By die geleentheid het professor Samuel John, 'n senior lektor by Nust, kortliks verduidelik watter kursusse by die kampus aangebied gaan word.
Die Verenigde Nasies doen ʼn dringende beroep vir internasionale ingryping om die toenemende spanning in Libanon te ontlont. Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, het Libanese burgerlikes aangeraai om gebiede wat Hezbollah vir militêre doeleindes gebruik, te vermy. Die onder-sekretaris-generaal, Rosemary DiCarlo, waarsku toenemende geweld tussen Hezbollah- en Israelse magte wat burgerlike ongevalle en verplasing veroorsaak het, bedreig die streek se stabiliteit. Sy vra alle partye om selfbeheersing uit te oefen en internasionale wette na te kom:
Adjunkpresident Paul Mashatile het erken die regering kon meer gedoen het om voor te berei vir die swaar sneeuneerslag wat in verskeie dele van die land voorgekom het. Hy het gister die hoofrede gelewer by die regering se Erfenisdag-herdenking in Ficksburg in die Vrystaat. Verskeie provinsies het die afgelope paar dae onder swaar sneeuval deurgeloop, insluitend KwaZulu-Natal, waar twee mense verkluim het. Mashatile sê Suid-Afrikaners moet voorbereid wees op die uitwerking van klimaatsverandering:
Uiteindelik is dit hier - 'n fantastiese dag van inkopies en die ondersteuning van 'n goeie doel by die Windhoek Dierebeskermingsvereniging se snuffelmark! Dit vind tussen nege-uur en een-uur plaas op Saterdag en beloof 'n dag vol gevul met winskopies, gemeenskapsgees en pret. Daar is 'n wye verskeidenheid tweedehandse skatte, van boeke en klere tot huishoudelike goedere teen uitstekende pryse! Jy kan ook enigiets wat by die huis rondlê en jy nie meer gebruik nie, skenk om verkoop te word. Elke aankoop help die DBV om skuiling en versorging te bied aan diere in nood. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Hanna Rhodin, die DBV-direkteur.
Die Springbok-afrigter Rassie Erasmus het nege veranderinge en een posisie-verskuiwing gemaak vir hul deurslaggewende Rugbykampioenskap-wedstryd teen Argentinië in Mbombela. Siya Kolisi is opnuut die span se kaptein. Hy is een van ses dubbele Wêreldbeker-wenners wat herroep is. Manie Libbok en Jaden Hendrikse is vir die eerste keer saam as skrumskakels. Eben Etzebeth sal met dié wedstryd die mees bekroonde Springbok van alle tye word. Erasmus sê hy is bly om ’n paar vars spelers terug in die span te hê:
Oor die afgelope vier jaar het 79 persent van leerlinge in Namibië wat die graad 11 nasionale eksamen geskryf het, nie gekwalifiseer om na tersiêre instellings of graad 12 te vorder nie. Dit is gelyk aan 120 468 uit 152 686 leerlinge. Ten spyte hiervan het die aantal leerlinge wat gekwalifiseer het verdubbel, van 5 007 in 2020 tot 10 261 verlede jaar. Terwyl leerders hul eindeksamen aanpak, staar baie onsekerheid in die gesig as hulle nie vir Gevorderde Filiaal-, universiteit- of beroepskole kwalifiseer nie. Finansiële struikelblokke verhoed hulle dikwels om alternatiewe soos die Namibia College of Open Learning te betree. Arbeidskenner Herbert Jauch het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en beklemtoon die behoefte aan sistemiese veranderinge...
Bank Windhoek se Volhoubaarheidseffek, uitgereik onder die Volhoubare Effekteraamwerk, het in 2021 met twee gedeeltes begin en 407 miljoen Namibiese dollar ingesamel. Die 2024-toekenning het 225 miljoen dollar beloop. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Claire Hobbs, Bank Windhoek se hooftesourier, wat meer inligting gee.
President Cyril Ramaphosa het ʼn nuwe beleggingsdoelwit van 2 triljoen Suid-Afrikaanse rand teen 2028 gestel nadat Suid-Afrika se vorige mikpunt van 1,2-triljoen rand bereik is. Die president, wat Suid-Afrika se afvaardiging by die 79ste Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies gelei het, het ook die New York Aandelebeurs se sluitingsklok gelui in die geselskap van die beurs se president Lynn Martin en ander amptenare. In sy toespraak by die SA-VSA-sakeforum het Ramaphosa Amerikaanse beleggers genooi om geleenthede in sektore soos hernubare energie, vervaardiging en infrastruktuur te ondersoek.
Die Bank van Namibië se direkteur van navorsing en finansiële sektor-ontwikkeling, Emma Haiyambo, sê die land het 'n nasionale kunsmisproduksiestrategie nodig om produksiekoste te verminder en wêreldwyd mee te ding. Sy sê deur kunsmis binnelands te produseer, kan Namibië nie net sy afhanklikheid van duur invoere verminder nie, maar ook sy landbouwaardeketting versterk. Maar reeds in 2018 het Thomas Abanga, die stigter en uitvoerende hoof van Abanga Farms and Food Systems, op die Omaheke Werkskeppingskonferensie gesê sy maatskappy is in die finale stadium van die oprigting van 'n kunsmisfabriek. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Hanks Saisai, Agribank se tegniese adviseur wat in gewasse spesialiseer, wat die uitdagings uiteensit.
Die waarnemende sekretaris-generaal van die United Democratic Movement, Zandile Phiri, is besorg oor die verswakkende gesondheidsorgstelsel in Suid-Afrika en wys op besnoeiing van poste, wanadministrasie en swak omstandighede. Kwessies sluit in die verlate Kopano-hospitaalkompleks in Welkom, onbetaalde rekenings in die Oos-Kaap wat nooddienste ontwrig en medisynetekorte in Mpumalanga. Sy versoek onmiddellike regeringsoptrede om gesondheidsorgdienste te herstel.
Dit gons steeds oor die 30-jarige Namibiese vrou wat Sondag in Johannesburg aangekeer is met kokaïen in haar maag. Sy het 68 pakkies, sowat 850 gram, teen Maandagaand uitgeskei. Sy het glo met haar Nigeriese minnaar na Brasilië gereis en hy het haar blykbaar oortuig om die dwelms te smokkel. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die oud-dwelmhoof van Nampol, kommissaris Hermie van Zyl, oor die fenomeen van veral vrouens wat dikwels as dwelm-muile gebruik word.
Die DA vra die minister van Verdediging en Militêre Veterane, Angie Motshekga, om die uitgawes van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag aan luukse items te regverdig te midde van groeiende kommer oor sy prioriteite. Die party het sy besorgdheid uitgespreek oor die SANW se deelname aan ʼn duur musiekfees in Rusland wat belastingbetalers 15-miljoen-Suid-Afrikaanse rand uit die sak gejaag het. 'n Woordvoerder van die DA, Nicholas Gotsell, sê hierdie uitgawes doen afbreuk aan die kernmissie van die Weermag, om Suid-Afrika se grense te beskerm en die welsyn van soldate te verseker:
Die Gobabis-skou, wat van Donderdag tot Saterdag plaasvind, stel die blywende krag van die Omaheke-streek se landbousektor ten toon. Met verloop van tyd het dit ontwikkel tot 'n platform nie net vir boere nie, maar ook vir diverse bedrywe, wat besprekings oor nuwe boerderytegnieke en -inisiatiewe bevorder. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Richard Peens, die voorsitter van die Gobabis-skou, oor wat die publiek kan verwag.
Vyf maande gelede het Zimbabwe 'n nuwe geldeenheid, die "ZiG," ingestel met die hoop om dit teen 2026 te stabiliseer. Baie Zimbabwiërs verkies egter steeds om die Amerikaanse dollar bo die nuwe geldeenheid te gebruik. Die Zimbabwiese ekonoom, Eddie Cross, bespreek in 'n onderhoud hoekom die Amerikaanse geldeenheid meer vertrou word. Jare van ekonomiese onstabiliteit en hiperinflasie in Zimbabwe het vertroue in plaaslik uitgereikte geldeenhede geërodeer. Kosmos 94.1 Nuus het met Eddie Cross gesels, wat verduidelik.
Die kabinet se goedkeuring van die geleidelike opheffing van die veeartsenykundige kordonheining, of rooilyn, lok steeds reaksie uit. Meeste is versigtig optimisties, mits die ingrypende stap deeglik ondersoek en beplan word. Indien nie, kan dit die land se belangrike beesvleis-uitvoere geweldig knou. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die goewerneur van die Ohangwena-streek, Sebastian Ndeitunga, wat egter sê dis hoog tyd dat die rooilyn verskuif word.
'n Mediamoniteringsinisiatief gesentreer op die 2024 Nasionale Vergadering en presidensiële verkiesings is deur Namibië se Media-ombudsman begin. Hierdie inisiatief is 'n noodsaaklike hulpbron om te evalueer hoe belangrike kwessies deur tradisionele en aanlyn media oor die verkiesingseisoen gedek word. Die tweede verslag is vrygestel, wat wys dat Swapo steeds die meeste beriggewing van regeringsmedia kry, soos NBC en die New Era. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met dr. John Nakuta, die Media-ombudsman, wat 'n uiteensetting van die jongste verslag gee.
Amerikaanse presidensiële kandidaat Donald Trump het weer Haïtiaanse migrante by 'n verkiesingsaamtrek aangeval. Hy het in Charleroi in die swaaistaat Pennsilvanië die dorpie se migrante vergelyk met die in Springfield, Ohio. Sy bewerings oor Haïtiaanse migrante wat hul bure se troeteldiere steel en eet is reeds ten sterkste deur beamptes ontken. Maar dit het 'n vuurstorm ontketen met bomdreigemente teen immigrante wat ontruimings veroorsaak het. Luister self.
Chinese werkgewers is gereeld in die nuus oor hul behandeling van hul Namibiese werkers, en Zhongmei Engineering Group is die jongste om onder kritiek deur te loop. 'n Zhongmei werker is redelik ernstig beseer, na hy volgens berigte gekla het oor sy mynvoertuig se remme, maar daar niks aan gedoen is nie. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Job Muniaro, die sekretaris-generaal van die National Union of Namibian Workers, wat sê dis onverstaanbaar dat werkers se veiligheid nie in ag geneem word nie en iets moet daaraan gedoen word.
Die Activists and Citizens Forum sê korrupsie in Suid-Afrika is erger onder president Cyril Ramaphosa as wat dit onder oudpresident Jacob Zuma se administrasie was. Hy beklemtoon die ernstige bewerings van korrupsie in die Gautengse wetgewer. Die destydse speaker, Ntombi Mekgwe, en ander ANC-amptenare het volgens berigte tugprosesse gekeer, na bewerings van bedrog en verkwistende uitgawes waarby 32 werknemers en twee lede van die wetgewer betrokke was. Die forum se woordvoerder, Dennis Bloem, sê korrupsie is ʼn ANC-kanker en nie ʼn Zuma-probleem nie:
Die gasvryheidsektor het in Augustus 'n nasionale besettingskoers van 63 persent gesien, af van 68,9 persent in Augustus verlede jaar, maar 'n 3,28 persent styging vergeleke met Julie vanjaar. Die Noordelike streek het die hoogste besettingsyfer gehad op 70,42 persent, hoofsaaklik weens trou-verwante gebeure, terwyl die Suidelike en Sentraal-streke dalings aangeteken het. Ontspanningsreise het oorheers met 92,91 persent van die kamerbesetting, terwyl sake- en konferensiereise, alhoewel dit gegroei het, minimaal gebly het. Europese toeriste, veral van Oostenryk, Duitsland en Switserland, het die grootste internasionale besoekersgroep uitgemaak, wat 70,28 persent van buitelandse aankomste bygedra het. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Gitta Paetzold, die uitvoerende hoof van die Gasvryheidsvereniging van Namibië, wat sê dinge lyk positief, maar hulle is bekommerd oor die toenemende aantal misdade.
Die Stad Bremen en die Stad Windhoek het vandag 'n susterstede-ooreenkoms in die hoofstad onderteken. Die ondertekening is deel van 'n driedaagse besoek van die burgemeester van Bremen dr. Andreas Bovenschulte aan Windhoek. Windhoek se burgemeester, Moses Matyayi, het uitgelig wat die vennootskap tussen die twee stede behels.
Die Landbou-sakekamer het kommer uitgespreek oor vee se welsyn ná die sneeu in die Oos-Kaap, die Vrystaat en KwaZulu-Natal. Wandile Sihlobo van Agbiz moedig boere aan om vee vir beesvleis, wildsvleis en suiwel te monitor. Hy waarsku oor moontlike logistieke kwessies in die vervoer van noodsaaklikhede soos melk, as gevolg van weerstoestande, maar sê assesserings is tans aan die gang:
Talle Facebook-groepe waarsku kusinwoners om versigtig te wees terwyl hulle met hul honde gaan stap, aangesien jakkalse in verskeie gebiede opgemerk is. Sommige van hulle is aggressief, en sommige kan hondsdol wees. Met Wêreld Hondsdolheidsdag op 28 September wat nader kom, sal veeartse regoor die land gratis hondsdolheid-inentings aanbied om voorkomings- en beheerpogings te verbeter. Dr. Theuns Laubscher, van die Windhoek Veeartsenykliniek, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels oor die belangrikheid daarvan om diere teen hondsdolheid in te ent, veral weens die verslae oor moontlike hondsdol jakkalse.
Daar is indikasies dat NamWater watertoevoer van Hardapdam na die besproeiingskema gaan afsny. Daar is ‘n vergadering vir Vrydag met produsente belê. Hardap is tans op 8 persent of 23 miljoen kubieke meter en daar is in die afgelope week 727 000 kubiek deur die skema onttrek. Die skema mag net 25 persent van gewasse besproei. Kosmos 94.1 Nuus het met Mariental se uitvoerende hoof, Paul Nghwilepo gepraat. Hy sê beide watervoorsiening vir mense en werkverskaffing by die skema is belangrik.
Meryl Streep in 'n toespraak op die kantlyn van die VN se Algemene Vergadering in New York haar stem bygevoeg oor die Taliban se menseregte vergrype in Afghanistan. Sedert die land in Augustus 2021 weer onder die Taliban se beheer gekom het, is die regte van vroue erg ingeperk. Streep sê die internasionale gemeenskap kan nie sy rug op die vroue draai nie.
Reaksie word steeds ontvang oor die video op sosiale media wat wys hoe Swapo lede kos gooi na 'n skare in Walvisbaai. Die onafhanlike presidensiële kandidaat Ally Angula was die eerste wat hierop gereageer het. Sy eis in ‘n verklaring nie net ‘n om verskoning maar ook ‘n hersiening van die middeltermyn-begroting vir ‘n basiese inkomste-toelaag.
Reaksie word steeds ontvang oor die video op sosiale media wat wys hoe Swapo lede kos gooi na 'n skare in Walvisbaai. Plaaslike media berig dat Swapo-lede so ver gegaan het om die bewerings te ontken, ten spyte van die bewyse. Intussen het die IPC se president, Dr. Panduleni Itula, 'n verklaring uitgereik waarin hy sê dat die skare onmenslik behandel is. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Lifalaza Simataa, die woordvoerder van die Landless People's Movement, wat sê dit illustreer wat Swapo-leiers van kiesers dink.
Die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, sê Afrika behoort nie agtergelaat te word in globale klimaatsgesprekke nie en is die broodmandjie van die wêreld. Hy is tans in Amerika as medevoorsitter van die New York Klimaatsweek en sê die vasteland dra die grootste las met kweekhuisgasuitstralings en die gevolge van klimaatsverandering, ten spyte van die kleiner bydrae tot die probleem. Die geleentheid eindig Sondag, na agt dae. Die premier vra sterker samewerking met klimaatsoptrede:
Die Namibiese polisie in die Omaheke-streek is op soek na 'n man wat na bewering 'n tweejarige dogtertjie verkrag het. Volgens die naweek-misdaadbulletin het die gru-daad hom omstreeks 11-uur Saterdagaand by die Kanaan A. Epako-nedersetting in Gobabis afgespeel. ’n 13-jarige meisie wat saam met haar ouers by die bure televisie gekyk het, het huis toe gegaan om te slaap. Toe sy die hut binnestap, het sy die man betrap wat na bewering besig was om die kleuter te verkrag. Die man, wat bekend is, het gevlug. Die slagoffer is na die Gobabis-staatshospitaal geneem. Reaksie is ontvang van die sosiale aktivis Linda Baumann.
Die Israelse premier Benjamin Netanyahu het die aanval op Libanon verdedig. Amper 500 mense is dood en meer as 1 200 beseer. Netanyahu het weer beklemtoon dat Hezbollah agter burgerlikes skuil en dat hy niks teen die Libanese burgerlikes het nie.
Die Namibiër Fillemon Shikomba, 'n bekende menseregte prokureur wat in die buiteland woon, het onlangs op X-Spaces 'n onderhoud gevoer met die president van Independent Patriots for Change, dr. Panduleni Itula. Itula het gepraat oor die party se manifes en hul hoofdoel, werkskepping.
Die Cisco-tegnologiemaatskappy sê die meeste reisigers is waaksaam oor sakkerollers en toerisme-swendelary, maar hulle moet ook hulle kuberveiligheid in ag neem. 'n Kubersekerheidspesialis, Kabelo Letsoalo, sê vakansies bied ook geleenthede vir kubermisdadigers om mense onkant te betrap. Dit help om bewus te wees van algemene aanvalle en hoe om dit te vermy, om veilig te bly en 'n af-tydjie te geniet:
Die DA is besorg oor toenemende misdaad wat toerisme aan die Wildekus beïnvloed. Die DA-woordvoerder in die Oos-Kaap, Leander Kruger, wys op onlangse ontvoerings as bedreigings vir veiligheid en toerisme. Die party versoek onmiddellike optrede om sekerheid op te skerp en vertroue te herstel. Hy waarsku ongehinderde misdaad kan ernstige gevolge hê vir die streek se toerisme-gederwe ekonomie:
Bank Windhoek het 'n massamarkdiens, Selekt Red, bekendgestel wat daarop fokus om bankoplossings aan lae-inkomsteverdieners te verskaf. Selekt Red bied toegang tot 'n bekostigbare en buigsame rekening, met opsies om by kliënte se leefstyl te pas. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Bank Windhoek se uitvoerende beampte vir kleinhandelbankdienste en spesialisfinansiering, James Chapman, wat meer insig gee.
President Cyril Ramaphosa vra groter samewerking tussen Suid-Afrika en Amerika om Afrika se noodsaaklike minerale-sektor ʼn hupstoot te gee. In sy toespraak by die Business Council for International Understanding en Prosper Africa Minerals Forum in New York, het hy Amerikaanse maatskappye aangemoedig om te belê in gevorderde myntegnologie, doeltreffende voorsieningskettings en inisiatiewe vir groen energie. Ramaphosa het ook gewaarsku teen uitbuiting van Afrika se hulpbronne soos in die koloniale era:
Daar word skerp kritiek uitgespreek uit verskeie oorde na die aanvalle deur Israel op Libanon waar amper 500 mense dood is en meer as 1 200 beseer is. Die Israeliese weermag gebruik dieselfde verskoning as wat hy in Gaza gebruik – dat Hezbollah agter burgerlikes skuil. Die weermag se woordvoerder Jonathan Cornicus sê ook dat burgerlikes twee ure se waarskuwing ontvang het om te gee pad.
Die N/a'an ku sê-stigting is besig met verskeie bewaringsprojekte. Onder andere rehabiliteer hulle diere soos die olifant Apollo, wat in 2021 aan die kus gekry is en tans by die Zannier reservaat aangehou word. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die eienaar en stigter van N/a'an ku sê, Marlice van Vuuren, wat 'n opdatering gee oor Apollo en hulle projek by die kus.
Hoofregter Peter Shivute het bevestig dat streeklanddroshowe binnekort egskeidingsake sal kan aanhoor. Tot nou toe kon egskeidings in Namibië net deur die hooggeregshof afgehandel word. Die stap sal ‘n reuse-kostebesparing verteenwoordig. Shivute het die belangrikheid van eenvormigheid in hofadministrasie beklemtoon, veral aangesien die laer howe toenemende druk ondervind, insluitend die toenemende monetêre jurisdiksie en nuwe egskeidingswetgewing.
In Suid-Afrika het Corruption Watch ʼn toename van 247-persent vanaf 2021 tot 2023 in die wettige omseiling van verkrygingsreëls onthul. Die mees algemene redes daarvoor is onder andere noodverkryging en eenpersoon-verskaffers. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Nico Smit, skadu-finansminister van die PDM, wat sê Namibië sukkel ook met noodverkryging, en dit is waar die meeste korrupsie plaasvind.
Plaaslike media berig dat die Kavango-Oos-streek die meeste malariagevalle in die land aangeteken het, of 3 300. Die Andara-distrik het die hoogste aantal gevalle in die streek aangemeld. Binnenshuise bespuitingsveldtogte word twee keer per jaar gedoen om malaria in die streek te bekamp, maar baie mense wil nie die spuiters in hul huise inlaat nie. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Walters Kamaya, die woordvoerder van die gesondheidministerie, wat riglyne gee en die publiek aanmoedig om hul samewerking te gee.
Ryan Routh, wat beskuldig word van die oënskynlike sluipmoordpoging op Donald Trump by 'n gholfbaan in Florida, het in 'n nota gesê dat hy van plan was om Trump dood te maak. Hy het ook in sy motor 'n handgeskrewe lys van datums en plekke gehou waar Trump sou verskyn, volgens die justisie departement. Aanklaers het die nota ingedien as deel van 'n liassering waarin aangevoer word dat Routh in aanhouding moet bly terwyl hy verhoorafwagtend is op twee vuurwapenaanklagte. Mark Stone, SkyNews se korrespondent in Amerika, het meer.
Die burgemeester van Bremen in Duitsland, dr. Andreas Bovenschulte, is op besoek aan Windhoek. 'n Susterstede-ooreenkoms sal môre tussen die twee stede gefinaliseer word. Tydens 'n besoek aan die parlement vir 'n Namibië Bremen-vennootskapuitstalling, het die twee burgemeesters die vennootskappe tussen die lande sedert onafhanklikheid uitgelig. Die speaker van die Nasionale Vergadering, prof. Peter Katjavivi, het Namibië en Duitsland se vennootskappe en toekomstige samewerking bespreek.
Die African Transformation Movement het 'n beroep op die regering gedoen om finansiële wanbestuur in munisipaliteite dringend stop te sit. Die party waarsku die versuim om waterrade, soos Vaal Sentraal Water en Magalies Water te betaal, bedreig miljoene burgers se toegang tot skoon water. Die woordvoerder van die ATM, Zama Ntshona, het 'n beroep op rolspelers gedoen om onmiddellike hervormings deur te voer en langtermynoplossings in te stel om die ineenstorting van waterdienste te voorkom en die publiek se vertroue te herbou:
Die PDM parlementslid Lukas Hamata sê daar is 'n dringende behoefte aan skoon water in die Ohangwena-streek, wat deur die Ohangwena-akwifer 2 aangespreek kan word. Die streek ervaar watertekorte in sommige dele en is die tuiste van meer as 245 000 inwoners. Hamata meen wateronttrekking uit die akwifer kan toegang tot drinkbare water vir die inwoners verbeter en landbou ondersteun. Kosmos 94.1 Nuus het met die plaaslike ekoloog dr. Peter Cunningham gesels, wat sê die nodige wetenskaplike metodes moet gevolg word om die grondwater te benut.
ʼn Twintigjarige Amerikaanse vrou is dood op ʼn staproete op Tafelberg aangetref. Volgens Polisiewoordvoerder, Malcolm Pojie, het ʼn soekgeselskap die vrou se liggaam Sondagmiddag gevind in ʼn gebied wat deel is van Duiwelspiek. Die liggaam is per helikopter herwin en volgens plaaslike media lyk dit of sy na haar dood geval het. Pojie het meer.
Die Windhoek Skou 2024 kom vinnig nader en beloof 'n wonderlike tyd vir almal. Harald Schmidt, uitvoerende hoof van die Windhoek Skouvereniging, bevestig dat voorbereidings vlot verloop, en besoekers kan 'n reeks opwindende nuwe besienswaardighede verwag, insluitend verskeie pretpark-ritte en 'n verskeidenheid vee. Ten spyte van die uitdagings van die droogte, sê Schmidt dat daar baie diere op veiling gaan wees. Schmidt het met Kosmos 94.1 Nuus gesels en was entoesiasties oor vanjaar se skou.
Die geleidelike opheffing van die veeartsenykundige kordonheining, of rooilyn, bly in die nuus. Die landbouministerie sal 'n lewensvatbaarheidstudie uitvoer oor die skep van sewe voorgestelde siektevrye sones, wat tans binne die lyn lê. Maande terug het Kosmos 94.1 Nuus met die bekende Suid-Afrikaanse landbou-ekonoom dr. Kobus Laubscher gesels oor die implikasies vir die ekonomie as die rooi lyn verwyder word. Laubscher verwys ook na die hofsaak wat Job Amapunda aanhangig gemaak het, waarin hy eis dat die rooilyn verwyder word.
Die plaas Sukses in die Otjozondjupa-streek het vanmiddag goeie reënbuie geniet. Volgens die weerkantoor word verspreide buie in sommige gebiede van die Oshikoto-, Otjozondjupa-, Khomas- en Omaheke-streke verwag. Winderige toestande sal na verwagting regoor die binneland voortduur. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Dirk Potgieter van Sukses, wat uitbrei.
Die president van die IPC, dr. Panduleni Itula, het aan 'n onderhoud op X-Spaces deelgeneem met die bekende Namibiese menseregte prokereur, Fillemon Shikomba, wat in die buiteland woon. X-gebruikers kon hul vrae aan Itula rig. Een van die vrae was wat gaan Itula doen aan suspisieuse en onwettige verkrygings in die land. Itula sê sy party sal korrupsie probeer hokslaan.
Die sekretaris-generaal van die ANC, Fikile Mbalula sê die enigste sinvolle manier om Pravin Gordhan se nalatenskap te vereer, is om op koers te bly met die party se vernuwing. Hy het die hoofrede gelewer by die herdenking van die lewe en aktivisme van die voormalige minister van Openbare Ondernemings, wat op die 13de van hierdie maand oorlede is. Die geleentheid is deur die Ahmed Kathrada-stigting aangebied. Mbalula sê die ANC moet meedoënloos wees in sy stryd teen teen-revolusie wat poog om die beweging te vernietig:
Namibië kry gereeld lof vir ons padnetwerke, maar daar is nog baie wat gedoen moet word. Volgens die Padowerheid se uitvoerende hoof, Conrad Lutombi, het Namibië se padnetwerk van 41 815 km ná onafhanklikheid tot 49 578 km in 2024 uitgebrei. Die bitumen-padstandaard of teerpaaie het van 4 572km tot 8 714km toegeneem, terwyl grondpaaie van 25 500km tot 25 900km toegeneem het. Lutombi het by die Padsektor-beleidskonferensie in Windhoek uitgelig dat die begroting vir opgraderings verminder het na 'n befondsing-tekort van 2 miljard Namibiese dollar.
Die Nasionale Seereddingsinstituut waarsku dat onlangse swaar sneeuneerslae kan lei tot oorvol riviere. Met die naderende somer en skoolvakansies wat begin het, raai die NSRI Suid-Afrikaners en toeriste aan om ingelig te bly oor die jongste weervooruitsigte en om waterveiligheid toe te pas. Woordvoerder van die instituut, Craig Lambinon, versoek die publiek om bedag te wees op gevaarlike toestande langs waters aan die kus en in die binneland.
Die Namibiese Ekonomiese Vryheidsvegters het sy kommer uitgespreek oor die Verkiesingskommissie van Namibië se hantering van voorbereidings vir die komende Presidensiële en Nasionale Vergadering verkiesings. Die NEFF sê sy veldtogte is vertraag omdat die kommissie steeds die hofuitspraak bestudeer en intussen trek partye soos Swapo voordeel omdat hulle stemme kan werf. Die party se adjunkbevelvoerder, Kalimbo Iipumbu, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Die bekende Namibiese menseregte prokureur wat in die buiteland woon, het op X ‘n uitgebreide onderhoud met die leier van die Independent Patriots for Change, dr. Panduleni Itula gevoer. Shikomba glo Itula staan ver bo uit van die ander kandidate. Tydens die onderhoud het Itula sy eerste stappe, sou die IPC die verkiesing wen, so uiteengesit.
Die United Africans Transformation het 'n beroep op die Spesiale Ondersoekeenheid en ouditeur-generaal gedoen om toenemende afpersing in munisipaliteite te ondersoek. Daar is onthul korrupte amptenare eis omkoopgeld van ondernemings in ruil vir betalings, wat dienslewering ontwrig en ekonomiese groei belemmer. Die party se woordvoerder, Mighty Mabule, het ook konstruksie-mafias veroordeel omdat hulle infrastruktuurprojekte ontwrig deur beskermingsfooie te eis:
Zhongmei Engineering Group is in die spervuur na ‘n werker redelik ernstig beseer is op sy perseel. Die werker het blykbaar gekla oor die remme van die konstruksie-voertuig maar dit is volgens berigte geïgnoreer. Chinese werkgewers is gereeld in die nuus oor die behandeling van Namibiese werkers in hulle diens en aktivis en LPM-lid Michael Amushelelo het nie op hom laat wag nie. Hy sê hulle sal self inspeksie gaan doen.
Die Padsektorbeleidskonferensie in Windhoek het aandag gevestig aan die behoefte aan verbeterde institusionele kapasiteit in Namibië se padinfrastruktuur. Tydens die geleentheid het finansminister Ipumbu Shiimi, die belangrikheid beklemtoon om meer klem op die spoorwegsektor te plaas. Dit kom in die konteks van ‘n onlangse verslag wat ondoeltreffendheid in spoorvervoer beklemtoon en ‘n groter afhanklikheid op vragmotorvervoer.
Reaksie word ontvang op aanmerkings deur president Nangolo Mbumba in New York. By die Beraad van die Toekoms het hy melding gemaak van die uiters belangrike rol van die jeug sowel as burgerlike samelewing vir innovering en goeie regering. Hy sê die groepe se bydraes is instrumenteel in die vorming van beide die debatte en nuwe verbintenisse wat in die verdrag vir die toekoms uiteengesit is. Die Swapo-regering kom gereeld onder skoot omdat hy nie na die jeug of burgerlike samelewing luister nie en Kosmos 94.1 Nuus het aangeklop by George Kambala, ‘n jeugaktivis van die Affirmative Repositioning-beweging.
‘n Tweede repatriasie van Namibiërs wat sedert 1904 in Botswana woon word beplan na die eerste groep van 98 die land ingekom het. Die repatriasie is deur die ministeries van landbou en binnelandse sake hanteer. Die groepe is die nageslagte van Namibiërs wat na Botswana gevlug het aan die begin van die volksmoord. Albert Kawana die minister van binnelandse sake het owerhede gemaan om die landsburgers by te staan.
President Cyril Ramaphosa waarsku wêreldleiers om wêreldwye probleme soos armoede, ontwikkelende konflik en krisisse in openbare gesondheid te takel en te oorwin. Hy het Suid-Afrika se verklaring by die Toekomsberaad gelewer wat tans in New York aangebied word. Dit is waar die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering die Toekomsverdrag aanvaar het. Ramaphosa sê die verdrag is ʼn geleentheid om die multilaterale stelsel te verander en te hernu om die wêreld se uitdagings te hanteer:
KwaZulu-Natal se LUR vir Samewerkende Regering, Thulasizwe Buthelezi sê die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag het gehelp met noodlenigingspogings. Verskeie motoriste en pendelaars was op die N3-hoofweg gestrand nadat hulle deur swaar sneeuval vasgekeer is. Hy sê die owerhede kan nou verantwoording doen van alle passasiers wat op die snelweg gestrand was. Twee mense is dood nadat hulle in sneeu vasgekeer was. Buthelezi het inwoners versoek om veiligheid voorop te stel:
Internasionale Week van die Dowes word wêreldwyd gedurende die laaste volle week van September deur die Wêreldfederasie van Dowes herdenk. Namibië gaan die week vier onder die tema “Teken aan vir Namibiese Gebaretaal’. Namibiese huishoudings word versoek om 'n kultuur van die aanleer van gebaretaal aan te neem sodat kinders met gehoorgestremde persone by hul skole en in sosiale lewens kan kommunikeer. Kosmos 94.1 se Francois Lottering het meer...
Reaksie word ontvang op Amerikaanse president Joe Biden wat sy belofte om Afrika te besoek gaan hou en op 14 Oktober Angola sal besoek. Die bekende politieke ontleder professor Andre Duvenhage sê daar is verskeie faktore wat die keuse aangedryf het en dat daar nie veel van ‘n voordeel vir Namibië is nie.
Die Amerikaner Billy Horschel het 'n drierigting-uitspeelwedstryd teen Rory McIlroy van Noord-Ierland en Suid-Afrika se Thriston Lawrence gewen om die PGA-kampioenskap by die Wentworth-klub in Engeland te wen. Al drie het 20 onder baansyfer in hul laaste rondes aangeteken. Lawrence het egter die uitspeelstryd verlaat met een oor baansyfer op die eerste putjie. Horschel, wat 'n arend op die tweede uitspeelputjie aangeteken en die kampioenskap vir die tweede keer in drie jaar gewen het, sê hy is sprakeloos:
Span Europa het in Berlyn ʼn agt-vier-agterstand teen Span Wêreld omgekeer en hul eerste Laverbeker-titel sedert 2021 opgeraap. Die terugkeer is gelei deur Carlos Alcaraz en Casper Ruud wat koning gekraai het op die laaste dag se aanvangsdubbelspel. Daniil Medvedev het sy enkelspelwedstryd teen Ben Shelton verloor terwyl Alexander Zverev met Frances Tiafoe afgereken het. Alcaraz het Taylor Fritz verslaan om Span Europa se 13-11-sege te verseker. Alcaraz sê hy is bly hulle het gewen:
Die voormalige Walvisbaai raadslid vir die stedelike kiesafdeling, Knowledge Ipinge, het die naweek weer by Swapo aangesluit. Die Affirmative Repositioning-beweging, wat hom as streeksvoorsitter vir Erongo aangestel het, het dit as verraad beskryf. Kosmos 94.1 Nuus het met Ipinge gepraat. Hy sê sy besluit handel oor ideologie.
Die polisie in Birmingham, Alabama, en die federale speurdiens het 'n soektog van stapel gestuur na die verdagtes wat vier mense doodgeskiet en 18 gewond het. Amptenare sê verskeie mense het na die Five Points South-gebied gery, uit hul voertuie geklim, verskeie skote afgevuur en weggejaag. Die polisie vermoed die aanvallers het 'n spesifieke persoon geteiken en dat die ander in die kruisvuur raakgeskiet is. Birmingham se burgemeester, Randall Woodfin, sê vuurwapengeweld in die stad het epidemiese afmetings aangeneem:
Die regering het nooddiensspanne geloof vir hulle reaksie op situasies wat weens gure weerstoestande in dele van die land ontstaan het. Twee mense is in KwaZulu-Natal dood nadat hulle op die N3-hoofweg in sneeu vasgekeer is. Dele van Gauteng, die Oos-Kaap, Mpumalanga en die Vrystaat is ook deur sneeu geraak. Die regering se waarnemende woordvoerder, Nomonde Mnukwa, sê hoewel paaie opgeruim is, moet motoriste steeds versigtig bestuur omdat sommige paaie steeds glad is:
Die Swapo-parlementslid Jerry Ekandjo, wat die omstrede anti-gay sogenaamde Jerry wetsontwerpe ingedien het, het in die Nasionale Vergadering gevra hoekom dit nog nie onderteken is nie. Hy wou weet hoekom president Nangolo Mbumba wat hy noem “sy plig ontwyk” om die wetsontwerpe goed te keur. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Sister Namibia se programbestuurder, Ndapwa Alweendo, wat sê die president is nie verplig om die wetsontwerpe te teken nie.
ʼn Dertigjarige Namibiese vroulike vermeende dwelmmuil is by die OR Tambo Internasionale Lughawe in hegtenis geneem. Sy het van Sao Paulo, Brasilië, teruggekeer. Dis die tiende dwelmmuil wat die afgelope twee maande by die lughawe aangekeer word. Die nasionale polisiewoordvoerder, Athlenda Mathe, sê die vrou is voorgekeer toe sy deur immigrasie gaan. Mathe sê sy is onmiddellik gearresteer en na ʼn plaaslike hospitaal geneem. Daar het ʼn mediese x-straal verpakte kokaïen in haar maag opgemerk en bevestig.
Video’s op sosiale media het wyd reaksie uitgelok nadat ‘n vragmotor van Swapo in Walvisbaai deur lede van die publiek bestorm is. Die party het ‘n saamtrek op die dorp gehou en oudergewoonte, kos uitgedeel. Lede van die publiek het toegesak op die voertuig en die kospakkies is van die voertuig gegooi in ‘n poging om die stormloop te verlig. Onafhanklike presidentskandidaat Ally Angula eis in ‘n verklaring ‘n verskoning en die PDM-president McHenry Venaani het ook sy skok oor die voorval uitgespreek. Hy het met Kosmos 94.1 gepraat.
Uahekua Herunga, adjunk-sekretaris-generaal van Swapo, sê groenwaterstof is deur die Swapo-regering gebring en hulle sal voortgaan om dit te doen sodat Namibiërs daarby kan baat. Sommige opposisiepartye het dit gekritiseer sê die groenwaterstofprojek is 'n eksperiment en die voordele word oordryf. Kosmos 94.1 Nuus het met die plaaslike energiekenner Harold Schütt gesels wat sê groenwaterstof is 'n onvermydelike deel van Namibië se toekoms.
Die organisasie, Zero Carbon Charge, het weer sy verbintenis bevestig tot volhoubare, zero-uitstraal-beweeglikheid in Suid-Afrika. Die organisasie se voorsitter, Joubert Roux, sê hulle laaibenadering vir elektriese voertuie wat nie op die netwerk is nie, spreek direk Suid-Afrika se dubbele uitdagings aan om sy koolstofdioksied-verminderingsteikens te bereik, terwyl die beperkings van sy energie-infrastruktuur bestuur word. Hy sê wat gelykstaan aan meer as een-miljoen ton koolstofdioksied, sal tussen 2026 en 2030 verminder word weens hulle voertuig-laainetwerk:
Misdaad is 'n probleem in Namibië. Alhoewel onlangse data 'n afname in sekere kategorieë aandui, is daar voortdurende kommer oor veediefstal, eiendomsmisdade, geweldsmisdade en georganiseerde misdaad. NamPol se weeklikse misdaadverslae wys 'n toename in huisbraak. Kosmos 94.1 Nuus het met hoofinspekteur Elifas Kuwinga van Nampol gesels wat 'n rede hiervoor gee.
Die polisie het 'n mensgemaakte brug vernietig wat oor die Limpoporivier naby die Beitbrug deurgangspoort gebou is. 'n Polisiewoordvoerder, Amanda van Wyk, sê grens-wetstoepassers wat op die Suid-Afrikaanse en Zimbabwiese grens ontplooi is, het die brug ontdek toe hulle die heininglyn gepatrolleer het. Die onwettige brug was minder as 'n kilometer oos van Beitbrug en is volgens berigte gebruik om goedere en mense in en uit Suid-Afrika te smokkel:
Dit is Wêreldrenosterdag. Sedert 2011 word die dag op 22 September internasionaal gevier. Die Internasionale Renosterstigting bring dan hulde aan die diere en almal wat vir hulle omgee. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die landsdirekteur van die Konrad Adenauer-stigting, Natalie Russman, wat die belangrikheid van die bewaring van renosters vir toekomstige geslagte beklemtoon.
Die KwaZulu-Natalse LUR vir Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Thulasizwe Buthelezi, doen 'n beroep op inwoners en motoriste of van die paaie af te bly en selfs alternatiewe roetes te vermy, aangesien gure weerstoestande na verwagting sal vererger. Hy sê provinsiale rampbestuurspanne werk saam met maatskaplike vennote om verligting te bring aan gemeenskappe wat geraak is. Buthelezi sê die swaar sneeuval het bome ook laat omval, wat die situasie verder bemoeilik:
Die GOOD party sê die Kaapstadse burgemeester, Geordin Hill-Lewis, moet die stad se bande met bendes verduidelik. Die sekretaris-generaal, Brett Herron, wil weet of die voormalige DA-burgemeesterskomiteelid, Malusi Booi, medepligtiges in die stad gehad het en of hy alleen opgetree het. Booi is vroeër hierdie maand in hegtenis geneem in verband met onwettige kontrakte ter waarde van sowat 1 miljard Suid-Afrikaanse rand. Onder sy nege medebeskuldigdes is die beweerde leier van die 28's-bende, Ralph Stanfield, en Stanfield se vrou, Nicole Johnson:
Namibië se beesvleiswaardeketting is 'n beduidende bydraer tot die land se landbousektor en ekonomie. Namibië, wat bekend is vir sy hoë-gehalte, gras gevoerde beesvleis, het 'n mededingende voordeel in die internasionale mark. By die Bank of Namibia se jaarlikse simposium het sleutelrolspelers in die bedryf bymekaargekom om landbou in die land te bespreek. Emma Haiyambo, die direkteur van navorsing en finansiële sektor-ontwikkeling by die Bank van Namibië, het haar departement se bevindinge oor die uitdagings wat die sektor in die gesig staar, uitgelig.
Die regering raai motoriste in verskeie provinsies aan om hul reise te kanselleer tot die weerstoestande verbeter. Sinombulelo Mlisa van die Regeringskommunikasie- en inligtingstelsel sê hewige weerstoestande het swaar sneeu oor dele van Gauteng, die Vrystaat, Mpumalanga, KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap meegebring:
Die tweede Liefde by die Nam-konsert is met groot sukses Saterdag op Vegkop in die hoofstad gehou. ‘n Volgepakte stadion het fantasties optredes deur 15 kunstenaars geniet wat Saterdag om 11-uur begin het en laat afgesluit het met die gewilde Early B. Die organiseerder en hoofsanger van Die Heuwels Fantasties, Pierre Greeff, het by die afsluiting met Kosmos 94.1 se Jean Louis Knouwds gepraat.
Die eerste uitgawe van die Wêreldwye Afrika-waterstofberaad het in Windhoek begin. Die driedaagse beraad, met die tema "Van ambisie tot aksie: die aanwakker van Afrika se groen industriële revolusie", bring belanghebbendes van regoor Afrika en die wêreld byeen. Die fokus is om vennootskappe en kritieke finansiering te dryf om bankbare groenenergie-projekte regoor Afrika te vestig. By 'n persinligtingsessie het Namibië se waterstofkommissaris, James Mnyupe, beklemtoon dat belangrike projek-aankondigings deur die EU gemaak sal word.
Build One South Africa eis ʼn oorlogsverklaring teen misdaad en wys op die ondoeltreffendheid van die polisie om stygende misdaad-bedrywighede hok te slaan. Volgens die party is 500 moorde per week en slegs 22 000 speurders landwyd te veel vir die polisie om te hanteer. Die leier van BOSA, Mmusi Maimane, het tydens ʼn parlementêre debat gevra vir onmiddellike optrede om polisiestasies te heromskep as plekke van hoop, die samewerking van die gemeenskap te bevorder, en veiligheid en orde te herstel:
Die Paaiewetsontwerp was op die agenda in die Nasionale Vergadering, waar verskeie aanbevelings gemaak is oor die omheining van kommunale gronde. Die wetsontwerp sê ook dat beheer oor mak diere ingestel moet word. Esther Muinjangue, die president van Nudo, het nog 'n paar aanbevelings vir die wetsontwerp gemaak.
Oekraïne se minister van Buitelandse Sake, Dmytro Kuleba, het die Russiese aanval op 'n militêre opvoedkundige instelling in Sentraal-Oekraïne veroordeel. Ten minste 49 mense is dood en meer as 200 beseer. Volgens voorlopige inligting is die aanval met twee ballistiese missiele uitgevoer. Dit is een van die dodelikste aanvalle sedert die begin van Moskou se volskaalse aanslag in Februarie 2022. Kuleba het aan CNN gesê die beperkings wat op Oekraïne ingestel is om sekere wapens teen Rusland te gebruik, moet opgehef word:
Die Proteas het ‘n groep van 15 vroue aangekondig vir die T20-Wêreldbekertoernooi en ‘n reeks teen Pakistan. Kaptein Laura Wolvaardt het die steun van ervare spelers soos Marizanne Kapp, Ayabonga Khaka, Suné Luus en Chloé Tryon. Die Proteas en Pakistan speel later die maand drie T20’s, en die Wêreldbekertoernooi begin op 3 Oktober in die Verenigde Arabiese Emirate. Die sameroeper van die Proteas se keurkomitee, Clinton du Preez, sê die Dolphins se bybreek-bouler, Seshnie Naidu, sal haar debuut maak.
Amerika het die Hamas-leier, Yahya Sinwar, en vyf ander aangekla weens hul rol in die beplanning, ondersteuning en uitvoering van die aanval verlede jaar op 7 Oktober in die suide van Israel. Een-duisend-200 mense waaronder 40 Amerikaners is in die aanval dood en 251 mense is gyselaar geneem. Meer as 40 000 mense is tydens Israel se militêre veldtog in Gaza dood. Amerika se prokureur-generaal, Merrick Garland, sê hulle ondersoek elkeen van Hamas se grusame moorde op Amerikaners as ʼn terreurdaad:
Reaksie word ontvang op veediefstalsyfers. Volgens Agriforum wys NamPol se amptelike syfers dat veediefstal die afgelope vyf jaar bykans verdubbel het, met 1 489 sake wat in 2019 aangemeld is en 2 786 in 2023. Sake neem jaarliks met gemiddeld 17,2 persent toe, en in die afgelope vyf jaar is vee ter waarde van 198,3 miljoen Namibiese dollar gesteel. Byna 70 miljoen dollar se diere is teruggevind. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Thinus Pretorius, president van die Namibiese Landbou-unie, wat sê hulle werk met die polisie en regstelsel saam om veediefstal te probeer bekamp.
Die ekonoom Robin Sherbourne het Namibië se gebrek aan doeltreffende beleide vir werkskepping gekritiseer en sê dat opkomende nywerhede soos groenwaterstof, olie en gas waarskynlik nie noemenswaardige werksgeleenthede sal genereer nie. Hy sê klein en medium ondernemings is noodsaaklik vir werkskepping, maar word nie voldoende ondersteun binne die beleidsraamwerk nie. Tim Parkhouse, die voormalige sekretaris-generaal van die Namibiese Werkgewersvereniging, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels en sê die regering moet dit makliker maak vir begin-besighede, wat werk kan skep.
’n Oorweldigende meerderheid Namibiërs sê hulle het nie mediesefondsdekking nie, meestal omdat hulle dit nie kan bekostig nie, volgens ’n onlangse Afrobarometer-opname. Byna twee derdes van Namibiërs dink die regering moet verseker dat alle burgers toegang het tot voldoende gesondheidsorg, selfs al moet belasting verhoog word. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Victoria Raimond, die bestuurder van korporatiewe kommunikasie by die Namibië Finansiële Instellings Toesighoudende Owerheid, Namfisa, oor waarom mediesefondspryse so hoog is.
Transnet se uitvoerende hoof, Michelle Phillips, sê planne werp stadigaan vrugte af om die beleërde staatsspoorweg- en hawensmaatskappy om te keer. Dit is ondanks ʼn groter verlies van altesaam 7,3-miljard Suid-Afrikaanse rand vir die boekjaar wat in Maart geëindig het, in vergelyking met 5 miljard rand die vorige jaar. Die verlies word hoofsaaklik toegeskryf aan derdeparty-regseise van altesaam 4,8 miljard rand. Phillips bly ondanks hierdie terugslae optimisties en wys op pogings om die onderneming uit die rooi te kry.
Omgewing en Toerisme-minister Pohamba Shifeta het 'n verklaring namens president Nangolo Mbumba by die tweede Indonesië-Afrika Forum gelewer. Hy het die belangrikheid van die forum beklemtoon asook die versterking van betrekkinge tussen Indonesië en Afrika, wat diep gewortel is in die historiese Bandung-konferensie van 1955. Shifeta het die sterk vennootskap tussen Indonesië en Afrika beklemtoon. Dit fokus op volhoubare ekonomiese groei en die belangrikheid van samewerking om globale uitdagings, insluitend ekonomiese integrasie, deur die Afrika Kontinentale Vryhandelsgebied aan te pak.
Namibië is tweede geplaas in Afrika, en tiende wêreldwyd, op 2024 se Geslagsbalans-aanwyser van die Amptelike Monetêre en Finansiële Instellingsforum. Dit lig die Bank van Namibië se leierskap uit, met vroue wat 54-persent van die senior poste beklee. Die geslags- en menseregte-aktivis Charlemaine Husselmann sê dit moedig 'n uiteenlopende en inklusiewe leierskaps-landskap in die finansiële sektor aan.
Die huwelikswysigingswetsontwerp wat in Julie deur binnelandse sake-minister Albert Kawana voorgestel is, het kritiek uitgelok weens 'n klousule wat bepaal dat huwelike tussen lede van verskillende geslagte moet wees. Die wetsontwerp het na die Nasionale Raad gegaan en is terug in die Nasionale Vergadering vir bespreking, met wysigings. Die Swapo-parlementslid Tjekero Tweya dring aan daarop dat selfdegeslag-huwelike uitgesluit moet word.
Die Besigheid en Intellektuele Eiendoms-owerheid, Bipa, moedig alle geregistreerde besighede in die Erongo-streek aan om môre en Donderdag belangrike inligtingsessies oor voordelige eienaarskap by te woon. Die sessies is ontwerp om voldoening aan die Finansiële Aksie Taakmag se standaarde te versterk deur begrip en indiening van voordelige eienaarskap-inligting te verbeter. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Ockert Jansen, Bipa se woordvoerder, wat meer inligting deel.
Daar is groot kommer oor die misbruik van drank en dwelms onder leerders. Onderwysers in die noordelike dele van die land sê kinders kom onder die invloed skool toe. Sommige van hulle verkoop selfs dwelms en drank by skole. Dorothea Nangolo, die president van die Namibiese studente-organisasie Nanso, sê die kwessie is nie die onderwysstelsel wat misluk nie.
'n Aantal huurders het op sosiale media ontevredenheid met die Stedelike en Landelike Ontwikkeling-ministerie uitgespreek omdat die Wetsontwerp op Huurbeheer nog nie in werking gestel is nie. Die wetsontwerp poog om huurgelde in Namibië te reguleer. PDM-parlementslid Maximalliant Katjimune het op sy sosiale media die lynminister, Erastus Uutoni, daarvan beskuldig dat hy “sy voete sleep” met die wetsontwerp en dat hy ook voordeel trek as ’n verhuurder. Kosmos 94.1 Nuus het met Katjimune gepraat wat sy kommer uiteensit.
Parlementêre sittings het met 'n knal hervat. Uutara Mootu, die hoofsweep van die Landless Peoples Movement, het kennis gegee van vrae wat Donderdag aan sportminister Agnes Tjongarero gestel gaan word. Dit gaan oor opknappingswerk aan die Onafhanklikheid-stadion. Dit kom nadat vise-president Netumbo Nandi-Ndaitwah in die openbaar verklaar het dat sy deur Tjongarero mislei is oor die vordering van die werk. Mootu is aan die woord.
Rugby: Die Springbokke se skrumafrigter, Daan Human, sê die All Blacks se skrumwerk is van die beste in die spel. Die Bokke het die skrums oorheers in hulle eerste twee Rugbykampioenskapstoetse teen Australië, maar was nie so sterk teen Nieu-Zeeland nie. Suid-Afrika het wel daarin geslaag om later in die wedstryd teen die All Blacks op Ellispark 'n paar skrum-strafskoppe af te dwing, maar Human sê daar is ruimte vir verbetering onder die pak voorspelers.
Die land se handelsbalans het 'n tekort van 2,1 miljard Namibiese dollar in Julie aangeteken, volgens die jongste handelsstatistieke deur die Namibië Statistieke-agentskap. Dit is laer as die 3,7 miljard dollar-tekort in Julie verlede jaar, maar hoër as die 689 miljoen dollar-tekort in Junie. China was weer die grootste uitvoermark, terwyl Suid-Afrika die topbron van invoere was. Mirjam Shihepo, die agentskap se skakelbeampte, gee meer inligting.
Die ROOTS-ontwikkeling by Stampriet boer letterlik vooruit en die erge droogte het geen impak nie. ROOTS is ‘n landbou-ontwikkelingsprojek wat veeboerdery kombineer met akkerbou en selfs pluimvee, en die verwerking daarvan. Daar is ook ‘n landbou-kollege en aftree-oord. Die ontwikkeling benut ondergrondse water en is dus glad nie geraak deur die vlakke van die Hardapdam nie. Kosmos 94.1 Nuus het met een van die stigters Salomon Kalondo gesels oor die jongste projekte.
Tennis: Die wêreld se nommer-een, Iga Swiatek, het maklik deurgedring na die kwarteindronde van die Amerikaanse Ope toe sy Liudmila Samsonova in skoon stelle geklop het. Die 23-jarige Pool moes in die eerste stel hard werk teen die 16de-gekeurde Rus, maar die tweede stel oorheers om 6-4, 6-1 te wen. Swiatek mik nou na 'n sesde Grand Slam-titel.
Die EFF beskuldig die landbouminister, John Steenhuisen, van wit bevoorregting en sê hy stel ongekwalifiseerde mense in belangrike posisies in sy ministerie aan. Die party se woordvoerder, Leigh-Ann Mathys, sê die minister wil ʼn woordvoerder en twee ander in belangrike poste aanstel terwyl hulle hoogste kwalifikasie matriek is. Sy sê Steenhuisen se versoek om van die minimum vereistes af te wyk is magsmisbruik:
Die Ovinjange Gemeenskapsprojek het onlangs 'n skenking van sowat 88 700 Namibiese dollar vanaf August 26 Logistics ontvang onder sy "Chains of Kindness" korporatiewe sosiale verantwoordelikheidsprogram. Die skenking poog om kwessies soos waterskaarste op te los terwyl voedselsekerheid bevorder word. Die projek is gestig deur Omiti Planting, 'n nie-winsgewende organisasie, in die dorpie Ovinjange naby Opuwo. Omiti Planting staan onder leiding van twee Unam-akademici, Rui Tyitende en dr. Ellison Tjirera. Kosmos 94.1 Nuus het met Tjirera gesels.
Sommige veeboere bevind hulle midde ’n ernstige droogtekrisis wat die dringende invoer van ruvoer uit Suid-Afrika noodsaak, maar streng regulasies kniehalter dié proses. Die invoerproses is onderhewig aan streng regulasies wat die Wêreldorganisasie vir Dieregesondheid vir lande met erkende siektevrye sones ingestel het. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Jaco Labuschagne, die besturende direkteur van Voermeester, wat sê dat daar meer as genoeg ruvoer in Suid Afrika is maar die streng invoer-regulasies geld nog steeds.
Gemeenskapslede in Otjombinde, Donkerbos in die Omaheke-streek, het 'n luiperd doodgemaak wat hulle as 'n probleemdier geïdentifiseer het. Die voorval het Maandag plaasgevind. Dit is teenstrydig met die wet. Kosmos 94.1 Nuus het met die woordvoerder van die omgewingsministerie Romeo Muyunda gepraat. Hy sê ‘n ondersoek is gelas.
Die toenemende aantal straatkinders in baie stedelike gebiede is 'n beduidende maatskaplike uitdaging. Daar is daagliks meer by verkeersligte regoor die hoofstad. Die kinders staar dikwels uiterste armoede, haweloosheid en kwesbaarheid vir uitbuiting, mishandeling en misdaad in die gesig. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Zelnadie de Waal, programbestuurder en maatskaplike werker by Lifeline Chidline, wat sommige van straatkinders se probleme uiteensit.
Die landbou-ministerie het aangekondig dat die Namibië vee-identifikasie en naspeurbaarheid-stelsel, NamLITS, weer aanlyn is ná geskeduleerde instandhouding. Die onderbreking het verskeie dienste geraak wat deur die direktoraat veeartsenydienste en die Lewendehawe- en Lewendehaweprodukteraad verskaf word. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Simon Nghipandulwa, die ministerie se woordvoerder, wat boere om verskoning vra vir die ongerief.
Nieu-Seeland se voorspeler-afrigter, Jason Ryan, sê hulle wil in die tweede Kampioenskapstoets in Kaapstad voortbou op die positiewe aspekte van die eerste toets teen Suid-Afrika. Die All Blacks het 27-31 teen die Springbokke verloor op Ellispark. Ryan sê hulle kyk na kwessies soos die afname in intensiteit en gebrek aan punte in die laaste kwart van die eerste toets:
President Nangolo Mbumba het hoflikheidsbesoeke van verskeie afvaardigings van Chinese maatskappye in Beijing voor die Namibië-China Hoëvlak Besigheidsforum ontvang. Sommige maatskappye werk reeds in Namibië in megaprojekte in die konstruksie-, hernubare- en watersektore. President Mbumba sê Namibië se ambisieuse projekte, insluitend die Groen Waterstof, Baines Waterkragprojek, en dié wat waardetoevoeging tot kritieke hulpbronne behels, sal strategiese vennootskappe nodig hê om verwesenlik te word.
Die buurland se minister van Staatsdiens en Administrasie, Inkosi Mzamo Buthelezi, sê die regering gaan die Etiese Komitee-prosedure instel en opleiding verskaf oor leefstyloudit-ondersoeke en tugbestuur. Die doel is om die staatsdiens se etiese basis te versterk. September is Staatsdiens-maand. Buthelezi benadruk die behoefte om swakhede in die bestuurstelsel aan te spreek en moedig samewerking tussen departemente aan:
Die Verkiesingskommissie van Namibië het die voorlopige kiesersregister vrygestel nadat die registrasiedata suksesvol na sy sentrale stelsel opgelaai is. Die voorlopige statistieke toon 'n totaal van 1 451 444 geregistreerde kiesers, wat 90 persent van die verwagte kiesersregistrasie verteenwoordig. Die voorlopige register, wat na verifikasie voltooi is, is beskikbaar vir besware tot 4 September. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die Verkiesingskommissie se woordvoerder, De Wet Siluka, wat die publiek herinner daar is nog een dag oor om hul registrasie te hersien en moontlike besware te opper.
Die Israeliese eerste minister, Benjamin Netanyahu sê hy stem nie saam met die Amerikaanse president Joe Biden se standpunt dat hy nie genoeg doen om 'n skietstakingsooreenkoms te bereik nie. Tienduisende Israeliese burgers het teen die regering se hantering van die oorlog in Gaza en Hamas se versuim om gyselaars vry te laat betoog. Die protesoptrede volg na die ontdekking van die liggame van ses gyselaars in Gaza. Netanyahu sê hy sal gyselaars deur militêre druk bevry eerder as om 'n ooreenkoms met Hamas aan te gaan:
Die viermalige kampioen, Rory McIlroy, sê hy wil sy toernooi-program in die toekoms afskaal. Die 35-jarige speler sal teen die einde van die jaar 27 toernooie agter die blad hê. Die voormalige wêreld-nommer-een het hierdie seisoen twee keer op die PGA-toer gewen, maar kon nie die ontwykende vyfde major-sege behaal nie. McIlroy sê hy gaan voortaan probeer om net aan 18 tot 20 toernooie deel te neem:
ActionSA het die Nuwe Ontwikkelingsbank se 17 miljard Suid-Afrikaanse rand lening vir water- en sanitasie-infrastruktuur versigtig verwelkom. Die party waarsku dit is bloot 'n tydelike oplossing, as sistematiese ondoeltreffendhede, wanbestuur en swak onderhoud nie aangespreek word nie. Malebo Kobe van ActionSA beklemtoon Suid-Afrika se waterkwessies is die gevolg van dieper bestuursmislukkings en vra 'n volledige opknapping van waterbronbestuur:
Die Verenigde Koninkryk het met onmiddellike ingang 30 van sowat 350 wapenuitvoerlisensies na Israel opgeskort. Dit volg na sy hersiening van Israel se nakoming van internasionale humanitêre reg tydens sy militêre operasies in Gaza. Die uitvoere sluit toerusting in wat in die oorlog in Gaza gebruik word, soos onderdele vir vegvliegtuie, helikopters en hommeltuie. Die minister van Buitelandse Sake, David Lammy, sê Israel se optrede in Gaza lei tot groot lewensverlies onder burgerlikes, vernietiging van burgerlike infrastruktuur en groot lyding:
Die DA het kommer uitgespreek oor die voortgesette smokkel van verbode goedere in Suid-Afrikaanse tronke, met ten minste 13 beamptes wat ondersoek word. Die woordvoerder van die DA oor Korrektiewe Dienste, Janho Engelbrecht, sê ondanks toenemende klopjagte sypel items soos dwelms steeds die fasiliteite binne. Hy vra gevolgebestuur en aanspreeklikheid vir diegene wat betrokke is.
Die Windhoek Skou is om die draai en die publiek kan hulself gereed maak vir 'n voortreflike geleentheid! Volgens die uitvoerende hoof van die Windhoek Skou-vereniging, Harald Schmidt, is alle beplanning goed op dreef. Skougangers kan 'n nuwe mallemeule verwag, sowel as 'n verskeidenheid diere wat geskou sal word ten spyte van die droogte. Kosmos 94.1 Nuus het met Schmidt gepraat, wat meer inligting gee.
Talle omgewingsbewustes is in rep en roer oor die vestiging van Hyphen se groenwaterstofprojek in die Tsau Khaeb Nasionale Park naby Lüderitz. Die groenwaterstof-beraad vind hierdie week plaas en verskeie kwessies in dié verband bespreek word. Kosmos 94.1 Nuus het met die plaaslike energiekenner Harald Schütt gesels oor die impak wat die projek op die natuurlike habitat sal hê. Volgens Schütt moet die omgewing opgeweeg word teenoor ekonomiese geleenthede vir die omliggende gemeenskap.
Namibië staar haglike weidingstoestande in die gesig, met byna die hele land wat swak tot baie swak weiding het. Die beperkte reënval wat voorspel word, vererger die situasie en maak dit al hoe meer uitdagend vir boere om te oorleef. Kenners raai boere aan om te diversifiseer en alternatiewe opsies te ondersoek, soos die vervaardiging van houtskool of die bestuur van bosindringing. Die meerderheid boere kan dit egter nie bekostig nie. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Erastus Ngaruka, die tegniese adviseur vir Agribank se adviesdienste, wat inligting deel oor ander opsies.
NamWater het 'n pomp by die Olushandjadam se suid-wal pompstasie geaktiveer, wat water in die Etaka-Uuvudhiya kanaal vrystel om die kritieke watertekort aan te spreek. Hierdie inisiatief is daarop gemik om watertoegang vir gemeenskappe in die Omusati- en Oshana-streke te verseker. Die 130-kilometer kanaal is onlangs gerehabiliteer en is 'n noodsaaklike hulpbron wat natuurlike panne sal help vul. Dit sal water nader aan vee bring, veral in Uuvudhiya met Opanona-meer, 'n belangrike noordelike spilpunt waar duisende beeste wei. ’n Kleinskaalse boer in die Ondangwa landelike kiesafdeling in die Oshana-streek, Ileni Nandjato, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en deel sy bekommernis.
Amerikaanse president Joe Biden sê Israeli premier Benjamin Netanyahu doen nie genoeg om 'n gyselaarsooreenkoms en skietstilstand met Hamas te bewerkstellig nie. Dit kom te midde van berigte wat daarop dui dat 'n nuwe voorstel as "finaal" aan Netanyahu gestuur sal word. Biden en visepresident Kamala Harris het onderhandelaars in die Withuis ontmoet, terwyl betogings Israel verswelg het na die dood van ses gyselaars in Gaza. Adi Alexander, die Amerikaanse pa van die gyselaar Edan Alexander, 'n lid van die Israeliese weermag, het met CBS News gepraat.
Die Padfondsadministrasie sê hy ondersoek 'n heffingsmodel vir elektriese voertuie, ter voorbereiding van 'n potensiële toename in hul getalle. Dit sal verseker dat die voertuie bydra tot die instandhouding van Namibië se padinfrastruktuur. Die administrasie se uitvoerende hoof van programbestuur, beleid en advies, Elton !Gaoseb, sê die administrasie fokus tradisioneel op brandstofheffings en voertuigregistrasiefooie om inkomste te genereer, maar die bekendstelling van elektriese voertuie bied 'n unieke uitdaging. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Conrad Roedern, die stigter van Electric Vehicles Namibia, wat sy daar moet eers meer elektriese voertuie op die paaie wees.
Cosatu sê dis tyd dat polisie-salarisse 'n hupstoot kry om die opofferings te weerspieël wat geregsdienaars daagliks maak om die land veiliger te maak en om hulle te beskerm teen goed-toegeruste misdadigers. Woordvoerder Zanele Sabela sê die vakverbond neem hande met toegewyde Popcru-lede en die hele Polisiediens met die herdenking van Polisie-veiligheidsmaand, en eer die opofferings van polisielede en hulle gesinne. Sabela sê die land is ewig dankbaar vir hulle dapper diens aan die mense.
Kredietverlening aan huishoudings het in Julie met 2,5 persent op 'n jaargrondslag gegroei, volgens Simonis Storm se jongste verslag. Dit is laer as die 2,7 persent in Junie en onder die 5,5 persent jaarlikse groei in Julie verlede jaar. Oortrekkings het verlangsaam tot 7,2 persent op 'n jaargrondslag in Julie, veel laer as die 14,8 persent in Junie. Groei in ander lenings en voorskotte het skerp gedaal tot 1,4 persent jaar-op-jaar, vanaf 15,9 persent in Julie 2023. Verbandleningsgroei het bestendig gebly op 1,9 persent op 'n jaargrondslag, terwyl paaiement- en huurkrediet effe toegeneem het tot 6,9 persent op 'n jaargrondslag vergeleke met Junie. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Halleluya Ndimulunde, 'n ekonoom by Simonis Storm, wat meer inligting gee.
Rugby: Sacha Feinberg-Mngomezulu het sy geleenthede dié jaar aangegryp en lyk na 'n toetsster. Die 22-jarige het sy debuut vroeër die jaar teen Wallis in Londen gemaak en het nou in sewe toetse vir die Springbokke gespeel. Hy erken hy het die druk van die geleentheid van 'n toets teen die All Blacks aangevoel en gee toe daar's nog baie wat hy moet leer.
Die Stop Homosexuality and Same-Sex Marriages-beweging het 'n openbare vergadering in Windhoek gehou teen die bevordering en wettiging van homoseksualiteit in Namibië. Die organiseerders voer aan dit is strydig met die oortuigings van meeste Namibiërs, kulturele waardes en die Christelike godsdiens. Die beweging beplan ook 'n massabetoging op 9 September in Windhoek. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Omar van Reenen, stigter van Equal Rights Namibia.
Die langverwagte Fishrot-verhoor is weer uitgestel, hierdie keer tot môre. Dit is weens een van die beskuldigdes, Ricardo Gustavo, wat in die hospitaal opgeneem is weens hartversaking-probleme. Die hof is daarvan verwittig deur een van die beskuldigdes, voormalige justisieminister, Sacky Shanghala. Hy het ook verdere petisies en aansoeke onthul, onder andere dat sy verhoor van die ander beskuldigdes s'n geskei word. Volgens hom sal dit toelaat dat hulle verhoor ongehinderd kan voortgaan.
Die gepoogde diefstal van 14 stoetbeeste Vrydagnag by plaas Omantumba in die Hochfeld-distrik by Okahandja, laat gemoedere hoog loop. Dit blyk of boere en sekuriteitsdienste nou moeg is vir veediefstalle wat net toeneem. In hierdie geval is al die beeste, ter waarde van 426 000 Namibiese dollar, teruggevind. Die verdagtes is agtervolg tot by die regering se hervestigingsplaas Boomlager naby Omitara in Omaheke. Net een 45-jarige man is in hegtenis geneem en twee ander het gevlug. Daar is ook beslag gelê op die vragmotor en sedan wat gebruik is. Rickus Spangenberg van K9 Anti-Poaching and Security het meer.
Die Platinum-groep metaal- en chroomprodusent, Northam, het ʼn kragaankoop-ooreenkoms met ʼn onafhanklike kragverskaffer onderteken vir ʼn sonkragplaas van 80 megawatt by sy Zondereinde-myn in Limpopo. Die kragaanleg sal 15-persent van die groep se energiebehoeftes voorsien en ʼn buffer bied teen kragonderbrekings. Northam se uitvoerende hoof, Paul Dunne, sê hulle sal steeds uitkyk vir ander son- of windkraggeleenthede om die land se energiesekerheid te help verseker.
Die lae-koste lugredery FlySafair het aangekondig hy gaan vanaf 22 Oktober twee bykomende vlugte per week op die Kaapstad - Windhoek roete instel. FlySafair is die dominante speler in Suid-Afrika se plaaslike mark, met 'n 60 persent markaandeel. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Gitta Paetzold, die uitvoerende hoof van die Namibiese Gasvryheidsvereniging, wat sê die hele toerisme-bedryf is opgewonde oor die verwikkeling. Sy verduidelik.
Die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, sê die minister van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling, Thembi Simelane, gaan voor die party se integriteitskommissie verskyn. Dit hou verband met bewerings dat sy meer as 500-duisend Suid-Afrikaanse rand ontvang het van ʼn maatskappy wat sake gedoen het met VBS Mutual Bank, en wat tot sy ineenstorting gelei het. Sy was in daardie stadium burgemeester van Polokwane. Simelane verskyn Vrydag ook voor die parlementêre portefeuljekomitee oor Justisie. Mbalula het aan eNCA gesê hulle verwag ʼn volledige verslag van Simelane oor die bewerings.
Die land het twintig geregistreerde politieke partye en nog net die PDM, die Republikeinse Party en Swanu het hul verkiesingsmanifeste vrygestel. Die Affirmative Repositioning-party het 'n tydige vrystelling van hul manifes belowe, terwyl Swapo en die LPM na verwagting hul manifeste vandeesmaand sal vrystel. Kosmos 94.1 Nuus het met die politieke ontleder dr. Marius Kudumo gepraat, wat partye het meer nodig as net manifeste.
Die Nama Tradisionele Leiersvereniging het 'n uitreikprogram van stapel gestuur. Die vereniging was verlede week in die Suide van die land en het die gemeenskappe ingelig oor die Duitse reparasies in verband met die volksmoord. Die week reis die vereniging na Fransfontein, Utuseb en Swakopmund. Kosmos 94.1 Nuus het met Maboss Ortmann gepraat...
ActionSA sê hy het aan die Departement van Binnelandse Sake geskryf en gevra hoe die gewese Mej. Suid-Afrika-deelnemer, Chidimma Adetshina, se ma die land kon verlaat om na Nigerië te reis. Sy word tans weens bedrog en korrupsie ondersoek. ʼn Voorlopige ondersoek deur die departement het bevind Adetshina se ma het na bewering 'n Suid-Afrikaanse vrou se identiteit gesteel. Matthew George van ActionSA sê die departement het verlede maand gesê die ondersoek is op ʼn gevorderde stadium:
Die Nasionale Vergadering sal môre weer om half-drie byeenkom na 'n reses. Verskeie sleutelitems is op die agenda, insluitend die heroorweging van die Huwelikswetsontwerp. Dit is al bespreek maar parlementslede sal na verwagting oor die bepalings daarvan beraadslaag asook moontlike wysigings. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die parlement se woordvoerder, Sakeus Kadhikwa, wat meer inligting gee.
Die sportministerie het in ‘n verklaring gereageer op die visepresident Netumbo Nandi-Ndaitwah oor vertragings in die opknapping van die Onafhanklikheidstadion in Windhoek. Die ministerie sê dat die vertragings te wyte is aan uitdagings in die verkrygingsproses, veral die streng vereistes van die gewysigde wet. Hy sê alle nodige stappe moet gevolg word om die kansellasie van die proses te vermy. Kosmos 94.1 Nuus het met Frederico Links van die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing gepraat. Hy sê dos bog.
Volgens die Bank van Namibië is die Namibiese uraansektor gereed vir 'n ommekeer, met 'n geprojekteerde groei van 5,2 persent vanjaar, ná 14,8 persent groei in 2023. Namibië is die vierde grootste uraanprodusent ter wêreld. Kosmos 94.1 Nuus het met die Suid-Afrikaanse energie-ontleder Chris Yelland gesels, wat sê die prys van uraan styg en dit is voordelig vir Namibië.
Die verdedigende kampioen, Coco Gauff, is in die vierde ronde van die Amerikaanse Ope uitgeskakel toe sy met 6-3, 4-6, 6-3, teen haar landgenoot Emma Navarro verloor het. Die tweede gekeurde Aryna Sabalenka van Belarus het die Belg, Elise Mertens, met 6-2, 6-4 verslaan om vir die vierde keer die kwarteindronde van die Amerikaanse Ope te haal. In die mansafdeling het Alexander Zverev van Duitsland met die Amerikaner Brandon Nakashima in vier stelle met 3-5, 6-1, 6-2, 6-2 afgereken. Daar was ook oorwinnings vir die Amerikaner Frances Tiafoe en die Bulgaar, Grigor Dimitrov. Gauff sê sy kon beter afgeslaan het:
‘n Loodsopname vir die huishoudelike inkomste en uitgawe opname sal in agt streke van 30 September tot 18 Oktober plaasvind. Die Namibiese Statistieke-agentskap sê die doel daarvan is om die opname se metodologie en prosesse te toets en te verfyn voordat die volskaalse opname begin. Kosmos 94.1 Nuus het met Iipumbu Sakaria, die woordvoerder van die NSA oor die loodsopname gesels.
Terwyl tradisionele kredietverlening in die private sektor beswaarlik toeneem, het die boekwaarde van mikrolenings in die eerste kwartaal groei van 7,9 persent op 'n jaarlikse basis aangeteken. Die waarde daarvan het toegeneem tot 7,2 miljard Namibiese dollar. Die aantal betaaldag-lenings het ook met 5,7 persent gegroei, volgens 'n verslag deur die Namibiese Finansiële Oorsig-owerheid, Namfisa. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Tucna se sekretaris-generaal, Mahongora Kavihuha, wat sê regeringsinstellings wat werkers moet bystaan, dompel hulle egter net dieper in ekonomiese moeilikheid.
Gauteng se Departement van Gesondheid en Welstand moedig ouers aan om versigtig te wees na 'n toename in gevalle van voedselvergiftiging onder kinders. Dit volg na die dood van twee sibbe nadat hulle by die huis geëet het, terwyl ander in die hospitaal opgeneem is. Die woordvoerder Motalatale Modiba sê 207 gevalle is sedert Februarie aangemeld, wat die departement genoop het om gesondheidsopvoeding in gemeenskappe te verbeter:
Die opknapping van die Onafhanklikheidstadion in Windhoek het na jare steeds nie begin nie. Visepresident Netumbo Nandi-Ndaitwah het by 'n geleentheid van die Oshakati-dorpsraad in Onawa 'n vinger gewys na sportminister Agnes Tjongarero en gesê iemand sal aanspreeklik gehou moet word. Die aktivis Simon Amunime het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die hele administrasie het gefaal sover dit sport aangaan.
Die minister van Polisie, Senzo Mchunu sê hulle ondersoek die moontlikheid om families by te staan om siviele eise in te stel teen diegene wat verantwoordelik is vir die moorde op polisiebeamptes. Altesaam 39 polisiebeamptes is gedurende die 2023/2024-boekjaar dood, met die meeste, naamlik tien in Gauteng. Mchunu het by die polisie se nasionale herdenkingsdag by die Uniegebou in Pretoria gesê misdadigers kan nie deel word van bestuur nie:
Die moord op twee vroue in Limpopo wie se liggame in 'n varkhok aangetref is, het debat laat opvlam oor rassespanning in landelike Suid-Afrika. Die boer Zachariah Olivier en twee werknemers, wat aangekla word dat hulle die vroue geskiet het weens betreding, het in die hof verskyn. Die direkteur van die Instituut vir Rassebetrekkinge Gabriel Crouse het aan Newzroom Afrika gesê bewerings van rassisme vereis duidelike bewyse:
Die landbouministerie het alle beperkings wat ingestel is na 'n uitbreking van longsiekte naby Opuwo met onmiddellike effek opgehef. Die Direktoraat Veeartsenydienste sê verskeie maatreëls is getref en onder andere is 1 238 beeste ingeënt. Die ministerie se woordvoerder, Jona Musheko, gee meer inligting.
Die minister in die Presidensie vir Vroue, die Jeug en Mense met Gestremdhede, Sindisiwe Chikunga, is bekommerd oor toenemende tienerswangerskappe, geslagsgeweld en vrouemoord. Sy het gepraat tydens die wetgewer in Mpumalanga se Vroueparlement in Mbombela en 'n beroep op die regstelsel en die gemeenskap gedoen om op te tree oor die kwessies. Die minister beloof haar departement is toegespits op voorkomende maatreëls teen maatskaplike euwels.
Die wêreld-nommer een Scottie Scheffler het die einde van die seisoen se Tour-kampioenskap in Atlanta gewen. Die Amerikaner het op 30 onder baansyfer klaar gemaak en sy landgenoot, Collin Morikawa, met vier houe geklop ná ʼn gebeurtenisvolle ronde van vier-onder 67. Scheffler het sewe oorwinnings in vanjaar se PGA-reeks, asook ʼn Olimpiese goue medalje gewen. Hy is die eerste speler sedert Tiger Woods in 2007 om sewe geleenthede in een seisoen te buit. Hy sê dit voel of hy in een jaar byna ʼn leeftyd geleef het:
Die Namibiese para-atlete presteer altyd uiters goed al het hulle nie altyd al die aandag nie. Die land het sy eerste medalje by die Paralimpiese Spele gewen toe Lahja Ishitile die goue medalje in die 400-meter T11-eindstryd vir vroue in 'n rekordtyd verower het. Sy het met haar gids, Sem Shimanda gehardloop. Johannes Nambala het agste gekom in die T13 100-meter finaal en gaan ook aan die 400-meter deelneem. Chris Kinda en Ananias Shikongo het onderskeidelik tweede en derde in hul uitdunne in die eerste ronde van die T11 400m vir mans gekom. Die Paralimpiese span se hoofafrigter, Letu Hamhola, sê die atlete gee altyd hulle beste en verdien baie meer
Die petrolprys daal Woensdag met 120 sent en beide kategorieë diesel sal 110 sent per liter minder kos. Die energie-ministerie sê die verlagings is weens 'n sterker Namibiese dollar en 'n laer olieprys. Reaksie is ontvang van dr. Omu Kakujaha-Matundu van Unam se departement Ekonomie, wat sê dit bring groot verligting maar dis onseker hoe lank dit sal aanhou.
Swapo se sekretaris-generaal, Sophia Shaningwa, het in hofstukke verklaar dat die party nie kan bekostig om 'n buitengewone kongres te hou nie. Haar verklaring is ingehandig in die saak waarin vyf Swapo-lede die party dagvaar omdat daar nie 'n kongres na Hage Geingob se dood gehou is om onder andere 'n nuwe partyleier te kies nie. Die lede sê dit is strydig met die party se grondwet. Kosmos 94.1 Nuus het met die politieke ontleder dr. Ndumba Kamwanyah gepraat, wat sê 'n gebrek aan fondse is 'n rede tot kommer.
Die diefstal van koperdraad neem toe, en Telecom Namibia sê samesprekings is aan die gang om onder andere die tweedehandse handel in koper te verbied. Die diefstal van kabels lei tot kragonderbrekings wat gemeenskappe en besighede lamlê, en die vervangingskoste is enorm. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Simon Lukas, Nored se woordvoerder, wat sê owerhede en inwoners moet saamstaan om die misdaad te bekamp.
Ferrari-renjaer Charles Leclerc het die Italiaanse Grand Prix die tweede keer in sy Formule Een-loopbaan gewen. Leclerc het ʼn alternatiewe eenstop-strategie gebruik om stof te skop in die oë van Oscar Piastri en Lando Norris se McLarens. Carlos Sainz van Ferrari was vierde, Lewis Hamilton van Mercedes vyfde en Max Verstappen van Red Bull het sesde geëindig. Norris het met sy derde plek Verstappen se voorsprong in die kampioenskap met agt punte tot 62 verminder met agt wedrenne wat oorbly. Leclerc hy was verras om te wen, gegewe die McLarens se pas:
Old Mutual Namibië het 'n baanbrekende bekostigbare behuisingsfonds bekend gestel. Dit sal kritieke finansiële ondersteuning bied vir bekostigbare behuisingsprojekte, wat daarop gemik is om die groeiende vraag na toeganklike en bekostigbare behuising in die land aan te spreek. Met 'n aanvanklike kapitaal van 50 miljoen Namibiese dollar, sal die fonds fokus op die diens van eiendomme en topstruktuur-ontwikkeling. Lionel Kannemeyer, besturende direkteur van Old Mutual Beleggingsgroep, beklemtoon die fonds se breër missie.
Solidariteit is bekommerd oor die beplande verlies aan meer as 2 400 onderwysposte in die Wes-Kaap, en blameer die swak bestuur van die Basiese Onderwys-departement daarvoor. Die organisasie se Johnell Prinsloo waarsku die besluit sal die onderwysstelsel se huidige krisis vererger, wat reeds swaar gebuk gaan onder onderwysertekorte en leerders wat sukkel. Sy beklemtoon die behoefte aan die beskerming van die onderwyssektor.
Die olieprys is tans net onder 77 Amerikaanse dollar en bly op koers vir sy eerste maand-tot-maand verlies van die jaar. Dit is onder andere as gevolg van swak vraag in China en die moontlikheid dat Opul-lande hul aanbod sal vergroot. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die bekende Suid-Afrikaanse ekonoom, Dawie Klopper, wat verduidelik wat in die wêreld-oliemark gebeur.
Olie- en gaseksplorasie floreer in die land, wat lei tot hoë beleggings in die bedryf. Volgens die ekonoom Robin Sherbourne, skrywer van "Guide to the Namibian Economy", is daar egter sedert 2016 'n daling in private beleggings buite hierdie sektore. Hy sê privaat sektor-beleggings bly onder 10 persent van die BBP. Sherbourne het gepraat tydens 'n aanbieding in die hoofstad getiteld "Status van die Namibiese Ekonomie".
Die Vryheidsfront Plus sê die regering se inisiatiewe teen geweld is ondoeltreffend omdat misdaad teen vroue en kinders toeneem. Ondanks 'n effense algemene verlaging in misdaad het die eerste kwartaal van 2024/2025 'n aansienlike toename beleef in vrouemoord, poging tot vrouemoord en kindermoorde. Die VF Plus vra ook plaasmoorde moet tot 'n prioriteitsmisdaad verklaar word en waarsku teen oorgerustheid. Heloïse Denner van die party moedig die herbeoordeling aan van strategië teen dié dwingende kwessies.
Die diefstal van koperdraad is op die voorgrond nadat Telecom Namibia se uitvoerende hoof, Stanley Shanapinda, gesê het samesprekings is aan die gang om die tweedehandse handel in koper te verbied. Daar word ook gekyk na strenger strawwe vir verwante oortredings. Charlie Matengu, Cenored se openbare betrekkinge beampte, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê koperdiefstal is aan die toeneem. Dit plaas hul bedrywighede in die gedrang en raak huishoudings. Matengu pleit by die inwoners om gevalle van koperdraad diefstal of verkope by die polisie of Cenored aan te meld.
Die Suid-Afrikaanse Sionistefederasie sê hy steun die Universiteit van Kaapstad-akademici se regsoptrede teen die universiteitsraad se deurvoer van anti-Israel-resolusies. Die federasie waarsku die resolusies kan 'n negatiewe uitwerking hê op die universiteit se vermoë om donasies in te win, akademiese vryheid en die omgewing vir Joodse studente. Rolene Marks van die organisasie sê die resolusies kan uitloop op aansienlike finansiële verliese en regskomplikasies weens Amerika se anti-boikotwette.
Die Ekonomiese Vereniging van Namibië het 'n verslag vrygestel oor openbare perspektiewe op die toekenning en doeltreffendheid van die nasionale begroting. Die middeltermynbegroting word oor 'n maand vrygestel en die verslag sê dat deursigtigheid en konsultasies laag is. Daar is 'n duidelike oproep van die publiek vir 'n verskuiwing in toekennings na ekonomiese ontwikkeling en infrastruktuur. Die verslag sê die regering moet sy begrotingsprioriteite hersien om te verseker dat hulpbronne gerig word na sektore wat die grootste potensiaal het om langtermyngroei en ontwikkeling aan te dryf. Kosmos 94.1 Nuus het met die plaaslike ekonoom Gabriel Erastus gesels, wat sê die publiek moet meer by beplanning betrek word.
AfriForum het kommer uitgespreek oor Suid-Afrika se jongste misdaadstatistieke wat 'n toename van 3 831 in geweldsmisdade in die eerste kwartaal van 2024/2025 toon. Jacques Broodryk van AfriForum moedig polisieminister Senzo Mchunu aan om vennootskappe te formaliseer met burgerlike veiligheidsgroepe om openbare veiligheid te verbeter en die land se misdaadkrisis doeltreffend te hanteer.
Die goewerneur van die Oshikoto-streek, Penda Ya Ndakolo, het in sy streeksrede 'n afname in misdaadsyfers in die streek gerapporteer. Hy sê egter daar is kommer oor verskeie uitdagings, soos 'n gebrek aan voertuie om misdaad effektief in afgeleë gebiede hok te slaan. Dit veroorsaak ook dat inwoners ver moet reis om polisiedienste te benut of misdade aan te meld. Hy het uitgelig dat verkragtingsake, selfmoorde en veediefstal afgeneem het.
AfriForum maan teen die publisering van regulasies ingevolge die Wet op Nasionale Gesondheidsversekering. Die organisasie wys op kommer, insluitende die hangende proklamering van die wet, deurlopende grondwetlike uitdagings en die belangrikheid van openbare raadpleging. AfriForum se veldtogbestuurder, Louis Boshoff, glo die regulasies is voortydig en kan omgekeer word indien die wet ongrondwetlik verklaar word.
Die eerste opvoedkundige openbare lesingreeks oor groen waterstof en die omgewing het 'n paneelbespreking ingesluit waar sleutelkwessies wat met die projek verband hou, bespreek is. Dit is aangebied deur Hyphen en Fortescue Namibia, in samewerking met Unam en Nust. Die moderator, Denver Kisting, het Toni Beukes, die hoof van omgewing, maatskaplik en bestuur by Hyphen, gevra wanneer die groenwaterstofbedryf in Namibië gevestig gaan word. Beukes het geantwoord dat daar nog geen gevestigde mark vir groen ammoniak is nie, en 'n uitdaging uitgelig.
Prinses Diana het 27 jaar gelede, op 31 Augustus 1997, gesterf in 'n motorongeluk in 'n tonnel onder die Alma-brug in Parys. Sy was vir 'n jaar van prins Charles geskei en was saam met haar metgesel, Dodi al-Fayed, wat ook in die ongeluk dood is. Haar begrafnis in Londen is deur 3 miljoen mense bygewoon en wêreldwyd op televisie uitgesaai. Lady Di was net 36 toe sy gesterf het. Haar twee seuns, William en Harry, was toe onderskeidelik 15 en 12 jaar oud. Lady Di, soos sy algemeen bekendgestaan het, was baie lief vir haar kinders. Sy het in die Panorama-onderhoud in 1995 oor hulle gepraat.
Rugby: Die Springbok-losvoorspeler Ben-Jason Dixon is besig om opgang te maak en staan voor die grootste uitdaging van sy kort internasionale loopbaan tot dusver. Dit sal die 26-jarige se vierde keer toets wees wanneer hy vanmiddag in Suid-Afrika se opdrafspan is in die Rugbykampioenskaps-kragmeting met Nieu-Seeland op Ellispark. Dixon sê dit is 'n droom wat bewaarheid is om vir die Bokke teen die All Blacks te speel.
Drie Swapo-raadslede van die Walvisbaai munisipaliteit, Ephraim Shozi, Albertina Nkoshi en Paulus Kauhondamwa, is van 1 tot 30 September geskors. Trevino Forbes, burgemeester van Walvisbaai, veroordeel die optrede van raadslede wat raadsvergaderings ontwrig, wat hy sê hy nie langer kan duld nie.
Daar was twee gesamentlike Copps 94.1-operasies gisteraand. Een was in Walvisbaai waar JP Nel saam met NamPol patrollies gedoen het, en die gebruiklike operasie in die hoofstad met die Windhoekse Stadspolisie. In Windhoek was alkohol-verwante struwelinge aan die orde van die dag. Francois Lottering was aan diens en doen verslag.
Die energie-ministerie het aangekondig dat die petrolprys in September met 120 sent sal daal. Die prys van diesel in altwee kategorieë sal met 110 sent per liter daal. Dit tree 'n minuut na middernag op Woensdag, 4 September in werking. Die verlagings is weens 'n lae olieprys en 'n sterker Namibiese dollar. Stella-Maris Amadhila, 'n ekonoom by die ministerie, verduidelik.
Die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika en die Gautrein-bestuursagentskap sê hulle is gereed om môre ondersteuners na Ellispark te vervoer vir die Rugbykampioenskap-toets tussen Suid-Afrika en Nieu-Seeland. Rugby-ondersteuners kan met die Gautrein na Parkstasie reis en dan deur Prasa se pas opgeknapte Parkstasie-sentrum stap om ʼn trein na die wedstryd te haal. Prasa se woordvoerder, Andiswa Makanda, sê hulle wil veilige vervoer vir ondersteuners verseker.
Telecom Namibië se uitvoerende hoof, Stanley Shanapinda, het aangekondig dat samesprekings aan die gang is om die tweedehandse handel in koper te verbied en om strenger strawwe vir verwante oortredings op te lê. Dit sal hoër boetes en langer tronkstraf insluit. Dit is in 'n poging om kabeldiefstal hok te slaan. Shanapinda het aan die media verduidelik dat die maatskappy ook onderneem om vesel-dienste landwyud uit te brei om die kwessie verder te bekamp.
Die buurland se finansminister, Enoch Godongwana, waarsku teen oorhaastige onttrekking uit pensioenfondse as deel van die tweepotstelsel wat op 1 September in werking tree. Die stelsel gee aftreefondslede toegang tot hulle spaargeld sonder om te bedank of al hulle spaargeld uit die pensioenfonds te onttrek. Godongwana sê hy is nie gesteurd oor diegene wat kla oor die belasting wat hulle op die onttrekkings moet betaal nie.
Windhoek se burgemeester, Queen Kamati, het raadslede en die publiek op hoogte gebring van verskeie burgemeestersaktiwiteite. Sy het by die Stad Windhoek se raadsvergadering verslag gedoen oor die Stadspolisie wat kringtelevisie-toesig regoor die stad verbeter het. Kamati gee meer inligting.
Namibië is op 23 Februarie vanjaar op die Finansiële Aksie Taakmag se gryslys geplaas. Die land is twee jaar gegee om sekere swakhede aan te spreek om eskalasie na die swartlys te vermy. 'n Nasionale Fokuskomitee is saamgestel om die regstellende maatreëls te lei. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Bryan Eiseb, die direkteur van die Finansiële Intelligensiesentrum, wat 'n opdatering gee oor hul vordering.
Visepresident Netumbo Nandi-Ndaitwah het haar teleurstelling in sportminister Agnes Tjongarero uitgespreek, omdat sy belowe het opknappings aan die Onafhanklikheidstadion in Windhoek sal op 28 Augustus begin met die aanstelling van 'n kontrakteur. Sy sê dat sy ingelig is alles is op koers, net om te verneem niks het gebeur nie. Nandi-Ndaitwah beklemtoon dat iemand aanspreeklik gehou sal word, en dat hulle nie kan voortgaan om vir die publiek te jok nie. Sy het gepraat by 'n Oshakati-dorpsraad geleentheid in Onawa.
Adjunkpresident Paul Mashatile sê daar is planne om regeringsprogramme te koördineer om grondhervorming en ondersteuning aan landbou te versnel. Hy het in Kaapstad met die minister van Landbou, John Steenhuisen, en minister van Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling, Mzwanele Nyhontso, vergader. Landbou bly ʼn belangrike sektor van die ekonomie wat 40-persent van die bruto binnelandse produk bydra. Mashatile sê voedselsekerheid is belangrik.
Die Motorvoertuigongelukkefonds van Namibië het 'n weeklange padveldtog met verskeie rolspelers in die bedryf geloods. Die veldtog word net in die Khomas-streek gehou aangesien die meeste padongelukke in die streek aangeteken word. Sowat 2 000 voertuie en padgebruikers sal tydens die veldtog nagegaan word. Ruben Uupindi, die fonds se senior bestuurder van ongeluk- en beseringsvoorkoming, is aan die woord.
Tennis: Carlos Alcaraz se vroeë vertrek uit die Amerikaanse Ope is sy eerste nederlaag in die tweede ronde van ‘n Grand Slam-toernooi sedert Wimbledon in 2021, toe hy nog 75ste in die wêreld was. Die wêreld nommer drie het in skoon stelle teen die onbesonge Nederlander Botic van de Zandschulp verloor op Flushing Meadows. Die Spanjaard is as een van die gunstelinge beskou nadat hy vanjaar die Franse Ope en Wimbledon ingepalm het, maar kon nie sy voete vind in die Arthur Ashe-stadion nie.
Namibië se groeiende bevolking en die bestaande behuisingsagterstand veroorsaak probleme. Stedelike en landelike ontwikkeling-minister Erastus Uutoni, moedig die Nasionale Behuisingsonderneming aan om meer innoverende en ekonomies lewensvatbare beleide aan te neem. Hy beklemtoon dat die onderneming moet fokus op die bou van bekostigbare, nie-luukse huise en koste verminder. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Heinrich Amushila, die mededirekteur van Namibia Housing Action Group, wat sê meeste mense kan nie eens sogenaamde lae-koste behuising bekostig nie, maar wel huise wat hulle self oprig.
Namibiërs wat in 1982 en later gebore is verteenwoordig die hoogste aantal geregistreerde kiesers, of 901 316. Daarteenoor het 641 037 stemgeregtigde kiesers tussen die ouderdom 18 en 34 geregistreer om te stem, of 44 persent van geregistreerde kiesers. Kosmos 94.1 Nuus het met jeugleier Rivaldo Kavanga gesels, wat sê dit beteken nie almal gaan stem nie.
Suid-Afrika berei ‘n voorlegging van 500 bladsye oor die Hamas-Israel-konflik vir die Internasionale Strafhof voor, wat daarop gemik is om die werklikheid van volksmoord in Gaza te bewys. President Cyril Ramaphosa sê die saak sal weergawes van ooggetuies insluit om Suid-Afrika se aanspraak van volksmoord te steun, in lyn met die land se verbintenis tot die mense van Palestina en sy kernwaardes:
Tydens die State of the Namibian Economy-aanbieding in die hoofstad het ekonoom Robin Sherbourne insigte uit sy boek, Guide to the Namibian Economy, aangebied. Onder die diverse gehoor was dr. Panduleni Itula, IPC se presidensiële kandidaat. Ekonoom Rowland Brown van Cirrus het ook kommentaar gelewer, en verwysing gemaak na Itula. Hoor bietjie wat hy te sê het.
Ekonoom Robin Shebourne het ‘n voorlegging gedoen oor die toestand van die Namibiese ekonomie, aangebied deur die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing. Terwyl hy talle aspekte aangeraak het, het hy ook gepraat oor die ligging van Namibië se groen waterstofprojek in die Tsau //Khaeb Nasionale Park. Hy sê die wa is voor die perde ingespan...
In ‘n verklaring deur sy regslui Fisher, Quarmby and Pfeifer, sê die oud-bestuurder van Eden Game Reserve Jamy Traut dat die Instagram-plasing van ‘n Cameron Hopkins met twee dooie jagluiperdwelpies misleidend is. Hopkins sê hy het die diere hier geskiet. Die jag, wat deel sou gevorm het van ‘n roofdier-uitdunningsproses, was ten minste 20 jaar gelede en was nie in die Eden-wildplaas nie. Die plasing het wyd reaksie uitgelok en Hopkins se doelwit blyk om die invoerverbod op trofeë in die Verenigde Koninkryk aan te spreek. Die professionele jagtersvereniging Napha het ook ‘n verklaring uitgereik en Kosmos 94.1 Nuus het met sy president Axel Cramer gesels.
Die Popular Democratic Movement Jeugliga vier die onlangse prestasies van sy lede by die party se kongres, waar 'n aansienlike aantal tot die sentrale komitee verkies is. Dit word beskou as 'n deurbraak vir die jeug se betrokkenheid by die party se politieke besluitneming. Die liga beklemtoon die toewyding en harde werk van hierdie jong leiers, wat na verwagting vars idees na die party sal bring. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Julia Nekwaya, die PDM Jeugliga se sekretaris-generaal, oor die jeug se bydrae tot die party.
Aanmerkings deur die Republikeinse presidentskandiaat Donald Trump lok gereeld reaksie uit maar spesifiek wanneer hy praat oor die weermag. Hy het in ‘n onderhoud met Fox News bevestig dat progressiewe generaals in die weermag, wat as ‘woke’ beskryf word, almal afgedank sal word wanneer hy die Withuis betree. Luister self.
BW Kudu, in samewerking met die Nasionale Petroleumkorporasie van Namibië, Namcor, het sy beursprogram uitgebrei vir minderbevoorregte studente wat ondersteun word deur die Physically Active Youth-organisasie, oftewel Pay, in Katutura, Windhoek. Nadat beurse in 2023 aan twee suksesvolle studente toegeken is, sal die aantal ontvangers in 2024 tot vier verhoog word, en beurse word tot drie jaar verleng. Paulo Coelho, Namcor se woordvoerder, sê beurse is nie net vir studies in die energie-sektor nie.
Die buurland se gesondheidsdepartement moedig ouers aan om te verseker hulle kinders se inentings is op datum na ‘n styging in gevalle van Duitse masels in Gauteng, die Wes-Kaap, Oos-Kaap en KwaZulu-Natal. Die departement stel die masels-rubella-inenting beskikbaar wat op ses maande en 12 maande toegedien word. Woordvoerder Foster Mohale raai ouers aan om moontlike gevalle van Duitse masels of rubella aan te meld en skoolkinders met simptome tuis te hou totdat hulle weer gesond is:
Die 23ste Ongwediva Jaarlikse Handelskou vind tans plaas en is die grootste skou in die land. Kosmos 94.1 Nuus het 'n opdatering gekry van Loini Nghuulikwa, die sameroeper van die skou se bemarking- en publisiteitsubkomitee. Sy sê dat die skou tot dusver goed bygewoon word. Nghuulikwa verduidelik wat die skou vir die plaaslike gemeenskap en ekonomie beteken.
President Cyril Ramaphosa het beklemtoon Afrika is die middelpunt van Suid-Afrika se buitelandse beleid, gefokus op die versterking van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap en die Afrika-unie as vredesinstrumente. Hy sê Suid-Afrika werk aan steun vir konflikoplossing in verskeie lande. Ramaphosa sê die BRICS-alliansie is uiters belangrik, met sleutel- buitelandse beleidspilare soos vrede, bestendigheid en handel:
Die Swakopmund-munisipaliteit bied die Matutura-kultuurfees op 6 en 7 September aan. Die geleentheid, met die tema "My Kultuur, My Trots", het ten doel om die belangrikheid van kulturele diversiteit in werkplekke en opvoedkundige instellings uit te lig. Die fees sal tradisionele kos, stories, danse en kulturele uitstallings bevat om waardering en respek vir verskillende kulture te bevorder. Linda Mupupa, die munisipaliteit se skakelbeampte, het meer besonderhede met Kosmos 94.1 Nuus gedeel.
Die Wêreldgesondheidsorganisasie sê Israel en Hamas het ingestem om gevegte in Gaza tydelik te staak sodat inenting van kinders teen polio gedoen kan word. Die veldtog, wat Sondag begin, mik na die inenting van sowat 540 000 kinders oral in die Gaza-strook. 'n Tien-maande-oue baba is gedeeltelik verlam na sy die eerste polio-geval in Gaza in 25 jaar geword het. Michael Ryan van die WGO sê hulle gaan probeer om 90-persent van alle kinders in die Gaza-strook in te ent:
Amerika se visepresident Kamala Harris sê as sy president word, sal sy op haar eerste dag begin om talle van haar beleidsvoorstelle in te stel om die middelklas te ondersteun en te versterk. Sy het haar eerste onderhoud sedert haar benoeming as die Demokrate se presidentskandidaat, met CNN gehad. Haar visepresidentskandidaat, Tim Walz, was ook by. Harris sê haar beleid oor hidrobreking en die dekriminalisering van onwettige immigrante het nie verander nie:
Altesaam 133 ondernemings het hulle deure in Julie gesluit wat die jaar-tot-datum-totaal op 892 likwidasies te staan bring. Volgens Statistieke SA is die sektore wat die hardste getref is finansies, versekering, eiendomme, sakedienste, handel, spyseniering en akkommodasie. Ten spyte van die sluitings was daar minder sluitings in 2024 as in 2023 met ‘n jaar-tot-jaar-daling van vyf-persent in Julie. Volgens die hoof opnamestatistikus, Onica Mushwana, kan die sluitings tot aansienlike werksverliese lei:
’n Ugandese man, Ddamulira Godfrey, staar lewenslange tronkstraf in die gesig nadat hy na bewering in besit gevind is van 24 menslike skedels in sy heiligdom in Kampala. Die polisie vermoed dit is vir menslike offerandes gebruik. In 'n soortgelyke voorval verlede maand is 17 menslike skedels in 'n heiligdom in Mpigi, sentraal Uganda, ontdek. Albei gevalle word gekoppel aan rituele menslike offerandes, omdat baie mense glo dat gelukbringers gemaak van menslike liggaamsdele ook vyande kan benadeel. Kosmos 94.1 Nuus het aan pastoor Cas Bekker van die Agape Ministries in Windhoek gevra of Namibiërs ook kwesbaar is vir sulke kultus-foefies.
Ohangwena-goewerneur Sebastian Ndeitunga het in sy streeksrede aangekondig dat byna 12 000 swangerskappe die afgelope jaar in die streek aangeteken is, waarvan 2 102 tienerswangerskappe was. Hy het tienerswangerskap uitgelig as 'n beduidende uitdaging. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die sosiale aktivis Ethne Mudge, wat sê daar moet 'n groter klem op seksuele gesondheidsopvoeding wees om meer welvaart in die land te skep.
Suid-Afrika se tekort aan wit mielies weens die droogte het gelei tot groot prysstygings wat ook Namibië raak. Namibië se eie nasionale oes sal na verwagting net sowat 20 persent van plaaslike behoeftes dek, terwyl die res ingevoer moet word. Die hoofbestuurder van die Namibiese Akkerbouraad, Gilbert Mulonda, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels en sê die invoerkoste van witmielies het gestyg tot 7 300 Namibiese dollar per ton.
Suid-Afrikaners kan uitsien na aansienlike brandstofprys verlagings in September vir beide petrol- en diesel. Die afwaartse neiging kan in Oktober tot 'n einde kom as oliepryse aanhou opwaarts beur. Die Sentrale Energiefonds se data toon dat petrolprysdalings van tussen 83 en 90 sent waarskynlik vir September geskeduleer is. Diesel se afnames kan wissel tussen 72 en 98 sent. Kosmos 94.1 Nuus het met die Cirrus-ekonoom, Robert McGregor, gepraat, wat sy voorspelling vir brandstof vir Namibië gee.
Die voorlopige kiesersregister en statistieke is deur die Verkiesingskommissie van Namibië vrygestel. Daar is vroeër berig dat 91 persent van stemgeregtigde kiesers geregistreer het om aan die verkiesings in November deel te neem. Dit beteken dat 1 467 604 potensiële kiesers vanaf 3 Junie tot 1 Augustus 2024 geregistreer het. Die generasie vanaf 1982 en verder maak die meerderheid kiesers uit. Peter Shaama, die kommissie se uitvoerende hoof, het die statistieke bekendgemaak.
Mpumalanga se Onderwysdepartement inspekteer 71 skole om die vordering te bepaal met die projek van 18-miljoen Suid-Afrikaanse rand om puttoilette uit te roei. Vordering sloer ondanks die departement van Basiese Ondewys se belofte dat hierdie toilette teen volgende jaar nie meer sal bestaan nie. Die LUR vir Onderwys, Cathrine Dlamini, het aan die SABC beklemtoon dit is 'n menseregtekwessie, met planne om puttoilette teen die einde van dié boekjaar uit te skakel.
Die landbouministerie het die beskikbaarheid van 'n tariefkorting-kwotafasiliteit aangekondig, wat toelaat dat beperkte hoeveelhede suiwel- en koringprodukte belastingvry na Namibië ingevoer kan word. Namibië-geregistreerde maatskappye word genooi om aansoek te doen vir hierdie fasiliteit vir die tydperk van 1 Oktober tot 30 September 2025. Belangstellende maatskappye moet die hoeveelhede aandui wat hulle beoog om in te voer, met vorige benutting wat nuwe toekennings beïnvloed. Maatskappye wat vir die koring-tariefkorting aansoek doen, moet 'n maallisensie van die Namibiese Akkerbouraad hê. Die sperdatum vir aansoeke is Vrydag, 13 September, om half-vyf. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die ministerie se woordvoerder, Jona Musheko, wat meer deel.
Cosatu het die Nasionale Jeugontwikkelingsagentskap gelukgewens met die suksesvolle aanbieding van die Verenigde Nasies se jeug-imbizo oor die Beraad van die Toekoms in samewerking met die VN se kantoor in Suid-Afrika. Die imbizo se doel is om jongmense te bemagtig om volhoubare ontwikkeling te bevorder en die land se toekoms te vorm. Zanele Sabela van Cosatu sê die toekoms behoort aan die jeug en hulle moet vaardighede, geleenthede en platforms kry om te lei.
Die Namibiese regering het verskeie inisiatiewe geïmplementeer om die lewensbestaan van sy burgers te verbeter, met swart ekonomiese bemagtiging wat sekerlik een van die belangrikste is. Dit is ingestel om ongelykhede aan te spreek en ekonomiese deelname onder voorheen benadeelde gemeenskappe te verbeter. Vrae ontstaan egter oor die doeltreffendheid daarvan, veral in terme van werkskepping en die rol daarvan om werkloosheid aan te spreek. Kosmos 94. Nuus het met Imms Nashinge, IPC-woordvoerder, gepraat wat sê hy het meer vrae oor waar die land is ná 34 jaar van onafhanklikheid.
Rugby: Die hoofafrigter van die All Blacks, Scott Robertson, besef sy manne sal koelkop moet bly in Saterdag se Rugbykampioenskaps-wedstryd teen die Springbokke op Ellispark. Nieu-Seeland wil wraak neem nadat hulle verlede jaar in die Wêreldbeker-eindstryd teen Suid-Afrika vasgeval het. Die Springbokke is boaan die punteleer na twee oortuigende oorwinnings oor Australië terwyl die Kiwi’s gemengde welslae teen Argentinië behaal het. Volgens Robertson is die stadion in Johannesburg een van die gashere se vestings.
Namibië Brouerye het die 64ste uitgawe van die Windhoek Oktoberfest aangekondig. Dit is geskeduleer vir Vrydag, 25 Oktober en Saterdag, 26 Oktober. Die tweedaagse geleentheid sal by die Sport Klub Windhoek gehou word, wat twee keer so groot is as die vorige lokaal. Kaartjies is by enige Pick n Pay-winkel beskikbaar of kan aanlyn by Webtickets gekoop word. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die Brouerye se korporatiewe sake-bestuurder, Surihe Gaomas-Guchu, wat meer inligting gee.
Die president van die Popular Democratic Movement, McHenry Venaani, het die media gewaarsku teen die aanhitsing van stam-gebaseerde gevoelens deur hul beriggewing, veral in die lig van die party se onlangse verkiesingskongres by Katima Mulilo. Hy kritiseer bewerings dat die PDM deur een stam oorheers word en het die party se verbintenis tot inklusiwiteit oor alle stamme en ouderdomsgroepe herbevestig.
Die vaartuig MV Kathrin wat nie toegelaat is om in Namibië te dok nie is steeds in die nuus, ook internasionaal. Justisieminister Yvonne Dausab het gesê 'n polisie-ondersoek het bevind die vaartuig "dra plofbare materiaal wat vir Israel bestem is, en is dus verbied om Namibiese waters binne te gaan". Dit strook met Namibië se internasionale verpligtinge, insluitend die Volksmoordkonvensie. Die bekende politieke ontleder, professor Piet Croucamp van die Noordwes Universiteit, lewer kommentaar.
Ultimate Safaris en die bewaringsgebiede van Sorris Sorris, Doro !Nawas en Uibasen Twyfelfontein is 'n interdik toegestaan wat beplande mynbedrywighede en die bou van 'n pad naby Khorixas tydelik staak. Hulle het 'n dringende aansoek gebring teen Timoteus Mashuna, die adjunkdirekteur van beleidsnavorsing en registrasiedienste in die verdediging en veterane-aangeleenthede ministerie. Mashuna het nege myn-kleims in die gebied geregistreer. Die interdik verbied Mashuna om swaar masjinerie te gebruik om 'n nuwe pad vanaf die D2612 in 'n westelike rigting na die perseel te bou. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Ultimate Safaris se besturende direkteur, Tristan Cowley, wat sê hulle het vrae oor die omgewingsklaring wat uitgereik is.
Sokker: Die eerste deel van die MTN8-halfeindronde se wedstryde is gisteraand gespeel. Stellenbosch het Mamelodi Sundowns met een-nul verslaan. Kaapstad het gasheer gespeel vir Orlando Pirates en dié wedstryd op die Kaapstad-stadion het gelykop geëindig met een elk. Cape Town City se hoofafrigter, Eric Tinkler, vertel meer.
Die nuutste vleispryse van die Lewendehawe- en Lewendehaweprodukte-raad is uit en toon dat pryse effe daal. Die hoof van bemarking by die raad Desmond Cloete het met Kosmos 94.1 Nuus gesels oor die algemene tendense en hy lig 'n bekommernis uit.
'n Organisasie sonder winsbejag, die Suider-Afrikaanse Bedrogvoorkomingsdiens, sê met die einde van die jaar in sig, is daar 'n toename in bankslenters in die land. Van die agt-duisend-521 formele sake wat die Ombudsman vir Bankdienste in 2023 ondersoek het, is drie-duisend-380 as bedrog geklassifiseer. Die organisasie se bedryfshoof, Roy Retief, sê 'n nuwe modus operandi is een waar swendelaars moontlike slagoffers skakel en hulle vra om hulle geld na veiliger of groter rente-opbrengsrekenings oor te plaas:
Die Stop Homosexuality and Same-Sex Marriages-beweging reël 'n openbare vergadering Saterdag by Samora-sokkerveld in Windhoek. Die vergadering sal teenkanting teen die bevordering en wettiging van homoseksualiteit in Namibië aanspreek en dit aanvoer as strydig met die oortuigings van die meerderheid Namibiërs, kulturele waardes en Christelike godsdiens. Dit sal ook 'n massabetoging beplan wat vir 9 September in Windhoek geskeduleer is. Kosmos 94.1 News het met die voorsitter van die beplanningskomitee, Pendapala Nakathingo, gepraat.
Die ikoniese "Alien"-aktrise, Sigourney Weaver, het haar begeerte uitgespreek dat meer vroue beheer moet neem en met meer diepte op die silwerdoek uitgebeeld word. Weaver, wat bekend is vir haar baanbrekende rol as Ellen Ripley in die gewilde franchise, het baie geïnspireer deur stereotipes oor vroue te breek.
Die DA sê hy vra lankal dat die nasionale regering die konstruksiemafia, wat dié bedryf verlam gelaat het, doeltreffend moet beveg. Die bedryf is een van die belangrikste werkskeppers in die land en het meer as 1,2-miljoen mense in diens. Edwin Bath van die DA sê hulle verwelkom die minister van Openbare Werke en Infrastruktuur, Dean Macpherson, se aankondiging dat ʼn nasionale beraad gehou sal word om van misdaadsindikate ontslae te raak:
Agt gevangenes is in die hospitaal opgeneem nadat hulle na bewering deur polisiebeamptes by die Oshikango-polisiestasie aangerand is en met rubberkoeëls geskiet is. Die voorval het glo die slagoffers met ernstige beserings gelaat. Die woordewisseling het plaasgevind nadat 'n groep van 40 aangehoudenes die kringtelevisiekameras in die aanhoudingselle afgesny het en probeer het om dit aan die brand te steek. Kosmos 94.1 Nuus het met Nampol se adjunk-inspekteur-generaal vir operasies, majoor-generaal Elias Mutota, gepraat wat verduidelik wat gebeur het.
Reaksie word steeds ontvang op die nuus dat die verdedigingsminister, Frans Kapofi, 'n komitee aangestel het om die oorskot van die land se PLAN-soldate op te grawe en te her-interneer. Die komitee word gelei deur die voormalige PLAN-vegter en oud-kabinetsminister Charles Namoloh. Hulle sal regoor die land reis om die oorblyfsels van te identifiseer en op te grawe. Die begroting hiervoor is nie bekend nie. Henk Mudge van die Republikeinse Party vra wat van die SWATF-troepe wat dood is...
Meer inligting word ontvang oor die Namibiese Private Praktisynsforum wat sê die Vereniging van Namibiese Mediese Fondse, Namaf, pers privaat praktisyns af en voeg by die registrateur van mediese fondse dit moontlik maak. Dit kom nadat Namaf te kenne gegee het dat alle privaat praktisyns die ICD-10-koderingstelsel, wat deur sommige regerings gebruik word om data oor siektes en mediese toestande te kodeer, moet gebruik anders sal mediese fonds-eise nie uitbetaal word nie. Die forum meen die tyd en koste hiervan is beperkend. Kosmos 94.1 Nuus het met Eben de Klerk, ‘n konsultant vir die forum gesels oor die pad vorentoe.
Die Country-musieklegende Dolly Parton se Imagination Library boekskenkingsprogram brei steeds uit. Sedert die aanvang van die program, is boeke aan meer as 240-miljoen kinders in Amerika, Kanada, Brittanje, Ierland en Australië uitgedeel. Die program in Amerika is nou na verskeie state soos Missouri en Kentucky uitgebrei. Parton sê dit was haar visie die afgelope 30 jaar om geletterdheid te verbeter:
Die Verenigde Nasies het 53,3 miljoen Namibiese dollar bewillig om meer as 163 000 mense in Namibië by te staan met die heersende droogte. Stéphane Dujarric, VN-woordvoerder, beklemtoon dat die droogte 84 persent van Namibië se voedselreserwes uitgeput het en akute wanvoeding en verhoogde risiko's vir geslagsgebaseerde geweld veroorsaak. Daar is ‘n toename van 19 persent in voedselonsekerheid, wat tot 1,4 miljoen mense raak. Reaksie is ontvang van UDF-parlementslid, en boer in die Kunene-streek, Dudu Murorua.
'n Nuwe verslag deur Naspers en die Mapungubwe Institute for Strategic Reflection het onthul Suid-Afrika se digitale platform-ekonomie kan teen 2035 91,4 miljard Suid-Afrikaanse rand tot die ekonomie bydra. Die uitvoerende hoof van Naspers Phuthi Mahanyele-Dabengwa lig die transformerende potensiaal uit van digitale platforms en voorspel bruto binnelandse produkgroei van 0,02-persent in 2022 tot 1,38-persent teen 2035, wat 'n aansienlike ekonomiese groeivooruitsig is:
Namibië se groen waterstofprojekte word ontwikkel in ooreenstemming met streng omgewingstandaarde, insluitend 'n Strategiese Omgewings- en Maatskaplike Evaluering om minimale ekologiese impak te verseker. Die projekte voldoen aan internasionale standaarde. Dr. Eline van der Linden, ‘n ontwikkelingsekonoom en hoof van die groen waterstofprogram se omgewingstrategie verduidelik die evaluering.
Die African Transformation Movement vra meer gemeenskapsbetrokkenheid teen die toenemende bedreiging van die afpersingsmafia. Volgens die party word pensioenarisse al hoe meer deur die misdaadnetwerke geteiken, met dreigemente, geweld en finansiële uitbuiting. Die woordvoerder van die ATM Zama Ntshona moedig die regering en wetstoepassingsagentskappe aan om gespesialiseerde taakmagte aan te stel om die netwerke af te takel en kwesbare burgers te beskerm:
Die Verenigde Nasies se Wêreldvoedselprogram het die beweging van personeel in die Gaza-strook tydelik gestaak. Dit volg nadat daar naby ʼn Israelse kontrolepunt op sy span geskiet is terwyl twee van sy pantservoertuie ʼn konvooi vragmotors met humanitêre hulp vergesel het. ʼn VN-woordvoerder, Stephane Dujarric, sê die voorval beklemtoon hoe ruimte vir humanitêre hulp in Gaza minder word en toenemende geweld noodsaaklike hulpverlening belemmer:
Rise Mzansi vra vir ‘n omvattende benadering om misdaadsindikate te beveg, wat as blouligbendes bekend staan en hulle voordoen as polisiebeamptes met kentekens van die Suid-Afrikaanse Polisiediens, uniforms en gesteelde vuurwapens. Die party versoek die betrokkenheid van Misdaadintelligensie, die Valke, gemeenskappe, academia en maatskaplike dienste om hierdie bendes af te takel aangesien hulle nasionale sekerheid ondermyn asook die publiek se vertroue in die polisie. Makashule Gana van Rise Mzansi eis deeglike ondersoeke om openbare veiligheid te verseker:
In die lig van die Groen Waterstofberaad wat volgende week plaasvind is ‘n inligtingsessie gehou waarin die verskillende projekte onder die program uiteengesit is. Joseph Mukendwa, die uitvoerende hoof van die beplanning van beleidstrategie vir Namibië se Groen Waterstof-program het meer inligting rakende werksontwikkeling rondom groen waterstof bespreek.
AfriForum waarsku teen die prioritisering van die stigting van 'n Nasionale Waterhulpbron-infrastruktuur-agentskap te midde van Suid-Afrika se waterkrisis. Die organisasie meen swak munisipale bestuur, nie die stigting van nog 'n staatsagentskap nie, hou die grootste bedreiging in vir watersekerheid. Marais de Vaal van AfriForum wys op munisipaliteite se skuld van 22,36 miljard Suid-Afrikaanse rand aan waterrade, en waarsku dreigende bankrotskappe kan watervoorsiening ontwrig:
Die Britse eerste minister, Keir Starmer en die Duitse kanselier, Olaf Scholtz het 'n nuwe verdrag bespreek wat talle kwessies insluitend verdediging, handel en energie tot onwettige immigrasie sal aanspreek. Duitsland is Brittanje se tweede grootste handelsvennoot. Starmer sê 'n nuwe VK-Duitsland-verdrag is 'n rare geleentheid om vir werkende mense tot diens te wees. Hy sê sy regering wil 'n nuwe bestel vir die Europese Unie vestig:
Die Suid-Afrikaanse Plaaslike Regeringsvereniging vra munisipaliteite met swak oudituitkomste om toesig te versterk en aanspreeklikheid te verseker om toekomstige mislukkings te voorkom. Dit volg op die 2022/2023-uitkomste van die ouditeur-generaal se verslag, wat 'n 45-persent afname toon in afgekeurde oudits. Lerato Phasha van die vereniging beklemtoon die behoefte aan bekwame leierskap, betroubare finansiële bestuur en sterk oorsig om munisipale bestuur te verbeter:
Die nuutste AMT-weervoorspelling is uit. Namibiërs kan 'n slaak van verligting sug, of nie, want dit lyk asof die weer warmer raak. Ten spyte daarvan is die koue self ook nie seker of dit heeltemal kom of gaan nie. Johan van den Berg, onafhanklike weerkenner het meer...
Elephant Human Relations Aid, bekend as Ehra, is diep bekommerd oor die regering se besluit om 83 olifante te skiet vir die droogtehulp-program. Terwyl die regering sê geen woestyn-olifante sal deur die besluit geraak word nie, is daar verskeie troppe in die noordweste van die land wat oorvleuel en dus, is daar kommer dat van die troppe geraak kan word. Christin Winter, Ehra se programbestuurder het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Die Bank van Namibië het die land se eerste kleinhandeleffekte bekend gestel. Die effekte is ontwerp om lae- tot medium-inkomste individue 'n veilige en toeganklike manier te bied om in staatskuld te belê. Die effekte het laer toegangsvereistes wat dit meer toeganklik maak. Die inisiatief het ten doel om finansiële insluiting, spaargeld en finansiële geletterdheid onder Namibiërs te bevorder. Kosmos 94.1 nuus het met Arney Tjaronda, 'n plaaslike beleggingspesialis, gepraat.
Kubermisdaad is steeds in die nuus en bly ‘n uitdaging in die land. Daar is talle gevalle van aanlynmisdaad en bedrog en slenters neem die voortou. Die inligtingsminister Emma Theofelus sê die regering is druk besig met die kubermisdaad-wetsontwerp wat amper voltooi is.
Die minister van Openbare Werke en Infrastruktuur, Dean MacPherson, het onthul 338 staatsgeboue is landwyd gekaap. Die eiendomme word onwettig beset en beïnvloed die regering se werksaamhede en openbare dienste. 'n Gebou in eThekwini, KwaZulu-Natal, is onlangs suksesvol teruggeneem. MacPherson het aan die media gesê sy departement werk daaraan om die geboue terug te neem, verdere kapings te verhoed en staatsbates te beskerm:
Tshwane se burgemeester, Cilliers Brink, versoek ActionSA om sy steun aan die DA-geleide koalisie te herbevestig. Dit volg op ActionSA se afwesigheid tydens ‘n belangrike mediavoorlegging deur die koalisieregering vanmiddag. Volgens Brink is dit onseker of ActionSA môre die mosie van wantroue teen hom sal steun. Hy beklemtoon die sukses van die koalisie om Tshwane te verbeter, en hoop op voortgesette eenheid.
Die Stad Windhoek het aangekondig dat inwoners met navrae oor hul munisipale rekeninge die Katutura- en Khomasdal-kliëntesorgsentrums kan besoek vir rekeningverifikasie tot 6 September 2024.Die verifikasiedienste sal op weeksdae vanaf 08:00 tot 16:00 beskikbaar wees met die doelwit om duidelikheid en regstelling te kry oor rekeninge vir die 3-jaar tydperk waarin die bedrieglike faktureringstelsel en skatting die inwoner geraak het. Shaun Gariseb, die voorsitter van die Katutura-inwonerskomitee, nooi elkeen uit om van hierdie geleentheid gebruik te maak.
Die Kantoor van die Goewerneur in die Omaheke-streek het 'n afname in wanvoedingverwante sterftes aangemeld, met vier uit 318 sterftes wat gedurende die 2023-2024-boekjaar aangeteken is, vergeleke met 13 die vorige jaar. Die streek het 114 uit 318 gevalle van wanvoeding behandel, en algehele sterftes as gevolg van wanvoeding en akute wanvoeding het van 77 tot 62 afgeneem. Die verslag het ook 273 nuwe gevalle van wanvoeding uit 5 545 opgemerk, af van 554 nuwe gevalle in die vorige jaar, met 15 pasiënte behandel en 13 sterftes aangemeld. Pijoo Nganate, Die goewerneur het beklemtoon dat sosiale faktore bydra tot wanvoeding in die streek.
'n Konferensie van die Nasionale Raad en Streeksrade wat oor drie dae strek is tans aan die gang in Tsumeb in die Oshikoto-streek.
Die konferensie sal na verwagting verbintenisse tussen die personeel en al 14 streekraadshoofde, voorsitters van streekkantore en raadslede beklemtoon en streeksontwikkeling bespreek. Die deelnemers sal ook die ontwikkeling en huidige status van die Streekkiesafdeling Ontwikkelingsfonds, areas van wedersydse belang in politiek en administrasie hersien en bespreek, en onderskeid tref tussen die Nasionale Raad en Streeksrade. Die konferensie is geopen deur die Nasionale Raadsvoorsitter Lukas Muha.
Sokker: Die eerste ronde wedstryde in die MTN8-halfeindstryde vind vanaand plaas. Cape Town City is gasheer vir Orlando Pirates en Stellenbosch lê besoek af by Mamelodi Sundowns. Die wedstryd tussen Pirates en Cape Town City moes gisteraand plaasgevind het maar is uitgestel weens die gure weer in die Moederstad. Die afrigter van Cape Town City, Eric Tinkler, sê die voorbereiding was nie ideaal nie.
Die DBV Windhoek nooi alle hondeliefhebbers uit na die Mutt-Strutt-hondestap op Sondag, 8 September 2024, by Eagles Restaurant, Avisdam. Jy kan vanaf 07:30 aanmeld en die toegangsfooi is slegs N$100. Opbrengste word aangewend ten bate van diere in DBV-sorg. Die eerste 50 deelnemers sal 'n bederfsak ontvang, en diegene sonder honde kan vooraf registreer om 'n DBV-hond te stap. Kosmos 94.1-nuus het met Hanna Rhodin, die direkteur by die DBV gepraat.
Die Ministerie van Armoede-uitwissing het aangekondig dat verhoogde toelaes vir oumense, gestremde individue en kwesbare kinders, wat oorspronklik vir April geskeduleer was, vertraag is. Betalings word nou aan die einde van Augustus verwag.
Lukas Haufiku, woordvoerder van die ministerie wat die toelaes hanteer bring ons op hoogte met die jongste en of die ministerie op koers is om die betalings te maak.
’n Mediadekking verslag oor die komende Presidensiële en Nasionale Verkiesings het aan die lig gebring dat politieke partye tans nie ’n spesifieke strategie vir hul verkiesingsveldtogte het nie. Die verslag, wat van 20 Junie tot 20 Julie strek, is in Windhoek deur media-ombudsman John Nakuta bekend gemaak. Hy sê dit is moeilik om op die manier politieke partye se agendas vas te stel.
Suid-Afrikaners kan uitsien na aansienlike brandstofprys verlagings in September, met beide petrol- en dieselprys dalings op die tafel. Die afwaartse neiging kan in Oktober tot 'n einde kom as oliepryse aanhou opwaarts beur. Die Sentrale Energiefonds se data toon dat petrolprysdalings van tussen 83 en 90 sent waarskynlik vir September geskeduleer is. Diesel se afnames kan wissel tussen 72 en 98 sent. Kosmos 94.1-nuus het met die Cirrus-ekonoom, Robert McGregor, gepraat, wat sy voorspelling vir brandstof vir Namibië gee.
Die Verenigde Nasies se Menseregte-agentskap doen ʼn beroep op Afghanistan se Taliban-heersers om onmiddellik die nuwe wet oor die Bevordering van Deug en die Voorkoming van Ondeug terug te trek. Die wetgewing skryf reëls voor vir die alledaagse lewe en plaas nog beperkings op die lewens van vroue. ʼn VN-woordvoerder, Ravina Shamdasani, sê die wetgewing bevestig beleide wat vroue se teenwoordigheid in die openbaar uitwis, hulle stemme stilmaak en hulle outonomie ontneem.
'n Werkswinkel getiteld "Gedeelde energie-toekoms: versterking van die burgerlike samelewing en gemeenskapstemme oor groen waterstof" is tans aan die gang in die hoofstad. Die driedaagse werkswinkel het ten doel om begrip van Namibië se groenwaterstofprogram onder Namibiese en Suid-Afrikaanse burgerlike samelewingsorganisasies te verdiep.
Ronny Dempers van die Namibia Development Workshop het die openings sessie gelei.
Die Demokratiese Verplegingorganisasie van Suid-Afrika in die Oos-Kaap waarsku dat verdere mediese regseise in komende jare nie uitgeskakel kan word nie. ʼn Voorlopige ondersoek deur die Spesiale Ondersoekeenheid het onthul daar is sowat 2 500 mediese regseise in die provinsie waarvan die meeste deur vermeende gewetenlose prokureurs is. ʼn Denosa-woordvoerder, Veli Sinqana, sê hulle veroordeel onetiese gedrag deur gesondheidswerkers wat volgens berigte saam met hierdie prokureurs werk.
In 2020 het die Unam-skool vir veeartsenykunde die gradeplegtigheid van hul eerste 17 gegradueerdes gehad. In dieselfde jaar het die bou van die veeartsenykundige akademiese hospitaal begin en in 2022 is dit amptelik ingewy as die eerste van sy soort in Namibië. Die skool het op 'n persinligtingsessie aangekondig dat al hul gegradueerdes in diens geneem is. Dr. Rainer Hassel, hoof van die Veterinêre Akademiese Hospitaal se buitepasiënte-eenheid, gee 'n oorsig.
Die Organisasie teen Belastingmisbruik vra onmiddellike hervormings na die ontstellende verslag deur die ouditeur-generaal oor munisipale finansiële bestuur. Die verslag onthul wydverspreide finansiële wanbestuur, swak toesighouding, onvoldoende interne beheer, infrastruktuur wat agteruitgaan, en swak dienslewering in munisipaliteite, met net 13 munisipaliteite wat skoon oudits gekry het. Julius Kleynhans van Outa sê die hantering van kwessies soos swak projekbestuur en ongeoorloofde besteding is noodsaaklik vir die herstel van openbare vertroue en die verbetering van plaaslike regering.
Die publiek is bekommerd oor NamRA se ITAS-stelsel wat sedert die naweek vanlyn is, wat die indiening van opgawes verhinder. NamRA het 'n kennisgewing uitgereik waarin hulle die probleem erken en om verskoning vra vir die ongerief. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Steven Ndorokaze, NamRA se hoof van strategiese kommunikasie, wat verduidelik.
Die Raad van Kerke in Namibië, CCN, het 'n beroep op groter pastorale sorg vir LGBT-individue gedoen, terwyl hy sy tradisionele sienings oor die huwelik as 'n verbintenis tussen 'n man en 'n vrou, soos deur God ingestel, herbevestig. In die lig van onlangse debatte oor die dekriminalisering van sodomie in Namibië, het die raad geestelikes aangemoedig om met LGBT-individue te skakel, en liefde, respek en die einde van geweld teen die gemeenskap te bevorder. Reaksie is ontvang van die sosiale aktivis Linda Baumann.
Windhoek se stortingsterreine begin vol word, met die stad wat jaarliks meer as 84 500 ton afval produseer. Kupferberg het sowat drie jaar van bedryfslewe oor. David Adams, waarnemende strategiese bestuurder vir infrastruktuur, het aan The Brief gesê die stad sal 6 persent van die afval wat na stortingsterreine gaan moet herlei om tyd te koop. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Dr. Peter Cunningham, 'n plaaslike ekoloog, wat sê mense sal meer moet begin herwin.
Die regerende party het al verskeie opmerkings gemaak oor jeugwerkloosheid maar nie alles is positief ontvang nie. Voorheen het wyle president Hage Geingob 'n stelling gemaak dat die jeug werkskeppers moet wees. Meer onlangs het president Nangolo Mbumba by 'n byeenkoms gesê dat Namibiërs hulself moet opvoed en oplei om werkloosheid aan te spreek. Kosmos 94.1 Nuus het by Lifalaza Simataa, die woordvoerder van die Landless Peoples Movement, gaan aanklop oor sy opinie.
'n Ondersoek is aan die gang na die dood van tien mense in 'n busongeluk gisternag by Makhado in Limpopo. Die bus was van Zimbabwe onderweg na Johannesburg toe die ongeluk omstreeks middernag gebeur het. Phuti Lekganyane van Limpopo se Departement van Vervoer en Gemeenskapsveiligheid sê die slagoffers - vyf mans en vyf vroue - was volgens berigte almal buitelanders.
NamWater het 'n pomp by die Olushandjadam se suid-wal pompstasie geaktiveer, wat water in die 130-kilometer Etaka Uuvudhiya grondkanaal vrylaat om ernstige watertekorte in nabygeleë dorpe aan te spreek. Die 3,9 miljoen Namibiese dollar-projek het ten doel om die Omusati- en Oshana-streke te ondersteun deur natuurlike panne vol te maak om water vir vee en klein tuine te voorsien. Abraham Nehemia, uitvoerende hoof van NamWater, beklemtoon dat die rehabilitasie van die kanaal 'n deurslaggewende droogtehulppoging is. Dit wil verseker dat water mense wat dit nodig het bereik, en beide vee- en kleinskaalse voedselproduksie ondersteun.
Die minister van Vervoer Barbara Creecy moedig lugvaartowerhede aan om op te tree teen voortgesette vlugvertragings. Op 'n onlangse vergadering met Lugverkeersdienste, die Lughawensmaatskappy van Suid-Afrika, en die Burgerlike Lugvaartowerheid het Creecy gevra vir 'n volledige plan met 'n begroting teen voortgesette vlugvertragings, terwyl veiligheid gewaarborg word. Die plan moet binne twee weke ingedien word. Collen Msibi van die departement het reisigers om verskoning gevra en die versekering gegee pogings word aangewend om die vertragings op te los.
Selfmoord in die land is 'n voortslepende probleem en wek groot kommer, aangesien dit geestesgesondheid-kwessies uitlig. Tussen Januarie 2020 en Junie 2021 het Namibië 745 selfmoorde aangemeld terwyl 1 172 mense selfmoord gepoog het. Die gesondheidsministerie het 679 selfmoorde aangemeld, waaronder 29 kinders, 18 seuns en 11 meisies. Oor die langnaweek het vyf mans en 'n vrou selfmoord gepleeg deur hulself te hang. Hulle was almal tussen 21 en 40 jaar oud. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met hoofinspekteur Elifas Kuwinga, van NamPol se openbare betrekkinge-subdivisie, wat sê veral mans moet oor hul uitdagings praat.
AfriForum sê hy sal nie toelaat dat die watermafia Suid-Afrika se watersekerheid saboteer nie. Die organisasie kritiseer die regering se mislukking met die beskerming van waterinfrastruktuur en beloof om pogings voort te sit om noodsaaklike bronne te beskerm. AfriForum se bestuurder van Omgewingsake, Lambert de Klerk, wys op die behoefte vir strenger regulasies en samewerking met die gemeenskap om die watermafia se invloed te beëindig.
Die uitvoerende hoof van Telecom Namibia, Stanley Shanapinda, het by 'n inligtingsessie van die ministerie van Inligting en Kommunikasie 'n opdatering gegee van die implementering van hul selfoon- en data-omkeerstrategie. Telecom wil vanjaar nog 77 basis-stasies oprig om wyer dekking te verskaf. Daar is tans sowat 376 basis-stasies in die land en Telecom beplan om tot 500 meer stasies te vestig. Shanapinda is aan die woord.
Anette Rheeder gesels met ons oor die verterings-stelsel en A.Vogel se "Molkosan". A.Vogel se "Molkosan" is beskikbaar in 200 of 500ml bottels by apteke regdeur Namibië. Navrae kan gestuur word na info@sanatural.co.za
Die Raad van Kerke in Namibië, CCN, het kommer uitgespreek oor die vinnige toename in allerhande kerke en die beweerde uitbuiting van gemeentelede deur sommige kerkleiers. Tydens 'n media-inligtingsessie het CCN-president Enoch Sakama die kerk se belangrike rol in die handhawing van nasionale stabiliteit en morele integriteit beklemtoon. Die raad is nie betrokke by die voorgestelde wetsontwerp op kerkbestuur nie, en bepleit selfregulering om die integriteit van godsdienstige instellings te beskerm. Sakama is aan die woord.
Rise Mzansi vra 'n deeglike ondersoek na die mishandeling van plaaswerkers in Limpopo na die wrede moord op Mariah Makgato en Lucia Ndlovu, na bewering deur die varkplaaseienaar Zachariah Olivier en sy medepligtiges. Die vroue, wat kos waarvan die datum verval het, op die plaas wou kry, is na bewering vermoor en vir die varke gevoer. Die woordvoerder van Rise Mzansi, Gugu Ndima, eis geregtigheid en moedig die departemente van Indiensneming en Arbeid, asook Landbou aan, om die omstandighede op die plaas en ander plase in die omgewing te ondersoek.
Die Boerderyportaal/Landbouskrywers SA junior kommunikeerder-toekennings poog om akkurate storievertelling en oordra van inligting binne die landbousektor aan te moedig. Die kompetisie wil 'n platform skep waar studente in landbou of joernalistiek hul werk kan publiseer en 'n smakie kan kry van kommunikasie met die publiek en belanghebbendes in die bedryf. Wenners sal in Oktober 2024 aangekondig word by 'n geleentheid wat 'n perskonferensie en paneelbespreking oor 'n aktuele onderwerp sal insluit. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Johann Pretorius van die Boerderyportaal, wat jong Namibiese skrywers aanmoedig om aansoek te doen.
'n Werkswinkel getiteld "Gedeelde energie-toekoms: versterking van die burgerlike samelewing en gemeenskapstemme oor groen waterstof" begin vanoggend in die hoofstad. Die driedaagse werkswinkel het ten doel om begrip van Namibië se groenwaterstofprogram onder Namibiese en Suid-Afrikaanse burgerlike samelewingsorganisasies en verteenwoordigers van direk geaffekteerde gemeenskappe te verdiep. Dit word aangebied deur die Namibië Ontwikkelingstrust, die Economic Social Justice Trust, Frack Free Namibia en die Heinrich Boell Stigting se Kaapstad-kantoor. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Hans-Christian Mahnke, een van die organiseerders, wat sê hulle wil veral meer weet oor die duisende werksgeleenthede wat beloof word.
Die vaartuig MV Kathrin wat nie toegelaat is om in Namibië te dok nie maak omtrent opslae. Die vaartuig was glo op pad na Israel met wapens of ammunisie om in die oorlog in Gaza te gebruik, en die Namibiese Polisie het vasgestel daar is plofstof aan boord. Die verbod strook met Namibië se internasionale verpligtinge, insluitend die Volksmoordkonvensie, het Justisieminister Yvonne Dausab gesê. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met professor Andre Duvenhage, 'n politieke ontleder in Suid-Afrika, wat sê dat daar 'n impak kan wees op die verhouding tussen Namibië en Duitsland.
Die Verkiesingskommissie sal op 30 en 31 Augustus 2024 'n skynkieser verifikasie-oefening uitvoer om die opgegradeerde en geïntegreerde mobiele kiesersregistrasiestelsel te toets. Hierdie oefening is ontwerp om die funksionaliteit en bruikbaarheid van die kieserverifikasiemodule te toets, voor die presidensiële en Nasionale Vergadering verkiesings van 27 November. Die verbeterde stelsel het ten doel om die doeltreffendheid en sekuriteit van die kieser verifikasieproses te verbeter. Namibiese burgers wat tydens die 2024 Algemene Registrasie van Kiesers geregistreer het, word genooi om deel te neem. Kosmos 94.1 Nuus het met die woordvoerder van die Verkiesingskommissie van Namibië, De Wet Siluka, gepraat oor die belangrikheid van hierdie oefening.
Statistieke Suid-Afrika het onthul 2,6-miljoen huishoudings het die afgelope vyf jaar 'n huisinbraak beleef, wat 'n styging van 12-persent is van 2,3-miljoen. Die statistikus-generaal Risenga Maluleke, het in sy 2023/2024 Slagoffers van Misdaad-verslag aangedui dat 459-duisend huishoudings huisrooftogte ervaar het, wat 'n effense afname van een-persent is. Hy voeg by dat 257-duisend huishoudings aanrandings tydens dieselfde tydperk ondervind het.
Die gebruik van kunsmatige intelligensie tydens verkiesings bied geleenthede en uitdagings. Aan die een kant kan KI kiesersuitreik en data-analise verbeter, en administratiewe take stroomlyn. Aan die ander kant is daar die potensiaal vir KI om gebruik te word om vals inligting te versprei, openbare mening te manipuleer of die integriteit van demokratiese prosesse te ondermyn. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Christine Aochamus, die sekretaris-generaal van die Independent Patriots for Change, oor die video's wat van die IPC se Panduleni Itula op TikTok geskep is en die gebruik van KI en sosiale media tydens verkiesings.
Die 2023-24 verslag oor die slagoffers van misdaad deur Statistieke Suid-Afrika het onthul 57,3-persent van vroue wat aangerand word ken hulle aanvallers. Volgens die verslag het 34-persent van die vroue hulle lewensmaats as die oortreders uitgeken. Die statistikus-generaal Risenga Maluleke waarsku dat geslagsgeweld vroue buite verhoudings meer raak as mans, met net 0,6-persent mans wat deur 'n lewensmaat aangerand is.
Trustco Group Holdings het met groot opgewondenheid aangekondig dat Meya Mining, waarin Trustco 'n belang van 19.5% het, 'n merkwaardige diamant van 391.45 karaat gevind het. Hierdie vonds is in die Kono-distrik van Sierra Leone gemaak, binne 'n gebied wat oor die Kamara Gbense- en Tankoro-hoofmanskappe strek. Meya behou alreeds vir 25 jaar 'n eksklusiewe diamantmyn-lisensie in die Kono-distrik. Kosmos 94.1 het met die adjunk- uitvoerende hoof van Trustco, Quinton van Rooyen Junior, gepraat oor hierdie bielie van 'n diamant.
Die probleme rondom tienerswangerskappe was die week weer die fokuspunt nadat 'n 19-jarige skoolmeisie haar pasgebore baba in 'n kartondoos buite 'n geslote dagsorgsentrum in Ondangwa gelos het. Sy het glo net 'n veilige plek vir haar baba nodig gehad terwyl sy eksamen geskryf het. Die bure het die polisie ontbied en die baba is weggeneem, maar die meisie het teruggekeer om die baba te vind. Sy is nie in hegtenis geneem nie en is in dieselfde hospitaal as die baba opgeneem. Kosmos 94.1 Nuus het met oud-ombudsman, advokaat John Walters oor die kwessie gepraat.
Hy voeg by die vereniging is besig met 'n landwye projek oor die vergoeding wat deur Duitsland aangebied is, te bespreek.
Reaksie word ontvang op die volksmoord-aanmerkings deur president Nangolo Mbumba by die jaarlikse Heldedag vieringe. Die herdenking word gekenmerk deur Swapo-leiers wat Swapo-oorwinnings beklemtoon. Kosmos 94.1 Nuus het met Maboss Ortmann van die Nama Tradisionele Leiersvereniging gesels.
Die Windhoek-munisipaliteit het onlangs streng waterbeperkings ingestel te midde van ‘n kategorie D-droogte verklaring. Tuine mag net een keer ‘n week natgelei word en voertuie mag net deur gesertifiseerde kommersiële maatskappye gewas word. Alle swembaddens moet bedek word en mag nie van munisipale water hervul word nie en geen fonteintjies word toegelaat nie. Vanaf 1 September sal daar hoër water tariewe gehef word om water verbruik te verminder. Lydia Amutenya, woordvoerder van die munisipaliteit verduidelik presies hoe dit gaan werk.
Jerome Powell, die voorsitter van die Amerikaanse Federale Reserweraad was by die Fed se jaarlikse konferensie in Jackson Hole, Wyoming, van mening dat leningskoste so vroeg as volgende maand kan daal, en sy voornemens duidelik gemaak om verdere afkoeling in die arbeidsmark te voorkom. Hy sê die tydsberekening en die tempo waarteen koersverlagings ingestel sal word, sal afhang van die data wat inkom, die vooruitsigte, en die risiko-balans…
Kosmos 94.1 het aangeklop by Suid-Afrikaanse Ekonoom oor goudprys vooruitsigte en die Amerikaanse Dollar.
Rugby: Die All Blacks se hulp- en voorspeler-afrigter, Jason Ryan, sê hulle maak gereed vir ‘n fisiese aanslag van die Springbokke al is daar verskeie weglatings in Saterdag se Rugbykampioenskapstoets op Ellispark. Die Springbokke is tans op hete kole oor die beskikbaarheid van Eben Etzebeth weens 'n beenbesering. Daar is twyfel of hy sal kan speel. Ryan sê hulle is oortuig hulle sal kan meeding met die Springbokke se verwoede pak.
Die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking het sy ondersteuning aan die Internasionale Strafhof herbevestig en sê dis om aanspreeklikheid in die Midde-Ooste te verseker. Die strafhof se hoofaanklaer, Karim Khan, doen ʼn beroep op regters om dringend te beslis oor sy versoek dat lasbriewe vir inhegtenisneming uitgereik word vir Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, die minister van Verdediging Yoav Gallant, en drie Hamas-leiers. Die departement se woordvoerder, Chrispin Phiri, sê Suid-Afrika vra steeds ʼn skietstilstand in Gaza.
Skuldinvorderaars soos RedForce val tans nie onder die reguleringsmandaat van die Namibië Finansiële Instellings Toesighoudende Owerheid, Namfisa, nie. Die komende Verbruikerskrediet-wetsontwerp sal dit verander. Dit wetsontwerp word beskou as 'n deurslaggewende stap om verbruikersbeskerming te verbeter en billike praktyke in Namibië se kredietmark te verseker. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Namfisa se uitvoerende hoof, Kenneth Matomola.
Die Konstitusionele Hof het AfriForum se aansoek goedgekeur oor die afgedankte regter John Hlophe se aanstelling op die Regterlike Dienskommissie. AfriForum wil Hlophe se aanstelling onregmatig laat verklaar. Die speaker van die parlement en Hlophe moet teen 30 Augustus beëdigde verklarings indien. Die uitvoerende hoof van AfriForum, Kallie Kriel, beskou die hof se goedkeuring as 'n positiewe stap in die uitdaging van die aanstelling, wat hy betoog regterlike geloofwaardigheid ondermyn.
Die Namibië produsente prysindeks bulletin vir die tweede kwartaal, vrygestel deur die Namibië Statistieke-agentskap, verskaf opdaterings oor tien bedrywe, insluitend mynbou, vervaardiging en nutsdienste. Dit meet die prysverandering van goedere en dienste vanuit die perspektief van plaaslike produsente, invoere uitgesluit. Dit is 'n belangrike ekonomiese aanwyser wat gebruik word om inflasionêre neigings te monitor, by te staan met nasionale rekeninge, en kontrakpryse en loononderhandelinge te rig. Mirjam Shihepo, die agentskap se skakelbeampte, deel insigte oor die mynbou- en steengroef-bedrywe, wat deflasie aangeteken het.
Terwyl die Outjo Wildsveiling by die dorp se bekende wildsfees baie goed bygewoon en ondersteun was, het uitdagings met renosters voortgeduur. ‘n Koei wat teen 400 000 Namibiese dollar aangebied is het ‘n 210 000 dollar bod ontvang, en ‘n bul het 200 000 dollar se aanbod gelok. Die twee verkope het oorgestaan. Stropery stoot die kostes vir renoster-eienaars op en maak hulle huiwerig. Kosmos 94.1 Nuus het met Jaco Muller van die Rhino Momma Projek gesels. Hy sê die dier se horing is die boer se bate.
Die gesondheidministerie se uitvoerende direkteur, Ben Nangombe, sê hoewel 18 pasiënte vermoedelike M-pokke-simptome by verskeie gesondheidsfasiliteite aangemeld het, is geen gevalle in die land bevestig nie. Nangombe sê van die 18 vermeende gevalle het 15 negatief getoets, en drie wag vir uitslae. Die ministerie het individue by alle private en openbare gesondheidsfasiliteite breedvoerig gemonitor vir moontlike gevalle sedert M-pokke as 'n openbare gesondheidsnood van internasionale kommer verklaar is. Nangombe verseker Namibiërs dat die ministerie gereed is vir enige moontlike uitbreking van M-pokke.
Die omgewing-ministerie dra wildsvleis by ter ondersteuning van die regering se droogtehulpprogram, soos goedgekeur deur die kabinet. Die ministerie sal 723 diere bydra wat afkomstig is van nasionale parke en gemeenskaplike bewareas met volhoubare wildgetalle. Dit sal onder andere insluit olifante, seekoeie, zebras, en buffels. Volgens die ministerie se woordvoerder, Romeo Muyunda, het die Nasionale Konferensie oor Mens-Wild Konflikbestuur in 2023 onder meer besluit dat olifantgetalle verminder moet word. Geen woestyn-aangepaste olifante sal van kant gemaak word nie.
Tennis: Die verdedigende vrouekampioen op die Amerikaanse Ope, Coco Gauff, sê sy plaas geen druk op haarself nie. Die Amerikaner het haar veldtog goed begin toe sy Varvara Gracheva van Frankryk 6-2, 6-stroop verpletter het. Die wêreld-nommer-twee, Aryna Sabalenka van Belarus, het die Australiese kwalifiseerder Priscilla Hon 6-3, 6-3 geklop, terwyl 2017 se kampioen, Sloane Stephens van Amerika, teen Clara Burel van Frankryk verloor het. Gauff sê haar spel teen Gracheva was die beste in ʼn lang tyd.
Regeringsamptenare wat staatshulpbronne misbruik is lank reeds 'n bekommernis vir Namibiërs. Verhale van amptenare wat opgemerk word dat hulle persoonlike besigheid in staatsvoertuie doen, is algemeen. Dit laat vrae ontstaan oor die etiese gebruik van openbare hulpbronne, wat deur belastingbetalers befonds word. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Paulus Noa, die direkteur-generaal van die Teenkorrupsie-kommissie.
Die DA in Johannesburg is ontstoke oor die stad se toekenning van ‘n tender van 200-miljoen Suid-Afrikaanse rand aan ‘n maatskappy wat daarvan tereg staan dat hulle City Power met 94-miljoen-rand bedrieg het. Die maatskappy moet die ontploffingsterrein in Lilian Ngoyistraat herstel. Die party eis deursigtigheid, aanspreeklikheid en ‘n swartlys van maatskappye. Woordvoerder vir die DA, Belinda Kayser-Echeozonjoku, versoek ‘n volledige ondersoek om wanbestuur aan te spreek.
Rolf Hansen, uitvoerende hoof van die Kankervereniging van Namibië en Palliatiewe Sorg Namibië, verteenwoordig die Unie vir Internasionale Kankerbeheer by die 74ste sitting van die Wêreld Gesondheid-organisasie se streekskomitee vir Afrika in Brazzaville, Republiek van die Kongo. Dr. Tedros Ghebreyesus van die WGO het by die sessie die belangrikheid van vennootskappe en befondsing beklemtoon. Hansen bepleit verbeterde toegang tot die HPV-entstof om servikale kanker te voorkom, verbeterde databestuur vir beter toesig en registers, en steunwerwing vir universele gesondheidsorg om te verseker dat kankerpasiënte die nodige behandeling en sorg ontvang.
Atletiek: Bradley Nkoana van Suid-Afrika maak vandag sy buiging in die 100-meteruitdunne by Wêreldatletiek se Onder-20-kampioenskappe in Lima, Peru. Hy was 'n lid van Suid-Afrika se span wat vroeër die maand 'n silwermedalje in die vier-maal-100-meter by die Olimpiese Spele in Parys verower het. Sowat een-duisend-700 atlete van meer as 130 spanne neem aan die kompetisie oor die volgende vyf dae deel. Nkoana sê dit was baie spesiaal om 'n medalje in Parys te kon wen.
Tradisionele media is onder groot druk met die kommer oor volhoubare inkomste vir joernaliste. Die media het oor meer as die afgelope dekade gebuk gegaan onder afdankings, bankrotskap en volhoubare groei, as gevolg van sosiale media. Die Namibia Media Trust het met met die Suid Afrikaanse media agentskap, Daily Maverick se uitvoerende hoof Styli Charalambous gesels. Hy sê beleid en gemeenskapsjoernalistiek is die antwoord.
Namibië het 49 punte uit 100 op die 2023-korrupsiepersepsie-indeks behaal, soos gerapporteer deur Transparency International. Die korrupsie-indeks se telling in Namibië was van 1998 tot 2023 gemiddeld 49 punte, en het 'n hoogtepunt van 57 punte in 2002 en 'n rekord-lae 41 punte in 2004 bereik. Volgens Josephine Nghituwamata, die woordvoerder van die Teenkorrupsie-kommissie van Namibië, is die gebrek aan prosedures en die gevolg daarvan, die grootste oorsaak van korrupsie.
Eskom vra 'n samewerkende benadering om die toenemende munisipale skuld en wydverspreide energiediefstal te hanteer. Die kragnutsmaatskappy moedig die regering, gemeenskappe en munisipaliteite aan om saam te werk om die probleme op te los en finansiële bestendigheid te verseker. Eskom se voorsitter Mteto Nyati het op 'n nuuskonferensie gesê die kwessies is groot uitdagings vir die verskaffer, met onbetaalde munisipale rekenings en onwettige verbindings wat koste opstoot en dienslewering strem.
Die minister van Openbare Werke en Infrastruktuur Dean Macpherson het onthul ongeveer 50 groot bouprojekte, wat miljarde-rand werd is, is stopgesit weens die boumafia. Macpherson het met Newzroom Afrika gepraat en gewys op die uitwerking van afpersing in die sektor, wat werk verskaf aan meer as 1,2-miljoen mense. Hy sê dit is van deurslaggewende belang vir die land se infrastruktuurontwikkeling om die greep van die mafia te verbreek.
Tennis: Die Serwiër Novak Djokovic het die verdediging van sy titel met ʼn sege afgeskop toe hy die Moldawiër, Radu Albot, met 6-2, 6-2, 6-4 verslaan het. Die viermalige Amerikaanse Ope-kampioen wil die eerste man word om die trofee suksesvol te verdedig sedert Roger Federer dit van 2004 tot 2008 vir vyf agtereenvolgende jare kon regkry. Die Duitser Alexander Zverev, Amerikaner Taylor Fritz, en Fransman Gael Monfils het ook hul wedstryde gewen. Djokovic sê op 37 jaar voel hy nog goed op die baan.
Die Swapo-jeugliga hou op 31 Augustus sy sogenaamde Massive Youth Rally op Oshakati. Op die kantlyn hiervan en op 30 Augustus vra die Oshana-tak van die liga dat jong professionele persone by die party aansluit in gesprek met presidensiële kandidaat Netumbo Nandi-Ndaitwah. Die party sê die inisiatief poog om jongmense van verskillende agtergronde met Nandi-Ndaitwah te verbind om idees te deel oor hoe hulle haar kan help om 'n administrasie te vorm wat jeugvriendelik is. Kosmos 94.1 Nuus het met politieke ontleder Ndumba Kamwanyah gepraat wat sy kommentaar gee oor die agenda agter die liga wat gereël word.
Savanna Beef het in April 'n kontrak met GPS Food Group geteken wat 'n stabiele mark vir sy produkte verseker en help met produksie-optimalisering. Die ooreenkoms behels 'n wêreldwyd-erkende bemarkingsorganisasie wat ondervinding het in die verkoop van vleis teen optimale pryse. Boonop het Savanna Beef 'n lening van 150 miljoen Namibiese dollar vir 'n moderne uitvoerabattoir verkry, wat na verwagting teen Junie 2025 voltooi sal wees. Die projek sluit verskeie infrastruktuurontwikkelings in, soos 'n watersuiweringsaanleg en kragvoorsieningverbeterings, met pogings aan die gang om billike kwotaverdeling onder aandeelhouers te verseker. Kosmos 94.1 Nuus het met die landboukenner Wallie Roux gesels oor wat dit vir produsente beteken.
The inligtingsministerie en LifeLine/ChildLine Namibia het 'n memorandum van verstandhouding onderteken om bewustheid van die Nasionale Verslagdoeningsportaal te versterk. Dit is vir die aanmelding van aanlynbeelde en video's van seksuele misbruik van kinders. Die memorandum is geskep in terme van die Nasionale Kubersekuriteitstrategie en -bewusmakingsplan 2022 – 2027 wat deur die kabinet vir implementering aanvaar is. Dit is 'n publieke-private vennootskap tussen die regering, Unicef, die Internet Watch Foundation, Salt essential IT en Lifeline/Childline Namibia. Die uitvoerende direkteur van die inligtingministerie, Audrin Mathe, het by die geleentheid gepraat.
Rugbykampioenskapstoetse teen die Springbokke. Die stut Ethan de Groot, wat in 2022 teen die Springbokke in Johannesburg beïndruk het, is ook terug na ‘n besering. Die twee toetse, in Johannesburg op die 31ste en in Kaapstad ‘n week later, behoort die kampioenskap te beslis met die Bokke tans boaan die punteleer en die Kiwi’s tweede. Die Bok-afrigter Rassie Erasmus verwag ʼn moeilike uitdaging.
The inligtingsministerie en LifeLine/ChildLine Namibia het 'n memorandum van verstandhouding onderteken om bewustheid van die Nasionale Verslagdoeningsportaal te versterk. Dit is vir die aanmelding van aanlynbeelde en video's van seksuele misbruik van kinders. Die memorandum is geskep in terme van die Nasionale Kubersekuriteitstrategie en -bewusmakingsplan 2022 – 2027 wat deur die kabinet vir implementering aanvaar is. Dit is 'n publieke-private vennootskap tussen die regering, Unicef, die Internet Watch Foundation, Salt essential IT en Lifeline/Childline Namibia. Die uitvoerende direkteur van die inligtingministerie, Audrin Mathe, het by die geleentheid gepraat.
Presidensiële kandidaat Ally Angula sê dat daar net 98 dae oorbly tot die mees ekonomies deurslaggewende verkiesing in Namibiese geskiedenis. Sy kritiseer die Swapo-administrasie vir die verergering van ekonomiese probleme oor die afgelope 34 jaar, wat tot wydverspreide armoede en werkloosheid gelei het. Angula beklemtoon die gebrek aan vervaardigings- en werksgeleenthede, afhanklikheid van pensioene en die stryd van plaaslike entrepreneurs. Sy beklemtoon dat die verkiesings deurslaggewend is om 'n beter ekonomiese toekoms te verseker, veral vir Namibië se jeug.
Die parlement se portefeuljekomitee vir Binnelandse Sake vra geen verdraagsaamheid vir identiteitsdiefstal, en optrede in die Chidimma Adetshina-saak. Adetshina het aan die Mej Suid-Afrika-kompetisie onttrek nadat haar ma van identiteitsdiefstal beskuldig is. Die Departement se hoof van Teenkorrupsie, Constance Moitse, het bewyse voorgelê wat twee amptenare met die bedrog verbind. Die komitee se voorsitter, Musa Chabane, het teenoor eNCA beklemtoon dis dringend om die saak op te los aangesien die betrokke amptenare steeds in diens van die departement is.
Die perde-uithouritte vind tans vir die eerste keer in Swakopmund plaas. Die spanbestuurder, George Wessels, gesels met Francois Lottering oor wat die verwagtinge is. Die perde wat gebruik word is net Arabiere, weens hul uithouvermoë in die woesyn. Wessels verduidelik.
Die omgewing-ministerie se onlangse ingrypings om die seekoeie wat in die Salambala-bewarea gestrand is te red, was uiters suksesvol. Die voortslepende droogte het veroorsaak dat die poel waar hierdie seekoeie woon aansienlik opgedroog het totdat net modder oorgebly het. In Mei vanjaar is die situasie as kritiek beskou en het onmiddellike optrede vereis. Die ministerie het 'n hoë-kapasiteit waterpomp en kragopwekker, ter waarde van 66 531 Namibiese dollar, aangeskaf. Die pomp, wat 18 000 liter per uur lewer, is in Junie geïnstalleer. Die ministerie se woordvoerder, Romeo Muyunda, is aan die woord.
Namcor se tussentydse besturende direkteur, Ebson Uanguta, het by die amptelike opening van die Namibië Olie- en Gaskonferensie die land se ontluikende rol in die globale energiesektor beklemtoon. Die land het verhoogde eksplorasie-aktiwiteite in die Oranjekom gesien, en eerste olieproduksie word teen 2030 verwag. Uanguta het die potensiële ekonomiese impak hiervan uitgelig en voorspel dat Namibië teen die vroeë 2030's 'n beduidende ru-olie-uitvoerder kan word, met moontlik meer as 'n halwe miljoen vate per dag teen 2035.
Vise-president Netumbo Nandi-Ndaitwah het gevra vir die instelling van 'n spesiale hof om tenderdispute te hanteer, met verwysing na die negatiewe impak wat sulke dispute op dienslewering het. Sy het verwys na gesondheidsorg, waar vertragings tot tekorte aan noodsaaklike medisyne gelei het. Sy het gepraat tydens die amptelike opening van die Omgewingsmisdaadhof in Otjiwarongo. Reaksie is ontvang van die leier van die Affirmative Action-beweging Job Amupanda, wat wonder of die vise-president nie weet dat Namibië 'n handelshof het nie.
Die soektog na ses mense wat vermis word nadat 'n luukse seiljag Maandag in die vroeë oggendure aan die kus van Sisilië gesink het, is nou in sy derde dag. Reddingspanne probeer om die slaapkajuite van die jag binne te gaan, waar puin toegange blokkeer. Duikers word gehelp deur afstandbeheerde voertuie wat baie langer op die seebodem kan werk. Intussen beskryf Matthew Shanck, die voorsitter van die Britse Maritieme Navorsing- en Reddingsraad, die sink van die jag as 'n sogenaamde "swart swaan gebeurtenis".
'n Openbare bespreking word vanaand deur die Basic Income Grant Coalition, of BIG, tussen politieke partye en presidensiële kandidate gehou oor ongelykheid en armoede. Die koalisie sê die standpunt van alle belanghebbendes moet gehoor word. Volhoubare oplossings moet gevind word om die lewenstandaarde van Namibiërs wat ekonomies swaarkry te verbeter. Kosmos 94.1 Nuus het met Tjipura Tjipura van BIG gesels wat meer inligting gee.
KwaZulu-Natal se premier, Thami Ntuli, sê die landbousektor moet die toon aangee om oplossings te vind vir die provinsie se werkloosheidsyfer, veral wat vroue, die jeug en kwesbare groepe betref. Hy het by die provinsiale Departement van Landbou en Landelike Ontwikkeling se landbouberaad in Durban gepraat. Ntuli het ook beklemtoon dat dit belangrik is om wetenskaplike navorsing met landboupraktyke te verbind om dienste aan gemeenskappe te verbeter:
Erginus Endjala, goewerneur van die Omusati-streek, het tydens sy streeksrede gesê dat die sportministerie 3 miljoen Namibiese dollar toegeken het vir die ontwerp van 'n sportveld by Outapi, maar niks is gedoen nie. Hy het die ministerie se voornemens bevraagteken en wat die oorsaak van die vertraging is. Hy sê die kwessie moet ernstig opgeneem word.
Die Basic Income Grant Coalition het al male sonder tal gesê dat 'n basiese inkomstetoelaag ingestel moet word om armoede en wanvoeding uit te roei. Die goewerneur van die Omaheke-streek, Pijoo Nganate, het in sy streeksrede gesê 2 000 gevalle van wanvoeding is vanjaar in die streek aangemeld. Daar is egter kommer dat as 'n basiese inkomstetoelaag aan verarmde gemeenskappe gegee word, die geld op alles behalwe kos bestee sal word. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Ben Schernick, die direkteur van die Voedings- en Voedselsekerheid Alliansie van Namibië, wat sê studies toon dat dit nie die geval is nie.
As jy ‘n Beatle-aanhanger is moet jy Londen toe. Die Casbah Coffee Club, waar die Beatles in die kelder naam gemaak het, is nou ‘n Air BnB en gaste kan in die woonarea op die eerste vloer bly. Die gebou word besit deur die groep se voormalige tromspeler Pete Best se familie. Sy broer Roag, het met Sky News gepraat oor van die suites wat gaste kan geniet.
Reaksie word ontvang op die nuus dat die omgewingsministerie 15 olifante in die noordwestelike dele van die land sal skiet vir voedselhulp. Beide manlike en vroulike olifante sal geteiken word, met een wat as ‘n trofee-dier aangewys sal word. Oudpresident van die NLU en Kamanjab-boer Piet Gouws sê dit is goeie nuus maar, ‘n bestuursplan ontbreek steeds.
Die saak in verband met die dood van Matheus Sheehama wat op 27 Julie in Walvisbaai verdwyn het en op 6 Augustus op die strand uitgespoel het, sal nie môre in die hof, soos geskeduleer voorkom nie. Die bevelvoerder van die Erongo-streek kommissaris Nikolaus Kapembona het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig die sewe verdagtes, wat Sheehama se meisie, Jessica Gaes en haar broer Jimmy Gaeb insluit, sal eers op 15 Oktober voorkom.
Die olie- en gaskonferensie is aan die gang in die hoofstad met meer as 900 afgevaardigdes. By die openingseremonie het Kornelia Shilunga die adjunkminister van myne die hoofrede namens die lynminister gelewer.
Daar is talle pogings die afgelope jaar of twee om die verbouing van piesangs in Namibië te ontwikkel. Nou beid die Akkerbouraad, in vennootskap met Avagro, opleidingsessies oor piesangproduksie. Hierdie sessies is ontwerp om aspirant-piesangboere op te voed oor die grondbeginsels van piesangproduksie en gewasbestuur. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Gerson Kampungu, die raad se bestuurder van navorsing en beleidsontwikkeling.
Die Demokrate se konvensie was darem nie net waarskuwings en beledigings oor die Republikeine nie. Doug Emhoff, man van presidentskandidaat Kamala Harris het die afgevaardigdes in Chicago toegespreek en gepraat oor die keer wat hy haar die heel eerste keer geskakel het. Hy sê dit was vroeg in die oggend...
Die myne en energie-ministerie het plaaslike inhoudontwikkeling geprioritiseer in die land se konsep Nasionale Stroomop Petroleum Plaaslike Inhoudbeleid. Die inter-regeringskomitee wat aan die beleid werk, het gefokus op die olie- en gasbedryf. Dit is om Namibiese deelname aan die sektor te verbeter en die land se voorsieningsketting ’n hupstoot te gee terwyl internasionale beleggings en bydraes steeds verwelkom word. Die konsepbeleid sal binnekort gereed wees vir goedkeuring. Kosmos 94.1 Nuus het met die ministerie se woordvoerder, Ten Hasheela, gepraat wat meer insig gee.
Die buurland se beplanningsminister in die Presidensie, Maropene Ramokgopa, sê die Verenigde Nasies is ʼn belangrike vennoot van Suid-Afrika wat die uitdagings en bereiking van die Volhoubare Ontwikkelingsdoelwitte betref. Die minister het bilaterale gesprekke gevoer met ʼn afvaardiging van die VN in Suid-Afrika. Die ministerie se woordvoerder, Litha Mpondwana, sê die besprekings het die voortgesette samewerking en vennootskap tussen die regering en die VN bevestig:
‘n Verslag van DebtBusters sê ten spyte van vele tekens wat dui op verligting, maak baie Suid-Afrikaners staat op lenings om finansiële druk te bestuur, soos hoё elektrisiteitstariewe, brandstofpryse en inflasie. Navrae oor skuldberading het met 18-persent gestyg wat toon meer mense soek hulp om hulle skuld te bestuur. Die uitvoerende hoof van DebtBusters, Benay Sager, sê hoewel rentekoerse binnekort mag daal, sit verbruikers steeds met ʼn hoё skuldlas en verminderde koopkrag:
Die uitreik van artikel 38-sertifikate van identiteitsdokumente aan buitelandse gades van Namibiese burgers is tydelik gestaak. Die binnelandse sake-ministerie sê dit vorm deel van 'n deurlopende hersiening- en verbeteringsproses van die aansoekvorms vir hierdie dokumente. Die woordvoerder van die ministerie, Margaret Kalo het meer...
Vandag gesels ons weer oor die niere en A.Vogel se produk "Nephrosolid". A.Vogel se "Nephrosolid" is slegs in druppel vorm en sonder voorskrif beskikbaar by apteke reg deur Namibië. Luisteraars is welkom om gesondheids-navrae te stuur na info@sanatural.co.za. Ons antwoord graag.
Terwyl die Demokrate se konvensie in Chicago in sy tweede dag is, het die party se presidensiële kandidaat Kamala Harris na Milwaukee in Wisconsin gereis om ‘n saamtrek toe te spreek. Sy het onder andere, gesê Donald Trump is uiters gevaarlik.
AfriForum eis 'n onafhanklike ondersoek na die Milites Dei-sekerheidsdienste se onwettige kamp in Mpumalanga, en beweer daar was korrupsie en onbevoegdheid by Binnelandse Sake. Die organisasie sê die ontdekking by die kamp van 95 Libiese burgers, wat na bewering verbind word met die militante groepbrigade 20/20, ontbloot ernstige onbevoegdheid en korrupsie binne die departement en in ander agentskappe. Jacques Broodryk van AfriForum vra verbeterde grensbeheer, 'n oudit van immigrasieprosesse en aanspreeklikheid vir dié wat verantwoordelik is:
Die Suid-Afrikaanse Korrektiewe Dienste Werkersunie versoek die Departement van Korrektiewe Dienste om sy wetlike verpligtinge na te kom om behoorlike sorg te verskaf aan moeders in gevangenskap en hulle kinders. Dit volg na die bewerings van ‘n ma in die Wesbank Korrektiewe Sentrum in Oos-Londen in die Oos-Kaap dat sy nie noodsaaklike items vir haar kind het nie. Woordvoerder, Alude Jizana, sê hulle is daartoe verbind om die menswaardigheid van gevangenes te ondersteun en die regte van hulle kinders te beskerm:
Een van Debmarine Namibia se grootste produsente, die Mafuta-diamantmynskip, het standaard aanlegonderhoud ondergaan. Intussen het die De Beers-groep se produksie in Namibië in die tweede kwartaal met 8 persent tot 0,6 miljoen karaat gedaal. Willy Mertens, die uitvoerende hoof van Debmarine, sê die laer produksie is te wyte aan die instandhouding van vaartuie by Debmarine. Hy voeg by dat sintetiese diamante ook 'n bedreiging vir die diamantbedryf inhou.
Groot opwinding heers oor die Outjo Wildsfees waar die Du Preez Wildveiling op 24 Augustus by die Fanie Burger-feesterrein sal plaasvind. Hoogtepunte waarna wildkopers volgens die Du Preezs kan uitsien, is ’n swartwitpens met horings van 44 duim en ’n 29 duim bastergemsbok, asook gemsbokke met 40 duim. Die katalogusveiling sal ter plaatse op die Outjo Wildsfees, asook aanlyn deur Agra Auctions aangebied word. Kosmos 94.1 Nuus het met Dirk du Preez van Du Preez Wild oor die veiling gesels.
Die omgewing-ministerie gaan 15 olifante uitdun as deel van sy droogtehulpprogram. Vyf sal uit die Kamanjab-gebied kom, vyf van rondom Khorixas en vyf van die Omajette-groep. Beide manlike en vroulike olifante sal geteiken word, met een wat as 'n trofee-dier aangewys sal word. Dit vorm deel van die breër poging om wildsvleis te verskaf aan Namibiërs wat deur voedselonsekerheid geraak word weens die erge droogte. Die ministerie sal 723 stuks wil van verskillende spesies bydra. Die ministerie beklemtoon dat dit ook strook met bewaringsdoelwitte, wat help om wildbevolkings volhoubaar te bestuur terwyl ekonomiese aktiwiteite wat met wild en toerisme verband hou, ondersteun word. Die ministerie se hoof skakelbeampte, Romeo Muyunda, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Beide Windhoek en Swakopmund het beskeie groei in die konstruksiesektor aangeteken in Julie. In Windhoek was daar 'n effense toename in die aantal bouplanne wat ontvang is, terwyl daar in Swakopmund 'n skerp afname was. Slegs 39 planne is in Julie by die kusdorp se munisipaliteit ingedien, vergeleke met die 66 planne wat in Julie 2023 ontvang is. Kosmos 94.1 Nuus het met Halleluya Ndimulunde, 'n ekonoom by Simonis Storm, gesels wat sê die FNB Huisprysindeks-verslag vir die eerste kwartaal toon 'n gedempte huismark regoor Namibië.
Die Amerikaanse politieke omgewing raak al warmer met die verkiesings wat op 5 November plaasvind. Op die oomblik oorheers die Demokrate se standpunt die nuus met die party se konvensie wat in Chicago plaasvind. Oudpresident Barack Obama het die afgevaardigdes toegespreek.
'n Amptenaar van die Wêreldgesondheidsorganisasie, Hans Kluge, sê dat M-pokke nie die nuwe Covid is nie, aangesien owerhede weet hoe om die verspreiding daarvan te beheer. Die klade 1b-variant veroorsaak wêreldwye kommer omdat dit lyk asof dit makliker versprei deur roetine noue kontak. M-pokke word deur noue fisiese kontak oorgedra maar anders as met vorige wêreldwye pandemies soos Covid-19, is daar geen bewyse dat dit maklik deur die lug versprei nie. Kluge verduidelik.
Die veelbesproke en lang-verwagte nuwe minimum lone is in die Staatskoerant gepubliseer. Die vergoedingsveranderings sal op 1 Januarie 2025 in werking tree. Die Staatskoerant sê die minimum loon sal 18 Namibiese dollar per uur wees. Job Muniaro, die sekretaris-generaal van die National Union of Namibian Workers, praat oor of die loonverhoging aan die vereistes of verwagtinge van die vakbonde voldoen.
Die Demokrate se konvensie gaan voort in Chicago en swaargewigte soos voormalige president Bill Clinton en voormalige speaker van die Huis, Nancy Pelosi, sal volgens berigte vanaand toesprake maak. Die presidensiële kandidaat Kamala Harris se verkiesingsmaat, Tim Walz, is geskeduleer om die spitstyd-toespraak te lewer ná sy amptelike benoeming. Die progressiewe wetgewer Alexandria Ocasio-Cortez het op die eerste dag van die konvensie gepraat en Donald Trump geroskam.
Die Popular Democratic Movement hou die naweek sy party-kongres om sy leierskap vir die volgende vyf jaar te verkies. Die verkiesingskongres is geskeduleer vir Saterdag in Katima Mulilo in die Zambezi-streek. Die party sal ook sy verkiesingsmanifes by die geleentheid bekendstel. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Elma Dienda, die PDM se hoofsweep, wat 'n opdatering gee oor die voorbereidings.
Die Suid-Afrikaanse Sionistefederasie veroordeel Hamas se verwerping van 'n skietstaking en sê dit ontbloot die groep se ware aard as 'n ondersteuner van terreur en geweld teen Jode wat glad nie in vrede belangstel nie. Hulle waarsku Hamas se eis dat die Israeliese Weermag uit die Philadelphi-korridor moet onttrek, sal toelaat dat die groep herbewapen en 'n groter bedreiging vir Israel inhou. Woordvoerder Rolene Marks kritiseer ook die regering se voortgesette steun aan Hamas ondanks die groep se onophoudelike aanvalle op burgerlikes:.
Ongosvallei het amptelik die Ongosvallei-sewestoernooi in Windhoek van stapel gestuur, in samewerking met die Namibiese Rugby-unie en FNB Western Suburbs. Die vyfjaar-vennootskap is daarop gemik om 'n ontwikkelingstruktuur vir sewesrugby in Namibië te skep. Rondte een van die toernooi vind op 21 September in Keetmanshoop by die Rams Rugbyklub plaas. Rondte 2 vind op 28 September in Swakopmund by die Dolphins Rugbyklub plaas. ’n Rugbyfees sal op 4 en 5 Oktober gehou word, waar daar ’n vrouewedstryd, ’n all-stars-wedstryd, asook die kroning van die algehele toernooiwenner sal wees. Ongosvallei het 100 000 Namibiese dollar vir prysgeld vir die toernooi bewillig. Reagon Graig, voorsitter van Ongosvallei, praat oor die belangrikheid daarvan dat die private sektor Namibiese sport ondersteun.
Die lewensredding-vrywilliger Sean Naude is steeds op soek na die man wat naby Kaap Kruis vermis word. Hy en sy span is in Hentiesbaai vir die soek-en-reddingsending, en het nou 'n vliegtuig wat help. Die man is 'n bemanningslid van 'n vaartuig wat in die see geanker is en wag om gesleep te word, en het Sondag die skip verlaat in 'n rubberboot met net roeispane. Naude sê die man leef nog en die soektog gaan voort.
Staatsgetuie Jan Karel Horn sê Jandre Dippenaar moet betaal vir die moord op sy seun en vyf ander mense in 'n motorongeluk naby Hentiesbaai in 2014. Horn het by Dippenaar se voor-vonnisverrigtinge in die Swakopmund-streekhof getuig. Horn sê sy seun, JC Horn, het gelewe toe hy doodgebrand het in die ongeluk wat deur Dippenaar se nalatigheid veroorsaak is. Hy voeg by die lewe het 'n lewende hel vir sy gesin geword sedert hul geliefde in die gru-voorval van hulle weggeneem is. Horn het met die nasionale uitsaaier buite die hof gepraat.
Die Walvisbaai Korridor-groep het 'n belangrike waarskuwing gerig aan vervoer- en logistieke maatskappye wat in die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap werk, rakende M-pokke. Die groep se uitvoerende hoof, Mbahupu Tjivikua, doen 'n beroep op vragmotorbestuurders, vervoerders en expediteurs om groter versigtigheid aan die dag te lê en streng by voorgeskrewe veiligheidsprotokolle te hou. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die groep se woordvoerder, Maria Paulus, wat meer inligting gee.
Die tweede uitgawe van die Namibië Olie- en Gaskonferensie het in Windhoek afgeskop en duur tot Donderdag. Phil Balhao, die burgermeester van Lüderitz, gaan een van die sprekers wees wat konferensiegangers sal toespreek. Die konferensie word aangebied deur die Ekonomiese Vereniging van Namibië, in vennootskap met die Namibiese Raad vir die Bevordering van Beleggings en Ontwikkeling, NIPDB, en die Hanns Seidel-stigting. Kosmos 94.1 Nuus het met Balhao gepraat, wat meer inligting gee oor sy deelname.
'n Akademikus aan die Universiteit van Pretoria, Taneshka Kruger, doen 'n beroep op die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap om die vele uitdagings wat malaria inhou, gesamentlik aan te pak. Dit is vandag Wêreld-muskietdag. Kruger sê die muskiet is die dodelikste 'dier' in die wêreld en maak elke jaar meer as 700 000 mense dood.
Die myne en energie-ministerie bring 'n ministeriële besoek aan energieprojekte in die Zambezi-streek, gelei deur lynminister Tom Alweendo. Die besoek is om met streekleierskap te skakel en elektrifiseringsprojekte te inspekteer. Die ministerie het 17,8 miljoen Namibiese dollar aan landelike elektrifiseringsprojekte in die streek toegeken. Tydens 'n hoflikheidsbesoek aan die streekgoewerneur, Lawrence Sampofu, het Alweendo beklemtoon dat die fondse effektief benut moet word om die gewenste uitkomste te bereik.
Die Republikeine se visepresidentskandidaat JD Vance het met Amerikaanse media gepraat met die begin van die Demokrate se konvensie in Chicago. Vance het Kamala Harris en Tim Walz se momentum van hulle veldtog as kaf afgemaak en sê hy en Trump sal seëvier as hulle net die regte feite deurgee.
‘n Verslag deur SweepSouth toon dat ten spyte van ‘n loonverhoging van 14-persent, verdien talle Suid-Afrikaanse huiswerkers minder as die Nasionale Minimum Loon. Die opname onder 5 600 werkers toon ʼn gemiddelde maandelikse verdienste van 3 349 Suid-Afrikaanse rand vir vroue en drie-duisend-en-59-rand vir mans, albei minder as die veronderstelde 4 400-rand volgens die minimum loon. Die uitvoerende hoof van SweepSouth, Lourandi Kriel, verduidelik hoe die maandelikse tekort ernstige vrae laat ontstaan oor bekostigbaarheid.
‘n Babastorting is vandag by Ella du Plessis Hoërskool in die hoofstad aangemeld. Die kleintjie se oorskot in ‘n asdrom by die meisieskoshuis deur die matrone ontdek. Inspekteur Silas Shipandeni sê die verdagte is bekend omdat die fetus ten volle ontwikkel was.
Daar is steeds groot kommer by die Padfondsadministrasie oor sy volhoubaarheid. Die owerheid maak 60 persent staat op brandstofheffings vir sy inkomste. Tolhekke is vroeër genoem as alternatiewe. Elton !Gaoseb, die uitvoerende programbestuurder, sê verbeterde brandstofgebruik veroorsaak ook dat infrastruktuur vir minder besteding benut word en dus moet belastings verander.
Namibië sukkel nes Suid-Afrika met uiters hoë jeugwerkloosheid. ‘n Ekonoom van Investec Setlogane Manchidi sê kinders word voorberei vir tradisionele werk. Manchidi beklemtoon die belangrikheid van die opskerp van jongmense se vaardighede en die bevordering van self-indiensneming deur entrepreneurskap. Hy glo die ontwikkeling van entrepreneursvaardighede kan help om werksgeleenthede te skep, werkloosheid verminder en die ekonomie versterk:
Die Suid-Afrikaanse polisie het die laaste sewe dae bykans 14 000 verdagtes gearresteer gedurende landwye Shanela-operasies. Onder die arrestasies was meer as 2 800 mense wat gesoek is vir ernstige misdaad, insluitend moord, verkragting en die onwettige besit van vuurwapens. Polisiewoordvoerder Athlenda Mathe sê groot suksesse sluit in die onderskepping van dwelms van 300 miljoen Suid-Afrikaanse rand en beslaglegging op vervalste goedere van 37 miljoen rand:
Namibië het 49 punte uit 100 op die 2023-korrupsiepersepsie-indeks behaal, soos gerapporteer deur Transparency International. Die korrupsie-indeks se telling in Namibië was van 1998 tot 2023 gemiddeld 49 punte, en het 'n hoogtepunt van 57 punte in 2002 en 'n rekord-lae 41 punte in 2004 bereik. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Josephine Nghituwamata, die woordvoerder van die Teenkorrupsie-kommissie van Namibië, oor die jongste 2024-statistieke.
Die PDM-president McHenry Venaani het skerp kritiek uitgespreek teenoor mediaberigte dat sy party in ‘n koalisie met Swapo wil tree maar dat Swapo dit van die hand gewys het. Die kwessie is wyd op sosiale media versprei en volgens Venaani is die berig snert. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Die Namibiese polisie sê hy ondersoek steeds ‘n saak na die dood en aanranding van twee jong kinders. Volgens die mag het die 31-jarige Max Haudapiti, ‘n Rooms Katolieke priester, wat in hegtenis geneem is, die twee kinders, ‘n dogter van drie, Tyapa Erickson, en haar boetie, die ses-jarige Moses, se koppe teen die vloer geslaan. Die dogtertjie is op die toneel dood en die seun by die hospitaal. ‘n Klag van moord is bygevoeg en die priester sal weer op 3 September verskyn. Adjunk-kommissaris Zachariah Amakali van die Ohangwena-polisie.
Die Stad Windhoek is besig met 'n lewensvatbaarheidstudie vir 'n nie-gemotoriseerde vervoernetwerk vir stap en fietsry. Die voorgestelde netwerk sal 62km lank wees met sypaadjies wat 17 skole, 2 hospitale en 3 klinieke bedien. Die oorgang van gemotoriseerde vervoer na stap en fietsry sal deur bewusmakingsveldtogte ondersteun word. Die studie word deur Sustainable Development Africa gedoen en die konsulterende ingenieursfirma is SMEC. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Hilda Nathnael, die Stad Windhoek se koördineerder van die Slim-stad en Vervoerafdeling.
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Christenforum vra vir die regulering van die godsdienssektor om vertroue en integriteit te herstel. Hulle vra vir ‘n onafhanklike toesigliggaam wat godsdiensleiers aanspreeklik hou en etiese standaarde afdwing. Die forum glo selfregulering is verkieslik bo reëls deur die regering en sal misbruik aanspreek asook wangedrag deur godsdiensleiers. Die leier van die forum, Marothi Mashashane, versoek die regering om wette in te stel wat selfregulering in die godsdienssektor verseker om aanspreeklikheid en voldoening verbeter:
Die wêreld-nommer-een, Jannik Sinner, het Frances Tiafoe verslaan en die Cincinnati Ope die eerste keer gewen. Die Italianer het die Amerikaner met 7-6, 6-2 afgeransel om sy vyfde titel dié seisoen te buit. In die vroueafdeling het Aryna Sabalenka van Belarus haar tweede titel van die jaar en eerste sedert die Australiese Ope opgeraap nadat sy Jessica Pegula van Amerika met 6-3, 7-5 geklop het. Sinner sê dit gee hom selfvertroue in aanloop tot die Amerikaanse Ope:
Die oud-werknemers van Air Namibia, wat 'n regsoorwinning in die hooggeregshof vir hul volle uitbetalings behaal het, is steeds in die duister oor 'n petisie wat hulle by die Nasionale Vergadering ingedien het. Hulle het nog nie terugvoer ontvang nie. Renier Bougaard, 'n voormalige werknemer, sê dat hulle al die nodige prosesse, stelsels en instellings nougeset gevolg het, net om voortdurend teleurgesteld te wees. Bougaard sê hulle voel dat hul pogings om geregtigheid en oplossings deur amptelike kanale te soek, met stilswye en gebrek aan optrede begroet is. Kosmos 94.1 Nuus het uitgereik na Rafael Hangula, die parlementêre woordvoerder, oor hul bekommernisse.
Namibië het in Junie 88 091 passasiers by sy lughawens hanteer, volgens die jongste data van die Namibië Statistieke-agentskap. Dit is 'n effense afname vanaf die 93 041 passasiers wat in Mei aangeteken is, maar 'n toename in vergelyking met die 79 187 passasiers in Junie 2023. Hosea Kutako Internasionale Lughawe het 80,7 persent van alle passasiersverkeer aangeteken, gevolg deur die Walvisbaai-lughawe met 8,5 persent en Eros-lughawe met 6,8 persent. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Dan Kamati, die woordvoerder van die Namibiese Lughawensmaatskappy, oor die jongste syfers.
Die voormalige minister van buitelandse sake Hillary Clinton is hartlik verwelkom by die Demokrate se konvensie in Chicago. Daar is vir meer as ‘n minuut vir haar hande geklap deur die staande afgevaardigdes. In haar toespraak het sy die klem op vroue en families geplaas.
Die Suid-Afrikaanse viroloog Wolfgang Preiser waarsku M-pokke kan die volgende wêreldwye pandemie word. Dertien lidlande van die Afrika-Unie het tot dusver vanjaar gevalle aangemeld. Die Wêreldgesondheidsorganisasie het 'n openbare gesondheids-noodtoestand van internasionale kommer verklaar. Preiser het die dringende noodsaaklikheid beklemtoon van toegang tot entstof, diagnose en behandelings regoor Afrika, waar dié bronne skaars bly.
Jong leiers van die Erongo-streek het die naweek hul bekommernisse en verwagtinge teenoor visepresident Netumbo Nandi-Ndaitwah by 'n byeenkoms in Swakopmund uitgespreek. Adele Mkunqwana, wat die Namibië Nasionale Studente-organisasie, Nanso verteenwoordig, het die organisasie se voorspraak vir kwaliteit en bekostigbare onderwys beklemtoon. Sy het die behoefte aan billike verspreiding van hulpbronne beklemtoon, veral in skole in kleiner dorpe soos Omaruru, Karibib en Usakos. Kosmos 94.1 Nuus het met Dorothea Nangolo, president van Nanso, gepraat wat sê daar is 'n yslike verskil in hulpbronverspreiding tussen stedelike en landelike skole.
Die Demokrate se konvensie het in Chicago afgeskop en president Joe Biden wat uittree het dit toegespreek. Hy het weer melding gemaak van die dreigement wat hy sê Donald Trump vir demokrasie in hou en het gepraat oor hoekom hy besluit het om vir president te staan.
Die Amerikaanse minister van buitelandse sake, Antony Blinken, sê Israeliese premier, Benjamin Netanyahu, het ingestem tot 'n Amerikaanse oorbruggingsvoorstel vir 'n skietstilstand-ooreenkoms in Gaza.
Die Namibiese Uithouritfederasie se Puma Energy Namibiese perde-uithouritkampioenskap word op Hentiesbaai die naweek gehou. Uithouritruiters van regoor Namibië is uitgenooi om aan die unieke byeenkoms deel te neem waar beide span- en individuele kompetisies gekombineer word. Dagruiters kan ook aan die opwinding met 'n skilderagtige 20 kilometerroete deelneem. Op Vrydag 23 Augustus sal afstande wissel van 20 km tot 100 km en Saterdag tussen 20 km tot 'n 120 km wat die kampioenskapsklasse insluit. Francois Lottering het die besonderhede.
Die voormalige presidentsvrou Monica Geingos is as kanselier by Kepler College in Kigali, Rwanda, aangestel. Haar termyn het op 29 Julie begin. Dit is in 'n verklaring van die kollege bevestig. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Claude Kabengera, die kommunikasiebestuurder van Kepler College.
Goud het Vrydag 'n rekord-hoogtepunt van net minder as 2 510 Amerikaanse dollar per ons bereik. Terselfdertyd het verwagtinge van Amerikaanse rentekoersverlagings die dollar verswak, terwyl oliepryse getuimel het. Goud het Maandagaand teen 2 502,36 dollar per ons verhandel, terwyl Brent-ruolie verder gedaal het tot 77,66 dollar per vat en die Amerikaanse dollar op 17,68 Namibiese dollar was. Kosmos 94.1 Nuus het met die bekende Suid-Afrikaanse ekonoom, Dawie Klopper, gesels oor wat internasionaal aan die gebeur is en of dit ons brandstofpryse sal beïnvloed.
Daar is planne om die veeartseny-kordonheining, bekend as die rooilyn, verder noord te verskuif. Dit is volgens landbouminister Calle Schlettwein. Die heining beskerm die kommersiële deel van Namibië se veeproduksie teen bek-en-klouseer. Reaksie is ontvang van die leier van die Regstellende Herposisionering-beweging, Job Amupanda, wat in die hof is vir die verwydering van die rooilyn. Hy is nie opgewonde nie.
Verskeie berigte in die media asook plasings op sosiale media doen die rondtes oor M-pokke, wat paniek saai onder die publiek. Die nuutste was 'n plasing wat valslik onder die naam van die Engelse dagblad The Namibian geplaas is. Die plasing sê dat 110 gevalle van M-pokke in Namibië gerapporteer is. Die gesondheidministerie se woordvoerder, Walters Kamaya, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en raai die publiek aan om kalm te bly.
Die Britse tegnologie-entrepreneur Mike Lynch, wat as die "Britse Bill Gates" bekendstaan, is onder die ses mense wat vermis word nadat 'n superjag aan die kus van Sisilië gesink het. Die Bayesian, 'n 56-meter seilboot, het 22 mense vervoer en naby die hawe van Porticello geanker toe dit in die vroeë oggendure Maandag deur 'n tornado getref is, sê die Italiaanse kuswag. Een man, wat na bewering die vaartuig se sjef is, is dood en ses ander, insluitend Lynch en sy 18-jarige dogter, Hannah, word vermis. Die kaptein van 'n boot wat die oorlewendes opgepik het, het met Reuters gesels.
Die leierskap van die Nasionale Eenheid Demokratiese Organisasie, Nudo, onder leiding van president Ester Muinjangue, het die onlangse aankondiging verwerp van 'n tussentydse komitee wat glo aangestel is om toesig te hou oor die party se bedrywighede en die 2024 Nudo-kongres te organiseer. Die komitee is aan die media voorgehou as verantwoordelik vir die bestuur van daaglikse partyaktiwiteite, die oplossing van interne klagtes en die voorbereiding vir die komende kongres binne die volgende drie weke. Muinjangue het egter die legitimiteit van hierdie tussentydse komitee verwerp en bevestig dat die party onder haar leierskap bly. Sy beklemtoon dat haar span, as die behoorlik verkose leierskap, steeds verantwoordelik is vir alle partybedrywighede, insluitend die organisasie van die kongres.
Die Organisasie vir die Ontwikkeling van Landelike en Plaaswerkers vra strenger maatreëls in geslagsgeweldsake na die inhegtenisneming van ‘n 17-jarige seun in verband met die moord op 'n skoolmeisie van Caledon, Deveney Nel. Die 16-jarige is doodgesteek en haar liggaam in 'n pakkamer by die Hoërskool Overberg versteek. Die tiener, volgens berigte ‘n leerder aan dieselfde skool, is in ‘n plek van veiligheid geplaas na sy verskyning in die plaaslike Landdroshof. Die organisasie se uitvoerende direkteur, Billy Claasen, vra strenger maatreëls teen geslagsgeweld-oortreders.
Die Namibië Sportkommissie, in samewerking met die ministeries van sport en inligting, het die nasionale ondersteunerstrui by die Regeringsinligtingsentrum in Windhoek onthul. Die ontwerp van die trui kom in drie verskillende kleure: rooi, blou en wit. Die minister van jeug en sport, Agnes Tjongarero, het by die geleentheid Namibiërs aangemoedig om te verenig in sport.
Hume International berig Suid-Afrika se verbod op die invoer van pluimvee uit die Brasiliaanse staat Rio Grande do Sul het ‘n ernstige uitwerking op die plaaslike pluimveebedryf. Dit geld vanaf dié maand en beperk die invoer van pluimvee wat na 17 Junie verwerk is. Hume International sê die omvattende verbod oortree internasionale handelsverdrae en kan tot hoёr voedselpryse lei. Woordvoerder Roy Thomas het aan SABC News gesê Suid-Afrika is ‘n groot invoerder van Brasiliaanse pluimvee en kan moontlike ekonomiese druk ondervind in die verwerkte vleisbedryf.
Die tweede uitgawe van die Namibië Olie- en Gaskonferensie vind van môre tot Donderdag in Windhoek plaas. Dit word aangebied deur die Ekonomiese Vereniging van Namibië, in vennootskap met die Namibiese Raad vir die Bevordering van Beleggings en Ontwikkeling, NIPDB, en die Hanns Seidel-stigting. Namcor is die strategiese vennoot en die konferensie word amptelik deur die myne en energie-ministerie onderskryf. Die eerste dag van die konferensie sal meesterklasse met bedryfskenners insluit. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Jason Kasuto, die voorsitter van die Ekonomiese Vereniging van Namibië, wat meer inligting verskaf.
Swapo en sy presidentskandidaat, Netumbo Nandi-Ndaitwah, is beveel om beëdigde verklarings in te dien in die saak waarin vyf lede die party hof toe vat. Hulle sê die sentrale komitee se besluit om nie 'n buitengewone kongres te hou binne 90 dae ná Hage Geingob se dood nie is 'n skending van Swapo se grondwet. Die Windhoekse hoërhof het Swapo en Nandi-Ndaitwah beveel om die verklarings teen 30 Augustus in te dien. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die lede se prokureur, Richard Metcalfe, wat sê die saak is belangrik en sal voortgaan.
Daar is planne om 'n deel van die veeartseny-kordonheining in die Noorde, bekend as die Rooilyn, verder noord te verskuif. Die heining is van kritiese belang om die kommersiële deel van Namibië se veeproduksie vry van bek-en-klouseer te hou. Landbouminister Calle Schlettwein sê die heining sal nie presies na die grens tussen Namibië en Angola geskuif word nie, maar gebiede insluit wat reeds vir 'n aantal jare siektevry is. Hy het gepraat tydens die amptelike opening van die Aminuis-landbouskou. Reaksie is ontvang van Lifalaza Simataa, woordvoerder van die Landless Peoples Movement, wat sê hy hoop dit is 'n deurdagte besluit.
Die minister van Indiensneming en Arbeid, Nomakhosazana Meth, het erkenning gegee aan Statistieke Suid-Afrika se tweede kwartaalverslag wat 'n toename in werkloosheid van 32,9-persent tot 33,5-persent toon. Woordvoerder Teboho Thejane sê daar is voortgesette regeringsingrypings en vennootskappe met sakeondernemings om ekonomiese uitdagings aan te spreek. Hy het gewys op pogings om werksgeleenthede te bewaar en werksgeleenthede vir die jeug te ondersteun deur inisiatiewe soos die Presidensiële Jeug-indiensnemingsinisiatief:
Die goewerneur van die Omaheke-streek, Pijoo Nganate, sê misdaad in die streek is hanteerbaar hoewel hulle beperkte hulpbronne het. Hy het tydens sy staatsrede in Gobabis gesê algemene misdade in die streek sluit in veediefstal, diefstal, aanranding met die doel om ernstig te beseer, huisbraak en gewone aanranding. In die vorige boekjaar is 94 gevalle van veediefstal aangemeld, met 126 arrestasies. Die totale waarde van gesteelde vee was 3,4 miljoen Namibiese dollar.
Mynmaatskappye oral in Afrika is besig om vinnig groen energie-oplossings te aanvaar wat gedryf word deur ekonomiese aansporings en volhoubaarheidsdoelwitte. Al die lande op die vasteland het hulle op een of ander manier verbind aan nul-koolstofuitlatings, koolstofverminderings, en klimaatverandering word vooropgestel. Nedbank se hoof van Infrastruktuur, Energie en Telekommunikasie, Mike Peo, sê daar is 'n aansienlike oorgang na hernubare energie, veral in Suid-Afrika, Kenia en ander lande.
Suid-Afrika se president Cyril Ramaphosa, wat die Afrika-unie se Pandemie-voorkomingsgroep lei, het 'n beroep op die internasionale gemeenskap gedoen om 'n billike pandemie-ooreenkoms te finaliseer. Dit kom na die Afrika-sentrums vir Siektebeheer en Voorkoming M-pokke as 'n openbare gesondheidsnoodsituasie verklaar het. Ramaphosa doen 'n beroep vir gelyke toegang tot entstowwe en hulpbronne, en sê wêreldwye samewerking is nodig om die krisis die hoof te bied. Botswana het ook nou toetse vir M-pokke by sekere grensposte ingestel, insluitend die belangrike Buitepos-Mamuno grensoorgang tussen Namibië en Botswana. Kosmos 94.1 Nuus het met voormalige gesondheidminister Richard Kamwi gepraat, wat sê Namibiërs is in goeie hande.
Die ekonoom Maphefo Sipula sê Suid-Afrika se ekonomie sukkel om werksgeleenthede te skep, met bykans 8,4-miljoen mense wat tans werkloos is. Sipula sê die hoë koers onder jongmense is 'n bron van kommer. Sy het gesê hulp aan kleinsake-ondernemings is 'n kritieke oplossing vir werkskepping en ekonomiese herstel:
‘n Oud-diplomaat en kenner in die Amerikaanse politiek, Brett Bruen, sê die politiek in die Midde-Ooste sal drasties verander as Donald Trump weer Amerikaanse president word. Sy ondersteuning vir Israel is onwrikbaar. Bruen het met Britse media gepraat.
Die Namibië Dierewelsynsvereniging, wat homself Nawa noem, het verskeie uitreike in landelike gebiede met groot sukses gehou. Die organisasie sal in die komende weke na Aranos vertrek. Kosmos 94.1 Nuus het met Janine van Rooyen, die voorsitter van Nawa, gesels oor die jongste.
Na die publikasie van die Nasionale Minimumloon in die Staatskoerant kry Kosmos 94.1 Nuus steeds reaksie daaroor. Die landbousektor is baie bekommerd daaroor en versoek kwytskelding daarvan. Vergaderings sal binnekort gehou word. Kosmos 94.1 Nuus het met plaaslike landbounavorser Wallie Roux gepraat wat sê die regering sal hulle self in die voet skiet met die besluit.
Visepresident Netumbo Nandi-Ndaitwah het 'n grensmuur by die Laerskool Festus !Gonteb in Swakopmund ingewy en die privaatsektor aangemoedig om openbare skole te ondersteun. Sy het die regering se voortdurende beroep op die sakegemeenskap beklemtoon om te help met die ondersteuning van skole. In reaksie hierop het die PDM se skadu-finansminister, Nico Smit, met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en sê dat die regering genoeg fondse vir skole het, maar dit swak bestuur.
Die kwessie van invoerbeperkings in Namibië en ‘n verbod in Botswana is steeds in die nuus. Die buurland se landbouminister John Steenhuisen het sy kommer oor die beperkings uitgespreek. Maar, Namibië beheer sy invoere uiters goed om plaaslike produksie en marktoegang te verseker. Kosmos 94.1 Nuus het met Hanks Saisai, tegniese akkerbou-adviseur by Agribank, oor die kwessie gesels.
Die Zambezi-streek het nie die kapasiteit en menslike hulpbronne om slagoffers van geslagsgebaseerde geweld te hanteer waar hulle jonger as 18 jaar oud is nie. Dit is aan die lig gebring tydens 'n besoek van die staande komitee oor geslagsgelykheid, maatskaplike ontwikkeling en gesinsake. As deel van sy toesighoudende verantwoordelikhede het die komitee 'n petisie oor die veiligheid, beskerming en maatskaplike welsyn van kinders ontvang. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Zelnadia de Waal, maatskaplike werker en programbestuurder by Lifeline/Childline, wat sê daar is tans nie genoeg programme om kinders wat slagoffers is by te staan nie.
Volgens 'n Reuters-peiling word verwag dat die Suid-Afrikaanse Reserwebank op 19 September rentekoerse met 25 basispunte tot 8 persent sal verlaag, wat die eerste koersverlaging in meer as twee jaar sal wees. Die verwagte verlaging volg op 'n tydperk van streng monetêre beleid wat daarop gemik is om inflasie te beperk, wat in Junie tot 5,1 persent verlangsaam het. Die besluit sal kom 'n dag nadat die Amerikaanse Federale Reserweraad na verwagting ook 'n rentekoersverlagingsiklus sal begin. Die meeste ekonome wat aan die peiling deelgeneem het, voorspel nog 'n verlaging van 25 basispunte in November. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Chris Hart, 'n Suid-Afrikaanse ekonoom, wat saamstem.
Die Namibiese Standaarde-instelling, NSI, soek openbare insette oor twee konsepstandaarde: een vir gereed-om-te-eet vleisprodukte en nog een vir die bemarking en kommersiële gehaltebeheer van verwerkte pluimveevleis. Die sperdatum vir die indien van kommentaar of besware, met stawende redes, is 16 Oktober. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Jekonia Haufiku, die hoofbestuurder van standaardontwikkeling.
Die ANC se president Cyril Ramaphosa sê die party moet sy provinsiale strukture versterk om sy regeringsvermoë te verbeter. Die nasionale werkkomitee wat die ANC se dag tot dag bedrywighede hanteer, het gister sy beraadslagingsproses na die Mei-verkiesing in Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal, begin. Die party het sy meerderheid in die provinsie verloor en net meer as 17-persent van die stemme gekry. Ramaphosa sê hulle verhoog die hele vlak van aktivisme op takvlak:
’n Veertigjarige man is met sy aankoms uit Zambië by die OR Tambo Internasionale Lughawe in hegtenis geneem. Hy is glo een van die baasbreine van 'n ontvoeringsindikaat wat sakemanne in Suid-Afrika vir lospryse teiken. 'n Polisiewoordvoerder, Athlenda Mathe, sê die Zambiese burger word spesifiek verbind met die ontvoering van 'n 63-jarige sakeman, wat verlede maand in Roodepoort ontvoer is:
Die 23ste uitgawe van die Ongwediva Jaarlikse Handelskou is geskeduleer om vanaf 23 tot 31 Augustus plaas te vind. Volgens die reëlingskomitee beloof vanjaar se geleentheid om 'n buitengewone mengsel van kulturele erfenis en moderne vooruitgang te wees, wat 'n unieke ervaring vir plaaslike sowel as internasionale besoekers sal bied. By 'n opdateringsgeleentheid het Loini Nghuulikwa, die sameroeper van die skou se bemarkings- en publisiteit-subkomitee, statistieke oor vorige handelskoue gegee.
Die minister in die Presidensie vir Vroue, Jeug en Persone met Gestremdhede, Sindisiwe Chikunga, sê die ontstellende voorkoms van geslagsgeweld en vrouemoorde veroorsaak dat om 'n vrou in Suid-Afrika te wees, gevaarliker is as om in oorloggeteisterde gebiede te wees. Tydens die laaste drie maande van die verlede jaar is 285 kinders en 1 135 vrouens vermoor. Altesaam 18 474 vroue en 2 281 kinders is gewelddadig aangerand. Die departement se woordvoerder, Cassius Selala, sê minister se Chikunga het 'n beroep op mans gedoen om leiding te neem om 'n einde hieraan te bring:
Die handelsministerie in vennootskap met die Brasiliaanse ambassade, die Namibiese Kamer van Koophandel en die Namibiese Beleggingsbevordering en -ontwikkelingsraad, bied 'n sakeforum by Avani Hotel in Windhoek aan. Die geleentheid sal besigheid-tot-besigheid vergaderings en sektorale rondetafel-besprekings aanbied oor sleutel ekonomiese sektore, insluitend landboubesigheid, mediese toerusting, farmaseutiese produkte, IT-dienste, verdediging, en meer. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Elijah Mukubonda, die ministerie se woordvoerder, oor die belangrikheid van die forum.
MultiChoice Talent Factory nooi aspirant filmmakers, draaiboekskrywers, vervaardigers en storievertellers om aansoek te doen vir die ten volle befondsde 2025 akademiese jaar. Die program in Zambië, oop vir individue uit 13 Afrika-lande, bied praktiese opleiding, mentorskap en praktiese ervaring in rolprentvervaardiging. Topstudente sal verdere geleenthede by wêreldvennote kry. Die sluitingsdatum is 15 September. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Multichoice Namibia se bestuurder van korporatiewe sake, Elzita Beukes...
Die verdedigende kampioen, Francesco Bagnaia, het ʼn derde agtereenvolgende Oostenrykse Grand Prix gewen en loop weer voor op die MotoGP-punteleer. Die Italianer het Saterdag die snelwedren gewen en gister in die hoofresies koning gekraai om met vyf punte voor te loop in die kampioenskap. Die Spanjaard Jorge Martín, wat die naweek boaan die punteleer afgeskop het, is tweede en die Italianer Enea Bastianini derde. Die Suid-Afrikaner Brad Binder is vyfde. Bagnaia sê hy het alles goed gedoen:
Die DA in die Wes-Kaap versoek die regering om in gesprek te tree met lande van bestemming vir gesteelde Suid-Afrikaanse vetplante, om die diefstal en misdadige netwerke vir hierdie plante stop te sit. Die woordvoerder vir Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning van die DA in die Wes-Kaap, Dave Bryant, benadruk die behoefte aan internasionale samewerking om die onwettige uitvoer van vetplante, hoofsaaklik gemik op Asiatiese markte te staak:
Swapo en sy presidentskandidaat, Netumbo Nandi-Ndaitwah, is in die Windhoekse hoërhof beveel om teen 30 Augustus antwoorde in te dien in die saak waarin vyf lede die party hof toe vat. Dit gaan oor die sentrale komitee se besluit om nie 'n buitengewone kongres te hou binne 90 dae ná Hage Geingob se dood in Februarie nie. Die lede voer aan dat die besluit om die buitengewone kongres tot April volgende jaar uit te stel teen die party se grondwet is. Ephraim Nekongo, sekretaris van die Swapo Party-jeugliga, het tydens die Sentrale Komitee-vergadering wat die naweek gehou is, gevra dat die lede geskors word.
Skoolswangerskappe blyk net toe te neem en is 'n groot uitdaging. Meer as 7 450 gevalle is tussen 2021 en 2023 aangeteken. In die Zambezi-streek alleen het 147 skoolmeisies in die eerste kwartaal van die jaar swanger geraak, terwyl 77 gevalle in 2023 aangeteken is. Baie van hulle is onder 16, met die jongste net 14 jaar oud. Die wettige ouderdom van toestemming in Namibië is 16 en enigiemand wat met 'n persoon onder 16 intiem verkeer is dus skuldig aan statutêre verkragting. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Toni Hancox, die direkteur van die Regshulpsentrum, oor hoekom die mense wat skoolmeisies onder 16 swanger maak nie vervolg word nie.
Die buurland se sportminister, Gayton McKenzie, sê hulle onderhandel vir 'n ooreenkoms om Dricus du Plessis se volgende UFC-titelverdedigingsgeveg in Suid-Afrika te hou. Du Plessis het sy middelgewigtitel suksesvol verdedig, ná 'n oorwinning in die vierde ronde oor die Nigeriese Nieu-Seelander, Israel Adesanya, in Australië. Die departement se woordvoerder, Cassidy Rangata-Jacobs, sê 'n afvaardiging is na Perth gestuur om met UFC-bestuur te vergader om die saak te bespreek:
Die parlementêre staande komitee oor geslagsgelykheid, maatskaplike ontwikkeling en gesinsake sal konsultasie- en verbintenisvergaderings aanbied tydens besoeke aan staatshospitale in die Kunene-, Omusati- en Oshana-streke. Die konsultasies vind van vandag tot 23 Augustus plaas om die wanvoedingstatus in die streke te bepaal. Meer as 40 persent van Namibiërs het nie genoeg voedsame kos nie en meer as 1 miljoen is ondervoed, volgens die Wêreldvoedselprogram. Dit kom na 78 nuwe gevalle van wanvoeding sedert die begin van Desember 2023 by die Omaheke streekgesondheidskantoor aangeteken is. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Sakeus Kadhikwa, die woordvoerder van die Nasionale Vergadering, oor die belangrikheid van die konsultasies.
Suid-Afrika se departement van Binnelandse Sake het voorbereidings afgehandel om 95 Libiërs te deporteer wat verlede maand in Witrivier, Mpumalanga, in hegtenis geneem is. Die saak teen hulle is in Witrivier se landdroshof teruggetrek. Volgens die binnelandse sake-minister, Leon Schreiber, sal die mans Suid-Afrika van die Kruger Mpumalanga Internasionale Lughawe verlaat op 'n vlug waarvoor die Libiese regering betaal het.
Die erge droogte het Mount Etjo Safari Lodge genoop om sewe van sy 50 olifante na die Cuatir-reservaat in Angola te verskuif. Alexander en Annette Oelofse sê nog tien tot 20 diere sal hervestig word. Cuatir, wat deur die Namibiër Stefan van Wyk besit word, is ‘n 40 000 hektaar privaat-wildreservaat. Volgens berigte doen die olifante goed in hul nuwe tuiste met genoeg kos. Romeo Muyunda, die omgewing-ministerie se woordvoerder, gee meer inligting oor die besluit.
Die Namibië-genetika-veiling wat Dinsdag om 6-uur in Windhoek plaasvind, bied aanlyn en ter plaatse bodde, met gratis vervoer vir beeste vanaf Windhoek na uitgesoekte plekke. Altesaam 41 bulle en 56 koeie, insluitend Brahman, Simbra, Simmentaler, Santa Gertrudis, Black Angus, Charolais en Braunvieh, sal beskikbaar wees. Alle bulle is vader-geverifieer. Paul Klein van Agra Auctions het meer inligting met Kosmos 94.1 Nuus gedeel.
Die jaarlikse Ongwediva Handelskou vind plaas vanaf 23 tot 31 Augustus in die Omusati-streek, terwyl die Omugulumbashe-fees en die nasionale Heldedag-vieringe in Omuthiya in die Oshikoto-streek gehou sal word. Die druk op die area se watervoorsieningsvermoëns sal na verwagting toeneem. NamWater neem proaktiewe stappe om die impak van die verhoogde wateraanvraag te versag, insluitend om meer drinkbare water in hul reservoirs te berg. Hulle sal ook watertenkwaens ontplooi na gebiede waar die behoefte die hoogste sal wees. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met NamWater se skakelbeampte, Lot Ndamanomhata, wat vra dat water spaarsamig gebruik word.
Donald Trump het Saterdag tydens 'n saamtrek in die slagveld-staat Pennsylvania probeer om sy veldtog te herstel, terwyl meningspeilings wys dat Kamala Harris in sleutel-swaaistate voorloop. Maar die voormalige president het vinnig weggebreek van die voorbereide toespraak oor ekonomiese kwessies om persoonlike aanvalle op Harris te loods. Hy het onder andere haar agenda beskryf as beide kommunisties en fascisties, en dat sy "die lag van 'n mal persoon" het. Luister self.
Landbouminister Calle Schlettwein het kommunale boere in die Omaheke-streek versoek om landbouproduksie te verbeter, en waardetoevoeging en infrastruktuur-evolusie in die sektor te prioritiseer. Schlettwein was aan die woord tydens die amptelike opening van die 20ste Aminuis Landbou- en Nywerheidskou. Hy sê met die regte aandag en befondsing kan die landbousektor volhoubaar bestuur word, insluitend werksgeleenthede en voedselsekerheid. Boere is primêre produsente van goedere, maar Schlettwein sê die belangrikste is, is dat hulle inisieerders van waardekettings is.
Die Gesamentlike Misdaadvoorkomingsforum, wat in 2020 deur die NLU geïnisieer is, het ten doel om kommunikasie tussen meer as 40 veiligheids- en sekuriteitsforums te verenig en te verbeter. ’n Sleutelkwessie is die onvoldoende en verouderde rekordhouding van beweerde misdade, wat bydra tot die gereelde toestaan van borgtog aan herhaalde oortreders. Om dit aan te spreek, ontwikkel die NLU 'n KI-aangedrewe toepassing vir gesigsherkenning en gedetailleerde rekordhouding. Hierdie toepassing sal gebruikers toelaat om die hele regsproses na te spoor, insluitend die rolle van ondersoekers, aanklaers en ander amptenare, wat omvattende gevallegeskiedenis verskaf. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Tanja Dahl, die woordvoerder van die NLU, wat die jongste verwikkelinge uiteensit.
Kunene-goewerneur Marius Sheyahet in sy staatsrede op Opuwo infrastruktuurontwikkeling uitgelig as 'n sleutelkomponent in die stimulering van welvaart, die bevordering van ekonomiese insluiting en die skep van werksgeleenthede. Hy het verslag gedoen oor verskillende projekte wat in die streek voltooi is. Behalwe vir 'n aantal boorgate wat opgestel of hernu is, is daar ook vordering gemaak met water-infrastruktuur. Sheya is aan die woord.
Daar is net meer as drie maande oor voor die verkiesing en nog net die Republikeinse Party het sy verkiesingsmanifes vrygestel. Swapo se presidensiële kandidaat, Netumbu Nandi-Ndaitwah, het by 'n vergadering in die Erongo-streek aangekondig die party se manifes sal op 14 September bekendgestel word. Volgens haar sal die party hom slegs tot realistiese doele verbind. Nandi-Ndaitwah brei uit.
Die Suider-Afrikaanse Geloofsgemeenskappe se Omgewingsinstituut verwelkom die regering se besluit om die verkryging van kernenergie op te skort. Die minister van Elektrisiteit en Energie, Kgosientsho Ramokgopa, het die terugtrekking aangekondig van die plan om 2 500 megawatt kernenergie te produseer. Die organisasie het die plan in die hof uitgedaag. Woordvoerder Francesca de Gasparis beskou die besluit as 'n oorwinning vir openbare deelname en demokratiese prosesse.
Dit is byna tyd vir die kragmeting tussen die Springbokke en Wallabies in die Rugbykampioenskap! In die voorafgaande wedstryd het die All Blacks die Pumas van Argentinië met 42 - 10 afgeransel. Kosmos 94.1 Sportnuus het ekslusief gesels met Sirk Krugel van Windhoek, wat op pad is na die stadion in Perth vir die Bokke se wedstryd wat om kwart-voor-twaalf afskop. Hy kuier by sy kinders in Australië en hulle het op eg-Namibiese wyse vir die kragmeting voorberei. Krugel vertel meer.
Die Stad Kaapstad se direktorate vir Energie, en Water en Sanitasie het onlangs ʼn hernubare-energieprojek van 990 kilowatt by die Kraaifontein-watersuiweringsaanleg bekendgestel. Bouwerk is in Mei afgehandel en die projek sal na verwagting jaarliks 1,5 gigawatt lewer. Die burgemeesterskomiteelid vir Energie, Xanthea Limberg, sê die projek is onderneem ter ondersteuning van die stad se toewyding om volhoubare energiebronne te gebruik om energie-doeltreffendheid te bevorder, en die gevolge van klimaatsverandering te bekamp.
Nee een nie, maar twee bestuurders het glo drankies agter die blad gehad en ongelukke in die hoofstad veroorsaak. Die Copps 94.1-span moes hand bysit en Francois Lottering het 'n bedrywige Vrydagaand aan diens beleef. Hy doen verslag.
Die minister van Elektrisiteit en Energie, Kgosientsho Ramokgopa, sê Suid-Afrika se planne met kernkrag sal aan bykomende openbare raadpleging onderwerp word. Hy het die media ingelig ‘n vorige plasing in die Staatskoerant oor die kernkragbouprogram word herroep om meer tyd toe te laat vir insette deur die publiek om regsuitdagings aan te pak en deursigtigheid te verbeter. Volgens Ramokgopa behels die hersiene proses uitgebreide insette deur die publiek om groter aanspreeklikheid te verseker in die verkryging van die kernkragprogram van 2 500-megawatt.
KwaZulu-Natal se premier, Thamsanqa Ntuli, sê die provinsiale regering is daartoe verbind om strategiese beleggings soos die een-miljard Suid-Afrikaanse rand in die Durbanse hawe, te gebruik om ekonomiese groei en werkskepping te bevorder. Hy het deelgeneem aan die naamgewing- en inwydingseremonie van vyf nuwe sleepbote om bedrywighede in die Durbanse hawe te ondersteun. Die premier sê die provinsie is gereed om die voorkeursentrum vir logistiek en vervoer te wees:
Die rugbykampioenskap gaan môre voort met twee watertand-wedstryde om na uit te sien. Die All Blacks takel die Pumas om 5-oor-nege môre-oggend, waarna die Springbokke en die Wallabies weer kragte meet om kwart-voor-twaalf. Kobus Wiese, die oud-Springbok en bekende TV sport-aanbieder, praat eksklusief met Kosmos 94.1 oor die wedstryd tussen Suid-Afrika en Australië.
President Nangolo Mbumba sal die 44ste spitsberaad van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap in Harare bywoon. Hy is reeds in Zimbabwe en keer Sondag terug. Mbumba sal ook die SAOG Orgaan oor Politieke Verdediging en Veiligheid se troika-spitsberaad bywoon. Dr. Alfredo Hengari, die Presidensie se woordvoerder, verskaf insigte oor die president se prioriteite by die beraad.
Die Outomobiel-Assosiasie voorspel 'n vierde agtereenvolgende daling in brandstofpryse volgende maand, gegrond op on-geouditeerde, middel van die maand-data deur die Sentrale Energiefonds. Die verwagte verlagings sluit in sowat 68-sent per liter vir 95-oktaan petrol, 63-sent vir 93-oktaan, 52-sent vir diesel en 78-sent vir lampolie. Die AA se woordvoerder, Eleanor Mavimbela, sê die verlagings kan toegeskryf word aan laer internasionale pryse en 'n effens sterker rand.
Die #BreakFree Pillar onder die One Economy Foundation bied môre die tweede uitgawe van die Game Changers Sports and Welbeing Male Engagement-geleentheid aan. Meer as 600 mense word verwag. Die organisasie beywer hom om die stigma rondom geestesgesondheidsuitdagings, veral dié wat mans in die gesig staar, uit te skakel deur middel van opvoeding en openlike gesprekke. Die dag sal begin met 'n 10km draf om 7-uur en 'n 5km draf-of-stap om kwart oor 7, gefasiliteer deur die Windhoek City Runners Club. Die top-drie van die ren in elke kategorie sal kontanttoekennings wen wat 30 000 Namibiese dollar beloop. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Ileni Hitula, die stigting se kommunikasiehoof, wat meer inligting gee.
Die NamibRand-natuurreservaat is onlangs aangewys as Afrika se eerste Wildernis-stilpark. Quiet Parks International het die eer toegeken en sê stil plekke regoor die wêreld is besig om vinnig te verdwyn. NamibRand is ook in 2012 aangewys as 'n Goue Vlak Internasionale Donker Lugreservaat, vir sy beskerming van die naghemel en nagtelike habitatte. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Hazel Milne, die volhoubare toerisme-kenner van Eco Awards Namibia, wat sê meeste van die land se parke kan as stilparke kwalifiseer.
Die Ministerie van Nywerheidsverhoudinge en Samewerking, Mirco, veroordeel die Franse regering se onderskrywing van Marokkaanse soewereiniteit oor Westelike Sahara. Volgens Mirco is die besluit 'n blatante miskenning van die beginsels van internasionale reg, veral die reg op selfbeskikking - 'n jarelange strewe van die Sahrawi-volk. Namibië sê die kwessie van Westelike Sahara bly 'n dekoloniseringskwessie en kan nie onderwerp word aan 'n bilaterale ooreenkoms wat die Verenigde Nasies se prosesse systap nie. Die uitvoerende direkteur van Mirco, Penda Naanda, het meer.
Die Erongo-streek het in die eerste kwartaal 'n styging van 60 persent in kamerbesettingsyfers in die gasvryheidsektor aangeteken. Die Erongo-streektoerismeforum, onder voorsitterskap van goewerneur Neville Andre, het statistieke op Swakopmund bekend gemaak. Dit dui op 'n belowende herstel in die toerismebedryf. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Nathaly Ahrens, die voorsitter van die Toer- en Safarivereniging van Namibië, wat sê dit is positief, maar hulle is effe bekommerd oor die nuwe visumvereistes wat volgende jaar in werking sal tree.
Zimbabwe bied die naweek die spitsberaad van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap aan. Die jaarlikse beraad dien as die liggaam se beleidmakende instelling en word bygewoon deur leiers van die 16 lidlande, ook Namibië. Zimbabwe neem vanjaar die voorsitterskap oor by Angola. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Setfree Mafukidze, 'n Zimbabwiese aktivis, oor of die beraad enigiets vir menseregte in die land sal beteken.
Die ministerie het ook die onmiddellike opskorting aangekondig van die invoer en deurgangsbeweging van lewende pluimvee, voëls, rou pluimveeprodukte, lewende volstruise en rou volstruisprodukte van die staat Rio Grande do Sul in Brasilië, weens 'n uitbreek van Newcastle Siekte. Gaar pluimveevleisprodukte vir kommersiële doeleindes kan egter steeds met 'n geldige veeartsenykundige invoerpermit ingevoer word.
Die Direktoraat Veeartsenydienste onder die Ministerie van Landbou het die hervatting van die invoer- en deurgangsbeweging van lewende pluimvee en voëls uit Suid-Afrika aangekondig. Invoere word onder sekere voorwaardes toegelaat, onder andere dat die pluimvee op die maandelikse lys moet wees wat deur die direkteur van Dieregesondheid goedgekeur word vir uitvoer na Namibië. Die ouerkudde mag ook nie teen die hoogs patogeniese voëlgriep ingeënt wees nie. Kosmos 94.1 Nuus het met gesels met Jona Musheko, die ministerie se woordvoerder.
Die goewerneur van Kunene-streek, Marius Sheya, het 'n kommerwekkende toename in misdaadstatistieke gerapporteer tydens sy streeksrede in Opuwo. Hy het uitgelig dat die streek 'n toename van 8 persent in algehele misdaad gehad het, met 'n noemenswaardige toename in geslagsgebaseerde geweld tot 132 gevalle. Sheya het dit veroordeel as 'n diep ontstellende manifestasie van lafhartigheid en 'n begeerte om te oorheers, en beklemtoon dat sulke misdade die vyandige aard van ons samelewings weerspieël. Hy het 'n beroep op almal gedoen om geslagsgebaseerde geweld aktief te veroordeel as 'n kritieke stap in die rigting van die verbetering van gemeenskapsveiligheid en solidariteit.
Sokker: Arsenal se bestuurder, Mikel Arteta, sê sy span sal selfs beter as verlede jaar moet wees as hulle die Premierliga wil wen. Die Gunners het die vorige seisoen op ʼn pynlike noot afgesluit toe Manchester City hulle op die laaste dag met net twee punte getroef het om die trofee te buit. Arsenal kom môre in hulle eerste Premierliga-wedstryd teen die Wolves te staan. Arteta sê sy spelers het die wil en geloof om sukses te behaal.
Action Society eis die onmiddellike skorsing van agt polisiebeamptes van die BBP-Beskermingseenheid van adjunkpresident Paul Mashatile, na vertragings en proseduriële kwessies in hulle saak van wangedrag. Hulle is verfilm toe hulle verlede jaar ‘n motoris op die N1 naby Winnie Mandela-rylaan aangerand het. Die organisasie kritiseer hulle voortgesette indiensneming as ‘n verkwisting van belastingbetalersgeld. 'n Woordvoerder van Action Society, Juanita du Preez, versoek die Onafhanklike Ondersoekdirektoraat van die Polisie om die publiek se vertroue in die strafregstelsel te herstel.
Die Bank van Namibië het vandeesweek die repokoers met 25 basispunte verlaag na 6,5 persent. Dit was die eerste rentekoersverlaging sedert die verhogingsiklus in Junie 2022 begin het, en die repokoers in Namibië is nou 75 basispunte laer as in Suid-Afrika. Terwyl die koers relatief hoog bly, bied die verlaging 'n mate van verligting vir huishoudings en besighede. 'n Laer repokoers verlaag oor die algemeen leenkoste en stimuleer ekonomiese aktiwiteit deur toegang tot krediet te verbeter. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Zalia Dunn, hoofagent by Hot Property Namibia, oor of sy voorsien dat die eiendomsektor 'n hupstoot sal kry.
Die Nasionale Kunsteraad van Namibië sê kunstenaars speel 'n deurslaggewende rol in die vorming van kultuur en samelewing, maar hul werk word dikwels onder-waardeer en onder-befonds. Die raad poog om kunstenaars, wat veral swaargekry het onder die Covid-pandemie, te ondersteun deur toekennings aan hulle te gee om hul kreatiewe projekte na te streef. Kunstenaars word aangemoedig om deel te neem aan die derde kwartaallikse toekenning-siklus vir die 2024-2025 finansiële jaar. Die sluitingsdatum vir aansoeke is 13 September om vier-uur die middag. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Gretta Jasper, die Kunsteraad se administratiewe beampte, wat meer inligting verskaf.
Dit gaan vinnig begin warm word al sal oggend- en aandtemperature in die komende weke nog koel wees. Dit is volgens die ‘n onafhanklike weerkundige, Johan van den Berg. Hy gesels oor die volgende paar maande, en oor vooruitsigte vir reën.
Die landbouminister Calle Schlettwein het kommentaar gelewer oor die nuwe EU-regulasies rakende ontwouding. Vanaf einde Desember vanjaar mag geen produkte die EU binnegaan as hulle nie ontwouding-vry is nie. Ontwouding-vry beteken produkte wat gevoer is of vervaardig is met kommoditeite wat op grond geproduseer is wat van woud na landbou-grond verander is, mensgemaak of nie. Hy sê die besluit is eensydig gemaak.
Die nuwe reëls rakende oorgrensbetalings tree op 30 September in werking. Namibiese transaksies met lande in die gemeenskaplike monetêre gebied, wat Suid-Afrika, Eswatini en Lesotho insluit, sou op 15 April van krag word maar is uitgestel. Hierdie betalings sal nou as oorgrenstransaksies via die SWIFT-platform verwerk word, en nie meer as gewone Elektroniese Fondsoordrag, of EFT, transaksies nie. Dit raak nie net bankkostes wat sal styg nie, maar vertraag ook die klaring van die fondse. Cirrus-ekonoom Robert McGregor verduidelik.
Starlink se aansoek om Namibië te betree is in die nuus omdat die maatskappy ten volle internasionaal besit word en dit is teenstrydig met Namibiese wetgewing. Die lynminister het internetverskaffers in die land gevra om kommentaar op Starlink se aansoek te lewer. Intussen sê Paratus Afrika se voorsitter Barney Harmse die groep het reeds ‘n ooreenkoms met Starlink op die vasteland beklink.
Professor André Duvenhage glo die EFF se gewese adjunkpresident, Floyd Shivambu, se besluit om die party te verlaat en by MK aan te sluit, is deur iets belangrik veroorsaak. Shivambu se vertrek kom slegs maande nadat die EFF in die Mei-verkiesing as derde grootste party in die land onttroon is. Duvenhage het aan Newzroom Afrika gesê Shivambu soek moontlik beskerming in die lig van bewerings teen hom wat met die VBS-skandaal verband hou:
Die Verenigde Nasies se hoë kommissaris vir Menseregte, Volker Türk, sê die sterftesyfer in Gaza wat meer as 40-duisend is, is ʼn skrikwekkende mylpaal vir die wêreld. ʼn Gemiddeld van sowat 130 mense, waaronder vroue en kinders, sterf die afgelope tien maande daagliks in Gaza. Türk sê die situasie word bemoeilik omdat Israel se weermag volgens hom nie oorlogsreëls nakom nie:
Die Gobabis-munisipaliteit, met bystand van die Selavip-stigting, gaan 400 voorafbetaalde watermeters by die Freedom Square en Promised Land informele nedersettings installeer. Die projek sal oor drie fases uitgerol word, wat inwoners toegang tot drinkbare water sal gee terwyl dit help om die dorp se inkomste-invordering te verbeter. Kosmos 94.1 Nuus het met Heinrich Amushila, die mededirekteur van die Nasionale Behuisingsaksiegroep, oor die projek gesels.
Die DA versoek die minister van Gesondheid, Aaron Motsoaledi, om M-pokke op die agenda in te sluit vir die naweek se 44ste Gewone SAOG-beraad van Staats- en Regeringshoofde. Die Afrika-sentrum vir Siektebeheer en -voorkoming het M-pokke tot ‘n gesondheidsnoodsituasie verklaar. Die DA se nasionale woordvoerder oor Gesondheid, Michele Clarke, beklemtoon die behoefte aan ‘n gekoördineerde reaksie en beter toegang tot behandeling en voorkoming in Afrika:
Die Vryheidsfront Plus versoek ‘n omvattende opknapping van die strafregstelsel en swaarder strawwe vir gewelds- en seksuele misdade. Die oproep volg na die terugtrekking van Marius van der Westhuizen se parool, wat in 2011 gevonnis is nadat hy sy drie kinders vermoor het. Woordvoerder van die party, Heloïse Denner, vra vir ‘n hersiening van die paroolstelsel om te verseker dis regverdig en plaas groter waarde op die regte van slagoffers:
Meer inligting is bekend oor die vyf mense wat strafregtelik aangekla word in verband met die dood van die akteur Matthew Perry. Die 54-jarige ster van Friends is by huis in Los Angeles dood en 'n nadoodse ondersoek het 'n hoë vlak van ketamien in sy bloed gevind. Dit is 'n verdowingsmiddel wat gebruik word om depressie te behandel of as 'n ontspanningsmiddel. Die aanklaer vir die sentrale distrik van Kalifornië, Martin Estrada, het met die media gepraat.
Dit is amper tyd vir die Gobabis-skou op 26 tot 28 September, wat die blywende krag van die Omaheke-streek se landbousektor ten toon stel. Dit het ontwikkel tot 'n platform nie net vir boere nie, maar ook vir diverse bedrywe, wat besprekings oor nuwe boerderytegnieke en -inisiatiewe bevorder. Kosmos 94.1 Nuus het met Richard Peens, die voorsitter van die Gobabis-skou, gesels oor wat die publiek kan verwag.
Cosatu het sy steun toegesê aan die minister van Polisie, Senzo Mchunu, se oproep vir bykomende befondsing om die kritieke tekort aan speurders aan te spreek. Bykans 300 000 onopgeloste sake, insluitend 76 655 moordsake, is sedert 2018 weens onvoldoende getuienis gesluit. Cosatu-woordvoerder Zanele Sabela waarsku die tekort aan bekwame personeel belemmer die pogings om misdaad te bestry:
President Joe Biden was in Maryland om ‘n daling in die koste van voorskrif medisyne vir ouer Amerikaners aan te kondig maar, dit het vinnig ontaard in ‘n veldtog vir Demokratiese kandidaat Kamala Harris wat ook teenwoordig was. Biden se aanmerkings Donald Trump het wyd versprei. Luister self.
Die Popular Democratic Movement hou hierdie naweek hul partykongres. Die party sal afsonderlike vergaderings vir bejaardes, jeug en vroue op verskillende plekke in die hoofstad hou. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die PDM se sekretaris-generaal, Manuel Ngaringombe, wat sê dat hulle beplanning goed verloop.
Daar is vier dae oor om jou troeteldier in te skryf vir die Dierebeskermingsvereniging se 2025 kalender! Die publiek word uitgenooi om in te skryf vir die 2025 ‘Cutest of the Pack’ DBV-kalender se foto-kompetisie, wat Maandag sluit. Mense kan 'n foto van hul troeteldiere instuur om 'n kans te staan om as Dier van die Jaar 2025 gekies te word. Die top-12 wenners sal in die kalender verskyn. Die stappe om in te skryf kan op die DBV se Facebook-blad gevind word. Hanna Rhodin, die DBV-direkteur, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.
Cirrus se voertuigverkope-verslag vir Julie wys totale verkope is 18 persent hoër as in Junie, met 1 172 eenhede verkoop. Passasiersvoertuig verkope het op 'n maandelikse basis met 42 persent gestyg. Verkope was meer verspreid, met Toyota, Volkswagen, Kia en Suzuki wat 82 persent van alle voertuie verkoop het, 'n toename vanaf 77 persent. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Tannan Groenewald, hoof van data en analise by Cirrus, wat meer inligting gee.
Unam Cares en die Multi-navorsingsdienste, in samewerking met die Universiteit van Oos-Finland, het aangesluit by die wêreldwye oproep vir aksie om gesinsgeweld deur vroeë ingrypings te bekamp en te verminder. Dit is gedoen deur verskeie opvoedkundige en opleidingsaktiwiteite. Verlede jaar het Unam twintig studente uit agt verskillende studiedissiplines as Opleiers van Opleiers opgelei. Dit het die studente toegerus met kennis en vaardighede oor die hantering van gesinsgeweld. By die bekendstelling van 'n samewerkende video deur die twee universiteite het Unam se visekanselier, Kenneth Matengu, statistieke oor gesinsgeweld in Namibië gegee.
M-pokke is deur die Wêreldgesondheidsorganisasie tot 'n openbare gesondheidsnoodtoestand van internasionale kommer verklaar. Dit kom op die hakke van die Afrika-sentrum vir Siektebeheer en -Voorkoming wat die virusinfeksie tot 'n openbare gesondheidsnoodtoestand op die vasteland verklaar het. Meer as 14 000 gevalle en 524 sterftes is in Afrika aangeteken, en in Suid-Afrika neem gevalle ook toe. Die gesondheid-ministerie se uitvoerende direkteur, Ben Nangombe, sê meganismes is in plek om M-pokke op te spoor sodra dit hier aanland.
Die leier van die EFF, Julius Malema, het sy onwrikbare verbintenis tot die party beloof en verklaar hy sal eendag met die EFF se vlag begrawe word. Dit volg na die bedanking van adjunkpresident Floyd Shivambu en Mzwanele Manyi, wat by Jacob Zuma se MK-party aangesluit het. Malema het lede verseker die party se hoofkwartier in Johannesburg bly oop en in bedryf. Hy beskryf wat Shivambu se bedanking vir hom beteken.
Namibië het vanjaar meer as 12 000 malaria-gevalle aangeteken en 28 pasiënte het gesterf. Die statistieke is openbaar deur die gesondheidsminister, dr. Kalumbi Shangula, by die herdenking van Wêreldmalariadag op Khorixas. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met voormalige Namibiese gesondheidsminister en malariakenner, dr. Richard Kamwi, wat sy misnoë uitspreek.
Rugby: Die All Blacks se afrigter, Scott Robertson, het vier veranderings aan die beginspan gemaak wat Saterdag in die tweede toets op Edenpark in Auckland teen Argentinië te staan kom. Hy het gereageer op die verrassende nederlaag van 38-30 teen die Pumas verlede naweek deur drie agterspelers en een voorspeler te vervang. Will Jordan, Caleb Clarke, Rieko Ioane en Tamaiti Williams is in die opdrafspan terwyl Sam Cane op die reserwebank ingesluit is. Robertson sê hulle moet minder foute maak.
Die parlement het aanbeveel dat finansminister Iipumbu Shiimi die omstrede pensioenbewaringsklousule in die Wet op Finansiële Instellings en Markte, of Fima, opskort en die relevante regulasies ter tafel lê vir parlementêre goedkeuring. Dit volg op kritiek op die Wet, wat toegang tot aftreefondse beperk vir individue wat diens verlaat voor aftrede, en vereis dat hulle 75 persent van hul pensioen tot ouderdom 55 bewaar. Belanghebbendes, insluitend die Aftreefonds vir Plaaslike Owerhede en Nutsdienste in Namibië, voer aan dat die wet se bepalings dalk nie met Namibië se sosio-ekonomiese konteks ooreenstem nie en mense met onmiddellike finansiële behoeftes negatief kan beïnvloed. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met George Sanzila, die Nasionale Vergadering se hoofinligtingsbeampte, wat meer deel.
Olimpiese Spele: Die 18-jarige Bayanda Walaza het sy skoolmaats van die Hoërskool Curro Hazeldean in Pretoria bedank vir hulle ondersteuning terwyl hy sy droom in Parys nagejaag het. Hy het ʼn silwermedalje gewen in die vier-maal-100-meter aflos. Walaza is die jongste Suid-Afrikaanse atleet om ʼn Olimpiese medalje te wen sedert die land in 1992 weer tot internasionale sport toegelaat is. Hy het tydens ʼn verwelkomingseremonie by die skool gesê die aanmoediging wat hy van onderwysers en leerders gekry het, was wonderlik.
Die onderwys-ministerie het 'n onderwyser, Petrus Ndeulita, afgedank nadat hy blykbaar verskeie kere leerlinge onder lyfstraf laat deurloop het. 'n Video van een van die leerlinge wat 'n stoel vir langer as 'n uur in die lug moes hou het die rondtes gedoen op sosiale media. Dit is gevolg deur publieke verontwaardiging en Ndeulita se afdanking. Kosmos 94.1 Nuus het met die maatskaplike werker en presidentskandidaat Rosa Namises gepraat, wat alternatiewe opsies noem om kinders te straf.
Volgens die Afrika-ontwikkelingsbank se 2024-landfokusverslag, beperk Namibië se hoër-middel-inkomstestatus sy toegang tot eksterne finansiering, aangesien dit nie in aanmerking kom vir konsessiehulpbronne nie. Hierdie beperking beïnvloed die land se vermoë om toegang tot aansienlike befondsing vir ontwikkeling te verkry. Namibië is egter die tweede mees-ongelyke land ter wêreld na Suid-Afrika. Kosmos 94.1 Nuus het met die plaaslike ekonoom Gabriel Erastus gesels oor die feit dat die land as 'n hoër-middelinkomste-land geklassifiseer is, maar die meeste van die bevolking is arm. Hy sê die gaping sal vergroot.
Die stof wil nie gaan lê oor grondbelasting van 2 miljoen Namibiese dollar waarvan onder andere ministers, sakeleiers en welgestelde Namibiërs vrygestel is nie. Volgens plaaslike media sluit dit name in soos die minister van grondhervorming Utoni Nujoma, Richard Kamwi, Lazarus Jacobs, McHenry Venaani, en Monica en Sonja Thieme. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die woordvoerder van die Independent Patriots for Change, Imms Nashinge, wat sê wanneer die IPC aan bewind kom, sal hulle die wet verander.
Huldeblyke stroom in vir die bekende argitek Claud Bosch, wat in Kaapstad aan kanker oorlede is. Hy was 62 en het op sy verjaardag gesterf. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met ‘n boesemvriend van Bosch, Willem de Wet.
Kleinhandelverkope het volgens Statistieke Suid-Afrika jaar-op-jaar met 4,1-persent gestyg, wat beter is as vooruitskattings en dui op verbeterde verbruikersvertroue. Die toename volg op ‘n styging van 1,1-persent in Mei en ondersteun positiewe groei in die bruto binnelandse produk. Met inflasie laer op 5,1-persent verwag die Reserwebank om rentekoerse in September te verlaag, wat moontlik verligting aan verbruikers kan bied. 'n Woordvoerder van Statistieke SA, Raquel Floris, sê die groei word aangedryf deur laer brandstofpryse en beter verkope in supermarkte:
Vier mense word elke dag in Namibië verkrag. Die jongste statistieke wat deur NamPol inspekteur-generaal Joseph Shikongo vrygestel is, toon dat 666 verkragtingsake tussen 1 Januarie en 30 Junie vanjaar landwyd aangemeld is. Die Ohangwena-streek is boaan die lys met 102 gevalle, gevolg deur die Oshikoto-streek met 100 gevalle en die Omusati-streek met 74 gevalle. Omusati se streekbevelvoerder, kommissaris Ismael Basson, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê verkragting en geslagsgebaseerde geweld is van die mees aangemelde kriminele aktiwiteite in sy streek. Hy voeg by nadat gemeenskapspolisiëring ingestel is, word van die misdade wat nie voorheen veel aangemeld is nie, nou aangemeld.
Oudwerknemers van Air Namibia sal uiteindelik hul volle uitbetalings kry, na hulle 'n saak daaroor in die hoërhof gewen het. Die lugredery is al in Maart 2021 gelikwideer en die groep moes sedertdien baklei om hul pakkette te ontvang. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Renier Bougaard, die groep se woordvoerder, wat sê hulle is dankbaar die stryd is verby, maar dit was onnodig.
Die adjunkpresident van die EFF, Floyd Shivambu, het bekendgemaak hy verlaat die party om by die MK-party van oudpresident Jacob Zuma aan te sluit. Hy het versoek om van alle pligte in die EFF en die parlement onthef te word en sê hierdie verandering sal hom in staat stel om deur MK meer doeltreffend tot die politieke landskap by te dra. Shivambu het teenoor die media hom opnuut verbind tot revolusionêre politiek en ekonomiese vryheid.
Die Australiese uraanmyner Deep Yellow het groot sukses behaal met sy bedrywighede sowat 60km buite Swakopmund. Die maatskappy het sedert 2006 sowat 900 miljoen Namibiese dollar aan eksplorasiewerk bestee. Dit het ook die oopgroef Tumas-uraanprojek begin, wat die vierde uraanmyn in die land sal wees sodra dit ten volle ontwikkel is. Deep Yellow se bestuurder van hulpbronne en voorontwikkeling, Martin Hirsch, het die projek se suksesse aangekondig.
Pols-oksimeters wat oorspronklik vir mense ontwerp is, kan meer doeltreffend aangewend word om die bloedsuurstofvlakke van renosters te monitor terwyl hulle verdoof en geïmmobiliseer is. Dit het met nuwe navorsing deur die Universiteit van Pretoria aan die lig gekom. Die immobilisering van renosters om hulle horings te verwyder het 'n roetine-prosedure vir veeartse geword wat met die diere werk om hulle teen stroping te beskerm. Dr. Thembeka Mtetwa van die universiteit sê die renoster se derde ooglid is die mees betroubare plek om die pols-oksimeter aan te heg:
Kinderdemensie is die gevolg van progressiewe breinskade en word veroorsaak deur meer as 100 seldsame genetiese afwykings. Geaffekteerde kinders word daarmee gebore. Hulle ly ook aan simptome soos verwarring, geheueverlies, spraakverlies en meer. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Berrie Holtzhausen, die uitvoerende hoof van Alzheimer's and Dementia Namibia, oor die eerste kind in die land wat met kinderdemensie gediagnoseer is.
Namibië se goewerneurs lewer hulle streeksredes en vandag was Erongo-goewerneur Neville Andre aan die beurt. Hy het breedvoerig gepraat oor talle uitdagings en suksesse in sy streek, en ook misdaad uitgelig. Die streek sukkel nogal met dwelms maar, korrupsie het ook onder die loep gekom.
Die Oshana-polisie het groot kommer oor die aantal voetgangers wat raakgery word in stedelike gebiede in die streek. Die mag het shebeens as die hoofoorsaak geïdentifiseer en sê ook die informele kroeë is te naby aan die paaie en ook hoofroetes. Kosmos 94.1 Nuus het die streekbevelvoerder, kommissaris Naftal Sakaria oor die uitdaging gepraat.
Die DA in Gauteng het onlangs opvolg-oorsiginspeksies by verskeie skole insluitend die Vosloorus Comprehensive School en die Kwanele Primary School in Katlehong gedoen. Die inspeksies volg na klagtes oor die ongereelde en nie-aflewering van maaltye by die skole. Sergio Isa Dos Santos van die DA sê daar was ook kommer oor die gehalte van die maaltye wat aan leerders verskaf is na 'n dispuut oor die skoolvoedingskontrak van 1 miljard Suid-Afrikaanse rand:
Oudpresident Donald Trump loop deur, ook binne sy party, omdat hy nie sy teenstander Kamala Harris op beleid aanvat nie maar haar eerder beledig. Hy het by sy jongste saamtrek haar weer aangeval sonder om enige werklike gewig agter sy woord te sit.
Navorser Christie Keulder sê jongmense se betrokkenheid by politieke aktiwiteite is minimaal, en dit lyk of jongmense glad nie in politiek belangstel nie. In die vorige verkiesing het net 40 persent van die stemgeregtigde jeug gestem en 97 persent van die jeug vermy politieke besprekings in die media of op sosiale media. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Duminga Ndala, die LPM se jeugbevelleier, wat sê daar is baie faktore wat tot die kwessie bydra.
Die DA is gefrustreerd oor die vertraging met die bekendmaking van misdaadsyfers vir die eerste kwartaal van die 2024/'25-boekjaar. Die syfers moet nog deur die kabinet goedgekeur word. Die polisie het die syfers van die derde kwartaal van 2023/'24 in Februarie bekend gemaak. Die DA se adjunk-woordvoerder oor die Polisie, Lisa Schickerling, het die minister van Polisie, Senzo Mchunu, gevra om die statistiek dringend vry te stel:
AfriForum sê hy is gereed om Eskom weer in die hof te sien oor die aansoek om inligting te bekom oor die kragvoorsiener se bestaande steenkool- en dieselkontrakte. Die Hooggeregshof in Johannesburg het Eskom verlof toegestaan om te appelleer teen ʼn hofbeslissing in Maart wat hom opdrag gee om binne tien dae inligting oor die kontrakte aan die burgerlike organisasie te oorhandig. Charné Mostert van AfriForum sê Eskom het nou ʼn maand tyd om ʼn kennisgewing van appèl by die Appèlhof in te dien:
President Nangolo Mbumba herdenk vandag sy 83ste verjaarsdag. Hy is in 1941 in Olukonda, in die Oshikoto-streek gebore. Kosmos 94.1 het met die visepresident Netumbo Nandi-Ndaitwah, gepraat wat hom geluk wens.
Namibië se kragvoorsiener, NamPower, beoog om binnekort 'n biomassa-kragstasie naby Tsumeb in die Oshikoto-streek bou. Volgens die projek-feiteblad wat deur NamPower vrygestel is, sal die Otjikoto-biomassakragstasie elektrisiteit opwek uit houtskyfies van indringerbosse wat uit die omliggende gebiede van die voorgestelde projekterrein geoes word. Titus Haihambo, 'n multidissiplinêre- en projekingenieur by Nampower, het 'n oorsig gegee van die projek se doelwitte.
Die Suid-Afrikaanse Plaaslike Regeringsvereniging het inwoners gevra om hulle rekeninge te betaal om die 78-miljard Suid-Afrikaanse rand te verminder wat munisipaliteite aan Eskom skuld. Salga se hoof van energie, Nhlanhla Ngidi, waarsku die stygende skuld belemmer Eskom se vermoë om te belê in infrastruktuur, en bedreig sy toekomstige lewensvatbaarheid. Hy het aan Newzroom Afrika gesê strukturele en stelsel-kwessies veroorsaak skuld aan Eskom:
Die Wêreldgesondheidsorganisasie het a-pokke tot 'n openbare gesondheidsnoodtoestand van internasionale kommer verklaar. Dit is die hoogste waarskuwingsvlak onder internasionale gesondheidswetgewing. Dit volg nadat die Afrika-sentrum vir Siektebeheer en -Voorkoming Dinsdag die virusinfeksie tot 'n openbare gesondheidsnoodtoestand op die vasteland verklaar het. Meer as 14-duisend gevalle en 524 sterftes is vanjaar aangeteken. Die WGO se direkteur-generaal, Tedros Adhanom Ghebreyesus, sê hulle is regstreeks betrokke by lande waar die virus voorkom:
Die Organisasie Teen Belastingmisbruik sê die Padbestuurskorporasie het die publiek mislei oor waarom dit nie die geldigheid van kaartrybewyse gaan verleng nie. Die ondersoek van die organisasie toon die Korporasie het sy eie navorsing van 2022 geïgnoreer wat die verlenging tot agt jaar aanbeveel maar het eerder sy standpunt met ‘n fiktiewe verslag geregverdig. Volgens ‘n woordvoerder van OUTA, Stefanie Fick, is die Korporasie se regverdiging gebaseer op ongegronde gesondheidsnavorsing met die Departement van Vervoer wat erken so ‘n verslag bestaan nie:
Die organisasie bied tans sy jaarlikse fondsinsameling aan met die titel “Kersfees in Julie,” wat op 20 Augustus eindig. Leoni Futter, die volhoubaarheidsdirekteur, gee meer inligting.
Home of Good Hope is in 2007 deur Monica Imanga as 'n sopkombuis gestig en as 'n Artikel 21-maatskappy geregistreer. Dit het ontwikkel tot 'n omvattende sosiale opheffingsentrum in die Goreangab informele nedersetting in Windhoek. Die organisasie verskaf voedings-, gesondheids- en opvoedkundige ondersteuning asook sportprogramme aan meer as 800 kwesbare kinders, en borg kwalifiserende studente vir tersiêre opleiding. Dit bied ook gesondheidsorg- en voedingsondersteuning aan ouers en verhoog hul potensiaal om werk te kry met 'n Volwasse-onderrigprogram. Kosmos 94.1 Nuus het met Monica Imanga gesels.
Reaksie word ontvang op die verlaging van die plaaslike repokoers na 7,5 persent. Die Namibiese repokoers is nou 75 basispunte laer as Suid-Afrika s’n wat ‘n impak op plaaslike beleggings kan beteken. Kosmos 94.1 Nuus het met die Suid-Afrikaanse ekonoom Theo Klein, van Oxford Economics Africa, gesels.
Inwoners van Klein Windhoek staar 'n unieke mens-dier-konflik in die gesig met bobbejane wat gereeld huise binneval, tuine beskadig en selfs huise binnegaan op soek na kos. 'n Bobbejaan is onlangs op kringtelevisie gesien terwyl hy by 'n huis inbreek. Inwoners word aangeraai om voedselbronne te beveilig, eiendomsversperrings te versterk, afskrikmiddels soos bewegingsgeaktiveerde ligte te gebruik en lokmiddels te verwyder. Gemeenskapsamewerking en kontak met wildbeheerpersoneel kan ook help om die probleem doeltreffend aan te spreek. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die woordvoerder van die omgewingministerie, Romeo Muyunda, oor wat inwoners moet doen wanneer hulle op bobbejane by hul huise afkom.
Die Namibiese Inkomstediens, NamRA, het die opskorting van lisensies aangekondig vir klaringsagente wat versuim het om hul lisensies vir vanjaar te hernu. Klaringsagente moet hul lisensies voor die einde van elke kalenderjaar hernu, soos gespesifiseer in artikel 73 van die Doeane- en Aksynswet. Agente wie se lisensies opgeskort is, sal 'n grasietydperk kry om hul lisensies te hernu, tot 13 September. Tonateni Shidhudhu, NamRA se bestuurder vir strategiese kommunikasie en belanghebbendes, gee meer inligting.
Oekraïne se magte het verder in Rusland se Koersk-streek gevorder, terwyl Kiev sê dat sy winste 'n strategiese buffersone sal bied om sy grensgebiede teen Russiese aanvalle te beskerm. Oekraïnse president Volodymyr Zelensky het top-amptenare ontmoet om die humanitêre situasie en moontlike vestiging van militêre administrasies in die besette gebied te bespreek. Volgens die Oekraïne oorskry hierdie gebied 1 000 vierkante kilometer. 'n Verdediging en sekuriteit ontleder, Michael Clarke, het op SkyNews die situasie verduidelik.
Die onderwys-ministerie het in 'n verklaring die omstandighede verduidelik rondom die afdanking van onderwyser Petrus Ndeulita van die Hashiyana Primêre Skool in die Oshana-streek. Ndeulita het blykbaar ’n leerder by die skool gestraf deur hom vir ’n uur lank ’n stoel in die lug te laat hou. Uitvoerende direkteur Sanet Steenkamp sê dat Ndeulita, soos alle onderwysers in diens van die ministerie, met sy aanstelling op 2 April 2019 'n eed afgelê het teen die gebruik van lyfstraf. Kosmos 94.1 Nuus het met Steenkamp gesels, wat sê die saak is van 'n ernstige aard en Ndeulita kan teen sy afdanking appelleer.
Die DA het sy oproep vir geregtigheid in die VBS Mutual Bank plunderskandaal tydens 'n nuuskonferensie by die Hooggeregshof in Pretoria herhaal, waar die voorverhoor van die VBS-saak gehou word. Baxolile Nodada van die DA sê ses jaar na die skandaal oopgevlek is, is dit nou hoog tyd dat diegene wat verantwoordelik is, aanspreeklik gehou moet word, insluitend politici wat na bewering voordeel uit die misdaad getrek het.
Die landbou-ministerie het die Rundu-abattoir in 2023 voltooi, nadat al in 2017 in werking moes gewees het. Meatco bedryf die abattoir om die waardeketting in die noordelike kommunale gebied te versterk. Die abattoir, wat 110 miljoen Namibiese dollar gekos het, is ook 'n uitvoerabattoir en sal die markte in Angola, Ghana en die Midde-Ooste bedien. Die fasiliteit kan daagliks tot 100 diere verwerk. Die goewerneur van die Kavango-Oos-streek, Bonifatius Wakudumo, gee 'n opdatering van die abbatoir se werksaamhede tydens sy streeksrede.
Die voormalige adjunk-president, Baleka Mbete, sê die ANC het die bal laat val in die 30 jaar van demokrasie. Sy het in 'n onderhoud met die SABC voortgesette maatskaplike kwessies soos armoede en onvoldoende dienslewering beklemtoon. Mbete het 'n gebrek aan strategiese gesprekke binne die party benadruk en is bekommerd oor die verswakking van grondwetlike strukture. Sy vra 'n hernude fokus op leierskap.
Die president van die Namibië Nasionale Studente-organisasie, Nanso, Dorthea Nangolo, doen 'n beroep op die regering om te verseker dat alle skole regoor die land toegang tot digitale hulpbronne en vaardighede het. Nangolo het tydens Internasionale Jeugdag-vieringe in Windhoek gepraat. Nangola sê in 'n wêreld waar tegnologie die ruggraat van vooruitgang is, moet jongmense aan die voorpunt wees van 'n era wat deur die digitale revolusie gedefinieer word. Sy sê daar is 'n behoefte vir die regering om jongmense te ondersteun wat deur innoverende idees in die digitale era gedryf word.
Die myne en energie-ministerie het die moratorium op die uitreiking van Groothandel Petroleumlisensies opgehef, effektief 16 Augustus. Hierdie moratorium is op 15 Augustus 2022 geïmplementeer om die ministerie se lisensiëringstelsels en -prosesse te verbeter. Die moratorium op nuwe kleinhandellisensies bly egter in plek, omdat die gemiddelde brandstofvraag nie toegeneem het nie, en om dit te op te hef kan die lewensvatbaarheid van bestaande kleinhandelafsetpunte ondermyn. Kosmos 94.1 Nuus het met die ministerie se woordvoerder, Ten Hasheela, gepraat.
Inwoners van Okahandja se informele nedersettings kamp steeds uit protes voor die munisipale kantore. Hulle vra spesifiek vir verbeterings in basiese dienste soos water, elektrisiteit en sanitasiegeriewe, en eis dringende optrede van plaaslike en nasionale owerhede. Hulle beplan om daar te bly totdat stedelike en landelike ontwikkeling-minister Erastus Uutoni hul bekommernisse persoonlik aanspreek. Die gemeenskapsaktivis Sydney Gariseb spreek sy frustrasie uit oor die gebrek aan reaksie van owerhede ten spyte van jare se petisies en betogings.
Schlettwein verduidelik hoe die akwifeer deur ondergrondse mynbedrywighede besoedel kan word.
Waterminister Calle Schlettwein het by 'n gemeenskapsbetrokkenheid in Leonardville potensiële mynbedrywighede in die Omaheke-streek bespreek en die behoefte beklemtoon om die Stampriet-akwifeer en die risiko's van besoedeling deur ondergrondse mynbou te verstaan. Hy het gevra vir verdere studies om die impak van mynbou-aktiwiteite te bepaal. Hierdie betrokkenheid is deel van 'n breër poging om insette oor die kwessie van plaaslike belanghebbendes, insluitend kommunale en kommersiële boere, in te samel. Headspring Investments beplan in situ-loging van uraan by 'n mynprojek in Leonardville, en hou vol dat die proses veilig is vir die grondwater.
Die Save South Africa-burgerlike beweging het hom aangesluit by ander gemeenskapsforums en aktiviste in die land en doen 'n beroep vir die massa-deportasie van Ethopiese burgers. Tebogo Mashilompane van die beweging sê Ethiopiese burgers ondermyn steeds Suid-Afrika se soewereiniteit. Hy doen 'n beroep op die minister van Polisie, Senzo Mchunu, om teen amptenare op te tree wat korrupsie toelaat.
Die ontdekking van 'n hoë konsentrasie kritieke minerale in die Zambezi-streek veroorsaak groot opgewondenheid. Dit sluit in aluminium, silikon, mangaan, yster en koper, volgens die inligting-ministerie se Zambezi-kantoor. Kosmos 94.1 Nuus het met die sakeman Leake Hangala gesels, wat sê die minerale moet in die land verwerk word.
Tennis: Die wêreld se nommer een, Jannik Sinner, sê hy voel fisies goed en is opgewonde om met sy Cincinnati Ope-veldtog te begin. Die 22-jarige Italianer het gesukkel met ʼn besering wat hy in Mei in Madrid opgedoen het, en wat vererger is in sy kwarteindronde-nederlaag teen die Rus, Andrey Rublev, in Montreal. Sinner speel vandag in sy openingswedstryd teen die Amerikaner Alex Michelsen en sê hy sien uit om selfvertroue op te bou vir die Amerikaanse Ope wat volgende Maandag begin.
Die justisie-ministerie poog om die Voogdyfonds ter waarde van meer as 2 miljard Namibiese dollar wat binne die ministerie bestuur word, te omskep in 'n outonome entiteit om die bestuur en doeltreffendheid daarvan te verbeter. Daar word gewerk aan 'n herstruktureringsvoorstel en kennisgewings van uitdrukking van belangstelling word geloods vir konsultasiedienste om sy bestuur, wetlike raamwerk en finansiële bedrywighede te verbeter. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die justisie-ministerie se waarnemende hoof skakelbeampte, Edmund Khoaseb, oor hoekom die fonds outonoom moet word.
Daar word heelwat geld spandeer op kapitaalprojekte in die land, maar meer kan gedoen word. Voor die verkiesing in November vra Kosmos 94.1 Nuus belangrike vrae aan politieke partye en presidensiële kandidate. Kosmos 94.1 Nuus het 'n onderhoud gevoer met die onafhanklike presidensiële kandidaat Ally Angula, wat sê sy sal regeringsgeboue in die streke bou, in plaas van militêre basisse.
RISE Mzansi sê Suid-Afrika se werkloosheidskoers is 'n tikkende tydbom wat dringend aandag moet kry. Sowat 8,4-miljoen mense in die land is nou werkloos en meer as 75-persent van die mense is vir meer as 'n jaar lank sonder werk. RISE Mzansi se woordvoerder, Gugu Ndima, sê die stabilisering en die ekonomie, asook die skepping van werkgeleenthede wat leefbare lone betaal, is van die belangrikste verantwoordelikhede van die sewende administrasie:
Die regering het tegniese bystand van die EU se globale fasiliteit vir die bekamping van geldwassery en die finansiering van terrorisme versoek om verslagdoening oor voordelige eienaarskap te verbeter. Dit kom na die land op die sogenaamde gryslys van die Finansiële Aksie-taakmag geplaas is. ‘n Werkswinkel word met belanghebbendes gehou met die doel om Namibië te help om van die gryslys af te kom. Die uitvoerende direkteur van die handelsministerie Sikongo Haihambo...
Reaksie word ontvang op die peiling deur Afrobarometer wat voorspellings doen vir die uitslae van die verkiesings. Die LPM sal moontlik die amptelike opposisie sal word. Swapo sal na beraming net meer as 50 persent van die stemme op hom verenig met die LPM wat inkom op 5,6 persent. Die IPC sal 5 persent kry en die PDM 4,9 persent. Nudo sal 3,1 persent ontvang. Graham Hopwood, direkteur van die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing sê partye moet op hou kla oor die peiling en hulle sokkies optrek.
Die Republikeinse Party het hulle manifes in die hoofstad bekend gestel. Die partypresident Henk Mudge het die party se standpunt op verskeie kwessies uiteen gesit. Een van die kwessies is die regstellende aksie wat volgens hom moet val.
Die repokoers is vroeër vanoggend bekend gemaak en die Monitêre Beleidskomitee van die Bank van Namibië het die koers met 25 basispunte laat sak na 7,5 persent. Die goewerneur Johannes !Gawaxab het die redes verskaf.
Reaksie word ontvang op die sentrale bank wat die repokoers met 25 basispunte verlaag het na 7,5 persent. Die goewerneur, Johannes !Gawaxab het pas die aankondiging gemaak. Ekonoom Salomo Hei van High Economic Intelligence het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Die Vryheidsfront Plus sê werkloosheid in Suid-Afrika sal in 'n ramp eindig as die ANC nie 'n einde bring aan sy diskriminerende wetgewing oor ras in die arbeidsektor nie. Die land se werkloosheidsyfer het in die eerste kwartaal van die jaar van 32,9-persent tot 33,5-persent in die tweede kwartaal gestyg. Heloïse Denner van die VF Plus sê hulle waarsku al jare lank dat wetgewing oor swart ekonomiese bemagtiging en regstellende aksie die ekonomie en die arbeidsektor sal vernietig:
Die gesondheidsminister dr. Kalumbi Shangula, sê Namibië het vanjaar meer as 12 000 malaria-gevalle aangeteken met 28 pasiënte wat dood is. Hy het gepraat voor ‘n herdenking van Wêreldmalariadag wat vandag by Khorixas plaasvind.
ActionSA is diep besorg na die verslag van Statistieke SA dat werkloosheid in Suid-Afrika gestyg het tot 33,5-persent, met die uitgebreide koers wat op 42,6-persent staan. Volgens woordvoerder, Athol Trollip, sien die party ‘n dramatiese toename in die aantal werkloses met die werkloosheid onder die jeug wat tot 60,8-persent gestyg het. Hy kritiseer die regering vir sy versuim om iets daadwerkliks aan die krisis te doen en versoek die dringende implementering van doeltreffende ekonomiese beleid:
Amerika sê hy werk steeds aan planne om die spanning in die Midde-Ooste te verlig. Iran het aangedui hy is van plan om terug te slaan teen Israel vir die sluipmoord op die Hamas-leier Ismail Haniyeh in Teheran. Hamas en Teheran blameer Israel vir die moord, maar Israel het nie enige betrokkenheid erken of ontken nie. Amerika se ambassadeur by die Verenigde Nasies, Linda Thomas-Greenfield, sê 'n streekkonflik is nie onafwendbaar nie:
Die Pietermaritzburg Economic Justice and Dignity Group sê in die lig van stygende lewenskoste moet bykomende voedselitems ‘n nul-koers hê. Programkoördineerder Mervyn Abrahams wys daarop dat miljoene Suid-Afrikaners finansieel noustrop trek. Abrahams het voorgestel die nul-koers op noodsaaklike voedselitems moet van 22 tot 44 vermeerder word wat ‘n betekenisvolle besparing vir huishoudings tot gevolg sal hê. Abrahams waarsku voedselpryse sal bly styg:
Anette Rheeder gesels hierdie week oor ons niere en die gebruik van A.Vogel se produk "Nephrosolid". A.Vogel se "Nephrosolid" is beskikbaar by apteke oral in Namibië. Jy is welkom om navrae te stuur na info@sanatural.co.za.
Die Ikhaya Somandla-familie, of ISF, het in Mei aangekondig dat hulle 'n groenenergiekompleks in Walvisbaai wil ontwikkel. Dit sal 'n olieraffinadery, 'n hernubare-energie-kragstasie en verwante bergingsfasiliteite insluit. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met James Links, die hoofbestuurder van ISF, vir 'n opdatering oor die projek.
Wêreld-Rugby het veranderings aan die formaat vir die 2027 Wêreldbekerkampioenskap vir mans in Australië aangekondig en het die aantal spanne van 20 tot 24 te vermeerder. Twaalf spanne, insluitend Suid-Afrika, Nieu-Seeland, Ierland en Engeland het regstreeks gekwalifiseer deur in die boonste drie van hulle onderskeidelike groepe by verlede jaar se Wêreldbeker in Frankryk te eindig. Die uitvoerende hoof van Wêreld-Rugby, Alan Gilpin, sê die 12 ander lande sal 'n internasionale kwalifiseringsproses ondergaan:
Die afgetrede Britse generaal, Lord Richard Dannat, sê hy hoop nie die Oekraïners word meegevoer met hul sukses in Rusland se Koersk streek nie. Sy kommentaar kom na suksesse in die afgelope week in die gebied waar Rusland onverwags betrap is. Dannat sê aan Britse media dat die Oekraïne skerpsinnig moet wees.
Die Vryemarkstigting sê Suid-Afrika se jongste werksyfers beklemtoon die behoefte aan dringende optrede om werkskepping te bevorder. Die stigting het na afloop van Statistieke Suid-Afrika se jongste kwartaallikse Arbeidsmag-opname die regering van nasionale eenheid gevra om regulasies te laat vaar wat werkskepping benadeel. Beleidsbeampte Zakhele Mthembu is ten gunste van die Werksoeker-uitsluitingsertifikaat om werkloses te help en 'n dinamiese werksomgewing te skep:
Die Nasionale Vergadering het die sluiting van die gewilde parlementstuine in 2017 aangekondig vir rehabilitasie. Dit is nou sewe jaar later en die tuine is steeds nie oop vir die publiek nie, wat navrae oor hul heropening laat onstaan. Sakeus Kadhikwa, die woordvoerder van die parlement, sê die tuine word onderhou en opgegradeer deur die werke-ministerie, en sal heropen sodra die opgraderings voltooi is.
Die groen waterstofkommissaris het gereageer op die Namibiese Omgewingskamer wat kommer uitgespreek het oor planne om 'n groenwaterstofprojek in die Tsau //Khaeb Nasionale Park te ontwikkel. Die kamer sê die voorgestelde projek in die park, voorheen die Sperrgebiet Nasionale Park, kan nadelig wees vir diere en plante in die gebied. Die Internasionale Unie vir Natuurbewaring het dieselfde kommer. James Mnyupe sê dat die projek in 'n area gebou word wat die minste ekologies sensitief is.
Drie senior Iranse amptenare sê slegs 'n skietstilstandooreenkoms in Gaza wat kan voortspruit uit moontlike samesprekings vandeesweek sal Iran keer om Israel aan te val. Iran sê hy sal wraak neem op Israel oor die sluipmoord op Hamas-leier, Ismail Haniyeh, in Teheran. Daar heers groot kommer oor ‘n volskaalse streeksoorlog in die Midde-Ooste. Kosmos 94.1 Nuus het met die bekende Suid-Afrikaanse ekonoom, Dawie Klopper, gesels oor wat met die olieprys gaan gebeur sou Iran Israel aanval.
Die ekonoom Raymond Parsons versoek dringende ekonomiese hervormings in Suid-Afrika weens die stygende werkloosheidskoers, wat volgens die jongste kwartaallikse arbeidsmagopname tot 33,5-persent toegeneem het. Parsons sê swak ekonomiese groei en ‘n teleurstellende bruto binnelandse produk wys op die noodsaaklikheid vir dringende strukturele veranderings. Hy vra versnelde hervormings om groei met nuwe werksgeleenthede veral onder die jeug te stimuleer en sakevertroue te verbeter wat daarop gemik is om werkloosheid te verminder.
Dit lyk asof jongmense ontkoppel van politiek, volgens die navorser Christie Keulder. Hy sê die jeug se betrokkenheid by politieke aktiwiteite buiten om te stem is minimaal. Slegs 40 persent van jeugdiges tussen 18 en 25 het in die 2019-verkiesing gestem. As toekomstige leiers speel jongmense 'n deurslaggewende rol in die versterking van politieke stelsels. 88 persent van die jeug neem egter nie aan kollektiewe aksies deel nie, byna 97 persent vermy politieke besprekings in die media of op sosiale platforms, en daar is 'n lae vlak van protesaktiwiteit. Keulder het gepraat by die Namibia Media Trust se Youth Quake-geleentheid.
Die Namibiese Omgewingskamer het die Namibiese Jeug-omgewingskamer, gelei deur president Punaete Kandjii, bekendgestel om omgewings-rentmeesterskap onder die jeug te bevorder. Die inisiatief het ten doel om 'n diep waardering vir die natuur te kweek en jongmense by bewaringsaktiwiteite te betrek, om hulle toe te rus met die kennis en vaardighede wat nodig is om die omgewing te beskerm. Die Jeug-omgewingskamer poog om 'n netwerk van passievolle jong individue op te bou wat die omgewing positief kan beïnvloed. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Punaete Kandjii, wat meer inligting gee.
Statistieke Suid-Afrika se jongste kwartaallikse arbeidsmagopname toon die werkloosheidskoers het in die tweede kwartaal van die jaar tot 33,5-persent gestyg, van 32,9-persent in die eerste kwartaal. Indiensneming het met 92 000 gestyg tot 16,7-miljoen, terwyl werkloosheid met 158 000 toegeneem het tot 8,4-miljoen mense. Die meeste werkverliese het in die Wes-Kaap, Mpumalanga en KwaZulu-Natal voorgekom, terwyl Gauteng en Limpopo toenames ondervind het. Dihlolelo Phoshoko van Statistieke SA sê werkloosheid onder vroue het ook tot 35,8-persent gestyg.
Air Botswana sal vanaf Oktober nuwe vlugte tussen Maun, Gaborone en Kasane na Windhoek begin. Uitvoerende hoof Lulu Rasebotsa het aangekondig dat die roetes drie keer per week vanaf elke stad sal vertrek, wat die verbinding tussen Botswana en Namibië sal verbeter. Die nuwe roetes het ten doel om besigheid en toerisme te ondersteun, ekonomiese aktiwiteite te bevorder en in lyn te bring met die lugredery se uitbreiding- en volhoubaarheidsdoelwitte. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Gitta Paetzold, die uitvoerende hoof van die Gasvryheidsvereniging van Namibië, wat sê dit is wonderlike nuus vir die gasvryheidsbedryf.
Suid-Afrika se sportminister, Gayton McKenzie, het die behoefte aan beter vergoeding vir atlete herhaal. McKenzie het lede van Span Suid-Afrika op die OR Tambo Internasionale Lughawe terugverwelkom en die atlete gelukgewens wat aan die Olimpiese Spele in Parys deelgeneem het. Hy beklemtoon dat sport die mag het om gemeenskappe te verenig, en dring daarop aan dat die regering sportfinansiering vir atlete hersien.
Die Doek Letterkundige Fees word elke twee jaar in Windhoek aangebied. Dit vier die werke van skrywers, digters en visuele kunstenaars wat bygedra het tot Doek! Literêre Tydskrif en poog om die beste van Namibiese letterkunde saam met werke uit Afrika en die Afrika-diaspora ten toon te stel. Dit bied ook unieke leer- en uitruilgeleenthede deur werkswinkels, voorlesings en optredes. Die fees vind vanjaar van 21 tot 24 Augustus plaas. Hierdie jaar se tema is "Onafhanklikheid – vryheid deur lees en skryf". Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Rémy Ngamije, die stigter van die Doek! Literêre Tydskrif, wat 'n oorsig gee van wat verwag kan word.
Die 10de uitgawe van die Navachab-halfmarathon-uitdaagwedren is amptelik deur die sport-ministrie in die hoofstad bekendgestel. Die wedloop sal op 21 September in Karibib plaasvind. Dit word georganiseer deur die ministerie se Omaruru-kantoor in samewerking met QKR Namibia Navachab Gold Mine, wat die kompetisie met 700 000 Namibiese dollar ondersteun. Die byeenkoms bied 21km, 10km en 5km wedrenne en is oop vir almal. Die totale prysgeld beloop 350 000 dollar. Wedloopdirekteur en streeksportbeampte in Omaruru, Berthold Karumendu, is aan die woord.
Fact Check Namibia se jongste blog hersien Swapo se 2019-verkiesingsmanifes, wat 306 verpligtinge vir die 2020-2025-termyn uiteensit. Die manifes van 89 bladsye, wat die gebruik van die woord "beloftes" na "verbintenisse" verander in vergelyking met die 2014-weergawe, is rondom 15 prioriteitsareas gestruktureer onder die tema "Inklusiewe ontwikkeling en gedeelde welvaart". Die meeste verbintenisse is aan “Ekonomie en werkskepping” met 125, terwyl “Veterane van die nasionale bevrydingstryd” die minste het, met slegs 4 verbintenisse. Kosmos 94.1 Nuus het met politieke ontleder dr. Marius Kudumo gesels, wat sê dat politieke partye kiesers sal moet oortuig voor die verkiesing, nie beloftes maak nie.
Kadhila Amoomo Regspraktisyns het 'n saak by die hooggeregshof aanhangig gemaak om die private gebruik van dagga vir gesondheids- en ontspanningsdoeleindes te wettig. Die kantoor van die staatsprokureur staan dit teen. Die saak, wat pleit vir die reg van volwassenes om dagga privaat te kweek en te verbruik, sal op 15 Oktober aangehoor word. Die regspan voer aan dat mense uit armer gebiede in hegtenis geneem word vir die besit van dagga, maar diegene uit welvarende gebiede net "hippies" genoem word en minder gepenaliseer word. Kosmos 94.1 Nuus het met Kadhila Amoomo gepraat.
Olimpiese Spele: Die viermalige medaljewenner Tatjana Smith sê sy voel nederig en trots nadat sy die goue medalje in die 100-meter borsslag en silwer in die 200-meter in Parys losgeswem het. Dit het gevolg op haar twee medaljes in Tokio. Smith het met haar aankoms op die OR Tambo Internasionale Lughawe gesê sy bly daartoe verbind om ander Suid-Afrikaanse atlete te ondersteun. Sy het onderneem om haar steeds vir die verbetering van die sportlandskap in Suid-Afrika te beywer, ondanks haar uittrede.
Namcor het 'n splinternuwe raad van direkteure. Jennifer Comalie is as voorsitter vervang deur Florentia Amuenje, wat heraangestel is. Die ondervoorsitter is Tersia Gowases, wat ook heraangestel is. 'n Nuwe lid is Mildred Hendricks, met meer as 20 jaar se uitgebreide regservaring deur rolle in staatsondernemings en ontwikkelingsfinansiering-instellings. Paulo Coelho, Namcor se woordvoerder, het meer inligting aan Kosmos 94.1 Nuus gegee.
Sierra Leone se president, Julius Maada Bio, vra die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad om te hervorm. Hy pleit as voorsitter van 'n gesprek oor geskiedkundige onregte vir permanente lidmaatskap vir Afrika ten einde die raad se doeltreffendheid te verbeter. Bio beklemtoon die behoefte aan groter verteenwoordiging uit Afrika vir die handhawing van internasionale vrede en sekerheid.
’n Verstommende 65 persent van onwettige finansiële uitvloei uit Afrika word gedryf deur belastingontduiking en kommersiële wangedrag, volgens ’n studie deur die Europese Kommissie en sy Afrika-vennote. In Namibië het die Finansiële Intelligensiesentrum belastingverwante misdade as die voorste moontlike misdrywe in verband met geldwassery geïdentifiseer. Die verslag wys daarop dat hierdie uitvloei gefasiliteer word deur swak bestuur, politieke magsdinamika en korrupte multinasionale ondernemings en private individue. Kosmos 94.1 Nuus het met PDM-president McHenry Venaani gesels oor die omvang van die probleem in Namibië.
Die ministerie van binnelandse sake het sy massa-registrasie-veldtog suksesvol voltooi. Dit was daarop gemik om geboortes te registreer, ID-aansoeke te ontvang en te verwerk, en duplikaatgeboortesertifikate en duplikaat-ID-dokumente uit te reik. Die ministerie se woordvoerder Margaret Kalo het meer.
Die Vryemarkstigting sê die Nasionale Gesondheidsversekering was die perfekte sondebok vir die ANC om rekenpligtigheid te vermy vir die erge wanbestuur van openbare gesondheidsdienste. Die Hooggeregshof in Pretoria het verlede maand beslis sekere bepalings van die Wet op die NGV is ongrondwetlik. Die uitspraak hou verband met die behoeftesertifikaat wat voorskryf waar dokters kan praktiseer. Mike Settas van die stigting sê die sertifikaat sou veroorsaak het dat privaat dokters diensknegte van die staat word:
Huur-inflasie het op ‘n jaargrondslag skerp gestyg met 8,3 persent wat in Julie aangeteken is. Verbruikers in Khomas spandeer ‘n derde van hulle inkomste op huur en voor rentekoerse nie afkom nie, sal daar nie verligting wees nie. Die Affirmative Repositioning-beweging se Huurwet het reeds die parlement bereik maar is nog nie deurgevoer nie. Kosmos 94.1 Nuus het met George Kambala van die beweging gesels.
Die minimumloon is weer in die nuus met die publikasie daarvan in die Staatskoerant. Dit tree volgende jaar in werking. Die landbou-gemeenskap sê die loon is prakties vir sy bedryf nie en die sektor, wat vier landbou-unies insluit, wil vir kwytskelding vra. Kosmos 94.1 Nuus het met Danie van Vuuren van die Landbou Werkgewersvereniging gepraat.
Die aktivis Michael Amushelelo het die regering se geskiedenis van beloftes oor sosiale kwessies op sosiale media gekritiseer, met verwysing na 'n 2019-belofte deur die oudminister van armoede-uitwissing, Zephania Kameeta, om 'n maandelikse toelaag van 380 Namibiese dollar aan werklose mense van 30 tot 59 in te stel. Kameeta se voorstelle het ook universele kinder- en kraamtoelaes ingesluit, wat vrae oor die bekostigbaarheid en volhoubaarheid daarvan laat ontstaan het. Amushelelo voer aan dat sulke beloftes onvervuld bly. Kosmos 94.1 Nuus het met Amushelelo gepraat.
NamWater het sy Eksterne Kliënte-tevredenheid Opname van stapel gestuur, wat daarop gemik is om dienslewering te verbeter en gemeenskapsbetrokkenheid te versterk. Volgens NamWater is die opname noodsaaklik om te verseker dat elke Namibiër toegang het tot voldoende, bekostigbare en hoë gehalte water - 'n hulpbron wat noodsaaklik is vir lewe en ontwikkeling. NamWater se skakelbeampte, Lot Ndamanomhata, sit die belangrikheid van die opname uiteen.
AfriForum versoek die Suid-Afrikaanse Polisiediens om nou met buurtwagte en ander sekerheidsagentskappe saam te werk ten einde toenemende misdaad te bekamp. Die oproep volg na die onthulling van ‘n ernstige tekort van 8 500 speurders en ‘n agterstand met onopgeloste sake. Woordvoerder, Jacques Broodryk, sê onlangse syfers toon aan meer as 80 000 moord- en 61 000 verkragtingsake is onopgelos gesluit weens ontoereikende mannekrag en onvoldoende bronne:
Namibië is globaal tweede na Suid-Afrika in terme van inkomste-ongelykheid, met 'n ongelykheidsindeks-telling van 59,1 volgens 'n verslag deur Rand Merchant Bank. Die land se werkloosheidsyfer het 20,6 persent behaal, effe beter as die buurland, volgens die bank se Waar om in Afrika te Belê-model. Die verslag sê beide lande worstel met verskanste ongelykheid. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Halleluya Ndimulunde, 'n ekonoom by Simonis Storm, oor of dit 'n impak op voornemende beleggers in Namibië sal hê.
Die Britse duiker Tom Daley het sy silwer Olimpiese medalje in Parys vergeet. Dit het aan die lig gekom toe hy met Sky News gepraat het oor sy uittrede uit die sport.
Die Springbok-hulpafrigter, Duane Vermeulen, sê daar is geen plek vir selftevredenheid terwyl die span gereedmaak om Saterdag in Perth teen Australië uit te draf nie. Die wêreldkampioene het die afgelope naweek hulle Rugbykampioenskap-veldtog teen die Wallabies in Brisbane met ʼn 33-7-sege afgeskop. Die Springbok-afrigter Rassie Erasmus kondig vandag sy wedstrydgroep aan. Vermeulen sê veranderinge aan die beginspan kan voordelig wees:
Kommer neem internasionaal toe met ‘n moontlike aanval op Israel deur Iran. Israelse intelligensie voer aan dat dit op enige oomblik verwag word. Intussen het wêreldleiers toegetree en pleit by Iran om nie die skietstilstand-onderhandelings wat Donderdag sal plaasvind in die wiele te ry nie. Maar, die Britse militêre kenner Sean Bell sê Iran het dalk geen belangstelling in vrede in Gaza nie.
Die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking het Turkye weereens lof toegeswaai vir sy toetrede tot Suid-Afrika se volksmoordsaak by die Internasionale Strafhof. Dit plaas nog meer internasionale druk op Israel, en maak Turkye die sewende land wat betrokke wil raak, naas Colombia, Nicaragua, Spanje, Libië, Palestina en Mexiko. Woordvoerder, Chrispin Phiri, sê daar moet geregtigheid in Gaza wees:
Die president van die Republikeinse Party, Henk Mudge, sê hy sal teen Oktober besluit of hy hom vir die presidentsverkiesing gaan beywer. Dit kom nadat 'n plakkaat vrygestel is van sy veldtogtoer na die streke om in November vir hom as president te stem. Mudge voeg by dat sy party beoog om genoeg setels in die parlement te hê. Kosmos 94.1 Nuus het met Mudge gepraat, wat sê hy wil hê blankes moet meer betrokke raak en gaan stem.
Die polisie het die afgelope sewe dae landwyd 14 157 verdagtes deur middel van Operasie Shanela gearresteer. Dit sluit in 159 vir moord, 271 vir verkragting en 334 dwelmhandelaars. Die polisie het 250 padblokkades en ander operasies uitgevoer en 70 gesteelde voertuie teruggevind. Woordvoerder Athlenda Mathe sê 'n ontvoerde sakeman is gered en 'n groot aantal transito-rowers en edelmetaaldiewe is vasgetrek:
Die sesde been van die knortjor kampioenskappe is afgehandel en Cecil Koorts Junior het met die louere weggestap. Die talentvolle Koorts gaan later vanjaar aan die internasionale kompetisie in Italië deelneem. Kosmos 94.1 Nuus het met Francois Lottering gepraat wat meer inligting gee.
Cunningham gee toe dat boere moontlik misbruik kan maak van die skema, maar tog werk dit tot 'n groot mate.
Betalings onder die Mens-dier-konflik Self-afhanklikheidskema is deur die kabinet hersien en verhoog. Die nuwe betalingsbedrae sal op 1 September in werking tree. Die betalings is basies skadevergoeding vir mens-dier-konflikte, soos oes- en veeverliese, en om die betrokke kommunale gemeenskappe te ondersteun. Dr. Peter Cunningham, 'n Namibiese ekoloog, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en sê die skema behoort uitgebrei te word na kommersiële boerderye.
Die Bank van Namibië sal môre sy repokoersbesluit bekend maak. Die huidige repokoers staan op 7,75 persent. Op 18 Julie het die Suid-Afrikaanse Reserwebank se Monetêre Beleidskomitee Amerika se Federale Reserweraad gevolg en die repokoers op 8,25 persent gehou, ondanks inflasie wat tot 5,6 persent toegeneem het. Jaar-tot-datum is Namibië se gemiddelde jaarlikse inflasie 4,8 persent, wat effens laer is as die projeksie van 4,9 persent vir vanjaar. Plaaslike ekonoom Josef Sheehama het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en sy voorspelling vir die repokoers verduidelik.
Die goewerneur van die Zambezi-streek, Lawrence Sampofu, het die ontdekking van 'n hoë konsentrasie kritieke minerale aangekondig in gebiede van Kamenga tot Batubaja. Die ontdekking was gemaak deur Zita Dias Diamond Resources, nadat hulle eksplorasiewerk in die streek gedoen het. Volgens die inligting-ministerie se Zambezi-kantoor sluit die minerale in aluminium, silikon, fosfor, swael, chloried, kalium, kalsium, mangaan, yster, kobalt, koper en tantaal. Sampofu het tydens die aankondiging 'n beroep op die streek se inwoners gedoen om ontwikkeling te omhels, nadat sommige die maatskappy se eksplorasiewerk probeer keer het.
Die langverwagte onderhoud tussen X-eienaar Elon Musk en Donald Trump, wie Musk ondersteun as Amerikaanse president, was toe on-indrukwekkend. Dit was meer ‘n geselsie as enigiets anders en het niks bevat wat Trump se beleid geraak het nie. Die twee het ook breedvoerig gesels oor die sluipmoordpoging op Trump.
Een van die rondloperleeus in die Omaheke-streek, hoofsaaklik in die omgewing van die Eiseb-blok, is deur die owerhede doodgeskiet. Nog twee leeus is glo steeds op vrye voet. ’n Foto van die dooie leeu is wyd op sosiale media versprei. Die adjunkdirekteur van die omgewingministerie, Colgar Sikopo, het vrae deur joernaliste beantwoord oor die beleid wat sosiale media-plasings soortgelyk aan die een wat gedeel is, beheer.
Kevin McCarthy, die voormalige Republikeinse speaker van die Huis, sê Donald Trump moet ophou om die grootte van Kamala Harris se skares by haar veldtogsaamtrekke te bevraagteken en eerder op haar as kandidaat fokus. McCarthy het in 'n onderhoud op Fox News Trump aangemoedig om Harris se posisies te begin bevraagteken. Hy het verskeie van die Demokratiese presidentskandidaat se beleidsposisies wat oor die jare verander het, beklemtoon. McCarthy sê ook Harris "is 'n perfekte persoon" om teen te staan in 'n verkiesing.
Die onderwysministerie het sy digitale skole-inisiatief by die Nasionale Instituut vir Opvoedkundige Ontwikkeling se gradeplegtigheid in Okahandja van stapel gestuur. Die inisiatief vorm deel van voortdurende pogings om onderwys deur tegnologie te verbeter. Hierdie program het ten doel om tradisionele leeromgewings te revolusioneer deur gevorderde digitale hulpmiddels en hulpbronne in te sluit, om leerders vir die toekoms voor te berei. Onderwysminister Anna Nghipondoka het by die geleentheid die aantal skole wat by die inisiatief sal baat aangekondig.
Build One South Africa het 'n landwye versoekskrif van stapel gestuur wat 'n beroep doen vir die openbaarmaking van die nasionale register vir seksuele oortreders asook makliker toegang. Die party voer aan die huidige proses om toegang te kry wat behels 'n fooi van 150 Suid-Afrikaanse rand en 'n wagtydperk van ses weke, blokkeer deursigtigheid en aanspreeklikheid. BOSA se adjunk-leier, Nobuntu Hlazo-Webster, het aan Newzroom Afrika gesê sy glo openbare toegang is noodsaaklik vir gemeenskapsveiligheid en vir die afskrikking van seksuele oortreders.
Die regering het tegniese bystand van die EU se globale fasiliteit vir die bekamping van geldwassery en die finansiering van terrorisme versoek, om verslagdoening oor voordelige eienaarskap te verbeter. Dit is om van die Finansiële Taakmag se gryslys verwyder te word. 'n Werkswinkel hieroor het in die hoofstad afgeskop. Verteenwoordigers van belangrike regeringsagentskappe woon dit by. Die EU-ambassadeur in Namibië, Ana Beatriz Martins, gee meer inligting.
Die hoofekonoom van Agbiz, Wandile Sihlobo, steun die skepping van ‘n snelreaksiespan om die waarneming van bek-en-klou-seer te verbeter. Na die uitbreking op 30 plase regoor die Kouga- en Kou-Kamma-munisipaliteite het die Landbou-departement dit tot ‘n siektebestuursgebied verklaar. Kwarantyn en inentingpogings is vir 92 000 beeste en 600 skape ingestel. Sihlobo doen 'n beroep op boere om biosekerheid op hulle plase toe te pas.
In Suid-Afrika het die DA dringende optrede teen die toename in tienerswangerskappe gevra. Volgens die party hou tienerswangerskappe dikwels verband met armoede, onvoldoende seksvoorligting en geslagsgeweld. Namibië worstel met dieselfde probleem. Net in die Ohangwena-streek is daar tussen Januarie 2022 en April vanjaar 9 000 gevalle aangemeld. Die ma's was almal onder 19. Kosmos 94.1 Nuus het met aktivis Ethne Mudge gesels oor die ongelooflike toedrag van sake, en wat daaraan gedoen kan word.
‘n Totaal van 2.6 miljard Namibiese dollar se lenings van die Suid-Afrikaanse Ontwikkelingsbank is onlangs deur TransNamib aangekondig. Die lenings sal die spoorvervoerder toelaat om sy ontwikkelingsdoelwitte te bereik. Maar, die maatskappy moet dit binne vyf jaar terugbetaal. Nico Smit, skadu-finansminister van die PDM, sê dit help niks as die spoorlyne, wat onder die werke-ministerie ressorteer, nie in plek is nie.
Die Nama Tradisionele Leiersvereniging en die Ovaherero Tradisionele Owerheid het 'n dringende versoek ingedien by die Komitee oor die Uitskakeling van Rassediskriminasie, 'n VN-liggaam wat die implementering van anti-diskriminasie-konvensies monitor. Die twee groepe sê dat die Lüderitz-hawe-uitbreiding, wat deel is van 'n breër regeringsinisiatief om die groenwaterstofbedryf te ondersteun, 'n bedreiging vir die voormalige konsentrasiekamp op Shark Island inhou. Hulle beklemtoon dat die beplande konstruksie, wat vroeg in 2025 sal begin, die rusplekke van baie slagoffers wat ter see begrawe is, kan verstoor en die historiese betekenis van die terrein ondermyn. Hulle versoek die komitee om die saak dringend aan te spreek om verdere skade aan die historiese en kulturele erfenis van die Nama- en Ovaherero-volke te voorkom. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Maboss Ortmann, 'n lid van die tegniese komitee van die Nama Tradisionele Leiersvereniging.
Shifeta het ook gesê nagenoeg 2 000 diere van verskeie spesies moet uitgedun word weens die droogte. Sekere prosedures moet gevolg moet word om nie verhoudinge met buurlande te versuur nie.
Die DA sê hy wil hê die polisie se topamptenare gelei deur minister Senzo Mchunu moet voor die parlementêre portefeulje oor Polisie verskyn. Dit hou verband met meer as 5,4-miljoen dossiere wat sedert die 2018/2019-boekjaar gesluit is weens onvoldoende bewyse of leidrade. Lisa Schickerling van die DA sê die inligting wat Mchunu verskaf het, beklemtoon kommer oor die bestuur van dossiere en die tekort aan kapasiteit en personeel in die polisie se speurdiens.
Die kabinet het verlede week hersiene betalings onder die Mens-dier-konflik Self-afhanklikheidskema aangekondig, wat op 1 September in werking tree. Dit is om die negatiewe uitwerking van mens-dier konflikte te verreken en om gemeenskappe te ondersteun. Omgewing- en toerisme-minister Pohamba Shifeta het by 'n perskonferensie gesê dat begrafnisdekking gestyg het na 100 000 Namibiese dollar.
Rugby: Die Wallabies se afrigter, Joe Schmidt, sê die nederlaag van 33-7 Saterdag teen die Springbokke in Brisbanne is nie sy grootste bekommernis voor die komende naweek se tweede toets in Perth nie. Suid-Afrika het die meeste van die vaste fasette oorheers en vyf drieë gedruk voor die gasheer laat in die wedstryd ‘n enkele drie kon druk toe die Bokke weens geelkaarte tot 13 spelers beperk is. Schmidt sê Australië sal ‘n klompie elemente meer mededingend moet maak.
Die Streeksuniversiteitsforum vir Kapasiteitsbou in Landbou, oftewel Ruforum, is 'n dinamiese konsortium van 170 universiteite uit 40 Afrika-lande. Met 'n mandaat om toesig te hou oor nagraadse opleiding, speel Ruforum 'n deurslaggewende rol in die bevordering van landbou-onderwys en -innovasie regoor Afrika. Sy tweede driejaarlikse konferensie vind in Windhoek plaas. Die hoër onderwys-minister, Itah Kandji-Murangi het die hoofrede by die amptelike opening gelewer.
Die buurland se polisieminister Senzo Mchunu sê burgers se veiligheid en sekuriteit is van die grootste belang. Dit volg na die ontdekking van ʼn vermeende vuurwapen-opleidingsentrum in Modimolle, Limpopo. ʼn Multidissiplinêre span het talle gelisensieerde gewere, ʼn pistool en ammunisie gevind wat vermoedelik in opleidingsaktiwiteite by die fasiliteit gebruik word. Die ministerie se woordvoerder, Kamogelo Mogotsi, sê die ontdekking van militêr-verwante opleidings-toerusting wek kommer wat nie geïgnoreer kan word nie:
Die land se goewerneurs lewer tans hulle streeksredes en vandag was die beurt van die Zambezi se Lawrence Sampofu. Hy sê daar is uitdagings met asielsoekers maar, die poreuse grens is die grootste kopseer. Hy verduidelik.
Nabootsers op sosiale media gebruik dikwels gesteelde persoonlike inligting om werklike individue of organisasies na te boots, met die doel om mense te bedrieg, te teister of reputasies te beskadig. Hierdie onwettige aktiwiteit ondermyn die vertroue en integriteit van sosiale media-platforms en kan verwoestende gevolge vir slagoffers hê. Grace Katjivena, van Salt Essentials, gee 'n oorsig van aanlyn-nabootsing en wat gedoen moet word wanneer dit gebeur.
Die afdanking van Petrus Ndeutila, ‘n onderwyser op Ongwediva het die sektor in chaos gedompel met onderwysers in die noordelike gebiede wat die ministerie tot 31 Augustus gegee het om hom weer aan te stel of, ontwrigting met eksamens en die verkiesing toe ontlok. Die onderwysers meen die gedragskode en beleid het ander dissiplinêre stappe vereis. Die onderwysers dreig ook van hulle Nantu-vakbond te bedank. Die sekretaris-generaal van die Onderwysers-vakbond van Namibië, Mahongora Kavihihua vra alle rolspelers om kalm te bly.
Reaksie word ontvang op die nuus dat beide prokureur Sisa Namandje en die afgedankte besturende direkteur van Namcor Immanuel Mulunga vir ‘n mini-saamtrek op Omaruru vir die Swapo-party betaal. Die saamtrek vind op 17 Augustus plaas. Die politieke ontleder Ndumba Kamwanyah sê die party moet aandag gee aan die karakter van sy borge...
Die informele sektor in Windhoek het saam met die landelike-na-stedelike migrasie tendens gegroei. Sommige inwoners dryf onwettig handel in gebiede soos Soweto-mark, Herefordstraat, die Wernhil-omgewing en voor Shoprite in die stadskern. Die Stad Windhoek is besig om die Markontwikkelingsmeesterplan te implementeer, wat 20 bykomende terreine vir handelaars sal identifiseer en goedkeur. Die projek het ten doel om geskikte persele toe te ken, wat basiese dienste soos lopende water en ablusiegeriewe sal verskaf. Moses Matyayi, Stad Windhoek se uitvoerende hoof, praat oor die kwessie.
Die Organisasie teen Belastingmisbruik doen 'n beroep op die parlement se portefeuljekomitee oor Vervoer om ernstige bestuurskwessies aan te spreek by die Suid-Afrikaanse Maritieme Veiligheidsowerheid. Die organisasie se kommer sluit in die afwesigheid die afgelope agt jaar van 'n permanente uitvoerende hoof, die omstrede heraanstelling van die bedryfshoof Sobantu Tilayi, en 'n hangende 44-miljoen-rand siviele eis. Stefanie Fick van Outa vra 'n in-diepte-oudit en aanspreeklikheid oor onreëlmatige besteding:
Agritoerisme bied 'n unieke geleentheid om die landbou-erfenis van 'n streek te kombineer met die groeiende vraag na outentieke en meeslepende reiservarings. Deur landelike landskappe, plaaslewe en plaaslike voedselproduksie ten toon te stel, kan agritoerisme bydra tot ekonomiese diversifikasie, gemeenskapsontwikkeling en omgewingsvolhoubaarheid. Kosmos 94.1 News het met Hanks Saisai, tegniese adviseur van Agribank gesels oor die praktyk in Namibië.
Die Neema-stigting vir Dowes het die kroning van Mia le Roux as Mej. SA 2024 as geskiedkundig beskryf want dit plaas die kollig op kwessies wat die dowe-gemeenskap raak. Die 28-jarige model wat in die Vrystaat gebore is, is die eerste gehoorgestremde vrou om die gesogte titel te verower. Sy is op eenjarige ouderdom met ernstige gehoorverlies gediagnoseer. Fatima Cele van die stigting sê die Mej. SA-organisasie het ook getoon wat moontlik is deur persone met gestremdhede, veral uit die gemeenskap van dowes en hardhorendes, in te sluit:
Die Nasionale Unie van Metaalwerkers van Suid-Afrika vra vir respek vir die demokratiese proses in Venezuela en eis dat alle regerings wêreldwyd die wil van die mense van Venezuela eerbiedig. Die woordvoerder van Numsa, Phakamile Hlubi-Majola, sê volgens die Nasionale Verkiesingsraad het president Nicolas Maduro die verkiesing gewen met 51-persent van die landwye stem teenoor die 44-persent van die opposisiekandidaat, Edmundo Gonzalez:
Dit is reeds ses maande sedert president Nangolo Mbumba in die amp bevestig is na die afsterwe van president Hage Geingob. Dr. Alfredo Hengari, die presidensie se perssekretaris, is tans besig met 'n media-veldtog met die tema: "Lei die Namibiese huis met 'n vaste hand". Kosmos 94.1 Nuus het vir Hengari gevra wat die regering doen oor jeug-werkloosheid. Groenwaterstof word steeds gesien as een van die regering se oplossings hiervan.
Die Amerikaanse president, Joe Biden, het besluit om hom nie weer verkiesbaar te stel nie want hy was bang die binnegevegte in sy party oor sy kandidatuur kon die Demokrate se aandag aflei. Die 81-jarige het op die 21ste van verlede maand sy bedanking uit die verkiesingswedloop aangekondig wat daartoe gelei het dat die adjunk-president Kamala Harris by hom oorgeneem as die Demokrate se kandidaat. Biden het aan CBS gesê dit sal 'n werklike gevaar vir Amerika se veiligheid inhou indien Donald Trump vir 'n tweede ampstermyn oorneem:
Eskom doen 'n dringende beroep op klante om onwettige verbindings te vermy ten einde openbare veiligheidsgevare en die risiko van netwerk-oorlading te voorkom, wat kan lei tot ladings-verminderingsmaatreëls en uitgebreide onbeplande kragonderbrekings. Eskom se woordvoerder, Daphne Mokwena, sê hoewel die kragvoorsiener nou reeds amper 140 agtereenvolgende dae sonder beurtkrag was, is hy steeds bekommerd oor onwettige elektrisiteitsverbindings, diefstal en vandalisme van noodsaaklike infrastruktuur:
Die gewese ANC-sekretaris-generaal, Ace Magashule, sê sy voormalige persoonlike assistent, Moroadi Cholota, word soos ʼn terroris behandel. Sy is Donderdag uit Amerika gedeporteer. Die staat beweer Cholota was betrokke by die asbes-korrupsiesaak van 255 miljoen Suid-Afrikaanse rand omdat sy na bewering namens Magashule geld by sakelui gevra het. Sy verskyn na verwagting vandag in die Bloemfontein-landdroshof. Magashule sê hy is onskuldig:
Die LPM-party het vanjaar die regering se kwytskelding van tantième aan Namdeb gekritiseer, wat hulle beskou as 'n belastingvermydingstaktiek wat gelei het tot 'n verlies van 1,2 miljard Namibiese dollar aan die staatskas oor vyf jaar. Namdeb het in reaksie op 2 Augustus 'n interdik in die hooggeregshof bekom wat LPM-lede verbied om uitsprake oor die maatskappy te maak. Die LPM sê in 'n verklaring hy beplan om teen hierdie besluit te appelleer. LPM-woordvoerder Lifalaza Simataa.
Die Kankervereniging van Namibië onthul in 'n verslag 'n kommerwekkende jaarlikse toename in nuwe kankerdiagnose. Volgens die vereniging se kankerregistrateur en pasiënt-ondersteuningsbeampte, Tareeku Tjiriange, is daar die afgelope twee jaar 4 876 pasiënte vir verskeie soorte kanker opgeneem. Kosmos 94.1 Nuus het met die uitvoerende hoof, Rolf Hansen van die Kankervereniging gepraat wat die moontlike oorsaak van die hoë gevalle gee.
Vandag word Internasionale Jeugdag herdenk te midde van reuse-uitdagings in die land met jongmense. Werkloosheid en hopeloosheid is aan die orde van die dag vir Namibiese jeug, talle wat beskik van kwalifikasies maar steeds sonder enige geleenthede by die huis sit. Volgens Ephraim Nekongo, sekretaris van Swapo se jeugliga, moet die jeug deelneem aan die verkiesing om ‘n verskil te maak.
Ray Sasman, 'n 52-jarige oudonderwyseres, het op 1 Mei 'n staptog, Walk with Me, begin om fondse in te samel vir 'n beoogde jeugsentrum in Walvisbaai. Sy wil ook mense bewus maak van die behoefte aan jeugbemagtiging. Sasman het vanaf die Noordoewer-grenspos vertrek op 'n 2 200km-staptog na die Kazangula-grenspos in die Zambezi-streek. Kosmos 94.1 Nuus het met Sasman gesels wat vandag Katima Mulilo gaan instap.
Die Streeksuniversiteitsforum vir Kapasiteitsbou in Landbou, oftewel Ruforum, bied van vandag tot 16 Augustus sy tweede driejaarlikse konferensie in Windhoek aan. Die konferensie het ten doel om volhoubare landboupraktyke en sosio-ekonomiese ontwikkeling te bevorder onder die tema “Operasionalisering van hoër landbou-onderwys en navorsingsekosisteme vir innovasie, industrialisasie en ekonomiese ontwikkeling in Afrika: ’n oproep tot aksie”. Die konferensie word gesamentlik deur die regering en plaaslike universiteite aangebied en sal ongeveer 1 000 deelnemers lok, insluitend beleidmakers, onderwysleiers en navorsers. Kosmos 94.1 Nuus het uitgereik na Unam-woordvoerder, Simon Namesho, oor die belangrikheid van die konferensie.
Die Vryheidsfront Plus sê daar is toenemende druk van vroue se kant op die samelewing in die algemeen. Erika Botha-Rossouw van die VF-Plus sê Suid-Afrika is 'n gewelddadige samelewing waar die rol van vroue eeue lank misken is. Sy voeg by dit is egter onbillik om net terug te sit en te verwag die regering moet vroue bemagtig om hulle regmatige plek op elke gebied van die samelewing in te neem:
Die Langer Heinrich-myn, wat op 30 Maart vanjaar sy bedrywighede hervat het, het sy herbeginprojek suksesvol voltooi en produksie begin verhoog, met sy eerste klantversending in Julie. Produksie sal na verwagting in die laaste helfte van die finansiële jaar styg, met geteikende verkope van 3,8 tot 4,1 miljoen pond uraan teen 'n produksiekoste van 28 tot 31 Amerikaanse dollar per pond. Die myn het tans 465 mense in diens. Die myn se besturende direkteur, Johan Roux, het 'n aanbieding by die mynbou-ekspo gelewer.
Hoërskool Oshigambo in die Oshikoto-streek het amper nie vir die tweede semester geopen nie weens finansiële kwessies oor onbetaalde subsidies. Ná suksesvolle onderhandelinge tussen die onderwysministerie en sleutelbelanghebbendes kon die skool wel oopmaak. Die ministerie ondersoek nou die situasie om die oorsaak van die kwessie vas te stel en om nakoming van die Onderwyswet, wat skoolsubsidies en ander regulasies beheer, te verseker. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Edda Bohn, die ministerie se adjunk-uitvoerende direkteur, wat die uitslag van 'n vergadering met belanghebbendes deel.
Die minister in die Presidensie Khumbudzo Ntshavheni het aangekondig groot watersekerheidsprojekte is aan die gang om waterskaarste teen te werk. Dit sluit in 14 nasionale infrastruktuurprojekte van meer as 100 miljard Suid-Afrikaanse rand, gemik op diversifisering en die ontwikkeling van alternatiewe waterbronne. Ntshavheni het aan die media gesê sleutel-inisiatiewe sluit in die verbetering van watertoevoer in Giyani, Limpopo, en Hammanskraal in Tshwane, die opknap van waterbehandelingsgeriewe en die aanspreek van rioolkwessies:
Die Namibia Food and Allied Workers Union, Nafau, en Metro het 'n nuwe loonooreenkoms vir werkers onderteken. Metro het aan die eise van die werkers voldoen en hulle sal 'n verhoging van 450 Namibiese dollar ontvang. Vervoer- en behuisingstoelaes is by die ooreenkoms ingesluit. Willem Absalom, Nafau se adjunk-algemene sekretaris, het 'n kort oorsig van die ooreenkoms op 'n pers-inligtingsessie gegee. Hy sê die saak is opgelos sonder enige dispute.
Die minister in die Presidensie vir Beplanning, Monitering en Evaluering, Maropene Ramokgopa, verteenwoordig president Cyril Ramaphosa vandag by die inhuldiging van die president van Rwanda, Paul Kagame, in Kigali. Die woordvoerder van die departement Litha Mpondwana sê Suid-Afrika en Rwanda speel nie net 'n belangrike rol in streeks-integrasie nie, maar ook met die versterking van die Afrika-agenda en Suid-tot-Suid-samewerking:
Maandag is Internasionale Jeugdag en ter viering hiervan sal die Namibia Media Trust sy jaarlikse #YouthQuakeNam24-konferensie aanbied. Hierdie jaar sal die konferensie spesiale klem plaas op die 2024-verkiesing en die deurslaggewende rol van jeugdeelname, onder die tema "Volgende generasie demokrasie: inspireer die jeug om te lei en innoveer". Die geleentheid sal sowat 60 jong Namibiërs, asook beleidmakers en verteenwoordigers van die burgerlike samelewing, byeenbring om die kritieke rol van die jeug in die vorming van Namibië se toekoms te bespreek en strategieë te bepaal. Kosmos 94.1 Nuus het met Jessica Uiras van die Trust gesels.
Eskom sê hy het 'n verlaging van 9,59 miljard Suid-Afrikaanse rand in die besteding op diesel van 1 April tot 7 Augustus bereik, vergeleke met dieselfde tydperk verlede jaar. Eskom se woordvoerder, Daphne Mokwena, sê die onbeplande kapasiteits-verliesfaktor toon steeds 'n afwaartse tendens op 25,99 persent vir die huidige boekjaar tot op datum, wat 'n verbetering is van die 34,78 persent wat dit in die ooreenstemmende tydperk verlede jaar was:
Die Stad Windhoek het nuwe waterbesparingsmaatreëls ingestel nadat dit 'n kategorie D-droogte verklaar het weens verergerende waterskaarste. Besparings moet 15 persent beloop en slegs gesertifiseerde kommersiële motorwasserye mag voortgaan. Die stad het egter minimum 400 informele motorwas-operateurs wat uiters bekommerd is oor die maatreël. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Harold Akwenye, woordvoerder van die Stad Windhoek, oor wat hulle doen om hierdie motorwassers by te staan.
Die DA sê hy het aan die minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Parks Tau, geskryf om hom te wys op die voortgesette wanpraktyke by die Suid-Afrikaanse Buro van Standaarde en om ‘n helpende hand uit te reik. ‘n Woordvoerder van die DA, Toby Chance, sê die SABS is ‘n uiters belangrike instelling in die departement, met sy mandaat om te verseker produkte wat in die land gekoop en verkoop word voldoen aan gehaltestandaarde en is internasionaal mededingend:
Wêreld Leeudag word elke jaar op 10 Augustus gevier. Die dag word wêreldwyd waargeneem om bewustheid oor hul bewaring en beskerming te verhoog. Dit het ten doel om mense in te lig oor die probleme wat hierdie diere wêreldwyd teëkom en om inisiatiewe vir hulle bewaring te onderskryf. Boonop erken die dag hul belangrikheid in ekosisteme en verskeie kulture. Tammy Hoth, stigter van die Namibian Lion Trust Foundation, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê meer moet gedoen word om leeus te waardeer, veral wat die mens-dier-konflik in die land betref.
President Cyril Ramaphosa sê die regering van nasionale eenheid is oor die politieke spektrum heen verenig deur sy gedeelde verbintenis om die lewens van Suid-Afrika se vroue te verbeter. Ramaphosa het die Vrouedag-herdenkingsgeleentheid by die Dennis Nel-stadion in Pofadder in die Noord-Kaap toegespreek. Hy sê om die ekonomie te laat groei en ontwikkeling te versnel moet vroue hulle regmatige plek as aktiewe deelnemers inneem. Die president sê vroue moet sake-eienaars, produsente, werkgewers én werknemers wees:
Die Valke in Limpopo het onverwags by ‘n verdagte militêre vuurwapenopleidingsfasiliteit in Modimolle opgedaag. Die woordvoerder van die Valke, Lethunya Mmuroa, sê hulle het ‘n wenk ontvang oor die verdagte opleidingskamp op ‘n plaas in die gebied. ‘n Geheime operasie is uitgevoer. Volgens hom het die span gedurende die operasie beslag gelê op sewe gelisensieerde pistole, agt gewere en ammunisie wat waarskynlik tydens opleiding gebruik is:
Die omgewingsministerie het 'n nuwe padskraper in die Etosha Nasionale Park in diens geneem om te help met die instandhouding van die park se paaie. Die swak toestand daarvan haal gereeld nie nuus met talle besoekers wat skade op hulle voertuie aandoen. Die skraper het 5 miljoen Namibiese dollar gekos en sluit aan by die bestaande vloot. Die ministerie se uitvoerende direkteur, Teofilus Nghitila, sê die uitdaging is groot.
Nadat hy die afgelope twee maande byna 100 aktiviste tronk toe gestuur het, het Zimbabwe se president, Emmerson Mnangagwa, Woensdag 'n nasionale ontbyt-gebedsbyeenkoms gehou waarin hy God se leiding gevra het. Die gebedsbyeenkoms het senior lede van die regerende Zanu-PF en regeringsamptenare gelok wat met uitgesoekte geestelikes by Staatshuis vergader het. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Setfree Mafukidze, 'n Zimbabwiese aktivis, wat kommentaar lewer.
Die buurland se minister van Menslike Nedersettings, Mmamoloko Kubayi het 'n nood-behuisingspan na Malmesbury in die Wes-Kaap gestuur om dringend in te gryp en families te help wie se huise oorstroom het toe die walle van twee damme gebreek het. Die departement se woordvoerder, Hlengiwe Nhlabathi-Mokata, sê deurlopende evaluerings sal help om te besluit wat gedoen moet word - wat insluit herbouings, die verplasing van mense en herstelwerk:
Die hekke by die Standard Bank Biomassa-skou het pas oopgemaak en vandag is die laaste dag om die geleentheid by te woon. Dit vind plaas by die Sekelbos/TOPS-terrein op die pad na die Otjiwarongo kleinhoewes. Dit is die ideale omgewing om meer te leer oor bosbiomassaprodukte en -tegnologie en Kosmos 94.1 is ook daar. Progress Kashandula, die uitvoerende hoof van die Namibiese Biomassa Industrie-groep nooi almal uit.
Die Copps 94.1-span het saam met NamPol patrollie op Otjiwarongo uitgevoer. Dit wil voorkom die dorp in die Otjozondjupa-streek het dieselfde uitdagings as die hoofstad. Die polisie se streekswoordvoerder senior-inspekteur Maureen Mbeha doen verslag.
‘n Twee-en-veertig-jarige Zimbabwiese burger is aangekeer in verband met die beweerde diefstal van ‘n voertuig ter waarde van 4 miljoen Suid-Afrikaanse rand. Die voertuig behoort aan ‘n lid van die parlement. Woordvoerder van die polisie, Malesela Ledwaba, sê die voertuig is in ‘n parkeerterrein by Menlyn Mall gesteel en sou na Zimbabwe gesmokkel word. Die verdagte is buite Polokwane aangekeer:
Die goewerneur van die Otjozondjupa-streek, James Uerikua, het in sy streeksrede aangekondig dat altesaam 3 157 verkeersboetes met 'n waarde van meer as 3 miljoen Namibiese dollar in die afgelope boekjaar deur wetstoepassingsagentskappe uitgereik is. Dit het gelei tot die arrestasie van 209 mense, waarvan 180 tereggestaan het op aanklagte van dronkbestuur. Uerikua gaan voort.
President Cyril Ramaphosa en die Angolese president, João Lourenço, het hulle verbind om saam te werk en ook met ander leiers in die streek, om te verseker die skietstilstand tussen Demokratiese Republiek die Kongo en Rwanda word permanent. Die presidensiële woordvoerder, Vincent Magwenya, sê Suid-Afrika en Angola is saam met ander lande ondertekenaars van die 2013 Raamwerk-ooreenkoms vir Vrede, Sekerheid en Samewerking in die DRK en die Streek. Volgens Magwenya sal Angola die implementering steeds monitor.
Die Mosie oor Vals Kwalifikasies in die Openbare Sektor is in 2021 in die Nasionale Vergadering ter tafel gelê en is verwys na die Parlementêre Staande Komitee oor Menslike Hulpbronne en Gemeenskapsontwikkeling vir verdere ondersoek. Die verslag is voor die Nasionale Vergadering gebring om ter tafel gelê te word. Nono Katjingisua, die voorsitter van die komitee, het die hoofbevindings gegee. Verder het die verslag ook bevind dat daar 'n toenemende neiging is dat kwalifikasies gekoop word.
Die MK-party het die voorlegging van nuwe kandidate bevestig om verskeie parlementslede te vervang wat ontslaan is. Die party se hoofsweep, Sihle Ngubane, het die speaker van die Nasionale Vergadering ingelig oor die veranderings, en voer aan die LP's se aanstellings was tydelik. Die woordvoerder van die party, Nhlamulo Ndhlela, het aan Newzroom Afrika gesê die LP's wat geraak word het hulle setels verloor omdat hulle partylidmaatskap beëindig is.
Daar was 'n toename in Namibiese en internasionale stappers wat die Visrivier Canyon-trek onderneem om liefdadigheid te ondersteun, met 15 groepe wat fondse ingesamel het. Namibia Wildlife Resorts het onlangs 'n skenking van meer as 27 000 Namibiese dollar ontvang van die stappers Paul Murray en Erick McLaren, wat 'n fondsinsamelingspoging vir die organisasie se Envirokidz-program gelei het. Die program bied opvoedkundige geleenthede oor Namibië se beskermde gebiede aan minderbevoorregte skoolgroepe, met die fokus op omgewingsbewaring. Nelson Ashipala, NWR (A) se kommunikasiebestuurder, bespreek die kwessie.
Die burgemeester van Windhoek, Queen Kamati, sê die Stad sal voortgaan om voorafbetaalde kragmeters af te sny vir uitstaande skuld op dienste en belasting. Die Elektrisiteitsbeheerraad het in 'n riglyn op 27 Junie die blokkering van voorafbetaalde meters vir nie-elektrisiteitverwante skuld verbied. Die Stad sê egter hy betwis die riglyn want dit is sonder voldoende konsultasie uitgereik en hy sal voortgaan om hierdie metode te gebruik om skuld te verhaal en diensvolhoubaarheid te verseker. Reaksie is ontvang van Shaun Gariseb, woordvoerder van die Katutura Inwonerskomitee, wat die Stad hof toe wil vat.
Die Nasionale Vergadering het 'n spesiale sessie die week gehou. Verskeie wetgewings en komittee verslae is bespreek. Ten spyte daarvan dat die parlementslede gedruk is vir tyd was daar op die laaste dag geen kworum om oor items te stem nie. Een van die omstrede wetgewings wat voorgestel was, gaan oor 'n verbod op publieke byeenkomste en betogings naby nasionale geboue soos die Nasionale Vergadering en howe. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Toni Hancox, die direkteur van die Regshulpsentrum, wat sê dit is kommerwekkend dat wetgewing nie behoorlik bespreek word nie.
Die 11de uitgawe van die Mynbou-ekspo en -konferensie in Windhoek was 'n oorweldigende sukses. Vanjaar se byeenkoms het saamgeval met 'n verbeterde vooruitsig vir die mynbedryf, ondersteun deur 'n lewendige mineraal-kommoditeitsmark. Die bedryf geniet ook 'n vinnige bedryfsomgewing wat ontwikkel met vinnige tegnologiese vooruitgang wat in die mynbousektor gemaak word. Veston Malango, die uitvoerende hoof van die Kamer van Mynwese van Namibië, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Die Nasionale Vergadering het tot September verdaag nadat 'n spesiale sessie vandeesweek gehou is om agterstallige sake af te handel. Die sittings het egter weer geëindig met geen stemkworum vir die staande komiteeverslae wat ter tafel gelê sou word nie. Die laaste item was die oorweging van 'n komiteeverslag oor toesigbesoeke aan groenskemas en landbouprojekte in die Karas- en Hardap-streke. Adjunkspeaker Loide Kasingo het die 9de parlementêre sitting verdaag.
Meer as 1 700 deelnemers het reeds geregistreer vir die langverwagte Bank Windhoek Red Run. Die samewerkende byeenkoms tussen die /Ae //Gams-sportklub en Bank Windhoek het wedlope van 5km, 10km, 21,1km en 42,2km, met 'n totale pryspoel van 60 000 Namibiese dollar en medaljes. Registrasie eindig vandag om 6-uur by Zoo Park, so as jy nog wil registreer sal jy moet spring. Die wedlope sal op tyd bepaal word, met 'n afsny-eindtyd van 11-uur môre-oggend, en alle roetes sal gemerk en toegerus wees met waterstasies. Jacquiline Pack, Bank Windhoek se uitvoerende beampte vir bemarking en korporatiewe kommunikasiedienste, gee meer inligting.
Rugby: Die Springbokke maak gereed om môre in Brisbane met die Wallabies kragte te meet in die openingswedstryd van die Rugbykampioenskap. Anders as destyds met Super Rugby toe die spelers mekaar gereeld aangedurf het, is daar baie onbekende faktore vir albei spanne, met die Suid-Afrikaanse spanne wat nou in die noordelike halfronde speel. Om tot die onsekerheid by te dra, het Australië ook ʼn nuwe afrigter. Bok-stut, Ox Nché, sê hulle moet eenvoudig voorbereid wees op enigiets.
Simonis Storm se Vaste-inkomste-verslag verskaf 'n omvattende ontleding van die vaste-inkomste ruimte in Amerika, Suid-Afrika en Namibië. Aangesien die Amerikaanse Federale Reserweraad na verwagting rentekoerse in September sal begin verlaag, word verwag dat Suid-Afrika sal volg met 'n 75 basispuntverlaging oor sy rentekoersverlagingsiklus. Gegewe Namibië se geldeenheid-koppeling aan Suid-Afrika, sal Namibië na verwagting sy koerse teen die einde van die jaar begin verlaag om die rentekoersverskil te handhaaf. In afwagting van hierdie rentekoersverlagings het opbrengste op Namibiese staatseffekte reeds begin daal. Beleggers moet oorweeg om verbandtydperke te verleng om voordeel te trek uit verdere opbrengsdalings. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Max Rix, hoof van beleggings by Simonis Storm, wat 'n oorsig gee.
Die skooldag by Concordia-kollege in die hoofstad het in chaos ontaard na ’n bakleiery tussen twee seuns uitgekring het. Een van die leerders het 'n bende versoek om hom by te staan en moeilikheid te kom maak. Die polisie is ontbied. Inspekteur Silas Shipandeni van die Khomas-polisie het meer.
Die Suid-Afrikaanse Stigting vir Vroue en Sport sê hoewel vordering gemaak is met vroulike verteenwoordiging, moet die sportsektor nog baie doen om geslagsgelykheid te bereik. Stigter Muditambi Ravele is vol lof vir beleid wat vroue in sport ondersteun. Sy het in 'n gesprek met die SABC verwys na die rol wat verhoogde deelname speel in die bevordering van die bemagtiging van vroue en geslagsgelykheid:
Tsumeb Gimnasium is in chaos gedompel met ‘n erge griep uitbreking en amper die helfte van sy totale leerders was die week by die huis in die bed. Dié toedrag van sake is na vore gebring toe die skool se eerste rugbyspan gevolglik gedwing is om te onttrek aan eerskomende Saterdag se Standard Bank o.19 premierliga-wedstryd wat by die WHS Vegkop-stadion sou plaasvind. Kosmos 94.1 nuus het met Wouter Niehaus, skoolhoof en afrigter van die eerste span, gesels oor die jongste.
Die staande komitee op natuurlike hulpbronne het vanoggend sy verslag rakende groenskemas in die Zambezi- en twee Kavango-streke in die nasionale vergadering voorgelê. Dit kom na ‘n oorsigbesoek twee jaar gelede. Daar is bevind dat die grond van die skemas steeds onder die beheer van die tradisionele owerhede is en nie in privaatbesit nie. Daar is ook waterskaarstes wat ervaar word. Die komitee se voorsitter Tjekero Tweya.
Die Erongo-polisie is druk besig met die ondersoek na die dood van die Unam-student Matheus Sheehama wat eers as vermis aangegee is en toe Dinsdag uitgespoel is. Dit kom na sy meisie, die 27 jarige Jessica Gaes, ook in hegtenis geneem is en reeds verskyn het. Haar saak is tot 22 Augustus uitgestel. Die streeksbevelvoerder kommissaris Nikolaus Kupembona, het ook aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat verdere klagtes teen die ander vyf verdagtes, wat ook reeds verskyn het op Walvisbaai, bygevoeg sal word.
Die Stad Kaapstad se direktoraat vir Water en Sanitasie sê hy is gereed om die goedgekeurde kapitaalbegroting van 5 miljard Suid-Afrikaanse rand vir die 2024/2025-boekjaar tot voordeel van inwoners aan te wend. Water en Sanitasie se totale begroting vir 2024/2025 is 18 miljard rand, waarvan 5 miljard vir kapitaal- en 13 miljard vir bedryfsbesteding is. Die burgemeesterskomiteelid vir Water en Sanitasie, Zahid Badroodien, sê hoofprioriteite sluit in Kaapstad se watervoorsiening in die toekoms sodat daar altyd toegang tot drinkwater van goeie gehalte is, en om die oorvloei van riool te keer:
Cleanergy Solutions Namibia staan aan die spits van die ontwikkeling van Afrika se eerste groenwaterstofproduksiefasiliteit en openbare vulstasie in die Erongo-streek. Die gesamentlike onderneming tussen Ohlthaver en List en CMB.TECH gebruik sonkrag om waterstof as brandstof vir vragmotors, hawetoerusting en spoorwegtoepassings te vervaardig. Dit dra by tot Namibië se doelwit om 'n leier in hernubare energie te word en koolstofvrystellings te verminder. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die Groenwaterstofkommissaris, James Mnyupe, wat 'n opdatering oor die projek gee.
Debmarine Namibia, of Namdeb, is 'n gesamentlike onderneming tussen die regering en De Beers. Namdeb werk in die Atlantic One lisensiegebied sowat 20km aflandig van die suidwestelike kus van Namibië. Godfrey Ngaisuie, Debmarine se senior mineraalhulpbron-bestuurder, het by die mynbou-ekspo 'n opdatering van produksie gegee.
Die veteraan-uitsaaier Deon van Rensburg is vanoggend oorlede. Future Media, vir wie hy by Nova uitgesaai het, het die nuus bevestig maar, het nie die oorsaak van sy afsterwe bekend gemaak nie. Die 56-jarige Van Rensburg was vir langer as 25 jaar betrokke by talle radiostasies in Namibië en was ook werksaam by Kosmos 94.1. Hy was die Sunrise-aanbieder op Nova, een van Future Media se radiostasies. Kolie van Coller, stigter van Kosmos 94.1 het hulde aan Van Rensburg gebring.
Die Parlement het bevestig dat hy korrespondensie van die MK-party ontvang het waarin die Speaker van die Nasionale Vergadering oor die party se besluit ingelig is om 15 van sy openbare verteenwoordigers uit die Nasionale Vergadering te verwyder. Die woordvoerder van die Parlement, Moloto Mothapo, sê volgens die grondwet verloor ‘n persoon lidmaatskap van die Nasionale Vergadering indien hulle nie meer ‘n lid is van die party wat hulle tot die Vergadering benoem het nie:
Carlo Tizzano maak môre sy toetsdebuut vir die Wallabies in hulle Rugby Kampioenskap-openingswedstryd teen die Springbokke in Brisbane. Tizzano speel aan die oopkant, terwyl sy medeflank, Luke Reimer van die bank af sy debuut kan maak. Allan Alaalatoa behou die kapteinskap. Die Wallabies se afrigter, Joe Schmidt sê hulle sal baie akkuraat moet wees teen die Bokke.
Die DA in KwaZulu-Natal sê die goedkeuring van verskeie departementele begrotings moet enige sprake weerlê dat die regering van provinsiale eenheid broos is, of dat daar skeurings in leierskap is. Imran Keeka van die party sê die provinsiale regering het pogings van die MK-party en sy EFF-koalisievennoot verhoed wat probeer het om die wettige vloei van geld na provinsiale departemente te keer. Hy sê as hulle geslaag het, sou dienste in die provinsie heeltemal in duie gestort het:
Verskeie streekgoewerneurs is in die proses om hul streeksredes te lewer. Salomon April, die goewerneur van die Hardap-streek, het in sy toespraak gesê die streek is afhanklik van die ontwikkelings wat die groenwaterstofbedryf gaan meebring. Hy het die verskeie suksesse in die streek uitgelig.
Daar is 'n ernstige tekort aan gesondheidswerkers om die land se toenemende bevolking te bedien. Unam neem slegs 'n beperkte aantal studente jaarliks in, wat die aantal opgeleide gegradueerdes beperk. Judith Hall, die uitvoerende dekaan van die fakulteit gesondheidswetenskappe en veeartsenykunde, sê hulle onderhandel met die Raad vir Gesondheidsberoepe van Namibië om die studente-inname te verhoog.
Met die herdenking van Vrouedag in Suid-Afrika vandag verwelkom die kabinet vroue se verteenwoordiging in die regstelsel. Dit is vandag die 68ste herdenking van die Vroue-optog en 70 jaar sedert die opstel van die vrouehandves. Die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, sê die geskiedkundige aanstelling van regter Mandisa Maya as Suid-Afrika se eerste vrouehoofregter, is 'n mylpaal vir die verbetering van geslags- en rasse-diversiteit in die regstelsel:
Die onluste in Brittanje blyk om onder beheer te wees, aangedryf deur streng polisiëring wat die premier Keir Starmer afgedwing het. Talle nuwe verdagtes se gesigte is van skermskoote geneem en word wyd gedeel en een vrou is tronk toe omdat sy vals inligting oor die Southport-aanvaller op haar Facebook gedeel het. Starmer sê hy sal nie boewery duld nie.
Die Bank van Namibië se ekonomiese vooruitsig vir Augustus voorspel dat Namibië se ekonomie vanjaar met 3,1 persent sal groei, af van 4,2 persent in 2023, en met 3,9 persent sal groei in 2025. Wêreldwyd word verwag dat ekonomiese groei tot 3,2 persent sal verlangsaam vanjaar, voordat dit tot 3,3 persent in 2025 sal styg. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Josefina Oskar, kommunikasiepraktisyn by die Bank van Namibië, wat Namibië se situasie verduidelik.
Nog reaksie word ontvang op die besluit van die Verkiesingshof om die saak van die Namibia Economic Freedom Fighters teen die Verkiesingskommissie van Namibië te verwerp. Die hof sê hy het nie jurisdiksie nie. Die party betwis sy deregistrasie en sê hy sal hom nou aan die hoërhof wend. Politieke ontleder, Rui Tyitende, het lof vir die kommissie se stappe en sê partye wat nie voldoen nie moet die gevolge dra.
Die Namibia Economic Freedom Fighters sê hulle gaan Hoërhof toe om hulle deregistrasie as politieke party te betwis. Die dringende aansoek wat die NEFF in die verband teen die Verkiesingskommissie van Namibië gebring het, is in die Verkiesingshof van die hand gewys. Adjunk-regterpresident Hosea Angula en regters Orben Sibeya en Beatrix de Jager het met die kommissie saamgestem dat die hof nie jurisdiksie het om die saak aan te hoor nie. Die NEFF is gederegistreer vomdat hy versuim het om finansiële state betyds in te dien, soos vereis deur die Kieswet. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Longinus Iipumbu, die NEFF-onderleier, wat meer inligting gee.
Voormalige president Donald Trump het 'n nuuskonferensie gehou by Mar-a-Lago, sy strandkompleks in Florida, waar hy gesê het vise-president Kamala Harris is meer onbevoeg as Joe Biden. Dit was sy eerste openbare verskyning sedert Harris die Demokratiese presidensiële genomineerde geword het en die goewerneur van Minnesota, Tim Walz, as haar verkiesingsmaat aangewys het. Hy het ook gesê die Demokrate se besluit om Biden met Harris te vervang as genomineerde was aaklig, en dat Harris Kalifornië vernietig het. Luister self.
Trustco Group Holdings het planne aangekondig om sy Amerikaanse deposito-kwitansies-program na Vlak 3 op te gradeer om sy teenwoordigheid in Amerikaanse kapitaalmarkte uit te brei. Dit sal die maatskappy groter toegang tot Noord-Amerikaanse beleggers gee. Daarbenewens kan hierdie kwitansies op groot Amerikaanse aandelebeurse soos Nasdaq of die New Yorkse aandelebeurs genoteer word, wat groter sigbaarheid en verdere likiditeit vir Trustco se sekuriteite bied. Dit kan vrylik verhandel word deur beide kleinhandel- en institusionele beleggers in die Amerikaanse mark. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die adjunk-uitvoerende hoof van Trustco, Quinton van Rooyen Junior.
Die Verenigde Nasies se Wêreldvoedselprogram, in samewerking met die regering van Brasilië, het voedsel- en voedingsekerheid in Namibië aansienlik bevorder deur geïntegreerde voedselstelselprojekte. Stampriet Gekombineerde Skool in die Hardapstreek, een van die 29 skole wat voordeel trek uit die innoverende Tuisgemaakte Skoolvoedingsprogram, is 'n voorbeeld van hierdie vordering. Sem Utoni, die Wêreldvoedselprogram se hoof van vennootskappe en kommunikasie, sit in 'n onderhoud die suksesse van die Stampriet-program uiteen.
Die president van die ANC, Cyril Ramaphosa, sê die ekonomiese groei wat die party nastreef moet lei tot die bemagtiging van vroue, jongmense en kwesbare groepe. Hy het gister die ANC se nasionale uitvoerende komitee se lekgotla toegespreek wat in Boksburg in Ekurhuleni gehou is. Ramaphosa sê die lekgotla het ingestem dat hulle ekonomiese beleid moet instel en meer klem moet plaas op infrastruktuur, landbou, vervoer, energie en industrialisasie:
Die DA sê hy vra die regering voortdurend om intelligensie-eenhede te vestig om misdaad en wetteloosheid vas te vat. Die party het die polisie gelukgewens met sy optrede Maandagaand in Khayelitsha waar hulle op 'n bende transitorowers toegeslaan het. Ian Cameron van die DA sê Suid-Afrikaners word nou reeds te lank deur misdaad gyselaar gehou en het 'n dringende behoefte aan beskerming deur wetstoepassingsagentskappe:
Die Döbra-hoërskool, ook bekend as die St. Joseph Rooms Katolieke Hoërskool, hou op 5 Oktober ’n reünie. Organiseerders van die geleentheid beplan om groot te gaan met 'n verskeidenheid stalletjies en 'n sportdag vir alumni. Een van die skool se oudleerlinge, Rosalia Amupolo, het meer inligting aan Kosmos 94.1 Nuus gegee.
Kommer oor brandstofsmokkelary, bekend as "Ngungula", duur voort. Plaaslike media berig dat skole in veral Ongwediva leegloop omdat die kinders eerder die brandstof verkoop en so, kos op die tafel sit. Intussen sê Jafet Nakanue, 'n vulstasie-eienaar in die Noorde, dat mense wat nie die brandstof binne Namibië kan kry nie, hulle motors oorgrens vat en in Angola volmaak. Nakanue het 'n idee oor wat die regering kan doen om vulstasie-eienaars te help.
Die radikale Yahya Sinwar wat Hamas in Gaza lei en self 20 jaar in ‘n Israeliese tronk deurgebring het, is aangewys as opvolger van die voormalige politieke hoof Ismail Haniyeh, wat in Teheran vermoor is. Verbasend het die Amerikaanse minister van buitelandse sake Antony Blinken uiters sag taal gebruik toe hy met die media oor die nuus gepraat het.
Die nasionale uitvoerende komitee van die ANC het planne onthul vir twee nuwe eenstopgrensposte om handel te vergemaklik en grenssekerheid te verbeter. Die maatreëls wil die Afrika Kontinentale-vryhandelsgebied steun deur die bewegings van goedere te vergemaklik en onwettige invoere te onderskep. Op 'n nuuskonferensie op die laaste dag van die lekgotla in Boksburg het die lid van die NUK Njabulo Nzuza bekend gemaak agt sleutelbeleidsaanbevelings is ingestel om immigrasieprosesse te verbeter en toerisme te bevorder:
Met erge droogtetoestande wat regoor die land heers, word voedselsekerheid in baie landelike gebiede bedreig. Vee- en wildgetalle moet ook versigtig bestuur word. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Louisa Campbell, 'n boer en Swakara-produsent van Lovedale-boerdery in die Karas-streek, oor die situasie in daardie omgewing.
Amerika se visepresident en die Demokrate se presidentskandidaat, Kamala Harris, sê Tim Walz is ʼn patriot en vegter vir die middelklas. Sy het die goewerneur van Minnesota by ʼn saamtrek in Philadelphia as haar visepresidentskandidaat bekendgestel. Harris is gister amptelik as die Demokrate se presidentskandidaat benoem en is die eerste vrou van kleur in die posisie. Sy sê Walz is die soort visepresident wat Amerika verdien:
Die Centre for Migrations and Society sê die sluiting van Suid-Afrika se grense sal nie mensehandel stopsit nie. Negentig Ethiopiese burgers, wat vermoedelik mensehandelslagoffers is, is onlangs in Johannesburg uit onmenslike omstandighede gered. Loren Landau van die sentrum het op Newzroom Afrika die behoefte beklemtoon aan verbeterde beleid by die Grensbestuursowerheid, Binnelandse Sake en ander belanghebbers, om mensehandel te voorkom:
Die misbruik van alkohol, soos ander dwelms, is 'n ernstige openbare gesondheids- en maatskaplike kwessie in Afrika, Namibië ingesluit. Die vasteland staar 'n komplekse wisselwerking van faktore in die gesig wat bydra tot die probleem, insluitend armoede, werkloosheid, kulturele norme en beperkte toegang tot gesondheidsorg en rehabilitasiedienste. Alkoholmisbruik het gesondheidsgevolge en die gevolge is verreikend, wat individue, gesinne en gemeenskappe raak. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Natalie Bezuidenhoudt, 'n maatskaplike werker en eienaar van Cornerstone Wellness, wat die nadelige uitwerking van alkoholmisbruik op die jeug uitlig.
Namate die verkiesing in November naderkom, verwys politieke partye toenemend na die Bybel in hul veldtogte. Hamunyera Hambyuka, Swapo-LP, het onder andere by 'n saamtrek in Rundu aan Swapo-ondersteuners gesê dat versuim om vir Swapo en sy kandidaat, Netumbo Nandi-Ndaitwah te stem, hulle van beide die hemel en die hel sal uitsluit. Namibiese politieke kommentator dr. Henning Melber, navorsingsdirekteur by die Scandinavian Nordic Africa Institute, het op sosiale media gesê dit blyk dat verwysings na en aanhalings uit die Bybel die mees prominente veldtogvoertuig is, in die afwesigheid van enige samehangende program om die maatskaplike uitdagings en ongeregtighede aan te spreek. Kosmos 94.1 Nuus het met Melber gesels, wat meer insig oor sy plasing gee.
Suid-Afrika se beesbedryf is gewaarsku dat dit ‘n krisis in die gesig staar aangesien bosluise weerstandig word teen plaagdoder. Navorsers het die groeiende weerstandigheid toegeskryf aan swak boerderymetodes en dat die situasie voortdurend gemonitor moet word. Dit kan ook vleis-en melproduksie knou. Kosmos 94.1 Nuus het met die landboukenner Wallie Roux gesels oor die kwessie.
Springbok-afrigter Rassie Erasmus het bevestig onderhandelinge vir kaptein Siya Kolisi se terugkeer na die Haaie is op dreef. Hy is tans by die Franse klub, Racing 92. Kolisi wat vir die Haaie gespeel het, het na verlede jaar se Rugby-Wêreldbeker ʼn ooreenkoms onderteken om vir drie jaar by Racing 92 aan te sluit. Die ooreenkoms het ingesluit dat die Top 14-klub ʼn oordragfooi betaal om hom uit die res van sy kontrak te koop. Erasmus sê dit sal lekker wees as Kolisi weer in die land speel:
Gesondheidminister Kalumbi Shangula sê openbare hospitale sukkel al die afgelope drie jaar om noodsaaklike middels in voorraad te kry. Shangula het 'n opdatering in die Nasionale Vergadering gegee na 'n versoek deur Republikeinse Party-parlementslid Lucia Tjiveze. Hy sê die struikelblokke sluit in wetlike uitdagings vir verkrygingsprosesse vir medisyne, lang prosedures ingevolge die Wet op Openbare Verkryging, en 'n lae verkrygingsdrempel in terme van die Verkrygingswet. Hy het ook die tekort aan medisyne geblameer op onder andere swak prestasie deur verskaffers, 'n tekort aan aktiewe farmaseutiese bestanddele vir sommige produkte, en ontwrigting van internasionale logistieke kanale.
Die Suid-Afrikaanse Agri-inisiatief, Saai, sê volgens kommunikasie van die polisie het hulle geen beleid of riglyne met betrekking tot die bekamping van onwettige betreding nie. Saai oefen sedert Februarie druk uit op die polisie om inligting en statistiek oor betreding te verskaf. Die uitvoerende hoof van die inisiatief, Francois Rossouw, sê die bestuur sal nou ‘n vergadering met die minister van Polisie, Senzo Mchunu, aanvra om moontlike oplossings te bespreek aangesien geen beleid bestaan nie.
Die Nasionale Unie van Mynwerkers versoek Eskom om meer te fokus op korrupsie deur sekere verskaffers by sy kragstasies. ‘n Woordvoerder, Thapelo Malekutu, sê die vakbond vra vir swaarder strawwe vir diegene wat die nutsmaatskappy geplunder het en steeds straffeloos daarmee voortgaan. Volgens Malekutu moet Eskom beskerm word saam met die ekonomie en betrekkings.
Krieket: Die toetsafrigter van die Proteas, Shukri Conrad glo die onervare Tristan Stubbs het wat nodig is om 'n fantastiese nommer drie-toetskolwer te word. Hy sal die rol vervul in die eerste van twee toetse teen die Windies, wat môre in Trinidad begin. Die witbalkaptein Aiden Markram en Tony de Zorzi is die aanvangskolwers vir Suid-Afrika. Conrad sê hoewel die 23-jarige Stubbs tot dusver nog net in een toets gespeel het, is hy 'n indrukwekkende karakter met 'n goeie aura en sterk liggaamstaal.
Die goewerneur van die Karas-streek, Aletha Fredericks, het tydens haar streeksrede in Keetmanshoop suksesse in misdaadvoorkoming uitgelig. Die vermeende leier van die omstrede Hosh-Hosh bende is aangekeer, asook 38 vermeende onwettige mynwerkers by Ysterput plaas in die Noordoewer-omgewing. Hulle is gearresteer met blou agaat-minerale ter waarde van 'n beraamde 8,3 miljoen Namibiese dollar. Hulle was in besit van edelgesteentes en toerusting wat vermoedelik vir mynbou gebruik is sonder 'n permit van die myn-ministerie. Fredericks is aan die woord.
Lede van die studentevereniging Cosas het die kerk van 'n Gautengse pastoor aan die brand gesteek nadat hy aangekeer is in verband met intimidasie en geweld by die Laerskool Matsediso in Katlehong, Ekurhuleni. Die pastoor en drie ander mense is in hegtenis geneem nadat hy na bewering personeellede met ‘n panga gejaag en sy twee kleinkinders met geweld verwyder het. Die studente het glo die kerk aan die brand gesteek ter ondersteuning van die ma se kant van die familie. Wyksraadslid Xolani Ngwenya veroordeel die gewelddadige voorval.
Die Duitse ambassade in Windhoek het sy steun aan die Namibiese Nasionale Simfonieorkes aangekondig deur die RMB-konsertfees te borg met 'n bydrae van 5 000 euro – ongeveer 97 500 Namibiese dollar. Die fees word vanaf 17 en 18 Augustus gehou en sal die talente van jong Namibiese musikante by die DHPS Ouditorium ten toon stel. Die Konsertfees bied 'n geleentheid vir jong Namibiese musikante wat aan die Kollege vir die Kunste of by privaat musiekonderwysers studeer om saam met 'n volle orkes en voor 'n groot gehoor op te tree. Vanjaar verwelkom die Namibiese Nasionale Simfonieorkes weer vir Xavier Cloete as dirigent. 'n Raadslid van die Namibiese Nasionale Simfonieorkes, Irmgard Rannersmann, het met Kosmos 94.1 Nuus oor die geleentheid gesels.
Die gebrek aan medisyne in hospitale en klinieke was weer op die voorgrond in die parlement. Tydens vandag se spesiale sitting het die Republikeinse Party-parlementslid, Lucia Tjiveze, gesondheidminister Kalumbi Shangula gevra vir 'n opdatering van die situasie. Tjiveze beweer dat mense sterf omdat hulle tweede opsie-medisyne gegee word, omdat die eerste opsie nie beskikbaar is nie. Meer as 85 persent van die bevolking is afhanklik van openbare gesondheid en maatskaplike dienste. Dit sluit in 322 klinieke, 56 gesondheidsorgsentrums, 34 distrikshospitale, vier intermediêre hospitale en een nasionale verwysingshospitaal.
Universele toegang tot elektrisiteit en skoon kookmetodes bly 'n ontwykende doelwit vir Afrikalande, ook Namibië. Daar is 'n dringende behoefte aan ingryping, aangesien Afrika se bevolking van 1,4 miljard na verwagting teen 2050 2,5 miljard sal bereik, wat tesame met stygende inkomste en verstedeliking, sal lei tot 'n aansienlike toename in energievraag. Kosmos 94.1 Nuus het met die Suid-Afrikaanse energiekenner, Chris Yelland, gesels wat sê toegang tot elektrisiteit is die minste van die bekommernisse.
Rugby: Sacha Feinberg-Mngomezulu en Elrigh Louw begin die eerste keer ‘n toets vir Suid-Afrika in Saterdag se Rugbykampioenskaps-openingswedstryd teen die Wallabies in Brisbane. Die Springbokke het grootliks teruggeval op die groep wat verlede maand die toetsreeks teen Ierland gedeel het, met die insluiting van die Wêreldbeker-wenner-skrumskakel Cobus Reinach en die veelsydige plaasvervanger-voorspeler, Ben-Jason Dixon. Die 22-jarige Feinberg-Mngomezulu begin op losskakel en Louw op nommer agt. Skrumskakel Grant Williams verwag ‘n moeilike wedstryd teen Australië, wat tans goed op dreef is.
Die Kameelperdbewaringstigting is besig met ‘n peiling om kameelperdgetalle en verspreiding in Namibië beter te bepaal. Die stigting vra die publiek se hulp met die Namibiese Kameelperdopname 2024 wat sopas afgeskop het. Die inligting is uiters belangrik vir bewaringspogings en die implementering van geteikende strategieë. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Stephanie Fennessy, die uitvoerende direkteur en medestigter van die Kameelperdbewaringstigting, wat verduidelik hoekom die peiling belangrik is.
Vier mense is in hegtenis geneem na dade van intimidasie en geweld by die Laerskool Matshidiso in Katlehong, Ekurhuleni. 'n Polisiewoordvoerder, Noxolo Kweza, sê die verdagtes, insluitend 'n pastoor en sy sekerheidswagte, het twee minderjarige kinders na bewering met geweld uit die skool verwyder. Sy sê hulle sal binnekort in die Palm Ridge Landdroshof verskyn op aanklagte van aanranding, die roekelose hantering van 'n vuurwapen en intimidasie.
Die Namibië-Zambië Gesamentlike Kommissie oor Verdediging en Sekuriteitsake het by 'n vergadering aangekondig dat hulle steeds bekommerd is oor oorgrensmisdaad. Die misdade gaan onverpoosd voort weens die poreuse aard van die grens tussen die twee lande. Daar is ook nie genoeg polisie-beamptes om die grens te beveilig nie. Die Namibiese verdedigingminister, Frans Kapofi, het by die vergadering die misdade wat gereeld voorkom uiteengesit.
My Vote Counts sê hy verwerp die Wysigingswetsontwerp op Munisipale Strukture, ook bekend as die Koalisiewetsontwerp, omdat elemente daarin demokrasie ondermyn. Die wetsontwerp verskaf ʼn wetgewende raamwerk as riglyn vir die vorming en bestuur van koalisieregerings op plaaslike regeringsvlak. My Vote Counts se senior navorser, Joel Bregman, sê die ontwikkeling van wetgewing om koalisies te help, behoort nie ʼn geleentheid te wees vir dié aan bewind om politieke mededinging saam te voeg en te verklein onder die dekmantel dat hulle bestendigheid wil hê nie:
Namibië gaan van 20 tot 22 Augustus die Olie- en Gaskonferensie in Windhoek aanbied. Die Namibië Beleggingsontwikkelings- en Bevorderingsraad is 'n sleutelvennoot van die konferensie, waar rolspelers menings sal uitruil oor die potensiaal, geleenthede en risiko's van die vestiging van 'n olie- en gasbedryf in die land. Titus Shivute, die raad se woordvoerder, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels oor die rol wat die raad speel in ekonomiese kwessies.
Aborsie bly 'n aktuele kwessie in Namibië. Die land volg steeds die wet waar aborsie onwettig is en slegs toegelaat word in gevalle van verkragting en abnormaliteite. In aanloop tot die verkiesing het Kosmos 94.1 Nuus met verskeie politieke partye en presidensiële kandidate gepraat en hul standpunte oor die saak uitgevind. Die onafhanklike presidensiële kandidaat Ally Angula gee haar sienings en oortuigings oor aborsie.
Reaksie word ontvang op die Cavalier-groep in Upington in die Noord-Kaap wat 92 Namibiese dollar per kilogram vir A-graad Namibiese lam op direkte kontrak bied. Die prys is uiters goed en sal produsente ‘n baie goeie hupstoot gee maar, volgens landbou-ekonoom dr. Kobus Laubscher, is dit nie deel van ‘n algemene neiging van prysstygings nie. Hy verduidelik.
'n Wetsontwerp om 'n aansoekproses daar te stel vir houers van ou Suidwes-Afrika identifikasiedokumente om Namibiese burgerskap te verkry, is in die Nasionale Vergadering ter tafel gelê. Die wetsontwerp handel ook met aansoekprosesse om burgerskap te verkry vir sulke mense se afstammelinge, en hulle eggenote. Die adjunkminister van werke en vervoer, Veikko Nekundi, sê die wetsontwerp moet gewysig word om ook burgers van Afrika-lande in te sluit.
Die registrasie van kiesers is deur die Namibiese Verkiesingskommissie afgehandel en 1 467 604 stemgeregtigdes het geregistreer. Die kommissie is tans besig met die finalisering van die voorlopige kiesersregister wat dan na die partye gestuur sal word en deur die publiek deurgegaan kan word. Kosmos 94.1 Nuus het met die woordvoerder De Wet Siluka gepraat.
Okahandja sukkel al ‘n geruime tyd met ‘n behuisingstekort en swak dienslewering. Maar, dit blyk asof iets aan die gebeur is. Die munisipale raad, in samewerking met Nust, die Shack Dwellers Federation of Namibia, die National Housing Action Group, en inwoners van die dorp se informele nedersettings, het 'n opgraderingsprojek in Ekunde 1, 2, 3, en 6 , asook Vyfrand informele nedersetting van stapel gestuur. Hierdie inisiatief het ten doel om die gemeenskap te betrek by die beplanning van toekomstige ontwikkeling. Die projek word in vyf fases verdeel, met profilering van inwoners en opsomming van families wat suksesvol afgehandel is. Kosmos 94.1 Nuus het met Heinrich Amushila, die mededirekteur van Namibia Housing Action Group, gesels oor die projek se vordering.
'n Ondersoek van die Verenigde Nasies het bevind nege werknemers van sy hoofagentskap vir Palestynse humanitêre hulpverligting, UNWRA, was moontlik betrokke by die Hamas-geleide aanval op Israel op sewe Oktober verlede jaar. Sowat 1 200 mense is dood en meer as 200 is as gyselaars na Gaza geneem. Die VN se adjunk-woordvoerder, Farhan Haq, wat nie presiese besonderhede verskaf het oor die betrokkenheid van die nege nie, sê hulle is almal afgedank:
Die Elektrisiteitsbeheerraad die Nasionale Aansluitingsheffingsbeleid in 'n Nasionale Aansluitingsheffingskode omskep. Dit is daarop gemik om te verseker dat gebruikers wetlik verplig is om gebruik te maak van die kode, wat 'n verpligte regsinstrument is, en om 'n gestandaardiseerde benadering tot kragnetwerkverbindings en gepaardgaande heffings daar te stel. Die raad se hoofbestuurder vir ekonomiese- en markregulering, Pinehas Mutota, sê die kode sal 'n deurslaggewende rol speel om regverdigheid, deursigtigheid en doeltreffendheid in die elektrisiteitsvoorsieningsektor te verseker.
Die vakbond vir Korrektiewe Dienstewerkers vra verbeterde toesig en sekerheid in korrektiewe inrigtings. Dit volg op die onlangse klopjagte deur die departement waartydens sluikhandel oopgevlek is. Die vakbond veroordeel gevangenes by die Boksburg-korrektiewe fasiliteit vir die stig van 'n brand om 'n selfoonsoektog te ondermyn. Die woordvoerder van die vakbond Alude Jizana vra die minister van Korrektiewe Dienste Pieter Groenewald om die veiligheid van gevangenes en beamptes te prioritiseer:
Die EFF het die betogings in die Verenigde Koninkryk veroordeel wat vroeër bestempel is as xenofobiese geweld en wit bevoorregting. Byna 400 mense is gearresteer na dae lange betogings nadat drie kinders verlede week in Southport vermoor is. Verregse groepe het hotelle waarin asielsoekers bly aan die brand gesteek. Eerste minister Keir Starmer veroordeel die betogings en noem dit verregse boewery. Leigh-Ann Mathys van die EFF sê betogers beweer die aanvaller wat kinders vermoor het, was ʼn immigrant en radikale Islamis:
Die Verenigde Nasies se Hoëkommissaris vir Menseregte, Volker Türk, het sy kommer uitgespreek oor die gevaar dat konflik in die Midde-Ooste kan uitbrei. Iran het beloof om wraak te neem op Israel na die sluipmoord verlede week in Teheran op die Hamas-leier, Ismail Haniyeh. Teheran en Hamas beskuldig Israel van die sluipmoord, maar Israel het nog nie betrokkenheid erken of ontken nie. Die VN-menseregte se woordvoerder, Jeremy Laurence, sê burgerlikes se beskerming moet die hoofprioriteit wees:
Die ANC sê die groeiende ekonomiese ongelykheid en verergerde inkomsteverspreiding is groot bronne van kommer wat tot maatskaplike onstabiliteit kan lei. Waarnemende woordvoerder, Zuko Godlimpi, het op die tweede dag van die nasionale uitvoerende komitee se lekgotla in Boksburg aan die media gesê die ekonomie moet dringend herleef om die geloofwaardigheid van die demokratiese orde te beskerm. Volgens Godlimpi dui die lae persentasie kiesersdeelname tydens die verkiesing op ‘n demokratiese krisis:
Namibië het deelgeneem aan die tweede Internasionale Ombudsman Expo 2024, wat deur die regering deur die kantoor van die Ombudsman van 29 Julie tot 2 Augustus in Gaborone aangebied is. Die geleentheid het meer as 500 Ombud-kantore, menseregte-liggame en bestuursinstellings van meer as 100 lande byeengebring. Kritieke kwessies is bespreek soos menseregte, omgewingsbeskerming, teenkorrupsiemaatreëls en die rol van Ombuds in verskeie sektore wêreldwyd. Kosmos 94.1 Nuus het met die Namibiese ombudsman, Basilius Dyakugha, oor die geleentheid gesels.
Armand Duplantis van Swede het ʼn nuwe Olimpiese rekord van 6,25-meter in Parys opgestel. Hy is die tweede man wat sy paalspring-titel suksesvol verdedig. Dis ook die negende keer dat hy die wêreldrekord verbeter nadat hy die 6,24-meter-kerf verbygesteek het wat hy in April vanjaar by die Xiamen-diamantliga opgestel het. Die Amerikaner, Sam Kendricks, het silwer gewen en Emmanouil Karalis van Griekeland brons. Duplantis sê hy kan nog nie glo wat hy bereik het nie:
Die DA moedig die Departement van Onderwys in Gauteng aan om op te tree oor 'n krisis in die skoolvoedingskema. Die party sê die probleme het ontstaan weens 'n bestrede 1 miljard Suid-Afrikaanse rand tender weens onbehoorlike verkrygingsprosesse. Hulle eis onmiddelike optrede om seker te maak leerders kry voedsame maaltye wat noodsaaklik is vir hulle onderwys. Sergio Isa Dos Santos van die DA sê inspeksies by verskeie skole het onreëlmatige en onvoldoende kosaflewering onthul:
Suid-Afrikaanse Nasionale Parke het die begin van vanjaar se lenteblommeseisoen tot 30 September in die Weskus Nasionale Park aangekondig. Die Postberg deel van die park vertoon glo 'n asemrowende blommeprag. Kosmos 94.1 Nuus het met Piet Swiegers van Klein Aus Vista gesels oor die blom-situasie in die streek op die oomblik. Daar is plante wat blom, maar voornemende besoekers sal moet gou maak.
Die Namibië Professionele Jagvereniging, Napha, het sterk reageer op 'n onlangse artikel, wat volgens die vereniging 'n eensydige siening van luiperdjag-praktyke in Namibië bied. Onwettige jag is ‘n groot probleem maar, so ook die uiters streng reëls rondom luiperdjag. Die vereniging het onlangs aanbevelings by die omgewings-ministerie ingedien oor die bestuur van luiperds, wat probleem-veroorsakende luiperds en trofeeluiperds insluit. Kosmos 94.1 Nuus het met Napha-president Axel Cramer gesels oor sommige van die aanbevelings wat hulle gemaak het.
Die nuwe afrigter van die Wallabies, Joe Schmidt, sê hy ken die Springbokke beter as sy eie spelers. Die twee spanne meet Saterdag kragte in die openingswedstryd van die Rugbykampioenskap. Schmidt het Ierland vroeër ses jaar lank afgerig en was daarna hulpafrigter van die All Blacks en is dus goed bekend met die Bokke en breier Rassie Erasmus. Die Wallabies het onder Schmidt begin met twee oorwinnings oor Wallis en een oor Georgiё, maar hy sê Suid-Afrika sal ‘n groot uitdaging wees.
Volgens NamPower vloei die Kunenerivier tans teen net meer as 118 kubieke meter per sekonde by die Ruacana-waterkragstasie. Die Ruacanadam en kragstasie, tesame met die Caluequedam 40km rivierop in Angola, is ontwerp om besproeiingswater aan suidelike Angola en die Owambo-streek te voorsien, asook om elektrisiteit vir die grootste deel van Namibië op te wek. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die senior hidroloog in die waterministerie, Leonard Hango, oor hoe hulle die watersituasie bestuur.
Die Samewerkende Regering en Tradisionele Sake-minister, Velinkosini Hlabisa, verdedig president Cyril Ramaphosa se presidensiële imbizo-geleenthede teen bewerings van verkwistende uitgawes. Hlabisa het onthul die geleenthede het oor 18-maande 44-miljoen Suid-Afrikaanse rand gekos. Dit is daarop gemik om kwessies oor openbare dienslewering aan te pak en landsburgers toe te laat om hulle kwellinge te lug. Hy het na aanleiding van kritiek van die DA-LP, Frederik Badenhorst, geantwoord die uitgawes was geregverdig. Hlabisa het aan SABC Nuus gesê die kritiek is oordrewe.
Verkiesingkoors loop hoog en politieke partye begin met byeenkomste en gepaardgaande beloftes aan kiesers. Die United Democratic Front het 'n verkiesingsbyeenkoms in Usakos gehou en het werkloosheid, onderwys en ander landkwessies bespreek. Die UDF president, Hendrik Gaobaeb, is aan die woord.
Sokker: Nuwe bestuurder Arne Slot het positief afgeskop nadat Liverpool hulle voorseisoentoer van Amerika afgesluit het met 'n 100-persent wenrekord. Hulle laaste wedstryd het uitgeloop op 'n drie-nul-oorwinning oor Manchester United, na 'n een-nul uitslag teen Real Betis, en twee-een teen Arsenal. Die Nederlander vervang Jürgen Klopp wat die Reds agt-en-'n-half jaar lank gelei het. Slot hoop dit sal net so goed gaan in die Premierligaseisoen wat voorlê.
Binnelandse sake-minister, Albert Kawana, het 'n wetsontwerp in die Nasionale Vergadering ter tafel gelê om voorsiening te maak vir 'n aansoekproses vir houers van ou Suidwes-Afrika identifikasiedokumente om Namibiese burgerskap te verkry deur naturalisasie. Die wetsontwerp handel ook met aansoekprosesse om burgerskap te verkry vir die afstammelinge van sulke mense, asook diegene wat met sulke mense getroud is. Kawana sê dat die wetsontwerp nie die kwessie van staatloosheid in die land aanspreek nie.
Suid-Afrika se Water en Sanitasie-minister, Pemmy Majodina, doen 'n beroep op gemeenskappe om munisipaliteite verantwoordelik te hou vir watergebreke. Majodina beklemtoon waterrade het die mandaat om te help met grootmaat-infrastruktuurdienste. Sy sê gemeenskappe moet plaaslike munisipaliteite aanspreek oor kwessies, wat insluit rioolstortings en watervoorsieningsonderbrekings. Majodina lig munisipaliteite se grondwetlike mandaat uit om water- en sanitasiedienste te lewer.
Verkragting in Namibië is ‘n misdaad wat klaarblyklik net toeneem. In net die Omusati-streek is 200 gevalle van verkragting in 17 maande aangeteken. Dikwels word ouer persone wat veronderstel is om beide meisies en seuns te beskerm by die misdade geïmpliseer, soos familielede en pastore. Yolande Engelbrecht, die koördineerder van die Gender-afdeling by die Regshulpsentrum, sê daar word nie genoeg gedoen om verkragting te bekamp nie.
Zimbabwe berei voor om die voorsitterskap van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap oor te neem en om die SAOG-beraad op 17 Augustus in Harare aan te bied. Weens die gerapporteerde arrestasie en marteling van aktiviste en politieke opponente, het oproepe egter opgegaan dat die beraad uit die land geskuif moet word. Die ANC het reeds die idee verwerp en sê dat Zimbabwe se probleme deur die land self opgelos moet word. Setfree Mafukidze, 'n Zimbabwiese aktivis, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels en sê die regime het bewys hy gee nie om vir sy mense nie.
Kamwanyah sê dat die opgevoede en gefrustreerde jeug in die Khomasstreek ook 'n rol speel in Swapo se fokus op streke waar hulle sterk is.
Swapo se sekretaris-generaal Sophia Shaningwa se behandeling van 'n verslaggewer nadat hy vrae gevra het oor haar onlangse besoek aan Zimbabwe maak steeds opslae. Sy het hom na wat berig word sleggesê en beskuldig dat hy inmeng met haar sake, en toe sy nommer geblokkeer. Reaksie is ontvang van Frederico Links, 'n navorser by die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing, wat sê dit spreek van arrogansie en is uiters skadelik. Dit reflekteer ook hoe mense die party sien.
Die politieke ontleder Dr. Ndumba Kamwanyah het onlangs op sosiale media die deurslaggewende rol van die Kavango-streke uitgelig om te help voorkom dat Swapo onder die 50 persent steun-kerf daal. Tradisioneel was hierdie streke saam met Owamboland Swapo-vestings en deurslaggewend in die lewering van verkiesingsoorwinnings, soos in die 1989-verkiesing. Daar is egter tekens van 'n breuk in Swapo se Kavango-ondersteuningsbasis, wat hierdie streke se stemme deurslaggewend kan maak in die verkiesing. Alle partye moet dus prioritiseer om met die Kavango-streke te skakel en hul dinamika te verstaan, want dit kan die uitslag van die 2024-verkiesing aansienlik beïnvloed. Kosmos 94.1 Nuus het met Kamwanyah gepraat, wat meer insig deel.
Die Gesondheid-departement het bevestig twee positiewe gevalle van M-pokke is in Gauteng en KwaZulu-Natal aangemeld wat die gevalle landwyd op 24 te staan bring. Drie mense is tot dusver aan die siekte dood. Die departement se woordvoerder, Foster Mohale, sê die 23ste geval is ʼn 36-jarige man van KwaZulu-Natal wat laat in Julie by ʼn staatsfasiliteit opgeneem is en nie internasionaal gereis het nie:
Die stigting van ’n Veterane-uitsaaiersvereniging is besig om 'n werklikheid te word. Daar is by 'n vergadering in die hoofstad 'n werksgroep saamgestel van vyf persone wat die stigtingsproses moet hanteer en afhandel, te midde van geweldige belangstelling plaaslik en in Suid Afrika. Kolie van Coller, die stigter van Kosmos 94.1, is aangewys as sameroeper en media woordvoerder. Die vereniging sal 'n platform bied vir ervare uitsaaiers om hul kennis te deel, nuwe talent te mentor, en etiese praktyke te handhaaf. Deur ’n gemeenskapsgevoel onder veterane te bevorder, verseker die vereniging die oordrag van kosbare vaardighede en tradisies. Van Coller het by die vergadering gepraat en kortliks die doel van die vereniging uitgelig.het by die vergadering gepraat en kortliks die doel van die vereniging uitgelig.
Die Suid-Afrikaanse Kommunisteparty sê die ANC kon die regering van nasionale eenheid sonder die betrokkenheid van die DA en ander sogenaamde teen-revolusionêre magte gevorm het. Die SAKP het sy 103de bestaansjaar in Kaapstad gevier. Die hoofsekretaris Solly Mapaila sê hulle behou die reg voor om enige beleidsverskuiwing na regs in die regering van nasionale eenheid teen te staan, daarteen op te tree en te mobiliseer:
In 2023 was ietermagô's in die tweede plek na renosters in terme van wildmisdaadsake in Namibië, met 60 gevalle wat aangemeld is teenoor 90 vir renosters. Die owerhede het beslag gelê op 17 lewende ietermagô's, 53 ietermagô velle en 905 skubbe, wat gelei het tot 106 arrestasies. Ondanks 'n afname in 2022 wat aan streng vonnisoplegging toegeskryf word, het ietermagô-beslagleggings weer gestyg. Terwyl geen spesifieke handelsroetes geïdentifiseer is nie, bereik stropery 'n piek tydens droë maande, aangedryf deur opportunisme eerder as spesialisasie. Kosmos 94.1 Nuus het met Kelsey Prediger van die Pangolien-bewaring-en-navorsing stigting gesels wat hierop reageer.
In haar streeksrede het die Khomas-goewerneur Laura McLeod-Katjirua melding gemaak van die droogte toestande wat talle boere in die streek raak. Sy het ook besonderhede oor aansoeke vir droogtehulp bekend gemaak.
Die Suid-Afrikaanse Polisiediens se spesiale taakmag het 90 ongedokumenteerde Ethiopiese burgers gered wat in aanhouding aangetref is in Sunnydale Ridge, Johannesburg. Daar is op hulle afgekom terwyl die polisie 'n ontvoering vir omkoopgeld ondersoek het. Onder dié wat gered is, is die ontvoerde slagoffer van Benoni. Die woordvoerder van die nasionale gesamentlike taakspan Athlenda Mathe sê die Valke ondersoek die saak:
Die Kankervereniging van Namibië hou die week kanker bewusmakingsweek. Die week is gewy aan die bevordering van kankerpasiënte en die aanspreek van belangrike uitdagings in kankerbestuur. Die vereniging beklemtoon pasiëntinsluiting en begrip, met die doel om ingeligte strategieë te ontwikkel deur samewerking met belanghebbendes en globale vennote. Hierdie jaar is die tema ‘Niks oor ons, sonder ons nie’. Kosmos 94.1 Nuus het met Rolf Hansen, die hoof uitvoerende beampte gesels.
Sauma het 'n ope brief aan die Namibiese publiek en regeringsamptenare geskryf wat hul teenkanting teen in situ-loging van uraan in die Stampriet akwifer gebaseer op wetenskaplike gronde uiteensit. In die brief word onlangse mediaberigte gekritiseer omdat hulle die risiko's wat met hierdie mynmetode geassosieer word verminder of ignoreer, en misleidende aansprake oor die omgewingsveiligheid daarvan maak. Sauma beklemtoon dat die tipe mynbou hoogs giftige oplossings behels wat grondwater kan besoedel, veral in die Stampriet artesiese kom, 'n kritieke waterbeskermingsgebied wat noodsaaklik is vir landbou en watervoorrade vir gemeenskappe. Die brief beklemtoon die belangrikheid van die beskerming van Namibië se waterbronne en beklemtoon internasionale wetenskaplike studies wat hul bekommernisse ondersteun. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Divan Opperman, voorsitter van Sauma, wat meer insig deel.
Die Lewendehaweprodusente-organisasie bied van 12 tot 15 Augustus ’n roadshow aan om uitdagings in die kleinveebedryf in samewerking met sy lede aan te spreek. Kleinveeprodusente wat lede van die organisasie of die Namibië Landbou-unie is, word uitgenooi om dit by te woon. Vergaderings sal op 12 Augustus by die Aranos boereverenigingsaal gehou word, op 13 Augustus by die Aroab boereverenigingsaal en op 15 Augustus by die Helmeringhausen boereverenigingsaal. Die agenda sluit in besprekings oor die organisasie se aktiwiteite, drywers van veepryse, uitdagings en oplossings. Bywoning vereis registrasie by die onderskeie voorsitters van die boereverenigings. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Jako van Wyk, die voorsitter van die Lewendehawe Produsente Organisasie, oor die doel van die roadshow.
Bitcoin het 'n skerp daling van amper 16 persent beleef te midde van globale markrisiko-aversie. Hierdie daling, met Bitcoin rondom 53 000 Amerikaanse dollar, volg op 'n afname van 13,1 persent verlede week. Kosmos 94.1 Nuus het met Chris Hart, 'n Suid-Afrikaanse ekonoom, gesels wat verduidelik wat aan die gebeur is.
Die Withuis sê president Joe Biden ontmoet vandag sy nasionale veiligheidspan om die gebeure in die Midde-Ooste te bespreek. Dit volg na die sluipmoord verlede week op Hamas se politieke hoof, Ismail Haniyeh en die Libanese groep, Hezbollah se senior militêre bevelvoerder, Fuad Shukur. Iran het gewaarsku hy gaan teen Israel terugslaan wat hy vir die dood van Haniyeh blameer. Die Withuis se adjunk-nasionale veiligheidsraadgewer, Jonathan Finer, sê hulle probeer om enige verdere aanvalle te verhoed:
Die Instituut vir Sekerheidstudies sê die konstruksiemafia verwring die beleid wat vir die sektor ingestel is. 'Die 'n Misdaadkenner van die instituut Lizette Lancaster sê die 30-persent beskermingsfooi in die Tesourie se Voorkeurverkrygingsregulasies wil die ekonomiese transformeer om indiwidue en ondernemings te bemagtig. Die regulasies word egter wanvoorgestel deur die konstruksiemafia wat 'n 30-persent aandeel eis om te keer die perseel word ontwrig:
Die Amerikaanse vise-president, Kamala Harris, sal na verwagting haar mede-kandidaat die week bekend maak na onderhoude met moontlike kandidate die naweek gevoer is. Van die kandidate sluit in die goewerneur van Pennsilvanië, Josh Shapiro, die minister van Vervoer, Pete Buttigieg, en die goewerneur van Kentucky, Andy Beshear. Harris het amptelik genoeg stemme van Demokratiese afgevaardigdes ontvang om as die party se presidentskandidaat benoem te word . Die voormalige Republikeinse presidensiële kandidaat, Chris Christie, het aan ABC gesê Harris moet Shapiro kies:
Inflasie in Namibië sal na verwagting effens afneem, met projeksies wat 'n daling vanaf 4,6 persent op 'n jaargrondslag in Junie tot 4,4 persent in Julie aandui. Dit is volgens Helena Mboti, 'n ekonoom by FNB Namibië. Daarteenoor word verwag dat inflasiedruk in die voedsel- en nie-alkoholiese drankkategorie sal toeneem en in Julie tot 4,7 persent op 'n jaarlikse basis sal styg vanaf 4,3 persent die vorige maand. Die styging word toegeskryf aan afnemende gunstige basis-effekte en voortgesette lae uitset weens aanhoudende droogtetoestande, wat veral brood- en graanpryse beïnvloed. Reaksie is ontvang van Herbert Jauch, 'n arbeidskenner, wat probleme vir werkers voorsien.
Parys het een van die merkwaardigste Olimpiese 100-meter-naellope ooit aanskou. Noah Lyles het sy eerste Olimpiese medalje gewen toe hy die wenstreep in slegs 'n vyfduisendste van 'n sekonde voor Kishane Thompson van Jamaika oorgesteek het. Die Amerikaner se wentyd was 9,79-sekondes, terwyl ál agt deelnemers binne 0,12 sekondes van die goue medalje geëindig het. Dit was ook die eerste keer dat agt mans onder tien sekondes gehardloop het, wat dit die vinnigste wedloop ooit maak. Lyles sê dit was ongelooflik naelskraap:
Die ANC-president Cyril Ramaphosa sê hulle het nie maklik besluit om 'n regering van nasionale eenheid te vorm nie, aangesien hulle ten volle bewus was van die risiko's en geleenthede wat daarmee gepaard gaan. Hy het gister by die opening van die driedaagse ANC Nasionale Uitvoerende Komitee Lekgotla in Boksburg ’n politieke oorsig gegee. Ramaphosa sê Suid-Afrikaners wil hê die regering van nasionale eenheid moet saamwerk om hul belange te bevorder:
Vanjaar werk byna die helfte van die wêreldwye arbeidsmag, ongeveer 1,57 miljard mense, op 'n vryskut-basis. Hierdie verskuiwing sluit 'n reeks rolle in, van tradisionele vryskutwerk soos saamry-dienste en kosaflewering tot hoogs geskoolde beroepe soos regskonsultasie, rekenmeesterwerk en IT-ontwikkeling. In Indië, byvoorbeeld, skuif die IT-sektor al hoe meer na vryskutwerk, met 'n toename van 8 persent in vryskut-aanstellings en 'n totaal van 18 persent van werkverskaffers wat vanjaar vryskutwerkers wil huur. Kosmos 94.1 Nuus het met Danny Meyer van SME Compete gesels oor wat personeelbestuurders in gedagte moet hou oor tradisionele permanente personeel.
Die Serwiër, Novak Djokovic, het Carlos Alcaraz van Spanje met 7-6, 7-6 in die mans se tennis-enkelspel geklop en sy eerste goue medalje by sy vyfde Spele gewen. Die 37-jarige Djokovic is die vyfde speler om die Goue Slam te wen in enkelspel, al vier Majors en die Olimpiese titel. Ander spelers is Rafael Nadal, Serena Williams, André Agassi en Steffi Graf. Alcaraz het met silwer weggestap en die Italianer, Lorenzo Musetti, met brons. Djokovic sê hy is oorweldig dat hy uiteindelik hierdie prestasie behaal het:
Die Britse eerste minister Keir Starmer het die landwye betogings teen immigrasie veroordeel. Gewelddadige betogings het uitgebreek in gebiede soos Tamworth, Middlesbrough, Bolton, Hull en Weymouth. Dit volg ná vals berigte dat die verdagte in die mesaanval waarin drie jong meisies verlede week dood is, ʼn asielsoeker was. Die meisies het ʼn dansklas met ʼn Taylor Swift-tema bygewoon. Minstens 150 betogers is gearresteer. Starmer het beloof die wat by die geweld betrokke was, sal met die volle mag van die reg te doen kry:
Neem deel en staan belangrike organisasies by terwyl jy dalk 'n winskopie van lekkerte kan los slaan.
Terwyl die Brandberg Backyard Ultra vroeg Sondagoggend afgesluit het met ‘n rekord 22 ‘loops’ wat voltooi is deur die verdedigende kampioen Andre Ross, begin die pret vandag met die WhatsApp-veiling wat afskop. Nico Scholtz, die organiseerder verduidelik.
Vier boere-unies, wat die Namibië Landbou-unie ingesluit het, het onlangs 'n raadplegende vergadering gehou met visepresident Netumbo Nandi-Ndaitwah, landbouminister Calle Schlettwein, finansminister Ipumbu Shiimi, en omgewingminister Pohamba Shifeta. Die vergadering het kritieke kwessies in die landbousektor aangespreek, insluitend droogteversagtende maatreëls. Dit het positief afgesluit, wat die behoefte aan volgehoue betrokkenheid en samewerking binne die sektor beklemtoon. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Thinus Pretorius, president van die Namibië Landbou-unie, wat die sleutelonderwerpe wat bespreek is deel.
Brent ru-olie het teruggesak en verhandel tans teen sowat 77 Amerikaanse dollar per vat. Beleggers hou gebeure in die Midde-Ooste fyn dop vir tekens dat eskalerende vyandighede tussen Israel en Iran wêreldwye olievoorrade kan bedreig en energiepryse kan laat styg. Meer as die helfte van alle ru-oliereserwes is in daardie streek, volgens huidige ramings van die Organisasie van Petroleumuitvoerlande. Kosmos 94.1 Nuus het met die bekende Suid-Afrikaanse ekonoom, Dawie Klopper, gesels oor wat met olie gebeur.
Die Nasionale Vergadering sal van vandag tot Donderdag vir 'n spesiale sitting van die negende sitting van die sewende parlement byeenkom, met 'n verlengde sitting Vrydag. Die spesiale sessie het ten doel om onafgehandelde agenda-items op die Ordedokument aan te spreek. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Sakeus Kadhikwa, die woordvoerder van die Nasionale Vergadering, wat meer inligting gee.
Die hoof van die ANC se politieke skool, David Makhura, noem die party se onvermoë om sy meerderheid te behou in die verkiesing in Mei 'n strategiese terugslag, wat hernuwing 'n verpligte prioriteit maak vir oorlewing. Makhura het gepraat aan die einde van die vergadering van die ANC se Nasionale Uitvoerende Komitee in Boksburg en sê die regering van nasionale eenheid onder president Cyril Ramaphosa is noodsaaklik vir die party om die mag te behou en sy manifes in te stel.
'n Stigtingsvergadering vir 'n Veterane-uitsaaiersvereniging word môre by die Hotel Thule in Windhoek gehou. Verskeie plaaslike en Suid-Afrikaanse bekendes in die uitsaaiwese het hul belangstelling en ondersteuning uitgespreek. ’n Veterane-uitsaaiersvereniging is belangrik om die nalatenskap en standaarde van die bedryf te bewaar. Dit bied ’n platform vir ervare uitsaaiers om hul kennis te deel, nuwe talent te mentor, en etiese praktyke te handhaaf. Deur ’n gemeenskapsgevoel onder veterane te bevorder, verseker die vereniging die oordrag van kosbare vaardighede en tradisies. Dit beywer ook vir die belange van uitsaaiers en bied ondersteuning en hulpbronne om die veranderende media-landskap te navigeer. So ’n organisasie versterk die bedryf deur uitnemendheid, kontinuïteit, en professionele groei te bevorder, wat verseker dat die ryk geskiedenis en kundigheid van ervare uitsaaiers toekomstige generasies bevoordeel. Kosmos 94.1 Nuus het eksklusief met die veteraan-uitsaaier Leon Schuster gesels, wat sy ondersteuning deel.
Die Nasionale Vervolgingsgesag het bevestig die Departement van Justisie het samesprekings hervat met die Verenigde Arabiese Emirate oor die uitlewering van Rajesh en Atul Gupta, wat gesoek word vir beweerde korrupsie en geldwassery. Die broers se sakeryk het gestrek oor mynbou, die media en tegnologie, met sterk bande met die voormalige president Jacob Zuma. Die woordvoerder van die gesag, Mthunzi Mhaga, het aan eNCA gesê hulle hoop die emirate sal Suid-Afrika se uitleweringsversoeke steun.
Die Wêreldekonomie-bestuursindeks van 2024 wys Namibië aan as die tweede bes-bestuurde land in Afrika. Dit spog met 'n B-graad-gradering en 'n indekstelling van 69,1, deur aanwysers soos korrupsiepersepsie, oppergesag van die reg, persvryheid en politieke regte. Vertroue in politieke instellings, die president, die Nasionale Vergadering en wet-en-orde instellings het egter skerp afgeneem, volgens die jongste Afrobarometer-opname. Kosmos 94.1 Nuus het met die bestuurskenner Marius Kudumo gesels oor wat die regering moet doen om die publiek se vertroue te herwin.
Die ANC het beroepe verwerp om die 44ste spitsberaad van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap uit Zimbabwe te verskuif weens die inhegtenisneming van aktiviste. President Mnangagwa hou vol Zimbabwe sal nie geweld voor die spitsberaad op 17 Augustus toelaat nie. Mnangagwa beklemtoon die land se voortgesette vrede stel hom in staat om transformerende projekte na te jaag. Die woordvoerder van die ANC, Zuko Godlimpi, sê Zimbabwiese kwessies moet in Zimbabwe opgelos word.
Die ministeries van Onderwys en Sport het die Geïntegreerde Liggaamlike Opvoeding en Skoolsportbeleid vir 2023 tot 2030 bekendgestel. Die doel van die beleid is om die holistiese ontwikkeling van leerders en landsburgers deur fisieke aktiwiteit en sport te prioritiseer. Dit sal positief bydra tot die ontwikkeling van leerders deur onderwys te verbeter en sosio-ekonomiese ongelykhede aansienlik te verminder. Adjunk sportminister Emma Kantema sê die vlagskip-inisiatief het ten doel om produktiewe paaie vir die jeug te bied, en veerkragtigheid en noodsaaklike vaardighede vir hul toekoms te bou.
Die regsverteenwoordiger van die veroordeelde moordenaar en Facebook-verkragter, Thabo Bester, gaan die Departement van Korrektiewe Dienste uitdaag oor sy behandeling in die tronk. Bester beweer sy regte word aangetas weens 'n gebrek aan privaat samesprekings met sy prokureur en omdat hy in eensame aanhouding is. Sy prokureur Dinana Reid het aan eNCA gesê Bester se reg op 'n regverdige verhoor word in gevaar gestel.
PDM president McHenry Venaani beskuldig die regerende party, Swapo, daarvan dat hulle 'n deurdringende kultuur van alkoholverbruik onder die jeug bevorder. Hy vergelyk dit met die skep van 'n "Tambo"-republiek, met verwysing na 'n tradisionele Oshiwambo tuisgebroude bier. Hy sê dat alkoholmisbruik, veral onder adolessente, 'n ernstige samelewingskwessie is wat deur Swapo se beleide vererger word. Studies toon dat tuisgebroude bier 67 persent van Namibië se totale alkoholverbruik uitmaak, met maklike toeganklikheid wat minderjarige drinkery moontlik maak. Volgens 'n studie deur die Gesondheid-ministerie verbruik 53,5 persent van Namibiese jeugdiges alkohol, wat wydverspreide beskikbaarheid en minimale beperkings weerspieël. Venaani kritiseer Swapo omdat dit bierverbruik onder die jeug prioritiseer in plaas daarvan om meer konstruktiewe strewes aan te spreek.
Die Nasionale Raad se Staande Komitee oor Landbou-omgewing en Natuurlike Hulpbronne sê in 'n verslag dat die landbouministerie voldoende opleiding en finansiële ondersteuning aan hervestigde boere moet verskaf. Die verslag is saamgestel ná ’n oorsigbesoek in September verlede jaar aan die Hardap-, Khomas-, Karas-, Oshana-, Omusati-, Ohangwena- en Oshikoto-streke. Die doel van die besoek was om die suksesse en uitdagings van die hervestigingsprogram te evalueer en versagtende maatreëls vir vloedgevoelige gebiede te identifiseer. Die hervestigingsprogram bepaal dat die lynministerie hervestigde boere vir vyf jaar moet ondersteun, maar dit gebeur nie weens 'n gebrek aan menslike hulpbronne. Die Namibia National Farmers' Union, NNFU, ondersteun die oproep aan die ministerie. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Adolf Muremi, die voorsitter van die NNFU, wat sê kommunale boere het ook bystand nodig.
Die Departement van Binnelandse Sake het nou ‘n beleid van geen-verdraagsaamheid teen korrupsie. Dit volg na 'n vonnis van 12 jaar gevangenisstraf van die voormalige amptenaar, Judy Zuma, deur die Handelsmisdaadhof in Durban. Zuma is skuldig aan betrokkenheid by ‘n sindikaat wat bedrieglik paspoorte aan ongekwalifiseerde buitelandse burgers uitgereik het. Minister Leon Schreiber sê die skuldigbevinding is ‘n belangrike stap teen korrupsie. Schreiber het ook verbeterde veiligheidsmaatreëls vir reisdokumente bekendgemaak om toekomstige bedrog te voorkom.
Die verdigende kampioen van die Brandberg Backyard Ultra, die 52-jarige Andre Ross van Swakopmund, het die derde uitgawe op Uis gewen met 22 siklusse van die 6,7km loep voltooi en 147,5km afgelê. Ross het vanoggend net voor 6 klaargemaak nadat sy naaste teenstander, PC Visser, 5 minute na die begin van sy 22ste siklus moes opgee weens pynlike tone. Corne Verwey was eerste onder die vroue nadat sy 16 siklusse oftewel 107,2km afgelê het. Ross het die eerste Brandberg Backyard Ultra in 2022 gewen met 20 siklusse voltooi, en die tweede uitgawe verlede jaar met 18 siklusse. Die marathon het agt-uur Saterdagoggend begin en deelnemers moes 6,7 kilometer in ‘n uur aflê om in die wedloop te bly. Kosmos 94.1 se Yanna Smith het met Ross net na die marathon gesels.
Terwyl die verwoestende gevolge van El Niño steeds regoor Suider-Afrika gevoel word, is daar versigtige optimisme oor die potensiële voordele van 'n ontwikkelende La Niña-weerverskynsel. Tipies geassosieer met verhoogde reënval in die streek, kan La Niña broodnodige verligting bring vir droogtegeteisterde gebiede. Die impak van La Niña kan verskil oor die hele streek heen. Die jongste AMT-weervoorspelling deur weerkenner Johan van den Berg, gee 'n voorspelling vir La Niña-effekte aan die einde van die jaar.
Die vakverbond Cosatu steun die Zimbabwe Congress of Trade Unions in sy beroep op 'n einde aan arbitrêre inhegtenisnemings en marteling van aktiviste in Zimbabwe. Dit kom in die aanloop tot die spitsberaad van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap op 17 Augustus. Die vakverbond sê die algemene sekretaris van die Agricultural Trade Unions of Zimbabwe, Robson Chere, is geweldadig aangehou en gemartel. Zanele Sabela van Cosatu moedig SADC-leiers aan om op te tree teen dié menseregtekwessies.
Die derde Brandberg Backyard Ultra, met RMB Namibia as hoofborg, is sterk aan die gang op Uis. Deelnemers aan die laaste-mens-staande uithou-resies hardloop 'n 6,7km sirkelroete oor en oor tot letterlik net een oorbly. Die top-agt deelnemers kwalifiseer outomaties vir die 15-persoonspan wat in die Backyard Ultra Wêreldkampioenskap vir Namibië sal deelneem in Oktober op Swakopmund. Kosmos 94.1 se Yanna Smith het gesels met die 52-jarige Andre Ross, wat verlede jaar 18 sirkelroetes voltooi het, en die jaar voor dit 20. Ross is tans besig met sy sy sesde sirkelroete van die dag. Hy verduidelik wat dit vat om deel te neem.
Agente van die Teenkorrupsie Kommissie het Tuyoleni Hamata, direkteur van inligting- en kommunikasietegnologie by Unam, vandeesweek gearresteer omdat hy na bewering 'n bedrieglike transaksie georkestreer het. Die universiteit het na bewering meer as 2 miljoen Namibiese dollar vir Wi-Fi-toestelle deur 'n derde party betaal. Die toestelle sou oorspronklik net 1 miljoen dollar direk vanaf Nsfaf kos. Die ondersoek duur voort en nog arrestasies kan volg. Hamata is op borgtog van 40 000 dollar vrygelaat. Kosmos 94.1 Nuus het met Josephine Nghituwamata, die kommissie se woordvoerder, gepraat vir 'n opdatering.
Namibië begin met 'n transformerende reis na volhoubare welvaart met die bekendstelling van sy Groen Industrialisasie Bloudruk vandag. Hierdie strategiese padkaart, geïnspireer deur president Hage Geingob se visie en die Harambee-voorspoedsplan II, het ten doel om die ekonomie te diversifiseer, die omgewing te bewaar en maatskaplike vooruitgang te bevorder. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Joseph Mukendwa, die uitvoerende hoof van beplanningsbeleid-strategie vir Namibië se Groenwaterstofprogram.
Die landdroshof in Groblersdal het die borgtogverhoor uitgestel van vyf mense wat verbind word met 'n groot dwelmhandeloperasie. Die beskuldigdes staar aanklagte van dwelmvervaardiging, onwettige immigrasie en geldwassery in die gesig. Die woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag, Mashudu Malabi-Dzhangi, sê die arrestasies op Roelof Botha se plaas het dwelms van een-miljard Suid-Afrikaanse rand onthul.
Wyle president Hage Geingob sou vandag sy 83ste verjaardag vier, en môre is dit presies ses maande sedert sy afsterwe. Verskeie herdenkingsgeleenthede sal sy nalatenskap en bydraes vier. President Nangolo Mbumba sal om 9-uur vanoggend die amptelike herinneringseremonie by die Heldeakker lei. Die minister van presidensiële sake in die Presidensie, Christine Hoebes, het aan die nasionale uitsaaier gesê Geingob was 'n unieke persoon.
'n Brandende voertuig en 'n familiegeveg het die Copps 94.1-span besig gehou in die hoofstad, en soos gewoonlik was drank betrokke. Francois Lottering was saam met die Windhoekse stadspolisie aan diens en vertel meer.
'n Navorser aan die Universiteit van die Vrystaat, Luther van der Mescht, waarsku Suid-Afrika se beesbedryf staan voor ‘n krisis aangesien bosluise nou weerstandig is teen plaagdoder. Van der Mescht het aan eNCA gesê dat die groeiende weerstandigheid weens swak boerderymetodes voortdurend gemonitor moet word. Van der Mescht waarsku dit kan ‘n uitwerking hê op vleis- en melkproduksie wat boere se inkomste en verbruikers se sakke sal raak.
Inligtingsminister Emma Theofelus het onlangs die Namibia Leap Digitale Talentprogram 2024 in China bekendgestel. Die program sal gesamentlik deur die ministeries van Inligting en Jeug, en Huawei Telecommunication Technologies Namibia geïmplementeer word. Die doel is om digitale vaardigheidsontwikkeling, innovasie en leierskap onder die land se jeug te bevorder. Die 2024-program sal komponente insluit soos die kweek van 50 sade vir die toekoms, die bekendstelling van die IKT-akademie, opleiding van 1 000 jeugdiges en sertifisering van 100 ingenieurs. Die deelnemers aan die program sal 'n geleentheid kry om internskappe by Huawei Telecommunication Technologies Namibia te kry en China te besoek om aan IKT-verwante kompetisies mee te ding. Theofelus het die program aangekondig.
Sokker: Manchester United speel môre in Colombia in Amerika teen Liverpool. Dit sou gewoonlik 'n opwindende wedstryd wees maar dit is 'n voorseisoen vriendskaplike kragmeting. Die wedstryde is bedoel om voor te berei vir die komende seisoen, maar vertoon ook van hulle sterspelers en bou hulle handelsmerke. Die bestuurder van Man United, Erik ten Hag, sê al die aspekte moet balanseer word.
Die Namibië Eiendomsagenteraad sê dit is onwettig vir verhuurders en agente om nie-terugbetaalbare deposito's vir huureiendomme te vra. Raadsbestuurder Festus Unengu sê sulke deposito's is onwettig in terme van die huurordonnansie. Kosmos 94.1 Nuus het met Unengu gesels, wat sê dat die eienaar ook verplig word om die deposito in 'n beleggingsrekening te plaas sodat rente daarop verdien kan word.
Die Kommissaris van Korrektiewe Dienste, Makgothi Thobakgale, is na ‘n klopjag by Durban Westville besorg oor smokkelary in tronke. Beamptes het beslag gelê op selfone, geld en dwelms, insluitend dagga en heroïen. Dit volg op soortgelyke onlangse klopjagte in Kaapstad en Johannesburg. Die kommissaris onderneem om uit te vind hoe gevangenes hierdie items kon bekom en waarsku bewaarders wat betrokke is, kan afgedank word.
Maak gereed vir die grootste Ope toernooi wat Namibië nog ooit gesien het! Die BDO Namibiese Ope muurbaltoernooi is geskeduleer vir 12 tot 16 November by Wanderers Sportklub. Dit is die tweede PSA Challenger-toer met 'n totale pryspoel van 9 000 Amerikaanse dollar, sowat 163 950 Namibiese dollar, en sal topspelers van regoor die wêreld lok. Spanne word genooi om in te skryf teen 500 dollar per span, en toeskouers sal gratis inkom. Kosmos 94.1 Sportnuus het gesels met Steven Berry van Wanderers.
Toenemende afknouery, dwelmgebruik en rassisme in skole is nie net 'n probleem in Namibië nie, maar ook in ander lande. Die Suid-Afrikaanse Christenforum wil hê gebedsbyeenkomste en Bybelstudie moet heringestel word, want dit kan leerlinge se gedrag en moraal verbeter. Kosmos 94.1 Nuus het met pastoor Cas Bekker van die Agape Ministries Namibia gesels, wat sê dit is belangrik dat Bybelse beginsels weer in die Namibiese skole ingestel word.
Die De Beers-groep berig dat die produksie van ru-diamante in die tweede kwartaal van die jaar met 15 persent afgeneem het tot 6,4 miljoen karaat. Dit weerspieël hoofsaaklik die laer produksievoorligting wat in die eerste kwartaal se produksieverslag aangekondig is, in reaksie op die hoër as normale vlakke van voorraad in die middelstroom. 'n Uitgerekte herstel in vraag word ook verwag. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Max Rix, die hoof van beleggings by Simonis Storm, wat die kommerwekkende ontwikkeling verduidelik.
Die inligting-ministerie benadruk die verantwoordelike gebruik van sosiale media, veral met naderende verkiesings. Terwyl sosiale media vryheid van uitdrukking ondersteun, hou dit ook risiko's in soos fopnuus, haatspraak en verkeerde inligting. Die ministerie beklemtoon versigtigheid om polarisasie en onstabiliteit te vermy. Dit kom ná onlangse negatiewe kommentaar oor stigterspresident Sam Nujoma en oudpresident Hifikepunye Pohamba, asook bespiegelings oor Nujoma se gesondheid. Dit word as skadelik beskou. Zoé Titus, die direkteur van die Namibia Media Trust, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels en sê daar is 'n dringende behoefte aan toegang tot inligting van die regering.
Die burgerregte-organisasie NotInMyName sê die voorsitter van die DA se federale raad, Helen Zille, se kritiek dat die ANC ʼn gebrek aan rigting het, is tipies van die land se rasgegronde politieke landskap. Zille het vroeër die week gesê die ANC is besig om te verkrummel en die DA moet vasstaan. Sy het bygevoeg die EFF is haar party se ware politieke teenstander. Lesego Letswalo van NotInMyName sê dit lyk asof daar krake in die regering van nasionale eenheid is.
Die Ministerie van Myne en Energie sê sedert die stigting van die Kleinskaalse Mynbou-afdeling binne die ministerie in 2010, werk hy daaraan om kapasiteit te bou vir effektiewe regulering van die sektor. Die ministerie bied dienste aan kleinskaalse mynwerkers soos tegniese en opleidingsondersteuning. Kosmos 94.1 Nuus het met die ministerie se woordvoerder, Ten Hasheela, gepraat wat 'n opdatering gegee het oor die aantal kleinskaalse mynwerkers in die land.
Die buurland se Gesondheid-departement moedig die publiek aan om organe en weefsel te skenk om iemand se lewe te red of lewensgehalte te verbeter. Na raming is meer as 2 500 mense op die aktiewe waglys vir ʼn orgaan- of weefselskenking, terwyl ander hul lewens verloor terwyl hulle wag. Die departement se woordvoerder, Foster Mohale, sê een skenker kan tot sewe lewens red.
Aanlyn sekuriteit bly 'n groot probleem in Namibië met kuberaanvalle wat toeneem. Die regering sê 2,7 miljoen kuberaanvalle is in 2022 gerapporteer. Volgens kundiges sal sulke aanvalle net toeneem en meer gesofistikeerd word. Een van die lokvalle wat gebruik word is phishing, waar kuberboewe voorgee om 'n besigheid, bank of regeringsdepartement te wees, om persoonlike inligting soos bankrekening-detail in die hande te kry. Vanessa Maresch van Salt Essentials het goeie raad. Sy sê as sekere aanlyn-plasings emosies verwek, kan dit 'n goeie teken wees van 'n kuberaanval.
Suid-Afrika was in Junie soos gewoonlik Namibië se grootste invoermark, met 'n aandeel van 35,6 persent van alle invoere, volgens die Namibië Statistieke-agentskap. In die tweede posisie was Peru met 'n aandeel van 12,3 persent, gevolg deur China wat verantwoordelik was vir 8,1 persent van totale invoere. Duitsland met 5,7 persent en Oman met 5,6 persent was onderskeidelik in die vierde en vyfde posisies. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die plaaslike ekonoom Gabriel Erastus, wat kommentaar lewer oor Suid-Afrika wat die belangrikste invoervennoot bly.
Die ANC het berigte weerlê dat die DA hom oorskadu in die regering van nasionale eenheid. News24 het Woensdag 'n berig gepubliseer wat beweer sommige ANC-ministers is huiwerig om met die media te skakel en dat die suksesse van opposisie-ministers hulle onbevoeg laat lyk. Die ANC se woordvoerder, Zuko Godlimpi, sê daar is nie enige sprake van wedywering in die kabinet nie:
LifeLine/ChildLine Namibia wil die land se hoë selfmoordsyfer aanpak deur die manier waarop media-artikels oor selfmoord saamgestel word aan te spreek. Die organisasie gaan 'n werkswinkel vir mediapraktisyns aanbied oor hoe om verslag te doen oor selfmoord en geestesgesondheid. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Zelnadia de Waal, LifeLine/ChildLine Namibia se beradingsprogram-bestuurder, wat die jongste selfmoordstatistieke gee.
Groei in kredietverlening in die privaat sektor het in Junie tot 1,8 persent op 'n jaargrondslag verlangsaam, van 3,2 persent in Mei en 3 persent in Junie 2023. Dit is onder die 12-maande-gemiddeld van 2 persent, sê Simonis Storm. Op 'n maandgrondslag het kredietverlenging 0,6 persent gekrimp. Besigheidskredietgroei het tot net 0,5 persent op 'n jaargrondslag verlangsaam, terwyl huishoudelike kredietgroei ietwat verbeter het tot 2,7 persent op 'n jaargrondslag. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Loide Musweu, 'n navorsingsassistent by Simonis Storm, oor die verlangsamende groei.
‘n Groot frontale stelsel kom oor die naweek in die Wes-Kaap en die Suide van Namibië aan met baie koue toestande wat verwag word. Die Namibiese weerdiens het ook ‘n waarskuwing aan boere gerig. Kosmos 94.1 Nuus het met Richard Nashikaku van die diens gesels.
Die Nasionale Beplanningskommissie sê die visserysektor se bydrae van 10 miljard Namibiese dollar tot die BBP kan verbeter op grond van huidige markaktiwiteit. Die Derde Vrywillige Hersieningsverslag oor die Volhoubare Ontwikkelingsdoelwitte het verklaar dat die sektor 4,5 persent tot die BBP bygedra het, wat steeds nie die verlangde vlakke bereik nie. Kosmos 94.1 Nuus het met Josef Sheehama, 'n plaaslike ekonoom, gesels oor wat gedoen kan word om die sektor se bydrae te verbeter.
Action Society waarsku dat die nuwe Wet op die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat steeds polities misbruik kan word. Die groep wil hê Opod moet 'n Artikel 9-instelling word om werklik onafhanklik te wees. Hulle sê die Minister van Polisie, Senzo Mchunu, kan ingevolge die wet Opod se uitvoerende direkteur dissiplineer. Action Society se woordvoerder, Juanita du Preez, het die Parlement gevra om te sorg dat Opod sy onafhanklikheid behou en om politieke inmengery te verhoed:
Drie Swapo-lede van die Karas-streeksraad se salarisse is opgeskort deur die raad. Een van die raadslede wat geraak is, Lazarus Nangolo, sê die stap is onwettig. Die raadsvoorsitter Joseph Isaack, sê dis nonsens. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en sê sy besluit is heeltemal binne die wet.
Die minister van Verdediging en Militêre Veterane, Angie Motshekga, sê sy wag op ‘n volledige verslag oor die beweerde militêre opleiding van 95 Libiërs in Mpumalanga. Die Libiërs is sedertdien in aanhouding en beweer hulle is opgelei as sekerheidswagte. Volgens eNCA het die minister het by die vergadering van die ANC se nasionale uitvoerende komitee gesê dat ‘n verslag volg sodra ondersoeke afgehandel is:
Die Spesiale Ondersoekeenheid gaan AfriForum se korrupsieklag teen Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente ondersoek, waarby die minister van Wetenskap en Tegnologie, Blade Nzimande, en die gewese raadsvoorsitter van die fonds, Ernest Khosa, betrek word. Dit volg nadat 'n amptelike klagte in Januarie by die Openbare Beskermer ingedien is. AfriForum se Veldtogbeampte, Charné Mostert, sê die oordrag van die saak na die eenheid is 'n positiewe stap tot geregtigheid:
Die Wall Street Journal-verslaggewer, Evan Gershkovich, die gewese seesoldaat Paul Whelan, en joernalis Alsu Kurmasheva, is terug op Amerikaanse bodem. Hulle is deel van ʼn gevangene-uitruiling tussen Amerika, Rusland en vier ander lande. President Joe Biden en visepresident Kamala Harris het hulle by die Andrews-lugmagbasis in Maryland verwelkom. Sestien mense is uit Russiese aanhouding bevry terwyl Amerika, Duitsland, Noorweë, Slowenië en Pole agt Russiese gevangenes vrygelaat het. Harris sê dit was ʼn groot diplomatieke poging:
Die DA sê hy oorweeg al sy regsopsies om die beplande salarisverhogings van die Stad Johannesburg te keer. Volgens ʼn kennisgewing wat die week by die raad ingedien is, sal senior munisipale bestuurders in die stad salarisverhogings ontvang wat terugwerkend is tot Julie verlede jaar. Nicole Rahn van die DA sê die aanvanklike betaling alleen sal die belastingbetaler 1,5-miljoen-rand kos. Sy sê hierdie verhogings is ʼn aanklag teen die stad:
‘n Belasting op elektriese voertuie is van die opsies wat deur die Padfondsadministrasie ondersoek word, saam met tol-fooie op dele van sekere paaie as 'n moontlike finansieringsoplossing vir die padinfrastruktuur. Daar is kommer veral oor elektriese voertuie omdat die administrasie staatmaak op brandstofheffings. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die stigter van Electric Vehicles Namibia, Conrad Roedern, wat sê elektriese voertuie moenie nou al belas word nie.
Olimpiese Spele: Andy Murray van Brittanje se roemryke tennisloopbaan is verby nadat hy en Dan Evans in die kwarteindronde in Parys by die mans-dubbelspel uitgeskakel is. Murray, ʼn tweemalige Olimpiese enkelspelkampioen, en Evans het met 6-2, 6-4 teen die derde gekeurde Amerikaners, Taylor Fritz en Tommy Paul, verloor. Die 37-jarige Murray het tydens sy loopbaan drie Grand Slam-titels en 46 ATP-titels opgeraap. Hy het Brittanje in 2015 ook na ʼn Davisbeker-oorwinning gelei. Murray sê hy is trots op sy loopbaan:
'n Politieke ontleder, Levy Ndou, sê die ANC moet selfondersoek doen en op die party se rol in die regering van nasionale eenheid fokus. Dit volg na hy sy algehele meerderheid in Mei se verkiesing verloor het. Die ANC se nasionale uitvoerende komitee hou van Sondag tot Dinsdag 'n legotla in Boksburg. Hy sal na verwagting beleidsprogramme uiteensit wat op sy manifes se voorkeure gegrond is. Ndou het aan die SABC benadruk die ANC moet openbare vertroue terugwen deur die instelling van doeltreffende programme.
Die Suid-Afrikaanse Christenforum sê hy is bekommerd oor die toename in afknouery, dwelmgebruik en rassisme in skole. Hulle wil hê gebedsbyeenkomste en Bybelstudie moet in skole heringestel word omdat hulle glo dit kan leerlinge se gedrag en moraal verbeter. Die forum se leier, Marori Mashashane, sê gebed kweek etiese waardes, gemeensaamheid en emosionele balans wat holistiese ontwikkeling ondersteun en noodsaaklik is om kwessies in skole op te los:
Daar word verwag dat inflasie in Namibië tot 4,4 persent op 'n jaargrondslag sal daal in Julie vanaf 4,6 persent in Junie, grootliks as gevolg van laer vervoerkoste en verminderde inflasiedruk in verskeie kategorieë. Inflasierisiko's bly egter hoog as gevolg van droogtetoestande, valuta-onbestendigheid en potensiële geopolitieke spanning. Dit is volgens Helena Mboti, 'n ekonoom by FNB Namibië. Sy sê dat ten spyte van die korttermyn-daling, word verwag dat inflasie vanjaar gemiddeld 4,5 persent sal beloop en die jaar op 4,2 persent sal eindig. Voortdurende kommer oor voedselonsekerheid en hoë rentekoerse sal verbruikers onder finansiële druk hou.
Die Namibiese vee-identifikasie en naspeurbaarheid-stelsel, NamLITS, gaan van 23 tot 27 Augustus nie werk nie weens geskeduleerde instandhouding. Geen NamLITS dienste sal by kantore van die direktoraat veeartsenykunde en die Lewendehawe- en Lewendehawe Produkte-raad landswyd beskikbaar wees nie. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Simon Nghipandulwa, die landbouministerie se woordvoerder, wat meer inligting deel oor watter produkte en dienste geraak gaan word.
Vier Amerikaanse burgers is onder die 16 gevangenes wat Rusland vrygelaat het as deel van die grootste uitruil van gevangenes tussen die twee lande sedert die Koue Oorlog. Die groep sluit in die Amerikaanse veteraan Paul Whelan en Wall Street Journal-verslaggewer Evan Gershkovich. Agt Russe wat in die VSA, Noorweë, Slowenië, Pole en Duitsland aangehou is, insluitend die veroordeelde Russiese sluipmoordenaar Vadim Krasikov, is in ruil vrygelaat. President Joe Biden sê hierdie ooreenkoms is 'n oorwinning vir diplomasie:
Nuwe bestuurder, Arne Slot, moet Jürgen Klopp se groot skoene by Liverpool vol staan. Hulle is tans op ‘n voorseisoen-toer in Amerika waar hulle Premierliga-teenstanders, Arsenal, in Philadelphia met 2-1 geklop het met doele deur Mohamed Salah en Fabio Carvalho. Liverpool se laaste kragmeting is Saterdag teen Manchester United in Colombia. Volgens Slot is hierdie wedstryde dalk vriendskaplik maar die doel is steeds om te wen:
Namibië vier die aktivering van die Equiano-ondersese kabel, wat die land posisioneer om 'n streekinligting- en kommunikasietegnologie-spilpunt te word. Telecom Namibië lei die mylpaal, wat saamval met die netwerkoperateur wat ook 32 jaar van diens vier. Laat Woensdag het dit die Telecom Namibië Equiano-kabelstasie in die weste van Swakopmund ingewy. Die hoëkapasiteitkabel verbind Namibië met Europa via Portugal en met die res van Afrika, deur middel van Kaapstad en Johannesburg. Amptenare beskou die kabel as deurslaggewend vir Namibië se toekoms deur vinniger en meer betroubare kommunikasie te bevorder. Dr. Stanley Shanapinda, Telecom Namibia se uitvoerende hoof, het beklemtoon dat 'n 100G-verbinding via Equiano tussen Swakopmund en Johannesburg opeenhoping op landroetes verlig het en die vertraging na Suid-Afrika verminder het. Kosmos 94.1 Nuus het met Shanapinda gesels oor die mylpaal.
RISE Mzansi ondersteun ten volle die oproep deur die Suid-Afrikaanse Pluimveevereniging om meer items sonder BTW in die winkelmandjie te kry. Die woordvoerder van RISE Mzansi, Gugu Ndima, sê dit sluit hoender in wat volgens die vereniging deur nagenoeg 66-persent van alle Suid-Afrikaners geëet word. Ndima sê die uitbreiding van voedselitems sonder BTW sal dringende verligting vir miljoene Suid-Afrikaners bring van die sosio-ekonomiese las van stygende voedselpryse.
Namibië gaan van 20 tot 22 Augustus die Olie- en Gaskonferensie in Windhoek aanbied. Die geleentheid bring sleutelrolspelers in Namibië se olie- en gasbedryf, die burgerlike samelewing en die publiek bymekaar om menings uit te ruil oor die potensiaal, geleenthede en risiko's van die vestiging van 'n olie- en gasbedryf in die land. Jason Kasuto, voorsitter van die Ekonomiese Vereniging van Namibië, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dit gaan klopdisselboom met alle beplanning en reëlings.
Die regsverteenwoordiger van die MK-party, Dali Mpofu, sê die handelsmerk-appèl van die ANC is doodgebore. Die Hooggeregshof in Durban hoor die aansoek van die ANC aan vir verlof tot appèl teen die uitspraak in April dat die MK-party die naam en logo van sy voormalige gewapende vleuel kan gebruik. Die verhoor is ook die eerste geleentheid waar oudpresident Jacob Zuma teenwoordig is nadat hy vroeër die week uit die ANC geskop is. Mpofu het aan die hof gesê die ANC se appèl is vrugteloos.
Die jaarlikse Grünau winterskool is geskeduleer vir 14 Augustus by die Vastrap Gasteplaas, 5km vanaf Grünau op die B3 na Karasburg. Ondanks die voortslepende droogte word boere landwyd aangemoedig om dit by te woon. Die geleentheid spog met opwindende sprekers, insluitend die legendariese Dr. Joggie Briedenhann van Hartebeesloop, en beloof 'n dag vol aktiwiteite vir die hele gesin. Dolf de Wet, 'n boer van Michberg plaas naby Grünau, rig 'n hartlike uitnodiging aan almal.
Daar is nog net sowat twee uur oor voordat die algemene registrasie van kiesers ten einde loop om 7-uur. Die verkiesingskommissie herhaal dat die proses nie verleng kan word nie, en alle stemgeregtigde Namibiërs word versoek om te gaan registreer. Ongeregistreerde kiesers sal nie in die verkiesings in November kan stem nie. Verlede week was sowat 81 persent van kiesers geregistreer, volgens die kommissie. Die kommissie se hoof-verkiesingsbeampte, Peter Shaama, rig 'n laaste pleidooi.
Die regering veroordeel in 'n verklaring 'n kranslegging by die graf van 'n berugte offisier van die "Schütztruppe" in Lüderitz. Die krans is gelê deur twee Duitse afgevaardigdes wat in Namibië was om geskikte optrede vir Duitsland te identifiseer na die volksmoord teen die Ovaherero- en Nama-gemeenskappe vroeg in die Twintigste Eeu. Sven Tritschler, adjunkleier van die AfD-party se parlementêre faksie van Noordryn-Wesfale, en 'n kollega was betrokke. Tritschler het ook 'n foto van die kranslegging op X gedeel. Sabine Böhlke-Möller, uitvoerende direkteur van die Internasionale Betrekkinge-ministerie, veroordeel die daad ten sterkste.
Die Namibië Statistieke Agentskap berig dat uraan in Junie Namibië se grootste uitvoerkommoditeit was, wat 28,5 persent van die totale uitvoere uitmaak en hoofsaaklik na China en Amerika bestem was. Uraanuitvoer het in Junie met 3,7 miljard Namibiese dollar toegeneem. Uraan se prys het egter sedert die begin van die jaar met 7,20 persent gedaal, maar sal na verwagting styg. Verskeie bronne noem dat die toename in die ontginning van uraan te wyte is aan die strewe na skoon energie. Die plaaslike energiekenner Harald Schütt het egter 'n ander siening.
Die Tender Bulletin berig dat net 19 persent van die tenders wat geadverteer moes word, op die regering se webtuiste verskyn het. Die regering se e-verkrygingsportaal moet deur al die ministeries gebruik word, wat dikwels nie die geval is nie. Bykomend het van die tenders verkeerde dokumente aangeheg gehad en die Maatskaplike Sekuriteitskommisie het 'n tender geplaas op die dag van die sperdatum. Vroeër die maand het die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing 'n verslag vrygestel wat ook die verkrygingsprosesse kritiseer. Die verslag het aangedui dat verskeie ministeries nie voldoen aan die wetlike tenderproses nie. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Manuel Ngaringombe, die PDM se sekretaris-generaal, wat sê daar is baie ongerymdhede met die tenderprossese.
Krieket: ‘n Wes-Indiese uitnodigings-elftal hervat vandag hulle eerste beurt op 245 vir ses in die opwarmingswedstryd teen die Proteas, wat voorberei vir die twee toetse teen die Windies. Suid-Afrika het die loot gewen in Trinidad en Tobago en gekies om te boul. Die tuisspan se openingskolwer, Jeremy Solozano, het die beste gevaar deur 111 aan te teken terwyl die snelbouler Kagiso Rabada drie paaltjies ingeoes het. Rabada sê hy geniet dit baie om in die Karibiese Eilande te wees.
Die vakbondfederasie, Saftu, sê hy is ontsteld oor die afknouery en kritiek oor die burgerskap van die Mej. Suid-Afrika-deelnemer, Chidimma Adetshina. Sy is die middelpunt van ʼn polemiek oor haar geskiktheid om aan die kompetisie deel te neem omdat haar pa ʼn Nigeriër en haar ma ʼn Suid-Afrikaner van Mosambiekse afkoms is. Die 23-jarige skoonheid is in die Chris Hani Baragwanath Akademiese Hospitaal gebore en het in Soweto grootgeword. Saftu se woordvoerder, Trevor Shaku, sê Adetshina se burgerskap behoort nie bevraagteken te word nie.
Die Swakopmund Munisipale Raad sal van vandag af 'n algemene waardasie doen van alle belasbare eiendomme binne sy jurisdiksie. Hierdie waardasie het ten doel om regverdigheid tussen eiendomseienaars en eiendomsklasse te verseker deur eiendomswaardes vir graderingsdoeleindes op te dateer. Met sowat 19 200 geregistreerde belasbare eiendomme, is die proses bedoel om verskille in eiendomswaardes as gevolg van markveranderinge aan te spreek, nie om inkomste te verhoog nie. Die laaste waardasie is op 19 Oktober 2020 gedoen, en die nuwe aanslag sal waardes aanpas om huidige marktoestande te weerspieël. Individue word deur SBN Eiendomsbeleggings aangestel om die waardasies te doen en inwoners word gevra om hulle in hul eiendomme toe te laat. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Linda Mupupa, die Swakopmund-munisipaliteit se woordvoerder.
Die Okahandia Concerned Group sal 'n vreedsame betoging vir 7 Augustus hou om langdurige munisipale bekommernisse aan te spreek. Hulle spreek teleurstelling uit dat die burgemeester nie 'n geskeduleerde vergadering op 30 April bygewoon het nie, en dat geen verskoning of opvolg gedoen is nie. Hulle bevraagteken die huidige burgemeester se verbintenis om hul bekommernisse aan te spreek en soek 'n verduideliking vir die gebrek aan betrokkenheid. Kosmos 94.1 Nuus het met die Okahandja-aktivis Sydney Gariseb gepraat.
Die GOOD-party sê dit is duidelik die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, het nie 'n samehangende plan het om die lewens van die armes, die gemarginaliseerdes en die haweloses te verbeter nie. Die premier het gister by die opening van die provinsiale wetgewer ’n toespraak gelewer waar hy gefokus het op begrotingsbesnoeiings, werkskepping, infrastruktuur en veiligheid en sekuriteit. GOOD se sekretaris-generaal, Brett Herron, sê Winde het nie daarin geslaag om 'n padkaart met die nodige en relevante bestuursprioriteite voor te lê nie:
Die Nasionale Senior Sekondêre Sertifikaat Gewone Vlak-eksamens gaan in September met mondelinge taal-eksamens begin, en die gevorderde graad leerlinge gaan in Oktober hulle eksamens afskop. In November 2021 is eksamenvraestelle uitgelek aan die publiek. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die uitvoerende direkteur van die onderwysministerie, Sanet Steenkamp, wat meer inligting gee oor hoeveel leerlinge vir die eksamens geregistreer is.
Die opheffing van beurtkrag kan ‘n wesenlike positiewe impak op Namibië en al die ekonomieë in die streek hê. ‘n Suid-Afrikaanse energiekenner, Sampson Mamphweli, glo dat beurtkrag teen die einde van die jaar iets van die verlede kan wees. Kosmos 94.1 Nuus het die siening van die Suid-Afrikaanse ekonoom en energie-kenner Chris Yelland gekry.
Die polisie op Otjiwarongo het 'n saak van babastorting aanhangig gemaak nadat 'n pasgebore baba lewend in ‘n asdrom gevind is. Volgens die mag het 'n verbyganger die baba toegedraai in 'n kombers buite 'n huis gevind en die huiseienaars in kennis gestel, wat die polisie ontbied het. Kosmos 94.1 Nuus het met senior-inspekteur Maureen Mbeha gepraat wat sê die baba sterk goed aan.
Die uitvoerende hoof van Namibia Wildlife Resorts dr. Matthias Ngwangwama is steeds nie terug by die werk na hy op 19 Junie by ‘n staproete in Auasblick aangerand is nie. Hy is eers die volgende oggend met meswonde aangetref. Kosmos 94.1 Nuus het met die NWR-woordvoerder Nelson Ashipala gepraat.
Gedurende Junie 2024 het die land se handelsbalans op 'n tekort van 825 miljoen Namibiese dollar ingekom, 'n merkbare verbetering in vergelyking met 3,4 miljard dollar en 1,5 miljard dollar wat onderskeidelik in Mei 2024 en Junie verlede jaar aangeteken is. Dit is volgens die jongste Handelsstatistiekbulletin deur die Namibiese Statistieke-agentskap. Die skakelbeampte Mirjam Shihepo, het meer.
Die EFF sê die huidige administrasie het gewys hy het nie die vermoë om die land se dringende probleme aan te pak nie. Die party het die Presidensie se begroting in die Nasionale Raad van Provinsies verwerp wat reeds in die Nasionale Vergadering goedgekeur is. 'n Begroting van 612 miljoen Suid-Afrikaanse rand is in die huidige boekjaar aan die Presidensie toegewys. Mandisa Makesini van die EFF sê president Cyril Ramaphosa se onvermoë om behoorlik oor die ekonomie toesig te hou, stuur die land oor die afgrond:
Die premier van die Wes-Kaap Alan Winde sê watersekerheid is nie gewaarborg nie, al loop die damme van die Stad Kaapstad oor. In sy provinsiale rede het Winde beklemtoon vol damme kan 'n vals gevoel van gerustheid skep. Hy moedig inwoners aan om steeds water oordeelkundig te gebruik, en beklemtoon die onvoorspelbaarheid van reënvalpatrone weens klimaatsverandering:
Iran se ambassadeur by die Verenigde Nasies, Amir Saeid Iravani, beskuldig Amerika van die Hamas-leier Ismail Haniyeh se dood en sê Israel kon dit nie sonder Amerika se goedkeuring en intelligensie-ondersteuning uitvoer nie. Haniyeh is gister in ʼn aanval in Teheran dood. Iravani het aan die VN-Veiligheidsraad gesê Haniyeh se sluipmoord is nog ʼn voorbeeld van Israel se dekade lange patroon van terrorisme en sabotasie teen Palestyne en hulle ondersteuners:
Die polisie in KwaZulu-Natal het sekerheid opgeskerp teen enige openbare betogings nadat die voormalige president Jacob Zuma uitgeskop is uit die ANC. Die party se nasionale tugkomitee het Zuma skuldig bevind aan die skending van die party se integriteit deur saam te werk met die MK-party, en die skending van sy beeld deur MK se leier te word. Die ANC se voorsitter in KwaZulu-Natal Siboniso Duma sê Zuma het die party in die steek gelaat:
Die Britse premier sir Keir Starmer het sy regering se verbintenis aan groen-energie weer beklemtoon. Die Tories, wie hy uit die kussings gelig het, het nie groen-energie ondersteun nie.
Geteikende tol-paaie is weer in die Padfondsadministrasie se visier. Dit is omdat die administrasie nie genoeg geld het om die padinfrastruktuur ten volle te onderhou nie. Die administrasie se uitvoerende hoof, Ali Ipinge, sê die infrastruktuur is nodig vir ekonomiese groei en ontwikkeling, maar hoër brandstofbelasting en voertuiglisensies sal net korttermyn-verligting bied. Nathan Africa, die sekretaris-generaal van die Namibië Openbare Passasiervervoervereniging, NPPTA, het sy kommer oor tolroetes met Kosmos 94.1 Nuus gedeel.
Die vakverbond Cosatu in die Wes-Kaap vra die Sea Harvest-groep om gesondheid- en veiligheidstandaarde in die visbedryf te verbeter. Dit volg nadat die MVF Lepanto in Mei gesink en 11 vissers vermoedelik verdrink het. Sea Harvest het 13 dae tyd om op die federasie se eise te reageer. Malvern de Bruyn van Cosatu vra beter veiligheidsmaatreëls, insluitend voldoende toerusting, gereelde mediese ondersoeke en beter lewensomstandighede op bote:
Die Gautengse polisie sê hulle het op 300-miljoen-rand se dwelms in Fourways, noord van Johannesburg beslag gelê en 'n ontvoerde sakeman gered. Agt ontvoerders, insluitend drie Tanzaniërs, is ook gearresteer. Die sakeman is glo op vyf Julie by 'n moskee in Helderkruin, Roodepoort ontvoer. 'n Polisiewoordvoerder, Athlenda Mathe sê die man is by 'n huis in Lenasia gered:
Iran is vasbeslote om die sluipmoord op Hamas se politieke leier, Ismail Haniyeh te wreek nadat hy in Teheran dood is. Haniyeh het na die Iranse hoofstad gereis vir die inhuldiging van die land se nuwe president, Masoud Pezeshkian. Hamas en Iran het Israel die skuld gegee vir die aanval. Iran se staatshoof, Ayatollah Ali Khamenei, sê hulle sal seker maak Israel is spyt oor hul lafhartige optrede. Die Amerikaanse minister van Verdediging, Lloyd Austin glo egter 'n uitgebreide oorlog kan vermy word, ten spyte van die wraakdreigement:
Lennitch verduidelik watter items hulle benodig, soos brood, groente, droë bone en pasta, en waar hulle gekontak kan word.
Tussen 2019 en 2021 is meer as 256 486 pasiënte met geestesongesteldheid in Namibië behandel. 'n Geraamde 520 000 Namibiërs ly egter aan geestesongesteldheid, en die land se selfmoordsyfer het gestyg, met 1 542 selfmoorde aangeteken vanaf April 2020 tot Maart 2021. In reaksie hierop word 'n beroep gedoen op skenkings om die sopkombuis by die Namibiese Geestesgesondheidsvereniging te ondersteun. Elke Woensdag word gratis sop en brood aan sowat 100 buitepasiënte verskaf by die Geestesgesondheidsorgsentrum langs die Sentrale Hospitaal in Windhoek. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met 'n afgetrede verpleegster, Beth Lennich, oor hoe die inisiatief begin het.
Vrae het ontstaan oor die twee vakbonde, een vir kleinhandel en die ander vir sekuriteitswagte, wat die aktivis Michael Amushelelo gestig het, veral met sy verandering van politieke partye en die feit dat hy aansoekfooie aanvaar het. Amushelelo het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat 'n vakbond vir die verteenwoordiging van kleinhandelwerkers in Namibië gestig gaan word. Hy sê die vakbond sal nie met politieke partye geaffilieer wees nie.
Namibië het streng uitvoerbeperkings op kritieke minerale ingestel, wat jaarliks tot 1 ton per produsent toelaat vir mineraalontleding en aanleg-verwante uitvoere tot 20 000 ton beperk. Hierdie besluit, beïnvloed deur omstredenheid oor buitensporige litiumertsuitvoere deur die Chinese maatskappy Xinfeng Investments, het ten doel om plaaslike verwerking en werkskepping in die mynbousektor te bevorder. Na 'n 2022 EU-ooreenkoms en Duitsland se ondersteuning vir litium-verwerking infrastruktuur, voorspel 'n Februarie 2024 McKinsey-verslag dat Namibië se litiumraffineringsbedryf aansienlik tot die ekonomie sal bydra. Dit kan moontlik 3,1 miljard Namibiese dollar teen 2030 en 4,7 miljard dollar teen 2050 tot die ekonomie bydra, terwyl tot 8 600 werksgeleenthede sal skep. Kosmos 94.1 Nuus het met die sakeman Leake Hangala gesels oor die feit dat ons geen manier het om hierdie minerale te verwerk nie en dit jare gaan neem om fasiliteite op te rig. Wat staan die regering te doen?
Geteikende tol-fooie word deur die Padfondsadministrasie ondersoek as 'n moontlike finansieringsoplossing vir die land se padinfrastruktuur. Die administrasie se uitvoerende hoof, Ali Ipinge, sê aanpassings aan brandstofbelasting en voertuiglisensies sal net korttermyn-verligting bied. Die administrasie erken dat toenemende koste vir motoriste ongewens is, maar beklemtoon die belangrikheid van die land se padnetwerk, wat noodsaaklik is vir ekonomiese groei en ontwikkeling. Kosmos 94.1 Nuus het met Ipinge gesels, wat daarop wys dat die sektor besig is om te verander en brandstofheffings kan oor 10 jaar nie meer bestaan nie.
Action Society moedig die nuut-aangestelde voorsitter van die parlementêre portefeuljekomitee oor Polisie, Ian Cameron, aan om die uitstaande misdaadsyfers te hanteer, die seksuele oortrederslys op te dateer en iets te doen aan die DNS-agterstand. Hulle veroordeel ook die 2 miljard Suid-Afrikaanse rand wat toegeken is aan BBP-beskermingsdienste, en sê die fondse behoort heraangewend te word vir openbare veiligheid. Juanita du Preez van Action Society moedig Cameron aan om met hulle te skakel om die regstelsel te verbeter en die veiligheid van alle burgers te verseker.
TransNamib Holdings en die Internasionale Universiteit van Bestuur het 'n memorandum van ooreenkoms onderteken wat beoog om innovasie en ontwikkeling te ondersteun. Die samewerking sal die weg baan vir groei in menslike hulpbronontwikkeling, kennisdeling en navorsing, ter ondersteuning van Namibië se Nasionale Ontwikkelingsplan (NOP5) en Visie 2030. Die memorandum is daarop gemik om nuwe kurrikulums vir verdere studie vir TransNamib-werkers te ontwikkel. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Abigail Raubenheimer, TransNamib se woordvoerder, wat meer inligting verskaf.
Die Suid-Afrikaanse landbouminister, John Steenhuisen, het op Agri Oos-Kaap se jaarkongres beklemtoon dat dié sektor die stukrag kan wees vir ekonomiese groei in die Oos-Kaap. Steenhuisen sê kwessies soos beleids-onsekerheid, plaasmoorde, landelike misdaad en uitdagings met biosekuriteit moet egter dringend opgelos word sodat die sektor groei. Hy sê landbou lewer 'n beduidende bydrae tot die land se BBP en bied talle geleenthede vir groei, ontwikkeling en werkskepping.
Die omgewingsbelangegroep The Green Connection, het TotalEnergies se aankondiging verwelkom dat hy afstand gaan doen van twee aflandige olie- en gasprojekte in Suid-Afrika. 'n Filiaalmaatskappy van TotalEnergies het 'n belang van 45-persent in 'n blok aan die land se suidkus waar die Brulpadda- en Luiperd-velde ontdek is. Lisa Makuala van Green Connection sê beleggings in fossielbrandstowwe wat klimaatsverandering veroorsaak, behoort in die verlede want daar is genoeg reserwes vir 'n oorgang na volhoubare energie.
Dr. Esperance Luvindao, in vennootskap met OSAAT Africa Health Foundation en MENGA Healthcare Technology, sal MENGA op 1 Augustus onthul. MENGA is 'n digitale gesondheidsoplossing wat deur Luvindao uitgevind is en is al die afgelope paar jaar in die werke. Dit het ten doel om pasiënte regdeur Afrika se semi-landelike gebiede te help om toegang tot voorgeskrewe medikasie te verkry sonder om lang afstande te reis. Pasiënte sal ook nie uit eie sak gesondheidskoste hoef aan te gaan deur na dokters te reis en medisyne te kry nie. Luvindao gee meer inligting.
Die Ohlthaver & List Group het die suksesvolle verkryging van die oorblywende 49,9 persent van aandele in Broll Namibia aangekondig. Die aandeel is voorheen deur die Broll Property Group gehou. Hierdie transaksie, effektief vanaf 1 Julie, is 'n belangrike mylpaal in die groep se bereiking van sy Visie 2029. Kosmos 94.1 Nuus het oor die transaksie gesels met Sven Thieme, die voorsitter en uitvoerende hoof van die Ohlthaver en List-groep.
Reaksie word ontvang op die aanmerking deur verdedigingsminister Frans Kapofi wat dit duidelik gemaak het aan oorlogsveterane dat Heldedag altyd deel sal vorm van die Namibiese kalender en dat Heldedag afgestorwenes herdenk en nie lewendes nie. Dit kom na ‘n vergadering met die veterane waar hulle eis enige begroting wat die Heldedag toegeken is aan hulle en die sogenaamde "struggle kids" oorbetaal moet word. Oud-eerste minister Nahas Angula, ook die voormalige lynminister, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Die Affirmative Repositioning Movement, AR, het die naweek 'n byeenkoms gehou om verskeie kwessies en planne te bespreek voor die Nasionale Vergadering en presidensiële verkiesing later verjaar. Dit kom nadat die beweging die publiek op X genooi het om fondse tot hul veldtog by te dra. Kosmos 94.1 Nuus het met AR-aktivis George Kambala gesels oor wat bespreek is en die pad vorentoe.
Krieket: Die Proteas begin vandag met hul opwarmingswedstryd teen 'n uitnodigings-elftal van die Wes-Indiese Eilande in Trinidad en Tobago voor die reeks van twee toetse. Die Windies het pas van hul toetsreeks in Engeland teruggekeer, terwyl die meeste van die Suid-Afrikaanse spelers die afgelope ses maande nie toetskrieket gespeel het nie. Die snelbouler Kagiso Rabada beskryf dit as 'n belangrike opwarmingswedstryd.
Die Hooggeregshof in Bloemfontein het 'n lasbrief uitgereik vir die inhegtenisneming van beskuldigde nommer vier in die Thabo Bester-tronkontsnappingsaak. Die voorverhoor is vandag hervat, na 'n vorige uitstel om van die beskuldigdes toe te laat om nuwe regsverteenwoordiging te kry. Die adjunkregterpresident, Cagney Musi, sê die verhoor is geskeduleer vir 10 Februarie volgende jaar en sal tot die einde van die termyn voorduur.
Die Erongo-polisie se dwelmvondse is gereeld in die nuus, veral met hulle ondersoeke en beslagleggings aan die kus. Baie van die operasies is intelligensie gedrewe, met ook lede van die mag wat in gewone klere werk. In die jongste geval is amper 2,3 kilogram skunk-dagga in 'n dwelmhuis in Tutaleni, Walvisbaai gevind ter waarde van 114 250 Namibiese dollar. Twee Namibiërs is in hegtenis geneem. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met hoofinspekteur Ileni Shapumba van die Erongo-polisie, wat sê hulle het reageer op kommer van die publiek.
Die omgewingskommissaris Timoteus Mufeti sê die sandmyn-aktiwiteite in die Swakop-rivier naby Okahandja het die nodige klarings. Dit kom na ‘n petisie wat in April vanjaar ingedien is deur inwoners in en om die rivier wat aantygings van oortredings gemaak het. ‘n Span is uitgestuur en Mufeti sê hulle het ondersoek ingestel. Hy sê daar is aktiwiteite wat nie toegelaat is nie en die maatskappy is daarvan ingelig maar, die ondersoek duur steeds voort.
Die president van die Suid-Afrikaanse Reserwebank, Lesetja Kganyago sê die feit dat Suid-Afrika op die gryslys van die Finansiële Aksietaakspan is, hou steeds 'n gevaar in vir die land se ekonomiese vooruitsig en finansiële bestendigheid. Suid-Afrika is 'n jaar gelede op die gryslys geplaas weens die regering se mislukking om internasionale standaarde en regulasies teen geldwassery en terrorisme-befondsing af te dwing. Kganyago sê die regering het in 'n groot mate agt van die 22 aksie items wat die taakmag geïdentifiseer het aangespreek:
Die registrasie van kiesers sluit môre af. Tot dusver is 1,3 miljoen uit die amper 1,7 miljoen stemgeregtigdes geregistreer vir die verkiesings in November. Die woordvoerder van die Namibiese Verkiesingskommissie, De Wet Siluka, doen ‘n beroep op lede van die publiek om te registreer.
Namfisa het 'n omvattende padkaart vir die Agri-Indeks Versekeringprogram aan die finansminister, Ipumbu Shiimi, voorgelê. Volgens The Brief skets die strategiese plan die regulatoriese raamwerk en bedryfsriglyne vir die innoverende versekeringsproduk wat daarop gemik is om landbourisiko's te versag. Die Agri-Index Versekering-program is gerig op kleinskaalse boere, veral in landelike en kommunale gebiede en het ten doel om 'n veiligheidsnet vir boere teen verskeie landbourisiko's te bied, wat die veerkragtigheid van die landbousektor verbeter. Kosmos 94.1 nuus het met die Minister van Landbou Calle Schlettwein gesels.
Die algemene jaarvergadering van die Gun Owners’ Association of Namibia, bekend as GOAN, word op 15 Augustus by die Old Wheelers-klub in Windhoek gehou. Die vereniging doen ‘n beroep op lede om individue te nomineer om op die GOAN-bestuurskomitee vir ’n termyn van twee jaar te dien. Dit is van kritieke belang om die momentum te behou om die regte van alle wapeneienaars te beskerm – veral wanneer hul bestaan daarvan afhang. GOAN-voorsitter, Theo Senekal...
Die Kameelperdbewaringstigting het die Namibiese Kameelperdopname 2024 geloods. Die stigting doen nou ‘n peiling om kameelperdgetalle en verspreiding in Namibië beter te bepaal en vra die publiek se hulp. Die inligting is van kardinale belang vir bewaringspogings en die implementering van geteikende strategieë. Kosmos 94.1 Nuus het met die stigting se direkteur Julian Fennessy, gepraat.
Die arbeidsonrus by die Nida-dadelprojek naby Naute is onder beheer na onlangse protesaksies vir beter voordele en salarisse. Die werknemers het ‘n verhoging van 5,4 persent aanvaar. Maar, volgens die LPM se raadslid vir die Keetmanshoop landelike kiesafdeling, Willem Labuschagne, is dit nie tot voordeel van almal nie want hulle is al jare, sommige vir 20 jaar, deeltydse of seisoenale werkers.
Die Suid-Afrikaanse energiekenner, Sampson Mamphweli, glo die regering kan teen November of Desember vanjaar aankondig beurtkrag is iets van die verlede. Mamphweli sê die vooruitsig vir die beskikbaarheid van energie is positief, met vier maande sonder beurtkrag, ‘n beskikbaarheidsfaktor van energie van meer as 60-persent en minder ineenstortings. Hy is vol vertroue Eskom kan tot die begin van die somer volhou met energievoorsiening:
Elektriese voertuie raak al hoe meer gewild in Namibië met lewenskostes wat daagliks styg. Die regering werk ook aan infrasktruktuur om die nuwe tegnologie alledaags te maak. Jens Denk van Electric Vehicles Namibia, sê die aankoop van ‘n elektriese voertuig sal onvermydelik raak.
Die minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Parks Tau sê Suid-Afrika en die VSA het ingestem om die bilaterale handels- en beleggingsraamwerkooreenkoms te laat herleef. Dit sal bykomend wees tot die Wet op Groei en Geleenthede in Afrika, wat volgende jaar verval. Tau sê hy vertrou Suid-Afrika loop nie die risiko om uitgesluit te word van AGOA nie. Dit stel sekere Afrikalande vry van belasting op uitvoere na die VSA:
Springbok-afrigter Rassie Erasmus sê hulle gaan ʼn nuwe aanslag hê vir die uitdaging wanneer hulle Australië volgende naweek in Brisbane takel. Met Erasmus aan die stuur, kon die Bokke die Wallabies nog net een keer in Australië klop. Die groep reis vandag na die land waar die Wêreldbeker in 2027 gehou word om so gou moontlik by die klimaat aan te pas. Erasmus sê hulle wil deeglik voorberei wees teen die tyd dat die toetswedstryde begin:
Die Basiese Inkomste-toelaag-koalise sal op 26 Augustus, op Heldedag, 'n nasionale protes teen armoede hou regoor die land. Petisies sal by die nodige owerhede in elke plek oorhandig word en die behoeftes van die gemeenskap sal so uiteen gesit word. Quinzy Garises, hoof van regsake by die Economic and Social Justice Trust, het meer.
Die landbou-organisasie TLU SA sê hy is bekommerd oor die toenemende aantal aansoeke om myne op landbougrond te begin. Bennie van Zyl van die organisasie sê die situasie vereis onmiddellike aandag van die regering. Hy sê TLU SA bly verbind tot die bewaring van landbougrond en die beskerming van gemeenskappe teen die nadelige uitwerking van onbeheerde mynbedrywighede:
Agra sê sy veilings vorder uitsonderlik op die oomblik, veral wanneer die huidige uitdagings in landbou in ag geneem word. Volgens Herman Lindveldt, die sentrale streeksbestuurder is die getalle van die diere wat aangebied word goed, en die qualiteit net so, wat spreek van die veerkragtigheid van Namibië se boere.
Die Rugby-kampioenskap skop volgende Saterdag af met Australië wat Suid-Afrika verwelkom in Brisbane, en Nieu-Seeland wat die gasheer is vir Argentinië in Wellington. Die Wallabies het 'n nuwe afrigter, Joe Schmidt, wat 'n perfekte rekord het na drie wedstryde. Twee oorwinnings oor Wallis is gevolg deur nog een teen Georgië. Maar Schmidt sê om met die Springbokke mee te ding, sal 'n heel nuwe uitdaging wees:
AfriForum het sy jaarlikse stortingsterrein-ouditverslag vrygestel wat ‘n landwye krisis blootlê, aangesien net 14,3-persent van die 189 terreine wat geoudit is, voldoen aan die standaarde van afvalbestuur. Die organisasie se raadgewer van Omgewingsake, Marais de Vaal, sê daar is toenemende agteruitgang in toestande op stortingsterreine. Hy vra dringende optrede deur munisipaliteite en stel vennootskappe voor met die privaat sektor om die afvalbestuur-mislukkings teen te werk:
Die Popular Democratic Movement sê hy is bekommerd oor die oorgangstydperk van administrasies, wat drie maande is nadat die verkiesing voltooi is. Die party-leierskap, gelei deur sy president McHenry Venaani, was vandag by Staatshuis vir 'n raadplegende vergadering met president Nangolo Mbumba oor tersaaklike sake wat die land in die gesig staar.
Dit is weer Saterdag tyd vir die Brandberg Backyard Ultra, die derde keer wat dit op Uis aangebied word en die top-agt deelnemers sal outomaties kwalifiseer vir die 15-persoonspan wat in die Backyard Ultra Wêreldkampioenskap sal deelneem vir Namibië op Swakopmund in Oktober. Riana Scholtz van Namibia Ultra Trail wat die byeenkoms reël het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.
Jou viervoetige of gevlerkte baba is mos die mooiste nê? Bewys dit! Die Dierebeskermingsvereniging nooi die publiek uit om in te skryf vir die 2025 ‘Cutest of the Pack’ DBV-kalender se foto-kompetisie wat op 19 Augustus sluit. Lede van die publiek word versoek om 'n foto van hul troeteldier in te stuur vir 'n kans om as Diertjie van die Jaar 2025 benoem te word, saam met die top-12 wenners wat in die kalender vertoon word. Hanna Rhodin, die DBV-direkteur het met Kosmos 94.1 Nuus gesels...
Die ministerie van myne en energie het die brandstofprys onveranderd vir Augustus gehou. ‘n Ekonoom by die ministerie Stella-Maris Amadhila, sê daar was onder andere, oorverhalings, wat die besluit aangedryf het.
Die voormalige sekretaris-generaal van die Namibiese Werkgewersvereniging Tim Parkhouse, sê berigte oor toenemende hitte en die impak op werkers en die ekonomie is nie te versmaai nie. Die VN se sekretaris-generaal, António Guterres, sê uiterste hitte moet aangespreek word. Meer as 70 persent van die wêreld se arbeidsmag kan aan uiterste hitte blootgestel word. Parkhouse verduidelik die impak.
Die beleggings en bevorderingsraad hou voet by stuk dat sy plan vir ‘n sogenaamde ‘goue visum’ goed is. Die raad voer aan dat permanente verblyf gegun moet word aan welgestelde buitelanders wat grond koop en in die land wil aftree. Die raad gaan gebuk onder kritiek oor sy standpunt en Titus Shivute, die raad se woordvoerder, het dit aan Kosmos 94.1 Nuus verduidelik.
Reaksie word ontvang op die ongeveer 2 miljard Namibiese dollar wat jaarliks op PLAN-oorlogsveterane bestee word. Die groep kry die beste maatskaplike beskerming in die land met 2 200 Namibiese dollar maandeliks, sowel as begrafnisvoordele van 26 000 dollar, hervestigingsvoordele, behuising en meer. Daar is ook ‘n toelaag vir die stigting van besighede. Kosmos 94.1 Nuus het met Henk Mudge die Republikeinse Party-president gepraat wat sê die belastingbetalers behoort nie die las te dra nie.
Die Zambezi-goewerneur Lawrence Sampofu sê daar is geen verligting in verband met veediefstal in sy streek nie. Die misdaad het die media in 2022 en 2023 gehaal maar, daar word nie meer daaroor berig nie. Sampofu sê daar is steeds reuse-uitdagings.
Die gru-aanval op kinders tydens ‘n danklans in Southport in Engeland is steeds in die nuus. ‘n Jong man, 17 jaar oud, is gearresteer na hy die perseel bestorm het en die kinders met ‘n mes begin steek het. Twee is dood verklaar op die toneel met nege wat ernstig beseer is. Die Britse minister van binnelandse sake Yvette Cooper, het die toneel besoek.
Die Amerikaners het Maandagmiddag digitaal met Afrikalande gesels oor die Agoa-ooreenkoms. Talle lande Namibië ingesluit, trek groot voordeel uit die ooreenkoms en landbou veral voer talle produkte daaronder uit na die VSA. Die huidige ooreenkoms sluit volgende jaar en lande werk hard om deel te wees van die nuwe een. Constance Hamilton die assistent van die VSA handelsverteenwoordiger vir die Amerikaanse Afrika-kantoor sê mense- en werkersregte gaan van kritieke belang in die nuwe Agoa-ooreenkoms wees.
Die burgerlike organisasie, Save South Africa, doen ʼn beroep op president Cyril Ramaphosa om ʼn noodtoestand oor misdaad af te kondig. Die land se moordsyfer het die laaste kwartaal van 2023 met 2 persent gestyg tot byna 8 000 mense. Seksuele oortredings het effens afgeneem. Die organisasie se woordvoerder, Tebogo Mashilompane, sê die land is in misdadigers se hande en die enigste strategiese manier om dit te pak, is deur ʼn noodtoestand af te kondig:
Daar is patrollie teen die grens met Angola in die Ohangwena-streek gehou. Die inspekteur-generaal van die Namibiese polisie, Joseph Shikongo, het self besoek afgelê in die Ohangwena-streek. Die streeksgoewerneur en oud polisiehoof Sebastian Ndeitunga sê die uitstappie was uiters belangrik omdat daar baie misdaad in die gebied plaasvind.
Die minister van Elektrisiteit en Energie Kgosientsho Ramokgopa het voortgesette samewerking bevestig met SALGA en munisipaliteite om 'n robuuste elektrisiteitsprysplan te ontwikkel. Ramokgopa het Suid-Afrikaners verseker van sy toewyding aan die vind van 'n oplossing vir die stygende koste van elektrisiteit. Hy beklemtoon die belangrikheid van samewerking met Nersa om verbruikers te beskerm, onder wie armes en gemarginaliseerdes, terwyl bekostigbaarheid en mededingendheid behou word:
Terwyl 81 persent van alle stemgeregtigdes reeds op 27 Julie geregistreer het, is daar neigings van streke waar kiesers meer apaties is. In die Noorde het sommige streke rondom 90 persent behaal maar in Khomas, die mees digbevolkte streek, het net 76 persent tot dusver geregistreer met Omaheke op 74 persent en Hardap op 72 persent. Kosmos het aangeklop by die Afrika-kenner professor Nixon Kariithi vir sy mening oor die neigings.
Die Namibiese Mededingingskommissie kyk na die instel van maatreëls om marktoestande te verbeter na die afhandeling van 'n ondersoek na die motorbedryf. Dit kom nadat die kommissie sy ondersoek na die motorbedryf teen verskeie vervaardigers van oorspronklike toerusting vervaardigers, bekend in Engels as OEMs, voertuighandelaars en paneelkloppers afgehandel het wat in September 2018 begin het. Kosmos 94.1 Nuus het met Dina Gowases, woordvoerder by die kommissie, gepraat.
Die omgewingsministerie is tans besig met ‘n bestuursplan vir Daan Viljoen Nasionale Park sowel as Gross Barmen. Verskeie vergaderings word gehou met rolspelers en belanghebbendes. Daar is gerugte wat die rondes doen dat die park dalk uitgesit sal word as hervesitigingsplaas maar, die uitvoerende direkteur in die ministerie Teofilus Nghitila sê dit is onwaar. Hy verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus.
Die DA bly daartoe verbind om voorspraak te maak vir ekonomiese beleid wat die lewenskoste sal vergemaklik. Dit verwelkom die steun van die Suid-Afrikaanse Pluimveevereniging om BTW van 15-persent op hoender af te skaf. Die party herbevestig sy voortgesette verbintenis om ekonomiese groei te bevorder, asook werkskepping en om toegang tot noodsaaklikhede te verseker sonder onnodige finansiële druk. Woordvoerder Willie Aucamp sê hierdie stap sal die finansiële las verlig vir lae-inkomste huishoudings:
Tot dusver weier oudpresident Donald Trump om debat te voer teen die amper-Demokratiese kandidaat Kamala Harris. Hy word herhaaldelik deur die media daaroor uitgevra en het in sy jongste onderhoud met Fox News so geantwoord.
Reaksie word ontvang op die aankondiging deur die Amerikaanse ambassade dat hy 90 miljoen Namibiese dollar aan die regering skenk vir droogtehulp. Die fondse is bestem vir humanitêre bystand met 1,8 miljoen dollar wat deur Unicef benut sal word om gemeenskappe in dringende nood te identifiseer. Kunene-boer en UDF-LP, Dudu Murorua sê elke bietjie help maar dit moet reg aangewend word.
Infinity Medical Concierge is 'n innoverende, tegnologies-gedrewe oplossing wat met jou saamwerk om jou gesondheid soos 'n waardevolle bate te bestuur. Dit is is die eerste diens van hierdie soort op die Afrika-vasteland. Dis is 'n innoverende stelsel wat mediese sorg in die vooruitsig gestel, waarin 'n pasiënt se gesondheidsrisiko's vroeg en proaktief bestuur kan word. Die diens word nou in Namibië bekend gestel. Antony Seeff, die hoof operasionele beampte het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.
Die vakbondfederasie, Saftu, veroordeel adjunkpresident Paul Mashatile se opmerking dat die Suid-Afrikaanse Lugdiens aan die privaat sektor verkoop word. Hy het in ʼn onderhoud gesê die regering is nie in die lugvaartbedryf nie, daarom is dit dalk beter om privaat spelers aan boord te bring om die SAL weer winsgewend te maak. Saftu-woordvoerder, Trevor Shaku, sê Mashatile se opmerkings is roekeloos en klink soos iemand wat hom ten koste van die publiek in die privaat sektor gewild wil maak:
Die Ferrari-renjaer Carlos Sainz gaan volgende jaar by Williams aansluit nadat hy 'n twee jaar kontrak met die dié Formule Een-span gesluit het. Die Spanjaard sal by Williams se Alex Albon aansluit en sal by Ferrari vervang word deur die sewemalige wêreldkampioen Lewis Hamilton. Die Williams-baas, James Vowles, beskryf Sainz se ondertekening as 'n sterk verklaring van voorneme. Sainz sê hy is vol vertroue Williams is op die regte plek om sy Formule 1-reis voort te sit:
ʼn Sewentienjarige seun is gearresteer op aanklagte van moord en poging tot moord ná ʼn dodelike aanval in Southport, Engeland. Twee kinders is dood en nege beseer in ʼn mesaanval by ʼn dansklas. Hoofkonstabel Serena Kennedy sê die aanval word in hierdie stadium nie as ʼn terreurdaad beskou nie en hulle soek geen ander verdagtes nie:
Die politieke ontleder Ongama Mtimka raai voormalige president Jacob Zuma aan om sy uitsetting uit die ANC te aanvaar. Die party se nasionale tugkomitee het hom skuldig bevind aan wanoptrede. Zuma, wat 'n veldtog gevoer het teen die ANC met die MK-party, het 21 dae om te appelleer. Mtimka moedig Zuma aan om nie appèl aan te teken nie:
SA Rugby se president, Mark Alexander, sê hulle tree proaktief op om die Springbok-sewes te ondersteun en te verbeter vir verdere Olimpiese pogings. Die Blitsbokke het Australië met 26-19 afgeransel om die bronsmedalje te wen by die Spele in Parys. Alexander sê die span was buiteperde, maar het veerkragtigheid en veggees getoon:
Die nasionale sensus-uitslae is reeds in Maart vanjaar bekend gemaak maar, daar is data en inligting wat ontbreek. Jeugwerkloosheidsyfers, byvoorbeeld, is nog nie bekend nie en word verwag. Kosmos 94.1 Nuus het aangeklop by die Namibiese Statistieke-agentskap se statistikus-generaal, Alex Shimuafeni...
Sogenaamde ‘deepfakes’ hou 'n groeiende bedreiging vir die samelewing in, met hul potensiaal vir wydverspreide misbruik in die verspreiding van fopnuus, laster, bedrog en selfs manipulasie van verkiesings. Namate die tegnologie al hoe meer gesofistikeerd en toeganklik word, is dit noodsaaklik om robuuste opsporingsmetodes en etiese riglyne te ontwikkel. Die kommunikasieregulerende owerheid, Cran, se bestuurder van kuberveiligheid, Cornelia Shipindo het meer.
Die sportministerie sê die Oshakati Independence-stadion sal onmiddellik sluit. Die sluiting is genoodsaak as gevolg van die rehabilitasie van die veld en die komende 2024 Nasionale Jeugspele, wat geskeduleer is om in Oshakati, vanaf 11 tot 15 September plaas te vind. Die Oshakati-burgemeester Leonard Hango sê die opknappings werk moes lankal gedoen gewees het.
Die moord van ‘n 32-jarige vrou, wat vyf maande swanger was, deur haar vriend, die pa van haar peuter en haar ongebore baba, het skokgolwe deur die Oshikoto-streek gestuur. Die polisie sê die 27-jarige man, wat vandag in die Tsumeb-hof sal verskyn is ’n herhaalde oortreder en is voorheen vir aanranding in hegtenis geneem nadat hy sy meisie, asook sy ma en broer met ‘n mes gesteek het. Sy ma het 'n saak teen hom geopen wat sy later teruggetrek het. Hy is tans uit op borg vir nog 'n saak van aanranding met die volgende hofdatum vasgestel vir 17 Oktober. Die direkteur van die Regshulpsentrum Toni Hancox het haar reaksie so verwoord.
Meer inligting is bekend oor Namcor wat sê hy kyk na opsies om geleidelik sy belang binne olie- en gasvennootskappe van die huidige 10 persent te verhoog. Terwyl dit baie groter winste vir die maatskappy kan besorg is daar ook risiko’s veral omdat die kostes van eksplorasie uiters duur is sonder enige waarborg van opbrengste. Namcor-woordvoerder Paulo Coelho het meer.
Die 11de Mynwese-expo sal op 7 en 8 Augustus by die Windhoek Skougronde plaasvind. Op die oomblik is die wêreld se aandag op Namibië gevestig en eksplorasie en mynwese self, geniet ongekende beleggings. Die expo sal fokus op die ontginning van die geleenthede. Die uitvoerende hoof van die Kamer van Mynwese, Veston Malangu, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.
Die swem-ster Tatjana Smith het Suid-Afrika se eerste goue medalje in Parys gewen. Sy was eerste in die 100 meter borsslag vir vroue, gevolg deur China se QT Tang met silwer en Ierland se Mona McSharry wat die brons verower het. Intussen het Alan Hatherly die bronsmedalje in die bergfietsry vir mans gewen. Hy is die eerste Suid-Afrikaner wat 'n medalje in die sport wen sedert die land se terugkeer in 1992, ná internasionale isolasie. Smith sê sy het geswem vir almal wat in haar glo:
Die Suid-Afrikaanse rand het effe versterk teenoor die Amerikaanse dollar verlede week veral na die jongste inflasiesyfers uit die VSA getoon het dat die Federale Reserwebank teen September rentekoerse sal sny. Volgens dr. Roelof Botha van die Optimum-groep beteken dit dat dit onvermydelik sal wees dat Suid-Afrika ook teen September ‘n daling in die repokoers sal sien. Hy verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus.
Manchester City het stadig afgeskop op hulle voorseisoentoer in Amerika. Die kampioene van die Engelse Premierliga het verloor teen Celtic en AC Milan, met die bestuurder Pep Guardiola wat talle spelers van die akademie ingesluit het om diepte te bou en sleutelspelers te laat rus. Die ster-doelskieter Erling Haaland is egter beskikbaar. Die 24-jarige het kans gekry om te rus terwyl Noorweë nie aan die Europese Kampioenskap deelgeneem het nie. Haaland sê hy is gereed vir die seisoen wat kom:
Unam-studente op die fasiliteit se hoofkampus ervaar vertragings in die vrystelling van hulle punte. Hierdie kwessie raak veral studente in die rekeningkundige skool, wat voel hulle in die duister gelaat oor hul akademiese vordering. Blykbaar was dosent wat verantwoordelik was daarvoor op deernis verlof na ‘n familie-sterfte. Universiteitswoordvoerder, Simon Namesho.
Die Stad Kaapstad sê Transnet moet privaat sektor betrokkenheid by hawebedrywighede bespoedig, asook die ontwikkeling en onderhoud van 'n vloeibare grootmaat-opgaarterminaal by die Tafelbaaise hawe. Die burgemeesterskomiteelid vir Ekonomiese Groei, James Vos, sê die hawe se prestasie raak 'n verskeidenheid van kritiese produkte - van landbougoedere tot hoë-waarde uitvoere soos wyn en seekos:
Die 12-jarige Alejandro Cooper wat jong Lukas in Philippe Talavera se rolprent 'Lukas' speel, is genomineer as Jongste Afrika-akteur by die 2024 Sotigui-toekennings in Burkina Faso. Dit is die eerste keer dat 'n Namibiese akteur in hierdie kategorie benoem word, en hy is ook vanjaar se enigste Namibiese benoeming. Kosmos 94.1 Nuus het met Talavera gesels.
Namibië het in 2023 begin met die bou van Afrika se eerste koolstofvrye ysteraanleg, wat uitsluitlik deur groen waterstof aangedryf sal word. Die Oshivela-projek in die weste van land word gesteun deur die Duitse federale regering, wat 13 miljoen euro belê het en hernubare energie sal gebruik om 15 000 ton sogenaamde groen-yster per jaar op te wek sonder koolstofvrystellings. Kosmos 94.1 News het met James Mnyupe, die groenwaterstofkommissaris, gepraat.
’n Vergadering het tussen die Lewendehawe Produsente-organisasie, Meatco en kundiges in die voerkraalbedryf plaasgevind. Dit is gereël om die onlangse en onverwagse prysverlagings en drastiese penalisering op grond van gewig, vetheid en bouvorm van Meatco te bespreek. Meatco het onderneem om die klagtes en voorstelle te bespreek en terugvoer te gee. Die plaaslike landboukenner Wallie Roux het sy mening in die verband so verwoord.
Mahongora Kavihuha, die sekretaris-generaal van die Namibiese vakbondkongres Tucna, het gereageer op die dood van die 59-jarige Matheus Utumune die naweek toe hy van ‘n watertoring in Otjiwarongo geval het. Hy was deel van ‘n span wat ‘n lekkasie reggemaak het en het volgens ooggetuies geen harnas gedra nie. Kavihuha sê die man se werkgewer is aanspreeklik. Hy verduidelik.
Cosatu het president Cyril Ramaphosa se ondertekening van twee wette op maatskappye verwelkom. Die vakbondfederasie se waarnemende woordvoerder, Matthew Parks, sê hulle loof die regering vir die dapper, pro-werker, teen-korrupsie wette. Parks sê die wette is kragtige wapens in die stryd teen korrupsie in die korporatiewe sektor, en sal die privaatsektor en staatsondernemings in die rigting van 'n meer gelyke en regverdige loonstruktuur stuur:
Reaksie word ontvang op die bevindings van die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing dat ten spyte van die Wet op Openbare Verkryging wat van regeringskantore vereis om hul jaarplanne in te dien en te publiseer, moet verskeie entiteite nog hul verkrygingsplanne indien. Dit terwyl die huidige boekjaar al vier maande oud is. Hulle sluit in die ministeries van Binnelandse Sake, Internasionale Betrekkinge en Verdediging. Politieke ontleder dr. Marius Kudumo het sy mening so gelig.
Die EFF-leier Julius Malema sê die land se nuwe leierskap is 'n koalisie van die ANC en die DA, wat hom as 'n regering van nasionale eenheid voordoen. Hy voer aan Suid-Afrika kan nie verenig word deur mense wat staatsondernemings wil privatiseer nie. Malema beskuldig die regering daarvan dat hy op die privaatsektor en markte staatmaak om ongelykheid, chroniese werkloosheid en armoede op te los:
Die Amerikaners hou om drie-uur vanmiddag ‘n digitale perskonferensie in verband met die Agoa-ooreenkoms met verskeie Afrika-lande, ook Namibië. Talle lande Namibië ingesluit, trek groot voordeel uit die ooreenkoms. Landbou veral voer talle produkte daaronder uit na die VSA. Kosmos 94.1 Nuus het met professor Jannie Rossouw van die Wits Sakeskool gesels.
Die Amerikaners sê daar is groot kommer oor die uitslae van die Venezuela-verkiesing en dit wil voorkom asof sanksies teen die land, en ook sy olie, nie binnekort gelig sal word nie. Nicolás Maduro, is as weer as president herkies ondanks beweerde verkiesingsonreëlmatighede. Die Nasionale Verkiesingsraad sê met 80 persent van die stemme getel, het Madura meer as 51 persent gekry. Die Amerikaanse minister van buitelandse sake Antony Blinken sê hulle hou die situasie fyn dop.
Vermeende stroper Derick Brockerhoff en sy makker Markus Rooinasie sal môre in die Windhoek-landdroshof na hulle in April borg geweier na hulle met 'n koedoe en gemsbok karkas oos van Windhoek gevang is. Brockerhoff blyk om ‘n reeksstroper te wees en Kosmos 94.1 Nuus is in besit van 24 klagtes, waaronder dwelmhandel ook, teen hom. Hennie Brisley die voorsitter van die Windhoek-streekslandbou-unie het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat met 'n opdatering van die jongste. Die saak sou in die streekhof voorgekom het met alle sake bygevoeg, maar vir nou verskyn hy eers weer in die laerhof.
Terwyl spanning in die Midde-Ooste blyk om geen impak op die olieprys, wat normaalweg uiters kriewelrig is, te hê nie. Na die naweek se Hezbollah-Israel spanning na ‘n aanval in die Golanhoogte is Brent steeds onder 81 Amerikaanse dollar ‘n vat en het inteendeel met meer as 5 persent in die afgelope week gedaal. Die bekende beleggingsekonoom Dawie Klopper sê daar is afwaarste druk op die kommoditeit.
Die direkteur van bosbou, Johnson Ndokosho, het onlangs houtskool-produsente streng gewaarsku dat boom-oes permitte nie hernu sal word vir plase wat oeskwotas oorskrei nie. Sowat 110 plase in die Otjozondjupa- en Kunene-streke is vroeër vanjaar besoek, waarna 'n verbod op produksie in Mei ingestel is. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Michael Degé, die bestuurder van die Namibië Houtskoolvereniging, wat sê meeste van die produsente het hulle permitte teruggekry.
Die Africa Transformation-beweging sê die ontdekking van die vermeende onwettige militêre opleidingskamp in Witrivier, Mpumalanga, is maar een voorbeeld van verskeie onwettige bedrywighede wat in Suid-Afrika aan die gang is. Die nasionale woordvoerder van beweging, Zama Ntshona, sê onlangse berigte het reeds kommer laat ontstaan oor die land se moontlike betrokkenheid by die finansiering van terroristegroepe. Hy voeg by sommige mense en groepe wat spaza-winkels bedryf, is glo ondersteuners van die groepe op 'n globale skaal:
Beide Kamala Harris en Donald Trump het Sondag gerus en toegelaat dat veldtogte namens hulle deur ondersteuners gevoer word. Die uiters liberale Bernie Sanders, wat eintlik onafhanklik is en nie ‘n Demokraat is nie, het namens Harris skare in Portland toegespreek.
Namibië lok beleggings vanuit talle lande maar, die vloei is oorheersend in ‘n paar sektore wat mynbou, kleinhandel, bankwese, en nou olie, oorheers. Meer is nodig. Plaaslike ekonoom Gabriel Erastus sê nuwe markte, veral die in die vasteland, moet ondersoek en oopgemaak word.
Die Lughawensmaatskappy van Suid-Afrika sê hy het die aanloopbaanligte en lugverkeersnavigasiedienste herstel na Sondagaand se kragonderbreking op die Kaapstadse Internasionale Lughawe. Vlugte kon nie opstyg of land nie terwyl ander na ander lughawens herlei is terwyl tegnici aan die probleem gewerk het. Ernest Mulibana van ACSA sê die kragtoevoer is in die vroeë oggendure herstel en 11 vliegtuie kon sedertdien land:
Aanmerkings deur Kavango Oos se gesondheidsdirekteur, Idah Mendai, lok reaksie uit. Die streek sê daar is ‘n kommerwekkende toename in wanvoedinggevalle wat vanjaar in die streek aangeteken is, wat tot dusver 14 000 mense raak en 15 sterftes veroorsaak het. Sy sê tienerswangerskappe dra by tot die hoë voorkoms van wanvoeding. Tieners kraam en los hulle kinders by hulle oumas wat sukkel met voedsame kos. Renaani Musutua, die woordvoerder van die BIG-koalisie van Namibië sê die probleem is veel meer kompleks as net dit.
Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, vra ʼn dringende, gesamentlike poging om internasionale samewerking te bevorder om uiterste hitte aan te spreek. Meer as 70-persent van die wêreld se werksmag kan aan uiterste hitte blootgestel word. Guterres sê dit beïnvloed ekonomieë, vererger ongelykheid, ondermyn die Volhoubare Ontwikkelingsdoelwitte en veroorsaak mense se dood:
Die Wes-Kaapse LUR vir Landbou, Ivan Meyer, het die maatreëls wat in die Staatskoerant aangekondig is verwelkom om die verspreiding van bek-en-klouseer deur die beweging van diere te verhoed. Dit volg na die uitbreking van bek-en-klouseer in Humansdorp in die Oos-Kaap. Meyer sê geen gespletehoef-diere mag ván, ná, of binne die Siektebestuursgebied van die Oos-Kaap verskuif word nie, behalwe met 'n permit van 'n staatsveearts:
Die Media-ombudsman het die 2024 Presidensiële en Nasionale Vergadering-verkiesings-mediamoniteringsprojek aangekondig. Die projek is daarop gemik om verskeie media-instellings gedurende die tydperk voor die verkiesing te monitor. Die veteraan joernalis Gwen Lister sê die publiek verstaan nie altyd die uitdagings wat die media ervaar tydens verkiesingsjare nie.
Amerika se minister van Buitelandse Sake, Antony Blinken, sê alles dui daarop dat die Libanese militante groep, Hezbollah, die vuurpyl afgevuur het wat ʼn sokkerveld in die Golan-hoogte getref het. Twaalf mense, insluitend kinders, is in die aanval dood. Hezbollah ontken dat hy betrokke was by die ergste aanval in Israel of Israeli-beheerde gebied sedert Hamas se aanvalle op sewe Oktober. Blinken sê Amerika staan agter Israel teen alle dreigemente deur Iran-ondersteunde groepe, insluitend Hezbollah:
Die Padvragvereniging neem kennis van die korporatiewe lening aan Transnet van 18,85 miljard Suid-Afrikaanse rand van die Afrika Ontwikkelingsbank. Die uitvoerende hoof van die vereniging, Gavin Kelly, sê hoewel dit 'n stap in die regte rigting is, moet noukeurige bestuur van die toegewysde fondse, aanspreeklikheid, fiskale beheer en werklike verbetering van Transnet se bedrywighede, streng gemonitor word:
Stad Windhoek soek na klein sakeondernemings wat herwinbare afval in kommersiële produkte kan omskep. Dit kom deur sy EU-befondsde projek vir afval bestuur. Die tyd is min en besighede moet teen 31 Julie aansoek soen. Woordvoerder Celie Kapolo het meer.
Die oud-minister van gesondheid, dr. Bernard Haufiku het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor die toenemende berigte van kindersterftes as gevolg van wanvoeding. Al hoe meer streke meld sterftes of hospitalisering in die verband aan. Hy sê daar is verskeie redes hiervoor en voeg by, gemeenskappe beweeg weg van gesonde, tradisionele voedsel wat altyd tradisioneel geëet is.
Cirrus het sy ekonomiese halfjaaroorsig vooruitsigte vir 2024 vrygestel. Volgens die verslag sal Namibië se bruto binnelandse produkgroeivoorspelling vir die huidige na 3,4 persent, af van 4,9 persent in Januarie voorspel, gedaal. Daar is egter bemoedigende vroeë tekens van 'n breër gebaseerde ekonomiese herstel. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Robert McGregor van Cirrus.
Die MK-party sê dis skandelik dat ʼn dokument van die ANC se nasionale tugkomitee waarin Zuma uit die party geskors word, uitgelek het. Die komitee het Zuma skuldig bevind dat hy die ANC se grondwet oortree het en aanbeveel dat hy geskors word. Die oudpresident is verlede week virtueel verhoor met die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, as hoofgetuie. Die MK-party se woordvoerder, Nhlamulo Ndhlela, het aan die SABC gesê hulle het nog geen amptelike kommunikasie van die ANC ontvang nie:
Die sewemalige wêreldkampioen, Lewis Hamilton, het die Belgiese Grand Prix opgeraap nadat sy Mercedes-spanmaat, George Russell, gediskwalifiseer is. Russell was die wenner ná ʼn eenstop-strategie waar hy met harde bande op sy renmotor die geruite vlag gehaal en Hamilton met ʼn halwe sekonde geklop het. Daar is egter ná die wedren bevind sy voertuig was ondergewig. Hamilton sê hy is tevrede met die motor se werkverrigting:
Die Regstellende Herposisionering-beweging se leier Job Amupanda het lelike aantygings gemaak toe hy 'n beroep op die publiek vir finansiële bydraes gedoen het. Hy sê die beweging ontvang geen geld van gedefinieerde institusionele of goed gevestigde bronne nie, anders as bestaande politieke partye wat fondse van die parlement, die Chinese, Londen of deur korrupsie ontvang. Die Londen-aanmerking is gemik op die IPC al is die sogenaamde Britse brief as vals bevestig. Die IPC se nasionale voorsitter Brian Black het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Namibiese rugbylegende Jacques Burger het die Welwitschias voorspoed toegewens vir hulle derde plek wedstryd wat oor ‘n uur in Kampala, Uganda tene Kenia by die Rugby Afrika-beker afskop. Dit is die eerste keer in 12 jaar wat Namibië of Kenia nie in die eindstryd is nie.
Die goewerneur van die Erongo-streek Neville Andre het die streekspolisie geloof vir hulle sukses met dwelms. Daar was twee reuse-dwelmfondse ter waarde van amper 190 000 Namibiese dollar gevolg deur nog twee van meer as 40 000 dollar. Die streek sukkel met dwelmhandel en werk uiters goed met die gemeenskap om die misdaad aan te spreek. Andre het lof vir die polisie uitgespreek en die gemeenskap gevra om verder saam te werk.
Daar was weer lekker rugby aksie die naweek in die NRU Premierliga. Kudus het 25-21 teen Grootfontein geseëvier met Reho Falcon wat Dolphin 47-15 kafgedraf het. Rehoboth het met ‘n eindtelling van 43-28 oortuigend die wedstryd teen Western Suburbs gewen met Wanderers wat ‘n eintelling van 18-15 oor United behaal het. Wanderers-afrigter Dirk Human sê hulle is tevrede met die wen maar...
Die Media-ombudsman het die 2024 Presidensiële en Nasionale Vergadering-verkiesings-mediamoniteringsprojek aangekondig. Alhoewel die projek in Mei van stapel gestuur is, het verskeie voorstelle van die media af gekom om die projek te verbeter, vandaar die tweede aankondiging. Die projek is daarop gemik om verskeie media-instellings gedurende die tydperk voor die verkiesing te monitor. Dr. John Nakuta, die media-ombudsman, sê op sosiale media kan net plasings wat gekoppel is aan ‘n media-huis gemonitor word.
Senzo Mchunu, minister van polisie, sê die eienaars van militêre opleidingskampe naby Witrivier in Mpumalanga, waar 95 Libiese burgers in hegtenis geneem is, het aansoekregulasies oortree. Mchunu het 'n nuuskonferensie toegespreek oor die onlangse ontdekking van die vermeende opleidingsbasis in Masoyi. Hy sê die Libiërs sal binnekort gedeporteer word, maar nie voordat ondersoeke afgehandel is nie:
Die buurland se minister van Binnelandse Sake, Leon Schreiber, sê sy departement beplan om die oppergesag van die reg in die land te herstel na die arrestasie van 95 Libiërs by 'n onwettige militêre opleidingsbasis in Witriver, Mpumalanga. Die woordvoerder van die departement, Siya Qosa, sê na 'n groot gesamentlike operasie van Binnelandse Sake, die polisie en ander wetstoepassingsowerhede, is die departement gereed om toe te sien dat enigiemand wat die immigrasiewette oortree, in die hof vervolg word.
Die DA vra die minister van Minerale en Petroleumhulpbronne Gwede Mantashe om om dringend aandag te gee aan bewerings oor PetroSA se 21 miljard Suid-Afrikaanse rand aflandige gaskontrak. Die party is bekommerd oor die staatsonderneming se verkryging en bestuur na aansprake die kontrak is toegeken aan 'n gelikwideerde maatskappy, Equator Holdings. James Lorimer van die DA eis deursigtigheid en aanspreeklikheid en vra die vervanging van die leierskap van PetroSA as die bewerings waar is:
Die Namibiese Hartstigting sal op 3 Augustus 'n fondsinsamelingsgeleentheid aanbied. Die geleentheid sal 'n vasvra-aand wees wat deur die Chappies.com Vasvra-program aangebied word. Die geleentheid sal bygewoon word deur Amore Bekker, 'n bekende Suid-Afrikaanse radio-persoonlikheid. Bekker het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.
Olimpiese Spele: Die buurland se Departement van Sport, Kuns en Kultuur het die deelname van, wat hy beskryf as die volksmoordstaat van Israel, in Parys veroordeel. Die adjunkminister, Peace Mabe, sê hulle beskou Israel se deelname as totaal onmenslik, en 'n aanduiding van die geringskatting van die lewensverlies van duisende Palestyne weens Israel se oorlog, met verontagsaming van die regte van vroue, kinders, mans, bejaardes en sieklike mense:
Cosatu sê hy steun die uitbreiding van Suid-Afrika se lidmaatskap en die skep van 'n nuwe Agoa as 'n hupstoot vir die ontwikkeling van Afrika se ekonomie en werkskepping. Dit volg nadat die forum afgesluit is in Washington D.C. Die woordvoerder Zanele Sabela loof die handelsminister se pogings, met Agoa wat die Suid-Afrikaanse mynbedryf, en die vervaardiging- en landbousektore bevoordeel en 450 000 werkgeleenthede ondersteun.
Reaksie word ontvang op die Stampriet Aquifer Uranium Mining Association, Sauma, wat glad nie oortuig is dat in-situ-loging van uraan in die akwifer by Stampriet veilig is nie. Twee Sauma-lede het die Dalur-myn verlede jaar besoek en sê hulle vrae is nie voldoende beantwoord nie en vrese is nie aangespreek nie. Kosmos 94.1 Nuus het met Headspring Investment se kommunikasie konsultant, Riaan van Rooyen oor die kwessie gesels.
Die tussentydse afrigter van die Suid-Afrikaanse sewes, Philip Snyman, sê die span is slaggereed vir die halfeindstryd vandag teen Frankryk in die Stade de France. Snyman wys op die inspirasie van die Wêreldbeker-oorwinning van die Springbokke op dieselfde veld. Sleutelspelers soos Cheslin Kolbe, Kwagga Smith en Kurt-Lee Arendse sal die span na verwagting motiveer. Snyman benadruk die noodsaaklikheid van waagmoed, vasberadenheid en kliniese verdediging:
Die Nasionale Kommissaris van Polisie, Fannie Masemola, beloof ‘n deeglike ondersoek na moontlike onwettige militêre opleiding nadat 95 Libiërs op ‘n plaas by Witrivier in Mpumalanga in hegtenis geneem is. Die plaas is na berig word ‘n sekerheidsopleidingsterrein en word ondersoek vir moontlik ongemagtigde militêre aktiwiteite. Die woordvoerder van die polisie, Athlenda Mathe, sê die polisie werk saam met Binnelandse Sake om visumbesonderhede te hersien en die bedrywighede op die plaas deeglik te ondersoek:
Action Society verwelkom die besluit van die Departement van Korrektiewe Dinste om die parool te hersien van die voormalige polisie-offisier Marius van der Westhuizen, wat in 2006 sy drie kinders vermoor het in Brackenfell, Kaapstad. Hy het net 13 jaar van sy vonnis van 24-jaar uitgedien. Van der Westhuizen se saak is nou onder hersiening na 'n verslag van die paroolraad. Kaylynn Palm van Action Society hoop die hersiening sal op die regte besluit uitloop:
Van familie-gevegte tot dronk polisielede en bendegeweld, die Copps 94.1-span het ‘n besige Vrydagaand in die hoofstad gehad. Oudergewoonte was Francois Lottering aan diens en hy doen verslag.
Twee organisasies het saamgespan om die Kennissentrum vir Organiese Landbou en Landbou-ekologie in Suidelike Afrika-projek te implementeer. Die projek, deur die Namibië Natuurstigting en die Namibiese Organiese Vereniging, het ten doel om die aanneem van organiese boerderypraktyke in Suider-Afrika op te skaal. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Vera Corry, die projekbestuur-ondersteuningsbeampte van die Namibië Natuurstigting Volhoubare Landbou-program.
Die Toesigkomitee van Openbare Werke en Infrastruktuur in die buurland beloof ‘n praktiese benadering tot die herbou van die Parlement. Die voorsitter, Carol Phiri, het na ‘n besigtiging van die verwoeste Nasionale Vergadering gesê die herbouprojek, wat vanjaar begin het, is op koers en moet teen Mei 2026 afgehandel wees. Sy het beklemtoon die projek moet by die neergelegde tydsraamwerk hou:
Volgens plaaslike media is lede van die Wisdom Youth Organisation ongelukkig oor hul afdanking by 'n plaas wat volgens hulle deur die landbouministerie aan hulle toegestaan is in 2015. Die plaas naby Otavi was bedoel om werksgeleenthede aan die jeug te bied onder toesig van Freddy Haixwa, die organisasie se stigter. Haixwa het egter die plaas aan Beijing Hi-Technology Energy Investment, wat deur Chinese burgers besit word, verhuur op 'n 30-jaar huurkontrak. Die LPM het soos beloof vandag opgeruk na die grond maar kon nie toegang kry nie. ‘n Petisie is deur Utaara Mootu van die party oorhandig.
Die polisie in Mpumalanga het 95 Libiese burgers vir ondervraging in hegtenis geneem nadat hulle by ‘n vermoedelik militêre kamp in Witrivier aangetref is. Hulle het na bewering wanvoorstellings op hulle visumaansoeke gedoen en aangedui hulle kom na Suid-Afrika vir opleiding as sekerheidswagte. Die polisie ondersoek ook die moontlike bande met ander misdadige optrede. Die LUR vir Gemeenskapsveiligheid, Sekerheid en Skakeling, Jackie Macie, bevestig die Libiërs is sedert April in die land en word tans deur owerhede ondersoek:
Die wewenaar van die ontslape oud-minister Katrina Hanse-Himarwa, Ghenno, het vandag gesê hy sal seker maak sy vrou se reputasie word herstel. Sy is in 2019 skuldig bevind aan korrupsie-klagtes in verband met behuising-begunstigdes in Mariental. Hy het met die media gepraat op Mariental waar ‘n straat vandag na Katrina vernoem is.
Die regsman van Headspring Investment, die Namibiese filiaal van die Russiese reus Uranium One, Charles Visser, het sy kritiek teenoor die nuwe Waterwet uitgespreek. Die wet is einde Augustus verlede jaar geïmplementeer. Op die oomblik weier die lynminister Calle Schlettwein die Russe ‘n waterpermit wat hulle uraan-eksplorasie in en om Leonardville kniehalter. Visser sê daar is groot regulerende uitdagings met die wet.
Krieket Namibië het vanoggend aangekondig dat FNB sy vennoot is in die nuwe krieket-stadion, wat teen ‘n koste van 73 miljoen Namibiese dollar langs die Hage Geingob-stadion in die hoofstad gebou word. Die bank, wat jare lank sport in die land ondersteun, word ook ‘n geassosieerde vennoot van die Richelieu Eagles. Krieket Namibië se uitvoerende hoof, Johan Muller.
Die Franse minister van sport, Amélie Oudéa-Castéra sê sy veroordeel die vandale wat verantwoordelik is vir die brandstigtingsaanvalle op hoëspoed-spoorroetes in en om Parys net voor die amptelike opening van die Olimpiese Spele. Seinbokse is beskadig wat roetes ontwrig het.
ActionSA het die bedanking van die voormalige minister van Sport, Kuns en Kultuur, Zizi Kodwa, as parlementslid verwelkom. Hy staar korrupsie-aanklagte in die gesig te midde van bewerings oor bedrog met kontrakte tydens sy termyn as ANC-woordvoerder tussen April 2015 en Februarie 2016. ActionSA se koukusleier in die Parlement, Athol Trollip, sê dit is ondenkbaar dat 'n LP vir 'n korrupsie-oortreding in die hof verskyn en dit probeer balanseer deur in die Parlement te dien en die land se wette te help maak:
Die Namibiese Statistieke-agentskap het aangekondig dat die 2025/2026 Namibië Huishoudelike Inkomste- en Uitgawes-opname van 17 Maart 2025 tot 17 Maart 2026 in 12 streke uitgevoer sal word. Die agentskap sal ook van 30 September tot 18 Oktober vanjaar 'n loodsopname begin, met steekproewe by huishoudings in agt streke. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Iipumbu Sakaria, die agentskap se woordvoerder, oor die doel van die loodsopname.
Die DA sê smokkelgoedere in tronke ondermyn rehabilitasiepogings van gevangenes en stel die veiligheid van die land se gevangenisse in gevaar. Amptenare van die Departement van Korrektiewe Dienste en die polisie het Woensdagaand 'n klopjag op die Johannesburgse Korrektiewe Sentrum, ook bekend as Sun City uitgevoer. Dwelms, alkohol, messe, selfone en WiFi-roeteerders was sommige van die items wat opgespoor is. Janho Engelbrecht van die DA sê pogings moet verskerp word om soortgelyke klopjagte by al die korrektiewe geriewe uit te voer:
ActionSA doen ʼn beroep op die Departement van Binnelandse Sake om die landsgrense beter te bewaak om onwettige immigrasie te beheer en te bekamp. Suid-Afrika het 72 grensbeheerpunte waarvan 53 op landsgrense is, elf by internasionale lughawens en agt by hawens. Lerato Ngobeni van ActionSA sê die insmokkel van dwelms en onwettige goedere noodsaak die dringende versterking van grense en immigrasiebeheer:
Die Standard Bank Biomassa-skou 2024 word van 8 tot 10 Augustus in Otjiwarongo by die Sekelbos/TOPS-terrein op die pad na die Otjiwarongo kleinhoewes gehou. Dit is die ideale omgewing om bosbiomassaprodukte en -tegnologie ten toon te stel, en velddemonstrasies te gee. Netwerksessies sal ook op 8 Augustus aangebied word. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Jullian Nakanyala, die skou se kennisbestuur- en kommunikasiebeampte, wat die belangrikheid van die geleentheid onderstreep.
Swakara kry ‘n beurt by die openingseremonie van die Olimpiese Spele vanaand in Parys. Namibië se twee vlagdraers, fietsryers Vera Looser en Alex Miller sal vanaand ekslusiewe en spesiaal ontwerpte Swakara-uitrustings dra. Jaco van Zyl, bestuurder by Swakara het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.
’n Vergadering het vandeesweek tussen die Lewendehawe Produsente-organisasie, Meatco en kundiges in die voerkraalbedryf plaasgevind. Dit is gereël om die onlangse en onverwagse prysverlagings en drastiese penalisering op grond van gewig, vetheid en bouvorm van Meatco te bespreek. Yanna Smith het meer.
Die veterinêre kordonheining, of rooilyn, in die noorde van Namibië is 'n omstrede onderwerp. Landboukundiges meen beesvleis moet ook noord van die lyn verwerk kan word, maar daar is nie vordering nie. Kosmos 94.1 Nuus is besig met 'n reeks om uit te vind wat politieke partye se mening is oor verskeie kwessies, insluitend die rooilyn. Die onafhanklike presidensiële kandidaat Ally Angula lug haar mening oor die kwessie.
Die Ovaherero Tradisionele Owerheid en die Ovaherero-gemeenskap wag steeds vir die minister van Stedelike en Landelike Ontwikkeling, Erastus Uutoni, om te besluit oor wie as die Ovaherero-opperhoof erken moet word. Professor Mutjinde Katjiua en dr. Hoze Riruako maak albei aanspraak op die posisie. Kosmos 94.1 Nuus het by Uutoni gaan uitvind oor wanneer hy sy besluit sal neem.
Die minister van Openbare Werke en Infrastruktuur, Dean Macpherson, sê hy het die Ontwikkelingsbank van Suidelike Afrika opdrag gegee om tweeweekliks verslag te doen oor vordering met bouwerk aan die Parlement se Nasionale Vergadering-gebou. Die minister het gister ʼn oorsigbesoek aan die parlementêre perseel gebring waar opruim- en herbouwerk voortgaan ná ʼn brand in 2022. Sowat 2 miljard Suid-Afrikaanse rand is vir die projek beskikbaar gestel. Macpherson sê hy wil seker maak die kontrakteurs van hierdie belangrike projek bly binne die begroting en tydsraamwerk:
Die Olimpiese Spele begin vanaand en Parys en sport is op almal se lippe. So ook by die Wêreldgesondheidsorganisasie wat sport as uiters belangrik ag vir algehele gesondheid. Die WGO-hoof, dr, Tedros Adhanom Gebreyesus het die Parys-beraad op Sport en Volhoubare Ontwikkeling toegespreek.
Die Nasionale Vereniging van Skoolbeheerliggame in die buurland vra vir opbouende dialoog oor die uitwerking van rassisme op skole. Dit volg na bewerings van rassisme teen 12 leerders van die Pretoria High School for Girls wat dissiplinêr verhoor gaan word. Die sekretaris-generaal, Matakanye Matakanye, sê ouers moet hulle kinders opvoed...
Saftu eis 'n spoedige verhoor en tronkstraf vir twee voormalige bestuurders van Transnet en hulle medebeskuldigdes vir bedrog met die nutsmaatskappy se begroting vir Covid-19. Hulle het na bewering die prys van asemtoetsers verhoog van 29-sent tot 29-Suid-Afrikaanse rand en 99-sent, wat Transnet byna 34 miljoen rand gekos het. Die woordvoerder van die vakverbond Trevor Shaku eis lang vonnisse om korrupsie te keer:
Die Copernicus-klimaatdiens sê Maandag het ‘n nuwe rekordtemperatuur van 17,16°C aangeteken, warmer as die rekord wat op Sondag op 17,09°C gestel is. Die sekretaris-generaal van die VN, Antonio Guterres sê uiterse hitte-toestande is die nuwe normaal.
Die Springbok-sewes is deur na die halfeindronde in Parys nadat hulle Nieu-Seeland, die 2020 Spele in Tokio se finaliste, met 14-7 verslaan het. Die Blitsbokke was in die eerste helfte voor met 14-nul, danksy kaptein Selvyn Davids en Tristan Leyds se drieë. Nieu-Seeland het net voor rustyd en in die tweede helfte teruggeveg, maar die Bokke se verdediging was te goed. Suid-Afrika kom môre in die halfeindronde teen Frankryk te staan. Afrigter Philip Snyman het sy span se prestasie geloof:
Die Namibië Inkomste-agentskap, NamRA, is besig met pogings om belastingontduiking in die visserye-bedryf hok te slaan. Fooie wat direkteure en ander lede ontvang word dikwels nie verklaar nie, en dus nie belas nie. Die agentskap het reeds administratiewe dagvaardings uitgereik, wat gelei het tot die invordering van 20 miljoen Namibiese dollar van 14 vismaatskappye, met behulp van banke en ander partye. Steven Ndorokaze, NamRA se hoof van strategiese kommunikasie, sê dié gesamentlike poging sluit finansiële ondersoeke in wat kan lei tot strafregtelike vervolging en batebeslaglegging kragtens die Wet op die Voorkoming van Georganiseerde Misdaad.
Amerika se visepresident Kamala Harris sê sy sal nie stilbly oor die swaarkry in Gaza te midde van die Israel-Hamas-oorlog nie. Sy het die Israelse eerste minister Benjamin Netanyahu by die Withuis ontmoet en kommer uitgespreek oor die humanitêre situasie in Gaza. President Joe Biden het die eerste minister vroeër ontmoet. Harris het Netanyahu aangemoedig om die skietstilstand wat tans op die tafel is, te aanvaar:
President Cyril Ramaphosa het diepe medelye en simpatie uitgespreek na die onlangse grondstortings in Gofa in die suid-weste van Ethiopië, wat minstens 250 lewens geëis het. Die presidensiële woordvoerder Vincent Magwenya sê Ramaphosa het solidariteit uitgespreek met die mense van Ethiopië en families in rou, en het verwys na die sterk geskiedkundige betrekkinge tussen Suid-Afrika en Ethiopië wat terugdateer na die stryd teen apartheid:
Die nuutste AMT-weervoorspelling is vrygestel. Weerkenner Johan van den Berg sê dat die koue nog geniepsig gaan wees tot begin Augustus. Hy gee ook meer inligting oor die La Nina weerverskynsel wat verwag word.
Nog reaksie word ontvang op die nuus dat die O&L-groep, wat handel dryf as Pick n Pay Namibia, sy franchise-ooreenkoms met Pick n Pay Suid-Afrika teen 30 Junie 2025 beëindig. Die groep sê hulle sal tot dan daarop fokus om ontwrigting van werknemers, kliënte en sakevennote te minimaliseer. Kosmos 94.1 Nuus het met die arbeidskenner Herbert Jauch gesels, wat sê dat hy bekommerd is oor die huidige werkers se posisies.
Die Suid-Afrikaanse Departement van Korrektiewe Dienste gaan die paroolplasing van Marius van der Westhuizen hersien, wat aanvanklik geskeduleer is vir Woensdag. Van der Westhuizen is 'n voormalige Kaapstadse polisiebeampte en het 17 jaar gelede sy drie kinders vermoor. Hy is verlede maand parool toegestaan. Die departement het besluit om die korrektiewe toesig en die paroolraad se verslag te bestudeer, wat gelei het tot die hersiening daarvan. Singabakho Nxumalo van die departement sê die optrede is in die belang van geregtigheid:
Cosatu verwelkom die bedanking van die korrupsie-beskuldigde voormalige minister van Sport, Zizi Kodwa, as lid van die parlement. Die vakbondfederasie het voorheen die ANC gekritiseer vir Kodwa se ontplooiing, en gesê dit bots met die party se opsystaan-beleid. Woordvoerder Zanele Sabela sê Kodwa se bedanking stuur 'n sterk boodskap oor aanspreeklikheid. Sy vra ander partye om die voorbeeld te volg en hulle verteenwoordigers aanspreeklik te hou.
Die aantal geregistreerde kiesers het die een miljoen-kerf verbygesteek, met die jongste statistieke wat wys dat 1 153 916 verkiesbare burgers teen 20 Julie geregistreer het. In agt uit die 14 streke het 70 persent van stemgeregtigde kiesers geregistreer. Met ses dae oor, gaan die Verkiesingskommissie van Namibië voort om hom vir 'n hoë registrasieopkoms te beywer, deur te verseker dat die registrasieproses so doeltreffend en toeganklik as moontlik is. Die kommissie het registrasiepunte by Nust, Unam en die Internasionale Universiteit van Bestuur opgestel vir studente wat terug is op kampus om te registreer. Dorothea Nangolo, die president van die Namibië Nasionale Studente-organisasie, Nanso, pleit by studente om in groot getalle te registreer.
Die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing se Namibië Kwartaallikse Ekonomiese Oorsig verklaar dat internasionale aankomste by die Hosea Kutako Internasionale Lughawe besig is om tot pre-pandemievlakke te herstel. Volgens die verslag was streekaankomste steeds ver onder dié van 2019. Dit kan wees as gevolg van die meer beperkte streekvlug-beskikbaarheid ná die likwidasie van Air Namibia in 2020. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Dan Kamati, die woordvoerder van die Namibië Lughawensmaatskappy, wat uitbrei.
Die LUR vir Kultuursake in die Wes-Kaap, Ricardo Mackenzie, is vol vertroue die drie Suid-Afrikaanse terreine uit die Middel-Steentydperk in die provinsie en KwaZulu-Natal sal Wêrelderfenis-status ontvang, Die benoemings sluit in Nelson Mandela-erfenisgebiede ingevolge die Ontluiking van Moderne Menslike Gedrag en Vrymaking en Versoening van Menseregte. Hy het aan die SABC gesê die insluiting by die 46ste Wêrelderfenis-komitee sal toerisme bevoordeel.
Die Azanian People's Organisation doen 'n beroep op almal wat regstreeks of onregstreeks op onwettige wyse voordeel getrek het uit die VBS Mutual Bank om die geld aan die bank se kliënte terug te betaal. Die veroordeelde voormalige voorsitter, Tshifhiwa Matodzi, het die ANC, die EFF en die SAKP by die plundering van die bank betrek. AZAPO se woordvoerder, Jabu Rakwena, sê hulle moet aanspreeklikheid aanvaar en die geld as etiese leiers terugbetaal.
Olimpiese Spele: Die swemmer Tatjana Smith, wat Suid-Afrika se goue vrou op die vorige Spele in Tokio was, sê sy is reg om in Parys mee te ding. Span Suid-Afrika kon slegs drie medaljes in Japan opraap en twee daarvan was Smith s’n. Sy het goud gewen in die 200 meter-borsslag en silwer in die 100 meter-borsslag. Die 27-jarige swemmer sê sy hoop om weer Olimpiese sukses te behaal.
Motorwedren-entoesiaste wat uitgesien het na die langbaan-renne komende naweek, sal hul opwinding bietjie nin toom moet hou. Die geleentheid moes noodgedwonge afgestel word. Die Vier-by-vier Vasbyt en die Go Karts, wat vir die eerste keer in agt jaar in Windhoek gehou word, vind wel nog op 10 Augustus by die Tony Rust-baan plaas. Kosmos 94.1 se Francois Lottering gee meer inligting.
Die nuus dat die regering gaan appelleer teen die hoërhof se beslissing dat die sogenaamde sodomie-wet ongrondwetlik is, is nie goed ontvang in die LGBT-gemeenskap nie. Daar word gevrees dat geweld teen LGBT-Namibiërs weer sal toeneem, soos gebeur het na die sogenaamde Jerry-wetsontwerpe deur die parlement goedgekeur is. Die sosiale aktivis Linda Baumann sê dat die LGBT-gemeenskap se lewens nou in gevaar is.
Ten spyte van die Wet op Openbare Verkryging wat van regeringskantore vereis om hul jaarplanne in te dien en te publiseer, moet verskeie entiteite nog hul verkrygingsplanne indien. Dit terwyl die huidige boekjaar al vier maande oud is. Hulle sluit in die ministeries van Binnelandse Sake, Internasionale Betrekkinge en Verdediging. Dit is aan die lig gebring deur navorser Frederico Links tydens die bekendstelling van die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing se deursigtigheids-nakomingskontrole-verslag.
Ten spyte van die Wet op Openbare Verkryging wat van regeringskantore vereis om hul jaarplanne in te dien en te publiseer, moet verskeie entiteite nog hul verkrygingsplanne indien. Dit terwyl die huidige boekjaar al vier maande oud is. Hulle sluit in die ministeries van Binnelandse Sake, Internasionale Betrekkinge en Verdediging. Dit is aan die lig gebring deur navorser Frederico Links tydens die bekendstelling van die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing se deursigtigheids-nakomingskontrole-verslag.
Die teistering van plaaslike inwoners langs die Botswana-Namibië-grens in die Zambezi-streek kan vreedsame naasbestaan belemmer, volgens Peya Mushelenga, minister van internasionale betrekkinge. Hy het tydens 'n opvolgbesoek saam met sy Botswana-eweknie, Lemogang Kwape, aan die Zambezi-streeksraad by Katima Mulilo gepraat. Hy sê Zambezi se grensgemeenskappe is oor die jare aan teistering en moorde deur die Botswana-weermag onderwerp. Mushelenga en Kwape sal 'n gesamentlike besoek aan die Chobe-distriksraad onderneem, waar hulle geskeduleer is om 'n gesamentlike ooreenkoms tussen die twee rade te onderteken. Die ooreenkoms sal fokus op plaaslike ekonomiese ontwikkeling, omgewings- en afvalbestuur, gedeelde rivierhulpbronne, kultuur en sport. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Sinvula Mudabeti, die leier van die Namibian Lives Matter-beweging, wat sê dit is hoog tyd dat iets gedoen word, maar hy hoop dit is nie net 'n verkiesingstaktiek nie.
Interpol sê hy ondersteun die globale netwerk teen georganiseerde misdaad tussen volke. Die misdade sluit in terrorisme, mensehandel, kubermisdaad en dwelmsmokkelary. Interpol se sekretaris-generaal, Jürgen Stock, is tans op ʼn amptelike besoek aan Suid-Afrika. Hy het gister mobiele toestelle aan Interpol Suid-Afrika oorhandig om die Suid-Afrikaanse Polisiediens se vermoëns te versterk om byvoorbeeld oorgrens-misdade te bekamp. Stock het aan die SABC gesê dis belangrik om inligting te deel en sodoende georganiseerde misdaadgroepe te stuit.
Auasweg in Windhoek sal gerehabiliteer en verbreed word van 'n enkel- na dubbelbaan, vanaf die Sean McBride-kruising tot by die Mandume Ndemufayo-kruising. Die pad is al lank 'n bron van kommer weens swaar verkeer en opeenhopings. Die opgradering sal ook 'n nuwe taxistaanplek insluit. Tydens die sooispit-seremonie het adjunk-eerste minister en vervoer-minister, John Mutorwa, 'n beroep gedoen op effektiewe samewerking om vinnig broodnodige dienste aan die publiek te lewer. Die 140 miljoen Namibiese dollar-projek sal na verwagting binne 16 maande voltooi wees. Die uitvoerende hoof van die Padfondsadministrasie, Ali Ipinge, sê die projek word ten volle deur die regering, deur middel van die administrasie befonds.
AfriForum sê die Departement van Water en Sanitasie se planne vir watersekerheid en sanitasie-dienslewering sal nutteloos wees as werkbare planne om munisipale verspreidingsnetwerke op te gradeer, nie ingesluit word nie. Die departement het landwyd tans 14 groot infrastruktuurprojekte van meer as 100-miljard Suid-Afrikaanse rand aan die gang. AfriForum se woordvoerder, Marais de Waal, sê die departement se huidige plan bied nie oplossings vir die watervoorsieningskrisis nie:
Die Stad Windhoek en die Internasionale Universiteit van Bestuur het 'n memorandum van verstandhouding geteken om verskeie stedelike uitdagings aan te spreek. Die Stad se uitvoerende hoof, Moses Matyayi, het 'n paar statistieke oor die stad gegee. Volgens Matyayi het Windhoek net sowat 80 000 belastingbetalers wat die bestuur van die Stad onderhou. Matayi sê ook dat hulle statistieke oor die totale aantal inwoners effens verskil van die statistieke van die Namibië Statistieke-agentskap.
Greenpeace Africa loof die Wet op Klimaatsverandering as 'n belangrike stap nader aan skoon ekonomieë. President Cyril Ramaphosa het die wet bekragtig, wat 'n nasionale reaksie daarstel vir versagting en aanpassing. Die voorspraakmaker vir die Klimaat en Energie Siyabonga Myeza het aan die SABC die wet se rol uitgelig in Suid-Afrika se klimaatsleierskap, vir 'n regverdige, deursigtige en billike oorgang op die vasteland:
Die regering het vroeg in Junie aangekondig dat Namibië en Angola in Julie ‘n ooreenkoms rakende die ontwikkeling van die 881-megawatt Baynes hidroëlektriese aanleg in die benede-Kunenerivier. Beide regerings sal bydra tot die eenheid se begroting. Die dam sal krag opwek vir beide lande. Vandag het die kabinet die implementeringsooreenkoms goedgekeur. Modestus Amutse, die adjunk-inligtingsminister het die aankondiging gemaak.
Die Namibië Statistieke-agentskap het die Namibië Inkomste- en Uitgawe-opname vir die 2025/2026-boekjaar aangekondig. Die omvattende opname is belangrik vir die berekening van armoede-aanwysers op beide huishoudelike en individuele vlak. Die agentskap se adjunk statistikus-generaal, Ottilie Mwazi, het die proses wat inwoners kan verwag uiteengesit.
‘n Amerikaanse belegger en sakekenner Neal Taparia sê die sogenaamde gig-ekonomie ‘n realiteit is en reeds onder jongmense voorkom. 'n Gig-ekonomie is 'n stelsel waarin tydelike poste algemeen voorkom en organisasies onafhanklike werkers aanstel vir korttermynverpligtinge, dus die gebruik van die woord ‘gig’. Taparia sê werkswaardes het verander en terwyl dit nie opsigself ‘n slegte ding is nie, bly jongmense te kort by maatskappy wat hulle later kan inhaal.
Olie- en gaseksplorasie in die land lei tot groot opgewondenheid oor die ekonomiese potensiaal daarvan en wat dit vir die ekonomie kan beteken. Baie Namibiërs is steeds bekommerd oor moontlike korrupsie wat die voordele kan minimaliseer. Op 'n onlangse webinaar deur die Ontginningsbedrywe Deursigtigheidsinisiatief het Gilbert Makore, een van die liggaam se streeksdirekteure, die regering versoek om aansoek te doen vir lidmaatskap om korrupsie in die oliebedryf te voorkom.
Wat as apatie onder die jeug beskou word het ’n bekommernis geword, met die jonger geslag wat klaarblyklik nie in politiek belangstel of om te stem nie. Die jeug maak sowat 60 persent van Namibië se bevolking uit, wat hulle aansienlike mag by die stembus gee, maar tog gebruik hulle dit nie. Sommige kommentators sê dit is omdat daar nie jong leiers is na wie hulle kan opkyk in regerings- en politieke party-posisies nie. In Namibië se parlement is minder as 10 uit die 146 wetgewers 35 jaar oud of jonger. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die politieke ontleder dr. Ndumba Kamwanyah, wat die probleem by politieke partye se deur lê.
Die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing het sy kwartaallikse ekonomiese oorsig vir April tot Junie 2024 vrygestel. Dit meld dat Namibië se ekonomiese herstel voortduur en sterk groei van 4,7 persent is in die eerste kwartaal van die jaar aangeteken. Die meeste ekonomiese sektore het in 2023 positiewe groei beleef, gelei deur die elektrisiteit- en water-, mynbou- en visvangsektore. Die konstruksiesektor sukkel egter om te herstel, terwyl saaiboerdery aansienlik ingekrimp het. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Otjozondjupa-streekgoewerneur James Uerikua, wat sê dat 'n 30 persent vermindering in saaiboerdery 'n werklikheid is.
Die vyandigheid in die Amerikaanse politiek begin reeds kop uitsteek met Donald Trump wat sy visier op Kamala Harris geplaas het na Joe Biden se uittrede uit die presidensiële veldtog.
TLU SA sê sosialistiese retoriek, onhaalbare verwagtings en rasgedrewe wetgewing vir privaat eiendom het die ekonomie en die landbousektor ernstig ondermyn. Die landbou-organisasie het die Handves vir die Beskerming van Privaat Eiendomsreg bekendgestel. TLU SA se hoofbestuurder, Bennie van Zyl, sê individue en maatskaplike instellings moet saamstaan teen enigiets wat privaat eiendom bedreig:
Die eerste minister van Lesotho Sam Matekane vra humanitêre bestand met 700-duisend mense wat ly onder uiterste hongersnood. Die woordvoerder Thapeli Mabote sê 'n nasionale voedselonsekerheidramptoestand is tot Maart 2025 verklaar. Mabote het op Newzroom Afrika gesê die ernstige El Nino-droogte is 'n bydraende faktor. Hy sê Lesotho het dringend 1,2 miljard Namibiese dollar nodig om die krisis aan te spreek:
Die Israelse eerste minister Benjamin Netanyahu het diegene wat sy land van volksmoord beskuldig, gestriem en sê sulke beskuldigings kom neer op anti-Semitisme. Hy het ‘n gesamentlik sitting van die Amerikaanse Kongres toegespreek. Tientalle Demokrate in die Kongres het die toespraak uit protes teen die oorlog geboikot. Netanyahu was onversetlik teen ‘n aanspraak van die Internasionale Strafhof dat Israel doelbewus burgers in sy oorlog teen Hamas teiken:
Volgens 'n 2021 Afrobarometer-opname wou 64 persent van jongmense van 18 tot 35 jaar oud hê dat werkskepping die land se hoofprioriteit moet wees. Dit is hoogs waarskynlik dat jeugwerkloosheid sedertdien toegeneem het en politieke partye het nog nie konkrete planne voorgelê om die probleem aan te pak nie, selfs in aanloop tot die verkiesing. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die woordvoerder van die Independent Patriots for Change, Imms Nashinge, wat sê dat werklose jeugdiges 'n begin kan maak deur vir onderhoudswerk te tender.
President Cyril Ramaphosa vra hernude eenheid en vertroue in demokrasie te midde van die huidige uitdagings. Hy het gepraat tydens die begrotingsdebat oor die Presidensie en erken daar is wydverspreide ontnugtering en frustrasie onder die publiek, en sê daar is 'n afname in kiesers se deelname en stygende ekstremisme. Met lede van die Parlement wat voorberei om vandag oor die begroting te stem, het Ramaphosa politieke leiers en burgers aangemoedig om saam te werk om geloof in demokrasie te herstel en om die grondwetlike belofte van waardigheid en gelykheid te bereik:
NamWater het 'n kontrak van 123 miljoen Namibiese dollar met China Jiangxi International JV Homefin Properties onderteken vir die uitbreiding en opgradering van die Outapi waterbehandeling-aanleg. Abraham Nehemia, die uitvoerende hoof van Namwater, sê dit is 'n belangrike mylpaal wat die aanvang van bou- en ontwikkelingswerk moontlik maak. Nehemia het voortdurende kommer oor watertekorte uitgelig en die belangrikheid van die projek se tydige voltooiing beklemtoon. Kosmos 94.1 Nuus het met Erginus Endjala, die goewerneur van die Omusati-streek, oor die projek gesels en hoe dit die streek se inwoners en boere sal help.
Die Springbok-sewes het albei hulle groepwedstryde verloor op die eerste dag van die Rugby-sewestoernooi in Parys. Hulle het met 10-5 teen Ierland verloor en daarna met 17-5 teen Nieu-Seeland die knie gebuig. Die Blitsbokke kan steeds die kwarteindronde haal as twee van die beste geplaaste spanne in die derde plek. Hulle moet egter vandag Japan klop en hoop die ander uitslae tel in hulle guns. Afrigter Philip Snyman sê hulle moet beter speel:
President Joe Biden sê hy het sy herverkiesingsveldtog laat vaar om sy party en die land te verenig. Hy het die land uit die Oval Office toegespreek nadat hy verlede naweek opsy gestaan het as die Demokrate se kandidaat vir die presidentsverkiesing in November. Dit volg na toenemende kommer oor sy geskiktheid vir die amp. Hy sê hy sal die volgende ses maande daarop fokus om sy werk te doen. Dit sluit in dat hy die reg om te stem en die reg om te kies verdedig, en haat-ekstremisme aan die kaak stel:
Voedselonsekerheid en wanvoeding is tans 'n groot probleem in Namibië. Volgens plaaslike berigte is daar sedert die begin van die jaar 137 kinders in die Zambezi-streek se hospitale daarvoor opgeneem met 17 wat dood is. Die goewerneur van die Omaheke-streek, Pijoo Nganate, sê daar was tot Junie vanjaar 300 gevalle van wanvoeding in sy streek aangemeld met 26 mense wat reeds dood is. Mense vra hoekom, in die lig van die voedselsekerheidskrisis, die meeste vrugte en groente nie belastingvry is nie, soos in Suid-Afrika. Kosmos 94.1 Nuus het aan dr. Omu Kakujaha-Matundu van die departement ekonomie aan Unam gevra of dit haalbaar is en of Namibië dit kan bekostig.
Die jongste amptelike statistieke toon daar is 34 persent jeugwerkloosheid in Namibië. Afrobarometer sê dis veel erger en volgens hulle jongste verslag is die jeugwerkloosheid-syfer 46 persent. Die situasie kan ook veel slegter wees, omdat die Namibië Statistieke-agentskap nog nie die jongste syfers volgens die sensus-opname bekendgemaak het nie. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met 'n plaaslike ekonoom, Joseph Sheehama, wat 'n moontlike oplossing vir die probleem noem.
Onsekerheid oor die Amerikaanse verkiesings in November het die moontlikheid om verdere wisselvalligheid na globale markte te bring. Daar word egter algemeen verwag dat rentekoerse in die tweede helfte van die jaar in Amerika en ook in Suid-Afrika sal begin daal. Kosmos 94.1 Nuus het met die Suid-Afrikaanse ekonoom Theo Klein, van Oxford Economics Africa, gesels oor die vooruitsigte vir die buurland, en indirek Namibië. Hy is optimisties.
Die koste om 'n woonstel of huis te huur in vergelyking met die koop van dieselfde eiendom het in die eerste drie maande van die jaar gestyg. Leonie Dunn, adjunkpresident van die Bank of Namibia, sê die prys-tot-huur-verhouding, wat die koste van die aankoop van 'n eiendom vergelyk met die koste om dit te huur, het opgegaan. Residensiële eiendomsverkope bly laag as gevolg van hoë rentekoerse en die vraag na huur-eiendomme bly hoog. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Hillie Valombolah, 'n plaaslike eiendomsagent, wat die situasie verduidelik.
Suid-Afrika toon vordering met sy watersekuriteit deur in groot infrastruktuurprojekte te belê en munisipale dienste te verbeter. Groot projekte sluit in die Lesotho-Hoogland-waterprojek, die uMkhomazi-waterprojek en die verhoging van die walle van die Hazelmere- en Clanwilliam-damme. Ondanks oponthoude is verskeie projekte tans onder konstruksie. 'n Woordvoerder, Wisane Mavasa, sê die departement verbeter ook die verwerking van waterlisensie-aansoeke en die vertoning van munisipaliteite.
Omaruru in die Erongo-streek ervaar sedert verlede jaar drasties verlaagde waterdruk, wat teen Oktober vanjaar 'n potensiële waterkrisis inhou. Omaruru is trots daarop om sy eie waterfasiliteite, pype en stelsels te hê, wat onafhanklikheid van eksterne waterbronne verseker. Die dorp maak staat op die Omaruru-rivier met 12 boorgate, waarvan agt in werking is en vier buite gebruik is. Watervlakke het gedaal weens onvoldoende reënval, wat die installering van nog twee boorgate genoodsaak het. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Ferdinand Hengombe, 'n inwoner van Omaruru, wat sê die krisis het ontstaan omdat die dorpsraad boere toegelaat het om damme te bou.
Olimpiese Spele: Die voormalige junior wêreldkampioen en Afrika-kampioen, Zenéy Geldenhuys, het die afgelope paar jaar haar plek bevestig as Suid-Afrika se voorste 400-meter-hekkiesatleet. Die 24-jarige Geldenhuys maak haar Olimpiese debuut na kwalifisering met 'n tyd van 54,72-sekondes. Sy het 'n bronsmedalje gewen op die Statebondspele in Birmingham en sê sy wil in Parys haar stempel afdruk.
President Nangolo Mbumba sê platforms soos die Ehao Kulturele Ekspo, wat in Okahao in die Omusati-streek afgeskop het, speel 'n instrumentele rol as sosiale drade wat die gemeenskap bymekaar bring. Dit gee 'n gevoel van samehorigheid en stel besighede in staat om hul goedere en dienste ten toon te stel. Mbumba het tydens die amptelike opening ook 'n beroep op stemgeregtigde kiesers gedoen om die oorblywende dae te gebruik om te registreer, en om in November te stem.
Die VF Plus sê 'n toesigmeganisme vir presidensiële aanspreeklikheid is noodsaaklik vir die sukses van die regering van nasionale eenheid. Die party bly verbind tot die eenheidsregering, maar versoek aanpassings, insluitend die handhawing van die Grondwet, die Menseregtehandves en die oppergesag van die reg, terwyl nie-rassigheid en nie-seksisme ook verseker moet word. Corné Mulder van die VF Plus eis beter toesig oor die Presidensie om doeltreffende regering sonder politieke twiste te verseker.
Die Bank Windhoek Kanker Appelprojek is weer op hande. Dit is vanjaar 24 jaar van die Appelprojek en sy volgehoue pogings om innoverende maniere te ondersoek om die stryd teen kanker te ondersteun. Tot op hede het die projek 'n totaal van 33,9 miljoen Namibiese dollar ingesamel, wat aan die Kankervereniging van Namibië geskenk is. Vanjaar se tema is "Is dit moontlik om 'n lewe te beïnvloed?" Vir net 6 dollar kan jy 'n appel koop of vir 10 dollar appelsap geniet. Jy kan enige bedrag vanaf 6 dollar opwaarts skenk met Bank Windhoek se eApples of Virtual Apples. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Rolf Hansen, uitvoerende hoof van die Namibiese Kankervereniging.
Die regering se vrystelling van president Nangolo Mbumba se amptelike portret, wat president Geingob se portret vervang, lok sterk reaksie uit. Mbumba het nog net 8 maande in die pos oor, dus sal die portret na die presidentsverkiesing vervang word. Die PDM se skadu-finansminister, Nico Smit, sê dit is 'n mors van geld wat gebruik kon word om die land se probleme te takel.
NamWater word meer as 2,1 miljard Namibiese dollar geskuld deur beide dorpsrade en verbruikers. Die nutsmaatskappy het in November verlede jaar aansoek gedoen om 'n tariefverhoging, maar het nog niks van die kabinet daaroor gehoor nie. NamWater se uitvoerende hoof, Abraham Nehemia, het by die regerings-inligtingsentrum 'n oorsig van hul werksaamhede gegee. Hy sê hulle het met die regering geskakel om na voorafbetaalde watermeters vir inwoners te kyk om die skuld te probeer invorder.
Cosatu sê hy sien uit na vinnige optrede deur alle regeringsvlakke om die Wet op Klimaatsverandering in te stel. Matthew Parks van die vakbondfederasie sê terwyl die wet 'n progressiewe grondslag lê vir die land se reaksie op klimaatsverandering, kan dit net die doel bereik as die regering sy departemente die bronne gee om dit te verwesenlik. Parks sê die privaat sektor moet ook sy rol speel.
Die Namibië Inkomste- en Uitgawe-opname is die primêre bron van inligting oor inkomste-uitgawes in die land. Die omvattende opname deur die Namibië Statistieke-agentskap is belangrik vir die berekening van armoede-aanwysers op beide huishoudelike en individuele vlak. Alex Shimuafeni, die agentskap se statistikus-generaal, het die opname vir die 2025/2026-boekjaar aangekondig en die datums gegee wanneer dit gedoen sal word. Die resultate van die opname sal laat in 2026 vrygestel word.
Sokker: Die Engelse Premierliga-kampioen, Manchester City, het in Noord- Carolina 4-3 verloor teen die Skotse Premierskaps-kampioen, Celtic, tydens hulle voorseisoentoer deur Amerika. Bestuurder Pep Guardiola het 14 spelers uit die akademie ingesluit in sy span vir die wedstryd. As deel van die toer speel City ook teen die Italiaanse span AC Milan in New York, die Spaanse reuse Barcelona in Florida en teen Chelsea in Ohio. Guardiola sê daar is positiewe lesse te leer uit die nederlaag.
Die Finansiële Intelligensiesentrum waarsku regs- en eiendomspraktisyns se nie-nakoming belemmer Suid-Afrika se pogings om volgende jaar van die gryslys verwyder te word. Die sentrum het in Maart verlede jaar twee riglyne uitgereik wat onder andere gemik is op regspraktisyns, eiendomsagente en handelaars van kosbare edelstene. Christopher Malan van die sentrum het aan die SABC gesê die regs- en eiendomsektor is uitgewys as gevaarplekke vir geldwassery en finansiering aan terroriste, maar kom steeds nie die riglyne na nie.
Die regering van Namibië het die amptelike portret van die nuwe president, Nangolo Mbumba, vrygestel. Dit sal president Geingob se portret vervang. Die portret verkoop teen 1 800 Namibiese dollar vir geraamde en 500 dollar vir ongeraamde weergawes, beskikbaar by Ministerie se streekkantore landwyd. Die uitvoerende direkteur by die inligtingsministerie, Audrin Mathe....
Action Society het die minister van polisie, Senzo Mchunu se aankondiging veroordeel dat 2 miljard Suid-Afrikaanse rand aan BBP-beskerming afgestaan word. Die minister het verlede week die Suid-Afrikaanse Polisiediens se begroting van 113,5 miljard rand vir die 2024/2025-boekjaar ter tafel gelê. Juanita du Preez van Action Society sê die geld wat aan die BBP-beskerming toegewys word, moet liewer gebruik word om Suid-Afrikaners te beveilig, nie om aan ministers luukse spesiale dienste te verskaf ten koste van die belastingbetaler nie:
Universiteite het aangekondig dat aansoeke vir nagraadse studie nou oop is. Aansoeke by Unam vir nagraadse en volwasse ouderdom inskrywings sluit op 31 Julie. So ook aansoeke by verskeie buitelandse universiteite. Die Namibië Kwalifikasie-owerheid het onlangs hulle webtuiste opgedateer met die jongste inligting oor universiteite wat in Namibië geakkrediteer is. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Lina Ndengu, die owerheid se woordvoerder...
Visepresident Netumbo Nandi-Ndaitwah het saam met landbouminister Calle Schlettwein, finansminister, Ipumbu Shiimi en omgewingsminister Pohamba Shifeta, met die vier boere-unies in die land vergader. Die Namibiese Nasionale Boere-unie, die Namibië Ontluikende Boere-unie, die Unie vir Voorheen Benadeelde Boere en die Namibiese Landbou-unie was almal teenwoordig. Onder die loep was die droogte, die regering se bystand en waterbronne. Kosmos 94.1 Nuus het met Adolf Muremi, die voorsitter van die NNFU, gepraat.
Die Welwitschias draf om drie-uur uit teen Zimbabwe in die eerste semi-finaal van die Afrika-beker wat in Kampala, Uganda, gehou word. Die Namibiërs is die verdedigende kampioene en terwyl hulle maklik teen Burkina Faso 38-5 gewen het, Zimbabwe taaier teenstanders. Danco Burger, die Namibiese kaptein het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
EFF-leier Julius Malema het sy oproep herhaal dat die kabinet verklein word en daar weggedoen word met adjunkministers. Kabinetsministers het van 30 tot 32 toegeneem en daar is nou 43 in plaas van 36 adjunkministers in die regering van nasionale eenheid. Die oorgroot kabinet kan na raming heelwat meer as 1,5-miljard Suid-Afrikaanse rand kos. Malema sê die groot Kabinet plaas meer druk op belastingbetalers:
Die Britse Konserwatiewe Party moet ‘n nuwe leier verkies om Rishi Sunak te vervang. Die party se skadu-minister van binnelandse sake James Cleverly het klaar sy naam in die hoed gegooi maar, volgens Damian Hinds, die Tories se skadu onderwysminister, moet die party genoeg tyd gegun word om te besin oor waar fouteer is en wat voorlê.
Vanjaar is die 10de en 20ste herdenking van die American Corners in onderskeidelik Ongwediva en Walvisbaai. Dit onderstreep die blywende samewerking tussen die Amerikaanse ambassade, die Ongwediva-dorpsraad en die Walvisbaai-munisipaliteit, wat dekades van die bevordering van leer, kreatiwiteit en gemeenskapsontwikkeling vier. Albei Corners ontvang 'n belegging van sowat 250 000 Namibiese dollar van die Amerikaanse regering. American Corners is vennootskappe tussen Amerikaanse ambassades en plaaslike instellings wêreldwyd, wat opvoedkundige advies, werkswinkels, tegnologieklasse en kulturele geleenthede bied. Tiffany Miller, die woordvoerder van die Amerikaanse ambassade, het meer inligting.
Voormalige uitvoerende beamptes by Transnet, Lerato Makenete en Hawkins Madubane, het in die Gespesialiseerde Handelsmisdaadhof in Johannesburg verskyn op aanklag dat hulle Transnet tydens die Covid-19-pandemie met 34 miljoen Suid-Afrikaanse rand bedrieg het. Hulle word aangekla saam met Jacob Malusi Ramoyadi en Kenneth Rikhotso. ‘n Woordvoerder van die NVG, Phindi Mjonondwane, sê hulle word aangekla van bedrog, diefstal en geldwassery:
Die bron van fondse vir die groen waterstof-projek word dikwels gekritiseer en bevraagteken. Maar beleggers soos Hyphen sal hul gedeelte onafhanklik bestuur, volgens die Groen Waterstof-kommissaris, James Mnyupe. Hy het onlangs groot bedrae uitgelig wat deur die welvaartfonds vir volhoubare ontwikkelingsdoelwitte, of SDG-welvaartfonds, bymekaargemaak is. Dit finansier die staatsbelang in Hyphen. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die plaaslike energie-kenner Harold Schütt, wat sê die fondse sal Namibië in staat stel om meer werk te skep. Hy sê hierdie werksgeleenthede is eintlik meer as wat die media berig.
Senator Bernie Sanders van Vermont het die Israelse eerste minister, Benjamin Netanyahu se toespraak vandag voor die Amerikaanse Kongres veroordeel. Sy toespraak volg te midde van vrese oor 'n moontlike streekoorlog in Midde-Ooste. Israel en Hamas kon nie instem oor 'n skietstilstand nie. Sanders, wat sê hy gaan nie die toespraak bywoon nie, het Netanyahu 'n oorlogsmisdadiger genoem wat 'n verregse ekstremistiese regering lei:
Estie Schreiber gesels oor A Vogel se "Menoforce" die week. Hoekom kry ‘n vrou warm-gloede en nagsweet as sy deur haar menopouse gaan? Wat gebeur en kan die natuur help? Ons produk is A Vogel se "Menoforce" tablette. Beskikbaar sonder 'n voorskrif by apteke. Vir meer inligting besoek www.avogel.co.za, of stuur ‘n epos na info@sanatural.co.za, jy kan ons ook kontak via A Vogel Suid-Afrika se Facebook blad.
Die Stad Windhoek se weeklikse waterverbruikverslag vir 16 tot 22 Julie wys dat ons waterverbruik die teiken met 15 persent oorskry het. In ooreenstemming met Kategorie D van die Stad Windhoek se waterbestuursplan, moet alle inwoners hul weeklikse waterverbruik met 15 persent verminder om waterbesparingsdoelwitte te bereik. Om te help om water te bespaar, sê die Stad alle lekkasies moet dadelik reggemaak word. ’n Kraan wat lek het die potensiaal om honderde liter water te mors. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die Stad Windhoek se woordvoerder, Lydia Amutenya.
President Cyril Ramaphosa het bekendgemaak die Infrastruktuurfonds sal nuwe benaderings ten opsigte van gemengde finansiering vir infrastruktuurprojekte ondersoek. Hierdie inisiatief moet vinnige en inklusiewe ekonomiese groei aanvuur, werk skep, armoede verlig en ’n regverdige samelewing kweek. Ramaphosa het gewys op die belangrikheid van samewerking met die privaatsektor deur middel van Infrastruktuur Suid-Afrika om belegging en implementering in infrastruktuur te verbeter:
Oudpresident Donald Trump se veldtog het ʼn klag by die Federale Verkiesingskommissie ingedien. Hulle beskuldig president Joe Biden en adjunkpresident Kamala Harris dat hulle wette oor federale veldtogfinansiering oortree. Trump se veldtogbeampte, David Warrington, sê die geld wat vir Biden se herverkiesing ingesamel is, kan nie na Harris se presidentsveldtog oorgedra word nie. Intussen het Harris in die eerste 24 uur na haar aankondiging 100 miljoen Amerikaanse dollar ingesamel. Haar man Doug Emhoff vra vir nog.
AfriForum het suksesvol druk toegepas op die Departement van Water en Sanitasie in die Vrystaat om sy besluit te herroep om ‘n tydelike oordrag van ‘n waterlisensie gebaseer op ras te weier. ‘n Woordvoerder van AfriForum, Marais de Vaal, sê die regsaksie was omdat die Departement geweier het om die oordrag van ‘n swart boer na ‘n wit boer goed te keur. Hy sê hierdie oorwinning verwerp diskriminerende praktyke:
Die Swakopmund munisipaliteit het die nuwe regulasies vir die jetty, mole en strande in die staatskoerant aangekondig. Onder andere mag daar nie met voertuie op strande gery word as daar nie paaie is nie. Daar mag ook nie op strande gekampeer word buite wettige kampeerplekke nie. Die regulasies sluit ook visvang-, en honde-kontrole by sekere plekke in. Die inligting kan op die Regshulpsentrum se Facebook-blad gekry word. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Toni Hancox, die Regshulpsentrum se direkteur, wat sê die regulasies lyk goed en gaan goed vir die omgewing wees.
Middel-maand data dui op klein verlagings in brandstofpryse volgende maand in Suid-Afrika, volgens die AA. Wat van Namibië? Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Abednego Ekandjo, petroleum-ekonoom by die energieministerie. Hy sê die brandstof-pryshersieningskomitee sal eerskomende Donderdag vergader en die nuwe brandstofprys sal op Woensdag, 7 Augustus in werking tree.
Die Kankervereniging van Namibië het 'n kommerwekkende jaarlikse toename in nuwe kankerdiagnose uitgelig. Die vereniging se kankerregistrateur en pasiënt-ondersteuningsbeampte, Tareeku Tjiriange, sê die meeste nuwe gevalle kom voor in myndorpe. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Henk Mudge, die Republikeinse Party se president, wat sê dat verskeie ander toestande aan die toeneem is en dit is as gevolg van Covid-19-inentings.
Apatie onder die jeug het 'n bekommernis geword, met politieke partye wat vrees dat die jeug nie in getalle sal opdaag om in die komende verkiesings te stem nie. Die jeug maak sowat 60 persent van die bevolking uit, wat hulle aansienlike mag by die stembus gee. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Ephraim Nekongo, sekretaris van die Swapo-jeugliga, wat by die jeug pleit om te registreer om hul stem te gebruik.
Die EFF sê hy staan steeds by die dapper jeug van Kenia wat in opstand gekom het teen finansiële wetgewing wat deur die Internasionale Monetêre Fonds en die Wêreldbank gesteun word en geweldige belastingverhogings op die mense van Kenia afdwing. Die woordvoerder van die EFF, Leigh-Ann Mathys, sê die jeug-geleide protesoptrede het 'n kragtige golf van inspirasie oor die vasteland laat spoel. Mathys sê die jeug van Suid-Afrika mag nie agtergelaat word nie.
Die Direktoraat Veeartsenydienste het 'n uitbreking van longsiekte aangekondig wat op 1 Julie by Okapundja-dorpie naby Opuwo opgespoor is. Die direktoraat het beheermaatreëls met onmiddellike effek ingestel. Beweging van lewende beeste binne en uit Opuwo kiesafdeling word verbied, behalwe vir beeste wat bestem is vir direkte slag binne 48 uur, onder veeartsenykundige toesig. Beeslongweefsel van geslagte beeste binne en uit Opuwo kiesafdeling word nie toegelaat nie. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die landbou-ministerie se woordvoerder, Jona Musheko, wat meer inligting gee.
President Cyril Ramaphosa het wetgewing onderteken wat 'n enkele raamwerk skep vir die regulering van openbare verkryging in alle staatsinstellings. Die Wet op Openbare Verkryging het ten doel om doeltreffendheid, koste-doeltreffendheid en integriteit van verkrygingsprosesse te verseker en om korrupsie van die verlede uit te skakel. Die president se woordvoerder, Vincent Magwenya sê die wet bevorder deursigtigheid, tegnologiese doeltreffendheid, en ekonomiese ontwikkeling deur plaaslike goedere en dienste voor op te stel.
Die Kankervereniging van Namibië, CAN, onthul in 'n verslag 'n kommerwekkende jaarlikse toename in nuwe kankerdiagnose. Volgens die vereniging se kankerregistrateur en pasiënt-ondersteuningsbeampte, Tareeku Tjiriange, word nagenoeg 3 500 gevalle jaarliks in Namibië aangeteken. Die afgelope twee jaar is daar 4 876 pasiënte vir verskeie soorte kanker opgeneem. Tjiriange het aan die NBC gesê die gevalle kom die meeste voor in myndorpe.
Die DA sê hy het dokumente by die Wes-Kaapse Hooggeregshof ingedien teen die aanwysing van die voormalige regter, John Hlophe, op die Regterlike Dienskommissie. Woordvoerder Helen Zille sê die aansoek is om Hlophe dringend te verbied om op die RDK te dien, hangende die uitkoms van die tweede deel. Dit behels dat die party vra dat die Nasionale Vergadering se besluit om Hlophe as die MK-party se verteenwoordiger op die kommissie aan te wys, hersien en herroep moet word.
Die Shack Dwellers Federation of Namibia is 'n gemeenskapsgebaseerde netwerk van behuisingbesparingskemas, wat daarop gemik is om die lewensomstandighede van stedelike en landelike armes te verbeter, terwyl vroue se deelname bevorder word. Die Namibia Housing Action Group is 'n nie-regerings diensorganisasie wat ten doel het om die Shack Dwellers Federation te ondersteun en waarde toe te voeg. Die land ondervind 'n behuisingskrisis en meeste mense kan nie bekostigbare huise bekom nie weens sosio-ekonomiese faktore. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Heinrich Amushila, die mededirekteur van Namibia Housing Action Group, wat by die regering en private sektor pleit vir meer befondsing.
Volgens plaaslike media is lede van die Wisdom Youth Organisation ongelukkig oor hul afdanking by 'n plaas wat volgens hulle deur die landbouministerie aan hulle toegestaan is in 2015. Die plaas naby Otavi was bedoel om werksgeleenthede aan die jeug te bied onder toesig van Freddy Haixwa, die organisasie se stigter. Haixwa het egter die plaas aan Beijing Hi-Technology Energy Investment, wat deur Chinese burgers besit word, verhuur op 'n 30-jaar huurkontrak. Die firma het pluimveekrale en groentetuine gevestig en met die hulp van die jeug kool, tamaties en ander produkte geproduseer. Die Landless People's Movement sê hulle gaan die plaas Vrydag binneval. Die party sê die grond behoort aan Namibiërs en hulle gaan nie terugsit en kyk hoe grond gesteel word soos in die koloniale era nie. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die LPM-parlementslid Utaara Mootu, wat die aksie organiseer.
Twintig Afrika-lande hou vanjaar verkiesings, en die Sentrum vir Menseregte en die Universiteit van Pretoria bied 'n tweedaagse werkswinkel in Windhoek aan. Die werkswinkel sal verkiesingsbestuursliggame en verkiesingswaarnemers en -monitors ondersteun in die nakoming van hul verpligtinge ingevolge Afrika-unie-riglyne. Dit fokus ook op die breër AU-raamwerk oor vryheid van uitdrukking, toegang tot inligting en ander relevante instrumente. Verkiesingskommissaris Emerentia Leonard lig die belangrikheid van die werkswinkel uit.
Die Spesiale Ondersoekeenheid, die Batebeslagleggingseenheid en die Valke het beslag gelê op bates van meer as 52-miljoen Suid-Afrikaanse rand wat met die Covid-19 beskermingstoerusting korrupsiesaak verband hou. Die Ondersoekeenheid se woordvoerder, Kaizer Kganyago, het aan die SABC gesê 22 senior hoofde van die Openbare Werke-departement in Mpumalanga, Gauteng, Noordwes en die Wes-Kaap is in hulle visier. Hy sê die span het sowat 34 plekke geteiken.
Cirrus het sy middeljaar 2024-beleggingstrategie gepubliseer, wat 'n oorsig van huidige markdinamika gee en portefeulje-posisionering bespreek. Pandu Shaduka, 'n vaste-inkomste-ontleder, beklemtoon sommige van die sleuteldrywers vir prestasie en wat om te verwag vir die res van die jaar. Cirrus het inligting oor die ekonomiese vooruitsigte op sosiale media gedeel. Shaduka gee meer inligting.
President Cyril Ramaphosa het die Wysigingswetsontwerp op Nasionale Kleinsake as wet bekragtig. Dit wysig die Nasionale Kleinsakewet van 1996 om ʼn nuwe instelling, die Kleinsake-ontwikkelings-finansiële Agentskap, te skep. Die president sê die agentskap sal ʼn eenstop-hulpmiddel vir entrepreneurs wees en die ontwikkeling van koöperatiewe bankinstellings bevorder. Ramaphosa se woordvoerder, Vincent Magwenya sê die wet maak ook die ombud-dienskantoor vir Kleinsake moontlik wat ʼn billike handelsomgewing vir kleinsake-ondernemings skep.
Die houtskoolbedryf in die Kunene-streek is tydelik opgeskort weens die oor-oes van mopanie-bome. Die direkteur van Bosbou in die Bosbou-ministerie, Johnson Ndokosho, het die oor-oes eerstehands waargeneem tydens 'n assesseringsbesoek aan plase. Ndokosho het die opskorting aangekondig op 'n vergadering met die boere, wat hoogs ontevrede is daaroor. Kosmos 94.1 Nuus het met Ndokosho gesels, wat sê dat sodra die boere aan regulasies voldoen, sal hulle met hul aktiwiteite kan voortgaan.
Build One South Africa sê die regering van nasionale eenheid het ʼn onbedoelde gevolg wat die Parlement se aanspreeklikheidsrol verswak. Tans is 70-persent van die Parlement deel van die regering van nasionale eenheid en een uit elke vyf parlementslede is ministers of adjunkministers. BOSA se onderleier, Nobuntu Hlazo-Webster, sê die regering moenie aanspreeklikheid opoffer vir eenheid in die regering nie:
Die Trump-veldtog sal volgens kenners dringend aanpassings moet maak omdat hy nou die oudste kandidaat is nadat president Joe Biden onttrek het. Die voormalige Britse ambassadeur na die VSA sir Peter Westmacott het met Sky News gepraat en sê daar is vir Donald Trump nou verskeie uitdagings.
Die Namibië Toesighoudende Owerheid oor Finansiële Instellings, Namfisa, sê die Wet op Finansiële Instellings en Markte, of Fima, is nie net op bewaring gefokus nie. Dit spreek ook ander aspekte van die finansiële sektor aan. By 'n regeringsinligtingsessie het Kenneth Matomola, die uitvoerende hoof van Namfisa, aangekondig dat al wat nou oorbly is dat die wet geïmplementeer word.
Die politieke ontleder, professor Joseph Diescho, het sy kommer oor die huidige stand van leierskap in Namibië uitgespreek. Diescho voorspel 'n potensiële toename in politieke geweld en skryf dit toe aan 'n vermeende aan inspirerende leierskap binne die regerende party. Hy voer aan dat die party se versuim om 'n samehangende boodskap te kommunikeer, veral een wat aanklank vind by die jeug wat na energieke en intelligente leierskap soek, tot onrus kan lei. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Reaksie word ontvang op die nuwe Meatco-raad wat deur die lynminister Ipumbu Shiimi aangestel is. Die kabinet het die aanstelling, tot 2027, goedgekeur maar met spesifieke opdragte wat insluit dat daar 'n prysgelykstelling tussen noord van die kordonheining, of rooilyn, en suid van die heining geïmplementeer word. Landboukenner Wallie Roux het sy misnoeë hieroor so uitgespreek.
Die polisie in die Oshana-streek sê hulle het verlede week meer as 5 000 lasbriewe vir arrestasie uitgereik aan bestuurders met uitstaande verkeersboetes. Thomas Aiyambo, woordvoerder van die Oshana-polisie, sê baie van die lasbriewe was vir openbare vervoeroperateurs wat aanhou om verkeersreëls te verontagsaam. Kosmos 94.1 Nuus het met Pendapala Nakathingo, sekretaris-generaal van die Namibia Bus and Taxi Association, oor die probleem gesels en wat hulle daaraan doen.
'n Navorser aan die Universiteit van Pretoria, Jessika Bohlmann, het onlangs gesê swak gehalte onderwys en beperkte ondernemerskap-opleiding kniehalter jongmense se vermoë om werk te kry en te behou. Swak maatskaplike omstandighede soos tienerswangerskappe en dwelmmisbruik is ook faktore. Dit vererger die jeugwerkloosheids-krisis, ook in Namibië. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die maatskaplike werker en eienaar van Cornerstone Wellness Centre, Natalie Bezuidenhoudt, oor die negatiewe effek van dwelms op die jeug.
Amerika se visepresident, Kamala Harris, het genoeg Demokratiese afgevaardigdes se ondersteuning gekry om as die party se presidentskandidaat benoem te word. Sy het meer as die een-duisend-976 wat sy nodig het vir die benoeming op die eerste stembrief. Harris kan eers volgende maand op die Demokrate se nasionale konvensie amptelik as kandidaat benoem word. Sy het by die verkiesings-hoofkwartier in Delaware gesê sy wil die party en Amerika verenig, en Donald Trump van die Republikeine verslaan:
Die gesondheidministerie stel die publiek in kennis dat 'n plasing wat op sosiale media die rondte doen dat Katutura-hospitaal op soek is na werklose verpleegsters en aansoeke moet by die hospitaal ingehandig word, vals is. Die ministerie sê dat vakatures by alle fasiliteite slegs geadverteer word deur die Kantoor van die Eerste Minister se personeelomsendbrief, ministerie-omsendbriewe of kennisgewingborde by gesondheidsfasiliteite, met 'n amptelike datumstempel. Enige ander advertensies is vals. Die ministerie se woordvoerder, Walters Kamaya, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en verduidelik.
Die DA in Gauteng het kommer uitgespreek dat perdetelers en -eienaars weereens ʼn ernstige tekort aan entstof teen Afrika-perdesiekte in die gesig staar. Daar is onlangs slegs 120 entstofdosisse beskikbaar gestel. Die entstof word uitsluitlik deur Onderstepoort Biological Products vervaardig. Dis ʼn staatsinstelling wat verantwoordelik is vir die vervaardiging van noodsaaklike entstof vir diere in die land. Bronwynn Engelbrecht van die DA sê die huidige tekort word toegeskryf aan tipiese probleme by staatsondernemings soos produksie en logistiek:
Die Suid-Afrikaanse Federasie van Vakbonde het die Departement van Hoër Onderwys beskuldig dat hy onverantwoordelik is na hy 580 miljoen Suid-Afrikaanse rand se fondse wat nie spandeer is na die Nasionale Tesourie teruggestuur het. Dit het tydens die voormalige minister Blade Nzimande se ampstermyn gebeur. Die geld kon 9 071 studente vir 'n volle akademiese jaar onderhoud het. Die departement het terselfdertyd jaarliks 7 miljoen rand aan 30 geskorste werknemers betaal. Saftu se woordvoerder, Trevor Shaku sê die onderbesteding is wanbestuur aan die kant van die departement:
Die direkteur van die Amerikaanse Geheimediens, Kimberly Cheatle, sê sy neem volle verantwoordelikheid vir die mislukking om president Donald Trump op 13 Julie te beskerm. Trump het 'n sluipmoordpoging by 'n verkiesingsaamtrek in Butler, Pennsilvanië oorleef. Die Huis van Verteenwoordigers se Oorsigkomitee het Cheatle intens ondervra. Sy het erken die sluipmoordpoging is een van die grootste mislukkings van die Geheimediens in dekades:
Die EFF sê die regering van nasionale eenheid wil ʼn situasie hê waar hulle die uitvoerende gesag en oorsig is, en daardeur die opposisie uitskakel. Die regering van nasionale eenheid beheer byna 70-persent van die Parlement. EFF-woordvoerder Omphile Maotwe sê dis ʼn grondwetlike plig om die uitvoerende gesag te kritiseer en hulle neem dit ernstig op. Sy sê die Progressiewe Koukus is die beste ontwikkeling om parlementêre oorsig te versterk:
Die Omusati-streeksraad het volgens kennisgewings van toekenning 12 tenders vir die bou van putlatrines in verskillende kiesafdelings toegeken. Die Tender Bulletin berig dat 'n totaal van 120 putlatrines gebou sal word teen 'n bedrag van amper 2,6 miljoen Namibiese dollar uit 213 aanbiedinge. Een putlatrine kos dus 21 423 dollar. Kosmos 94.1 Nuus het met die LPM-woordvoerder Lifalaza Simataa gesels oor of dit strook met die land se doelwitte om arm gemeenskappe op te hef.
Amerika se visepresident, Kamala Harris, sê dit wat president Joe Biden die afgelope drie jaar bereik het, is ongekend in moderne geskiedenis. Sy het by die Withuis by ʼn geleentheid vir kollege-kampioenskapspanne gepraat. Dit was haar eerste openbare verskyning sedert Biden sy herverkiesingsveldtog beëindig en haar ondersteun het. Meer as 1 000 Demokratiese afgevaardigdes ondersteun haar. Harris sê Biden het in een termyn meer gedoen as ander presidente in twee:
Die vakverbond Cosatu het aangesluit by die Suid-Afrikaanse Vakbond vir Noodpersoneel met die veroordeling van aanvalle op noodwerkers. Dit volg na die aanranding van twee paramedici Saterdag in Mpumalanga. Woordvoerder Zanele Sabela doen 'n beroep op gemeenskappe om werkers te beskerm en vra die Departement van Gesondheid om veilige werksomstandighede te verseker. Sy vra ook die vinnige inhegtenisneming van die misdadigers:
Die Welwitschias het die verdediging van hulle Afrika-beker-titel in Uganda afgeskop met ‘n oorwinning van 38-5 teen Burkina Faso. Die span speel môremiddag om 3-uur in die semifinaal teen Zimbabwe, wat dalk moeiliker sal wees om te klop. Zimbabwe het Uganda 22-20 gewen in hul eerste wedstryd. Die Welwitschias se hoofafrigter, Allister Coetzee, besin oor die kragmeting met Burkina Faso en sy verwagtinge vir môre se wedstryd.
Die Namibiese Meteorologiese Diens sê die afgelope Junie was die sesde warmste Junie op rekord in die afgelope 14 jaar. Die noordwestelike dele van die land het die warmste gekry met die sentrale gebied die koudste. Die diens sê wanneer die weerpatrone in ag geneem word wil dit voorkom asof Augustus, September en Oktober bogemiddelde temperature sal lewer, veral in die noordooste, die sentrale noorde en die kusgebiede. Kosmos 94.1 Nuus het met die plaaslike ekoloog dr. Peter Cunningham gesels oor wat dit vir Namibië beteken.
Soos Namibië, is Amerika geskeduleer om verkiesings in November te hou, wat moontlik verdere wisselvalligheid na globale markte kan bring. Dit is weens president Joe Biden se besluit om aan die presidensiële verkiesingswedloop te onttrek, en 'n moontlike tweede Donald Trump-presidentskap maak baie mense senuagtig. Ondanks die onsekerheid gaan wêreld-aandele voort om nuwe hoogtepunte te bereik, namate markte rentekoersverlagings begin inprys, sê Cirrus in sy jongste verslag. Die Namibiese aandelebeurs het die jaar stadig begin nadat dit verlede jaar met 42,3 persent gestyg en ongelooflike opbrengste gelewer het. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Amy Walters, 'n finansiële ontleder by Cirrus, oor die vooruitsigte vir die plaaslike aandelebeurs.
Die Ohlthaver en List-groep het aangekondig hy gaan sy franchise-ooreenkoms met Pick n Pay Suid-Afrika beëindig. Die groep besit 19 Pick n Pay-winkels in Namibië. Sven Thieme, die groep se voorsitter en uitvoerende hoof, sê die besluit strook met hul verbintenis om 'n meer kliëntgesentreerde en Namibiese markgeoriënteerde besigheid te wees. Reaksie is ontvang van Job Muniaro, die sekretaris-generaal van die National Union of Namibian Workers, wat die maatskappy loof vir hierdie stap.
Middelweerstandige malaria in Afrika kan miljoene mense se lewens in gevaar stel, sê wetenskaplikes. Malaria-parasiete wat die uitwerking van die effektiewe middel artemisinien afskud, het in Oos-Afrika ontwikkel. Weerstandsvlakke is besig om skerp te styg. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met dr. Richard Kamwi, voormalige gesondheidsminister en Namibiese verteenwoordiger van die Eliminate Malaria-veldtog, oor of ons bekommerd moet wees.
Die leier van ActionSA, Herman Mashaba, beskuldig die DA daarvan dat hy voorgee om teen korrupsie gekant te wees. Hy het tydens ‘n inligtingsessie gesê tydens sy tydperk as DA-burgemeester van Johannesburg is hy deur partylede vervolg oor sy standpunt teen bedrog en korrupsie. Hy onthou hoe hy drie burgemeesterskomiteelede weens korrupte optrede uit hulle poste verwyder het. Hy sê die DA het hom nooit ondersteun in verskeie korrupsiesake nie.
Die gewilde Windhoekse passasiers-vervoerdiens, LEFA Transportation Services, dreig om die Windhoek Stadspolisie, die Namibiese Polisiemag en die Namibiese Toerismeraad te dagvaar omdat hulle nie opgetree het teen beweerde nie-nakoming deur twee van sy mededingers in die e-taxi-diensbesigheid nie. Lefa het deur middel van 'n brief van sy regsverteenwoordigers, Apolos Shimakeleni Prokureurs, kommer uitgespreek oor beweerde voortgesette oortredings van die Padvervoerwet deur bestuurders verbonde aan Yango en InDrive. Volgens die brief, ten spyte van verskeie vergaderings en eise van Lefa om die kwessies aan te spreek, is geen effektiewe stappe deur die owerhede geneem nie. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Melkies Ausiku, die eienaar van Lefa, wat sê hulle het hul eise in 'n brief uiteengesit.
President Cyril Ramaphosa het beklemtoon dat oplossings gevind moet word vir uitdagings met bestuur en oorsig op plaaslike regeringsvlak. Hy het in die parlement gesê die minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Velenkosini Hlabisa, sal toesien dat munisipaliteite die nodige ondersteuning ontvang. Ramaphosa sê klem sal geplaas sal word op doeltreffendheid, munisipale skuld en die verbetering van dienslewering, veral die betroubaarheid en bekostigbaarheid daarvan.
Die Valke sê hulle het sedert die begin van die jaar op 10 geheime dwelmlaboratoriums afgekom en 34 mense in hegtenis geneem. 'n Valke-woordvoerder, Katlego Mogale, sê vier mense, onder wie 'n plaaseienaar en twee Meksikaanse burgers, is Vrydag by Groblersdal in Limpopo in hegtenis geneem. Die polisie het op 'n laboratorium en meer as twee-miljard Suid-Afrikaanse rand se dwelms afgekom.
Donald Trump sê in 'n onderhoud niemand het hom gewaarsku oor 'n probleem voor sy saamtrek in Pennsilvanië toe 'n voornemende sluipmoordenaar hom in die oor geskiet het nie. Die Washington Post berig dat top-amptenare by die Amerikaanse geheime diens herhaaldelik versoeke van Trump se sekuriteitsdetail vir meer mannekrag en toerusting voor die sluipmoordpoging verwerp het. Dit was glo weens 'n gebrek aan toerusting. Kom ons hoor van Trump self.
Berigte word uit verskeie streke ontvang dat veediefstal toeneem te midde van die droogte. Erginus Endjala, die goewerneur van die Omusati-streek, beweer Angolese burgers steel vee uit die noordelike streke. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Bonifatius Wakudumo, goewerneur van die Kavango-Oos-streek, oor die situasie daar.
Die Ohlthaver en List-groep het aangekondig hy gaan sy franchise-ooreenkoms met Pick n Pay Suid-Afrika beëindig. Die oorgangsfase sal tot 30 Junie volgende jaar voortgaan. Sven Thieme, die voorsitter en uitvoerende hoof van die groep, beklemtoon dat Pick n Pay Namibië onafhanklik van die kettingwinkel in Suid Afrika is.
Dr. Hoze Riruako, die leier van 'n faksie van die OvaHerero Tradisionele Owerheid, doen 'n beroep op vrede in die OvaHerero-gemeenskap te midde van 'n bitter leierskapstryd. Albei faksies het oor die naweek in Okahandja bymekaargekom vir twee afsonderlike Rooivlagdag-herdenkings. Dr. Riruako, 'n broerskind van wyle hoofman Kuaima Riruako, sê hy is hartseer oor die verdeeldheid en verwys na die stand van sake onder die OvaHerero-gemeenskap as 'n nasie in oorlog met homself. Riruako het sy teleurstelling met die groep uitgespreek.
Die LPM-party beweer in 'n persverklaring dat die Verkiesingskommissie van Namibië opsetlik Namibiërs in tronke van die kiesersregistrasieproses uitsluit. Hulle voer aan dat aangesien gevangenes nie korrektiewe fasiliteite kan verlaat om te registreer nie, en omdat vorige kieserskaarte ongeldig is, daar teen hulle gediskrimineer word. Die LPM doen 'n beroep op die ECN om die kwessie dringend aan te spreek sodat gevangenes kan registreer. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die kommissie se woordvoerder, De Wet Siluka, wat sê hulle het die LPM se brief ontvang.
Die leier van ActionSA Herman Mashaba het sy voorwaardes uiteengesit vir 'n vennootskap met die ANC in Johannesburg. Mashaba eis die verwydering van die burgemeester Kabelo Gwamanda, die kansellasie van die 200 Suid-Afrikaanse rand elektrisiteitsheffing, die terugneem van gekaapte geboue vir bekostigbare behuising, en steun vir die verkiesing van 'n ActionSA-speaker in Tshwane. Ondanks vorige beloftes om nooit met die regerende party saam te werk nie, hou Mashaba vol die vennootskap is die sleutel tot die uitroei van korrupsie in Johannesburg.
Olimpiese Spele: Noah Lyles is die gunsteling om die naelloop-dubbel in Parys te wen. Die Amerikaanse wêreldkampioen het die naweek op die Diamantliga-byeenkoms in Londen die 100-meter gewen in ‘n persoonlike beste tyd van 9,81-sekondes, met Akani Simbine van Suid-Afrika tweede. Lyles het verlede jaar in Boedapest goud gewen in die 100- en die 200-meter op die wêreldkampioenskap, en sê hy kan nie wag vir die Spele nie.
Olimpiese Spele: Die veteraan-Blitsbok Rosko Specman sê hulle is gereed vir ʼn taai stryd teen Ierland in Woensdag se aanvangswedstryd in Parys. Die ander spanne in Groep A is Nieu-Seeland en Japan. Specman, wat deel was van die span wat in 2016 ʼn brons medalje op die Spele in Rio gewen het, sê die byeenkoms is altyd ʼn hoogtepunt.
Namibia se vermoë om genoeg voedsel te produseer word al hoe meer kommerwekkend, soveel so dat die regering en instansies moet intree. Die Namibië Akkerbouraad het 'n studie vrygestel wat sê Namibië voer 96 persent van haar vrugte in. Daarom doen die raad en Agribank stappe om plaaslike vrugte-boerdery te ondersteun. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Emilie Abraham, die Akkerbouraad se tuinbou-mark ontwikkelingsbestuurder, wat meer inligting verskaf.
NamRights, wat deur die omstrede Phil Ya Nangoloh gestig is, het klagtes ontvang oor vertragings in die uitreiking van Namibiese burgerskap-identiteitskaarte deur die binnelandse sake-ministerie in Oshakati. Nangolo sê daar is ook nie bewyse van aansoek uitgereik nie. Inwoners beweer dat hulle nie kan stem nie weens veranderinge in kiesersregistrasiereëls. Die ministerie het verduidelik dat die massaregistrasieprogram vanaf 19 Julie 98 581 aansoekers verwerk het. Margaret Kalo, die ministerie se woordvoerder, verduidelik die proses aan Kosmos 94.1 Nuus.
Die buurland se minister van Bosbou, Visserye en die Omgewing, Dion George, sê dit is belangrik om 'n gebalanseerde klimaat-agenda op te stel vir kwessies wat kritiek is vir ontwikkelende lande en om ontwikkelde lande te dwing om hul verpligtinge na te kom. Die minister woon vandag en môre die agtste ministersvergadering oor Klimaat-optrede in Wuhan, China, by. Die woordvoerder, Peter Mbelengwa, sê sleutelkwessies rakende die Verenigde Nasies se Raamwerk-konvensie oor Klimaat-verandering sal bespreek word:
Daar word beweer dat Namibië se voedselonsekerheid nie in skaarste lê nie, maar in die bekostigbaarheid van kos, wat 'n kommoditeit geword het. Sommige organisasies bepleit 'n terugkeer na tradisionele praktyke soos agterplaas-groentetuine, en die bevordering van gesinsgebaseerde, kleinskaalse boerdery, tuisverwerking en plaaslike handel. Hulle stel voor dat openbare fondse gebruik word om mense op te lei om selfonderhoudendheid te bereik. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Ben Schernick, direkteur van die Voedings- en Voedselsekerheid-alliansie van Namibië, oor die haalbaarheid hiervan.
Die Groen Waterstof-monitor wat deur die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing gepubliseer is, is krities oor die verkryging van fondse vir die groen waterstof-projek. Verskeie verslae en artikels is sedert die begin van die projek vrygestel wat die bron van fondse daarvoor kritiseer en bevraagteken. Die Groen Waterstof-kommissaris, James Mnyupe, het vroeër gesê dat die verskillende beleggers, soos Hyphen, hul gedeelte onafhanklik sal bestuur. Die staatsbelang in Hyphen word gefinansier deur die welvaartfonds vir volhoubare ontwikkelingsdoelwitte, of SDG-welvaartfonds, wat meer geld bymekaargemaak het. Mnyupe deel eksklusief die jongste bedrag wat die fonds ontvang het.
Reaksie word ontvang op die haglike toestand van die Katutura-sportkompleks waar haweloses sedert Maart 2020 gevestig is en by die dag meer word. Die sportministerie, wat die kompleks moet bestuur, sê hy werk met belanghebbendes om te verseker dat, selfs in die geval van uitsetting, die groep na 'n gebied met basiese dienste verskuif sal word. Kosmos 94.1 Nuus het met Nestor Tobias, die stigter van die MTC Nestor Sunshine Tobias Boksakademie wat in die Katutura-sportkompleks geleë is, gepraat. Hy sê daar is groot ontwrigting by die perseel.
Die onderwysministerie beskuldig Michael Amushehelo en die LPM-party van die verpolitisering van onderwyskwessies. Dit kom na die partylede saam met ouers die hekke by die Minna Sachs-laerskool vanoggend in Keetmanshoop gesluit het en toegang vir leerders verbied het. Dit kom na die party sê die skoolhoof is onregverdig aangestel. Die ministerie se uitvoerende direkteur Sanet Steenkamp.
Die DA in die Wes-Kaap sê hy ondersteun die provinsiale regering se versoek aan die Landbouminister, John Steenhuisen, vir ʼn tydelike verbod op die vervoer van diere met gesplete hoewe soos skape, varke en beeste. Dit is om te keer dat bek-en-klouseer wat in Humansdorp in die Oos-Kaap uitgebreek het, versprei. Drie-en-twintig plase in die Humansdorp-distrik en een plaas in Oos-Londen het diere wat positief getoets het. Noko Masipa van die DA sê geen gevalle is tot dusver in die Wes-Kaap aangemeld nie:
Die LPM-parlementslid Utaara Mootu is bekommerd oor die skuilings vir slagoffers van geslagsgebaseerde geweld in die Omaheke-streek. Volgens haar maak sommige van die skuilings toe weens 'n gebrek aan fondse om personeel en vrywilligers te ondersteun, wat slagoffers kwesbaar laat. Sy beweer ook dat daar slegs vyf maatskaplike werkers aan die hele streek toegewys is. Kosmos 94.1 Nuus het met Mootu gesels, wat meer inligting gee.
Logos Hope, die wêreld se grootste drywende boekwinkel, het meer as 27 000 besoekers gelok binne die eerste week nadat dit by die Walvisbaai-hawe vasgemeer het. Die vaartuig het op 5 Julie vir die publiek geopen en bied 'n diverse keuse van meer as 5 000 boektitels. Dit het ook talle geleenthede aangebied vir 'n wye verskeidenheid gehore en belangstellings. Mense het van so ver as Zimbabwe en Botswana gereis om die boekwinkel te besoek. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Paolenta Kevo, die projekbestuurder van Logos Hope na Namibië, wat sê dat hulle dankbaar is vir die Namibiërs en hul gasvryheid.
'n Raadsvergadering van die Walvisbaai munisipaliteit het verlede week in chaos uitgebars en van die raadslede het uitgestap. Die kwessie was, onder andere, die aanstelling van David Uushona as die waarnemende uitvoerende hoof, met Swapo- en LPM-raadslede wat voortdurend die wettigheid daarvan wil aanspreek. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met raadslid Ryan Gordon van die Walvisbaai munisipaliteit, wat die RedForce-sage die skuld gee vir onenigheid in die munisipaliteit.
Die Internasionale Geregshof sê Israel se besetting van Palestynse gebiede sedert 1967 bly onwettig en die land moet onttrek. Die hof het bevind Israel se optrede is strydig met internasionale reg. Dit sluit in die “de facto anneksasie” van grondgebied en ‘n oortreding van die wêreldwye verbod teen rassediskriminasie en apartheid. Die gebiede is die Wesbank, Oos-Jerusalem en die Gaza-strook. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met professor Andre Duvenhage, 'n Suid-Afrikaanse politieke ontleder, oor hoe dit die politiek sal beïnvloed.
Die Landelike Gesondheidsvoorspraakgroep beklemtoon dat verbeterde landelike gesondheidsorg noodsaaklik is vir die bereiking van universele gesondheidsdekking. Russel Rensburg van die organisasie sê die Nasionale Gesondheidsversekering wil billike sorg vir alle Suid-Afrikaners gee. Hy staan 'n veelfasset-benadering voor teen gesondheidsongelykhede, want die verserkering sal die openbare gesondheidstelsel herorganiseer om beter te reageer op uitdagings:
McLaren-renjaer Oscar Piastri het ʼn dramatiese Hongaarse Grand Prix gewen om sy heel eerste Formule Een-sege te buit. Die Australiër het sy spanmaat, Lando Norris, aan die begin verbygesteek en die grootste deel van die wedren voorgeloop. Toe Norris egter in die tweede ronde eerste die kuipe besoek, het die Brit die voortou geneem. Hy het uiteindelik toegegee aan McLaren se kuipeboodskappe dat hy die plek aan Piastri moet afstaan. Lewis Hamilton van Mercedes was derde in sy 200ste F1-podiumplek. Piastri sê die span het die regte ding gedoen:
Die Amerikaner Xander Schauffele het 'n tweede Major van die seisoen ingepalm, deur die Ope by Royal Troon in Skotland met twee houe te wen. Hy is die eerste speler wat die Ope en Amerikaanse PGA-kampioenskap in dieselfde jaar wen sedert Rory McIlroy in 2014. Engeland se Justin Rose en Billy Horschel van die VSA het twee houe agter hom geëindig in die tweede plek. Suid-Afrika se Thriston Lawrence was een voor met sewe om te speel, maar het drie houe gekort en vierde geëindig. Schauffele sê om sy tweede Major te wen is spesiaal:
Die adjunkminister van Gesondheid Joe Phaahla lei dié week 'n Suid-Afrikaanse afvaardiging na die 25ste Internasionale Vigskonferensie in München in Duitsland. Die wêreld se grootste konferensie oor MIV en Vigs bring wetenskaplikes, aktiviste en beleidmakers byeen. Die departmentele woordvoerder Foster Mohale sê die konferensie bied Suid-Afrika die geleentheid om insigte te deel uit MIV-proewe en die uitslag van onlangse peilings:
Die publiek word gewaarsku om op die uitkyk te wees vir rondloper-misdadigers, wat aanhou planne maak om mense te beroof. Die jongste aangemelde gevalle vind by winkelsentrums plaas. Iemand sal 'n niksvermoedende lid van die publiek nader en beweer dat hy die persoon se motor gestamp het. Die persoon sal gevra word om na die skade te gaan kyk, sodat hulle kan ooreenkom hoe om dit reg te maak. Intussen wag makkers buite en beroof die mense by die motor. Inspekteur Silas Shipandeni van NamPol het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.
Die olieprys verhandel net bo 83 Amerikaanse dollar per vat gedaal vir Brent ru-olie, maar Israel het oor die naweek Houthi-militêre teikens naby Jemen se Hodeidah-hawe met in terugaanvalle getref en ‘n olie-fasiliteit geteiken. Die Houthi's is 'n bondgenoot van Iran, een van die wêreld se groot olieprodusente. Kosmos 94.1 Nuus het met die bekende Suid-Afrikaanse ekonoom, Dawie Klopper, gesels oor hoe die aanval die olieprys sal beïnvloed.
Die saak waarin vyf Swapo-lede die party dagvaar om 'n kongres te hou om 'n partyleier te kies, is weer in die nuus. Die aansoek is teengestaan deur die party, wat gevra het vir 'n koste-bewaringsbevel om te verseker die lede kan regskoste betaal, indien hulle die saak verloor. Die lede se prokureur, Richard Metcalfe, staan egter nou sekuriteit vir die regskoste. Hy beaam aan Kosmos 94.1 Nuus dat die saak voortgaan en dat dit uiters belangrik is om af te handel voor die verkiesing.
Plaaslike media berig dat 36 skole en 15 400 leerders geraak word deur vertraagde aflewerings van kos na skole in Windhoek sedert Januarie. Onderwysers is bekommerd omdat kinders na wat berig word al in die klas flou geword het weens 'n tekort aan kos. Die Khomas onderwys-direktoraat het die verskaffer blameer en sê aflewerings sal vandag hervat. Die skoolvoedingsprogram verskaf kos aan meer as 400 000 leerders. Reaksie is ontvang van die aktivis en LPM-lid Michael Amushelelo, wat sê dit bewys die regering se onbevoegdheid.
Die nasionale leier van RISE Mzansi, Songezo Zibi, vra 'n vars regeringsperspektief op maatskaplike kwessies, waaronder misdaad en veiligheid, na die sluipmoordpoging op advokaat Coreth Naudé in eThekwini. Zibi sê daar moet 'n sterker staatsteenwoordigheid wees, en meegevoel met mense se lyding. Hy moedig president Cyril Ramaphosa aan om die land te inspireer en te verenig, en beklemtoon dringendheid en aanspreeklikheid met die hanteer van die huidige krisis en die skep van 'n toekoms van hoop.
TLU SA versoek president Cyril Ramaphosa om te verseker sy regering doen meer en belowe minder sodat Suid-Afrika kan slaag. Dit sluit in infrastruktuur en ekonomiese groei. Die hoofbestuurder van TLU SA, Bennie van Zyl, benadruk die noodsaaklikheid om 30 jaar van wanbestuur reg te ruk deur middel van gesonde ekonomiese beginsels. Volgens hom lê die ware toets in hoe die markte die volgende vyf jaar reageer.
Die jongste toerisme-akkommodasiestatistieke van die Gasvryheidsvereniging van Namibië toon bemoedigende neigings. Verblyfgetalle vir die eerste helfte van vanjaar het dié van verlede jaar met byna 5 persent oorskry. Die syfers was byna 2 persent hoër as in 2019, gebaseer op die gemiddelde nasionale besetting oor die 6 maande tydperk. Dit dui op 'n volle herstel in die toerismesektor, insluitend vakansie-, ontspannings- en sakereise, sedert 2019. Algehele grensoorgange na Namibië het egter nog nie 2019-vlakke bereik nie. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Gitta Paetzold, die Gasvryheidsvereniging se uitvoerende hoof.
Die Wes-Kaapse Departement van Water en Sanitasie monitor vinnig stygende damvlakke weens die onlangse swaar reën. Die damme sal na verwagting teen die einde van winter hulle volle kapasiteit bereik. Die provinsiale hoof Ntombizanele Bila-Mupariwa vra die publiek om vir veiligheid bedag te wees op vloedwaarskuwings. Sy sê die departement werk nou saam met munisipaliteite om watervlakke doeltreffend te bestuur.
Die Kanada-gebaseerde goudmyner B2Gold het die proses begin om personeel by sy Otjikoto-goudmyn af te skaal weens uitgeputte hulpbronne. Die myn het begin met die eerste kwartaallikse afskaalfase van 2024. Die myn beplan om teen 2031 steeds in bedryf te wees. Eric Barnard, hoofbestuurder van die Otjikoto-myn, sê minder as 30 werkers is tot dusver afgelê. Die maatskappy het met die Mynwerkersunie van Namibië gekonsulteer wat vrywillige afleggings aanbeveel het. Die maatskappy voorsien werkers van berading en welstandsessies, sowel as finansiële opvoedingsondersteuning vir individue wat belangstel om hul eie besighede te begin. Barnard het 'n uiteensetting van die situasie op 'n media-inligtingsessie gegee.
Die minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Parks Tau, het pogings aangekondig om armoede uit te roei en die ekonomie 'n hupstoot te gee. Hy vra 'n nasionale fokus op nywerheidsbeleid. Tau het in die Parlement gepraat en die mede-skepping van markte en vennootskappe beklemtoon, waarby beide partye baat. Tau merk ook op 25-persent van Suid-Afrika se rykdom word bestee aan invoere, wat nie ooreenstem met ontwikkelingsbehoeftes nie. Hy vra die versnelling van 'n slim nywerheidsbeleid teen dié kwessies.
Die Namibië Rugby Unie Premierliga het Saterdag hervat met verskeie opwindende wedstryde. Kudus het die Dolphins oortuigend met 57-18 geklop. United het met 41-28 oor Western Suburbs geseëvier, terwyl Unam vir Rehoboth 47-7 verslaan het. Reho Falcon het tuis met 23-40 teen Wanderers verloor. Falcon en Wanderers het terselftertyd meegeding in 'n skild-kompetisie ter ere van die vier lede en spelers van die klub wat in April in 'n motorongeluk dood is. Wanderers afrigter Dirk Human het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Veediefstal is landwyd 'n probleem en volgens kenners sal dit erger word namate armoede toeneem. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Christiaan Swartbooi, van die Gibeon-gemeenskap se operasionele komitee teen veediefstal, om te hoor hoe dinge in die Suide lyk. Swartbooi sê hulle het groot sukses met die bekamping van die misdaad, want die gemeenskap werk met die polisie saam.
Die Suid-Afrikaanse Korrektiewe Dienstewerkers-vakbond veroordeel 'n video van 'n gevangene wat lekker lewe in die tronk in Goodwood, Kaapstad. Die woordvoerder, Alude Jizana, sê die video skend die beeld van korrektiewe beamptes en beeld tronk omstandighede verkeerd uit. Jizana kritiseer die ongeoorloofde gebruik van selfone deur aangehoudenes. Sy vra 'n deeglike ondersoek deur die Departement van Korrektiewe Dienste om aanspreeklikheid te verseker.
Donald Trump het aan 'n saamtrek in Michigan gesê dat hy "'n koeël vir demokrasie gevat het" in 'n aanslag op sy lewe verlede week. Duisende ondersteuners was by Trump se eerste saamtrek met sy verkiesingsmaat JD Vance. Nadat hy vroeër vir nasionale eenheid gevra het, het Trump teruggekeer na beledigende en soms aanstootlike taal om sy opponente aan te val. Hy het ook 'n reeks valse bewerings oor immigrasie, die ekonomie en verkiesingsbedrog herhaal. Hy het aan 'n stampvol arena in Grand Rapids gesê dat die Demokrate hom daarvan beskuldig dat hy ''n bedreiging vir die demokrasie' is".
Rolspelers in die houtskoolbedryf in die Kunene-streek het 'n gemeenskapsvergadering bygewoon wat daarop gemik was om met houtskool-produsente en werkers te skakel wat deur die verbod op produksie geraak word. Die direkteur van bosbou in die bosbou-ministerie, Johnson Ndokosho, het 'n streng waarskuwing uitgereik dat die direktoraat nie boom-oes permitte sal hernu vir plase wat oeskwotas oortree nie. Die verbod het in Mei in werking getree nadat die ministerie se omgewingspanne sowat 110 plase in dele van die Otjozondjupa- en Kunene-streke besoek het. Kosmos 94.1 Nuus het met Kunene-goewerneur Marius Sheya gesels, wat sê dat hulle gemeenskaplike grond gevind het oor die uitreiking van oespermitte.
Reaksie word steeds ontvang op die toespraak van president Cyril Ramaphosa by die parlementsopening in Kaapstad. Die oud-politikus en minister in die regering van nasionale eenheid in 1994, Roelf Meyer, het sy mening so verwoord aan Kosmos 94.1 Nuus.
Twintig jong mense van Leonardville sal ambagsopleiding kry deur 'n vennootskap tussen Headspring Investments en die Namibië Instituut vir Mynboutegnologie, Nimt. Kragtens die ooreenkoms sal die instituut 40 kandidate van Leonardville assesseer en 20 kies vir opleiding in Arandis, met die fokus op velde soos pasmaak, draai en ketelmaak. Die ooreenkoms word gewaardeer op meer as 500 000 Namibiese dollar vir die 2024/2025 finansiële jaar, wat onderrig en verblyf dek. Die Russiese mynmaatskappy is bekend vir sy uraanmyn-pogings in die Stamprietkom. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Riaan van Rooyen, woordvoerder van Headspring Investments, oor die doel van die vennootskap.
Die Stad Windhoek het 7,7 miljoen Namibiese dollar in die 2024/25-begroting bewillig vir die opknapping van die Sam Nujoma-stadion in Katutura. Dit is onthul deur Samuel Mutonga, waarnemende strategiese uitvoerende hoof vir finansies en kliëntedienste, tydens 'n openbare vergadering in die Katutura-Oos-kiesafdeling. Die Stad het reeds 3,2 miljoen dollar in die 2013/14 finansiële jaar bestee aan 'n uitvoerbaarheidstudie vir die stadion se opgradering. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Lydia Amutenya, die woordvoerder van die Stad Windhoek, wat meer inligting verskaf.
Die buurland se beplanningsminister, Maropene Ramokgopa, is vol vertroue dat Suid-Afrika se openbare ondernemings op die herstelpad is en besig is om te stabliseer. Sy het aan die Parlement gesê Eskom is 'n voorbeeld van die herstel terwyl die land nou meer as 100 dae sonder enige beurtkrag gehad het. Sy het die begroting van die departement van Openbare Ondernemings ingedien en gesê die Suid-Afrikaanse Lugdiens is aan die verbeter.
Die Copps 94.1-span sê dit was 'n stil aand op hulle skof in die hoofstad, maar hulle moes inspring en hulp verleen by insidente waar drank betrokke was. 'n Man wat onder die invloed bestuur het is agter tralies gesit. Francois Lottering was op die tonele en doen verslag.
Die jongste toerisme-akkommodasiestatistieke van die Gasvryheidsvereniging van Namibië toon bemoedigende neigings. Verblyfgetalle vir die eerste helfte van vanjaar het dié van verlede jaar met byna 5 persent oorskry. Die syfers was byna 2 persent hoër as in 2019, gebaseer op die gemiddelde nasionale besetting oor die 6 maande tydperk. Dit dui op 'n volle herstel in die toerismesektor, insluitend vakansie-, ontspannings- en sakereise, sedert 2019. Algehele grensoorgange na Namibië het egter nog nie 2019-vlakke bereik nie. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Gitta Paetzold, die Gasvryheidsvereniging se uitvoerende hoof.
Suid-Afrika se president Cyril Ramaphosa het in sy toespraak by die parlementsopening in Kaapstad veral klem gelê op planne vir die ekonomie. Hy sê onder meer die regering van nasionale eenheid sal aksies volg wat bydra tot volhoubare, vinnige ekonomiese groei. Kosmos 94.1 Nuus het met professor Jannie Rossouw van Wits se Besigheidskool gesels, wat sy mening deel.
Rugby: Daar is nie enige Curriebekerwedstryde môre nie omdat die Springbokke teen Portugal in Bloemfontein te staan kom. Die Leeus is vandag die gashere vir die Griekwas in Johannesburg, die Bulle en die Cheetahs sê mekaar die stryd aan in Pretoria en die Haaie verwelkom die Pumas in Durban. Sondag speel die Griffons teen die Westelike Provinsie in Welkom. Die Cheetahs is bo aan die punteleer met 10 punte na twee bonuspuntoorwinnings gevolg deur die Leeus, die Bulle, Griekwas, Pumas. Haaie, die WP en die Griffons. Die president van die Bulls, Willem Strauss, het ekslusief met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Die Verkiesingskommissie van Namibië het waardering uitgespreek vir alle burgers wat geregistreer het, maar is bekommerd oor dalende opkoms gedurende spesifieke weke van die algemene registrasie van kiesers. Daar was egter 'n verbetering in opkoms in die jongste verslagtydperk tussen 8 en 13 Julie, met 165 524 stemgeregtigde kiesers wat geregistreer is. Die kommissie doen 'n beroep op alle kwalifiserende burgers om te registreer voordat die registrasietydperk op 1 Augustus eindig, met geen verlengings wat beplan word nie. Hoofverkiesingsbeampte Peter Shaama gee 'n opdatering oor kiesersregistrasie-opkoms.
Rugby: Jan-Hendrik Wessels draf môre op die Vrystaat-stadion die eerste keer in 'n Springboktrui op die veld wanneer die Springbokke vir Portugal pak. Die jong stut het in Bloemfontein grootgeword en was op Grey-kollege saam met die haker André-Hugo Venter, wat ook gereed is vir sy eerste toets, van die reserwebank af. Hulle twee is Grey se 46ste en 47ste Springbokke. Wessels sê dit is baie spesiaal om sy debuut voor sy tuisskare te maak.
Die jaarlikse Bonsmara Top 10-veiling vind môre om 11-uur by die Agra Veilingskrale in Otjiwarongo plaas. ’n Span telers gaan ’n topseleksie van 25 Bonsmara-bulle aanbied. Daar kan ook aanlyn aan die veiling deelgeneem word. Kosmos 94.1 Nuus het met Hella Coetzee van Agra gesels, wat 'n oorsig gee van die veiling en aansporings wat vir kopers beskikbaar is.
Die Suid-Afrikaanse finansminister, Enoch Godongwana, sê met die regering se vinnige instelling van die aksieplan waarop met die Finansiële Aksietaakmag ooreengekom is, sal die land vroeg volgende jaar van die gryslys verwyder word. Suid-Afrika is in Februarie verlede jaar op die gryslys geplaas omdat hy nie voldoen aan internasionale standaarde wat geldwassery en onwettige finansiële transaksies betref nie. Godongwana sê sy departement het 31,2-miljoen Suid-Afrikaanse rand toegeken aan belastingbeleid-subprogram in die ekonomiese beleid-, belasting-, finansiële regulering- en navorsingsprogram om die land van die gryslys te kry:
President Nangolo Mbumba wil hê dat ontwikkelingsagentskappe in Namibië meer tasbare werk vir die land moet doen, in plaas daarvan om konferensies aan te bied en dokumente op te stel. Hy het met die Verenigde Nasies se Ontwikkelingsprogram in Namibië se landverteenwoordiger, Alka Bhatia, gepraat tydens 'n hoflikheidsbesoek by Staatshuis.
Die Reserwebank se Monetêre Beleidskomitee het die terugkoopkoers op 8,25-persent gelaat. Die president, Lesetja Kganyago, het daarop gewys vier lede het hierdie standpunt gehuldig terwyl twee ‘n verlaging van 25-basispunte voorgestaan het. Oorkoepelende inflasie sal na verwagting laer neig weens laer brandstof- en voedselpryse. Hy het beklemtoon inflasie sal na verwagting stabiliseer op 4,5-persent terwyl die prima-uitleenkoers op 11,75-persent bly.
Die Swakopmund munisipaliteit vier Bejaardemarkdag en nooi die publiek uit om op Saterdag, 31 Augustus te kom meedoen by die Swakop Plaaslike Kwekersmark agter die Vineta sportveld. Die bejaarde gemeenskap kan ondersteun word terwyl handgemaakte goedere, plaaslike produkte en unieke items geniet word. Ondersteuners kan 'n verskeidenheid gebakte lekkernye, kuns en handwerk, asook gebreide items lewer. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Linda Mupupa, die munisipaliteit se woordvoerder, wat meer inligting gee.
Die Koalisie van Kerke het 'n petisie vrygestel vir ondertekening teen die hooggeregshof se bevinding dat die sodomiewet ongrondwetlik is. Verskeie pro-menseregte organisasies was verheug oor die uitspraak, maar daar is elders groot ontevredenheid daaroor. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Shirley Magazi van die koalisie, wat uitbrei oor die kwessie.
Die amptelike opposisieparty, die Popular Democratic Movement, PDM, hou hierdie naweek 'n massa-saamtrek. Saterdagmiddag vergader die party in Rehoboth by die Beukes-minimark. Sondag is hulle in die Sesfontein-kiesafdeling in die Kunene-streek, waar die party na verwagting honderde nuwe lede sal verwelkom. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die PDM-leier, McHenry Venaani, wat meer inligting gee.
ActionSA vra president Cyril Ramaphosa om sy toespraak by die Parlementsopening te gebruik om daadwerklike stappe aan te kondig vir die groot koalisie om die ekonomie te laat groei en werk te skep. Die woordvoerder, Samkelo Mgobozi, beklemtoon die dringendheid van politieke aanspreeklikheid, beleidsekerheid en die lok van beleggings. Hy vra hervorming van die arbeidswette en beleggingstruikelblokke, en mededinging in sleutelbedrywe om binne vyf jaar 4,8-miljoen werksgeleenthede te skep.
Kenners sê 'n sterk plaaslike inhoud-beleid kan help om buitelandse beleggings te lok terwyl dit verseker dat Namibiërs 'n regverdige deel van die land se hulpbronne kry. Dit is bespreek by die Namibiese Kamer van Koophandel en Nywerheid se Namibiese Besigheidsimposium oor die bevordering van bedryfsamewerking, wat vroeër die maand op Walvisbaai gehou is. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Jason Kasuto, besturende vennoot van Monasa Advisory and Associates, wat sê 'n geteikende implementeringstrategie is van kardinale belang om die beleid se doelwitte te operasionaliseer.
Die DA in Limpopo vra vir verbeterde bio-sekerheidsmaatreëls in die boerderybedryf wat fokus op die opspoorbaarheid van vee om bek-en-klouseer te bekamp. Hulle versoek die Departement van Landbou om spoedig die riglyne van die Wêreldorganisasie vir Dieregesondheid te aanvaar vir die stelsels vir identifisering en opspoorbaarheid. ‘n Woordvoerder van die DA, Marie Henn, sê die maatreëls sal deursigtigheid verbeter, landboubelange beskerm en groei in die provinsie se rooivleisbedryf bevorder:
In vandag se digitale era is die risiko van kuberaanvalle 'n groot bekommernis, aangesien skurke daarop uit is om kwesbaarhede in ons aanlyn interaksies uit te buit. Kubermisdadigers gebruik 'n verskeidenheid taktieke om individue te teiken, met algemene tegnieke wat konsekwent gebruik word. Dit is van kardinale belang om bewus te wees van hierdie metodes om jouself en jou organisasie te beskerm. Cornelia Shipindo, bestuurder van kuberveiligheid by die Kommunikasie Regulerende Owerheid van Namibië, Cran, sit die algemene kwesbaarhede uiteen.
Namibia Wildlife Resorts het sy toewyding aan korporatiewe maatskaplike belegging onderstreep met 'n aankondiging dat hy sowat 500 000 Namibiese dollar in die vorige boekjaar daarop bestee het. Dit was gerig op sleutelareas in onderwys, sport en omgewingsvolhoubaarheid, wat die firma se belofte om Namibiese gemeenskappe te ondersteun en op te hef, weerspieël. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Nelson Ashipala, Namibia Wildlife Resorts se woordvoerder.
Vandag is Nelson Mandela Internasionale Dag, 'n dag waarop individue en gemeenskappe wêreldwyd aangemoedig word om 67 minute te gebruik om ander te dien. Vanjaar se tema is, Dit is steeds in ons hande om armoede en ongelykheid te bekamp. Die Nelson Mandela-stigting werk vandag saam met die Verenigde Nasies om 17 TEDx-gesprekke op grond van die doelwitte vir volhoubare ontwikkeling by die Gordon Institute of Business Science in Johannesburg aan te bied. Gushwell Brooks van die stigting sê almal het 'n gesamentlike verantwoordelikheid om 'n beter toekoms te vorm:
Verskeie aanlyn plasings wat lyk asof dit deur kunsmatige intelligensie geskep is doen die rondtes op sosiale media. Die plasings dui aan dat konserwatiewe partye selfdegeslag verhoudings ondersteun. Die plasings teiken op die oomblik spesifiek die IPC en Swapo. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Ethne Mudge, 'n maatskaplike aktivis, wat haar mening oor die kwessie gee.
Die kontroversiële en militante mariene-aktivis Paul Watson is terug, die keer as hoof van die Paul Watson-stigting nie as Sea Shepherd nie. Hy vra, nes ‘n voorganger Francois Hugo etlike jare gelede, vir ‘n boikot van Namibië as gevolg van die robbe-oes. In Maart 2019 het Costa Rica alle aanklagte teen Watson laat vaar, na hy vaartuie gestamp en beskadig het, Interpol se rooi kennisgewing, wat uitgereik is toe hy verdwyn het, is teruggetrek. Die oud-ombud, advokaat John Walters het in 2012 ‘n ondersoek na die robbe-oes gedoen. Hy gesels vandag met Kosmos 94.1 Nuus oor die terugkeer van Watson.
Namibië en talle ander lande in Afrika hou die Amerikaanse politieke landskap fyn dop veral met die toenemende gewildheid van Donald Trump. Programme soos Pepfar, Agoa en meer is baie belangrik vir ons en ons bure. Maar sou ‘n tweede Trump-administrasie moontlik die programme in gedrang stel? Kosmos 94.1 Nuus het met dr. Charles Sinkala, ‘n kenner in die gebied van Afrika en handel, oor die kwessie gesels.
Volgens Simonis Storm se jongste boustatistieke het Windhoek verlede maand 'n afname van 17,6 persent maand-tot-maand in goedgekeurde bouplanne gehad, van 199 goedkeurings in Mei tot 164 in Junie. Swakopmund het egter 'n 46,7 persent toename op 'n jaarlikse basis in goedgekeurde bouplanne aangeteken, ondanks goedkeurings wat van 75 in Mei tot 66 in Junie gedaal het. Kosmos 94.1 Nuus het met Halleluya Ndimulunde, 'n ekonoom by Simonis Storm, gepraat oor die pad vorentoe.
Die minister van Landbou John Steenhuisen het vertroue uitgespreek dat Suid-Afrika sal kan voldoen aan die vermindering van honger teen 2030. Steenhuisen beklemtoon die behoud van volhoubare landbou en die vermindering van die koste van voedsel. Die minister vra die vermeerdering van belastingvrye voedselsoorte om te verseker meer mense het toegang tot voedsame kos en beklemtoon die belangrikheid van die beskerming van landbougrond om voedselproduksie te verseker. Hy sê Suid-Afrika bly 'n netto-uitvoerder van voedsel:
Reaksie word ontvang op die dood van ‘n 13-jarige seun in die Oshikoto-streek na hy noodlottige kopbeserings opgedoen het terwyl hy water uit 'n put wou haal. Hy is in die put laat sak met 'n tou wat aan 'n stoel vasgemaak is. Die tou het losgekom en hy het geval, en sy kop het klippe in die put getref. Die tipe voorval kom gereeld voor en Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Ileni Nandjato, oud-joernalis en inwoner en van die streek, oor die omvang van die probleem. Nandjato sê mense is op 'n punt waar hulle hul lewens in gevaar stel op soek na water wat dalk nie veilig is om te drink nie.
Die Britse minister van buitelandse sake David Lammy het gereageer op die Amerikaanse adjunk-presidentskandidaat JD Vance se kommentaar oor die Verenigde Koninkryk. Vance meen die land is ‘n Islamitiese land met kernwapens.
Die regering is tans besig met die sesde ontwikkelingsplan maar het in die vyfde een, wat nou klaar is, die vestiging van die blou ekonomie wat noodsaaklik is vir werkskepping, daargestel. Om die blou ekonomie te versterk ondersteun die regering ook die vestiging van akwakultuur-boerdery in agterplase. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die plaaslike ekonoom Joseph Sheehama, wat as raadgewer gedien het vir die ontwikkelingsplan. Hy sê die struktuur van blou ekonomie is nie in die vorige plan op die voorgrond geplaas nie.
President Cyril Ramaphosa sal vanaand sy openingsrede by die nuwe parlement in die Kaap lewer. Hy staan aan die hoof van ‘n eenheidsregering met uitleenlopende partye wat deel vorm daarvan en dit maak sy uitdagings groter. Die uitvoerende direkteur van die FW de Klerk-stigting, Christo van der Rheede het met Kosmos 94.1 Nuus gesels en deel sy verwagtinge.
Engeland se kaptein, Ben Stokes, sê hy ondersteun Chris Woakes in sy rol om die boul-eenheid te lei. Die 35-jarige speler sal in sy 50ste toets speel wanneer die tweede toets teen die Wes-Indies vanmiddag by Trent Bridge begin. Dis die eerste tuis-toets sedert 2012 waarin nie James Anderson of Stuart Broad speel nie omdat albei uitgetree het. Stokes sê Woakes sal die aanval lei en die nuwe bal met Gus Atkinson deel:
Die hoof van Makro-ekonomiese Navorsing van die Standard Bankgroep, Elna Moolman, hoop die Reserwebank sal binnekort rentekoerse verlaag om sukkelende kleinhandelverkope te verbeter. Die bank kondig vandag die rentekoers aan. Moolman sê die jaar-tot-jaargroeikoers het in Mei op 0,8-persent gebly, maar sy verwag beter verbruikersaanwysers in die tweede helfte van die jaar, indien inflasie verder sou afneem:
Veediefstal in verskeie streke neem toe en word al hoe meer problematies. So ook die droogte. Inwoners van buurlande is nou ook glo betrokke by veediefstal in Namibië. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Erginus Endjala, die goewerneur van die Omusati-streek, wat beweer Angolese burgers steel vee uit die noordelike streke. Hy sê die twee lande moet begin saamwerk aan die probleem.
Die Withuis het bevestig president Joe Biden het positief getoets vir Covid-19 en het ligte simptome. Die 81-jarige Biden sal hom by sy Delaware-woning in Rehoboth Beach isoleer in ooreenstemming met die Amerikaanse Sentrums vir Siektebeheer en -Voorkoming se riglyne. Intussen woeker die Republikeine in Wisconsin met vandag die vierde en laaste dag van die byeenkoms. Die adjunk-presidentskandidaat JD Vance het die konvensie toegespreek.
Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, moedig almal aan om vandag 67 minute openbare diens te lewer om Nelson Mandela se nalatenskap te eer. Dit is vandag Internasionale Nelson Mandeladag met die tema: Dit is steeds in ons hande om armoede en ongelykheid te bekamp. Guterres sê Mandela het aan die wêreld gewys watter buitengewone verskil een mens kan maak:
Die Automobiel-Assosiasie in Suid-Afrika sê middel-maand data dui op klein verlagings in brandstofpryse in Augustus. Hy sê 95-oktaan petrol kan met sewe sent per liter daal en 93-oktaan met vier-sent per liter. Dieselpryse kan dalk met een-sent per liter daal. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Robert McGregor, 'n ekonoom van Cirrus, oor sy verwagtinge vir brandstofpryse in Namibië.
Vele huurders het op sosiale media hul ontevredenheid met stedelike en landelike ontwikkeling-minister Erastus Uutoni uitgespreek oor vertragings in die inwerkingstelling van die Wetsontwerp op Huurbeheer. Die wetsontwerp poog om huur in Namibië te reguleer. Die afwesigheid van hierdie wet plaas huurders steeds in 'n moeilike posisie met betrekking tot bekostigbare verblyf. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Uutoni vir 'n opdatering oor die wetsontwerp en wanneer dit gefinaliseer en voorgelê sal word.
Madison Metals het aangekondig dat die myne en energie-ministerie 'n lisensie vir basis- en seldsame metale, industriële minerale en kernbrandstowwe vir EPL 8905, wat by Madison-Wes geleë is binne Mynlisensie 86A, toegestaan het. Dit is dieselfde lisensiegebied waarin die Khan-kopermyn is. Die nuwe lisensie brei die omvang van Madison se eksplorasie en ontwikkeling uit om uraan, koper, goud, silwer en ander edelmetale in te sluit. Belangstelling in Namibië se mynbousektor blyk sterk te wees, met nuwe myne en eksplorasielisensies wat gereeld opduik. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met dr. Omu Kakujaha-Matundu van Unam se Departement Ekonomie oor of dit die ekonomie en werkskepping sal bevorder.
Die Amerikaanse ambassadeur in Suid-Afrika, Reuben Brigety, is doodseker oor die hegtheid van die betrekkinge tussen die twee lande, ondanks spanning oor Suid-Afrika se bande met Rusland en China. ‘n Suid-Afrikaanse afvaardiging gaan Amerika besoek om met wetgewers te praat oor ‘n hersiening van die verhouding, aangesien dit Suid-Afrika se status ten opsigte van die Wet op Groei en Geleenthede in Afrika, of Agoa, mag raak. Brigety sê hy is optimisties om bilaterale bande weer te laat opvlam.
Rolspelers in die houtskoolbedryf in die Kunene-streek kom môre by die gemeenskapsaal in Outjo byeen. Boere het baie navrae by die streekraadslid se kantoor ingedien en die kantoor hoop om dit by die vergadering aan te spreek. Streekraadslid Johannes Antsino gee meer inligting.
Die landbou-organisasie TLU SA sê boere verwag die minister van Landbou, John Steenhuisen, moet die rigting verander waarmee die ANC se verwoestende ideologiese standpunt landbou ontpoor het. Hoofbestuurder Bennie van Zyl sê Suid-Afrika se kiesers het dit in die verkiesing duidelik gestel die ANC se rigting is onaanvaarbaar. Van Zyl sê daar is groot kommer as die regering van nasionale eenheid die vernietigende pad van die ANC se beleidsrigting sou voortsit.
Gholf: Rory McIlroy begin die Ope-kampioenskap saam met sy Ryderbeker-spanmaat, Tyrrell Hatton, en die Amerikaner, Max Homa. Die vierde major van die seisoen begin môre op Royal Troon in Skotland. Die Noord-Ier het die toernooi in 2014 gewen en sê die kus-links-(lienks)-baan sal ‘n uitdaging wees.
Die Kantoor van die Arbeidskommissaris het onlangs met belanghebbendes ontmoet oor die herontwerp van sakeprosesse om dienslewering te verbeter en langdurige uitdagings in arbeidsgeskil-beslegting aan te spreek. Die inisiatief het ten doel om knelpunte wat doeltreffendheid belemmer te identifiseer en op te los, veral in die versoenings- en arbitrasieprosesse, wat deur die publiek gekritiseer word. Lydia Indombo, uitvoerende direkteur van die arbeidministerie, het daarop gewys dat sommige strydende partye vertroue in die beskikbare alternatiewe geskilbeslegtingsmeganismes verloor het. Kyllikki Sihlahla, die Arbeidskommissaris, het namens Indombo aangedui dat daar 'n openbare herrie was oor vertragings met die beregtiging van arbeidsake.
Rugby: Losvoorspeler Phepsi Buthelezi is een van sewe nuwelinge in die Springbok-groep vir Saterdag se heel eerste toets teen Portugal, wat in Bloemfontein plaasvind. Die 25-jarige is as flank in die opdrafspan. Buthelezi is bekend met die leierskaprol by die Junior Springbokke en die Haaie en sê hy is beïndruk met die manier waarop die leierskap by die Springbokke gedeel word.
Die omgewing-ministerie het 'n boorgatpomp en kragopwekker aangeskaf om tot die redding van 135 seekoeie te kom wat in die Zambezi-streek gestrand is. Die toerusting is 66 531 Namibiese dollar werd en sal water pomp na die seekoeie, wat in 'n poel dik modder in die Rungara-stroom in die Mutikitila-omgewing gestrand is. Romeo Muyunda, woordvoerder van die ministerie se woordvoerder, sê die boorgat is verlede week geïnstalleer en watervlakke het toegeneem. Hy gee meer inligting.
Die Independent Patriots for Change, IPC, sê hulle is diep bekommerd oor die onlangse geslote vergadering tussen president Nangolo Mbumba en die Verkiesingskommissie van Namibië. Swapo se sekretaris-generaal, Sophia Shaningwa, was ook teenwoordig. Volgens IPC sekretaris-generaal Christine Aochamas is dit in stryd met beide die Namibiese Grondwet en die Kieswet. Dit laat ernstige vrae ontstaan oor die onpartydigheid en integriteit van die Verkiesingskommissie. Aochamas het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Meer reaksie is oor die vergadering ontvang. Job Amupanda, leier van die Regstellende Herposisionering-beweging, het reeds gesê die Verkiesingskommissie gee voor dat hy neutraal is, maar het openlik gewys dat sy beweerde onpartydigheid 'n klug is. Die regeringskenner dr. Marius Kudumo, sê die vergadering sou regverdig wees as alle politieke partye verteenwoordig was.
Die Automobiel-Assosiasie verwag klein veranderings in brandstofpryse vir aanstaande maand met data in die middel van die maand effens laer, met 95-oktaan petrol sewe sent per liter laer en 93-oktaan vier-sent per liter laer. Dieselpryse mag effens laer wees met een-sent per liter. Lampolie kan met nagenoeg ses-sent per liter styg. Die woordvoerder van die Assosiasie, Eleanor Mavimbela, sê ten spyte van dalings, sal hoёr brandstofpryse voortduur en versoek ‘n hersiening van die brandstofprysstruktuur vir volhoubare oplossings:
Die 4de jaarlikse internasionale hoëvlak kuberveiligheidskonferensie vind in die hoofstad plaas. Die tema is "Opkomende kuberveiligheidsbedreigings en die land se paraatheid om 'n veiliger digitale ruimte te bou". Die konferensie het ten doel om 'n platform te bied vir samewerking en kennisuitruiling tussen sleutelbelanghebbendes in die kuberveiligheidsdomein, wat voorsiening maak vir alle sektore van die ekonomie. Die adjunkminister van inligting, Modestus Amuse, het die hoofrede gelewer. Hy het 'n opdatering gegee oor die belangrikheid van die regering se pogings om 'n kuberveiligheidswetsontwerp in die land te vestig.
Die Basiese Onderwys-minister, Siviwe Gwarube, sê haar ministerie sal 'n versoekskrif aan president Cyril Ramaphosa voorlê vir die terugstuur van die Bela-wetsontwerp na die parlement vir hersiening. Verskeie politieke partye, wat die DA insluit, het die wetsontwerp verwerp. As 'n lid van die DA het Gwarube beklemtoon dit behoort hersien te word sodat leerders se toekoms nie met verouderde wetgewing op die spel geplaas word nie. Sy het aan die SABC gesê daar is nodige veranderings wat debatteer moet word:
Die gewone raadsvergadering van die Walvisbaai munisipaliteit het Dinsdag in chaos uitgebars. Dit is die gevolg van voortdurende eise van Swapo- en LPM-raadslede om die wettigheid van die aanstelling van David Uushona as die waarnemende uitvoerende hoof aan te spreek. Uushona sal waarneem tot die aankoms op 1 Augustus van die nuwe uitvoerende hoof, Victoria Kapenda, tans die uitvoerende hoof van die Tsumeb-munisipaliteit. Die burgemeester van Walvisbaai en voorsitter van die Raad, Trevino Forbes, sê dat hy nie sal toelaat dat wetteloosheid in die Walvisbaai Raadsaal heers nie. Forbes het met Kosmos 94.1 Nuus gesels en verduidelik.
Die adjunkminister van binnelandse sake Lucia Witbooi het tydens ‘n regeringsinligting-sessie besonderhede deurgegee oor hoeveel ID-dokument voorsien is en hoeveel nie afgehaal is nie. Sy sê hulle werk aan ‘n strategie om die ID’s aan te stuur.
President Joe Biden het ‘n nuwe aanvalstegniek opgeneem in sy stryd om wapenbeheer in die VSA toe te pas. Hy het verskeie kere gepoog om veral outomatiese aanvalsgewere te verbied maar is elke keer deur die Republikeine geblokkeer. Nou sê hy hulle moet by hom aansluit omdat Donald Trump se sluipmoordpoging met presies so wapen uitgevoer is.
Die nuutste vleispryse is vrygestel deur die Lewendehawe- en Lewendehaweprodukte-raad. Die skaappryse is hoog maar bly bestendig, terwyl Suid-Afrikaanse markte weer hoër pryse toon. Dit belemmer plaaslike bemarking. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Desmond Cloete, die hoof van bemarking by die raad, wat sê rede hiervoor is die groot verskille tussen die twee markte en hulle kan nie vergelyk word nie. Cloete het wel kommentaar gelewer op die plaaslike skaappryse.
Goud het in die afgelope maand met amper 6,5 persent versterk en in die afgelope sewe dae met amper 5 persent. Geag as ‘n veilige belegging het Kosmos 94.1 Nuus met die Suid-Afrikaanse ekonoom Chris Hart gepraat oor wat verander het om goud weer die hoogte in te skiet. Hy sê die sluipmoordpoging op Donald Trump is maar een van die faktore.
Savanna Beef Processors se konstruksie van sy uitvoer-abattoir vorder fluks net Suid van Okahandja. Mure en fondasies op die ontbeningsaal en versendingsaanleg vorder goed en sanitasie en rioolstelsels ook. Kosmos 94.1 Nuus het met Mecki Schneider, die voorsitter van die Beesvleis Waardeketting-forum, gesels oor die jongste. Hy sê voorbereiding vir bemark het reeds begin.
Olie- en gaseksplorasie in Namibië het talle buitelandse maatskappye gelok maar, daar is kommer onder aktiviste en kenners oor die etiek van sommige van die maatskappye. Die jongste toevoeging is Baker Hughes, ‘n olie-tegnologie verskaffer met sy hoofkwartiere in Houston, Texas. Die maatskappy is onder andere in die VSA deur owerhede uitgedaag oor betalings van 5,2 miljoen Amerikaanse dollar aan twee agente in Kazakhstan, welwetende dat dit gebruik sal word as omkoopgeld. Owerhede sê omkopery het ook in Angola, Indonesië en Nigerië plaasgevind. Aktivis Rob Parker het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat toe Halliburton, ook ‘n Amerikaanse oliedienste-maatskappy, die land betree het.
Die hawe by Kaap Fria in die Kunene-streek is in die nuus omdat Job Amupanda die hawe belowe het. Terwyl die Namibiese Statistieke-agentskap nie glo invoere en uitvoere regverdig die hawe nie, het Kosmos 94.1 Nuus aangeklop by die werke- en vervoerminister John Mutorwa. Hy verduidelik die regering se standpunt.
Die premier van die Wes-Kaap, Alan Winde, versoek president Cyril Ramaphosa om Donderdag tydens die Parlementsopening te wys die regering van nasionale eenheid is daartoe verbind om Suid-Afrika se uitdagings te bowe te kom. Winde benadruk die belangrikheid van die oplewing van ekonomiese groei om werk te skep en armoede te verminder. Hy vra vir billike begrotingstoewysings vir noodsaaklike dienste, verbeterde energie- en waterveerkragtigheid, verhoogde befondsing vir infrastruktuur, verbeterde rampbestuur en veerkragtigheid met die klimaatskrisis:
Boere gaan gebuk onder die erge droogte en boonop word reën nie gou verwag nie. Die Khomas Hochland kan moontlik eers in Januarie reën kry, volgens die boer en plaaslike landboukenner, Dagmar Honsbein. Sy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en sê boere moet hulle besigheidsplanne verander en dalk in hierdie tyd verbeteringe op hul plase aanbring.
Daar is berigte dat Amerikaanse owerhede het die afgelope weke inligting verkry oor 'n komplot deur Iran om Donald Trump te probeer vermoor. Dit na hy in 2020 Qasem Soleimani, ‘n Iraniese militêre bevelvoerder. in ‘n sluipmoord aanval vermoor het. Die waarnemende Iraniese minister van buitelandse sake het met die CNN-joernalis Fareed Zakaria hieroor gepraat.
Job Amupanda, leier van die Affirmative Repositioning-beweging, het in 'n onlangse twiet gesê sodra hy aan bewind is, sal hy 'n derde hawe benewens Lüderitz en Walvisbaai skep. Volgens Amupanda sal die derde hawe by Kaap Fria in die Kunene-streek wees omdat daar reeds planne daarvoor is. Kosmos 94.1 Nuus het Abel Sindano, die uitvoerende hoof vir ekonomiese statistiek by die Namibië Statistieke-agentskap, geraadpleeg oor of ‘n derde hawe nodig is met die volumes handel wat die land ondervind.
Saterdag se toets tussen Suid-Afrika en Portugal in Bloemfontein sal vir meer as een rede geskiedkundig wees. Die is die eerste toets ooit tussen die wêreldkampioene en Portugal, en Hollie Davidson van Skotland word die eerste vrou wat in beheer is van 'n Bokkragmeting. Salmaan Moerat maak sy buiging as Suid-Afrikaanse kaptein in 'n groep wat sewe spelers wat in hulle eerste toets speel. Die Bokafrigter Rassie Erasmus verwag die speltempo sal hoog wees in die Vrystaatstadion, waar die wedstryd om vyfuur afskop:
Ons gesels oor A. Vogel se "Echinaforce", Alfred Vogel se mees geliefde produk ooit! "Echinaforce" is beskikbaar by alle apteke regoor Namibië. Vir meer inligting besoek hul webtuiste by www.avogel.co.za, of loer in by A.Vogel se Facebook blad. Stuur vir ons gerus ‘n epos na info@sanatural.co.za vir meer inligting.
Republikeine vergader tot môre in Wisconsin by die party se konvensie wat Donald Trump as presidentskandidaat bevestig het. Nikki Haley, wat ook gepoog het om kandidaat te word, het afgevaardigdes toegespreek en het Joe Biden se uitdaging in terme van sy ouderdom so verwoord.
Die Aartappels SA-kongres eindig vandag by die Century City-konferensiesentrum in Kaapstad. Die tweedaagse geleentheid wat verskeie onderwerpe regoor die waardeketting insluit. Namibiese verbruikers is afhanklik van Suid-Afrikaanse produsente en daar was weer uitdagings met erge koue in Limpopo. Gert Bester, voorsitter van Aartappels SA, sê daar is kommer.
Die Belg, Jasper Philipsen, het die 16de skof van die Tour de France, van Gruissan na Nimes, gewen en sy derde skofoorwinning in vanjaar se resies opgeraap. Die Duitser Phil Bauhaus was tweede en Alexander Kristoff van Noorweë derde. Tadej Pogacar van Slowenië dra steeds die geel trui met ʼn voorsprong van drie minute en nege sekondes voor die tweemalige verdedigende kampioen, Jonas Vingegaard van Denemarke. Philipsen sê op hierdie stadium van die kompetisie is enigiets moontlik:
Die Katutura-inwonerskomitee hou om nege-uur vanoggend saam met die Windhoek-inwoners Belastingbetalersvereniging 'n massabetoging. Die groepe sal petisies by die Stad Windhoek indien oor die onwettige blokkering van voorafbetaalde meters en die gebruik van 'n gebrekkige rekeningstelsel, en 'n forensiese oudit eis. Dit kom nadat Katutura-inwoners die Windhoek-polisiestasie genader het om 'n gesamentlike saak van diefstal en bedrog teen die Stad Windhoek aanhangig te maak. Die woordvoerder van die Katutura-inwonerskomitee, Shaun Gariseb, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor die belangrikheid van die betoging.
Die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering gaan Donderdag die 15de bestaansjaar van Internasionale Nelson Mandela-dag amptelik herdenk. Wyle oudpresident Nelson Mandela se nalatenskap sal vereer word onder die tema 'Dit is steeds in ons hande om armoede en ongelykheid te bekamp.' Die president van die Algemene Vergadering, Dennis Francis, het klem gelê op Mandela se siening van armoede as ’n onreg. Die adjunk-sekretaris-generaal, Amina Mohammed, het die raad aangemoedig om Mandela se voorbeeld te volg om armoede te beëindig:
Oliepryse het in die afgelope sewe dae met meer as 2 persent gedaal weens kommer dat 'n verlangsamende Chinese ekonomie die vraag sal knou en ondanks 'n groeiende konsensus dat die Amerikaanse Federale Reserweraad sy sleutelrentekoers in September sal begin verlaag. Brent verhandel vanoggend net bo 83 Amerikaanse dollar ‘n vat. Kosmos 94.1 Nuus het met die bekende Suid-Afrikaanse ekonoom, Dawie Klopper, gepraat oor of die olie-prys sal aanhou daal, veral aangesien China al lank sukkel en baie olie invoer van "swart" markte soos Rusland en Iran.
Die Florida-goewerneur en voormalige teenstander van Donald Trump, Ron DeSantis het by die Republikeinse-party se konvensie die meer as 50 000 afgevaardigdes toegespreek. Hy het ‘n ommekeer gemaak en die party bevestig as Donald Trump s’n.
Werkloosheid word gesien as die grootste probleem in Namibië, volgens die jongste Afrobarometer peiling. 'n Volle 63 persent van respondente het dit so aangedui, met onderwys wat tweede op die lys was op 25 persent, en voedseltekorte op 23 persent. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Herbert Jauch, 'n arbeidskenner, wat sê die algemene siening oor werkloosheid is nie verbasend nie.
'n Totaal van 55 bokke en 25 skaap is tussen Junie en 13 Julie by plaas Otjiua in die Karibib-distrik gesteel. Die beraamde waarde van die diere is sowat 126 000 Namibiese dollar. Rickus Spangenberg van K9 Anti-Poaching and Security het met Kosmos 94.1 Nuus gesels oor die toenemende veediefstal in die Erongo-streek. Spangenberg sê dat hulle voortgaan om die misdaad saam met belanghebbendes te beveg.
Build One South Africa vra 'n omvattende opknapping van die onderwysstelsel. Die party beywer hom vir 'n enkele, verenigde stelsel wat alle leerders eenders bedien. BOSA se leier, Mmusi Maimane, het in 'n parlementêre debat oor Basiese Onderwys se begroting gesê die dubbele onderwysstelsel hou ongelykheid lewend. Hy stel voor dat die slaagsyfer van 30-persent laat vaar word, 'n onderwys-ombud gevestig word, befondsing vir digitale onderrig verhoog word, en vakbonde se invloed aandag kry.
Van Januarie tot Mei vanjaar het Namibië 2,7 miljoen kilogram varkvleis ingevoer, volgens maandelikse statistieke van die Lewendehawe- en Lewendehaweprodukraad. Hierdie invoere kom ten spyte van die land se varkvleis markaandeel-bevorderingskema, wat geïmplementeer is om binnelandse produksie 'n hupstoot te gee. Op ’n jaargrondslag is 4 111 varke by abattoirs wat by die raad geregistreer is geslag, terwyl 70 varke in Mei na Angola uitgevoer is. Dit verteenwoordig 'n afname van 1,2 persent vergeleke met 2023-vlakke. Kosmos 94.1 Nuus het met die landboukenner Wallie Roux gesels oor hoekom plaaslike boere nie met varkboerdery begin nie.
Die DA in Gauteng sê hy het die volledige uitspraak van 196-bladsye oor die Life Esidimeni-ondersoek bestudeer en gaan druk uitoefen op die Nasionale Vervolgingsgesag om ‘n wye reeks aanklagte binne ‘n kort tydraamwerk uit te reik. Woordvoerder Jack Bloom sê daar is ‘n reuse-hoeveelheid getuienis wat gebruik moet word om almal te vervolg wat uitgewys is - nie slegs die voormalige LUR vir Gesondheid, Qedani Mahlangu, en die eertydse direkteur van Geestesgesondheid, Makgabo Manamela, wat aanspreeklik bevind is vir die dood van nege pasiënte nie.
President Nangolo Mbumba het die Verkiesingskommissie van Namibië ontbied oor die lae kiesersregistrasiekoers. Die president het sy kommer uitgespreek oor die lae aantal stemgeregtigde kiesers wat tot nou geregistreer het om in die komende verkiesings te stem. Die kommissie se jongste statistieke wys dat slegs 823 761 uit 1 667 778 stemgeregtigde kiesers het reeds geregistreer, met net twee weke oor voor die sperdatum op 1 Augustus.
Die premier van KwaZulu-Natal, Thami Ntuli, lei ‘n toesigbesoek aan gebiede wat geraak is deur die veldbrande waartydens ses brandbestryders dood is in Boston en meer as 200 families hulle huise verloor het in Kenville. Volgens Ntuli het die brand ook boere en lewende hawe geraak en 30-miljoen Suid-Afrikaanse rand se skade veroorsaak. Die premier benadruk dis noodsaaklik dat die regering die gebied as ‘n rampgebied verklaar. Hy vra ook vir samewerking om toekomstige brande te voorkom.
Die kwessie van die private gebruik van dagga sal in die hoërhof aangehoor word na die regsfirma Kadhila Amoomo Legal Practitioners ‘n saak daaroor gebring het. Regter Eileen Rakow het die verhoor na 30 Julie uitgestel. Reaksie is ontvang van Angela Prusa van die Cannabis- en Hennepvereniging van Namibië, wat sê sy het nie veel vertroue in die wette van die land nie, maar sy is hoopvol.
Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die uitvoerende direkteur van onderwys, Sanet Steenkamp, wat sê die Covid-19 pandemie is een van die redes vir die ongeletterdheid.
Volgens statistieke wat deur Unicef vrygestel is, is geletterheid onder plaaslike jeug kommerwekkend. Kinders van 10 jaar oud het nie goeie lees- en wiskunde vaardighede nie en kan dikwels nie 'n sin met begrip lees nie. Unicef se verteenwoordiger in Namibië, Samuel Ocran, het by die opening van die kinderparlement gepraat.
Volgens plaaslike media het Joseph Kauandenge, sekretaris-generaal van die National Unity Democratic Organisation, Nudo, aspirant-partyleier Barry Rukoro die skuld gegee vir die party se mislukte verkiesingskongres. Nudo sou oor die naweek nuwe leiers verkies, maar die party se nasionale uitvoerende komitee het die kongres afgelas om 'n moontlike fisieke bakleiery te vermy. Kosmos 94.1 Nuus het met Rukoro gepraat, wat die redes gegee het waarom die kongres nie gehou kon word nie.
Die landbou-organisasie TLU SA wil hê president Cyril Ramaphosa moet gedurende die opening van die nuwe parlement die noodsaak beklemtoon om sterker ekonomiese oorwegings in te span en gesonde beginsels vir volhoubare ekonomiese groei toe te pas. Woordvoerder Bennie van Zyl sê die Regering van Nasionale Eenheid het onlangs bevestig transformasie is steeds een van sy hoofdoelwitte, maar die organisasie is van mening die soort transformasie van die afgelope 30 jaar het beduidende skade aangerig.
Volgens NASA-statistieke was 2023 die warmste jaar ooit, in verhouding tot die gemiddelde globale temperatuur. Namibië is gemiddeld 1,36 grade Celcius warmer as in die laat 19de eeu. Die jaar-tot-datum globale oppervlaktemperatuur was 1,29 grade Celsius bo die 20ste-eeuse gemiddelde, wat dit die warmste sodanige tydperk op rekord maak. Die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing het 'n verslag vrygestel wat wys dat die jeug bekommerd is oor klimaatsverandering. Suzie Shefeni, 'n medenavorser, het by die bekendstelling gepraat.
Die Activists and Citizens Forum sê die eerste groot taak van die nuwe minister van Polisie, Senzo Mchunu, is om op te tree teen almal wat in die verslag van die Zondo-kommissie uitgewys is. Woordvoerder Dennis Bloem sê korrupsie en misdaad is die gevaarlikste vyande wat die demokrasie bedreig. Volgens hom raak misdaad almal, want niemand is meer veilig nie aangesien misdaad buite beheer is.
Die nuwe regulasies van die EU oor ontwouding het omtrent 'n ophef veroorsaak. Die regulasies raak onder meer vleis, huide en houtskool en kan 'n groot impak hê op plaaslike landbou-uitvoere na Europa. Kosmos 94.1 Nuus het reaksie gekry van Michael Degé, die bestuurder van die Namibia Charcoal Association. Degé sê Namibiërs het niks om oor bekommerd te wees nie.
Olie- en gaseksplorasie in die land het ontplof, met die bedryf se grootste rolspelers wat meeding om kommersieel lewensvatbare olie te bevestig. Maar baie Namibiërs is bekommerd oor die hulpbronvloek wat steeds by baie ontwikkelende nasies spook, waar baie magtige lande dikwels meedoënloos optree en die lande nie in die voordele van hulle hulpbronne deel nie. Namibië kan dit vermy deur byvoorbeeld sterk bestuursraamwerke te vestig, om te verseker dat natuurlike hulpbronne bydra tot volhoubare ekonomiese ontwikkeling en die welstand van burgers bevorder. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Manuel Ngaringombe, sekretaris-generaal van die Popular Democratic Movement, oor die PDM se planne om te verseker dat die land voordeel trek uit sy hulpbronne, sou hulle die regering word.
Die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, sê die Staatsveiligheidsagentskap is gereed vir ʼn volledige hersiening. Die EFF noem die agentskap nutteloos en onproduktief terwyl die MK-party kla oor die gebrek aan vermoë om die staat teen kuberaanvalle te beskerm. Ntshavheni sê die opknapping hang af van president Ramaphosa se bekragtiging van die Wysigingswetsontwerp op Algemene Intelligensiewette:
Die regsifrma Kadhila Amoomo Legal Practitioners het ‘n saak voor die hoërhof gebring om die private gebruik van dagga te wettig. Regter Eileen Rakow hoor dit aan met die volgende verskyning wat op 30 Julie plaasvind. Amoomo sê daar is wel uitdagings met die gebruik van dagga maar, daar is ook gesonheidsvoordele. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Die Kleine Kuppe-buurtwag hou die komende Saterdag, 20 Julie ‘n lekker sop dag. Die buurtwag verkoop sop en brötchen by die Lifestyle Centre in Kleine Kuppe vanaf nege-uur om fondse in te samel vir sekuriteitskameras. Daar is reeds 23 kameras en hulle beoog om teen die einde van die jaar 30 kameras te hê. Kosmos 94.1 Nuus het met Rudolf Schoonbee die voorsitter van die buurtwag gesels.
Die bepalings rakende die invoer van ru-voer vanuit Suid-Afrika sluit in ‘n vier-maande wagperiode voor dit plaaslik benut kan word. Dit is na die buurland sy bek-en-klouseer-vrye status verloor het. Daar is talle ander bepalings ook wat dinge moeilik maak veral nou met die droogte waar invoere broodnodig is. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Jaco Labuschagne, die besturende direkteur van Voermeester, wat verduidelik.
Reaksie word ontvang op die Jaarlikse Toeriste Statistiese Verslag vir 2023. Volgens die verslag het internasionale toeriste-aankomste met 87,4 persent toegeneem, van net meer as 461 000 in 2022 tot byna 864 000 verlede jaar. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Gitta Paetzold, die uitvoerende hoof van die Namibië Gasvryheidsvereniging, wat sê die toerisme-ministerie se syfers en die van die vereniging verskil.
Die DA onderneem om grondregte in die Grondwet te beskerm. Die party is gekant teen die minister van Grondhervoming Mzwanele Nyhontso se druk op die heropening van die debat oor onteiening sonder vergoeding, en sê dit weerspreek die gees van die regering van nasionale eenheid. Mlindi Nhanha van die DA betoog Afdeling 25 laat reeds regverdige en billike grondhervorming toe en dat die heropening van die kwessie ekonomiese onbestendigheid sal skep:
Die myne en energie-ministerie het aangekondig dat hy 'n studie van 5 miljoen Namibiese dollar gaan doen oor die haalbaarheid van 'n oorgrens groen waterstof-pypleiding tussen Namibië en Suid-Afrika. Die studie sal deur die Groen Waterstofprogram van Namibië onderneem word. Dit volg op die ondertekening van 'n memorandum van verstandhouding tussen die twee lande in Mei by die Wêreldwaterstofberaad. Die beoogde pypleiding sal Lüderitz met die Noord-Kaap verbind, met die potensiaal vir toekomstige uitbreidings. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Obeth Kandjoze, die voorsitter van die Groenwaterstofraad, oor die memorandum van verstandhouding en wat dit behels.
Die minister van vervoer, Barbara Creecy, sê haar eerste taak in die sewende administrasie is om die vervoerstelsel te stabiliseer en die departement geskik te maak om sy beleidmakings- en regulatoriese rol te vervul. Sy het die departement se begrotingspos gelewer. Die minister sê elke jaar is daar meer as 10 000 noodlottige ongelukke, wat byna 3 persent van die jaarlikse bruto binnelandse produk beloop. Creecy het ook die departement se missie beklemtoon:
Nog ‘n plaasaanval is in die Karas-streek aangemeld. Vanoggend om twee-uur, ongeveer 10 kilometer buite Keetmanshoop, het vier mans by ‘n plaas ingebreek en wapens en die kluis geteiken. Hulle het nie daarin geslaag om enigiets te steel nie maar het gevlug. Adjunk-kommissaris Nikodemus Mbango het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.
President Cyril Ramaphosa benadruk die behoefte aan aansienlike beleggings in volhoubare infrastruktuur, groen tegnologieë en maatskaplike programme. Ramaphosa het gevra vir gemengde befondsing om belegging uit die privaat sektor te trek. Die president het ook die belangrikheid van internasionale ontwikkelingsfinansiering beklemtoon asook beloftes van die Ooreenkoms van Parys en COP26 as bronne vir kapitaal. Die president het gepleit vir samewerking tussen die regering, die sakewêreld en gemeenskappe om ‘n toekoms vir Suid-Afrika te bou wat klimaatsveerkragtig en volhoubaar is:
Die Springbok-hulpafrigter, Deon Davids, sê hulle is vasberade hom hul hoë spelpeil te herwin vir hul toets Saterdag teen Portugal in Bloemfontein. Die Bokke behou hul ses-twee verdeling op die plaasvervangersbank soos in hul gelykop-reeks teen Ierland waarin hulle die eerste toets op Loftus Versveld met 27-20 gewen het, maar die tweede toets op Kingspark met 24-25 verloor het. Davids sê die span is hoogs gemotiveerd om hul spelpeil te herwin ná verlede week se nederlaag:
Die Omgewingsinstituut van die Suider-Afrikaanse Geloofsgemeenskappe sê Afrika het nie nog kernkragstasies nodig nie. Die instituut en Earthlife Africa bied vandag in Johannesburg gesamentlik besprekings aan oor die gevare van kernkrag, saam met die pryswenner en Russiese omgewingskenner, Vladimir Slivyak. Die volgende besprekings vind volgende Dinsdag in Kaapstad plaas. ‘n Woordvoerder van die instituut, Francesca de Gasparis, sê gemeenskappe in Kenia maak ook beswaar teen nuwe kernaanlegte:
Rise Mzansi sê gehalte basiese onderwys is ‘n reg, nie ‘n voorreg nie, en kritiseer die bestaande dubbelstelsel wat rykes bevoordeel. Hulle vra ook vir universele toegang tot gehalte onderwys, veilige leeromgewings asook beter belegging in skoolleierskap en onderwyser-ontwikkeling. ‘n Woordvoerder van Rise Mzansi, Makashule Gana, het die regering versoek om voorrang aan hierdie kwessies in die begroting te gee om te verseker geen kind word agtergelaat nie:
Daar is net twee weke oor om te registreer vir die presidensiële en Nasionale Vergadering verkiesing. Die sluitingsdatum is 1 Augustus. Vorige verkiesingkaarte is nie meer geldig nie. Die verkiesingskommisie het ook gesê die registrasieperiode sal nie uitgestel word nie. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Sophia Shaningwa, die sekretaris generaal van Swapo, wat Namibiërs aanmoedig om te registreer.
Die polisie se Erongo-streekbevelvoerder nooi alle sjebien- en kroegeienaars, asook snoepie- en karwas-operateurs na 'n vergadering vanmiddag om half-vyf. Die vergadering word by die Namsov-gemeenskapsaal in Kuisebmond, Walvisbaai gehou. Die doel van die vergadering is om misdaadverwante kwessies en voorkomende maatreëls te bespreek. Kosmos 94.1 Nuus het met hoofinspekteur Ileni Shapumba van die Erongo-polisie gesels, wat verduidelik hoekom hulle sake-eienaars teiken.
Die Suid-Afrikaanse Reserwebank se Monetêre Beleidskomitee sal Donderdag die repokoers bekend maak. Ekonome verwag dat die bank die koers bestendig sal hou op 8,25 persent. Daar word ook verwag dat die Federale Reserweraad in Amerika die koers op 5,25 persent tot 5,50 persent by sy volgende beleidsvergadering op 30 en 31 Julie sal hou. Die Bank van Namibië sal die repokoers op 14 Augustus aankondig. Die huidige repokoers is 7,75 persent. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die Suid-Afrikaanse ekonoom Theo Klein, van Oxford Economics Africa, wat 'n voorspelling vir Suid-Afrika en Namibië gee.
'n Vorm van toelaag vir armoedige Namibiërs bly in die nuus. Die LPM party het onlangs 'n saamtrek by die Khomasdal-stadion gehou, waar partyleier Bernadus Swartbooi gesê het Namibiërs droom as hulle dink daar kan ontwikkeling wees as mense honger ly. Hy het gesê sy party sal ‘n kontant-toelaag instel. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met politieke ontleder Ndumba Kamwanyah, wat sê Swartbooi moet met meer konkrete alternatiewe na vore kom. Die regerende party, Swapo, moet egter aandag gee aan die werkloosheid-situasie.
Die DA eis 'n volledige ondersoek na bewerings oor 'n sindikaat vir die huur van moordenaars in die Johannesburg Metro-polisiedepartement. Dit volg na die teregstellingstylmoord op 'n senior ondersoeker Benedict Sithole, wat verbind word met die beweerde misdaadoperasie. Na wat berig word verskaf lede van die JMPD wapens, waaronder aanvalsgewere, aan misdadigers vir kontanttransito-rooftogte. Solomon Maila van die DA moedig JMPD-beamptes aan om die wet te gehoorsaam en nie self gewelddadige misdade te pleeg nie:
Die Amerikaanse ambassade in Namibië het 'n mobiele intensiewe sorg-eenheid by die Walvisbaai-staatshospitaal aan die gesondheid-ministerie oorhandig. Die eenheid van 20 miljoen Namibiese dollar is befonds deur die Amerikaanse departement van verdediging se oorsese humanitêre ramp- en burgerhulpprogram. 'n Span Namibiese dokters en verpleegsters is opgelei in alle aspekte van die stelsel. Die skenking is deel van 'n mediese infrastruktuur skenkingspakket van meer as 130 miljoen Namibiese dollar, wat oor vier streke versprei sal word. Die waarnemende Amerikaanse sending-adjunkhoof, Tiffany Miller, gee meer inligting.
Die ATM sê hulle het gehoor gegee aan die beroep van die Kieshof en verskeie beëdigde verklarings ingedien oor verskeie onreëlmatighede, teenstrydighede en internasionale kwaadwillige aksies tydens Suid-Afrika se verkiesing. Die woordvoerder van die ATM Zama Ntshona sê die verklarings dek kwessies soos die akkuraatheid van en inkonsekwenthede in die kieserslys, teenstrydighede wat stembusse raak, sake wat verband hou met stemtellery, en wanoptrede deur amptenare van die Verkiesingskommissie.
Namibië, deur die telekommunikasie-ministerie en die Kommunikasieregulerende Owerheid van Namibië, in samewerking met die Afrika Telekommunikasie Unie, is gasheer vir die Afrika Voorbereidingsvergadering vir die Wêreld Telekommunikasie Ontwikkelingskonferensie. Die voorbereidingsvergadering in Windhoek duur tot Vrydag, met sowat 160 afgevaardigdes van Afrika-lande. Namibië dien op die Afrika Telekommunikasie Unie, wat 48 lidlande en 54 geassosieerde lede het, se raad. Telekommunikasie-minister Emma Theofelus het by die opening die belangrikheid van die Wêreld Telekommunikasie Ontwikkelingskonferensie beklemtoon. Sy sê dit spreek kwessies aan met die ontwikkeling van telekommunikasie in ontwikkelende lande.
Polisieminister Senzo Mchunu vra ‘n gesamentlik poging om nasionale sekerheid op te skerp, vuurwapenbeheermaatreëls te versterk en hulpbronne vir polisiebeamptes te verbeter. Die minister het die media toegespreek oor die voorkeure van sy ministerie, en gevra vir samewerking met gemeenskapspolisieforums, privaat sekerheid, gemeenskapsgebaseerde organisasies en verskeie belanghebbers om stygende misdaadkoerse te beveg. Mchunu versoek alle Suid-Afrikaners om veiliger omgewings en ‘n veilige nasie te skep.
Reaksie word ontvang op die nuus dat Namibië se bydrae tot totale intra-Afrika handel verlede jaar tot 6,26 persent toegeneem het, vanaf 5,94 persent in 2022. Dit is volgens die 2023 Afreximbank Handelsverslag. Die verbetering het Namibië 'n plek onder die top-tien lande in intra-vasteland handel verseker. Namibië se uitvoere na ander Afrika-lande het verlede jaar meer as 56 miljard Namibiese dollar bereik, vergeleke met die 41 miljard dollar wat in 2022 uitgevoer is. Plaaslike ekonoom Gabriel Erastus vra of dit uitvoere binne die Suider-Afrikaanse Doeane-unie is. As dit nie is nie, is dit wel 'n groot prestasie.
Olimpiese Spele: Die African Transformation Movement vra die minister van Sport, Kuns en Kultuur, Gayton McKenzie, om dringend by die Luxolo Adams-saak in te gryp. Die naelloper dreig met regsoptrede teen Atletiek Suid-Afrika nadat hy uitgelaat is uit die Suid-Afrikaanse span vir die Spele in Parys. Dit het gebeur nadat Wayde van Niekerk besluit het om nie aan die 400-meter deel te neem nie, maar eerder op die 200-meter en aflosse te fokus. ATM se woordvoerder, Zama Ntshona, sê Adams word onregverdig behandel.
Windhoek, wat 16 persent van Namibië se bevolking bevat, is die grootste mark in die land vir internet-verbindings. By 'n onlangse geleentheid wat deur die stad aangebied is, het die voorsitter van die stadsraad se bestuurskomitee, Sam Shafiishuna Nujoma, gesê dat kommersialisering van die veselnetwerk 'n beduidende sakegeleentheid bied, wat moontlik 'n broodnodige inkomstestroom vir die Stad sal skep. Die strategiese inisiatief sal die raad se bedryfsdoeltreffendheid verbeter en diens vebeter aan inwoners, besighede en beleggers. Die skuif na vesel sal ook aanlyntransaksies vergemaklik. Nujoma gee meer inligting oor die beplande veselnetwerk.
Die polisie het Saterdag 'n 73-jarige vermeende Swapo-ondersteuner gearresteer nadat hy na bewering met sy motor in 'n byeenkoms van IPC-lede by die Okalonda-lokasie by Outapi, waar die opposisieparty 'n saamtrek gehou het, gery het. Die verdagte het na bewering 'n 47-jarige IPC-lid gestamp, 'n knieskyf ontwrig en 'n oop wond toegedien. Die IPC se woordvoerder, Imms Nashinge, sê partypresident, Panduleni Itula, het ongedeerd daarvan afgekom toe hy daarin geslaag het om uit die voertuig se pad te spring. Die verdagte sou vandag in die hof verskyn. Reaksie is ontvang van Frederico Links, van die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing.
Diefstal was nog altyd ‘n uitdaging in die land maar dinge ruk hand uit en veral huisbrake neem toe. Weekliks word ten minste ‘n handvol aangemeld en dit kom regoor die land voor. Hoofinspekteur Elifas Kuwinga sê die publiek het ‘n rol om te speel in die bekamping van die, en ander misdaad.
Die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing bied saam met die Civil Society Information Centre (CIVIC +264) 'n begrotingskonsultasie-vergadering met finansminister Ipumbu Shiimi aan, oor prioriteite vir die 2024/25 middeljaar-begrotingsoorsig. Die halfjaar-begrotingsoorsig sal waarskynlik in Oktober in die Nasionale Vergadering ter tafel gelê word. As deel van die hersiening sal die minister 'n opdatering verskaf oor die vordering met die 2024/25-begroting. Hy sal ook na verwagting hertoewysings in begrote uitgawes voorstel, weens veranderende prioriteite en die jongste ekonomiese vooruitsigte. Die vergadering is ook 'n geleentheid vir die publiek om kwessies te opper wat hulle dink in die volgende nasionale begroting geprioritiseer moet word.
President Cyril Ramaphosa beklemtoon die impak van ontwrigtende klimaatsverandering op die ekonomiese groei van Suid-Afrika. Hy het by die Simposium oor Klimaatsveerkragtigheid in Pretoria gepraat, wat aangebied word deur die Nasionale Tesourie, die Presidensiële Klimaatskommissie en die Wêreldbank, en die noodsaaklikheid beklemtoon om klimaatsdoelwitte met die fiskale beleid te integreer. Hy het die belangrikheid benadruk om ontkoling te versnel en om Billike Energie-oordrag te implementeer om ‘n meer veerkragtige, inklusiewe ekonomie te bou.
Die toerismeministerie het die Jaarlikse Toeriste Statistiese Verslag vir die jaar 2023 bekendgestel. Die verslag is 'n omvattende samestelling van data en insigte wat verband hou met toerismeneigings, besoekersaankomste en ander sleutelprestasie-aanwysers, wat deurslaggewend is om die beplanning en ontwikkeling van die bedryf te rig. Toerisme-minister Pohamba Shifeta sê internasionale toeristeankomste het met 87,4 persent toegeneem van 461 027 in 2022 tot 863 872 verlede jaar. Shifeta het by die bekendstelling die belangrikheid van toerismestatistieke beklemtoon.
Fietsry: Vandag is 'n rusdag op die Tour de France voor die derde en finale week. Tadej Pogacar is steeds op koers om sy titel terug te wen na sy tweede agtereenvolgende skofoorwinning. Die tweemalige kampioen van Slowenië het die 14de en 15de skof gewen en skop die laaste week af met 'n reusevoorsprong oor die verdedigende kampioen, Jonas Vingegaard. Pogacar is drie-minute en nege-sekondes voor.
Die erge droogte het oeste vernietig en diere laat vrek, en sowat 73 persent van Namibiërs het vanjaar nie genoeg kos nie, volgens Afrobarometer. In 2017 het 47 persent van die land se inwoners nie genoeg kos gehad nie. Daar word ook verwag dat die situasie sal vererger tussen vandeesmaand en September, voor die reënseisoen. Die Voedings- en Voedselsekerheidsalliansie van Namibië asook die Basic Income Grant Coalition het herhaal dat daar 'n vorm van inkomstetoelaag ingestel moet word, sodat mense ten minste bietjie kos kan koop. Kosmos 94.1 Nuus het met die ombudsman, Basilius Dyakugha, gesels wat sê daar behoort 'n ordentlike ondersoek gedoen word oor die beskostigbaarheid van so 'n toelaag.
Die handel-ministerie het 'n werkswinkel met belanghebbendes aangebied om die private sektor by die konsepwetsontwerp op verbruikersbeskerming te betrek. Verbruikers word ietwat beskerm teen gewetenlose sakepraktyke deur sommige markregulerende liggame soos Cran en Namfisa, maar die publiek en aktiviste vra al lank vir 'n omvattende wetsontwerp. Eliphas Simon, voorsitter van die Black Business Leadership Network van Namibië, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels...
Die algemene werkersvakbond Giwusa indie buurland eis die vinnige inhegtenisneming van al die mense wat willens en wetens deelgeneem het aan die skaamtelose plundering van die VBS-bank en gesteel het van armes. Die woordvoerder van Giwusa Koketso Phasha sê die uitgelekte beëdigde verklaring van die bank se voormalige voorsitter, Tshifhiwa Matodzi, betrek baie mense wat nie aanspreeklik gehou is nie. Phasha sê die plunderaars het ten doel gehad om die bank ineen te laat stort:
Die Landbou Werkgewersvereniging se loonopname toon dat amper 36 persent van boere dwelm en drankmisbruik onder hulle werkers ervaar. Dit, saam met die gebruik van dwelms bly ‘n daadwerklike probleem op plase. Kosmos 94.1 Nuus het met Christine Stoman, een van die uitvoerende raadslede van die Namibiese Landbou-unie gepraat wat raad het.
Reaksie word ontvang oor die nuwe regulasies in die EU rakende ontwouding. Dit kan ‘n wesenlike impak op landbou-uitvoere na Europa hê, wat vleis, huide en houtskool insluit. Vanaf einde Desember vanjaar en 30 Junie volgende jaar, vir mikro-besighede mag geen produkte die EU binnegaan as hulle nie ontwouding-vry is nie. Ontwouding-vry beteken produkte wat gevoer is of vervaardig is met kommoditeite wat op grond geproduseer is wat van woud na landbou-grond verander is, mensgemaak of nie. Die EU se definisie van ‘n woud, is van toepassing op Namibië. Kosmos 94.1 Nuus het met landboukenner dr. Kobus Laubscher gepraat ...
Matriek-uitslae is in die soeklig. Die parlementêre staande komitee van menslike hulpbronne en gemeenskapsontwikkeling sal in die loop van die week konsultasies hou oor die swak prestasie van matrikulante in die land. Die publiek word uitgenooi om hul bekommernisse te opper en oplossings vir swak prestasie te bied. Kosmos 94.1 Nuus het met Sakeus Khadikwa, die woordvoerder van die Nasionale Vergadering, gepraat. Hy vra die publiek om hul bydrae te lewer.
Die handel in en stropery van ietermagô's neem toe, volgens die 2023 Nasionale Verslag oor Natuurlewebeskerming en Wetstoepassing in Namibië. Die verslag sê dat ietermagô-beskerming 'n voortdurende uitdaging bied, omdat die dryfvere vir die plaaslike handel nie goed verstaan word nie en die dinamika van die nasionale ietermagô-bevolking nie eintlik bekend is nie. Tydens 'n nasionale belanghebbendes-forum oor wildbeskerming het Anne-Marie Nainda, 'n lid van die InterPol Uitvoerende Komitee, gesê owerhede werk hard om ietermagô-stropery te keer.
Die stigter van Tax Justice SA, Yusuf Abramjee, sê die hoofverdagtes in die multi-miljard-rand onwettige sigarethandel is die einste vervaardigers wat nou die howe vra om te keer dat die Inkomstediens hulle vervaardigings-uitset dophou. Abramjee sê 'n omvattende studie deur die marknavorsers Ipsos toon onwettige sigarette word nou in byna een uit elke drie winkels regoor Suid-Afrika verkoop. Hy sê dit is die hoogste vlak wat nog ooit aangeteken is:
Die amperskietdood van oudpresident Donald Trump bly in die nuus. Die Huis se speaker Mike Johnson het die skuld by president Joe Biden se deur gelê oor sy aanmerkings oor Trump maar, ‘n Republikeinse strateeg Amy Tarkanian sê Trump self dra baie verantwoordelikheid.
Die IPC-party is weer onder skoot. Dit blyk asof daar materiaal geskep is wat toon dat die IPC gay-regte ondersteun. Die beeld lees ‘jou liefde, jou keuse’ en wys twee mans wat glimlag sowel as die LGBT-reënboogkleure. Kosmos 94.1 Nuus het met Imms Nashinge, partywoordvoerder gesels wat sê dit is nie afkomstig van die party nie.
Die sekerheidsplanne vir die Amerikaanse Republikeinse Party se nasionale konvensie wat vandag in Milwaukee afskop, is onveranderd ondanks die sluipmoordpoging op Donald Trump op 'n veldtogsaamtrek in Pennsilvanië. Sowat 50 000 mense sal na verwagting die vierdaagse konvensie bywoon waar Trump formeel as die Republikeinse presidentskandidaat vir November se verkiesing benoem sal word. Die konvensie se koördineerder van die Geheimediens, Audrey Gibson-Cicchino, sê hulle het volle vertroue in die sekerheidsplanne wat beraam is:
Die inligtingsministerie sal môre die agtste beraad van inligting en kommunikasie tegnologie amptelik loods. Dit vind van 9 tot 11 September in die hoofstad plaas. Die beraad sal strategieë vir instellings om hul digitale vermoëns te verbeter en mededingend te bly in 'n digitale ekosisteem, ondersoek. Shoki Kandjimi die woordvoerder by die ministerie...
Die polisie sê daar is verlede week ontslae geraak van byna 15 000 vuurwapens en dele van vuurwapens tydens 'n vernietigingsproses in Vanderbijlpark, Gauteng. 'n Woordvoerder, Athlenda Mathe, sê in Februarie is meer as 18 000 vuurwapens en onderdele ook vernietig. Die totaal sedert 2019 is meer as 263 500. Mathe sê van die wapens is vrywilliglik ingehandig en ander is tydens die amnestietydperk ingegee:
Die koue blyk om voort te duur maar, die patroon vestig nou mooi. Volgens die Windhoek weerkantoor, word toestande teen die middel van die week weer warmer maar, koel weer af na die naweek se kant toe. ‘n Sewende kouefront het Sondag die Wes-Kaap getref. Odillo Kgobetsi van die diens het meer.
Die buurland se minister van petroleumhulpbronne, Gwede Mantsashe, sê sy departement is besig met wysigings aan die Wet op die Ontwkkeling van Minerale en Petroleumhulpbronne. Dit is om te verseker gedeeltes was as swak uitgeken is, en wat in die hof uitgedaag is, word versterk in ooreenstemming met internasionale beste praktyk. Mantashe sê hy gaan ook die lisensie-struktuur hersien om burokratiese rompslomp te verminder en die sake-omgewing vir beleggers te verbeter, terwyl dit voldoen aan Suid-Afrika se maatskaplike en ekonomiese omstandighede:
Spanje het Engeland met 2-1 geklop om die Europese Kampioenskap vir 'n ongekende vierde keer in te palm. Mikel Oyarzabal het in die 86ste minuut die wendoel vir La Roja aangeteken na die plaasvervanger, Cole Palmer, die speler van die wedstryd Nico Williams se eerste doel vir Spanje gelykgemaak het. Spanje het al sewe wedstryde in die toernooi sonder enige strafdoele gewen wat 'n rekord vir die toernooi is. Engeland is die eerste span wat twee agtereenvolgende Europese eindstryde verloor het. Die bestuurder Gareth Southgate sê hy is teen die grond, maar steeds uiters trots op sy spelers:
Eskom sê sy dieselverbruik is steeds onder die beraamde syfers vir die winter en dit is aansienlik laer as die afgelope twee jaar. 'n Woordvoerder, Daphne Mokwena, sê die kragnutsmaatskappy se besteding tussen 1 April en 11 Julie op oopsiklus-gasturbines was 3,33 miljard Suid-Afrikaanse rand, wat 487,16 gigawatt-ure opgewek het. Dit is sowat 70 persent minder as die 10,98 miljard rand wat in dieselfde tydperk verlede jaar spandeer is:
Huldeblyke stroom in vir oud onderwysminister Katrina Hanse-Himarwa wat Sondagoggend oorlede is na ‘n lang stryd met kanker. President Nangolo Mbumba sê die onderwys-stelsel en leerders in die land het groot voordeel uit haar toewyding en passie getrek. Oud Swapo sekretaris-generaal en regeringsminister Pendukeni Iivula-Ithana het ook hulde gebring aan Hanse-Himarwa.
Sowat 73 persent van Namibiërs het vanjaar nie genoeg kos nie, volgens Afrobarometer, vergeleke met 47 persent in 2017. Daar word ook verwag dat die situasie sal vererger tussen vandeesmaand en September, weens die droogte wat oeste vernietig en diere laat vrek het. Die Voedings- en Voedselsekerheidsalliansie van Namibië het hierop gesê die regering moet 'n universele inkomstetoelaag daarstel. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Renaani Musutua, die woordvoerder van die BIG-koalisie van Namibië, wat sê as daar 'n basiese inkomste-toelaag was, sou daar nie soveel mense op die drumpel van hongersnood wees nie.
President Joe Biden vra Amerikaners om die politieke temperatuur te laat afkoel ná die sluipmoordpoging op oudpresident Donald Trump. ʼn Geheimediens-skerpskutter het die 20-jarige Thomas Matthew Crooks Saterdag doodgeskiet nadat hy skote afgevuur het enkele minute nadat Trump by ʼn saamtrek in Pennsilvanië op die verhoog verskyn het. Trump is in die voorval beseer en een persoon is dood. Biden het uit die Oval Office gesê politiek moet nooit letterlik ʼn slagveld word nie:
Die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, sê Suid-Afrikaners woon in 'n land waar die oppergesag van die reg respekteer word, en mense gebruik die howe om te bepaal wat hulle wil hê. Hy voeg by die voormalige president Jacob Zuma is iemand wat in vervolging en litigasie glo. Mbalula sê die ANC het Zuma se dissiplinêre verhoor vir Woensdag geskeduleer ten einde sy ANC-lidmaatskap te beëindig noudat hy die MK-party aanvoer. Hy voeg by hulle taak is om die saak binne die perke van die party se grondwet en die wet te hanteer:
Carlos Alcaraz van Spanje het sy Wimbledon-titel suksesvol verdedig en sy vierde Grand Slam-titel verower. Die 21-jarige Alcaraz het die sewemalige kampioen Novak Djokovic van Serwië met 6-2, 6-2, 7-6 verslaan. Hy sluit by ʼn groep van net ses spelers aan wat in dieselfde jaar op Roland Garros én Wimbledon kon wen. Die 24-malige Major-wenner Djokovic wou die enigste rekordhouer wees van die meeste Grand Slam-enkelspeltitels. Alcaraz sê dit was ʼn droom om weer op Wimbledon te wen:
Die Landbou Werkgewersvereniging het sy tweejaarlikse Loonverslag vir 2024 vrygestel, wat 'n aansienlike toename in deelname toon, met data van 501 respondente wat 3 737 plaaswerkers dek. Die loonopname kyk na kontant en ander vergoeding omdat die plaaswerker situasie so uniek is. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Danie van Vuuren, die vereniging se uitvoerende hoof.
In 2018 het Stad Windhoek se raad slegte skuld ten bedrae van 200 miljoen Namibiese dollar afgeskryf. Boonop is in 2022 en 2023 onderskeidelik 60 miljoen dollar en 105 miljoen dollar afgeskryf. Die uitvoerende hoof van Stad Windhoek, Moses Matyayi, sê hul skuldafskrywings is om verligting te bring vir sekere inwoners en skuld wat nie ingevorder kan word nie, van hul skuld-boek af te kry.
Die visserye-ministerie het dit duidelik gemaak dat geen permit nodig is om kleinskaalse visdamme vir persoonlike verbruik te vestig nie. Dit het ten doel om selfvoorsiening in voedselproduksie onder plaaslike gemeenskappe aan te moedig. Uuaripi Katjiuka, die ministerie se woordvoerder, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels oor die vereistes vir visboerdery in agterplase.
'n Parlementslid van ActionSA, Lerato Ngobeni, sê die party wil hê die regering moet wetgewing indien wat spesifieke sektore van die ekonomie reserveer. Ngobeni sê dit sal help om plaaslike ondernemers en sakeondernemers te bemagtig, plaaslike ekonomieë bevorder en verseker die welvaart wat geskep word, sirkuleer in gemeenskappe. Volgens Ngobeni is dit hoog tyd dat die regering iets doen aan die toename in onwettige buitelanders wat die spaza-ekonomie regoor die land oorheers:
Na die afsluiting van 'n vier dae lange prestasie-oorsigwerkswinkel in Oshakati, het die landbouministerie se bestuur die Etunda groenskema-besproeiingsprojek besoek. Dit was om vertroud te word met verskeie ministeriële projekte in die noordelike kommunale gebiede. Die landbouministerie se uitvoerende direkteur, Ndiyakupi Nghituwamata, het met die media gepraat.
Afriforum en verteenwoordigers van die Afrikanerstigting is besig met 'n wêreldtoer om meningsvormers, politici en organisasies te ontmoet wat belangstel in die huidige stand van sake in Suid-Afrika. Hulle bepaal hoe minderheidsgroepe, soos die Afrikaners, op omstandighede reageer. Ernst van Zyl van Afriforum sê tien jaar gelede het mense wat hulle in die buiteland ontmoet het, bitter min van Suid-Afrika se krisis geweet maar nou is dit anders...
Die leier van die LPM-party, Bernadus Swartbooi het by die party se saamtrek by die Khomasdal-stadion gesê Namibiërs droom as hulle dink daar kan ontwikkeling wees as mense honger ly. Hy sê sy party sal ‘n kontant-toelaag instel.
Die EFF-parlementslid, Babalwa Mathulelwa sê die party doen 'n beroep vir die sluiting van die Departement van Kleinsakeontwikkeling weens sy mislukking om kleinsakeondernemings in informele nedersettings te help. Mathulelwa het tydens die begrotingsdebat in die Parlement gepraat. Sy sê omdat die departement nie moet bestaan nie, het die EFF in die sesde termyn van die Parlement ingestem dit moet sluit en sy funksies moet na die Departement van Handel, Nywerheid en Mededinging oorgedra word:
Die FBI en die polisie van Pennsilvanië het ‘n perskonferensie gehou na die sluipmoordaanval op oudpresident Donald Trump. Die skieter is die 20-jarige Thomas Matthew Crooks van Bethelpark in Pennsilvanië geïdentifiseer. Kevin Rojek, spesiale agent in beheer van die FBI Pittsburgh-kantoor, sê hulle is nie bereid om die wapen wat hy gebruik het identifiseer nie en sê die motief is nie bekend nie. Die aanval het in Butler in die deelstaat plaasgevind en een manlike Trump-ondersteuner is dood met twee mans ernstig beseer. President Joe Biden het met Trump telefonies gesels en het ook die media toegespreek.
Die Windhoek Bier Welwitschias het 37-22 teen Portugal op die Hage Geingob-stadion verloor. Die wedstryd, wat goed ondersteun was, was teen halftyd 17-13 in Portugal se guns. Die Namibiese kaptein, Danco Burger het na die wedstryd met Sport Wrap gepraat.
Die minister van Kommunikasie, Solly Malatsi, sê dis noodsaaklik om die bekostigbaarheid van data te verbeter deur samewerking met die Inligting- en Kommunikasie-sektor. Malatsi beklemtoon hoe belangrik data is om inligting te bekom. Hy het gewys op die vordering wat gemaak is deur die SA Connect-projek wat verbinding in openbare plekke en regeringsgeboue verbeter het met gratis WiFi-punte. Hy benadruk die mandaat is om betroubare toegang tot verbinding te verseker:
Baie is op die spel in vanmiddag se laaste toets tussen Suid-Afrika en Ierland in Durban. Sommige beskou Ierland steeds as die beste span in die wêreld ten spyte daarvan dat die Springbokke die Wêreldbeker die vierde keer ingepalm het, terwyl die besoekers graag die seisoen op ‘n hoё noot wil afsluit deur die reeks te deel. Hulle afrigter Andy Farrell verwag die wêreldkampioene gaan twee keer beter wees as toe hulle die eerste toets verlede naweek gewen het:
Data van die Pietermaritzburg Ekonomiese Geregtigheid- en Waardigheidsgroep toon die 2024-minimumloon voorsien nie aan basiese behoeftes nie. Die groep stel voor 'n minimum van 40 Suid-Afrikaanse rand per uur is nodig. Ondanks 'n verhoging van 8,5-persent in Maart, wat die loon opgeskuif het na 27 rand 58 sent per uur, het die groepsdirekteur Mervyn Abrahams aan Newzroom Afrika gesê dit vang werkers vas in armoede. Hy sê die huidige loon steun nie 'n waardige huishouding nie en dwing families om staat te maak op lenings:
Justisieminister Yvonne Dausab het Namibië se status as 'n sekulêre staat beklemtoon, wat die regering se fokus op die praktiese en administratiewe aspekte van egskeiding onderstreep. Sy sê dat dit noodsaaklik is dat godsdienstige beginsels buite die wetgewende domein bly. Dausab het die Wetsontwerp op Egskeiding gemotiveer, wat in die komiteestadium is vir verdere beraadslaging. Sy het kommer oor lobola-uitruilings aangespreek en sê die wetsontwerp kan nie die praktyk verbied nie.
Die Nasionale Vervolgingsgesag kritiseer die ongeoorloofde vrystelling van 'n beëdigde verklaring in die VBS-banksaak. Die woordvoerder, Mthunzi Mhaga beklemtoon sulke optrede stel geregtigheid in gevaar en bedreig ook indiwidue wat betrokke is by die ondersoek en vervolging. Mhaga onderstreep die belangrikheid van vertroulikheid in ingewikkelde korrupsiesake, en sê regsoptrede word oorweeg. Hy voeg by 'n volledige ondersoek word gedoen na die uitlekking om diegene wat verantwoordelik is, aanspreeklik te hou:
Die Stad Windhoek ondersoek die aanbieding van kredietopsies vir inwoners met voorafbetaalde rekeninge as deel van sy nuwe City App, wat daarop gemik is om stadsdienste deur digitale transformasie te verbeter. Die Stad Windhoek se strategiese uitvoerende beampte vir inligting- en kommunikasietegnologie, Fillemon Neputa, sê rekeninge sal binnekort op die City App betaal kan word. Dit sal ook verkope van voorafbetaalde water- en elektrisiteitsbewyse hanteer, en inwoners kan hul watermeterlesings op die toep laai. Neputa het by die toep se bekendstelling gepraat.
Die Wes-Kaapse Onderwysdepartement sê 121 skole het dringend aandag nodig na die erge storms wat die provinsie getref het. Byna 300 skole het skade aangemeld te midde van voortgesette reën en sterk wind. Bronagh Hammond van die departement sê die infrastruktuurspan werk deurlopend om te besluit watter herstelwerk moet voorkeur kry en seker te maak skole kan so gou moontlik weer normaal werk:
Die Copps 94.1-span het saam met die inspekteur-generaal van die Namibiese polisie, luitenant-generaal Joseph Shikongo, patrollie gedoen. Dit het ‘n reuse impak op die aand gehad soos Francois Lottering, wat op grondvlak was, verduidelik.
Die operateurs van Erindi Privaat Wildreservaat het 'n tussentydse interdik teen mynbou-eksplorasie-aktiwiteite in die reservaat verkry. ’n Dringende aansoek om die interdik is gebring as deel van ’n hersieningsaansoek om die uitreiking van ’n eksplorasielisensie vir mynbedrywighede te betwis. Erindi sê die gebied wat deur die lisensie gedek word val binne die reservaat se grense. Paul Joubert, hoofbestuurder van Erindi, het gewaarsku dat myn- en eksplorasiebedrywighede ernstige gevolge vir die omgewing, diere en die reservaat se bedrywighede sal inhou. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Ten Hasheela, die woordvoerder van die myne-ministerie, wat die regsprosesse verduidelik om 'n eksplorasielisensie te bekom.
Fietsry: Biniam Girmey van Eritreë het sy derde skofoorwinning op vanjaar se Tour de France behaal deur die 12de skof in te palm. Die 24-jarige het reeds die derde en agtste skof gewen en sy derde skofoorwinning vergroot sy punte-voorsprong in die snelrenne. Tadej Pogacar van Slowenië het intussen die geel trui van die algehele voorloper behou en is steeds een-minuut-ses-sekondes voor Remco Evenepoel van België. Girmay sê hy gaan in die toekoms op snelrenne fokus.
Die goewerneur van Kavango-Wes het die landbouministerie versoek om voort te gaan om die streek se groenskemas finansieel by te staan. Die streek het twee ontwikkelde groenskemas, Musese en Sikondo. Die doel van die skemas is om besproeiingsgeleenthede te maksimeer en landbouproduksie te bevorder, ten einde Namibië voedsel-selfversorgend te maak. Die goewerneur, Sirkka Ausiku, het haar 10de streeksrede by die Nkurenkuru-gemeenskapsaal gelewer.
ActionSA in Limpopo sê hy gaan die polisie en die Valke vra om EFF-leier, Julius Malema, en Floyd Shivambu se beweerde betrokkenheid by die VBS Mutual Bank-skandaal te ondersoek. Victor Mothemela van ActionSA sê dit volg op voormalige VBS Mutual Bank-voorsitter, Tshifhiwa Matodzi, se beëdigde verklaring waarin hy Shivambu en Malema direk betrek by die plundering van VBS. Mothemela sê die party is ten volle daartoe verbind om korrupsie te bekamp.
Daar is skokkende statistieke oor kinderverwaarlosing in die Nasionale Vergadering onthul. Verlede jaar is drie gevalle elk dag, of 'n totaal van 1 173 aangemeld. Daar is ook 'n gemiddeld van 2,5 kinders elke dag seksueel mishandel, of 'n totaal van 928 kinders. In beide gevalle is die data net die gevalle wat aangemeld is. ‘n Totaal van 526 kinders is ook verlede jaar fisies mishandel. Reaksie hierop is ontvang van Advokaat Ingrid Husselmann, die voormalige kinderadvokaat by die Kantoor van die Ombudsman.
Arbeidminister Utoni Nujoma het die dringende behoefte aan onderwyshervorming beklemtoon om die kwaliteit en relevansie van vaardighede wat aan Afrika-jeug oorgedra word, te verbeter. Hy het uitgelig dat dit deurslaggewend is om die digitale kloof te oorbrug deur verbeterde tegniese toegang, die diversifisering van die ekonomie buite tradisionele sektore, en die aanpassing van opvoedkundige kurrikulums by markvereistes om langtermyngroei en werkskepping te verseker. Nujoma het gepraat by die opening van vanjaar se Africa's Development Dynamics-byeenkoms in Tunis, Tunisië, met die tema "Vaardighede, werk en produktiwiteit". Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Tucna se sekretaris-generaal, Mahongora Kavihuha, wat sê dis tyd dat die regering ophou praat en begin doen.
Volgens 'n onlangse Green Hydrogen Monitor-verslag wat deur die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing vrygestel is, sal die koste van groenwaterstof-projekte meer wees as die land se BBP. Die verslag sê die enigste manier waarop Namibië die projek kan finansier, is om sy potensiële winste uit olie te gebruik. Dit is hoe Mosambiek groot internasionale lenings kon bekom vir sy visserye-sektor. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die Groenwaterstof-kommissaris, James Mnyupe, wat sê die stelling is ongegrond.
In die lig van ongebreidelde jeugwerkloosheid, ongelykheid en toenemende armoedevlakke, is daar 'n beroep dat geld wat werkgewers aan die Namibiese studentehulpfonds, Nsfaf, skuld, afgeskryf moet word. Die fonds het aansienlike uitstaande studenteskuld en het gedreig om regsgedinge teen skuldenaars te bring. Die fonds word meer as 10 miljard Namibiese dollar deur meer as 132 000 begunstigdes geskuld. Die PDM se Maximalliant Katjimune is een van die voormalige begunstigdes wat steeds agterstallig is en hou vol hy “sal nie die geld terugbetaal nie”. Kosmos 94.1 Nuus het met die Swapo Jeugliga se sekretaris, Ephraim Nekongo, gesels oor die liga se standpunt.
Die Save South Africa burgerlike beweging sê hy is bemoedig deur die werk van die nuwe minister van Sport, Kuns en Kultuur, Gayton McKenzie. Die minister het dié week 'n einde gebring aan alle gratis reise van sport-superaanhangers en sê die geld wat die departement daarop uitgee, kan beter êrens anders aangewend word. Hy het ook die name van atlete en kunstenaars gepubliseer wat befondsing van die departement ontvang tydens die Covid-19-pandemie. Tebogo Mashilompane van die beweging sê McKenzie kry dinge gedoen.
Tennis: Die laaste vier mans is vandag op Wimbledon in aksie in die twee halfeindstryde. Die verrassing in die voorlaaste ronde is die 25ste gekeurde Lorenzo Musetti van Italië, wat 'n taai wedstryd teen die tweede gekeurde Novak Djokovic van Serwië kan verwag. Die wedstryd word voorafgegaan deur die kragmeting tussen die derde-gekeurde verdedigende kampioen, Carlos Alcaraz van Spanje, en die vyfde gekeurde Rus Daniil Medvedev. Medvedev sê hy is gereed vir 'n moeilike uitdaging.
Die DA sê hy is steeds gekant teen die Nasionale Gesondheidsversekering in sy huidige formaat en meen dit sal Suid-Afrika se privaat gesondheidsorgstelsel vernietig. Die DA en die Vryheidsfront Plus, wat deel is van die regering van nasionale eenheid, het in die verlede met regstappe gedreig om die instelling van die NGV te keer. Michéle Clarke van die DA sê die NGV in sy huidige formaat is onbekostigbaar en moet dringend hersien word.
Nog koue toestande word verwag vir die volgende weke tot Augustus of selfs later. Volgens die Suid-Afrikaanse weerkenner Johan van den Berg is daar 'n baie groot brandgevaar wanneer koue fronte inbeweeg. Toestande vir reën is swak tot ten minste November, maar lyk goed vanaf November tot Maart. Van den Berg gee meer inligting.
PDM-leier McHenry Venaani het in die Nasionale Vergadering gesê hy het die afgelope tyd by skole in nedersettings gaan kuier. Volgens hom moet die gemeenskappe water en elektrisiteit aan skole verskaf. Hy sê daar was meer as tien sulke skole, in plekke soos Ogongo in die Kunene-streek. Hy het onderwysminister Anna Nghipondoka gevra wanneer hulle hul beleide hieroor verander het. Sy het geantwoord dat 95 persent van skole aan die elektrisiteitsnetwerk gekonnekteer is, en Venaani het dalk net sekere gevalle gesien waar dit nie die geval is nie.
Die minister van Indiensneming en Arbeid, Nomakhosazana Meth, het erkenning gegee aan politieke partye se kritiek nadat sy haar departement se begroting in die Parlement ter tafel gelê het. Die EFF en MK-party is ontevrede omdat die regering steeds nie daarin slaag om werk te skep nie. Hulle sê ook dele van die departement is ondoeltreffend en moet geskrap word. Die departement het vir die 2024/2025-boekjaar meer as 3,8-miljard Suid-Afrikaanse rand van Nasionale Tesourie ontvang. Meth sê sy neem kennis van die reusetaak wat vir haar voorlê:
Ocean Conservation Namibia het hul kommer gedeel oor die gebruik van plastieksakke en die skade wat dit aan seelewe aanrig. Gewone plastiese huishoudelike rommel kan dieselfde verwoestende impak hê as visnette en vislyne. Sodra dit in die see of enige ander plek in die natuur beland, kan enige dier die ongelukkige een wees om die gevolge van iemand se onverskilligheid te dra. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Naude Dreyer, die mariene bioloog van Ocean Conservation Namibia, wat sê as iets nie uit die see kom nie, moet dit nie in die see ingaan nie.
Michael Amushelelo is nou amptelik ‘n lid van die LPM, nadat hy die Namibia Economic Freedom Fighters op 1 Julie verlaat het, kort na die party gederegistreer is. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die politieke ontleder dr. Marius Kudumo oor Amushehelo se invloed, veral onder die ontevrede jeug wat hom volg. Hy sê dit sal eers in die verkiesing gemeet kan word.
Die direkteur-generaal van die Nasionale Beplanningskommissie Obeth Kandjozesê plaaslike beleid met die olie-bedryf opvang veral omdat die 1990 beleggingswet steeds die enigste een is wat van krag is. Maar, die land is ook op die gryslys geplaas. Hoe gemaak? Jason Kasuto, besturende vennoot by Monasa Advisory and Associates, gee sy mening.
Die regering is deur die Instituut van Openbare Beleidsnavorsing gevra om dringend die Wet op die Beskerming van Fluitjieblasers, wat in 2017 aanvaar is, te implementeer. Die instituut sê die vertraging is 'n bewys dat daar nie die politieke wil is om korrupsie te beveg nie. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Josephine Nghituwamata, die woordvoerder van die Teenkorrupsie Kommissie, wat sê hulle hoop daar was fondse beskikbaar om die wet in werking te stel.
Aartappels is duur en dit wil voorkom asof daar nie binnekort enige verligting vir Suid-Afrikaanse of Namibiese verbruikers sal wees nis. Daar was erge koue in Limpopo wat oeste kan raak en die prys teen September verder kan verhoog. Willie Jacobs, uitvoerende bestuurder van Aartappels Suid-Afrika gesels hieroor en die daling in produsente, in aanloop tot hulle kongres op 16 en 17 Julie in Kaapstad.
Die landbouministerie het gerugte weerlê dat die uitvoer van speenkalwers na Suid-Afrika stopgesit is. Die ministerie sê verder dat hy op die oomblik onderhandel met die buurland oor hersiene regulasies vir die invoer van veevoer. Daar is verskeie belangrike bepalings as gevolg van die bek-en-klouseer in die buurland. Jona Musheko, ministeriële woordvoerder het meer.
Die stigter van Utshalo, Paul Miller, sê die behoefte bestaan om Suid-Afrika se ope mark te verbeter deur dit moontlik te maak vir kleiner beleggers om meer aktief deel te neem aan koperprojekte in die Noord-Kaap. Orion Minerals fasiliteer dit deur 'n aandeelkoopplan vir Suid-Afrikaanse aandeelhouers. Die inisiatief wil plaaslike besit en belegging in mynprojekte 'n hupstoot gee en kapitaalopwekkingsuitdagings in die land se mynsektor aanspreek. Miller beklemtoon die belangrikheid daarvan om meer deelname aan mynondernemings aan te moedig.
Finansminister Iipumbu Shiimi het die Padowerheidsfonds-wetgewing in die Nasionale Vergadering gelees. Na die tweede lesing is die wetgewing deur die parlement aanvaar. Shiimi het 'n paar aanpassings aangekondig, wat insluit dat sekere skuld afgeskryf sal word. Die Nasionale Vergadering het verdaag en sal weer op 5 Augustus hervat.
Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, sê Suid-Afrika se onverbonde beleid is heilig, selfs onder ʼn regering van nasionale eenheid. Hy het gister by ʼn simposium gepraat wat die Suid-Afrikaanse Instituut vir Internasionale Aangeleenthede aangebied het. Lamola sê die veranderende internasionale wêreldorde maak die versterking van die onverbonde beweging noodsaaklik. Hy voeg by Suid-Afrika met sy unieke beleid van aktiewe onverbondenheid is nie reaktief nie, maar proaktief in sy soeke na vrede:
Jasmine Paolini van Italië en Barbora Krejcikova van die Tsjeggiese Republiek spook môre sake uit in die Wimbledon-eindstryd. Die sewende gekeurde Paolini was een stel agter, maar het teruggeveg en Donna Vekic van Kroasië in twee ure en 51 minute met 2-6, 6-4, 7-6 geklop. Dis die langste vroue-enkelspel-halfeindwedstryd in Wimbledon se geskiedenis. Krejcikova het die 2022-kampioen, Elena Rybakina van Kasakstan, met 3-6, 6-3, 6-4 geklop. Paolini is die eerste Italiaanse vrou wat ʼn Wimbledon-eindstryd haal en sê sy bly gefokus ten spyte van haar onlangse suksesse:
Die Amerikaanse president Joe Biden het kommer oor sy gesondheid verwerp en sê hy bly die beste kandidaat om Donald Trump in November te verslaan. Al meer Demokrate sê hy moet uittree nadat sy sukkelende debat verlede maand teen Trump kommer oor sy gesondheid laat ontstaan het. Biden sê hy hoef nie kognitiewe toetse te ondergaan nie omdat hy fiks genoeg is om die land te lei:
President William Ruto van Kenia het bykans sy hele kabinet afgedank, met net die adjunkpresident en eerste kabinetsekretaris steeds in hul poste. Hy het ook die prokureur-generaal afgedank. Die president is onder druk nadat pogings om 'n omstrede belastingwetsontwerp deur te druk, verlede maand gewelddadige betogings regoor die land ontketen het. Minstens 39 mense is dood in gevegte met die polisie. Ruto het belowe om 'n nuwe regering te vorm wat klein en doeltreffend sal wees:
Die Vryheidsfront Plus sê die land se politieke landskap bied hom, deur sy deelname aan die regering van nasionale eenheid, geleentheid om te help om die openbare gesondheidsektor reg te ruk. Die totale gesondheidsbegroting vir die 2024/2025-boekjaar beloop 62,2-miljard Suid-Afrikaanse rand. Philip van Staden van die party sê die bestuur en administrasie van die Departement van Gesondheid moet verander en beleide hersien word. Hy sê wanbestuur en korrupsie het openbare gesondheidsinstellings lamgelê:
Die verhoogde oumens-toelaes, gestremdheid-toelaes en toelaes vir kwesbare kinders wat reeds in April moes in werking moes tree, is vertraag. Dit was volgens 'n aankondiging van die ministerie van armoede uitwissing, wat gesê het die begroting is eers laat deur president Nangolo Mbumba bekragtig omdat hy baie gereis het. Die betalings sal terugdateer word tot April. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Lukas Haufiku, die ministerie se woordvoerder, oor of die verhoogde uitbetalings op pad is
Die jaar-tot-datum verkope van voertuie was in Junie meer as 6 300, die hoogste aantal eenhede wat sedert 2016 verkoop is, sê Cirrus. Daar is 597 handelsvoertuie verkoop, of 18 persent meer as in Mei. Dit het 'n afname in verkope van passasiersvoertuie gedeeltelik teengewerk. Net 396 passasiersvoertuie is in Junie verkoop, wat 13,9 persent minder was as in Mei. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Tannan Groenewald, hoof van data en analise by Cirrus, oor die pad vorentoe.
Die Nasionale Vergadering is in reses en parlementslede sal eers weer op Maandag, 5 Augustus hulle werksaamhede hervat. Daar is egter 11 kennisgewings op die mosies-dokument, wat teen 11 Julie afgehandel moes word, anders sou hulle verval. Kosmos 94.1 Nuus het met die politieke kommentator Rui Tyitende oor die kwessie gesels.
Hoofafrigter Andy Farrell het vier veranderinge aangebring aan Ierland se opdrafspan vir Saterdag se tweede toets teen Suid-Afrika in Durban. Garry Ringrose speel in die middelveld en die skakelpaar is albei van Munster, met Conor Murray op skrumskakel wat aansluit by losskakel Jack Crowley. Tadgh Beirne verskuif na toekant-flank, James Ryan begin op slot en Rónan Kelleher is die haker. Volgens Kelleher glo hulle vas hulle kan wen om die reeks te deel:
Namibië is by die Internasionale Atoom-agentskap se beraad oor skoon kook-metodes in Afrika, wat in Mei gehou is, ‘n groot bedrag fondse beloof. Die kabinet het in sy besluitnemingsvergadering op 9 Julie kennis geneem dat 2,2 miljard Amerikaanse dollar se beloofde fondse beskikbaar is en dat die land toegang daartoe kan kry. Die gesondheid- en omgewingsake-ministeries is gevra om meganismes te vind om toegang tot die geld te kry, sodat die land voordeel daaruit kan trek. Inligting-minister Emma Theofelus het die kabinetsbesluit aangekondig.
Amerikaanse president Joe Biden het weer ‘n herrie ontketen oor sy bevoegdheid na hy die media toegespreek het by die afsluiting van die Navo-beraad in Washington. Hy het die Oekraïnse president Volodymyr Zelensky vir Russiese president Vladimir Putin misgis.
’n Hoëvlak-regeringsafvaardiging het die Biomassa-nywerheidspark wat in aanbou is buite Otjiwarongo besoek. Die afvaardiging is gelei deur handelsminister Lucia Iipumbu en die ministerie se adjunk-uitvoerende direkteur, dr. Michael Muhavindu. Hulle is vergesel deur verskeie handelsbeleidsontleders, insluitend die ministerie se spesialisadviseur, Vicki ya Toivo. Volgens Ya Toivo was die doel van die besoek om te kyk hoe die beste strategieë tussen die ministerie, die Otjiwarongo-munisipaliteit en koöperasies wat by die biomassa-produksie en hernubare-energie aanleg sal werk, geformuleer sal word. Otjozondjupa goewerneur James Uerikua sê hy is opgewonde om te sien dat fondse, menslike hulpbronne en die elektrisiteitsvoorsiening wat nodig is om produksie by die biomassa-aanleg te begin, veral die produksie van veevoer en waardetoegevoegde houtskool uit akasiabos, alles verseker is.
Rugby: Die veteraan-stut, James Slipper, voer die Wallabies aan in Saterdag se tweede toets teen Wallis in Melbourne in die plek van Liam Wright, wat beseer is tydens die oorwinning van 25-16 in verlede naweek se eerste toets teen die Walliesers in Sydney. Charlie Cale, wat hom vervang het, begin die eerste keer op nommer agt en Rob Valetini verskuif na toekant-flank in die enigste verandering wat afrigter Joe Schmidt aan die opdrafspan aangebring het. Hy het die volste vertroue in Slipper se leierskap.
Geestesgesondheidskwessies word toenemend 'n probleem in Namibië. In 'n hartseer oomblik van krisis het 'n gemeenskap bymekaar gekom om 'n vrou se lewe te red. Dit was nadat sy 'n regstreekse video op Facebook uitgesaai het, wat wys hoe sy selfmoord probeer pleeg het. Bekommerde individue het deur sosiale media gemobiliseer om enigiemand op te spoor wat haar dalk ken. Na aanhoudende pogings is kontak met die vrou bewerkstellig. Kosmos 94.1 Nuus het met Sean Naude van Namibia Marshal Rangers gesels, wat meer inligting het.
Die bydraende ekonoom van BetterBond Property Brief, Roelof Botha, sê die uitslag van die verkiesing is goed ontvang in die mark vir nuwe huislenings, met die nuwe regering van nasionale eenheid daartoe verbind om die grondwet te beskerm en die beginsel van privaat eiendomsreg te handhaaf. Volgens Botha word ‘n verdere herstel van bedrywighede in die residensiële eiendomsmark voorsien, asook nog 'n moontlike verlaging in die rentekoers.
Die pa van 'n 14-jarige dogter het haar na bewering in haar kamer aangerand terwyl sy geslaap het, en is van verkragting aangekla. Die saak is by die Omusati-polisie aanhangig gemaak. Die land steier reeds onder die groot aantal verkragtings wat aangemeld word, en dit blyk of verkragting van minderjariges toeneem. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Rosa Namises, 'n onafhanlike presidensiële kandidaat, wat 'n boodskap gee aan verkragters.
Die Nasionale Vergadering het die afgelope tyd hulle bedrywighede in toe-deur sessies verrig. Volgens die woordvoerder, Sakeus Kadhikwa, was dit vir interne parlementsake, wat niks met die publiek te make het nie. Daar is blykbaar op nuwe parlementêre reëls besluit. In die oop sessie vandag het die speaker, Peter Katjavivi, aangekondig dat die parlement in reses gaan en eers weer in Augustus gaan begin werk.
Die Stedelike en Landelike Ontwikkeling-ministerie het die hersiene Nasionale Behuisingsbeleid en Implementering Aksieplan in Windhoek bekendgestel. Die beleid prioritiseer ultra-lae en lae-inkomstegroepe, wat 88 persent van die land se huishoudings uitmaak. Dit verbind verder sentrale, streeks- en plaaslike regerings om toegang tot veilige verblyfreg en basiese dienste te subsidieer. Die beleidshersiening is die resultaat van 'n breë konsultasieproses. Stedelike en Landelike Ontwikkeling-minister Erastus Uutoni het 'n beroep op alle belanghebbendes gedoen om saam te werk om die behuisingskrisis aan te pak.
Die oliefondse in Namibiese waters is 'n groot aantrekkingskrag. BP, Shell en TotalEnergies, wat met projekte in Suid-Afrika besig is, sê hulle gaan hul bedrywighede daar afskaal en meer op Namibië fokus. Dit dui op 'n positiewe beleggingsklimaat - of doen dit? Kosmos 94.1 Nuus het reaksie ontvang van Eben de Klerk, 'n navorser by die Ekonomiese Beleidsnavorsing-vereniging, Epra.
De Klerk voeg by dat Namibië haar nie moet blindstaar teen oliemaatskappye wat hierheen kan kom nie.
Die MK-party het aangekondig dat Arthur Zwane weer terug is as sekretaris-generaal nadat die party se president, Jacob Zuma, nie sy bedanking aanvaar het nie. Hy het verlede week bedank en ʼn groot werkslading as rede aangevoer. Sifiso Maseko, wat Zwane se rol oorgeneem het, word na die Departement van Menslike Hulpbronne verskuif. Nhlamulo Ndhlela van MK sê deurlopendheid in die party is belangrik weens die onseker tye onder die regering van nasionale eenheid:
Die regering se regsarm verskyn voor die Nasionale Vergadering se staande komitee vir grondwetlike en regsake, om rekenskap te gee van kapitaalprojekte en die gebrek daaraan. Komiteelid Tjekero Tweya het Gladice Pickering, die justisie-ministerie se uitvoerende direkteur, ondervra oor die hertoewysing van openbare fondse wat bedoel was om bouprojekte in Katutura-Oos te fasiliteer, maar wat gebruik is om voorafvervaardigde strukture in ander dorpe op te rig. Ander entiteite, insluitend die teenkorrupsiekommissie, kantore van die aanklaer-generaal, regbank en ombudsman, verskyn ook voor die komitee.
Verteenwoordigers van die burgerlike samelewing in verskeie streke regoor Namibië het ernstige kommer uitgespreek oor die blywende vlakke van armoede en desperaatheid onder gewone burgers, ten spyte van die land se potensiaal. Daar is reeds 'n behuisingskrisis, met meer as 40 persent van die bevolking, veral 66 persent van stedelike inwoners, wat in informele nedersettings of agterplaashutte woon. Gegewe die geprojekteerde verstedelikingskoers van 4,5 persent jaarliks, is dringende maatreëls nodig om bekostigbare grond en behuising te verseker. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Heinrich Amushila van die Shack Dwellers Federation of Namibia, oor wat gedoen kan word.
Green Connection sê Eskom se voortdurende prysverhogings beteken elektrisiteit word vir al meer mense onbekostigbaar. 'n Tariefverhoging van 12,75-persent het in April in werking getree. Liziwe McDaid van Green Connection sê 'n deel van die probleem is die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika het nie die metodologie van die tariewe hersien nie, wat dringend moet verander:
Die inligtingsminister Emma Theofelus het die jongste deurgegee in verband met die samesmelting van New Era en Nampa, sowel as die ontbinding van Namibian Post and Telecommunications Holdings. Volgens Theofelus handel die stappe oor beter dienslewering, kostebesparing en doeltreffendheid.
COPE sê die Stad Johannesburg se instelling van die 200 Suid-Afrikaanse rand-tarief op voorafbetaalde krag is onregverdig en onbillik en bevooroordeeld. Die vaste bedrag het verlede Maandag in werking getree terwyl die elektrisiteitsprys terselfdertyd met 12,7-persent verhoog is. Dit laat baie inwoners in ʼn moeilike finansiële posisie. COPE se waarnemende hoofsekretaris, Erick Mohlapamaswi, sê die heffing is onvolhoubaar:
Ray Sasman, 'n 52-jarige oud-onderwyseres, het op 1 Mei 'n staptog begin om fondse in te samel vir 'n beoogde jeugsentrum in Walvisbaai. Sy wil ook mense bewusmaak van die behoefte aan jeugbemagtiging. Sasman het vanaf die Noordoewer-grenspos vertrek op 'n 2 200km-staptog na die Kazangula-grenspos in die Zambezi-streek. Die plan is om die tog in drie maande te voltooi. Sy is tans net voor Tsumeb. Kosmos 94.1 Nuus het met Sasman gesels.
Die Verkiesingskommissie sê tot en met 6 Julie is 823 761 kiesers geregistreer. Hy sê hy het kommer omdat dit ongeveer net 50 persent van alle stemgeregtigdes in die land verteenwoordig en daar is net 21 oor. Verder blyk daar ook om uitdagings te wees met beskadigde ID-dokumente. Die kommissie se woordvoerder De Wet Siluka het om verskoning gevra vir die wat so weggewys is en ‘n regstelling gemaak.
In 2019 is 'n kohort van 92 jeugdiges gekies om in die kinderparlement te dien. Ses van hulle was van die Khomas-streek. Die 92 lede sal Maandag aan die nuwe kohort oorhandig. Die voorsitter van die gesondheidskomitee, Rivaldo Kavanga, sal in Project Hope dien, voortgaan as 'n #befree-ambassadeur en sal ook om vir kinderregte te pleit. Kavanga het met Kosmos 94.1 Nuus gesels oor die reis en suksesse van die kinderparlement.
Die DA-parlementslid, Ian Cameron, is die nuwe voorsitter van die Polisie-portefeuljekomitee en sê hy is gereed vir die taak om die land ʼn veiliger plek te maak. Die voormalige aktivis teen misdaad het hom gereeld uitgespreek teen die polisie se mislukkings, veral onder leierskap van die gewese minister van Polisie, Bheki Cele. Cameron sê die komitee beplan behoorlike oorsig oor die polisiediens en sal dit aanspreeklik hou:
Denemarke en Nederland het F16-vegvliegtuie aan die Oekraïne geskenk. Daar sal 19 van die Amerikaanse vliegtuie van Denemarke af kom en 24 van Nederland. Die aankondiging is deur die Amerikaanse minister van buitelandse sake Antony Blinken gemaak.
Ontevredenheid oor RedForce se skuldinvorderingsmetodes duur voort in Walvisbaai. Inwoners het 'n derde mosie oor die maatskappy se verwydering by die dorp se munisipaliteit oorhandig. Die munisipaliteit het al in Mei bevestig dat die hoofbestuurder van finansies, Frans !Gonteb, en bestuurder van finansies, Johanna Shidute, geskors is. Maar die drama eindig nie daar nie. 'n Raadslid van die Walvisbaai munisipaliteit, Ryan Gordon, het meer.
Die ervare spelskepper, Selvyn Davids, voer die Springbok Sewesspan aan by die Spele in Parys. Hy is een van vyf spelers in die groep van 12 wat ook aan die vorige Spele in Tokio deelgeneem het. Die ander is Impi Visser, Zain Davids, Rosco Specman en Siviwe Soyizwapi. Ronald Brown en Katlego Letebele is die reisende reserwes. Hoofafrigter Philip Snyman het dieselfde groep behou wat verlede maand tydens ‘n toernooi in Monaco die kwalifisering vir die Blitsbokke deurgehaak het:
Die vakverbond Cosatu verwelkom die gewese voorsitter van VBS Mutual Bank, Tshifhiwa Matodzi, se vonnis. Die hof in Pretoria het hom tot 15 jaar tronkstraf gevonnis vir diefstal, bedrog, geldwassery en afpersing wat tot die bank se ineenstorting gelei het. Byna 2 miljard Suid-Afrikaanse rand is by VBS geplunder. Cosatu se voorsitter, Zanele Sabela, sê Matodzi het erken hy was gierig omdat hy reeds ʼn gemaklike lewe as geoktrooieerde rekenmeester gelei het:
Die uittredende Navo sekretaris-generaal, Jens Stoltenberg, sê die uitslag van die oorlog tussen Rusland en Oekraïne sal wêreldwye sekerheid dekades lank vorm. Hy het by die Navo-beraad wat tans in Washington plaasvind, gepraat. Stoltenberg sê indien Rusland die oorlog in Oekraïne wen, sal dit ander outoritêre leiers in Iran, Noord-Korea en China aanmoedig:
'n Doel deur Ollie Watkins laat in die wedstryd het Engeland laat deurdring na die eindstryd van die Europese Kampioenskap. Hulle sal Sondag in Berlyn teen die driemalige kampioene, Spanje te staan kom. Engeland het Nederland met 2-1 in hulle halfeindstryd geklop. Die span, bekend as die Drie Leeus, hoop om op hulle vorige vertoning van die Euro 2020-kompetisie te verbeter toe hulle met strafdoele teen Italië verloor het. Die bestuurder Gareth Southgate sê om nog 'n eindstryd te haal is 'n baie groot prestasie vir die span:
Die Wes-Kaapse regering sê rampspanne is op 'n hoë gereedheidsgrondslag nadat die Suid-Afrikaanse Weerdiens die weerwaarskuwing vir vandag tot vlak agt aangepas het vir ontwrigtende reënval. Ontwrigtende weerstoestande in die provinsie die week het 4 500 mense dakloos gelaat en meer as 15 000 strukture beskadig. Kaapstad se burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekuriteit, JP Smith, sê weerstoestande sal waarskynlik lei tot wydverspreide oorstromings en 'n uitwerking hê op reaksietye:
’n Kwesbaarheidsevaluering en ontleding deur die Geïntegreerde Voedselsekerheid-faseklassifikasie vir Julie tot September toon dat ’n groot deel van die bevolking gekonfronteer word met verergerende voedselonsekerheid. Afrobarometer se peilings toon dat 73 persent van Namibiërs nie genoeg kos in 2024 het nie, teenoor 47 persent in 2017. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Ben Schernick, die direkteur van die Voedings- en Voedselsekerheidsalliansie van Namibië, wat sê die regering moet 'n universele inkomstetoelaag implementeer.
Die Italianer Lorenzo Musetti is deur na sy eerste Wimbledon-halfeindronde. Die 22-jarige speler het die Amerikaner, Taylor Fritz, met 3-6, 7-6, 6-2, 3-6, 6-1 geklop om die vierde Italiaanse mans-enkelspelspeler in die toernooi se geskiedenis te word wat die halfeindronde bereik. Hy en die Serwiër Novak Djokovic spook sake uit vir ʼn plek in die eindstryd. Kgothatso Montjane van Suid-Afrika is in die dames se rolstoel-enkelspel-kwarteindronde nadat sy die Brit, Lucy Shuker met 6-2, 6-0 verslaan het. Musetti sê die wedstryd teen Djokovic sal ʼn uitdaging wees:
Die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, het bewerings ontken dat hulle deur groot sakeondernemings gedwing is om in die regering van nasionale eenheid met die DA saam te werk. Die DA het ses van die 32 ministersposte en ses van die 43 adjunkminister-poste in die nuwe Kabinet gekry. Mbalula sê in ʼn onderhoud met die SABC daar word te veel gewag gemaak van kapitaal en dié wat die produksiemiddele besit:
Wêreldbevolkingsdag word elke jaar op 11 Julie gevier. Die dag is in die lewe geroep om bewustheid te verhoog oor die groot kwessies rondom globale bevolkingsgroei en die impak daarvan op ontwikkeling en volhoubaarheid. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Mirjam Shihepo, woordvoerder van die Namibiese Statistieke-agentskap, wat 'n oorsig gee van plaaslike vieringe.
Volgens plaaslike media is die projek om die pad tussen Hentiesbaai en Uis na bitumenstandaard op te gradeer vertraag weens 'n gebrek aan fondse. Werke-minister John Mutorwa het onlangs die terrein besoek en gesê dat aanvanklike planne om twee kontrakteurs gelyktydig op die pad van Hentiesbaai na Kamanjab te laat werk, deur finansieringsbeperkings in die wiele gery is. Mutorwa het die projek se belangrikheid beklemtoon om swaar vragmotorverkeer van die oorlaaide B2-pad na Walvisbaai-hawe te herlei, terwyl dit terselfdertyd Namibië se westelike vervoerkorridor verbeter. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Hileni Fillemon, die Padowerheid se woordvoerder, wat sê die berigte is misleidend.
Mens-dier-konflikte teister steeds gemeenskappe met die jongste voorval het die Katete-nedersetting in die Zambezi-streek deurgeloop met olifante waterpunte vir beide die inwoners en boere in die gebied vernietig het. Waterpunte is oral in landelike gebiede uitgebrei as gevolg van tekorte met die heersende droogte. Kosmos 94.1 Nuus het hieroor gesels met professor Morgan Hauptfleisch, die direkteur van Namibia Nature Foundation.
In die eerste kwartaal het Suid Afrika 3 042 nuwe elektriese voertuie verkoop wat 82,7 persent meer is as in dieselfde kwartaal verlede jaar. Die regering het ook sy ondersteuning van die bedryf in die jaarlikse begroting verklaar, wat tot die sukses bygedra het. In Namibië vaar die verkope van elektriese voertuie nie so goed nie. Die infrastruktuur moet ook aangepas word om elektriese voertuie te ondersteun. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Conrad Roedern, die stigter van die invoerder Electric Vehicles Namibia, wat 'n voorstel het.
Die minister vir Openbare Werke en Infrastruktuur, Dean McPherson, het die behoefte beklemtoon vir samewerking om konstruksiemafias in Suid-Afrika uit te roei. Hierdie groepe gebruik afpersing, geweld, intimidasie en ontwrigting, veral in KwaZulu-Natal en die Wes-Kaap, en dit lei tot beduidende ekonomiese verliese. Hy het aan die SABC gesê dis uiters belangrik om hierdie uitdagings trompop te takel om die boubedryf te laat herleef, ‘n sleutel-onderdeel van ekonomiese groei en ontwikkeling.
Die LUR vir Onderwys, Sport, Kultuur en Ontspanning in Gauteng, Matome Chiloane, is hartseer oor die dood van 12 leerders vanoggend in ‘n ongeluk by Merafong. Elf leerders van die Laerskool Rocklands en een van Laerskool Blyvooruitsig in Carletonville is onder die slagoffers, asook die bestuurder. Sewe leerders is beseer. Woordvoerder Steve Mabona sê die kinders se minibus het met ‘n bakkie gebots.
Sokker: Engeland meet vanaand kragte met Nederland in 'n poging om deur te dring na agtereenvolgende Europese Kampioenskap-eindstryde. Engeland word beskou as die bakermat van sokker, maar hulle was nie baie suksesvol op internasionale vlak nie. Hulle het nog nooit die Europese Kampioenskap gewen nie en hulle laaste internasionale sukses was die Wêreldbeker in 1966. Engeland se kaptein Harry Kane sê die verwagtinge is groot.
Die geskiedkundige mynspookdorp Kolmanskop het drie nuwe besienswaardighede wat Namibië se ryk erfenis en artistieke talent uitlig. Dit sluit in die wêreldbekende Ilford-galery, een van slegs drie ter wêreld, die Kolmanskop-diamantkamer en die Kolmanskop-boetiek. Phil Balhao, burgemeester van Lüderitz, sê die jongste toevoegings is 'n bewys van die dorp se groei. Hy sê hulle het met 'n informele verklaring vorendag gekom, "Bly nog 'n dag in Lüderitz", om die toerismepotensiaal uit te lig. Kosmos 94.1 Nuus het met Balhao gesels oor die groei in toerisme in die gebied.
Die ZiG-geldeenheid van Zimbabwe het hierdie week sy afwaartse neiging voortgesit, wat kommer laat ontstaan oor die behoefte aan ingrypings deur die sentrale bank. Data wat op die sentrale bank se webwerf gepubliseer is, toon dat die ZiG teen 13,74 tot die Amerikaanse dollar verhandel het, ongeveer 1 persent laer as by sy bekendstelling in April. Die geldeenheid word gerugsteun deur 2,5 ton goud en 100 miljoen Amerikaanse dollar in kontant. Die sentrale bank hoop hy sal voortgaan om goudreserwes by te voeg soos die mynproses voortduur. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met professor Jannie Rossouw van die Wits Besigheidskool, wat sê dit is moeilik om kommentaar te lewer oor die afwaartse neiging van die ZiG.
Die Gesamentlike Christelike Kerke van Swakopmund bied hulle jaarlikse saamkoms aan vir Christene wat eenheid in Christus sal vier. Dominee Martin van Niekerk, sameroeper van die kerke, het 'n boodskap aan Kosmos 94.1 gestuur wat meer oor die geleentheid verduidelik. Die Logos Hope, die wêreld se grootste seevarende boekwinkel, sal die saamkoms ondersteun.
‘n Hele aantal dwelmfondse is die afgelope paar maande deur die polisie gemaak, spesifiek groot hoeveelhede dagga. In byna al die gevalle het Nampol gesê die arrestasies was te wyte aan polisie-intelligensie en inligting wat hulle ontvang het. Kosmos 94.1 Nuus het met die voormalige hoof van Nampol se dwelmeenheid, Hermie van Zyl, gesels oor die belangrikheid van inligting wat deur die publiek verskaf word, veral met die toenemende hoeveelhede dwelms wat die land binnekom.
Namibië se nasionale vrouesokkerspan, die Brave Gladiators, kom in twee internasionale vriendskaplike wedstryde teen Lichtenstein te staan. Die kragmetings, wat vir môre en Sondag geskeduleer is, dien as deurslaggewende voorbereiding vir die komende Cosafa-beker-vrouetoernooi in Suid-Afrika. Hoofafrigter Woody Jacobs gee meer inligting.
ReconAfrica se boorwerk het begin op die Naingopo-eksplorasieput in PEL 73 in die noordooste van die land. Die firma word egter beskuldig van menseregteskendings in Namibië, en Kanadese menseregteprokureurs het 'n ondersoek aangevra. Rob Parker, 'n medewerker by die Economic and Social Justice Trust, sê die maatskappy het nie sy beloftes nagekom nie.
Affirmative Repositioning, of AR, is op 25 Junie amptelik as 'n politieke party deur die Verkiesingskommissie van Namibië geregistreer. Die beweging se leier, Job Amupanda, het die nasie Dinsdagaand toegespreek en sê hulle is nou gereed om aan die verkiesing op 27 November deel te neem. Amupanda sê indien geen party 51 persent van die stemme kry nie, sal AR gereed wees om met enige party saam te werk om ’n koalisie te vorm.
Die Verkiesingskommissie van Namibië het eers op 5 Julie die nuwe regulasies vir kiesersregistrasie in die Staatskoerant gepubliseer. Kiesersregistrasie het egter al op 1 Junie begin. Dit het vrae laat ontstaan by onder andere die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing se direkteur, Graham Hopwood. Die kommissie het op sy navrae gesê dat die regulasies presies dieselfde is as die van 2015 wat herroep is, met net kosmetiese veranderinge aan die formaat. Kosmos 94.1 Nuus het by Hopwood uitgevind of hy tevrede is met die kommissie se antwoord.
Die Katutura-inwonerskomitee doen 'n beroep op die hele Windhoek om sake teen top amptenare van die Stad Windhoek, RedForce, die Anti-Korrupsie Kommissie en die vorige burgemeester van Windhoek aanhangig te maak. Woordvoerder Shaun Gariseb sê hulle betoog teen die Stad Windhoek omdat hy die publiek met sy foutiewe rekeningstelsel beroof het. Gariseb het by 'n perskonferensie by Jacob Marenga Sekondêre Skool in Windhoek gepraat.
Die minister van Openbare Werke en Infrastruktuur, Dean Macpherson, het reuse-kuberdiefstal van minstens 300-miljoen Suid-Afrikaanse rand die afgelope dekade onthul. In die jongste aanval in Mei is 24-milljoen rand gesteel. Vier amptenare is geskors, en 300 skootrekenaars is in beslag geneem. Macpherson sê 'n volledige forensiese ondersoek is aan die gang, waarby die Valke, die polisie, die Staatsveiligheidsagentskap en kubersekerheidskenners betrokke is.
Die Namibiese Polisiemag in die Khomas-streek het Windhoekers, veral dié in informele nedersettings, versoek om met die polisie saam te werk en misdade stiptelik aan te meld. Daar was die afgelope weke 'n merkbare toename in misdaad in die hoofstad. Inwoners het frustrasie uitgespreek oor toenemende voorvalle van diefstal en geweld, en dring aan op verhoogde polisieteenwoordigheid en -toepassing om kriminele aktiwiteite hok te slaan. Inspekteur-generaal Joseph Shikongo sê hulle sal geen kompromie aangaan in die hantering van misdadigers in die samelewing nie, ongeag openbare mening. Shikongo het gepraat tydens 'n mediabespreking en uitstalling van gekonfiskeerde items in Otjomuise.
Die Stigting vir Onderwys en Maatskaplike Geregtigheid in Afrika sê die regering van nasionale eenheid se eerste kabinet-lekgotla moet aandag aan werkloosheid en misdaad skenk en bevestig dat onderwys belangrik is. Die twee-daagse lekgotla wat môre begin, gaan aandag skenk oor hoe om die verskillende partymanifeste in 'n samehangende regeringsbeleid saam te voeg. Hendrick Makaneta van die stigting sê die regering moet duidelike prioriteite uitspel.
Nog ‘n wapen is vanoggend gesteel, die derde die week, en die keer tydens ‘n gewapende roof in Walvisbaai. Dit was ‘n gepoogde transito-rooftog maar het misluk en geen kontant is deur die drie gewapende rowers gebuit nie. Hoofinspekteur Ileni Shapumba het die besonderhede.
Die parlementêre staande komitee oor grondwetlike en regsake het diensgebreke by die Teenkorrupsie-kommissie, ACC, geïdentifiseer omdat dit nie streekskantore het nie. Die kommissie werk tans slegs vanuit sy hoofkantoor in Windhoek. Dit het die komitee genoop om die kommissie se deurlopende kapitaalprojekte in die Khomas-streek, wat poog om sy bedrywighede en dienslewering te verbeter, te beoordeel. Tylvas Shilongo, die kommissie se uitvoerende direkteur, het by die konsultasie gesê hulle het te min mannekrag.
Die Kankervereniging van Namibië het nuwe statistieke bekend gemaak wat die impak van sarkoom en beenkanker op die Namibiese bevolking openbaar. Sowat 15 Namibiërs word jaarliks met hierdie tipe kankers gediagnoseer. Die vereniging sê dit beklemtoon die behoefte aan geteikende bewusmaking- en gesondheidsorg-strategieë. Kosmos 94.1 Nuus het met die Kankervereniging se uitvoerende hoof, Rolf Hansen, oor hierdie kankers gesels.
Namibië se jaarlikse inflasiekoers neem steeds vinniger af as wat verwag is. Inflasie in die eerste helfte van die jaar was gemiddeld 4,9 persent op 'n jaargrondslag, vergeleke met 6,5 persent op 'n jaargrondslag in dieselfde tydperk die vorige jaar. In die tweede kwartaal het inflasie afgeneem tot 4,8 persent op 'n jaargrondslag, af van 'n gemiddeld van 5 persent op 'n jaargrondslag in die eerste kwartaal en aansienlik laer as die 5,9 persent op 'n jaargrondslag in die tweede kwartaal van 2023. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Halleluya Ndimulunde, 'n ekonoom by Simonis Storm, oor hoe dit die lewenskoste sal beïnvloed asook die rentekoersbesluit wat binnekort geneem sal word.
Die LPM het ‘n perskonferensie gehou waar verskeie aspekte onder die loep gekom het. Oudergewoonte, en nes al die ander partye, word die regerende party gekritiseer maar geen oplossings word aangebied nie. Swartbooi sê elke Namibiër het die afgelope 34 jaar gely.
Agribank het 'n droogtehulpinisiatief van 104,6 miljoen Namibiese dollar van stapel gestuur. Die fasiliteit is van vandag vir sy kliënte met grond- en lewendehawe-lenings beskikbaar. Verder sal die bank ook rente op agterstallige rekenings van ongeveer 83 miljoen dollar laat vaar. Die bank se uitvoerende hoof Raphael Karuaihe het vandag die aangekondig gemaak.
Die Wes-Kaapse Onderwysdepartement het talle reëlings getref vir leerders wie se skole deur die gure weer beskadig is. Die departement het leerders, personeel en onderwysers vir die derde termyn verwelkom in deurnat toestande en koue weer. Die woordvoerder van die departement, Bronagh Hammond, sê vyf skole is steeds gesluit weens oorstromings en skade aan die geboue. Die departement koördineer met die weerdiens en rampbestuur:
Die direkteur-generaal van die Nasionale Beplanningskommissie Obeth Kandjoze, het by Nedbank se beleggerskonferensie oor beleid gepraat. Die byeenkoms het gekyk na die ontluikende olie- en gas-sektore in die land en volgens Kandjoze moet plaaslike beleid met die bedryf opvang.
Die eThekwini-munisipaliteit sê Saterdag se langverwagte tweede toets tussen Suid-Afrika en Ierland sal help om die plaaslike ekonomie te laat groei. Die Springbokke het hulle groep van 23 wat die besoekers verlede week in Pretoria 27-20 geklop het, net so behou vir die kragmeting. Die metro se woordvoerder, Gugu Sisilana, sê die wedstryd beteken regstreekse besteding van 125 miljoen Suid-Afrikaanse rand, 'n bydrae van 309 miljoen rand tot die bruto binnelandse produk en die skepping van 559 werksgeleenthede:
Die voormalige minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Naledi Pandor sien ooreenkomste tussen die stryd van Palestyne en Suid-Afrikaners onder apartheid. Pandor het gepraat by die Rhodes-universiteit in Makhanda in die Oos-Kaap en gesê anders as met Suid-Afrikaners, wat leiding gekry het met hulle stryd teen onderdrukking, het dit lande wêreldwyd maande geneem om die kwessies in Gaza aan te spreek. Sy beklemtoon die behoefte aan 'n vreedsame oplossing vir die konflik tussen Israel en Hamas:
Die Verenigde Nasies se Noodhulp-verligtingskoördineerder, Joyce Msuya, het die jongste Russiese aanvalle op Oekraïne veroordeel. Russiese missielaanvalle Maandag op verskeie teikens in Oekraïne het 38 mense, insluitend vier kinders gedood. Die aanvalle het twee van die land se hoof spesialishospitale vir kinders en vroue getref. Msuya sê die voorvalle is deel van 'n ontstellende patroon van aanvalle op gesondheidsdienste en burgerlike infrastruktuur:
Estie Schreiber gesels vandag oor A.Vogel se "Multiforce". Wat het beendigtheid, pyn in die spiere en gewrigte, te veel urien-suur en osteoarthritis in gemeen? "Multiforce" is beskikbaar by apteke regoor Namibië. Vir meer inligting stuur ‘n epos direk na: info@sanatural.co.za, of besoek ons webtuiste by: www.avogel.co.za en loer ook gerus in by die A.Vogel Facebook blad.
Die Democratic Union Party het die regering gekritiseer vir die swak toestand van skool-infrastruktuur. Hulle wys op kwessies soos die gebruik van vraghouers as klaskamers, 'n gebrek aan behoorlike vensters, deure en dakke asook die voortgesette gebruik van puttoilette. Die party se sekretaris-generaal, Thapelo Makgale, het 'n beroep op die Departemente van Basiese Onderwys en Openbare Werke gedoen om dringend aandag te gee aan hierdie kwessies om 'n veilige leeromgewing te verseker:
Die olieprys het die afgelope maand met byna 10 persent gestyg. Daar word berig dat brandstofpryse in Suid-Afrika in Augustus weer kan styg, na twee maande van verlagings. Die Namibië Bus- en Taxivereniging, Nabta, het vroeër die jaar gevra vir ‘n taxitarief-verhoging van 15 Namibiese dollar, maar dit is nog nie toegestaan nie, en dit blyk dat brandstofpryse weer kan opgaan. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Julius Ngweda, die vervoerministerie se skakelbeampte, oor wanneer die ministerie oor Nabta se versoek sal besluit.
Die 75ste Navo-beraad is tans in Washington aan die gang. Die Oekraïne en die Amerikaanse verkiesings op 5 November is hoog op die agenda. President Volodymyr Zelenksy van die Oekraïne het die beraad toegespreek en sê Navo kan nie vir November wag nie. Die organisasie moet nou hand bysit.
Die Wes-Kaapse regering is op hoë gereedheid nadat die Suid-Afrikaanse Weerdiens reënvoorspellings opgegradeer het tot 'n vlak agt-waarskuwing vir Kaapstad, Drakenstein en Stellenbosch vandag. Verwagte reënval van 40 tot 60 millimeter, wat moontlik 100 millimeter in bergagtige gebiede kan bereik, laat kommer ontstaan oor vloede, modderstortings en rotsstortings. Die woordvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut, Craig Lambinon, sê mense wat van ventilators afhanklik is, soek skuiling en laaigeriewe by hul stasie, nadat Struisbaai weens gure weer afgesny is:
Die Brave Warriors is terug op tuisbodem nadat die span die Cosafa-beker finaal behaal het in Gqeberha in die Oos-Kaap maar met ‘n eindtelling van 5-0 die knie moes buig voor Angola. Die span is deur vise-president Netumbo Nandi-Ndaitwah uitgenooi en daar het sy beloof dat die land binnekort ‘n Fifa-geakkrediteerde stadion sal hê vir tuiswedstryde.
Die Stop Homosexuality Committee het oor die naweek 'n gebed-saamtrek by die Katutura Jeugstadion georganiseer om teen homoseksualiteit en selfdegeslaghuwelike in die land te bid. Die geleentheid was volgens hulle om "saam te staan en te veg teen bose geeste en planne van die duiwel, soos die erkenning van homoseksualiteit." Kosmos 94.1 Nuus het met die sosiale aktivis Ethne Mudge oor die kwessie gesels.
Die Nasionale Ontwikkelingsplan-5, NDP5, wat reeds in 2022 verval het, het verskeie ambisieuse planne nagejaag. Volgens die plan moes daar in 2022 net 24,2 persent jeugwerkloosheid wees en slegs 10 persent van Namibiërs wat armoedig is. Die realiteit is dat jeugwerkloosheid en armoede skerp toegeneem het. Daar is nog geen opgedateerde ontwikkelingsplan vrygestel nie. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die politieke ontleder Dr. Ndumba Kamwanya, wat uitlig hoekom ontwikkelingsteikens nie behaal word nie.
Deposante in die SME Bank se verteenwoordiger, Daniel Nyaungwa, eis dat die regering hul geld terugbetaal wat verloor is toe die staats-finansiële instelling in 2017 gelikwideer is. Nyaungwa het vergader met die bank se likwidateurs, David Bruni en Ian McLaren, en is teleurgesteld oor die klein bedrag wat hulle dalk sal terugkry van die miljoene wat hulle in SME Bank gedeponeer het. Nyaungwa het met plaaslike media gepraat.
Die Nasionale Vergadering het ‘n mosie goedgekeur vir die MK-party se parlementêre leier, John Hlophe, om in die Regterlike Dienskommissie te dien ondanks besware van die DA, die ACDP en die VF Plus. Sy benoeming het gemengde reaksie ontlok nadat hy as regter-president van die Wes-Kaap afgedank is omdat hy probeer het om regters van die Konstitusionele Hof te beïnvloed in ‘n saak van oudpresident Jacob Zuma. Die EFF se adjunkpresident, Floyd Shivambu, sê Hlophe is geskik weens sy doktorsgraad van Cambridge.
President Joe Biden van Amerika het by die opening van die Navo-beraad in Washington gesê lande van die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie sal Oekraïne van vyf nuwe strategiese lugafweerstelsels voorsien. Amerika en ander lande sal ook tientalle kort- en mediumafstandstelsels aan Oekraïne gee om Kiëf te help om Russiese missiele en hommeltuie te onderskep. Biden sê die oorlog sal eindig en Oekraïne sal ʼn vry en onafhanklike land bly en voeg by Rusland sal nie wen nie:
RISE Mzansi het sy nasionale voorsitter, Vuyiswa Ramokgopa, gelukgewens met haar aanwysing as die Gautengse LUR vir Landbou, Landelike Ontwikkeling en Landbouhervorming. Nasionale woordvoerder, Gugu Ndima, benadruk Ramokgopa se onderneming om die Grondwet te onderhou en die 16-miljoen inwoners van Gauteng te dien. Sy verwys na Ramokgopa se agenda, insluitende die beëindiging van honger, die bevordering van plaaslike voedselproduksie en die ondersteuning van kleinskaalse en stedelike boerdery.
Sokker: Die Europese kampioenskap in Duitsland het die voorlaaste ronde bereik. Nederland speel môreaand teen Engeland, en vanaand word 'n reusestryd verwag tussen Frankryk en Spanje in München. Spanje het sy laaste ses wedstryde gewen en Frankryk het twee gewen en vier gelykop gespeel. Frankryk se kaptein, Kylian Mbappé, het nog net een doel aangeteken in Euro 2024, maar hoop om sy span na die eindstryd te laat deurdring.
Namibië se binnelandse staatskuld het vanaf Mei met 1,44 persent toegeneem tot 119 miljard Namibiese dollar, volgens Simonis Storm se vaste-inkomste verslag vir Junie. Dit is 'n toename van 10,18 persent op 'n jaargrondslag, met 'n binnelandse skuld-tot-BBP-verhouding van 51,3 persent, 0,4 persentasiepunte hoër as die vorige maand. Met BBP-groei wat in die eerste kwartaal op 4,7 persent aangeteken is, word die land se vermoë om sy skuld volhoubaar te bestuur versterk. Die toename is aangedryf deur 'n 2,2 persent hoër netto uitreiking van skatkiswissels en 1,08 persent meer intern geregistreerde aandele. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Max Rix, hoof van beleggings by Simonis Storm.
Die Stad Tshwane se Gesondheidsdepartement is bekommerd oor die stygende MIV-oordrag van ma na kind. In die eerste ses maande vanjaar het 232 babas in Gauteng positief getoets vir MIV en byna 40 was van Tshwane. Die burgemeesterskomiteelid vir Gemeenskapsveiligheid, Grandi Theunissen, sê die Gesondheidsdepartement bied aan ma’s, vroue en kinders gesondheids- en voedingsprogramme by sy 24 klinieke vir basiese gesondheidsorg.
Sedert sy ontstaan in 2003, het Elephant-Human Relations Aid, EHRA, aansienlike vordering gemaak in die bevordering van mens-olifant-naasbestaan regoor Namibië se noordelike Erongo- en suidelike Kunene-streke. Die organisasie het 239 waterpunte beveilig, wat ongeveer 10 000 mense bevoordeel. Sy werk dek nou meer as 12 000 vierkante kilometer, met projekte soos die installering van sonkragpompe en die bou van olifantdamme, en die opvoeding van meer as 5 500 mense deur sy PEACE-projek. Bewaringspogings sluit in die aanbring van satelliethalsbande op olifante en die vestiging van 'n vroeë olifant-waarskuwingstelsel. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Christin Winter, EHRA se bewaringsprogrambestuurder, wat meer deel.
Die Khomas Mediese Groep bied môre 'n ontbyt aan met vise-president Netumbo Nandi-Ndaitwah by die Windhoek Buiteklub. Die ontbyt sal leiers van prominente sakemaatskappye in verskillende industrieë bymekaar bring. Die vise-president sal die hoofrede lewer oor Namibië se ekonomiese groei en geleenthede vir die toekoms. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met dr. Danie Theunissen, die hoofbestuurder van die Khomas Mediese Groep, wat meer inligting gee.
Die brief deur die sogenaamde Britse LP Carah Champion aan Lord David Cameron oor die IPC is as vals bewys. Dit kom na Kosmos 94.1 Nuus die brief aan Namibia Fact Check gestuur het, wat bevestig het dit is nie eg nie. Daar is in die brief erge insinuasies oor die IPC gemaak in verband met die ontluikende olie-industrie. Reaksie op die debakel is ontvang van die IPC se adjunk-president, Trevino Forbes.
ActionSA in die Oos-Kaap sê hy is bekommerd oor die provinsie se finansiële toestand. ʼn Verslag van die Oos-Kaapse sosio-ekonomiese adviesraad toon die provinsie het in die eerste kwartaal vanjaar ʼn resessie binnegegaan. Meer as 77-duisend werkers het in die eerste kwartaal hulle werk verloor wat tot ʼn provinsiale werkloosheidsyfer van 42,4-persent gelei het. Athol Trollip van ActionSA sê dringende optrede is nodig om die situasie om te keer.
Die land se damme is almal baie leeg, behalwe die reuse Neckartaldam by Keetmanshoop. Volgens NamWater se weeklikse damverslag is die dam 81,4 persent vol en 1,4 miljoen kubieke meter water is skoonveld. Dit volg op vorige verslae wat ook aangedui het dat groot volumes water uit die dam weg is. In een geval was dit meer as 2 miljoen kubieke meter water. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met NamWater se uitvoerende hoof, Abraham Nehemia, wat verduidelik.
Eskom het ladingsvermindering in verskeie provinsies begin instel waar die netwerk oorlaai is weens die koue weer. Die kragvoorsiener sê die oorlading van die netwerk kom veral in sy voorsieningsgebiede in Limpopo, die Wes-Kaap, die Oos-Kaap, Gauteng, Mpumalanga, KwaZulu-Natal en Noordwes voor. Eskom se woordvoerder, Daphne Mokwena, beklemtoon ladingsvermindering is nie dieselfde as beurtkrag nie, omdat Eskom wel genoeg opwekkingsvermoë het om in die vraag na elektrisiteit te voorsien.
TransNamib het befondsing van 2,6 miljard Namibiese dollar van die Ontwikkelingsbank van Namibië en die Ontwikkelingsbank van Suider-Afrika verkry, wat die maatskappy in staat stel om lokomotiefkapasiteit-uitdagings die hoof te bied. Uitvoerende hoof Desmond Van Jaarsveld het beklemtoon dat die fondse streng aangewend sal word om kapasiteit te verbeter en toerusting te moderniseer. Dit sluit in die verkryging van nuwe lokomotiewe en die opgradering van seinstelsels. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Abigail Raubenheimer, TransNamib se korporatiewe kommunikasie bestuurder, wat uitbrei.
Suid-Afrika blyk om uitdagings te hê met drie oliereuse. BP, Shell en TotalEnergies wat bedrywighede daar afskaal terwyl die maatskappye uiters besig is in Namibië. Dit spreek boekdele oor die land se beleggingsklimaat en Kosmos 94.1 Nuus het aangeklop by die deurwinterde ekonoom, dr. John Steytler, ook uitvoerende hoof van die Ontwikkelingsbank van Namibië.
Jeugwerkloosheid is een van die dringende kwessies wat politieke partye in die gesig staar, veral die regerende party, Swapo. Die komende verkiesings sal bepaal of die publiek vertroue in die regering het om sulke probleme te bekamp. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met George Kambala van die Regstellende Herposisioneringsbeweging, wat sê dat daar gefokus moet word op die ondersteuning van entrepreneurs.
'n Ondersoek is van stapel gestuur nadat 'n Spaanse toeris Sondag in die Pilanesberg Nasionale Park in Noordwes deur 'n olifant gedood is. Die 43-jarige man het uit sy motor geklim om 'n olifant van nader te beskou. Noordwes se Parke- en Toerismeraad sê volgens verklarings deur ooggetuies het die olifantkoei op die man afgestorm en hom aangeval, vermoedelik om haar trop te beskerm. Die polisiewoordvoerder, Sabata Mokgwabone, sê die man was saam met drie ander toe die voorval plaasgevind het:
Kosmos 94.1 Nuus het op 4 Julie, toe die sogenaamde Britse LP Carah Champion aan Lord David Cameron geskryf het oor die IPC, die brief aangestuur aan Namibia Fact Check. Die brief is vanoggend bevestig as vals, nes die IPC en die Britse regering, deur die Britse Hoë Kommissaris in Namibië, dit bestempel het. Kosmos 94.1 Nuus het met die hoofnavorser van Namibia Fact Check, Frederico Links gesels oor die voorkoms van fopnuus in ’n verskiesingsjaar.
Die Europese Unie het 'n pasgemaakte opleidingswerkswinkel begin vir Namibiese amptenare in beheer van finansiële intelligensie-ontleding, ondersoeke en vervolging van geldwassery en terreurfinansiering, asook die opsporing en herwinning van die opbrengste van misdaad. Die werkswinkel is in samewerking met die Finansiële Intelligensiesentrum georganiseer. Ná Namibië op die Finansiële Aksie Taakmag se gryslys geplaas is in Februarie vanjaar, het amptenare die EU-afvaardiging in Windhoek genader vir bystand. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die EU-ambassadeur in Namibië, Ana Beatriz Martins...
Die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie, Navo, se 75ste beraad vind die week in die VSA plaas en media berigte lui dat lidlande ‘n uiters noue band moet skep as ‘n front teen Rusland. Kosmos 94.1 Nuus het met professor André Duvenhage 'n Suid Afrikaanse politieke ontleder gepraat.
Inflasie vir Junie het op 4,6 persent ingekom, teenoor 4,9 persent in Meimaand en 5,3 persent in Junie verlede jaar. Sone 1, die noordelike streke en sone 2, Khomas, het inflasie van 4,8 persent getoon met sone 3, die suidelike dele, Omaheke en Erongo, het 4,1 persent aangeteken. Die woordvoerder van die Namibiese Statistieke-agentskap Mirjam Shihepo.
Die uitvoerende hoof van die Nasionale Kommissie vir Navorsing, Wetenskap en Tegnologie, professor Anicia Peters, is aangestel in die Afrika Raad vir Wetenskap, Navorsing en Innovasie se Vierde Industriële Revolusie-werkgroep vir Afrika. Sy sal Suider-Afrika verteenwoordig en die groep sal verantwoordelik wees vir die ontwikkeling van die vasteland se strategie. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Kehad Snydewel, die besturende direkteur by Green Enterprise Solutions, wat sê dit is belangrik dat meer vroue tegnologie-velde betree.
Die Burgerregte vakbond vir die Polisie en Gevangenisse, vra vir polisiëring wat deur intelligensie gestuur word en verhoogde belegging in tegnologie, opleiding en gemeenskapsvennootskappe om misdaad doeltreffend te pak. Die vakbond wys op onlangse suksesse insluitend die inhegtenisneming van 64 verdagte ontvoerders en die ontsetting van ontvoerde individue in ses maande. Die woordvoerder van Popcru, Richard Mamabolo, sê gevorderde strategieë is nodig om die ontwikkelende aard van misdaad en geweld te bekamp, wat openbare veiligheid en nasionale sekerheid verseker:
Die olieprys het in die laaste 30 dae met amper 10 persent gestyg, en daar word berig dat Suid-Afrika se brandstofpryse dalk volgende maand kan styg. In Namibië het die brandstofpryse hierdie maand gesak, nadat dit die vorige maand dieselfde gebly het. Pendapala Nakathingo, die sekretaris-generaal van die Namibië Bus- en Taxivereniging, Nabta, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en sê hulle wag nog om te hoor van die tariefverhogings wat hulle versoek het. Die vereniging het gevra vir 'n verhoging van 15 Namibiese dollar in die taxitarief.
Die minister van Toerisme, Patricia de Lille, vra vir ‘n nasionale strategie om meer lugrederye na Suid-Afrika te lok, met die doel om toerisme en ekonomiese groei ‘n hupstoot te gee. De Lille het gewys op die rol van die lugvaartbedryf vir volhoubare die volhoubare groei van toerisme en planne bekendgemaak vir ‘n verenigde lugtoegangstrategie. Sy wag ook op die besluit van president Cyril Ramaphosa oor die toekoms van die Suid-Afrikaanse Lugdiens by die kabinet-lekgotla, na die ontbinding van die Departement van Openbare Ondernemings:
Die buurland se organisasie, Development Action Group, moedig die regering aan om volhoubare oplossings te kry vir die opbou van klimaatsveerkragtigheid in Suid-Afrika. Te midde van dié week se kouefronte wat duisende in die Wes-Kaap ontwortel, berei die Oos-Kaap ook voor vir die impak daarvan. Die uitvoerende direkteur Moegsien Hendricks het die blootstelling toegeskryf aan uiterste weer en vra 'n meer pro-aktiewe benadering teen rampe en om klimaatsveerkragtigheid te verbeter:
Die Australiese eerste minister, Anthony Albanese, het ʼn spesiale gesant aangestel om anti-Semitisme te monitor en bekamp. Gemeenskapsgroepe het ʼn skerp toename in anti-Semitisme en Islamofobie opgemerke sedert Hamas se aanval op Israel op 7 Oktober verlede jaar, en Israel se daaropvolgende aanvalle op Gaza. Albanese sê die regsgeleerde Jillian Segal sal met gemeenskapsleiers en diskriminasie-kenners beraadslaag om die regering raad te gee:
Die Giga Connect Forum word tot 10 Julie in Genève, Switserland, gehou om skoolkonnektiwiteit regoor die wêreld te bevorder. Die geleentheid word deur die Internasionale Telekommunikasie-unie en Unicef gereël. Dit is gefokus om digitale onderwys asook infrastruktuur vir konnektiwiteit te verbeter. Giga wil teen 2030 konnektiwitiet in elke skool in die wêreld sien. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die uitvoerende direkteur van die onderwysministerie, Sanet Steenkamp, wat meer inligting gee.
Namibië en Botswana se eerste burgerlike-militêre-samewerking bewusmakingsveldtog begin hierdie week. Dit is daarop gemik om gemeenskappe wat langs die Namibië-Botswana-grens woon op te voed oor die belangrikheid van vreedsame naasbestaan en goeie buurmanskap. Dit fokus ook op verskillende oorgrens misdade. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Sinvula Mudabeti, die leier van die Namibian Lives Matter-beweging, wat die gesamentlike veldtog verwelkom, maar 'n paar kwessies noem wat aangespreek moet word.
Die sewemalige kampioen, Novak Djokovic, is deur na sy 15de kwarteindronde by Wimbledon. Die Serwiër het Holger Rune van Denemarke met 6-3, 6-4, 6-2 geklop om ʼn kragmeting met die Australiër Alex de Minaur te bespreek. Die Amerikaner Taylor Fritz was twee stelle agter, maar het die vierde gekeurde Duitser, Alexander Zverev, uiteindelik met 4-6, 6-7, 6-4, 7-6, 6-3 verslaan. In die vroue-afdeling kom die Russies-gebore Kazak en 2022-kampioen, Elena Rybakina, in die kwarteindronde teen Elina Svitolina van Oekraïne te staan. Djokovic sê hy is tevrede met sy spel:
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het 'n vlak ses-waarskuwing uitgereik vir ontwrigtende reën en skadelike golwe, wat vandag tot oorstromings en moontlike modderstortings in Kaapstad kan lei. ’n Reeks kouefronte gaan die provinsie hierdie week tref. Sonica Lategan van die stad se ramprisikobestuursentrum sê die voorspelling sal waarskynlik die uitwerking van die gure weer wat tot dusver ervaar is vererger:
Daar is in Junie amper 192 000 kilogram dagga in die land gekonfiskeer en daar is beslag gelê op meer as 2 200 Mandrax-tablette. Dwelmmisbruik onder die jeug word ‘n groter probleem. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Duminga Ndala van die Landless People's Movement, wat sê die polisie moet meer doen om die jeug te help.
Die prokureur Sisa Namandje het namens Swapo in 'n video op sosiale media gesê die onlangse sodomie-uitspraak strook nie met die party se waardes nie. Dit kom nadat die hooggeregshof twee wette wat selfdegeslagdade tussen mans gekriminaliseer het, ongrondwetlik verklaar het. Namandje is 'n lid van Swapo se sentrale komitee. Hy het gesê die uitspraak is nie waarvoor die party geveg het nie. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met prokureur Richard Metcalfe, van Metcalfe Beukes Prokureurs, wat sê dat mense wat politici wil wees dalk opknappingslesings oor Grondwetlike Reg benodig.
Die landbouministerie het 'n prestasie-oorsig werksessie oor die eerste kwartaal van die huidige boekjaar in Oshakati gehou. Die ministerie se uitvoerende direkteur, Ndiyakupi Nghituwamata, het 'n oorsig gegee van die mielielande wat in gebruik is en geoes word. Namibië produseer nog nie genoeg mielies nie en is afhanklik van invoere om in die plaaslike vraag te voorsien. Nghituwamata het 'n kort oorsig gegee van die oes op sommige groenskemas en mielieplase.
Die Withuis het teruggekap op verslae wat vrae laat ontstaan oor president Joe Biden se neurologiese gesondheid wat eskaleer het ná sy presidensiële debatprestasie. Nadat media geëis het dat Karine Jean-Pierre, perssekretaris van die Withuis, meer besonderhede verskaf oor 'n top Parkinson-siekte-spesialis se vergaderings met Biden, het sy dokter laat Maandag 'n brief vrygestel wat beklemtoon dat die spesialis slegs jaarlikse fisiese ondersoeke gedoen het. Jean-Pierre het beklemtoon Biden het nie Parkinson-siekte nie.
Meer as 600 werknemers van die Namibiese Nywerheidsontwikkelingsagentskap, Nida, het 'n 5,4 persent eenmalige verhoging-voorstel deur die bestuur aanvaar. Dit volg op onderhandelinge wat verlede week tussen die bestuur en Namibia Food and Allied Workers Union-verteenwoordigers gevoer is, nadat streek- en hoofkwartierpersoneel gestaak het. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Keetmanshoop landelike raadslid, Willem Labuschagne, wat sê al het die werkers die betalingsvoorstel aanvaar, is hulle nie gelukkig nie.
Vervoerminister Barbara Creecy sê Suid-Afrika se paaie en spoornetwerk is die slagare van die nasie en behoort mense en goedere veilig te vervoer en skakeling met die res van die vasteland en die wyer wêreld te vergemaklik. Creecy was die hoofspreker op die Suider-Afrika-vervoerkonferensie in Pretoria. Sy sê die sektor werk nie as 'n doeltreffende ekonomiese fasiliteerder of as 'n maatskaplike diens nie.
Die Stop Homosexuality Committee het oor die naweek 'n saamtrek by die Katutura Jeugstadion georganiseer waar 'n paar kerkleiers, hul gemeentelede en lede van die publiek bymekaargekom het om teen homoseksualiteit en selfdegeslaghuwelike in die land te bid. Hulle het aangedui dat die stryd nie teen mense is nie, maar teen die beginsels van die wêreld. Die byeenkoms was volgens hulle om "saam te staan en te veg teen bose geeste en planne van die duiwel, soos die erkenning van homoseksualiteit." Kosmos 94.1 Nuus het met die sosiale aktivis, Linda Baumann, gesels wat haar reaksie deel.
Krieket: Die Proteas se toets-afrigter, Shukri Conrad, het Temba Bavuma as kaptein ingesluit in die groep van 16 spelers vir die reeks van twee toetse teen die Windies. Die paaltjiewagter Ryan Rickelton is ook terug in die groep en die kolwer Matthew Breetzke gaan in sy eerste toets speel na ‘n indrukwekkende somer. Die eerste toets begin op 7 Augustus in Trinidad en die tweede op 15 Augustus in Guyana. Conrad sê hulle het besluit om die veelsydige Marco Jansen vir hierdie reeks te laat rus.
Die gesondheidsministerie het ‘n ruk gelede ‘n masels-uitbraak in die Erongo-streek verklaar. Daar was op daardie stadium 93 vermeende gevalle aangemeld. Gesondheidsminister Kalumbi Shangula het by ‘n inligtingsessie in die hoofstad gesê die regering het die uitbraak onder beheer.
Aanmerkings deur Jerome Powell, voorsitter van die Federale Reserweraad, het 'n beduidende impak op kriptomarkte gehad. Powell het vordering met die bekamping van inflasie erken, maar het die behoefte aan volgehoue bewyse beklemtoon voordat rentekoersverlagings oorweeg word. Sy opmerkings, te midde van markverwagtinge vir Fed-koersverlagings, het gelei tot 'n daling in Bitcoin sowel as ander kripto-geldeenhede, gehad en Bitcoin is tans op rondom 56 260 Amerikaanse dollar. Chris Hart, bekende Suid-Afrikaanse ekonoom, sê Powell se invloed op kriptomarkte is steeds hoog, maar sal begin daal.
Die Namibië Nasionale Studente-organisasie, Nanso, het by sy 18de elektiewe kongres vir Dorothea Nangolo, die organisasie se woordvoerder, as die nuwe president verkies. Nangolo neem die plek van Lucia Ndishishi in. Nanso het 'n perskonferensie vir môre by die Nasionale Jeugraad geskeduleer om die uitkomste van die kongres aan te kondig. Kosmos 94.1 Nuus het met Nangolo gesels oor haar planne vir Nanso.
Die Namibia Economic Freedom Fighters het hofstukke teen die Verkiesingskommissie van Namibië ingedien weens hul deregistrasie as ‘n politieke party. Die party se adjunkleier, Kalimbo Iipumbu, het die verwikkeling met Kosmos 94.1 Nuus bevestig. Die party is gederegistreer omdat hulle nie hul finansiële state ingedien het nie, soos wat wetlik vereis word. Iipumbu hou vol dat die party die kommissie se besluit sal beveg en sê dit is namens elke Namibiër.
Dit is 'n jaar sedert die Nasionale Vergadering die anti-gay wetsontwerpe wat deur Swapo-wetgewer Jerry Ekandjo ingedien is om die term gade te definieer en die Huwelikswet van 1961 te wysig, goedgekeur het. Die president het hulle nog nie onderteken nie, maar verlede week het binnelandse sake-minister Albert Kawana, nog 'n wysigingswetsontwerp in die Nasionale Vergadering ter tafel gelê wat poog om die Huwelikswet te vervang. Die wetsontwerp spesifiseer dat gades slegs van die teenoorgestelde geslag mag wees, wat selfdegeslaghuwelike onwettig maak in die land, ongeag waar hulle wetlik voltrek is. Die grondwetlikheid van die wetsontwerpe word egter in twyfel getrek. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Dianne Hubbard, regskonsultant by die Regshulpsentrum, oor of die grondwetlikheid van die wetsontwerpe in 'n geregshof getoets kan word.
Rugby: Die Springbok-afrigter Rassie Erasmus sê hy is verlig hulle het Ierland vir die eerste keer onder sy aanvoering ondergekry. Na drie loesings teen die Iere het die Bokke tevrede gestel met 'n 27-20 oorwinning op Loftus Versfeld. Die twee spanne pak mekaar weer Saterdag in Durban en Ierland sal alles in die stryd werp om die reeks gelykop te maak, terwyl Suid-Afrika vasberade is om skoonskip te maak. Erasmus waarsku die besoekers is oorgehaal om op Kingspark te wen.
Daar is 'n aanname dat die Nasionale Eenheid Demokratiese Organisasie, Nudo, eksklusief vir 'n spesifieke etniese groep is. Nudo se voormalige president, dr. Esther Muinjangue, sê egter dat die party oop is vir almal. Muinjangue het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en beklemtoon dat Namibië moet beweeg na nasionalisme.
Vier lede van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag is vermoedelik aan koolstofmonoksied-vergiftiging in Noordwes dood. Hulle was aan diens as deel van Operasie Vala Umgodi wat onwettige mynbedrywighede bekamp. Die SANW-woordvoerder, Siphiwe Dlamini, sê voorlopige bevindings dui daarop dat hulle vermoedelik in ʼn houer in die wagkamer vuur gemaak het omdat die nag so koud was:
Die landbou-ministerie se prestasieoorsig werkswinkel het by Oshakati in die Oshana-streek plaasgevind. Die ministerie se bestuurspan het by die werkswinkel belangrike aktiwiteite en prestasies in die eerste kwartaal van die huidige finansiële jaar nagegaan. Die goewerneur van die Oshana-streek, Elia Irimari, het by die geleentheid gepraat oor toenemende gevalle van grond wat onwettig beset word.
Die Stad Ekurhuleni sê hy is op hoë gereedheid nadat M-pokke in die land gediagnoseer is. Die Departement van Gesondheid het sedert Mei drie sterftes en 20 gevalle aangeteken, waarvan 15 mense reeds herstel het en vyf nog hospitaalbehandeling ontvang. Die stad se woordvoerder, Zweli Dlamini, sê inwoners word versoek om onmiddellik 'n dokter te besoek sodra hulle enige simptome van M-pokke opmerk of in aanraking was met iemand wat dit het:
Die Namibiese Bouwerkerspensioenfonds het die verpligte voorsiening van 'n pensioenfonds aan werknemers in die konstruksiesektor aangekondig, soos bepaal in die kollektiewe ooreenkoms tussen die Namibië Konstruksiebedryf-federasie en die Metaal- en Verwante- Namibiese Werkers-unie, Manwu. Die ooreenkoms, wat op 6 Junie in werking getree het, skryf nie net salarisverhogings voor nie, maar ook dat werknemers in sekere kategorieë by die Bouwerkerspensioenfonds geregistreer moet wees. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Justina Jonas, Manwu se sekretaris-generaal, wat sê dis belangrik dat alle konstruksiefirmas hulle werkers by die pensioenfonds registreer.
Die Namibiese Mededingingskommissie het 'n tweede ondersoek begin teen verskeie vismaatskappye wat maasbanker vang. Die maatskappye, wat vaartuie besit, het na bewering onbillike kooppryse opgelê in die bedinging van kwotagebruiksfooie met visregtehouers sonder vaartuie. Die maatskappye is 'n tydperk van 30 dae gegee om vertoë in te dien, soos voorsien in Artikel 33 van die Mededingingswet. Kosmos 94.1 Nuus het met Dina Gowases, die kommissie se woordvoerder, gesels wat meer insig deel.
Berigte uit die buurland lui dat brandstofpryse dalk in Augustus kan styg. Die olieprys het gestyg en het vroeër amper 87 Amerikaanse dollar ‘n vat gehaal. Dis tans net onder 86 dollar. In die laaste 30 dae, het die kommoditeit met amper 10 persent gestyg. Kosmos 94.1 Nuus het met petroleumekonoom Abednego Ekandjo van die lynministerie gesels.
Swapo het 'n video op sy sosiale media platforms gedeel van die prominente prokureur Sisa Namandje wat namens die party sê die onlangse sodomie-uitspraak strook nie met die party se waardes nie. Dit kom nadat die hooggeregshof twee wette uit die koloniale era wat selfdegeslagdade tussen mans gekriminaliseer het, ongrondwetlik verklaar het. Dit word beskou as 'n landmerk-oorwinning vir die LGBT-gemeenskap. Die saak is deur die Namibiese aktivis Friedel Dausab gebring met die ondersteuning van die Brits-gebaseerde nie-regeringsorganisasie Human Dignity Trust. Namandje is 'n lid van Swapo se sentrale komitee en sê die uitspraak is nie waarvoor die party geveg het nie.
Aanmerkings deur Jerome Powell, voorsitter van die Federale Reserweraad, het 'n beduidende impak op kriptomarkte gehad. Powell het vordering met die bekamping van inflasie erken, maar het die behoefte aan volgehoue bewyse beklemtoon voordat rentekoersverlagings oorweeg word. Sy opmerkings, te midde van markverwagtinge vir Fed-koersverlagings, het gelei tot 'n daling in Bitcoin sowel as ander kripto-geldeenhede, gehad en Bitcoin is tans op rondom 56 260 Amerikaanse dollar. Chris Hart, bekende Suid-Afrikaanse ekonoom, sê Powell se invloed op kriptomarkte is steeds hoog, maar sal begin daal.
Die regering bestee ongeveer 100 miljoen Namibiese dollar jaarliks om staatspasiënte na privaat hospitale vir hoësorgbehandeling en veral dialise. Die minister van gesondheid dr. Kalumbi Shangula sê die regering spreek die kwessie aan.
Die Stad Kaapstad sê sy multidissiplinêre rampspanne bly gereed totdat die ergste weer en die uitwerking daarvan hanteer is. Meer as vier-duisend mense is dakloos gelaat en sowat een-duisend huise is vernietig nadat swaar reën die naweek oorstromings veroorsaak het. Die burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekuriteit, JP Smith, sê hulle gaan voort met assessering om die aard en omvang van humanitêre hulp wat nodig is, te bepaal:
Die minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube, doen 'n beroep gedoen op belanghebbendes om pogings te verskerp om 'n bevorderlike omgewing vir onderrig en onderwys in die derde kwartaal te skep. Die skole heropen môre vir die laaste kwartaal voordat leerders hul eindeksamen aflê. Gwarube sê ook, gemeenskappe moet skole ondersteun en nie ontwrig nie, aangesien dit 'n vernietigende uitwerking op leeruitkomste kan hê:
Dr. Esperance Luvindao, 'n mediese dokter en gesondheidsfilantroop, het die Dr. Esperance Luvindao Healthcare-beurstoekenning in samewerking met die Osaat Africa Health Foundation bekendgestel. Die beurs is om aspirant-gesondheidsorgstudente finansieel te ondersteun om hul opvoedkundige aspirasies na te streef. Dr. Luvindao gee meer inligting oor die beurs.
Die Zimbabwiese Nasionale Weermag het verlede week gesê burgers sal verplig word om in die 2028 algemene verkiesing te stem, en mense sal na stemlokale gedwing word. Die regering het ook opposisiepartye en burgerlike samelewingsgroepe ernstig gewaarsku oor wat dit noem die aanhitsing van onrus. Staatstoerusting sal glo gebruik word om wet en orde te handhaaf. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Setfree Mafukidze, 'n Zimbabwiese aktivis, wat sê Zimbabwe is nie 'n demokratiese land nie.
Die wêreld-nommer-een van Italië, Jannik Sinner, en die verdedigende kampioen van Spanje, Carlos Alcaraz, is deur na die Wimbledon-kwarteindronde. Sinner het die Amerikaner, Ben Shelton, met 6-2, 6-4, 7-6 afgeransel terwyl Alcaraz die Fransman, Ugo Humbert, met 6-3, 6-4, 1-6, 7-5 verslaan het. In die vroueafdeling het Coco Gauff van Amerika met 6-4, 6-3 teen haar landgenoot, Emma Navarro, verloor terwyl die Nieu-Seelandse kwalifiseerder, Lulu Sun, met die Britse promotorskeuse, Emma Raducanu, afgereken het. Navarro verduidelik wat sy reg gedoen het in die wedstryd:
Die Amerikaner Davis Thompson en Ewen Ferguson van Skotland het hul plek in die 152ste Ope-Kampioenskap by Royal Troon beklink. Die 25-jarige Thompson het ʼn sewe-onder-baansyfer 64 aangeteken om die John Deere Classic in Illinois met vier houe te wen. Dit is sy eerste oorwinning in ʼn PGA-toer. Ferguson het intussen die BMW Internasionale Ope in München, Duitsland, met twee houe gebuit. Die Ope begin volgende Donderdag. Thompson sê hy is bly sy harde werk word uiteindelik beloon:
Die Portugese Forum is bekommerd oor die toename in ontvoerings van Portugese sake-eienaars vir 'n losprys. Die polisie het verlede week twee sake-eienaars in Johannesburg gered. Vyf beweerde ontvoerders is aangehou na die vrylating van die tweede sakeman uit die Nancefield-hostel. Die voorsitter van die forum, Manny Ferreirinha, het aan die SABC gesê die voorvalle traumatiseer die slagoffers en hulle families. Hy vra die ontvoerings moet end kry:
Die sewemalige Britse wêreldkampioen, Lewis Hamilton, het sy rekord verbeter toe hy die Britse Grand Prix die negende keer gewen het. Die Mercedes-renjaer het Max Verstappen van Red Bull se verbysteek-poging aan die einde gefnuik en sy eerste Formule Een-oorwinning sedert 2021 behaal. Lando Norris van McLaren was derde. Hamilton het met sy 104de Grand Prix-sege van sy loopbaan die eerste F1-renjaer geword wat dieselfde wedren nege keer wen. Hy sê die oorwinning op sy tuis-baan is spesiaal:
Die debat rondom groenwaterstofproduksie by die Hyphen-projek in die Tsau // Khaeb Nasionale Park duur voort. Die behoud van die unieke ekosisteme in die ongerepte nasionale park is op die spel, sowel as die potensiële skepping van 'n winsgewende bedryf wat baie werksgeleenthede belowe. Kosmos 94.1 Nuus het met die plaaslike energiekenner Harald Schütt gesels, wat sê die projek is volhoubaar.
Met die verkiesing op hande moet die publiek weet wat politieke partye se standpunte is oor verskillende kwessies in die land. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die Independent Patriots for Change se woordvoerder, Imms Nashinge, oor die party se standpunt oor gratis sanitêre doekies. Hy sê dit word te duur vir die publiek om basiese benodighede te bekom.
Die omstrede trofeejag van die woestyn-aangepaste leeu Mwezi op 11 Oktober 2023, wat in die Skedelkus Nasionale Park geskiet is, is steeds in die nuus. Izak Smit van die Desert Lion Human Relations Aid, sê daar is 'n gebrek aan deursigtigheid en aanspreeklikheid by die omgewingsake-ministerie, wat weier om op hul navrae te reageer. Smit voer ook onder andere aan dat die leeu onwettig as probleemdier verklaar is om ‘n winsgewende trofee te skep. Kosmos 94.1 Nuus het reaksie hierop gekry van Axel Cramer, president van die Namibië professionele jagvereniging, Napha.
Die SA Weerdiens het gewaarsku dat daar vyf kouefronte hierdie week verwag word, wat koue en reënerige weer na die Wes-Kaap sal bring. Die koue kan veral die suidelike dele van Namibië ook tref. Kosmos 94.1 Nuus het met Odilo Kgobetsi van die Windhoekse weerkantoor gesels oor die vooruitsigte vir koue weer in die komende week.
Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie gaan die brand in die psigiatriese eenheid van die Dr George Mukhari-akademiese Hospitaal in Ga-Rankuwa, Gauteng, ondersoek. Dit het die lewe geëis van die 35-jarige Lerato Mohlamme. Die provinsiale Gesondheidsdepartement sê die oorsaak is steeds onbekend. Mohlamme is in 'n afsonderingskamer dood. Die kommissie se Zamantungwa Mbeki beklemtoon die brand moet behoorlik ondersoek word vir aanspreeklikheid.
Honderde Keniane het 'n konsert in die hoofstad, Nairobi, bygewoon, ter herdenking van die minstens 39 mense wat in onlangse jeug-geleide betogings teen die regering dood is. Betogers het aangedring daarop dat beplande belastingverhogings geskrap word en dat president William Ruto moet bedank. Ruto het die verhogings geskrap en die naweek bykomende maatreëls aangekondig om die begrotingsgaping te help vul wat deur die skrapping veroorsaak is. Die jeug is steeds ontevrede en die aktivis Boniface Mwangi het by die konsert gesê dinge moet verander.
Die Namibiese parlement het die Wetsontwerp op Toegang tot Inligting aanvaar en bekragtig. Die wetsontwerp is op 28 Desember 2022 in die staatskoerant gepubliseer. Dit is egter steeds nie geïmplementeer nie. Namibië sluit by 25 Afrika-lande aan wat hierdie wette het, maar slegs drie lande het dit suksesvol geïmplementeer. Die wetsontwerp het ten doel om die publiek vrye toegang te gee tot inligting wat deur openbare entiteite word, en om openbare en private entiteite te dwing om inligting proaktief en stiptelik beskikbaar te stel. 'n Verteenwoordiger van die Kantoor van die Ombudsman, Ingrid Husselmann, deel hoe deurslaggewend die wetsontwerp is.
Cosatu vra die Parlement vir morele uitnemendheid met die hantering van lede wat oortree. Hulle noem die MK-party se hoofsweep, die afgedankte voormalige regterpresident van die Wes-Kaap, John Hlophe, wat benoem is vir die Regterlike Dienskommissie, asook die geskorste DA-LP Renaldo Gouws, wat van haatspraak aangekla word. Matthew Parks van Cosatu kritiseer die Parlement se toegeeflikheid teenoor wangedrag, haatspraak en korrupsie, en eis strenger reëls en aanspreeklikheid.
Daar word wyd bespiegel oor wat in die verkiesing in November gaan gebeur, en veral oor wie die amptelike opposisie gaan wees. Na die laaste verkiesing het kiesers se gevoel teenoor vele partye verander. Die politieke kommentator Rui Tyitende het in 'n onderhoud op Desert Radio gesels oor die moontlike veranderinge.
In plaaslike rugbynuus het die NRU Premierliga weer vir aksie gesorg. Die FNB Kudus het Trustco United met 20 - 15 geklop, en Unam het die Simonis Storm Dolphins met 57 - 0 kafgedraf. Rehoboth het Grootfontein 20 - 19 gewen. Beide Wanderers se eerste en tweede spanne het oorwinnings teen Western Suburbs behaal met bonuspunte. Die afrigter van Wanderers se eerste span, Dirk Human, sê aan Kosmos 94.1 Nuus hy is tevrede.
Volgens die Tender Bulletin het die regering sy begroting vir konstruksie, opknappings en verbeterings in die 2024/2025 boekjaar met 'n ongekende 42 persent verhoog. Die 3,2 miljard Namibiese dollar wat toegeken is, is egter laer as in agt van die afgelope 12 jaar. Dit is ook die tweede agtereenvolgende jaar dat die begroting vir openbare werke-konstruksie minder is as dié vir die verkryging van materiaal en voorrade, en ander dienste wat nie waarde toevoeg nie. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Bärbel Kirchner, die uitvoerende hoof van die Konstruksiebedryf-federasie, wat sê hulle hoop die begroting sal aanhou styg.
Die teer van die Uis-Hentiesbaai-pad is 52 persent voltooi, ondanks verskeie vertragings. Die Padowerheid se uitvoerende hoof, Conrad Lutombi, sê die projek was veronderstel om vanjaar voltooi te wees, maar was onderbefonds. Die 96km-lange pad is deel van die regering se visie om Namibië se westelike korridor te versterk. Die bedoeling is om die Walvisbaai-hawe met die suidelike deel van Angola te verbind deur die Trans-Kunene-korridor. Tot dusver het die regering 700 miljoen Namibiese dollar aan die geraamde een-miljard-dollar projek bestee. Vervoer-minister John Mutorwa het die projek besoek en aangedui dat twee kontrakteurs veronderstel is om die pad vanaf Hentiesbaai na Kamanjab gelyktydig op te gradeer, maar weens 'n gebrek aan fondse was dit nie moontlik nie. Mutorwa het meer:
Rugby: Die Springbokke Ierland met 27-20 verslaan in die eerste van twee toetse, wat op Loftus Versfeld in Pretoria gespeel is. Suid-Afrika was rustyd 13-8 voor, voor die besoekers teruggeveg het. Die televisie-wedstrydbeampte, Ben Whitehouse, het opspraak gemaak met 'n paar deurslaggewende beslissings, insluitend om Cheslin Kolbe se omstrede drie toe te ken. Die Springbokkaptein, Siya Kolisi, het die span geloof, maar beklemtoon verbetering is nodig voor Saterdag se tweede toets in Durban.
RedForce, die Windhoek-gebaseerde skuldinvorderings- en bestuursmaatskappy, is kort-kort in die nuus weens betogings teen sy skuldinvorderingsmetodes. Verskeie munisipaliteite, insluitend Windhoek, Okahandja, Walvisbaai en Grootfontein, het RedForce aangestel om uitstaande agterstallige munisipale skuld te verhaal. Charl Coetzee van die Okahandja Belastingbetalersvereniging, Orpa, het onlangs 'n mosie geïnisieer om te ondersoek hoe RedForce aangestel is. Coetzee is ook 'n lid van die dorpsraad. Kosmos 94.1 Nuus het met Coetzee gesels oor die proses gesels.
Botswana se president Mokgweetsi Masisi sê die Botswana Oliemaatskappy het samesprekings met die Namibië Nasionale Petroleumkorporasie, Namcor, begin oor moontlike samewerking vir gedeelde brandstofbergingsfasiliteite by Walvisbaai. Hy het ook gesê Namibië is besig om na vore te tree as 'n sleutelspeler in olie-eksplorasie en groenwaterstofontwikkeling, wat hom vir aansienlike ekonomiese groei posisioneer. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Paulo Coelho, Namcor se bemarkingsbestuurder, wat die belangrikheid van die vennootskap tussen die twee lande beklemtoon.
Rugby: ‘n Klipharde stryd word vanmiddag in Pretoria verwag wanneer die twee topspanne op die wêreld-ranglys, Suid-Afrika en Ierland, op Loftus Versfeld teen mekaar te staan kom. Die Bokke het slegs teen Ierland verloor tydens verlede jaar se triomfantelike Wêreldbeker-veldtog, en wil sake regstel. Hulle waag geen kanse nie en het ‘n sterk span vol Wêreldbeker-wenners gekies. Die vleuel Cheslin Kolbe sê hulle is gereed vir ‘n reusestryd.
Namibië word 'n krag om mee rekening te hou as 'n land met ontelbare beleggingsgeleenthede. Een van die snellerpunte is die ekonomiese stryd wat Suid-Afrika in die gesig staar. Namibië se sosio-politieke stabiliteit brei die land se progressiewe vooruitsigte vir plaaslike en internasionale beleggers uit. Stephen Baard, die welvaartbestuurder by Old Mutual Wealth, deel meer insigte.
Volgens NamWater se laaste dambulletin is die Hardapdam net 10,3 persent vol. Produsente by die groenskema kan al lank net 25 persent van hulle lande besproei, wat hulle in staat stel om hulle permanente oeste te behou. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die Mariental dorpsraad se uitvoerende hoof, Paul Nghiwelepo, wat verduidelik wat sal gebeur soos die watervlak verder sak.
Die Wêreldbank en Afrika Ontwikkelingsbank het gesamentlik 'n ambisieuse plan aangekondig om 300 miljoen mense in Afrika toegang tot bekostigbare elektrisiteit teen 2030 te verseker. Die gesamentlike verbintenis is 'n belangrike stap om die uitdaging van toegang tot energie aan te spreek. Samewerkende pogings oor verskeie sektore, insluitend die finansiële sektor, regerings en die privaat sektor, is nodig om hierdie doel te bereik. Kosmos 94.1 Nuus het met die Suid-Afrikaanse energiekenner, Chris Yelland, gesels oor of die banke se doelwitte haalbaar is.
Die Nasionale Tesourie sê die nasionale en provinsiale regerings het nog nie meer as tien-miljard Suid-Afrikaanse rand se fakture uit die 2023/24-boekjaar betaal nie. Meer as 1 400 fakture is uitstaande ondanks wetgewing wat betaling binne 30 dae bepaal. Die hoofdirekteur, Moipone Ramoipone, bevestig die departemente van Justisie en van Openbare Werke as die ergste oortreders. Ramoipone noem kwessies soos fakture wat verkeerd liasseer is en kontantvloei-probleme, en beveel tugstappe en beter oorsig aan.
Met sowat vier maande oor voor die verkiesing, het die Namibië Instituut vir Demokrasie en die Verkiesingskommissie van Namibië vergader om kiesersregistrasie en kiesersopvoeding te bespreek. Die vergadering was ook om die twee liggame se verhoudings uit te bou deur demokratiese prosesse deur samewerking te versterk, en te verseker dat elke burger se stem gehoor word. Die instituut is reeds besig met burgerlike opvoeding, kiesersopvoeding en kiesersregistrasie. Sy kommunikasie-beampte, Ginola Dauseb, gee meer inligting.
Die Suid-Afrikaanse Korrektiewe Dienste-vakbond het kommer uitgespreek oor dwelmverspreiding in tronke na die inhegtenisneming van twee dwelmmuile op pad na die Helderstroom-korrektiewe eenheid in die Wes-Kaap. Die vakbond sê toenemende bendebedrywighede en korrupsie bedreiging die rehabilitasiestelsel. Woordvoerder, Alude Jizana, doen 'n beroep vir verbeterde veiligheidsmaatreëls, samewerking met wetstoepassing en ondersteuningsprogramme vir die herstel van verslaafdes om die kwessie behoorlik te takel.
Misdaad in die Erongo-streek was onder die loep in Vrydagaand se Copps 94.1 program. Francois Lottering was in Swakopmund aan diens en het al die besonderhede.
Die Organisasie teen Belastingmisbruik, Outa, is baie ongelukkig oor die samestelling van die Gautengse regering, wat die DA uitsluit. Die DA het die ANC daarvan beskuldig dat hy ter kwader trou onderhandel en hom wou uitoorlê om minder posisies te aanvaar. Premier Panyaza Lesufi het Woensdag sy kabinet aangekondig nadat dit vroeër twee keer uitgestel is. Outa se uitvoerende hoof, Wayne Duvenhage, sê die provinsiale regering is nie ten volle verteenwoordigend nie.
Motorsport: Formule Een is hierdie naweek in Engeland vir die Britse Grand Prix. Dit is die 12de van 24 wedrenne op die jaarkalender. McLaren is die grootste gedeelte van die seisoen mededingend. Hulle is tans derde onder die vervaardigers met Lando Norris tweede onder die bestuurders, na Max Verstappen. Dis ‘n tuiswedren vir McLaren en volgens hulle jong Australiese bestuurder, Oscar Piastri, is hulle vol vertroue.
Die elektrisiteitstariewe bly in die nuus, veral oor die hoë koste. Die feit is dat Namibië meeste van sy krag invoer vanaf buurlande, wat dit duurder maak. In Suid-Afrika het privaat sonkrag fotovoltaïese opwekking die hoogte ingeskiet weens 'n verkeidenheid faktore. Huiseienaars kry 'n belastingkorting vir die oprig van sonpanele en oormaat krag kan verkoop word. Sonkrag is ook volhoubaar en het geen uitstralings nie. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Abraham Angula, die waarnemende direkteur vir energiebeplanning en navorsing by die energie-ministerie, wat sê Namibië het 'n soortgelyke program.
'n Navorser aan die Universiteit van die Wes-Kaap, Celine Doak, sê daar is 'n gebrek aan spesifieke wetgewing wat die welsyn van die kosbare Suid-Afrikaanse volstruisbedryf en ander kommersiële diere-boerderye reguleer. Doak sê dierewelstand vorm deel van die Wysigingswet op Nasionale Omgewingsbestuurswette, maar dit moet nog ten volle ingestel en afgedwing word. Sy sê Suid-Afrikaanse wetgewers word aangemoedig om kommersiële plaasdiere te beskerm deur 'n omvattende Wetsontwerp op Dierewelsyn te verseker.
Die Verkiesingskommissie van Namibië het 676 390 kiesers geregistreer tussen die aanvang van die Algemene Registrasie van Kiesers op 1 Junie, en 29 Junie. Dit verteenwoordig 'n gemiddeld van 23 515 kiesers geregistreer per dag by beide binnelandse lokale en Namibiese diplomatieke sendings in die buiteland. Die kommissie het met groot kommer kennis geneem van 'n aansienlike daling in opkoms gedurende die week van 24 tot 29 Junie. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met De Wet Siluka, die kommissie se woordvoerder. Hulle het 'n boodskap vir die nasie.
Die veterinêre kordonheining in die noorde van Namibië bly omstrede. Landboukundiges meen meer werk moet gedoen word om beesvleis noord van die rooi lyn te verwerk, eerder as om te veg vir die verwydering van die lyn. Boere en verteenwoordigers van tradisionele owerhede in die noordelike streke bepleit die verwydering van die kordonheining om hulle toegang tot die internasionale beesvleismark te gee. Noordelike kommunale boere sê hulle kry finansieel swaar omdat hulle nie toegang het tot die winsgewende internasionale beesvleismark of selfs tot die plaaslike mark suid van die rooilyn nie. Meatco se uitvoerende hoof, Mwilima Mushokabanji, het by die Swaitex-handelskou in Swakopmund hulle standpunt oor die heining verduidelik. Hy het ook 'n oplossing vir die kwessie.
Afrobarometer se jongste opname toon dat twee derdes van Namibiërs sê korrupsie in die land word erger, hoewel hierdie mening die afgelope paar jaar aansienlik afgeneem het. Die meeste landsburger burgers sê die regering doen nie goeie werk in die bekamping daarvan nie. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Paulus Noa, die direkteur-generaal van die Teenkorrupsie-kommissie, wat sê dit is net die publiek se persepsies en nie die werklikheid nie.
Die polisie in Mpumalanga het die liggaam van die driejarige Peaceful Khoza in 'n vlak graf in Pienaar gevind. Die woordvoerder, Donald Mdhluli, sê sy is vroeër die week as vermis aangemeld. Intussen is 'n 18-jarige seun in hegtenis geneem in verband met die moord op die meisie en ook dié op die sesjarige Junior Mabandla, wie se liggaam Woensdag ook in 'n vlak graf ontdek is. Mdhluli sê die verdagte ontvang tans mediese behandeling nadat inwoners hom aangerand het.
Met net twee distrikte se verkiesingsuitslae nog uitstaande, het Brittanje se Arbeidersparty 'n weghol-oorwinning behaal met 412 setels. Die Konserwatiewe Party, wat 14 jaar aan bewind was, het net 121 setels gewen. Die Arbeiders se Keir Starmer het reeds die leisels oorgeneem as die nuwe eerste minister. Hy het sy eerste toespraak in hierdie hoedanigheid gelewer voor Downingstraat 10 in Londen en gesê verandering sal dadelik begin.
Met die verkiesing op pad en kiesersregistrasie wat tans aan die gang is, noop dit jeug-organisasies om die jeug te motiveer om te registreer. Die Namibië Nasionale Studente-organisasie, Nanso, se president, Lucia Ndishishi, het aangekondig dat dit 'n vereiste vir jong mense wat lede is van die organisasie om te registreer. Sy het die aankondiging gemaak by Nanso se jaarlikse kongres wat by St Joseph Rooms-Katolieke Hoërskool in die hoofstad gehou is.
Johannesburg se burgemeester, Kabelo Gwamanda, hou vol die nuwe 200 Suid-Afrikaanse rand-heffing op elektrisiteit sal bly ten spyte van enorme teenkanting van die publiek. Die heffing kom by die 12,72-persent tariefverhoging wat ook hierdie maand in werking tree. Gwamanda sê die nuwe elektrisiteitsheffing is ʼn noodsaaklike ingryping om regverdigheid en gelykheid in die stad se tariefstelsel te skep.
President Nangolo Mbumba en Botswana se president, Mokgweetsi Masisi, hou samesprekings om bilaterale betrekkinge en samewerking tussen die twee lande te versterk. Die middeltermyn-hersiening van die Botswana-Namibië Bi-Nasionale Kommissie sal later vandeesmaand in Botswana plaasvind. Dit is daarop gemik om multilaterale samewerking te hernu en te versterk. Die ekonoom Salomo Hei, besturende direkteur van High Economic Intelligence, sê sterk samewerking tussen die twee lande sal albei bevoordeel.
Die African Transformation Movement het kommer uitgespreek oor die verlenging van die tydelike toegewing aan buitelandse burgers wat tans op die uitslag van visum-, kwytskelding- en appèlaansoek wag. Die minister van Binnelandse Sake, Leon Schreiber, sê hierdie verlenging beskerm aansoekers teen nadelige gevolge of dat hulle verkeerdelik as ongewens verklaar word terwyl hulle wag op die uitslag van aansoeke wat by die departement ingedien is. ATM se nasionale woordvoerder, Zama Ntshona, sê die besluit toon ʼn blatante verontagsaming van Suid-Afrikaners se welstand en ekonomiese vooruitsigte:
Reaksie word ontvang op die aankondiging dat Unam sy inname van onderwysstudente verminder om die ooraanbod van onderwysgegradueerdes in die arbeidsmark aan te spreek. Jeug-aktivis Simon Amunime sê dis beide goed, maar ook sleg.
Sowat 49 persent van Namibiese verbruikers sal na verwagting nie in staat wees om ten minste een van hul rekeninge of lenings ten volle te kan betaal in die huidige kwartaal nie. Volgens TransUnion Namibië se jongste Verbruikerspolsstudie beplan 25 persent van verbruikers om by 'n vriend of familielid geld te leen om van hul rekeninge te help betaal. Toegang tot krediet bly deurslaggewend vir plaaslike verbruikers, sê die maatskappy. Die vraag na krediet het skerp toegeneem in die tweede kwartaal en 41 persent van respondente beplan om nuwe skuld te maak binne die volgende jaar, volgens die maatskappy. Kosmos 94.1 Nuus het met die plaaslike ekonoom Gabriel Erastus gesels oor verbruikers se ekonomiese realiteite.
Sowat 49 persent van Namibiese verbruikers sal na verwagting nie in staat wees om ten minste een van hul rekeninge of lenings ten volle te kan betaal in die huidige kwartaal nie. Volgens TransUnion Namibië se jongste Verbruikerspolsstudie beplan 25 persent van verbruikers om by 'n vriend of familielid geld te leen om van hul rekeninge te help betaal. Toegang tot krediet bly deurslaggewend vir plaaslike verbruikers, sê die maatskappy. Die vraag na krediet het skerp toegeneem in die tweede kwartaal en 41 persent van respondente beplan om nuwe skuld te maak binne die volgende jaar, volgens die maatskappy. Kosmos 94.1 Nuus het met die plaaslike ekonoom Gabriel Erastus gesels oor verbruikers se ekonomiese realiteite.
Die Padfondsadministrasie sê die implementering van 'n tolstelsel is nodig om sy finansieringsgaping aan te spreek. Die administrasie se uitvoerende hoof, Ali Ipinge, sê hulle sal binnekort slegs 60 persent van die vereiste paaie-instandhouding oor die volgende vyf jaar kan finansier. Geïdentifiseerde moontlike tolpaaie kan volgens hom sowat 5,8 miljard Namibiese dollar se inkomste genereer. Die PDM se skadu-finansminister, Nico Smith, praat met Kosmos 94.1 Nuus oor hul kommer oor 'n tolstelsel.
Die goewerneur van die Bank van Namibië, Johannes !Gawaxab, het die Londen Aandelebeurs toegespreek en Namibië se blywende stabiliteit en voorspelbaarheid in 'n onstuimige globale ekonomie beklemtoon. Namibië se Eurobond van 750 miljoen Amerikaanse dollar is op die Aandelebeurs genoteer. !Gawaxab het belanghebbendes gerusgestel dat Namibië reeds 'n strategie ingestel het om sy Eurobond-verpligtinge na te kom. Kazembire Zemburuka, die Bank van Namibië se woordvoerder, gee meer inligting.
Ierland se hoofafrigter, Andy Farrell, het die nuweling Jamie Osborne as heelagter gekies vir môre se groot kragmeting met die Springbokke op Loftus Versfeld in Pretoria. Dis die eerste van twee toetse tussen Suid-Afrika, wat boaan die wêreldranglys is, en Ierland, wat tweede is. Craig Casey is bo sy spanmaat van Munster, Conor Murray, gekies om op skrumskakel te begin omdat Jamison Gibson-Park die toer weens ʼn dyspier-besering misloop. Farrell is opgewonde oor Osborne se insluiting:
Die uittredende eerste minister van Brittanje, Rishi Sunak, sê hy aanvaar volle verantwoordelikheid dat die Konserwatiewe Party die algemene verkiesing verloor het. Die Arbeidersparty en sy leier, Keir Starmer, het die vereiste 326 setels vir die meerderheid in die Britse Laerhuis gekry en daarmee ʼn einde gebring aan 14 jaar se Konserwatiewe regering. Talle Tory-kabinetsministers moes setels aan Arbeiders afstaan, insluitend Grant Shapps en Penny Mordaunt. Sunak sê die mag sal vreedsaam en ordelik oorgedra word:
Namibië se Brave Warriors is geloot teen die vyfmalige kampioene Kameroen, Kenia en Zimbabwe in Groep J van die 2025 Afcon-uitdunne. Die voorste twee spanne sal vir die eindronde in Marokko van Desember 2025 tot Januarie 2026 kwalifiseer. Die uitdunne sal in September begin. Die Warriors se hoofafrigter, Collin Benjamin het met New Era gepraat.
Die ANC sê daar is ooreenstemming oor die beleidsplatform van die regering van nasionale eenheid, waartoe alle politieke partye ingestem het wat die verklaring van voorneme onderteken het. Die verduideliking volg ná die mislukte pogings in Gauteng met die ineenstorting van die samesprekings tussen die DA en ANC. Die ANC se waarnemende nasionale woordvoerder, Zuko Godlimpi, sê die regeringsbeleid bly sonder uitsondering van krag:
KeyPlot Investments, wat deur die Stad Windhoek aangestel is om dele van die hoofstad se parkering te bestuur, het in die Nasionale Vergadering ter sprake gekom. Stedelike ontwikkeling-minister Erastus Uutoni het 'n vraag oor die maatskappy se werksaamhede beantwoord. Uutoni het inligting verskaf oor die Stad se fakture aan die maatskappy en die maatskappy se betalings.
Die sewemalige kampioen, Novak Djokovic, het ʼn moeilike toets deurstaan en die Britse promotorskeuse, Jacob Fearnley, verslaan om Wimbledon se derde ronde te haal. Die Serwiër het die 22-jarige Fearnley met 6-3, 6-4, 5-7, 7-5 gewen. Die Amerikaner Ben Shelton het die Suid-Afrikaanse kwalifiseerder, Lloyd Harris, net-net met 4-6, 7-6, 6-7, 6-3, 7-6 geklop. Stefanos Tsitsipas van Griekeland is uitgeskakel. Andy Murray is op die hoofbaan vereer nadat hy en sy broer, Jamie, hulle eerste ronde van die mans-dubbelspel verloor het. Murray sê dit voel soos ʼn goeie einde:
Die departement van Gesondheid sê 15 M-pokkepasiënte het herstel, met vyf wat weens ernstige komplikasies in die hospitaal opgeneem is. Vier nuwe gevalle is in Gauteng en KwaZulu-Natal bevestig. Dit bring die totaal sedert die uitbreking in Mei op 20 gevalle en drie sterftes te staan . Die departement se woordvoerder, Foster Mohale, sê uitbrekingsreaksiespanne is geaktiveer, en 'n nuwe besending M-pokkemedikasie word binnekort verwag:
Die Junior Springbokke het ʼn 31-12-nederlaag gely in hul groepwedstryd teen Argentinië in die Wêreldrugby Onder 20-kampioenskap in Stellenbosch. Die gashere het twee drieë gedruk teenoor hul teenstanders, Los Pumitas, se vyf. Hierdie nederlaag beteken Suid-Afrika moet Engeland Dinsdag in hul laaste groepwedstryd klop om ʼn kans te staan om die halfeindronde te haal. Die Junior Bokke se afrigter, Bafana Nhleko, sê swak dissipline het hulle gekniehalter:
'n Voorstel is in die Nasionale Vergadering gemaak dat die Universiteit van Namibië se LLB-graadkursus vir 'n paar jaar opgeskort word om werklose regsgraduandi te akkommodeer. Beide Unam en Nust bied regskursusse aan, maar die presiese aantal gegradueerdes en hoeveel werkloos is, is nie tans bekend nie. Die voorstel het nie byval gevind by justisieminister Yvonne Dausab nie. Sy sê dit sal inbreuk maak op studente se basiese menseregte.
Die Van Druten Familietrust is besig met planne vir meer besproeiing gebaseerde landbou-bedrywighede. Dit sluit in die moontlikheid om geneties-aangepaste mielies te verbou op die plaas Emilienhof in die Oshikoto-streek. Dit is in 'n poging om produktiwiteit te verbeter. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die hoofbestuurder van die Namibiese Akkerbouraad, Gilbert Mulonda, oor die raad se perspektief op geneties-aangepaste produkte.
Namibië se top vyf uitvoerkommoditeite het in Mei konstant gebly, naamlik edelgesteentes in die vorm van diamante, vis, nie-monetêre goud, koper en petroleumolies. Aan die invoerkant was die belangrikste kommoditeite petroleumolies, nikkelerts, diamante, motorvoertuie vir die vervoer van goedere, en medisyne. Suid-Afrika is steeds Namibië se primêre handelsvennoot. Die topkommoditeite toon 'n kommerwekkende neiging dat ons ekonomie nie diversifiseer nie. Kosmos 94.1 Nuus het met die voorsitter en uitvoerende hoof van die Ohlthaver en List-groep, Sven Thieme, hieroor gesels.
Afrobarometer se jongste opname handel oor korrupsie in die land en mense se sienings daaroor. Vier-en-vyftig persent van respondente het onder andere verklaar dat hulle bewus is van korrupsie in staatsinstellings en leierskapgroepe soos staatsamptenare. Reaksie is ontvang van Mahongora Kavihuha, sekretaris-generaal van die Vakbond Kongres van Namibië, Tucna, wat sê dat korrupsie geïnstitusionaliseer en aan die orde van die dag is.
Die Arbeidersparty het die Britse verkiesing gewen. Terwyl stemme nog getel word het die party reeds 390 setels in die parlement, ver meer as die 326 wat nodig is om ‘n oorwinning te behaal. Die Tories is na 14 jaar uit die kussings gelig. Sir Keir Starmer, die Arbeiders se leier, het ‘n toespraak gelewer.
Visserye-minister Derek Klazen het in die Nasionale Vergadering vrae beantwoord wat aan hom gestel was deur parlementslede. Een van die vrae het gehandel oor werkloosheid onder vissermanne en hoe dit gereguleer word. Klazen sê dat die ministerie baie duplikaat-inskrywings van werkende vissermanne het en daaraan werk. Hy het ook verwys na viskwotas en krimpende vis-getalle.
Suid-Afrikaanse toerisme-minister Patricia de Lille en haar adjunk, Maggie Sotyu, het hulle vasberadenheid bevestig om die departement te lei en met alle toerisme-sektorvennote saam te werk vir groei. Woordvoerder Zara Nicholson sê De Lille is verbind tot 'n voortgesette vennootskap tussen die regering en die privaat sektor. Nicholson sê die bedryf floreer, met toeriste-aankomste in Suid-Afrika wat die afgelope jaar toegeneem het.
Die gesprek oor 'n kernkragstasie gaan steeds voort. By die Elektrisiteitsbeheeraad se aankondiging van die elekrisiteitstariewe is verskeie vrae aan die raad se bestuurders gevra. Een was oor die lewensvatbaarheid van kernkrag in die land. Johannes Petrus, die raad se waarnemende uitvoerende hoof, sê die kostes daaraan verbonde maak nie sin in Namibië nie.
Ten spyte van relatief goeie ekonomiese groei, gaan vele Namibiërs steeds gebuk onder armoede en hongersnood. Adjunkminister van armoede-uitwissing Alexia Manombe-Ncube is in die Nasionale Vergadering gevra hoe sy snags kan slaap, wetende van die hoë armoedevlakke. Sy antwoord dat dit 'n kwessie is wat ons almal moet wakker hou.
Die Elektrisiteitsbeheerraad van Namibië se aangekondig dat elektrisiteistariewe onveranderd gaan bly, het implikasies. Cenored het in reaksie hierop aangekondig dat sy tariefverhoging wat op 1 Julie geïmplementeer is, geskrap sal word. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Charlie Matengu, Cenored se woordvoerder, wat onderstreep dat dit om middernag vanaand in werking tree. Indien verbruikers voor middernag krag koop, sal die verhoogde prys nog geld.
Die DA se leier in Gauteng, Solly Msimanga, het bevestig die party se adjunk-speaker in die provinsiale wetgewer, Refiloe Ntsekhe, gaan bedank. Dit volg op die DA se besluit om nie aan te sluit by die provinsiale regering van eenheid nie nadat samesprekings ineengestort het. Premier Panyaza Lesufi het 'n nuwe uitvoerende raad aangekondig sonder enige DA-lede. Msimanga sê hulle sal nou die amptelike opposisie in die wetgewer wees.
Geluk Psychology Services in Windhoek bied op 5 Julie ‘n pro-bono gemeenskapskliniek aan. Dit is 'n inisiatief om geestesgesondheidsondersteuning te bied aan mense wat uitdagings het om toegang tot tradisionele dienste te verkry. Die pro-bono-kliniek vind maandeliks plaas, gefasiliteer deur die kliniese sielkundige Edwina Mensah-Husselmann, die uitvoerende hoof van Geluk Psychology Services. Kosmos 94.1 Nuus het met Mensah-Husselmann gesels oor die kliniek en hoe die publiek hulle kan kontak.
Oor of die wetsontwerp in konflik sal wees met die hofuitspraak oor die sodomiewet of die grondwet, antwoord sy...
Die somer kan na bogemiddelde reën neig, volgens die Suid-Afrikaanse weerkenner Johan van den Berg. Namibië sal tot ten minste November baie min of geen reën kry nie. Kouer toestande word in Julie en die eerste deel van Augustus verwag, maar die somer sal waarskynlik minder warm wees as vanjaar. Van den Berg gee meer inligting.
Binnelandse sake-minister Albert Kawana se versoek om nog 'n wetsontwerp in te dien om aspekte van huwelike te reguleer, bly in die nuus. Die wetsontwerp sal onder andere voorsiening maak vir die bekragtiging en erkenning van sekere huwelike. Kawana het nie doekies omgedraai dat dit is om selfdegeslag huwelike teen te werk nie. Kosmos 94.1 Nuus het met Dianne Hubbard van die Regsbystandsentrum gesels, wat haar reaksie deel.
President Nangolo Mbumba en Botswana se president, Mokgweetsi Masisi, is besig met amptelike samesprekings in Swakopmund. Die twee presidente is besig met sake wat daarop gemik is om bilaterale betrekkinge en samewerking tussen die twee nasies te versterk. Masisi het aangekondig dat Botswana beplan om die middeltermyn-hersiening van die Botswana-Namibië Bi-Nasionale Kommissie op 24 en 25 Julie in Botswana aan te bied. Dit is daarop gemik om bilaterale betrekkinge en multilaterale samewerking te hernu en te versterk. Die kommissie het 'n wye reeks kwessies van gemeenskaplike belang onder vier tematiese komitees bespreek, naamlik politiek en diplomasie; ekonomiese groepering; sosiale groepering; asook verdediging en veiligheidsaangeleenthede.
Kenners sê hulle twyfel of Suid-Afrika teen Junie volgende jaar van die Finansiële Aksietaakspan se gryslys gehaal sal word. Die taakspan wat wêreldwye standaarde stel vir die stryd teen geldwassery en terrorisme-finansiering, het bevind Suid-Afrika skiet te kort en het die land verlede jaar in Februarie op die gryslys geplaas. Isaac Matshego van Nedbank het aan die SABC gesê die regstelling van die basiese kwessies wat veroorsaak het dat die land op die gryslys beland, moet die hooffokus wees.
Die Vereniging van Staatsamptenare is geskok oor die vinnige verspreiding van M-pokke-gevalle in KwaZulu-Natal, nadat 'n derde sterfte sedert verlede maand aangemeld is. Die Departement van Gesondheid het 16 gevalle bevestig, hoofsaaklik in Gauteng en KwaZulu-Natal. Hulle eis meer toetse en departementele steun vir gesondheidsorgwerkers. Mlungisi Ndlovu van die vereniging vra streng infeksiebeheermaatreëls, verbeterde skoonmaakprotokolle en openbare waaksaamheid:
Makgone voeg by dat nuwe inisiatiewe deur die regering ten doel het om akwakultuurboerdery in die land te bou.
Die visserye-ministerie het 148 akwakultuurlisensies uitgereik om die sektor te ontwikkel. Die adjunkminister van visserye het tydens 'n kabinetsinligtingsessie wat deur die inligting-ministerie aangebied is gepraat oor die land se akwakultuurplase. Die regering het agt operasionele visplase en akwakultuursentrums landwyd gestig, en die ministerie ondersteun sowat 190 kleinskaalse visboere.
Finansminister Ipumbu Shiimi het die versekering gegee dat Namibië sy Eurobond-verpligting van 14 miljard Namibiese dollar, wat in 2025 verval, sal nakom. Dit beklemtoon die land se rekord van skuldterugbetaling. Shiimi het voorbereidings om die verpligting na te kom genoem, wat insluit om deur die jare fondse opsy te sit, en om van die buitelandse skuld met binnelandse skuld te vervang. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die Cirrus-ekonoom, Robert McGregor, wat sê die stappe is verblydend.
Daar is 'n bedrogspul op Facebook onder 'n rekening genaamd "Nujoma Utoni", wat nie die profiel van Namibië se arbeidsminister is nie. Die bedrieër doen hom voor as die minister en vra lede van die publiek om hul persoonlike besonderhede te deel. Die arbeidsministerie doen 'n beroep op die publiek om sulke boodskappe te ignoreer en onmiddellik te skrap. As jy reeds jou besonderhede gegee het, moet jy dit by die betrokke owerhede aanmeld en stappe doen om jou persoonlike inligting te beskerm. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Jeremiah Namalenga, die arbeidsministerie se woordvoerder, wat meer besonderhede gee.
Die inwoners van Swakopmund word herinner aan die vergadering wat vanmiddag om half-ses by die Veeldoelige Sentrum plaasvind. Misdaad word bespreek en die polisiehoof, luitenant-generaal Joseph Shikongo sal daar wees. Kosmos 94.1 Nuus het met hoofinspekteur Ileni Shapumba van die Erongo-polisie gepraat.
Dit sal 'n volledige spanpoging verg om Ierland Saterdag op Loftus Versfeld in Pretoria te klop. Ierland het sy laaste drie wedstryde teen Suid-Afrika gewen. Kosmos 94.1 Nuus het met Breyton Paulse 'n voormalige Springbok oor die wedstryd gepraat.
Die adjunk-president van die IPC Trevino Forbes sê die brief, blykbaar van 'n Britse LP van die Arbeiderparty Sarah Champion aan David Cameron, die minister van buitelandse sake, is vals. Kommerwekkend is dat daar gesê is dat 750 000 pond, of 17,6 miljard Namibiese dollar, reeds oorbetaal is sodat die IPC ‘n robuuste veldtog in die verkiesing kan loods. Daar word ook melding gemaak dat daar ‘n goeie uitkoms vir Brittanje kan wees in die ontluikende olie-bedryf, sou die IPC wen... Forbes sê eksklusief aan Kosmos 94.1 Nuus dat dit teenparty-propaganda is.
Afrobarometer se jongste opname toon dat twee derdes van Namibiërs sê korrupsie in die land word erger, hoewel hierdie mening die afgelope paar jaar aansienlik afgeneem het. Die meeste landsburger burgers sê die regering doen nie goeie werk in die bekamping daarvan nie. Lizl Stoman van Afrobarometer het meer.
Die opheffing van die verhoging in kragtariewe word as ‘n verkiesingsfoefie beskryf. Die Elektrisiteitsbeheerraad het Woensdagaand aangekondig 365 miljoen Namibiese dollar is bekom om die tariewe te subsidieer. McHenry Venaani, hoof van die PDM sê die regering het ‘n reddingsboei uitgegooi maar, dit is nie volhoubaar nie. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Die vroeë kunswerk van die Venesiese meester Titian, The Rest on the Flight into Egypt, is teen ʼn rekordprys van sowat 405 miljoen Namibiese dollar op ʼn veiling in Londen verkoop. Die skildery is talle kere gesteel en is in 1995 in ʼn plastieksak by ʼn Londense bushalte gevind nadat dit uit Longleat House in Engeland verwyder is. Die afslaer Christie's se woordvoerder, Letizia Treves, sê Titian het die kunswerk in die eerste dekade van die 16de eeu gemaak:
Die Padfondsadministrasie het 'n beroep op beleidmakers gedoen om die implementering van 'n tolstelsel te oorweeg om sy huidige finansieringsgaping aan te spreek. Sy uitvoerende hoof, Ali Ipinge, het ook onlangs die beroep gedoen maar, dit later laat vaar. Hy sê nou die administrasie sal binnekort 'n tekort ervaar wat hom in staat sal stel om slegs 60 persent van die vereiste instandhouding oor die volgende vyf jaar te finansier. ’n Uitvoerbaarheidstudie wat deur hom gedoen is, het 21 paaie geïdentifiseer wat moontlik tolpaaie kan word, wat 5,8 miljard Namibiese dollar se inkomste kan genereer.
Die vakbondfederasie Saftu vra 'n onmiddellike vermindering in taxi- en bustariewe in Suid-Afrika ná die jongste verlaging in die brandstofprys. Volgens die federasie bly openbare vervoertariewe onveranderd, ten spyte van laer brandstofpryse, en dit plaas voortgesette finansiële druk op werkersklaspendelaars. Trevor Shaku van Saftu vra die regering om in te gryp en te verseker dat verlaagde brandstofpryse tot laer vervoeruitgawes lei, en sodoende lewenskoste vir werkers verlig:
Die Standard Bank Biomassa-skou 2024 sal van 8 tot 10 Augustus in Otjiwarongo in die Otjozondjupa-streek plaasvind. Die driedaagse geleentheid, gereël deur die Namibië Biomassa Bedryfsgroep en die Houtskoolvereniging van Namibië, beoog om die florerende biomassasektor in Namibië en die streek te bevorder. Vanjaar se tema is “Innoveer vir 'n groener toekoms”. Dit sal kundiges in die bedryf, navorsers en beide openbare en private belanghebbendes bymekaarbring vir kennisuitruiling, netwerkvorming en die tentoonstelling van die nuutste oes- en verwerkingstegnologieë vir bosbiomassa. Erastus Ngaruka, Agribank se vee-tegniese adviseur, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels oor hoekom dié skou belangrik is.
Die Verenigde Nasies se Kantoor vir die Koördinering van Humanitêre Sake sê sowat 90-persent van Gaza se bevolking is ontwortel sedert die oorlog tussen Israel en Hamas begin het. Die oorlog het uitgebreek ná Hamas se aanval op 7 Oktober waarin 1 195 mense dood is. Israel se teenaanval het volgens Hamas intussen tot die dood van minstens 37 953 mense gelei. Andrea De Domenico van die VN sê die humanitêre situasie in Gaza is haglik:
Die Openbare Ondernemings Uitvoerende Hoofde-forum se vergadering met visepresident Netumbo Nandi-Ndaitwah is aan die gang in Windhoek. Die forum se voorsitter, Fluksman Samuehl, het die lede toegespreek en verskeie uitdagings beklemtoon wat openbare ondernemings raak, wat moontlik die sektor se posisie en prestasie kan beïnvloed. Die uitvoerende hoof van die Walvisbaai Korridor-groep, Mbahupu Tjivikua, het gesê dat daar ruimte vir verbetering in die spoorwegsektor is.
Die buurland se landbouminister, John Steenhuisen, sê sy eerste mandaat in die amp is om landbouvennootskappe te organiseer om die sektor te verbeter. Dit sluit in die ondersteuning van klein swart opkomende boere en groot kommersiële instellings. Steenhuisen het ook ander belangrike fokuspunte uitgelig, insluitend verbeterde infrastruktuur, landelike veiligheid, voedselsekerheid, ekonomiese groei, werkskepping en die grondwetlike oplossing van grondkwessies. Hy het die belangrikheid van samewerking in die bevordering van die landbousektor beklemtoon:
ʼn Groep voorste Demokratiese goewerneurs het hul ondersteuning vir president Joe Biden uitgespreek nadat hulle hom en visepresident Kamala Harris by die Withuis ontmoet het. Dit volg na berigte dat die president sy toekoms heroorweeg ná sy rampspoedige debat teen Trump verlede week. New York se goewerneur, Kathy Hochul, sê hulle staan agter Biden omdat hulle Trump in November wil wen:
Die derde gewone sitting van die sesde wetgewer van die Pan-Afrika-parlement in Midrand in Suid-Afrika, kyk na verskeie regeringskwessies. Die streekskoördineerder van die African Peer Review Mechanism, Germain Miteu Tshinu, het 'n aanbieding oor verskeie regerings gelewer. Namibië het ook onder die loep gekom en die aanbeveling is dat kinderhuwelike stopgesit moet word. Namibië is ook geprys dat swanger tieners toegelaat word om aan te hou skoolgaan.
Die Brit, Mark Cavendish, het die rekord verbeter met ʼn 35ste oorwinning by die Tour de France toe hy die vyfde skof in Saint-Vulbas gewen het. Die 39-jarige Cavendish wat sy uittrede uitgestel het om die rekord vir Tour de France-skofte te verbeter, het die rekord vir meeste skof-seges saam met die Belg, Merckx, gehou sedert hy in 2021 sy 34ste skof gewen het. Jasper Philipsen van België was tweede en Alexander Kristoff van Noorweë derde. Cavendish sê hy kan dit nie glo nie:
President Cyril Ramaphosa sê die samestelling van 'n Kabinet in die regering van nasionale eenheid was 'n ingewikkelde maar bevredigende proses. Die 75 lede van die uitvoerende gesag is gister in Kaapstad ingesweer deur hoofregter Raymond Zondo. Die Kabinet spog met van Suid-Afrika se jongste lede in die amp, insluitend die minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube, en adjunkminister in die Presidensie, Nonceba Mhlauli. Ramaphosa sê die harde werk om die land die toekoms in te neem, begin nou:
Die Kankervereniging van Namibië versoek dringend bystand om diefwering by vensters by Huis Acacia in Windhoek te installeer, weens veiligheidskwessies. Hulle doen 'n beroep op die publiek wat in staat is om kwaliteit arbeid te verskaf terwyl die vereniging die metaal verskaf, of diegene wat 'n mededingende kwotasie kan gee, om hulle te kontak vir verdere besonderhede. Kosmos 4.1 Nuus het met die Kankervereniging se uitvoerende hoof, Rolf Hansen, gesels.
Die regering het 365 miljoen Namibiese dollar beskikbaar gestel om kragtariewe te subsidieer, sodat dit nie vanjaar verhoog word nie. Die aktivis Shaun Gariseb het vroeër 'n petisie in dié verband geloods wat meer as 4 000 handtekeninge in drie dae ingesamel het. Hy het ook 'n nasionale protes vir Saterdag teen die voorheen aangekondigde hoër elektrisiteitstariewe georganiseer. Kosmos 94.1 Nuus het met Gariseb gepraat oor wat nou gaan gebeur.
Die kantoor van die aanklaer-generaal, die regbank en Blue Rhino-taakspan werk onophoudelik saam om wildmisdade te bekamp. Hulle het byvoorbeeld gedurende April en September 2022 die eerste spesiale howe ingestel wat toegewy is aan wildmisdaad. Die howe was in Katima Mulilo, Rundu, Okahao en Outapi, maar het intussen uitgebrei. Die aanklaer-generaal, Martha Imalwa, het by die Nasionale Belanghebbendesforum oor Natuurlewebeskerming en Wetstoepassing gepraat oor die spesiale howe.
Die Springbok-losskakel Handre Pollard sê dit sal 'n volledige spanpoging verg om Ierland Saterdag op Loftus Versfeld in Pretoria te klop. Ierland het sy laaste drie wedstryde teen Suid-Afrika gewen. Pollard, wat twee punte nodig het om die 700 punte-kerf in toetsrugby te haal, sê die selfvertroue in die groep is goed en hulle het goed voorberei vir die moeilike kragmeting:
Te midde van die droogte het vleispryse by veilings en slagpryse gedaal, maar nie al die pryse nie. Die nuutste vleispryse van die Lewendehawe- en Lewendehaweprodukte-raad toon dat slagskaap-pryse redelik hoog gebly het, ten spyte van die droogte. Die raad se hoof van bemarking, Desmond Cloete, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en verduidelik die redes hiervoor.
President Cyril Ramaphosa se nuwe regering van nasionale eenheid is in Kaapstad ingehuldig. Hoofregter Raymond Zondo het toesig gehou oor die seremonie waar adjunkpresident Paul Mashatile, 32 ministers en 43 adjunkte hul ampseed afgelê het. Tydens die seremonie het die minister van Water en Sanitasie, Pemmy Majodina, se poging om die woord "conscientiously" uit te spreek, 'n gelag in die Parlement ontketen, tot Zondo haar uiteindelik reggehelp het.
Reaksie word ontvang op die binnelandse sake-minister Albert Kawana wat verlof versoek om 'n wetsontwerp in te dien om die plegtiging van huwelike te reguleer. Dit sal ook voorsiening maak vir die bekragtiging en erkenning van sekere huwelike. Dit kom na die hooggeregshof bevind het dat buitelanders in selfdegeslag huwelike domisilie in Namibië kan kry saam met hulle Namibiese gade. Omar van Reenen, stigter van Equal Rights Namibia, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Energieminister Tom Alweendo het aangekondig die regering het 365 miljoen Namibiese dollar beskikbaar gestel om die kragtariewe te subsidieer in die 2024/2025 finansiële jaar. Die tariewe sal nie vanjaar verhoog word nie en dus dieselfde bly. Die uitvoerende hoof van die Elektrisiteitsbeheerraad, Robert Kahimise, het die aankondiging gemaak. Hy sê die regering het geluister na die mense se pleidooie.
Volgens News24 beplan TotalEnergies om sy gas-kondensaat-ontdekkings aan Suid-Afrika se kus te verlaat, en verkies om eerder op eksplorasie nader aan Namibië te fokus. TotalEnergies twyfel oor die kommersiële lewensvatbaarheid van die ontwikkeling van sy diepwatergas-ontdekkings in 'n klein Suid-Afrikaanse gasmark. Gevolglik beoog die maatskappy om op die Oranjebekken te konsentreer, waar hy wil munt te slaan uit belowende olie-ontdekkings in en naby Namibiese waters. Reaksie is ontvang van die plaaslike ekonoom Jason Kasuto, 'n besturende vennoot van Monasa Advisory and Associates, oor wat dit vir Namibië beteken.
Die mynwerkersvakbond NUM het sy teleurstelling uitgespreek met die DA-leier, John Steenhuisen, se aanstelling as minister van Landbou. Hy neem oor by Thoko Didiza. Die vakbond se woordvoerder, Luphert Chilwane, sê Steenhuisen moet herinner word Suid-Afrika bly ʼn land met voedsel-onsekerheid en sy departement moet meer doen om voedselsekerheid te verseker.
Die Mejuffrou Tiener en Mejuffrou Namibië bekroning gaan op 19 en 20 Julie op Lüderitz plaasvind. Kosmos 94.1 Nuus het met Beaulah Boois-Beukes die woordvoerder van NBC gepraat wat 'n opdatering gee oor die skoonhede se aktiwiteite. Hulle is tans besig met repetisies en sal teen volgende week meer besig raak.
Energieminister Tom Alweendo het aangekondig die regering het 365 miljoen Namibiese dollar beskikbaar gestel om die tariewe te subsidieer in die 2024/2025 finansiële jaar. Die tariewe sal nie vanjaar verhoog word nie en dus dieselfde bly. Die uitvoerende hoof van die Elektrisiteitsbeheerraad, Robert Kahimise, het die aankondiging gemaak.
Die Nampol forensiese eenheid se moeite om standaarddwelms te bekom is amper verby. Die hoof van Nampol se forensiese eenheid, kommissaris Nelius Becker, sê die eenheid het gesukkel omdat daar ‘n tekort aan standaarddwelms was vir hulle om forensiese toetse doeltreffend uit te voer. Kosmos 94.1 Nuus het met Becker gepraat wat sê daar is 'n bestelling geplaas en hulle sal binne die volgende 8 tot 12 weke 'n voorraad kry. Dit nadat hy in Oktober verlede jaar 'n beroep op die regering gedoen het om die standaarddwelms te bekom. Die middels is belangrik om gekonfiskeerde dwelms te toets om as bewyse in die howe ingehandig te word.
Daar was weer nie 'n kworum in die Nasionale Vergadering om wetgewings te bespreek en daaroor te stem nie. Daar moet 49 parlementslede lede wees vir 'n kworum. Die minister van justisie, Yvonne Dausab, het die lede aangevat nadat hulle beswaar gemaak het toe wetgewings bekend gestel is. Die teenwoordige lede was verdeel hieroor en het kort daarna verdaag vir tee.
Die kommissie vir kultuur-, godsdiens- en taalregte maan kerke om nou saam met wetstoepassers te werk wanneer hulle laatnag-wake beplan. Dit volg nadat nog ʼn kerk onder misdadigers deurgeloop het tydens ʼn streekkonferensie by ʼn gastehuis in Pretoria-Noord naby Soshanguve. Video-materiaal wys hoe gewapende mans die diens ontwrig en lidmate se persoonlike besittings eis. Die kommissie se uitvoerende hoof, Edward Mafadza, het aan die SABC gesê mense moet waaksaam wees.
Die Besigheids- en Intellektuele Eiendomsowerheid, Bipa, sê hy sal konsulteer oor die pad vorentoe oor besighede se registrasie van voordelige eienaarskap. Adjunk-handelminister Verna Sinimbo het in die Nasionale Vergadering gesê meer as 165 000 besighede kan gederegistreer word, omdat slegs sowat 30 persent van die land se besighede die eienaarskap-registrasie afgehandel het. Die registrasie is noodsaaklik sodat die land van die Finansiële Aksie Taakspan se gryslys gehaal kan word. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Ockert Jansen, die woordvoerder van Bipa, wat sê deregistrasie van besighede is die laaste opsie.
Die 16 maande-lange proses om die Bank van Namibië se kitsbetalingsprogram te implementeer, het begin. Die program beloof verskeie voordele, soos finansiële insluiting wat die informele ekonomie en landelike sektore teiken. Dit verseker toegang tot finansiële dienste vir almal, terwyl hoë fooie en heffings aangespreek word. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Sandra Garises, die bank se hoof kommunikasiespanleier, oor hoekom die stelsel belangrik is.
Die Stad Kaapstad het sy kommer uitgespreek oor die onlangse toename in bendegeweld in Lotusrivier, Ottery, Hanoverpark, Manenberg en Lavender Hill. Talle mense is die afgelope week in hierdie gebiede vermoor. Die burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekerheid, JP Smith, sê terwyl gemeenskappe onder die geweld van bendes se gebiedsoorloë deurloop, wil die stad alles binne sy beperkte bevoegdheid doen om dit te beveg.
Die Nasionale Unie van Mynwerkers in Suid-Afrika glo die sukses van enige vorm van regering moet op patriotisme gebaseer wees. NUM se woordvoerder, Luphert Chilwane, sê hulle sien uit na ʼn regering wat sekuriteit en stabiliteit bied deur werkskepping en voedselsekerheid:
Die Namibiese Kamer van Handel en Nywerheid bied tans die Swakopmund handelsexpo, SWAITEX in die kusdorp aan. SWAITEX is in 2013 begin om plaaslike en internasionale besighede te lok om ten toon te stel en te netwerk, terwyl sakegeleenthede vir Namibiese entrepreneurs bevorder word. Die Kamer se president Bisey /Uirab het die voordele van die expo uitgelig.
Die omgewingsministerie het sy Nasionale Belanghebbendesforum oor wildbeskerming en wetstoepassing aangebied. By die geleentheid het die Namibiese polisie adjunk-inspekteur-generaal vir administrasie, Anna-Marie Nainda, ook 'n lid van die InterPol Uitvoerende Komitee, namens die minister van omgewingsake, Pohamba Shifeta, gepraat oor die verhoogde renosterstropery in die land.
Die omgewingsministerie het teruggekap teen aantygings wat deur Izak Smit van Desert Lion Human Relations Aid, of DeHLRA gemaak is oor die jag van die woestyn-aangepaste leeu Mwezi. Smit voer aan dat die leeu onwettig as probleemdier verklaar is om ‘n winsgewende trofee te skep. Romeo Muyunda, woordvoerder van die ministerie het sy reaksie so verwoord.
Die hoofstad het nog 'n rooftog helder oordag beleef, toe die eienaar van 'n kleremaak-winkel deur gewapende rowers aangeval is. Dit het tot 'n skietery in Onafhanklikheidsrylaan tussen die rowers en polisie gelei. Een van die rowers is doodgeskiet en die ander een in hegtenis geneem. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met luitenant-generaal Joseph Shikongo oor wat die polisie doen aan die toenemende aantal misdade asook voorkomingsmaatreëls. Shikongo sê hulle beplan 'n vergadering in die Khomas-streek om die kwessies met gemeenskappe te bespreek.
Die ministerie van myne en energie het verlede week laer brandstofpryse aangekondig, asook om die bedryfsmarge met 23 sent tot 189 sent per liter te verhoog. Die handelaarsmarge vir vulstasie-operateurs styg met 9 sent per liter tot 192 sent per liter. Reaksie is ontvang van die Fuel and Franchise Assocation, Fafa. Kosmos 94.1 Nuus het met die voorsitter, Deklen Viviers, gesels.
Die Namibiese polisie sê die liggaam van ‘n man is vanoggend ontdek waar hy aan ’n hoëspanningstaal elektriese lyn in Windhoek se Mahatma Gandhistraat tussen Khomasdal en Katutura. Inspekteur Silas Shipandeni van die Khomas-polisie het meer.
Brittanje stem môre in sy algemene verkiesing met alle peilings wat toon dat die Arbeidersparty ‘n reuse oorwinning sal behaal na 14 jaar van Tory-beheer. Die Tories het oudpremier Boris Johnson ingeroep in ‘n laaste poging om stemme te werf.
Die DA sê hy kon nie daarin geslaag om 'n ooreenkoms met die ANC in Gauteng te bereik nie. Premier Panyaza Lesufi sou Maandagaand sy nuwe kabinet aankondig, maar dit is uitgestel weens onderhandelinge oor posisies tussen die ANC en die DA wat 'n dooiepunt bereik het. Die DA se federale voorsitter, Helen Zille, sê hulle is nie bereid om aan 'n provinsiale regering van eenheid deel te neem waar die ANC steeds dink hy het 'n meerderheid nie:
Wimbledon se verdedigende vroue-kampioen, Marketa Vondrousova, sê sy het gesukkel om haar senuwees te kalmeer toe sy in die eerste ronde uitgeskakel is. Die wêreld se nommer 83, Jessica Bouzas Maneiro van Spanje, het die 25-jarige Tsjeg 6-4, 6-2 verslaan vir haar eerste Grand Slam-oorwinning. Dis die eerste keer sedert 1994, toe Steffi Graf teen Lori McNeil verloor het, dat die verdedigende vrouekampioen in die eerste ronde uitgeskakel word. Vondrousova sê sy wil uit hierdie ervaring leer:
Die toerisme ministerie het saam met die Namibië Reis- en Toerismeforum 'n inisiatief geloods wat reisigers en verblyf-verskaffers aanmoedig om water te bespaar. Twee nuwe plakkate is ontwerp met noodsaaklike wenke oor hoe om dit te doen en volhoubare toerisme te ondersteun. Verblyf-instansies word voorsien van praktiese waterbesparingstegnieke. Reisigers kan leer hoe om waterslim te wees met wenke vir kampeer, verblyf en reis. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Bonnie Mbidzo, die uitvoerende hoof van die Namibië Toerismeraad, wat sê dit is belangrik vir toeriste wat na Namibië kom om water te bespaar.
‘n Multidissiplinêre span onder aanvoering van die SAPD se teen-ontvoeringtaakspan het 12 sakepersone en ses studente gered wat die laaste ses maande vir ‘n losprys ontvoer is. Die jongste slagoffer is ‘n 49-jarige Portugese sakeman wat Maandag in Snake Park, Soweto, gered is. Die woordvoerder van die SAPD, Athlenda Mathe, het onthul die polisie het 49 ontvoerders aangekeer en op 21 voertuie en agt vuurwapens beslag gelê in Gauteng, Noordwes en die Vrystaat:
Estie Schreiber gesels vandag met jou oor Oksidatiewe stres, die stille skuldige agter chroniese siektes. Die produk wat hulp kan bied is "OXIPROVIN". Nou beskikbaar by alle apteke. Vir meer inligting besoek www.oxiprovin.co.za, of stuur gerus vir ons ‘n epos na info@sanatural.co.za.
President Joe Biden kom onder toenemende druk om uit die presidensiële wedloop te tree na sy swak vertoning tydens sy debat teen Donald Trump. Senators van sy eie party sê ook ‘n plaasvervanger moet gevind word omdat Biden eenvoudig te oud is. Maar, die goewerneur van Kentucky, Andy Beshear het ‘n heel ander benadering...
Springbok-afrigter Rassie Erasmus het ʼn ervare begin-groep met 20 Wêreldbeker-wenners aangekondig wat Ierland Saterdag op ʼn stampvol Loftus Versfeld gaan takel. Daar is 15, onder wie kaptein Siya Kolisi, in die beginspan en nog vyf op die bank. Erasmus sê hulle het ʼn ses-twee-verdeling tussen voor- en agterspelers op die bank met Sacha Feinberg-Mngomezulu wat voor Manie Libbok is:
Die sewemalige kampioen, Novak Djokovic, is gemaklik deur na die tweede ronde by Wimbledon nadat hy die Tsjeggiese kwalifiseerder, Vit Kopriva, met 6-1, 6-2, 6-2 afgeransel het. Dis die Serwiër se eerste wedstryd ná sy knie-operasie. Andrey Rublev van Rusland is die hoogste gekeurde speler wat in die mans-enkelspel uitgeval het nadat die Argentyn, Francisco Comesana, hom met 6-4, 5-7, 6-2, 7-6 verslaan het. Die Duitser, Alexander Zverev, en die Deen Holger Rune is ook deur na die tweede ronde. Djokovic sê hy is tevrede met sy spel:
Die Verenigde Nasies se Werkgroep oor Willekeurige Aanhouding beskou die aanhouding van twee Suid-Afrikaanse ingenieurs in Ekwatoriaal-Guinee as onwettig en eis hulle onmiddellike vrylating. Frik Potgieter en Peter Huxham word sedert Februarie verlede jaar aangehou op versinde aanklagte te midde van ‘n diplomatieke geskil oor die beslaglegging op bates van visepresident Teodore Nguema Obiang Mangue. Die families se woordvoerder, Francois Nigrini, versoek vinnige optrede om hulle vry te laat omdat hulle onskuldig is en die regte regstappe nie gevolg is nie:
Slegs sowat 520 000 kiesers is in die eerste drie weke geregistreer, en nog bykans 1,7 miljoen moet voor 1 Augustus geregistreer word. Die Verkiesingskommissie het reeds sekere probleme uitgelig, soos dat kommunale boere wat met hul vee agter weiding aan trek moeilik sal wees om te registreer. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Frederico Links, 'n navorser by die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing, wat sê die registrasietyd moet dalk verleng word, maar mense moet ook hulle deel doen en betyds gaan registreer.
Die nuwe tariewe vir elektrisiteit het 'n herrie ontketen weens meeste huishoudings en besighede wat reeds onder finansiële druk is. Die Stad Windhoek se nuwe tariewe het egter nog nie in werking getree nie omdat die Stad nie voldoen aan Elektrisiteitsbeheerraad se vereistes nie. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Cillie Kapolo, Stad Windhoek se woordvoerder, oor hoe ver hulle is met voldoening.
Vyf Swapo-lede dagvaar die party om ‘n kongres te hou na president Hage Geingob se dood, om 'n partypresident te kies. Swapo het egter teruggekap en 'n koste-bewaringsbevel aangevra teen die lede. Dit is sodat hulle moet bewys dat hulle genoeg geld het om regskostes te betaal indien hulle die saak verloor. Swapo voer aan dat van die lede reeds om finansiële hulp moes vra na hulle ander hofsake verloor het. Dit wil egter voorkom asof Swapo probeer verhoed dat daar ‘n kongres gehou word. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met prokureur Richard Metcalfe van Metcalfe Beukes Prokureurs, wat die vyf applikante verteenwoordig. Hy sê die Swapo-prokureurs wend 'n desperate poging aan om litigasie te keer.
‘n Voormalige Suid-Afrikaanse polisiebeampte en Britse paspoorthouer, Peter Fouché, is dood as soldaat vir Oekraïne. Volgens News24 was hy bekend vir sy wydverspreide video waarin hy die vertragings met militêre hulp vanuit die Weste skerp veroordeel en Suid-Afrika se verhouding met Rusland skerp gekritiseer het. Hy het as ‘n oorlogsparamedikus by die weermag van Oekraïne aangesluit en die liefdadigheidsorganisasie, Projek Konstantin, gestig ter ondersteuning van die pogings van Oekraïne aan die frontlinie. Die regering van die Verenigde Koninkryk het sy dood bevestig en staan sy gesin by.
Engeland en Spanje is deur na die kwarteindronde van die Europese Kampioenskap in Duitsland. In die laaste 16 het Jude Bellingham en Harry Kane se doele Engeland ʼn twee-een-sege in ekstra oor Slowakye besorg. Gareth Southgate se span kom Saterdag in die kwarteindstryd teen Switserland te staan. Intussen het Spanje met vier-een die span van Georgië afgeransel en hul kragmeting teen die gashere van Duitsland bespreek. Southgate het die span se geestesgesteldheid geloof:
Die Windhoek-brandweer is tans op die toneel oos van die hoofstad waar ‘n brand Sondag ontstaan het. Owerhede en vrywilligers het onmiddellik gereageer toe nuus van die brand bekend gemaak is. Op die oomblik wil dit voorkom asof die brand onder beheer is. Fillipus Sikongo, senior stasiebeampte by die Windhoek-brandweer het meer.
George Russell van Mercedes het die Oostenrykse Grand Prix gewen nadat Red Bull-renjaer Max Verstappen en Lando Norris van McLaren in die stryd om voor te loop, gebots het. Met sewe rondtes oor is Verstappen met tien sekondes gestraf omdat hy die botsing met Norris veroorsaak het. Die McLaren-bestuurder moes onttrek. Norris se spanmaat, Oscar Piastri, was tweede en Carlos Sainz van Ferrari derde. Russell sê hy is gelukkig met die tweede oorwinning van sy Formule Een-loopbaan:
Watervoorsiening kry ongekende aandag, veral in gebiede waar infrastruktuur ouer is en bevolkingsgroei aangeteken is. Die lynminister, Calle Schlettwein het oor die naweek die nuwe Ohangwena watervoorsiening-skema, ter waarde van 250 miljoen Namibiese dollar bekend gestel. Meer as 200 kilometer se pyplyn sal geïnstalleer word, reservoirs en boorgate sal ontwikkel word en watertorings word gebou.
Die DA sê hy is trots om vir die eerste keer sy plek in die nasionale regering in te neem. Die party het ses ministeries en ses adjunkministers in die nuwe Kabinet. Dit sluit die leier, John Steenhuisen, in as minister van Landbou, Siviwe Gwarube as minister van Basiese Onderwys en Leon Schreiber as minister van Binnelandse Sake. Steenhuisen sê hulle is gereed om hul prestasies van uitstekende regering, geen verdraagsaamheid teenoor korrupsie en pragmatiese beleidmaking voort te sit:
TERUG: Die aanstellings het die Suid-Afrikaanse rand laat versterk met amper 1,6 persent in die afgelope 24 uur.
Reaksie word ontvang op berigte dat Swapo ‘n koste-bewaringsbevel aanvra teen die lede wat hom dagvaar om ‘n kongres te hou na president Hage Geingob se dood. Die taktiek word dikwels gebruik om hofsake uit die weg te ruim omdat daar bewys moet word dat daar genoeg geld is om regskostes te betaal indien die saak verloor word. Dit wil voorkom asof Swapo probeer keer dat daar ‘n kongres gehou word om ‘n partypresident te kies. Ontleder, dr. Ndumba Kamwanyah het sy mening so verwoord.
Die Suid-Afrikaanse rand het met net meer as 1,5 persent verstewig na die nuwe kabinet in die buurland aangekondig is. Politieke partye in die regering van nasionale eenheid wat ministeries gekry het, sluit in die DA, IVP, Vryheidsfront Plus en Patriotic Alliance. President Cyril Ramaphosa sê die inkomende regering sal voorkeur gee aan vinnige, inklusiewe en volhoubare ekonomiese groei, en om ʼn meer regverdige samelewing te skep deur armoede en ongelykheid aan te spreek.
Die PDM parlementslid Inna Hengari se kommentaar dat huur beheer moet word het skerp reaksie by ekonome uitgelok. Hulle beskryf dit as gebrekkig en sê mense wat dink dis goeie beleid, behoort nie beleid te maak nie. Hulle sê beleidsmakers moet eerder die trae ekonomiese groei en beperkte behuising aanspreek, as om huur te beheer. Kosmos 94.1 Nuus het met Hengari gepraat, wat kommentaar lewer op die kritiek.
President Cyril Ramaphosa het sy nuwe kabinet aangekondig, wat bestaan uit die 11 politieke partye wat deel is van die regering van nasionale eenheid. Die adjunkpresident bly Paul Mashatile. Sommige sleutelaanstellings sluit in die DA-leier John Steenhuisen as die landbouminister, die Vryheidsfront Plus-leier Pieter Groenewald as die minister van Korrektiewe Dienste, en Enoch Godongwana wat aanbly as minister van Finansies. Terselfdertyd is Gayton Mackenzie, leier van die Patriotic Alliance, die sportminister. Ramaphosa sê die kabinet gee uitvoering aan die kiesers se wil:
Die inwoners van Omaruru het aangekondig dat hulle Woensdag 'n vreedsame betoging by die Ondjoze-diensstasie gaan hou. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Ferdinand Hengombe, 'n inwoner van Omaruru, wat verduidelik waaroor dit gaan. Hy sê die inwoners het begin om ongerymdhede in die munisipaliteit op te merk.
Namibië het 'n toekenning van 30 miljoen Namibiese dollar gekry deur 'n gesamentlike poging van die VN se Voedsel- en Landbou-organisasie en China, om boere te ondersteun met tegniese bystand, verbeterde tegnologie en opleidingsprogramme. Volgens die landbouministerie se skakelbeampte, Jona Musheko, sal boere kennis en hulpbronne verkry op gebiede soos grondvrugbaarheid, plantgesondheid, saadproduksie en pluimveeboerdery. Nog 'n sleutelarea is grondverbetering. Die landbouministerie sal die projek lei en het 'n nasionale projekbestuurskomitee gestig. Die komitee sal toesig hou oor die leiding, koördinering en ontplooiing van die 11 Chinese kundiges en drie tegnici wat aan die inisiatief toegewys is. Kosmos 94.1 Nuus het met Musheko gepraat oor die belangrikheid van die vennootskap.
Die onderwysvakbond Sadtu sê die DA behandel die ANC soos bedelaars in die regerings-onderhandelings. Die hoofsekretaris, Mugwena Maluleke, sê die DA moet die opposisie wees en diegene wat die land se belange vooropstel moet die onderhandelings voortsit. Hy voeg by hulle kan nie toelaat dat markte voorskryf nie, omdat die land aan sy regmatige eienaars teruggegee moet word:
Eskom sê met die kouer weer en gepaardgaande toename in kragverbruik, werk hy aan oplossings vir die probleem van oorlading in sekere gebiede. Eskom se woordvoerder, Daphne Mokwena, sê die kwessie kan grootliks toegeskryf word aan onwettige verbindings, vandalisme, gepeuter met meters, ongemagtigde netwerkbedrywighede, die diefstal van netwerktoerusting en die aankoop van krag van ongelisensieerde verkopers:
Die onderwysministerie gaan die voorvereistes hersien vir pre-primêre en graad 1 tot 3 onderwysposte, en al die poste is opgeskort. Die adjunk uitvoerende direkteur van die ministerie, Edda Bohn, sê die vraag en aanbod het verander. Daar is kommer dat die hersiening reeds gekwalifiseerde onderwysers nadelig gaan beïnvloed. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Dorothea Nangolo van die Namibië Nasionale Studente-organisasie, wat in haar persoonlike hoedanigheid gepraat het. Sy sê dit is 'n goeie ding.
Die regering se sesde administrasie het vir die eerste keer in 15 jaar sy eerste hoofbegrotingsurplus behaal. Die waarnemende regeringswoordvoerder, Nomonde Mnukwa, sê die laaste begrotingsoorskot was voor die wêreldwye finansiële krisis in 2008. Mnukwa voeg by die prysenswaardige prestasie is bereik danksy die steun wat die Nasionale Tesourie van president Cyril Ramaphosa, die minister van Finansies, Enoch Godongwana, en die kabinet ontvang het, en ondanks die talle uitdagings wat die nasionale fiskus moes hanteer:
Die EFF sê hy is bereid om deel te neem aan 'n ANC-geleide regering van nasionale eenheid solank dit die DA en die Vryheidsfront Plus uitsluit. Marshall Dlamini, sekretaris-generaal van die EFF, sê die DA en VF Plus verteenwoordig die imperialistiese verwerping van progressiewe internasionalisme en regstellende aksie, asook die onteiening van grond sonder vergoeding om apartheid en die koloniale grondregime aan te spreek:
'n Afvaardiging van Build One South Africa, insluitend die leier Mmusi Mainane, het ANC-leiers ontmoet om 'n koalisie op nasionale vlak te bespreek. BOSA se waarnemende woordvoerder, Roger Solomon, sê dit het 'n duideliker begrip gegee oor indien, en hoe, BOSA moontlik kan deelneem. Solomons sê die instelling van 'n verklaring van voorneme is noodsaaklik vir enige nuwe regering:
Die kontroversiële sodomiewet is onlangs deur 'n volbank regters as ongrondwetlik verklaar. Nog 'n kontroversiële kwessie in die land is aborsies. Met die verkiesing wat voorlê, is dit nodig om te weet waarvoor die verskillende politieke partye staan. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die LPM-woordvoerder Lifalaza Simataa, oor wat die party se standpunt oor aborsie is. Hy het nie 'n direkte antwoord gegee nie.
Die Universiteit van die Wes-Kaap het sy verbintenis tot solidariteit met die mense van Palestina herbevestig met 'n beslissende mosie wat die universiteitsraad, die senaat, die konvokasie en die studenteraad onderskryf het. UWK se woordvoerder, Gasant Abarder, sê die mosie bevestig hulle onwrikbare steun vir geregtigheid, menseregte en die heropbou van die Palestynse hoër onderwys-instellings. Abarder sê die universiteit verbeek sy bande met Israeliese akademiese instellings ten volle:
Die Bank van Namibië het sy kwartaallikse bulletin vrygestel oor plaaslike ekonomiese aktiwiteite in die eerste kwartaal van die jaar. Wêreldwye ekonomiese groei het veerkragtig gebly, ten spyte van streng monetêre beleid. Hoë rentekoerse het voortgegaan om druk op beide plaaslike en internasionale vraag uit te oefen. Sandra Garises, die hoof kommunikasiespanleier by die sentrale bank, gee meer inligting.
Die voormalige nasionale voorsitter van die EFF, Dali Mpofu, sê die ANC het die rewolusie uitverkoop om die ongeregtighede van die verlede reg te stel deur met regsgesinde magte soos die DA in die regering van nasionale eenheid saam te werk. Mpofu het tydens 'n EFF-potgooi oor die regeringsonderhandelings gepraat. Hy sê die ANC het besluit om met die DA in die bed te spring, wat nou die mag het om enige poste te eis:
Die IVP-leier, Velenkosini Hlabisa, vra die ANC en die DA om uitstaande kwessies oor die vorming van die regering van nasionale eenheid op te los. Hy beklemtoon die noodsaaklikheid van die opsyskuif van persoonlike belange om die nuwe kabinet te finaliseer om die land se dringende kwessies aan te spreek. Hlabisa sê die IVP bly verbind tot die regering van nasionale eenheid:
Leiers van die Europese Unie het Ursula von der Leyen van Duitsland vir 'n tweede termyn van vyf jaar as president van die Europese Kommissie benoem. Hulle het by 'n beraad in Brussel ook die voormalige Portugese premier Antonio Costa benoem as voorsitter van die Europese Raadsvergaderings en Estland se eerste minister Kaja Kallas as die volgende hoof van buitelandse beleid. Von der Leyen verwelkom haar benoeming:
Die nasionale behuisingsonderneming, die stedelike ontwikkeling-ministerie en die Swakopmund munisipaliteit het onlangs 119 huise in die dorp oorhandig. Die munisipaliteit sê die projek is 'n voorbeeld van wat uitgerig kan word wanneer instellings saamwerk. Die munisipaliteit sê hulle moet voortgaan om behuisingslewering te prioritiseer, om volhoubare gemeenskaps- en stedelike ontwikkeling te verseker. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Linda Mupupa, die Swakopmund-munisipaliteit se woordvoerder, wat kommentaar lewer.
Die vakbond Solidariteit het formeel gevra vir die verlenging van Suid-Afrika se lidmaatskap van die Afrika Groei en Geleenthede-ooreenkoms met Amerika. Dit kom te midde van voortuderende hersiening van AGOA in die Amerikaanse Kongres met die ooreenkoms wat volgende jaar verstryk. Solidariteit se ekonomiese navorser, Theuns du Buisson, sê die ooreenkoms bevoordeel byna 30 000 van sy lede in sektore soos chemikalieë, motorvervaardiging, en die sitrusbedryf:
Die Black Business Council is bekommerd oor die stadige pas van die regering van nasionale eenheid se onderhandelings tussen president Cyril Ramaphosa en die DA-leier, John Steenhuisen. Ramaphosa het die noodsaaklikheid van 'n billike ooreenkoms beklemtoon vir 'n bestendige regering. Die uitvoerende hoof van die raad, Kganki Matabane, sê die ANC moet sy standpunt oor ekonomiese transformasie handhaaf te midde van verskillende sienings van die DA:
Suid-Afrika staan vanmiddag voor ‘n Dawid teen Goliat-stryd in die eindstryd van die T20 Wêreldbeker teen Indië op die Kensington-ovaal. Die Proteas wil hulle eerste Wêreldbeker-trofee verower nadat hulle Afghanistan met nege paaltjies geklop het. Indië het Engeland met 68 lopies verslaan en sal na verwagting klipharde teenstanders wees. Oud-Protea Fanie de Villiers het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Daar heers groot opgewondenheid vir vanmiddag se wedstryd tussen die Windhoek Beer Welwitschias en Suid-Afrika se Blou Bulle. Die vriendskaplike wedstryd skop om drie-uur vanmiddag af op die Hage Geingob-stadion in die hoofstad. Hoofafrigter Allister Coetzee het met Sport Wrap gesels en ‘n beroep op Namibiërs gedoen om die span te ondersteun.
Na die rampspoedige debat het die New York Times ‘n beroep op president Joe Biden gedoen om uit te tree. Die invloedryke publikasie sê dit is eenvoudig die regte ding om te doen. Maar, Biden het terug baklei by ‘n politieke saamtrek in Raleigh, Noord-Carolina.
Drank- en dwelm-misbruik raak ‘n toenemende probleem in Namibië en owerhede sukkel nie net met die beheer daarvan nie maar, ook die maatskaplike koste. Copps 94.1 het direk daarmee te doen gehad tydens Vrydagaand se program. Francois Lottering was, oudergewoonte, aan diens.
Die jaarlikse Bonsmara Top 10 veiling gaan by die Agra Veilingskrale in Otjiwarongo gehou word. Die geleentheid vind op 19 Julie om 11-uur die oggend plaas. 'n Span telers gaan 'n topseleksie van 25 Bonsmara-bulle aanbied. Kosmos 94.1 Nuus het met Hella Coetzee van Agra gesels oor die bulle wat aangebied word.
Cosatu doen 'n beroep op die regering van nasionale eenheid om vinnig te beweeg en om sodra die Kabinet aangestel is, blokkasies uit die weg te ruim vir die ontsluiting van die ekonomie. Cosatu se woordvoerder, Zanele Sabela, sê dit is van kritieke belang vir die nasionale Tesourie om sy verbintenis na te kom om te sien waar brandstofbelasting verminder kan word, asook om voort te gaan met pogings om te verseker Eskom kan betroubare en bekostigbare elektrisiteit verskaf, en minder afhanklik word van onbekostigbare dubbelsyfertariefverhogings.
Die landbouministerie en NamWater het 'n sooispit seremonie vir die Ondangwa-Omutsegwonime-pyplyn vervangingsprojek in Ondangwa aangebied. Die seremonie merk die begin van Fase 1, met die fokus op die kritieke 17km-lange pypleiding van Ondangwa na Oshali. Die Ondangwa-Omutsegwonime grootmaat watervoorsieningskema, bekend as die Suidoos-skema, is 'n noodsaaklik vir die Oshana- en Oshikoto-streke en vervoer drinkbare water 110km ver. Dele van die pypleiding moet egter vergroot en vervang word om in verhoogde vraag te voldoen. Abraham Nehemia, die uitvoerende hoof van NamWater, het die hoofrede by die seremonie gelewer.
Die Save South Africa Civic Movement het die huidige regering van nasionale eenheid-onderhandelings gekritiseer as 'n mors van tyd, wat hoofsaaklik diegene wat meeding om ministeriële posisies bevoordeel, eerder as om die burgers te dien. Die groep beweer die president het die grondwetlike gesag om ministers aan te stel en versoek RNE-lede om nasionale belange voorop te stel. Die beweging se woordvoerder, Tebogo Mashilompane, het partye soos die EFF en MK geprys oor hul verwerping van die onderhandelingsproses.
Die finale sperdatum vir SIM-kaart registrasies is om die draai en Namibiërs word aangemoedig om hul SIM-kaarte so gou moontlik te registreer. Inligtingsminister Emma Theofelus het onlangs in 'n ministeriële verklaring in die Nasionale Vergadering gesê sowat 91 persent van alle SIM-kaarte is reeds geregistreer. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Shoki Kandjimi, die inligtingministerie se senior skakelbeampte, wat 'n boodskap vir die publiek het.
Almal is opgewonde oor die groot wedstryd môre tussen die Welwitschias en die Blou Bulle! Die wedstryd dien as voorbereiding vir Namibië se toetswedstryd teen Portugal op 13 Julie, asook die Afrikabeker in Uganda aan die einde van Julie. Die spanne takel mekaar op die Hage Geinbob-stadion in die hoofstad, en sprankelspel is op die spyskaart. Kosmos 94.1 Sportnuus het eksklusief gepraat met Eugene Hare, die uitvoerende hoof van die Blou Bulle, wat sê die Bulle is op pad en sien uit na die geleentheid.
Visepresident Netumbo Nandi-Ndaitwah het die Hoofmanne Forum-vergadering van die leiers van gemeenskappe wat deur die Duitse volksmoord van 1904 tot 1908 geraak is, toegespreek. Sy het verslag gedoen oor onderhandelings met Duitsland oor herstellende betalings, wat al jare lank sloer. Daar is onder andere nog nie 'n finale bedrag vasgestel nie. Nandi-Ndaitwah het allerhande verskonings aangebied, onder meer "die ondoeltreffende internasionale politieke stelsel". Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Deodat Dirkse van die Nama Tradisionele Leiers-vereniging.
Die Afrika Ekonomiese Vooruitsigte-verslag deur die Afrika Ontwikkelingsbank sê dat die kontinent getransformeer het sonder industrialisasie, maar deur 'n lae-geskoolde dienstesektor, hoofsaaklik as gevolg van lae vervaardigingsaktiwiteite. Die uitbreiding in indiensneming in dienste, wat bydra tot groeibevorderende strukturele verandering, het gepaard gegaan met 'n skerp afname in indiensneming in landbou. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die plaaslike ekonoom Gabriel Erastus, wat gebreke in die plaaslike ekonomie uitlig.
Dit is Time To Hike by die Lake Oanob-oord! Op Saterdag, 29 Junie om 07h30 vind 'n 10km begeleide roetestap plaas. Die beginpunt is by die restaurant lapa. Toegang is 30 Namibiese dollar per volwassene, kinders is gratis. Die opbrengs gaan vir Oanob Cats Project. Voorheen geliefde klere en kosse vir verskeie gemeenskappe kan ook bygedra word. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Henrico Morgenroth, een van die organiseerders, wat 'n uiteensetting van die inisiatief gee.
Die onafhanlike presidensiële kandidaat, Ally Angula het planne om nog verder geld te spandeer. Die nuutste is 'n 12 miljard Namibiese dollar Enterprise Namibia Fund om blykbaar Namibië jeug se sakevernuf aan te moedig. Angula het vele plannetjies om jeug werkloosheid te bekamp deur staat geld te gebruik. Sy beplan ook om vir drie jaar 1 750 dollar as 'n maatskaplike toelaag vir Namibiërs aan te bied.
Die premier van Gauteng, Panyaza Lesufi, sê onderhandelings vir provinsiale kabinetslede is afgehandel. Lesufi het Sondag die aankondiging van die provinsiale kabinet uitgestel met verwysing na ingewikkelde gesprekke. Lesufi het bykans twee weke sedert sy herverkiesing, nog nie sy uitvoerende bestuur aangekondig nie. Hy het tydens 'n elektrifiseringsprojek in Kromdraai, Mogale City, die versekering gegee die aanstellings sal binnekort aangekondig word, hangende die nasionale regering se goedkeuring.
Die eerste maand van die registrasie van Namibiese kiesers is byna op 'n einde. Die verkiesingskommissie sê tot op 22 Junie is 536 202 kiesers geregistreer. In die week van 17 tot 22 Junie is egter net gemiddeld 28 211 kiesers landswyd elke dag geregistreer. Daar is altesaam sowat 1,7 miljoen kiesers wat voor 1 Augustus moet registreer. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die kommissie se woordvoerder, De Wet Siluka, oor die getalle.
Die Activists and Citizens Forum sê politieke partye moet ophou om die leuen te versprei dat die land hulle versoek het om almal saam te werk. Die woordvoerder van die Forum, Dennis Bloem, sê politieke partye het op 29 Mei kiesers oortuig om vir hulle onderskeie politieke partye te stem. Volgens Bloem het die kiesers op geen stadium ingestem tot ‘n regering van nasionale eenheid nie.
President Cyril Ramaphosa het gevra dat ʼn gesamentlike sitting van die Nasionale Vergadering en die Nasionale Raad van Provinsies gehou word vir die Parlementsopening op 18 Julie 2024. Die sitting wat saamval met Internasionale Nelson Mandela-dag, sal die president kans gee om die sewende administrasie se prioriteite uiteen te sit. Woordvoerder Vincent Magwenya sê die geleentheid wil Mandela se nalatenskap eer:
Die debat tussen president Joe Biden en sy voorganger Donald Trump oorheers die nuustoneel. Terwyl Biden nie goed gevaar het nie en talle male, tot die diepe kommer van Demokrate, sy ouderdom getoon het, was daar darem hier en daar ‘n staaltjie, soos toe hy aan Trump gesê het hy het die morele waardes van ‘n straatkat.
In Suider-Afrika is La Niña geneig om geassosieer te word met bogemiddelde reënval en voorspellings was dat die streek wel die stelsel die komende somer sou sien ontwikkel. Maar, die nuus kan nie slegter wees nie. Die Suid-Afrikaanse weerkenner Johan van den Berg het 'n opdatering oor die Namibiese toestande gegee en gesê dat La Niña in die komende maande neutraal sal bly en nie sterk sal ontwikkel nie.
Terwyl die verwagting is dat brandstofpryse in Suid-Afrika gaan daal in Julie, wag Namibiërs in spanning om te hoor wat plaaslik gaan gebeur. Dit is veral na die hoër elektrisiteitstariewe aangekondig is. Kosmos 94.1 Nuus kan bevestig dat die brandstofpryse vandag of Maandag bekendgemaak sal word. Robert McGregor, 'n ekonoom van Cirrus, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor sy voorspelling.
Individuele belastingbetalers word daaraan herinner dat opgawes teen Sondag ingedien moet word. Terwyl daar steeds individue is wat harde kopieë indien, en die rye word buite NamRA se kantore gesien, kan dit ook aanlyn op dit Itas-stelsel gedoen word. Kosmos 94.1 Nuus het met NamRA se hoof van kommunikasie Steven Ndorokaze gepraat.
'n Verslag deur Smile ID oor ID-bedrog het Suid-Afrika bo-aan die lys vir die vasteland geplaas vir die uitfasering van die groen strepieskode-identiteitsboek. Ondanks die slim identiteitskaart wat meer as tien jaar gelede h ingestel is, het die regering steeds nie die ou ID's geskrap nie. 'n Sekuriteitskenner, Andy Mashaile, onderstreep die kwesbaarheid van die groen ID weens diefstal en bedrog. Hy het aan SABC News gesê die kans dat bedrog met slim ID's gepleeg kan word is vyf maal skraler:
Pasiënte wat uit die Katutura Staatshospitaal na tente verskuif is kla steeds dat die tente nie geskik is vir pasiëntesorg nie. Die pasiënte is in die tente weens die voortdurende opknappings aan die hospitaal. Die gesondheidministerie se uitvoerende direkteur, Ben Nangombe, het vroeër aan Kosmos 94.1 Nuus gesê hulle doen wat hulle kan met die hulpbronne wat hulle het, en die verblyf in tente is net tydelik. Die kwessie is weer in die Nasionale Vergadering opgehaal. Gesondheidminister Kalumbi Shangula sê dat pasiënte in die omstandighede die beste sorg ontvang.
Die Suid-Afrikaanse jeug is aangemoedig om ywerig te bly in hul entrepreneurskapsreis. Green Youth Indaba se voorsitter, Sanele Zulu, het die noodsaaklikheid beklemtoon om geleenthede te bied en die hoë werkloosheids-probleem aan te pak. Zulu het met die SABC gepraat en die belangrikheid van entrepreneurskapsopvoeding en begrip van wetgewende bepalings vir ondernemings beklemtoon. Hy het 'n beroep op jong entrepreneurs gedoen om proaktief geleenthede te soek om die ekonomie te verbeter en werkloosheid aan te spreek:
Generasionele plaaswerkers en die wat in korridors woon bly ‘n uitdaging in die land. Die adjunk-landbouminister Anna Shiweda het in die parlement 'n uiteensetting gegee van die bedrag wat die ministerie gekry het om grond vir die hervestiging van hierdie plaaswerkers te bekom. Sy sê dit is nie genoeg nie, maar wanneer hulle nog fondse kry sal hulle meer grond beskikbaar maak.
Die 14de Wêreldrugby Onder 20-kampioenskap word van môre tot 19 Julie vir die tweede agtereenvolgende jaar in die Moederstad aangebied. Kaapstad se burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekuriteit, JP Smith, sê die wêreld se 12 beste nasies meet oor vyf wedstryd-dae kragte op die Athlone-stadion, die Kaapstad-stadion en Danie Craven-stadion in Stellenbosch:
Volgens die jongste data van Statistieke Suid-Afrika, doen aansienlik minder ondernemings aansoek om te sluit. Verlede maand het 125 ondernemings hulle deure gesluit, ‘n daling van 17,2-persent teenoor die vorige jaar. Die totale aantal likwidasies vir die vyf maande is 638, ‘n daling van 9,3-persent teenoor dieselfde tydperk verlede jaar. Die opnamestatistikus van Statistieke SA, Onica Mushwana, glo dit dui op ‘n effense verbetering met die oorlewing van ondernemings in die huidige stram ekonomiese toestande:
Vae en ondeursigtige algoritmes druk aanlyngebruikers in inligtingborrels in en versterk vooroordele insluitend rassisme, vrouehaat en diskriminasie van alle soorte. Dit is die mening van Antonio Guterres, sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies. Hy sê tegnologie-reuse moet verantwoordelikheid aanvaar.
Die Afrika Gasvryheid-beleggingsforum het sake afgehandel by die Mövenpick Hotel in die hoofstad. Hierdie eerste Suider-Afrika-geleentheid het vooraanstaande internasionale hoteleienaars, beleggers en bedryfsleiers gelok. Die forum se doel is om groei te inspireer, ontwikkeling te bevorder en gasvryheidsbelegging in die streek aan te dryf. Lullu Krugel van PwC Suid-Afrika het beklemtoon hoe belangrik dit is om te verstaan wat beleggers na Afrika lok:
Die vorming van 'n regering van nasionale eenheid in Suid-Afrika is op 'n mespunt, nadat president Cyril Ramaphosa glo 'n kabinetsaanbod aan die DA gemaak het, en dit toe teruggetrek het. Die DA is na bewering die ministerskap van handel en nywerheid aangebied, maar dit is vervang met toerisme. Die DA is woedend en dring aan op die oorspronklike poste, en sê hulle sal nie heronderhandel nie. Kosmos 94.1 Nuus het eksklusief met die Suid-Afrikaanse politieke ontleder prof. Andre Duvenhage gepraat, wat sy siening uiteensit.
Visepresident Netumbo Nandi-Ndaitwah blameer die onstuimige geopolitiek en wat sy as die ondoeltreffende internasionale politieke stelsel beskryf vir die sukkelende onderhandelinge met Duitsland oor die volksmoord. Sy was die gasheer vir die Hoofmanne Forum-vergadering van die leiers van gemeenskappe wat deur die Duitse volksmoord van 1904 tot 1908 geraak is. Sy sê die oorloë in Oekraïne en Gaza bewys die ernstige tekortkominge in die internasionale gemeenskap.
Die opgewondenheid loop hoog vir die lang-verwagte kragmeting môre tussen die Welwitschias en die Blou Bulle van Suid-Afrika. Die sterk span sal die Namibiërs se vaardighede tot op die uiterste beproef, maar sjampanje-rugby is gewaarborg en 'n stampvol stadion word verwag. Kosmos 94.1 Sportnuus het eksklusief gepraat met Willem Strauss, president van die Blou Bulle.
Die Suid-Afrikaanse rand het begin daal en daal steeds, te midde van onsekerheid oor president Cyril Ramaphosa se kabinet. Spanning laai ook op omdat daar friksie is tussen die DA, die ANC se grootste koalisievennoot, en Ramaphosa oor sleutelportefeuljes. Kosmos 94.1 Nuus het met die Suid-Afrikaanse ekonoom Chris Hart gesels oor wat die rand in die komende dae gaan doen.
Vroeër die jaar is aangekondig dat elektroniese oordrag-betalings van Namibië na en van ander lande in die gemeenskaplike monetêre gebied sal verander. Die lande is Suid-Afrika, Eswatini en Lesotho. Die betalings sal nie meer elektronies gedoen word nie, maar via die SWIFT-platform verwerk moet word. Al sulke betalings sal dus as buitelandse valuta-betalings beskou word, wat koste- asook tyd-implikasies het. Die nuwe reëling tree op 30 September vanjaar in werking. Die plaaslike landboukenner Wallie Roux sê Namibië se werklike lewenskostes sal die hoogte inskiet.
Nuus vanuit Amerika toon dat die Demokratiese Party skarrel na president Joe Biden se vertoning tydens sy debat teen sy voorganger Donald Trump. Hy het talle male sy ouderdom getoon en daar is groot kommer. Die visepresident Kamala Harris het hom verdedig in ‘n onderhoud na die debat met Anderson Cooper van CNN.
Die Besigheids- en Intellektuele Eiendomsowerheid, Bipa, het vroeër sy jaarlikse boete-kwytskeldingsprogram met drie maande verleng tot 30 Junie. Bipa het verskeie streke besoek waar sakelui na sekere dorpe kon gaan om aansoek te doen vir die kwytskeldingsprogram. Die program kom Sondag tot 'n einde. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die owerheid se woordvoerder, Ockert Jansen, oor hoe die aansoeke verloop het.
Die voorsitter van die Thabo Mbeki-stigting, Geraldine Fraser-Moleketi, sê die 2024-verkiesing het toenemende samelewingsverdelings in Suid-Afrika aan die lig gebring. Sy het op 'n nuuskonferensie van nege stigtings gepraat, waaronder die Steve Biko- en die Chief Albert Luthuli-stigtings. Sy het kwessies soos welvaartongelykheid, stedelike-landelike gapings en onvoldoende bestuur benadruk. Die stigtings doen 'n beroep vir 'n nasionale dialoog om die land te verenig, 'n gedeelde visie te smee en Suid-Afrika se demokrasie te versterk.
Die langverwagte debat tussen president Joe Biden en oudpresident Donald Trump is afgehandel. Kenners is dit eens dat Trump sterker vertoon het en Biden sy ouderdom gewys het. Maar, Trump kom onder skoot vir wat ontleders meen pure leuens was met talle van sy aanmerkings wat nie waar was nie. Nietemin, al die belangrike kwessies het onder die loep gekom.
Alle pre-primêre en graad 1 tot 3 onderwysposte is opgeskort, omdat die voorvereistes hersien gaan word. Die vereistes was bedoel om standaarde te verhoog en gehalte-onderwyslewering op grondliggende vlakke te verseker. Onderwysers en belanghebbendes was egter bekommerd dat die veeleisende vereistes reeds gekwalifiseerde onderwysers vir poste sal diskwalifiseer. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die adjunk uitvoerende direkteur van die onderwysministerie, Edda Bohn, wat sê die vraag en aanbod het verander.
Die Christian Revival Church is op pad na Namibië vir 'n saamtrek in Windhoek. Die Windhoek Harvest and Prayer for Our Nation-geleentheid by Windhoek Hoërskool se Vegkop-stadion sal deur pastoor At Boshof gelei word. Meyer van Wyk van die Christian Revival Church gee meer inligting.
Die kabinetskomitee-inligtingsessie van die Sport, Jeug en Nasionale Dienste-ministerie het by die Regeringsinligtingsentrum plaasgevind. Jeugminister Agnes Tjongarero het 'n opdatering gegee van die verskillende geleenthede wat vir die jeug beskikbaar is. Onder die projekte is die jeugkredietskema. Die regering het 10 miljoen Namibiese dollar weggesit vir beginbesighede vir jongmense. Tjongarero het meer inligting.
FNB se hoofekonoom, Mamello Matikinca-Ngwenya, het kennis geneem van die styging in die FNB/BER Verbruikersvertroue-indeks ondanks onsekerhede oor die samestelling van Suid-Afrika se regering van nasionale eenheid. Die indeks het in die tweede kwartaal van 2024 tot minus-12 gestyg, vanaf minus-15 in die eerste kwartaal, sy hoogste vlak in 18-maande. Die styging word aangedryf deur beter ekonomiese vooruitsigte en sentiment oor die aankoop van duursame produkte. Matikinca-Ngwenya beklemtoon die toename het hoofsaaklik vertroue in die middel- en lae-inkomste huishoudings 'n hupstoot gegee, terwyl hoë-inkomste vertroue onveranderd gebly het.
Die Stad Kaapstad sê daar is vyf bevestigde gevalle van hondsdolheid onder die Kaapse pelsrob-bevolking. Die stad het 'n spesiale inter-regeringskomitee gestig om die omvang van die siekte by die robbe te bepaal en 'n bestuurstrategie in te stel. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Naude Dreyer, die mariene bioloog van Ocean Conservation Namibia, oor of daar enige hondsdolheid onder plaaslike robbe is. Hy sê daar is nog nie enige vreemde gedrag onder die robbe gesien nie.
ReconAfrica het 'n bedryfs-opdatering gegee oor aktiwiteite wat verband hou met Petroleum Exploration License 73, of PEL 73, in noordoos Namibië. Die boortuig, kamp en toerusting is in plek om op 7 Julie met die hoë-impak Naingopo-eksplorasieput te begin. Veldspanne mobiliseer ook vir die aanvang van boorputbou-aktiwiteite vir Prospect P. Werk daar sal begin sodra die Naingopo-put klaar is. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Ndapewoshali Shapwanale, die direkteur van kommunikasie en belangegroep-verhoudinge by ReconAfrica, wat meer inligting gee.
Die kwessie van Namibië se plasing op die Finansiële Aksie Taakmag se gryslys was weer onder die loep in die Nasionale Vergadering. Parlementslede het voor die plasing hard gewerk om sekere wetgewings in orde te kry om te verhoed dat die land gelys word. Finansminister Iipumbu Shiimi het in die NV gesê daar is 13 aksieplanne wat gevolg moet word. Een van hulle is menslike hulpbronne wat versterk moet word. Shiimi het meer.
Die middelman in tenders bly in die nuus. Die gesondheidministerie word gereeld geroskam omdat middelmanne in sy tenderprosesse glo pryse opstoot. Die ministerie se woordvoerder, Walters Kamaya, het verduidelik dat items net duurder word wanneer dit nie onder kontrak is nie. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Dr. Bernhard Haufiku, oud-gesondheidsminister, wat sy mening oor die middelman in die tenderproses gee.
Nege bekende stigtings, insluitend die Thabo Mbeki-stigting en die Desmond en Leah Tutu Legacy Foundation, moedig alle Suid-Afrikaners aan om deel te neem aan die gesprek oor die vorming van die land se toekoms. Die stigtings het op 'n nuuskonferensie 'n beroep gedoen vir 'n nasionale dialoog te midde van die regering van nasionale eenheid se vorming. Die Steve Biko-stigting se uitvoerende hoof, Nkosinathi Biko, betreur die ineenstorting en verlamming van ondernemings in staatsbesit oor die afgelope 15-jaar.
Na aanleiding van vanaand se debat tussen president Joe Biden en sy voorganger Donald Trump, loop Amerikaanse media oor van die kwessies wat onder die loep sal kom. Een is natuurlik immigrasie. Hoor wat meen Biden daaroor...
Namibië gaan op 26 Augustus die 34ste Heldedag by die Omuthiya-ontspanningspark in Omuthiya in die Oshikoto-streek herdenk. Die tema is "Die verering van ons martelare". Die Heldedag-herdenking word op 'n rotasiebasis in die streke gehou en verlede jaar was dit in Windhoek aangebied. Oshikoto goewerneur Penda Ya Ndakolo het die aankondiging gemaak en sy dankbaarheid teenoor die president uitgespreek omdat hy Omuthiya gekies het.
Die regering waarsku Suid-Afrikaners teen onwettige inlywingskole soos die winter-ontgroeningstydperk in dele van die land voortduur. Die direkteur van die Regeringskommunikasie- en inligtingstelsel, Tiisetso Ramotse, doen 'n beroep op ouers om hul kinders te beskerm deur deeglike navorsing te doen voordat hulle na enige skool gestuur word. Ramotse sê die regering veroordeel die gruweldade en sterftes van jong mans en seuns weens besnydenis wat verkeerd loop, ten sterkste.
Chaos het ontaard in die parlement toe die onderwysminister Anna Nghipondoka haar mosie op die beleid op skooltoelae wou ter tafel lê. Die lede het luis beswaar aangeteken omdat dit huisreëls oortree omdat dit oorvleuel het met die PDM LP Hidipo Hamata, se mosie wat reeds op die lys is. Die speaker, Peter Katjavivi, het probeer om die parlementslede stil te kry en die aksie het herinner aan die ou dae met die LPM wat amok gemaak het...
ActionSA in Tshwane verwelkom die stad se munisipale komitee vir openbare rekeninge wat verskeie verslae oor onregmatige besteding aanvaar het en sy besluit om miljoene Suid-Afrikaanse rand van korrupte amptenare terug te eis. ActionSA-woordvoerder Tshepiso Modiba sê die Artikel 79A-komitee het aanbeveel onregmatige besteding van 246 miljoen rand moet in die 2023/2024-boekjaar herwin word:
Inflasie en repokoerse het 'n beduidende impak op die huismark. Soos die lewenskoste toeneem weens inflasie, wil dit voorkom asof meer mense verkies om te huur omdat koop te duur is. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Hillie Valombola, 'n plaaslike eiendomsagent, wat sê dit is broodnodig dat rentekoerse moet daal om die sektor ‘n hupstoot te gee.
Die makelaarsfirma Simonis Storm het ‘n ontleding van eiendomme en aansoeke daarvoor vir Lüderitz gedoen. Die dorpie groei vinnig as gevolg van die ontluikende oliebedryf sowel as groen-waterstof en aansoeke deur ontwikkelaars het aansienlik gegroei. Kosmos 94.1 Nuus het met die burgemeester van Lüderitz, Phil Balhao, gepraat. Hy sê hulle werk hard om die dorp gereed te kry.
Die Elektrisiteitsbeheerraad het ‘n kragtarief-verhoging van 7,9 persent vir Stad Windhoek, wat 10,4 persent gevra het, goedgekeur. Nored, wat 7,7 persent gevra het, het 6,6 persent ontvang. Maar, beide se verhoging kan nie nou geïmplementeer word nie. Petrus Johannes, waarnemende uitvoerende hoof by die beheerraad verduidelik wat die probleem is.
Die nuwe kragtariewe, wat Maandag in werking tree, is vanoggend deur die Elektrisiteitsbeheerraad bekend gemaak. Cenored het 6 persent ontvang met Cenored-Okahandja wat 6,2 ontvang het. Cenored Omaheke gaan op met 1,5 persent. ErongoRED het 6,6 persent verhoging gekry terwyl Keetmanshoop se krag met 6,4 persent opgaan. Oshakati het 6 persent en Rehoboth 6,4 persent. Nored en Stad Windhoek kry geen verhogings nie. Beide is skuldig aan nie-nakoming van bepalings. Die waarnemende uitvoerende hoof Petrus Johannes het meer daaroor.
Die Britse premier Rishi Sunak en die leier van die Arbeidersparty sir Keir Starmer het hulle laaste debat voor volgende week se verkiesing gevoer met peilings wat toon dat die Tories nie op die oomblik baie gewild is nie. Anand Menon, direkteur van die UK in a Changing Europe-organisasie, het die stand van sake so verwoord.
Die Finansiële Intelligensiesentrum het sy 2023/24-jaarverslag-hoogtepunte bekendgestel. Die sentrum het 'n ongekwalifiseerde ouditmening behaal, met reserwes wat met 128 persent toegeneem het tot 44,3 miljoen Namibiese dollar, van 19,3 miljoen dollar. Die sentrum het 'n prioritiseringsmodel vir verdagte verslae ontwikkel en geïmplementeer, en 'n outomatiese toesighulpmiddel en die UNSC Bot ingestel, wat operasionele doeltreffendheid aansienlik verbeter het. Bryan Eiseb, die sentrum se direkteur, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels en 'n uiteensetting van hul finansiële bates gegee.
Die Azanian People's Organisation in die buurland het die vertraging om die sewende administrasie se kabinet saam te stel, veroordeel en sê dit hou die kiesers en die nasie gyselaar. Azapo se woordvoerder, Jabu Rakwena, sê volgens Artikel 94 van die Grondwet bestaan die sesde administrasie se kabinet nie meer sodra die nuwe president ingehuldig is nie:
TLU SA sê plaasmoorde kan nie langer slegs as misdaad beskou word nie, maar as terrorisme en sabotasie. Die landbou-organisasie se uitvoerende hoof, Bennie van Zyl, sê wanneer ʼn boer en sy werkers, of enige onskuldige landsburger, gejag en koelbloedig met aanvalsgewere geskiet word, is dit sabotasie teen die land:
Die regering van Zimbabwe gaan na verwagting begin met 'n program om kontanttoelaes aan kwesbare stedelike gemeenskappe te gee. Dit is in reaksie op die uitwerking van die El Niño-droogte in dele van die land. Die minister van Maatskaplike Welstand July Moyo het die toekenning aangekondig van tot 250 miljoen Namibiese dollar wat tot Maart volgende jaar maandeliks versprei sal word:
Nadat die Landless People's Movement se hoofsweep, Henny Seibeb, uit die party en die parlement bedank het, is Agnes Tjiramba aangestel om sy setel in die Nasionale Vergadering te vul. Aina Hanganeni Kodi vervang Edson Isaaks, wat saam met Seibeb bedank het. Tjiramba het in haar nooienstoespraak in die parelement verklaar dat die skoolkurrikulum geskep is om wit oppergesag te weerspieël, en dit het tot haar aktivisme gelei.
Saftu skryf Suid-Afrika se werkskeppingstekorte aan strukturele ekonomiese kwessies toe. Die jongste kwartaallikse indiensnemingstatistieke toon 'n eerste kwartaal-afname van 0,6-persent in formele nie-landbou indiensneming. Die federasie sê ondanks groei in informele handel en sektore soos gemeenskaps- en sakedienste, kwyn werksgeleenthede weens voortdurende afleggings in mynbou en vervaardiging. Saftu se woordvoerder, Trevor Shaku, sê die ekonomie sukkel om werk vir nuwe werkers te skep te midde van die afleggings:
Saftu bepleit gratis basiese elektrisiteit te midde van Eskom se voorgestelde elektrisiteitstariefverhoging van 36,15-persent vir volgende jaar. Die federasie is gekant teen die verhoging, soos uiteengesit in 'n vertroulike konsepdokument aan die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika, wat ook daaropvolgende verhogings in 2026, 2027 en 2028 insluit. Mogoshadi Maserumule van Saftu sê hierdie verhogings, en die onlangse verhogings, hou 'n ernstige finansiële las vir verbruikers in, veral die miljoene werkersklashuishoudings:
Die Wikileaks stigter Julian Assange het in Canberra in Australië aangekom in wat beskryf word as sy eerste dag van vryheid. Dit kom na 14 jaar se regstryd. Hy is deur familie verwelkom en sal nou ook vir die eerste keer sy kinders sonder tralies kan sien. Sy vrou Stella Assange het met die media gepraat.
Middel-maand-data van Suid-Afrika se Sentrale Energiefonds toon dat nog 'n groot verlaging in brandstofpryse daar in Julie voorlê. Die fonds se data toon dat petrolpryse na verwagting met meer as 1 Suid-Afrikaanse rand per liter verlaag kan word, terwyl dieselpryse met sowat 55 sent per liter behoort te daal. Plaaslik is die brandstofpryse in Junie onveranderd gehou. Kosmos 94.1 Nuus het met Max Rix van Simonis Storm gesels oor die voorspelling vir Namibië in Julie
Die uitspraak in die grondwetlike uitdaging van die sodomiewet in Namibië bly net nie uit die nuus nie. ‘n Volbank regters het die wet as ongrondwetlik verklaar en in die aansoeker, Friedel Dausab, se guns beslis. Die ombudsman, Basilius Dyakugha, het vroeër gesê hy verstaan nie waaroor Dausab gekla het nie. Reaksie hierop is ontvang van Linda Baumann 'n LGBT-aktivis, wat sê die openbare sektor moet eenvoudig aanpas.
Die aansoek van die Health Defence League, oor onder andere die Covid-inenting, is in die hoërhof ter syde gestel. Adjunk-regter president Hosea Angula het beslis dat die aansoekers, onder die leierskap van dr. Martin Wucher, nie die prosedurele reg gehad het om die aansoek te bring nie. Dit is omdat die liga se uitvoerende komitee nie 'n resolusie aangeneem het wat Wucher gemagtig het om die regsgeding aanhangig te maak nie. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Henk Mudge, die president van die Republikeinse Party, wat ook deel is van die Health Defence League. Hy sê hy is uiters teleurgestel in die uitspraak.
Die Keniaanse president, William Ruto, het 'n omstrede finansiële wetsontwerp wat wetgewers aanvaar het, teruggetrek. Dit volg ná tientalle sterftes weens die Seven Days of Rage-betogings. Ruto het tydens 'n televisietoespraak gesê die wetsontwerp sal na verwagting verskeie sektore, insluitend gesondheid en onderwys, bystaan deur 48 miljard Namibiese dollar in te samel. Die president het begrotingsbesnoeiings en besparingsmaatreëls vir die parlement, die regbank en provinsiale regerings voorgestel om fiskale verantwoordelikheid te verseker:
Operasie Vulindlela werk aan die tweede fase van bedrywighede om bykomende strukturele hervormings, bo en behalwe elektrisiteit, logistiek en vaardighede, by te voeg, om oor die volgende vyf jaar ekonomiese groei te bevorder. Die doel is om bindende beperkings op ekonomiese prestasie te pak om groen en digitale groei te bevorder. 'n Voormalige adjunkminister van Finansies, David Masondo, het tydens 'n konferensie in Rosebank gepraat en die konsolidering van vordering beklemtoon.
Die Kamer van Mynwese se uitvoerende hoof, Veston Malango, sê dat die sleuteldoelwitte van die 2024-uitgawe van die Mynbou-ekspo dieselfde is as in voorafgaande jare. Die ekspo en konferensie is geskeduleer vir 7 en 8 Augustus by die Windhoek Skougronde. Malango sê hulle wil bedryfskundigheid ten toon te stel, Namibiese entrepreneurskap aanmoedig en toekomstige mynboutalent inspireer deur skole-betrokkenheid. Malango brei uit.
Die Stad Tshwane sê hy is van voorneme om in die nuwe 2024/2025-boekjaar sy skuldbetalings-ooreenkoms met Eskom af te sluit. Eskom se woordvoerder in Gauteng, Amanda Qithi, sê Tshwane het Eskom sowat 4,9-miljard Suid-Afrikaanse rand geskuld en daar is nog geen betaling gedoen of 'n skikkingsooreenkoms met die metro aangegaan nie. Qithi sê die stad kan nie sy lopende rekening met Eskom vereffen nie.
Die Afrika Gasvryheid-beleggingingsforum is aan die gang by die Mövenpick Hotel in die hoofstad. Hierdie geleentheid is 'n belangrike mylpaal vir Namibië aangesien dit vir die eerste keer in Suider-Afrika gehou word. Namibië het verlede jaar die bod verkry om die forum aan te bied deur die pogings van die Namibiese Raad vir die Bevordering van Beleggings en Ontwikkeling, NIPDB, wat ook dien as die geleentheid se gasheervennoot. Nangula Uandja, die raad se uitvoerende hoof, het die verwelkomingstoespraak gelewer en bygevoeg wat die persentasie is wat Afrika tot wêreldtoerisme bydra.
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag het gister 'n dodelike mortieraanval op hul basis in Sake, Oos-Demokratiese Republiek die Kongo, bevestig. Die aanval het twee sterftes en twintig beserings tot gevolg gehad. Vier soldate is kritiek beseer en in die hospitaal opgeneem, terwyl dié met geringe beserings binnekort ontslaan sal word. Weermagwoordvoerder Siphiwe Dlamini sê die families van die oorledenes is ingelig en prosedures om hulle oorskot huis toe te bring is reeds aan die gang.
Volgens 'n onlangse verslag het slegs 56 persent van Namibiërs internettoegang. Dit is gevolg deur 'n oproep vir meer pogings om universele konnektiwiteit te bewerkstellig. Digitale geletterdheid is 'n vaardigheid wat op alle lewensterreine vereis word. Die Kommunikasie Regulerende Owerheid van Namibië het 'n artikel gepubliseer oor die belangrikheid van digitale geletterdheid. Hilya Mhani, die owerheid se bestuurder van verbruikersverhoudinge en voorspraak, het meer.
Binnelandse sake-minister Albert Kawana het in die Nasionale Vergadering aangekondig hy wil 'n wetsontwerp voorlê om huwelikseremonies te reguleer. Die mosie en die wetsontwerp sal in die komende dae meer breedvoerig verduidelik word. Kawana sê hy sal môre 'n mosie ter tafel lê om Namibiese burgerskap te gee aan enigiemand met die ou Suidwes-Afrika identiteitsdokumente.
Namibië beplan glo om sy geprojekteerde olie-inkomste as kollateraal te gebruik om lenings van die internasionale geldmark te verkry om sy deel van die ontwikkeling van groenwaterstofprojekte te finansier. Dit is volgens 'n Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing-verslag wat die risiko's ondersoek het wat verband hou met die verwagting dat Namibië 'n onbekende vlak van leningswaarborge vir die projek moet gee. Hyphen Hydrogen Energy het ingestem tot 'n ooreenkoms met Namibië vir die volgende fase van 'n sowat 181 miljard Namibiese dollar groenwaterstofprojek wat na Europa sal uitvoer sodra dit voltooi is. Die kosteberekening van hierdie projek hang volgens die instituut af van 'n bankbare lewensvatbaarheidstudie wat agter slot en grendel gehou word, met Hyphen en die regering wat sê dat dit te vertroulik is om openbaar gemaak te word. Kosmos 84.1 Nuus het met die Suid-Afrikaanse ekonoom Dawie Klopper gesels om sy siening hiervan te kry.
Ons het die nuutste weervoospelling. Ruik jy die dou in die môre? Dit kom van Mosambiek af en trek oor Namibië en Botswana. Die voggies bing die wolke wat ons vir die volgende twee dae gaan sien. Wat gebeur by die kus? Luister na Odilo Kgobetsi die woordvoerder van die Namibiese weerkantoor.
Die Solidariteit Navorsingsinstituut vra die regering van nasionale eenheid om ekonomiese groei voorop te stel. ‘n Woordvoerder van Solidariteit, Connie Mulder, beklemtoon die behoefte aan ‘n koalisie om te goeder trou die lewens van alle Suid-Afrikaners te verbeter. Mulder het aan die SABC gesê die sukses van die koalisie sal bepaal word deur sy verbintenis om die mense tot diens te wees.
Die Basic Income Grant Coalition of Namibia het vroeër vandeesmaand opgeruk om 'n universele basiese inkomstetoelaag van 500 Namibiese dollar per persoon per maand te eis. Johannes !Gawaxab, goewerneur van die Bank van Namibië, sê beleidmakers sal die haalbaarheid van so 'n toelaag krities moet ondersoek. !Gawaxab het die opmerkings gemaak by die sentrale bank se eerste monetêre beleid-bespreking. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Renaani Musutua, die koalisie se woordvoerder, wat sê daar is al genoeg studies gedoen en die regering vertraag die kwessie.
Cosatu sê hy is diep teleurgesteld omdat sy bondgenoot, die ANC, gekies het om sy eie opsystaan-beleid te ignoreer met die beëdiging van Zizi Kodwa as parlementslid. Matthew Parks van Cosatu sê dit ondermyn die ANC se opsystaan-beleid vir openbare verteenwoordigers. Hy voeg by dit stuur 'n kommerwekkende boodskap aan die samelewing oor die party se verbintenis om sy openbare verteenwoordigers aanspreeklik te hou.
Visepresident Netumbu Nandi-Ndaitwah het onlangs 'n opmerking gemaak dat 2017 en 2021 'n tydperk van lae beleggings van kommersiële banke in die landbou was. Volgens haar is die voortdurende onvoldoende finansiering deur private banke oninspirerend en 'n doelbewuste uitsluiting van die land se behoeftigste boere. Sy het by 'n vergadering met boere in die Omaheke-streek gepraat. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met dr. Omu Kakujaha-Matundu, 'n ekonoom by Unam se departement Ekonomie, oor of dit 'n geldige stelling is.
Die departement van Maatskaplike Ontwikkeling het op die Internasionale Dag teen Dwelmmisbruik en die Smokkel van Onwettige Middels sy kommer uitgespreek oor alkohol wat die jeug se eerste keuse van dwelmmiddel is. Die Nasionale Dwelmbewusmakingsweek het die noodsaaklikheid beklemtoon van die verantwoordelike handel in alkohol, asook gemeenskapsbetrokkenheid. Die departement bied deur die week skakelingsgeleentheid en wil meer projekte loods en vennootskappe met organisasies sluit. Die woordvoerder, Lumka Oliphant, sê hulle beklemtoon voorkoming, onderrig en afhandeling van beleid:
Frank Duckworth, een helfte van die span wat die Duckworth-Lewis-metode begin het vir die berekening van teikentellings in krieketwedstryde met beperkte boulbeurte wat deur slegte weer verkort is, is op die ouderdom van 84 oorlede. Saam met sy mede-statistikus Tony Lewis, het Duckworth die formule uitgedink wat amptelik in 1999 deur die Internasionale Krieketraad aanvaar is en dit is steeds die manier waarop geraakte wedstryde beslis word. Oud-Protea Fanie de Villiers gesels met Kosmos 94.1 Nuus hieroor.
The Namibia Rhino Fund het dringend hulp nodig om voer vir die diere te verskaf, tot op die vroegste Desember vanjaar. Die situasie is volgens Rudie de Waal wat by die fonds betrokke is, benard.
Die Namibiese repokoers staan tans op 7,75 persent en sal heel waarskynlik eers in die tweede kwartaal van volgende jaar begin daal. Die huismark is gedemp en die vraag is of dit gaan voortduur, en of daar 'n oplewing sal wees met internasionale beleggers wat die eiendomsmark betree as gevolg van die opkomende olie-, gas- en groenwaterstofbedrywe. Kosmos 94.1 Nuus het met Halleluya Ndimulunde, 'n ekonoom by Simonis Storm, gesels.
Die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing het vanoggend sy jongste navorsing oor kuberveiligheid, nasionale sekuriteit en meer, in Afrika en Namibië bekend gestel. ‘n Regering se mandaat om nasionale veiligheid te beskerm is 'n wettige een maar daar is 'n baie problematiese raamwerk waar in baie lande regoor die wêreld die mantra van nasionale veiligheid benut word om outoritêre onderdrukking en menseregteskendings moontlik te maak. Navorser Frederico Links het dit so verwoord.
ActionSA is diep besorg oor die verslegtende werkloosheidskrisis in Suid-Afrika. Die lid van die Parlement, Alan Beesley, wys op die jongste verslag van Statistieke Suid-Afrika wat toon 67 000 werksgeleenthede het in die eerste kwartaal van 2024 verlore gegaan. Beesley skryf die ekonomiese stagnasie toe aan swak politieke leierskap, beperkende arbeidswette en burokratiese inmenging. Hy versoek die 7de Parlement om voorrang te verleen aan ekonomiese groei en om pragmatiese beleid te implementeer om betekenisvolle werksgeleenthede te skep:
Israel kom weer onder skoot vir sy lukrake aanvalle in die Gaza-strook wat hulpwerkers en VN-personeel teiken en doodmaak. Die woordvoerder van die Verenigde Nasies Stephane Dujarric sê die aanvalle, beserings en sterftes raak ondraaglik.
Die woordvoerder in die Presidensie, Vincent Magwenya, benadruk dat geen enkele party van die regering van nasionale eenheid eensydig ooreenkomstig hulle manifeste beleid sal verander nie. Daar is tien partye in die regering van nasionale eenheid en president Cyril Ramaphosa moet nog sy kabinet aankondig. Magwenya het aan Newzroom Afrika gesê daar is ten opsigte van die Verklaring van Voorneme geen onduidelikheid oor beleid nie wat strook met die Grondwet en kollektiewe besluitneming oor beleid, wetgewing en regulasies:
Mense in Afghanistan het gemengde gevoelens oor die manskrieketspan wat die eerste T20 Wêreldbeker-halfeindstryd gehaal het. Afghanistan speel nou in die eerste halfeindronde-wedstryd in Trinidad teen ʼn onoorwonne Suid-Afrika terwyl Indië die verdedigende kampioen, Engeland, in Guyana takel. Tuis sê mense dit kan nie gevier word terwyl meisies nie skool toe kan gaan nie en vroue nie kan werk nie. ‘n Kunstenaar en aktivis, Sahraa Karimi het met internasionale media gepraat.
Kevin Casas-Zamora, die sekretaris-generaal van die Internasionale Instituut vir Demokrasie en Verkiesingsbystand, en sy afvaardiging het 'n hoflikheidsbesoek gebring aan die kantoor van die visepresident asook internasionale betrekkinge en samewerking-minister Peya Mushelenga. Hy is vergesel deur Elsie Nghikembua, voorsitter van die Verkiesingskommissie van Namibië, saam met die kommissarisse en sekretariaat. Casas-Zamora het oor die stand van globale demokrasie gepraat. Hy het gesê Namibië vaar goed as 'n land wat net meer as 30 jaar onafhanklik is.
Action Society doen 'n beroep op die regering om dringend in te gryp en die stygende bendegeweld in brandpunte soos Manenberg en Khayelitsha in die Wes-Kaap aan te pak. Dit volg ná 'n berig oor 333 kinders wat binne slegs 6 maande behandel is vir vuurwapenverwante beserings en 58 wat in skietvoorvalle dood is. Kaylynn Palm van die organisasie vra vir beslissende optrede om bendegeweld uit te roei en die veiligheid van kinders in gebiede wat geraak is, te verseker:
Dis Juniemaand en dit beteken Estie Schreiber gesels met mans oor hul prostaat probleme met behulp van A.Vogel se "Prostasan" kapsules. Beskikbaar sonder voorskrif by apteke regoor Namibië. Vir meer inligting besoek www.avogel.co.za, of maak met ons kontak via Facebook, of per epos by info@sanatural.co.za
Die raadpleging van belanghebbendes oor die konsepwetsontwerp op Beroepsveiligheid en Gesondheid het in die hoofstad plaasgevind. Die wetsontwerp sal voorsiening maak vir 'n veilige en gesonde werkplek en die regte en pligte van werkers sowel as werkgewers aanspreek. Ons verstaan dat die wetsontwerp ook ten doel het om 'n kommissie vir beroepsveiligheid en gesondheid te stig. Werkplekgesondheids- en veiligheidswette is fundamenteel om werkers se welsyn en hul reg op veiligheid te handhaaf. Job Muniaro, die sekretaris-generaal van die nasionale vakbond van Namibiese werkers, het gepraat oor die belangrikheid van werkers se veiligheid.
Kenia se president William Ruto het belowe om normaliteit te herstel ná gewelddadige betogings wat uitgebreek het nadat politici ten gunste van 'n omstrede belastingwetsontwerp gestem het. Ruto blameer kriminele vir die geweld en chaos.
Die Namibië-rolprentkommissie nooi plaaslike rolprentvervaardigers uit om voorstelle vir speelfilms, kortfilms of dokumentêre programme in te dien. Die kommissie sal kreatiewe werke in lewendige aksie- of animasieformaat vir die 2024/2025-befondsingsiklus aanvaar. Shoki Kandjimi, die inligtingsministerie se woordvoerder, het meer
Die uitspraak in die grondwetlike uitdaging van die sodomiewet in Namibië is steeds in die nuus. ‘n Volbank regters het in die aansoeker, Friedel Dausab se guns beslis en die wet ongrondwetlik verklaar. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die ombudsman, Basilius Dyakugha, wat sê hy verstaan nie waaroor Dausab gekla het nie.
WikiLeaks-stigter Julian Assange het vandag 'n hof op die Amerikaanse Stille Oseaan-eilandgebied van Saipan in die Noordelike Mariana-eilande skuldig gepleit aan die oortreding van Amerikaanse spioenasiewetgewing in 'n ooreenkoms wat hom toegelaat het om reguit huis toe na Australië te gaan. Sy vrylating beëindig 'n regsage van 14 jaar waarin Assange meer as vyf jaar in 'n Britse hoë-sekuriteitsgevangenis en sewe jaar in asiel by die Ecuadorese ambassade in Londen deurgebring het om uitlewering aan die VSA te beveg. Terwyl dit alles baie goeie nuus is, is daar ‘n gevaarlike presedent geskep soos sy prokureur Jennifer Robinson verduidelik.
PDM-parlementslid Inna Hengari het 'n mosie in die nasionale vergadering ter tafel gelê wat voorstel dat plaaslike radio- en televisiestasies wegdoen met 80 persent van buitelandse musiek wat hulle speel, en dit vervang met plaaslike musiek om die bedryf te laat groei. Hengari het gesê die Namibiese Vereniging van Komponiste en Skrywers van Musiek, Nascam, het verlede jaar 2 miljoen Namibiese dollar se tantième ingesamel. Sy het gesê 1 200 plaaslike kunstenaars het tantième ontvang, terwyl 152 000 dollar aan 65 internasionale susterverenigings betaal is. Albert Nicanor, die uitvoerende hoof van Nascam, sê sy organisasie kan nie bepaal wat uitsaaiers moet speel nie.
Die parlementêre leier van die MK-party, John Hlophe, sê hulle deelname aan die Nasionale Vergadering beteken glad nie hulle het hulle oortuiging dat daar verkiesingsbedrog was, laat vaar nie. Lede het met ‘n eed onderneem om die grondwet as LP’s te handhaaf, nadat hulle die eerste sitting van die parlement geboikot het. Hlophe voeg by hulle is daar om te werk en gaan hulle nie met kleinlikhede ophou nie, maar is ook vasbeslote om hulle nie te laat intimideer nie.
Die regering het twee kommersiële plase bekom om die lot van die Khomanin-Damara-groep aan te spreek. Khomanin-individue is ook geprioritiseer in die toekenning van grond op aanbeveling van die Khomas-streek hervestigingskomitee. Die kwessie is verlede jaar in die parlement bespreek, maar het weer na vore gekom. Landbouminister Calle Schlettwein het 'n mosie in die Nasionale Vergadering ter tafel gelê om ook kommunale grond in die Khomas-streek te vestig. Parlementslede het die mosie ondersteun. Die Swapo-parlementslid Tjekero Tweya het oor die kwessie gepraat.
Al Jama-ah se leier, Ganief Hendricks, het bevestig fase 2 van die regering van nasionale eenheid het begin. Hendricks sê strukture moet nog gevestig word en het Suid-Afrikaners aangemoedig om geduldig te wees, aangesien tien politieke partye betrokke is. Hy het 'n beroep op partye gedoen om die ANC te ondersteun in samesprekings oor die regering van nasionale eenheid.
Die eerste sessie van die Afrika Gasvryheid-beleggingsforum is in Windhoek gehou. Die sessie se tema was “die aandryf van beleggings in Namibiese gasvryheid”. Die Namibiese Raad vir die Bevordering van Beleggings en Ontwikkeling, in samewerking met sleutelbelanghebbendes uit die openbare- en privaatsektor, het huidige en opkomende beleggingsgeleenthede in die land se toerismesektor uitgelig. Die raad se uitvoerende hoof, Nangula Uaandjaa, het by die geleentheid gepraat en toerismegroei voor en na die Covid-pandemie uitgelig.
Die MK-party beskou homself as die amptelike opposisie en beplan samewerking met die EFF en ATM. Die nuwe lid van die Parlement, John Hlophe, wat pas ingehuldig is, wys op die tandekryprobleme met die regering van nasionale eenheid en skryf dit toe aan verskillendes waardes van partye. Hlophe sê hy het nog geen besluit geneem oor of hulle ‘n voorstel sal steun om president Cyril Ramaphosa oor die Phala Phala-skandaal in ‘n staat van beskuldiging te plaas nie.
Die Nasionale Vergadering doen tans 'n hersiening van verlede week se sessies en verskeie spesiale vergaderings wat in die week gehou is. In een van die spesiale vergaderings het die woordvoerder van die voormalige vlugtelinge-repatriasievereniging, Julius Viukuve, 'n beroep gedoen op gelyke behandeling vir vlugtelinge.
Reaksie word steeds ontvang oor die hoëvlakvergadering wat die landbouministerie en Unesco gehou het om die voorgestelde in situ uitloog-uraanmyn in die Stampriet-akwifeerstelsel te bespreek. Die Sauma-bestuurskomitee het gesê die waterbron is hul grootste bekommernis. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Riaan van Rooyen, die woordvoerder van Uranium One, wat sê as mens na die wetenskap kyk, hoef hulle nie bekommerd te wees nie.
Die Internasionale Monetêre Fonds het aanbeveel dat Namibië alle petroleumooreenkomste tussen die regering en oliemaatskappye openbaar maak. Volgens die fonds se hoëvlak-opsommingsverslag oor tegniese bystand sal dit help om korrupsie in die sektor te voorkom. Die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing, IPPR, het dieselfde aanbevelings gemaak en ook dat Namibië by die Extraction Industry Transparency Initiative moet aansluit. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Graham Hopwood, direkteur van die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing, wat die noodsaaklikheid van deursigtigheid beklemtoon.
Festus Unengu, bestuurder van die Namibiese Raad vir Eiendomsagente, sê eiendomsagente moet huurders se deposito's met rente terugbetaal wanneer hulle uit huureiendomme verhuis. Huurders moet ook nie gedwing word om deposito's te betaal wat dieselfde bedrag as hul huur is nie. Kosmos 94.1 Nuus het met Festus Unengu gepraat, wat die publiek herinner aan wat wetlik bepaal word. Hy voeg by dat deposito's in 'n trust geplaas moet word.
Die binnelandse sake-ministerie se massaregistrasieveldtog wat op 5 Februarie begin het, het wydverspreide deelname in al 14 streke gesien. Die inisiatief is gefokus op die registrasie en uitreiking van geboortesertifikate en identiteitsdokumente aan diegene wat aan die vereistes voldoen. Duplikaat geboortesertifikate en duplikaat identiteitsdokumente is ook uitgereik. Margaret Kalo, die ministerie se woordvoerder, het 'n opdatering aan Kosmos 94.1 Nuus gegee.
Die kommissaris van die Grensbestuursowerheid, Michael Masiapato, het aangekondig die owerheid se hawe-gesondheidsbeamptes het 'n uitbrekings-gereedheidsplan ontwikkel wat die reaksie met die hantering van m-pokke uiteensit. Die woordvoerder, Mmemme Mogotsi, sê die huidige reaksieplan is ingestel om te kan reageer, aangesien die gesondheidsdepartement 13 gevalle bevestig het. Mogotsi sê die owerheid stel siftingsprosesse in vir reisigers wat die land by alle hawens en grense binnekom.
Volhoubare toerisme het een van die vereistes geword om Namibië suksesvol aan toeriste te adverteer. Veral Europese toeriste heg groot waarde aan volhoubaarheid. Die Namibië Toerismeraad doen in samewerking met verskeie ondernemings in die land moeite om volhoubaarheid in die toerismesektor te verhoog. Bornventure Mbidzo, die uitvoerende hoof van die Namibië Toerismeraad, verduidelik watter pogings die ministerie aanwend om volhoubaarheid te verseker.
Die Organisasie teen Belastingmisbruik sê hy is bekommerd oor politieke partye se openbare gekibbel oor poste in die regering van nasionale eenheid. OUTA se uitvoerende hoof, Wayne Duvenage, sê dit kan die vorming van ʼn stabiele en volhoubare RNE in gedrang bring terwyl die land dit dringend nodig het. Duvenage sê as meer tyd nodig is om ʼn vriendskaplike en werkbare ooreenkoms te bereik, verkies OUTA dat dit ʼn week of twee langer duur eerder as ʼn oorhaastige proses wat tot voortdurende konflik lei.
BOSA se leier, Mmusi Maimane, sê hy het aan president Cyril Ramaphosa geskryf en versoek hy moet dringend 'n nasionale konvensie byeenroep wat uit al 18 Parlementêre partye bestaan. Verder moet daar 'n mandaat wees om te besluit oor die doel, agenda en omvang van 'n nuwe regering van nasionale eenheid. Maimane sê 'n nasionale konvensie bied die mees demokratiese en deursigtige weg om ooreen te kom rakende die samestelling van 'n nuwe nasionale regering wat gegrond is op waardes en dienslewering:
Internasionale migrasie van gesondheidswerkers versnel steeds, ten spyte van ondernemings deur lidlande van die Wêreldgesondheidsorganisasie. Die hoof van die WGO, dr. Tedros Ghebreyesus sê die groot bron van kommer is dat die werkers van die lande wat die verste agter is met betrekking tot universele gesondheidsdekking en gesondheidsekuriteit, afkomstig is.
Die middelman in tenders bly uitdagend. Namibië vervaardig nie veel nie en die ministeries gee tenders uit aan plaaslike maatskappye wat dan op hulle beurt goedere bekom. Dit stoot volgens talle menings die pryse op maar, die woordvoerder van die gesondheidsministerie, wat baie deurloop onder die tipe aantyging, sê dit is net duurder as dit nie onder kontrak is nie. Walters Kamaya verduidelik.
Die Namibia Economic Freedom Fighters sê die deregistrasie van sy party deur die Namibiese Verkiesingskommissie is voortydig. Die partyleier Epafras Mukwiilongo was nie beskikbaar om met die media oor die aangeleentheid te praat nie maar volgens partylid Michael Amushelelo, het hulle tot die einde van die maand gehad om state in te dien. Hy sê dis polities gemotiveerd en stuur ‘n waarskuwing aan die kommissie.
Kamanjab-boer Piet Gouws het gereageer op berigte dat die Kamanjab-kiesafdeling hulp soek om die erge gevolge van die droogte aan te spreek. Die boere kry wel droogtehulpkos, maar hulle moet hul oorblywende diere kan voer. Meer as 80 persent van hul vee is verloor, daarom is onmiddellike hulp nodig. Gouws sê lae reënval duur al jare en ‘n ander benadering is nodig.
Sommige politieke ontleders kritiseer Swapo omdat hulle die veldtog vir die November-verkiesing begin het sonder 'n afgehandelde partymanifes. Die politieke ontleder Johannes Coetzee sê sonder ’n manifes word die persepsie geskep dat ’n party nie weet waarheen hy op pad is nie. Intussen sê Hilma Nicanor, Swapo-woordvoerder, die kwessie is nie dringend nie. Sy sê die manifes is gereed en die party besluit nog op ’n bekendstellingsdatum. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Ephraim Nekongo, sekretaris van die Swapo-jeugliga, wat sê die manifes sal na verwagting in September vrygestel word.
‘n Vrou is in die hof in Pretoria tot drie maal lewenslange gevangenisstraf gevonnis vir die moord op twee van haar minnaars en haar 17-jarige seun. Die woordvoerder vir die Nasionale Vervolgingsgesag, Lumka Mahanjana, sê die 47-jarige Pamela Selani van Olievenhoutbosch en haar destydse kêrel, Michael Changisa, het in 2016 ‘n argument gehad nadat sy ‘n oordraagbare siekte van hom opgedoen het. Sy het ‘n ander kêrel, Gift Phiri, gevra om te help om Changisa te vermoor:
Die Omgewingsbeleggingsfonds van Namibië het in samewerking met Unam pasgemaakte kortkursusse oor klimaatsverandering ontwikkel. Volgens die fonds is die opvoeding oor klimaatsverandering van kardinale belang aangesien dit mense help om die impak van die krisis te verstaan en aan te spreek. Dit sal hulle bemagtig met die kennis, vaardighede, waardes en houdings wat nodig is om as agente van verandering op te tree. Hulle is op NQA-vlak 9 geakkrediteer, wat beteken dat studente wat die kursusse voltooi, vir die meestersgraadprogram kan inskryf. Kosmos 94.1 Nuus het met dr. Eliakim Hamunyela, 'n senior lektor by Unam, oor die kursusse gesels.
Die ANC sê die tweede fase van die proses om ʼn regering van nasionale eenheid te vorm is aan die gang, naamlik om die Kabinet in ooreenstemming met die Grondwet saam te stel. Die ANC-woordvoerder, Mahlengi Bhengu-Motsiri, sê hulle voer gesprekke met leiers van partye wat by die RNE ingesluit is. Bhengu-Motsiri sê die 18 partye wat teen Saterdag by die RNE aangesluit het, verteenwoordig ʼn oorweldigende meerderheid van meer as 287 van die 400 setels in die Nasionale Vergadering:
Die ATM beweer daar gaan beleidsverwarring wees in die regering van nasionale eenheid. Die leier, Vuyo Zungula, voer aan die eenheidsregering is nie beginselvas saamgestel nie. Zungula waarsku partye in die regering kan gedwing word om hul standpunt te verander oor beleide wat hulle voorheen teengestaan het, insluitend die Phala Phala-skandaal en die Nasionale Gesondheidsversekering:
In Brittanje word daar landswyd veldtogte gehou om stemme te werf wanneer kiesers op 4 Julie na die stembus gaan. Die Tories is ver agter in die peilings maar, premier Rishi Sunak sê hy sal tot op die laaste baklei om sy pos te behou.
Cosatu in die buurland maak gereed vir 'n Nasionale Dag van Optrede om werkers se regte te beskerm. Die federasie beplan landwye versetoptrede te midde van kommer oor werksverliese en ekonomiese uitdagings. Sy affiliasies sal veldtogte lei om afleggings in verskeie industrieë te voorkom. Mike Shingange van Cosatu beklemtoon hulle staan billike indiensnemingspraktyke voor:
Daar word uit alle uithoeke voorbrand werk gemaak vir beide Donald Trump en Joe Biden wat die week kragte meet in die eerste presidensiële debat in die VSA. Die Demokrate werk hard om Trump as ‘n vyand van vroue se reproduktiewe regte te bestempel en gebruik elke geleentheid daarvoor, soos adjunk-president Kamala Harris hier doen.
Die sekretaris van die kabinet, George Simataa, het die werk van skakelbeamptes by openbare entiteite gekritiseer as onvoldoende, veral in die lig van die komende implementering van die Wetsontwerp op Toegang tot Inligting. Die inligtingsministerie is tans besig om skakel- en kommunikasiebeamptes voor te berei vir die wet se implementering by inligtingsuitruilsessies vir openbare entiteite in Opuwo. Simataa het by die sessies kommunikasie met die publiek as 'n deurslaggewende aspek van beleidmaking en administrasie beklemtoon. Hy sê daar is 'n groter behoefte vir regerings om gereeld met hul kiesers te kommunikeer oor hul beleide en programme. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Charmaine Ngatjiheue, 'n joernalis en verteenwoordiger van die Namibië Media-vakbond, oor die stryd om inligting by openbare entiteite te kry.
Indië besoek Suid-Afrika in November vir 'n internasionale T20-reeks van vier wedstryde. Ná die bevestiging van die toer het Namibië se kaptein, Gerhard Erasmus, 'n spesiale boodskap vir die Indiese Krieketraad op X gehad. Erasmus het voorgestel dat Indië in Namibië ook speel. Om 'n hoëprofielspan soos Indië aan te bied, kan aansienlike blootstelling en ontwikkelingsgeleenthede vir Namibiese krieket bied. “Hey @BCCI, warm-up in Windhoek?” het Erasmus geskryf toe hy Krieket Suid-Afrika se plasing aangehaal het waarin Indië se besoek aangekondig is. Kosmos 94.1 Nuus het met die woordvoerder van Krieket Namibië, Natalia Naujoma, gesels oor of 'n formele uitnodiging gerig gaan word.
’n Landwye massabetoging teen homoseksualiteit en selfdegeslaghuwelike in die land word beplan deur die groep Stop Homosexuality And Same Sex Marriages In Namibia. Hulle organiseer die massabetoging van wat hulle sê alle uithoeke van die land tot in Windhoek. Hulle beplan om by parlementstuine bymekaar te kom en daar te bly totdat die president die Jerry-wetsontwerpe onderteken. Die plan is om op 10 Augustus van alle streke na Windhoek te begin opmars. Die beplande datum om hul petisie met eise te oorhandig is 12 Augustus. Die groep beplan ook om op 13 en 14 Augustus vir twee dae by die parlementstuine te bly. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die voorsitter van die beplanningskomitee, Pendapala Nakathingo.
Verskeie konferensies is tans aan die gang in Namibië. Die Namibiese Raad vir die Bevordering van Beleggings en Ontwikkeling, NIPDB, gaan die gasheer wees vir die Africa Hospitality-beleggingsforum. Die raad verwag 'n groot aantal buitelandse afgevaardigdes by die forum. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Nathaly Ahrens, die voorsitter van die Toer- en Safarivereniging, wat sê hulle verwag 'n toename in toerisme en veral besigheidsreise.
Die Elektrisiteitsbeheerraad het al sy openbare vergaderings oor tariefverhogings voltooi. Al die kragverspreiders wil verhogings hê, terwyl huishoudings reeds te erge ekonomiese druk ervaar. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die woordvoerder van die Elektrisiteitsbeheerraad, Ferdinand Molale, wat sê dat die nuwe tariewe vandeesweek aangekondig sal word.
Satawu beloof om korrupsie en privatisering by Transnet te beveg. Die vakbond verwelkom Transnet se besluit om die uitvoerende hoof van die Transnet Nasionale Haweowerheid, Pepi Silinga, van korrupsie en nepotisme aan te kla. Die vakbond beskuldig hom van die onwettige toekenning van tenders. Satawu se woordvoerder, Amanda Tshemese, is gekant teen die privatisering van die staatsbeheerde instelling weens korrupsie. Sy wil verseker werkers se belange word vooropgestel en skoon bestuurspraktyke word gehandhaaf.
Die Automobiel-Assosiasie in Suid-Afrika voorsien dat brandstofpryse volgende maand daar sal daal. Dis onseker wat Namibië te wagte kan wees want daar's verskeie faktore wat die pryse beïnvloed. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Ten Hasheela, die woordvoerder van die myne en energie-ministerie, oor wanneer die komitee wat plaaslike brandstofpryse bepaal, sal sit om te besluit.
Die kommissaris van Polisie in KwaZulu-Natal, Nhlanhla Mkhwanazi, het ‘n ondersoek gelas na wangedrag deur die polisie, soos vasgevang op geslotebaantelevisie in Tongaat. Die beeldmateriaal toon hoe beamptes ‘n man sonder provokasie aanrand. Mhkwanazi eis ‘n volledige verslag en regstellende optrede teen diegene wat die gedragskode en die grondwet oortree. Die woordvoerder van die Polisie, Robert Netshiunda, maan beamptes om die wet te gehoorsaam.
'n Afrika Ekonomiese Vooruitsig-verslag deur die Afrika Ontwikkelingsbank skat dat 17 miljoen werksgeleenthede elke maand tussen nou en 2063 geskep moet word om die werk- en werkloosheidsyfers van Afrika-jeug konstant te hou. 'n Arbeidskenner het vroeër aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die plaaslike boubedryf is een van die sektore waarin werk vir die jeug geskep kan word. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Tuafi Shafombabi, die woordvoerder van die Nasionale Behuisingsonderneming, oor of die konstruksiebedryf werkloosheid sal kan bekamp.
Die president van Kenia, William Ruto, is gereed om te praat met duisende jongmense wat teen beoogde belastingverhogings betoog het. Die land se wetsontwerp op finansies het al twee keer in die parlement gedien en sal belasting verhoog terwyl baie mense reeds swaarkry. Ruto het in Nyahururu gesê hy is heeltemal bereid om met jongmense te praat oor ‘n beter nasie.
Die Veelvuldige Sklerose-veldtog se bewusmakingsrenloop vind op 29 Junie plaas. Die lopie is daarop gemik om die publiek oor siekte op te voed. Veelvuldige sklerose, of MS, is 'n chroniese siekte van die sentrale senuweestelsel. Daar word vermoed dat dit 'n outo-immuunversteuring is, 'n toestand waarin die liggaam homself per ongeluk aanval. Die renloop sal in Windhoek se Sean McBridestraat plaasvind. Registrasies is nog oop en kan verkry word op die Windhoek City Runners Club se webwerf. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Bianca Ozcan, een van die organiseerders van die geleentheid, wat meer inligting gee.
Die aktivis en NEFF-lid Michael Amushelelo was verlede week op besoek aan die Nasionale Vergadering. Die parlementêre staande komitee oor grondwetlike- en regsake het hom genooi vir 'n raadplegende vergadering. Dit kom nadat hy op 21 Maart 'n petisie ingedien het vir die skep van 'n werkloosheidsfonds, soortgelyk aan die Wet op Veterane van 2008. Kosmos 94.1 Nuus het met Amushelelo oor die vergadering gepraat. Hy sê die gesprek het meestal gegaan oor jeug-werkloosheid, en hy brei uit.
Khomas goewerneur Laura McLeod-Katjirua het by 'n werkswinkel in Windhoek die dringendheid van wetgewing beklemtoon om 'n volhoubare saadstelsel te ondersteun, in die lig van Namibië se gereelde droogtes. Sy het die vertraging in die operasionalisering van die Wet op Saad en Saadvariëteite uitgelig, met die potensiaal daarvan om saadproduksie, invoer en uitvoer te reguleer. McLeod-Katjirua het die belangrikheid van saad as 'n kritieke landbou-inset beklemtoon. Kosmos 94.1 Nuus het met die onafhanklike landboukenner Wallie Roux gesels oor die belangrikheid vir Namibië om sy eie saad te ontwikkel vir droogte of hittebestande gewasse, of vir plante wat nie sensitief is vir kunsmis of chemikalieë nie.
'n Grafiese video van 'n Toyota Fortuner en 'n sewe-sitplek bussie wat in 'n kop-aan-kop botsing was waarin nege mense dood is, is wyd op sosiale media versprei. Reaksie word steeds ontvang nadat die Motorvoertuig Ongelukkefonds 'n verklaring uitgereik het oor die gevare daarvan om sulke video's te deel. Die media-ombudsman van Namibië, John Nakuta, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor die etiket wat joernaliste moet volg.
Lesotho se minister van Indiensneming en Arbeid, Tšeliso Mokhosi, het 'n multi-miljoen Amerikaanse dollar projek van stapel gestuur om beroepsveiligheid en gesondheid in Lesotho se informele ekonomie te verbeter. Mokhosi sê dit voorkom die nie-nakoming van arbeidswette en skep 'n veiliger werksomgewing. Die projek verseker bestendigheid in die arbeidsektor en verbeter bewustheid van arbeidsregte onder werknemers en werkgewers.
Namibiërs is oorweldigend ten gunste van toegang tot voorbehoedmiddels en seksvoorligting, ongeag die betrokke persoon se ouderdom of huwelikstatus. Dit is volgens die jongste opname deur Afrobarometer, wat houdings teenoor seks, swangerskap, aborsie en ander kwessies openbaar. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Lizl Stoman, 'n navorser by die Survey Warehouse, wat van die bevindinge uiteensit.
Die Universiteit van die Witwatersrand het met die sewende jaarlikse kortkursus, Wits Integrated Experience, vir graad 11’s begin. Leerders gaan vanjaar die gasontploffing ondersoek wat verlede jaar in Breëstraat in die Johannesburgse middestad plaasgevind het. Die Dainfern College-leerder, Mikayla Ernst, sê hulle keer op 19 Julie terug na Wits om voor ʼn paneel deskundiges verslag te doen.
Die Student Forum 4 Service Delivery in Suid-Afrika vra die uitsluiting van die minister van hoër onderwys Blade Nzimande en sy basiese onderwys-kollega Angie Motshekga uit die kabinet van nasionale eenheid. Hulle vra samesmelting van die ministeries. Nhongo Solo van die forum sê kundige ministers sal werk teen uitvalkoerse, werkloosheid en onderwysbron-kwessies:
Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies doen ‘n beroep op Hezbollah, wat deur Iran befonds word, en Israel, om enige verder eskalasie te vermy. Dit kom na Israel teikens in die suide van Libanon aangeval het. Guterres sê dit sal katastrofiese gevolge vir die streek en die wêreld in hou.
Daar is kommer oor die jeug wat blyk om apaties te wees oor die komende verkiesing en nie belangstel om te gaan stem nie. Die politieke ontleder, dr. Ndumba Kamwanyah, sê die jeug moet opgevoed word oor die belangrikheid daarvan om te stem, sodat hulle weet hulle besluit eintlik oor hul eie toekoms. Kosmos 94.1 Nuus het met jeug-aktivis en leier Rivaldo Kavanga gepraat, wat sê politieke partye moet sosiale media inspan.
Die Tender Bulletin berig dat twee van die drie maatskappye op die kortlys vir die uitbreiding van akkommodasiefasiliteite by Unam se Katima Mulilo-kampus, gefinansier deur Duitsland se KfW Ontwikkelingsbank, van China is. Die fasiliteite is vir die departement Natuurlewebestuur en Ekotoerisme, luidens 'n kennisgewing op die universiteit se webwerf. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Nico Smit, die PDM se skadu-finansminister, vir kommentaar.
Die Lewendehawe en Lewendehawe Produkteraad van Namibië sê hy worstel om Halal-akkreditasie en -sertifisering te bekom, maar verwag om die kwessie binnekort op te los. Die verkryging van Halal-akkreditasie sal nuwe markgeleenthede veral in die Midde-Ooste oopmaak. Kosmos 94.1 Nuus het met Goliat Tujeindapi, die uitvoerende hoof van handel en bemarking oor die sertifisering gepraat.
Die Motorvoertuig Ongelukkefonds vra vir verhoogde waaksaamheid en verantwoordelike padgebruikersgedrag van alle bestuurders, met verwysing na hoër verkeersvloei as gevolg van die skoolvakansie. Altesaam 51 ongelukke het die afgelope week plaasgevind. Die fonds se jaar-tot-datum statistieke het altesaam 1 282 ongelukke, 2 362 beserings en 178 sterftes aangeteken. Ruben Uupindi, die fonds se senior bestuurder van ongeluk- en beseringsvoorkoming, het met Kosmos 94.1 Nuus oor padveiligheid tydens die vakansie gesels.
Die Nasionale Verbruikerskommissie in die buurland slaan landwyd toe op gevaarlike goedere en items wat verstryk het. Hulle eerste teiken was die Capricorn-distriksmunisipaliteit in Limpopo. Dit volg nadat wydverspreide gebrek aan voldoening ontdek is, wat die verkoop van goedere wat verstryk het teen 'n afslag insluit, wat verbruikers se gesondheid bedreig. Die woordvoerder van die kommissie Phetho Ntaba beloof voortgesette afdwinging om veiligheidstandaarde te behou:
Die families van twee Suid-Afrikaanse ingenieurs wat reeds 17 maande in Ekwatoriaal-Guinee aangehou word, oorhandig vandag in Midrand ʼn amptelike versoekskrif aan die president van die Pan-Afrikaanse Parlement, Fortune Charumbira. Woordvoerder Shaun Murphy sê hulle versoek die instelling om te help dat Frik Potgieter en Peter Huxham vrygelaat word.
Alle oë is Donderdag op Joe Biden en Donald Trump met hulle eerste presidensiële debat wat deur CNN gereël is. Trump is van mening dat hy nie vir Biden sal onderskat en maar die mede-voorsitter van Biden se veldtog Mitch Landrieu sê dit maak nie saak watter Trump op die verhoog verskyn nie...
Die regering het onlangs die verlenging van droogtehulp aan boere aangekondig. Dit sou aanvanklik aan die einde van Junie eindig, maar sal nou tot Junie volgende jaar in werking wees. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die PDM se sekretaris-generaal, Manuel Ngaringombe, oor wat die party sou doen as hulle die probleem van droogtehulp moes hanteer.
Die EFF veroordeel die DA vir voortgesette rassisme en wit oorheersing. Die party verwys na 'n video van die DA-leier Ian Cameron met 'n swartgesmeerde gesig by 'n AfriForum-betoging in 2012 en ander voorbeelde van rassistiese retoriek deur DA-lede van die Parlement. Die woordvoerder van die EFF Leigh-Ann Mathys sê die DA se optrede en beskerming van sulke leiers bedreig gelykheid en die demokrasie in Suid-Afrika:
Namibië sal van môre tot Donderdag gasheer wees vir die Africa Hospitaliteit-beleggingsforum, AHIF. Dit is die eerste keer dat die geleentheid in Suider-Afrika gehou word, nadat die Namibiese Raad vir die Bevordering van Beleggings en Ontwikkeling, NIPDB, verlede jaar die bod verseker het. Catherine Shipushu, die raad se senior bestuurder van bemarking, handelsmerk en kommunikasie, het meer.
Die groep Boycott, Divestment and Sanctions Coalition South Africa vra die nuwe regering om hulle regspan by die Internasionale Geregshof te steun. Hulle moedig die regering ook aan om stappe te doen om medepligtigheid te keer aan Israel se optrede teen Palestyne. Roshan Dadoo van die koalisie waarsku andersins sal Suid-Afrika se internasionale reputasie geskend word en openbare teenstand teen die regering van nasionale eenheid toeneem.
Die Vereniging van Staatsamptenare verwelkom president Cyril Ramaphosa se fokus op werkloosheid, arbeidswet-beskerming, die energie-krisis en 'n professionele staatsdiens. Hulle steun Ramaphosa se toewyding aan die stryd teen korrupsie, die energiekrisis en vir die bemagtiging van vroue. Hulle is egter gekant teen die voorstel dat senior staatsamptenare weer vir hulle poste moet aansoek doen. Claude Naiker van die vereniging sê hulle vertrou die leierskap van die regering van nasionale eenheid:
Dit kan nie slegter gaan met die Britse Konserwatiewe Party nie, veral nie nou dat die sogenaamde dobbelskandaal oor die verkiesings aan die lig gekom het. Die party sukkel reeds ‘n geruime tyd met goeie leierskap en vertroue in politici in Brittanje is op ‘n laagtepunt. Die leier van die Arbeidersparty sir Keir Starmer sê die politiek handel oor diens aan die burgers.
Amnestie Internasionaal het voor die hoërhof se uitspraak oor die sodomiewet Namibiese owerhede versoek om die veiligheid van die LGBT-gemeenskap te verseker. Die liggaam het verwys na 'n oplewing in vyandigheid ná vorige regsbesluite wat LGBT-regte beïnvloed. Na die uitspraak dat die wet ongrondwetlik is, het Kosmos 94.1 Nuus kommentaar van Amnestie Internasionaal gekry. Menseregte-prokureur dr. Mandipa Machacha sê tyd sal bepaal of dit die ondertekening van die Jerry Ekandjo-wette sal beïnvloed.
Altesaam vier voorvalle van veediefstal is die naweek aangemeld, luidens die polisie se naweek-misdaadverslag. Hulle is by Katima Mulilo, Otjimbingwe, en twee in Okahao gepleeg. In nog ’n voorval is twee mans in besit van ’n onwettige vuurwapen en die karkasse en velle van twee jagluiperds in die Ohangwena-streek se Okongo-kiesafdeling gevind. Kosmos 94.1 Nuus het met Rickus Spangenberg van K9 Anti-Poaching and Security gepraat vir kommentaar.
Een derde van jongmense in Afrika tussen 15 en 35 jaar oud wat nie skoolgaan nie is werkloos en moedeloos, nog 'n derde is kwesbaar by die werk, en slegs een uit elke ses werk vir 'n loon. Dit is volgens 'n Afrika Ekonomiese Vooruitsig-verslag wat deur die Afrika Ontwikkelingsbank vrygestel is. Die bank skat dat 17 miljoen werksgeleenthede elke maand tussen nou en 2063 geskep moet word om die deelname- en werkloosheidsyfers van Afrika-jeug konstant te hou. Kosmos 94.1 Nuus het met die arbeidskenner Herbert Jauch gesels oor watter sektore op gefokus moet word om meer jeug in diens te kan neem.
Die Zambezi-streek ondervind al lank veiligheidskwessies sowel as heelwat veediefstalle. Alhoewel die veiligheidsituasie in die streek verbeter het, bly veediefstal 'n groot probleem. Zambezi-goewerneur Lawrence Sampofu sê aan Kosmos 94.1 Nuus die oortreders kom hoofsaaklik van Zambië en omdat die streek lang grense het, is dit moeilik vir die Namibiese polisie om te patrolleer. Hy sê egter Nampol en die Zambiese polisie werk saam aan die kwessie.
Die Lughawensmaatskappy van Suid-Afrika sê ondersoek word ingestel na die dood van 'n vroue-passasier op die King Shaka Internasionale Lughawe. Die reisiger het by hek A12 gesukkel om asem te haal voordat sy aan boord gegaan het op 'n FlySafair-vlug na Johannesburg. Ondanks vinnige mediese noodreaksie is sy op die toneel dood verklaar. ACSA-woordvoerder, Tshililo Manenzhe, sê die oorsaak van haar dood word nog ondersoek.
Namibië het sy eerste medalje by die Afrika Senior Atletiekkampioenskap in Kameroen gewen. Lionel Chenoult Coetzee van Swakopmund het 'n silwer medalje ingepalm in die verspring. Die 4x400m gemengde aflosspan het aan die finaal deelgeneem en 'n nuwe Namibiese rekord opgestel. Die span het bestaan uit Mahmad Bock, Katjazoo Kambiri, Napuumue Hengari en Ezra Nakale. Bock vertel meer van hul ervaring.
Misdaad bly 'n probleem regoor die land en die polisie kan nie oral wees nie. Dit is waarom gemeenskapspolisiëring so belangrik is, sê Otjiwarongo-raadslid Marlene Mbakera. Sy het gepraat by die oorhandiging van identifikasiemateriaal en ander hulpmiddels aan die Otjiwarongo Gemeenskap Teen Misdaad-forum. Die forum bestaan uit meer as 70 vrywilligers van 'n informele nedersetting wat besondere sukses behaal om misdaad te bekamp. Mbakera het 'n paar belangrike kwessies uitgelig wat aandag moet kry.
Omgewingsminister Pohamba Shifeta doen 'n beroep op tradisionele leiers om bedag te wees op die Wet op Omgewingsbestuur wanneer grond toegewys word. Shifeta sê sommige tradisionele leiers verkoop of ken grond toe in beskermde gebiede. Mense word toegelaat om aktiwiteite uit te voer sonder 'n klaringsertifikaat, wat vereis word deur die Wet op Omgewingsbestuur. Hy het gepraat by die amptelike aanstelling van omgewingsbeamptes in Windhoek en spesikiek verwys na onwettige sandmyn-bedrywe.
Die Hardapdam is slegs 10,7 persent vol, teenoor 36,2 persent dieselfde tyd verlede jaar, volgens hierdie week se NamWater-dambulletin. Boere by die besproeiingskema mag net 25 persent van hul landerye besproei, wat hulle in staat stel om hul permanente oeste te behou. Op 6 Maart, toe die dam 13,6 persent vol was, is gesê dat alle besproeiing aan die einde van Maart sal moet stop as daar nie invloei is nie. Daar was 'n mate van invloei maar die dam is weer onder 11 persent. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Rico Bothma, een van die boere by die skema, oor hoe dit met hulle gaan.
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Christelike Forum vra die dringende hersiening van die grondwet, en beweer dit bevoordeel rykes en dié met politieke bande, terwyl dit nie gelykheid verseker nie. Hulle onderstreep onduidelike vereistes vir parlementslede; ongelyke behandeling van amptenare in 'n staat van beskuldiging teenoor dié met tronkstraf, en algemene gebrekkigheid. Die president van die forum, Marothi Mashashane, betoog die Grondwet benadeel armes en eis 'n hersiening vir ware gelykheid.
Rugby: Springbok-kaptein, Pieter-Steph du Toit, verwag ‘n taai stryd teen Wallis wanneer hulle vandag hulle 2024-seisoen op Twickenham begin. Du Toit voer die span die tweede keer aan en wys op die betekenis vir hom om teen Wallis te speel, aangesien hy sy toetsdebuut teen hulle gemaak het. Ten spyte van die Springbokke se onlangse suksesse, insluitende agtereenvolgende Rugby Wêreldbeker-titels, is Du Toit lugtig vir Wallis se fisiese benadering en inklimspel.
Die president van die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering, Dennis Francis, het 'n drie-dae-lange besoek aan Namibië afgesluit. Hy het die land se progressiewe benadering tot ontwikkeling geloof en sê die beleid is sterk. Hy sien ook 'n blink toekoms vir die land. Francis het gepraat voor sy vertrek by Hosea Kutako Internasionale Lughawe.
Die Stad Kaapstad het die Departement van Openbare Werke se uitsettingsaansoek vir onwettige plakkers rondom die Kasteel de Goede Hoop in die middestad verwelkom. Die burgemeester, Geordin Hill-Lewis, het die noodsaaklikheid beklemtoon om die gebied te herstel vir toerisme en openbare veiligheid. Hy sê hierdie stap vorm deel van pogings om openbare ruimtes te bestuur en haweloses by te staan.
Namibië het sover gemengde resultate behaal by die 23ste Afrika Senior Atletiekkampioenskap in Douala, Kameroen. Coenraad Kuhn het in die gewigstoot-eindstryd sy Namibiese nasionale rekord tot 17.65 meter verbeter. Hy het in die sesde plek geëindig. Die verspringer Lionel Coetzee is deur na die finaal, terwyl Christine Mboma in die 100m semi-finaal sal meeding. Mboma se afrigter, Henk Botha, gee meer inligting.
Die Copps 94.1-span het 'n stil aand in die hoofstad beleef. Behalwe vir 'n ongeluk waarin 'n beweerde dronkbestuurder betrokke was, was net een bakleiery met 'n mes aangemeld. Francois Lottering was aan diens.
Vier-en-twintig omgewingsbeamptes is by 'n geleentheid in die hoofstad aangestel. Omgewingsake-minister Pohamba Shifeta, het in 'n toespraak die kwessie van sandmynbou aangespreek. Ongereguleerde en onwettige sandmynbou is sedert 2015 'n groot bekommernis in Namibië. Dit is weens die ernstige vernietiging van die omgewing en die gevaar wat die ongerehabiliteerde sandmynputte vir mense, vee en wild inhou. Volgens Shifeta het plaaslike owerhede nie die magtiging om toestemming vir sandmyne te gee nie.
Die Vryheidsfront Plus in die Oos-Kaap het 'n voorstel by die speaker van die Nelson Mandelabaai-metroraad, Eugene Johnson, ingedien om die verskillende gebiede in die Metro te desentraliseer. Bill Harington van die VF Plus sê die hoofdoel van desentralisering is om dienslewering te verbeter, ekonomiese groei te stimuleer en die lewensgehalte van alle inwoners te verbeter.
NamPol waarsku die publiek dat 'n toenemende aantal rooftogte gepleeg word deur individue wat hulle voordoen as polisiepersoneel. Volgens inspekteur Ileni Shapumba word die rooftogte gepleeg deur persone wat beweer dat hulle polisiebeamptes in gewone klere is, en gebruik die name van beamptes in die mag. Die publiek word versoek om hul naaste polisiestasie in te lig indien hulle agterdogtig is oor enige sogenaamde beampte. Kosmos 94.1 Nuus het met hoofinspekteur Ileni Shapumba van die Erongo-polisie gepraat.
'n Ekonoom aan die Noordwes-Universiteit, professor Raymond Parsons, sê die regering van nasionale eenheid se politieke omgewing, tesame met beleidsekerheid, is die kombinasie wat sake- en beleggersvertroue sal optimaliseer. Parsons sê Suid-Afrika benodig nou 'n nuwe sarsie energie en doeltreffende leierskap om oor die algemeen beter te kan doen. Hy sê die land moet dringend 'n nuwe nasionale ekonomiese doelwit stel wat die nasie mobiliseer en deur die regering van nasionale eenheid ondersteun word.
Die Logos Hope, die wêreld se grootste seevarende boekwinkel, keer volgende maand vir die eerste keer sedert 2016 terug na die Walvisbaai-hawe. Die vaartuig sal van 5 tot 21 Julie oop wees vir die publiek. Logos Hope se boekwinkel aan boord bied 'n uitgebreide keuse van meer as 5 000 verskillende titels teen bekostigbare pryse. Dit dek ’n wye reeks onderwerpe en met kindertitels, akademiese tekste, woordeboeke, atlasse en meer is die boekwinkel iets wat die hele gesin kan geniet. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Paolenta Kevo, die projekbestuurder by Logos Hope Namibië.
Windhoek Motorklub, saam met verskillende motorsport-entiteite en -entoesiaste, sal Saterdag getrakteer word op 'n avontuur by die tweede been van die nasionale langbaan-renkampioenskappe by Tony Rust-renbaan. Die hoofbyeenkoms sal deur sleepwedrenne gevolg word. Hekke maak 9-uur oop. Toegang is 80 Namibiese dollar vir volwassenes en kinders onder 12 kom gratis in. Kosmos 94.1 Sportnuus het met Francois Lottering van Motor Media Namibia gesels.
Daar is kommer oor die jeug wat blyk om apaties te wees en nie veel belangstel om te gaan stem in die komende verkiesing nie. 'n Voorstel is gemaak dat regeringsposte net oopgestel moet word vir mense wat as kiesers geregistreer is en gaan stem het. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die politieke ontleder, dr. Ndumba Kamwanyah, wat 'n beter voorstel het.
Heineken het deur Namibia Brouerye hul borgskap van die Brave Warriors gestaak, omdat hulle nie hul tuiswedstryde in Namibië se vervalle stadions kan speel nie. Die borg verloor dus hul volstadion-handelsmerk-advertensies en bierverkope by die terrein. Volgens plaaslike berigte is 'n gebrekkige verkrygingsproses te blameer dat opknappings aan die Onafhanklikheidstadion in Windhoek nog nie begin het nie. Namibië bied sy internasionale tuiswedstryde in Suid-Afrika aan en plaaslike sokker aanhangers is woedend hieroor. Kosmos 94.1 Nuus het reaksie van die aktivis George Kambala ontvang.
Die landbouministerie en Unesco het op 17 Junie 'n hoëvlakvergadering by Lapa Lange naby Mariental gehou om die voorgestelde in situ uitloog-uraanmyn in die Stampriet-akwifeerstelsel te bespreek. Omgewingskommissaris Timotheus Mufeti het die noodsaaklikheid van verdere interne en eksterne hersiening beklemtoon voordat 'n besluit oor die mynvoorstel geneem word. Sauma het onderneem om ontwikkelinge noukeurig te monitor en die beskerming van die streek se noodsaaklike waterbronne vir huidige en toekomstige geslagte te prioritiseer. Kosmos 94.1 Nuus het met Tanja Dahl, 'n lid van die Sauma-bestuurskomitee, oor die vergadering gesels.
RISE Mzansi sê hy het 'n brief aan president Cyril Ramaphosa gerig in afwagting van die aankondiging van sy nuwe Kabinet, waarin hy versoek word om 'n toepaslik gekwalifiseerde minister vir die Departement van Sport, Kuns en Kultuur aan te stel. Tebogo Moalusi van RISE Mzansi sê ná verskeie gesprekke met verskillende belanghebbendes, lede en kunstenaars in die kulturele en kreatiewe bedryf, is diep kommer uitgespreek oor die huidige stand van die leierskap in die departement.
Kadila Poultry-hoenderplaas is in Okahandja in gebruik geneem. Kadila Poultry is 'n 100 persent Namibiese braaikuikenprodusent wat 'n 6-huis braaikuikenplaas sal bedryf. Dit het die kapasiteit om aanvanklik 400 ton pluimveevleis per maand te produseer. Die plaas wil nie net aan die plaaslike vraag voldoen nie, maar ook bydra tot voedselsekerheid in die land. By die geleentheid het die hoof van Veeartsenydienste in die landbouministerie, dr. Albertina Shilongo, gepraat in die plek van landbouminister Calle Schlettwein.
Ben Freeth van die Mount Carmel-plaas in Zimbabwe, wat gewelddadig deur Zimbabwiese oorlogsveterane tydens toenmalige president Robert Mugabe se regime oorgeneem is, was in Februarie in Namibië op 'n "Long Ride for Justice" op 'n perd. Op 28 November 2008 het die SADC-tribunaal in Windhoek 'n geskiedkundige uitspraak gelewer wat die gesin toegelaat het om op die plaas te bly. Mugabe het die uitspraak verontagsaam en die tribunaal effektief vernietig. Die lang rit vir geregtigheid was om 'n petisie te oorhandig oor die noodsaaklikheid om regters aan te stel sodat die tribunaal weer kan funksioneer. Kosmos 94.1 Nuus het met Freeth gepraat vir 'n opdatering. Hy sê hy wag nog vir 'n datum vir 'n vergadering.
Die burgemeester van Tshwane, Cilliers Brink, sê die stad het die grootste , ten volle geakkrediteerde opleidingsprogram vir ambagslui in die land waar meer as 4 000 jongmense reeds opgelei is. Tshwane het 'n nuwe groep van 114 studente aan die stad se vaardigheidsopleidingsprogram van drie jaar aan Tshwane se Leierskaps- en Bestuursakademie verwelkom. Brink sê die groep se ouderdom wissel tussen 20 en 25, wat beteken dit is 'n ware jeugbemagtigingsprogram.
Volgens verskeie klagtes wat die Landless People's Movement ontvang het, was daar by afsonderlike geleenthede viktimisasie van weermagamptenare wat intens geword het toe verkiesingsuitslae bekend gemaak is. Daar is beweer dat indien die Swapo-party by 'n weermagbasis misluk, marginalisering en viktimisasie van militêre personeel intensief geïmplementeer word. Die LPM vra dus dat militêre personeel op dieselfde tyd as almal anders moet stem. Kosmos 94.1 Nuus het met Ivan Skrywer van die LPM gesels wat verduidelik.
Die Suid-Afrikaanse gesondheidsdepartement het die eerste besending Tecovirimat ontvang om pasiënte te behandel wat weens a-pokke met ernstige gesondheidsprobleme sukkel. Die departement se woordvoerder, Foster Mohale, sê die proses is aan die gang om nog behandeling, wat entstof insluit, te kry indien dit nodig sou wees. Hy sê nog ses gevalle is deur ʼn laboratorium bevestig wat die totaal op 13 te staan bring:
Die Swapo-koerant Namibia Today sal binnekort weer uitgegee word. Media-kenners is egter bekommerd oor uitsprake deur Paulus Kapia dat kritici van die party tot in hul slaapkamers geteiken sal word. Hulle sê dit is uiters kommerwekkend dat die regerende party media sal misbruik vir propaganda en ook moontlik die vrywillige media-etiekkode sal oortree. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Graham Hopwood, die direkteur van die Openbare Beleidsnavorsingsinstituut, wat sê dit sal 'n verrassing wees as dit so gebeur, want dit is nie Swapo visepresident Netumbo Nandi-Ndaitwah se styl nie.
Alle oë is op Loftus môrenamddag vir die Verenigde Rugbykampioenskap-finaal tussen die Bulle en die Glasgow Warriors. Kaartjies is uitverkoop en dus sal 51 762 mense op die stadion neersak. Willem Strauss, president van die Blou Bulle, het eksklusief met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Die uitspraak in die grondwetlike uitdaging van die sodomiewet in Namibië is steeds in die nuus. ‘n Vol bankr regters het in die aansoeker, Friedel Dausab se guns beslis. Die direkteur van die Regshulpsentrum Toni Hancox sê dit handel eintlik net oor menseregte.
Die hoof van die NMI-groep, Ian Collard het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor prysstygings van 3 persent wat op ‘n rits van sy produkte vanaf 22 Julie in werking sal tree. Top Score, sy immergewilde mieliemeel, is nie ingesluit op die lys nie. Collard verduidelik hoekom.
Die ANC Jeugliga bepleit meer jeugverteenwoordiging in die nasionale en provinsiale wetgewers. Hulle vra president Cyril Ramaphosa om jongmense as ministers en adjunkministers aan te stel. Premiers moet dieselfde doen met LUR’e. Die president van die liga, Collen Malatji, sê om jongmense in hierdie poste aan te stel sal vars perspektiewe en energie in die regering ontsluit, wat die demografie en behoeftes van die jeug verteenwoordig:
Nog lede van die Namibiese LGBT-gemeenskap het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en hulle reaksie gegee oor die hof se beslissing dat die sodomiewet wel ongrondwetlik is. Regters Nate Ndauendapo, Shafimana Ueitele en Claudia Claasen het vanoggend ten gunste van Friedel Dausab beslis. Le Clue Job het sy reaksie so verwoord.
TLU SA sê dis tyd vir ʼn nierassige benadering in landbou waar elke individu gelyke toegang tot grond het. Die landbou-organisasie se uitvoerende hoof, Bennie van Zyl, sê dié wat wil boer moet gewillig na vore tree en verstaan dat landbou nie slegs ʼn korttermyn-onderneming is of een om inkomste aan te vul nie, maar ʼn lewenslange roeping:
Regters Nate Ndauendapo, Shafimana Ueitele en Claudia Claasen het vanoggend ten gunste van Friedel Dausab, wat sê die sodomiewet is ongrondwetlik omdat dit diskrimineer, in die hof beslis. Die uiters omstrede wet is ‘n doring in die vlees van die LGBT-gemeenskap en die aansoek en die uitspraak word as waterskeiding beskou. Dausab het met Kosmos 94.1 Nuus buite die hof gepraat.
Die Verenigde Rugbykampioenskap-eindstryd tussen die Bulle en Glasgow Warriors op Loftus skop Saterdagmiddag sesuur af. Dit word voorafgegaan deur ʼn regstreekse TV-uitsending van die Springbokke se wedstryd teen Wallis op Twickenham. Oud-Springbok en bekende rugbykommentator Breyten Paulse het ekslusief met Kosmos 94.1 Sportnuus oor die span gepraat.
Die VF Plus het gistermiddag aangekondig hy het besluit om by die regering van nasionale eenheid aan te sluit saam met die ANC, DA, IVP, PA, GOOD en PAC. Die partyleier Pieter Groenewald sê die VF Plus het 'n uitnodiging ontvang en na deeglike oorweging besluit om te help met die herstel en herbou van die land. Hy sê die party het die verklaring van voorneme onderteken:
Cosatu eis vir die DA en die Parlement om die parlementslid, Renaldo Gouws, te verwyder weens sy rassistiese uitbarsting op sosiale media. Die DA het Gouws wel onmiddellik geskors terwyl hy besig is met dissiplinêre maatreëls voor die party se federale regskommissie. Cosatu se woordvoerder, Zanele Sabela, sê egter dit is onvoldoende om Gouws te skors en dring aan op sy verwydering. Sy neem kennis van Gouws se oortreding van die anti-diskriminasiewette en gedragskodes:
Inwoners van die Oranjemund-kiesafdeling stel voor dat die Karas-streek in twee streke verdeel word. Hulle voer aan die streke, genaamd Karas-Suid en Karas-Noord, sal dienslewering vaartbelyn. Die Oranjemund-kiesafdelingsraadslid, Lazarus Nangolo, het die voorstel tydens die tweede dag van Grensafbakeningskommissie se openbare konsultasies in Keetmanshoop voorgelê. Nangolo is aan die woord.
Ekonome verwag inkopiebedrywighede in Suid-Afrika sal weens die bestaande hoё lewenskoste gedemp bly. Dit volg nadat kleinhandeldata van Statistieke SA ‘n jaar-op-jaar-styging van 0,6-persent in April toon, ‘n daling van die 2,3-persent teenoor die vorige maand. Seisoensaangepaste kleinhandelverkope het in April met 0,5-persent gestyg, in vergelyking met Maart 2023. Die ekonoom van Absa, Sello Sekele, sê laer brandstofpryse het moontlik tot die styging bygedra:
Die Nasionale Raad se staande komitee vir behuising het so pas 'n werkswinkel aangebied oor “Die behoefte om grond vir die stedelike arm en grondlose burgers te voorsien”. Die werkswinkel het in Swakopmund plaasgevind en die Shack Dwellers’ Federation of Namibia was daar. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Edith Mbango, die federasie se nasionale fasiliteerder. Sy sê Windhoek het die grootste behuising probleem.
Amnestie Internasionaal het 'n persverklaring uitgereik waarin die Namibiese owerhede versoek word om die veiligheid van LGBT-individue te verseker voor die hoërhof se uitspraak vandag oor die sogenaamde sodomiewet. Die organisasie beklemtoon die behoefte aan beskerming teen teistering, geweld en diskriminasie op grond van seksuele oriëntasie of geslagsidentiteit. Hy het 'n oplewing in vyandigheid uitgelig ná vorige regsbesluite wat LGBT-regte in Namibië beïnvloed, en beklemtoon dat ongeag die hof se uitspraak, geweld en diskriminasie teen die gemeenskap aangespreek moet word en oortreders aanspreeklik gehou moet word. Die LGBT-aktivis Friedel Dausab het die saak gebring en voer aan dat die kriminalisering van sodomie en verwante misdrywe ongrondwetlik en diskriminerend is. Die wet self is omstrede omdat dit net mans teiken, al is die sogenaamde oortreding konsensueel. Kosmos 94.1 Nuus het met die sosiale aktivis Linda Baumann gesels, wat glo dat die saak in Dausab se guns beslis sal word.
Volgens die nuutste vleispryse-verslag van die Lewendehawe- en Lewendehaweprodukte-raad toon die pryse van vleis redelik bestendig in vergelyking met vorige maande. Die hoof van bemarking by die raad, Desmond Cloete, het met Kosmos 94.1 Nuus oor die veilingpryse gesels. Hy sê die pryse is markwaardig veral in die tye waarin die bedryf homself vind.
Die Appèlhof in Suid-Afrika het 'n aansoek deur Trustco Group Holdings teen die Johannesburgse Aandelebeurs en die Finansiële Dienste Tribunaal van die hand gewys en die maatskappy beveel om sy finansies vir die jaar geëindig 31 Maart 2019 te herformuleer. Die uitgerekte regstryd spruit uit ’n kwytskelding van twee lenings deur die groep se meerderheidsaandeelhouer, Quinton van Rooyen – een van 545,6 miljoen Namibiese dollar en die ander 1 miljard dollar – asook sekere van Trustco se Elisenheim-eiendomme. Trustco het in sy appèl aangevoer dat die beurs nie die mag het om genoteerde maatskappye opdrag te gee om hul finansiële state te herhaal nie. Die groep het ook die grondwet van die Tribunaal se paneel betwis. Trustco se appèl is met koste van die hand gewys. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Quinton van Rooyen Jnr., Trustco se uitvoerende hoof, wat 'n opdatering gee.
Omusati goewerneur Erginus Endjala sê van die gevalle van wanvoeding wat in die streek aangeteken is, kan Angolese burgers wees wat dikwels behandeling by hospitale naby die grens soek. Die Kantoor van die Eerste Minister het Woensdag onthul dat die streek sedert die begin van vanjaar 66 gevalle van wanvoeding aangeteken het. Endjala sê die streek het 'n paar nomadiese mense wat erg deur die 2019-droogte geraak is en wanvoeding is 'n ernstige probleem. Kosmos 94.1 Nuus het met Endjala gepraat.
Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie gaan ‘n DA-parlementslid, Renaldo Gouws, voor die Gelykheidshof in Gqeberha daag vir beweerde haatspraak in ‘n YouTube-video van 2010. In die video vra Gouws in uiters aanstootlike taal vir die uitwissing van swartmense. 'n Woordvoerder van die kommissie, Wisani Baloyi, sê hulle het die saak ondersoek volgens die Wet op die Bevordering van Gelykheid en die Voorkoming van Onbillike Diskriminasie.
CMA CGM het 'n kliënte-advies uitgereik oor 'n brandvoorval aan boord van die houerskip Northern Juvenile, wat tans vir die Asië-Wes-Afrika-diens gehuur word. Die Franse verskepingsmaatskappy raai kliënte aan om hul vragonderskrywers dadelik in kennis te stel weens potensiële vragskade-risiko's. Verdere besonderhede oor die omvang van die brand en implikasies vir vragsekerheid word fyn dopgehou soos die situasie ontwikkel. Volgens berigte is daar vrag van 'n paar Namibiese maatskappye op die skip wat op pad was na die Walvisbaai hawe. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Elias Mwenyo, die uitvoerende kommersiële bestuurder by Namport, wat sê daar is niks wat hulle aan die saak kan doen nie.
ActionSA in die Noord-Kaap sê die regering moet die grense beveilig, onwettige immigrasie beëindig en die invloei van onwettige goedere na die land stopsit. Lance Poonawassy van ActionSA sê die party is daartoe verbind om doeltreffende immigrasiebeheer te verseker, wat buitelandse burgers ook sal beskerm. Poonawassy sê Sondag is 72 vermeende onwettige mynwerkers in die Samaria-informele nedersetting in Kimberley in hegtenis geneem tydens Operasie Vala Umgodi.
Die Namibië Statistiek-agentskap het positiewe groei in die bruto binnelandse produk in die eerste kwartaal van die jaar aangekondig. Die BBP is in die eerste kwartaal op 59,1 miljard Namibiese dollar geraam, wat 5,3 miljard dollar hoër is as in die ooreenstemmende kwartaal verlede jaar. Die BBP was toe 53,9 miljard dollar. Die agentskap se statistikus-generaal, Alex Shimuafeni, het die aankondiging gemaak.
Cosatu sê sodra die nuwe kabinet aangekondig is, moet dit moue oprol en begin werk om ‘n inklusiewe ekonomie te laat groei, behoorlike werk te skep en armoede en ongelykheid pak. ‘n Woordvoerder van Cosatu, Matthew Parks, sê ondanks die insluiting van die regse DA in die regering van nasionale eenheid, verwag die federasie die regering moet die werkersklas voorop stel, soos verwoord in die ANC-manifes.
Hawelose mense van Windhoek woon in haglike omstandighede by die stadion by die Katutura-jeugkompleks. Die mense is oorspronklik in Maart 2020 daarheen verskuif oor Covid, maar is steeds daar. Hulle getalle groei ook die heeltyd aan. Kosmos 94.1 Nuus het 'n draai by die stadion gaan maak en met die haweloses gepraat. Hulle wil graag anoniem bly. So sê een van die inwoners van die sportveld.
Jandré Dippenaar is skuldig bevind op ses klagtes van moord. Hy is ook skuldig aan roekelose en nalatige bestuur en bestuur sonder 'n lisensie. Dit kom ná 'n noodlottige ongeluk naby Hentiesbaai op 29 Desember 2014 waarin ses mense dood is. Antonia Joschko, die enigste oorlewende in haar familie na die gru-ongeluk, was in die hof en baie emosioneel na die skuldigbevinding. Kosmos 94.1 Nuus se Yanna Smith was by die uitspraak en lewer die nuus vanuit Swakopmund.
Joschko, wat ook vir Dippenaar gedagvaar het vir skadevergoeding van 715 000 euro en 500 000 Namibiese dollar, het met Kosmos 94.1 gepraat.
Die president van die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering, Dennis Francis, het die Namibiese Nasionale Vergadering bygewoon. Hy het oor verskeie kwessies gepraat en kommentaar gelewer op die Parys-klimaatooreenkoms waarvan verskeie Afrikalande deel is, insluitend Namibië. Hy sê die land, soos die res van Afrika, moet betaal vir die gevolge van klimaatsverandering, maar het nie daartoe bygedra nie.
‘n Herrie het losgebars nadat Namibia Wildlife Resorts se uitvoerende hoof, dr. Matthias Ngwangwama, by die Auasblick-staproete gevind is nadat hy met ‘n mes gesteek en van sy voertuig en selfoon beroof is. Die publiek sê die roete is ’n misdaadbrandpunt en mense kan net veilig in groepe van vier of meer mense daar stap. Kosmos 94.1 Nuus het met inspekteur Silas Shipandeni van die Namibiese Polisie gepraat, wat sê daar is talle gevalle aangemeld van mense wat in die gebied aangeval is. Hy het 'n spesiale boodskap vir die publiek.
Die Namibiese Mededingingskommissie bied tans 'n Institusionele Vennootskapskonferensie by die Windhoek Buiteklub aan. Die konferensie is daarop gemik om die kommissie se regulatoriese reis sedert sy stigting in Desember 2009 te deel. Die konferensie sluit ook die samewerking af tussen die Duitse mededingingsowerheid, die Bundeskartellamt, en die kommissie. Handelminister Lucia Iipumpu sê in haar toespraak werk is tans aan die gang om die Mededingingswet te wysig. Dit is om die wet, wat die kommissie rig, te moderniseer.
Die Namibiese Mededingingskommissie bied tans 'n Institusionele Vennootskapskonferensie by die Windhoek Buiteklub aan. Die konferensie is daarop gemik om die kommissie se regulatoriese reis sedert sy stigting in Desember 2009 te deel. Die konferensie sluit ook die samewerking af tussen die Duitse mededingingsowerheid, die Bundeskartellamt, en die kommissie. Handelminister Lucia Iipumpu sê in haar toespraak werk is tans aan die gang om die Mededingingswet te wysig. Dit is om die wet, wat die kommissie rig, te moderniseer.
Die algemene werkersvakbond Giwusa sê hy is bekommerd oor die stand van sake in Suid-Afrika, veral rondom die ekonomie. Koketso Phasha van Giwusa sê 'n groot bron van kommer is die stygende koste van basiese goedere, soos uitgebeeld in 'n onlangse verslag. Hy voeg by Suid-Afrikaners sien dalings wat eintlik net druppels in 'n oseaan van stygende pryse is, en verdere pyn vir verbruikers voorspel.
Die DA het sy lid, Renaldo Gouws, met onmiddellike ingang uit alle werksaamhede van die party geskors terwyl hy weens dissiplinêre aanklagte voor die federale regskommissie van die party verskyn. Gouws is ‘n voormalige wyksraadslid in Nelson Madelabaai. Die voorsitter van die federale raad van die DA, Helen Zille, sê hulle het vasgestel ‘n video waarin Gouws verfoeilike en rassistiese taal gebruik, is in der waarheid eg en nie ‘n vervalsing soos aanvanklik vermoed is nie.
Die Kantoor van die Eerste Minister moedig streeksrade aan om deurlopend lyste van begunstigdes van droogtehulp op te dateer. Die maatstaf vir werkende mense om te kwalifiseer vir die program is 'n maksimum inkomste van 3 100 Namibiese dollar maandeliks. Kosmos 94.1 Nuus het navrae ontvang oor hoe die publiek kan baat vind by die droogtehulp. I-Ben Nashandi, die uitvoerende direkteur van die Kantoor van die Eerste Minister, verduidelik wie kwalifiseer.
Die regering sê hy is verbind tot die bou van 'n bekwame en eerlike administrasie wat alle Suid-Afrikaners dien en hy staan vas in sy visie om saam te werk en uitdagings wat burgers in die gesig staar, te oorkom. 'n Regeringswoordvoerder, Nomonde Mnukwa, sê Suid-Afrikaners word aangemoedig om steeds met die regering saam te werk om maatskaplike samehorigheid te versterk en 'n verenigde nasie te bou. Sy sê Suid-Afrikaners vier nie net 'n nuwe president nie, maar 'n nuwe hoofstuk in die nasie se geskiedenis:
Die Omaheke-goewerneur Pijoo Nganate sê dat uraan eksplorasie moet voortgaan in sy streek veral omdat die inwoners so erg verarm is. Hy het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat hy die belangrikheid van die Stampriet-bekken aanvaar en verstaan maar, dat hy ten gunste is van die eksplorasie deur die Russe.
Mansgesondheidsmaand word elke jaar in Junie waargeneem en mans word aangemoedig om siftings vir siektes te laat doen. Navorsing toon mans ervaar waarskynlik chroniese gesondheidstoestande vinniger as vroue. Mans word aangemoedig om veral te laat toets vir prostaat-, testikulêre- en kolonkanker. Die Suid-Afrikaanse Vereniging van Psigiaters het ook 'n beroep op mans gedoen om hul geestesgesondheid voorop te stel, aangesien mans vyf keer meer geneig is om weens selfdood te sterf as vroue. Kosmos 4.1 Nuus het gepraat met die Kankervereniging se uitvoerende hoof, Rolf Hansen...
Die Automobiel-Assosiasie in Suid-Afrika voorsien aanstaande maand ‘n positiewe vooruitsig vir brandstofpryse gebaseer op data van die Sentrale Energiefonds. Die prys van 93-oktaan petrol sal na verwagting die grootste daling toon van een-Suid-Afrikaanse rand 15-sent per liter, met die prys van 95-oktaan teen ongeveer een-rand-tien-sent per liter. Kosmos 94.1 Nuus het met die hoof van beleggings by Simonis Storm Max Rix, oor die plaaslike situasie gepraat...
McHenry Venaani, leier van die opposisie-PDM-party sê die regering het ‘n mislukking van epies proporsies op hande met die heersende voedseltekorte. Sy aanmerkings kom na die Omaheke-goewerneur Pijoo Nganate 26 sterftes van honger bevestig het met honderde wat in die hospitaal is. Venaani sê landbou is nie die aandag gegun word dit nodig het nie.
Die ekonoom Dawie Roodt meen die positiewe vertoning van die Suid-Afrikaanse rand is die gevolg van die markte se verligting oor die uitslag van die onlangse verkiesing. Die rand het tot sy hoogste vlak in byna 'n jaar gestyg, tot net onder 18-rand teen die dollar. Roodt voer aan die styging is in ooreenstemming met die vordering tot 'n regering van nasionale eenheid. Hy voeg by onlangse ontwikkelings is 'n teken van groter ekonomiese optimisme:
Die Verkiesingskommissie het weer ‘n beroep op alles stemgeregtige Namibiërs om te registreer vir November se verkiesing. Die kommissie het die beroep gedoen met die jongste registrasiesyfers wat tot 15 Junie geld. Die kommissie se woordvoerder De Wet Siluka...
Vroeër die maand het vise-president Netumbo Nandi-Ndaitwah die regering se verbintenis tot die voorkoming van hongerverwante sterftes te midde van die erge droogte bevestig. Intussen is daar reeds 26 mense in Omaheke aan honger dood. Longinus Iipumbu, adjunkleier van die Namibiese Ekonomiese Vryheidsvegters, het kommer uitgespreek en die kantoor van die premier gevra wat hulle hieraan gaan doen.
Die burgemeester van Kaapstad, Geordin Hill-Lewis, het die Wes-Kaapse hoërhof se finale uitsettingsbevel vir verskeie onwettige bewoners van persele in die Kaapstadse middestad verwelkom. Die burgemeester se woordvoerder, Lyndon Khan, sê 'n menswaardige oorgangskuiling by die stad se Veilige Ruimtes is steeds vir diegene beskikbaar wat die diens benodig. Khan sê die Balju word toegelaat om enige oorblywende bewoners na 30 Julie uit te sit:
TLU SA sê Suid-Afrikaners moet begin eerlik wees oor die gevolge van die ANC se beleidsomgewing. Die landbou-organisasie se uitvoerende hoof, Bennie van Zyl, sê die land se vermoëns het die afgelope 30 jaar verswak. Van Zyl doen ʼn beroep op president Cyril Ramaphosa om kaderontplooiing te stop en korrupsie op alle vlakke uit te roei:
Namibia Breweries nooi geregistreerde besighede wat reeds verkoelingsinstandhouding, naamborde en ligte ingenieursdienste verskaf om aansoek te doen om aan 'n besigheidsgroei-ondersteuningsprogram, die NBL MSME Development Fund, deel te neem. Inskrywings sluit op 5 Julie. Dit is 'n vyfjaarprogram wat na alle streke regoor Namibië uitgebrei sal word, na 'n loodsfase in die Khomas-streek. Kosmos 94.1 Nuus het met Danny Meyer van SMEs Compete oor die inisiatief gesels.
Die Departement van Gesondheid in Gauteng vra waaksaamheid teen bedrieërs wat die lewe van pasiënte en personeel in gevaar stel. Dit volg nadat ‘n vrou aangekeer is wat haarself as ‘n dokter voorgedoen het by die Tembisa Tersiêre Hospitaal. Die verdagte is aan die polisie oorhandig. Die woordvoerder van die departement, Motalatale Modiba, sê ‘n ondersoek is aan die gang om te bepaal hoe die bedrieër toegang tot die hospitaal verkry het:
Die droogte in Namibië veroorsaak al hoe meer probleme, veral in die voorsiening van voedsel in landelike gebiede. Daar is nie genoeg water om groente te verbou nie en vee is besig om agteruit te gaan en te vrek weens 'n gebrek aan water en weiding. Kosmos 94.1 Nuus het met die plaaslike landboukenner Dr. Dagmar Honsbein gesels oor wat boere kan doen om hul vee te help oorleef.
President Cyril Ramaphosa sê die belangrikste aspirasies van mense is genoeg kos, water, bekostigbare elektrisiteit en ordentlike behuising. Hy het in sy inhuldigingsrede die regering se verbintenis tot verbeterde lewenstandaarde en billike toegang tot noodsaaklike dienste uiteengesit. Volgens Ramaphosa is sosio-ekonomiese ontwikkeling en die verskaffing van basiese regte sleutel-doelwitte van sy tweede termyn, wat dui op ‘n diepgaande onderneming om kritieke kwessies aan te spreek wat Suid-Afrikaners raak:
Die Namibië Kwalifikasie-owerheid doen 'n beroep op alle onderwys- en opleidingsverskaffers om aansoek te doen vir akkreditasie. Die owerheid beklemtoon dat akkreditasie bevestig dat instellings aan vereiste standaarde voldoen en die kapasiteit het om kursusse aan te bied, studenteprestasie te assesseer en bevoegdhede te sertifiseer. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die owerheid se woordvoerder, Lina Ndengu.
Die gevorderde vermoëns van ChatGPT hou aan om die tegnologiegemeenskap te verras. Dit laat kommer ontstaan oor moontlike werkverliese as gevolg van KI wat mense in herhalende take kan vervang. Universiteite is bekommerd dat die gebruik van ChatGPT nie kritiese denke en probleem oplossing vaardighede bou nie. Hulle het ook kommer oor plagiaat. Kosmos 94.1 Nuus het met Arthur Goldstuck van Worldwide Worx in Suid-Afrika gesels, wat sy mening deel.
Geneties aangepaste organismse, of GMO's, is 'n komplekse kwessie in voedsel en landbou. Voorstanders beklemtoon hul potensiaal om oesopbrengste te verhoog, plae en siektes te bestry, en selfs voeding te verbeter. Teenstanders is egter bekommerd oor potensiële gesondheids- en omgewingsrisiko's, asook om van groot maatskappye en gepatenteerde sade afhanklik te wees. Kosmos 94.1 Nuus het met die Suid-Afrikaanse landbou-ekonoom dr. Kobus Laubscher gesels, wat sê GMO's is 'n positiewe inisiatief en behoort in Namibië gebruik te word.
Pasiënte wat van die Katutura-staatshospitaal na tente verskuif is, kla op sosiale media dat die tente onvoldoende is vir pasiëntesorg. Dit het groot verontwaardigheid ontlok en die publiek eis dat pasiënte onmiddellik na ander gesondheidsfasiliteite verskuif word, totdat opknappings by die hospitaal voltooi is. Ben Nangombe, uitvoerende direkteur van die gesondheidministerie, het aan Kosmos 94.1 Nuus verduidelik dat die verhuising na tente tydelik is, en hulle benut die hulpbronne wat hulle beskikbaar het.
Die president van die VN se Algemene Vergadering, Dennis Francis, het tydens sy driedaagse besoek aan Namibië die belangrikheid van die vorming van vennootskappe beklemtoon om volhoubare ontwikkelingsdoelwitte, veral behuising, te bevorder. Hy het klem gelê op die pogings van die Shack Dwellers Federation en die Havana Ituyeni-groep om gemeenskappe te help om veilige en bekostigbare huise te bou. Francis het ook die Heldeakker besoek, waar hy 'n krans neergelê en 'n oomblik van stilte by die mausoleum van wyle president Hage Geingob gehou het.
Die landbou-organisasie TLU SA sê hy is bekommerd oor die aanstelling van die minister van Water en Sanitasie, Senzo Mchunu, as waarnemende minister van Landbou. Die uitvoerende hoof van die organisasie, Bennie van Zyl, sê die skuif laat die vraag ontstaan of sy aanstelling 'n aanduiding is van 'n permanente posisie, en of dit werklik nodig was om dié besluit te neem enkele dae voor die aankondiging van 'n nuwe kabinet.
Die meeste van Namibië se belangrike damme stoor aansienlik minder water as 'n jaar gelede, volgens NamWater se jongste opdatering oor land se damme. Daar is slegs 16,7 persent waterbronne in die drie sentrale damme oor. In die Suide is Hardap op 10,7 persent en die damme in die Ooste is slegs 2,6 persent vol. Adjunk-premier John Mutorwa het tydens sy ministeriële verklaring in die Nasionale Vergadering gesê die situasie is kommerwekkend.
Die Stad Kaapstad sê sy Choose Cape Town-bemarkingsvideo wat silwer gewen het by die internasionale toerisme-fliekfees vir Afrika, sal meer mense aanmoedig om Kaapstad te besoek. Die kortfilm wat in die Toerismevideo-afdeling benoem is, vang Kaapstad se verskeidenheid onder ses temas vas: besoek, leef, werk, studeer, speel en belê. Die burgemeesterskomiteelid vir Ekonomiese Groei en Toerisme, James Vos, sê Kaapstad voel geëerd oor die erkenning wat die kortfilm ontvang het.
Otjozondjupa goewerneur James Uerikua het die regering geloof vir sy proaktiewe maatreëls om boere tydens die droogte te ondersteun. Die landbouministerie het onlangs 'n begroting van 130 miljoen Namibiese dollar aangekondig vir die 2024/2025-droogteondersteuningsingryping wat op veeboere gemik is. Dit sluit in aansporings vir veebemarking, weidingsubsidies, dierevervoer en voeraankope, wat geskeduleer is tot 31 Maart volgende jaar. Ondersteuning vir voer en akkerbou sal van 1 Julie tot 31 Desember beskikbaar wees. Die primêre doelwitte is om boere te help om vee tydens droogtes te verminder om veeverliese te voorkom, en boere in staat te stel om hul kuddes daarna te vergroot. Die ondersteuning is van toepassing op beide kommunale en kommersiële plase landwyd. Uerikua het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Elephant Human Relations Aid, bekend as Ehra, is verheug met die aankoms van 'n kosbare nuwe baba-olifant in die Huab-riviergebied. Eve, 'n sterk vroulike kalf, is gebore uit die 11-jarige Lisa, dogter van die matriarg Kinky. Eva deel die kenmerkende kinkel in haar stert, wat kenmerkend is van al die wyfies in die trop. Ehra sê sy is 'n perfekte klein wonderwerk, veral gegewe die uitdagende toestande wat onlangs die lewens van twee ander baba-olifante in die Ugab- en Huab-gebiede geëis het. Eve is die tweede kalfie wat vanjaar gebore is. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Rachel Harris, Ehra se besturende direkteur.
Die PDM-parlementslid Inna Hengari het 'n mosie in die Nasionale Vergadering ter tafel gelê wat pleit vir 'n verskuiwing in die huidige musieklandskap op Namibiese radiostasies, wat tans baie buitelandse musiek bevat. Sy beklemtoon die belangrikheid daarvan om plaaslike inhoud te prioritiseer, asook die behoefte om Namibiese kunstenaars te bevorder en die land se kulturele identiteit te bewaar. Volgens Hengari staar Namibië 'n beduidende ekonomiese en kulturele uitdaging in die gesig, aangesien meer as 80 persent van die musiek wat op plaaslike radiostasies uitgesaai word, van buitelandse bronne afkomstig is.
Die Beefcor winkel in Walvisbaai is vanoggend van 80 000 Namibiese dollar beroof. Volgens die polisie was die bestuurder besig om geld te tel om die daaglikse bankkwitansies voor te berei. Die sekuriteitshek was nie gesluit nie want twee kliënte was besig om die winkel te verlaat. Vier rowers met pistole het ingekom en die bestuurder beveel om op die grond te lê. Die rowers het die kontant en die bestuurder se rugsak gevat. Daar was 'n Rossi 38 Special rewolwer, 8 500 dollar kontant, 'n Samsung Galaxy A 54 en 'n maatskappy voertuig-ontstekingsleutel in die rugsak. Hulle het ook twee selfone by die werkers gevat, in 'n maroen Honda Fit met die registrasienommer N 17024 WB gespring en weggejaag. Beefcor het 'n beloning van 10 000 dollar aangebied vir inligting wat kan lei tot die rowers se inhegtenisname. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die Erongo-polisie se woordvoerder, adjudant-offisier Tashiya Fernando.
Volgens Simonis Storm se jongste gasvryheidstatistieke het die persentasie Namibiërs wat gasvryheidsinstansies besoek het tot 17,7 persent in Mei afgeneem, van 19,1 persent in April en 22,5 persent in Mei verlede jaar. Ten spyte van hierdie afname, handhaaf Namibië hoër besettingsyfers in vergelyking met ander streke. Europeërs het met 66 persent van die besoekers die grootste groep gebly, met die meerderheid toeriste van Oostenryk, Duitsland en Switserland. In positiewe nuus het die Namibië Toerismeraad onlangs Discover Airlines se nuwe roete van München na Windhoek verwelkom, wat geskeduleer is om in April volgende jaar in werking te tree. Dit sal reis na Namibië vanaf Europa geriefliker maak en die gasvryheids- en toerismesektor 'n hupstoot gee. Kosmos 94.1 Nuus het met Gitta Paetzold, die uitvoerende hoof van die Gasvryheidsvereniging van Namibië, gesels oor die statistieke.
Die uraan mynbedrywighede in die land bly in die nuus. Onlangs was daar 'n hoë profiel vergadering in Mariental oor die uitdagings met die moontlike myn in die Stampriet-omgewing. Landbouminister Calle Schlettwein het by die vergadering gesê dit is uiters belangrik om die area se water te beskerm. Net na dit het Rössing Uranium hulle volhoubaarheid-verslag vir 2023 bekendgestel. Volgens die verslag het die myn verlede jaar 6,4 miljard Namibiese dollar gegenereer. Steve Galloway, voorsitter van Rössing Uranium se raad, het by die geleentheid gepraat en sê uraanmyn-bedrywighede is van globale belang.
President Cyril Ramaphosa is vir sy tweede termyn ingehuldig en lei die sewende administrasie sedert die aanvang van die demokrasie. Hoofregter Raymond Zondo het die eed by die Uniegebou in Pretoria behartig. Die inhuldiging het kulturele vertonings en militêre seremonies bevat, insluitend 'n 21-geweer-saluut en 'n verbyvlug deur die Lugmag. Ramaphosa het hom toegewy aan die republiek.
Die ministerie van inligting en kommunikasie het die publiek regstreeks betrek by 'n openbare sektor inligtingsdeelsessie in Opuwo in die Kunene-streek. Die sessie het verskeie kwessies aangespreek en die publiek is met 'n verskeidenheid dienste bygestaan. By die geleentheid het inligtingsminister Emma Theofelus verduidelik hulle werk daaraan om die netwerk in die gebied uit te brei.
Die uittredende polisieminister in die buurland, Bheki Cele, het die mense van Suid-Afrika bedank wat hom met die ministerie van Polisie vertrou het. Cele het tydens die polisie se nasionale medalje-parade by die SAPD-akademie in Tshwane-Wes gepraat. Hy het ook die ANC bedank wat hom in die amp aangestel het en het raad gehad vir die persoon wat binnekort in sy plek kom:
Die Nasionale Betalingskorporasie van Indië sê sy oorsese arm het 'n ooreenkoms met die Bank van Namibië gesluit vir die ontwikkeling van 'n kitsbetalingstelsel vir Namibië. Hierdie strategiese vennootskap het ten doel om digitale finansiële dienste te verbeter en intydse persoon-tot-persoon- en handelaar-betalingstransaksies te versterk. Luidens 'n verklaring sal die bank toegang verkry tot die beste tegnologie en insigte, wat die skep van 'n platform vir die digitale welsyn van sy burgers moontlik maak. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Josefina Oskar, die Bank van Namibië se woordvoerder, oor wat dit vir die land sal beteken.
Die internasionaal-bekroonde dr. Helena Ndume is weer besig met ‘n uitreik om katarakte te verwyder en sodoende ouer Namibiërs se lewensgehalte te verbeter. Sy is tans besig in die Zambezi- en Kavango-streke en opereer op 700 pasiënte. Sy gesels met Kosmos 94.1 Nuus oor die vordering.
Die PAC in die buurland sê hy het besluit om deel te wees van die regering van nasionale eenheid. Die sekretaris-generaal, Apa Pooe, sê hierdie strategiese besluit is die gevolg van die party se verbintenis om beleidsposisies van binne die regering te verander. Pooe sê die besluit is gewortel in die geloof dat die PAC die land kan wegstuur van regse neigings en die winste beskerm wat tot dusver behaal is:
Uranium One het gereageer op lynminister Calle Schlettwein se kommentaar dat hy nog data nodig het in verband met die moontlike risiko van in-situ loging in die Stampriet-bekken. Riaan van Rooyen, woordvoerder van die Russiese maatskappy sê hulle stem saam en daarom moet hulle eksplorasie voortgaan. Hy verduidelik.
Die Bank van Namibië het, soos deur ekonome verwag, die repokoers onveranderd op 7,75 persent gehou. Die aankondiging is vanoggend deur die goewerneur, Johannes !Gawaxab gemaak. Cirrus-ekonoom Robert McGregor sê Namibiërs kan moontlik eers volgende jaar ‘n daling sien.
Mufeti voeg by die maatskappy het wel 'n permit om sand te myn, maar hulle is besig om te ondersoek of daar aan die voorwaardes voldoen word want hulle ontvang steeds klagtes.
Professionele jag, wat trofeejag insluit, is toenemend onder druk veral in Europa. Die Namibiese Professionele Jagvereniging kyk na nuwe markte, veral met ‘n dreigende verbod op trofee-invoere in talle lande. Kosmos 94.1 Nuus het met grootwildjagter Jofie Lamprecht van Jofie Lamprecht Safaris gepraat en hy sê toeriste moet jagters respekteer sodat almal saam toerisme in die land kan geniet.
Inwoners van Okahandja het einde April 'n petisie ingedien oor vermoedelik onwettige sandmyn-aktiwiteite in die Swakoprivier-bedding. Die ondertekenaars is erg bekommerd oor die skade wat aan die omgewing en ekologie gedoen word. Hulle het gevra dat alle onwettige sandmynaktiwiteite oombliklik gestop moet word. Kosmos 94.1 Nuus het met omgewingskommissaris Timotheus Mufeti gepraat, wat sê dat die maatskappy 'n nakomingsbevel gegee is om sekere aktiwiteite stop te sit.
Reaksie word ontvang op die aankondiging deur die sentrale bank se gowerneur Johannes !Gawaxab dat die repokoers vir die volgende 60 dae onveranderd bly op 7,75 persent. Robert McGregor, ekonoom by Cirrus, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Die Independent Patriots for Change-party sê die beskuldigings teen hom deur die Affirmative Repositioning-beweging is lagwekkend. Daar is berig dat klagtes op Katima Mulilo teen die beweging gemaak is oor sy gebruik van handtekenings om as party te registreer. Daar word beaam hulle het nie die tekenare se nodige toestemming nie. George Kambala van die beweging sê die IPC moedig mense aan om daaroor te kla. IPC-woordvoerder Imms Nashinge...
Die Monetêre Beleidskomitee van die sentrale bank het die repokoers onveranderd gelaat op 7,75 persent. Die goewerneur Johannes !Gawaxab het die aankondiging gemaak en die redes daarvoor so uiteengesit.
Elon Musk se Starlink stel belang daarin om in Namibië te werk, en hy het sy aansoek vir 'n lisensie amptelik by die Kommunikasieregulerende Owerheid, Cran, ingedien. Starlink verskaf hoëspoed en betroubare internet-verbindings wat veral in landelike gebiede van groot waarde is. Die lisensie is nog nie toegeken nie. Kosmos 94.1 Nuus het met plaaslike ekonoom Gabriel Erastus gepraat wat sê die elektrifisering van huishoudings moet eerste aandag geniet.
Die Mededingskommissie in Suid-Afrika sê sy ondersoek na Simba, 'n filiaal van PepsiCo, het kommer laat ontstaan oor sy praktyke wat met plantkwekers se regte verband hou. Die ondersoek dui daarop dat Simba dalk strategies die gebruik van sekere plantvariëteite staak voor hul beplande vervaldatum en dit met nuwe ten volle beskermde variëteite vervang. In 'n media-inligtingsessie sê die voorsitter van die kommissie se varsproduktemark-ondersoek, Hardin Ratshisusu, dié strategie kan toegang tot genetiese materiaal beperk, wat moontlik billike mededinging kan belemmer:
Die minister van Vervoer, Sindisiwe Chikunga, het bekendgemaak 55 miljard Suid-Afrikaanse rand is sedert 2006 aan infrastruktuur en bedrywighede in 13 stede bestee. Dit sluit in 131 bus-gebaseerde openbare vervoerstelsels, 2 628 bushaltes en 11 depots. Daarbenewens is hoofpaaie en nie-gemotoriseerde vervoerfasiliteite opgerig. Volgens Chikunga is die belegging daarop gemik om openbare vervoer en padinfrastruktuur asook stedelike vervoerstelsels te verbeter:
Die gemeenskap van Plaas Versailles in die Khomas-streek ruk vanoggend na die Khomas-streeksraad op en sal ‘n petisie indien. Die gemeenskap is uiters ongelukkig en Kosmos 94.1 Nuus het met Mariana Hansen, die voorsitter van Dorpsontwikkelingskomitee in die Windhoek Landelike kiesafdeling oor hul eise gesels.
Maleisië en China sal 'n vyf-jaar-program vir ekonomiese en handelsamewerking onderteken tydens die Chinese premier, Li Qiang, se eerste besoek aan Kuala Lumpur. Die Maleisiese minister van Belegging, Handel en Nywerheid, Tengku Zafrul Aziz, het tydens die bekendstelling van Chery se voertuigaanleg in dié land aangekondig die ooreenkoms sal bande in vervaardiging, die digitale ekonomie, robotika, entrepreneursontwikkeling, innovering, nuwe ondernemings, en landbounavorsing en -ontwikkeling verdiep:
Die Wêreldbank se houerhawe-prestasie-indeks verslag vir 2023 kritiseer Suid-Afrikaanse houerterminale. Terwyl die verslag se geldige punte erken word, insluitend sy eendimensionele indeksgebaseerde benadering en die gebruik van rang-aggregasie, beklemtoon bedryfsleiers die noodsaaklikheid om hierdie bevindinge konstruktief te gebruik. Hulle sê die verslag kan hawens se reputasie skade aandoen. Ten spyte van kommer oor hoë vaartuigverblyftye en doeltreffendheidsmaatstawwe by Durban se piere, is pogings om prestasie te verbeter reeds aan die gang. Dit beklemtoon privaatsektor-deelname en intra-hawe-mededinging as noodsaaklik vir toekomstige verbeterings in hawedoeltreffendheid en ekonomiese groei. Dr. Juanita Maree, uitvoerende hoof van die Suider-Afrikaanse Vereniging van Vragversendings, is aan die woord.
Die senaat in Thailand het die Wetsontwerp op Huweliksgelykheid goedgekeur, die eerste land in Suidoos-Asië wat selfdegeslag-huwelike goedkeur. Die hoërhuis het die maatreël goedgekeur met 130 stemme ten gunste daarvan, vier daarteen en 18 buite stemming. Die wetsontwerp moet nou deur koning Maha Vajiralongkorn goedgekeur word. Dit sal 120 dae na publikasie in die koninklike staatskoerant in werking tree. Die LGBTQ-aktivis en aanbieder op televisie in Thailand, Woody Milintachinda, beskryf dit as ’n reusestap vorentoe:
Die nasionale gesamentlike operasionele en intelligensiestruktuur, NATJOINTS, sê hy is gereed om enige wetteloosheid by die Uniegebou te hanteer waar Cyril Ramaphosa vandag as staatshoof ingehuldig word. Polisiewoordvoerder Athlenda Mathe sê hulle sal geen ontwrigting of swak gedrag verdra nie:
'n Video van die sewesitplek voertuig wat in 'n ongeluk was waarin nege mense dood is op die pad tussen Otjiwarongo en Otavi, is wyd op sosiale media versprei. Volgens die polisie was 'n sewesitplek-voertuig en 'n Toyota Fortuner betrokke met die bestuurder van die Fortuner wat later aan haar beserings beswyk het terwyl sewe van die agt mense in die ander voertuig dood is. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met veteraan joernalis, Gwen Lister, oor die verspreiding van die grafiese video deur die publiek.
Die omgewingsministerie het twee afsonderlike noodlottige aanvalle deur olifante aangemeld, beide op 17 Junie . Die eerste is die dood van die professionele jagter Gert van der Walt van Swakopmund, wat op 'n probleemdierbeheer-jag deur 'n olifant getrap is. Kosmos 94.1 Nuus gesels met Romeo Muyunda, die ministerie se woordvoerder, wat 'n beroep op die publiek doen om nie onsensitiewe aanmerkings oor die aangeleentheid te maak nie.
Die nuus dat Media24 oorweeg om aan die einde van September vanjaar dalk vyf koerante te sluit en moontlik 400 personeel af te lê, is ’n reuseterugslag vir gehaltejoernalistiek in die land en veral vir Afrikaanse media. Volgens AfriForum se hoof van Kultuursake, Alana Bailey, versaak Media24 die Afrikaanse gemeenskap en die titels van publikasies wat deel van die fondament is waarop dié sakereus gebou is:
Landbounavorsing is noodsaaklik om 'n veilige, stabiele en volhoubare voedselvoorraad vir 'n groeiende wêreldbevolking te verseker. Dit dryf vordering in gebiede soos oes-opbrengste, plaag- en siekteweerstand, en hulpbronbewaring. Dit is deurslaggewend om die wêreld te voed te midde van uitdagings soos klimaatsverandering en gronddegradasie. In Namibië is droogtebestande sade nou meer as ooit nodig om boere te help. Kosmos 94.1 Nuus het met Erastus Ngaruka, die tegniese adviseur vir Agribank se adviesdienste, gesels oor die belangrikheid van navorsing in die land.
Die UDM het bevestig sy adjunkpresident, Nqabayomzi Kwankwa, is op pad na die Kaapstadse-lughawe vir die presidensiële inhuldiging ontvoer. 'n Losprys van 10 000 Suid-Afrikaanse rand is geëis en betaal, wat gelei het tot sy veilige vrylating. Sy besittings en voertuig is gesteel. Kwankwa is in kontak met die polisie. Die UDM se sekretaris-generaal, Yongama Zigebe, het verligting uitgespreek oor sy veilige terugkeer en wens hom sterkte toe met sy herstel.
Die nasionale groenwaterstof uitreikingstoer, gereël deur die regering en Hyphen, gaan voort regoor die land. Hierdie week besoek hulle die Kunene-, Oshikoto- en Ohangwena-streke. Die toer is onder leiding van Obeth Kandjoze, direkteur-generaal van die Nasionale Beplanningskommissie en voorsitter van die Groenwaterstof-raad. Die toer het ten doel om belanghebbendes en gemeenskappe te betrek deur besonderhede oor Hyphen se projekte en sy sosio-ekonomiese ontwikkelingsraamwerk te deel. Kosmos 94.1 Nuus het aan Kandjoze gevra watter kennis hulle op die toer versprei.
Die Automobiel-Assosiasie voorsien aanstaande maand ‘n positiewe vooruitsig vir brandstofpryse gebaseer op data van die Sentrale Energiefonds. Die prys van 93-oktaan petrol sal na verwagting die grootste daling toon van een-Suid-Afrikaanse rand 15-sent per liter, met die prys van 95-oktaan teen ongeveer een-rand-tien-sent per liter. Die woordvoerder van die assosiasie, Eleanor Mavimbela, sê die pryse van diesel mag teen 55-sent per liter daal en die pryse van lampolie teen nagenoeg 45-sent per liter.
Die totale gemiddelde jaarlikse verbruik van witmielies oor die afgelope vyf jaar in Namibië was 178 000 ton. Die hoogste hoeveelheid wat plaaslik tydens goeie reënval geproduseer is, was 98 000 ton. Met die uiterste droogte vanjaar sal na verwagting net 33 000 ton geoes word. Dit beteken dat in slegs 18 persent van die totale vraag voorsien sal word, volgens Dr. Fidelis Mwazi, uitvoerende hoof van die Akkerbouraad. Mwazi het by die regering se inligtingsessie gepraat en gesê sowat 'n miljard Namibiese dollar sal spandeer moet word om in die vraag te voldoen.
Die nuutverkose premier van KwaZulu-Natal, Thami Ntuli, onderneem om voorrang te gee aan misdaadbestryding en gemeenskapsveiligheid in die provinsie. Na sy inhuldiging by die Woodburn-rugbystadion het hy die belangrikheid beklemtoon om misdaad te bestry en stabiliteit te verseker. Hy het homself verbind tot die stryd teen misdaad en om die veiligheid van alle inwoners te verseker. Volgens Ntuli is magsdeling en samewerking tussen politieke partye noodsaaklik in die provinsie.
Inwoners van die Windhoek-Oos kiesafdeling word uitgenooi na 'n raadplegende vergadering oor voorgestelde veranderings aan sy grense. Dit het ten doel om menings in te samel oor of die bestaande grense onveranderd moet bly, en of die oostelike grense moet uitbrei om gemeenskappe van Windhoek Platteland in te sluit, met die B6 as die suidelike grens. Die afbakening van grense is van kardinale belang vir billike hulpbrontoewysing en toegang tot noodsaaklike dienste. Byeenkomste sal op 24 Junie by Spesiale Skool Dagbreek in Klein Windhoek en op 25 Junie by Laerskool Suiderhof gehou word. Windhoek-Oos raadslid Brian Black het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.
Debatte duur voort oor of Namibië kernenergie moet nastreef. Die parlementêre staande komitee oor natuurlike hulpbronne beveel 'n kernkragsentrale aan, om die land se ryk uraanbronne te benut deur plaaslike verryking. Rusland se staatsatomiese energiekorporasie, Rosatom, het ook planne aangekondig om moontlik 'n kernkragsentrale in Namibië te bou. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die uitvoerende hoof van die Omgwingskamer, dr. Chris Brown, wat 'n interessante opsie aanbied.
President Nangolo Mbumba het sy steun aan die Suid-Afrikaanse regering bevestig terwyl hy by ander staatshoofde aansluit om die tweede inhuldiging van president Cyril Ramaphosa by te woon. Mbumba sê die buurland se nuwe regering van nasionale eenheid sal nie bestaande betrekkinge tussen Namibië en Suid-Afrika belemmer nie. Mbumba het voor sy vertrek met die media op Eros-lughawe gepraat.
Die Verkiesingskommissie in Suid-Afrika het onsekerheid oor die onlangse verkiesingsuitslae opgeklaar. Die kommissie het bevestig kiesers het twee stembriewe vir die Nasionale Vergadering ontvang, een nasionaal en een vir die streek, asook ‘n provinsiale stembrief. Dit volg omdat die MK-party vra die verkiesing moet nietig verklaar word. Na deeglike ondersoek verseker die adjunkbestuurder van kommunikasie van die kommissie, David Mandaha, die publiek die uitslae is nougeset weergegee ondanks kommer op sosiale media.
Volgens berigte staar plaaslike toeroperateur-entrepreneurs beperkings in die gesig om toegang tot die Etosha Nasionale Park met hul wildry-voertuie te kry, ondanks permitte en regulatoriese goedkeuring. Hulle beweer diskriminasie omdat net Anderson Gate hulle blokkeer, in teenstelling met lodge-eienaars in die omgewing wat nie sulke probleme ondervind nie. Hulle beskuldig die bestuur by Namibia Wildlife Resorts in Okaukuejo daarvan dat hulle onregverdig beweer hulle rokkel klante af en doen ongemagtigde handel in die park. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Nelson Ashipala, Namibia Wildlife Resorts se woordvoerder. Ashipala sê dat vrae aan die omgewingsministerie gerig moet word.
Chevron, deur Harmattan Energy, beoog om ongeveer 2,2 miljard Namibiese dollar in die land se ekonomie te belê deur aflandige eksplorasieprojekte. Die maatskappy, wat 'n eksplorasielisensie vir Blok 2813B aan die suidelike kus van Namibië het, beplan om tot 224 miljoen dollar per put te bestee, met 10 boorgate wat beplan word. Die maatskappy se plaaslike besteding sal ongeveer 45 miljoen tot 72 miljoen dollar per put per maand beloop tydens eksplorasie-aktiwiteite. Dit sluit verkrygings van plaaslike dienste soos hotelle, verblyf, logistiek en brandstof in. Die plaaslike besteding sal na verwagting die ekonomieë van Lüderitz, Walvisbaai, Oranjemund en Windhoek aansienlik beïnvloed. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die burgemeester van Lüderitz, Phil Balhao, oor of die dorp gereed is vir die ontwikkelings.
Die George-munisipaliteit in die Wes-Kaap sê hy is besig met ʼn projek om ʼn nuwe, energie-besparende slimstelsel op die stad se straatligte te toets. Die munisipaliteit se woordvoerder, Ntobeko Mangqwengqwe, sê die slimlig-veldtog se doel is om bestaande ligte te vervang met tegnologie wat hulle status kan monitor en die helderheid kan aanpas wanneer daar min verkeer is. Dit sal die doeltreffendheid verbeter van LED-ligte wat reeds geïnstalleer is.
Reaksie word ontvang op die nuus dat Omaheke sedert Januarie 300 gevalle van wanvoeding met 26 sterftes ervaar het. Die goewerneur Pijoo Nganate sê 263 mense is gehospitaliseer. Kosmos 94.1 Nuus het die oud-ombud, advokaat John Walters gepraat.
Al Jama-ah se leier, Ganief Hendricks, sê die DA wil ten alle koste beheer neem oor die regering van nasionale eenheid. Hendricks sê die ondertekende Verklaring van Voorneme tussen die twee partye maak deure oop vir magsdeling tussen die voormalige onderdrukkers die gewese swart bevrydingsbeweging.
Die naweekmisdaadverslag rapporteer dat 'n 42-jarige polisiebeampte in hegtenis geneem is nadat hy 8 000 Namibiese dollar van 'n bestuurder wat van Ondangwa na Oshakati gereis het, gevra het. Dit was om te verhoed dat die bestuurder vir alkohol getoets word, aangesien die polisie lukrake alkohol-asemtoetse daar naby gedoen het. Die bestuurder het doelbewus 320 dollar betaal en toe hy by die kontrolepunt verby is, het hy die bevelvoerder gewaarsku. Die gedragsondersoekspan is uitgestuur en die verdagte is met die geld gevind, wat aan die bestuurder terugbesorg is. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die direkteur van die Anti-Korrupsiekommissie, Paulus Noa, oor die belangrikheid daarvan om korrupsie, selfs dié wat as klein beskou word, aan te meld.
Die Suid-Afrikaanse rand vertoon op die oomblik baie goed teen die Amerikaanse dollar, rondom 18,20. Die bestendigheid en volwasse gedrag van die politieke partye het volgens die ekonoom Chris Hart, ‘n baie goeie impak op die geldeenheid wat selfs verder kan versterk.
Voorbereidings vir vanjaar se presidents- en Nasionale Vergadering-verkiesing is in volle swang, met die Verkiesingskommissie van Namibië se kiesersregistrasie-veldtog wat tot 1 Augustus duur. Namibiërs van stemgeregtigde ouderdom word aangemoedig om te registreer om aan November se verkiesings deel te neem. Die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing, IPPR, waarsku dat tensy jongmense oorreed kan word om in die politiek belang te stel, daar waarskynlik 'n lae verkiesingsopkoms sal wees. Kosmos 94.1 Nuus het met die bestuurskenner, dr. Marius Kudumo, gesels oor watter eienskappe die jeug na moet kyk wanneer hulle gaan stem.
COPE sê hy het reeds begin met voorbereiding vir die volgende plaaslike verkiesing. Die party se waarnemende hoofsekretaris, Erick Mohlaphamaswi, sê COPE het die naweek tydens ʼn slypskool in Bloemfontein lesse geleer uit foute in die verlede en planne beraam om dit te bekamp. Hy sê die party het swak gedoen in die verkiesing wat gelei het tot ʼn gebrek aan verteenwoordiging in die Parlement en provinsiale wetgewers:
Die Bank van Namibië en die Ontwikkelingsbank het 'n drie-jaar memorandum van verstandhouding onderteken om ekonomiese groei en ontwikkeling in Namibië te ondersteun. Die ooreenkoms het ten doel om die gekombineerde kundigheid en hulpbronne van die twee banke te benut om volhoubare ekonomiese ontwikkeling en maatskaplike welsyn vir Namibiërs te bewerkstellig. Sandra Garises, kommunikasie-hoof by die sentrale bank...
Die aantal Namibiërs wat asiel soek in die Verenigde Koninkryk soek het die hoogte ingeskiet, van 27 in 2016 tot meer as 1 400 verlede jaar. Dit is verbasend, aangesien Namibië 'n vreedsame land is en hierdie getalle meer is as die aantal asielsoekers uit oorloggeteisterde lande soos Afghanistan, Soedan en Sirië. Die LGBT-gemeenskap beweer sommige asielsoekers maak asof hulle deel van hul gemeenskap is, en gebruik dit as gronde om asiel te eis. Die Britse hoëkommissaris in Namibië, Charles Moore, het verlede jaar gesê die meeste van hierdie aansoeke is vir ekonomiese voordeel, en mense doen aansoek om allerlei redes, wat die land se reputasie skade berokken. Kosmos 94.1 Nuus het met Maximilliant Katjimune van die Popular Democratic Movement gesels, wat die probleem toeskryf aan die regering.
Die GOOD Party sê hy ondersteun die jongste voorstelle soos vervat in die konsepdokument van voorneme van die regering van nasionale eenheid. Die GOOD Party se sekretaris-generaal, Brett Herron, sê die party het die verklaring onderteken ná 'n vergadering onlangs tussen GOOD en die ANC se onderhandelingspan in Johannesburg. Herron sê hulle het nié posisies in die regering van nasionale eenheid bespreek of enige posisies geëis nie:
Die onderwysaktivis Hendrick Makaneta doen ʼn beroep op die regering van nasionale eenheid om onderwys as belangrike prioriteit te beskou, en misdaad dringend te hanteer. Makaneta sê sommige gemeenskappe is nie meer veilig vir inwoners nie en die toenemende misdaad spoel oor na skole in hierdie gemeenskappe. Hy sê een manier waarop misdaad in gemeenskappe verminder kan word, is deur die jeug oor op te lei:
Te midde van berigte en kommer dat die jeug apaties is, nie in politiek belangstel nie en daar nie van hulle verwag word om hul burgerlike plig te doen en hul demokratiese reg om te stem uit te oefen nie, kom baie kritiek. Mense sê die jeug stel nie belang daarin om die land se toekoms, en hul eie, te bepaal nie. Jeugaktivis George Kambala het met Kosmos 94.1 Nuus gesels en die jeug gewaarsku om bewus te wees van die verskillende slenters wat politieke partye sal aanwend om hulle te oortuig om vir hulle te stem.
Die 1000-vrouetrust het 'n nasionale Van-Omstander-na-Opstander-kompetisie ingestel. Die handelsmerkbestuurder Adrie Jurgensen sê hulle wil leerders in Suid-Afrikaanse skole mobiliseer teen boeliegedrag. Jurgensen sê hulle versprei 20 000 pamflette in skole met uitnodigings om deel te neem aan die kompetisie en hoe opgetree kan word wanneer kinders in skole afgeknou word:
Die voltooiing van 319 huise wat deur New Era Investments voltooi en oorhandig is, is geprys deur stedelike ontwikkeling-minister Erastus Uutoni. Uutoni het gepraat by die amptelike oorhandiging van die laaste 119 huise wat ingevolge die Massabehuisingontwikkelingsprogram in Swakopmund gebou is. Die minister beklemtoon dat die net minder as 4 500 eenhede onder die program gelewer is.
Adjunkminister van gesondheid dr. Esther Muinjangue, het statistieke met betrekking tot tabakgebruik in die land verskaf. Sy het gepraat by die amptelike opening van 'n weeklange werkswinkel in Swakopmund wat wysigings aan die Wet op die Beheer van Tabakprodukte van 2010 sal aanpak. Die werkswinkel sal Vrydag afsluit.
ActionSA neem kennis van berigte wat daarop dui dat die ANC- en DA-regering van nasionale eenheid dalk beplan om die grootte van 'n reeds oorgroot kabinet uit te brei. Samkelo Mgobozi van ActionSA sê met 30 dienende ministers en hulle 36 adjunkte, wat die belastingbetaler jaarliks net aan salarisse 146 miljoen Suid-Afrikaanse rand kos, is president Cyril Ramaphosa se vorige belofte om die kabinet te verklein, duidelik van die baan:
Die aantal tienerswangerskappe in die Ohangwena-streek is kommerwekkend. Owerhede rapporteer meer as 9 000 sake tussen Januarie 2022 en April vanjaar. Hierdie meisies was almal onder die ouderdom van 19. Tienerswangerskappe is egter landswyd 'n probleem. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Utaara Mootu, die hoofsweep van die LPM oor die moontlike oorsake vir die hoë tienerswangerskapsyfers in landelike gebiede.
Die Bank van Namibië sal Woensdag die repokoers bekend maak. Die huidige koers is 7,75 persent. Die Suid-Afrikaanse Reserwebank het sy koers in Mei onveranderd op 8,25 persent gehou, en die Bank van Namibië sal waarskynlik die voorbeeld volg. Namibië se jaarlikse inflasiekoers vir Mei het op 4,9 persent gestaan, 'n verlangsaming vanaf 6,3 persent op 'n jaargrondslag in Mei verlede jaar, maar effens hoër as die 4,8 persent op 'n jaargrondslag in April. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die plaaslike ekonoom Josef Sheehama, wat sy voorspelling gee.
Die aktivis en NEFF-lid Michael Amushelelo is na die Nasionale Vergadering genooi vir 'n raadplegende vergadering nadat hy op 21 Maart 'n petisie ingedien het wat die skep van 'n werkloosheidsfonds bepleit, soortgelyk aan die Wet op Veterane van 2008, met gebruikmaking van Artikel 44 van die grondwet. Die parlementêre staande komitee oor grondwetlike- en regsake het sy petisie op 13 Junie hersien en besluit om hom te nooi om sy saak te stel. Die vergadering is vir Donderdag geskeduleer, met die doel om die petisie se vereistes en verwagtinge deur middel van 'n aanbieding duidelik te maak. Kosmos 94.1 Nuus het met Amushelelo gepraat.
Die Finansiële Intelligensie-sentrum sal volgens berigte binnekort onafhanklik van die Bank van Namibië begin funskioneer, na die wet op Finansiële Intelligensie aangepas is. Die sentrum dien as wetstoepassingsagentskap om te verseker dat die land se finansiële stelsel stabiel is. Kosmos 94.1 Nuus het dr. Omu Kakujaha-Matundu, van Unam se departement van ekonomie, gevra of dit 'n stap is vir Namibië om van die Finansiële Aksie-taakmag se gryslys verwyder te word. Namibië is in Februarie op die gryslys geplaas weens kommer oor sy doeltreffendheid in die bekamping van geldwassery, terreurfinansiering en verspreidingsfinansiering.
Die MK-party sê sy lede, voormalige president Jacob Zuma ingesluit, is steeds lede van die ANC. Die woordvoerder van die party, Nhlamulo Ndhlela, sê hulle sal aanhou om enige ruimte wat nog oorbly binne die ANC te gebruik om wat hulle noem die agente van wit monopolie-kapitaal wat die land wil terugneem na apartheid, te ontbloot. Ndhlela sê hulle sal verslaan word.
Die aantal beeste wat geslag is, het aansienlik toegeneem van 8 103 in Januarie tot 'n hoogtepunt van 15 976 in April. Skaapslagting het ook van 12 836 in Januarie tot 16 699 in April gestyg. Die aantal bokke wat geslag is, het minimaal gebly met slegs 6 wat in April geslag is, terwyl varkslag relatief stabiel gebly het. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die landboukenner Wallie Roux oor hoe lank die toename in slagting na verwagting sal duur.
Cosatu het Refiloe Mtsweni-Tsipane gelukgewens met haar verkiesing as die nuwe voorsitter van die Nasionale Raad van Provinsies. Die federasie salueer ook die nuwe hoofsweep, Kenny Mmoiemang. Matthew Parks van Cosatu sê hulle is bemoedig deur die ANC se vasberadenheid om vroue in sleutel leierskapposisies in die parlement en in al die provinsiale wetgewers te bevestig.
Volgens 'n Wêreldbankverslag oor Armoede in Namibië van 2021 leef meer as 43,3 persent van die bevolking steeds in multidimensionele armoede, 'n kommerwekkende statistiek gegewe die huidige omstandighede. Om die hoë koers van armoede aan te spreek, word onderwys en veral tersiêre onderwys as die uitweg uit armoede beskou. Daar is egter steeds 'n groot hoeveelheid werkloosheid onder gegradueerdes. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Manuel Ngaringombe, die sekretaris-generaal van die PDM, wat sê as die PDM verkies word, hulle beroepsopleiding sal ondersteun sodat die jeug werkskeppers word.
Die MK-party sê hulle het na regsadvies besluit om hulle 58 setels in die Nasionale Vergadering van 400 setels in te neem, terwyl hulle in ander forums sal veg teen die kwessie van die beweerde knoeiery met die verkiesing. Dit is op 'n mediakonferensie in Johannesburg aangekondig. Die woordvoerder van die MK-party, Nhlamulo Ndhlela, sê hulle sal aansluit by die alliansie wat bekendstaan as die Progressive Caucus.
Die landbouministerie se intentingsveldtog teen hondsdolheid het begin en troeteldier-eienaars word aangemoedig om van vandag af tot 28 Junie hulle diere in te vat vir die spuit. Dit is gratis. Kosmos 94.1 Nuus het met dr. Theuns Laubscher van die Windhoek Veeartsenykliniek gepraat. Hy sê die inenting is uiters belangrik.
Vyf Swapo-lede wil ‘n dringende aansoek bring oor die party se besluit om volgende jaar ‘n buitengewone kongres te hou. Die party, en sy adjunkpresident Netumbo Nandi-Ndaitwah is die respondente. Die lede sê die party moes volgens sy grondwet na die dood van Hage Geingob, wat die party se president was, 'n buitengewone kongres gehou het om 'n nuwe leier te kies. Richard Metcalfe tree vir die vyf op. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Nahas Angula, voormalige minister en 'n Swapo-veteraan, oor wat dit vir die party beteken.
Hy sê 'n uitvoerige omgewingsimpak-studie moet gedoen word, want nie al die data is voldoende ingesamel nie.
Die beoogde uraantontginning in die Stampriet-bekken is vandag onder die loep by 'n hoë-vlak vergadering op Mariental. Verskeie rolspelers, insluitend Uranium One, die myne en energie-ministerie en die landbouministerie vergader agter geslote deure met afgevaardigdes van Unesco oor die sensitiewe kwessie. Landbouminister Calle Schlettwein het by die opening die belangrikheid van die kwessie benadruk.
Die Tender Bulletin berig dat die Sentrale Verkrygingsraad uitdagings beleef in sy rol om toesig te hou oor openbare sektor-tenders. Dit word dikwels oorgesien ten gunste van ander entiteite vir hoëwaarde-kontrakte. In die fiskale jaar 2023/2024 het hy kontrakte van slegs 8 miljard Namibiese dollar toegeken. Die aanstelling van Lucia Kazetjikuria as direkteur van die raad het ook omstredenheid ontlok. Kritici beweer dit is 'n voorbeeld van staatskaping, waar politieke figure onbehoorlike invloed op openbare instellings uitoefen. Die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing, IPPR, sê die kabinet moet nie betrokke wees by die aanstelling van die raad se uitvoerende hoof nie. Die instituut se navorser Frederico Links lewer kommentaar.
Die Suid-Afrikaanse Demokratiese Onderwysersunie sê jongmense word deur hoë vlakke van werkloosheid, armoede en geweld gekonfronteer. Die hoofsekretaris van Sadou, Mugwena Maluleke, sê hoewel sommige jeugdiges onderwysgeleenthede benut en by hoër onderwysinstellings studeer, open hulle sertifikate nie deure vir werk vir hulle nie. Maluleke sê jongmense het bitter min of geen bronne om werksgeleenthede vir hulleself te skep nie.
ReconAfrica berei voor om teen die einde van die maand die Naingopo-eksplorasieput in Namibië se Kavango-kom te begin boor, 'n belangrike mylpaal in die toets van die Damara-vougordel. Die put teiken 163 miljoen vate potensiële oliebronne of 843 miljard kubieke voet potensiële aardgasbronne. Intussen vra Kanadese menseregteprokureurs 'n ondersoek na die maatskappy vir beweerde menseregteskendings in Namibië. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Thomas Muronga, voorsitter van Kapinga Kamwalye-bewarea, oor die potensiële impak van die nuwe put op plaaslike gemeenskappe.
Cosatu vra vakbonde om sonder ophou vir werkers te veg, na Mercedes Benz Suid-Afrika aangekondig het hy gaan 700 poste afskaf. Cosatu se woordvoerder, Zanele Sabela, sê met 'n breë werkloosheidsyfer van byna 42-persent moet daar nie 'n enkele werksgeleentheid verlore gaan nie. Sy waarsku dat dit 'n vernietigende uitwerking op die gemeenskap en waardekettings van die Buffalo City-munisipaliteit in die Oos-Kaap sal hê.
Die Ikhaya Somandla-familie, ISF, beoog om 'n groenenergiekompleks in Walvisbaai te ontwikkel wat 'n olieraffinadery, 'n hernubare-energie-kragstasie en verwante bergingsfasiliteite sal insluit. 'n Omgewingsimpakstudie is gedoen deur Green Earth Environmental Consultants, wat 'n openbare vergadering op 24 Mei by die Narraville Gemeenskapsaal vir openbare konsultasies aangebied het. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met James Links, die hoofbestuurder van ISF, wat 'n opdatering gee oor die vergadering en wanneer die verwagte bedrywighede sal begin.
Volgens 'n Wêreldbankverslag leef meer as 43,3 persent van die bevolking steeds in multidimensionele armoede. Berigte van burgers of gesinne wat vir geld bedel of deur vullisdromme vir kos krap, beklemtoon die erns van die situasie. Met die voortdurende onbekostigbaarheid van behuising en die werkloosheidskrisisse is die aanskou van sulke desperaatheid ontmoedigend. Presidentskandidaat en sosiale aktivis Rosa Namises spreek haar hartseer uit oor die lot van moeders en kinders, en beklemtoon die behoefte aan optrede in 'n land met oorvloedige hulpbronne en potensiaal.
Die burgemeester van Tshwane, Cilliers Brink, sê die stad is vasbeslote om wetstoepassing asook omgewingsregulasies oral in die metro op te skerp. Tshwane het onlangs geraasbesoedelings-regulasies in Plastic View en Cemetry View afgedwing. Brink sê die stadsraad keur munisipale ordonansies goed om die aangeleenthede en dienste wat die munisipaliteit onder sy jurisdiksie lewer, te reguleer:
‘n Hoë-vlak vergadering met verskeie rolspelers vind vandag op Mariental agter geslote deur plaas. Afgevaardigdes van Unesco vergader met Uranium One, sowel as die landbouministerie en die van myne en energie oor uraantontginning in die Stampriet-bekken. Landbouminister Calle Schlettwein het die vergadering amptelik geopen.
Die kabinet het reeds op 27 Februarie die projek, om water van die Okavangorivier na die Berg Aukas-stelsel toe te pomp, goedgekeur. Die plan is reeds sedert 1974 deel van die sogenaamde Meesterplan vir watervoorsiening in die sentrale gebied, veral nou, met die erge droogte, maar, dit sal tot sewe jaar neem, en 7 miljard Namibiese dollar neem voor dit voltooi is. Kosmos 94.1 Nuus het met NamWater se uitvoerende hoof, Abraham Nehemia gepraat.
Kolonel Jan Breytenbach Sondag op die ouderdom van 92 oorlede. Breytenbach was 'n afgetrede Suid-Afrikaanse Spesiale Magte-offisier, en was bekend as die eerste bevelvoerder van 1 Verkenningskommando, Suid-Afrika se eerste Spesiale Magte-eenheid, en as die eerste bevelvoerder van beide 32 Bataljon en die 44 Valskermbrigade. Hy word oorleef deur sy vrou Rosalind, sy kinders Richard en Angela, en kleinkinders Christopher en Matthew. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Gert Jacobie, 'n jong soldaat wat deur Breytenbach opgelei is.
Net meer as 187 000 Namibiërs is in die eerste week van kieserregistrasie geregistreer, volgens die Namibiese Verkiesingskommissie. Die hoogste getal registrasies sover is in die Khomas-streek, op net meer as 40 000. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die jeug-aktivis Rivaldo Kavango, oor of dit 'n goeie aanduiding is dat die jeug sal gaan stem. Volgens Kavanga sê die jeug maklik hulle gaan stem, maar dit sal nie gebeur nie.
Die Stad Tshwane sê hy streef daarna om 95-persent van alle meters in die stad te lees om akkurate rekeninge te verseker. Die meters moet elke maand gelees word en die aanbevole teiken is minstens 95-persent. Die burgemeesterskomiteelid vir Finansies, Jacqui Uys, moedig inwoners aan om probleemnavrae by die stad te doen en hulle uitstaande skuld te betaal:
Die Ondersoekdirektoraat verwerp 'n berig in Sunday World dat die arrestasie van die ANC se nasionale voorsitter Gwede Mantashe op hande is. Die berig lui Mantashe se komende inhegtenisneming hou verband met Bosasa-sekerheids-opgraderings by sy eiendomme in Gauteng en die Oos-Kaap. Die woordvoerder van die direktoraat, Henry Mamothame, sê egter hulle het nie oor die kwessie besluit of dit bespreek nie:
Die vierde been van die nasionale motocross kampioenskap is met groot sukses op Swakopmund gehou. Amper 60 ryers het deelgeneem onder moeilike omstandighede. Francois Lottering doen verslag en sê die weer was nie gunstig nie.
Beide die Tories en die Arbeidersparty is druk besig met hul veldtogte met kiesers wat op 4 Julie in die Verenigde Koninkryk sal stem. Die Tories is ver agter in alle peilings maar, premier Rishi Sunak sê hy sal tot op die laaste baklei. Die Nasionale Gesondheidsdiens, wat uitdagings in die gesig staar, is een van die brandpunte wat Sunak sê nou aangespreek sal word, veral met opleiding.
Die vierde been van die nasionale motocross kampioenskap is met groot sukses op Swakopmund gehou. Amper 60 ryers het deelgeneem onder moeilike omstandighede. Francois Lottering doen verslag en sê die weer was nie gunstig nie.
Die onderwysministerie wyd menings in oor die skool-kalenderstelsel vir die 2025 akademiese jaar en daarna. Die uitvoerende direkteur Sanet Steenkamp sê die ministerie het oorgeskakel van 'n trimester na 'n semester-gebaseerde kalender om verligting te gee met die verspreiding van Covid in die winter:
Die 29ste COP-klimaatberaad kom nader en sal in November in Baku, Azerbeidjan plaasvind. Klimaatsverandering is wesenlike uitdaging wat hom tans uitspeel in ekstreme weerverskynsels. Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies Antonio Guterres vra weer dat verwarming beperk word.
Die leier van die MK-party en voormalige president Jacob Zuma sê die party moet mense opvoed dat daar geen regering van nasionale eenheid is nie - net 'n onheilige huwelik tussen die DA en die ANC. Zuma het gepraat op die party se deurslaggewende mediakonferensie in Johannesburg oor die huidige politieke toestand en voortgesette ontwikkelings in Suid-Afrika. Hy sê die regering van nasionale eenheid is malligheid:
Eskom sê namate die winter-elektrisiteitsvraag styg het die oorlading van die netwerk weer kop uitgesteek weens kragdiefstal. Die woordvoerder, Daphne Makoena, sê die misdadige aktiwiteite is ondermeer onwettige konneksies, diefstal van netwerktoerusting, vandalisme, die omleiding van meters, peuter met kragverbindings, die ongemagtigde bedryf van netwerke, en die aankoop van krag by onwettige verkopers. Mokwena doen 'n beroep op klante om hulle verbruik te verminder:
Die volume ru-olie en olieprodukte wat om die Kaap die Goeie Hoop beweeg het byna 50 persent gestyg in die eerste vyf maande van die jaar. As gevolg hiervan het die Walvisbaai-hawe 'n toename gesien in vaartuie wat daar dok. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Elias Mwenyo, die hoof van kommersiële dienste by Namport, oor wat die sukses wat die hawe gehandhaaf het.
Adjunkkommissaris Kauna Shikwambi, woordvoerder van Nampol, sê in die jongste naweekmisdaadverslag selfmoord bly die primêre bekommernis, gevolg deur huisbraak, roof en moord. Sy beklemtoon die dringende behoefte aan optrede oor die toename in selfmoordgevalle. Die samelewing, gesinne en individue moet kwesbare individue ondersteun. Kosmos 94.1 Nuus het met aktivis Zack Itodo gesels oor die uitdaging gesels.
Equal Rights Namibia het reeds sowat 6 000 handtekeninge op hul petisie wat president Nangolo Mbumba versoek om nie Jerry Ekandjo se sogenaamde anti-LGBTQ-wetsontwerp te onderteken nie. Die petisie, wat in Mei op sosiale media bekendgestel is, beklemtoon kommer oor veiligheid en inklusiwiteit vir die LGBT-gemeenskap, veral ná die aanvaarding van die wetsontwerp deur die parlement in Julie verlede jaar. Die beweging beplan om die petisie aan die president te oorhandig sodra 10 000 handtekeninge bereik is, en bepleit die beskerming van menseregte en nakoming van die Grondwet. Daarbenewens doen Equal Rights Namibia 'n beroep op konstruktiewe dialoog tussen regeringsamptenare, kerkleiers, tradisionele leiers en ander belanghebbendes om diskriminerende wanopvattings uit die weg te ruim en begrip te bevorder. Kosmos 94.1 Nuus het met Omar van Reenen, stigter van Equal Rights Namibia, gesels wat sê dat hulle as 'n LGBT-gemeenskap sal oorwin, maak nie saak wat nie.
President Nangolo Mbumba het oor die naweek Suid-Afrika se president Cyril Ramaphosa gelukgewens met sy herverkiesing as staatshoof. Volgens Mbumba is die twee lande se gedeelde geskiedenis 'n basis om bilaterale betrekkinge te versterk. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die politieke ontleder, dr. Ndumba Kamwanyah, oor sy siening van die situasie.
Die Nasionale Raad se staande komitee vir vervoer, infrastruktuur en behuising gaan van 18 tot 21 Junie ’n werkswinkel aanbied oor “Die behoefte om grond vir die stedelike arm en grondlose burgers te voorsien”. Dit volg op die aanvaarding van 'n mosie wat ten doel het om Namibië se behuisingsagterstand te evalueer en die struikelblokke te ondersoek wat stedelike arm gemeenskappe in die gesig staar in toegang tot grond en behuising. Die Shack Dwellers’ Federation of Namibia gaan daar wees. Die federasie se hooffokus is om die lewensomstandighede van lae-inkomstegroepe wat in shacks of gehuurde kamers woon en diegene sonder blyplek te verbeter. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Heinrich Amushila van die federasie, oor hoekom die werkswinkel belangrik is.
Die ACDP se adjunk-president, Wayne Thring, sê die leierskap het besluit om nie by die regering van nasionale eenheid aan te sluit nie. Thring sê die ACDP se leiers het onlangs met verteenwoordigers van die ANC ontmoet en is die geleentheid gebied om by die nuwe regering aan te sluit. Hy sê in hulle bi-laterale vergadering het hulle ook oor 'n nasionale dialoog gepraat.
Die verkiesing is om die draai en politieke partye moet nog hul standpunte stel oor verskeie belangrike kwessies. Kosmos 94.1 Nuus het hieroor gesels met die sosiale aktivis, Ethne Mudge. Een van die grootste probleme wat volgens Mudge daadwerklik aangespreek moet word, is korrupsie.
Die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, sê verskeie politieke partye het na die verkiesing 'n verklaring van voorneme onderteken. Maar partye wat weier om deel van die regering van nasionale eenheid te wees, is voorstanders van 'n groot koalisie. Mbalula het na die eerste sitting van die nuwe Nasionale Raad van Provinsies in Kaapstad gepraat. Hy sê die ANC is nie ten gunste van 'n veelparty koalisie nie.
Veediefstal regoor Namibië bly steeds 'n probleem, en die gevoel is dat die euwel net sal toeneem. Kosmos 94.1-Nuus het gepraat met die goewerneur van die Kavango-Oos-streek, Bonifatius Wakudumo, wat sê veediefstal is 'n groot bekommernis. Hy sê boere werk hard en sorg goed vir hulle diere en wanneer dit gesteel word, veroorsaak dit 'n pyn waaroor niemand kan praat nie.
Namibië het die volhoubare bestuur van biologiese en genetiese hulpbronne versterk deur die instelling van nuwe Toegang en Voordeel-deling, of ABS-riglyne, sowel as 'n aanlyn permitstelsel. Dit het ten doel om die volhoubare gebruik van genetiese hulpbronne te verseker, wat plantvariëteite, diererasse, mikroörganismes en meer insluit. Dit sal ook plaaslike gemeenskappe bemagtig om ekonomiese voordeel uit sulke tradisionele kennis te trek. Namibië voer onder andere meer as 90 persent van die wêreld se duiwelsklou uit. ABS-riglyne reguleer toegang tot hierdie hulpbronne deur te verseker dat gebruikers permitte kry en instem tot voordeel-deling ooreenkomste, veral met die gemeenskappe wat dit tradisioneel beheer het.
Die EFF-leier, Julius Malema, sê hulle lede in die Nasionale Vergadering sal verseker dat die instelling reg funksioneer. Hy voeg by hulle beplan nie om met die parlement se sekerheidswagte te baklei nie en wil die beste opposisie wees. Malema is benoem as president, maar het slegs 44 stemme teenoor die 283 van president Cyril Ramaphosa gekry. Die EFF-leier het Ramaphosa gelukgewens, maar sê daar's nie 'n regering van nasionale eenheid nie.
Die Internasionale Dag van die Afrika-kind, wat sedert 1991 jaarliks op 16 Junie gevier word, herdenk die Soweto-opstand van 1976. Geïnisieer deur die voormalige Organisasie van Afrika-eenheid, bring hierdie dag hulde aan die deelnemers aan die opstand en beklemtoon die voortdurende behoefte aan beter onderwys vir Afrika-kinders. In Soweto, Suid-Afrika, het duisende swart skoolkinders op 16 Junie 1976 teen die swak gehalte van onderwys betoog en onderrig in hul moedertaal geëis. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met maatskaplike welsyn-minister Doreen Sioka, wat haar wense vir Afrika se kinders deel, asook haar groot bekommernis.
Beesboere landswyd sien met groot afwagting uit na die 13de uitgawe van die Agra Speenkalf-kampioenskapreeks. Daar sal van 9 Julie tot 5 September 18 veilings van Karasburg tot Grootfontein aangebied word, met nog vier veilings in gemeenskaplike gebiede. Die reeks dien om gemeenskapskapasiteit te bou en topprodusente te vereer, bied 'n kontantvloei-hupstoot en moedig uitnemendheid in speenkalfgehalte aan. Produsente kan hul praktyke nasionaal vergelyk en in drie kategorieë meeding. Pryse word ook aan topkopers toegeken. Wenners word by elke veiling aangekondig, met streek- en algehele kampioene wat by die Gala-geleentheid in Oktober gekroon word. Die reeks toon die inklusiwiteit en uitsonderlike gehalte van Namibiese beesproduksie, wat 'n verbintenis tot voortreflike boerdery- en bestuurspraktyke vereis vir erkenning. Paul Klein van Agra Auctions het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.
Die DA-leier, John Steenhuisen, sê die party sien daarna uit om met president Cyril Ramaphosa en die res van die span saam te werk wat die regering van nasionale eenheid vorm. Steenhuisen doen 'n beroep op politieke partye om die land eerste te stel en saam te werk in die beste belang van die mense wat hulle dien en die land wat hulle liefhet.
Rugby: Springbok-flank Marco van Staden is terug vir die Bulle in vanmiddag se Verenigde Rugbykampioenskap-halfeindstryd teen Leinster in Pretoria. Die Wêreldbekerwenner is weer fiks na 'n besering. Dit is een van drie veranderings wat die direkteur van rugby Jake White gemaak het in sy opdraf-15-tal, met Sergeal Petersen wat bevorder is tot nommer 14, met Devon Williams op linkervleuel. Die ander halfeindstryd is vanaand in Ierland, waar Munster Skotland se Glasgow Warriors verwelkom. Eugene Hare, die uitvoerende hoof van die Blou Bulle, sê hulle is reg.
Die regering van Katar het 102 ton kospakkies bestaande uit mieliemeel, rys, blikkies beesvleis, kookolie en blikkies tuna aan die regering geskenk. Dit was in reaksie op 'n oproep deur president Nangolo Mbumba vir hulp van die internasionale gemeenskap te midde van die rampspoedige droogte. Die sekretaris van die kabinet, dr. George Simataa, het die eerste besending voedselhulp namens die regering ontvang. Dit sal deur die streeksrade vir verspreiding na geregistreerde geaffekteerde huishoudings gekanaliseer word. Simataa het 'n beroep op alle betrokkenes gedoen om te verseker dat die skenking diegene bevoordeel vir wie dit bedoel is.
Die EFF-president, Julius Malema, het 'n dringende mosie by die speaker van die Parlement, Thoko Didiza, ingedien vir die samestelling van 'n komitee om president Cyril Ramaphosa in 'n staat van beskuldiging te plaas. Die adjunk-president van die EFF, Floyd Shivambu, sê die verslag van 'n onafhanklike paneel het bevind daar is 'n prima facie saak om Ramaphosa in 'n staat van beskuldiging te plaas oor die Phala Phala aangeleentheid.
Volgens die jongste resultate van Afrobarometer se 10de rondte van opnames oor demokrasie in Namibië, sê 57 persent van respondente dit maak nie saak of dieselfde party altyd verkiesings wen nie, solank die regering op 'n vrye en regverdige wyse deur die mense verkies word. 'n Beduidende minderheid, 39 persent, meen dit is beter in 'n demokrasie as mag soms in verkiesings van een politieke party na 'n ander hande verwissel. Sestig persent van respondente sê demokrasie is verkieslik bo enige ander politieke stelsel van regering. Agt-en-sestig persent verwerp militêre bewind, 73 persent verwerp eenman-bewind en 80 persent verwerp eenparty-bewind. Sowat sewe uit 10 burgers beskryf die land as "'n volle demokrasie", 'n daling van 11 persentasiepunte vergeleke met Afrobarometer se eerste opname in Namibië in 1999. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die eienaar van Survey Warehouse, Christie Keulder, oor die positiewe nuus vir demokrasie.
Die ANC president Cyril Ramaphosa is vir 'n tweede termyn as die president van Suid-Afrika verkies. Die Nasionale Vergadering het Ramaphosa met 'n oorweldigende meerderheid van 283 stemme verkies. Die president van die EFF, Julius Malema het 44 stemme gekry. Ramaphosa sê politieke partye moet beloof om op twee maniere hulle samewerking te gee: as 'n vrywillige Parlement van nasionale eenheid en as 'n vrywilige regering van nasionale eenheid.
Die Copps 94.1-span het 'n stillerige aand gehad en slegs drank-verwante kwessies hanteer. Hulle moes twee bakleiende susters probeer beheer en 'n geval van 'n voertuig sonder sleutel oplos. Francois Lottering was aan diens.
Die tragiese neerstort van 'n R44-helikopter op 17 Julie verlede jaar in Swakopmund, waarin vlieënier Jacques Jacobs en vlugingenieur Dirk von Weidts dood is, was na bewering weens vervalste dokumente en verskeie ander oortredings van die Wet op Burgerlugvaart. Antje Nauhaus, 'n werknemer van Namibia Base Aviation, het in die hof verskyn op verskeie aanklagte wat met die saak verband hou. Sy is op borgtog vrygelaat. Die Direktoraat van Vliegtuigongelukke en Insident-ondersoeke het 'n voorlopige verslag uitgereik wat aandui dat die helikopter nie 'n geldige lugwaardigheid-sertifikaat vir Suid-Afrika of Namibië gehad het nie. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Hafeni Mweshixwa, ’n ondersoeker by die direktoraat, oor wanneer die finale verslag vrygestel sal word en die jongste oor die ondersoek.
Thoko Didiza van die ANC is met 284 stemme verkies tot speaker van die Nasionale Vergadering. Haar teenstander Veronica Mente van die EFF het 49 stemme gekry. Didiza het die eerste sitting toegespreek en al die lede bedank wat deelgeneem het aan die demokratiese proses van die verkiesing van die sewende Parlement se speaker.
Weiding by die Osire-vlugtelingkamp het 'n probleem vir die owerhede in die Otjozondjupa-streek geword. Osire is 'n vlugtelingkamp in sentraal-Namibië, 200km noord van Windhoek langs die C30-hoofpad van Gobabis na Otjiwarongo. Dit is in 1992 gestig om vlugtelinge uit Angola, Burundi, die Demokratiese Republiek van die Kongo, Rwanda en Somalië te akkommodeer. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met James Uerikua, die goewerneur van die Otjozondjupa-streek, vir 'n opdatering oor die weidingkwessie.
DA-leier John Steenhuisen het bevestig die president van die ANC, Cyril Ramaphosa sal die presidensiële kandidaat wees vir die regering van nasionale eenheid. Op 'n nuuskonferensie het Steenhuisen gesê die land se uitdagings bly ernstig, en hoë werkloosheid, misdaad, infrastruktuur-agteruitgang en endemiese korrupsie uitgelig.
Kultuur-liefhebbers wat deel is van die Curro skole kan uitsien na 'n opwindende tyd wat voorlê. Die aktrise en dramakundige Ira Blankenberg van Suid Afrika is in die land en is besig om leerlinge op te lei in drama. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Colette Riekert, die uitvoerende direkteur van Curro Windhoek Gimnasium, wat uitbrei.
Voertuigverkope in Namibië het in Mei 966 eenhede bereik, wat 'n 7,5 persent maand-tot-maand-toename was van die 899 eenhede wat in April verkoop is. Dit verteenwoordig egter 'n effense afname vergeleke met die 982 eenhede wat in Mei 2023 verkoop is. Kommersiële voertuie gaan voort om verkope in die mark te dryf, volgens die nuutste verslag deur Simonis Storm. Teen die einde van April was die opname van korporatiewe paaiement- en huurkrediet gemiddeld 24,5 persent jaar-tot-datum, terwyl huishoudelike paaiement- en huurkrediet-opname gemiddeld 6,1 persent jaar-tot-datum was. Kosmos 94.1 Nuus het met Halleluya Ndimulunde, 'n ekonoom van Simonis Storm, gesels.
Die Bank van Namibië is bekroon met die Deursigtigheidstoekenning by die Jaarlikse Sentrale Banktoekennings in Londen. Die toonaangewende geleentheid, gereël deur Central Banking Publications, vier uitsonderlike prestasies binne die globale sentrale bankgemeenskap. As die algehele wenner in die deursigtigheidskategorie vir die 2023-tydperk, is die Bank van Namibië erken vir sy uitstaande pogings om die reikwydte en diepte van sy monetêre beleidskommunikasie te verbreed en deursigtigheid in die uitvoering van sy prysstabiliteitsmandaat te verbeter. Naufiku Hamunime, die waarnemende direkteur van strategiese kommunikasie en internasionale betrekkinge by die sentrale bank, gee meer inligting.
Die regering het 'n ondersoek na die Nasionale Jeugraad van stapel gestuur om bewerings van korrupsie, wanbestuur en nie-nakoming van regulasies te ondersoek. Die direkteur, Calista Schwartz-Gowases, staar beskuldigings in die gesig van inmenging in die verkrygingstelsel en die fasilitering van 'n ongemagtigde betaling van ongeveer 300 000 Namibiese dollar aan Jeovani Properties vir opknappings by die raad se hoofkantoor. Die aangeleentheid het in die Nasionale Vergadering ter sprake gekom en jeugminister Agnes Tjongarero sê daar is tot dusver geen verslag van vermiste fondse by die Jeugraad ontvang nie. As sulke bewyse gevind word, sal die saak na die Anti-Korrupsie Kommissie verwys word.
Die ANC en die DA het die ondertekening van 'n raamwerk-ooreenkoms aangekondig om 'n regering van nasionale eenheid te vorm wat ook die IVP sal insluit. Hierdie verwikkeling was tydens 'n onderbreking in die eerste sitting van die Nasionale Vergadering in die Kaapstadse Internasionale Konvensiesentrum. Kenners meen die ooreenkoms sal beteken Cyril Ramaphosa word herkies as president van die land. Kosmos 94.1 Nuus het met die Suid-Afrikaanse ekonoom, Dawie Roodt, gesels wat sê die markte en rand reageer positief. Dit sal ook positief wees vir die Namibiese dollar.
Binnelandse Sake minister Albert Kawana, en sy Angolese eweknie, Eugenio Cesar Laborinho, het aangekondig dat die Oshikango-grenspos van vandag af 24 uur per dag oop sal wees. Dit het ten doel om oorgrenshandel te verbeter, ekonomiese aktiwiteite te bevorder, en om naatlose beweging vir reisigers en besighede tussen Namibië en Angola te fasiliteer. Daar is egter vrese dat reeds problematiese onwettige brandstofsmokkelary vanaf Angola hoogty sal vier sodra die grenspos 24 uur per dag oop is. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Jafet Nakanue, 'n vulstasie-eienaar naby die Oshikango-grenspos, wat sê dit gaan net 'n gemors afgee.
Die spoed waarteen die voorgestelde regering van nasionale eenheid tussen die ANC, die DA en die IVP voorgestel is, sal ware toewyding vereis van die ANC se alliansievennote. Anders sal dit net 'n weerspieëling wees van ʼn elite-ooreenkoms wat in die toekoms onbestendig kan wees. Dit is die mening van die politieke ontleder Daniel Silke. Die ANC het met sowat 17 politieke partye onderhandel om ʼn nuwe regering te vorm. Silke sê sonder ʼn duidelike beleidsagenda is die regering van nasionale eenheid net ʼn meganisme om aanvanklik vir bestendigheid te sorg.
Die kragvoorsieners in Namibië word gekonfronteer met die groot uitdaging van koperdraaddiefstal. Charlie Matengu, skakelbeampte by Cenored, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels en gesê die steel van koperkabels is aan die toeneem. Dit plaas hulle bedrywighede in die gedrang, raak huishoudings wanneer krag nie gelewer kan word nie en beïnvloed ook elektrisiteitstariewe.
'n Studie aan die Universiteit van die Wes-Kaap beklemtoon die kritieke behoefte aan deeglike sifting van dwelmgebruik onder swanger vroue. Die navorsing deur Nyanisa Gqwede het gefokus op alkohol, dagga en heroïen by swanger vroue wat van 11 staatsklinieke in Kaapstad gebruik maak. Sy sê die studie verskaf waardevolle insigte oor siftingsmetodes en die implikasies daarvan.
Die minderheidsleier in die Amerikaanse Senaat, Republikein Mitch McConnell, het saam met talle ander Republikeine oudpresident Donald Trump hartlik in Washington, by Capitol Hill verwelkom, Trump se eerste keer terug sedert Januarie 2020. Amerikaanse media sê sy verwelkoming handel alles oor oorlewing, veral in McConnell se geval. Hy het Trump nog altyd vir die gebeure van 6 Januarie blameer, soos in die toespraak van Januarie 2021.
Namibiërs sal temperature van warmer as normaal in die komende week ervaar maar, nagte sal koud wees. In hierdie week se AMT-weervoorspelling sê Johan van den Berg daar is wel koue op pad.
Ekonome verwag nou Suid Afrika se rentekoersverlagingsiklus sal in November begin, later as die voorheen verwagte datums van Maart en September. Volgehoue inflasie het die verwagte verlagings teruggeskuif. Kosmos 94.1 Nuus het met ekonoom Theo Klein van Oxford Economics Africa gesels en die nuus is nog slegter vir Namibiërs.
Onafhanklike presidensiële kandidaat Ally Angula lok weer kritiek uit vir haar uitlatings tydens haar veldtog. Sy sê sy sal 100 000 werkgeleenthede in een jaar skep en daarna, 500 000 werksgeleenthede oor drie jaar. Kosmos 94.1 Nuus het aangeklop by Mahongora Kavihuha, sekretaris-generaal van die Vakbond Kongres van Namibië, Tucna. Hy sê mense moet realisties wees.
Die weer die naweek tyd vir die bergfiets teen posduif resies op Isap naby Okahandja. Die fietsryers moet hulle eie posduif kies waarteen hulle sal kompeteer. Die duif vlieg Rehoboth toe en die fietsryer moet 45 kilometer aflê. En dis soos altyd, alles vir ‘n goeie doel soos Fritz Kaufmann van Isap verduidelik.
Die omstrede Wet op Finansiële Instellings en Markte, Fima, het in die parlement ter sprake gekom. Natangue Ithete van Swapo het aanbeveel dat verskeie regulasies uit die wet verwyder moet word. As dit in hul huidige vorm geïmplementeer word, sal die regulasies lede van pensioenfondse toelaat om slegs 25 persent van hul pensioene voor die ouderdom van 55 te onttrek wanneer hulle bedank. Fima was veronderstel om op 1 Oktober verlede jaar in werking te tree, maar weens die publieke oproer het Namfisa aangekondig dat die wet se toepassing uitgestel sal word. Elma Dienda, die PDM se hoofsweep, het haar ontevredenheid oor die nuwe aanbevelings uitgespreek...
Die EFF-leier Julius Malema sê hulle is nie teen ʼn regering van nasionale eenheid gekant nie, maar sal nie deelneem aan ʼn regering wat regse en reaksionêre politieke partye insluit nie. Hy het die media gisteraand oor koalisiesamesprekings toegespreek. Die EFF is die vierde grootste party in die land met 9,52-persent van stemme in die algemene verkiesing. Malema sê hulle sal nie saam met die DA en VF Plus werk nie:
Die Verenigde Nasies se uitvoerende hoofsekretaris vir klimaatsverandering, Simon Stiell, sê nasies moet meer doen voor die COP29-beraad wat in November in Baku, Azerbeidjan, plaasvind. Ontwikkelende lande wat China uitsluit, sal na raming teen 2030 jaarliks meer as 36 miljard Namibiese dollar nodig hê om klimaatsverandering te hanteer. Stiell sê regerings moet hul nasionale klimaatsplanne verskerp wat elke sektor en alle kweekhuisgasse dek en so meer geld ontsluit:
Die Springbok-afrigter, Rassie Erasmus, sê Pieter-Steph du Toit, Eben Etzebeth en Bongi Mbonambi is voorlopers om die span volgende naweek op Twickenham in die eenmalige toets teen Wallis aan te voer. Kaptein Siya Kolisi is nie beskikbaar nie omdat dit buite die amptelike toets-venster val en sy Franse klub, Racing 92, hoef hom nie vir internasionale diens vry te stel nie. Erasmus sê ʼn finale besluit oor die kapteinskap sal voor volgende maand se reeks van twee wedstryde teen Ierland geneem word:
RedForce, 'n skuldinvorderings- en bestuursmaatskappy wat in Windhoek gebaseer is, het onlangs onder die loep gekom weens betogings in verskeie dorpe, insluitend Windhoek, Okahandja, Walvisbaai en Grootfontein. Inwoners betoog teen RedForce se skuldinvorderingsmetodes nadat dit deur dié dorpe aangestel is om uitstaande agterstallige munisipale skuld te verhaal. Charl Coetzee van die Okahandja Belastingbetalersvereniging, Orpa, het 'n mosie geïnisieer om te ondersoek hoe RedForce aangestel is. Coetzee is ook 'n lid van die dorpsraad. ’n Vergadering is geskeduleer om volgende week met alle raadslede gehou te word, maar die datum is nog nie bekend nie. Kosmos 94.1 Nuus het met Coetzee oor die kwessie gepraat.
Rory McIlroy van Noord-Ierland en die Amerikaner Patrick Cantlay het albei vyf onder 65 behaal en loop saam voor ná die eerste ronde van die Amerikaanse Ope in Noord-Carolina. Die nuweling, Ludvig Åberg van Swede, is een hou agter in die derde plek. Die wêreld se nommer een, die Amerikaner Scottie Scheffler, het op een oor 71 klaargemaak terwyl die driemalige kampioen, Tiger Woods, vier oor baansyfer het. McIlroy, wat sy vyfde major-titel wil inpalm, sê hy het ʼn beheerste ronde gholf gespeel:
Die Nasionale Persklub is geskok en hartseer oor die verwagte sluiting van verskeie hoofstroom drukpublikasies van Media24. Dit sluit in City Press, Rapport, Beeld en Daily Sun. Ondanks pogings om klarigheid by Media24 te bekom was die antwoorde onvoldoende. ‘n Woordvoerder van die Persklub, Albi Modise, vra Media24 om met personeel in gesprek te tree om deursigtige prosesse te verseker wat werksverliese sal versag en joernalistieke integriteit behou:
Die Rehoboth-dorpsraad het 'n verklaring uitgereik dat hulle konsultasies met belanghebbendes oor die dorp se begroting vir 2024/2025 gaan hou. Die dorpsraad moedig die publiek aan om dit by te woon om te help om die dorp se behoeftes aan te spreek. Amanda Groenewaldt, die burgemeester van Rehoboth, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en gee meer inligting.
Die G7-leiers het ingestem om winste van gevriesde Russiese soewereine bates te gebruik vir ʼn lening van 920 miljard Namibiese dollar aan Oekraïne. Dit moet dié land help om die gevolge van Russiese aanvalle te hanteer. Die Amerikaanse president Joe Biden het ook ʼn sekerheidsooreenkoms van tien jaar met Oekraïne se president Volodymyr Zelensky onderteken. Biden het by die G7-beraad in Puglia, Italië, gesê die doel is om Oekraïne se verdediging en afskrikvermoë op die lang termyn te versterk:
Die National Freedom Party het sy steun vir die samestelling van ‘n Regering van Nasionale Eenheid op nasionale vlak na die verkiesing uitgespreek. Hulle is aktief in gesprek met die IVP, ANC en die DA en beoog om die voorwaardes vir hulle deelname vas te knoop. Die partyleier, Ivan Barnes, het aan die media gesê die koalisie beoog om stabiliteit, vennootskap en doeltreffende regering oor die volgende vyf jaar deur middel van wigte en teëwigte te verseker:
Die jaarlikse Grünau winterskool is geskeduleer vir 14 Augustus by die Grünau Boereverenigingsaal. Ondanks die voortslepende droogte word boere landwyd aangemoedig om dit by te woon. Die geleentheid spog met opwindende sprekers, insluitend die legendariese dr. Joggie Briedenhann van Hartebeesloop, en beloof 'n dag vol aktiwiteite vir die hele gesin. Dolf de Wet, 'n boer van die plaas Michberg naby Grünau, rig 'n hartlike uitnodiging aan almal om die winterskool by te woon.
Die Russe het gereageer op die landbouministerie se 'n hoë-vlak vergadering op Mariental oor die omstrede kwessie van uraanontginning in die Stampriet-bekken. Dit volg op die ministerie se versoek aan Unesco en die Internasionale Atoomenergie-agentskap om die geval te bestudeer en terugvoering te gee. Riaan van Rooyen, woordvoerder van Headspring Investments wat die ontginning wil doen, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.
Die Otjozondjupa-streekraad het die kriteria vir droogtehulpverlening gewysig om huishoudings in informele nedersettings in te sluit. Dit is bevestig deur die Streekraadsvoorsitter, Marlene Mbakera, wat ook voorsitter is van die streek se ramprisikobestuurskomitee. Sowat 5 000 huishoudings in informele nedersettings in die streek se vyf groot dorpe sal baat vind by die droogtehulp ingevolge die buitestedelike program. Hulle sluit nou aan by 'n lys van 15 960 geregistreerde huishoudings, wat die vraag opstoot. Volgens Mbakera moet daar beter beheer oor die droogtehulp wees om te verhoed dat gesinne wat reeds hulp ontvang het, weer ontvang.
Die Khomas-streeksraad stel voor dat die Samora Machel-kiesafdeling in twee verdeel word. Dit is omdat dit die grootste bevolking in die streek het, met meer as 92 000 inwoners. Khomas goewerneur Laura McLeod-Katjirua voer aan dat die groot bevolking dit moeilik maak om voldoende dienste te lewer. Sy sê die voorgestelde nuwe kiesafdeling moet Otto Nankudhu genoem word. Die goewerneur het 'n voorlegging gedoen aan die vyfde Grensafbakening-kommissie, gelei deur waarnemende regter Petrus Unengu.
Die sekretaris van die buurland se parlement, Xolile George, sê die parlement berei toegewyd voor vir die oorgang na die sewende administrasie, wat ‘n sleutel-oomblik in Suid-Afrika se demokratiese geskiedenis is. George het die media toegespreek en die Kaapstadse Internasionale Konvensiesentrum tot parlementêre gebied verklaar. Hy sê vandag se eerste sitting van die Nasionale Vergadering en die Nasionale Raad van Provinsies in die sentrum verteenwoordig die letterlike wil van die mense en die vestiging van die nuwe parlementêre termyn.
Die Namibië Groenwaterstof-navorsingsinstituut, NGHRI, is 'n beduidende ontwikkeling vir Namibië se posisie in die globale groenwaterstofbedryf. Die instituut is in 2021 deur Unam gestig en dien as 'n nasionale spilpunt vir navorsing en ontwikkeling in hierdie skoon energiesektor. Die instituut fokus op verskeie aspekte van groenwaterstof, insluitend produksiemetodes, bergingsoplossings en toepassings soos brandstofsel-tegnologie. Sy ses sentrums spreek hierdie gebiede aan tesame met die ekonomiese, wetlike, omgewings- en sosiale faktore rondom groenwaterstof. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Shafuda Natangue, die instituut se projekkoördineerder, oor waarmee hulle tans besig is.
Die minister van Hoër Onderwys, Wetenskap en Innovering, Blade Nzimande, het die paneelverslag verwelkom oor inhoud wat in twee kamers in die Wilgenhof-koshuis aan die Universiteit Stellenbosch gevind is. Dit hou na bewering verband met ingewortelde rassisme. Die rektoraat het die paneel se aanbeveling onderskryf om Wilgenhof aan die einde van die akademiese jaar te sluit. Visekanselier Wim de Villiers sal hierdie aanbeveling op die volgende raadsvergadering voorlê. Sy woordvoerder, Veli Mbele, sê Nzimande vra samewerking om sulke gedrag by akademiese instellings uit te wis.
Die saak waarin voormalige werknemers van Air Namibia deur die howe wil verseker dat hulle hul uitstaande uitbetalings ontvang, is weer uitgestel. Air Namibia is reeds in 2021 gelikwideer en die werkers is nou nog nie ten volle uitbetaal nie. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Renier Bougaard, die woordvoerder van die groep, wat sê die hofsitting het goed afgeloop en uitspraak word op 14 Augustus verwag.
AfriForum het 'n nuwe opleidingsmodule bekendgestel om buurtwaglede landwyd toe te rus om spykerlokvalle te bekamp. Die module, wat deur AfriForum se afdeling Gemeenskapsveiligheid ontwikkel is, sal van volgende week kritieke vaardighede verskaf om hierdie groeiende misdaad wat motoriste, veral rondom Pretoria raak, aan te pak. Die woordvoerder van Gemeenskapsveiligheid, Jacques Broodryk, sê teoretiese en praktiese opleiding sal lede se vermoë verbeter om hierdie bedreigings te voorkom, daarop te reageer en om veiligheid te verseker.
‘n Hoë-vlak vergadering sal Maandag op Mariental plaasvind oor die kontroversiële ontginning van uraan in die Stampriet-bekken. Die kwessie het sterk teenkanting en verdeeldheid onder gemeenskappe tot gevolg gehad. Die landbouministerie het kenners van Unesco en die Internasionale Atoomenergie-agentskap gevra om die kwessie te bestudeer en terugvoering te gee. Landbouminister Calle Schlettwein het met Kosmos 94.1 Nuus oor die vergadering gepraat.
Verlede week kon speaker Peter Katjavivi nie 'n parlementêre sitting begin nie omdat daar te min lede was om 'n kworum te vorm. Nou vra sommige parlementslede dat die parlementêre kalender aangepas word om hulle tyd te gee vir verkiesingsveldtogte. Hulle het egter 'n grondwetlike verpligting as wetgewers om aandag te gee aan die uitvaardiging van wetsontwerpe en beleide, waarvan daar 'n agterstand is, om die nasie te dien. Dit is hul werk waarvoor hulle betaal word, deur die mense. Kosmos 94.1 Nuus het met die politieke kommentator Rui Tyitende oor die kwessie gesels.
Landswye konsultasies vir die inwerkingstelling van die Namibië Ontwikkelingsplan 6, of NDP6, is onlangs voltooi. Die plan sal vir ses jaar geldig wees en sal die laaste wees. Die konsultasies is gelei deur die Nasionale Beplanningskommissie, NPC. Die plan is ingestel om die Visie 2030-doelwitte te bereik, aangesien dit onder die Harambee-voorspoedsplan val. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Sylvester Mbangu, die hoof nasionale ontwikkelingsadviseur by die Nasionale Beplanningskommissie, oor die jongste verwikkelinge.
Alan Winde van die DA verwelkom sy herverkiesing as premier van die Wes-Kaap vir nog ‘n termyn van vyf-jaar. Hy het 26 stemme in die geheime stemming gekry teen Muhammad Khalid Sayed van die ANC se 14. Winde het inwoners vir hulle ondersteuning en vertroue bedank en onderneem om ekonomiese groei, werkskepping en energiesekerheid voorop te stel. Hy versoek ook die samewerking van die opposisie tot voordeel van alle inwoners.
Die Grensbestuursowerheid sê hy bly vebind tot die beskerming van die 71 grensposte terwyl hy die wettige beweging van goedere en dienste fasiliteer. Die owerheid se woordvoeder, Memme Mogotsi, sê tydens 'n wetstoepassingsoperasie Dinsdag het junior grenswagte by Mpumalanga se Lebombo-grenspos 'n aansienlike hoeveelheid alkohol onderskep. Sy sê dit is in 'n minibustaxi van Mosambiek onder sakke steenkool en pakke blaarslaai versteek.
Namibiërs berei voor vir die verkiesing van 27 November te midde van 'n oplewing in disinformasie op sosiale media. 'n Algemene taktiek wat deur propagandiste gebruik word is om betroubare nuusbronne na te boots, met die doel om geloofwaardig en legitiem voor te kom. 'n Voorbeeld in Namibië is "The Windhoek Times," 'n sosiale media-bladsy wat homself as 'n betroubare nuuskantoor voordoen. Kosmos 94.1 Nuus het 'n onderhoud met Frederico Links van die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing, IPPR, gevoer oor hoe Namibiërs disinformasie en fopnuus wat op sosiale media sirkuleer in die aanloop tot die verkiesing kan hanteer.
Dit is welbekend dat Afrika toenemende voedselonsekerheid in die gesig staar. Voedselonsekerheid belemmer produktiwiteit en ekonomiese groei. Diegene wat honger is, het nie die energie en kognitiewe funksie om effektief te werk nie. Dit skep 'n siklus van armoede, waar sukkelende gesinne nie genoeg kos kan bekostig nie, wat hul vermoë beperk om 'n bestaan te verdien. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Ben Schernick, die direkteur van die Nutrition and Food Security Alliance of Namibia, oor wat die regering moet doen om die probleem aan te spreek.
Old Mutual Investments sê 'n regering van nasionale eenheid wat die navolging van 'n maatskaplike hervormingsagenda balanseer met die aansporing van ekonomiese groei sal steun van die mark kry. Die DA, IVP, Patriotic Alliance en RISE Mzansi het almal aangekondig hulle gaan by die ANC se regering van nasionale eenheid aansluit. Meryl Pick van Old Mutual Investments het aan die SABC gesê hoewel die tydperk 'n verskuiwing van die politieke landskap aandui, het dit die potensiaal om sommige van strukturele kwessies wat Suid-Afrika in die gesig staar, op te los:
Die eienaars van die Belgiese Malinois Troy, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor sy vordering na hy sy been verloor het tydens ‘n skietvoorval op 15 April by Grootfontein vanjaar. Kriminele klagte is in Mei teen die boer wat hom geskiet het, Willem Goosen, gemaak. Cheré van der Merwe sê Troy se herstel vorder goed en so ook die kriminele ondersoek.
Terwyl lande soos Namibië goedkoper kragbronne moet behou om industrialisasie te bevorder, is die land, soos talle ander op die vasteland, ‘n ondertekenaar van verskeie klimaat-verdrae. Hoe sal Namibië en Afrika kragbronne ontwikkel om ‘n goeie balans te handhaaf? Die energiekenner en ekonoom Chris Yelland het met Kosmos 94.1 gesels.
Die versterking van dubbelheining-regulasies vir wildebeesbestuur het debat ontketen, met die Namibië Professionele Jagvereniging, Napha wat die regulasies teenstaan weens kommer oor die impak daarvan op wildebeesbewaring. Die regulasies, wat deur die Direktoraat Veeartsenydienste beopdrag is, vereis dat boere dubbele heinings rondom wildebeeskampe oprig as daar vee op die plaas is, met die doel om die verspreiding van snotsiekte, te voorkom. Dubbleheinings werk uiters duur uit vir grondeienaars en dit kan die bewaring van die spesie in gedrang plaas. Belanghebbendes voer egter aan dat hierdie regulasies kan lei tot die uitskakeling van wildebeeste op kommersiële plase, wat biodiversiteit, toerisme en die jagbedryf kan beïnvloed. Kosmos 94.1 Nuus het met Napha-president Axel Cramer gesels, wat sê hulle werk saam met die Veeprodusente-organisasie en die Namibië Landbou-unie om 'n oplossing te vind wat veegesondheid en wildbewaring balanseer.
Regshulp speel ‘n uiters belangrike rol veral vir beskuldigdes wat nie regsverteenwoordiging kan bekom nie. Die net is nou wyer gegooi met die drempel op diegene wat 7 000 Namibiese dollar verdien. Justisieminister Yvonne Dausab sê die diens is noodsaaklik maar dis duur.
Verlede jaar het die Namibië Plaaslike Besigheidsvereniging, Naloba, goedkeuring van Nangula Uaandja, die uitvoerende hoof van die Namibiese Raad vir die Bevordering van Beleggings en Ontwikkeling, en die mynwese ministerie gevra vir 'n bekendmakingsbesoek aan aflandige olieboorpersele in Februarie vanjaar. Naloba wou eerstehandse inligting bekom om sy lede te bemagtig om deel te neem aan die gas en olie bedrywe. Ten spyte van hul pogings, het Naloba se visepresident, Peter Amadhila, onthul dat hulle steeds nie 'n reaksie op hul versoek ontvang het nie. Dit dui op 'n gebrek aan betrokkenheid deur die relevante owerhede. Kosmos 94.1 Nuus het met Amadhila gesels.
Die Universiteit Stellenbosch sê sy rektoraat het die paneel wat aangestel is om die Wilgenhof-kwessie te ondersoek, se finale verslag ontvang en oorweeg. In Januarie is tekeninge wat blykbaar seksuele aanranding uitbeeld, swart kappies en ʼn giftige mengsel van lynolie en aalwynkristalle in twee kamers in die manskoshuis ontdek. Die universiteit se adjunk-visekanselier, professor Deresh Ramjugernath, sê die rektoraat het die paneel se basiese aanbeveling dat Wilgenhof-koshuis gesluit word, eenparig aanvaar:
Cosatu doen 'n beroep op werkers om versigtig te wees ná die uitbreking van A-pokke. Dit volg nadat die minister van Gesondheid, Joe Phaahla, twee gevalle in Gauteng en drie in KwaZulu-Natal bevestig het, wat tot een sterfte gelei het. Simptome sluit in 'n uitslag, koors en moegheid, met vel-tot-vel en seksuele kontak as belangrikste maniere van oordrag. Cosatu se woordvoerder, Zanele Sabela, raai werkers aan om voorsorgmaatreëls te tref, aangesien die besmetting 'n ernstige bedreiging inhou:
Honderde seekoeie, saam met hul kalwers, sit vas in 'n modderige stroom in die Salambala-bewaar-area in die Zambezi-streek. Die Lungala-stroom, wat histories die tuiste van die seekoeie is, is besig om op te droog weens die droogte. Die minister van omgewingsake, Pohamba Shifeta, het die besoek en sy span beoordeel die situasie om 'n geskikte oplossing te vind.
Die Suid-Afrikaanse Suikerrietkwekers weerspreek onlangse navorsingsbevindings oor suikerbelasting-werksverliese, en verwys na teenstrydighede in bedryfsdata. Hulle sê die studie deur die Suid-Afrikaanse Mediese Navorsingsraad wanverteenwoordig die uitwerking van die suikerbelasting op indiensnemingsyfers omdat breër landbousektordata gebruik word. Die voorsitter Higgins Mdluli is bekommerd oor die suikerbedryf se toekomstige lewensvatbaarheid en die uitwerking op mense se voortbestaan, en verwys na onafhanklike studies wat dui op werksverliese, veral onder kleinskaalse suikerboere:
Die driemalige kampioen, Tiger Woods, sê hy is vol vertroue dat hy die Amerikaanse Ope kan wen. Die Amerikaner speel vir die eerste keer sedert hy verlede maand nie die paal by die PGA-kampioenskap gehaal het nie. Hy het in onlangse jare sy speelskedule ingekort weens beserings. Woods meen hy het dit nog steeds in hom om aan Majors deel te neem, maar om die naweek te kan speel en al vier rondes te voltooi, sal 'n groot stap in die regte rigting wees:
Die Suid-Afrikaanse gesondheidsdepartement het pogings verskerp om die verspreiding van M-pokke te bekamp, nadat vyf gevalle en een sterfte aangeteken is. Die departement span saam met MIV-programme en sleutelorganisasies om bewusmaking te verhoog. Die gesondheidminister, Joe Phaahla, het op 'n nuuskonferensie gesê Tecovirimat, 'n antivirale medikasie, is verkry vir ernstige gevalle deur skenkings van die Wêreld-gesondheidsorganisasie.
Amerika se minister van Buitelandse Sake, Antony Blinken, sê hulle evalueer Hamas se amptelike reaksie op die voorstel oor ʼn skietstilstand in drie fases en ʼn ooreenkoms oor die gyselaars. Die militante groep sê hy het ʼn verslag met sekere aanpassings by die bemiddelaars van Egipte en Katar ingedien en hulle hoofdoel is om die oorlog te beëindig. Blinken bevraagteken of Hamas in goeder trou voortgaan te midde van onderhandelings oor ʼn skietstilstand:
Die families van twee Suid-Afrikaanse ingenieurs, Frik Potgieter en Peter Huxham, wat onwettig in Ekwatoriaal-Guineë aangehou word, eis hulle vrylating. Die families beweer die paar het sedert Februarie verlede jaar te doen met vals dwelmaanklagte. Ondanks die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking Naledi Pandor se pleidooi tydens haar besoek, is daar geen vordering nie. Woordvoerder Francois Nigrini sê regstappe word gedoen terwyl die families saamstaan:
Die Namibiese Omgewingskamer het vroeër gesê 'n oorsig van die weiveldstatus is ontnugterend. Die land se weiveld is amper oral in 'n ernstig slegte toestand, selfs erger as in die droogte van 2018 en 2019. Volgens huidige klimaatvoorspellings gaan droogtes soos hierdie meer gereeld voorkom. Dit beïnvloed ook die land se dierelewe uiters negatief. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die stigter van die Pangolin Conservation and Research Foundation Kelsey Prediger, wat op die verslag reageer en sê dat meer as 16 van die ietermagô’s wat hulle
Dit het aan die lig gekom dat die name van die skuldinvorderingsagentskap RedForce se eienaars ook aan hom oorhandig is vir munisipale skuld. Twee eiendomme in Walvisbaai wat deur hulle besit word se rekeninge was meer as 60 dae agterstallig, voordat hulle albei in April vereffen is. Een van die rekeninge was 4 200 Namibiese dollar agterstallig, terwyl nog een teen Februarie vanjaar met 5 220 dollar agterstallig was. Reaksie is ontvang van die Walvisbaai-munisipaliteit se prokureur, Richard Metcalfe, wat sê daar blyk selektiewe geregtigheid by RedForce te wees. Dit is omdat daar nie die gewone 12 persent invorderingsfooi op die rekeninge gehef is nie.
Volgens die Wêreldbank sal globale groei vanjaar sowat 2,6 persent bereik en 2,7 persent in 2025 en 2026. Die bank sê ook ontwikkelende ekonomieë sal met 4 persent groei, ietwat laer as in 2023. Daarteenoor sal lae-inkomste ekonomieë na verwagting teen 5 persent groei. Kosmos 94.1 Nuus het met die Cirrus-ekonoom, Robert McGregor, gesels oor die Wêreldbank se voorspelling vir Namibië.
Nadat die ANC hulle meerderheid stemme verloor het in die Suid-Afrikaanse verkiesing, kom die vraag op wat in Namibië sal gebeur as Swapo nie die meerderheid stemme kry nie. Die moontlike koalisies wat in Suid Afrika gevorm sal word sal dalk nie in Namibië werk nie en die situasie kan heel anders lyk. Kosmos 94.1 Nuus het met die politieke ontleder dr. Marius Kudumo gepraat, wat sê dit is eintlik eenvoudig.
Die IVP het bevestig hy sal by 'n regering van nasionale eenheid aansluit wat die ANC en die DA insluit, om die regering te versterk met 'n gedeelde visie. Die president van die IVP, Velenkosini Hlabisa, het 'n nuuskonferensie gehou ná koalisiegesprekke. Hy sê hulle sal deelneem aan 'n regering van nasionale eenheid ter wille van die land en 'n bestendige regering:
Die uitvoerende direkteur van die gesondheidministerie, Ben Nangombe, verduidelik in 'n gesprek met die media van die uitdagings wat ondervind word in die verkryging van farmaseutiese produkte vir die openbare gesondheidsektor. Die uitdagings wat die huidige verkrygingswette stel, beklemtoon hoe burokratiese rompslomp tydige dienslewering belemmer. Die gesondheidministerie het 'n tekort aan medisyne en dwelms by openbare hospitale bevestig, wat pasiënte negatief beïnvloed. Die situasie het gelei tot oproepe vir verbeterde regulering en opgeknapte verskaffingsmodelle.
Die minister van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling, Ronald Lamola, het aangekondig Suid-Afrika het 50-miljoen Suid-Afrikaanse rand goedgekeur om die mense van Gaza te ondersteun. Hy het 'n Suid-Afrikaanse afvaardiging gelei na die Gaza-ondersteuningskonferensie in Jordanië. Lamola sê Suid-Afrika steun ook die Internasionale Geregshof se regsverteenwoordiger, Karim Khan, om mense vir die oorlog in Gaza aanspreeklik te hou.
Presisieboerdery is ’n hoëtegnologie-benadering tot landbou wat data en tegnologie gebruik om gewasproduksie te optimaliseer. Dit stel boere in staat om hul landerye met groter akkuraatheid te bestuur, deur insette soos water, kunsmis en plaagdoders aan te pas by die spesifieke behoeftes van verskillende gebiede binne 'n veld. Dit lei tot verhoogde doeltreffendheid, volhoubaarheid en winsgewendheid. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met dr. Theo de Jager, die president van die Wêreldboere-organisasie, oor die voordele van presisieboerdery.
BetterBond se tussentydse uitvoerende hoof, Bradd Bendall, sê oor die afgelope 12-maande het die aantal goedgekeurde huislenings met meer as 11-persent gedaal, terwyl die aantal huislenings vir huise wat minder as 500 000 Suid-Afrikaanse rand kos, met slegs 3,1-persent gestyg het. Hierdie dui op 'n negatiewe koers wanneer dit aangepas word vir inflasie. Bendall sê die skade wat weens hoë rentekoerse aangerig word aan die residensiële eiendomsmark, is veral duidelik in die twee laagste huisprysgroepe, naamlik onder 500 000 rand en tussen 500 000 en een-miljoen-rand.
Die wenners van die 2024 Old Mutual Volhoubare, Ekonomiese en Bemagtigingsaandrywing, of OM Seed, inisiatief is aangekondig. Hierdie jaar is die talente van individue van Katima Mulilo uitgelig. In samewerking met die Financial Literacy Initiative en Basecamp Business Incubators, is die Old Mutual Namibia Stigting verheug om die suksesvolle wenners van die 2024 OM Seed Zambezi-streek aan te kondig. Mignon du Preez, Old Mutual Namibië se uitvoerende hoof van groepbemarking, openbare aangeleenthede en volhoubaarheid, gee 'n opdatering oor die wenners en hul pryse.
Die bevordering van digitale onderwys is noodsaaklik vir die voorbereiding van leerders vir die moderne en KI-wêreld. Die onderwysminister, saam met hoëvlak-afvaardigings van Lesotho, Zambië en Angola, het Egipte van 7 tot 12 Junie besoek op uitnodiging van die Wêreldvoedselprogram. Die doel van die besoek was om van Egipte se beste praktyke en ervarings in digitale onderwys te leer, met die doel om hierdie kennis met SADC-lande te deel. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Sanet Steenkamp, die uitvoerende direkteur van die onderwysministerie, wat meer insig gee oor die hoofdoelwitte van die besoek en die strategieë vir die implementering van wat geleer is.
Die regering moet nog besluit of hy by die deursigtigheidsinisiatief vir ontginningsnywerhede, of Eiti, gaan aansluit. Dit is te midde van oproepe van die burgerlike samelewing wat sê Eiti-lidmaatskap is van kardinale belang om die land se nuutgevonde olie- en gasreserwes teen korrupsie te beskerm. Belanghebbendes in die ontginningsbedryf het aanbevelings gemaak aan myne-minister Tom Alweendo, wat na verwagting binnekort sy besluit aan die parlement sal voorlê. Sedert Namibië se olie-ontdekkings in 2022, het die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing, IPPR, die leiding geneem in pogings vir die land om by Eiti aan te sluit. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Graham Hopwood, die instituut se direkteur, oor die belangrikheid daarvan om by Eiti aan te sluit.
Die Landless People's Movement, LPM, is bekommerd oor Namibië se elektrisiteitsopwekking. Die Stad Windhoek het onlangs 'n 10,4 persent elektrisiteitstariefverhoging voorgestel, wat woede onder inwoners veroorsaak het. Namibië voer meeste van sy elektrisiteit in, wat duur is. Kosmos 94.1 Nuus het met Lifazala Simataa, LPM-woordvoerder, gesels, wat sê dat 'n dringende belegging in gediversifiseerde kragopwekkingsbronne nodig is. Nampower se monopolie moet ook afgebreek word om mededinging te bevorder en koste vir verbruikers te verlaag.
Die 4de Wêreld Jaggeweerskietkampioenskap het op 10 Junie by Otjiwa wildshuisie suid van Otjiwarongo begin. Die kompetisie eindig Saterdag. Kosmos 94.1 Nuus het met Karola Marais, die sekretaresse van die Namibiese Jaggeweerskiet-unie, gesels wat meer inligting oor die kompetisie gegee het.
Die nasionale raadplegende werkswinkelprogram vir belanghebbendes oor die voorgestelde regulasies onder die Wet op Saad en Saadvariëteite het in die hoofstad plaasgevind. Die werkswinkel word deur die landbouministerie aangebied. Die werkswinkel bied geleentheid om insette van alle belanghebbendes te werf om die regulasies te finaliseer. Die adjunk-landbouminister Anna Shiweda het by die werkswinkel gepraat en die inligting gegee oor wat die regulasies gaan beteken.
Krieket: Indië is vandag op soek na hulle derde agtereenvolgende oorwinning op die T20-Wêreldbekertoernooi. Indië word beskou as een van die gunstelinge en sal Amerika na verwagting maklik klop. Die mede-gashede het egter ook sy eerste twee wedstryde gewen, insluitend 'n oorwinning oor Pakistan. Vandag se wedstryd is in New York in 'n stadion waar uitslae moeilik voorspelbaar was met baie lae tellings. Indië se boulafrigter, Paras Mhambrey, sê hulle sal Amerika nie onderskat nie.
Die stad Tshwane beoog om uitdiensgestelde kragsentrales te laat herleef. Die Rooiwal- en die Pretoria-Wes-kragstasie wat lank reeds nie meer krag opwek nie, is van die stasies waarvan die planne belowende vordering toon. Privaat sektor-betrokkenheid word verwag deur 'n huurooreenkoms van 40 jaar wat 'n betekenisvolle stap is om die aanlegte weer in diens te stel. Die burgemeesterskomiteelid vir Nutsdienste, Themba Fosi, sê bedrywighede kan volgende maand hervat.
Hoender word as die goedkoopste bron van proteïen geag en ook die mees doeltreffendste manier vir kleinskaalse produsente om landbou te betree en kos te verskaf. Maar, die oorgang van somer na winter bied uitdagings vir pluimveeboere, aangesien koue weer die voëls se vatbaarheid vir siektes verhoog, wat tot hoër sterftesyfers lei. Om hierdie risiko's te versag, moet boere winterbedekkings gebruik om pluimvee teen wind- en kouestremming te beskerm en broeiperiodes te verleng. Hulle moet ook behoorlike verhitting in hoenderhokke op koue nagte verseker. Om hierdie maatreëls te prioritiseer is van kardinale belang vir die handhawing van die welstand van pluimvee in die winter. Hanks Saisai, die tegniese adviseur vir gewasse en pluimvee by Agribank, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels en gee raad aan pluimveeboere.
Die adjunk-president van die EFF, Floyd Shivambu, sê hulle gaan Vrydag met die eerste sitting van die Parlement hul eie kandidate stel vir president en speaker van die Nasionale Vergadering. Druk is besig om op te laai op politieke partye om in te stem tot die ANC se voorstel oor die vorming van 'n regering van nasionale eenheid. Shivambu sê hy is teleurgesteld in die ANC se benadering oor die samestelling van 'n nuwe regering:
Die Springbokke is besig met ‘n oefenkamp in Pretoria voor hulle eerste toets van die seisoen aanstaande Saterdag teen Wallis op Twickenham in Londen. Die wedstryd val buite die internasionale venster en klubs is nie verplig om hulle internasionale spelers te verskoon nie. Spelers in Europa, Engeland en Ierland is dus nie beskikbaar nie. Springbokafrigter, Rassie Erasmus, sê dit bied ‘n goeie geleentheid om diepte in die groep te bou:
Kabeldiefstal bly 'n probleem in die hoofstad. Daar word verwag dat die probleem eenvoudig groter sal raak as gevolg van die ekonomie wat druk en die toenemende werkloosheid en armoede. Volgens Telecom Namibia se woordvoerder, Nomvula Kambinda bly dit ‘n uitdaging.
Die SACU-ooreenkoms is in die nuus. Daar is sommige menings dat die doeane-unie Namibië se ontwikkeling belemmer en die ontslape president Hage Geingob is ook op rekord dat van die bepalings Namibië verhoed om sy ontwikkelingsagenda te realiseer. Professor Nixon Kariithi, ‘n kenner in die gebied, sê daar is waarheid aan van die stellings. Hy voeg by ooreenkomste kan nie vir ewig onveranderd bly nie.
Die Basic Income Grant-koalisie sal die Saterdag ‘n optog hou om aandag te vestig op die basiese inkomste toelaag wat hulle eis. Die koalisie hou vol dat navorsing toon dat so ‘n toelaag, hulle stel 500 Namibiese dollar maandeliks voor, sal armoede verlig. Die regering skop vas daarteen omdat elke inwoner 59 jaar en jonger die toelaag moet ontvang. Die koalisie se woordvoerder Renaani Musutua.
Die DA in Gauteng sê die provinsiale Departement van Maatskaplike Ontwikkeling het klaaglik misluk om sy bestedingsteikens te haal, terwyl kwesbare inwoners steeds maatskaplike en welsynsdienste ontsê word. Volgens die vierde kwartaalverslag van die 2023-24-boekjaar het die departement sy begroting met meer as 554 miljoen Suid-Afrikaanse rand onderbestee. Refiloe Nt'sekhe van die DA sê die fondse kon beter aangewend word deur projekte soos organisasies sonder winsbejag te ondersteun:
Die Verenigde Nasies se Menseregtekantoor doen 'n beroep vir die onmiddellike vrylating van alle VN-personeel wat in Jemen deur die de facto Houthi-owerhede aangehou word. Die Iran-gesteunde rebelle het Maandag 13 VN-personeellede as CIA-spioene gearresteer. Die VN se Menseregte-woordvoerder, Ravina Shamdasani, sê enige verdere optrede teen menseregte- en humanitêre werkers in Jemen moet gestaak word:
Die Suid-Afrikaanse vakbond Solidariteit het politieke partye wat betrokke is by samesprekings vir 'n regering van nasionale eenheid, versoek om die Wet op Nasionale Gesondheidsversekering teen te staan. Die oproep volg te midde van president Cyril Ramaphosa se aankondiging dat hy die vakbond se hofaansoek teen die NGV gaan teenstaan. Anton van der Bijl van Solidariteit voer aan dit is ongrondwetlik, onbekostigbaar en sal toegang tot gehalte gesondheidsorg verminder. Van der Bijl beloof om die versekering in die hoogste hof uit te daag:
Mej. Namibië word op 20 Julie gekroon in ‘n glansgeleentheid wat op Lüderitz gehou sal word. Umbi Karuaihe-Upi die direkteur van die skoonheidskompetisie het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.
Die burgemeester van eThekwini, Mxolisi Kaunda, sê die beraamde koste van die herstel van elektrisiteits-, paaie- en behuisingsinfrastruktuur wat in storms beskadig is, is 481,7 miljoen Suid-Afrikaanse rand. Swaar reën, oorstromings en 'n tornado het dele van KwaZulu-Natal verlede week getref en tien mense is dood. Die gebiede wat die swaarste getref is, is Tongaat, Illovo, Umgababa en Kingsburgh. Kaunda sê duidelike kriteria moet neergelê word om natuurrampe aan te pak in gevalle war mense nie versekering het nie en om bedrog aan te spreek:
MultiChoice Nambia het in Windhoek begin met Vennote Teen Roofkyk. Hierdie vennootskap wat die Namibiese Rolprentkommissie en die ministerie van Inligting en Kommunikasietegnolgie en ander belanghebbers betrek, is daarop gemik om die skeppende bedryf te beskerm met bewustheid van kopiereg en intellektuele eiendom. Besturende direkteur, Roger Gertze, het Namibiërs aangeraai om nie inhoud wat geroof is af te laai nie...
Anette Rheeder sit weer haar gesprek oor die lugweg voort en gesels met ons verder oor A.Vogel se "Echinaforce". A.Vogel "Echinaforce" is beskikbaar by apteke oral in Namibië in tablet, kou tablet, druppel en die keel sproei vorm. Navrae kan per epos gerig word na: info@sanatural.co.za
Jordanië het 'n internasionale noodkonferensie aangebied oor dringende humanitêre reaksie op die krisis in die Gaza-strook. Die konferensie is naby die Dooie See gehou saam met die Verenigde Nasies en Egipte. Dit het ten doel gehad om maniere te identifiseer om die internasionale gemeenskap se reaksie op die humanitêre ramp in Gaza te versterk, asook om 'n kollektiewe gekoördineerde reaksie aan te wakker. Koning Abdullah II bin Al-Hussein van Jordanië het die konferensie geopen en klem gelê op die gebrekkige internasionale reaksie op die krisis sover.
In die voortslepende dispuut tussen die NBC en die Ovambanderu Tradisionele Raad, het die Mediaklagtekomitee bevind die NBC se besluit om die gebruik van die tradisionele titel "Ombara Otjitambi" of te wel opperhoof vir hoofvrou Aletha Karikondua Nguvauva op sy platforms te weier, het media-etiek en die gemeenskap se reg op selfidentiteit geskend. Die NBC appelleer teen hierdie uitspraak en verwys na vaaghede en hoorsê. Die appèlverhoor, onder toesig van die Media-ombudsman, is geskeduleer vir môre by die Huis van Demokrasie in Windhoek. Kosmos 94.1 Nuus het met die media-ombud, John Nakuta, gepraat wat 'n kort geskiedenis van die saak gee.
Die wêreld se nommereen, Scottie Scheffler van Amerika, sy landgenoot Xander Schauffele en Rory McIlroy van Noord-Ierland is saam gegroepeer vir die eerste ronde van die 124ste Amerikaanse Ope. Die Amerikaner Wyndham Clark, wat McIlroy verlede jaar geklop het, begin sy titelverdediging saam met sy landgenoot Brian Harman en Nick Dunlap. Die driemalige wenner, Tiger Woods slaan saam met Will Zalatoris van Amerika en Engeland se kampioen van 2022, Matt Fitzpatrick af. McIlroy sê dit is opwindend om deel van die uitgelese groep te wees:
Die buurland se gesondheidsminister, Joe Phaahla, sal na verwagting vandag in Pretoria 'n nuuskonferensie hou oor die M-pokke-uitbreking. Dit volg nadat die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes twee nuwe gevalle in Durban, KwaZulu-Natal, bevestig het, wat verband hou met 'n voorheen-bevestigde geval en plaaslike verspreiding aandui. Woordvoerder, Foster Mohale, sê gesondheidskenners van die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes en die Wêreldgesondheidsorganisasie sal by die minister aansluit:
Brande in informele nedersettings aan die kus veroorsaak verwoesting, verplaas inwoners en selfs sterftes. Hierdie brande word dikwels aangevuur deur die vlambare materiale wat gebruik word om die skuilings te bou. Die gebrek aan behoorlike behuising en infrastruktuur maak dit moeilik om hierdie brande te voorkom en skep uitdagings vir diegene wat geraak word. Onlangse Oosweer het gemeenskappe weer erg geraak. Kosmos 94.1 Nuus het met 'n Walvisbaai-raadslid, Ryan Gordon, gesels wat sê die gemeenskap wil bitter graag na Farm 37 verhuis, maar weens die gebrek aan dienste staar hulle steeds verskeie uitdagings in die gesig.
Die onlangse goedkeuring van 'n nasionale minimum loon van 18 Namibiese dollar per uur deur die kabinet, onder leiding van arbeidminister Utoni Nujoma, word onder die loep geneem terwyl arbeidskenners die doeltreffendheid daarvan bevraagteken. Die besluit, wat in Januarie volgende jaar in werking sal tree, sluit 'n hersieningstydperk van twee jaar in. Sektore soos die Namibiese Landbou-unie se Landbouwerkgewersvereniging maak egter sterk beswaar teen die nuwe minimumloon, met verwysing na unieke faktore soos behuising en voorsiening vir lewensbehoeftes binne die sektor. Tim Parkhouse, die voormalige sekretaris-generaal van die Namibiese Werkgewers-vereniging, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en sê daar was talle besprekings vir 'n leefbare loon in teenstelling met 'n minimumloon.
Die wetsontwerp op egskeiding wat deur justisieminister Yvonne Dausab in die Nasionale Vergadering voorgelê is, het hewige reaksie uitgelok. Indien die wetsontwerp aanvaar word, sal dit die huidige egskeidingswet vervang en dit goedkoper en makliker maak om te skei. Die wetsontwerp stel onder meer voor dat egskeidings ook in landdroshowe afgehandel kan word, en nie net in die hoërhof, soos tans die geval is nie. Adjunkminister van werke en vervoer Veikko Nekundi het so reageer.
Die wetsontwerp op egskeiding is deur justisieminister Yvonne Dausab in die Nasionale Vergadering voorgelê. Dit sal die huidige egskeidingswet vervang, wat 'n skuldige gade en 'n onskuldige gade vereis, asook 'n persoonlike verskyning in die hoërhof. Dit beteken egskeiding is so duur en ongerieflik dat sommige paartjies van bed en tafel skei, sonder om formeel in die hof te skei. Dit het dikwels nadelige gevolge. Dausab het verklaar dat mense 'n grondwetlike reg het om te kies of hulle in 'n huwelik wil bly. Geen godsdiens, morele geloofstelsel of wet moet hulle dwing om getroud te bly nie. Dausab verduidelik wat die wetsontwerp behels.
Die federale raad van die DA steun eenparig ‘n resolusie vir sy leier, John Steenhuisen, en sy onderhandelingspan om regerings op nasionale en provinsiale vlak te vorm. Die resolusie wil die Grondwet handhaaf, bestendigheid verseker en ekonomiese groei bevorder. Die federale uitvoerende raad van die party neem die finale besluite ten opsigte van koalisies en samestelling van die regerings. DA-woordvoerder, Solly Malatsi, het meer.
Die Konstruksie Industrie-federasie, CIF, en die Metaal- en Verwante- Namibiese Werkers-unie, Manwu, het 'n tweejaar-loonooreenkoms bereik van 'n 5 persent loonverhoging in die eerste jaar en 'n bykomende 4 persent verhoging op die aangepaste minimum loon in die tweede jaar. Die federasie se uitvoerende hoof Bärbel Kirchner sê die verhoging was effektief met die publikasie van die Kollektiewe Ooreenkoms op 6 Junie en skets die tweejaartydperk van gereguleerde lone en indiensnemingspraktyke. Kirchner het met Kosmos 94.1 Nuus gesels en gee meer inligting.
Eskom sê hy werk steeds saam met wetstoepassingsagentskappe om te verseker onwettige steenkoolwerwe word toegemaak. 'n Vragmotorbestuurder is Saterdag gearresteer vir die beweerde verkoop van steenkool wat by 'n myn in eMakhazeni gelaai en vir die Arnot-kragstasie in Mpumalanga bestem was. Hy het dit glo vir 6 000 Suid-Afrikaanse rand verkoop. Eskom se waarnemende woordvoerder, Aubrey Sambo, sê die lewering van swak-gehalte steenkool lei dikwels tot eenhede wat breek en sal nie geduld word nie.
Die Britse eerste minister en leier van die Konserwatiewe Party, Rishi Sunak, fokus in die party se verkiesingsmanifes veral op grenssekerheid. Volgens Sunak is die doel daarvan om ‘n einde te bring aan onwettige immigrasie, en bote te verhinder om die Engelse Kanaal oor te steek. Daar was tot dusver vanjaar reeds 'n rekordgetal van 10 448 oorvaarte en Sunak het bevestig deportasievlugte vir onwettige immigrante sal in Julie begin. Hy onderneem om immigrasie te halveer en benadruk die belangrikheid van grenssekerheid in die Verenigde Koninkryk.
Hoër onderwys minister Itah Kandjii-Murangi het 'n plan aangekondig om die Namibiese studente hulpfonds, Nsfaf, se befondsingstelsel op te knap deur 'n veelvlakkige befondsingsmodel om langtermyn volhoubaarheid te verseker. Die regering ondersoek innoverende benaderings, insluitend om die TVET-heffing na 'n omvattende onderwysheffing uit te brei. Kandjii-Murangi sê die regering ondersoek die potensiaal om streekviskwotas te gebruik om opvoedkundige befondsing te ondersteun. Kosmos 94.1 Nuus het met die plaaslike ekonoom Gabriel Erastus gesels oor of dit 'n goeie idee is.
Die Switserse ambassadeur in Suid-Afrika, Mirko Manzoni, het Suid-Afrika se pogings geloof om vredesgesprekke tussen Rusland en Oekraïne te bevorder. Hy het aangekondig Switserland sal 'n Oekraïne-vredesberaad aanbied wat daarop gemik is om samesprekings tussen die partye te begin, ondanks Rusland se afwesigheid. Manzoni sê dis uiters belangrik om Suid-Afrika se stem te hoor in die komende samesprekings.
Die tuisgemaakte program is 'n vlagskip onder die Namibië Skoolvoedingsprogram wat mieliemeel vir skoolgaande kinders voorsien. Wentworth sê daar is gereeld 'n vertraging in die proteïenvoorraad wat uit Suid-Afrika ingevoer word.
Die Namibië tuisgemaakte skoolvoedingsprogram is 'n inisiatief wat daarop gemik is om die lewens van Namibiese kinders te verbeter deur beter voeding, terwyl die plaaslike ekonomie ondersteun word. Die program is 'n samewerking tussen die onderwysministerie en die Wêreldvoedselprogram. Skole wat aan die program deelneem, ontvang finansiële hulp om plaaslik geproduseerde kos te koop om maaltye vir skoliere voor te berei. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Ayesha Wentworth, die ministerie se direkteur van programme en gehalteversekering, vir 'n opdatering van die program.
Die Richelieu Eagles kom môre voor hulle grootste uitdaging sover te staan by die IKR T20-Wêreldbeker toernooi. Hulle sal sake uitspook met Australië by die Vivian Richards-stadion in Antigua. Na twee wedstryde is Namibië derde in Groep B met 2 punte en Australië is tweede met 4 punte. Australië het beide sy wedstryde gewen, terwyl Namibië een gewen en een verloor het. Kosmos 94.1 Sportnuus het met Krieket Namibië se uitvoerende hoof, Johan Muller, gesels.
Die Bank van Namibië sal die repokoers volgende week Woensdag bekend maak. Die huidige repokoers is 7,75 persent. Die Suid-Afrikaanse Reserwebank het in Mei sy repokoers onveranderd op 8,25 persent gehou, en die Bank van Namibië sal waarskynlik sy voorbeeld volg. Namibië se jaarlikse inflasiekoers vir Mei het op 4,9 persent gestaan, 'n verlangsaming vanaf 6,3 persent jaar-tot-jaar in Mei verlede jaar, maar effe hoër as die 4,8 persent op 'n jaargrondslag wat in April aangeteken is. Dr. Omu Kakujaha-Matundu van die departement ekonomie by Unam het aan Kosmos 94.1 Nuus sy voorspelling vir die repokoers gegee.
Die Namibiese Omgewingskamer is sterk gekant teen die voorstel om groenwaterstof in die Tsau //Khaeb Nasionale Park te vervaardig, wat die risiko loop om Namibië se mees ongerepte biodiversiteit-brandpunt in 'n nywerheidsterrein te omskep. Die projek behels aansienlike omgewingsimpakte, insluitend habitatvernietiging en spesie-uitwissing in die park, voorheen die Sperrgebiet. Die Omgewingskamer bepleit deursigtige omgewingsbepalings en stel alternatiewe, minder ekologies sensitiewe liggings vir sulke ontwikkelings voor. Die kamer beklemtoon volhoubare ontwikkeling wat belyn is met Namibië se grondwet en Nasionale Ontwikkelingsplanne, en dring aan op deeglike evaluering en noem wêreldwye teenkanting teen projekte wat biodiversiteit vir energieproduksie opoffer. Die Duitse regering ondersteun die Hyphen-projek en toekomstige waterstofontwikkelings in die gebied, ten spyte van vorige bewaringspogings. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met dr. Chris Brown, die uitvoerende hoof van die Omgewingskamer.
Die Namibië Inkomste-agentskap, NamRA, doen 'n beroep op die publiek om gereed te maak om hul ITAS-opgawes deur sy aanlyn portaal in te dien. Steven Ndorokaze, NamRA se hoof van strategiese kommunikasie, het die belangrikheid van hierdie prosedure aan Kosmos 94.1 Nuus beklemtoon. Hy doen 'n beroep op werkgewers om hul werknemers van PAYE5-vorms te voorsien om die indieningsproses te stroomlyn. Nakoming van belastingregulasies is uiters belangrik, dus moet belastingbetalers by die sperdatum van 30 Junie hou en hul opgawes indien.
Al Jama-ah se leier, Ganief Hendricks, het die ANC gewaarsku teen die vorming van 'n regering van nasionale eenheid, en waarsku dit kan tot die terugkeer van wit bewind lei. Hendricks het beklemtoon die regering van nasionale eenheid sal swart ekonomiese beheer en herstelwerk ondermyn. Hy het kommer uitgespreek en sê dit sal 'n agteruitgang beteken na apartheidsera-ongelykhede en ware vryheid vertraag.
Daar is nie veel aktiwiteit op die politieke front nie – die gewones soos Swapo, IPC en die PDM is bedrywig maar, die LPM en die ander kleiner partye is op die oomblik stil. Dit kom te midde van die jeug wat sê hulle weet nie genoeg om te kan stem nie, of hulle stel eenvoudig nie belang nie. Politieke ontleder dr. Ndumba Kamwanyah sê hy het kommer.
Verskeie politieke partye het hoofregter Raymond Zondo gevra om 'n afgetrede regter aan te stel om die samesprekings oor die vorming van 'n regering van nasionale eenheid te bemiddel. Die partye sluit in die UDM, ACDP en Build One South Africa. Yongaba Zigebe van die UDM beklemtoon die behoefte aan duidelikheid oor die vorming van 'n nuwe Parlement.
Azapo doen 'n beroep op die land en sy leiers om deur middel van 'n nasionale forum van voor af te begin. Azapo se woordvoerder, Jabu Rakwena, sê daar is geen party met 'n groot genoeg meerderheid om met 'n duidelike mandaat te regeer nie. Rakwena sê enige koalisie of 'n regering van nasionale eenheid sal die wil van die mense skend en deur selfsugtige en selfbehoudende belange gedryf word. Hy sê so 'n situasie sal 'n ramp wees vir die armes wat weer nie gehoor sal word nie.
Die Namibiese Landbou-unie het hulle kwartaallikse vleispryse uitgereik. Daar was hoër slaggetalle by die abattoirs. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Leigh-Anne Nahoya, 'n landbou ekonoom by die NLU, oor die nominale pryse se tendense wat opwaarts beweeg.
Azapo doen 'n beroep op die land en sy leiers om deur middel van 'n nasionale forum van voor af te begin. Azapo se woordvoerder, Jabu Rakwena, sê daar is geen party met 'n groot genoeg meerderheid om met 'n duidelike mandaat te regeer nie. Rakwena sê enige koalisie of 'n regering van nasionale eenheid sal die wil van die mense skend en deur selfsugtige en selfbehoudende belange gedryf word. Hy sê so 'n situasie sal 'n ramp wees vir die armes wat weer nie gehoor sal word nie.
Die Welwitschias van Namibië speel 'n vriendskaplike wedstryd op 29 Junie teen die gedugte Blou Bulle van Suid-Afrika. Hierdie gretig-afgewagte botsings wat sedert 2018 plaasvind, laat spelers op eie bodem deelneem en bied plaaslike ondersteuners die kans om hul gunstelingspelers in aksie te sien. Hierdie wedstryd dien ook as 'n deurslaggewende trap ter voorbereiding van die Welwitschias se toets teen Portugal op 13 Julie by die Hage Geingob-stadion in Windhoek. Willem Strauss, president van die Blou Bulle, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.
Met die verkiesing wat op hande is kom die vraag op of media huise genoeg doen om Namibiërs meer te leer oor die verkiesing. In 'n onlangse vox pop deur die Engelse dagblad The Namibian het 'n meerderheid van die jeug met wie gepraat was gesê hulle sal nie stem nie, omdat hulle nie genoeg inligting het om 'n besluit te neem nie. Dit is nie duidelik of hulle onkundig is of nie genoeg in politiek belangstel nie. Charmaine Ngatjiheue, 'n joernalis en 'n verteenwoordiger van die Namibiese Media Vakbond, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor wat die fokus moet wees om die jeug in te lig oor die verskiesing.
Omgewingsake-minister Pohamba Shifeta het hom sterk uitgespreek teen Cites se verbod op die verkoop van ivoor op internasionale markte. In 'n onderhoud met New Era op die kantlyn van die onlangse KAZA-beraad in Livingstone, het hy gesê as die Cites lidlande verbied word om hul ivoorvoorraad te verkoop, sal hulle hul lidmaatskap onttrek. Shifeta het gesê Namibië is voor baie lande wanneer dit kom by gemeenskapsgebaseerde natuurlike hulpbronne se bestuursprogramme, wat goed beplan is. Hy het Namibië ook geloof vir meer goed-bestuurde bewareas. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met dr. Peter Cunningham, 'n plaaslike ekoloog, oor of dit 'n goeie idee vir Namibië sal wees om Cites te verlaat.
Swapo-presidentskandidaat Netumbo Nandi-Ndaitwah het belowe om die oumenspensioen-toelaag van 1 400 na 3 000 Namibiese dollar te verhoog indien sy verkies word. Nandi-Ndaitwah het die naweek gepraat by die Dr. Hage G. Geingob-gedenklesing op Ongwediva, met die tema 'His Legacy Lives On'. Sy sê sy sal die wens bewaarheid wat Geingob in sy Nuwejaarsboodskap vanjaar gestel het. Geingob het gesê hy hoop dat die pensioen na 2 000 dollar of selfs 3 000 dollar vehoog sal word voordat hy uittree. Belastingbetalers sou toe sowat 723 miljoen dollar per maand moes opdok as die tesourie Geingob se wens wou vervul. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Imms Nashinge, IPC-woordvoerder, wat reageer en wonder waar die geld vandaan gaan kom.
Sokker: Die waarnemende minister van Sport, Maropene Ramokgopa, vra Suid-Afrikaners om hulle agter Bafana Bafana te skaar en môre die Vrystaat-stadion in Bloemfontein vol te pak. Suid-Afrika speel teen Zimbabwe in 'n Wêreldbeker-kwalifiseringswedstryd. Groep C is nog wyd oop, met slegs drie punte tussen Lesotho in die eerste plek en Zimbabwe onderaan die punteleer. Die departement se woordvoerder, Litha Mpondwana, sê dit is Bafana Bafana se eerste wedstryd in Bloemfontein sedert 2010.
Die Gobabis-skou, wat vir 26 tot 28 September geskeduleer is, toon die blywende veerkragtigheid van die Omaheke-streek se landbousektor. Met verloop van tyd het dit ontwikkel tot 'n platform nie net vir boere nie, maar ook vir diverse bedrywe, wat besprekings oor nuwe boerderytegnieke en -inisiatiewe bevorder het. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Richard Peens, die voorsitter van die Gobabis-skou, oor wat die publiek kan verwag.
Die Stad Johannesburg sê die Metropolisie se Verordeningseenheid sal verkiesingsplakkate verwyder as politieke partye dit nie afgehaal het nie, en boetes oplê. Woordvoerder Virgil James sê die stad se straatligpale is tydens die verkiesingsveldtogte behang met kleurvolle plakkate, maar as dit nie opgeruim word nie, sal dit die stad ontsier. Hy sê dit is waarom voorsiening vir die verwydering gemaak word in Artikel 28.
Verskeie verslae deur siviele organisasies word gereeld gepubliseer. Die nuutste verslag is deur die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing, Unicef en Civic 246 oor die Ope Begrotingsopname wat die deursigtigheid van die jaarlikse begroting ondersoek. Die nuutste Afrobarometer verslag toon dat die jeug al hoe minder vertroue het in demokrasie. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Zoe Titus, die direkteur van die Namibia Media Trust, oor of hierdie opnnames en verslae enige verskil maak aan die jeug se sienswyses.
Australië se eerste minister, Anthony Albanese, het die Liberale partyleier, Peter Dutton se planne gekritiseer om die land se verbintenis tot die Parys-klimaatooreenkoms te laat vaar. Dutton sê hy sal die gestelde teiken van 'n 43-persent verlaging soos in 2030-wetgewing bepaal, by die volgende verkiesing teenstaan. Hy sê hy is verbind tot die bereiking van zero-uitlatings teen 2050. Albanese sê die land kan nie teruggaan op sy uitlatingsteikens nie:
‘n Skaars en duur ring waarin die Eden Rose pienk diamant van Suid-Afrika geset is, sal na verwagting 188 miljoen Namibiese dollar haal wanneer dit môre by Christie’s-afslaers in New York opgeveil word. Die besondere, vlekkelose pienk diamant van tien-karaat word vandag nog by die Rockefeller-sentrum uitgestal. Die internasionale hoof van Juweliersware, Rahul Kadakia, beskryf die Eden Rose as ‘n ou steen met die oorsprong van sy kleur in die druk op die steen:
Die konsessie vir ’n pendeldiens na Sossusvlei na ’n private maatskappy Grow Namibia is weer in die nuus. Die NWR was ontevrede oor die saak omdat hy 175 miljoen Namibiese dollar uit die diens jaarliks verdien maar daar was kwessies met sy tenderdokument. Kosmos 94.1 Nuus het uitgereik na die Hardap-goewerneur Salomon April wat die ministerie vir sy toekenning loof omdat die gemeenskappe direkte aandeelhouding in Grow Namibia het en daarom, direk voordeel sal trek.
Volgens die Verenigde Nasies se Voedsel- en Landbou-organisasie se jongste verslag is daar wêreldwyd kommer oor graanoeste wat verklein is weens 'n verskeidenheid faktore. Namibië sal ook die meeste van ons grane moet invoer vanjaar weens die droogte wat oeste grootliks laat misluk het. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Hubertus Hamm, voorsitter van die Akkerbouraad en Bokomo Namibia se uitvoerende hoof wat sê tekorte sal nie voorkom nie maar, pryse sal styg.
Alle oë is die week op die hoërhof waar ‘n volbank regters na verwagting uitspraak in die grondwetlike uitdaging teen die sodomiewet sal lewer. Friedel Dausab, ‘n LGBT-aktivis het die saak gebring en voer aan die kriminalisering van sodomie en verwante misdrywe is ongrondwetlik en diskrimineer. Die wet self is uiters omstrede omdat dit net mans teiken al is die sogenaamde oortreding konsensueel. Daar was tussen 2003 en 2019, 64 arrestasies in die verband. Aktivis Linda Baumann is vol vertroue die hof sal in Dausab se guns beslis.
Old Mutual het sy 40 kortlys-kandidate vrygestel vir die Old Mutual Sustainable, Economic, and Empowerment Drive, of te wel OM SEED Entrepreneurskapsprogram, wat tans in sy derde uitgawe is. Vanjaar se fokus is die Ohangwena-, Oshikoto-, Zambezi- en Kavango-Wes-streke, terwyl OM SEED in 2025 sal uitreik na entrepreneurs in Kunene, Omaheke, Omusati en Otjozondjupa – wat altesaam 14 streke in drie jaar dek. Patricia Olivier, voorsitter van die Old Mutual-stigting.
Headspring Investments se Sages Nasionale Kampioenskap in vennootskap met Gobabis Gholfklub was ‘n reuse-sukses. Kosmos 94.1 Nuus het met Riaan van Rooyen, woordvoerder van Headspring Investments, gesels oor die uitslae.
Sommige inwoners van Gobabis het hul gewend tot die onwettige sny van waterpype in 'n poging om water vir hulself en hul vee te verseker. Dit is omdat die dorp tussen sekere ure waterrantsoenering ingestel het. Hoofman Wallace Finnies, 'n inwoner van Nossobville in Gobabis, het vroeër bevestig dat inwoners gedwing word om hulle tot desperate maatreëls te wend om te oorleef. Die munisipaliteit se woordvoerder, Frederick Ueitele, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die kwessies is opgelos nadat konsultasies tussen die inwoners en die raad gehou is.
Die president van die Europese Kommissie, Ursula von der Leyen, wat vir 'n tweede termyn wil dien, sê alle partye in Europa streef na 'n sterk en doeltreffende vasteland. Haar European Peoples Party gaan waarskynlik die meeste stemme in die Europese Parlement verkry naamlik 189, gevolg deur die Sosialiste en Demokrate met 135, en Renew Europe met 83. Von der Leyen sê die verkiesing het getoon 'n stabiele Europa is noodsaaklik:
Die Super Game-veiling het Saterdag in die hoofstad by The Weinberg plaasgevind. Uiters goeie pryse is behaal soos Martenique Scott van Super Game verduidelik.
Die Rolprent- en Publikasieraad in die buurland is uiters besorg oor die stygende gevalle van kinderpornografie, veral in die Wes-Kaap. ‘n Woordvoerder van die raad, Ephraim Tljhako, sê sewe mense is van laat 2023 tot Januarie vanjaar aangekeer oor ‘n aanlyn netwerk van kinderpornografie. Die beskuldigdes was in besit van duisende beelde en video’s van kinders. Tljhako waarsku mense wat kinders die meeste vertrou is dikwels die oortreders:
Max Verstappen van die Red Bull-span is weer terug op die oorwinningspad na hy 'n aksiebelaaide Kanadese Grand Prix ingepalm het. Hy het reën, verskeie veiligheidsmotor-periodes en herhaalde wegspringe oorkom om stof in die oë van Lando Norris van McLaren en George Russel van Mercedes te skop. Dit is Verstappen se eerste sege in nege wedrenne die seisoen en hy het sy kampioenskapsvoorsprong teen Charles Leclerc tot 56 punte vergroot. Hy sê om so 'n uitdagende wedren te wen is baie bevredigend:
Cosatu sê hy sal die week met die ANC vergader om die basiese kragte en vereistes van 'n nasionale eenheidsregering, te verstaan. President Cyril Ramaphosa het verlede week gesê die ANC het besluit op 'n nasionale eenheidsregering as die beste opsie vir die land na die algemene verkiesing. Matthew Parks van Cosatu sê hulle hoop ook om die beleidsbuitelyne van 'n regering van nasionale eenheid te verstaan:
Carlos Alcaraz van Spanje het Alexander Zverev geklop om sy eerste Franse Ope-titel en derde Grand Slam in te palm. Die 21-jarige het die Duitser met 6-3, 2-6, 5-7, 6-1, 6-2 uitoorlê om die jongste speler ooit te word om belangrike enkelspeltitels op al drie oppervlaktes te verower. Alcaraz wat in Parys aangekom het en drie weke lank nie weens 'n regterarmbesering nie kompeterend gespeel het nie, het die Franse Ope-titel beskryf as sy trotste Grand Slam-oorwinning tot dusver:
Die burgerregte-organisasie, AfriForum, het ‘n dringende aansoek teen die Nasionale Energiereguleerder by die Hooggeregshof in Pretoria ingedien. Die aansoek wil Nersa verhinder om die aansoeke van munisipaliteite te oorweeg vir die verhoging van elektrisiteitstariewe vanaf 1 Julie, sonder die vereiste kostestudies. Volgens ‘n woordvoerder van AfriForum, Morné Mostert, gee kostestudies ‘n aanduiding wat tariewe behoort te wees om dienste te lewer en netwerke te onderhou:
Volgens die Verenigde Nasies se Voedsel- en Landbou-organisasie se jongste verslag is daar wêreldwyd kommer oor graanoeste. Produksie van grane en mielies het erg verklein weens 'n verskeidenheid faktore, wat droogte, vloede en peste insluit. Dit stoot ook pryse op. Namibië sal ook die meeste van ons grane moet invoer vanjaar weens die droogte wat oeste grootliks laat misluk het. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Patrice Talla, die Voedsel- en Landbou-organisasie se substreekkoördineerder vir Suider-Afrika, wat sê die streek gaan vanjaar en volgende jaar 'n tekort aan mielies hê.
Boere maak sterk kapsie teen die voorgestelde minimumloon. Die Landbou Wergewersvereniging sê ook die 2027-tarief van 18 dollar uurliks, is onhaalbaar. Die arbeidskenner Herbert Jauch sê egter boere wat teen die voorgestelde minimumloon is, is arrogant. Volgens hom wil boere voortdurende beheer oor lone hê om aan te hou om sogenaamde hongerlone te betaal. Hy sê die argument oor boere se potensiële swaarkry en dat dit 'n droogte-seisoen is, regverdig nie laer lone nie. Kosmos 94.1 Nuus het met Jauch gepraat, wat sê die kwessie van laer lone het historiese wortels en kom al lank aan.
Oliepryse het Vrydag handel onder 80 Amerikaanse dollar ‘n vat afgesluit, 'n derde agtereenvolgende weeklikse verlies met ‘n totale daling van 5 persent in die afgelope maand. Opul en sy vennote se vrywillige besnoeiings toon hoër aanbod as vraag, wat altyd pryse afdwing, sowel as aanduidings dat die Federale Reserweraad nie binnekort rentekoerse sal verlaag nie, plaas druk op die prys. Dat oliepyrse onder druk is, is natuurlik goeie nuus vir verbruikers, soos die bekende ekonoom Dawie Klopper verduidelik.
Die administrateur van die buurland se Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente, Freeman Nomvalo, het met verhuurders van privaat studente-akkommodasie vergader om kwessies met uitstaande betalings aan te spreek. Die skema bevestig grootmaatbetalings is aan die einde van Mei en vroeg-Junie verwerk en die volgende betaling word vir 18 Junie beplan. Die woordvoerder Ishmael Mnisi sê verhuurders word versoek om nie studente uit te skop nie:
Die Steps2Walk-organisasie is die week in Namibië om te help met fondsinsameling vir gratis operasies op pasiënte met verlammende voet- en enkelmisvormings regoor die wêreld. Hulle voed ook ortopediese chirurge op in verskeie behandelingsalternatiewe wat uiteindelik lei tot die hulpverlening aan duisende mense wêreldwyd. Vanjaar word die Uitreik vanaf 10 tot 14 Junie by Windhoek Sentrale Hospitaal en Lady Pohamba Privaat Hospitaal gehou. Een klompvoet-operasie kan sowat 300 000 Namibiese dollar beloop. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Marelize Mentz, die projek se bemarkings- en verhoudingsbestuurder.
Die minimumloon is steeds in die nuus, veral met die landbousektor wat reeds sterk beswaar gemaak het. Die Landbou Werkgewersvereniging het reeds in 2021 kwytskelding gevra omdat landbou-werkers behuising, kontant en voorsiening vir lewensbehoeftes ontvang. Op die oomblik betaal boere ‘n intreeloon van 6 dollar per uur en die vereniging sê die nuwe 10 dollar per uur en infaseringsmodel met sy geweldige spronge is onhaalbaar. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die bekende Suid-Afrikaanse landbou-ekonoom, dr. Kobus Laubscher, oor of die minimumloon van 18 dollar 'n impak op abattoirpryse gaan hê.
Eskom het die Presidensiële Klimaatskommissie weer verseker die vertraging met die sluiting van verskeie kragstasies is noodsaaklik. Die uitvoerende hoof, Dan Marokane, sê Eskom se besluit om die buitediensstelling van die steenkoolkragstasies by Camden, Hendrina en Grootvlei tot 2030 uit te stel sal tussen 85- en 90 miljard Suid-Afrikaanse rand kos. Hy hou vol die vertragings is noodsaaklik ten spyte van die aansienlike koste:
Inwoners van die Windhoek-Oos kiesafdeling word uitgenooi na 'n raadplegende vergadering om hul insette te kry oor die huidige grense van die streek en kiesafdelings. Die doel is om enige nodige veranderinge te bepaal en aan te beveel. Die vergadering is geskeduleer vir Maandag by Dagbreek Skool in Klein Windhoek, om half-ses die middag. Windhoek-Oos raadslid Brian Black het in 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus meer verduidelik.
Die Gautrein herdenk 14 jaar in bedryf. Die woordvoerder Albi Modise sê die eerste rit in 2010 was van Sandton-stasie na die OR Tambo Internasionale Lughawe , net betyds vir die FIFA Sokker-wêreldbeker. Gautrein het sedertdien nagenoeg 192,8 miljoen passasiers vervoer. Volgens Modise handhaaf hulle ‘n beskikbaarheid en stiptelikheid van 90 persent op die netwerk van tien stasies wat Johannesburg, Pretoria, Ekurhuleni en die lughawe verbind:
Die 54ste Tara-tydren wat deur die Windhoek Motorklub gehou is met borge Puma Energy en M+Z Motors is met groot sukses voltooi. Dit is oor drie dae in Windhoek en Rehoboth gehou en het Saterdmiddag afgesluit met Francois Lottering wat sê die eerste motors het omstreeks vier-uur oor die wenstreep gekom.
Die politieke ontleder, Aubrey Matshiqi, sê Suid-Afrikaners het die ANC gestraf vir sy arrogansie met mag. Hy het tydens ‘n potgooi gesê hy is jammer oor die verkiesingsuitslae en wys daarop kiesers het opgestaan teen die ANC weens sy swakheid en beloftes wat nie volvoer is nie. Hy hou vol Suid-Afrikaners het ‘n standpunt ingeneem met hulle stemme en beklemtoon die teenrewolusie wat op die uitslae volg:
Die Verenigde Nasies se Kantoor vir Dwelms en Misdaad bied van 10 tot 13 Junie ’n vierdaagse werkswinkel by die Avani Hotel in Windhoek aan. Die werkswinkel, wat daarop gemik is om Namibië se pogings teen geldwassery en teen-terrorismefinansiering te versterk, sal fokus op die verbetering van die vaardighede van aanklaers en ondersoekers in effektiewe batebeslagleggingsmetodologieë en -praktyke. Hierdie inisiatief is deel van Namibië se voortdurende pogings om uitdagings aan te spreek wat in die Finansiële Aksie Taakspan se evaluerings uitgelig is. Deelnemers sal verteenwoordigers van NamPol en die justisie-ministerie insluit. Die Suid-Afrikaanse ekonoom Theo Klein het voorheen aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat Namibië se plasing op die Taakspan se gryslys moontlik weens ondoeltreffende voorkomende maatreëls kan wees. Kosmos 94.1 Nuus het met Edmund Khoaseb, die waarnemende woordvoerder by die justisie-ministerie, gesels oor die belangrikheid van die werkswinkels.
Wanderers speel vanmiddag teen Unam in die NRU Premierliga. Die klub se top twee spanne van beide die Premierliga en Reserweliga speel vanmiddag met die premierliga wedstryd wat om kwart voor vier afskop. Wanderers afrigter Dirk Human het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Die Popular Democratic Movement, PDM, het hulle Sentrale Komitee-vergadering in Opuwo afgeskop. Volgens PDM-leier McHenry Venaani is hulle gereed om te veg vir die verbetering van Namibië en om verandering in die land teweeg te bring. Die PDM wil meer jong mense na die party lok deur steun in elke uithoek te mobiliseer, beginnende met 'n voetsoolvlak-mobiliseringstrategie. Venaani voeg by dat sy party die enigste een is met 'n konsep-manifes.
Cosatu sê hy sal met die ANC en die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party praat oor die voorgestelde regering van nasionale eenheid. Die federasie, wat tans raadpleeg op 'n interne vlak, beoog om te verseker progressiewe beginsels word voorop gestel, wat die werkersklas ophef en hou by die Grondwet. Cosatu se woordvoerder, Zanele Sabela, sê bestendigheid en ooreenstemming is van kardinale belang om koalisie-slaggate te vermy wat dienslewering belemmer:
Namibië herdenk Wêreld Oseaandag onder die tema Kataliseringsaksie vir ons oseane en klimaat. Die see is uiters belangrik vir honderde miljoene mense se voortbestaan en volgens die Wêreld Ekonomiese Forum dra oseane jaarliks 70 miljard Amerikaanse dollar tot die globale BBP by. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Naude Dreyer, die mariene bioloog van Ocean Conservation Namibia, wat sê die see is lewe.
Die Stormers weet wat om te verwag wanneer hulle die Glasgow Warriors vandag in Skotland in die kwarteindronde van die Verenigde Rugbykampioenskap pak. Evan Roos kan weens harsingskudding nie speel nie, en die besoekers het 'n splinternuwe voorry met Brok Harris, Joseph Dweba en Frans Malherbe. Die Stormers se direkteur van Rugby, John Dobson, sê sy span is oorgehaal vir hulle eerste weg-uitklopwedstryd in die kompetisie:
Die Namibiese Korrektiewe Diens en die Hoë Kommissariaat van Maleisië het 'n pluimveeprojek by die Hardap-korrektiewe fasiliteit ingehuldig. Die diens vorder uiters goed met voedselproduksie en het verskeie aanlegte regoor die land by sy instansies. Die diens het akkerbouprojekte en boer ook met bees, vark en nou pluimvee. Volgens adjunk-kommissaris-generaal Sam Shaalulange sal gevangenes verder by konstruktiewe aktiwiteite betrek word. Hulle sal vaardighede aanleer en die projek sal hoendervleis en eiers vir verbruik verskaf, wat hul dieet sal verbeter. Hy gesels met Kosmos 94.1 Nuus.
Die Verenigde Nasies se humanitêre hoof, Martin Griffiths, kritiseer leiers in konflikgebiede wat mag bo mense se behoeftes stel. Griffiths het in 'n onderhoud die verskriklike gevolge uitgelig vir miljoene wat vasgevang is in geweld. Griffiths sê pogings om die Israel-Hamas-konflik op te los is onvoldoende. Hy beklemtoon die dringende behoefte aan meer humanitêre hulp en politieke diplomasie om konflikte te beëindig en ontheemde bevolkings te ondersteun:
Super Game bring vanjaar sy jaarlikse wildveiling na Windhoek, met 'n groot katalogus met 'n verskeidenheid diere wat beskikbaar is om op te bie. Die veiling is geskeduleer vir vandag om 12-uur beide aanlyn en ter plaatse by The Weinberg in Klein Windhoek. Martenique Scott van Super Game Dealers het meer inligting met Kosmos 94.1 Nuus gedeel.
Die Copps 94.1-span het buite die hoofstad patrollies uitgevoer en met rolspelers gesels oor die bekamping van misdaad. In die hoofstad self, is ‘n bestuurder, onder die invloed maar onder die limiet, steeds deur owerhede ingeneem. Francois Lottering was aan diens.
Alle oë is steeds op die Hardapdam wat net 11 persent vol is, met beide die groenskema en die dorp wat op sy water staatmaak. Die groenskema se waterverbruik word reeds beperk. Die Mariental munisipaliteit se uitvoerende hoof, Paul Nghiwelepo, sê niemand hoef paniekerig te word nie.
President Cyril Ramaphosa het minister Maropene Ramokgopa aangestel as waarnemende minister van Sport, Kuns en Kultuur. Sy is tans minister in die Presidensie belas met Beplanning, Monitering en Evaluering. Ramokgopa vervang Zizi Kodwa, wat dié week bedank het na sy hofverskyning op aanklag van korrupsie. Woordvoerder Vincent Magwenya sê Ramokgopa sal waarneem tot 'n permanente aanstelling gedoen word in die nuwe sewende administrasie.
Die adjunk-landbouminister, Anna Shiweda, het die Veterinêre Raad se nuwe raadslede bekend gestel. Die Namibiese Veterinêre Raad is 'n statutêre liggaam wat verantwoordelik is vir die regulering van veeartsenykundige- en veeartsenykundige para-professies standaarde in Namibië. Dit is om te verseker dat die gehalte van veeartsenykundige sorgvan 'n aanvaarbare standaard is. Beide veeartse en para-professionele persone moet ook bevoeg wees om hul professionele funksies te verrig. Die lede sal tydens hul eerste vergadering hul voorsitter kies.
Die Departement van Onderwys in KwaZulu-Natal het bevestig nagenoeg 20 skole is deur die onlangse tornado beskadig. Volgens die departement se woordvoerder, Muzi Mahlambi, is planne gereed om leerders wat geraak is, op te spoor na die ontwrigting van die halfjaar-eksamen. Intussen verleen organisasies sonder winsoogmerk en noodspanne bystand om die beskadigde infrastruktuur te herstel. Die koste van die skade moet nog bepaal word.
Ray Sasman, 'n 52-jarige oud-onderwyseres, het op 1 Mei vanaf die Noordoewer-grenspos vertrek op 'n 2 200km-staptog na die Kazangula-grenspos in die Zambezi-streek. Die plan is om die tog in drie maande te voltooi. Haar doelwit is om mense bewus te maak van die behoefte aan jeugbemagtiging, en terselfdertyd fondse in te samel vir 'n beoogde jeugsentrum in Walvisbaai. Sasman is tans in Windhoek en het 'n besering. Sy sal eers Woensdag weer op die pad wees, as alles goed verloop. Kosmos 94.1 Nuus het met Sasman gepraat wat meer inligting gee.
In Suid-Afrika het die ANC met verskeie politieke partye begin samesprekings voer oor 'n moontlike regering van nasionale eenheid. Die ANC is van plan om met alle partye te praat wat 'n verklaarde voorneme het om die belange van die mense te bevorder, volgens president Cyril Ramaphosa. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met professor Jannie Rossouw van Wits se Besigheidskool gesels, wat sy reaksie deel.
Finansminister Ipumbu Shiimi was ook teenwoordig en gee 'n oorsig van die belangrikheid van die Ope Begrotingsopname.
Reaksie kom nog steeds in oor die minimumloon wat vermeerder word na 18 Namibiese dollar per uur. Dit is geldig vanaf 1 Januarie volgende jaar. Christine Stoman, die voorsitter van die Landbouwerkgewers-vereniging, lewer kommentaar oor hoe dit produksie, werknemers en werkgewers gaan beïnvloed. Die prentjie lyk nie te goed vir landbou nie. Stoman het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Die resultate van die Namibiese Ope Begrotingsopname is vrygestel deur die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing in samewerking met die finansministerie, Unicef en Civic 264. Namibië het 'n telling van 54 uit 100 gekry vir deursigtigheid en openbare toegang tot inligting. Die opname laat die burgerlike gemeenskap toe om te assesseer en met die regering te beraadslaag oor die rapportering en gebruik van fondse in die begroting. Unicef-verteenwoordiger Samuel Ocran het by die geleentheid gepraat en gee 'n oorsig van Namibië se prestasie.
Die IVP gaan die moontlikheid, lewensvatbaarheid en dinamika van 'n regering van nasionale eenheid ondersoek, na aanleiding van die ANC se voorkeur vir hierdie moontlikheid. Die IVP se koalisie-taakspan sal met die ANC en ander partye in gesprek tree en 'n verslag sal Maandag aan die Nasionale Uitvoerende Komitee voorgelê word. Die IVP se woordvoerder, Mkhuleko Hlengwa, sê die party is oop vir 'n regering van nasionale eenheid, maar omvattende gesprekke is nodig om 'n weldeurdagte besluit te kan neem, wat nasionale belang en IVP-beleid sal prioritiseer.
In hierdie week se AMT-weervoorspelling, moontlik gemaak deur Kosmos 94.1, praat Johan van den Berg, 'n onafhanklike weerkenner in Suid-Afrika, oor die koue. Hy sê temperature is besig om te herstel, met min baie koue toestande vir die res van die maand. Dit sal eers weer in die eerste week van Julie erg koud wees.
Die Inligtingsreguleerder van Suid-Afrika het gewaarsku die Discovery-sekerheidsbreuk kan 'n boete of tronkstraf tot gevolg hê. Die versekeraar het aangekondig dat kliënte reeds ingelig is nadat sekere kliënte-inligting uitgelek het. 'n Nabootser het met behulp van derdeparty-oortredings toegang tot persoonlike inligting verkry, wat tot 19 gevalle gelei het waar beleidsinligting uitgelek het. Collen Weapond van die reguleerder vra vir die verbetering van veiligheidsmaatreëls.
Die justisieminister het toestemming by die kabinet gekry om die Wet op Regspraktisyns van 1995 te wysig of te herroep. Dit sal moontlik die regsberoep en regspraktisyns begin reguleer. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Toni Hancox, die direkteur van die Regshulpsentrum, wat verduidelik wat dit beteken.
’n Gesamentlike parlementêre verslag oor die volle benutting van die mynbou- en energiesektore se potensiaal is by die parlement ingehandig vir oorweging. 'n Parlementslid van Swapo, Sylvia Makgone, het voorgestel dat die aanbeveling om 'n kernkragsentrale sowel as 'n bergingsfasiliteit vir uraan te vestig, verwyder word. Kosmos 94.1 Nuus het vroeër gepraat met dr. Gabi Schneider, die uitvoerende direkteur van die Namibiese Uraaninstituut, oor die moontlikheid van 'n kernkragsentrale in die land. Sy dink nie dis haalbaar nie.
Namibië sluit aan by die res van die wêreld om Wêreld Oseaandag môre, op 8 Junie, te herdenk, onder die tema Kataliseringsaksie vir ons oseane en klimaat. Volgens die Wêreld Ekonomiese Forum is die see se natuurlike kapitaal reusagtig en dra dit jaarliks 70 miljard Amerikaanse dollar tot die globale BBP by. Die regering herdenk vandag amptelik die dag by Independence Beach in Walvisbaai plaas. President Nangolo Mbumba het die hoofrede gelewer.
Die ACDP in Suid-Afrika het hom gedistansieer van die groep van politieke partye wat die uitslag van die verkiesing betwis. Sommige partye het die Verkiesingskommissie van onreëlmatighede en stem-bedrog beskuldig. Raymond Tlaeli van die ACDP sê hulle het 'n bekwame onafhanklike verkiesingsontleder aangestel om hulle besware aan die OVK voor te lê:
Die Stad Windhoek het 'n elektrisiteitstariefverhoging van 10,4 persent aan die Elektrisiteitsbeheerraad voorgestel vir die komende boekjaar. Dit sal 'n gemiddelde verhoging van 3,03 Namibiese dollar per kilowatuur van die huidige 2,75 dollar per kilowatuur tot gevolg hê. Die stad blameer NamPower se verhoging en salarisverhogings vir die reuse-aansoek. Woordvoerder Lydia Amutenya verduidelik.
Namibië se inflasie word grootliks aangedryf deur die feit dat die land nie vreeslik baie plaaslik vervaardig nie en is dus uitgelewer aan faktore buite die land se grense, ook met vervoerkostes en meer. Sommige menings beaam dat inflasie beter beheer kan word sou ons self vervaardig maar, Unam-ekonoom, dr. Omu Kakujaha-Matundu sê dit handel oor skaal en dus, die koste van vervaardiging. Hy verduidelik...
Die omgewingsministerie het glo die gebied besoek en vergaderings met die Hambukushu Tradisionele Owerheid gereël, maar daar is geen rekord van sulke vergaderings nie.
Reaksie word ontvang op kommentaar deur president Cyril Ramaphosa wat sê die ANC het reeds samesprekings begin met die DA, EFF, IVP, NFP en die Patriotic Alliance, met die oog op 'n regering van nasionale eenheid. Ramaphosa sê die ANC is van plan om met alle partye te praat en wil ‘n regering van nasionele eenheid vestig. Professor Andre Duvenhage, die bekende politieke ontleder het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
'n Verslag oor 'n petisie deur die Hambukushu Tradisionele Owerheid oor die bestuur van Bwabwata kommunale grond deur die omgewingsake-ministerie is voor die Nasionale Vergadering gebring. Die petisie is in November 2021 ingedien en is na die staande komitee oor grondwetlike en regsake verwys. Die komitee het in Maart 2022 feitebesoeke aan Mukwe-kiesafdeling in die Kavango-Oos-streek gebring en tot 9 Februarie 2023 'n aantal konsultasies met senior amptenare van die betrokke ministeries gehou. Kletus Karondo van die Swapo-party en 'n lid van die staande komitee het van die kommerwekkende bevindings in die verslag uiteengesit.
Die manshalfeindronde word vandag op die Franse Ope beslis. Die vierde gekeurde Duitser, Alexander Zverev, kom teen die sewende gekeurde Noorweër, Casper Ruud, te staan met albei wat hulle eerste Grand Slam-titels wil verower. Voor dié kragmeting is daar groot afwagting vir 'n moontlike titaniese stryd tussen die tweede gekeurde Jannik Sinner van Italië en die derde gekeurde Carlos Alcaraz van Spanje. Alcaraz sê hy sien uit na die uitdaging:
Die Lughawensmaatskappy van Suid-Afrika sê bedrywighede by die Kaapstadse Internasionale Lughawe is terug na normaal na gisteraand se bomdreigement. Die polisie se bomeenheid is ontplooi kort nadat die bemanning van 'n FlySafair-vlug wat na OR Tambo Internasionale Lughawe sou vertrek, in kennis gestel is van 'n moontlike veiligheidsgevaar op die vliegtuig. Passasiers en die bemanning is ontruim en die vliegtuig is deursoek. ʼn Woordvoerder van die maatskappy, Ntokozo Mazibuko, sê twee mense is in hegtenis geneem:
Die Verkiesingskommissie sê ná die nasionale en provinsiale verkiesing is 43,5-persent van die verkose verteenwoordigers vroue. Dit is 'n belangrike stap in die rigting van geslagsgelykheid in politieke verteenwoordiging met die vorming van die sewende demokratiese Parlement. Die finale lys van verkose verteenwoordigers is aan Hoofregter Raymond Zondo oorhandig. Die OVK-voorsitter, Mosotho Moepya, sê die lys se uiteenlopendheid, met 174 vroue en 226 mans, weerspieël 'n wye reeks ervaring en perspektiewe in die politiek:
Veeboere in die noordelike streke staan voor 'n ernstige uitdaging om te verseker dat duisende van hul beeste die droogte oorleef, weens 'n gebrek aan weiding. Volgens boere in die Noordelike Kommunale Gebiede word die situasie by die dag erger en weiding in gebiede wat boere gedink het hulle sou red, neem geleidelik af. Om sake te vererger het boere nie water vir hul vee nie. ’n Kleinskaalse boer in die Ondangwa-landelike kiesafdeling in die Oshana-streek, Ileni Nandjato, het die situasie aan Kosmos 94.1 Nuus verduidelik.
Die filmmakersvereniging van Namibië, FAN, het die aanstelling van sy nuwe raad van direkteure aangekondig. Dit is 'n belangrike mylpaal in die vereniging se voortgesette missie om die Namibiese filmbedryf te ondersteun en te bevorder. Die nuwe direksie, 'n diverse en dinamiese groep professionele persone, bring 'n magdom ervaring en 'n gedeelde passie om die kreatiewe en ekonomiese potensiaal van die rolprentsektor te bevorder. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Tjuna Daringo, die vereniging se direkteur van kommunikasie.
Die Vakbond Solidariteit, insluitend AfriForum, het sy voorwaardelike steun gegee aan 'n veelpartyregering, met verwysing na wantroue in die ANC se vermoë om alleen te regeer. Hulle versoek kulturele outonomie, die skrap van die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette en die Nasionale Gesondheidsversekeringswet sowel as markvriendelike ekonomiese beleide vir groei en werkskepping. Werner Human van Solidariteit kritiseer die ANC se rassewette en transformasiebeleid en pleit vir 'n praktiese herstelbeleid:
Amerika se president, Joe Biden, doen ʼn beroep op die wêreld om vryheid en demokrasie te verdedig ter herinnering aan diegene wat hul lewens op D-Dag opgeoffer het. Hy het gister die 80ste herdenking van die D-Dag-landing in Normandië, Frankryk gevier. Dit is waar 9 388 lede van die Amerikaanse weermag wat daaraan deelgeneem het, begrawe is. Biden waarsku dat demokrasieë wêreldwyd weer onder druk is en voeg by dis eenvoudig ondenkbaar om voor diktators neer te buig:
President Cyril Ramaphosa sê die ANC het reeds samesprekings begin met die DA, EFF, IVP, NFP en die Patriotic Alliance, met die oog op 'n regering van nasionale eenheid. Die party se nasionale uitvoerende komitee het gister vergader. Ramaphosa sê die ANC het met 'n oop gemoed in gesprek met politieke partye getree en is van plan om met alle partye te praat wat 'n verklaarde voorneme het om die belange van die mense te bevorder:
Die Nasionale Vergadering het tot stilstand geknars toe nie genoeg parlementslede opgedaag het om 'n kworum te vorm nie. Dit is die tweede keer die week en hulle het eers die week bedrywighede hervat. Dit is ook ten spyte van heelwat werk wat gedoen moet word. Daar is 18 items wat die gevaar loop om te verval as hulle nie voor 11 Julie, wanneer die parlement weer verdaag, bespreek word nie. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die politieke ontleder Rui Tyitende, wat sê daar behoort opgetree te word teen sulke gedrag.
Die Kudu gasveld, wat in 1974 aflandig van Namibië se suidkus ontdek is, word steeds nie ontgin nie. BW Energy, die operateur van Kudu Gas, het egter aansoek gedoen vir ‘n kragopwekkingslisensie. Die plan is om gas te gebruik vir die opwekking by 'n kragsentrale in Lüderitz. In 'n eksklusiewe onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus praat Manfriedt Muundjua, die adjunkhoofbestuurder by BW Kudu Namibia, oor die belangrikheid van die aanleg wanneer dit gevestig is.
Teenkanting teen die Wêreldgesondheidsorganisasie se pandemie-verdrag loop hoog en dit is nie onderteken by die organisasie se vergadering in Genève einde Mei nie. Volgens internasionale media moes die verdrag die hoogtepunt van die vergadering wees, maar die organisasie het dit nie ter tafel gelê nie, weens die teenkanting. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die president van die Republikeinse Party, Henk Mudge, wat sê sy party se parlementslede sal die gesondheidminister, Kalumbi Shangula, oor die kwessie aanvat in die Nasionale Vergadering.
Die 9de kabinetsbesluite is deur die inligtingminister, Emma Theofelus, in die hoofstad aangekondig. Die kabinet het die ondertekening van 'n memorandum van verstandhouding tussen die Handels-Beleggingsbevorderingsagentskap van Suid-Korea, Kotra, en die Namibiese Raad vir die Bevordering van Beleggings en Ontwikkeling, NIPDB, goedgekeur.
ActionSA sê hy bly in die DA-geleide koalisie-regering in Tshwane, maar is bereid om vervang te word deur die ANC. Die party, wat ses nasionale setels en vyf provinsiaal gewen het, herbevestig sy toewyding aan doeltreffende regering. Die leier Herman Mashaba sê terwyl hulle die huidige koalisie steun, sal hulle die DA se besluit om hulle met die ANC te vervang verwelkom, sou dit die stad se beste belange dien.
Hannes du Plessis, 'n lid van die Namibië Professionele Jagvereniging, Napha, se uitvoerende komitee, fokus op die belangrikheid van koedoes in trofeejag, in 'n artikel vir die Namibië Landbou-unie se nuusbrief. Du Plessis beklemtoon die deurslaggewende rol wat koedoes speel en sê beroepsjagters moet boere billike vergoeding aanbied vir koedoes wat op hul grond gejag word. Dit sal koedoebewaring verseker en ook bykomende jagregulasies vermy. Kosmos 94.1 Nuus het met Napha-president Axel Cramer gesels oor die belangrikheid van koedoes vir trofeejag.
Die metaalwerkersvakbond Numsa is sterk gekant teen die gedagte aan 'n koalisie tussen die ANC en die DA. Die vakbond kritiseer die DA se anti-werkersbeleid, wat die sny van werkerbeskerming en subsidies insluit. Die woordvoerder, Phakamile Hlubi-Majola, sê die regerende party moet met progressiewe partye saamwerk om werkloosheid, armoede en ongelykheid te pak. Hlubi-Majola dreig met massa-optrede sou 'n ANC/DA-koalisie gevorm word.
'n Mosie is in die Nasionale Vergadering ter tafel gelê om die Nasionale Jeugraad en Nasionale Jeugdiens te laat saamsmelt. Dit sal volgens PDM-parlementslid Maximalliant Katjimune 'n einde bring aan die duplisering van verantwoordelikhede, programme, hulpbronne en oorvleuelende beleide. Kosmos 94.1 Nuus het kommentaar gekry van Sharonice Busch, die Jeugraad se uitvoerende voorsitter. Sy sê die twee instansies het heel verskillende mandate en kan nie saamgevoeg word nie.
Die Suider-Afrika Agri-inisiatief het 'n dagvaarding teen die polisie laat uitreik om aan te dring 'n boer, Solly Letsoala, moet vergoed word vir die skade wat onwettige betreders op sy plaas in Limpopo aangerig het. Theo de Jager van Saai sê Letsoala het die klagte in September verlede jaar het by die polisie ingedien, maar sonder enige sukses. De Jager sê die dagvaaring eis die polisie moet verantwoordelikheid aanvaar vir skade van meer as sewe-miljoen Suid-Afrikaanse rand.
'n Onlangse artikel in 'n Engelse dagblad het verskeie gevalle genoem waar pastore of kerkleiers vroue en kinders gemolesteer en selfs verkrag het. Hulle word egter bitter min tot verantwoording geroep. Pastoor Ramon Flick, beter bekend as pappa Ramon, het na bewering 11 kinders verkrag en mishandel by sy Hope Kids kinderhuis. Die saak word steeds ondersoek en die webtuiste van Hope Kids is ook steeds lewendig. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Yolande Engelbrecht, die koördineerder van die Gender-afdeling by die Regshulpsentrum, wat haar opinie gee oor verkragting gevalle deur pastore.
Die 2023 Fraser Instituut Opname van Mynmaatskappye berig dat Namibië se posisie op die algehele beleggingsaantreklikheids-indeks met 3 punte verswak het, van 59 in 2022 tot 56 verlede jaar. Namibië is in die 42ste plek uit 86 jurisdiksies wat ondervra is, vergeleke met 38ste uit 62 jurisdiksies in 2022. Namibië was egter 4de uit 22 Afrika-jurisdiksies wat uitgevra is oor algehele beleggingsaantreklikheid, vergeleke met 6de uit 16 jurisdiksies in 2022. Die president van die Kamer van Mynwese, Zebra Kasete, sê die verlaagde posisie wek kommer. Hy sê Namibië kan beter vaar met betrekking tot mynboubeleid en regulatoriese aangeleenthede. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Lauren Graham, 'n ekonoom by die Kamer van Mynwese, oor die aangeleentheid.
Die Nasionale Vergadering se verrigtinge kon nie vandag voortgaan nie, weens die groot getal parlementslede wat nie vir die sitting opgedaag het nie. Daar was vier lede te min vir 'n kworum. Dit, terwyl daar 18 items op die agenda is wat bespreek moet word voor 11 Julie, wanneer die parlement weer verdaag. Indien die items nie bespreek word nie, sal hulle verval. Oudpremier Nahas Angula het vroeër aan Kosmos 94.1 Nuus gesê parlementslede moet hulle pligte nakom en hulle werk doen. Die speaker van die VN, Peter Katjavivi, moes maar die sitting verdaag.
Narendra Modi van Indië word Saterdag vir 'n derde agtereenvolgende termyn as eerste minister ingehuldig, nadat sy bondgenote hom gister in Delhi as leier gekies het. Al het Modi se Bharatiya Janata-party sy parlementêre meerderheid verloor, het hy 240 setels ingepalm. Die opposisie party, die Indian National Congress, gelei deur Rahul Gandhi, het 230 setels. Modi sê sy oorwinning is 'n triomf vir demokrasie, maar Gandhi is gekant teen die koalisieregering.
ActionSA het die Veelpartyhandves verlaat weens skendings deur ander partye. Die voorsitter, Michael Beaumont, sê verskeie partye het die ooreenkoms verbreek deur te kies om saam met die ANC te werk. Hy het bevestig ActionSA sal nie met die ANC saamwerk nie, hoewel ander vry is om hul eie besluite te neem. Beaumont het aangekondig ActionSA fokus nou op wat hy kan bied om staatsbestuur te verbeter eerder as om ander partye te kritiseer.
Die Azanian People's Organisation sê dit lyk asof die regering nie 'n strategie teen misdaad het om te verseker dat burgers veilig is nie. Dit volg na die dood van sy Wes-Kaapse leier, Mzimkhulu Nojozi, wat buite sy huis in Gugulethu, Kaapstad, doodgeskiet is. Jabu Rakwena van Azapo sê die 63-jarige Nojozi voer die afgelope 20 jaar al 'n stryd vir 'n wapenvrye Suid-Afrika:
Die hoër onderwys-ministerie sal deur die Namibiese studente finansiële hulpfonds, NSFAF, finansiële steun verleen aan kwalifiserende studente by alle hoër-onderwys instellings. Dit is volgens hoër onderwys-minister Itah Kandjii-Murangi, tydens 'n Nsfaf-persinligtingsessie in die hoofstad. Sy sê kwalifiserende studente sal vanaf vanjaar elk 10 000 Namibiese dollar in nie-onderrigondersteuning ontvang. Murangi het gepraat nadat verskeie kwessies deur studente na vore gebring is. Sommige studente kla onder meer dat hulle nie hul maandelikse toelaes van NSFAF ontvang nie.
Die president van die Suid-Afrikaanse Reserwebank, Lesetja Kganyago, waarsku Suid-Afrika sal waarskynlik beleggers verloor as koalisiebeleide nie bestendig is nie. Die ANC onderhandel tans met opposisiepartye om 'n koalisieregering te vorm nadat hy sy meerderheid verloor het in verlede week se verkiesing. Sommige ekonome meen 'n koalisie-ooreenkoms tussen die ANC en die DA sal help om mark-onsekerheid te verminder. Kganyago sê die sentrale bank sal steeds sy mandaat navolg:
Die Keniaanse president William Ruto het in ‘n uitgebreide onderhoud met Al Jazeera gepraat oor sy vredesending na Haïti. Hy sê almal het die reg tot vrede en sekuriteit en die rede hoekom Kenia gevra is, is omdat dit moeilik is.
Die winter het ewe skielik sy opwagting gemaak en terwyl die sentrale en noordelike dele koud is, is dit bibberkoud in die verre Suide. Die weerdiens verwag ook verdere reën in die Suide en kleinvee produsente is gemaan om voorsorg teen die koue te tref. Kosmos 94.1 Nuus het ingeloer by Dolf de Wet van plaas Michberg, naby Grünau, oor hoe dit tans gaan.
Die Namibiese Werkgewersfederasie, vra dat die loonbevel deur arbeidsminister Uutoni Nujoma oor die nasionale minimumloon teruggetrek word. Die federasie sê in 'n verklaring dat die besprekings, ná die vrystelling van die Loonkommissie se verslag, nog lank nie afgehandel is nie. Sy voorleggings, wat werkgewers se wesenlike bekommernisse uiteensit oor die ernstige implikasies vir indiensneming, is ook nie in ag geneem nie. Elias Shikongo, die federasie se president het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Omaruru beleef ‘n uitbreking van masels. Die eerste gevalle spruit uit gevalle wat reeds in Maart vanjaar aangemeld is en tans kom voorvalle in kinders tussen sewe en 12 voor. Walters Kamaya, die woordvoerder van die gesondheidsministerie...
Die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party sê hy verwerp enige gedagte aan 'n ANC-DA-koalisie. Die SAKP verwerp koalisie-ooreenkomste met anti-werker, neo-liberale, en korrupte staatskapingsnetwerke. Die algemene sekretaris Solly Mapaila het op 'n nuuskonferensie kommer uitgespreek oor staatskaping en faksie-optrede, en bepleit koalisie-reëlings wat die DA uitsluit. Mapaila kritiseer die MK-party vir sy negatiewe uitwerking op die ANC-regering en sy verkiesingsprestasie:
Presidensiële kandidaat Ally Angula het vroeër 'n innoverende plan vir werkskepping vir die jeug bekend gemaak. Sy is al gekritiseer oor haar onkunde, maar haar plan kan moontlik werk.
Die Suid-Afrikaanse Federasie van Vakbonde het die brandstofprysverlaging verwelkom en merk op dit bring minimale verligting. Saftu se woordvoerder, Trevor Shaku, sê die pryse bly 45-persent hoër as voor die Russies-Oekraïense konflik in 2022 eskaleer het. Hy sê ondanks hierdie verlagings staar Suid-Afrikaners steeds hoë rentekoerse en beurtkrag in die gesig, wat klein ondernemings en huishoudings steeds onder druk plaas:
Mercedes sê hulle gaan dié naweek verdere opgraderings doen vir die Kanadese Grand Prix. Die Silver Arrows se beste Grand Prix-uitslag tot dusver die seisoen was ‘n vyfde plek, maar die span is optimisties ná ‘n goeie vertoning van George Russell se motor in Monaco, toe ‘n nuwe voorste vlerk gebruik is. Mercedes se baaningenieur, Andrew Shovlin, sê hulle is besig om die gaping tussen hulle en die voorste spanne, Red Bull, Ferrari en McLaren, te verklein:
Die Departement van Gesondheid vra waaksaamheid teen die verspreiding van die M-pokke-virus. Twee nuwe gevalle is in KwaZulu-Natal aangemeld, na vermoedelike plaaslike oordrag. Die publiek se samewerking word gevra om verdere verspreiding te keer. Die virus, wat oorgedra word deur nabye kontak en liggaamsvloeistowwe, vereis vroeë diagnose en behandeling. Die gesondheidswoordvoerder Foster Mohale sê meer intensiewe toesig- en kommunikasiepogings probeer die stigma teenwerk en openbare bewustheid verhoog:
Alexander Zverev sê hy wil bitter graag sy eerste Grand Slam-titel verower. Die vierde gekeurde het Alex de Minaur met 6-4, 7-6, 6-4 geklop om vir die vierde agtereenvolgende keer na die halfeindstryd van die Franse Ope deur te dring. Hy het sy vorige elf wedstryde gewen en verlede maand sy sesde ATP Meesters-trofee in Rome verower. Zverev sê hy het hard gewerk om hom weer in die posisie te plaas:
Nored het kennis gegee dat dit op Maandag, 17 Junie kliënte wie se rekeninge 30 dae of langer agterstallig is, se kragtoevoer sal begin afsny. Kliënte moet hul agterstallige rekeninge ten volle vereffen of aanvaarbare betalingsreëlings met Nored tref voor of op 17 Junie, om elektrisiteitsonderbreking te vermy. Kosmos 94.1 Nuus het met die hoof van korporatiewe kommunikasie by Nored, Simon Lukas, gepraat wat meer verduidelik.
Namibië se Eagles se fokus vandag is om nog 'n oorwinning by die T20-Wêreldbeker te behaal. Hulle kom vanaand om nege-uur teen Skotland te staan in hulle tweede wedstryd by die toernooi. Die president van Krieket Namibië, Dr. Rudie van Vuuren, dink terug aan sy rol in Namibië se 2003 Krieket Wêreldbeker-veldtog.
Die VN se sekretaris-generaal, Antonio Guterres, sê lande moet nie net die fossielbrandstofbedryf aanvat nie, maar ook maatskappye wat hulle pogings steun om optrede oor die klimaatverandering te blokkeer. Hy doen 'n beroep dat die wêreld se fossielbrandstofbedryf verbied word om te adverteer, om die wêreld teen klimaatsverandering te red. Guterres sê die wêreld moet diegene in die fossielbrandstofbedryf konfronteer wat meedoënloos aanhou om vooruitgang te blokkeer:
Die Suid-Afrikaanse Gesondheidsproduktebeheerraad sê geen teken van diëtileenglikol is gevind in toetse op die twee herroepte besendings Benylin-pediatriese stroop nie. Die woordvoerder Madimetja Mashishi sê 'n onafhanklike laboratorium het geen diëtileenglikol aangetref in die meer as 300 000 eenhede nie, mits hulle behoorlik geberg was. Hy sê die raad sal mediese produkte aanhou monitor vir veiligheid en gehalte om openbare gesondheid te beskerm:
Super Game gekombineerde veiling se jaarlikse wildveiling vind Saterdag in Windhoek plaas. 'n Katalogus- en boma-kombinasieveiling word aangebied, met diere in bomas rondom die stad. Dit sal aanlyn en op die perseel plaasvind, by The Weinberg in Klein Windhoek, vanaf 12-uur.
Die jaarlikse Hartebeestloop-veiling vind Saterdag op die plaas Hartebeestloop van die top Bonsmara-teler dr. Joggie Briedenhann in die Stampriet-distrik plaas. Dit is 'n hoogtepunt op Namibië se landboukalender omdat die diere van topgehalte is. Die veiling begin om 11-uur en sal ook aanlyn wees, met 'n verskeidenheid Bonsmara-bulle en -koeie. Paul Klein van Agra Veilings het met Kosmos 94.1 Nuus gesels oor wat op die dag aangebied gaan word.
Die Namibiese Omgewingskamer het sy kommer uitgespreek oor die huidige droogte, met die weiveldstatus wat kritiek is. Hy sê Namibiërs moet vooruit dink en vinnig aanpassings maak, want die droogtes gaan net erger word. Aanpassing by klimaatsverandering behoort ook die sleutelfokus van klimaatverwante beleide te wees. Kosmos 94.1 Nuus het met die uitvoerende hoof van die Omgewingskamer, dr. Chris Brown, gesels oor wat gedoen moet word om die situasie te beredder.
Die Nasionale Vergadering het wankelend begin met vele parlementslede wat die vergadering verlaat het na teetyd, op die heel eerste dag. Bedrywighede moes staak omdat daar nie ‘n kworum was nie. Hulle het bedrywighede Dinsdag hervat na hulle op 25 April in reses gegaan het. Daar is 18 items op die agenda wat bespreek moet word voor 11 Julie, wanneer die parlement weer verdaag. Oudpremier Nahas Angula gepraat. Hy sê die publiek moet aandag gee aan wat in die parlement gebeur.
Die land se grensriviere het die afgelope week almal laer gevloei. Die Zambezirivier se vlak by Katima Mulilo het tot 2m afgeneem en die Okavangorivier by Rundu tot 4,58m. Die benede-Oranjerivier is steeds uiters laag. Die Kunenerivier by Ruacana het 'n vloei van 188,9 kubieke meter per sekonde aangeteken, wat laer is as vroeër in die reënseisoen maar hoër as verlede jaar. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Abraham Angula, die waarnemende direkteur vir energiebeplanning en navorsing by die energie-ministerie, oor hoe dit elektrisiteitsopwekking by die Ruacana hidro-elektriese kragsentrale beïnvloed.
Die algemene werkersvakbond Giwusa eis die onmiddellike nasionalisering van die oliebedryf en raffinaderye, wat hulle onder die demokratiese beheer van die werkersklas sal plaas. Die woordvoerder van Giwusa, Koketso Phasha, sê die huidige polities-ontplooide leierskap van die Sentrale Energiefonds het misluk. Phasha sê hulle het voorheen al aangevoer die nuut-gestigte Suid-Afrikaanse Nasionale Petroleummaatskappy is 'n goeie geleentheid om energie-armoede en ontkoling aan te pak.
Die Mynwerkers-vakbond van Namibië het kritiek uitgespreek oor die dood van twee werkers by die Xinfeng-litiummyn en die Rössing-uraanmyn. Die vakbond se sekretaris-generaal, George Ampweya, sê myne pas nie genoegsame veiligheidsmaatreëls toe nie, en daar is minimale of geen oorsig deur veiligheidsinspekteurs nie. Ampweya is aan die woord.
Die ANC glo die verkiesingsuitslag wys Suid-Afrikaners wil hê leiers moet saamwerk. Die party wil graag met alle partye skakel vir 'n regering met eenheid, bestendigheid, transformasie en die beskerming van die demokrasie. Die ANC-woordvoerder Mahlengi Bhengu-Motsiri sê die nasionale werkskomitee hersien verslae oor vergaderings met die IVP, die EFF, die DA en die Patriotic Alliance. Bhengu-Motsiri bevestig hulle het sonder sukses uitgereik na die MK-party.
Die veroordeelde Facebook-moordenaar, Thabo Bester, het die Hooggeregshof in Bloemfontein versoek om sy doodsvonnis te beveel en om sy medebeskuldigdes vry te laat. Bester het tydens 'n uitbarsting beweer die regstelsel behandel hom onregverdig. Bester, sy voormalige minnares, Nandipha Magudumana, en sewe ander staan tereg op aanklagte van onder meer bedrog en die skending van 'n liggaam. Bester se prokureur, Mohamed Siedat, het intussen onttrek weens probleme met raadpleging. Bester beweer politieke inmenging beheer die hofverrigtinge.
Tennis: Die onttrekking van die wêreld nommer-een, Novak Djokovic, weens 'n kniebesering, het veroorsaak dat die sewende gekeurde Casper Ruud van Noorweë reguit vorder na die halfeindronde van die Franse Ope. Daar is vandag nog een plek op die spel in die voorlaaste ronde, met die vierde gekeurde Alexander Zverev van Duitsland wat teen die elfde gekeurde Alex de Minaur speel. Zverev het vanjaar twee keer teen die Australiër verloor en verwag 'n taai kragmeting.
Krieket: Indië begin sy T20 Wêreldbekerveldtog vandag as een van die gunstelinge. Hulle pak Ierland in New York. Die krieketreuse is desperaat vir sukses by die toernooi in die Wes-Indiese Eilande en Amerika, want hulle globale bekerdroogte strek terug na die 2013 Kampioenebeker. Kaptein Rohit Sharma sê hulle gaan hulle toespits op die basiese beginsels.
Reaksie op die aankondiging dat die kabinet die arbeidsminister se besluit onderskryf om 'n minimumloon in Januarie 2025 in te stel, word steeds ontvang. Die minimumloon is vasgestel op 18 Namibiese dollar per uur en kan na twee jaar hersien word. Dit is verbode vir werkgewers om hul werknemers se lone tot 18 dollar per uur te verminder. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Celeste Mhunduru, die woordvoerder van die Sekuriteitsvereniging van Namibië, SAN, wat sê die implementering van die minimumloon sal werkverliese veroorsaak.
Suid-Afrika se minister van Sport, Kuns en Kultuur, Zizi Kodwa, het bedank. Kodwa is in die landdroshof in Palm Ridge in Gauteng aangekla van korrupsie, saam met die voormalige uitvoerende hoof van EOH Holdings, Jehan Mackay. Die maatskappy het na bewering regeringskontrakte van 460-miljoen Suid-Afrikaanse rand gekry toe Kodwa adjunkminister van Staatsveiligheid was. Hy is glo met 1,6-miljoen-rand omgekoop. Die woordvoerder, Litha Mpondwana, sê Kodwa waardeer die mense saam met wie hy gewerk het.
Die Namibiese Weermag en die Botswana Weermag het 'n siviel-militêre samewerkingsplan onderteken. Dit het ten doel om gemeenskappe wat langs die Namibië en Botswana-grense woon, sensitief te maak vir wettige bewegings in die gebiede. Dit wil ook die verhouding tussen die twee partye verbeter. In die mees onlangse voorval in 2021 is twee Namibiese broers en hul Zambiese neef na bewering deur soldate van Botswana doodgeskiet terwyl hulle in die Choberivier visgevang het. Dit was nadat ’n grensverdrag in 2018 deur wyle president Hage Geingob met Botswana onderteken is. Kosmos 94.1 Nuus het met Sinvula Mudabeti van die Namibia Lives Matter Movement gesels oor hoe Namibiërs op die siviel-militêre samewerkingsplan sal reageer.
Die Organisasie teen Belastingmisbruik sê koalisiregerings sal waarskynlik die norm word in Suid-Afrika en uitdagings sowel as geleenthede meebring. Die organisasie sê hoewel die onsekerheid mense kan ontstel, bevorder koalisies deursigtigheid en aanspreeklikheid namate partye saamwerk en ooreenkomste vir doeltreffende bestuur bereik. Dit het ten doel om te verseker openbare fondse word verantwoordelik gebruik en korrupsie word uitgeroei. Die uitvoerende hoof van Outa, Wayne Duvenage, sê ministers wat swak presteer moet verwyder word.
Die land is in rep en roer oor die nasionale minimumloon van 18 Namibiese dollar per uur wat in Januarie volgende jaar ingestel sal word. Die proses het in 2021 begin toe die arbeidsministerie die Loonkommissie ingehuldig het om die moontlikheid van 'n nasionale minimumloon te ondersoek. Die stigting van die kommissie was 'n mylpaal in Namibië se strewe om armoede en historiese inkomste-ongelykheid uit te skakel. Kosmos 94.1 Nuus het met Marius Kudumo, die voormalige voorsitter van die Loonkommissie, gesels oor of die minimumloon van 18 dollar strook met die verslag wat die kommissie aan die arbeidsministerie voorgelê het.
Die Amerikaanse prokureur-generaal Merrick Garland het getuig voor die Huis se Regterlike Komitee. Sy getuienis kom nadat Republikeine in die regbank en oorsigkomitees gestem het om 'n minagting van die Kongres-resolusie teen Garland te bevorder nadat hy hul versoek vir klankopnames met betrekking tot president Biden se geklassifiseerde dokumente-saak geweier het. Hy het deurgeloop onder veral Matt Gaetz se vrae oor Donald Trump se vervolging.
Die ministerie van armoede uitwissing het aangekondig dat die ontvangers van oumens-toelaes, gestremdheid-toelaes en toelaes vir gestremde kinders, eers in Augustus verhoogde toelaes sal kry. Dit is uiters laat omdat die verhoging normaalweg vroeër intree maar president Nangolo Mbumba het baie gereis en eers laat die begroting bekragtig. Die woordvoerder van die lynministerie wat die toelaes hanteer Lukas Haufiku verduidelik die vertraging.
Die graderingsagentskap Fitch waarsku Suid-Afrika se skuldtrajek sal bykomende risiko’s ondervind as die ANC op die ondersteuning van die EFF of die MK-party gaan staatmaak. Fitch sê ʼn ANC-EFF-MK-koalisie sal na verwagting beleggersvertroue verswak of staatsbestuur vernietig. Hy voeg by indien die DA die ANC ondersteun, sal dit moontlik die minste verandering bring aan belangrike kredietmaatstawwe. Wat in die buurland gebeur raak Namibië en Kosmos 94.1 Nuus het by die EPRA-navorser Eben de Klerk aangeklop vir die plaaslike impak.
Die bedanking van Henny Seibeb van die LPM-party is steeds in die nuus. Die partyleier Bernadus Swartbooi se aanmerkings daaroor het kru en beledigende woorde benut en het volgens kenners geen waardigheid gehad nie. Om die stand van sake te vererger, het die party vanoggend ‘n verklaring uitgereik wat op tye vulgêr geraak het. Kosmos 94.1 Nuus het met die Namibiese politieke kommentator dr. Henning Melber, 'n navorsingsdirekteur by die Scandinavian Nordic Africa Institute gepraat. Hy sê Seibeb se bedanking was nie ‘n verrassing nie maar...
Presidensiële kandidaat Ally Angula het van te vore baie kritiek uitgelok vir haar onkunde veral met kommentaar oor verskeie aspekte in aanloop tot die presidensiële verkiesing, Maar, Angula het ‘n unieke en innoverende plan vir werkskepping bekend gemaak wat moontlik deurgehaak kan word. Sy verduidelik.
Sowat 690 vissermanne staan op die punt om hul droom te verwesenlik om huiseienaars te word. Thomas Mununga, 'n verteenwoordiger van die vissermanne, sê hulle het die October 2015 United Land and Housing Federation gestig om hul doelwit van huiseienaarskap te fasiliteer. Die vissermanne het hul werk in die onwettige staking van 2015 verloor. Die liggaam het nou 48 hektaar grond by Farm 37 buite Walvisbaai bekom vir 3 miljoen Namibiese dollar. Die federasie beplan om 720 huise te bou, wat 'n beter toekoms vir die vissermanne en hul gesinne sal verseker. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met visserye-minister Derek Klazen, wat entoesiasties is oor die inisiatief.
Die kaptein van Engeland Jos Buttler het sy frustrasie uitgespreek nadat hulle aanvangs-T20 Wêreldbekerwedstryd teen Skotland in Barbados weens reën kortgeknip is. Skotland het 90 sonder verlies aangeteken toe die wedstryd beperk is tot tien beurte per span, en die verdedigende kampioene se totaal op 109 gestel is. Reën het egter Engeland die kans ontsê om te begin kolf en die wedstryd is laat vaar. Beide spanne kry een punt. Buttler sê die aangepaste telling was bereikbaar:
'n Dringende vraag is in die Nasionale Vergadering aan gesondheidsminister Kalumbi Shangula gerig oor die medisyne-tekorte by die land se hospitale en klinieke. Lucia Herlinde Tjiveze van die Republikeinse Party het die probleem na vore gebring. Die adjunk-minister van gesondheid, Ester Muinjangue, het die vraag beantwoord namens Shangula en sê die kwessie geniet die ministerie se aandag.
Die DA beweer swak beleide het veroorsaak dat die ekonomie verder agteruitgaan. Die party sê in die eerste kwartaal vanjaar het die ekonomie ingekrimp, soos bevestig deur Statistieke Suid-Afrika. Dit volg op 'n noue ontkoming uit 'n tegniese resessie in die vorige kwartaal. Die Tesourie se nasionale begroting het 'n groeikoers van 1,3-persent in Februarie voorspel. Die DA-lid, Dion George, sê beter ekonomiese beleide is noodsaaklik:
Vandag is Wêreld-omgewingsdag met die tema, Grondherstel, Woestynvorming en Droogteweerstandigheid. Grondherstel is 'n basiese beginsel van die Verenigde Nasies se veldtog, Dekade van Ekostelsel-herstel, wat 'n oproep is om ekostelsels reg deur die wêreld te beskerm en te laat herleef. Die Koninkryk van Saoedi-Arabië sal vanjaar se wêreldwye vieringe aanbied. Die VN-omgewingsprogram se uitvoerende direkteur, Inger Andersen, sê die klimaatkrisis plaas die wêreld se ekostelsels onder geweldige druk:
Die Amerikaanse president, Joe Biden het nuwe wetgewing aangekondig wat daarop gemik is om die skerp toename van migrante te bekamp wat die grens tussen die VSA en Mexiko onwettig oorsteek. Kragtens die nuwe wetgewing kan immigrasiebeamptes groot getalle migrante wat die VSA onwettig binnekom bloot deporteer, sonder om hul asieleise te verwerk. Meer as 6,4-miljoen migrante is gekeer om die grens na die VSA onwettig oor te steek tydens Biden se termyn. Biden sê hulle neem beslissende stappe om die suidelike grens verder te beveilig:
Die regering in KwaZulu-Natal sê hy verskaf hulp aan gesinne wat geraak is en herstel dienste nadat 'n storm vyf distrikte, insluitend eThekwini, getref het. Swaar reën en wind het verwoesting gesaai, wat tot elf sterftes en meer as 55 beserings gelei het. Die premier, Nomusa Dube-Ncube, lei reaksiepogings en verseker die meer as 120 ontheemde gesinne kry hulp. Dube-Ncube het inwoners versoek om waaksaam te bly namate herstel vorder:
Die Mynwerkers-vakbond van Namibië het die Rössing-uraanmyn en die Xinfeng-litiummyn oor die dood van twee werkers gekritiseer. Die vakbond se sekretaris-generaal, George Ampweya, sê myne pas nie genoegsame veiligheidsmaatreëls toe nie, en daar is minimale of geen oorsig deur veiligheidsinspekteurs nie. Kosmos 94.1 Nuus het met Ampweya gepraat oor die kwessies.
Die tweede gekeurde Jannik Sinner sal in die halfeindronde van die Franse Ope teen Carlos Alcaraz van Spanje te staan kom. Sinner het sy strewe na 'n tweede agtereenvolgende Grand Slam-titel voortgesit deur Grigor Dimitrov van Bulgarye met 6-2, 6-4, 7-6 te klop. Die Italianer sal Maandag tot wêreldnommer een op die ranglys styg nadat Novak Djokovic hom weens ’n besering voor sy kwarteindstryd onttrek het. Alcaraz het Stefanos Tsitsipas van Griekeland met 6-3, 7-6, 6-4 uitgeskakel. Sinner sê om wêreldnommer een te word is vir hom spesiaal:
Die PDM-parlementslid Maximalliant Katjimune het 'n mosie in die Nasionale Vergadering ter tafel gelê om die Nasionale Jeugraad en Nasionale Jeugdiens saam te smelt. Hy sê dit sal 'n einde bring aan die duplisering van verantwoordelikhede, programme, hulpbronne en oorvleuelende beleide wat die jeug raak. Katjimune het die mosie in die parlement uiteengesit.
Droogtehulp Namibië het 'n ruim skenking van 100 000 Namibiese dollar van Agra ontvang na 'n fondsinsameling in April. Die fonds het aangekondig dat 'n aansienlike bedrag nodig is om boere te help te midde van die droogte, en hulle het 'n tekort van 200 000 dollar. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Henriette le Grange van Droogtehulp Namibië oor wat die skenking vir die fonds beteken.
Afrobarometer se 10de meningsopname het bevind die meeste Namibiërs waardeer verkiesings. Die oorgrote meerderheid sê hulle voel geen druk om by enige politieke organisasie aan te sluit en om te kies vir wie om te stem nie. Meer as sewe uit 10 sê hulle het in die vorige verkiesing gestem. Sowat drie uit 10 respondente sê dat hulle effe bang was vir intimidasie of geweld tydens die verkiesingsveldtog. Kosmos 94.1 Nuus het reaksie gekry van Frederico Links, 'n navorser by die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing, wat sê die ondersteuning van en vertroue in demokrasie aan die afneem.
Die land se handelsbalans het in April 'n tekort van 3,1 miljard Namibiese dollar getoon, vergeleke met 4,6 miljard dollar en 1,2 miljard dollar wat onderskeidelik in Maart en April verlede jaar aangeteken is. Dit is volgens die Namibiese Statistieke-agentskap se jongste bulletin. Daar is geen verassings nie, soos Mirjam Shihepo, die agentskap se skakelbeampte, verduidelik.
Die drempel om vir regshulp te kwalifiseer is van 3 500 Namibiese dollar tot 7 000 dollar verhoog. In die 2023-2024 boekjaar het 9 110 mense om regshulp aansoek gedoen. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Edmund Khoaseb, die justisieministerie se waarnemende woordvoerder, wat sê hulle verwag 'n toename in aansoeke, ook omdat die bevolking groei.
Die Stop the East African Crude Oil Pipeline Coalition versoek die regering van Tanzanië dringend om nie langer die polisie te gebruik om teenkanting teen die regering se omstrede pypleiding te probeer onderdruk nie. Dit volg nadat die polisie vier mense en ‘n gemeenskapsleier in die Hanag-distrik aangehou het omdat hulle met die media oor die pypleiding, swak vergoeding en intimidasietaktiek gepraat het. Die koördineerder van die veldtog, Zaki Mamdoo, versoek die regering om die teistering te staak en vra China en Frankryk om gepaardgaande ongeregtighede te ondersoek.
Die landbouwerkersvereniging het sy 36ste jaarlikse kongres gehou by Arebbusch in die hoofstad. Die kongres het gefokus op die positiewe dinamika in boerdery, met verskeie sprekers wat deelgeneem het. Die vereniging het ook gefokus op hulle jaarlikse begroting en die finansiële verslag. 'n Ekonoom van Cirrus Capital, Robert McGregor, het gepraat oor die Namibiese ekonomie en of daar hoop is vir boerdery, ekonomies en polities. Volgens McGregor is daar vele faktore wat lei tot die sukses van boerdery in die land.
Krieket: New York se debuut as gasheer vir die T20 Wêreldbekertoernooi het gesorg vir ‘n wedstryd met besonder lae tellings tussen Suid-Afrika en Sri Lanka. Sri Lanka is vir slegs 77 uitgeboul en die Proteas het ‘n gemaklike oorwinning met ses paaltjies behaal. Volgens kenners is ‘n wedstryd met lae tellings nie noodwendig die beste begin vir ‘n toernooi wat veronderstel is om die Amerikaanse mark te lok nie. Anrich Nortjé, wat vier paaltjies vir Suid-Afrika laat kantel het, glo egter ‘n wedstryd met lae tellings kan ook opwindend wees.
RMB is deur QKR Navachab aangestel as die aanvanklike mandaat hoof-tussenganger, onderskrywer en koördineerder van 'n gesindikeerde lening van Namibiese en Suid-Afrikaanse banke. Die lening van 155 miljoen Amerikaanse dollar is vir die myn se uitbreidingsprogram. Die veelvlakkige oplossing is deurslaggewend vir die kritieke opbou van die mynbou- en verwerkingsaktiwiteite. Die uitbreiding sal die myn se goudproduksie aansienlik opskaal, wat 'n wesenlike bydrae tot Namibië se ekonomiese volhoubaarheid sal lewer. RMB en die banksindikaat sal risikobestuur-oplossings verskaf. Jason Shikalepo, die hoof van beleggingsbankwese by RMB in Namibië, het meer inligting.
‘n Man het in die Durbanse Landdroshof verskyn op aanklagte van moord en poging tot moord nadat hy na bewering Sondag ‘n pro-Palestynse gesin noodlottig aangeval het. Grayson Beare het na bewering Sondag die huis van Halima Hoosen-Preston in Glenwood binnegestorm en haar met ‘n mes doodgesteek. Die streekswoordvoerder van die NVG, Natasha Ramkisson-Kara, bevestig haar man, Shaun, en haar seun is met steekwonde in die hospitaal opgeneem.
Die Namibië Studente Beleggingsuitdaging het in April begin met 19 skole wat deelneem, asook Unam en Nust. Die doel is om studente en sekondêre skool-leerlinge aan aandele-beleggings bekend te stel, en om hulle van kennis oor breër aspekte van kapitaalmarkbedrywighede te voorsien. Dit gee hulle 'n begrip van kommersiële dinamika en die makro-ekonomiese omgewing deur 'n prettige opvoedkundige program. Elke deelnemende span word gekrediteer met 'n fiktiewe 500 000 Namibiese dollar om mee aandele te koop. 'n Totale bedrag van 80 000 dollar kan gewen word, met 'n 30 000 dollar eerste prys. Johene Saal, die hoofinligtingsbeampte by die Namibiese Effektebeurs, het Kosmos 94.1 Nuus meer inligting gegee.
Die omstrede sakevrou en voormalige kommissaris van die staatsdiens, Teckla Lameck het ter elfder uur die beslaglegging van vyf van haar eiendomme afgeweer in die hoërhof. Bank Windhoek eis amper 31 miljoen Namibiese dollar van haar en ‘n beslagleggingsbevel is op 7 Mei uitgereik. Sy het op 29 Mei verdediging aangeteken. Yanna Smith het die besonderhede.
Die LPM-adjunkleier, Henny Seibeb, en LPM parlementslid Edson Isaaks het uit die party en die parlement bedank, te midde van 'n langdurige vete met partyleier Bernadus Swartbooi. Seibeb se posisie in die party het onhoudbaar geword nadat hy glo die LPM 'n "Nama-party" genoem het. Hy is gevra om hom van die uitlatings te distansieer, maar het na bewering geweier. Swartbooi reageer op die bedankings.
Die kabinet se besluit om 'n nasionale minimumloon van 18 Namibiese dollar per uur op 1 Januarie volgende jaar in werking te stel, het in die Nasionale Vergadering opgekom. Die NEFF parlementslid Longinus Iipumbu het aan arbeidsminister Uutoni Nujoma 'n vraag gestel wat op 13 Junie beantwoord moet word. Iipumbu vra waarom die verhoging eers volgende jaar in werking tree. Nujoma het in November verlede jaar gesê dit sal in die eerste kwartaal vanjaar geïmplementeer word.
NEFF kommissaris Michael Amushelelo gaan voort met sy aantygings. Die jongste een fokus op wat hy noem ongelyke behandeling rakende water- en elektrisiteitsvoorsiening. Hy beskuldig die Stad Windhoek daarvan dat hulle dienste aan Katutura-inwoners afsny vir onbetaalde rekeninge, terwyl die Chinese sakevrou Stina Wu, se dienste nie opgeskort word nie. Wu is die eienaar van Marigold Hotel wie se skuld meer as 1,5 miljoen Namibiese dollar beloop. Volgens Amushelelo het Wu stadsamptenare omgekoop om die hotel se elektrisiteit weer aan te sluit nadat dit afgesny is. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Stad Windhoek se woordvoerder, Lydia Amutenya.
Die Raad vir Buitelandse Betrekkinge loof die demokratiese veerkragtigheid in Suid-Afrika nadat die ANC die verkiesingsuitslae aanvaar het, ten spyte van verliese. Die Raad se navorsingsgenoot, Michelle Gavin, waarsku egter dat die vorming van koalisies in die komende dae en weke deurslaggewend vir die land sal wees. Gavin is ook bekommerd dat partye soos die EFF en MK Amerikaanse maatskappye wat in Suid-Afrika sake doen sal afskrik.
Die kwarteindstryde vir mans by die Franse Ope begin met verskeie topgekeurdes in aksie. Die tiende gekeurde, Grigor Dimitrov, van Bulgarye speel teen die tweede gekeurde, Jannik Sinner, van Italië voor die negende gekeurde, Stefanos Tsitsipas, van Griekeland vanaand die Spanjaard, Carlos Alcaraz, aandurf. Tsitsipas verwag ‘n taai stryd teen die derde gekeurde Alcaraz.
KI is 'n kragtige instrument wat besighede van alle groottes kan help om hul doelwitte te bereik. In vandag se mededingende mark sal ondernemings wat KI omhels waarskynlik diegene wees wat sukses behaal. Deur KI in hul bedrywighede in te sluit, kan besighede 'n aansienlike mededingende voordeel verkry. Kosmos 94.1 Nuus het met Vanessa Maresch van Salt Essentials IT gesels oor die belangrikheid van KI en die belangrikheid van besighede om dit verstandig te gebruik sonder om maatskappyinligting te verklap.
Die Teenkorrupsie-kommissie en die Namibiese Kamer en Handel en Nywerheid speel saam gasheer vir ‘n seminar oor Etiese Besigheidsgedrag. Die direkteur-generaal van die kommissie, Paulus Noa het die afgevaardigdes toegespreek en sê ‘n korrupsie-vrye sakesektor is van kritieke belang.
Die koue is dalk uiters ongemaklik en moeilik vir sommige van die land se inwoners maar, vir die inwoners van die Suide is dit ‘n totale lafenis. Aus het reeds 22 millimeter reën ontvang, heel in die begin van die winter so daar is hoop vir ‘n uitgebreide blomme-seisoen. Kosmos 94.1 Nuus het met Piet Swiegers van Klein Aus Vista gesels.
ActionSA sê hy beskou dwelmmisbruik as ʼn siekte en menslike tragedie wat elke dag in gemeenskappe ontvou. Juniemaand is Dwelmbewustheids-maand en die party vra optrede om die epidemie van dwelmmisbruik en dwelmhandel deur arrogante kartelle teen te werk. Dereleen James van ActionSA sê alle rolspelers moet saamwerk om ʼn veiliger, gesonder en meer deernisvolle samelewing te skep deur die omvattende instelling van die Nasionale Dwelm-meesterplan:
Die president van die Namibiese Landbou-unie Thinus Pretorius het die afgevaardigdes by die Landbou Werkgewersvereniging se jaarkongres wat tans aan die gang is, toegespreek. Hy het ook melding gemaak van die nuwe minimumloon maar sê daar is ‘n geleentheid.
Die jeug se aandag word nou meer as ooit op sosiale media gevestig en daar is baie ruimte vir maatskappye, en natuurlik, politieke partye, om die jeug te bereik. Die vraag is of daar voluit gebruik gemaak word van die geleentheid. Volgens die woordvoerder van die LPM, Lifalaza Simataa doen die verkiesingskommissie nie naastenby genoeg vir die jeug nie.
'n Professor van die Noordwes Universiteit se Sake- en Bestuurskool, Raymond Parsons, sê die onmiddellike vooruitsigte van 'n koalisieregering behels sowel risiko's as geleenthede. Die ANC het die eerste keer in die demokratiese Suid-Afrika minder as 50 persent van die stemme behaal en daarmee sy meerderheid in die parlement verloor. 'n Koalisieregering moet nou saamgestel word, en Parsons sê die uitdaging is om 'n raamwerk te skep van bestendige regering wat nodig is om sake- en beleggersvertroue te stimuleer:
Die VN se Summit of the Future wat in September in New York gehou word, word gefasiliteer deur Duitsland en Namibië en die eerste nul-konsep is reeds ingedien. Die beraad word gesien as 'n eenmalige geleentheid om samewerking oor kritieke uitdagings te verbeter en leemtes in globale bestuur aan te spreek. VN sekretaris-generaal Antonio Guterres sê dit is ‘n gulde geleentheid om verskeie kwessies aan te spreek.
Die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika het 'n gratis basiese elektrisiteitsprys van 194,40-sent per kilowatt-uur goedgekeur. Dit sal vanaf die eerste van volgende maand van krag wees. Hierdie tarief bepaal hoe munisipaliteite Eskom vergoed vir die lewering van gratis basiese elektrisiteit aan huishoudings wat kwalifiseeer vir noodsaaklike behoeftes soos ligte en waterverwarming. Nersa se woordvoerder, Charles Hlebela, sê die huidige maandelikse toelae van 50 kilowatt-ure word ook hersien weens veranderende ekonomiese toestande:
Britte stem op 4 Julie en daar word verwag dat die Arbeidersparty die Tories uit die kussings sal lig. Alle peilings toon dat Rishi Sunak en sy party nie ‘n kans staan om die verkiesing te wen nie en die Arbeiders sal in alle waarskynlikheid oor die meerderheid in die twee huise oorneem. Die partyleier, sir Keir Starmer sê dit gaan oor lewenstandaarde verbeter.
Die Namibiese Landbou-unie het hulle kwartaallikse vleispryse uitgereik. Daar was hoër slaggetalle by die abattoirs. Kosmos 94.1 Nuus het met Leigh-Anne Nahoya, 'n landbou ekonoom by die NLU oor pryse vir produsente gesels.
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens sê die storm wat in dele van KwaZulu-Natal gewoed het, was ʼn tornado. Die ontwrigtende reën en sterk wind het chaos veroorsaak in Tongaat, Ballito en Durban se middestad. Wydverspreide skade aan paaie en infrastruktuur is aangemeld, maar geen beserings of sterftes nie. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens se hoofweervoorspeller, Kevin Rae, sê nog reën en moontlik ook sneeu word verwag in die hoogliggende gebiede van die Wes-Kaap, Oos-Kaap en KwaZulu-Natal:
Die Nelson Mandela-munisipaliteit in die Oos-Kaap verwag vandag nog ontwrigtende reën wat tot oorstromings kan lei. Dit volg nadat agt mense in die metro dood is, terwyl reddingspanne steeds soek na 'n vermiste 20-jarige slagoffer wat naby Dawn in Oos-Londen weggespoel het. Meer as 1 300 inwoners is deur die oorstromings dakloos gelaat. Nelson Mandelabaai se burgemeester, Gary van Niekerk, sê die regering bied tydelike skuiling aan die slagoffers:
Namibië beklee die 8ste plek in Afrika in terme van begin-ondernemings. Dit is hoër as Ghana en Tunisië en beklemtoon die land se groeiende begin-besigheid ekosisteem. Op 'n wêreldskaal beklee Namibië die 87ste posisie, volgens StartupBlink. Volgens die verslag is dit die derde agtereenvolgende jaar wat Namibië groei aanteken, en het 12 plekke geklim sedert sy aanvanklike insluiting op die ranglys in 2021. Kosmos 94.1 Nuus het met Danny Meyer van SMEs Compete gesels oor die groei in 'n begin-ondernemings.
Die verdedigende kampioen, Novak Djokovic, het die Argentyn, Francisco Cerundolo, in vyf stelle verslaan om die Franse Ope-kwarteindronde te haal. Die Serwiër het met 6-1, 5-7, 3-6, 7-5, 6-3 geseëvier om die rekord van 370 Grand Slam-oorwinnings te verbeter. Djokovic takel volgende die sewende gekeurde Casper Ruud van Noorweë. Die Rus Daniil Medvedev is die hoogste gekeurde speler wat uitgeskakel is nadat hy met 4-6, 6-2, 6-1, 6-3 teen die Australiër Alex de Minaur verloor het. Djokovic sukkel met ʼn kniebesering en sê hy het op verskillende stadiums van die wedstryd pyn ervaar:
Die politieke ontleder, professor Richard Calland, sê die ANC wat nie ʼn volstrekte meerderheid behaal het nie, beteken ʼn groot verskuiwing in die Suid-Afrikaanse politiek. Die party se nasionale uitvoerende komitee vergader na verwagting vandag om koalisies te bespreek in wat beskryf word as moontlik die party se grootste krisis die afgelope 30 jaar. Die Verkiesingskommissie het die uitslag Sondag verklaar wat beteken die Parlement moet binne 14 dae ʼn president aanwys. Calland sê die land se politiek het nou twee paaie uitgekerf:
Die jaarlikse Winterknights Roundtable liefdadigheids veldtog sal op 7 Junie plaasvind. Verskeie maatskappye ondersteun die veldtog deur op besige straathoekies te staan om geld of klere en komberse in te samel. B2Gold is een en hulle moedig die publiek aan om hulle te ondersteun. Eline Namweya die woordvoerder van B2Gold het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Die Survey Warehouse in Windhoek het sy jongste Afrobarometer-opname voltooi. Dit kyk na hoe Namibiërs verkiesings sien en die stand van demokrasie beskou. Die meeste Namibiërs waardeer verkiesings, en die oorweldigende meerderheid sê hulle voel vry om by enige politieke organisasie aan te sluit en om te kies vir wie om te stem, sonder om onder druk te voel. Meer as sewe uit 10 burgers sê hulle het in die 2019 verkiesing gestem. Terwyl die meeste respondente van mening is dat die verkiesing grootliks vry en regverdig was, meld ongeveer drie uit 10 dat hulle politieke intimidasie of geweld ten minste "'n bietjie" tydens die verkiesingsveldtog gevrees het. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Christie Keulder, 'n navorser en eienaar van die Survey Warehouse, wat 'n kort uiteensetting van hul bevindings gee.
Die negende sitting van die sewende parlement het op 25 April in reses gegaan en hervat vandag. Dit is 'n voortsetting van die laaste sitting van die sewende Nasionale Vergadering. Volgens die parlementêre kalender vir die jaar sal die lede tot 11 Julie in sitting wees. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die woordvoerder van die parlement, Sakeus Kadhikwa.
Die Suid-Afrikaanse Vereniging van Staatsamptenare moedig politieke partye aan om die belange van Suid-Afrikaners voorkeur te gee in mede-regeringsonderhandelings. Met geen party met 'n volstrekte meerderheid nie, vereis koalisiesamesprekings volwassenheid en opoffering. Reuben Maleka van die vakbond vra politici om partydigheid eenkant te skuif en te werk vir konsensus wat aandag gee aan die land se dwingende uitdagings, waaronder armoede, ongelykheid en werkloosheid.
Die Swapo-party is al vir etlike jare lank bekend as ‘n sterk bevrydingsparty saamgestel deur eenheid, veral in die jare na Namibië se onafhanklikheidswording. Sommige lede veg egter die afgelope jare oor posisies en dit het skade en onenigheid in die party veroorsaak. Dieselfde het in Suid-Afrika met die ANC gebeur waar 'n harde les by die stembusse geleer is. Asser Ntinda is ‘n veteraan Swapo lid wat sy mening lig oor wat gedoen kan word om Swapo weer verenig.
Die DA het 'n beroep gedoen op die nuwe ANC-geleide provinsiale regering in die Oos-Kaap om 'n ramptoestand af te kondig ná uitgebreide oorstromings. Sewe mense is dood, duisende is ontwortel, en kritieke infrastruktuur is ernstig beskadig. Die DA se provinsiale leier, Andrew Whitfield, het die premier, Oscar Mabuyane, gevra om dadelik op te tree. Hy sê daar is 'n dringende behoefte aan gekoördineerde reaksie en doeltreffende kommunikasie om die slagoffers te help.
Die 50ste Afrika Versekeringsorganisasie en Algemene Jaarvergadering het by Mercure Hotel in Windhoek plaasgevind. Die tema was "Die hantering van stygende natuurrampe regoor Afrika". Ongeveer 75 lande uit verskeie sektore soos banke en versekeringsmaatskappye, het die geleentheid bygewoon. By die geleentheid het die eerste minister, Saara Kuugongelwa-Amadhila die skare toegespreek en sê die regering sukkel al jare lank om sy eie versekeringsmaatskappy te stig.
Die Kieshof het uitspraak voorbehou in die MK-party se leierskapsgeskil. Die uitgeskopte stigter, Jabulani Khumalo, beskuldig oud-president Jacob Zuma se dogter, Duduzile Zuma-Sambudla, van vervalsing van sy handtekening op 'n brief aan die Verkiesingskommissie om die party se leierskap te verander. Woedende ondersteuners het Khumalo ook aangeval buite die hof, wat in die Hooggeregshof in Johannesburg sit. Zuma se advokaat, Dali Mpofu, vra die hof moet die saak uitgooi.
Die polisie se naweekverslag rapporteer dat die 65-jarige Gerhard Ueltzhofer oorlede is nadat hy uitgeswaai het vir 'n kudu in die pad en sy Chevrolet Spark omgeslaan het. Twee wat saam met hom op pad was van Gobabis na Windhoek is beseer. Op die plaas Omatarasu naby Kalkfeld is Charles Cotze oorlede toe hy uitgeswaai het vir 'n gemsbok, en drie passasiers in sy Nissan bakkie is ernstig tot matig beseer. Kosmos 94.1 Nuus het met Rickus Spangenberg gepraat van K9 Anti-Poaching and Security,wat sê die droogte speel 'n groot rol in die probleem van diere op paaie.
’n Sopkombuis in Havana genaamd Porridge Storage het sy deure in 2019 oorkant Laerskool Havana oopgemaak. Die sopkombuis voorsien tans aan meer as 300 minderbevooregte kinders kos tussen die ouderdomme van 1 tot 19 jaar, maar skenk ook sanitêre doekies aan diegene wat dit nie kan bekostig nie. Kosmos 94.1 Nuus gesels met die stigter Martha Festus, wat 'n beroep doen op barmhartige Samaritane of maatskappye om hul by te staan met kos, klere, sanitêre doekies, komberse en ander benodigdhede.
Koalisieregerings lyk al hoe meer soos 'n werklikheid op nasionale en provinsiale vlak ná vanjaar se verkiesing in Suid-Afrika. Nie net hang die sterkste land in Suider-Afrika se toekoms af van watter koalisies gaan septer swaai nie, maar uiteraard sal Namibië en ander buurlande ook geraak word. Die uitslag van koalisie-samesprekings is nie net polities van groot belang nie, maar ook ekonomies.
Kosmos 94.1 nuus kry ‘n uiteensetting by Suid-Afrikaanse ekonoom Dawie Roodt om uit te vind oor wat die ekonomiese impak op Suid-Afrika maar ook direk op Namibië sal wees.
Wêreldwyd ontwikkel lande maniere om hul burgers se welstand te verseker en dit is presies ook die filosofie agter ‘n wetsontwerp vir ‘n minimumloon. In Februarie 2021 het die minimumloon kommissie in Namibië landwyd ‘n ondersoek van stapel gestuur om inligting te bekom in verskeie sektore. ‘n Besluit wat deur die arbeidsminister, Utoni Nujoma ter tafel gelê is, is nou deur die kabinet onderskryf en sal effektief Januarie 2025 ingestel word, vasgestel op 18 Namibiese dollar per uur. Kosmos 94.1-nuus het met Julius Natangwe, die sekretaris-generaal van die Revolusionêre Unie gesels, en hy voel al sal dit werknemers baat wat te min betaal word is daar ook die moontlikheid dat dit goedkoop arbeid sal bevorder.
Trustco se netto batewaarde gedurende die laaste ses maande het met 9,5% toegeneem, van NAD 1,15 miljard tot NAD 1,26 miljard . Die netto batewaarde per aandeel het gegroei tot 128,2 sent, vanaf 117,1 sent. Die Groep se wins vir die 6 maande geëindig 29 Februarie 2024 was NAD 110 miljoen. Basiese en wesensverdienste per aandeel was 11,17 sent. Die adjunk- uitvoerende hoof van Trustco, Quinton van Rooyen Junior, lewer kommentaar.
Die FW de Klerk-stigting doen 'n oproep vir die samestelling van 'n regering van nasionale eenheid. Dit volg nadat die ANC nie daarin kon slaag om 'n meerderheid te verseker in vanjaar se verkiesing nie, wat beteken dat hy 'n koalisieregering sal moet vorm. Die stigting se direkteur, Christo van der Rheede, sê die regering behoort politieke partye in te sluit wat die Grondwet steun en verbind is tot die Handves van Regte.
Die Minister van Stedelike en Landelike Ontwikkeling, Erastus Uutoni, het 'n beroep op die munisipaliteit van Walvisbaai gedoen om gratis grond te verskaf vir broodnodige dienste soos skole en hospitale by Farm 37. Uutoni het tydens Walvisbaai se Fishermen Village and Investment Trust bekendstelling gesê die regering sukkel om grond van plaaslike owerhede te kry en hul pryse is baie duur, wat ontwikkeling in sommige gebiede vertraag.
Zimbabwe is een van die Suider-Afrikaanse lande wat 'n ramptoestand weens die droogte afgekondig het. Net soos in Namibië het meeste van die oeste misluk. Na raming sal 6 miljoen mense in Zimbabwe voedselonseker wees vanaf Januarie volgende jaar tot Maart. In stedelike gebiede het hoë inflasie, stygende voedselpryse en swak wisselkoerse gesinne se koopkrag beïnvloed en hul spaargeld geërodeer. Kosmos 94.1 Nuus het met die Zimbabwiese ekonoom, Eddie Cross, gesels oor die voedselsituasie wat hulle gedurende die winter in die gesig staar.
Die parlement sê hy is gereed en alle nodige maatreëls is getref om 'n nuwe Nasionale Vergadering saam te stel. Dit volg nadat die Verkiesingskommissie gisteraand die uitslag van die algemene verkiesing verklaar het. Dit baan die weg vir Suid-Afrika se sewende administrasie, wat die land die volgende vyf jaar sal lei. Die Parlement se woordvoerder, Moloto Mothapo, sê volgens die Grondwet moet die Nasionale Vergadering se eerste sitting plaasvind nie later nie as 14 dae nadat die verkiesingsuitslag verklaar is.
Die Namibiese Aandelebeurs is in 1992 gestig. In 1994 het die regering regulasies ingestel wat pensioen- en lewensversekeringsfondse dwing om 35 persent van hul fondse in Namibiese bates te belê, wat insluit aandele wat op die NSX genoteer is. Dit het die beurs 'n aansienlike hupstoot gegee en dit het vir 'n ruk vinnig gegroei. Volgens navorsing deur die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing het nuwe Namibiese noterings egter nie gerealiseer nie, plaaslike aandeelpryse het gedaal en likiditeit in plaaslike aandele het opgedroog. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Tiaan Bazuin, die aandelebeurs se uitvoerende hoof, oor die belangrikheid van besighede om op die aandelebeurs te noteer en hulself, en die ekonomie, ’n hupstoot gee.
Die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, sê die regering het 'n rampbestuurspan in die Oos-Kaap ontplooi om te help met noodleniging- en reddingspogings. Dit volg na die dood van sewe mense in die Nelson Mandelabaai-munisipaliteit te midde van swaar reën oor dele van die provinsie sedert die naweek. Meer as eenduisend mense is dakloos gelaat. Ntshavheni sê die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag het ook 'n helikopter ontplooi om ontoeganklike gebiede te help assesseer en om toegang te verkry.
Die wettiging van kommersiële verbouiing van kannabis in Namibië vir medisinale gebruik is deur die gesondheidministerie uitgesluit. Gesondheidsminister dr. Kalumbi Shangula sê dis nie nodig om kannabis vir pynbestuur te wettig nie, want die huidige medikasie is doeltreffend. Angela Prusa van die Kannabis en Hennep Vereniging van Namibië sê dit is tyd dat die kwessie in die parlement bespreek word. Sy sê die wettige verbouing van kannabis hou vele voordele in, ook vir die ekonomie en werkskepping.
Brandstof pryse is onveranderd gehou in Junie. Op Walvisbaai is petrol steeds 23 Namibiese dollar per liter, diesel 50ppm kos 22 dollar 17 sent per liter en diesel 10ppm 22 dollar 37 sent per liter. Dit het teen die verwagtinge van 'n prysdaling in gebeur. Die sekretaris-generaal van die Namibië Bus- en Taxi-vereniging, Pendapala Nakathingo, sê aan Kosmos 94.1 Nuus hulle is verlig die prys is nie op nie, maar voel dat die huidige lewenskoste vooruitgang kniehalter.
Suid-Afrika staar die werklikheid van 'n koalisie-regering in die gesig, en dit wek om verskeie redes kommer. Nie net hang die sterkste land in Suider-Afrika se toekoms af van watter koalisies gaan septer swaai nie, maar uiteraard sal Namibië en ander buurlande ook geraak word. Die uitslag van koalisie-samesprekings is van groot belang nie net in die politiek nie, maar ook ekonomies. Professor Jannie Rossouw van Wits se sakeskool verduidelik wat op die oomblik die grootste bekommernis is.
Die algemene registrasie van kiesers het afgeskop en duur tot 1 Augustus. Ten spyte van die koue was sommige inwoners reeds vroeg by registrasiepunte in die hoofstad. Die president van die Independent Patriots for Change, Dr. Panduleni Itula, het ook in die ry gestaan by die Philadelphia-kerk in Katutura om te registreer. Itula verduidelik hoekom dit vir almal belangrik is om te registreer.
Die Verdediging-minister, Thandi Modise, sê hulle het hul les geleer tydens die Julie 2021-onluste. Die groepering vir Justisie, Misdaadvoorkoming en Sekerheid is gereed vir moontlike geweld ná die verkiesing. Die president van die MK-party, Jacob Zuma, het die naweek die Verkiesingskommissie gewaarsku om nie die verkiesingsuitslae bekend te maak nie en gesê dit sou neerkom op uitlokking van sy party. Die OVK het egter die uitslae soos beplan verklaar. Modise sê dis alle politieke partye se verantwoordelikheid om die verkiesing se uitslag te aanvaar.
Baie koue toestande sal oornag en vroegoggend oor die binneland voortduur. Dit sal gedeeltelik bewolk wees en baie koud tot matig in die Suide. Elders sal dit deur die dag sonnig en matig tot warm wees, maar warm in die uiterste noordelike streke. Namibië Meteorologiese Dienste het inwoners in die suidelike streek aangeraai om die nodige voorsorgmaatreëls teen koue te tref. Kosmos 94.1 Nuus het met Odilo Kgobetsi van die weerkantoor gepraat.
ActionSA neem kennis van DA-leier John Steenhuisen se aankondiging wat planne van ʼn moontlike koalisie met die ANC bevestig. Die DA het ʼn onderhandelingspan saamgestel om sy beraadslaging met ander politieke partye te lei nadat die ANC sy meerderheid verloor het. Die ANC en DA het nie die moontlikheid uitgesluit dat hulle saam ʼn regering kan vorm nie. ActionSA se nasionale voorsitter, Michael Beaumont, sê die party moet dalk gereed maak om die nie-amptelike opposisie in die parlement te word.
Na die beduidende historiese afname in steun vir die ANC in Suid-Afrika se verkiesings, voorspel ontleders dat Swapo 'n soortgelyke uitdaging in Namibië se verkiesings in November in die gesig staar. Die ANC, Afrika se oudste bevrydingsbeweging en Swapo se susterparty, het slegs byna 40 persent van die stemme getrek, wat dit forseer om koalisie-vennote te soek om 'n regering saam te stel. Dit was die eerste keer sedert 1994 dat die ANC onder 50 persent van die stemme gekry het. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die politieke ontleder, dr. Ndumba Kamwanyah, wat sê daar is verskeie faktore wat die regerende party ook kan raak.
Die DA-leier John Steenhuisen sê die party se federale uitvoerende gesag het eenparig ʼn resolusie aanvaar om gesprekke oor moontlike koalisies met ander politieke partye te voer. Die ANC het sy volstrekte meerderheid verloor wat nasionaal en in sommige provinsies die weg baan vir ʼn koalisieregering. Steenhuisen sê die onderhandelingspan wat bestaan uit Helen Zille, Ivan Meyer, Siviwe Gwarube, Alan Winde, Tony Leon en Ryan Coetzee, sal samesprekings met ander partye fasiliteer.
Tennis: Die tweemalige Grand Slam-kampioen, Carlos Alcaraz, kom in die kwarteindronde van die Franse Ope teen Stefanos Tsitsipas van Griekeland te staan. Die Spanjaard het die Kanadees, Felix Auger-Aliassime, met 6-3, 6-3, 6-1 verslaan terwyl Tsitsipas die Italianer Matteo Arnaldi met 3-6, 7-6, 6-2 en 6-2 geklop het. In die vroue-afdeling het die wêreld-nommereen van Pole, Iga Swiatek, die vinnigste sege van haar loopbaan behaal toe sy die Rus, Anastasia Potapova, in 40 minute met 6-0, 6-0 verpletter het om die kwarteindronde te haal. Alcaraz sê hy sien uit na die wedstryd teen Tsitsipas.
ANC sekretaris-generaal Fikile Mbalula het bevestig dat MK-leier Jacob Zuma geskors bly. Zuma is geskors nadat hy by die MK-party betrokke geraak het terwyl hy steeds 'n ANC-lid is. Mbalula het beklemtoon die tugproses duur voort en Zuma sal kans kry om homself te verdedig. Hy het ook gemeld dat die ANC met alle partye, insluitend die MK-party sal praat, aangesien geen party 'n meerderheid gekry het nie.
Met industrialisasie en verstedeliking aan die toeneem, het afvalbestuur 'n dringende nasionale kwessie geword. Skoon stede dra nie net by tot die fisiese en geestelike welstand van burgers nie, maar verhoog ook hul aantreklikheid vir toeriste. Namibië se huidige afvalbestuurstelsel skiet tekort, met talle nedersettings, dorpe, dorpe en munisipaliteite wat nie behoorlike stortingsterreine het nie. Die Stad Windhoek het die naweek 'n Burgemeesterskoonmaakveldtog in die Tobias Hainyeko-kiesafdeling, op die hoek van Ongete- en Ongavastraat gehou. Ombudsman Basilius Dyakugha het sy kommer aan Kosmos 94.1 Nuus uitgespreek oor die mislukking van sommige munisipaliteite in afvalbestuur en stortingsterreininstandhouding.
Die leier van die amptelike opposisie PDM, McHenry Venaani, het die langdurige vertraging in die publikasie van die forensiese ouditverslag oor die sake van August 26 Holding Company betreur. August 26 is 100 persent in staatsbesit met die verdediging-ministerie as die enigste aandeelhouer. In 'n persverklaring beklemtoon die PDM die belangrikheid van aanspreeklikheid in die bestuur van openbare fondse. Venaani het vroeg in Mei aan Mbumba geskryf en hom aangemoedig om te verseker dat die ouditeur-generaal se verslag onmiddellik vrygestel word. Roberto Dirkse, presidensiële woordvoerder, verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus Venaani se lang stryd.
In rugbynuus, is Springbok Sewes-afrigter Philip Snyman teleurgesteld oor hul vertoning in die Madrid Sewes, die laaste toernooi van die Wêreldreeks. Die Blitsbokke moes tevrede wees met 'n sesde plek nadat hulle met 12-7 verloor het in hul uitspeelwedstryd teen Ierland. Suid-Afrika se fokus is nou gevestig op Monaco, waar hulle moet kwalifiseer vir die Olimpiese Spele in Parys in Julie. Snyman sê hul gebrek aan konsekwentheid was duidelik te sien.
Philip Snyman Maandag
Tennis: Die tweemalige Grand Slam-kampioen, Carlos Alcaraz, kom in die kwarteindronde van die Franse Ope teen Stefanos Tsitsipas van Griekeland te staan. Die Spanjaard het die Kanadees, Felix Auger-Aliassime, met 6-3, 6-3, 6-1 verslaan terwyl Tsitsipas die Italianer Matteo Arnaldi met 3-6, 7-6, 6-2 en 6-2 geklop het. In die vroue-afdeling het die wêreld-nommereen van Pole, Iga Swiatek, die vinnigste sege van haar loopbaan behaal toe sy die Rus, Anastasia Potapova, in 40 minute met 6-0, 6-0 verpletter het om die kwarteindronde te haal. Alcaraz sê hy sien uit na die wedstryd teen Tsitsipas.
Die Basiese Inkomste-toelaag Koalisie en ondersteuners sal op 16 Junie marsjeer onder die vaandel #MarchToEndPovertyWithBIG. Die optog sal by die Katutura-jeugkompleks begin en eindig by Zoo Park via Onafhanklikheidsrylaan, waar feestelikhede sal plaasvind. Die groep beoog om 'n petisie te oorhandig wat hul behoeftes uiteensit. Die president het minister van uitwissing van armoede Doreen Sioka opdrag gegee om die petisie namens die Namibiese regering te aanvaar. Quinzy Garises, hoof van regsake by die Economic and Social Justice Trust, deel insigte oor die saak met Kosmos 94.1 Nuus.
Namibiërs kan van vandag af as kiesers registreer vir die nasionale verkiesing in November. Die algemene registrasie van kiesers duur tot 1 Augustus, en die datum sal nie verleng kan word nie. Alle kiesers wat voorheen geregistreer was, moet herregistreer om te kan stem. Die Verkiesingskommissie het 4 297 registrasiepunte in 121 kiesafdelings in al 14 streke van die land. Alle kwalifiserende burgers word aangemoedig om in hul kiesafdelings te registreer. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die sekretaris-generaal van Swapo, Sophia Shaningwa, wat sê dat partyleiers hul lede moet aanmoedig om kieserskaarte te kry.
Die kabinet het die arbeidminister se besluit onderskryf om loonbevel uit te reik wat 'n nasionale minimumloon effektief Januarie 2025 sal instel. Die minimumloon is vasgestel op 18 Namibiese dollar per uur en is onderhewig aan hersiening na twee jaar. Lydia Indombo, die arbeidsministerie se uitvoerende direkteur, het die aankondiging gemaak.
Die Opul-plus groep olieprodusente het sy beleidsvergadering met 'n dag tot gister, 2 Junie teruggeskuif en die groep het aanlyn vergader. Die uitslag van die vergadering is nog nie bekend nie, en die Brent ru-olieprys het effe geklim na net meer as 82 Amerikaanse dollar 50. Die groep maak op die oomblik vrywillige uitsetbesnoeiings van altesaam sowat 2,2 miljoen vate per dag vir die eerste helfte van 2024, gelei deur Saoedi-Arabië. Die bekende Suid-Afrikaanse ekonoom, Dawie Klopper, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor sy verwagtinge vir die vergadering.
Die Verkiesingskommissie het die algemene verkiesing van 2024 as vry en regverdig verklaar. Die stempersentasie was 58,61-persent, baie laer as die 66-persent in 2019. Meer as 16-miljoen stemme is uitgebring. Die OVK se uitvoerende hoof, Sy Mamabolo het tydens die aankondiging van die uitslae in Midrand gesê in 'n verkiesing is die keuse van die kieser soewerein en dit mag nie misken word nie. Hy sê kiesers wat stem is die ware kampvegters vir demokrasie.
Die T20 Wêreldbeker 2024 is in volle swang en Namibië meet kragte met Oman, Maandag, 3 Junie 2024, op die Kensington Oval in Barbados. Jy sal moet vroeg opstaan aangesien die kragmeting om half drie die oggend plaasvind. Daar behoort genoeg spanning en aksie te wees aangesien beide spanne daarna streef om hul vaardighede ten toon te stel en verder in die toernooi te vorder. Die nasionale Mans-hoofafrigter, Pierre de Bruyn, het met Kosmos 94.1-nuus gesels oor die span se voorbereiding en of die span gereed is vir hierdie opwindende kragmeting.
Terwyl Namibië sy vere regskud vir die verkiesing wat later vanjaar plaasvind is daar omstredenheid in Suid-Afrika. Die Verkiesingskommissie van Suid-Afrika sê 100-persent van die stemme is getel en aangeteken maar dit kom nie sonder uitdagings nie. Die ACDP se Nasionale Uitvoerende Komitee het ʼn onafhanklike verkiesings-ontleder aangestel om die party se besware oor die uitslag aan die Verkiesingskommissie te hanteer. Die party sê hy is oorval met navrae, klagtes en bewerings oor stem- en telprosesse.
Professor Andre Duvenhage, ‘n Suid Afrikaanse politieke ontleder, gee sy mening oor die probleme wat kop uitgesteek het tydens die verkiesing.
Die Verkiesingskommissie van Namibië het 4 297 registrasie-punte in 121 kiesafdelings in al 14 streke van die land geïdentifiseer vir die algemene registrasie van kiesers voor Namibië se nasionale verkiesing in November. Die meeste van die geïdentifiseerde registrasiepunte is by kerke, gemeenskapsale, skole sowel as plase in sommige streke. Registrasiedatums gaan nie verleng kan word nie, en alle kwalifiserende burgers word aangemoedig om vanaf 3 Junie tot 1 Augustus binne hul kiesafdelings te registreer. De Wet Siluka, die korporatiewe kommunikasie- en bemarkingsbestuurder by die ECN maan die publiek om te registeer.
Suid-Afrika se kredietgraderingsgeskiedenis toon ‘n aansienlike verswakking. Na 30 jaar se demokrasie het die gradering teruggesak van sub-belegging na rommelstatus. Die land se status was eens beleggingsgraad, wat beduidende beleggings van oorsee en plaaslik getrek het. Volgens die ontleder van ABSA, Simphiwe Letlojane, moet Suid-Afrika sterk ekonomiese hervormings implementeer en maatreëls instel om beleggersvertroue te herstel om weer as beleggingsgraad geklassifiseer te word.
Tennis: Die verdedigende kampioen Novak Djokovic is deur na die laaste 16 van die Franse Ope na hy sy 369ste Grand Slam-wedstyd-oorwinnning behaal het en hy trek nou gelyk met Roger Federer. Die Serwiër wat twee stelle agter was, het teruggeveg om met 7-5, 6-7, 2-6, 6-3, 6-0 teen die Italianer Lorenzo Musetti in meer as drie uur af te reken. Ruud sê die wedstryd het wipplank gery.
Casper Ruud Naweek
Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal António Guterres het Israel se nuwe voorstel vir 'n permanente skietstaking in Gaza verwelkom. Die drie-fase voorstel begin met 'n skietstaking van ses weke waartydens die Israelse weermag uit Gaza onttrek, die vrylating van gyselaars in ruil vir honderde Palestynse gevangenes se vrylating en groter humanitêre hulp. 'n VN-woordvoerder, Stéphanie Dujarric sê die situasie in Gaza is wanhopig.
Die ministerie van landbou sal op Donderdag 6 Junie 'n veiling hou by die Kalahari en Gellap ministerie plaas en navorsingssentrum. Die plaas is 30km Noord Oos van Stampriet op die M42 pad. Kosmos 94.1 Nuus het met Garrick Husselman gepraat die plaasbestuurder oor die tipe diere wat opgeveil sal word. Die publiek kry net 24-uur om die betaling te doen om die diere te kry.
Die Verkiesingskommissie sê 100-persent van die stemme is getel en aangeteken. Die ANC het 40,19-persent van die nasionale stemme gekry, gevolg deur die DA met 21,08-persent, die MK Party is derde met 14,58-persent, vierde is die EFF met 9,51-persent en die IVP rond die topvyf af met 3,85-persent. Die kommissie sal vanaand die resultate bekendmaak. Die kommissievoorsitter, Mosotho Moepya sê alle stelsels het regdeur die proses gewerk en is nie gekompromiseer nie.
In plaaslike rugby het die NRU Premier Liga weereens vir aksie gesorg.
FNB Western Suburbs 1 het hul Premierliga-wedstryd teen FNB Kudus 1 in die doodsnikke met 24-23 op Suburbs Park in Windhoek gewen.
In die hoofstad het beide Wanderers se eerste en tweede spanne oorwinnings behaal met bonuspunte. Wanderers se tweede span het kragte gemeet teen Grootfontein se tweede span en geseëvier met 22-7 op die telbord. Die eerste span van Wanderers het ook op hul tuisveld Grootfontein se eerste span verslaan met 6 drieë. Beide spanne is nou bo-aan die punteleer na die eerste ronde van die premier liga. Die afrigter van Wanderers se eerste span, Dirk Human sê aan Kosmos 94.1 nuus dit was ‘n goeie naweek maar daar lê nog baie harde werk voor.
Die amptelike verklaring van ‘n ramp oor die droogte is wyd verwelkom, veral deur die landbou-gemeenskap. Daar is 825 miljoen Namibiese dollar tot Junie volgende daarvoor begroot. Ses honderd miljoen dollar gaan aan voedselbystand en die res, vir landbou wat dit broodnodig het. Kosmos 94.1 Nuus het met die bekende Suid-Afrikaanse landbou-ekonoom dr. Kobus Laubscher gepraat, wat sê die boere moet diversifiseer om toenemende droogtes te hanteer.
Gholf: Die wêreld se nommer een, Nelly Korda, het die afsnypunt van die Amerikaanse Vroue-ope in Pennsilvanië gemis. Die Amerikaner het tien oor baansyfer 80 in die eerste ronde aangeteken en 'n tweede ronde op baansyfer 70, wat haar twee houe bo die agt-oor-baansyfer-afsnypunt plaas. Dit is die eerste keer dat sy die afsnypunt na 17 kompetisies misloop, wat tot by die KPMG Vroue PGA-kampioenskap in Junie verlede jaar strek. Korda is teleurgesteld.
Die Landboubank van Namibië het goeie nuus vir sy kliënte. AgriBank het ‘n krediet lewensversekeringsproduk bekendstel wat dien as finansiële sekuriteit en beskerming teen onvoorsiene gebeure. Die nuwe dekking sal verseker dat Agribank die kliënt se leningspaaiemente betaal in gevalle waar die kliënt permanent of tydelik ongeskik raak, met ’n ernstige siekte gediagnoseer word of aflegging in die gesig staar. Fillemon Nangonya, woordvoerder van AgriBank, het aan Kosmos 94.1 nuus ‘n uiteensetting gegee van die produk.
Die Verkiesingskommissie sê hy sluit nie die moontlikheid uit dat stemme oorgetel kan word nie. Dit volg na amptelike besware van verskeie politieke partye wat vele teenstrydighede in die telproses geopper het. Die MK-party is een van hierdie partye wat die uitslag in sekere provinsies verwerp. Die OVK se hoofbestuurder, Granville Abrahams, sê daar moet nog oor die kwessie besluit word.
Rugby: Die Bulle het 'n onveranderde span behou vir hulle kragmeting vandag teen die Haaie in Durban in die Verenigde Rugbykampioenskap. Die 23 spelers het die spanne van Ospreys en Benetton albei met groot tellings ore aangesit. Daar is slegs 'n posisionele verandering met Johan Grobbelaar wat op haker by Akker van der Merwe oorneem. Die veelsydige agterspeler, Sebastian de Klerk, begin op die bank en sê hulle gaan hou by hulle aanvallende benadering.
Amerikaanse oudpresident Donald Trump sê hy gaan teen sy skuldigbevinding dat hy sakerekords vervals het appelleer, en sê hy het niks verkeerd gedoen nie. ʼn New Yorkse hof het hom skuldig bevind op al 34 aanklagte in die swyggeld-saak. Aanklaers beskuldig Trump dat hy deel was van ʼn onwettige sameswering om die integriteit van die presidentsverkiesing in 2016 te ondermyn. Trump sê die verhoor was baie onregverdig.
Krieket: Suid-Afrika het nog nie tevore ‘n Krieket Wêreldbeker-eindstryd gehaal nie. Die Proteas gaan probeer om die eerste, belangrike wêreldwye senior kriekettitel vir die land in te palm by die T20 Wêreldbeker, wat in die Wes-Indiese Eilande en Amerika gespeel word. Suid-Afrika begin sy veldtog Maandag teen Sri Lanka in New York. Die kaptein van die Proteas, Aiden Markram, sê die kerngroep spelers in die huidige nasionale groep kan die Wêreldbeker verower.
Die Namibië Kamer van Koophandel en Nywerheid het die publiek genooi om aansoek te doen vir 'n stalletjie of om die jaarlikse Swakopmund Internasionale Handelsekspo, SWAiTEX, by te woon. Dit vind van 1 tot 6 Julie in die kusdorp plaas. Plaaslike en internasionale handel-uitstallings en -skoue word gereeld in Namibië aangebied. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die direkteur van SMEs Compete, Danny Meyer, oor hoe klein besighede en entrepreneurs sulke ekspo’s korrek kan benut.
Die verpleegkundige organisasie Denosa in Mpumalanga doen 'n oproep om geregtigheid na die moord op twee verpleegkundiges en hul broer deur 'n polisiebeampte in Bosbokrand. Hulle vra die regstelsel om die tendens van polisiebetrokkenheid by geslagsgeweld en vrouemoord aan te spreek, en verwys na die sielkundige trauma waaronder beamptes gebuk gaan. Die sekretaris van Denosa, Cyril Mdhluli, sê die voorval vererger die ernstige tekort aan verpleegkundiges in die provinsie, waar hulpbronne reeds onder druk is.
Namibia Wildlife Resorts se derde jaarlikse halfmarathon by die Gross Barmen-oord is deur Thomas Miller gewen in 'n tyd van 1 uur, 15 minute en 58 sekondes. Les Trollop was tweede in 1 uur, 17 minute. Die damesafdeling is gewen deur Marion Schonecke in 1 uur, 41 minute 54, met Drey-Andra van der Merwe in die tweede plek in 1 uur, 42 minute 34 sekondes. Die fondse wat gegenereer word, word gebruik om skoolskoene aan te skaf vir leerders in die Kavango-Oos en Ohangwena-streke. Kosmos 94.1 se Jean-Louis Knouwds het met Thomas Miller gesels.
Namibië en Tanzanië ondersoek meer geleenthede in handel en belegging tussen die twee lande. Hulle het hierdie week 'n sake- en beleggingsforum in Windhoek aangebied. Namibië en Tanzanië deel 'n sterk geskiedenis wat terugdateer na die bevrydingstryd, waar Tanzanië Namibië bygestaan het om sy onafhanklikheid te bereik. Namibië voer tans meestal mielies, rys, groente en sement vanaf Tanzanië af in. Uitvoere na Tanzanië is egter baie laag. Francois van Schalkwyk, die Namibië Beleggingsbevordering en -ontwikkelingsraad se uitvoerende direkteur van belegging en nuwe ondernemings, het by die forum gepraat.
Die Amerikaanse president Joe Biden sê Israel het 'n omvattende nuwe skietstilstand-ooreenkoms aan Hamas voorgestel. Israel se inval in Rafah vroeër in Mei het 'n nuwe fase ingelei in sy oorlog teen Hamas in Gaza, wat reeds meer as 36-duisend Palestynse lewens geëis het. Hamas het in Oktober verlede jaar meer as een-duisend-200 mense doodgemaak en meer as 200 uit Israel ontvoer. Biden sê Israel het 'n drie-fase-plan voorgestel, wat 'n wapenstilstand van ses weke behels wat permanent sal word, gevolg deur die heropbou van Gaza met internasionale hulp.
Die energie-ministerie het besluit om brandstof pryse onveranderd te hou in Junie. Op Walvisbaai is petrol steeds 23 Namibiese dollar per liter, diesel 50ppm kos 22 dollar 17 sent per liter en die prys van 10ppm diesel bly op 22 dollar 37 sent per liter. Dit is teen die verwagtinge van 'n prysdaling in en navrae stroom in oor die rede hiervoor. Stella-Maris Amadhila, 'n ekonoom by die direktoraat petroleumsake in die energie-ministerie, verduidelik.
Dit was ‘n interessante aand op Copps 94.1 met 'n onderonsie oor godsdiens wat tot 'n skietery gelei het, asook 'n vermeende kar-inbreker wat tweede beste daarvan afgekom het. Francois Lottering het die Stadspolisie vergesel en doen verslag.
Die Kantoor van die Eerste Minister van Namibië hou vanaf 3 tot 21 Junie landwyd 'n lewensbestaans-kwesbaarheids opname. Die opname sal dien as 'n instrument om beleidsbesluitneming met betrekking tot bestaans-, voedsel- en voedingsekerheid in die land te bepaal.
Geselekteerde huishoudings word in al 14 streke besoek met onderhoude wat gevoer sal word. Hellen Likando, die Direkteur van Risikobestuur by die kantoor van die Eerste Minister het meer besonderhede aan Kosmos 94.1 verskaf.
ActionSA se president, Herman Mashaba, sê die party bly vasberade in die bekamping van korrupsie, die handhawing van die oppergesag van die reg en die beskerming van grense. Hy het ook die behoefte beklemtoon om die land se soewereiniteit te beskerm, en verklaar Suid-Afrika moet waaksaam bly teen onwettige immigrasie en misdaad. Mashaba het by die uitslagsentrum in Midrand gepraat en 'n beroep gedoen vir wetstoepassingsagentskappe, vry van politieke inmenging, aangesien korrupsie onafhanklike instellings ondermyn.
Die minister van Polisie, Bheki Cele, verseker wetstoepassing is voorbereid op moontlike ontwrigting na die verkiesing. Hy het by die uitslagsentrum in Midrand gesê die polisie is slaggereed om teen enige moontlike ontwrigting na die laaste uitslae op te tree. Hy het in die besonder na KwaZulu-Natal verwys as ‘n gebied wat met arendsoë dopgehou word weens dreigemente van ontwrigting. Hy verwag nie geweld na die verkiesing nie.
Die Botswana Ministerie van Inligting en Kennis in samewerking met die Ministerie van Inligting van Namibië gaan 'n sportnaweek in Botswana aanbied om die bilaterale verhouding tussen die twee lande te versterk. Die aktiwiteite sal vlugbal, sokker en netbal insluit.
Shoki Kandjimi, woordvoerder van die Inligtings-ministerie het die besonderhede met Kosmos 94.1 Nuus gedeel.
Die droogte wat Namibië in sy wurggreep het, is onlangs tot 'n ramptoestand verklaar en is deur verskeie sektore met ope arms verwelkom. Daar is 825 miljoen Namibiese dollar tot Junie volgende jaar daarvoor begroot. Die groter deel, 600 miljoen Namibiese dollar gaan aan voedselbystand, en die res vir landbou, wat dit broodnodig het.
Dr. Kobus Laubscher, bekende Suid-Afrikaanse landbou-ekonoom moedig boere aan om nie in sak en as te gaan sit nie, en gee raad oor hoe om die droogte te troef.
Namibiese president Nangolo Mbumba is hartlik verwelkom by die Kavango-Zambezi-oorgrens-bewaringsgebied se staatshoof beraad wat in Livingstone, Zambië, plaasvind. Hy het trots gedeel dat groot gedeeltes van Namibië as bewaringsgebiede geklassifiseer word en terselfdertyd die belangrikheid van die jagbedryf beklemtoon. President Mbumba het ook klem gelê op die feit dat die inkomste wat genereer word uit die jagbedryf teruggeploeg kan word in gemeenskappe al bly onwettige jag bedrywighede ‘n groot kopseer en uitdaging.
Daar is verskeie lande wat hierdie jaar na die stembus gaan en terwyl almal angstig wag op die Suid-Afrikaanse verkiesings-uitslae maak Namibië ook reg vir ‘n verkiesing. Vanaf 3 Junie 2024 moet voornemende kiesers gaan registreer vir die nasionale vergadering verskiesing wat op 1 Augustus eindig. Aktiviste voel die interaksie van politieke partye en die jeug is skaars op sosiale-media en Rivaldo Kavango, ‘n jeug aktivis gee sy mening oor wat politieke partye te doen staan voor die verkiesing in November.
Van uiterste hitte na bibber weer. Volgens die Namibië Meteorologiese Diens sal koue lug waarskynlik hierdie naweek oor die Khomas-, Omaheke- en suidelike streke inbeweeg. As jy in die Suide woonagtig is, is dit nie net koue weer nie maar gepaardgaande reënbuie wat jou verder onder die komberse gaan indwing.
Odilo Kgobetsi van die weerkantoor gee aan Kosmos 94.1 ‘n uiteensetting van die toestande.
Die DA het die Verkiesingskommissie skerp gekritiseer oor sy hantering van die verkiesing. DA-leier, John Steenhuisen, het op 'n nuuskonferensie gepraat en die lang rye en ondoeltreffendheid veroordeel, met verwysing na leë beloftes om te verbeter.
Steenhuisen het onderneem om die OVK aanspreeklik te hou om 'n herhaling van hierdie kwessies tydens die volgende plaaslike regeringsverkiesing te voorkom.
Die Ministerie van Arbeid het in 2023 aangekondig dat die minimumloon rekening van 18 Namibiese dollar per uur in die eerste kwartaal vanjaar geïmplementeer sou word. Dit het nie gebeur nie. Die proses het uitdagings in die gesig gestaar as gevolg van verskille tussen sektore en nywerhede. Maria Hedimbi, die hoof openbare betrekkinge beampte by die arbeids ministerie het ‘n opdatering aan Kosmos 94.1 nuus gegee.
Die DA het die Verkiesingskommissie skerp gekritiseer oor sy hantering van die verkiesing. DA-leier, John Steenhuisen, het op 'n nuuskonferensie gepraat en die lang rye en ondoeltreffendheid veroordeel, met verwysing na leë beloftes om te verbeter.
Steenhuisen het onderneem om die OVK aanspreeklik te hou om 'n herhaling van hierdie kwessies tydens die volgende plaaslike regeringsverkiesing te voorkom.
Die Stad Windhoek is in 'n gevorderde stadium om elektrisiteit aan 720 huishoudings te verskaf teen 'n koste van 11,4 miljoen Namibiese dollar. Windhoek se burgemeester, Queen Kamati, het op 'n stadsraadsvergadering gesê die projek word deur die regering gefinansier. Die elektrifisering is meestal gefokus op die stad se informele nedersettings. Volgens Kamati sal dit inwoners help om toegang tot meer dienste te hê.
Die Patriotic Alliance glo hy het baie beter gevaar as wat verwag is in vanjaar se verkiesing. Die party is veral tevrede met die groeikoers in die Wes-Kaap. Charles Cilliers van die PA het ook die jeug geprys omdat hulle in groot getalle kom stem het. Hy sê hy is beïndruk met die algehele reaksie op hul manifes, aangesien dit beteken Suid-Afrikaners is gereed vir verandering.
Jacob Penda, hoofsekretaris van die Namibian Food and Allied Workers Union, Nafau, sê 109 OK Foods-werkers in Rundu wat twee weke gelede aan ’n staking deelgeneem het, het skorsingsbriewe gekry. Dit kom nadat ’n ooreenkoms tussen die vakbond en bestuur bereik is vir die werkers om hierdie week te begin werk. Volgens Penda is die gedrag van die eienaars van OK Foods 'n belediging. Hy vra dat hulle die skorsing heroorweeg, anders sal die vakbond optree. Penda het by 'n perskonferensie in Rundu gepraat.
Die polisie het sedert Maandag 58 mense landwyd in hegtenis geneem en 98 dossiere oopgemaak vir misdade wat met die verkiesing verband hou. Volgens die Nasionale Gesamentlike Operasionele en Intelligensiestruktuur is 29 verdagtes Maandag en Dinsdag tydens die spesiale stemdae vasgetrek en altesaam 29 is Woensdag op stemdag gearresteer. NATJOINTS se medevoorsitter, Tebello Mosikili, sê die meeste inhegtenisnemings was in Gauteng en die Oos-Kaap.
Die Kankervereniging van Namibië het 'n skenking van biopsienaalde met ondersteuning van Standard Bank aangekondig deur die Circle of Hope-program. Die vereniging sê dit is 'n belangrike stap vorentoe in hul pogings om die gesondheidministerie te ondersteun en borskankerdiagnose en -sorg landwyd te verbeter. Vroeë en akkurate diagnose van borskanker is noodsaaklik vir effektiewe behandeling en verbeterde pasiëntuitkomste. Die biopsienaalde sal dokters help om presiese en minimaal indringende biopsies uit te voer, om te verseker dat meer vroue tydige en betroubare diagnoses kan ontvang. Kosmos 4.1 Nuus het met die Kankervereniging se uitvoerende hoof, Rolf Hansen, gesels.
Die kwessie van distrikshospitale en gesondheidsentrums bly in die nuus. ’n Moderne kraam-waghuis in Outapi wat oor ’n tydperk van 11 jaar gebou is en in Augustus 2022 deur drie ministers ingewy is, vergader sedertdien stof. Die Tukwathela Verwagtende Moeders-skuiling sou die lot van swanger vroue aanspreek wat oor die jare in tente onder bome gekamp het om naby gesondheidsorgdienste te wees. Die skuiling is steeds nie in werking nie, met bosse, gras en struike wat hoog om dit groei. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Imms Nashinge, die IPC-woordvoerder, wat sê dat die publiek slegs in verkiesingstye hoor van hospitale wat gebou gaan word, en dan gebeur niks.
President Nangolo Mbumba het 'n noodtoestand weens die droogte afgekondig, en boere sal hopelik 'n mate van verligting kry. Politici het egter hul kommer uitgespreek omdat Swapo beweer dat hulle deur die noodtoestand na Namibiërs omsien. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die sekretaris-generaal van die PDM, Manuel Ngaringome, wat sê die droogtehulp is noodsaaklik, maar hy is ontsteld oor die uitsprake deur die regerende party.
BetterBond sê die Suid-Afrikaanse Reserwebank se besluit om die terugkoopkoers weer onveranderd te laat, was te wagte maar is ʼn bitter pil vir verbruikers. Die bank het die terugkoopkoers op 8,25-persent gelaat en handelsbanke se prima-uitleenkoers bly op 11,75-persent. BetterBond se uitvoerende hoof, Bradd Bendall, sê die onverwagte bestendiging van inflasie het die hoop laat opvlam dat die Reserwebank ʼn langverwagte daling in rentekoerse sal aankondig.
Tegnologie is besig om 'n toenemend kritieke wapen te word in die stryd teen veediefstal. Dit bied boere en wetstoepassers kragtige hulpmiddels om gesteelde diere op te spoor en uiteindelik terug te kry. Verskeie bronne voorspel dat veediefstal in Namibië sal toeneem weens die erge werkloosheid en verarming. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met professor Morgan Hauptfleisch, die hoof van die Biodiversiteitsnavorsingsentrum by NUST, oor hoe tegnologie ingespan kan word teen veediefstal.
Die Verkiesingskommissie sê soos met alle instellings wat die staat befonds, moes hulle werk met die begroting wat hulle ontvang het. Nasionale Tesourie ontken bewerings dat die OVK te min fondse vir die verkiesing gehad het. Hy sê hy het bestedingsbesnoeiings aan die kommissie omgekeer en ʼn bykomende 250-miljoen Suid-Afrikaanse rand beskikbaar gestel. Die OVK is gekritiseer vir talle probleme wat op verkiesingsdag opgeduik het, insluitend kieserbestuur-toestelle wat buite werking was. Granville Abrahams van die OVK sê hulle het genoeg fondse ontvang.
'n Groep Swanu-partylede in Kalkfeld het die strate ingevaar om hul griewe teen die gevolge van waterskuld en werkloosheid te lug. Hulle betreur ook 'n gebrek aan opdaterings oor planne vir die nedersetting se beoogde opgradering na dorpsraadstatus. Die inwoners is gelei deur Mbango Nandova, wat 'n beroep op die streeksraad doen om op hul petisie te reageer, wat verskeie ingrypings voorstel om groei by die nedersetting te stimuleer. Die inwoners het by die Kalkfeld-hervestigingskantoor bymekaargekom om die petisie in te dien, maar is geïgnoreer deur die owerhede.
Die Manhattan Distriksprokureur, Alvin Bragg, het die skuldigbevinding van oudpresident Donald Trump verwelkom. 'n Jurie het Trump skuldig bevind op 34 aanklagte van die vervalsing van sakerekords om 'n swyggeld-betaling aan die porno-ster Stormy Daniels te verdoesel. Hy is die eerste Amerikaanse president wat aan 'n misdaad skuldig bevind is. Bragg sê die beslissing wys niemand is bo die reg verhewe nie.
Die ANC se eerste adjunkhoofsekretaris, Nomvula Mokonyane, sê sy hoop steeds vir ʼn volstrekte meerderheid. Die WNNR het gister gesê die ANC behoort 42-persent stemme te kry wat ʼn skerp daling is van sy 57,5-persent in die algemene verkiesing in 2019. Mokonyane sê hulle is bekommerd oor die uitslae in KwaZulu-Natal, waar die MK-party tans voorloop.
Cosatu het die monetêre beleidskomitee van die Reserwebank se besluit verwelkom om die terugkoopkoers onveranderd te hou op 8,25-persent. Dit is die sesde keer dat die bank besluit om nié die koers te verhoog nie. Die bank verwag nou dat inflasie in die tweede kwartaal van 2025 na die middelpunt van sy drie-tot-ses-persent-teikenband sal terugkeer. Matthew Parks van Cosatu sê dié besluit bring verligting vir miljoene werkers.
Rugby: Die Springbok Sewes het hulle voorbereidings afgehandel vir die finale toernooi van die reeks, die Grand Finale, dié naweek in Madrid. Al agt spanne speel vandag en môre hulle groepwedstryde, met die top twee spanne uit elke groep wat deurdring na Sondag se halfeindstryde. Die Blitsbok-afrigter Philip Snyman sê die span moet terugkeer na hulle bewese vermoë om al ses wedstryde by die toernooi te wen.
Tennis: Die verdedigende kampioen, Novak Djokovic, het die Spanjaard Roberto Carballes Baena met 6-4, 6-1 en 6-2 verslaan en deurgedring na die Franse Ope se derde ronde. Die Serwiër het die 19de agtereenvolgende keer die laaste 32 by die kleibaan- Grand Slam gehaal in sy strewe om die rekord met ʼn 25ste major-titel te verbeter. Die Italianer Lorenzo Musetti het die plaaslike Gael Monfils in skoon stelle geklop terwyl die Duitser Alexander Zverev en Holger Rune van Noorweë ook met seges spog. Djokovic sê hy glo hy kan nog Grand Slams wen.
Die voorsitter van die DA se federale raad, Helen Zille, sê koalisiepraatjies is voortydig met partye wat wag op die finale verkiesingsuitslag. Sy glo as die ANC minder as 50-persent van die stemme kry, sal die party nooit herstel nie. Volgens Zille sal die DA nie toelaat dat Suid-Afrika regeer word deur 'n koalisie van die ANC, EFF en MK-party nie, en wys op die uitdaging van saamwerking met kleiner partye. Sy is ook vol vertroue die DA sal beheer oor die Wes-Kaap behou.
Trustco Group Holdings Ltd en die nasionale uitsaaier, NBC, vier die sukses van die eerste seisoen van hul televisie-speletjieprogram, Winna Mariba. Sedert sy bekendstelling op 18 Oktober verlede jaar, het hierdie samewerking Namibiese gehore bekoor. Dit het 'n klimaks bereik met 'n onvergeetlike 13de episode met bekendes wat op 29 Mei uitgesaai is. Winna Mariba het reeds voor sy debuut 'n indrukwekkende 17 000 inskrywings gekry van deelnemers landwyd. Die program, wat eksklusief op NBC2 uitgesaai is, het 'n weeklikse hoogtepunt geword. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die adjunk-uitvoerende hoof van Trustco, Quinton van Rooyen Junior.
Die diefstal van droogtehulp-voedsel skep groot kommer, want dit ry die regering se pogings om die honger-situasie te versag in die wiele. Die Kantoor van die Eerste Minister het die selfsugtige individue wat droogtehulpkos steelo veroordeel. Die uitvoerende direkteur in die kantoor van die eerste minister, I-Ben Nashandi, sê die kos is bedoel om die mees behoeftige mense in die samelewing te help. Tucna se sekretaris-generaal, Mahongora Kavihuha, lewer kommentaar en bevraagteken die koördinasie van droogtehulp tussen die streeks- en nasionale leierskap.
In 2022 is 27 Namibiërs tussen die ouderdomme van 27 en 40 as slagoffers van mensehandel in Oman aangemeld. Penda Naanda, die uitvoerende direkteur van die internasionale betrekkinge-ministerie, het 'n opdatering gegee en is tevrede met hoe die kwessie in Oman hanteer is. Uit die een-en-vyftig Namibiërs wat aanvanklik in Oman was, het sewe-en-twintig teruggekeer na Namibië. Drie het verkies om vir verdere studies of werk na Duitsland of Brittanje te gaan. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Naanda, wat sê hulle pogings was suksesvol.
Die voormalige Amerikaanse president Donald Trump is in sy strafregtelike verhoor in New York skuldig bevind op al 34 aanklagte van die vervalsing van sakerekords. Dit is die eerste keer dat 'n Amerikaanse president aan 'n misdaad skuldig bevind word. Hy het kort voor die 2016-presidentsverkiesing 'n betaling deur sy prokureur om die volwasse rolprentster Stormy Daniels se stilswye te koop, versteek. Hy sal op 11 Julie gevonnis word. Trump het buite die hof gesê sy skuldigbevinding is ʼn skande. Hy beweer die verhoor is gemanipuleer en die ware uitslag sal op 5 November by die stembus bekend word.
Namibië se toerismebedryf speel ‘n beduidende rol en verskaf werksgeleenthede aan meer as 57 571 mense vanaf 2022. Dit kom neer op ongeveer 7,9% van die totale arbeidsmag in die land. Toerisme is veral belangrik vir die skep van geleenthede in landelike gebiede, wat uit bewaringsgebiede bestaan en waar toerismebedrywighede geleë is. Die Bank van Namibië en NUST het 'n openbare lesing aangebied oor "Ontsluiting van geleenthede vir landelike en informele sektorontwikkeling deur finansiële insluiting" by die NUST Eenhana-satellietkampus. Johannes !Gawaxab, die goewerneur van die Bank van Namibië, het 'n uiteensetting van toerisme in landelike gebiede gegee.
Kommentaar word steeds ontvang oor die Suid Afrikaanse verkiesing. Baie is van mening dat die ANC nie meer as 50% stemme gaan kry nie. Daar was ook verskeie partye wat hulle debuut gemaak het en verbasend goed gevaar het. Professor Andre Duvenhage, 'n Suid Afrikaanse politieke ontleder het die stemproses haarfyn dopgehou. Duvenhage het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en 'n oorsig gegee oor die sleutel getalle van die verkiesing wat Woensdag geëindig het.
Unam het aangekondig dat aansoeke vir nagraadse studies en volwasse ouderdomtoelating nou beskikbaar is. Belangstellende kandidate kan alle verwante inligting op die Unam-webwerf kry en kan ook aanlyn aansoek doen. Simon Namesho, Unam-woordvoerder het al die besonderhede.
Die Verkiesingskommissie skryf die stadiger afhandeling van die uitslae toe aan die byvoeging van 'n derde stembrief, wat veral metropolitaanse gebiede raak. In die verlede is 80-persent van die uitslae in die eerste 24-uur afgehandel, maar die derde stembrief maak alles stadiger. Ondanks die vertraging, werk die OVK om seker te maak van die akkuraatheid deur volledige nagaan en ouditering. Die hoofverkiesingsbeampte, Sy Mamabolo, bly vol vertroue die uitslae sal binne die voorgeskrewe sewe-dae-tydperk afgehandel wees.
Die Monetêre Beleidskomitee het die terugkoopkoers onveranderd gehou op 8,25-persent, wat dit op dieselfde vlak hou sedert Mei verlede jaar. Die president van die Reserwebank, Lesetja Kganyago, sê die voorspelling dui op matige groeiversnelling tesame met geleidelike inflasie-bestendigheid in die komende jare. Hy sê die komitee se besluite bly afhanklik van data en is daartoe verbind om inflasie te anker tot die middelpunt van die teikenvlak van 3- tot 6-persent. Hy bepleit maatreëls om ekonomiese toestande te verbeter.
Amerika is gekant teen 'n resolusie van die Veiligheidsraad van die Verenigde Nasies wat 'n onmiddelike skietstilstand in Gaza eis, asook 'n einde aan Israel se militêre optrede in Rafah. Hy sê dit resolusie is nie van veel hulp nie. Algerië, wat Arabiese lande verteenwoordig, het die resolusie opgestel na noodsamesprekings oor die Israel-optrede. Die konsepresolusie eis die opening van alle grensoorgange en humanitêre toegang tot Gaza. Amerika se adjunk-ambassadeur, Robert Wood, sê gevegte moet eers opgeskort word.
Selfmoord is een van die vinnigste groeiende oorsake van sterftes in die wêreld en selfs plaaslik is daar daadwerklike uitdagings. Die Namibiese Polisie het 151 selfmoorde tussen 1 Januarie en 12 Mei aangeteken, met mans wat verantwoordelik is vir 123 van hierdie sterftes. Twintig van die sake het vroue betrek, terwyl die geslag van agt sake nie bekend gemaak is nie. Jaar-tot-datum statistieke toon dat die Khomas-streek die hoogste aantal selfmoorde aangeteken het, altesaam 24, gevolg deur Ohangwena met 23, Oshikoto met 22, Omusati met 21 en Oshana met 20. Die streke met die laagste aantal selfmoorde is Zambezi, Kavango-Oos en Omaheke, en in Erongo 11.Volgens kommissaris Naftal Sakaria, die polisiehoof van Oshana, ly baie mans in stilte en moet leer om vir hulp te vra.
Die damme in die Ooste is byna leeg, wat die Gobabis-munisipaliteit gedwing het om skemer-tot-dagbreek water-rantsoenering aan te kondig. Die lae vlak van Otjivero-dam, die primêre waterbron van Gobabis en Omitara, wek groot kommer. Die Viljoendamme by Gobabis is kritiek laag, met vlakke op onderskeidelik 5,1 en 2,3 persent. Desperate inwoners sny nou egter waterpype om water vir hul diere en gesinne te kry.
Wallace Finnies, 'n inwoner van Nossobville in Gobabishet bevestig dat inwoners hul tot die uiterste maatreëls wend om te oorleef.
Die droogte in Namibië gaan vir ‘n geruime tyd die nuus oorheers en daar word ‘n negatiewe rippel effek op die ekonomie voorspel. Al probeer ons hierdie harde realititeit ontduik gaan verbruikers dit behoorlik aan hulle sakke voel. Die stremmende nagevolge van die toestande gaan verseker ook die Bruto Binnelandse Produk sterk beinvloed.
Kosmos 94.1 het gaan aanklop by Martin Inkumbi, hoofuitvoerende beampte van die Staat se pensioenfonds GIPF.
Die Ministerie van Onderwys, Kuns en Kultuur is besig met ‘n opname om te bepaal watter kalenderstelsel in die volgende akademiese jaar geïmplementeer gaan word. Daar word ‘n beroep op die publiek gedoen om te stem vir die kalenderstelsel wat hulle voel gunstig is vir die onderwysstelsel en in die beste belang van die Namibiese kind. Hierdie opname strek tot 21 Junie 2024 en is op die ministerie se webwerf beskikbaar. Die Uitvoerende Direkteur van die ministerie, Sanet Steenkamp sê dit is elkeen se verantwoordelikheid om eienaarskap van die proses te neem.
'n Bilaterale vergadering met afgevaardiges van China vind more in die hoofstad plaas.
Die Speaker van die Nasionale Vergadering, Proffesor Peter Katjavivi en Cai Dafeng, ondervoorsitter van die 14de Nasionale Volkskongres van China se staande komitee ontmoet vir bilaterale samesprekings by die parlement.
Sakeus Kadhikwa, woordvoerder van die Nasionale Vergaering het meer inligting gedeel oor die ontmoeting
Die Proteas se T20-Wêreldbekerveldtog begin Maandag in New York teen Sri Lanka. Suid-Afrika het hulle voorbereidings afgehandel deur 'n T20-reeks teen die Windies met drie-nul te verloor. Die Proteas verwelkom egter verskeie spelers terug wat deelgeneem het aan die Indiese Premierliga, soos Aiden Markram, Heinrich Klaasen, David Miller, Tristan Stubbs en Marco Jansen. Die afrigter, Rob Walter, hoop dié spelers sal 'n groot verskil maak.
Veediefstal in Namibië bly 'n konstante uitdaging ten spyte van voortdurende pogings van wetstoepassingsagentskappe en die gemeenskap om dit te keer. 'n Kommerwekkende nuwe neiging het volgens berigte nou in die Noorde begin posvat. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die goewerneur van die Ohangwena-streek, Sebastian Ndeitunga, wat sê hy ontvang klagtes oor vee wat deur Angolese burgers gesteel en weggejaag word.
Rugby: Die Blitsbokke se kaptein, Selvyn Davids, sê hulle is optimisties oor hulle vooruitsigte in die naweek se Grand Finale van die Sewesreeks in Spanje. Slegs die top agt mans- en vrouespanne sal in Madrid meeding. Na sewe rondes is Argentinië en Nieu-Seeland die onderskeie mans- en vroue-ligawenners, voor die nuwe alleenstaande toernooi in die Spaanse hoofstad. Suid-Afrika speel sy groepswedstryde teen Ierland, Nieu-Seeland en Fidji. Davids sê hulle vertoning in die laaste twee toernooie gee hulle selfvertroue.
Mense is besig om links en regs vis op te tel op Swakopmund se Noordstrand, waar 'n massa vis uitgespoel het. Kosmos 94.1 Nuus het na die ministerie van Visserye uitgereik om navraag te doen oor die oorsaak en of inwoners bekommerd moet wees. Die ministerie sê hulle sal terugkom met verdere inligting. Sean Naude van Namibië Marshal Rangers het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dis meesal haaie en klipvisse wat op die strand lê.
Die EFF-leier Julius Malema sê hulle sien met afwagting uit na die uitslag van die verkiesing. Die party wil die DA as amptelike opposisie verwyder, en een-miljoen stemme in Gauteng en nog ʼn miljoen in KwaZulu-Natal kry. Malema sê die eerste prys is nie om president van Suid-Afrika te word nie, maar om landsburgers se waardigheid te herstel.
Namibië se finansminister, Iipumbu Shiimi is aangewys as Finansminister van die Jaar by die 2024 Afrika Bankier-toekennings. Die ministerie se woordvoerder, Wilson Shikoto, sê Shiimi word erken vir sy leierskap wat bygedra het tot Namibië se ekonomiese groei en finansiële bestendigheid te midde van uitdagende tye. Hy sê die toekenning weerspieël Shiimi se visioenêre benadering en motiveer die departement se personeel om aan te hou streef na uitnemendheid in die staatsdiens.
China se vlagskip ekonomiese samewerkingsprogram is besig om terug te keer na 'n stilte tydens die Covid-pandemie, met Afrika 'n primêre fokus. Dit is volgens 'n Reuters-ontleding van uitleen-, beleggings- en handelsdata. Chinese leiers haal graag die miljarde dollars aan vir nuwe konstruksieprojekte en tweerigtinghandel as bewys van hul verbintenis aan die kontinent se modernisering en "wen-wen" samewerking. Sowat 7,8 miljard Amerikaanse dollar is net op mynbou bestee, onder andere op kobalt- en litiummyne in Namibië. Kosmos 94.1 Nuus het by die plaaslike ekonoom Gabriel Erastus gaan kers opsteek oor of die beleggings van China in Namibië 'n goeie of slegte ding is.
Die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing sê die Kabinet behoort nie betrokke te wees by die aanstelling van die uitvoerende hoof van die Sentrale Verkrygingsraad van Namibië nie. IPPR-navorser Frederico Links sê die onlangse aanstellingsproses was vasgevang in politieke inmenging, wat die onafhanklikheid van die raad in die gedrang bring. Links het gepraat by die bekendstelling van die Procurement Tracker Namibia 24, getiteld: "Data Deficit Undermines Governance And Oversight" in Windhoek. Kosmos 94.1 Nuus het met Links gepraat, wat verduidelik.
Die Verkiesingskommissie sê hy het baie hulpbronne gebruik om fopnuus in die sosialemedia-ruimte te bestuur. ʼn Video van ʼn eNCA-insetsel van 9 Mei doen die ronde op sosiale media. Dit handel oor meningsopnames vóór die verkiesing, en word gebruik om valslik te beweer die MK-party het 68-persent van die oorsese stemme gekry. Die OVK-hoof, Sy Mamabolo, sê hulle kon sommige inskrywings op sosiale media, veral op verskillende platforms, nie vinnig genoeg hanteer nie.
Ontwikkelinge by die Daures groenwaterstof-dorp is op dreef en sover gaan dit uitstekend met hulle planne. Dit is volgens die uitvoerende hoof, Jerome Namaseb, wat sê bouwerk by die nedersetting behoort teen einde Julie gefinaliseer te wees. Die projek is reeds aan die gang en word befonds deur die Duitse Federale ministerie van onderwys en navorsing. Namaseb sê hulle wil ook na Julie begin om groenwaterstof te industrialiseer en kunsmis te begin produseer.
Die metaalwerkersvakbond, Numsa, sê hy gaan voort met sy staking by South African Steel Mills wat as Alfeco Holdings handeldryf. Dit volg nadat die staalvervaardiger volgens berigte meer as 100 werkers afgedank het omdat hulle deelgeneem het aan ʼn staking wat volgens die Arbeidshof wettig was. Die vakbond het Dinsdag ʼn plakkaatbetoging gehou by die maatskappy se kantoor in Meyerton, suid van Johannesburg. Die vakbond se woordvoerder, Phakamile Hlubi-Majola, sê die land het werkers te lank onregverdig behandel.
Die onafhanklike presidentskandidaat Ally Angula het ’n manifes bekendgestel wat sy glo die land se sosio-ekonomiese landskap sal hervorm. Sy sê as sy verkies word, sal elke Namibiër tussen 18 en 59 'n maandelikse toelaag van 1 750 Namibiese dollar ontvang. Sy het dieselfde bedrag belowe vir weeskinders onder 18, asook vir weduwees en wewenaars. Tydens ’n vraag-en-antwoord-sessie op ’n WhatsApp-groep verduidelik Angula waar die geld vandaan gaan kom.
Die verdedigende kampioen, Iga Swiatek het op die randjie van 'n wedstrydpunt teen haar gedraai op pad na haar oorwinning teen Naomi Osaka in die tweede ronde van die Franse Ope. Die 22-jarige Pool het teruggeveg om met 7-6,1-6, 7-5 te wen. Daar was ook oorwinnings vir die Amerikaner Coco Gauff, en die Tunisiër Ons Jabeur. Carlos Alcaraz van Spanje het Jesper de Jong van Nederland met 6-3,6-4,2-6, 6-2 verslaan, terwyl die Italianer, Jannek Sinner, met Richard Gasquet van Frankryk in skoon stelle afgereken het. Swiatek het gesê haar wedstryd was taai.
Die eerste verkiesingsuitslae is net ná middernag bekendgemaak. Dit is afkomstig van die Mbizana Baptistekerk in die Madikizela-Mandela-munisipaliteit in die Oos-Kaap. Die ANC het 60,7-persent van die stemme ontvang, die EFF 17,8, die pasgestigte MK-party 10,4, die UDM 4,9 en die DA drie-persent. Sommige van die stemdistrikte in KwaZulu-Natal is deur die MK-party verower, insluitend Mooi Mpofana, waar hulle 52-persent van die stemme ontvang het, gevolg deur die ANC en die DA. Die voorsitter van die Verkiesingskommissie, Mosotho Moepya, sê die drie stembriewe het die telproses vertraag.
Gholf: Aanklagte teen die wêreld-nommer-een, Scottie Scheffler, is laat vaar nadat hy tydens die PGA-kampioenskap in Louisville gearresteer is. Die Amerikaner is aangekla van aanranding op ʼn polisiebeampte, misdadige optrede, roekelose bestuur en dat hy ʼn verkeersbeampte geïgnoreer het. Jefferson-distrik se aanklaer, Mike O’Connell, sê hy het die bewyse bestudeer en tot die gevolgtrekking gekom Scheffler se gedrag was nie misdadig nie. Scheffler se prokureur, Steve Romines, sê sy 27-jarige kliënt gaan nie ʼn siviele saak aanhangig maak nie.
Die vakbond Solidariteit beskuldig die departement van Maatskaplike Ontwikkeling van rasse-vooroordeel in subsidiebetalings aan welsynsorganisasies. Solidariteit veroordeel die nie-betaling van fondse en eis dringende optrede om die krisis aan te spreek, veral in Gauteng. Die vakbond het verlede week klagtes ontvang van organisasies aan wie subsidies belowe is, maar wat nie betaal is nie. Bianca Smit van Solidariteit waarsku die impak van onbetaalde subsidies strek verder as welsynsorganisasies, en pogings om die samelewing te verbeter, word uiters negatief hierdeur geraak.
Wette oor toegang tot inligting is kragtige instrumente vir die bevordering van 'n meer regverdige samelewing in Afrika. Daar is steeds uitdagings met implementering, maar burgerlike organisasies speel 'n sleutelrol om toegang tot inligting te verseker. Namibië se Wet op Toegang tot Inligting moet nog ten volle geïmplementeer word, maar burgers word aangemoedig om hulself met die inhoud daarvan te vergewis. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Zoe Titus, die direkteur van die Namibia Media Trust, wat sê die wet die beste sal werk wanneer burgers dit gebruik.
Die Verkiesingskommissie se hoof, Sy Mamabolo, sê dis moeilik om te bepaal wanneer die eerste verkiesingsuitslae sal begin inkom. Die stempersentasie is hoog en daar is drie stembriewe per kieser wat getel moet word. Hy sê in die verlede het uitslae teen eenuur die oggend begin inkom, maar beklemtoon dit gaan nie nou die geval wees nie. Mamabolo verduidelik die telproses, wat sal begin sodra die stemmery afgehandel is.
Zimbabwiese wildowerhede kyk na trofeejag-uitvoermarkte in die Ooste, aangesien sommige Europese lande probeer om trofee-invoere te verbied. Zimparks se direkteur-generaal, Fulton Mangwanya, het by die Kavango-Zambezi-oorgrensbewaringsgebied, of KAZA,-beraad in Livingstone, Zambië sy mening gelig. Hy sê hulle kan altyd met ’n alternatiewe mark vorendag kom. Kosmos 94.1 Nuus het aangeklop by Axel Cramer van die Namibia Professionele Jagvereniging om uit te vind of Namibië ook markte in die Verre Ooste, of elders verken.
Die jaarlikse kongres van die Landbou Werkgewersvereniging dien as 'n deurslaggewende byeenkoms binne die landbougemeenskap. Dit bied 'n platform vir belanghebbendes om byeen te kom en kritieke kwessies wat die bedryf in die gesig staar aan te spreek. Vanjaar se byeenkoms vind komende Dinsdag by Arebbusch Lodge in Windhoek plaas. Vanjaar se tema, “positiewe dinamika in boerdery,” beklemtoon die konstruktiewe motivering van landbouwerkgewers. Danie van Vuuren, hoofbeampte by die vereniging, het teenoor Kosmos 94.1 uitgebrei oor die belangrikheid van die kongres.
Die Namibiese Weermag en die Botswana Weermag het 'n gesamentlike siviele-militêre samewerkingsplan onderteken wat daarop gemik is om gemeenskappe wat langs die gemeenskaplike grensgebiede woon te sensitiseer oor wettige bewegings by Katima Mulilo. Die adjunk-uitvoerende direkteur in die verdediging-ministerie, Petrus Nathinge, wat die gesamentlike persverklaring namens die twee lande gelees het, het sê die veldtogte sal in twee fases gedoen word. Dit sal 21 dorpe in Botswana en 19 in Namibië dek.
Kenners voorspel dat rentekoerse in Suid-Afrika kan teen September verlaag word. 'n Onafhanklike ekonoom, Elize Kruger, sê daar is 'n verslapping in verbruikersinflasie die afgelope paar maande. Sy glo die land beweeg geruime tyd in die rigting. Kruger verwag egter die Reserwebank sal die koers vir eers onveranderd laat.
Die jongste toerisme-statistieke toon dat besigheidsreise na Namibië meer en meer toeneem. Die toename is te wyte aan 'n reeks konferensies asook verskeie ontwikkelings in die land, veral in die energie-sektor. Direkte vlugte tussen Lüderitz en Windhoek dra ook by tot die toename aangesien daar aansienlike ontwikkeling in en om die suidelike kusdorp plaasvind.
Namibia Wildlife Resorts is een van die rolspelers wat besigheidsreisigers wil akkomodeer en Nelson Ashipala, die woordvoerder deel hulle strategie met Kosmos 94.1.
Die Suid-Afrikaanse tenoor, Nkululeko Innocent Masuku, het sy plek verseker in die eindronde van Britain's Got Talent seisoen 17. Sy uitvoering van Hans Zimmer se Now We Are Free uit Gladiator tydens die halfeindronde het die beoordelaars beïndruk, met Alesha Dixon wat hom dinamies genoem het en Amanda Holden wat sy ongelooflike asembeheer opgemerk het. Masuku het die beoordelaars vir die eerste keer beïndruk met sy weergawe van Lucio Dalla se Caruso tydens die oudisies in April. Hoor net hierdie man se stem!
Adjunkpresident Paul Mashatile sê Suid-Afrikaners moet trots wees om aan die demokratiese verkiesingsproses deel te neem. Mashatile het, nadat hy in Gerhardsville, Tshwane gestem het, 'n oproep op kiesers gedoen om die geskiedkundige geleentheid aan te gryp en vir hul voorkeurparty te gaan stem. Hy het die grootliks vreedsame proses verwelkom en gesê almal het die demokratiese reg om hul stem uit te bring.
Uraanpryse het beduidend gestyg en het vandeesmaand 118 Amerikaanse dollar oorskry, 'n byna twee maande hoogtepunt. Hierdie oplewing word hoofsaaklik toegeskryf aan beperkte korttermynvoorrade wat spekulatiewe koop-aktiwiteite aanspoor. Op die vraagfront lyk die langtermynvooruitsigte toenemend positief. Amerika en 20 ander lande het ambisieuse planne onthul om hul kernkragproduksie teen 2050 te verdriedubbel. Dit versterk die vraag na uraan verder. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Chris Yelland, 'n energiekenner, oor hoe dit Namibië sal raak.
Die Namibiese verkiesings vind in November plaas en kiesers registrasie begin alreeds op 3 Junie. Dit is ons almal se verantwoordelikheid om die regte keuse te maak wanneer ons stem om verandering teweeg te bring. Deurwinterde sosiale aktivis, Ethne Mudge het met Kosmos 94.1 nuus gepraat en sê verkragting het 'n groot probleem in die land geword het en neem steeds toe. Mudge moedig die publiek aan om politici te kies wat leiers kan wees en mekaar tot verantwoording roep oor die land se probleme.
Botha het ook gesê die ANC se waarde is nog gekoppel aan diegene soos oud-president Nelson Mandela en daarom gaan die waarde van die Suid-Afrikaanse rand dalk beter vertoon na die verskiesing.
Veikko Nekundi, lid van die Swapo-politburo, het 'n beroep gedoen op die deregistrasie van die NEFF. Dit kom nadat Michael Amushelelo, NEFF-kommissaris, vir Moses Ndjene, ‘n inwoner van Mix, N$1 000 gegee het as 'n beloning “om korrupsie in die gesig te klap”.
Ndjene het na bewering senior Swapo-leiers by die regerende party se mini-saamtrek uitgedaag oor die party se ewigdurende leë beloftes voordat hy beveel is om te vertrek - 'n situasie wat vinnig geëskaleer het tot Ndjene wat Munango geklap het.
NEFF-lid en aktivis Michael Amushelelo het so gereageer oor die situasie.
Alle oë is op die finansiele sektor met die verkiesing tans in Suid-Afrika. Die Suid-Afrikaanse rand, en dus die Namibiese Dollar was 14 teenoor die Amerikaanse dollar in 2019 met die verkiesing daardie jaar en vannogend was dit net meer as 18.
Volgens Dr. Roelof Botha die Ekonomiese raadgewer by Optimum Belegging in Suid Afrika is dit nie so 'n slegte vertoning soos wat uitgemaak word nie omdat die rand net met 0.4% verswak het jaar op jaar. Botha het sy voorspelling aan Kosmos 94.1 gegee sou die ANC verloor.
Daar steek alweer ‘n slenter kop uit en hierdie keer by NamPost. ‘n Bedrieglike kennisgewing word per SMS aan kliente gestuur, wat beweer dat kliënte se pakkies nie afgelewer kan word nie. In die boodskap word jy ook versoek om jou adres op te dateer deur ‘n skakel te volg. Gladwin Groenewaldt, woordvoerder van NamPost, sê die boodskap is nie eg nie en ook nie afkomstig van die maatskappy nie.
Die leier van die African Congress for Transformation, Ace Magashule, sê sy party is gereed om waardigheid te bring vir die Afrika-kind in Suid-Afrika. Magashule het kiesers gevra om vir verandering te stem, maar ook die lewe van die Afrika-kind te verbeter, deur onder meer werkskepping en toegang tot onderwys. Hy is ook vol vertroue die ACT sal verskeie provinsies beheer soos die party se momentum toeneem.
Die massaregistrasie van werklose onderwysers het afgeskop by die departement van arbeid se streekkantoor op Rundu. Die registrasie sal na verwagting tot 7 Junie duur. Die voorsitter van die Werklose Onderwyserskomitee, David Nekaro, sê daar was verlede jaar 8 225 werklose onderwysers. Hierdie getal het verander, aangesien nog onderwysers vanjaar gegradueer het, terwyl ander in die polisie- en Verdedigingsmagte sowel as die onderwysministerie werk gekry het, volgens Nekaro. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die uitvoerende direkteur van die onderwysministerie, Sanet Steenkamp, oor hoe die data gebruik gaan word.
Die Amathole-burgemeester, Onke Mgunculu, sê paaie wat deur betogers in Keiskammahoek in die Oos-Kaap gesluit is, is weer oop en inwoners kan hul kruisies gaan trek. Dit volg nadat inwoners oor grondeise betoog en geweier het om te stem. Mgunculu sê wetstoepassingsagentskappe is ontplooi om die betoging dop te hou.
Te midde van 'n vlaag verkragtings van minderjariges, is 'n 17-jarige verstandelik gestremde meisie ook na bewering onlangs verkrag. Dit het by die Otjorute-nedersetting in die Ruacana-kiesafdeling gebeur. Volgens die polisie word daar beweer dat die meisie eenvoudig deur die verdagte na 'n kamer geneem is waar hy haar ontklee en verkrag het. Die verdagte is bekend maar is nog nie gearresteer nie. Ingrid Husselmann, die voormalige kinderadvokaat by die Kantoor van die Ombudsman, het haar reaksie met Kosmos 94.1 Nuus gedeel.
Die VF Plus in Gauteng sê die Openbare Beskermer het ingestem om adjunkpresident Paul Mashatile se twee seuns te ondersoek nadat die party 'n klag teen hulle gelê het. Dit volg op bewerings dat Thabiso Mashatile en Tinyiko Mvelase drie kontrakte in slegs drie maande ontvang het. Anton Alberts van die VF Plus sê Gauteng se Infrastruktuurontwikkeling-departement het die kontrakte onder vreemde omstandighede toegeken.
Namibië is sedert 2022 die gasheer van die 6de Afrika Jeug in Toersime-innovasie uitdaging. Die geleentheid is in die hoofstad aan die gang met die tema “entrepreneurskap en inter-Afrika handel”. Innoverende jeug kan hier hul projekte bekendstel aan plaaslike sowel as internasionale rolspelers in die toerisme-bedryf asook moontlike vennote. Namibië sal vanjaar die fakkel oorhandig aan 'n ander land vir die volgende uitdagings. Die adjunkminister van Jeug, Dr. Emma Kantema-Gaomas, het by die opening gepraat en die uitdagings vir jong entrepreneurs uitgelig.
In Amerika sal jurielede waarskynlik begin met beraadslagings in Donald Trump se stilblygeld-verhoor. Trump word daarvan beskuldig dat hy besigheidsrekords vervals het om 'n stilbly-betaling aan 'n pornoster net voor die 2016-verkiesing te verdoesel. Die filmster Robert de Niro, wat vir die Demokratiese Party in ‘n advertensie verskyn, het buite die hof in New York losgetrek teen die voormalige Republikeinse president en ernstige waarskuwings gerig. Hy het verskyn saam met twee polisiemanne wat by die 6 Januarie aanval in Washington was.
Reaksie op die aankondiging van die Volksmoord-herdenkingsdag stroom steeds in. Die Nama Tradisionele Leiersvereniging en Ovaherero Tradisionele Owerheid is gekant teen die datum vir die herdenkingsdag, 28 Mei. Maar daar is verdeeldheid hieroor onder die Ovaherero- en Nama-leiers. Die leier van 'n faksie van die OvaHerero Tradisionele Owerheid, dr. Hoze Riruako, verwelkom die kabinet se besluit.
Die jongste toerismestatistieke is deur die Gasvryheidsvereniging van Namibië vrygestel en toon 'n positiewe trajek. In April het die nasionale besettingsyfer 58,2 persent bereik, 'n aansienlike toename vanaf 49,2 persent in Maart en 51,8 persent in April verlede jaar. Dit is nie net die hoogste kamerbesettingskoers tot dusver vanjaar nie, maar oortref ook die pre-pandemiese maatstaf van 54,7 persent in April 2019. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die uitvoerende hoof van die Gasvryheidsvereniging, Gitta Paetzold, wat sê die hoë besettingsyfer word verwelkom, aangesien die besige toeristeseisoen normaalweg eers in Julie begin.
Rugby: Die Leeus moet die Stormers in hulle laaste wedstryd klop om vir die eerste keer vir die kwarteindstryd van die Verenigde Rugbykampioenskap te kwalifiseer. Daar bly nog net een ronde in die groepfase oor met agt spanne wat vir die uitspeelrondes kwalifiseer. Die Leeus is tans in die negende plek op die punteleer en verdedigingsafrigter, Jacque Fourie, sê hulle besef dis ‘n moet-wen-wedstryd Saterdag in Kaapstad.
Die Hooggeregshof in Johannesburg het die korrupsiesaak teen die gewese ANC-LP Vincent Smith tot 30 Julie uitgestel. Dit is sodat hy sy reëlings kan tref vir die betaling van sy regskoste. 'n Datum vir sy verhoor moet ook bepaal word wanneer hy einde Julie weer in die hof is. 'n Woordvoerder vir die ondersoekdirektoraat, Henry Mamothame, sê Smith word aangekla van die oortreding van die Wet op die Voorkoming en Bestryding van Korrupte Bedrywighede.
Vrae word weer wêreldwyd gevra oor die nut van die VN se Veiligheidsraad en die Internasionale Geregshof. Dit kom na Israel ten spyte van ‘n hofbevel om alle aanvalle in Rafah te staak, voortgaan met sy militêre operasie. Die GOOD-party sê die dood van 45 burgerlikes in 'n vlugtelingkamp in Rafah deur die Israelse weermag beklemtoon die noodsaaklikheid van Suid-Afrika se beginselvaste standpunt om Israel aanspreeklik te hou. Israel se weermag sê die aanval het twee senior Hamas-ampenare in die visier gehad en hulle is gedood. GOOD se sekretaris-generaal, Brett Herron, is aan die woord.
Suid-Afrikaners het vanoggend begin stem in die mees mededingende verkiesing sedert die einde van apartheid. Stemlokale het om 7 geopen. President Cyril Ramaphosa sal na verwagting by die Hitekani Primêre Skool in Soweto stem. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met professor Nixon Kariithi, 'n kenner van Afrika-aangeleenthede en mediastudies, wat in die tou staan en wag om sy stem uit te bring. Hy het 'n boodskap vir Namibiërs en alle Afrikane.
Die Presidensie sê bewerings dat beurtkrag binnekort terugkom, is feitelik verkeerd en ʼn misleidende politieke foefie om die land te mislei terwyl die verkiesing vandag plaasvind. Beurtkrag is die afgelope 62 agtereenvolgende dae opgeskort. Die Presidensie sê daar is toenemende en oorweldigende steun vir Eskom se volgehoue pogings om homself reg te stel, te stabiliseer en die opwekkingstelsel te versterk. Eskom se woordvoerder, Daphne Mokwena, sê beurtkrag bly opgeskort.
Die rand het versterk teenoor die dollar, wat positiewe vooruitsigte vir brandstofpryse in Junie verder verhoog, en verlagings in die pryse van alle brandstowwe is waarskynlik. Die Automobielvereniging sê laer internasionale oliepryse kan ook tot 'n daling lei. In Mei het petrol plaaslik skerp met 70 sent per liter gestyg, terwyl dieselvariante met 40 sent per liter geklim het. Kosmos 94.1 Nuus het met die Cirrus ekonoom Robert McGregor gepraat oor sy voorspelling vir Junie.
Tennis: Die verdedigende kampioen, Novak Djokovic, is deur na die Franse Ope se tweede ronde. Die Serwiër het Pierre-Hugues Herbert van Frankryk met 6-4, 7-6 en 6-4 geklop in sy poging om die rekord met ʼn 25ste Grand Slam-titel te verbeter. Die tweemalige naaswenner, Casper Ruud van Noorweë, het die Brasiliaanse kwalifiseerder, Felipe Meligeni Alves, in skoon stelle verslaan. Die Australiër Alex de Minaur en Amerikaner Taylor Fritz spog ook met oorwinnings. Djokovic speel volgende teen die Spanjaard, Roberto Carballes Baena, en sê hy voel goed op die baan.
AfriForum veroordeel die uitspraak van die Appèlhof dat die Kill the Boer-dreunsang nie haatspraak is nie en sê dit plaas boere en Afrikaners in gevaar. Uitvoerende hoof, Kallie Kriel, kritiseer die uitspraak en beskryf dit as ‘n bevooroordeelde mening van waarnemende regter, Raylene Keightley. Kriel sê indien die howe nie hierdie groepe beskerm nie sal hulle selfbeskerming moet vergroot met behulp van uitgebreide gemeenskapsveiligheidsnetwerke. Ernst van Zyl van AfriForum sê hulle oorweeg om die uitspraak na die Konstitusionele Hof te neem.
Die Withuis sê Israel se onlangse operasies en aanvalle in die suidelike stad Rafah in Gaza is nie groot operasies op land wat enige Amerikaanse gevaarlyne oorskry nie. Dit volg nadat 45 Palestyne, wat volgens berigte vroue en kinders insluit, Sondag in ʼn Israelse aanval op ʼn kamp vir ontheemdes dood is. Die woordvoerder van Amerika se Nasionale Veiligheidsraad, John Kirby, sê Amerika ignoreer nie die lot van Palestynse burgerlikes nie.
Die LUR vir Onderwys in Limpopo, Mavhungu Lerule-Ramakhanya, het meegevoel betuig aan die families van die 13 mense wat in 'n gru-ongeluk gesterf het. 'n Taxi en vragmotor het op die R521 tussen Polokwane en die Dendron-roete gebots. Tien onderwysers was onder die wat gesterf het. Lerule-Ramakhanya beskryf die verlies as 'n beduidende slag vir Span Onderwys in die provinsie.
Boere in die Kunene-streek sê die gebied is die afgelope 50 jaar vry van bek-en-klouseer, en vra vir die sonering van Kunene-Noord. Volgens hulle sal die verdeling van rooilyn-distrikte in verskillende porsies die regering help om bek-en-klouseer en ander siektes uit te roei. Hulle sê ook dat alle opsies oorweeg moet word voordat die heining verwyder word, en ook dat Kunene as onafhanklik aangewys moet word, aangesien daar nie bek-en-klouseer is nie. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die UDF-parlementslid en boer in die Kunene-streek, Dudu Murorua, wat met die boere saamstem.
Die Zambiese regering het 'n aansienlike toename in beurtkrag aangekondig, weens kritiek lae watervlakke by die Kariba-dam en die Kafue Gorge-hidro-elektriese stasie. Huishoudings verduur nou 12 uur se daaglikse kragonderbrekings in blokke van ses uur elk. Namibië voer 180 megawatt uit Zambië in nadat NamPower in 2022 ’n bykomende 80 megawatt van die land se Zesco-maatskappy verkry het. Kosmos 94.1 Nuus het by Abraham Angula, die waarnemende direkteur vir energiebeplanning en navorsing by die energie-ministerie, gaan uitvind of Namibië genoeg krag sal hê.
Myne-minister Tom Alweendo sê waardetoevoeging tot minerale hulpbronne is meer krities as om dit bloot te besit. Alweendo het onlangs die konvensionele fokus op eienaarskap en winsdeling in mineraal-hulpbron-ontginning uitgedaag en pleit vir 'n breër perspektief op die maksimalisering van nasionale hulpbronne. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Job Muniaro, die sekretaris-generaal van die nasionale vakbond van Namibiese werkers, wat sê waardetoevoeging is uiters belangrik vir ontwikkeling en werkverskaffing.
Die landbouministerie nooi voornemende diensverskaffers of maatskappye om hul maatskappyprofiele in te dien om op sy waterinfrastruktuur-databasis gelys te word. Die ministerie het 'n uitdrukking van belangstelling vir verskeie waterverwante projekte geadverteer, onder meer die installering van mini-ontsoutingsaanlegte en die boor en toetsing van boorgate. Volgens die ministerie se skakelbeampte, Jona Musheko, is die projek al 'n paar jaar aan die gang en sal dit voortgaan om Namibiërs van drinkwater te voorsien. Musheko het met Kosmos 94.1 Nuus gesels en gee meer inligting.
Miljoene Suid-Afrikaners sal vandag gaan stem in die land se belangrikste verkiesing sedert 1994. Dit volg na twee dae van spesiale stemme. Elke kiesers sal drie stembriewe ontvang - 'n bloue vir die Nasionale Vergadering, 'n oranje stembrief vir die provinsie na die Nasionale Vergadering en 'n pienk een vir die Provinsiale Wetgewer. Verslaggewer Andries Cornelissen het meer besonderhede oor die 27,7-miljoen geregistreerde kiesers.
Die Suid-Afrikaanse rand, en dus die Namibiese dollar, het vanmiddag versterk teenoor 'n swakker dollar. Dit is voor die nasionale verkiesing môre wat kan meebring dat die regerende party vir die eerste keer in 30 jaar sy meerderheid verloor. Die rand het teen 18,28 teenoor die dollar verhandel, sowat 0,3 persent sterker as sy vorige sluiting. Kosmos 94.1 Nuus het met Chris Hart, 'n ekonoom in Suid-Afrika, gesels oor wat sy verwagtinge vir die rand môre is.
Zimbabwe se voormalige opposisieleier, Nelson Chamisa, bepleit dialoog met president Emmerson Mnangagwa om die 2023-verkiesingsgeskil op te los. Chamisa, wat vroeër vanjaar as leier van die Citizens Coalition for Change uitgetree het, het die huidige regeringstrukture as onwettig gekritiseer. Hy het in Harare gesê hy hoop op ingrypings van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap en ander kontinentale instellings om aandag te skenk aan die kwessie.
President Nangolo Mbumba het die polisie aangemoedig om op te hou om mense te verbied om mahangu van oor die grens met buurlande te bring. Dit gebeur omdat plaaslike oeste van die stapelvoedsel grootliks misluk het weens die droogte. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die hoofbestuurder van die Akkerbouraad, Gilbert Mulonda, wat sê die algemene publiek word toegelaat om mahangu of mielies uit ander lande in te voer, maar nie meulenaars nie.
RISE Mzansi vra die regering en wetstoepassingsagentskappe om die kultuur en oorsake van geweld en misdaad in die land gedurende verkiesing aan bande te lê. ‘n Woordvoerder van die party, Lihle Nyikana, sê paaie word gedurende die verkiesingsweek in die Oos-Kaap en KwaZulu-Natal afgesper. Daar is verskeie kwessies wat in Mthatha ‘n rol speel. Nyikana sê indien die regering versuim om die krisis aan te spreek, kan daar aangevoer word die verkiesing was nie vry en regverdig nie.
Namibië het Uganda met ses paaltjies geklop in 'n opwindende opwarmwedstryd voor die IKR Mans T20 Wêreldbeker. Die wedstryd is by die Brian Lara Krieket-akademie in Trinidad en Tobago gespeel. Namibië se groep van 16 spelers het nou vier van hul vyf opwarmwedstryde gewen. Die Arende se eerste wedstryd is eerskomende Maandag teen Oman. Die skakelbeampte van Krieket Namibië, Natalia Naujoma, het met Kosmos 94.1 Sportnuus gesels en gee meer inligting.
Die winterkoue beweeg hierdie week in, terwyl weerlose diere geen warm klere of komberse het om hulle daarteen te beskerm nie. As jy van jou ou komberse ontslae wil raak, skenk dit aan ’n plaaslike liefdadigheidsorganisasie of diereskuiling. Daar is soveel diere wat warm komberse nodig het, en plaaslike diereskuilings maak staat op skenkings om ons viervoetige vriende warm te hou. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Hanna Rhodin, die nasionale direkteur van die Dierebeskermingsvereniging.
Kariithi sê die jonger garde in Namibië sal met ander oë kyk na die uitslag in die buurland.
Suid-Afrika se algemene verkiesing vind môre plaas. Volgens berigte het die ANC se steun gedaal, en is daar 'n goeie kans dat die party nie bo 50 persent van stemme gaan kry nie. Kommentators verwag dat die ANC na 30 jaar nie meer aan bewind sal wees nie en dat koalisies die land kan regeer. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met professor Nixon Kariithi, 'n kenner van Afrika-aangeleenthede en mediastudies, wat sê die impak van die uitkoms kan Namibië affekteer.
President Nangolo Mbumba sal die belangrikste gas wees by die 2024 Afrika Hospitaliteit-Beleggingsforum wat volgende maand in Windhoek aangebied word. Namibië sal na verwagting meer as 300 gasvryheidsbedryf-beleggers, sakeleiers, staatsamptenare en kundige adviseurs van regoor Afrika onthaal. AHIF is die voorste hotelbeleggingskonferensie in Afrika, wat prominente internasionale hoteleienaars, finansiers, bestuursmaatskappye en hul adviseurs lok. Kosmos 94.1-nuus het met die ekonoom, Cons Karamata, gesels oor hoekom hierdie konferensie belangrik is vir die land en die toerisme-ekonomie.
Swapo het glo nie geld vir ‘n buitengewone kongres nie, volgens plaaslike media. Die nuus het aan die lig gekom na sommige partylede Swapo hof toe wil sleep om die kongres te hou na die afsterwe van Hage Geingob. Die party het tans nie 'n vaste president nie. Swapo sê daar is geen bepaling dat hy ‘n kongres moet hou nie, maar die lede wil hulle na die hof wend. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met prokureur Richard Metcalfe, van Metcalfe Beukes Attorneys wat die lede verteenwoordig, vir 'n opdatering.
Tennis: Die wêreld nommer een, Novak Djokovic, begin vandag sy Franse Ope-veldtog met die hoop om sy 25ste Grand Slam-titel te verower. Die 37-jarige Serwiër speel in die aandskof in Parys teen die Franse promotorskeuse, Pierre-Hugues Herbert. Djokovic is die verdedigende kampioen op Roland Garros, maar het sy spelpeil verloor en het vanjaar nog nie in 'n enkele eindstryd gespeel nie. Hy sê hy het lae verwagtinge, maar baie hoop.
Die 6de Afrika Jeug in Toersime-innovasie uitdaging het in die hoofstad begin. Die tema is entrepreneurskap en inter-Afrika handel. Die uitdaging bied innoverende jeug in die reis- en toerisme-bedrywe wat op soek is na befondsing, vennootskappe en mentorskap, geleenthede om hul projekte aan die wêreldmark bekend te stel. Die uitvoerende direkteur van die toerismeministerie, Seimy Shidute, het by die geleentheid gepraat en sê daar is 'n behoefte om jong entrepreneurs te help ontwikkel.
ActionSA het Rise Mzansi beskuldig van betaalde SMS-veldtogte wat kiesers versoek om hulle nie te ondersteun nie. Die SMS dui aan 'n stem vir ActionSA is 'n stem vir die DA. ActionSA sê terwyl Rise Mzansi homself as 'n nuwe politieke mag voordoen, wend hulle ou taktieke aan deur negatiewe veldtogte. Hulle voer aan Rise Mzansi se fokus om ander partye aan te val, eerder as om sy eie platform te bevorder, ondermyn sy geloofwaardigheid. Michael Beaumont van ActionSA moedig Rise Mzansi aan om in plaas van negatiewe aanvalle, eerder deel te neem aan opbouende politieke dialoog.
Osino Resources se Twin Hills goudprojek is naby die produserende, oopgroef Navachab- en Otjikoto-goudmyne geleë in die Damara orogeniese gordel. Die goud-deposito is onder andere geskik vir 'n konvensionele oopgroef myn. Die Twin Hills myn sal na verwagting einde vanjaar met bedrywighede begin. Osino beplan vergaderings met belanghebbendes wat vandag in Windhoek afskop. Daar sal ook vergaderings in Karibib, Omaruru, Swakopmund en Usakos wees. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Robert Zipplies, die volhoubaarheidsbestuurder by Osino, wat meer inligting gee.
Die lone wat deur sekere kontrakteurs en diensverskaffers betaal word haal nie die minimum loonvereistes nie. Die Sentrale Verkrygingsraad sê hy sal strenger toepassingsmaatreëls instel om voldoening aan die vasgestelde minimumloonstandaarde te verseker. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met George Kambala, woordvoerder van die Regstellende Herposisionering-beweging, wat sê die grootste probleem is dat arbeidskonsultante geld uit werkers se lone terughou.
Die Instituut vir Rasseaangeleenthede sê daar kan met redelikheid aanvaar word ʼn ANC/EFF-koalisieregering ná die verkiesing gaan ʼn radikale agenda volg. Die EFF het verklaar ʼn koalisie met die ANC sal berus op drie ononderhandelbare beleidsartikels: grondonteiening sonder vergoeding, gratis onderwys en die nasionalisering van myne. Terence Corrigan van die instituut sê ʼn regsraamwerk moet ingestel word om koalisie-ooreenkomste te bevorder:
Die inligtingsminister Emma Theofelus het 28 Mei as Volksmoord Herinneringsdag verklaar en dit sal jaarliks as openbare vakansiedag dien. Die dag is die dag dat alle konsentrasiekampe ontbind is.
Die president van die Namibiese Landbou-unie, Thinus Pretorius, verwelkom die amptelike verklaring van ‘n ramp in verband met die droogte. Daar is 825 miljoen Namibiese dollar tot Junie volgende daarvoor begroot. Die groter deel, 600 miljoen dollar gaan aan voedselbystand en die res, vir landbou wat dit broodnodig het. Pretorius sê verligting sal nou moontlik wees.
Die twee luukse tent-lodges by die Bwabwata Nasionale Park beplan word lok steeds reaksie uit. Die park is onder beskerming van die Ramsar Konvensie oor vleilande en die gebied waar die ontwikkelinge beoog word is in die vleiland. Kosmos 94.1 Nuus dr. Peter Cunningham, 'n plaaslike ekoloog, gepraat oor moontlike impakte op die gebied.
Hoender- en pluimvee-produkte word weer vanaf Suid-Afrika ingevoer nadat die verbod wat weens voëlgriep ingestel is, opgehef is. Invoere word net toegelaat vanaf produsente wat binne die sogenaamde voëlgriep-vry kompartemente is. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Rene Werner, die voormalige voorsitter van die Pluimveeprodusentevereniging, oor of dit goeie nuus is of nie.
Kaapstad se burgemeester, Geordin Hill-Lewis, sê hulle baklei terug teen 'n golf van kabeldiefstal, veral van straatligte. Die stadspolisie het in die nege maande van Julie tot Maart meer as 1,7 ton gesteelde metaal teruggevind, insluitend meer as 53 000 meter gesteelde kabels. Hill-Lewis sê die stad brei sy patrollies uit en beloon die publiek aktief vir hul hulp en die gebruik van tegnologie om metaaldiewe vas te trek:
Die Verkiesingskommissie het kiesers gewaarsku om waaksaam te wees teen waninligting wat voor die verkiesing die rondes doen. Die kommissie het tydens 'n nuuskonferensie video's wat onduidelike stembriewe uitbeeld, bespreek en verduidelik dit het nie betrekking op die Suid-Afrikaanse verkiesing nie. Die adjunk-hoofverkiesingsbeampte, Masego Sheburi, het verseker alle stemme, insluitend spesiale stemme, sal vanaf Woensdag en in die teenwoordigheid van party-agente met deursigtigheid getel word om verkiesingsintegriteit te verseker:
Die Internasionale Organisasie vir Migrasie sê reddingswerkers het met talle uitdagings te kampe terwyl hulle liggame herwin ná Vrydag se dodelike grondstorting in Papoea-Nieu-Guinee in die Stille Oseaan-gebied. Meer as 2 000 mense is lewendig begrawe en groot skade is aan infrastruktuur aangerig. ʼn Woordvoerder van die organisasie, Serhan Aktoprak, sê rotse val steeds teen die berg af, die grond kraak en water vloei onder die puin, wat die soek- en reddingspoging bemoeilik:
Die droogte is 'n groot probleem en dinge gaan nie gou verbeter nie. Boere regoor die land en veral in sekere streke sukkel om by te hou met produksie en om hul vee en gewasse aan die lewe te hou. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die goewerneur van die Hardap-streek, Salomon April wat die situasie daar uiteensit.
Meer as 35-persent geregistreerde Suid-Afrikaanse kiesers voel geen politieke party onderskryf hulle siening en mening ten volle nie. Dis is volgens ʼn opname deur die marknavorsingsmaatskappy, Ipsos, en gebaseer op die menings van 2 545 geregistreerde kiesers. Ipsos-woordvoerder, Mari Harris, sê lojale ondersteuners van die ANC, DA en EFF het groot vertroue in hul partye uitgespreek, maar die breër Suid-Afrikaanse bevolking het min vertroue in dieselfde politieke partye:
Die Grand Finale van die Sewesreeks word die naweek in Spanje gespeel. Net die voorste agt mans- en vrouespanne ding mee in Madrid. Argentinië en Nieu-Seeland was na sewe rondes die mans- en vroueligawenners, voor die nuwe alleenstaantoernooi in die Spaanse hoofstad. Die Blitsbokke kom in hulle groepswedstryde te staan teen Ierland, Fidji en Nieu-Seeland. Afrigter Phillip Snyman sê daar sal nie maklike wedstryde wees nie:
Die buitelandse beleidshoof van die Europese Unie, Josep Borrell het Sondag se dodelike Israelse lugaanval op 'n kamp vir ontheemde Palestyne in Rafah, Gaza, veroordeel. Die dodetal van die lugaanval het tot 45 gestyg, insluitend vroue en kinders. Sowat 800 000 mense het uit Rafah gevlug, maar honderde duisende skuil steeds daar. Borrell sê die Wêreldhof het Israel beveel om sy militêre aanval op Rafah te staak en dit moet nou uitgevoer word:
Die 14-malige kampioen, Rafael Nadal, is in die eerste ronde van die Franse Ope uitgeskakel. Die Spanjaard het met 6-3, 7-6 en 6-3 teen die vierde gekeurde Duitser, Alexander Zverev, verloor. Dis sy vierde nederlaag uit 116 enkelspelwedstryde op Roland Garros. Daniil Medvedev van Rusland klop Dominik Koepfer van Duitsland met 6-3, 6-4, 5-7 en 6-3 om die tweede ronde te haal. Die Franse gunsteling, Gael Monfils, en Italianer Lorenzo Musetti het ook gewen. Nadal sê hy is onseker of dit sy laaste wedstryd by die Franse Ope was:
AfriForum het bevestig sy 134 waarnemers en 170 buurtwagte is gereed vir die verkiesingstydperk. Die woordvoerder van Gemeenskapsveiligheid, Jacques Broodryk, sê hulle sal stemlokale fyn dophou en op 'n hoë gereedheidsgrondslag bly vir moontlike geweld. Broodryk sê AfriForum se lugvleuel, met meer as 40 hommeltuie, is ook op bystand om regstreekse inligting in te samel en verdagtes op te spoor:
Die onafhanklike presidentskandidaat Ally Angula het die tonge laat klap oor haar gewaande onkunde na die presidensiële debat wat deur die Konrad Adenauer-stigting aangebied is. Sy het eers Uranium One en ReconAfrica se eksplorasie-aktiwiteite gekritiseer, en toe Namibië se bewaringsprogramme geteiken. Volgens haar steel hulle almal grond by mense. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Riaan Van Rooyen, die woordvoerder van Uranium One, wat sê Angula het nie 'n benul waarvan sy praat nie.
Inwoners van Okahandja het diepe kommer oor vermoedelik onwettige sandmyn-aktiwiteite in die Swakoprivier-bedding. Dit het veral die omgewing erg geraak, met ou kameeldoringbome wat nie op die oewers staande kan bly nie en die rivier-ekologie wat tot niet is. Die mynperseel word deur Super Sand en sy filiaal JT Freighting bedryf. Die inwoners het 'n petisie hieroor einde April by die omgewingministerie ingedien. Kosmos 94.1 Nuus het met gepraat met omgewingskommissaris Timotheus Mufeti, wat sê die ministerie sal vandeesweek 'n span stuur om ondersoek in te stel voordat opgetree word.
President Nangolo Mbumba het die naweek die internasionale gemeenskap gevra vir hulp sodat Namibië die gevolge van die droogte die hoof kan bied. Mbumba sê die penarie waarin Namibië hom bevind is 'n uitdaging, veral vir huishoudings met geen bronne van inkomste nie en wat uitsluitlik van gewasse afhanklik is. Kosmos 94.1 Nuus het met bestuurskenner Marius Kudumo gepraat wat sê Namibië het strukturele- en beleidsprobleme wat moet verander sodat ons ons eie kos kan produseer.
Die inligting en kommunikasietegnologie-ministerie het die agtste uitgawe van die Nasionale IKT-beraad bekend gestel en nooi potensiële borge om deel te wees van die belangrike geleentheid. Die beraad sal na verwagting van 9 tot 11 September in Windhoek plaasvind. Dit dien as 'n platform vir bedryfsleiers en -spelers om insigte uit te ruil en die trajek van die IKT-sektor te bepaal. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Shoki Kandjimi, die ministerie se woordvoerder, om meer uit te vind.
Die Klerksdorp-Tshepong-hospitaal in Noordwes-provinsie het sy eerste hartoperasie suksesvol uitgevoer in sy nuwe kardio-torakale teater. 'n Nege-en-dertig-jarige vrou van Jouberton met 'n lekkende hartklep en aangebore aneurisme was die begunstigde. Die LUR vir Gesondheid, Madoda Sambatha, sê die vennootskap met die Charlotte Maxeke-hospitaal in Gauteng het met die suksesvolle operasie 'n geskiedkundige mylpaal behaal, wat die voordele van 'n nasionale gesondheidsversekerings-keuse ten toon stel.
Die Stad Windhoek herinner alle pensioenarisse daaraan dat die sperdatum vir registrasie vir hulle skuldverligting-program op Vrydag, 31 Mei is. Indien pensioenarisse nog nie geregistreer het nie, kan hulle dit gedurende kantoorure doen by die Katutura Kliëntesorgsentrum, oorkant Katutura Shoprite. Hulle moet die nodige dokumentasie saambring, soos identifikasie en bewys van eiendomsbesit. Kosmos 94.1 Nuus het met die Stad Windhoek se woordvoerder, Celie Kapolo, gepraat.
Suid-Afrika het die tweede laboratoriumbevestigde geval van a-pokke aangeteken. Die aansteeklike siekte word deur die a-pokvirus veroorsaak en kan lei tot 'n pynlike of jeukerige uitslag met puisies of blasies. Die woordvoerder van die Gesondheidsdepartement, Foster Mohale, sê die nuwe pasiënt is 'n 39-jarige man wat in die Addington-hospitaal in Durban, KwaZulu-Natal, opgeneem is. Hy sê hy het nie gereis na lande en streke wat tans 'n uitbreking van die siekte beleef nie.
Die IKR T20 Wêreldbeker in die Wes-Indiese Eilande en Amerika skop Sondag af en die spanning laai op. Namibië se groep van 16 spelers is reeds in die Wes-Indiese Eilande, waar hulle drie van hulle vier opwarm-wedstryde gewen het. Die Eagles is in Groep B saam met Australië, Engeland, Oman en Skotland. Hulle eerste wedstryd is komende Maandag teen Oman. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Krieket Namibië se uitvoerende hoof, Johan Muller, oor hoe hulle voorbereidings verloop.
Hondsdolheid het sedert die 1970's duisende koedoes in Namibië doodgemaak, maar jare se navorsing oor metodes om die dikwels verwoestende uitbrekings te bekamp, het nou positiewe resultate opgelewer. In die mees onlangse studie wat deur Unam onderneem is, is meetbare teenliggaampies vir die eerste keer geïdentifiseer in 'n herkouer wat mondelinge entstof teen hondsdolheid ontvang het. Die projek het egter tot stilstand gekom weens die onbeskikbaarheid van die entstof. Dr. Rainer Hassel, studieleier en dosent by die Skool vir Veeartsenykunde, is aan die voorpunt van die studie. Hassel het met Kosmos 94.1 Nuus gesels met 'n opdatering.
Ten spyte van onlangse rand-swakheid, bly die brandstofprysvooruitsigte vir Junie positief met aansienlike verlagings in alle brandstof waarskynlik. Die Automobielvereniging sê laer internasionale oliepryse is die rede agter die voorspelde dalings. In Mei het Namibiese Petrol 'n skerp styging van 70 sent per liter gesien, terwyl dieselvariante met 40 sent per liter geklim het. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Abednego Ekandjo, petroleum-ekonoom by die ministerie van myne en energie, wat sê die komitee wat brandstofpryse bepaal, vergader môre.
Chaos het uitgebreek by die Ondangwa Nasionale Jeugdiens-sentrum waar die Angolese straatkinders en vroue al vir 'n maand gehuisves word. Die adjunkminister van binnelandse sake, Lucia Witbooi, en beamptes het vanoggend 'n media-inligtingsessie by die sentrum gehou, waarna die kinders oproerig geword het. Sowat 73 van hulle het hul besittings gevat en eis om die sentrum te verlaat. Hulle wil terugloop na hul oorspronklike tuistes en sê hulle wil geen meer bystand van of Namibië of Angola hê nie. Polisie en veiligheidswagte moes die sentrum se hek sluit om hulle binne te hou. Kosmos 94.1 Nuus het reaksie gekry van prokureur Kadhila Amoomo, wat hom vir die kinders se welstand beywer.
Die adjunk-nasionale polisiekommissaris, Tebello Mosikili, moedig die vervoerbedryf aan om vreedsame samesprekings te voer en maniere te kry om hulle geskille te besleg. Sy sê die versperring van paaie in verkiesingsweek uit protes, is 'n strafregtelike oortreding en wetstoepassingsagentskappe sal streng optree teen enigiemand wat die wet oortree. Mosikili sê normale dag-tot-dag polisiëring duur voort met opsporingsoperasies, padblokkades, stop-en-deursoekings en patrollies.
Die Wêreldgesondheidsorganisasie beskou antibiotika-weerstand as een van die grootste bedreigings vir globale openbare gesondheid. Die middels verloor hul doeltreffendheid, wat beteken dat algemene infeksies onbehandelbaar kan word. Dit kan lei tot meer siektes, langer hospitaalverblyf en selfs dood. Die misbruik en oorbenutting van antibiotika by mense en diere is die primêre drywers van hierdie krisis. Kosmos 94.1 Nuus het met die voormalige minister van gesondheid, dr. Bernard Haufiku, oor die kwessie gepraat.
Namibië is ryk aan mariene- en varswater-hulpbronne. Dit moet egter ontwikkel word op 'n wyse wat die omgewing beskerm, werk skep en die ekonomie 'n hupstoot gee. Die Blou Ekonomie-beleid vir 2022 tot 2031 is daarop gemik om visserye, akwakultuur, mariene toerisme en selfs mynbou op 'n volhoubare manier te bestuur. Dit is moontlik nie genoeg nie. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die ekonoom Salomo Hei, besturende direkteur van Hoë Ekonomiese Intelligensie, oor wat gedoen moet word om hulpbronne volhoubaar te bestuur.
Tennis: 'n Onverwagse eerste ronde-kragmeting vind vandag by die Franse Ope plaas tussen die vierde gekeurde Duitser, Alexander Zverev, en die koning van klei Rafael Nadal. Die Spanjaard het van Januarie verlede jaar af weens beserings net in vier toernooie gespeel en die 37-jarige Nadal is as gevolg daarvan nie gekeur vir die tweede Grand Slam van die jaar nie. Zverev sê hy onderskat beslis nie die 14-malige Franse Ope-kampioen nie.
Die DA in Gauteng sê 38 164 pasiënte wag op operasies in provinsiale hospitale ondanks wat die LUR vir Gesondheid, Nomantu Nkomo-Ralehoko sê dat alle operasie-agterstande uitgewis is. Die langste waglys is 7 366 pasiënte by die Steve Biko-hospitaal. Jack Bloom van die DA, sê die belangrikste redes vir die lang waglyste is onder meer personeelvakatures, 'n tekort aan hoësorgbeddens vir nasorg, beperkte teatertyd, infrastruktuurprobleme en water- en kragonderbrekings:
Die opkoms van digitale ontwrigtings het verander hoe ons geld hanteer en transaksies uitvoer in die vinnig veranderende finansiële wêreld. Dit verander die terme van interaksie in die finansiële dienste-sektor radikaal. Verder word die volgende generasie groot te midde van die digitale transformasie, wat beide 'n groot geleentheid en 'n ernstige uitdaging inhou. Sanja van den Berg, groep kliënte-ervaring bestuurder by Old Mutual Namibië, praat oor hoe nuwe tegnologie die jeug finansieel beïnvloed.
Suid-Afrikaners gaan Woensdag na die stembus. Volgens alle aanduidings gaan dit 'n waterskeidingsverkiesing wees omdat die ANC moontlik sy meerderheidsteun gaan verloor. Feitlik alle peilings wys dat die ANC onder 50 persent van die stemme gaan kry, vir die eerste keer in 30 jaar. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met professor André Duvenhage, 'n Suid-Afrikaanse politieke ontleder, wat sê die demokrasie in die land is problematies.
Die ekonomiese navorser Eben de Klerk sê met ‘n 42 persent koers van werkloosheid in die land, die hoogste ter wêreld in sy mening, kan die regering nie bekostig om visumvereistes aan te pas oor sogenaamde gelyke behandeling nie. Toerisme bied 8 persent van alle werksgeleenthede en het amper 7 persent aan die BBP in 2022 bygedra. Hy verduidelik.
Die justisieministerie gaan die drempel om vir regshulp te kwalifiseer van 3 500 Namibiese dollar tot 7 000 dollar verhoog. Die proklamasie sal Vrydag in die Staatskoerant gepubliseer word. Altesaam 9 110 mense het gedurende die 2023-24 boekjaar om regshulp aansoek gedoen, waarvan 5 428 aansoeke toegestaan is terwyl sommige nog hangende is. Edmund Khoaseb - die waarnemende woordvoerder by die ministerie.
Die winter sal na verwagting aan die einde van die week in die land aankom. ‘n Reuse kouefront word vanaf Donderdag in die verre suidwestelike dele van die land verwag wat Sondag die noordelike dele sal berei. Die bekende weerkenner George van der Merwe sê die koue is dan hier om te bly.
Die UDM in die buurland sê die regering moet die Wetsontwerp op Dagga vir Private Doeleindes heroorweeg en met kundiges in die bedryf beraadslaag. Die sekretaris-generaal Yongama Zigebe sê die meeste Suid-Afrikaners het nie die luukse van 'n plek waar hulle dagga kan rook sonder om kinders of ander individue te affekteer nie. Hy voeg by dit sal sin maak om cannabis-klubs te hê vir ekonomiese geleenthede en werkskepping:
Twee verskillende advertensies in die Tender Bulletin dui aan daar is planne om luukse tent-lodges by die Bwabwata Nasionale Park te ontwikkel. Dit is in die Buffolo Core-gebied in die Kavango Oos-streek. Daar is tans publieke konsultasies aan die gang hieroor. Die park is egter onder beskerming van die Ramsar Konvensie oor vleilande. Volgens Mark Paxton van Shamvura-kamp by die Okavangorivier, is die gebied waar die ontwikkelinge beoog word in vleiland. Kosmos 94.1 Nuus het met Paxton gepraat, wat sy bekommernisse lug.
Die 14-malige kampioen, Rafael Nadal, sê hy sien uit daarna om vandag kragte te meet met Alexander Zverev van Duitsland in die eerste ronde van die Franse Ope. Die Spanjaard het sedert Januarie verlede jaar slegs aan vier toernooie deelgeneem na hy 'n heupbesering opgedoen en toe 'n spier geskeur het. Dit het hom ongekeur gelaat vir die tweede Grand Slam van vanjaar. Nadal sê hy het 'n gedugte teenstander in die openingsronde verwag:
Die naweek se misdaadverslag teken drie gevalle van selfdood aan. Twee was pensionarisse wat hulleself gehang het. Volgens die verslag was dit 'n 101-jarige vrou van Okahao en 'n 77-jarige man van Eenhana. Die derde was 'n 28-jarige man van Otavi wat homself met 'n jaggeweer geskiet het. Kosmos 94.1 Nuus het met die geslagsaktivis Zack Itodo gepraat, wat sê daar moet meer "voetsoldate" wees om mense met probleme by te staan.
Donald Trump is uitgejou by die Libertariërs se nasionale konvensie, 'n merkbare verandering van die bewondering wat hy by saamtrekke van sy vurige lojale ondersteuners ontvang. Libertariërs, wat in beperkte regering en individuele vryheid glo, blameer Trump, dat hy deur die skepping van 'n Covid-19-entstof aangejaag het en dat hy nie meer gedoen het om openbare gesondheidsbeperkings op die ongeënte persone tydens die pandemie te stop nie.
'n Onderwysaktivis, Hendrick Makaneta, sê die groterwordende getal leerders wat met wapens op skoolterreine aangetref word is 'n bewys die samelewing sit op 'n tikkende tydbom. Dit volg na drie leerders by 'n skool in Petit, Ekurhuleni arresteer is vir die beweerde besit van 'n ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie. Makanete sê nie lank gelede nie is daar op 'n skoolhoof en 'n adjunk-hoof by skole in die metro geskiet:
Die derde been van die nasionale motocross kampioenskap is oor die naweek aan die kus gehou. Ongeveer 50 ryers in agt klasse, van 50 tot 125 cc het deelgeneem. Francois Lottering het die besonderhede.
Charles Leclerc van Ferrari het sy tuisren, die Monaco Grand Prix gewen. Hy het 'n vroeë aanslag deur McLaren se Oscar Piastri afgeweer om sy eerste oorwinning sedert Julie 2022 te behaal. Sy spanmaat Carlos Sainz het derde geëindig. Lando Norris van het McLaren het vierde geëindig en Mercedes se George Russell vyfde. Die heersende wêreldkampioen Max Verstappen van Red Bull moes tevrede wees met die sesde plek en sy kampioenskapsvoorsprong bo Leclerc het tot 31 punte gekrimp. Leclerc sê om tuis te wen, is ekstra spesiaal:
Die Padowerheid sê hy neem stappe om vee van die paaie af te hou. Dit is in reaksie op bestuurders se kommer oor veiligheid en die bedreiging wat diere op paaie inhou. Die owerheid se uitvoerende hoef, Conrad Lutombi, sê instandhoudingswerkers is regoor die land gestasioneer om beeswagters te vra om hul vee agter heinings te kry. Dit is egter nie hul verantwoordelikheid nie maar dié van die diere se eienaars, en hulle kan nie oral patrolleer nie. Kosmos 94.1 nuus het met Lutombi gepraat.
Die Kolkata Knight Riders het ʼn oortuigende oorwinning van agt paaltjies teen die Sunrisers Hyderabad behaal en spog met hul derde Indiese Premierliga-titel. Andre Russell het drie paaltjies laat kantel en die Sunrisers was op 113 almal uit met die laagste telling ooit in ʼn IPL-eindstryd. In antwoord daarop het kaptein Shreyas Iyer geskitter met die kolf en ʼn onoorwonne 52 aangeteken terwyl Kolkata die teiken in slegs 10,3 boulbeurte bereik het. Iyer sê die span het reg deur die toernooi beïndruk:
Die premier van KwaZulu-Natal, Nomusa Dube-Ncube, sê met die daarstelling van die veelparty politieke ingrypingskomitee beywer die provinsiale regering hom steeds vir politieke verdraagsaamheid. Sy sê die verkiesingsveldtog-tydperk was grootliks vreedsaam, met 'n paar geïsoleerde voorvalle van onverdraagsaamheid. Dube-Ncube doen 'n beroep op mense om diegene te isoleer wat onstabiliteit wil veroorsaak en mense opstook:
Namibië het omtrent gegons toe 'n vier-dag-werksweek eksperiment aangekondig is. Voorstanders voer aan dit kan lei tot verhoogde werknemertevredenheid, verbeterde werk-lewe-balans en verhoogde produktiwiteit. Die vierdaagse werkweek is plaaslik begin beproef in April vanjaar, met deelname van verskillende nywerhede en besighede. Kosmos 94.1 Nuus het by Jonas Ileka van Pulse HR, wat die veldtog bestuur, die nuutste gaan uitvind.
Die regering gaan visumvereistes instel vir lande wat nie sy visum-vrystellingsgebare terugbetaal nie. Burgers van moontlik 37 lande, insluitend Duitsland, Oostenryk, Finland en Australië, sal nie meer visumvrye toegang tot Namibië geniet nie. Die besluit het ten doel om gelyke behandeling tussen nasies met betrekking tot visumregulasies te bevorder. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Halleluya Ndimulunde, 'n ekonoom by Simonis Storm, oor die moontlike impak op die toerismesektor.
Die Namibiese Landbou-unie het aangekondig dat boere teen die grens met Suid-Afrika kwalifiseer vir uitvoere na die Europese-unie. Dit is indien daar voldoen word aan sekere vereistes. Daar was vroeër verwarring hieroor, in die lig van Suid-Afrika se huidige bek-en-klouseer status. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Rina Hough, die organisasie se kommoditeits-analis, wat verduidelik.
President Nangolo Mbumba het die naweek in die Noorde hom twee keer uitgelaat oor die droogte, en vir hulp, ook geldelik, van ander lande gevra. Tydens die sooispit-seremonie van die Ondonga Erfenis Heiligdom in die Oshana-streek het hy Namibiërs gevra om kos en ander basiese geriewe met ander te deel. Hy sê ook die regering sal sorg vir kos, al moet hulle geld leen om dit te doen. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die politieke ontleder Dr. Ndumba Kamwanyah, wat sê die president is skynheilig omdat die plaaslike inwoners reeds hulle laastes met mekaar deel.
Die Nasionale Vakbond vir Staatsamptenare en Verwante werkers, Nupsaw, sê daar kan nie 'n ware maatskaplike getransformeerde Nasionale Gesondheidsversekering wees met die regering wat begrotingsbesnoeings ingestel het nie. Mzikazi Nkata van die vakbond sê gemeenskaps-gesondheidswerkers word steeds tydelik aangestel. Die vakbond beset vandag die kantore van die Oos-Kaapse departement van gesondheid om vaste aanstellings vir alle staatsdiens gesondheidsdienswerkers te eis.
President Nangolo Mbumba is op besoek aan die Noorde. Hy het by die jaarlikse Omagongo-fees hulde gebring aan stigterspresident Sam Nujoma, en sê hy is 'n kampvegter en verdediger van kulturele norme en waardes in die land. Mbumba het ook gepraat oor die droogtesituasie en 'n beroep op ander lande gedoen om Namibië by te staan. Hy sê die land het kos en water nodig, en geld om meer boorgate te boor sal ook waardeer word.
Die Stad Kaapstad het die Openbare Werke departement beboet na herhaalde pogings om toestande by twee gekaapte persele wat die regering besit, op te ruim. Die persele is in Keizersgracht in Distrik Ses, en Jan Smutsrylaan in Maitland. Albei eiendomme is amptelik as probleemgeboue verklaar. Die burgemeester, Geordin Hill-Lewis, sê kennisgewingborde is opgerig wat die publiek inlig oor die stad se optrede.
Rugby: Unam behou hul status as logleiers en die enigste onoorwonne span in die Namibiese Rugbyunie se Premierliga, ná hul tuisoorwinning van 57-11 teen Western Suburbs. Wanderers het hul wegwedstryd teen Rehoboth met 45-31 gewen. Op Swakopmund het United nog 'n groot nederlaag van 57-5 aan die Dolphins opgedis. Reho Falcon het 'n ietwat onverwagte oorwinning van 19-17 teen Grootfontein in Grootfontein behaal. Die wedstryd is vroeg afgelas nadat een van Grootfontein se spelers die skeidsregter, Oscar Lambert, met 'n vlieënde duikslag grond toe gebring het. Wanderers se afrigter, Dirk Human, het meer oor Wanderers se wedstryde.
Die Staatsinstellings Pensioenarisse-vereniging in Namibië, Gipan, het die vyf persent jaarlikse pensioenverhoging deur die Staatsinstellings Pensioenfonds, GIPF, ten sterkste verwerp. Die vereniging se voorsitter, Raphael Pieters, voer aan dat die verhoging 0,46 persent minder is as in die vorige boekjaar. Hy betreur die gebrek aan betrokkenheid tussen pensioenarisse en die pensioenfonds se bestuur. Pieters eis verteenwoordiging van pensioenarisse op die fonds se raad om hul belange te beskerm. Pieters is aan die woord.
RISE Mzansi hou 'n kerkdiens by die Redeemed Gospel-kerk in Ennerdale, Johannesburg, om vir die party, asook die komende verkiesing, te bid. 'n Woordvoerder, Gugu Ndima, sê kerke is ankers in talle gemeenskappe en hulle het steeds te doen met die vernietigende uitwerking van politieke verwaarlosing en korrupsie op Suid-Afrikaners. Die party respekteer alle gelowe en erken die belangrikheid van die verering van godsdienspraktye.
Boere in die Kunene- en Omusati-streke sê nie-funksionele abattoirs en vervalle vee-kwarantynfasiliteite is waarom hulle nie toegang tot winsgewende markte kry nie. Dit is as van die struikelblokke geïdentifiseer wat veeprodusente in die Noordelike Kommunale Gebiede belemmer. Dit het aan die lig gekom tydens die voortdurende toesigbesoeke deur die Parlementêre Staande Komitee vir Ekonomie en Publieke Administrasie in die gebiede. Die toesigbesoeke spruit voort uit 'n petisie wat die Nasionale Vergadering in 2022 ontvang het. Die resultate van die besoeke sal beskikbaar gemaak word sodra die Nasionale Vergadering na die reses op 4 Junie begin. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Erginus Endjala, die goewerneur van die Omusati-streek, oor sy bekommernisse as 'n boer.
Die Suid-Afrikaanse Sionistefederasie sê die besluit van die Internasionale Geregshof om Israel se militêre operasie in Rafah te beëindig, is polities gemotiveerd en bevooroordeeld. Hulle voer aan hierdie besluit ondermyn Israel se pogings om meer as 100 gyselaars te red en om die voortgesette bedreiging van Hamas te beveg. Die woordvoerder van die federasie, Rolene Marks, kritiseer die Suid-Afrikaanse regering om die hof te gebruik om sy politieke agenda teen Israel te voer.
Antimikrobiese weerstand hou ’n groot bedreiging in vir mense, diere en omgewingsgesondheid, asook die landbousektor. Daar is toenemende druk op die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) om die gebruik van antibiotika te reguleer. Die Namibiese regering oorweeg tans streng beheermaatreëls oor die gebruik van antibiotika, wat ook plaasdiere insluit en wat derhalwe ‘n impak kan hê op veeprodusente. Dr. Lee-Monique Anderson, 'n veearts by die sentrale veearts laboratorium, sê hulle interaksies met boere skiet tekort en dit is moeilik om bewusmaking oor die kwessie uit te brei.
Die Suider-Afrikaanse Agri-inisiatief, Saai, sê die honderd titelaktes van hertoegedeelde plase wat die landbouminister, Thoko Didiza, aan begunstigdes oorhandig het, sou 'n belangrike stap gewees het, as dit nie so ooglopend misbruik is as 'n politieke foefie kort voor die verkiesing nie. Theo de Jager van Saai sê sy organisasie voer sedert 2020 'n stryd om die departement te dwing om meer deursigtig, regverdig en eerlik te werk te gaan met die toekenning en kansellasie van huurooreenkomste.
Motorsport: Die Monaco Grand Prix is een van die mees ikoniese wedrenne in Formule Een. F1-renmotors sal weer hierdie naweek deur die nou kinkels en draaie van die beroemde straatbaan in Monte Carlo blits. Lando Norris was Max Verstappen se grootste uitdager in die laaste drie wedrenne met ‘n driekuns op die podium. Norris glo McLaren sal Red Bull in die oorblywende deel van die seisoen die stryd aansê, maar volgens hom kan Monaco onvoorspelbaar wees.
Die Internasionale Geregshof het die humanitêre situasie in Rafah as rampspoedig beskryf, met meer as 900 000 Palestyne wat ontwortel is. Israel moet binne 'n maand terugvoer gee oor maatreëls wat die hof beveel het, insluitend die opening van die Rafah-grens vir humanitêre hulp. Die hof se president, regter Nawaf Salam, het die uitspraak gelewer en sê die hof is nie oortuig Israel se ontruimingspogings is voldoende om die geweldige risiko vir Palestyne in Gaza te verlig nie.
Die Namibië Inkomste-agentskap het Afrika se onontginde handelspotensiaal beklemtoon en gevra vir die dringende verwydering van handelsversperrings. NamRA kommissaris Sam Shivute het tydens die Wêreld Doeane-organisasie Oos- en Suider-Afrika se 39ste vergadering gevra vir verhoogde intra-Afrika handel en die behoefte aan vaartbelynde doeaneprosedures beklemtoon. Dit kom te midde van breër besprekings oor die effektiewe implementering van die Afrika Kontinentale Vryhandelsgebied. Shivute het opgemerk dat met toegang tot 'n mark van meer as 1,3 miljard verbruikers, daar geweldige potensiaal is om 50 miljoen Afrikane uit armoede te lig. Kosmos 94.1 Nuus het met dr. Omu Kakujaha-Matundu van die departement Ekonomie by Unam gepraat oor die belangrikheid vir Namibië om doeane-versperrings op te hef.
Die Organisasie teen Belastingmisbruik neem die energiereguleerder, Nersa, hof toe oor sy besluit om opwekkingslisensies aan die Turkse onderneming Karpowership in Suid-Afrikaanse hawens toe te staan. Outa het 'n aansoek ingedien om die volledige, ongeredigeerde rekords te bekom van Nersa se besluit om opwekkingslisensies goed te keur. Die verhoor sal volgende maand in die Hooggeregshof in Pretoria plaasvind. Stefanie Fick van Outa voer aan Nersa se besluitneming toon geen deursigtigheid nie en kon nie 'n balans tussen openbare en ekonomiese belange bewerkstellig nie:
Die Copps 94.1-span het 'n besige aand gehad, maar het geen dringende misdaadkwessies hanteer nie. Gesin-struwelinge en drankmisbruik het die aand oorheers, en die belangrikheid daarvan om sitplekgordels te dra is weer beklemtoon. Francois Lottering het die besonderhede.
Die Vryheidsfront Plus het namens ‘n werknemer van Unisa ‘n klagte by die Openbare Beskermer ingedien, weens voortgesette ongerymdhede by die instelling. Hierdie spesifieke saak handel oor ‘n oënskynlik onwettige aanstelling. Die betrokke aanstelling handel oor ‘n werknemer wat afgetree het, maar daarna weer aangestel is vir ‘n kontraktermyn van 12 maande. ‘n Woordvoerder van die VF Plus, Wynand Boshoff, sê hulle het geskrewe vrae oor die aangeleentheid aan die minister van Hoër Onderwys, Blade Nzimande, gestuur.
Die Amerikaanse president, Joe Biden, en sy ampsgenoot van Kenia, Williams Ruto, onderneem om demokrasie in Afrika te beskerm. Die twee leiers het tydens Ruto se ampsbesoek aan die Withuis samewerking met tegnologie, sekerheid en skuldverligting beklemtoon. Die besprekings het onder meer gefokus op die bekamping van terrorisme, ekonomiese bande en belegging in groen energie. Ruto het ‘n beroep op Amerika gedoen om steun aan Afrika-lande te versterk.
Krieket: Die Proteas kan dalk 'n terugkeer maak in hulle reeks van drie T20-wedstryde teen die Windies, met die oorblywende twee wedstryde wat hierdie naweek gespeel word. Suid-Afrika het die eerste wedstryd in Jamaika met 28 lopies verloor ten spyte van ‘n loopbaan-beste 87 deur Reeza Hendricks. Die T20-Wêreldbeker vind volgende maand in Amerika en die Windies plaas en Hendricks sê die Proteas sal vinnig by die omstandighede moet aanpas.
Die droë seisoen in Namibië word dikwels as die brandseisoen bestempel, maar Fillipus Sikongo, die senior stasiebeampte van die Stad Windhoek Brandweer, het Kosmos 94.1 Nuus ingelig dat daar nie 'n aangewese brandseisoen is nie, veral in woongebiede. Sikongo beklemtoon die belangrikheid van versigtigheid in die hantering van brande. Hy gee ook raad oor die voorkoming van brande in en om die hoofstad, veral naby stortingsterreine.
Die Internasionale Geregshof het Israel beveel om sy militêre aanval in Rafah te staak, weens onvoldoende ontruimingspogings om burgerlikes te beskerm. Dit volg ná Suid-Afrika se beroep vir strenger maatreëls. Die hof se bevel volg nadat die Internasionale Strafhof lasbriewe vir inhegtenisnemings vir Israelse en Hamas-leiers aangevra het weens beweerde oorlogsmisdade. Die Internasionale Geregshof se president, regter Nawaf Salam, sê Israel moet onbelemmerde toegang tot Gaza verseker vir enige ondersoek-liggaam van die Verenigde Nasies wat bewerings van volksmoord ondersoek.
Volgens Johan van den Berg, 'n onafhanklike weerkenner in Suid-Afrika, is die Benguela Nino nie tans 'n gevaar nie, maar dit kan gedurende die somer ontwikkel. Dit hou 'n gevaar in vir visse en seelewe, as gevolg van bogemiddeld-warm watertemperature. Dit kan soms bogemiddelde reënval oor dele van Namibië veroorsaak, maar slegs in samehang met ander faktore soos gunstige toestande in die Indiese Oseaan. Kosmos 94.1 Nuus het met Van den Berg gesels om meer oor die Benguela Nino uit te vind.
Die Globale Fonds het Namibië 'n toelaag van sowat 619 miljoen Namibiese dollar gegee om MIV, tuberkulose en malaria te beveg. Eerste minister Saara Kuugongelwa-Amadhila sê met hierdie hulp kan die land nul inheemse malariagevalle teen 2027 bereik. MIV en Vigs kan volgens haar ook teen 2026 as 'n openbare gesondheidsbedreiging beëindig word, MIV-epidemiebeheer kan teen 2028 bereik word en TB kan aangespreek word. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Richard Kamwi, voormalige gesondheidsminister en Namibiese verteenwoordiger by die Eliminate Malaria-veldtog, wat sê die eliminering van malaria sal nie moontlik wees in die nabye toekoms nie.
Die werk van die Sentrale Verkrygingsraad van Namibië, CPBN, lok gemengde reaksies uit. Sommige mense sê die raad help om die openbare verkrygingstelsel beter te administreer, maar ander sê dat dit meer burokratiese rompslomp skep. Die gesondheidministerie sê ook medisynetekorte by hospitale en klinieke is weens vertragings in tendertoekennings. Die raad sê weer dit het nog altyd regstellende aksies bedink om die ministerie toe te laat om korttermynverkryging te doen, sodat hospitale nie heeltemal sonder voorraad is nie. Die PDM is oortuig daarvan dat die hele raad weens onbevoegdheid afgedank moet word. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die PDM se skadu-finansminister, Nico Smit.
Rugby: Die Haaie is vanaand die eerste Suid-Afrikaanse span om in die eindstryd van ‘n Europese beroepsklubtoernooi te speel wanneer hulle in Londen in die Uitdaagbeker teen Gloucester te staan kom. Die Haaie speel in die eindstryd na die swakste veldtog deur ‘n Suid-Afrikaanse span in die Verenigde Rugbykampioenskap, nadat hulle slegs vier van hulle 17 wedstryde kon wen. Die Springbok-loskopstut Ox Nché, wat in sy 50ste wedstryd vir die Durbaniete speel, glo die Haaie kan dit vanaand steeds in ‘n suksesvolle seisoen omskep.
Besigheidsreise na Namibië is besig om toe te neem, soos blyk uit die toerisme-statistieke. Dit is weens 'n reeks konferensies asook verskeie ontwikkelings in die land, veral in die energie-sektor. Die direkte vlugte tussen Lüderitz en Windhoek dra ook hiertoe by, aangesien aansienlike ontwikkeling in en om die suidelike kusdorp plaasvind. Junie en Julie is ook tradisioneel besige maande vir toerisme. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Nathaly Ahrens, die voorsitter van die Toer- en Safarivereniging, wat meer verduidelik.
Die Stad Windhoek ondervind dat sommige inwoners met voorafbetaalde elektrisiteitsmeters se meters nog nie opdateer is nie. Weens probleme om toegang tot hierdie huishoudings te kry, sukkel die Stad om die situasie reg te stel. Indien die meters nie teen 24 November opgedateer is nie, sal inwoners nie elektrisiteit hê nie want die meters sal nie hulle krediettekens aanvaar nie. Lydia Amutenya, Stad Windhoek se kommunikasiebeampte, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en versoek alle kliënte om saam te werk en opdateringsbeamptes toegang tot hul meters te gee.
Burgerlike samelewingsgroepe soos Defend Our Democracy, Corruption Watch, en die Ahmed Kathrada-stigting is vol vertroue dat die verkiesing vry en regverdig sal wees. Defend Our Democracy is een van 150 onafhanklike verkiesingswaarnemingsgroepe wat by die Verkiesingskommissie geakkrediteer is. Suid-Afrikaners gaan volgende week hul kruisies trek. Oudregter Johann Kriegler sê hy is trots op Suid-Afrika se demokrasie en samelewing:
Eerste minister Saara Kuugongelwa-Amadhila sê Namibië beoog om teen 2027 geen inheemse malariagevalle aan te teken nie en ook om die herinstelling daarvan te voorkom. Die land wil verder MIV en Vigs teen 2026 as 'n openbare gesondheidsbedreiging beëindig, MIV-epidemiebeheer teen 2028 bereik en die las van TB verminder. Sy het gepraat na die Globale Fonds die land 'n toelaag van sowat 619 miljoen Namibiese dollar gegee het om MIV, tuberkulose en malaria te beveg. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Walters Kamaya, die gesondheidministerie se woordvoerder, wat 'n opdatering gee van die malaria-veldtog.
Die ANC se sekretaris-generaal Fikile Mbalula sê mense spreek toenemend hul vertroue uit in die party onder leiding van president Cyril Ramaphosa, om die ekonomie te bou, werk te skep, dienslewering te verbeter en korrupsie te bekamp. Die ANC het in vorige verkiesings 'n konstante afname in steun getoon, met peilings wat daarop dui dat dit hierdie keer onder 50-persent sal daal. Mbalula, het op die vooraand van hul finale verkiesingsbyeenkoms in die FNB-stadion gesê die ANC bly daartoe verbind om homself te vernuwe:
Die Sentrale Verkrygingsraad van Namibië het teenstrydighede geïdentifiseer tussen die lone wat deur sekere kontrakteurs en diensverskaffers betaal word, en die minimum loonvereistes wat in die Arbeidswet en die Verkrygingswet uiteengesit word. Die raad sê hy sal strenger toepassingsmaatreëls instel om voldoening aan die vasgestelde minimumloonstandaarde te verseker. Dit kom nadat die raad tenders ter waarde van 8,1 miljard Namibiese dollar uitbetaal het, met kontrakte ter waarde van 7,1 miljard dollar wat aan Namibiërs toegeken is. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die Verkrygingsraad se woordvoerder, Johanna Kambala, wat verduidelik wat met kontrakteurs wat nie die arbeidswette nakom nie sal gebeur.
Die onafhanklike presidentskandidaat Ally Angula het haar onkunde duidelik gemaak tydens die presidensiële debat wat deur die Konrad Adenauer-stigting aangebied is. Sy het gespring van kritiek teenoor Uranium One en ReconAfrica se eksplorasie na Namibië se bewaringsprogramme wat sy sê grond by mense steel.
In die jongste kabinetsbesluite wat deur adjunkminister van inligting Modestus Amutse aangekondig is, het die kabinet kennis geneem van Moody's se opgradering van die vooruitsigte vir Namibië van stabiel na positief, en die bevestiging van die land se B1 soewereine kredietgradering. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die Cirrus-ekonoom, Robert McGregor, oor wat dit vir die land beteken.
Die leier van die Republikeinse Party Henk Mudge het ook die presidensiële debat, wat deur die Konrad Adenauer-stigting aangebied is, bygewoon, al ding hy nie in November mee nie. Hy is weer, soos in 2019, van mening dat Swapo die verkiesing sal wen as die opposisie nie saam een kandidaat daarstel nie.
Die Israelse Weermag sê hy pas sy operasies aan sodat daar die minste gevaar is vir burgerlikes in Gaza. Die oorlog het ontstaan toe Hamas Israel aangeval en een-duisend-200 mense, meestal burgerlikes, vermoor en sowat 250 gyselaar geneem het. As gevolg van Israel se teenreaksie in die Hamas-beheerde Gaza-strook, is minstens 35-duisend-386 Palestyne dood. ʼn Woordvoerder van die Israelse Weermag, Daniel Hagari, sê die oorlog is nie teen die mense van Gaza nie, maar teen Hamas:
Dit wil voorkom asof ‘n wegholtrein vanoggend by die stasie op Ondangwa redelik skade aangerig het. Volgens TransNamib het 14 leë waens ontspoor terwyl die lokomotief en ‘n paar ander waens op die spoor gebly het. Versperrings is opgerig en die trein is by Ondangwa gestop. Dit het blykbaar vanaf Oshivelo se rigting gekom. TransNamib se woordvoerder Abigail Raubenheimer.
Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, sê vrede is die sleutel vir Afrika se toekoms om die vasteland se stem en invloed by vredespogings te versterk. Hy het die VN se Veiligheidsraad ingelig oor die versterking van die rol van Afrika-state om wêreldwye sekuriteits- en ontwikkelingsuitdagings aan te pak. Guterres sê te veel inwoners van Afrika is vasgevang in konflikte of hulle lewens is in gevaar deur terrorisme en gewelddadige ekstremisme in hulle gemeenskappe:
Die Swakopmund munisipaliteit het al geruime tyd geen voltydse lewensredders op die dorp se strande nie. Daar is tans geen reddingsdienste by die see nie, wat kommerwekkend is veral tydens skoolvakansies. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Linda Mupupa, die munisipaliteit se woordvoerder, wat die situasie verduidelik.
Die ster van Avengers en Thor, Chris Hemsworth het sy ster in die Hollywood Walk of Fame ontvang. Die Australiër is die 2 781ste persoon om 'n ster te ontvang. Van die ses Marvel and Global Avengers franchise-rolprente, is Avengers: Endgame steeds een van die grootste lokettreffers. Sy Avengers mede-ster, Robert Downey Junior het hom beskryf as 'n insigvolle, briljante en merkwaardige persoon. Hemsworth sê om 'n ster te ontvang is 'n droom wat waar geword het:
Die wêreld se nommer een, Novak Djokovic, is deur na die halfeindstryd van die Genève Ope. Die 37-jarige Serwiër het Tallon Griekspoor van Nederland met 7-5, 6-1 geklop vir 'n kragmeting met die Tsjeg Tomas Machac, in die laaste vier. Die 24-malige Grand Slam-kampioen gaan hierna na Roland Garros in die hoop om sy titel te verdedig. Djokovic sê Griekspoor was 'n taai teenstander:
Gekoördineerde pogings deur honde- en Landelike Veiligheidseenhede in die Swartland, Overstrand en Mosselbaai het in een week gelei tot 21 arrestasies. Operasies deur die eenhede, saam met munisipale wetstoepassers en die Suid-Afrikaanse Polisiediens, het gelei tot inhegtenisnemings vir verskeie misdade, waaronder die besit van dwelms, dwelmhandel, en opruiende gedrag. Die Wes-Kaapse LUR vir Polisie-oorsig Reagen Allen het die eenhede geprys vir hulle rol in die verbetering van gemeenskapsveiligheid:
Die kabinet het in beginsel die wysiging van dele van die Verkiesingswet goedgekeur sodat lede van die staatsdiens verlof kan vat nadat hulle deur hul politieke partye tot lede van die Nasionale Vergadering benoem is. Lede wat 55 jaar oud geword het op of voor die datum waarop die verkiesingsuitslae bekend gemaak word, sal dan ook die keuse hê om te bedank of vroeë aftrede te neem. Modestus Amutse, die adjunk-inligtingminister, het die aankondiging tydens die kabinetinligtingsessies gemaak.
Die Springbok-afrigter Rassie Erasmus sê hy is tevrede met die grondslag wat by die nasionale span se tweede belyningskamp in Kaapstad gelê is. Die eerste belyningskamp was in Maart, en die tweede wat deur 38 spelers bygewoon is, is die naweek aangebied. Die Bokke skop hul 2024 internasionale seisoen op 22 Junie af teen Wallis. Erasmus sê die kamp was uiters waardevol om die spelers bloot te stel aan gedetailleerde aspekte van die spel wat hierdie seisoen ingestel sal word:
Meer as 200 sogenaamde Angolese kinders is reeds van die hoofstad se strate verwyder en op Ondangwa by die jeugsentrum hervestig. Die kinders is volgens die binnelandse sake-ministerie van die Mwila-stam in Angola se Huila-provinsie. Pogings word ook aangewend om die kinders in ander dorpe in die land op te spoor en na die sentrum te neem, waar hulle versorg kan word. Reaksie is ontvang van prokureur Kadhila Amoomo, wat vroeër 'n beroep op die regering gedoen het om doeltreffende maatreëls te implementeer om die kwesbare kinders te identifiseer en by te staan.
Die Direktoraat van Vliegtuigongelukke en Insident-ondersoeke het die voorlopige verslag vrygestel oor die Cessna 406-vliegtuig wat op 3 Mei in Pionierspark neergestort en die lewens van drie mense geëis het. Die linkerenjin het gebrand kort na opstyg. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Hafeni Mweshixwa, mede-ondersoeker by die direktoraat, wat sê die vliegtuig was op 'n toetsvlug nadat die regtermotor vervang is.
Wanvoeding bly 'n verwoestende krisis in Afrika. Miljoene kinders en gesinne sukkel om die voedsame voedsel wat hulle nodig het om te floreer in die hande te kry. Alhoewel daar 'n mate van vordering was, is verdwerging- en vermaerdingsyfers veels te hoog, veral in konflikgebiede en droogtegeteisterde gebiede. By 'n oorhandiging van terapeutiese voedsel aan die gesondheidministerie het 'n Unicef-verteenwoordiger, Samuel Ocram, skokkende statistieke oor wanvoeding in Namibië gegee.
Soolvlak-entrepreneurs in die Ohangwena-, Zambezi-, Oshikoto- en Kavango-Wes-streke kan uitsien na 'n ondersteuningshupstoot. Die Old Mutual Stigting het die derde uitgawe van die Old Mutual volhoubare, ekonomiese en bemagtigingsveldtog, of OM SEED, bekendgestel met 'n totale belegging van 800 000 Namibiese dollar. Die vier streke is strategies gekies as die 2024 OM SEED-fokusareas om entrepreneurskap te bevorder, waarde binne plaaslike gemeenskappe te skep en te help om die Verenigde Nasies se doelwitte vir volhoubare ontwikkeling aan te spreek. Mignon du Preez, uitvoerende hoof van groepbemarking by Old Mutual Namibia, is aan die woord.
Die Vryheidsfront Plus kritiseer die Nasionale Vervolgingsgesag vir 'n vertraging van vyf maande met die haatspraaksaak teen die leier van die EFF, Julius Malema. Die klagte, wat in Julie verlede jaar ingedien is, raak Malema se gebruik van die liedjie "Kill the Boer, Kill the Farmer" en die uitdrukking "shoot to kill" tydens die EFF se tienjaarvierings. Die partyleier Pieter Groenewald sê ondanks die afhandeling van die polisie-ondersoek in Desember verlede jaar het die Vervolgingsgesag nog nie opgetree nie.
Ndiyakupi Nghituwamata, uitvoerende direkteur van die landbouministerie, en tegniese lede van die ministerie het die Universiteit van Gadjah Mada in Yogyakarta in Indonesië besoek. Dit het gebeur op die kantlyn van die 10de Wêreldwaterforum in Bali. Samesprekings tussen die landbouministerie en sy eweknie in Indonesië is in 'n gevorderde stadium om 'n memorandum van verstandhouding oor landbou te onderteken. Dit sal onder meer saadontwikkeling en diere-entstowwe insluit. Nghituwamata het gepraat oor die gebrek aan klimaatspesifieke sade in Namibië.
Krieket: Die Proteas pak vanaand die Wes-Indiese Eilande in Jamaika in die eerste van drie T20's. Hierdie reeks sal as 'n belangrike opwarming dien vir die T20-Wêreldbekertoernooi wat volgende maand in die Karibiese Eilande en Amerika gespeel word. Rassie van der Dussen is die kaptein van die Proteas vir die reeks wat hulle die geleentheid bied om aan die Karibiese klimaatstoestande gewoond te raak.
Die oorsaak van die vliegongeluk waarin 'n Cessna 406 in Pionierspark geval het, was waarskynlik wanfunksionering van die linker-enjin. Drie werknemers van WestAir het in die ongeluk gesterf. Volgens die voorlopige ondersoek-verslag het rook by die enjin uitgekom net na die vliegtuig opgestyg en voordat dit skerp na links afgeduik het. CCTV-beeldmateriaal by die Eros Lughawe, waar die vliegtuig opgestyg het, wys ook 'n bol rook om die linker-enjin net nadat die vliegtuig die aanloopbaan verlaat het. Volgens die verslag deur die Direktoraat van Vliegtuigongelukke en Insident Ondersoeke, sal altwee enjins uitmekaar gehaal en ondersoek word voordat 'n finale verslag kan verskyn. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Ben Engelbrecht, 'n ondersoeker by die direktoraat.
Saftu sê die Suid-Afrikaanse regering moet alle kleinskaalse vissers beskerm om aan al die regulasies vir veiligheid te voldoen. Elf mense is dood nadat die MFV Lepanto aan die Houtbaaise kus gesink het. Mogoshadi Maserumule van Saftu sê die federasie is diep bekommerd oor die veiligheid van werkers ter see en vra 'n indringende ondersoek deur die Suid-Afrikaanse Maritieme Owerheid om die oorsaak van die tragiese ongeluk te bepaal.
Die gesondheid-ministerie het 'n skenking van 14 ton gereed-vir-gebruik terapeutiese kos van die Amerikaanse ambassade ontvang. Dit is 'n gespesialiseerde voedselproduk wat ontwerp is om al die voedingstowwe te voorsien wat 'n ondervoede persoon benodig. Dit sal help om die lewens van meer as 1 000 Namibiese kinders te red wat aan ernstige akute wanvoeding ly. Die adjunk-gesondheidminister, Esther Muinjangue, het die skenking in ontvangs geneem en sê dit beloop byna 'n miljoen Namibiese dollar.
Husselman sê dat in die vier jaar wat hy op die grond is, het niemand ooit toestemming van hom gevra om daar te myn nie.
Inwoners van Okahandja het klagtes gerig teen die operateurs van 'n sandmyn nie ver van die dorp nie. In 'n petisie wat einde April ingedien is het inwoners hul kommer uitgespreek oor vermoedelik onwettige sandmyn-aktiwiteite in die Swakoprivier-bedding. Die mynperseel word deur Super Sand en sy filiaal JT Freighting bedryf. In hul petisie het die ondertekenaars 'n beroep op onder andere die omgewing en landbou-ministeries gedoen om "onmiddellike en beslissende stappe te neem om alle onwettige sandmynaktiwiteite te stop." Hakkies Husselmann, wat op sy plaas naby die sandmyn woon, het dié bewerings bevestig. Husselman het met Kosmos 94.1 Nuus gesels en sê die mynbou is skadelik vir die omgewing.
Die nuutste veilingspryse is vandeesweek bekend gemaak deur die Namibiese Landbou-unie. Die hoof van bemarking by die Lewendehawe- en Lewendehaweprodukte-raad Desmond Clote het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat wat 'n oorsig gee oor wat verwag kan word. Volgens Cloete was die pryse bestendig so ver.
Die kwartaallikse produsenteprysindeks vir tien bedrywe in die land is deur die Namibiese Statistieke-agentskap vrygestel. Die bulletin skets die produsenteprysindeks vir die eerste kwartaal van 2024. Volgens die verslag het die produsenteprysindeks vir mynbou en steengroef-bedrywe tot 135,3 basispunte gestyg vanaf die 125,8 basispunte wat in die eerste kwartaal verlede jaar aangeteken is. Mirjam Shihepo, die agentskap se woordvoerder, gee meer inligting oor die mynbedryf se indeks.
Krieket: Rajasthan Royals sal teen Sunrisers Hyderabad te staan kom in môre se tweede kwalifiseringswedstryd van die Indiese Premierliga. Rajasthan het Royal Challengers Bengaluru gisteraand met vier paaltjies geklop in die uitklopstryd. Hulle het RCB tot 172 vir agt beperk en toe hul teiken bereik met ses paaltjies plat en 'n boulbeurt oor. Môre se wenner sal in Sondag se eindstryd teen Kolkata Knight Riders te staan kom. Rajasthan se kaptein, Sanju Samson, het volle vertroue in sy span.
Die bodproses vir 'n veiling van 13 584 metrieke ton se maasbanker en 1 000 metrieke ton se monnikvis is deur die finansministerie en die visserye-ministerie geopen. Volgens die boddokumente moet botte in veelvoude van 100 metrieke ton wees met 'n minimum prys van 3 571 Namibiese dollar per ton vir gevriesde vis en 1 000 dollar per ton vir nat vis. Die kabinet het 'n totale toelaatbare vangs van 270 000 metrieke ton maasbanker deur die visserye-ministerie in die 2024-seisoen goedgekeur. Wilson Shikoto, woordvoerder van die finansministerie, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Die Suid-Afrikaanse handelsminister, Ebrahim Patel, sê Vivo Energy wat deur die globale verbruiksgoedere-handelaar Vitol besit word, gaan aanvanklik tien-miljard Suid-Afrikaanse rand in sy bedrywighede daar belê. Dit volg ná sy samesmelting met Engen. Patel sê die belegging is deel van ʼn reeks verbintenisse tot openbare belang en mededinging, wat werksverliese wil voorkom en voortgaan met kontrakte aan plaaslike raffinaderye.
Die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, sê die ondersoek na die gebou wat in George ingetuimel het, vorder goed. Vier-en-dertig konstruksiewerkers is op die sesde van die maand dood toe die gebou van vyf verdiepings ineengestort het. Die soek-en-reddingsoperasie is Vrydag afgehandel en die terrein is aan die polisie oorhandig. V3 Consulting Engineers lei die provinsiale regering se ondersoek. Winde sê dis hulle verantwoordelikheid om seker te maak alles moontlik word gedoen om ʼn soortgelyke tragedie te voorkom:
Die Ekonomiese Vereniging van Namibië, EAN, in vennootskap met FNB Namibië en die Hanns Seidel-stigting Namibië, het 'n openbare bespreking aangebied wat gehou is onder die tema "Optimalisering van ekonomiese opbrengste: Die rol van kritieke minerale". Energie-minister Tom Alweendo het by die geleentheid gepraat oor die belangrikheid van groen energie en die koppeling daarvan met kritieke minerale, en sê dat dit 'n belangrike aspek van industrialisasie is.
Tot en met verlede jaar het Namibië 34 distrikshospitale en vier intermediêre- en verwysingshospitale gehad, volgens die gesondheid-ministerie se webwerf. Die land het vyf verwysingshospitale uit 34 distrikshospitale, insluitend Windhoek Sentrale Hospitaal, wat as 'n nasionale verwysingsfasiliteit beskou word. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die senior bestuurder van die inbelsentrum en nooddienste by die Motorvoertuigongelukkefonds, Ruben Uupindi, oor die belangrikheid van die verwysingshospitale veral met die mislukte Otjiwarongo-hospitaal wat in die nuus is.
Cosatu moedig die Departement van Indiensneming en Arbeid aan om op te tree teen gesondheids- en veiligheidsoortredings in hoë-risikosektore na 'n reeks dodelike werkplekvoorvalle. Onlangse tragedies sluit in die dood van meer as 30 konstuksiewerkers in George in die Wes-Kaap; vyf in eNgcobo in die Oos-Kaap; vier in Ballito in KwaZulu-Natal; asook elf vermiste vissermanne aan die Houtbaaise kus. Matthew Parks van Cosatu spreek meegevoel uit met die families en vra dringende optrede om nalatige werkgewers aanspreeklik te hou:
Die maatskaplike aktivis Linda Baumann het gereageer op die ultimatum deur Pendapala Nakathingo, die voorsitter van die Stop Homoseksualiteit en Selfdegeslaghuwelike in Namibië-beweging. Hy het verlede maand 'n 21-dae ultimatum aan president Nangolo Mbumba gestel om die huwelikswysigingswetsontwerp en gade-wetsontwerpe te onderteken. Nakathingo voer aan dat die vermeende regte wat deur die LGBT-gemeenskap voorgestaan word nie fundamentele regte volgens die grondwet is nie.
‘n Groep van ses toeriste is Woensdagaand op Otjiwarongo beroof. Die polisie sê die besoekers het in hul daktente geslaap toe een van die motoralarms afgegaan het. Toe die toeriste ondersoek ingestel het is twee ernstig beseer en die twee verdagtes het met duisende in kontant en elektronika gevlug. Polisiewoordvoerder, adjunkkommissaris, Kauna Shikwaambi het meer.
Die Bosbouwet van 2001 word sedert 2020 deur die omgewing en bosbou-ministerie hersien. Volgens Romeo Muyunda, die ministerie se woordvoerder, is die wet 90 persent voltooi, maar moet steeds deur verskeie prosedures gaan, soos om voor die parlement te kom. Een van die wysigings is 'n opdatering oor die beheer van veldbrande. Die regulasies sal dit verpligtend maak vir private grondeienaars om aan verskeie regulasies te voldoen. Kosmos 94.1 Nuus het met Muyunda gesels, wat meer verduidelik.
Die Ekonomiese Vereniging van Namibië het ‘n seminaar aangebied oor kritieke minerale waarby verskeie invloedryke ekonome en kenners, gepraat het. Een van die aspekte wat onder die loep gekom het was uraan. Die bekende ekonoom en nou uitvoerende hoof van die Ontwikkelingsbank, dr. John Steytler, sê Namibië moet meer versigtig met sy uraanbronne omgaan en moet ook kyk na die ontwikkeling van ‘n waardeketting vir die streek.
Die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap waarsku Afrikanasies om beter te beplan vir klimaatsverandering. Die streek sal na verwagting in komende dekades hoër land- en see-oppervlak-temperature beleef wat reënval, wind en die tyd en intensiteit van weerstoestande sal beïnvloed. Die gemeenskap se uitvoerende sekretaris, Elias Magosi, sê die toenemende voorkoms van oorstromings, siklone en droogtes kan infrastruktuur beskadig, oeste vernietig, lewensomstandighede ontwrig en tot lewensverlies lei:
Die 10de Africa Energies Summit in Londen het gefokus op sleutelonderwerpe wat die toekoms van energie in Afrika bepaal. Een van die sprekers was die besturende direkteur van Monasa Advisory and Associates en voorsitter van die Ekonomiese Vereniging van Namibië, Jason Kasuto. Kasuto het sy kundigheid en insigte oor die deurslaggewende onderwerp van plaaslike inhoudbeleid en die implementering daarvan in Afrika se energiesektor gedeel. Hy het die belangrikheid van die gebruik van vooruitskouingsinstrumente soos die Namibiese sosio-ekonomiese assesseringsmodel, SAM, bespreek om die potensiële impak oor verskeie sektore te ontleed. Hy het ook 'n bemagtigende omgewing bepleit wat deursigtige inligtingsvloei tussen alle belanghebbendes moontlik maak. Een manier, het hy gesê, is vir die regering om verskafferregistrasieplatforms te vestig met insette van belanghebbendes, insluitend internasionale oliemaatskappye. Kosmos 94.1 Nuus het met Kasuto gesels oor hoe Namibië dit kan regkry.
Meer inligting is bekend oor die lot van die Angolese kinders wat houtlepels op straat verkoop. Die ministerie van binnelandse sake sê die kinders is afkomstig van die Huila-provinsie in Angola en is hier as gevolg van armoede daar. Meer as 200 kinders is reeds in Ondangwa en word by die jeugsentrum gehuisves maar, daar is nog talle regoor die land. Margaret Kalo, die ministerie se woordvoerder het meer.
Die leier van Brittanje se Arbeidersparty, Keir Starmer, het eerste minister Rishi Sunak se aankondiging oor 'n algemene verkiesing verwelkom, en sê dit is wat die land nodig het en waarvoor hy gewag het. Die verkiesing word op 4 Julie gehou. The Guardian se peiling toon die Arbeiders is 21,7 punte voor Sunak se Konserwatiewe party, met 44,7-persent van stemme teenoor 22,9-persent. Starmer sê sy party wil Brittanje terugbring na diens aan werkende mense:
Die Veiligheidsraad van die VN het moontlike burgerlike volksmoord uitgelig op Sudanese mense in die konflik. Dit is onthul toe die raad sy jaarlike debat gehou het oor die beskerming van burgerlikes in gewapende konflik, op die 75ste herdenking van die Geneefse Konvensie. Die spesiale raadgewer Alice Wairimu Nderitu waarsku teen moontlike volksmoord in Sudan en sê in Darfur en El Fasher word mense geteiken gegrond op etnisiteit en velkleur:
Die 8,2 persent styging in April in die jaarlikse inflasiekoers vir hotelle, kafees en restaurante is te wyte aan verblyfdienste wat net meer as 10 persent duurder is op 'n jaargrondslag. Vakansiepakette is steeds duur maar die inflasie in die sektor het gesak vanaf 73,6 persent verlede jaar tot 45,5 persent in April. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Gitta Paetzold, die uitvoerende hoof van die Gasvryheidsorganisasie, oor wat dit beteken vir plaaslike reisigers.
Ademola Lookman het 'n driekuns vir Atalanta behaal met sy span wat Bayer Leverkusen met 3-0 geklop het om die Europa-Liga in Dublin te wen, en 'n trofee-droogte van 61 jaar te beëindig. Dit is Leverkusen se eerste nederlaag sedert hulle laaste wedstryd van die 2022-2023 seisoen. Atalanta is nou verseker van hulle plek in die volgende seisoen van die Kampioene-Liga. Lookman, wat die eerste speler ooit geword het om 'n driekuns in 'n Europa-Liga-eindstryd te behaal, sê dit is baie spesiaal om geskiedenis saam met die klub te maak:
Die Streekhof in De Aar in die Noord-Kaap het Elrico Kaizer Kasper tot vyf-jaar tronkstraf gevonnis weens kuberbedrog. Die 38-jarige man het vals inligting oor 'n sluipmoord-komplot teen president Cyril Ramaphosa gepos. Die woordvoerder van die Noord-Kaapse NVG, Mojalefa Senokoatsane, sê Kasper is in hegtenis geneem nadat hy erken het sy optrede was te wyte aan frustrasie oor werkloosheid. Hy hoop hierdie vonnisoplegging sal toekomstige kubermisdadigers afskrik:
Rajasthan Royals het Royal Challengers Bengaluru met vier paaltjies verslaan in die uitklopwedstryd van die Indiese Premierliga. Rajat Patidar met sy 34 het die meeste lopies aangeteken terwyl RCB tot 172 vir agt beperk is. In antwoord daarop het aanvangskolwer Yashasvi Jaiswal 45 gemoker en Rajasthan die teiken bereik met ses balle wat oorbly. Rajasthan speel Vrydag teen Sunrisers Hyderabad om te bepaal wie Sondag in die eindstryd met Kolkata Knight Riders kragte meet. Rajasthan se kaptein, Sanju Samson, sê die span het nou meer selfvertroue:
Die Britse premier Rishi Sunak het 'n algemene verkiesing vir 4 Julie aangekondig. Dit volg nadat hy koning Charles versoek het om die Parlement te ontbind. Die Tories is 20 punte agter die Arbeiders in die peilings, en daar is ‘n goeie moontlikheid dat hulle die Konserwatiewe Party ná 14 jaar uit die kussings kan lig. Sunak sê die Britte moet kies wie bereid is om dapper op te tree om 'n beter toekoms vir almal te verseker:
Daar is kommer oor die haweloses wat tans by die Katutura- en Khomasdal-stadions gehuisves word. Die mense is aanvanklik in 2020 daar geakkommodeer weens Covid-19. Hul teenwoordigheid het sedertdien uitdagings aan die sportministerie gestel, want atlete het nie toegang tot die fasiliteite nie. 'n Toestroming van mense, selfs tradisionele Himbas, het die situasie vererger, met onhigiëniese toestande wat toeneem weens rommelstrooiing en sanitasie-tekorte. Kosmos 94.1 Nuus het met sportminister Agnes Tjongarero gepraat, wat die impak van hierdie kwessies op die ministerie se agenda vanjaar uitlig.
Die Suid-Afrikaanse Reserwebank sal sy rentekoersbesluit op 30 Mei bekend maak, nadat sy hoofrentekoers op 27 Maart onveranderd op 8,25 persent gebly het. Dit was in 'n poging om inflasie in toom te hou. Die Amerikaanse Federale Reserweraad het op 1 Mei gesê hy hou sy maatstafkoers bestendig ná 'n styging in inflasie. Die Bank van Namibië sal die repokoers op 19 Junie aankondig. Die huidige repokoers is 7,75 persent. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die Suid-Afrikaanse ekonoom Theo Klein, van Oxford Economics Africa, wat sy voorspelling vir Namibië en Suid-Afrika se repokoerse deel.
NamWater het verskeie tenders rakende boorgate uitgesit, onder meer vir agt produksie boorgate en vier moniterings gate by Berg Aukas. Dertien boorgate is ook vir die Opuwo-gebied aangevra en ses boorgate moet gerehabiliteer en vervang word. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Abraham Nehemia, NamWater se uitvoerende hoof, wat sê hierdie boorgate is nie die enigste projek waarmee hulle besig is nie. Hy gee meer inligting.
'n Styging in globale koperpryse tussen 2020 en 2021 het gelei tot 'n oplewing in koperdraad-diefstalle, met duisende kilometers se kabels wat gesteel is. Suider-Afrika word steeds deur die probleem geteister. Koperdiefstal is 'n komplekse kwessie wat veelvlakkige oplossings vereis. Dit kan strenger regulasies op skrootmetaalhandelaars, verbeterde veiligheidsmaatreëls vir infrastruktuur en armoedeverligtingsprogramme insluit om die grondoorsake van die diefstal aan te spreek. Die situasie in Namibië blyk nie te verbeter nie. Kosmos 94.1 Nuus het met Nored se hoof van korporatiewe kommunikasie, Simon Lukus, gesels oor wat in die Noorde gebeur.
Die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap, SADC, se verkiesingswaarnemer-sending het sy gereedheid, beginsels en riglyne vir volgende week se verkiesing in Suid-Afrika bekendgestel. Die hoof van die sending, Enoch Kavindele, het in Johannesburg aan die media gesê die verkiesing sal beoordeel word volgens die 2021 SADC-beginsels en riglyne. Hy sê die riglyne wil 'n vrye en regverdige verkiesing verseker, met deelname deur burgers en mediatoegang vir alle politieke partye.
Die Kavango-Oos-streekraad het voorgestel dat die streek in twee verdeel word, om dienslewering in alle gebiede te verbeter en dienste meer toeganklik vir inwoners te maak. Daar is ook voorgestel dat Rundu, wat tans uit een kiesafdeling bestaan naamlik Rundu Urban met meer as 100 000 inwoners, in agt kiesafdelings afgebaken word. Dit kom ná konsultasies met gemeenskappe, tradisionele owerhede en ander belanghebbendes. Kosmos 94.1 Nuus het met Bonifatius Wakudumo, goewerneur van Kavango-Oos, gepraat vir sy kommentaar.
Tennis: Die Geneefse Ope is die laaste kleibaanopwarmingstoernooi voor die Franse Ope Sondag begin. Die tweede gekeurde Casper Ruud van Noorweë is vandag in aksie teen die ongekeurde Oostenryker Sebastian Ofner. Die topgekeurde Novak Djokovic se aanslag begin ook vandag teen die Duitser Yannick Hanfmann. Djokovic het nog nie vanjaar 'n toernooi gewen nie, maar Ruud sê die Serwiër is die gunsteling in Genève.
Toerisme-maatskappye en besoekers aan Etosha Nasionale Park spreek toenemend frustrasie uit oor die verslegtende toestand van die park se paaie. Klagtes stroom in oor skade aan voertuie, insluitend pap bande en uitlaat-spruitstuk kwessies. In Augustus verlede jaar het die omgewing-ministerie aangekondig dat Etosha se hoofpaaie vir 160 miljoen Namibiese dollar geteer gaan word. Vrae ontstaan nou oor die oënskynlike gebrek aan optrede deur die Padowerheid. Die Padowerheid se uitvoerende hoof, Conrad Lutombi, het aan Kosmos 94.1 Nuus verduidelik dat Etosha se paaie nie onder hul jurisdiksie val nie.
Die ywer het toegeneem by Suid-Afrika se Junior Indaba-paneel, in reaksie op die ondertekening van die diensvlakooreenkoms vir die digitale mynregte-bestuurstelsel. Dit word gesien as 'n deurslaggewende instrument om mineraaleksplorasie te reguleer. Die uitvoerende hoof van Orion Minerals, Errol Smart, het optimisme uitgespreek oor die potensiaal daarvan in Suid-Afrika, en gesê daar is volop geleenthede rondom ou myne.
Windhoek Hoërskool gaan 'n splinternuwe Suzuki S-Presso-voertuig kry om op te veil, nadat Auas Motors die voertuig geborg het. Die veiling is ten bate van die skool se netbalbane, wat instandhouding nodig het. Die veiling is geskeduleer vir 1 Augustus. Die blou S-Presso is nou in Windhoek en sal môre middag om 3-uur by Windhoek Hoër se Vegkop-stadion oorhandig word. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Gerhard Vermeulen, die besturende direkteur van Auas Motors, wat verduidelik waaroor dit gaan.
Die gretig-verwagte Vivo Energy Windhoek Marathon is terug vir sy tweede uitgawe, wat vir 25 Mei geskeduleer is. Registrasies het gister gesluit. Meer as 3 000 deelnemers het in die verskeie kategorieë ingeskryf, insluitend die volle marathon van 42,2km, die halfmarathon van 21,1km, die 10km draf en die 5km pretdraf of stap. Vanjaar sal alle opbrengste gebruik word om toegang tot waterpunte in Windhoek se informele nedersettings te verskaf, in ooreenstemming met VN se Volhoubare Ontwikkelingsdoelwit 6 oor skoon water en sanitasie. Kosmos 94.1 Nuus het met Vivo Energy se kommunikasiebestuurder, Lazarus Nafidi, gepraat.
Die Omgewingsbeleggingsfonds het 'n memorandum van verstandhouding met belanghebbendes onderteken om die haalbaarheid te bepaal van 'n groenwaterstof-korridor wat Suid-Afrika se Wes-Kaap en Noord-Kaap provinsies met Lüderitz sal verbind. Die projek sal groenwaterstof-spilpunte, markte en nywerhede regoor die streek verbind. Die uitvoerbaarheidstudie sal na verwagting teen die einde van die jaar afgehandel wees. Die partye sal die tegniese, kommersiële, finansiële, sosio-ekonomiese en operasionele aspekte van die projek beoordeel. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Obeth Kandjoze, die voorsitter van die Groenwaterstofraad, wat die belangrikheid van hierdie vennootskap uiteensit.
Ontwikkelende lande, wat dikwels in die "Globale Suide" groepeer word, vat nie altyd die Weste se kant in sy kritiek op Rusland en China nie. Hulle prioritiseer soms hul ekonomiese ontwikkelingsbande met hierdie magte en voel dat die Weste nie hul bekommernisse aanspreek nie. 'n Nuwe geopolitieke verdeling het ontstaan ten opsigte van buitelandse- en veiligheidsbeleide. Die voortslepende oorlog tussen Palestina en Israel vererger die kwessie. Kosmos 94.1 Nuus het met die Suid-Afrikaanse politieke ontleder professor Andre Duvenhage gesels, wat sê Namibië en Suid-Afrika is in 'n moeilike situasie weens hul alliansies.
Landbou en water-minister Calle Schlettwein sê as waterlewering geprivatiseer word, sal moontlik net ryk mense water hê. Hy het tydens 'n paneelbespreking by die Wêreld Waterforum in Bali gepraat. Die bespreking is deur die African Development Bank en African Water Facility gereël, met die tema “innoverende finansiering en hulpbronmobilisering vir klimaatbestande water- en sanitasiebeleggings”. Schlettwein beklemtoon dat dit nie wys is om watervoorsieningsdienste te privatiseer nie, weens moontlike hoë koste wat na verbruikers oorgedra kan word. Dit sal beteken dat armer nie water sal kan bekostig nie.
Die tussentydse uitvoerende hoof van BetterBond, Bradd Bendall, sê die maatskappy se jongste Property Brief gee rede vir versigtige optimisme, met 'n effense verbetering in huisleningswaardes en -volumes. Dit dui op die moontlikheid dat die verstadiging die afgelope twee jaar in die eiendomsmark, agter die rug is. Bendall sê die nasionale gemiddelde huisleningwaarde is 1,2-persent hoër as in die afgelope twaalf maande, en huisleningvolumes het ook vanjaar met 20-persent gestyg.
AfriForum se privaat vervolgingseenheid het die polisiedossier oor die sekretaris-generaal van die ANC, Fikile Mbalula, se gesinsvakansie in Dubai in 2016 bekom. Die voormalige openbare beskermer, Busisiwe Mkhwebane, het bevind Mbalula het die Grondwet oortree deur 'n verskaffer van die sportkonfederasie, Saskok, te vra om te help betaal vir die reis toe hy die minister van Sport was. Die Nasionale Vervolgingsgesag wou nie vervolg nie. Barry Bateman van die eenheid sê hulle is nou meer oortuig daar is 'n saak teen Mbalula.
Die Revolusionêre Unie, die breinkind van die Regstellende Herposisioneringsbeweging, is op 27 April verlede jaar deur die arbeidskommissaris erken. Die vakbond is daarop gemik om voorspraak te maak vir die sukkelende werkersklas en werkers by te staan. Toe die vakbond nog nie volledig geregistreer was nie, het hulle opslae gemaak toe hulle werkgewers gekonfronteer het oor beweerde mishandeling van werkers, en video's daarvan op sosiale media gedeel het. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Julius Natangwe, die sekretaris-generaal van die RU, oor die uitdagings wat die vakbond in die gesig staar.
Joseph Kauandenge, sekretaris-generaal van Nudo, het hom onttrek aan die wedloop vir die partypresidentskap. Hy sê dit is as gevolg van binnegevegte in die party. Kauandenge het op ’n mediakonferensie gesê hy sal ’n lojale lid van die party bly maar sal geen ander pos beklee nie. Die party sal na verwagting sy kongres vanaf 12 tot 14 Julie hou met sy huidige president, Ester Muinjangue, wat uittree.
ActionSA het die Departement van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling se hantering van gekwalifiseerde landbouers veroordeel. Die departement het verlede jaar assistent-landbouers gehuur onder die voorwendsel dat hulle met verloop van tyd permanent aangestel sal word. Mpumi Edward van ActionSA sê hulle is aanvanklik ʼn drie jaar kontrak beloof, maar die departement het sy belofte verbreek. Sy sê hulle het kontrakte vir drie maande gekry wat later onbepaald opgeskort is:
Stel jou voor jy vlieg lekker in ‘n Boeing 777 op Singapore Airlines op pad Singapoer toe en ewe skielik val die vliegtuig 6 000 voet in een minuut. Ja, dis korrek, 6 000 voet in een minuut. Dit is hoe een passasier dood is en meer as 71 beseer is. Die oorspronklike berigte het turbulensie die skuld gegee, en natuurlik die feit dat passasiers nie hulle gordels aangehad het nie. Maar, lugvaartkenner dr. Guy Leitch sê daardie berigte is nie korrek nie.
Daar is groot kommer oor die stand van sake by die Hardapdam. Die dam is pp 11,5 persent met 657 000 kubieke meter wat in die afgelope week benut is vir die groenskema. Mielies en lusern is belangrike gewasse vir die produsente en die !Aimab-melkplaas maak staat op die lusern vir hulle kudde. Kosmos 94.1 Nuus het met die voorsitter en uitvoerende hoof van die Ohlthaver en List-groep Sven Thieme gesels oor die uitdagings wat melkproduksie daar ervaar.
Die Elektrisiteitsbeheerraad hou verskeie openbare vergadering wat deur die verskeie streeksverspreiders en die relevante munisipaliteite aangebied word. Die doel is om tariefaansoeke aan verbruikers. Die datums van die aanbiedings in al die dorpe kan op die raad se Facebook-blad gevind word. Kosmos 94.1 Nuus het met Ferdinand Molale, die woordvoerder van raad gesels, ook oor wanneer die verhogings inskop.
In die komende maande en jare sal die Erongo-streek verhoogde ekonomiese groei sien. Een van die jongste verwikkelinge is die waterstofvulstasie wat in Walvisbaai gebou is. Die dorp het verder die vooruitsig dat twee olieraffinaderye ontwikkel kan word. In Swakopmund is meer bouplanne in Maart goedgekeur as in Windhoek. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Neville Andre, die goewerneur van die Erongo-streek, wat meer besonderhede het.
Kolkata Knight Riders het seker gemaak van sy plek in Sondag se eindstryd van die Indiese Premierliga met ‘n oorwinning met agt paaltjies oor Sunrisers Hyderabad in die eerste kwalifiseerder. Venkatesh en Shreyas Iyer het albei 'n onoorwonne 50-tal aangeteken nadat die Australiese snelbouler Mitchell Starc drie paaltjies laat kantel het om Sunrisers te help uitboul vir slegs 159. Kolkata het die teiken in die 14de boulbeurt behaal het met slegs twee paaltjies plat. Starc was tevrede met die vertoning:
Dit is kommerwekkend dat 'n belangrike kwessie soos 'n universele inkomstetoelaag nie voldoende aangespreek word tydens verkiesingsveldtogte nie, in ag genome die ekonomiese uitdagings wat meeste mense in die gesig staar. Die gebrek aan aandag aan sulke kritieke maatskaplike welsynsmaatreëls kan ongelykheid vererger en kwesbare groepe se swaarkry uitrek. Deur te verseker dat alle burgers 'n basiese vlak van inkomste het, ongeag indiensnemingstatus, kan dit help om armoede te verlig en mense in staat stel om in hul basiese behoeftes te voorsien. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Quinzy Garises, die hoof van regsake by die Trust vir Ekonomiese en Sosiale Geregtigheid, wat sê politieke partye behoort dringend aan die kwessie aandag te gee.
Gun Free South Africa sê wapenverwante misdaad moet 'n prioriteit vir enige politieke party wees as hulle ernstig is om die land veiliger vir almal te maak. Sowat 24 wettige wapens beland elke dag in die onwettige mark. Die direkteur van Gun Free SA, Adéle Kirsten, sê hoewel byna al die grootste politieke partye geweldsmisdaad as 'n sleutelprioriteit in hulle verkiesingsmanifeste vermeld, noem die meeste glad nie wapenbeheer nie:
Die Verenigde nasies het voedselverspreiding in die suidelike stad Rafah in Gaza opgeskort. Dit is weens 'n gebrek aan voorrade en 'n onhoudbare veiligheidsituasie wat deur Israel se voortdurende militêre aanslag veroorsaak is. Die krisis in voorrade het in die twee weke sedert Israel sy inval in Rafah begin het, vererger. Israel het beloof om Hamas-vegters in die gebied uit te roei. Scott Anderson van die VN sê hulle herwaardeer die logistieke en veiligheidsmaatreëls in Gaza:
Suid-Afrika se uitstalling by die Chelsea-blommeskou in Londen het goud gewen. Die inskrywing is deur die windverwaaide hange van die Kaapse berge geïnspireer. Ontwerper Leon Kluge en kunstenaar Tristan Woudberg het ʼn groep vrywilligers gelei om vanjaar se veelbekroonde uitstalling saam te stel wat groot kleibeelde ingesluit het as agtergrond vir fynbos-snyblomme. Dit is Suid-Afrika se 38ste goue medalje by die Chelsea-blommeskou sedert 1976. Kluge sê hulle het 22 000 stele vir die uitstalling gebruik:
Die Nasionale Unie van Mynwerkers van Suid-Afrika het besluit om ‘n politieke standpunt in te neem met die komende nasionale verkiesing. Die hoofsekretaris, Irvin Jim, sê gegewe die verslegtende sosio-ekonomiese situasie vir die werkersklas, wil die vakbond kiesers bystaan met die stemkeuses wat hulle het en raai hulle af om regse partye wat die regte van werkers misken, te ondersteun. Jim raai werkers aan om nie vir individuele kandidate te stem of vir partye wat xenofobie en rassisme voorstaan nie.
Die rol van die verkiesingstribunaal om regverdige verkiesings te verseker, word in die Verkiesingswet van 2014 uiteengesit. Met Namibiërs wat in November gaan stem, is dit belangrik vir kiesers om te weet wat hul regte tydens die proses is. Amptenare of lede van die publiek kan met kwessies te doen kry tydens kiesersregistrasie en die verkiesing, wat deur die tribunaal opgelos kan word. Kosmos 94.1 Nuus het met prokureur Henry Shimutwikeni gepraat, wat voorbeelde van kwessies gee.
Die Verenigde Nasies se Kantoor vir die Koördinering van Humanitêre Sake sê die sterftes, beserings en verwoesting in Gaza is uiters immoreel. Hamas het op 7 Oktober verlede jaar sowat 1 200 mense, meesal burgerlikes, vermoor en nog 250 gyselaar geneem. Meer as 35 000 mense is in Gaza dood. Edem Wosornu van die VN sê terwyl die konflik voortduur en lewens bedreig word, moet burgerlikes toegelaat word om beskerming te soek:
Die ANC-president Cyril Ramaphosa het herhaal dat hy vol vertroue is dat sy party 'n meerderheid sal behaal in volgende week se algemene verkiesing. Peilings dui daarop dat die regerende party ongeveer 45-persent van die stemme kan kry, wat sou beteken hulle moet 'n koalisie vorm om 'n meerderheid te verseker. Die president het tydens sy verkiesingsveldtog in Bokamoso in Noordwes gesê niemand gaan die ANC vernietig nie, dis die tuiste vir alle Suid-Afrikaners:
Adjunkminister van werke en vervoer, Veikko Nekundi, het gesê hy wil die 'demokratiese' begrafnis van die presidente van die IPC en die PDM sien. Nekundi het na Panduleni Itula en McHenry Venaani verwys tydens 'n Swapo-saamtrek Sondag by Emono-dorpie in die Oshana-streek. Die IPC sê in 'n persverklaring dat Nekundi se opmerkings diep ontstellend en heeltemal onvanpas is. Volkgens die verklaring is die insinuasie dat partypresident, dr. Panduleni Itula, na Namibië teruggekeer het slegs om selfdienende redes nie net vals nie, maar 'n doelbewuste wanvoorstelling van sy toewyding aan die land. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die bestuurskenner, dr. Marius Kudumo, wat sê politieke leiers behoort ordentlikheid voorop te stel en let op die taal wat hulle gebruik.
'n Pendel-spoordiens tussen Windhoek en Rehoboth, asook Windhoek en Katutura kan 'n werklikheid word. Die werke en vervoer-ministerie het geadverteer vir konsultasiedienste om hul belangstelling in 'n uitvoerbaarheidstudie in te handig. Die regering het finansiering by die Afrika Ontwikkelingsbank gekry wat vir onder meer so 'n pendel-spoordiens gebruik sal word. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die direkteur en adviseur van die Afri-Track Group, Dawie Moller, wat sê so 'n inisiatief sal in vele opsigte die moeite werd wees.
Die omstrede energiedienstefirma Halliburton het 'n kontrak by Rhino Resources gekry om 'n reeks diepwaterputkonstruksies in Blok 2914A in die Oranje-bekken uit te voer. Hy beplan ook 'n opstroom verwerkingsaanleg op Walvisbaai en het reeds uitnodigings gerig aan relevante partye vir ‘n rits moontlike plaaslike dienste. Halliburton het na die Deepwater Horizon oliestorting in 2010 buite die hof geskik nadat hy gedagvaar is. Sy konstruksie het na bewering die ramp veroorsaak, saam met nalatigheid deur BP. Halliburton is ook van oorlog-winsbejag in Irak beskuldig omdat hy reuse-kontrakte ontvang het beide tydens en na die oorloë daar, glo met hulp uit die Withuis. Kosmos 94.1 Nuus het reaksie gekry van Rob Parker, 'n medewerker by die Trust vir Ekonomiese en Sosiale Geregtigheid.
'n Politieke aktivis, Raymond Suttner, glo die ANC se ineenstorting is te wyte aan die party wat wegbreek van sy bevrydingsbewegings-karakter. Hy het in sy onlangse rubriek gesê die ANC, eens 'n bevrydingsbeweging met 'n beduidende gewilde grondslag, is omskep in 'n doodgewone politieke party en het afstand gedoen van sy voetsoolvlak. Suttner sê die regerende party is deur Westerse raadgewers beïnvloed, en daarom verskuif na 'n model wat voorkeur gee aan modernisering en normalisering, wat lei tot 'n gaping tussen die leierskap en die mense.
Namibië en Botswana het 'n tweedaagse vergadering belê om onder meer leemtes in die bekamping van korrupsie in beide lande aan te pak, na 'n ooreenkoms wat in 2021 onderteken is. Botswana se Direktoraat vir Korrupsie en Ekonomiese Misdaad en Namibië se Teenkorrupsie-kommissie sal 'n werksplan opstel en beste praktyke deel om korrupsie te beveg. Die hoof van Botswana se afvaardiging, Sethunya Rathedi-Motswetla, sê van die korrupsie wat aangespreek moet word, is omkopery en diefstal van regeringsbates.
Die swart soldaatvlieg is besig om opgang te maak as 'n manier om organiese afval in veevoer en organiese kunsmis te omskep met minimale water- en elektrisiteitinsette. Die vlieglarwes het 'n vurige eetlus en sal enigiets van verrottende vrugte tot mis en dooie diere verorber, selfs verwerkte kosse soos pizza! Teen die einde van sy larfstadium verander die vlieg in 'n 3cm-lange papie propvol proteïene, kalsium en ander voedingstowwe. Aangesien elke volwassene 200 tot 600 eiers lê, hoef net 'n paar papies gehou te word om die volwasse bevolking aan te vul. Die res word in ’n oond gebak en in die son gedroog om as ’n sleutelbestanddeel in hoender-, vark- of visvoer, of hoëgehalte troeteldierkos gebruik te word. Die Namibiër Sven Gruttemeyer, die eienaar en stigter van Biocycle, gebruik die swart soldaatvlieg om volhoubare voer vir diere en plante te maak. Kosmos 94.1 Nuus het met Gruttemeyer gesels, wat meer verduidelik.
Namibië se posisie op die algehele mynwese beleggings-aantreklikheidsindeks het met drie punte verswak, van 59 in 2022 tot 56 verlede jaar. Dit is volgens die 2023 Fraser Institute se peiling van mynmaatskappye. Die president van die Kamer van Mynwese, Zebra Kasete, het kommer hieroor uitgespreek en sê die daling is te wyte aan mynboubeleid en regulasies. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Lauren Graham, 'n ekonoom by die Kamer van Mynwese, oor watter aspekte van die beleid aandag sal verg.
Die kantoor van die Otjozondjupa-streek se goewerneur onthaal vise-president Netumbo Nandi-Ndaitwah vanaand by Peace Garden in Grootfontein. Daar is glo sleutelareas van belang wat die goewerneur onder haar aandag wil bring. Nandi-Ndaitwah is egter ook vise-president van Swapo en 'n presidentskandidaat, en reis regoor die land in aanloop tot die verkiesing om haar manifes asook die van Swapo bekend te stel. Swapo sê hy het nie geld vir 'n buitengewone kongres nie, wat sommige lede wettiglik nastreef om 'n nuwe partypresident te kies. Kosmos 94.1 Nuus het met die politieke ontleder dr. Ndumba Kamwanyah gepraat, wat wonder of Nandi-Ndaitwah se reise deur belastingbetalers of die party betaal word.
Rugby: Twee reuse van Europese rugby meet Saterdag kragte in die eindstryd van die Kampioenebeker. Die Ierse span, Leinster, speel teen die Franse klub, Toulouse, in die Tottenham Hotspur-stadion in Londen. Toulouse is die suksesvolste klub in die geskiedenis van die toernooi met vyf oorwinnings, terwyl Leinster die beker reeds vier keer ingepalm het. Die gewese Springbok-breier Jacques Nienaber is nou die senior afrigter van Leinster en verwag die intensiteit van ‘n toets in die eindstryd teen Toulouse.
Bank Windhoek het aangekondig dat hy die 200 miljoen Namibiese dollar wat aan die Klein- en Mediumgrootte Ondernemings Ekonomiese Herstel-leningskema toegeken is, ten volle benut het. Van hierdie bedrag is 192 miljoen dollar reeds uitbetaal, met die oorblywende 8 miljoen dollar wat goedgekeur is en binnekort uitbetaal sal word. Die leningskema is in Februarie 2023 herbekendgestel. Dit is 'n inisiatief deur die regering, ondersteun deur verskeie finansiële instellings, wat ontwerp is om broodnodige finansiële bystand te verskaf aan kleiner ondernemings wat onder die ekonomiese afswaai sedert 2016 gely het. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Bank Windhoek se hoof van klein- en mediumgrootte ondernemings, Bianca Janse van Vuuren, wat meer inligting gee.
Die Nasionale Seereddingsinstituut daag alle Suid-Afrikaners uit om die koue te trotseer vir 'n goeie saak deur deel te neem aan 'n wintersonstilstand-swem om noodsaaklike fondse in te samel. Die NSRI se woordvoerder, Andrew Ingram, sê soos die wintersonstilstand nader kom, met die langste nag van die jaar op 20 Junie, moedig hulle alle burgers aan om die koue te omhels en die terugkeer van langer dae met 'n verkwikkende swem-sessie te vier.
Namibia Wildlife Resorts en die vakbond vir staatswerkers, Napwu, het die ondertekening van 'n memorandum van verstandhouding aangekondig, wat die salarisstruktuur vir werknemers in die bedingingseenheid sal verbeter. Alle werknemers in posgrade A1 tot D3 wat tans onder die minimum salarisskaal is, sal in lyn gebring word met 'n minimum 25 persent van die nuwe salarisskaal. 'n Aanpassing van 5 500 Namibiese dollar op behuisingstoelae sal oor 'n tydperk van drie jaar geïmplementeer word. By die aankondiging het Gideon Thomas van Napwu 'n verklaring gegee oor die jarelange ooreenkoms tussen hulle en die maatskappy.
Die Stad Kaapstad se direktoraat Water en Sanitasie sê onlangse misdadige optrede beklemtoon die gevare wat die personeel in hoërisiko-gebiede ondervind. Spanne het sedert Julie 22 kapings en 52 rooftogte in Khayelitsha, Philippi en Mfuleni ondervind. Die burgemeesterskomiteelid vir Water en Sanitasie, Zahid Badroodien, sê in die 2023/2024-boekjaar het die stad 8,5 miljoen Suid-Afrikaanse rand aan begeleiding deur private sekuriteit bestee om spanne te beskerm:
Vanjaar se verwoestende droogte het in Zimbabwe gelei tot wydverspreide misoeste, wat meer as die helfte van die bevolking dwing om staat te maak op voedselhulp, volgens die Zimbabwe Livelihoods Assessment Committee. Humanitêre organisasies soek egter fondse om bystand te lewer aan sowat 6 miljoen mense in landelike gebiede en 1,7 miljoen in stedelike gebiede wat nie genoeg kos het nie. Setfree Mafukidze, 'n Zimbabwiese aktivis, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels oor waar die regering voedselhulp sal kry om burgers te help.
Voorvalle van geslagsgeweld duik telkemale in die media op en dit lyk nie asof die gevalle afneem nie. Die vraag ontstaan hoekom gemeenskappe nie optree nie. Met die verkiesings op hande is dit belangrik om politieke partye se standpunte en oplossings vir sulke kwessies te hoor. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die woordvoerder van die Landless People's Movement, Lifalaza Simataa, oor wat die party voorstel om hierdie probleem te bekamp.
Die nuwe Otjozondjupa verwysingshospitaal by Otjiwarongo wat ses jaar sou gebeur het en steeds nie begin is nie, al is daar geld begroot, bly in die nuus. Die goewerneur van die Otjozondjupa-streek James Uerikua sê die hospitaal is nie ‘n luuksheid nie.
Die Verkiesingskommissie van Namibië, ECN, het onthul dat hy 82 976 aansoeke vir die algemene registrasie van kiesers ontvang het, hoewel slegs 3 280 amptenare benodig word. Dit is nie ongewoon nie. Die statistieke-agentskap het 100 000 aansoeke vir 13 000 poste ontvang. Reeds in 2019, het meer as 3 000 werksoekers by Sentraal Hospitaal opgedaag vir nege skoonmaker poste. Die toestand van die arbeidsmark, gekombineer met stadige werkskepping en lae primêre sektorproduktiwiteit, lei tot baie hoë werkloosheid. Werkloosheid is besig om 'n menseregtekrisis te word. Mense wil werk, maar daar is nie werk nie. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Herbert Jauch, 'n arbeidskenner, oor wat gedoen moet word om die situasie te probeer regstel.
Die David Namwandi Trust sal kapitaal beskikbaar stel aan gegradueerdes met oortuigende entrepreneur-projekte wat die potensiaal het om te slaag en uit te brei. Dr. David Namwandi, stigter van die Internasionale Universiteit van Bestuur, het hierdie inisiatief tydens die universiteit se 20ste gradeplegtigheid aangekondig, waar sowat 2 302 studente gegradueer het. Namwandi het erken daar is uitdagings soos behuisingstekorte, verkeersopeenhopings en klimaatsverandering, wat sukses kan belemmer. Om dit aan te spreek, het die universiteit besluit om volhoubare inisiatiewe vir gegradueerdes te skep wat op beide stedelike en landelike gebiede van toepassing is. Kosmos 94.1 Nuus het met Namwandi gepraat, wat verduidelik hoe die trust sal werk.
Brandon King sê hy is opgewonde om die Wes-Indiese Eilande te lei, veral tuis. Die 29-jarige sal die Karibiese span aanvoer in die komende reeks van drie T20-wedstryde teen Suid-Afrika op Sabinapark in sy vaderland, Jamaika. Die eerste kragmeting vind Donderdag plaas. Die tuisspan se gereelde kaptein, Rovman Powell, speel nog in die Indiese Premierliga. King sê die reeks is hul laaste kans om vir volgende maand se T20-Wêreldbekertoernooi voor te berei:
Gevalle van stropery word elke week in die polisie se misdaadverslag gerapporteer en terwyl dit ‘n reuse-uitdaging vir grondeienaars is, is daar ook kommer oor die erge wreedheid wat toeneem. Kosmos 94.1 Nuus het met Rickus Spangenberg van K9 Anti-Poaching and Security gepraat.
Suid-Afrika het die hoofaanklaer van die Internasionale Strafhof, Karim Khan, se versoek dat lasbriewe uitgereik word vir Israel se eerste minister Benjamin Netanyahu, sy minister van Verdediging en drie Hamas-leiers, verwelkom. Die lasbriewe is vir vermeende oorlogsmisdade en misdade teen die mensdom. President Cyril Ramaphosa se woordvoerder, Vincent Magwenya, sê almal moet gelyk wees voor die reg om die internasionale oppergesag van die gereg na te laat geld en aanspreeklikheid te verseker vir diegene wat misdade pleeg:
Cosatu het die Konstitusionele Hof se beslissing verwelkom dat oudpresident Jacob Zuma nie tot die Nasionale Vergadering verkiesbaar is nie. Die Verkiesingskommissie het Zuma as kandidaat gediskwalifiseer weens sy vonnis van 15 maande vir minagting van die hof in 2021. Die MK-party het hom op hul kandidatelys ingesluit. Matthew Parks van Cosatu sê die uitspraak is nóg 'n welkome bewys dat Suid-Afrika op die regte pad is ná staatskaping en korrupsie toe politici ongestraf kon optree:
Die Amerikaanse president Joe Biden beskryf die aanklaer van die Wêreldhof se aansoek vir lasbriewe om Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, en sy minister van Verdediging in hegtenis te neem, as verregaande. Dié hof se hoofaanklaer, Karim Khan, soek ook lasbriewe om drie Hamas-leiers te arresteer. Dit is vir vermeende oorlogsmisdade en misdaad teen die mensdom in Israel en Gaza. Biden sê Israel doen alles in sy vermoë om burgerlikes te beskerm:
Die DA beweer die minister van Minerale Bronne en Energie Gwede Mantashe het nie 'n diensvlakooreenkoms onderteken met gekose maatskappye vir 'n nuwe myn-kadastrale stelsel nie, ondanks beloftes by die mynindaba in Februarie. Volgens die party dui 'n verslag deur die Fraser-instituut aan Suid-Afrika bly onaantreklik vir mynboubelegging. Die party sê indien die agterstand met mynregte uitgewin kan word, sal dit 30 miljard Suid-Afrikaanse rand se beleggings ontsluit. James Lorimer van die DA vra kiesers om hierdie vertragings te onthou in die verkiesing:
Swapo het sy Hardap-streekkantore in Mariental, wat meer as 5 miljoen Namibiese dollar gekos het, ingewy. Die nuwe gebou sal nie net die party se streekpersoneel huisves nie, maar ook sy jeugliga, ouderlingeraad en vroueraad. Martin Inkumbi, die voorsitter van Kalahari Holdings, die Swapo-maatskappy, het by die geleentheid gepraat en sê die gebou sal deel vorm van die Swapo-party se eiendomstrust.
Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, het die aansoek vir sy inhegtenisneming as ʼn absurde en vals bevel verwerp. Die Internasionale Strafhof se hoofaanklaer, Karim Khan, vra dat lasbriewe uitgereik word vir Netanyahu en sy minister van Verdediging, Yoav Gallant, vir aksies in Gaza. Hy vra ook dat drie Hamas-leiers gearresteer word vir die aanval op Israel op sewe Oktober. Netanyahu sê Khan se optrede is net ʼn poging om Israel die basiese reg tot selfverdediging te ontneem:
President Cyril Ramaphosa sê hy neem kennis van die uitspraak deur die Konstitusionele Hof dat oudpresident Jacob Zuma nie aan die verkiesing mag deelneem nie. Dit volg ná sy skuldigbevinding aan en vonnis vir minagting in 2021. Die hof het bevind Zuma mag nie tot die Nasionale Vergadering verkies word voordat vyf jaar verloop het ná die voltooiing van sy vonnis nie. Ramaphosa sê die uitspraak van die Hof moet gerespekteer word:
‘n Gru-verkragtingsaak is op Khorixas aangemeld, waar ‘n Namibiese man gedurende verlede jaar ‘n 15-jarige meisie herhaaldelik verkrag het. Hy het haar blykbaar na sy huis toe gelok met die belofte van kos. Die kind het swanger geraak en geboorte geskenk aan ‘n baba-seun. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die voormalige ombudsman, advokaat John Walters, oor minderjarige meisies wat weekliks regoor die land verkrag word. En, mees ontstellend in hierdie geval, dat die meisie deur beloftes van kos gelok is. Hy sê dit is 'n tragedie dat meisies hulle liggame moet verkoop om aan die lewe te bly.
Die droë seisoen is op hande, wat groot kommer wek oor die moontlikheid van veldbrande. Laas jaar hierdie tyd was daar 499 344 hektaar wat gebrand het sedert die begin van 2023. In 2021 alleen was daar 'n totale veldbrand van 3 miljoen hektaar regoor die land en in 2022, 2,4 miljoen hektaar wat gebrand het. Kosmos 94.1 Nuus het by die tegniese adviseur vir Agribank se adviesdienste, Erastus Ngaruka, gaan aanklop oor advies vir boere om veldbrande te kontroleer. Volgens Ngaruka moet plaasboere goed met mekaar kommunikeer.
Die arbeidsaktivis en NEFF-lid Michael Amushelelo het 'n streekskantoor in Kuisebmond in Walvisbaai geopen vir twee van sy vakbonde, die National Union of Retail Industry Workers of Namibia en Namibia Security Workers Union. Jeremiah Namalenga, die woordvoerder van die arbeidministerie, sê die National Union of Retail Industry Workers of Namibia is nie geregistreer nie. Hulle het 'n aansoek ingedien, maar dit het nie aan die vereistes van artikels 53 en 57 van die Arbeidswet voldoen nie, en is aangeraai om hul aansoek weer in te dien. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Tucna se sekretaris-generaal, Mahongora Kavihuha, wat sê hulle het geen probleem met Amushelelo se vakbonde nie, maar wel met die ministerie se vereistes.
Swakopmund het in Maart 'n 14 persent maand-tot-maand toename in goedgekeurde bouplanne gesien. Dit was aansienlik hoër as in Windhoek, waar goedgekeurde bouplanne met 2,6 persent op 'n maandgrondslag gestyg het. In beide gevalle was dit steeds laer as in Maart verlede jaar. IJG Securities sê in sy boubedryf statistieke verslag Namibië het aandag getrek danksy onlangse olie-ontdekkings en die groenwaterstofprojekte. Dit kan hoër eiendomspryse tot gevolg hê. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Bärbel Kirchner, die uitvoerende hoof van die Konstruksiebedryf-federasie, wat sê daar is 'n verwagting dat Walvisbaai se konstruksiebedryf ook gaan verbeter weens ontwikkelings wat beplan word.
AfriForum se jaarlikse verslag oor plaasaanvalle en -moorde toon 49 plaasmoorde in 296 aanvalle in 2023. Die hoofwoordvoerder vir Gemeenskapsveiligheid, Jacques Broodryk, sê dit is nagenoeg een moord per week. Broodryk kritiseer die regering en die polisie vir hulle dubbele standaarde met die voorkoming van, en ondersoek na dié misdade. Hy vra die regering vir 'n spesiale ministeriële taakspan vir plaasmoorde.
Die Regshulpsentrum verskaf môre-oggend vanaf 11-uur gratis regsadvies en publikasies by die Swakopmund-museum. Hulle sal op 22 Mei van 9-uur die oggend tot 2-uur by die Dunes Mall in Walvisbaai wees. Die gratis regsadvies sal fokus op kwessies soos testamente en boedels, gesinsgeweld, egskeiding, arbeidsaangeleenthede en ander regsaangeleenthede. Gegewe die talle ontwikkelings in die kusstreke van Namibië, sal die sentrum ook inligtingsessies hou oor die reg om geraadpleeg te word as belanghebbende en geaffekteerde partye, kragtens die Wet op Omgewingsbestuur. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Toni Hancox, die direkteur van die Regshulpsentrum.
Die departement van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling in Suid-Afrika, raai boere aan om nie diere op hul grond toe te laat sonder veeartsenykundige gesondheidsklarings by diere se oorsprong nie. Die departement se woordvoerder, Reggie Ngcobo, sê die virus wat die uitbreking van bek-en-klouseer op 'n plaas in Humansdorp in die Oos-Kaap veroorsaak het, is amper identies aan die een wat gelei het tot wydverspreide uitbrekings in 2021 en 2022 in Limpopo, Noordwes, Vrystaat, Gauteng en Mpumalanga.
Die wêreldwye voedselverbouingstelsel bied 'n reuse geleentheid om byna 'n derde van die wêreld se kweekhuisgas-uitlatings te verminder deur bekostigbare en geredelik beskikbare optredes. Volgens 'n nuwe Wêreldbank-verslag is die voedselverbouingstelsel 'n onontginde bron van lae-koste moontlikhede teen klimaatsverandering. Die Wêreldbank sê deur net eenvoudig die manier te verander waarop middel-inkomstelande gebiede soos woude en ekostelsels vir voedselverbouing gebruik, kan gasuitlating deur die sektor teen 2030 met 'n derde verminder word. Dr. Peter Cunningham, ‘n plaaslike ekoloog sê Namibiese boere gebruik grond ondoeltreffend.
Die DA het 'n klagte by die Staatsdienskommissie ingedien teen die pas-ondertekende Nasionale Gesondheidsversekeringskema. Die party se woordvoerder oor die Staatsdiens en Administrasie, Leon Schreiber, betoog die NGV onteien mediese fondsbydraes sonder vergoeding en bedreig staatsdiensdoeltreffendheid en arbeidsverhoudinge. Hy beweer die stap saai paniek onder lede van die mediese fonds vir staatsdienswerknemers, Gems, wat Suid-Afrika se grootste mediese hulpskema is.
Vandag is Wêreld-byedag, wat jaarliks op 20 Mei gevier word. Bye en ander bestuiwers is noodsaaklik vir die gesondheid van ekosisteme en voedselsekuriteit. Hulle help om biodiversiteit te handhaaf en verseker die produksie van voedsame kos. Die dag se doel is om bewustheid te kweek oor die belangrikheid van bestuiwers, die bedreigings wat hulle in die gesig staar en hul bydrae tot volhoubare ontwikkeling. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Eugene Pieters, 'n byeboer van die Byeboerdery-vereniging van Namibië, wat interessante feite oor bye deel.
'n Stemgreep het die naweek die rondtes gedoen wat Namibiërs waarsku teen enige inentings omdat dit blykbaar kanker veroorsaak. Die kankervereniging het kort daarna 'n verklaring uitgereik wat sê hulle distansieer hulself teen die aantygings en dat epidimologiese informasie baie sensitief is. Die navorsing wat daarmee gepardgaan volgens die vereniging is 'n fynere kuns. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die Republikeinse Party se president, Henk Mudge, wat sy mening lug.
Nakathingo sê as Mbumba nie die wetsontwerp onderteken nie, hulle geen ander keuse sal hê as om 'n nasionale referendum hieroor voor die verkiesings te vra nie.
Verlede maand het ’n komitee wat teen homoseksualiteit en selfdegeslaghuwelike is, president Nangolo Mbumba 21 dae gegee om die huwelikswysigingswetsontwerp en gade-wetsontwerpe te teken. Die komitee se voorsitter, Pendapala Nakathingo, het ook die afdanking van justisieminister Yvonne Dausab geëis, wat volgens hom die homoseksuele agenda in die land bevorder. Kosmos 94.1 Nuus het met Nakathingo gepraat, wat sê die 21 dae is verby.
Boks: Oleksandr Usyk het Tyson Fury geklop en die eerste onbestrede wêreldswaargewigkampioen in 25 jaar geword. 'n Herontmoeting volg later vanjaar, maar waarskynlik nie om al vier gordels nie. Die Internasionale Boksfederasie wil Usyk sy gordel ontneem as hy nie volgende teen sy verpligte teenstander Filip Hrgovic veg nie. Usyk se heerskappy kan dalk net twee weke duur, maar die Oekraïner wil nie nou aan boks dink nie.
Die Namibië Studente Finansiële Bystandsfonds, Nsfaf, doen 'n beroep op alle begunstigdes om hul lenings terug te betaal. Hulle beklemtoon die belangrikheid van terugbetaling, aangesien versuim om dit te doen toekomstige studente se toegang tot fondse kan belemmer. Debiteure wat versuim om hul lening terug te betaal volgens die ooreenkoms wat hulle met Nsfaf onderteken het, sal aan prokureurs oorhandig word vir regsprosesse om die volle uitstaande bedrag in te vorder. Kennedy Kandume, Nsfaf se uitvoerende hoof, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en moedig alle begunstigdes aan om te betaal.
Die minister van Elektrisiteit, Kgosientsho Ramokgopa, het aangekondig Suid-Afrika is reeds 54-dae sonder beurtkrag weens 'n verbetering in die energiebeskikbaarheidsfaktor. Dit het met nege-persentasiepunte verbeter tot 60,7-persent. Ramokgopa bevestig die onbeplande kapasiteitsverliesfaktor het van 35-persent, afgeneem tot 28-persent. Hy skryf die verbetering toe aan aggressiewe instandhoudingspogings, aangesien Eskom 'n drie-jaar-hoogtepunt in beplande instandhoudingswerk bereik het terwyl eenhede operasioneel gehou is.
Die hoof aanklaer by die Internasionale Strafhof, Karim Kahn, het aan CNN bevestig dat hy aansoek doen vir internasionale lasbriewe vir leiers van beide Hamas en Israel. Onder die lasbriewe is premier Benjamin Netanyahu sowel as Hamas-hoof Yahya Sinwar. Kahn verduidelik die Hamas-aansoek.
Die kiesersregistrasie vir die verkiesing in November gaan op 2 Junie begin. Kiesers word daaraan herinner dat ou registrasiekaarte nie meer geldig is nie. Almal moet van nuuts af registreer. Die registrasie eindig op 1 Augustus en kiesers word aangemoedig om nie tot die laaste dag te wag nie. Wat het jy nodig om te registreer? Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die woordvoerder van die Namibiese Verkiesingkommissie, De Wet Siluka.
President Cyril Ramaphosa het sy hartseer uitgespreek oor die dood van die president van Iran, Ebrahim Raisi, die minister van Buitelandse Sake, Hossein Amir-Abdollahian, en nog sewe mense. Hulle het in digte mis in 'n helikopter-ongeluk gesterf in die noorde van die land. Ramaphosa se woordvoerder, Vincent Magwenya, sê die president is geskok oor die buitengewone, ondenkbare tragedie ...
El Niño-toestande het reeds verswak met La Niña wat teen September gevestig sal wees. Volgens die Enso-voorspellings is daar ‘n 69 persent waarskynlikheid dat La Niña tussen Julie en September sal pos vat. Volgens die weermodelle sal die La Niña sy houvas oor weerstoestande dwarsdeur die Suidelike Halfrond se somer behou. Kosmos 94.1 Nuus het met weerkenner Johan van den Berg gesels en hy bevestig die goeie nuus.
Konstruksie van Savanna Beef Processors se abattoir vorder flink. Die aanleg is 25 kilometer Suid van Okahandja by die Teufelsbach-afrit aan die oostekant van die A1-snelweg geleë. Die voorkeurtender is deur die Nexus Group en Emcom Consulting Engineers ingedien. Kosmos 94.1 Nuus het die jongste by die voorsitter van die Beesvleis Waardekettingsforum, Mecki Schneider...
Reaksie word ontvang op visepresident Netumbo Nandi-Ndaitwah se aanmerkings dat migrasie van landelike na stedelike gebiede as een van Namibië se grootste uitdagings is. Daar word reeds jare lank ‘n beroep op die Swapo-regering gedoen om te desentraliseer en aansporings aan te bied vir maatskappye om in die gebiede bedrywighede daar te stel maar, tot op hede, is Windhoek, die kusgebied en die Ondangwa-Oshakati gebied die regering se fokus. Die visepresident het die belangrikheid daarvan beklemtoon om landelike gebiede in produksiesentrums te transformeer, met stedelike gebiede wat as verwerkingsentrums dien. Plaaslike ekonoom Gabriel Erastus sê streekskantore is nie desentralisasie nie. Daar is ‘n strukturele probleem.
Die Konstitusionele Hof het beslis voormalige president en leier van die MK-party, Jacob Zuma, mag nie terugkeer na die parlement nie. Die hof het Zuma vroeër skuldig bevind aan minagting omdat hy 'n vorige hofbevel verontagsaam het. Regter Leona Theron sê in die uitspraak, al is daar in ag geneem Zuma se vonnis is verminder, hou die hof vol die oorspronklike vonnis het 12-maande oorskry, wat hom diskwalifiseer van parlementêre geskiktheid ingevolge die Grondwet:
Die Departement van Verdediging en Militêre Veterane het die gewese speaker van die Nasionale Vergadering, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, se versoek verwerp dat die departement haar regskoste moet betaal. Sy word van korrupsie aangekla nadat sy na bewering 'n gunsloon van 2,5 miljoen Suid-Afrikaanse rand van 'n kontrakteur ontvang het terwyl sy minister van Verdediging en Militêre Veterane was. Mapisa-Nqakula is tans uit op borgtog van 50 000 rand. Die huidige minister, Thandi Modise, sê die betrokke owerhede het die saak deeglik oorweeg:
Die verkiesing is om die draai en verskeie kwessies moet aangespreek word deur die politieke partye. Kosmos 94.1 Nuus het met deurwinterede maatskaplike aktivis gepraat, Sandy Tjaronda. Volgens hom is een van die hoofprobleme wat aangespreek moet word is dienslewering deur die staat. Tjaronda het ook sy sentimente uitgespreek oor RedForce en sê dat hy die armes uitbuit.
Die slagoffers van die volksmoord in Namibië is nie in ooreenstemming oor die datum wat as herinneringsdag moet dien nie. Swanu verkies 28 Mei, die dag waarop konsentrasiekampe ontbind is in 1908, terwyl die Ovaherero opperhoof Mutjinde Katjiua 2 Oktober verkies. Dit is die dag waarop die uitroeiingsbevel deur Lothar von Trotha in 1904 uitgereik is. Die LPM skaar hom blykbaar by Mutjinde. Dr. Hoze Riruako, die leier van 'n faksie van die Ovaherero Tradisionele Owerheid, wil ook hê dit moet op 28 Mei val. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Sima Luipert, 'n lid van die tegniese komitee van die Nama Tradisionele Leiersvereniging, wat sê dat hulle 12 April wil hê, want dit is die dag in 1893 waarop die Namas die eerste keer aangeval is.
Die Vryheidsfront Plus in die buurland sê dit is kommerwekkend dat die Suid-Afrikaanse Rugby-unie voortdurende onder druk van die regering is om sekere transformasie-teikens te behaal. 'n Omvattende oudit van 206-bladsye wat Saru saamgestel het, lui die Springbokke en ander spanne in die land het nie hulle transformasieteikens verlede jaar gehaal nie. Heloïse Denner van die party sê Rassie Erasmus en sy span het die afgelope aantal jare meer vir transformasie en nasiebou vir die land gedoen as wat die ANC in 30 jaar kon regkry:
Die Network of African Journalists wat spesialiseer in volhoubare ontwikkeling en klimaatsverandering sê ‘n peiling toon dat 74,7 persent van joernaliste het hulle rug gedraai op beriggewing oor omgewingskwessies as gevolg van ‘n tekort aan finansiering. Meer as 150 joernaliste het aan die peiling deelgeneem. Die waarnemende sekretaris-generaal van die Namibiese mediavakbond Nampu, Jemima Beukes, sê die uitdaging word ook plaaslik ervaar... op talle fronte.
Die 27-jarige Alexander Zverev van Duitsland sê hy is vol vertroue in aanloop tot die Franse Ope nadat hy sy tweede Italiaanse Ope-titel in Rome gewen het. Die derde gekeurde Duitser het Nicolas Jarry van Chili met 6-4 en 7-5 geklop om sy sesde Meesters 1 000-kroon op te raap. Dis sy grootste titel sedert hy in 2022 in die halfeindronde op die Roland Garros sy enkel beseer het. Zverev wat tans nommer vier op die wêreldranglys is, sê hy hoop hy kan hierdie momentum oordra na Parys:
Manchester City het Manchester United nou verbygesteek en die enigste span geword wat die Premierliga vier agtereenvolgende kere kon wen. Die span moes wen om Arsenal te klop en twee doele van Phil Foden en een van Rodri was genoeg vir Pep Guardiola se span om West Ham drie-een te verslaan en die titel met twee punte te buit. City spog nou met ses uit die afgelope sewe Premierliga-titels. Guardiola sê sy span se prestasies is spesiaal:
Die leier van die ACDP Kenneth Meshoe vra dat korrupsie in die tenderstelsel uitgeroei word. Hy het ondersteuners toegespreek aan die einde van 'n veldtog in Empangeni, KwaZulu-Natal, en gesê die stelsel bevoordeel 'n paar mense en veroorsaak infrastruktuur-agteruitgang. Meshoe sê hy sal dienslewering desentraliseer en munisipaliteite bemagtig, Hy vra ook die repatriasie van onwettige immigrante, en sê grense moet versterk word:
Die jaarlike motorsport toekenningseremonie is Saterdagaand in die hoofstad gehou. Die glansgeleentheid is deur die Windhoek Motorklub en die Motorsport-federasie aangebied. Francois Lottering was daar.
Die DA bedank die tien-duisende Suid-Afrikaners wat die naweek oorsee by ambassades en konsulate gestem het. Die DA-leier John Steenhuisen sê in 'n verklaring hulle toewyding, ondanks lang reise en ure in rye, onderstreep hulle liefde vir Suid-Afrika en vasberadenheid om ANC-korrupsie stop te sit. Hy voeg by, die DA waardeer hulle opoffering en beskou dit as 'n ware demokratiese heldedaad.
Meer as 1,5 miljoen Namibiese dollar is ingesamel vir die Namibiese Kankervereniging deur die Rough and Tough-tydren. Daar was meer as 330 inskrywings wat deelgeneem het oor die meer as 1 000 kilometer. Die vereniging se uitvoerende hoof Rolf Hansen sê kankersorg sal regoor die land uitgerol word.
Die Otjozondjupa verwysingshospitaal was ‘n verkiesingsfoefie. Dit is die mening van die Independent Patriots for Change-party. Die konstruksie van die nuwe Otjozondjupa verwysingshospitaal by Otjiwarongo sou ses jaar terug begin het. Die grond, 20 hektaar, was reeds tien jaar gelede bekom en ten duurste omhein. Daar was 720 miljoen Namibiese dollar vir die konstruksie begroot. Nou val die heining uitmekaar en nie een baksteen is gelê nie. Siek pasiënte word steeds, deur middel van busse, na Windhoek vervoer vir mediese dienste. Imms Nashinge, IPC-woordvoerder, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Die uitvoerende hoof van die Namibiese Kankervereniging Rolf Hansen het met skok gereageer op ‘n anonieme stemgreep wat die rondes op sosiale media doen...
Die EFF-leier Julius Malema het die perseel waar die gebou in George ingeengestort het besoek. Malema se besoek val saam met sy verkiesingsveldtog in die Wes-Kaap. Hy het ondersteuners toegespreek in Stellenbosch, en hulle aangemoedig om die ANC uit te skop. Hy beloof om 'n korrupsievrye regering daar te stel en dienste soos behuising, en toilette, te verskaf:
Die Voedsel- en Landbou-organisasie van die Verenigde Nasies het die voedselsekuriteit beskerm van meer as 1,6 miljoen mense in 23 lande. Die senior nood- en rehabilitasiebeampte, Dunja Dujanovic, sê dit is moontlik gemaak deur voorkomende maatreëls teen uiterste weerstoestande. Die jongste El Niño is onder die sterkste op rekord, en raak tot 50 miljoen mense wêreldwyd. Dujanovic sê hulle het droogtebestande sade versprei en water-opvangers gebou:
Die Food Waste Challenge is 'n kompetisie wat deur die Capricorn-stigting geloods is om voedselvermorsing te verminder en werk te skep in Namibië. Voedselvermorsing is ‘n groot uitdaging met 2,5 miljard ton wat jaarliks weggegooi word terwyl miljoene honger ly. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Rikus Grobler, die bestuurder van innovering by die stigting, wat meer inligting gee oor wat die kompetisie vanjaar gaan behels.
Die Namibiese Inkomste-agentskap, NamRA, herinner die publiek daaraan om voor te berei vir die indiening van hul ITAS-opgawes op die agentskap se aanlyn-portaal. Steven Ndorokaze, NamRA se hoof van strategiese kommunikasie, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en die belangrikheid van hierdie proses beklemtoon. He vra ook dat werkgewers hul werknemers van die nodige PAYE 5-vorms te voorsien om die proses te vergemaklik. Dit is van kardinale belang vir individue om by hierdie sperdatum te hou om nakoming van belastingregulasies te verseker. Lede van die publiek het tot Junie tyd om hul opgawes in te dien. Ndorokaze is aan die woord.
Die vakverbond Saftu is omgekrap oor die Nasionale Raad van Provinsies se goedkeuring van die Wysigingswetsontwerp op die Regulering van Elektrisiteit. Die woordvoerder, Trevor Shaku voer aan, die wetsontwerp, wat Eskom se monolopie ontbondel en die elektrisiteitsmark oopstel, bevoordeel privaat sektor-belange bó staatseienaarskap. Hulle het in 'n parlementêre voorlegging teen die wetsontwerp gewaarsku, dit kan hoër tariewe tot gevolg hê en burgers negatief raak:
Fifa-president Gianni Infantino moedig die sport aan om 'n verenigende mag te wees met konflikte wat wêreldwyd woed. By die beheerliggaam se kongres in Bangkok, Thailand, het Infantino klem geplaas op sokker se rol om eenheid te bevorder. Die pleidooi kom terwyl Fifa regsraad inwin oor 'n Palestynse voorstel dat Israel geskors word uit internasionale sokker. Hy sê die sport wil verenig, nie verdeel nie:
Die gebruik van sonkrag vir besproeiing by groenskema-projekte om elektrisiteitskoste te verminder word deur die landbou-ministerie ondersoek. Sommige projekte betaal tot 400 000 Namibiese dollar per maand aan kragrekeninge. Die sonkrag-inisiatief kan rekeninge potensieel met tot 90 persent verlaag. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Jona Musheko, die ministerie se woordvoerder, wat meer deel.
In hul stryd teen geweld teen vroue, het die SASA! Together-inisiatief sy eerste groep van 16 gemeenskapsaktiviste en 14 leiers uit die Tobias Hainyeko-kiesafdeling in die Khomas-streek bekragtig. Charlene Uakuramenua, Project Hope Namibië se senior geslagsadviseur, het tydens die bekendstelling gesê die 30 opgeleide individue sal hul onderskeie gemeenskappe betrek by betekenisvolle gesprekke oor magsverhoudinge en die faktore wat tot geslagsgebaseerde geweld bydra. SASA! Together val onder die Reach Namibia-inisiatief wat deur Project Hope Namibië geïmplementeer is en deur PEPFAR deur USAID befonds word.
Presidentskandidaat Donald Trump is in Houston, Texas, deur die National Rifle Association onderskryf. Die vereniging is ‘n magtige liggaam in die VSA en is geallieerd met die Republikeinse-party. Trump sê hy sal alles doen om wapen-eienaarskap, ‘n uiters omstrede kwessie, in die VSA te beskerm.
Konstruksie van die nuwe Otjozondjupa verwysingshospitaal by Otjiwarongo sou ses jaar terug begin het. Die grond, 20 hektaar, was reeds tien jaar gelede bekom en ten duurste omhein. Daar was 720 miljoen Namibiese dollar vir die konstruksie begroot. Die destydse adjunk-gesondheidsminister Juliet Kavetuna het ses jaar gelede met NBC gepraat.
Sophia Shaningwa, sekretaris-generaal van Swapo, het bewerings dat sy saam met die sakevrou Stina Wu en die uitvoerende hoof van die verkiesingskommissie, Petrus Shaama in China was, weerlê. Shaningwa het Vrydag uit China aangekom waar sy vergaderings met die Chinese Kommunistiese Party gehad het. Sy het met die Windhoek Observer gepraat.
Die burgemeester van Kaapstad Geordin Hill-Lewis vra gebede vir die families van die 11 vissermanne wat nog ter see vermis word nadat 'n treiler Vrydag gesink het. Die Nasionale Seereddingsinstituut en ander reddingsdienste soek steeds na die vermiste vissermanne. Die NSRI het bevestig nege van hulle kollegas is vroeër gered en na veiligheid gebring. Hill-Lewis sê die stad sal steeds steun bied en bly hoop op goeie nuus:
Families in Walvisbaai wat in plakkerskampe woon word tans verskuif na Farm 37 buite die dorp. Die area is bekend onder inwoners as Green Valley en kan potensieel sowat 30 000 inwoners huisves. 'n Raadslid van Walvisbaai, Ryan Gordon, het vroeër sy kommer uitgespreek dat die gebied dalk nie reg is om reeds mense te huisves nie. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Jack Manale, die bestuurder van behuising, wat 'n oorsig gee oor die beplande ontwikkeling van 'n volwaardige dorp.
Tyson Fury het op 'n dramatiese aand in Saoedi-Arabië 'n nederlaag met 'n verdeelde-beslissingspunte gely toe Oleksandr Usyk boks se eerste viergordel onbetwiste swaargewigkampioen geword het. Fury het oortuig van 'n oorwinning gelyk voordat Usyk in trane uitgebars het toe hy as die wenner bevestig is. Dit is die 35-jarige Fury se eerste nederlaag in sy 16-jaar loopbaan. By die perskonferensie na die geveg, het Usyk, soos altyd, hulde aan sy oorlede pa gebring.
Verdoemende nuwe verslae van twee van Afrika se voorste kinderregtegroepe het die skokkende toename in aanlyn seksuele uitbuiting en mishandeling van kinders oor die hele vasteland ontbloot. Van die bevindinge van die African Child Policy Forum en ChildFund is dat in sommige lande ongeveer 'n vyfde van kinders onder 17 ongevraagde aanlyn versoeke ontvang het om oor seks of seksuele dade te praat. In Suid-Afrika alleen het 'n derde van die kinders 'n ontmoeting in lewende lywe gehad. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Yolande Engelbrecht, die koördineerder van die Gender-afdeling by die Regshulpsentrum, oor wat Namibië doen om die aanlyn seksuele toenadering tot jong kinders te bekamp.
Die ANC-president Cyril Ramaphosa is vol vertroue oor die steun vir die party in die verkiesing van 29 Mei. Ondanks vooruitskattings van steun wat afneem, sê Ramaphosa die ANC staan steeds sterk. Hy het tydens 'n veldtog in Greytown, KwaZulu-Natal, aan ondersteuners gesê hy is seker die party se aanhangers sal in groot getalle opdaag en seker maak van 'n beslissende oorwinning:
Die regering van Suid-Sudan en rebelle-opposisiegroepe het 'n belofte onderteken vir 'n vredesverklaring tydens hoëvlak-bemiddelingsamesprekings in Kenia. Die ooreenkoms wil die konflik beëindig wat Suid-Sudan se ekonomie lamlê. Die besonderhede is nie bekendgemaak nie, maar dit is 'n mylpaal in die voortgesette Tumaini-inisiatiefsamesprekings. Die bemiddellaar en afgetrede Keniaanse spesiale afgevaardigde vir die vredesproses, Lazaro Sumbeiywo, vra die leiers om die vrede te bewaar:
Kriminele klagte is teen die Grootfontein-boer Willem Goosen aanhangig gemaak. Daar is tien in totaal met twee wat poging tot moord insluit. Die sake spruit uit die skietvoorval middel April op Goosen se plaas waar die Belgiese Malinois Troy twee keer geskiet is. Hy en sy hanteerder het spoorgesny na ‘n voorval van diefstal. Die polisie ondersoek tans die sake, soos Troy se eienaar Chere van der Merwe aan Kosmos 94.1 Nuus verduidelik.
Die DA sê die Departement van Landbou is traag om te reageer op die bek-en-klouseer-uitbreking in die Oos-Kaap, 'n sleutel-beesvleis-vervaardigingstreek waar hoë werkloosheid 'n probleem is. Die party sê ondanks die feit dat die siekte onder staatsbeheer val, is maatreëls wat deur plaaslike landbouliggame voorgestel is om dierebeweging te beheer, afgewys. Die DA -lid, Noko Masipa, sê die stadige reaksie bedreig die streek se ekonomie, wat baie afhanklik is van beesvleisproduksie en hoë werkloosheid in die gesig staar:
Dit was weer ‘n woelige aand op Copps 94.1 met teistering van haweloses, ‘n lapa-brand en selfs ‘n man wat in ‘n vuur geval het. Francois Lottering het die Stadspolisie vergesel en doen verslag.
Arsenal wil môre graag sy eerste Premierliga-titel in 21 jaar inpalm met die kampioenskap wat op die laaste dag van die seisoen beslis word. Arsenal is met twee punte agter Manchester City aan die bopunt van die punteleer. Die Gunners moet Everton in hulle laaste wedstryd die loef afsteek en vertrou Man City klop nie West Ham nie om hulle vierde agtereenvolgende titel in te palm. Die bestuurder van Arsenal, Mikel Arteta, glo sy span is gereed:
'n Stille krisis is besig om in Namibië te ontvou namate geestesgesondheidskwessies onder mans eskaleer. Daar is 'n idee dat mans taai, sterk en altyd in beheer moet wees. Om kwesbaarheid te toon of te erken dat jy oorweldig voel, word dikwels as 'n teken van swakheid gesien. Gevolglik ly baie mans in stilte, want hulle vrees oordeel of bespotting as hulle oor hul geestesgesondheid praat. Herle Otto, die organisatoriese effektiwiteitsbeampte by Old Mutual Namibia, sê mans moet bygestaan word om ondersteuning te soek.
Die voormalige gyselaar in Gaza en stigter van Fair Planet, Shoshan Haran, versoek die VN se Veiligheidsraad om in te gryp met die vrylating van gyselaars in die konflik in Gaza. Sy het tydens ‘n informele byeenkoms in New York, wat deur Amerika byeengeroep is, aangedring op die vrylating van 128 vermiste gyselaars. Haran is vir 50 dae aangehou en het gewys op die dringende behoefte aan internasionale optrede aangesien haar skoonseun steeds gyselaar gehou word.
Namibië het by die wêreld aangesluit om Wêreldtelekommunikasie- en Inligtingsamelewingsdag te vier onder die tema: “Digitale Innovasie vir Volhoubare Ontwikkeling”. Die dag dien as 'n herinnering aan die eindelose geleenthede wat die digitale ruimte bied, veral in hoe digitale innovasie konnektiwiteit en volhoubare welvaart vir almal kan bevorder. Adjunk-kommunikasie-minister Modestus Amutse het gepraat by 'n geleentheid wat in Windhoek gehou is om die dag te vier. Hy het gepraat oor die belangrikheid daarvan om die digitale kloof te oorbrug en wat Namibië daaraan doen.
Israel beweer Suid-Afrika is 'n bondgenoot van Hamas en verdraai die feite. Israel het vanoggend sy betoog gelewer voor die Internasionale Geregshof in Den Haag, Nederland, en beskuldigings verwerp dat hy hulp aan Gaza verhoed en grense sluit. Die land beskryf Suid-Afrika se beskuldigings as ongegrond en afstootlik. Die raadgewer van die Israelse ministerie van Buitelandse Sake, Tamar Kaplan Tourgeman, hou vol 'n kragtige regstelsel verseker die nakoming van humanitêre beginsels. Sy kritiseer Suid-Afrika dat hy nie aandag gee aan Hamas se rol nie.
Die Internasionale Dag teen Homofobie, Bifobie en Transfobie word op 17 Mei gevier. Die dag het ten doel om internasionale geleenthede te koördineer wat bewustheid van LGBT-regteskendings en LGBT-regtewerk wêreldwyd verhoog. In 2016 het die herdenkings in meer as 130 lande plaasgevind. Die LGBT-gemeenskap in Namibië word geteiken in aanvalle en selfs moorde, waarvan die jongste die moord op Christof Fredricks was. Die transgender vrou se naakte, verminkte liggaam met 32 steekwonde is in Otjomuise ontdek. Aktivis Linda Bauman praat met Kosmos 94.1 Nuus oor die dag en die belangrikheid daarvan in Namibië.
Namibië spandeer slegs 0,73 persent van BBP aan navorsing en ontwikkeling, is onlangs deur hoër onderwys, tegnologie en innovasie-minister Itah Kandjii-Murangi bevestig. Die wêreld-standaard is 1 persent van BBP. Volgens 'n plaaslike ekonoom veroorsaak 'n tekort aan navorsing dat verskeie sektore nie ontwikkel word nie. In landbou word daar byvoorbeeld nie saad ontwikkel vir Namibië se klimaat nie. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Hanks Saisai, Agribank se tegniese adviseur vir gewasse en pluimvee, wat sê die landbou-ministerie werk wel aan saadnavorsing, ten spyte van die min geld daarvoor.
Nog 'n ongeregistreerde politieke party, Action Fund, het aangesluit by die wedloop na die 2024 nasionale verkiesing. Luidens die party se manifes beloof dit om Air Namibia te heropen en dat geen studente verplig sal wees om enige geld aan NSFAF terug te betaal nie. Dit sal ook 'n werkloosheidsfonds op die been bring, waardeur werklose persone 'n maandelikse toelae sal ontvang. Daar is tans 19 politieke partye geregistreer by die Verkiesingskommissie van Namibië en dit sal waarskynlik toeneem. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Graham Hopwood, die direkteur van die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing, wat sê dat alle nuwe partye aan die kommissie se vereistes moet voldoen om 'n volwaardige party te wees. Eers dan sal hulle ernstig opgeneem word.
RISE Mzansi doen 'n beroep op Suid-Afrikaners in die buiteland om die naweek te stem. Meer as 78 000 burgers is geregistreer om oorsee te stem by 111 Suid-Afrikaanse diplomatieke sendings oral in die wêreld. RISE Mzansi se leier, Songezo Zibi, sê hulle het die afgelope paar weke geslaagde aanlyn en fisiese vergaderings gehou met Suid-Afrikaners in die Verenigde Koninkryk, Mauritius, Tokio, die Verenigde Arabiese Emirate en ander lande.
Namibië se ambassadeur in Angola, Patrick Nandago, sê die kwessies van die beweerde Angolese kinders wat in die strate van Windhoek en die noordelike dele van die land rondloop, is 'n veiligheidsprobleem. Nandago sê dat die kwessie deur albei lande bespreek word om die kinders se herkoms vas te stel en 'n blywende oplossing te vind. Dit kom nadat prokureur Kadhila Amoomo geveg het dat iets gedoen moet word om die Angolese kinders by te staan.
Israel het Suid-Afrika van 'n regshinderlaag beskuldig in die Internasionale Geregshof in Den Haag, in Nederland. Hulle beweer die verhoor is onregverdig weens die onbeskikbaarheid van sy gekose regsverteenwoordigers. Suid-Afrika versoek bykomende noodmaatreëls teen Israel se offensief op Rafah in Gaza. Israel se adjunk-prokureur-generaal, Gilad Noam, voer aan die beskuldigings van volksmoord is ongegrond en sê Rafah is ook 'n Hamas-vesting met vuurpylterreine wat ingebed is in die burgerlike bevolking.
NamPol Oshana se streekbevelvoerder, kommissaris Naftal Sakaria, sê aanlyn swendelary het 'n kommerwekkende neiging in die streek geword. Dit kom nadat 'n onbekende swendelaar verlede week twee vroue van 62 en 68 jaar oud, uit onderskeidelik 50 000 Namibiese dollar en 100 000 dollar bedrieg het. Sakaria waarsku die publiek om nie oproepe van onbekende mense te vertrou wat vir persoonlike bankinligting vra nie. Hy het tydens 'n pers-inligtingsessie op Oshakati gepraat.
Verskeie swendelarye sien steeds die lig. Die nuutste is dat lede van die publiek ingelig word dat hul nommers onder iemand anders se naam geregistreer is en daar van hulle vereis word om 'n SMS-kode te verskaf. Die kode gee die swendelaar eintlik toegang tot hul bankbesonderhede. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Telecom Namibia se woordvoerder, Nomvula Kambinda...
Die George-munisipaliteit sê bespiegeling van nie-amptelike kenners oor die oorsake van verlede week se gebou-ineenstorting, kan die amptelike ondersoek negatief raak. Die vyf-verdieping woonstelgebou het ingetuimel en 81 bouwerkers onder die puin vasgekeer. Drie-en-dertig sterftes is bevestig terwyl 19 mense vermis word. Die munisipaliteit se woordvoerder, Ntobeko Mangqwengqwe, sê die Departement van Arbeid en Indiensneming sal die perseel binnekort oorneem om hulle formele ondersoek voort te sit:
Rolex sluit sy kantoor in Sandton na 76 jaar in Suid-Afrika. Die maatskappy sê die sluiting is genoodsaak deur ‘n verandering in die mark wat nie meer sy teenwoordigheid in die buurland regverdig nie. Ekonoom Salomo Hei het in reaksie hierop op sy sosiale media gesê dit wek kommer omdat Rolex 'n toonaangewende ekonomiese aanwyser van welvaart is en dat daar 'n positiewe verband tussen rykdom en buitelandse beleggings is en as Rolex sluit, beteken dit dat die mark nie meer lewensvatbaar vir die produk is nie. Hy verduidelik...
Die saak teen een van die ooms wat sy 14-jarige susterskind verkrag het, is uitgestel tot 2 Augustus. Die 46-jarige Angolese burger is ook borg geweier en bly agter tralies. Die saak spruit uit ‘n voorval die week in die Omusati-streek waar hy en sy broer blykbaar die kind in haar kamer vasgekeer het en verkrag het. Die ander verdagte het gevlug. Kosmos 94.1 Nuus het met Omusati se streeksbevelvoerder kommissaris Ismael Basson oor die jongste gepraat.
Die vermeende reeks-stroper Derick Brockerhoff en sy makker Markus Rooinasie sal weer op 30 Julie in die hof verskyn wanneer die twee na verwagting ‘n formele borgaansoek sal bring. Die saak is vanoggend deur landdros Monica Andjaba uitgestel omdat die twee steeds nie regsverteenwoordiging na hulle arres op 11 April het nie. Tydens Brockerhoff se arrestasie het die boeregemeenskap saam gestaan en al sy vorige en huidige sake in verband met stropery na vore gebring. Hy is blykbaar berug vir die tipe misdaad. Die saak sal nou na die streekhof oorgedra word en met al sy ander sake saamgevoeg word. Hennie Brisley, die voorsitter van die Windhoek streekslandbou-unie het by die hof met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Die Suid-Afrikaanse kenner van internasionale betrekkinge Brooks Spector sê Namibië en China het deurlopend 'n positiewe verhouding behou. Spector sê China is Namibië se grootste bron van buitelandse belegging en tweede-grootste handelsvennoot, veral met die uitvoer en invoer van ru-materiaal. Hy berig oor die jare het ekonomiese en politieke vennootskap aansienlik verdiep en versterk met nog ekonomiese groei wat verwag word:
AfriForum se raad van direkteure het onderneem om die Nasionale Gesondheidsversekeringwet met 'n regstryd te beveg totdat alle middele uitgeput is. Die organisasie beplan om 'n saak aanhangig te maak en dit meedoënloos na te volg met die gesondheidsvryheid van Suid-Afrikaners as 'n beginselsaak. Die veldtogbeampte van AfriForum Louis Boshoff beklemtoon die organisasie se vasberadenheid en kritiseer president Cyril Ramaphosa se hantering van die wet:
ActionSA het die volle bank van die Hooggeregshof in Pretoria se besluit verwelkom om die regering se aansoek om verlof tot appèl teen die beurtkrag-uitspraak te verwerp. Die Noord-Gautengse Hooggeregshof het verlede jaar beslis dis ongrondwetlik om krag na belangrike openbare instellings soos skole en hospitale af te sny. Die regering is beveel om hierdie openbare instellings van beurtkrag vry te stel. Mpho Madisha van ActionSA sê dis inspirerend om te sien die gereg is aan die kwesbaarste lede van die samelewing se kant:
Die ergste droogte in Zimbabwe in 40 jaar gelei het tot wydverspreide misoeste en meer as die helfte van die bevolking sal vanjaar voedselhulp nodig hê. Sowat 6 miljoen mense in landelike gebiede en 1,7 miljoen in stedelike gebiede sal bystand benodig, volgens die Zimbabwe Livelihoods Assessment Committee. Humanitêre organisasies is op soek na fondse om bystand te lewer. Kosmos 94.1 Nuus het met die Zimbabwiese ekonoom, Eddie Cross, gepraat oor die impak en waar die geld vandaan sal kom.
Die belangrikste geleentheid op die globale waterstofbedryf se kalender, World Hydrogen 2024 Summit and Exhibition, het in Rotterdam, Nederland, plaasgevind. Namibië het dit ook bygewoon en die plaaslike afvaardiging is gelei deur president Nangolo Mbumba. Kosmos 94.1 Nuus het met Phill Balhao, die burgemeester van Lüderitz, gesels wat ook daar was, en 'n kort oorsig gee van wat by die beraad gebeur het.
Die Amerikaner Xander Schauffele het 'n voorsprong van drie houe na die openingsronde van die PGA Kampioenskap by die Valhalla Gholfklub in Kentucky. Hy het vir die eerste keer in die geskiedenis van die PGA Kampioenskap 'n ronde van 62 behaal en dit slegs die vierde keer ooit in 'n mans Major-toernooi. Sy landgenote Tony Finai en Sahith Theegala is saam in die tweede plek op ses onder baansyfer. Nog 'n Amerikaner, Brooks Kopeka, wat sy titel verdedig, is op vier-onder, 67. Schauffele sê hy is tevrede met hoe hy gespeel het:
Die Kommissie vir Geslagsgelykheid steun die tweemalige Olimpiese kampioen Caster Semenya se stryd teen testosteroonregulasies by die Europese Hof vir Menseregte en beskou dit as 'n vorm van marteling, rassisme en geslagsdiskriminasie. Hy betoog Semenya se behandeling skend haar persoonlike privaatheid, waardigheid en menseregte. Die voorsitter van die kommissie, Nthabiseng Sepanya-Mogale kritiseer ook Atletiek Suid-Afrika vir die outomatiese verbod op Semenya se deelname:
Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, sê ʼn volskaalse aanval op Rafah in Gaza sal katastrofies wees omdat niks die gesamentlike straf van Palestyne regverdig nie. Sowat 600 000 mense, of ʼn kwart van Gaza se bevolking, het die afgelope week uit Rafah gevlug. Dit volg te midde van voortgesette Israelse militêre optrede. Guterres het sy oproep herhaal dat alle gyselaars wat nog in Gaza aangehou word, onmiddellik en onvoorwaardelike vrygelaat word:
Die wêreld-nommer-een Iga Swiatek kom in die Italiaanse Ope se eindstryd teen nommer twee, Aryna Sabalenka, te staan. Die 22-jarige Pool het die Amerikaner Coco Gauff met 6-4 en 6-3 verslaan, terwyl die Belarus ʼn ander Amerikaner, Danielle Collins, met 7-5 en 6-2 geklop het. In die mansafdeling het die Chileen Nicolas Jarry die sewende gekeurde Stefanos Tsitsipas van Griekeland uitgeskakel om die halfeindronde te bereik. Tommy Paul van Amerika het Hubert Hurkacz van Pole verslaan. Sabalenka sê sy sien uit daarna om teen Swiatek te speel:
Suid-Afrika het die Internasionale Geregshof in Den Haag versoek om Israel te beveel om onmiddellik sy militêre magte in Rafah te onttrek en sy offensief te staak as deel van bykomende voorlopige noodmaatreëls. Israel se prokureurs sal na verwagting vanoggend reageer. In haar vertoë voer die Suid-Afrikaanse advokaat, Adila Hassim, aan dat Israel se optrede in Rafah die voortbestaan van Palestyne in gevaar stel en 'n skending van internasionale reg is:
Die drie leeus wat in die weste van die Kavango-Oos-streek rondloop is vroeg Woensdagaand by Kakurukadi-dorpie in die George Mukoya-bewaar-area gesien, net noord van die Khaudum Nasionale Park. Hulle het reeds 'n kalf en 'n bok by twee verskillende dorpies gevang. Dit is die derde groep leeus in die noordooste van die land wat in die afgelope tyd opgemerk is met beduidende konflik en vee wat gevang is. Die gebied is droog en Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met professor Morgan Hauptfleisch, hoof van die Biodiversiteitsnavorsingsentrum by Nust, oor of mens-wild konflik sal toeneem as gevolg van die droëer toestande
Petrol- en dieselpryse is tans op koers vir verlagings aan die begin van Junie. Die jongste skatting van die Sentrale Energiefonds in Suid-Afrika toon dat die prys van 95 loodvrye petrol met sowat 62c per liter kan daal, terwyl die groothandelprys van diesel met tussen 74c en 77c kan sak. Suid-Afrikaanse en Namibiese brandstofpryse word grootliks deur internasionale olie- en brandstofkoste, en die rand-dollar wisselkoers bepaal. Olie verhandel rondom sy laagste vlakke in sewe weke en het tot onder 83 Amerikaanse dollar gedaal. Kosmos 94.1 Nuus het met die Cirrus-ekonoom, Robert McGregor, gesels wat sê daar is goeie nuus omdat die rand sterker is en globale brandstofpryse laer.
China en Namibië het 'n sterk verhouding wat dateer vanaf Namibië se onafhanklikwording in 1990. China is Namibië se grootste bron van buitelandse belegging, wat 'n beduidende rol in die land se ontwikkeling speel. Bilaterale handel het geleidelik gegroei, met China wat Namibië se tweede grootste handelsvennoot is. China voer hulpbronne soos minerale en beesvleis uit Namibië in. Namibië het egter 'n groeiende nasionale skuld, en daar is kommer oor afhanklikheid van Chinese lenings. Daar is ook kritiek oor die arbeidspraktyke van sommige Chinese maatskappye in Namibië. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die skadu-finansminister van die PDM, Nico Smit, wat sê Namibië het China toegelaat om die konstruksiebedryf te koloniseer.
Paratus Namibia Holdings Beperk het meer as 600 miljoen Namibiese dollar ingesamel deur sy onlangse regte-uitgifte en beleggingsaksie, wat ten volle onderskryf was. Die aansienlike kapitaalinspuiting het die maatskappy se markkapitaal op die Namibië-aandelebeurs effektief verdubbel. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Andrew Hall, die groep se besturende direkteur, wat sê die geld van die beleggingsaksie sal gebruik word om infrastruktuur uit te brei om kliëntediens te verbeter.
Die Referendum Party sê daar is 'n behoefte aan verbeterde toegang tot gesondheidsorg en onderwys in Suid-Afrika. Partyleier, Phil Craig, meen 'n gesonde, goed-opgeleide bevolking is onontbeerlik vir die bou van 'n eerstewêreldland. Craig sê Suid-Afrika se gesondheidsuitdagings sal egter nie opgelos word deur 'n massa-uittog van gesondheidslui nie, en die nasionale regering het reeds bewys hy kan nie 'n gesondheidstelsel suksesvol bestuur nie.
Planne om die Impalila-eiland-aerodrome te bou, wat 'n geteerde aanloopbaan en ander fasiliteite insluit, is in 'n gevorderde stadium. Adjunk-premier John Mutorwa het die aangekondig gemaak terwyl hy die belangrikheid beklemtoon het om nie net padinfrastruktuur op die eiland te ontwikkel nie, maar ook lugvervoer. Hy was op die eiland om die eerste teerpad daar in te wy. Die eiland is aan die verre oostelike punt van Namibië in die Zambezi-streek. Dit word in die noorde begrens deur die water van die Zambezi-rivier en in die suide deur die Chobe-rivier. Mutorwa het 'n oorsig gegee van wat by die aerodrome gebou gaan word.
Suid-Afrika veroordeel Israel se voortslepende volksmoord in Gaza en sê dit het die gewete van die mensdom geskok. Die regering het na die Internasionale Geregshof in Den Haag teruggekeer om die volksmoord, wat Gaza byna vernietig het, stop te sit. Suid-Afrika se ambassadeur in Nederland, Vusi Madonsela, het Israel beskuldig van die opsetlike oortreding van hofbevele om volksmoord-dade te voorkom, en sy aanvalle op Palestyne te eskaleer. Madonsela het die hof aangemoedig om verdere gruweldade teen Palestyne te voorkom.
Vier skole in die Kavango-Oos-streek se Mukwe-kiesafdeling het klasse tydelik opgeskort weens leeus wat in die gebied rondloop. Die omgewingsake-ministerie bevestig dat drie leeus waargeneem is. Personeellede wat hul bewegings monitor meld dat die groep verdeel het, aangesien slegs die spore van 'n mannetjie en wyfie vanoggend gesien is. Kosmos 94.1 Nuus het by Romeo Muyunda, die ministerie se woordvoerder, gaan kers opsteek.
Die vakbond Solidariteit sê die onlangse loonooreenkoms tussen die Vereniging vir die Staal- en Ingenieursbedryf van Suider-Afrika en vakbonde in die bedingingsraad van die Metaal- en Ingenieursbedrywe kan lei tot 'n massa-uittog van ambagslui. Vakbonde is ontevrede omdat die ooreenkoms geld tot 2027, en glo dit devalueer vaardige werkers. Willie Venter van Solidariteit sê teenstrydighede in voorgestelde loonverhogings wat net op op bedryfsminimumkoerse van toepassing is, lewer min ware loongroei vir vaardige werkers.
Doek, in vennootskap met Bank Windhoek, het die tweede uitgawe van die Doek Letterkundige Fees aangekondig wat van 21 tot 24 Augustus by die Goethe-Instituut in Windhoek plaasvind. Die fees is 'n tweejaarlikse geleentheid en vier die werke van skrywers, digters en visuele kunstenaars wat bygedra het tot Doek! Literêre Tydskrif. Dit poog om die beste van Namibiese letterkunde saam met werke uit Afrika en die Afrika-diaspora ten toon te stel. Kosmos 94.1 Nuus het met die stigter van Doek Letterkundige Fees, Rémy Ngamije, oor die fees gesels.
Namibië se Richelieu Eagles vertrek môre na die IKR T20 Wêreldbeker in die Wes-Indiese Eilande. Hulle speel hul eerste wedstryd op 2 Junie teen Oman in Barbados. Die Namibiërs is in Groep B saam met Australië, Engeland, Oman en Skotland, en is in hulle derde agtereenvolgende wêreldbeker. Kosmos 94.1 Sportnuus se Francois Lottering het met sportminister Agnes Tjongarero gepraat wat haar wense aan die span deel.
Inwoners van Windhoek se informele nedersettings het in groot getalle opgedaag by die sooispit-seremonie van die Khomas Distrikshospitaal in Havana, Windhoek. Konstruksie van die hospitaal sal na verwagting teen 2027 voltooi wees teen 'n koste van 16 miljard Namibiese dollar. Die hospitaal sal 500 beddens hê, asook onder meer geestesgesondheid, chirurgie, kraamfasiliteite, personeelverblyf en ontspanningsfasiliteite. Dit sal na verwagting die druk op die Katutura- en Windhoek-staatshospitale verlaag. Die sermonie is waargeneem deur vise-president Netumbo Nandi-Ndaitwah namens president Nangolo Mbumba. Kosmos 94.1 Nuus het reaksie ontvang van die nasionale voorsitter van die Independent Patriots for Change, Brian Black, wat sê dit is na sy mening net 'n poging om stemme in verkiesingstyd te probeer wen.
Slagoffers van die volksmoord in Namibië stem tans nie saam oor die datum waarop die herinneringsdag gehou moet word nie. Swanu verkies 28 Mei, die dag in 1908 waarop konsentrasiekampe ontbind is. Die Ovaherero opperhoof Mutjinde Katjiua asook die LPM wil hê dit moet val op 2 Oktober, die dag in 1904 toe die uitroeiingsbevel deur Lothar von Trotha uitgereik is. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Dr. Hoze Riruako, leier van 'n faksie van die Ovaherero Tradisionele Owerheid, om sy opinie hieroor te kry.
Die Otjozondjupa-gesondheidsdirektoraat, in samewerking met die Nasionale Blindheidvoorkomingsprogram, is besig met 'n katarak-chirurgiese veldtog by die Grootfontein-distrikshospitaal. Die veldtog word saam met chirurgiese spanne van die Windhoek Sentrale Hospitaal en internasionale vrywilligers van Duitsland en Amerika uitgevoer en duur tot 17 Mei. Die groep word gelei deur dr. Helena Ndume, 'n internasionaal bekende filantroop. Die gesamentlike projek sal na verwagting die sig van sowat 450 katarakpasiënte van die Otjozondjupa-, Kunene- en Omaheke-streke herstel. Dr. Ndume beklemtoon hoe belangrik dit is om terug te gee aan die mees kwesbare mense in die samelewing.
FNB se senior ekonoom, Siphamandla Mkhwanazi, sê kleinhandelvolumes weerspieël steeds 'n laer verbruikersvraag-omgewing, beïnvloed deur taai inflasie, hoë rentekoerse en onderdrukte verbruikersvertroue. Die heersende streng uitleenstandaarde, te midde van verhoogde skuldhanteringskoste en kredietversuim, behoort kredietgroei redelik te beperk, wat verbruikers se vermoë verder strem om aankope te bekostig. Mkhwanazi sê daar is vae tekens van hoop in die medium- tot langtermyn.
Afrika is stadigaan besig om 'n hernubare energie-spilpunt te word. Namibië het die groen waterstof-ontwikkelings en Suid-Afrika het 'n program vir onafhanklike kragprodusente in hernubare energie. Marokko beplan om 400 MW windkrag te ontplooi deur middel van 'n publieke-private vennootskap, om net 'n paar te noem. Vrae ontstaan of dit beteken inwoners se kragkoste sal verminder. Kosmos 94.1 Nuus het met die Suid-Afrikaanse energiekenner, Chris Yelland, gesels wat positief is oor wat hernubare energie vir die vasteland kan beteken.
Tennis: Die sesde gekeurde Stefanos Tsitsipas van Griekeland sal probeer om sy goeie vorm op die kleibaan voort te sit wanneer hy vandag teen Nicolas Jarry van Chilli te staan kom in die kwarteindronde van die Italiaanse Ope. Tsitsipas het in 2021 'n loopbaan-beste bereik met die derde plek op die ATP-ranglys, maar daarna uit die top-tien teruggesak. Hy is tans in die agtste posisie. Die 25-jarige wil aanhou verbeter.
Onwettige visvang in die noordoostelike riviere van die Zambezi en Okavango is 'n groot uitdaging. Die Namibiese polisie in die Zambezi-streek het verskeie waarskuwings uitgereik teen onwettige visvang deur beide buitelanders en Namibiërs. Kosmos 94.1 Nuus het met Mark Paxton van Shamvura-kamp by die Okavangorivier gesels wat sê dat geen verandering plaasgevind het nie en dat die rivier nou ideaal is vir visvang met nette.
In Maart het 90 917 passasiers by die land se lughawens aangekom of vertrek, 'n styging van 24,9 persent jaar-tot-jaar. Die Namibië Statistieke-agentskap sê in sy jongste verslag Hosea Kutako Internasionale Lughawe het die grootste aandeel van 75,7 persent gehad, gevolg deur Walvisbaai met 8,5 persent en Eros-lughawe met 8 persent. By die Walvisbaai-lughawe het aankomste met 25,2 persent op 'n maandgrondslag gestyg, en jaar-tot-jaar-groei van 15,8 persent is aangeteken. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Dan Kamati, die woordvoerder van die Lughawensmaatskappy, wat opgewonde is oor die toekoms.
ActionSA sê die Staatsdienskommissie moet spookwerkers in verskeie staatsdepartemente en staatsinstellings ondersoek. Navorsing deur Corruption Watch beraam daar is minstens 3 417 gevalle van onregmatige gedrag, insluitend spookwerkers, by laer- en sekondêre skole in Suid-Afrika. ActionSA-woordvoerder, Mpumi Edward, sê hulle gaan vandag ʼn memorandum met eise by die kommissie indien:
Die Zambiese regering het 'n verbod op houtskoolproduksie in spesifieke distrikte ingestel as 'n maatreël teen klimaatsverandering en om ontbossing te verminder. Die vinnige uitputting van Zambiese woude, hoofsaaklik aangedryf deur uitgebreide boomkap vir houtskoolproduksie, het groot kommer laat ontstaan. Baie Zambiërs maak staat op hierdie woude vir hul lewensbestaan. Met die klem op die rol van bome in koolstofabsorpsie, het die Zambiese regering beklemtoon dat ontbossing klimaatsverandering vererger. Kosmos 94.1 Nuus het met Michael Degé, bestuurder van die Namibia Charcoal Association, gesels oor hoe dit vergelyk met plaaslike houtskoolproduksie.
Die ministerie van onderwys volg tans 'n twee-semester skoolkalender en het 'n einde-van-semester toetsreeks ingestel vir graad 4 tot graad 9. Die uitvoerende direkteur in die ministerie Sanet Steenkamp het gereageer op berigte dat eksamens gekanselleer is, wat sy sê is verkeerd omdat daar nooit eksamens neergelê is vir die betrokke grade nie. Steenkamp verduidelik...
Die brandstof-kleinhandelaars baklei steeds vir ‘n verhoging in hulle heffing. Groothandelaars het verligting ontvang maar, volgens die Fuel and Franchise Association, Fafa, se voorsitter Deklen Viviers, word die beplande vergaderings herhaaldelik uitgestel. Hulle het in Oktober verlede jaar 20 sent ontvang maar sê dis nie genoeg nie.
Die hoof van die Amerikaanse PGA, Seth Waugh, sê Tiger Woods sal genoeg tyd kry om te besluit of hy Amerika se kaptein sal wees in volgende jaar se Ryderbeker-kompetisie in New York. Die 15-malige Major-wenner sê sy aandeel om ʼn ooreenkoms te onderhandel tussen die PGA Toer en Saoedi-Arabië se Openbare Beleggingsfonds kan hom moontlik uitskakel. Europa het Amerika verlede jaar in Rome behoorlik verpletter. Waugh sê Woods doen niks waartoe hy nie ten volle verbind is nie:
Volgens Simonis Storm se jongste boustatistieke het bouplan-goedkeurings in Windhoek en Swakopmund in April met 18,6 persent op 'n jaargrondslag toegeneem. Tussen Januarie en April is gemiddeld 205 bouplanne per maand goedgekeur, vergeleke met gemiddeld 199 per maand gedurende dieselfde tydperk verlede jaar. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Halleluya Ndimulunde, 'n ekonoom by Simonis Storm, oor die verhoogde vraag na eiendom en stygende eiendomspryse in die kusstreke en die Suide.
Die DA het die Stad Johannesburg hof toe geneem oor sy omstrede BBP-beskermingsbeleid en sê dis onregmatig, ongeldig en ongrondwetlik. Burgemeester Kabelo Gwamanda het volgens berigte tien lyfwagte en ʼn vloot luukse voertuie as deel van sy persoonlike sekuriteit. Belinda Kayser van die DA sê hulle het in die stad se nuwe begroting gevind koste wat met menslike hulpbronne verband hou, is erg opgedrewe:
Die tweemalige Olimpiese kampioen, Caster Semenya, sê sy hoop die Europese Menseregtehof sal in haar guns beslis. Die hof het die 32-jarige atleet se saak aangehoor waarin sy die vereiste dat sy haar testosteroonvlakke moet verlaag om mee te ding, uitdaag. Sy is met verskille in seksuele ontwikkeling gebore en mag nie aan vroue se baan-items deelneem as sy nie middels neem om haar testosteroonvlakke te verlaag nie. Semenya sê sy veg vir wat reg is:
Die plaaslike viering van Europadag, wat eintlik op 9 Mei plaasvind, het hierdie week plaasgevind. By die geleentheid het Ana Beatriz Martins, EU-ambassadeur in Namibië, 'n oorsig gegee van hoe die betrekkinge tussen Europa en Namibië versterk het.
AfriForum maak gereed vir 'n klasaksie-geding teen die regering, president Cyril Ramaphosa, die Parlement en die minister van Gesondheid, Joe Phaahla, oor die onbekostigbare nasionale gesondheidsversekeringspolis. AfriForum se veldtogbeampte, Louis Boshoff, sê hulle beoog om die instel van die wetsontwerp te stuit en verantwoordelike partye aanspreeklik te hou. Hy het teleurstelling uitgespreek in Ramaphosa se gebrek aan openbare verdediging van die wet:
Die Amerikaanse minister van Buitelandse Sake, Antony Blinken, het 'n bykomende 36,6 miljard Namibiese dollar se militêre hulp vir Oekraïne aangekondig. Dit volg terwyl Rusland se president Vladimir Putin sê hulle beplan 'n verdere militêre operasie in dié land. Moskou se verdedigingsbesteding sal die komende jaar tot meer as 8 persent van sy bruto binnelandse produk styg. Blinken sê die befondsing sal drie dele bevat:
Die Nasionale Gesondheidsversekeringswetsontwerp het amptelik 'n wet van die Parlement geword nadat president Cyril Ramaphosa dit onderteken het. Die ondertekeningsplegtigheid by die Uniegebou in Pretoria was 'n beduidende mylpaal in gesondheidsorghervorming. Opposisiepartye en sekere burgerregte-organisasie het aangekondig hulle gaan die wetgewing in die hof uitdaag. Ramaphosa het diegene kritiseer wat 'n terugkeer na gefragmenteerde gesondheidsorg voorstaan en sê sulke sienings is uit voeling met globale standaarde:
Agribank het in April uitreik-sessies na gemeenskapsprodusente en boere geloods- ‘n stap wat wyd verwelkom is veral omdat die landbousektor groot uitdagings in die gesig staar. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Erastus Ngaruka, die tegniese adviseur vir Agribank se adviesdienste, wat 'n opdatering oor die uitreik-program gee.
Aanhangers sal uiteindelik Saterdag die kroning van 'n onbestrede swaargewigkampioen sien. Promotors, uitsaaiers en ego's het jare lank verhoed dat dit gebeur, maar nou het geld uit Saoedi-Arabië hierdie struikelblokke uit die weg geruim. Tyson Fury van Brittanje en Oleksandr Usyk van Oekraïne ding mee in die titelgeveg in Riaad. Fury wissel tussen verkleinering en prys van sy teenstander, maar Usyk sê dis alles deel van die vertoning:
Krieket Namibië het sy groep van 16 spelers in die hoofstad gegroet by ‘n glans geleentheid. Die span vertrek Vrydag na die IKR T20 Wêreldbeker in die Wes-Indiese Eilande. Dit is die span se derde agtereenvolgende T20 Wêreldbeker. Die Namibiërs is saam met Australië, Engeland, Oman en Skotland in Groep B geloot. Die Eagles sal op 2 Junie teen Oman in hul openingswedstryd in Barbados speel. Kosmos 94.1 se Francois Lottering het met die spankaptein Gerhard Erasmus gesels... hy sê die span is opgewonde...
Boere in die Omaheke-streek is ongelukkig omdat hulle vee, wat na rooftogte teruggevind is, op 'n regeringsplaas gehou word. Hulle het nog nie hulle vee teruggekry nie en het ook nie toegang tot hulle nie. Sommige van die vee is glo al vier jaar op die plaas. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Wilfried Pack, die streeksafgevaardidge van die Namibiese Landbou-unie vir die Omaheke-streek. Hy sê daar is vertragings by die howe, daarom kan die diere nie aan die boere terugbesorg word nie.
Die parlement se staande komitee op ekonomie is tot 18 Mei in die noordelike dele, na boere gekla het oor marktoegang. Daar is onder meer uitdagings met abattoirs wat sedert 2019 nie slag nie, en 'n beesvleis inmaak-fabriek wat ledig staan. Die voorsitter van die komitee, Natangwe Ithete, sê egter die rooilyn moet verwyder word. Die rooilyn, of veterinêre kordonheining, beskerm die land se bek-en-klouseer-vrye status. Daarsonder kan beesvleis nie uitgevoer word nie. Kosmos 94.1 Nuus het met die leier van die opposisie PDM en ook 'n boer, McHenry Venaani, gepraat oor die party se standpunt oor die rooilyn en wat gedoen moet word.
Verbruikers in Namibië is vasgevang in 'n meedoënlose bekostigbaarheidstryd te midde van skynbaar nimmereindigende inflasiedruk, en kommoditeitspryse skiet die hoogte in. Die jaarlikse inflasiekoers vir April 2024 het op 4,8 persent gestaan. Die hoogste jaarlikse inflasie is gesien in die kategorieë 'Ontspanning en kultuur' met 'n 8.3 persent verhoging; 'Hotelle, kafees en restaurante' was 8,2 persent hoër; 'Alkoholiese drank en tabak' het met 7,3 persent gestyg; 'Vervoer' het met 5,9 persent gestyg en 'Kos en nie-alkoholiese drankies' met 4,9 persent. Black Business Leaders Network se uitvoerende hoof, Elifas Simon, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels en sê mense moet hul geld plaaslik bestee.
Namcor het 'n reddingsboei van 1,2 miljard Namibiese dollar van die regering ontvang wat regstreeks aan die maatskappy se debiteure en verskaffers betaal is, volgens die Engelse dagblad, The Namibian. Dit beteken die maatskappy, wat in September verlede jaar sy verskaffers 1,9 miljard dollar geskuld het, kan likwidasie vermy. Dit is die tweede bekende reddingsboei aan Namcor, wat sowat 260 miljoen dollar in 2010 gekry het. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met dr. Marius Kudumo, 'n kenner van korporatiewe bestuur, wat sê die reddingsboei is 'n simptoom van probleme in die maatskappy.
ActionSA sê hy is diep bekommerd oor die land se werkloosheidskrisis wat al erger word. Volgens Statistiek Suid-Afrika het die land se werkloosheidskoers in die eerste kwartaal van die jaar tot 32,9-persent gestyg. Pieter Scribante van ActionSA sê die ANC se rampspoedige beleidsrigtings, voortdurende beurtkrag en korrupsie het die ekonomie gewurg en verhoed dat dit groei en werk skep.
Unam het Dinsdag 'n interne boodskap aan werknemers uitgereik om hulle in te lig dat daar 'n moontlikheid is dat hulle nie hulle salaris vir my op die 15de sal kry, soos gewoonlik nie. Die boodskap het die publieke lig gesien en is wyd gedra. Vandag het die woordvoerder van Unam, Simon Namesho, laat weet dat die werknemers wel hulle salarisse vandag gaan kry. Kosmos 94.1 Nuus het met Namesho gepraat.
Die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, sê die Wetsontwerp op Nasionale Gesondheidsversekering in sy huidige vorm is ongrondwetlik en sal onbekostigbaar en onprakties wees. President Cyril Ramaphosa onderteken die wet vandag. Winde sê hoewel die nasionale regering verskeie stukke wetgewing en beleidstukke moet opstel en instel om die NGV 'n werklikheid te maak, moet die raamwerk wat in die wetsontwerp is, korrek wees.
Die Suid-Afrikaanse Natuurlewe-rehabilitasiesentrum in Gauteng het inwoners en motoriste in Mnandi, Centurion, in kennis gestel oor berigte van 'n groot koedoe-koei wat los rondloop. Leanne Hezlett van die sentrum het inwoners versoek om die owerhede in kennis stel indien hul die dier gewaar. Gister het hulle 'n jong koedoebul verdoof in die omgewing, maar hy het ongelukkig gevrek. Hezlett het ook gewaarsku daarteen om te probeer om die dier te vang, wat bang en aggressief is.
Die Amerikaanse musieklegende Stevie Wonder is Ghanese burgerskap toegestaan tydens 'n besoek aan Accra saam met sy gesin. Wonder het gesê dit is 'n droom wat waar geword het om 'n burger van die Wes-Afrika land te word. Ghana se president, Nana Akufo-Addo, het Wonder se talent en Afrika-bande geprys en gesê die burgerskap vereer sy merkwaardige prestasies en diepe verbintenis met die vasteland.
Die #BreakFree groep wat onder die One Economy Foundation val het 'n nuwe program geloods. Die program, Resilient Hearts, het ten doel om lede van die publiek wat seksuele mishandeling en geslagsgeweld ervaar het, te behandel. Die program het hulle sperdatum vir aansoeke uitgestel tot 24 Mei. Kosmos 94.1 Nuus het met Sonel Ames gepraat wat 'n sielkundige berader by die One Economy Foundation is. Lede van die publiek kan by die jeugkampus in Katutura gaan aansluit.
Die Ikhaya Somandla-familie van ISF Trading beoog om 'n groenenergiekompleks in Walvisbaai te ontwikkel wat 'n olieraffinadery, 'n hernubare-energie-kragstasie en verwante bergingsfasiliteite sal insluit. 'n Omgewingsimpakstudie word gedoen deur Green Earth Environmental Consultants, wat 'n openbare vergadering op 24 Mei by die Narraville-gemeenskapsaal sal hou vir openbare konsultasies. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met James Links, die hoofbestuurder van ISF Trading, wat 'n oorsig gee van die voorgestelde ontwikkeling. Volgens Links is ander lande ook betrokke, onder wie Angola. Iran het onlangs belangstelling aangekondig om 'n olieraffinadery in Walvisbaai te bou, maar volgens Links is ISF nie bewus van hierdie ontwikkeling nie.
TERUG: Geaffekteerde partye word aangemoedig om Green Earth te kontak om as sodanig geregistreer te word.
'n Voorlopige verslag van die vliegtuigongeluk op 3 Mei wat die lewens van drie Westair-werkers geëis het, sal na verwagting teen die einde van die maand gereed wees. Volgens Ben Engelbrecht, 'n ondersoeker by die Direktoraat van Vliegtuigongelukke en Insident Ondersoeke, word vermoed dat die vliegtuig se linkerenjin onklaar geraak het. Kosmos 94.1 Nuus het met Engelbrecht gesels, wat meer inligting het.
Namate Kunsmatige Intelligensie-tegnologie vorder, staan Namibië op die drumpel van ongekende geleenthede om nywerhede te hervorm en die lewenskwaliteit van burgers te verhoog. Van die verhoging van produktiwiteit in landbou en vervaardiging tot 'n rewolusie in gesondheidsorg-lewering en vervoerstelsels, lyk die potensiële toepassings van KI onbeperk. Daar is egter steeds kommer oor die sekuriteitsimplikasies van KI. Cornelia Shipindo, die bestuurder van kuberveiligheid by die Kommunikasie Regulerende Owerheid van Namibië, Cran, gee insig oor maatreëls wat Namibië kan tref om homself te beskerm.
Die Slagoffer-identifikasiesentrum en Forensiese Patologie-diens in George in die Wes-Kaap het 18 van die 33 oorledenes van verlede week se gebou-ramp uitgeken. Negentien konstruksiewerkers word nog vermis. Die George-munisipaliteit se woordvoerder, Chantel Edwards-Klose, sê sewe van die 18 slagoffers is Suid-Afrikaners, vyf is Malawiërs, drie is van Zimbabwe, twee van Mosambiek en een van Lesotho.
Krieket: Delhi Capitals het sy groepsfase van die Indiese Premierliga afgesluit met ʼn sege van 19 lopies oor Lucknow Super Giants om op koers te bly vir ʼn plek onder die top vier, al is dit net wiskundig gesproke. Die Capitals het 208 vir vier behaal met vyftigtalle deur die Protea-kolwer Tristan Stubbs, en Abishek Porel. Super Giants is daarna beperk tot 189 vir nege nadat Ishant Sharma drie paaltjies laat kantel het. Stubbs sê dit was nie die maklikste kolfblad nie.
Gevalle van geslagsgeweld kom weekliks voor in die polisie se misdaadverslag. Die probleem blyk nie om onder beheer te kom nie. Met die verkiesing wat op hande is het Kosmos 94.1 Nuus by die verskillende politieke partye aangeklop om te hoor wat hulle oplossings is vir landskwessies. Joyce Muzengua van die Landless Peoples Movement sê oor geslagsgeweld dat mans ook bemagtig moet word en geleer word hoe om hulle aggressie te hanteer.
Die African Transformation Movement sê omvattende en strategiese ingryping is nodig om die ekonomie weer lewe te gee en volhoubare indiensneming te verseker. Suid-Afrika se amptelike werkloosheidsyfer het in die eerste kwartaal vanjaar tot 32,9-persent gestyg teenoor 32,1-persent die vorige kwartaal. ATM se woordvoerder, Zama Ntshona, sê die regering kan werksgeleenthede skep deur voorkeur te gee aan beleggings in plaaslike vervaardiging:
Die waterwese-departement in die landbou, water en grondhervorming-ministerie gaan 'n ondersoek na die monitering van waterhulpbrongehalte en besoedelingsbeheer in die Windhoek-jurisdiksie doen. Verteenwoordigers van die departement sal tussen 20 Mei en 24 Mei ter plaatse inspeksies by verskillende fasiliteite doen. Dit is 'n roetine-inspeksie om nakoming van regulasies te verseker. Kosmos 94.1 Nuus het met die Stad Windhoek se woordvoerder, Cillie Kapolo, gesels oor watter fasiliteite besoek gaan word en of dit verpligtend is.
Daar is uiteindelik goeie nuus in verband met stropery en veediefstal. Owerhede het onlangs melding gemaak van samewerking van die gemeenskap wanneer die misdadigers hulle gesteelde vleis verkoop en die boodskap het blykbaar die Gibeon-gemeenskap bereik. Christiaan Swartbooi, van die nedersetting se operasionele komitee teen veediefstal sê daar is vanjaar baie groot sukses behaal...
Die Instituut vir Openbare Beleid sê in sy kwartaallikse ekonomiese oorsig die meeste sektore van die ekonomie het verlede jaar positiewe groei beleef maar vervaardiging en akkerbou het gekrimp, met laasgenoemde wat met 30 persent in die vierde kwartaal van verlede jaar gekrimp het. Dit is uiters kommerwekkend vir voedselsekerheid. Kosmos 94.1 Nuus het met Otjozondjupa goewerneur James Uerikua gesels. Hy sê die syfer klink reg, indien dit nie hoër is nie.
Landbouminister Calle Schlettwein sê dis alles goed en wel om die klimaatimpak van tradisionele kookmetodes aan te spreek maar, die mense wat blykbaar besoedel is arm. Hy het in Parys gepraat by die beraad oor skoon kookkuns in Afrika. Byna vier uit elke vyf Afrikane kook steeds hul maaltye oor oop vure en tradisionele stowe...
Die binnelandse sake-ministerie is besig om die Namibiese burgers se geboortesertifikate en identiteitsdokumente te digitaliseer. Namibiërs word aangemoedig om hulle inligting by die ministerie se hoofkantore te gaan opdateer, om te verseker dat dit op die ministerie se stelsel is. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Margaret Kalo, die ministerie se woordvoerder, wat meer inligting gee.
COPE sê die regering onder ANC-leierskap het misluk om werk vir miljoene Suid-Afrikaners te skep wat bewys die party het ʼn doodloopstraat bereik wat beleid betref. Volgens Statistieke Suid-Afrika het die werkloosheidsyfer in die eerste drie maande vanjaar met 0,8-persent tot 32,9-persent geklim. COPE se woordvoerder, Pakes Dikgetsi, sê mislukte ANC-beleid vererger die land se werkloosheidskrisis:
Die Amerikaanse minister van Buitelandse Sake, Antony Blinken, sê Washington is steeds verbind om Oekraïne van hulp te wees. Rusland is besig met 'n nuwe inval in die noordooste van Oekraïne, insluitend Kharkiv, na hulle die afgelope week groot vordering op verskeie fronte gemaak het. Blinken wat 'n verrassingsbesoek aan Kiëf gebring het, het erken die vertraging in die verskaffing van Amerikaanse militêre hulp het 'n rol gespeel in Oekraïne se stryd om Rusland se toenemende oorheersing te bekamp:
Die Vereniging van Diplomatieke Gades het onderneem om vanjaar se ADS Jaarlikse Liefdadigheidsbasaar 'n uitsonderlike geleentheid te maak. Die basaar is geskeduleer vir 18 Mei by die Nust Hotelskool. Die publiek kan uitsien na internasionale kuns en kunsvlyt, smul aan kulinêre genietinge, deelneem aan prettige aktiwiteite vir kinders, en kultureel verrykende vertonings geniet. Met die deelname van 29 diplomatieke missies sal die basaar 'n lewendige viering van diversiteit en welwillendheid wees. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Matthias Geisler, die vereniging se president.
Bank Windhoek en die Namibië Spesiale Risiko-versekeringsvereniging, Nasria, het 'n krediet waarborg skema-ooreenkoms ter waarde van 50 miljoen Namibiese dollar geloods. Die inisiatief is gerig op die bemagtiging van jeug en vroue in klein- en mediumgrootte ondernemings. Die skema verskaf broodnodige finansiële ondersteuning aan aspirant-entrepreneurs. Dit bevorder ook innovasie, werkskepping en ekonomiese groei. John Uusiku, besturende direkteur van Nasria, sê kleiner ondernemings ontbreek dikwels sekuriteit om lenings te bekom om uit te brei. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Danny Meyer van SMEs Compete, wat sê sulke skemas kan net goed wees vir die land.
President Cyril Ramaphosa sê die ANC is versigtig om 'n koalisieregering te vorm weens die risiko van onbestendigheid soos gesien op plaaslike regeringsvlak. Volgens peilings sal die ANC dalk nie meer as 50-persent van die nasionale stemme in die algemene verkiesing van 29 Mei verkry nie. Dit sal die regerende party noop om 'n koalisie te vorm om die mag te behou. Ramaphosa het by die Progressive Business Forum in Centurion gesê koalisies is 'n gevaarsone:
Estie Schreiber gesels met ons oor "Bio-Strath", die aanvulling vir die hele gesin! "Bio-Strath" is beskikbaar in tablet en stroop vorm by apteke oral in Namibië. Enige navrae kan gerig word na: info@sanatural.co.za
Die Bulle is derde op die punteleer van die Verenigde Rugbykampioenskap en op koers om 'n kwarteindstryd aan te bied. Hulle het nog twee wedstryde oor om hulle posisie te bevestig en hopelik selfs op te skuif. Die Bulle speel Saterdag op Loftus teen die Italiaanse span Benetton voor hulle na Durban reis om die Haaie te pak voor die uitklopronde aanbreek. Die stut Wilco Louw sê die Bulle moet hulle fokus behou om Benetton te klop:
Die eerste minister van Katar, Mohammed bin Abdulrahman Al-Thani, sê samesprekings oor 'n wapenstilstand in Gaza en 'n ooreenkoms oor die vrylating van gyselaars is byna op 'n dooiepunt. Die eerste minister sê hulle sal aanhou druk plaas vir 'n ooreenkoms:
Manchester City het goeie vordering gemaak op pad om ʼn vierde agtereenvolgende Premierliga-titel op te raap nadat hy Tottenham Hotspur met twee-nul verslaan het. Erling Haaland se doele in die tweede helfte het die oorwinning verseker en Pep Guardiola se span ʼn voorsprong van twee punte bo Arsenal gegee. City sal weer die trofee omhoog hou as hulle Sondag op die laaste dag van die seisoen op die Etihad-stadion met West Ham United kan afreken. Tottenham se kans op ʼn plek in die Kampioeneliga is egter verpletter. Guardiola sê sy spelers besef alles is nog nie verby nie:
Business Unity South Africa waarsku die Wetsontwerp op Nasionale Gesondheidsversekering wat president Cyril Ramaphosa vandag gaan bekragtig, sal die gesondheidsorg-sektor en die ekonomie benadeel. Die organisasie sê die wetsontwerp is onwerkbaar en onbekostigbaar en sal beleggers-vertroue skaad. BUSA is ten gunste van universele gesondheidsdekking, maar glo die wetgewing sal toegang tot gehalte gesondheidsorg belemmer. Die aangewese uitvoerende hoof, Khulekani Mathe, sê hulle oorweeg regstappe om te verseker die wetgewing bevoordeel alle landsburgers:
Die vise-president van Swapo, Netumbo Nandi-Ndaitwah, sê 'n fout is in die 2019-verkiesing gemaak, aangesien die huidige Nasionale Vergadering nie produktief is nie weens 'n gebrek aan meerderheidsverteenwoordiging deur Swapo. Sy het op ’n ontmoet-en-groet-sessie in Tsumeb aan partylede gesê die huidige parlement bestaan net uit beledigings en chaos. Die sewende nasionale vergadering bestaan uit 11 partye, met die regerende Swapo wat 63 setels het, gevolg deur die amptelike opposisie PDM met 16 setels en die LPM met vier setels. Die res van die partye deel die oorblywende setels. Reaksie is ontvang van Frederico Links, 'n navorser by die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing, wat sê dat 'n gebrek aan produktiwiteit nie na die 2019-verkiesing begin het nie, dis al lankal daar.
Die Internasionale Energie-agentskap het wêreldleiers byeengeroep vir 'n beraad oor skoon kookkuns in Afrika, om 2024 'n keerpunt te maak vir vordering met die versekering van skoon kooktoegang vir almal. Byna vier uit elke vyf Afrikane kook steeds hul maaltye oor oop vure en tradisionele stowe, wat hout, houtskool, dieremis en ander besoedelende brandstowwe gebruik. Dit het 'n ernstige impak op gesondheid, geslagsgelykheid en die omgewing, met vroue en kinders wat die ergste geraak word. Landbouminister Calle Schlettwein het die beraad namens Namibië bygewoon. Dr. Peter Cunningham, 'n Namibiese ekoloog, verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus hoekom skoon-kook belangrik is.
Die inwoners van Gobabis kla bitterlik oor die August 26 konstruksiemaatskappy. Hulle sê August 26 het 'n tender gekry om by agt skole in die Omaheke-streek nuwe ablusiegeriewe te bou. Die maatskappy het egter nie plaaslike werkers in diens geneem nie, maar het 50 tot 60 mense ingebring om die werk te doen. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met hoofman Wallace Finnies, 'n inwoner van die Nossobville-omgewing in Gobabis, wat 'n beroep op Omaheke-goewerneur Pijoo Nganate doen om alle werk wat August 26 in die streek doen, op te skort.
Die DA gaan die Wetsontwerp op Nasionale Gesondheidsversekering in die Konstitusionele Hof uitdaag. Dit volg nadat president Cyril Ramaphosa bekendgemaak het hy gaan die wetsontwerp onderteken. Dit het tot wydverspreide ontsteltenis gelei. Volgens die party sal die wetsontwerp die gesondheidstelsel en die ekonomie ernstig benadeel. Die leier van die DA, John Steenhuisen, sê indien die party later die maand verkies word, sal hy die wetgewing herroep. Hy meen die wetsontwerp is die ANC se plan om belastingbetalers te beroof.
Twee ontbinde liggame is in die kelderverdieping van 'n gebou op die hoek van Bosman- en Pretoriusstraat in Pretoria ontdek. Tshwane-nooddienste het aanvanklik op 'n noodoproep gereageer en 'n beseerde man gevind wat deur 'n hysbak geval het. Toe hulle hom gered het, het hulle die liggame, wat in water gedryf het, ontdek. Die woordvoerder, Charles Mabaso, sê die toneel is tot 'n misdaadtoneel verklaar en die polisie ondersoek die oorsaak van dood.
Gholf: Die wêreld nommer een, Scottie Scheffler, begin die derde major van die seisoen as ‘n splinternuwe pa. Volgens die 27-jarige Amerikaner is hy so voorbereid as wat hy kan wees vir dié week se Amerikaanse PGA-kampioenskap, nadat hy en sy vrou hulle eersteling verwelkom het. Die tweemalige wenner van die Meesterstoernooi sê hy het tyd bestee op die oefenbof van die Valhalla-klub in Louisville, Kentucky, waar hy hoop om die derde major-titel van sy loopbaan in te palm.
Namibia Wildlife Resorts sê hy het bykomende waterpunte in die droë Visrivier-canyon opgestel vir stappers om dehidrasie te vermy. Verskeie stappers moes reeds per helikopter ontruim word, en ander moes nooduitgange neem. Baie hoë temperature in die canyon van tot 40 grade Celsius of meer kan ernstige dehidrasie en gastro-intestinale probleme tot gevolg hê, wat tot sterftes kan lei. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Nelson Ashipala, NWR-woordvoerder.
Die Verkiesingskommissie in die buurland bevestig dat sowat 76 000 oorsese kiesers hierdie naweek gaan stem. Die hoofverkiesingsbeampte, Sy Mamabolo, het weens die hoё aantal kiesers twee stemdae aangekondig vir die Verenigde Koninkryk, op 18 en 19 Mei. Honderd-en-elf lande sal deelneem en het die nodige stemmateriaal ontvang. Mamabolo bevestig die stem-ure is van 7-uur soggens tot 7-uur saans, met verlengings om kiesers by te staan.
Uiteindelik het die Rough and Tough-tydren aangebreek! Dit vind hierdie naweek van 16 tot 19 Mei plaas en beloof om weer 'n prettige, enjin-aanjaag, kampvuur-storievertel geleentheid te wees. Die tydren is 'n Namibiese veldren-avontuur met voertuie van 1990 en ouer, wat 'n afstand van byna 1 000 km aflê. Hierdie unieke motor- en reisgeleentheid ten bate van kanker is deur die Baard-gesin geskep en het in sy sewe-jaar-lange bestaan reeds meer as 2 miljoen Namibiese dollar ingesamel. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Philipie Baard, een van die organiseerders, oor die laaste voorbereidings.
Ray Sasman van Swakopmund, wat besig is om die lengte van Namibië stap van die suide na die noorde, is tans in Keetmanshoop. Die staptog is om fondse in te samel vir die beoogde Narraville-jeugsentrum in Walvisbaai. Sasman, ’n geregistreerde masseerterapeut en akupunkturis, het op 1 Mei by Noordoewer begin stap. Sy sal m^ore weer die pad vanaf Keetmans aandurf. Kosmos 94.1 Nuus het opgevang met Ray om te hoor van haar staptog sover.
Die New Era berig dat boere in die Omaheke-streek nie hulle vee terugkry nadat die diere na diefstalle gevind is nie. Die diere word glo aangehou op die regeringsplaas Houmoed, waar die boere nie toegang tot hulle het nie. Sommige van die vee is na bewering al vier jaar op die plaas terwyl die hofsake sloer. Die boere dring aan daarop dat hulle vee onmiddelik terugbesorg word. Kosmos 94.1 Nuus het met Rickus Spangenberg van K9 Anti-Poaching and Security gepraat, wat meer inligting gee oor wat gebeur wanneer gesteelde diere teruggevind word.
Maggy Shino, Namibië se petroleumkommissaris, het by die Namibië Internasionale Energiekonferensie gesê ReconAfrica het hom verbind tot die boor van een olie-eksplorasieput vanjaar in die Damara-vougordel. Meer sal daarna volg. Die put, die Naingopo-eksplorasieput, sal na verwagting in Junie geboor word. Kanadese menseregte-prokureurs versoek egter 'n ondersoek na ReconAfrica weens beweerde menseregteskendings in Namibië. Kosmos 94.1-nuus het gepraat met Thomas Muronga, die Kapinga Kamwalye-bewaringsgebied in die Kavango-Oos-streek se voorsitter, oor die impak wat die boordery op die gemeenskappe sal hê.
Die Suid-Afrikaanse toerisme-minister, Patricia de Lille, sê die toerisme-bedryf is lonend maar misdadige bedrywighede bedreig sy groei. Sy het tydens die Afrika-reisindaba in die Durbanse Internasionale Konvensiesentrum in KwaZulu-Natal gesê die Toerisme-belegging seminaar fokus op die stryd teen misdaad in die sektor, terwyl dit die soeklig laat val op beleggingsgeleenthede in Suid-Afrika. De Lille benadruk die uitwissing van misdaad sal lei tot ‘n toename in toerisme op die vasteland.
Okahandja-inwoners het verlede week vir drie dae ernstige waterprobleme ervaar. Skole, hospitale en ouetehuise was almal sonder water. Die probleme word toegeskryf aan Namwater wat 'n pypleiding gebou het om die reservoirs wat normaalweg die dorp voed, te omseil. Dit het glo waterdruk-probleme veroorsaak wat die ou pype laat bars het. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Vincent Kariseb, die voorsitter van die dorpsraad, wat verduidelik waarom daar 'n watertekorte was.
Die DA sê die polisie bestee ‘n verstommende een-miljard Suid-Afrikaanse rand per jaar aan die salarisse van generaals-majoor en brigadiers. Dit is deur die minister van Polisie, Bheki Cele, bekendgemaak in antwoord op ‘n vraag deur die party. ‘n Woordvoerder van die DA, Andrew Whitfield, sê volgens die antwoord is daar 146 generaals-majoor en 632 brigadiers in die polisiemag, wat neerkom op 'n gemiddelde salaris van onderskeidelik 1,48-miljoen-rand en 1,23-miljoen-rand per jaar.
TransNamib gaan 'n nuwe inisiatief genaamd die TransEva-spoorprys-strategie-projek loods. Hierdie strategiese stap is gedryf deur 'n omvattende studie wat deur GIZ befonds is. Om die inisiatief af te skop, sal TransNamib werkswinkels aanbied wat vandag in die hoofstad begin. Die werkswinkels sal belanghebbendes bymekaar bring om insigte en kundigheid by te dra wat innovasie en doeltreffendheid in prysstrukture sal aandryf. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Abigail Raubenheimer, TransNamib se bestuurder van korporatiewe kommunikasie, wat meer inligting oor die projek gee.
Namport het 'n rekord 8 miljoen ton vrag gedurende die 2023-2024 finansiële jaar hanteer. Dit is 4 persent meer as die 7,7 miljoen ton vrag wat in die vorige boekjaar gehanteer is. Die groot bydraer was die uitvoer van goedere. Onder hierdie het grootmaat soutvrag met 10 persent gegroei, koperkonsentraat het met 12 persent gestyg, bevrore vis is op met 29 persent, mangaanerts het met 15,7 persent gestyg en marmervrag het met 41 persent toegeneem. Kosmos 94.1 News het met Elias Mwenyo, Namport se uitvoerende hoof van kommersiële dienste, gesels.
Nuwe huisleningaktiwiteit in Suid-Afrika het hierdie jaar effens beter begin met April wat voortbou op die stewige verbetering wat van Januarie tot Maart aangeteken is. Dit is volgens BetterBond se jongste aanwyser wat aansoeke vir huislenings betref. Die tussentydse hoof, Bradd Bendall, sê daar is ʼn mate van veerkragtigheid in die residensiële eiendomsmark waar te neem in die opwaartse neiging van gemiddelde huispryse. Dis egter ʼn heelwat kleiner styging as vóór die Reserwebank se beperkende monetêre beleid:
Die Africa Travel Indaba vind die week in Durban plaas en duur tot Donderdag. Die handelskou word bygewoon deur byna 10 000 afgevaardigdes van 25 lande, het dien as 'n platform vir Afrika-toerisme-aanbiedings. Kosmos 94.1 Nuus het met Gitta Paetzold, van die Namibiese Gasvryheidsvereniging gesels. Namibië is baie goed verteenwoordig.
Swapo weet nie hoekom sy sekretaris-generaal Sophia Shaningwa en haar afvaardiging Beijing besoek nie. Sy is op aankoms hartlik verwelkom deur die omstrede Chinese sakevrou Stina Wu, wat ook plaaslik baie sakebelange het. Die nuus het groot kritiek uitgelok veral omdat Swapo sê hy het nie geld om ‘n kongres te hou nie en die party se belange in China is ook onbekend maar die party was sy hande soos woordvoerder Hilma Nicanor aan Kosmos 94.1 Nuus verduidelik.
Reaksie op Iran se ooreenkoms dat hy 'n oliebergingsfasiliteit in Namibië gaan vestig asook 'n olieraffinadery by Walvisbaai, stroom nog steeds in. Menings wissel van absolute afkeer tot groot opgewondenheid oor wat dit vir die streek sal beteken. Kosmos 94.1 Nuus het met die bekende Suid-Afrikaanse ekonoom, Dawie Klopper, gesels oor of hy Iran as 'n rolspeler in die Namibiese olie- en gassektor kan voorstel. Klopper sê so 'n ontwikkeling sal baie vir Namibië beteken.
Namibië sal versekeringsreguleerders van regoor Afrika verwelkom vir die 2024 internasionale vereniging van versekeringstoesighouers, of IAIS, se sub-Sahara-streekseminaar, wat van 27 tot 31 Mei in Windhoek gehou word. Die seminaar word gesamentlik georganiseer deur die Namibië Toesighoudende Owerheid oor Finansiële Instellings, Namfisa, die IAIS, die Access to Insurance Initiative asook die Financial Stability Institute. Die seminaar sal besprekings, interaktiewe werkswinkels en kennisdelingsessies bevat wat deur kundiges en denkleiers in versekeringsregulering en die bedryf gefasiliteer word. Kosmos 94.1 Nuus het met die woordvoerder van Namfisa, Victoria Raimond, gesels oor die belangrikheid van die seminaar.
Cosatu vra die regering om baie vinnig op te tree om geregtigheid te verseker vir die slagoffers, oorlewendes en families van die George-ramp waar die gebou ingetuimel het. Volgens die amptelike syfers is 32 werkers dood en word 20 nog vermis ná die intuimeling. Matthew Parks van Cosatu sê die polisie moet die werkgewer en al die medepligtiges in hegtenis neem en laat aankla vir die kwaadwillige skending van arbeidsweging wat die ongekende ramp tot gevolg gehad het:
Die premier van Gauteng, Panyaza Lesufi, sê die misdaadsituasie in die land vereis noodoptrede en die nodige hulpbronne daarvoor. Die premier het die familie van die vyfjarige Ditebogo Junior Phalane besoek wat verlede week Vrydag buite sy ouerhuis in Soshanguve doodgeskiet is. Lesufi sê moderne tegnologie, stelsels en innovasie is nodig om misdaadbekamping uitvoerbaar te maak:
'n Lid van die Verenigde Nasies se Departement van Veiligheid en Sekuriteit is dood en nog een beseer toe hul voertuig onderweg na die Europese hospitaal in Rafah, Gaza, aangeval is. Israel se weermag sê luidens 'n aanvanklike ondersoek is die voertuig in 'n aktiewe gevegsgebied getref. Die VN se sekretaris-generaal, António Guterres, se adjunkwoordvoerder, Farhan Haq, sê 'n volledige ondersoek moet gedoen word na die tragiese voorval:
Met die verkiesing op hande kom die vraag op, wat is die verskillende politieke partye se standpunte oor dringende kwessies in die land? Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Imms Nashinge, die Independents Patriots for Change se woordvoerder, oor jeug-werkloosheid. Hy sê die land fokus te veel op geleenthede in die olie- en groenwaterstof-bedrywe, en moet ook kyk na ander bedrywe, soos voedselproduksie.
Numsa het 'n progressiewe loonverhoging van 7 persent in die ingenieursektor verwelkom, wat inflasie oortref. Numsa se sekretaris-generaal, Irvin Jim, sê die drie-jaar-ooreenkoms sluit verhogings vir die daaropvolgende ses jaar in. 'n Beduidende ontwikkeling is die identifisering van fondse vir werkersbehuising. Hy prys die vakbond se stryd vir werkers se welsyn, en beklemtoon hul toewyding om lewens te verbeter:
Die minister van Openbare Werke en Infrastruktuur, Sihle Zikalala, sê die hoofkontrakteur van die ineengestorte George-gebou was nie by die Ontwikkelingsraad vir die Boubedryf geregistreer nie. Die raad reguleer die bedryf. Zikalala sê omdat Liatel Construction 'n privaat maatskappy is, hoef hy nie by die raad te registreer nie:
Die Namibiese Akkerbouraad het die sluiting van grense aangekondig vir ses groentesoorte dié maand, ondermeer beet, botterskorsies en spinasie. Die bestuurder van Tuinboukundige Markontwikkeling, Emilie Abrahams, verduidelik plaaslike verbouers moet beskerm word om die groei en volhoubaarheid van die landbousektor te beskerm. Sy sê die besluit stem ooreen met die 46 persent plaaslike verkrygingsperk, wat plaaslike landbougroei voorop stel:
Mercedes sê hy bring die naweek nog opgraderings na die Emilia Romagna Grand Prix in Italië. As gevolg van vernietigende oorstromings wat die gebied verlede jaar getref het, was daar twee jaar gelede laas ʼn Formule Een-wedren in Imola. Mercedes se ingenieursdirekteur, Andrew Shovlin, sê hulle het die eerste helfte van die opgraderings in die Miami Grand Prix toegepas, wat tot verbeterings gelei het:
Amerika sê hy het vasgestel dat Israel genoeg soldate net buite Rafah in Gaza het om binnekort ʼn volskaalse inval te begin. Amptenare beraam dat ongeveer 500 000 mense uit die stad gevlug het nadat die Israelse weermag hulle verlede week gewaarsku het om te ontruim. Die Withuis se nasionale veiligheidsraadgewer, Jake Sullivan, sê hulle maan Israel om hulle militêre optrede aan ʼn duidelike eind-plan te koppel vir hulle voortgesette oorlog teen Hamas:
Die debat oor die beskikbaarheid van sanitêre doekies en kondome in die land is een wat gereeld op sosiale media gevoer word. Volgens sommige menings moet sanitêre doekies eerder as kondome gratis beskikbaar wees. Kosmos 94.1 Nuus het gaan aanklop by Rosa Namises, 'n onafhanklike presidensiële kandidaat en maatskaplike werker, wat sê sanitêre doekies is 'n kwessie wat jong meisies elke maand raak.
Dit gons behoorlik oor Iran se aankondiging dat hy ooreenkomste aangegaan het om onder meer 'n olieraffinadery by Walvisbaai asook 'n oliebergingsfasiliteit in Namibië te vestig. Sommige kenners het kommer oor reaksie uit die Weste, terwyl ander die verwikkeling aanprys. Kosmos 94.1 Nuus het kommentaar gekry van professor Jannie Rossouw van Wits se sakeskool, wat sê dit is goeie nuus vir die hele streek.
Die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, Erastus Uutoni, versoek plaaslike owerhede om nie skuld van hul kliënte via derdeparty-toepassers soos RedForce in te vorder nie. Hy sê inwoners moet eerder opgevoed word oor die dienste wat hulle ontvang en hul verantwoordelikhede om te verseker dat die dienste beskikbaar bly. Munisipaliteite moet ook eerder hulle eie kundiges gebruik om skuld te verhaal. Uutoni het gepraat op Nkurenkuru in Kavango Wes.
Die Besigheids- en Intellektuele Eiendomsowerheid, Bipa, se jaarlikse boete-kwytskeldingsprogram is vroeër verleng tot 30 Junie. Bipa het verskeie streke besoek waar sakelui na sekere dorpe kon gaan om aansoek te doen vir die program. Hulle het sopas hul besoeke aan die Erongo-, Otjozondjupa-, Omaheke-, Hardap- en Karas-streke afgesluit. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Ockert Jansen, die woordvoerder van Bipa, vir 'n opdatering.
Speurders van die Wes-Kaapse eenheid vir Ernstige en Gewelddadige Misdaad ondersoek 'n skietvoorval in Mitchells Plain. Twee onbekende aanvallers het by 'n taverne op 'n groep mans losgebrand. Drie van die mans is dood en ses beseer. Die Wes-Kaapse LUR vir polisie-oorsig en gemeenskapsveiligheid, Reagen Allen, sê die beseerde slagoffers is in die hospitaal, met 'n soektog na die verdagtes wat van stapel gestuur is. Hy sê bykomende magte is ontplooi in die bende-geteisterde gebied.
Die nuutgestigte politieke party in die buurland, Basic Income Grant, sê sy universele basiese inkomste-plan sal die regering 1,25 000 miljard Suid-Afrikaanse rand per jaar kos om te implementeer. Die party het die naweek sy verkiesingsmanifes by die Orlando-gemeenskapsaal in Soweto bekendgestel. Die party neem slegs in Gauteng aan die verkiesing deel. Die party-president, Hendrick Kekana, sê hulle bepleit dat mense tussen 18 en 25 jaar, 1 500-rand per maand ontvang en diegene 26 en ouer, 3 500-rand.
Rugby: Die nuwe Wallabies-afrigter Joe Schmidt berei voor vir sy eerste toetse aan die stuur. Die oud-afrigter van Ierland het Eddie Jones opgevolg, wat net twee van sy nege toetse kon wen en vir die eerste keer nie Australië na die Wêreldbeker-kwarteindstryd kon lei nie. Die Aussies verwelkom Wallis en Georgië in Julie voor hulle begin fokus op die Rugbykampioenskap, met twee tuiswedstryde teen Suid-Afrika. Schmidt sê die Springbokke sal 'n massiewe uitdaging wees.
Die African Transformation Movement vra die Verkiesingskommissie om enige betrokkenheid van Zanu-PF by die waarneming van die verkiesing te verwerp. Die ATM sê Zimbabwe se regerende party se geskiedenis van onlangse verkiesingswanpraktyke en kieserbedrog is welbekend, wat enige verkiesingsproses waarby hulle betrokke is, verdag maak. ATM-woordvoerder Zama Ntshona sê om ZANU-PF toe te laat om waar te neem kan die wettigheid en geloofwaardigheid van die verkiesingsproses skaad.
Dit was Saterdag storietyd saam met oudpresident Donald Trump by 'n saamtrek in Wildwood, New Jersey. Trump het 'n groot menigte ondersteuners vir byna 'n uur en 'n half toegespreek, in 'n onsamehangende toespraak vol ongestaafde bewerings. Hy het onder meer beweer Bruce Springsteen, 'n baie openbare bondgenoot van president Joe Biden, het "eintlik" vir hom gestem. Trump het verder onakkuraathede oor Biden, immigrante, die ekonomie en meer herhaal, waarvoor hy in Amerikaanse media soos CNN gekap is. Maar luister self.
Voormalige presidentsvrou Monica Geingos het die naweek die publiek bedank vir hul oorweldigende ondersteuning na die heengaan van president Hage Geingob. Sy berei tans voor om haar pligte as voorsitter van die One Economy Foundation te hervat, die maatskaplike welsynsorganisasie wat sy in Mei 2016 geloods het. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Ileni Hitula, die hoof van kommunikasie by One Economy, wat sê Geingos sal 'n minder publieke rol speel in die toekoms.
Krieket Namibië het sy groep van 16 spelers aangekondig wat vandeesweek na die IKR T20 Wêreldbeker in die Wes-Indiese Eilande vertrek. Gerhard Erasmus sal die Richelieu Eagles aanvoer in hul derde agtereenvolgende T20 Wêreldbeker. Die Namibiërs is saam met Australië, Engeland, Oman en Skotland in Groep B geloot. Die Eagles sal op 2 Junie teen Oman in hul openingswedstryd in Barbados speel. Kosmos 94.1-nuus het met Krieket Namibië se uitvoerende hoof, Johan Muller, gesels oor hoe voorbereidings verloop.
Die veterinêre kordonheining, of rooilyn, is 'n veesiekte-beheermeganisme wat Namibië se beesvleis-uitvoerbedryf beskerm teen veesiektes, soos bek-en-klouseer en longsiekte. Oor die jare het hierdie bedryf 'n reputasie opgebou as verbind tot hoë standaarde. Dit stel Namibië in staat om vleis uit te voer na lande in die Europese Unie en ander, soos die Verenigde Koninkryk, Noorweë en Suid-Afrika. Met die verkiesing om die draai, is dit belangrik om te weet wat politieke partye se standpunte is oor kwessies wat almal raak. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Lifalaza Simataa, woordvoerder van die Landless Peoples Movement, oor die party se standpunt oor die rooilyn.
Iran se aankondiging dat hy ooreenkomste aangegaan het om onder meer 'n olieraffinadery by Walvisbaai asook 'n oliebergingsfasiliteit in Namibië te vestig, lok wyd reaksie uit. Kenners sê kan aan die een kant goed wees vir die land en ekonomie, en aan die ander kant tot groot nadele lei. Kosmos 94.1 Nuus het kommentaar gekry van professor André Duvenhage, 'n Suid-Afrikaanse politieke ontleder, wat sê Namibië posisioneer haarself weg van die Weste.
Oud-president Thabo Mbeki is ten gunste van 'n ondersoek na die dood van die Nobelprys-wenner hoofman Albert Luthuli, 57-jaar gelede. Luthuli was die leier van die ANC van 1952 tot sy dood in 1967, toe hy deur 'n trein getref is terwyl hy oor 'n noodbrug oor die Umvoti-rivier in KwaDukuza, KwaZulu-Natal, gestap het. Mbeki het gepraat op 'n kransleggingsplegtigheid op die perseel en gesê dis belangrik om agter die waarheid te kom oor Luthuli se dood.
Iran het ooreenkomste aangegaan om onder meer 'n olieraffinadery by Walvisbaai asook 'n oliebergingsfasiliteit in Namibië te vestig. Iran se ambassadeur in Namibië, Dr. Seyed Ali Sharifi, het die aankondiging gemaak by 'n geleentheid vir klein- en medium ondernemings by die Iranse ambassade, wat in samewerking met die Namibië Kamer van Koophandel en Nywerheid aangebied is. Dit was om samewerking en netwerke vir toekomstige beleggings uit te brei. Sharifi het by die geleentheid gepraat en sy persoonlike assistent, Hussein Mbugua, het vertaal.
Die sterftesyfer in die gebou-ineenstorting in George het tot 26 gestyg met die reddingsoperasie wat voortduur. Onder die 81 mense in die gebou tydens die ramp is 55 gered, en 13 is nog in die hospitaal. Van 26 is nog nie rekenskap gegee nie. Intussen sê George se Forensiese Patologiedienste die proses om die slagoffers uit te ken, sal tydrowend wees. Slegs een van die 24 liggame wat uitgehaal is, is nog met ʼn amptelike uitkenproses geïdentifiseer. Die dienste se assistentdirekteur, Floyd Herwels, sê die liggame is besig om te ontbind en daarom versnel hulle die proses.
Die Verkiesingskommissie van Namibië nooi die publiek om hul voertuie beskikbaar te stel vir gebruik tydens die komende algemene registrasie van kiesers van 3 Junie tot 1 Augustus. Die voertuie moenie ouer as 10 jaar wees nie, moet 'n enkel- of dubbelkajuit 2x4 of 4x4 met 'n kappie wees, en moet padwaardig wees. Belangstellende voertuigeienaars word versoek om hul voertuie vir inspeksie en 'n padwaardigheidstoets te bring, van Woensdag tot Vrydag by geselekteerde dorpe regoor die land. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met De Wet Siluka, die kommissie se woordvoerder, wat meer inligting gee.
Beleggings in navorsing en ontwikkeling in die land is steeds laag, met net sowat 0,73 persent van die BBP wat daaraan bestee word. Die standaard is uitgawes van 1 persent van BBP. Namibië se ekonomie word op 248 miljard Namibiese dollar gewaardeer. 'n 1 persent belegging in navorsing en ontwikkeling moet dus 2,48 miljard dollar beloop, maar slegs 1,81 miljard dollar is in 2021 tot 2022 hieraan bestee. Kosmos 94. 1 Nuus het met plaaslike ekonoom Gabriel Erastus gepraat, wat sê daar word nie verstaan wat gedoen moet word om die bevolking te help nie.
Die gewese ANC-president, Thabo Mbeki, het herhaal dat daar ʼn behoefte bestaan aan ʼn nasionale dialoog ná die algemene verkiesing op 29 Mei. Hy was gister op ʼn verkiesingsveldtog in KwaZulu-Natal. Die regerende party se steun het in die 2021 plaaslike verkiesing in baie munisipaliteite in die provinsie tot onder 50-persent gedaal. Dit sluit die eThekwini-metro in. Mbeki sê die ANC het nie al die antwoorde vir Suid-Afrika se probleme nie, maar moet seker maak hy stel bevoegde mense in magsposisies aan:
Die top-tien vir die Mej. Namibië Tiener en Mej. Namibië is die naweek by ‘n glans geleentheid by Droombos net buite die hoofstad bekend gemaak. Kosmos 94.1 Nuus het met Beulah Boois-Beukes van die skoondheidskompetisie gesels oor wat volgende vir die dames is.
Vier van die abattoirs en slagpale in die Noorde moet tans aandag kry om verligting vir die boere te bring. ‘n Staande komitee is op pad na die noordelike streke, die vier O-streke en die Kunene, na klagtes dat boere nie genoegsame bemarkingsgeleenthede vir hulle diere tydens die droogte het nie. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Jona Musheko van die landbouministerie oor die stand van sake.
President Nangolo Mbumba is tans in Nederland na ‘n staatsbesoek aan Kenia. Sedert hy die leisels oorgeneem het na Hage Geingob se dood, is hy amper nooit op kantoor nie. Hy het talle reistogte in die land onderneem en reis gereeld oorsee. Ontleder dr. Ndumba Kamwanyah meen hy kan teen die tempo niks implementeer van dit wat hy bywoon nie.
Die Nasionale Vergadering is tans in reses, maar parlementslede werk steeds veral in die vorm van staande komitees. Die jongste ondersoek wat gelas is, is deur die komitee vir ekonomie van stapel gestuur nadat daar beaam is dat veebemarking in sommige noordelike streke, erge uitdagings beleef. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Sakeus Kadhikwa, woordvoerder van die Nasionale Vergadering, wat meer inligting oor die ondersoek het.
Die Springbok-vroue se afrigter, Louis Koen, sê dit was baie spesiaal en ʼn trotse oomblik toe die span vir volgende jaar se Wêreldbekertoernooi in Engeland gekwalifiseer het. Suid-Afrika het Madagaskar 46-17 verpletter om hul titel as Afrika-kampioen te behou en hul plek in die Wêreldbekertoernooi te bespreek. Koen sê dis ʼn groot hupstoot vir al die betrokke spelers, bestuur en rolspelers wat saam op die reis is:
Die DA sê die Suid-Afrikaanse Polisiediens het sedert 2018 meer as 2,2 miljard Suid-Afrikaanse rand betaal aan eise weens onregmatige inhegtenisnemings en aanhoudings. Polisieminister Bheki Cele het dit in antwoord op ʼn parlementêre vraag onthul. Andrew Whitfield van die DA sê daar was die afgelope vyf boekjare ʼn toename van 52 persent in siviele eise teen die polisiediens en dit val saam met Cele se termyn as lynminister:
Die eienaar van Happyland veiligheidshawe in Hentiesbaai, Carmen Haoses, bestuur die onderneming al vir 18 jaar. Sy is ook besig om as 'n kinderhuis te registreer te word. Volgens Hoases is die lewe in die kusdorp elke dag 'n uitdaging en die plaaslike ekonomie is swak. Sy het ook haar eie snoepie begin in 'n poging om die kinders in nood te voorsien. Kosmos 94.1 Nuus het met Hoases gesels, wat meer inligting gee.
Farm 37 buite Walvisbaai, beter bekend onder inwoners as Green Valley, kan potensieel sowat 30 000 inwoners huisves. Families wat in plakkerskampe bly word tans daarheen verskuif. Die vraag wat Walvisbaai raadslid Ryan Gordon het is of die gebied reg is om mense te huisves. Kosmos 94.1 Nuus het met Gordon gepraat, wat sy bekommernisse uitspreek.
Die buurland se omgewingsminister Barbara Creecy, sê Suid-Afrika, wat die tuiste is van talle trekvoëls, erken die dringendheid om die afname in insekbevolkings te pak. Insekte speel 'n noodsaaklike rol die oorlewing van migrerende voëlspesies want dit is 'n noodsaaklike bron van energie. Die departement se woordvoerder, Peter Mbelengwa, sê die onstellende afname in insekbevolkings wêreldwyd hou 'n aansienlike gevaar vir trekvoëls in:
Arsenal is weer boaan die Premierliga-punteleer met ʼn 1-0 sege oor Manchester United. Leandro Trossard se doel was genoeg om die oorwinning te beklink en seker te maak die titel-wedloop gaan deur na die laaste dag van die seisoen. Die Gunners is een punt voor die heersende kampioene, Manchester City, wat een wedstryd meer gespeel het. Arsenal was Sondag in hul laaste wedstryd gasheer vir Everton terwyl City tuis teen West Ham kragte gemeet het. Arsenal-bestuurder Mikel Arteta sê dit was noodsaaklik dat hulle wen:
Die Nasionale Mynwerkersvakbond sê die aflegging van 3 107 mynwerkers en sowat 915 kontrakteurs by Sibanye Stillwater is ontstellend. Die myn het onlangs 'n Artikel 189-kennisgewing uitgereik waarin hy sy planne vir die aflegging van meer as 4 000 mense uiteensit. Die woordvoerder van NUM, Livhuwani Mammburu, sê die maatskappy het sedert 2013 duisende mynwerkers afgelê, met die uitsondering van 2021:
Alejandro Tabilo van Chili het die grootste oorwinning van sy loopbaan behaal toe hy die wêreld-nommereen, Novak Djokovic van Serwië, by die Italiaanse Ope in Rome verslaan het. Die 26-jarige Tabilo het die sesmalige kampioen in die derde ronde met 6-2 en 6-3 geklop. Hy speel volgende teen die 16de gekeurde Karen Khachanov van Rusland wat die Argentyn Francisco Cerundolo met 6-2 en 6-4 afgeransel het. Die Bulgaar Grigor Dimitrov en Taylor Fritz van Amerika is ook deur na die vierde ronde. Tabilo sê hy het voor die wedstryd teen Djokovic geen verwagtings gehad nie:
Die Suid-Afrikaanse polisieminister, Bheki Cele, sê die ondersoek na die ineenstorting van die gebou in George het begin. Die dodetal het tot 21 gestyg nadat nog vier liggame Sondag gevind is. Twee-en-dertig van die nagenoeg 81 konstruksiewerkers is nog nie gevind nie. Cele, wat die terrein besoek en met die werkers se familielede gepraat het, sê hulle het tien forensiese spanne op die toneel:
Namibië se natuurlike hulpbronne kom gereeld onder die vergrootglas omdat daar dikwels aantygings van korrupsie is in die bestuur daarvan. Een van die nuutste hulpbronne is groenwaterstof ontwikkeling wat Namibië op die wêreldverhoog plaas. Die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing het in Lüderitz 'n streeks-teenkorrupsie konferensie gehou wat die saak aangespreek het. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Nico Smit, die PDM se skadu-finansminister, wat sê daar moet goed beplan word om hulpbronne reg te bestuur.
Daar word beaam dat die beurtkragverligting in Suid-Afrika ekonomiese groei vanjaar positief kan beïnvloed. Maar waar buurlanders hulle kruisie trek sal ‘n groter impak op ons hê. Dit is die mening van Dawie Roodt, hoofekonoom van Efficient Group. Hy verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus.
'n Senior lektor van Nust word ondersoek nadat hy na bewering seks-vir-punte aan vroulike studente aangebied het. Die lektor is volgens studente deur sekuriteitsbeamptes van die perseel af begelei. Na wat berig word het hy 'n matras, wat hy in sy kantoor gehou het, onder sy arm gedra. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Dorothea Nangolo van die Namibië Nasionale Studente-organisasie, Nanso, wat hulle standpunt uiteensit.
Arbeidskenner Herbert Jauch het kommer uitgespreek oor die afname in uitbetalingsbedrae van maatskaplike sekerheidstoelaes, wat ongewoon is met inagneming van die steeds groeiende bevolking. Volgens Jauch is die uitbetalingsbedrae in stryd met die statistieke van die Namibiese Statistieke-agentskap se sensusgetalle. Kosmos 94.1 Nuus het met Jauch gesels, wat meer oor die kwessie verduidelik.
RISE Mzansi se Jeugstudentebeweging beskuldig lede van die ANC Jeugliga, wat leiers insluit soos Collen Malatji, dat hulle openlik die misbruik van staatsbronne steun vir die ANC se verkiesingsveldtog. Lawrence Manaka van RISE Mzansi sê om die verspreiding van staatsbronne te beperk tot 'n spesifieke politieke groepering is teenstrydig met die fundamentele beginsels van die demokrasie. Hy voeg by sulke optrede verdiep verdeling en laat ongelykheid voortleef.
Die 32-jarige man wat gered is na hy 116 uur onder die puin van die ineengestorte George gebou vasgekeer was, het sy dankbaarheid teenoor al die reddingspersoneel vir hulle onvermoeide pogings uitgespreek. Gabriel Guambe, wat as 'n teellêer gewerk het, is gered na die woonstelblok Maandag ingetuimel het. Hy het wonder bo wonder slegs geringe beserings opgedoen en herstel baie goed in die hospitaal.
Cosatu sê die massiewe beleggingsverbintenis van een-miljard Suid-Afrikaanse rand van Hisense oor die volgende vyf jaar sal werksgeleenthede verseker en ook nog geleenthede oor die hele waardeketting skep. Hisense, 'n wêreldreus in elektronika, het sedert die opening van sy Atlantis-aanleg aan die Weskus in 2013, stelselmatig sy voetspoor vergroot. Matthew Parks van Cosatu sê die maatskappy het nou 1 300 werknemers en steun 20 000 werkers in die waardeketting.
Die Landbouwerkgewersvereniging sê dit het onder sy aandag gekom dat gesprekke tussen werkgewers en werknemers toenemend deur een of albei partye opgeneem word. Die vereniging sê hierdie praktyk moenie aangemoedig word nie, aangesien dit onwettig is om 'n privaat gesprek op te neem sonder die ander persoon se toestemming. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Toni Hancox, die direkteur van die Regshulpsentrum, oor die wettigheid van die opneem van gesprekke.
Cosatu sê die massiewe beleggingsverbintenis van een-miljard Suid-Afrikaanse rand van Hisense oor die volgende vyf jaar sal werksgeleenthede verseker en ook nog geleenthede oor die hele waardeketting skep. Hisense, 'n wêreldreus in elektronika, het sedert die opening van sy Atlantis-aanleg aan die Weskus in 2013, stelselmatig sy voetspoor vergroot. Matthew Parks van Cosatu sê die maatskappy het nou een-duisend-300 werknemers en steun 20-duisend werkers in die waardeketting.
Visepresident Netumbo Nandi-Ndaitwah het 'n 20-hektaar gewasse- en groente-gemeenskapstuin in Outjo ingewy, wat na verwagting 'n sleutelspeler in die Kunene-streek se landbousektor sal wees. Die Harambe-Oyetu-gemeenskapstuin sal ingevolge die Groenskemabeleid op 'n kommersiële grondslag bedryf word. Ndaitwah sê die regering staan vas agter sulke inisiatiewe en erken hul deurslaggewende rol in voedselsekerheid en werkskepping deur landbou. Die Nasionale Jeugraad sal die projek bedryf met tegniese ondersteuning van die landbou-ministerie. Kunene goewerneur Marius Sheya sê soortgelyke projekte sal in al die kiesafdelings op die been gebring word, met planne om die Harambe-Oyetu-projek uit te brei om vis- en hoenderboerdery in te sluit.
Die stigterspresident van Namibië, Sam Nujoma, vier vandag sy 95ste verjaardag. Nujoma het in 1990 Namibië se eerste demokraties verkose president geword en het vir drie termyne gedien nadat hy die land tot onafhanklikheid gelei het ná dekades se bevrydingstryd. Kosmos 94.1 Nuus het met politieke leiers gesels oor Nujoma en sy nalatenskap
Die Wes-Kaapse polisie sê hulle snuffelhonde, Abbey en Lex, het reddingswerkers gister gelei na die oorlewende onder die puin van die ineengestorte gebou in George. Adjudant-offisier Willie Visser en sy hond Abbey se broodnodige aanduiding van lewe is bevestig deur Lex en hanteerder adjudant-offisier Riaan le Roux. Die 33-jarige teellêer Gabriel Guambe het 116 uur lank oorleef voordat hy opgespoor is. Die polisiewoordvoerder Christopher Spies sê Guambe sterk goed in die hospitaal aan.
Energie-minister Tom Alweendo gee toe dat die regering sukkel om brandstofsmokkelary in die noorde van Namibië te stuit. Dit is weens die aard van die grens tussen Namibië en Angola, het hy gesê tydens 'n raadplegende vergadering met die Namibië Plaaslike Besigheidsvereniging, Naloba. Naloba se visepresident, Kanu Amadhila, sê baie van sy lede in die kleinhandel-brandstofbedryf sukkel weens die smokkelary. Brandstof is in Angola veel goedkoper as in Namibië. Jafet Nakanue, ’n vulstasie-eienaar in die Noorde, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en sê mense beweeg heen en weer oor die grens met brandstof soos hulle wil.
Rugby: Die hoofafrigter van die Springbok-vroue, Louis Koen, het drie ervare spelers herroep vir sy opdrafspan wat in die laaste wedstryd môre in die Rugby Afrika Vrouebeker teen die gasvroue, Madagaskar, te staan kom. Afgesien daarvan dat die uitslag die Afrika-kampioene sal bepaal, sal dit ook deelname bevestig vir die Vroue Wêreldbeker volgende jaar in Engeland. Volgens Koen is die Bokke gereed om hulle titel te verdedig.
Walvisbaai sal by 38 ander plaaslike owerhede aansluit by die Amerikaanse Bloomberg Philanthropies se nuwe Youth Climate Action Fund, waar dit byna 1 miljoen Namibiese dollar sal ontvang vir jeuggeleide klimaataksie-inisiatiewe. Dit sluit in boomplanting of openbare onderwysveldtogte, en die bekendstelling van herwinnings- of afvalverminderings-inisiatiewe. Walvisbaai-burgemeester Trevino Forbes sê op 'n raadsvergadering die nuwe fonds sal kritiese gemeenskapsdoelwitte bevorder. Walvisbaai se Junior Raad sal ook in hierdie verband na Zimbabwe reis vir die jaarlikse nasionale konferensie by die Victoria-waterval. Forbes is aan die woord.
Die nuutste padongeluk-statistieke wat strek vanaf 1 Januarie wys 'n gemengde prentjie. Alhoewel die getal ongelukke gedaal het, het meer mense gesterf en beserings het ook toegeneem. Dit is moeilik om te bepaal wat die hoofoorsaak van die ongelukke was, maar hoë spoed speel gewoonlik 'n rol. Die Motorvoertuig-ongelukkefonds se senior bestuurder van ongeluk- en beseringsvoorkoming, Ruben Uupindi, verduidelik.
Die dodetal in die George-gebou-ineenstorting in die Wes-Kaap het tot 13 gestyg. Reddingsoperasies duur vandag vir die vyfde dag voort met nooddienste wat aktief soek na nog 40 vermiste mense. Die woordvoerder van die munisipaliteit, Rowena van Wyk, sê nog 'n liggaam is omtrent half-drie vanoggend opgespoor.
In 'n vasberade stap om die behuisingskrisis die hoof te bied, het die Swakopmund-munisipaliteit verlede jaar aangekondig dat 805 inwoners van die DRK-nedersetting in Swakopmund erwe as skenkings van die munisipaliteit ontvang. Hierdie is 'n deurslaggewende stap in die kusdorp se pogings om behuising aan meer as 22 000 inwoners te verskaf. Die inwoners het magtiging gekry om baksteenstrukture te bou en aansoek te doen vir elektriese verbindings met Erongo Red. Linda Mupupa, Swakopmund munisipaliteit se woordvoerder, het die besonderhede.
Dit was ‘n uiters bedrywige aand op Copps 94.1. Die span moes bontstaan tussen mesgevegte, rooftogte asook 'n gewapende roof, en het te doen gehad met die trauma wat slagoffers ondervind in sulke situasies. Francois Lottering was op die toneel en het die besonderhede.
Cosatu in Suid-Afrika sê hy steun die Wysigingswetsontwerp oor Ouer Persone en vra die parlement om die aanvaarding te bespoedig van, wat hy noem, die lank agterweë progressiewe wetgewing. Die wetsontwerp stel verskeie maatreëls voor om die beskerming en versorging van ouer mense te verbeter. Matthews Parks van Cosatu sê 'n belangrike deel van pogings om 'n meer sorgsame samelewing te bou, is om te verseker dat die kwesbaarstes beskerm word.
Solar Foods vra vir verminderde uitstraling in voedselproduksie en wys op die impak van die omgewing op diergebaseerde proteïenbronne. Aangesien veeboerdery noemenswaardig bydra tot kweekhuisgasvrystellings, het Solar Foods ‘n alternatiewe bron van proteïne, genaamd Solein bekendgestel. Die vise-president, Arttu Luukanen, glo vas in die volhoubaarheid van Solein en benadruk sy potensiaal om ‘n omwenteling in voedselproduksie teweeg te bring en die uitwerking van klimaatsverandering te versag.
Die Jaarkongres van die Landbouwerkgewers-vereniging is ‘n groot geleentheid op die landbou kalender en vind plaas Dinsdag, 4 Junie 2024 by Arebbusch Lodge. Vanjaar se tema vir die kongres is “positiewe dinamika in boerdery”, met die fokus op die positiewe motivering van landbouwerkgewers. Registrasies is alreeds oop vir hierdie belangrike dag en as jy wil deel wees moet jou registrasie vorm die kantoor teen 24 Mei bereik. Danie van Vuuren, Hoofbeampte by die vereniging het die belangrikheid van die kongres beklemtoon.
Arbeidskenner Herbert Jauch het kommer uitgespreek oor die afname in uitbetalingsbedrae en begunstigdes van maatskaplike sekerheidstoelaes.
Hierdie is kommerwekkend as jy kyk na die jongste bevolkingsensus getalle en volgens Jauch is die uitbetalingsbedrae teenstrydig met die statistieke wat onlangs vrygestel is deur die Namibië Statistieke Agentskap. Jauch meen dit is ongewoon in ‘n steeds groeiende bevolking.
Leinster is op koers om hierdie seisoen twee trofeë te verower. Hulle het reeds ‘n plek bespreek in die eindstryd om die Kampioenebeker teen Toulouse maar fokus nou hulle aandag op die Ospreys en die geleentheid om weer boaan die Verenigde Rugbykampioenskap te wees. Die voormalige Springbokafrigter, Jacques Nienaber, is nou deel van die afrigtingspan van Leinster. Volgens hom sal hulle nie die Ospreys onderskat nie.
Die Elephant Human Relations Aid-groep het in Maart 2024 die aankoms van 'n kosbare nuwe baba-olifant in die Huab-rivierstreek verwelkom. Hierdie skattige kalfie is die nuutste toevoeging tot die H2-trop – ook bekend as Rosy se trop. Rachel Harris, Besturende Direkteur van EHRA sê klein Mimi het reeds die wêreld met nuuskierigheid en vreugde verken. Harris pleit by die publiek om nie die olifante in die gebied te nader nie en doen ‘n beroep op inwoners om hul kantoor te kontak wanneer hulle ‘n olifant gewaar. Die droë toestande in die gebied veroorsaak dat olifante die gebied binnekom wat mens-wild konflik veroorsaak.
In 'n poging om Namibië se landbousektor te versterk, loods die handel-ministerie, ‘n reeks bewusmakingswerksessies getiteld "Support to Fruit and Vegetables Value Chain".
Hierdie sessies is in samewerking met die Namibiese Landbouraad en is deel van die EU-Namibië Ekonomiese Vennootskapsooreenkoms.
Die inisiatief is daarop gemik om Namibië se posisie in die globale landboumark te bevorder, en om die mededingendheid van Namibië se vrugte- en groenteprodusente te verbeter deur nuwe uitvoergeleenthede in die EU-mark te ondersoek. Elijah Mukubonda, die woordvoerder by die Ministerie van Handel, beklemtoon die belangrikheid van die inisiatief.
Lede van die publiek het na sosiale media gestroom oor vuil water wat uit krane kom. Dit kom nadat Stad Windhoek afgekondig het dat boorgat water tans benut word. Die nuutse statistieke dui aan dat die teiken vir water besparing is 422,877 kiloliters, maar tussen die periode van 30 April tot 6 Mei het die stad 492,399 kiloliters gebruik. Hierdie is aanduiding dat ons steeds bo die limiet is.
Lydia Amutenya, woordvoerder van Stad Windhoek dui aan watter woonbuurte gebruik maak van boorgat water.
Die verkiesing is om die draai en verskeie kwessies moet nog aangespreek word deur die politieke partye. Kosmos 94.1 Nuus het met maatskaplike aktivis gepraat, Sandy Tjaronda. Een van die probleme wat volgens Tjaronda aangespreek moet word is jeug werkloosheid. Die sentimente wat hy het volgens hom word gedeel deur verskeie werkers in die nie-regerings organisasies.
Die DA beweer Eskom verbrand doelbewus diesel om beurtkrag te voorkom in die aanloop tot die verkiesing op 29 Mei en dit versterk vermoedens dis manipulasie vir politieke gewin. Volgens die party het hy bewyse wat neerkom op druk van die ANC-regering op die bedryf van die nutsmaatskappy. DA-woordvoerder, Mimmy Gondwe, sê die jongste data van die Energiereguleerder van Suid-Afrika toon ‘n kommerwekkende uitputting van dieselbegrotings en meer as die helfte van die begroting vir die eerste kwartaal is in een maand bestee.
Die Namibiese studente finansiële hulpfonds, Nsfaf, is weereens in omstredenheid gehul oor laat betalings. Die studente by Tsumeb Cosdef het besluit om dit 'n stap verder te neem weens hul eise wat nie ernstig opgeneem word nie. Die studente eis onder meer dat hul volle terugbetalings voltooi moet word. Hulle dreig ook om klasse te boikot totdat 'n wederkerige verstandhouding bereik word. 'n Student by Cosdec, Vivian Simon, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Die DA-leier John Steenhuisen het die SABC gekritiseer omdat hy die party se verkiesingsadvertensie onttrek het en sê hulle prokureurs gaan die kwessie verder neem. Die openbare uitsaaier weier om die DA se omstrede advertensie waarin die Suid-Afrikaanse vlag verbrand word, in sy huidige vorm uit te saai. Hy voer aan die advertensie moedig mense aan om gewaardeerde nasionale simbole te beskadig. Steenhuisen sê die skaamtelose sensuur is ʼn ongekende aanval op demokrasie.
Die Namibië Uitsaaikorporasie het die top-20 vir beide die Mej Tiener- en Mej Namibië-kompetisies aangekondig. Die voorlopige kompetisies vind oor die naweek plaas, waar die top-10 deelnemers aangewys sal word. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Beulah Boois-Beukes, die NBC se openbare betrekkinge-bestuurder, wat verduidelik.
Okahandja-inwoners ervaar die afgelope drie dae ernstige waterprobleme. Skole, hospitale en ouetehuise was almal sonder water. Die probleme word toegeskryf aan Namwater wat 'n pypleiding gebou het om die reservoirs wat normaalweg die dorp voed, te omseil. Die huidige wateronderbrekings is te wyte aan verskeie pype wat dwarsdeur die dorp gebars het. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Charl Coetzee van die Okahandja Belastingbetalersvereniging, Orpa, wat meer inligting gee.
TERUG: Die munisipaliteit is besig om water-vragmotors van die weermag sowel as Namwater te reël, om Veddersdal en lae-inkomste huise van water te voorsien.
Die aantal elektriese voertuie in Suid-Afrika neem geleidelik toe, met minstens agt nuwe modelle wat na verwagting vanjaar bekend gestel sal word. Die verkope van elektriese voertuie het verlede jaar meer as verdubbel. Na ondertekening van die Parys-ooreenkoms verleen die Suid-Afrikaanse regering ook baie steun aan die ontplooiing van elektriese voertuie. In Namibië, egter, soek die regering meer maniere om die paar elektriese voertuie op die paaie te belas. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Jens Denk van Electric Vehicles Namibia, wat sy teleurstelling uitspreek.
Die Natuurgeskiedenis-museum in New York gaan tot Januarie volgende jaar meer as 80 ikoniese stukke juweliersware uitstal wat vyf dekades van hip-hop verteenwoordig. Die uitstalling, getiteld Ice Cold: An Exhibition of Hip-Hop Jewellery, bevat stukke soos Nicki Minaj se Barbie-diamanthangertjie, Jay-Z se Roc-A-Fella-diamantmedalje en A$AP Rocky se halssnoer. Die museum se president, Sean Decatur, sê die juweliersware maak 'n belangrike deel uit van hip-hop-geskiedenis en -kultuur.
AstraZeneca het aangekondig dat hy sy Covid-19-entstof wêreldwyd onttrek. Dit is weens 'n afname in aanvraag, wat toegeskryf word aan die vervaardiging van 'n oorvloed nuwe entstowwe. Die entstof, genaamd Vaxzevria, is saam met die Universiteit van Oxford ontwikkel en die eerste van meer as drie-miljard dosisse is in Januarie 2021 in Brittanje toegedien. Die maatskappy sê hy het die afgelope jaar geen inkomste daaruit verdien nie. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Walters Kamaya, die gesondheid-ministerie se woordvoerder, oor wat die situasie in Namibië is.
Die George-munisipaliteit sê ʼn konstruksiewerker wat in die hospitaal opgeneem is nadat ʼn gebou Maandag in dié dorp ingetuimel het, is dood. Dit bring die sterftesyfer nou op nege te staan. Die reddingsoperasie duur reeds 88 uur en kenners sê die oorlewingskoers van die 44 werkers wat steeds onder puin vasgekeer is, het tot sowat 33-persent gedaal. Die munisipaliteit se woordvoerder, Chantel Edwards-Klose, sê die reddingspoging is nou in ʼn kritieke stadium.
TransUnion sê die 2024 Omnichannel-bedrogverslag toon dat 65 persent van Namibiese verbruikers sê dat hulle tussen September en Desember verlede jaar deur slenters geteiken is. Dit is aansienlik hoër as in die 2023 verslag, toe 34 persent gesê het hulle is geteiken. Die peiling toon dat 'phishing'-pogings die meeste voorgekom het. Phising is waar swendelaars probeer om verbruikers te kry om persoonlike inligting te openbaar deur middel van bedrieglike e-posse, webwerwe of sosiale plasings. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Khadijah Mouton, Standard Bank Namibië se bemarkingsbestuurder, wat sê die publiek moet bewus wees van hierdie swendelary en moenie op enige skakel kliek wat verdag lyk nie.
Tennis: Die tienmalige kampioen, Rafael Nadal, is deur na die tweede ronde van die Italiaanse Ope in Rome. Die Spanjaard was ʼn stel agter maar het teruggeveg en die Belg, Zizou Bergs, met 4-6, 6-3 en 6-4 geklop. Die 22-malige Grand Slam-kampioen ding mee in sy derde agtereenvolgende toervlak-toernooi nadat hy die grootste deel van verlede jaar weens beserings buite aksie was. Die Italiaanse loslootjie Fabio Fognini en Jack Draper van Brittanje het ook oorwinnings behaal. Nadal sê hy is nie tevrede met sy vertoning nie.
Build One South Africa waarsku teen die invloed van Zimbabwe se Zanu-PF op Suid-Afrikaanse politiek. Die party verwerp die ANC se aanvaarding van bystand deur Zanu-PF vir die verkiesing, en verwys na die party se geskiedenis van knoeiery met verkiesings en onderdrukking in Zimbabwe. Stevens Mokgalapa van BOSA sê die samewerking toon desperaatheid vir mag teen enige prys. Hy vra deursigtigheid en integriteit in die verkiesingsproses.
Sokker: Daar is net een punt verskil tussen die top twee spanne in die Engelse Premierliga. Liverpool het teruggesak, wat net twee mededingers los; die verdedigende kampioen Manchester City en Arsenal. Die Gunners is voor, maar hulle het nog net twee wedstryde oor. City het nog drie wedstryde en sal die titel behou as hulle aanhou wen. Die bestuurder Pep Guardiola sê foute is buite die kwessie.
Die Wes-Kaapse Departement van Indiensneming en Arbeid se hoofinspekteur, David Esau, het onthul niemand weet waar die eienaars van die konstruksiemaatskappy is wat verantwoordelik was vir die oprigting van die gedoemde gebou in George nie. Die gebou het Maandag ineengestort en die voorval het reeds tot agt sterftes en talle beserings gelei. Esau sê ten spyte van mislukte pogings om die onderneming se eienaar te kontak, duur ondersoeke na die saak voort en versekerings word aan die families van slagoffers gegee.
Matome Chiloane, LUR vir onderwys in Gauteng, het kommer uitgespreek oor 'n onlangse geveg tussen 'n graad 9-leerder en 'n onderwyser van Glenvista High School in Johannesburg. ’n Video wat wys hoe die onderwyser en leerder gewelddadig baklei en in die proses skoolmeubels beskadig, is wyd op sosiale media versprei. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Raimbert Muronga, inspekteur van mediaskakeling by NamPol, wat sê sulke voorvalle is ook algemeen in Namibië en sake word deur onderwysers teen leerders geopen.
Die premierskandidaat van die DA in Gauteng, Solly Msimanga, sê die brand van die digitale vlag verteenwoordig die land se agteruitgang. Op die Red SA-toer in Soweto, het Msimanga die regering beskuldig dat hy die drome van 1994 vermorsel het. Hy sê die regerende party tree op uit vrees en desperaatheid. Msimanga het herbevestig dat die DA Suid-Afrika wil red van kwessies soos bendebedrywighede, misdaad, armoede en werkloosheid.
Die gewilde Swakopmundse koor, African Vocals, gaan hulle vlerke internasionaal sprei. Die groep vertrek op 16 Mei na Duitsland, waar hulle in 37 dorpe gaan optree. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die koor se dirrigent, Joel Nambuli, wat meer inligting gee.
Opwinding loop hoog vir die 54ste Tara Rally, wat vanaf 6 tot 8 Junie gehou word. Inskrywings is oop en sluit om 5-uur die middag op 31 Mei. Die eerste trajek word by die Tony Rust renbaan buite Windhoek beslis, en die tweede dag skop in Rehoboth af. Die uitdagende tydren sal oor 466km en 18 trajekte beslis word. Francois Lottering gee meer inligting.
Die Namibiese Verkiesingskommissie het 4 297 registrasiepunte in al 121 kiesafdelings regoor die land bekend gemaak, met 3 849 registrasiebeamptes wat ontplooi sal word. Sommige registrasiepunte sal vir die hele registrasietydperk oop wees, terwyl ander op 'n mobiele basis bedien sal word. Registrasies vir November se verkiesings begin op 3 Junie en sluit op 1 Augustus. Die voorlopige bevolkingstatistieke dui aan dat 1 731 790 landsburgers geregtig is om te registreer. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met De Wet Siluka, die kommissie se woordvoerder, wat sê Namibiërs moet so gou as moontlik vanaf 3 Junie registreer.
Die Kunene-streek het die ergste droë periodes die afgelope dekade beleef, wat tot veeverliese van meer as 90 persent gelei het. Dit het ook 'n styging in veediefstal tot gevolg gehad, na bewering omdat sommige boere hulle kuddes so wil aanvul. As gevolg van hierdie verliese is die meeste boere nou uitgelewer aan die regering se voedsel- en droogtebystandsprogramme. Dudu Murorua, voormalige goewerneur van die Kunene-streek, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en sê dit is 'n ernstige probleem. Hy eis dat daar na dié boere geluister word.
Die konfiskering van byna 112kg dagga ter waarde van meer as 5,5 miljoen Namibiese dollar het die tonge los. NamPol het op inligting reageer en die twee verdagtes naby Noordoewer voorgelê, en hulle gearresteer nadat hulle die Oranjerivier onwettig oorgesteek het. Die 94 pakke verpakte skunk dagga by hulle was glo vir Rundu bestem. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Hermie Van Zyl, die voormalige hoof van die NamPol dwelmeenheid, wat sê die dwelmvondse sal net meer en groter word.
Die Gautengse maatskaplike ontwikkeling-departement van sê sy maatskaplike werkers stuur agt tienerseuns van Mosambiek terug huis toe. Die seuns van tussen 13 en 17 is tydens ʼn polisieklopjag gevind nadat die arbeid-departement daarvoor gevra het. Maatskaplike ontwikkeling se woordvoerder, Themba Gadebe, sê hulle het in Januarie inligting ontvang dat ʼn Chinese fabriek in Nigel kinders en onwettige buitelandse burgers in diens het.
Die Walvisbaai Korridor-groep het Namibiese vragmotorbestuurders en vervoermaatskappye gewaarsku oor toenemende kapings op die N4 in Suid-Afrika, veral rondom Rustenburg en Mafikeng. Die pad vorm deel van die Trans-Kalahari-korridor. Beide vrag en die vragmotors word geteiken, en bestuurders word dikwels doodgeskiet of ernstig beseer. Stefan Terblanche, uitvoerende hoof van FP du Toit Transport, het met Kosmos 94.1 Nuus oor die kwessie gesels. Terblanche sê dat hulle alles in hul vermoë doen om hul vragmotorbestuurders veilig te hou.
Die George-munisipaliteit sê ná noukeurige bestudering van die veiligheidsrekords, is vasgestel daar was 81 werkers op die toneel waar 'n gebou Maandag ingetuimel het, en nie 75 soos aanvanklik berig is nie. Die munisipaliteit se woordvoerder, Chantel Edwards-Klose, sê 37 mense is uit die puin gehaal, waarvan agt dood is terwyl 44 steeds vermis word.
Gholf: Die viermalige Major-wenner, Rory McIlroy, sê hy gaan nie weer by die PGA-toer se beleidsraad aansluit nie. Webb Simpson het na wat berig word verlede maand aangebied om uit die raad te bedank en versoek dat McIlroy sy plek inneem. Die 35-jarige se heraanstelling is onderworpe aan 'n stemmery deur raadslede. McIlroy sê sommige raadslede was ongemaklik oor sy moontlike terugkeer.
Die gereelde babastortings in die land bly in die nuus. Die vraag wat gevra word is wat die oplossing is hiervoor. Party mense sê toegang tot aborsie sal help, terwyl ander sê die antwoord lê in beter opvoeding vir tieners en vroue. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Yolande Engelbrecht, die koördineerder van die Gender-afdeling by die Regshulpsentrum, wat sê die gesprek oor aborsie is baie gekompliseerd.
Die Departement van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling sê ondersoek word ingestel om die oorsprong van bek-en-klouseer in die Oos-Kaap te vind. Die virus is op twee melkplase in Humansdorp geïdentifiseer. Dit bring die totale bek-en-klouseer-gevalle in Suid-Afrika op 167 te staan. Die departement se woordvoerder, Reggie Ngcobo, sê hulle moet die bedryf se gebrek aan praktyke en biosekerheid wat tot die verspreiding gelei het, aanspreek.
Die Namibiese Mededingingskommissie het die Bank van Namibië se goewerneur, Johannes !Gawaxab, asook Ismael Gei-khoibeb en Gamma Investments, met 1 miljoen Namibiese dollar beboet weens die implementering van 'n samesmelting sonder goedkeuring. Dit is in terme van 'n skikkingsooreenkoms tussen die partye. Die partye het in 'n kommissie-ondersoek erken dat !Gawaxab op 10 Junie 2020 sy ledebelang in Gamma aan mnr Gei-Khoibeb verkoop het, in stryd met die Kompetisiewet. Hulle het erken die transaksie het neergekom op 'n samesmelting, sonder die kommissie se goedkeuring. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Dina Gowases, die kommissie se woordvoerder.
Noodreddingspanne staar strukturele struikelblokke in die gesig in hulle reddingsoperasie, ná die ineenstoring van 'n gebou onder konstruksie in George. Die Universiteit Stellenbosch se hoof van Struktuur- en Brand-ingenieurswese, Richard Walls, sê hulle moet meer as drie-duisend-ton beton verwyder om vasgekeerde oorlewendes te bereik óf om slagoffers se liggame te herwin. Walls sê 38 mense moet nog gered word en swaar toerusting moet nou ontplooi word om te help met die soek-, reddings- en herwinningspogings.
Hemelvaartdag word vandag herdenk om Jesus Christus se hemelvaart volgens die Bybel te herdenk. Dit val altyd op ‘n Donderdag en vind plaas op die 40ste dag van Paasfees, 39 dae na Paassondag. Hemelvaartdag merk die einde van die Paasseisoen en vind tien dae voor Pinkster plaas. Plaaslike pastoor Brian Philander deel sy boodskap met Kosmos 94.1 Nuus.
Die vlak van die Zambezirivier by Katima Mulilo het effens gestyg tot 1,63m, volgens die Namibiese hidrologiese dienste se jongste verslag. Die watervlak is egter baie laer as dieselfde tyd verlede jaar, toe dit 5,10m bereik het. Verlede maand is berig dat honderde seekoeie gestrand en vasgekeer is in modderpoele in die Chobe- en Linyanti-riviere. Die riviere wat die grens tussen Botswana en die Zambezi-streek vorm, het begin opdroog weens onvoldoende reënval. Kosmos 94.1 Nuus het met Zambezi-goewerneur Lawrence Sampofu oor die situasie gepraat.
Sokker: Die 14-malige kampioen, Real Madrid, het in die tweede deel van die halfeindronde teruggeveg en Bayern Munich met twee-een verslaan om die Kampioeneliga-eindstryd met ʼn vier-drie-totaal te haal. Alphonso Davies het Bayern ʼn voorsprong gegee wat hulle 88 minute lank behou het. Doelskopper Joselu het in die bestek van drie minute twee laat doele aangeteken en Madrid ʼn plek in die eindstryd besorg. Hulle kom op die eerste van volgende maand in Londen teen Borussia Dortmund te staan. Madrid se bestuurder, Carlo Ancelotti, was tevrede met die vertoning.
Die Bank van Namibië het in 2021 'n nuwe betalingstelsel ingestel wat tot 2025 gaan duur. Dit sluit makliker transaksies deur elektroniese oordrag van vondse in. Die bank is van plan om die stelsel in die toekoms verder te transformeer, wat die ekonomie volgens hulle 'n hupstoot sal gee. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Josefina Oskar, die Bank van Namibië se strategiese kommunikasiepraktisyn, wat die stelsel uiteensit.
Die hoof van die Wes-Kaapse Rampbestuursentrum, Colin Deiner, sê die voortgesette reddings- en herwinningsoperasie sal meer tyd verg as wat aanvanklik verwag is. Na 49-uur sedert die gebou ingetuimel het, is 36 werkers uitgehaal, waarvan sewe dood en 16 in 'n bedenklike toestand is. Deiner het die jongste inligting gedeel en aangedui noodspanne bly betrokke by reddingspogings.
Die tragiese vliegongeluk verlede Vrydag in Windhoek waarin drie werknemers van Westair gesterf het, het hul families en kollegas in skok gelaat. Rozanne de Beer-Olivier, haar medevlieënier Ruan van Schalkwyk en vliegtuig ingenieur Armand Lubbe is op slag dood. 'n Gedenkdiens is vandag in die hoofstad gehou. Dr. Willem Moore, 'n gesertifiseerde etiese beampte van die Etiese Instituut van Suid-Afrika wat dien as etikus op die Raad van die Suid-Afrikaanse Medio-Regsvereniging, het by die diens gepraat.
Die Vrystaatse Landbou-departement sê die moorde op die bejaarde egpaar Christo Morrisen, en sy vrou Christa by Rietfontein-plaas het paniek en onsekerheid geskep onder boere, oor hul veiligheid en sekuriteit. Die departement sê sulke voorvalle bedreig voedselsekerheid en werkskepping, en die verlies aan een boer is een te veel. Die departement se woordvoerder, Zimasa Mbewu sê dit is boere wat die swaarste vrag dra in die stryd om genoeg voedsel te lewer vir die provinsie en die land.
Windhoek staar 'n ernstige waterprobleem in die gesig. Volgens Stad Windhoek se hoofingenieur vir grootmaat- en afvalwater, Sebastian Husselmann, is daar ernstige waterskaarste by die Von Bachdam, wat net 11,3 persent vol is. Daar is ook net 18 persent waterbronne oor in die sentrale damme wat onder meer Windhoek voorsien. Husselman het gepraat by 'n geleentheid by die dam wat deur NamWater, die Stad Windhoek en die landbouministerie aangebied is.
Sokker: Duitse klubs lyk op die oomblik sterk. Borussia Dortmund is deur na die Kampioeneliga-eindstryd nadat hy Paris Saint-Germain geklop het. Hul teenstanders sal vanaand in Spanje bepaal word in die wedstryd tussen Bayern München en Real Madrid, wie se eerste halfeind-kragmeting 2-elk geëindig het. Intussen het Bayer Leverkusen een voet in die Europaliga-eindstryd omdat hulle twee-nul voorloop teen Roma ná die eerste halfeind-kragmeting. Bayern München se bestuurder, Thomas Tuchel, sê dit is 'n hupstoot vir Duitse klubs se selfvertroue.
Die nuutste vleispryse is vandeesweek bekend gemaak deur die Namibiese Landbou-unie. Leigh-Anne Nahoya, 'n landbou ekonoom van die unie, het 'n oorsig gegee aan Kosmos 94.1 Nuus oor wat verwag kan word. Die pryse het in April gestyg weens die bietjie reën wat geval het. Nahoya het meer inligting.
Die Namibië Plaaslike Besigheidsvereniging, Naloba, en mynwese-minister Tom Alweendo het 'n vergadering gehad met Naloba se prokureur, Kadhila Amoomo. Dit kom nadat Naloba die minister versoek het om sekere opmerkings wat hy tydens die Namibië Internasionale Energiekonferensie gemaak het terug te trek, en om in die openbaar alle Namibiërs om verskoning te vra. Naloba se president, Erastus Shapumba, sê Alweendo het die nasie beledig deur te sê Nambiërs moenie geregtig voel op natuurlike hulpbronne soos olie en gas nie, maar moet eerder hard werk en mededingend wees. Kosmos 94.1 Nuus het met Amoomo gepraat oor hoe die vergadering verloop het.
Die jaarlikse inflasiekoers vir April het op 4,8 persent te staan gekom vergeleke met 6,1 persent wat in April verlede jaar aangeteken is, volgens die Namibië Statistieke-agentskap se jongste verslag. Op 'n maandelikse basis het die inflasiekoers gestyg tot 0,7 persent, vergeleke met 0 persent wat 'n maand vroeër aangeteken is. Die sonale inflasiekoerse vir die April wys dat Sone 2, die Khomas-streek, die hoogste jaarlikse inflasiekoers van 5,4 persent aangeteken het. Mirjam Shihepo, skakelbeampte by die agentskap, gee ’n paar insigte gegee oor die gemiddelde kleinhandelpryse van geselekteerde produkte in April.
Namibia Wildlife Resorts bied op 1 Junie sy derde jaarlikse halfmarathon aan by die Gross Barmen-oord buite Okahandja. Die toernooi het vanjaar ten doel om fondse in te samel om skoolskoene vir leerders in die Kavango-Oos- en Ohangwena-streke te voorsien. Diegene wat nie kans sien vir die skilderagtige halfmarathon oor 21,1km nie, kan deelneem aan 'n 5km of 10km stap. Die staatsonderneming beywer homself om te reageer op versoeke wat deur skole in die noordelike en suidelike streke van Namibië gemaak word. Die telekommunikasie-maatskappy Telecom Namibia het 60 000 Nambiese dollar geskenk, terwyl Bank Windhoek 10 000 dollar bygedra het, en Kosmos 94.1-radiostasie 30 000 dollar in bemarking bydra. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Nelson Ashipala, die onderneming se woordvoerder.
Daar word gereeld 'n beroep gedoen op die privaatsektor om die regering te help met die groeiende probleem van werkloosheid onder die jeug. Die Capricorn-groep het bekend gemaak dat hulle 'n miljoen Namibiese dollar gaan spandeer op 'n naskoolse program, in 'n poging om die probleem die hoof te bied. Marlize Horn van die Capricorn-groep het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Die African Transformation Movement is bekommerd oor die omstandighede rondom die ineenstorting van 'n gebou in George en die gebrek aan deursigtigheid oor die maatskappy verantwoordelik vir die bouprojek. Die party bevraagteken aanspreeklikheid en voldoening aan veiligheid-standaarde. ATM se woordvoerder, Zama Ntshona, sê dit is ontstellend dat maatskappye nie dopgehou word nie, veral dié in wit besit, wat dikwels aanspreeklikheid vryspring.
Krieket: Die Protea-kolwer, Tristan Stubbs, het ʼn vinnige 41 gemoker in die Delhi Capitals se 20-lopie-sege oor die Rajasthan Royals in hulle Indiese Premierliga-kragmeting. Rajasthan moes ʼn teiken van 222 haal, maar is tot 201 vir agt beperk. Die oorwinning hou Delhi se hoop lewendig om die uitspeelrondes te haal. Stubbs sê dis belangrik om positief te bly met die kolf.
Die binnelandse sake ministerie is steeds tot einde Junie vanjaar besig met 'n landwye massaregistrasie-veldtog vir nasionale dokumente. Dit sluit in registrasie van geboortesertifikate vir alle ouderdomme, duplisering van geboortesertifikate, aansoeke om identiteitsdokumente en aansoeke om duplikaat identiteitsdokumente. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die ministerie se woordvoerder, Margaret Kalo, wat 'n opdatering gee.
Namibië het 'n silwer toekenning van die Wêreldgesondheidsorganisasie ontvang vir die werk wat gedoen is om Hepatitis B uit te skakel. By die geleentheid het premier Saara Kuugongelwa-Amadhila 'n oorsig gegee van Namibië se prestasies. Volgens Kuugongelwa-Amadhila het die Unam-mediese skool sedert sy ontstaan 400 mediese dokters opgelei, en daar is 5,43 dokters vir elke 10 000 mense in die land. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met voormalige gesondheidminister Richard Kamwi, oor of die statistieke die werklike situasie weerspieël.
Nuwe navorsing beklemtoon die moontlikheid om plantekstrakte uit Afrika se ryke biodiversiteit as veiliger alternatief vir sintetiese velbleikingsprodukte te gebruik. Laurentia Opperman wat onlangs haar Meestersgraad in Mediese Biowetenskappe aan die Universiteit van die Wes-Kaap voltooi het, het die navorsing gedoen. Sy sê tirosinase was ʼn belangrike fokuspunt in haar navorsing. Dit is ʼn ensiem in plant- en dierweefsel wat ʼn belangrike rol speel in melanogenese, wat die proses is waarvolgens melanien vervaardig word:
Meer as 8 000 onderwysers is volgens berigte steeds werkloos sedert hulle tussen 2017 en 2023 gegradueer het. 'n Bykomende 1 500 gegradueerdes van Unam se noordelike en noordoostelike kampusse het die afgelope weke by hul werklose voorgangers aangesluit. Verlede jaar het die onderwysministerie sowat 740 poste gevul, terwyl nog 750 poste vanjaar geadverteer en gevul gaan word. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met dr. Alfred van Kent, uitvoerende direkteur van die hoër onderwys-ministerie, oor wat die oplossing is...
As oppergesag van die land, verbied die Grondwet al die drie hooforgane van die staat om enigiets te doen wat enige van die fundamentele menseregte afskaf, inperk of skend. Dus enige wet of aksie wat buite die bepalings van Grondwet aangeneem word is nietig. Dit is die mening van die menseregte-kenner Phil ya Nangoloh, dus kan president Nangolo Mbumba nie Jerry Ekandjo se wetsontwerpe bekragtig nie.
Afrikaans het vir die eerste keer op 8 Mei 1925 sy status as amptelike taal in Suid- Afrika ontvang. In die aanloop tot volgende jaar se groot feesvieringe van die taal se 100ste verjaarsdag, begin die feesvieringe al vandag op die 99ste verjaarsdag. Kosmos 94.1 Nuus het met Elizma Theron van Netwerk Namibië gepraat.
Reaksie is ontvang op die lening van 2,6 miljard Namibiese dollar wat deur die Wêreldbank toegestaan is om die transmissienetwerk uit te brei en die integrasie van hernubare energie. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die PDM se skadu-finansminister, Nico Smit, wat sê die regering beweeg te vinnig met sulke ooreenkomste.
Die GOOD-party in die Wes-Kaap vra ʼn spoedige ondersoek na die oorsaak van die ineenstorting van die gebou in George in die Wes-Kaap. Sewe werkers is dood en 39 word nog vermis terwyl reddingsoperasies voortduur. GOOD se woordvoerder, Ricky Seekoei, sê diegene betrokke by die projek se bouwerk en munisipale gebou-inspekteurs moet antwoorde verskaf of bouregulasies nagekom is:
Die verdediging en veterane-sake ministerie is in kennis gestel dat individue hulself as amptenare van die ministerie voordoen wat veterane van die bevrydingstryd versoek om hul persoonlike bankrekeningbesonderhede te verskaf. Dit is glo om hangende individuele veteraneprojekte uit te betaal. Die ministerie waarsku dat alle amptelike inligting wat vereis word, slegs by een van sy 14 streekkantore landwyd ingedien moet word. Kosmos 94.1 Nuus het met die ministerie se woordvoerder, kolonel Petrus Shilumbu, gepraat.
Die DA in Ekurhuleni het 'n mosie by die raad ingedien wat die metro wil dwing om 'n oudit van alle kragkabels in besit van die munisipaliteit te doen. Dit volg na die ineenstorting van munisipale elektrisiteitsinfrastruktuur oral in die metro wat nou in 'n totale vervalle toestand is. Simon Lapping van die DA sê die vervalle en en verwaarloosde infrastruktuur kan nie meer geïgnoreer word nie, en Ekurhuleni het 'n grondwetlike plig om na te kom:
Die minister van Toerisme Patricia de Lille verwelkom die toename in internasionale besoekers en sê dit is 'n betekenisvolle bydraer tot die ekonomie en werkskepping. Volgens die jongste internasionale aankom-syfers vir Januarie tot Maart vanjaar was daar 2,4-miljoen besoekers, wat 'n toename van 15,4-persent is, vergeleke met die dieselfde tydperk verlede jaar. Die departement se woordvoerder, Zara Nicholson, sê Suid-Afrika het 1,8-miljoen toeriste uit die res van Afrika verwelkom:
Die Protea-kolwer, Tristan Stubbs, het ʼn vinnige 41 gemoker vir die Delhi Capitals se ʼn 20-lopie-sege oor die Rajasthan Royals in hulle Indiese Premierliga-kragmeting. Rajasthan moes ʼn teiken van 222 haal, maar is tot 201 vir agt beperk. Die oorwinning hou Delhi se hoop lewendig om die uitspeelrondes te haal. Stubbs sê dis belangrik om positief te bly met die kolf:
Anette Rheeder gesels vandag met ons oor 'Oxiprovin'. Die druiwepit ekstrak met ‘n verskil! 'Oxiprovin' is beskikbaar by apteke in Namibië en nou ook by Clicks. Jy is welkom om navra per epos te rig na: info@sanatural.co.za
Wes-Kaapse Rampbestuur sê almal wat nog vasgekeer is onder die puin van die ineengestorte verdiepinggebou in George, sal vir die volgende drie dae as lewend beskou word. Soek- en reddingspogings duur intussen voort. Sewe van die 75 konstruksiewerkers wat op die terrein was ten tyde van die ineenstorting, is dood, terwyl 39 vasgekeer is. Die hoof van Wes-Kaapse Rampbestuur, Colin Deiner, sê hulle het begin om die lae rommel te verwyder:
Die Windhoek munisipale raad en MTC het 'n memorandum van verstandhouding onderteken wat sal meebring dat die twee partye meer tegnologie sal aanwend om misdaad in die stad te help bekamp. MTC sal steun verleen vir die Stad Windhoek se veilige stad-konsep in samewerking met die Stadspolisie, om kringtelevisie-toerusting en die installering daarvan te befonds. Die ooreenkoms sal ook toekomstige veiliger stadsinisiatiewe ondersoek. MTC se besturende direkteur, dr. Licky Erastus, het by die ondertekeningseremonie die belangrikheid van die gebruik van tegnologie beklemtoon om maatskaplike uitdagings op te los en die nasionale ontwikkelingsagenda te dryf. Hy het beklemtoon dat MTC as 'n digitale drywer gereed is vir vennootskappe wat digitale slim oplossings behels.
Borussia Dortmund is deur na hulle eerste Kampioeneliga-eindstryd sedert 2013 nadat hulle in die tweede deel van hulle halfeindronde-kragmeting met Paris Saint-Germain afgereken het. Mats Hummels se kopskoot in die tweede helfte het aan Dortmund ʼn een-nul-sege besorg met ʼn totale oorwinning van twee-nul. Die Duitse klub sal die eerste van volgende maand in die eindstryd in Londen óf teen Real Madrid óf Bayern Munich te staan kom. Dortmund se bestuurder, Edin Terzic, beskryf sy span se prestasie as uitstaande:
Die minister van Sport, Kuns en Kultuur, Zizi Kodwa, oorweeg optrede teen die DA se omstrede advertensie waarin die Suid-Afrikaanse vlag verbrand word. Die DA het die advertensie verdedig en sê dit versinnebeeld kommer oor die toestand waarin die land verkeer. Kodwa se woordvoerder, Litha Mpondwana, sê die minister het regeringsamptenare opdrag gegee om advies in te win oor moontlike optrede teen die skending van nasionale simbole:
Wild- en vee-stropery neem geweldig toe in verskeie dele van die land. Omtrent elke week word een of meer sake aangemeld. Die prentjie lyk blykbaar nie te sleg in al die gebiede nie. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Günther Kahl, wat boer in die Kalkveld area, wat sê stropery het in sy gebied afgeneem.
Die publiek spreek kommer uit oor president Nangolo Mbumba wat baie reis vir "werk" sedert hy die leisels oorgeneem het ná die dood van president Hage Geingob in Februarie. Die bekommernisse wentel om die koste verbonde aan die reise, sekuriteitsimplikasies en die president se bestuursverantwoordelikhede wat nie aandag geniet nie. Dit wil ook voorkom asof dit ‘n Swapo-veldtog is. Deursigtigheid rakende die doel en noodsaaklikheid van die reise is ook gebrekkig. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die politieke ontleder, dr. Ndumba Kamwanyah, wat met die publiek saamstem en Mbumba se produktiwiteit bevraagteken.
Opinies oor die Wêreldbank se lening van 2,6 miljard Namibiese dollar vir die uitbreiding van Namibië se transmissienetwerk is verdeeld. NamPower sal die geld gebruik vir die ontwikkeling van 'n tweede 400kV Auas-Kokerboom transmissielyn, die ontwikkeling van 'n battery-energie stoorstelsel-fasiliteit, en tegniese bystand om hernubare energie-projekte te ontwikkel. Kosmos 94.1 Nuus het met dr. Omu Kakujaha-Matundu van Unam se departement Ekonomie gepraat, wat sê dat die lening homself dalk kan terugbetaal, wat goed sal wees vir die ekonomie.
Suid-Afrika se Konstitusionele Hof het bevind dat 'n eis van 2 miljard Suid-Afrikaanse rand teen die buurland se regering deur Zimbabwiese boere vir grondgrype, verjaar het. Howe in Europa en Amerika het egter onlangs vergoeding en regskoste teen die regering van Zimbabwe toegeken, wat presedente in internasionale reg skep en Zimbabwiese staatsbates kwesbaar laat vir beslaglegging. Dr. Theo de Jager, president van die Wêreldlandbou-organisasie en direksievoorsitter van Saai, het verklaar dat dit nie die einde van die saak is nie.
Die George-munisipaliteit se burgemeester, Leon van Wyk, sê die ontwikkelaar NeoTrend Group sit agter die bou van die ineengestorte gebou in George. Die Wes-Kaapse regering deel voortdurend kommunikasie tussen reddingspanne en vasgekeerde werkers. Sewe-en-veertig werkers is steeds vasgekeer, 28 is gered en ses sterftes is bevestig. Reddingsoperasies strek oor drie dele van die ineengestorte struktuur. Van Wyk benadruk die provinsiale regering se volle ondersteuning en hulpbronne:
Die leier van die Popular Democratic Movement, McHenry Venaani, het onlangs kritiek uitgespreek oor die begroting vir groenskemas vir kleinskaalse boerdery wat gesny is. Volgens Venaani fokus die regering net daarop om kortsigtige beleide te implementeer, in plaas van om oplossings te kry vir voedseltekorte in die land. Die landbou-ministerie het onlangs 'n begroting uitgereik wat verskeie projekte gelys het om kleinskaalse boere te ondersteun. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Jona Musheko, die landbou-ministerie se woordvoerder, wat sê dit help nie om voedselproduksie te verpolitiseer nie.
Die DA in die Vrystaat sê die nasionale regering se versuim om plaasmoorde te bekamp kan nie net gewyt word aan maatskaplik-ekonomiese faktore nie. Die party se reaksie volg op die moord op 'n bejaarde boer en sy vrou op die plaas Rietfontein by Glen naby Bloemfontein. Die voorval volg op 'n onlangse plaasaanval in Ladybrand. Roy Jankielsohn van die DA sê die kommerwekkende toename in geweldsmisdaad regdeur die provinsie kan toegeskryf word aan die swak prestasie van ANC-beleid oor wetstoepassing.
Rugby: Die twee suksesvolste spanne in Europese klubrugby meet op 25 Mei in Londen kragte in die eindstryd van die Kampioenebekerkompetisie. Die Ierse span, Leinster, is deur na hulle agste eindstryd en gaan probeer om die rekord te ewenaar deur hulle vyfde Europese trofee te wen. Die Franse reus, Toulouse, wil hulle rekord tot ses opstoot. Hulle sterspeler, Antoine Dupont, sê hulle is gretig om as die beste in Europa gekroon te word.
Sedert die stigting van die mobiele dierekliniek in 2017 onder leiding van dr. Ian Baines, het 'n groot aantal diere gratis behandeling ontvang, veral vir sterilisasie. Dr. Baines staan ook die Have-a-Heart-stigting by. Kosmos 94.1 Nuus het by dr. Baines aangeklop oor waarmee sy spannetjie tans besig is.
Die derde Brandberg Backyard Ultra is terug en vind op 3 Augustus in Uis plaas, en dit beloof om 'n groot een te wees. Die inskrywings is oop en beperk, so daar is 'n paar plekke oor vir die wat nog nie ingeskryf het nie. Die top 8 hardlopers in die 2024 BBU sal outomaties kwalifiseer vir die Namibiese span wat deelneem aan die Backyard Ultra Wêreldkampioenskappe wat in Oktober in Swakopmund plaasvind. 'n Bykomende 9 atlete sal die 15-persoon Namibiese Backyard Ultra-span voltooi wat aan die wêreldwye gelyktydige Backyard Ultra-kampioenskappe sal deelneem. Riana Scholtz, Namibia Ultra Trails-byeenkomsdirekteur, het met Kosmos 94.1 Sportnuus gepraat.
Sedert die stigting van die mobiele dierekliniek in 2017 onder leiding van dr. Ian Baines, het 'n groot aantal diere gratis behandeling ontvang, veral vir sterilisasie. Dr. Baines staan ook die Have-a-Heart-stigting by. Kosmos 94.1 Nuus het by dr. Baines aangeklop oor waarmee sy spannetjie tans besig is.
Botswana se diamanthandelmaatskappy, Okavango Diamond Company, kry volgens 'n nuwe ooreenkoms met De Beers aanvanklik 30 persent van diamante wat deur Debswana gelewer is. Dit styg dan geleidelik tot 50 persent teen die einde van die ooreenkoms in 2033. Die ooreenkoms verleng ook mynlisensies vir 25 jaar, wat De Beers se teenwoordigheid in Botswana effektief tot 2054 verseker. In teenstelling hiermee, het Namibië in 2021 'n nuwe ooreenkoms met De Beers onderteken wat strek tot 2042. Die ooreenkoms verlaag die 10 persent tantième wat deur die 50:50 gesamentlike onderneming Namdeb aan die regering betaal is tot 5 persent, vir die eerste vier jaar van die ooreenkoms. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met dr. Marius Kudumo, ’n kenner van korporatiewe bestuur, wat sê Namibië dink nie innoverend oor nuwe tantième-modelle nie.
Die bevolking van Namibië se unieke woestyn-aangepaste leeus in die Kunene-streek het die afgelope jaar met tot 21 persent gedaal, weens 'n droogte-geïnduseerde daling in prooi en konflik met mense. Volgens ’n opname deur die omgewingsake-ministerie in laat-2022 tot vroeg in 2023, was daar sowat 57 tot 60 volwassene leeus en 14 welpies. Sedertdien het agt tot 12 leeus gesterf – sommige deur konflik met mense, volgens die jongste statistieke. Histories was getalle egter laer. Die mens-leeu konflik blyk gedryf te word deur 'n afname in tipiese leeuprooi wat deur die droogte veroorsaak is. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Romeo Muyunda, die omgewingsake-ministerie se woordvoerder, wat kommentaar lewer.
Die DA sê die ANC-regering moet die skuld kry dat plaaslike en internasionale sentiment in die land tans op ʼn algehele laagtepunt is. Dit volg nadat die oliereus, Shell, aangekondig het hy onttrek aan Suid-Afrika, wat die verkoop van sy kleinhandel-bates insluit. Dion George van die DA sê beleggers wat reeds ontnugter is deur die ANC se nie-lewensvatbare benadering tot die ekonomie, vlug landuit weens die moontlikheid van ʼn ANC/EFF-koalisie:
Die onderwysministerie het die eerste toekenningsermonie van die Sertifikaat in Basiese Voorberoepsvaardighede aangebied. Die ministerie het deur die Namibië Instituut vir Onderwysontwikkeling 'n spesiale kurrikulum geskep wat aangepas is vir leerders met spesiale onderwysbehoeftes. Die instituut het die nuwe sertifikaat bekendgestel om hierdie leerders voor te berei vir toekomstige beroepsopleiding, of as assistente in spesifieke ambagte. Die sertifikaat word geakkrediteer deur die Namibië Kwalifikasie-owerheid op vlak 1. Dit dui op die aanleer van noodsaaklike voorberoepsvaardighede en dien as 'n oorbruggingskursus vir verdere onderwys. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Sanet Steenkamp, die onderwysministerie se uitvoerende direkteur, wat die belangrikheid van die sertifikaat verduidelik.
Die dodetal ná die ineenstorting van 'n gebou in George het tot vyf gestyg, terwyl reddingsoperasies voortgaan. Nooddienste het 26 mense onder die puin verwyder, waarvan vyf dood is. Altesaam 49 word nog gesoek. 'n Bouspan van 75 mense was op die perseel toe die gebou van verskeie verdiepings in Victoriastraat gistermiddag ingetuimel het. Die munisipaliteit se woordvoerder, Chantel Edwards-Klose, sê die reddingspoging fokus op drie gebiede waar die gebou meegegee het.
Organiseerders van die AviaDev Africa-geleentheid, wat van 19 tot 21 Junie in Windhoek gehou sal word, sê 35 lugrederye het reeds geregistreer om deel te neem, en meer is op pad. Die Namibië Lughawensmaatskappy gaan die jaarlikse forum aanbied, wat invloedryke belanghebbendes, insluitend lugrederye, lughawens en toerismerade en kundiges in die bedryf, byeenbring. Dit is om samewerking te bevorder, strategiese vennootskappe te smee en geleenthede te verken wat nuwe lugroetes regoor Afrika sal lewer. AviaDev Africa bied 'n platform vir lugvaartkundiges, beleidmakers en bedryfsleiers om oplossings te bespreek en te ontwikkel vir uitdagings in die Afrika-lugvaartbedryf. Die konferensie sal 'n reeks sprekers, paneelbesprekings en werkswinkels bevat, sowel as 'n uitstalling van lugvaartprodukte en -dienste. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Dan Kamati, die Lughawensmaatskappy se woordvoerder, oor hoe voorbereidings verloop.
Namibië se buitelandse skuld beloop tans 17,21 persent van die totale BBP. Dit plaas die land in die sesde plek van Afrika-lande met die minste eksterne skuld, volgens die Internasionale Monetêre Fonds. Dit is egter nie ver onder Zimbabwe nie, die land met die meeste buitelandse skuld van 20,28 persent van BBP. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Arney Tjaronda, 'n ekonoom by Simonis Storm, oor hoe Namibië die situasie kan verbeter om meer geld te hê vir ontwikkeling, behuising, gesondheidsorg, en so meer.
Die Baster-gemeenskap herdenk vandag en môre die 109ste herdenking van die slagting van Sam !Khubis. Duitse magte het op 8 Mei 1915 die Basters aangeval en hulle het na Sam !Khubis gevlug en daar tot op die einde baklei. Vanmiddag om vyf-uur begin die byeenkoms by die monument met die Fees Vlam wat aangesteek sal word. Die herdenking gaan môre voort op die terrein met ‘n kranslegging en die aflê van die gelofte. Kosmos 94.1 Nuus het met Henzel Feris gepraat van die Sam !Khubis reëlingskomitee wat meer inligting het oor vanaand se verrigtinge.
AfriForum sê Suid-Afrikaners moet gereed wees vir ʼn gesondheidskrisis wat deur die Nasionale Gesondheidsversekering veroorsaak gaan word. Die burgerregte-organisasie het ʼn NGV-konferensie in Pretoria aangebied met talle gaste soos die ekonoom Dawie Roodt en Unity Health se uitvoerende hoof, Vernon Chorn. Roodt glo die algehele privatisering van Suid-Afrika se gesondheidsbedryf is die enigste werkbare alternatief vir die NGV. Louis Boshoff van AfriForum sê hulle pleit weer by president Cyril Ramaphosa om nie die NGV-wetsontwerp as wet te bekragtig nie:
Volgens berigte is president Nangolo Mbumba steeds besig om te konsulteer oor die pad vorentoe oor die wetsontwerpe wat Jerry Ekandjo in die parlement ter tafel gelê het en wat deurgevoer is. Ekandjo het voor die reses geëis die wetontwerp moet bekragtig word maar, toe Kosmos 94.1 Nuus hom vanoggend skakel daaroor, toe antwoord hy so.
Advokaat Richard Metcalfe het bevestig dat sy kliënte wel opdrag gegee het dat die kwessie van ‘n buitengewone kongres vir Swapo in die hof sal draai. Daar was vanoggend berigte dat die party nie geld het nie omdat hy miljoene in 2023 bestee het vir partybyeenkomste om Netumbo Nandi-Ndaitwah as presidensiële kandidaat bekend te stel. Metcalfe sê dis nonsens.
Die Shadikongoro-groenskema het 7 miljoen Namibiese dollar in die afgelope oesseisoen verdien waarvan ongeveer die helfte suiwer wins is. Ndiyakupi Nghituwamata, uitvoerende direkteur in die landbouministerie is op 'n kort besoek in die gebied.
Die minister van Sport, Kuns en Kultuur Zizi Kodwa is geskok oor die DA se politieke advertensie waarin Suid-Afrika se vlag brand. Kodwa veroordeel dit as aanstoorlik en beledigend, en sê die vlag verteenwoordig die land se eenheid, aspirasies en demokrasie. Hy kritiseer die DA-leiers vir hulle desperaatheid en roekeloosheid, en sê pogings om Suid-Afrikaners met die vlag te verdeel sal nie slaag nie. Die woordvoerder van die ministerie Litha Mpondwana sê die vlag behoort nie gebruik te word om verdeeldheid te saai nie:
Die Ovaherero Tradisionele Owerheid en die Ovaherero-sprekende gemeenskap wag steeds op landelike ontwikkelingminister, Erastus Uutoni, om te besluit wie as die Ovaherero-opperhoof erken moet word. Dit volg op voorleggings van professor Mutjinde Katjiua en dr. Hoze Riruako, wat albei sê hulle is die opperhoof. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Itamunua Meroro, stafhoof van die Ovaherero Tradisionele Owerheid, wat sê daar is niks wat beslis moet word nie, want daar is reeds 'n opperhoof.
Die vakbondfederasie Saftu sê die aanbevelings in die Khampepe-ondersoekkommissie se verslag moet vinnig toegepas word. Die kommissie het die brand in die Usindiso-gebou ondersoek waarin 77 hoofsaaklik buitelandse burgers in Augustus verlede jaar dood is. Die Stad Johannesburg en sy entiteite se aanspreeklikheid vir die sterftes is onder andere ondersoek. Saftu se woordvoerder, Trevor Shaku, sê mense moet aanspreeklik gehou word vir die tragedie:
Gevalle van geslagsgeweld maak gereeld die nuus in Namibiese media, wat wys op 'n landwye probleem. Met verkiesings wat nader kom, het Kosmos 94.1 Nuus uitgereik na Imms Nashinge, woordvoerder van die Independents Patriot for Change, oor wat hul oplossing vir die probleem sal wees indien hulle aan bewind sou kom.
Eskom daag City Power op 4 Junie voor die Hooggeregshof in Johannesburg oor skuld van meer as een-miljard-rand. City Power se onbetaalde rekenings sedert Oktober verlede jaar het Eskom gedwing om 'n verklarende bevel te kry. Op sy beurt kla City Power oor moontlike oordrewe rekenings sedert 2021. Die Eskom-woordvoerder Amanda Qithi sê die skuldagterstand bedreig hulle vermoë om infrastruktuur te onderhou en aan energie-eise te voldoen:
Manchester United se bestuurder, Erik ten Hag, sê hy glo steeds hy is die regte persoon om die klub reg te ruk. Die Reds het op Selhurst Park met 4-0 teen Crystal Palace verloor. Ná die nederlaag is United agste in die Premierliga en is uit wat Europese plekke betref. Ten Hag sê ten spyte van tien eerstespanspelers wat weens beserings buite aksie is, is dit duidelik dat die span onderpresteer:
Die minister van Polisie, Bheki Cele sê aktiewe burgerlike deelname aan die voorkoming en bekamping van misdaad groei steeds. Die polisie se senior bestuur het die media ingelig oor die sukses van Operasie Shanela die afgelope jaar. Die operasie wat in Mei verlede jaar van stapel gestuur is om misdaad in hoëdigtheidsgebiede te bekamp, het gelei tot die arrestasie van 600 000 misdadigers. Cele sê die polisie sal misdaad steeds doelgerig bekamp:
Die Britse premier Rishi Sunak sê die volgende algemene verkiesingsuitslag is nie 'n uitgemaakte saak soos voorspel word in meningspeilings nie. Die Konserwatiewe Party het een van sy grootste nederlae in 40 jaar gely in die afgelope plaaslike verkiesing. Die Arbeidersparty het regoor Engeland en Wallis belangrike vooruitgang gemaak om 'n oorwinning in 'n algemene verkiesing te verseker. Sunak het aan Sky News gesê die uitslae is teleurstellend:
Die dodetal na die ineenstorting van ʼn vyfverdieping-gebou wat in George in die Wes-Kaap in aanbou was, het tot vier gestyg. Vyf-en-sewentig konstruksiewerkers was Maandagmiddag op die perseel toe dit ineengestort het. Die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, sê 24 pasiënte is uit die puin in Victoriastraat 75 gehaal, terwyl 51 mense nog vermis word:
Die Dierebeskermingsvereniging gaan volgende week 'n landswye aannemingsveldtog van stapel stuur. Op die oomblik versorg die vereniging 'n groot aantal diere en die publiek word uitgenooi om 'n nuwe lid van die gesin aan te neem, eerder as om een iewers te gaan koop. Hanna Rhodin, die vereniging se direkteur, het meer inligting.
Volgens 'n Simonis Storm-verslag was daar gemengde neigings in korporatiewe skuldinstrumente in die eerste kwartaal van 2024. Verbandlenings het afnames van 4 persent aangeteken, wat 'n versigtige benadering tot lenings wys te midde van ekonomiese onsekerhede en strenger leningsvoorwaardes. Die groei van klein ondernemings maak egter staat op meer toegeeflike leningsvoorwaardes, wat weer 'n positiewe impak op die ekonomie kan hê. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Tim Parkhouse, die voormalige sekretaris-generaal van die Namibiese Werkgewersvereniging, wat sê banke en relevante instellings moet bydra tot werkskepping deur meer volhoubare uitleenvoorwaardes.
Die omgewingsake-ministerie het aangekondig dat jagbare wildspesies van 1 Mei tot 31 Augustus gejag kan word op plase omhein met 'n wildwerende heining; en 1 Junie tot 31 Julie op plase met gewone heinings. Dit kom te midde van voortslepende kritiek uit Europa oor grootwild- en trofeejag, asook pogings om die invoer van jagtrofeë te verbied. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die uitvoerende hoof van die Kamer van die Omgewing, dr. Chris Brown, wat sê daar is sommige mense in die toerismesektor wat nie met hul gaste oor jag in Namibië wil praat nie, wat die verkeerde benadering is.
Hoewel die begroting reeds deur die Nasionale Vergadering goedgekeur is, wag pensioenarisse en kwesbare kinders steeds vir hul verhoogde toelaes om in werking tree. President Nangolo Mbumba moet die dokument bekragtig voor die verhogings kan intree. Die begroting is reeds in Februarie ter tafel gelê maar die kwesbare lede van ons samelewing wag steeds, terwyl die president oral rond reis. Reaksie is ontvang van die bekende sosiale aktivis en nou 'n onafhanklike presidentskandidaat, Rosa Namises, wat wil weet hoekom daar 'n vertraging is.
RISE Mzansi se jeug- en studente-afdelings is hartseer oor universiteite wat kwalifikasies weerhou van 600 000 studente in die land weens uitstaande skuld ter waarde van meer as 5,8-miljard Suid-Afrikaanse rand. Hul gee wel erkenning aan die finansiële druk waaronder universiteite verkeer. Dit sluit in die stygende koste van onderwys en die behoefte aan universiteite om finansieel volhoubaar te wees. Khanyisile Xayimpi van RISE Mzansi sê egter die weerhouding van kwalifikasies weens skuld kan studente vernietig.
Volgens die jongste data oor kanker wat in Februarie deur die Kankervereniging van Namibië, CAN, vrygestel is, is prostaatkanker die mees algemene kanker in Namibië. Rolf Hansen, uitvoerende hoof van die vereniging, dring aan op die bevordering van vroeë opsporing deur middel van siftingsprogramme landwyd. Hy voeg by dat Namibië 'n kommerwekkend hoë voorkoms van kanker het in vergelyking met die res van Afrika. CAN vra vir die desentralisering van kritieke kankersorg in Namibië asook uitbreiding van onkologiedienste na ander streke, buiten die Khomas-streek. Mans van 15 jaar en ouer is ook kwesbaar vir testikulêre kanker met 'n verhoogde risiko wat verband hou met onafgedaalde testikels. Kosmos 94.1 Nuus het met Hansen gesels.
Die wêreld se grootste drywende boekskou is in Durban, en sal ook in Julie by die Walvisbaai-hawe vasmeer. Die MV Logos Hope-skip sal boek-geesdriftiges van Woensdag tot die tweede van volgende maand by die Nelson Mandela-terminaal verwelkom. Die vaartuig het die stad laas in Maart 2016 besoek. Die woordvoerder vir die eThekwini-munisipaliteit, Gugu Sisilana, sê Durban Toerisme sal die boekskou gebruik om die stad as 'n wêreldklas-bootvaart-bestemming te bevorder.
Daar het vanjaar 6 900 studente gegradueer aan die Universiteit van Namibië en die Namibiese Universiteit van Wetenskap en Tegnologie. Daar word al voor die grade-plegtighede gevra wat van die studente gaan word, en waar hulle gaan werk kry. Kehad Snydewel, die besturende direkteur van Green Enterprise Solutions, het 'n oplossing en sê toekomstige studente moet die kanse wat nuwe tegnologie bied met altwee hande aangryp. Dit sal volgens hom na meer werksgeleenthede lei. Snydewel is aan die woord.
AfriForum se Veiligheidstudie-trust sê hommeltuig-opleiding bied nie net ʼn opwindende nuwe rigting vir studente nie, maar is ʼn noodsaaklike vaardigheid wat in die toekoms al belangriker gaan word. Die organisasie het verlede week sy eerste Skerpskut-skietgeleentheid buite Pretoria aangebied. Die geleentheid bied elke jaar aan sowat ʼn dosyn studente toegang tot die snelgroeiende wêreld van hommeltuig-tegnologie asook tientalle loopbaanmoontlikhede. Jacques Broodryk van AfriForum sê die trust slaan ʼn nuwe rigting in met hommeltuig-opleiding.
Die Namibiese Privaatskole-organisasie, Napso, se sportweek het sopas by die privaatskool Elnatan in Stampriet plaasgevind. Sowat 3 600 leerlinge van 21 privaatskole in Namibië het deelgeneem aan Onder-7 tot Onder-19 rugby, netbal en hokkie, asook in skaak-, tennis- en boogskietkompetisies. Wouter Niehaus, die uitvoerende hoof van Napso, het met Kosmos 94.1 Sportnuus oor die sportweek gesels.
Sedert 2003 het die Verenigde State se program in Namibië, Pepfar, die MIV en Vigs getalle drasties laat afneem. Volgens die minister van gesondheid, dr. Kalumbi Shangula het Namibië baie goeie vordering gemaak met die bekamping van MIV en Vigs-oordrag van moeders na kinders. Die minister het die aankondiging gemaak by die Afrika Gesondheid Arbeidsmag Beleggingsforum. Shangula lewer die statistieke.
Namibië het Saterdag Cassinga-dag herdenk met 'n openbare vakansiedag ter herinnering van die honderde vroue, kinders en mans wat op 4 Mei 1978 by die SWAPO militêre kamp in die dorp Cassinga in Angola gesterf het. Namibiërs het na sosiale media gestroom om te vra waarom die sowat 80 000 Ovaherero- en Nama-mense wat in die Duitse volksmoord gesterf het, nie ook met 'n openbare vakansiedag herdenk word nie. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Sima Luipert, 'n lid van die tegniese komitee van die Nama Tradisionele Leiersvereniging, wat op die publiek se kommer reageer het.
Lüderitz sal die episentrum vir Namibië se nuwe olie-, gas- en groenwaterstofbedrywe wees. Daar is egter kommer oor moontlike korrupsie en hoe daar verseker kan word dat Namibiërs in die algemeen voordeel trek uit die ontwikkelings. Die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing, IPPR, bied môre 'n Streeks-teenkorrupsie konferensie by die Lüderitz Waterfront-ouditorium aan. Dit sal bestuursrisiko's in olie, gas en groen waterstof, openbare verkrygingsuitdagings, en die gebruik van die Wet op Toegang tot Inligting teen korrupsie aanpak. Dit sal ook die vorming van 'n wydlopende anti-korrupsiebeweging in Namibië ondersoek. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Graham Hopwood, die direkteur van die instituut, oor die belangrikheid van die konferensie.
Atletiek: Suid-Afrika se vier-maal-400-meter aflosspan het gekwalifiseer vir die Olimpiese Spele tydens die Wêreld-afloskampioenskap in die Bahamas, wat oorheers is deur Amerika. Die Verenigde State het vier uit die vyf goue medaljes gewen. Wayde van Niekerk het Suid-Afrika gehelp om silwer in hulle item te wen, saam met Gardeo Isaacs, Zakithi Nene en Lythe Pillay. Botswana het goud gekry nadat die Amerikaners gediskwalifiseer is, met België derde. Van Niekerk is bly hy kon 'n bydrae lewer.
Die voormalige Suid-Afrikaanse adjunkpresident, David Mabuza, sê tugproses teen die voormalige ANC-president Jacob Zuma is 'n betreurenswaardige tydperk in die ANC-geskiedenis. Hy het op 'n veldtog in Tshwane gepraat, en het die ANC se verbintenis tot sy grondwet beklemtoon in die hantering van die saak. Hy sê Zuma se optrede was sy keuse en moet nie veroordeel word nie. Hy het ook die spanning tussen Zuma en die party afgemaak en sy vertroue bevestig in die ANC se verkiesingsvooruitsigte en sukses teenoor dié van die MK Party.
Dit is hierdie week Internasionale Komposbewustheidsweek en die Stad Kaapstad gaan ʼn reeks gemeenskapsgeleenthede aanbied. Dit is daarop gemik om bewustheid te skep oor die kritieke kwessie van organiese afval in stortingsterreine. Die burgemeesterskomiteelid vir Stedelike Afvalbestuur, Grant Twigg, sê gegewe die kommerwekkende tempo waarteen organiese afval stortingsterreine vul en tot klimaatsverandering bydra, is dit noodsaaklik dat inwoners voorkomende maatreëls tref.
Die Wêreld Gesondheidsorganisasie, in samewerking met vennote en lidlande, bied van vandag tot Woensdag die Afrika Gesondheid Arbeidsmag Beleggingsforum in Windhoek aan. Die forum poog om konsensus en verbintenis oor die Africa Health Workforce Investment Charter te verkry. Die handves sit kernbeginsels uiteen wat daarop gemik is om volhoubare langtermynbelegging in die gesondheidswerkmag te stimuleer en in lyn te bring. By die geleentheid het premier Saara Kuugongelwa-Amadhila 'n opdatering gegee oor die aantal dokters in die land.
Die president van die PDM, McHenry Venaani, het die regering se regstellingsprogram om vissermanne by te staan gekritiseer. Hy het onder meer gesê dit moet gestaak word of dit sal lei tot 'n Fishrot 2.0. Die program is in 2020 deur die visseryministerie en die arbeidsministerie geloods om werkloosheid onder vissermanne, wat deur die Fishrot-skandaal benadeel is, aan te spreek. Venaani het ook gesê die Ombudsman moet die program ondersoek en aanbevelings maak om dit te hervorm. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die Ombudsman, Basilius Dyakugha...
Willem Schalk Bergh, Agra-bestuurder vir die suidelike gebiede van Namibië het besoek afgelê op Prieska by die Oranje-rivier Voere se groot boeredag. Daar het hy met die bekende Pieter Moller gesels oor die stand van sake, met veral veeboere in die land, nou dat dit so droog is.
Die arbeidsministerie doen ‘n beroep op alle begunstigdes wat tans werkers-vergoedingsvoordele op 'n maandelikse basis ontvang, om hulle jongste bankbevestigingsbriewe, gesertifiseerde ID-afskrifte en 'n polisieverklaring wat hul woonadres bevestig, voor of op 31 Mei vanjaar in te dien. Die ministerie moet sy databasis opdateer. Lydia Indombo, uitvoerende direkteur by die ministerie, verduidelik.
Die Erongo-polisie se vergadering Saterdag op plaas Satamab Noord in die Usakos-distrik oor stropery en veediefstal was ‘n sukses. Veediefstal en stropery is soos oral in die land, ‘n reuse-uitdaging in die Erongo-streek. Erongo-polisie se adjunk-hoofinspekteur Jeffrey /Urib sê belangrike aspekte het na vore getree.
Visepresident Netumbo Nandi-Ndaitwah het groot kritiek uitgelok met haar aanmerkings oor ekonomiese onafhanklikheid. Sy het veral melding gemaak van plaaslike owerhede, ook op streek- en nasionale vlakke, om belegging te bevorder. Sy is vir 34 jaar betrokke in die Namibiese regering en steeds is daar geen nuwe beleggingsbeleid nie. Onafhanklike ekonoom Gabriel Erastus sê haar aanmerkings handel oor wense en dis tyd vir aksie.
Die grusame moord op 'n lid van die LGBT-gemeenskap in Otjomuise in Windhoek het 'n herrie laat losbars oor vermeende haatmisdaad-moorde op lede van die gemeenskap. Die lyk van die 30-jarige Christof Fredricks is in 'n rivierbedding ontdek, met sy privaatdele afgesny. Aktiviste sê hierdie misdade het begin toeneem nadat die Nasionale Vergadering verlede jaar die Swapo-wetgewer Jerry Ekandjo se sogenaamde anti-gay-wetsontwerpe goedgekeur het. Volgens die Namibia Equal Rights Movement is ses lede van die LGBT-gemeenskap sedertdien vermoor. Die Regshulpsentrum het ook kommer uitgespreek oor die onlangse vlaag van gewelddadige misdade teen vroue, kinders en die LGBT-gemeenskap. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Toni Hancox, die direkteur van die Regshulpsentrum, wat 'n beroep doen op parlementslede, Jerry Ekandjo en die kerke van Namibië, om iets daaroor te sê.
Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, Antonio Guterres sê daar is baie belangrike aspekte in die oorskakeling na hernubare energie wat in ag geneem moet word. Hieronder is die manier wat kritieke minerale ontgin word, sowel as hoe derde wêreld- en arm lande bemagtig word.
Voormalige Air Namibia-werknemers sukkel ná drie-en-'n-half jaar steeds om hul finale uitbetalings te kry nadat die maatskappy in 2021 gelikwideer is. Die groep het die hof in April verlede jaar genader om die likwidateurs te dwing om hul skeidingspakkette te betaal. Kosmos 94.1 nuus het gepraat met Renier Bougaard, die woordvoerder van die groep, wat sê die hofsaak is na 12 Junie verskuif.
Die DA sê sedert Bheki Cele polisieminister is, het die polisiediens minder personeel as vyf jaar gelede, die speurdiens is in ʼn gemors en onopgeloste sake word daagliks in die doofpot gestop. Die minister het in reaksie op ʼn vraag in die Parlement gesê volgens die nasionale gemiddeld het 10111-oproepsentrums tans 41,3-persent minder personeel as wat ideaal sou wees. Andrew Whitfield van die DA sê dit wys Cele is geensins gepla oor die gebrek aan personeel en hulpbronne vir hierdie noodsaaklike openbare diens nie:
‘n Video waar ‘n vrou ‘n tienermeisie fisies mishandel het oor die naweek die rondes op sosiale media gedoen. Dit is onthul dat die vrou die kind se ma is maar, dat sy probleme het met haar geestesgesondheid. Die geslagsaktivis Zack Itodo het sy teleurstelling uitgespreek en sê die tipe van gedrag kan nooit geregverdig word nie.
Die Metaalwerkersvakbond, Numsa, het die tweejaar-loonooreenkoms verwelkom wat in die passasiersbus-sektor bereik is. Die ooreenkoms sluit verhogings in op basiese salarisse van vyf-persent vir vanjaar en 6,5-persent volgende jaar. Numsa se woordvoerder, Phakamile Hlubi-Majola, sê die ooreenkoms wat by die Suid-Afrikaanse Padpassasier-bedingingsraad onderteken is, sluit ook in dat werkgewers op 'n 50/50-verdeling sal bydra tot primêre gesondheidsorgdekking vir werkers:
Die Stad Johannesburg en sy entiteite is aanspreeklik vir die dood van 77 mense in die brand verlede Augustus in die Usindiso-gebou in Marshalltown. Dit is een van die aanbevelings van die oudregter in die Konstitusionele Hof, Sisi Khampepe, se verslag oor die voorval. Sy het bevind die lewensomstandighede in die gebou het talle verordeninge oortree. Khampepe sê die stad moet ʼn onafhanklike proses begin om vas te stel wie individuele verantwoordelikheid of aanspreeklikheid moet dra:
Met die verkiesing wat om die draai is, wat is die verskeie politieke partye se oplossings tot verskeie probleme in die land? Vanjaar het 6 900 studente gegradueer van Unam en Nust. Die vraag op almal se lippe is of die gegradueerdes werk gaan kry. Kosmos 94.1 Nuus het die Landless People's Movement se woordvoerder, Lifalaza Simataa, gevra wat die party gaan doen aan jeugwerkloosheid as hulle aan bewind kom. Simataa is aan die woord.
Die onderwys-aktivis Hendrick Makaneta pleit die regering moet iets doen aan die toenemende geweld in skole. Hy beklemtoon die uitbreiding van geestesgesondheid-steun vir onderwysers en leerders, en vra meer beradingsdienste. Makaneta wys op onlangse voorvalle soos die geweld by Glenvista High School in Johannesburg, wat dui op diepgewortelde geestesgesondheid-uitdagings. Hy vra steun van die gemeenskap en die regering teen sistemiese kwessies soos armoede en werkloosheid wat bydra tor skoolgeweld:
Andrey Rublev het ongesteldheid en besering oorkom op pad na die Madrid Ope-titel. Die Rus het Felix Auger-Aliassime van Kanada 4-6, 7-5, 7-5 verslaan om sy tweede Meesters 1 000-titel te verower. Die ses-en-twintigjarige Rublev, wat ná vier wedstryd-nederlae in die Spaanse hoofstad aangekom het, sê hy gee volle krediet en erkenning aan die dokters wat dit vir hom moontlik gemaak het om te speel:
Reaksie word ontvang op die minister van geslagsgelykheid, Doreen Sioka, wat in ‘n verklaring die geweld teen vroue en kinders skerp veroordeel het. Sy het die dood van die transgender vrou, die 30-jarige Christof Fredricks, heeltemal oorgesien. Sioka kom gereeld onder skoot vir haar swak leierskap en Ethne Mudge van Sister Namibia, het haar ook nie gespaar nie.
Terwyl spanning in die Midde-Ooste steeds voortduur, toon die olieprys dat daar verligting sal kom. Terwyl onderhandelings vir ‘n skietstilstand Sondag in Kaïro misluk het, het die prys met ‘n persent gedaal en op die oomblik verhandel dit rondom 83 Amerikaanse dollar ‘n vat. Daar is ook druk op Israel se regering om ‘n einde aan die oorlog te bring, en die verhouding tussen Iran en Israel nie blyk om te vererger nie. Met die brandstofprys wat twee maande opeenvolgend gestyg het, het Kosmos 94.1 Nuus met die bekende beleggingsekonoom Dawie Klopper gesels oor wat vir ons wag.
Daar blyk om ‘n reuse-gaping te wees in werksoekers en werkgewers. Uit ongeveer 352 werksoekers wat geplaas is deur die arbeidsministerie tussen Januarie en Maart vanjaar, het slegs 17 universiteitsgrade gehad. Maar, 19 werkloses met graad 7 as kwalifikasie is geplaas en die groter meerderheid, die met graad 10 en 11. Arbeidskenner Herbert Jauch sê die ekonomie fokus tans op ‘n lae-loon struktuur.
Die kwessie oor reproduktiewe regte en aborsie in die VSA bly ‘n middelpunt van die verkiesings in November. President Joe Biden, ‘n Demokraat en pro-vroue- en aborsieregte het sy mes in vir nie net Donald Trump nie maar ook die speaker van die Huis van Verteenwoordigers, Mike Johnson. In ‘n veldtog sê Biden, Johnson het ‘n belaglike argument oor die impak van aborsie, soos hy ses maande gelede gesê het.
Lando Norris van McLaren het die eerste oorwinning van sy Formule Een-loopbaan by die Miami Grand Prix gebuit. Die Brit het met 25 rondtes om te gaan die voortou geneem, ná ʼn kuip-stop onder leiding van die veiligheidsmotor terwyl die ander reeds gestop het. Max Verstappen van Red Bull was tweede en Charles Leclerc van Ferrari derde. Die 24-jarige Norris wat in sy sesde Formule Een-seisoen die meeste podiumplekke sonder ʼn oorwinning behaal het, sê hy is gelukkig om uiteindelik eerste te wees:
Inwoners van 7de Laan in Otjomuise in Windhoek steier steeds van skok na die grusame moord op die 30-jarige Christof Fredricks. Hy was 'n lid van die LGBT-gemeenskap en sy verminkte liggaam, met sy privaatdele afgesny, is die week in 'n rivierbedding ontdek. Sy dood bring die aantal lede van die gemeenskap wat in die afgelope jaar in haatmisdade vermoor is, op ses te staan, volgens die Equal Rights beweging. Kosmos 94.1 Nuus het met Ephraim Nekongo, sekretaris van die Swapo Party-jeugliga, gepraat oor die liga se standpunt oor die moord op lede van die LGBT-gemeenskap.
Kaapstad se huidige brandseisoen word as die ergste in die stad se geskiedenis beskou. Tydens die herdenking van Brandbestrydersdag het Kaapstad se burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekuriteit, JP Smith, gesê brandbestryders het dié seisoen reeds op meer as sesduisend brande reageer. Duisende brandbestryders van verskeie distrikte en organisasies is gemobiliseer om brande te bedwing, met duisende liter water wat gebruik is. Smith het brandbestryders geloof vir hul ywer:
Lede van die Rehoboth Baster-gemeenskap sal op Dinsdag, 7 Mei die slag van Sam Khubis by Rehoboth herdenk. Die geskiedkundige veldslag het op 8 Mei 1915 plaasgevind toe Duitse koloniale magte die Baster-mense, wat na hul laaste vesting van Sam Khubis gevlug het, aangeval het. Kosmos 94.1 Nuus het met Manfred Draghoender, een van die reëlingskomiteelede, oor die vieringe gesels.
Die Suid-Afrikaanse organisasie Defend Our Democracy vra organisasies en individue om verkiesingswaarnemers te word, en by te dra tot die integriteit van die proses. Met 24 dae oor voor die buurland se verkiesing, word burgers aangemoedig om toesig te hou oor die proses. Zaakirah Vadi van die organisasie sê deur die Election Watch-veldtog wat in November begin het sal waarnemers regdeur die land op 'n gedeelde toepassing terugvoer gee, en die beoordeling van verkiesingsintegriteit versterk:
Die streekleierskap in Kavango-Wes het 'n beroep op die Ramprisikobestuurskomitee gedoen om die droogtehulpprogram vir vee te ondersoek, aangesien dit sommige kommunale boere benadeel. Die leierskap het die kwessie geopper tydens die besoek van adjunk-premier John Mutorwa aan die streek om homself te vergewis van die uitvoering van die program op streeksvlak. Die subsidieprogram het verlede jaar in Oktober begin, waar die regering 50 persent van die veevoer wat boere aankoop, sou vergoed. Joseph Sikongo, die voorsitter van die Kavango-Wes-streekraad, sê nie alles wat in 'n kommersiële gebied werkbaar is, kan in 'n gemeenskaplike gebied werkbaar wees nie.
Die UDM in Suid-Afrika is bekommerd oor die voortgesette diskriminasie teen LGBT-mense regoor Afrika. Die sekretaris-generaal, Yongama Zigebe, sê terwyl regs-erkenning vorder, duur diskriminasie voort. Kwessies soos sogenaamde regstellende verkragting en haatmisdade kom steeds voor. Zigebe sê die UDM vra 'n LGBT-inklusiewe leerplan in skole om diversiteit en gemeenskapsdeelname aan te moedig:
Die jongste Stand van Voedsel en Landbou-verslag van die Voedsel- en Landbou-organisasie, kyk na die ware koste van voedsel vir volhoubare landbou-voedselstelsels. Die verslag stel die konsep van verborge omgewings-, gesondheids- en maatskaplike koste en die voordele van landbouvoedselstelsels bekend. Dit stel 'n benadering getiteld "ware koste-berekening" voor om dit te assesseer. Die beramings dui daarop dat lae-inkomste lande die hoogste las dra van die verborge koste van landbouvoedselstelsels relatief tot nasionale inkomste. Dit maak dit moeilik te midde van stygende kospryse vir mense in ontwikkelende lande om voedsame kos te koop. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Ben Schernick, die direkteur van die Nutrition and Food Security Alliance of Namibia, oor wat Namibië moet doen om te verseker dat burgers toegang tot gesonde, voedsame voedsel het ondanks stygende voedselpryse.
Die ANC-woordvoerder Mahlengi Bhengu-Motsiri is vol vertroue oor die party se verkiesingsvooruitsigte in die Wes-Kaap. Peilings dui aan die ANC sal nie meer as 35-persent van die stemme in die Wes-Kaap kry nie, waar werkloosheid en misdaad hoog op die agenda is. Bhengu-Motsiri meen egter die steun van inwoners dui beslis op 'n oorwinning:
Die Tsumeb-tydren het met groot sukses Saterdag op die myndorp plaasgevind. Dit het begin en eindig by die Minen Hotel. Die tydren is deur die Tsumeb Motorklub gereël en is die tweede been van die nasionale tydren kampioenskappe. Francois Lottering was daar.
Die siviele saak teen die Grootfontein-boer Willem Goosen nadat hy die die Belgiese Malinois Troy geskiet het, is voorlopig teruggetrek. Troy het oorleef maar een van sy voorbene moes geamputeer word. Goosen het in stukke wat by die hof ingedien is homself en sy familie beskryf as diereliefhebbers. Stefan Weydeman, 'n mede-eienaar van Troy, verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus hoekom die saak teruggetrek is.
Die DA verwelkom 'n ondersoek na die geheime salarisverhoging van meer as 70-persent vir die sekretaris van die parlement, Xolile George. Die verhoging is sonder verduideliking deur die voormalige speaker Nosiviwe Mapisa-Nqakula en die voorsitter van die Nasionale Raad van Provinsies, Amos Masondo, goedgekeur en vir die Parlement weggesteek. Siviwe Gwarube van die DA sê ondanks aanvanklike pogings deur die ANC om inligting te blokkeer, het die waarnemende Speaker, Lechesa Tsenoli nou ingestem om die saak by die Parlement se gesamentlike staande komitee oor Finansiële Bestuur ter tafel te lê:
Die DA het verdere reddingsboeie vir die Suid-Afrikaanse Poskantoor verwerp. Hulle kritiseer die ANC vir wanbestuur en werkverliese. Die Sakereddingspraktisyns het 'n verligtingskema vir werknemers aangekondig, wat deur die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie geweier is en tot werkverliese gelei het. Die DA-lid, Natasha Mazzone, het die ANC beskuldig dat hy meer as tien-miljard-rand aan belastingbetalersfondse op SAPO germors het en versuim het om 'n werkbare omkeerplan te verskaf. Mazzone sê 'n sterk vennootskap tussen die Poskantoor en die privaat sektor is uiters belangrik vir noodsaaklike dienste:
Oud-president Thabo Mbeki het sy steun toegesê aan die ANC se besluit om oudpresident Jacob Zuma aan 'n dissiplinêre verhoor te onderwerp. Die ANC het optrede vertraag nadat Zuma sy verbintenis met die uMkhonto weSizwe Party verklaar het. Tydens 'n veldtog in Soshanguve, Pretoria, het Mbeki die belangrikheid beklemtoon dat die ANC sy eie reëls nakom. Die komende verhoor, wat vir Dinsdag vasgestel is, kan lei tot Zuma se skorsing uit die ANC:
'n Hamas-afvaardiging het in Egipte aangekom in wat beskryf word as ‘n ‘do or die’ onderhandeling oor 'n wapenstilstand is, met die beweging wat sê hy is vasbeslote is om 'n ooreenkoms te bereik. Intussen het Israel Hamas glo een week gegee om in te stem tot 'n wapenstilstand en gevangene-uitruilooreenkoms, ander sal hy sy inval in Rafah loods. Die sekretaris-generaal van die VN Antonio Guterres sê hulle hoop vir ‘n ooreenkoms en ondersteun ‘n twee-staat oplossing.
Die LUR vir Onderwys in Gauteng, het 'n ondersoek van stapel gestuur na 'n skokkende voorval by Glenvista High School in Johannesburg, waar 'n video opgeduik het van 'n gewelddadige woordewisseling tussen 'n onderwyser en 'n graad nege-leerder. Chiloane sê sulke gedrag sal nie geduld word nie, en die departement is daartoe verbind om 'n veilige leeromgewing te verseker. Steve Mabona van die departement sê die ondersoek het ten doel om die omstandighede rondom die onderonsie bloot te lê en dienooreenkomstig beslissende stappe te neem:
Die LUR vir Onderwys in Gauteng, het 'n ondersoek van stapel gestuur na 'n skokkende voorval by Glenvista High School in Johannesburg, waar 'n video opgeduik het van 'n gewelddadige woordewisseling tussen 'n onderwyser en 'n graad nege-leerder. Chiloane sê sulke gedrag sal nie geduld word nie, en die departement is daartoe verbind om 'n veilige leeromgewing te verseker. Steve Mabona van die departement sê die ondersoek het ten doel om die omstandighede rondom die onderonsie bloot te lê en dienooreenkomstig beslissende stappe te neem:
'n Onafhanklike verslag het geen bewyse gevind in Outa se bewerings teen die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente nie. Volgens die verslag was daar kommer oor 'n gesprek wat opgeneem is tussen die voormalige skema se raadsvoorsitter en individue wat met Coinvest Africa verbind word. Hy het maatreëls aanbeveel om potensiële regseise te verminder, insluitend om Khosa te berispe vir ongemagtigde besprekings. Die woordvoerder, Ishmael Mnisi, sê die verslag beveel ook aan om die toepassing van die Werksmans-verslag te bespoedig en besluite oor kontrakbeëindiging te neem, sonder om studente-begunstigdes te benadeel:
Inligting rakende die noodlottige vliegtuigongeluk net na vyf-uur in Rieckmanstraat in Pionierspark is nog skraps. Nooddienste is op die toneel waar drie erwe geraak is en 'n reuse-brand uitgebreek het. Kosmos 94.1 Nuus het met die hoof van vliegtuigongeluk ondersoekdirektoraat Magnus Abraham gepraat. Drie mense is aanboord die Cessna 406 dood.
Die nuutste klimaat voorspelling deur Climate Namibia het voorspel dat dorpe in die grootste dele van Namibië ondergemiddeld reënval sal kry in Mei maand. Maar vir die toekoms lyk dit nie asof dinge beter gaan word weens klimaatsverandering nie, dit kan landbou in die toekoms negatief affekteer. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die bekende Suid-Afrikaanse landbou-ekonoom dr. Kobus Laubscher oor die tradisionele beesrasse soos die geharde Afrikaner maar, wat minder uitslag.
AfriForum het strafregtelike aanklagte aanhangig gemaak teen Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit se munisipale bestuurder, April Ntuli, oor die storting van rou riool in die Vaalrivier. AfriForum se streekshoof, Jaco Grobbelaar, het die regering se gebrek aan optrede oor die krisis gekritiseer, in teenstelling met die gemeenskap se pogings. Grobbelaar beklemtoon die behoefte aan dringende regeringsoptrede in rioolaanlegbestuur om die hoofoorsaak van waterslaai-verspreiding aan te pak.
Die voormalige adjunkpresident van die ANC, Kgalema Motlanthe, sê die tugproses teen die gewese party-president, Jacob Zuma, is 'n regverdige proses. Zuma is aangekla van oortreding van die party se grondwet omdat hy die MK-party onderskryf. Die ANC het Zuma in Januarie geskors oor optrede wat die party se integriteit uitgedaag het. Motlanthe het tydens 'n verkiesingsveldtog in Soweto gesê Zuma se keuses het self sy huidige penarie veroorsaak.
Motorsport: Die Miami Grand Prix vind dié naweek plaas te midde van baie gissings in Formule Een-geledere oor die toekoms van Red Bull se tegniese hoof, Adrian Newey. Verskeie spanne is gretig om sy dienste te bekom wanneer hy vroeg volgende jaar beskikbaar sal wees, ná 19 baie suksesvolle jare by Red Bull. Die Ferrari-jaer Charles Leclerc sê dit sal báie opwindend wees as die legendariese ontwerper hom by hulle aansluit.
Motorsport: Die Miami Grand Prix vind dié naweek plaas te midde van baie gissings in Formule Een-geledere oor die toekoms van Red Bull se tegniese hoof, Adrian Newey. Verskeie spanne is gretig om sy dienste te bekom wanneer hy vroeg volgende jaar beskikbaar sal wees, ná 19 baie suksesvolle jare by Red Bull. Die Ferrari-jaer Charles Leclerc sê dit sal báie opwindend wees as die legendariese ontwerper hom by hulle aansluit.
Die Italiaanse Kultuurinstituut in Pretoria, saam met die Italiaanse Ambassade in Suid-Afrika, sal 'n vertoning deur die Giovanni Guidi Jazz Trio aanbied, as deel van hul Afrika-toer en ter viering van Internasionale Jazzdag. Hierdie onvergeetlike reis deur musiek en erfenis vind môreaand by die Nasionale Teater van Namibië in die hoofstad plaas. Kosmos 94.1 Nuus het met die Nasionale Teater se skakelbeampte, Desiree Mentor, gesels wat 'n uiteensetting gee van wat die gehoor kan verwag.
Mudge het ook gesê dat Covid-inentings meer dood veroorsaak het as die virus. Shangula andwoord hierop.
Henk Mudge, die president van die Republikeinse Party, het op 'n perskonferensie gesê die WGO se pandemie-verdrag sal na sy mening beheer aan die organisasie gee om besluite namens die Namibiese regering te maak, soos tydens Covid. Kosmos 94.1 Nuus het navraag gedoen by die gesondheid-minister en volgens dr. Kalumbi Shangula gaan die verdrag nie die land se soewereniteit affekteer nie. Hy sê dit sal die ongelykhede van lande aanspreek tydens pandemies. Die verdrag sal ook eers in parlement gedebatteer word voordat Namibië dit gaan teken.
Die arbeidsministerie het sewe vakbonde insluitend Nafawu geskors, sowel as een werkgewers vereniging, Nabta, omdat hulle nie hul jaarlikse opgawes ingedien het nie. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Mahongora Kavihuha, die sekretaris-generaal van Tucna, die Vakbondfederasie van Namibië, wat reageer op die besluit om die registrasies van nie-voldoenende entiteite te kanselleer. Volgens Kavihuha is daar ’n gebrek aan regulasies in die arbeidministerie.
'n Stofstorm van hoop in die vorm van die jaarlikse Rough and Tough-saamtrek is reeds besig om alle verwagtinge te oortref. Die saamtrek vind van 16 tot 19 Mei plaas en beloof om nog 'n prettige, enjin-aanjaag, kampvuur-storievertel geleentheid te wees. Die Rough and Tough-tydren is 'n Namibiese veldren-avontuur met voertuie van 1990 en ouer, wat 'n afstand van byna 1 000 km aflê. Dit eindig vanjaar by Madisa-kamp. Meer as 247 mense, 74 tydrenmotors en 28 ondersteuningsvoertuie het ingeskryf. Hierdie unieke motor- en reisgeleentheid ten bate van kanker is deur die Baard-gesin geskep en het in sy vyf-jaar-lange bestaan reeds meer as 2 miljoen Namibiese dollar ingesamel. Rolf Hansen, uitvoerende hoof van die Kankervereniging van Namibië, gee meer inligting.
Die DA sê die Reguleringsowerheid vir Eiendomspraktisyns het sy voorneme verklaar om die uitreiking of hernuwing van Getrouheidsfonds-sertifikate vir ondernemings met minder as 40 punte op 'n swartbemagtigings-telkaart te weier. Die party sê die owerheid probeer dit in werklikheid onwettig maak om 'n eiendomsverwante onderneming te bedryf sonder om aan swart ekonomiese bemagtiging te voldoen. Die DA-lid, Michael Bagraim, sê dit is 'n skande dat die ANC weer probeer om die sertifikate as 'n politieke instrument te gebruik in 'n land wat binne die raamwerk van 'n Grondwet funksioneer.
Die UDM se adjunkpresident, Nqabayomzi Kwankwa, sê die ANC-regering stel willens en wetens die voortbestaan van duisende gesinne van byna 5 000 Poskantoor-werknemers in gevaar om finansieel swaar te kry en honger te ly. Die party het sy teenkanting uitgespreek teen die regering se benadering oor die Poskantoor se rasionalisering deur 'n reddingsboei van 3,8-miljard Suid-Afrikaanse rand. Kwankwa sê die party pleit dat die Poskantoor sy hoofkliëntebasis in landelike gebiede voorop stel deur marknavorsing te doen om hul behoeftes beter te verstaan.
Die Windhoek Munisipale Raad het die voorstel van Ongos Valley Development goedgekeur om Winnie Madikizela Mandela-weg na 'n dubbelbaan op te gradeer en om 'n ontwikkelingsooreenkoms aan te gaan. Die ontwikkelaar poog om huidige verkeersopeenhopings te verlig, konnektiwiteit te verbeter en 'n veiliger omgewing vir die stad se inwoners en besoekers te skep. Alle huishoudings wat binne die padreserwe van Winnie Madikizela-Mandela-weg geleë is, sal hervestig word. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die Stad Windhoek se woordvoerder, Lydia Amutenya, wat meer lig op die saak werp.
Amerika se ambassadeur in Suid-Afrika, Reuben Brigety, sê sy land gaan nie by die Suid-Afrikaanse verkiesingsproses inmeng nie. Topamptenare van die Verkiesingskommissie het vroeër die maand met Brigety vergader, wat kommer laat ontstaan het dat Amerika by die verkiesing op 29 Mei kan inmeng. Die OVK sê daar is niks geheimsinnig aan die ontmoeting nie en hy gaan binnekort ook met ander lande se verteenwoordigers vergader. Brigety het aan die SABC gesê hulle wil hê demokrasie moet seëvier:
Die Britse Arbeidersparty het betekenisvolle oorwinnings in die tussenverkiesings behaal en die Konserwatiewe eerste minister, Rishi Sunak, se leierskap ʼn knou gegee. Stemme word steeds getel en die belangrikste uitslag oornag was in Blackpool-Suid waar Chris Webb van die Arbeidersparty die parlementêre tussenverkiesing met 10 825 stemme by die Konserwatiewes afgeneem het. Die Arbeiders het ook in Redditch en Hartlepool sukses behaal. Webb het Sunak gevra om te erken hy het misluk en ʼn algemene verkiesing uit te roep:
Die arbeidsministerie het genoeg gehad en het sewe vakbonde geskors wat Nafawu insluit geskors sowel as een werkgewers vereniging Nabta, omdat hulle nie die bepalings vir die indiening van jaarlikse opgawes nagekom het nie. Jeremiah Namalenga van die ministerie sê hulle is herhaaldelik gewaarsku en mag vanaf 5 Mei geensins hulle lede verteenwoordig nie.
Die president van die Republikeinse Party Henk Mudge het ’n perskonferensie in die hoofstad gehou na aanleiding van die debatte, inligting en spekulasie oor die betrokkenheid van die WGO in die sake van soewereine lande. Die WGO se pandemie-verdrag sal in sy mening beheer aan die organisasie gee om besluite namens die Namibiese regering te maak, soos tydens Covid.
Die eienaar van die Belgiese Malinois Troy, Chére van der Merwe, het skerp gereageer op die stukke wat deur Willem Goosen in die hof ingedien is. Goosen beskryf homself en sy familie as diereliefhebbers. Die stukke is ingedien voor die siviele saak oor Troy se skietery deur Goosen voorlopig teruggetrek is. Van der Merwe het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en haar reaksie so verwoord.
Wêreld Persvryheidsdag word vandag herdenk en daar is groot uitdagings in die bedryf. Maar, die dag is ook veral belangrik vir joernaliste op die vasteland, en in Namibië. Veteraan joernalis Gwen Lister het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Solidariteit sê die aanvaarding van die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette is 'n laaste vertrouensbreuk met die Afrikaanse gemeenskap. Volgens die vakbond sentraliseer die wetsontwerp, wat met die ANC se meerderheid in die Nasionale Raad van Provinsies aangeneem is, besluite oor taal- en toelatingsbeleide, wat minderheidsregte ondermyn. Die vakbond beloof om in samewerking met ander organisasies, regstappe in te stel om die wetsontwerp te betwis. Johnell Prinsloo van Solidariteit sien die wysigings as 'n front wat daarop gemik is om Afrikaans te marginaliseer en rassekwotas af te dwing in skole:
Die onafhanklike Senaat-lid Bernie Sanders waarsku President Joe Biden oor sy standpunt teenoor pro-Palestynse betogings op kampusse regoor die VSA. Biden sê hy ondersteun vrye spraak maar wetsgehoorsaamheid is net so belangrik. Volgens Sanders kan die kwessie Biden se Viëtnam word.
Die kostes van egskeiding, die redes daarvoor en die bepaling van binne gemeenskap van goedere word aangespreek in die nuwe Huwelikswet. Die justisieminister Yvonne Dausab het onlangs aangekondig dat die proses om die wetgewing aan te pas, gevorderd is. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Jackson Wandjiva, die waarnemende uitvoerende direkteur van die binnelandse sake-ministerie.
Zimbabwe bied sy 2024-beleggingspitsberaad in Kemptonpark aan, om die land se ekonomiese en beleggingsgeleenthede aan sleutel-belanghebbers bekend te stel. Onder die tema, 'People You Can Invest In,' sal Zimbabwe se geskoolde arbeidsmag en aantreklike beleggingsvooruitsigte, veral in toerisme, mynwese en landbou bekendgestel word. Die land se ambassadeur in Suid-Afrika, David Hamadziripi, sê buitelandse direkte beleggings neem toe, met aansienlike groei wat in verskeie sektore verwag word:
Die kommoditeit vir Maartmaand in die handelsstatistiek-bulletin van die Namibiese Statistieke-agentskap was skaap op die hoef, skaapvleis en skaapprodukte. Namibië het in al drie kategorieë uitvoere van 97,3 miljoen Namibiese dollar gedurende die maand behaal. Dit wil voorkom asof die skaapbedryf, veral met uitvoere na Europa, ‘n herlewing toon na jare se regeringsinmenging wat die bedryf tot amper op sy knieë gedwing het. Kosmos 94.1 Nuus het met die plaaslike landboukenner, Wallie Roux, gesels hieroor.
Die Departement van Justisie en Korrektiewe Dienste het landdroste wat dreig om te staak, gewaarsku dit sal onwettig wees. Landdroste wat aan die Vereniging vir Regterlike Beamptes behoort, wil oor salarisse staak. Die vereniging beskuldig die Onafhanklike Kommissie vir die Vergoeding van Openbare Ampsdraers dat hulle voete sleep om salarisverhogings vir landdroste te hersien. Die departement se woordvoerder, Chrispin Phiri, sê die Wet op Arbeidsverhoudinge is nie op landdroste van toepassing nie:
Reaksie word ontvang op die 15-jaar lisensie wat deur die African Aquaculture Company, wat sub-Sahara Afrika se eerste kommersiële salmboerdery en -produksiefasiliteit net noord van Lüderitz wil vestig, bekom is. Dit sal na verwagting sowat 5 000 werksgeleenthede verskaf. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die ekonoom Salomo Hei, die besturende direkteur van High Economic Intelligence, wat die belangrikheid van die blou ekonomie en die bestuur daarvan beklemtoon.
Die DA verwelkom die Departement van Internasionale Verhoudings en Samewerking se ingryping vir die vrylating van twee Suid-Afrikaanse ingenieurs in Ekwatoriaal-Guinee wat reeds langer as 15 maande aangehou word. Frik Potgieter en Peter Huxham is arresteer op vals dwelmaanklagte, blykbaar as vergelding vir beslaglegging op bates van Ekwatoriaal-Guinee se adjunkpresident Teodore Nguema Obiang Mangue. Emma Louise Powell van die DA sê minister Naledi Pandor besoek Ekwatoriaal-Guinee Saterdag vir onderhandelings:
Die Amerikaanse president Joe Biden sê beide vryheid van spraak en die oppergesag van die reg moet gehandhaaf word te midde van die pro-Palestynse betogings by universiteite in die land. Die meerderheid betogers eis die onttrekking aan maatskappye wat Israel en die oorlog in Gaza ondersteun. Amper 2 000 mense is sedert die 18de April op kampusse gearresteer. Biden sê Amerika is nie 'n outoritêre land waar mense gesnoer word nie, maar dis ook nie 'n wettelose land nie:
Die wêreld se nommer een, Iga Swiatek, kom soos verlede jaar in die Madrid Ope se eindstryd teen die verdedigende kampioen, Aryna Sabalenka, te staan. Swiatek van Pole het die Amerikaner Madison Keys met 6-1 en 6-3 verslaan om haar derde eindstryd van die jaar te haal. Die tweede gekeurde Sabalenka van Belarus was een stel agter, maar het teruggeveg en Elena Rybakina van Kazakstan met 1-6, 7-5 en 7-6 geklop. Sabalenka sê sy verwag ʼn taai wedstryd teen Swiatek:
Die Bank Windhoek Nasionale Strandvlugbal Ope-toernooi vind die naweek by die Mole-strand in Swakopmund plaas. Strandvlugbalspanne van regoor die land word uitgenooi om in te skryf. Die toernooi is oop vir mans- en vroue spanne, sowel as amateurs. Die Namibië Vlugbal Federasie se direkteur, Conrad Johannes, het met Kosmos 94.1 Nuus oor die toernooi gesels.
Vanjaar se gesamentlike nasionale graanproduksie is 53 persent laer as verlede seisoen se oes. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Hanks Saisai, Agribank se tegniese adviseur vir gewasse en pluimvee, wat sê die regering kan steeds mielieproduksie in Kavango Oos en Wes, asook die Zambezi-streek stimuleer omdat dit warm bly en daar water is.
Die arbeidsministerie kon in die eerste kwartaal van vanjaar slegs 17 werksoekers wat grade het, in poste plaas. Diegene met graad 7 het beter gedoen met 19 plasings en graad 10 en 11 het die meerderheid poste van die 352 gevul. Daar was 609 vakatures aangemeld en net meer as 3 760 werksoekers wat geregistreer is. Reaksie hierop is ontvang van Eben de Klerk, 'n navorser by die Vereniging vir Ekonomiese Beleidsnavorsing.
Die omgewingsministerie het 'n advertensie uitgesit vir professionele jagters in 'n dringende saak oor twee probleemleeus in die omgewing net wes van Khaudum Nasionale Park. Volgens die Namibië Professionele Jagvereniging blyk die leeus tiener mannetjies te wees en beide trofeë is uitvoerbaar. Belangstellendes wat kan help om hierdie situasie doeltreffend te bestuur, word versoek om aanbiedinge aan die ministerie te maak. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Romeo Muyunda, die ministerie se woordvoerder...
Die Swakopmund Munisipaliteit sal vandag sy strategiese plan vir 2022 tot 2027 by sy hoofkantoor bekend stel. Die hoogtepunte van die plan sal deur die munisipaliteit se uitvoerende hoof, Archie Benjamin, gelees word. Die munisipaliteit sal ook hul nuwe logo, handelsmerk en handelsmerkkleure bekendstel. Kosmos 94.1 Nuus het met die munisipaliteit se woordvoerder, Linda Mupupa, gepraat.
Die DA het die Openbare Beskermer, Kholeka Gcaleka, gevra om 'n komitee te stig om die toenemende berigte oor die ANC-regering se misbruik van staatsfondse vir verkiesingsveldtogte te ondersoek. Die DA se nasionale woordvoerder, Solly Malatsi, verwys na onlangse voorvalle en klagtes, en beklemtoon buitensporige besteding aan geleenthede. Hy bevraagteken die noodsaaklikheid van hierdie uitgawes en bepleit optrede om verdere misbruik van belastingbetalers se geld voor die verkiesing te voorkom.
Groenwaterstof bly vandag in die nuus met Cleanergy Solutions Namibia se bekendstelling van sy fasiliteit in Walvisbaai. Die bekendstelling is in samewerking met CMB.Tech en die 0&L groep. Die fasiliteit sal een van die produsente van groenwaterstof wees. James Mnyupe, die groenwaterstof kommisaris, het by die geleentheid gepraat en het die potensiële gebruike van groenwaterstof in die land gelys.
ActionSA verwelkom 'n uitspraak van die Persraad se appèlkomitee oor Rapport se anonieme verkiesingspeiling. Dit het bevind die koerant, News24 en City Press was verkeerd om nie die organisasie wat die peiling aangebied het te identifiseer nie, wat die Perskode oortree. Die party sê dit is 'n aansienlike oorwinning in sy strewe na oorsig oor die peilingsbedryf. Michael Beaumont van ActionSA respekteer die media-organisasies, en sê hulle aanvanklike doelwit was deursigtigheid en voldoening aan demokratiese beginsels.
Lüderitz is tans aan die voorpunt van ontwikkeling in die land en sal na verwagting in die komende jare 'n ekonomiese opbloei beleef. Dit kan toegeskryf word aan die aflandige olie- en gas eksplorasie-aktiwiteite, groen-waterstof produksie sowel as inisiatiewe soos Benguela Blue Aqua Farming. Die see-plaas is Afrika se eerste Atlantiese salm-boerdery wees, 8km vanaf die hawedorp. Volgens die burgemeester van Lüderitz, Phil Bilhao, beliggaam die monumentale poging die gemeenskap se gees van innovering en veerkragtigheid. By die bekendstelling van die akwaplaas het Namibiese visepresident Netumbo Nandi-Ndaitwah gesê die wêreld se oë is op Lüderitz.
Die DA beskuldig Cosatu van verraad teen werkers deur hom met die ANC en die Kommunistiese Party te vereenselwig. Hy beweer Cosatu se alliansie met die partye het gelei tot beleid wat ekonomiese groei en werkskepping strem. Die party sê daarenteen is sy ekonomiese beleid 'n alternatief om groei te stimuleer. DA-leier John Steenhuisen het kiesers by Cosatu se hoofkantoor in Braamfontein, Johannesburg, aangemoedig om te stem vir verandering in die komende verkiesing.
Die Namibiese Brouerye het die Namibiese Rugby-unie met 3 miljoen Namibiese dollar geborg. Dit is daarop gerig om Namibiese rugbyspelers in plaaslike klub- en streektoernooie te ondersteun, om hulself voor te berei om vir die 2027 Rugby Wêreldbeker in Australië te kwalifiseer. Die Brouerye is gretig om die nasionale rugbyspan te ondersteun onder die handelsnaam Windhoek Draft Welwitschias, om hul talente tuis en by internasionale sportbyeenkomste ten toon te stel. Kosmos 94.1 Sportnuus het met die brouerye se korporatiewe sakebestuurder, Surihe Gaomas-Guchu, gepraat.
Gemeenskapslede van 7de Laan in Otjomuise in Windhoek is in skok nadat die verminkte liggaam van die 30-jarige Christof Fredricks vanoggend ontdek is. Fredricks was na bewering 'n lid van die LGBTQ-gemeenskap. Die lyk, met sy privaatdele afgesny, is in 'n rivierbedding naby die Chairman Mao Zedong High School ontdek. Kosmos 94.1 Nuus het met die sosiale aktivis Linda Baumann gepraat, wat haar reaksie gee. Baumann sê dié sake neem toe sedert verlede jaar, nadat die Nasionale Vergadering die Swapo-wetgewer Jerry Ekandjo se sogenaamde anti-gay-wetsontwerpe goedgekeur het.
Suid-Afrika bly die primêre bestemming vir die meerderheid van Namibië se vee-uitvoere, volgens die Agri-maandelikse verslag wat deur Simonis Storm vrygestel is. In Maart het Namibië 108 996 stuks vee na Suid-Afrika uitgevoer, hoofsaaklik skape. Botswana was die tweede grootste bestemming met 269 stuks vee, terwyl Angola die derde plek beklee met 244. Zambië het 175 stuks vee gekry, en Zimbabwe vyftig bokke. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Halleluya Ndimulunde, 'n ekonoom by Simonis Storm, wat 'n uiteensetting van die verslag gee.
Namibië se handelsbalans het in Maart op 'n tekort van 4,5 miljard Namibiese dollar gestaan, vergeleke met die tekorte van 3,9 miljard dollar in Februarie en 2,2 miljard dollar in Maart verlede jaar. Dit is volgens die jongste Handelsstatistiek-bulletin deur die Namibië Statistieke-agentskap. Suid-Afrika was in Maart Namibië se grootste mark vir beide uitvoere en invoere. Mirjam Shihepo, die skakelbeampte by die agentskap, gee 'n paar insigte oor die verslag.
Boks: Daar is groot opwinding in die bokswêreld vir die groot geveg tussen Oleksandr Usyk en Tyson Fury in Saoedi-Arabië op 18 Mei. Die eerste onbestrede swaargewigkampioen sedert Lennox Lewis in 1999 sal na die geveg gekroon word. Beide mans is onoorwonne beroepsboksers. Die 37-jarige Usyk van Oekraïne is die WBA-, IBF-, WBO- en IBO-swaargewigkampioen. Die 35-jarige Fury van Brittanje is die WBC-kampioen en loop soos altyd oor van selfvertroue.
Die eens snel-groeiende Chinese eiendomsektor staar 'n regstelling in die gesig, met die borrel wat kan bars. Dit beïnvloed beleggings en verbruikersvertroue, en vertraag ekonomiese groei. 'n Ontleding van die Internasionale Monetêre Fonds wys dat die noue handelsbande tussen China en Afrika suid van die Sahara, 'n beduidende afhanklikheid van groei in China tot gevolg het. Die direkte impak is die sterkste op beleggingsgedrewe kommoditeitsuitvoerders. Kosmos 94.1 Nuus het met die plaaslike ekonoom Gabriel Erastus gesels, wat die moontlike impak van China se ekonomiese verlangsaming op Namibië uiteensit.
Die Nasionale Ekonomiese, Ontwikkelings- en Arbeidsraad moedig alle werkers aan wat op verkiesingsdag gaan werk om môre, voor die sluitingsdatum vir spesiale stemme, te registreer. Die raad doen ook 'n beroep op alle werkgewers om hul werknemers te ondersteun en toe te laat om in die komende algemene verkiesing te stem. Matthew Parks van Cosatu sê alle werkgewers moet verkiesingsdag as 'n betaalde openbare vakansiedag beskou en, indien moontlik, werkers die dag af gee.
Die 11de uitgawe van die Ondangwa-handelskou speel steeds 'n deurslaggewende rol in die ekonomiese ontwikkeling van die dorp en die hele streek, volgens stedelike en landelike ontwikkeling-minister Erastus Uutoni. Uutoni het by die opening van die skou gepraat en sê hulle bevorder ook besighede deur aan hulle 'n platform te bied om hul goedere en dienste ten toon te stel. Meer as 140 uitstallers neem aan vanjaar se skou deel.
Cleanergy Solutions Namibia se perseel word op Walvisbaai ingewy. Deur gebruik te maak van die O&L-groep se kundigheid in hernubare energie, gekombineer met CMB.TECH se vaardigheid in die vervaardiging en toepassing van toekomstige brandstof, is Cleanergy Solutions Namibia aan die voorpunt van volhoubare energie-oplossings. Die voorsitter van die Ohlthaver en List-groep, Sven Thieme het by die geleentheid gepraat.
Die buurland se vakbondfederasie Saftu sê die regering moet die land se openbare gesondheidstelsel versterk sodat dit aan die akkreditasievereistes van die Nasionale Gesondheidsversekering voldoen. Gesondheids-instellings word landwyd negatief geraak deur besnoeiingsmaatreëls wat veroorsaak dat poste nie gevul word nie en ernstige tekorte aan fondse ontstaan. Saftu se woordvoerder, Trevor Shaku, sê die hooffokus moet op primêre sorgvlakke wees, van huishoudings en klinieke na distrikshospitale binne die distriksgesondheidstelsel:
Die gewilde LEFA Transportation Services sê hy sal dalk gedwing word om toe te maak oor wat onregverdige mededinging noem. Hy beweer internasionale saamry-besighede soos Yango en InDrive is besig met onbillike sakepraktyke. Dit sluit in om pryse tot tot onvolhoubare vlakke te sny, en plaaslike entrepreneurs het nie die finansies om by te hou nie. Die maatskappye voldoen na bewering ook nie aan die vereistes, wette en regulasies van die Namibiese passasiersvervoerbedryf nie. Kosmos 94.1 Nuus het met Danny Meyer van SME Compete gesels, wat sê dit moet aangespreek word, maar Namibiërs moet in die kort termyn eerder Namibiese besighede ondersteun.
Die Erongo-polisie sal Saterdag op plaas Satamab Noord in die Usakos-distrik ‘n vergadering met boere hou oor veediefstal, stropery en betrokke kwessies. Boere oral sukkel met reuse-uitdagings in die verband. Dit begin om tien-uur. Adjunk-hoofinspekteur Jeffrey /Urib het meer.
Kwesbare kinders en pensioenarisse sal nog ‘n maand moet wag voor die verhoging in hul toelae intree. Die begroting is deur die Nasionale Vergadering goedgekeur voor hy in reses gegaan het. Die speaker, professor Peter Katjavivi moet nou die dokument aan president Nangolo Mbumba stuur om bekragtig te word voor die verhogings kan intree. Rafael Hangula, woordvoerder van die parlement...
Cleanergy Solutions Namibia, 'n gesamentlike onderneming tussen Ohlthaver & List en CMB.TECH, is die eerste groen waterstofproduksieterrein van sy soort in Afrika. Die waterstofproduksie-aanleg in Walvisbaai sal sonkrag gebruik vir waterstofproduksie. Dit word ontwikkel as 'n buigsame projek wat maklik uitgebrei kan word deur ander aktiwiteite en tegnologieë te gebruik. Die terrein word vanoggend ingewy. Kosmos 94.1 Nuus het met dr. Ziyavi Chiguvare, direkteur van die Namibiese Groen Waterstof Navorsingsinstituut, oor die status van die aanleg gepraat.
Die Springbok Sewes se hoofafrigter, Philip Snyman, sê hy is optimisties oor 'n top-vier-uitslag in die Singapoerse sewestoernooi dié naweek. Die Blitsbokke pak Spanje, Samoa en Frankryk in hul groep. Snyman sê om ervare Blitsbokke soos Siviwe Soyizwapi, Dylan Sage en Rosko Specman terug te hê, is 'n groot hupstoot vir die span:
Die lyk van 'n ongeïdentifiseerde manspersoon wie se privaatdele verwyder is, is vanoggend in Otjomuise ontdek. Hoofinspekteur Katrina Naukushu, die Khomas-streek se gemeenskapspolisiëringsbeampte, het bevestig dat die lyk in 'n rivierbedding in die omgewing van die Chairman Mao Zedong High School ontdek is.
Die metaalwerkersvakbond, Numsa veroordeel Israel se eerste minister Benjamin Netanyahu en Amerika se president Joe Biden vir hul optrede in Palestina en beskuldig hulle van volksmoord. Die vakbond het sy solidariteit met die Palestyne uitgespreek ná ʼn versoek deur die Amerikaanse aktivis, Angela Davis. Hulle het ooreengekom om saam met Davis te werk aan ʼn veldtog om Palestina te verdedig en ondersteuning op plaaslike, streeks- en internasionale vlak te bevorder. Numsa se woordvoerder, Phakamile Hlubi-Majola, vra dat boikotte en sanksies teen Israel ingestel en beleggings onttrek word:
Reaksie word ontvang op die Universiteit van Namibië wat politieke aktiwiteite op al sy kampusse verbied het. Die leier van die LPM-jeugkommando, Junia Kaindjee, het vroeër die besluit beskryf as 'n belediging vir studente se regte en vryhede. Hy het bygevoeg dit is soos om petrol op die vuur van die universiteit se akademiese verval te gooi. Dorothea Nangolo van die Namibië Nasionale Studente-organisasie het met Kosmos 94.1 Nuus gesels oor hoe die kwessie die regte van studente belemmer.
Die ANC-president Cyril Ramaphosa het weereens sy vertroue uitgespreek dat die party meer as 50-persent van die stemme sal kry in die komende algemene verkiesing. Hy het gister Cosatu se hoof- Meidag-saamtrek in die Wes-Kaap toegespreek. Die jongste opname deur die marknavorsingsfirma Ipsos, wat verlede week uitgereik is, voorspel die regerende party gaan 40,2-persent van die stemme kry. Ramaphosa sê die ANC het oor die afgelope 30 jaar bewys hy gee om vir die mense van hierdie land:
Manhattan se distriksprokureur, Alvin Bragg, sê aanklaers sal teen September gereed wees vir die Hollywood-rolprentvaardiger, Harvey Weinstein, se herverhoor. New York se hoogste hof het verlede maand Weinstein se 2020-skuldigbevinding aan seksmisdade nietig verklaar en opdrag gegee vir ʼn herverhoor. Regters voer aan daar was foute in die manier waarop die verhoor plaasgevind het. Dit sluit in dat getuienis toegelaat is van vroue wat nie deel was van die aanklagte teen hom nie. Bragg sê hulle soek geregtigheid vir Weinstein se slagoffers:
Die vakbond Solidariteit waarsku teen moontlike werksverliese in die eiendomsbedryf weens nuwe ras-regulasies. Volgens die vakbond vereis die regulasies ʼn vlak 8-telling vir swart ekonomiese bemagtiging en meer as 50-persent swart eienaarskap wat teen wit eiendomsagente kan diskrimineer. Solidariteit gaan die regulasies teenstaan om sy lede se werk te beskerm en sê kommer bestaan oor die uitwerking op indiensneming en die verlies aan ervaring en kennis in die bedryf. Johan Roos van Solidariteit sê sowat 30 000 eiendomsagente kan geraak word:
Die tweemalige verdedigende kampioen, Carlos Alcaraz, is by die Madrid Ope deur Andrey Rublev uitgeskakel. Die Rus was een stel agter, maar het met 4-6, 6-3 en 6-2 in die kwarteindronde geseëvier. Hy kom nou te staan teen die 12de gekeurde Amerikaner, Taylor Fritz, wat die Argentyn Francisco Cerundolo met 6-1, 3-6 en 6-3 geklop het. Jannik Sinner van Italië het met ʼn heupbesering aan die toernooi onttrek en sy teenstander in die kwarteindronde, die Kanadees Felix Auger-Aliassime, is deur na die halfeindronde. Rublev sê dit was spesiaal om Alcaraz te klop:
Ongeveer 300 pro-Palestynse betogers is Woensdag by die Columbia Universiteit en City College in New York gearresteer. Universiteite reg oor Amerika loop deur onder betogings oor die oorlog in Gaza met diejongste uitdaging op die Universiteit van Kalifornië, Los Angeles. Studente eis dat maatskappye en individue wat bande met Israel het, geboikot word. New York se burgemeester, Eric Adams, sê die betogings is deel van ʼn beweging om jongmense te radikaliseer:
Namibië doen 'n robbe-oes in Julie elke jaar. Die regering gee ’n jaarlikse kwota vir die oes van 60 000 robwelpies en 8 000 volwasse robbulle. Die robbe-oes vind by verskillende robkolonies plaas, insluitend die Kaap Kruis Robreservaat. Die robbe-oes is hoofsaaklik aangedryf deur 'n oorbevolking van robbe wat visvoorrade uitput, asook die kommersiële waarde van robpels, olie, leer en ander produkte. Kosmos 94.1 Nuus het met Naude Dreyer, die mariene bioloog van Ocean Conservation Namibia, gesels oor of die robbevolking gegroei het.
Grootwildjag is 'n sleutel komponent van Afrika se toerisme-ekonomie, volgens Charlie Mayhew, die stigter en president van Prins William se natuurlewe-liefdadigheidsorganisasie, Tusk. Die gerespekteerde natuurbewaarder meen Brittanje en ander lande moenie aan Afrika-nasies voorskryf oor hoe om hulle wildsake te bestuur nie. Hy het sy mening gelug terwyl 'n wetsontwerp wat die invoer van verskeie trofees sal verbied, in die House of Lords bespreek word. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die uitvoerende hoof van die Kamer van die Omgewing, Dr. Chris Brown, wat saamstem met die stelling. Brown sê die rede waarom Namibië baie wild het, is omdat Namibië trofeejag toelaat.
Brandstofpryse het weer gestyg en die sekretaris-generaal van die Namibiese bus- en taxi-vereniging, Pendapala Nakathingo, sê hulle het die vervoer-ministerie gevra vir 'n verhoging tot 15 Namibiese dollar vir taxi-tariewe. Hy het bygevoeg dat die hoë brandstofpryse besig is om hulle dood te maak. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Julius Ngweda, skakelbeampte by die ministerie, oor of die taxibedryf se versoek om 'n verhoging ooit oorweeg sal word.
Inligtingminister Emma Theofelus lei 'n Namibiese afvaardiging na die 31ste uitgawe van die Wêreldpersvryheidsdag-wêreldkonferensie. Dit is geskeduleer van vandag tot 4 Mei in Santiago, Chili. Theofelus sal deur amptenare van die ministerie en die Namibië Nasionale Kommissie vir Unesco vergesel word. Die konferensie sal fokus op die belangrikheid van joernalistiek en vryheid van uitdrukking te midde van die wêreldwye omgewingskrisis. Frans Nghitila, die waarnemende uitvoerende direkteur van die inligtingsministerie, het meer inligting.
Die DA in die Wes-Kaap se premierskandidaat, Alan Winde, het planne aangekondig om dié provinsie die eerste een sonder beurtkrag te maak. Hy beklemtoon die verwoestende uitwerking van beurtkrag op werksgeleenthede, die ekonomie en gemeenskapsveiligheid. Die Stad Kaapstad stel ook behoorlike beskermingsplanne in, en belê in netwerk-opgradering en hernubare-energieprojekte. Volgens Winde het die provinsie miljarde weens beurtkrag verloor wat ʼn omvattende benadering tot energie-veerkragtigheid vereis:
Die energie-ministerie het ’n brandstofprysverhoging in Mei aangekondig, wat vannag om middernag in werking tree. Petrol styg met 70 sent per liter en albei variante van diesel met 40 sent per liter. In Walvisbaai sal die petrolprys dan 23 Namibiese dollar per liter wees, 22 dollar 17 sent per liter vir diesel 50 dpm, en 22 dollar 37 sent per liter vir diesel 10 dpm. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Salome Nghoshi, 'n petroleum-ekonoom by die ministerie, oor die redes vir die verhoging.
B2Gold Otjikoto-myn, die land se grootste goudprodusent, gaan hierdie maand met die vrywillige aflegging van 300 werknemers begin. Die myn het verlede jaar sy planne aangekondig om 'n gefaseerde sluiting van oop mynbou weens uitgeputte ertsreserwes te begin, maar dit het nie die aantal werkers bekend gemaak wat geraak gaan word nie. Dit was omdat konsultasies met belanghebbendes toe nog aan die gang was. Eric Barnard, die hoofbestuurder van B2Gold Namibia, het aangekondig dat die afdanking van werkers in fases sal plaasvind.
Die geslagsgelykheid-ministerie het 328 900 Namibiese dollar betaal vir 'n pakhuis wat 11 maande lank leeggestaan het. Dit is volgens 'n ouditverslag deur die ouditeur-generaal, Junias Kandjeke, vir die boekjaar wat op 31 Maart geëindig het. Die pakhuis is in Prosperita, Windhoek. Kosmos 94.1 Nuus het met Kandjeke gesels, wat 'n uiteensetting gee oor die volgende stappe wat geneem sal word. Die ministerie sal in die volgende boekjaar rekenskap moet doen oor of die geld verhaal is.
Die Vereniging van Staatsamptenare herdenk Werkersdag met groot waardering vir werkers se onmiskenbare bydraes. Die vakbond sê die geleentheid simboliseer die voortdurende stryd vir werkers se regte en maatskaplike geregtigheid, met vakbonde wat 'n deurslaggewende rol speel. Hy gee erkenning aan werkers se uitdagings, insluitend swak lone en werksonsekerheid. Claude Naiker van die vereniging sê hy bly verbind tot die ondersteuning van werkers se regte deur gesamentlike bedinging, die bevordering van billike vergoeding en veilige werksomstandighede:
Namibia Wildlife Resorts het die Bo Plaas-kampterrein langs die Oranjerivier heropen, met verbeterde sekerheid en opgradering van infrastruktuur. Na 'n tydelike sluiting verlede September weens voorvalle van roof wat Namibiese en Suid-Afrikaanse toeriste geraak het, het die oord veiligheidsverbeterings geprioritiseer. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Nelson Ashipala, NWR-woordvoerder.
Brent ru-olie het Dinsdag met meer as 2 persent geval en ‘n vat verhandel tans net onder 86 Amerikaanse dollar. Kommer oor die beweging van Amerikaanse rentekoerse en onderhandelings oor ‘n skietstilstand in Gaza dryf die prys af. Die Amerikaanse Federale Reserwebank sit sy besprekings oor die rentekoers vandag voort en sal dan ‘n aankondiging maak. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die Suid-Afrikaanse ekonoom, Dawie Roodt, oor wat die Federale Reserwebank sal besluit.
Werkersdag sal vandag in Rundu in die Kavango-Oos-streek gevier word onder die tema "Namibië-werkers verenig vir ekonomiese groei en ontwikkeling in die jaar van verwagtinge en verder". Die dag sal deur president Nangolo Mbumba waargeneem word. Volgens die presidentskandidaat Job Amupanda, in plaas daarvan om op Werkersdag na politici te luister, moet staatsamptenare die dag gebruik om hul salarisstrokies te bestudeer om te sien hoeveel die regering hulle skuld. Amupanda sê werknemers moet kyk na wat vir hulle belangrik is.
Die DA sê die visum-agterstand by die Departement van Binnelandse Sake het binne ses maande met byna 20 000 gestyg. Die agterstand het gestyg van 74 000 in Augustus verlede jaar tot 92 000 in Februarie vanjaar. Ten spyte van bewerings oor besoekersvisums wat voorkeur ontvang, is die agterstand vir eggenote wat met Suid-Afrikaners getroud is, op meer as 41 000, die hoogste onder visumkategorieë. Die DA-lid, Angel Khanyile, kritiseer die departement omdat hy versuim het om hierdie kwessies aan te spreek, wat lei tot verhoogde litigasie en geleenthede vir korrupsie:
Die Universiteit van Namibië se onlangse besluit om politieke aktiwiteite te verbied, word bestempel as 'n belediging vir studente se regte en vryhede. ’n Interne opdrag van die universiteit se pro-visekanselier vir finansies, administrasie en hulpbronmobilisering, Ellen Namhila, het politieke aktiwiteite op alle kampusse verbied. Die leier van die LPM-jeugkommando, Junia Kaindjee, sê die opdrag is soos om petrol op die vuur van die universiteit se akademiese verval te gooi.
Die brandstofpryse gaan weer styg in Mei, op die hakke van 'n groot verhoging in April. Petrol styg met 70 sent 'n liter en beide variante van diesel met 40 sent 'n liter. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Pendapala Nakathingo, die Bus- en Taxivereniging van Namibië, Nabta, se sekretaris-generaal, wat sê dat dit pynvol is. Nakathingo sê hulle het weer die vervoer-ministerie genader vir 'n verhoging van 15 Namibiese dollar in ritpryse.
Sokker: Die halfeindstryde in die Kampioeneliga begin vanaand met Bayern München wat Real Madrid in Duitsland verwelkom. Real is hierdie seisoen onoorwonne in die kompetisie met sewe oorwinnings en drie gelykop. Bayern het die laaste vier gehaal na ‘n doelskopoorwinning teen die verdedigende kampioen. Manchester City. Bestuurder Thomas Tuchel glo Bayern moet op hulle heel beste wees.
Die “Rose of Soweto”, Dingaan Thobela, is oorlede. Die DA sê hy was meer as 'n bokskampioen, en was 'n baken van hoop en inspirasie vir talle Suid-Afrikaners. Hy is afkomstig van Chiawelo, Soweto, en het deur blote vasberadenheid en ongeëwenaarde vaardigheid gesogtheid bereik en die harte van die nasie verower. Die DA-lid, Veronica van Dyk, sê sy merkwaardige loopbaan het hom drie wêreldtitels oor twee gewigsafdelings besorg, wat sy naam in die boksgeskiedenis-rekords geëts het.
Adjunk-premier John Mutorwa het onlangs die Kavango-Oos-streek besoek te midde van kommer oor die verspreiding van droogtehulpkos. Meer as 44 000 mense in die streek word deur die droogte geraak. Kavango-Oos het in Oktober verlede jaar sy eerste besending droogtehulpkos ontvang. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Erginus Endjala, die goewerneur van die Omusati-streek, wat 'n opdatering gee oor die situasie.
Die “Rose of Soweto”, Dingaan Thobela, is oorlede. Die DA sê hy was meer as 'n bokskampioen, en was 'n baken van hoop en inspirasie vir talle Suid-Afrikaners. Hy is afkomstig van Chiawelo, Soweto, en het deur blote vasberadenheid en ongeëwenaarde vaardigheid gesogtheid bereik en die harte van die nasie verower. Die DA-lid, Veronica van Dyk, sê sy merkwaardige loopbaan het hom drie wêreldtitels oor twee gewigsafdelings besorg, wat sy naam in die boksgeskiedenis-rekords geëts het.
Namibië se toerismebedryf staar 'n dringende behoefte in die gesig om nuwe toeristebestemmings te ontwikkel, aangesien bestaande fasiliteite maksimum kapasiteit bereik. Martin Webb-Bowen, voorsitter van die Federasie van Namibiese Toerismeverenigings, beklemtoon die belangrikheid om alternatiewe opsies te ondersoek, insluitend die ontwikkeling van tans ontoeganklike gebiede binne nasionale parke en onderbenutte streke soos westelike Etosha en die Skedelkuspark. Spitsseisoene plaas geweldige druk op gewilde bestemmings soos Sossusvlei, Swakopmund en Damaraland, en innoverende oplossings is nodig om druk op natuurlike hulpbronne en ikoniese wildspesies te verlig. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met 'n plaaslike toergids, Joseph Kafunda, wat saamstem maar sê gemeenskappe moet betrek word.
Die landbou-ministerie se voorlopige oesskattings dui op 'n drastiese vermindering in die voorspelde oes, weens die droogte. Die totale nasionale graanproduksie van mielies, giers, sorghum en koring word op 72 150 metrieke ton geraam. Dit is 53 persent laer as verlede seisoen se oes van 153 012 ton. Slegs die besproeiing-groenskemas verwag hoër oeste vir mielies en koring, met onderskeidelik 24 persent en 63 persent, in vergelyking met verlede seisoen. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Patrice Talla, die Voedsel- en Landbou-organisasie se substreekkoördineerder vir Suider-Afrika, wat sê dat Suid-Afrika 'n uitvoerder van mieliemeel gaan word.
Namibië se ministerie van omgewing, bosbou en toerisme en België se Lignaverda-herbebossing Koöperasie gaan saamwerk om 'n gebied in die Kavango-Wes-streek te rehabiliteer en te her-bos. 'n Memorandum van verstandhouding hieroor is onderteken by Staatshuis deur Theofilus Nghitila, die ministerie se uitvoerende direkteur, en Lignaverda se uitvoerende hoof, Werner Sels. Nghitila verduidelik meer oor die doel van die samewerkings-ooreenkoms.
Rugby: Die terugkeer van die veterane, Dylan Sage en Siviwe Soyiswapi, dra heelwat ervaring by in die Blitsbokke se veldtog by vandeesweek se Singapoer Sewes. Volgens SA Rugby is albei ou kalante met hulle loopbane van bykans ‘n dekade. Albei staatmakers maak hulle eerste verskyning in die 2024-seisoen en Soyiswapi is uiters opgewonde oor wat voorlê.
Die Nasionale Vergadering is tot 4 Junie op reses. Die laaste sitting het verlede week op 'n humeurige noot geëindig toe die Swapo-parlementslid Jerry Ekandjo gekla het oor sy omstrede private lede-wetsontwerpe wat nog nie onderteken is nie. Die status van die wetsontwerpe sal moontlik in die volgende sessie aangespreek word. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die woordvoerder van die Nasionale Vergadering, Sakeus Kadhikwa, wat die aankondiging oor die reses gemaak het.
Die Democratic Union-party sê die ANC se versoek dat die diplomatieke korps moet help met die party se veldtog in die buiteland, is 'n blatante misbruik van mag. 'n Brief deur die kantoor van die sekretaris-generaal van die ANC is in omloop waarin hy diplomatieke personeel vra om vandag aan 'n aanlyn-vergadering deel te neem om die ANC se mobiliseringstrategie vir 2024 te bespreek. Die sekretaris-generaal van die DUP, Thapelo Makgale, sê die Verkiesingskommissie moet dringend ingryp.
Die landbou-ministerie en die Verenigde Nasies se Wêreldvoedselprogram het die Bernafay hervestiging-plaas geïntegreerde voedselstelsels-projek by Mariental van stapel gestuur. Dit sal na verwagting landbouproduksie verhoog, die plaaslike ekonomie 'n hupstoot gee en 'n langtermyn-pad vir landelike ontwikkeling en selfvoorsiening skep. Die geleentheid is deur verskeie belanghebbendes bygewoon, insluitend skenkers en omliggende kleinboere. Ndiyakupi Nghituwamata, die adjunk-uitvoerende direkteur van die landbouministerie, het by die geleentheid die rede vir die hervestiging van die boere na Bernafay gegee.
Reaksie word ontvang op die aankondiging dat Namcor ‘n ontginningsooreenkoms met Chevron Namibia Exploration, 'n filiaal van Chevron Global Energy onderteken het. Dit gee Chevron Namibia 'n bedryfsbelang van 80 persent in PEL 82 in die produktiewe Walvis-bekken. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met dr. Marius Kudumo, 'n kenner van goeie regering, wat sy insigte gee.
Die ANC-regering doen 'n beroep op Israel om die Freedom Flotilla toe te laat om humanitêre hulp aan Gaza te lewer en wys op Israel se verpligtinge as die besettingsmag. Hierdie oproep volg nadat die Internasionale Geregshof Israel beveel het om dringende hulpverlening aan Gaza moontlik te maak, in die lig van die haglike omstandighede soos 'n dreigende hongersnood in die gebied. Die woordvoerder in die Presidensie, Vincent Magwenya, sê die regering veroordeel Israel se vlootblokkade van Gaza en bestempel dit as 'n skending van internasionale reg en belemmering van noodsaaklike hulpverlening:
As voorspellings hou hoef jy nie al jou warm komberse uit te pak vir die winter nie. Kenners voorspel 'n warm winter vir 'n groot deel van Suid-Afrika, weens die voortslepende El Niño-klimaatspatroon. Namibië sal ook nie erge koue ervaar nie en die weerkenner Johan van den Berg het ook uitstekende nuus oor vroeë somerreën.
Die Keetmanshoop raadslid vir die landelike kiesafdeling Willem Labuschagne het gereageer op berigte dat Nida se projekte uitmekaar val en vervalle gelaat word. Van die grootste uitdagings is die wanbetaling op water- en kragrekenings. Projekte kom ook nie van die grond af nie. Labuschagne sê op die einde van die dag ly die werkers.
Koning Philippe van België is op staatsbesoek na Namibië. President Nangolo Mbumba het vanoggend die media toegespreek en sê die land sal sy oliebronne gebruik om die oorgang na groener bronne te bewerkstellig en sal saam met België in die verband werk.
Namibiese werkers sal op 1 Mei in Rundu in die Kavango-Oos-streek bymekaarkom om Werkersdag te herdenk. Die tema vir hierdie jaar is "Namibië se werkers verenig vir ekonomiese groei en ontwikkeling in die jaar van verwagtinge en daarna". Dit is egter 34 jaar na onafhanklikheid en die land het steeds nie ’n nasionale minimumloon nie. Verlede jaar het werkersvakbonde teen die regering uitgevaar oor die stadige implementering daarvan. Arbeidminister Utoni Nujoma het toe aangekondig dat 'n plan vir 'n verwagte minimumloon van 18 Namibiese dollar per uur teen Maart vanjaar geïmplementeer sal word. Dit het nie gebeur nie. Kosmos 94.1 Nuus het met Job Muniaro, die sekretaris-generaal van die Nasionale Vakbond van Namibiese Werkers, oor die kwessie gepraat.
Die Ontwikkelingsbank van Namibië het sy 20ste bestaansjaar herdenk. Die bank se uitvoerende hoof John Steytler, het onthul dat die bank oor die afgelope twee dekades meer as 115 000 werksgeleenthede gegenereer het deur sy befondsing van projekte. Hy voeg by dat sedert sy stigting tot Februarie vanjaar het die bank lenings van 20,38 miljard Namibiese dollar goedgekeur.
Die sekretaris-generaal van Navo Jens Stoltenberg sê die wapens wat die VSA aan die Oekraïne stuur is bemoedigend. Hy sê sou die land nie die nodige ondersteuning ontvang nie kan dit ernstige gevolge hê. Hy sê hulp kom ook vanaf Europa.
Amerika se minister van Buitelandse Sake, Antony Blinken, het Hamas versoek om spoedig die jongste voorstel oor 'n skietstaking te aanvaar. Die voorstel sluit in 'n skietstaking van 40 dae in ruil vir die vrylating van gyselaars, en dat ontwortelde families na die noorde van Gaza kan terugkeer. Onderhandelaars van Egipte, Katar en Amerika is vir weke reeds besig met onderhandelings vir 'n skikking. Blinken sê hy is versigtig optimisties dat Hamas die ooreenkoms sal aanvaar:
Die winter is om die draai en die AB-stigting sal sy jaarlikse Mega Winter Blanket Drive ten bate van behoeftiges aanbied. Verskillende groepe in Windhoek, onder andere die straatkinders, gaan skenkings kry. Die AB-stigting is op soek na skenkings van swaar komberse en warm klere. Kosmos 94.1 nuus het met Abraham Angula, die medestigter van AB Foundation, gepraat wat vra dat skenkings hulle teen 16 Junie moet bereik.
Die Suid-Afrikaanse Reguleringsowerheid vir Gesondheidsprodukte en die Medisyne-reguleringsowerheid van Botswana werk saam om medisyne te evalueer, goedkeuringsprosesse te vergemaklik, en nadelige reaksies na bemarking te monitor. Hulle het 'n verstandhoudingsooreenkoms onderteken om die regulering van plaaslike medisyne te verbeter. Hierdie vennootskap moet toegang tot nuwe medisyne verbeter, nagemaakte produkte beheer en regulatoriese inligting deel. Die woordvoerder van SAHPRA, Madimetja Mashishi, sê die ooreenkoms sluit gesamentlike optrede in om die onwettige invoer van ongeregistreerde medisyne te voorkom:
Die Withuis sê anti-Semitisme het geen plek in Amerika nie. Pro-Palestynse studente betoog toenemend op universiteitskampusse. Columbia-universiteit het begin om studente wat hierby betrokke is, te skors nadat hulle ʼn spertyd om uiteen te gaan geïgnoreer het. Die universiteit is die middelpunt van ʼn vlaag kampus-betogings in Amerika teen die oorlog tussen Israel en Palestyne in Gaza. Volgens berigte is meer as 34 000 Palestyne dood. Die Withuis se perssekretaris, Karine Jean-Pierre, beskryf die betoging as ʼn pynlike oomblik:
Ervare Springbok-vrouespelers Nomawethu Mabenge, Lusanda Dumke en Sizophila Solontsi is ingesluit in die nasionale groep vir die Rugby Afrika-vrouebeker volgende maand in Madagaskar. Kwalifikasie vir die 2025 Rugby Wêreldbeker in Engeland is op die spel. Die hoofafrigter, Louis Koen, het 'n groep van 28 spelers aangewys om na Antananarivo te reis, waar Suid-Afrika teen Kameroen, Kenia en Madagaskar sal meeding om die titel as Kampioene van Afrika. Koen het slegs een nuweling, Sikholiwe Mdletshe, ingesluit. Hy sê hy is tevrede met die span:
Die inwoners van Uis in die Erongo-streek worstel met 'n ernstige watertekort-krisis. Die Karibib- en Daurês-kiesafdelings het onlangs vir byna drie dae nie water gehad nie, wat die hele nedersetting, insluitend skole, gedwing het om hul aktiwiteite te beperk. Die waterkrisis, wat algemeen geword het in Uis, Okombahe en Otjimbingwe, is die gevolg van opgedroogde waterdraers, ou waterinfrastruktuur en hardnekkige droogte. Benitha Imbamba, voorsitter van die Erongo-streeksraadbestuurskomitee, het tydens 'n vergadering op Swakopmund 'n beroep op belanghebbendes gedoen om saam te staan om die krisis aan te spreek.
Die vyfmalige kampioen, Rafael Nadal, is deur na die laaste 16 by die Madrid Open terwyl hy van ʼn besering herstel. Hy het Pedro Cachin van Argentinië in net meer as drie ure met 6-1, 6-7 en 6-3 geklop. Die topgekeurde Italianer, Jannik Sinner, is steeds op dreef om sy vierde titel van die jaar te wen nadat hy die Rus, Pavel Kotov, met 6-2 en 7-5 verslaan het. Casper Rudd van Noorweë en Daniil Medvedev van Rusland spog ook met oorwinnings. Nadal vertel hoe hy die wedstryd beleef het:
Die nasionale leier van RISE Mzansi, Songezo Zibi, lei 'n betoging by die Johannesburgse Aandelebeurs om die voorkoms van seks-vir-werk- en kontant-vir-werk-praktyke aan te spreek, veral in die kleinhandel- en mynbousektor. Die nasionale woordvoerder, Gugu Ndima, sê die betoging wil bewusmaking kweek en optrede van instellings en genoteerde maatskappye eis om hierdie praktyke uit te roei. Sy beklemtoon ook die kwessie in Plaaslike Regering:
'n Onlangs vrygestelde verslag deur die African Partnership to End Violence against Children bevat skokkende statistieke. Daar is gevind dat meer as die helfte van alle kinders in Afrika fisieke mishandeling ervaar, terwyl in sommige dele van die vasteland vier uit elke 10 meisies voor die ouderdom van 15 aan seksuele geweld ly. In sommige streke ervaar meer as agt uit 10 kinders tussen die ouderdomme van 1 en 14 elke maand gewelddadige dissipline. Kosmos 94.1 Nuus het met die holistiese sielkundige Anna Wucher gesels oor hoe emosies soos aggressie lei tot mishandeling.
Die Elektrisiteitsbeheerraad het 'n verhoging van 8 persent in NamPower se grootmaat elektrisiteitstarief vir die 2024/25-tydperk goedgekeur. Alle kragverspreidings-lisensiehouers sal binnekort by die raad aansoek doen vir 'n hersiening van hul verspreidingstariewe. Stad Windhoek sal binnekort konsultasies begin voordat sy begroting vir die 2024/25-boekjaar gefinaliseer word. Kosmos 94.1 Nuus het met NamWater se uitvoerende hoof, Abraham Nehemia, gesels oor of hulle ook by die kabinet aansoek gedoen het vir 'n verhoging in tariewe.
Die omstrede veteraan Swapo-parlementslid Jerry Ekandjo het verskeie onsmaaklike en aanvegbare stellings in die Nasionale Vergadering gemaak wat verband hou met sy privaat-lede wetsontwerp wat teen gay huwelike diskrimineer. Die ander probleem wat Namibiërs moet meemaak is die tipe debatte wat in die parlement gevoer word. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Frederico Links, 'n navorser by die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing, wat sê Namibiërs moet meer belangstelling toon in wat in die parlement aangaan.
Visepresident Netumbo Nandi-Ndaitwah het die naweek in die Suide gekuier en gesê die Keetmanshoop-lughawe kan in die toekoms verander na die Karas Internasionale Lughawe. Dit is weens die opkomende olie- en gasbedrywe in die Suide, wat beleggers lok. Volgens haar is die herlewing van die nasionale lugdiens, Air Namibia, ook nie uitgesluit nie. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met George Kambala, woordvoerder van die Regstellende Herposisioneringsbeweging, wat sê dit maak nie sin nie en politici moet ophou om mense hoop te gee net om stemme te werf.
Hoë rentekoerse vertraag die verkoop van residensiële eiendomme in Suid-Afrika omdat kopers op die uitslag van die verkiesing wag. Kopers moet noodgedwonge hulle verkoopsprys meer as een keer verlaag. Die bedryf neem uitdagings met tariewe waar, veral van eiendomme van meer as 3,5 miljoen Suid-Afrikaanse rand. ‘n Woordvoerder van Get A Bond, André Parsons, skryf dit toe aan verswakte bekostigbaarheid, met baie kopers wat nie vir ‘n verband kwalifiseer nie.
Adjunk-premier John Mutorwa is bekommerd oor die vertragings in die verspreiding van droogtehulpkos in die streke. Mutorwa het die Kavango-Oos-streek besoek om hom van die situasie te vergewis. Meer as 44 000 mense in die streek word deur die droogte geraak. Die streek het in Oktober verlede jaar sy eerste besending droogtehulpkos ontvang. Mutorwa verklaar dat die regering die droogtehulpprogram as 'n hoë prioriteit beskou.
Rugby: Die Stormers is op pad om twee wedstryde in die Verenigde Rugbykampioenskap in Brittanje te speel. Hulle Springbokke sal beskikbaar wees wanneer hulle teen die Dragons in Wallis kragte meet en dan Connacht in Ierland. Die Stormers het hulle teleurstellende nederlaag teen die Ospreys opgevolg met ‘n maklike oorwinning teen Leinster om nou vyfde op die punteleer te staan, met nog drie wedstryde oor. Volgens afrigter, John Dobson, is die toer beslissend.
Skokgolwe kring steeds uit na die liggaam van die 40-jarige Angelique Delia Maarsdorp in haar woonstel in Klein Windhoek ontdek is. Sy was vasgebind en in komberse toegedraai. Daar was bloedvlekke op een van die banke en verskeie items word vermis, waaronder 'n lig-metaalblou BMW 3-reeks en 'n platskerm-televisiestel. Kosmos 94.1 Nuus het met hoofinspekteur Elifas Kuwinga van NamPol Openbare Betrekkinge gesels, wat 'n woord van waarskuwing vir die publiek het.
Cosatu sê die DA se belofte in sy verkiesingsmanifes om die nasionale minimumloon te skrap, waarin die lone van 6 miljoen verarmde werkers regoor die ekonomie verhoog word, is 'n wrede herinnering dat die party nie met werkers se lewens vertrou kan word nie. Die vakverbond sê die DA se manifes en belofte sal miljoene werkers in algehele armoede dompel. Matthew Parks van Cosatu sê sedert 1994 het die DA in the parlement gestem teen elke wet wat die werksomstandighede en regte van werkers in die land verbeter.
Die Namibiese Privaatskole-organisasie, Napso, se sportweek vind van 1 tot 4 Mei by die privaatskool Elnatan in Stampriet plaas. Sowat 3 500 jong sportmanne en -vroue van 21 privaatskole in Namibië sal deelneem aan Onder-7 tot Onder-19 rugby, netbal en hokkie, asook in skaak-, tennis- en boogskietkompetisies. Netbal-, rugby- en hokkiespanne sal in meer as 800 wedstryde in aksie wees. Wouter Niehaus, die uitvoerende hoof van Napso, het met Kosmos 94.1 Sportnuus oor die sportweek gesels.
Die ma van die 16-maande-oue dogtertjie wat in die duine buite Walvisbaai gevind is, het in die Walvisbaai landdroshof verskyn. Wilhelmina Ndapewa Abed is aangekla van kinderverlating en is borgtog geweier. Die saak is tot 18 Junie uitgestel. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Tutjavi Meuruune (Toe-dja-BIE Mê-hê-ROE-nê), die man wat die baba gevind het. Hy vertel wat gebeur het en hoe hy gevoel het om die baba alleen te sien.
Die aktivis Michael Amushelelo het nuwe bewerings die lig laat sien oor die Okahandja-voorval waarin vyf mans in April verlede jaar deur lede van NamPol en die Windhoek Stadspolisie doodgeskiet is. Dit was in verband met 'n beweerde beplande roof. Amushelelo beweer dat die Stadspolisiehoof, Leevi Ileka, direk betrokke was by die beweerde moorde. Hy sê onder andere Ileka het meer as 'n maand voor die voorval die voertuig waarin die verdagtes geskiet is, verskaf. Kosmos 94.1 Nuus het met Ileka gepraat, wat op die bewerings reageer. Hy was onder andere eers na die voorval as Stadspolisiehoof aangestel, op 11 September 2023.
Die Nasionale Petroleumkorporasie van Namibië, Namcor, het beduidende vooruitgang in die energiesektor aangekondig. 'n Uitplaasooreenkoms is geteken met Chevron Namibia Exploration Limited, 'n filiaal van Chevron Global Energy Inc. Hierdie ooreenkoms sal meebring dat Chevron Namibia 'n bedryfsbelang van 80 persent in Petroleum Eksplorasie-lisensie 82, of PEL 82, in die produktiewe Walvis-kom aflandig die kus van Namibië verkry. Paulo Coelho, Namcor se woordvoerder, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Die Namibiese Mededingingskommissie het die verkoop van Engen Namibië en Engen Botswana wat deur Petrobas besit word, aan Vitol Emerald Bidco, ‘n Britse maatskappy, goedgekeur. Dit is aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig deur Johannes Ashipala, direkteur van die kommissie se samesmeltings- en verkrygingsafdeling. Die verkoop beteken dat die plaaslike Vivo Energy en sy Shell handelsmerk vir Engen kan oorneem, met sekere bepalings. Ahipala gee meer inligting.
ActionSA se president, Herman Mashaba, het die bekende kommunikasie- en handelsmerkstrateeg, Solly Moeng, terug verwelkom in Suid-Afrika. Moeng het na die land teruggekeer om deel te wees van die party se verkiesingsveldtog, nadat hy tyd in Europa deurgebring het waar hy by 'n sakeskool klas gegee het. Mashaba sê Moeng is een van talle gerespekteerde Suid-Afrikaners wat die afgelope maande by ActionSA aangesluit het.
Volgens die dagblad The Namibian kom die hervestigingsbeleid van die landbou-ministerie onder die loep weens die oënskynlike slakkepas waarteen hervestiging beweeg. Verskeie politieke ontleders het die beleid gekritiseer en sê dat dit op baie vlakke misluk het. Die jongste hervestigingsbeleid is steeds in die parlement nadat dit op raadsvlak goedgekeur is. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die landbou-ministerie se woordvoerder, Jona Musheko, wat 'n oorsig gee van wat hulle tot dusver gedoen het asook hul standpunt oor die saak.
Kenners voorspel 'n warm winter vir 'n groot deel van Suid-Afrika, weens die voortslepende El Niño-klimaatspatroon. El Niño-verwante klimaat word gekenmerk deur bo-gemiddelde temperature en baie laer reënval gedurende die November-April-seisoen. ‘n Klimaatwetenskaplike, Peter Johnston, het aan die SABC gesê verwagtinge vir die land dié winter sal hoër temperature en minimum reënval in sommige streke insluit.
Die Sekuriteitsvereniging van Namibië, San, sal môre van 9-uur tot 12-uur op die Unam-hoofkampus 'n konsultasie-vergadering oor 'n minimumloon vir die sekuriteitsektor aanbied. Die byeenkoms het ten doel om dialoog tussen die vereniging se lede, nie-lede, eindverbruikers en sleutelbelanghebbendes te bevorder, om kritieke kwessies rondom die voortgesette onderhandelinge met die Namibië Veiligheidsarbeidsforum aan te spreek. Kosmos 94.1 Nuus het met Celeste Mhunduru, die woordvoerder van San, gepraat oor die belangrikheid van die vergadering.
Kenia se The Nation-koerant berig dat Amerika se Agoa-wet tot 2041 verleng kan word en vir nog 16 jaar in plek kan bly. Agoa is verlede jaar reeds met 10 jaar verleng, maar hierdie nuwe wet sal dit selfs verder neem en meer lande insluit. Die uitbreiding sal na verwagting Agoa met die Afrika-kontinentale vryhandelsooreenkoms integreer om die ontwikkeling van intra-Afrika voorsieningskettings te ondersteun. Kosmos 94.1 Nuus het met die Cirrus-ekonoom Robert McGregor gepraat oor hoe dit Namibië sal raak.
Die minister van Polisie, Bheki Cele, sê volgende maand se verkiesing sal binne die betrokke voorskrifte van die wet hanteer word en beamptes sal dit ooreenkomstig afdwing. Die minister was gister deel van die Justisie-, Misdaadvoorkoming- en Veiligheidsgroepering se inligtingsessie. Cele sê onder die pogings wat aangewend word, is die aanwys van ʼn spesiale taakspan om die toenemende politieke moorde in die land te hanteer:
Die uitvoerende direkteur van die onderwysministerie Sanet Steenkamp was ‘n spesiale Kosmos-gas by die KosMOS Fees oor die naweek. Sy sê dit was meer as net ‘n fees maar ‘n geleentheid om ‘n taal te vier en met mense en geliefdes bymekaar te kom.
NamPower se kragtarief sal op 1 Julie verhoog word met 8 persent. Die aankondiging volg op die styging in brandstofpryse wat op Donderdag, 2 Mei intree. Petrol word 70 sent 'n liter duurder en beide variante van diesel styg met 40 sent 'n liter. Dr. Omu Kakujaha-Matundu van die departement Ekonomie aan Unam sê dit is 'n moeilike jaar vir verbruikers.
Nuwe bewerings het na vore gekom in die Okahandja-skietvoorval waarin vyf mans in April verlede jaar hul lewens verloor het in verband met 'n beweerde beplande roof. Die mans is deur lede van die Namibiese Polisie en die Windhoek Stadspolisie doodgeskiet. Die aktivis Michael Amushelelo beweer op sosiale media dat die Stadspolisiehoof, Leevi Shivolo Ileka, direk betrokke was by die beweerde moorde. Volgens Amushelelo het hy ontdek dat 'n broerskind van Ileka een van die betrokke stadspolisiebeamptes was en dat die voertuig waarin die verdagtes geskiet is, meer as 'n maand voor die voorval deur Ileka verskaf is. Amushelelo voeg by dat die polisie-informant die aand van die skietery by 5 Rand-lokasie in Okahandja afgelaai is, en het nie weggehardloop soos die polisie beweer het nie. Kosmos 94.1 Nuus het met Amushelelo oor die bewerings gepraat.
Die onafhanklike Senaat-lid Bernie Sanders sê hy ondersteun Amerikaanse studente se betogings vir die regte van Palestyne. Hy sê die verregse Israeliese regering se aksies in Gaza skok.
Salt Essentials IT Namibia het onlangs verskeie skole geraadpleeg en betrek oor oog-nasporingsagteware, genaamd Tobii, wat leerders se leesvermoë meet en leesgestremdhede herken. In opvoedkundige sielkunde kan oognasporing 'n uitstekende hulpmiddel wees om insigte in leergedrag, kognitiewe lading en betrokkenheid te verkry. Die resultate help om opvoedkundige materiaal en leersituasies effektief te ontwerp, te evalueer en te verbeter. Kosmos 94.1 Nuus het met Vanessa Maresch van Salt gesels oor wat Tobii doen.
Swapo parlementslid Jerry Ekandjo was verlede week woedend in die Nasionale Vergadering omdat hy nog nie terugvoering van president Nangolo Mbumba gekry het oor sy twee private lede-wetsontwerpe nie. Die Nasionale Vergadering het die wetsontwerpe goedgekeur om die term "eggenoot" te definieer en die Huwelikswet van 1961 te wysig. Dit sal die erkenning van selfdegeslag-huwelike in Namibië blokkeer. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die politieke ontleder, dr. Ndumba Kamwanyah, oor of die president homself oor die omstrede wetsontwerpe gaan uitspreek.
Vandeesweek is Wêreld-inentingsweek, met die viering van 50 jaar van die Uitgebreide Program vir Immunisering. Die Wêreldgesondheids-organisasie sê 'n baba wat vandag gebore word, is 40-persent meer geneig om tot hul eerste verjaarsdag te oorleef as wat hulle 50 jaar gelede was. Die direkteur-generaal vir die Wêreldgesondheids-organisasie, Tedros Adhanom Ghebreyesus, sê hulle doen 'n oproep op wêreldleiers om entstowwe en immuniseringsprogramme te steun, te bevorder en te befonds:
Handelsminister Lucia Iipumbu en haar ministeriële afvaardiging sal vandag 'n openbare konsultasie by die binnelandse sake-ministerie se konferensiesaal hou. Dit sal op drie sleutelwetgewings en beleidsdokumente fokus om insette van alle belanghebbendes in die Khomas-streek te kry. Die handelsministerie se woordvoerder, Elijah Mukobonda, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en verduidelik meer.
Cosatu in die buurland sê alle spertye oor die Wysigingsetsontwerp op Pensioenfondse sal binnekort gehaal word om die implementering in September te verseker, na werkers sedert 2020 op dié verligting wag. Die Nasionale Raad van Provinsies het die wetsontwerp gewysig. Matthew Parks van Cosatu sê werkers is diep in die skuld weens trae ekonomiese groei, styende lewenskoste en om familielede te steun wat 'n stryd voer in 'n ekonomie met 'n werkloosheidsyfer van 41-persent:
Die bekroonde aktrise, Nicole Kidman, is vereer met 'n loopbaan-toekenning van die Amerikaanse Rolprentinstituut. Die 56-jarige Kidman is die eerste Australiese akteur wat dié eerbewys van die instelling ontvang. Meryl Streep, Julie Andrews, Denzel Washington, Robert De Niro, Martin Scorsese en Steven Spielberg is reeds só vereer. Kidman het verskyn in rolprente soos Days Of Thunder, Moulin Rouge en Big Little Lies. Kidman sê dis 'n voorreg om rolprente te maak:
Die Kommissie vir Geslagsgelykheid sê Suid-Afrika maak vordering met gelykheids-opvoeding en talle ander ingrypings wat bedoel is om geslagsgelykheid te beskerm. Maar die kommissie is steeds bekommerd oor die vlaag geslagsgeweld en vrouemoord. 'n Woordvoerder Javu Baloyi sê almal moet ander mense se regte respekteer om hulle seksuele oriëntasie te kies soos dit in die Grondwet en die Menseregtehandves verskans is:
Die heersende kampioen, Manchester City, is nou net een punt agter die Premierliga-voorlopers, Arsenal, ná ’n 2-0 sege oor Nottingham Forest. Josko Gvardiol en Erling Haaland se doelskoppe het ʼn oorwinning verseker vir City, wat wil probeer om ʼn rekord- vierde agtereenvolgende sege te behaal. Intussen het Arsenal ʼn terugslag in die tweede helfte van die Noord-Londen-derby oorleef en Tottenham Hotspur met 3-2 geklop. Gunners se bestuurder, Mikel Arteta, sê hy is tevrede met sy span se veggees:
Drie dekades later in Namibië se sosio-politieke en ekonomiese bedeling, is dit duidelik dat die armoedesiklus, ongelykheid en werkloosheid erger geword het, wat jeugproteste teen werkloosheid ontketen het. Armoede is een van die grootste uitdagings waarmee baie gemeenskappe in Namibië te kampe het en Okahandja in die Otjozondjupa-streek is geen uitsondering nie. Volgens 'n aktivis van Okahandja, Sydney Gariseb, groei die bevolking van die dorp en die ekonomiese aktiwiteite neem af, wat mense op straat laat.
Die KosMOS Fees word beskryf as ‘n reuse-sukses deur beide die kunstenaars wat opgetree het sowel as feesgangers wat meen die geleentheid was goed gereël en was baie pret. Kosmos 94.1 het Sondagoggend vroeg-vroeg met van die kunstenaars gesels oor hulle ervaring. So sê Snotkop,
Ten spyte van teenkanting deur veral die Omaheke boeregemeenskap en inwoners, is daar tans 42 eksklusiewe prospekteerlisensies of aansoeke vir kernbrandstofminerale, wat 3,37 miljoen hektaar of 53,3 persent van die Stampriet-bekken dek. Een maatskappy, Zoya Minerals, wat tien groot eksklusiewe prospekteerlisensies besit, het onlangs ’n omgewingsklaringsertifikaat ontvang om eksplorasie-aktiwiteite te begin. Die impak wat grondwater besoedel deur uraan sal hê, strek tot in Botswana en Suid-Afrika. Die organisasie teen dié ontginning van uraan deur die loogmetode, Sauma, nooi lede van die publiek uit om gratis by hom aan te sluit. Kosmos 94.1 Nuus het met Divan Opperman, voorsitter van Sauma, gesels oor die impak wat besoedelde grondwater sal hê.
Drie Swapo-lede het per prokureursbrief die party se sekretaris-generaal, Sophia Shaningwa, gevra dat die Swapo Sentrale Komitee teen 4 Mei 'n buitengewone kongres moet belê om 'n nuwe Swapo-president te verkies. Indien nie, sal hulle die hof nader vir 'n verklarende bevel in die verband. Reinhold Shipwikineni, Peter Shituula en Joshua-Vaino Martins sê Artikel 15(9) van die Swapo-grondwet is nie gevolg na die afsterwe van president Hage Geingob nie. Kosmos 94.1 Nuus het met Ephraim Nekongo, sekretaris van die Swapo Party-jeugliga, gepraat wat sê dit is skokkend dat party-lede die Sentrale Komitee se besluite uitdaag.
Die Elektrisiteitsbeheerraad het NamPower se kragtarief verhoog met 8 persent. NamPower het gevra vir 'n 14,59 persent verhoging. Die nuwe tarief tree op 1 Julie in werking. Die beheeraad het gebruikers beskerm deur nie NamWater se tariewe te aanvaar nie. Pinehas Mutota, die raad se algemene bestuurder van ekonomiese regulasie, verduidelik waarom die tarief-verhoging noodsaaklik is.
Die Oos-Londense-streekhof het die korrupsiesaak teen 'n voormalige senior staatsamptenaar, Neil Naidoo en die sakelui, Kenny Govender en Matthew Pillay, tot September vir verhoor uitgestel. Die woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, Henry Mamothame, sê hulle staan tereg op verskeie korrupsieaanklagte en een van dwarsboming van die gereg, na beweerde pogings om twee ondersoekbeamptes met 3.5 miljoen Suid-Afrikaanse rand om te koop.
Die regering het 'n allemintige geraamde begroting van 825 miljoen Namibiese dollar aangekondig vir die droogtehulp-ondersteuningsprogram, wat verleng is tot 31 Maart 2025. Die geld sal uit die nasionale noodrampfonds kom. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die politieke ontleder Rui Tyitende, wat sê dit is beslis 'n politieke taktiek. Hy sê die regerende party probeer die vertroue van sy ondersteuners vir die komende verkiesing wen.
Die Vryheidsfront Pus in Gauteng sê munisipaliteite se roekelose houding teenoor wanfunksionele rioolbehandelingsaanlegte in die provinsie skep nie net 'n gesondheidsgevaar nie, maar vernietig ook die ekostelsels in riviere. Amanda de Lange van die VF Plus sê die ongebreidelde rioolbesoedeling bedreig ook die toekoms van die Wieg van die Mensdom, 'n Wêrelderefenisgebied. Sy voeg by diensleweringsmislukkings is die kern van die probleem.
Die president van die EFF, Julius Malema, sê daar was die afgelope 30 jaar vryheid vir slegs vir 'n paar individue - diegene wat met die regerende party verbind word. Malema het die party se Vryheidsdagvieringe in Meadowlands, Soweto, gelei. Hy sê baie mense ly steeds onder die ANC. Daar is nie vryheid vir miljoene mense wat van plase afgesit word, by die werk uitgebuit word en of werkloos is nie.
Reaksie op die naweek se hoogs suksesvolle KosMOSFees, wat 'n ware fees van Afrikaanse musiek was, stroom steeds in. Die konsensus onder beide die publiek en kunstenaars is dat 'n uitsonderlike en baanbrekende geleentheid was. Marcel Theron van Kosmos 94.1 het gesels met die kunstenaar Ricus Nel, wat dit as 'n sogenaamde "bucket list" ervaring beskryf het.
Die handel-ministerie sal Maandag van 9-uur tot 1-uur hul beleids- en wetgewende verbintenisse met die sakegemeenskap van die Khomas- en Omaheke-streke by die ouditorium van die binnelandse sake-ministerie aanbied. Die deurslaggewende konsultasie met belanghebbendes sal op sleutelwetgewing fokus. Salom Katoole, die ministerie se hoof ekonomiese beampte, verduidelik.
FNB Wanderers het die 69ste uitgawe van hulle jaarlikse rugbyderby teen Trustco United met 31 - 15 gewen. Die halftyd-telling was 26 - 10 vir Wanderers. Kosmos 94.1 het gesels met Wanderers se afrigter, Dirk Human.
Die inwoners van Pionierspark slaak seker 'n sug van verligting met die KosMOSfees wat gisteraand by die Wanderers-velde ten einde geloop het. Die fees was 'n reuse-sukses, met 20 uur se Afrikaanse musiek oor die twee dae. Reaksie op die fenomenale projek is oorweldigend positief. Een van die sterre wat opgetree het, Kurt Darren, het sy ervaring so verwoord.
Die Nasionale Seereddingsinstituut word geloof vir die redding van 22 Kaaptadse vissermanne in moeilike omstandighede verskeie kilometers van die kus af in die Tafelbaai-hawe-omgewing. NSRI Houtbaai en NSRI Tafelbaai se bemanning is vroeër die naweek op 'n gereedheidsgrondslag geplaas toe verneem is 'n langlynvistreiler begin water skep. Craig Lambinon van die NSRI sê die situasie het versleg namate seetoestande verander het.
Landbou, water and grondhervorming-minister Calle Schlettwein is die nuwe voorsitter van die Zambezi Waterloop Kommissie, of Zamcom. Hy het Donderdag by die elfde Zamcom-Raad van Ministers in Tete, Mosambiek die leisels oorgeneem. Die vergadering het ingesluit die aanvaarding van sleutelbeleide en besluite om die doeltreffende bestuur, volhoubare ontwikkeling, en redelike en billike benutting van die Zambezi-rivier se waterbronne te verseker. Schlettwein verduidelik een van die kommissie se doele.
Die handel-ministerie sal Maandag van 9-uur tot 1-uur hul beleids- en wetgewende verbintenisse met die sakegemeenskap van die Khomas- en Omaheke-streke by die ouditorium van die binnelandse sake-ministerie aanbied. Die deurslaggewende konsultasie met belanghebbendes sal op sleutelwetgewing fokus. Salom Katoole, die ministerie se hoof ekonomiese beampte, verduidelik.
Copps 94.1 in die hoofstad was aansienlik stiller as gewoonlik, maar drankmisbruik het weer sterk na vore getree. Volgens Francois Lottering van Copps 94.1 was vroue by al die gevalle betrokke waar hulle moes hulp verleen. Dit is nie verbasend nie, aangesien Namibië volgens die Wêreld Gesondheid-organisasie een van die Afrika-lande is waar daar die meeste per kapita gedrink word, veral deur vroue. In die Suider-Afrikaanse streek is dit net in Botswana en Suid-Afrika waar daar meer per kapita gedrink word as in Namibië. Francois Lottering van Copps 94.1 gee die besonderhede.
Die ministerie van myne en energie het aangekondig dat die brandstofpryse weer gaan styg in Mei. Dit kom op die hakke van 'n groot verhoging in April. Petrol styg met 70 sent 'n liter en beide variante van diesel met 40 sent 'n liter. Dit tree op Donderdag, 2 Mei in werking. In Walvisbaai sal die petrolprys dan 23 Namibiese dollar per liter wees, 22 dollar 17 sent per liter vir diesel 50 dpm en 22 dollar 37 sent vir diesel 10 dpm per liter. Die ministerie se petroleum-ekonoom Salome Ngoshi verduidelik wat die verhoging genoodsaak het.
Die Bank van Namibië het die Kitsbetalingsprojek bekendgestel, 'n baanbrekersinisiatief om finansiële dienste regoor Namibië te revolusioneer. Met 'n geteikende amptelike bekendstellingsjaar van 2025, beoog die projek om finansiële insluiting aansienlik te verbreed deur noodsaaklike en bekostigbare finansiële dienste aan almal te verskaf. Die projek het ten doel om 'n Kitsbetalings-oplossing bekend te stel wat doeltreffend en onmiddellik toeganklik is. Die platform is ontwerp vir inklusiwiteit en kan op enige toestel verkry word, insluitend nie-slimfone. Dit verseker dat almal, van verkopers en taxibestuurders tot pensioenarisse en kleinsake-eienaars, dit moeiteloos kan gebruik. Tydens die bekendstelling het die goewerneur van die Bank van Namibië, Johannes !Gawaxab die kritieke behoefte aan die projek uitgelig.
Rugby: Twee beserings bring 'n dubbele terugslag vir die Leeus voor hul Verenigde Rugby Kampioenskap-kragmeting môre teen die verdedigende kampioen, Munster. Die senter, Henco van Wyk, en die heelagter, Quan Horn, is weens beserings nie beskikbaar nie. Die losskakel Jordan Hendrikse sal sy 50ste wedstryd egter as heelagter speel, met Sanele Nohamba wat op losskakel bly. Die Leeus veg vir ’n plek onder die top-agt en die skopafrigter Morné Steyn sê dis soos uitkloprugby.
Namibië het sy ekonomiese groei-voorspellings vir 2023 en 2024 verhoog en 'n begrotingstekort-projeksie verlaag, as gevolg van hoofsaaklik sterk groei in die olie- en mynbousektore. Die begrotingstekort vir die 2023/24-boekjaar word beraam op 3,2 persent van die bruto binnelandse produk, laer as 'n Oktober-skatting van 4,2 persent, en behoort teen 3,2 persent van die BBP in 2024/25 te bly. Die sterk groei is weens verhoogde aktiwiteite in die natuurlike hulpbronsektor, insluitend die impak van petroleumeksplorasie op ekonomiese aktiwiteite en die oplewing in uraanproduksie na prysstygings. Max Rix, hoof van beleggings by Simonis Storm, deel sy gedagtes oor die eerste kwartaal van 2024.
Die Stad Kaapstad het die ontwikkeling van 'n privaat vennoot by die Kaapstad-hawe verwelkom. Die burgemeesterskomiteelid vir Ekonomiese Groei, James Vos, sê vroeër hierdie week het die Transnet Nasionale Hawe-owerheid 'n beroep op belanghebbende partye gedoen om tenders in te dien vir die vestiging, bedryf, instandhouding, opknapping, of bou en oordrag van 'n vloeibare grootmaat-terminal in die hawe vir 'n konsessietydperk van 25-jaar.
Die toerisme-ministerie, in samewerking met Namibia Wildlife Resorts, het aangekondig dat 'n deeglike evaluering van waterbronne in Visriviercanyon gedoen is, en daar is genoeg water beskikbaar vir die komende stapseisoen. Die stapseisoen begin op 1 Mei. Dit kom na 4,36 miljoen kubieke meter water uit die Neckartaldam vrygelaat is in die tweede week van April. Kosmos 94.1 Nuus het met Nelson Ashipala, NWR-woordvoerder, gepraat wat meer inligting gee.
Die belangrike Hardapdam, waarop boere van die groenskema staatmaak, is tans net 12,3 persent vol. Boere by die besproeiingskema mag net 25 persent van hul lande besproei, maar kan so hul permanente gewasse behou. Kosmos 94.1 Nuus het met gepraat met Voermeester se hoof uitvoerende beampte , Jaco Labuschagne, oor hoe die beperking die produksie van voer sal affekteer.
Die regering se verlenging van die droogtehulp-ondersteuningsprogram tot 31 Maart volgende jaar word wyd verwelkom, veral in die boerdery-gemeenskap. Uit die begroting van 825 miljoen Namibiese dollar is 100 miljoen dollar begroot vir die lewendehawe ondersteuningsprogram. Reaksie is ontvang van Roelie Venter, die Namibië Landbou-unie se uitvoerende bestuurder. Venter verduidelik die waarde van die hulp vir boere.
Paratus Botswana het die laaste been van sy veselroete voltooi om die nuwe Botswana Kalahari Fiber roete te skep. Altesaam 840km vesel is tussen die Namibiese grens en Lobatse gelê en is einde Maart geaktiveer. Dit voltooi die laaste been van die Paratus-geboude Trans Kalahari Fiber roete, wat van Johannesburg na Swakopmund in Namibië loop. Kosmos 94.1 Nuus het met 'n navorser by die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing, Frederico Links, gepraat wat sê die internetverbindings sal positief wees vir beide lande.
UNICEF Suid-Afrika het in 'n manifesvrystelling wat 30-jaar van demokrasie herdenk, versoek dat kinders in die ontwikkelingsagenda voorop gestel word. Die manifes versoek verbeterde pogings om die welstand van alle kinders, insluitend diegene met gestremdhede en migrante, te verseker. UNICEF se lands-verteenwoordiger, Christine Muhigana, het die behoefte beklemtoon dat leiers voorkeur gee aan kinders se beskerming en toekoms in aanloop tot die verkiesing:
Die DA het 'n nuwe ekonomiese beleid bekendgestel om Suid-Afrika se ernstige werkloosheidskrisis aan te pak. Die beleid, wat daarop gemik is om tussen twee-miljoen en drie-miljoen nuwe werksgeleenthede te skep, fokus op die verbetering in die gemak om sake te doen, om beter fiskale keuses te maak en die hervorming van arbeidsbeleide. DA-leier John Steenhuisen het op 'n nuuskonferensie die hoë vlakke van werkloosheid beskryf as 'n mensgemaakte ramp wat die ANC veroorsaak het. Steenhuisen het kiesers aangemoedig om die DA se plan te ondersteun:
Die inwyding van Namibië se eerste poliëtileentereftalaat plastiekherwinningsaanleg, is 'n gesamentlike poging tussen Namibia Polymer Recyclers en Coca-Cola Beverages Africa in Namibië. Die PET Flake Plant in Okahandja verteenwoordig nie net 'n prysenswaardige belegging in die land se omgewingsvolhoubaarheid nie, maar ook 'n besliste stap in die rigting van die verwesenliking van die visie van 'n sirkulêre ekonomie. Hierdie inisiatief, gerugsteun deur 'n belegging van 24 miljoen Namibiese dollar, versterk die verbintenis van The Coca-Cola Company en sy vennote om die regering te help met sy agenda om 'n Namibië en 'n wêreld sonder vermorsing te skep. Tshidi Ramogase, die groep direkteur van openbare sake, kommunikasie en volhoubaarheid by Coca-Cola Beverages Africa, het gepraat oor wat dit vir Namibië sal beteken.
Die geboortekoers van vrouens tussen die ouderdomme van 20 en 40 het gedaal vanaf 2018 tot 2021. Dit is volgens die tweede uitgawe die Namibië Statistieke-agentskap. Terwyl die redes hiervoor nie aangevoer word nie, word daar beaam dat daar beter toegang tot voorbehoedmiddels is, en dat kinders duur is, veral vir werkende families. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Halleluya Ndimulunde, 'n ekonoom by Simonis Storm, wat sê 'n dalende geboortekoers kan in die toekoms negatiewe effekte op die ekonomie hê.
Die DA het die ANC se besluit gekritseer, om teen ʼn beslissing van die Gautengse Hooggeregshof te appelleer. Die hof het die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, en partybeampte Thapelo Masilela aan minagting van die hof skuldig bevind. Hulle het rekords van die party se nasionale kaderontplooiing teruggehou ná ʼn vroeëre bevel wat deur die Konstitusionele Hof bekragtig is. Leon Schreiber van die DA sê die ANC se appèl wys hy vrees die gevolge wanneer president Cyril Ramaphosa se aandadigheid aan kaderontplooiing-korrupsie ontbloot word:
Die jongste FNB-huurindeks vir die vierde kwartaal van 2023 is bekend. Die bank sê huurpryse neig opwaarts, reeds vir die afgelope drie agtereenvolgende kwartale. Die jaar gemiddeld vir die vierde kwartaal was ‘n styging van 7,2 persent, op van 4,7 persent in die derde kwartaal van verlede jaar. Mandisa van Wyk, marknavorser by FNB verduidelik.
Die Elektrisiteitsbeheerraad het aangekondig dat NamPower se kragtarief verhoog sal word met 8 persent. NamPower het gevra vir 14,59 persent in sy tariewe vra. Die uitvoerende hoof van die raad, Robert Kahimise het vanoggend die aankondiging gemaak en sê die nuwe tarief tree op 1 Julie in werking.
Konstruksie van Fase 1 van die Daurês Groen-waterstof Dorp is 85 persent voltooi, en die projek sal na verwagting teen einde Julie vanjaar 18 ton waterstof en 100 ton groen ammoniak produseer. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Jerome Namaseb, die uitvoerende hoof van die Daurês Groen-waterstof Dorp, wat 'n opdatering oor die projek gee.
Die Namibiese Gasvryheidsvereniging het gereageer op die gru-busongeluk waar twee toeriste die week omgekom het. Die ongeluk het op die C14-grondpad plaasgevind. Gitta Paetzold van die vereniging sê daar sal moet gekyk word na die stand van paaie sowel as voertuie wat toeriste vervoer.
Die Besigheids- en Intellektuele Eiendomsowerheid, Bipa, het vroeër sy jaarlikse boete-kwytskeldingsprogram met drie maande verleng tot 30 Junie. Dit was na 'n oorweldigende aanvraag en terugvoer van die sakegemeenskap, veral klein- en mediumgrootte besighede. Bipa gaan verskeie streke besoek waar sakelui na sekere dorpe kan gaan om aansoek te doen vir die kwytskeldingsprogram. Kosmos 94.1 Nuus het met die owerheid se woordvoerder, Ockert Jansen, gesels vir 'n opdatering.
Die DA sê ondanks sekere welkome wysigings aan die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette, is hy steeds sterk daarteen gekant. Die Nasionale Raad van Provinsies se Gekose Komitee oor Onderwys, Tegnologie, Sport, Kuns en Kultuur het die jongste weergawe van die Bela-wetsontwerp aanvaar. Dit bevat 'n breër definisie van lyfstraf. Delmaine Christians van die DA sê hulle is steeds bekommerd oor die potensiële impak van die wetsontwerp op skole en gemeenskappe:
Die Kantoor van die Eerste Minister het die oorgang van die verspreiding van droogtehulpkos na die koopbewys-gebaseerde Kommoditeitsbegunstigde Inligtingbestuurstelsel landwyd begin. Die koopbewys-gebaseerde model stel droogtehulpbegunstigdes in staat om hul koopbewyse by geselekteerde kleinhandelaars in hul gemeenskappe af te los. Die stelsel is verlede jaar in die Okatana-kiesafdeling in die Oshana-streek deur Eerste Minister dr. Saara Kuugongelwa-Amadhila bekendgestel. Die loodsstudie wat in Okatana gedoen is, wat 1 200 huishoudings en 12 kleinhandelaars behels het was suksesvol, en sal nou aan al 121 kiesafdelings in al 14 streke bekendgestel word. Rhingo Mutambo, hoof skakelbeampte by die kantoor van die premier het met Kosmos 94.1 Nuus oor die stelsel gepraat.
Die EFF-leier, Julius Malema, sê indien die party nié die algemene verkiesing aanstaande maand wen nie, moet hy die amptelike opposisie word. Hy het studente van Wits se Skool vir Regeerkunde gister toegespreek. Die EFF het in die 2019-verkiesing tien persent van die stemme ontvang en is die derde grootste opposisieparty. Malema sê met vooruitskouings dat die ANC minder as 50-persent gaan behaal, kan hy die EFF nodig kry:
Die GOOD-party sê die DA-geleide Veelparty-handves se raamwerk vir maatskaplike verligting is leë beloftes. Die handves sê die raamwerk verseker sosio-ekonomiese ontwikkeling wat nodig is om die kringloop van armoede ongelykheid en honger te verbreek. Die GOOD-party se sekretaris-generaal, Brett Herron, sê die raamwerk wat 30 beloftes bevat, is nie gebaseer op ʼn ware verbintenis om armoede aan te spreek nie:
Wetgewers stel voor dat TransNamib eksklusief gevaarlike goedere en swaar vrag vervoer, en sê dit is een van vele ingrypings wat die maatskappy se winsgewendheid kan herstel. Die aanbeveling was vervat in 'n verslag deur die parlementêre staande komitee oor ekonomie en openbare administrasie. Die beperking van die beweging van gevaarlike goedere en swaar vrag sal ook help om die land se paaie te beskerm. Die regering is aangemoedig om te belê in die aankoop van lokomotiewe terwyl hy die spoornetwerk opknap. Volgens die komitee is die belegging nodig om te verseker dat vervoerkorridors teen volle kapasiteit bedryf word. Kosmos 94.1 Nuus het met Arney Tjaronda, 'n navorser by Simonis Storm, gepraat vir 'n reaksie.
Die vyfmalige kampioen, Rafael Nadal, is deur na die tweede ronde van die Madrid Ope. Die Spanjaard wat aan die einde van die seisoen wil uittree, het die 16-jarige Amerikaanse loslootjie, Darwin Blanch, met 6-1 en 6-0 verpletter. Nadal speel volgende teen die Australiër, Alex de Minaur, wat hom verlede week in die Barcelona Ope se tweede ronde verslaan het. Die Kanadees Felix Auger-Aliassime het Yoshihito Nishioka van Japan met 4-6, 6-1 en 6-4 kafgedraf. Nadal sê dis emosioneel om die laaste keer in Madrid te speel:
Die Mineraleraad van Suid-Afrika sê mynwese gee werknemers geleenthede om hulle lewens, en dié van hulle families, te verbeter. Oor drie dekades is aansienlike vordering gemaak met die transformasie van die sektor, met verhoogde verteenwoordiging van histories-benadeelde Suid-Afrikaners en vroue. Beleggings in personeelontwikkeling, wat opleiding en onderwys insluit, dra by tot loongroei en vaardigheidsontwikkeling. Allan Seccombe van die raad sê mynmaatskappye ontwikkel ook gemeenskappe:
Die vakbond vir Suid-Afrikaanse Korrektiewe Dienste-werkers vra 'n deeglike en onbevooroordeelde ondersoek na korrupsiebewerings wat verbind word met die Bosasa-saak. Woordvoerder Alude Jizana het verwys na die onlangse veiling van Bosasa se kantore vir 30 miljoen Suid-Afrikaanse rand, en aanspreeklikheid met die terugbetaling van skuld aan die Departement van Korrektiewe Dienste beklemtoon. Jizana sê die implementering van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes is noodsaaklik vir regverdige arbeidspraktyke en tydige vordering met korrupsiesake:
Die punteverskil tussen die heersende Premierliga-kampioen, Manchester City, en die voorlopers, Arsenal, is slegs een punt met nog een wedstryd oor vir Manchester nadat hulle Brighton in die Amex-stadion met vier-nul geklop het. Doele deur Kevin de Bruyne en Julian Alvarez en twee deur Phil Foden het die sege verseker. Manchester het nou 30 wedstryde agtereenvolgens gewen. Die bestuurder, Pep Guardiola, sê hy weet die wedloop is nog nie verby nie:
Dieselpryse in Angola is onlangs met sowat 48 persent verhoog, maar is steeds spotgoedkoop teen 4 Namibiese dollar 60 sent ‘n liter. Petrol kos in Angola 6 Namibiese dollar 90 sent ‘n liter. Jafet Nakanue, 'n vulstasie-eienaar in die Noorde, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die duurder Angolese brandstof was veronderstel om verligting te bring vir vulstasies in die noordelike streke, wat swaarkry omdat goedkoop Angolese brandstof op groot skaal gesmokkel word. Hy sê in hierdie geval is Namibië se brandstof steeds veel duurder as in Angola, dus sal mense steeds Angola toe ry vir brandstof.
Swapo parlementslid Jerry Ekandjo het in die Nasionale Vergadering in 'n tirade aanmerkings gemaak oor gewaande lede van die LGBTQ+ gemeenskap in Frankryk, in wat hy as Westerse ideologië bestempel het. Hy was woedend omdat hy nog nie terugvoering van president Nangolo Mbumba gekry het oor sy twee private lede-wetsontwerpe nie. Die omstrede wetsontwerpe is basies daarop gerig om die erkenning van selfdegeslaghuwelike in Namibië te blokkeer, maar moet deur die president geteken word voordat dit van krag kan word. Kosmos 94.1 Nuus het met die sosiale aktivis Linda Baumann gesels, wat sê dat Namibië ope gesprekke oor LGBTQ+-kwessies moet begin hê.
Swapo parlementslid Jerry Ekandjo het in die Nasionale Vergadering in 'n tirade aanmerkings gemaak oor gewaande lede van die LGBTQ+ gemeenskap in Frankryk, in wat hy as Westerse ideologië bestempel het. Hy was woedend omdat hy nog nie terugvoering van president Nangolo Mbumba gekry het oor sy twee private lede-wetsontwerpe nie. Die omstrede wetsontwerpe is basies daarop gerig om die erkenning van selfdegeslaghuwelike in Namibië te blokkeer, maar moet deur die president geteken word voordat dit van krag kan word. Kosmos 94.1 Nuus het met die sosiale aktivis Linda Baumann gesels, wat sê dat Namibië ope gesprekke oor LGBTQ+-kwessies moet begin hê.
Wat gaan aan by Meatco? PDM-parlementslid Inna Hengari wou in die Nasionale Vergadering by finansminister Ipumbu Shiimi weet wat aangaan dat die staatsonderneming nie boere betyds betaal vir die vee wat hulle gelewer het nie. Shiimi het in sy antwoord gesê die onderneming was in finansiële moeilikheid, en het verduidelik dat dit teen 'n verlies werk.
Suid-Afrika bly daartoe verbind om malaria teen 2028 uit te wis in ooreenstemming met die Nasionale Malaria-uitwissing-strategiese plan, ondanks uitdagings soos hittegolwe wat deur klimaatsverandering veroorsaak word. Vordering was merkbaar in provinsies soos Limpopo, Mpumalanga en KwaZulu-Natal, maar plaaslike oordrag verg verdere aandag. Terwyl die land vandag by die wêreldgemeenskap aansluit om Wêreld-malariadag te vier, word belanghebbendes versoek om saam te werk vir 'n gesonder toekoms. Die Nasionale Gesondheidswoordvoerder, Foster Mohale, sê 9 795 gevalle en 106 sterftes is verlede jaar aangemeld.
Die jaarlikse verslag van die Nasionale Beleggingsbevordering-ontwikkelingsraad, NIPDB, is in die Nasionale Vergadering gelees. Volgens die verslag het Namibië verskeie probleme in die gesig gestaar in terme van ongelykheid, werkloosheid en armoede, en daarom is die ontwikkelingsraad gestig. Ten spyte daarvan ervaar Namibië nog steeds hierdie probleme. Christine /Hoebes, die minister in die presidensie, het die verslag voorgelees. Volgens haar het die stigting van die raad hierdie probleme verminder.
Die vakbond Solidariteit kritiseer die Metaal- en Ingenieursbedrywe-bedingingsraad se loonaanbod en noem dit bedrieglik en skadelik vir vaardige werkers met ondervinding. Dit wissel van ses-persent vir laervlak werknemers tot vyf-persent vir vaardige werkers, en word gekoppel aan minimum salariskoerse, eerder as werklike lone. Die vakbond sê dit kan lei tot verhogings laer as inflasie vir vaardige werkers, met 'n moontlike verlies aan vaardighede. Solidariteit se sekretaris-generaal Gideon du Plessis vra regverdige behandeling vir vaardige werkers.
Die arbeid-ministerie het die nuut aangestelde 4de Diensteraad vir Indiensneming, ESB, ingehuldig. Die direksie is by magte om die arbeidsmarkontwikkeling te moniteer en te ontleed en om die minister te adviseer oor wetgewing met betrekking tot die verskaffing van indiensnemingsdienste. Plaaslike ekonoom Klaus Schade is as voorsitter aangewys. Schade het in sy aanvaardingstoespraak gewys op die direksie se drie hoofdoelwitte.
Sokker: Manchester City sit vanaand in Brighton die verdediging van hulle Premierliga-titel voort . Die spanning loop hoog, met City in die derde plek, vier punte agter die voorlopers, Arsenal, maar met nog twee wedstryde oor. Na verlede seisoen se verstommende sukses, speel City volgende maand in die eindstryd van die FA-beker, en hulle is nog erg in die Premierskap-titelgeveg ook. Die bestuurder Pep Guardiola is trots op sy span se konsekwentheid.
Otjiwarongo, dit is julle beurt om stowwerig te raak met Been 2 van die 4x4 Vasbyt-kampioenskappe wat eerskomende Saterdag by die Paresis Skouterrein plaasvind. Daar is 10 hindernisse waarvan 8 tegnies is en twee die band- en modder-hindernisse. Die pret begin om 8-uur die oggend, met 'n toegangsfooi van 30 Namibiese dollar vir volwassenes en 20 dollar vir skoolkinders. Kosmos 94.1 Sportnuus het gesels met Francois Lottering, van Motor Media Namibië.
Die Namibiese regering sluit by die wêreld aan om Internasionale Meisies in IKT-dag te vier met die tema: "Leierskap". Hierdie dag beklemtoon die kritieke behoefte aan sterk vroulike rolmodelle in die velde van Wetenskap, Tegnologie, Ingenieurswese en Wiskunde, oftewel STEM. Dit het verder ten doel om bemagtiging en leierskapontwikkeling te bevorder, wat die weg baan vir 'n meer regverdige toekoms in hierdie velde. Emma Theofelus, minister van inligting en kommunikasietegnologie, sê dit is van kardinale belang om die jonger generasie vroue vanaf die voetsoolvlak te inspireer en toe te rus om die STEM-velde te betree.
Dit is nou agt maande sedert die Swapo parlementslid Jerry Ekandjo sy private lede-wetsontwerpe ter tafel gelê het. Die wetsontwerpe is deur beide die Nasionale Vergadering en Nasionale Raad goedgekeur. Hulle het ten doel om die term "eggenoot" te definieer en die Huwelikswet te wysig, om die erkenning van selfdegeslaghuwelike in Namibië te blokkeer. Ekandjo is woedend dat hy nog geen terugvoering van die president oor die wetsontwerpe gekry het nie. Hy het in die Nasionale Vergadering in 'n tirade uitgevaar en gesê Namibië moenie toelaat dat Westerse ideologië Namibiërs beïnvloed nie.
Waarom is die vleispryse op die rakke so duur ten spyte daarvan dat diere op veilings onder die mark prys verkoop word? Cloete verduidelik.
Die vleispryse vandeesweek lyk positief in vergelyking met die vorige weke se pryse. Die hoë gehalte snitte is maar duur op die mark. Kosmos 94.1 Nuus het met Desmond Cloete die hoof van bemarking, by die Lewendehawe- en Lewendehaweprodukte-raad gepraat wat 'n uiteensetting gee oor die pryse.
Die olie-ontdekkings aflandig van die suidelike kus naby Lüderitz en die ontluikende olie- en gas-sektor het weer in die Nasionale Vergadering gaan draai. McHenry Venaani, die leier van die amptelike opposisie, die Popular Democratic Movement, wou by energie-minister Tom Alweendo weet of Namibië by Opul gaan aansluit. Volgens Alweendo is sulke gerugte onwaar, alhoewel Namibië kontak het met Opul.
Krieket: Die Warriors en die Dolphins sê mekaar vanaand in Durban die stryd aan in die tweede halfeindstryd van die KSA T20-uitdaging. Die wenner kom te staan teen die Lions, wat gisteraand 'n tuis-eindstryd ingepalm het met 'n oortuigende oorwinning oor die Titans. Die Warriors het deurgedring na die uitklopronde, al het hulle die laaste vier wedstryde verloor. Hulle kaptein, Matthew Breetzke, sê enigiets kan in 'n halfeindstryd gebeur.
Die goewerneur van die Bank van Namibië, Johannes !Gawaxab, het verlede maand 'n diplomatieke besoek aan drie sentrale banke onderneem. Hy het saam met 'n tegniese span die Bank van Ghana, die Reserwebank van Zimbabwe en die Bank van Botswana besoek. !Gawaxab het die blywende krag en lewenskragtigheid van die gevestigde vennootskappe herhaal, en vertroue uitgespreek dat gedeelde doelwitte bevorder en positiewe verandering gedryf sal word. Naufiku Hamunime, die waarnemende direkteur van strategiese kommunikasie en internasionale betrekkinge by die sentrale bank, deel meer oor die besoeke.
AfriForum sê voorstanders van die Nasionale Gesondheidsversekering skep ’n verwronge prentjie van private gesondheidsorg in Suid-Afrika, om dit as die enigste oplossing voor te hou. Die Wetsontwerp op die NGV, wat 'n raamwerk voorsien vir die verskaffing van universele sorg deur 'n staatsbeheerde fonds, is op president Cyril Ramaphosa se lessenaar om as wet bekragtig te word. Louis Boshoff van AfriForum sê die instelling van die NGV kan klinieke wat armer gemeenskappe bedien, in gevaar stel:
Die Paaie-owerheid het 'n paar maande gelede aangekondig dat motoriste regoor Namibië nou motorlisensies en rybewyse aanlyn kan bekom, pleks van om vir lang ure by Natis-dienssentrums tou te staan. Die volle hernuwingsproses, insluitend betaling, kan deur enige Namibies-geregistreerde voertuigeienaar gedoen word, van enige plek in die wêreld, te eniger tyd, vanuit die gerief van hul eie huise. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die Padowerheid-woordvoerder, Hileni Fillemon, oor hoe die diens verloop en of hulle enige klagtes gekry het.
Die PDM het ‘n nuwe parlementslid in Theofelus Kamati. Dit kom na die bedanking van een van sy LP’s. Kosmos 94.1 Nuus het met Maximalliant Katjimune oor Kamati gesels.
Dringende samewerking deur die regering, sakesektor en sektore-sonder-winsbejag is nodig om die verwoestende effek van malaria te stuit. Dit is die boodskap van die Goodbye Malaria-veldtog, wat malaria teen 2030 in Suider-Afrika wil uitskakel. Vandag is Wêreld-malariadag onder die tema, My Gesondheid, My Reg wat die behoefte benadruk om ongelykhede aan te spreek wat bestaan rakende toegang tot malariavoorkoming. Goodbye Malaria se bestuurshoof, Sherwin Charles, sê malaria in Suid-Afrika wek steeds groot kommer aan die Oostelike grense:
Die Namibië Landbou-unie gaan 'n reeks aanbied oor "Familieboerdery - 'n meesterklas" met Theo Vorster en sy span. Die meesterklasse gaan in Mariental op 26 Augustus en in Windhoek op 27 Augustus plaasvind. Lede van die publiek kan die landbou-unie kontak om plek te bespreek. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Piet Gouws, die vorige president van die landbou unie, wat meer inligting oor die geleentheid gee.
Daar is nie ‘n tekort aan mielies vir Namibië se vraag nie. Die raadsvoorsitter van die Akkerbouraad , en die uitvoerende hoof van Bokomo Namibië, Hubertus Hamm sê daar sal geen tekorte in die voorsiening van grane wees nie. Dit kom na die nuus dat Namibië se graanoes met 53 persent gedaal het. Hamm voeg by dat daar wel ‘n koste implikasie sal wees. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Die petroleumkommissaris Maggy Shino het reeds bevestig dat BW Energy, wat die Kudu-gasveld bedryf, wel sy finale beleggingsbesluit vir twee jaar uitgestel het. Reuters berig vanoggend dat twee industrie-bronne dit bevestig het maar dat BW Energy nie kommentaar gelewer het nie. Die beplanning was dat die eerste gas-vloei sou op die langste, net meer as drie jaar eneem het, maar nou is dit weer vertraag.
Die Erongo-polisie ondersoek ‘n saak van strafbare manslag en roekelose of nalatige bestuur na die bus-ongeluk op die C14. Twee vroulike toeriste, 69 en 72 jaar oud, is in die ongeluk dood. Kosmos 94.1 Nuus het met hoofinspekteur Ileni Shapumba van die Erongo-polisie gepraat...
Die eerste Namibiese plaaslike inhoudkonferensie het verlede week in Lüderitz plaasgevind om die energie- en oliesektore in die land te bevorder. Die konferensie het gekyk na alle fasette van die land se ontluikende olie- en gas-sektor. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Danny Meyer, die direkteur van SMEs Compete, wat sê die konferensie was 'n goeie inisiatief maar daar moet ook na ander sektore gekyk word.
Die Stad Tshwane sê hy verbeter sy benadering tot herwinning. Die metro in samewerking met Petco Recycling Company het onlangs afval-herwinningstasies by die Fonteinedal-oord opgerig. Die burgemeesterskomiteelid vir die Omgewing en Landboubestuur, Ziyanda Zwane, sê die inisiatief is daarop gemik om herwinbare afval weg van die metro se stortingsterreine te herlei en mense se gedrag te verander om afval te verminder:
Die Namibië Statistieke-agentskap het die tweede uitgawe van sy hoogs verwagte Vital Statistics Report vrygestel, getiteld "Namibia Vital Statistics Report: Births, Marriages and Deaths, 2018-2021." Die omvattende verslag delf in belangrike gebeurtenisse soos geregistreer op die siviele registrasiestelsel. Dit verskaf inligting wat nuttig is om tendense van sleutelbevolkingsaanwysers te monitor, soos getalle en koerse van geboortes, en verwante sleutelkenmerke soos geboortes volgens geslag, ligging en moederlike ouderdom. Dit sluit ook alle sleutelkenmerke van sterftes en huwelike in. Mirjam Shihepo, die agentskap se skakelbeampte, gee 'n paar insigte oor die inhoud van die verslag.
Everton het Liverpool se hoop op ʼn Premierliga-titel ʼn groot terugslag gegee met ʼn twee-nul-oorwinning by Goodison-park. Jarrad Branthwaite en Dominic Calvert-Lewin se doele het bygedra om Everton se oorlewingstryd ʼn hupstoot te gee. Die Reds het ʼn oorwinning nodig om die leiers, Arsenal, se puntetelling te ewenaar, maar is nou drie punte agter in die tweede plek met vier wedstryde wat oorbly. Liverpool se bestuurder, Jurgen Klopp, sê hulle was bloot nie goed genoeg nie:
Die kwessie oor werkers en hul regte om te protesteer het in die Nasionale Vergadering onder die loep gekom. Die kwessie is geopper deur Longinus Iipumpu van die Namibia Economic Freedom Fighters, wat sê sedert die werkloosheid protes in Maart het verskeie werkers in die moeilikheid gekom omdat hulle tydens werksure gaan protesteer het. Arbeidminister Uutoni Nujoma sê dat daar wel 'n probleem is wanneer dit kom by die regte van werkers.
Die Amerikaanse president Joe Biden het die 1,81 triljoen Namibiese dollar buitelandse hulppakket aan Oekraïne, Israel en Taiwan onderteken en sê dit is 'n oorwinning vir wêreldvrede. Die pakket sluit in wetgewing om Russiese bates in Westerse banke te konfiskeer, en nuwe sanksies teen Rusland, Iran en China. Die president van Oekraïne, Volodymyr Zelensky sê die hulp kom op 'n tyd wanneer hulle lugverdedigingstelsels en langafstandvermoëns baie nodig het. Biden sê die VSA sal onmiddellik nuwe wapens en toerusting na Oekraïne stuur:
Die vakbondfederasie Saftu doen 'n oproep op die regering om werkgewers te penaliseer wat versuim om pensioenfondsgeld oor te betaal wat van werknemers afgetrek is. Dié oproep volg ná die Gedragsowerheid vir die Finansiële Sektor van 'n lys van ongeveer vier-duisend-200 geregistreerde maatskappye bekend gemaak het wat nié pensioenfondsbydraes van altesaam sewe-miljard-rand oorbetaal het nie. Trevor Shaku van Saftu sê, dié nie-nakoming van die Pensioenfondswet is nie net 'n wetlike oortreding nie, maar het ook beduidende maatskaplik-ekonomiese gevolge. Shaku sê baie werkers maak staat op dié fondse vir maatskaplike verligting nadat hulle ophou werk het:
Meer as een uit vyf mense in 59 lande het verlede jaar ernstige voedselonsekerheid beleef teenoor slegs een uit tien in 48 lande in 2016. Dit is volgens die jongste Wêreldverslag oor Voedselkrisisse waarby verskeie agentskappe van die Verenigde Nasies betrokke was. Die direkteur van die VN se Voedsel- en Landbou-organisasie, Rein Paulsen, sê gevaarlike hongersnoodvlakke het verlede jaar 281,6-miljoen mense geraak in die vyfde agtereenvolgende jaar wat voedselonsekerheid vererger:
Israelse eerste minister, Benjamin Netanyahu, sê betogings by groot Amerikaanse universiteite teen die oorlog in Gaza moet stop. Die betogers eis dat die Amerikaanse regering ophou om militêre hulp aan Israel te stuur. Sommige studente eis ook dat universiteite ophou om in wapenvervaardigers te belê en sê hulle trek voordeel uit Israel se militêre optrede in Gaza en die besetting van Palestynse grond. Netanyahu beskryf die betogers as anti-Semitiese gepeupel:
TERUG: Die betogings was vreedsaam en het Joodse studente ingesluit.
Die buurland se vakbond Giwusa is onsteld oor bevindings deur die Pietermaritzburgse Justisie en Waardigheidsgroep oor die uitwerking van die hoë lewenskoste. Die verslag dui op 'n styging van 6,3-persent in die gemiddelde koste van 'n huishoudelike kosmandjie en 'n 8,5-persent prystoename vir huishoudelike en persoonlike higiëne-items. Die vakbond se president, Mametlwe Sebei, vra vir dringende regeringsingryping om die hoofoorsake van die krisis aan te spreek:
Haufiku voeg by die verdrag sal verseker dat alle lande, ryk of arm, entstowwe sal kry wanneer pandemies tref.
Die pandemie-verdrag van die Wêreldgesondheidsorganisasie bly in die nuus. Die organisasie het 'n sperdatum gestel vir Mei vanjaar vir alle onderhandelinge oor die verdrag wat na verwagting by die 77ste Wêreldgesondheidsvergadering in Genève eindig. Daar is wyd teenkanting teen die voorgestelde verdrag, om 'n verskeidenheid redes. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die voormalige gesondheidminister dr. Bernard Haufiku, om sy mening te kry.
Die komitee wat brandstofpryse bepaal is geskeduleer om vandag te vergader, en die nuwe brandstofpryse tree op die eerste Woensdag in Mei in werking. Suid-Afrikaners is reeds gewaarsku dat brandstofpryse weer gaan styg. Kosmos 94.1 Nuus het met die Cirrus-ekonoom, Robert McGregor, gepraat oor sy voorspelling vir die brandstofprys. McGregor sê dat verbruikers 'n groot verhoging kan verwag.
Die water situasie in Stad Windhoek lyk nie asof dit verbeter nie. Windhoekers bereik nie die weeklikse waterbesparing teikens nie en dit wek kommer. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die woordvoerder van die Stad Windhoek, Lydia Amutenya, wat die situasie uiteensit.
Die National Unity Democratic Organisation of Nudo se president, dr. Ester Muinjangue, het tydens 'n perskonferensie in Windhoek bevestig dat sy nie vir herverkiesing as partypresident sal staan tydens die party se kongres in Julie nie. Muinjangue sê sy sal egter 'n toegewyde lid van die party bly. Sy het haar visepresident, Peter Kazongomuinja, onderskryf om as partypresident by die party-kongres te staan. Die kongres is geskeduleer vir 12 tot 13 Julie.
Die Stad Kaapstad sê 'n jong seekoei-bul sal uit sy trop in die Valsbaaise natuurreservaat verwyder en hervestig moet word om hom teen die dominante bul te beskerm. Die ouer bul, wat sedert hul herbekendstelling in 1981 daar is, hou 'n bedreiging in vir die jonger bulle wanneer hulle volwassenheid bereik. Die burgemeesterskomiteelid vir Ruimtelike Beplanning en Omgewing, Eddie Andrews, sê seekoeie speel 'n deurslaggewende rol in die ekostelsel, maar word bedreig weens faktore soos verlies aan habitat en stropery.
Swapo se visepresident, Netumbo Nandi-Ndaitwah, het die party se takkoördineerders en mobiliseerders opdrag gegee om nie die kiesers net in verkiesingsjare te betrek nie. Sy het vanoggend by die party se werkswinkel vir distrikskoördineerders, inligtings- en mobiliseringsbeamptes gepraat. Dit kom nadat 'n inwoner van die Mix-nedersetting 'n Swapo-takkoördineerder, Bonifatius Munango, sowat twee weke gelede geklap het. Die inwoner het gesê die party kom nie sy beloftes na nie en besoek die gebied slegs tydens sy verkiesingsveldtogte.
Die Suid-Afrikaanse Hoë Kommissariaat in Namibië het planne aangekondig om Saterdag 30 jaar van vryheid en demokrasie te herdenk. Vierings sal reeds môre begin, onder die tema, die Bevordering van Groei. Die Suid-Afrikaanse Hoë Kommissaris in Namibië, Thenjiwe Mtinsto, sê die inisiatief is daarop gemik om gedeelde geskiedenis en vennootskap, solidariteit, en ubuntu te vier en pan-Afrika-eenheid tussen die twee lande te versterk.
Die parlementêre staande komitee oor natuurlike hulpbronne het verlede jaar oorsigbesoeke aan verskeie myne in die Erongo-streek gebring. Die adjunkminister van visserye, Sylvia Makgone, het van die kwessies wat in die verslag geopper is, in die Nasionale Vergadering voorgelees. Een van die bekommernisse is die berging van uraan in die streek en hoe dit die visserybedryf kan raak. Volgens Makgone moet Namibië uraan opgaar en dit in 'n plaaslike kernkragsentrale gebruik.
Die parlementêre staande komitee oor natuurlike hulpbronne het verlede jaar oorsigbesoeke aan verskeie myne in die Erongo-streek gebring. Die adjunkminister van visserye, Sylvia Makgone, het van die kwessies wat in die verslag geopper is, in die Nasionale Vergadering voorgelees. Een van die bekommernisse is die berging van uraan in die streek en hoe dit die visserybedryf kan raak. Volgens Makgone moet Namibië uraan opgaar en dit in 'n plaaslike kernkragsentrale gebruik.
Suid-Afrika se nasionale direkteur van openbare vervolging, Shamila Batohi, sê die Nasionale Vervolgingsgesag het reeds aansienlike vordering gemaak met die heropbouproses, ná die era van staatskaping. Sy het prestasies uitgelig in die vestiging van leierskap, die verhoging van vermoë en samewerking met die burgerlike samelewing en internasionale kundiges. Batohi het tydens 'n mediagesprek in Pretoria uitdagings erken, insluitend die stadige vordering in sommige staatskaping-verwante sake. Batohi is aan die woord.
MTC Namibia het drie nuwe aanbiedinge aan die mark bekendgestel, naamlik Aweh YoVoice, Aweh YoData en Aweh Ultra, wat meer waarde en buigsaamheid bied. Die nuwe aanbiedinge kom egter ten koste van die geliefde MTC-produkte, Aweh Go, Aweh Gig en die Happy Hour-funksie op Super Aweh. Hierdie pakkette het die einde van hul leeftyd bereik en sal op 9 Mei onttrek word. Kosmos 94.1 Nuus het met Erasmus Nekundi, skakelbeampte van MTC, gepraat.
Namport staan gereed om die Lüderitz-hawe aansienlik uit te brei, om voorsiening te maak vir verhoogde verskeping van vrag, asook die ontluikende olie- en gasbedrywe. Daar is egter bekommernisse dat die histories sensitiewe Shark Island in die slag gaan bly. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Elias Mwenyo, die hoof van kommersiële dienste by Namport, wat sê navorsing sal eers gedoen word voor enige bou werk begin.
Tydens die opening van die 6de uitgawe van die Namibië Internasionale Energiekonferensie by Droombos het Maggy Shino, die petroleumkommissaris in die energie-ministerie 'n aanbieding oor die bedryf gelewer. Volgens Shino het ReconAfrica 'n verbintenis gemaak dat een boorput vanjaar geboor word en meer volgende jaar. Die maatskappy verwag om die eerste Damara vougordel-eksplorasie put, Naingopo, in Junie vanjaar te begin boor. Die Naingopo-put is onder meer gerig op 163 miljoen vate voornemende oliebronne of 843 miljard kubieke voet voornemende aardgasbronne.
Werkers by 'n Chinees-bestuurde litiummyn in Uis het lank gekla oor swak lewensomstandighede en onveilige werkspraktyke. ’n Feitesending deur die Mynwerkersunie van Namibië in Augustus na die myn – wat deur Xinfeng Investments bedryf word – het bevind dat plaaslike werkers in piepklein, warm sinkhuisies sonder behoorlike ventilasie woon. Die vakbond het ook 'n gebrek aan privaatheid in die sanitasieblokke gevind, sonder afskortings tussen toilette en storte. Daarenteen het die myn se Chinese werkers gemaklike kamers met lugversorging en ordentlike badkamers. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met George Filleppuss Ampweya, die vakbond se sekretaris-generaal, wat sê niks het verander nie.
Rugby: Die Leeus sal probeer om hul indrukwekkende oorwinning oor Leinster op te volg deur nóg 'n Ierse reus Saterdag op Ellispark te klop. Hulle sal Munster aandurf, wat hul status as verdedigende VGK-kampioen bevestig het met 'n groot oorwinning op Loftus teen die Bulle. Die skrum het 'n kragtige wapen geword terwyl die Leeus inspirasie put uit die Springbokke se sogenaamde'bomeenheid'. Die skrumafrigter Julian Redelinghuys is tevrede met die diepte onder die voorspelers.
Die DA in KwaZulu-Natal doen ’n beroep op die provinsiale LUR vir Onderwys, Mbali Frazer en haar departementshoof, Nkosinathi Ngcobo, om dringend in te gryp oor vakante onderwysposte. Dit kom te midde van protesoptrede by verskeie skole in die provinsie weens die voortslepende en ernstige onderwystekorte. Imran Keeka van die DA sê daar is sowat 31 460 onderwysvakatures by openbare skole regdeur die land, met KZN wat die hoogste getal aangeteken het, met meer as 7 000 vakante poste.
Daar was regoor die land verskeie betogings op dorpe en die hoofstad oor die aanstelling van RedForce om munisipale skuld in te vorder. Walvisbaai se munisipale raad het Dinsdag ‘n mosie aanvaar dat die ooreenkoms met RedForce onmiddellik beëindig word. RedForce is ook besig om in Windhoek skuld bymekaar te maak en die bohaai affekteer inwoners. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Harold Akwenye, Stad Windhoek se korporatiewe bestuurder van kommunikasie, wat sê daar is 'n kontrak met RedForce wat nie summier beëindig kan word nie.
Twee skokkendeberwerings van verkragting van minderjariges deur hul onderskeie oupas is hierdie week in die Noorde aangemeld, weke of maande na die gruweldade gepleeg is. Dit gebeur egter gereeld dat verkragtings van kinders, veral deur familielede, nie dadelik aangemeld word nie. Baie kinders sal nie rapporteer dat hulle seksueel misbruik word nie, veral deur 'n geliefde. Kosmos 94.1 Nuus het met Yolande Engelbrecht, die koördineerder in die Gender-afdeling by die Regshulpsentrum, gesels oor wat die publiek moet doen, sou hulle bewus word van mishandeling van 'n kind.
Die minister van Elektrisiteit, Kgosientsho Ramokgopa, het aangekondig Medupi se Eenheid 4 sal voor skedule sy bedrywighede hervat. Hy het tydens 'n besoek aan die kragstasie in Lephalale, Limpopo, gesê die regering het 'n tweedehandse kragopwekker van Nederland aangeskaf om met die herstelproses te help. Ramokgopa sê die stap is daarop gemik om opwekkingsvermoë meer kostedoeltreffend te bevorder en die voortdurende uitdaging van beurtkrag die hoof te bied:
Die Dierebeskermingsvereniging hou Saterdag ‘n vlooimark vir fondsinsameling. Op die oomblik versorg die vereniging baie diere en die publiek word uitgenooi om tussen nege en een te kom rondsnuffel. Hanna Rhodin, die direkteur van die DBV het meer.
Die erge tekorte aan grane, met sommige beramings wat meer as 53 persent aandui, gaan jou sak direk raak. Die hele Suider-Afrika het tekorte met Zimbabwe, Zambië en Malawi wat reeds noodtoestande verklaar het. Dit beteken ons is uitgelewer aan die internasionale markte. Volgens Hanks Saisai, akkerbou-kenner by Agribank, sal pryse styg...
Daar is berigte van ‘n groot ongeluk waarby twee toeris-busse betrokke was. Volgens die jongste inligting het dit op die C14 in die Kuiseb-pas by die Kuiseb-rivier plaasgevind. Sean Naude van die Namibia Marshall Rangers het die jongste.
Die Namibia International Energy-konferensie is aan die gang net buite die hoofstad. Die hoof van Opul Haitham Al Ghais het via video-skakel die openingsrede gelewer. Opul en sy vennote vry na Namibiese lidmaatskap na die groepering Angola verloor het. Dit was duidelik uit sy toespraak.
Die Regshulpsentrum sal gratis regsadvies en publikasies by die opkomende Kreeffees 2024 in Lüderitz verskaf. Gegewe die vele ontwikkelings wat in die kusstreke van Namibië plaasvind, sal die sentrum ook inligtingsessies hou oor die reg van inwoners om geraadpleeg te word as belanghebbende en geaffekteerde partye kragtens die Wet op Omgewingsbestuur. Die openbare vergadering vind plaas volgende Dinsdag van 10-uur tot een-uur by die Benguela Gemeenskapsaal in Lüderitz. Kosmos 94.1 Nuus het met Toni Hancox, die direkteur van die Regsbystandsentrum, gepraat.
Die DA waarsku oor 'n moontlike verkiesingskandaal met die minister van Elektrisiteit, Kgosientsho Ramokgopa, en die Eskomraadsvoorsitter, Mteto Nyati, wat nie reageer op kommer oor beurtkragdeursigtigheid nie. Hulle beweer Eskom gebruik steeds oopsiklus-gasturbines en 'n gebrek aan duidelikheid oor dieselverkryging wek agterdog oor begrotingswanbestuur. Die party hou vol as beurtkrag terug is na die verkiesing sal dit 'n skandaal wees. Samantha Graham-Maré van die party vra 'n verandering van regering om die sektor se uitdagings te hanteer:
Die hersiene nasionale hervestigingsbeleid vir 2023 tot 2033 word steeds in die Nasionale Vergadering bespreek. Dit kom na dit deur die kabinet goedgekeur is en landbouminister Calle Schlettwein aangekondig het dat dit hierdie maand in werking gestel sal word. Die parlement moet dit egter nog goedkeur. Die beleid het drie hervestigingsmodelle ingestel, waarvan die Lae Ekonomiese Waarde Model die jeug en individue met 'n laer inkomste wil bemagtig. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Duminga Ndala, die leier van die Landless People's Movement se jeugbevel, wat sê hulle is baie krities oor die beleid.
RISE Mzansi in die Oos-Kaap sê hy het ʼn omvattende plan om hongersnood en wanvoeding in die provinsie te hanteer. Die LUR vir Maatskaplike Ontwikkeling, Bukiwe Fanta, het onthul byna 447 000 mense in die provinsie se geld om kos te koop het verlede jaar tussen Maart en September opgeraak. Dit beteken meer as een uit vier mense was nie seker waar hul kos gaan kry nie. Pumla Ngesi van RISE Mzansi sê hulle wil voedselvermorsing deur nuwe wetgewing keer en die Nasionale Skolevoedingsprogram uitbrei:
Na die sooispit-seremonie van die bekostigbare behuisingsprojek maande gelede by Goreangab Uitbreiding 4, is konstruksie nou in volle swang. 'n Honderd-en-13 wooneenhede word gebou om die behuisingsbehoeftes van lae-inkomste individue en gesinne aan te spreek. Die projek, wat na verwagting in drie fases oor die loop van 12 maande voltooi sal word, sal na verwagting sy finale eenhede teen April 2025 lewer. Die Stad Windhoek en die Nasionale Behuisingsonderneming werk aktief saam om hul beloftes na te kom aan inwoners, wat lank gewag het vir die geleentheid om 'n dak oor hul kop te verseker. Heinrich Amushila van die Shack Dwellers Federation of Namibia, bevraagteken egter of ons werklik die mark aanspreek.
Die Verenigde Nasies se Menseregtekantoor sê berigte van massagrafte met honderde liggame by twee van Gaza se grootste hospitale, wek nuwe kommer oor moontlike oorlogsmisdade. Palestynse amptenare sê 310 liggame is die afgelope week gevind - 35 hiervan Dinsdag. Die VN-hoëkommissaris vir Menseregte se woordvoerder, Ravina Shamdasani, sê die doelbewuste moord op burgerlikes en aangehoudenes is ʼn oorlogsmisdaad:
Anette Rheeder gesels vandag met ons oor die niere, baie delikate organe wat ondersteuning met A. Vogel se "Nephrosolid" sal waardeer. Die A. Vogel reeks, insluitend "Nephrosolid" is beskikbaar by apteke in Namibië. Vir meer inligting of navrae is jy welkom om die A. Vogel webblad te besoek by: www.avogel.co.za, of stuur vir ons 'n epos na info@sanatural.co.za.
Arsenal is nou heel boaan die Prermierliga-punteler - drie punte voor sy naaste teenstander. Hulle het met 5-0 teen Chelsea in die Emirates-geseëvier. Leandro Trossard het die tuisspan se eerste doel in die eerste helfte aangeteken. Kai Havertz en Ben White het nog twee doele elk in die tweede helfte vir Mikel Arteta se span aangeteken wat die span vier punte voor die heersende kampioen, Manchester City plaas. Manchester lê nou derde. Arteta sê hy is tevrede met die manier waarop sy span die spel in die tweede helfte oorheers het:
Die Gautengse polisiekommissaris, Tommy Mthombeni, sê alles is gereed om te verseker dat die verkiesing in 'n veilige omgewing gehou word. Daar is 2 797 stemlokale in 529 wyke in Gauteng. Hiervan hou 168 'n hoë risiko en 377 'n medium risiko in. Mthombeni sê intelligensiestrukture binne die polisie is hard aan die werk sedert die aankondiging van die 29 Mei-verkiesing:
President Cyril Ramaphosa sê die regering volg beleide wat swart Suid-Afrikaners tot deelname aan die ekonomie sal lei. Hy het die Worker Share Ownership Conference toegespreek wat deur die Departement van Handel, Nywerheid en Mededinging by die Sandton-konvensiesentrum aangebied is. Hy glo werkers-aandeel-eienaarskap sal van kritieke belang wees om te verseker niemand bly agter nie. Ramaphosa het die projek verwelkom as 'n belangrike stap om ongelykheid aan te spreek en insluiting te verbeter:
Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, António Guterres, het die aanbevelings aanvaar wat vervat is in 'n Onafhanklike Hersieningsgroep se verslag oor die bedrywighede van die Verenigde Nasies se hulp- en werksagentskap vir Palestynse vlugtelinge in die Nabye Ooste. Die ondersoek, onder voorsitterskap van die voormalige Franse minister van Buitelandse Sake, Catherine Colonna, is gedoen om te bepaal of UNRWA alles in sy vermoë doen om werk in die gebied te verbeter en te versterk.
Die perseel van Hartlief Shop and Bistro in Windhoek is op 7 April deur 'n brand verswelg. Die maatskappy het op sy sosiale media aangedui dat dit tot verdere kennisgewing gesluit sal wees. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Roux-che Locke, die Ohlthaver & List Groep se woordvoerder, vir 'n opdatering oor die skade en die verliese, en of ons nog Hartlief-produkte op die rakke sal sien. Locke sê die fabriek is gelukkig nie deur die brand geraak nie, en net die winkel en bistro is grootliks beskadig.
Volgens die energie-ministerie sal die komitee wat brandstofpryse bepaal eerskomende Donderdag vergader en die nuwe brandstofpryse tree volgende Woensdag in Mei in werking. Die AA in Suid-Afrika het reeds gewaarsku dat nog 'n petrolprysverhoging in Mei daar verwag kan word. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Abednego Ekandjo, petroleum-ekonoom by die energie-ministerie, wat sê dat Namibië dalk ook 'n prysverhoging in Mei sal sien.
Die Trans-Kalahari spoorlyn, wat vanaf Botswana oor die Namibiese grens tot Walvisbaai sal strek, sal na verwagting handel en toerisme in beide lande bevorder en sal na verwagting teen 2026 klaar wees. Goedere wat vervoer gaan word, sal hoofsaaklik insluit steenkool en koper vanaf Botswana na Walvisbaai vir uitvoer, asook ingevoerde vrag vanaf Walvisbaai na Botswana, Suid-Afrika en ander nabygeleë lande. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Abigail Raubenheimer, die korporatiewe kommunikasiebestuurder by TransNamib, wat die voordele van die spoorlyn bevestig.
’n Komitee wat teen homoseksualiteit en selfdegeslaghuwelike is, het president Nangolo Mbumba versoek om verlede jaar se huwelikswysigingswetsontwerp en gade-wetsontwerpe te teken. Hy moet ook sy standpunt oor die LGBTQ+-gemeenskap in die openbaar verklaar. Die komitee, onder leiding van voorsitter Pendapala Nakathingo en sy adjunk Paulus Nuuyona, het verlede week 'n petisie aan die Nasionale Vergadering oorhandig. Dit het gesê dat dit agt maande is sedert die wetsontwerpe goedgekeur en na die president se kantoor gestuur is, maar tot op hede is geen stappe gedoen nie. Hulle het ook na homoseksualiteit en selfde-geslag huwelike verwys as 'n "bose agenda" en na mense wat die gemeenskap steun, as "imperialiste en gay buitelanders". Reaksie hierop is ontvang van Omar van Reenen, stigter van Equal Rights Namibia.
Namibië se Wet op die Beskerming van Fluitjieblasers is spesifiek ontwikkel om 'n kantoor in daardie verband te vestig. Die wet kriminaliseer ook vergelding teen die wat korrupsie blootlê en lê 'n boete van 75 000 Namibiese dollar of tronkstraf van hoogstens 15 jaar, of albei, op vir enigiemand wat daaraan skuldig bevind word. Volgens plaaslike berigte sal die implementering van die wet die regering 160 miljoen dollar per jaar kos. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Josephine Nghituwamata, die woordvoerder van die Teenkorrupsie-kommissie, oor die belangrikheid van korrupsie-bekamping.
Die Suid-Afrikaanse polisie- en gevangenisse-vakbond Popcru het 'n aanval op die Kimberley-polisiestasie deur agt Nigeriese burgers ten sterkste veroordeel. Die aanval het plaasgevind tydens 'n polisie-operasie waarin 'n Nigeriese burger geteiken is wat van dwelmbesit verdink word. Dit het skade aan voertuie en stasievensters tot gevolg gehad. Die agt beskuldigdes bly in aanhouding en sal Vrydag weer in die landdroshof in Kimberley verskyn. Popcru se woordvoerder, Richard Mamabolo, doen 'n beroep op die publiek om die land se wette te respekteer.
Die stedelike en landelike ontwikkeling-ministerie bied tans die jaarlikse desentralisasie-konsultatiewe forum in die hoofstad aan. Dit is om belanghebbendes te betrek oor vordering met die implementering van Namibië se desentralisasiebeleid. Die regering het in Maart 1998 die beleid bekendgestel. Dit het ten doel om "deelnemende demokrasie te verbeter en te waarborg, vinnige volhoubare ontwikkeling te verbeter, sowel as die vermoë van die regering om ontwikkeling te beplan en te administreer" oor die verskillende streke. Erastus Uutoni, die stedelike en landelike ontwikkeling-minister, het by die forum gepraat en sê dat die beleid gemeenskappe bemagtig.
Sokker: Die stryd tussen drie spanne in die Engelse Premierliga woed voort. Arsenal is volgens doelverskil voor Liverpool, met Manchester City een punt agter hulle. Maar die verdedigende kampioene City het nog 'n wedstryd oor. Arsenal is volgende aan die beurt wanneer hulle vanaand hulle Londen-teenstanders Chelsea verwelkom. Die bestuurder Mikel Arteta sê hulle is vasberade om deel van die stryd te bly.
Onlangse ontwikkelings in die eiendomsmark het 'n verbetering in aanbiedinge vir jong professionele persone getoon. Ontwikkelings soos Ongosvallei is 'n goeie plek om te begin vir jong professionele persone. Om die eiendomsmark verder te onderhou, het die Namibiese regering ook beleide geïmplementeer om dit vir mense makliker te maak om eiendom te koop en te verkoop. Die tyd wat dit neem om eiendom te registreer is byvoorbeeld van ses maande tot net twee weke verminder. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Hillie Valombolah, 'n plaaslike eiendomsagent, wat 'n oorsig van die eiendomsmark gee.
AfriForum het die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika gevra om te verduidelik of hy steeds munisipaliteite verplig om kostestudies in te dien wanneer hulle aansoek doen vir tariefverhogings. Verbruikers wat elektrisiteit by munisipaliteite koop kan dalk vanjaar ʼn verhoging vryspring omdat Nersa nie ʼn Hooggeregshof-bevel toegepas het wat na verwagting tot laer elektrisiteitstariewe sou lei nie. AfriForum se woordvoerder, Morné Mostert, sê die hof het in Oktober 2022 bevind die wyse waarop Nersa jaarliks munisipale elektrisiteitstariewe bepaal, is onwettig:
Registrasies is oop vir die opwindende Bergfiets vs Resiesduif wedren-stryd by die Intelligence Support Against Poaching kamp in Okahandja, wat van 14 tot 16 Junie plaasvind. Registrasie is 2 000 Namibiese dollar vir 'n span en 350 dollar vir besoekers. Die duiwe sal vanaf die ISAP-fasiliteit tot by Rehoboth vlieg, of 'n afstand van 150km. Die fietsryers sal 'n afstand van 45km aflê. Elke fietsryer sal 'n duif kies, en die wedren is dan tussen die fietsryer en die spesifieke duif. Die geleentheid sal 'n prettige fondsinsamelings-geleentheid vir ISAP wees, volgens ISAP se Fritz Kaufmann.
Die #BeFree Youth onder die kantoor van die vorige presidentsvrou, Monica Geingos, bied 'n geleentheid aan om bewustheid oor gesonde manlike bande te kweek, deur middel van paneelbesprekings. Deur hierdie aktiwiteite poog hulle om dialoog en samewerking tussen deelnemers aan te moedig. Hierdie dialoog poog om mans te bemagtig om te pleit vir 'n veiliger en meer ondersteunende omgewing vir almal. Kosmos 94.1 Nuus het met Kaarina Itah, die hoof van programme by One Economy Foundation, gesels wat meer oor die geleentheid verduidelik.
Die Kabinet het 'n hersiene nasionale hervestigingsbeleid goedgekeur wat van 2023 tot 2033 geldig is. Die nuwe beleid het drie verskillende hervestigingsmodelle, naamlik die hoë-waarde, medium-waarde en lae-waarde ekonomiese modelle. Dit sluit ook 'n vrye besit-bepaling in, waarvolgens begunstigdes hul toegekende plase van die regering kan koop. Die beleid word steeds in die parlement gedebatteer. Die PDM-president, McHenry Venaani, het sy kommer oor die beleid geopper en sê daar is nie genoeg met gemeenskapslede oorleg gepleeg nie.
Trustco Group Holdings het aangekondig hy het 'n bykomende belang van 11,35 persent in Legal Shield Holdings van Riskowitz Value Fund verkry, vir 468 miljoen Namibiese dollar. Dit sal Trustco se belang in Legal Shield tot 91,35 persent verhoog. Die transaksie versterk Trustco se beleggingsvoetspoor in die plaaslike versekerings- en eiendomsektore. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Quinton Van Rooyen Junior, die adjunk-uitvoerende hoof van Trustco, wat sê die eiendomsvooruitsigte in Namibië is aan die verbeter, vandaar hulle besluit.
Die uitvoerende hoof van die Namibia Diamond Trading Company, Brent Eiseb, het die 2023-boekjaar beskryf as uitdagend en moeilik. Van die faktore wat bygedra het tot die wisselvallige mark, volgens Eiseb, was swak verbruikersvraag, veral van die Chinese mark. Ten spyte van markuitdagings het die firma 'n sterk verkoopsprestasie in 2023 gehandhaaf en 77 persent van sy aanbiedinge aan belanghebbendes verkoop. Eiseb het die behoefte aan buigsame maatreëls erken om belanghebbendes te midde van swakker marktoestande te ondersteun. Die maatskappy het verlede jaar 100 miljoen Namibiese dollar in dividende aan die regering betaal, wat gelei het tot 'n totale betaling van 2,8 miljard dollar aan aandeelhouers sedert die geboorte van die maatskappy in 2007. Eiseb het tydens 'n strategiese media-inligtingsessie in die hoofstad gepraat.
Die DA beloof om deur parlementêre kanale te veg teen die ANC se beweerde mediamanipulasie en joernaliste te beskerm teen afdwinging. Hy moedig die Nasionale Redakteursforum aan om die manipulasie te veroordeel, soos onthul in 'n uitgelekte opname van 'n ANC-nasionale uitvoerende komiteevergadering. Ashor Sarupen van die DA beskou president Cyril Ramaphosa se opdrag om die medianarratief te beheer en negatiewe beriggewing te onderdruk as 'n bedreiging vir mediavryheid en demokrasie:
Old Mutual gaan deur sy "On The Money"-program voort om omvattende en gratis finansiële onderrig aan werkgewersgroepe regoor die land te bied. Hierdie inisiatief rus nie net Namibiërs toe met die nodige kennis en vaardighede om hul finansies doeltreffend te bestuur nie, maar bied ook toegevoegde waarde aan beide werknemers en organisasies. Die doelwitte van die program sluit in om mense te help om ou gewoontes wat finansiële stabiliteit belemmer te verbreek, en waardevolle nuwes te vestig. Mignon du Preez, uitvoerende hoof van Groepbemarking, Openbare Sake en Volhoubaarheid by Old Mutual Namibië, deel die belangrikheid van die program.
Bruto dobbelinkomste in Suid-Afrika het volgens 'n onlangse verslag 34,43 miljard Suid-Afrikaanse rand bereik, wat 'n toename van 48 persent weerspieël. Ongelukkig is betroubare statistieke oor dobbel in Namibië skaars. Dobbelary is wettig en gereguleer deur die Namibië Casino Beheerraad, maar data oor markgrootte, deelnamekoerse of voorkeurvorme van dobbel is nie geredelik aanlyn beskikbaar nie. Maar, dobbel bly ‘n uitdaging in die land. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die sielkundige dr. Shaun Whittaker, wat sê dat Namibiërs opgevoed moet word oor dobbel.
Die Suid-Afrikaanse Federasie van Vakbonde, Saftu, is verontwaardig oor die Departement van Basiese Onderwys se versuim om 31 000 vakante poste landwyd te vul, en sê dis as gevolg van wanbestuur en besparingsbeleide. Die woordvoerder, Trevor Shaku, sê die ongevulde poste vererger opvoeders se werklading, wat lei tot uitbranding en negatiewe onderwysuitkomste. Shaku het die slegte gevolge van oorvol klaskamers vir opvoeders en leerders beklemtoon. Hy het die regering gekritiseer omdat hy nie openbare dienslewering prioritiseer nie.
Charl Coetzee van die Okahandja Belastingbetalersvereniging, Orpa, het 'n skriftelike mosie by die Okahandja-dorpsraad ingedien. Hy wil hê dat die raad die dorpsraad se uitvoerende hoof, Alphons Tjitombo, opdrag gee om alle dokumente en kontrakte wat met die verkrygingsproses en aanstelling van RedForce verband hou, te verskaf. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Coetzee, wat ook 'n dorpsraadslid is...
Zimbabwe was Afrika se grootste tabakprodusent. Die 2024-tabakbemarkingseisoen het middel Maart geopen en sal na verwagting inkomste vir tabakboere en ander huishoudings verbeter namate die bedryf herstel sedert 2000 se mislukte grondhervorming. Deon Theron, die voormalige president van die Kommersiële Boerevereniging in Zimbabwe, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en sê dinge lyk goed wat pryse en kwaliteit betref.
Agra Auctions bied vanaand die Namibia Genetics-veiling aan. Die veiling, wat by die Agra/Bank Windhoek-ring in Windhoek plaasvind, begin om ses-uur namiddag. Paul Klein van Agra Auctions het meer oor die aanbod.
Die Suid-Afrikaanse rand, en dus Namibiese dollar, verswak steeds teen die Amerikaanse dollar en het oor die afgelope week meer as 2 persent teen die Amerikaanse geldeenheid verloor. Op die oomblik verhandel die rand rondom 19,25 teen die dollar. Die bekende Suid-Afrikaanse ekonoom Dawie Roodt sê pryse sal styg en die repokoers word ook geraak.
Honderde seekoeie is tans vasgevang in die modderwater langs die Chobe- en Linyanti-riviere in die Zambezi-streek. Kosmos 94.1 News het met Romeo Muyunda, die woordvoerder van die ministerie van omgewing, gepraat. Die ministerie is bewus van die probleem en het reeds ingegryp.
Volgens die Tender Bulletin kon dit na 'n maand van pogings om onvolledige en ontbrekende inligting wat op die landbou-ministerie e-verkrygingsportaal geplaas is op te volg, nie daarin slaag om die identiteit van kontrakteurs of die waarde van toekennings vir 25 uit 48 sogenaamde noodboorgate te bekom nie. Hulle val onder agt tenders ter waarde van 'n geraamde 32 miljoen Namibiese dollar wat uitgereik is deur die landbou-ministerie, wat blykbaar vanjaar altesaam 83 noodtenders uitgereik het waaroor niks bekend is nie. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Jona Musheko, die ministerie se woordvoerder, wat sê die inligting is steeds by die ministerie en die ministerie kan gekontak word.
Die Instituut van Rassebetrekkinge sê hy is bemoedig dat president Cyril Ramaphosa sy besware oor die Wetsontwerp op Onteiening sal oorweeg. Die wetsontwerp wat onlangs in die Parlement aanvaar is, maak onteiening vir openbare doeleindes in openbare belang moontlik. Die instituut se veldtogbestuurder, Makone Maja, sê dit is ongrondwetlik en is deur die Parlement deurgestoomroller en oorhaastig na Ramaphosa gestuur om onderteken te word.
Skommelinge in die waarde van die Suid-Afrikaanse rand het implikasies vir die Namibiese ekonomie, veral op inflasie. Beleidmakers in Namibië moet monetêre en fiskale maatreëls aanneem om die impak op inflasie en ekonomiese stabiliteit te versag. Wanneer die rand verswak word invoere na Namibië wat in buitelandse valuta aangekoop word duurder, wat lei tot hoër pryse. Dit verhoog die lewenskoste en erodeer koopkrag, wat kan bydra tot inflasie. Kosmos 94.1 Nuus het met die plaaslike ekonoom Gabriel Erastus gesels, wat meer verduidelik.
Cosatu gaan die Departement van Indiensneming en Arbeid nader om te verseker Afrika se beroemde sokkerafrigter Pitso Mosimane se voormalige huiswerker kry vergoeding van 5,7-miljoen Suid-Afrikaanse rand. Dorothy Sikirivao het na wat berig word in Mosimane se huis ernstige en permanente beserings opgedoen. Al het haar eis regstatus gekry, ignoreer die familie na bewering haar versoeke vir kompensasie. Matthew Parks van die vakverbond dring aan op waardige behandeling en volle respek vir arbeidsregte van alle werkers deur alle werknemers:
Die Internasionale Energie-konferensie begin vandag net buite die hoofstad. Die konferensie het die media se aandag veral omdat senior industrie-leiers, insluitend die hoof van Opul Haitham Al Ghais dit bywoon. Ndapwilapo Shimutwikeni, uitvoerende hoof van RichAfrica Consultancy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Amerika se Departement van Buitelandse Sake se jaarlikse verslag oor menseregte maak melding van bewerings oor oorlogsmisdade deur Israel, Hamas, en ander Palestynse militante groepe. Amerika se minister van Buitelandse Sake, Antony Blinken, sê die mishandeling sluit moord, marteling, ontvoering en seksuele geweld in wat Hamas, die Palestynse Islamitiese Djihad en ander op 7 Oktober gepleeg het:
Novak Djokovic van Serwië, Simone Biles van Amerika en Jude Bellingham van Engeland is van die sportlui wat toekennings in Madrid, Spanje, ontvang het. Djokovic, wat tennis se Grand Slam 24 maal gewen het, is vir 'n rekordgetal vyfde keer as Sportman van die Jaar aangewys en die Spaanse sokkerspeler Aitana Bonmatí as Sportvrou van die Jaar. Biles het die toekenning ontvang vir Terugkerende Atleet van die Jaar. Bellingham, middelveldspeler vir Real Madrid, het die Deurbraak van die Jaar-toekenning ontvang en Spanje se vrouesokkerspan is die Wêreldspan van die Jaar.
Volgens die jongste oesvooruitsigte- en droogteverslag verwag die Kavango-streke swak landbouproduksie, na ondergemiddelde reënval in die reënseisoen. Produktiewe reënval is in Desember ontvang met belowende buie, maar daar was min opvolgreën, wat gelei het tot die vertraging van ploegaktiwiteite. Dit het ook gewasse se ontkieming en groei beïnvloed, en boere het verskeie herplantings probeer. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die goewerneur van Kavango-Oos, Bonifatius Wakudumo, wat sê as hulle gelukkig is, sal sowat 5 persent van die boere vanjaar 'n oes kry.
Die Britse Parlement het uiteindelik die omstrede Veiligheid van Rwanda-wetsontwerp bekragtig ná ʼn regstryd en politieke toutrekkery van twee jaar. Die wetsontwerp laat die regering toe om asielsoekers wat op onwettige wyse in Brittanje aankom, na Rwanda te deporteer sodat hul bewerings deur dié Oos-Afrika-nasie ondersoek kan word. Die Hooggeregshof het verlede jaar beslis die wetsontwerp is onwettig omdat Rwanda se asiel-stelsel ʼn swak menseregte-rekord het. Die Britse eerste minister, Rishi Sunak, sê Rwanda is ʼn veilige land:
ActionSA sê hy is sterk gekant teen die gewese speaker van die Nasionale Vergadering, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, se pogings dat die verdedigingsdepartement die koste van haar korrupsieverhoor betaal. Sy staan tereg op 12 aanklagte van korrupsie en geldwassery wat verband hou met tenders by die departement. Mohammed Rafeek Shah van ActionSA sê Mapisa-Nqakula se bewering dat die misdaad tydens haar ampstermyn as minister van Verdediging gepleeg is en sy daarom fondse moet ontvang, is eenvoudig belaglik:
Dieselfde geld Engelse komkommers, wat gewoonlik teen 15 Namibiese dollar elk verkoop, maar tans 30 dollar kos, volgens Abraham.
Tamaties is op die oomblik baie duur en sommige winkels verkoop 'n kilogram sak vir amper 70 Namibiese dollar. Volgens die Namibiese Akkerbouraad se tuinbou-mark ontwikkelingsbestuurder, Emilie Abraham, is die rede hiervoor die seisoen wat ons nader en energie-insette wat styg. Abraham verduidelik meer aan Kosmos 94.1 Nuus.
Teenkanting teen die pandemie-verdrag van die Wêreldgesondheidsorganisasie neem toe en daar is talle menings dat dit die WGO te veel beheer oor lidlande gee. Dit laat ook toe dat 'n openbare gesondheidsnoodgeval in enige land arbitrêr verklaar kan word. Plaaslik is die Republikeinse Party se president, Henk Mudge, sterk gekant teen die verdrag.
Reaksie word steeds ontvang op August 26 Construction wat nog klaskamers vir die regering bou teen 'n geraamde koste van 200 miljoen Namibiese dollar. Dit is blykbaar ‘n noodprojek, wat beteken daar is nie vir die werk getender nie. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Bärbel Kirchner, die uitvoerende hoof van die Konstruksiebedryf-federasie, wat sê party-politieke motiewe kan in die toekenning van die werk vermoed word.
Meer as 3,5 miljoen Namibiese dollar se dwelms is verlede maand deur die Namibiese polisie gekonfiskeer. Volgens die mag se woordvoerder, adjunkkommissaris Kauna Shikwambi, is ses buitelanders en 129 Namibiërs gearresteer vir onwettige handel in en besit van dwelms. Maar selfs meer sukses kan bereik word in die oorlog teen dwelms, het 'n kenner ges^e. Die voormalige hoof van Nampol se dwelmeenheid Hermie van Zyl praat met Kosmos 94.1 Nuus:
Die EFF is steeds voornemens om die verslag van die Artikel 1-9-4-komitee, wat die verwydering van die geskorste Openbare Beskermer uit haar amp aanbeveel, op regshersiening te neem. Daar word vandag in die Nasionale Vergadering gestem om Mkhwebane uit haar amp te verwyder. ʼn Woordvoerder van die EFF, Omphile Maotwe, beweer die ondersoekproses was onregverdig aangesien Mkhwebane sedert Maart geen regsverteenwoordiging by die ondersoek gehad het nie:
Die Ministerie van Inligting en Kommunikasietegnologie in samewerking met die internet Society of Namibia en UNESCO sal 'n raadplegende vergadering oor Namibië se Nasionale Internet universele aanwysers aanbied. Die doelwit is om beleidsaanbevelings en praktiese inisiatiewe te ontwikkel om die nasionale internet-ekosisteem te verbeter. Die Internet universele aanwysers-raamwerk, ontwikkel deur 'n globale, oop, inklusiewe en multi-belanghebbende proses oor drie jaar, dien om 'n land se internetlandskap te assesseer en aanbevelings te verskaf om uitdagings aan te spreek en geleenthede aan te gryp. Die vergadering vind môre om 08:00 by die Grondwetkamer, kantoor van die premier plaas. Senior Openbare Betrekkinge Beampte by die ministerie, Shoki Kandjimi het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.
Die DA sê dit is die Parlement se rol om te verseker die Openbare Beskermer stel die openbare belang bo persoonlike belange. LPs stem vandag in die Nasionale Vergadering oor die verwydering van die geskorste Openbare Beskermer, Busisiwe Mkhwebane. Annelie Lotriet van die DA het Mkhwebane en haar span gekap omdat hulle na bewering 160 miljoen Suid-Afrikaanse rand vermors het om 'n ondersoek na haar geskiktheid vir die posisie te probeer ondermyn.
Kort op die hakke van die geboorte van 'n kameelperdjie sonder kolle in Amerika, is 'n soortgelyke jong kameelperd die naweek naby Mount Etjo gesien. Dit was die eerste keer dat so 'n kameelperd in die natuur in Afrika opgemerk is. Dr. Julian Fennessy wat die outjie sonder kolle gewaar het, sê dit is nogal opwindend en hy hoop dat die dier oorleef, sodat meer oor hierdie kameelperde geleer kan word.
Nadat die Kudu-gasprojek reeds vir dekades lank sloer, is die bevestiging dat Namibië beplan om 600-megawatt krag uit die gasprojek te na Suid-Afrika uit te voer, goeie nuus. Bedrywighede sal volgens die jongste inligting in 2026 begin. Kosmos 94.1 Nuus het met die hoofbestuurder Klaus Andersson gesels...
Namibië se lugvaartsektor sal waarskynlik nie geraak word deur die stryd tussen Menzies Aviation en Paragon oor 'n grondhanteringskontrak by die Hosea Kutako Internasionale Lughawe nie, het die Namibië Lughawensmaatskappy gesê. Namibië doen al die voorbereidingswerk om te verseker dat dit 'n veiligheidsoudit van die Internasionale Burgerlugvaartorganisasie sal slaag wat geskeduleer is om volgende April plaas te vind, het Bisey/Uirab, uitvoerende hoof van die maatskappy gesê. Hy het beklemtoon dat Namibië se lugvaartbelanghebbendes 'n loodskomitee aangestel het om te verseker dat alles in orde is en dat die land die oudit sal slaag. Kosmos 94.1 Nuus het met dr. Guy Leitch, 'n kenner in lugvaart, gesels oor wat hierdie oudit behels.
Die privaat sektor kan daarna uitsien om binnekort makliker handel te dryf met instansies in Zambië, nadat Namibië en die buurland wedersyds voordelige vennootskappe begin bevorder het deur verbeterde marktoegang. Die Ministerie van Handel en Nywerheid se woordvoerder, Elijah Mukubonda, sê die twee lande sal aandag gee aan uitstaande nie-tariefversperrings wat die vloei van goedere tussen hulle belemmer. Dit is om te verseker dat produkte vrylik oor hul gedeelde grense kan beweeg. Die twee ministers het ook ooreengekom om raadpleging oor die vestiging van 'n vereenvoudigde handelsregime by die Katima-Mulilo/Wenela-grens af te handel.
Die Landless People’s Movement het gereageer op berigte dat die Nasionale Energiefonds meer as 3,4 miljard Namibiese dollar op onderverhalings in die brandstofprys tussen 2015 en 2022 bestee. Net meer as 3 miljard dollar is in brandstofheffings verdien. Namibië is ‘n netto-invoerder van brandstof uit verskeie bronne. Die regering het onlangs ondersoek ingestel oor ‘n aandeel in die Lobito-raffinadery in Angola maar daar is nog geen uitsluitsel oor die stap nie. Lifalaza Simataa van die party sê daar is geleenthede maar, ons moet waak teen korrupsie.
Die Wes-Kaapse Departement van Infrastruktuur het te midde van Nasionale Testamenteweek, 'n beroep gedoen op al sy behuisingsbegunstigdes om van vandag tot Vrydag die geleentheid te gebruik om ‘n testament gratis te laat opstel. Elke jaar in September bied verskeie prokureurs wat deel uitmaak van die nasionale veldtog, 'n gratis basiese testamentopsteldiens aan. Die LUR Tertuis Simmers, sê ’n geldige testament bied gemoedsrus en verseker dat bates hanteer word volgens die voorneme en begeertes van behuisingsbegunstigdes:
Die DA sê die ANC vertraag die onafwendbare deur die Konstitusionele Hof te nader om teen die Appèlhof se beslissing oor sy kaderontplooiingsrekords te appelleer. Die laer hof het die ANC verlede week opdrag gegee om die rekords van sy kaderontplooiingskomitee se vergaderings sedert 1 Januarie 2013 te oorhandig. Dit is die datum waarop president Cyril Ramaphosa voorsitter geword het. Leon Schreiber van die DA sê die ANC is deur sy stelsel van kaderontplooiing regstreeks verantwoordelik vir staatskaping, ongebreidelde korrupsie en die ineenstorting van dienslewering:
Onwettige visvang duur voort in die Kavango-streke. Die vissermanne van nou in die nag vis met nette en die regering het nie die kapasiteit om die misdaad te bekamp nie. Vissermanne is ook gewapen en raak al hoe meer gevaarlik. Die eienaar van Shamvura Camp by Rundu Mark Paxton sê dit is ‘n voortdurende stryd.
Die landdroshof in Bloemfontein het borgtog geweier aan die minnares van die Facebook-verkragter en moordenaar Thabo Bester, Nandipha Magudumana. Die paartjie het in Maart land-uit gevlug toe dit bekend geword het dat Bester nie in Mei verlede jaar in 'n brand in sy tronksel dood is nie. Hulle is in April in Tanzanië aangekeer. Landdros Estelle de Lange het bevind geen borgtogvoorwaarde kan waarborg dat Magudumana in die hof sal verskyn nie. Sy sê daar is geen bewyse dat haar lewe in die tronk in gevaar sou wees nie:
‘n Koeler en in sommige gebied, nat week lê vir Namibië voor met ‘n kouefront wat sy opwagting maak. Daar sal ook winderige toestande voorkom soos Odilo Kgobetsi verduidelik.
Vandag word die Internasionale Dag van Selfmoord-voorkoming plaaslik herdenk. Namibië het die hoogste selfmoordsyfer op die vasteland met 10 uit elke 100 000 mense, ongeveer 500 ‘n jaar, wat selfmoord pleeg. Dit hou volgens kenners verband met drank- en dwelmmisbruik sowel as werkloosheid en armoede. In Namibië het ons daagliks meer as twee selfmoorde, meestal mans. Kosmos 94.1 Nuus het met die maatskaplike aktivis, Rosa Namises, gepraat.
Die Konstruksie Industrie-federasie het met kommer waargeneem dat Chinese maatskappye voorkeur ontvang met tenders vir veral pad-konstruksie in die land. Dit is ook die geval met die onlangse toekenning van die tender vir die pad tussen Karibib en Usakos. Bärbel Kirchner van die federasie sê dit blyk of die kontrakteurs doelbewus uitgesluit word.
Alle oë is op die Swakara-veiling wat vandag by Saga Furs in Helsinki, Finland plaasvind. Die veiling in Junie het net 40 persent van die beskikbare pelse verkoop. Kosmos 94.1 Nuus het met die plaaslike produsent Louisa Campbell van Lovedale Farming gesels wat hoop dat al die oorblywende pelse verkoop sal word, veral na die Covid-uitdagings.
Die Departement van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling het onthul dat hy sedert 2016 byna 1 miljard Suid-Afrikaanse rand toegeken het aan landbousentrum-projekte, maar slegs 23 van die 61 funksioneer suksesvol. Dit het aan die lig gekom in reaksie op 'n vraag wat die DA in die Parlement gevra het. Noko Masipa van die party sê dis 'n mislukkingskoers van 63-persent vir fasiliteite wat veronderstel is om belangrike suksesfaktore in die landbou-waardeketting reg oor die land te wees:
Die adjunkminister van Water en Sanitasie, David Mahlobo, het die Stad Tshwane en Rand Water twee weke tyd gegee om met 'n medium- tot langtermynplan vorendag te kom om die waterkrisis te hanteer. Die metro beleef 'n daling in watervlakke by nege reservoirs weens 'n toename in waterverbruik. Die departement se woordvoerder, Wisane Mavasa, sê Mahlobo het gister met amptenare van die stad en die waterverskaffer beraadslaag:
Die Britse premier Rishi Sunak het by die G20 gesprekke met Chinese verteenwoordigers gevoer oor die land se vermeende spioenasie in die Verenigde Koninkryk. Nou het dit aan die lig gekom dat daar moontlik ‘n Chinese spioen in die Britse parlement kan wees. Die land se minister van handel en sake, Kemi Badenoch sê dit is uiters kommerwekkend.
Daar verskeie groot brande wat op die oomblik woed naby Midgard en Oamites. Beide brande het reeds Sondag ontstaan. Sean Naude van die Namibia Marshall Rangers het die jongste.
Gauteng se Departement van Onderwys is in gesprek met die provinsiale Departement van Gesondheid vir 'n ontleding van selfdoodgevalle, om die oorsake en redes vir hierdie voorvalle te bepaal en te verstaan. Daar was sedert die begin van die jaar 40 vermeende selfdoodvoorvalle in skole in die provinsie. LUR Matome Chiloane sê hulle werk nou saam met verskeie organisasies, insluitend die Suid-Afrikaanse Depressie-en-angsgroep en Childline, om leerders en opvoeders te help om die sielkundige uitdagings te hanteer wat tot selfdood of selfdoodgedagtes kan lei:
ActionSA in die Oos-Kaap sê hy is bekommerd omdat die bestuur van afvalwater in die land en veral die provinsie jammerlik onvoldoende is. Dit skep ernstige gesondheids-, omgewings- en ekonomiese risiko's vir inwoners. Die party sê hy het onlangs na die watersuiweringsituasie in Nelson Mandelabaai, Makhanda en Buffalo City gekyk. ActionSA se provinsiale voorsitter, Athol Trollip, sê sommige van die ouer stelsels gebruik verouderde uitvloeistelsels wat daagliks rou riool in strome en riviere stort omdat dit nie die hoeveelhede kan hanteer nie:
Die Erongo-polisie soek steeds na die vermiste Robby Michael van Omaruru. Die 53-jarige het oor die naweek naby Myl 72 vermis geraak na hy blykbaar daar gaan hengel het. Sy motor is beskadig op die strand gevind. Kosmos 94.1 Nuus het met Nelson Ashipala van Namibia Wildlife Resorts gesels.
Die Shell V-Power-tydren wat op Swakopmund plaasgevind het was ‘n reuse-sukses. Daar was tien trajekte oor 103 kilometer. Francois Lottering was daar.
Die Gautengse Gesondheidsdepartement sê nog 18 liggame is uitgeken ná die noodlottige brand in die Usindiso-gebou in Johannesburg waarin 77 mense verlede maand dood is. Die slagoffers is vermoedelik inwoners wat onwettig in die gebou gebly het wat aan die Stad Johannesburg behoort. Die departement se woordvoerder, Motalatale Modiba, sê vingerafdrukke van die oorledenes word deur forensiese patologie se digitale vingerafdrukstelsel verwerk:
Die Springbok-afrigter Jacques Nienaber sê die oorwinning in hulle eerste Wêreldbeker-wedstryd is vir die span 'n stap in die regte rigting. Danksy Pieter-Steph du Toit en Kurt-Lee Arendse se drieë in die tweede helfte het die verdedigende kampioen in Marseille in Frankryk 'n oorwinning van 18-3-behaal in hulle Groep B-wedstryd teen Skotland. Nienaber sê hulle berei nou voor vir Sondag se wedstryd teen Roemenië in Bordeaux:
'n Konferensie wat in Ethiopië gehou is, het beginsels en riglyne neergelê vir die gebruik van digitale en sosiale media in verkiesings in Afrika. DIe mikpunt is om meer kiesersdeelname en deursigtigheid in die verkiesingsproses te verseker. Die voorsitter van Suid-Afrika se Verkiesingskommissie, Mosotho Moepya, het die belangrikheid uitgelig van 'n ondersoek na hoe sosiale mediaplatforms 'n opbouende rol kan speel in die versterking van demokratiese deelname. Hy maan oor die uitdagings wat sosiale neigings inhou, wat insluit die verspreiding van waninligting:
Die Wes-Kaapse LUR vir Gemeenskapsveiligheid en Polisie-oorsig Reagen Allen, het kommer uitgespreek oor ondoeltreffendheid in die polisie met die oplos van geslagsgeweldsake in die provinsie. Die tweede- en derdekwartaalverslae van die departement se Hofmoniteringsopdrageenheid dui aan tussen Oktober verlede jaar en Maart vanjaar is altesaam 283 sake wat by 33 howe dopgehou is van die rol geskrap weens SAPD-ondoeltreffendheid. Hy sê 77 daarvan was geslagsgeweldsake:
Die buurland se minister van elektrisiteit, Kgosientsho Ramokgopa, sê Eskom werk daaraan om nuwe opwekkings-vermoë te bekom deur hernubare energie. Hy sê sy departement het die Nasionale Tesourie gevra om bykomende bronne te voorsien om te verseker Suid-Afrika kan die las van beurtkrag verminder en uiteindelik uit die weg ruim. Ramokgopa het bevestig sy departement is daartoe verbind om alle nodige maatreëls te trek om die voortdurende kragonderbrekings op te los:
Luis Rubiales het as president van Spanje se sokkerfederasie bedank na sy omstrede soen vir die speler Jenni Hermoso by die Vroue-wêreldbeker. Die 46-jarige het ook as visepresident van UEFA, die unie van Europese sokkerverenigings se uitvoerende komitee bedank. Rubiales het die middelveldspeler tydens die trofee-oorhandiging gesoen ná Spanje se oorwinning teen Engeland in verlede maand se Wêredbeker-eindstryd. Hermoso sê sy het nie ingestem tot die soen nie. Rubiales het in 'n onderhoud met Piers Morgan gesê hy moet uittree omdat hy nie met sy werk kan voortgaan nie:
Die afgelope naweek was propvol aksie in die hoofstad, met die heel eerste Liefde by Nam-fees wat aangebied is by WHS Vegkop. Al die kaartjies is uitverkoop en 8 000 mense het opgedaag vir een van die grootste Afrikaanse musiekfeeste in Namibië in jare. Pierre Greef, die hoofsanger van Die Heuwels Fantasties het die naweek so opgesom.
Yana de Beer, wat ook deel was van die organiseringsspan het Kosmos 94.1 geloof vir hul betrokkenheid.
Reaksie word ontvang op die wanvoeding wat voorkom in die Omaheke-streek, ‘n bekende en suksesvolle landbou-gebied in Namibië. Daar is vroeër berig dat 45 kinders onder die ouderdom van vyf vanjaar aan wanvoeding in die Omaheke-streek dood is. In Julie en Augustus is 11 nuwe gevalle van wanvoeding bevestig met een sterfte wat aangeteken is. Piet Gouws, die president van die Namibiese Landbou-unie het sy reaksie so verwoord.
Nes ons gedink het die somer is hier, is daar ‘n kouefront wat die week in beweeg in die land met winderige toestande wat sal voorkom. Odilo Kgobetsi van die Windhoek weerkantoor het die voorspelling.
Die ANC-jeugliga se president Collen Malatji het sy oproep herhaal dat alle onwettige buitelandse burgers die land moet verlaat. Hy het gister by die liga se 79ste verjaardagviering in Mpumalanga gepraat. Hy sê die onbeheerde invloei van migrante het verreikende gevolge vir dienste waarop desperate Suid-Afrikaners staatmaak. Malatji sê die oproep is nie bedoel om geweld teen buitelanders aan te hits nie:
Eskom het die besluit deur Moody’s Investors Service verwelkom om sy vooruitsigskattings-gradering op te gradeer van positief na bestendig. Die waarnemende groepsbedryfshoof, Calib Cassim, sê saam met die opgradering van verskeie belangrike graderings, sal die bestendige uitkyk Eskom se kredietwaardigheid verbeter. Hy beskryf die Wet op Skuldverligting vir Eskom as 'n sleutelfaktor in die opgadering omdat dit die regering toegelaat het om die kragvoorsiener 254 miljard Suid-Afrikaanse rand se skuldverligting toe te staan. Die woordvoerder Daphne Mokwena sê die steun het Eskom se finansiële posisie verbeter:
Novak Djokovic het sy vierde Amerikaanse Ope-titel ingepalm en daarmee die rekord van 24 Grand Slam-enkelspeltitels geëwenaar. Die Serwiër het Daniil Medvedev van Rusland met 6-3, 7-6 en 6-3 verslaan. Dis is sy derde major vanjaar en hy is nou die oudste Amerikaanse Ope-kampioen in die Ope-era. Die 36-jarige is nou ook gelyk met Margaret Court vir die meeste Grand Slam-enkelspel-titels in tennisgeskiedenis. Djokovic, wat na die toernooi weer die wêreldnommer een is, sê dit beteken alles vir hom om 24 major-titels te hê:
Reaksie word ontvang op die arbeidsministerie se aankondiging dat net vyf uit 47 vakbonde en twee uit 17 werkgewersverenigings die Arbeidswet nakom. Die organisasies is by die kantoor van die arbeidskommissaris geregistreer maar, dien nie ouditverslae, ingevolge die wet, in nie. Die arbeidsministerie sê sommige het sedert registrasie nog nooit enige verslae ingedien nie. Tim Parkhouse, die voormalige sekretaris-generaal van die Namibiese Werkgewersvereniging maan die organisasies om aan die nodige bepalings te voldoen.
Reaksie word ontvang op die PDM LP Hidipo Hamata se beplande mosie oor langafstand-huwelike. Hy wil hê die regering moet dit reguleer omdat dit nadelig is vir gades en kinders. Oud-premier Nahas Angula sê daar is baie probleme in die land maar, Hamata moet ook ‘n kans gegun word om sy sê te sê.
Die tweede veiling vir die Rossmund-gholflandgoed het die week misluk. Berigte lui die reserwepryse was te hoog. Die landgoed word op instruksie van die hoërhof opgeveil na ‘n aansoek deur die Ontwikkelingsbank van Namibië oor amper 20 miljoen Namibiese dollar se skuld. Kosmos 94.1 Nuus het met Toni Hancox, direkteur by die Regshulpsentrum gepraat oor wat volgende is.
Afrika-afgevaardigdes het verenig om oplossings te vind wat gemik is op voedselsekerheid regoor die vasteland op die onlangs-afgehandelde Africa Food Systems-spitsberaad in Tanzanië. Die afvaardiging het konsensus bereik oor praktiese optrede en oplossings wat Afrika se pogings sal aanvuur om voedselsekerheid te bereik. Die voormalige eerste minister van Ethiopië, Hailemariam Desalegn Boshe, sê dit is vernederend vir Afrika om onvoldoende bevind te word wat betref voedselproduksie en -sekerheid:
Gift of the Givers se soek- en redding- en mediese spanne is op bystand om Marokko by te staan nadat 'n aardbewing van 6,8 die land Vrydag in die Atlasgebergte getref het. Daar is bevestig dat meer as 2 000 mense dood is in die skudding, wat beskryf word as die dodelikste in dekades in die Noord-Afrikaland. Die meeste van die sterftes het voorgekom in die moeilik-bereikbare bergagtige gebiede. Die stigter van Gift of the Givers, Imtiaz Sooliman, sê die regering van Marokko bestuur die krisis met sy gewapende magte:
Politieke partye in Namibië is reeds besig met veldtogte vir volgende jaar se verkiesing. Dr. Panduleni Itula van die Independent Patriots of Change het reeds ‘n geruime tyd terug sy 2024-veldtog van stapel gestuur. Itula reis op die oomblik regoor die land, en op sy manier, stap hy deur gemeenskappe. Die party se nasionale voorsitter, Brian Black, sê Namibiërs is sat vir die huidige regering en eis verandering.
Die DA het sy diepe medelye uitgepreek met die familie van die stigter-president van die Inkatha Vryheidsparty, prins Mangosuthu Buthelezi, wat Saterdag oorlede is. Die DA-leier, John Steenhuisen, sê Buthelezi se dood laat 'n aansienlike leemte in die Suid-Afrikaanse politiek. Hy beskryf hom as 'n groot dienaar-leier en beklemtoon sy aansienlike rol in die vorming van Suid-Afrika se politieke landskap, sowel as die toewyding van sy lewe aan die verbetering van die lewens van ander en die stryd om vryheid:
Die sekretaris-generaal van die Vakbondfederasie van Namibië, Tucna, Mahongora Kavihuha, sê hulle sal self ondersoek instel om te verseker al hulle vakbonde kom die arbeidswette na. Dit kom na die lynministerie gesê het dat daar is net vyf uit 47 vakbonde en twee uit 17 werkgewersverenigings wat die wet nakom. Die organisasies is by die kantoor van die arbeidskommissaris geregistreer maar, dien nie ouditverslae, ingevolge die wet, in nie. Die arbeidsministerie sê sommige het sedert registrasie nog nooit enige verslae ingedien nie.
Die Namibiese Welwitschias skop nou hulle Wêreldbeker-veldtog in Saint Etienne in Frankryk teen Italië af. Die vise-president Nangolo Mbumba het die span die best toegewens.
Die polisie in Mpumalanga doen 'n beroep op die publiek om bewus te wees van bedrieërs wat niksvermoedende slagoffers bedrieg deur aan te bied om hulle te help om kontant te bekom vanaf betroubare kleinhandelsupermarkte se slimkoper-kaarte. Dit volg nadat 'n 53-jarige man, woonagtig in Pienaar buite Mbombela, onlangs teen 'n bedrag van 70 000 Suid-Afrikaanse rand bedrieg is. 'n Polisiewoordvoerder, Donald Mdhluli, sê die verdagte het sy slagoffer genader met 'n strooibiljet by die eMoyeni-winkelsentrum in Pienaar:
Namibië staan bankvas agter ons Welwitschias wat vandag hulle eerste Wêreldbekerwedstryd teen Italië in Frankryk speel. Die kragmeting begin om een-uur in Saint Etienne. Kosmos 94.1 se luisteraars het die span so moed ingepraat.
Die EFF-leier Julius Malema dreig om die onafhanklike Verkiesingskommissie hof toe te neem as die party nie in aanloop tot volgende jaar se algemene verkiesing inligting ontvang oor ongeregistreerde kiesers nie. Malema sê dis noodsaaklik vir die EFF se pogings om ongeregistreerde kiesers te mobiliseer en hulle deelname aan die komende verkiesing aan te moedig:
Die lugvaartkenner, dr. Guy Leitch, sê die mislukking van Mango-lugredery is as gevolg van die ondergang van die Suid-Afrikaanse Lugdiens. Sy standpunt volg nadat die Hooggeregshof in Pretoria die minister van Openbare Ondernemings, Pravin Gordhan, 30 dae gegee het om ʼn besluit te neem oor die lot van Mango, wat reeds twee jaar lank nie vlieg nie. Die hof het bevind Gordhan se versuim om 'n besluit oor die verkoop van die lugdiens te neem, is onwettig en ongrondwetlik. Leitch sê Gordhan mors doelbewus tyd met die aangeleentheid:
Die Namibiese Bloedoortappingsdiens het ‘n veldtog vandag in Windhoek en Oshakati om voorraad op te bou. Veral O-negatiewe bloed is dringend nodig. Titus Shivute van die diens doen ‘n beroep op die publiek om te skenk.
‘n Gereelde molesmaker by ‘n nagklub in die hoofstad het haar verskyning op Copps 94.1 gemaak nadat sy gevang is op geslotekring-televisie waar sy geld uit ‘n man se beursie steel. Francois Lottering was aan diens en het die storie.
Prokureur Richard Metcalfe het nog geen terugvoering ontvang met betrekking tot die verstekvonnis-stelsel ná sy oproep aan die Bank of Namibia om in te gryp nie. Maar, hy voeg by daar blyk om ‘n toenemende toegeeflikheid te wees met effe verligting.
Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies is in Nieu-Delhi in Indië waar die G20-beraad die naweek plaasvind. Hy sê G20-lande is verantwoordelik vir 80 persent van die wêreld se vrystellings en dus, kan die groepering ‘n werklike verskil aan die klimaatskrisis maak.
Die gees loop hoog vir die Rugby Wêreldbeker! Corne du Randt, Kosmos 94.1 se spesiale korrespondent by die Wêreldbeker is in Saint Etienne in Frankryk vir die openingseremonie wat agt-uur begin en daarna, Frankryk teen die All Blacks wat in Parys speel. Corné sê die dinge loop lekker!
Eskom het aangekondig dat beurtkrag oor die naweek tussen fases drie en vier sal wissel. Woordvoerder Daphne Mokoena sê dit is danksy die herstel van sommige opwekkingseenhede terwyl beplande instandhouding nog aan die gang is. Volgens haar sal fase vyf-beurtkrag tot môreoggend vyf-uur voortduur. Mokwena sê Eskom sal Suid-Afrikaners in kennis stel indien enige groot wysiging plaasvind:
Nog reaksie word ontvang op NamPower se planne om teen 2025 sy verspreiders op voorafbetaalde stelsels te plaas. Die kragvoorsiener word meer as ‘n miljard Namibiese dollar geskuld wat onvolhoubaar is. Cenored is een so verspreider en sy woordvoerder Charlie Matengu sê daar is rede om senuagtig te wees maar, daar is ook goeie dinge wat uit die stap kan kom.
Carlos Alcaraz van Spanje en Novak Djokovic van Serwië is die gunstelinge om hulle halfeindstryde in die Amerikaanse Ope te wen vir nog ʼn tweestryd om ʼn Grand Slam-titel. Die topgekeurde Spanjaard en verdedigende kampioen kom teen die derde gekeurde Rus, Daniil Medvedev te staan terwyl die tweede gekeurde Djokovic, ʼn driemalige kampioen, speel teen die jong plaaslike speler, Ben Shelton. Alcaraz, wat Djokovic geklop het om Wimbledon vanjaar te wen, sê sy fokus is voorlopig op Medvedev:
McHenry Venaani, die leier van die amptelike opposisie, die PDM, vier vandag sy 46ste verjaarsdag. Venaani is een van die jongste lede van die Nasionale Vergadering. Hy sal môre tien jaar as partyleier vier na hy oorgeneem op 9 September 2013 die amp ingeneem het. Sy hoofsweep, Elma Dienda, het hom geluk gewens.
Inwoners van Keetmanshoop het kommer uitgespreek oor die feit dat die groen-waterstof projekte van die regering geen voordeel vir die inwoners inhou nie. ‘n Groot deel van die projekte, sowel as die olie-ontginning, sal in en na aan die Karas-streek voorkom. Daar word ‘n beroep op streeksleierskap gedoen om in te tree en te verseker dat daar voordele vir landelike inwoners is. Veteraan vakbondleier Job Muniaro sê die streek se inwoners het nie die nodige vaardighede nie.
Dit wil voorkom asof die Trans-Kalahari-spoorprojek uit die blokke is na ‘n ooreenkoms reeds in 2015 onderteken is. Die twee lynministers het onlangs vergader oor die projek wat steenkool van Botswana met Namport sal verbind, met ‘n droë hawe wat reeds op Gobabis gevestig is. Die eerste advertensies vir partye om belangstelling te toon is die week reeds geplaas en TransNamib, wat groot voordeel uit die projek sal trek, sê dit is verblydend om te sien dat daar wesenlike vordering is. Sy woordvoerder, Abigail Raubenheimer...
Die jaarlikse Deep Learning Indaba van die African Machine Learning en die kunsmatige intelligense gemeenskap vind tans in Accra, Ghana plaas. Die indaba het ten doel om kunsmatige intelligensie in Afrika te versterk. Afrika se kunsmatige intelligensie-gemeenskap sal betrokke raak by navorsingsuitruiling en debatte rondom leer op masjiene. Anicia Peters van Namibië se Nasionale Kommissie vir Navorsing, Wetenskap en Tegnologie, het die indaba se deurslaggewende doelwit beklemtoon om Afrikane te bemagtig om stigters en eienaars van tegnologiese vooruitgang te word, terwyl plaaslike innovering en kundigheid op die gebied bevorder kan word:
Die Britse premier Rishi Sunak is in Indië vir die G20 beraad. Hy sê een van sy fokuspunte sal die verwoestende impak van die oorlog in die Oekraïne op voedselpryse wees. Sunak sê druk moet op Rusland in die verband geplaas word.
Die Wêreldbeker skop vanaand af en Ierland begin die toernooi as die wêreld nommer een. Hulle het nog nooit ʼn halfeindstryd gehaal nie, maar hulle is beslis een van die gunstelinge vir vanjaar se toernooi. Die Iere se veldtog begin môre teen Roemenië en afrigter, Andy Farrell, sê hulle is slaggereed:
Nick Yarris, ‘n voormalige gevangene wat in die VSA ontsnap het en vir 25 dae owerhede ontduik het, sê Daniel Khalife sal weer gevang word. Khalife, ‘n terreur verdagte het Woensdag van die Wandsworth-gevangenis in Londen ontsnap. Hy voeg by hy hoop dat niemand beseer word tydens sy inhegtenisneming nie.
Die goewerneur van die Bank van Namibië Johannes !Gawaxab vergader op die oomblik saam met verskeie goewerneurs van sentrale banke in die streek. Die SAOG-komitee van Goewerneurs van Sentrale Banke is gestig om samewerking te bewerkstellig. !Gawaxab sê die sessie, wat op Swakopmund gehou word sal die nuwe strategie vir die komitee tot 2026 beplan.
Die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie sê Oekraïne wen stadig maar seker veld met sy teenaanval op Rusland. Oekraïnse magte het vordering gemaak suid van Robotyne wat die verste punt van hulle teenaanval in die suidelike linie is. Navo se sekretaris-generaal, Jens Stoltenberg, sê hy vind dit vreemd om klagtes oor die spoed van die teenaanval te hoor van diegene wat in Februarie verlede jaar voorspel het Oekraïne gaan binne weke oorgee:
Die Proteas se kaptein, Temba Bavuma, sê daar was gisteraand ʼn gebrek aan afwisseling en bestendigheid met die bal in hul nederlaag met drie paaltjies teen Australië in die eerste eendagwedstryd in Bloemfontein. Hy het 'n onoorwonne 114 aangeteken en Suid-Afrika is vir 222 uitgeboul. Dit was egter nie genoeg nie, want Marnus Labuschagne en Ashton Agar het 'n vennootskap van 112 om die agste paaltjie aangeteken om die oorwinning te verseker met meer as agt boulbeurte oor. Bavuma sê hulle moet meer genadeloos wees:
Die gesondheidsministerie se direktoraat van ontwikkelende maatskaplike welsyn-dienste herdenk Maandag die Internasionale Dag van Selfmoord-voorkoming. Namibië het die hoogste selfmoordsyfer op die vasteland met 10 uit elke 100 000 mense, ongeveer 500 ‘n jaar, wat selfmoord pleeg. Dit hou volgens kenners verband met drank- en dwelmmisbruik sowel as werkloosheid en armoede. Die veteraan maatskaplike aktivis, Zack Itodo, kry elke dag hiermee te doen en hy sê stappe moet geneem word.
Reaksie word ontvang op berigte dat die PDM-parlementslid Hidipo Hamata van voorneme is om ‘n mosie ter tafel te lê vir die regulering van langafstand-huwelike. Hy sê blykbaar dit sal die welstand van gades verbeter en die heiligheid van die huwelik beskerm. Kenners meen Namibië het baie groter uitdagings en volgens Eben de Klerk, van die Vereniging vir Ekonomiese Beleidsnavoring, wek die regering se herhaalde pogings tot mikrobestuur, kommer.
Daar is net vyf uit 47 vakbonde en twee uit 17 werkgewersverenigings wat die Arbeidswet nakom. Die organisasies is by die kantoor van die arbeidskommissaris geregistreer maar, dien nie ouditverslae, ingevolge die wet, in nie. Die arbeidsministerie sê sommige het sedert registrasie nog nooit enige verslae ingedien nie. Jeremia Namalenga, woordvoerder by die arbeidsministerie sê die organisasies het tot 30 November.
Die Gautengse LUR vir Vervoer, Kedibone Diale-Tlabela, gaan vandag hulde bring aan die oorlewendes van die Boipatong-slagting met 'n spesiale middagete by die Boipatong Monument. Sowat 45 mense is in Junie 1992 dood en verskeie ander is in die Boipatong-slagting beseer. Die woordvoerder van LUR, Lesiba Mpya, sê die slagting word wyd erken as een van die sleuteloomblikke in Suid-Afrika se oorgang tot onderhandelings:
Die goewerneurs van verskeie sentrale banke in die streek vergader vandag op Swakopmund. Die SAOG-komitee van Goewerneurs van Sentrale Banke is gestig om samewerking te bewerkstellig. Eerste minister Saara Kuugongelwa-Amadhila het die hooftoespraak gelewer en sê noue samewerking tussen sentrale banke in die SAOG-streek is belangrik.
Die speaker van die Nasionale Vergadering in die buurland, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, het die African Transformation Movement en die UDM se versoek vir 'n geheime stemming oor die Artikel 194-verslag van die hand gewys. Die verslag wat aanbeveel die geskorste Openbare Beskermer, Busisiwe Mkhwebane, moet uit haar amp verwyder word, is komende Maandag voor die Nasionale Vergadering vir finale goedkeuring. Die Parlement se woordvoerder, Moloto Mothapo, sê die speaker het die saak deeglik oorweeg en tot die besluit gekom:
Die Instituut vir Sekerheidstudies sê hy is tevrede met die regering se vordering in die hantering van onwettige mynbedrywighede in Suid-Afrika. Hierdie myn-operasies aan die verre Wes-Rand in Gauteng het verlede week 'n groot terugslag beleef toe ses vermeende baasbreine in hegtenis geneem is. Na raming bestee myne jaarliks meer as 2,5 miljard Suid-Afrikaanse rand om hulle bedrywighede teen onwettige mynwerkers te beskerm. Lizette Lancaster van die instituut sê meer vervolgings moet plaasvind:
Suid-Afrika se adjunkpresident Paul Mashatile sê die ANC stel nie daarin belang om koalisies te vorm nie, maar dit het 'n werklikheid van die Suid-Afrikaanse politieke landskap geword waarop die regering beter voorbereid moet wees. Hy sê regverdigheid, deursigtigheid en aanspreeklikheid in die politieke stelsel kan egter verseker word indien die reëls, prosedures en moontlike sanksies bepaal kan word, wat van toepassing sal wees op politieke partye en onafhanklike raadslede wat saam regeer:
Die wêreld se nommer-twee-speler, Aryna Sabalenka, kom môre in New York teen die Amerikaner Coco Gauff te staan, in die vroue-eindstryd van die Amerikaanse Ope. Die Belarus, wat ná die toernooi die nuwe wêreld-nommer-een sal wees, het die eerste stel verloor maar teruggeveg om nog 'n Amerikaner Madison Keys met 0-6, 7-6, 7-6 te klop, vir haar eerste Amerikaanse Ope-eindstryd. Gauff speel ook in haar eerste eindstryd in New York nadat sy die tiende gekeurde Tsjeg, Karolina Muchova, met 6-4 7-5 verslaan het. Gauff sê sy is gereed om 'n Grand Slam te wen:
Die EFF-leier Julius Malema sê die slagveld vir 2024 sal genadeloos wees en daarom moet die party genadeloos wees teen diegene wat nie 'n politieke en ideologiese waardering het nie. Hy het die EFF se verkiesingslypskool in aanloop tot volgende jaar se verkiesing toegespreek. Malema sê die party is gereed om die land te regeer en ekonomiese vryheid na Suid-Afrikaners te bring:
Die Toerisme-sakeraad van Suid-Afrika bied tans sy Toerisme-leierskapskonferensie by Sun City-oord in Noordwes aan. Die konferensie, wat vandag afsluit, fokus op die ondersoek van geleenthede en ook die uitdagings in die sektor. Die raad se uitvoerende hoof, Tshifhiwa Tshivhengwa, sê die konferensie beklemtoon die deurslaggewende rol van toerisme in die ekonomie. Hy sê die platform bespreek ook oplossings wat benodig word vir die toerismesektor om volhoubaar en mededingend te bly:
Die Namibië Sjefsvereniging sê sy prysuitdeling was ‘n reuse-sukses. Dit het by die Silverspoon Hospitality-akademie in die hoofstad plaasgevind en daar was drie kategorieë deelnemers - skolesjefs, junior sjefs, jonger as 25, en senior sjefs. Die president van die vereniging Philip Klynsmith het die wenners met Kosmos 94.1 Nuus gedeel.
‘n Baba is vanoggend in ‘n asdrom in Rocky Crest in die hoofstad gevind. Volgens adjunk-kommissaris Chrispin Mubebo van die Khomas-polisie is die toestand van die baba nog nie bekend nie en lede is nog op die toneel.
Die voorsitter van die bestuurskomitee van die Okahandja-munisipaliteit, Vincent Kariseb sê hulle het herhaaldelik gepoog om met die leier van die groep Sydney Gariseb te ontmoet maar, dit is blybaar onmoontlik. Hy voer aan Gariseb se aantygings is nie almal waar nie. Programme is ook op die dorp van stapel gestuur. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Die Suid-Afrikaanse Parlement se Etiekkomitee het drie LP’s vrygespreek van bewerings wat deur die geskorste Openbare Beskermer, Busisiwe Mkhwebane, geopper is rakende etiese wangedrag en die nie-openbaarmaking van belange. Die speaker, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, is beskuldig dat sy haar pligte oor 'n brief van 'n verklikker nie nagekom het nie, maar die komitee het bevind die klagte beskik nie oor spesifieke besonderhede nie. Lydia Moshodi van die komitee sê die klagte teen wyle Tina Joemat-Pettersson is van die hand gewys weens haar nie-lidmaatskap:
ActionSA sê sy eerste beleidskonferensie wat volgende week plaasvind, gaan sterk fokus op die hersiening van die immigrasiebeleid. Die party beoog om die kwessie te pak met 'n omvattende pakket wat daarop gemik is om grenspatrollies te verbeter en die deportasie van mense wat onwettig in die land woon, te vergemaklik. Die voorsitter, Michael Beaumont, het die party se gereedheid vir sy eerste konferensie uiteengesit. Hy hoop die party se manifes vir volgende jaar se verkiesing sal 'n vars alternatief vir burgers bied:
AfriForum Jeug vra die Universiteit van Pretoria om die Studentebevel van die Ekonomiese Vryheidsvegters as 'n studentevereniging te deregistreer, weens hul ontwrigtende gedrag tydens die studenteraadsverkiesing. Die jeugorganisasie het private sekerheid ontplooi om studente te beskerm wat onveilig voel na intimidasie, aanhitsing tot geweld, ontwrigting van studies en rassespanning. AfriForum Jeug se woordvoerder, René van der Vyver, het die universiteit versoek om ook die EFF se kandidate vir die studenteraad te skors:
Owerhede in Namibië sukkel met renosterstropery wat verlede jaar amper verdubbel het tot 87 renosters wat gestroop is, meeste in Etosha Nasionale Park. Maar dinge blyk om beter te gaan in die buurland met die Suid-Afrikaanse Nasionale Parke wat sê bewaking, bewaring en pogings teen stropery werp vrugte af in die Krugerwildtuin. Verlede jaar dié tyd is 23 renosters in die Malelane-gebied in die Krugerwildtuin gestroop. Tot op hede is slegs vyf renosters sedert Januarie gestroop. 'n Woordvoerder van Anglo American Platinum, Nomonde Ndwalaza, sê hulle het verlede jaar vier Bat Hawks-helikopters aan die Krugerwildtuin geskenk om met bewaking en teenstropery te help:
Die raadgewer van Amerika se oudpresident Donald Trump, Peter Navarro, is skuldig bevind aan minagting van die Kongres omdat hy geweier het om saam te werk met 'n ondersoek na die aanval op die Kongresgebou op 6 Januarie 2021. Hy kan tot 'n jaar tronkstraf kry op elk van die twee aanklagte van minagting. Navarro is in Februarie verlede jaar gedagvaar deur die komitee wat ondersoek instel hoe en waarom Trump-ondersteuners die Kongres-gebou bestorm het. Hy het geweier om dokumente te oorhandig en het nie voor die hof verskyn om te getuig nie. Navarro sê hy gaan appelleer.
Die direkteur-generaal van die Teenkorrupsie-kommissie, Paulus Noa, het gereageer op moontlike bedrog by die NaTIS-kantoor in die hoofstad. ‘n Dag na leerlingbestuurders hul rybewys-toets gedruip het, word hulle gekontak deur iemand wat hom voordoen as ‘n NaTIS-werknemer wat dan aanbied om die toets as geslaag te registreer indien daar ‘n betaling van tot 5 000 Namibiese dollar gedoen word. Noa sê in so geval moet die kommissie gekontak word sodat hulle kan help om die individu aan te keer.
Die goeweneurs van verskeie sentrale banke in die streek vergader vandag op Swakopmund. Die SAOG-komitee van Goewerneuers van Sentrale Banke is gestig om samewerking te bewerkstellig. Maar hoekom moet ons omgee? Deurwinterde sakeman, dr. Leake Hangala, voorsitter van die Hangala-groep, verduidelik.
Telecom Namibia sukkel steeds met onbetaalde rekenings en waarsku dat hy Sondag alle kliënte met uitstaande skuld sal afsny. Dit is ‘n maandelikse oefening, in ‘n poging om sy debiteure onder beheer te bring. Nomvula Kambinda, woordvoerder by Telecom het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Die DA raai ontvangers van die Sassa-toelag aan om die Posbank te vermy en rekenings by betroubare banke te open om te verhoed dat hulle sonder toegang tot hul geld moet sukkel. Die party sê hy is oorval met klagtes van ontvangers wat onttrekkingsprobleme ondervind weens tegniese foute by die Posbank. Die DA-lid, Alexandra Abrahams, sê kwesbare bejaardes, wat ure lank in ongunstige weer tougestaan het, moes met leë hande terugdraai.
Die ministerie van werke en vervoer sê die omgewingsimpak-studie in verband met die ontwikkeling van ‘n vliegveld by Opuwo in die Kunene-streek is nie ‘n nuwe projek nie. Die vliegveld is omtrent 22 kilometer oos van die dorp en die sperdatum is 27 September. Julius Ngweda, skakelbeampte by die ministerie sê die projek moet nou afgehandel word omdat die vliegveld uiters belangrik is. Hy verduidelik.
Die Namibiese Inkomste-agentskap het die implementering van 'n omvattende beloningstelselbeleid aangekondig wat daarop gemik is om NamRA-personeellede en individue aan te spoor wat saam te werk om gevalle van doeane- en belastingontduiking te identifiseer en aan te meld. Woordvoerder Steven Ndorokaze het meer.
Die hoof van die Noord-Kaapse Valke, Stephen Mabuela, sê hy is teleurgesteld oor die arrestasie van die 49-jarige waarnemende stasiebevelvoerder van die Springbok-polisie vir diefstal. Nomvula Jacobs word aangekla van diefstal ter waarde van meer as 290 000 Suid-Afrikaanse rand uit die stasie se kluis. Die Valke se woordvoerder, Tebogo Thebe, sê dit sluit meer as 102 000 rand in waarop daar tydens 'n voortgesette ondersoek beslag gelê is. Hy sê dit was veronderstel om in 'n misdaad-bateherwinningsrekening gedeponeer te word nadat die hof 'n bevel uitgereik het:
Die Namibiese Nasionale Studente-organisasie, Nanso, hou môreoggend om sewe-uur ‘n vreedsame protes by Cosmos Hoërskool in Khomasdal. Volgens Dorothea Nangolo van die organisasie, is daar bereigte dat die skoolhoof kinders aanrand en dat sekuriteitswagte die kinders aanhou met die gebruik van wapens...
Die Suid-Afrikaanse minister van landbou, Thoko Didiza, het die landbousektor in die buurland geloof vir sy goeie ekonomiese prestasie in die tweede kwartaal van die jaar. Die sektor het met 4,2 persent gegroei en 60,2 miljard Suid-Afrikaanse rand in uitvoere verdien. Haar woordvoerder Reggie Ngcobo sê die waarde van uitvoere het met 13 persent gegroei.
Die Namibië Sjefsvereniging bied vanaand, om ses-uur, sy prysuitdeling vir die 2023 Sjef van die Jaar-kompetisie. Dit vind by die Silverspoon Hospitality-akademie in die hoofstad plaas. Daar was drie kategorieë deelnemers - skolesjefs, junior sjefs, jonger as 25, en senior sjefs. Die kompetisie het op 5 en 6 September by Silverspoon Hospitality Academy plaasgevind. Die president van die vereniging Philip Klynsmith het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.
Reaksie word ontvang op die reuse-handelstekort in Julie. Dit het tot by 3,7 miljard Namibiese dollar gestyg, die hoogste sedert Julie 2019. Namibië bly ‘n netto invoerder en daarom die tekort. Daar vind nie genoeg plaaslike vervaardiging plaas nie en min verwerkte produkte word uitgevoer. Die voormalige uitvoerende hoof van die Namibiese Vervaardigersvereniging, Hennie Fourie, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor die uitdaging.
Die Namibiese Studente-hulpfonds het in Maart meer as 9 miljard Namibiese dollar in uitstaande skuld van 132 000 begunstigdes gehad. Daar word hard gewerk om die fondse in te samel en 81 persent van begunstigdes is reeds opgespoor. David Nathinge van die fonds het die jongste ...
Daar is vrae oor die aandeelhouding van Namcor, namens die Namibiese regering, in olie-eksplorasie en natuurlike hulpbron-ontginning in die land. Op die oomblik het Namcor 10 persent aandeelhouding in alle projekte – maar hy dra geen finansiële verantwoordelikheid vir die projekte nie. Die minister van myne en energie, Tom Alweendo sê dit is moontlik om groter aandeelhouding te bekom maar, beleggers moet gerusgestel word. Hy verduidelik.
Die DA in Mpumalanga waarsku inwoners van Sabie oor die moontlikheid en gevaar van siektes aangesien hul vars water erg met E. coli-bakterieë besmet is. Dit is onthul in 'n verslag van onafhanklike toetse wat in samewerking met die Sabie Kamer van Koophandel en Toerisme en ander belanghebbendes gedoen is. Sonja Boshoff van die DA sê die bevindings is by die munisipaliteit aangemeld, maar hulle het tot op hede niks daaraan gedoen nie:
Huldblyke stroom steeds in vir Raymond Ackerman. President Cyril Ramaphosa het sy meegevoel betuig met die familie van die stigter van Pick n Pay en filantroop. Ramaphosa se woordvoerder, Vincent Magwenya, sê die 92-jarige was een van die eerste kleinhandelaars wat hom teëgesit het teen die apartheidstaat se monopolie op basiese goedere:
Motorsport-liefhebbers sien reeds uit na die Shell V-Power-tydren wat volgende naweek op Swakopmund plaasvind. Daar is tien trajekte oor 103 kilometer. Francois Lottering het met Kosmos 94.1 Sportnuus oor die trajekte en die deelnemers gepraat.
Die vise-president Nangolo Mbumba is pas terug vanaf Nairobi, Kenia waar hy en landbouminister Calle Schlettwein die Afrika Klimaatberaad bygewoon het. Mbumba sê een belangrike oplossing vir klimaatuitdagings is opleiding.
Die Suid-Afrikaanse Agentskap vir Maatskaplike Sekerheid sê 'n tegniese probleem in die Posbank se betalingstelsel wat kort-kort voorgekom het, is opgelos. Die probleem het duisende pensioenarisse sonder hulle toelaes gelaat. Die ontvangers kon nie by kleinhandelaars en kitsbanke toegang tot hul geld kry nie. Sassa se woordvoerder, Paseka Letsatsi sê hulle vra verskoning vir die ongerief:
Die wisselkoers tussen die Suid-Afrikaanse rand en Amerikaanse dollar vertoon power. Op die oomblik verhandel die rand rondom 19,20 teen die Amerikaanse geldeenheid. Die dollar het in die afgelope week met 4 persent versterk en dit wil voorkom as die eenheid op die trajek sal bly, soos ekonoom Dawie Roodt verduidelik.
Kosmos 94.1 verneem van verskeie luisteraars dat daar moontlike bedrog is by die NaTIS-kantoor in die hoofstad. ‘n Dag na leerlingbestuurders hul rybewys-toets gedruip het, word hulle gekontak deur iemand wat hom voordoen as ‘n NaTIS-werknemer wat dan aanbied om die toets as geslaag te registreer indien daar ‘n betaling van tot 5 000 Namibiese dollar gedoen word. Hileni Fillemon, woordvoerder van die Paaie-owerheid, hou voet by stuk dat dit nie ‘n NaTIS werknemer is nie en waarsku lede van die publiek om waaksaam te wees.
Hy sê ‘n omvattende oplossing moet gesoek word en dat daar nie net klem gelê moet word op die verskuiwing van ‘n draad nie.
Die sogenaamde rooilyn bly plaaslik in die nuus. Daar word beaam dat boere in die noordelike kommunale gebiede uitgesluit word van oorsese markte alhoewel daar wel uitvoere na die Midde-Ooste en ander Afrikalande plaasvind. Daar is eise dat die rooilyn verwyder word maar, op sy beurt is daar kommer oor die sogenaamde kommersiële gebied. Die bekende landbou-kenner, dr. Kobus Laubscher sê daar is opsies.
Stad Windhoek het samewerkings-ooreenkomste met verskeie plaaslike owerhede regoor die land onderteken. Die doelwit is beter samewerking en koördinering van aktiwiteite en die implementering van aksieplanne. Die minister van stedelike ontwikkeling Erastus Uutoni het die raadslede toegespreek en hulle gemaan om ekonomiese ontwikkeling as prioriteit te stel.
Namibië het ‘n span van 22 jong spelers wat die land verteenwoording by die Afrika Jeug Skaak Kampioenskappe in Kaïro, Egipte, wat Saterdag tot ‘n einde loop. Nege dogters en 13 seuns tussen die ouderdom van 6 en 18 neem deel onder die afrigting van Charles Eichab. Die kampioenskap is klassieke skaak wat oor 9 rondtes gespeel word en daar is nog drie rondtes oor. Eichab sê die span vertoon uiters goed.
Die Amerikaanse Ope verdedigende kampioen, Carlos Alcaraz, kom môre in New York in 'n halfeindstryd te staan teen die 2021-kampioen, Daniil Medvedev van Rusland. Die 20-jarige Spanjaard het die top-gekeurde Duitser Alexander Zverev met 6-3, 6-2, 6-4 verslaan en so die jongste man geword wat drie Grand Slam-halfeindstryde in dieselfde jaar haal, sedert Novak Djokovic in 2007. Medvedev het sy vriend en landgenoot, Andrey Rublev, met 6-4, 6-3, en 6-4 geklop en die halfeindronde van die Amerikaanse Ope die vierde keer gehaal. Medvedev sê Alcaraz se spel is indrukwekkend:
Die DA sê die polisieminister, Bheki Cele probeer beheer kry oor die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat sodat hy mag het oor die hele polisiëringswaardeketting. Die parlementêre portefeuljekomitee oor die polisie het ten gunste van die deurvoering van die direktoraat se wysigingswetsontwerp gestem. Die wetsontwerp laat die polisieminister toe om die direktoraat se uitvoerende hoof eensydig aan te stel en die Parlement net daaroor in te lig. Andrew Whitfield van die party sê die staatsregsadviseur het die wetsontwerp as ongrondwetlik verklaar:
Reaksie word ontvang op die Suid-Afrikaanse Health Justice Initiative wat sê farmaseutiese maatskappye het Suid-Afrika gyselaar gehou oor Covid-19-entstowwe en die land gedwing om te veel daarvoor te betaal. Dit was nie plaaslik die geval nie. Inteendeel, die prys het volgens die gesondheidsministerie se uitvoerende direkteur Ben Nangombe gedaal tussen die ondertekening van die kontrak en die aankope.
Die Wes-Kaapse LUR vir Finansies en Ekonomiese Geleenthede, Mireille Wenger, sê die beperking van rompslomp vir provinsiale ondernemings om ekonomiese groei en werkskepping te bewerkstellig, moet voorkeur kry. Die Departement van Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme se eenheid om rompslomp te verminder werk daaraan om sakeondernemings toe te laat om te groei en volhoubare inkomste en werksgeleenthede te verseker. Wenger sê tussen Mei 2019 en September verlede jaar het die eenheid sake-ingrypings makliker gemaak en dit het die provinsiale ekonomie 1,85 miljard Suid-Afrikaanse rand gespaar:
Die Transformation Alliance in Tshwane sê hy is in gesprek met die Gautengse Departement van Maatskaplike Ontwikkeling om nóg maniere te vind om dwelmmisbruik in die metro te bekamp. In Mei is die Stad Tshwane se veldtog teen dwelmmisbruik versterk deur die bekendstelling van minstens 100 gemeenskapsmonitors. Mpho Baloyi van die Transformation Alliance, sê dwelmmisbruik het maatskaplike en ekonomiese gevolge, en lei tot ernstige ontwrigting in die welstand van en harmonie binne gesinne én gemeenskappe:
AfriForum in die buurland het geskrewe besware teen die Wetsontwerp op die Nasionale Gesondheidsversekering aan die Nasionale Raad van Provinsies voorgelê. Dit volg nadat die aanvanklike spertyd vir openbare voorleggings tot 15 September verleng is. Die organisasie sluit aan by belanghebbers in die gesondheidsorg-bedryf en mediese skema-lede wat die wetgewing teenstaan weens kommer oor sentralisering, gebrek aan deursigtigheid en grondwetlike kwessies. Louis Boshoff van AfriForum vrees die wetsontwerp kan ‘n duur mislukking word, op burgers se regte inbreuk maak en privaat gesondheidsorgkeuses inperk:
Die hoofafrigter van die Springbokke, Jacques Nienaber, het sy span aangekondig vir Sondag se Wêreldbeker-openingswedstryd teen Skotland. Suid-Afrika is tans tweede op die wêreld-ranglys en die Skotte vyfde. Die Bokke se hulpafrigter, Deon Davids, sê die teenstanders is ʼn goeie span en sy manne sal moet verseker hulle staan hulle man in elke aspek van die spel. Hy is ingenome met die wyse waarop hulle voorbereiding vir die verdediging van hulle titel vorder:
Die Stad Tshwane waarsku inwoners oor uitgerekte kragonderbrekings hierdie week te midde van fase ses-beurtkrag. Dit beteken alle streke sal vir 'n minimum van ses-ure per dag onderbrekings ervaar wat in twee of drie fases per dag ingestel word. Die burgemeesterskomiteelid vir Nutsdienste, Streekbedrywighede en Koördinering, Themba Fosi, sê oorlading, opsetlike beskadiging en diefstal tydens beurtkrag kan bykomende onderbrekings veroorsaak:
Die hoof van die Verenigde Nasies Antonio Guterres se die wêreld se klimaatineenstorting het begin. Sy waarskuwing kom na die Wêreld Meteorologiese Organisasie berig het dat die wêreld deur sy warmste noordelike halfrond-somer op rekord beleef het. Europa se Copernicus Climate Change Service sê Augustus was die warmste maand op rekord - met 'n groot marge – na raming sowat 1,5 grade Celsius warmer as die pre-industriële gemiddelde. Volgens Copernicus is 2023 tot dusver die tweede warmste jaar op rekord, na 2016. Guterres sê stappe moet nou geneem word.
Namibië se beesbedryf is uiters belangrik maar, produkte waaraan waarde toegevoeg word is nie ‘n rolspeler in die bedryf nie. Die kommunale boere noord van die rooilyn trek veral swaar as gevolg van die bek-en-klou-status van die gebied maar, dit beperk nie die bedryf daar om verwerking aan te pas om waarde tot die bees-waardeketting in die land by te voeg nie. Kosmos 94.1 Nuus het met Salomo Hei van High Economic Intelligence gepraat oor opsies vir uitvoere na internasionale bestemmings en waarde-toevoeging.
Reaksie word ontvang op die uiteindelike verkoop van Platinum Rhino van John Hume. Hy het meer as 2 000 witrenosters en die onderhoud was eenvoudig te duur op 181 000 Namibiese dollar daagliks. African Parks, 'n privaat Johannesburg-gebaseerde bewarings-organisasie, wat 22 beskermde gebiede in vennootskap met 12 regerings regoor Afrika bestuur, het bevestig dat hy die eiendom van 7 800 hektaar in Noordwes-provinsie in Suid-Afrika oorgeneem het. Die diere sal oor die volgende dekade vrygelaat word. Jaco Muller van die plaaslike Rhino Momma Project naby Outjo sê die vrylating van die diere wek kommer en in sy mening moet die aangeteelde renosters, jaarliks tot 200 diere, eerder hervestig word.
Die tweede veiling word vir die Rossmund-gholflandgoed sal vandag deur Esterhuizen Auctions aangebied. Die landgoed word op instruksie van die hoërhof opgeveil na ‘n aansoek deur die Ontwikkelingsbank van Namibië oor amper 20 miljoen Namibiese dollar se skuld. Plaaslike ekonoom Gabriel Erastus sê dit sal moeilik wees om die landgoed in plaaslike besit te hou.
Indringerbos bly ‘n probleem in die land en beperk veeboerdery as gevolg van die verlies aan weiding. Die Standard Bank Biomassa-fees begin vandag en duur tot Saterdag by Gross Barmen-oord naby Okahandja plaas. Biomassa is ‘n belangrike bron van voer maar ook van inkomste en Erastus Ngaruka, Agribank se vee- en akkerbou-tegniese adviseur, sê die geleenthede moet ondersoek word.
Die Gautengse Gesondheidsdepartement sê sy forensiese patologiediens vra niks om liggame te berg of lykskouings te doen nie. Families van slagoffers van die onlangse brand in Johannesburg se middestad sê hulle is gevra om 700 Suid-Afrikaanse rand te betaal om die liggame van geliefdes by die staat se Diepkloof- forensiese patologiediens te kry. Die departement se woordvoerder, Motalatale Modiba, sê hierdie diens lewer gratis dienste wat die DNS-monsters insluit van liggame wat weens die brand nie geïdentifiseer kan word nie:
Die Nasionale Vervolgingsgesag se batebeslagleggingseenheid het drie bewaringsbevele van meer as 16 miljoen Suid-Afrikaanse rand by die Gautengse hoërhof in Pretoria gekry. Dit is om beslag te lê op bates van vermeende baasbreine agter onwettige mynbedrywighede. Verlede jaar het 'n ondersoek deur die Valke gelei tot die inhegtenisneming van ses mense wat na bewering baasbreine in die onwettige mynbedryf is. 'n Woordvoerder van die NVG, Lumka Mahanjana, sê hierdie bates sluit in 51 voertuie, eiendom wat aan 14 mense behoort en 'n maatskappy in Khutsong en Carletonville:
Die Afrika Klimaatberaad in Nairobi, Kenia, het tot 'n einde gekom met leiers wat die Nairobi-verklaring aanvaar het om die vasteland se potensiaal as 'n groen-spulpunt uit te lig en ander wêreldleiers aan te moedig om nuwe globale koolstofbelasting te ondersteun. Luidens die verklaring behoort geen land ooit te kies tussen ontwikkelingsaspirasies en klimaataksie nie. Keniaanse president William Ruto sê groen-energie is ‘n wen-wen vir almal.
Met die verhoging in die plaaslike brandstofprys word daar verwag dat smokkelary vanuit Angola weer sal toeneem. Maar, nie so nie, sê Jafet Nakanue, vulstasie-eienaar in die Noorde. Hy sê ten spyte van die opheffing van van die subsidies in die buurland is brandstof steeds baie goedkoper in Angola en die grens is poreus. Hy sê dit is besig om die ekonomie erg skade aan te doen.
Die Nasionale Vervolgingsgesag se Batebeslagleggingseenheid in Pretoria en die Valke is bewaringsbevele toegestaan in die Hooggeregshof in Pretoria, wat eiendomme en voertuie teiken wat gekoppel word aan 'n sindikaat betrokke by die onwettige handel in onbewerkte goud in Khutsong en Carletonville. Volgens die NVG se streekswoordvoerder, Lumka Mahanjana, is ses individue wat glo die sleutelfigure in onwettige mynbedrywighede is intussen in hegtenis geneem. Die verdagtes sal na verwagting môre in die hof verskyn:
Die Gautengse Departement van Gesondheid is besig met die tweede fase van die menslike papilloomvirus-inentingsveldtog in openbare laerskole en spesiale skole. Hierdie projek het ten doel om meisies teen servikale kanker te beskerm, wat deur sekere MPV-stamme veroorsaak word. Die departement se woordvoerder, Motalatale Modiba, doen 'n beroep op ouers en wettige voogde om toestemmingsvorms te teken om te verseker hulle graad vyf meisies, van nege-jaar en ouer, ontvang die entstof:
NamPower wil teen Julie 2025 al sy verspreidende kliënte ‘n voorafbetaalde stelsel daarstel. Die maatskappy het baie skuld en terwyl daar kommer oor die implikasies van die stap is, sukkel NamWater ook met baie in uitstaande skuld. Kosmos 94.1 Nuus het aangeklop by NamWater se uitvoerende hoof om uit te vind of daar by die watervoorsiener ook sulke planne in die pyplyn is.
Die buurland se minister van Binnelandse Sake, Aaron Motsoaledi, sê daar is voorstelle vir die herontwikkeling van die ses besigste grensposte, met die doel om die ongehinderde vloei van mense en goedere te verbeter. Die doel is om sekerheid te verbeter, handel te vergemaklik en doeltreffendheid op te skerp by grensposte soos Beitbrug en Lebombo. Die regering wil vennootskappe met die privaat sektor aangaan om dit te moderniseer met byvoorbeeld gammastraal-skandeerders om onwettige goedere op te spoor. Motsoaledi het aan die media gesê die projek sal na verwagting 38 000 werksgeleenthede skep:
Reaksie word ontvang op die mening van sommige kenners dat Afrikalande moet wegbeweeg van hoofsaaklik landbou-gebaseerde ekonomieë na ligte nywerhede as hulle daarin wil slaag om hul skuld te betaal. Afrikalande het verlede week byeengekom vir 'n konferensie oor skuld en ontwikkeling om hul verskillende fiskale posisies te vergelyk en gemeenskaplike oplossings te vind. Die bekende Suid-Afrikaanse ekonoom Chris Hart sê daar word gereeld voorgeskryf aan Afrika en veral in temas. Hy sê beleggingsbeleid moet verbeter.
Enrico Junius, die voormalige burgemeester van Rehoboth, herstel steeds van die meer as 60 persent brandwonde wat hy verlede jaar op 14 September op sy plaas naby die dorp, opgedoen het. Die brand het amper 30 000 hektaar verwoes en Junius se lewenslange vriend Quintin Diergaardt, wat saam het hom gebrand het, is dood aan sy beserings. Junius het met Kosmos 94.1 Nuus gesels en sê hy is in die hoofstad en ondergaan steeds operasies.
Coca-Cola Beverages Africa Namibia het 'n vennootskap met die Herwinning Namibië Forum en Ontwikkeling-slypskool Namibië aangegaan om werklose vroue op te lei in herwinning om 'n inkomste te skep. Die woordvoerder, Enid Jöhr, sê die bekendstelling van die 'Recycling Heroes Project Program' is ontwerp om deelnemers toe te rus met waardevolle vaardighede en insigte rondom inkomste generering deur herwinning. Jöhr sê 250 vullisverwyderaars van Windhoek, Swakopmund en Otjiwarongo sal opleiding ontvang wat tot skoner gemeenskappe en dorpe sal lei en boonop werk sal skep:
Dwelms raak ‘n groot uitdaging, veral in die Erongo-streek, waar daar weekliks in Swakopmund en Walvisbaai, beslagleggings en arrestasies gemaak word. Die goewerneur van die streek, Neville Andre, sê die probleem wek groot kommer en daarom begin hulle die naweek met ‘n nuwe program.
Die Stad Kaapstad sê 'n nuwe klere- en tekstielverspreidingsentrum vir Truworths Internasionaal sal die grootste van sy soort in die Wes-Kaap wees sodra dit geopen het. Die sentrum is geleë in 'n nywerheidspark naby die Kaapstadse Internasionale Lughawe, King Air Industria. Die burgemeesterskomiteelid vir Ekonomiese Groei, James Vos, sê kleinhandelaars sal na verwagting 368 miljoen kledingstukke van die Suid-Afrikaanse bedryf bekom. Hy sê dit sal meer as 60 000 formele vervaardigingsposte ondersteun waarvan die meerderheid deur vroue gevul sal word:
Nes Namibië, het Suid-Afrika ook uitdagings met lang skorsings van amptenare teen volle betaling. Die DA in Gauteng eis die LUR vir Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Mzi Khumalo, moet die senior rekenmeester van die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit dringend ondersoek. Hy ontvang reeds vir vier jaar 'n jaarlikse salaris van 784 212 Suid-Afrikaanse rand terwyl hy by die huis sit. ʼn Woordvoerder van die DA, Kingsol Chabalala, sê hy het sedert 2019, meer as 3 miljoen rand van die munisipaliteit in sy sak gesteek, terwyl inwoners gebuk gaan onder ‘n gebrek aan dienslewering:
Brittanje het op die oomblik uitdagings met 156 skole wat of gedeeltelik gesluit is of heeltemal gesluit is as gevolg van uitdagings met beton wat sy lewensduur van 30 jaar bereik het. Die leier van die Arbeidersparty, sir Keir Starmer wou by die premier Rishi Sunak weet, in die lig van die krisis, of 34 miljoen pond nodig was vir die opknapping van die minister van skole, Gillian Keegan se kantoor...
Die adjunkminister van myne en energie het vanoggend die nuwe raadslede van die Elektrisiteitsbeheerraad aangekondig. Die voorsitter is Evangelina Nailenge met professor Tjama Tjivikua as die adjunk. Die ander lede is Vincia Cloete, Mburumba Appolus, en Helene Vosloo. Die beheerraad is uiters belangrik en Shilunga sê die raadslede het ‘n belangrike mandaat.
Die African Transformation Movement versoek die speaker van die Nasionale Vergadering, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, vir 'n geheime stemming oor die Artikel 194-komitee se verslag oor die geskorste Openbare Beskermer, Busisiwe Mkhwebane. Die komitee beveel aan sy moet verwyder word nadat daar bevind is sy is nie geskik vir die amp nie. Die stemming vind Maandag plaas. Zama Ntshona van die party sê sedert die ontstaan, indien nie vroeër nie, is die aanloop tot en die proses self gekenmerk deur verskeie bewerings van 'n polities voorafbepaalde uitkoms:
Ons gesels oor maag pyn en die oplossing vir alle ouderdomme in die A. Vogel produk Gastronol. Ons produkte is beskikbaar in apteke oral in Namibia – rig navrae per epos aan info@sanatural.co.za
NamPower is besig met vergaderings regoor die land in verband met die implementering van sy voorafbetaalde stelsel. Hy beplan om teen Julie 2025 voorafbetaalde stelsels vir al sy distribusie kliënte daar te stel. Hy hou van 11 September sessies regoor die land met belanghebbendes en sê kleiner kliënte, veral soos in die Suide, sal eerste oorgeskakel word. Die nuus is egter met kommer ontvang, soos die sekretaris-generaal van die Nama Tradisionele Leiersvereniging, Deodat Dirkse, verduidelik.
Die wetsontwerp wat die Swapo-LP Jerry Ekandjo as privaat burger in die parlement ter tafel gelê het is basies goedgekeur. Die wetsontwerp stel ‘n nuwe definisie vir gades voor wat die erkenning van buitelandse gades in selfdegeslag-huwelike sal verhoed. Terwyl die wetsontwerp tans by die prokureur-generaal is, sê Graham Hopwood, direkteur van die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing, die wetsontwerp sal nie verder kan gaan nie. Hy verduidelik.
Die voorbereidings vir die langverwagte Liefde by die Nam-konsert is in volle swang. Die geleentheid, die grootste in jare in Namibië, het meer as 15 top-kunstenaars met die optredes wat net na 11-uur Saterdagoggend by Vegkop begin. Stefan Rossouw, deel van die organiseerders, is tans besig om die nodige infrastruktuur op te rig.
Die Instituut vir Rasseverhoudinge in Suid-Afrika sê indien beleide vir swart ekonomiese bemagtiging vir gemeenskapskemas ingestel word, sal dit meer geleenthede vir korrupsie skep. Gemeenskapskemas sluit in deeltitelkomplekse, huiseienaarsverenigings, aftreebehuising, aandeleblokmaatskappye en behuisingskoöperasies. Die regering het verlede maand gesê die ANC gaan omheinde gemeenskappe dwing om dienste soos sekuriteit en tuindienste van swart maatskappye te gebruik. Hermann Pretorius van die instituut sê dis moontlik die skending van die regte en ekonomiese ambisies van talle Suid-Afrikaners:
Die Namibiese Statistieke-agentskap sê sy finale lys van sensuspersoneel sal eers na opleiding voltooi is, bekend wees. Op die oomblik is die lys van kandidate wat op sy webtuiste gepubliseer is, die kandidate wat Vrydag by die kantore in die hul verskeie kiesafdelings moet aanmeld vir die weeklange opleiding. Woordvoerder, Iipumbu Sakaria, verduidelik.
Taxibestuurders het reeds begin kla oor die soveelste styging in die brandstofprys sonder dat hulle enige verhoging in hul tariewe ontvang. Die branstofprys het om middernag vir September gestyg en taxi-eienaars en –bestuurders sê hulle kostes styg nes die van huishoudings. Tot dusver het vervoerministerie se raad wat die goedkeurings moet doen, tot op hede ‘n verhoging geweier omdat verbruikers reeds onder erge druk is en dit is volgens die sekretaris-generaal van Nabta, Pendapala Nakathingo, onaanvaarbaar.
Die Health Justice Initiative sê farmaseutiese maatskappye het Suid-Afrika gyselaar gehou oor Covid-19-entstowwe en die land gedwing om te veel daarvoor te betaal. Die drukgroep het kontrakte vir Covid-19-entstowwe bekend gemaak wat voorheen geheim gehou is. Dit volg nadat die groep ʼn regsgeding gewen het wat die regering dwing om kontrakte te oorhandig wat hy met Pfizer, Johnson & Johnson, die Serum-instituut van Indië en Covax onderteken het. Die organisasie se stigter, Fatima Hassan, sê die voorwaardes van die kontrakte se onderhandeling was ongelyk en Suid-Afrika is geboelie:
Die Verenigde Koninkryk se regering gaan die Russiese huursoldaatgroep, Wagner, as terroriste-organisasie verklaar. Dit bring mee dis onwettig om in dié land 'n lid van die groep te wees of dit te ondersteun. Maar, soos Britse generaal Richard Barrons verduidelik, die grootste impak sal op regerings wees wat die Wagner-groep huisves.
Die Spesiale Ondersoekeenheid in die buurland sê hy is tans besig met sewe hofsake met 'n gesamentlike waarde van byna 57 miljard Suid-Afrikaanse rand. Hy het byna 114 miljoen rand teruggekry en kontrakte ter waarde van meer as 26 miljoen rand tersyde gestel. 'n Woordvoerder van die ondersoekeenheid, Kaizer Kganyago, sê hulle het 'n bewaringsbevel by die Spesiale Tribunaal gekry om 4,2 miljard rand te vries in bankrekeninge wat met China se CRRC E-Loco Supply verband hou, hangende 'n aansoek vir die finale verbeuring daarvan:
Geslagsgeweld bly ‘n reuse-uitdaging in Namibië en in sommige gemeenskappe word dit as normaal en aanvaarbaar beleef. Die VN se bevolkingsfonds meen dat ten minste 32 persent van Namibiese vroue op een of ander stadium, fisiese geweld ervaar het van hulle lewensmaat. In 2022 is meer as 700 gevalle van verkragting aangemeld, amper twee per dag. Maatskaplike aktivis Rosa Namises sê Namibië worstel met geweld.
Die Suid-Afrikaanse vakbondfederasie, Saftu, sê hy is gekant teen die Nasionale Tesourie se besparingsmaatreëls wat daarop gemik is om fiskale volhoubaar te herstel te midde van verswakkende invordering van inkomste en verslegtende ekonomiese groei. Die organisasie voer aan Suid-Afrika se hoë monetêre soewereiniteit maak voorsiening vir besteding aan plaaslike goedere sonder belasting of leenbeperkings. Saftu se woordvoerder, Trevor Shaku, sê die voorgestelde bevriesing van aanstellings in staatsdepartemente sal kwessies met personeeltekorte vererger en openbare dienste beïnvloed:
Die ACDP beplan om volgende week 'n optog te hou teen die voorgestelde Wetsontwerp op Enkelhuwelike. Die wetgewing poog om die uiteenlopende huwelikswette in een omvattende raamwerk te konsolideer, wat dit moontlik maak om alle huwelike gelyk te behandel. Ingevolge die wetsontwerp sal die huwelik herdefinieer word as 'n verbintenis tussen geslagsneutrale vennote, wat die groep individue sal uitbrei wat in aanmerking kom om huwelike te voltrek. Volgens die leier van die ACDP, Kenneth Meshoe, is die huwelik 'n heilige instelling tussen 'n man en 'n vrou:
Rise Mzansi sê hy is gekant teen die Gautengse premier, Panyaza Lesufi, se besluit om 'n kommissie van ondersoek aan te stel na die verwoestende brand in Johannesburg waarin 77 mense gesterf het. Die party beskou dit as 'n afleidingstaktiek, en die versuim om die dringende kwessie rondom gekaapte geboue en uitbuiting deur gewetenlose eienaars aan te pak. Makashule Gana van Rise Mzansi voer aan die kommissie dien bloot as 'n skakelwese-foefie deur die provinsiale regering eerder as 'n pro-aktiewe oplossing vir die dringende probleem:
Die verskaffing van wapens aan Rusland gaan nie goed oor Noord-Korea reflekteer nie en hulle sal 'n prys daarvoor in die internasionale gemeenskap betaal. Dit is die standpunt van die Amerikaanse nasionale veiligheidsadviseur Jake Sullivan na dit aan die nuusgekom het dat die Noord-Koreaanse leier Kim Jong Un besoek sal aflê aan Russiese president Vladimir Putin. Sullivan sê die verskaffing van wapens aan Rusland is onaanvaarbaar.
Die koste van suiker, lekkergoed en nageregte in Suid-Afrika is op die hoogste vlak sedert 2017. Die prys van witsuiker het van April tot Mei met 2,7 persent gestyg terwyl sjokoladestafies 2,9 persent duurder is. FNB se senior landbou-ekonoom, Paul Makube, het onderbrekings in produksie weens die energiekrisis as moontlike oorsaak uitgelig. Hy sê daar is egter steeds hoop dat die bedryf sal herstel:
Die gewese Proud Boys-leier, Enrique Tarrio, is tronkstraf van 22 jaar opgelê omdat hy die vreedsame magsoordrag ná die 2020-presidentsverkiesing probeer keer het. Dis die langste vonnis wat opgelê is aan enige persoon wat by die 6 Januarie-aanval betrokke was. Meer as 1 100 mense is in hegtenis geneem. Distriksregter Timothy Kelly het Ethan Nordean en Joseph Biggs, twee van die verregse organisasie se topleiers, tot onderskeidelik 18- en 17-jaar tronkstraf gevonnis. Biggs se prokureur Norm Pattis, wil weet waar is Donald Trump?
Die leier van Build One South Africa, Mmusi Maimane, sê president Cyril Ramaphosa se openlike steun aan die president van Zimbabwe, Emmerson Mnangagwa, is onvanpas. Dit nadat Zimbabwe se regerende Zanu-PF-party van knoeiery beskuldig word met die onlangse verkiesing. Ramaphosa was een van die drie sittende presidente van die Suider-Afrikaanse streek wat die inhuldiging bygewoon het. Maimane meen dit is 'n fout om in die lig van hierdie kwelpunte Mnangagwa te ondersteun:
Joseph Diescho, die bekende politieke analis, sê die land word regeer asof dit ‘n privaatplaas van President Hage Geingob is. Hy sê die land is in ‘n krisis met leiers wat baklei vir posisies. Daar is, inteendeel, volgens hom, geen leierskap nie.
Die nuwe brandstofprys wat om middernag in werking getree het, plaas taxi’s onder verdere druk. Hulle het steeds geen verhoging in tariewe ontvang, ongeag die brandstofpryse wat oor afgelope jaar aangekondig is nie, ook nie tydens reuse-stygings nie. Pendapala Nakathingo, sekretaris-generaal van die Namibië Bus- en Taxi-vereniging, Nabta, sê nes met verbruikers, styg taxibestuurders se kostes ook en ‘n plan moet dringend gemaak word.
Die PDM sê die meer as 890 miljoen Namibiese dollar wat die regering begroot het vir voedselbystand is om stemme te werf. Die party-president McHenry Venaani sê gemeenskappe word ingelig dat dit Swapo-kos is, en vir Swapo moet daar gestem word.
Die kommissaris van die Werkloosheidsversekeringsfonds in Suid-Afrika, Teboho Maruping, het 'n nulkoers-selfoontoepassing en 'n gratis Ongestruktureerde Aanvullende Diensdataplatform bekend gestel sodat kliënte gerieflik en gratis toegang tot WVF-dienste kan verkry. Die skuif is daarop gemik om lang rye by arbeidsentrums landwyd uit te skakel. Dit poog ook om nie-nakoming deur werkgewers aan te pak. Volgens Maruping is die gebruik van tegnologie belangrik om werkers beter te bedien deur dienste soos die beheer van eisstatus en nagaan van registrasie aan te bied:
President Cyril Ramaphosa van Suid-Afrika sê leefstyloudits van lede van die uitvoerende gesag en alle openbare verteenwoordigers is vertraag weens 'n verandering van diensverskaffers. Hy het aan die Nasionale Vergadering gesê hy verwag 'n vinnige besluit en wys op sy aktiewe betrokkenheid by die verfyning van die ouditproses. Meer as 11-duisend staatsamptenare is vanaf Maart vanjaar geoudit. Ramaphosa sê hoewel leefstyloudits diepgaande is, word die sensitiewe aard van die inligting met 'n hoë mate van vertroulikheid hanteer:
Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, sê hy glo Afrika kan 'n supermoondheid word in die veld van hernubare energie. Hy het die eerste Afrika-klimaatberaad in Kenia toegespreek. Minstens 4 000 mense op die vasteland is dood en 19 miljoen is sedert die begin van verlede jaar deur uiterste weerstoestande geraak. Guterres sê Afrikane trek die swaarste onder klimaatsverandering wat hulle nie veroorsaak het nie.
Die stryd om dienslewering duur voort. Inwoners van Okahandja en Windhoek sal môre na Stad Windhoek sowel as die ministerie van stedelike ontwikkeling opruk om nie net dienste en erwe te eis nie, maar ook dat RedForce se dienste vir uitstaande munisipale rekenings laat vaar word. Aktivis Sydney Gariseb sê hulle kom by die Zoopark bymekaar en almal, van regoor die land is welkom.
Met klimaatsverandering en verlengde nat somers in Europa, Engeland en selfs deelstate in die VSA soos Florida, is daar meer muskiete en dus, die verhoogde risiko vir malaria en ander tropiese siektes. Die VSA het in vir die eerste keer in dekades sewe gevalle van malaria aangemeld, wat plaaslik opgedoen is. Dr. Richard Kamwi, oud-gesondheidsminister en verteenwoordiger van Eliminate Malaria van die VN het sy reaksie so aan Kosmos 94.1 Nuus verwoord.
Die premier van Gauteng, Panyaza Lesufi, het 'n kommissie van ondersoek aangestel na verlede week se dodelike brand waarin 'n gekaapte gebou in Marshalltown, Johannesburg, verwoes is. Lesufi sê die onafhanklike kommissie sal onder die voorsitterskap van oudregter Sisi Khampepe staan, bygestaan deur advokaat Thulani Makhubela en die aktivis Vuyelwa Mabena. Lesufi sê die kommissie sal ook probeer vasstel wie aanspreeklik gehou moet word vir die tragedie:
Die Nasionale Vergadering het vandag sy 9de sessie hervat na hy in Julie in reses is. Die eerste minister, dr. Saara Kuugongelwa-Amadhila het melding gemaak van die droogte-opname sowel as ondervoeding in die land. Die program is uiters duur. Die finansminister het voorheen gesê ongeveer 500 miljoen Namibiese dollar sal bestee word maar, die koste het tot amper 900 miljoen dollar gestyg, soos die premier verduidelik.
Die 26ste uitgawe van die jaarlikse Nasionale Sportkampioenskappe van die Namibiese polisie skop Saterdag in Outjo af en duur tot die 16de van die maand. Die hoofdoel van die geleentheid is om vriendskap, vertroue en begrip deur sport te bevorder en om sport te organiseer, te reguleer en te administreer vir beide mans en vroue wat lede van die mag dien. Kosmos 94.1 Nuus het met James Nderura, streekbevelvoerder van Kunene gesels.
Ekonome het gereageer op die nuus dat Suid-Korea belangstel om in die litium-bedryf plaaslik te belê - maar nie vir eksplorasie of ontginning nie, eerder verwerking en prosessering. Lynminister Tom Alweendo het onlangs ‘n verbod op die uitvoer van rou-litium geplaas. Volgens plaaslike ekonoom en kenner in mynwese, Cons Karamata, is die nuus uiters positief omdat Afrika sy minerale hulpbronne reeds jare in rou vorm uitvoer en baie inkomste en werksgeleenthede verloor.
Daar is kommer oor planne deur die regering om toegang te kry tot die hoeveelheid buitelandse bystand wat burgerlike organisasies en nie-regerings organisasies ontvang. Volgens wat berig word is die Nasionale Beplanningskommissie bekommerd oor dalende ontwikkelingsbystand wat van 3,3 miljard Namibiese dollar in 2010 tot 1,7 miljard in 2022 gekrimp het. Hy vra dat die Namibiese Statistieke-agentskap die data moet insamel. en voeg by dat ontwikkelingsbystand uiters belangrik is vir die bekamping van armoede en sukses met ontwikkelingsdoelwitte. Die PDM se skadu-finansminister Nico Smit sê die skrif is aan die muur.
Veldbrande is tot dusver vanjaar redelik binne beheer met geïsoleerde brande wat in die twee Kavango-streke sowel as Zambezi voorkom. Daar is ook ‘n redelike voorkoms van verspreide brande in noordooste van die Otjozondjupa-streek. Kosmos 94.1 Nuus het met die goewerneur James Uerikua, gepraat.
Die DA beskuldig die ANC-regering dat hy weier om aandag te gee aan die dringende behoefte aan brandstofprys-hervorming, ondanks die instemming van belanghebbendes. Die party sê terwyl brandstofpryse aanhou styg, dien die ANC se gebrek aan optrede en fokus op belasting vir staatsbefondsing nie meer die belange van verbruikers nie. Hulle stel die standaardisering van belastings, heffings en uitgawes voor om brandstofpryse te rasionaliseer. Kevin Mileham van die DA ...
Dit is vanaand die Central Select-veiling by die Agra/Bank Windhoek-ring op die skougronde. Behalwe vir die uitstekende aanbod, maak Agra Veilings ook sy veldtog vir ‘Pink October’ bekend. Die geleentheid begin nou soos Paul Klein, bestuurder van Agra Veilings verduidelik.
Die geskorste Openbare Beskermer in die buurland, Busisiwe Mkhwebane, bly vasberade om tot 15 Oktober die pos te beklee. Dit volg nadat sy haar voorneme om na haar kantoor terug te keer bekend gemaak het omdat sy glo haar skorsing het verval. President Cyril Ramaphosa het egter haar eis ten sterkste verwerp en beklemtoon die proses is nog nie voltooi nie. Die Nasionale Vergadering sal haar verwydering op die 11de van hierdie maand oorweeg. Mkhwebane het voor die Openbare Beskermer se kantoor in Pretoria onthul haar beskermingspan is intussen onttrek:
Een van die Ovaherero-opperhoofde, professor Mutjinde Katjiua, sê leuens word versprei, veral in verband met vergoeding van die euwels van die volksmoord. Katjiua is tans in Suid-Afrika om met die Ovaherero, wat na die buurland gevlug het tydens die volksmoord, te vergader. Hy sê die Swapo-regering sal nooit toegelaat word om toegang tot vergoedingsfondse te verkry nie.
Die nuus dat Russiese President Vladimir Putin met die leier van Noord-Korea Kim Jong Un sal ontmoet, moontlik om wapens te bekom, beteken die Oekraïnse teenoffensief werk. Dit is die mening van die Amerikaanse politieke analis Robert Kelly. Hy sê dat Putin na ‘n onderontwikkelde land moet draai vir wapens beteken hy is onder druk. Kelly het met Britse media gepraat.
Die buurland se minister van elektrisiteit, Kgosientsho Ramokgopa, sê die instelling van fase ses-beurtkrag is genoodsaak deur opwekkingseenhede wat onklaar geraak het terwyl Eskom beplande instandhouding by sy kragstasies doen. Hy sê hulle is tans besig met beplande instandhouding weens die huidige lae vraag na elektrisiteit:
Stad Windhoek herdenk Erfenisweek vanaf 18 tot 24 September. Die tema vanjaar fokus op gebaretaal en beklemtoon die belangrikheid van erfenis en kultuur. Cillie Kapolo, stad-woordvoerder, het meer.
Savanna Beef Processors se laaste en derde venster vir beleggings sluit die week Donderdag. Cirrus in die hoofstad hanteer die beleggings namens die Beesvleis Waardeketting-forum, en tot dusver is net minder as 189 miljoen Namibiese dollar van die teiken van 200 miljoen dollar, ingesamel. Produsente het dus nog twee dae om deel te neem, soos Rome Mostert van Cirrus, verduidelik.
Die stand van die land se damme is power en terwyl die drie sentrale damme wat water aan, onder andere, die hoofstad voorsien, op ‘n skamele maar 30,6 persent van kapasiteit staan, het Windhoek herwinning en ander opsies. Daar is groot kommer oor die bronne vir die Ooste met Ojtiverodam op 8,4 persesnt van kapasiteit. Gekombineer met die twee Viljoendamme, is bronne vir die Ooste op ‘n skamele 6,6 persent. Kosmos 94.1 Nuus het met die skakelbeampte, van die Gobabis-dorpsraad Frederick Ueitele gepraat oor hoe hulle uitdaging, met ‘n droë seisoen wat voorspel word, sal aanspreek.
Eskom weerlê ongegronde bewerings dat hy besig is met 'n ondersoek en poog om verklikkers te ontbloot wat inligting bekend gemaak het oor 'n beweerde sekerheidskontrak ter waarde van 500 miljoen Suid-Afrikaanse rand wat aan die Fidelity-groep toegeken is. Eskom se woordvoerder, Daphne Mokwena, sê die beskuldigings skend die onderneming se beeld en kan werknemers weerhou om ongerymdhede aan te meld. Mokwena voeg by hulle waardeer verklikkers as noodsaaklik om wangedrag en korrupsie te ontbloot:
Die Namibiese regering skarrel om die einde September sperdatum van die Finansiële Aksie-taakmag te haal om te verhoed dat die land op ‘n grylsys geplaas word. Die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing sê die regering se herhaalde konsultasies, na wetsontwerpe inderhaas ter tafel gelê is, is ongewens. Die konsultasies konsulteer ook nie werklik nie en wetsontwerpe is nie deurdag nie. Frederico Links, navorser by die instituut...
Die vakbondfederasie, Saftu, veroordeel president Cyril Ramaphosa se bywoning van Emmerson Mnangagwa se inhuldiging as president van Zimbabwe. Saftu se woordvoerder, Trevor Shaku, sê Ramaphosa is skynheilig om te kla oor ongedokumenteerde immigrante uit die streek, maar terselfdertyd die streeksleiers en hulle politieke partye wat die oorsaak van die immigrasie is, erkenning te gee:
Die Standard Bank Biomassa-fees vind van 7 tot 9 September by die Gross Barmen-oord naby Okahandja plaas. Die fees word gereël deur die Namibiese Biomassa-industriegroep. Daar is ook ‘n navorsing-simposium wat Donderdag gehou word en meer as 100 uitstallers in die bedryf is teenwoordig. Michael Degé Bestuurder van die Houtskoolvereniging van Namibië, wat deel is van die reëlingskomitee het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Die Afrika Klimaatberaad is tans aan die gang in Nairobi, Kenia, opsoek na oplossings, billike klimaatsbefondsing en volhoubare goeie-geleenthede. Die Keniaanse president William Ruto is van mening dat klimaatsverandering kollektiewe uitdaging is wat almal raak. Maar, hy voeg by dat Afrika van die nodige bronne beskik om ‘n leier te wees.
Die DA sê hy sal enige pogings van die Gautengse regering om die Stad Tshwane onder administrasie te plaas, met mag en mening beveg. Dienslewering in die Tshwane-metro word weke lank al lamgelê weens 'n onwettige staking deur die Suid-Afrikaanse Munisipale Werkersvakbond. 'n DA-woordvoerder, Kwena Moloto, sê dit word baie duidelik dat die ANC/EFF-koalisie dienslewering belemmer en inwoners se lewens ontwrig omdat hulle Tshwane onder administrasie wil plaas:
Olie verhandel op die oomblik bo 88 Amerikaanse dollar en kenners meen dat die kommoditeit op pad is na bo 90 dollar ‘n vat. Daar is kommer dat Opul en sy vennote sy besnoeiings sal voortsit, met 1 miljoen vate daagliks wat deur Saoedi-Arabië gesny is, wat moontlik die maand sal voortduur, sowel as Rusland wat na verwagting sy produksie ook sal sny. Russ Mould, beleggingskenner by die Britse AJ Bell beleggingsreus, sê Opul is besig om sy teikens vir ‘n hoër olieprys te behaal.
Alexander Zverev van Duitsland is deur na sy derde kwarteindronde in die Amerikaanse Ope nadat hy die Italianer Jannik Sinner geklop het in die langste wedstryd tot dusver in vanjaar se toernooi. Die twaalfde gekeurde Sinner het vier uur en 41 minute nodig gehad vir 'n oorwinning van 6-4, 3-6, 6-2, 4-6, 6-4, en kom nou teen die Spanjaard Carlos Alcaraz te staan. Die verdedigende kampioen is slegs die tweede man in die geskiedenis van die Ope Era om voor die ouderdom van 21 drie kwarteindrondes by die Amerikaanse Ope te bereik. Hy het die Italianer Matteo Arnaldi gemaklik met 6-3, 6-3, 6-4 verslaan. Zverev sê dit is spesiaal, veral na sy terugkeer van 'n besering:
Die Namibiese Akkerbouraad vra Namibiërs om die onwettige oorgrens-smokkelary van akkerbou-produkte aan te meld. Nie net is daar ‘n impak op plaaslike produksie nie, maar daar is ook ‘n bedreiging vir die plaaslike bedryf. Lede van die publiek kan ‘n teksboodskap na 79500 teen 40-sent stuur om voorvalle aan te meld. Auguste Fabian, woordvoerder by die raad, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Pakistan se vrouespan het die Protea-vroue met ses lopies in die derde en laaste T20-wedstryd in Karachi verslaan. Hulle het daarmee vir die eerste keer ooit in hierdie formaat skoonskip gemaak in 'n reeks teen Suid-Afrika. Die tuisspan het 150 vir vyf in hul 20 boulbeurte aangeteken. In antwoord hierop het Suid-Afrika nog tot in die 19de boulbeurt die verlangde 151 lopies gejaag, maar Sadia Iqbal het van kaptein Laura Wolvaardt ontslae geraak met haar telling op 72 lopies van 53 balle. Die besoekers, wat 18 van die volgende nege balle benodig het, het uiteindelik ses lopies te min gehad. Wolvaardt sê om die reeks te verloor is teleurstellend:
Die Gautengse Behuisingskrisiskomitee het die Stad Johannesburg en die Gautengse regering gekritiseer omdat hulle nie aandag gee aan behuising nie. Dit volg nadat 'n brand verlede week in 'n gekaapte gebou in Marshalltown ontstaan het, waarin 77 mense gesterf het en meer as 40 beseer is. Die komitee se koördineerder, Thami Hukwe, sê die voorval kon voorkom gewees het. Hukwe sê die behuisingstekort bly 'n uitdaging in die stad:
Die DA het die beslissing van die Appèlhof verwelkom wat die ANC se aansoek om 'n uitspraak van die Gautengse hooggeregshof om te keer met koste van die hand gewys het. Die uitspraak verplig die ANC om sy kaderontplooiingsrekords aan die DA te oorhandig. Leon Schreiber van die DA sê die ANC het vyf dae om dokumente van die komitee te oorhandig. Die dokumente strek terug tot die eerste Januarie 2013, toe president Cyril Ramaphosa die voorsitter van die komitee geword het:
Ludvig Aberg van Swede maak sy Ryderbeker-debuut vir Span Europa nadat hy aangewys is as een van Luke Donald se ses kapteinskeuses. Die 23-jarige speler het in Junie die beroepsveld betree en Sondag die Europese Meesters in Switserland gewen. Tommy Fleetwood, Sepp Straka, Justin Rose, Shane Lowry en Nicolai Hojgaard is ook vir die 12-man-span gekies wat in Rome teen Amerika te staan kom. Donald sê hy is baie tevrede met sy span en vol vertroue dat hulle weer die Ryderbeker kan wen:
Dit is vanaand die Central Select-veiling by die Agra/Bank Windhoek-ring op die skougronde. Behalwe vir die uitstekende aanbod, maak Agra Veilings ook sy veldtog vir ‘Pink October’ bekend. Dit vind vanmiddag om vier-uur by die ring plaas. Paul Klein, bestuurder van Agra Veilings het meer.
Dit blyk asof die beroep deur Swapo-LP Jerry Ekandjo vir ‘n buitengewone kongres om die presidentskandidaat vir die party te bevestig, nie sal plaasvind nie. Dit kom na die sekretaris-generaal van Swapo, Sophia Shaningwa, dit bevestig het. Sy sê die party se vise-president Netumbo Nandi-Ndaitwah is die kandidaat vir die 2024-verkiesing. Dr. Ndumba Kamwanyah, 'n plaaslike politieke kenner sê die party het homself reeds op haar verenig.
September is weer amnestie-maand waarvolgens lede van die publiek met onwettige wapens of ammunisie sonder enige vervolging die wapens by die polisie kan inhandig. Gewapende misdaad neem plaaslik toe en talle wapens word ook as gesteel aangemeld. Kosmos 94.1 Nuus het onlangs met Kallie Venzke van die Gun Owners’ Association of Namibia gesels oor of die amnestie werk.
Eskom het fase ses-beurtkrag vanaf vyfuur vanoggend tot verdere kennisgewing in werking gestel, weens die verlies van verdere opwekkingseenhede. Die kragvoorsiener sê 'n verdere twee eenhede by die Lethabo- en Matla-kragstasies moes oornag vir dringende herstelwerk afgeskakel word. Die Eskom-woordvoerder, Daphne Mokwena, sê sedert Sondag is 'n opwekkingseenheid elk by Kriel- en Medupi-kragstasies ook vir herstelwerk afgeskakel:
Die buurland se minister van water en sanitasie, Senzo Mchunu, het planne bekendgemaak om 'n tegniese taakspan te ontplooi om die wateruitdagings in die Stad Tshwane aan te pak. Die departement, in vennootskap met die stad en Rand Water, beoog om watervoorsienings-koördinering in die stad te verbeter. Die woordvoerder, Wisane Mavasa, sê die span sal gereeld tydens die spitstyd vergader.
Dit is vandag die tweede dag van die Afrika-klimaatberaad in Kenia se hoofstad, Nairobi. Die beraad ondersoek maniere om die vrystelling van kweekhuisgasse te bekamp terwyl aangepas word by die klimaatskrisis se gevolge en om billike klimaatbefondsing daar te stel. Ademola Ajagbe van die Nature Conservancy sê die beraad vind op 'n kritieke tyd plaas:
Die handelsministerie sal vanaf Woensdag tot Vrydag ‘n werkswinkel hou oor die uitdagings van spesifieke osoonafbrekende stowwe en handelskwessies. Dit sal veral kyk na hoe doeane en aksyns met handel in die stowwe aanpassings kan maak, soos Elijah Mukobonda, woordvoerder by die handelsministerie verduidelik.
Die Suid-Afrikaanse sportminister, Zizi Kodwa, doen ʼn beroep op die SAUK en SuperSport om ʼn oplossing te vind om sport van nasionale belang uit te saai. Kodwa was in gesprek met die minister van kommunikasie, Mondli Gungubele, en die bestuur van die SAUK, oor die uitsaairegte vir vanjaar se Wêreldbeker-rugbytoernooi. Volgens die woordvoerder van die departement, Litha Mpondwana, is die minister besorg dat miljoene Suid-Afrikaners nie die toernooi sal kan volg as die SAUK dit nie sou uitsaai nie:
Die leier van die DA, John Steenhuisen, kritiseer president Cyril Ramaphosa omdat hy Emmerson Mnangagwa se inhuldiging as president van Zimbabwe bygewoon het. Steenhuisen meen Ramaphosa se steun aan die Zanu-PF-regime verontagsaam die lyding van die mense van Zimbabwe en Suid-Afrika se grondbeginsels van demokrasie en vryheid. Hy beskuldig ook die ANC daarvan dat hy 'n gesteelde regering ondersteun wat hiperinflasie, ekonomiese ineenstorting en massa-migrasie veroorsaak het. Steenhuisen doen 'n beroep om solidariteit met die opposisie, Citizens Coalition for Change, en sy leier, Nelson Chamisa, as die wettig verkose leiers:
Reaksie word ontvang op voorspellings deur internasionale ekonome dat die Brent ru-olieprys in die laaste kwartaal van die jaar tot 93 Amerikaanse dollar ‘n vat kan verhandel. Die gemiddelde prys vir die jaar is ook opgestoot as gevolg van produksie besnoeiings. Suid-Afrikaanse ekonoom Dawie Klopper sê in die buurland en plaaslik, moet verbruikers verdere druk op die brandstofprys verwag.
Motorsport-liefhebbers sien reeds uit na die Shell V-Power-tydren wat die komende naweek op Swakopmund plaasvind. Daar is tien trajekte oor 103 kilometer. Francois Lottering het met Kosmos 94.1 Sportnuus oor die adrenalien- en aksiebelaaide geleentheid gesels.
Reaksie word ontvang op berigte dat ontwikkelingsbystand van 3,3 miljard Namibiese dollar in 2010 tot 1,7 miljard in 2022 gekrimp het. Die Namibiese Beplanningskommissie wil nou blykbaar hê dat die Namibiese Statistieke-agentskap data moet insamel oor hoeveel bystand burgerlike organisasies en nie-regeringsorganisasies ontvang – wat baie groot kommer wek. Eben de Klerk, 'n navorser by die Vereniging vir Ekonomiese Beleidsnavorsing, sê dit is hoog tyd dat Namibië op sy eie voete staan.
Brent ru-olie se prys het in die afgelope sewe dae met net meer as 7 persent gestyg en die kommoditeit verhandel tans teen net bo 88 Amerikaanse dollar ‘n vat. Ekonoom Robert McGregor waarsku dat verbruikers hulself kan regmaak vir ‘n hoër brandstofprys vir die vierde kwartaal.
Die plaaslike brandstofprys vir September is vroeër aangekondig met ‘n styging van 1 dollar 20 sent per liter petrol en 1 dollar 70 sent per liter diesel. Die ministeriële woordvoerder, Andreas Simon...
Die president van die ANC-jeugliga, Collen Malatji, sê die jeug is bereid om verskeie verantwoordelikhede te aanvaar, veral ten opsigte van die bekamping van korrupsie. Malatji doen 'n beroep op president Cyril Ramaphosa om in te gryp en aandag te skenk aan die kwessie rondom onwettige buitelanders, en vra hulle moet nie toegelaat word om dorpe en stede te oorheers en beheer te neem nie. Hy hou vol jongmense is toegerus om in te tree in ministeriële en ander belangrike rolle om maatskaplik-ekonomiese kwessies die hoof te bied:
Namibië is teenwoordig by die Afrika Klimaatberaad. Die beraad ondersoek klimaat-vriendelik groei-geleenthede sowel as volhoubare klimat-befondsing. Die woordvoerder van die omgewingsministerie, Romeo Muyunda, sê daar is verskeie doelwitte wat Namibië wil bereik by die beraad.
RISE Mzansi vra 'n samewerkingspoging tussen die polisie en die Nasionale Vervolgingsgesag om sistemiese korrupsie en wetteloosheid in Johannesburg se middestad te bekamp. Die party veroordeel verhuurders wat arm mense en buitelandse burgers uitbuit deur afpersing en intimidasie. Die organisasie dring aan op 'n omvattende benadering om misdadige bendes te pak en voldoende behuising vir kwesbares te verskaf. Makashule Gana van RISE Mzansi glo die eerste en belangrikste verantwoordelikheid van die staat is om die lewens van alle burgers te beskerm:
Die DA sê die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente se versuim om studentetoelaes uit te betaal, veroorsaak aansienlike geestelike stres en finansiële swaarkry. Volgens die party is geen stappe gedoen om die situasie reg te stel nie, ondanks beloftes om fondse teen die eerste van hierdie maand vry te stel. Die DA-lid, Liam Jacobs, sê die huidige NSFAS-stelsel is onvolhoubaar en in 'n toestand van agteruitgang. Jacobs vra vir 'n nuwe, volhoubare hoëronderwys-befondsingsmodel:
Die Britse eerste minister Rishi Sunak sê die uitdagings met skole en ander openbare gebou wat met swak beton gebou is en nou sy lewensduur van 30 jaar bereik het, sal binnekort iets van die verlede wees. Dinge is in rep en roer met blykbaar meer as 150 skole wat op een of ander manier geraak is en kinders wat nie hulle skooljaar nou met fisiese klasbywoning kan begin nie.
AfriForum is vandag in die Appèlhof in Bloemfontein in ‘n poging om die EFF se Kill the farmer, kill the boer vir eens en altyd te stuit. Kallie Kriel van die burgerlike organisasie sê dit hits geweld teen witmense aan en daar is bewyse daarvoor.
Wetgewers verklaar nie bates nie, punt. Tot op hede het net 41 uit 104 lede van die Nasionale Vergadering hul bates, ingevolge die wet, verklaar. Die jaarlikse sperdatum van einde April is vanjaar herhaaldelik uitgestel tot 3 Augustus maar dit het geen vrugte afgewerp nie. Die IPC se woordvoerder Imms Nashinge, sê dit is omdat LP’s hulself verryk met hul posisies.
September maand is Wêreld-demensiemaand en Alzheimer’s Dementia Namibia gebruik die maand om bewusmaking oor die verskeie vorms daarvan te doen. Een so ‘n vorm is kinder-demensie waarvan min mense bewus is. Daar word beraam dat 700 000 kinders met die toestand gediagnoseer is met een uit elke 2 800 babas wat met die toestand wat kinder-demensie veroorsaak, gebore word. Berrie Holtzhausen van Alzheimer’s Dementia Namibia het met Kosmos 94.1 Nusu gepraat.
Die Namibiese ministerie van myne en energie het die prys van beide petrol en diesel met tussen 1 dollar 20 en 1 dollar 70 opgestoot. Die nuwe pompprys op Walvisbaai is vanaf Woensdag 20 dollar 98 sent terwyl diesel 50ppm teen 20 dollar 75 ‘n liter verkoop en diesel 10ppm, teen 20,95 op die kusdorp sal verkoop. Maar, dit blyk asof dit nie die laaste verhoging die jaar sal wees nie en verbruikers moet voorberei vir nog, soos Robert McGregor van Cirrus in die hoofstad verduidelik.
Die nuus dat Savanna Beef Processors van Mecki Schneider beplan om die land se waardeketting te stabiliseer deur 'n addisionele 50 000 speenkalwers vir plaaslike produksie en slagting te behou, word wyd verwelkom. Ekonome en landbou-kenners kritiseer gereeld die praktyk van Namibiese produsente om speenkalwers op die hoef uit te voer na voerkrale in die buurland. Kosmos 94.1 nuus het met Schneider gesels oor die plan.
Die Namibiese ministerie van myne en energie het onderverhalings van 2 dollar 40 per liter petrol en tussen 3 dollar 48 en 3 dollar 54 per liter diesel aangeteken gedurende Augustus. Die Brent ru-oliepryse het ook gestyg terwyl die Suid-Afrikaanse rand verswak het teen die Amerikaanse geldeenheid. Dus is die plaaslike brandstofprys met tussen ‘n dollar 20 en ‘n dollar 70 opgestoot met die prys wat Woensdag in werking tree. Woordvoerder by die ministerie, Andreas Simon het die besonderhede.
Zama-zamas bly ‘n uitdaging in Suid-Afrika. Die Valke sê sy operasies om onwettige myn-netwerke in Limpopo te ontbloot werp vrugte af. Dit volg nadat vyf onwettige mynwerkers in hegtenis geneem is. Die polisiewoordvoerder, Malesela Ledwaba, sê die verdagtes tussen 21 en 39 sal in die Mamulele-landdroshof verskyn op aanklagte dat hulle die Wet op Edelmetale oortree het:
Die verdedigende kampioen, Iga Swiatek, is in die vierde ronde van die Amerikaanse Ope uitgeskakel. Die 26-jarige Jelena Ostapenko van Litaue het die topgekeurde Pool met 3-6, 6-3en 6-1 geklop om die eerste keer die kwarteindronde in New York te haal. Swiatek se nederlaag beteken Aryna Sabalenka van Belarus sal haar na die toernooi as die wêreld se nommer een vervang. Ostapenko kom volgende teen die Amerikaner Coco Gauff te staan wat die 33-jarige promotorskeuse, Caroline Wozniacki van Denemarke, verslaan het. Ostapenko sê sy het geweet sy moet haar bes doen:
‘n Totaal van 1,6 miljoen internasionale besoekers het tussen Januarie en Julie vanjaar deur die Kaapstad Internasionale Lughawe beweeg. Dit is 69 persent meer as dieselfde tydperk verlede jaar. Dit is volgens die verslag wat Wesgro, die Wes-Kaapse regering se amptelike advertensiemaatskappy vir handel, belegging en toerisme saamgestel het. Die Wes-Kaapse LUR vir Finansies en Ekonomiese Geleenthede, Mireille Wenger, sê die toerisme- en gasvryheidsbedryf maak 'n ongelooflike bydrae tot die ekonomie en werkskepping in die provinsie:
Die Nasionale Vergadering sal oorsigkomitees ontplooi om toesig te hou oor die onmiddellike en langtermyn-pogings in reaksie op verlede week se dodelike brand in Johannesburg. 'n Gekaapte vyfverdiepinggebou in Marshalltown het Donderdag in die vroeë oggendure afgebrand. Sewe-en-sewentig mense is dood en meer as 50 ander is beseer terwyl meer as 200 mense dakloos gelaat is. Die speaker van die Nasionale Vergadering, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, sê parlementslede sal ook die toestand en veiligheidsregulasies van privaat en regeringsgeboue ondersoek:
Die Brave Warriors is in Zimbabwe vir ’n vriendskaplike wedstryd teen die nasionale span van Zimbabwe, die Warriors. Dit is ter viering van President Emmerson Mnangagwa se inhuldiging vandag. Die span keer vandag weer terug omdat hulle môre na Suid-Afrika vertrek vir die naweek se wedstryd teen Bafana Bafana. Afrigter Collin Benjamin, sê die manne se gees is goed.
Die Suid-Afrikaanse polisieminister, Bheki Cele, is bemoedig deur die voortgesette pogings van die polisie om misdaadsindikate uit te wis wat vir geweldsmisdade verantwoordelik is en die land se veiligheid en nasionale sekuriteit bedreig. Dit volg na die dood van 18 verdagtes wat met transitorooftogte in Limpopo verbind word. Die minister se woordvoerder, Lirandzu Themba, sê polisielede word aangemoedig om hulle mandaat uit te voer om die publiek te beskerm en die wet en orde te handhaaf:
Die Afrika-unie sal die tweede jaarlikse AU-MSMEs-forum die week hou. Die unie is van mening dat MSME’s, of te wel, mikro-, klein en medium-ondernemings, die dryfkrag agter innovasie in Afrika is, wat 'n beduidende rol speel in die ontwikkeling van nuwe tegnologieë, produkte en dienste. Die maatskappye beslaan tot 90 persent van alle besighede op die vasteland en verskaf 85 persent van werksgeleenthede. SMEs Compete se Danny Meyer sê die tipe geleentheid moet geografies meer verspreid plaasvind om werklik voordele vir kleinsake in te hou.
Suid-Afrika se Belasting-ombud Yanga Mputa bepleit 'n beter balans tussen die magte en verantwoordelikhede van die inkomstediens en belastingbetalers. Mputa het by 'n openbare voorlesing by die Universiteit van Johannesburg haar kantoor se rol in die hantering van belastingdispute en klagtes in die kollig geplaas. Sy het belastingbetalers aangemoedig om vir beskerming by haar kantoor aan te klop namate Suid-Afrika se belastingseisoen vorder:
Die buurland se minister van elektrisiteit, Kgosientsho Ramokgopa, sê die eerste bodvenster het 72 152 werksgeleenthede vir Suid-Afrikaanse burgers tydens konstruksie en bedryf geskep. Ramakgopa het die jongste inligting oor die bedrywighede van onafhanklike kragverskaffers verstrek. Daar is 85 miljard Suid-Afrikaanse rand aan swartbemagtigingsgroepe toegewys. Hy sê hernubare energie het 95 500-gigawatt opgewek:
Die 23-malige Grand Slam-kampioen, Novak Djokovic, het na sy 13de Amerikaanse Ope-kwarteindronde in 17 verskynings te vorder. Hy kom nou teen die topgekeurde Amerikaner, Taylor Fritz, te staan, wat Dominic Stricker van Switserland met 7-6, 6-4 en 6-4 verslaan het om die eerste keer onder die laaste agt in New York te eindig. Fritz, wat Djokovic in hulle sewe kragmetings nog nooit kon klop nie, sê hy weet daar lê 'n strawwe uitdaging voor.
President Cyril Ramaphosa sê die bewerings dat Suid-Afrika wapens aan Rusland voorsien het, het 'n negatiewe uitwerking op die land se ekonomie en stand in die wêreld gehad. 'n Onafhanklike verslag het bevind die Russiese skip, Lady R wat verlede jaar in Simonstad vasgemeer het, het nie wapens afgelaai nie. Ramaphosa sê hy sal nie die paneel se verslag bekend maak nie, omdat die bewyse daarin geklassifiseerd is. Hy sê hy sal wel vandag 'n beknopte oorsig van die verslag vrystel:
Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, Antonio Guterres doen ‘n beroep op die jeug om die volume harder te maak om klimaatsverandering te bekamp. Hy het die beroep gedoen na aanleiding van sy toespraak wat hy vandag sal lewer by die Afrika Klimaatsberaad wat in Nairobi, Kenia vandag begin en tot Woensdag duur.
Max Verstappen het nog ‘n rekord laat spat met sy 10de opeenvolgende wedren-oorwinning. Hy het Sondag die Italiaanse Grand Prix gewen. Verstappen se spanmaat, Sergio Perez, was tweede en Carlos Sainz derde. Die oorwinning verhoog Verstappen se voorsprong in die bestuurderskampioenskap tot 145 punte voor Perez in die tweede plek, met Red Bull wat hulle onoorwonne status vanjaar behou. Verstappen sê dis wonderlik wat hy bereik het:
Geestesgesondheid in Namibië suip aan die agterspeen en na die naweek se nuus dat Niita Nujoma, die dogter van arbeidsminister Utoni Nujoma en kleindogter van die stigterspresident, selfmoord gepleeg het, is dit weer in die nuus. Sy het volgens berigte groot uitdagings gehad en het verlede week Dinsdag vermis geraak. Sy is Vrydagaand in Cimbebasia in ‘n rivierbed gevind. Daar is kommentaar dat Namibië ‘n nasie in trauma is en oud-ombud advokaat John Walters sê die uitdaging moet na die voorgrond geskuif word.
Daar word verwag dat die ministerie van myne en energie vandag die September-brandstofprys bekend sal maak. Ekonome is dit eens die prys sal styg as gevolg van onderverhalings in Julie en die stygende ru-olieprys. Dr. Omu Kakujaha-Matundu, Unam-ekonoom, sê die styging kan meer as ‘n dollar per liter behaal.
Die DA-studente-organisasie, Daso, sê studente wat hulp van die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente ontvang het nog nie hulle toelae ontvang nie weens die skema se administratiewe probleme. Die onaanvaarbare situasie veroorsaak geweldige stres en finansiële verknorsings. Die federale leier van Daso, Liam Jacobs, sê die grondoorsaak is die fonds se versuim om fondse aan diensverskaffers vry te stel sodat hulle die geld na studente se rekenings kan oorplaas:
Oosweer toestande word vir die week, veral in die Suide voorspel en terwyl die sentrale en noordelike gebiede heerlike lente ervaar, is dit koud plek-plek in die Suide met ‘n geringe kans van ligte reën. Weerkenner George van der Merwe sê die erge wind kan tot Donderdag duur.
Die Namibië Beleggingsbevordering en Ontwikkelingsraad sal vandag gasheer wees vir die Korea - Namibië Energie en Hulpbronne Besigheidsforum. Die geleentheid is daarop gemik om samewerking te bevorder in die energiesektor en bied 'n unieke geleentheid vir Namibiese besighede om betrokke te raak. Catherine Shipushu, woordvoerder van die raad, het meer.
ActionSA sê daar is 'n gebrek aan politieke wil om seksuele geweld te takel. Die party voeg by die minister van polisie, Bheki Cele, het nog nie enige betekenisvolle ingrypings van stapel gestuur om die plaag van geslagsgeweld en moord op vroue te bestry nie. 'n Lid van ActionSA, die 37-jarige Lucretia Manzini en haar vriendin is onlangs in Mbombela verkrag en vermoor. Die partyvoorsitter in Mpumalanga, Thoko Mashiane, sê as deel van hulle inwydingsbeleidskonferensie dié maand, gaan afgevaardigdes van ActionSA gesprek voer oor hoe om die aanhoudende geweld hok te slaan:
Die Namibiese Bloedoortappingsdiens wou nie direk kommentaar lewer oor Menzies Aviation wat sê hy het kritieke bloedvoorrade in sy pakhuis op die lughawe wat dringend deur die Bloedoortappingsdiens benodig word, nie. Menzies sê Paragon en die lughawensmaatskappy jaag hulle eie persoonlike belange na. Titus Shivute van die diens sê dit is uiters belangrik dat die regte produk vir die regte pasiënt betyds afgelewer word.
Die ANC-president Cyril Ramaphosa sê die ontwikkeling van die ANC se manifes was sedert die eerste demokratiese verkiesings in 1994 nog nooit alleenlik 'n interne party-oefening nie. Ramaphosa het met die media by 'n saamtrek oor die party se 2019-manifes gepraat. Hy sê van die eerste People's Forums af waar mense van oor die hele maatskaplike spektrum hulle bekommernisse en wense kon opper, het die ANC nog altyd die breër samelewing betrek om die planne te bepaal wat aan kiesers oorgedra word:
Die buurland se elektrisiteitsminister, Kgosientsho Ramakgopa, sê Eskom is besig met beplande afskakelings om onderhoudswerk aan sy kragstasies te doen. Ramokgopa het 'n oorsig oor die jongste ontwikkelings in die energie-aksieplan gegee. Hy sê hernubare energie-opwekking word voortgesit om kragbeskikbaarheid te verhoog:
Die finansministerie het ‘n tydelike direksie aangestel vir Meatco wat tot einde Februarie volgende jaar sal dien. Die voorsitter van die raad is die voormalige hoof van Agribank, Sakaria Nghikembua. Terwyl die ander name ook redelik goed vertoon en sekere rolspelers blyk om die regte kennis en vernuf te hê, stem die landbou-kenner Wallie Roux nie saam nie. Hy het sy mening so verwoord.
Die DA in die Vrystaat sê boere en landelike gemeenskappe in die provinsie het meer hulp van plaaslike regerings nodig om die jaarlikse probleem van veldbrande te bestry. Roy Jankielsohn van die DA sê die nasionale regering moet sê watter dienste boere van plaaslike regerings ontvang uit die bykomende grondbelasting wat aan plaaslike owerhede betaal word:
Berigte dat ongelisensieerde taxi's en toeroperateurs toeriste wat op passasiersvaartuie by die hawe aankom en dagbesoeke in Walvisbaai aflê, teister, bly die nuus. Hulle poog om toere en vervoer vir die besoekers te bied maar, dit word ‘n bedreiging vir die bedryf, veral na Namport hard gewerk het om ‘n passasiersvaartuig-bestemming te word. Gitta Paetzold van die Gassvryheidsvereniging het met Kosmos 94.1 Nuus oor die uitdaging gepraat.
Die metaalwerkersvakbond sê dit is onaanvaarbaar dat daar 643 gekaapte geboue in die Stad Johannesburg is. Numsa se woordvoerder, Phakamile Hlubi-Majola, sê die stad het die inwoners van Johannesburg in die steek gelaat en hy moet blameer word want dit is sy verantwoordelikheid om die probleem op te los. Die vakbond het sy diepste meegevoel met die families betuig wie se geliefdes gesterf het in die brand wat 76 lewens in 'n gekaapte gebou in Marshalltown geëis het:
Die Trustco-groep het 'n aandele terugkoop-program aangekondig. Dit word uitgevoer gedurende sy geslote tydperk wat vandag begin. Luidens ‘n verklaring kan Trustco of 'n filiaal tot net meer as 197 000 000 aandele direk, of net minder as 99 000 000 aandele via ‘n filiaal terugkoop, onderhewig aan noteringsvereistes van die Johannesburg effektebeurs. Die program wat rondom 30 November sluit, is voordelig vir die maatskappy, veral in die lig van die huidige aandeelprys, soos Quinton van Rooyen Jr. Verduidelik.
Die African Rainbow Gold Cup – met 32 spanne van regoor Suid-Afrika – skop op 8 September af na 'n onderbreking van vier jaar en sal 'n nuwe en opwindende uitklopformaat bekendstel, wat nog nooit tevore in die landwye klubkompetisie gesien is nie. Die finaal sal op 7 Oktober gespeel word. Willem Strauss, president van die Blou Bulle, sê klub rugby is van die belangrikste elemente om die spel te ontwikkel. Hy het eksklusief met Kosmos 94.1 Sportnuus gepraat.
Die Suid-Afrikaanse gesondheidsminister Joe Phaahla sê 62 van die slagoffers van Donderdag se brandtragedie in Johannesburg is onuitkenbaar. Die oorskot is opgeneem in die Gautengse Forensiese Patologiediens se lykshuis. Phaahla het die media ingelig oor die vordering met die nadoodse ondersoeke op die liggame van die 76 slagoffers. Die minister sê teen Saterdag het agt families reeds hulle geliefdes uitgeken:
Die land se paaie, veral van die Noorde, sal na verwagting vandag druk besig wees met die Ongwediva-handelskou wat Saterdag afgesluit het. Die skou lok talle besoekers, en uitstallers, van regoor die land wat moet terugreis. Kommissaris Petrus Swartz van die Namibiese polisie doen ‘n beroep op padgebruikers om veilig by hul bestemmings aan te kom.
Die Outomobiel Assosiasie verwelkom die publikasie van 'n oorsig deur twee senior ekonome van die Suid-Afrikaanse Reserwebank oor die brandstof-prysstruktuur in die buurland. Volgens hul data het sleutelbestanddele van die brandstofprys die afgelope jare inflasiekoerse ervaar wat die nasionale gemiddeld oorskry het. Layton Beard van die AA steun ‘n voorstel dat die Padongelukkefonds se lewensvatbaarheid getoets word teenoor alternatiewe, asook deurslaggewende ingryping in, en 'n hersiening van die bestaande heffing van 2 Suid-Afrikaanse rand 18 sent per liter. Beard vra die regering om die bevindings in die verslag ernstig te oorweeg:
Die onderhandelinge vir die hernuwing van die minimumloon vir plaaswerkers is suksesvol afgehandel. Die Namibiese Landbou-unie sê die nuwe ooreenkoms is op 1 September deur die vier partye - vakbonde van boere en plaaswerkers-verenigings - onderteken. Die 10 persent verhoging skop op 1 Oktober vanjaar in. Danie van Vuuren, administratiewe bestuurder Landbouwerkgewers-vereniging het meer.
‘n Berig uit Zambië lui soos ‘n Robert Ludlum-verhaal. ‘n Zamibese hof het vyf Egiptenare laat gaan nadat hulle drie weke gelede met 5,7 miljoen Amerikaanse dollar in kontant, vyf pistole, 126 rondes ammunisie en moontlike goud van 127 kilogram gevang is op ‘n privaatstraler wat in die land aangekom het. Die Zambiese regbank sê uit die 11 verdagtes is nou onder andere op klagtes van betreding op die lughawe en ander klagtes aangekla. Intussen het laboratoriumtoetse bevestig die goud was vervals. Kosmos 94.1 Nuus het met die politieke ontleder professor Andre Duvenhage gepraat oor die opspraakwekkende voorval.
Namibië en Botswana se gesamentlike ministeriële komitee oor vervoer het ooreengekom om voort te gaan met die uitbreiding van die Trans-Kalahari-spoorlynprojek. Die twee lande het ooreengekom om beleggers en hulpbronne te soek vir die projek, om 'n haalbaarheidstudie te doen, en die bou van die spoorlyn te behartig. Die twee lande is dit ook eens dat die projek in Januarie 2025 sal begin. Die woordvoerder van die ministerie van werke en vervoer, Julius Ngweda, sê die projek sal werksgeleenthede skep vir die jeug:
Niita Nujoma, die dogter van die arbeidsminister Utoni Nujoma en stigterspresident Sam Nujoma se kleindogter, wat vroeër die week as vermis aangemeld is, is Vrydagmiddag gevind in ‘n rivierbed in Cimbebasia. Sy het volgens wat berig word, selfmoord gepleeg. Nujoma het groot uitdagings gehad met haar geestesgesondheid. Geen verdere besonderhede is bekend nie soos inspekteur Silas Shipandeni van die Khomas-polisie verduidelik.
Kommissaris Fannie Masemola, sê die Suid-Afrikaanse polisie het 'n uitklophou aan 'n sindikaat toegedien wat moontlik verantwoordelik is vir 'n aantal transito-rooftogte in Limpopo, Mpumalanga en Gauteng. Masemola het 'n afvaardiging van senior offisiere na die misdaadtoneel gelei waar 18 verdagtes wat met transitorooftogte verbind word, gister in Makhado, Limpopo, doodgeskiet is. Die kommissaris sê die polisie is besig om op ernstige en geweldsmisdade oral in die land toe te slaan:
Die DA sê die energie-reguleerder Nersa se goedkeuring van Eskom se aansoek vir 'n bykomende 24 miljard Suid-Afrikaanse rand sal 'n verdere styging in kragkostes tot gevolg hê. Die party beoog om Nersa se besluit vir die goedkeuring van 'n tariefverhoging van 31,4 persent op 11 September in die Hooggeregshof in Pretoria te betwis. Ghaleb Cachalia van die party waarsku die bykomende goedkeuring kan elektrisiteit onbekostigbaar maak, veral vir lae-inkomste huishoudings, terwyl verset teen die huidige verhogings alreeds voorkom:
Die Johannesburgse Kamer van Koophandel het sy kommer uitgespreek oor die impak van die brand in die gebou in die middestad op sakeondernemings. Volgens Herman Breedt van die Kamer het sakelui wat in die omgewing sake doen bekommernissse oor veiligheid na die voorval beklemtoon. Hy sê 'n onmiddellike plan is nodig om besighede wat geraak word op korttermyn te help:
Upstream Online berig dat daar na verwagting volgende jaar ‘n rits tendergeleenthede deur Namport uitgestuur sal word. Namibië beplan om ‘n olie- en gas-fasilitiet by die hawe op te rig. Die uitvoerende hoof van die hawe-owerheid Andrew Kanime het ook by die onlangse olie- en gaskonferensie in die hoofstad gesê die owerheid kan nie agterweë bly om homself in die olie- en gasbedryf te posisioneer nie.
Terwyl Namibiese verbruikers ook op hete kole wag vir die aankondiging van die brandstofprys vir September waarsku die buurland se Outomobiel Assosiasie dat verbruikers daar ‘n geldelike knou kan verwag. Onbevestigde data van die Sentrale Energiefonds dui daarop dat petrolpryse met tot 1 Suid-Afrikaanse rand 65 sent per liter kan styg. Dieselpryse sal waarskynlik met 2 rand 85 sent per liter styg. Layton Beard van die AA maan motoriste om hul voertuie in goeie meganiese werking te hou.
Copps 94.1 het weer sy opwagting aan die kus gemaak en Vrydagnag patrollie op Walvisbaai se strate uitgevoer saam met die Erongo-polisie. Die streek het groot uitdagings met dwelms en hulle het ook hulle verskyning gemaak. Francois Lottering was aan diens en het meer.
Menzies Aviation blyk om geen einde te hê aan sy pogings om toegang tot die Hosea Kutako Internasionale Lughawe te hê nie. Hy gaan hom aan die hoogeregshof wend vir ‘n versnelde appèl. Intussen het die Namibiese Lughawensmaatskappy bevestig dat grond- en vraghantering by die lughawe goed verloop.
Die Instituut vir Maatskaplik-Ekonomiese Regte in die buurland beskuldig die ANC-regering van nalatigheid om die kwessie van verwaarloosde geboue en onvoldoende skuilings in Johannesburg die hoof te bied. Dit kom na die minister van maatskaplike ontwikkeling, Lindiwe Zulu, apartheid vir die dodelik brand blammer het. Nkosinathi Sithole van die instituut sê die verwaarloosde ruimtes dra by tot die stad se behuisingskrisis. Sithole sê die regering moet toesien dat die grondwetlike regte van Suid-Afrikaners vooropgestel word:
Daar heers groot opgewondenheid oor die opening van die Rundu-abattoir wat deur Meatco bedryf sal word. Die fasiliteit sal boere in die twee Kavango-streke ‘n goeie geleentheid bied vir hul diere en vir die land, uitvoere onder andere, na Angola, Ghana en die Midde-Ooste. Die hoof uitvoerende beampte van Meatco Mwilima Mushokabanji sê met die goeie samewerking van al die rolspelers sal daar groot sukses behaal word.
Die African Diaspora Network sê dit sal baie moeilik vir immigrante wees om hulle familielede uit te ken en te repatrieer wat moontlik in die Joburg brand dood is. Die uitvoerende hoof van die netwerk, Vusi Sibanda, sê die situasie word vererger deur die feit dat talle immigrante nie oor behoorlike identiteitsdokumente beskik nie wat dit moeilik maak vir familielede om dokumentasie van hulle lande van oorsprong te bekom. Hy sê die uitkenning van slagoffers van die brand is dalk onmoontlik weens die omvang van brandwonde:
Reaksie word ontvang op die Suid-Afrikaanse Reserwebank wat ‘n beroep op die ANC-regering doen om aandag te gee aan die stygende brandstofpryse. Reuse-stygings word vir die maand verwag en die sentrale bank sê die regering moet verskeie opsies oorweeg. Plaaslik, het die Swapo-regering reeds heffings aangepas en absorbeer hy ook talle male onderverhalings. Brandstof in Namibië, al word dit ook vanaf Suid-Afrika ingevoer, is steeds goedkoper as in die buurland. Die regering verdien ‘n pluimpie, soos Andreas Simon, woordvoerder van die ministerie van myne en energie verduidelik.
Namibië se handel met Brics-lande vertoon op die oomblik baie goed, die hoogste syfer van alle groeperings en is tans op 97 miljard Namibiese dollar teenoor 85,3 miljard dollar met Sacu-lande en 43,1 miljard met die VSA, Europa en Brittanje. Volgens Salomo Hei van High Economic Intelligence, is handel met die nuwe Brics-lede wat in Januarie 2024 bygevoeg word, reeds 12,5 miljard dollar. Terwyl dit baie voordele vir Namibië inhou kan dit die land geopolities beperk. Hei sê die handelsyfers is nie doelbewus so nie.
Reaksie word ontvang op media-berigte dat die ministerie van binnelandse sake nie inheemse name wat ‘n ‘kliek’ bevat kan registreer nie. Volgens wat berig word, is die besluit geneem om administratiewe prosesse meer vaartbelyn te maak en eenvormigheid te handhaaf. Maar, Namibiërs het tale wat klieks bevat en vrae word gevra oor basiese regte. Kosmos 94.1 Nuus het met Toni Hancox, die direkteur van die Regshulpsentrum oor die kwessie gepraat.
Die Popular Democratic Movement gaan 'n behuisingskonferensie op 10 September in die hoofstad aanbied om die huidige knelpunte en pryse van huise te bespreek. Belanghebbendes in die behuisingsektor sal deel vorm van die gesprek. Behuising was onlangs in die nuus met groot uitdagings en tekorte wat reeds jare lank duur. Roberto Dirkse, woordvoerder van die PDM-president met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en die belangrikheid van hierdie konferensie gedeel...
Rise Mzansi sê hy eis die onmiddellike bedanking van die hele burgmeesterskomitee van Johannesburg na die vernietigende brand by 'n gebou in Marshalltown. Die party glo die katastrofe by 'n verwaarloosde gebou wat die stad besit, is 'n stelsel-mislukking wat politiek en geld bo menselewens stel. Die verwoestende brand het meer as 70 lewens geëis, met vrese dat die dodetal nog styg. Die partyleier, Songezo Zibi, sê slagoffers, insluitend kinders, het gely weens beweerde wanbestuur en onverskilligheid:
Die Gautengse polisiekommmissaris, Elias Mawela, sê met Operasie Shanela is wetstoepassingsagentskappe voluit besig met die ontwrigting en afbreking van onwettige mynbou-bedrywighede regdeur die provinsie. 'n Operasie is in die Wes-Randse distrik uitgevoer. 'n Polisiewoordvoerder, Dimakatso Nevhuhulwi, sê verskeie misdaadvoorkomings-optredes is uitgevoer in Magaliesburg, Randfontein, Krugersdorp en Kagiso, soos padblokkades, drank-voldoeningsinspeksies en besoeke aan onwettige mynbou-brandpunte:
Die burgemeester van Uvalde, Don McLaughlin sê die distriksprokureur probeer fasette van die ondersoek na die dodelike skietery by die Robb-laerskool toesmeer. Die skietery op 24 Mei verlede jaar in Texas het groot reaksie uitgelok omdat owerhede tot ‘n uur geneem het voor hulle kontak met die skieter Salvador Ramos gemaak het. Teen daardie tyd was 19 klein kinders en twee onderwysers dood. Sewentien is beseer. McLaughlin sê hulle het die hof genader en die distriksprokureur was nie eerlik nie.
Die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, het sy diepe teleurstelling uitgespreek omdat president Cyril Ramaphosa nie die dreigende fiskale krisis, wat Winde 'n saak van dringendheid noem, op die agenda van die Presidensiële Koördineringsraad geplaas het nie. Die raad vergader vandag in Pretoria. Winde het onlangs aan Ramaphosa geskryf en versoek dat dié saak van nasionale belang die voorrang en dringende aandag kry wat dit verdien:
Die borgaansoek van die oudminister Bernhardt Esau duur steeds voor regter David Munsu voort. Die hoof ondersoekbeampte van die Teenkorrupsie-kommissie Andreas Kanyangela getuig steeds. Munsu het ingespring en aan Kanyangela gevra of daar bewyse is dat Esau die fondse van Nengomar Pesca in Angola, sowel as die van Fishcor, gebruik het om sy plaashuis op te knap en uit te brei.
Amerikaanse Senaat Republikein Mitch McConnell is in die nuus in die VSA. Hy het Woensdag vir meer as 30 sekondes gevries tydens 'n openbare verskyning voordat hy weg begelei is. Dit is die tweede keer wat hy in die openbaar vries, met die eerste voorval op 26 Julie vanjaar. Die 81-jarige het voor verslaggewers gestaan en staar, en nie op enige vrae of hulp van sy personeel gereageer nie. McConnell het die afgelope tyd twee keer geval en het harsingskudding opgedoen. Daar is vrae oor of hy nog bevoeg is om die party in die Senaat te lei. Hy het duidelik President Joe Biden se ondersteuning.
Die semifinale van die Standard Bank onder-19 Superliga vind vanaand op Vegkop en die Hage Geingob-stadion plaas. Die Windhoek Gimnasium Leeus draf uit teen die Samsung WHS Koedoebulle, terwyl PSG Pro-Ed Akademie die Autohaus Windhoek Affies pak. Dirk Human, afrigter van FNB Wanderers wat môre in die premierliga-finaal uitdraf, is die kommentator vir die wedstryde ...
Voedselsekerheid is die week plaaslik in die nuus met amper 700 000 kwesbare Namibiërs wat volgens die kantoor van die eerste minister, bystand nodig het. Die verval van die land se graslande en weiding, sowel as hoër temperature en swak grond, lei tot verdere kommer oor landbou se uitsette. Navorsing regoor die wêreld toon van volhoubare praktyke nou meer as ooit nodig is om landbou te bevorder. Kosmos 94.1 Nuus het met Erastus Ngaruka, tegniese adviseur vir vee- en gewasboere by Agribank gesels.
Die Swapo-party se jeugliga het sy stem bygevoeg tot die voortdurende pogings deur Menzies Aviation om vrag- en grondhantering by die internasionale lughawe te behou. Die maatskappy het weer vanoggend in die hoërhof in sy poging om toegang tot die lughawe perseel te bekom, misluk. Ephraim Nekongo, die jeugliga se sekretaris sê Menzies se gedrag is afstootlik en dit moet end kry.
Die departement van gasvryheid en toerisme by NUST sal 'n geleentheid by hul hotelskool aanbied ter viering van Wêreld-toerismedag op 27 September on die tema van groen beleggings. Hierdie viering het ten doel om uiteenlopende perspektiewe, kennis en kundigheid aan te bied in die nastreef van beste praktyke vir Groen Belegging vir die toerisme- en gasvryheidsbedryf. Liesl Liebenberg, die universiteit se hotelskool-bestuurder, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels...
Gauteng se LUR vir Samewerkende Regering, Mzi Khumalo, sê gister se dodelike brand in die gebou in Marshalltown, Johannesburg, kon vermy word indien verordeninge afgedwing is. Meer as 70 mense waaronder 12 kinders is dood toe 'n gekaapte vyfverdieping-gebou aan die brand geraak het. Daar is minstens 57 gekaapte geboue in die Johannesburgse middestad. Khumalo sê die provinsiale regering sal baie lesse uit hierdie tragedie leer:
Suid-Afrika het die kans om sake reg te stel wanneer hy Australië vanaand in die tweede van drie T20's in Durban pak. Dit volg op Woensdag se vernederende rekord-nederlaag van 111 lopies teen die besoekers in die eerste wedstryd. Die finale T20 word Sondag gespeel, ook in Durban. Dit word gevolg deur vyf eendagwedstryde as voorbereiding vir die Wêreldbekertoernooi in Indië. Reeza Hendriks, wat Woensdag die hoogste telling van 56 vir die Proteas aangeteken het, erken die Aussies was die beter span:
Dorpe regoor die land het uitdagings met rommel wat oral gegooi word, sowel as onwettige storting van huishoudelike- en tuinvullis. Mariental se munisipaliteit hou vandag ‘n skoonmaak-dag op die dorp en bied ook beskermende toerusting vir inwoners wat wil meemaak. Die burgemeester Cherien Kock het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Die Afrika-unie se vrede-en-veiligheidsraad het besluit om Gaboen onmiddellik te skors na die militêre staatsgreep vroeër die week. Weermagoffisiere wat Woensdag die bewind oorgeneem het, het generaal Brice Nguema as die land se nuwe oorgangsleier aangewys. Met president Ali Bongo wat uit die kussings gelig is, is sy familie se magsgreep van 55 jaar in dié sentraal-Afrikaland beëindig. Die AU-raad sê Gaboen is uit al die unie se aktiwiteite, organe en instellings geskors tot die grondwetlike orde in die land herstel is. Intussen sê die sekretaris-generaal van die VN Antonio Guterres militêre regerings is geen oplossing vir maatskaplike uitdagings nie.
Die Stad Kaapstad sê probleme met watertafels wat deur swaar reën veroorsaak word, het die afgelope weke begraafplase in die stad geraak. Die Maitland-begraafplaas is die swaarste getref deur onlangse gure weerstoestande. Die begraafplaas was verlede naweek weens hoër watertafels nie toeganklik nie en 56 begrafnisse moes by die Welmoed-kerkhof gehou word. Die burgemeesterskomiteelid vir Gemeenskapsdienste en Gesondheid, Patricia van der Ross, sê hulle werk daaraan om die probleem op te los:
Die verdedigende kampioen Carlos Alcaraz is deur na die derde ronde van die Amerikaanse Ope in New York. In sy eerste werklike toets in die toernooi het die Spanjaard 'n geesdriftige Suid-Afrikaner, Lloyd Harris, met 6-3, 6-1 en 7-6 geklop. Alcaraz kom nou teen die Brit Dan Evans te staan. Alcaraz sê Harris was 'n goeie toets vir hom:
Die uitvoerende hoof van Forensiese Patologiediens in Gauteng, Thembalethu Mpahlaza, sê DNS-toetse word uitgevoer om die liggame te identifiseer van mense wat in die brand in 'n gekaapte gebou in Marshalltown in die Johannesburgse middestad dood is. Altesaam 74 liggame is herwin en na die forensiese patologie-laboratorium gestuur. Mpahlaza sê dit sluit in 24 vroue, 40 mans en tien mense waarvan die geslag nie bepaal kan word nie.
Die vasberade inwoners van Okahandja informele nedersettings wat beplan het om 'n vreedsame betoging by Staatshuis te hou in 'n poging om aandag by President Hage Geingob te kry, het reaksie van die kantoor van die Presidensie ontvang. Dit word in die brief vermeld dat Geingob kennis geneem het van die kommer oor die gebrek aan grond en die hul beplande betoging. In hierdie verband het die President hulle verwys na die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, Erastus Uutoni. Die groep is egter vasbeslote om by Staatshuis te betoog, soos groepleier Sydney Gariseb verduidelik.
Die Suid-Afrikaanse kabinet het aangekondig vordering word gemaak met die uitvoering van die Zondo-kommissie se aanbevelings om diegene wat by staatskaping betrokke is, aanspreeklik te hou. Die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, het aan die media gesê 4,5 miljard Suid-Afrikaanse rand is vir die staat teruggekry en die Nasionale Vervolgingsgesag het daarin geslaag om bevriesingsbevele van 13 miljard rand te bekom.
Internasionale Monetêre Fonds sê die Suid-Afrikaanse regering moet sy fiskale situasie beter bestuur en strukturele kwessies aanspreek om seker te maak die land is op 'n pad van volhoubare groei en skuldhantering. Die IMF voorspel die ekonomie sal vanjaar met 0,3 persent groei. Die fonds se adjunk- besturende direkteur, Gita Gopinath, sê hulle is bevrees die land se skuldkoers gaan verder styg:
AfriForum het sy kommer uitgespreek oor 'n onvoldoende omgewings-invloedstudie wat 'n aansoek steun vir ‘n steenkoolmyn naby die Rietvlei-natuurreservaat in Pretoria. Die studie, wat ingedien is as deel van 'n bod om steenkoolmyn-bedrywighede by 'n bestaande kleimyn terugwerkend te magtig, het kritiek ontlok weens teenstrydighede en moontlike plagiaat. Marais de Vaal van Afriforum sê die verslag bevat teenstrydighede, insluitend botsende besonderhede oor lisensies, mynleeftyd en die uitwerking op die omgewing. De Vaal dring aan op openbare deelname voor die sperdatum van 26 September:
Die begin van die skooljaar is in Brittanje ontwrig met ongeveer 156 skole wat gedwing is om te sluit as gevolg van swak beton wat in die konstruksie gebruik is. Die minister van skole, Nick Gibb, het met Britse media gepraat oor die stand van sake.
Die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, vra nie-regeringsorganisasies om op te hou met hofstryde teen die regering om te verhoed dat mense wat gekaapte geboue beset, verwyder word. Sy het die oproep gedoen tydens haar besoek aan Marshalltown in Johannesburg waar 'n brand in 'n vyfverdiepinggebou gelei het tot die dood van 74 mense, insluitend sewe kinders. Meer as 50 mense is beseer. Ntshavheni sê dis van die grootste belang dat NRO's met die regering saamwerk om die krisis rondom gekaapte geboue op te los:
President Cyril Ramaphosa hoop die voortgesette ondersoeke na die dodelike brand in die Johannesburgse middestad sal insig bring wat soortgelyke tragedies in die toekoms sal help voorkom. Hy het gevra dat diegene wat verantwoordelik is vir die verwaarlosing van die vyfverdiepinggebou, aanspreeklik gehou word vir die brand wat 74 lewens geëis, 52 mense beseer en tientalle mense haweloos gelaat het. Ramaphosa vra gesamentlike verantwoordelikheid van regeringsinstellings, nooddienste en gemeenskapsorganisasies om die oorlewendes te help om fisiek, geestelik en materieel van die tragedie te herstel:
Lloyd Harris van Suid-Afrika het die moeilike taak om die verdedigende kampioen, Carlos Alcaraz, die stryd aan te sê in die tweede ronde van die Amerikaanse Ope. Harris het Dinsdag goed weggespring toe hy die Argentyn, Guido Pella, in skoon stelle geklop het, terwyl Alcaraz die tweede ronde gehaal het toe Dominik Koepfer in die tweede stel weens 'n enkelbesering uitgetree het. Die 20-jarige Spanjaard sê hy fokus op een wedstryd op 'n slag:
SMEs Compete sê die ministerie van finansies se nuwe riglyn om klein- en medium sakeondernemings te ondersteun, is ‘n goeie inisiatief. Ingevolge die nuwe riglyn, sou een van die maatskappye ‘n tender ontvang, hoef hy nie ‘n lening aan te gaan om fondse te bekom vir die verskaffing van die goedere of dienste nie. Dit word direk deur die openbare entiteit aan die finansiële instansie van die maatskappy oorbetaal. Kosmos 94.1 Nuus het met die direkteur van SMEs Compete, Danny Meyer, gesels...
Die Swakara-veiling wat op 9 Junie by Saga Furs in Helsinki, Finland plaasgevind het, het nie die verwagte verkope behaal nie en slegs 40 persent van die pelse is verkoop. Dit volg ná die ineenstorting van die pelsmark laat in 2020 en die gevolglike likwidasie van Kopenhagen Fur, wat tot nou toe die agent vir Namibiese Swakara-pelse was. Die volgende veiling vind op 11 September plaas. Kosmos 94.1 Nuus het met die plaaslike vervaardiger Louisa Campbell van Lovedale Farming gesels wat hoop dat al die oorblywende pelse verkoop sal word...
Die Trustco-groep se dringende aansoek in die Windhoekse hoërhof teen die opskorting van sy banklisensie op 18 Augustus deur die Bank van Namibië, het Donderdag voor regter Boas Usiku gedien. Die saak is tot 21 September uitgestel vir uitspraak. Die sentrale bank het besluit om die magtiging van Trustco Bank om as bankinstelling te funksioneer, op te skort. Usiku word versoek dat Trustco Bank se tydelike skorsing opgehef word. Die adjunk-uitvoerende hoof van Trustco, Quinton van Rooyen Junior het ná die hofverrigtinge met Kosmos 94.1 Nuus gepraat...
Die Inkatha Vryheidsparty sê hy is steeds verbind tot die bestryding van geslagsgeweld en verkragting, en is vasbeslote om enige lid wat hulle aan sulke dade skuldig maak, uit te skop. Dit volg na bewerings van seksuele teistering, wangedrag en verkragting teen sy lede. 'n Vroulike munisipale werker beskuldig 'n burgemeester van KwaZulu-Natal van seksuele misbruik, en nog 'n IVP-raadslid het na bewering 'n 14-jarige meisie verkrag en haar 100 Suid-Afrikaanse rand betaal. Die IVP-leier, Velekosini Hlabisa, sê die party sit sy veldtog vir geregtigheid vir die slagoffers van geslagsgeweld voort:
'n Leier van die verregse Proud Boys is tot 17 jaar tronkstraf gevonnis. Dit is die tweede langste vonnis vir enige van die aanvallers op die Amerikaanse Kongresgebou op 6 Januarie 2021. Joe Biggs is in Mei op verskillende aanklagte skuldig bevind. Dit sluit in sameswering van aanhitsing tot geweld om te keer dat die mag van president vreedsaam van Donald Trump na Joe Biden oorgedra word ná die 2020-verkiesing. Hy het om versagting gepleit en berou oor sy optrede uitgespreek. Distriksregter Timothy Kelly sê Biggs het die tradisie van vreedsame magsoordrag verbreek. Die land se prokureur-generaal Merrick Garland sê hul werk duur voort.
Johannesburg se stadsbestuurder, Floyd Brink, sê daar is tans geen voorlopige verslae oor die dodelike brand by 'n gekaapte gebou in Marshalltown in die middestad nie. Vier-en-sewentig mense waaronder 12 kinders is dood terwyl 60 beseerdes in die hospitaal opgeneem is. Brink sê die gebou is voorheen aan die Gautengse Departement van Maatskaplike Ontwikkeling verhuur en nadat die huurtermyn verstryk het, is dit gekaap:
NamRA het 'n uiters suksesvolle media-sessie by die Ongwediva-handelskou aangebied. Die doelwit is om brûe te bou en vennootskappe met joernaliste van die noordelike deel van die land te bevorder. NamRA glo dat die media 'n deurslaggewende rol speel om NamRA te help om sy doelwitte te bereik, veral op die gebied van onderrig vir die nakoming van belastingbetalers en handelaars. Kosmos 94.1 Nuus het met Tonateni Shidhudhu, strategiese kommunikasiebestuurder by agentskap, gepraat...
Die kabinet in die buurland het sy waardering teenoor President Cyril Ramaphosa en sy regering uitgespreek vir die hantering van die suksesvolle 15de Brics-beraad, en die inhoud en logistiek daarvan geloof. Die kabinet het sy volle steun gegee vir die ondertekening van ooreenkomste van verstandhouding met China in handel, energie en hoër onderwys, asook die heropening van markte vir plaaslike vleis- en avokado-produsente. Die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni sê die hoogtepunt van die spitsberaad was die aanvaarding van die geskiedkundige Johannesburgse Tweede Verklaring.
President Cyril Ramaphosa is op pad na die toneel van ‘n brand in Johannesburg, waar minstens 73 mense vanoggend dood en meer as 50 beseer is. Dit is nie duidelik hoeveel mense in die vyfverdieping-gebou gebly het nie, aangesien die gebou onwettig bewoon is. Ramaphosa sou Suid-Afrikaners aanvanklik vanaand toegespreek het om terugvoer te gee oor die Brics-beraad en die sogenaamde Lady R-verslag, maar volgens die Presidensie is die konferensie in die lig van die brand gekanselleer. Intussen het ActionSA se leier, Herman Mashaba, gesê die brand is 'n saak van strafbare manslag. Die voormalige burgemeester het sê die brand kon verhoed gewees het.
Die Ontwikkelingsbank van Namibië en KfW Ontwikkelingsbank het 'n tweede konsessie-lening van ongeveer 600 miljoen Namibiese dollar onderteken. Die lening sal aangewend word vir die ontwikkeling van klimaatverwante infrastruktuur-projekte, insluitend dié wat gefokus is op hernubare energie, water en lae-koolstofvervoer. Die befondsing is bykomend tot die sowat 240 miljoen dollar-ooreenkoms wat in Desember 2018 onderteken is. Dit is suksesvol aangewend om privaat maatskappye te ondersteun in die vestiging van sonkrag-infrastruktuur. Die hoof uitvoerende beampte van die Ontwikkelingsbank van Namibië, Martin Inkumbi, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat...
Lente is om die draai en Namibiërs wil graag weer swem. Stad Windhoek het aangekondig dat die Olympia-swembad weer môre op Lenedag sal oopmaak. Weens onderhoud en herstelwerk, sal die Katutura-swembad gesluit sal wees tot verdere kennisgewing, maar ie lapa is oop vir besprekings. Woordwoerder van die Stad, Celie Kapolo, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels...
Paul het sy opgewondenheid tydens die oorhandiging van sy gunsteling-motor met Kosmos 94.1 Nuus gedeel...
Die 31-jarige Paul Munanjala is aangekondig as die handelsmerk-ambassadeur vir Audi Centre Windhoek. Die vennootskap sluit 'n Audi A3 in wat Paul sal gebruik om sy daaglikse aktiwiteite uit te voer. Die Paul Da Prince-borgskap kom net 'n week nadat Audi Centre Windhoek ‘n Audi aan King Tee Dee vir sy komende SB09 Musiekfees gegee het. Audi Centre se bemarkingskoördineerder van verkope, Jolinda Thirion, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en sê dat Paul perfek pas by die leuse van Audi, #FutureIsAnAttitude.
Die Kavango-Zambezi-oorgrensbewaringsgebied se belangrike olifant-sensusopname wat verlede jaar deur die Kaza-lande gedoen is, is vandag in Livingstone in Zambië bekendgestel word. Volgens die sensus het Namibië 21 000 olifante. Namibië, Angola, Botswana, Zambië en Zimbabwe is lidlande van Kaza. Die Namibiese omgewingsministerie ag die olifant-sensus word as baie belangrik. Kaza se olifant-sensusspan het tot einde Oktober verlede jaar olifante in die Namibiese gebied van Kaza in die noordooste van die land getel. Darren Potgieter, die lugsensus-koördineerder van Kaza, het die syfers bekendgemaak...
Tennis: Lloyd Harris van Suid-Afrika het die moeilike taak om die verdedigende kampioen, Carlos Alcaraz, die stryd aan te sê in die tweede ronde van die Amerikaanse Ope. Harris het Dinsdag goed weggespring toe hy die Argentyn, Guido Pella, in skoon stelle geklop het, terwyl Alcaraz die tweede ronde gehaal het toe Dominik Koepfer in die tweede stel weens 'n enkelbesering uitgetree het. Die 20-jarige Spanjaard sê hy fokus op een wedstryd op 'n slag.
Die Suid-Afrikaanse departement van openbare ondernemings sê vordering is gemaak met die ontbondeling van Eskom, met die hoop dat dit teen Maart volgende jaar wesenlik afgehandel sal wees. Die kragvoorsiener sal in opwekkings-, transmissie- en verspreidings-afdelings ontbondel word. Die departement se waarnemende direkteur-generaal, Jacky Molisane, sê die wettige skeiding van die transmissie-maatskappy in 'n filiaal is nou in 'n gevorderde stadium, terwyl die omsigtigheids-ondersoek vir die opwekkingsafdeling afgehandel is.
Die Namibiese Mededingingskommissie het ‘n konferensie in Windhoek gehou oor die voorgestelde verkryging van Kansai Plascon Africa Limited en Kansai East Africa Proprietary Limited. Kansai Plascon Africa Limited is 'n filiaal van Kansai Paint, 'n Japannese multinasionale maatskappy wat verf en deklaag-produkte wêreldwyd vervaardig en verkoop, hoofsaaklik in Botswana, Eswatini, Malawi, Namibië, Suid-Afrika, Zambië en Zimbabwe. Die voorgestelde verkryging is ook ondersoek deur die Mededingingskommissie van Suid-Afrika. Dina Gowases, korporatiewe kommunikasiepraktisyn by die Namibiese kommissie het met Kosmos 94. 1 Nuus gepraat...
Die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, het sy innige meegevoel betuig met die gesinne wat geraak is deur die vernietigende brand in ‘n gebou in Johannesburg se middestad. Die aantal sterftes het nou reeds tot 73 gestyg, terwyl meer as 50 mense beseer is. Winde het ook die ondersteuning van sy provinsie se rampbestuursentrum aangebied vir Johannesburg se nooddienste en die Gautengse regering. Hy sê die ligging van rampe raak nie hul bereidwilligheid om hulp te verleen nie.
Eskom het bevestig fase 4-beurtkrag sal voortduur tot vyf-uur Sondagoggend. Woordvoerder Daphne Mokoena sê die kragvoorsiener moet nood-opwekkingsreserwes herwin ter voorbereiding vir die komende week. Fase 2-beurtkrag sal dan ingestel word van vroeg Sondagoggend tot vier-uur Sondagmiddag. Mokoena sê ‘n opwekkingseenheid by die kragstasies Arnot en Kriel is die afgelope 12 uur uit diens gestel vir herstelwerk.
Die dodetal in vanoggend se brand in die Johannesburgse middestad het tot meer as 70 opgeskiet, terwyl 'n soek-en-herwinnings-operasie voortduur in die vyfverdieping-gebou wat in vlamme gehul was. Die Osindiso-gebou op die hoek van Albert- en Delverstraat behoort aan die Stad Johannesburg en word aan 'n nie-regeringsorganisasie verhuur. Robert Mulaudzi van die stad se nooddienste sê die gebou is omskep in 'n informele nedersetting met 'n geraamde meer as 80 tydelike woon-strukture.
Die EBikes4Windhoek-projek is vandag by Nust in die hoofstad van stapel gestuur. Die projek se primêre doelwit is om koste-effektiewe, energie-doeltreffende alternatiewe deur elektriese fietse, sonkrag-herlaaistasies en inligtingspunte bekend te stel. Hierdie inisiatief het ten doel om volhoubare vervoerkeuses te bevorder en die toeganklikheid en sigbaarheid van fietse in die stad te verbeter. Stad Windhoek se woordvoerder, Celie Kapolo het met Kosmos 94.1 Nuus gesels...
Die toerisme-sektor kan een van die grootste katalisators wees in die vermindering van werkloosheid, veral in die landelike gebiede van Namibië. Simonis Storm het ‘n verslag uitgereik oor die sosio-ekonomiese impak van die toerismebedryf en dit raak amper alle sektore in die land wat op sy beurt broodnodige werk skep. Kosmos 94.1 Nuus het met arbeidskenner Herbert Jauch gesels ...
Dit is volgende week Dinsdag die Central Select-veiling by die Agra/Bank Windhoek Ring by die skougronde. Die veiling, wat ses-uur begin en ook aanlyn aangebied word, het top-gehalte diere op aanbod. Paul Klein, bestuurder by Agra Veilings het meer.
Die finansministerie het ‘n nuwe riglyn daargestel om klein- en medium sakeondernemings te ondersteun. Ingevolge die nuwe riglyn, sou ‘n een van die maatskappye ‘n tender ontvang, hoef hy nie ‘n lening aan te gaan om fondse te bekom vir die verskaffing van die goedere of dienste nie. Dit word direk deur die openbare entiteit aan die finansiële instansie van die maatskappy oorbetaal, soos die ministeriële woordvoerder, Wilson Shikoto verduidelik.
Reaksie word ontvang op die goeie nuus dat die Vleisraadwet van 1981 gewysig is om die pluimvee- en suiwelbedrywe in te sluit. Dit is terugwerkend vanaf 22 Augustus van krag en dui op 'n strategiese skuif na verbeterde regulering, volhoubaarheid en selfonderhoud in hierdie belangrike bedrywe. Rene Wentscher, voorsitter van die Pluimvee Produsentevereniging het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.
Die borgaansoek van die oudminister Bernhardt Esau duur steeds voor regter David Munsu voort. Die hoof ondersoekbeampte van die Teenkorrupsie-kommissie Andreas Kanyangela getuig steeds en is vanoggend deur Esau se regsman, advokaat Florian Beukes ondervra...
Die pas-voltooide Rundu-abattoir sal groot geleenthede vir die twee Kavango-streke inhou. Die abattoir is pas oorhandig aan Meatco wat dit sal bedryf, ook as uitvoer-abattoir. Die goewerneur van Kavango Oos-streek Bonifatius Wakudumo sê veral die boere in die gebied sal voordeel daaruit trek.
‘n Britse professor in rekenaarwetenskap, dame Wendy Hall, het pas ‘n verslag bekend gestel oor die voordele van kunsmatige intelligensie. In haar mening is die tegnologie uitstekend en baie voordelig, mits die korrekte raamwerk daargestel word. Sy het met Britse media gepraat.
Die Stad Kaapstad sê die geleenthede vir inwoners wat na werk soek, het met die hulp van die Uitgebreide Openbare Werkeprogram in die 2022/2023 boekjaar met 6 persent toegeneem. Die program is een van die regering se sleutelprogramme wat tydelike werk verskaf om armoede te verlig en aan werkloses 'n inkomste bied. Die burgemeesterskomiteelid vir Stedelike Afvalbestuur, Grant Twigg, sê die resultate wys die stad slaag goed daarin om die potensiaal van hierdie program ten volle te gebruik:
Die Proteas het hul seisoen op 'n teleurstellende noot begin, toe hulle in die eerste T20-kragmeting op Kingsmead in Durban deur Australië vermorsel is. Kaptein Mitchell Marsh met 'n onoorwonne 92 en Tim David met 64 lopies, het bygedra tot die besoekers se 226, voordat die gashere vir net 115 uitgehaal is. Dit is 'n rekordoorwinning van 111 lopies. Die nuweling draaibalbouler Tanveer Sangha het vier paaltjies ingepalm. Reeza Hendriks, wat met 56 lopies die beste vir die Proteas gevaar het, sê hulle is teleurgesteld met hul vertoning:
Johannesburg se nooddienste sê die dodetal na vanoggend se brand in 'n vyf-verdieping-gebou in Marshalltown in die middestad sal na verwagting styg nadat begin is om in die puin na slagoffers te soek. Minstens 56 mense, wat 'n kleuter insluit, se dood is bevestig en meer as 40 is vir rookinaseming en verskeie beserings behandel. 'n Woordvoerder van Johannesburg se nooddienste, Robert Mulaudzi, sê die gebou is een van die gekaapte geboue in die stad:
Aanvalle op toeriste wek groot kommer. Woensdag is drie Franse toeriste voor hulle akkommodasie in Windhoek deur drie mans met messe aangeval en beroof. Hulle was ten tyde van die voorval slegs vier ure in die land. Al hul besittings soos paspoorte, kontant, kaarte en selfone is gesteel. Die Windhoek Stadspolisie het 'n streng waarskuwing aan toeriste gerig om waaksaam te wees. Kosmos 94.1 nuus het met superintendent Marcelline Murapo van die Stadspolisie gepraat, wat gasvryheids-instansies versoek om toeriste in te lig oor die moontlike gevare van misdaad...
ie 23-malige Grand Slam-kampioen Novak Djokovic is deur na die derde ronde van die Amerikaanse Ope in New York. Die 36-jarige Serwiër het die Spanjaard, Bernabe Zapata Miralles, met 6-4, 6-1 en 6-1 verpletter in sy poging om 'n 24ste major-titel te wen. Dominic Stricker van Switserland het die wêreld se nommer sewe, Stefanos Tsitsipas van Griekeland met 7-5, 6-7, 6-7, 7-6 en 6-3 uitgeskakel om sy eerste oorwinning oor 'n top-tien-speler te behaal. Die 21-jarige Stricker wat sy debuut in New York gemaak het, sê hierdie oorwinning gee hom meer selfvertroue:
Die politieke ontleder in Suid-Afrika, Omry Makgoale, sê dis te betwyfel of Ace Magashule se nuutgestigte politieke party, African Congress for Transformation, beter sal vaar as die ANC. Magashule het die stigting van ACT aangekondig. Hy sê dit is 'n politieke beweging sowel as 'n volksparty, wat fokus op grondvlak-betrokkenheid en insluiting. Hy sê ACT handhaaf Afrika-nasionalisme as grondslag, terwyl Pan-Afrikanisme as bevrydende oortuiging bevorder sal word. Makgoale sê die meeste mense wat die ANC verlaat en nuwe politieke partye stig, bly onsuksesvol:
'n Egpaar is Woensdagaand by hul plot by Döbra in Brakwater oorval deur drie mans wat met pangas gewapen is. Verskeie goedere is gesteel. Die egpaar is aangeval maar hul toestand is bestendig. Adjudant-offisier, Silas Shipandeni van die Khomas-polisie het die besonderhede.
Die Vryheidsfront Plus beskuldig die buurland se polisieminister, Bheki Cele, dat hy die Wysigingswetsontwerp op die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat aan die Parlement voorgelê het, al beskou die staat se regskenner dit as ongrondwetlik. Die doel is om aan die minister van polisie en die kabinet die mag te gee om ondersoekdirektoraat se uitvoerende direkteur aan te stel. Partyleier Pieter Groenewald sê dit neem ook magte weg van die parlementêre portefeuljekomitee oor polisie. Groenewald veroordeel wat hy noem die regering se magsmisbruik:
Die Citizens Coalition for Change sê sy nasionale burgervergadering het eenparig vir 'n nuwe verkiesing gevra en hy het dus ‘n nuwe veldtog geloods met die hutsmerk FreshElectionZW. Hierdie veldtog het ten doel om Zimbabwiese burgers te betrek in 'n poging om die aanhoudende kwessie van betwiste verkiesings in Zimbabwe aan te spreek. Die party se leier, Nelson Chamisa het vroeër gesê dat genoeg genoeg is.
Die Protea-vroue begin môre hul seisoen in Pakistan, waar hulle oor die volgende twee weke ses wedstryde sal speel. Die veelsydige kaptein van die Dolphins, Nondumiso Shangase, is die eerste keer sedert 2021 terug in die nasionale span. Sy het verlede seisoen se binnelandse T20-kompetisie as die voorste paaltjienemer afgesluit en was ook een van haar span se voorste lopiemakers. Shangase hoop die toer in Pakistan sal suksesvol wees:
Die kantoor van die eerste minister het die amptelike verslag bekendgestel oor die bevindinge van vanjaar se Kwesbaarheid-assessering en analise nadat die kabinet die verslag goedgekeur het. Dit volg op 'n landwye assessering wat van Mei tot Julie landwyd uitgevoer is. Die droogtehulp- en voedselbystand-program sal uitgebrei word na alle geraakte bestaansboere in landelike gebiede in al 14 streke. Die program sal na verwagting die regering 892,4 miljoen Namibiese dollar kos. Die uitvoerende direkteur in die kantoor, I-Ben Nashandi het meer besonderhede...
Die onderwys het hom sterk uitgespreek teen kwessies van swak dissipline van leerders na aanleiding van berigte dat 'n Okakarara-skool glo 80 kinders huis toe gestuur het weens onvanpaste haarstyle. Daar word egter gesê dat die betrokke skool die aantygings ontken het. Die uitvoerende direkteur in die ministerie, Sanet Steenkamp het in gesprek met Kosmos 94.1 Nuus gesê sy kan nie glo dat kwessies van haarstyle in die middelpunt is gedurende die tyd wat leerders vir eksamens moet voorberei nie.
Die prys van Russiese koring het gedaal. Verlede week het die Russiese landbou-konsultantmaatskappy SovEcon sy koring-oesvoorspelling van 87,1 miljoen ton tot 92,1 miljoen ton in sy jongste maandelikse verslag verhoog. Die groter oes, in kombinasie met rekordvoorrade, sal uitvoere stimuleer, wat prysdruk op die wêreldmark tot gevolg sal hê. Die hoofbestuurder van Akkerbou en Tuinbou by die Namibiese Akkerbouraad, Gilbert Mulonda, sê dat verbruikers 'n prysverlaging van koring sal sien.
Die buurland se vakbondfederasie Saftu veroordeel ten sterkste die planne van die Ekonomiese Gemeenskap van Wes-Afrika-state, Ecowas, om Niger binne te val en President Mohamed Bazoum se regering met Franse hulp weer in te stel. Die organisasie is gekant teen staatsgrepe tussen regerende klas-faksies wat werklike ontevredenheid uitbuit en werkers se eise ignoreer. Die staatsgreep het gevolg nadat Bazoum geweier het om te bedank ondanks aanhouding deur militêre leiers. Saftu se woordvoerder, Trevor Shaku, het Niger se werkersklas gevra om te herorganiseer en 'n demokratiese verkiesing te hou:
Die Namibiese Bus- en Taxi-vereniging, Nabta, veroordeel ongelisensieerde taxi's en toeroperateurs wat glo 'n bedreiging vir die passasiers-toerismebedryf by die hawe op Walvisbaai inhou. Volgens berigte word toeriste voorgekeer en geteister deur onwettige operateurs wat toere en vervoer aanbied tydens die vaartuie se dagbesoeke. Die kwessie het onder die loep gekom met vergaderings tussen rolspelers aan die kus. Pendapala Nakathingo, sekretaris-generaal van Nabta sê dit moet stop...
Die voormalige hoof van die Valke, Berning Ntlemeza, het hom by die gewese sekretaris-generaal van die ANC, Ace Magashule, se nuwe politieke party, die African Congress for Transformation, aangesluit. Magashule het die stigting van die party aangekondig en sê Ntlemeza gaan die party se Oos-Kaapse leier wees. Hy is in 2017 uitgeskop na die Hooggeregshof in Pretoria beslis het sy aanstelling was irrasioneel. Ntlemeza beskou homself as die ideale kandidaat vanweë sy rolle in die verlede en sy uitgebreide betrokkenheid by verskillende streke:
Africa Risk Consulting sê 'n staatsgreep in Gaboen kan die reeds brose politieke situasie in die land vererger. Soldate het vroeër die mag oorgeneem en die uitslag van die verkiesing herroep, wat deur President Ali Bongo gewen is. Bongo is sedertdien in huis-arres. Die sekretaris-generaal van die Statebond, Patricia Scotland, het die noodsaaklikheid beklemtoon vir lidlande om die oppergesag van die reg en demokratiese beginsels te handhaaf. Africa Risk Consulting se direkteur, Tara O’Connor, sê geskiedkundige gevalle van militêre ingryping kan ook baie nadelige gevolge inhou:
TransNamib is nou in ‘n finale stadium van die leningsproses om 20 nuwe lokomotiewe aan te koop. Volgens die maatskappy se uitvoerende hoof vir ingenieurswese en tegniese dienste, Bertus Eksteen, sal 'n lening van 2,1 miljard Namibiese dollar van die Ontwikkelingsbank van Suid-Afrika verkry word. TransNamib het tans 78 lokomotiewe, waarvan 26 in bedryf is, terwyl die maatskappy minstens 34 lokomotiewe per dag benodig vir voldoende werkverrigting. Eksteen sê dat uit die 26 lokomotiewe, 20 tussen 50 en 60 jaar oud is, vyf is ses jaar oud en een is 17 jaar in gebruik. Die woordvoerder van TransNamib, Abigail Raubenheimer, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Die GOOD-party het sy pleidooi aan die regering herhaal om 'n basiese inkomstetoelaag van 1 000 Suid-afrikaanse rand in te stel na aanleiding van Statistieke Suid-Afrika se onlangse vrystelling van armoedesyfers. Die hersiene broodlyn staan op 760 rand per persoon per maand, terwyl die onderste armoedegrens van noodsaaklike nie-voedselitems, net meer as 350 rand is. GOOD se sekretaris-generaal, Brett Herron, sê dié syfers benadruk die ontoereikendheid van die maatskaplike noodtoelaag vir sukkelende Suid-Afrikaners.
Phillip Morris South Africa het na vore gekom om die ingewikkeldhede van die hoogs omstrede Wet op die Beheer van Tabakprodukte en Elektroniese Leweringstelsels uiteen te sit. Die maatskappy se direkteur vir openbare aangeleenthede in Suider-Afrika, Ulreich Tromp, sê terwyl die wetsontwerp ten doel het om die tabakbedryf te reguleer, het die maatskappy verskeie bekommernisse na vore gebring wat hulle meen die wetgewers moet oorweeg. Tromp sê alternatiewe vir gewone sigarette moet verskillend gereguleer word, gebaseer op die risikoprofiel van dié produkte.
Die minister van myne en energie, Tom Alweendo, het by die Kamer van Mynwese van Namibië se tiende Mynbou-ekspo gesê beleggers is baie belangrik vir die sektor. Die tiende Mynbou-ekspo het vandag by die Windhoekse skougronde begin en duur tot môre. Alweendo het 'n beroep op die rolspelers gedoen om die mynbousektor vir die toekoms volhoubaar te bestuur.
Die politieke ontleder Mbhazima Shilowa sê die ANC se afgedankte sekretaris-generaal, Ace Magashule, moet bewys wat hom van die party onderskei. Dit volg na die bekendstelling van Magashule se nuwe politieke party, die African Congress for Transformation. Shilowa sê namate Magashule sy nuwe politieke loopbaan aanpak, moet hy die kernbeginsels en visie benadruk wat die ACT onderskei. Hy sê uitdagings soos die werwing van steun en 'n duidelike politieke agenda, sal die party se veerkragtigheid toets.
Die Letterkunde-komitee van die Nasionale Kunsteraad van Namibië, in samewerking met die onderwysministerie se direktoraat van kuns en nasionale biblioteke en argiewe, het Namibië se eerste Letterkunde Fees ooit amptelik aangekondig. Die fees vind Vrydag en Saterdag by die nasionale argief en biblioteek in Windhoek plaas. Die fees sal bekende skrywers en digters insluit, soos Joseph Molapong, 'n bekende Namibiese skrywer. Gretta Gasper, die administrateur van die kunsteraad het met Kosmos 94.1 Nuus gesels...
Drie lede van die Stampriet Aquifer Uranium Mining Association, bekend as Sauma, het onlangs saam met 'n groep op uitnodiging van Uranium One na Rusland gereis om die JSC Dalur-myn in die streek van Chelyabinsk te besoek. Dalur-myn maak gebruik van swaelsuur in in-situ-loging, dieselfde metode wat bedoel is om in die hoof-drinkwater akwifer van die Stampriet Artesiese Bekken gebruik te word. Tydens die week is slegs 2,5 uur op die terrein by die Dalur-myn vir besoekers gegun. Volgens die verteenwoordigers van Sauma het hulle nie 'n kans gehad het om te sien wat ondergronds gebeur toe hulle die Dalur-myn, 'n Kurgan-onderneming, besoek het nie. Die meerderheid vrae wat deur die verteenwoordigers tydens die besoek gevra is, se antwoorde was glo ontwykend, oppervlakkig of glad nie beantwoord nie, met geen aanduiding van 'n waarborg dat grondwater nie negatief beïnvloed word nie. Divan Opperman, voorsitter van Sauma, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels...
Die kantoor van die eerste minister sal die droogtehulp- en voedselbystand-program uitbrei na alle geraakte bestaansboere in landelike gebiede in al die 14 streke. Dit is effektief vanaf 1 Oktober 2023 tot Junie 2024, terwyl die vee-ondersteuningsprogram vanaf 1 Oktober vanjaar tot 31 Maart volgende jaar geïmplementeer sal word. Die program sal na verwagting die regering 892,4 miljoen Namibiese dollar kos. Parlementslid en voormalige goewerneur van die Kunene-streek, Dudu Murorua, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en gesê verskeie faktore moet in ag geneem word.
Die leier van die Transformation Alliance, Abel Tau, doen 'n beroep op politieke partye met verteenwoordiging in die Tshwane-raad, om 'n mosie van wantroue in te stel in die burgemeester, Cilliers Brink. Hy vra ook vir nuwe verkiesings in die munisipaliteit, en voer aan daar is 'n ineenstorting van bestuur. Tau sê vullis wat ophoop, langdurige kragonderbrekings, verstopte rioolstelsels en watertekorte dui daarop dat die stad verder agteruitgaan onder die veelparty-koalisieregering.
Die president van die Suid-Afrikaanse Reserwebank, Lesetja Kganyago, sê die besit van buitelandse valuta word nie deur valutabeheermaatreëls gereguleer nie. Hy het die parlement se portefeuljekomitee oor finansies oor die Phala-Phala-ondersoek ingelig. Dit volg ná die bank se verklaring dat die buffel-transaksie op President Cyril Ramaphosa se plaas nie voltooi is nie, wat dit vrystel van aanmelding ingevolge valutabeheer-maatreëls. Kganyago voer aan kontant moet met aankoms aan die Suid-Afrikaanse Inkomstediens verklaar word, want dit is 'n doeane-aangeleentheid en nie een van valutabeheer nie.
Die Suid-Afrikaanse minister van sport, kuns en kultuur, Zizi Kodwa, sal vanaand die Suid-Afrikaanse verhoog- en rolprentakteur John Kani in die Markteater in Johannesburg vereer. Dis die vyfde viering van die Van Toeka Af Erkennings-reeks vir Lewende Legendes wat gehou word. Die woordvoerder van die departement, Litha Mpondwana, sê die inisiatief erken en vereer lewende legendes in die Suid-Afrikaanse skeppende en kulturele sektore.
Die Vrystaatse polisie het 'n soektog van stapel gestuur na verdagtes na die moord op 'n 71-jarige boer en die aanranding van sy vrou buite Bloemfontein. Die polisie en noodpersoneel is Dinsdag na die plaas ontbied nadat 'n man die egpaar in 'n plas bloed aangetref. Hulle seun het Donderdagaand laas met hulle oor die telefoon gepraat. Polisiewoordvoerder Mahlomola Kareli sê hy het hulle die naweek en Maandag probeer kontak, totdat hy 'n vriend gevra het om hulle te besoek.
Die ANC se gewese sekretaris-generaal, Ace Magashule, het sy nuwe party bekend gestel. Dit staan bekend as die African Congress for Transformation, ook bekend as ACT. Magashule sê die bekendstelling van die nuwe party is daarop gemik om solidariteit, vryheid en voorspoed te verseker. Hy sê die party is ‘n politieke beweging en ‘n volksparty, wat aan volgende jaar se algemene verkiesing gaan deelneem.
Vanaand sal die wêreld 'n baie seldsame superblou maan sien, die eerste in meer as 'n dekade, en die laaste vir ten minste nog 'n paar jaar. Maar wat maak hierdie maan so skaars en spesiaal? Dit is die kombinasie van 'n supermaan en 'n blou maan wat hierdie gebeurtenis so merkwaardig maak. 'n Supermaan is wanneer 'n volmaan plaasvind terwyl die maan toevallig op sy naaste punt aan die aarde is. Tydens hierdie verskynsel is die maan veronderstel om groter en helderder te lyk. Hierdie supermaan word gekombineer met die spreekwoordelike gesegde van 'n blou maan. Dit is waar daar twee volmane in 'n maand het, wat redelik skaars is. Professor Peter Meintjies van die Universiteit van die Vrystaat het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en sê daar moet ook uitgekyk word vir Saturnus se ringe.
Die Fishrot-beskuldigde en voormalige minister van visserye, Bernhardt Esau, se borgtogaansoek duur steeds in die hoërhof deur regter David Munsu voort. Esau het vroeër gesê hy was nie betrokke met die papierwerk en administrasie nie en het staatgemaak op sy destydse permanente sekretaris vir die pligte. Die Teenkorrupsie-kommissie se hoof ondersoekbeampte Andreas Kanyangela getuig op die oomblik en sê dit is onmoontlik dat Esau nie self die dokumentasie, veral in verband met die Angolese kontrak, opgetrek het nie.
Die oud-uitvoerende direkteur in die finansministerie en nou moontlike presidensiële kandidaat, Ally Angula, blyk om haar veldtog op X, voormalig bekend as Twitter, te voer. Sy het vandag ‘n video gelaai en verskeie beloftes aan die Namibiese volk gemaak.
Die Parlementstuine is steeds nie oop vir die publiek nie. Die tuin was gewild onder toeriste, asook onder Namibiërs wat klein partytjies en pieknieks gehou het. Die tuine is gesluit vir opknapping. Kosmos 94.1 Nuus het gaan kers opsteek by die woordvoerder van die Nasionale Vergadering Raphael Hangula wanneer die tuine weer heropen sal word...
‘n Ligte skudding is kort na ses-uur naby Sossusvlei deur inwoners gevoel. Volgens die Namibiese geologiese opname, het die skudding 3,2 op die Richterskaal gemeet maar, dit is nie ‘n seldsame verskynsel nie. Bufelo Lushetile, adjunk-direkteur in die geofisika-departement in die ministerie van myne en energie verduidelik.
Die hoof van die Wêreldgesondheidsorganisasie, dr. Tedros Adhanom Ghebreyesus is tans op ‘n twee-dag besoek aan Namibië. Hy het vanoggend met President Hage Geingob vergader en het die media toegespreek. Volgens Ghebreyesus het die Namibiese regering tot dusver uiters goed gevaar in sy nakoming van die sogenaamde ooreenkoms oor pandemies, al is die bepalings van die dokument nie Afrika-vriendelik nie.
Die Ongwediva-handelskou is tans in die Noorde aan die gang, en dinge verloop vlot. Die skou, die grootste in die land, duur tot 2 September. Dit word as uiters belangrik geag, nie net vir die Noorde se ekonomie nie maar ook vir beleggings en besigheidsgeleenthede. Jackson Muma, woordvoerder by die Ongwediva-dorpsraad ...
Die Proteas pak Australië vanmiddag met 'n nuwe paaltjiewagter in die eerste van drie T20-wedstryde in Durban. Die 23-jarige veelsydige speler, Tristan Stubbs, het verlede jaar sy internasionale buiging gemaak en hoop om ingesluit te word in die groep vir die eendag-Wêreldbekertoernooi in Indië. Dewald Brevis, Donovan Ferreira en Matthew Breetzke het almal 'n kans om hul internasionale loopbane op Kingsmead te begin. Die Protea-kaptein, Aiden Markram, het bevestig, Stubbs sal die reeks agter die paaltjies begin:
Die Suid-Afrikaanse Vereniging van Onafhanklike Kandidate sê dis irrasioneel en druis in teen die oppergesag van die reg dat slegs 200 van die 400 setels in die Nasionale Vergadering aan onafhanklike kandidate toegewys word. Die vereniging en Build One South Africa sê die hoogste hof moet die wet ongrondwetlik verklaar. Die vereniging se regsverteenwoordiger, advokaat Griffiths Madonsela, sê in verkiesings skep die wet 'n ongelyke speelveld vir onafhanklike kandidate en politieke partye:
Die Davin Swakopmund junior-toernooi van die Namibiese Tennis-vereniging vind die naweek op die kusdorp plaas. Tot dusver het 28 spelers geregistreer en die toernooi is oop vir spelers vanaf tien jaar tot 25 jaar oud. Die voorsitter van junior tennis in Namibië, Santie van der Walt het met Kosmos 94.1 Nuus gesels...
Produk is A Vogel Molkosan. Gebore 1926 en vier 97 jaar al op aarde. Net so oud soos Winnie the Pooh. Vir meer inligting sou 97 jaar se bestaan nie reeds genoeg is nie gaan na www.avogel.co.za of stuur ‘n epos aan info@sanatural.co.za
Die DA in Gauteng sê die Stad Johannesburg se voorgestelde gebruik van die Johannesburg Metropolitaanse Polisie om skuld op diensterekeninge in te vorder, wek ernstige wetlike en etiese kommer. Volgens die voorstel moet selfs padblokkades gebruik word om skuld in te vorder. 'n Lid van die DA, Michael Sun, sê amptenare beweer die stad wil hierdie maatreëls instel om aan die ANC se ambisieuse 80,9 miljard Suid-Afrikaanse rand begroting te voldoen:
Die verdedigende kampioen Carlos Alcaraz is deur na die tweede ronde van die Amerikaanse Ope. Die Spanjaard was ná 60 minute met 6-2, 3-2 voor, toe sy opponent Dominik Koepfer weens 'n frats enkelbesering moes onttrek. Alcaraz sal nou teen die Suid-Afrikaner Lloyd Harris te staan kom, wat Guido Pella van Argentinië met 7-6, 6-4, 6-4 verslaan het. Alcaraz sê dit is uit die aard van die saak nie die beste manier om na die volgende ronde deur te dring nie:
Die Stad Kaapstad sê hy is bewus van mense wat weer by sakepersele aandoen as gesondheidsbeamptes en voorgee dat hulle goedkeuring vir gesondheidsake teen betaling kan uitreik. Die burgemeesterskomiteelid vir Gemeenskapsdienste en Gesondheid, Patricia Van der Ross, sê geen amptenaar word toegelaat om betaling direk van kliënte te ontvang nie en enige aansoeke waarvoor betaal moet word, kan net by die stad se kassierskantoor of elektronies gedoen word. Sy sê geen werknemer van die stad kan vra vir enige vergoeding, geskenke of gunste nie:
Jean-Louis Knouwds het vanoggend gesels met Alexandra Scheepers wat onlangs goud verower het vir hoogspring in Brasilië. Sy deel haar ervaring en toekomsplanne op die lug. Luister hier na die gesprek.
ActionSA in Gauteng sê die misdaadstatistiek vir die eerste kwartaal vanjaar toon dat misdaad in die provinsie steeds onbeheers voortgaan. Misdaad in Gauteng het in die eerste kwartaal vanjaar met 4 persent toegeneem teenoor dieselfde tydperk in die vorige boekjaar. Moord het met 0,1 persent afgeneem terwyl verkragting steeds 'n probleem bly en met 1 persent toegeneem het. James de Villiers van ActionSA sê dringende oplossings is nodig om misdaad te bekamp:
Namibië se natuurlike hulpbronne en verwante dienste aan die mynwese sektor was nog nooit vantevore in die nuus soos op hede nie. Die Kamer van Mynwese van Namibië se tiende Mynbou-ekspo begin vandag by die Windhoekse skougronde en duur tot môre. Die mynbou-ekspo is 'n jaarlikse geleentheid van die kamer om Namibiese mynbou-sektor natuurlike hulpbronne aan Namibiërs ten toon te stel. Die uitvoerende hoof van die kamer Veston Malango het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.
Die buurland se landbouminister, Thoko Didiza, het die Agro-energiefonds se vennootskap met die Landbank amptelik bekend gestel. Die fonds ondersteun klein- tot grootskaalse landbouprodusente en is gemik op hulp aan boere om energie-uitdagings te verlig. Dit moedig belegging aan in alternatiewe energiebronne en bied 'n gemengde befondsing-struktuur van toelaes en lenings van altesaam 1,2 miljard Suid-Afrikaanse rand. Didiza sê voorkeur sal gegee word aan melkboere, varkboere, besproeiings-boere en pluimveeboere wat fokus op energie-intensiewe landbou-bedrywighede:
Die Thabo Bester-saak bly in die nuus. Die staat het Nandipha Magudumana se bewering verwerp dat haar minnaar en veroordeelde moordenaar haar in 'n motor gedwing en teen haar wil na Tanzanië geneem het. Sy het in die Bloemfonteinse Landdroshof om borgtog aansoek gedoen. Magudumana beweer sy is nie 'n vlugrisiko nie, en sy kan die borgtog van10 000 Suid-Afrikaanse rand bekostig. Staatsaanklaer Sello Matlhoko het onthul dat verskeie bedrogsake sedertdien teen haar geopen is, omdat sy na bewering verskeie ondernemings met miljoene bedrieg het:
Justin Thomas en Brooks Koepka is ingesluit onder kaptein Zach Johnson se ses kapteinskeuses vir die Amerikaanse Ryderbeker-span. Koepka het die punte wat nodig was om outomaties te kwalifiseer, misgeloop, nadat hy by LIV-gholf aangesluit het, terwyl Thomas nie vir die FedEx Cup-uitspeelrondes aan die einde van die seisoen kon kwalifiseer nie. Die Ryderbeker begin op die 29ste van volgende maand by die Marco Simone Gholf- en Buiteklub naby Rome. Johnson sê hy het volle vertroue in sy keuses:
September is Wêreld-demensiemaand en op 21 September word Wêreld-demensiedag herdenk. Volgens Alzheimer’s Dementia Namibia is daar omtrent 100 tot 120 tipes demensies is waarvan een maar Alzheimer se siekte is. Die organisasie gaan hul werksaamhede deel, wat baie verder strek as net hul versorgingshuis, maar ook fokus op onder meer berading vir families. Die adjunk-uitvoerende hoof van die organisasie Sufranie Uys het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat...
Namibië met sy ontluikende energiesektor is gereed is om die land te omskep as 'n belangrike rolspeler in die internasionale energie-landskap. President Hage Geingob sal as hoofspreker die openingstoespraak by die Afrika Energieweek 2023 lewer, wat 16 van 20 Oktober in Kaapstad, sal plaasvind. Geingob sal fokus op Namibië se visie van 'n energie-herlewing. Kosmos 94.1 Nuus het met die ekonoom Cons Karamata, ‘n kenner in die gebied, gepraat...
Die Yellow Ribbon-fees vir die voorkoming van kinderkanker in Namibië vind op Saterdag 2 September by die Atlantis-sportklub in Walvisbaai plaas. Dit is 'n jaarlikse geleentheid om nie net bewusmaking te skep nie, maar ook kinderkanker-pasiënte en hul gesinne te ondersteun. Alexforbes ondersteun vanjaar se fees met 'n borgskap van 85 000 Namibiese dollar en ‘n musiekfees is op die program. Rolf Hansen, die hoof uitvoerende beampte van die Kankervereniging van Namibië het met Kosmos 94.1 Nuus gesels...
Die Vryheidsfront Plus sê die omstrede Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette word verder vertraag weens onverwerkte openbare voorleggings. Dit volg nadat die parlementêre portefeuljekomitee op Basiese Onderwys sy verrigtinge tot Dinsdag uitgestel het op aanbeveling van die Parlement se regs-adviseurs. Wynand Boshoff van die VF Plus sê onverwerkte voorleggings kan duidelike voorstelle voortbring wat ‘n invloed het op meerderheidsteun. Hy sê tuisskole is ook bekommerd dat sekere voorsienings ‘n magshonger Departement van Basiese Onderwys in staat kan stel om tuis-onderrig te skaad:
'n Energiekenner, Mohamed Madhi, sê befondsing van China om te help met die kragkrisis is nie die enigste kwessie wat aandag behoort te kry nie. China en Suid-Afrika het 'n ooreenkoms van verstandhouding onderteken waarin Suid-Afrika energietoerusting ter waarde van 170 miljoen Suid-Afrikaanse rand, insluitend kragopwekkers, sal ontvang, asook 500 miljoen rand vir befondsing. Madhi sê hoewel die befondsing van China beduidend is, is dit van kardinale belang om die wortel van Suid-Afrika se kragkrisis te verstaan, wat dieper as finansiële bystand strek:
Die Amerikaanse FBI en die departement van justisie het 'n multinasionale operasie aangekondig om ‘n botnet bekend as Qakbot te deaktiveer. Dit is die grootste operasie tot dusver en het in die VSA, Frankryk, Duitsland, Nederland, Roemenië, Letland en die Verenigde Koninkryk plaasgevind. Owerhede het kuberkrakers se tegnieke benut om toegang tot dit bot te kry en hom so lamgelê. Christopher Wray, direkteur van die FBI sê die kuberkrakers se invloed was wydverspreid en 700 000 rekenaars is geïnfiltreer met miljoene wat gesteel is, sowel as inligting.
‘n Namibiese landbou-kundige stem saam Afrika kan meer landbou-produkte uitvoer. Hy het sy reaksie gegee op die voorsitter van B20 Indië Aksieraad vir Afrika-ekonomiese integrasie se mening dat Afrika se bewerkbare, onbewerkte en vrugbare grond 'n oplossing vir die wêreldwye voedselkrisis kan bied mits daar beter beleggings is. Landbou-kenner Wallie Roux het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat...
President Cyril Ramaphosa sê die Presidensiële Indaba vir Jong Mans en Seuns in Soweto is deurslaggewend om die plaag van geslagsgeweld en vrouemoord in die land te bekamp. Hy het die jong mans geloof wat die dialoog bywoon, oor die voorkoming van geweld teen vroue en meisies. Die indaba het aan die President 'n platform gebied om konkrete vordering in die voorkoming van geslagsgeweld in skole te bespreek. Ramaphosa het gevra vir ‘n einde aan toksiese manlikheid, en partriargale houdings, en vir die bevordering van respek vir vroue.
Die Wes-Kaapse polisiekommissaris, Thembisile Patekile, sê ten spyte van vordering met die bekamping van die moordsyfer tussen April en Junie 2023, is bendeverwante voorvalle aanhoudend 'n uitdaging. Meer as 86 persent van bendeverwante moorde in Suid-Afrika is in die eerste kwartaal van hierdie boekjaar in die provinsie aangeteken. Patekile het gesê daar is beslag gelê op meer as 1 600 vuurwapens en meer as 92 000 rondes ammunisie sedert Januarie. Hy sê 'n omvattende benadering word vereis om die kwessie van bendegeweld aan te pak.
‘n Aktivis het sy reaksie gegee op plaaslike berigte dat Unam ondersoek instel na moontlike misdrywe wat deur AR-leier Job Amupanda gepleeg is. Hy is as politieke wetenskap-dosent werksaam daar. Daar word beweer dat sy moontlike presidensiële kandidaatskap ‘n kwessie kan wees ingevolge sy werkskontrak. Daar word ook berig dat hy nie verklaar het dat hy ‘n salaris by die hoofstad se munisipaliteit verdien nie en het blykbaar die werk as gemeenskapsdiens verklaar, op ‘n pro bono-basis. Die universiteit ondersoek ook sy klasbywoning as dosent. Daar word beweer hy het talle klasse misgeloop. Die ondersoek kom na sy openbare rusie met die minister van hoër onderwys, dr. Itah Kandjii-Murangi. Aktivis Simon Amunime het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat...
Die Wanaheda-polisiestasie is die eerste polisiestasie wat 'n kindervriendelike hoekie het. Soos die spreekwoord sê, niemand is bo die wet verhewe nie, en 'n ma kan ook gearresteer word. Dit is een van die redes waarom die Wanaheda-polisiestasie 'n kindervriendelike hoekie gekry het. Adjudant-offisier Silas Shipandeni van Namibiese polisie het met Kosmos 94.1 Nuus gesels en sê die idee is om seker te maak die kinders word gemaklik gehou terwyl hul ma's aangekla of ondervra word.
Rugby: Medelye stroom in nadat die voormalige Springbok-losvoorspeler Botha Rossouw vanoggend oorlede is na 'n bloedklont deur die longe. Hy was 53 jaar oud. Mark Alexander, president van SA Rugby, het hulde aan Rossouw gebring wat deur sy dogter, sy ma, twee broers en ‘n suster oorleef word. Rossouw is aan die einde van 1992 as lid van die Springbok-toergroep na Europa gekies, die eerste Bok-toer sedert hertoelating tot internasionale rugby. Hy het ook vir die Luiperds, Bulle en SWD Arende gespeel. Die voormalige Namibiese losskakel, dr. Rudie van Vuuren, wat al teen die twee meter lange Rossouw uitgedraf het, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels...
Die Wanaheda-polisiestasie is die eerste polisiestasie wat 'n kindervriendelike hoekie gekry het. Soos die spreekwoord sê, niemand is bo die wet verhewe nie, en 'n ma kan ook gearresteer word. Dit is een van die redes waarom die Wanaheda-polisiestasie 'n kindervriendelike hoekie gekry het. Adjudant-offisier Silas Shipandeni van Namibiese polisie het met Kosmos 94.1 Nuus gesels en sê die idee is om seker te maak die kinders word gemaklik gehou terwyl hul ma's aangekla of ondervra word.
Die Wêreld-gesondheidsorganisasie se direkteur-generaal Tedros Adhanom Ghebreyesus gaan môreoggend om tien-uur ‘n hoflikheidsbesoek aan President Hage Geingob by staatshuis doen. Die uitvoerende direkteur in die gesondheidsministerie Ben Nangombe het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor die belangrikheid van die hooggeplaaste se besoek...
Volgens die Vleisraad van Namibië is gedurende Julie 'n totaal van 2,152 ton vleis en vleisprodukte uitgevoer is, terwyl 500 kilogram vleis en vleisprodukte ingevoer is. Die Vleisraad het in sy jongste maandelikse verslag wat vandag vrygestel is, berig dat die handelsbalans van vleis en vleisprodukte met 1,652 ton vir Julie verbeter het. Die verslag het aangedui dat die samestelling van die uitvoermandjie vir Julie uit 91,7 persent bees- en beesvleisprodukte bestaan het, 8,1 persent skaap- en skaapvleisprodukte, en 0,2 persent vark- en varkvleisprodukte. Desmond Cloete vleisraad se hoof van bemarking by die Vleisraad van Namibië het met Kosmos 94.1 Nuus gesels...
Die burgerregtegroep AfriForum het bevestig 'n egpaar van Pietermaritzburg in KwaZulu-Natal is wreed aangerand op hul plaas terwyl hul aanvallers geskree het, "Kill the Boer, kill the Farmer". AfriForum se woordvoerder vir gemeenskapsveiligheid, Jacques Broodryk, sê vier aanvallers het toegang tot Tim en Amanda Platt se plaashuis verkry en die egpaar aangerand. Broodryk sê AfriForum sal volgende week in die Appèlhof in Bloemfontein verskyn om appèl aan te teken teen die Gelykheidshof se beslissing dat die “Kill the Boer”-slagspreuk nie haatspraak is nie.
Die Stampriet-landbouskou is in volle swang. Burger Harmse, die voorsitter van die Stampriet-boerevereniging sê die skou en die veiling van kleinvee het gegroei tot een van die grootste in Suider-Afrika. Tussen die gradering van diere is daar baie meer te sien wat veral vir die boeregemeenskap van belang is - van jag- en boerdery-toerusting tot elektriese heinings en velskoene. Die skou duur tot Vrydag met die gewilde ooi- en ramveiling wat op die laaste twee dae aangebied sal word. Gert van Wyk van Namibia Livestock Auctions het met Kosmos 94.1 gesels en meer vertel oor die veilings...
Die DA beskuldig die Suid-Afrikaanse minister van minerale bronne en energie, Gwede Mantashe, van ekonomiese sabotasie deur doelbewus die indiening van die Wysigingswetsontwerp op Elektrisiteitsregulering te vertraag. Die party beplan om die parlement se portefeuljekomitee oor minerale hulpbronne en energie te versoek om Mantashe se optrede te veroordeel. Kevin Mileham van die DA sê die uiters belangrike wetsontwerp se vertraging sal waarskynlik privaatsektor-belegging belemmer en die beurtkrag-krisis verdiep. Mileham meen Mantashe het vordering in elektrisiteits-hervorming aansienlik belemmer sedert hy die energie-portefeulje oorgeneem het.
Die DA in Gauteng sê die minister van finansies, Enoch Godongwana, het onlangs gewaarsku provinsies sal hoër as verwagte salarisverhogings uit hul bestaande begrotings moet befonds. Die ooreenkoms is eers bereik ná die begroting in Februarie ingedien is, en is dus nie ingereken nie. Adriana Randall van die DA sê kritieke dienslewerings-departemente soos gesondheid en maatskaplike ontwikkeling verwag reeds 'n begroting wat teen die einde van die boekjaar oorbestee sal wees, wat min ruimte laat vir bykomende uitgawe-eise.
Die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, vra in ‘n brief aan President Cyril Ramaphosa dat dreigende verlagings in die 2023 mediumtermyn-bestedingsraamwerk dringend op die komende agenda van die President se koördinerende raadsvergadering geplaas word. Die vergadering word Vrydag gehou. Winde sê die fiskale krisis is grootliks geskep deur die 2023/2024 en 2024/2025-staatsdiens-loonskikking, wat aangegaan is sonder die nodige befondsing
Krieket: Die Protea-vroue het hul eerste oefening in Pakistan gehad voor 'n witbalreeks. Die twee lande sal mekaar in drie T20's en 'n eendagreeks van drie wedstryde pak wat almal in Karachi gespeel word. Die openingswedstryd is Vrydag. Die Protea-kolwer Tazmin Brits sê hulle is opgewonde oor die uitdaging wat voorlê.
NamWater se rehabilitasie van sy noordelike kanaal vorder goed. Die infrastruktuur is uiters belangrik vir watervoorsiening en tot op hede, is meer as 60 miljoen Namibiese dollar bestee. Volgens die watervoorsiener, sal ‘n waterbehandelings-fasiliteit ook opgerig word. Die hoof hidroloog in die landbouministerie Leonard Hango het die jongste oor die opknapping.
Die gedenksteen vir die volksmoord slagoffers wat op 22 April vanjaar by Shark-eiland opgerig is, is vernietig. Dit is onduidelik of die steen gevandaliseer is en dit moontlik deur sterk wind beskadig is, soos Sima Luipert, 'n lid van die tegniese komitee van die Nama Tradisionele Leiersvereniging, verduidelik.
Die Roots-ontwikkeling naby Stampriet ontwikkel en groei uiters goed. Daar is goeie diversifisering in boerdery-soorte en in talle gevalle word waarde reeds toegevoeg en die finale produk word verkoop. Die landbouplaas is gebaseer op 'n unieke model wat intensiewe boerdery van vee en permanente gewasse kombineer met 'n landboukollege vir onderwys in voedselsekerheid, 'n aftreeoord, 'n leefstyldorpie en verskeie sakegeleenthede. Salomon Kalondo, een van die vennote by die ontwikkeling, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels oor die jongste.
Brandstofpryse sal na verwagting plaaslik volgende maand styg met die swak wisselkoers van die Suid-Afrikaanse rand teen die Amerikaanse dollar en besnoeiings in produksie deur Saoedi-Arabië. Onderverhalings is reeds in Julie aangeteken en die prys is onveranderd gelaat vir Augustus. Terwyl daar sommige menings is dat die nuwe pryse die week bekend gemaak kan word, tree dit eers volgende week Woensdag in werking. Jason Kasuto van Monasa Advisory and Associates sê hy verwag ‘n styging.
Osino Resources, wat in Kanada geregistreer is, is vandag op die Namibiese Effektebeurs genoteer. Die maatskappy bedryf die Twin Hills goudontginningsprojek naby Karibib. Die hoof uitvoerende beampte van die beurs, Tiaan Bazuin sê die notering val presies onder sy mandaat en doelwitte.
Stad Londen se uitbreiding van sy ultra-lae emissie-sone het ‘n herrie ontketen. In die sone, mag net moderne voertuie met spesifieke emissies bestuur word anders moet ‘n stewige boete betaal word. Owerhede sê dit handel oor veiligheid en skoon lug maar, inwoners skop daarteen. Oliver Lord van die Britse Clean Cities-veldtog sê die sones is nie ‘n luuksheid nie en nog is op pad.
Nie net verkeer kinders in gevaar as gevolg van mishandeling nie, daar is ook ‘n daadwerklike risiko vir hulle veiligheid as gevolg van klimaatsverandering. Die VN se kinderregte-komitee sê in ‘n nuwe verslag lande behoort te waarborg dat kinders in ‘n skoon, gesonde en volhoubare omgewing kan leef. Ingrid Husselmann, die voormalige kinder-advokaat in die Kantoor van die Ombudsman sê ‘n konstante, veilige omgewing is uiters belangrik.
Die Wes-Kaapse LUR vir Mobiliteit, Ricardo Mackenzie, sê daar was opbouende gesprekke op die eerste dag van die driedaagse imbizo van die Minibustaxi-taakspan in Kaapstad. Die besprekings is daarop gemik om die taxibedryf in die provinsie se probleme te bespreek. Dit sluit die skut van voertuie in. Die Suid-Afrikaanse Nasionale Taxiraad het vroeër die maand 'n wegbly-aksie van agt dae gevoer wat deur geweld ontsier is. Mackenzie sê hulle wil blywende oplossings vind vir die probleme in die taxibedryf:
MTC gaan voort met SIM-kaartregistrasie, ondanks die Kommunikasie Owerheid van Namibië, Cran, wat telekommunikasie-operateurs in Mei beveel het om die verpligte vaslegging van biometriese data vir SIM-kaartregistrasie doeleindes te staak. Cran het hierdie besluit geneem in reaksie op voortdurende klagtes van die publiek oor die praktyk wat deur sommige selfoon-operateurs gebruik word wat biometriese data tydens die SIM-kaartregistrasie proses versoek het, ten spyte van die afwesigheid van 'n raamwerk vir data-beskermings-wetgewing. Hoewel MTC in eenstemmigheid is met die oorwegings deur Cran, gaan hy voort met sy biometriese "Verifi"-proses. John Ekongo, MTC se korporatiewe kommuniksiebestuurder, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Die adjunkminister in die Suid-Afrikaanse Presidensie, Kenny Morolong, sê die beëindiging van die presidensiële jeug-indiensnemingsinisiatief sal die regering se doel om werkloosheid onder die jeug te bekamp, benadeel. Die program wat President Cyril Ramaphosa in 2020 van stapel gestuur het, kan teen Maart volgende jaar gestaak word as dit nie 5 miljard Suid-Afrikaanse rand bekom nie. Morolong sê die program wat tot op hede meer as 'n miljoen jongmense gehelp het om tydelik werk te kry, kort dringend nog geld:
Die DA het 'n versoekskrif begin wat 'n hernude verkiesing bepleit om bestendigheid in die Stad Johannesburg te herstel. Die party dring aan op die ontbinding van die raad nadat die sewende mosie van wantroue sedert die plaaslike regeringsverkiesing in November 2021 teruggetrek is. Die DA se koukusleier in die metro, Belinda Kayser-Echeozonjoku, sê die wantrouestemme het 'n politieke instrument geword wat die stad verder ontwrig:
Die Serwiër Novak Djokovic het die nommer een-posisie op die wêreldranglys verseker ná sy oorwinning in die eerste ronde van die Amerikaanse Ope in New York. Die 23-malige Grand Slam-kampioen het Alexandre Muller van Frankryk met 6-0, 6-2, 6-3 afgeransel. Danksy die oorwinning sal hy Carlos Alcaraz van Spanje op die elfde van volgende maand as wêreld-nommer-een vervang en vir 'n rekord 390ste week bo-aan die ranglys wees. Die 36-jarige sê daar is 'n paar dinge wat hy beter in die wedstryd kon doen:
Die 15de Erongo Besigheids- en Toerisme-ekspo sal vanjaar van 25 tot 28 Oktober by die Walvisbaaise munisipaliteit se burgersentrum aangebied word. Die ekspo is 'n multi-sektorale uitstalling wat oop is vir alle rolspelers in die Namibiese ekonomie, maar maatskappye uit die buiteland vind toenemend jaarliks hul weg na hierdie ekspo om hul produkte en dienste ten toon te stel. Hierdie jaar word die kos-, wyn- en toerisme-saal bekendgestel. Desire Stevens, lid van die organiseringskomitee, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels...
Rise Mzansi verwerp die Zimbabwiese Verkiesingskommissie se voortydige verklaring van President Emmerson Mnangagwa as wenner van die verkiesing. Hulle bevraagteken die aankondiging se tydsberekening, en herhaal kommer oor stemvertragings, gebrek aan deursigtigheid in die kieserslys, geweld teen opposisielede en die inhegtenisneming van verkiesingswaarnemers. Rise Mzansi se leier, Songezo Zibi, het Zimbabwiërs geloof omdat hulle gestem het ondanks uitdagings. Zibi dring aan op optrede teen ondemokratiese uitkomste en vra 'n oudit, omdat die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap se waarnemersending waarsku prosesse het tekortgeskiet aan riglyne vir demokratiese verkiesings:
Die DA kritiseer die ANC-regering vir die swak vordering met die bekamping van onwettige mynbou. Die party skryf dit toe aan die minister van polisie, Bheki Cele, en die minister van minerale bronne, Gwede Mantashe, se gebrek aan leierskap en sê dit kos Suid-Afrika jaarliks rondom 7 miljard Suid-Afrikaanse rand. James Lorimer van die DA betreur die gebrek aan vordering en doetreffende optrede teen onwettige mynbou. Hy vra 'n gespesialiseerde polisie-eenheid wat saam met aanklaers kan werk om die sindikaatbase agter onwettige mynbou vas te trek en skuldig te bevind:
Die Vryheidsfront Plus verwelkom die nuwe regulasies en 'n gedragskode vir munisipale raadslede, wat sal toesien dat ontwrigtende raadslede vervolg word. Die regulasies is deur die minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Thembi Nkadimeng, uitgereik ingevolge die Wysigingswetsontwerp op Munisipale Stelsels. Die partylid-lid, Michael Groenewald, sê hulle sal pleit dat die regulasies streng ingestel word om die langdurige kwessies aan te pak wat sulke optrede veroorsaak. Groenewald beloof ook om streng nakoming te verseker om wetsgehoorsame burgers teen ontwrigtings te beskerm:
Die Proteas begin môre hul internasionale seisoen met 'n reeks teen Australië in Durban. Die twee spanne sal teen mekaar te staan kom in 'n T20-reeks van drie wedstryde, gevolg deur vyf eendagwedstryde. Die eendag-Wêreldbekertoernooi begin in Oktober in Indië, en die Protea-draaibouler Tabraiz Shamsi sê die T20's sal nie as 'n opwarmingsreeks daarvoor hanteer word nie:
Die buurland se burgerregte-organisasie, AfriForum, het 'n verslag vrygestel oor die ooglopende voorbeelde van die Suid-Afrikaanse regering se rassediskriminerende wetgewing. AfriForum se veldtogbeampte vir Strategie en Inhoud, Ernst van Zyl, het tydens die bekendstelling gesê die verslag ontleed en kritiseer regstellende optrede-beleide en verskaf besonderhede oor die verband tussen rassediskriminerende wetgewing en korrupsie. Van Zyl sê Suid-Afrika het 'n reuse ingewortelde rassismekwessie in die vorm van swart ekonomiese bemagtiging:
Die Namibiese Nasionale Studente-organisasie, Nanso, het sy teleurstelling oor ‘n gebrek aan skole-infrastruktuur uitgespreek. Daar is ongeveer 500 van die land se 1 800 skole wat aan basiese tegnologie-infrastruktuur, soos rekenaars, beskik en tydens Covid, kon net 2 persent van die land se leerders van 804 000, deur aanlyn-platforms met skool voortgaan. Die Tender Bulletin berig verder dat 32 persent of 614 skole het geen telefoonlyne nie, en 18 persent, 346 skole, het geen elektrisiteit nie. In 2020 is daar berig dat die Oshana-streek ‘n tekort van 3 126 stoele en 2 763 lessenaars gehad het. Ten spyte hiervan, is die jaar se begroting vir meubels en skool-rekenaars steeds net 30 miljoen Namibiese dollar, onveranderd in jare. Nanso se woordvoerder, Dorothea Nangolo, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en sê hulle is nie geskok oor dié syfers nie.
Kenners meen die Namibiese behuisingskrisis moet anders benader word. Volgens die Namibiese Statistieke-agentskap woon na verwagting 67 persent van die Namibiese bevolking in stedelike gebiede. Volgens die Shack Dwellers Federation of Namibia het 40 persent van Namibië se bevolking en 80 persent van die stedelike bevolking teen die middel van 2022 in plakkershutte gewoon. Dr. Leake Hangala, deurwinterde plaaslike sakeman en uitvoerende voorsitter van die Hangala-groep, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat...
Die eerste minister, Saara Kuugongelwa-Amadhila, moedig die privaatsektor aan om saam te werk met die regering se pogings om die nasionale internskap-programbeleid te ontwikkel. Sy het tydens die Jong Afrika-leierskapsberaad in die hoofstad gesê die regering het reeds aansienlik belê. Sowat 3 miljard Namibiese dollar word jaarliks toegewys om die jeug op te lei en te bemagtig. Die premier sê deur hande te vat, kan die regering en private ondernemings nóg meer geleenthede vir die jeug skep, wat ook positief tot die ekonomie sal bydra:
Terwyl President Hage Geingob President Emmerson Mnangagwa van Zimbabwe geluk gewens het met sy oorwinning in die verkiesings, het die Suid-Afrikaanse regering eerder Zimbabwe geluk gewens met die organisering en uitvoering van 'n vreedsame presidentsverkiesing. Dit verkiesingskommissie het Mnangagwa as wenner verklaar, maar baie ontleders bevraagteken die uitslag se geloofwaardigheid. Die Suid-Afrikaanse Presidensie se woordvoerder, Vincent Magwenya, sê die ANC-regering neem kennis van die voorlopige uitsprake deur die internasionale waarnemersendings, insluitend die Afrika-unie en die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap. Hy voeg by alle partye word aangeraai om die verkiesingskwessies so gou as moontlik op te los:
Reaksie is ontvang op die Kubaanse President, Miguel Diaz-Canel Bermude, wat 'n beroep vir groter solidariteit met die Namibiese regering gedoen. Hy sê Kuba is gereed om voort te gaan met sy samewerking met Namibië, ondanks komplikasies wat Amerikaanse sanksies veroorsaak het. President Hage Geingob het die VSA se sanksies teen Kuba veroordeel wat handel en ekonomiese betrekkinge tussen die twee lande beïnvloed het. 'n Ekonomie-dosent aan die Universiteit van Namibië, dr. Omu Kakujaha-Matundu, het die ondertekening van ooreenkomste van verstandhouding tussen die lande as 'n positiewe ekonomiese stap beskryf.
Die organisasie Right to Care sê 'n dringende benadering is nodig om malaria uit te wis. Die hoogs-aansteeklike siekte veroorsaak elke jaar net in Afrika meer as half-miljoen sterftes. Die organisasie se aansteeklike siekte-spesialis Lucille Blumberg sê inwoners van Limpopo, Mpumalanga en KwaZulu-Natal is meer blootgestel aan die siekte. Blumberg sê die malariaseisoen kom grootliks van September tot Mei voor. Sy voeg by vroeë diagnose en behandeling kan lewens red.
Volgens ‘n navorser van die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing bestaan 'n beduidende skuiwergat in Namibië se verkrygingsproses. Frederico Links het daarop gewys dat hoewel die wet voorsiening maak vir die swartlys van bieërs of verskaffers, dit nie van toepassing is op die eienaars van maatskappye wat op die swartlys is nie. Dit beteken die eienaars van hierdie maatskappye kan steeds voordeel trek uit staatskontrakte deur bloot 'n nuwe maatskappy te stig. Links het met Kosmos 94.1 Nuus gesels...
Ná die besoek van die adjunkminister van landbou, Anna Shiweda aan die streke van Oshikoto, Oshana, Omusati en Ohangwena, het die Ohangwena-streeksgoewerneur, Walde Ndevashiya, op die adjunkminister se besoek gereageer. Hy sê dat die streek gekonfronteer word met baie uitdagings, daarom was die minister se besoek baie belangrik. Die streek gaan onder meer gebuk onder die diefstal van water-infrastruktuur wat veronderstel is om alle inwoners te bevoordeel.
Die G8 Bonsmara-veiling vind op 12 September om ses-uur die aand by die Agra/Bank Windhoek-ring in die hoofstad plaas. Bonsmara Namibia en Agra bied die gesogte veiling aan wat ook aanlyn beskikbaar is. Die aanbod is 30 bulle en aflewering van die diere binne 'n 200 kilometer radius is gratis. Een van die bekende Bonsmara-telers in die Hochfeld-omgewing, Hella Coetzee, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels...
Die Kavango-Zambezi-oorgrensbewaringsgebied se belangrike olifant-sensus wat verlede jaar deur die Kaza-lande gedoen is, sal Donderdag in Livingstone in Zambië bekendgestel word. Die Namibiese omgewingsministerie ag die olifant-sensus as baie belangrik vir beter wetenskaplike bestuur van die grootste olifantbevolking in die wêreld. Namibië, Angola, Botswana, Zambië en Zimbabwe is lidlande van Kaza. Kaza se olifant-sensusspan het tot einde Oktober verlede jaar olifante in die Namibiese gebied van Kaza in die noordooste van die land getel. Romeo Muyunda, die woordvoerder van die ministerie, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels...
Rugby: Twee spanne sal Afrika weer op die Wêreldbekertoernooi in Frankryk verteenwoordig – Namibië en die verdedigende kampioen en buurland, Suid-Afrika. Die voormalige Springbok-afrigter, Allister Coetzee, is in beheer van die Windhoek Draught Welwitschias, wat saam met Nieu-Seeland, Frankryk, Italië en Uruguay in ’n sterk groep ingedeel is. Namibië wil graag sy eerste Wêreldbeker-wedstryd ooit wen, maar sportminister, Agnes Tjongarero, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en sê die Namibiese span word uit die staanspoor benadeel.
KwaZulu-Natal se departement van samewerkende regering en tradisionele sake sê die rampbestuurspan bied verligting aan geraakte gemeenskappe, ná erge winde verwoesting by drie munisipaliteite in die Zululand-distriksmunisipaliteit gesaai het. Die winde het honderde mense dakloos by Vryheid, Ulundi en eDumbe gelaat. Meer as 130 huise is vernietig, met 22 van hulle heeltemal gesloop. Terwyl meer as 700 individue geraak word, is geen sterftes aangemeld nie. Die departement se Siboniso Mngadi sê twee skole is ook geraak.
Twee minderjarige meisies, onderskeidelik agt en tien jaar oud, wat Saterdag in Kuisebmund by Walvisbaai vermis geraak het, is albei gevind. Die omstandighede rondom die saak het die Namibiese polisie verder verstom. Die tienjarige meisie, wat Sondag eerste in die duine agter die Walvisbaai-lughave gevind is, het die klere van haar agt-jarige suster gedra. Die agt-jarige meisie is vanoggend agter die Rooikop Militêre Basis deur soldate gevind. Sy is na die Walvisbaai-staatshospitaal vir 'n mediese ondersoek geneem. Kosmos 94.1 Nuus het met inspekteur Ileni Shapumba van die Erongo-polisie gepraat...
Die DA sê hy gaan Donderdag tydens die Stad Johannesburg se raadsvergadering 'n wysiging voorstel dat die mosie van wantroue teen die burgemeester, Kabelo Gwamanda, eers op 2 November hanteer word. Volgens die party sal dit die wettige ontbinding van die raad moontlik maak en die politieke onbestendigheid temper wat die stad teister. Fred Nel van die DA sê Johannesburg benodig 'n bestendige, etiese regering en ‘n nuwe verkiesing binne 90 dae, om die stad te red van verdere vertragings met en agteruitgang in dienslewering.
Die Stad Kaapstad sê sy biblioteke gebruik tegnologie om jong mense na lees te lok en dit werp vrugte af. Die burgemeesterskomiteelid vir gemeenskapsdienste en gesondheid, Patricia van der Ross, sê nuwe tegnologie soos tablette en spelborde is sedert Julie verlede jaar bekendgestel. Sy sê biblioteke het intussen vernuwende maniere gevind om dit op die beste manier te gebruik en gebruikers te lok.
Die DA beskuldig oudpresident Thabo Mbeki van geheueverlies en die verdraaiing van die geskiedenis en feite rakende die voortslepende beurtkragkrisis. Die party weerlê Mbeki se onlangse bewering dat Eskom se bestuur die krisis opsetlik veroorsaak het weens steenkooltekorte. Die DA sê die oud-president se onlangse uitsprake by 'n geleentheid van die Universiteit van Suid-Afrika het die skuld geheel en al na die kragvoorsiener verskuif. Ghaleb Cachalia van die DA sê Mbeki se administrasie het versuim om in nuwe opwekkingsvermoë te belê ondanks waarskuwings van ‘n naderende toename in aanvraag.
Motorsport: Die Spaanse Formule Een-jaer Fernando Alonso sê die Nederlandse jaer Max Verstappen se oorheersing dié seisoen word onderskat. Die Red Bull-jaer het gister sy negende agtereenvolgende sege behaal toe hy die geruite vlag ingepalm het in sy tuis-Grand Prix op Zandvoort. Alonso, wat vir Aston Martin ry, meen Verstappen jaag meer dikwels as die ander jaers teen 100-persent van sy vermoëns. Alonso is ook baie in sy skik met sy sewende verskyning op die podium dié seisoen.
Daar is weer ondersoeke na transaksies wat by Namcor plaasgevind het. In die geval is 300 miljoen Namibiese dollar betrokke en betalings is aan ‘n maatskappy wat brandstof aan die weermag voorsien, gemaak. Maar, ten spyte daarvan dat betalings gemaak is, het die ooreenkoms misluk en daar word beweer die maatskappy betaal Namcor terug in paaiemente. Die president van die PDM, McHenry Venaani is woedend en sê chaos heers by die maatskappy. Hy maak ook melding van rentevrye terugbetalings.
Die NamLITS-veldtog duur voort. Amptenare van die direktoraat veeartsenydienste in die landbouministerie in samewerking met die Vleisraad van Namibië onderneem dit en die doelwit is om ‘n opdatering te doen van brandmerke op die databasis, veral die wat nie meer in gebruik is nie. Jona Musheko, skakelbeampte by die landbouministerie het meer.
Die sewende been van Namibiese Nasionale Motocross-byeenkoms het die naweek op Omaruru op die nuwe WKMX-baan plaasgevind. Dit is die tweede keer wat Omaruru ‘n nasionale byeenkoms aanbied op die baan wat vroeg vanjaar gebou is. Phellazie Simon, sekretaresse van die Omaruru Motocross-reëlingskomitee het met Kosmos 94.1 Sportnuus gesels. Sy sê dit was ‘n reuse-sukses.
Koue is weer op pad vir die naweek, met ‘n daling van dagtemperature wat ook teen môre begin maar vinnig herstel. Die kus kan volgens Odilo Kgobetsi van die Windhoek weerkantoor Oosweer-toestande verwag. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Ekonome het hul reaksie gegee op die Padfonds-administrasie wat sy voorgestelde tolpaaie-program onbepaald uitgestel het. Die administrasie sê as gevolg van die heersende ekonomiese klimaat, tesame met faktore soos hoë rentekoerse en inflasie, het hy besluit om sy beplande belanghebbendes en openbare konsultasies oor die implementering van tolpaaie uit te stel tot verdere kennisgewing. Ekonome meen dat die drie staatsinstellings - die administrasie, die Paaie-owerheid, die Motorvoertuig-ongelukkefonds - wat staatmaak op brandstofheffings, sal nuwe bronne van inkomste moet identifiseer met omgewingsvriendelike opsies wat posvat, ook met regeringsteikens. Kosmos 94.1 Nuus het met die Cirrus-ekonoom Robert McGregor gepraat...
Soos voorspel, het die erge koue, sneeu en reën in die Suide van die land, Aus se blomprag laat herleef. Foto’s van die blomme word reeds op sosiale media gedeel en die dorre landskap is bedek met ‘n kombers van kleur. Piet Swiegers van Klein Aus Vista het die besonderhede.
Inwoners van die Ombuudiya-nedersetting naby Okongo in die Ohangwena-streek, pleit vir hulp weens toenemende gevalle van brandsiekte. Die toestand raak glo die meerderheid van die inwoners daar, sowel as die leerders by die Omuuni Gekombineerde Skool. Volgens statistieke wat deur die ministerie gedeel is, het die land in April 2022 'n totaal van 3 454 aangemelde gevalle van brandsiekte landwyd gehad. Die Kunene-streek was verantwoordelik vir die hoogste aantal gevalle. Kosmos 94.1 Nuus het met die uitvoerende direkteur in die ministerie, Ben Nangombe, gepraat.
Die onafhanklike energie-ontleder in Suid-Afrika, Lungile Mashele, het die ANC-regering gekritiseer vir sy gretigheid om buitelandse hulp te aanvaar om die energiekrisis op te los. Sy het gereageer op President Cyril Ramaphosa se aankondiging verlede week oor 'n skenking van noodkragtoerusting van 170 miljoen Suid-Afrikaanse rand en 'n toekenning van 500 miljoen rand van China. Mashele sê die regering moet kyk na die grondliggende kwessies om die energiekrisis op te los, want die nuwe toerusting sal onnodige begrotingsbeperkings tot gevolg hê by verskeie instellings, insluitend polisiestasies en hospitale:
Die Stad Kaapstad sê huishoudings kan hul maandelikse huishoudelike uitgawes verlaag deur 'n paar aanpassings in hul krag- en waterverbruik te maak en beheer oor te neem oor hul elektrisiteitskoste. Eskom se verhoging van 18,5 persent het die koste van elektrisiteitsvoorsiening opgestoot en beïnvloed huishoudings. Die burgemeesterskomiteelid vir Energie, Beverley van Reenen, sê deur slegs die warmwater-silinder se temperatuur effens te verlaag, kan inwoners 'n beduidende bedrag op hul energiekoste bespaar:
Zimbabwe se verkiesing en sy uitslag bly in die nuus. Die SAOG se waarnemers, saam met die EU, glo ook nie dit was regverdig en vry nie en daar is kommer oor dreigemente wat teenoor die SAOG-spanleier gemaak is. Die opposisie, Citizens Coalition for Change se leier Nelson Chamisa sê daar is gekonkel en die uitslag word nie aanvaar nie. Setfree Mafukidze, ‘n politieke analis in die buurland sê hy stem saam met Chamisa.
Die Erongo-polisie het die jongste inligting rakende die gru-ongeluk wat Sondag net buite Karibib plaasgevind het met vyf voertuie wat betrokke was, bekend gemaak. Daar sal na verwagting klagte van strafbare manslag gemaak word soos inspekteur Ileni Shapumba aan Kosmos 94.1 Nuus verduidelik.
Die bevestiging van die dood van die Wagner-hoof Yevgeny Prigozhin lok steeds reaksie uit. Robert Clark, direkteur van die verdedigings- en sekuriteitseenheid by die Civitas-dinkskrum in Londen, sê Prigozhin se dood wys dat Putin eintlik die misdadiger is.
Die Wes-Kaapse LUR vir Finansies en Ekonomiese Geleenthede, Mireille Wenger, sê die provinsiale regering werk hard om baie meer vroue deur talle programme te bemagtig. Een hiervan is die aansporingsfonds vir klein- medium- en mikro-ondernemings wat op vroue, die jeug en sakeondernemings in townships fokus. Wenger sê dit maak ekonomies sin om die deelname van vroue in sakeondernemings moontlik te maak, te ondersteun en te bevorder:
Die leier van die PDM, die amptelike opposisieparty, McHenry Venaani het vandag in die Nasionale Vergadering uitgevaar oor die kortlys vir die 1 000 poste vir kadet-konstabels in die Namibiese polisie. Net 2 398 kandidate het die kortlys gehaal vir onderhoude, waarvan 1 664 mans en 734 vroue is. Venaani meen egter die kandidate op die kortlys weerspieël nie die regverdige verteenwoordiging van die Namibiese nasie nie. Hy sê elke Namibiër moet ‘n gelyke geleentheid gegun word.
Die Suid-Afrikaanse departement van water en sanitasie bevestig die gehalte van water in sommige munisipaliteite is moontlik nie geskik vir menslike gebruik nie. Dit kom na die onlangse uitbreking van cholera in Hammanskraal wat munisipaliteite genoop het om die gehalte van hulle water te ondersoek. Minister Senzo Mchunu het teenoor die media benadruk daar is ʼn behoefte aan eendragtige pogings by alle vertakkinge van die regering om te verseker daar is gehalte water en sanitasie. Hy het verseker water- en sanitasiebeleid sal ingestel word.
AfriForum eis dringende antwoorde van die Stad Tshwane oor die toekoms van Melrose-huis. Die geskiedkundige gebou is reeds maande lank gesluit vir herstelwerk. Die burgerregte-organisasie is teleurgesteld nadat ʼn groep wat daar was vir ʼn herdenkings-geleentheid die huis verwaarloos aangetref het, met omvattende waterskade aan die binnekant. Woordvoerder Alana Bailey pleit by die munisipaliteit om oop kaarte te speel oor die probleme wat die heropening onmoontlik maak en nooi borge en skenkers om tot die restourasie-projek by te dra.
Die burgemeester van Johannesburg, Kabelo Gwamanda, waarsku beurtkrag is steeds een van die grootste bedreigings vir die stad se veiligheid, sekerheid, ekonomie en leefbaarheid. Hy het sy eerste stadsrede gelewer. Gwamanda sê die stad, deur sy filiaal City Power, is besig om met onafhanklike krag-produsente te praat om aandag te kan gee aan die kwessie rondom betroubare energiebronne. Hy voeg by die kragkoop-ooreenkoms met die Kelvin-kragstasie is met drie jaar verleng, en eindig in Oktober 2026.
Tennis: ʼn Opwindende kwarteindstryd word vanaand by die Franse Ope verwag tussen die top-gekeurde Spanjaard, Carlos Alcaraz, en die vyfde gekeurde, Stefanos Tsitsipas, van Griekeland. Tsitsipas het die wêreld nommer-een nog nooit geklop nie. Die 20-jarige Alcaraz het hul vorige vier kragmetings gewen en is vol vertroue voor die wedstryd.
Die ministerie van finansies en staatsondernemings en NamPower sal vandeesweek ‘n vergadering hê om die kwessie van beurtkrag te bespreek. Die minister Ipumbu Shiimi het vandag in die Nasionale Vergadering gesê antwoorde word van NamPower vereis waarom die opdrag van die kabinet geïgnoreer is met verskeie dorpe in die Suide wat Maandagaand hul eerste beurtkrag tussen vyf-uur en nege-uur ervaar het, as gevolg van uitstaande skuld aan NamPower. Shiimi het ook 'n beroep op plaaslike owerhede met hoë skuld gedoen om betalingsreëlings met NamPower te tref.
Die eerste minister Saara Kuugongelwa-Amadhila het vandag in die Nasionale Vergadering gesê daar was sterk reaksie op die uitspraak van die hooggeregshof oor selfdegeslaghuwelike. Dit volg nadat Swapo ook vandag 'n verklaring uitgereik het oor die uitspraak wat die ministerie van binnelandse sake beveel om relevante verblyfregte aan buitelandse gades van dieselfde geslag wat met Namibiërs getroud is, uit te reik. Die eerste minister sê die regering sal ‘n wetsontwerp oor huwelike voor die parlement ter tafel lê vir debat dat selfdegeslaghuwelike nie in Namibië erken word nie.
Chaos het in die Nasionale Vergadering uitgebreek nadat ‘n parlementslid van NEFF, Epafras Mukwiilongo, bevraagteken het of Yvonne Dausab, die minister van justisie, 'n man of vrou is. Hy het die minister ook gevra om te verduidelik of haar van Dausab of Dausas is. Die parlement het vandag op dramatiese hervat nadat dit op 28 April in reses gegaan het. Die speaker van die Nasionale Vergadering, dr. Peter Katjavivi het die parlementslid gevra om sy vraag te onttrek, waaraan hy voldoen het.
Die parlement se staande komitee oor Openbare Rekeninge het besluit om sy vergadering met Denel op te skort tot volgende Woensdag nadat die raad versuim het om dit by te woon. Skoor se voorsitter, Mkhuleko Hlengwa, het teleurstelling uitgespreek oor die raad se afwesigheid, aangesien hulle veronderstel was om die komitee oor belangrike sake in te lig. Hy sê dit sluit in die nie-indiening van die lugvaart- en militêre tegnologie-organisasie se jaarverslag en 'n likiditeitskrisis, sowel as opdaterings oor onreëlmatige, vrugtelose en verkwistende uitgawes.
Die leierskap van die Namibiese Studente-organisasie gaan vanmiddag met die bestuur van NSFAF vergader. Dit volg nadat Nanso op 29 Mei in 'n brief met sekere eise aan die fonds gestel het. Nanso eis onder meer die kontrakte aan die onderskeie begunstigdes en die vrystelling van die appèllys voor die naweek. Indien die fonds nie aan enige van die eise voldoen nie, gaan Nanso volgende week 'n landwye betoging teen die fonds hou. ‘n Woordvoerder van die organisasie, Dorothea Nangolo het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat...
Die burgemeester van Johannesburg, Kabelo Gwamanda, het onthul sy regering van plaaslike eenheid het 'n stad op die punt van finansiële ineenstorting geërf by die vorige DA-geleide multiparty-koalisie. Hy het tydens sy eerste stadsrede die gebrekkige begroting en roekelose finansiële bestuur beklemtoon. Ondanks 'n gesonde kontantbalans van 6,6 miljard Suid-Afrikaanse rand in Junie 2021, het die huidige regering 'n feitlik bankrot munisipaliteit ontdek met meer as ses miljard rand se onbetaalde verskaffersfakture. Gwamanda beklemtoon die dringende behoefte om finansiële bestendigheid te verseker en basiese dienslewering te bied.
Eskom sal fase 3-beurtkrag implementeer oor die aand-spitstydperke vanaf vier-uur vanmiddag tot middernag. Beurtkrag sal van middernag tot môremiddag vier-uur opgeskort word. Hierdie patroon waar beurtkrag vanaf middernag tot vier-uur opgeskort word en fase 3-beurtkrag vanaf vier-uur tot middernag geïmplementeer word, sal daagliks herhaal word tot verdere kennisgewing, volgens Eskom se woordvoerder Daphne Mokwena.
Die Suid-Afrikaanse minister van water en sanitasie, Senzo Mchunu, sê die versekering van watergehalte in munisipaliteite regoor die land bly 'n top-prioriteit. Talle uitdagings belemmer egter pogings in hierdie verband. Mchunu het op 'n nuuskonferensie oor die vrystelling van die Tussentydse Blou-, Groen- en Geen Druppel-verslae gepraat oor die verskillende struikelblokke waarmee sy departement te kampe het. Hy sê onder hierdie is vervalle infrastruktuur en onvoldoende instandhouding, wat bydra tot die verdagte gehalte van water in sekere gebiede.
Tennis: Daar gaan 'n herhaling wees van verlede jaar se Skandinawiese Franse Ope-kwarteindstryd, ná oorwinnings vir Holger Rune en Casper Ruud. Die Noorse vierde gekeurde Ruud het hard gewerk teen Nicolas Jarry, maar het uiteindelik met 7-6, 7-5, 7-5 geseëvier. Rune, van Denemarke, maak tans gereed vir 'n kwarteindstryd teen Ruud nadat hy die Argentyn, Francisco Cerundolo, met 7-6, 3-6, 6-4, 1-6, 7-6 geklop het. Die 20-jarige Rune was moeg nadat hy vir die eerste keer in sy loopbaan in vyf stelle gewen het.
Die Old Mutual Staff Community Builder is 'n inisiatief van die Old Mutual-stigting wat daarop gemik is om sy werknemers te bemagtig om betrokke te raak by verskeie maatskaplike projekte. Tien personeellede het 'n totaal van 100 000 Namibiese dollar aan verskeie organisasies toegewy, om hulle te bemagtig om positiewe verandering op verskeie gebiede te dryf, insluitend finansiële welstand, gemeenskapsontwikkeling, onderwys, vaardigheidsontwikkeling en gemeenskapsontwikkeling. Mignon du Preez, die groepbestuurder van bemarking het meer.
Die Nasionale Vergadering hervat vanmiddag sy sessie na hy op 28 April in reses gegaan het. Na die hooggeregshof beslissing oor die erkenning van buitelandse eggenote in gay-huwelike, het die Swapo-jeugliga skerp kritiek gelewer en onderneem om die kwessie in die parlement te bespreek. Kosmos 94.1 Nuus het met die sekretaris van die jeugliga, Ephraim Nekongo, gepraat oor of daar sulke planne vandag is.
Die DA sê plastiekbesoedeling regoor Suid-Afrika is besig om epidemiese afmetings te bereik en vererger in sekere gebiede. Die uitwerking van plastiekbesoedeling op natuurlewe, veral seevoëls en visse, is verwoestend en die inname van plastiekprodukte kan lei tot verdere risiko's vir mense wat seekos eet. Die DA-lid, Dave Bryant, sê sommige provinsies en munisipaliteite het geen werklike planne om die reuse probleem van plastiekbesoedeling te bekamp nie:
Daar heers groot kommer in die Namibiese jagbedryf oor ‘n moontlike verbod in Duitsland oor die invoer van jagtrofeë. Die Duitse mark is uiters belangrik vir Namibië, beide vir toerisme en die jagbedryf. Duitsers beslaan 36 persent van die land se trofeejagters gevolg deur die VSA op 19 persent en Oostenryk op 7 persent. Talle besighede maak staat op die bedryf en taksidermie, wat ook redelike groot werkverskaffers is, een van die sektore wat hard geraak sou word met so verbod. Kosmos 94.1 Nuus het met Silke Bean van Ingwe Wildlife Art het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.
Eiendomspryse bly in sommige dele van die land gedemp maar, dit sal binnekort verander namate die groenwaterstof en olie industrieë begin ontwikkel. Volgens Theo Klein van die makelaarsfirma Simonis Storm kan daar veral ‘n herlewing op Lüderitz en Oranjemund kom. Hy sê dit begin reeds.
Die Affirmative Repositioning-beweging sê die Namibiese regering het aspris die behuisingsprogram gesaboteer om te verhoed dat die beweging suksesvol voorkom. Die kommentaar kom op die hakke van berigte dat die Namibiese regering vanaf 1 Maart 2021 tot 31 Desember 2022 'n skamele 2 025 huise, uit ‘n teiken van amper 10 000, gebou het. Daar is ‘n agterstand van 300 000 huise in die land. In 2015 het die beweging se leier Job Amupanda ‘n ooreenkoms met President Hage Geingob beklink om 200 000 huise te bou of erwe te diens, wat ook volgens die jongste syfers, blyk om deur die mat te geval het. Kosmos 94.1 Nuus het met George Kambala van die beweging gesels en hy meen die mislukking is aspris.
Gauteng se Departement van Gesondheid sê hy het kontrakte vir die instandhouding van mediese toerusting en masjinerie in plek om diensonderbrekings by instellings te beperk. Die LUR vir Gesondheid en Welstand, Nomantu Nkomo-Ralehoko, het dít beklemtoon in reaksie op 'n vraag wat in die wetgewer gestel is. Die woordvoerder van die departement, Motalatale Modiba, sê die instandhouding van mediese toerusting soos skanderingsapparatuur, x-straalmasjiene en lewensondersteunende toerusting, soos narkose-masjiene en ventilators, vind deurlopend plaas:
Franse owerhede poog om die Seine-rivier in Parys skoon genoeg te kry sodat daar in hom geswem kan word voor die sport-skouspel volgende jaar begin. In 1900, tydens die eerste Spele in Parys, is ‘n paar byeenkomste in die rivier aangebied maar, dit is nou so besoedel, dat dit gevaarlik is. ‘n Franse limnoloog, Dan Angelescu doen op die oomblik toetse op die rivier. Hy sê die grootste risiko kom van storms. Wanneer reënwater in Parys se rioolstelsel instroom, kan dit oorloop en die ekstra water word dan in die rivier afgegooi, wat dit met giftige bakterieë besoedel. ‘n Ondergrondse bergingsfasiliteit word nou daarvoor gebou. Instussen sê Angelescu hy toets vir die konsentrasievlakke vir twee bakterieë, E. coli en Enterococcus, albei aanwysers van fekale materiaal in die water.
ActionSA in KwaZulu-Natal sê hy gaan voort met litigasie teen die eThekwini-metro, nadat hy die plan van aksie ontvang het oor die manier waarop hulle sal begin om beskadigde rioolinfrastruktuur te herstel. Die party se woordvoerder, Zwakele Mncwango, sê die beskadigde infrastruktuur stort miljoene liter rou riool in riviere wat na die see toe vloei. Hy sê hulle het nie vertroue dat die munisipaliteit in staat sal wees om die skade te herstel sonder 'n hofbevel dat hulle aan die kwessies aandag moet gee nie:
Die buurland se minister van maatskaplike ontwikkeling, Lindiwe Zulu, sal vandag haar departement se begroting by die Nasionale Raad van Provinsies indien. Die departement se woordvoerder, Lumka Oliphant, sê die begroting sal onder andere die departement se planne en programme uiteensit. Sy sê dit sluit in provinsie-spesifieke ingrypings om kwesbare huishoudings teen die huidige ekonomiese klimaat te beskerm:
Die president van Oekraïne, Volodymyr Zelensky, gaan 'n noodvergadering met sy nasionale Veiligheids- en Verdedigingsraad hou. Dit volg nadat 'n dam in die Russiesbeheerde gebied in die suide van Oekraïne in bomaanvalle beskadig is en tot oorstromings gelei het. Die land se ministerie van Binnelandse Sake het 'n beroep gedoen op inwoners van tien dorpe aan die regter-oewer van die Dnipro-rivier en dele van die stad Kherson, om elektriese toestelle af te skakel en hul noodsaaklike dokumente en troetediere te neem om die gebied te ontruim. 'n Senior Russies-aangestelde amptenaar sê die dam se vernietiging is 'n ernstige terroriste-aanval. Afgetrede Britse generaal-majoor Rupert Jones sê die impak hiervan is verreikend.
Meatco hou op die oomblik ‘n reeks vergaderings regoor die land om met produsente te skakel en inligting te deel. Die vergaderings gun ook ‘n geleentheid aan produsente om vrae te vra. Vandag is Otjiwarongo aan die beurt met ‘n byeenkoms wat tussen tien en een by die Krokodilplaas sal plaasvind. Meatco se bestuurder van lewendehawe-aankope Patrick Liebenberg, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels...
Eskom sê hy beskou bewerings van sabotasie in 'n baie ernstige lig en is daartoe verbind om bedrog en korrupsie uit te roei. City Press het vroeër berig 'n uitvoerende hoof van die kragvoorsiener met top-sekerheidsklaring word beskuldig dat hy spesifieke ingenieurs aangestel het om seker te maak sommige kragstasies raak onklaar. Hulle het dan voordeel getrek uit die geld wat nodig is vir herstelwerk. Eskom se tussentydse woordvoerder, Daphne Mokwena, sê City Press het hulle nooit genader om kommentaar te lewer oor enige van sy uitvoerende beamptes wat na bewering by sabotasie-voorvalle betrek word nie:
President Cyril Ramaphosa sê voormalige minister Tina Joemat-Pettersson sal gemis word vir haar passie en energie waarmee sy vir 'n beter Suid-Afrika geveg het. Sy is op die ouderdom van 59 jaar in haar huis in Kaapstad dood. Joemat-Pettersson was met haar dood voorsitter van die parlementêre portefeuljekomitee oor polisie. Die president se woordvoerder, Vincent Magwenya, sê Ramaphosa sê die land het 'n merkwaardige leier verloor:
Die meeste veldbrande word deur mense veroorsaak en kan ook deur mense voorkom word. Weens die droogte is daar vanjaar baie droë gras wat ‘n vuur vinnig in 'n groot, onbeheerbare veldbrand kan verander. Daarom waarsku die Stad Windhoek inwoners in brandgevaar-gebiede om vooruit te beplan en veldbrande in en om die stad te voorkom. Harold Akwenye, korporatiewe kommunikasiebestuurder by die Stad Windhoek het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.
Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes in Suid-Afrika het kommer uitgespreek oor die verhoogde aantal griepgevalle sedert verlede maand. Die instituut het hoër oordragkoerse waargeneem in vergelyking met vorige jare. Die instituut het mense met onderliggende siektes aangeraai om bykomende voorsorgmaatreëls te tref. Die woordvoerder, Cheryl Cohen, het dokters gewaarsku om bewus te wees van die gevalle en te help om hulle dienooreenkomstig te behandel:
Die Automobiel-Assosiasie sê Suid-Afrika se sukkelende spoornetwerk plaas ʼn swaar las op die land se paaie. Meer as 900 miljard Suid-Afrikaanse rand is vir die volgende drie jaar opsy gesit vir die herstel van die gebroke padinfrastruktuur maar die AA glo indien die spoornetwerk nie verbeter nie, sal alles pure verniet wees. Die woordvoerder van die AA, Layton Beard, is besorg indien die kwessie nie opgelos word nie, sal dit steeds ʼn verwoestende uitwerking op die ekonomie hê:
ActionSA in Gauteng dreig om 'n mosie van wantroue teen Johannesburg se burgemeester, Kabelo Gwamanda, in te dien. Die burgemeester sal vandag sy eerste stadsrede lewer. Gwamanda, deur sy onderneming iThemba Lama Afrika, word beskuldig dat hy inwoners op bedrieglike wyse oortuig het om in 'n begrafnisskema te belê. ActionSA se provinsiale voorsitter, Funzi Ngobeni, sê die burgemeester moet die toespraak gebruik om die ernstige beskuldigings teen hom te weerlê:
Manchester City het nog 'n trofee verower en hoop nou op 'n derde die seisoen nadat hy Manchester United geklop het in die eindstryd van die FA Bekerkompetisie. City het ook die Premiersliga gewen en gaan Saterdag probeer om nog 'n beker in te palm wanneer hulle in Istanbul teen Inter Milan te staan kom in die eindstryd van die Kampioeneliga. Bestuurder Pep Guardiola sê hulle moet die wedstryd net soos enige ander een benader.
Integrate Learning Solutions gaan ‘n Walk 4 Inclusion-staptog en ‘n markdag op 17 Junie by die St. George's-sportveld aanbied. Die doel van hierdie geleentheid is om hande te vat en elke enkele persoon in te sluit wat as 'anders' in die gemeenskap en as mens beskou word, wat ook al die rede is daarvoor. Kosmos 94.1 Nuus het met Carmen de Villiers van Integrate Learning Solutions gesels oor die belangrikheid van die bewusmakingsveldtog.
Plaasmoorde steek weer kop uit in die buurland. AfriForum het 'n dringende beroep op boere en plattelandse inwoners gedoen om hul veiligheid te verbeter. Dit volg nadat minstens sewe plaasmoordsake die afgelope week aangemeld is. AfriForum se woordvoerder vir Gemeenskapsveiligheid, Jacques Broodryk, sê Hennie en Anneke Claassen is op hul plaas naby Ohrigstad in Limpopo gemartel en vermoor, terwyl Pierre en Belinda de Kock ook die afgelope naweek op hul plaas naby Piketberg in die Wes-Kaap vermoor is. Broodryk het 'n beroep op die regering gedoen om erkenning te gee aan die erns van die probleem:
Die bevestiging dat Namibië beplan om 400 megawatt krag uit die Kudu-gasprojek te produseer met bedrywighede wat in 2026 sal begin, is goeie nuus omdat die projek reeds dekades sloer. Suid-Afrika sal volgens wat berig word die uitvoer-vennoot wees. Kosmos 94.1 Nuus het met dr. Leake Hangala, wat voorheen die beroep vir presies dit gedoen het, gesels.
Die Suid-Afrikaanse polisie het bevestig dat ‘n senior ondersoeker in die Thabo Bester-saak vermoedelik sy eie lewe geneem het. Die hoof van die eenheid van georganiseerde misdaad in die Vrystaat, die 59-jarige brigadier Jackson Mkhaulesi, was 31 jaar in die polisiediens. Die kommissaris van polisie, Fannie Masemola, het Mkhaulesi se dood as ‘n groot skok beskryf. Mkhaulesi laat sy vrou en twee seuns agter. Die polisie het intussen die nodige ondersteuning beskikbaar gestel om die brigadier se familie en kollegas te ondersteun. Die polisie se nasionale woordvoerder brigadier Athlenda Mathe sê hulle ondersoek die saak...
Die Windhoekse Stadsraad het tydens ‘n raadsvergadering besluit om waterbeperkings te implementeer as deel van 'n droogte-reaksieplan. Inwoners van die stad sal nou verplig word om hul motors met emmers en sonder tuinslange te was, hul tuine net twee keer per week nat te lei en swembaddens te bedek. Die drie sentrale damme wat water aan die hoofstad verskaf, is tans gesamentlik net 35,1 persent vol, teenoor verlede jaar se 57,8 persent dieselfde tydperk. Volgens NamWater se jongste dambulletin, is Von Bachdam 23,4 persent vol teenoor 50,6 persent dieselfde tyd verlede jaar. Swakoppoort is 67,9 persent vol en pomp nog steeds water oor na Von Bach, met die Omatakodam wat dolleeg is. Lydia Amutenya, die stad se woordvoerder het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat...
Die Suid-Afrikaanse parlement se voorsittende beamptes het hulle skok uitgespreek oor die skielike dood van die ANC-lid en oudminister Tina Joemat-Pettersson. Sy is op die ouderdom van 59 dood. Die parlementêre woordvoerder, Moloto Mothapo, sê die Nasionale Vergadering se speaker, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, en die voorsitter van die Nasionale Raad van Provinsies, Amos Masondo, sê die ontydige dood van een van Suid-Afrika se ervare politici en wetgewers is 'n groot verlies vir haar gesin, die ANC en die nasie:
Die hoof uitvoerende beampte van Alzheimers Demensie Namibië, Berrie Holtzhausen het bevestig dat ‘n toordokter Woensdag in die Kahenge-hof in die Kavango-Wes-streek sal verskyn nadat hy ‘n vrou glo van heksery beskuldig het. Mense wat ly aan Alzheimer se siekte of demensie word dikwels van heksery uitgekryt. Pasiënte staar wrede en skadelike praktyke in die gesig wat verband hou met beskuldigings van heksery. Holtzhausen het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat...
Familielede van Katlego Bereng, wie se verbrande liggaam in Thabo Bester se ontsnapping uit die Mangaung-korrektiewe sentrum gebruik is, het die hooggeregshof in Bloemfontein se uitspraak verwelkom om Nandipha Magudumana se dringende aansoek oor haar uitlewering uit Tanzanië te verwerp. Regter Phillip Loubser het in sy uitspraak verklaar Magudumana was bewus was van die aanklagte waarop sy tereg sou staan toe Tanzaniese owerhede haar aan Suid-Afrika oorhandig het. Die familie se verteenwoordiger, Popie Bereng, sê geregtigheid het geskied.
Die Stad Kaapstad sê buiten die siftings vir TB-simptome aan alle kliënte, sal toetse nou ook aan hoërisikogroepe gebied word, insluitend hegte en gesins-mense wat in kontak is met bevestigde TB-pasiënte. Dit vorm deel van die nasionale TB-herstelpogings. Die stad se burgemeesters-komiteelid vir gemeenskapsdienste en gesondheid, Patricia van der Ross, sê die Nasionale Standaard Operasionele Prosedures vir sifting en toetsing is gewysig en vanaf hierdie maand ingestel.
Die streeksramp-bestuurskomitee in die Kavango-Oos-streek doen 'n beroep op die regering om 'n noodtoestand af te kondig oor droogte in die streek. Dit is een van die aanbevelings wat die komitee gemaak het in 'n verslag wat by die kantoor van die eerste minister ingedien is ná die dood van 16 mense weens vermoedelike voedselvergiftiging by die dorpie Kayova. Die streek staar tans ernstige droogte in die gesig weens 'n gebrek aan reën die afgelope reënseisoen, wat volgens die verslag hongersnood veroorsaak onder die meerderheid van die landelike huishoudings wat van saaiboerdery afhanklik is. Kosmos 94.1 Nuus het met die goewerneur van Kavango-Oos Bonifatius Wakudumo gesels wat deel waar hulle nou is...
Die buurland se speaker van die nasionale vergadering, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, het die geskorste openbare beskermer, Busisiwe Mkhwebane, versoek om haar aanvalle in die media oor haar en ander parlementslede te staak. Mkhwebane het Mapisa-Nqakula daarvan beskuldig dat sy geweier het om met haar te vergader oor korrupsiebewerings teen die Artikel 194-komitee. Die parlement se woordvoerder, Moloto Mothapo, sê die inhoud van die e-posboodskappe tussen Mapisa-Nqakula en Mkhwebane bly vertroulik.
Ná berigte op sosiale media in Mei dat die Visrivier-staproete beperkte waterpunte het, het Namibia Wildlife Resorts vandag bevestig die gewilde staproete is veilig om te stap met genoeg waterpunte vir stappers. Ashipala het stappers aangemoedig om bio-afbreekbare seep te gebruik om die waterbronne skoon te hou. Daar is waterpunte wat spesifiek vir stappers ingerig is. Nelson Ashipala, woordvoerder van NWR, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels en ook die goeie nuus gedeel dat behalwe water, daar ook bier in die Visrivier-canyon sal wees!
Die Namibiese parlement wat op 28 April in reses gegaan het, hervat môre sy sessies. Dit is 'n voortsetting van die laaste sitting van die sewende Nasionale Vergadering wat tot 13 Julie in sitting sal wees. Tydens die reses het verskeie parlementêre staande komitees toesighoudings-aktiwiteite onderneem. Kosmos 94.1 Nuus het met die senior inligtingsbeampte by die parlement, Rafael Hangula, gesels wat meer deel oor die resultate wat deur die verskillende komitees ingesamel is.
Die Rehoboth-dorpsraad het ‘n dringende kennisgewing uitgereik waarin inwoners gewaarsku word dat NamPower fase een beurtkrag nou van vyf-uur tot nege-uur vanaand op die dorp sal instel. Rehoboth is een van die talle Suide-dorpe wat nie sy skuld op die sperdatum van 31 Mei aan NamPower vereffen het nie. Die kragvoorsieniner het aangedui dat beurtkrag aan wanbetalers steeds in fases vanaf vandag gaan begin. Woordvoerder van Rehoboth, Desire Pieters het met Kosmos 94.1 Nuus gesels oor onderhandelinge vir ‘n oplossing...
AfriForum eis antwoorde van die minister van vervoer, Sindisiwe Chikunga, nadat die land se enigste lisensie-drukker weer gebreek het – die tweede keer in minder as 'n jaar. Dit lei tot vertragings met die vervaardiging van bestuurs-lisensiekaarte. Ernst van Zyl van AfriForum sê geen opdaterings is oor die masjien verskaf nie, ondanks die departement se aanvanklike belofte van 'n oplossing binne twee tot drie weke. Hy sê die grondwetlikheid van die vyf jaar geldigheidstydperk van bestuurslisensies, en boetes vir lisensies wat verval het, word reeds uitgedaag.
Die departement van vervoer in die buurland het met ʼn landwye veldtog begin om slaggate en padinfrastruktuur onder die loep te neem. Suid-Afrikaanse paaie gaan agteruit weens swak bouwerk en word vererger deur stortreën en oorstromings. Volgens die woordvoerder van die departement, Collen Msibi, het die presidensiële koördineringsraad die veldtog genoodsaak deur aan padinfrastruktuur voorkeur te gee. Hy sê munisipaliteite moet verantwoordbaar gehou word omdat hulle fondse wat vir padinfrastruktuur geoormerk is nie na behore aanwend nie.
Die Stad Kaapstad sê terwyl die winter behoorlik nesskrop en binnenshuise geleenthede oral plaasvind, neem die Kaapstadse Funny Festival die Baxter-teater oor vir ʼn maand lange komedie-verskeidenheidsprogram van vandag tot 2 Julie. Die burgemeesters-komiteelid vir veiligheid en sekerheid, JP Smith, sê die fees beleef sy 24ste seisoen. Volgens hom is dit die land se oudste en grootste komediefees, met top-plaaslike en internasionale kunstenaars.
Twaalf studente aan die Universiteit van Fort Hare is in hegtenis geneem in verband met opsetlike beskadiging van eiendom en inbraak in Alice in die Oos-Kaap. Dit volg ná 'n groep studente na bewering 'n kafeteria geplunder en ook verskeie van die universiteit se eiendomme op die kampus in Alice beskadig het. 'n Polisiewoordvoerder, Majola Nkohli, sê hulle het 'n klagte ontvang oor 'n gewelddadige betoging.
Die Namibia Fish Consumption Promotion Trust het 'n vennootskap met die Sam Nujoma Navorsingsentrum vir Mariene en Kushulpbronne by Unam se Sam Nujoma-kampus in Hentiesbaai gesluit om 'n opname te doen om die per capita visverbruik op beide streeks- en nasionale vlak te bepaal. Die opname se hoof-doelwitte sluit in die bepaling van Namibië se per capita-visverbruik, die evaluering van die waarde van vis wat jaarliks plaaslik verbruik word, die identifisering van verbruikspatrone in elke streek, en die bepaling van die voorkeur-tipe vis. Volgens die uitvoerende hoof van die trust, Victor Pea, staan die huidige visverbruik per capita op 16,59 kilogram per jaar. Dit is 'n verbetering vanaf 11,4 kilogram in 2018, maar steeds onder die wêreld-gemiddeld van 20,4 kilogram. Pea sê om dié teiken te bereik, behels dit die verbruik van ongeveer 51 000 metrieke ton vis ter waarde van sowat 787 miljoen Namibiese dollar in verskeie dorpe. Dr. Samuel Mafwila, direkteur van die sentrum deel hoe hulle die navorsing gaan doen...
Die DA in Gauteng sê ondanks reuse-behoeftes kon die provinsiale gesondheidsdepartement nie daarin slaag om 'n yslike 2,7 miljard Suid-Afrikaanse rand van sy begroting in die 2022/23-boekjaar te bestee nie. Die jaar het op 31 Maart afgesluit. Die inligting is op 'n vergadering van die oorsigkomitee vir gesondheid bekend gemaak. ʼn Woordvoerder van die DA, Jack Bloom, sê die meeste van die onderbesteding was in die begroting vir gesondheids-infrastruktuur, waar 550 miljoen rand nie bestee is nie ten spyte van die vervalle toestand van openbare hospitale.
Kaapstad se burgemeester, Geordin Hill-Lewis, doen 'n beroep op inwoners om te stem vir 'n naam vir die stad se nuwe gelukbringer teen rommelstrooi. Die name op die kortlys wat saamgestel is uit die publiek se voorstelle, is Bingo, Binny, Nolitha en Phyllis-blik. Inwoners kan tot volgende Donderdag stem. Die burgemeesterskomiteelid vir Stedelike Afvalbestuur, Grant Twigg, sê sodra daar op 'n naam besluit is, sal die gelukbringer op 'n veldtog vertrek na openbare geleenthede, skole, skoonmaakgeleenthede deur die gemeenskap, winkelsentrums en besige kruisings reg oor die stad:
Reaksie word ontvang op berigte dat die kantoor van die eerste minister blykbaar met die sogenaamde kinders van die vryheidstryd ontmoet om ‘n plan te bewerk oor 13 miljoen Namibiese dollar wat in ‘n rekening in die kantoor onder die kinders se naam is. Die rekening is deur die ouditeur-generaal bekend gemaak. Die oud-ombud advokaat John Walters het in 2021 ‘n hofbevel bekom dat die groep geen voordelige behandeling deur die regering mag kry nie. Dit volg na verskeie betogings op dorpe regoor die land waar die lede van die groep as skoonmakers en meer aangestel is, voor plaaslike inwoners. Walters sê daardie geld moet gedeel word en tot voordeel van almal gebruik word.
Die jongste Covid-syfers wek kommer. Die nuutste verslag, vir die week van 22 tot 28 Mei, dui aan dat die positiewe koers op 38 persent staan met 132 nuwe gevalle. Hospitalisering staan nou op 15 teenoor drie wat in die vorige week aangemeld is. Kenners meen die toename in syfers is geen verrassing nie en so ook die gesondheidsminister, dr. Kalumbi Shangula, wat meen Covid is so by so hier om te bly.
Die belangrikheid van die openbaarmaking van befondsing vir politieke partye is weer in die nuus met die vrystelling van die Suid-Afrikaanse verkiesingskommissie se verslag oor befondsing in die buurland. Kosmos 94.1 Nuus het met Toni Hancox, die direkteur by die Regshulpentrum, gesels oor die belangrikheid daarvan. Sy sê befondsing maak ‘skuld’ en kan partye dwing om beleid aan te pas ingevolge hul borge se wense.
Daar is plaaslik groot kommer oor aktivisme in Duitsland, en by die Europese parlement, teen die invoer van jagtrofeë. Sou daar ‘n verbod vanuit Duitsland kom, sal dit ‘n katastrofe vir die plaaslike jagbedryf wees. Die Botswana-regering het ook sy kommer oor die kwessie uitgespreek en sê sy bewaringsinisiatiewe sowel as privaatsektor ondernemings in die land, sal erg daaronder ly. Duitsers beslaan 36 persent van Namibië land se trofeejagters gevolg deur die VSA op 19 persent en Oostenryk op 7 persent. Volgens die president van die Namibiese Professionele Jagtersvereniging Axel Cramer beslaan professionele jagters tussen 3 tot 5 persent van buitelandse besoekers aan Namibië maar dra meer as ‘n kwart van die totale inkomste vir toerisme by. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Reaksie word ontvang op berigte dat die Voedsel en Landbou-organisasie se voedselprysindeks, 'n maatstaf van die maandelikse verandering in internasionale pryse van voedselkommoditeite, in Mei vanjaar met 3 persent teenoor April gedaal, tot 124 punte. Vleis en suiker is op, met grane, olies en groente wat af is. Maar hoe beïnvloed die pryse die plaaslike produsent en die verbruiker? Volgens die Namibiese landbou-navorser word enige voordeel tot nul gedwing deur die wisselkoers.
Die Congress of the People sê die slagting wat op die land se paaie plaasvind, is die ANC-regering se skuld. Dié naweek alleen het 14 mense op die land se paaie gesterf. Dennis Bloem van Cope sê menselewens kan gered word as die ANC-regering die spoorweë herstel en langafstandtreine terugbring:
Die president van die PDM-party, McHenry Venaani, het met die Verenigde Nasies se ondersekretaris-generaal en spesiale adviseur oor Afrika, Christina Duarte, vergader. Hy sê ‘n magdom kwessies het onder die loep gekom, insluitend onwettige finansiële uitvloei vanuit Namibië. Dit is nie bekend hoeveel Namibië jaarliks met die onwettige transaksies verloor nie en volgens Venaani is dit ‘n kwessie wat aandag moet kry.
Max Verstappen van Red Bull is nou sesde op die lys van die meeste oorwinnings in Grand Prix-wedrenne nadat hy die Spaanse Grand Prix in Barcelona gewen het. Dit was die 40ste oorwinning van sy loopbaan vir die Nederlander. Lewis Hamilton van Brittanje is bo-aan die lys met 104, gevolg deur Michael Schumacher met 91, sy landgenoot, Sebastian Vettel, op 53, die Fransman, Alain Prost, op 51 en die Brasiliaan, Ayrton Senna, op 41. Die hoof van Red Bull, Christian Horner, sê Verstappen was in Barcelona in ʼn klas van sy eie:
Die landbouministerie het vanoggend, saam met die Namibië-Duitse Samewerking en die Europese Unie voertuie aan die Program vir Kommunale Grondontwikkeling oorhandig. Die huidige projek is die derde fase van finansiële samewerking om die Namibiese regering te ondersteun om 'n ambisieuse grondhervormingsprogram te implementeer wat daarop gemik is om armoede, onbillike grondverspreiding en sosiale uitdagings aan te spreek. Die minister, Calle Schlettwein sê landbou bly een van Namibië se belangrikste sektore.
Die goewerneur van Suid-Carolina Nikki Haley het in Iowa ‘n sogenaamde Town Hall met CNN se Jake Tapper gehou. Haley het in Februarie aangekondig dat sy haarself verkiesbaar stel om die Republikeine se presidensiële kandidaat vir 2024 te wees. Sy sê dit is tyd vir nuwe leierskap in die VSA...
'n Een-en-veertigjarige man verskyn na verwagting vandag in die Belville-landdroshof nadat hy aangekla is van die moord op Warren Rhoode in Kaapstad. Rhoode, die seun van die hoof van President Cyril Ramaphosa se beskermingseenheid, Wally Rhoode, is verlede maand dood gevind nadat hy vermis geraak het. Die polisiewoordvoerder, Novela Potelwa, sê Rhoode het met sy verdwyning 'n swart Volkswagen Polo-sedan bestuur wat nog nie teruggevind is nie:
Selfone en sosiale media platforms sal al hoe meer belangrik word in die proses om bewyse van oorlogmisdade te bekom. ‘n Voormalige aanklaer by die Verenigide Nasies, Richard Goldstone, sê aan Britse media, almal het ‘n slimfoon en somtyds, is dit die enigste bewyse wat bestaan.
Dit is nie net plaaslik wat die jeug aangemoedig word om hulle eie werksgeleenthede te skep en hulself te bemagtig nie. In die buurland moedig Stad Tshwane jongmense aan om betrokke te raak by aktiwiteite wat hulle lewensbestaan verbeter. Die stad se burgemeesterskomiteelid vir Gemeenskaps- en Maatskaplike Ontwikkelingsdienste, Peggy de Bruin, sê die Jeugontwikkelingseenheid het verskeie geleenthede om van te kies en tyd daar deur te bring as deel van selfontwikkeling en -bemagtiging:
Die Suid-Afrikaanse federasie van vakbonde, Saftu, sê hy veroordeel enige voorvalle van sabotasie by Eskom-kragstasies. Dit volg nadat die polisie volgens berigte 'n Eskom-hoof met hoë sekerheidsklaring in hegtenis wil neem wat volgens hulle moontlik betrokke is by die beplanning en uitvoering van sabotasie by geteikende kragstasies wat landwyd tot verlammende kragonderbrekings lei. Saftu se woordvoerder, Trevor Shaku, sê hierdie individu het volgens berigte ingenieurs strategies uitgesoek en aangesê om te sorg dat kragopwekkingseenhede breek sodat hulle finansieel kan voordeel trek uit die vele inkomstebronne wat hieruit voortvloei:
Die Namibië Universiteit van Wetenskap en Tegnologie huldig vandag amptelik die Indiese en Namibiese Sentrum van Uitnemendheid in Inligtingstegnologie in. Die sentrum is 'n uitkoms van bilaterale ooreenkoms tussen Indië en Namibië om die kapasiteit in die inligting en kommunikasie tegnologie-sektor in Namibië te versterk. Kosmos 94. 1 Nuus het met Arpit Jain, die hoof van die sentrum gesels.
Die Wes-Kaapse LUR vir Polisie-oorsig en Gemeenskapsveiligheid, Reagen Allen, het die noodsaaklikheid beklemtoon om landelike veiligheid 'n prioriteit te maak. Allen het tydens 'n vergadering oor landelike veiligheid by Elsenburg in Stellenbosch, in vennootskap met die provinsiale Departement van Landbou, gesê daar moet deurlopend saamgewerk word om landelike veiligheid te verbeter. Allen sê inwoners moet vry wees van vrees en moet met beter lewensgehalte en meer waardigheid kan leef:
Die DA het hom daartoe verbind om President Cyril Ramaphosa se plan, om die verslag oor die beweerde wapensmokkelary aan Rusland vir die publiek te verberg, te keer. 'n Paneel is aangestel om die omstandighede te ondersoek rondom die vasmeer van die Lady R in Simonstad in Desember verlede jaar, en vas te stel of enige wapens en ammunisie op of van die vragskip gelaai is. Die DA-leier, John Steenhuisen, sê volgens mediaberigte is Ramaphosa van voorneme om die paneel se verslag as geklassifiseerde inligting te verklaar:
Die tweemalige kampioen, Novak Djokovic, het 'n oortuigende oorwinning behaal om 'n rekord 17de keer die kwarteindronde op Roland Garros te haal. Die Serwiër het Juan Pablo Varillas van Peru met 6-3, 6-2 en 6-2 afgeransel om Rafael Nadal verby te steek as houer van die laaste-agt-rekord in Parys. Djokovic se volgende wedstryd is teen die Rus, Karen Khachanov. Die topgekeurde Carlos Alcaraz van Spanje is ook deur nadat hy die Italianer, Lorenzo Musetti, met 6-3 6-2 en 6-2 geklop het. Djokovic sê hy is trots op die rekord:
Dit is vandag Wêreld Omgewingsdag en vanjaar handel die tema oor oplossings vir plastiek-besoedeling. Met 300 metrieke ton plastiek wat jaarliks in die omgewing ingestoot word en 60 persent wat in stortingsterreine opeindig, is die probleem een van die grootste uitdagings ter wêreld. Namibiërs kan klein aanpassings maak om enkel-gebruik plastiek te verminder en ook, om verantwoordelik daarvan ontslae te raak, soos Romeo Muyunda, woordvoerder by die omgewingsministerie verduidelik.
Reaksie word ontvang op IJG Sekuriteite se berekening dat ‘n verbetering in buitelandse reserwes 'n geleentheid kan bied vir die Bank van Namibië om op 'n minder aggressiewe koersverhogingsiklus te bly in vergelyking met Suid-Afrika. Tans is die sentrale bank ‘n persentasie-punt agter die buurland terwyl die Namibiese dollar gekoppel is aan die buurland se rand. Die plaaslike ekonoom Gabriel Erastus, sê die Bank van Namibië beweeg te stadig.
Daar is nie genoeg bronne om korrupsie te bestry nie. Dit is die mening van die adjunk-direkteur-generaal van die Teenkorrupsie-kommissie, advokaat Erna van der Merwe wat sê die nuutgestigde NamRA-agentskap het 53 ouditeure wat reeds by hul hoofkantoor alleen aangestel is, in vergelyking met 36 ondersoekbeamptes by die kommissie wat die hele land moet bedien. Daar is net 21 amptenare vir die voorkoming van korrupsie in openbare onderwys vir die hele land. Die impak van korrupsie op Namibië is enorm en daarom is meer kapasiteit nodig. Die Erongo-streek se kantoor, wat ook vir Kunene verantwoordelik is, het byvoorbeeld slegs drie ondersoekbeamptes met 82 aktiewe sake. Die IPC se nasionale voorsitter, Brian Black sê daar word nie die nodige aandag gegee nie.
Eskom gaan hierdie week beurtkrag afskaal danksy 'n verwagte laer aanvraag en meer beskikbare opwekkingskapasiteit. Beurtkrag is vyf-uur vanoggend opgeskort tot vier-uur vanmiddag. Fase vier sal dan begin en tot môreoggend vyf-uur duur, gevolg deur fase een tot vier-uur môremiddag. Hierdie patroon sal daagliks herhaal word tot verdere kennisgewing. Eskom se tussentydse woordvoerder, Daphne Mokwena, sê oor die afgelope 24 uur is 'n opwekkingseenheid elk by Kendal, Kriel en Matla en twee opwekkingseenhede by die Lethabo-kragstasies weer in gebruik geneem:
'n Studie deur die Universiteit van Kaapstad se navorsingseenheid oor die ekonomie van aksynsbelastingdraende produkte, het bevind die verkorting van die verhandelingstye by alkohol-afsetpunte kan 'n positiewe uitwerking hê op openbare veiligheid. ‘n Navorsingsbeampte, Samantha Filby, sê hulle navorsing fokus op die uitken van strategieë om alkoholverwante misdade in die Wes-Kaap te verminder. Volgens Filby kan beleidsmaatreëls, soos die vermindering van alkoholadvertensies en die implementering van minimum pryse, bydra om alkoholverbruik aan te spreek, gesondheidsuitkomste te verbeter en misdaad te verminder:
Die M&Z Motors Tara-tydren word bestempel as ‘n reuse-sukses. Uit 17 motors het net vier uitgeval. Dit was die 53ste uitgawe van die uiters gewilde tydren en hoofborg M&Z Motors het aangedui hy sal volgende jaar ook betrokke wees. Die algehele wenner was Wilro Dippenaar met sy navigator Carolyn Swan. Dit was Dippenaar se derde Tara oorwinning. Richard Slamet van die Windhoek Motorklub het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Die risiko vir hondsdolheid verhoog wanneer dit droog is en jaarlikse inenting teen hondsdolheid is volgens wet verpligtend in Namibië. Daar is geen verskoning om nie troeteldiere teen die hoogs oordraagbare en dodelike siekte in te ent nie, want die entstof word dikwels gratis aan staatsveeartseny-klinieke en privaat praktyke verskaf. Dr. Theuns Laubscher, 'n veearts van die Windhoek Veeartseny-kliniek het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.
Die Namibiese ministerie van werke en vervoer het weer beklemtoon dat daar geen styging in taxi-tariewe is nie. Dit kom na ‘n taxi-passasier gekla het dat sy ‘n ekstra tarief gehef is om na 'n gebied te gaan wat 'n taxi-staanplek het. Die passasier sê sy betaal gewoonlik 24 Namibiese dollar, maar is 46 dollar gehef, waar die taxi-bestuurder beweer het dat die prys gestyg het. Julius Ngweda, skakelbeampte van die vervoerministerie, het passasiers wat deur openbare vervoerders hoër tariewe gevra word, versoek om hierdie oortreders by die polisie aan te meld, aangesien geen verhoging nog goedgekeur is nie. Ngweda het met Kosmos 94.1 Nuut gepraat.
President Cyril Ramaphosa het medelye betuig met die mense van Indië ná ‘n treinramp in Odisha wat die lewens van minstens 288 mense geëis het. Die woordvoerder van die Suidoostelike Spoorweg in Indië, K S Anand, sê die ongeluk is deur sein-onderbreking veroorsaak. Ramaphosa se woordvoerder, Vincent Mangwenya, sê Suid-Afrika se mense dink aan die mense van Indië in dié moeilike tyd:
My Vote Counts, 'n nie-winsgewende organisasie in Suid-Afrika wat hom vir deursigtigheid en aanspreeklikheid in politieke party-finansiering beywer, het die vrystelling van die Verkiesingskommissie se verslag oor politieke partye se openbaarmaking tussen Januarie en Maart verwelkom. Volgens die verslag is meer as 5 miljoen Suid-Afrikaanse rand verklaar. 'n Navorser by My Vote Counts, Robyn Pasensie, sê Suid-Afrikaners moet die reg hê om partyfinansiering te ondersoek. Sy sê deursigtigheid is deurslaggewend vir die bevordering van aanspreeklikheid:
Die landbouministerie herinner boere aan die sperdatum om die eise vir die maatreëls vir die uitgebreide droogtehulp-program in die Kunene-streek, en dele van Erongo en Omusati-streek van 1 Julie tot 31 Desember, in te dien. Dit geld ook vir die lewendehawe-ondersteuningsprogram aan die droogtegeteisterde streke van Omaheke, Hardap en Karas. Boere moet kennis neem dat slegs eise vir transaksies wat vir ‘n sekere tydperk gedoen is en wat nie voorheen ingedien is nie, aanvaar sal word. Kosmos 94.1 Nuus het met Jona Musheko, die ministerie senior skakelbeampte, gepraat...
Die Brics-beraad van buitelandse ministers het in Kaapstad afgesluit met nuwe lede wat by die ontwikkelingsbank aangesluit het en ander, wat aansoek gedoen het. Een van die doelwitte van die groepering is om Brics te posisioneer as 'n teengewig vir die Weste. Kosmos 94.1 Nuus het met die Suid-Afrikaanse politieke kenner, professor Andre Duvenhage gesels oor die nuwe magsbalans in die wêreld.
Die wêreld staar stygende voedselpryse in die gesig wat arm en ontwikkelende lande die hardste tref. Selfs voor Covid inkomste verminder en voorsienings-kettings ontwrig het, was chroniese en akute honger aan die toeneem weens verskeie faktore, insluitend konflik, sosio-ekonomiese toestande, natuurrampe, klimaatsverandering en plae. Kosmos 94.1 Nuus het met Gilbert Mulonda, die Namibiese Akkerbouraad se hoofbestuurder vir akkerbou en tuinbou, gepraat oor die oorsake van die stygende voedselpryse.
Terwyl Namibië op die oomblik geen uitdagings beleef nie sê die Suid-Afrikaanse minister van landbou, Thoko Didiza, vyf plase in die Wes-Kaap is onder kwarantyn geplaas ná 'n uitbreking van voëlgriep. Die minister het ook bevestig een plaas in Noordwes is onder kwarantyn en word ondersoek. Didiza sê haar departement help boere aktief om die siekte te bestuur. Sy het die publiek verseker pluimveeprodukte, insluitend hoender en eiers, is en bly veilig vir verbruik:
Die M&Z Motors Tara-tydren is deur Wilro Dippenaar en sy navigator Carolyn Swan gewen. Dit was die 53ste uitgawe van die tydren wat die jaar oorgeneem is deur M&Z Motors as hoofborg. Die maatskappy het aangedui hy sal volgende jaar ook betrokke wees. Die uiters gewilde tydren het plaasgevind oor 18 trajekte oor twee dae. Sewentien motors het ingeskryf met vier wat uitgeval het. In tweede plek was Alan Martin met navigator Maretha Olivier. Dit is nie Dippenaar se eerste oorwinning nie, hy het in 2011 en in 2017 die tydren gewen. Hy het by die wenstreep met Kosmos 94.1 se Francois Lottering gesels.
'n Onlangse opname deur Infoquest dui daarop dat Suid-Afrikaners finansiële risiko's neem weens die stand van die ekonomie. Volgens die bevindinge kanselleer baie mense hul noodsaaklike voorsorg-spaarprodukte, insluitend begrafnispolisse en versekerings- en mediese fondse. ’n Infoquest-navorser, Lynette Nicholson, sê finansiële beperkings en druk dra grootliks by tot dié tendens:
Die ANC-regering word gevra om plaaslike owerhede te professionaliseer vir doeltreffende dienslewering, om korrupsie uit te roei en vir die verbetering van bedryfsdoeltreffendheid. Die ouditeur-generaal, Tsakani Maluleke, het vandeesweek dié oproep tot aksie gerig toe sy die plaaslike regerings-oudit-uitkomste voor die parlement se portefeuljekomitee ter tafel gelê het. Maluleke vra 'n kultuur van behoorlike leierskap, prestasie en institusionele integriteit. Die besturende direkteur van die Municipal IQ-organisasie, Kevin Allan, sê bestendigheid in munisipaliteite is van kardinale belang:
Botswana het by Charles Hill die Ovaherero Otjiserandu Kulturele Fees gehou. Daar is ‘n groot Ovaherero bevolking in die buurland, hoofsaaklik as gevolg van die volksmoord tussen 1904 en 1908 toe lede van die stam die Duitse uitwissingsbevel gevlug het. Daar is ook tot op hede, noue samewerking tussen die gemeenskap en die Omaheke-streeksraad. Botswana se President Mokgweetsi Masisi het die skare toegespreek en beloof om volgende jaar, wanneer hy verjaar, op Okahandja te wees.
Die Progressive Health Forum in Suid-Afrika het die ANC-regering gekritiseer oor sy reaktiewe benadering tot die cholera-uitbreking, in plaas van proaktiewe optrede. Die sameroeper van die forum, Aslam Dasoo, sê dit het 'n ramp gekos vir die regering om op te tree, ondanks die Departement van Gesondheid se pogings om die siekte te beperk. Dasoo sê die regering moet aanspreeklik gehou word vir die heersende toestand:
Die adjunk-uitvoerende hoof van die Trustco-groep, QZ van Rooyen, sê die maatskappy het ‘n strategiese besluit geneem om 'n gedeelte van sy belegging in sy bank- en finansierings-portefeulje aan Finbond te verkoop. As deel van hierdie strategiese inisiatief sal Finbond 49 persent-eienaarskap in Trustco Finance, bekend as die Finbond-transaksie, verkry. Hierdie strategiese skuif strook met Trustco se algehele belegging-strategie en weerspieël die maatskappy se verbintenis om langtermyn beleggingsgroei aan te dryf en waarde vir sy beleggers te skep, sê Van Rooyen. Hy het Kosmos 94.1 Nuus gesels...
Die Suid-Afrikaanse voorspraakgroep Section 27 doen 'n beroep op President Cyril Ramaphosa om sy verbintenis tot die uitwissing van puttoilette in openbare skole na te kom. Ramaphosa het onlangs erken ongeveer 750 skole regoor die land benodig steeds veilige toilet- en sanitasiegeriewe. Hy het 'n plan uiteengesit om puttoilette in oorblywende skole teen die einde van die huidige boekjaar uit te wis. Section 27 se Onderwysregte-program-prokureur, Demichelle Petherbridge, sê daar is 'n behoefte aan 'n omvattende nasionale plan om die kwessie te pak:
Die buurland se elektrisiteitsminister, Kgosientsho Ramokgopa, het Suid-Afrikaners verseker die uitslag van pogings wat aangewend word om die beurtkragkrisis af te weer, sal in die lang termyn gesien word. Hy het op 'n nuuskonferensie gepraat oor die vordering wat sy departement gemaak het met die energie-aksieplan. Ramokgopa sê hy verstaan die frustrasie van talle Suid-Afrikaners maar is vol vertroue kragonderbrekings sal tot 'n einde kom:
Daar word verwag dat Amerikaanse President Joe Biden vandag die ooreenkoms ingevolge die Amerikaanse skuldperk sal bekragtig. Die onpartydige ooreenkoms word deur beide Demokrate en Republikeine as ‘n oorwinning vir hulle partye beskryf. Die ooreenkoms, wat geldig is vir twee jaar, het altwee partye gedwing om toe te gee op verskeie bepalings en Biden sê niemand het alles gekry wat hulle wou hê nie maar, die ooreenkoms is steeds goeie nuus vir die land.
Vrydagaand se Copps 94.1-program het weer die gevare waaraan die span hulle blootstel, blootgelê. Behalwe vir die normale dronkbestuur en geslagsgeweld as gevolg van drankmisbruik, is die span met ‘n wapen gedreig omdat hulle voor ‘n Windhoek-inwoner se huis parkeer het. Jean Louis Knouwds was aan diens.
Altesaam 18 klein en medium ondernemings in die Katutura-Oos-kiesafdeling het toerusting van die Khomas-streek se Inkomste-genererende Aktiwiteits-program ontvang om hul besighede te verbeter en werk te skep. Die gelukkie ontvangers sluit in dié in die velde van skrynwerk, sweiswerk, naaldwerk, skoonheid, wegneem-etes, spyseniering en bak, en vroeë kinder-ontwikkeling. Die raadslid van die Katutura-Oos-kiesafdeling, Richard !Gaoseb, sê die projek is daarop gemik om klein en opkomende entrepreneurs te ondersteun.
Die Organisasie teen Belastingmisbruik het regstappe teen die Stad Johannesburg en Johannesburg Water ingestel vir die besoedeling van Gautengse riviere weens rioolstortings van Bushkoppies en Goudkoppies. Al was daar meer as 200 miljoen Suid-Afrikaanse rand aan herstelwerk en opgraderings bestee in die afgelope vyf jaar, duur die probleem voort. Ferrial Adam van Outa sê begrotings-dokumente toon 'n beduidende gebrek aan deursigtigheid, met fondse wat aan projekte toegewys is wat verdwyn het of nie verantwoording voor gedoen is nie.
Gauteng se LUR vir vervoer en logistiek, Kedibone Diale-Tlabela, is baie ontsteld oor die aanvalle op e-taxi-bestuurders en die uitbrand van motors by ‘n winkelsentrum in Soweto. Dit het na bewering konfrontasies behels tussen minibus-taxibestuurders en e-taxi-operateurs. Dit het daarop uitgeloop dat sewe voertuie uitgebrand of beskadig is. Diale-Tlabela moedig wetstoepassers aan om die skuldiges spoedig aan te keer. Die departement se woordvoerder, Lesiba Mpya, sê maatreëls is ingestel, waaronder alternatiewe geskil-oplossing-meganismes, om konflik in die openbare vervoersektor te hanteer.
Die totale aantal varke wat van Januarie tot April verlede jaar in Namibië geslag is, was 14 961 vergeleke met 14 752 vir dieselfde tydperk gedurende 2023. Dit is 'n afname van 1,4 persent vergeleke met 2022. Gevolglik was die produksie van varkvleis van die bydraende produsente stabiel vir die laaste vier maande, volgens die Vleisraad. Plaaslike produksie behels steeds sowat 45 tot 50 persent van verbruik in Namibië. Die tekort word in hierdie stadium uit Europa ingevoer, met Duitsland en Spanje wat die belangrikste uitvoerlande is. Kosmos 94.1 nuus het met Desmond Cloete, hoof van bemarking by die Vleisraad van Namibië, gesels...
Die DA sê hy gaan 'n dringende vergadering met die departement van openbare werke se eiendomsbestuurs-onderneming versoek. Die party sê die departement het nie daarin geslaag om sy eiendoms-portefeulje behoorlik te bestuur nie, wat ernstige veiligheidsrisiko's vir gemeenskappe in die land inhou. Die DA-lid, Sello Seitlholo, sê weens langdurige verwaarlosing, het sommige geboue in Waterloo Green, Kaapstad, sentrums vir misdadige bedrywighede geword.
Die twee kouefronte in die Wes-Kaap sal koue weer en moontlike reën na die Suide bring. Volgens die Windhoekse weerkantoor sal die koue weer teen Sondag na die sentrale gebied van Namibië versprei en ook die Noorde bereik. Hanna Rhodin, die DBV se nasionale direkteur het met Kosmos 94.1 Nuus gesels, en skenkings vir die viervoetiges gevra omdat bibberweer voorlê.
Die Invest in African Energy Forum vind tans in Parys in Frankryk plaas waar Namibië sy beleggings-geleenthede in gas- en olie-eksplorasie ten toon stel. Namcor se waarnemende besturende direkteur, Shiwana Ndeunyema en die uitvoerende hoof van van Upstream Exploration en Victoria Sibeya, het by die forum aanbiedings gelewer oor geleenthede vir beleggings- en vennootskappe wat in die land beskikbaar is. In 2022 en 2023 het Namibië drie grootskaalse olie- en gasvondse deur energie-reuse Shell, TotalEnergies en Qatar Energy gesien. Die ontdekkings, sê Ndeunyema, sal die land teen 2035 as een van die top-olie-produsente plaas, terwyl Namibië se BBP in die volgende tien jaar sal verdubbel. Volgens Sibeya mik Namibië vir die eerste olieproduksie teen 2029. Ndeunyema het met Kosmos 94.1 Nuus uit Parys gesels...
Die nuut-aangestelde gesondheids-ombud in die buurland, Taole Mokoena, het ambisieuse doelwitte gestel vir die verbetering van gesondheidsorg tydens sy termyn, ondanks ekonomiese uitdagings en beperkte bronne. Mokoena, wie se termyn van sewe-jaar begin het, se taak is om die gesondheid en veiligheid te beskerm van gebruikers van die gesondheidsorgstelsel. Sy rol sluit in die ondersoek en oplos van klagtes oor die nasionale gesondheidstelsel. Ondanks die uitdagings, sê Mokoena hy is toegewyd aan die hantering van die kwessies en sal werk om gesondheidsorgdienste te verbeter.
Die DA in Gauteng sê vullis bou reeds weke lank op in die Charlotte Maxeke Johannesburg-hospitaal en veroorsaak 'n gesondheidsrisiko. Die DA-lid, Jack Bloom, sê hoewel mediese afval afsonderlik deur 'n privaat kontrakteur versamel word, is die vullis veronderstel om gereeld deur Pikitup verwyder te word, maar dit het nie gebeur nie, en het nou tot onaanvaarbare vlakke opgebou.
Ontwikkelings-finansierings-instellings in Namibië, naamlik Agribank, die Ontwikkelingsbank van Namibië, die Omgewings-beleggingsfonds van Namibië en die Nasionale Behuisings-onderneming, sal van 6 tot 9 Junie in Swakopmund netwerk-forumvergaderings onder die SAOG Ontwikkelings-finansierings-hulpbronne-sentrum aanbied. Die woordvoerder van die Omgewings-beleggingsfonds, Lot Ndamanomhata verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus wat die doelwitte van die vergadering is...
Die Vryheidsfront Plus beskuldig die regering van die instel van 'n 75 persent swart eienaarskaps-kwota vir waterlisensies as 'n doelbewuste strategie om wit boere van hul grond af te dwing. Die party beloof om hierdie ANC-projek teen te staan en beweer dit is 'n onregverdige vorm van onteiening sonder vergoeding. Die VF Plus-lid, Wouter Wessels, waarsku hierdie regulasies kan katastrofiese gevolge hê, wat tot 'n voedselproduksie-krisis kan lei.
Die Stad Kaapstad sê hy vier die yslike vordering wat gemaak is deur die Groter Kaapstad-waterfonds. Uitheemse indringerplante is die afgelope drie jaar uitgeroei. Die fonds help om watervlakke in die stad se opvangsgebiede bestendig te hou met sy werk vir die versekering van 'n veerkragtige water-toekoms. Die burgemeesters-komiteelid vir water en sanitasie, Zahid Badroodien, sê indringerplante is uitgeroei op meer as 40 790-hektaar.
Die Suid-Afrikaanse gesondheidsminister, Joe Phaahla, het die aanstelling aangekondig van Taole Mokoena as die nuwe gesondheids-ombud vir 'n nie-hernubare termyn van sewe-jaar. Hy neem oor by Malegapuru Makgoba, wat sedert 2016 as die eerste Gesondheidsombud gedien het. Mokoena het onlangs afgetree as professor aan die Universiteit van Pretoria se departement van chirurgie en was hoof van chirurgie aan die Steve Biko Akademiese Hospitaal in die hoofstad. Phaahla sê hy sal 'n deurslaggewende rol speel in die oorsig oor en hantering van gesondheidsorg-verwante kwessies.
Sokker: Engeland se twee beroemde spanne van Manchester pak mekaar môre in die FA-beker-eindstryd op die Wembley-stadion in Londen. Dit was reeds 'n suksesvolle seisoen vir albei. Manchester City het die Premierliga gewen en speel ook in die Kampioeneliga-eindstryd. Man United het derde geëindig in die Premierskap om terug te keer na die Kampioeneliga en het ook vroeër vanjaar die Engelse Liga-beker gewen. Kaptein Harry McGuire sê United is goed voorbereid.
Die Namibiese Nasionale Simfonieorkes, in vennootskap met die bekroonde Namibiese kunstenaar Gazza tree vanaand en môre op by die Nasionale Teater van Namibië. Onder leiding van Alex Fokkens van die Alabama Simfonie Jeugorkes, en voorberei in samewerking met die Vocal Reflections-koorr, sal die produksie Windhoekers bekoor. Kosmos 94.1 Nuus het met Irmgard Rannersman, voorsitter van die NNSO Namibiese Nasionale Simfonie-orkes gesels, wat deel hoe die voorbereidings verloop.
Namibiese verbruikers hoef geen kommer oor voëlgriep te hê nie. Dit volg na die Suid-Afrikaanse landboudepartement sê tot op hede is vyf uitbrekings van hoogs-aansteeklike voëlgriep op kommersiële hoenderplase in die Wes-Kaap bevestig. Volgens Louis Kleynhans, die hoofbestuurder by Namib Poultry Industries, is plaaslike hoender veilig en die industrie word uiters goed bestuur en gereguleer.
Die Russiese minister van Buitelandse Sake, Sergey Lavrov, sê lande wat die beginsels van Brics handhaaf, sal vir lidmaatskap oorweeg word. Hy het die aankondiging gedoen as deel van die afvaardiging van ministers van Buitelandse Sake wat in Kaapstad vergader. Negentien lande, waaronder Saoedi-Arabië, Iran, Argentinië, Algerië, Egipte en Indonesië, het hul belangstelling uitgespreek om by die Brics-alliansie aan te sluit. Lavrov het benadruk Brics verteenwoordig die evolusie van 'n multi-polêre wêreld waar veelvuldige wêreldmagte saamwerk op grond van gedeelde beginsels en doelwitte:
Die twee fronte wat in die Wes-Kaap tref, sal koue weer, en moontlike reën na die Suide bring. Die Suid-Afrikaanse weerdiens waarsku oor reënerige, winderige toestande en ysige temperature tot ver in die Noord-Kaap. Daar is ook ‘n moontlikheid vir skadelike winde. Die koue weer sal teen Sondag na die sentrale gebied van Namibië versprei en ook die Noorde bereik, soos Odilo Kgobetsi van die Windhoek weerkantoor verduidelik.
Die Namibiese Statistieke Agentskap sê die nasionale sensus sal op 18 September begin en sal duur tot 3 November. Die sensus is uiters belangrik om data in te samel vir die korrekte ontwikkelingsplanne vir die land. Die statistikus-generaal Alex Shimuafeni, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels en voeg by dat na die insameling van data voltooi is, sal beheer toegepas word met verdere data-insameling.
Dit gons in verskeie dorpe regoor Namibië, en so ook die hoofstad. Die Koalisie van Kerke en Organisasies teen gay-huwelike vind vandag plaas met ‘n teenprotes deur die wat gay-huwelike ondersteun. Tot dusver is die groepe protesgangers redelik klein met ongeveer 50 in Windhoek, en dinge verloop op die oomblik vreedsaam. Die voorsitter van die koalisie, Shirley Magazi, sê ‘n huwelik is tussen ‘n man en ‘n vrou.
Die pro-gay-huwelikgroepering, bekend as Shut It All Down Namibia, het hul petisie op change.org gelaai maar dit word ook vandag oorhandig, nes die petisie teen gay-huwelike wat deur die Koalisie van Kerke en Organisasies opgetrek is. Die Shut It All Down-groep eis dat die wetsontwerp rakende haatspraak, so vinnig as moontlik deur die Nasionale Vergadering goedgekeur word, soos Sister Namibia se redakteur, Ethne Mudge, verduidelik.
Die opdrag deur Amerikaanse President Joe Biden aan sy administrasie om ondersoek in te stel na die moontlikheid van sanksies teen Uganda, sowel as die moontlike opskorting van amper 1 miljard Amerikaanse dollar se jaarlikse bystand, lok steeds reaksie uit. Dit volg ná die Ugandese President Yoweri Museveni se besluit om die wêreld se strengste wet teen LGBTQ te onderteken, maar daar is vrae waarom die VSA ook nie sanksies teen ryk lande in die Midde-Ooste en sommige Asiatiese lande, wat ook gekant is teen die LGBTQ-gemeenskap, instel nie. Kosmos 94.1 Nuus het met die Suid-Afrikaanse politieke kommentator, dr. Charles Sinkala gepraat oor of dit regverdig is dat die VSA sanksies teen Uganda wil instel, maar nie teen Midde-Oosterse lande nie.
Die Wes-Kaapse LUR vir Landbou, Ivan Meyer, sê al het die getal melkboere in Suid-Afrika sedert Januarie 2015 met 46 persent afgeneem, het produksie met 7,2 persent toegeneem. Die provinsie is die tuiste van 33 persent van die land se melkboere. Meyer sê hulle is verantwoordelik vir 30,6 persent van die land se varsmelkproduksie, gevolg deur die Oos-Kaap en KwaZulu-Natal:
AfriForum in Suid-Afrika het sy teenkanting teen die Wetsontwerp op Onteiening sterk uitgespreek tydens 'n voorlegging voor die Gautengse wetgewer se portefeuljekomitee oor infrastruktuur-ontwikkeling en eiendomsbestuur. Die burgerregte-organisasie het die wetsontwerp kritiseer, en regeringsmislukkings, korrupsie, en die bestaande krisisse met elektrisiteit, werkloosheid, misdaad en oop grense aangevoer. Ernst van Zyl van AfriForum beklemtoon die wetsontwerp sal die bestaande kwessies vererger:
Die Verenigde Nasies vier Wêreld-omgewingsdag jaarliks op 5 Junie. Die tema vir vanjaar is oplossings vir plastiek-besoedeling. Stad Windhoek nooi inwoners uit na 'n uitstalling by hul hoofkantoor op 9 Junie om tien-uur die oggend ter viering van Wêreld-omgewingsdag, waartydens op bewusmaking oor herwinning en afvalbestuur gefokus sal word. Kosmos 94.1 Nuus het met Anita Witt van Recycle Namibia Forum gesels wat die belangrikheid van die herwinning van plastiek deel.
Die Wes-Kaapse LUR vir Finansies en Ekonomiese Geleenthede, Mireille Wenger, sê die provinsiale regering is tevrede met die ouditeur-generaal se 2021-2022-ouditverslag oor plaaslike regering. Slegs 38 uit 257 munisipaliteite landswyd het skoon oudits ontvang teenoor 41 die vorige jaar. Van die 38 skoon oudits is 23 van munisipaliteite wat deur die DA beheer word. Wenger sê die Wes-Kaap het weer die res van die land uitgestof met 21 DA-munisipaliteite wat skoon oudits ontvang het:
Die Namibian Lives Matter-beweging sê dit is skandelik dat amper ‘n jaar verby is en die verslag oor die grens-verdrag tussen Namibië en Botswana is nog nie bekend gemaak nie. ‘n Parlementêre staande komitee het reeds in Julie verlede jaar die kwessie by die Chobe-rivier ondersoek. Dit volg na druk na die skietdood van drie Namibiërs en hulle neef in November 2020 deur Botswana se soldate. Die buurland se hof het bevind die soldate binne hul regte was terwyl die beweging aanvoer die familie het net vis gevang. Kosmos 94.1 Nuus het met Sinvula Mudabeti, een van die leiers van beweging gesels, wat die pad vorentoe deel...
Die sewemalige wêreldkampioen, Lewis Hamilton, glo die naweek se Spaanse Grand Prix is die perfekte baan waar Mercedes kan uitvind waar hy staan ná die motor se onlangse verbeterings. Die Silver Arrows het verlede naweek 'n motor met groot opgraderings na Monaco gebring. Dit sluit 'n nuwe vloer, sypanele en veringstelsel in. Weens die aard van die baan kon die span egter nie goeie inligting oor die verbeterings insamel nie. Hamilton sê die hele span is werklik vasbeslote om die motor in die regte rigting te stuur:
Limpopo se LUR vir Gesondheid, Phophi Ramathuba, besoek vanoggend die Musina-munisipaliteit in die Vhembe-distrik nadat die eerste cholera-geval in die provinsie aangemeld is. Die 26-jarige Zimbabwiër se siekte is deur die Nasionale Instituut vir Oordraagbare siektes bevestig. Die LUR se woordvoerder, Thilivhali Muavha, sê die departement het 'n waarnemingspan gestuur en monitor brandpuntgebiede soos die Beitbrug-grenspos om sy reaksie op die uitbreking te versterk:
Meer as 35 organisasies het by die Uniegebou in Pretoria byeengekom en die regering versoek om onwettige immigrasie in Suid-Afrika aan te pak. Hulle vra vir 'n sterker regeringshouding teenoor ongedokumenteerde buitelandse burgers, met verwysing na die toenemende misdaad en maatskaplike kwessies. Die sameroeper, David Ratladi, het swak grensbestuur die skuld gegee vir die land se gebrekkigheid en dit toegeskryf aan 'n toestroming van onwettige migrante:
Die sekretaris-generaal van Navo, Jens Stoltenberg, sê die belangrikste ding wat nou moet gebeur is om beplanning te doen vir wanneer die oorlog in die Oekraïne tot ‘n einde kom. Hy sê President Vladimir Putin se siklus van geweld moet gestop word, en herinner die wêreld daaraan dat Putin reeds in 2014 sy buurland aangeval het.
Die geskorste Openbare Beskermer Busisiwe Mkhwebane sê die speaker van die Nasionale Vergadering, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, het haar as 'n fluitjieblaser ontbloot. Dit hou verband met haar bewering dat drie hooggeplaaste ANC-amptenare in die Parlement glo omkoopgeld van 600-duisend-rand van haar geëis het om die ondersoek na haar bevoegdheid vir haar amp te laat verdwyn. Mkhwebane sê sy het aan die speaker geskryf en gevra om privaat te ontmoet om die bewerings te bespreek:
Die Oekraïnse President Volodymyr Zelensky het ‘n verrassingsbesoek aan die Europese Politieke-gemeenskapsberaad in Moldawië gebring om ondersteuning te kry vir sy land se bod om by Navo aan te sluit. Moldawië sukkel self met afhanklikheid op Rusland al wil die land ook by Navo aansluit. Zelensky sê dit is die enigste manier om die ou-Oosbloklande se vrede en veiligheid te waarborg.
TERUG: Navo hou sy volgende beraad in Julie.
Die Suide van Namibië sal weer koud kry met die Suid-Afrikaanse Weerdiens wat sê twee fronte sal die grootste dele van die Wes- en Noord-Kaap van vandag af tot Sondag tref. Dit sal reënerige, winderige toestande en ysige temperature meebring. 'n Woordvoerder van die weerdiens, Kanyisa Makubalo, sê 'n geel vlak 2-waarskuwing is uitgereik vir skadelike wind wat moontlik langs suid-westelike kusdorpe vervoer kan ontwrig:
Dit is amper daardie tyd van die jaar wanneer ouers van graad 12-leerders op soek is na spoggerige pakke vir hul seuns en pragtige rokke vir hul dogters vir die matriekafskeid wat deur die skole aangebied word. Ongelukkig is nie alle skole in staat om 'n matriekdans te bekostig nie. Sommige gemeenskappe het nog nooit ’n matriekafskeid beplan of gehad nie. Kosmos 94.1 Nuus het met die onderwysministerie se adjunk-uitvoerende direkteur, Edda Bohn, gesels wat 'n beroep op besighede doen om gemeenskappe te ondersteun sodat matrieks hul mylpaal kan vier.
Totale privaat sektor-skuld vir huishoudings en maatskappye saam, staan op 119,1 miljard Namibiese dollar wat 57,8 persent van die BBP is. Die aankondiging dat daar ‘n geregtelike hersiening van die hofreël 108 op die oomblik plaasvind, bly in die nuus. Die reël laat die beslaglegging van eiendom vir wanbetaling toe. Met stygende rentekoerse is huishoudings toenemend onder druk. Intussen het die banke in Suid-Afrika kliënte uitgenooi om hul skuld te laat herstruktureer met die stygende rentekoers. Vrae word gevra hoekom doen banke dit nie plaaslik nie, waarom sit hulle terug en wag hulle vir nuwe regulasies? Dr. Omu Kakujaha-Matundu van die departement ekonomie aan die Universiteit van Namibië, het met Kosmos 94.1 gepraat of dit die leningsgedrag van banke sal bemoeilik.
Die Landbouwerkgewers-vereniging bied hul 35ste jaarlikse kongres op 6 Junie in Windhoek aan. Vanjaar se tema vir die kongres is geheime vir spanbou en die fokus is op die motivering en opleiding van plaaswerkers. Jaarlikse oudits toon dat Namibiese boere hul werkers uiters goed betaal, ver bo die minimumloon en die bedryf word alom geloof. Danie van Vuuren, administratiewe bestuurder van die NLU gaan struikelblokke van die arbeidswet uitlig. Hy nooi boereverenings uit om die kongres by te woon.
President Cyril Ramaphosa sê die Nasionale Teenkorrupsie-adviesraad doen waardevolle werk om die instelling van die staatskapingskommissie se aanbevelings te ondersteun. Die president het die raad in Augustus verlede jaar aangestel as multisektor-vennootskap vir aanbevelings en optrede teen bedrog en korrupsie. Ramaphosa sê dit is noodsaaklik dat korrupsie in al sy vorms beëindig word:
Die Koalisie van Kerke en Organisasies hou vandag hul optog landwyd teen die hooggeregshof-uitspraak oor gay-huwelike. Lede is op die hul WhatsApp-groep opdrag gegee om ‘n swart of wit T-hemp met blou of swart jeans aan te trek. Intussen het die Namibiese Metodiste Kerk sy lede gevra om hulle te weerhou van die optog. Die toestemming wat deur die Namibiese polisiehoof luitenant-generaal Joseph Shikongo aan die koalisie vir die optog gegee het, het wyd reaksie uitgelok, maar gaan tog voort. Die voorsitter van die koalisie, dr. Shirley Magazi sê die optog sal om tien-uur in die hoofstad begin waartydens ‘n petisie oorhandig sal word...
Die Amerikaanse Senaat het pas die nuwe ooreenkoms in verband met die land se skuldperk, wat tot 2025 geldig is, goedgekeur met 63 teen 36. Die Huis het reeds Donderdag die ooreenkoms, wat deur die Huis-meerderheidsleier Kevin McCarthy en President Joe Biden beklink is, goedgekeur. Die Senaat was die laaste stap in die proses. Die Senaat-leier Chuck Schumer sê dit is goeie nuus vir elke Amerikaanse huishouding.
Die goewerneur van die Erongo-streek, Neville Andre, sê die geleenthede in die toerisme-sektor is reusagtig, maar die sektor moet in wêreldmarkte diversifiseer. Die vyfde Afrika Jeug in Toerisme-beraad vind tans in Swakopmund plaas. Dit is 'n eksklusiewe platform wat geleenthede aan die innoverende Afrika-jeug en beginners in die reis- en toerismebedryf op die vasteland verskaf, wat op soek is na geleenthede vir befondsing, vennootskap en mentorskap om hul projekte aan die wêreldmark aan te bied. Andre is vandag een van die sprekers op die beraad wat tot môre duur.
Tennis: Die verdedigende kampioen, Iga Swiatek, sit haar poging voort vir 'n derde Franse Ope-titel in vier jaar. Die Poolse wêreld-nommer-een speel vandag in die tweede ronde op Roland Garros teen die Amerikaner Claire Liu. Die 21-jarige Swiatek is reeds 62 weke agtereenvolgens die wêreld se voorste speler en sê dis noodsaaklik om die druk te kan hanteer.
Opul en sy vennote vergader weer op 4 Junie om produksievlakke te bepaal. Oilepryse is tans redelik laag, rondom 72 Amerikaanse dollar ‘n vat, en Brent het in die afgelope maand met amper 10 persent gesak en amper 15 persent oor die afgelope 90 dae. Maar, daar is uitdagings... terwyl sommige lande ‘n hoër olieprys nodig het en dus, uitset sal wil verminder, sukkel talle lande met hoë inflasie wat deur ‘n hoër olieprys vererger sal word. Die Suid-Afrikaanse ekonoom Chris Hart sê ‘n uiters fyn balans sal getref moet word.
ActionSA in Gauteng is bekommerd die voortslepende ANC-EFF-koalisiegevegte oor die Stad Ekurhuleni se begrotingsraamwerk raak inwoners en dienslewering negatief. Sedert die ANC-EFF tot die regering in Ekurhuleni verkies is, sukkel die aangewese burgemeester, Sivuyile Ngodwana, om 'n burgemeesterskomitee saam te stel, weens voortdurende koalisie-gevegte. Michael Basch van ActionSA sê hulle sal voortgaan om die koalisie te probeer oortuig om hul geskille te staak en te fokus op die lewering van beter dienste aan inwoners:
Die burgemeester van Kiëf Vitaly Klitschko sê die Oekraïne sal nie instem tot enige onderhandelings met Rusland tot die laaste Russiese soldaat die land verlaat het nie. Sy kommentaar kom na Franse President Immanuel Macron voorgestel het dat daar kwytskelding vir President Vladimir Putin kan wees indien daar onderhandel word vir vrede. Klitschko sê dit is nie ‘n geskikte kompromie nie.
Die ontdekking van olie in Senegal het die voorkoms van die land se komende verkiesings verander met ontleders wat meen dat daar baie meer op die spel is as gevolg van die rykdom wat die bronne kan bring. Kosmos 94.1 Nuus het met die plaaslike politieke kommentator, dr. Ndumba Kamwanya, gepraat oor die vraag of die plaaslike verkiesings volgende jaar ook anders gaan lyk na die olie-ontdekking in die land.
Die stadsraad van Kaapstad het die Bou Hoop-begroting vir 2023/2024 goedgekeur. Op net meer as 70 miljard Suid-Afrikaanse rand, is dit verreweg die grootste in die stad se geskiedenis. Burgemeester Geordin Hill-Lewis sê die begroting sluit Suid-Afrika se mees omvattende pakket vir hulpbehoewendes in en 'n rekord-infrastruktuurbegroting van 43 miljard rand oor drie jaar. Hy sê hulle gee voorkeur aan kwesbare inwoners en beleggings in die stad se toekoms:
Die Suid-Afrikaanse gesondheidsdepartement moet nog die bron bepaal van die cholera-uitbreking in Gauteng, met Hammanskraal wat geïdentifiseer is as die middelpunt van die siekte. Minister Joe Phaahla sê sy departement ondersoek alle moontlikhede, insluitende reis en water, om die moontlike bron van die siekte te identifiseer. Hy het laboratoriumdienste in Hammanskraal versoek om hulle fokus te verskerp aangesien die departement verbind bly tot die bewusmakingsveldtog oor cholera in die gemeenskap, met voorrang aan gemeenskapsveiligheid
Die Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers het gestem dat die wetsontwerp vir die opskorting van die land se skuldperk van 619 triljoen Namibiese dollar tot 2025 aanvaar word. Altesaam 314 lede het die wetsontwerp goedgekeur met 117 wat dit verwerp het. Die Senaat moet nou daaroor stem voordat President Joe Biden dit as wet kan onderteken. Biden sê die Huis het 'n belangrike stap geneem om die land se swaarverdiende ekonomiese herstel te beskerm maar die saak is nie heeltemal opgelos nie met Kevin McCarthy wat onder skoot kom as gevolg van die ooreenkoms. Republikein Scott Perry sê hulle sal die ooreenkoms verder teenstaan.
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Tesourie se Werksfonds aanvaar nou toelaag-aansoeke van privaat, openbare en nie-winsgewende organisasies. Die hoof van die fonds, Najwah Allie-Edries, het tydens 'n voorlegging aan die Parlement se portefeuljekomitee oor Finansies gesê die aansoekproses sal projekte prioritiseer wat deur vroue en die jeug begin word. Sy voeg by aansoeke moet aan die minimum toelaefondsvereiste van 5 miljoen Suid-Afrikaanse rand voldoen om oorweeg te word:
Huishoudings oral sukkel met toenemende lewenskostes en stygende rentekoers maar in die Verenigde Koninkryk blyk die uitdagings om veel erger te wees. ‘n Britse versorger Ahmet Ahmet sê aan Sky News hy moes sy werksure verdubbel tot meer as 80 ure weekliks om sy verband wat verdubbel het van 790 pond tot 1 450 pond maandeliks, te betaal.
Daar is nog ‘n hele paar plaaslike owerhede in die Suide wat in die rooi is by NamPower. Nored en verskeie plaaslike owerhede in die Suide het nog nie hul rekenings vereffen nie. Die kragvoorsiener sê indien die uitstaande rekeninge nie teen die spertyd van Dinsdag betaal is nie, gaan beurtkrag steeds in fases vanaf 5 Junie begin. NamPower sê rente sal moontlik afgeskryf word indien ooreenkomste onderteken word. Lifalaza Simataa, die woordvoerder van die Landless People's Movement, wat meeste van die owerhede beheer, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor die toegang van elektrisiteit...
Die leier van die DA, John Steenhuisen, beweer die Wes-Kaap het die laagste koerse vir werkloosheid en armoede. Hy het in die Nasionale Vergadering gepraat tydens die debat oor die Presidensie se begrotingspos. Steenhuisen het aan die Parlement gesê sy party het die regte idees om Suid-Afrika reg te ruk, maar beskik nie oor die mag om dit te doen nie. Hy het as ʼn voorbeeld verwys na munisipaliteite onder DA-bestuur wat gedy onder sy party se leierskap:
Stad Windhoek het uiteindelik ‘n hoof uitvoerende beampte – die eerste vaste aanstelling sedert November 2020 toe Robert Kahimise die pos verlaat het. Na ‘n chaotiese en kontroversiële werwingsproses, is Moses Matyayi aangewys as die nuwe hoof uitvoerende beampte vir Stad Windhoek na die Paaie-owerheid se hoof, en eerste keuse op die kortlys, Conrad Lutombi die aanbod van die hand gewys het. Matyayi sal die pos vanaf 1 Augustus 2023 beklee. Matyayi is tans die uitvoerende hoof van die Otjiwarongo-munisipaliteit. Windhoekse burgemeester Joseph Uapingene het Matyayi se aanstelling by die stad se maandelikse vergadering aangekondig...
Die DA sê die finansiële dreinering by Eskom gaan voort ten spyte van 'n 9,61 persent verhoging en Nasionale Tesourie se reddingsboei van 21,9 miljard Suid-Afrikaanse rand. Die kragverskaffer het die afgelope boekjaar 'n verlies van 21,2 miljard rand getoon wat sy grootste ooit is. Eskom het 'n kleiner as verwagte inkomste gehad en meer bestee. Diesel was 'n groot uitgawe van 21,36 miljard rand, wat meer dubbel dié van die vorige boekjaar is. Ghaleb Cachalia van die DA sê die kragverskaffer is 'n finansiële swart gat wat net groter gaan raak:
Die Inligting- en Kommunikasieregte in Afrika-konferensie vind in die hoofstad plaas. Die drie daagse konferensie word deur meer as 40 deelnemers uit 16 lande bygewoon. Die streeks-konferensie poog om by te dra tot deurlopende pogings om die groot uitdagings wat digitale regte, toegang tot inligting, vryheid van spraak en media in Afrika raak, te bekamp. Dit sal ook menseregte en die digitale transformasie van media in Afrika aanspreek. Inligtingsminister Peya Mushelenga sê daar moet op die kommunikasie-regte van mense met gestremdhede gefokus word...
President Cyril Ramaphosa het weer gewaarsku Suid-Afrika gaan 'n moeilike winter moet trotseer as gevolg van verhoogde elektrisiteits-aanvraag. Hy het burgers aangeraai om kragbesparings-maatreëls te ondersoek om Eskom te help om die krisis te bestuur. Ramaphosa het die Presidensie se begrotingsrede in die parlement gelewer.
Suid-Afrikaanse ouditeur-generaal Tsakani Maluleke waarsku die toestand van plaaslike regering is besig om te versleg en verg dringende aandag. Munisipaliteite het 'n verstommende 4,4 miljard Suid-Afrikaanse rand in verkwistende uitgawes aangegaan gedurende die 2021/22-boekjaar. Maluleke sê dit beklemtoon die voortdurende finansiële wanbestuur en gebrek aan aanspreeklikheid binne plaaslike regering. Sy het aan die parlement se staande komitee oor die ouditeur-generaal haar kommer uitgespreek oor die vermindering in die aantal skoon oudits en verwaarloosde dienslewering, en leiers aangemoedig om prestasie te monitor en gemeenskaps-behoeftes voorop te stel.
Die Konstruksiebedryf-federasie het in samewerking met Africa Rise opleiding aan sy lede oor meer volhoubare ekonomiese praktyke aangebied. Altesaam 43 besighede het die werkswinkel bygewoon wat meer volhoubare en groener konstruksiepraktyke ten doel het. Die inisiatief word deur die Europese Unie befonds. Die uitvoerende hoof van die federasie, Bärbel Kirchner verduidelik...
Suid-Afrika sal nie die wet omseil om President Vladimir Putin na die land te laat kom vir die Brics-beraad in Augustus nie. Dit is die reaksie van die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, op die DA se aansoek om die Russiese President in hegtenis te laat neem indien hy na die land kom. Mbalula het aan die media gesê Suid-Afrika weier om deel te vorm van komplotte om Putin in hegtenis te neem en sal die aangeleentheid streng hanteer volgens die vereistes van die Grondwet.
Stad Windhoek herinner alle inwoners wat voorafbetaalde elektriese meters het aan die Token Identifier Rollover-projek. Die omskakeling sal tot 24 November 2024 plaasvind. Daarna sal inwoners wat nie aan die omskakelingsproses deelgeneem het, nie elektrisiteit kan koop nie. Stad Windhoek se woordvoerder Celie Kapolo sê aan Kosmos 94.1 Nuus beamptes het in die Klein Kuppe-woonbuurt met die proses begin wat tot 16 Junie sal voortduur.
Kosmos 94.1 Nuus is ingelig dat die skandeerders by die Internasionale Lughawe Hosea Kutako buite werking is. Op 11 Mei het die Namibiese Lughawens-maatskappy se hoof uitvoerende beampte Bisey /Uirab aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig het dat hulle werk en alles onder beheer is. Na bewering het die vervoerbedryf 100 000 Namibiese dollar betaal het om die skandeerders reg te maak. Dan Kamati, kommunikasie- en bemarkingsbeampte van die maatskappye sê dit is onwaar dat die dat die skandeerders buite werking is.
TERUG: Bronne op die lughawe het egter aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat die skandeerders steeds nie werk nie.
Die waarde van die landbou-sektor kan nie as werkskepper onderskat word nie, veral nie in landelike gemeenskappe nie. Die landbouminister Calle Schlettwein het hom by adjunk-eerste minister Netumbo Nandi-Ndaitwah aangesluit om die Omaludi-fees in Okongo in die Ohangwena-streek te vier. Die Omaludi-fees is 'n jaarlikse landbouge-byeenkoms wat hoofsaaklik deur veeboere gevier word. Nandi-Ndaitwah sê dat die gemeenskappe boerdery as 'n besigheid moet sien as 'n toegevoegde waarde tot Namibië se ekonomiese ontwikkeling.
Die ouditeur-generaal in die buurland, Tsakani Maluleke, het plaaslike regerings-leierskap aangemoedig om aanspreeklikheid voorop te stel en dienslewering te verbeter. Sy het die parlement se staande komitee oor die ouditeur-generaal ingelig rakende die plaaslike regerings-oudit-uitkomste vir 2021/22. Maluleke het onthul daar was 'n vermindering in die aantal skoon oudits, met slegs 38 munisipaliteite wat skoon oudits behaal het. Altesaam 104 munisipaliteite het skoon finansiële state gehad, maar probleme ondervind met voldoening. Maluleke het kommer uitgespreek oor wan-funksionele munisipaliteite, finansiële wanbestuur en verbrokkelende infrastruktuur.
Die voorsiening van 'n pensioenfonds is verpligtend in die konstruksiesektor. Alle kontrakteurs, nie net die Konstruksiebedryf-federasie se lede nie, moet pensioen aan hul werkers verskaf ooreenkomstig die ooreenkoms tussen die federasie en die vakbond, Manwu. Sommige konstruksiemaatskappy voldoen nie aan hierdie wetlike vereiste nie. Vir sommige kontrakteurs word dit al hoe moeiliker en ander hou eenvoudig nie by nie. Enwich Kazondu van die Namibiese Bouwerkers-pensioenfonds verduidelik...
Die sekretaris-generaal van die ANC, Fikile Mbalula sê die party se nasionale werkkomitee verwelkom die regering se verslag oor die voorbereiding vir die Brics-beraad wat Suid-Afrika in Augustus aanbied. Mbalula het die publiek ingelig oor die uitkomste van die komitee se besoek aan Noordwes. Hy sê die komitee verwag dat die regering leiding sal gee oor die kwessie van Russiese President, Vladimir Putin, en sal seker maak alles voldoen aan wetlike vereistes.
Die DA in Gauteng sê daar is 'n kommerwekkende toename van 10,9 persent in moordsake in die provinsie. Moordsake het in die vierde kwartaal van die 2022/23-boekjaar met 153, vanaf 1 403 tot 1 556 toegeneem. Die DA-lid, Crezane Bosch, sê die misdaadstatistiek is van Januarie tot Maart vanjaar, wat 93 dae is en dit beteken ongeveer 17 mense is per dag vermoor in Gauteng.
Die Namibiese omgewingsminister Pohamba Shifeta het vandag amptelik die vyfde Afrika-Jeug in Toerismeberaad in Swakopmund geopen. Die omgewingsministerie bied die beraad in samewerking met die Verenigde Nasies se Wêreldtoerisme-organisasie aan. Die tema vanjaar is “Developing Youth and innovative entrepreneurship solution for inclusive tourism recovery in Africa”. Dit is die enigste Pan-Afrika-jeugberaad wat ‘n platform vir die jeug in toerisme-en reisbesighede bied. Shifeta sê wat die doelwitte van die beraad is.
Rugby: Vierings vind oral in Frankryk plaas op die 100 dae-aftelling na die begin van die Wêreldbeker-toernooi. Dit is nou net minder as drie maande voor 20 lande op 8 September gaan begin meeding om die Webb Ellis-trofee. Altesaam 48 wedstryde sal in tien gasheer-stede gespeel word. Die voorsitter van Wêreldrugby, Bill Beaumont, sê dit behoort een van die beste Wêreldbeke-rtoernooie te wees.
Die DA in KwaZulu-Natal eis antwoorde van premier Nomusa Dube-Ncube en die LUR vir Gemeenskapsveiligheid, Sipho Hlomuka, na die bekendmaking van die vierde kwartaal se misdaadstatistiek. Tussen Januarie en Maart vanjaar is 25,3 persent van alle moorde in die land in dié provinsie gepleeg, wat neerkom op 'n gemiddeld van 17 per dag. Die polisiekantore in Umlazi en Inanda is uitgewys as KZN se moord-brandpunte. Sharon Hoosen van die DA sê die provinsie het 842 vuurwapen-verwante moorde aangemeld wat die hoogste in die land is:
Reaksie word ontvang op die aankondiging deur die ministerie van myne en energie om die brandstofheffing wat vir paaie gaan te verhoog met 30 sent tot 178 sent per liter brandstof. Die Paaie-owerheid en Padfondsadministrasie het gevra vir ‘n 50 sent verhoging, veral met verskeie projekte wat uitgevoer moet word maar, volgens die owerheid se uitvoerende hoof, Conrad Lutombi, sal elke bietjie help om die gate toe te stop.
Die handelsministerie het in ‘n verklaring weer beklemtoon dat die aansoek om, en uitreiking van Invoer-, uitvoer-, kortings en transito-permitte gratis is. Die ministerie se woordvoerder Anna Salkeus sê dit het tot hulle aandag gekom dat agente en meer betalings vra vir die permitte, wat nie ingevolge die wet is nie. Salkeus verduidelik.
’n Vermeende voormalige Russiese spioenwalvis is langs die kus van Swede en Noorweë opgemerk. Die beluga-walvis, Hvaldimir, is hondmak en bekoor op die oomblik talle vissermanne in die gebied deur na vis by hul vaartuie te vry. Hvaldimir is in 2019 vir die eerste keer in die gebied opgemerk met 'n Russiese harnas aan wat ‘Eiendom van St. Petersburg’ op gedruk het en ‘n kamera het. Beluga-walvisse en dolfyne word reeds jare lank deur beide Rusland en die VSA benut vir intelligensie en spioenasie en die Noordelike Vloot van Rusland is ongeveer 415 kilometer van die gebied in Murmansk gesetel. Die bewaringsorganisasie OneWhale het vrywilligers gemobiliseer om Hvaldimir te beskerm, veral teen die salm-boere in die gebied. Sebastian Strand het met die media gepraat.
Namibië se repo-koers staan op 7,25 persent, maar die koers sal beslis verhoog word wanneer die Bank van Namibië se Monetêre Beleidskomitee vergader. Die repo-koers in Suid-Afrika is nou op 8,25 persent 100 basispunte hoër as Namibië s’n. Die prima uitleenkoers in die buurland staan nou op 11,75 persent, net 75 basispunte voor Namibië s'n op 11 persent. Die inflasiekoers is hoofsaaklik gevorm deur brandstof-, elektrisiteit- en voedselprys-inflasie, wat dit moeilik maak vir mense om te oorleef. Kosmos 94.1 Nuus het met arbeidskenner Herbert Jauch 'n gesels oor of hy arbeids-onrus sien namate die druk op huishoudings toeneem...
Die opdrag deur President Joe Biden aan sy administrasie om ondersoek in te stel na die moontlikheid van sanksies teen Uganda, sowel as die moontlike opskorting van amper 1 miljard Amerikaanse dollar se jaarlikse bystand, lok steeds reaksie uit. In Namibië, lê dieselfde uitdaging voor ons deur maar, ‘n kenner in Afrika-sake, professor Nixon Kariithi sê die kwessie handel oor menseregte. In sy mening, kan ‘n land nie agter sy soewereiniteit of onafhanklikheid wegkruip wanneer hy menseregte skend nie.
Die Suid-Afrikaanse landboudepartement sê tot op hede is vyf uitbrekings van hoogs-aansteeklike voëlgriep op kommersiële hoenderplase in die Wes-Kaap bevestig. Alle geaffekteerde plase is onmiddellik in kwarantyn geplaas en geen lewende diere, voëls óf eiers mag van die plase af verwyder word nie. Die departement se woordvoerder, Reggie Ngcobo, sê verbruikers kan gerus wees dat kommersieel-beskikbare pluimveevleis en -eiers, veilig is vir gebruik:
Die munisipale raad van Stad Windhoek hou sy maandelikse gewone vergadering vanmiddag om half-ses. Inwoners is welkom om die vergadering fisies by te woon of die besprekings regstreeks op hul Facebook-blad te volg. Die agenda sal kort voor die vergadering op die webwerf beskikbaar wees. Die stad se kommunikasiebeampte Lydia Amutenya, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels...
Hoofregter Raymond Zondo sê hy is teleurgesteld oor die gebrek aan optrede teen kabinetslede, oor wie daar aanbevelings gemaak is in die staatskapingsverslag. Hulle sluit in die minister van Minerale Bronne en Energie, Gwede Mantashe, die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, en die minister van Sport, Kuns en Kultuur, Zizi Kodwa. Zondo sê die gebrek aan optrede stuur 'n baie verkeerde boodskap aan die publiek:
Die Suid-Afrikaanse vakbondfederasie Saftu, sê alhoewel hy ontsteld is oor die hoë misdaadvlakke in die land, is hy nie verbaas nie. Die vierde kwartaal se misdaadstatistiek vir die 2022-23 boekjaar toon dat moord tussen Januarie en Maart vanjaar met 3,4 persent gestyg het terwyl seksuele oortredings met 4,3 persent afgeneem het. Saftu se woordvoerder, Trevor Shaku, sê die regering moet meer doen aan die hoë misdaadvlakke:
Dit wil voorkom asof die reuse-uitdaging van koperkabeldiefstal in die buurland oorgespoel na Namibië toe. Die kragverspreiders in Namibië word volgens berigte gekonfronteer met die groot uitdaging van die diefstal wat aan die toeneem is. Charlie Matengu, skakelbeampte by Cenored sê aan Kosmos 94.1 Nuus die diefstal van koperkabels neem kommwerkkend toe en dit plaas bedrywighede in die gedrang en raak huishoudings. Matengu pleit by die inwoners om die misdaad by die polisie of Cenored aan te meld indien hulle weet van iemand wat besig is om koperkabels te steel of te verkoop.
ie tweemalige major-wenner Jon Rahm meen LIV-gholfspelers moet toegelaat word om later vanjaar in die Ryderbeker te speel. Spelers wat hulle aan die DP World Tour onttrek het om aan die Saoedi-befondsde LIV-toer deel te neem, kom nie in aanmerking vir die Europese span vir die tweejaarlikse kompetisie nie. Dit sluit mense in soos Europa se grootste Ryder-puntemaker van alle tye, Sergio Garcia, asook Ian Poulter, Henrik Stenson en Lee Westwood. Rahm sê dit is tragies dat politiek in die pad staan van so 'n besonderse kompetisie:
Kaapstad se burgemeester, Geordin Hill-Lewis, sê die stad stel hulpbronne vir misdaadvoorkoming in brandpunte beskikbaar om die polisie in die stryd teen misdaad by te staan. Hy voeg egter by dat baie meer bereik kan word indien polisiemagte afgewentel word. Hill-Lewis sê misdaad bly oral onaanvaarbaar hoog, maar die vierde kwartaal se misdaadsyfers is op 'n kwartaal tot kwartaal basis bemoedigend. Kaapstad se polisiestasies is onder die top-30 in die land waar 'n afname in moord en kontakmisdaad voorkom:
ActionSA sê Suid-Afrika se misdaadstatistiek wat al erger word, beklemtoon die land se verval in 'n rampokkerstaat. Die minister van Polisie, Bheki Cele, het gister die misdaadsyfers vir die vierde kwartaal van 2022/2023 bekend gemaak. Dit toon 'n toename van 3,4-persent in moord en vier-persent in geweldsmisdaad tussen Januarie en Maart vanjaar. Lerato Ngobeni van ActionSA sê daar is 'n dringende behoefte aan beleids- en leierskapshervorming om die situasie om te keer:
Die Internasionale Atoomenergie-agentskap maan die Verenigde Nasies se veiligheidsraad om vyf beginsels te ondersteun om te voorkom dat 'n kern-ongeluk te midde van die oorlog tussen Rusland en Oekraïne plaasvind. Die agentskap se hoof, Rafael Grossi, sê die situasie by die Zaporizhzhya-kernkragaanleg, die grootste in Europa, is steeds uiters kwesbaar en gevaarlik. Talle van die land se vyf kernaanlegte en ander fasiliteite het onder regstreekse bomaanvalle deurgeloop. Die agentskap sê die beginsels sluit in dat geen aanvalle van of na die aanleg plaasvind nie en dat krag aan die aanleg wat nie op die perseel is nie, nie in gevaar gestel word nie.
Die DA sê die misdaadstatistiek vir die vierde kwartaal van 2022-23 wys daar is min bereik om leerders teen geweldsmisdaad te beskerm. Tussen Januarie en Maart vanjaar is agt moorde gepleeg terwyl daar 14 gevalle van poging tot moord en 84 verkragtings was op die persele van onderwysinstellings wat dagsorgsentrums en universiteite insluit. Daar was 238 voorvalle van aanranding en ernstige beserings. Marina van Zyl van die DA sê onderwysinstellings moet veilige hawens wees vir leerders en personeel, en nie misdaadtonele nie:
Hier kom die wintersiektes! Voorkom en behandel verkoue en griep met A.Vogel se "Echinaforce". Van "Echinaforce Junior" vir kinders tot "Echinaforec Sore Throat Spray" keelsproei en "Echinaforce" tablette en druppels. Daar is iets vir ons almal. Die natuur se hulp vir elke gesin. Vir meer inligting besoek www.avogel.co.za, of stuur vir ons ‘n epos na info@sanatural.co.za "Echinaforce" is beskikbaar by alle apteke.
'n Opname toon Suid-Afrikaners het nie meer vertroue in die regering se kragvoorsiening nie. Afrobarometer het bevind 'n ongelooflike 87 persent van Suid-Afrikaners is ontevrede met die regering se vermoë om betroubare kragvoorraad te voorsien. Woordvoerder Sibusiso Nkomo sê baie van die deelnemers het aangedui hulle glo nie die sitasie gaan gou verbeter nie:
Tientalle leiers in die kunsmatige intelligensie-industrie, akademici en selfs bekendes vra dat die risiko van wêreldwye uitwissing weens kunsmatige intelligensie verminder word. In ‘n verklaring voer die ondertekenaars aan dat die bedreiging van 'n KI-uitwissings-katastrofe 'n wêreldwye top-prioriteit moet wees. Die verklaring wat die Sentrum vir KI-veiligheid in Kalifornië uitgereik is, sê dit moet nes ander risiko's, soos pandemies en ‘n kernoorlog geag word. Die sentrum se uitvoerende hoof Dan Hendrycks sê daar is talle maniere wat KI die mensdom kan uitwis.
Die Suid-Afrikaanse parlement sê hy aanvaar die Konstitusionele Hof se beslissing dat die nuwe Wet op Tradisionele en Khoi-San-leierskap onwettig is. 'n Groep onder leiding van die grondaktivis, Constance Mogale en die Land Access Movement of South Africa het die wet uitgedaag en aangevoer dit bring ook ander veranderinge mee wat byvoorbeeld 'n negatiewe uitwerking op houers van grondregte het. Die parlementêre woordvoerder, Moloto Mothapo, sê die hof het bevind die parlement het nie sy grondwetlike verpligting nagekom om openbare betrokkenheid toe te laat voordat die wet deurgevoer is nie:
Die Namibiese Bus- en Taxi-vereniging het sy reaksie op die brandstofprys-aanpassings vir Junie gegee. Die petrolprys sal onveranderd bly en dieselpryse vir 50 deeltjies per miljoen sal met 80 sent per liter daal en vir 10 deeltjies per miljoen met 60 sent per liter. Die petrolprys op Walvisbaai is 19 Namibiese dollar en 78 sent per liter, en sal vir diesel onderskeidelik 19 dollar vyf sent en 19 dollar 25 sent per liter wees. Kosmos 94.1 Nuus het met die sekretaris-generaal van die vereniging, Pendapala Nakathingo, gepraat. Terwyl daar verligting is, sê hy daar is steeds uitdagings in die bedryf.
Limpopo se LUR vir Gesondheid, Phophi Ramathuba, sê die provinsie se eerste cholera-geval is deur die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes bevestig. 'n Zimbabwiese burger het Vrydag by die Musina-hospitaal opgedaag met simptome soos diarree, naarheid en ontwatering. Ramathuba sê alhoewel hulle 'n positiewe uitslag ontvang het, het die pasiënt se toestand intussen verbeter en hy sal later ontslaan word:
Knight Frank se Wealth Sizing-model het onthul hoeveel geld individue nodig het om onder die top-1 persent van die rykstes in 25 lande, insluitend Suid-Afrika, te wees. Die rykdom wat nodig is om by die rykstes aan te sluit, verskil aansienlik van land tot land. Die skerp variasie in hierdie lande, beklemtoon hoe die pandemie en stygende lewenskoste die gaping tussen ryk en arm nasies vergroot het. Suid-Afrika is onder die armer nasies en daar is 2,08 miljoen Namibiese dollar nodig om die lys te haal en by die rykste landgenote aan te sluit. Om in Monaco se top-1 persent aanvaar te word, moet ‘n persoon vir 843 jaar werk. Kosmos 94.1 Nuus het met plaaslike ekonoom Gabriel Erastus gesels. Hy sê die verslag beklemtoon die ongelykheid in die wêreld en hoe dit sal aanhou toeneem.
Plaaslike berigte lui dat die uitvoerende direkteur in die ministerie van justisie Gladys Pickering, bevestig het dat daar geregtelike oorsig oor veral die hofreël 108 wat die beslaglegging van eiendom vir wanbetaling toelaat, gedoen word. Dit is normaalweg die laaste stap in die mosiehof waar die regter opdrag gee dat die balju die huis op veiling plaas om skuld te delg. Pickering sê die prokureur-generaal se kantoor doen die oorsig en sou dit goedgekeur word, sal die parlement die saak oorneem. Die oorsig sal binnekort uiters belangrik raak omdat daar verwag word dat rentekoerse skerp sal styg veral omdat Namibië 1,25 persent agter die Suid-Afrikaanse repokoers is. Plaaslik is die koers, tot 14 Junie, op 7 persent en in die buurland staan dit tans op 8,25 persent. Uit die buurland word berig dat sekere Suid-Afrikaanse banke nou die herstrukturering van skuld toelaat, omdat verhogings verbruikers se sakke erg raak. FNB sê kliënte wat finansiële spanning ervaar, proaktief moet uitreik vir hulp met die herstrukturering van hul skuld. FNB in die buurland se Mfundo Mabaso, sê dis belangrik om die bank vroeg te nader...
Die Florida-goewerneur Ron DeSantis het sy veldtog vir die Republikeinse presidensiële kandidaat in Iowa, van stapel gestuur. Iowa is die eerste deelstaat wat stem vir die party se kandidaat en daarom is die deelstaat belangrik. DeSantis het die spot gedryf met sy voormalige bondgenoot, Donald Trump en sê Trump moenie kla oor hom nie, hy het dan sy hele familie vanaf New York na Florida verhuis onder hy wat DeSantis is, se leierskap in die deelstaat. Terwyl hy ernstige kwessies aangespreek het, het hy ook geskerts oor President Joe Biden.
FNB se produkhoof van Geïntegreerde Raad, Ester Ochse, sê met môre se verwagte daling in brandstofpryse, moet Suid-Afrikaners dit oorweeg om die ekstra besteebare inkomste te gebruik om hul skuld af te betaal. Volgens die jongste data van die Sentrale Energiefonds sal petrolpryse na verwagting met 97 sent per liter daal, en diesel met 1 Suid-Afrikaanse rand en 5 sent. Ochse sê hierdie dalings kan toegeskryf word aan die laer internasionale oliepryse, wat relatief bestendig gebly het:
Die Wes-Kaapse LUR vir Mobiliteit, Ricardo Mackenzie, het 'n openbare oproep gedoen waarin hy die publiek versoek om alle onwettige of onveilige leerdervervoer-operateurs by die Verkeersdepartement aan te meld. Dit volg ná gister se botsing in Mitchells Plain, Kaapstad, waarin vyf leerders dood is toe die bakkie waarin hulle gery het 'n verkeerslig getref het. Twee leerders is beseer. Mackenzie het die belangrikheid van behoorlike registrasie en lisensiëring vir leerdervervoer-operateurs beklemtoon:
Die voorsitter van die Groenwaterstof-raad Obeth Kandjoze het die versekering gegee dat die groenwaterstof-projek van Hyphen Hydrogen Energy in die Tsau//Khaeb Nasionale Park duisende werksgeleenthede vir Namibië sal skep. Hy sê 15 000 nuwe poste sal tydens die konstruksiefase geskep word, 3 000 permanente poste tydens die bedryf daarvan, met die teiken dat 90 persent van hierdie poste deur Namibiërs gevul moet word en 20 persent deur jeugdiges. Kosmos 94.1 Nuus het met die direkteur van SMEs Compete, Danny Meyer, gepraat oor of klein en medium ondernemings uit hierdie projek gaan baat vind...
Die vyfde Afrika Jeug in Toerisme-beraad vind tans op Swakopmund plaas en duur tot Vrydag. Die omgesinginisterie bied die beraad in samewerking met die Verenigde Nasies se Wêreldtoerisme-organisasie aan. Dit is die enigste Pan-Afrika-jeugberaad wat ‘n platform vir die jeug in toerisme-en reisbesighede bied. Nangula Uaandja, uitvoerende hoof van die raad van Beleggings-bevordering en -ontwikkeling, Bipa, het tydens haar voorlegging gesê dat die jeug Namibië op die wêreldkaart moet plaas.
Sokker: Dit is reeds ʼn uiters suksesvolle seisoen vir Erik ten Hag in bevel van Manchester United. Hulle het derde in die Premierliga geëindig om weer in die Kampioeneliga te speel. United het die Engelse Liga-beker gewen en Saterdag op Wembley is dit ʼn Manchester-derby in die FA beker-eindstryd. Die Premierliga-kampioen, Manchester City, sal as gunsteling afskop, maar volgens Ten Hag is geloof deurslaggewend.
Die Suid-Afrikaanse minister van polisie, Bheki Cele, het aangekondig moordsake het tussen Januarie en Maart vanjaar met 3,4 persent toegeneem. Hy sê 6 285 mense is volgens berigte met 'n stomp voorwerp óf 'n vuurwapen vermoor. Cele het op 'n nuuskonferensie gepraat oor die misdaadstatistiek vir die vierde kwartaal. Hy sê KwaZulu-Natal, die Oos-Kaap en Gauteng het die hoogste aantal moorde aangemeld, terwyl die Vrystaat, die Noord-Kaap en die Wes-Kaap afnames in moordsake aangeteken het.
Die Namibiese gesondheidsministerie het voorsorgmaatreëls met die publiek gedeel om voedselvergiftiging te vermy. Dit volg ná die vergiftiging van 17 lede van ‘n huishouding in die Kayova-nedersetting in die Kavango Oos-streek bekend gemaak. Nege is reeds dood, almal 16 jaar en jonger met die jongste sterfgeval ‘n twee-jarige seuntjie. Agt word steeds in die hospitaal behandel waarvan vyf kritiek is. Die groep het almal mahangu gemeng met ‘n sediment van ‘n tuisgemaakte bier, mundevere, geëet. Walters Kamaya woordvoerder van die ministerie, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels...
Die Vryheidsfront Plus het die toename in misdaad toegeskryf aan die krimpende ekonomie en desperate, werklose Suid-Afrikaners wat hulle tot misdaad wend. Die party het kommer uitgespreek oor die polisie se jongste misdaadstatistiek en sê dit openbaar 'n somber werklikheid van geweld, met meer as 6 000 moorde in die eerste drie maande van vanjaar aangeteken. Eiereg is ook aan die toeneem. Die VF Plus se leier, Pieter Groenewald, sê pogings om geweld teen vroue en kinders hok te slaan word as onsuksesvol beskou.
‘n Lid van Vultures Namibia het beklemtoon dat aasvoëls ‘n beskermde spesie is. Kommer heers oor die onwettige gebruik van gifstowwe om roofdiere te beheer. Dit het 'n vernietigende impak op wild, veral aasvoëls. In twee onlangse voorvalle is twee aasvoëls met satelliet-opspoortoestelle op dieselfde plaas langs die NamibRand Natuurreservaat vergiftig en ‘n verbrande toestel is op een van die voëls gevind. ’n Geslagte gemsbok-karkas, wat waarskynlik met gif gesmeer was, asook twee dooie Kaapse kraaie, is naby die toneel gevind. Kosmos 94.1 Nuus het met Dirk Heinrich, wat aasvoëls en ander voëls ring, oor die kwessie gepraat...
Die Landless Peoples' Movement het sy reaksie gegee oor die aansoeke van byna 43 000 wat ontvang is vir 1 000 poste vir kadet-konstabels in die Namibiese polisie. Altesaam 42 967 aansoeke is landwyd ontvang met net 2 398 van hierdie hoopvolles wat die kortlys gehaal vir onderhoude. Op die kortlys is 1 664 mans en 734 vroue. Die leierskap van die LPM het gereageer op die gebrek aan Nama-Damara-sprekende mense op die lys van die Karas- en Hardap-streke. Die party beskou dit as onregverdig teen die mense van die Suide. Die voorsitter van die streekraad Joseph Isaacks het sy teleurstelling gedeel...
Die ministerie van myne en energie het die brandstofprys-aanpassings vir Junie aankondig. Die petrolprys sal onveranderd bly en dieselpryse vir 50 partikels per miljoen sal met 80 sent per liter daal en vir 10 partikels per miljoen met 60 sent per liter. Die petrolprys by Walvisbaai is 19 Namibiese dollar en 78 sent per liter, en sal vir diesel onderskeidelik 19 dollar vyf sent en 19 dollar 25 sent per liter wees. Die nuwe brandstofpryse tree in werking op Woensdag 7 Junie. Die padgebruikers-heffings vir padinstandhouding en konstruksie van nuwe paaie sal met 30 sent per liter verhoog word van 148 sent per liter tot 178 sent per liter. Die woordvoerder van die ministerie Andreas Simon verduidelik die aanpassings aan Kosmos 94.1 Nuus.
Die stigter van Conserve Namibia, 'n godsdienstige organisasie wat gekant is teen aborsie, sê dit is in die beste belang van Namibiërs dat die reg op 'n gesin vir selfdegeslagmaats nooit 'n wet in die land sal word nie. Sasha Louw het gereageer op die hooggeregshof se uitspraak dat selfdegeslaghuwelike wat wettig buite Namibië gesluit is, erken word, al bly hierdie huwelike onwettig in Namibië self. Kosmos 94.1 Nuus het met ouw gepraat...
Inwoner van Oshivelo in die Oshikoto-streek is op borgtog van 5 000 Namibiese dollar vrygelaat nadat sy glo die vleis van wilde voëls verkoop het. Josephine Johannes is by 'n kroeg by Oshivelo in hegtenis geneem. Volgens inspekteur Ellen Nehale van die Namibiese polisie in die Oshikoto-streek, is Johannes na bewering in besit van gekookte of gebraaide wilde voëls gevind, naamlik vyf tarentale, 33 patryse en nege duiwe gevind. Dit was tydens 'n intelligensie-gedrewe operasie wat deur die polisie by Oshivelo en amptenare van die omgewingsministerie uitgevoer is. ‘n Lid van Vultures Namibia en voëlkenner Dirk Heinrich verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus dat beskermde voëls nie gejag mag word nie.
Die Wes-Kaapse LUR vir finansies en ekonomiese geleenthede, Mireille Wenger, verwelkom die Kaapstadse Lug-toegang se aankondiging dat altesaam ses Afrika-lugdienste by Kaapstad en die Wes-Kaap se internasionale netwerk gevoeg is sedert die stigting in 2015. Dit verbind die provinsie met 11 lande en 15 bestemmings in Afrika. Wenger sê meer verbindings beteken meer toeriste, en meer toeriste beteken meer werk vir die inwoners van die Wes-Kaap.
Die voormalige uitvoerende hoof van Debmarine Namibië Otto Shikongo, wat in 2022 afgetree het, is aangestel as lid van die Namcor-raad. Die termyn van die Namcor-raad eindig in Augustus, en daar was twee vakatures nadat twee lede aan die begin van die termyn bedank het. Shikongo vul een van hierdie vakatures. Die woordvoerder van Namcor Paulo Coelho het Shikongo se aanstelling aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig.
Die minister van polisie in die buurland, Bheki Cele, het 'n afname aangekondig in die aantal kindermoorde tussen Januarie en Maart vergeleke met dieselfde tydperk verlede jaar. Hy het op 'n nuuskonferensie gepraat oor misdaadstatistiek vir die vierde kwartaal vir 2022/23 en gesê kindermoorde het met 19,9 persent afgeneem. Cele het ook 'n effense afname uitgelig in gevalle van aanrandings wat verband hou met geslagsgeweld teen kinders.
Die bekende senior regsman Richard Metcalfe van Metcalfe Beukes Prokureurs op Walvisbaai het sy frustrasie uitgespreek oor die versuim van die Bank van Namibië om te reageer op sy skrywe. Metcalfe het 'n brief aan die sentrale bank gerig oor die verstekvonnisse in verband met eiendomme. Hy sê talle huiseienaars wat weens ernstige ekonomiese omstandighede wat veroorsaak is deur Covid-19 en finansiële agteruitgang in Namibië gedwing is om in gebreke te bly met betalings wat verskuldig is. Metcalfe het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Die African Transformation Movement sê die speaker van die Nasionale Vergadering, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, moet die Artikel 194-ondersoek teen die geskorste Openbare Beskermer, Busisiwe Mkhwebane, opskort sodat die nodige ondersoeke eers afgehandel kan word. Dit volg op bewerings dat drie senior ANC-LP's, insluitende die komitee se voorsitter, Qubudile Dyantyi, omkoopgeld van 600 000 Suid-Afrikaanse rand by Mkhwebane wou hê in ruil vir 'n regverdige verhoor. ʼn Woordvoerder van party, Zama Ntshona, sê hulle kan nie normaalweg voortgaan met sulke ernstige bewerings wat oor die LP's se koppe hang nie:
Transnet-vragspoor het kommer uitgespreek oor die uitdagings rondom die vervoer van goedere deur hul spoorweg-deurgang tussen Johannesburg en Durban. Volgens die woordvoerder, Rudzani Ligege, ontwrig kabeldiefstal die vervoerskedule. Dit het gelei tot 'n agterstand in die vervoer van goedere, insluitend landbouprodukte soos graan. Ligege het aan South African Morning gesê Transnet het reeds meer as 1,4 miljard Suid-Afrikaanse rand bestee aan die herstel van die beskadigde spoorweg-deurgang. Hy sê die veiligheidsafdeling ondersoek ook die moontlikheid van sabotasie:
Dis bitter koud vandag in groot dele van die land, en volgens voorspellings, sal die koue nog môre voortduur totdat dit na die oostelike dele van die suidelike streek sal beweeg. Volgens Richard Nashikaku van die Windhoek weerkantoor, is die bibberweer as gevolg van drie fronte wat in beweeg het.
Die Suid-Afrikaanse rand het reeds gedaal na die aankondiging dat die ANC-regering alle internasionale amptenare wat Brics-geleenthede in die land bywoon volgens die Wet op Diplomatieke Immuniteit en Voorregte beskerm sal word, en het op ‘n stadium teen amper 19,84 teen die Amerikaanse geldeenheid verhandel. Dit het effe versterk en verhandel tans net onder 18,80 teen die Amerikaanse dollar, maar daar is kommer oor wat kan gebeur indien Russiese President Vladimir Putin in Augustus die immuniteit benut vir die groot Brics-beraad. Die bekende Suid-Afrikaanse ekonoom, Dawie Klopper, sê dit is uiters belangrik hoe die regering homself posisioneer.
Beroepsopleiding het weer onder die loep gekom met die reuse-aantal aansoeke van byna 43 000 wat ontvang is vir 1 000 poste vir kadet-konstabels in die Namibiese polisie. Volgens Nampol is altesaam 42 967 aansoeke landwyd ontvang. Net 2 398 van hierdie hoopvolles het die kortlys gehaal vir onderhoude. Op die kortlys is 1 664 mans en 734 vroue, waarvan meer as 90 persent grade het, wat wissel van geoktrooieerde rekenmeesters tot regslui en ander. Kosmos 94.1 Nuus het met Tim Parkhouse, die voormalige sekretaris-generaal van die Namibiese Werkgewers-vereniging, gepraat wat sy reaksie gedeel het...
Die president van die Suid-Afrikaanse Reserwebank, Lesetja Kganyago, sê die bank se finansiëlesektor-gebeurlikheidsforum werk aan 'n plan om die moontlike maar onwaarskynlike ineenstorting van die nasionale kragnetwerk te hanteer. Die bank het sy eerste uitgawe van die halfjaarlikse Finansiële Stabiliteitsoorsig vrygestel. Kganyago sê alhoewel dit onwaarskynlik is dat die netwerk ineenstort, verstaan die bank ook dat dit nie onmoontlik is nie:
‘n Politieke ontleder het sy mening oor tradisionele leiers en die Wet op Tradisionele Owerhede gegee. Dit volg op die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, Erastus Uutoni, wat van mening is dat daar te veel binnegevegte in tradisionele owerhede is. Sowat nege nuwe tradisionele owerhede het onlangs om erkenning aansoek gedoen. Kosmos 94.1 Nuus het met dr. Phanuel Kaapama gepraat wat sê dit is tyd dat die wet gewysig word om te verhoed dat nuwe tradisionele owerhede te stig.
Chennai Super Kings se afrigter, Stephen Fleming, het Ravindra Jadeja geloof nadat die veelsydige speler 'n ses en 'n vier van die laaste twee balle aangeteken het om die span sy vyfde Indiese Premiersliga-titel te besorg. Sai Sudharsan het vroeër 96 aangeteken vir Gujarat Titans, wat 214/4 behaal het voordat die spel deur reën ontwrig is. Die Kings se teiken is verminder tot 171 van 15 boulbeurte en hulle het dit bereik met vyf paaltjies plat. Fleming sê die seisoen het talle naelbytstryde opgelewer:
Die DA in Gauteng sê toenemende werkloosheid in die provinsie verhoog die gevaar van voedselonsekerheid. In die eerste kwartaal vanjaar was net meer as 2 miljoen van Gauteng se inwoners werkloos terwyl meer as 500 000 nie meer werk soek nie. Bronwynn Engelbrecht van die DA sê voedselinflasie het 'n rekord-hoogtepunt van 13,4 persent bereik wat kos minder bekostigbaar maak:
Die DA in Gauteng eis dat die provinsiale Departement van Onderwys die skoolveiligheidsplan hersien om die veiligheid van leerders en onderwysers buite die skoolterrein te verseker. Dit volg op die toenemende getal aanvalle en moorde op onderwysers en leerders regoor die provinsie. Khume Ramulifho van die DA sê in die jongste voorval is die 17-jarige Palesa Malatjie van die Ntsako Secondary School in Soshanguve naby haar skool gewelddadig verkrag en vermoor:
Die Nasionale Kunsteraad van Namibië erken die finansieringsgaping in die bedryf. Kunstenaars speel 'n deurslaggewende rol in die vorming van kultuur en samelewing, maar hul werk word dikwels onder-waardeer en onder-befonds. Hulle is veral hard getref deur die inperkings van die Covid-pandemie, daarom poog die raad om kunstenaars te ondersteun deur toekennings aan hulle te gee om hul kreatiewe projekte na te streef. Met die verspreiding van die fondse word kunstenaars aangemoedig om deel te neem aan die kwartaallikse toekenning-siklus vir die 2023-2024 finansiële jaar. Gretta Jasper, die administratiewe beampte by die raad nooi kunstenaars uit om aansoek te doen.
Wetstoepassingsbeamptes in Kaapstad het die afgelope week 276 mense in hegtenis geneem en 57 604 verkeersoortredings in die stad aangemeld. Dit het nagenoeg 30 000 spoedoortredings ingesluit. Die burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekuriteit, JP Smith, sê die aantal werklike spoedoortredings wat begaan is, is waarskynlik baie hoër en mense voer talle argumente aan om hul verontagsaming van die wet te regverdig:
Die Wes-Kaapse LUR vir Finansies en Ekonomiese Geleenthede, Mireille Wenger, sê beslissende optrede is nodig om die uitdagings in Suid-Afrika se visumstelsel te takel. 'n Onlangse meningspeiling deur die provinsiale Departement van Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme het bevind 78 persent van die deelnemers het die land se immigrasie-aansoekstelsel as baie swak beskryf teenoor dié van ander lande. Wenger sê nog 'n kommerwekkende bevinding was dat 26 persent sakeondernemings hulle bedrywighede na die buiteland verskuif het weens die ernstige probleme wat die nasionale visumstelsel veroorsaak:
Engeland se hoofafrigter, Brendon McCullum, sê hy bly positief dat die kaptein, Ben Stokes, trefkrag sal hê met die bal tydens die reeks om die As teen Australië. Twyfel bestaan oor hoe Stokes as bouler ingespan gaan word nadat hy slegs twee keer in die Indiese Premierliga gespeel het. Engeland kom Donderdag op Lords in 'n enkele toets teen Ierland te staan voordat hulle Australië op 16 Junie op Edgbaston pak vir die eerste toets om die As. McCullum sê Stokes word fyn gemonitor:
ActionSA in Noordwes het aan die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie geskryf om ondersoek in te stel waarom pasgebore babas by die Mahikeng Hospitaal in kartonbokse geplaas is in plaas van broeikaste of wiegies. Dit volg nadat foto's op Facebook verskyn het van babas in pers hospitaalkombersies, met nasogastriese buise wat in bruin bokse lê. ActionSA se woordvoerder, Karabo Seane, sê hierdie voorval beklemtoon die voortslepende verval in die provinsie se gesondheidsorg:
Terwyl Namibië ‘n referendum oor gay-huwelike oorweeg, het Uganda uiters streng anti-gay wetgewing deurgevoer. Die wetsontwerp is in Maart deur parlementslede aanvaar, maar terugverwys vir wysigings. Diegene wat onder die wet skuldig bevind word, kan lewenslange gevangenisstraf, en in ernstiger gevalle, die doodstraf opgelê word. Kosmos 94.1 Nuus het met Omar van Reenen, stigter van die plaaslike Equal Rights Nambia-beweging gepraat...
Menseregte-owerhede het groot kommer oor die stand van sake in Sudan. Die VN se kommissaris vir menseregte, Filippo Grandi sê dat ‘n miljoen mense teen Oktober uit die land sal vlug wat die risiko vir mensehandel in die reeds kwesbare streek, vererger. Daar is ook kommer oor die onwettige verspreiding van wapens. Grandi het met die media gepraat.
Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie sê die ineenstorting van waterinfrastruktuur skep 'n menseregtekrisis. Die kommissie beweer hy het voorheen owerhede in Tshwane gewaarsku oor die dreigende ramp in Hammanskraal toe hy verklaar het die water is nie geskik vir menslike gebruik nie. Die kommissie se waarnemende bestuurder in Gauteng, Zamantungwa Mbeki, sê daar was moontlik mislukkings in die moniteringsproses van die aanbevelings wat hy gedoen het:
Solidariteit sê sy voorkeurkandidaat as uitvoerende hoof van Eskom is die kragvoorsiener se voormalige bestuurder, Dan Marokane, met 'n vorige kliëntediensbestuurder, Ayanda Noah, as sy tweede keuse. ’n Uitgelekte kortlys van kandidate is die naweek in die media gepubliseer. Theuns du Buisson van Solidariteit sê die beste uitvoerende hoof vir Eskom is die een wat bereid sal wees om die kragvoorsiener te bestuur sonder om politieke inmenging te duld of die ANC-regering se misdrywe toe te laat:
Die Oekraïne loop nou daagliks deur onder missielaanvalle deur Rusland en veral teikens in die hoofstad Kiëf word geteiken. Daar is gerugte dat Rusland se missiele besig is om op te raak maar, die politieke redakteur van die Kyiv Independent-koerant, Oleksiy Sorokin, sê dit blyk om verkeerd te wees.
Build One South Africa het 'n klagte van strafbare manslag teen die regering aanhangig gemaak ná die dood van 'n drie-jarige Johannesburgse meisie nadat haar asemhalingstoestel volgens berigte as gevolg van beurtkrag nie gewerk het nie. Die party het die klagte by die Kaapstad-Sentraal-polisiestasie ingedien. Build One SA se leier, Mmusi Maimane, sê bestendige kragtoevoer sou die tragedie kon voorkom:
‘n Namibiese ekonoom het sy verwagting oor die brandstofpryse gegee wat na verwagting vandag deur die ministerie van myne en energie bekend gemaak sal word. Die brandstof-hersieningskomitee vergader vandag om die brandstofpryse te bespreek waarna die aankondiging gemaak sal word. Mei se petrolprys het onveranderd gebly en diesel het met 80 sent per liter gedaal. Die veranderde brandstofpryse sal volgende week Woensdag 7 Junie in werking tree. Kosmos 94.1 Nuus het Theo Klein, ‘n ekonoom van Simonis Storm gepraat...
In 2018 het meer as 30 wit Suid-Afrikaanse boere en hul families na die suidelike streke van Rusland verhuis. Dit was nadat die Suid-Afrikaanse regering aangekondig het om die regering se grondgryp-inisiatief te bespoedig. Wit kommersiële boere het gevrees dat hulle hul grond sonder vergoeding gaan verloor en na Rusland en selfs die Oekraine uitgewyk. Kosmos 94.1 Nuus het aan dr. Theo de Jager, die voorsitter van die Wêreld Boere-organisasie gevra hoe dit met dié Suid-Afrikaanse boere gaan.
Die DA sê hy maak beswaar teen die gewese adjunkminister van Basiese Onderwys, Enver Surty, se insluiting op die paneel wat die Russiese vaartuig, Lady R, ondersoek. Die boot het in Desember verlede jaar in Simonstad, Kaapstad, anker gegooi. Surty is deel van 'n paneel van drie lede wat President Cyril Ramaphosa aangestel het om onder andere te bepaal of enige wapens van die boot op- of afgelaai is. Kobus Marais van die DA sê Surty se bande met die ANC laat vrae ontstaan oor die onpartydigheid en onafhanklikheid van die ondersoek:
Die adjunkminister van Water en Sanitasie in Suid-Afrika, David Mahlobo, sê hy het voorlopige uitslae ontvang van watermonsters van die Rooiwal- en Temba-afvalwaterbehandelingsaanlegte in Tshwane. Dit volg na die cholera-uitbreking wat die lewens van 23 mense in Hammanskraal, noord van Pretoria, en een in die Vrystaat geëis het. Mahlobo sê voorlopige uitslae bevestig die watergehalte in die Rooiwal- en Temba-aanlegte is nie op drinkwater-standaard nie:
Daar word verwag dat die Amerikaanse Kongres môre die skuldperk-ooreenkoms wat tussen President Joe Biden en die Huis-meerderheidsleier Kevin McCarthy beklink is sal bespreek. Die Kongres moet dit deurvoer voor die sperdatum van 1 Junie wanneer die VSA sy betalings moet maak. Volgens Biden, voorsien hy geen probleme nie omdat die ooreenkoms regverdig is en albei partye het nie alles gekry waarvoor hulle gevra het nie.
Die leierskap van die Namibiese Studente-organisasie het in 'n brief aan NSFAF sekere eise gestel. Nanso eis onder meer die onmiddellike betaling van Mei en April se nie-klasgelde voor Vrydag 2 Junie, die ontvangs van heraktiverings-goedkeuringsbriewe teen Woensdag en kontrakte aan die onderskeie begunstigdes op 10 Junie. Hulle eis ook die vrystelling van die appèllys voor Vrydag. Indien die fonds nie aan enige van die eise voldoen nie, gaan Nanso op 14 Junie 2023 'n landwye betoging teen die fonds hou. ‘n Woordvoerder van die organisasie, Dorothea Nangolo het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Cope verwerp 'n onafhanklike paneel wat President Cyril Ramaphosa aangestel het om ondersoek in te stel na die vasmeer van 'n Russiese skip in Kaapstad in Desember. Dit volg nadat die Amerikaanse ambassadeur in Suid-Afrika, Reuben Brigety, beweer het die Lady R het in Simonstad wapens aan boord geneem wat bestem is vir Rusland se oorlog in Oekraïne. Cope se woordvoerder, Dennis Bloem, sê Ramaphosa en sy regering moet ophou om belastingbetalers se geld te vermors en verantwoordelikheid aanvaar.
Die Suid-Afrikaanse departement van maatskaplike ontwikkeling het sy jaarlikse Kinderbeskermingsweek-veldtog amptelik van stapel gestuur. Dit het ten doel om bewusmaking te skep oor hoe belangrik dit is om die welstand van kinders te beskerm en te bevorder. Minister Lindiwe Zulu beklemtoon die beskerming van kinders is 'n gesamentlike verantwoordelikheid. Sy het die maatskaplike uitdagings waarmee kinders te kampe het uitgelig, insluitend kindermishandeling, kuberafknouery, ontvoering, tienerswangerskappe, kinderarbeid en kindermoorde. Zulu beklemtoon die belangrikheid van vennootskappe en samewerkende pogings om doeltreffend aandag aan hierdie kwessies te kan.
Stad Windhoek is gereed vir die winter-brandseisoen, maar die publiek moet ook voorsorg tref. Die afdeling ramprisiko-bestuur het voorsorgmaatreëls getref om veldbrande in en om die hoofstad te voorkom. Hierdie maatreëls behels randpaaie om as versperrings teen brande te dien wat ook beter toegang vir brandbestrydingspanne verseker. Die brandpaaie beslaan 'n afstand van 40 kilometer en is in die gebiede van Ludwigsdorf en Eros geleë. Kosmos 94.1 Nuus het met Fillipus Sikongo, senior brandweerstasie-beampte van die stad, gesels wat raad deel oor hoe om brande te voorkom.
Die borgtogaansoeke van beskuldigdes nommer een tot vier in die Thabo Bester-ontsnappingsaak is in die landdroshof in Bloemfontein geweier. Landdros Mohlolo Kgabisi het die wesenlike prima facie-getuienis teen Senohe Matsoara, Teboho Lipholo, Motenyani Masukela en Tieho Makhotsa aanvaar. Die vier het na bewering die Facebook-verkragter en -moordenaar bygestaan tydens sy ontsnapping uit die Mangaung-korrektiewe sentrum in Mei verlede jaar. Kgabisi het die saak uitgestel tot 20 Junie.
Die bekende Otjiwarongo-sakeman Theo Borstlap kry tans vel-oorplantings in die Millpark-hospitaal in Johannesburg, Hy het op 4 Mei erge brandwonde op sy plot buite die dorp opgedoen het. Sy skoonseun Jacques Celliers sê hy is nog steeds onder verdowing, maar dit gaan beter. Celliers gee die jongste oor Borstlap se toestand aan Kosmos 94.1 Nuus...
Brandstofpryse sal môre bekend gemaak word en volgende week Woensdag 7 Junie in werking tree. Volgens die ministerie van myne en energie se woordvoerder Andreas Simon sal die brandstof-hersieningskomitee môre vergader om die brandstofpryse te bespreek. Intussen versterk die Amerikaanse dollar teen die Suid-Afrikaanse rand wat nou op 19 rand 64 sent staan. Die vrot rand gaan egter nog hard slaan. Kosmos 94.1 Nuus het aan die bekende Suid-Afrikaanse ekonoom Dawie Roodt gevra of hy verwag dat olie- en brandstofpryse in die komende maande gaan styg.
MTC sê hy neem kennis geneem van die aankondiging die Kommunikasie Owerheid van Namibië, Cran, wat telekommunikasie-operateurs beveel om die verpligte vaslegging van biometriese data vir Sim-kaartregistrasie-doeleindes te staak. Cran het hierdie besluit geneem in reaksie op voortdurende klagtes van die publiek oor die praktyk wat deur sommige selfoon-operateurs gebruik word wat biometriese data tydens die Simkaart-registrasieproses versoek het, ten spyte van die afwesigheid van 'n raamwerk vir data-beskermings-wetgewing. Hoewel MTC in eenstemmigheid is met die oorwegings deur Cran, gaan hy voort met sy biometriese "Verifi"-proses. John Ekongo, MTC se korporatiewe kommuniksiebestuurder verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus...
Eskom het aangekondig fase 6-beurtkrag word ingestel van vanmiddag tot vyf-uur môreoggend. Fase 4 sal dan van krag wees tot 4-uur môremiddag. Die woordvoerder van Eskom, Menzi Mngomezulu verduidelik...
Die Internasionale Organisasie vir Migrasie met die ondersteuning van die Suider-Afrika Migrasiebestuur-projek, bied 'n streeks-werkswinkel oor diaspora-betrokkenheid vanaf môre tot Donderdag in Windhoek aan. Die diaspora kan ‘n groot rol speel in die ontwikkeling van Namibië en die streek. Namibië is besig om die implementeringsplan van die konsep Nasionale Beleid oor die Namibiese diaspora te ontwikkel. Die uitvoerende direkteur in die ministerie, Penda Naanda, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
AfriForum het hofstukke ingedien om tot 'n vriend van die hof aanvaar te word in 'n saak wat moet bepaal of die bevindings van die Suid-Afrikaanse Menseregte-kommissie bindend is. Die burgerregte-organisasie voer aan dat nie die Grondwet of wetgewing aan die kommissie bindende magte verleen soos in die geval van soortgelyke instellings in die buiteland nie. Ernst van Zyl van AfriForum sê as vriend van die hof wil hulle relevante oorwegings en internasionale norme voorlê sodat die hof 'n regverdige en grondwetlike besluit kan neem.
Nes die Namibiese weermag, herdenk die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag vandag in die Vrystaat die Verenigde Nasies se Internasionale Vredes-bewaringsdag. Die tema vanjaar is “Vrede begin by my”. Die SANW se woordvoerder, Andries Mahapa, sê die dag bring hulde aan gevalle helde asook persone in die weermag wat hul lewens daaraan wy om vrede in verskeie lande te handhaaf. Mahapa sê die dag beklemtoon ook die uitwerking van oorlog op die mensdom.
Adjunk-president Nangolo Mbumba is tans op 'n amptelike besoek aan die Oshikoto-streek. Hy sal na verwagting vergaderings met politieke en tradisionele leiers, sowel as die boerdery- en sakegemeenskappe hê. Mbuma het op Omuthiya die belangrikheid van boere se rol in voedsel-sekerheid beklemtoon...
Die DA in Gauteng sê ʼn verstommende 2 218 operasies is sedert Januarie verlede jaar in die Charlotte Maxeke-hospitaal gekanselleer. Die LUR vir gesondheid, Nomanto Nkomo-Ralehoko, het dit bekend gemaak in ʼn geskrewe antwoord op die party se vrae in die wetgewer. ʼn Woordvoerder van die DA, Jack Bloom, sê Nkomo-Ralehoko beweer net 1,3 persent van die kansellasies kon voorkom gewees het deur beter beplanning.
Die Stad Kaapstad sê spanne van sy departement van pad-infrastruktuurbestuur is besig met die skoonmaak van paaie en infrastruktuur voor die winterreën. Die span het onlangs opruimings-operasies in Atlantis, Parklands en Joe Slovo-park uitgevoer. Die burgemeesters-komiteelid vir stedelike beweeglikheid, Rob Quintas, sê die werk sluit in die skoonmaak van vangputte, damme en pype, wat deel vorm van die direktoraat se jaarlikse Wintergereedheids-program om potensiële vloedrisiko's te versag.
Die kantoor van die eerste minister gaan voedselhulp deur sy Nasionale Noodrampfonds aan die droogtegeteisterde streke van Omaheke, Hardap en Karas oor nege maande vanaf 1 Julie tot 31 Maart volgende jaar verskaf. Dit is volgens die jongste kabinetsbesluite. Droogtehulp word ook vanaf 1 Julie tot Desember uitgebrei na die streke van Kunene, dele van Erongo en Omusati. Kosmos 94.1 Nuus het met die eerste minister Saara Kuugongelwa-Amadhilha gepraat...
Krieket: Die eindstryd van die Indiese Premiersliga word vandag op die reserwedag beslis na volgehoue reën in Ahmedabad Sondag. Chennai Super Kings en Gujarat Titans spook sake uit om die kroon, met CSK wat hoop om die rekord van vyf IPL-titels te ewenaar. Afrigter Stephen Fleming sê dis waarvoor hulle speel.
As spel vandag weer uitreën, sal Gujarat, die verdedigende kampioen, tot wenner verklaar word omdat hy boaan die punte-leer geëindig het.
Die Regshulpsentrum sê ‘n referendum oor selfdegeslaghuwelike is dalk die antwoord. Dit is in reaksie op die verklaring van die prokureur-generaal gegee oor die hooggeregshof se uitspraak oor die erkenning van selfdegeslaghuwelike wat wettig buite Namibië gesluit is. Die is regering besig om 'n regs-beoordeling van hierdie grondwetlike uitspraak uit te voer. Artikel 81 van die Grondwet bepaal dat 'n beslissing van die hooggeregshof bindend sal wees op alle ander howe en persone in Namibië, tensy dit deur die hooggeregshof self omgekeer word, of weerspreek word deur 'n parlementswet. Direkteur van die Regshulpsentrum Toni Hancox sê ‘n referendum is dalk die antwoord op die kwessie.
Die Ruach Elohim-stigting sê dit is hartseer dat nóg ‘n baba in die land weggegooi is. Die baba is deur ‘n lid van die publiek gevind toe dié na leë koeldrankblikkies in die asdrom gesoek het in ‘n munisipale asdrom in Schoemanstraat in Windhoek-Noord. Die ma wat geboorte geskenk het aan ‘n ten volle ontwikkelde baba, is onbekend en nog nie in hegtenis geneem nie. Kosmos 94.1 Nuus het met Ronel Peters van die stigting gesels wat hulpelose swanger vroue uitnooi om hulle te kontak.
Die DA in Gauteng sê inwoners leef in skokkende, onmenslike en onhigiëniese omstandighede terwyl die departement van menslike nedersettings, wat waardige behuising moet verskaf, 70 persent van sy doelwitte mis. Die oorsigverslag van die menslike nedersettingskomitee se werksprestasie in die derde kwartaal van die 2022/2023-boekjaar, wys dat uit 31 doelwitte slegs nege bereik is. Mervyn Cirota van die DA sê dis onaanvaarbaar.
Die ministerie van myne en energie is bewus van die vals inligting wat in die media sirkuleer oor die brandstofprys-aanpassing vir Junie. Die aankondiging oor brandstofpryse sal eers môre gemaak word en volgende week Woensdag 7 Junie in werking tree. Kosmos 94.1 Nuus het met die ministerie se woordvoerder Andreas Simon gepraat, wat sê dat die brandstof-hersieningskomitee môre sal vergader om die brandstofpryse te bespreek.
Namibië het weer die bod gewen om die Afrika Jeug in Toerisme-beraad vir die volgende drie jaar aan te bied. Die omgewingsministerie sal die vyfde beraad van môre tot 2 Junie op Swakopmund aanbied. Die vierde beraad het in 2022 in Windhoek plaasgevind. Dit is die enigste Pan-Afrika-jeugberaad wat ‘n platform vir die jeug in toerisme-en reisbesighede bied. Die skakelbeampte van Swakopmund-munisipaliteit, Linda Mupupa het met Kosmos 94.1 Nuus gesels en nooi belangstellende jeug uit om vir die beraad te registreer en in groot getalle by te woon.
Die Suid-Afrikaanse departement van water en sanitasie sê ondersoeke is aan die gang om die oorsprong van die cholera-uitbreking in die land vas te stel. Die siekte het reeds 24 lewens geëis waarvan 23 in Gauteng se Hammanskraal-gebied was en een in die Vrystaat. Die departement se woordvoerder, Wisane Mavasa, sê alhoewel hulle steeds die oorsprong probeer bepaal, vermoed deskundiges dit hou verband met waterbesoedeling.
Die omstrede menseregte- en arbeidsaktivis Michael Amushelelo moes vandag in die Walvisbaai-landdroshof verskyn het, maar hy verskyn ook vandag op soortgelyke klagte in die Windhoek-landdroshof in Katutura saam met sy medebeskuldigdes Dimbulukeni Nauyoma en Inna Hengari. Die twee is op borgtog vrygelaat, maar Amushelelo is steeds in aanhouding op Seeis nadat hulle op Onafhanklikheidsdag in hegtenis geneem is. Hy staan tereg op vier klagte. Kosmos 94.1 Nuus het met sy Windhoekse prokureur Kadhila Amoomo gepraat...
Die minister van maatskaplike ontwikkeling, Lindiwe Zulu, stel vandag die geïntegreerde instrument teen maatskaplike misdaad, dwelmmisbruik en geslagsgeweld by die Universiteit van Kaapstad bekend. Die departement werk sedert 2015 nóú saam met hoëronderwysinstellings om hierdie misdade onder die land se studente te bekamp. Die departement se woordvoerder, Lumka Oliphant, sê hulle het deur vergaderings openbare en privaat universiteite, tegniese beroepsonderrig- en opleidingskolleges en openbare kolleges bereik.
Die parlementêre portefeuljekomitee oor basiese onderwys sê die meerderheid inwoners van die Wes-Kaap het die Wysigings-wetsontwerp oor Basiese Onderwyswette verwerp omdat dit nie hulle kinders se belange op die hart dra nie. Die voorsitter van die komitee, Bongiwe Mbinqo-Gigaba, sê die siening is gedeel deur die inwoners van die Eden- en Witzenberg- plaaslike munisipaliteite tydens die eerste van drie openbare verhore oor die wysingings-wetsontwerp in die provinsie.
Die De Beers-groep het in 2022 meer as 12,5 miljard Namibiese dollar tot Namibië se belastinginkomste en ekonomie bygedra, volgens die maatskappy se volhoubaarheidsverslag. Gedurende die tydperk het die diamantreus altesaam 4,8 miljard dollar aan belasting en tantième aan die Namibiese regering betaal. Tans is diamant-maatskappye in Namibië onderhewig aan 10 persent tantième op verkope en 'n 55 persent korporatiewe belasting op winste. Verder lui die verslag dat De Beers verlede jaar meer as 163 miljoen dollar in Namibië bestee het as deel van sy maatskaplike beleggings-inisiatiewe. Plaaslike ekonoom, Jason Kasuto het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dit is goeie nuus vir die ekonomie.
Die Gautengse departement van gesondheid sê die afgelope paar dae het minder pasiënte met simptome van cholera by gesondheidsfasiliteite aangemeld. Die dodetal na die cholera-uitbreking in Hammanskraal, noord van Pretoria, het tot 23 gestyg, met 48 mense in die hospitaal. Een persoon is in die Vrystaat dood, wat die totale aantal sterftes op 24 te staan bring. Die departement se woordvoerder, Motalatale Modiba, sê die Jubilee-hospitaal het sedert 15 Mei 215 pasiënte met simptome van die siekte gesien.
Die EFF in Gauteng bring die week oorsig-besoeke aan water-reservoirs en suiwerings-aanlegte in die provinsie. Dit volg te midde van die toename in cholera-gevalle na die uitbreking in Hammanskraal, noord van Pretoria, waarin 23 mense dood is. Die party se woordvoerder, Dumisani Baleni, sê die oorsigbesoeke is 'n voorkomende stap om seker te maak watersuiwerings- en -bergingsaanlegte is in 'n goeie toestand om skoon, gesonde water vir menslike gebruik te voorsien.
Misdadigers probeer altyd nuwe taktieke om niksvermoedende individue te mislei, veral toeriste wat die land besoek. Toeriste is volgens ‘n toergids op Walvisbaai beroof. Volgens Nampol is toeriste ook by Zannier Hotel Omaanda naby die Hosea Kutako Internasionale Lughawe van kontant van 1 400 Amerikaanse dollar en items ter waarde van 25 200 Namibiese dollar beroof. Tydens 'n ander voorval het misdadigers Suid-Afrikaanse toeriste hulle van die lughawe af gevolg nadat hulle gesien het dat die toeris geld by die OTM onttrek het. Volgens die Namibiese polisie is die verdagtes deel van ‘n sindikaat wat toeriste teiken. Kosmos 94.1 Nuus het met die toeris Brian Muir gepraat wat ander toeriste en die publiek gewaarsku het om op die uitkyk te wees vir hierdie misdadigers.
Die humanitêre organisasie, Gift of the Givers, het volgens hom die jongste bewys vrygestel dat die Suid-Afrikaanse paramedikus, Gerco van Deventer wat in Mali gevange gehou word, nog lewe. Van Deventer wat van Swellendam in die Wes-Kaap kom, was 'n paramedikus in Libië toe hy in 2017 ontvoer en later aan Al-Kaïda in Mali verkoop is. In 'n kort video wat verlede Vrydag opgeneem is, versoek hy dringend hulp om sy vrylating te bewerkstellig.
Die Gautengse departement van gesondheid het 'n interdik gekry wat finalejaar-verpleegstudente verbied om deel te neem aan onwettige betogings op kampusse van die Gautengse verpleegkollege. Finalejaar-studente het eerste- en tweedejaars se eksamens ontwrig en toegang tot die SG Lorens-kampus versper. Die departement se woordvoerder, Motalatale Modiba, sê die studente eis dat die beursgeld wat hulle tydens hulle studietydperk ontvang steeds tussen Junie en November betaal word.
Intussen sê die leier van die Vryheidsfront Plus, Pieter Groenewald, Ramaphosa oorreageer met die paneel se aanstelling en wys die kwessie is 'n verleentheid vir die regering.
Die DA het die aanstelling verwelkom van 'n onafhanklike paneel wat die omstandighede rondom die vasmeer van die Russiese vaartuig, Lady R , moet ondersoek. Die boot het in Desember verlede jaar in Simonstad in die Wes-Kaap vasgemeer. Afgetrede regter Phineas Mojapelo sal die paneel van drie lede lei wat president Cyril Ramaphosa aangestel het. Die paneel sal onder andere probeer vasstel of enige iets op- of afgelaai is nadat die Amerikaanse ambassade beweer het daar is wapens opgelaai. Kobus Marais van die DA sê dis kommerwekkend dat die ondersoek ses weke sal duur.
Rugby: Die Springbok-vroue is as die vasteland se kampioene gekroon nadat hulle die gasheerland, Madagaskar, met 'n oorwinning van 79-8 verpletter het. Hulle het altesaam 214 punte behaal en slegs agt afgestaan in hulle drie wedstryde tydens die Afrika-bekertoernooi vir vroue. Die Bok-vroue het ook hulle plek in die nuwe WXV 2-toernooi bespreek wat later vanjaar in Suid-Afrika aangebied word. Die tussentydse afrigter, Louis Koen, sê hierdie toernooi was 'n goeie leer-ervaring vir die span.
Die winter is hier en die koue word reeds gevoel met selfs ‘n paar druppels winterreën. Mens sou verwag dat hierdie winterseisoen nie so koud sal wees nie ná die swak reënval wat die land vanjaar gekry het. Weerkenners voorspel egter dat 'n paar koue fronte in die komende dae in die meeste dele van die land ervaar sal word. Plaaslike weerkenner van Aranos, George van der Merwe, het sy bibberweer voorspelling met Kosmos 94.1 Nuus gedeel...
Selfdegeslaghuwelike bly in die nuus nadat die kantoor van die prokureur-generaal sy reaksie gegee het op die hooggeregshof se uitspraak oor die erkenning van selfdegeslaghuwelike wat wettig buite Namibië gesluit is. Artikel 81 van die Grondwet bepaal dat 'n beslissing van die hooggeregshof bindend sal wees op alle ander howe en persone in Namibië, tensy dit deur die hooggeregshof self omgekeer word, of weerspreek word deur 'n parlementswet. Die bekende Namibiese politieke kommentator en navorsingsdirekteur by die Skandinawiese Nordic Africa Institute, dr. Henning Melber, het sy reaksie oor die omstrede kwessie gegee...
Die ANC het die aanstelling van 'n onafhanklike paneel van drie lede verwelkom om die omstandighede te ondersoek rondom die vasmeer van die Russiese vaartuig Lady R in Desember in Simonstad. President Cyril Ramaphosa het afgetrede regter Phineas Mojapelo as voorsitter en advokaat Leah Gcabashe en Enver Surty as lede van die paneel aangestel. Die sekretaris-generaal van die ANC, Fikile Mbalula, sê die paneel sal help om die saak op te los. Die woordvoerder in die Presidensie, Vincent Magwenya, sê die paneel sal onder meer ondersoek instel na wie bewus was van die vaartuig se aankoms en enige vrag wat op- of afgelaai is.
Eskom sal hierdie week fase vier en vyf beurtkrag toepas nadat nog gebreekte eenhede kapasiteitsbeperkings veroorsaak het. Fase vier-beurtkrag het vanoggend begin en sal tot vier-uur vanmiddag duur, waarna fase vyf tot 5-uur môreoggend ingestel sal word. Hierdie patroon sal daagliks herhaal word tot verdere kennisgewing. Menzi Mngomezulu van Eskom sê die afgelope 24-uur is ’n opwekkingseenheid elk by die Arnot-, Camden-, Kendal- en Palmiet-kragstasies weer in diens geneem.
Die gesamentlike staande komitee oor die finansiële bestuur van die parlement sê die opvolgstelsel wat gebruik word vir Suid-Afrika se openbare deelnameproses moet versterk word. Dit sal verseker voorstelle en verbintenisse deur lede van die publiek gaan nie verlore nie. Die mede-voorsitter van die komitee, Dikeledi Mahlangu, sê openbare verhore behoort nie beperk te word tot die verwerking van wetsontwerpe nie, maar moet ander sake van openbare belang ook insluit wat in die parlement ter tafel gelê word.
Motorsport: Red Bull se Max Verstappen het reën en 'n uitdaging deur Fernando Alonso in 'n Aston Martin oorkom om die Monaco Grand Prix te wen. Dit was sy vierde oorwinning in ses wedrenne vanjaar. Alonso het sy vyfde podiumposisie in ses wedrenne opgeraap terwyl Esteban Ocon van Alpine derde was. Lewis Hamilton en George Russell het onderskeidelik in die vierde en vyfde plek vir Mercedes klaargemaak. Verstappen, is steeds die voorloper op die kampioenskapspunteleer en is nou 39 punte voor sy naaste teenstander. Hy sê dit was 'n uitdagende wedren.
Ná die bekendstelling van sy boek getiteld "Swallow your Pride", was die skrywer en maatskaplike aktivis Leonard Akathingo 'n besige man. Die boek moedig mans aan om hul trots te sluk en te praat oor hul hartseer en kwessies, andersins kan dit bydra tot hul geestesgesondheids-probleme. Akathingo wat onlangs deur One Capital, 'n projek van die Namibiese Presidentsvrou Monica Geingos, genooi is om praatjies te lewer, het pas ‘n besoek in Ohangwena-streek afgesluit. Hy was ook op uitnodiging van die Nampol-bevelvoerder van die streek kommissaris Elizabeth Sibolile om met die manne in uniform oor hul kwessies van geestesgesondheid gepraat. Akathingo het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.
Die Namibiese Nasionale Studente-organisasie het 'n projek aangepak om vervoer aan universiteitstudente te verskaf. Studente wat hul tersiêre onderrig by universiteite soos Unam, Nust sowel as IUM volg, word soms aan gevare blootgestel wanneer hulle vroegoggend of laat in die aand van openbare vervoer gebruik maak. Nanso-woordvoerder Dorothea Nangolo het met Kosmos 94.1 Nuus gesels oor hoe die program verloop....
Die leier van Build One South Africa, Mmusi Maimane, gaan 'n aanklag van strafbare manslag teen die regering indien vir nalatigheid. Dit volg op die dood van 'n drie-jarige kleuter van Bromhof, Johannesburg, na bewering weens 'n kragonderbreking. Die woordvoerder van Bosa, Sbu Zondi sê die party het reeds vroeër die maand 'n hofbevel verkry dat die regering ononderbroke krag moet voorsien aan hospitale, skole en polisiekantore.
Die Popular Democratic Movement-leier, McHenry Venaani, sê die verhoging in elektrisiteitstariewe sal net die haglike ekonomiese situasie waarin talle Namibiërs hulself bevind, vererger en diegene benadeel wat reeds die gordels stywer moet trek. Dit volg nadat die Elektrisiteits-beheerraad 'n verhoging van 8,97 persent in elektrisiteitstariewe vir die huidige boekjaar goedgekeur het. Kosmos 94.1 Nuus het met Venaani gepraat wat sê elektrisiteit is ‘n noodsaaklikheid, veral in die koue wintermaande.
President Cyril Ramaphosa sê hy gaan die inwoners van Hammanskraal in Tshwane besoek na die cholera-uitbreking in die gebied. Ramaphosa het Saterdag gepraat tydens die ANC se nasionale werkskomitee se besoek aan Noordwes. Hy sê die minister van water en sanitasie Senzo Mchunu en die minister van gesondheid Joe Phaahla hanteer die saak wat groot kommer veroorsaak.
Die Britse verbod op die invoer van sekere jagtrofeë word deur sommige Namibiese bewarings-organisasies as onnodig bestempel. Voetsoolvlak-bewaringsgroepe in verskeie Suider-Afrikaanse lande beskou die invoerverbod op sekere jagtrofeë as "nog 'n manier om Afrika te her-koloniseer" wat landelike lewensbestaan sal ondermyn en die beskerming van wildlewe sal bedreig. Maxi Louis van die plaaslike gemeenskapsbewarings-organisasie Nacso het op Sky News die belangrikheid van bewaringsjag verduidelik.
Rugby: Die Ierse flank John Hodnett het vier minute voor die einde van die wedstryd 'n drie gedruk en vir Munster 'n 19-14 oorwinning oor die Stormers verseker in 'n volgepakte Kaapstad-stadion. Dit was 'n spannende Verenigde Rugby Kampioenskap-wedstryd wat vir Munster hul eerste trofee in 12 jaar opgelewer het. Die besoekers het drie drieë gedruk en die tuisspan twee. Die Stormers was diep teleurgesteld omdat hulle nie die titel verower nie. Die kaptein Steven Kitshoff het ná die wedstryd só gereageer.
‘n Ander misdaad wat veral uitdagend in die boerdery-gemeenskap van die streek is, is veediefstal.
Ses verdagtes van ‘n inbraak by OK se meubel-pakhuis op Tsumeb, bly in aanhouding. Dit volg nadat hulle glo yskaste, stowe en koffietafels ter waarde van byna 70 000 gesteel het. Hulle is vasgetrek na wenke van die publiek toe hulle glo die meubels wou verkoop. Inbrake en diefstal is egter nie die grootste kopseer in die streek nie. Geslagsgeweld en verkragting is van die kommerwekkendste misdaadgevalle in die Oshikoto-streek. Die polisiebevelvoerder van die streek kommissaris Theopoline Kalompo-Nashikaku het met Kosmos 94.1 Nuus gesels
Die DA het 'n dringende en landwye oorsigveldtog by alle waterbehandelingaanlegte van stapel gestuur. Die party sê die opspoor van cholera in die Vaalrivier dié week en die stelselmatige ineenstorting van waterbehandelingsaanlegte in Suid-Afrika is simptome van 'n dreigende nasionale krisis. Aanvanklike ondersoeke dui aan minder as tien-persent van die aanlegte werk optimaal. Meer as 50-persent hou 'n medium-, hoë of kritieke risiko in. Leon Basson van die DA sê net nege-persent van die watervoorsieningstelsels het volledige waterveiligheidsplanne.
Die Namibiese marathon-koningin Helalia Johannes het vanoggend aan Namibia Wildlife Resorts se halfmarathon by hul Gross Barmen-oord naby Okahandja deelgeneem. Die marathon is ten bate van teenstropery en renostebewaring. Weens ‘n besering, was dit vir Johannes ‘n goeie oefenlopie nadat wat sy weer met haar oefenprogram begin het. Johannes het met Kosmos 94.1 Nuus by Gross Barmen gesels...
Die omgewingsminister Pohamba Shifeta het sy versekering gegee dat omgewings-bestuursplanne van die groenwaterstof-projek van Hyphen Hydrogen Energy in die Tsau//Khaeb Nasionale Park deeglik in plek is. Vrae oor die beskerming van die sensitiewe omgewing van die park is tydens die ondertekening van die die mylpaal-ooreenkoms tussen die regering en Hyphen gevra. Shifeta sê die omgewingsbestuursplanne van die projek, soos dié in al die nasionale parke, word onder die wakende oog van die omgewingskommissaris uitgevoer.
Kosmos 94.1 se Copps 94.1 teenmisdaad-realiteitsprogram het die aand afgesluit met 'n erg besope buitelander wat in hegtenis geneem is vir dronkbestuur. Copps 94.1 was Vrydagaand regstreeks op die lug met ons borge G4S Namibia, JAC van M&Z Motors, Minet Namibia Insurance Brokers, LifeLink Emergency Services, Cema Drilling and Compressors, ITR Namibia Earthmoving Equipment en Engen Eureka Service Station. Francois Lottering was op grondvlak in die hoofstad.
Die Amerikaanse diplomaat, politieke ontleder en raadgewer, Henry Kissinger, wat die minister van buitelandse sake en nasionale veiligheidsraadgewer was van Presidente Richard Nixon en Gerald Ford, is vandag 100 jaar oud. Hy is in 1923 in die Beierse dorp Fürth in Duitsland gebore. Sy belangstelling in Suider-Afrika het in Junie 1976 begin, toe hy samesprekings in die destydse Wes-Duitsland gevoer het met Suid-Afrika se eerste minister John Vorster oor die weg na ‘n swart meerderheidsregering in Rhodesië, nou Zimbabwe. Daarna het hy ook ‘n rol gespeel met die krisis in Ethiopië, onafhanklikheid vir Namibië, en die beëindiging van apartheid in Suid-Afrika. Dr. Riaan Eksteen, Suid-Afrika se eerste ambassadeur in Namibië, het vanaf Swakopmund met Kosmos 94.1 Nuus gesels oor Kissinger...
President Hage Geingob sê Namibiërs moenie inmeng by die Hyphen-groenwaterstofprojek en hul vertroue in die regering plaas. Hy sê die regering en vennote moet toegelaat word om die projek ten volle te implementeer. Die Namibiese regering het vandag by Staatshuis die mylpaal-ooreenkoms met Hyphen Hydrogen Energy vir die ontwikkeling, implementering en bedryf van die beplande groenwaterstof-projek in die Tsau//Khaeb Nasionale Park onderteken. Die totale projek-belegging is 10 miljard Amerikaanse dollar. Geingob sê soortgelyke ontwikkelingsprojekte het misluk weens te veel plaaslike inmenging.
‘n Vakbondleier het sy heftige reaksie gegee op Namfisa wat gevra vir die skeiding van 'n omstrede pensioen-bewaringsklousule van die Wet op Finansiële Instellings en Markte, Fima. Namfisa se uitvoerende hoof Simataa Matomola, het by die Fima raadplegende en oorsigwerksessie op Swakopmund beklemtoon dat op bewarings-regulasies gefokus moet word. Volgens hom sal hierdie skeiding toelaat dat elke stel regulasies onafhanklik aangespreek en verfyn word, wat 'n meer doeltreffende uitvoering en implementering van Fima moontlik maak, terwyl dit terselfdertyd toelaat dat die bewarings-regulasie omvattend hersien word. Kosmos 94.1 Nuus het met die deurwinterde vakbondman Job Muniaro gesels gepraat.
Die Suid-Afrikaanse Agentskap vir Maatskaplike Sekerheid het weer sy begunstigdes gewaarsku om nie hul Sassa-kaarte aan ongeregistreerde kontant-lenings-ondernemings te oorhandig nie. Die agentskap se reaksie kom na die Valke vroeër die week verskeie mense in die Limpopo-provinsie gearresteer het vir die onwettige besit van honderde Sassa-begunstigdes se toelae-kaarte, ID-dokumente en ander belangrike dokumentasie. Kosmos 94.1 Nuus se korrespondent in Kaapstad, Fritz Platt...
Die Namibiese Vroue-vereniging se dames van die Lekkerlag-tak het die bushaltea van Alliance Media in Coetzeestraat in Pionierspark geverf vir hul Bewaar-, bewoon-, en bewerk-projek vir die jaar. Hulle is Celine Rust, Adele Bocking, Linda Honnibal, Yvonne Maree, Mariaan Wessels en Jennifer Vermeulen. ‘n Lid van die vereniging, Yvonne Marre, gesels met Kosmos 94.1 Nuus oor die inisiatief en sê hulle hoop om voort te gaan.
ReconAfrica het aangekondig dat hy bykomende data bekom het as deel van voortgesette eksplorasiewerk in Namibië. Die Kanadese olie- en gasmaatskappy het verklaar dat die versamelde data, verkry deur Enhanced Full Tensor Gravity- en 2D-seismiese opnames groter akkuraatheid sal bied in die keuse van liggings vir sy komende boorprogram, sodra dit geïnterpreteer en ontleed is. Ndapewoshali Shapwanale ReconAfrica se kommunikasiedirekteur het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor die pad vorentoe...
President Cyril Ramaphosa het ʼn proklamasie onderteken wat magte en funksies aan die minister van elektrisiteit, Kgosientsho Ramokgopa, oordra as deel van pogings om die elektrisiteitskrisis die hoof te bied. Ramokgopa is nou by magte om die verkryging van nuwe opwekkingsvermoё te bestuur en elektrisiteitsvoorsiening te verseker. Die woordvoerder van die Presidensie, Vincent Magwenya, sê die minister sal nou met Eskom saamwerk om beurtkrag te beëindig en die Energie-aksieplan onverwyld in te stel.
Eskom het fase 5-beurtkrag ingestel van vanmiddag tot môre-oggend vyfuur. Daarna sal die fases oor die naweek wissel. Eskom sê pogings is aangewend om eenhede by sekere kragstasies te herstel terwyl daar by ander steeds onderbrekings is. Die nutsdiens se woordvoerder, Menzi Mngomezulu, sê beduidende veranderings kan voorkom en opdaterings sal verskaf word.
‘n Vliegtuig wat vir twee ure by die Internasionale Lughawe Hosea Kutako gesirkel het, het groot reaksie onder die publiek uitgelok en vrae laat ontstaan. Die woordvoerder van die Namibiese Lughawens-maatskappy, Dan Kamati, het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dit was 'n operasie wat deur die nasionale burgerlugvaart-owerheid uitgevoer is. Hy verduidelik waaroor die operasie gaan...
President Cyril Ramaphosa se nasionale sekerheids-raadgewer, Sydney Mufamadi, het bevestig die name van ministers wat van korrupsie verdink word, is inderdaad genoem tydens sy vergadering met André de Ruyter. Hy het voor die parlementêre staande komitee oor openbare rekeninge verskyn na Eskom se voormalige uitvoerende hoof beweer het hy is op die hoogte gebring oor bewerings van korrupsie by die kragnutsmaatskappy. Volgens Mufamadi het De Ruyter tydens ʼn vergadering onthul wie die senior politikus is wat vermoedelik betrokke was by korrupte bedrywighede.
'n Epidemioloog van Stellenbosch, Jo Barns, sê pogings wat uitsluitlik daarop gemik is om die bron van die cholera-uitbreking op te spoor is dalk nie voldoende om die siekte doeltreffend te beperk nie. Die departement van gesondheid het bevestig dat die uitbreking tot die dood van 22 mense in Hammanskraal, Gauteng, gelei het, met een geval wat in die Vrystaat aangeteken is. Barns het haar kommer uitgespreek oor die vinnige verspreiding van die siekte, wat deur water oorgedra word.
Die kantoor van die eerste minister gaan voedselhulp deur sy Nasionale Noodrampfonds aan die droogtegeteisterde streke van Omaheke, Hardap en Karas oor nege maande vanaf 1 Julie tot 31 Maart volgende jaar verskaf. Die kabinet het ook opdrag aan die landbouministerie gegee om boorgate, waterpunte en watertenks aan die streke beskikbaar te stel. Die lewende hawe-ondersteuningsprogram van 87,4 miljoen Namibiese dollar word uitgebrei na die streke van Kunene, dele van Erongo en Omusati. Die adjunkminister in die inlitingsministerie, Emma Theofelus...
Die departement van gesondheid in die buurland sê hy is bewus van die jongste Omikron-variant, wat 'n herlewing in Covid-gevalle in sekere lande aanwakker. Dit sluit China, die VSA en die Verenigde Koninkryk in. Die departement se woordvoerder, Foster Mohale, sê XBB1.5 is reeds lank die oorheersende variant in Suid-Afrika.
President Cyril Ramaphosa het vir regter Mahube Betty Molemela as die president van die Appèlhof aangestel, vanaf die eerste van volgende maand. Sy het 'n roemryke loopbaan van langer as 15 jaar, en bring 'n magdom ervaring na die amp. Die aanstelling is gedoen in oorleg met die Regterlike Dienskommissie en leiers van partye in die Nasionale Vergadering. Die presidensiële woordvoerder, Vincent Magwenya, sê die aanstelling is 'n belangrike mylpaal.
President Cyril Ramaphosa se nasionale sekerheids-raadgewer, Sydney Mufamadi, ontken hy het ʼn verslag oor die beweerde korrupsie by Eskom ontvang om aan Ramaphosa te oorhandig. Hy het voor die parlement se staande komitee oor openbare rekeninge getuig nadat Eskom se voormalige uitvoerende hoof, André de Ruyter, gesê het hy het Mufamadi ingelig oor sommige van die bewerings oor korrupsie by die kragnutsmaatskappy. De Ruyter het tevore aan Skoor gesê Mufamadi was een van die mense aan wie hy gesê het ʼn senior politikus was na bewering betrokke by korrupte bedrywighede by Eskom.
Rugby: Munster het in Kaapstad aangekom vir môre se eindstryd in die Verenigde Rugbykampioenskap teen die Stormers. Die Ierse provinsiale span wil bitter graag die trofee omhoog hou wat hulle reeds 12 jaar lank ontwyk. Munster vaar uitstekend in wegwedstryde en het met die Stormers, Glasgow Warriors en Leinster afgereken onderweg na die eindstryd. Die span se Suid-Afrikaans-gebore slot, Jean Kleyn, sê hulle is oortuig hulle kan die eindstryd in Kaapstad wen.
Die deurwinterde oud-Amerikaanse politikus Henry Kissinger word môre ‘n volle eeu oud. Hy was tussen 1969 en 1975 die land se nasionale sekuriteits-adviseur en tussen 1973 en 1977, die minister van buitelandse sake. As politieke kommentator was Kissinger verlede jaar verstom oor die Russiese inval in Oekraïne. Hy het die Russiese President Vladimir Putin al 15 keer ontmoet. Professor Jannie Rossouw van Wits se Sakeskool het met Kosmos 94.1 Nuus oor Kissinger se roemryke politieke loopbaan gesels...
Die Namibiese regering het vandag by Staatshuis die mylpaal-ooreenkoms met Hyphen Hydrogen Energy vir die ontwikkeling, implementering en bedryf van die beplande groenwaterstof-projek in die Tsau//Khaeb Nasionale Park onderteken. Die totale projekbelegging van 10 miljard Amerikaanse dollar is ongeveer gelykstaande aan die land se jaarlikse BBP. Obeth Kandjoze, die voorsitter van die Groenwaterstof-raad het die versekering gegee dat hierdie projek werksgeleenthede vir 3 000 mense sal skep waarvan 90 present vir Namibiërs sal wees.
Oud-visseryminister Bernhardt Esau se borgtogaansoek duur vandag voort voor regter David Munsu in die Windhoekse hoërhof. Die memorandum van verstandhouding wat in Angola vir visvangkwotas onderteken is, is nog onder die loep. Volgens die staat het die vestiging van Nengomar Pesca in die buurland en Nengomar in Namibië die Fishrot-korrupsieskandaal moontlik gemaak. Senior staatsaanklaer Cliff Lutibezi bevraagteken vir Esau of hy Nengomar Pesca benoem het om by die kwotas te baat, of sy skoonfamilie James Hatuikulipi en Tamson Hatuikulipi, wat met sy dogter getroud is...
Lutibezi het aan Esau gevra of hy bewus is van die Yslandse fluitjieblaser Jóhannes Stefánsson wat beplan om by Fishrot-verhoor te getuig...
Die DA het adjunkpresident Paul Mashatile se verbintenis verwelkom, om die daarstelling van wetgewing te steun wat sal fokus op die stabilisering van koalisieregerings. Die adjunkpresident het vrae in die Nasionale Vergadering beantwoord en gesê die regering sal binne die volgende paar maande 'n nasionale dialoog oor koalisies belê, voordat wetgewing opgestel word. Die DA-lid Siviwe Gwarube, sê die wetgewing moet 'n deelname-stemgrens insluit, asook die beperking van wantrouemosies, wat die voorkeurinstrument geword het om burgemeesters en raad-speakers te verwyder.
Die Namibiese onderwyssektor het groot uitdagings met infrastruktuur, veral in landelike gebiede met ‘n gebrek aan klaskamers en koshuisgeriewe. 'n Skoolhoof by die Laerskool Vergenoeg in die Kalahari-kiesafdeling in die Omaheke-streek, Kaituara Kazapua, het 'n beroep gedoen om te help met die ontwikkeling van landelike skole. Sy beklemtoon dat 'n gebrek aan koshuisgeriewe en vervoer by die skool die onderrigproses negatief beïnvloed. Kazapua sê dat beperkte klaskamer- en koshuisspasie 'n uitdaging word as gevolg van die toenemende aantal leerders.
Netbal: Voorbereidings vir die Netbal-wêreldbeker in Kaapstad het ‘n hupstoot gekry met die beroemde toernooitrofee wat Donderdag by die King Shaka Internasionale Lughawe aangekom het. Dit is die eerste keer dat die toernooi in Afrika gehou word. Die trofee se landwye toer begin in Durban, en hy sal sy eindbestemming in die Wes-Kaap bereik, voordat die toernooi op 28 Julie begin. Die KwaZulu-Natalse premier, Nomusa Dube-Ncube, sê die trofee sal tot Maandag in die provinsie wees.
Die Stad Kaapstad sê inwoners kan seker wees die water wat uit hulle krane kom, is van die hoogste gehalte en veilig om te drink en te gebruik. Dit volg ná die dodelike cholera-uitbreking in Hammanskraal, noord van Pretoria. Die burgemeesterskomiteelid vir water en sanitasie, Zahid Badroodien, sê drinkwater gaan deur streng behandelingsprosesse om seker te maak dis veilig om te drink en te gebruik, selfs gedurende lang tye van beurtkrag.
Die ShutItAllDown-beweging veroordeel die haatspraak en diskriminasie van die aanlyn WhatsApp-groepe teen selfdegeslaaghuwelike ten sterkste. Die beweging verklaar dat hierdie groepe geweld en haatspraak teen die LGBTQ-gemeenskap aangehits het. Hulle doen 'n beroep op die ombudsman en media-ombudsman om beslissende stappe teen die betrokkenes te neem. Die ombudsman Basilius Dyakugha het sy reaksie aan Kosmos 94.1 Nuus gegee.
Die omgewingsministerie het weer met die onthoring van renosters in die Etosha Nasionale Park begin. Die park is ‘n brandpunt vir renosterstropery. Die minister Pohamba Shifeta sê dat die ministerie se doelwit is om 'n aansienlike aantal renosters in die park te onthoring om stropery-voorvalle te voorkom, aangesien die diere min waarde het vir stropers sonder hul horings. Shifeta beklemtoon ook dat renosters hoogs territoriale diere is en af en toe in noodlottige konflikte met mekaar betrokke raak, wat 'n afname in hul bevolkingsgetalle tot gevolg het.
Die premier van KwaZulu-Natal, Nomusa Dube-Ncube, kry tans 'n regsmening oor moontlike stappe teen die onderneming wat aanspreeklik was vir die nie-aflewering van voedsel aan skole in die provinsie. Dit is deel van die Nasionale Skoolvoedingsprogram. Skole het ná die Paasvakansie ontdek die diensverskaffer het nie die bepalings van die kontrak met die departement van onderwys nagekom het nie. Die premier se woordvoerder, Gugu Sisilana, sê 'n ministeriële komitee is gestig om die program se uitdagings te hanteer.
Die GOOD Party sê hy verwelkom adjunkpresident Paul Mashatile se onderneming om met Uganda in gesprek te tree oor sy omstrede wetsontwerp teen homoseksualiteit. Die wetsontwerp verbied verhoudings van dieselfde geslag en maak dit strafbaar met tronkstraf. Mashatile het vrae in die parlement beantwoord en gesê die regering moet lande wat nie LGBTQ-mense se menseregte erken nie, anders probeer oortuig. Die GOOD Party se woordvoerder, Brett Herron, sê dis 'n klein treetjie, maar toon minstens 'n gewilligheid om nie net toe te kyk nie.
Namibië kan yskoue en winderige weer vir die winterseisoen verwag, volgens die Namibiese weerkantoor. Daarom sal die AB-stigting hul jaarlikse winterkombers-veldtog vir behoeftiges van stapel stuur. Dit sal op verskillende plekke in Windhoek plaasvind en straatkinders sal deel wees van die groep wat skenkings kry. Die stigting is op soek na skenkings van komberse en warm klere. Kosmos 94.1 Nuus het met medestigter Abraham Angula gesels...
Die Gautengse LUR vir onderwys, Matome Chiloane, het hom daartoe verbind om dringende watertoevoer aan 61 skole in Hammanskraal te verseker weens cholera-gevalle. Die skole het voorheen staatgemaak op munisipale toevoer, maar watertekorte het gelei tot regstreekse aflewering aan skole wat geraak is. Die woordvoerder, Steve Mabona, het namens die departement sy medelye uitgespreek nadat 'n driejarige kind aan cholera dood is.
Die Wêreldgesondheids-organisasie het 'n span deskundiges ontplooi om te help om die oorsprong vas te stel van die cholera-uitbreking in Hammanskraal, noord van Pretoria. Die dodetal het nou tot 22 gestyg met 21 sterftes in Gauteng en een in die Vrystaat. Die waarnemende minister van gesondheid, Aaron Motsoaledi, en amptenare van die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes en die WGO, het die Jubilee-hospitaal in Hammanskraal besoek. Motsoaledi het gesê die doel was om verdere maatreëls te oorweeg om die verspreiding van cholera te bekamp.
Sokker: Manchester United het opgeskuif na die derde plek in die Premierliga en hulle plek in volgende seisoen se Kampioeneliga bespreek. Dit volg nadat hulle Chelsea met 4-1 op Old Trafford verslaan het. Casemiro het die gashere se eerste doel aangeteken terwyl Anthony Martial die voorsprong aan die einde van die eerste helfte verdubbel het. Bruno Fernandes het met 'n strafdoel geslaag terwyl plaasvervanger Marcus Rashford die vierde doel bygevoeg het. Joao Felix van die Blues kon darem 'n doel as troosprys vir sy span aanteken. Bestuurder Erik ten Hag sê dis belangrik vir 'n groot klub soos United om 'n plek in die Kampioeneliga te verseker.
Reënval het die afgelope 50 jaar toegeneem in dele van Suid-Afrika. Volgens navorsing van die Universiteit van Pretoria, het die land 'n toename in die erns van uiterste weersomstandighede ondervind. Die navorsing dui op 'n hoër voorkoms van uiterste weerstoestande, insluitend swaar reënval, droogte sowel as hoë en lae temperature wat afwyk van die gewone geskiedkundige patrone. Mede-professor Liesl Dyson verduidelik die bevindings kan plaaslike owerhede help om gemeenskappe meer doeltreffend te ondersteun.
Die DA sê in plaas daarvan om sy plig na te kom en 'n omgewing te skep wat bevorderlik is vir ekonomiese groei, het die regering in wese die bestedingskrag van Suid-Afrikaanse huishoudings onverbiddelik aangeval. Dit volg nadat die Suid-Afrikaanse Reserwebank die repokoers met 50 basispunte tot 8,25 persent verhoog het. Dion George van die DA sê hierdie krisis word veroorsaak en vererger deur die ANC se fiskale beleidsraamwerk wat behoeftiges misken en sy internasionale politieke standpunt.
Motorsport: Die sewemalige wêreldkampioen, Lewis Hamilton, het bespiegelinge oor sy Formule Een-toekoms afgemaak in die lig van gerugte wat hom met Ferrari verbind. Hy het bekend gemaak Mercedes is byna gereed met 'n nuwe kontrak wat hom ná die huidige seisoen in die span sal hou. Dit is die laaste jaar van Hamilton se kontrak met Mercedes wat in 2021 onderteken is. Hy sê die span se gesukkel om sedert verlede jaar mededingend te bly, verander nie aan sy gewilligheid om te bly nie.
Nasa het vir die eerste keer 'n kolkende sikloon by Uranus se noordpool opgemerk. Uranus bly die die mees onontginde planeet, met net een ruimtetuig wat in die 1980's verby die planeet gevlieg het. Vooruitgang in grondgebaseerde teleskope beteken dat ons Aarde-bewoners nou ongekende uitsigte van die ysreus kan kry. Deur die Very Large Array-teleskoop te gebruik, het Nasa-wetenskaplikes vir die heel eerste keer gesien wat hulle glo 'n pool-sikloon by Uranus se noordpool is. Kosmos 94.1 Nuus het met dr. Riaan Steenkamp, hoof van die fisika-afdeling van Unam, gesels...
Die Namibiese kabinet het besluit dat die droogtegeteisterde streke van Omaheke, Hardap en Karas ook deur die kantoor van die eerste minister voedselhulp vir ‘n tydperk van nege maande vanaf 1 Julie tot 31 Maart volgende jaar moet kry. Die landbouministerie is opdrag gegee om deur die lewende hawe-ondersteuningsprogram 87,4 miljoen Namibiese dollar beskikbaar te stel vanaf 1 Julie tot Desember vanjaar, wat ook uitgebrei moet word na die streke van die Kunene, dele van Erongo en Omusati. Die ministerie van armoede-verligting moet maatskaplike welsyns-programme in stedelike gebiede in gemarginaliseerde gemeenskappe van stapel stuur. Kosmos 94.1 Nuus het met Henriette le Grange van Droogtehulp Namibië gepraat oor of hulle planne het om boere in droogtegeteisterde gebiede te help.
Namibia Wildlife Resorts is besig met ‘n interne ondersoek nadat een van sy voertuie ‘n luiperd gestamp en beseer het in die Etosha Nasionale Park. Woede is op sosiale media uitgespreek oor die voorval wat 15 kilometer van die King Nehale-hek plaasgevind. het Volgens getuies het die voertuig die spoedbeperking van 60 kilometer per uur oorskry. Kosmos 94.1 Nuus het met NWR-woordvoerder Nelson Ashipala gesels wat bevestig het dat die bestuurder op twee klagte aangekla is.
Die dodetal in die cholera-uitbreking in Suid-Afrika het tot 22 gestyg. Die departement van gesondheid sê 21 van die sterftes is in Hammanskraal, noord van Pretoria, aangeteken, terwyl een persoon in Vredefort in die Vrystaat dood is. Die LUR vir gesondheid in Gauteng, Nomantu Nkomo-Ralehoko, sê hulle is nou besig om hul reaksie op die uitbreking te verskerp.
‘n Namibiese ekonoom verwag nie dat die Bank van Namibië in die voetspore sal volg van die Suid-Afrikaanse Reserwebank wat die terugkoopkoers met 50 basispunte verhoog het tot 8,25 persent nie. Dit beteken die prima-uitleenkoers styg tot 11,75-persent. Die sentrale bank het rentekoerse nou die tiende keer in 'n ry verhoog en altesaam 475 basispunte by die terugkoopkoers gevoeg sedert November 2021. Namibië se repokoers van 7,25 persent is nou 100 basispunte agter die buurland s’n en sal sy rentekoerse op 14 Junie aanpas. 'n Ekonoom van Simonis Storm Theo Klein het sy verwagtinge met Kosmos 94.1 Nuus gedeel.
Rugby: Die Springbok-kaptein, Siya Kolisi, sal na verwagting deel wees van vanjaar se Wêreldbeker-toernooi in Frankryk, al het hy verlede maand 'n knie-operasie ondergaan. Dit lyk of Kolisi beslis Suid-Afrika se wedstryde in die Rugbykampioenskap sal misloop, wat in Julie begin, maar hy was een van 15 spelers wat vroeër die maand aan 'n voorbereidingskamp deelgeneem het. SA Rugby se direkteur van rugby, Rassie Erasmus, sê Kolisi is op dreef om deel te wees van Suid-Afrika se Wêreldbeker-verdediging.
President Hage Geingob het vandag by die Afrikadag-vieringe en 60ste herdenking van die Afrika-unie 'n oproep tot aksie aan lidlande gedoen om pogings vir ekonomiese bevryding en welvaart te verdubbel. Die tema van vanjaar is “Deepening the African Union Vision for Unity for Africa through Prosperity, Peace and Modernity for a Better Africa and a Better World”. Die dag fokus op die vasteland se ontwikkeling, streeks-integrasie, geleenthede wat deur die vasteland se vrye handelsooreenkoms gebied word, en Afrika se menslike, kulturele en natuurlike skatte. Geingob se toespraak is in die Parlementstuine in die hoofstad deur die minister in die Presidensie, Christine Hoebes voorgelees.
Die Suid-Afrikaanse federasie van vakbonde, Saftu, en sy lede betoog vandag buite die Reserwebank in Pretoria in afwagting op die aankondigng van 'n rentekoersverhoging. Die terugkoopkoers gaan na verwagting verhoog word, twee maande nadat die bank se president Lesetja Kganyago dit met 50 basispunte opgeskuif het. Saftu se woordvoerder, Trevor Shaku, sê verhoging het tot gevolg dat die grootste deel van die werkersklas meer moet opdok om hulle skuld af te betaal.
‘n LGBTQ-aktvis het haar reaksie gegee op berigte dat beide President Hage Geingob en die speaker van die Nasionale Vergadering, professor Peter Katjavivi parlementslede gewaarsku het oor haatspraak en die aanhitsing van geweld. Dit kom na aantygings van beide die oortredings op die WhatsApp-groep teen gay-huwelike. Die speaker sê daar is nog geen amptelike klagte by hom aangemeld nie, maar meen dat LP’s beter moet weet as om hulle aan sulke oortredings skuldig te maak. Kosmos 94.1 Nuus het met Sister Namibia se redakteur, Ethne Mudge, gesels...
Huldeblyke stroom in na die dood van die legendariese sanger Tina Turner. Die 83-jarige is in haar huis in Switserland oorlede nadat sy lank siek was. In haar huldeblyk het die televisie-aanbieder Oprah Winfrey Turner se moed geloof en gesê haar lewe was 'n baken vir oorwinning. Die Obamas het haar geloof vir die manier waarop sy met pyn en vreugde die waarheid gepraat en gesing het. Mick Jagger het die ster as uiters talentvol beskryf. Die woordvoerder van die Withuis, Karine Jean-Pierre, sê President Joe Biden het Turner beskryf as 'n talent wat net een keer in 'n generasie voorkom.
Die leier van die EFF Julius Malema het gesê hy sal wapens aan Rusland verskaf omdat Moskou in 'n oorlog met imperialisme is. Malema het beklemtoon dat Suid-Afrika 'n bondgenoot van Rusland is en dat die ANC-regering se standpunt van nie-belyning net van toepassing is op die oorlog in die Oekraïne. Die Internasionale Strafhof het 'n lasbrief vir inhegtenisneming vir Vladimir Putin uitgereik vir beweerde oorlogsmisdade, maar Malema het onderneem om enige poging om die Russiese President in hegtenis te neem, te voorkom as hy die Brics-beraad in Kaapstad bywoon.
Groot opgewondenheid heers oor die kabinet wat die ooreenkoms met Hyphen Hydrogen Energy goedgekeur het vir die ontwikkeling, implementering en bedryf van die beplande groenwaterstof-projek. Die baanbreker-ooreenkoms sal na verwagting môre amptelik onderteken word. Deur die Europese Unie en die Global Gateway Initiative, het Namibië skenker- en konsessiebefondsing van Invest International en die Europese Beleggingsbank van meer as 11,167 miljard Namibiese dollar gekry om die ontwikkeling van die groenwaterstof-bedryf te finansier. By volskaalse ontwikkeling, wat voor die einde van die dekade verwag word, sal die projek jaarliks twee miljoen ton groen-ammoniak vir streeks- en wêreldmarkte produseer. Kosmos 94.1 Nuus het met die bekende ekonoom Dawie Roodt gepraat wat sê die projek sal ‘n groot ekonomiese hupstoot vir die land gee.
Daar word steeds gesoek na ‘n hoofverkiesingsbeampte vir die Verkiesingskommissie van Namibië met die land se nasionale en presidensiële verkiesing wat volgende jaar plaasvind. Die vakante pos is weer in plaaslike media geadverteer en aansoeke sluit op 2 Junie. Die posisie is geldig vir vyf jaar om die huidige hoof van die kommissie Theo Mujoro op te volg. Politieke kommentator, dr. Ndumba Kamwanyah, het met Kosmos 94.1 Nuus oor die belangrikheid van hierdie posisie gepraat...
Die DA veroordeel die stelling deur die minister van verdediging en militêre veterane, Thandi Modise, dat die aard van die vrag wat op die Russiese skip, Lady R, gelaai is, vertroulik is. Parlementslid van die DA, Kobus Marais, sê haar uitlatings tydens die begrotingsdebat weerspieël 'n vlak van onkunde en minagting van Suid-Afrika se veiligheid en soewereine integriteit. Marais sê die DA eis dat die minister die manifes van die vrag openbaar maak.
Die Spesiale Ondersoek-eenheid van Suid-Afrika sê dit kon reeds meer as 71 miljoen Suid-Afrikaanse rand se Ters-fondse wat onregmatig deur besighede en individue tydens die Covid-pandemie geëis is, terugvind. Die fondse is deur middel van die Tydelike Werknemer-verligting-skema aan werkgewers beskikbaar gestel om aan hul werknemers te betaal vir die verlies van inkomste wat hulle tydens die Covid-inperkings gely het. Miljoene rande het egter nooit die regte begunstigdes bereik nie met baie besigheids-eienaars wat die geld in hul sakke gesteek het. Kosmos 94.1 Nuus se korrespondent in Kaapstad, Fritz Platt...
‘n Namibiese staatsveearts het sy reaksie gegee op twee gevalle van voëlgriep wat by wilde voëls in Brasilië opgespoor is. Die Wêreld-organisasie vir Dieregesondheid sê intussen pluimvee-uitvoere van Brasilië sal nie verbied word nie, tensy die virus verder versprei. Staatsveearts dr. Daniel Shoopala, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die regering het risiko-vermindering wat hulle toepas wanneer sulke virusse opgespoor word van 'n land waar vandaan Namibië produkte invoer.
Die Stad Tshwane wag tans op toetsuitslae om die bron van die cholera-uitbreking in Hammanskraal, noord van Pretoria, te bepaal. Die burgemeester, Cilliers Brink, het die erns van die situasie benadruk en sê die uitbreking moet as 'n nasionale noodtoestand, sowel as 'n humanitêre en menseregtekrisis hanteer word. Hammanskraal is geïdentifiseer as die middelpunt van die uitbreking. Brink het ook op 'n nuuskonferensie aangekondig 'n tugproses vir amptenare wat geïmpliseer word ná forensiese ondersoeke, het begin.
Die regerings van Namibië en die Verenigde Koninkryk probeer redes vind vir die toenemende aantal jong Namibiërs wat na die VK gaan om vir asiel aansoek te doen. Die Britse hoëkommissaris in Namibië, Charles Moore het tydens 'n hoflikheidsbesoek aan Staatshuis gesê 'n groot aantal Namibiërs gaan steeds na die VK om vir asiel aansoek te doen. In September verlede jaar het Moore reeds sy kommer uitgespreek oor die talle jong Namibiërs wat in die VK opdaag en asiel eis om werksgeleenthede te verseker. Hy het beklemtoon dat asiel nie vir mense is wat werk in die VK soek nie en dat Namibiërs die stelsel misbruik. Volgens Moore het Namibië op 'n stadium verlede die meeste assielsoekers in die VK gehad. Die IPC se nasionale voorsitter, Brian Black het met Kosmos 94.1 Nuus gesels en gesê hierdie jongmense gaan weg weens 'n gebrek aan werksgeleenthede...
Een van die vier Namibiese jagluiperd-welpies wat in Indië gebore is ná die verskuiwing van agt Namibiese jagluiperd na die land, is dood. Die oorsaak van die jongste vrekte is nog nie vasgestel nie. Dit is die vierde jagluiperd wat in Indië dood is. 'n Wyfiejagluiperd uit Namibië is op 27 Maart aan 'n nierkwaal dood. Twee Suid-Afrikaanse jagluiperds is in Maart en in April weens onderskeidelik siekte en tydens paring dood. Agt jagluiperds uit Namibië en 12 uit Suid-Afrika is na die Kuno Nasionale Park in Madhya Pradesh verskuif. Kommer bestaan oor die welsyn van die jagluiperds en dat hulle eerder weer verskuif behoort te word. ‘n Indiese wildlewe-bioloog, Ravi Chellam gee sy mening
Suid-Afrika se grootste opelug-musiekfees Liefde by die Dam word nou ook in Namibië aangebied onder die naam Liefde by die Nam. Liefde by die Nam word op Saterdag 9 September by WHS Vegkop-stadion in die hoofstad aangebied. Feesgangers kan uitsien na musiek wat deur die verloop van die dag aangebied word met van Suid-Afrika se voorste kunstenaars Die Heuwels Fantasies, Francois van Coke, Appel, Bobby van Jaarsveld, Tasché, Early B, Snotkop, Robbie Wessels, Riana Nel, Barto, Justin Vega en Namibië se eie Sagarias Tsam. Pierre Greeff van die Die Heuwels Fantasties het met Kosmos 94.1 Nuus gesels...
ActionSA in die Wes-Kaap het namens 'n groep pleegouers van Khayelitsha klagtes by die Menseregtekommissie ingedien teen die Wes-Kaapse provinsiale departemente oor die manier waarop die departemente se optrede en gebreke kwessies rondom pleegkinders in gedrang bring. Michelle Wasserman van ActionSA sê hulle kla oor die toelae wat veronderstel is om betaal te word. Dit word dikwels laat of glad nie betaal nie.
‘n Namibiese ekonoom het sy reaksie gegee op die hoeveelheid huishoudelike leners wat in verlede jaar met 4,5 persent na net meer as 244 000 gestyg het. Op ‘n kwartaallikse basis het die getal met amper 7 persent toegeneem. Volgens die toesighoudende owerheid, Namfisa, is die styging aangedryf deur ‘n groei in die hoeveelheid huishoudings wat by sogenaamde ‘payday-leners’ skuld maak, wat op amper 28 persent op ‘n kwartaallikse basis toegeneem het en net meer as 23 persent op ‘n jaargrondslag. Die goeie nuus is dat agterstallige lenings met 10,2 persent gedaal het en staan op 1,3 miljard Namibiese dollar. Agterstallige lenings beslaan 20 persent van die totale skuld in die land. Ekonoom Cons Karamata het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor wat Namibiërs dwing om geld te leen.
Die Wes-Kaapse departement van kultuursake en sport het onthul dat 115 geborgde sportbyeenkomste vanjaar vir die provinsie beplan is. Volgens die departement beklemtoon dit sy pogings om die provinsiale sport-sektor te laat groei. DA-woordvoerder oor sport, Gillion Bosman, sê die Twee Oseane-marathon het 672 miljoen Suid-Afrikaanse rand tot die plaaslike en provinsiale ekonomie bygedra, terwyl die onlangse E-Prix twee miljard rand bygedra het. Bosman sê die komende Netbal-Wêreldbeker, van 28 Julie tot 6 Augustus, sal na verwagting 2,5 miljard rand vir die plaaslike ekonomie lewer.
Die departement van gesondheid in Limpopo sê vyf hospitale en 'n aantal primêre gesondheidsorg-geriewe in die Vhembe-distrik staar ernstige watertekorte in die gesig weens gemeenskapsprotes-aksies in die Thumalela plaaslike munisipaliteit. Die oproerige gemeenskappe het na bewering water-infrastruktuur vernietig. Die woordvoerder van die departement, Neil Shikwambana, sê die Nandoni-dam, wat die hoofwaterbron in die gebied is, is sedert Maandag gesluit.
Die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, Erastus Uutoni, het die verslag van die 23ste jaarvergadering van die Raad van Tradisionele Leiers aan President Hage Geingob by Staatshuis oorhandig. Die verslag fokus op aansoeke om erkenning wat die oorweging van die President vereis, ingevolge die Wet op Tradisionele Owerhede. Sowat nege nuwe tradisionele owerhede het om erkenning aansoek gedoen. Uutoni het tydens die oorhandiging van die verslag gepraat...
Die DA in Gauteng sê kleinskaalse boere in die provinsie sal aanhou ly omdat die provinsiale regering nie daarin slaag om voldoende ondersteuning aan hul te bied nie. Dié situasie word vererger deur die besnoeiing van 59,3 miljoen Suid-Afrikaanse rand in die departement van landbou en landelike ontwikkeling se begroting. Die DA-lid, Dorianne Arendse, sê dit het 'n negatiewe uitwerking op voedselsekerheid in die provinsie aangesien inwoners meer vir basiese voedselitems sal moet betaal.
Die Wes-Kaapse LUR vir Polisieoorsig en Gemeenskapsveiligheid, Reagen Allen, sê beamptes van die wetstoepassings-bevorderingsplan, LEAP, is sedert 2020 suksesvol met misdaadbekamping, veral wat moord betref. Gebiede waar LEAP betrokke is, het van Januarie tot Maart vanjaar 428 moorde aangemeld. Allen sê dit beteken moorde in LEAP-areas het met 9 persent afgeneem...
Die Ongwediva-handelskou word vanjaar vanaf 25 Augustus tot 2 September gehou. Die skou word as uiters belangrik vir die Noorde se ekonomie geag en lok ook talle buitelandse uitstallers wat nuwe beleggings- en besigheidsgeleenthede bied. Kosmos 94.1 Nuus het met Jackson Muma, woordvoerder by die Ongwediva-dorpsraad gesels oor die vordering met die jongste reëlings.
Die Staatsinstellings Pensioenfonds het die GIPF Strategiese Plan vir 2023 tot 2026 bekendgestel. Die fonds is uiters belangrik vir staatsamptenare maar, dit presteer baie goed met fynbeplande beleggings. Die hoofrede is deur eerste minister Saara Kuugongelwa-Amadhila, gelewer en sê dat in die afgelope vyf jaar, is 20 miljard Namibiese dollar uitbetaal.
Bernhardt Esau getuig steeds in sy borgaansoek voor regter David Munsu. Die memorandum van verstandhouding wat onderteken is in Angola vir visvangkwotas is steeds onder die loep. Die stigting van Nengomar Pesca in die buurland en Nengomar in Namibië het volgens die staat die Fishrot-korrupsieskandaal moontlik gemaak. Esau het reeds ontken dat hy enige inligting oor die kontrak gehad het en sê aan die staatsadvokaat Cliff Lutebezi dat hy nie ander visserypersoneel saamgeneem het nie omdat hy wou geld spaar.
Die Namibiese omgewingsminister Pohamba Shifeta is tans in die Etosha Nasionale Park met die onthoring van renosters in die park. Owerhede sê 87 renosters is verlede jaar gestroop vergeleke met 45 in 2021, waarvan die meeste in Etosha dood is. Dit verteenwoordige ‘n 93 persent toename. Maar, terwyl dit hartseer is dat toeriste die diere sonder hul ikoniese horings sal moet fotografeer, sê Jaco Muller van die Rhino Momma-projek dat gaste dit verstaan. Hy voeg by dit is die enigste manier op vrylopende renosters te beskerm.
Namcor het sy reaksie gegee oor internasionale berigte dat TotalEnergies se sogenaamde hoë-risiko boorwerk aan die Namibiese kus toon dat hy ‘n massiewe oliebron op hande het. Upstream Online verwys na die gebied, aflandig in die Suide van Namibië, as die wêreld se nuwe olie-brandpunt. Volgens die aanlynpublikasie het TotalEnergies se Venus-put alle aan verwagtinge voldoen. Die nuus volg na Shell ‘n week gelede aangekondig het dat sy Graff-1 put buitengewone olievloei-tempo's behaal het tydens produksietoetse. Daar word beraam dat die gebied ongeveer 12 miljard vate olie bevat, sowel as triljoene kubieke meter gasbronne. Paulo Coelho, die woordvoerder by Namcor het met Kosmos 94.1 Nuus oor die goeie nuus gepraat...
Die LP vir die Landless People’s Movement, Utaara Mootu sê daar is groot kommer oor skuilings vir slagoffers van geslagsgeweld in die Omaheke-streek. Sommiges het reeds gesluit as gevolg van begrotingstekorte sowel as personeeltekorte. Daar is ook blykbaar net vyf maatskaplike werkers vir die hele streek.
Sokker: Orlando Pirates sal Saterdag in die Nedbankbeker-eindstryd vir Sekhukhune United op Loftus Versfeld in Pretoria pak. Sekhukhune het 'n geleentheid om vir die eerste keer te wen, terwyl Pirates die Beker reeds agt keer verower het. Die Soweto-reuse het 'n goeie Premierliga-seisoen beleef waarin hulle tweede geëindig het, ná Mamelodi Sundowns. Pirates se kaptein, Innocent Maela, sê hulle is gereed om te veg om die Nedbankbeker vir die eerste keer sedert 2014 te wen:
Gauteng se Departement van Gesondheid het bevestig dat die dodetal weens die cholera-uitbreking in Hammanskraal tot 17 gestyg het. Die getal cholera-gevalle wat deur laboratoriums bevestig is, staan nou op 29. Die woordvoerder van die departement, Motalatale Modiba, sê 165 pasiënte is in die Jubilee-distrikshospitaal behandel, waarvan 18 na ander gesondheidsinstellings in Tshwane oorgeplaas is:
Die instandhoudingswerk op die pypleiding tussen Von Bach-dam en die hoofstad het goed afgeloop en alles was volgens plan. NamWater se bestuurder vir die Khomas-gebied Stephanus Mukuya, sê normale toevoer van die hoofstad se bergingsreservoir is teen half-drie vanoggend voltooi.
Daar is geen kommer oor die lae vlak van die water by Blouputs in die Benede Oranje-bekken nie. Die vlak wissel rondom een meter teenoor die meer as twee meter verlede jaar. Druiwe-produsente teen die rivier sê daar is geen rede tot kommer nie – die wingerde rus gedurende die winter en dus word minder water gebruik. Frederike Bauer van die Orvi-druiweplaas het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.
Die metaalwerkersvakbond Numsa sê Eskom moet na die onderhandelingstafel terugkeer met 'n eerlike aanbod wat die eise van die werkers aanspreek. Numsa, Solidariteit en die Nasionale Unie van Mynwerkers het gister die kragverskaffer se hersiene loonaanbod van 4,5 persent gedurende die begin van die derde en finale ronde van die onderhandelings verwerp. Die woordvoerder van Numsa, Phakamile Hlubi-Majola, sê hulle het hul eis van 15- na 12-persent verminder, maar Eskom is steeds onverbiddelik:
Die DA sê hy is diep bekommerd oor die uitwerking van 'n moontlike ineenstorting van die kragnetwerk op die land se voedselsekerheid. Die party sê die onlangse nuus dat die land se grootste pluimveegroep, Astral, 'n daling van byna 90 persent in tussentydse winste aangekondig het, beklemtoon die voortslepende en duur ontwrigting wat beurtkrag in die landbou-verwerkingsbedryf veroorsaak. Noko Masipa van die DA sê die minister van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling, Thoko Didiza, moet planne aankondig om die dreigende krisis af te weer:
Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, sê die wêreld bring nie sy kant om burgerlikes teen oorlog te beskerm nie. Verlede jaar was 94 persent van die slagoffers wat dood is tydens ontploffings in bevolkte gebiede, burgerlikes. Meer as 117-miljoen mense wêreldwyd het verlede jaar erge hongersnood in die gesig gestaar, hoofsaaklik weens oorlog en politieke onsekerheid. Guterres het die internasionale gemeenskap gemaan om pogings te verskerp om konflik te vermy, burgerlikes te beskerm, vrede te bewaar en politieke oplossings vir oorlog te vind:
Die Verenigde Nasies se internasionale kinderfonds waarsku die uitbreking van cholera in Hammanskraal, noord van Pretoria, moet 'n wekroep wees. Twee van die 15 mense wat sedert die begin van die uitbreking dood is, was kinders. Unicef Suid-Afrika se adjunkverteenwoordiger, Muriel Mafico, sê hierdie uitbreking beklemtoon die belangrikheid om toegang tot veilige water en sanitasie te verseker en goeie higiëne-praktyke aan te moedig:
Anette Rheeder gesels vandag meer oor menopause simptome en 'n vergrote prostaat. Volg die skakel na die vraelys oor menopause simptome wat dames kan gebruik. https://www.livingnaturally.co.za/articles/women-s-health/menopause-rating-scale-mrs en hier is die skakel vir mans met moontlike 'n vergrote prostaat. https://www.livingnaturally.co.za/articles/men-s-health/quick-screening-tool-for-benign-prostatic-hyperplasia-bph
Koperdiefstal eis steeds sy tol in Suid-Afrika. Dit kos jaarliks 'n verbysterende 46,5 miljard Suid-Afrikaanse rand en ontwrig ook kragvoorsiening. Volgens die Koper-ontwikkelingsvereniging sal die situasie na verwagting vererger omdat die vraag na verwagting die hoogte gaan inskiet, vanaf 25 miljoen ton tans, tot 60 miljoen ton teen 2050. Evert Swanepoel van die vereniging sê die toename in koperdiefstal word verder aangevuur deur 'n reuse aanvraag daarvoor:
Die leier van die Britse Arbeidersparty, sir Keir Starmer, het die ondersteuning wat die G7-lande aan die Oekraïne beloof het, verwelkom. Hy sê ‘n oorwinning in daardie land is noodsaaklik vir volhoubare vrede in Europa.
Graan SA het die steenkoolbedryf daarvan beskuldig dat hy voedselsekerheid in gevaar stel. Die organisasie sê dit het gelei tot die uitbuiting van vrugbare grond vir mynbou sonder voldoende rehabilitasie, wat dit nou onproduktief laat. Graan SA se woordvoerder, Pieter Taljaard, het die nadelige uitwerking van dié praktyk beklemtoon:
ActionSA het die kantoor van die Openbare Beskermer en die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie versoek om die rol van die Stad Tshwane en sy voormalige burgemeester Randall Williams in die Hammanskraal-waterkrisis te ondersoek. Die cholera-uitbreking in die Hammanskraal-omgewing het reeds die lewens van minstens 15 mense geëis met tientalle in die hospitaal. Thabang Sebotsane van ActionSA, sê die stad en Williams het versuim om stappe te doen teen die voortslepende probleme by die Rooiwal-afvalwaterbehandelingsaanleg:
Ontwikkelinge rakende die Verkiesingswysigings-wetsontwerp in die Zimbabwiese parlement het dit grondwetlik onmoontlik gemaak om die proklamasie in Mei in die Staatskoerant te publiseer. Die president sal moet wag. Die Verkiesingswysigings-wetsontwerp moet eers wet word voordat die proklamasie in die Staatskoerant gepubliseer kan word. Hy het ten minste tot einde Junie kans om die wet in die Staatskoerant te publiseer. Tendai Biti van die opposisie-party Citizens Coalition for Change het sy frustrasie met Kosmos 94.1 Nuus gedeel...
Na aanleiding van die erge skade wat roekelose toeriste met hul voertuie en motorfietse op een van die klein panne by Sossusvlei aangerig het, werk die personeel van Namib Naukluft Nasionale Park en Taleni Sossusvlei Lodge hard om die skade te herstel. Manie le Roux, hoofbeheer-natuurbewaarder in die omgewingsministerie met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor die rehabilitasieproses. Hy verduidelik dit sal 'n wyle neem om die beskadigde gebied volledig te rehabiliteer.
Die Namibiese gesondheidsministerie het die uitbreking van Krim-Kongo-koors in die land bevestig, maar sê daar is nie rede tot paniek nie. Dit volg ná ‘n man in die Windhoek Sentrale Hospitaal weens Krim-Kongo-koors gesterf het. Familie van die oorledene het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig hy is ‘n inwoner van Gobabis en sy begrafnis vind vandag plaas. Altesaam 27 van sy kontakte is geïdentifiseer, van wie 24 gesondheidswerkers, een mede-werker en twee persone in sy huishouding. Namibië het voorheen ses positiewe gevalle en drie sterfgevalle van Krim-Kongo-koors gehad. Die woordvoerder van die ministerie Walters Kamaya het aan Kosmos 94.1 Nuus verduidelik hoe dit oorgedra kan word.
Namibië kan baat vind by Afrika se grootste olieraffinadery wat in Nigerië geopen is. Nigerië is 'n groot olieprodusent, maar die meeste hiervan word na die buiteland gestuur vir verwerking en die land voer brandstof in. Nigerië se bestaande raffinaderye is vir meer as drie jaar heeltemal gesluit weens oliediefstal, pyplyn-vandalisme en strukturele verwaarlosing. Die raffinadery van 19 miljard Amerikaanse dollar, wat deur Afrika se rykste man, Aliko Dangote, besit word, het die kapasiteit om sowat 650 000 vate petroleumprodukte per dag te produseer. Kosmos 94.1 Nuus het met die woordvoerder van die ministerie van myne en energie, Andreas Simon, gepraat oor wat die jongste ontwikkeling vir Namibië kan beteken.
‘n Man wat daarvan beskuldig word dat hy pornografiese foto's versprei het waarop President Cyril Ramaphosa en die polisieminister, Bheki Cele, se gesigte geplaas is, het in die hof verskyn. Scebi Thabiso Nene is in hegtenis geneem ná ondersoeke deur die Valke. Lumka Mahanjana van die Gautengse Nasionale Vervolgingsgesag, sê die beskuldigde het na bewering die pornografiese beelde aan 'n klaer gestuur wat die saak toe aangemeld het:
Die Hammanskraal-prokureursvereniging sê hy gaan 'n groepsgeding instel teen die Stad Tshwane en die provinsiale Gesondheidsdepartement. Dit volg nadat cholera in die gebied uitgebreek en 15 lewens geëis het. Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie het in 2019 bevind die water by Hammanskraal is nie geskik vir menslike gebruik nie. 'n Woordvoerder van die vereniging, Aaron Ngobeni, sê volgens die Grondwet verdien inwoners skoon water:
Die goewerneur van Florida, Ron DeSantis, sal na verwagting vandag sy 2024 kandidaatskap vir die Republikeinse presidensiële kandidaat in 'n aanlyn-verskyning met Elon Musk, uitvoerende hoof van Twitter, aankondig. Die twee sal om middernag Namibiese tyd die gesprek op Twitter Spaces voer. DeSantis, nou 44 jaar oud, word beskou as Donald Trump se hoofmededinger vir die Republikeinse Party se benoeming. DeSantis het onlangs gesê die Republikeinse party bly verloor en dit moet end kry.
Die bekende Suid-Afrikaanse sakevrou, Magda Wierzycka, sê dis tyd vir President Cyril Ramaphosa om die aftog te blaas en uit sy posisie te tree. Wierzycka, die stigter en uitvoerende hoof van die beleggings-firma, Sygnia, sê Ramaphosa se gebrek aan optrede en sy stilswye, in 'n tyd wat die land gebukkend gaan onder 'n reeks uitdagings, berokken die land en sy internasionale reputasie onomkeerbare skade. Fritz Platt, Kosmos 94.1 Nuus se korrespondent in Kaapstad, deel meer...
Die winterkoue is hier met weerlose mense en diere wat geen warm klere of komberse het om hulle teen die koue te beskerm nie. As jy van jy ou komberse wil ontslae raak, skenk dit aan ‘n plaaslike liefdadigheidsorganisasie of diere-skuiling. Daar is soveel troeteldiere wat hierdie winter warm komberse benodig, en baie plaaslike diere-skuilings maak staat op skenkings om hul vierpotige vriende warm te hou. Hanna Rhodin, die DBV se nasionale direkteur het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Die DA sê dat die huidige cholera-uitbreking nie uitsluitlik 'n Tshwane-kwessie is nie, maar dat 'n moontlike nasionale cholera-uitbreking in die gesig gestaar word. Voorvalle van cholera is ook in die Vrystaat en Limpopo aangemeld. Leon Basson, die DA se skaduminister vir water en sanitasie sê dit is die gevolg van jare en jare se nasionale staatsverwaarlosing en vorige plaaslike regimes wat metro's bankrot gemaak het tot die punt dat hulle amper onder administrasie geplaas moes word.
Senator Tim Scott van Suid-Carolina sê as die enigste swart Republikein in die Senaat, bied hy 'n unieke uitkyk op konserwatiewe beleide en hoe dit Amerikaners die beste kan dien. Hy het sy veldtog om Amerika se Republikeinse kandidaat vir volgende jaar se presidentsverkiesing te word, amptelik van stapel gestuur. Oudpresident Donald Trump het reeds aangekondig dat hy verkiesbaar is terwyl goewerneur Ron DeSantis van Florida na verwagting ook by hulle sal aansluit. Scott het sy standpunt oor die omstrede kwessie aborsie aan CNN gegee...
Korporatiewe maatskaplike verantwoordelikheid het 'n toenemend belangrike oorweging geword vir maatskappye en stigtings wat 'n positiewe maatskaplike impak wil maak. Met vooruitgang in tegnologie is daar meer geleenthede as ooit tevore om tegnologie te benut om positiewe maatskaplike veranderings te skep. Daar is egter ook risiko's en uitdagings verbonde aan die gebruik van tegnologie. Mignon du Preez uitvoerende hoof van bemarking, openbare sake en volhoubare bestuur van Old Mutual Namibia sê etiese tegnologie moet gebruik word om die wêreld op 'n positiewe manier te verander.
Stad Windhoek word ook nou deur swendelaars geteiken. Sy kliëntediens-sentrum het oproepe ontvang van inwoners wat navraag doen oor 'n kommissaris van die Windhoekse stadspolisie wat eis dat inwoners hul betalings op hul rekeninge via die E-wallet-betalingstelsel moet maak. Inwoners word glo met arrestasie gedreig as hulle nie gehoor gee nie. Die stad se skakelbeampte Celie Kapolo sê aan Kosmos 94.1 Nuus Windhoekers moenie vir hierdie bedrogspul val nie.
Sommige voormalige vlieëniers van Air Namibia is steeds werkloos. Van die Air Namibia-vlieëniers moes hul vlerke wyd sprei om werk te kry nadat die nasionale lugredery bankrot verklaar is. Sommiges het nou eers werk by lugrederye in die buiteland gekry en ander het nuwe beroepsrigtings ingeslaan. Kosmos 94.1 Nuus het met André Compion, die uitvoerende direkteur van FlyNamibia gevra hoeveel verligting die plaaslike redery vir Air Namibia-vlieëniers gebring het.
Die borgtogaansoek van oud-visseryminister Bernhardt Esau duur voort voor regter David Munsu in die Windhoekse hoërhof. Staatsadvokaat Clive Lutabezi het Esau gevra of hy versoek het dat Nengomar Pesca Namibia die ontvanger van die kwotas moet word. Lutabezi en Esau het tydens sy kruisondervraging ‘n woordewisseling gehad. Esau het gesê hy was in die hande van sy administrasie...
Die vakbond-federasie Saftu het sy teleurstelling uitgespreek oor die voortdurende kwessie rondom onveilige drinkwater, selfs ná 29 jaar van demokrasie. Saftu se kommer spruit uit die cholera-uitbreking in Hammanskraal, wat tot 15 sterftes gelei het. Inwoners het waterprobleme aangemeld wat terugdateer na 2010, wat uiters ontstellend is. Saftu se woordvoerder, Trevor Shaku, noem korrupsie as 'n bydraende faktor.
Die Suid-Afrikaanse departement van gesondheid sê die hoë sterftesyfer in cholera-gevalle is kommerwekkend. Die departement het die media ingelig oor die voortslepende cholera-uitbreking wat die lewens van 15 mense geëis het. Die direkteur-generaal, Sandile Buthelezi, het 'n beroep op openbare gesondheid-spesialiste gedoen om 'n deeglike ontleding van die aangetekende gevalle en verwante sterftes te verskaf.
Rugby: Die opwinding laai op vir Saterdag se eindstryd in die Verenigde Rugbykampioenskap. Die verdedigende kampioen, Stormers, is die gasheer vir die tweede agtereenvolgende eindstryd en in hulle pad staan Munster, wat tot dusver hierdie seisoen hulle grootste struikelblok was. Munster het die Stormers in April in die Moederstad geklop en nou meet die twee spanne weer kragte in die Kaapstad-stadion, maar nou is dit ʼn eindstryd. Springbok-voorryman, Frans Malherbe, sê dit is belangrik om emosies in bedwang te hou.
'n Voorval wat op die hoek van Robert Mugabe-rylaan en Jan Jonkerweg in die hoofstad plaasgevind, waarby die presidensiële motorkade betrokke was, het omstanders geskok gelaat toe verkeersbeamptes ‘n ambulans met loeiende sirenes gestop het om te wag dat die President verbykom. Die vraag is wie is meer belangrik in hierdie geval, die President of 'n pasiënt in ambulans in ‘n noodgeval? Die voormalige parlementslid Henk Mudge, het sy reaksie aan Kosmos 94.1 Nuus gegee.
Die amptelike ondertekening-seremonie van 'n memorandum van verstandhouding tussen die Namibiese Mededingings-kommissie en die Mededingings- en Verbruikers-owerheid van Botswana het vandag plaasgevind. Vitalis Ndalikokule, uitvoerende hoof van die Namibiese Mededingings-kommisie, het die belangrikheid daarvan beklemtoon dat die twee buurlande saamwerk om hul mandaat uit te voer. Die ekonomiese publikasie The Brief het sy kommentaar gedeel...
AfriForum het bykomende skriftelike kommentaar ingedien om die Onteienings-wetsontwerp teen te staan. Dit volg nadat die Gautengse wetgewer se portefeuljekomitee oor infrastruktuurontwikkeling en eiendomsbestuur openbare insette oor die wetsontwerp aangevra het. Die burgerregte-organisasie sal ook volgende maand aan opkomende geleenthede deelneem, waar hulle mondelingse argumente teen die wetsontwerp sal lewer. Ernst van Zyl van die organisasie beklemtoon indien die wetsontwerp aanvaar word, sal daar ernstige gevolge wees, veral ten opsigte van huiseienaarskap, voedselsekerheid en ekonomiese bestendigheid.
Die nasleep van die Covid-pandemie het steeds 'n groot impak op baie Namibiese gemeenskappe. Covid het talle gesinne werkloos gelaat en die gevolg is dat hulle nie hul kinders se opvoeding kan bekostig nie. Die munisipaliteit van Tsumeb 'n Burgemeesters-fonds gestig waar hulle fondse insamel om die gesinne in nood by te staan. Die munisipaliteit bied 2 Junie ‘n rolbal-aand aan en op 3 Junie ‘n gala-dinee. Die adjunk-premier en minister van internasionale betrekkinge, Netumbo Nandi-Ndaitwah sal die gasspreker by die dinee wees. Skakelbeampte Stella Imalwa-Nangolo het met Kosmos 94.1 Nuus oor die fonds gesels.
Dit gaan steeds redelik goed met die bekende Otjiwarongo-sakeman Theo Borstlap. Hy word tans in Millpark-hospitaal in Johannesburg behandel na hy op 4 Mei erge brandwonde op sy plaas buite die dorp opgedoen het. Sy skoonseun sê daar is uitdagings maar oor die algemeen is die dokters positief.
Die Stad Kaapstad sê sy Departement van Wetstoepassing het die afgelope week 363 verdagtes weens verskeie oortredings gearresteer, en 82 234 oortredings is aangeteken, vergeleke met 283 arrestasies die vorige week. Die stad se burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekerheid, JP Smith, sê die stad se inhegtenisnemings het die afgelope paar jaar aansienlik toegeneem, omdat die beskikbare hulpbronne vir Veiligheid en Sekerheid gegroei het:
Die Paaie-owerheid het groot planne om sy vyfjaar-geïntegreerde strategiese plan van 15 miljard Namibiese dollar uit te voer. Die plan poog om die nasionale padnetwerk uit te brei, asook om verskeie grondpaaie op te gradeer na bitumenstandaarde. Volgens die uitvoerende hoof, Conrad Lutombi, sal die Padfondsadministrasie sowat 10,27 miljard dollar van die totaal voorsien met 'n bykomende 1,22 miljard dollar wat deur lenings en toekennings bekom sal word en 2,78 miljard dollar wat die regering sal voorsien, tot en met die einde van die 2026-27 boekjaar. Maar, die Padfondsadministrasie het onlangs aangekondig dat hy onder erge finansiële druk is en het daarom begin om ondersoek in te stel na tolhekke en het selfs gevra vir ‘n verhoging in brandstofheffings omdat dit 55 persent van sy inkomste beslaan. Kosmos 94.1 Nuus het met die administrasie se hoof uitvoerende beampte Ali Ipinge gesels en daar is ‘n plan vir befondsing.
Die borgaansoek van die oud-visseryminister Bernhardt Esau duur voort voor regter David Munsu. Nes hy ontken het dat hy ‘n iPhone wat twee simkaarte kan gebruik wou gehad het, ontken hy dat hy enigsins betrokke wat met die opstel van die twee vismaatskappye Nengomar Pesca in Angola en Nengomar Namibië. Die aantyging is dat die twee maatskappye gestig is om kwotas uit te ruil om Samherji se kwota te vul en dus die omkoopgeld moontlik te maak. Esau sê aan staatsadvokaat Clive Lutabezi dat hy eenvoudig die ooreenkoms om die Angolese Nengomar te stig onderteken het, maar het nie inligting daaroor gehad nie.
Sou die VSA op 1 Junie nie sy verpligtinge in verband met sy skuldbetalings kan maak nie, sal daar plaaslik ook ‘n impak wees. Samesprekings om die skuldperk in die VSA te verhoog duur voort tussen President Joe Biden en Huis-meerderheidsleier Kevin McCarthy. Geen ooreenkoms is tot dusver bereik nie. Chris Hart sê die Amerikaanse dollar sal verder versterk en markte sal wankel...
NotInMyName International sê hy verskaf skoon water aan die inwoners van Hammanskraal in Tshwane. Dit volg ná die cholera-uitbreking waarin 15 mense dood is. Die gebied sukkel die afgelope 16 jaar met besmette water. Die organisasie se woordvoerder, Mo Senne, sê die reg op veilige, voldoende en betroubare water is in die Grondwet verskans:
Die bestuurder van Newcastle United, Eddie Howe, het toegegee dat hulle met die aanvang van die seisoen nie eens aan die moontlikheid gedink het om vir die Kampioeneliga te kwalifiseer nie. Die Magpies het vir die eerste keer in twintig jaar onder die top vier spanne geëindig en na die groot arena teruggekeer toe hul wedstryd gisteraand teen Leicester gelykop geëindig het sonder enige doel. Newcastle was 19de op die Premierliga se punteleer toe Howe in November 2021 die klub se leisels oorgeneem het. Hy sê hy is ingenome met die groot prestasie:
Die voorsitter van die Parlementêre Staande Komitee oor Ekonomie en Publieke Administrasie, Natangwe Ithete, het die noodsaaklikheid beklemtoon om wette te hersien en te verander om by huidige stand van sake aan te pas. Ithete het tydens opening van die konsultatiewe en oorsig-werkswinkel oor die Wet op Finansiële Instellings en Markte, Fima, op Swakopmund, gesê daar is niks fout daarmee om wette te vervang wat nie meer 'n doel dien nie. Hy het verwys na onder andere die omstrede Fima-klousule oor pensioene wat ‘n openbare herrie ontketen het. Dr. Omu Kakujaha-Matundu van die departement ekonomie aan die Universiteit van Namibië, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels oor Ithete se kommentaar.
Die voormalige Springbok-afrigter, Peter De Villiers, gaan die GOOD-party in die Wes-Kaapse wetgewer verteenwoordig. Hy is die afgelope naweek ná onderhoude deur die party se nasionale bestuurskomitee in die amp verkies. Die opening het ontstaan nadat Shaun August geskors is. GOOD se sekretaris-generaal, Brett Herron, sê De Villiers het die afgelope twee jaar sy gemeenskap as raadslid en koukusleier in die Drakenstein-munisipaliteit gedien:
‘n Ekonoom meen die regering moet ‘n opbrengs op sy belegging in hervestigingsplase kan toon. Die beperkings van die hervestigingsprogram is reeds jare bekend met die groter meerderheid boere wat in armoede verval en grond wat onproduktief is. Die landbouministerie het in die vorige boekjaar amper 40 000 hektaar bekom teen ‘n koste van amper 83 miljoen Namibiese dollar. Volgens die goewerneur van die Omaheke-streek, Pio Nganate, is die grootste uitdaging die beperkte desentralisering van stelsels. Kosmos 94.1 Nuus het met Salomo Hei, besturende direkteur van High Economic Intelligence, oor desentralisasie gepraat...
Die Springbok-vroue se hulpafrigter, Laurian Johannes-Haupt, sê hulle verwag 'n fisiese en taai stryd teen Kenia. Hulle tweede wedstryd in die Rugby Africa-vrouebeker op die Maki-stadion in Antananarivo, Madagaskar, vind môre plaas. Johannes-Haupt sê die 87-0-oorwinning oor Kameroen in hulle openingswedstryd is verby en hulle sien daarna uit om die prestasie te verbeter teen die Keniaanse span wat hulle al goed ken:
Die Suid-Afrikaanse Departement van Binnelandse Sake het 'n projek van stapel gestuur om te verseker alle mense wat vonnisse in Suid-Afrikaanse tronke uitdien, het behoorlike identifikasiedokumente. Minister Aaron Motsoaledi het 'n nuuskonferensie gehou oor die Facebook-verkragter en moordenaar, Thabo Bester, se identiteitstatus en die belangrikheid van identifikasie beklemtoon. Hy het alle burgers bo die ouderdom van 16 aangemoedig om aansoek te doen vir hul ID's:
Kenners glo daar is 'n verband tussen armoede, konflik, rampe weens klimaatsverandering en die uitbreking van cholera wêreldwyd. Hulle waarsku dat ontwikkelende lande met uitdagings te kampe het om doeltreffende openbare gesondheidstoesigstelsels daar te stel om cholera-gevalle dadelik op te spoor en te bevestig. Die voorsitter van die gesondheidskomitee van die Suid-Afrikaanse Verenigde Sakekonfederasie, Angelique Coetzee, gee ook die skuld vir 'n gebrek aan aanspreeklikheid en minagting van basiese menseregte:
Die Freedom of Russia Legion, wat homself beskryf as 'n anti-Kremlin-burgermag wat Rusland van Vladimir Putin wil bevry, het verantwoordelikheid aanvaar die vir aanval in die Belogrod-streek van Rusland wat teen die grens met die Oekraïne is. Rusland het die Oekraïne vroeër blameer. Die Russian Volunteer Corps voglens wat berig word, saam gemaak. Die goewerneur van die Belgorod-streek, Vyacheslav Gladkov, sê agt mense is beseer met Russiese grenssoldate wat doodgeskiet is en verskeie dorpies het onder bomaanvalle deurgeloop, insluitend ‘n kleuterskool. Die afgetrede kolonel in die Amerikaanse weermag, Liam Collins, sê aan Amerikaanse media dat dit nie veel impak sal hê as die groepe nie kan bewys hulle kan verdere aanvalle uitvoer nie.
Die Vragmotorbestuurdersvereniging van Suid-Afrika het die behoefte aan versnelde transformasie in die vragbedryf deur middel van regulering beklemtoon. Belanghebbendes benadruk histories-gemarginaliseerde rassegroepe, veral swart mense, verteenwoordig tans slegs sowat tien-persent van eienaarskap. Mary Phadi van TASA vra dat aandag aan hierdie ongelykhede gegee word ten einde inklusiwiteit in die sektor te bevorder:
Die adjunkminister van water en sanitasie in Suid-Afrika, David Mahlobo, sê 'n formele ondersoek gaan gedoen word om te bepaal wat die cholera-uitbreking in Hammanskraal, noord van Pretoria, veroorsaak het. Vyftien mense is reeds dood en meer as 50 vir die bakteriële siekte behandel. Mahlobo sê die ondersoek sal ook kyk of daar enige nalatigheid deur persone of 'n instansie was:
Die Verenigde Nasies sê die gevegte in Sudan het ernstige menseregteskendings en oortreding van internasionale humanitêre wette tot gevolg gehad. Die week lange skietstilstand wat Maandagaand in werking getree het, is reeds gebreek. Gevegte tussen die weermag en die paramilitêre groep, Rapid Support Forces, het gelei tot die dood van meer as 700 mense wat 190 kinders insluit. Die VN-sekretaris-generaal se spesiale gesant in Sudan, Volker Perthes, sê burgerlikes het 'n duur prys betaal vir die sinnelose geweld:
‘n Maatskaplike aktivis het haar reaksie gegee op die president van die PDM McHenry Venaani wat vir die eerste keer sy stilte gebreek het oor die gay-huwelik-herrie wat sedert verlede week in die land woed. Venaani sê die PDM het nog altyd LGBTQ-regte en menseregte ondersteun, maar wel nie gay-huwelike nie. Volgens hom is dit die rol van die wetgewer om wette wat die meerderheid wil hê, te bespreek. Kosmos 94.1 Nuus het met Linda Baumann, gepraat wat sê politieke partye moet nou gesprekke oor LGBTQ-regte voer.
Verdere rentekoers-verhogings word van die Suid-Afrikaanse Reserwebank verwag wanneer sy Monetêre Beleidskomitee op 25 Mei sy besluit bekend maak, asook van die Bank van Namibië met sy aankondiging op 14 Junie. Sou die Suid-Afrikaanse sentrale bank rentekoerse weer verhoog, al is dit net met 25 basispunte, sal Namibië dan 75 basispunte agter die buurland wees met die repokoers wat tans op 7,25 persent staan en voorspellings is dat die buurland se sentrale bank wel sy koers sal verhoog. Gabriel Erastus, 'n plaaslike ekonoom, sê Namibiërs kry nie ‘n verhogings in hul maandelikse inkomste soos die rentekoerse styg nie. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat...
Die skrywer E. Jean Carroll het 'n regter gevra om haar aanvanklike lastersaak teen oudpresident Donald Trump te wysig omdat sy bykomende skadevergoeding wil eis. Dit volg nadat hy na bewering neerhalende opmerkings oor haar gemaak het tydens die CNN Town Hall met Kaitlan Collins, net 'n dag nadat hy in 'n siviele saak aanspreeklik bevind is dat hy haar seksueel aangerand het. Trump het herhaal dat Carroll die storie dat hy haar by die Bergdorf Goodman-winkel seksueel aangerand het, versin het en haar ook 'n "whack job" genoem, tot die genot van die gehoor.
Die buurland se minister van elektrisiteit, Kgosientsho Ramokgopa, sê drie van die vier stukkende eenhede by die Kusile-kragstasie in Mpumalanga, behoort later vanjaar weer in werking te wees. Die eenhede is tans buite werking weens 'n rookgaspyp wat verlede Oktober gebreek het, en minstens 2 400 megawatt is daardeur vir die netwerk verlore. Ramokgopa, wat die vorderingsverslag ontvang het, sê dis noodsaaklik om alle eenhede by Kusile weer in werking te stel om beurtkrag te verlaag:
Die Stad Tshwane het proaktiewe stappe gedoen na aanleiding van die cholera-uitbreking in Hammanskraal en omliggende gebiede. Omgewings-gesondheidspraktisyns sal toetse uitvoer op die water in alle brandkrane, en watertenkwaens vir sanitasie ondersoek. Die toetsing was aanvanklik beperk tot die Rooiwal-brandkraan, maar is nou uitgebrei. Die stad se woordvoerder, Selby Bokaba, het bevestig die uitslae word binne drie dae verwag:
Samesprekings om die skuldperk in die VSA te verhoog duur voort tussen President Joe Biden en Huis-meerderheidsleier Kevin McCarthy. Geen ooreenkoms is tot dusver bereik nie met die sperdatum wat 1 Junie is. Republikeine wil besnoeiings in besteding hê en President Joe Biden sê daar is ander maniere om geld te spaar as op sy maatskaplike programme.
Toeriste se vakansiepakkette in Namibië is afhanklik van die gebruik van brandstof, wat dubbelsyfer-inflasiekoerse sedert April 2022 aangeteken het. Bowendien het lugvervoer ook sedert April 2019 met 9 persent toegeneem, met sy mees onlangse inflasie wat in April vanjaar op 5,4 persent op ‘n jaargrondslag aangeteken is. Volgens Simonis Storm kan dit deels verklaar word deur 'n lae aantal lugrederye wat Windhoek en Walvisbaai vanaf buurlande bedien, benewens stygende bedryfskoste van Suid-Afrikaanse lugrederye. Nathaly Ahrens van die Toer- en Safarivereniging van Namibië, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels oor die uitdagings waarmee die toerismesektor te kampe het.
Forum 4 Service Delivery het sy kommer uitgespreek oor die dood van 15 inwoners van Hammanskraal weens 'n cholera-uitbreking. Die forum sê die gebied worstel met 'n langdurige waterkrisis, wat voortduur onder die vorige ANC-administrasie én die huidige DA-geleide Stad Tshwane. Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie het voorheen die water as ongeskik vir verbruik uitgelig. F4SD se leier, Mbahare Kekana, hou albei partye verantwoordelik en beskuldig hulle daarvan dat hulle persoonlike gewin bo die gemeenskap se welstand plaas.
Die Suid-Afrikaanse minister van bosbou, visserye en omgewing, Barbara Creecy, sê haar departement se planne om sommige van Eskom se verouderde kragstasies teen 2030 te sluit, is in 'n gevorderde stadium. Creecy sê die Tesourie werk saam aan die proses en kyk ook of dit moontlik is om vir nou sommige van die kragstasies se leeftyd effens te verleng om krag-beskikbaarheid oor die kort en medium termyn te verbeter. Kosmos 94.1 Nuus se korrespondent in Kaapstad, Fritz Platt...
Buurtwagte speel ‘n belangrike rol in die veiligheid van Namibië Vir Old Mutual Namibia is veilige buurte met doeltreffende buurtwagte belangrik. Die maatskappy bied toerusting-borgskappe ter waarde van 10 000 Namibiese dollar vir geregistreerde buurtwagte of 20 000 vir nie-geregistreerde buurtwagte aan as deel van hul Buurtwag-program. Hierdie borgskap kan gebruik word om toerusting aan te koop wat sal help om veiligheid en sekuriteit te verbeter, soos onder meer CCTV-kameras, lemmetjiesdraad-omheinings, uniforms en herlaaibare flitse. Vetarera Veii, Old Mutual se senior konsultant vir maatskaplike verantwoordelikheid het met Kosmos 94.1 Nuus gesels...
Die departement van gesondheid in Gauteng het bevestig die dodetal in die cholera-uitbreking in Hammanskraal, Pretoria, het tot 15 gestyg. Die adjunkminister van water en sanitasie, David Mahlobo, sê meer as 100 mense is besmet. Hy sê ʼn cholera-waarskuwing is in alle provinsies uitgereik en inwoners van Hammanskraal moet nie kraanwater drink nie. Mahlobo raai hulle aan om water te kook en sout voor gebruik by te voeg en om steeds hul hande met gesteriliseerde water te was.
Die ministerie van internasionale betrekkinge, die Universiteit van Namibië en die Afrika-groep van Ambassadeurs woonagtig in Namibië bied môre 'n openbare lesing ter ere van die Afrika-unie se 60ste bestaansjaar aan. Die publiek word genooi om na 'n paneel van vooraanstaande kundiges se bespreking by te woon oor die geskiedenis, die hede en die visie van die Afrika-unie. Die lesing vind om vyf-uur by Unam se Hage Geingob-kampus in Windhoek plaas. Simon Namesho, Unam se woordvoerder het met Kosmos 94.1 Nuus gesels...
Die Suid-Afrikaanse Energieforum sê die voormalige uitvoerende hoof van Eskom, Jacob Maroga, moet heraangestel word as die kragvoorsiener se hoof. Dit volg namate die land voortgaan om teen die kragkrisis te veg. Die voormalige hoof het onlangs gesê die waarskynlikheid van 'n algehele kragonderbreking is steeds redelik laag. Die forum se uitvoerende direkteur, Hlathi Madela, sê Maroga is die regte man vir die pos en hy kan beurtkrag beëindig. Madale sê behoorlike leiers moet by die kragvoorsiener aangestel word.
Inwoners van die Karas-streek kan vanaf Donderdag koue, nat en winderige weer Volgens die Namibiese weerkantoor sal dit vanaf Sondag en vroeg volgende week baie koud in die Suide wees. Koue arktiese lug sal volgende week verder noordwaarts versprei. Saai- en kleinveeboere word aangeraai om die nodige voorsorgmaatreëls te tref. Kosmos 94.1 Nuus het met Odilo Kgobetsi van die weerkantoor gesels oor hoe boere hul vee en gewasse moet beskerm.
Die Suid-Afrikaanse minister van binnelandse sake, Aaron Motsoaledi, het bekendgemaak ʼn identiteitskaart en ʼn geboortesertifikaat is aan die Facebook-verkragter en moordenaar, Thabo Bester, uitgereik. Die minister het die media ingelig oor die omvattende ondersoek deur die departement. Motsoaledi het onthul die aansoek om Bester se identifikasiedokumente is by die Kgosi Mampuru II-tronk in Pretoria verwerk, waar hy tans aangehou word. Volgens die minister is Bester se naam nou in die bevolkingsregister opgeneem, wat ʼn einde bring aan jare sonder identifikasie.
AfriForum het ʼn verslag uitgereik wat toon daar was 77 plaasaanvalle in die eerste kwartaal vanjaar met nege sterftes. Hierdie syfer stem feitlik ooreen met die eerste kwartaal verlede jaar wat op geen betekenisvolle afname in geweld dui nie. Die verslag toon Gauteng en Noordwes is die streke wat die meeste geraak is. AfriForum se woordvoerder oor gemeenskapsveiligheid, Jacques Broodryk, sê dis onrusbarend dat die meerderheid slagoffers ouer as 60 jaar is, en die meeste aanvalle het op ʼn Saterdag plaasgevind.
Windhoekse skole is nie môre gesluit nie. Die direkteur van onderwys in die Khomas-streek, Paulus Nghikembua, het bevestig dat hy sy omsendskrywe dat skole môre tydens die wateronderbreking in die hoofstad gesluit sou wees, teruggetrek het. Stad Windhoek het intussen watervoorsiening aan alle inwoners gewaarborg.
Die minister van binnelandse sake in die buurland, Aaron Motsoaledi, het bekendgemaak die paspoort van die Facebook-verkragter Thabo Bester se vriendin, dokter Nandipha Magudumana word ingetrek. Motsoaledi het aan die media gesê sy departement is aangeraai daar is sterk regsgronde om Magudumana se paspoort in te trek aangesien sy nie meer verdien om dit te hê nie. Die minister het bevestig die paspoort is geldig en wettig.
Die Stad Windhoek het aangekondig dat hy môre soos gewoonlik water aan sy inwoners sal verskaf ondanks NamWater wat vir dringende herstelwerk aan die pyplyn vanaf die Von Bachdam sal doen. Volgens die woordvoerder van die stad Lydia Amutenya is die reservoirs vol om voldoende water aan die stad te voorsien. Sy sê dit is nie nodig om paniekerig te raak oor herstelwerk van 12 uur van NamWater nie. Amutenya versoek egter steeds Windhoekers om water soos gewoonlik spaarsamig gedurende hierdie tydperk te gebruik.
Die Namibiese landbouminister Calle Schlettwein het Meatco geïdentifiseer as een van sy ministerie se hoof-prioriteite wat dringende ingryping benodig. Schlettwein het tydens die ministerie se strategiese beplanningswerkswinkel op Swakopmund benaduk Meatco is tans tegnies insolvent met sy skuld wat sy bates oortref het. Hy sê 'n herwinning uit eie hulpbronne en met huidige strukture in plek is hoogs onwaarskynlik, ondanks die feit dat Meatco die voordeel gehad om 'n de facto monopolie te wees. ‘n Namibiese landboukenner Wallie Roux het sy reaksie op Meatco se benarde situasie aan Kosmos 94.1 Nuus gegee.
Die Internasionale Monetêre Fonds waarsku in ‘n verslag dat Afrika 'n permanente ekonomiese knou kan kry as geo-politieke spanning die wêreld-ekonomie versplinter in opponerende handelsblokke rondom Amerika en China. Dit het beraam dat Afrika suid van die Sahara 'n afname van 4 persent in die bruto binnelandse produk na tien jaar onder 'n ernstige weergawe van hierdie opponerende wêreld kan sien. Kosmos 94.1 Nuus het met professor Nixon Kariithi, 'n kenner van Afrika-aangeleenthede en media-studies, gepraat.
Die PAC vra die regulering van koalisies in Suid-Afrikaanse munisipaliteite om toekomstige chaos te voorkom. Die party se president, Mzwanele Nyhontso, glo koalisies is 'n waarskynlikheid op nasionale én provinsiale vlak in 2024 se algemene verkiesing, wat regulering sal verg. Hy het die media by die PAC se nuwe hoofkwartier in Johannesburg ingelig ná die nasionale uitvoerende komitee se vergadering. Nyhontso glo die regulering van koalisies kan bestendigheid na munisipaliteite bring:
‘n Namibiese politieke kenner het sy mening gegee oor die buitengewone beraad van die SAOG Troika van troep-bydraende lande om konflik in die Demokratiese Republiek van die Kongo op te los. Die beraad het 'n beroep gedoen op onmiddellike steun van die SAOG-streek aan die regering van die DRK om die konfliksituasie in Oos-DRK aan te spreek, voor die nasionale verkiesings wat in Desember 2023 gehou sal word. Die beraad wat bygewoon is deur staatshoofde van Namibië, Angola, die DRK, Malawi, Suid-Afrika, Tanzanië en Zambië in Windhoek, het die ontplooiing van 'n SAOG-mag binne die raamwerk van die SAOG-bystandsmag goedgekeur om vrede en veiligheid in Oos-DRK te herstel. Kosmos 94.1 Nuus het met politieke ontleder, dr. Ndumba Kamwanyah gepraat...
Die Blitsbokke het ʼn steil bult voor hulle om outomaties te kwalifiseer vir die volgende Olimpiese Spele. Suid-Afrika is tans sewende op Wêreldrugby se punteleer vir die Sewesreeks met die boonste vier spanne wat outomaties aan 2024 se Spele in Parys gaan deelneem. Daar is nog net twee toernooie in die reeks oor en die Blitsbokke is in ʼn moeilike groep vir hierdie naweek in Frankryk. Kaptein Siviwe Soyiswapi sê dit voel selfs soos die Spele:
Die voormalige kinder-advokaat by die kantoor van die Ombudsman het haar reaksie gegee op seuns wat glo ‘n meisie verkrag het. Volgens die Namibiese polisie is ‘n meisie van ses jaar oud deur twee seuns, 11 en 15 jaar oud, naby Ondobe in die Ohangwena-streek herhaaldelik verkrag. Daar word beweer dat die verdagtes in twee afsonderlike voorvalle die meisie gekry het waar sy van die skool af huis toe gestap het en haar daar in die bosse gedwing het. Die voormalige kinder-advokaat Ingrid Husselmann het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat...
Kaapstad en die Wes-Kaap het 'n rekord-toerismeseisoen met pasassierskepe behaal, wat oorheers is deur die VSA, Duitsland en die Verenigde Koninkryk. Tydens die afgelope seisoen, wat in Oktober 2022 begin en in Mei 2023 eindig, is 145 000 passasiers sowel as 42 000 bemanningslede aan die Kaapse kus verwelkom. In totaal het die 2022/2023-seisoen 75 passasiersskepe verwelkom in vergelyking met die laaste volledige seisoen in 2019/2020, wat 39 skeepsbesoeke gehad het met 'n geraamde 42 000 aankomende passasiers. Die Wes-Kaapse minister van finansies en ekonomiese geleenthede, Mireille Wenger...
Die Suid-Afrikaanse Spesiale Risiko-versekerings-vereniging het aangekondig dat hy nie meer dekking bied vir skade aan eiendom wat veroorsaak is tydens onluste en betogings wat kan uitbreek indien die land se kragnetwerk ineenstort nie. Sasria se aankondiging vandag kom kort op die hakke van soortgelyke aankondigings vroeër vanjaar deur van die land se groot kort-termyn-versekeraars dat hulle in die toekoms ook nie verbruikers en besighede dekking sal bied teen verliese en skade wat deur die krag-onderbrekings veroorsaak word nie. Kosmos 94.1 Nuus se korrespondent in Kaapstad, Fritz Platt...
Die hoof-administrasiebeampte van die Daures-kiesafdeling sê 'n gebrek aan monitering deur die ministeries van myne en energie, en omgewing en toerisme dra by tot onwettige mynbou in die gebied. Mauritius Goseb het op vrae van die parlementêre staande komitee oor natuurlike hulpbronne gereageer. Die komitee het vandag in Okombahe aangekom om beweerde onwettige mynbedrywighede in Daures te ondersoek. Die komitee gaan besprekings met gemeenskapslede, tradisionele owerhede en myn-eienaars oor die volgende drie dae hou.
Die familie van die bekende sakeman van Otjiwarongo Theo Borstlap waarsku Namibiërs om nie vir swendelaars te val wat onwettige geld wil insamel nie. Volgens sy skoonseun Jacques Celliers word vals boodskappe op Facebook en WhatsApp versprei om geld vir Borstlap in te samel nadat hy brandwonde van 68 persent opgedoen het. Celliers het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat geen geldinsamelingsveldtog vir Borstlap gehou word nie.
Celliers het terugvoering oor Borstlap se toestand in die Millpark-hospitaal in Johannesburg gegee.
Die IPC-party het sy reaksie gegee op die Namibiese regering wat geen planne het om 'n plaaslike litium-verwerkingsfabriek te vestig nie. Volgens die mynkommissaris Isabella Chirchir, is daar geen geld nie, maar dit weerspreek die minister van myne en energie Tom Alweendo, se aankondiging in Februarie dat Namibië op plaaslike verwerking van litium sal aandring. Volgens Chirchir moet buitelandse beleggers so ‘n aanleg vestig. Litium is die afgelope tyd in die nuus met uitvoere deur die Chinese Xinfeng naby Uis wat meer as 75 000 ton bereik het, blykbaar vir toetse maar, hy het sy eie aanleg in China wat litium benut. Die Duitse kanselier Olaf Scholz het ook onlangs gesê Duitsland wil Namibië bystaan om so ‘n aanleg op te rig maar Chirchir het aan Eagle FM gesê sy dra geen kennis daarvan nie. Kosmos 94.1 Nuus het met die woordvoerder van die IPC-party Imms Nashinge gepraat...
Vandag is Wêrelddag vir Ovariële Kanker. Dit is een van die dodelikste en mees mis-gediagnoseerde kankers. Meer bewusmaking moet onder vroue gedoen word sodat dié kanker gouer opgespoor word. Ronelle Rademeyer, die voormalige nuusredakteur van die Afrikaanse Namibiese dagblad Republikein het met Kosmos 94.1 Nuus gesels oor haar pad wat sy saam met ovariële kanker stap.
Afrikaans is vandag amptelik 98 jaar oud. Die taal is op 8 Mei 1925 amptelik as taal in Suid-Afrika erken. Afrikaans word op die Afrika-vasteland ook wyd in Namibië en Botswana gepraat. Elizma Theron van Netwerk Namibië het met Kosmos 94.1 Nuus oor die jong, dinamiese taal gepraat...
AfriForum en ander organisasies het tydens openbare raadpleging in Gauteng sterk standpunt ingeneem teen die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette. Die klousules in die wetsontwerp word beskou as 'n bedreiging vir gehalte onderwys, die besluitnemings-bevoegdhede van ouers en demokraties-verkose skool-beheerliggame. AfriForum se hoof van kultuursake, Alana Bailey, glo die wetsontwerp bedreig die toekoms van gehalte onderwys en gemeenskappe se reg op selfbeskikking oor hul kinders se onderwys.
Die Namibiese omgewingsministerie hou vanaf Woensdag tot Vrydag ‘n nasionale konferensie oor mens-dier konflik in die hoofstad. Gevalle duur voort met 1 486 gevalle wat in die 2020-2021 boekjaar aangemeld is. Tussen 2008 en 2018 is 16,4 miljoen Namibiese dollar in vergoeding uitbetaal. ‘n Nuwe nasionale beleid, vir 2018 tot 2017 is reeds gepubliseer en uitdagings, sowel as die implementering daarvan, sal onder die loep kom. Die ministerie se woordvoerder Romeo Muyunda sê verliese, van beide vee en gewasse, sowel as infrastruktuur, wek kommer.
Die Suid-Afrikaanse departement van gesondheid het die aankondiging van die Wêreldgesondheids-organisasie verwelkom dat Covid-19 nie meer 'n openbare gesondheidsnoodtoestand van internasionale belang is nie. Die departement waarsku egter die pandemie bly 'n belangrike oorsaak van sterftes, veral onder bevolkings met ʼn hoë risiko. Volgens woordvoerder Foster Mohale is die huidige aantal gevalle laer as tydens die hoogtepunt van die pandemie.
Mpho Phalatse van die DA sê sy is nog nie gereed om strafregtelike klagte teen die nuutverkose burgemeester van Johannesburg, Kabelo Gwamanda, in te dien nie. Die voormalige burgemeester het gedreig om aanklagte te lê nadat sy Gwamanda daarvan beskuldig het dat hy 'n begrafnis-skema bedryf het wat tientalle mense in Soweto ingedoen het. Sy het hom 48-uur gegee om die waarheid te vertel. Volgens Phalatse samel sy nog bewyse in al hou Gwamanda se party, Al-Jama-ah, vol haar bewerings is ongegrond.
Twee gewapende rooftogte het vandag in die hoofstad plaasgevind. Volgens die Namibiese polisie se hoofwoordvoerder, adjunk-kommissaris Kauna Shikwambi het die eerste rooftog vanoggend by die Gammams Shell-vulstasie in Khomasdal plaasgevind. Die tweede rooftog het in Onafhanklikheids-rylaan in plaasgevind waar 200 000 Namibiese dollar geroof is van ‘n eienaar van ‘n skrootwerf in die noordelike nywerheidsgebied. Kosmos 94.1 Nuus het met superintendent Marcelline Murapo van die Windhoekse stadspolisie gepraat...
Tennis: Carlos Alcaraz sal weer die wêreld se nommer een-posisie beklee deur net dié week aan die Italiaanse Ope deel te neem. Die 20-jarige Spanjaard het sy Madridse Ope-titel Sondag suksesvol verdedig en dit beteken hy sal Novak Djokovic bo-aan die ranglys vervang deur net een wedstryd in Rome te speel. Dit sal die Spanjaard se eerste Italiaanse Ope wees.
Namibiese burgerlike organisasies en Kavango-gemeenskappe doen 'n beroep op die regering om afstand te doen van regskoste wat aan Kavango-gemeenskappe gehef word wat appelleer teen ReconAfrica se permitte vir verdere boor op hul kommunale gronde Die Namibiese belastingmeester sal op 16 Mei besluit of plaaslike gemeenskappe in die Kavango-streek meer as 520 000 Namibiese dolalr in regskoste moet betaal nadat die hof hul versoek van Julie 2022 vir dringende optrede verwerp het. Die gemeenskappe wou keer dat die Kanadese maatskappy ReconAfrica voortgaan om vir olie en gas op grond wat deur die gemeenskap bestuur word, te boor. Rob Parker, ‘n vennoot by die Economic and & Social Justice Trust, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Die federale regering in die VSA oorweeg op die oomblik ‘n beheerde digitale Amerikaanse dollar wat deur die Federale Reserwebank onderskryf word. Nes normale geld, sal die dollar dien as ‘n bona fide geldeenheid in daardie land maar, dit bied nie die privaatheid van kontant nie. Die Florida-goewerneur Ron DeSantis het reeds aangedui dat sy deelstaat nie die geldeenheid sal gebruik nie.
Agribank se tegniese adviseur op lewendehawe sê NamPower se tender vir die verkryging van indringerbos houtstukkies is ‘n gulde geleentheid vir boere regoor die land. Ngaruka sê nie net sal dit boere help om graslande te herwin nie maar, dit is ook ‘n bron van inkomste. NamPower soek die stukkies vir sy Otjikoto-biomassa kragstasie nodig. Die tender is vir ‘n sewe-jaar kontrak en sluit op 20 Junie vanjaar.
President Hage Geingob het pas die buitengewone beraad van die SAOG Troika op veiligheid en sekuriteit toegespreek. Die beraad is nou aan die gang in die hoofstad met die presidente en/of afgevaardigdes van Angola, die DRK, Malawi, Suid-Afrika, die Verenigde Republiek van Tanzanië en Zambië wat dit bywoon. Die konflik in die noordooste van die Demokratiese Republiek van die Kongo word bespreek. Geingob sê daar is politieke wil om die konflik op te los.
Die Namibiese landbouministerie hou die week sy strategiese vergadering op Swakopmund. Donateurs soos die Duitse GIZ en die Wêreldvoedselprogram sal ook die sessies bywoon. Die ministerie se strategiese plan sal onder die loep kom tydens die vergadering wat deel vorm van sy jaarlikse hersiening van sy werksaamhede. Die minister Calle Schlettwein, sê dat ontsouting in watervoorsiening, veral die kus, noodsaaklik is.
Die Dierebeskermingsvereniging hou ‘n markdag van tweede-handse goedere die komende Saterdag op sy perseel. Die organisasie het dringend fondse nodig en nooi die publiek uit om die mark by te woon en indien daar ‘n los dingetjie in die huis is wat verkoop kan word, te skenk. Hanna Rhodin, die DBV se nasionale direkteur het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Adjunkpresident Paul Mashatile gaan môre 'n dienslewerings-toesigbesoek bring aan Jagersfontein in die Kopanong-munisipaliteit in die Xhariep-distrik in die Vrystaat. Minstens drie mense is op 11 September verlede jaar dood na 'n modderstorting by 'n myndam. Altesaam 42 is beseer en meer as 300 inwoners van die dorp is ontwortel. Mashatile se woordvoerder, Vukani Mde, sê hy het beloof om die gemeenskap te besoek en die vordering wat gemaak is, te evalueer:
Die DA in Gauteng sê die Departement van Sport, Kuns, Kultuur en Ontspanning het die afgelope twee jaar 28 miljoen Suid-Afrikaanse rand aan sosiale geleenthede bestee. Die DA-lid, Kingsol Chabalala, sê kunstenaars in die townships staar ernstige uitdagings in die gesig weens ‘n gebrek aan hulpbronne en befondsing deur die departement:
Britse gesondheidsorg is steeds in die nuus. Daar is ‘n tekort aan beskikbare personeel in die openbare diens, veral dokters, met sommige beramings wat meen 7 500 nuwe dokters moet opgelei word. Die skaduminister vir openbare gesondheid in Brittanje, Andrew Gwynne, sê die Tories se beplande belegging van 240 miljoen pond om algemene praktisyns by staan, doen nie veel om die werklike uitdagings uit die weg te ruim nie.
Gauteng se LUR vir Gesondheid Nomantu Nkomo-Ralehoko het die Bheki Mlangeni Hospitaal in Soweto geloof wat geskiedenis gemaak het met sy eerste hartoperasie. Die pasiënt, Tumisang Motsikwa, is met 'n mes gesteek toe hy 'n leerder probeer help het wat beroof word. Die LUR sê Motsikwa het 'n nuwe kans op lewe gekry nadat hy die operasie ondergaan het:
Die Namibiese toerisme-bedryf sal die week die Afrika Reis-indaba in Durban bywoon. Die indaba is een van die mees ikoniese Afrika-toerismeplatforms en is uiters belangrik vir markontwikkeling. Afgevaardigdes sal ook ‘n ekstra dag hê wat klem sal lê op besigheidsontwikkeling. Nathaly Ahrens van die Toerisme en Safari-vereniging sê dit sal ‘n fantastiese geleentheid wees omdat dit die eerste keer is na Covid wat dit gehou word.
Twee Suid-Afrikaanse entrepreneurs het 'n besprekingstelsel in die toerismebedryf vir studente van stapel gestuur. Ndabenhle Ntsangase en Lwanda Shabalala sê die omvattende reisbestuursnetwerk het ten doel om die ervaring van studente wat tussen universiteite en hulle tuistes reis, te verbeter. Die twee studente van die Universiteit van Kaapstad sê Airstudent bied gerieflike en bekostigbare reispakette sonder om gehalte en diens in te boet. Shabalala sê Airstudent is 'n manier om studente te help om duur reiskoste te vermy:
Die nasionale metaalwerkersvakbond van Suid-Afrika, Numsa, het 'n salarisooreenkoms van 6,5 persent met ArcelorMittal Suid-Afrika onderteken en 'n staking afgeweer. Die ooreenkoms van drie jaar is bindend vir alle permanente werkers. Numsa se woordvoerder, Phakamile Hlubi-Majola, sê die salarisooreenkoms sluit ook 'n eenmalige kontantbonus van 10 000 Suid-Afrikaanse rand in en 'n 6.5 persent-verhoging in die mediesefondssubsidie:
Die plaaslike ekonoom Salomo Hei, sê ‘n Afrika-paspoort, of die opheffing van visums vir Afrika-lande is een van die belangrikste faktore om die Afrika vryhandelsooreenkoms suksesvol te implementeer. Sy aanmerkings kom na die Internasionale Monetêre Fonds se bevinding dat die ooreenkoms ekonomiese groei aansienlik kan bevorder en lewenstandaarde verbeter in 'n tyd van stygende geopolitieke spanning en klimaatsverandering. Die fonds sê groter handelsopenheid sal lande help om by klimaatsverandering aan te pas en om voedselsekerheid te versterk omdat dit die beskikbaarheid en bekostigbaarheid van voedselvoorrade sal verbeter. Hei sê handelsreis moet vergemaklik word.
Die DA sê hy is erg bekommerd oor die voortslepende tekort aan entstowwe en die moontlike bedreiging wat dit vir die land se voedselsekerheid inhou. Boere het volgens berigte onwettig bekomende entstowwe begin gebruik om skape teen bloutong te beskerm as gevolg van die ernstige tekort aan vervaardiging by die staatsbeheerde Onderstepoort Biologiese Produkte. 'n DA-woordvoerder, Noko Masipa, sê 50 persent van boere se veetroppe vrek omdat daar nie entstof beskikbaar is nie:
Kubermisdaadkenners waarsku daar moet nie heeltemal op wagwoorde staatgemaak word vir sekerheid nie. ’n Mimecast-verslag dui aan 71 persent van Suid-Afrikaanse maatskappye het een of ander vorm van kuberaanval ervaar. Mimecast se kuberveiligheidskenner, Duane Nicol, waarsku dat 'n wagwoord alleen nie genoeg is om toestelle en inligting aanlyn te beskerm nie. Hy doen 'n beroep op die publiek om nie dieselfde wagwoord op verskillende aanlynplatforms te gebruik nie en beveel die gebruik van sterker wagwoorde aan om aanlynsekerheid te verbeter:
Die bekende Namibiese slangkenner Francois Theart het met Kosmos 94.1 Nuus gesels oor die goeie nuus dat die Namibia Snakebite-belangegroep, na verskeie hoëvlak vergaderings, toestemming gekry het om 300 flessies teengif na Namibië in te voer vanuit Indië. Beide senuwee- en sito-toksiene kan met die besending behandel word. Daar was die afgelope maande ‘n erge tekort aan teengif regoor die land, onder andere aangevuur deur uitdagings by Onderstepoort in Pretoria.
Talle Suid-Afrikaners dink daaraan om na ander lande te emigreer weens die huidige toestand in Suid-Afrika. Beurtkrag, die swak ekonomie en misdaad dra daartoe by. Maar kenners waarsku daar is 'n lang lys van vereistes. Dit sluit in visums, banke, werkspermitte, die vervoer van items en blyplek. Die besturende direkteur van Crown Relocations Africa, Ian Pettey, sê verhuising kan 'n lang en moeilike proses wees wat ook duur kan wees:
Die Pan Africanist Congress in Suid-Afrika sê hy is gereed om bande met die Azania People's Organisation te versterk in aanloop tot die 2024 verkiesings. Die PAC leier, Mzwanele Nyhontso, het sy party se steun benadruk by Azapo se nie-verkiesingskongres in Pretoria. Nyhontso sê die PAC en Azapo moet voor die verkiesing ten nouste saamwerk:
Die Amerikaner Wyndham Clark het sy eerste PGA-toernooititel by die Wells Fargo-kampioenskap in Noord-Carolina ingepalm met 'n oorwinning van vier houe. Die wêreld se nommer 80 het drie-onder 68 aangeteken om met 19 onder te wen. Sy landgenoot Xander Schauffele was tweede na 'n laaste ronde van 70. Tyrrell Hatton van Engeland was met 12 onder in die derde plek saam met die Amerikaner Harris English. Clark sê dit was moeilik om by hierdie punt uit te kom:
En nou is dit nie net die brouery wat rou produkte invoer en waarde toevoeg nie. Munana sê van hulle druiwe kom van Franschhoek af.
het sy eie Methode Cap Classique sjampanje. Die bekende Luis Munana het saam met Pinehas Shikulo die Razul MCC-handelsmerk oor die naweek bekend gestel na vyf jaar se ontwikkeling. Munana sê dit is uiters belangrik dat Namibië sy eie verbruikersprodukte vervaardig.
Berigte dat twee regsmanne in hegtenis geneem is, is deur die Namibiese polisie bevestig en die twee het volgens die jongste berigte, reeds borg bekom. Volgens die woordvoerder van die mag, adjunk-kommissaris Kauna Shikwambi is die prokureur vir beweerde dronkbestuur aangekeer maar wou nie in die toestel blaas of ‘n bloedmonster gee nie. Hy is in hegtenis geneem en het blykbaar, volgens Shikwambi, ‘n plaaslike advokaat geskakel om omkoopgeld, blykbaar 10 000 Namibiese dollar, na die polisiestasie te bring. Shikwambi sê die twee sal vandag in die hof verskyn op verskeie klagte.
Die toestand van die bekende Otjiwarongo-sakeman Theo Borstlap word as bestendig beskryf. Hy het Vrydag erge brandwonde opgedoen op sy plaas en is opgeneem in ‘n Windhoek-hospitaal. Sy skoonseun, die bekende Namibiese fietsryer Jacques Celliers sê Borstlap haal op sy eie asem maar sal na Johannesburg oorgeplaas word vir verdere behandeling.
Die kroning van koning Charles III het die nuustoneel die naweek oorheers en is afgesluit met ‘n reuse-opelugkonsert met talle kunstenaars wat opgetree het, insluitent supersterre soos Lionel Richie, ‘n persoonlike vriend van die koning. Die prins van Wallis, William het die skare toegespreek.
Eskom sê hy moes noodgedwonge fase ses-beurtkrag tot verdere kennisgewing in werking te stel weens die onklaarraking van bykomende opwekkingseenhede, en vertragings met die herstel van verskeie ander eenhede. Dit volg na verskeie onlangse wysigings aan die oorspronklike naweekskedule en die vooruitsigte vir die komende dae. Eskom se tussentydse woordvoerder, Daphne Mokwena, sê die afgelope 24-uur is 'n opwekkingseenheid elk by Majuba, Medupi en Tutuka kragstasies uit diens geneem weens onklaarrakings:
Die EFF-leier Julius Malema is vol vertroue die party gaan steeds groei. Die EFF is besig met voorbereidings vir sy tienjaarbestaansvieringe op 29 Julie. Malema sê 'n saamtrek gaan dan in die FNB-stadion gehou word waar die party sy manifes gaan bekendstel in die aanloop tot volgende jaar se verkiesing. Malema sê die EFF werk daaraan om sy basisse in al die provinsies uit te bou en steun te werf:
Die Namibiese handelsministerie in samewerking met die Duitse Sparkassenstiftung sal opleiding vir klein- en medium sakeondernemings die week aanbied. Die drie dag lange opleiding sal klem lê op die kapasiteit van dié sakeondernemings. Die ministerie se woordvoerder Elijah Mukobonda het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Die Namibiese landbouministerie nooi belangstellendes uit om aansoek te doen vir voor-kwalifikasie vir die huur van drie groenskemas, naamlik die Zone- Katima Liselo- en Tandjeskoppe-besproeiingsprojekte. Dit is gegrond op die model van konstruksie, bedryf en latere oordrag van die groenskemas. Aansoeke moet voor 31 Julie om elf-uur die oggend afgelewer word en geen elektroniese aansoeke word toegelaat nie. Die ministerie se woordvoerder, Jona Musheko het die model en prosedures van aansoeke aan Kosmos 94.1 Nuus verduidelik.
Uitstaande waterrekenings het onlangs ‘n groot uitdaging geword nadat gratis water tydens die pandemie op plaaslike owerhede afgedwing is. Met die nuus dat Stad Kaapstad se Watermeter-vervangingsprogram ter waarde van 108 miljoen Suid-Afrikaanse rand is op goed dreef is het Kosmos 94.1 Nuus met Stad Windhoek se woordvoerder Lydia Amutenya, gesels oor hoe die hoofstad se projek oor watermeters vorder.
Die sektretaris-generaal van die Verenigde Nasies Antonio Guterres sê die Demokratiese Republiek van die Kongo is geweldig ryk aan natuurlike hulpbronne maar dat dit ‘n bron van voorspoed en nie geweld moet wees nie. Guterres sê in die proses is die insette van die jeug veral belangrik.
Die EFF-leier Julius Malema het 'n uitnodiging aan oudpresident Jacob Zuma gerig om by die party aan te sluit. Malema se uitnodiging volg na die woordvoerder van die Jacob Zuma-stigting, Mzwanele Manyi, verlede week by die EFF aangesluit het. Malema sê die party het die afgelope tien jaar aansienlik ontwikkel en 'n herkenbare instelling in eie reg geword:
Namibië het Cassingadag op 4 Mei gedenk met 'n openbare vakansiedag ter herinnering aan die mense wat op 4 Mei 1978 by die Swapo militêre opleidingskamp by Cassinga in Angola gesterf het. Namibiërs het op sosiale media gevra hoekom die Ovaherero- en Nama-mense ook nie met 'n openbare vakansiedag onthou word om die volksmoord te herdenk nie. Dit is ‘n kwessie wat herhaaldelik in die parlement bepsreek is maar, daar was nog geen uitkoms nie. Sima Luipert, 'n lid van die tegniese komitee van die Nama Tradisionele Leiersvereniging, het haar reaksie op die kommentaar oor die omstrede kwessie aan Kosmos 94.1 Nuus gegee.
Die kwessie van haweloosheid en werkloosheid in Namibië word ‘n algemene verskynsel met al hoe meer mense wat by verkeersligte bedel. Met die krisis oor behuising en werkloosheid word dit 'n hartseer gesig om te sien. Kosmos 94.1 Nuus het met die maatskaplike aktivis Rosa Namises gesels, wat sê dit is betreurenswaardig vir 'n land met so ‘n klein bevolking waar moeders saam met hul kinders moet bedel.
Twaalf Statebondlande eis koning Charles moet om verskoning vra vir die gevolge van kolonisasie en die nalatenskap van volksmoord. Die eis is herhaal op die naweek van sy kroning. 'n Groep Suid-Afrikaners wil ook hê die land se diamante, soos die Ster van Afrika in die monargie se septer, moet teruggegee word. 'n Senior navorser by die Trade Collective-konsultante, Lebohang Pheko, sê die koning het nog niks gedoen om vir die nalatenskap van kolonisasie te vergoed nie:
President Cyril Ramaphosa het die ontplooiing van 880 lede van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag gemagtig om 'n aantal Eskom-kragstasies te beveilig. Ramaphosa se woordvoerder, Vincent Magwenya, sê hulle sal misdaad voorkom en bestry en wet en orde handhaaf. Meer as 2 700-lede is in Maart en April by kragstasies ontplooi. Magwenya sê die nuwe ontplooiing strek tot 17 Oktober:
Die Verenigde Nasies het 'n beroep die twee generaals van die strydende militere faksies in Sudan gedoen om hulle te verbind tot duidelike en beslissende ooreenkomste wat die verskaffing van humanitêre hulp aan die land sal toelaat. Daar word tans samesprekings in Jeddah in Saoedi-Arabië gehou. Die VN se sekretaris-generaal vir Humanitêre Aangeleenthede, Martin Griffiths, sê 'n derde van Sudan se 46 miljoen burgers verkeer ernstig in nood. Griffiths beoog om die twee leier te ontmoet:
Die parlementêre staande komitee oor natuurlike hulpbronne sal van 8 tot 10 Mei 'n openbare verhoor oor die mosie oor litium-ontginning by Uis in die Erongo-streek aanbied. Die minister, Tom Alweendo onlangs aan die Chinese Xinfeng die groenlig gegee en sê die maatskappy het alle maatreëls en regulasies nagekom na die Uis-gemeenskap opgeruk het. Henny Seibeb, parlementslid van Landless People's Movement, het by die regering aangedring om 'n moratorium op litium-mynbou in te stel om die waarde van die seldsame aardmetaal te bepaal. Hy het ook gepleit vir die gemeenskappe waar die gesogte mineraal ontgin word om ten minste 60 persent-aandeelhouers van die myne te word. Seibeb het ook die mosie in die Nasionale Vergadering ter tafel gelê. Kosmos 94.1 Nuus het met die waarnemende skakelbeampte by die parlement, Rafael Hangula, gepraat...
Die minister van elektrisiteit in Suid-Afrika, Kgosientsho Ramokgopa, sê daar is beduidende vordering gemaak met planne om Eskom te ontbondel. Hy het tydens ʼn voorligtingsessie gesê hoewel heelwat werk reeds afgehandel is, moet baie nog na verwagting gedoen word sodat die proses seepglad kan verloop. Volgens die ontbondeling sal Eskom in drie afsonderlike dele verdeel word, naamlik transmissie, opwekking en verspreiding. Ramokgopa voeg by ‘n raad sal aangestel word om toesig te hou oor dele van die proses:
Die Australiese premier Anthony Albanese het sy frustrasie uitgespreek oor die Verenigde State se voortgesette pogings om die WikiLeaks-stigter en Australiese burger Julian Assange uit te lewer, wat die afgelope vier jaar in die hoë-sekuriteit Belmarsh-tronk in Londen is terwyl hy die saak beveg. Albanese, wat in die Verenigde Koninkryk is vir koning Charles III se kroning, sê hy is gefrustreerd dat daar nog nie 'n diplomatieke oplossing vir die kwessie was nie. Hy is bekommerd oor die geestesgesondheid van die 51-jarige Assange.
Die DA bevraagteken die landing van 'n militêre vliegtuig van Aviacon Zitotrans, een van die kommersiële lugrederye onder sanksies deur die Amerikaanse Tesourie, by die Waterkloof-lugmagbasis. DA-parlementslid, Kobus Marais, sê dit is 'n voorbeeld van Suid-Afrika se pro-Russiese buitelandse beleid. Marais sê hy sal aan die minister van Verdediging en Militêre Veterane, Thandi Modise, skryf en vra of dit normale praktyk is dat goedere vir buitelandse sendings deur die lugmagbasis ingebring word:
Dit was ‘n gewelddadige aand op Copps 94.1 met verskeie ernstige beserings wat tydens die program aangemeld is. Met ons vennote, sê Francois Lottering, was die beseerdes in baie goeie hande.
Boodskappe van gelukwensing het begin instroom voor die kroning van koning Charles III vandag. Professor Peter Katjavivi, speaker van die Nasionale Vergadering, sê die kroning van koning Charles III is 'n nuwe hoofstuk vir die Statebond. Hy het ‘n gelukwensing gestuur aan die Laerhuis in Brittanje. Katjavivi het ook sy vertroue uitgespreek in die koning se leierskap oor sake soos klimaatsverandering en globale vrede. Charles is al dekades lank kampvegter vir die omgewing en omdat die kwessie nie polities is nie, word daar verwag hy sal die werk voortsit. Hy sê die mag van verandering lê by ons elkeen.
Die Suid-Afrikaanse energiekenner Chris Yelland sê dit lyk of Eskom se kragnetwerk eers in Desember bykomende kapasiteit sal bykry met die terugkeer en herkoppeling van 4 opwekkings-eenhede by die Kusile-kragstasie. Dit blyk dat fase 6-beurtkrag en selfs hoër vlakke van beurtkrag die voorland is vir Suid-Afrikaners dié komende winter. Eskom verbrand tans miljoene liters diesel per dag terwyl sy verouderde kragstasies tot in die rooi bestuur word, net om die land se ligte aan te hou. Kosmos 94.1 Nuus se korrespondent in Kaapstad, Fritz Platt, het meer...
Die Wêreldgesondheids-organisasie ondersteun steeds die Namibiese gesondheidsministerie se pogings om nasionale mediese noodspanne te vestig. Die WGO se streekskantoor vir Afrika het saam met vennote 'n ambisieuse inisiatief begin wat daarop gemik is om nood-voorbereiding en -reaksie, siekte-toesig en laboratorium-kapasiteit van lande regoor Afrika te bevorder. Tot op hede het 50 Namibiese mediese praktisyns en paramedici opleiding ondergaan en is nou deel van die mediese nood-spanne-rooster vir die land. Dr. Charles Sagoe-Moses, die WGO se verteenwoordiger in Namibië...
Eskom het bekendgemaak Fase 3-beurtkrag word môre en Sondag van vyf-uur soggens tot vier-uur smiddae ingestel. Daarna sal Fase 4-beurtkrag begin. Die tussentydse woordvoerder van Eskom, Daphne Mokoena, sê daarna sal Fase 5-beurtkrag vanaf vier-uur Maandagmiddag ingestel word. Sy sê ʼn opwekkings-eenheid elk by die Hendrina-, Lethabo- en Tutuka-kragstasie is weer in diens gestel.
Die Amerikaanse ambassadeur in Namibië Randy Berry gaan volgende week op 'n amptelike besoek aan die noordelike streke. Die ambassadeur gaan met amptenare en vennote van die Amerikaanse Pepfar-program teen MIV en vigs in gesprek te tree om eerstehands die sterk vennootskap in die gesondheidsektor tussen die Amerikaanse en Namibiese regerings in die streke van Oshana, Oshikoto, Omusati en Ohangwena te sien. Berry sal onder meer Oshakati, die Onandjokwe-hospitaal en Oniipa besoek om Pepfar se mylpale uit te lig wat oor die jare behaal is. Tiffany Miller, skakelbeampte van die ambassade, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels...
Die Namibiese Statistieke Agentskap nooi graag geskikte aansoekers wat aan die vereistes voldoen om aansoek te doen vir die tydelike vakatures onder die 2023 Bevolking- en Behuisingsensus. Die sperdatum is verleng tot 16 Mei 2023. Die sensus is geskeduleer om vanaf Augustus 2023 plaas te vind. Die laaste nasionale sensus is in 2012 gedoen. Alex Shimuafeni, die statistikus-generaal by die agentskap het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en bevestig dat die vakatures wettig is en nie swendelary nie. Hy nooi belangstellendes uit om aansoek doen.
Baster-gemeenskap gedenk Sam !Khubis
Sam !Khubis is ‘n geskiedkundige geleentheid wat jaarliks deur die Basters van Namibië herdenk word. Hulle herdenk die oorwinning van die Basters op 7 en 8 Mei 1915 teen die Duitse koloniale weermag. Die herdenking van Sam !Khubis vanjaar sal Sondag begin en tot Maandag voortduur. Manfred Draghoender, wat deel is van die komitee wat die herdenking reël, gee meer besonderhede aan Kosmos 94.1 Nuus oor die program.
Vir natuurbewaarders in die Namibiese omgewingsministerie beteken die opgradering van hul behuising waardering vir hul harde en onbaatsugtige werk. Die ministerie in samewerking met die Duitse regering en KfW het infrastruktuur van vier parkstasies in die kusparke in die Dorob- en Skedelkus Nasionale Parke ter waarde van meer as 132,4 miljoen Namibiese dollar opgradeer. Die vier parkstasies is die Kaapkruis-natuurreservaat, Ugabmund, Möwebaai en Springbokwasser. Kosmos 94.1 Nuus het met een van die langs dienende natuurbewaarders gestasioneer by Möwebaai, Bernard Awob, gepraat.
Namibiese atletiek-afrigter Henk Botha het 'n internasionale verrykingskursus in afrigting voltooi en sy diploma van die Internasionale Olimpiese Komitee se hoofkwartier in Lausanne, Switserland, ontvang. Die kursus is om afrigters op nasionale vlak te help met die ontwikkeling van vaardigheid op die gebied van sportwetenskappe, talent-identifisering, afrigtings-onderrig, bestuur, atleet-ontwikkeling, veilige sportbeginsels en -ontwikkeling op voetsoolvlak. Botha het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê hy is bly om die kwalifikasie te verwerf aangesien dit lewens-veranderend is vir hom en die atlete saam met wie hy werk.
Die Vryheidsfront Plus sê ʼn ad hoc-komitee om toesig te hou oor die werk van die minister van elektrisiteit, Kgosientsho Ramokgopa, is noodsaaklik. Volgens die party het elke kabinetspos ʼn portefeuljekomitee om aanspreeklikheid te verseker, maar daar is tans geen oorsig-komitee vir elektrisiteit nie. ʼn Woordvoerder van die VF Plus, Wynand Boshoff, sê twee termyne is vir die ministerie voorgehou, maar mag deur die verkiesing in 2024 onderbreek word, wat dan ook die einde van die ad hoc-komitee sal beteken.
Kaptein Magnus Abraham, hoof van die direktoraat van vliegtuigongeluk-ondersoeke in die ministerie van werke en vervoer het bevestig dat skade aan ‘n vliegtuig aangerig is tydens ‘n landing by die Lapa Lange Lodge, oos van Mariental. Volgens Abraham is inligting nog skraps, maar niemand is in die voorval beseer nie. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Die African Transformation Movement het sy voormalige nasionale uitvoerende lid, Mzwanele Manyi, se bedankingsbrief aanvaar. Hy verlaat die party om hom by die EFF aan te sluit. Die woordvoerder van die Jacob Zuma-stigting het die nuus vandag op Twitter gedeel. Hy sê hy sluit hom by die EFF aan om 'n bydrae te lewer om Suid-Afrika te bevry van neo-kolonialisme, ongebreidelde korrupsie, en om die land uit die dreigende mislukte staatsituasie te red. Die woordvoerder van ATM, Zama Ntshona, wens Manyi alle sterkte toe met sy toekomsplanne.
Die Stad Kaapstad sê die Watermeter-vervangingsprogram ter waarde van 108 miljoen Suid-Afrikaanse rand is op dreef om te help verseker inwoners het toestelle wat akkurate lesings en rekenings verskaf. Die stad se burgemeesterskomiteelid vir water en sanitasie, Zahid Badroodien, sê dit is ook belangrik vir inwoners om meters te hê om die waterverbruik op hulle eiendomme te kan monitor.
Die LUR vir infrastruktuur in die Wes-Kaap, Tertuis Simmers, sê belegging in padinfrastruktuur verseker 'n verbeterde lewering en instandhouding van paaie om die provinsiale ekonomie te steun. Die departement het 136,9 miljoen Suid-Afrikaanse rand belê in die herseël, rehabilitasie en bykomende werk aan die R326 tussen Stanford en Riviersonderend in die Overberg distriksmunisipaliteit. Simmers sê die projek, wat in Oktober 2021 begin het, het tot dusver 145 werksgeleenthede vir plaaslike werksoekers geskep.
Beide die kredietgraderings-agentskap Moody’s, sowel as die Amerikaanse minister van finansies Janet Yellen sê die VSA kan moontlik nie sy skuldverpligtinge teen 8 Junie nakom nie, sou die Kongres nie die skuldperk voor dan aanspreek nie. Die kwessie is partydig met die Republikeine wat die Huis beheer. Sou die VSA skuldig wees aan wanbetaling, kan ‘n erge resessie ontaard en daarom het President Joe Biden ‘n vergadering Dinsdag by die Withuis belê. Die direkteur in die kantoor van begrotingsbestuur Shalanda Young sê die gesprek moet op die kwessie van tydsberekening kom om vordering te maak.
‘n Suid-Afrikaanse ekonoom Chris Hart het gereageer op die daling in die Brent ru-olieprys na 74 Amerikaanse dollar ‘n vat, na die kommoditeit ‘n laagtepunt van 71 dollar Donderdag bereik het. Dit blyk asof olie eenvoudig nie uit die blokke wil kom nie oor voortslepende kommer oor resessies en die vraag na die kommoditeit. Die mark spring baie rond met voorspellings vir ‘n gemiddelde prys van 80 dollar ‘n vat vanjaar wat toe opgespring het na 100 dollar en nou blyk dit asof dit nie sal materialiseer nie. Intussen is die vraag na goud baie gesond met die kommoditeit wat bo die 2 000 dollar kerf per fynons verhandel. Kosmos 94.1 Nuus het met Hart gesels.
Formule Een is die naweek in die VSA vir die Grand Prix in Miami . Ná vier wedrenne hierdie seisoen is dit steeds net Red Bull wat die kollig steel, met twee oorwinnings elk vir die spanmaats Sergio Perez en Max Verstappen. Die verdedigende kampioen, Verstappen, is boaan die punteleer, maar Perez beplan om die druk vol te hou terwyl hy veg vir sy eerste wêreldtitel:
Bitcoin en ander kripto-markte het hoër geklim namate beleggers gereageer het op die jongste tekens van druk in die Amerikaanse banksektor en die Federale Reserweraad se monetêre beleidsbesluit. Amerikaanse rentekoerse is met 25 basispunte na 5,25 persent verhoog. Die stap volg te midde van voortdurende weerloosheid in die banksektor wat deels deur hoër rentekoerse veroorsaak is, en ná die ineenstorting van drie banke. Bitcoin het verder gestyg na net bo 29 000 Amerikaanse dollar en het in die afgelope maand met 22 persent gegroei. Kosmos 94.1 Nuus het met Coenie Botha, CBI Exchange Namibia se hoof uitvoerende beampte oor sy verwagtinge gepraat...
Sedert Namibië se eerste nasionale verkiesing na onafhanklikheid was dit nog nooit moeilik om die uitslag te voorspel nie. Tydens die presidensiële verkiesing in 2019 het die huidige President Hage Geingob van die Swapo Party 56,3 persent van die stemme gewen. Dr. Panduleni Itula, 'n tandarts wat 'n politikus geword het, het 29,4 persent van die stemme ingepalm, en die leier van die amptelike opposisieparty PDM, McHenry Venaani, was in die derde plek met 5,3 persent. Maar met korrupsie-skandale en ‘n werkloosheidskrisis, lyk dit of Namibië 'n toenemende aantal kandidate vir die 2024-presidentsverkiesing gaan hê. Die voormalige adjunk-uitvoerende direkteur in die ministerie van finansies, Ally Angula, se aankondiging as presidentskandidaat in die 2024-verkiesing volg 'n bietjie meer as 'n maand nadat Job Amupanda, leier van Affirmative Repositioning-beweging sy presidensiële ambisies aangekondig het. Joseph Diescho, 'n Namibiese skrywer en politieke ontleder, het sy mening met Kosmos 94.1 Nuus gedeel...
Reaksie word ontvang op die Akkerbouraad wat sê die Zambezi-streek produseer ‘n skamele 15 metrieke ton witmielies per jaar. Daar is net 7 hektaar droëland produksie in die streek. Die president van die PDM-party McHenry Venaani het vroeër getwiet oor voedseltekorte in die land en dit beskryf as 'n eksistensiële bedreiging vir Namibiërs. Venaani sê meganisering is van die dringende ingrypings wat nodig is in landbou in die land.
Die omstrede Fima-wetsontwerp is terug in die nuus. Die finansminister Ipumbu Shiimi sal op 15 Mei Tegniese Advieskomitee oor hoofstuk 5 van die Wet op Finansiële Instellings en Markte, bekend as Fima, inhuldig. Verlede jaar het Shiimi die implementering van die wet uitgestel te midde van intense druk van verskeie belanghebbendes om die omstrede klousule oor verpligte behoud van aftreevoordele te laat vaar. Kosmos 94.1 Nuus het met die ministerie se woordvoerder Wilson Shikoto gesels.
Die DA in Gauteng sê premier Panyaza Lesufi het oor ʼn tydperk van net drie maande 72 miljoen Suid-Afrikaanse rand aan toelaes vir veiligheidswagte bestee. Volgens die party bewys dit die misdaadbekampingseenheid het meer finansiële implikasies as resultate. ʼn Woordvoerder van die DA, Ruhan Robinson, sê 'n geraamde 4 miljard rand sal op die mediumtermyn aan wagte se salarisse en hulpbronne, soos hommeltuie en ander misdaadbekampingstoerusting, bestee word. Hy sê indien die program nie misdaad verminder nie, is dit 'n vermorsing van belastingbetalers se geld:
Daar is nog steeds ‘n erge tekort aan klaskamers in die Kavango-Oos-streek ondanks die onderwysdirektoraat wat tenders ter waarde van meer as 18 miljoen Namibiese dollar vir die bou van klaskamers toegeken het. Weens die erge tekort aan infrastruktuur, moet sommige leerders in tente skoolgaan en skoolplasings in die streek is 'n reuse-uitdaging. Afgesien van die tenders, het die direktoraat ook bykomende fondse ontvang vir die bou van 41 bykomende klaskamers, maar volgens die waarnemende onderwysdirekteur in die streek, Christine Shilima, sal die huidige konstruksie nie die kwessie oplos nie. Kosmos 94.1 nuus het met die goewerneur van Kavango-Oos Bonifatius Wakudumo gesels oor die pad vorentoe...
Vir die Stormers, Haaie en Bulle is alles op die spel in Saterdag se uitdagende ronde van die kwarteindstryde van die Verenigde Rugbykampioenskap. Die Haaie het ʼn moeilike wedstryd teen Leinster in Dublin terwyl die verdedigende kampioen, Stormers, die Bulle huisves in ʼn Suid-Afrikaanse kwarteindstryd en ʼn herhaling van verlede jaar se eindstryd. Die Kapenaars het net twee van hulle 21 tuiswedstryde die afgelope twee seisoene verloor, maar voorspeler-afrigter, Rito Hlungwani, verwag ʼn bulstryd:
Die DA in KwaZulu-Natal sê hy sal die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie vra om die krisis te ondersoek wat veroorsaak is deur die provinsiale Departement van Basiese Onderwys se besluit om die Nasionale Skolevoedingsprogram te sentraliseer. Dié tender word op die oomblik deur die Spesiale Ondersoekeenheid ondersoek. Die DA-lid, Baxolile Nodada, sê die party het inligting ontvang dat sowat 30 000 leerders by 540 skole in die provinsie nog steeds nie maaltye ontvang nie:
Die Britse premier Rishi Sunak sê Rwanda en die Verenigde Koninkryk is groot vriende. Hy het gepraat tydens Rwandese President Paul Kagame se besoek aan Londen. Hy het spesifiek melding gemaak van sy regering se omstrede ooreenkoms met die deportasie van migrante van Afrika.
Die Stad Kaapstad kombineer tegnologie en hommeltuie om die oorsprong van geweerskote op te spoor en polisiehulpbronne vinnig en doeltreffend te ontplooi. Akoestiese geweerskoot-opsporingstelsels is nou in Hanover Park, Manenberg en Lavender Hill in gebruik geneem en nagenoeg 35 vuurwapens en 400 rondes ammunisie is reeds van die strate verwyder, met 50 arrestasies. Stad Kaapstad se burgemeester, Geordin Hill-Lewis, sê die tegnologie, bekend as SoundThinking, kan die klank en oorsprong van geweerskote identifiseer. Daarvolgens kan wetstoepassers dadelik optree in gebiede waar bendes teen mekaar baklei:
Die Presidensie het oudpresident Jacob Zuma se poging gekritiseer, om President Cyril Ramaphosa hof toe te neem oor die aanstelling van hoofregter Raymond Zondo. Zuma se prokureurs eis in 'n brief aan die president dat Zondo voor volgende week Donderdag uit sy pos verwyder word en sê sy aanstelling was irrasioneel. Zuma beskuldig die hoofregter daarvan dat hy oneerlik is oor private vergaderings tussen hulle terwyl hy nog president was. Ramaphosa se woordvoerder, Vincent Magwenya, sê die president gaan nie sy tyd mors om sulke onlogiese eise te oorweeg nie:
Die vierde ronde van die Gallina motocross-liga van die Namibiese Nasionale Motocross-byeenkoms vind op 13 Mei in Gobabis plaas met die beste ryers in die land wat sake gaan uitspook. Kosmos 94.1 Nuus het met een van die organiseerders en veteraan motorfietsryer Ingo Waldschmidt, gesels wat belangstellendes uitnooi om in te skryf.
Dit is nie net in Namibië wat die strooi van rommel ‘n toenemende probleem word nie. Die burgemeester van die Stad Tshwane, Cilliers Brink, sê opruimingsveldtogte is wonderlike inisiatiewe wat inwoners hopelik sal inspireer om hul gemeenskappe skoon te hou, en sal aanmoedig om op te hou rommelstrooi. Brink sê daar moet 'n kultuur geskep word om leefruimtes skoon te hou:
Misdadigers trek voordeel uit die behuisingskrisis in Kaapstad deur inwoners te bedrieg wat op soek is na bekostigbare huise in die stad, sê die nie-winsgewende behuisingsorganisasie, Communicare. Volgens Communicare skep swendelaars vals aanlyn profiele deur foto's van Communicare-huurverblyf te gebruik. Kosmos 94.1 Nuus het met Hillie Petrus, hoof-agent by Peuyoshinge Properties, gesels oor die stand van sake in Namibië en of Namibiërs vir hierdie tipe bedrogspul sou val.
Die DA het die minister van Openbare Werke en Infrastruktuur, Sihle Zikalala, se versuim om by portefeulje-komiteevergaderings op te daag bevraagteken. 'n DA Parlementslid, Madeleine Hicklin, sê die minister het sedert sy aanstelling in Maart nog nie voor die komitee verskyn nie. Hicklin sê daar is 'n leierskapstekortoming wat die administrasie se pogings om die uitvoerende gesag tot verantwoording te roep in die wiele ry. Sy sê Zikalala moet sy grondwetlike plig nakom en alle vergaderings bywoon:
Die Wes-Kaapse Departement van Mobiliteit en die Stad Kaapstad sê daar is nog 1 296 nuwe taxi-bedryfslisensies beskikbaar. Die twee-jaar moratorium op nuwe aansoeke vir taxi-bedryfslisensies is in Februarie opgehef en word nou in twee fases beskikbaar gestel. Die stad se burgemeesterskomiteelid vir Stedelike Mobiliteit, Rob Quintas, sê die Wet op Nasionale Landvervoer vereis dat alle verskaffers van openbare vervoerdienste in besit moet wees van 'n geldige bedryfslisensie om pendelaars te vervoer:
Die kommissaris van die Werkloosheidsversekeringsfonds, Teboho Maruping, het 'n streng waarskuwing gerig aan ondernemings in KwaZulu-Natal wat versuim om met forensiese ouditeure saam te werk wat oudits doen om die geld van die Covid-19 tydelike werkgewer-werknemer-verligtingsfonds op te volg. Ondernemings wat 9,2 miljard Suid-Afrikaanse rand ontvang het, word ondersoek nadat hulle versuim het om hul samewerking aan forensiese ouditeure te gee, wat vooraf reëlings getref het om hulle te besoek. Maruping doen 'n beroep op direkteure om die ouditgeleentheid te gebruik om goeie korporatiewe burgerskap te toon en hulself vry te spreek:
Napoli het hul eerste Italiaanse Serie A-titel sedert 1990 verower toe hulle in die Dacia Arena een-elk gelykop geëindig het teen Udinese. Victor Osimhen het die gelykmaker in die 52ste minuut aangeteken, en só verseker dat Napoli die enkele punt behaal wat hulle benodig het om die titel te verower. Hul teenstanders, Lazio en Juventus, kan hulle nou nie meer in die oorblywende vyf wedstryde inhaal nie. Napoli se eienaar en president, Aurelio De Laurentiis, sê die oorwinning is die begin van ‘n nuwe era vir die klub:
'n Manhattan-jurie het bevind Ed Sheeran se treffer Thinking Out Loud het nie inbreuk gemaak op die kopiereg van die klassieke Marvin Gaye-lied van 1973, Let's Get It On nie. Ed Townsend se familie wat die lied saam met Gaye geskryf het, het Sheeran, sy etiket Warner Music Group en sy musiekuitgewer Sony Music Publishing gedagvaar en beweer hulle maak inbreuk op die lied se kopiereg. Die jurielede het beslis die Britse musikant het die lied onafhanklik geskep. Sheeran sê hy is vanselfsprekend gelukkig met die beslissing:
Die Hartebeestloop Bonsmara-veiling vind op 12 Mei op die plaas Hartebeestloop van die top-Bonsmara-teler dr. Joggie Briedenhann in die Stampriet-distrik plaas. Dit is ‘n hoogtepunt op Namibië se landbou-kalender omdat die diere van top-gehalte is. Die veiling begin om 11-uur die oggend en sal ook aanlyn wees met 'n verskeidenheid van Bonsmara-bulle en vroulike diere. Briedenhann se seun Byron gesels met Kosmos 94.1 Nuus oor wat te wagte is.
Lionel Richie sê dit voel soos Kersfees toe hy klein was. Hy het Britse media gesels oor sy optrede by die kroningsgeleentheid van koning Charles III wat môre plaasvind. Volgens Richie is dit ‘n geleentheid wat net een keer in ‘n leeftyd kom.
Die Noord-Gautengse Hooggeregshof in Pretoria het 'n bevel toegestaan dat die ANC dokumente mag indien wat verband hou met sy lastersaak teen die gewese Eskom-hoof, André de Ruyter, wat volgens berigte tans in Duitsland bly. De Ruyter het onder die radar verdwyn ná 'n onderhoud met eNCA, waarin hy skokkende bewerings gemaak het oor diepliggende korrupsie by Eskom wat deur die ANC gepleeg word. Die regerende party ontken die bewerings ten sterkste. 'n Regsontleder, Mpumelelo Zikalala, verduidelik wat hierdie bevel beteken:
Daar heers kommer oor wankommunikasie rondom Suid-Afrika se kragkrisis. 'n Groep kommunikasie-kundiges onder die vaandel Energy Comms het 'n projek van stapel gestuur wat daarop gemik is om meer betroubare data oor die situasie te verskaf. Die organisasie se voorsitter, Chris Vick, glo beurtkrag moet op 'n eenvoudigder manier aan mense verduidelik word. Hy noem ook die probleem van vals inligting wat op sosiale media-platforms versprei word:
Oekraïne se President Volodymyr Zelensky vra dat 'n oorlogstribunaal aangestel word om Rusland vir beweerde oorlogsmisdade aanspreeklik te hou. Hy het aan Den Haag gesê die Russiese President Vladimir Putin moet tot verantwoording geroep word vir die oorlog in Oekraïne. Die Internasionale Strafhof het in Maart 'n lasbrief uitgereik vir Putin se inhegtenisneming weens die vermeende deportasie van kinders uit Kiëf, wat as oorlogsmisdaad beskou word. Zelensky sê hy is vol vertroue sy land sal die oorlog teen Moskou wen:
Die goewerneur van Bank van Namibië Johannes !Gawaxab, het 'n beroep gedoen op die ontwikkeling van 'n deursigtige wetlike en regulatoriese raamwerk om die land se opkomende olie- en gas-sektor te beheer. Die goewerneur sê die raamwerk is nodig om 'n gelyke speelveld te verseker en die moontlikheid van korrupsie of begunstiging uit te roei. Hy sê Namibië moet bekwame en verantwoordbare instellings bou om 'n gelyke speelveld te verseker vir alle rolspelers wat in die bedryf werksaam is, terwyl die integriteit van staatsinstellings noodsaaklik is om te verseker dat die land die voordele van sy oliebedryf ten volle benut. Naufiku Hamunime, die bank se hoof van internasionale betrekkinge en volhoubaarheid, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê hoe die olie-vloek vermy kan word.
Die Suid-Afrikaanse Presidensie sê President Cyril Ramaphosa is tevrede met die werk wat die minister van elektrisiteit, Kgosientsho Ramokgopa, in so 'n kort tydjie kon doen. Die ANC het sy gewig agter die minister se kragplan ingegooi, wat die uitdiens-stelling van sommige steenkool-aanlegte insluit. Ramaphosa se woordvoerder, Vincent Magwenya, sê daar is 'n algemene gevoel van dringendheid vir die instelling van die Energie-aksieplan wat die President verlede jaar aangekondig het.
Na meer as 33 jaar van onafhanklikheid in Namibië, is dit duidelik dat armoede, ongelykheid en werkloosheid vererger het, wat die jeug se protes teen werkloosheid ontketen het. Armoede is een van die grootste uitdagings wat baie gemeenskappe in Namibië in die gesig staar en die dorp Okahandja in die Otjozondjupa-streek is geen uitsondering nie. Volgens 'n plaaslike aktivis van die destydse tuindorp, Sydney Gariseb, groei die bevolking van Okahandja en die ekonomiese aktiwiteite neem af, wat mense werkloos op straat laat.
Rugby: Dit is Saterdag in Kaapstad ʼn herhaling van die eindstryd in verlede jaar se Verenigde Rugby-kampioenskap wanneer die Stormers die Bulle in ʼn kwarteindstryd pak. Een van die spanne sal uitgeskakel word en die verdedigende kampioen, die Stormers, word as die gunsteling beskou aangesien die Bulle sewe nederlae in alle kompetisies gely het teen spanne wat deur John Dobson afgerig word. Die afrigter van die Bulle, Jake White, vertrou die druk van ʼn uitspeelwedstryd sal hulle grootste bondgenoot wees.
Kommer bestaan oor ontplooide polisiebeamptes in die buurland wat vuurwapens hanteer. Misdaadkenners is bekommerd die voorbereidingstydperk van vier maande was nie genoeg nie. Die premier van Gauteng, Panyaza Lesufi, het die 4 000 misdaadvoorkomings-beamptes ontplooi, wat die provinsie se misdaad-brandpunte sal patrolleer om wetstoepassing te versterk. Die misdaadkenner en strategiese ontleder, Andy Mashaile, meen egter verdere opleiding word benodig.
Sokker: Manchester City se doelskopper, Erling Haaland, het die Premierliga se rekord vir die meeste doelskoppe in 'n enkele seisoen verbeter. Die Noorweër het sy 35ste liga-doel van die seisoen aangeteken en daarmee Alan Shearer en Andrew Cole se vorige rekord van 34 verbeter. City het West Ham met 3-0 afgeransel om bo-aan die punteleer te eindig. Die 22-jarige speler het nou hierdie seisoen altesaam 51 doele in alle kompetisies aangeteken. Haaland sê dis wonderlik om hierdie rekord in sy eerste seisoen in die Premierliga te verbeter.
Namibië herdenk vandag Cassingadag met die verrigtinge wat vanoggend om nege-uur by die Helde-akker in Windhoek sal plaasvind. Deel van die geskiedenis van Cassingadag is die 430 beseerde en wees- en weerlose kinders wat na Oos-Duitsland gestuur is na die Cassinga-slagting in Mei 1978. Hulle is na die destydse Duitse Demokratiese Republiek gestuur ingevolge 'n ooreenkoms met sy regering en die uitgeweke Swapo-leierskap. Ná die val van die Berlynse muur in 1989 en onafhanklikheid vir Namibië in 1990, het al die kinders na hul ouers se geboorteland teruggekeer waar sommiges gesukkel het om aan te pas. Kosmos 94.1 Nuus het met die voormalige ombudsman advokaat John Walters, gepraat wat bevraagteken of daar genoeg gedoen is vir die kinders wat tydens Cassinga gely het.
President Cyril Ramaphosa glo steeds dat die kwessie oor die besoek van die Russiese President, Vladimir Putin, aan Suid-Afrika vóór die Brics-beraad in Augustus in Durban uitgeklaar sal word. Die Internasionale Strafhof het 'n lasbrief vir sy inhegtenisneming uitgereik weens oorlogmisdade. Suid-Afrika sal as ondertekenaar van die Statuut van Rome verplig wees om Putin in hegtenis te neem indien hy die beraad bywoon. Ramaphosa se woordvoerder, Vincent Magwenya, sê dit is kommerwekkend dat die fokus van die beraad nou verskuif het na een land wat uitdagings met die Internasionale Strafhof ondervind.
‘n Ekonoom sê digitale transformasie in die finansiële dienste-sektor is belangrik. Die Namibiese Finansiële Instellings Toesighoudende Owerheid, Namfisa, bied die tweede FinTech Square-geleentheid op 10 en 11 Mei in Windhoek aan. Die tema is ‘Innovate, Collaborate, Elevate: Towards digital transformation in the financial services sector’. Kosmos 94.1 Nuus het met Salomo Hei, besturende direkteur van High Economic Intelligence, gepraat...
Die Kaapstadse teen-misdaad aktivis, Ian Cameron, sê die meer as 4 000-sterk misdaadbekampings-eenheid wat dié week in Gauteng ontplooi is, is veels te onervare en swak toegerus om misdaad behoorlik te bekamp. Cameron, die gemeenskaps-veiligheids direkteur by Action Society sê die miljoene Suid-Afrikaanse rande wat aan die stigting van hierdie eenheid bestee is, kon liewer gebruik word om die provinsie se bestaande polisie-strukture te verbeter. Fritz Platt, Kosmos 94.1 Nuus se korrespondent in Kaapstad...
Eskom het aangekondig Fase 6-beurtkrag is ingestel. Eskom se tussentydse woordvoerder, Daphne Mokoena, sê verskeie fases sal môreoggend vanaf vyf-uur geld en verdere opdaterings sal soos nodig gegee word. Sy sê onklaar-rakings staan tans op meer as 18 000 megawatt terwyl meer as 3 000 megawatt nie beskikbaar is nie weens beplande instandhouding.
Tydens die borgtog-aansoek van die voormalige visseryminister en Fishrot-beskuldigde Bernhardt Esau vandag in die Windhoekse hoërhof voor regter David Munsu, het sy vriendskappe met sy medebeskuldigdes onder die loep gekom. Senior staatsaanklaer Clive Lutibezi het onder kruisondervraging vir Esau uitgevra oor sy verhouding met veral James Hatuikulipi en voormalige justisieminsiter Sacky Shanghala.
Die Namibiese Privaatskole-organisasie se winter-sportweek vind tans op Walvisbaai plaas. Sportspanne van altesaam 16 privaatskole is op die kusdorp byeen met die proewe wat môre begin. Charmaine Bell, die sekretaresse van Napso deel haar opgewondenheid met Kosmos 94.1 Nuus...
Die gebrek aan voldoende sanitasie-geriewe landwyd in Namibië is 'n groot uitdaging. Die burgemeester van Swakopmund, Dina Namubes het amptelik nuwe sanitasie-sentrums aan die inwoners van die DRC informele nedersetting oorhandig by 'n geleentheid wat deur die munisipaliteit se gesondheid- en vaste-afval-afdeling aangebied is. Die sanitasie-sentrums of toiletgeriewe wat oorhandig is, staan ook bekend as Community Led Total Sanitation. Kosmos 94.1 Nuus het met Linda Mupupa, skakelbeampte van die Swakopmund-munisipaliteit oor hierdie konsep gesels....
Die Namibiese minister van myne en energie, Tom Alweendo sê daar is hernude lewensvatbaarheid vir die Kudu-gasprojek, met die regering wat aandring dat dit in samewerking met Suid-Afrika ontwikkel word. Volgens Alweendo het Namcor en die regering die Kudu-gasprojek geïdentifiseer as een van hul uiteindelike reaksies op die dreigende energiekrisis. Die Kudu-gas-projek word in die noordelike Oranje-subkom ongeveer 130 kilometer van die suidwestelike kus van Namibië ontwikkel. Kosmos 94.1 Nuus het met die sakeman en voormalige uitvoerende hoof van NamPower, dr. Leake Hangala gesels, wat sê dat hierdie ontwikkeling ver gevorderd is.
Die bestuurder van die Shell-diensstasie op Usakos, Hennie Roos het ten sterkste ontken dat diesel eers na middernag by die vulstasie beskikbaar sal wees, soos beweer op sosiale media. Hy het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat die vulstasie nou teen vyf-uur 'n vragmotor met diesel verwag. Reisigers na en van die kus sal dus nou weer diesel in die dorp kan kry. Roos het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Die Suid-Afrikaanse Presidensie bevestig hy moet nog aanbevelings van die Regterlike Dienskommissie ontvang oor die voorgestelde skorsing van regters Tshifhiwa Maumela en Nomonde Mngqibisa-Thusi. Die kommissie wil hê albei regters moet geskors word omdat hulle uitsprake laat lewer. Dit kommissie het President Cyril Ramaphosa aangeraai dit is wenslik is om die twee met voorwaardes te skors, insluitende die afhandeling van alle sake voor hulle. Die woordvoerder van die Presidensie, Vincent Magwenya, sê Ramaphosa sal by ontvangs van die voorstel reageer.
Die Namibiese inligtingsministerie is trots op Namibië wat weer die nommer-een-posisie op die Wêreld-persvryheids-ranglys in Afrika teruggewen het. Verlede jaar was Ghana nommer een in Afrika. Wêreldwyd is Namibië nou 22ste uit 180 lande op die ranglys, volgens Reporters Without Borders se 2023 Wêreld-persvryheids-indeks. Wêreld-persvryheidsdag word vandag herdenk. Die ministerie se skakelbeampte, Shoki Kandjimi deel ook meer oor die vestiging van die kantoor van die inligtingskommissaris...
Sokker: Loftus Versfeld in Pretoria sal op Saterdag 27 Mei die eerste keer die eindstryd om die Nedbank-beker aanbied. Voor dan moet twee halfeindstryde hierdie naweek gespeel word. Sondag speel Stellenbosch teen Sekhukhune United en Saterdag is die groot Soweto-derby tussen Orlando Pirates en Kaizer Chiefs. Pirates het agt wedstryde agtereenvolgens in die Liga -en Beker-kompetisie gewen. Voorspeler Kermit Erasmus sê dis reeds ʼn lang seisoen en nou vuur jou hart jou aan.
Die Stad Kaapstad het pogings uiteengesit om tot vier fases van beurtkrag te verminder deur gebruik te maak van tegnologiese innovering onder die burgemeester se prioriteits-program oor energie. Die stad het belê in energie-oplossings, soos onafhanklike kragaankope, battery-berging, sonenergie en die kraghelde-program. Die burgemeesters-komiteelid vir energie, Beverley van Reenen, het in haar toespraak tydens Africa Tech Week gesê die metro het sy arbeidsmag in die tegnologie-bedryf uitgebrei en plaaslike beginner-ondernemings gehelp.
Die Organisasie teen Belastingmisbruik sê die Suid-Afrikaanse Maritieme Veiligheidsowerheid staar leierskaps-probleme in die gesig en is word beskuldig van verkwistende uitgawes. Samsa het sedert Mei 2016 nie 'n permanente uitvoerende hoof nie en talle bestuurders is in waarnemende posisies. Die woordvoerder van Outa, Rudie Heyneke, doen 'n beroep op die parlement se portefeuljekomitee oor Vervoer om deeglik ondersoek in te stel na Samsa se sake.
‘n Namibiese landboukenner het sy reaksie gegee op skaapvleis-uitvoere wat in die eerste drie maande van 2023 met 270,6 persent gestyg het, hoofsaaklik as gevolg van toenemende produksie-hoeveelhede. Meer as 158,63 ton skaapvleis is volgens die Vee- en Vleisbedryfs-verslag van die Vleisraad van Namibië na Suid-Afrika uitgevoer, en byna 60 ton na Noorweë. Die invoer van vleis en vleisprodukte op sowat 268,14 ton, het aansienlik gedaal gedurende die tydperk, 'n afname van 50,3 persent van die sowat 539,69 ton wat in dieselfde tydperk in 2022 ingevoer is. Volgens die verslag sal die bemarking van vee na verwagting gedurende die 2023-tydperk toeneem, aangesien daar van boere verwag word om hul diere teen 'n baie hoër tempo te verminder, om verliese te vermy weens die ongunstige reënval-toestande. Landboukenner Wallie Roux het met Kosmos 94.1 Nuus gesels of vleispryse vir verbruikers sal daal.
Die Stad Kaapstad se Verkeersdiens, Metropolisie en Wetstoepassingsdepartemente het 358 verdagtes gearresteer en meer as 55 000 boetes uitgereik tydens die weeklikse wetstoepassingsoptredes. Die Openbare Noodkommunikasiesentrum het oor die langnaweek meer as 2 900 noodoproepe hanteer wat klagtes oor 194-gevalle van fisieke aanranding ingesluit het. Die burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekuriteit, JP Smith, sê beamptes het deur die langnaweek gewerk om mense in nood op die stad se paaie by te staan en om 'n veiliger omgewing te verseker:
Die voorsitter van die Ohlthaver en List-groep, Sven Thieme, sê Heineken se verkryging van Namibia Breweries is nie die einde van ‘n era nie en inteendeel, dit is die begin van nuwe hoogtes vir die handelsmerk. Thieme het gepraat nadat Heineken die aankondiging gemaak het en gesê het die nuwe maatskappy sal bekendstaan as Heineken Beverages. Thieme het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Kunsmatige intelligensie is in die nuus nadat die pionier daarvan, dr. Geoffrey Hinton bedank het by Google oor kommer oor die gevare daarvan. Hy meen dat kunsmatige intelligensie die mensdom kan uitwis en streng regulasies moet internasionaal daargestel word. Maar, die miernes is reeds oopgekrap omdat wetenskaplikes, enige plek in die wêreld verder daarop sal bou. Stuart Ritchie, ‘n Britse kenner in die gebied het die gevare van kunsmatige intelligensie so aan Kay Burley van Sky News verwoord.
Kosmos 94.1 Nuus is ingelig dat die verbod op vragvervoer steeds in plek is by die Hosea Kutako Internasionale Lughawe en dat die verbod reeds ‘n maand duur. Dit, ten spyte van die feit dat die Lughawensmaatskappy se hoof uitvoerende beampte Bisey /Uirab Vrydag aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig het dat die verbod gelig is na ‘n noodvergadering wat Donderdag plaasgevind het. Dit was wat hy aan Kosmos 94.1 Nuus gesê het.
Begunstigdes van die kwesbare kindertoelaag en die oumenspensioen sal nog ‘n tydjie moet wag voor die verhogings van 100 Namibiese dollar elk intree Die Nasionale Vergadering en Nasionale Raad het reeds die begroting bekragtig maar, President Hage Geingob as ‘n wet afteken. Die woordvoerder van die Nasionale Vergadering Rafael Hangula verduidelik.
Oudvisseryminister en Fishrot-beskuldigde Bernhardt Esau getuig om die oomblik in sy borgaansoek in die hoërhof. Deel van die saak handel oor oorbetalings van miljoene Namibiese dollar aan twee regsfirmas, DHC van voortvlugtige Maren de Klerk en Sisa Namandje. Staatsadvokaat Clive Lutibezi is besig met die ondervraging van Esau, wat sy hande gewas het oordie hele aangeleentheid maar, gee toe, die oorbetaling was onwettig.
Plaaslike reaksie word ontvang op die jongste verslag van die Wêreld Ekonomiese Forum toon dat makro-ekonomiese neigings en tegnologiese vooruitgang steeds arbeidsmarkte ontwrig. Die verslag voorspel dat 83 miljoen poste teen 2027 uitgeskakel sal word weens die toenemende gebruik van tegnologie en verhoogde digitale toegang. Die verslag voorspel ook dat 69 miljoen nuwe werkgeleenthede geskep sal word, hoofsaaklik in die groen oorgang en lokalisering van aanbodkettings. Kosmos 94.1 Nuus het met Herbert Jauch, 'n arbeidskenner gesels oor of Namibië gereed is vir die aanpassings...
Suid-Afrika sal sy vandag sy tweede periode verslag oor die regte en welsyn van kinders lewer voor die 41ste gewone sitting van die Afrika-Unie se komitee van kenners. Talle Afrika-lande sal na verwagting ook hulle verslae indien oor hulle vordering met die bewusmaking van kinderregte in hulle onderskeie lande. Die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling se woordvoerder, Lumka Oliphant, sê die Kabinet het in 2020 die Nasionale Plan van Aksie vir Kinders aanvaar wat die regering se verbintenis tot kinderregte toenemend erken:
Die Gautengse LUR vir Gesondheid en Welstand, Nomantu Nkomo-Ralehoko, sê die Chris Hani Baragwanath Akademiese Hospitaal het nie genoeg verkoelingsgeriewe gehad om tred te hou met die voedselbehoeftes van pasiënte nie. Die LUR het die hospitaal besoek om haar te vergewis van die jongste stand van sake betreffende onlangse voedseltekortkwessie wat by die hospitaal ondervind is. Sy sê alle etes is tot op hede voorsien. Nkomo-Ralehoko sê haar span het die stelselprobleme geïdentifiseer wat tot die situasie aanleiding gegee het, soos vervat in ‘n verslag wat van hospitaalbestuurders verkry is:
Metcalfe Beukes Prokureurs van Walvisbaai het 'n brief aan die Bank van Namibië se goewerneur, Johannes !Gawaxab gestuur namens talle huiseienaars wat weens ernstige ekonomiese omstandighede wat veroorsaak is deur Covid-19 en finansiële agteruitgang in Namibië gedwing is om in gebreke te bly met betalings wat verskuldig is. Richard Metcalfe sê die sentrale bank moet intree. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Die Britse koninklikes is in die nuus in aanloop tot koning Charles se amptelike kroning wat Saterdag plaasvind. ‘n Britse kenner Tessa Dunlop sê dat nuwe peilings daarop dui dat 38 persent van Britse jongmense 'n ander stelsel as die monargie wil hê. Sy sê die hantering van Meghan en Harry, het daartoe gelei.
Vandag gesels Estie oor die enjinkamer van die liggaam. Jou spysverteringsstelsel. Die belangrikheid van gesonde gebalanseerde mikrobiome kan nie oorbeklemtoon word nie en dus, as jy sukkel met enige aspek van vertering of jou maag, hoor hier.
Die huidige padinfrastruktuur in die buurland word nie voldoende onderhou om die hoë volume vragmotor-ritte te steun nie. Belanghebbendes in die Suid-Afrikaanse vragbedryf voer aan dit is noodsaaklik om 20 persent van Suid-Afrika se vragbedryf van pad na spoor te verskuif. Volgens Mary Padi van die Vragmotorbestuurdersvereniging van Suid-Afrika kan dit gedoen word deur gebruik te maak van die tegnologies gevorderde RailRunner-goederevervoer-metode:
Wêreld-nommer-drie, Rory McIlroy, keer dié week terug na die spel by die Wells Fargo-kampioenskap, nadat hy onthul het dat hy ná die Meesters verlede maand 'n blaaskans gevat het ter wille van sy geestelike en emosionele welstand. Hy kon nie die afsnypunt haal nie, en dit was vir hom 'n teleurstellende vertoning by die Meesters. Die 33-jarige het hom onttrek aan die RBC Heritage-toernooi. Dit was die tweede voorgeskrewe PGA-toernooi wat hy vanjaar misgeloop het. McIlroy sê die tyd weg van die baan het hom 'n bietjie perspektief gegee:
Die DA in Gauteng sê die provinsie se Departement van Gesondheid beweer dat geen voorval van nalatigheid voorgekom het nie wat betref die dood van 'n kommerwekkende 1 565 pasgebore babas die afgelope drie jaar in die Chris Hani Baragwanath-hospitaal se kraamafdeling. Die LUR vir Gesondheid, Nomantu Nkomo-Ralehoko, sê egter in 'n geskrewe antwoord meer as die helfte van dié sterftes het onder voorkombare omstandighede plaasgevind. Jack Bloom van die DA sê faktore wat tot die sterftes van 909 van die babas gelei het sluit in onvoldoende infeksiebeheer en 'n beperkte getal beddens vir pasgeborenes in die intensiewe sorgeenheid.
Die Sekretaris-Generaal van die Verenigde Nasies, António Guterres, sê die klimaatkrisis vereis eerlikheid. Hy sê hy het 'n klimaat-solidariteitsverdrag aan die G20 voorgestel, waarin alle groot vrystellers van uitlaatgasse ekstra pogings aanwend om dit te verminder. Welvarende lande moet ook ontluikende ekonomieë ondersteun om dit te kan doen. Guterres sê die wêreld moet optree volgens wetenskap, feite en eerlikheid om die klimaatkrisis aan te spreek met die dringendheid wat dit vereis:
Die inwoners van Katima Mulilo het hul kommer uitgespreek oor hoe die vuil en in ‘n vervalle toestand is. Daarom, meen hulle sal die dorp nie floreer nie. Kosmos 94.1 Nuus het met Rafael Liswaniso, die hoofuitvoerende beampte van die dorp in die Noordooste oor die kwessie gepraat. Volgens hom staar hulle tans verskeie uitdagings in die gesig. Hy sê inwoners kla, maar betaal nie hul skuld aan die dorpsraad nie.
Die Nasionale Persklub doen 'n beroep op die ANC-regering om te verseker die Suid-Afrikaanse mediabedryf kan sy werk doen sonder teistering, vrees, mishandeling of intimidasie. Teen die agtergrond van Wêreld Persvryheidsdag wat vandag gevier word, sê die voorsitter van die Nasionale Persklub, Antoinette Slabbert, die media speel 'n kritieke rol om misbruik en korrupsie aan die kaak te stel en om te verseker dat 'n stem aan die stemloses gegee word. Slabbert noem die media 'n kritieke pilaar van die land se demokrasie en waarsku dit moet vurig beskerm word:
Fifa se president, Gianni Infantino, het gewaarsku dat 'n daar moontlik geen uitsending van die komende Wêreldbeker-toernooi vir vroue in Europa sal wees nie tensy uitsaaiers daar verbeter op hul “onaanvaarbare” aanbiedinge vir die regte. Hy het uitgevaar teen veral openbare uitsaaiers.
Die Organisasie teen Belastingmisbruik sê daar wag nog ʼn lang opdraand vir Suid-Afrika om leierskap te vind wat bereid is om aanspreeklikheid te aanvaar. Die uitvoerende hoof van Outa, Wayne Duvenhage, sê munisipaliteite stort in duie, daar is ʼn gebrek aan dienslewering, openbare fondse word misbruik en daar is steeds korrupsie en wanadministrasie. Volgens hom moet Suid-Afrikaners leiers aanspreeklik hou. Duvenhage sê dit is ʼn volgehoue probleem:
Die wêreld gedenk vandag Wêreld-persvryheidsdag onder die tema “Shaping a Future of Rights – Freedom of expression as a driver for all other human rights“. Onder hierdie jaar se tema word feite-verifiëring as 'n noodsaaklike komponent beskou. Veteraan joernalis Gwen Lister sê aan Kosmos 94.1 Nuus waarom dit uiters belangrik is om hierdie dag, veral in Afrika, te herdenk.
Terwyl die Afrika-streek in 2020 vry van polio verklaar is, is daar onlangs gevalle in Botswana aangemeld. Regoor die wêreld is daar kommer oor die onderbreking van roetine inentings as gevolg van Covid. Botswana het intussen 370 000 kinders ingeënt. Kosmos 94.1 Nuus het met Walters Kamaya, woordvoerder van gesondheidsministerie gesels.
Die Ovaherero Tradisionele Owerheid en die Ovaherero-sprekende gemeenskap wag steeds op die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, Erastus Uutoni om aan te kondig wie as die Ovaherero opperhoof erken moet word met professor Mutjinde Katjiua en dr. Hoze Riruako wat albei meeding vir die top-leierskapsposisie in die owerheid. Uutoni het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.
Die Nasionale Professionele Onderwysersunie van Suid-Afrika is besorg oor ʼn leierskapkrisis in skole wat tot verskeie uitdagings vir onderwysers lei. Volgens die direkteur van Naptosa, Basil Manuel, kom onderwysers te staan voor uitdagings soos vandalisme by skole wat leerders met te min leermateriaal laat. Daar is boonop ʼn gebrek aan behoorlike sanitasie en swak dissipline by kinders. Manuel vra die regering moet iets doen en oplossings vir hierdie uitdagings vorendag kom:
Die Suid-Afrikaanse Poskantoor sal Sassa-kaarte se vervaldatums tot Desember verleng. Toelae-begunstigdes word verseker hulle kan steeds hul toelaebetalings ontvang selfs nadat die datums op die huidige kaarte verval het. Die uitvoerende bestuurder van Sassa, Brenton van Vrede, doen 'n beroep op begunstigdes om nie paniekerig te raak oor kaartvervangings nie:
Die Verenigde Nasies sê meer as 100 000 mense het uit Sudan gevlug sedert hewige gevegte op 15 April tussen mededingende magte uitgebreek het. 'n Verdere 334 000 mense is binne die land haweloos gelaat. Meer as 550 mense is in gevegte tussen die weermag en die paramilitêre Rapid Support Forces dood. Die VN-Kantoor vir die Koördinering van Humanitêre Sake se woordvoerder, Jens Laerke, sê vlugtelinge het ook oor Sudan se grens met Egipte in die noorde en Tsjad in die weste gevlug.
Die Stad Kaapstad se direktoraat vir veiligheid en sekuriteit sê hy het 'n kommerwekkende toename in die getal inhegtenisnemings in die drie maande tussen Januarie tot Maart 2023 aangeteken. Die direktoraat sê hoewel die getal arrestasies toon dat wetstoepassers hard werk om misdadigers van die stad se strate af te hou, toon die statistieke egter ook dat euwels, soos dwelms en onwettige vuurwapens, nou makliker in die hande gekry kan word. Kosmos 94.1 Nuus se korrespondent in Kaapstad, Fritz Platt...
Terwyl die petrolprys in Namibië vir Mei onveranderd bly en die dieselprys daal, sal die petrolprys in die buurland styg. Die groothandelprys van diesel word om middernag in Suid-Afrika verlaag, maar petrol se prys styg met 37 sent 'n liter, terwyl die prys van lampolie sal daal. Robert Maake van die Suid-Afrikaanse die departement van minerale en energie....
Namibiese banke het hul reaksie gegee op TransUnion se 2023 Omnichannel-bedrogverslag wat toon dat 34 persent van Namibiese verbruikers sê dat hulle tussen September en Desember verlede jaar deur slenters geteiken is. Die verslag toon dat amper 70 persent van Namibiërs kommer het oor die oorname van hul bankrekenings, 65 persent het kommer oor identiteitsdiefstal en 64 persent het kommer oor gesteelde kredietkaarte of bedrieglike kaart-transaksies. Khadijah Mouton, Standard Bank Namibië se bemarkingsbestuurder sê aan Kosmos 94.1 Nuus dat hierdie swendelary baie kommerwekkend is vir die banksektor.
Die KwaZulu-Natalse LUR vir samewerkende regering en tradisionele sake, Bongiwe Sithole-Moloi, het skok uitgespreek oor die sluipmoord-poging op die speaker van die Mkhambathini plaaslike munisipaliteit. Die aanval op raadslid Thembalikho Gwala het gelei tot die dood van sy lyfwag, Samkelo Chili. Hulle het teruggekeer van 'n gemeenskaps-vergadering. Die woordvoerder, Nonala Ndlovu, sê Sithole-Moloi doen 'n beroep vir die vinnige inhegtenisneming van die oortreders en vir die veiligheid van raadslede en hul personeel.
Die Grootfontein Skou-vereniging bied Donderdag 'n pretdag met perde by die Grootfontein-skougronde aan. Skou-rylesse met perde, boeresport, ‘n potjiekos-kompetisie en ‘n fliek-aand is deel van die pret vir oud en jonk. Megan Wise, die voorsitter van Grootfontein-perdeskou, gee meer inligting aan Kosmos 94.1 Nuus.
Angula moedig produsente aan om aan te sluit by die vark-bemarkingskema wat die Vleisraad bedryf, om te verseker dat daar 'n mark vir hul varkvleis is...
Namibië voer varkvleis uit die Europese Unie in om sy plaaslike aanbod aan te vul, aangesien plaaslike varkvleis-produksie nie daarin slaag om aan die verbruikersvraag te voldoen nie. Gedurende die eerste kwartaal van 2023 het plaaslike produksie slegs 31,5 persent van die land se varkvleisverbruiks-vereistes uitgemaak, volgens die Vleisraad van Namibië. Die oorblywende 68,5 persent is aangevul deur invoere, met meer as die helfte uit Duitsland met 52,8 persent, gevolg deur Spanje, Suid-Afrika en die EU. Hierdie invoersyfers het met 4,9 persent gestyg vergeleke met dieselfde tydperk verlede jaar. Fransina Angula, statistikus vir handel en bemarking by die Vleisraad het met Kosmos 94.1 Nuus gesels... Fransina Angula Dinsdag een
Die borgtogaansoek van die Fishrot-beskuldigde en voormalige minister van visserye, Bernhardt Esau, het vanmiddag in die Windhoekse hoërhof voor regter David Munsu voortgeduur. Esau en sy mede Fishrot-beskuldigde, Nigel van Wyk probeer steeds om borg te kry. Senior staatsaanklaer Clive Lutibezi het tydens kruisondervraging aan Esau gevra oor die omstrede dubbele simkaart iPhone. Die Fishrot-dokumentêr dui aan dat Esau vir 'n swart een aangevra het. Hy het getuig dat hy nooit vir 'n selfoon of 'n swart een gevra het nie.
Die dokumentêr deur Al Jazeera se ondersoek-eenheid genaamd "Anatomy of a Bribe" het vergaderings met Esau en medebeskuldigdes in die geheim verfilm waartydens Esau oor die dubbele simkaart iPhone gepraat het.
Die DA in Gauteng dring daarop aan dat die provinsiale departement van onderwys die aanlyn toelatings vir graad een en graad agt vir die 2024 akademiese jaar reeds dié maand moet open. Dit is om te verseker alle leerders word aan skole toegewys voor die nuwe akademiese jaar begin. ʼn Woordvoerder van die DA, Khume Ramulifho, sê die departement se skedulering is onsuksesvol want hulle misluk herhaaldelik om leerders in skole te plaas.
Namibiese parlementslid Veiko Nekundi het 'n mosie ingedien om die moontlikheid te bespreek om te hoë heffings en onetiese veelvuldige aanklagte deur plaaslike handelsbanke te ondersoek wat lei tot reuse-wins. Volgens Simonis Storm kan die mosie gesien word as 'n positiewe stap om regverdigheid en deursigtigheid in die bankbedryf te bevorder. Dit kan egter ook onsekerheid en huiwering skep onder beleggers wat die ondersoek as 'n negatiewe ontwikkeling vir die bedryf kan beskou. Kosmos 94.1 Nuus het met ‘n ekonoom van Simonis Storm, Shaun Lahner, gepraat..
Negentien lande stel daarin belang om by die Brics-groep lande aan te sluit terwyl sy ministers van buitelandse sake voorbereidings tref vir sy jaarlikse beraad wat aanstaande maand in Kaapstad plaasvind. Die lande sluit in Zimbabwe, Egipte, Algerië, Soedan, die Verenigde Arabiese Emirate en Saoedi-Arabië. Die blok van ontluikende markte bestaan uit Brasilië, Rusland, Indië, China en Suid-Afrika. ʼn Konsultant vir die regering en sakebestuur, Charles Sinkala, sê Brics is wêreldwyd een van die sterkste toonaangewende ekonomiese groepe.
Voormalige Wits-studente het 'n nuwe vakbond van stapel gestuur. Die Workers Socialist Union of South Africa poog om 'n nasionale voetspoor in die politiek te vestig. Volgens die vakbond se hoofsekretaris, Mmeli Gebashe, het die idee ontstaan toe die EFF se studente-leierskap by Wits betrokke geraak het om die lot van werkers by die instelling te probeer verbeter. Gebashe het gesê die vakbond is nie polities geaffilieer nie en is uitsluitlik daarop gefokus om werkers se belange te bevorder.
Die Spesiale Ondersoek-eenheid verwelkom die betaling van 311 miljoen Suid-Afrikaanse rand deur die Universiteit van Johannesburg aan die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente. Dit bring die totale betalings wat van instellings van hoër onderwys ontvang is sedert die aanvang van die NSFAS-ondersoek in September verlede jaar, op ongeveer 349,3 miljoen rand te staan. Die geld is vir studente wat vir befondsing gekwalifiseer het, maar óf van instelling verander het óf gederegistreer het. Die woordvoerder van die Spesiale Ondersoekeenheid, Kaizer Kganyago, moedig alle hoëronderwysinstellings aan om geld wat aan NSFAS verskuldig is, terug te betaal.
Die Kommuniste-party van Swaziland vra vir ʼn militante stryd teen die leierskap in gemeenskappe, in werkplekke, op kampusse en in skole regoor eSwatini. ʼn Woordvoerder van die party, Pius Velakazi, sê dit kan slegs gebeur indien ʼn sterk beweging van onderdrukte mense opgebou word. Hy beskuldig die koninkryk daarvan dat dit 'n onderdrukkende regime met onderdrukkende instellings is.
Die Hart Vlooimark, wat saam met Namibiese mediese fonds en die Namibiese Hartstigting op 13 Mei gehou word sal poog om die publiek in te lig oor hartgesondheid. Die mark, wat op Wanderers gehou word, teiken families met hope vermaak. Die stigter van die hartstigting, Gerhard de Koe het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.
Bipa sal gasheer wees vir die Afrika Streek se Intellektuele Eiendomsorganisasie sowel as die Intellektuele Eiendomsregte en Innovasie in Afrika en die Amerikaanse Departement van Justisie, terwyl hy 'n drie-dag Regters Colloquium reël. Volgens Ockert Jansen, die kommunikasie beampte by Bipa, regters van meer as 22 Afrika-lande tussen 3 en 5 Mei op Swakopmund bymekaarkom.
Daar is klagtes oor Duin 7 op sosiale media geopper. ‘n Gebruiker sê hulle het 150 Namibiese dollar betaal om toegang te kry maar, daar is geen opknappings by die perseel gedoen nie en ook geen skaduwee-parkering vir voertuie nie. Daar was ook ‘n ekstra 2 dollar fooi vir die gebruik van die toilette. Plaaslike toergids Josepf Kafunda het sy mening gegee en sê beter oplossings moet gevind word, veral vir die plaaslike mark.
Reaksie word ontvang op die aankondiging deur die voormalige adjunk-uitvoerende direkteur in die finansministerie, Ally Angula, dat sy haarself verkiesbaar stel as presidentskandidaat vir 2024. Dit is nie bekend of sy onafhanklik of verbonde aan ‘n party sal staan nie. Job Amupanda, wat self sy kandidaatskap vir volgende jaar bekend gemaak het sê hy wens haar geluk maar sê as die president se vriende so aankondiging maak, val dinge dalk uitmekaar...
Die Elektrisiteitsbeheerraad sê hy oorweeg nog die 16,87 persent verhoging in kragtariewe wat deur NamPower ingedien is. Terwyl dit alombekend is dat die kragvoorsiener finansieel sukkel is daar kommer oor die reuse-syfer omdat plaaslike owerhede nog hulle verhoging ook moet bylas. Ferdinand Molale, woordvoerder by die raad sê hulle mandaat is na die verbruiker om te sien.
Ontsouting vir watervoorsiening aan die sentrale gebied van die land is reeds sedert 1998 onder bespreking maar, konsultasies het formeel in 2020 begin. Die regering beplan ‘n pyplyn wat water van die kus deur die sentrale dorpe tot by Windhoek kan vervoer en sodoende waterdruk in die sentrale gebied verlig. Die proses is afgehandel en die verslag is aan die regering oorhandig. Kosmos 94.1 Nuus het met die landbouminister, Calle Schlettwein gesels oor die jongste in verband met die ontwikkeling.
Die Kaapstadse metro sê die metropolisie en departemente van wetstoepassing maak goeie vordering in hul poging om ongelisensieerde vuurwapens van die strate te verwyder. Meer as 4 455 mense is in die eerste drie maande van die jaar in hegtenis geneem en beslag is gelê op 56 vuurwapens, 986 patrone en 24 000 eenhede dwelms. JP Smith van die stad sê die syfers is 'n bewys van die werk wat op daaglikse basis gedoen word, gewoonlik ten koste van die personeel wat daarby betrokke is:
Al die oorblywende wedstryde in die vierde ronde van die mansenkelspel in die Madrid Ope word vandag gespeel. Die watertand-kragmeting is die herhaling van verlede jaar se eindwedstryd in Madrid tussen Carlos Alcaraz en Alexander Zverev. Die Duitser, Zverev, het die titel in Madrid reeds twee keer vantevore gewen, maar hy glo die Spanjaard, Alcaraz, is die gunsteling om te wen:
Die voormalige adjunk-uitvoerende direkteur in die finansministerie, Ally Angula, het aangekondig dat sy as presidentskandidaat in volgende jaar se verkiesing sal staan. Angula het as finansiële wunderkind ‘n paar jaar gelede na vore getree maar, het vinnig erge finansiële uitdagings ervaar met amper al haar projekte wat uiteindelik in die hof gedraai het met verskeie skuldeisers, onder wie ook die Presidentsvrou, Monica Geingos. Terwyl dit nie bekend is op Angula alleen of vir ‘n party sal staan nie sê sy onder die hustmerk Live the Promise Namibia 2024, op ‘n YouTube-video, dat daar talle beloftes gemaak is.
Die Stad Kaapstad het byna 451 miljoen Suid-Afrikaanse rand vir die 2023/24-boekjaar oor sy vier Departemente van Gemeenskapsdiens heen bewillig. Dit sluit in Stadsgesondheid en Vroeë Kinderontwikkeling. Die burgemeesterskomiteelid vir Gemeenskapsdiens en Gesondheid, Patricia van der Ross, sê van die fasiliteitsbestuursprojekte sluit die opgradering van 13 miljoen rand van die Lwandle-gemeenskapsbiblioteek, asook die opgradering van begraafplase en die Maitland-krematorium. Maar, sy sê vandalisme bly ‘n uitdaging.
Die deurwinterde Britse joernalis en skrywer Polly Toynbee het met Sky News in Brittanje gesels oor die kroningsplegtigheid van koning Charles wat Saterdag plaasvind. Sy het gereageer op die nuus dat die publiek uitgenooi word om getrouheid aan die koning te sweer. Sy sê dis anders om.
Die organisasie Gift of the Givers sê hy verneem dat 22 Suid-Afrikaners wat in die oorloggeteisterde Sudan vasgekeer was, nou in Egipte gestrand is nadat hulle daarheen gevlug het. Die groep het skynbaar 'n paar dae gelede uit Port Sudan in Port Safaga aangekom. Altesaam 66 Suid-Afrikaners het reeds uit Sudan huis toe gekeer. Die stigter van Gift of the Givers, Imtiaz Sooliman, sê die boot waarop die 22 gestrand is, is deur hul werkgewer gehuur:
Reaksie word ontvang op berigte dat inwoners van die Ehirovipuka-bewaringsgebied self hul pad na Opuwo toe moet maak om voedselhulp te haal. Die eerste minister dr. Saara Kuugongelwa-Amadhila het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die verantwoordelikheid berus by die streeksraad om die kos te versprei, haar kantoor verskaf dit net. Kosmos 94.1-nuus het met 'n UDF-parlementslid en boer in die Kunene-streek, Dudu Murorua, gepraat. Hy sê die eerste minister is reg.
Die buurland se metaalwerkersvakbond Numsa sê die ANC se obsessie om wit-monopolie-kapitaal te akkommodeer het gelei tot die vernietiging van staatsondernemings soos Eskom. Die vakbond se woordvoerder, Phakamile Hlubi-Majola, sê die doelbewuste verlamming van die kragvoorsiener deur die regering het gelei tot voortslepende beurtkrag en die voortydige sluiting of afskaling van maatskappye wat ook afleggings tot gevolg het. Sy sê burgers betaal hoër tariewe vir elektrisiteit omdat die privaatsektor, deur die Onafhanklike Kragprodusente, ‘n groter rol speel in die opwekking van elektrisiteit:
President Cyril Ramaphosa sê armoede, werkloosheid en ongelykheid kan net aangespreek word indien die drieparty-alliansie voortgaan om te bestaan. Die president erken baie moet nog gedoen word om die land se maatskaplik-ekonomiese uitdagings op te los. Ramaphosa sê hy glo die drieparty-alliansie, insluitend Cosatu en die SAKP, is die beste geplaas om op werkers se griewe te reageer:
Die Polisie en Gevangenisse Burgerregte-vakbond, Popcru, sê die aanstelling van 4 000 misdaadvoorkomingsbewaarders by verskillende misdaadbrandpunte in Gauteng sal die polisie help om misdaad te verminder en te voorkom. Die inisiatief van 40 miljoen Suid-Afrikaanse rand wat deur premier Panyaza Lesufi bekendgestel is, sal die opgeleide bewaarders hand aan hand sien werk om te help met gemeenskaps-patrollering teen misdaad, insluitend verkragting, geslagsgeweld en moord. Die vakbond se woordvoerder, Richard Mamabolo, sê samewerking met die polisie sal belangrik wees:
Talle gebiede in die land is vanoggend gegroet met heerlike reënweer. Volgens Odilo Kgobetsi van die Windhoek-weerkantoor, is die donderbuie redelik wydversprei en behoort die hele dag te duur.
Die Suid-Afrikaanse Federasie van Vakbonde, Saftu, sê weens werkloosheid en armoede het misdaad in die land tot skrikwekkende vlakke gestyg. Meer as 30 miljoen Suid-Afrikaners leef onder die boonste broodlyn van 1 417 Suid-Afrikaanse rand, en 80 persent van die bevolking besit slegs 20 persent van die land se rykdom. Saftu se woordvoerder, Trevor Shaku, sê die regering moet meer doen om werkloosheid te verminder en misdaad te bekamp:
Die LUR vir Gesondheid in die Vrystaat, Mathabo Leeto, sê verskeie skuiwergate is reeds uitgeken in 'n ondersoek na die prosedures wat gevolg word wanneer liggame ontvang en vrygestel word by die provinsies se lykshuise. Dit volg nadat die verkragter en moordenaar, Thabo Bester se metgesel, Nandipha Magudumana, Kaltego Bereng se liggaam in die Mangaung Korrektiewe Sentrum ingesmokkel het. Die liggaam is later verbrand, wat gelei het tot Bester se ontsnapping. Leeto sê die doel is om skuiwergate toe te stop in die opeis van onuitgekende liggame:
Behuising en huiseienaarskap is nie net plaaslik ‘n reuse uitdaging nie. In Brittanje, wat oral om beskou word as ‘n land met meer welvaart se huiseienaarskap daal. Net 11 persent word deur jongmense tussen die ouderdom van 25 tot 34 besit en dit styg effe na 15 persent vir mense tussen die ouderdom van 35 en 44. Sir Keir Starmer, die leier van die opposisie Arbeidersparty, sê dit is as gevolg van die beleid van die Tory-regering.
Namibië se sensasionele Mudi Inosensia Haingura, die 21-jarige nasionale 400- en 800-meter kampioen, gaan skool by Windhoek Gimnasium. Sy het verlede jaar, sonder ‘n afrigter of ‘n paar tekkies Namibië in Mauritius verteenwoordig. Daarna het sy ‘n atletiek-beurs van Gimnasium ontvang waar sy nou skoolgaan en afrigting ontvang. Kosmos 94.1 Nuus het met Colette Rieckert, Gimnasium se besturende direkteur gesels.
Sake vorder goed met die vestiging van Savanna Beef Namibia se bedrywighede. Die tenderproses vir die opknapping van Brukkaros by Keetmanshoop het einde Maart vanjaar gesluit en die maatskappy het ook verlede week met Meatco vergader om ‘n memorandum van verstandhouding te bespreek. Mecki Schneider, die voorsitter van die Beesvleis Waardeketting-forum, wat Savanna gestig het, het met Kosmos 94.1 Nuus oor die jongste gesels.
Die Namibiese omgewingsministerie hou vanaf 10 tot 12 Mei ‘n nasionale konferensie oor mens-dier konflik sin die hoofstad. Gevalle duur voort met 1 486 gevalle wat in die 2020-2021 boekjaar aangemeld is. Tussen 2008 en 2018 is 16,4 miljoen Namibiese dollar in kompensasie uitbetaal. ‘n Nuwe nasionale beleid, vir 2018 tot 2017 is reeds gepubliseer en uitdagings sowel as die implementering daarvan sal onder die loep kom. Die ministerie se woordvoerder Romeo Muyunda sê verliese, van beide vee en gewasse, sowel as infrastruktuur, wek kommer.
Die Congress of South African Trade Unions sê hy sal voortgaan om te druk vir 'n hoër minimum-loon vir werkers. Die vakbondfederasie het Werkersdag in die Vrystaat gevier, en die 20ste herdenking van die tragiese heengaan van 51 munisipale werkers op die eerste Mei in 2003 gehuldig. Cosatu se president, Zingiswa Losi, sê hul fokus vir die jaar is om voort te gaan om te veg vir die regte van werkers en loongeskille so gou as moontlik by te lê:
Eskom sê weens die vertraging in die herstel van nege opwekkingseenhede, sal die fases van beurtkrag dié week uitgebrei word. Fase vier word vanaf vyf-uur vanoggend tot vier-uur vanmiddag ingestel, waarna fase ses tot Woensdagoggend om vyf-uur sal geld. Dié skedule sal tot Donderdagoggend voortduur. Eskom se woordvoerder, Menzi Mngomezulu, het met die media gepraat.
Die amper-ineenstorting van die First Republic Bank in San Fransisco wat ter elfder uur deur JPMorgan Chase & Company se aankoop beredder is, wek kommer oor stabiliteit in finansiële markte. Dit is die derde bank wat struikel in twee maande. Die bekende beleggingsekonoom in Suid-Afrika, Dawie Klopper sê dit behoort nie ‘n wesenlike impak op die Amerikaanse dollar en dus, die olieprys te hê nie. Inteendeel, hy sê die Amerikaanse mark behoort te stabiliseer, wat goeie nuus is.
Almal vry na Namibië veral nou met groen-waterstof, en die olievonds wat aflandig ontdek is. Maar, Namibië het nie die kundigheid of die tegnologie om werklik beheer oor die bronne te behou nie. Beleggers sal na die land stroom maar, daar moet versigtig omgegaan word met die ooreenkomste om te verseker dat Jan Alleman voordeel daaruit trek. Dit is die mening van die plaaslike ekonoom Gabriel Erastus.
Afrika se grootste popkultuur- en speletjie-fees het by die Kaapstadse Internasionale Konferensiesentrum tot 'n einde gekom. Comic Con-woordvoerder, Carol Weaving, sê die fees is die afgelope naweek vir die eerste keer in die Moederstad aangebied, waar strokiesprent-aanhangers en speletjie-entoesiaste, aantrekkompetisies, speletjie-arenas, die jongste in die speletjie-wêreld, rolprent-aanbiedings en -animasie beleef het. Weaving sê die fees het meer as 200 uitstallers gehad en ongeveer 20 000 besoekers gelok:
Die Suid-Afrikaanse Organisasie vir Menseregte vir Gevangenes vra vir 'n dringende geregtelike ondersoek na die Thabo Bester-saak. Die gevangenisregte-groep se woordvoerder, Golden Miles Bhudu, sê die organisasie hou vol die ontsnapping was met hulp van binne. Bhudu sê as die kantoor van die president saamstem, moet die ondersoek al die skuldiges wat deur die ondersoek geïdentifiseer word, uitwys. Hy sê verder dat President Cyril Ramaphosa 'n afgetrede regter van die Konstitusionele Hof moet aanstel om die ondersoek te lei:
Werkersdag word internasionaal vandag herdenk. Die dag beklemtoon die belangrikheid van regverdige lone, goeie werksomstandighede en billike indiensneming. Met die heersende ekonomiese omstandighede in Namibië word hierdie jaar se Werkersdag moontlik herdenk onder ‘n keuse tussen ‘n verhoging of ‘n werk. Die sekretaris-generaal van Tucna, die Vakbondkongres van Namibië, Mahongora Kavihuha sê die probleem lê by kapitalisme.
Die president van die General Industries Workers Union in Suid-Afrika, Mametlwe Sebei, sê die vakbondfederasie Saftu en sy geaffilieerdes, insluitend Giwusa, sal Internasionale Werkersdag vandag gebruik om die 50ste herdenking van die geskiedkundige 1973 Durban-staking te huldig. Werkers het weke lank gestaak om loonverhogings en beter werksomstandighede te probeer bekom. Sebei sê die stakende werkers is met wrede vergelding deur die apartheidsregime begroet, wat gelei het tot die moord op nege werkers en die arrestasie en aanhouding van nóg honderde werkers:
Die eerste minister dr. Saara Kuugongelwa-Amadhila het gereageer op klagtes deur inwoners van die Ehirovipuka-bewaringsgebied wat sê daar is nie voertuie om voedselhulp vanaf Opuwo af te lewer nie. Die dorp is ver van die bewaringsgebied en vervoerders vra 200 Namibiese dollar eenrigting. Sy sê die streeksraad kan genader word vir bystand.
Cosatu in Suid-Afrika verwerp 'n voorstel dat Eskom sy ou steenkool-aangedrewe kragstasies aan die privaatsektor moet verkoop in 'n poging om sy opwekkingsvermoë te verbeter en ekonomiese groei aan te wakker. 'n Senior ekonoom van Mineraleraad, Bongani Motsa, het aan die parlement se Staande Komitee op Toewysings gesê die privaatsektor sal die ou aanlegte kan herkapitaliseer en elke kragstasie se energiebeskikbaarheid kan verhoog. Matthew Parks van Cosatu sê egter die vakverbond glo Eskom se kragkrisis kan reggestel word:
Die leier van die EFF, Julius Malema, sê as die premier van die Wes-Kaap Alan Winde sy Skepper voortydig wil ontmoet, moet hy probeer om die Russiese President Vladimir Putin aan te keer. Winde het onlangs gesê sou Putin die Brics-beraad in Suid-Afrika bywoon en sy voete in die Wes-Kaap sit, sal hy in hegtenis geneem word. Malema sê enige vyand van die VSA is ‘n vriend van hom:
Die DA vra die buurland se minister van die omgewing, Barbara Creecy, om die besluit te verduidelik om 12 luiperds uit te voer na die Kuno Nasionale Park in Indië. Dit het gebeur sonder 'n fomele bevinding waaroor openbare insette ingewin is. Hannah Shameema Winkler van die DA sê twee van die Afrika-jagluiperds wat na Indië uitgevoer is, een van Suid-Afrika en een van Namibië, het in minder as 'n maand gevrek:
Die Stad Kaapstad sê die personeel van talle departemente maak deel uit van die wintertaakspan wat toesig hou oor risikobeperkingsmaatreëls met die winter wat op hande is. Die span berei ook voor vir die vereiste reaksie tydens die seisoen. Die taakspan word koördineer deur die stad se Ramprisiko-bestuurssentrum. Die burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekerheid, JP Smith, sê taakspanlede kom uit meer as 25 stadsdepartemente, asook eksterne vennote, wat die polisie, die NSRI, die provinsiale regering en die Dierebeskermingsvereniging insluit:
Die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking sê alle Suid-Afrikaanse burgers van wie hy weet het uit Sudan vertrek. Hulle sal na verwagting vandag op die OR Tambo Internasionale Lughawe aankom. Tien Suid-Afrikaners uit Sudan het reeds op die lughawe geland. Die woordvoerder van die departement, Clayson Monyela, sê sulke ontruimings is nie maklik nie en gaan gepaard met talle probleme en frustrasies:
Die Tsumeb-munisipaliteit herinner inwoners daaraan dat sy herstelwerk aan die dorp se hoofwaterreservoir, die Tupperwaredam, steeds voortgaan. Inwoners moet versigtig met waterbronne werk met onderbrekings in watertoevoer en lae druk wat ervaar kan word. Die werk kom ná maande se gesukkel om die dorp van water te voorsien wat aan standaarde vir menslike gebruik voldoen. In Desember het Dundee Precious Metals 'n hoë vlak van mikroörganismes in die dorp se water opgespoor. Stella Imalwa-Nangolo, dorpswoordvoerder het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Die Vroue in Olie, Gas en Energie-netwerk is bekend gestel. Die netwerk is deur sewe vroue wat in die sektor werk gestig en het die adjunkminister van myne en energie, Kornelia Shilunga, as hul stigtersbeskermheer benoem. Die voorsitter van die netwerk Rachel Misika sê dit is uiters belangrik dat vroue in Namibië deelneem aan die nuwe geleenthede wat die sektor plaaslik beid.
Die Springbok-vroue-sewesspan is twee oorwinnings weg daarvan om kernstatus te herwin in die Wêreldrugby-sewesreeks vir die 2024-seisoen. Die Bok-vroue het Saterdag met 'n indrukwekkende sege van 31-0 oor Colombia in die kwarteindronde vir die halfeindronde gekwalifiseer nadat hulle hul groepwedstryde met 'n groot oorwinning van 38-0 oor Thailand afgesluit het. Die Suid-Afrikaanse medekaptein Mathrin Simmers sê die uitsluitlike fokus sal op hul halfeindstryd-teenstanders wees, op die laaste dag van die tweede Wêreldrugby Sewes-uitdaagreeks in Stellenbosch:
Die DA in KwaZulu-Natal is bekommerd dat die ANC-geleide eThekwini-munisipaliteit belastingsbetalersgeld gebruik om steeds 'n raadslid te betaal wat al minstens 11 maande lank in die tronk is. Mzimuni Ngiba is verhoorafwagtend in verband met die moord op 'n voormalige ANC-wyksraadslid, kort voor die 2021 plaaslike regeringsverkiesing. Mawande Kheswa van die DA sê die party het die saak geopper by die provinsiale Departement van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, wat ook aan die munisipaliteit geskryf het:
En toe loop Fox News deur. Hy sê hy kon Fox as eerlik en deursigtig beskryf maar dan kan hy gedagvaar word vir laster. Toe vat hy die Dominion-skikking van meer as 780 miljoen Amerikaanse dollar aan.
Die Florida-goewerneur Ron DeSantis se stryery met Disney en sy konserwatiewe standpunt teenoor die ‘woke’ tendens, is ook nie oorgesien nie.
Die jaarlikse Withuis-korrespondente ete is in Washington gehou. Tradisioneel word daar spot gedryf met alles in die politiek en die nuusmedia. President Joe Biden het nie op hom laat wag nie. Hy sê daar is nog baie werk wat hy en sy adjunk Kamala Harris moet doen, en toe vat hy sy voorganger Donald Trump aan.
Die Nasionale Unie van Namibiese Werkers hou môre, op 1 Mei, ‘n byeenkoms op Swakopmund om Werkersdag te herdenk. Die vakbond sê uitdagings duur voort onder die Swapo-regering en dat werkers moet aanhou beywer vir beter werksomstandighede. Job Muniaro, die vakbond se sekretaris-generaal het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Die buurland se waterdepartement is besig om sy databasis op te dateer van alle slikdamme, of mynafval-opgaardamme, wat voldoen aan die vereistes om geklassifiseer te word as damme wat 'n veiligheidsrisiko inhou. Hy vra mynmaatskappye wat nog nie hulle damme geregistreer het nie, soos vereis word, om hulle inligting in te dien sodat hulle geklassifiseer en gereguleer kan word. Die woordvoerder van die departement, Wisane Mavasa, sê slikdamme word gebruik om water en afval te berg wat die byprodukte is van mynprosesse:
Die buurland se departement van die omgewing sê 11 Suid-Afrikaanse jagluiperds sal in vrylopende gebiede in die Kuno Nasionale Park in Indië vrygelaat word. Die departement het bevestig een van die 12 diere wat in Februarie na Indiê hervestig is as deel van 'n inisiatief om die jagluiperdbevolking daar uit te brei, het gevrek. Die woordvoerder Peter Mbelengwa sê Kuno is 'n beskermde gebied sonder heinings wat 'n groot aantal mededingende roofiere huisves, wat luiperds, wolwe, lippebere, ook bekend as snuitbere, en gestreepte hiënas insluit:
Die leier van die UDM in die buurland, Bantu Holomisa, het 'n beroep gedoen vir die stigting van 'n sambreelliggaam wat alle opposisiepartye in Suid-Afrika insluit. Hy het die voorstel gemaak tydens die party se nasionale algemene raadsvergadering. Holomisa sê die liggaam moet by die Onafhanklike Verkiesingskommissie geregistreer wees om aan die verkiesing te kan deelneem:
Die staatmaker van die Springbok-vroue Sewesspan, Nadine Roos, sê die span se fokus verskuif vandag na Thailand, hulle laaste Groep D-teenstanders in die Markötter-stadion in Stellenbosch. Die Suid-Afrikaners het reeds gekwalifiseer vir die Beker-kwarteindstryd. Roos sê hulle volgende taak is om Thailand te klop, en as dit gedoen is, sal hulle hul kwarteindstryd-teenstander bestudeer en daarvolgens beplan:
Die minister van Openbare Werke en Infrastruktuur in Suid-Afrika, Sihle Zikalala, het gewaarsku die ANC-regering sal beslissende stappe doen teen die konstruksie-mafia wat regerings-bouprojekte ontwrig. Lede van die groep is bekend daarvoor dat hulle persele binnedring en 'n aandeel in die projek se wins eis. Volgens Zikalala het sulke optrede kommer onder konstruksie-ondernemings veroorsaak, en vrese bestaan die regering doen nie genoeg om die afpersing te voorkom nie:
Die Afrika-unie het sy oproep om 'n permanente wapenstilstand in Sudan herbevestig. Dit kom met die land nou in sy tweede week van gevegte tussen die weermag van Sudan en die paramilitêre magte van Rapid Support. Die voorsitter van die AU, Moussa Mahamat, sê hy monitor steeds die lot van burgerlikes wat in die dodelike konflik vasgevang is. Intussen het ʼn professor aan die Tshwane Universiteit van Tegnologie en ʼn burger van Sudan, Amira Osman, sê die situasie in Soedan is haglik:
Na noodvergaderings wat Donderdagmiddag gehou is en vrag wat herlei was deur Suid-Afrika, blyk die vraghanteringsprobleem op Hosea Kutako Internasionale Lughawe om opgelos te wees. Daar was kwessies met die sertifisering wat nie op internasionale lugvaartstandaarde was nie. Menzies se sertifisering het blykbaar verval en die sertifisering van Nampol-lede is nie geakkrediteer nie. Die hoof uitvoerende beampte van die Namibiese Lughawensmaatskappy, Bisey /Uirab, het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig, alles is terug na normaal.
Suid-Afrikaanse vragmotorbestuurders dreig om die naweek met 'n nasionale stilstand te begin. Die staking kan die vervoerketting ontwrig en die buurland se ekonomie oor ʼn wye front destabiliseer. Volgens die adjunkvoorsitter van die All Truck Drivers Forum, Mandla Mngomezulu, is bestuurders veral gegrief oor die aanstelling van buitelandse burgers as bestuurders en die laaistelsel wat werkgewers gebruik. Mngomezulu sê die huidige stelsel benadeel bestuurders en hulle word onbillik gepenaliseer vir redes buite hulle beheer:
Die sogenaamde laat herdenking van Onafhanklikheidsdag wat vandag gehou word is in die nuus. Veikko Nekundi, die adjunk-vervoerminister sal ‘n herdenking net noord van Oshakati by die Amutanga Growth-sentrum hou. Kritici meen dit kos eenvoudig geld wat broodnodig is in ander gebiede. Die woorvoerder van die LPM-party Lifalaza Simataa, sê dit gaan oor politiek, en ook, daar is niks om te herdenk nie.
Padveiligheid is onder die loep met die langnaweek. Namibië is bekend vir sy motorongelukke en om nie te drink en bestuur nie. Jaar op jaar sterf talle mense op die land se paaie en die naweek het afgeskop met die eerste sterfgeval net Suid van Otjiwarongo. Aubrey Oosthuizen van die Weskus Veiligheidsinisiatief het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Die minister in die Suid-Afrikaanse Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, het 'n beroep op Suid-Afrikaners gedoen om die spanning op die kragnetwerk te verminder. Sy het met die media gepraat en sê die kabinet poog om aandag te gee aan die kragkrisis deur sy Nasionale Vraagbestuurs-projek. Volgens die minister is die projek daarop gemik om oplossings vir die krisis te vind deur Suid-Afrikaners aan te moedig om hul rol te speel in die vermindering van die aanvraag tydens spitstye om die druk te verlig:
Copps 94.1 was Vrydagaand verbasend stil, veral omdat dit die einde van die maand is en ook ‘n langnaweek is. Francois Lottering het die span op patrollie gelei en doen verslag.
Die Zimbabwe dollar het die week meer as 70 persent in waarde verloor wat ‘n reuse impak op verbruikers het. Die skerp daling kom ‘n paar dae nadat die land se sentrale bank aangekondig het dat hy ‘n digitale geldeenheid, wat deur goud onderskryf word, bekend sal stel om inflasie te bekamp en te verhoed. Die buurland se ekonoom Eddie Cross sê die regering moet daadwerklik ingryp.
Die Curriebeker is hierdie naweek by die halfpad-merk van die ligafase. Die groot wedstryd van hierdie ronde is die Noord-Suid-derby môre in die Kaapstad-stadion tussen die Westelike Provinsie en die Blou Bulle. Na ʼn wankelrige begin van die seisoen het die Bulle nou drie wedstryde na mekaar gewen en voorspeler, Jacques du Plessis, sê die harde werk het vrugte afgewerp:
Twee van Suid Afrika se bekendste en grootste sportsterre is vroeër vandag deur President Cyril Ramaphosa vereer vir hul rol in die opbou van die samelewing. Ramaphosa het vanoggend, tydens 'n swierige geleentheid in Pretoria, die nasionale orde aan Springbok-kaptein Siya Kolisi en Banyana Banyana afrigter, Desiree Ellis toegeken. Fritz Platt doen verslag.
Die Affirmative Repositioning se vakbond, die Revolutionary Union, is uiteindelik, sedert sy eerste aansoek op 29 Januarie 2021, geregistreer. Daar was groot uitdagings en aantygings dat die arbeidsministerie die proses aspris vertraag maar, die vakbond is vandag geregistreer. Die sekretaris-generaal Julius Natangwe het ‘n boodskap vir werknemers en werkgewers gehad.
Die skietstilstand in Sudan is broos. Terwyl talle regerings skarrel om hul landsburgers te ontuim is daar vandag geskiet op ‘n Turkse Hercules C130. Die vliegtuig het veilig geland maar, daar is risiko’s daaraan verbonde om landsburgers per vlug te ontruim. Die Amerikaanse minister van buitelandse sake Antony Blinken sê die veiligste ontuimingsplan is per pad.
Kindermishandeling het na vore getree die week met ‘n nege-jarige meisie wat deur haar grootouers aan ‘n boom vasgeketting is en nog een van ‘n ouma wat na bewering haar 12-jarige kleinkind herhaaldelik op sy liggaam gebyt het. Die Oshikoto-polisie sê gevalle van mishandeling van klein kinders neem in die streek toe en dit wek groot kommer. In 'n ander voorval is 'n 10-jarige seun uit die huis gejaag omdat hy een van die bokke wat hy versorg het verloor het. Terwyl die bok die volgende dag teruggekom het, was die kind tien dae lank vermis. Yolande Engelbrecht, geslagsnavorser by die Regshulpsentrum, gesels met Kosmos 94.1 Nuus.
Die Namibiese parlement het gereageer op die versoekskrif deur die voormalige werknemers van Air Namibia wat verlede jaar in November by die huis ingedien is. Die groep het hulle aan die Nasionale Vergadering gewend om hulle volle pakkette te ontvang. Volgens die parlementêre woordvoerder Rafael Hangula sal die spesifieke komitee, wat die versoekskrif moet hanteer, eers in Junie bymekaar kom en dus, moet die voormalige werknemers wag.
Terwyl Swapo nie wil praat oor die Rome-statuut en die Internasionale Strafhof nie, al is sy standpunt daarteen sedert 2015 bekend, het President Cyril Ramaphosa 'n interministeriële komitee aangestel om Suid-Afrika se posisie met betrekking tot die Internasionale Strafhof te oorweeg. Dit volg ná toenemende druk oor die arrestasie van die Russiese president, Vladimir Putin, sou hy die land binnekom. Die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni sê Suid-Afrika het sy deelname aan die Strafhof herbevestig en bly 'n ondertekenaar. Die minister sê Suid-Afrika sal hom beywer vir die bestendige toepassing van internasionale wette deur die hof:
Die minister in die Suid-Afrikaanse Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, sê die kabinet erken die bereiking van die beleggingsmobilisering-doelwit van 1,2 triljoen Suid-Afrikaanse rand wat President Cyril Ramaphosa by die die vyfde Suid-Afrikaanse Beleggingskonferensie gestel het. Die minister bevestig 82 projekte van 170,7 miljard rand is voltooi. Ntshavheni het ook bevestig 79 projekte ter waarde van 514 miljard rand is in aanbou. Volgens die minister is verskeie projekte in die vroeë stadiums van implementering. Die projekte sluit in die bou van nuwe fabrieke, die aankoop van toerusting en die uitbrei van breëband-infrastruktuur:
Die nasionale voorsitter van die IPC-party Brian Black het in 2019 ‘n versoekskrif aan President Hage Geingob gerig. Meer as 22 000 Namibërs het die dokument, wat geëis het dat korrupsie aangespreek word, onderteken. Volgens Black het Geingob destyds gesê korrupsie bestaan net in Namibiërs se verbeeldings. Black sê hy wag steeds op ‘n antwoord en dus moet hy aanneem dat Geingob korrupsie goedkeur.
Die Britse premier Rishi Sunak wou geen kommentaar lewer oor die bedanking van Richard Sharp, voorsitter van die BBC, lewer nie. Sky News het hom ook gevra oor die volgende aanstelling en of hy sat is om sy voorganger Boris Johnson se gemors moet skoonmaak. Sharp het bedank omdat hy waarborge gereël het vir ‘n 800 000 pond lening aan Johnson. Sunak sê hy fokus op dienste vir die Britse volk.
Die Shackdwellers-federasie van Namibië het gereageer op die nuus dat Stad Kaapstad sê hy is gereed vir die bekendstelling van sy program vir die oordrag van huiseienaarskap. Plaaslik is daar ‘n agterstand van 300 000 eenhede. In die buurland sê die waarnemende burgemeesterskomiteelid vir Menslike Nedersettings, James Vos, nagenoeg 38 miljoen Suid-Afrikaanse rand is vir die program bewillig om oor die volgende drie jaar titelaktes gratis oor te dra. Heinrich Amushila sê die tipe program kan ook in Namibië geïmplementeer word, dis net die wil wat ontbreek.
Die voorsitter van die BBC Richard Sharp het bedank na ‘n ondersoek wat bevind het hy het die borgskap van ‘n lening van 800 000 Britse pond aan oudpremier Boris Johnson gefasiliteer.
Die Stad Kaapstad sê sy afvalbesturusprogram vorder goed. Hy het 'n nuwe veldtog begin om tuiskompos-houers uit te deel. Van Dinsdag af het sowat 200 gesinne in en om Kuilsrivier die gereedskap en inligting gekry wat hulle nodig het om kompos van hulle kosafval te maak. Die burgemeesterskomiteelid vir Stedelike Afvalbestuur, Grant Twigg, sê dis die eerste van vyf veldtogte voor die einde van die huidige boekjaar waar komposhouers uitgedeel gaan word:
Die Departement van Gesondheid van die Stad Tshwane en die Universiteit van Pretoria sê hulle sit hulle vennootskap voort om dwelmmisbruik die stryd aan te sê deur die Gemeenskapsgerigte Middelgebruiksprogram in die metro. Die burgemeesterskomiteelid vir Gesondheid, Rina Marx, sê die stad werk sedert Mei 2016 saam met die universiteit om te help met die ontwikkeling en implementering van 'n gemeenskapsgebaseerde ingrypingsprogram teen middelmisbruik:
Die Nasionale Ontwikkelingsagentskap sê Suid-Afrika is die jongste vennoot van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap wat 'n internasionale samewerkingsooreenkoms oor ontwikkeling met die Duitse Koöperatiewe Raiffeisen-konfederasie beklink het. Die konfederasie het meer as 20 miljoen lede en bande met meer as 30 ander lande. Die woordvoerder van die agentskap, Lesego Ranchu, sê die konfederasie verskaf raadgewing en hulp wat gemik is op die volhoubare ontwikkeling van die koöperatiewe sektor:
Die Republikeinse goewerneur van Florida Ron deSantis sê die dagvaardiging van Disney is ‘n politieke spel. Die maatskappy dagvaar hom en vra die hof om sy pogings om beheer oor die maatskappy se temaparke in Orlando uit te oefen, omver te werp. Die voortdurende pogings deur DeSantis om beheer oor Disney uit te oefen, het verlede jaar begin nadat die maatskappy 'n staatswet gekritiseer het wat klaskamerbesprekings oor seksualiteit en geslagsidentiteit in skole verbied. DeSantis sê Disney het geen reg tot enige voordele in Florida nie.
Daar is groot verligting met die aankondiging van die Namibiese brandstofpryse. Terwyl pryse eintlik moes verhoog, sê die Namibiese ministerie van myne en energie die petrolprys vir Mei is onveranderd terwyl diesel met 80 sent 'n liter daal. Woordvoerder Andreas Simon het meer.
Die buurland se landboudepartement sê boere hoef nie paniekerig te raak nie omdat voëlgriep nog nie ʼn krisis is nie. Die departement bevestig 120 000 voëls is van kant gemaak na 'n uitbreking in die Paardeberg-gebied in die Drakenstein- en Swartland plaaslike munisipaliteite in die Wes-Kaap. Die direkteur van Dieregesondheid by die departement, Mpho Maja sê die publiek kan gerus wees die departement doen alles moontlik om die verspreiding te stop, aangesien die stam nog onbekend is:
Namibië het ‘n indaba nodig om werkloosheid te bespreek. Dit is die mening van die woordvoerder van die IPC-party Imms Nashinge. Hy sê werkbare oplossings is nodig om armoede aan te spreek. Kosmos 94.1 Nuus het met Nashinge gepraat oor sy voorgestelde oplossings in die verband.
Die toets is gedoen en die wedvlug is beslis aan die gang vir die Resiesduif teen die Bergfietsryer-byeenkoms wat op van 16 tot 18 Junie gehou word. Toe die Resiesduiwe van ISAP by Ovita Wildlife vrygelaat is as deel van die voorbereiding, hulle het teen 1,2 kilometer per minuut gevlieg. Dit is 'n duidelike aanduiding dat die fietsryers 'n moeilike uitdaging het. Fritz Kaufman van ISAP sê alles is gereed, en fietsryers moet baie senuweeagtig wees...
Caprivi Concerned-groep het met kommer verneem van die arrestasie van vyf lede van die United Democratic-party die week. Die party beywer hom vir die onafhanklikheid van wat hy as die Caprivi-strook beskryf. Die groep sê die Namibiese regering moet ophou om sy standpunte af te dwing op die politieke lewe van die inwoners van die strook en dat hulle die kans gegun moet om op ‘n demokratiese grondvlak hulle eie toekoms te kan bepaal. Edwin Samati, die groep se sekretaris-generaal sê die vyf partylede moet onmiddellik vrygelaat word.
Nog ‘n reuse-staking vind vandag in die Verenigde Koninkryk plaas met 130 000 staatsamptenare wat deelneem. Die adjunkpresident van daardie land se Openbare en Kommersiële Dienste-vakbond Martin Cavanagh sê die situasie vir die amptenare het ondraaglik geword en daar was geen ander keuse nie.
Die DA sê Suid-Afrikaners geniet wel politieke vryheid, maar broodnodige ekonomiese vryheid bestaan nie. Die party se tussentydse jeugleier, Nicholas Nyathi, sê om hoop in werklikheid te verander, moet elke persoon wat kwalifiseer, as kieser gaan registreer omdat 'n nuwe meerderheid in 2024 gevorm moet word om ekonomiese vryheid te bring:
Die Suid-Afrikaanse onderwysaktivis, Hendrick Makaneta, sê die reg om te leer word steeds in die buurland belemmer deur 'n magdom faktore wat geweld insluit. Vanjaar is meer as tien voorvalle van geweld reeds in skole reg deur die land aangemeld. Makaneta sê dis duidelik dat skole nie meer veilige hawens is nie:
Formule Een is ná 'n afwesigheid van 'n maand dié naweek weer in aksie met die Azerbaijan Grand Prix. Red Bull het die eerste drie wedrenne van die seisoen ingepalm met die verdedigende kampioen, Max Verstappen, wat voorloop in die bestuurderskampioenskap, gevolg deur sy spanmaat, Sergio Perez. Aston Martin se Fernando Alonso is in die derde plek. Dié Spaanse veteraan wat in ál drie die laaste wedrenne onder die eerste drie geëindig het, sê die span is baie tevrede met die algehele vertoning van die motor:
Die DA in Gauteng sê die ANC se huldeblyk aan die bekende vryheidstryder Oliver Tambo is bloot lippediens en 'n belediging vir sy nalatenskap. Die party sê dis na aanleiding van die toestand van die OR Tambo-ontwikkeling in Benoni, Ekurhuleni, wat verwaarloos is en nie gebruik word nie. Kingsol Chabalala van die DA sê die moderne, fasiliteit van 54 miljoen Suid-Afrikaanse rand bestaan uit 'n veeldoelige sentrum, 'n amfiteater en omgewingsentrum, maar bevoordeel weens die swak vakmanskap nie die inwoners van Ekurhuleni nie:
'n Gewese takbestuurder van die Poskantoor in Delareyville in Noordwes sal na verwagting vandag in die dorp se landdroshof verskyn. Die 37-jarige vrou is Woensdag in hegtenis geneem vir beweerde bedrog van meer as 1,2 miljoen Suid-Afrikaanse rand. 'n Woordvoerder van die Valke, Tlangenani Rikhotso, sê die verdagte het tussen 2020 en verlede jaar na bewering toegang verkry tot die betaalstelsels van die Poskantoor en die Agentskap vir Maatskaplike Sekerheid, Sassa:
Die Amerikaanse basketbalster Britney Griner, wat vir tien maande in ‘n Russiese tronk op klagte van dwelmhandel aangehou is, het haar eerste perskonferensie oor haar tyd in die tronk in daardie land gehou. Sy is verlede jaar n Februarie gearresteer en in Desember vrygelaat, in ruil vir die Russiese wapenhandelaar Viktor Bout. Griner was baie emosioneel en sê roetine is al wat haar laat deurdruk het.
Die Stad Kaapstad sê hy is gereed vir die bekendstelling van sy program vir die oordrag van huiseienaarskap, wat na verwagting 'n reeks geleenthede vir kwalifiserende begunstigdes sal ontsluit. Dit beteken onder meer dat huurders in die stad eienaarskap van hul eenhede sal ontvang. Die waarnemende burgemeesterskomiteelid vir Menslike Nedersettings, James Vos, sê nagenoeg 38 miljoen Suid-Afrikaanse rand is vir die program bewillig om oor die volgende drie jaar titelaktes gratis oor te dra:
eThekwini se burgemeester, Mxolisi Kaunda, het onlangse voorvalle waar munisipale voertuie gekaap is, veroordeel en sê dit belemmer dienslewering. In die huidige boekjaar alleen is 95 voertuie van munisipale werkers en kontrakteurs gekaap. Die munispaliteit se woordvoerder, Lindiwe Khuzwayo, sê die voertuie wat gekaap word, behoort aan noodsaaklike diensleweringseenhede soos elektrisiteit, water en sanitasie, en paaie:
Die Finse regering het die sogenaamde Ondonga ‘heilige steen’-artefak terug besorg aan die volk. Die artefak is saam met talle ander tydens die koloniale tyd verwyder en die Oukwanyama het reeds in 2014 hulle s’n teruggekry. Die klip is uiters belangrik vir die stam omdat dit die kern van lewe bevat. Die oudpremier en ouderling van die Ondonga-volk Nahas Angula het met Kosmos 94.1 Nuus oor die belangrikheid van die artefak gesels.
Die vakbond Nehawu versoek President Cyril Ramaphosa om die aanbeveling van ’n onafhanklike kommissie van ʼn salarisverhoging van 3,8 persent vir openbare ampsdraers te verwerp. Die woordvoerder van Nehawu, Lwazi Nkolonzi, sê die aanbeveling kom teen die agtergrond van 'n stagnante ekonomie met geen onmiddellike vooruitsig van groei nie, wat bygedra het tot hoë vlakke van werkloosheid, armoede en ongelykheid:
Die wêreld se voormalige nommer een, Simona Halep, het die Internasionale Tennisfederasie gekritiseer omdat haar verhoor deur 'n onafhanklike tribunaal herhaaldelik vertraag word. Die tweemalige Grand Slam-kampioen is sedert Augustus verlede jaar voorlopig geskors. Sy het positief getoets vir die dwelm, Roxadustat, na haar nederlaag in die eerste ronde van die Amerikaanse Ope. Halep sê dit het nooit by haar opgekom om te kul nie en sê die toetsuitslag is veroorsaak deur 'n besmette aanvulling. Sy sê die federasie het sedert haar skorsing reeds twee verhore uitgestel:
COPE sê terwyl die buurland Vryheidsdag gevier het, bly die veiligheids- en sekerheidsituasie in Suid-Afrika ontstellend, wat die onderdrukte meerderheid se droom van 'n beter lewe soos mis voor die son laat verdwyn. Woordvoerder, Dennis Bloem, sê niemand is meer veilig nie en wetteloosheid het oorgeneem. Vroue is nie vry nie en kinders se lewens is deurentyd in gevaar. Volgens Bloem is misdaad en die werkloosheidsituasie ’n tikkende tydbom wat kan en gaan ontplof:
Die hoof van die Windhoek Stadspolisie Abraham Kanime, verlaat vandag die mag. Hy was sedert die stigting van die mag in 2004, die hoof. Die mag het amptelik as volle polisiediens in 2006 begin. Sedertdien het die mag hard gewerk op nuwe elemente soos gemeenskapspolisiëring en groot suksesse behaal. Kanime sê die grootste sukses vir hom is die ontwikkeling van die metro-polisie in die mag wat hy vandag is.
Die Duitse regering en KfW glo in die Namibiese toerisme-sektor. Duitsland het al meer as 132,4 miljoen Namibiese dollar aan dié sektor bestee, volgens die Duitse ambassadeur Herbert Beck. Die opgradering van die kusparke deur die Namibiese en Duitse regerings in samewerking met die Duitse ontwikkelingsbank KfW, is deel van die ontwikkeling van drie oorgrensparke. Die Nasionale Parke van Kaapkruis , Skedelkus, Dorob en Namib Naukluft Park sal deel vorm van een die langste beskermde kuslyne ter wêreld. Dit sal oor drie lande, Namibië, Angola en Suid-Afrika strek vanaf die Iona Nasionale Park in suidwestelike Angola tot by die Ramsar-erfenisgebied by die Oranjerivier. Beck loof Namibië se leierskap in biodiversiteit..
Die voormalige Amerikaanse visepresident Mike Pence het voor 'n groot jurie verskyn wat oudpresident Donald Trump se rol in pogings om die 2020-verkiesing omver te werp ondersoek. Hy was vir meer as sewe uur in die Amerikaanse distrikshof in Washington. Hy het gepoog om die verskyning te verhoed en so ook sy voormalige baas, Donald Trump, maar hul pogings het misluk. Pence het vroeër aan Amerikaanse media gesê hy het niks nuuts om te sê nie.
Die DA in Gauteng sê die pluimveebedryf in die provinsie staar talle uitdagings in die gesig weens die voortslepende kragonderbrekings en dit word vererger deur stygende lewenskoste. Die party het met die Suid-Afrikaanse Pluimveevereniging vergader om vas te stel presies watter probleme die hoë beurtkragvlakke in hulle bedryf veroorsaak. Bronwynn Engelbrecht van die DA sê hulle het tydens die bespreking besef die slagprogram word tydens fase vyf-beurtkrag onderbreek:
President Cyril Ramaphosa sê armoede, werkloosheid en ongelykheid oorheers steeds die lewens van miljoene Suid-Afrikaners. Hy het gepraat by die amptelike Vryheidsdag-vierings in Klerksdorp, Noordwes. Hy sê vryheid kan nie sinvol wees wanneer huise en sakeondernemings vir etlike ure in die dag sonder elektrisiteit is nie. Ramaphosa sê dit is waarom die regering alle middele tot sy beskikking gebruik om Eskom se kragstasies te herstel en as 'n saak van dringendheid nuwe opwekkingsvermoë probeer bou:
Zimbabwe se boere het die regering se 64 miljard Namibiese dollar vir kompensasie verwerp. Die boere meen dit herstel nie die skade wat sedert 2000 met oudpresident Robert Mugabe se grondhervormingsprogram aangerig is nie. Die betaling vorm deel van verskeie vereistes wat internasionale instansies van die Zim-regering eis om of skuld te delg of sanksies te lig, soos die oudpresident van die kommersiële boere-unie in daardie land, Deon Theron, verduidelik.
Die adjunkminister van inligting, Emma Teophelus sê digitale geletterdheid moet verder in Namibië ontwikkel word met ‘n spesiale klem wat geplaas word op Namibiese meisies en vroue. Die vaardighede is nodig om meisies en vroue te ontwikkel en geleenthede te bied in loopbaan keuses.
Inflasie kry die skuld vir die verswakking van die netto-salaris van werkende Suid-Afrikaners. Die netto-salaris het op 'n maandelikse grondslag afgeneem. Volgens BankservAfrica word hierdie onverwagse afname toegeskryf aan die styging in inflasie, wat in Maart 7,1 persent bereik het en gelei het tot laer gemiddelde salarisse. Die onafhanklike ekonoom, Elize Kruger, sê ander ekonomiese faktore speel ʼn rol:
Egiptiese dokters wat tans in Namibië is, bied gratis mediese dienste aan plaaslike gemeenskappe. Die vereniging beplan om mediese, tandheelkundige en sielkundige dienste aan te bied en sal ook motiveringspraatjies by vyf skole in die Khomas-streek lewer. Aktivis Zack Itodo sê die bystand bied groot verligting.
Die Namibiese omgewingsministerie in samewerking met die Duitse regering en die Duitse Ontwikkelingsbank, KfW, het vandag die nuwe en opgegradeerde infrastruktuur van vier parkstasies in die Dorob- en Skedelkus Nasionale Parke ter waarde van meer as 132,4 miljoen Namibiese dollar bekend gestel. Die vier parkstasies is by die Kaapkruis-natuurreservaat, Ugabmund, Möwebaai en Springbokwasser. Die direkteur van KfW in Namibië, Beatrice Lucke het met Kosmos 94.1 Nuus op Kaapkruis gesels oor die belangrikheid van die fasiliteite vir Namibiese toerisme.
Die DA sê in 'n verstommende u-draai, net ure nadat President Cyril Ramaphosa en die sekretaris-generaal van die ANC, Fikile Mbalula, die media ingelig het oor Suid-Afrika se voorneme om aan die Internasionale Strafhof te onttrek, het die Presidensie in 'n verklaring verskoning gevra vir misplaaste uitlatings. Die Presidensie het verduidelik die ANC wil inderdaad hê Suid-Afrika moet ʼn lid van die internasionale liggaam bly. Die skaduminister van buitelandse sake in die DA, Emma Louise Powell, sê hierdie diplomatieke ommeswaai bewys net hoe diep ideologiese verdeeldheid binne die ANC is.
Die saak van vermeende veediefstal wat vanoggend by die Kappsfarm-padvlokkade gevind is met ten minste vyf geslagte bees after in ‘n bakkie, word steeds ondersoek. Die bakkie, met ‘n Windhoek-registrasienommer, is by die padblokkade afgetrek. Die bakkie het volgens inligting wat Kosmos 94.1 Nuus ontvang het, vanaf Seeis se rigting hoofstad toe gery. Die voertuig behoort aan ‘n bekende sakeman se voertuig-verhuringsmaatskappy en was uitverhuur. Adjudant-offisier Silas Shipandeni van die Namibiese polisie sê die verdagtes is gearresteer en die saak moet na die Omaheke polisie verskuif word omdat die vee op Talismanus vermoedelik gesteel is. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Paladin Energy Limited se uraanmyn, Langer Heinrich, is op dreef om weer volgende jaar bedrywighede te hervat. Daar word verwag dat die myn minstens 4 persent tot die totale wêreldwye uraanproduksie sal bydra. Die maatskappy sal na verwagting in die eerste kwartaal van 2024 met produksie in Namibië begin nadat sy myn in 2018 onder sorg-en-instandhouding geplaas is weens 'n afname in uraanmarktoestande. Die hoofbestuurder Johan Roux, sê die vordering vertoon uiters goed en die teiken van die hervatting van produksie in Maart volgende jaar sal behaal word. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Die gewilde Rehoboth-burgemeester Enrico Junius sterk steeds aan na ernstige beserings wat hy verlede jaar in September in ‘n veldbrand naby Rehoboth opgedoen het. Junius is per lug-ambulaans Kaap toe afgevoer. Sy vriend Quintin Diergaardt het beswyk aan sy beserings wat hy ook in die brand opgedoen het. Junius sê hy is steeds in die hospitaal maar dat hy goeie vordering maak.
Die buurland se vakbondfederasie Saftu is ontsteld oor die voedseltekorte wat miljoene leerders in KwaZulu-Natal ervaar. Hoewel daar beweer word 90 persent van die skoolvoedingskema is hervat, eis die organisasie die verwydering van die gekontrakteerde onderneming en die beëindiging van uitkontraktering. Hy sê leerders ly aan wanbestuur, wat hul gesondheid, onderwys en huishoudelike begrotings beïnvloed. Saftu se woordvoerder, Trevor Shaku, veroordeel die ANC-regering se versuim om die staat te bestuur en basiese doelwitte te handhaaf:
Die Bank van Namibia en die Namibiese Finansiële Instellings Toesighoudende Owerheid, Namfisa, het die Namibiese Finansiële Stabiliteitsverslag bekend gestel. Die 2023-verslag beoordeel die stabiliteit van die land se finansiële stelsel en sy weerstand teen interne en eksterne skokke. Die verslag beklemtoon verder spesifieke risiko's wat voortspruit uit, onder andere, die makro-ekonomiese omgewing, huishoudelike en korporatiewe skuld, die banksektor, en meer. Romeo Nel, tegniese adviseur van die goewerneur by die Bank van Namibië sê ‘n volhoubare ekonomie eis dat almal ‘n rol speel.
GirlUp hou ‘n uitreik in die Omaheke-streek om sanitêredoekies aan behoeftige meisies te skenk. Joy Pohno van GirlUp sê daar sal verskeie kwessies onder die loep kom. Skoolmeisies op die vasteland het groot uitdagings met menstruasie en verloor baie skooldae jaarliks daaroor. GirlUp benodig ook bystand vir skenkings. Pohno gesels met Kosmos 94.1 Nuus.
Die burgemeester van Tshwane, Cilliers Brink, sê die stad se veelparty-koalisieregering kon uiteindelik tydens gister se raadsvergadering die aansuiweringsbegroting vir die 2022/2023-boekjaar goedgekeur kry. Die begroting is belangrik vir die finansiële bestendigheid van die stad en om dienslewering op koers te kry. Die begroting is met die oorweldigende steun van 165 raadslede goedgekeur. Volgens Brink bied die aansuiweringsbegrotingsproses ʼn munisipaliteit die geleentheid om sleutel-wysigings aan die oorspronklike goedgekeurde begroting aan te bring:
Die Namibiese Inkomste-agentskap NamRA hou op die oomblik die Afrika Belastingadministrasie-forum werkswinkel op Swakopmund. Die werkswinkel, wat vir twee dae duur, bied inligting aan oor die beste praktyke vir belasting-administrasie en nakoming van die heersende wetgewing. Die agentskap se kommissaris Sam Shivute sê die fokus is op die ontginningsindustrie wat ‘n baie groot rol speel in die ekonomie. Hy verduidelik.
Die humanitêre situasie in Sudan versleg steeds met honderde wat dood is en duisende wat beseer is. Geweld duur nou 14 dae voort tussen die weermag en die paramilitêre groep, die Rapid Support Forces. Daar is amper geen bystand vir burgerlikes nie en duisende vlug op die oomblik na buurlande en Saoedi-Arabië. Die hoof van die Wêreldgesondheidsorganisasie, Tedros Adhanom Ghebreyesus sê baie van die sterfgevalle was voorkombaar.
Old Mutual Namibia het twee nuwe digitale platforms bekend gestel. Die eerste is sy mobiele toep wat aan sy kliënte 24-uur toegang bied. Die versekeringsreus het ook ‘n WhatsApp platform geskep vir eise in verband met sy begrafnisplanne of algemene navrae oor die maatskappy se produkte. Sanja van den Berg, van Old Mutual se kommunikasie departement het meer.
Die leier van die Britse opposisie Arbeidersparty, Sir Keir Starmer, het uitgevaar teen die Tory-premier Rishi Sunak. Die land gaan gebuk onder inflasiesyfers van meer as 10 persent en lewenskostes het dramaties gestyg. Starmer sê daar is geen manier wat Sunak dit kan verstaan nie omdat hy self sê hy ken nie een persoon wat in die werkersklas is nie.
Die Namibiese Akkerbouraad het die jongste gemiddelde pryse vir groente bekend gemaak. Daar is weer groot gapings tussen die prys by die plaashek en die wat op winkelrak in Windhoek aangeteken word. Yanna Smith het die syfers.
Swakopmund is een van die finaliste in die 2023-uitgawe van die Dorp van die Jaar-kompetisie. Die drie dorpe wat deurgedring het na die eindronde van vanjaar se uitgawe van die Dorp van die Jaar-kompetisie is Swakopmund, Oranjemund en Otjiwarongo. Die kompetisie vorm deel van die Toerisme-ekspo wat tans in die hoofstad aan die gang is. Linda Mupupa, woordvoerder van die Swakopmund-munisipaliteit het 'n beroep op die inwoners van die dorp gedoen om te stem en die dorp 'n hupstoot te gee in 'n poging om die kompetisie te wen.
Ekonome het gereageer op die Besigheidsreddingstaakmag wat sy verslag aan President Hage Geingob ‘n jaar gelede oorhandig het. Geingob het die taakmag, wat saamgestel is van verskeie kenners in verskillende gebiede van die ekonomie, aangestel om te bepaal wat die beste aanslag is om besighede te beredder met die sukkelende ekonomie. Die meeste voorstelle van die taakmag is nog nie geïmplementeer nie en een, wat die regstelsel verwyder van maatskappye wat beredder moet word, sou baie verligting en minder verliese veroorsaak. Die taakmag het voorgestel dat ‘n instansie soos Bipa eerder ‘n maatskappy in so geval bystaan maar, die bepaling is ook nog nie van krag nie. Jason Kasuto van Monasa Advisory Services het sy mening oor die bepaling so verwoord.
Die Suid-Afrikaanse Rooivleis Produsente-organisasie sê daar is kommer oor die speenkalf bedryf met beide Namibië en Botswana wat speenkalwers op die hoef aan die mark in die buurland voorsien. Namibië voorsien 4,6 persent van die buurland se mark terwyl Botswana, 6,7 persent bydra. Volgens die organisasie se voorsitter Gerhard Schutte, het Suid-Afrikaanse verbruikers nie die koopkrag om die aanbod op te neem nie. Verder, wil die organisasie wil sy uitvoere van 5 na 20 persent teen 2030 laat groei en dus, word nuwe markte ondersoek. Schutte het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.
Die Namibiese ministerie van internasionale betrekkinge sê daar was drie Namibiërs in Sudan wat werksaam is vir die Verenigde Nasies en dat hulle veilig ontruim is. Gevegte woed reeds 13 dae in die land met die weermag en die Rapid Support Force paramilitêre groep wat baklei vir beheer. Penda Naanda, woordvoerder van die ministerie het die jongste.
Die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, sê indien die Russiese president, Vladimir Putin, sy voete in die provinsie sit, sal die provinsiale regering beamptes van sy Wetstoepassingsbevorderingsplan, oftewel LEAP, opdrag gee om hom aan te keer. Winde sê Suid-Afrikaners vier vandag Vryheidsdag, ʼn herinnering aan die lang en dikwels gewelddadige stryd om demokrasie te vestig. Die provinsie beywer hom vir die fundamentele regte en vryhede van sy mense, maar toon ook eensgesindheid met Oekraïne na Rusland se inval:
ActionSA in Gauteng verwelkom die arrestasies van 'n 50 jarige vrou en haar 39-jarige medewerker vir die moord op twee seuntjies in Soweto. Die party het ʼn beloning van 50 000 Suid-Afrikaanse rand uitgeloof vir enigiemand met inligting wat tot inhegtenisneming kan lei. ʼn Woordvoerder van ActionSA, David Tembe, sê die arrestasie van die vermeende moordenaars van Nqobizitha Zulu en Tshiamo Rabanye sal hopelik bydra tot afsluiting en geregtigheid vir hulle families:
Die Amerikaanse skrywer en gewese rubriekskrywer, E. Jean Carroll, het getuig in haar siviele saak teen Donald Trump wat sy sê haar drie dekades gelede in 'n New Yorkse afdelingswinkel verkrag het. Trump het Carroll se bewerings herhaaldelik ontken en haar 'n leuenaar genoem. Hy het in 2019 so op haar aantygings gereageer.
In Suid-Afrika, het sowat 400 000 kinders wat in 2011 vir graad 1 ingeskryf het, nie in 2022 matriek voltooi nie. Dit beteken 34 persent het uitgeval. In Namibië, behalwe vir 2020 toe meer as 30 000 leerders verlore gegaan het, val ongeveer 10 000 uit die totaal van net meer as 800 000 leerders elke jaar uit. Dorothea Nangolo, die Namibië Nasionale Studente-organisasie, Nanso se woordvoerder sê die syfers wek plaaslik ook kommer en daar is verskeie faktore wat die aandryf.
Die GOOD-party in die Wes-Kaap sê die Stad Kaapstad moet duidelikheid gee oor ʼn ongevraagde lening van 1,8 miljard Suid-Afrikaanse rand van die Franse Ontwikkelingsbank. Dit is deur die raad goedgekeur, sonder besonderhede oor die beplande doel daarmee. Die woordvoerder van GOOD, Suzette Little, sê daar is blykbaar nie ʼn goeie rede vir die lening nie en die terugbetaling daarvan sal die verantwoordelikheid word van inwoners wat reeds swaar trek:
Die Keetmanshoop-polisie het 12 lede van ‘n vermeende bendegroep, bekend as Host, op die dorp gearresteer. Hulle word verbind met verskeie rooftogte en oor die naweek is nege sake teen hulle op die dorp geregistreer. Hulle sal na verwagting op verskeie klagtes verskyn. Die Karasbevelvoerder, kommissaris Marius Katamila het die met plaaslike uitsaaier gepraat en sê die mans is tussen die ouderdom van 17 en 23.
Die Republikeinse goewerneur van Florida Ron deSantis het sy stryery met Walt Disney verdedig. Die maatskappy dagvaar hom en vra die hof om sy pogings om beheer oor die maatskappy se temaparke in Orlando uit te oefen, omver te werp. Die voortdurende pogings deur DeSantis om beheer oor Disney uit te oefen, het verlede jaar begin nadat die maatskappy 'n staatswet gekritiseer het wat klaskamerbesprekings oor seksualiteit en geslagsidentiteit in skole verbied. DeSantis sê die deelstaat se regering subsidieer Disney se swak gedrag.
Saftu in die buurland sê die koms van die liberale demokrasie in 1994 het demokratiese regte en vryhede gebring maar sonder ekonomiese bevryding kan hierdie ideale nie binne 'n kapitalistiese raamwerk vervul word nie. Die woordvoerder van die vakbondfederasie, Trevor Shaku, sê hoewel 'n demokrasie hom kan uitlaat oor menswaardigheid en die toegang tot gesondheid, behuising, onderwys, omgewingsbeskerming en veiligheid, kan hierdie beloftes in die Handves van Regte in werklikheid nie verwesenlik word nie:
Die eerste Britte wat uit die oorloggeteisterde Soedan gered is, het op tuisbodem aangekom. Die sending was moontlik danksy ʼn skietstilstand van 72-uur tussen strydende faksies. Die militêre ontleder, Sean Bell, het aan Sky News gesê die Britse regering sal waarskynlik die operasie tot na die beëindiging van die skietstilstand verleng. Meer as 300 Britte is reeds ontruim. Die Tory-regering het onder skoot gekom omdat hy so lank gevat het om sy burgelikes te ontruim en die premier Rishi Sunak, het sy regering se stappe so in die parlement verdedig.
Die Springbok-vroue is boaan die amptelike punteleer na die eerste van twee toernooie in Wêreldrugby Sewes-uitdaagreeks. Dis na ʼn oorwinning van 17-10 oor België in die eindwedstryd van die eerste toernooi wat verlede Saterdag in Stellenbosch plaasgevind het. Hulle was goeie waarde vir geld maar losskakel, Eloise Webb, waarsku hulle kan met die tweede toernooi hierdie naweek op dieselfde veld niks as vanselfsprekend aanvaar nie:
Die Amerikaanse ambassadeur in Suid-Afrika, Reuben Brigety, sê sy land plaas geen druk op Suid-Afrika om die Russiese President, Vladimir Putin, in hegtenis te neem nie. Dit kom voor Putin se verwagte deelname aan die 15de BRICS-beraad in Suid-Afrika. Die Internasionale Strafhof het 'n lasbrief vir sy inhegtenisneming uitgereik weens bewerings van menseregtevergrype en Rusland se inval in Oekraïne. Brigety het na 'n lesing by die Universiteit van KwaZulu-Natal beklemtoon Amerika is daartoe verbind om Suid-Afrika te ondersteun:
Die Suid-Afrikaanse en Finse regerings het 'n ooreenkoms bereik oor die potensiaal om handel en belegging tussen die twee lande 'n hupstoot te gee. Verskeie ondernemings van albei lande het tydens 'n onlangse rondetafel-bespreking hul verbintenis uitgespreek om hul handel- en beleggingsportefeuljes uit te brei om sleutelsektore soos landbouverwerking, energie, gesondheidsorg en digitalisering in te sluit. President Cyril Ramaphosa het sy waardering uitgespreek oor Finse ondernemings se belangstelling om in Suid-Afrika te belê, selfs te midde van die voortslepende kragkrisis:
Amerikaanse President Joe Biden, wat homself verkiesbaar gestel het as die Demokrate se presidensiële kandidaat vir die 2024-verkiesing, het die kwessie van sy ouderdom aangespreek. Daar is kommer omdat hy reeds, op 80, die oudste president in die Amerikaanse geskiedenis is en sou hy wen, sal hy 86 wees as sy termyn verby is. Biden sê hy sal laat die Amerikaanse volk besluit.
Universiteite hou hul gradeplegtighede met honderde studente wat graad vang. Maar, daar is nie werk nie. Sommige sal internskappe ontvang maar die meeste sal sukkel om ‘n permanente pos te bekom. Kosmos 94.1 Nuus het met Tim Parkhouse, wie vir jare die sekretaris-generaal van die Namibiese Werkgewersvereniging was, gesels oor hoekom die jong gegradueerdes, behalwe vir die tekort aan werkgeleenthede, nie ‘n pos sal kry nie. Hy sê hulle kort ervaring en word ‘n las vir werkgewers.
Die dood van vyf vermeende rowers wat op Okahandja deur lede van die ernstige misdaadeenheid van die Namibiese polisie en lede van die Stadspolisie doodgeskiet is, het tot 'n warm debat op sosiale media gelei. Sommige menings is gelig dat jeugwerkloosheid tot misdaad lei en dat baie jeug gedwing is om die leefstyl te volg omdat daar geen ander heenkome is nie. Die oud-polisiehoof, Sebastian Ndeitunga sê dis nonsens. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Die nuwe bestuur by Tshwane werk steeds om dinge reg te ruk. Die burgemeester, Cilliers Brink, sê hulle gaan vakante poste vir senior personeel in die stad adverteer. Die metro sukkel reeds geruime tyd om die poste te vul en dit lei tot swak administrasie en wanbestuur. Tydens die stad se raadsvergadering het Brink gesê deur die poste te vul word behoorlike dienslewering aan Tshwane se inwoners verseker:
Die Namibiese omgewingsminister Pohamba Shifeta gaan vandag amptelik die nuwe en opgegradeerde infrastruktuur van vier parkstasies in die Dorob- en Skedelkus Nasionale Parke by Kaapkruis, Ugabmund, Möwebaai en Springbokwasser inhuldig. Bennett Kahuure, die direkteur van wildlewe en nasionale parke in die ministerie het met Kosmos 94.Nuus op Kaapkruis gesels oor presies wat die ontwikkeling behels.
AfriForum het besluit om nie te appelleer teen die Appèlhof se wysiging van die Gelykheidshof se aanvanklike bevel oor die ou apartheidsvlag nie. Die burgerregte-organisasie is steeds gekant teen die verbod op simbole, maar sal geen verdere regshulpbronne aan die ou vlag-saak bestee en dit na die Konstitusionele Hof neem nie. Ernst van Zyl van AfriForum sê hulle fokus daarop om weg te doen met die EFF se skadelike Kill the Boer-lied wat boere en etniese minderhede teiken:
Dit is nie net Namibië se toerismesyfers wat verbeter nie. Dit blyk die geval in die buurland ook te wees. Die Suid Afrikaanse toerisme-bedryf se verblyfgetalle was in Februarie 35 persent hoër as in dieselfde tydperk verlede jaar. Volgens Statistieke SA se jongste syfers is dit veral Suid Afrikaners, wat plaaslik tussen stede en die land se nege provinsies kuier wat die verblyf-getalle by hotelle, gastehuise en bed-en-ontbyt ondernemings so goed opgestoot het. Fritz Platt, vir Kosmos 94.1 in die Kaap, het meer.
Henny Seibeb van die Landless People's Movement het vandag in die parlement gesê dat Namibiese universiteite en skole daartoe bydra dat Namibiërs die gees van Pan-Afrikanisme verloor. Volgens hom sal die beweging uitsterf en sal bydra tot die terugkeer van kolonialisme. Hy sê in die verlede is Pan-Afrikanisme gebruik om Afrikane en hul ideologieë te verenig.
Die Gautengse Gesondheidsdepartement sê die Chris Hani Baragwanath Akademiese Hospitaal in Soweto het die afgelope drie jaar geen gevalle van mediese nalatigheid in die neonatale en kraamsale aangeteken nie en daar is 54 244 babas gebore. Ondanks die positiewe uitkoms, het die hospitaal 1 565 neonatale sterftes in die oorsigtydperk aangeteken. Die departement se woordvoerder, Motalatale Modiba, sê egter nie een van die sterftes was weens nalatigheid nie, maar ander faktore soos voortydige geboorte, besmettings, intrapartum hipoksie en aangebore afwykings:
Die berig dat 36 bokke verlede week wreed deur ‘n Angolese burger mishandel is, omdat hulle spanspekke en bone in sy werkgewer se landerye gevreet het, het wyd reaksie uitgelok. Die man is blykbaar deur die Omusati-polisie gearresteer en aangekla maar, Kosmos 94.1 Nuus kon nie daarin slaag om uit te vind wat van die saak geword het nie. Die Dierebeskermingsvereniging in die Oshana-streek se inspekteur, Filipus Shilongo, sê daar was geen rede om die diere so te mishandel nie omdat daar in werklikheid, tradisionele prosedures is wat gevolg kan word.
President Cyril Ramaphosa het sy hartseer uitgespreek oor die dood van die bekroonde sanger, akteur en aktivis, Harry Belafonte. Hy sê hy was 'n gewaardeerde lid van die Nasionale Orde van die Metgeselle van OR Tambo en het bygedra tot die handhawing van die Verenigde Nasies-geleide kulturele boikot teen apartheid. Belafonte het saam met Suid-Afrikaanse kunstenaars soos Miriam Makeba gewerk om die stryd teen apartheid in die kollig te hou. Die Presidensie se woordvoerder, Vincent Mangwenya, sê Belafonte sal as 'n held en ware vriend van Suid-Afrika gevier word:
Dit is ‘n jaar sedert die sogenaamde Besigheidsreddingstaakmag sy verslag aan President Hage Geingob oorhandig het. Geingob het die taakmag, wat saamgestel is van verskeie kenner in verskillende gebiede van die ekonomie, aangestel om te bepaal wat die beste aanslag is om besighede te beredder met die sukkelende ekonomie. Die meeste voorstelle van die taakmag is nog nie geïmplementeer nie. Kosmos 94.1 Nuus het met die voorsitter van die Ohlthaver en List, Sven Thieme, gesels.
Die Namibiese Internasionale Energiekonferensie is in die hoofstad tot môre aan die gang. Die konferensie gee aan beleidmakers, energieleiers en professionele persone in die bedryf regoor die Afrika-vasteland 'n platform om meer insig in die vasteland se energiesektor te verkry. Die minister van myne en energie, Tom Alweendo, het die konferensie toegespreek en sê die olie-ontdekkings in die land sal slegs voordelig sal wees as dit deursigtig en inklusief bestuur word, met die fokus op plaaslike inhoud en die betrokkenheid van die volgende generasie.
Steytler sê daar is verskeie ingrypings wat bewerkstellig kan word met die ekstra befondsing.
NamPower se aansoek vir ‘n tarifeverhoging bly in die nuus. Die bekende en deurwinterde ekonoom dr. John Steytler sê dis alles goed en wel dat NamPower ‘n reuse-tariefverhoging van amper 17 persent vra maar, hy sê daar moet meer belê word in kraginfrastruktuur in die land.
LEFA-vervoerdienste in Windhoek het diep kommer oor die toenemende voorkoms van ongereguleerde, ongesertifiseerde en onversekerde vervoeroperateurs in Windhoek. Hierdie onwettige operateurs, ondersteun deur internasionale vervoermaatskappye, is volgens LEFA besig om die plaaslike vervoersektor te vernietig, en die stel die veiligheid van passasiers in gevaar. Hulle doen dus 'n beroep op die Namibiese owerhede om dringend op te tree en het 'n petisie in die verband ingedien. Kosmos 94.1 Nuus het met Kalipi Aluvilu, die medestigter en bedryfsbestuurder by LEFA gesels.
Die burgemeester van Tshwane, Cilliers Brink, is vol vertroue die raad sal die Aangesuiwerde Begroting, wat weer ingedien is, goedkeur. Volgens Brink bied die aansuiweringsbegrotingproses die raad die geleentheid om sleutelkwessies te hersien, wat in die oorspronklike begroting vir die finansiële jaar 2022/23 goedgekeur is. Dit kom te midde van kommer oor die stad se finansiële bestuur in die gebruik van openbare fondse. Brink sê die stap is noodsaaklik in reaksie op kwessies wat die ouditeur-generaal oor die stad se finansies opgehaal het:
Eskom se voormalige uitvoerende hoof, André de Ruyter, glo kartelle bestaan en bedryf steeds verskeie misdadige bedrywighede binne Eskom in Mpumalanga. Hy verskyn aanlyn voor die Parlement se staande komitee oor Openbare Rekeninge om duidelikheid te gee oor die korrupsiebewerings wat hy tydens 'n onderhoud met eNCA in Februarie geopper het. Volgens De Ruyter het geen politici hom onregmatig opdrag gegee om op 'n korrupte wyse op te tree rakende kontrakte aan 'n steenkoolkartel nie:
Die president van Turkye, Recep Tayyip Erdogan, het die Suid-Afrikaanse Polisiediens se honde-eenheid vereer vir sy bydrae in die soek- en reddingsoperasies na die dodelike aardbewings in Februarie. Die span, met vyf snuffelhonde en hanteerders, was onder leiding van Vimla Moodley. Hulle het 'n 80-jarige wat vir nege dae vasgekeer was, gered en meer as 200 liggame uit die puin gehaal. Polisiewoordvoerder Athlenda Mathe sê Moodley het die medalje vir die hoogste opoffering namens die organisasie ontvang:
Die DA doen 'n beroep op betrokkenes in die konflik in Sudan om hul wapens neer te lê en na die onderhandelingstafel terug te keer. Die party wil ook hê die regering moet sy rol speel in die uitvoering van Suid-Afrika se buitelandse beleid om orde te herstel en die demokratiese prosesse te bevorder om 'n bestendige regering in Sudan te vestig. Emma Louise Powell van die DA sê die geweld kon versag gewees het as Suid-Afrika in die onlangse verlede beslissend opgetree het in kritieke tye:
Die voormalige hoof van die Amerikaanse instituut vir aansteeklike siektes, dr. Anthony Fauci het gereageer op die jongste verslag wat die regering se reaksie op Covid oorweeg het. Luidens die verslag was daar foute gemaak, te veel geld, ongeveer 5 triljoen Amerikaanse dollar, bestee en die land is steeds nie gereed vir die volgende pandemie nie. Fauci sê mense moet onthou, talle rolspelers was betrokke by die besluite oor hoe Amerika sou reageer op die pandemie. Hy het die so verduidelik.
Eskom sê die buurland sal hierdie langnaweek wisselende stadiums van beurtkrag ondervind. Volgens die tussentydse woordvoerder, Daphne Mokwena, sal fase twee-beurtkrag van vyf-uur voormiddag tot vier-uur namiddag geld. Daarna sal fase vier begin. Volgens Mokoena sal fase drie op Vrydag en Saterdag geld.
Die voormalige uitvoerende hoof van Eskom, André de Ruyter, het die parlement se staande komitee oor Openbare Rekeninge ingelig hy wil nie voortgesette ondersoeke oor korrupsiebewerings by die kragvoorsiener in gedrang bring nie. Hy verskyn aanlyn voor die komitee as deel van 'n breër ondersoek na Eskom. De Ruyter het aangedui die geraamde 1 miljard Suid-Afrikaanse rand wat elke maand by Eskom gesteel word, is 'n konserwatiewe bedrag. Hy het geweier om die naam van die senior politikus bekend te maak wat hy beweer by korrupsie by Eskom betrokke is:
Die Ierse bulspan, Leinster, speel die volgende twee naweke twee uitklopwedstryde in streekskompetisies. Hulle speel Saterdag in Dublin teen die Franse span, Toulouse, in die halfeindstryd van die Kampioenebeker, terwyl die verdedigende kampioen, La Rochelle, ook van Frankryk, Sondag in Bordeaux teen die Engelse span Exeter te staan kom. Leinster pak dan volgende naweek die Haaie tuis in die kwarteindronde van die Verenigde Rugbykampioenskap. Leinster se afrigter, Leo Cullen, erken dis 'n ingewikkelde balanseertoertjie:
Die veiling van die Suid-Afrikaanse Platinum Rhino van die bekende renoster-bewaarder en John Hume het vandag begin. Hume, nou 81 jaar oud, het besluit om te verkoop omdat hy nie verder geld in die stigting kan inpomp nie. Die reserweprys is op 10 miljoen Amerikaanse dollar bepaal. Hume se projek word erken as die grootste en mees suksesvolste projek om die renoster te beskerm. Russel Luck, die hoof uitvoerende beampte van SwiftVEE, wat die veiling hanteer sê dit loop tot 1 Mei, wat Red die Renoster-dag is.
Daar is kommer oor die skuldvlakke van huishoudings in die land. Volgens die jongste Namfisa syfers staan die leningsboek van mikroleners in die land op die oomblik op 7.1 miljard Namibiese dollar uit die net meer as 65 miljard dollar se privaatskuld wat aangeteken is. Kenners meen die syfer sou baie hoër gewees het as ongeregistreerde en sogenaamde ondergrondse lenings bygetel was. Mahongora Kavihuha, die sekretaris-generaal van die Vakbond Kongres van Namibië, Tucna, sê skuld is plaaslik ‘n gewoonte en ingrypings is dringend nodig.
Eienaars van plotte in die omgewing van Okahandja gaan gebuk onder herhaalde misdaad. Daagliks is daar klagtes oor infrastruktuur, selfs hekke, wat gesteel word. Veediefstal kom ook algemeen voor. Eierprodusent James Roux het die week 30 bees verloor. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Oudpresident Jacob Zuma se seun, Duduzane, sê die land het dringend 'n verandering in leierskap nodig. Hy gaan as onafhanklike kandidaat in volgende jaar se verkiesing staan. Zuma sê hy was ontsteld toe mense hom afraai om die ANC-presidentskap by verlede jaar se konferensie te betwis omdat hy nie politieke ervaring het nie. Hy sê die huidige regeringsleiers het baie politieke ervaring, maar die land stort ineen onder hulle hande:
Arsenal se bestuurder, Mikel Arteta, sê vanaand se wedstryd teen Manchester City sal nie die Engelse Premierliga-titel bepaal nie. Die Liga-voorlopers, Arsenal, is vyf punte voor Pep Guardiola se span wat in die Etihad-stadion teen hulle uitdraf, maar City het twee wedstryde oor. Arsenal het in 2004 laas die Premierliga gewen en Arteta sê sy span wil die trofee werklik baie graag weer inpalm:
Anette Rheeder gesels vandag oor A. Vogel Multiforce Alkaliese poeier – die produk wat elkeen van ons nodig het om gesondheid en kwaliteit van lewe te herstel en/of te behou.
Die afgetrede Britse generaal-majoor Rupert Jones sê Bakhmut, waar gevegte tussen Russiese en Oekraïnse magte reeds maande woed, het geen strategiese belang nie. In sy mening is die stad belangrik vir President Vladimir Putin omdat hy ‘n oorwinning nodig het. Jones voeg by die Russe het groot verliese aangeteken.
President Cyril Ramaphosa sê die ANC-regering werk hard daaraan om 'n nasionale energie-aksieplan in te stel ten einde die huidige voorsiening van energie te verhoog en energiesekerheid op die lang termyn te bewerkstellig. Hy het die afsluitingsrede by die Presidensiële Sake-rondetafel tussen Suid-Afrika en Finland in Pretoria gelewer. Ramaphosa sê ’n billike oorgang na ’n lae-koolstof, klimaatbestande en groener ekonomie is deel van die land se globale verpligtinge ten opsigte van klimaatsverandering:
Gauteng se LUR vir gesondheid, Nomantu Nkomo-Ralehoko, sê haar departement beplan om meer psigiatriese sale by hospitale in te rig, om te fokus op die behandeling van pasiënte met geestesgesondheidsprobleme in die provinsie. Sy het by die Suid-Afrikaanse Geestesgesondheidskonferensie in Kempton Park, Ekurhuleni, gepraat. Nkomo-Ralehoko sê provinsiale gesondheidsfasiliteite is vol pasiënte wat sielkundige behandeling kry, daarom is meer plek nodig:
Landwyd is wildstropery 'n groot uitdaging in Namibië. Diegene wat in die veld werk meld 'n toename in die gebruik van draadstrikke in. Volgens die Caprivi Karnivoor-navorsingsprojek is tot vyf jaar gelede selde diere in strikke gesien, maar nou word ten minste een karnivoor op veldkameras weekliks oor ses terreine in noordoos-Namibië vasgevang. In die Zambezi-streek is die wildbevolkings afkomstig van vier lande, so dit is moeilik om te weet waar die strikke vandaan, maar waarskynlik van al vier. Mark Paxton van Shamvura Camp naby Rundu gesels met Kosmos 94.1 Nuus oor die toenemende probleem.
Die Suid-Afrikaanse voorspraakgroep, Equal Education, verwelkom die Nasionale Tesourie se toekenning vir die uitbreiding van skole se infrastruktuur-agterstand. Die toelae verskaf geld aan die Departement van Basiese Onderwys om aandag te skenk aan skoolinfrastruktuurprobleme. Dit sou einde verlede maand eindig, maar sal nou vir nog drie boekjare verleng word. Die groep se woordvoerder, Jay-Dee Cyster, doen 'n beroep op die ANC-regering om klaskamertekorte dringend op te los:
Shipandeni sê vuurwapens is in die voertuig gevind en die voertuig was nie gelisensieer nie.
Die Namibiese polisie het meer inligting bekend gemaak oor die skietery op Okahandja. Die polisie in die hoofstad het op intelligensie gewerk en die vermeende rowers agtervolg. Hulle is gevang waar hulle ‘n dobbelhuis op Okahandja wou beroof... adjudant-offisier Silas Shipandeni van die Khomas-polisie het meer.
Massaskietvoorvalle in Suid-Afrika het volgens berigte verlede jaar met 140 persent toegeneem. Die onlangse moord op tien mense in Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal, het sedertdien bygedra tot die kommerwekkende neiging. Die Instituut vir Sekerheidstudies waarsku veelvuldige moorde weerspieël 'n beduidende verskuiwing in geweldsmisdaad. 'n Navorser in Wetstoepassing en Openbare Veiligheid, David Bruce, sê hierdie misdade word gekenmerk deur die verspreiding van vuurwapens en verskanste georganiseerde misdaad in sekere provinsies:
Oekraïne se minister van Buitelandse Sake, Dmytro Kuleba, glo die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie, Navo, het tans nie die politieke wil om 'n besluit oor Kiëf se toetrede te neem nie. In September verlede jaar het Oekraïne 'n amptelike aansoek ingedien om by die organisasie aan te sluit, nadat Rusland vier van die land se streke geannekseer het. In 'n onderhoud met Amerikaanse media, sê Kuleba Oekraïne se toetrede tot Navo sal nie die oorlog met Rusland stop nie, maar dit sal help om toekomstige oorloë in die Euro-Atlantiese gebied te voorkom:
Die GOOD Party sê hy is nie verbaas oor die DA se federale voorsitter, Helen Zille, se koloniale siening van transgender-mense nie. In reaksie op 'n twiet waarin die Amerikaanse sosialemedia-beïnvloeder, die transgenderpersoon Dylan Mulvaney, gekritiseer word, het Zille gesê: “Is dit nou nie meer 'woke' genoeg om net gay te wees nie?" Die twiet het 'n groot debat op sosiale media ontlok met sommige mense wat haar beskuldig dat sy beweer dis nie wettig of eg om gay of transgender te wees nie. Die GOOD Party se woordvoerder, Brett Herron, sê die DA moet teen Zille optree:
voëlgriep word in talle dele van die wêreld aangemeld, insluitend sommige lande op die vasteland insluitend Suid-Afrika. Namibië het vinnig gereageer en invoere van verskeie lande verbied maar, die risiko bly staan omdat daar plaaslik voëlgriep uitbrekings onder wilde voëlbevolkings vroeër voorgekom het. Kosmos 94.1 Nuus het met die hoof van Veeartsenydienste in die landbouministerie, dr. Albertina Shilongo gesels oor maatreëls om ‘n plaaslike uitbreking te verhoed.
AfriForum doen 'n beroep op die Suid-Afrikaanse publiek om mondelinge voorleggings te doen teen die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette, met raadpleging wat volgende week voortduur. Volgens die burgerregte-organisasie bestaan die wetsontwerp uit artikels wat 'n groot bedreiging inhou vir die toekoms van gehalte-onderrig, veral moedertaalonderrig in Afrikaans. Alana Bailey van AfriForum stel voor dat die konsep geskrap en nuut begin word met hersiene skoolwetgewing:
Die DA sê hy gaan enige pogings van die ANC teenstaan, om die parlement te gebruik om 'n vermeende oorlogsmisdadiger ten koste van nasionale belange te beskerm. Dit volg nadat die ANC bevestig het hy gaan aan die Internasionale Strafhof onttrek. President Cyril Ramaphosa sê hy ondersteun die besluit, maar hoop om 'n gesprek te voer oor die onregverdige behandeling wat die land van die strafhof ontvang het. Emma Louise Powell, die DA se skaduminister van buitelandse sake, sê hierdie besluit is geneem om die Russiese president en vermeende oorlogsmisdadiger, Vladimir Putin, te beskerm.
Die bekende Suid-Afrikaanse ekonoom Dawie Klopper sê die besluit van die ANC-party om die Rome-statuut te verlaat en dus ook die bepalings van die Internasionale Strafhof, is ‘n stap in die verkeerde rigting. Die Suid-Afrikaanse Presidensie het intussen bevestig dat die land steeds deel van die statuut vorm maar, dat hy hom sal aanpas vir immuniteit vir diegene met lasbriewe van die Internasionale Strafhof. Klopper meen die party ondermyn Suid-Afrika se belange en belyn die land met die BRICS-lande en vervreem dit hom, en die streek, van die uiters belangrike Weste, insluitend die Europese Unie waarmee baie handel bedryf word. Die besluit is deur die uitvoerende komitee van die ANC aanvaar. Klopper sê daar is ekonomiese implikasies.
Brandstofpryse bly in die nuus. In die buurland word daar ‘n daling in dieselpryse maar, ‘n verhoging in petrolpryse vir Mei verwag. Plaaslik is daar meer regeringsondersteuning maar, met ‘n 6 persent styging in die olieprys in die afgelope weke en ‘n versterking in die Amerikaanse dollar, sal die plaaslike brandstofprys moet styg oor die komende maande. Theo Klein, ekonoom by Simonis Storm verduidelik.
Die Wes-Kaapse Onderwysdepartement sê 165 993 unieke leerderaansoeke is vir die 2024 akademiese jaar ontvang. Die Wes-Kaapse LUR vir Onderwys, David Maynier, sê ouers van 156 093 leerders se aansoeke is betyds ingedien tydens die toelatings-aansoekvenster, terwyl ouers van 9 900 leerders hul aansoeke laat ingedien het. Die LUR sê met ouers wat by meer as een skool aansoek doen, is die algehele getal aansoeke by skole 536 764:
Namibia Wildlife Resorts het pas sy middelvlak-bestuurders opgelei in ‘n bestuursontwikkelingsprogram. Die opleiding het oor 12 maande plaasgevind en stel die kandidate in staat om die jongste neigings toe te pas. Beide oord-bestuurders en die van hoofkantoor is opgelei. Kosmos 94.1 Nuus het met die NWR se woordvoerder Nelson Ashipala gepraat oor die opleiding en die doeltreffendheid van die maatskappy se diens – veral omdat daar so baie klagtes van die publiek is.
Die Suid-Afrikaanse Presidensie sê Suid-Afrika bly ‘n ondertekenaar van die Rome-statuut. Daar het, luidens ‘n verklaring ‘n fout ingekruip by die perskonferensie na die vergadering van die ANC-party se nasionale uitvoerende komitee. Maar, volgens Vincent Magwenya, woordvoerder van die Presidensie, sal die buurland aanpassings maak wat immuniteit aan die met lasbriewe van die Internasionale Strafhof, sal gun. Hy verduidelik.
Die Grammy-, Emmy- en Tony-bekroonde Amerikaanse sanger, akteur en aktivis, Harry Belafonte, is op die ouderdom van 96 dood Hy word beskryf as een van die suksesvolste Karibies-Amerikaanse popsterre. Sy deurbraak-album in 1956, Calypso, was die eerste langspeelplaat deur 'n enkel-kunstenaar waarvan 'n miljoen eksemplare verkoop is. Hy het in genres soos blues, folk en gospel opgetree en sy treffers sluit in The Banana Boat Song en Jamaica Farewell. Belafonte het in rolprente soos Carmen Jones en Island in the Sun verskyn. Hy word oorleef deur sy derde vrou, Pamela Frank, en vier kinders. Hy het in 1981, as baanbreker swart superster gesels oor roem.
Streeksgoewerneurs sal voortaan onder die Namibiese Presidensie resorteer met hul begrotings wat ook verskuif word. President Hage Geingob het die nuus aan die goewerneurs deurgegee. Die besluit het wenkbroue laat lig omdat daar talle oproepe is vir desentralisasie van die regering se vertakkings om dienslewering te verbeter. Brian Black, die nasionale voorsitter van die Independent Patriots for Change stem saam en meen dat dit net ‘n verdere vermorsing van belastingbetalers se geld is.
Die deurwinterde vakbondleier Job Muniaro het gereageer op die nuus dat NamPower ‘n tariefverhoging van 16,87 persent aangevra het. Volgens wat berig word, moet die Elektrisiteitsbeheerraad teen 30 April die aansoek oorweeg na ‘n vergadering wat op 31 Maart plaasgevind het. Die verhoging sal dan op 1 Julie in werking tree waarna plaaslike owerhede en streekskragverspreiders dan hulle eie verhogings sal bylas. Muniaro sê dinge is bedroef en hy het groot kommer oor huishoudings se welstand.
Die verhoor van die eienaars van die Enyobeni-taverne in die Oos-Kaap, waar 21 tieners in Junie verlede jaar dood is, is tot die 23ste van volgende maand uitgestel. Siyakhangela en Vuyokazi Ndevu het in die Landdroshof in Oos-Londen verskyn op aanklag van die verkoop van drank aan minderjariges en oortreding van die Drankwet. Beurtkrag het meegebring dat die opname-masjiene nie kon werk nie. Luxolo Tyali van die Nasionale Vervolgingsgesag in die provinsie, Luxolo Tyali, sê hulle is verheug die verhoor begin nou:
Namcor se soektog vir ‘n tussentydse besturende direkteur duur voort nadat onderhandelings met Lionel Matthews op ‘n dooiepunt uitgeloop het. Matthews se besprekings met die nasionale oliemaatskappy was omstrede met talle wat meen daar was te veel voorvalle van konflik van belange. Paulo Coelho, Namcor se woordvoerder sê hulle hoof van besigheidstrategie, Shiwana Ndeunyema sal verder waarneem en die maatskappy werk onverpoosd om die pos, wat tot onlangs deur Immanuel Mulunga beklee was, te vul.
Die Stad Kaapstad se direktoraat vir veiligheid en sekuriteit sê hy het bykans 'n vyfde van sy voorgestelde begroting vir die huidige finansiële jaar opsy gesit vir die aankoop van meer tegnologie om beter misdaad regoor die metro te kan beveg. Meer as 80 miljoen Suid-Afrikaanse rand van die direktoraat se 432 miljoen rand begroting sal gebruik word vir die aankoop van lyf-kameras, paneelbord-kameras, hommeltuie en vir die verdere uitbrei van die Stad se kringtelevisie-stelsel. Kosmos 94.1 se Kaapse korrespondent, Fritz Platt, het die storie.
Die plaaslike Justice for Animals-veldtog wat daarna streef om die diere-welsynswette te verander, sal op 3 Junie ‘n byeenkoms in die hoofstad aanbied. Die dryfveer agter die Justice for Animals se doelwit is die bevordering van dierewelsyn en hul regte deur die regstelsel. Op die dag van die geleentheid sal daar talle aktiwiteite, stalletjies en vermaak wees vir oud en jonk om te geniet. Organiseerder en diereregte-advokaat Ronel Lewies sê aan Kosmos 94.1 Nuus alle diereregte-organisasie word uitgenooi om gratis op die dag stalletjies te bedryf.
Die leier van die amptelike opposisie, McHenry Venaani van die PDM, het uitgevaar teenoor die Swapo-regering se besteding op sogenaamde S&T vir regeringsamptenare om ondersoek in te stel by verskeie aangeleenthede. Hy het melding gemaak van die fondse wat bestee is op efundja-bystand en die ondersoek wat ingestel moes word en tog, was daar geen ordentlike uitkoms nie.
Suid-Afrika onttrek hom van die Internasionale Strafhof. Die ANC het tydens sy uitvoerende komitee se vergadering besluit om aan die Rome-statuut te onttrek waaraan die Internasionale Strafhof verbind is. Dit beteken dat Russiese President Vladimir Putin in Oktober in die buurland vir die BRICS vergadering kan aankom. 'n Kenner in die gebied van Afrika-politiek, dr. Charles Sinkala, sê dit geen verrassing.
Die ANC se Nasionale Uitvoerende Komitee het ooreengekom op verskeie maatreëls om die energiekrisis op te los deur dringende ingrypings in te stel om die verwagte toename na vraag in die winter te versag. Die komitee besef daar is 'n dringende behoefte om die geskeduleerde inwerkingstelling van drie eenhede by die Kusile-kragstasie noukeurig te monitor. Sekretaris-generaal Fikile Mbalula het die media in Johannesburg ingelig oor die NUK se uitkomste. Hy beklemtoon ononderbroke energievoorsiening aan uiters noodsaaklike geriewe soos hospitale, datasentrums en nasionale sleutelpunte:
Die DA het sy voormalige burgemeester in die Johannesburgse metro, Mpho Phalatse, benoem om weer die pos oor te neem. Dit volg nadat Thapelo Amad bedank het 'n dag voordat 'n mosie van wantroue van die DA en ActionSA gedebatteer sou word. Die DA se voorsitter in Gauteng, Fred Nel, sê Amad het geen ander keuse gehad as om te bedank nie. Hy sê die party het Phalatse gekies weens haar ondervinding in die posisie:
As deel van sy pogings vir deursigtigheid en aanspreeklikheid, het die Ongwediva-dorpsraad 'n funksie met die media gereël om die bedrywighede van die raad bekend te maak. Die woordvoerder, Jackson Muma, sê die tipe geleentheid is uiters belangrik omdat die media die skakel tussen die dorpsraad en die publiek is. Hy verduidelik.
Die Vryheidsfront Plus het die ANC-regering beskuldig dat hy die land verander het in 'n mislukte staat, weens swak dienslewering, rasgegronde beleide en wetgewing wat alle minderhede teiken. Die party het hierdie kwessies uitgelig tydens 'n vergadering van die Onverteenwoordigde-nasies-en-volke-organisasie in Barcelona, Spanje. Tammy Breedt van die VF Plus sê die polisie is deurspek met korrupsie, en haatspraak kom algemeen voor. Volgens Breedt is werkloosheid op 'n rekordhoogte, misdaad is buite beheer, en kulturele simbole en gedenktekens word beleër:
Die DA sê die aanstelling van die minister van elektrisiteit, Kgosientsho Ramokgopa, begin al meer na 'n mislukking lyk. Die party sê as President Cyril Ramaphosa ernstig was om Ramokgopa aanspreeklik te hou om die land se energiekrisis op te los, sou hy al die verantwoordelikhede van die minister se portefeulje in die staatskoerant gepubliseer het. Samantha Graham-Maré van die DA sê Ramaphosa moet ook Ramakgopa se prestasiekontrak plaas sodat landsburgers van hom rekenskap kan eis vir die voortslepende beurtkragkrisis:
Daar is groot afwagting vir die getuienis van die voormalige vise-president in die VSA, Mike Pence, voor die komitee wat die 6 Januarie opstand ondersoek. Die komitee moet bepaal of daar klagte teen oudpresident Donald Trump in die verband gebring moet word of nie. Pence het probeer keer om te getuig maar is onlangs deur ‘n hof beveel om te verskyn. Hy het aan Amerikaanse media gesê hy het niks nuuts om te sê oor die opstand nie. Dit was hy reeds gesê het, en in sy boek gepubliseer het, is al wat daar is.
Die Buro vir Ekonomiese Ondersoek in Suid-Afrika verwag volgende week goeie nuus vir diesel-verbruikers aangesien pryse waarskynlik met tot 51-sent-per-liter gaan daal. Motoriste wat petrol gebruik, moet egter voorberei vir 'n verhoging van meer as 60-sent-per-liter. Hugo Pienaar van die buro sê die afname sal voordelig wees vir mense wat op kragopwekkers staatmaak tydens kragonderbrekings, en moontlik die druk op hoë voedselpryse verlig:
Die GOOD Party sê die bedanking van die Johannesburgse burgemeester Thapelo Amad is 'n stap in die regte rigting om die stad weer op dreef te kry. Die Al Jama-ah-raadslid het bedank en gesê dié besluit het niks te doen met die openbare oproer oor sy burgemeesterskap nie. Die GOOD Party-lid, Lloyd Phillips, sê Johannesburg is die kern van die Suid-Afrikaanse ekonomie en vereis 'n burgemeester wat die kompleksiteit van die bestuur van só ‘n stad verstaan:
Die Wêreldgesondheidsorganisasie se streeks verteenwoordiger in Sudan, dr. Richard Brennan, sê die vlakke van geweld in die land is skrikwekkend. Met duisende wat beseer is funksioneer net 25 persent van die hoofstad Khartoem se hospitale omdat soldate die instansies teiken. Brennan het met Britse media gepraat.
Die polisie in Malindi in Kenia, het reeds 58 liggame uit vlak grafte in die Shakahola-woud opgegrawe in hul ondersoek na ‘n sekte waarvan die volgelinge skynbaar aangemoedig is om te vas totdat hulle sterf. Die leier van die Good News-kerk, Paul Makenzie Nthenge, is verlede maand in hegtenis geneem nadat ‘n aantal liggame in die woud gevind is. Hy ontken egter dat hy hulle aangemoedig het om op te hou eet sodat hulle hemel toe kan gaan. Kosmos 94.1 Nuus het met pastoor Cas Bekker van die Agape Ministries in Windhoek gesels oor of Namibiërs kwesbaar is om by die tipe sektes aan te sluit.
Die voormalige werknemers van Air Namibia wat verlede jaar in November na die bankrot redery se voormalige hoofkwartier opgeruk het en buite die gebou gekamp het en die betaling van hul skeidingspakkette geëis het, het die helfte van die pakkette ontvang. Die groep het hulle toe aan die Nasionale Vergadering gewend en op 7 November 2022 'n petisie by die parlement ingedien. Volgens Renier Bougaard, een van die oud-werknemers, het hulle tot op hede geen terugvoer ontvang nie. Bougaard sê hulle volg die prosesse, stelsels en instellings maar hulle word elke keer in die steek gelaat.
President Joe Biden het pas aangekondig dat hy homself verkiesbaar stel as die Demokrate se presidensiële kandidaat vir volgende jaar se verkiesing. Biden, reeds die oudste president in die land se geskiedenis, sal 82 wees sou hy die verkiesing wen, en op 86 uittree. Biden het die aankondiging in ‘n professionele video van amper drie minute gemaak.
Die burgemeester van Kaapstad, Geordin Hill-Lewis het 'n vierpotige "beampte" van die metro se K9-polisie-eenheid met 'n reuse stuk biefstuk beloon vir haar harde werk tydens 'n dwelm-klopjag. Volgens Hill-Lewis het Khalesi 'n beduidende rol gespeel in die dwelmfonds in die stad. Terwyl Hill-Lewis nie die waarde van die vonds wou bekend maak nie, is 84 miljoen Suid-Afrikaanse rand se kokaïen gevind.
Boere in die Zambezi-streek het nog altyd ‘n stryd gehad om olifante uit hul landerye en weivelde weg te hou. Die afgelope jaar voer hulle ‘n stryd teen veediewe, hoofsaaklik van Zambië. Verlede jaar het boere in die streek verliese van 2 miljoen Namibiese dollar gely as gevolg van gewapende Zambiërs wat steeds onwettig grense oorsteek om beeste in Namibië te steel. Die veediewe verkoop die gesteelde diere aan slaghuise in Zambië en sommige gebruik dit selfs om vir lobola te betaal. Die Zambezi-streeksgoewerneur, Lawrence Sampofu, sê aan Kosmos 94.1 Nuus die veediefstal duur steeds voort.
Suid-Afrika sal voortaan boodskapper RNS-entstowwe kan vervaardig na die Afrigen-aanleg onlangs van stapel gestuur is in die buurland. Die entstowwe het tydens die pandemie groot kommer by lede van die publiek gewek. Volgens die hoof van die Wêreldgesondheidsorganisasie, Tedros Adhanom Ghebreyesus meen dit sal oor die algemeen toegang tot die tipe entstof, ook soos met Covid, verbeter.
Agt-en-dertig Suid-Afrikaners wat vir tien dae in Sudan vasgekeer was, is uiteindelik per bus ver op pad na die Egiptiese grens. Verskeie Suid-Afrikaners het letterlik die bus gemis weens kommunikasieprobleme en gevaar . Dr. Imtiaz Sooliman, stigter van Gift of the Givers, wat die SA regering help om die ontruiming te reël, sê nog vervoer is gereël om die oorblywende burgers te ontruim.
President Cyril Ramaphosa sê om energiesekerheid te bring en beurtkrag te beëindig is die nommer een prioriteit. Eskom pas hierdie week in die aande fase ses-beurtkrag toe weens beperkings met opwekkingskapasiteit. Ramaphosa sê die die party se uitvoerende komitee verwelkom die belangrike stappe wat deur die regering geneem word om die Energie-aksieplan in werking te stel:
Die Delhi Capitals het hulle Indiese Premierliga-wedstryd teen die Sunrisers Hyderabad met sewe lopies gewen. Die Capitals het 144 vir nege behaal, met Washington Sundar wat drie paaltjies geneem het. Die Sunrisers is in hulle beurt beperk tot 137 vir ses, met Axar Patel en Anrich Nortje wat elkeen twee paaltjies laat kantel het. Dit was Delhi se tweede agtereenvolgende oorwinning ná vyf nederlae in 'n ry, maar die Protea-snelbouler Nortje sê daar is nog ruimte vir verbetering:
Die DA in Gauteng het premier Panyaza Lesufi se ingryping in die hertoewysing van fondse aan organisasies sonder winsoogmerk verwelkom. Die provinsiale Departement van Maatskaplike Ontwikkeling het befondsing van miljoene rande aan sodanige organisasies onttrek en gesê die geld sal nou aan nuwe projekte bewillig word, waaronder hulp aan dwelmverslaafdes, naaldwerkprojekte vir skooldrag, menstruasiepakkies en afvalbestuur. Die DA-lid, Refiloe Nt’sekhe, sê die premier het hom daartoe verbind om met die LUR vir Maatskaplike Ontwikkeling en die hoof- finansiële beampte te vergader, om die saak te bespreek:
Die adjunk-president van die Swapo Party Netumbo Nandi-Ndaitwah sê die party en regering het verskeie uitdagings sedert onafhanklikheid in 1990 gehad, waar onder droogtes, vloede en ekonomiese insinkings. Die party het volgens sy adjunk-president verskeie suksesse bereik, maar sy erken daar is verskeie sektore wat nog verbeter moet word. Nandi-Ndaitwah sê ondanks al die uitdagings oor die jare heen het niemand nog onder Swapo weens honger gesterf nie.
Die Springbok-vrouesewes het 'n terugslag beleef toe Marlize de Bruin uitgeskakel is vir die tweede Wêreldrugbysewes Challenger-reekstoernooi wat die naweek by die Markötter-stadion in Stellenbosch plaasvind. Sy het haar enkel in die eerste Challenger-reeks se eindstryd teen België beseer. De Bruin wat deur Jakkie Cilliers vervang word, sê sy sal ses weke buite aksie wees en 'n maanstewel dra:
Eskom sal sy ingrypings verskerp om die vraag en aanbod van elektrisiteit te bestuur. Eskom-raadsvoorsitter, Mpho Makwana, sê dat die programme die doeltreffende bestuur van kliënte se energieverbruik moontlik maak om spitsvraag of algehele verbruik gedurende spesifieke tydperke te verminder. Eskom-woordvoerder Daphne Mokwena het met die media gepraat.
Die burgerregteorganisasie in Suid-Afrika, NotInMyName, doen 'n beroep dat seksuele misdrywe teen kinders in die buurland as halsmisdaad verklaar word. In die jongste voorval het die hof in Johannesburg die veroordeelde verkragter en kinder-seksoortreder Gerhard Ackerman op meer as 700 aanklagte skuldig bevind. Dit sluit verkragting, poging tot moord, sekshandel en die seksuele uitbuiting van kinders in. Die 52-jarige Ackermann het tussen 2019 en 2021 'n kinderverkragtingsring bedryf. NotInMyName se woordvoerder, Mo Senne, sê meer moet gedoen word om kinders te beskerm:
Terwyl Namibië waarborge gegee het dat Namibiese burgers in Sudan veilig is en planne nog gemaak word om hulle te ontruim, skarrel talle ander lande om hul burgers huis toe te bring. Die situasie in die land is uiters onstabiel en padblokkades word volgens berigte deur rebellegroepe en soldate opgerig wat konvooie keer en mense se lewens in gevaar stel. Die Amerikaanse nasionale sekuriteitsadviseur Jack Sullivan het aan media bevestig dat Amerikaanse soldate gebruik is om sy landsburgers na veiligheid te vervoer.
Die Gauteng gesondheidsdepartement bied vandag en môre 'n tweedaagse geestesgesondheidskonferensie in Gauteng aan. Dit volg voor Wêreld-geestesgesondheidsmaand in Mei, wat daarop gemik is om bewusmaking en ondersteuning oor geestesgesondheid te bevorder. Volgens die Geestesgesondheids-prysaanwyser 2022 deur Kenkou het sielkundige kwessies afgeneem in Suid-Afrika. Jeanette Hunter van die departement sê van die onderwerpe sal die jeug se geestesgesondheid uitlig en die media se rol hierin:
Suid-Afrika het 'n toename in die invoere van litiumbatterye aangeteken. Dit volg terwyl talle verbruikers alternatiewe planne beraam weens die beurtkrag-krisis. Kenners meen die kragkrisis kan die litiumbatterybedryf 'n hupstoot gee. 'n Ekonoom, Gaylor Montmasson-Clair, sê die styging het verlede jaar begin:
Die Amerikaanse ambassadeur by die Verenigde Nasies, Linda Thomas Greenfield het met die media gepraat na die Russiese minister van buitelandse sake Sergei Lavrov as voorsitter by die Veiligheidsraad van die VN opgetree het. Dit was ‘n sessie wat deur spanning gekenmerk is met verskeie aantygings wat deur Rusland teenoor die Weste gemaak is. Lavrov meen dat soos tydens die Koue Oorlog, het ons die gevaarlike, moontlik selfs gevaarliker, drempel bereik. Hy sê niemand het die Westerse minderheid toegelaat om namens die hele mensdom te praat nie. Thomas Greenfield sê Rusland is die een wat die VN se verdrag oortree het deur sy buurland aan te val.
Die Wêreld-gesondheidsorganisasie herdenk vandag Wêreld-malariadag 2023. Die WGO se streeksdirekteur vir Afrika, dr. Matshidiso Moeti sê malaria is 'n hardnekkige vyand van openbare gesondheid. In 2021 het 619 000 mense weens malaria gesterf, van wie ongeveer 96 persent in Afrika gewoon het. ‘n Nuwe entstof wat nog nie deur die WGO goedgekeur is nie, word reeds in talle Afrika-lande op die proef gestel. Die voormalige gesondheidsminister dr. Bernard Haufiku, sê malaria kan oorwin word, maar Namibië moet saam met Angola werk om daarin te slaag.
Windhoek maak gereed vir die gewilde /Ae //Gams Kuns- en Kultuurfees, wat die stad se ryk kulturele diversiteit en kunstalent vier. Die fees, wat in 2001 gestig is, het een van die mees kultureel diverse geleenthede in die stad geword. Dit vind Vrydag en Saterdag plaas en feesgangers kan uitsien na musiek, teater, tradisionele danse en drag, asook visuele kuns en kunsvlyt van verskillende kultuurgroepe. ‘n Lid van die reëlingskomitee by Stad Windhoek, Botha Ellis gesels met Kosmos 94.1 Nuus.
Die Namibiese landbouminister Calle Schlettwein het gereageer op die chaos met beesvleis-uitvoere na China, wat deur die Nieu-Seelandse GPL gefasiliteer sou word. Twaalf vraghouers met vleis ter waarde van ongeveer 30 miljoen Namibiese dollar is nie verskeep nie en nuwe kopers moet vir die vleis gevind word. Schlettwein het sy misnoeë oor die aangeleentheid uitgespreek maar, voeg by dat protokolle vir uitvoere na China steeds in plek is.
Die Suid-Afrikaanse energiekenner, Theo Covary, sê 'n sterk beleid is nodig om die huidige elektrisiteitsuitdagings waarmee Suid-Afrika worstel, te hanteer. Hy sê die land het nog regstreekse ingrypings van die regering nodig. Covary sê 'n goed-gekoördineerde benadering word benodig om energie-doeltreffendheid te verseker:
Die Wes-Kaapse Onderwysdepartement het bevestig 18 skole het gedurende die herfsvakansie voorvalle van diefstal en opsetlike beskadiging aangemeld. Dit is dieselfde getal skole wat in dieselfde tyd verlede jaar geraak is. Volgens die LUR, David Maynier, was daar minder diefstal van pype, draad, skryfbehoeftes en sporttoerusting. Hy versoek die gemeenskap om hierdie voorvalle aan te meld:
Amerika se minister van Buitelandse Sake, Antony Blinken, sê Sudan se gewapende magte en die paramilitêre groep, Rapid Support Forces, het ooreengekom om 'n landwye skietstilstand in te stel. Die skietstilstand van drie dae wat om middernag begin het, is om humanitêre roetes oop te maak. Minstens 400 mense is dood sedert gevegte twee weke gelede uitgebreek het. Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, het intussen gevra dat die geweld gestaak word:
Die handelsminister Lucia Iipumbu en haar Namibiese afvaardiging woon tans die 53ste jaarvergadering van die World Trade Centre Association in Accra, Ghana, by wat tot Vrydag duur. Die konferensie is ook die gasheer van vir die Namibiese beleggings en handelsforum wat belanghebbendes byeen bring om beleggings- en handelsgeleenthede in Namibië te bespreek. Iipumbu het beleggers uitgenooi om sakegeleenthede in verskeie sektore in Namibië te ondersoek...
Alle partye wat voorheen in koalisie met die DA in die Stad Johannesburg was, het ʼn skrywe van die leier van die DA, John Steenhuisen, ontvang. Daarvolgens sal die DA nie deel wees van enige koalisie wat die ANC en EFF môre in Johannesburg uit die kussings lig nie. Volgens ʼn woordvoerder van ActionSA, Michael Beaumont, het die IVP, ACDP en ActionSA die naweek soortgelyke briewe ontvang. Daarvolgens sal die DA nie deel wees 'n koalisie wat die Patriotic Alliance betrek nie.
Die departement van gesondheid en welstand in Gauteng bevestig die toevoer van stoom na die Steve Biko-akademiese hospitaal in Pretoria is herstel. Stoomketels het verlede week onklaar geraak, wat ook sommige nabygeleë hospitale geraak het wat van stoom afhanklik is. Die departement se kommunikasiehoof, Motalatale Modiba, sê die onklaarraking het ʼn geringe uitwerking op die verskaffing van gesondheidsorgdienste gehad.
Die Namibiese Bus- en Taxivereniging, bekend as Nabta, se sekretaris-generaal Pendapala Nakathingo, sê Namibiese motoriste kan nie 'n styging in brandstofpryse bekostig nie. Dit kom nadat die Padfonds-administrasie gesê het dat dit 'n verhoging in die brandstof-heffing nodig het om 'n finansierings-gaping van 4,3 miljard Namibiese dollar vir opgraderings en instandhouding van paaie te dek. Die brandstofheffing is 'n fooi wat gehef word op elke liter petrol en diesel wat verkoop word en is 'n sleutel-faktor om die brandstofprys in die land te bepaal. Werner Januarie, die president van die Namibiese Vervoer- en Taxi-unie, verskil van Nabta, en is meer bekommerd oor die voorgestelde tolhekke op nasionale paaie.
Die Suid-Afrikaanse misdaad-kenner, Chris de Kock, sê die groot meerderheid van moorde in die land word gepleeg deur die gebruik van wettige vuurwapens wat van wetsgehoorsame inwoners geroof of gesteel is. De Kock sê misdadigers bekom die vuurwapens tydens rooftogte, kapings en ook huis-inbrake wat hulle dan gebruik om nog meer slagoffers te teiken. Kosmos 94.1 Nuus se korrespondent in Kaapstad, Fritz Platt...
Nóg ’n jagluiperd uit suider-Afrika is in Indië se Kuno Nasionale Park in die staat Madhya Pradesh dood, die tweede in minder as ’n maand. Natuurbewaringsbeamptes het gesê die oorsaak van die sesjarige mannetjie se dood is nie onmiddellik bekend nie. Dit was een van 12 groot katte wat in Februarie uit Suid-Afrika na Indië gebring is. Op 27 Maart is 'n jagluiperdwyfie, Sasha, wat deel was van die eerste groep katte wat uit Namibië gebring is, dood aan 'n vermoedelike nier-aandoening. Agt Namibiese jagluiperds - vyf mannetjies en drie wyfies - is verlede jaar na Indië verplaas. Die geboorte van vier jagluiperd-welpies van ‘n Namibiese wyfie is op 29 Maart verwelkom. Professor Morgan Hauptfleisch van die Biodiversiteit Navorsingsentrum aan Nust, deel sy mening met Kosmos 94.1 Nuus.
Die Ontwikkelingsbank van Namibië het sy deelname aan die Bank van Namibië se SME Economic Recovery Loans-skema aangekondig. Deelname bring die aantal skemas wat deur die Ontwikkelingsbank aangebied word op twee te staan. Die ander skema wat deur die bank aangebied word, is die Duitse KfW-skema. Die direkteur van SMEs Compete, Danny Meyer gee sy reaksie aan Kosmos 94.1 Nuus.
Die kopiereg-verhoor van die Britse popster Ed Sheeran sal vandag in die federale hof in Manhattan in Amerika begin oor bewerings dat hy 'n deel van die winste van sy treffer "Thinking Out Loud" skuld. Die kopieregstryd handel oor sekere dele van Marvin Gaye se "Let's Get It On". Sheeran het verlede jaar 'n kopieregstryd in die Britse hooggeregshof gewen oor sy 2017-treffer “Shape of You”.
Eskom het fase 6-beurtkrag vanaf vanmiddag tot môreoggend vyf-uur ingestel weens beperkings op sy opwekkingsvermoё. Onklaar-rakings beïnvloed byna 18 000 megawatt se opwekkingsvermoё, terwyl beplande instandhouding meer as 5 000 megawatt buite aksie stel. Een opwekkingseenheid elk by Duvha, Grootvlei, Kendal, Majuba en Medupi en twee eenhede by Kriel is vir herstelwerk onttrek, sê ʼn woordvoerder van Eskom, Menzi Mngomezulu.
Die Nasionale Vraagbestuurs-indaba is tans aan die gang in Muldersdrift, Gauteng. Dit bring Eskom en ander energie-belanghebbendes bymekaar en word aangebied deur die Presidensiële Nasionale Energiekrisiskomitee. Dit het ten doel om praktiese en blywende oplossings te vind om beurtkrag te beëindig. Die uitvoerende hoof van die Energieraad van Suid-Afrika, James MacKay, sê die konferensie steun die Energie-aksieplan, wat daarop gemik is om aandag te skenk aan die onmiddellike tekort aan elektrisiteitsvoorsiening en om vraag en algehele verbruik te verminder in 'n poging om energievoorsiening te verbeter.
Die President van Finland Sauli Niinistö gaan 'n amptelike staatsbesoek aan Namibië op uitnodiging van President Hage Geingob van Woensdag tot Vrydag bring. Staatshuis sê die besoek is deel van Finland se verbintenis met Afrika en sy strategiese doelwit om bande met die vasteland te versterk. Finland is onder Namibië se top-20 handelsvennote. Namibië se algehele uitvoere na die Finse mark het altesaam 1,8 miljard Namibiese dollar in 2022 beloop, 'n afname van 785 miljoen dollar van 2021. Namibië se invoere uit Finland toegeneem tot 1,1 miljard in 2022 vanaf 388,6 miljoen in 2021. Die laaste staatsbesoek van Finland aan Namibië is 12 jaar gelede deur oudpresident Tarja Halonen in 2011. Die skakelbeampte van die Finse ambassade in Namibië Eveliina Anteroinen het met Kosmos 94.1 Nuus gesels oor die presidensiële besoek.
Die African Transformation Movement is geskok oor berigte dat die President van die Verenigde Arabiese Emirate, sjeik Mohamed bin Zayed Al Nahyan, die Bulembu-lughawe in die Oos-Kaap gebruik het waarvoor hy 20 miljoen Suid-Afrikaanse rand betaal het om dit op te gradeer. Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag het die lughawe tydens kantoorruimte-opknappings gebruik. Die ATM sê die voorval herinner aan die lugmagbasis Waterkloof-skandaal van 2013 waarby die Gupta-familie betrokke was. Die woordvoerder, Zama Ntshona, het die regering versoek om wette toe te pas vir alle besoekers, ongeag hul ekonomiese status.
Eskom se tussentydse uitvoerende hoof, Calib Cassim, sê Suid-Afrikaners kan 'n moeilike winter verwag namate die energiekrisis versleg. Hy het gepraat by die Nasionale Vraagbestuurs-indaba wat tans in Muldersdrift, Gauteng, plaasvind. Die indaba word deur die Presidensiële Nasionale Energie-krisiskomitee aangebied. Cassim het esê die hoofdoelwit is die bestendigheid van die netwerk. Hy het ook gesê die indaba is belangrik om die kapasiteit van vraag en aanbod te balanseer.
Sokker: Manchester United het die FA-beker se eindstryd gehaal met sy sege oor Brighton gisteraand. United het 7-6 gewen in 'n strafdoel-uitspeelstryd om 'n Manchester-derby in die eindstryd op Wembley teen Manchester City te bewerkstellig. Dit beteken Erik ten Hag se span het nou hul tweede plaaslike eindstryd van die seisoen gehaal, nadat hulle die Engelse Ligabeker in Februarie gewen het. United het geslaag met 'n indrukwekkende reeks strafskoppe en Ten Hag is tevrede met hul vertoning.
Die Tsumeb-munisipaliteit herinner inwoners daaraan dat groot instandhoudingswerk aan die dorp se hoofwaterreservoir, die Tupperwaredam, begin het. Die werk sal na verwagting tot einde Junie voortduur en kan lae watertoevoer en druk na verskeie gebiede veroorsaak. Die munisipaliteit raai inwoners aan om water as 'n voorsorgmaatreël op te berg en spaarsamig te gebruik gedurende hierdie tydperk. Stella Imalwa-Nangolo, dorpswoordvoerder het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.
Die DA in Gauteng sê die provinsiale Departement van Gesondheid het ernstig drooggemaak met 'n tender vir 'n noodlugambulansdiens, wat reeds meer as 'n jaar sloer. Dit het tot gevolg dat pasiënte wat ernstig beseer is se kans op oorlewing bedreig word. ʼn Woordvoerder van die DA, Jack Bloom, sê volgens die LUR vir Gesondheid, Nomantu Nkomo-Ralehoko, is die tender vir 'n lugmediese diens reeds in Februarie verlede jaar toegeken:
Reaksie word ontvang op berigte uit die buurland dat die ANC oorweeg om voor volgende jaar se nasionale verkiesing, wetgewing in te stel om koalisieregerings te beheer. Plaaslik is koalisies talle male in moeilikheid en besluite kan nie gemaak word nie wat die doeltreffendheid van die plaaslike owerheid negatief raak. Kosmos 94.1 Nuus het met die politieke kommentator, dr. Ndumba Kamwanya gesels.
Die plaaslike agent vir beesvleisverkope aan GPL vir been-in uitvoere na China, Dirk Potgieter, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor die uitdagings met vraghouers vol vleis wat steeds op Walvisbaai staan en wag om uitgevoer te word. Daar is ‘n verdere twee in die hoofstad. Die waarde van die vleis in die 12 vraghouers word op sowat 30 miljoen Namibiese dollar geskat met een produsent wat na wat berig word, 3,5 miljoen dollar se vleis gelewer het. Potgieter sê die Chinese mark is ‘n bestaande mark wat gediens moet word.
Die Namibiese ministerie van internasionale betrekkinge werk op die oomblik nog op ‘n plan om Namibiese burgers uit Sudan, wat nou meer as ‘n week erge geweld en gevegte ervaar, te ontruim. Talle ander lande het reeds hul burgers oor die naweek uitgevlieg. Suid-Afrika sê ook hy ondersoek steeds opsies. Penda Naanda, woordvoerder van die ministerie, wou nie enige getalle bekendmaak nie maar het bevestig dat die kwessie aandag geniet.
'n Doeltreffende passasier-treindiens sal laerinkomste-huishoudings jaarliks tot 932 miljoen Suid-Afrikaanse rand spaar en 51 493 regstreekse en onregstreekse werksgeleenthede verseker. Dit is volgens die Stad Kaapstad se spoor-uitvoerbaarheidstudie. Die doel van die studie is om die stad te lei om die bestuur van die passasiertreindiens by die Passasierspooragentskap, Prasa, oor te neem en die betrokke risiko's te identifiseer. Rob Quintas van die stad sê 'n werkende passasiertreinstelsel sal 'n betekenisvolle bydrae lewer tot Kaapstad se ekonomiese groei:
Egiptiese dokters besoek Namibië vir die agtste jaar om gratis mediese dienste aan plaaslike gemeenskappe te bied. Die groep spesialiste sal in samewerking met die Namibiese gesondheidsministerie verskeie skole en nie-regeringsorganisasies besoek. Hulle sal verskeie mediese dienste, kos en ander dienste aan gemeenskappe bied. Hulle sal begin met 'n gratis veldtog om pasiënte met chroniese gewrigspyn en chroniese rugpyn te behandel. Die veldtog begin vandag en duur tot Vrydag by die Katutura-staatshospitaal. Woordvoerder van die ministerie Walters Kamaya, het meer besonderhede...
Die DA in Gauteng sê die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit het meer as 8 miljoen Suid-Afrikaanse rand bestee aan die geskorste finansiële hoof, Andile Dyakala se salaris en regskoste. Dyakala is in Maart verlede jaar geskors op vyf aanklagte wat verband hou met finansiële wangedrag, onregmatige optrede en neerhalende verklarings op sosiale media. Die DA-lid, Kingsol Chabalala, sê sedert sy skorsing het hy 1,6 miljoen rand aan salaris ontvang en die munisipaliteit het verder ook altesaam 6,4 miljoen rand se regskoste betaal:
Die Namibiese afvaardiging onder leiding van handelsminister Lucia Iipumbu, woon tans die 53ste jaarvergadering van die World Trade Centre Association, in Accra, Ghana, by wat tot 28 April plaasvind. Die konferensie is ook die gasheer van vir die Namibiese beleggings en handelsforum wat belanghebbendes byeen bring om beleggings- en handelsgeleenthede in Namibië te bespreek. Die hoof utvoerende beampte van die Namibiese Beleggingsbevordering en Ontwikkelingsraad, Nangula Uaandja, het tydens haar toespraak die redes gedeel waarom die land ‘n goeie beleggingsbestemming is.
Die sewende Interhoër was ‘n reuse-sukses. Vir meer as ‘n week het spanne van Windhoek Hoërskool en Windhoek Gimnasium meegeding in kultuur en sport wat die hoofstad omtrent oorheers het. Juanita Birch van WHS sê die publiek se ondersteuning was ongelooflik.
Die premier van KwaZulu-Natal, Nomusa Dube-Ncube, het 'n volskaalse ondersoek gelas na die bekendstelling van die Nasionale Skoolvoedingsprogram in die provinsie, na aanleiding van berigte van onvoldoende voedselvoorrade by sommige skole. Die ondersoek sal insluit die ondersoek van die voedselverspreidingsmodel en die gehalte van die kos wat aan 5 444 skole verskaf word, wat almal begunstigdes van die voedingskema is. Die premier se woordvoerder, Bongi Gwala sê die programtoelaag-toekenning vir die 2023/24-boekjaar beloop 2,1 miljard Suid-Arikaanse rand, wat die regering se verbintenis toon om te verseker dat kinders in skole nie honger ly nie:
Die viermalige Olimpiese kampioen, Mo Farah, het bekend gemaak die laaste mededingende wedloop van sy loopbaan sal in September by die Great North Run wees. Hy het dié wedloop ses keer gewen. Die 40-jarige atleet het gister in sy laaste Londense marathon negende geëindig. Sy tyd van 2-uur-10-minute-en-28-sekondes was meer as vyf minute stadiger as sy eie persoonlike beste tyd en nege minute stadiger as die Keniaanse wenner, Kelvin Kiptum. Farah sê hy wens hy kon vinniger hardloop, maar oor die algemeen is hy tevrede met sy tyd in Londen:
Die ANC se hoof van politieke opvoeding, David Makhura, sê hulle oorweeg dit om voor volgende jaar se nasionale verkiesing wetgewing in te stel om koalisieregerings te beheer. Hy het die naweek tydens die party se vergadering van die nasionale uitvoerende komitee 'n strategiese raamwerk vir koalisies voorgestel. Die besluit om haalbare koalisiemodelle te oorweeg, is verlede jaar by die ANC se 55ste nasionale konferensie by Nasrec geneem. Makhura sê van die voorstelle sluit in dat die aantal mosies van wantroue wat binne 'n sekere tydperk ingedien mag word, beperk word:
Groot dele van die land ervaar op die oomblik wat Namibiërs as heerlike weer beskryf. Dis nat en koel en daar kom veral reën in die Suide ook voor. Kosmos 94.1 Nuus het met die hooftegnikus van die Windhoekse weerkantoor Odilo Kgobetsi gesels oor presies waar dit reën en hoe land ons die weer sal geniet.
Die kleine Wrexham-sokkerspan, wat in 2020 deur die akteur Ryan Reynolds en Rob Mcelhenny oorgekoop is, het begin om te wen en het die Engelse Sokkerliga behaal na ‘n oorwinning van 3-1 teen Boreham Wood. En tydens die perskonferensie met Ben Foster van Wrexham en Elliot Lee van Boreham Wood, het Reynolds dit onderbreek om die spelers se hemde te vat...
Die DA maan President Cyril Ramaphosa en die ANC om 'n bedrag van 202 000 Suid-Afrikaanse rand terug te betaal wat hulle ontvang het, wat eintlik aan die mense van Suid-Afrika behoort. Die oproep volg op die onthulling deur die Nasionale Vervolgingsgesag dat die ANC die geld van 'n Eskom-subkontrakteur ontvang het. Die subkontrakteur het na bewering die kragvoorsiener ingedoen. Samantha Graham-Maré van die DA sê die bewering is dat die ANC die kontantbetaling van Eskom-subkontrakteur Impulse Supertrans ontvang het:
Die Wes-Kaapse LUR vir Onderwys, David Maynier sê sy departement is tans besig om 'n massiewe ingrypingsprogram uit te voer om lees vir betekenis te verbeter. Dit sluit die verskaffing in van nuwe dekodeerbare lesers en bloemlesings vir die Grondslagfase aan laerskole in die provinsie. Maynier sê die belegging van 96 miljoen Suid-Afrikaanse rand, wat deel uitmaak van die Wes-Kaapse leesstrategie, dek drie tale, en sal die hoeveelheid leesstof in skole aansienlik verhoog:
Die Volksmoord-herdenkingsdag in Lüderitz by Shark-eiland word beskryf as ‘n dag van heling. Die geleentheid is deur die Ovaherero Tradisionele Owerheid en die Nama Tradisionele Leiersvereniging aangebied. 'n Gedenksteen ter nagedagtenis aan die slagoffers is ook op Shark-eiland opgerig wat 'n konsentrasiekamp van die Duitse volksmoord tussen 1904 en 1908 was. Kosmos 94.1 Nuus het met Sima Luipert, 'n lid van die tegniese komitee van die Nama Tradisionele Leiersvereniging, gesels oor hoe die geleentheid verloop het.
Jean-Louis Knouwds gesels met Riana Nel. Wat is meer ideaal as ‘n persoonlike liedjie, geskryf deur die ikoniese Riana Nel, spesiaal net vir jou ma! Jy vertel haar van jou mams en sy skryf 'n unieke liedjie net vir haar!!! Stuur ‘n SMS met die kodewoord Moeder na 5005. Een gelukkige luisteraar staan die kans om ‘n liedjie te wen, spesiaal geskryf en gesing deur Riana Nel. Elke SMS kos N$5. B’s en V’s geld. Die kompetisie sluit 30 April 2023. Die wenner word op Moedersdag bekendgemaak en die liedjie word vir haar regstreeks op die lug gespeel.
ActionSA in Gauteng sê die Stad Johannesburg se program-komitee het sy mosies van wantroue teen burgemeester, Thapelo Amad en raadspeaker, Colleen Makhubele, aanvaar, en dit sal Woensdag aangehoor word. Die mosies sal in die raad dien ondanks vertragingstaktieke deur die ANC-EFF-koalisie vroeër vandeesweek, toe hulle versuim het om die vergadering van die program-komitee by te woon. Funzi Ngobeni van ActionSA sê dit is 'n oorwinning vir die inwoners van Johannesburg wat in die verleentheid gestel is deur 'n onbevoegde marionet-burgemeester, wat deur die Gautengse premier Panyaza Lesufi se ANC en die EFF aangestel is:
Na 'n jaar van algemeen gedempte wêreldwye ryspryse, het 2023 begin met 'n merkbare styging in pryse. Aangesien Suid-Afrika, en Namibië, 'n netto invoerder van rys is, hou die wêreldwye styging in pryse opwaartse risiko's vir voedselprys-inflasie in. Die Internasionale Graanraad voorspel Suid-Afrika se 2023-rysinvoer op 1,1 miljoen ton. Uiteindelik sal rys-invoerlande soos Suid-Afrika, en Namibië vanjaar 'n omgewing van relatief hoë pryse in die gesig staar vergeleke met 2022. Kosmos 94.1 Nuus het met Wandile Sihlobo, Suid-Afrikaanse landbou-ekonoom, gepraat oor die prys-impak hier en in die buurland.
Die Popular Democratic Movement het sy reaksie gegee op Swapo-president Hage Geingob se kritiek teen die PDM tydens die vieringe van Swapo se 63ste herdenking op Grootfontein. Geingob het gesê die PDM, voorheen bekend as die DTA, kan nie oor 'n bevrydende geskiedenis praat nie. Hy het gesê die opposisieparty behoort hom te skaam, want hulle het Namibië se onafhanklikheid vertraag. Die PDM se skaduminister van finansies, Nico Smit, sê aan Kosmos 94.1 Nuus die president leef in die verlede...
Ali Ipinge, uitvoerende hoof van die Padfonds-administrasie sê sy versoek van 'n verhoging in die brandstofheffing, is nie te veel gevra nie. Die heffing op elke liter brandstof wat in Namibië verkoop word is om 'n finansierings-gaping van 4,3 miljard Namibiese dollar vir die rehabilitasie, opgraderings en instandhouding van paaie te dek. Hy het gesê die huidige heffing van 1 dollar 48 sent op elke liter brandstof, blyk onvoldoende te wees om in die finansierings-behoeftes te voorsien. Hy sê heffings in Namibië is ook agterweë in vergelyking met ander lande in die SAOG-streek en aanpassings het nie tred gehou met inflasie nie. Ipinge verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus…
President Cyril Ramaphosa het die onttrekking aanvaar van drie nominasies vir die Nasionale Orde-toekenning, naamlik die filmmaker Duma Ndlovu, die veteraan-uitsaaier Freek Robinson, en die Suid-Afrikaans-gebore ontdekkingsreisiger Mike Horn. Dit volg na besware uit verskeie sektore van die samelewing, en op aanbeveling van die Nasionale Orde-adviesraad. Ndlovu is by staatskaping by die Suid-Afrikaanse Inkomstediens betrek. Ramaphosa se woordvoerder, Vincent Magwenya, sê die Nasionale Orde is die land se hoogste toekenning wat deur die president aan burgers van Suid-Afrika en vooraanstaande buitelanders toegeken kan word:
Die familie van Katlego Bereng, wie se verbrande oorskot in die veroordeelde verkragter en moordenaar Thabo Bester se tronksel in Bloemfontein gevind is, sê hulle gaan die staat dagvaar. Die polisie het uiteindelik die verkoolde liggaam in sel 35 van die Mangaung-gevangenis in Bloemfontein as dié van Bereng geïdentifiseer. Bereng se pa, Batho Mpholo, sê hulle het nog nie toegang tot die oorskot gehad nie:
Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, António Guterres, doen 'n beroep op dieper en vinniger uitlatingsbeperkings om die wêreldwye temperatuurstyging te beperk tot 1,5 grade Celsius. Hy vra ook reuse verhogings in beleggings in aanpassing en veerkragtigheid, veral in die mees kwesbare lande en gemeenskappe wat die minste gedoen het om die krisis te veroorsaak. Guterres sê nuwe inligting van die Wêreld-meteorologiese Organisasie toon temperature regoor die wêreld styg steeds. Dit het die jare tussen 2015 en 2022 die agtste warmste gemaak vandat dit van 1850 af gereeld nagegaan is:
Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, António Guterres, doen 'n beroep op ernstiger, vinniger uitlatings-beperkings om die wêreldwye temperatuurstyging te beperk tot 1,5 grade Celsius. Hy vra ook reuse-verhogings in beleggings in aanpassing en veerkragtigheid, veral in die mees kwesbare lande en gemeenskappe wat die minste gedoen het om die krisis te veroorsaak. Guterres sê nuwe inligting van die Wêreld-Meteorologiese Organisasie toon temperature regoor die wêreld styg steeds. Dit het die jare tussen 2015 en 2022 die agtste warmste gemaak vandat dit van 1850 af gereeld nagegaan is.
Future Agri Perspectives het die Vroue-insig-beraadslagings-kompetisie van stapel gestuur. Dit bied die ideale platform en geleentheid aan vir vroue wat by landbou betrokke is om hul stem te laat hoor oor hoe beleidsake hul daaglikse lewens beïnvloed en wat hul perspektief is op hoe die toekoms gevorm kan word. Deelnemers sal hul sienings kan deel oor enige aspek wat die lewe in landelike gemeenskappe beïnvloed en hoe hulle te werk sal gaan om 'n verskil in gemeenskappe, die ekonomie of die omgewing te maak. Kosmos 94.1 Nuus het met Marianna du Plessis, die stigter van die internasionale Agri-besigheid Afrika-konferensie, gepraat...
Sommige dele in Namibië is in groen getooi, maar die meeste streke staar droogte in die gesig. Dit is egter ook die regte tyd om vir die droogte voor te berei en met die produksie van bosgebaseerde veevoer te begin. Die potensiaal om indringerbosse vir veevoer te benut hou aansienlike voordele vir Namibië in, veral met voorspellings dat Namibië onder 'n droogteseisoen gaan gebuk gaan. Dr. Dagmar Honsbein, 'n boskos-kenner het met Kosmos 94.1 Nuus gesels oor wat boere moet doen, sou hulle met bosvoer wil begin ter voorbereiding.
President Cyril Ramaphosa sê die konflik in Soedan is 'n terugslag vir Afrika se poging om die wapens stil te maak en 'n volgehoue tydperk van vrede, bestendigheid en ontwikkeling te vestig. Suid-Afrika dien tans as 'n lid van die Afrika-unie se Vrede- en Veiligheidsraad. Die woordvoerder van die President, Vincent Magwenya, sê in dié rol is die land bekommerd oor die situasie in Soedan en werk hy saam met ander Afrika-lande vir vrede en bestendigheid in die land.
Die buurland se minister van elektrisiteit Kgosientsho Ramokgopa sê die sabotasie van Eskom se infrastruktuur neem toe. Die regering beplan om sleutel-instellings te beskerm om ononderbroke voorsiening te verseker. Ramokgopa het 'n plan wat strek oor 18 maande om ongeveer 12 000 megawatt bykomende elektrisiteit op te wek voorgelê aan die vergadering van die ANC se nasionale uitvoerende komitee in Ekurhuleni. Hy sê die onmiddellike ingrypings oor die volgende ses maande sluit in die vermindering van sabotasie, die aankoop van diesel van ongeveer 30 miljard Suid-Afrikaanse rand en die verbetering van die doeltreffendheid van kragstasies wat nie presteer nie.
President Cyril Ramaphosa sê die Phala Phala-kwessie was nooit op die agenda van die besprekings met Namibiese President Hage Geingob nie. Geingob het op 'n vergadering van die ANC se nasionale uitvoerende komitee 'n boodskap van steun oorgedra, as leier van Swapo in Namibië. Ramaphosa sê hulle het gepraat oor die Brics-spitsberaad in Augustus en die kwessie van die bywoning daarvan van die Russiese President Vladimir Putin.
Die Landbouwerkgewers-vereniging bied hul 35ste jaarlikse kongres op 6 Junie in Windhoek aan. Vanjaar se tema vir die kongres is geheime vir spanbou en die fokus is op die motivering en opleiding van plaaswerkers. Die president van die Namibiese Landbou-unie, Piet Gouws, is die openingspreker en Anette Steyn van Koës gaan die motivering van plaaswerkers bespreek. Danie van Vuuren, administratiewe bestuurder van die NLU gaan struikelblokke van die arbeidswet uitlig. Hy nooi boereverenings uit om die kongres by te woon.
Eskom is bekommerd oor die diefstal van steenkool, brandstofolie en diesel by sy kragstasies regoor die land. Die kragreus se verklaring volg ná die in hegtenisneming van twee Eskom-werknemers en 'n brandstofolie-vragmotorbestuurder, vir bedrog en oliediefstal by die Kendal-kragstasie in Ogies in Mpumalanga. Eskom se woordvoerder Daphne Mokwena sê die diefstal van swaar brandstofolie is 'n hoogs-georganiseerde misdaad en betrokke sindikate word verryk deur opbrengste uit onwettige handel in die gesteelde produkte.
Swapo-president Hage Geingob het Saterdag by die vieringe van Swapo se 63ste herdenking gesê die Popular Democratic Movement, voorheen bekend as die Democratic Turnhalle Alliance, die DTA, kan nie oor 'n bevrydende geskiedenis praat nie. Hy sê die opposisieparty behoort hom te skaam, want hulle het Namibië se onafhanklikheid vertraag. Talle Swapo-leiers het die vieringe op Grootfontein bygewoon, behalwe die party se adjunk-president, Netumbo Nandi-Ndaitwah, asook beide oud-presidente Sam Nujoma en Hifikepunye Pohamba. Geingob het Namibiërs aangemoedig om in volgende jaar se verkiesing vir die party se presidentskandidaat, Nandi-Ndaitwah, te stem.
'n Studie het aan die lig gebring tuberkulose kan tot vertraagde groei by kinders lei. Die navorsing wou bepaal wat die uitwerking van TB op kinders is. Meer as 1 000 kinders is vanaf geboorte tot die ouderdom van nege jaar gemonitor. Professor Heather Zar van die Universiteit van Kaapstad sê kinders wat TB in 'n vroeë stadium van hul lewens ontwikkel, ervaar gesondheidsprobleme tydens volwassenheid.
Reën-vooruitsigte lyk uitstekend vir Namibië. Volgens 'n weerwaak van die Meteorologiese Diens word matige tot swaar reënstorms môreaand in die Suidweste verwag. Verdere hewige storms sal Maandag op plekke in die streke van Erongo, Khomas, Hardap en Omaheke voorkom. Die bekende Namibiese weerkenner van Aranos, George van der Merwe is baie opgewonde oor die belowende weerstelsel.
Daar blyk geen einde te wees aan die brandstofsmokkelary uit Angola na die noorde van Namibië nie. Tom Alweendo, die minister van myne en energie, het gesê dit het erge gevolge vir brandstof-kleinhandelaars en dit is uitdagend om 'n oplossing te vind om die onwettige verkoop van brandstof uit Angola te stop. Die Angolese minister van energie het gesê hy sal help om brandstofsmokkelary te bekamp. Jafet Nakanue, 'n vulstasie-eienaar in die noorde van Namibië, sê aan Kosmos 94.1 Nuus die situasie vererger steeds.
Die Namibiese kabinet het die ministerie van internasionale betrekkinge en samewerking beveel om die regering van Botswana te versoek oor die repatriasie van persone van Namibiese afkoms uit die buurland. Hulle is afstammelinge van Namibiërs wat tydens die 1904-1908-volksmoord na Botswana gevlug het. Die kabinet het die ministeries wat lede van die repatriasie-komitee is, versoek om hierdie mense by Gam in die Tsumkwe-kiesafdeling te verwelkom en te hervestig. Hulle sal na verwagting die land binnekom deur die Dobe-grenspos naby die Gam-nedersetting. Hulle sal ook vir drie maande maatskaplike toelae ontvang. Mike Kavekotora, die president van die RDP sê aan Kosmos 94.1 Nuus dit is hoogtyd dat die afstammelinge terugkeer.
Die vakbonde NUM, Numsa en Solidariteit sê Eskom het hulle loonverhoging-eis van die hand gewys en bygevoeg die werksvoorwaardes moet dieselfde bly. Die kragvoorsiener het 'n aanbod van 'n 3,75-persent verhoging ter tafel gelê. Die 2023 Eskom-loononderhandelings het in Johannesburg begin en strek oor drie rondes tot die einde van Mei. Die woordvoerder van Numsa, Phakamile Hlubi-Majola, sê al drie vakbonde het Eskom se aanbod van 3,75 persent verwerp omdat dit onder die inflasiekoers van 7,1 persent is.
Kosmos 94.1 se Copps 94.1 teenmisdaad-realiteitsprogram het 'n aand vol drama gehad met gesinsgeweld en dronkbestuur. Copps 94.1 was Vrydagaand regstreeks op die lug met ons borge G4S Namibia, JAC van M&Z Motors, Minet Namibia Insurance Brokers, LifeLink Emergency Services, Cema Drilling and Compressors, ITR Namibia Earthmoving Equipment en Engen Eureka Service Station. Francois Lottering was op grondvlak in die hoofstad.
Volgens die uitvoerende direkteur in die Namibiese gesondheidsministerie, Ben Nangombe, is die Afrika-streek vry verklaar van alle soorte wilde polio in 2020 na sowat vyf jaar van geen rekord in die streek nie. In November 2021 het die streek egter 'n nege gevalle van wilde polio tipe 1 in Malawi en Mosambiek bevestig met 'n skakel na Pakistan wat endemies bly. Onlangs was daar polio-virusse in Botswana bevestig. Nangombe maan dat niemand veilig is totdat polio in alle wêrelddele uitgeroei word nie.
Die Grootfontein-boerevereniging gaan gróót vanjaar met hul AgriXtra. ‘n Perde-, bees, en kleinvee-skou word tydens vanjaar se AgriXtra van 24 tot 26 Mei by die Grootfontein-skouterrein aangebied. Janine Louw sê die kleinvee-skou is vir beide opkomende en ervare kleinvee-telers, geregistreer of nie. Ander items op die program sluit in 'n vleisdag deur Grootfontein-boerevereniging, verskeie landbousprekers, jong boere wat hul idees en visie deel, asook vermaak vir oud en jonk.
AfriForum gaan 'n regsmening inwin oor sy volgende stappe nadat die Appèlhof in Bloemfontein 'n uitspraak bekragtig het dat die openlike vertoon van die ou Suid-Afrikaanse vlag haatspraak is, ook in privaatheid. Die organisasie verduidelik sy standpunt oor die aangeleentheid beteken nie dat hy die vertoon van die vlag ondersteun of nie ware haatspraak teenstaan nie. ʼn Woordvoerder van AfriForum, Ernst van Zyl, voer aan die wet moet nie ingespan word om mense te beskerm omdat hulle gekrenk voel nie.
Namibië is die jongste land wat by die Chartered Institute of Logistics and Transport aangesluit het. Die internasionale liggaam verteenwoordig individue en organisasies betrokke by die voorsieningsketting, logistiek en vervoer in meer as 30 lande. By die bekendstelling van die Namibiese instituut, het die adjunk uitvoerende direkteur in die ministerie van werke en vervoer, Joyce Mukubi gesê die land is daarop ingestel om teen 2025 'n internasionale logistieke spilpunt vir die SAOG-streek te word. Sy sê daar word beplan om Namibië se aandeel in die transito-verkeer na die buurlande van die huidige 12 persent tot 20 persent in 2026 te verhoog. Die Namibiese voorsitter van die instituut, Prisca Mayumbelo het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat...
Die Nasionale Vervolgingsgesag oorweeg dit om te appelleer teen die hooggeregshof in Bloemfontein se uitspraak in die saak teen Nulane, wat aan die Guptas gekoppel is. Bedrog van 24,9 miljoen Suid-Afrikaanse rand met beleggings en geldwassery is ter sake. Een beskuldigde is vrygespreek en die ander ontslaan toe die hof bevind het daar is geen bewyse van die misdryf nie. Advokaat Andrea Johnson van die NVG se Ondersoekdirektoraat sê hulle bestudeer die uitspraak en bly daartoe verbind om diegene wat verantwoordelik is vir staatskaping en korrupsie te vervolg.
Sedert 'n ambulans in 2015 deur Seaflower aan die klein gemeenskap van Aus in die Suide geskenk is, het die regering dit na Lüderitz verskuif. In geval van ongelukke, neem nooddienste nou ure om Aus te bereik. Ná Donderdag se noodlottige treinongeluk tussen Aus en Lüderitz, is die noodsaaklikheid van ambulansdienste in afgeleë landelike gebiede weer eens beklemtoon. Namibian Marshal Ranger Sean Naude het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.
Tydens Namibiese President Hage Geingob se staatsbesoek aan Suid-Afrika het die twee lande meer as 100 bilaterale ooreenkomste onderteken wat 'n wye verskeidenheid sektore insluit. Dit is die hoogste getal ooreenkomste wat Namibië met enige bilaterale vennoot ter wêreld gesluit het. Kosmos 94.1 Nuus het met die Namibiese politieke ontleder, dr. Phanuel Kaapama, gepraat om te vra of hierdie soort ooreenkomste ooit geïmplementeer word en of dit net gesprekke is...
Sokker: Arsenal speel vanaand tuis teen die laaste span op die punteleer, Southampton, in sy veldtog om die eerste keer sedert 2004 die Premierliga te wen. Mikel Arteta se span het die afgelope twee weke in twee wegwedstryde ʼn voorsprong van twee-nul verspil en gelykop gespeel. Dit het Manchester City laat naderkruip tot net vier punte agter die Gunners met ʼn ekstra wedstryd om te speel. Volgens Arteta is hulle egter in ʼn sterk posisie met nog sewe wedstryde oor.
Die Menseregtekommissie in die buurland is bekommerd oor die toenemende aantal dade van intimidasie wat op sosiale media versprei word en burgerlike organisasies bedreig. Die organisasies word geteiken omdat hulle uit hul pad gaan om menseregte-skendings van die kwesbaarste mense te beskerm. Die kommissie se woordvoerder, Wisani Baloyi, sê daar moet beklemtoon word burgerlike organisasies speel saam met Hoofstuk Nege-instellings 'n uiters belangrike rol as waghonde van die Suid-Afrikaanse demokratiese bedeling.
Die Universiteit van Namibië is 16de onder die top-100 universiteite in Afrika gelyk volgens die jongste vrygestelde 2023 Times Hoër Onderwys Wêreld-universiteits-ranglys. Die ranglys sluit 1 799 universiteite uit 104 lande en streke in. Unam is vir die eerste keer op die ranglys, asook ander Afrika universiteite van Mauritius, Mosambiek, Zambië en Zimbabwe. Die drie top-universiteit is in Suid-Afrika, naamlik Universiteit van Kaapstad, gevolg deur Stellenbosch Universiteit en Universiteit van die Witwatersrand. Simon Namesho, Unam se woordvoerder deel hul trots met Kosmos 94.1 Nuus...
Die KwaZulu-Natalse polisie het ‘n verdagte aangekeer en ‘n tweede een doodgeskiet na verlede nag se bloedbad in Pietermaritzburg. Dit was die tweede soortgelyke voorval in die provinsie dié week. Polisieverslae dui daarop dat aanvallers die huis binnegegaan en 10 familielede doodgeskiet het, waaronder ‘n tiener. Die minister van polisie, Bheki Cele, en die nasionale polisiekommissaris, Fannie Masemola, het die toneel vandag besoek. Cele het die polisie geloof vir die blitsige deurbraak.
Net soos in Namibië, waarsku kenners Suid-Afrikaners om versigtig te wees en om nie net enige plaagdoder wat hulle op straat of aanlyn koop, in hul huise te gebruik nie. Met die uitbreking van 'n kakkerlak-plaag, grootliks gedryf deur "Duitse kokkerotte", in veral die Wes-Kaap en Gauteng, is daar ook 'n drastiese toename in die gebruik van onveilige en onbekende plaagdoders opgemerk. Owerhede waarsku dat dié ongeregistreerde plaagdoders gevaarlik is en meer skade as goed kan doen. Kosmos 94.1 Nuus se korrespondent in Kaapstad, Fritz Platt...
TransNamib het bevestig daar is nie ‘n derde sterfgeval na die treinongeluk naby Aus nie, soos op sosiale media beweer word nie. Daar was vier personeellede aan boord, met twee wat gesterf het en die twee oorlewendes wat in ‘n stabiele toestand is. Abigail Raubenheimer, woordvoerder van TransNamib gee die jongste in verband aan Kosmos 94.1 Nuus.
Rugby: Die laaste ronde van die liga-bepalings in die Verenigde Rugby-kampioenskap het aangebreek. Munster, Connacht en die Bulle het verlede naweek by die verdedigende kampioen, die Stormers, Leinster, Ulster en Glasgow Warriors aangesluit deur vir die laaste agt te kwalifiseer. Die Haaie kan nog die uitspeel-rondes haal, maar het ʼn moeilike wedstryd teen Munster. Die Stormers is vanaand gasheer vir Benetton in Stellenbosch. Die tuisspan se kaptein, Steven Kitshoff, sê hulle wil momentum opbou voor die kwarteindronde.
Grond is 'n kritieke vereiste om armoede aan te spreek en sosiale en ekonomiese vooruitgang te bewerkstellig. Baie Namibiërs het steeds nie toegang tot grond of besit 'n stuk grond vir residensiële of besigheidsdoeleindes nie. Bekostigbaarheid bly egter 'n uitdaging, die meeste mense kan net huise of grond in die prysklas tussen 80 000 en 200 000 Namibiese dollar bekostig. Kosmos 94.1 Nuus het met James Uerikua, goewerneur van die Otjozondjupa-streek, gepraat, wat 'n beroep op plaaslike owerhede doen om grond beskikbaar te stel deur die versnelde grondlewerings-program. Uerikua sê munisipaliteite mis dikwels die punt deur inkomste-genererende ontwikkelingsprojekte te skep, wat grond vir die meerderheid onbekostigbaar maak.
Die Besigheids- en Intellektuele Eiendoms-owerheid, Bipa, vier vanjaar Wêreld Intellektuele Eiendoms-dag op 26 April op Otjiwarongo. Bipa sal twee daagse opleiding aan vroulike entrepreneurs koördineer en organiseer. Vanjaar se tema gefokus op vroue. Hierdie projek sal as 'n platform dien om te verseker dat vroue erken word as die skeppers van spesifieke innovasies, literêre en artistieke werke, ontwerpe en sagteware. Ainna Kaundu, uitvoerende direkteur van die intellektuele eiendom se registrasiedienste deel die belangrikheid van dié dag met Kosmos 94.1 Nuus
Daar is druk op die ANC-regering, nes op die Swapo-regering, om die basiese inkomstetoelaag in te stel. Die koalisie wat plaaslik daarvoor druk, sê navorsing toon dat dit armoede verlig en dat die geld verantwoordelik bestee word. Kosmos 94.1 Nuus het by die ombudsman Basilius Dyakugha aangeklop oor die saak en hy meen dat terwyl daar nie op die oomblik genoegsame inligting daaroor is nie, behoort die kwessie bespreek te word omdat enige verligting aan armoede broodnodig is in die land.
Reaksie word ontvang op die berigte dat daar geen voertuie is om inwoners van die Ehirovipuka-bewaringsgebied van droogtehulp-voedsel te voorsien nie. Die kospakkies, wat uit vier sakke 12-kilogram pap, en soppakkies bestaan, moet op Opuwo afgehaal word, wat 200 Namibiese dollar eenrigting kos. Kosmos 94.1 Nuus het met eerste minister dr. Saara Kuugongelwa Amadhila oor die kwessie gepraat. Sy was geskok en het vroeër die week onderneem om ondersoek in te stel en terug te rapporteer aan die nuuskamer, maar dit het nog nie gebeur nie. Die PDM se sekretaris-generaal Manuel Ngaringombe, sê daar moet onmiddellik ingegryp word.
Legacy of Love sal die Le Dar-avontuur 2023 van 19 tot 21 Mei aanbied. Alle fondse sal die berading en toevlugsoorde wees vir traumabehandeling vir diegene wat geliefdes verloor het. Die fooie vir ‘n solo-rit beloop 2 500 Namibiese dollar, met ‘n koste van 4 000 dollar vir ‘n twee-manspan en 6 000 dollar vir ‘n drie-manspan. Die avontuur begin by Kapps Farm tot by N/a'an ku sê, en dan tot Steinhausen, Gobabis, en Dordabis tot die eindpunt by Auas Game Lodge. Kosmos 94.1 Nuus het met Sybrand de Beer van Legacy of Love gesels.
Die Vodacom Bulle sal desperaat wees wanneer hulle die naweek kragte met Leinster op Loftus Versfeld meet. Die span het die laaste twee wedstryde op hul tuisveld verloor en die een sal bepaal of hulle aan die onderkant van die top-agt bly en of hulle 'n groot sprong so ver op as 'n vyfde plek behaal vir 'n makliker uitspeelplek. Hulle sal hulle egter regmaak vir 'n strawwe aanslag van Leinster, wat hul veggees tot die eindfluitjie verlede week teen die Emirates Lions getoon het. Die president van die Bulle, Willem Strauss het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.
Die lang waglyste in die Britse gesondheidsdiens, veral met kankerpasiënte wat tot ses maande wag voor hulle behandeling kan begin, is in die nuus in daardie land. Brittanje gaan op die oomblik gebuk onder verskeie uitdagings waarvan ekonomiese groei, herhaalde arbeidsonrus en meer, deel vorm. Die Tory-premier Rishi Sunak het in die parlement deurgeloop onder kritiek deur die opposisieleier, Sir Keir Starmer van die Arbeidersparty.
Beamptes van die handelsministeries van lidlande van Suider-Afrikaanse Doeane-unie, Sacu, sal hul strategiese vergadering op 24 April onder leiding van die koninkryk van Eswatini se handelsminister Siboniso Mkambule in Windhoek bywoon. Handels-ontwikkeling- en riglyne oor die implementering van ooreenkomste en beleidsverwante kwessies sal onder meer bespreek word. Die beleids- en navorsingsbeampte by die Sacu-sekretariaat, Benjamin Katjipuka sê aan Kosmos 94.1 Nuus wat op die agenda is...
Krieket Namibië is opgewonde oor die Capricorn Eagles se deelname aan die vierhoekige T20 Internasionale vroue-toernooi. Dit word in samewerking met Capricorn-groep vanaf 24 April tot 2 Mei by die United-krieketvelde in Windhoek aangebied. Die vierhoekige toernooi sluit in Hongkong, die Verenigde Arabiese Emirate en Uganda wat teen die Namibiese nasionale vrouespan sal meeding, wat bekend staan as die Capricorn Eagles. Die skakelbeampte van Krieket Namibië, Natalia Naujoma het Kosmos 94.1 Nuus gesels...
‘n Tweede sterfgeval is na die treinongeluk naby Aus bevestig na die man onder die puin gevind is. Daar was vier personeel aan boord volgens Abigail Raubenheimer, woordvoerder van TransNamib. Sy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor die jongste.
Die burgemeester van die Stad Tshwane, Cilliers Brink, sê die stad sal voortgaan met sy veldtog om geld in te samel deur die dienste van agterstallige kliënte regoor die stad te beëindig. Die multidisiplinêre span wat toesien dat inwoners munisipale regulasies nakom het dié dienste in die Pretoriase middestad afgeskakel. Volgens Brink het dit ingesluit kliënte in 'n wolkekrabber waar die eienaar van die gebou die stad meer as 2 miljoen Suid-Afrikaanse rand skuld. Die krag na twee residensiële eiendomme is ook afgesny waar die eienaars die stad meer as 5 miljoen skuld:
Die hoërhof in Limpopo het 'n 28-jarige man twee lewenslange vonnisse gevangenisstraf opgelê vir die moord op 'n boer en plaaswerkers van Bela-Bela. Lazarus Justice Mohapi is drie dae ná die aanval op die boer Simon Malebane en sy werknemer Daniel Leburu op Malemane se plaas by Radium in hegtenis geneem. 'n Polisiewoordvoerder, Malesela Ledwaba, sê Mohapi is skuldig bevind op twee aanklagte van moord, sameswering tot roof en die onwettige besit van 'n vuurwapen:
Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, het 'n beroep op strydende partye in Soedan gedoen om minstens drie dae lank 'n skietstilstand te handhaaf. Dit sal burgerlikes wat in konflikgebiede vasgekeer is, in staat stel om mediese hulp, kos en ander noodsaaklike voorrade te kry. Meer as 300 mense is dood sedert gevegte tussen die weermag en 'n paramilitêre groep, die Rapid Support Forces, uitgebreek het. Twee vorige pogings om 'n skietstilstand te bewerkstellig, het misluk. Guterres sê die doelwit is 'n permanente skietstilstand:
Suid-Afrikaanse adjunkpresident Paul Mashatile, sê die ANC-regering erken skuldverligting alleen sal nie vir Eskom finansiële volhoubaarheid besorg nie. Die regering werk saam met munisipaliteite om hulle te help om eskalerende rekenings te betaal. Munisipaliteite skuld Eskom meer as 56,3-miljard-rand. Mashatile sê die regering het 'n skuldverligtingspakket vir Eskom ingestel wat bedoel is om die maatskappy se balansstaat te verbeter, terwyl daar ook voorgestel word dat dit sommige van die munisipaliteite se skuld onder die leiding van die Tesourie en streng voorwaardes afskryf:
ActionSA se leier, Herman Mashaba, sê in die Suid-Afrikaanse werklikheid is daar 'n sterk verband tussen ras en maatskaplik-ekonomiese geleenthede. Hy het by die party se baanbrekende beleidsproses se bekendstelling in Johannesburg gepraat in aanloop tot die eerste beleidskonferensie in September. Mashaba sê vir ActionSA beteken geen rassisme nie kleurblindheid nie, maar 'n aanvaarding dat almal aktief moet saamwerk om 'n samelewing te bou waar ras nie 'n individu se geleenthede beïnvloed nie:
Die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente in Suid-Afrika sê hy het alles in sy vermoë gedoen om skuiwergate in sy stelsels toe te stop. Dit volg ná 'n verslag van die Spesiale Ondersoekeenheid, wat onthul 5 miljard Suid-Afrikaanse rand is tussen 2018 en 2021 aan duisende nie-kwalifiserende studente betaal. Die skema se raadsvoorsitter, Ernest Khoza, sê sedertdien is baie werk gedoen om die kwessie op te los rondom studente wat die stelsel bedrieg. Hy sê die verslag weerspieël nie die huidige stand van die organisasie nie:
Manchester United is uit die Europa-liga ná die span se nederlaag teen Sevilla in die tweede been van die kwarteindronde in Spanje. Die sesmalige kampioene het drie onbeantwoorde doele behaal - twee daarvan regstreeks weens foute wat United gemaak het - en met 'n totaal van vyf-twee geseëvier. Sevilla kom in die halfeindronde teen Juventus te staan wat Sporting Lisbon twee-een verslaan het in hulle kwarteind-kragmeting. United se bestuurder, Erik ten Hag, sê sy span se vertoning is onaanvaarbaar:
‘n Kouefront sal vandag aansienlike daling in temperature oor die binneland tot gevolg hê, volgens die Metereologiese Diens. Swaar reënstorms word in die Noorde verwag, en sal ook vanaf Sondagaand en Maandag in die Suide en dele oor die sentrale gebied voorkom. Odilo Kgobetsi, die hooftegnikus by die diens gesels met Kosmos 94.1 Nuus oor die weervooruitsigte...
‘n Namibiese ekonomiese kenner stem saam dat korrupsie in die Suid-Afrikaanse landbou-bedryf rakende grondhervorming, nes in Namibië, groei in die sektor belemmer. Sy reaksie volg op Farmers United South Africa se president, Ronnie McKenzie, wat sê grond word aan onbevoegde mense gegee terwyl boere oor die hoof gesien word. Kosmos 94.1 Nuus het met dr. Omu Kakujaha-Matundu van die departement ekonomie van die Universiteit van Namibië gepraat oor die algehele impak daarvan op landbou-produktiwiteit.
Rusland het skerp gereageer op die besoek van die sektretaris-generaal van Navo, Jens Stoltenberg aan die Oekraïne. Stoltenberg het President Volodymyr Zelensky besoek en weer beklemtoon dat die land by Navo moet, en sal aansluit.
Die DA sê hy sal Suid-Afrikaners se toenemende lewenskoste teenstaan. Die party se leier, John Steenhuisen, het gereageer op die verhoging van 14 persent in voedselpryse en sê dit beteken 'n katastrofe vir miljoene honger burgers. Hy doen 'n beroep op die regering om die lys van BTW-vrye voedsel uit te brei, brandstofheffings te verlaag en sonkragbelasting-kortings te verhoog:
President Hage Geingob en sy Suid-Afrikaanse ampsgenoot Cyril Ramaphosa , doen 'n beroep vir 'n skietstilstand in Sudan. Hulle het die oproep gemaak tydens Geingob se staatsbesoek aan die buurland. Bloedige gevegte en botsings tussen die Sudanse weermag en die magte van die Rapid Response Force duur nou reeds ses dae. Die twee leiers het die geweld veroordeel, wat reeds tot die dood van 300 mense gelei het terwyl meer as 3 000 beseer is. Ramaphosa het die konflik as onnodig beskryf:
Die voormalige Springbok Ryan Kankowski sê hy is optimisties oor die toekoms van die nasionale span. Dit volg op die aankondiging dat die Bok-afrigter, Jacques Nienaber, ná vanjaar se Wêreldbeker-toernooi gaan uittree. Hy sal hom by die Ierse reus Leinster aansluit. Kankowski sê hy dink nie die tydsberekening van Nienaber se aankondiging sal die Springbokke se Wêreldbeker-voorbereiding belemmer nie. Hy sê 'n nuwe afrigter kan opwindend wees vir die span:
Die Namibiese toerisme-sektor lyk steeds belowend en gereed vir verdere groei in 2023. Die aantal buitelandse aankomste was gemiddeld 11 431 per maand gedurende die eerste twee maande van 2023, vergeleke met 'n maandelikse gemiddelde van 5 223 in die eerste twee maande van 2022. Buitelandse aankomste het op ‘n jaar-grondslag met 107 persent in Februarie 2023 toegeneem, volgens Simonis Storm se jongste toerisme-verslag. Buitelandse aankomste in die afgelope 12 maande maak ongeveer 82 persent van pre-pandemiese vlakke uit, terwyl streeks-aankomste ongeveer 79 persent van pre-pandemiese vlakke bereik het. Die uitvoerende hoof van die Gasvryheidsvereniging van Namibië, Gitta Paetzhold, deel haar opgewondenheid met Kosmos 94.1 Nuus.
Tydens die Pandemiefonds-konvensie wat vandag in Windhoek gehou is, het die adjunkminister van gesondheid, dr. Esther Muinjangue, gesê Namibië is een van die kwalifiserende lande wat geoormerk is vir die Wêreldbank se Pandemiefonds se leningsaansoek. Die Pandemiefonds, wat in 2022 gestig is met die goedkeuring van die Wêreldbank se raad van direkteure, het ten doel om lande se pogings in pandemie-voorkoming, paraatheid en reaksie finansieel te ondersteun.
Sommige KwaZulu-Natalse skole moes dié week noodgedwonge onderrig opskort ná kos, wat deur die nasionale departement van onderwys se skoolvoedings-program versprei word, nie by skole afgelewer is nie. Volgens die departement is die voedseltekorte veroorsaak na die provinsiale onderwys-departement van verskaffers verander het. Kosmos 94.1 Nuus se korrespondent in Kaapstad, Fritz Platt, deel meer...
Beplanning het begin om samewerking met handel en beleggings tussen Namibië en Suid-Afrika te verstewig. Dit volg na die ondertekening van nuwe ooreenkomste om die formele omvang van samewerking tussen die twee lande uit te brei. President Cyril Ramaphosa was tydens sy staatsbesoek die gasheer vir sy Namibiese eweknie, President Hage Geingob. Ramaphosa sê hy is verheug dat noemenswaardige vordering gemaak is op verskeie terreine van samewerking tussen die twee lande.
Sokker: Manchester United kom vanaand in Spanje in die tweede been van die kwarteindstryd van die Europa-liga teen Seville te staan. Die kragmeting is delikaat gebalanseer nadat United laat in die eerste wedstryd op Old Trafford twee doele afgestaan het. United verwag ʼn vyandige ontvangs, maar bestuurder, Erik ten Hag, sê sy span moet daardie energie reg aanwend.
Met die dreigende droogte-situasie as gevolg van te min en sporadiese reënval wat in Namibië ontvang word, is die kantoor van eerste minister deur die kabinet opdrag gegee om die droogtehulp-program in die Kunene-streek en dele van Erongo-streek en Omusati-streek van 1 April 2023 tot 30 Mei 2024, te verleng. Die program beloop 121 miljoen Namibiese dollar. Dit is vandag deur die inligtingsminister Peya Mushelenga, gesê tydens die aankondiging van die kabinetsbeslissings.
Die ministerie van stedelike en landelike ontwikkeling sê dat die Huurbeheer-wetsontwerp tans deur 'n aangewese span kundiges opgestel word. Die ministerie sê die finale konsep sal na verwagting voor die einde van die 2023-2024-boekjaar gedoen word. Sedert die aankondiging van die Huurbeheer-raad teen die einde van 2018, was die liggaam onaktief en is dit van die handelsministerie na die ministerie van stedelike en landelike ontwikkeling geskuif. Talle verhuurders van eiendomme in Namibië volg nie die regte prosedure met huur-deposito's nie. Die Huur-ordinans van 1977 is steeds van krag. Volgens wet, wanneer 'n huurder hul deposito betaal, moet slegs 50 persent van die deposito geneem word en nie 100 persent wat die meeste verhuurders vereis nie. Wanneer die huurder uittrek, is die deposito van 50 persent veronderstel om met rente teruggegee te word omdat dit belê moet word. Affirmative Repositioning se hoof van administrasie, Tuhafeni Hangula het sy reaksie aan Kosmos 94.1 Nuus gegee...
Die vakbondfederasie Saftu verwelkom Duitse owerhede se aansoek om 'n lasbrief vir die inhegtenisneming van die voormalige uitvoerende hoof van Steinhoff, Markus Jooste, wat versuim het om in die hof te verskyn weens rekeningkundige bedrog. Die skandaal het gelei tot aansienlike verliese vir aandeelhouers, insluitend die Pensioenfonds vir Staatsamptenare en die Openbare Beleggingskorporasie, wat miljarde belê het. Saftu se woordvoerder, Trevor Shaku, sê die Steinhoff-korrupsiesaak beklemtoon die tekortkominge van kapitalisme en die voorkoms van onwettige kontantvloei.
Die eThekwini-metro in KwaZulu-Natal verwelkom 'n beslissing deur die streekshof op Scottburgh om die papier- en pulp-maatskappy, Sappi, met 'n reuse 8 miljoen Suid-Afrikaanse rand te beboet vir lugbesoedeling deur die oormatige vrystelling van swaweldioksied. Die stad sê die uitlaatgasse het 'n negatiewe uitwerking op die omgewing en menslike gesondheid en hulle monitor dit noukeurig. Die woordvoerder, Lindiwe Khuzwayo, sê die rol van die omgewingsgesondheid-span is om te verseker daar word voldoen aan die uitgereikte lisensies vir atmosferiese uitlatings.
Namibië se bloukraanvoël-bevolking is meer bedreig as die ikoniese swartrenoster. Die aantal bloukraanvoëls het tot ongeveer 19 voëls afgeneem, volgens die syfers van die April 2023-telling. Daar word vermoed dat mense bloukraanvoëls noord van die Etosha Nasionale Park vir die pot skiet, aangesien hulle glo baie ander beskermde voëlspesies daar doodmaak, insluitend flaminke en neushoringvoëls. Die verskil tussen die bloukraanvoël en swartrenoster is dat bloukraanvoëls, hoewel minder, slegs as 'n beskermde spesie gelys word en die swartrenoster as 'n spesiale beskermde spesie. Kosmos 94.1 Nuus het met omgewingsjoernalis Dirk Heinrich gesels wat aan die tellingproses deelgeneem het...
Die Organisasie teen Belastingmisbruik, Outa, het beswaar gemaak teen die Nasionale Tesourie se voorstel om Eskom vir drie jaar vry te stel van die bekendmaking van onreëlmatige, vrugtelose en verkwistende uitgawes in sy jaarstate. Die kennisgewing in die Staatskoerant wat die vrystelling verleen, is ná openbare besware teruggetrek en vervang met 'n oproep om kommentaar oor 'n voorgestelde vrystelling. Die organisasie voer aan die vrystelling sal onreëlmatige uitgawes vererger en Eskom se kontantvloei knou. Wayne Duvenage van Outa waarsku ook dat die vrystelling 'n gevaarlike presedent vir ander instellings en munisipaliteite kan skep.
Die Wes-Kaapse toerisme-, handel- en beleggingsbevorderings-agentskap, Wesgro, sê hy kon reeds tot op datum, meer as 4 miljard Suid-Afrikaanse rand se nuwe direkte belegging na die provinsie lok. Die beleggings sal na verwagting meer as 1 500 werksgeleenthede in verskeie van die Wes-Kaap se grootste ekonomiese sektore skep. Fritz Platt, Kosmos 94.1 Nuus se korrespondent in Kaapstad...
Die sesde beskuldigde in die Thabo Bester-saak het vandag in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn. Die werknemer van die sekuriteitsmaatskappy, Motanyane Masukele, is aangekla van regsverydeling en omdat hy Bester bygestaan het met sy ontsnapping. Volgens berigte was hy 'n veiligheidswag by die Mangaung-korrektiewe-sentrum toe die ontsnapping plaasgevind het. Die Nasionale Vervolgingsgesag se woordvoerder in die Vrystaat, Phaladi Shuping, sê die saak is tot vroeg volgende maand uitgestel.
'n Moderne terapeutiese speelterrein ter waarde van 12,6 miljoen Suid-Afrikaanse rand is by die Rooikruis-kinderhospitaal in Kaapstad geopen. Die terrein is ontwerp om voorsiening te maak vir kinders met ernstige gestremdhede en is die eerste van vier wat vir die hospitaal beplan word. Die Kinderhospitaal-trust het gehelp om die befondsing vir die projek te verskaf. Volgens die trust se uitvoerende hoof, Chantel Cooper, het hierdie projek ten doel om die ontwikkeling van motoriese vaardighede, koördinasie en balans aan te moedig in kinders wat met gestremdhede leef.
ActionSA in Gauteng sê hy maak beswaar teen die afskuwelike optrede van die ANC en sy raadslid in Diepsloot, Johannesburg, omdat hulle aktief en gewelddadig probeer het om pogings te ontwrig met die opknapping van die Itirele-Zenzele Comprehensive School. Die skool is reeds lank onderworpe aan opsetlike beskadiging, wanadministrasie, wanbestuur en 'n gebrek aan leierskap. 'n ActionSA-lid, Angela Sobey, sê die skool is oorbeset en daar is 'n gebrek aan noodsaaklike hulpbronne soos lessenaars, stoele en ander skoolinfrastruktuur:
President Hage Geingob en sy hoëvlak afvaardiging is in Suid-Afrika op ‘n drie-daagse amptelike besoek aan die buurland. Die twee lande sal verskeie kwessies bespreek, insluitend die Oranjerivier-grenskwessie, asook die Suider-Afrikaanse Doeane-unie. Handels- en beleggingsgeleenthede en potensiële van samewerking op die gebied van energie sal geïdentifiseer word die klem op die groenwaterstof-, olie- en gassektore. Geingob het vandag, by die amptelike opening van die samesprekings, oor die goeie verhouding tussen die twee lande gepraat.
Veediefstal in Namibië is steeds 'n probleem en die Suide is geen uitsondering nie. Volgens Christiaan Swartbooi, die boereverenigingverteenwoordiger by Maltahöhe sê die uitdagings is groot. Hy voeg by dat daar ‘n tekort aan voertuie is.
Die onttrekking van Namibië in sy gesamentlike bod met Botswana om die 2027-Afcon-toernooi aan te bied het wyd reaksie uitgelok. Sommige menings is dat droogte nie die skuld kan kry nie omdat Namibië in elk geval nie 4,8 miljard Namibiese dollar het om te bestee op enigiets nie, terwyl ander sê dit was in die eerste instansie ‘n fout om die poging so ver te neem omdat daar nou vir die oudits betaal moet word. Sport bly een van die belangrikste elemente vir veral kinders in armer lande om ‘n geleentheid gegun te word maar nou wil dit voorkom asof die plaaslike stadions ook nie opgeknap sal word nie en dus, suip sport, en veral sokker, weer aan die agterspeen. Kosmos 94.1 Nuus het met jeugaktivis George Kambala oor die treurige stand van sake gesels.
Pensioenarisse en kwesbare kinders sal nog moet wag terwyl die Nasionale Raad steeds die begroting bespreek. Die Nasionale Vergadering moet eers die begroting bekragtig voor verhogings in die toelae in werking kan tree, maar die huis het dit na die raad verwys. Na die raad sy proses voltooi word, sal dit terug verwys word na die parlement, soos parlementêre woordvoerder Rafael Hangula verduidelik.
Die Rossmund-eiendom is nie verkoop nie. Die hoof uitvoerende beampte van die Ontwikkelingsbank van Namibië Martin Inkumbi sê die aanbiedinge wat ontvang is, is nie in lyn met die bepalings van die reël 108 beveel nie en dus, kon geen bod op die veiling toegestaan word nie. Die bank het die hoërhof vir die bevel gevra as gevolg an uitstaande skuld. Inkumbi het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Die Amerikaanse Pepfar-program teen MIV en vigs het groot suksesse in Namibië behaal. Meer as 1,1 miljard Amerikaanse dollar is sedert 2003 in die land op die bekamping van die siekte bestee met verskeie ingrypings wat gemaak is. Maar, befondsing vir die program is in gedrang in die VSA. Die Britse sanger, Sir Elton John het voor die Amerikaanse Senaat-komitee verskyn in ‘n poging om befondsing vir die program te behou. Hy sê stigma is die grootste probleem maar, dat geleenthede vir die jeug, om gesondheidsorg na hulle te neem, uiters belangrik is.
SANParke het bevestig die opknapping van toerismegeriewe in die ikoniese Kruger-wildtuin is aan die gang. Die projek is in Mei verlede jaar aangekondig, het in Julie begin en sal drie jaar duur. Dit word gefinansier met fondse wat die Departement van Bosbou, Visserye en die Omgewing bewillig het. SANParke se woordvoerder, Isaac Phaahla, sê die opknapping van die winkel in Letaba wat in 'n brand beskadig is, is 60-persent voltooi en dit behoort teen Julie vanjaar weer in bedryf te wees:
Die vierde jaarlikse #SlutShameWalk! vind op 22 April in Windhoek en 29 April in Swakopmund plaas. Dit is nog 'n mylpaal vir die aktiviste en bondgenote van vrouebemagtiging in Namibië. Die beweging poog om vroue te bemagtig en die kultuur te stop om slagoffers van seksuele aanranding en verkragting te blameer. Dit is 'n internasionale beweging wat 'n einde vra aan patriargie en toksiese manlikheid wat vroue steeds moet verduur. Betogers beveg die verduideliking of verskoning van verkragting deur na enige aspek van 'n vrou se voorkoms te verwys. Kosmos 94.1 Nuus het met die maatskaplike aktivis, Linda Baumann, gepraat...
Die Britse opposisie, die Arbeidersparty, het ondersoek ingestel na kankerbehandeling in Brittanje. Die Nasionale Gesondheidsdiens in die land is onder erge druk. Volgens Liz Kendall van die party, wat party pasiënte meer as ses maande vir ‘n dringende verwysingsafspraak en ander, jare voor behandeling vir kanker kan begin en voltooi word.
Die Ovaherero Tradisionele Owerheid en die Nama Tradisionele Leiersvereniging bied op 22 April 'n Volksmoord-herdenkingsdag in Lüderitz by Shark-eiland aan. Shark-eiland was 'n konsentrasiekamp met ‘n massagraf van slagoffers van teregstelling deur Duitse Schutztruppe tussen 1904 en 1908. Kosmos 94.1 Nuus het met Sima Luipert, 'n lid van die tegniese komitee van die Nama Tradisionele Leiersvereniging gesels oor die herdenking.
ActionSA se leier, Herman Mashaba, gaan vandag die party se baanbrekerbeleids- en raadplegingsprosesse bekend stel, in aanloop tot volgende jaar se provinsiale en nasionale verkiesings. Die party se woordvoerder, Lerato Ngobeni, sê die party is in Augustus 2020 gestig om Suid-Afrika se koers te verander, deur 'n geloofwaardige alternatief te verskaf vir 'n gebroke politieke bestel, wat burgers reeds jare lank in die steek laat:
Die DA in Limpopo sê hy gaan 'n klagte by die Menseregtekommissie indien teen die Letaba-munisipaliteit se waarnemende bestuurder, Matome Lekhotha. Jacques Smalle van die party sê die klagte hou verband met Lekhotha se voortslepende onvermoë om die riool-lekplekke tussen huise in Mokgoba reg te maak. Hy sê hulle het rioolpype gevind wat óf verstop is óf lek en dreine wat oorloop:
Die DA in Gauteng sê dis ontstellend dat soveel hospitaalwerkers aangerand word terwyl hulle op diens is. Die LUR vir Gesondheid, Nomantu Nkomo-Ralehoko, het bekend gemaak dat 61 aanvalle op hospitaalpersoneel sedert die begin van die jaar aangemeld is. Die meeste is deur pasiënte met geestesversteurings uitgevoer. Jack Bloom van die DA sê sekuriteit moet opgeskerp word en fasiliteite vir pasiënte met geestesversteings moet by hospitale ingerig word om die gevaar van geweld teen personeel te verminder:
Manchester City het Bayern Munich met 'n gekombineerde telling van 4-1 verslaan en kom nou teen die verdedigende kampioene, Real Madrid te staan in die halfeindronde. City, wat 'n stewige 3-0 voorsprong na die eerste been gehad het, het effens gesukkel in Duitsland voordat Erling Haaland sy 48ste doel van die seisoen behaal het. Joshua Kimmich het in die 83ste minuut met 'n strafdoel vir Bayern geslaag, maar dit was nie genoeg nie en die wedstryd eindig met een elk. Spanbestuurder, Pep Guardiola, sê hy is tevrede om weer in die halfeindronde te wees:
TERUG: Intussen sal die twee Italiaanse spanne, Inter Milan en AC Milan, mekaar die stryd aansê nadat laasgenoemde Benfica met 'n gesamentlike telling van 5-3 afgeransel het.
Die GOOD Party doen 'n beroep op die regering om planne en tydraamwerke aan te kondig vir die bekendstelling van 'n basiese inkomste-toelaag. Dit volg nadat voedselpryse die afgelope jaar met gemiddeld 14 persent gestyg het. Die party se mediabestuurder, Janke Tolmay, sê President Cyril Ramaphosa het tydens sy staatsrede 'n geleentheid laat verbygaan om voorkeur te gee aan armoedeverligting en het ook nie die 350 Suid-Afrikaanse rand-toelaag verhoog nie:
Na die reënval en die vloede wat sommige streke in die noorde van Namibië geraak het, was daar kommer dat daar moontlike uitbrekings van malaria in daardie streke kan wees. Die voormalige gesondheidsminister dr. Bernard Haufiku verduidelik dat dit onwaarskynlik is vir 'n malaria-uitbreking omdat malaria normaalweg afkomstig is van waters wat lank gestaan het en nie vloeiende water soos dié van die efundja nie. Hy maan egter dat daar steeds voldoen moet word aan die algemene malaria-voorkomingsmaatreëls. Hy voeg by dat mense moet toelaat dat hul huise deur die gesondheidsministerie gespuit word soos nog altyd die norm was...
Die buurland se metaalwerkersvakbond, Numsa, sê hy veroordeel Eskom se bestuur omdat hulle gister op die eerste dag van die salarisonderhandelinge onprofessioneel was en vertragingstaktieke gebruik het. Die vakbond eis 'n salarisverhoging van 15 persent. Numsa se woordvoerder, Phakamile Hlubi-Majola, sê Eskom se bestuur het hulle swak gedra deur nie geskrewe voorleggings in te dien nie en valslik te beweer die meeste van die vakbond se eise moenie in die onderhandelingsforum gelug word nie:
Die klimaatsaktivis in Suid-Afrika Otsile Nkadimeng het ‘n beroep gedoen vir jongmense se insluiting in besluite oor klimaatsverandering. Hy vra die regering om seker te maak besluite wat geneem word laat nie die jeug met ‘n bleek toekoms nie. Nkadimeng het die jeug verteenwoordig op die Presidensiële Klimaatskommissie-gesprek oor Kragaanbevelings. Hy het die ANC-regering gestriem oor die trae vordering met klimaatsveranderings-besluite:
Farmers United South Africa sê korrupsie in die landboubedryf belemmer groei in die sektor en skaad boere. Die liggaam se president, Ronnie McKenzie, sê grond word aan onbevoegde mense gegee terwyl boere oor die hoof gesien word. Hy sê grond is aan baie mense gegee, maar korrupsie staan in die middel daarvan. McKenzie sê mense wat nie in staat is om die grond volhoudend te gebruik nie, kry voorkeur, wat weer die landbou-ekonomie raak:
Daar is net minder as 100 dae oor voor die Netbal-wêreldbeker in Kaapstad aangebied word. Sestien lande, insluitend Suid-Afrika, sal vir twee weke in Julie by die Kaapstad Internasionale Konferensiesentrum meeding. Die Namibiese Debmarine Desert Jewels het nie gekwalifiseer nie. Die burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekuriteit, JP Smith, sê as deel van Kaapstad se opbou na die Wêreldbeker, borg die stad die Straat-netbalprogram onder leiding van die Sporting Chance Development Foundation:
Jy het al gehoor van die Amerikaanse kultuur om bofbal-kaarte bymekaar te maak. Sommige kan baie waardevol raak en dit is ‘n baie gewilde stokperdjie in daardie land. Maar, daar’s ‘n nuwe kaart op die mark... digitale kuns van Donald Trump wat hom uitbeeld as verskeie helde... Te koop vir 99 Amerikaanse dollar stuk wat sekerlik deel vorm van sy fondsinsameling vir sy verkiesingsveldtog. Trump het dit self op sy Instagram-blad bekend gestel.
‘n Veteraan van Swapo sê die party staar uitdagings in die gesig. Swapo is 63 jaar terug gestig en het as vryheidsbeweging onafhanklikheid vir Namibië in 1990 saam met die Verenigde Nasies bewerkstellig. Swapo was vir dekades bekend as 'n party van omonbonde eenheid, maar in onlangse jare was die lede van die party egter in binnegevegte gewikkel, wat skade en onenigheid binne die party veroorsaak het. Kosmos 94.1 Nuus het met Nahas Angula, voormalige Namibiese premier gesels oor die huidige stand van die party.
Agrimark Trading in die buurland het sy weeklikse mielieverslag vir die week bekend gestel met die aankondiging dat die prys van geelmielies sowat 3 750 Suid-Afrikaanse rand per ton is en dat die totale mielie-oesskatting 563 000 ton meer as in 2022 is. Ian Collard, die hoof uitvoerende beampte van die NMI-groep, het aan Kosmos 94.1 Nuus verduidelik of die buurland se mieliepryse enige impak op Namibiese pryse sal hê.
Die Gautengse Gesondheidsdepartement doen stappe om veiligheid vir gesondheidsorgwerkers te verbeter na aanleiding van aanvalle in gesondheidsgeriewe. Daar was tussen Januarie verlede jaar tot nou 61 voorvalle, waarvan die meeste aan psigiatriese pasiënte toegeskryf word. Voorvalle het ingesluit personeellede wat gebyt, geslaan, beroof of aangerand is, en pasiënte wat verdoof, ingeperk of oorgeplaas is. 'n Woordvoerder, Motalatale Modiba, sê die departement is daartoe verbind om die aanvalle tot die minimum te beperk aangesien die veiligheid van personeel en pasiënte voorkeur kry:
Eskom het vroegoggend weer fase vyf-beurtkrag ingestel. Vanmiddag gaan dit na verwagting na fase ses opgeskuif word. Die kragvoorsiener se woordvoerder, Daphne Mokwena, sê die patroon sal die res van die week voortduur:
Amerikaanse President Joe Biden het uitgevaar teenoor wat hy as Make America Great Again Republikeine beskryf. Hy sê die party poog om oudpresident Donald Trump se belastingvoordele vir die rykste van die rykes te verleng en wil die Demokrate se programme vir maatskaplike ondersteuning sny... en Biden sê die speaker, Kevin McCarthy voeg dreigemente daarby.
Die Namibiese landbouministerie bied 'n twee daagse vergadering oor die Nasionale Anti-mikrobiese Aksieplan vanaf môre in die hoofstad aan. Dit word gedoen onder leiding van die direktoraat van veeartsenydienste in die ministerie. Die fokus is om bewustheid te skep oor die doeltreffende en verantwoordelike gebruik van antibiotika en om opleiding hieroor te verskaf. Die Lewendehawe Produsente-organisasie het ook bevestig hulle wil graag die doeltreffende gebruik van antibiotika deur veeprodusente bevorder. Die ministerie se woordvoerder, Jona Musheko het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê waarom die vergadering belangrik is.
Eskom verwelkom die Tesourie se besluit om finansiële steun vir die volgende drie jaar te onttrek. Die Tesourie het tydens ʼn voorlegging aan die parlement oor die Wetsontwerp oor Skuldverligting van die kragnutsmaatskappy, ʼn beroep op Eskom gedoen om sy huis in orde te kry en sy afgeleefde kragstasies met sy eie geld reg te ruk. Die tussentydse hoof finansiële beampte van die nutsmaatskappy, Martin Buys, sê die besluit is verwag en dit bied aan Eskom die geleentheid om beter te beplan.
Die People's Media Consortium sê ondanks die aankondiging van 'n nuwe raad van direkteure by die SABC wat te laat gebeur het, het President Cyril Ramaphosa 'n energieke span aangestel. Ramaphosa het vir Khathutshelo Ramukumba as voorsitter en Nomvuyiso Batyi as sy adjunk aangestel. Noemenswaardige toevoegings sluit in die voormalige tesourier van die EFF, Magdalene Moonsamy, en TV-gasheer, Mpho Tsedu. Die organisasie se woordvoerder, Hassan Logart, het gesê die lede sal moet bewys hulle kan as 'n span saamwerk.
Die leier van die amptelike opposisie, die Popular Democratic Movement, McHenry Venaani het sy reaksie op die repokoers-verhoging gee wat vandag deur die Bank van Namibië aangekondig is. Die repokoers is met 25 basispunte opgestoot vanaf 7 persent tot 7,25 persent. Venaani het op sy Twitter-blad gesê die verhoging van die repokoers om inflasie te beveg, blyk nie die regte resep te wees nie, aangesien dit verbruikers meer seermaak en beslagleggings verhoog. Kosmos 94.1 het met die PDM se skaduminister van finansies, Nico Smit, gepraat wat die party se standpunt gedeel.
Die Spesiale Ondersoek-eenheid van Suid Afrika sê hy is besig met 'n baie groot ondersoek na wydverspreide bedrog by die land se Nasionale Studente Finansiële Hulpskema. Die eenheid sê voorlopige ondersoeke het aan die lig gebring dat soveel as 5 miljard Suid-Afrikaanse se NSFAS-fondse aan studente, wat nie vir die studente-lenings gekwalifiseer het nie, uitbetaal is. Kosmos 94.1 Nuus se korrespondent in Kaapstad, Fritz Platt...
Die Dierebeskermings-vereniging in Windhoek samel eenvoudige alledaagse huishoudelike items in vir hul diere in hokke om mee te speel om te help om hul stres te verminder. Die DBV doen 'n beroep op die publiek vir leë toiletrolle, kombuis-handdoekrolle en eier-kartonhouers. Hulle benodig ook nog speelgoed vir die honde en katjies. Skenkings kan gedurende die week in besigheidsure by hul perseel afgelaai word, en Saterdae tot twaalf-uur. Sylvia Breitenstein, bedryfs-direkteur van die DBV het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat .
Die Popular Democratic Movement-parlementslid, Jennifer van den Heever het vandag in die Nasionale Vergadering bygedra tot die mosie om 'n omvattende ondersoek uit te voer na die prosedures wat die tendertoekennings-prosesse van die Sentrale Verkrygingsraad dikteer. Die mosie is ter tafel gelê deur die PDM se skaduminister van finansies Nico Smit. Openbare verkryging word met belastingbetalersgeld uitgevoer, maar ernstige bewerings en aanduidings van korrupsie in die raad het na vore gekom, wat tot ernstige kommer van die Namibiese publiek gelei het.
Die Wes-Kaapse regering, Stad Kaapstad en die Hanns Seidel-stigting het 'n nuwe projek van stapel gestuur om veiligheids-vennootskappe te verbeter. Die projek fokus op die versterking van data-gedrewe en bewysgebaseerde wetstoepassings-benaderings deur betroubare vennootskappe tussen wetstoepassingsagentskappe. Dit word deur die Duitse staat Bavaria befonds en sal tot Mei 2025 duur. Die premier, Alan Winde, sê die projek het ten doel om misdaad-brandpunte en maatskaplik-ekonomiese faktore wat misdaad aandryf, te identifiseer.
Die hooggeregshof in Johannesburg het uitspraak in die kinderseks-saak teen Gerhard Ackerman tot Maandag uitgestel. Die hof het die regter se ongesteldheid as rede vir die uitstel aangevoer. Ackerman het onskuldig gepleit op 740 aanklagte wat verband hou met die seksuele uitbuiting van jong seuns, insluitend seksuele voorbereiding, verkragting, poging tot moord, mensehandel en deur inkomste te verdien uit die seksuele uitbuiting van kinders. Die voorsitter van die National Children and Violence Trust, Thoko Mkhwanazi-Xaluva sê die beskerming van kinders moet ʼn top-prioriteit wees.
Die Namibiese toerisme-sektor is besig om te herstel en die omgewingsministerie fokus ook op die bevordering van streekstoerisme. Die Namibiese Toerisme-ekspo 2023 wat deur Namibia Media Holdings, NMH, aangebied word, vind volgende week van 26 tot 28 April by die Windhoek Country Club and Resort in die hoofstad plaasvind. Die tema vir vanjaar is "Beyond Borders" en bevorder toerisme in die SAOG-streek. Maggy Mbako, skakelbeampte van NMH, deel hul opgewondenheid oor die ekspo met Kosmos 94.1 Nuus.
Rugby: Die Bulle verwelkom Saterdag die onoorwonne voorloper op die Verenigde Rugbykampioenskaps-punteleer, Leinster, op Loftus Versfeld. Die voormalige losvoorspeler van die Britse en Ierse Leeus, Sean O’Brien, neem waar as hoofafrigter van ʼn jong Leinster-span terwyl Leo Cullen huiswaarts gekeer het om die uitsoekgroep vir hulle Kampioenebeker-halfeindstryd teen Toulouse voor te berei. O’Brien glo dit sal ʼn harde wedstryd wees teen die Bulle, wat ʼn vol-sterkte Leinster die vorige seisoen in die halfeindstryd in Dublin getroef het.
Die DA in Gauteng sê leerders in sommige skole regoor die provinsie het verlede week enkele skooldae misgeloop omdat gemeenskappe onderrig ontwrig het. Gemeenskappe betoog oor ʼn gebrek aan aller-noodsaaklike leerhulpbronne wat verhinder dat gehalte onderrig by skole plaasvind. ʼn Woordvoerder van die DA, Khume Ramulifho, eis dat die provinsiale departement van onderwys dringend maatreëls instel om kalmte en bestendigheid te bewerkstellig by alle skole wat geraak word.
ActionSA in Limpopo het die ANC se oproepe verwelkom dat mense wat verantwoordelik was vir die plundering van die VBS Mutual Bank verantwoordelik gehou en gestraf moet word. Die woordvoerder, Sello Lediga, sê egter die party bly skepties of daar enige gevolge sal wees in die strafregstelsel teen skuldiges wat die kwesbaarste mense in die provinsie van hul geld ontneem het.
Die Swakopmund-museum bied vanaf 22 tot 26 April vir inwoners unieke sterrekyk-geleenthede aan met die mobiele planetarium van die Universiteit van Namibië wat op die kusdorp sal wees. Sterrekyk-toere moet vooraf bespreek word. Die koste beloop 30 Namibiese dollar vir volwassenes en 10 dollar vir kinders. Skenkings is ook welkom. Kosmos 94.1 Nuus het met dr. Riaan Steenkamp, hoof van die fisika-departement van Unam gepraat oor die mobiele planetarium...
Agribank moedig Namibiese boere aan om voor te berei vir die ergste en om diversifikasiestrategieë en produksietegnologieë op te skerp. Die bank het kommer oor die dreigende droogte. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Fillemon Nangonya, Agribank se skakelbeampte oor watter beskikbaar is.
Ten spyte daarvan dat Namibiese huishoudings onder groter ekonomiese druk verkeer, is daar steeds 'n behoefte aan behuising in die mark. Volgens Bank Windhoek se hoof van spesialis-finansiering, Saara Shivute, is die belangrikste struikelblok om in die vraag na behuising te voorsien, die verskaffing en lewering van gedienste grond vir ontwikkeling regoor die land. Anne Tandeka Gebhardt, 'n stigter en eienaar van National Property Academy, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels oor die huidige stand van die eiendomsmark in die land...
Die Prokureursorde van Namibië, in samewerking met die Kantoor van die Ombudsman, bied 'n gratis regsadviesdag aan op Walvisbaai. Dit vind môre vanaf een-uur in die middag tot agt-uur die aand by die landdroshof op die dorp plaas. Gratis regsadvies sal beskikbaar wees oor testamente en boedels, gesinsgeweld, egskeidings, arbeidsaangeleenthede en ander angeleenthede. Kosmos 94.1 Nuus het met Aurelia David, die woordvoerder by die ombud gesels.
Reaksie word ontvang op die verhoging van die repokoers deur die Bank van Namibië. Die koers is met 25 basispunte opgestoot en staan tans op 7,25 persent. Die verhoging was verwag maar, plaaslike ekonoom Cons Karamata, waarsku verbruikers en sê skuld moet ingeperk word. Hy voeg by nog verhogings word verwag omdat die plaaslike sentrale bank steeds 50 basispunte agter die buurland is.
‘n Kosmos-luisteraar sê hy is twee keer deur lede van die Windhoek Stadspolisie voorgekeer en die beamptes het hom gedreig en probeer omkoop. Die hoof van die mag, Abraham Kanime, het met skok op die aantygings gereageer en lede van die publiek gevra om sulke voorvalle onmiddellik aan te meld. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Die Stad Kaapstad sê die Natuurlewe-en-omgewingsvereniging van Suid-Afrika, het in vennootskap met die stad, 17 jong leerders van Kaapstad gevier wat die WESSA Jong Verslaggewers vir die Omgewing-program suksesvol voltooi het. Die stad se burgemeesterskomiteelid vir Ruimtelike Beplanning en die Omgewing, Eddie Andrews, sê die program is 'n internasionale, jeug-gesentreerde omgewings-joernalistiek-program wat die jeug bemagtig om standpunt in te neem en op te tree teen plaaslike omgewings- en maatskaplike kwessies deur middel van verslagdoening, fotografie of video:
’n Handelsmerkkenner is bekommerd oor die mate waarin misdaad en politiek die land se reputasie aftakel. Thebe Ikalafeng glo Suid-Afrika moet drasties herbesin oor hoe om wetteloosheid en maatskaplike euwels in hulle spore te stuit. Hy sê die sage oor Thabo Bester se ontsnapping, tesame met beurtkrag en die gryslys, benadeel die land se handelsmerk:
Dit is nie net in Namibië waar daar ‘n erge agterstand in voldoende behuising nie, Brittanje sukkel ook. Alistair Smyth van daardie land se National Housing-federasie sê oorbevolking in huise is as gevolg van ongeveer vier dekades van onderbelegging in maatskaplike behuising. Hy sê Brittanje moet 90 000 huise ‘n jaar vir tien jaar bou om op te vang.
Die Bank van Namibië het die repokoers met 25 basispunte opgestoot vanaf 7 persent tot 7,25 persent. Die goewerneur Johannes !Gawaxab het pas die aankondiging gemaak. Johannes !Gawaxab, die goewerneur van die bank van Namibië, deel die rede vir die besluit.
Namibia Investigation Services het die vermeende swendelaar, wat wyd op sosiale media versprei is, aangekeer. Die man het blykbaar verskillende name gebruik om homself by gastehuise, restaurante en kroeë in te kry en dan gebly, geëet en gedrink sonder om te betaal. Hy is laat Dinsdagaand die privaatspeurder Michael Nieuwoudt aangekeer.
Die Russiese kuber-oorlogstelsels is uiters bekwaam en Westerse lande moet voorbereid wees op aanvalle. Die voormalige Britse nasionale sekuriteitsadviseur Lord Peter Rickett sê dinge sal vererger omdat President Vladimir Putin glo hy is in ‘n oorlog met die Weste...
Die DA sê die Gautengse Departement van Landbou en Landelike Ontwikkeling stel homself bloot aan korrupte praktyke deur onregmatig 28 bykomende gegradueerdes aan te stel sonder die nodige goedkeuring. Die party se woordvoerder, Bronwynn Engelbrecht, sê dit het daartoe gelei dat die departement in die derde kwartaal van die 2022/2023-boekjaar 426 000 Suid-Afrikaanse rand onregmatig uitgegee het. Sy voeg by dis kommerwekkend omdat amptenare voortgaan om beleide en prosedures te ignoreer sonder dat hulle aanspreeklik gehou word:
Die Namibiese Nasionale Studente-organisasie het sy reaksie gegee op die NSFAF se lys van begunstigdes. NSFAF het vanjaar 30 124 aansoeke ontvang, wat 'n 30 persent-verhoging vanaf 2022 is. Altesaam 22 178 van die studente, of 74 persent, wat aansoek gedoen het, kom in aanmerking vir befondsing. Dit beteken sowat 7 900 aansoekers kon nie lenings kry om hul tersiêre studies te finansier nie. Kosmos 94.1 Nuus het met Dylan Mukoroli, ‘n lid van Nanso gepraat wat ‘n beroep op studente doen om hul lenings terug te betaal.
Die Suid-Afrikaanse Agentskap vir Maatskaplike Sekerheid in Mpumalanga sê goedkeuring van die maatskaplike noodverligtingstoelaag van 350 Suid-Afrikaanse rand volg op 'n proses wat verifieer dat die aansoeker nie reeds 'n inkomste het nie. Sassa se woordvoerder, Senzeni Ngubeni, sê die aansoekers moet kennis neem dat die agentskap nie net bankbesonderhede verifieer nie, maar ook burgerskap by die Departement van Binnelandse Sake. Hy herinner begunstigdes daaraan om gereeld hul persoonlike besonderhede na te gaan en seker te maak die toelaag word aan die korrekte persoon betaal:
KwaZulu-Natal se premier, Nomusa Dube-Ncube, sê die provinsiale regering het meer as 2 miljard Suid-Afrikaanse rand beskikbaar gestel om infrastruktuur te herstel wat tydens verlede jaar se oorstromings beskadig is. Die verwoestende ramp het sowat 400 lewens geëis en skade van meer as 25 miljard rand aangerig. Dube-Ncube het die provinsiale regering se begroting vir die 2023/2023-boekjaar voorgelê en gesê ongeveer 400 miljoen rand is reeds bestee terwyl die Departement van Vervoer se uitgawes meer as 250 miljoen rand beloop:
Die Omgewings-beleggingsfonds van Namibië het finansiering van 300 000 Amerikaanse dollar van die Groen Klimaatfonds vir die projek getitled “Green, Resilient Recovery Rapid Readiness Support in Namibia” verkry. Die projek sal vir sewe maande duur en die fondse is einde verlede jaar verseker. Lot Ndamanomhata, korporatiewe kommunikasiebestuurder het met Kosmos 94.1 Nuus gesels...
'n Leierskapskenner in die buurland, Mazwe Majola, sê Suid-Afrika se politieke leiers is nie gereed vir 'n koalisieregering nie aangesien hulle meer daarin belangstel om hul eie belange te dien as dié van Suid-Afrikaners. Majola sê politieke leiers is nie volwasse genoeg om 'n koalisieregeringstelsel te hanteer nie. Hy sê 'n koalisieregering in 2024 is 'n ramp wat wag om te gebeur:
Die Suid-Afrikaanse Federasie van Vakbonde ondersteun die hofsaak wat #UniteBehind teen die parlement se etiese komitee aanhangig gemaak het. Die doel is om die komitee aanspreeklik te hou omdat hulle nie gereageer het op 'n klag wat in Augustus ingedien is nie. Saftu se woordvoerder, Trevor Shaku, sê in die klag word ses ANC-parlementslede beskuldig dat hulle staatskaping gefasiliteer en moontlik gemaak het deur nie hulle vertrouenspligte na te kom nie:
Suid-Afrikaanse adjunkpresident Paul Mashatile sê die vasteland beweeg in die regte rigting na 'n enkele Afrikamark. Hy het by die afsluitingseremonie van die Afrika- Kontinentale Vryhandelsgebied se forum in Kaapstad gepraat. Mashatile sê daar bestaan konsensus op die vasteland oor die behoefte dat Afrika strukturele en regulatoriese struikelblokke om markte te betree, moet verminder, en moet belê in die nodige infrastruktuur om handel in Afrika en na die res van die wêreld te hanteer:
Fox News het op die nippertjie 'n skikking bereik met Dominion-kiesstelsels, en gaan meer as 14,3 miljard Namibiese dollar betaal om die lastersaak, wat reeds twee jaar duur, te beëindig. Dit is die grootste bekende skikking in die Amerikaanse geskiedenis in 'n lastersaak waarby 'n mediamaatskappy betrokke is. Dominion het aangevoer sy sake het skade gely omdat Fox News valslik beweer het daar is in die 2020-verkiesing teen oudpresident Donald Trump geknoei. Dominion se prokureur, Justin Nelson, sê die skikking verteenwoordig regverdiging en aanspreeklikheid:
Swapo herdenk vandag sy 63ste verjaardag. Swapo is op 19 April 1960 gestig en het as vryheidsbeweging onafhanklikheid vir Namibië in 1990 saam met die Verenigde Nasies bewerkstellig. Sedertdien is dit die regerende party in die land en het tot 2019 ‘n twee-derde-meerderheid in die parlement gehad. Namibiese President Hage Geingob is sedert 2017 die party-president. Die adjunk-president van party Netumbo Nandi-Ndaitwah deel haar verjaardagboodskap met Kosmos 94.1 Nuus.
Terwyl daar voorspellings is vir dubbel-syfer verhogings in die tariewe van water en elektrisiteit, sê NamWater die huidige ekonomiese stand sal in ag geneem word. Stad Windhoek sal binnekort konsultasies met relevante belanghebbendes begin voordat sy begroting vir die 2023-24 finansiële jaar gefinaliseer word. Intussen het NamWater onlangs infrastruktuur-uitdagings ervaar, maar, die maatskappy besef water is ‘n basiese mensereg. Die uitvoerende hoof van NamWater Abraham Nehemia het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor die jongste met die finalisering van sy tariewe vanjaar.
Die Namibiese handelsministerie nooi mikro-, klein en medium ondernemings uit om aansoek te doen vir 'n drie daagse opleidings-werkswinkel. Hierdie opleiding sal in al 14 streke onderneem sal word. Die opleiding het ten doel om entrepreneurs te help om hul besighede suksesvol te bestuur. Die opleiding sal hoofsaaklik fokus op finansiële bestuurs-aspekte soos besigheidsbeplanning, vooruitskatting, rekordhouding, begroting en finansiële state. Die opleiding sal in twee fases in Mei en Junie aangebied word. Slegs 100 aansoekers sal per streek oorweeg word. Elijah Mukubonda, skakelbeampte van die ministerie gee meer besonderhede aan Kosmos 94.1 Nuus.
Die DA het 'n beroep gedoen vir eenheid onder koalisiepartye in Johannesburg. Die metro gaan deur nog 'n mosie van wantroue teen die burgemeester. Die DA se leier in Gauteng, Solly Msimanga, sê koalisieregerings word elke dag meer onbestendig. Hy sê die partye moet saamstaan om Johannesburg te red:
Die adjunkminister van Verdediging en Veterane-sake, Thabang Makwetla, erken daar bestaan groot kommer oor die veterane se projek om slaggate te herstel. Die departement het glo 60 miljoen Suid-Afrikaanse rand opsygesit om 90 slaggatmasjiene aan te skaf. 'n Kontrakteur is sowat 12 miljoen rand betaal, maar geen toerusting is gelewer nie. Volgens Makwetla word die aangeleentheid ondersoek en die direkteur-generaal van Verdediging is geskors:
'n Russiese hof het die Wall Street Journal-joernalis, Evan Gershkovich, se appèl verwerp, teen 'n besluit om hom aan te hou voor sy spioenasiesaak begin. Sy regspan het aangebied om borgtog van 11 miljoen Namibiese dollar te betaal sodat hy vrygelaat of onder huisarres geplaas kan word, maar die hof het hom borgtog geweier. Indien die 31-jarige man skuldig bevind word, kan hy tot 20 jaar agter tralies deurbring. Amerika se ambassadeur in Moskou, Lynne Tracy, het gevra dat Gershkovich onmiddellik vrygelaat word:
Die Suid-Afrikaanse Suikerrietkwekers-vereniging sê hy het aan die minister van handel en nywerheid, Ebrahim Patel geskryf en gevra vir sy dringende ingryping om die bedryf uit sy huidige finansiële penarie te help. Die vereniging sê hy het 'n agt persent daling in sy inkomste vir die 2022/2023 seisoen aangeteken, grootliks weens Tongaat Hulett se sakereddings-praktisyns se versuim om fondse, wat reeds teen die einde van Maart aan verbouers betaal mos word, oor te dra. Fritz Platt, Kosmos 94.1 Nuus se korrespondent in Kaapstad...
Die kwessie van die volksmoord en die voorstel om 'n volksmoord-gedenkmuseum op te rig, is weer in die Nasionale Vergadering onder bespreking. Sommige lede van die parlement meenndat die naam van die museum verdeeldheid in die geraakte gemeenskappe kan veroorsaak. Die president van Nudo, dr. Esther Muinjangue, het gesê wat in hierdie geval saak maak, is nie wat om die museum te noem nie, maar eerder die doel wat dit dien.
Die forum oor kwaliteit-infrastruktuur is vandag in die hoofstad deur die Europese Unie en handelsministerie aangebied met die projek wat meer as 32,1 miljoen Namibiese dollar beloop. Die EU-ambassadeur in Namibië, Sinikka Antila, sê dit is noodsaaklik vir die land se ekonomiese ontwikkeling en stel lande in staat om wêreldwyd mededingend te word, beleggings te lok en produktiewe en innoverende dienste te ontwikkel. Sy sê dat dit Namibië se standaarde en instellings se kapasiteit sal help versterk om hul mandaat uit te voer en die land se ontwikkeling in internasionale handel uit te brei.
President Hage Geingob sal Donderdag op 'n staatsbesoek na Suid-Afrika reis. Suid-Afrika is Namibië se grootste handelsvenoot wat invoere en uitvoere betref. Geingob en President Cyril Ramaphosa sal ook internasionale en streekskwessies aanspreek soos onder meer die politieke situasie in Eswatini, die Saharawi Arabiese Demokratiese Republiek, Palestina en die Russiese-Oekraïnse konflik. Die Namibiese minister van internasionale betrekkinge, Netumbo Nandi-Ndaitwah en haar Suid-Afrikaanse eweknie, Naledi Pandor sal môre vooraf samesprekings hou. Die politieke kenner Ndumba Kamwanyah sê aan Kosmos 94.1 Nuus die twee Presidente sal agter die skerms dalk ook die Phala-Phala-kwessie bespreek.
In Kaapstad het die metropolisie in samewerking met die K9 Khalesi-eenheid op ‘n reuse-dwelmvonds op die Industria-lughawe afkom. ‘n Vraghouer gevul met hoenderbokse het verdag gelyk. Nadat die houer geïnspekteer is, is kokaïen ontdek. Die toneel is aan die misdaad-intelligensie, die provinsiale Valke en die doeane-dienste oorhandig vir verdere ondersoek. Die hoeveelheid en geraamde straatwaarde van die dwelms moet nog bepaal word. Senior superintendent Herschel Solomons van die Kaapstad metropolisie...
Die Afrikaanse Wikipedia-span uit Suid-Afrika besoek Windhoek op 27 April. Namibiërs sal bekend gestel word aan die Afrikaanse weergawe van hierdie aanlyn ensiklopedie en om vrywilligers op te lei om artikels te kan skep op dié platform. Die Afrikaanse Wikipedia groei sterk en is tans die grootste Wikipedia op die Afrika-vasteland met meer as 107 000 artikels wat dit in die 69ste plek op die wêreldranglys plaas. Die direkteur van die Afrikaanse Wikipedia, Deon Steyn, sê aan Kosmos 94.1 Nuus belangstellendes moet voor Donderdag hul deelname bevestig.
Die South West Africa People's Organisation, amptelik bekend as die Swapo Party van Namibië, is op 19 April 1960 gestig. Die regerende party Swapo vier dus môre hul 73ste verjaardag. Swapo het as vryheidsbeweging onafhanklikheid vir Namibië in 1990 bewerkstellig en is sedertdien die regerende party in die land. Kosmos 94.1 Nuus het aan Brian Black, die nasionale voorsitter van die opposisieparty IPC gevra, behalwe vir onafhanklikheid, wat het Swapo in 73 jaar vermag?
‘n Namibiër in Soedan het haar ervaring oor die konflik in die land gedeel. Gevegte tussen die Soedannese weermag en ‘n paramilitêre groep, die RSF duur vandag vir ‘n vierde dag in die hoofstad, Khartoem voort. Volgens die Verenigde Nasies is minstens 185 mense sover tydens die gevegte dood, en meer as 1 800 is beseer. ‘n Namibiese burger wat onderwys in Soedan gee, Minette van der Bijl het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat...
Cope is gekant teen die openbare-privaat vennootskappe in die regering, veral in Korrektiewe Dienste. Die parlement se portefeuljekomitee maak lank reeds beswaar oor die kontrakte vir die bou van twee gevangenisse, een wat ‘n sekuriteitsmaatskappy in Bloemfontein bestuur en die ander een in Louis Trichardt, Limpopo. Die party waarsku dis onverantwoordelik en gevaarlik om die verantwoordelikheid om na oortreders om te sien, uit te kontrakteer. Cope se woordvoerder, Dennis Bloem, sê die onlangse skandaal met Thabo Bester beklemtoon hul besware.
Die African Transformation Movement het die aanstelling van 'n nuwe raad vir die Suid-Afrikaanse Lugdiens veroordeel. Die nasionale woordvoerder, Zama Ntshona, sê belanghebbendes is ook nie geraadpleeg oor Takatso se aanstelling as 'n privaat vennoot nie. Hy beskuldig die minister van openbare ondernemings, Pravin Gordhan, daarvan dat hy korrupsie toesmeer. Ntshona sê bewerings van korrupsie, finansiële onreëlmatighede en wanpraktyke rondom die verkoop van die lugdiens moet ondersoek word.
Rugby: Die afrigter van die Springbok vroue-sewes, Renfred Dazel, het ʼn ervare groep aangekondig wat van Donderdag af in Stellenbosch gaan deelneem aan die eerste toernooi in die Wêreldrugby-uitdaagreeks. Libbie Janse van Rensburg is die enigste van die 13 spelers wat Suid-Afrika nog nie op die internasionale toneel verteenwoordig het nie. Die heersende speler van die jaar, Nadine Roos, keer terug na klubverpligtinge in Japan.
Die Lughawensmaatskappy van Suid Afrika sê werksaamhede en dienste by die Kaapstad Internasionale Lughawe is stadig besig om te herstel ná daar vroeër vanoggend 'n tegniese fout by dié besige lughawe ondervind is. Acsa sê verskeie plaaslike en internasionale vlugte is geraak na 'n fout met die lughawe se vesel-netwerk wat dit moeilik gemaak het vir vliegtuie om veilig in die swaar mis wat die Moederstad bedek het, te land. Tegniese spanne is tans besig met herstelwerk aan die fout. Kosmos 94.1 Nuus se korrespondent in Kaapstad , Fritz Platt, deel meer...
AfriForum Jeug eis aanspreeklikheid en gevolge teen die rektor van die Universiteit Stellenbosch, Wim de Villiers, weens beweerde nepotisme en die skending van Afrikaanse studente se menseregte. Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie het vroeër bevind die universiteit is vyandiggesind teenoor Afrikaanssprekendes, terwyl klagtes van taal-diskriminasie vanjaar weer opgeduik het. De Villiers het ook erken hy het twee familielede gehelp om vir kursusse aanvaar te word. Woordvoerder Ernst van Zyl vra Maties om aanspreeklikheid te aanvaar en besliste stappe te doen om 'n herhaling te voorkom.
Die Franco-Namibiese Kultuursentrum in vennootskap met die Franse ambassade in Namibië, is die gasheer vir Karol Beffa, 'n Franse veelbekroonde komponis en pianis vir twee geleenthede. Beffa het ook ‘n doktorsgraad in musiekwetenskap en is sedert 2004 ’n dosent aan ‘n universiteit in Parys. Hy bied môreaand om sewe-uur ‘n gratis konferensie by die sentrum aan. Vrydagaand om agt-uur is Beffa se klavierkonsert by die Nasionale Teater van Namibië. Fabienne Conradie, kultuur-kommunikasiebeampte van die sentrum deel meer met Kosmos 94.1 Nuus...
Die sprinkaanplaag het nie gematerialiseer nie. Daar was voorspellings vir ‘n uiters groot plaag maar, volgens die Suid-Afrikaanse kenner in die gebied, dr. Gerhard Verdoorn, sê verskeie faktore het saamgewerk om dit te verhoed. Hy voeg by, daar is wel ‘n moontlikheid dat sprinkane in die komende seisoen sal uitbroei.
Die nou beleërde inwoners van Okahandja se informele nedersettings sê hulle sal in Mei-maand by die dorpsraad uitkamp tot die lynminister, Erastus Uutoni, hulle kom sien. Die groep was al by sy kantoor in die hoofstad en het selfs opgeruk na die kantoor van die eerste minister, maar hulle kry geen verligting nie. Hulle eis dat hulle erwe aan hulle oorgedra word en dat hulle dienste ontvang. Die groep se leier Sydney Gariseb sê hulle sal nie opgee nie.
Die noordweste van Namibië ervaar op die oomblik droogte wat oor die algemeen mens-olifant-konflik vererger. Kommersiële boere in daardie gebied ly herhaaldelik veral onder skade aan water-infrastruktuur. Die grootvoete beskadig gereeld plase en nedersettings op soek na kos en water. Kosmos 94.1 Nuus het met Piet Gouws, 'n boer in die Kamanjab gebied wat ook gereeld deurloop gesels oor die huidige stand van sake.
Die voorsitter van die Stampriet Aquifer Uranium Mining Association, Divan Opperman, het 'n beroep op alle relevante owerhede gedoen om behoorlike navorsing te doen voordat enige besluit geneem word rakende die moontlike eksplorasie- en mynbedrywighede in die Stampriet-bekken. Hy het met boere en belanghebbendes oor die kwessie gepraat en meen dat terwyl die vereniging op opbou van Namibiese mynwese en werkskepping ondersteun, is daar groot kommer op grond van feite dat die water besoedel sal word. Kosmos 94.1 Nuus het met Riaan van Rooyen, die kommunikasie konsultant vir die Russiese uraanreus wat die ontginning wil doen, Uranium One, oor Opperman se aanmerkings gepraat.
Die Namibiese Padfonds-administrasie is steeds besig om tolhekke vir die land te ondersoek. Die administrasie se uitvoerende hoof, Ali Ipinge, sê hul inkomstestroom is in gedrang, veral met elektriese voertuie wat al hoe meer gewild raak. Op die oomblik het die kabinet goedkeuring gegee dat openbare konsultasies op die administrasie se vatbaarheidstudie uitgevoer word. Ipinge sê die onderhoud van paaie is uiters duur.
Die Gautengse Departement van Paaie en Vervoer maan openbare vervoeroperateurs wat aansoek gedoen het maar nog nie hul bedryfslisensies afgehaal het nie, om dit voor die einde van Mei te doen. Een van die belangrikste take van die departement is om openbare vervoer in die provinsie te reguleer deur die uitreiking van bedryfslisensies. Die departement se woordvoerder, Melitah Madiba, sê as die lisensies nie teen die sperdatum afgehaal is nie, sal dit gekanselleer word:
Die wintermaande kom nader en Namibiërs moet hulself teen die koue beskerm. Die koue toestande is erger vir inwoners in informele nedersettings en hulle steek kerse, gas- of paraffienstowe aan om hulself warm te hou. Talle groot brande het in informele nedersettings ontstaan wat lewens en eiendomme geëis het. Sikongo Phillipus, senior stasiebeampte van Stad Windhoek se brandweer het met Kosmos 94.1 Nuus raad gedeel oor hoe om hierdie brande te voorkom.
Die goewerneur van Florida, Ron DeSantis, het wenkbroue laat lig toe hy gesels het oor presies wat om te doen met die stuk grond langs Disney World. Hy het onlangs gepoog om beheer te neem oor Reedy Creek, die grond wat Disney daar besit maar het misluk toe Disney hom uitoorlê. Disney is sedert 1967 redelik onafhanklik van Florida-wetgewing en DeSantis wou dit verander. Nou dreig hy om moontlik ‘n tronk langsaan op te rig...
Die Britse minister van polisie, Chris Philip, sê pangas en sogenaamde zomibe-messe met kompleks en gebuigde lemme, sal verband word. Brittanje het baie streng wetgewing in verband met messe omdat daar so baie mes-misdaad in die land voorkom en Philip sê die twee wapens het geen standaard gebruik nie.
Die Swakopmundse munisipaliteit maan inwoners dat instandhoudingswerk by die Orano-ontsoutingsaanleg vanaf vandag tot Saterdag gedoen sal word, wat sal lei tot water-onderbrekings, of verminderde watertoevoer na Swakopmund. Die publiek word aangeraai om water spaarsamig te gebruik gedurende die onderhoudstydperk aangesien die hele Swakopmund-dorp geraak sal word. Kosmos 94.1 Nuus het met Linda Mupupa, skakelbeampte van die munisipaliteit gepraat...
'n Vyf-en-tagtigjarige wit man wat verlede Donderdag 'n swart tiener by sy huis se voordeur in Kansas City, Missouri, geskiet het, is formeel aangekla. Andrew Lester het die 16-jarige Ralph Yarl in sy kop en arm geskiet nadat hy die verkeerde deurklokkie gelui het om sy jonger broers op te laai. Die Clay-distriksaanklaer, Zachary Thompson, sê Lester word aangekla van eerste-graadse aanranding en gewapende misdadige optrede:
Die Stad Kaapstad sal 'n sonkrag-fotovoltaïese aanleg van 1,2 miljard Suid-Afrikaanse rand ontwerp, bou en bedryf. Dit sal oor batterybergingsvermoë beskik wat die stad se inwoners teen 'n volle beurtkragfase sal beskerm. Dit is een van twee projekte wat befonds word deur die C40 Cities Finance Facility, wat aan stede tegniese en finansiële bystand bied ter ondersteuning van groen en regverdige oorgang. Die stad se burgemeester, Geordin Hill-Lewis, sê die Paardevlei-grondgemonteerde fotovoltaïese sonkrag- en batterybergingsprojek net buite Somerset-Wes sal tot 60 megawatt hernubare energie lewer en stoor:
Die Suid-Afrikaanse nasionale metaalwerkers-vakbond, Numsa het die minister van Openbare Ondernemings, Pravin Gordhan, daarvan beskuldig dat hy in die geheim 'n nuwe raad vir die Suid-Afrikaanse Lugdiens aangestel het. Gordhan het gister aangekondig dat hy 'n tussentydse raad van agt lede vir die SAA aangestel het, met die voormalige minister van Toerisme, Derek Hanekom, as voorsitter. Dit is die agtste raad binne 14 jaar wat toesig sal hou oor die nasionale lugdiens. Numsa se woordvoerder, Phakamile Hlubi-Majola, sê hulle is ingelig dat Gordhan die hele direksie tot geheimhouding sou gedwing het. Numsa voer aan dis om sy vermeende korrupsie te verdoesel:
Die Speaker van die VSA se Huis van Verteenwoordigers, Kevin McCarthy, belowe om wetgewing aan te neem om die land se skuldplafon te verhoog - op voorwaarde dat toekomstige federale besteding op 1 persent beperk word.
Die DA in Gauteng sê sportgeriewe in die provinsie is in 'n haglike toestand en het 'n tekort aan noodsaaklike hulpbronne. 'n Woordvoerder van die party, Kingsol Chabalala, sê ten spyte hiervan het die provinsiale Departement van Sport, Kuns, Kultuur en Ontspanning die afgelope twee boekjare meer as 13 miljoen Suid-Afrikaanse rand aan die Hanyane-welweesprogram bestee. Hy sê hierdie roekelose en onverantwoordelike besteding deur die departement is onaanvaarbaar:
Die Stad Kaapstad sê hy ervaar steeds massiewe uitdagings in die stryd teen misdaad reg oor die stad. Hy is egter bemoedig om te sien hoeveel van sy suksesse toegeskryf kan word aan inligting van lede van die publiek. Die stad se burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekuriteit, JP Smith, sê hulle praat dikwels oor gedeelde verantwoordelikheid, en openbare veiligheid is beslis een gebied waar 'n vennootskap tussen gemeenskappe en wetstoepassingsagentskappe die sleutel is:
Brasiliaanse President Luiz Inacio Lula da Silva het groot kritiek van die EU en die VSA uitgelok na sy kommentaar oor die oorlog in die Oekraïne tydens sy besoek aan China.
TERUG: Die Withuis sê die aanmerkings maak die VSA verantwoordelik vir die oorlog wat onwaar is en beskuldig Lula daarvan dat hy Russiese en Chinese propaganda uitbasuin sonder om na die feite te kyk. Lula het homself voorgestel as 'n makelaar vir vredesgesprekke om die Oekraïne-konflik te beëindig en sê onpartydige lande moet bymekaar kom om vrede te bemiddel.
Die Organisasie teen Belastingmisbruik in die buurland sê al het President Cyril Ramaphosa die Verkiesingswysigingswet onderteken, bestaan daar steeds kommer. Die Nasionale Vergadering het die wet in Februarie aanvaar nadat 'n bevel deur die Konstitusionele Hof opdrag gegee het dat die wet van Junie 2020 gewysig moet word. Die wetgewing laat nou toe dat onafhanklike kandidate op provinsiale en nasionale vlak in verkiesings mag staan. Outa se woordvoerder, Rachel Fischer, verduidelik sommige van hulle bekommernisse:
Die buurland se elektrisiteitsminister, Kgosientso Ramokgopa, het 'n aksieplan voorgelê om die voortgesette kragonderbrekings op te los. Hy het die plan op 'n vergadering in Polokwane, Limpopo, aan die ANC se nasionale werkskomitee voorgelê. Die party is sedert die naweek in die provinsie om die stand van politiek en staatsbestuur te ondersoek. Ramokgopa sê hy sal die dringende stappe deel wat gedoen moet word om die verlammende kragonderbrekings te verminder:
Liverpool het Leeds United by Elland Road met 6-1 verpletter in hulle poging om teen alle verwagting die Premierliga se top-vier te haal met sewe wedstryde wat oorbly. Liverpool is nou net drie punte agter Aston Villa wat sesde is. Leeds is steeds net twee punte bo die relegasieplekke. Die bestuurder, Jurgen Klopp, was beïndruk met sy span se vertoning:
Die winterseisoen is om die draai met weerlose mense en diere wat geen warm klere of komberse het om hulle teen die koue te beskerm nie. As jy van jy ou komberse wil ontslae raak, skenk dit aan ‘n plaaslike liefdadigheidsorganisasie of diere-skuiling. Daar is soveel honde wat hierdie winter warm komberse benodig, en baie plaaslike diere-skuilings maak staat op skenkings om hul vierpotige vriende warm te hou. Hanna Rhodin, die DBV se nasionale direkteur het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Ekonomiese ontleders sê Namibiërs moet gereed maak vir nog 'n rentekoersverhoging terwyl die Bank van Namibië se monetêre beleidskomitee vandag vergader. Die sentrale bank sal môre die besluit oor rentekoerse aankondig. Die Suid-Afrikaanse Reserwebank het vroeër rentekoerse met 50 basispunte verhoog, strydig met markverwagtinge. Kosmos 94.1 Nuus het met die Cirrus-ekonoom Robert McGregor gepraat oor wat sy voorspelling is...
Die Onafhanklike Verkiesingskommissie in Suid-Afrika sê hy vorder met die instel van die nuwe Verkiesingswysigingswet. Die uitvoerende hoof, Sy Mamabolo, sê ondanks tydsdruk het die kommissie reeds met die nodige voorbereidings vir die nuwe wetgewing begin. Hy het tydens 'n nuuskonferensie gesê die proses het begin nog vóór die wet onderteken is:
Die Namibiese Nasionale Studente-organisasie sal op Saterdag 22 April 2023 'n studente-befondsing- en skuld-forum hou. Volgens die organisasie belemmer studenteskuld en onvoldoende studente-befondsing steeds toegang tot hoër onderwys in die land. Die kwessie van befondsing raak elke student. Nanso sal die forum onder die tema “Towards SDG4: Addressing the Student Debt and Funding Crisis and Advocating for Access to Education” aanbied. Dorothea Nangolo, die organisasie se woordvoerder deel meer met Kosmos 94.1 Nuus...
Eskom sal beurtkrag in die buurland tot verdere kennisgewing afgradeer na fase vyf gedurende die dag en fase ses van vanaf vier-uur in die middag instel. Die kragvoorsiener se krisis-kommunikasie-bestuurder, Menzi Mngomezulu, sê die onderbrekings staan tans op 17 325 megawatt in opwekkingsvermoë, terwyl die verlies aan kapasiteit vir beplande instandhouding op 5 457 megawatt staan. Mngomezulu het ook bevestig dat 'n opwekkingseenheid elk by die Camden-, Koeberg- en Medupi-kragstasies weer in werking geneem is:
Zimbabwe staar al te lank ekonomiese probleme in die gesig, maar onlangse verslae dui daarop dat die mynbedryf in die buurland die afgelope drie jaar 'n mate van groei getoon het. Die Zimbabwiese ekonoom, Eddie Cross, wat met Kosmos 94.1 Nuus gepraat het, het die groei in die mynbousektor bevestig. Hy sê dat uitvoer vir mynbouprodukte tot 30 persent per jaar gegroei het, aangedryf deur goud en litium. Cross glo ook dat hierdie tendense waarskynlik nog 'n geruime tyd sal voortduur, en Zimbabwe sal 'n groot rolspeler in die litium-bedryf wees.
ʼn Voorlopige inperkingsbevel van 165 miljoen Suid-Afrikaanse rand is aan die Batebeslagleggings-eenheid van die Nasionale Vervolgingsgesag en die Ondersoek-direktoraat toegestaan teen die voormalige KwaZulu-Natalse polisiekommissaris, Mmamonnye Ngobeni, die sakepersoon Thoshan Panday, sy gewese vrou en sewe ander. Die bevel hou verband met ʼn strafsaak van beweerde bedrog, korrupsie, vervalsing, omkopery en geldwassery in verband met die Wêreldbeker-sokkertoernooi van 2010. Die NVG se woordvoerder, Sindisiwe Seboka, sê die hofbevel laat die staat toe om die bates van beskuldigdes te bevries, insluitende bankrekeninge.
Oekraïne beoog om voedsel- en graanvervoer via Pole te heropen as 'n "eerste stap" om die invoerverbod te beëindig met samesprekings wat vandag in Warskou begin het. Pole en Hongarye het vroeër besluit het om die invoer van graan en ander voedsel uit Oekraïne te verbied om die plaaslike landbousektor te beskerm. Nadat Rusland se inval sommige Swartsee-hawens geblokkeer het, het groot hoeveelhede Oekraïnse graan, wat goedkoper is as dié wat in die Europese Unie geproduseer word, uiteindelik in Sentraal-Europese state gebly weens logistieke knelpunte wat pryse en verkope vir plaaslike boere getref het. Wallie Roux, 'n plaaslike landboukundige verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus wat hierdie verbod beteken vir die Oekraïne en lande wat afhanklik is van sy graanvoorsiening.
Die Suid-Afrikaanse minister van elektrisiteit, Kgosientsho Ramokgopa, sê berigte dat die land tans op fase 7 of selfs fase 8 beurtkrag is, ten spyte van versekerings deur Eskom dat slegs fase 6 op die oomblik toegepas word, is verkeerd en misleidend. Ramokgopa het vandag inwoners verseker dat daar dringend aan die huidige hoë vlakke van beurtkrag aandag gegee word om so gou as moontlik verligting aan Suid-Afrikaners te bring.
Die Regterlike Dienskommissie in die buurland het begin om onderhoude te voer met kandidate wat meeding vir verskeie vakante poste in hoër howe in Suid-Afrika. Dit sluit die pos van president van die Appèlhof in, wat die huidige adjunkhoofregter, Mandisa Maya, beklee het. Judges Matter se navorsings- en voorspraakbeampte, Mbekezeli Benjamin, het gesê die weeklange onderhoude sal plaasvind met 'n nuwe kriteria vir kandidate wat sal verhoed dat ongetoetste bewerings aan hulle gestel word.
Die handelsministerie en Europese Unie se Namibiese Nasionale Gehalte-infrastruktuur-forum vind môre in die hoofstad plaas. Die forum het ten doel om kennis te verskaf oor hoe die verskillende elemente van die kwaliteit-infrastruktuurstelsel voordelig en deurslaggewend is in die bereiking van kort- en langtermyn ekonomiese ontwikkeling, maatskaplike welstand en bevryding van globale handel. Die forum sal om vanaf half-nege die oggend tot half-vyf die middag by ‘n Windhoekse hotel begin. Twaku Kayofa, kommunikasiebeampte van die EU in Windhoek deel meer met Kosmos 94.1 Nuus..
Die Universiteit van Namibië herinnering sy studente daaraan dat uitstaande skuld teen die sperdatums vereffen moet word. Altesaam 60 persent klasgelde moet teen 30 Junie betaal wees. Indien die skuld nie betaal word nie, sal studente gederegistreer word vir die tweede semester. Die oorblywende 40 persent van die uitstaande klasgelde moet teen 30 November 2023 betaal word. Versuim om dit te doen, sal lei tot die weerhouding van eksamen0uitslae. Kosmos 94.1 Nuus het met Simon Namesho, Unam se woordvoerder gepraat...
Op 'n maandelikse grondslag het Windhoek se goedgekeurde bouplanne 'n indrukwekkende toename van 67 persent vanaf Februarie beleef, wat van 117 tot 195 bouplanne gestyg het. Intussen het Swakopmund 'n beskeie maandelikse verhoging van 3 persent ervaar, met goedkeurings wat van 63 tot 65 gestyg het. Windhoek se goedkeurings in bouplanne het egter op 'n jaargrondslag 'n afname van 21 persent beleef, terwyl Swakopmund se bouplanne 'n merkwaardige toename van 91 persent van 34 tot 65 ervaar het. Ekonoom van Simonis Storm Theo Klein sê aan Kosmos 94.1 Nuus die vooruitsigte vir die konstruksiesektor bly egter donker.
President Cyril Ramaphosa het die Wysigingswetsontwerp op Verkiesings bekragtig. Dit gee uitvoering aan 'n uitspraak deur die Konstitusionele Hof wat die wet ongrondwetlik verklaar het omdat dit deelname aan verkiesings slegs tot lede van politieke partye beperk het. Die gewysigde wet laat onafhanklike kandidate toe in die Nasionale Vergadering en provinsiale wetgewers, en stel 'n paneel aan om hervormings aan die kiesstelsel na 2024 se verkiesing voor te stel. Die Presidensie se woordvoerder, Vincent Magwenya, sê Ramaphosa is tevrede dat wetgewende prosedures gevolg is en die wet grondwetlike ondersoek sal deurstaan.
IRS forensiese ondersoeke se georganiseerde misdaad-ondersoeker, Chad Thomas, sê Thabo Bester se minnares, Nandipha Magudumana, kan nie beweer sy was 'n slagoffer van geslagsgeweld in haar verdediging vir die hulp en bystand met die ontsnapping van die veroordeelde verkragter en -moordenaar nie. 'n Berig in inernasionale media ui aan Magudumana se vriende het beweer Bester het haar voor gaste aangerand oor 'n sitplekreëling by 'n verjaardagpartytjie in Hyde Park, Johannesburg. Thomas het gesê Magudumana moet aanspreeklik gehou word.
Die uitvoerende voorsitter van die Ohlthaver en List-groep, Sven Thieme sê die totale reuse-uitbetaling van 5,4 miljard Namibiese dollar van dividende aan aandeelhouers van Namibia Breweries, is danksy die uitbetaling van ’n spesiale dividend wat aan Heineken N.V. se oorname van die meerderheidsbelang in NamBrew gekoppel was. Die wêreld se tweede grootste bierbrouer, Heineken N.V. is nou amptelik die meerheidsaandeelhouer in NamBrew. Thieme het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Die Namibiese polisie het bevestig dat ‘n 40-jarige man in verband met die moord van ‘n vermiste man in hegtenis geneem is. Nampol het vroeër die publiek se hulp gevra om die liggaam van ‘n man wat in 'n sloot in die suidelike nywerheidsgebied gevind is te identifiseer. Die oorledene is ook erg aangerand voordat sy liggaam verbrand is. Adjudant-offisier Silas Shipandeni van die Khomas-polisie sê Kosmos 94.1 Nuus die verdagte verskyn vanmiddag in die hof.
Die Stad Kaapstad het vandag die afskop van 'n nuwe sonkragprojek ter waarde van 1,2 miljard Suid-Afrikaanse rand aangekondig. Die inisiatief, befonds deur die Duitse en Britse regerings en die Franse Ontwikkelingsbank, beloof om die Moederstad, in die nabye toekoms, teen ten minste een fase van beurtkrag te beskerm. Kosmos 94.1 Nuus se korrespondent in die Moederstad, Fritz Platt...
Die omstrede Phil Ya Nangoloh en hoof van die NamRights-menseregte-organisasie, het dr. Itula gekritiseer omdat sy bewerings oor die PDM en UPM se samesmelting verkeerd is.
Namibië se Kieswet het spesifieke wetlike vereistes en prosedures vir die vorming van politieke party-alliansies. Volgens die Independent Patriots for Change-leier, dr. Panduleni Itula, wek die samesmelting van die Popular Democratic Movement en die United People's Movement in 2019 kommer oor moontlike oortredings van die wet. Hy sê versuim van politieke partye om te voldoen aan die Kieswet wanneer alliansies gevorm word, kan lei tot regsgevolge. Dr. Ithula sê die Verkiesingskommissie behoort binne 60 dae te verduidelik....
Volgens die Namibiese polisie is die polisiebeampte van Ariamsvlei in die Karas-streek steeds vermis. Nampol versoek steeds die hulp van die publiek om die 35-jarige Dominikus Swartbooi op te spoor. Swartbooi is onlangs na die Ariamsvlei-polisiestasie oorgeplaas en het reeds op 4 April vermis geraak het. Hoof-inspekteur Elifas Kuwinga, woordvoerder Nampol Kosmos 94.1 Nuus...
Die Namibiese gesondheidsministerie het vandag twee regulerende liggame op die gebied van openbare gesondheid bekendgestel. Die minister dr. Kalumbi Shangula het lede van die Namibiese Medisyne Regulerende Raad en vyfde Atoom-energieraad aangestel. Die Vyfde Atoom-energieraad is onder voorsitterskap van dr. Shitaleni Herman. Een van die funksies van die raad is om aanbevelings aan die regering te maak oor die veilige gebruik van kernwetenskap en -tegnologie
Twee brandbestryders van die Stad Kaapstad het nuus-opskrifte gehaal met hulle dapper poging in die Twee Oseane-halfmarathon. Jermaine Carelse en Renaldo Duncan het die wedloop in hulle volle brandbestrydings-uitrustings aangedurf om 20 000 Suid-Afrikaanse rand in te samel vir die Volunteer Wildfire Services. Die organisasie sonder winsbejag is toegewy aan die bestryding van brande. Volgens Carelse en Duncan sal die fondse help om brandbestryding-pogings te versterk. Die burgemeesters-komiteelid vir veiligheid en sekerheid, JP Smith, het hul lof besing.
Die Namibiese Universiteit van Wetenskap en Tegnologie het die Deelnemende Informele Nedersettings-opgraderingsprojek van stapel gestuur. Die voorgestelde alliansie sal die kapasiteit verhoog van gemeenskappe wat verblyf-sekerheid, basiese dienste en skuiling-oplossings benodig. Fase 1 van hierdie projek het in 2019 tot 2020 afgeskop en fase 2 het verlede jaar begin en sal na verwagting in 2030 tot 'n einde kom. Dit sal die volskaalse opgradering van informele nedersettings en implementering van groen gebiede in alle stedelike en dorpsgebiede in Namibië te verseker. Guillermo Delgado, die projek-ontwikkelaar, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Drie van die vier noordelike streke maak gereed vir nog ’n erge droogte weens swak reënval. Daarom het die streeksgoewerneurs van Oshana, Omusati en Oshikoto saam met ander belanghebbendes watervlakke in die Etaka-Uuvudhiya-waterkanaal beoordeel het. Sommige gebiede is nog droog, insluitend die meeste van die oshanas. Hierdie situasie hou 'n ernstige bedreiging in vir die beskikbaarheid van water en weiding vir diere. Die waterkanaal, wat in 'n vervalle toestand is, is 14 jaar gelede laas tydens die droogte gebruik. Die totale koste wat aan die opradering van die kanaal gegaan het, beloop 7 miljoen Namibiese dollar. Erginus Endjala, goewerneur van Omusati, sê die dreigende droogte het hulle gedwing om dit te oorweeg om water in te pomp. Oud-parlementslid Pendukeni Iivula-Ithana, wat in die Omusati-streek boer, het met Kosmos 94.1 Nuus oor droogtehulp van die regering gepraat...
Die voormalige kinder-advokaat in die ombudsman se kantoor maan ouers dat kinders gewoonlik verkrag word deur iemand bekend aan hulle. Sy het haar reaksie gegee op twee mans wat vandag in die landdroshowe van Karibib en Tsumeb verskyn nadat hulle na bewering laerskoolmeisies verkrag het. In 'n ander voorval is 'n 13-jarige meisie van die Shighuru-nedersetting in Kavango-Oos swanger nadat sy glo in Desember verkrag is. Die verdagte is nog nie in hegtenis geneem nie en die polisie-ondersoek duur voort. Kosmos 94.1 Nuus het met advokaat Ingrid Husselmann gepraat wat verkragters se proses van seksuele voorbereiding van slagoffers verduidelik.
Ná die onlangse aanval en rooftog op ‘n onderwyser op Rundu, verskyn drie van die agt verdagtes vandag in die hof. Die Noord-Kaap ervaar egter ook inbrake by skole. Die Noord-Kaapse polisiekommissaris sê die bekamping van inbrake en by besighede en skole is 'n prioriteit vir die polisie. Dit volg nadat twee verdagtes in hegtenis geneem is vir sake-inbraak en die besit van moontlik gesteelde eiendom van Hoërskool Prieska. 'n Polisiewoordvoerder, Timothy Sam, sê die polisie het inligting opgevolg van die gemeenskapspolisieforum oor verdagtes wat na bewering moontlik gesteelde goedere verkoop.
Die DA in Gauteng sê die provinsie moet sy toesig verskerp om die verdere verspreiding van cholera te voorkom, ná tien bevestigde gevalle. Die laaste sewe gevalle was mense met geen onlangse geskiedenis van reis van die buiteland of kontak met reisigers vanuit besmette gebiede nie. Die DA-lid, Jack Bloom, sê dit is duidelik ingevoerde gevalle het gelei tot die plaaslike oordrag weens besmette watervoorrade, insluitend die Jukskeirivier wat deur Alexandra en Diepsloot vloei en waar cholera-gevalle opgespoor is.
Die ontdekking van olie en gas aflandig in Namibië verlede jaar is op almal se lippe en het wêreldwye openbare belangstelling in dié sektor verhoog. Die visekanselier van die Namibiese Universiteit van Wetenskap en Tegnologie dr. Erold Naomab, nooi Namibiërs uit na die eerste openbare lesing vir 2023 oor petroleum-aktiwiteite in Namibië onder die tema “The Journey of Oil and Gas”. Die lesing vind by Nust se ouditorium op Donderdag 20 April vanaf vyf-uur die middag tot half-nege die aand plaas. Die kommunikasiedirekteur van Recon Africa Ndapewoshali Shapwanale sê aan Kosmos 94.1 Nuus die lesing bied aan die publiek die geleentheid om vrae te vra.
City Power doen 'n beroep op gemeenskappe in Johannesburg om die bou van strukture onder kraglyne en bo-op kabels te vermy. Die oproep is gedoen nadat drie huise in Alexandra onder die elektriese netwerk gebou en uitgebrei is. Twee van die huise is die gesloop om toegang te verkry vir herstelwerk aan kraglyne. City Power-se woordvoerder, Isaac Mangena, sê die inwoners moet alle strukture en geboue wat onwettig opgerig is by die stads-owerhede aanmeld, sodat stappe gedoen kan word voor dit te laat is.
ActionSA in KwaZulu-Natal sê hy is verpletter om te hoor sowat 5 400 skole in die provinsie was weens tender-onreëlmatighede sonder kos. Dit volg nadat die provinsiale onderwysdepartement aan een enkele individu 'n tender van multi-miljoen Suid-Afrikaanse rand toegeken het om kos te voorsien aan skole in die provinsie. ActionSA se woordvoerder, Zwakele Mncwango, sê dis kommerwekkend dat die LUR vir onderwys, Mbali Frazer, dit goedgedink het om af te wyk van 'n stelsel wat vir 'n aantal jare sonder probleme gewerk het.
Tennis: Die wêreld se nommer-ses, Andrey Rublev, sê hy is honger om nog titels te wen nadat hy sy eerste Meesters 1 000-titel verower het. Die Rus het die Deen, Holger Rune, met 5-7, 6-2, en 7-5 verslaan om die Monte Carlo Meesters te wen. Rublev, wat in 2021 twee vorige Meesters 1000-eindstryde in Monte Carlo en Cincinnati verloor het, het 33 wenhoue teen die negende-gekeurde Rune geslaan. Die 25-jarige Rublev sê hy het deur die hele wedstryd aanhou glo dat hy sy 18de oorwinning dié seisoen sal behaal.
Die Stad Kaapstad se Building Hope-begroting vir 2023/2024 sal na verwagting meer as 25 miljoen Suid-Afrikaanse rand oor die volgende drie jaar beloop. Dit is vir voertuig-lisensiëring en die verbetering van kliënte-sentrums. Die burgemeesters-komiteelid vir finansies, Siseko Mbandezi, sê hulle soek voortdurend na nuwe maniere om dienste aan inwoners oral in die metro te verbeter en meer vaartbelyn te maak. Hy sê dit sluit die verbetering van kliënte se ervaring by kantore in, deur byvoorbeeld ou rekenaars te vervang sodat kliënte vinniger gehelp kan word.
Die hoof uitvoerende beampte van die Namibiese Toerismeraad Digu Naobeb sê die raad sal na verwagting vanjaar sowat 48 miljoen Namibiese dollar van sy heffings invorder. Naobeb het gesê dat van 2019 tot 2021, staatsbefondsing aan die raad gemiddeld 3 miljoen dollar was. Die raad moes sterk staatmaak op heffings wat van toerisme-ondernemings ingevorder word. NTB gebruik die heffings om Namibië as toeriste-bestemming te bemarking en die raad se werksaamhede te betaal. Naobeb, wat onlangs as uitvoerende hoof bedank het, se kontrak kom op 30 Junie vanjaar tot ‘n einde. Hy sê die NTB se finansiële posisie besig is om te stabiliseer.
Okahandja ondervind tans 'n kragonderbreking wat reeds Sondagmiddag begin het. Kosmos 94.1 Nuus het met Charlie Matengu, die woordvoerder van Cenored, gepraat, wat sê dat 'n Nampower-transformator foutief is en dat die Nampower-amptenare tans besig is om die probleem op te los.
Matengu sê hulle nie weet wanneer die kragprobleem herstel sal wees nie, maar hy maan inwoners om alle elektriese toerusting af te skakel.
'n Speurderkonstabel van Johannesburg staar 'n aanklag van regsverydeling in die gesig nadat die ondersoek-eenheid vir ernstige korrupsie hom in hegtenis geneem het. Die polisiewoordvoerder, Katlego Mogale, sê die 34-jarige konstabel se arrestasie spruit voort uit bedrog en oortreding van die Immigrasiewet teen 'n buitelandse sakepersoon, Frank Buyanga, wat verlede November aangekla is. Sy sê Buyanga is gevolglik borgtog geweier aangesien hy ook vir ontvoering in sy eie land gesoek word.
Daar is voortdurend klagtes oor die toestand van paaie in Namibië se vlagskip nasionale park, Etosha. Met die toestroming van toeriste na die park, word beweer dat paaie vinnig agteruitgaan. Die woordvoerder van die omgewingsministerie, Romeo Muyunda, het aan Kosmos 94.1 Nuus die beweringe ten sterkste ontken en sê inteendeel kry hulle komplimente oor die goeie toestand van die paaie. Hy voeg by daar is mense wat die beeld en bestuur van die park wil skade berokken.
Die DA in Gauteng sê baie skole in die provinsie is in 'n haglike toestand wat daartoe lei dat duisende leerders in die stelsel verlore gaan. Van die 2,5 miljoen leerders wat die departement in 2021 ingeskryf het, het slegs sowat 2,2 miljoen in graad een tot 12 in hierdie akademiese jaar teruggekeer skool toe. 'n DA-woordvoerder, Khume Ramulifho, sê dis kommerwekkend dat die departement onseker is of 110 381 leerders na ander provinsies of lande vertrek het, of bloot die onderwysstelsel verlaat het.
Die Wes-Kaapse onderwysdepartement sê die sperdatum vir laat aansoeke vir die 2024- akademiese skooljaar is 25 Mei. Die maand lange venstertydperk waarin ouers kon aansoek doen om hulle kinders te plaas, het Vrydag gesluit en 156 150 aansoeke is ontvang. LUR David Maynier sê laat aansoeke by skole sal eers oorweeg word nadat aansoeke wat betyds ontvang is, verwerk is.
'n Politieke kenner het sy reaksie gegee op Pole en Hongarye wat besluit het om die invoer van graan en ander voedsel uit die naburige Oekraïne te verbied om die plaaslike landbousektor te beskerm. Die twee regerings het dit bevestig nadat 'n vloed van aanbod pryse regoor die streek onderdruk het. Nadat Rusland se inval sommige Swartsee-hawens geblokkeer het, het groot hoeveelhede Oekraïnse graan, wat goedkoper is as dié wat in die Europese Unie geproduseer word, uiteindelik in Sentraal-Europese state gebly weens logistieke knelpunte wat pryse en verkope vir plaaslike boere getref het. Suid-Afrikaanse politieke kundige, professor Andre Duvenhage het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat hy oortuig is dat die besluit polities-gemotiveerd is.
Suid-Afrika se energiekrisis is in die kollig as een van die grootste faktore wat tot die swak ekonomie bydra. Dit was een van die gevolgtrekkings van die Internasionale Monetêre Fonds en die Wêreldbank se Lente-vergadering. Die IMF het sy groei-vooruitsigte vir Suid-Afrika afwaarts hersien tot 'n negatiewe 1,1 persent. Die direkteur van die IMF se Afrika-departement, Abebe Selassie, sê die energiekrisis is 'n groot struikelblok vir ekonomiese groei en werkskepping. Selassie sê Suid-Afrika se ekonomie sal na verwagting met 0,1 persent groei.
Die sagteware-maatskappy KnowBe4 Africa sê 'n onlangse verslag toon meer mense wêreldwyd gebruik en dra minder harde kontant. Die organisasie se kubermis-daadkenner, Anna Collard, sê dit is as gevolg van 'n toename in kaartbetalings. Collard het gesê hoewel talle mense kaartbetalings verkies, is daar 'n toename in kubermisdaad, veral met bank-toepassings en internetoordragte.
Die einde van 'n era het aangebreek met Erwin Handura se bedanking as afrigter van die Namibiese nasionale vroue-hokkiespan, ná ’n hoogs suksesvolle termyn. Die Namibiese hokkie-unie het in ’n verklaring gesê Handura beoog om voortaan sy passie vir hokkie-ontwikkeling uit te leef. Die president van die unie Reagon Graig het sy waardering vir die bekroonde afrigter uitgespreek en hom voorspoed met sy nuwe planne toegewens. Onder sy leierskap het die span beduidende mylpale bereik, insluitend die verteenwoordiging van Namibië by verskeie internasionale kompetisies soos die Binnenshuise Wêreldbeker, Afrikabeker en die Hokkie5's Afrika-kampioenskappe. Handura het met Kosmos 94.1 Nuus gesels...
ProLife Namibia ontken dat daar chaos was by die openbare verhore oor die wettiging van aborsie in Windhoek. Dit volg na berigte dat lede van die publiek wat pro-aborsie is, versoek het dat die teen-aborsie-plakkate uit die saal verwyder word. Volgens hulle is kerkgroepe toegelaat om binne die saal te betoog. Verhore van die parlementêre staande komitee oor geslagsgeweld oor aborsie het in die Khomas-streek hervat. Aborsie in Namibië is alleenlik wettig vir mediese redes, bloedskande en verkragting. Sasha Louw van ProLife Namibia het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê plakkate is vertoon om die publiek oor die nadele van aborsie in te lig.
Tax Justice South Africa het die onlangse ondersoekende verslag van Al Jazeera verwelkom wat onthul het hoe die Gupta-broers miljarde Suid-Afrikaanse rand wat deur staatskaping bekom is, na hul bankrekenings in Dubai, Hongkong en China oorgeplaas het. Die ondersoek het ook onthul hoe die sogenaamde Gold Leaf-mafia met staatskaping gehelp het. Die stigter van Tax Justice South Africa, Yusuf Ambramjee, sê die bewys van massiewe geldwassery wat met staatsamptenare verbind word, moet dringend ondersoek word.
Die Nasionale Unie van Metaalwerkers in die buurland het 'n salarisaanbod van sewe persent in die passasiersbus-sektor aanvaar. Die vakbond was een van dié wat gedreig het om landwyd te staak. Die Suid-Afrikaanse vervoer- en verwante werkersvakbond, Satawu, het die aanbod aanvaar. Numsa se woordvoerder, Phakamile Hlubi-Majola, sê die kwessie oor werkers se mediese versekering sal na 'n taakspan verwys word.
Namibiese politieke partye besef dat partye gebaseer op etnisiteit hulle nie reg sal laat geskied tydens nasionale verkiesings nie. Dit was duidelik in die toespraak van die president van National Unity Democratic Organization, Nudo, dr. Esther Muinjangue. Sy het beklemtoon dat Nudo nie net vir die OvaHerero-gemeenskap is nie. Sy het hierdie opmerkings gemaak tydens die eerste Nudo nasionale raad se jeugliga-vergadering. Dr. Muinjangue het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die party alle Namibiërs verwelkom en sy vlerke sprei.
Rugby: Leinster se huidige afrigter, Leo Cullen, sê hulle kry 'n ervare taktikus van wêreld-gehalte in die Springbok-afrigter, Jacques Nienaber. Hy het persoonlike redes aangevoer vir sy besluit om as Bok-afrigter te bedank wanneer die Wêreldbeker in Frankryk tot 'n einde kom. Nienaber sal volgende jaar as afrigter inval by Leinster in Ierland. Cullen sê hulle is opgewonde om Nienaber te ontvang as deel van hulle afrigtingspan.
Accountability Now in die buurland sê die minister van polisie, Bheki Cele en die minister van justisie en korrektiewe dienste, Ronald Lamola, moet aanspreeklik gehou word vir die ontsnapping van die veroordeelde moordenaar en Facebook-verkragter, Thabo Bester. Hy het in Mei verlede jaar uit die Mangaung-gevangenis ontsnap. Bester is in Tanzanië aangekeer en aan Suid-Afrika uitgelewer waar hy weer agter tralies is. Die direkteur van Accountability Now, Paul Hoffman sê die land was in 'n kwesbare situasie met 'n voortvlugtige.
Namibië ervaar oor die afgelope maande 'n toenemende vlaag van rooftogte, diefstal en ander misdaad. In baie gevalle is hierdie oortreders wat voortvlugtig is, bekend aan die polisie. Hulle is dikwels gewoontemisdadigers en die meeste van hulle is op borgtog vrygelaat. Kosmos 94.1 Nuus het met Toni Hancox, die direkteur by die Regshulpsentrum, gepraat om uit te vind of ons howe strenger moet wees rakende die vrylating van verdagtes op borgtog.
Die leier van Build One South Africa, Mmusi Maimane, sê hy oorweeg dit nog of hy deel wil wees van die DA se samewerkingsooreenkoms of nie. Dit volg na die DA-leier John Steenhuisen se aankondiging gister dat vyf partyleiers reeds ingestem het om by die konvensie aan te sluit. Maimane het aan die media gesê die 2024-verkiesing is deurslaggewend vir Suid-Afrikaners. Hy sê die konvensie moet ál die behoeftes in die land in ag neem.
Een van die grootste uitdagings van die Namibiese omgewingsministerie is mens-dier-konflik. Altesaam 33 mense het sedert 2019 hul lewens weens aanvalle van meestal krokodille, seekoeie en olifante verloor. Verlede jaar is 15 mense weens mens-dier-konflik dood en vanjaar reeds vier. Daarom gaan die ministerie in Mei 'n mens-dier-konflik-konferensie om maniere te vind om dit te voorkom. In die Kunene-streek loop inwoners deur met roofdiere wat hul vee vang en olifante wat hul infrastruktuur en gewasse beskadig. Die voormalige goewerneur van die streek, Dudu Murorua, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê hy hoop die konferensie bring oplossings.
Volgens die reënvalbulletin van Maart was daar 'n algemene afname van reën regdeur die land ervaar, met baie min uitsonderings. Die jongste Namibiese plantegroei-indeks toon ook dat die grootste deel van die land in 'n ernstige situasie is, terwyl baie min dele op redelike tot goeie toestande dui. Kosmos 94.1 Nuus het met Erastus Ngaruka, die tegniese adviseur van Agribank se adviesdienste, gesels wat 'n opsomming van die stand van weiding regoor die land gedeel het.
Volgens ekonomiese kenners is voertuigverkope een van die aanwysers in die stand van die ekonomie. In Maart is die hoogste aantal voertuie in Namibië verkoop wat sedert Julie 2017 aangeteken is. In Julie 2017 is 1 280 voertuie verkoop, vergeleke met 1 226 eenhede in Maart 2023, volgens Simonis Storm. Passasiers- en ligte handelsvoertuie het 94,2 persent van die totale verkope in Maart uitgemaak. Medium-kommersiële voertuie het die grootste jaarlikse toename in Maart gehad, gevolg deur ekstra swaar en ligte kommersiële voertuie. Kosmos 94.1 Nuus het met dr. Omu Kakujaha-Matundu van die departement ekonomie van die Universiteit van Namibië gepraat oor of dit beteken dat die ekonomie op sy herstelpad is...
Volgens die Namibiese Landbou-unie se landbouverslag van die vierde kwartaal van 2022, toon die Swakara-produksiewaarde 'n inkrimping van 73,9 persent wat veroorsaak is deur 'n afname in die pelsbedryf en die Covid-pandemie. Die uitdagings in die pelsbedryf sluit in toenemende kommer oor dierewelsyn en 'n verskuiwing na wat as meer etiese en volhoubare mode-keuses beskou word. Daar is weer hoop onder plaaslike Swakara-produsente om in Junie hul eerste veiling wat van aangesig tot aangesig sal plaasvind, te hou. ‘n Nuwe agent, die Finse Saga Furs sal die veiling hou. Louisa Campbell 'n plaaslike Swakara-produsent van Lovedale Farming, het gesê hulle is versigtig optimisties.
Die forensiese sielkundige Gerard Labuschagne sê Thabo Bester is 'n slim en vindingryke misdadiger. Labuschagne het in 2011 'n onderhoud met Bester gevoer terwyl hy in die tronk was. Bester het verlede jaar opslae gemaak toe hy uit die Mangaung-gevangenis in die Vrystaat ontsnap het deur voor te gee hy is in sel dood. Bester en sy vriendin Nandipha Magudamana is verlede Vrydag in Tanzanië in hegtenis geneem en Donderdag gerepatrieer. Labuschagne het gesê Bester se intelligensie het hom meer gesofistikeerd gemaak om verskeie misdade te pleeg.
Die DA-lid van die parlement, Glynnis Breytenbach, het haar misnoeë uitgespreek met die besluit om 'n privaatvliegtuig te gebruik om die veroordeelde Facebook-verkragter en moordenaar, Thabo Bester en sy lewensmaat Nandi Magudumana, uit Tanzanië te repatrieer. Breytenbach het die stap as absurd en 'n vernedering vir belastingbetalers beskryf. Sy voer aan die gebruik van 'n huurvliegtuig was onnodig en daar is talle ander opsies beskikbaar om veroordeelde misdadigers te vervoer.
Kosmos 94.1 se Copps 94.1 teenmisdaad-realiteitsprogram het met twee van die grootste uitdagings in Namibië te doen gehad, naamlik dronkbestuur en kinderverwaarlosing. Die polisie het na die Paasnaweek hul kommer uitgespreek oor meer as 80 mense wat vir bestuur onder die invloed van alkohol aangekeer is. Copps 94.1 was Vrydagaand regstreeks op die lug met ons borge G4S Namibia, JAC van M&Z Motors, Minet Namibia Insurance Brokers, LifeLink Emergency Services, Cema Drilling and Compressors, ITR Namibia Earthmoving Equipment en Engen Eureka Service Station. Francois Lottering was op grondvlak in die hoofstad.
Vir die volgende twee naweke sal openbare wettig-aborsieverhore in die Khomas-streek plaasvind wat grootliks sal bepaal of vroue toegelaat sal word om aborsies te ondergaan. Op Sondag 16 April vind dit in die Tobias Hainyeko- en Moses Garoeb Kiesafdelings vanaf elf-uur die oggend tot die middag drie-uur plaas. Saterdag 22 April vind dit by die Mix-nedersetting en John Pandeni-saal in die Samora Machel-kiesafdeling plaas, terwyl Groot Aub op Sondag 23 April vanaf die middag een-uur tot vyf-uur aan die beurt kom. Sasha Louw van ProLife Namibia wat gekant is teen aborsie, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dit sal beteken dat enige vrou, om enige rede hoegenaamd, haar ongebore baba in kan aborteer.
Die polisie in die Noord-Kaap het kommer uitgespreek oor die groot aantal sake-rooftogte wat onlangs aangemeld is. Die polisiewoordvoerder, Sergio Kock, sê hierdie rooftogte het 'n negatiewe uitwerking op individue en sakeondernemings. Hy maan sake-eienaars om meer paraat te wees.
Volgens die reënvalbulletin van Maart was daar 'n algemene afname in reën regdeur die land ervaar. Baie min reën is oor die westelike en suidelike deel van die land waargeneem. Hoë reënval is slegs oor die oostelike deel van die land waargeneem. Die grootste deel van die Weste en Suide het onder-normale reënval gehad, maar normale reënval is oor Ohangwena, Kavango-Wes en -Oos, Zambezi, oos van Otjozondjupa en Omaheke ervaar. Na die lang droë tydperk tydens Februarie was die seisoenale reënval onder-normaal oor suidelike Omusati, Oshana en Kunene, en groot dele van Hardap en Karas. Die res van die land het normale reënval waargeneem. Otjozondjupa-streeksgoewerneur, James Uerikua sê aan Kosmos 94.1 Nuus boere moet na ander boerdery-metodes begin kyk...
Met Namibië wat slegs ses padsterftes oor die Paasnaweek gehad het, het die Suid-Afrikaanse departement van vervoer gesê 185 noodlottige padongelukke is oor die Paasnaweek aangemeld met 225 mense wat in padongelukke gesterf het. In dieselfde tydperk verlede jaar, is 135 noodlottige padongelukke aangeteken wat tot 161 sterftes landwyd gelei het. Fritz Platt, Kosmos 94.1 Nuus se korrespondent in Kaapstad, deel meer...
Die interhoër tussen Windhoek Hoërskool en Windhoek Gimnasium vind van 17 tot 22 April by WHS plaas. Die interhoër vind vir die sewende agtereenvolgende jaar plaas. Leerders van WHS en Windhoek Gimnasium het vanoggend op Kosmos 94.1 se promosiebalkon gekuier. Rugbykaptein van Windhoek Gimnasium, Janneman Brand sê hulle is baie opgewonde...
Die Namibiese Landbou-unie sê boere kan nie nog prysstygings tydens die dreigende droogte hanteer nie. Dit volg na Nampower se aansoek by die Elekritisiteits-beheerraad vir ’n verhoging van 16,87 persent vir grootmaat-kragtariewe. Dit is meer as dubbeld die huidige inflasiekoers. Die NLU het namens sy lede ernstig beswaar gemaak teen die buitensporige verhoging en hoop dat die stand van die land se ekonomie in ag geneem en sal word. Die raad moet dit nou oorweeg en ’n tarief vir Nampower teen 30 April goedkeur. Danie van Vuuren, administratiewe bestuurder van NLU het met Kosmos 94.1 Nuus gesels...
Die Suid-Afrikaanse minister van binnelandse sake, Aaron Motsoaledi het bevestig Thabo Bester se meisie, Nandipha Magudumana, het talle paspoorte by haar gehad toe sy en die Facebook-verkragter en -moordenaar 'n week gelede in Tanzanië in hegtenis geneem is. Die minister het aan die media gesê die mediese dokter het twee paspoorte gehad wat behoort aan nog 'n dokter, Martha Ntshani, wat ook bekendstaan as Dokter Pashy. Die minister het bevestig een van die paspoorte het verval.
Eskom het aangekondig fase 5-beurtkrag word van môreoggend vyf-uur ingestel tot vier-uur die middag, wanneer die land terugkeer na fase 6. Woordvoerder Menzi Mngomezulu sê die besluit om fase 5 in te stel, is te danke aan ‘n laer vraag na krag oor die naweek. Hy sê fase 4-beurtkrag sal Sondagoggend vyf-uur ingestel word tot die middag vier-uur, wanneer fase 6 weer van krag sal word.
Die voorsitter van die B2Gold-raad, dr. Leake Hangala sê dit is jammer dat die Otjikoto-myn moet sluit weens die lewensduur van die goudmyn, wat tussen Otjiwarongo en Otavi geleë is. Die afskaling van bedrywighede in fases, in ooreenstemming met die sluitingsplan, is eers geskeduleer om te begin in die eerste kwartaal van 2024. Die afleggingsbeleid en -kriteria is tans nie beskikbaar nie, aangesien konsultasies met die Mynwerkers-unie van Namibië nie afgehandel is nie. Dr. Hangala het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Die DA moedig Eskom aan om hom teen te sit teen die salaris-eise van die mynwerkersvakbond, NUM, wat 'n verhoging van 15 persent en ander voordele eis. Die DA betoog die eise is ongrondwetlik en stel die belange van die vakbonde bo dié van die land tydens die elektrisiteitskrisis. Die party maan ook teen 'n moontlike staking en dreig met regsoptrede teen enige oortreding van die Grondwet. Ghaleb Cachalia van die DA sê werknemers mag volgens wet nie staak nie omdat elektrisiteitsvoorsiening 'n noodsaaklike diens is.
Die Suid-Afrikaanse energieminister Kgosientsho Ramokgopa het gewaarsku dat die land se kragnetwerk onder hewige druk is. Met Eskom wat aangekondig het dat Fase 6 beurtkrag nou tot verdere kennisgewing in plek sal wees, lyk dit nou meer na 'n werklikheid dat daar 'n koue en donker winter vir Suid- Afrikaners voorlê. Kosmos 94.1 Nuus se korrespondent in Kaapstad, Fritz Platt...
Wette, beleide en kulturele praktyke wat teen vroue diskrimineer, moet hersien word. Dit is deur die uitvoerende direkteur in die ministerie van geslagsgelykheid, Martha Mbombo, gesê tydens 'n werkswinkel oor strategiese beplanning van die vroue-parlementêre koukus wat in Windhoek gehou is. Die driedaagse werkswinkel is daarop gemik om vroulike parlementslede in staat te stel om vroue-kwessies in die parlement te bevorder. Mbombo sê een van die kwessies is maatreëls wat teen mensehandel van vroue en prostitusie ingestel moet word.
Die Bloedoortappingsdiens van Namibië doen 'n beroep op Namibiërs om bloed te skenk om lewens te red. Die diens benodig dringend bloed van die O- en B-bloedgroepe. Die diens moet daagliks gemiddeld 160 bloedskenkings insamel. Tans skenk slegs een persent van die bevolking jaarliks bloed. Titus Shivute, sê aan Kosmos 94.1 Nuus 'n bloedskenksessie word môre by die bloedskenk-kliniek in Windhoek aangebied.
President Hage Geingob het in Lüderitz in die Karas-streek aangekom waar ‘n openbare gemeenskapsvergadering tans oor die groenwaterstof-projekte in die streek plaasvind. Namibië is op pad na grootskaalse, laekoste-ontwikkeling van hernubare energie. Tydens die inligtingsessie het Obeth Kandjoze, voorsitter van die Groenwaterstof-raad, gesê dat Namibië die voordele van die groen energie-geleenthede sal sien.
Die landdroshof in Bloemfontein het die saak teen die veroordeelde Facebook-verkragter en moordenaar, Thabo Bester tot 16 Mei uitgestel. Die minister van binnelandse sake, Aaron Motsoaledi, is bekommerd omdat baie gevangenes in Suid-Afrikaanse gevangenisse nie oor identifikasiedokumente beskik nie. Dit volg op die openbaring dat Bester nie by binnelandse sake geregistreer is nie. Volgens Motsoaledi het Bester se ma hom nie geregistreer nie want hy het van die huis af weggeloop. Hy sê Bester se geboorte is wel by die Chris Hani Baragwanath-hospitaal in Johannesburg aangeteken, en hy verskyn op korrektiewe dienste se data-stelsel.
Die Kamer van Mynwese van Namibië sê dit is jammer dat die Kanadese mynmaatskappy B2Gold sy Otjikoto-goudmyn gaan sluit, maar dit is onvermydelik. B2Gold sê in 'n mediaverklaring afskaling van bedrywighede in fases, in ooreenstemming met die sluitingsplan, is eers geskeduleer om te begin in die eerste kwartaal van 2024. Hy sê die myn het alternatiewe opsies vir aflegging oorweeg, maar gegewe die lewensduur van die myn is dit egter nie lewensvatbaar en volhoubaar nie. Die afleggingsbeleid en -kriteria is tans nie beskikbaar nie, aangesien konsultasies met die Mynwerkers-unie van Namibië nie afgehandel is nie. Die myn is tussen Otjiwarongo en Otavi geleë. Veston Malango, hoof uitvoerende beampte van die kamer het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat..
Die minister van binnelandse sake, Aaron Motsoaledi, sê die Facebook-verkragter en moordenaar Thabo Bester is in Suid-Afrika gebore, maar is nooit geregistreer op die departement se databasis nie. Hy het inligting gegee oor binnelandse sake-verwante aspekte van Bester en sy minnares Nandipha Magudumana se saak, soos identifikasie- en reisdokumente. Motsoaledi sê inligting van Bester se ma, Mercy Mabaso, het die owerhede gelei na die Chris Hani Baragwanath-hospital in Johannesburg. Hy sê daar is bevestig Bester is op 13 Junie 1986 gebore.
Die Stad Kaapstad se departement van maatskaplike ontwikkeling nooi jong entrepreneurs om aansoek te doen vir deelname aan die jaarlikse #YouthStartCT-uitdaging vir entrepreneurs. Deelnemers sal die geleentheid kry om sakevaardighede te verwerf oor hoe om 'n besigheid te begin en in stand te hou. Patricia van der Ross van die stad sê jong entrepreneurs van die stad tussen 16 en 35 met sakeplanne of met kleinsake-ondernemings van minder as drie jaar oud, kan vir die jaalikse kompetisie inskryf.
Die DA sê die Nasionale Tesourie moet ophou om reddingsboeie aan die Suid-Afrikaanse Poskantoor te gee. Die instelling het befondsing van sowat 2,4 miljard Suid-Afrikaanse rand van Tesourie ontvang ten spyte van sy finansiële probleme wat skuld van 4,4 miljard rand insluit. Te midde van berigte dat hy voorlopig gelikwideer is, sê die Poskantoor hy is besig met 'n sake-omkeerstrategie. 'n DA-woordvoerder, Dianne Kohler Barnard, sê die reddingsboei moet gebruik word om voordeel-bydraes vir personeel en pensioenarisse te betaal en nie skuld te delg om bankrotskap te vermy nie.
Rugby: Suid-Afrika bied die naweek vier wedstryde in die Verenigde Rugbykampioenskap aan in die voorlaaste ronde van die gewone seisoen. Die Haaie is vanaand in Durban gasheer vir Benetton terwyl Ellispark môremiddag die heel eerste dubbeldoor-kragmeting in die VRK aanbied. Die Bulle speel teen Zebre Parma, gevolg deur die Leeus teen Leinster. Die Stormers speel môreaand in Kaapstad teen Munster. Die Ierse span se afrigter, Graham Rowntree, sê die verdedigende kampioen is ʼn moeilike neut om te kraak.
Die KwaZulu-Natalse onderwysdepartement het erken dat daar probleme is om kos af te lewer by sommige skole in die provinsie wat begunstigdes van die nasionale skolevoedingsprogram is. Die KZN-sakeforum beweer die maatskappy wat aangestel is om die voedselvoorsiening tussen hulle en die skole te koördineer, lewer nie die kos by die optelpunte af nie. Die LUR, Mbali Frazer, sê die departement wil sy verbintenis herbevestig om voedsame kos by al 5 400 skole te voorsien.
TransNamib sê vrag moet eerder per spoor vervoer word, aangesien vragmotors paaie beskadig. Daar is uitdagings vir die instandhouding van paaie en daar is reeds deur die Padfonds-administrasie voorleggings gemaak vir tolhekke. In die buurland het AcionSA in KwaZulu-Natal het ook 'n beroep gedoen dat swaar vragmotors van paaie verwyder word weens talle padongelukke. ActionSA sê die provinsiale regering moet alle swaar vragmotors van die paaie verwyder voordat nog mense sterf, en begin om die spoorwegstelsel te herstel. Kosmos 94.1 Nuus het met Abigail Raubenheimer, korporatiewe kommunikasiebestuurder van TransNamib gepraat oor wat die huidige persentasie vragmark is en wat TransNamib se teiken is.
Eskom het Bheki Nxumalo as uitvoerende hoof vir opwekking aangestel en sy termyn begin onmiddellik. Hy was voor sy aanstelling die uitvoerende hoof van Eskom Enterprise en Eskom Rotek Industries. Die kragverskaffer se waarnemende uitvoerende hoof, Calib Cassim, sê hulle het iemand in die pos nodig wat die herstelplan met passie sal uitvoer terwyl hy personeel inspireer, en Nxumalo is regte persoon om dit te doen. Eskom se waarnemende woordvoerder, Daphne Mokwena, sê Nxumalo is gereed vir die uitdaging.
ActionSA in Limpopo sê hy is teleurgesteld maar nie geskok oor die voortslepende vertragings met die voltooiing van die Giyani-massawaterprojek nie. Die departement van water en sanitasie het bekend gemaak die projek sal op die laatste teen Januarie afgehandel wees. Tussen 2014 en 2022 het die projek se koste van 502 miljoen Suid-Afrikaanse rand tot 4,5 miljard rand die hoogte ingeskiet. ActionSA se woordvoerder, Sello Lediga, sê hulle gaan 'n aansoek indien volgens die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting, om die vorderingsverslae van die departement te kry.
Die veroordeelde moordenaar en verkragter Thabo Bester het by die Bloemfonteinse landdroshof aangekom waar hy vandag verskyn. Hy en sy medepligtige, dokter Nandipha Magudumana, is uit Tanzanië na Suid-Afrika teruggebring. Hulle is Vrydag in dié land in hegtenis geneem. Bester se verskyning volg 'n dag nadat Magudumana in dieselfde hof verskyn het. Sy staar aanklagte soos moord, bedrog, hulpverlening en lykskending in die gesig. Bester het verlede jaar uit die Mangaung-gevangenis ontsnap deur voor te gee hy is dood. Die woordvoerder van die Suid-Afrikaanse polisie, Brigadier Athlenda Mathe...
Padwedlope: Ongeveer 29 000 hardlopers is gereed vir die naweek se 53ste Twee Oseane-marathon. Die wedloop van 56 kilometer van Nuweland tot Vishoek en oor Chapmanspiek voordat dit by die Universiteit van Kaapstad eindig, vind môre plaas. Stad Kaapstad se burgemeesters-komiteelid vir veiligheid en sekuriteit, JP Smith, sê die organiseerders verwag vanjaar meer as 20 000 deelnemers uit Afrika en ander lande.
Die Hartbeespoort Optimum Visserye en Navorsing het kommer uitgespreek oor die duisende dooie visse in die Hartbeespoortdam in Noordwes. Die dooi visse dryf vanaf Dinsdag naby Ifafi by die watersportklub. Die departement van water en sanitasie en die Sefako Makgatho Gesondheidwetenskap-universiteit het 'n ondersoek van stapel gestuur. Die departement se woordvoerder, Wisane Mavasa, sê 'n gebrek aan suurstof, vis-oorbevolking en swak gehalte water wat die dam invloei, is glo redes vir die vrektes.
‘n Bekende sakeman het sy reaksie gegee op die Namibiese afvaardiging onder leiding van die handelsminister Lucia Iipumbu wat die 53ste jaarvergadering van die Wêreld Handelsentrum-vereniging sal bywoon. Dit vind vanjaar vir die eerste keer in Sub-Sahara Afrika in Ghana se hoofstad Accra vanaf 21 tot 28 April plaas. Volgens die Namibiese Kamer van Koophandel en Nywerheid sal daar 'n uitstalling wees om Namibiese produkte ten toon te stel. Afgevaardigdes sal ook die geleentheid hê om deel te neem aan sake-vergaderings, maatskappy-besoeke en netwerk-dinees. Die uitvoerende hoof van die Black Business Leaders Network Elifas Simon sê aan Kosmos 94.1 Nuus belangstellendes sal hul sakke moet skud.
Die metaalwerkersvakbond, Numsa, sê hy het die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie genader na bewerings van seksuele teistering by die Ford-motormaatskappy van Suider-Afrika. Die nasionale woordvoerder, Phakamile Hlubi-Majola, sê die vakbond veroordeel die wyse waarop Ford die saak hanteer het van 'n proses-opleier wat ʼn werker na bewering geteister het. Hlubi-Majola sê so 'n saak kan nie ligtelik opgeneem word nie en ernstige gevolge is onvermydelik.
Die DA sê Gauteng het 'n korrupsie-mekka geword terwyl amptenare voortgaan om die staatskas te plunder sonder dat gevolgebestuur in plek is. In 2016 het die gewese adjunkdirekteur van G Fleet in die provinsie, Henrietta Khanyile, en Siboniso Mthembu na bewering die G Fleet uit 16 miljoen Suid-Afrikaanse rand bedrieg. 'n DA-woordvoerder, Evert Du Plessis, sê daar is eers in Februarie vanjaar 'n saak teen die twee aanhangig gemaak al was die provinsiale departement van paaie, logistiek en vervoer reeds sewe jaar gelede bewus van hierdie voorvalle van korrupsie.
Voedsel en nie-alkoholiese drank behou hul top-posisie as die hoofdrywer van inflasie in Namibië, en het in Maart 2023 'n toename van 14,6 persent op 'n jaargrondslag aangeteken vergeleke met 4,6 persent in Maart 2022. Op 'n maandelikse basis het prysvlakke vir hierdie kategorie gedurende Maart met 0,9 persent gestyg vergeleke met een persent wat gedurende die Februarie aangeteken is. Ekonoom Jason Kasuto sê aan Kosmos 94.1 Nuus dit plaas erge druk op huishoudings.
President Cyril Ramaphosa sê hulle het beloftes van reuse-beleggings van sakeondernemings ontvang. Die beloftes sluit 'n belegging van een miljard Suid-Afrikaanse rand in deur Turkye se Menar Group in termiese steenkool-mynwerk in Mpumalanga, en Hive Hydrogen se belegging van 105 miljard rand in 'n groenwaterstof-produksie-aanleg in Coega in die Oos-Kaap. Ramaphosa sê ontwikkeling en werkskepping is die ware mate waaraan die sukses van die vyf beleggingskonferensies gemeet word.
Sy doen ‘n beroep op inwoners om toegang aan beamptes te verleen om die omskakeling te doen.
Stad Windhoek herinner alle inwoners wat voorafbetaalde elektriese meters het, aan die implementering van die Token Identifier Rollover-projek. Die omskakeling sal tot 24 November 2024 plaasvind. Daarna sal inwoners wat nie aan die omskakelings-proses deelgeneem het, nie elektrisiteit vir hul meters kan koop nie, verduidelik die stad se woordvoerder Lydia Amutenya aan Kosmos 94.1 Nuus...
Die Suid-Afrikaanse minister van elektrisiteit, Kgosientso Ramokgopa, sê sy departement se plan om beurtkrag te verlig sal aggressief wees. Hy het gepraat by die vyfde Suid-Afrikaanse beleggingskonferensie in Sandton, Johannesburg. Die minister sê Eskom het steeds 'n verpligting om te belê in die produksie van gehalte steenkool want sy kragstasies word tans deur steenkool aangedryf. Ramokgopa gaan die plan aan die kabinet voorlê en sê hy is vol vertroue oor die uitkoms.
Positiewe passasiers- en vragverkeer in Februarie dui op voortgesette herstel in die lugvaart-sektor. Totale lugredery-passasiersverkeer het in die maand met 55,5 persent gestyg vergeleke met Februarie 2022. Wêreldwyd is verkeer nou op 84,9 persent van Februarie 2019-vlakke. Die wêreldwye vraag na lugvrag het met 7,5 persent gedaal, vergeleke met Februarie 2022. Maar die vraag in Februarie na lugvrag was 2,9 persent hoër as die pre-pandemie-vlakke in Februarie 2019 - die eerste keer dat dit pre-pandemie-vlakke in agt maande oortref. Kosmos 94.1 Nuus het met die lugvaartkenner van Airlink, Linden Birns gepraat...
Fase 6-beurtkrag sal tot verdere kennisgewing voortduur, weens bykomende onklaarraking van opwekkingseenhede en vertragings om vermoë te herstel. Eskom waarsku die stelsel is steeds onder druk en aanpassing van die fases mag op kort kennisgewing ingestel word. Die woordvoerder, Daphne Mokwena, sê gevolglik word die publiek aangeraai om die gevolge van beurtkrag te verlaag deur elektrisiteitsgebruik te verminder.
Die Suid-Afrikaanse polisie en gevangenes-vakbond Popcru sê hy is gekant teen die privatisering van tronke in Suid-Afrika. Die president van die vakbond, Zizamele Cebekhulu, het private gevangenisse gekritiseer en sê die regering moet bande met hulle verbreek. Cebekhulu glo die tronke stel wins voorop, bo openbare veiligheid en rehabilitasie.
Zimbabwe se Tabakbedryf-bemarkingsraad sê produksie sal na verwagting in 2023 tot 230 miljoen kilogram styg ná afloop van goeie reën. ‘n Rekord-oes word verwag, ondanks kunsmispryse wat weens die Russiese-Oekraïnse konflik gestyg het. Volgens die raadsvoorsitter, Patrick Devenish, beoog die tabakbedryf om vervaardiging teen 2025 tot 300 miljoen kilogram te verhoog. Tabak is een van die grootste uitvoer-verdieners in Zimbabwe. Deon Theron, die voormalige president van die Kommersiële Boerevereniging in Zimbabwe, sê aan Kosmos 94.1 Nuus die prys van kunsmis is ‘n uitdaging.
Die Bank van Namibië sê hy werk aan digitale transformasie en modernisering van die plaaslike finansiële sektor om finansiële insluiting te verbeter. Die bank het onlangs besoek aan die Sentrale Bank van Kenia afgelê om Namibië se finansiële insluiting te meet en te bevorder. Dit sal die sentrale bank se vermoë om finansiële risiko's wat uit nuwe vorme van geld ontstaan, te bestuur en te versterk. Die bank se hoofbeampte van internasionale betrekkinge en volhoubaarheid, Naufiku Hamunime, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die besoek het waardevolle insigte verskaf wat aangewend sal word om beleid en praktyke te verbeter.
President Cyril Ramaphosa het beleggers die versekering gegee die land is steeds toegewy aan sy Regverdige Energie-oorgangsplan, ondanks sy afhanklikheid van steenkool. Hy het in sy hoofrede op die vyfde jaarlikse Suid-Afrikaanse beleggingskonferensie in Sandton, Johannesburg, toegegee die land se energiekrisis het beleggers- en verbruikersvertroue geknou. Ramaphosa sê dit het belegging-sentiment en indrukke van Suid-Afrika geraak. Hy sê die regering doen alles in sy vermoë om 'n oplossing te kry vir beurtkrag.
Die Stad Kaapstad het die week die volgende fase van sy Wintergereedheidsprogram afgeskop deur waterpypleidings en stormwater-dreine skoon te maak voor die nat winter-reënseisoen. Burgemeester, Geordin Hill-Lewis het vandag by skoonmaakspanne in Delft aangesluit om die vordering van die projek te monitor en sê dis een van die grootste skoonmaak-operasies wat nóg deur die Stad aangepak is. Kosmos 94.1 Nuus se korrespondent in die Moederstad, Fritz Platt...
Die omgewingsminister Pohamba Shifeta het vandag in die Nasionale Vergadering die kwessie van mens-dier-konflik bespreek. Die nasionale beleid oor mens-dier-konflik is in 2009 geïmplementeer en in 2018 hersien. Sedert 2019 het die ministerie meer as 24 miljoen Namibiese dollar uitbetaal weens mens-dier-konflik wat verliese aan menselewens en vee veroorsaak het, asook beserings en skade aan gewasse.
Die Namibiese polisie van Ariamsvlei in die Karas-streek soek dringend die publiek se hulp om die 35-jarige Namibiese man Dominikus Swartbooi op te spoor. Swartbooi is 'n polisiebeampte wat onlangs na die Ariamsvlei-polisiestasie oorgeplaas is en reeds op 4 April vermis geraak het. Hoof-inspekteur Elifas Kuwinga, woordvoerder Nampol gee meer besonderhede aan Kosmos 94.1 Nuus...
Die jongste Namibiese plantegroei-indeks toon dat die grootste deel van die land in 'n ernstige situasie is, terwyl baie min dele op redelike tot goeie toestande dui. In die Oshana-streek het boere twee weke gelede sowat 13 millimeter reënval gekry en hulle is veral bekommerd oor weiding vir hul vee. Ileni Nandjato, 'n kommunale boer in die streek deel sy kommer met Kosmos 94.1 Nuuss..
Die Namibiese omgewingsministerie het bevestig dat agt vermeende renosterstropers in hegtenis geneem is. Twee afsonderlike stropingsvoorvalle het in die Etosha Nasionale Park plaasgevind. Twee van die verdagtes is by padblokkades tussen Otavi en Tsumeb vasgetrek en is borgtog in die hof geweier. Ander verdagtes is op die pad tussen Outjo en Otavi aangekeer. Verdere ondersoek het gelei tot die arrestasie van drie lede van 'n teenstsropings-eenheid van 'n plaas, wat vermoedelik renosterhorings verskaf het. Die woordvoerder van die ministerie Romeo Muyunda versoek Namibiërs om wildstropery te rapporteer.
Na 'n paar jaar van geen melkprys-verhoging nie, het produsente teen die einde van verlede jaar 'n 5,2 persent jaarlikse verhoging verwelkom. Volgens die Namibiese Landbou-unie se verslag van die vierde kwartaal van 2022, het totale uitgawes egter vir 2022 gemiddeld met meer as 20 persent gestyg, en dit is hoofsaaklik aangedryf deur stygings in die prys van brandstof en voerkoste. Talle melkboere het tydens die droogte hul koeikudde verminder en sommige produsente het die bedryf verlaat. Landboukundige Wallie Roux het die uitdagings in die melkbedryf aan Kosmos 94.1 Nuus verduidelik.
Die Wes-Kaapse polisie sê hulle is besig om alle moontlike leidrade op te volg om die drie gewapende mans wat ses mense in Ocean View doodgeskiet het, vas te trek en in hegtenis te neem. Vyf mans, tussen die ouderdomme van 20 en 50 is in die aanval by 'n huis koelbloedig doodgeskiet, met 'n sesde slagoffer wat later in die hospitaal aan sy wonde beswyk het. Fritz Platt, Kosmos 94. Nuus se korrespondent in Kaapstad...
Die Pluimvee-produsentevereniging het sy reaksie gegee op die prys van eiers wat wêreldwyd rekordhoogtes bereik het. ’n Studie deur Rabobank toon eier-verskaffers en -verbruikers sukkel om stygende pryse die hoof te bied. Sedert verlede jaar het eierpryse met meer as 100 persent gestyg. Die studie voorspel dat die pryse regdeur vanjaar hoog sal bly. Bydraende faktore sluit in die stygende koste van voer, uitbrekings van voëlgriep en 'n groeiende verbruikersvraag. Rene Wentcher, voorsitter van die vereniging praat met Kosmos 94.1 Nuus oor wat die situasie in Namibië is.
President Cyril Ramaphosa verwag die mobilisering van 2 000 miljard Suid-Afrikaanse rand se beleggings in ekonomie binne die volgende vyf jaar. Hy het met afgevaardigdes gepraat op die vyfde jaarlikse Suid-Afrikaanse beleggingskonferensie in Sandton, Johannesburg. Ramaphosa sê hy besef die land staan voor uitdagings, waar onder beurtkrag en plasing op die gryslys. Hy bevestig die uitdagings het beleggersvertroue 'n knou gegee. Ramaphosa het aan beleggers gesê hy glo egter die land bied 'n rykdom geleenthede.
Die kabinet het onlangs die verkryging van die Menslike Papiloomvirus-enstof van die Namibiese gesondheidsministerie goedgekeur om servikale kanker te voorkom. Namibië gaan aanvanklik tien persent of 39 511 meisies tussen die ouderdomme van nege en veertien inent en ‘n inentingsveldtog oor drie jaar van stapel stuur om 70 persent van die geteikende bevolking in te ent. Die Gardasil 4-entstof word deur die Verenigde Nasies se Kindernoodfonds, Unicef, verkry. Die uitvoerende hoof in die gesondheidsministerie Ben Nangombe sê daar is egter uitdagings weens mites en wan-inligting oor die entstof.
Die landdroshof in Delareyville in Noordwes het die saak teen Reginald Scholtz, wat teregstaan op 61 aanklagte van diefstal ter waarde van 9,1 miljoen Suid-Afrikaanse rand, tot Mei uitgestel. Scholtz, 'n voormalige groepshoof van finansies by die Botselo-meule, het na bewering bedrog gepleeg deur geld in sy persoonlike bankrekenings in te betaal onder die voorwendsel dat diensverskaffers betaal word. Die woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, Henry Mamothame, sê die hof het beveel alle dokumente wat verband hou met die saak moet aan die prokureur vir die verdediging oorhandig word.
Die voormalige minister van visserye en een van die Fishrot-beskuldigdes, Bernhardt Esau, se borgtog-aansoek duur vandag voor regter David Munsu in die Windhoekse hoërhof voort. Esau het tydens sy kruisondervraging getuig dat die ander besbuldigdes in die korrupsie-sage sy naam gebruik het om hulself te bevoordeel.
Rugby: Die Suid-Afrikaner Richard Kriel is opgewonde om as 'n baie meer ervare speler terug te wees in die land nadat hy hom by Zebre-Parma aangesluit het. Die Italiaanse span is deel van die volgende twee naweke se dubbeldoor-Rugbykampioenskap-kragmetings in Gauteng. Zebre begin sy veldtog die naweek teen die Bulle op Ellispark en speel 'n week later op Loftus Versveld teen die Leeus. Die agterspeler sien uit na die uitdaging.
‘n Namibiese ekonoom sê die inflasiekoers het hoër as na verwagting gestyg. Volgens die Namibiese Statistieke-agentskap se verbruikersprys-indeks van Maart het die jaarlikse inflasiekoers met 7,2 persent gestyg vergeleke met 4,5 persent wat in Maart 2022 aangeteken is. Op 'n maandelikse basis het die inflasiekoers met 0,6 persent gestyg vergeleke met 0,4 persent wat 'n maand vroeër aangeteken is. Theo Klein van Simonis Storm het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat ..
Die Namibiese arbeidsminister Utoni Nujoma het sy stem gevoeg by 'n mosie in die Nasionale Vergadering vir die stigting van 'n Volksmoord-gedenkmuseum om die slagoffers van die Herero-Nama-volksmoord van 1904 tot 1908 te vereer. Hy het egter by sy mede-parlementslede gepleit om eenheid in gedagte te hou wanneer hulle oor hierdie belangrike mosie debatteer. Utoni sê dit is waarom die Helde-akker daar is om alle tragiese geskiedkundige gebeure te herdenk.
'n Gyselaar-onderhandelaar van die Suid-Afrikaanse hulp-organisasie Gift of the Givers het in Mali aangekom, maar moet nog ‘n week wag vir onderhandelinge vir die vrylating van die Suid-Afrikaner, Gerco van Deventer. Dié paramedikus van Swellendam word die afgelope vyf en 'n half jaar in Noord-Afrika aangehou. Hy is in 2017 in Libië ontvoer voordat hy aan Al Kaeda in Mali verkoop is. Die stigter van Gift of the Givers, Imtiaz Sooliman, gee die jongste in verband met die onderhandelinge.
Die Konstruksiebedryf-federasie van Namibië het onlangs met 'n afvaardiging van die Afrika Ontwikkelingsbank vergader om die plaaslike konstruksie-sektor te ondersteun . Die verteenwoordigers van die bank was in Namibië met die oog op die voorbereidings vir 'n voornemende openbare tender vir die opgradering van die spoorlyn tussen Kranzberg na Tsumeb. Die uitvoerende hoof van die federasie, Bärbel Kirchner, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê hierdie vergadering was 'n belangrike stap in die bewusmaking van internasionale finansiers oor die absolute noodsaaklikheid en dringendheid om plaaslike kontrakteurs in Namibiese besit te ondersteun.
Die Nasionale Petroleumkorporasie van Namibië, Namcor het 15 vulstasies regoor die land gevestig en verskeie terreine geïdentifiseer wat geskeduleer is vir voltooiing later vanjaar. Namcor se teiken is om 33 operasionele brandstofstasies teen die einde van 2024 op te rig. In 'n poging om hierdie doel te bereik, het Namcor onlangs twee diensstasies geopen wat die gemeenskap van Rundu in die Kavango-Oos-streek sal bedien. Kosmos 94.1 Nuus het met die wowordvoerder van Namcor gepraat...
Die Suid-Afrikaanse Federasie van Vakbonde, Saftu, doen 'n beroep op die regering om die kontrak met die private sekuriteitsmaatskappy onmiddellik op te sê en die Mangaung korrektiewe sentrum in Bloemfontein te nasionaliseer. Die Facebook-verkragter en veroordeelde moordenaar Thabo Bester het in Mei verlede jaar uit dié tronk ontsnap deur voor te gee hy is dood. Saftu se woordvoerder, Trevor Shaku, sê dis duidelik dat die maatskappy onbevoeg is om die tronk te bestuur.
Die Namibiese Universiteit van Wetenskap en Tegnologie se departement van gasvryheid en toerisme in samewerking met Baden-Württemberg Staatsuniversiteit Ravensburg in Duitsland, gaan 'n toerisme-werkswinkel onder die tema “Re-igniting the Tourism Industry in Namibia” op 20 April aanbied. Die universiteit se professor-doktors Conny Mayer-Bonde, Stefan Luppold en Wolfgang Fuchs sal die gassprekers by die werkswinkel wees. Gitta Paetzold, uitvoerende hoof van die Gasvryheidsvereniging van Namibië het met Kosmos 94.1 Nuus gesels oor die belangrikheid van hierdie werkswinkel.
Action Society sê Gauteng se premier Panyaza Lesufi moet verduidelik waarom hy dink dis belangrik om fondse wat geoormerk is vir honger kinders en bejaardes, vir ander doeleindes te gebruik. Verskeie organisasies sonder winsbejag het vandeesweek gefrustreerd gereageer toe die LUR vir maatskaplike ontwikkeling, Mbali Hlophe, aangedui het hulle befondsing gaan nou eerder gebruik word vir die program teen dwelm- en middelmisbruik. Action Society se woordvoerder, Ian Cameron, sê hulle glo misdaadvoorkoming en kwesbares se versorging is belangriker as die rehabilitering van dwelmverslaafdes.
Die Wes-Kaap se LUR vir onderwys, David Maynier, sê nog net twee dae is oor vir ouers om betyds aansoek te doen vir plek vir hul kind in 'n skool in 2024. Die aanlyn-aansoekproses sluit môre om middernag. Maynier sê omdat ouers vir meer as een skool vir hul kinders aansoek doen, beloop die totale getal individuele aansoeke sover 400 790.
Eerste Minister Saara Kuugongelwa-Amadhila sê die regering is voorbereid op die dreigende droogte weens die swak reënval wat hierdie reënseisoen ontvang is. Kuugongelwa-Amadhila het in die parlement geantwoord op 'n vraag van die amptelike opposisieleier van die PDM, McHenry Venaani. Hy het gesê dat Namibië op grond van die weerpatrone op 'n droogte afstuur. Die eerste minister het beklemtoon dat die regering jaarlikse kwesbaarheid-studies oor die droogte uitvoer. Kuugongelwa-Amadhila het met vroeër met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor moontlike voedselhulp-programme vir gemeenskappe wat deur die droogte en mis-oeste geraak word.
Die minister van justisie, Ronald Lamola, sê die Facebook-verkragter en veroordeelde moordenaar, Thabo Bester, is in die Kgosi Mampuru-gevangenis opgeneem. Sy medepligtige, dokter Nandipha Magudumana sal later vandag in ʼn hof in Bloemfontein verskyn. Die paartjie wat verlede week in Tanzanië in hegtenis geneem is, het vanoggend in die vroeë oggendure onder swaar polisiebewaking op die Lanseria Internasionale Lughawe aangekom. Bester het verlede jaar uit die Mangaung-gevangenis in Bloemfontein ontsnap.
Die Gautengse gesondheidsdepartement het byna 1 600 senior bestuurders en amptenare in voorsieningskettingbestuur en menslikehulpbronbestuur aan 'n keuringsproses onderwerp. Van die 106 senior bestuursbeamptes het 104 reeds dokumente ingedien wat die Staatsveiligheids-agentskap kan ondersoek. Nege het al klaringsertifikate ontvang. Die departement se woordvoerder, Motaletale Modiba, sê die proses sal sy bestuurstelsels versterk.
Lede van die Nasionale Raad het gevra vir 'n noodreaksie-plan op die dreigende droogte, wat volgens hulle reeds talle gemeenskappe geraak het weens 'n gebrek aan reënval. Die raadslede bespreek tans die 2023/2024-begroting wat deur die Nasionale Vergadering verwys is. Lede het die dringende behoefte aan ’n noodplan beklemtoon wat onmiddellike verligting sal bied aan droogtegeteisterde gemeenskappe . Kommer is uitgespreek oor die impak op die landbou-sektor en het. Paulus Mbangu van die Rundu landelike kiesafdeling het 'n beroep op President Hage Geigob om 'n noodtoestand oor die droogte af te kondig.
'n Gevallestudie deur 'n doktor aan die Universiteit van die Vrystaat, Larisse Prinsen, toon sake van mediese wanpraktyke teen dokters neem toe in Suid-Afrika. Sy het gesê die kwessie het kommer laat ontstaan in die gesondheidsektor weens die groot aantal sake wat aangemeld word, waaronder eise vir mediese vergoeding. Prinsen sê meer moet gedoen word oor hoe die mediese bedryf reguleer word.
Die bekende Namibiese Pulmonoloog, Dr. Willie Bruwer het vanoggend gesels oor e-sigarette en "vaping", en wat ons daarvan weet. Luister hier na die gesprek indien jy dit misgeloop het.
Die Stad Tshwane sê sy busdiens het vanoggend weer al sy bedrywighede hervat. Die stad moes Woensdag sy getal busse op paaie verminder weens 'n tekort aan diesel by die metro se bus-depots. Dis die tweede keer vanjaar dat Tshwane-busse se diesel opraak. Die stad se woordvoerder, Lindela Mashigo, sê hulle is bewus dat dit 'n negatiewe uitwerking op kliënte se pendelplanne het.
Die omstrede aktivis Michael Amushelelo se naam word gebruik in die jongste slenter om geld uit besigheidseienaars te maak. Volgens inspekteur Ileni Shapumba van die Erongo-polisie word sake-eienaars geskakel en gedreig dat Amushelelo ‘n protes buite die besigheid sal reël, sou die eienaar nie ‘n betaling maak nie. Shapumba sê een eienaar is uit 20 000 Namibiese dollar bedrieg. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Die kruisondervraging van Nigel van Wyk in die Fishrot-saak duur tans voort in die hoofstad voor hoërhof-regter David Munsu. Van Wyk is in hegtenis geneem omdat hy na bewering probeer om bewyse uit die huis van die voormalige minister van justisie, Sacky Shanghala, te verwyder. Advokaat Hesekiel Ipinge, wat die staat verteenwoordig, het aan Van Wyk gevra hoekom hy die sakke in die huis gevat het...
Daar is kommer oor voedselsekerheid met die oorlog in die Oekraïne. Daar is die bekende redes soos sanksies en uitvoere en meer, maar, meer as ‘n jaar in die oorlog in, is daar kommer oor hoeveel boere in die afgelope seisoene aangeplant met die konflik wat in die land woed. Dr. Theo de Jager, die voorsitter van die Wêreld Boere-organisasie het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat..
Terwyl Namibië as 'n land gerig is op die Vierde Industriële Revolusie, word daar bevraagteken hoe vroue 'n rol in dié revolusie sal speel. Audrey Chanakira, ‘n ontwikkelaar van mobiele toepassings, sê vroue moet hulself in 'n manlik-gedomineerde tegnologiebedryf posisioneer. Sy sê vroue kan sukses behaal deur 'n loopbaan in wetenskap, tegnologie, ingenieurswese en wiskunde te kies. Chanakira het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê jong meisies kan help om diversiteit, gelykheid en insluiting in die tegnologiebedryf te bevorder.
Die Stad Tshwane het pendelaars ingelig die Tshwane-busdiens bied minder dienste aan van vandag tot verdere kennisgewing. Dit is weens dieseltekorte by die stad se busdepot's. Die woordvoerder van die metro, Lindela Mashigo, sê die stad besef die besluit om die diens in te kort sal 'n negatiewe uitwerking hê op inwoners se pendelplanne:
Vier verdagtes is in hegtenis geneem nadat hulle in Johannesburg met 'n groot besending dwelms in hul besit betrap is. 'n Woordvoerder van die polisie, Dimakatso Nevhuhulwi, sê 'n span bestaande uit onder andere amptenare van die blitspatrollie, hoofwegpatrollie en doeane het inligting opgevolg oor 'n vragmotor met chemikalieë wat vir die vervaardiging van dwelms gebruik word. Die vragmotor was van die houerterminaal by City Deep onderweg na Midrand:
Die Internasionale Monetêre Fonds voorspel Suid-Afrika se ekonomie gaan vanjaar skaars groei terwyl beurtkrag en swak kommoditeitspryse voortgaan om 'n tol te eis. Die fonds het sy wêreld-ekonomiese vooruitsig bekend gemaak en voorspel Suid-Afrika se BBP se ware groei sal verlangsaam tot slegs 0,1 persent wat heelwat minder is as die 3,6 persent wat oor die algemeen vir Afrika suid van die Sahara voorspel word. Met die noue verbintenis tussen die Namibiese en Suid-Afrikaanse ekonomieë, het Kosmos 94.1 Nuus met die plaaslike ekonoom Cons Karamata gepraat oor die moontlike impak op die Namibiese ekonomie.
Die Stad Kaapstad sê hy is 'n trotse ondersteuner van die Bayhill-premierbeker en vanjaar se toernooi het weereens bewys dis 'n waardige belegging. Die stad se burgemeesterskomiteelid vir Gemeenskapsdienste en Gesondheid, Patricia van der Ross, sê duisende toeskouers het Maandag gekyk hoe Grassy Park United as wenners wegstap nadat hulle in die jaarlikse onder 19-sokkertoernooi op die Athlone-stadion met Cape Town Spurs afgereken het:
Die polisie in die Noord-Kaap het die onlangse vonnis van twee gewese Transnet-werknemers verwelkom. Die twee is in die Kimberley-streekshof tot 15 jaar tronkstraf gevonnis nadat hulle koper van lokomotiewe gesteel het. Die polisiewoordvoerder, Sergio Kock, sê die provinsiale eenheid vir georganiseerde misdaad was besig met ondersoeke by 'n plaaslike skrootwerf toe 'n verdagte Volkswagen Polo met twee manlike insittendes daar weggejaag het. Hy sê die polisie het die voertuig naby die Kimberley-polisiekantoor voorgekeer:
Die Suid-Afrikaanse landbouminister, Thoko Didiza, sê haar departement wil die wet wysig om mense teen Amerikaanse veghonde te beskerm. Sy het 'n versoekskrif met meer as 139 000 handtekeninge van die Sizwe Kupelo-stigting ontvang wat vra dat die honde as troeteldiere verbied word. Die departement se woordvoerder, Reggie Ngcobo, sê hulle werk ook saam met die Departement van Justisie om die Wysigingswet op Diere-aangeleenthede van 1993 te verander om seker te maak burgers word beskerm en die eienaars van sulke diere word aanspreeklik gehou:
Voormalige Britse gesondheidsminister Stephen Dorrell sê die huidige stakings van dokters in die nasionale gesondheidsdiens was voorspelbaar en kon vermy gewees het. Meer as 46 000 dokters staak in die land vir beter werksomstandighede en salarisse. Dorrell sê ministers het nie die uitdagings aangespreek het nie.
Die DA in Gauteng sê die Departement van Ekonomiese Ontwikkeling het weer die stad se inwoners wat dringend werksgeleenthede nodig het, in die steek gelaat. 'n DA-woordvoerder, Dorianne Arendse, sê volgens die derde kwartaal se verslag vir die 2022/2023-boekjaar moes die departement 40 000 werksgeleenthede in die globale sakedienstesektor skep. Daar is egter net 245 nuwe poste geskep:
ActionSA in KwaZulu-Natal doen 'n beroep dat swaar vragmotors van paaie verwyder word. Dit volg na Maandag se kettingbotsing op die N3 tussen Hilton en Cedara buite Pietermaritzburg, waarin ses mense dood is. Meer as 40 motors, taxi's en vragmotors was in die botsing betrokke wat volgens berigte deur 'n menslike fout veroorsaak is. ActionSA se woordvoerder, Zwakele Mncwango, sê die provinsiale regering moet alle swaar vragmotors van die paaie verwyder voordat nog mense sterf, en begin om die spoorwegstelsel te herstel:
Die gasheer van die TotalEnergies Afrika-beker van Nasies 2027 sal voor September bekendgemaak word met Namibië en Botswana wat Afcon gesamentlik wil aanbied. Die Konfederasie van Afrika-sokker het die bieproses oopgemaak vir belangstellende lande. Kenia is een van die lande wat Afcon in samewerking met ander Oos-Afrika-lande, soos Uganda en Tanzanië wil aanbied. Senegal, Burkina Faso, Marokko en Zambië staan ook in die ry. Namibiese sokker-ontleder Isack Hamata, sê aan Kosmos 94.1 Nuus dit gaan nie maklik vir Namibië en Botswana wees om die bod te wen nie..
Die politieke ontleder in die buurland Levy Ndou sê daar moet duidelike reëls en riglyne wees om te verseker koalisies is suksesvol. Dit volg nadat die premier van Gauteng en ANC-provinsiale voorsitter Panyaza Lesufi verklaar het 'n koalisie tussen sy party en die EFF is op hande. Ndou sê koalisies behoort gevorm te word deur openbare konsultasie om aanspreeklikheid te verseker:
Namibië se jeug-werkloosheidskoers word op 46,1 persent beraam, waarvan mans 43,7 persent en vroue 'n verbysterende 48,5 persent uitmaak. Dit hou 'n potensiële uitdaging vir die regerende party se herverkiesings-hoop vir volgende jaar in, selfs as inflasie gaan daal. Binnekort gaan politieke partye beloftes maak van werkskepping vir die jeug oor die volgende vyf jaar. Kosmos 94.1 Nuus het met Duminga Ndala van die Landless People's Movement se jeug-afdeling gesels oor wat die party se plan is om jeugwerkloosheid in die land te help bekamp.
Gemeenskaps-aktiviste in Suid-Afrika is gekant teen die verlenging van steenkool-kragstasies se lewensduur. Die omgewings-drukgroep in die buurland Groundwork glo dit is nie die regte idee nie, want Suid-Afrika het die geleentheid om na skoner energie-moontlikhede oor te skakel. Woordvoerder Thomas Mnguni beskryf die stap om bestaande kragstasies se lewensduur te verleng as 'n verkiesingsfoefie:
Besoekers het die langnaweek na die kusdorpe van Namibië gestroom. Volgens Anton von Wietersheim, 'n bekende sakeman van Swakopmund, was die Paasnaweek weer eens 'n geleentheid vir besighede om goeie sake te doen. Die kusdorpe is sedert die uitbreek van die pandemie ekonomies swaar getref, maar met talle aktiwiteite en groot sportgeleenthede wat aangebied word, is daar weer oplewing. Von Wietersheim het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.
Die Stampriet Aquifer Uranium Mining Association, Sauma, hou Saterdag ‘n inligtingsessie op Leonardville. Die vereniging is gekant teen die ontginning van uraan in die Stampriet-bekken deur die Russiese Uranium One. Daar is kommer oor die waterbron wat ‘n lewensaar vir die gebied is. Die Russe het hul aan die hof gewend om die landbouminister Calle Schlettwein te dwing om redes te gee hoekom hy die boorpermit weier. Schlettwein het ook ‘n beroep op die boeregemeenskap gedoen om betrokke te raak by die saak. Die president van die Namibiese Landbou-unie Piet Gouws het ‘n beroep op boere gedoen om die vergadering by te woon.
Die Cirrus-ekonoom Robert McGregor is van mening dat Namibië se groei die afgelope dekade baie verskil het van die globale koers. Hy sê Namibië se ekonomiese ineenstorting van 2015 tot 2019 was duidelik nie die gevolg van globale faktore nie, maar eerder weens plaaslike en sommige streekskwessies. Namibië se reële BBP-groei het wêreldgroei sedert onafhanklikwording noukeurig gevolg, maar het duidelik vanaf 2015 daarvan afgewyk. As daar na die vyf jaar gemiddelde vir groei gekyk word, is die afwyking van 2015, volgens die ekonoom, 'n duidelike aanduiding dat dit nie te wyte was aan eksterne faktore nie. Kosmos 94.1 Nuus het met McGregor gesels...
Die onderwysersvakbond Sadou neem die vakbondfederasie Cosatu hof toe oor sy besluit om die SA Kommunistiese Party in volgende jaar se verkiesing te steun. Die vakbond sê in hofstukke hy is ongelukkig oor die besluit om die party buite die ANC-geleide alliansie te steun. Nkosana Dolopi van Sadou verduidelik hulle is ontevrede met die manier waarop Cosatu die besluit geneem het:
Die Inkatha-Vryheidsparty sê hy sal met die DA saamwerk om die ANC-regering te ontsetel. Dit volg op die DA-leier John Steenhuisen se aankondiging die party sal enersdenkende opposisiepartye nooi om 'n plan saam te stel om die ANC in volgende jaar se algemene verkiesing uit die kussings te lig. Die IVP-leier Velenkosini Hlabisa sê hulle het die uitnodiging aanvaar in 'n poging om verandering in die land teweeg te bring:
Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies Antonio Guterres se besoek aan Mogadishu in Somalië het begin te midde van toenemende kommer oor die land se sekerheid en humanitêre krisis. Berigte dui aan Guterres het samesprekings gevoer met politieke leiers om die land se sekerheidsituasie te bespreek en pogings om 'n Islamitiese opstand te keer. Die besoek vind ook plaas terwyl Somalië 'n stryd voer teen 'n droogte wat veroorsaak dat 8,3 miljoen mense humanitêre bystand nodig het. Guterres se besoek wil die dringendheid van die toestand en steun vir humanitêre bystand vir Somalië beklemtoon. Hy sê net 15 persent van die nodige befondsing is bekom.
Die Nasionale Vergadering is steeds verdeeld oor die begrotingstoekenning, veral vir plaaslike owerhede en hoe dit bydra tot onenigheid in die land. Leier van Landless People's Movement Bernadus Swartbooi het vandag in die parlement gesê nasionale eenheid is belangrik, maar slegs wanneer almal as gelyk beskou word, ongeag van watter streek. Hy het verder gesê die kapitale projek-begroting wat aan verskillende plaaslike owerhede toegeken word, is 'n aanduiding van hoe leiers nie hul woord gestand doen nie.
Die voltooiing van Meatco-veilingskrale by Eiseb 10 in die Omaheke-streek is op koers. Dit sluit in die elektrifisering van huise by die Okatumba-hek met bystand van Nampower, asook die opgradering van die hoofpad wat Otjombinde met Gobabis verbind. Die raadslid van Otjombinde-kiesafdeling, Wenzel Kavaka, sê die idee is ook om die Eiseb-gebied te ontwikkel en nie net op die Talismanus-nedersetting te fokus nie. Kavaka sê dat die kiesafdeling met behulp van Meatco en Nampower hom daartoe verbind het om sonder versuim ontwikkeling in die streek te onderneem.
Die Omgewingsbeleggingsfonds van Namibië is geskok dat 'n sekere instansie genaamd Namibian Mining News op sy profiel aandui dat hy 17 werknemers het, en sy hoof uitvoerende beampte Benedict Libanda is, wat in werklikheid die uitvoerende hoof van die fonds is. Die fonds waarsku sy belanghebbendes om nie die slagoffers van hierdie bedrogspul te word nie. Nie Libanda, of die fonds het enige bande met Namibian Mining News nie, het Lot Ndamanomhata, die fonds se korporatiewe kommunikasiebestuurder sê aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig.
Die Namibiese Universiteit van Wetenskap en Tegnologie en Namibia Wildlife Resorts het vandag 'n memorandum van verstandhouding onderteken. Professionele ontwikkeling vir beide instellings se personeel en kurrikulum-ontwikkeling, is van die gebiede van samewerking volgens die ooreenkoms. Die universiteit se woordvoerder, John Haufiku het meer met Kosmos 94.1 Nuus gedeel...
Die Suid-Afrikaanse elektrisiteitsminister, Kgosientsho Ramokgopa, sê daar sal nou daadwerklik skouer aan die wiel gesit word om inwoners dié winter so veel as moontlik teen beurtkrag te beskerm. Die minister onlangs 'n twee week lange besoek aan al 18 van Eskom se hoof-kragstasies onderneem om die stand van sake van, asook die algehele kapasiteit van die kragstasies te bepaal. Ramakgopa het ook met verskeie munisipaliteite en provinsiale regeringshoofde vergader om die pad vorentoe te bepaal. Kosmos 94.1 Nuus se korrespondent in Kaapstad, Fritz Platt...
Die Sekuriteitsvereniging van Namibië doen ‘n beroep op die publiek om bedrog by hul kantoor aan te meld. Hulle het talle klagtes ontvang oor die bedrieglike gebruik van sy sertifikate deur nie-lede. Hierdie swendelary word uitgevoer om tenders en kontrakte te bekom deur die wanvoorstelling van hulself as lede van die vereniging. Celeste Lucas, die nasionale administrateur van die vereniging sê aan Kosmos 94.1 Nuus hierdie bedrog word baie ernstig opgeneem en regstappe sal geneem word om te verhoed dat dit plaasvind.
Die kommissaris het verder gesê die Paasnaweek was rustig in sy streek, hoewel druk verkeer ervaar is.
Die nuut aangestelde bevelvoerder van Etosha Nasionale Park se teenstropings-eenheid, die Oshana-streeksbevelvoerder kommissaris Naftal Sakaria, het bevestig dat twee renosterkarkasse in Etosha gevind is. Die renosters se horings is verwyder. Hy het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat vier vermeende stropers in hegtenis geneem is met die horings en vuurwapens in hul besit. ‘n Beloning is ook aan die publiek uitgereik vir inligting wat tot stropers se skuldigbevindings kan lei.
Die kwessie van volksmoord word weer in die Nasionale Vergadering bespreek na aanleiding van ‘n voorstel deur die sekretaris-generaal van die Nudo, Joseph Kauandenge. Hy het voorgestel het dat die regering toesien dat daar 'n volksmoord-museum opgerig word ter ere van die slagoffers. Tydens die debat vandag in die parlement, het Nudo se president, dr. Esther Muinjangue, gesê sy ondersteun die voorstel maar meen ‘n gedenksentrum is beter as 'n museum.
Die landdroshof in Bloemfontein het die saak uitgestel teen twee mans wat in hegtenis geneem is vir aktiewe bystand en hulp aan die Facebook-verkragter en -moordenaar, Thabo Bester, en sy medepligtige, Nandipha Magudumana. Die saak sal volgende Maandag hervat. Die Nasionale Vervolgingsgesag se woordvoerder in die Vrystaat, Phaladi Shuping, sê die voormalige werknemer van ‘n sekuriteitsmaatskappy en die 65-jarige man, glo Magudumana se pa, sal by afsonderlike aanhoudings-instellings aangehou word. Volgens Shuping is die twee van moord, bedrog en regsverydeling aangekla.
Die EFF doen 'n beroep op Indiese owerhede om die Dalai Lama in hegtenis te neem na 'n omstrede voorval. Die geestelike leier van die Tibettaanse gemeenskap word in 'n video gesien waar hy 'n seun op die mond soen en vra om sy tong te suig. Die voorval het omstredenheid uitgelok en kommer laat ontstaan oor die veiligheid en beskerming van kinders. Die EFF se woordvoerder, Leigh-Ann Mathys, veroordeel dit as kinderuitbuiting en verwerp die Dalai Lama se verskoning.
Die Suid-Afrikaanse polisiekommissaris, Fannie Masemola, het bevestig 'n Suid-Afrikaanse afvaardiging is tans in Tanzanië om die repatriasie te verseker van die misdadiger Thabo Bester en sy meisie, Nandipha Magudumana. Die afvaardiging bestaan uit 'n geïntegreerde span van verskeie departemente, waaronder die polisie, binnelandse sake en korrektiewe dienste. Bester, Magudumana en 'n Mosambiekse burger is Vrydagaand naby die grens met Kenia aangekeer. Masemola sê verskeie prosedures moet gevolg word om te verseker die paartjie word uitgelewer.
Die vervoer-departement van die Stad Johannesburg en die taxi-bedryf het ooreengekom oor 'n gestruktureerde samewerkings-platform om beter vervoer te ontwikkel. 'n Protokol-dokument sal môre onderteken word waarin kommunikasiekanale, sleutel-verteenwoordigers, gedrag en skakelings-terme uiteengesit sal word. Die stad se woordvoerder, Virgil James, sê die ooreenkoms volg op moeilike onderhandelings, gemik op 'n bevorderlike manier van kommunikasie vir gesamentlike besluitneming.
Die DA in Gauteng sê die provinsiale regering het die Staatsveiligheids-agentskap ingeroep nadat 'n forensiese ondersoek deur die polisie aangedui het brandstigting was die oorsaak van die brand in die Charlotte Maxeke Johannesburgse hospitaal in April 2021. Jack Bloom van die DA sê volgens die premier, Panyaza Lesufi, het sy kantoor en die departement van gesondheid die agentskap versoek om voorvalle van diefstal en opsetlike beskadiging by die hospitaal te ondersoek.
Die Stad Tshwane sê Eskom sal help met die afbreek en verwydering van die beskadigde kragmaste en kragdrade op die N4. Sewe krag-draadstrukture langs die N4-oos deurpad is opsetlik beskadig, wat wydverspreide kragonderbrekings in die ooste van die hoofstad veroorsaak het. Die ontwerp-aspekte word ook afgehandel voordat Eskom nuwe kragmaste na die toneel bring. Die woordvoerder van die stad, Selby Bokaba, sê Tshwane het ook om vir Sanral en Gautrans toestemming gevra sodat tegnici hulle werk kan doen.
Die Wes-Kaapse Onderwysdepartement maan ouers en voogde om plasingsaansoeke vir graad 1- en 8-leerders in te dien, asook oordragaansoeke vir die 2024-skooljaar. Die sperdatum hiervoor is eerskomende Vrydag. Die departement het sedert verlede Woensdag 103 796 aansoeke ontvang. Die LUR van Onderwys, David Maynier, sê graad 7 is veral kommerwekkend omdat 44 000 leerders nog vir graad 8 moet aansoek doen:
Reaksie word ontvang op aanmerkings deur oorlogsveterane dat die aftreeouderdom van 60 vir veterane in die staatsdiens verleng moet word. Die aanmerkings word veroordeel en daar word gesê met die huidige krisis met jeugwerkloosheid is dit uiters selfsugtig, veral omdat hulle voordele as veterane ook ontvang. Aktivis Simon Amunime sê hy waardeer wat die veterane gedoen het, maar die befondsing en energie moet aan die jeug van die land gerig word...
Kanker-verwante sterftes neem in Suid-Afrika toe met ‘n toename van 24,1 persent tussen 2008 en 2018 aangeteken is terwyl sterftes wat direk verband hou met kanker met 29,3 persent in dieselfde tydperk gestyg het. Vroue in die buurland se sterftekoers is ook hoër as die van mans. Kosmos 94.1 Nuus het met Rolf Hansen, die hoof uitvoerende beampte van die Namibiese Kankervereniging gesels oor plaaslike statistieke en hy sê daar is ooreenkomste in die plaaslike syfers...
Die kus was stampvol oor die afgelope langnaweek, maar, dit wil voorkom asof bestuurders hulself baie goed gedra het. Volgens die Weskus Veiligheidsinisiatief, was dinge uiters besig maar, wet en orde is gehandhaaf. Aubrey Oosthuizen van die inisiatief sê daar was ‘n handvol ongelukke.
Die hoof uitvoerende beampte van die Ontwikkelingsbank van Namibië Martin Inkumbi kon geen verdere inligting verskaf oor verlede week se reël 108-veiling van die Rossmund-gholfklub nie. Die bank het ‘n hofbevel bekom vir uitstaande skuld en volgens wat berig word, is die reserweprys vanaf net meer as 8 miljoen Namibiese dollar na 24 miljoen dollar opgeskuif. Daar was blykbaar ‘n aanbod maar, Inkumbi sê die bank se regsverteenwoordigers het nog aanduiding aan hulle gegee oor of die eiendom verkoop is of nie.
Reaksie word ontvang op die nuus dat die Suid-Afrikaanse Presidensie bevestig het dat President Cyril Ramaphosa 'n gesant na die Verenigde State gaan stuur om die buurland se standpunt oor Rusland te bespreek. Geen besonderhede oor wie gestuur gaan word, is nog bekend gemaak nie. Suid-Afrika beskryf sy posisie in die oorlog tussen Rusland en Oekraïne as neutraal, maar die ANC en Naledi Pandor, minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, het die ANC se steun aan Rusland verklaar. Kosmos 94.1 nuus het met die Suid-Afrikaanse politieke kenner, prof Andre Duvenhage, gepraat oor wat Ramaphosa poog om te doen.
Die DA in Gauteng sê Johannesburg se burgemeester, Thapelo Amad, het in 'n onlangse onderhoud sy persoonlike betrokkenheid aangedui met die verkryging van 'n lening van 9,5 miljard Suid-Afrikaanse rand vir die stad. Hy het ook aangedui die transaksie is afgehandel. Die party sê Amad het intussen sy betrokkenheid ontken, maar sy oorspronklike verklaring moet aanvaar word soos dit gestel is, en ondersoek word. Die DA sê hy mag glad nie betrokke raak by sulke administratiewe prosesse nie. Die party se koukusleier in die stad, Mpho Phalatse, sê dit is strafregtelike gedrag:
Boere-unies in die twee Kavango-streke is ongelukkig met die Meatco-raad se besluit om sy filiaal, Meatco NCA, te ontbind nie. Thomas Nyambe, ondervoorsitter van die Kavango-Oos Boere-unie, sê die skuif ontneem boere in die noordelike kommunale gebiede. Meatco NCA is gestig om abattoirs in die noordelike streke te bestuur asook om veebemarking te bevorder. Die boere sê hulle het geen sê nou oor wie werk by die Rundu-abattoir kry nie. Kosmos 94.1 Nuus het met Mwilima Mushokobanji, uitvoerende hoof van Meatco, gesels oor die boere se kommer.
Dokters in die Verenigde Koninkryk staak. Meer as 47 600 dokters het nie aangemeld vir werk nie en meer as 350 000 afsprake kan as gevolg hiervan gekanselleer word. Dr. Sumi Manirajan van die Britse Mediese-vereniging sê daar is 7,2 miljoen mense op die waglys, meer as wat in Skotland woonagtig is.
'n Zimbabwiese burger wat in Suid-Afrika hegtenis geneem is vir die onwettige besit van plofstof, sal vandag in Sabie se Landdroshof in Mpumalanga verskyn. Die 31-jarige man is Donderdag vasgetrek. 'n Polisiewoordvoerder, Selvy Mohlala, sê die polisie sal die saak verder ondersoek om te bepaal of die man deel is van 'n sindikaat wat kitsbanke in die provinsie opblaas:
‘n Plaaslike arbeidskenner sê ekonomiese strukture in die land laat nie doeltreffende werkskepping toe nie, met veral meer werksgeleenthede wat in die mynbou-sektor geskep kan word. Volgens mediaberigte is daar oor die afgelope vyf jaar, 84 000 gegradueerdes in die arbeidsmark geplaas. Volgens die arbeidskenner Herbert Jauch, is dit hoogs waarskynlik dat gegradueerdes van 2018 nog nie werk gekry het nie. Hy sê die mynboubedryf verskaf slegs ‘n klein persentasie werk.
ActionSA in Gauteng sê hy gaan vandag mosies van wantroue indien teen die Stad Johannesburg se burgemeester Thapelo Amad, die raad se speaker Colleen Makhubele, en ander ampsdraers. Die party sê hulle is almal aangestel deur skelm onderhandelings tussen die ANC se Gautengse provinsiale voorsitter, Panyaza Lesufi, en die EFF. ActionSA se koukusleier in Johannesburg, Funzi Ngobeni, sê Amad het onlangs op televisie sy onvermoë getoon om die basiese feite van 'n leningsooreenkoms van 9,5 miljard Suid-Afrikaanse rand te verstaan:
Die Gautengse Departement van Maatskaplike Ontwikkeling ontken bewerings dat hy die 2,3 miljard Suid-Afrikaanse rand-begroting vir organisasies sonder winsoogmerk gaan besnoei. Dit volg na die DA se bewering dat die departement voornemens is om minstens 500 miljoen rand van hierdie organisasies weg te neem en teen dwelmmisbruik, dakloosheid en jeugontwikkeling te gebruik. Die departement se woordvoerder, Motsamai Matloaolwa, sê tehuise vir ouer mense, kinder-en jeugsorgsentrums, en skuilings vir vroue en mense met gestremdhede sal soos gewoonlik befonds word:
Die Suid-Afrikaanse Poskantoor sê hy sal vandeesweek 'n verklaring uitreik oor berigte dat hy onder likwidasie geplaas is. Die Kaap-Vaal Trust het luidens 'n brief onlangs 'n tussentydse likwidasiebevel teen die Poskantoor verkry. Die hoofbestuurder van SAPO, Nomkhita Mona, sê daar bestaan geen rede om te glo die aansoek sal enigsins anders wees nie omdat hulle nou al geruime tyd met die saak besig is:
Donald Trump is geskeduleer om Donderdag na New York terug te keer vir 'n verklaring in 'n sakebedrogsaak wat deur die deelstaat se prokureur-generaal teen hom en sy maatskappy ingedien is. Die oudpresident sal na verwagting ondervra word deur die kantoor van Letitia James, prokureur-generaal van New York. Trump, drie van sy kinders, en die Trump-organisasie word daarvan beskuldig dat hulle 'n uitgebreide bedrieglike skema georkestreer het. James se saak soek 250 miljoen Amerikaanse dollar en 'n reeks sanksies wat die maatskappy se bedrywighede in New York effektief sal staak. Die Trumps en die maatskappy het onregmatighede ten sterkste ontken. Trump het verlede Augustus in dieselfde saak geweier om vrae te beantwoord en het meer as 400 keer sy vyfde wysigingsbeskerming teen selfinkriminering beroep. James het haar saak so in September verlede jaar bekend gemaak.
Twee mense wat in hegtenis geneem is in verband met die Facebook-verkragter en -moordenaar Thabo Bester se ontsnapping, sal na verwagting vandag in die Bloemfonteinse Landdroshof verskyn. Die twee verdagtes is 'n voormalige werknemer van die sekuriteitsfirma en 'n 65-jarige man, wat verwant is aan Bester se vriendin, dokter Nandipha Magudumana. Bester en Magudumana is in Tanzanië in hegtenis geneem. Polisiewoordvoerder, Athlenda Mathe, sê hulle sluit nie die moontlikheid van nog arrestasies uit nie:
Jeugaktiviste meen dat die aanmerkings deur die Namibiese vervoerminister John Mutorwa dat die land meer ingenieurs nodig het, beduidend is. Die minister se kommentaar het reaksie uitgelok omdat daar nie geleenthede vir gegradueerdes is nie. Knowledge Iipinge sê dit is alles goed en wel, maar waar word hulle geabsorbeer as nie in Mutorwa se ministerie nie? Hy sê tenders word vir alles uitgesit en die werk kan met plaaslike indiensneming deur die ministerie self uitgevoer word.
Die Suid-Afrikaanse waterdepartement doen 'n beroep op die publiek in die buurland om kommentaar te lewer op die konsepregulasies vir toegang tot en gebruik van staatswaterwerke vir ontspanningsdoeleindes. Dit sluit staatsdamme en omliggende staatsgrond in. Die departement se woordvoerder, Wisane Mavasa, sê hulle sal in al nege provinsies uitgebreide openbare gesprekke voer:
Die veteraan van die ANC se bevrydingstryd, Trevor Manuel, sê hy ondersteun hernude oproepe dat Chris Hani se moord ondersoek moet word. Die gewese hoofsekretaris van die Suid-Afrikaanse Kommunisteparty is in 1993 buite sy huis in Boksburg doodgeskiet. 'n Poolse immigrant, Janusz Waluś, wat aan sy moord skuldig bevind is, is verlede November op parool van twee jaar vrygelaat. Manuel sê daar is baie dinge oor Hani se moord waarvan die wêreld nie weet nie:
Eskom handhaaf tans fase drie-beurtkrag tot vier-uur vanmiddag in die buurland. Daarna sal fase vyf tot môreoggend om vyf-uur in werking wees, wanneer die kragvoorsiener tot vier-uur die middag weer fase drie-beurtkrag sal toepas. Eskom se tussentydse woordvoerder, Daphne Mokwena, sê die verwagte toename in aanvraag na die Paasnaweek sal bykomende druk op die kragopwekkingstelsel plaas en kan op kort kennisgewing tot verhoogde fases beurtkrag lei:
Die bekende Suid-Afrikaanse ekonoom Dawie Klopper sê berigte dat BRICS lande tans ekonomies sterker is as die G7 lande, in terme van BBP is nie korrek nie maar, voeg by dat die groep sterk groei. BRICS sluit Brasilië, Indië, China en Suid-Afrika in en dra tans 31,5 persent van die globale BBP by. Klopper meen die groei in BRICS kan die globale balans swaai.
Die deurwinterde ekonoom, dr. John Steytler, is van mening dat die olie-ontdekking nie baie werk sal skep nie. In sy mening, word die stand van sake vererger deur die feit dat die massas werklose jeug nie van vaardighede beskik om enige werk te bekom nie. Terwyl daar inkomste is van olie, moet dit aangewend word om die jeug op te lei.
Die rentekoers bly in die nuus. Die goewerneur van die Bank van Namibië, Johannes !Gawaxab het aangedui dat ‘n verhoging van 25 basispunte op 19 April sal moet plaasvind as die rentekoers nie nader aan 6 persent beweeg nie. Dit gebeur op die oomblik nie en om sake te vererger, is die sentrale bank reeds 75 basispunte agter die Suid-Afrikaanse Reserwebank. Die plaaslike ekonoom Gabriel Erastus sê iets moet gebeur... Namibiese verbruikers kan nie verder ly omdat die buurland nie sy inflasie onder beheer kan kry nie.
Die opknapping en formalisering van Wlotzkasbaken, net noord van Swakopmund, is in die nuus. Die beplanning sluit winkels, moderne woongebiede en ‘n plaaslike administrasie in. Die Erongo-streeksraad het ‘n omgewingsimpak studie van stapel gestuur vir die projek. Wlotzka, soos dit bekend staan onder inwoners aan die kus, word gekenmerk deur verafgeleë huise met hul eie watertenke en kragvoorsiening. Daar is tans 522 erwe met verskillende sonering wat beskikbaar gestel sal word. Kosmos 94.1 Nuus het met die goewerneur van die Erongo-streek, Neville Andre, gesels oor die projek en veral die beplanning met watervoorsiening vir ‘n nuwe, uitgebreide woonbuurt.
Tafelberg herinner Suid-Afrikaners om te stem om te help dat die berg die titel behou as Afrika se Voorste Toeriste-aantrekking. Die stemproses in die Wêreld-reistoekennings eindig aan die einde van die maand. Die ikoniese berg ding mee met groot name soos Robbeneiland en die V&A Waterfront, die Piramides van Giza en Berg Kilimanjaro. Die besturende direkteur van die Tafelberg-kabelspoormaatskappy, Wahida Parker, sê Tafelberg en Berg Kilimanjaro het albei die titel verskeie keer gewen sedert die kategorie in 2012 ingestel is:
Die burgemeester van die Stad Tshwane, Cilliers Brink, sê hy is ontsteld om te sien dat lede van AfriForum beboet is omdat hulle bloot die stad gehelp het om afvoerstelsels skoon te maak om oorstromings te verhoed. Brink noem die voorval 'n absoluut onnodige optrede deur die stad wat hy sal laat regstel. Hy beklemtoon dat dié soort optrede deur gemeenskappe verwelkom moet word, en nie gestraf behoort te word nie:
Die eerste adjunk-algemene sekretaris van die Suid-Afrikaanse Kommunisteparty, Madala Masuku, vra die Kommunisteparty van Swaziland en die SAKP moet bande versterk en die werkersklas verenig in die stryd om sosialisme. Masuku het die beroep gedoen toe hy die SAKP se boodskap van steun oorgedra het aan die party in Eswatini se vyfde nasionale kongres. Die Kommunisteparty van Swaziland se internasionale sekretaris, Pius Vilakati, sê die twee partye moet mekaar versterk en steun in die konteks van die stryd om sosialisme uit te bou:
Die Congress of the People vra vir die onmiddellike inhegtenisneming van die amptenare van die Mangaung Korrektiewe Sentrum wat by die ontstnapping van Thabo Bester uit die sentrum in Bloemfontein betrek word. Die party sê hy herhaal dat Bester nie uit die tronk ontsnap het nie, maar dat hy eenvoudig met die bystand van korrupte tronk-amptenare daaruit gestap het. Die woordvoerder van Cope, Dennis Bloem, sê die amptenare is 'n gevaar vir die samelewing:
Die Nama Tradisionele Leiers-vereniging warm onder die kraag oor die antwoord van die Nasionale Erfenisraad oor sy beplande gekendsteen by Shark-eiland. Die vereniging bied 'n Volksmoord-herdenkingsdag op 22 April op Sharkeiland by Lüderitz aan. Toestemming is gevra om op dié dag 'n volksmoord-gedenksteen op te rig. Die raad het in ‘n brief gereageer dat prosedures gevolg moet word om die oprigting van ‘n gedenkteken by ‘n nasionale erfenisterrein toe te laat. Deeglike konsultasies word vooraf vereis wat verskeie belanghebbendes betrek en dit sal tyd neem. Maboss Ortmann, die voorsitter van die tegniese komitee van die vereniging het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Die Stad Kaapstad sê hy belê in 'n nuwe waterprogram om veerkragtigheid op te bou om weerstand te bied teen die onvoorspelbare uitwerking van klimaatsverandering. Die burgemeesterskomiteelid vir Water en Sanitasie, Zahid Badroodien, sê dit is noodsaaklik om minder afhanklik te word van damme wat staatmaak op waterinvloei. Dit is hoekom hulle besluit het om ook te belê in verskeie waterbronne soos grondwater, hergebruik en permanente ontsouting:
Taxi-geweld het weer sy kop uitgesteek in KwaZulu-Natal. Die buurland se polisieminister Bheki Cele en KwaZulu-Natal se LUR vir Vervoer, Gemeenskapsveiligheid en Skakeling, Sipho Hlomuka vergader vandag met rolspelers in die taxibedryf in Ladysmith. Dit is 'n poging om blywende oplossings te vind vir die voortdurende geweld en intimidasie tussen strydende taxiverenigings. Die woordvoerder van die ministerie, Lirandzu Themba, sê tientalle taxi-eienaars is in minder as 'n maand in die provinsie afgemaai:
Asof die werkloosheids-kwessie Namibië nie genoeg is nie, staar die regering kritiek in die gesig vir sy benadering tot behuising. Burgers regoor die land eis steeds behuising van die regering met ‘n beraamde agterstand van meer as 300 000 eenhede. Dr. Leake Hangala, die uitvoerende voorsitter van Hangala-groep en deurwinterde sakeman stem saam dat die kwessie ‘n brandpunt is.
Eskom het ná ‘n ronde van fase twee-beurtkrag wat tot vyf-uur vanoggend gegeld het, wéér die kragonderbrekings tot vanmiddag vier-uur in die buurland opgeskort. Suid-Afrika het Paas-Sondag deur die dag geen beurtkrag ondervind nie. Die woordvoerder van Eskom, Daphne Mokwena, het die jongste aanpassings bevestig:
Die langverwagte Wetsontwerp op Toegang tot Inligting, Namibiërs in staat stel om toegang tot strategiese inligting te kry, is uiteindelik einde verlede jaar in die parlement goedgekeur, deur President Hage as ‘n wet bekragtig en in die Staatskoerant gepubliseer. Maar, dit is nog nie geïmplementeer nie. Die wetsontwerp is al in Junie 2020 ter tafel gelê maar van die parlementêre staande komitee vir inligting en kommunikasietegnologie vir wysigings verwys. Die kantoor van die onafhanklike inligtings-kommissaris moet nou gevestig word. Kosmos 94.1 Nuus het met Graham Hopwood, direkteur van die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing gesels of daar genoeg begroot is om die kantoor te vestig.
ActionSA in die Wes-Kaap verwerp die redes wat die Stad Kaapstad gee vir sy voortgesette uitpomp van rou riool in die see as totaal ongegrond. Michelle Wasserman van ActionSA sê die party het in Februarie geappelleer teen die goedkeuring deur die Departement van Bosbou, Visserye en die Omgewing se goedkeuring van die stad se aansoek om 'n permit om vir nog vyf jaar rou riool by Groenpunt en Kampsbaai in die see te pomp:
Die Suid-Afrikaanse Demokratiese Onderwysersvakbond se nasionale uitvoerende komitee sê Sadou se bestendigheid en eenheid word onderstreep deur die lidmaatskaptoename. Aan die einde van Desember het die vakbond 267 000 lede gehad. Dit stem ooreen met die 2030-visie van diens aan vakbondlede. Die algemene sekretaris van Sadou, Mugwena Maluleke, sê die vakbond sal direkte interaksie met lede opskerp:
Die polisie het bevestig die Suid-Afrikaanse voortvlugtige Thabo Bester is Vrydagaand in Arusha, Tanzanië, saam met sy meisie, Dr Nandipha Mugudumana en 'n Mosambiekse burger in hegtenis geneem. Bester het in Mei verlede jaar ontsnap uit die Mangaung Korrektiewe Sentrum in Bloemfontein. Daar is eers berig hy het in sy sel selfdood gepleeg. Die minister van Justisie Ronald Lamola sê daar is later bevestig die liggaam wat in sy sel aangetref is, was nie dié van Bester nie:
COPE in die buurland sê die weiering van Atul en Rajesh Gupta se uitleweringsversoek gee nie Suid-Afrikaners hoop nie. Die party sê die boodskap wat dit dra is dat diegene wat verantwoordelik is vir die ineenstorting van die ekonomie, dalk nooit in 'n tronksel sal beland nie. COPE sê President Cyril Ramaphosa en die regering verloor duidelik die stryd teen korrupsie en staatskaping, en die strafregtelike stelsel laat die land in die steek. Die woordvoerder, Dennis Bloem, sê dit lyk of die regering altyd geskok is wanneer so iets gebeur:
Die Kommunisteparty van Swaziland eis die onvoorwaardelike ontbanning van alle politieke partye in Eswatini, te midde van ander bevrydingstappe. Die party sê hy sal dié jaar sy veldtog verskerp teen die ondemokratiese verkiesing, wat hy sê net bedoel is om 'n strooipop-parlement vir die absolute monargie te skep. Die internasionale sekretaris van die party, Pius Vilakati, sê Mswati se outokrasie gebruik die verkiesing om internasionaal finansiële, politieke en ander steun in te win:
Dit is Paasnaweek en Namibiese kerke berei voor die herdenking van die dood van Jesus Christus aan die kruis. Christene woon die naweek kerkdienste regoor die land by en ander bestee waardevolle tyd met hul families. Die sekretaris-generaal van die Namibiese Raad van Kerke, deel sy Paasboodskap met Kosmos 94.1 Nuus.
Die DA sê die minister van maatskaplike ontwikkeling, Lindiwe Zulu, moet verseker die SASSA-amptenare wat van die armstes en kwesbaarstes steel, word aanspreeklik gehou. Die party sê optrede teen hulle moet as 'n waarskuwing en afskrikmiddel dien vir ander wat soortgelyke skemas in gedagte het. Die DA-lid, Bridget Masango, sê Zulu het in 'n antwoord op 'n parlementêre vraag onthul dat strafregtelike sake van bedrog, korrupsie en diefstal die afgelope dekade teen 761 SASSA-amptenare geopen is, waarvan 50 in die 2021/2022-boekjaar was:
Die president van Rwanda, Paul Kagame, is bekommerd oor die konflikte wat op verskeie plekke in die wêreld woed. Kagame het by die Gisozi Nasionale Gedenkteken in Kigali gepraat tydens die herdenking van die volksmoord van 1994 waarin 'n miljoen Tutsis en gematigde Hutus doodgemaak is. Die land is in 'n routydperk van 100 dae met die 29ste herdenking van die volksmoord. Kagame sê die voortslepende konflik tussen Rusland en Oekraïne dien as 'n bewys dat niks geleer is uit die Rwanda-volksmoord nie.
Die algemene werkersvakbond in die buurland, Giwusa, doen 'n beroep op die Suid-Afrikaanse regering om alle bande met Israel te verbreek. Dit volg op aanvalle op Palestyne in die Al Aqsa-moskee tydens Ramadan. Abeedah Adams van Giwusa sê die vakbond eis dat die regering Israel se ambassadeur en alle ander diplomatieke personeel die land moet verbied, diplomatieke betrekkinge met Israel moet opskort, en Suid-Afrikaners wat in Israel se weermag dien, moet vervolg en in die tronk stop:
ActionSA sê hy is uiters teleurgesteld in die Verenigde Arabiese Emirate se weiering van Suid-Afrika se versoek om Atul en Rajesh Gupta uit te lewer om verhoor te word vir staatskaping-verwante misdade. Die woordvoerder, Samkelo Mgobozi, sê die misdade het die regering meer as 250 miljard Suid-Afrikaanse rand gekos. Hy voeg by, die nuus dat 'n hof in die VAE die versoek reeds aan die begin van Februarie verwerp het, maar dat die justisie-ministerie eers dié week daaroor ingelig is, steun ActionSA se siening dat Suid-Afrika die respek van die internasionale gemeenskap verloor het:
Alhoewel daar onlangs reën in sommige noordelike dele van die land ontvang is, heers daar steeds kommer in die Mieliedriehoek oor 'n gebrek aan voldoende reën wat tot mis-oeste kan lei. Volgens 'n boer oos van Grootfontein, Dawie Kok, was daar 'n paar buie oor die gebied. Hy sê sommige droëland-boere kan dalk oes, maar die meeste sal beslis nie oes nie, tensy meer reën oor 'n week of wat kom. Kok het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.
Die DA sê die verbroude Gupta-uitlewering is 'n nasionale verleentheid en wys die voormalige president Jacob Zuma se tentakels is nog baie aktief in die huidige kabinet en regering. Glynnis Breytenbach van die DA sê, ten spyte van talle navrae aan beide die Departement van Justisie en die Nasionale Vervolgingsgesag oor die Gupta-uitleweringsproses, blyk dit nou die uitleweringsverhoor in die Verenigde Arabiese Emirate was reeds in Februarie, en was onsuksesvol. Breytenbach sê die minister van Justisie en Korrektiewe Dienste, Ronald Lamola, het na wat berig word met skok en ontsteltenis op die nuus reageer:
Die direkteur-generaal van die Wêreldgesondheidsorganisasie, Tedros Adhanom Ghebreyesus, sê hulle skat volgens huidige tendense sal die wêreld teen 2030 'n tekort ondervind van 10 miljoen gesondheids- en versorgingswerkers. Hy het die aanmerkings gemaak na aanleiding van Wêreldgesondheidsdag wat Vrydag herdenk is. Die ernstigste tekorte sal in die armste lande voorkom. Hy sê die Covid-19-pandemie het die wêreld herinner aan die geweldige waarde van gesondheids-werkers en versorgers. Hy het ook onthul 'n geskatte 50 persent van gesondheidswerkers en -versorgers het uitbranding ervaar tydens die pandemie:
Die minister van justisie, Ronald Lamola, het bevestig Suid-Afrika se aansoek aan die Verenigde Arabiese Emirate om die Gupta-broers aan Suid-Afrika uit te lewer, is van die hand gewys. Die twee moet eers ondersoek word vir ‘n geldwassery-klag wat in die Verenigde Arabiese Emirate gebring is. Atul en Rajesh is in die staatskapingsverslag betrek as van die hoofargitekte van staatskaping. Lamola sê die regering sal appelleer teen die verwerping van die aansoek en voortgaan om met sy eweknieë in die Emitrate in gesprek te tree:
Die stigter van Tax Justice South Africa, Yusuf Abramjee, sê die jongste skokkende onthullings in 'n Al Jazeera-dokumentêr getiteld Gold Mafia vereis dringende ondersoek deur regsagentskappe plaaslik en in die buiteland. Abramjee sê die derde aflewering in die dokumentêre reeks toon die sake-eienaar Simon Rudland se sakeryk sluit 'n groep maatskappye in Suid-Afrika en Dubai in wat seepglad geldwassery bedryf, waarby miljarde Suid-Afrikaanse rand aan onwettige winste van sy Johannesburgse firma, Gold Leaf Tobacco Corporation betrokke is:
Dit is vandag 29 jaar sedert die begin van die Rwandese volksmoord. Die gru-periode in die land se geskiedenis het vandag in 1994 begin en geduur tot 15 Julie 1994. Hutus het Tutsis in die land geteiken en tussen 491 000 en 800 000 mense is vermoor. Die sekretaris-generaal van die VN Antonio Guterres sê die mensdom moet nooit vergeet nie.
ActionSA in die Vrystaat is diep bekommerd omdat 17 munisipaliteite in die provinsie meer as 170 milljoen Suid-Afrikaanse rand van die toegekende toelaes vir die 2022/23-boekjaar moes afstaan. Die party sê dit sal lei tot swakker dienslewering in die provinsie wat reeds jare lank geteister word deur infrastuktuur wat agteruitgaan en dienste wat ineenstort. Die woordvoerder, Patricia Kopane, sê die sukkelende Mangaung-metro is bo-aan die lys met 76 milljoen rand vir die ontwikkeling van informele nedersetting-vennootskappe, en 'n toelaag van 1 miljoen rand vir 'n buurt-ontwikkelingsvennootskap wat verbeur word:
Die verre Suide van Namibië sal oor die naweek koeler toestande ervaar met die Suid-Afrikaanse Weerdiens wat sê 'n kouefront sal na verwagting vandag oor die Wes-Kaap inbeweeg en 'n ligte buie, gepaardgaande met koeler en winderige toestande, bring. Rowwe seetoestande sal na verwagting tot môre oor die Suidelike Oseaan-gebied ondervind word. Dit sal ooswaarts uitbrei tot by Gqeberha in die Oos-Kaap. Die weervoorspeller Lehlohonolo Thobela raai skippers van kleiner seevaartuie, sowel as rotshengelaars, aan om versigtig te wees:
Die United Democratic Movement verwerp die DA se voorgestelde koalisieverdrag voor 2024 se algemene verkiesing. Die nuutverkose leier van die DA, John Steenhuisen, het verlede week onderneem om, soos hy dit beskryf het, te voorkom dat die ANC en die EFF se oordeelsdagkoalisie gedurende die verkiesing ʼn werklikheid word. Die leier van die UDM, Bantu Holomisa, vra die DA om nie ander partye as pionne te gebruik nie:
Die Departement van Gesondheid in Gauteng raai geloofsgroepe aan om nie mense in onhigiëniese en onveilige omstandighede te doop nie. Dit volg nadat vier gevalle van cholera met verskillende doopseremonies in riviere verbind is. Volgens die departement is die risiko om die siekte op te doen hoog vir diegene wat hulle godsdienstige plegtighede in riviere en damme hou. Die woordvoerder, Motalatale Modiba, raai mense om behoorlike higiëne toe te pas en onverwyld na die naaste gesondheidsinstelling te gaan sodra simptome voorkom:
‘n Namibiese LGBTQ-groep sê die NEFF beskerm nie dee Grondwet van Namibië nie. Dit volg ná die NEFF beklemtoon het hy deel nie die sienings van sy Suid-Afrikaanse susterparty, die EFF, wat LGBTQ-kwessies betref nie. Die NEFF-parlementslid Longinus Iipumbu het dit bevestig ná 'n onlangse protesoptog wat deur die EFF gehou is om 'n omstrede Ugandese wet oor homoseksualiteit te veroordeel. Die NEFF word deur baie as 'n spieëlbeeld van die Suid-Afrikaanse party beskou, maar Omar van Reenen, stigter van Equal Rights Nambia, sê aan Kosmos 94.1 Nuus sy prys die EFF in die buurland vir hul visie.
Die Suid-Afrikaanse departement van handel, belegging en mededinging sê hy is vol vertroue dat die land sy beleggings-teiken, van 1,2 triljoen Suid-Afrikaanse rand wat in 2018, tydens die eerste van sy beleggings-konferensies, as teiken gestel is, sal bereik. Met 2023 se beleggings-konferensies wat volgende week plaasvind, kon die regering reeds meer as 1,1 triljoen rand se beleggings vir die plaaslike ekonomie verseker. Fritz Platt, Kosmos 94.1 Nuus se korrespondent in Kaapstad deel meer...
Die Suid-Afrikaanse minister van elektrisiteit, Kgosientso Ramokgopa, sê Eskom se werknemers staar verskeie werksekerheids-kwessies in die gesig. Hy het aan die media gesê dit speel 'n rol in die meeste uitdagings wat by kragstasies ondervind word. Ramokgopa sê meer moet gedoen word om die kwessies by Eskom aan te pak wat verby bestuurvlak strek.
Business Leadership South Africa doen 'n beroep op die regering om aandag te gee aan die visum-agterstand in die land. Die uitvoerende hoof, Busisiwe Mavuso, het gesê die onsekerheid oor die huidige visum-uitdagings sal beleggings strem, asook verhoed dat mense met uiters belangrike vaardighede na die land gelok word. Sy sê binnelandse sake moet maniere soek om die agterstand te verlig.
Duin 7 naby Walvisbaai is deur die omgewingsministerie opgeknap en in die feesseisoen vir die publiek oopgestel. 'n Besoeker aan Duin 7 het op sosiale gekla oor ‘n fooi wat gevra is vir die gebruik van die ablusiegeriewe. Die besoeker meen dis onregverdig nadat hy reeds ‘n ingangsfooi van 500 Namibiese dollar betaal het om die perseel te betree. Kosmos 94.1 Nuus het met Romeo Muyunda, die ministerie se woordvoerder, gevra om die situasie te verduidelik...
Namibiërs en toeriste reis die langnaweek na verskillende bestemmings om 'n blaaskans gedurende Paasfees te neem. Padgbruikers word versoek om padreëls na te kom en ongelukke en sterftes hierdie Paasnaweek te vermy. Aubrey Oosthuizen van die West Coast Safety Initiative wat met Kosmos 94.1 Nuus gepraat het, sê die pad na die kus is druk besig. Hy doen ‘n beroep op motoriste om dissipline te handhaaf.
Alle vloedverskuiwing-sentrums wat tydens die efundja in die Oshana-streek geskep is, sal gesluit word. Diegene wat in die hervestigingsentrum woon, sal huis toe gestuur word. Elia Irimari, die goewerneur van die Oshana-streek, het gesê dat die sentrums se sluiting tydens 'n vergadering met die dorp se leierskap besluit is. Oshakati-dorpsraad het reeds 'n assessering gedoen om die omvang van die skade te bepaal en hoe om die vloedgeteisterde gemeenskappe die beste by te staan. Oshakati-burgemeester Leonard Hango gesels met Kosmos 94.1 Nuus...
NamWater hoop dat die pyplyn vanaf die Von Bachdam spoedig herstel sal word. Herstelwerk het reeds begin nadat die pyplyn naby die weegbrug by Brakwater noord van die hoofstad gebreek het. Inwoners van Windhoek en omliggende gebiede word versoek om water spaarsamig te gebruik. Die Khomas-streek waterskema-superintendent, Rudolf de Koe gee terugvoering aan Kosmos 94.1 Nuus oor die herstelwerk.
Die Suid-Afrikaanse minister van polisie, Bheki Cele, sê die polisie maak goeie vordering in die stryd teen ernstige en geweldsmisdaad. Hy het die toneel besoek van vandag se skietery in Sebokeng, Gauteng, waartydens die polisie nege vermeende rowers doodgeskiet het. Drie is gewond. Woordvoerder Athlenda Mathe sê hulle was glo agter 'n vlaag rooftogte in die provinsie. Sy sê lede van die taktiese reaksiespan het intelligensie opgevolg en afgekom op die groep wat op pad was om 'n rooftog te pleeg.
Die jagseisoen vir 2023 in Namibië lyk belowend en is amptelik tydens die kabinetsvergadering Dinsdag goedgekeur. Die inligtingsminister, Peya Mushelenga, het vanoggend die kabinetsbeslissings in die hoofstad bekend gemaak. Kosmos 94.1 Nuus het met die president van die Namibiese Professionele Jagtersvereniging, Axel Cramer gepraat oor hoe besprekings vir die jagseisoen lyk.
Die buurland se minister van elektrisiteit, Kgosientso Ramokgopa, sê verskeie maatreëls is ingestel om te voldoen aan die toename in die vraag na elektrisiteit wat oor die winter-tydperk verwag word. Hy het aan die media gesê Eskom het ongeveer 35 tot 37 duisend megawatt nodig om aan die vraag te voldoen. Dit is bykans 10 000 megawatt meer as in die somer. Ramokgopa sê die maatreëls is gemik op die beperking van nog ontwrigtings aan ekonomiese bedrywighede.
Die Suid-Afrikaanse minister van elektrisiteit, Kgosientso Ramokgopa, skryf die mislukkings-koers by die Medupi-kragstasie in Limpopo toe aan korrupsie met verkryging. Hy het die media oor sy bevinding ingelig na sy besoek aan verskeie kragstasies regoor die land. Volgens Ramokgopa is die mislukkingskoers by Medupi 24 persent. Hy skryf dit toe aan wanbestuur op die gebied van die verkrygingsproses.
NamWater en Stad Windhoek versoek inwoners van Windhoek en omliggende gebiede om water spaarsamig te gebruik nadat die pypleiding vanaf die Von Bachdam vandag naby die weegbrug by Brakwater gebreek het. Herstelwerk het reeds begin en sal na verwagting 48 uur duur. Inwoners moenie tuine natmaak, swembaddens volmaak, of motors was nie. Die uitvoerende hoof van NamWater Abraham Nehemia het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat...
Die Organisasie teen Belastingmisbruik sê hy is verheug oor die regering se aankondiging oor die beëindiging van die ramptoestand oor die voortslepende energiekrisis. Die regering het ingestem om die afkondiging terug te trek en Outa se kostes met die hofsaak te betaal. Die woordvoerder, Stefanie Fick, sê Outa het die ramptoestand uitgedaag weens kommer dat dit gebruik kon word om korrupsie moontlik te maak terwyl bestaande wette gebruik kon word om die krisis te bestuur.
Die adjunkminister van armoede-uitwissing Bernadette Jagger het 'n beroep op die publiek gedoen om begunstigdes van maatskaplike toelaes te help om hul geld reg te gebruik om hulself te onderhou. Dit is algemeen bekend dat ouers en voogde wat hierdie maatskaplike toelaes vir weerlose kinders ontvang, in baie gevalle die geld om die verkeerde redes gebruik en nie vir die kinders sorg nie. Kosmos 94.1 Nuus het die strate ingevaar om Namibiërs vir hul mening oor die kwessie te vra.
Die beslissings van die kabinetsvergadering wat Dinsdag gehou is, is vanoggend deur die inligtingsminister, Peya Mushelenga, in die hoofstad bekend gemaak. Onder andere, is die 2023 jagseisoen goedgekeur. Die minister het dit so aangekondig.
Die langnaweek en Namibiërs reis tradisioneel na die kus en die Noorde om die Paasnaweek te herdenk. Daar word verwag dat die land se paaie baie besig sal wees en so ook, die land se misdadigers. Die streeksbevelvoerder van Omusati, kommissaris Ismael Basson sê die publiek moet waaksaam wees.
Woestyn-olifante verlaat tradisioneel die Ugab-vallei in die reënseisoen en saai verwoesting op kommersiële plase verder oos. Die jaar was die reën maar skraps en dit is nie bekend waar die diere hulle hulle bevind nie. Die seisoen is ook in werklikheid verby. Kosmos 94.1 Nuus het met Rachel Harris, die besturende direkteur van Ehra, of te wel, Elephant Human Relations Aid gesels en sy meen die troppe het vanjaar glad nie die boere geteister nie en het nie die vallei verlaat nie.
Die sage by Namcor duur voort. Die direkteur-generaal van die Teenkorrupsie-kommissie, Paulus Noa, het die hele raad van die nou beleërde maatskappy opdrag gegee om Dinsdag aan te meld. Dit volg na ‘n gesprek met die maatskappy se besturende direkteur, Immanuel Mulunga vroeër die week. Noa sê Mulunga het sy beëdigde verklaring ingedien en nou is dit die raad se beurt.
Die Namibiese landbouministerie sê ‘n ongeregistreerde insekdoder, Dichlorvos, algemeen bekend as Boam/Bloom, met ‘n geel etiket op sy verpakking word onwettig die land ingevoer en verkoop. Die produk, wat veral vir kakkerlakke gebruik word, word aanlyn en in winkels verkoop. Dit is uiters gevaarlik. Kosmos 94.1 Nuus het met Jona Musheko, die woordvoerder van die ministerie gesels. Hy sê die besit daarvan kan lede van die publiek in die moeilikheid bring.
Die DA in KwaZulu-Natal sê dit raak toenemend duidelik dat die eThekwini-burgemeester, Mxolisi Kaunda, verwyder is van die behoeftes en werklikheid van die inwoners wat steeds sonder dienste moet klaarkom. Die burgemeester het in die huidige boekjaar 'n elektrisiteitverhoging van 21,9 persent vir sakeondernemings en huishoudings voorgestel. Thabani Mthwethwa van die DA, sê hoewel 'n styging onafwendbaar is, kon die buitensporige styging voorkom gewees het indien die stad die party se raad gevolg het om skuldinvordering te vergemaklik, asook die ouditeur-generaal se aanbevelings oor die hantering van onregmatige besteding:
Die voormalige ombudsman, advokaat John Walters, sê die aankondiging dat Namibië 'n verstommende 2 100 miljoenêrs het is geen verrassing nie. Volgens die verslag word 'n miljoenêr gedefinieer as 'n persoon met 'n rykdom van 1 miljoen Amerikaanse dollars of meer. Volgens Walters word die rykes ryker en die armes armer en so ontbreek basiese dienste al hoe meer vir die wat nie van die geld beskik nie.
Die Britse regering gaan voort met sy planne om migrante te huisves op ‘n reuse-vragskip wat omskep is vir seevarende personeel. Die minister van paaie en vervoer, Richard Holden bevestig dat die plan so vinnig as moontlik in werking moet tree sodat die regering beheer oor die land se grense kan kry.
Die veelparty-koalisie in Tshwane het 'n dringende aansoek by die Noord-Gautengse Hooggeregshof ingedien. Dit is teen die speaker van die raad, Mncedi Ndzwanana, se weiering om raadsvergaderings te belê om 'n mosie van wantroue teen homself aan te hoor en begrotings te aanvaar. Die koalisie se woordvoerder, Cornè Mulder, sê die speaker se weiering is 'n poging om die meerderheid van die veelparty-koalisie te frustreer ten gunste van die ANC en EFF, wat voortgaan om toutjies te trek om die bestuur van Tshwane in onbestendigheid te dompel:
Volgens die Basic Income Grant-koalisie het Namibië vordering gemaak wat algemene gesondheid betref, maar die regering het nog baie werk om te doen om sy visie te verwesenlik om die hoogste standaard van gesondheid te bereik vir al sy mense. Namibiërs staar uitdagings van onder meer hoë bloeddruk, hipertensie, diabetes en vetsug in die gesig en het 'n hoë syfer van tuberkulose-lyers. Wêreld-gesondheidsdag word môre wêreldwyd herdenk. Renaani Musutua van die organisasie sê aan Kosmos 94.1 Nuus in Namibië is ongelyke toegang tot gesondheidsdienste.
Die eerste minister van Australië, Anthony Albanese, het die opposisieparty se standpunt oor die referendum as verdelend en opportunisties beskryf. Die leier van die Liberale Party, Peter Dutton, het verklaar dat hy 'n veldtog sal voer teen 'n voorstel van konstitusionele erkenning van die inheemse bevolking, die Aborigini, en die eilandbewoners van die Torres-seestraat. Hulle verteenwoordig nagenoeg 3,2 persent van Australië se bevolking, maar word nie in die land se grondwet genoem word nie. Albanese sê die referendum kan die lewe van inheemse inwoners verander:
Die Stad Kaapstad het die terugtrekking van Eskom se vrystelling van die bekendmaking van onregmatige besteding in sy finansiële state vir die volgende drie jaar, verwelkom. Die minister van finansies, Enoch Godongwana, het gister aan die Parlement gesê die besluit is voorlopig opsy geskuif hangende verdere konsultasie met die ouditeur-generaal en ouditeurs van Eskom. Beverley van Reenen van die stad sê so 'n vrystelling sou die vertroue van buitelandse finansiële instellings en korrupsie-waghonde in die land se vermoë om toerekenbaarheid en voldoening af te dwing, verder verswak:
Die Stad Kaapstad sê sy konsepbegroting vir 2023/2024 bou voort op sy werk tot dusver om Kaapstad die beste en maklikste plek te maak om sake te doen. Daar sal byvoorbeeld 121 miljoen Suid-Afrikaanse rand geoormerk word vir breëband-infrastruktuur en 184 miljoen rand vir handelsgebied-kapitaalopgraderings. Die burgemeesterskomiteelid vir ekonomiese groei, James Vos, sê die uitbreiding van die stad se koalisieprogram met nywerheid-sakevennote ontvang in die volgende boekjaar 'n hupstoot van 114 miljoen rand:
Oudpremier van Nieu-Seeland, Jacinda Ardern het ‘n emosionele laaste toespraak in die land se parlement gelewer. Ardern, wat haar familie, haar politieke party en haar ondersteuners bedank het, het in Januarie as premier uitgetree. Sy het in 2017 haar verskyning gemaak toe sy op die ouderdom van 37 die wêreld se jongste vroulike regeringshoof geword het. Sy het verdere internasionale aandag gekry toe sy haar baba na 'n vergadering van die Verenigde Nasies geneem het. Sy sê haar amp, is bewys enigiets is moontlik.
ActionSA het die regering se besluit om die ramptoestand oor die elektrisiteitskrisis op te hef, verwelkom. Dit volg minder as twee maande nadat President Cyril Ramaphosa dit ingestel het. Hy sê die opheffing toon die ANC-geleide regering erken die ramptoestand sou nooit die krisis kon oplos nie. ActionSA se woordvoerder, Lerato Ngobeni, sê die opheffing bevestig ook die party se siening dat die ramptoestand en aanstelling van 'n Elektrisiteitsminister bloot 'n kosmetiese maatreël van die regering was:
Oudpresident Donald Trump se prokureur Joe Tacopina het met Amerikaanse media gepraat oor die 34 klagtes teen sy kliënt. In sy mening het die klagte geen meriete in die reg nie en hy sê hy twyfel of die saak enigsins ‘n jurie sal haal.
Die Suid-Afrikaanse federasie van vakbonde, Saftu, doen 'n beroep op die Tesourie om Eskom se vrystelling om sy onregmatige en verkwistende uitgawes in finansiële state aan te meld, permanent op te hef. Die minister van Finanasies, Enoch Godongwana, het die vrystelling gister voorlopig teruggetrek na beraadslaging met die Ouditeur-Generaal en wydverspreide openbare ontsteltenis. Die minister hou egter 'n deur oop dat dit in die toekoms weer ingestel kan word. Saftu se woordvoerder, Trevor Shaku, sê die uitsluiting sou veroorsaak dat korrupsie by Eskom floreer:
Die kwessie van kerke en belasting is terug in die nuus. Plaaslike berigte lui dat ‘n raadslid van die Independent Patriots for Change, Ndeshihafela Larandja, teen kerke uitgevaar het omdat hulle aansoek gedoen het om vrystelling van die betaling van eiendomsbelasting en belasting. Die IPC-raadslid wil hê die Stad Windhoek moet besonderhede verskaf hoeveel die stad verloor deur vrystellings aan kerke en ander geloofsgebaseerde organisasies te gee. Kosmos 94.1 Nuus het met politieke kommentator, dr. Ndumba Kamwanya gesels oor kerke se aanspreeklikheid in die verband.
Die buurland se adjunkminister van samewerkende regering, Parks Tau, sê verskeie faktore is in ag geneem toe die ANC-regering besluit het om die nasionale ramptoestand oor elektrisiteit te herroep. Dit sluit in verskeie versagtingsmaatreëls wat reeds ingestel is om aandag te gee aan beurtkrag asook die aanstelling van 'n minister vir elektrisiteit. Tau het ook die versekering gegee maatreëls is ingestel om in te gryp met kwessies rondom die kragkrisis terwyl die verkryging van noodkrag aansienlik verbeter het:
Tydens die Paasnaweek gaan daar ‘n skerp toename in verkeersvolumes landwyd wees. Die Namibiese polisie se verkeersafdeling sal patrollies verhoog om padongelukke op die hoofpaaie te voorkom, veral die B1 en B2-hoofweë. Padgebruikers word gemaan om verkeersreëls te gehoorsaam aangesien roekelose en nalatige bestuur tydens langnaweke toeneem. Kosmos 94.1 Nuus het met Nampol se hoof van die verkeersafdeling, kommissaris Petrus Swartz gesels en hy sê daar sal geen genade wees nie.
Die Bank van Namibië het besluit om voort te gaan met sommige van die maatreëls om huishoudings en besighede te beskerm teen die ergste impak van die Covid-pandemie. Die verligtingsmaatreëls sluit onder meer in moratoriums vir die terugbetaling van lenings. Hierdie verslappings het kommersiële banke in staat gestel om krediet te verleen aan ekonomiese sektore wat die meeste deur die pandemie en die nasleep daarvan geraak is. Kazembire Zemburuka, die bank se direkteur van strategiese kommunikasie sê aan Kosmos 94.1 Nuus die hoofdoel is om die ekonomie te laat herstel.
Volgens die jongste vloedbulletin van die Namibiese Hidrologiese diens styg die Okavangorivier steeds geleidelik met ‘n vlak van 5,24 meter wat by Rundu gemeet is met vloei 233 kubieke meter per sekonde. Die vloei van die Kunenerivier by die Ruacana-hidroëlektriese-aanleg het ook 'n aansienlike toename aangeteken van 91,9 kubieke meter per sekonde tot 101,5 kubieke meter per sekonde. Dit is uiters goeie nuus vir kragopwekking in die land en volgens weerkenners word nog reën in die gebied voorspel. Odilo Kgobetsi, die hooftegnikus by die diens sê aan Kosmos 94.1 Nuus reën word oor die Noorde verwag.
Die Suid-Afrikaanse Departement van Buitelandse Sake loop onder kritiek deur weens die vertragings met die verwerking van die langtermyn kwytskelding- en hernuwingsaansoeke van visums van duisende wettige buitelandse werkers. Die departement het daarop aangekondig daar is uitstel verleen vir aansoeke wat voor 31 Maart ontvang is. Die verlenging verval op 31 Desember vanjaar. Volgens minister Aaron Motsoaledi is die tydelike maatreëls egter nie van toepassing op besoekers op korttermynvisums wat vir minder as 90 dae geldig is nie:
Die buurland se minister van elektrisiteit, Kgosientso Ramokgopa, sê sy mandaat om versagtende oplossings vir beurtkrag te vind, gaan voort ten spyte van die beëindiging van die nasionale ramptoestand oor elektrisiteit. Hy het aan die media gesê die ramptoestand is ingestel om beskikbare bronne te versterk om omvattend te reageer op beurtkrag:
Speaker van die Amerikaanse Huis, Kevin McCarthy, het die Taiwanese President Tsai Ing-wen in Kalifornië onthaal, en is die mees senior Amerikaanse amptenaar wat 'n Taiwanese leier op Amerikaanse bodem in dekades ontmoet het. Gesprekke het gehandel oor wapenverkope aan Taiwan en die besoek het reeds reaksie uit China gelok wat baie ongelukkig is daaroor. Intussen is Franse President Emmanuel Macron in China op besoek aan sy eweknie Xi Jinping. McCarthy het met die media oor die besoek gesels.
‘n Ekonoom sê digitale transformasie in die finansiële dienste-sektor is belangrik. Die Namibiese Finansiële Instellings Toesighoudende Owerheid, Namfisa, bied die tweede FinTech Square-geleentheid op 10 en 11 Mei in Windhoek aan. Die tema is ‘Innovate, Collaborate, Elevate: Towards digital transformation in the financial services sector’. Registrasie op Namfisa se webwerf het vandag begin en sal op 20 April eindig. Kosmos 94.1 Nuus het met Salomo Hei, besturende direkteur van High Economic Intelligence, gepraat...
Krieket: Amerika en die Verenigde Arabiese Emirate is die twee spanne wat deurdring na Zimbabwe om van 18 Junie tot 9 Julie te kwalifiseer vir die IKR-manskrieket-wêreldbeker. In die laaste rondomtalie-wedstryde vandag in Windhoek het die VAE vir Jersey met 66 lopies gewen en Kanada vir Papua Nieu Guinee met 90 lopies. Die uitvoerende hoof van Krieket Namibië Johan Muller het vroeër vandag met Kosmos gesels, wat sê dit is teleurstellend dat die Eagles nie Zimbabwe toe gaan nie.
‘n Bekende in Namibiese toerismekringe, Basil Smit, die eienaar van Amani Lodge en BurgsView Boutique Hotel in Windhoek, het Namibië se eerste multi-miljoen aanlyn eiendomslootjie-trekking en geaffilieerde bemarkingsprogram bekend gestel. Die totale prysgeld van die twee eiendomme word op 'n minimum van 29 miljoen Namibiese dollar gewaardeer. Amani Lodge aan die oostelike buitewyke van die hoofstad Namibië is 19 miljoen dollar werd en BurgsView Hotel het ‘n asemrowende uitsig op die middestad. Mediakonsultant Gert Jacobie, deel meer oor die program met Kosmos 94.1 Nuus...
Zimbabwiese President Emmerson Mnangagwa het die media se monde gesnoer oor die dekking van Al Jazeera se ondersoekende dokumentêr oor goudsmokkelary waarin hy betrek word. Sy woordvoerder, George Charamba, sê die President het joernaliste gewaarsku om nie voort te gaan om die storie te dek waarin gewys word hoe goud uit die land gesmokkel word nie. Die Zimbabwiese joernalis, Hopewell Chin'ono, het gesê die President het hulle met tronkstraf gedreig indien hulle nie gehoor gee aan sy opdrag nie.
Litium wat eens as 'n nis-mineraal beskou is, is nou 'n kritieke komponent vir tegnologieë en toerusting wat gebruik word om klimaatsverandering te bekamp. Namibië se litium is onder-ontgin, maar sedert 2022 het die land 'n groot toename in eksplorasie-aktiwiteit ervaar. Die meeste van die wêreldwye vraag na litium is van die battery-mark afkomstig, gevolg deur elektriese voertuie en verbruikersgoedere. Litium se vooruitsigte is nie verseker om op die lang termyn eksponensieel aan te hou groei nie, namate alternatiewe ontdek is en dus litium se vooruitsigte bedreig, volgens Simonis Storm. Veston Malango hoof uitvoerende beampte van die Kamer van Mynwese van Namibië het met Kosmos 94.1 Nuus...
Die Namibiërs en inwoners van die vasteland vra deurentyd die vraag waarom Afrika arm is met al sy ryk hulpbronne. Dit is 'n vraag wat niemand blykbaar antwoord nie. Hierdie vraag het vandag weer in die Nasionale Vergadering opgeduik, nadat Henny Seibeb van die Landless People's Movement 'n mosie ingedien het oor die misbruik van die Namibiese hulpbronne. Leier van die amptelike opposisie PDM, McHenry Venaani, stem saam en het gesê Afrika is arm omdat sy hulpbronne wanbestuur word.
Die Suid-Afrikaanse regering sê die nasionale ramptoestand oor elektrisiteit was 'n noodsaaklike reaksie op die kritieke vlakke van beurtkrag wat die ekonomie en kwesbare sektore beïnvloed het. Die ramptoestand is vandag amptelik beëindig nadat President Cyril Ramaphosa dit in Februarie ingestel het ter ondersteuning van die Energie-aksieplan. Die minister van samewerkende regering en tradisionele sake, Thembi Nkadimeng, het aan die media gesê die onlangse vordering met die versagting van beurtkrag het bygedra tot die besluit om die ramptoestand te herroep.
Sy het gesê Namibiërs moet geboortebeplanning doen en voorbehoedmiddels is vrylik beskikbaar.
Die voormalige Namibiese kinder-advokaat het haar reaksie gegee op armoede wat 'n negatiewe impak op die gesondheid van Namibiërs het, veral kinders. Wanvoeding is steeds die nommer een moordenaar van kinders onder die ouderdom van vyf. Kindersterfte-syfers onder vyf jaar in die land is 46,7 per 1 000 geboortes. Advokaat, Ingrid Husselman het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê Namibië as 'n land het goeie wette en beleide wat kinders beskerm.
Die Vryheidsfront Plus is besorg oor ʼn skerp toename in die voorkoms van massamoorde in die land. Tussen April 2019 en Desember verlede jaar het meer as 2 000 voorvalle gelei tot 5 709 sterftes. Slegs 103 verdagtes is aangekeer. Die minister van polisie, Bheki Cele, het hierdie syfers bekendgemaak na aanleiding van ʼn vraag van die VF Plus se leier, Pieter Groenewald, in die parlement. Groenewald sê met ʼn moordkoers vyf keer hoër as die wêreld-gemiddeld is misdaad in Suid-Afrika buite beheer.
Die DA in Gauteng sê inwoners van die provinsie wat afhanklik is van staats-gesondheidsorgdienste, het die slagoffers geword van swak besluite deur leiers van die regerende party, wat nie voldoende instandhouding van gesondheidsgeriewe verseker nie. Daar is weens die voortdurende druk van die party oor die toestand van instandhouding by gesondheidsgeriewe, met 'n ondersoek begin. Die DA-lid, Alan Fuchs, sê die ondersoek het bevestig dat hulle nie die nodige hulpbronne of kundigheid het om hul eie instandhouding te doen nie.
Cope het die minister van finansies, Enoch Godongwana, gekritiseer nadat hy sy besluit teruggetrek het om Eskom vry te stel van die bekendmaking van vrugtelose, verkwistende en onregmatige uitgawes in sy jaarverslae. Godongwana het enige bybedoeling ontken, en gesê sy besluit was gegrond op die kragvoorsiener se finansiële volhoubaarheid. Hy het vanoggend aangekondig die vrystelling is voorlopig teruggetrek. Cope se nasionale woordvoerder, Dennis Bloem, beweer die vrystelling het ten doel gehad om korrupsie by Eskom toe te smeer.
Besoekers het begin toesak op die Krugerwildtuin vir die Paas-skoolvakansie. SANParke sê sommige paaie is steeds gesluit ná oorstromings. Hekkwotas vir dagbesoekers sal gedurende die Paasnaweek ingestel word, en besoekers word aangeraai om aanlyn te bespreek voor hul besoek. SANParke se woordvoerder, Isaac Phaahla, sê besoekers moet by ontvangs of hekke kyk vir die jongste inligting.
Die Namibiese polisie vra die hulp van die publiek om ‘n liggaam te identifiseer wat in ‘n sloot in die Suidelike Industriële Gebied gevind is. Die liggaam is verbrand maar, is ook erg aangerand voor dit brand gesteek is. Adjudant-offisier Silas Shipandeni van die Khomas-polisie het meer besonderhede.
Gholf-liefhebbers sien uit na die Meesters wat môre op Augusta begin. Spelers se name lees soos die konings van gholf en die vyfmalige wenner, Tiger Woods, wat saam met Viktor Hovland en Xander Schauffele in 'n groep gedeel is, is ook daar. Maar, met die uitdagings wat hy in die onlangse tyd gehad het, sê Woods dit kan moontlik sy laaste wees.
Talle Namibiese vroue is weer gevang met ‘n slenter in verband met geloof, God en ‘n selfverklaarde profeet. Dit gons op oomblik op sosiale media oor die Namibiese gospel-sanger Evaristus Kamangili. Kamangili vertel glo aan mense dat hy 'n apostoliese profeet en ‘n selfverklaarde man van God is. Hy het na bewering talle vroue bedrieg en mislei om vir hom geld te gee in die naam van God. Hy het na bewering trou aan hulle beloof, sommiges het swanger geraak en Kamangili het die hasepad gekies. Jong vroue word gewaarsku om versigtig te wees vir swendelaars. Maatskaplike aktivis Rosa Namises sê aan Kosmos 94.1 Nuus gebedsessies wat in donker hoekies plaasvind, moet vermy word.
Die Namibiese ministerie van myne en energie is tans in die Karas-streek om ‘n inligtingsessie te hou oor die ontdekking van olie, aflandig van die streek. Die minister, Tom Alweendo, het inwoners toegespreek en sê die hele proses sal nog ‘n paar jaar neem.
Goud presteer op die oomblik uiters goed, veral met die risiko’s in verband met die Amerikaanse dollar. Die goudprys het vandag tot sy hoogste vlak sedert Maart verlede jaar bereik nadat swak Amerikaanse ekonomiese data die vraag na die sogenaamde veilige belegging aangespoor het. Die kommoditeit het vroegoggend 2 023 Amerikaanse dollar per fynons bereik en verhandel nog steeds daar. Kenners meen goud sal sy opwaartse trajek behou en die bekende Suid-Afrikaanse ekonoom Chris Hart stem saam.
Die Ongwediva Handelskou sal vanjaar van 25 Augustus tot 2 September plaasvind. Die belangrikheid van die skou vir die Noorde se ekonomie kan nie oorbeklemtoon word nie. Die geleentheid is uiters gewild en lok ook talle internasionale uitstallers. Die handelsminister Lucia Iipumbu het die handelskou vandag amptelik van stapel gestuur. Sy sê die vryhandelooreenkoms maak die geleentheid nog belangriker.
Dit sal tot nadeel van Navo wees sou oudpresident Donald Trump weer Amerikaanse president word. Dit is die standpunt van Sir Richard Shirreff, voormalige adjunk-oppergeallieerde bevelvoerder van die verdagsorganisasie. In sy mening sal Trump 'n eksistensiële bedreiging vir die alliansie wees. Hy het met Britse media gepraat.
Ses lede van 'n Suid-Afrikaanse sindikaat wat bankkliënte bedreig het, is deur die hooggeregshof in Johannesburg tot 'n opeenvolgende 843 jaar tronkstraf gevonnis. Die mans is vroeër skuldig bevind op altesaam 68 aanklagte van onder meer moord, roof, ontvoering, rampokkery deur bestuur en deelname aan 'n onderneming, bedrog, korrupsie en sameswering. Die Nasionale Vervolgingsgesag se woordvoerder, Phindi Mjonondwane, sê hulle was tussen 2011 en 2016 in Gauteng, Noordwes en Limpopo bedrywig:
Die RDP-leier Mike Kavekotora, wat onlangs uit die parlement bedank het, het aan Kosmos 94.1 Nuus sy redes vir sy bedanking gegee. Hy is steeds president van die party en het gesê hy wil die RDP behoorlik posisioneer om voor te berei vir die algemene verkiesing in 2024. Kavekotora se plaasvervanger en adjunkpresident van die party Kennedy Shekupaleka is intussen as parlementslid ingesweer. Kavekotora gesels oor sy hoogtepunte van sy tyd as parlementslid...
Die voormalige president van Amerika Donald Trump se vorige prokureur, Michael Cohen, sê hy het 'n beduidende hoeveelheid dokumente as bewyssstukke ingedien wat bewerings oor Trump se moontlike vervolging bevestig. Aanklaers in Manhattan beweer in hul klagstaat die gewese president en Cohen het in 2017 'n ontmoeting in die Withuis gehad om die betaling van sogenaamde swyggeld aan die porno-aktrise Stormy Daniels te bevestig. Trump het onskuldig gepleit op 34 klagte van vervalsing van sake-rekords. Cohen sê hy sal voortgaan om die waarheid te praat:
Die Noord-Kaapse LUR vir Vervoer, Nomandla Bloem sê wetstoepassingsbeamptes gaan hierdie Paasnaweek op volle sterkte wees. Dus, is dit belangrik vir Namibiërs wat deur die provinsie vir die langnaweek ry, om versigtig te wees. Die veldtog fokus op die groter verkeer op paaie, en daarom is opvoeding oor padveiligheid en die bevordering van goeie padgebruik noodsaaklik. Intussen sê die polisiewoordvoerder, Sergio Kock, hulle het altyd 'n benadering van geen verdraagsaamheid ...
Die verhoging in die staatspensioen sowel as die kindertoelaag, wat in die begroting aangekondig is, sal eers wanneer die begroting deur die parlement bekragtig is, in werking kan tree. Die finansminister Ipumbu Shiimi het 100 Namibiese dollar meer vir elkeen aangekondig. Lukas Haufiku, skakelbeampte in die ministerie van armoede uitwissing sê wanneer dit plaasvind, sal die betalings teruggedateer word tot 1 April.
Die Stad Tshwane se burgemeester, Cilliers Brink, sê hy het sy eerste week op kantoor gebruik om aan die uitgestelde aanpassingsbegroting vir die 2022/2023-boekjaar te werk. Die stad het tot volgende Vrydag tyd om 'n aanpassingsbegroting te aanvaar of loop andersins die gevaar om onder administrasie geplaas te word. Dit sal beteken die munisipaliteit se uitvoerende magte word aan die provinsiale regering oorgedra. Brink sê een van sy hoofprioriteite is om die stad se finansies te stabiliseer:
ActionSA in KwaZulu-Natal is diep bekommerd oor die eThekwini-munisipaliteit se voorgestelde tariefverhogings vir die nuwe boekjaar wat op 1 Julie vanjaar van krag word. Alan Beesley van ActionSA sê die voorgestelde verhoging van 21,9 persent vir elektrisiteit, 15,9 persent vir water, 8 tot 9 persent vir vullisverwydering, 12,9 persent vir sanitasie, en belasting wat met 8,9 persent opgaan, is ver bo die huidige inflasiekoers van 6,9 persent en sal vir baie inwoners en ondernemings onbekostigbaar wees:
Die Namibiese gesondheidsministerie sê gevalle van pampoentjies neem landwyd toe. Dit volg nadat pampoentjies vroeër by 'n skool in Oshakati in die Oshana-streek uitgebreek. Dit is ‘n hoogs aansteeklike siekte wat veroorsaak word deur 'n virus. Die uitvoerende direkteur in die ministerie Ben Nangombe, sê aan Kosmos 94.1 Nuus mense met simptome word aangeraai om tuis te bly totdat hulle herstel het.
Cosatu sê die Nasionale Tesourie se besluit dat Eskom nie onregmatige en verkwistende uitgawes in hulle finansiële state hoef te meld nie, maak die weg oop vir die voortsetting van staatskaping. Die kragverskaffer het ná Transnet die jongste staatsinstelling geword wat hiervoor vrystelling kry. Cosatu se woordvoerder, Zingiswa Losi sê President Cyril Ramaphosa moet Tesourie opdrag gee om die uitsluiting te staak en beskryf die besluit as roekeloos:
Die African Transformation Movement is gekant teen die voortsetting van die geskorste Openbare Beskermer, Busisiwe Mkhwebane, se parlementêre verhoor sonder haar regspan. Sy is sonder verteenwoordiging aangesien haar kantoor geweier het om haar regskoste ná die einde van Maart te befonds. Die Artikel 94-komitee ondersoek Mkhwebane se geskiktheid om die amp te beklee. Die ATM se president, Vuyo Zungula, het aan Newzroom Afrika gesê hulle ondersteun nie voorstelle dat sy haar regspan uit haar eie sak moet betaal nie:
Op die oomblik is daar 33 aktiewe gevalle van Covid in Namibië maar, daar is geen ernstige infeksies aangemeld nie. Mediese kenners meen immuniteit met blootstelling sedert 2020 het versterk. Covid is volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie nog nie iets van die verlede nie. Epidemioloog Maria van Kerkhove sê die virus het nog nie gestabiliseer nie en toon geen voorspelbare patrone nie. Die variant wat op die oomblik kommer wek, Omikron XBB1.16 is nie net meer aansteeklik nie, maar toon ook ‘n hoër vlak van gevaar.U
Die voedselbedryfvakbond, Saccawu, sê hy gaan sy staking verskerp teen Makro wat deur die kleinhandelreus Massmart besit word. Die vakbond gaan in sy sekondêre staak-aksie 'n plakkaatbetoging by die Uniegebou hou en dan opruk na die Amerikaanse ambassade in Pretoria. Massmart het sowat 600 werkers afgedank en nog 200 geskors nadat hulle aan nywerheidsaksie deelgeneem het. Mike Tau van die vakbond sê Makro se bestuur het werkers geskors met die uitsluitlike doel om hulle af te dank:
Die Kankervereniging van Namibië is in 1968 deur dr. AB May gestig en herdenk vanjaar 55 jaar van die voorkoming van kanker. Vir die volgende 55 werksdae sal die vereniging 550 Namibiërs by die gemeenskap-sorgsentrum verwelkom om hul jaarlikse toetse vir die drie mees algemene kankers - bors-, servikale en prostaatkanker - vir slegs 55 Namibiese dollar te doen. Kosmos 94.1 Nuus het met Rolf Hansen, die uitvoerende hoof van die vereniging, gesels...
Opposisieleiers waarsku met die ontdekking van olievelde aan die Namibiese kus, kan die regering in die versoeking kom om meer geld te leen in afwagting van inkomste uit olie. Die olie-ontdekkings bring groot beloftes vir Namibië maar daar is ook die sogenaamde vloek van oliebronne. Daar is ook vrae oor wetgewing om te verseker dat Namibiërs bevoordeel sal word, maar ook om korrupsie te vermy wat in ander lande gebeur het. Kosmos 94.1 Nuus het met die president van die Republikeinse Party, Henk Mudge, gesels oor wat sy siening is van die olie-ontdekkings en inkomste uit ander natuurlike hulpbronne.
Die voormalige Amerikaanse president Donald Trump sê die enigste misdaad wat hy gepleeg het, is om Amerika vreesloos te verdedig teen diegene wat die land wil vernietig. Hy het in 'n hof in Manhattan onskuldig gepleit op 34 aanklagte rakende die vervalsing van sakerekords. Aanklaers beweer die voormalige president het probeer om die integriteit van die 2016-verkiesing te ondermyn en was deel van 'n onwettige plan om negatiewe inligting te onderdruk. Trump het ondersteuners op sy Mar-a-Lago-landgoed in Florida toegespreek en gesê die aanklagte teen hom is polities gemotiveerd:
Die Departement van Gesondheid in Gauteng stel vandag 255 nuwe mediese noodreaksievoertuie bekend. Dit vorm deel van die gereedheidsveldtog vir die Paasnaweek. Die nuwe vloot het moderne tegnologie en mediese toerusting en sal aan al vyf die distrikte in die provinsie toegewys word. Die departement wil verseker daar is ononderbroke noodreaksie gedurende die langnaweek. Woordvoerder, Motalatale Modiba, sê met die verwagte hoë verkeersvolumes oor die Paastyd, sal die bykomende vloot reaksietyd verbeter:
AfriForum en die Batlharo Boo Tokwana-Ba-Ga-Masibi tradisionele gemeenskap in Noordwes werk saam aan landbou-ontwikkeling, selfvoorsiening deur die gemeenskap en grondeienaarskap. Die doel met die samewerking is om 'n voorspoedige toekoms vir hulle kinders en toekomstige geslagte te verseker. AfriForum se hoof van Tussenkulturele Betrekkinge en Samewerking, Barend Uys, glo die versterking van gemeenskapsfederalisme is die sleutel tot die oplossing van probleme wat deur die agteruitgaande staat geskep word:
Oud-president Donald Trump het onskuldig gepleit op 34 aanklagte in die eerste graad vir die vervalsing van sakerekords . Dit hou verband met 'n swyggeld-skema tydens die 2016-verkiesing. Hy het in ’n Manhattan-hof in New York verskyn. Aanklaers beskuldig Trump daarvan dat hy sy New York-sakerekords herhaaldelik en op bedrieglike wyse vervals het. Die doel daarvan was om skadelike inligting oor kriminele optrede van kiesers te weerhou. Manhattan-distriksaanklaer, Alvin Bragg, sê sy kantoor is verplig om met die saak voort te gaan:
Vanaf Januarie tot Maart vanjaar is 39 gevalle van verkragting net in die Oshikoto-streek aangemeld. Van daardie gevalle is 15 gevalle in Januarie gerapporteer, gevolg deur 14 in Februarie en tien in Maart. Die streeksbevelvoerder van Oshikoto, kommissaris Teopolina Kalompo-Nashikaku, het gesê dat meeste verkragtingsake, 19, in Omuthiya aangemeld is, gevolg deur Okatope met agt en Onayena met sewe. Kalompo-Nashikaku sê aan Kosmos 94.1 Nuus verkragting het ‘n langtermyn impak op slagoffers, hul gesinne en die gemeenskap.
Die David Namwandi-trust het sy jaarlikse marathon van stapel gestuur wat op 22 April sal plaasvind. Die marathon sal wegspring by die International University of Management se kampus in Dorado Park in die hoofstad. Registrasie is nou oop is vir hoërskool-leerders en studente regoor die land. Die twee kategorieë sluit in 'n 10 kilometer-draf vir hoërskool-leerders en 'n halfmarathon van 21 kilometer vir studente. Taleni Matheus van die instansie het die pryse aangekondig wat gewen kan word.
Die DA in Noordwes sê hy neem kennis van die Nasionale Tesourie se stap om voorwaardelike toelae aan nege munisipaliteite in die provinsie te staak. Dit volg op die munisipaliteite se versuim om toelae te bestee wat bedoel is vir noodsaaklike infrastruktuur vir dienslewering in gemeenskappe. Freddy Sonakile van die DA sê dit is kommerwekkend dat meer as 460 miljoen Suid-Afrikaanse rand wat vir die 2021/2022-boekjaar vir dienslewering opsygesit is, spesifiek vir infrastruktuur, aan die fiskus teruggegee moet word omdat dit nie bestee is nie.
Die adjunkminister van werke en vervoer, Veikko Nekundi het vandag in die Nasionale Vergadering die begroting van die ministerie van armoede-verligting van 6,48 miljard Namibiese dollar ondersteun. Hy het ook voorgestel dat die ministerie 'n meganisme ontwikkel wat sal verseker dat geld wat vir kwesbare kinders bedoel is vir die regte doel en vir die beoogde begunstigdes aangewend word...
Duisende Moederstad-pendelaars was vanoggend verheug met die hervatting van die sentrale lyn-treindiens tussen Nyanga en die Kaapstad-middestad. Die diens, wat op 'n daaglikse basis derduisende inwoners, tussen die middestad en omliggende woonbuurte vervoer het is reeds in 2019 opgeskort. Verskeie uitdagings, soos die diefstal en vandalisme van kritieke infrastruktuur het ook verhoed dat die lyn vroeër oopgestel kon word. Fritz Platt, Kosmos 94.1 Nuus se korrespondent in die Moederstad...
Jeugwerkloosheid is een van die grootste uitdagings in Namibië. Vanjaar sal 120 vroue uit al 14 streke van Namibië opleiding oor 'n tydperk van vyf maande van die Amerikaanse ambassade se Academy for Women Entrepreneurs ontvang. Die Amerikaanse ambassadeur in Namibië, Randy Berry, het vandag amptelik die akademie op Walvisbaai bekendgestel. Die akademie is in 2020 in Namibië gestig. Woordvoerder van die Amerikaanse ambassade, Tiffany Miller het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat...
Die Internasionale Lugvervoer-vereniging sê die lugvaartbedryf toon 'n volgehoue herstel ná die gevolge van Covid-19. Die vereniging sê die Afrika-lugvaartmark word tans teen 93 persent bedryf vergeleke met 2019. Die direkteur-generaal, Willie Walsh, sê hulle verwag dat passasiersverkeer in Afrika sal toeneem en die groei in die mark sal teen 2040 twee keer meer as die getalle in 2019 wees. Daar is ook 'n vennootskapsprojek met Focus Africa bekend gestel om te help met die versterking van Afrika se lugvaartsektor. Die uitvoerende hoof van die Gasvryheidsvereniging van Namibië Gitta Paetzold gee haar reaksie aan Kosmos 94.1 Nuus.
Restonic Namibia het vandag 'n borgskap ter waarde van ‘n halfmiljoen Namibiese dollar aan die Namibiese Rugby-unie aangekondig. Hulle skenk onder meer beddens aan die Welwitschia-spelers wat in September aan die Wêreldbeker-toernooi in Frankryk gaan deelneem. Tydens die oorhandigingseremonie het Mauritz van Niekerk, Restonic Namibia se hoofbestuurder gesê hulle glo as jy goed slaap, sal jy beter presteer.
Nog 'n burgemeester van die DA in Gauteng is sy pos kwyt. Die burgemeester van die Wes-Randse distriksmunisipaliteit, Hullet Hild, is uitgestem in 'n mosie van wantroue wat die ANC, die EFF en die African Independent Congress gesteun het. Die hoofsweep, Almé Swart, ook van die DA, is ook verwyder. Hild en Swart is in Januarie 2022 met die steun van ander opposisiepartye verkies. Die LUR vir samewerkende regering en tradisionele Sake, Mzi Khumalo, sê hulle wil bestendigheid in munisipaliteite en koalisieregerings hê.
‘n Namibiese ekonoom het sy reaksie gegee op die handelsbalans wat steeds in ‘n tekort is. Dit het egter op ‘n maandgrondslag in Februarie met 86,2 persent verbeter en met 84,9 persent op ‘n jaargrondslag gemeet. Verliese van 3 miljard Namibiese dollar is in Januarie vanjaar aangeteken teenoor 2,8 miljard dollar wat in Februarie bereken is. Gedurende Februarie is diamante, uraan, goud en koper onder die top-uitvoere met vis wat ook onder die top-vyf is. Ekonoom Gabriel Erastus gee aan Kosmos 94.1 Nuus sy mening oor die handelsbalans-tekort.
Die Wes-Kaapse departement van landbou sê die vertragings met die verhoging van Clanwilliamdam se wal het 15 000 nuwe werkskeppings-geleenthede beïnvloed. 'n DA-lid van die wetgewer, Andricus van der Westhuizen, sê die projek is vertraag weens wanbestuur en moontlike korrupsie. Hy sê die groter dam sal na verwagting help om watervoorsiening vir besproeiing en gewasproduksie te vermeerder. Van der Westhuizen sê die DA sal voortgaan om druk op die regering te plaas om die bouwerk te bespoedig.
ActionSA in Mpumalanga sê bouwerk van meer as 1,2 miljard Suid-Afrikaanse rand aan die nuwe hospitaal met 250 beddens in Middelburg is gestaak weens beweerde korrupsie. Die woordvoerder, Thoko Mashiane, doen 'n beroep op premier Refilwe Mtsweni-Tsipane om te verduidelik hoe haar regering beplan om die situasie reg te stel en basiese gesondheidsorg aan die mense van die provinsie te verskaf, aangesien dit deel vorm van haar kern-take.
Namibiese vise-president Nangolo Mbumba het die Universiteit van Namibië se Suidelike Kampus se lesingsaal-kompleks by Keetmanshoop in die Karas-streek ingehuldig. Die regering het 93 miljoen Namibiese dollar vir die eerste fase van die bou-projek van die kampus belê. Die konstruksie van die kompleks, wat uit lesingsale, geo-wetenskapslaboratoriums en administrasie-kantore bestaan, het in 2016 begin. Die voltooiing van die projek het egter langer geneem as wat verwag is weens finansiële beperkings. Mbumba sê die regering is daartoe verbind om toegang tot hoër-onderwys-instellings in die land te uit te brei.
Suid-Afrikaanse justisieminister Ronald Lamola sê hy is teleurgesteld G4S was nie teenwoordig tydens die parlementêre portefeuljekomitee vir justisie en korrektiewe dienste se bespreking van Thabo Bester se ontsnapping nie. Die private sekerheidsmaatskappy bestuur die Mangaung-gevangenis in die Vrystaat waarvandaan die Facebook-verkragter en moordenaar in Mei verlede jaar ontsnap het. Die komitee sê hy kan nie sonder G4S voortgaan nie. Lamola sê dis teleurstellend dat hulle nie kon voortgaan nie aangesien hulle nie die publiek in hulle vertroue kon neem nie.
Die Finse ambassadeur in die Verenigde Koninkryk, Jukka Siukosaari, sê hulle berei reeds voor dat Swede ook by Navo aansluit. Dit kom na Finland vandag die 31ste lidland van die verdrag geword nie. Turkye staan Swede se lidmaatskap teen omdat hy sê die Sweedse regering ondersteun terrorisme. Siukosaari het met Britse media gepraat.
Die Namibiese minister van veiligheid en sekuriteit Albert Kawana het met sy Zambiese eweknie ontmoet en kwessies van veiligheid op die grens bespreek. Gevangenes van beide lande is ook uitgeruil om hulle vonnisse plaaslik uit te dien. Die veiligheid op die grens was onlangs onder die loep, veral met Botswana se weermag en veediefstal teen Zambië. Kosmos 94.1 Nuus het met Sinvula Mudabeti van die Namibian Lives Matter-beweging gesels oor of daar uitdagings op daardie kant van die grens ook is.
Die inligtingsministerie en die Impact Tank Analysis-stigting het vandag 'n memorandum van verstandhouding onderteken om saam te werk aan transformerende, selfonderhoudende, digitale programme om indiensneming in die digitale en tegnologiese ruimte te versnel. Die adjunk-minister, Emma Theofelus sê dit is uiters belangrik dat kapasiteit gebou word om aan vraag in die mark te voldoen.
Die waarde van selfoon-beelmateriaal is weer beklemtoon met die saak waar die NEFF-lid Dimbulukeni Nauyoma op borgtog van 5 000 Namibiese dollar vrygelaat is. Die hof het bevind dat daar geen bewyse was dat Nauyoma die protesgangers aangehits het nie. Dit is duidelik in die beeldmateriaal wat op die 21ste Maart van die byeenkoms afgeneem is. Kosmos 94.1 Nuus het met die direkteur van die Regshulpsentrum Toni Hancox gesels oor die rol wat selfoon-video's kan speel in ‘n regsgeding en hoe belangrik dit is.
Die bekende Unam-ekonoom dr. Omu Kakujaha-Matundu het gereageer op die nuus dat Namibië ‘n verstommende 2 100 miljoenêrs het. Die Africa Wealth Report vir 2023 het die syfer bekend gemaak en definieer ‘n miljoenêr as 'n persoon met 'n rykdom van 1 miljoen Amerikaanse dollar of meer. Die verslag het ook gesê die plaaslike aantal miljoenêrs sal oor die volgende tien jaar met 60 persent groei. Kakujaha-Matundu sê dit is onmoontlik om te bepaal wie hierdie persone is waar die rykdom vandaan kom, maar meen dit is nie alles slegte nuus nie.
In plaas van die gebruiklike voëltjie, het Twitter-gebruikers vanoggend ‘n beeld van ‘n Shiba Inu-hond op die sosiale media platform gehad. Volgens wat berig word het Elon Musk, wat in die hof is oor ‘n Dogecoin-saak, die hond, wat ook die amptelike handelsmerk van die kripto-eenheid is, daar geplaas om sy waarde op te stoor. Groei in die geldeenheid is belangrik vir Musk om die saak te wen en op die oomblik, handel die eenheid teen 12,4 miljard Amerikaanse dollar. Maar, Coenie Botha van CBS Exchange, is nie oortuig nie.
Finland word vandag ‘n lid van Navo, die 31ste land in die verdrag. Finland deel ‘n grens met Rusland en het besluit om aansoek te doen nadat Rusland op 24 Februarie die Oekraïne ingeval het. Finland het dit duidelik gemaak dat hy sal verdediging wil verbeter, nie voorberei vir aggressie teen Rusland nie. Navo se sekretaris-generaal Jens Stoltenberg sê artikel 5 van die verdrag bied daardie beskerming aan die land.
Japan koop nou Russiese ru-olie bo die beperking van 60 Amerikaanse dollar per vat. Die land is nou die enigste G7-nasie wat Russiese olie so aankoop. Die land het byna geen fossiel-brandstof van sy eie nie en maak staat op die invoer van gas, steenkool en olie om sy energievlakke te handhaaf. Japan het glo Amerika laat instem tot die uitsondering. Suid-Afrikaanse politieke kenner, professor Andre Duvenhage sê hierdie stap sal beslis ‘n negatiewe impak op betrekkinge tussen Japan en VSA sal hê.
ActionSA in die Oos-Kaap sê hy het talle voorbeelde gesien van die Onderwysdepartement wat die regte van leerders skend om behoorlike opvoeding te ontvang. Die party is besig met 'n veldtog om die provinsie te beoordeel, met een van die belangrikste oogmerke die stand van onderwys. Athol Trollip van ActionSA sê hul oproep om dringende ingryping word geregverdig deur berigte dat die departementshoof, Naledi Mbude, al haar voordele geniet terwyl sy geskors is - insluitend 'n volledige jaarlikse salaris van 1,8 miljoen Suid-Afrikaanse rand:
Die Suid-Afrikaanse federasie van vakbonde, Saftu, het die besluit dat Eskom nie onregmatige uitgawes hoef aan te meld nie, gekritiseer. Die minister van finansies het Eskom hiervan uitgesluit in 'n poging om die kragvoorsiener se balansstaat deur skuldverligting te balanseer en hom in staat te stel om weer te leen om in nuwe transmissie-infrastruktuur te belê. Saftu se woordvoerder, Trevor Shaku, sê dis 'n poging van die ANC-regering om grootskaalse wanbestuur, onbevoegdheid en korrupsie by Eskom vir die publiek weg te steek:
Henk Mudge, president Republikeinse Party, gesels met Jessica oor die Health Defence League en die aksies wat die regering geneem het tydens die pandemie. Hy is van mening dat die stappe onwettig was en is saam met dr. Martin Wucher in die liga. Die liga dagvaar die regering in die verband.
Numsa in Suid-Afrika sê hy berei voor vir 'n nasionale staking in die passasiersbus-sektor en dit sal waarskynlik voor die Paasnaweek begin. Die werknemers wat deur die South African Bus Employers Association en die Commuters Bus Employers Organisation verteenwoordig word, wil staak. Numsa se woordvoerder, Phakamile Hlubi-Majola, sê die vakbond probeer sedert Januarie deur die Suid-Afrikaanse Padpassasier-bedingingsraad met die werkgewers onderhandel en het in Februarie 'n dispuut verklaar. Hy sê die werkgewers weier om die werkers volgens hom 'n betekenisvolle verhoging van sewe-persent te gee:
Die viermalige kampioen Rory McIlroy sê sy gesprek met die vyfmalige wenner Tiger Woods het die noodsaaklikheid vir hom beklemtoon om die korrekte spelplan vir die Meesters op die Augusta National te hê. Die speler van Noord-Ierland gaan sy negende poging aanwend om die sesde speler te word wat al vier majors wen. McIlroy sê sy tweede plek verlede jaar het meer soos 'n oorwining gevoel en hy hoop hy kan weer so voel wanneer hy in vanjaar se toernooi afslaan:
Die Black Business Council is ook bekommerd oor die minister van finansies, Enoch Godongwana, se besluit om Eskom vry te stel van die Wet op Openbare Finansiële Bestuur. Die raad beskou hierdie besluit as irrasioneel en 'n desperate poging om die voormalige uitvoerende hoof van Eskom, André de Ruyter, te beskerm teen sy gebrek aan nakoming. Die raad se woordvoerder, Kganki Matabane, sê die vrystelling sluit ook enige onreëlmatige, vrugtelose en verkwistende uitgawes tydens die vorige en volgende twee boekjare in. Matabane sê hulle versoek 'n dringende vergadering met Godongwana om hierdie ontwikkeling te bespreek:
Paniek heers onder beide saai- en veeboere in Namibië ná die swak reënseisoen. Oor die algemeen sal saaiboere hierdie tyd van die jaar begin gereedmaak vir die oesseisoen. Landbou-kenners het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê daar is boere in die Mieliedriehoek wat hul mielies in die grond gaan terugploeg of as veevoer gaan gebruik, weens verwagte misoeste. Dit is 'n bekommernis onder die saaiboere dat daar vanjaar min gewasse geoes gaan word, indien enigsins. Oud-parlementslid Pendukeni Iivula-Ithana, wat in die Omusati-streek boer, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dit sal moeilik wees om hierdie jaar te sien dat enige oeste plaasvind.
Die bekende Amerikaanse joernalis en outeur Michael Wolff sê oudpresident Donald Trump se realiteit verskil van die res van ons se realiteit. Dit volg nadat hy blykbaar aan sy personeel gesê het 10 000 mense sal teenwoordig wees om hom by die Trump Tower in New York te verwelkom wanneer hy daar aankom om formeel vandag aangekla te word.
Namibië se International University of Management en die People's Friendship University of Russia het in 2018 'n sentrum vir Russiese taal en voorgraadse studies by die universiteit in die hoofstad begin. Hierdie projek vorder goed, volgens dr. David Namwandi, die stigter van die instansie. Die projek het ten doel om ‘n Russiese taalonderrig- en leer-omgewing en kulturele uitruil-platform vir Russiese burgers en Namibiërs te bied. Namibiërs wat van voorneme is om in Rusland te studeer, kan nou Russies in Namibië leer voordat hulle vir hul studies in Rusland gaan. Dr. Namwandi sê aan Kosmos 94.1 Nuus dat die taalkursus hierdie maand gaan afskop.
Die Instituut vir Rasseverhoudinge het die buurland se minister van finansies, Enoch Godongwana, gewaarsku om nie toe te laat dat beurtkrag as rookskerm vir verdere korrupsie gebruik word nie. Dit volg nadat die minister regulasies in die staatskoerant gepubliseer het wat Eskom toelaat om nie onregmatige en verkwistende uitgawes in sy jaarlikse finansiële state bekend te maak nie. Die uitsluiting is van toepassing op die 2022/2023-boekjaar en die volgende twee jaar. Mlondi Mdluli van die instituut sê minder deursigtigheid en minder waarde vir geld sal die korrupsie by Eskom net laat voortduur:
Die Stad Kaapstad se burgemeesterskomiteelid vir Water en Sanitasie, Zahid Badroodien, sê hy is uiters verlig nadat hy onskuldig bevind is op aanklagte wat verband hou met 'n gepeuter aan elektrisiteit. Hy het die amp verlede September verlaat ná bewerings dat hy met 'n elektrisiteitsmeter op sy eiendom gepeuter het. Hy het die bewerings ontken. Badroodien, wat tydens 'n tugverhoor vrygespreek is, sê hy is gereed om weer die mense van Kaapstad te dien:
Die Amerikaanse lugvaart- en ruimte-administrasie, NASA, het 'n bemanning van vier ruimtevaarders aangekondig vir die Artemis II-sending. Hulle sal die eerste mense in meer as 50 jaar wees wat om die maan vlieg. Christina Koch sal die eerste vrou ooit op 'n maansending wees terwyl Victor Glover die eerste swart ruimtevaarder op 'n maanreis is. Hulle sluit aan by Reid Wiseman en Jeremy Hansen om laat volgende jaar in 'n kapsule om die maan te vlieg. Glover sê hierdie oomblik in die geskiedenis moet gevier word:
Die energiekenner Hilton Trollip sê geld van tariefverhogings gaan Eskom nie red nie. Die tariewe wat die kragvoorsiener vir elektrisiteit hef, het Saterdag met meer as 18 persent verhoog. Trollip sê Eskom het nie net te kampe met koste nie, maar moet ook sy skuld diens. Hy meen dis ongelukkig dat verbruikers die spit moet afbyt:
Agribank het raad aan beginnerboere vir die droogte gegee. Moeilike tye word vir die Namibiese landbousektor voorspel met onder-normale reënval wat oor die meeste dele van die land gedurende die reënseisoen voorgekom het. Daar is groot kommer oor 'n afname in vee-produksie weens swak weiding in sommige dele van die land. Kosmos 94.1 Nuus het met Erastus Ngaruka, die tegniese adviseur van Agribank, gepraat. Hy sê veepryse is laag tydens die droogte wat geleenthede vir beginnerboere skep.
Daar is kommer oor die droogte in Namibië nadat sekere dele van die land geen reën gehad nie. Calle Schlettwein, die landbouminister het reeds in die parlement op vrae oor die kwessie gereageer en bevestig die land moet voorberei vir 'n droogte. Eerste Minister Saara Kuugongelwa-Amadhila het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor sekere streke wat geïdentifiseer is vir moontlike voedselhulp-programme vir gemeenskappe wat deur die droogte en mis-oeste geraak word.
Die Namibiese arbeidsministerie het tydens sy begrotingsmotivering in die Nasionale Vergadering die reuse-kwessie van werkloosheid aangeraak. Die adjunkminister Hafeni Ndemula sê werkskepping, veral vir die jeug is onderwerp wat deur alle Namibiërs bespreek word. Hy sê waarheid is dat Namibië, en baie ander lande groei in werkloosheid vir meer as die afgelope twee dekades ervaar het. Kosmos 94.1 Nuus het met veteraan vakbondman Job Muniaro gesels oor of die ministerie tot die kern van arbeids-kwessies spreek en of hy die begroting ondersteun...
Eskom sê hy verwelkom die Nasionale Tesourie se vrystelling ten opsigte van die jaarlikse rapportering van onreëlmatige, vrugtelose en verkwistende uitgawes. Volgens 'n kennisgewing in die Staatskoerant sal die kragvoorsiener vanaf vanjaar vir drie jaar vrygestel wees om sodanige uitgawes in sy jaarverslae bekend te maak. Eskom se waarnemende woordvoerder, Daphne Mokwena, sê die nakoming van die Wet op Openbare Finansiële Bestuur bly 'n prioriteit, en hulle gaan voort om onreëlmatige, vrugtelose en verkwistende uitgawes aan te spreek, insluitend toepaslike prosesse vir gevolgebestuur:
ActionSA sê die finansminister, Enoch Godongwana, se besluit dat Eskom nie sy onregmatige en verkwistende uitgawes hoef te verklaar nie, gaan die kragverskaffer toelaat om misdadigheid en diefstal te verberg. In sy jongste finansiële state het Eskom meer as 11 miljard Suid-Afrikaanse rand aan onregmatige uitgawes gehad en meer as 2 miljard rand aan verkwistende en vrugtelose uitgawes. ActionSA se woordvoerder, Lerato Ngobeni, sê hulle het hulle regspan opdrag gegee om die wettigheid van die uitsluiting te bevraagteken omdat dit volgens hulle ongetwyfeld magsmisbruik is:
Die burgemeester van New York City, Eric Adams, het mense wat beplan om teen Donald Trump se hofsaak te betoog, gemaan om selfbeheersing toe te pas. Die voormalige president sal na verwagting vanmiddag net na twee-uur, New York-tyd, voor 'n hof in Manhattan verskyn om aangekla te word, ná verlede week se geskiedkundige klag deur 'n New Yorkse groot jurie. Dit hou verband met Trump se beweerde rol om tydens die 2016 presidensiële verkiesing die pornoster Stormy Daniels se stilswye te koop. Adams sê daar was tot dusver geen spesifieke geloofwaardige dreigemente ten opsigte van Trump se hofverskyning nie:
Die Namibiese arbeidsministerie het met behulp van die Internasionale Arbeids-organisasie begin met die ontwikkeling van die Derde Nasionale Indiensnemings-beleid. Dié beleid sal môre in die hoofstad deur die minister van arbeid, Utoni Nujoma, bekendgestel word. Tim Parkhouse, die voormalige sekretaris-generaal van die Namibiese Werkgewers-vereniging het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor die belangrikheid van die beleid.
Die Sebokeng-hospitaal in Gauteng het geskiedenis gemaak toe hy sy eerste brein-operasies in meer as vier dekades uitgevoer het. Die twee pasiënte het aan bloeding op die brein gely. Die Gautengse gesondheidsdepartement se hoof van kommunikasie, Motalatale Modiba, sê die operasies was 'n mylpaal ná die stigting van 'n neurochirurgie-eenheid. Hy sê dit sal die vermindering van sterftes onder pasiënte met traumatiese breinbeserings in die gebied meebring.
Die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, sê die land se tesourie sal dadelik 'n verduideliking moet gee oor hoekom Eskom nou vrywaring gegee is om vir ten minste die volgende twee jaar, nie sy onreëlmatige uitgawes hoef te verklaar nie. Die land se departement van finansies het laat verlede week in die Staatskoerant aangekondig dat Eskom nou gevrywaar word van sy plig om onreëlmatige, onwettige en verkwistende uitgawes publiek bekend te maak. Kosmos 94.1 Nuus se korrespondent in Kaapstad, Fritz Platt, het meer...
Vandag het die minister van justisie Yvonne Dausab 'n geleentheid gehad om in die Nasionale Vergadering te vra vir die goedkeuring van haar begroting. Die ministerie het 'n totale begroting van 599,43 miljoen Namibiese dollar en wil sowat 9,77 miljoen aan die Direktoraat Regshervorming toegeken. Die minister het gesê die direktoraat is se taak is om navorsing te doen en aanbevelings te maak vir die hervorming en ontwikkeling van Namibiese wette.
‘n Aktivis verwelkom die vrylating van die NEFF-aktivis Dimbulukeni Nauyoma. Hy is vandag borgtog van 5 000 Namibiese dollar in die Windhoekse landdroshof in Katutura toegestaan. Die regsverteenwoordiger van Amushelelo, Kadhila Amoomo, het die dienste van 'n advokaat ingeroep om te help met Amushelelo se verdediging. Die twee aktiviste, asook PDM-parlementslid Inna Hengari is op 21 Maart in hegtenis geneem. Aktivis George Kambala hoop dat Amushelelo ook binnekort vrygelaat sal word.
Die gesondheidsministerie het vandag ‘n navorsingsprojek oor bors- en prostaatkanker in samewerking met die Afrika-Karibiese Kankervereniging, Pfizer, die Namibiese Instituut vir Patologie en ander vennote van stapel gestuur. Volgens die gesondheidsminister dr. Kalumbi Shangula word mense van Afrika-afkoms buitensporig deur bors- en prostaatkanker geraak, met hoër voorkoms en sterftesyfers in vergelyking met ander etniese groepe. Hy sê hierdie navorsingsprojek is 'n deurslaggewende stap om oplossings te vind.
Die Agri Mega-dag op plaas Ekundi naby Kalkfeld is nou nog groter met Du Preez Wild se wildveiling wat op 15 April om twaalf-uur die middag plaasvind. Met 40 jaar ervaring is Du Preez Wild se wildveiling beslis nie misgeloop word nie. Witrenosters, buitengewone mooi Baster-gemsbokke en uitsonderlike trofeediere is deel van die katalogus-veiling. Dirk du Preez het met Kosmos 94.1 Nuus gesels...
Die ministerie van myne en energie het sy reaksie gegee waarom die brandstofprys vir April onveranderd bly. Dit geld vir beide diesel en petrol. Diesel kos 20 dollar en 65 sent per liter aan die kus en petrol kos 19 dollar 78 sent per liter. Andreas Simon, die woordvoerder van die ministerie van myne en energie deel met Kosmos 94.1 Nuus redes waarom geen aanpassing in die brandstofpryse gemaak is nie.
Die gesondheidsministerie het vandag ‘n navorsingsprojek oor bors- en prostaatkanker in samewerking met die Afrika-Karibiese Kankervereniging, Pfizer, die Namibiese Instituut vir Patologie en ander vennote van stapel gestuur. Volgens die gesondheidsminister dr. Kalumbi Shangula word mense van Afrika-afkoms buitensporig deur bors- en prostaatkanker geraak, met hoër voorkoms en sterftesyfers in vergelyking met ander etniese groepe. Hy sê hierdie navorsingsprojek is 'n deurslaggewende stap om oplossings te vind.
Die Suid-Afrikaanse Reserwebank het Suid-Afrika se eerste deposito-versekeringsliggaam gestig, naamlik die Korporasie vir Deposito-versekering, oftewel Codi. Hendrik Nel van CODI sê die doel is om bank-deponeerders te beskerm. Hy sê hulle beplan dat die liggaam teen April volgende jaar volledig in bedryf sal wees.
Die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, het sy verontwaardiging uitgespreek oor Eskom se vrystelling van die bekendmaking van onreëlmatige, vrugtelose en verkwistende uitgawes in sy finansiële state vir die afgelope boekjaar en vir die volgende twee jaar. Hy sê die minister van finansies, Enoch Godongwana, se besluit is 'n groot slag vir deursigtigheid, wat dringend benodig word, veral by staatsinstellings. Winde het beloof om alle moontlikhede te oorweeg om hierdie vrystelling te verhoed, wat die kragvoorsiener sal help om aanspreeklikheid te ontduik.
Die Namibiese polisie het terugvoering gegee oor ‘n transito-rooftog wat vanoggend net agter die Wernhil-inkopiesentrum in die hoofstad plaasgevind het. Dit is nog onduidelik hoeveel kontant gebuit is. Die gewapende rowers is ook nog op vrye voet, maar die wegkom-voertuig is gevind. Nampol se adjudant-offisier Silas Shipandeni deel meer met Kosmos 94.1 Nuus...
Die DA sê hulle is oop daarvoor en bereid om saam te werk met ander kleiner partye om te verseker die ANC herwin nie die mag in 2024 se verkiesing nie. Die DA se herkose leier, John Steenhuisen, het vandag aan die media gesê die mandaat is ook om die EFF van magtige posisies te verwyder. Hy sê Suid-Afrikaners is moeg vir die onbestendigheid in koalisieregerings.
Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens het verlede jaar meer as 2 000 miljard Suid-Afrikaanse rand se bruto belastinginkomste ingesamel. Alhoewel hy sy hersiene skatting met vyf miljard rand misgeloop het, het kommissaris Edward Kieswetter die insameling as 'n sukses beskou. Tydens 'n nuuskonferensie het hy gesê die inkomstediens het met 'n belasting-dryfkrag van 1,36 persent geëindig, wat beteken belastinginkomste in die land groei vinniger as die bruto binnelandse produk.
Die DA sê 'n verklikker het hom ingelig dat die voorsitter van die Suid-Afrikaanse Toerismeraad, Thozamile Botha, by die minister van toerisme, Patricia de Lille, beswaar gemaak het oor haar voorstel dat hy die voorgestelde borgskap-ooreenkoms van een miljard Suid-Afrikaans rand met die Engelse sokkerklub, Tottenham Hotspur, kanselleer. Daar is verlede week berig die raad het wel die transaksie gekanselleer. Manny de Freitas van die DA sê Botha se beswaar volg ondanks openbare verset en die parlement se veelparty portefeuljekomitee vir toerisme wat dit verwerp het.
Sir Keir Starmer, die leier van die opposisie Arbeidersparty in Brittanje sê hy is teleurgesteld is die komende staking van onderwysers. Brittanje gaan op die oomblik gebuk onder stakings in verskeie sektore maar, leerders moet nou begin voorberei vir finale eksamens. Starmer sê die skuld lê by die vakbonde sowel as die regering.
Daar is weer foto’s op sosiale media gedeel oor die haglike toestand van koshuise by staatskole, veral in landelike gebied. Die jongste foto’s toon dat leerders op kartonbokse moet slaap omdat daar geen matrasse is nie. Koshuise is uiters belangrik veral in landelike gebiede en meeste is uiters vervalle. Die Namibiese ombud, Basilius Dyakugha sê die regering moet die probleem aanspreek maar, moet die uitdagings daarvan deeglik verstaan.
Die Cenored-raad het sy uitvoerende hoof van netwerke, Gabriel Awaseb, as tussentydse hoof uitvoerende beampte aangestel. Dit volg na Robert Kahimise die kragverspreider Vrydag verlaat het en aangesluit het by die Elektrisiteitsbeheerraad as uitvoerende hoof. Cenored se woordvoerder, Charlie Matengu.
Die Namibiese landbouministerie adverteer boerdery-eenhede wat beskikbaar is vir hervestiging. Belangstellendes het tot 2 Mei om hul aansoeke in te dien. Daar is ses eenhede in die Erongo-streek, sowel as ses elk in Kunene en Karas. Die ministeriële woordvoerder, Jona Musheko het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.
Die amptelike opposisieparty stem saam met die Namibiese vervoerminister John Mutorwa wat sê daar is 'n gebrek aan staatsvoertuie aangesien die huidige vloot wat uit 3 100 voertuie bestaan, oud is. Die minister sê die laaste verkryging van die staatsvloot was 'n dekade gelede, weens fiskale uitdagings. Volgens Mutorwa het dit dus duur geword om onderhoud en herstelwerk aan staatsvoertuie aan die gang te hou. Die vervoerminister versoek dat 'n bedrag van meer as 105 miljoen Namibiese dollar in sy begroting aan die staatsgarage gesentraliseerde ondersteunings-administrasie toegeken word. Nico Smit, die skaduminister van finansies van die PDM sê egter aan Kosmos 94.1 Nuus die ministers se voertuie is nog nuut.
Daar is groot opgewondenheid onder plaaslike Swakara-produsente om in Junie hul eerste veiling wat van aangesig tot aangesig sal plaasvind, te hou. ‘n Nuwe agent, die Finse Saga Furs sal die veiling hou. Swakara-produsente het uiters groot uitdagings tydens Covid gehad en was ook genoodsaak om eerder die vleismark te betree. Louisa Campbell 'n plaaslike Swakara-produsent van Lovedale Farming, sê hulle is versigtig optimisties.
ActionSA het die opmerkings van die DA se herverkose federale leier, John Steenhuisen, verwelkom. Steenhuisen sê hy sal nie met die ANC saamwerk nie en sal eerder saam met eendersdenkende opposisiepartye werk om 'n verenigde front aan kiesers te bied in volgende jaar se nasionale en provinsiale verkiesings. ActionSA se woordvoerder, Lerato Ngobeni, versoek die DA om as gelyke vennote betrokke te raak en te fokus op die bou van 'n sterk en verenigde koalisieplatform:
Die hoof van die Namibiese veeartsenydiens, dr. Albertina Shilongo het gereageer op die jongste uitbreking van voëlgriep, die keer in Senegal. Daar is nou twee uitbrekings in daardie land bevestig. Shilongo sê daar is geen rede tot plaaslike kommer nie.
Die LUR vir Onderwys in die Wes-Kaap, David Maynier, sê sy departement doen alles moontlik om leerlinge met spesiale behoeftes te ondersteun. Die departement gaan vanjaar 'n bykomende 135 miljoen Suid-Afrikaanse rand bestee om dié leerlinge in die provinsie by te staan. Hy gaan ook 'n bykomende 68 miljoen rand gebruik vir die ondersteuning van leerlinge op die outisme-spektrum. Maynier sê die departement gaan twee nuwe skole vir leerlinge met spesiale behoeftes bou, maar gaan 'n verdere 28 klaskamers aanbou by bestaande spesiale skole of skole wat volledige dienste aanbied.
Die vervolging van oudpresident Donald Trump bly in die nuus. Trump sal homself môre na verwagting in New York aan owerhede oorhandig in verband met meer as 30 geseëlde klagtes na ‘n ondersoek oor die betaling van 130 000 Amerikaanse dollar aan pornoster Stormy Daniels. Die Amerikaanse politieke kommentator Scottie Nell Hughes sê aan Britse media die hele aangeleentheid is belaglik omdat in agt jaar, nadat die aan lig gekom het, is daar geen nuwe bewysstukke nie.
James Mnyupe, Namibië se groenwaterstof-kommissaris en ekonomiese raadgewer van President Hage Geingob, sê hoewel Namibië nie 'n vennootskap met China oor groenwaterstof gesluit het nie, kyk amptenare na die land as 'n belangrike vennoot. Dit volg ná ‘n administrateur by die Nasionale Energie-administrasie van China, Zhang Jianhua ‘n hoflikheidsbesoek aan Geingob by Staatshuis gebring het. Die President sê Namibië bly oop vir beleggers van regoor die wêreld vir die ontwikkeling van die nuwe groenwaterstof- en sintetiese brandstofbedryf. Jason Kasuto, vennoot by Monasa Advisory and Associate deel sy mening met Kosmos 94.1 Nuus...
Die terugkeer van ’n volle Klein-Karoo Nasionale Kunstefees op Oudtshoorn laat plaaslike sake-eienaars glimlag. Die laaste volle fees is in 2019 aangebied vóór dit onder streng maatreëls aangepas moes word om feesgangers se veiligheid te verseker. Die artistieke direkteur van die KKNK, Hugo Theart sê die Covid-19 pandemie het opnuut beklemtoon hoe belangrik die fees vir die plaaslike ekonomie is:
Die Stad Kaapstad se burgemeesterskomiteelid vir Ekonomiese Groei, James Vos, sê hulle gaan voort met planne om handelsroetes vir Kaapstad uit te brei. Hy is tans op 'n handelsending in Suid-Amerika om met lugrederye, toeroperateurs en beleggingsagente te vergader om reis- en handelsroetes te vestig. Vos sê dit sal ekonomiese groei 'n hupstoot gee en werkgeleenthede in die provinsie skep:
Die gesondheidsministerie maan gemeenskappe rondom die Shanalumono-vloedvlakte om nie vis van die vloedwater te vang en te eet nie, aangesien daar 'n moontlike siekte is. Dooie visse en sommiges met bloedkolle is ontdek langs die vloedvlaktes in die Ongenga-kiesafdeling in die Ohangwena-streek. Amptenare van die ministeries van gesondheid en visserye was by die oshanas om monsters te neem vir wetenskaplike diagnose. Hulle vermoed 'n moontlike siekte wat visse aantas weens swam-infeksies. Die woordvoerder van die gesondheidsministerie Walters Kamaya sê aan Kosmos 94.1 Nuus daar word nog op die uitslae van die monsters gewag.
Die Springbok-sewesspan het 'n groot verbetering in Hongkong getoon ná die teleurstelling van die Noord-Amerikaanse skof van die Wêreld-sewesreeks 'n maand gelede. Suid-Afrika het net-net 'n vyfde plek misgeloop toe Argentinië hulle met 7-5 geklop het. Nieu-Seeland se mans- en vrouespan is in Hongkong as die kampioene gekroon, met Frankryk in die derde plek. Die Blitsbokke se afrigter Sandile Ngcobo sê hy verwag 'n nog beter vertoning hierdie naweek in Singapoer:
Die Moslemgemeenskap doen 'n beroep op adjunk-president Paul Mashatile om Suid-Afrika se uitdagings te pak. Mashatile het saam met die gemeenskap in Kaapstad Iftar gevier, wat die vastydperk van die heilige maand Ramadaan beëindig het. Hy het die belangrikheid van die gebruik van Iftar beklemtoon om 'n gesprek te begin ten einde eenheid, vrede en solidariteit te herstel. Die afgetrede regter Siraj Desai het die regering uitgedaag om sy pogings te verskerp ten einde die kwessie van armoede, want al hoe erger word, die hoof te bied:
Die buurland se Departement van Binnelandse Sake se Grensbestuursowerheid het 'n instelling op sy eie geword en is verantwoordelik vir die toepassing van grenswette en die bewaking van die land se 72 grensposte. Die minister Aaron Motsoaledi sê dit lui 'n nuwe benadering tot grensbestuur in, wat gekenmerk word deur 'n enkele bevelstruktuur by grensposte. Hy voeg by die verandering laat toe dat reisigersnavrae vinniger as voorheen beantwoord word en handel word gefasiliteer:
Die vierde gekeurde Daniil Medvedev het met sy skitterende spelpeil sy eerste Miami Ope-titel opgeraap. Die Rus het die Italianer, Jannik Sinner, met 7-5 en 6-3 afgeransel om sy vierde titel vanjaar te buit na oorwinnings in Dubai, Doha en Rotterdam. Hierdie oorwinning vergroot Medvedev se voorsprong in die kalenderjaar ATP Live Race To Turin na 600 punte voor die Serwiër, Novak Djokovic. Die 27-jarige Rus sê dit was 'n taai stryd vanweë die bedompige weerstoestande:
'n Nuwe voorspraakgroep is in Suid-Afrika van stapel gestuur om kwessies te pak wat swart beroepslui raak. Die Black Forum South Africa wil viktimisering en onregverdige arbeidspraktyke pak. Die groep glo dié kwessies belemmer die groei en bevordering van swart beroepslui. In 'n onderhoud het die forum se bedryfshoof, Kgagudi Morota, gesê hy hoop die forum sal kan voorspraak maak vir verandering, en geleenthede vir hulle teikengroep verbeter:
Suid-Afrikaanse invoer-ondernemings kla oor die verbod op internasionale hoendervoorrade selfs na swaar voëlgroepuitbrekings opgeklaar het. Die Wêreldorganisasie vir Dieregesondheid laat die hervatting van die handeldryf in hoenders toe, drie maande na dit siektevry verklaar is. Maar sommige lande soos Frankryk word steeds nie toegelaat om met Suid-Afrika handel te dryf nie. Die besturende direkteur van Hume International, Frederick Hume, voer aan die Departement van Landbou weier dat handel hervat word totdat geriewe fisies inspekteer is:
Donald Trump se prokureur, Joe Tacopina, sê enige aanklagte teen die oudpresident sal met hand en tand beveg word. 'n New Yorkse groot jurie het verlede week gestem om Trump aan te kla. Dit gaan oor sy vermeende rol in die betaling van die pornoster Stormy Daniels, om haar stilswye te koop tydens sy presidensiële veldtog van 2016. Trump sal na verwagting vandag na New York vlieg ter voorbereiding van môre se aanklag teen hom. Tacopina het aan Amerikaanse media gesê hulle sal waarskynlik 'n mosie indien dat die klagte teen Trump laat vaar word voor 'n moontlike verhoor plaasvind:
Daar is nou vier nuwe leeuwelpies op N/a’an ku sê se TimBila-natuurreservaat, maar dit is nie sommer enige leeuwelpies nie. In Mei 2021 het mens-leeu-konflik weens die droogte in die Torra-bewaringsgebied plaasgevind het en die woestyn-aangepaste leeus sou of geskiet of vergiftig word. Die Huab-konflikleeus is deur N/a’an ku sê na die Shiloh Jolie-Pitt-skuiling verskuif waar hulle gerehabiliteer is om hul kondisie na die droogte te herstel. In September 2022 is hulle na TimBila verskuif. Die medestigter van N/a’an ku sê Marlice van Vuuren vertel aan Kosmos 94.1 Nuus die suksesverhaal.
Die Namibiese gesondheidsminister het sy reaksie gegee op die internasionaal-bekroonde Namibiese oogarts, dr. Helena Ndume se mening oor die oorsaak van die lang waglys by oogklinieke. Die Windhoek Sentrale Hospitaal se oogkliniek het tans sowat 1 300 mense op sy waglys vir katarak-operasies. Dr. Ndume sê die lang waglys kon iets van die verlede gewees het, sou die regering die broodnodige voorrade direk van die vervaardiger gekoop het. Sy sê 'n ooglens kos 180 Namibiese dollar, maar die middelmanne wat tender, vra 600 dollar per lens. Gesondheidsminister dr. Kalumbi Shangula, sê aan Kosmos 94.1 daar is 'n algemene tekort aan mediese voorrade, maar aankope word bespoedig.
Daar is streng regulasies om permitte van Stad Windhoek te bekom om geslagte vleis in die stadsgrens in te bring. Daar word dikwels by padblokkades op vleis beslag gelê. Volgens die bestaande regulasies kan 'n persoon vleis in Windhoekse grense inbring met 'n permit mits dit vir die persoon se eie huishoudelike verbruik is. As vleis egter vir verkoops-doeleindes is, moet dit aan sekere vereistes voldoen. Rina Hough, kommoditeits-analis van die Lewendehawe Produsente-organisasie van die Namibiese Landbou-unie verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus...
Eskom sê fase drie-beurtkrag sal van vyf-uur vanoggend tot vier-uur vanmiddag in die buurland ingestel word, terwyl fase vier tot môreoggend vyf-uur van krag sal wees. Hierdie patroon sal tot verdere kennisgewing daagliks herhaal word. Die kragvoorsiener se tussentydse woordvoerder, Daphne Mokwena, sê die afgelope 24-uur is vier opwekkingseenhede by die Kriel-, Matimba-, Matla- en Tutuka-kragstasies weer in diens gestel:
Die goewerneur van die Kunene-streek Maruis Sheya sê sy kantoor het 75 nuwe aansoeke ontvang van diegene wat beweer dat hulle stamhoofde is en erkenning as tradisionele leiers soek. Verskeie tradisionele owerhede in die streek is besig met interne rusies en eindelose litigasies waar talle owerhede met óf meer as een hoof veg vir erkenning. Kosmos 94.1 Nuus het met die voormalige goewerneur van die streek Dudu Murorua gepraat wat sê die kwessie kom al 'n lang pad en dit is nie nodig daar so baie tradisionele leiers moet wees nie.
Die herverkose DA-leier, John Steenhuisen, sê die realistiese vooruitsig dat die ANC in volgende jaar se nasionale verkiesing minder as 50 persent van die stemme sal inpalm, bied Suid-Afrika 'n geleentheid vir radikale hervorming. Hy het die voormalige Johannesburgse burgemeester, Mpho Phalatse, tydens die party se verkiesingskongres in Midrand verslaan. Helen Zille is onbestrede as die party se federale raadsvoorsitter verkies, met Ivan Meyer as federale voorsitter, terwyl Dion George ook onbestrede as federale finansiële voorsitter herkies is. Steenhuisen sê die DA moet homself herposisioneer om ’n sterk teenwoordigheid in die verkiesing te handhaaf:
Die Namibiese dierewelsyns-organisasie, Civilian Animal Protection Unit, bekend as Capu, staar 'n baie moeilike situasie in die gesig in hul poging om voort te gaan om diere in nood by te staan. Charne Wasserfall, stigter van Capu, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die organisasie se uitgawes vir Maart is byna 90 000 Namibiese dollar en die skenkings wat ontvang word is net meer as 16 000 dollar. Capu het dringend hulp nodig sodat die organisasie sy planne ten volle kan implementeer.
Met die ekonomiese situasie wat elke dag moeiliker raak, wag Namibiërs elke maand in spanning vir die aankondiging van brandstofpryse. Weens stygende inflasie, is dit nie net voertuig-eienaars wat geraak word deur die aanpassings van brandstofpryse nie, maar Jan Alleman ook. Die woordvoerder van die ministerie van myne en energie, Andreas Simon, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die aankondiging môre gedoen sal word.
Die vakbond-federasie, Saftu, het sy teleurstelling uitgespreek na staatsdiens-vakbonde die regering se loon-aanbod aanvaar het. Saftu voer aan die 7,5 persent verhoging in 2023/2024 is slegs 'n reële verhoging van 3,3 persent, want die kontantbetaling aan werkers het pensioenbydraes negatief geraak en werklike loongroei gestuit. 'n Saftu-woordvoerder, Trevor Shaku, meen die salaris-aanbod kom daarop neer dat staatsamptenare beroof word en dit ondermyn hulle koopkrag.
Rugby: Die Springbok-vrouespan se waarnemende afrigter, Louis Koen, het sy span geloof vir lesse wat hulle uit verlede naweek se nederlaag teen Kanada geleer het, en die toepassing daarvan teen Spanje. Suid-Afrika het met 35-20 in Madrid gewen, met die span wat ses drieë teen Spanje aangeteken het. Dit het hulle na die 12de plek op die Wêreldrugby-ranglys laat opskuif. Die Springbok-vroue speel in Mei in die Afrika-bekerkompetisie. Koen sê dit is duidelik die spelers het alles uitgehaal in hulle tweede wedstryd van die jaar.
Die VF Plus verwelkom die aankondiging deur die minister van toerisme, Patricia de Lille, oor meer klem op die aansienlike ontwikkeling van die toerismesektor. Die VF Plus wens De Lille ook geluk met die stokkie wat gesteek is voor SA Toerisme se roekelose plan om byna een miljard Suid-Afrikaanse rand te bestee aan 'n borgskap-ooreenkoms met Tottenham Hotspur. Michal Groenewald van die party sê hulle hoop die minister se belofte oor die uitbreiding van volhoubare regeringshulp sal die toerismesektor help om sy bydrae tot die ekonomie te herstel.
Die regsverteenwoordiger van die Health Defence League sê vir meer as twee jaar het hulle geen data oor die veiligheid van Covid-enstowwe van die Namibiese regering ontvang, soos versoek nie. Die organisasie onder die leierskap van die bekende tandarts, dr. Martin Wucher, eis dat die regering moet bewys dat die Covid-entstowwe veilig is en erge Covid-infeksies verhoed. Hul saak sal weer voor regterpresident Hosea Angula op 18 April in die Windhoekse hoërhof voorkom. Die organisasie sê hy het 3,5 miljoen Namibiese dollar nodig om die hofsaak te hanteer. Prokureur Richard Metcalfe van Metcalfe Beukes Attorneys het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat...
Die voorsitter van die DA se Federale Raad, Helen Zille, is vol vertroue die party kan die land se grootste party word na volgende jaar se verkiesing. Sy gee egter toe die verlies vir een party beteken nie noodwendig 'n wins vir 'n ander een nie. Zille is die enigste kandidaat vir die voorsitterskap. Die verkiesing van 'n nuwe partyleier vind vandag in Midrand plaas met die federale kongreslede wat óf vir die huidige leier John Steenhuisen óf vir die voormalige Johannesburgse burgemeester, Mpho Phalatse, sal stem.
Die Konstruksiebedryf-federasie van Namibië is bekommerd oor talle regeringsprojekte wat oor die laaste jare voor voltooiing laat vaar is, asook die swak kwaliteit van die vakmanskap van baie van die konstruksieprojekte. Die organisasie wys daarop dat dit die gevolg is omdat daar nie 'n statutêre regulerende liggaam, soos 'n konstruksieraad, in plek is nie. Met die afwesigheid van so 'n liggaam is daar word die prestasie van kontrakteurs in hierdie sektor te monitor en te polisieer nie. Die hoof uitvoerende beampte van die federasie, Bärbel Kirchner gesels met Kosmos 94.1 Nuus...
Die nuwe leier van die DA word vanoggend tydens sy federale kongres in Midrand verkies. Die kandidate is John Steenhuisen en Mpho Phalatse. Die party se sowat 2 000 afgevaardigdes sal vroegoggend hul stemme uitbring met behulp van ‘n elektroniese stelsel. Steenhuisen, die huidige DA-leier, beloof om 'n klinkende oorwinning vir sy party in volgende jaar se algemene verkiesing te behaal, sou hy as die party se federale leier herkies word. Hy voer aan die DA moet 'n leidende rol speel in die opbou van 'n post-ANC Suid-Afrika.
‘n Ekonoom sê die Namibiese ekonomie groei, veral in die mynbousektor. Die Namibiese Statistieke- Agentskap se jongste verslag dui aan dat die geraamde grootte van die land se ekonomie, soos gemeet aan die nominale bruto binnelandse produk vir die jaar 2022, 206,2 miljard Namibiese dollar is. Dit dui op groei van 22,3 miljard dollar vergeleke met die 183,9 miljard dollar wat in 2021 aangeteken is. As die uitwerking van prysveranderinge egter in ag geneem word, het die reële BBP van die binnelandse ekonomie sterk gegroei met 4,6 persent in 2022, wat die groei van 3,5 persent van 2021 oortref. Arney Tjaronda van High Economic Intelligence het met Kosmos 94.1 gepraat...
Die Namibiese Inkomste-agentskap, NamRA, se nuwe belasting-amnestieprogram sal belastingbetalers vanaf vandag tot 31 Oktober 2024 die kans gee om hul agterstallige skuld te betaal. Andersins word boetes en hoë rente in die gesig gestaar. Daar word berig dat die totale agterstallige belastingskuld aan NamRa meer as 69 miljard Namibiese dollar beloop, met die hersiene belasting-amnestieprogram wat na raming altesaam 53 miljard dollar teen Oktober 2024 sal afskryf. NamRA se strategiese kommunikasiehoof, Steven Ndorokaze, herinner Namibiërs aan die amnestie-program.
Die Namibiese Akkerbouraad lig belanghebbendes in dat sy werksure vanaf vandag by die Trans-Kalahari-grenspos by Botswana na 24 uur daagliks sal verander. Die Namibiese minister van binnelandse sake, dr. Albert Kawana, en Botswana se minister van finansies, Peggy Serame, open vandag die Trans-Kalahari-Mamuno-grensposte amptelik, wat ‘n een-stop grenspos sal wees wat 24 uur voltyds oop is. Die grensposte is baie belangrik vir die ekonomiese ontwikkeling in die SAOG-streek. Kosmos 94.1 Nuus het met Auguste Fabian, skakelbampte van die Akkerbouraad gepraat...
Kosmos 94.1 se Copps 94.1 teenmisdaad-realiteitsprogram het die aand met ‘n ernstige ongeluk afgesluit met beseerdes wat in die Katutura-staatshospitaal opgeneem moes word. Copps 94.1 was Vrydagaand regstreeks op die lug met ons borge G4S Namibia, JAC van M&Z Motors, Minet Namibia Insurance Brokers, LifeLink Emergency Services, Cema Drilling and Compressors, ITR Namibia Earthmoving Equipment en Engen Eureka Service Station. JP Nel was op grondvlak in die hoofstad.
Die direkteur van die beleggingsmaatskappy, Denker Capital, Kokkie Kooyman, het hom uitgelaat oor die verdoemende dokumentêre program deur Al Jazeera oor die goudsmokkel-mafia in Suid-Afrika. Die ondersoek het amptenare by drie van die land se top banke betrek wat goudsmokkelaars help om miljoene dollars te was. Werknemers van Standard Bank, ABSA en Sasfin Bank is na bewering op die betaalstaat van die beweerde geldwasser, Mohamed Khan. Kooyman sê in die geval van Sasfin is meer as 180 transaksies gedoen.
Stad Windhoek is bekommerd oor lae vlakke van damme wat die hoofstad van water voorsien. Die Swakoppoortdam se vlak staan op 77,4 persent, maar pomp water oor na die Von Bachdam wat slegs 29,2 persent vol is. Die Von Bachdam was verlede jaar dieselfde tydperk 52,1 persent tydperk vol. Die Omatakodam is byna leeg op 2,1 persent. Stad Windhoek se kommunikasiebeampte, Lydia Amutenya, het met Kosmos aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die stad begin strategieë beplan weens die gebrek aan reën.
‘n Direkteur van die Meatco-raad Shiwana Ndeunyema sê hul handelsmerk se visie is om Meatco se produkte nader aan Namibiërs te bring, in ooreenstemming met die regering se beleid oor industrialisasie en die Growth at Home-strategie. Meatco se Meat Markets Africa se Meatma-winkel, het in Kuisebmond op Walvisbaai geopen. Shiwama sê dit sal bekostigbare vleis verseker wat onder die hoogste gehalte-standaarde geproduseer word, hoofsaaklik vir lae-inkomste huishoudings.
Die Stad Kaapstad het vandag as deel van sy jaarlikse Paasnaweek-veiligheidsveldtog honderde wetstoepassers regoor die metro ontplooi om die veiligheid van besoekers en inwoners oor die volgende twee weke te verseker. Met die land se leerders wat tans met vakansie is, en duisende motoriste wat ook volgende naweek, as deel van hul jaarlikse Paasfees-vieringe in en uit die Moederstad sal reis, sal daar ook padblokkades by verskeie roetes regoor die stad en die provinsie in werking gestel word. Fritz Platt, Kosmos 94.1 Nuus se korrespondent in die Moederstad...
Standard Bank Namibia het gereageer op die banksektor wat 'n toename in bedrog en verwante ekonomiese misdade in 2022 waargeneem in vergelyking met 2021. Volgens die Bank van Namibië is 370 bedrogsake in 2022 aangemeld, vergeleke met 268 gevalle wat in 2021 aangemeld is. Die kategorieë van bedrog wat deur bankinstellings in 2022 ervaar is, sluit in OTM-bedrog, EFT-bedrog, krediet- en debietkaart-bedrog, mobiele toepassings-bedrog, valuta-vervalsings en diefstal van kontant. Khadijah Mouton, bemarkingsbestuurder van Standard Bank het haar kommer oor die situasie met Kosmos 94.1 Nuus gedeel.
Die Organisasie teen Belastingmisbruik sê die saak van korrupsie teen die voormalige uitvoerende hoof van Eskom, Matshela Koko, en die sakeman, Thabo Owen Mokwena, het Mokwena se stewige netwerk in die energiesektor, die ANC en staatsveiligheid blootgelê. Koko het na bewering probeer om Mokwena as 'n kanaal te gebruik om omkoopgeld te was. Die aanklagte van korrupsie, bedrog en geldwassery spruit uit 'n kontrak van die Kusile-kragstasie in 2015. Outa se kenner van staatskaping, Rudie Heyneke, sê die saak beklemtoon die belangrikheid van suksesvolle vervolgings om netwerke van staatskaping af te takel.
Die Afrikaanse Wikipedia-span uit Suid-Afrika besoek Windhoek op 27 April om Namibiërs bekend te stel aan die Afrikaanse weergawe van hierdie aanlyn ensiklopedie en om vrywilligers op te lei om artikels te kan skep op dié platform. Die Afrikaanse Wikipedia groei sterk en is tans die grootste Wikipedia op die Afrika-vasteland met meer as 107 000 artikels wat dit in die 69ste plek op die wêreldranglys plaas. Die direkteur van die Afrikaanse Wikipedia, Deon Steyn, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels...
Privaatsektor-kredietverlening in Namibië het in Februarie met 3,1 persent op 'n jaargrondslag toegeneem, vergeleke met 2,6 persent in Januarie. Groei in krediet is hoofsaaklik deur huishoudings gedryf en het in Februarie met 5 persent op 'n jaargrondslag gestyg, vergeleke met 4,9 in Januarie. Die grootste dryfvere van huishoudelike kredietgroei was ander lenings en voorskotte, oortrokke fasiliteite, sowel as verbande wat albei met 2,8 persent op ‘n jaargrondslag toegeneem het. Ander lenings en voorskotte sluit gewoonlik kredietkaart- en persoonlike lenings in. Kosmos 94.1 Nuus het Theo Klein van Simonis Storm gepraat...
Rugby: Die Stormers was die voorste Suid-Afrikaanse span in die Verenigde Rugbykampioenskap en die Kampioenebeker. Die verdedigende kampioen is tweede in die VRK en is een van drie Suid-Afrikaanse spanne wat die naweek in die laaste 16 van die Kampioenebeker speel. Die Bulle sal Sondag 'n moeilike wegwedstryd in Toulouse speel, en môre ontvang die Haaie die Ierse span Munster, terwyl die Stormers die Harlequins in Kaapstad verwelkom. Die afrigter, John Dobson, sê dit was reeds 'n suksesvolle seisoen.
‘n Suid-Afrikaanse kriminoloog het haar reaksie gegee op die Paralimpiese kampioen Oscar Pistorius se parool-aansoek wat deur die departement van korrektiewe dienste afgekeur is. Sy aansoek sal weer in Augustus 2024 oorweeg word. Die bekende kriminoloog dr. Pixie du Toit sê aan Kosmos 94.1 Nuus sy is jammer vir Oscar.
‘n Namibies-geregistreerde vragmotor is tussen Olifantshoek en Upington met die bestuurder agter die stuurwiel gevind. Dit blyk dat die bestuurder dalk 'n mediese toestand ervaar het en agter die stuurwiel inmekaargesak het, wat veroorsaak het dat die vragmotor vir 'n paar meter van die pad af in die bosse ingegaan het voordat dit tot stilstand gekom het. Die bestuurder het reeds beswyk toe mediese dienste opgedaag het. Namibian Mashal Ranger, Sean Naude het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat...
Die Suid-Afrikaanse Paralimpiese kampioen Oscar Pistorius se parool-aansoek is deur die departement van korrektiewe dienste afgekeur. Sy aansoek sal weer oor ‘n jaar oorweeg word. Reeva Steenkamp se ma, June, het haar vertoë gerig by sy paroolverhoor in die Atteridgeville korrektiewe sentrum in Pretoria. Sy sê die gesin is steeds getraumatiseerd en het vra dat haar dogter se moordenaar nie 'n vroeë vrylating toegestaan word nie. Die Steenkamps se regsverteenwoordiger, Tania Koen, sê die familie rou steeds.
Eskom is gedwing om fase 4-beurtkrag vanaf vanmiddag in te stel omdat daar tans 'n hoër as verwagte vraag is. Fase 4 duur tot môreoggend en daarna sal beurtkrag tot fase 3 verlaag word. Menzi Mngomezulu van Eskom sê fase 4-beurtkrag sal weer Sondag tot in die middag ingestel word.
Die vakbondfederasie Cosatu het sy diepe teleurstelling uitgespreek met die aankondiging van nog ʼn verhoging in rentekoerse. Die Suid-Afrikaanse Reserwebank het ʼn verhoging van 50-basispunte in die repo-koers aangekondig. Dit is die negende verhoging sedert 2021 en die vakbondfederasie is van mening dis nie volhoubaar om die terugkoopkoers te gebruik om inflasie te bestry nie. ʼn Woordvoerder van Cosatu, Mathew Parks, vra die regering om alternatiewe oplossings te ondersoek om inflasie te bedwing.
Tennis: Die wêreld nommer een, Carlos Alcaraz van Spanje, is steeds op koers om die sogenaamde Sonskyn-dubbel in Florida te behaal na hy deurgedring het na die voorlaaste ronde in Miami. Dit volg nadat hy verlede week Indian Wells gewen het. Alcaraz speel volgende teen Jannik Sinner van Italië, terwyl die twee Russe Daniel Medvedev en Karen Khachanov sake sal uitspook in die ander halfeindstryd. Alcaraz is tevrede met sy vertoning in die kwarteindstryd teen die Amerikaner Taylor Fritz.
Die Stad Kaapstad sê sy voorgestelde 7,6 miljard Suid-Afrikaanse rand begroting vir menslike nedersettings die volgende drie jaar fokus op die opgradering van openbare behuising, bekostigbare behuising in goed geleë gebiede en die opgradering van informele woongebiede. Meer as 97 persent van die begroting vir menslike nedersettings is in die afgelope boekjaar bestee. Volgens die burgemeesterskomiteelid vir Menslike Nedersettings, James Vos, bou hulle hoop in gemeenskappe deur behuisingsprojekte en programme:
Plaaslike reaksie word ontvang op berigte uit Suid-Afrika dat verhogings in die rentekoers tot ʼn afname in eiendomsverkope gelei het. Die koers is met nog 50 basispunte verhoog. Daar is ʼn daling van nagenoeg 10 persent in die oordrag van eiendomme aangeteken met ʼn afname in internetnavrae en ʼn soektog na eiendom. Kosmos 94.1 Nuus het met Hillie Petrus, hoofagent by Peuyoshinge Properties in die hoofstad gesels oor die stand van sake in Namibië.
SMEs Compete en sy vennote het sedert die Covid-pandemie het al die uithoeke van die land besoek ter ondersteuning van die klein en medium ondernemings. Die doel is om finansiële ondersteuning vir herstel en opleiding van finansiële geletterdheid te bied sodat hierdie ondernemings kop bo water kan hou. Kosmos 94.1 Nuus het na die direkteur van SMEs Compete, Danny Meyer, uitgereik om die vordering van die program te deel.
Die ondersoek deur Al Jazeera na die betrokkenheid van Suid-Afrikaanse banke in die goudsmokkel-bedrogspul in Zimbabwe het groot opslae gemaak. Verskeie sleutelbeamptes by die banke staan 'n goudsmokkelbende by om miljoene Amerikaanse dollar vanuit Zimbabwe na Dubai oor te dra. Volgens Al Jazeera se ondersoekende eenheid is die beamptes by Standard Bank, ABSA Bank en Sasfin Bank werksaam. Hulle is op die betaalstaat van Mohamed Khan, bekend as Mo Dollars, 'n geldwasser wat vir Zimbabwe se sigaretmagnaat en smokkelaar Simon Rudland werk. Intussen is die buurland steeds op die gryslys wat die rand, en natuurlik die Namibiese dollar beïnvloed. Die bekende Suid-Afrikaanse ekonoom Dawie Klopper sê die ondersoek bemoeilik dinge.
Reaksie word ontvang op die saak van die Health Defence League, onder die leierskap van die bekende tandarts, dr. Martin Wucher, wat dagvaar oor die Covid-inenting. Wucher, saam met ander aansoekers, eis in die hoërhof dat die regering bewys dat die Covid-entstof veilig is en erge Covid-infeksies verhoed. Hulle vra ook, onder andere, dat die vrywaring wat lede van die publiek onderteken het, ter syde gestel word. Die president van die Republikeinse Party, Henk Mudge, is deel van die liga en sê aan Kosmos 94.1 Nuus die optrede deur die regering was onwettig.
‘n Namibiese ekonoom sê dit hang van die publiek af of die omstrede Wet op Finansiële Instellings en Markte, Fima, deurgevoer sal word. Die Namibiese Finansiële Instellings Toesighoudende Owerheid, Namfisa, het die sperdatum vir die indien van kommentaar op die implementering van die Fima tot vandag uitgestel. Ipumbu Shiimi, die minister van finansies, het Fima verlede jaar uitgestel te midde van erge druk en teenkanting van verskeie belanghebbendes oor die omstrede klousule dat net 25 persent van ‘n pensioenfonds voor 55 jaar uitbetaal mag word. Kenners sê die Kanadese oorsprong van die dokument is hoekom dit nie aan die behoeftes van die plaaslike omgewing kan voorsien nie. Kosmos 94.1 Nuus het met ekonoom Gabriel Erastus gepraat oor sy mening of Fima geïmplementeer sal word...
Die DA in Gauteng sê die provinsiale Departement van Landbou en Landelike Ontwikkeling misluk met een van sy kernmandate, naamlik om op die kommersialisering van kleinboere te fokus. Daar is in vennootskap met die Landbank 1,95 miljard Suid-Afrikaanse rand oor die volgende drie jaar bewillig om opkomende boere te help om deel te word van die hoofstroom-landbou-ekonomie. ʼn Woordvoerder van die DA, Bronwynn Engelbrecht, sê hierdie geld is bedoel om produsente te kommersialiseer, veral swart produsente, wat dit uiters moeilik vind om tot die markte toe te tree, asook met finansies en tegniese ondersteuning.
Die Namibiese gesondheidsministerie sal saam met Pfizer, die Namibië/Afrika-Karibiese Kankerkonsortium-navorsingsprojek oor bors- en prostaatkanker loods. Die minister, dr. Kalumbi Shangula, sal dit Maandag van stapel stuur. Die ministeriële woordvoerder Walters Kamaya sê risiko-faktore sal onder die loep kom.
Die polisie in Limpopo het in aanloop tot Paastyd 'n skoonmaakoperasie in Musina uitgevoer en beslag gelê op nagemaakte goedere van meer as 4 miljoen Suid Afrikaanse rand. Twintig verdagtes tussen 20- en 50-jaar is weens verskeie oortredings in hegtenis geneem. Dit sluit in drink in die openbaar, oortreding van die Drankwet en oortreding van die Immigrasiewet. Die polisie se woordvoerder, Malesela Ledwaba, sê 'n groot hoeveelheid splinternuwe G4S-sekuriteitsuniforms is ook in 'n pakhuis gevind:
Dit is vandag Oscar Pistorius se paroolverhoor. Die Steenkamps het dit reeds bekend gemaak dat hulle parool vir hom teenstaan. Hulle prokureur Tania Koen sê die Steenkamps wil net hê dat die gereg sy gang gaan en Oscar het 15 jaar tronkstraf ontvang.
Die Ontwikkelingsbank van Namibië sal finansiering verskaf aan Namibië om by klimaatsverandering aan te pas. Alhoewel klimaatsverandering uitdagings inhou, is daar ook geleenthede vir versagting en ontwikkeling van klimaat-aanpasbare inisiatiewe en ondernemings vir die toekoms. Die bank sal onder meer finansiering verskaf vir sonkragstelsels, water-opvang- en -berging, hittebestande bou- en behuisingsprojekte en openbare vervoer. Enige projek wat sal help om by klimaatsverandering aan te pas, sal deur die bank oorweeg word, sê die uitvoerende hoof Martin Inkumbi, aan Kosmos 94.1 Nuus.
Die voormalige visepresident van Amerika, Mike Pence, sê die besluit van 'n groot jurie om oudpresident Donald Trump aan te kla, is 'n skande en geen diens aan die land nie. Trump word aangekla oor geld wat na bewering tydens sy verkiesingsveldtog in 2016 aan 'n aktrise van volwasse flieks, Stormy Daniels, betaal is om haar stilswye te koop. Hy sal na verwagting volgende Dinsdag in die hof verskyn. Pence sê dis 'n politieke skuif deur die aanklaer en die Amerikaners sal dwarsdeur dit sien:
Die Nasionale Verbruikerskommissie waarsku Suid-Afrikaanse verbruikers teen handel met Manicaa, 'n aanlyn-swendelary wat voorgee om 'n aanlyn-sakeonderneming te wees. Dit maak daarop aanspraak om Suid-Afrika se beste en leidende e-handelsmaatskappy te wees en verkoop weelde-handelsmerk artikels soos kombuisware, elektronika en klere. Die woordvoerder van die kommissie, Phetho Ntaba, sê hulle het verskeie klagtes van verbruikers ontvang wat aanvoer hulle het goedere van Manicaa gekoop en het dit nie ontvang nie, of die items was verkeerd of beskadig:
Tax Justice South Africa sê as die regering 'n greintjie finansiële integriteit wil behou, moet hy onmiddellik Gold Leaf Tobacco Corporation se aktiwiteite in die land verbied. 'n Dokumentêr op Al Jazeera het die maatskappy se hoof, Simon Rudland, ontbloot as die baasbrein van 'n multimiljard Suid-Afrikaanse rand goudsmokkelnetwerk, na bewering in samespanning met die Zimbabwiese regering. Tax Justice SA se stigter, Yusuf Abramjee, sê Gold Leaf Tobacco gaan voort om Suid-Afrika se ongebreidelde sigarethandel te oorheers wat die staat jaarliks van meer as 20 miljard rand beroof:
Die Springbok-vrouespan speel môre in Madrid in ʼn toets teen Spanje en die tussentydse afrigter, Louis Koen, het drie veranderinge aan sy beginspan aangebring. Een speler sonder toetservaring is op die bank. Byrhandré Dolf begin op heelagter, Chumisa Chawe is in die middelveld en Sinazo Mcatshulwa is op flank, nadat al drie verlede naweek teen Kanada van die bank af speelkans gekry het. Koen glo daar is sekere gebiede waarop hulle teen die tuisspan sal fokus:
Die uitdagende situasie van brandstofsmokkelary in die noorde van Namibië word by die dag moeiliker. Brandstof-kleinhandelaars kla steeds oor die gebrek aan ondersteuning en beskerming van beide die Namibiese polisie en die ministerie van myne en energie. Jafet Nakanue, 'n vulstasie-eienaar sê daar was 'n tyd voor die vloede dat die polisie vir twee of drie dae met 'n helikopter patrollies gedoen het. Hy sê hulle kon sien hoe hul verkope verbeter, maar aangesien die operasies opgehou het, teiken smokkelaars nou hul klante by die vulstasies.
President Cyril Ramaphosa het die versekering gegee Suid-Afrika werk hard daaraan om te verseker hy word van die gryslys afgehaal. Die Finansiële Aksie-taakspan het die land op die gryslys geplaas omdat hy nie ten volle voldoen het nie aan die internasionale standaarde oor die voorkoming van geldwassery, finansiering van terrorisme en vermenigvuldigende finansiering. Volgens Ramaphosa is talle belanghebbendes daarby betrokke om ʼn versnelde proses te verseker:
Die Suid-Afrikaanse Federasie van Vakbonde, Saftu, sê hy is sterk gekant teen die jongste repokoersvehoging, omdat dit 'n negatiewe uitwerking op die lewenstandaard van werkers en 'n vernietigende impak op kleinsakeondernemings sal hê. Die Suid-Afrikaanse Reserwebank het die terugkoopkoers, waarteen die bank geld aan kommersiële banke leen, tot 7,75 persent opgestoot. Saftu se woordvoerder, Trevor Shaku, sê hulle sal aanhou veg totdat die Reserwebank sy koers-trajek verander:
Carl Coetzee van Betterbond sê die rentekoersverhoging was heelwat hoër as waarop Suid-Afrikaners gehoop het, maar nie onverwags nie. Die Reserwebank het die terugkoopkoers met 50 basispunte tot 7,75 persent verhoog, wat handelsbanke se prima-uitleenkoers verhoog tot 11,25 persent – die hoogste koers sedert 2009. Die stap is genoodsaak deur kommer oor inflasie wat hoog bly, met 'n koers van sewe-persent in Februarie. Coetzee sê egter die verhoging hoef nie voornemende huiskopers af te skrik nie:
Die amnestie-tydperk vir Namibiese verkeersoortreders verval vandag. Die Namibiese polisie waarsku dit gaan geen genade betoon teen diegene wat nie hul verkeersboetes betaal het nie. Amnestie aan alle lede van die publiek met hangende verkeerslasbriewe vir inhegtenisneming om skulderkenningsboetes te betaal, was vir twee maande verleng. Kosmos 94.1 Nuus het met Nampol se verkeershoof kommissaris Petrus Swartz, gepraat wat die publiek herinner om hul verkeersboetes vandag te betaal.
Suid-Afrika moet die naweek beide eendagwedstryde teen Nederland wen om 'n realistiese kans te hê om dadelik te kwalifiseer vir die Wêreldbekertoernooi in Indië in Oktober en November. Indien hulle dit nie doen nie, sal hulle aan 'n kwalifiseringstoernooi moet deelneem. Die eerste wedstryd word vandag in Benoni gespeel en die tweede, Sondag op die Wanderers in Johannesburg. Die Protea-paaltjiewagter, Quinton de Kock, hoop die gashere kan hul goeie kolfwerk voortsit:
ʼn Paroolraad sal vandag ʼn besluit neem oor Oscar Pistorius se aansoek om uit die gevangenis vrygelaat te word. Die voormalige Paralimpiese atleet het reeds die helfte van sy vonnis uitgedien vir die moord op sy meisie, Reeva Steenkamp, meer as tien jaar gelede in sy huis in Pretoria. Advokaat Nthabiseng Dubuzana sê die paroolpaneel sal waarskynlik ook bestaan uit die hoof van die gevangenis in Pretoria waar hy aangehou word, ʼn predikant of ʼn maatskaplike werker en ʼn verteenwoordiger van Steenkamp se familie:
Verskeie sleutelbeamptes by drie groot Suid-Afrikaanse banke staan 'n goudsmokkelbende by in ‘n geldwasseryskem om miljoene Amerikaanse dollar vanuit Zimbabwe na Dubai oor te dra. Volgens Al Jazeera se ondersoekende eenheid is die beamptes by Standard Bank, ABSA Bank en Sasfin Bank werksaam. Hulle is op die betaalstaat van Mohamed Khan, bekend as Mo Dollars, 'n geldwasser wat vir Zimbabwe se sigaretmagnaat en smokkelaar Simon Rudland werk. Mo Dollars se broer Dawood Khan was ook vir hom werksaam. Hy kruip tans weg en het met Al Jazeera gepraat oor die vervalste dokumente wat hy geskep het om die kontant oor te dra.
Die buurland se toerismeminister, Patricia de Lille, sê sy sal voortgaan om met SA Toerisme te beraadslaag oor haar departement se begroting om seker te maak hulle kom hulle mandaat na wat die groei van besoekersgetalle aan die land betref. Dit volg na die raad van SA Toerisme se besluit om die voorgestelde borgskap van drie jaar ter waarde van sowat 900 miljoen Suid-Afrikaanse rand aan die Engelse sokkerklub, Tottenham Hotspur, te kanselleer. De Lille sê hulle moet gesonde finansiële besluite neem om die land wêreldwyd as 'n top-toeristebestemming te bemark:
Die bestuur van die Namibië Universiteit van Wetenskap en Tegnologie, Nust, ontken aantygings van onbillike arbeidspraktyke, stam-gebondenheid, beleids-manipulasie en wanadministrasie. Nust sê daar is geen bewyse om die beskuldigings te ondersteun nie. Nust het gereageer op briewe wat na bewering deur hul werknemers geskryf is en die universiteit van onwettige arbeidspraktyke beskuldig het. Een van die briewe is anoniem op sosiale media gepubliseer, terwyl 'n ander deur die Namibiese Vakbond vir Staatsdienswerkers, Napwu, uitgereik is. Die woordvoerder van Nust, John Haufiku sê aan Kosmos 94.1 Nuus personeel het die reg om kwessies deur amptelike prosesse te opper.
‘n Groot jurie het gestem om die voormalige Amerikaanse President Donald Trump in New York aan te kla oor 'n omkoopbetaling wat tydens die 2016-verkiesing aan 'n ster in volwasse rolprente, Stormy Daniels gemaak is. Die betaling self was wettig, maar Trump het dit na bewering as 'n sakekoste aangeteken. Die vervalsing van sakerekords is onwettig. Trump, wat na wat berig word 30 aanklagte van sakebedrog in die gesig staar, sal volgende week Dinsdag in die hof wees. Die klagtes teen hom is nog geseël. Hy sal die eerste voormalige Amerikaanse president wees wat op strafregtelike aanklagte aangekla sal word. Trump het ander ondersoeke teen hom en hy ontken die aantygings. Hy sê dis ‘n heksejag.
Die Namibies-gebore bekroonde skrywer Zirk van den Berg vergeet nie sy Namibiese wortels nie. Van den Berg wat in Nieu-Seeland woon, besoek Namibië gereeld vir sy navorsing oor sy boeke. Sy jongste boek, Geheim van die gruwelsand, speel onder meer in die Sperrgebiet in die Tweede Wêreldoorlog af. Zirk gesels uit Auckland met Kosmos 94.1 Nuus...
Daar word berig dat meer reën in die noorde van Namibië verwag kan word. Volgens die vloedbulletin styg die Okavangorivier by Rundu geleidelik en het vanoggend op 4,99 meter gestaan met ‘n invloei van 195,1 kubieke meter per sekonde. Oorstromings het reeds vandeesweek in Oshakati in die Oshana-streek ná swaar reën plaasgevind. Die Okatana-hidrologiese stasie het vanoggend 'n effense afname in die watervlak tot 0,58 meter aangeteken, terwyl Shanalumono se watervlak op 0,4 meter staan, met geen veranderinge sedert Woensdag nie. Die burgemeester van Oshakati, Leonard Hango, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat...
Rolspelers in die inligtingstegnologie-sektor sê beurtkrag beskadig IT-infrastruktuur terwyl aanhoudende beurtkrag onverpoosd voortduur. Hulle doen 'n beroep op die regering om 'n oplossing vir die voortslepende kragonderbrekings te vind om infrastruktuur, insluitend dataverskaffing, te beskerm. Die besturende direkteur van Irontree, Steve Porter, het gesê die sektor moet maatreëls om dit te versag, verskerp in 'n poging om met die bedryf voort te gaan.
President Cyril Ramaphosa het weer die versekering gegee die regering werk daaraan om die ontwrigting van basiese dienste weens beurtkrag te verminder. Hy het vrae beantwoord in die nasionale raad van provinsies en LP’s wou weet watter maatreëls ingestel sal word om die krisis aan te spreek. Ramaphosa sê planne word beraam om te verseker meer instellings word van beurtkrag vrygestel.
Die Wes-Kaapse LUR vir polisie-oorsig en gemeenskapsveiligheid, Reagen Allen, is optimisties vanjaar se begroting sal verseker misdaadbekampings-projekte vind regoor die provinsie plaas. Hy beskuldig ook die nasionale regering daarvan dat hulle nie die polisie in die provinsie ondersteun in hul pogings om misdaad te bekamp nie. Allen beskryf misdaad as 'n euwel wat die samelewing teister, en beklemtoon dit is noodsaaklik vir almal om deel te neem aan die stryd daarteen, ongeag politieke verwantskap of ideologie.
Tafelberg en Robben-eiland ding mee om die titel vir Afrika se voorste toeriste-aanloklikheid, aangesien openbare stemme vir die Wêreld Reis-toekennings begin. Die Kaapstadse landmerke kom teen ander gewilde bestemmings soos die Piramides van Giza te staan. Tafelberg en die berg Kilimanjaro het beide die titel reeds vyf keer gewen sedert die kompetisie in 2012 begin het. Stemme sluit op 30 April en die wenners word op 14 Junie aangekondig. Fritz Platt, Kosmos 94.1 Nuus se korrespondent in die Moederstad...
‘n Namibiese ekonoom het sy reaksie gegee op die Suid-Afrikaanse Reserwebank wat die rentekoers met 50 basispunte verhoog het. Dit bring die repokoers op 7,75 persent te staan. Die prima-uitleenkoers is tot 11,25 persent verhoog. Dit is die negende agtereenvolgende rentekoers-verhoging sedert November 2021. Namibië sal sy rentekoers op 19 April aankondig. Die repokoers in Namibië staan tans op 7 persent, terwyl die prima-uitleenkoers op 10,75 persent staan. Namibiese ekonoom, Jason Kasuto het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê hy voorsien dat die Bank van Namibië nie in die buurland se voetspore sal volg nie.
Die Namibiese minister van stedelike en landelike ontwikkeling, Erastus Uutoni, het vandag die goedkeuring van sy ministerie se begroting in die Nasionale Vergadering gevra. Die begrotingstoekenning beloop 1,176 miljard Namibiese dollar. Uutoni het gesê daar sal op behuisingsontwikkeling, landelike ontwikkeling en die hersiening van wette oor tradisionele leiers en owerhede gefokus word.
Die Kommissie vir Geslagsgelykheid het sy kommer uitgespreek oor die afname in vroulike verteenwoordiging in plaaslike regering. Die persentasie vroulike verteenwoordigers het in 2021 se plaaslike regeringsverkiesing afgeneem tot 37 persent teenoor 41 persent in 2016. Die kommissie het vandag 'n hoëvlak-bespreking in Johannesburg belê om struikelblokke te identifiseer en 'n nuwe strategie vir geslagstransformasie te skep. Uitvoerende hoof Phelisa Nkomo sê geen wette dwing gelyke geslagsverteenwoordiging in verkiesings af nie, en daar is geen gekoördineerde nasionale program om vroue se politieke verteenwoordiging te bevorder nie.
Die Namibië Statistieke-agentskap en die Namibië Finansiële Instellings Toesighoudende Owerheid, Namfisa, het 'n memorandum van verstandhouding onderteken oor finansiële dienste data-uitruiling en ander gebiede van samewerking. Dit vestig die raamwerk vir samewerking wat sal verseker dat die twee organisasies finansiële sektor-statistieke sal bevorder met die ontwikkeling van nuwe metodes vir data-insameling, verwerking en aanbieding. Die finansiële syfers waarna verwys word, sluit data in van lang- en korttermyn-versekering, mediese versekering, lenings en voorskotte van nie-bank finansiële instellings en pensioenfondse. Korporatiewe kommunikasiebestuur van die agentskap, Iipumbu Sakaria deel meer met Kosmos 94.1 Nuus...
Die buurland minister van internasionale betrekkinge, Naledi Pandor, het Suid-Afrika se vriendskap met Rusland bevestig. Die regering wil 'n regsmening inwin oor hoe hy die Russiese President, Vladimir Putin, moet hanteer wanneer hy die land moontlik in Augustus besoek, ondanks 'n lasbrief vir sy inhegtenisneming. Pandor het die Russiese minister van natuurlike hulpbronne, Alexander Lazlov, gerusgestel oor hulle samewerking as Brics-lande.
Die Wes-Kaapse LUR vir landbou, Ivan Meyer, het die departement se Dagga-raamwerk en -inwerkingstellingsplan bekend gestel. Hierdie plan verskaf riglyne vir die vestiging van dagga of medisinale dagga en hennep in die provinsie. Meyer sê die CanPlan, wat in ooreenstemming is met die sleutel-doelwitte van die Nasionale Dagga-meesterplan, behoort by te dra tot ekonomiese ontwikkeling, werkskepping, landelike ontwikkeling en armoedeverligting.
Die Namibiese inligtingsministerie gaan môre die Nasionale Kuberveiligheid-strategie van stapel stuur en daarmee saam ‘n bewusmakingsveldtog. Die strategie is verlede jaar deur die kabinet goedgekeur nadat Namibië toenemend kuber-aanvalle ervaar. Volgens die adjunkminister Emma Theofilus moet tegnologie-platforms teen kubermisdaad beskerm word wat ‘n negatiewe impak op ontwikkeling het. Kosmos 94.1 Nuus het met die skakelbeampte van die ministerie Shoki Kandjimi gepraat...
Korrektiewe Dienste in die buurland sê 'n gepeuter aan die toesig-stelsel het in Mei verlede jaar gehelp met Thabo Bester se ontsnapping uit die Mangaung-gevangenis in Bloemfontein. Nasionale kommissaris Mokgothi Thobakgale het die jongste inligting verskaf oor die ontsnapping van die sogenaamde Facebook-verkragter. Hy sê die polisie-ondersoek gaan voort aangesien daar tekens van misdadigheid is. Dit lyk asof Bester gehelp is om te maak asof hy in 'n brand in sy sel gesterf het. Thobakgale sê 'n nuwe Korrektiewe Dienste-bestuurder is by die tronk aangestel.
Die Pupkewitz-stigting het 1 miljoen Namibiese dollar aan die Shack Dwellers-federasie geskenk met Ohorongo-sement en FNB wat elk ‘n skenking van 500 000 dollar gemaak het. Die federasie is uiters suksesvol in die bou van formele huise in informele nedersettings regoor die land. Die mede-direkteur van die Namibia Housing Action-groep, Heinrich Amushila, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Daar is nog net een dag oor vir die Windhoek-DBV se March Madness-veldtog wat môre ten einde loop. Daar is ‘n paar honde, katte, marmotte en hasies wat nog huis soek – onder die diere wat die langste by die DBV is. Aannemingsfooie is met 60 persent verlaag, soos die direkteur, Hanna Rhodin, verduidelik.
Die brandstofprys vir April sal volgende week Woensdag in werking tree. Olie het met meer as 7 persent in die afgelope 30 dae gedaal en in Suid-Afrika, is daar ‘n voorspelling vir ‘n daling in beide petrol en diesel. Robert McGregor, ekonoom by Cirrus in die hoofstad voorspel dat die prys of onveranderd is, of, dat daar ‘n klein daling kan kom. Hy sê daar is verskeie redes daarvoor.
Namcor is in die nuus vir al die verkeerde redes. Daar was eers aantygings van ‘n betaling van 100 miljoen Namibiese dollar deur die maatskappy se besturende direkteur Immanuel Mulunga, aan ‘n Angolese vennoot. Die betaling is blykbaar nie deur die raad goedgekeur nie. Toe, op die dag wat die raad die kwessie sou bespreek is die voorsitter, Jennifer Comalie, gearresteer op klagte van dwelmhandel na haar motor deursoek is op die perseel. Almal is dit eens dat iets nie pluis is nie en Kosmos 94.1 Nuus het aangeklop by die direkteur-generaal van die Teenkorrupsie-kommisie Paulus Noa oor die aangeleentheid. Hy het bevestig hulle ondersoek reeds die Mulunga-betaling.
Die EFF in Gauteng het die Valke se soek- en beslagleggingsoperasie by 'n huis in Bedfordview en kantore in Germiston en Edenvale verwelkom. Dit is deel van die Valke se voortgaande ondersoeke na die Tembisa-hospitaal se tenderbedrog van 1 miljard Suid-Afrikaanse rand. Die ANC se tesourier-generaal in Ekurhuleni, Sello Sekhokho, se huis is ook deursoek. Die fluitjieblaser in die Gautengse Gesondheidsdepartement, Babita Deokaran, het drie weke voor haar moord betalings van die hospitaal aan Sekhokho ontbloot. Dumisani Baleni van die EFF sê mense moet onmiddellik in hegtenis geneem word:
Die Britse opposisie-Arbeidersparty stel vandag sy verkiesingsveldtog bekend. Die partyleier, Sir Keir Starmer het nog altyd die Tories gekritiseer vir wat hy beskryf as swak leierskap. Hy sê daar is net een manier om ‘n landsleier – wat weet wat aangaan – te wees.
Dit is 'n opwindende naweek vir Suid-Afrikaanse rugby, met vyf spanne in die laaste 16 uitklopaksies in die Europese Kampioene- en Uitdaagbekers. In die topvlak Kampioenebeker sal die Bulle Sondag 'n moeilike wegwedstryd in Toulouse hê, en voor dit, op Saterdag sal die Stormers die Engelse Harlequins gasheer en die Haaie sal die Ierse uitrusting Munster in Durban verwelkom. Die Springbok-kaptein, Siya Kolisi, verwag 'n goeie stryd:
Die buurland se Departement van Binnelandse Sake het die oorkoepelende konsessie vir langtermynvisum- of kwytskeldings-aansoekers wat op die uitslag van hulle aansoeke wag, verleng. Dis 'n poging om die uitwerking wat die verwerkings-agterstand op aansoekers het, te hanteer. Die departement se woordvoerder, Siya Qoza, sê, dit beteken aansoekers vir langtermynvisums óf kwytskeldings mag tot 31 Desember vanjaar in Suid-Afrika bly terwyl hulle aansoeke afgehandel word:
Die Namibiese landbouministerie sê hy verskaf betroubare statistieke oor toegang tot water. Volgens die statistieke van 2022 het 97 persent van die stedelike bevolking toegang tot drinkwater wat in hul erwe beskikbaar is en voldoen aan nasionale drinkwater-kwaliteitstandaarde. Die oorblywende 3 persent is inwoners aan die buitewyke van stede wat water van 'n gemeenskaplike waterbron kry wat binne ‘n stap-afstand van minder as een kilometer beskikbaar is. Altesaam 87 persent van die landelike bevolking het toegang tot 'n verbeterde drinkwater. Die oorblywende 13 persent is die landelike bevolking wat steeds beperkte toegang tot water het en oor 'n afstand van meer as 2,5 kilometer moet stap om water te kry. Die woordvoerder van die minister Jona Musheko, sê die statistieke bewys wat die ministerie doen.
Die DA sê die ewigstygende lewenskoste is die regstreekse gevolg van die sogenaamde onsamehangende ekonomiese beleid van die ANC wat ekonomiese groei strem. Die Mededingingskommissie sê in sy jongste Moniteringsverslag oor die Pryse van Noodsaaklike Voedselprodukte die prys van basiese voedselprodukte het die afgelope jaar skerp gestyg. Die kleinhandelspryse van wit en bruin brood het van Januarie verlede jaar tot Desember met onderskeidelik 20 en 19 persent die hoogte ingeskiet. Dion George van die DA sê 'n markvriendelike fiskale beleid is in inflasietyd nodig as buffer teen die impak van prysstygings:
Die Stad Kaapstad sê hy is tevrede om te sien watergebruik het die afgelope tyd aansienlik gedaal. Dit was Maandag die eerste keer sedert die somer se hoogtepunt minder as 850-miljoen liter. Dit is die teiken wat vir die publiek gestel word om te verseker damme en reservoirs bly langer vol. Die stad se waarnemende burgemeesterskomiteelid vir Water en Sanitasie, Siseko Mbandezi, sê damvlakke het die afgelope twee maande weekliks met sowat twee-persent gedaal:
Die Namibiese Inkomste-agentskap NamRA bied tans 'n ontbytsessie in Windhoek saam met die private sektor aan op die gemagtigde ekonomiese operateursprogram in Namibië. Die program laat toe dat privaatmaatskappye kan registreer om deel van die program te wees wat goedere spoedig en sonder uitdagings deur doeane toelaat. Die uitvoerende sekretaris van die SAOG, Thabo Khasipe, beskou gemagtigde ekonomiese operateurs as uiters belangrik vir die uitbreiding van die industriële basis van lidlande en vir streeksintegrasie.
Section27 in die buurland verwelkom die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling se besluit om 'n skoolopsigter van Noordwes wat aan seksuele aanranding skuldig bevind is, op die Kinderbeskermingsregister te plaas. Die sibbe, wat albei minderjarige leerders was, is sedert 2015 in verskillende voorvalle seksueel deur die skoolopsigter aangerand. Section27 se woordvoerder, Pearl Nicodemus, sê die skoolhoof en die skool se beheerliggaam het nie teen die opsigter opgetree nie en voeg by hierdie saak moet 'n bloudruk wees om aanspreeklikheid vir seksuele geweld by skole te verseker:
Hierdie week se tweede twee-jaarlikse Nasionale Leesberaad in Suid-Afrika is gefokus op die verbetering van geletterdheidsvlakke in Afrika. Die geleentheid is daarop gemik om die rol van geletterdheid te beoordeel in die bereiking van die Nasionale Ontwikkelingsplan-visie 2030. Dit het ook ten doel om doeltreffend by te dra tot die Verenigde Nasies se Volhoubare Ontwikkelingsdoelwitte sowel as die Afrika-unie se Agenda 2063, wat aandag sal skenk aan geletterdheidsvlakke regoor die vasteland. Die Nasionale Biblioteek se woordvoerder, Nokuthula Musa, sê hulle het planne beraam om van die land se geletterdheids-uitdagings op te los:
Die Mededingingskommissie in die buurland het gewaarsku voedsel-kleinhandelaars wat pryswette oortree, kan vervolging te wagte wees. Die kommissie het sy kommer uitgespreek oor prysstygings van noodsaaklike voedselitems, insluitend brood, mieliemeel en sonneblomolie, oor 'n tydperk van twee-jaar. Die kommunikasiehoof, Sipho Ngwema, het in sy kommentaar op die 2021/22 Noodsaaklike Voedsel Prys Moniteringsverslag beklemtoon arm verbruikers word grootliks deur hierdie prysstygings geraak. Hy sê die kommissie het sake teen kleinhandelaars ingestel, en teen dié wat die mededingingswette oortree:
Die hoof van die Wêreldgesondheidsorganisasie, Tedros Adhanom Ghebreyesus, het met die media gepraat oor die stand van sake in verband met die Marburg-virus in Afrika. Hy sê in Tanzanië is gevalle steeds op agt maar, die verspreiding van die siekte na Ekwatoriaal Guinee wek kommer. Hy verduidelik.
Die Suid-Afrikaanse onderwysdepartement het 'n verslag deur die Centre for Development and Enterprise oor die stand van Suid-Afrika se onderwysstelsel gekritiseer. Die verslag meld dat onderprestasie in leeruitkomste deur leerlinge, swak onderwysers-opleiding en -ondersteuning, en ongebreidelde korrupsie ván die redes is agter die land se swak onderwysstelsel. Die departementswoordvoerder, Elijah Mhlanga, sê die bevindings is 'n herhaling van ou inligting:
Koning Charles en die koningin-gemaal Camilla is in Duitsland op wat die koning se eerste amptelike staatsbesoek is. Terwyl hy melding gemaak het oor die noue bande tussen die twee lande, en ook gepraat het oor ondersteuning vir die Oekraïne het hy ook vir Duitse President Frank-Walter Steinmeier gesê hy onthou die wors en die bier, tydens ‘n vorige besoek.
Die Wes-Kaapse premier Alan Winde sê deur die provinsiale munisipale energie-veerkragtigheidsinisiatief is 558 megawatt elektrisiteit in 2020 opgewek en vanjaar is 1 008 megawatt aan Eskom- en munisipale netwerke oorgedra. 'n DA-woordvoerder, Christopher Fry, sê hierdie opwekking is die gevolg van laekoolstofopwekking soos son- en windenergie:
Jeugwerkloosheid in Namibië bly in die nuus, veral met politieke aktiviste wat nog steeds agter tralies is nadat hulle op Onafhanklikheidsdag tydens ‘n betoging oor die kwessie gearresteer is. Tenders aan sogenaamde aktetas-tenderpreneurs word gereeld vir werkloosheid blameer omdat individue ryk word op die rug van openbare fondse. Die amptelike opposisieparty, die PDM, se skaduminister van finansies, Nico Smit, sê aan Kosmos 94.1 Nuus hy stem saam met die mening.
Agribank voorsien uitdagende tye vir die Namibiese landbousektor met ondernormale reënval wat oor die meeste dele van die land in die reënseisoen voorgekom het. Lae tot geen reënval is in meeste streke aangeteken en daar heers groot kommer oor lae oes-opbrengste, asook ‘n afname in veeproduksie in sommige dele van die land weens swak weiding. Kosmos 94.1 Nuus het met Erastus Ngaruka die tegniese adviseur van Agribank se gepraat...
Reaksie word ontvang op die nuus dat die ANC-regering beoog om die kommersialisering van die hennep- en dagga-bedryf te bespoedig, wat weens wetgewingskwessies vertraag is. Die bedryf het die potensiaal om meer as 130 000 werksgeleenthede te skep en armoede te verlig. Om die proses te bespoedig, word die regering aangemoedig om werksgroepe vir 'n meesterplan te herstel en in die bedryf te belê. Angela Prusa van die Cannabis and Hemp Association of Namibia, wat reeds jare lank beywer dat dagga in Namibië gewettig word, het haar mening met Kosmos 94.1 Nuus gedeel.
Die heropening van Chinese grense vir reisigers word geloof en is 'n belangrike tree in die rigting van herlewing van handel en toerisme tussen nie net Suid-Afrika en Beijing genoem nie, maar ook lande in die streek wat Namibië insluit. Die eerste Air China-vlug vanaf Beijing sedert die aanvang van die Covid-19-pandemie het op die OR Tambo Internasionale Lughawe in Gauteng geland. China se konsulaat-generaal, Yujiang Zhou, sê hierdie belangrike geleentheid sal na verwagting 'n positiewe uitwerking hê op die ekonomiese, handels- en bilaterale betrekkinge tussen die twee nasies:
Die malaria-geteisterde streke in die noorde van Namibië het weer reën gekry en nóg reën word verwag. Daar is inderdaad vrese dat daar 'n effense toename in malariagevalle kan wees as gevolg van die vloede wat dele van die noordelike streke oorstroom het. Die stigter van die Eliminate Malaria Campaign en voormalige gesondheidsminister, dr. Richard Kamwi, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en hy meen gevalle sal veral in die Zambezi toeneem.
Verskeie versekeraars waarsku motoriste oor toenemende voertuigdiefstal in Gauteng en KwaZulu-Natal. Volgens Ou Mutual was daar 'n toename in voertuigdiefstal-eise vir bakkies en luukse voertuie. Die besturende direkteur van 'n filiaal van Ou Mutual, Elite Risk, Tarina Vlok, sê sleutellose-toegangsvoertuie loop steeds gevaar om gekaap of gesteel te word. Vlok sê al word motoriste aangeraai om opsporingstoestelle in hul motors te hê, is hierdie toestelle nie meer so doeltreffend nie:
Die Namibiese minister van die omgewing en toerisme, Pohamba Shifeta, het vandag in die Nasionale Vergadering gesê sy ministerie se begroting van meer as 570,7 miljoen Namibiese dollar is belangrik om toerisme-ontwikkeling te ondersteun. Shifeta het gesê slegs 23,5 miljoen dollar is egter vir toerisme en dobbelary-regulasies begroot.
Die Namibiese minister van binnelandse sake, dr. Albert Kawana, en Botswana se minister van finansies, Peggy Serame, sal op Saterdag 1 April Trans-Kalahari-Mamuno-grensposte tussen Namibië en Botswana amptelik open wat daarna 24 uur voltyds oop sal wees. Die Trans-Kalahari-Mamuno-grensposte is baie belangrik vir die ekonomiese ontwikkeling in die SAOG-streek. Die Trans-Kalahari-korridor verbind die hawe van Walvisbaai met Botswana se hoofstad, Gabarone, wat dit een van die besigste korridors maak. Die ministerie se woordvoerder, Sakeus Kadhikwa maan egter toeriste en vragmotorbestuurder dat hulle tot na die amptelike opening by die grensposte opgehou sal word.
Die eerste direkte vlug deur die Chinese nasionale lugredery het sedert die aanvang van die Covid-pandemie vandag in Johannesburg aangekom. Die Air China-vlug is deur verskeie hooggeplaastes by die OR Tambo Internasionale Lughawe ingewag en verwelkom. Kosmos 94.1 Nuus se korrespondent in Kaapstad, Fritz Platt...
Inwoners van Epupa en Sesfontein in die Kunene-streek het 'n beroep op die landbouministerie gedoen om meer boorgate in die streek te boor omdat die bestaande waterpunte nie voldoende is vir beide diere- en menslike gebruik nie. Volgens die direktoraat van water in die streek is daar talle uitdagings om aan alle gemeenskappe water te voorsien. Van die uitdagings is skade wat deur wild aan infrastruktuur aangerig is, die langdurige droogte in die streek en die hoë koste van boorgat-ontwikkeling deur kontrakteurs. Ses boorgate is verlede jaar geboor in vergelyking met die drie in 2021. ‘n Parlementslid van die United Democratic Front en ‘n boer in die streek, Dudu Murorua, gee sy reaksie oor die kwessie aan Kosmos 94.1 Nuus
Die Gautengse LUR vir gesondheid en welstand, Nomantu Nkomo-Ralehoko sê die departement gaan voort om amptenare se wanpraktyke met die verdeling van bestellings om tenders te verhoed, noukeurig dop te hou. Nkomo-Ralehoko het tydens die sitting van die provinsiale wetgewer mondelings antwoorde gegee. Die departement se woordvoerder, Motalatale Modiba, sê 14 transaksies van die Tembisa provinsiale tersiêre Hospitaal is reeds deur die kantoor van die ouditeur-generaal en Gauteng se ouditdienste raakgesien.
Die Capricorn-stigting, in samewerking met die Wêreld-voedselprogram in Namibië, sal Vrydag 'n een dag voedselsekerheid-werkswinkel aanbied met die tema "Transformative Food Systems for Sustainable Development”. Die werkswinkel handel oor die gedeelde waardes van die stigting en die voedselprogram, naamlik die bevordering van voedsel- en voedingsekerheid, lewensbestaan en die versnelling van sosio-ekonomiese groei in Namibië. Die stigting se koördineerder Veripura Muukua, sê aan Kosmos 94.1 Nuus die werkswinkel sal regstreeks op hul Facebook- en YouTube-kanale uitgesaai word.
Die Namibiese boksliefhebbers kan die naweek uitsien na 'n baie opwindende bokstoernooi wat deur die MTC Salute Boxing Academy gereël word. Die geleentheid sal by die Katolieke kerksaal in die middestad plaasvind. In die hoofgeveg is Namibië se Fillemon Nghutenanye wat sy WBA Pan-Afrika-titel teen Suid-Afrikaner Theo Nxayiphi sal verdedig. Die boks-akademie se kommunikasiebeampte, Jason Naule, deel sy opgewondenheid met Kosmos 94.1 Nuus oor die ander wedstryde.
Die Namibiese polisie se streeksbevelvoerder van Oshana, kommissaris Naftal Sakaria, is die nuwe bevelvoerder van die teen-stropingseenheid in die Etosha Nasionale Park waar talle renosters gestroop word. Hy het ‘n sterk waarskuwing uitgestuur dat hy nie die veiligheid van gewapende wildstropers in die park sal waarborg nie. Kommissaris Sakaria het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor sy nuwe rol.
Die Sentrum vir Ontwikkeling en Onderneming sê die Suid-Afrikaanse departement van basiese onderwys moet maatreëls instel wat die land se onderwysstelsel sal verbeter. Die sentrum het 'n reeks van vyf verslae oor die stand van die onderwysstelsel die lig laat sien wat aantoon dat die land se basiese onderwysstelsel wêreldwyd van die heel swakste presteer. Die direkteur, Ann Bernstein, het gesê vier uit vyf onderwysers in openbare skole het nie die inhoudskennis en vaardighede om hul vakke te onderrig nie.
Eskom se waarnemende uitvoerende hoof, Calib Cassim, het die ontvoering van en aanval op een van sy werknemers in Gauteng veroordeel. Daar is verskeie kere op die werknemer se motor geskiet en sewe aanvallers het die persoon gewelddadig ontvoer. Die werknemer is later in die suide van Johannesburg vrygelaat en moes in die hospitaal behandel word vir beserings wat tydens die aanranding opgedoen is. Eskom se woordvoerder, Daphne Mokwena, sê die polisie ondersoek tans die saak.
Die Lughawens-maatskappy Suid-Afrika verwelkom die nuus van bykomende lugrederye wat van die OR Tambo Internasionale Lughawe in Gauteng gebruik maak vir plaaslike, streeks- en internasionale vlugte. Die streeks-hoofbestuurder, Jabulani Khambule, sê die maatskappy beoog om die uitbreiding van die lughawe se vrag-eindpuntgeboue binne vyf jaar te voltooi. Hy sê ’n forum is geskep om veiligheidskwessies te hanteer. Khambule sê lugdienste sal nie deur brandstof-tekorte geraak word na die onttrekking van die Britse olie- en gasmaatskappy, BP nie.
Sokker: Die wêreld-beheerliggaam Fifa het die Suid-Afrikaner Akhona Makalima aangestel as 'n skeidsregter in vanjaar se Wêreldbeker-toernooi vir vroue in Australië en Nieu-Seeland. Sy het geskiedenis gemaak as die eerste gesertifiseerde vroulike sokker-skeidsregter in Suid-Afrika. Makalima het gepraat oor haar reis na die Wêreldbeker-toernooi. Sy sê dit het harde werk geverg, en het meer vroue aangemoedig om aan die sport deel te neem.
Die saak van van die NEFF-aktiviste Michael Amushelelo en Dimbulukeni Nauyoma is tot 27 April in die Windhoekse landdroshof in Katutura uitgestel. Die twee sal môre 'n formele borgtogaansoek bring. Die twee is sedert Onafhanklikheidsdag agter tralies na hulle op 23 Maart borgtog geweier is. Inna Hengari, die PDM se parlementslid, is vrygelaat op borgtog van 5 000 Namibiese dollar. Die drie moet op klagte wat verband hou met die minagting van ‘n hofbevel en ander in verband met openbare byeenkomste, verdedig. Die aktiviste se regsverteenwoordiger Kadhila Amoomo, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Die vakbond-federasie Saftu is teleurgesteld oor berigte wat daarop dui staatsdiens-vakbonde, wat sowat 53,9 persent van die stemgewig in die Staatsdiens se Koördinerende Bedingingsraad uitmaak, die regering se jongste salaris-aanbod gaan aanvaar. Saftu sê die aanbod van 7,5 persent is 'n wanvoorstelling, sonder om die gevolge rondom dit te verduidelik. Die woordvoerder, Trevor Shaku, sê die aanbod is 'n illusie wat ontwerp is om staatsamptenare te mislei, terwyl dit die tesourie help om sy fiskale konsoliderings-planne vir die mediumtermyn-bestedingsraamwerk na te kom.
Krieket: Die Proteas se afrigter, Rob Walter, beskryf die T20-reeks teen die Windies as 'n moeilike een vir albei spanne se boulers. Die besoekers het Dinsdag hul toer op 'n hoogtepunt afgesluit deur die derde en beslissende wedstryd met sewe lopies te wen. Die Windies het 220 vir agt aangeteken voor Alzarri Joseph 'n indrukwekkende vyf paaltjies geneem het om die Proteas tot 213 vir ses te beperk, ondanks Reeza Hendricks se 83 van slegs 44 balle. Walter gee toe daar is ruimte vir verbetering in die boul-afdeling.
DIe raad vir die bou-omgewing in die buurland sê klimaatsverandering word reeds wêreldwyd beleef in ongekende droogtes, oorstromings, bosbrande en ander uiterste weerstoestande. Dit sê Suid-Afrika het ook deurgeloop met die onlangse oorstromings in provinsies soos KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap. Die raad se woordvoerder, Sinah Ndala, sê die gevolge van klimaatsverandering sal die grootste tol eis in die wêreld se kwesbaarste gemeenskappe:
Die lede van die Namibiese Sekuriteits-arbeidsforum het 'n vergadering gehou om die huidige stand van sake rakende die veiligheidsbedryf in die land te bespreek. Die forum sluit die Sekuriteits-vereniging van Namibië, asook verskeie vakbonde in. Tydens die vergadering het alle partye ooreengekom om saam te werk om die uitdagings in sekuriteitsbedryf, soos onder meer lae lone, te aan te spreek. Hulle beywer hulle daarvoor om te verseker dat sekuriteitsmaatskappye binne die wetlike raamwerk funksioneer. Celeste Lucas, die nasionale administrateur, van die vereniging het met Kosmos 94.1 Nuus gesels...
Die Bank van Namibië se jaarverslag is vanoggend in die hoofstad deur die goewerneur van die sentrale bank, Johannes !Gawaxab bekendgestel. Hy sê Covid-verligtingsmaatreëls is behou om voort te gaan om huishoudings en besighede by te staan. Hierdie stap kommersiële banke in staat gestel om krediet te verleen aan ekonomiese sektore wat die meeste deur die pandemie en die nasleep daarvan geraak word.
Die Namcor-sage duur voort. Die PDM het aangekondig dat hy binnekort ‘n mosie in die Nasionale Vergadering ter tafel sal lê vir ‘n parlementêre ondersoek na wat hy beskryf as die voorkoms van ‘n mafia-styl bestuurstyl wat tans by Namcor ontvou. Die party sê die betrokke staande komitee moet magte hê om getuies te roep. Die partypresident McHenry Venaani se woordvoerder, Roberto Dirkse, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Tamaties is op die oomblik peperduur en sommige winkels verkoop ‘n kilogram-sakkie vir meer as 40 Namibiese dollar. Volgens Gilbert Mulonda, van die Namibiese Akkerbouraad ,wat ook die grense vir sommige tamatie-invoere gesluit het gedurende Maart, is daar verskeie redes hiervoor en die tekorte word nie net plaaslik ervaar nie.
Beide Namibiese vee- en saaiboere is op hierdie stadium baie bekommerd oor die reënval-situasie in die land. Tradisioneel sou boere in die noordelike deel van die land, sowel as mielieboere regoor die land, hulself gereed maak vir die oesseisoen. Soos dit nou lyk, is boere op hierdie stadium nie seker of hulle vir die oesseisoen moet voorberei of nie, want hul gewasse lyk baie sleg. Landboukundige Wallie Roux sê probleme lê voor vir vee- en saaiboere.
Die Wes-Kaapse LUR vir Landbou, Ivan Meyer, sê die 2023/2024-begroting erken die landbousektor se kritiese rol om die ekonomie te dryf, werk te skep en te reageer op die belangrikheid van die huidige omstandighede in die provinsie. Die begroting van meer as 960 miljoen Suid-Afrikaanse rand het drie strategiese doelwitte, naamlik groei van werksgeleenthede, veiligheid en waardige lewensomstandighede. Meyer sê die provinsiale regering sal voortgaan om die sektor te ondersteun sodat dit kan gedy:
Die groep Okahandja-inwoners het Maandag, toe hulle opgeruk het na die lynminister, Erastus Uutoni se kantoor, geen verligting ontvang nie. Die groep beleërde inwoners van informele nedersettings op die dorp het geen verligting by die eerste minister of die dorp se munisipaliteit ontvang nie. Aktivis Sydney Gariseb sê hulle sal hulle moet wend aan die president se kantoor.
Die Nashville polisie sê die skieter wat ses mense by 'n skool in Nashville, Tennessee vermoor het, het wettiglik sewe gewere gekoop, in aanloop tot Maandag se aanval. Drie van die wapens, insluitend 'n aanvalsgeweer, is gebruik in die massaskietery, waarin drie kinders en drie volwassenes by The Covenant School dood is. Nashville-polisiehoof, John Drake, sê die 28-jarige, Audrey Hale, was ten tye van die aanval onder doktersbehandeling vir 'n emosionele versteuring. Hy sê die skietery was geteiken en beplan:
Die Padvragvereniging in Suid-Afrika doen 'n beroep op die regering om dringend in te gryp om die voortslepende oponthoude uit te skakel wat reuse opeenhopings by die Oshoek- en Lebombo-grenposte veroorsaak. Die vereniging sê hulle is veral bekommerd oor die feit dat slegs een persoon die publiek by paspoortbeheer bedien, probleme weens onklaar kragopwekkers en gebrekkige samewerking tussen die Grensbestuurs-agentskap en die Suid-Afrikaanse Inkomstediens. Die hoofbestuurder van die vereniging, Gavin Kelly, sê dit is noodsaaklik dat vertragings by grensposte so ver moontlik beperk word:
Gavin Kelly woensdag
Die direktoraat van veeartsenydiens onder die landbouministerie sê die invoer en in transito-beweging van lewende pluimvee, voëls, rou pluimveeprodukte, lewende volstruise en rou volstruisprodukte van Argentinië en Chili is met onmiddellike effek opgeskort weens die uitbreek van die hoogs aansteeklike voëlgriep in daardie twee lande. Aangesien die inkubasietydperk van die siekte 14 dae is tree die opskorting in werking 14 dae voor die datum van die aanvang van die uitbreking – dus, 10 Februarie vir Argentinië en 24 Februarie vir Chili. Alle permitte is van die datums af, onmiddellik teruggetrek. Kosmos 94.1 Nuus het met dr. Albertina Shilongo, hoof van die diens gesels.
‘n Federale regter het beslis dat die voormalige Amerikaanse vise-president Mike Pence moet getuig in verband met die ondersoek na die gebeure op 6 Januarie. Pence het dit probeer vermy en meen daar is konfidensiële klousules wat nie bekend gemaak kan word nie maar, die regter het beslis dat hy nie enigsins hoef te getuig oor wat gebeur het in sy amp as president van die senaat nie. Pence was besig om President Joe Biden se verkiesing te bekragtig en moes die veiligheidsreaksie ook vanaf die kongres koördineer, in die ondergrondse parkering. Die Trump-ondersteuners wou hom hang. Hy het in November met Jake Tapper van CNN gesels oor daardie dag.
Die Wes-Kaapse LUR vir Gemeenskapsveiligheid en Polisieoorsig, Reagen Allen, het die inhegtenisneming van ses polisiebeamptes van die Maitland-blitspatrollie verwelkom. Die vier konstabels en twee sersante word van korrupsie aangekla nadat hulle na bewering talle keer beslag gelê het op perlemoen sonder dat enige iemand in hegtenis geneem of die perlemoen as bewysstukke ingedien is. Hulle word ook beskuldig dat hulle korrupte verhoudings met dwelmhandelaars het en hulle help deur dwelms met polisievoertuie te vergesel. Allen sê die beamptes moet met die volle gesag van die reg te doen kry:
Die Oshana-streeksraad onder die direktoraat van onderwys sal op 1 April 'n geleentheid vir boere by die Oshakati-streeksbiblioteek aanbied. Die vergadering het ten doel om boere van oraloor die streek bymekaar te bring om idees uit te ruil oor hoe om geld uit hul boerderyprodukte te maak. Kosmos 94.1 Nuus het met die kommunale boer Ileni Nandjato gesels, wat een van die sprekers is wat sy boerdery-wenke op die dag gaan deel.
Die vierde kwartaal van 2022 het 'n aansienlike toename in seisoenale indiensneming in Suid-Afrika getoon, wat werkskepping in die formele sektor 'n hupstoot gegee het. Volgens data van Statistiek Suid-Afrika is ongeveer 48 000 mense gedurende hierdie tydperk in hierdie sektor in diens geneem. Die handel-, sakedienste- en mynbousektore het in hierdie tyd die meeste werkskepping ondervind. 'n Ekonoom van Momentum, Sanisha Packirisamy, sê werkgewers se onwilligheid om mense op 'n voltydse basis aan te stel, kan weens ekonomiese onbestendigheid wees:
Die Gautengse Departement van Gesondheid hy is besig om 'n langtermyn-sekuriteitskontrak by gesondheidsfasiliteite in die provinsie te sluit. Die LUR vir Gesondheid en Welstand, Nomantu Nkomo-Ralehoko, het ontevredenheid uitgespreek oor die feit dat die departement baie lank nie 'n vaste langtermyn-sekuriteitskontrak in plek gehad het nie. Die departement se woordvoerder, Motalatale Modiba, sê die huidige situasie dat hulle meer as 59 miljoen Suid-Afrikaanse rand bestee aan maand-tot-maand sekuriteitskontrakte by sy fasiliteite is onaanvaarbaar:
Ons gesels niere die week met A.Vogel se produk "Nephrosolid". Vir meer inligting besoek gerus ons webtuiste by www.avogel.co.za, of stuur ‘n epos na info@sanatural.co.za. "Nephrosolid" is beskikbaar by apteke en gesondheidswinkels.
Die nuutverkose burgemeester van Tshwane, die DA lid, Cilliers Brink, sê een van sy hoofprioriteite is om beheer te kry oor die stad se finansies . Die stad was sedert Maart sonder burgemeester, ná die bedanking van die Congress of the People se, Murunwa Makwarela nadat hy blykbaar 'n hof-rehabilitasiekennisgewing sou vervals het. Brink sê sy eerste taak is om die aanstelling van 'n burgemeesterskomitee te verseker, wat vinnig 'n aanpassingsbegroting sal voorlê, voor die sperdatum van 14 April.
Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, Antonio Guterres, het sy kommer uitgespreek oor die suksesse wat terreur-organisasies in Afrika behaal. In sy mening is terrorisme is die oorsaak en gevolg van baie van die probleme wat die wêreld ervaar en dat dit sy greep verstewig deur swakhede en onstabiliteit in politieke, ekonomiese en sekuriteitstelsels te soek en uit te buit. Die VN woordvoerder Stephane Dujarric het met die media gepraat.
Die geskorste Openbare Beskermer, Busisiwe Mkhwebane, getuig vandag verder voor die Artikel 194-ondersoekkomitee wat haar bevoegdheid vir haar amp moet bepaal. Sy het getuig dat sy glo haar skorsing is die gevolg van 'n reeks vrae wat sy aan President Cyril Ramaphosa gestuur het oor die diefstal van buitelandse geld op sy Phala Phala-plaas in Limpopo. Mkhwebane hou vol sy is 'n teiken omdat sy haar werk doen:
Vakbonde in die openbare sektor in die buurland het die ANC-regering se hersiene salarisverhogings-aanbod van 7,5 persent oor die volgende twee jaar aanvaar ná 'n aanvanklike aanbod van 4,7 persent. Dit volg nadat onderhandelings plaasgevind het om 'n uitgerekte staking te voorkom. Die nasionale bestuurder van die Vereniging van Staatsamptenare, Claude Naicker, sê die meeste vakbonde wat verteenwoordig is, het die aanbod na hul lede geneem. Hy sê die lede het oorweldigend te gunste van die salarisverhoging gestem:
Die Namibiese bokser Fillipus ‘Energy’ Nghitumbwa is op pad Filippyne toe om op 13 Mei in die kryt te klim teen John Riel Casimero. Nghitumbwa sal sy WBO super-bantamgewig-titel teen die gevaarlike Casimero verdedig. Dit volg nadat Energy se geveg wat vir 15 Maart vir Australië geskeduleer was, afgelas is weens 'n handbesering van sy Australiese teenstander, Luke Boyd. Energy se promotor en afrigter, Nestor Tobias sê dat hierdie geveg taaier gaan wees, maar hulle is gereed.
Die uitdagings met Eskom en beurtkrag blyk om in die buurland te verdiep. Die jongste berigte uit die buurland toon dat Suid-Afrikaanse belastingbetalers waarskynlik die koste moet dra voor beurtkrag iets van die verlede is. Die minister van elektrisiteit, Kgosientsho Ramokgopa, het die kragstasies by Medupi en Matimbi aangedoen as deel van sy landwye besoeke. Hy het verklaar daar is opsetlike ontwerpfoute in die oprigting van die Medupi-kragstasie in Limpopo. ʼn Woordvoerder van die Departement van Wetenskap en Innovering, Sampson Mamphweli, skryf dit toe aan sub-standaard materiaal en kortpaaie met die ontwerp en oprigting:
Die Suid-Afrikaanse Reserwebank se Monetêre Beleidskomitee vergader vandag en kondig môre die buurland se repokoers aan. Suid-Afrikaanse ekonome en ontleders sê die land moet gereed maak vir nog 'n rentekoers-verhoging. 'n Verhoging van 25 basispunte word verwag. Dit sal die repokoers tot 7,5 persent neem, en die prima uitleenkoers na 11 persent. Sou dit plaasvind, sal Namibië dan 50 basispunte agter Suid-Afrika wees. Kosmos 94.1 Nuus het met Salomo Hei, ekonoom en besturende direkteur van High Economic Intelligence gepraat...
Die arbeidsministers van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap sal môre in Kinshasa, Demokratiese Republiek van die Kongo, vergader om vordering in die implementering van hul programme te hersien en standpunte in te neem oor strategiese arbeidskwessies in die wêreld. Die missie van SAOG is om volhoubare en billike ekonomiese groei en sosio-ekonomiese ontwikkeling deur doeltreffende, produktiewe stelsels te bevorder. Kosmos 94.1 Nuus het met Mahongora Kavihuha, sekretaris-generaal van Vakbondkongres van Namibië, Tucna, gepraat oor sy standpunt rakende die vergadering.
President Cyril Ramaphosa het inwoners van Port St. Johns in die Oos-Kaap wat deur die onlangse oorstromings geraak is, verseker 'n bouer sal vandag begin om vir hulle tydelike strukture op te rig. Hy het gister die dorp besoek waar drie mense dood is. Ramaphosa sê die oorstromings wys klimaatsverandering is 'n werklikheid en die regering moet beter voorbereid wees op rampe soos dié:
Die vermeende brandstigter van die Suid-Afrikaanse parlement, Zandile Christmas Mafe, sal 'n 30-dae-lange sielkundige evaluering in die Fort England-psigiatriese hospitaal in die Oos-Kaap moet ondergaan. Die hoërhof in Kaapstad het die psigiaters opdrag gegee om te bepaal of sy geestestoestand of intellektuele gestremdheid hom verhinder om die hofverrigtinge te verstaan of die onregmatigheid van sy beweerde optrede te besef. Die Nasionale Vervolgingsgesag se woordvoerder, Eric Ntabazalila, sê die hoof van die hospitaal moet teen Mei verslae aan die hof, die staat en die verdediging indien:
Terwyl die Brave Warriors nou bo-aan Groep C staan en amper deur is om vir die Afrikanasiesbeker te kwalifiseer, het Suid-Afrika se Bafana Bafana gekwalifiseer vir volgende jaar se toernooi ná hulle 2-1-oorwinning oor Liberië in Monrovia. Suid-Afrika is danksy doele van Zakhele Lepasa en Mihlali Mayambela onder die top twee in Groep-K, saam met Marokko wat reeds gekwalifiseer het. Bafana Bafana se afrigter, Hugo Broos, was vol lof vir sy span se vertoning:
Die Namibiese regering het deur die handelsministerie in samewerking met die Ekonomiese Kommissie vir Afrika, die Afrika Handelsbeleidsentrum en die Verenigde Nasies in Namibië, vergader om Namibië se Nasionale Handelsbeleid te bekragtig. Die Konsep Nasionale Handelsbeleid skets beleidsmaatreëls en strategieë wat handel in beide goedere en dienste wil bevorder en volhoubare ekonomiese groei en ontwikkeling van Namibië te anker. Die vergadering is bygewoon deur verteenwoordigers van die ministeries van handel, landbou, mynbou en energie, akademici, kundiges van semi-staatsinstellings, die Nasionale Beplanningskommissie, die Namibiese Statistiese-agentskap, die finansiële sektor, vroue-organisasies en die jeug. Elijah Mukubonda woordvoerder van die handelsministerie het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat...
Die legendariese Suid-Afrikaanse akteur Cobus Rossouw is vandag 90 jaar oud. Rossouw maak sy rolprent-debuut in 1965 in "Debbie". Daarna het hy in tientalle rolprente gespeel en onder sy groot verhoogrolle is "Koning Lear", "Richard III", "Hamlet", en "Die idoot". In 1971 ontvang hy die Erepenning vir Toneelkuns van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns en in 2011 'n Fiësta vir sy lewensbydrae tot die Afrikaanse teater. Rossouw het met Kosmos 94.1 Nuus gesels op sy mylpaal-verjaardag...
Trots Suid-Afrika se Koop Plaaslik-ekspo in Johannesburg fokus op hoe om knelpunte uit te roei wat plaaslike ondernemings verhoed om toegang tot markte te verkry. Die minister van kleinsake-ontwikkeling, Stella Ndabeni-Abrahams, het op die beraad in die Sandtonse Internasionale Konvensiesentrum gesê die regering werk aan maniere om ondernemings te help om sake te verbeter en beleggers te vind. Sy sê die regering sal help om die rompslomp te verminder, toegang tot markte te verbeter en te help met befondsing.
Die begroting van die verskillende Namibiese ministeries en departemente word steeds in die Nasionale Vergadering bespreek. Die ministeries lê hul begrotings ter tafel en soek goedkeuring van parlementslede oor waarop hulle die geld wil bestee. Vandag het die minister van veiligheid en sekuriteit, Dr. Albert Kawana sy begroting ter tafel gelê. Sy ministerie het 4 miljard Namibiese dollar vir die bekamping van misdaad begroot.
Krieket: Die T20-reeks tussen Suid-Afrika en die Windies word vanaand afgesluit met die derde en beslissende wedstryd op die Wanderers in Johannesburg. Die tuisspan sal poog om op die momentum voort te bou van hulle ongelooflike oorwinning Sondag toe hulle ʼn wêreldrekord-teiken van 259 bereik het. Die T20-kaptein, Aiden Markram, is opgewonde om in ʼn beslissende wedstryd te speel.
Eerste minister Saara Kuugongelwa-Amadhila het die heraanstelling van Ben Nangombe as die uitvoerende direkteur in die gesondheidsministerie aangekondig. Hy is heraangestel vir vier en 'n half jaar vanaf 1 Augustus. Annely Haiphene is ook heraangestel as die uitvoerende direkteur in die ministerie van visserye vir 'n termynkontrak van vyf jaar vanaf 1 Augustus. Adjunk-direkteur Martha Mbombo is aangestel as die uitvoerende direkteur in die ministerie van geslagsgelykheid vir 'n tydperk van een jaar en twee maande, wat op 1 April begin. Die aanstellings is deur die Staatsdienskommissie aanbeveel. Walters Kamaya, woordvoerder van die gesondheidsministerie sê aan Kosmos 94.1 Nuus Nangombe doen uitstekende werk.
Mede-aktiviste doen 'n beroep op Namibiërs om môreoggend om tien-uur na die hof op te ruk om die NEFF-aktiviste Michael Amushelelo en Dimbulukeni Nauyoma en PDM-parlementslid Inna Hengari te ondersteun. Die drie verskyn weer in die Windhoekse landdroshof in Katutura nadat hulle op Onafhanklikheidsdag tydens 'n betoging oor werkloosheid in die hoofstad in hegtenis geneem is. Hengari is Vrydag op borgtog van 5 000 Namibiese dollar vrygelaat, maar die ander twee is steeds in aanhouding. Aktivis George Kambala hoop dat die twee NEFF-aktiviste op borgtog vrygelaat sal word.
President Hage Geingob het gesê die Amerikaanse Presidentsvrou, dr. Jill Biden het goeie werk tydens haar besoek in Namibië gedoen deur nie sensitiewe onderwerpe in Namibië aan te raak nie, want dit kon ontwrigting veroorsaak het. Biden het Namibië van 22 tot 24 Februarie op uitnodiging vab haar Namibiese eweknie Monica Geingos besoek. Kosmos 94.1 Nuus het met politieke kommentator, dr. Ndumba Kamwanya gesels oor wat die sensitiewe onderwerpe is waarna die President verwys het.
Die nuut-aangestelde Suid-Afrikaanse minister van elektrisiteit, Kgosientsho Ramokgopa, sê sy departement is in gesprekke met 'n groot oorsese belegger vir die oprig van 'n gas-aangedrewe krag-opwekkingsfasiliteit in die Wes-Kaap. Ramokgopa was die afgelope tyd op 'n landwye toer om die stand van die land se kragnetwerk te assesseer en om met munisipaliteite en provinsiale regerings te vergader. Die minister het met premier Alan Winde ontmoet om uit te vind hoe die Wes-Kaapse regering daaraan werk om beurtkrag te beveg. Fritz Platt, Kosmos 94,1 Nuus se korrespondent in Kaapstad...
Die Mededingingskommissie in die buurland se jongste verslag oor die monitering van pryse van noodsaaklike voedsel het oor 'n twee-jaar tydperk in Suid-Afrika ongeregverdigde prysstygings in sonneblomolie, wit- en bruinbrood en mieliemeel onthul. Die verslag beklemtoon ook die voer-tot-pluimvee-waardeketting, waarin belangrike handelsbeleidsbesluite verlede jaar die prys van pluimvee-produkte beïnvloed het. Die kommissie se woordvoerder, Sipho Ngwema, sê ontwikkelings in die pluimvee-sektor sal dopgehou word om te verseker verbruikers word nie onderwerp aan ongeregverdigde prysstygings nie.
Sokker: ʼn Oorwinning vir Suid-Afrika in vanaand se tweede skof van die Afrikabeker-kwalifiseerder teen Liberië in Monrovia sal Bafana Bafana verseker van deelname aan volgende jaar se toernooi in die Ivoorkus. ʼn Nederlaag sal egter die einde van die pad wees. Liberië het Vrydag op die Orlando-stadion ʼn agterstand van twee doele uitgewis om 2-elk gelykop te eindig en die tuisskare stil te speel. Liberië se afrigter, Ansumana Keita, wil graag hê die besoekers moet vanaand ʼn ongemaklike tydjie beleef.
Namibië speel tans in Johannesburg teen Kameroen en die halftyd-telling is nul-elk.
Die Wes-Kaapse teen-korrupsie-eenheid het ses polisielede in hegtenis geneem weens vermeende korrupsie. Polisiewoordvoerder André Traut sê ʼn ander verdagte moet nog aangekeer word. Die beamptes word van korrupte bedrywighede aangekla nadat bokse perlemoen by verdagtes afgeneem, maar niemand in hegtenis geneem en die perlemoen nie as bewysstukke ingehandig is nie. Hulle word ook daarvan beskuldig dat hulle dwelmhandelaars in ʼn polisievoertuig begelei het. Traut sê die lede sal Donderdag in die hof verskyn.
Met Duitsland wat die Namibië se grootste toerismemark is, het die Gasvryheidsvereniging van Namibië gereageer op vlugte wat by twee van die land se grootste lughawens in München en Frankfurt opgeskort is. Miljoene mense is in Duitsland gestrand gelaat deur ‘n grootskaalse staking by bus- en treinstasies en lughawens. Die staking is een van die grootstes in dekades in Duitsland. Die uitvoerende hoof van die vereniging, Gitta Paetzold sê die staking het ‘n negatiewe impak op die Namibiese toerismesektor.
Die vakbondfederasie Cosatu vra die Suid-Afrikaanse Polisiediens om verklikkers te beskerm ná die veroordeelde verkragter en moordenaar, Thabo Bester, uit die tronk ontsnap het. Die organisasie het by kritici aangesluit wat die regering veroordeel oor Bester se ontsnapping uit G4S Security se Mangaung-gevangenis in Bloemfontein verlede jaar. Sy ontsnapping het onlangs opnuut aandag getrek nadat foto's van hom op sosiale media versprei is. Matthew Parks van Cosatu sê die ontsnapping is 'n rede tot ernstige kommer.
Waarskuwingsligte flikker reeds op Europese dieselmarkte. Daar is ‘n laer aanbod na drie weke van ontwrigting by Franse raffinaderye weens stakings in daardie land. Talle aanlegte het uiters lae uitset, indien enige. Daar kan ‘n moontlike styging in die prys wees maar, volgens Namcor, is daar genoeg voorraad in die brandstof-bergingsfasiliteit by Namport, en nog besendings is op pad. Paulo Coelho, woordvoerder by Namcor, sê die nuwe besendings kom in April.
Die African Transformation Movement sê dit is belangrik om daarop te let dat Suid-Afrika 'n soewereine staat is en toegelaat moet word om sy eie bepaling te doen oor die lasbrief vir die inhegtenisneming van die Russiese President Vladimir Putin. Die woordvoerder, Zama Ntshona, sê die Suid-Afrikaanse howe moet bepaal of die lasbrief van die Internasionale Strafhof volgens binnelandse wetgewing toegepas moet word:
Namibië ervaar toenemende gevalle van misdaad, veral geweldsmisdade soos geslagsgeweld tesame met verkragting, moord en poging tot moord, aanranding, sowel as ekonomiese misdade. As gevolg van die ekonomiese druk word burgers die slagoffers van misdadigers. Tussen 2021 en 2022 is 'n totaal van 98 640 kriminele sake landwyd aangemeld, wat 'n toename van sewe persent toon in vergelyking met die vorige jaar. Die streke van Khomas, Oshana en Otjozondjupastreke het die hoogste misdaadsyfers, terwyl die minste sake in Kavango-Wes, Kunene en Omaheke aangemeld is. Adjudant-offisier Silas Shipandeni van die Namibiese polisie deel wenke met die publiek oor hoe om nie deel van die misdaadstatistiek te word nie.
Die Namibiese konstruksiesektor wil maar net nie ten volle herstel ná die Covid-pandemie en moeilike ekonomiese omstandighede nie. Die gemiddelde waarde van die voltooide geboue het van 218 miljoen Namibiese dollar in 2020 tot 81 miljoen dollar in 2021 en 2022 gedaal. Kosmos 94.1 Nuus het na die Konstruksiebedryf-federasie uitgereik oor wat gedoen moet word om die konstruksiebedryf te laat herleef. Die hoof uitvoerende beampte van die federasie Bärbel Kirchner het gesê die regering moet op kleiner beleggingsprojekte fokus en nie net op groter projekte soos die groenwaterstofprojek en die oliebedryf nie.
Die hoof uitvoerende beampte van die Namibiese Vleisraad, Paul Strydom het gereageer op die nuus dat op ’n jaargrondslag, het die uitvoer van speenkalwers na Suid-Afrika met amper 17 persent gedaal as gevolg van swakker vraag in die buurland. ‘n Groot deel van die landbousektor maak staat op die mark, veral die kommunale boere in die Omaheke-streek. Kosmos 94.1 Nuus wou weet of die afname 'n sikliese gebeurtenis is en of Namibië nuwe markte moet vind...
Die vervoerkommissaris in die ministerie van werke en vervoer het die aansoek deur Fly Etosha vir ‘n bedryfslisensie van die hand gewys. Die woordvoerder van die ministerie, Julius Ngweda, het dit aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig maar hy voeg by dat die aansoeker, oud-Air Namibia kaptein William Ekandjo, wanneer hy Vrydag sy redes hiervoor ontvang, aanpassings kan maak en weer aansoek kan doen. Ngweda verduidelik.
Russiese President Vladimir Putin se sekuriteitshoof Nikolai Patrushev sê Moskou moet toegelaat word om Europa te domineer na die val van die Europese Unie. Britse media berig dat sy aanmerkings bewys is van hoe volop samesweringsteorieë in die Kremlin is. Patrushev het tydens ‘n televisie-onderhoud gesê dat hy beloof om die Weste met hipersoniese kernwapens te verwoes as hy probeer om Rusland te oorwin. Professor Jannie Rossouw van Wits se Sakeskool sê die saak moet fyn dopgehou word en meen dit kan ook lei tot ‘n toestroming van Europese vlugtelinge in ons gebied, nes tydens die Tweede Wêreld Oorlog.
Die DA in die Wes-Kaap wil hê die Departement van Binnelandse Sake moet voor die provinsiale Staande Komitee oor Finansies, Ekonomiese Geleenthede en Toerisme verskyn om rekenskap te gee van die oponthoud om die visum vir afstandswerk in te stel. Cayla Murray van die party sê hulle vra reeds sedert 2021 vir so 'n visum. Sy sê die regering wil nie eens moeite doen om dié besliste hupstoot vir ekonomiese groei in te stel nie en dit is duidelik dat hulle nie omgee om oplossings vir werkloosheid te vind nie.
Die Nasionale Unie van Mynwerkers in Suid-Afrika sê hy stem nie saam met die minister van elektrisiteit, Kgosientsho Ramokgopa, se bewering dat Eskom se infrastruktuur-probleme deur tegniese kwessies en nie korrupsie nie, veroorsaak word. Die minister se opmerkings oor bewerings van knoeiery by die kragverskaffer gedurende sy assessering verlede week van die Tutuka-kragstasie in Mpumalanga, volg ten spyte van die media se onthullings oor korrupsie. Ramokgopa is op 'n toer van twee weke om Eskom se kragstasies te besoek. NUM se woordvoerder, Malekutu Motubatse, sê korrupsie speel beslis 'n rol in die voortslepende beurtkrag:
Hollywood aktrise Gwyneth Paltrow is tans in die hof in die tweede week van die dagvaardiging van 300 000 Amerikaanse dollar in skadevergoeding teen haar na ‘n tref-en-trap ski-ongeluk in 2016. Sy verdedig aantygings dat sy Terry Sanderson ernstig beseer het. Volgens Saunderson, het Paltrow geweier om haar by te staan maar, Paltrow se ski instrukteur, Eric Christianson vertel ‘n ander storie.
Die Suid-Afrikaanse handelsminister, Ebrahim Patel, sê dis belangrik om nóg krag by die netwerk te voeg om nywerhede te ontwikkel. Hy sê om produktiwiteit in die land 'n hupstoot te gee, moet vier sakefaktore dringend aandag kry: Patel sê energiesekerheid moet verbeter, die regering moet meer aan infrastruktuurprojekte bestee, plaaslike verkrygingsbeleide moet nagekom word, en die land se mededingende voorsprong moet tot voordeel van plaaslike ondernemings gebruik word:
Build One SA se leier, Mmusi Maimane, doen 'n beroep op die minister van polisie, Bheki Cele, om te bedank. Dit volg na die Facebook-verkragter, Thabo Bester, se ontsnapping uit die Mangaung-gevangenis in die Vrystaat verlede Mei. Die polisie ondersoek nou 'n moordsaak en probeer vasstel wie se liggaam dit was wat onherkenbaar verbrand in Bester se sel gevind is. Maimane sê die minister van justisie, Ronald Lamola, en Cele moet verduidelik hoe hulle die publiek gaan beskerm:
Die Britse koninklike-kenner Tessa Dunlop sê die kwessie van prins Harry wat tans in die Verenigde Koninkryk is vir sy hofsaak teen die Daily Mail, gepaard met die feit dat koning Charles nie Frankryk toe gereis het nie, beteken eintlik die twee behoort te ontmoet. Daar is ook die tydsberekening van Harry se getuienis in die hof wat net na sy pa se kroning in Mei plaasvind... maar, met spanning tussen Harry en sy familie, sê Dunlop dit wil voorkom asof die twee, ten minste vir nou, nie sal ontmoet nie.
Die staat se eerste getuie in die bedrogsaak van 37,7 miljoen Suid-Afrikaanse rand in die mislukte Estina-suiwelplaasprojek in die Vrystaat sal vandag sy getuienis in die Pretoriase landdroshof voortsit. Die ondersoeker van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens, Piet Swart, het 40 jaar ondervinding. 'n Woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesa, Sindisiwe Seboka, sê twee Gupta-vennote, Kamal Vasram en Saliesh Indurjeeth, het onskuldig gepleit op al die klagte teen hulle:
Die jongste massaskietvoorval in Nashville, Tennessee waar drie volwassenes en drie nege-jarige skoolkinders dood is, het skokgolwe deur die gemeenskap gestuur omdat die aanvaller, Audrey Hale, ‘n vrou is. Sy het ‘n pistool en twee aanvalsgewere gebruik om die skietery uit te voer. Dit is ook die 129ste voorval tot dusver die jaar in die VSA. Dit Withuis woordvoerder, Karine Jean-Pierre sê die Kongres moet toetree en ‘n verbod plaas op die verkoop van aanvalsgewere aan Jan Alleman.
Die Springbok-vroue se stut, Babalwa Latsha, sê die fokus vir dié week is stewig gerig op die toets Saterdag teen die gasheer Spanje in Madrid. Suid-Afrika het die afgelope naweek 'n nederlaag van 66-7 teen Kanada gely in hul eerste toetswedstryd sedert verlede jaar se Wêreldbeker-toernooi. Latsha sê hulle het reeds die vertoning teen Kanada ontleed, en hulle weet waarop hulle moet verbeter om mededingend te wees teen Spanje.
Die Stad Tshwane-raadspeaker, Mncedi Ndzwanana, het 'n spesiale raadsitting verdaag waar 'n mosie van wantroue na verwagting teen hom aangehoor sou word. Hy het gesê die petisie wat deur die DA-geleide veelpartykoalisie ter tafel gelê is, is onwettig aangesien dit nie aan die minimum vereistes voldoen nie. Ndzwanana het bygevoeg dat byna tien handtekeninge op die petisie nie voldoen aan die ondertekenaars waarvan sy kantoor rekords het nie. Die DA Tshwane-raadslid, Kwena Moloto, sê alle handtekeninge van hul petisie is wettig:
Johannesburg Water sê sy Crown Gardens-stelsel wat verlede week erg geraak is, verbeter voortdurend. Inwoners sit al dae lank sonder lopende water weens ’n stukkende pomp by Rand Water se Eikenhof-stasie. Johannesburg Water se woordvoerder, Puleng Mopeli, sê hoewel die stelsel nog nie op optimale vlakke funksioneer nie, is hulle nou in staat om deur die dag konstante watervloei te voorsien, aangesien die invloei vanaf Rand Water aktief is:
Die Namibiese Lughawens-maatskappy het sy nuwe tariewe aangekondig wat vanaf 1 April 2023 tot 31 Maart 2024 in werking tree. Die heffings sal geld by die lughawens en vliegvelde onder die maatskappy se bestuur en beheer. Dit sluit in die Internasionale Lughawe Hosea Kutako, asook die lughawens van Eros in Windhoek, Walvisbaai, Keetmanshoop, Lüderitz, Andimba Toivo ya Toivo op Ondangwa, Rundu en Katima Mulilo. Dan Kamati kommunikasie- en bemarkingsbeampte by die maatskappy sê aan Kosmos 94.1 Nuus die tariewe is in konsultasie met belanghebbendes aangepas.
Trots Suid-Afrika se uitvoerende hoof, Eustace Mashimbye, het die regering en korporatiewe Suid-Afrika aangemoedig om plaaslik te koop. Vanjaar se jaarlikse Koop Plaaslik-beraad vind in die Sandton Konvensiesentrum plaas. Die tweedaagse beraad is aan die gang, en Mashimbye sê die hoofdoel is om die regering en die korporatiewe sektor aan te moedig om hulle verbruik van plaaslik-vervaardigde goedere en dienste te verhoog:
Die Besigheids- en Intellektuele Eiendoms-owerheid, Bipa, bied vandag, in vennootskap met die Chinese ambassade, 'n vergadering met die Chinese sakegemeenskap aan. Kwessies wat onder die loep sal kom is die nakoming van die sakegemeenskap van Bipa-maatreëls sowel as die beskerming van intellektuele eiendom wat reeds in lande van herkoms beskerm is. Bipa se woordvoerder, Ockert Jansen, het meer.
Die verbruikerskenner Moeshfieka Botha waarsku oor moontlike paniekaankope van kos te midde van praatjies oor fase agt-beurtkrag wat mense steeds bekommerd maak. Die minister van elektrisiteit, Kgosientso Ramokgopa, het Suid-Afrikaners die versekering gegee dat hy nie hoër fases verwag nie, maar die voedselsektor ondervind reeds tekens van paniekaankope. Botha sê Suid-Afrikaners word toenemend angstig oor die kragsituasie:
Team Namibia en die Namibiese Toerismeraad het 'n memorandum van verstandhouding onderteken wat tot beter samewerking en spanwerk sal lei. Volgens Sidney Hanstein, voorsitter van Team Namibia is plaaslike toerisme deurslaggewend aangesien dit geld terugvoer in die plaaslike ekonomie. Caylin Jansen, koördineerder, Team Namibia sê aan Kosmos 94.1 Nuus die vennootskap kan die plaaslike toerismebedryf bevorder.
Jeugwerkloosheid bly in die nuus. Die Swapo Party-jeugliga se sekretaris Ephraim Nekongo sê jongmense moenie toelaat dat hulle as "politieke voetstukke" gebruik word deur diegene wat kwessies soos werkloosheid verpolitiseer nie. Volgens hom was jeugwerkloosheid nog altyd die kern van jeugliga-besprekings. Nekongo sê jongmense moet gedissiplineerde en patriotiese burgers bly, aangesien die regering daaraan werk om hul uitdagings aan te spreek. Sy kommentaar volg nadat sy mede-jeugleier, Willem Amutenya, 'n brief geskryf het waarin hy versoek het vir 'n dringende sentrale komiteevergadering van die jeugliga om dié kwessie te bespreek. Nekongo het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat...
Elf studente het by Die Women at Work-opleidingsentrum die eerste gasvryheids- en bakkursus van 2023 voltooi. Die nie-winsgewende organisasie is daartoe verbind om beroepsopleiding te verskaf om die jeug te bemagtig, die plaaslike ekonomie te stimuleer en 'n kultuur van selfstandigheid en entrepreneurskap te kweek. Deur toeganklike en geteikende beroepsopleiding aan te bied, is die opleidingsentrum daartoe verbind om die dringende kwessies van werkloosheid onder die jeug en ongeskoolde arbeid aan te spreek. André le Roux, ‘n raadslid van die organisasie, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels...
Die jongste Gelyke Indiensneming-verslag wat Career Junction in Suid-Afrika gepubliseer het, wys geslagsgelykheid in bestuursposte in die buurland het nie in die afgelope vyf jaar verander nie. Volgens die verslag beklee meer as twee derdes van mans steeds uitvoerende posisies in vergelyking met vroue. Die hoof van die verslae by Career Junction, Paul Byrne, sê daar moet 'n balans wees om geslagsgelykheid in die werkplek te bereik:
President Cyril Ramaphosa besoek vandag Port St. Johns in die Oos-Kaap om die nadraai van die oorstromings te assesseer. Die OR Tambo-distriksmunisipaliteit in die provinsie het die afgelope week onder stortreën deurgeloop wat tot oorstromings en gepaardgaande lewensverlies gelei het. Mense is ontwortel en infrastruktuur is beskadig. Ramaphosa se woordvoerder, Vincent Magwenya, sê die regering het 'n spesiale, inter-regerinswerkskomitee vir rampbestuur aangestel om ondersteuning en verligting te bring aan gemeenskappe wat geraak word:
Ses mense waaronder drie kinders is doodgeskiet by 'n laerskool in Nashville, Tennessee. Die polisie sê die skieter wat as die 28-jarige Audrey Hale geïdentifiseer is, het die Covenant-skoolgebou deur 'n sydeur binnegegaan, gewapen met twee aanvalsgewere en 'n handwapen. Die polisie het Hale doodgeskiet. Dit is die 129ste massa-skietvoorval vanjaar in Amerika. President Joe Biden het 'n beroep op die kongres gedoen om op te tree teen wapengeweld:
Die Namibiese regsfirma Metcalfe Beukes Attorneys verteenwoordig Tabarak Trading en Contracting waarin ses Saoedi-Arabiese beleggers die Britse sakeman, moordbeskuldigde en plaaseienaar in Namibië, Harvey Boulter, dagvaar. Boulter ontken bewerings dat hy wanvoorstellings gemaak het aan beleggers wat hom later in 'n hof in Dubai gedagvaar het en nou probeer om dié hof se uitspraak in Namibië te laat afdwing. Boulter se regsverteenwoordiger, Sisa Namandje, het gesê die Dubaise hofbevel teen Boulter is deur bedrog en in sy afwesigheid verkry. Namandje het ook die Dubaise hof ‘n godsdienste boendoehof genoem. Richard Metcalfe van Metcalfe Beukes Attorneys het met afsku aan Kosmos 94.1 Nuus gereageer oor die opmerkings wat deur Namandje gemaak is...
Die Namibiese gesondheidsminister dr. Kalumbi Shangula het vandag in die Nasionale Vergadering die begroting verdedig wat aan sy ministerie toegeken is. Hy het gesê die ministerie het so 'n begroting nodig om 'n aantal kwessies soos onder meer die voortgesette stryd teen MIV-vigs aan te spreek. Die minister het voorbeelde gemaak van die feit dat Namibië een van die min lande in Afrika is wat opehart-operasies doen. Dr. Shangula het gesê dit is duur operasies wat 'n groot begroting benodig.
Die Suid-Afrikaanse minister van handel en nywerheid, Ebrahim Patel, sê die Koop Plaaslik-ekspo-beraad in Johannesburg is 'n belangrike gebeurtenis en bied uitstallers die geleentheid om hul plaaslik-vervaardigde produkte ten toon te stel. Patel het in die Sandton-konvensiesentrum gesê dit sal werkskepping aanmoedig, die afhanklikheid van maatskaplike toelaes verminder en bydra tot die ekonomie deur ekonomiese burgerskap.
Verskeie Namibiese munisipaliteite sowel as plaaslike owerhede wend hulle dikwels tot skuld-invorderaars om uitstaande geld in te vorder wat deur hul inwoners verskuldig is. In baie gevalle draai dit in die howe en lei dit tot beslaglegging op goedere wat dan opgeveil sou word vir die plaaslike owerhede om hul geld terug te kry. Erastus Uutoni, minister van stedelike en landelike ontwikkeling, het plaaslike owerhede versoek om uitstaande munisipale rekening-ooreenkomste met inwoners te hersien voordat hulle hul na skuld-invorderaars wend.
Die aantal Suid-Afrikaanse skoolkinders wat seksueel deur onderwysers misbruik word, is besig om kommerwekkend toe te neem. Volgens statistieke deur die Suid-Afrikaanse Raad van Opvoeders is daar in die 2021/2022 finansiële jaar meer as 190 gevalle van seksuele misdade aangemeld wat gepleeg is deur opvoeders by die land se skole. Die minister van basiese onderwys Angie Motshekga het gesê dat daar oor die afgelope drie jaar byna 30 onderwysers vir die tipe oortreding afgedank is.
‘n Namibiese politikus het sy reaksie gegee op die hoë ouderdom van kabinetslede wat vasklou aan hul mag. 'n Onlangse verslag toon dat twee-derdes van Suid-Afrikaanse President Cyril Ramaphosa se kabinetslede ouer as 60 jaar is. Independent Patriots for Change se nasionale voorsitter Brian Black het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dit is presies dieselfde in Namibië.
Die waarde van ingevoerde kunsmis bly hoog bo die vlakke wat die afgelope twee jaar gesien is. In 2020 kos die maandelikse invoer van kunsmis gemiddeld 33 miljoen Namibiese dollar, volgens Februarie se landbouverslag van Simonis Storm. Dit het die afgelope jaar tot 'n maandelikse gemiddeld van 108 miljoen dollar toegeneem. Terselfdertyd het fosfaatvoer vir vee vroeër sowat 240 dollar per sak gekos en nou is dit meer as 600 dollar per sak, wat insetkoste vir veeboere baie duur hou. In die pluimveesektor het hoender-voer in 2022 met meer as 60 persent toegeneem as gevolg van die stygende landbou-kommoditeitsproses ná die oorlog in die Oekraïne. Bestuurder van Feedmaster, Jaco Labuschagne gee sy mening oor voerpryse aan Kosmos 94.1 Nuus.
Rugby: Die Bulle het verlede jaar in die eindstryd van die Verenigde Rugby-kampioenskap gespeel maar hierdie seisoen sukkel hulle maar. Die manne van Pretoria het vyf agtereenvolgende wedstryde verloor en is sewende op die punteleer. Hulle fokus verskuif egter nou na eerskomende naweek se uitklopwedstryd in die laaste 16 in die Kampioene-beker teen die Franse bulspan, Toulouse. Die direkteur van rugby, Jake White, sê dit sal ʼn groot toets vir hulle wees.
'n Stamhoof van Mpumalanga wat in 'n koeëlreën dood is, sou volgende maand in die provinsie se hooggeregshof verskyn. Hoofman Clyde Mnisi en sy bestuurder is naby die Kruger-Mpumalanga Internasionale Lughawe geskiet terwyl hulle gewag het op hulp met 'n pap band. Die bestuurder het oorleef. Mnisi en ander is aangekla van misdade soos rampokkery, korrupsie, geldwassery en die onwettige koop en verkoop van renosterhorings. Volgens berigte het aanklaers geglo Mnisi is een van die sleutelfigure in 'n groot renosterstropery-sindikaat. Die polisiewoordvoerder, Selvy Mohlala, sê ’n saak van moord en poging tot moord word tans ondersoek
'n Onlangse verslag deur die datajoernalistiekgroep, The Outlier, toon dat twee-derdes van President Cyril Ramaphosa se kabinetslede ouer as 60 jaar is. Die minister in die presidensie vir vroue, jeug en persone met gestremdhede, Nkosozana Dlamini-Zuma, en die minister van openbare ondernemings, Pravin Gordhan, is die oudste op onderskeidelik 74 en 73. Die minister van justisie, Ronald Lamola, is die jongste op 39. Die politieke ontleder, Ntsikelelo Breakfast, het gesê ouderdomsdiskriminasie in die kabinet kan toegeskryf word aan die vasklou aan mag.
Die Amerikaanse visepresident, Kamala Harris, is hierdie week op haar drie-nasie toer in Afrika met haar eerste stop in Ghana vir 'n geskeduleerde staatsbesoek. Harris sal ook besoek aflê in Tanzanië en Zambië. Sy keer Sondag terug na die VSA. Harris sê sy verwag positiewe bilaterale gesprekke met die Ghanese President, Nana Akufo-Addo, wanneer hulle vandag vergader.
Stad Johannesburg het City Power versoek om vir 'n paar dae vrygestel te word van beurtkrag om die huidige waterkwessies reg te stel. Die burgemeesterskomiteelid vir omgewing- en infrastruktuurdienste, Jack Sekweila, sê hierdie stap sal dit moontlik maak om herstelwerk uit te voer, wat 'n ononderbroke watertoevoer sal verseker. Hy sê 'n soortgelyke versoek sal binne die volgende paar dae aan Eskom gerig word.
Onwettige openbare vervoer-operateurs en pendeldienste het 'n groeiende probleem in Namibië geword. Baie van hierdie operateurs is ongelisensieerd, ongereguleerd, en hulle hou 'n ernstige risiko vir beide passasiers en die breër publiek in. Die kwessie is onlangs op die voorgrond gebring, na 'n rits voorvalle waarin passasiers van ongelisensieerde taxibestuurders verkrag, beroof, aangerand of in ongelukke betrokke is. Dit is al vir baie jare 'n probleem, met ongelisensieerde taxi's wat ritte teen goedkoper pryse as gelisensieerde taxi's aanbied. Die Namibiese polisie en Windhoek Stadspolisie het planne aangekondig om inspeksies en optrede teen ongelisensieerde operateurs te verhoog. Dit sluit in die skut van onwettige voertuie en boetes aan bestuurders wat die wet te oortree. Kalipi Aluvilu, mede-stigter van Lefa sê aan Kosmos 94.1 Nuus dat die Nampol en die Windhoek stadspolisie hul padblokkades moet verhoog.
Die DA vra die Internasionale Strafhof om alles moontlik te doen om 'n lasbrief vir die inhegtenisneming van die Russiese president, Vladimir Putin, uit te voer. Hy word van oorlogsmisdade beskuldig. Die party sê die ANC-regering het hoegenaamd geen voorneme om ingevolge die lasbrief op te tree nie, soos duidelik blyk uit die ongegronde kritiek op die hof deur die minister van internasionale betrekkinge en samewerking, Naledi Pandor. Darren Bergman van die DA waarsku die regering se standpunt kan Suid-Afrika se verhouding met groot handelsvennote benadeel.
Reaksie word ontvang op die jongste Wêreldbankverslag wat toon dat die betaling van skoolfonds gee baie gesinne in Afrika suid van die Sahara 'n finansiële kopseer. Die navorsing toon dat sowat 54 persent van die volwasse bevolking uiters bekommerd is oor die betaling van hul kinders se opvoeding, en dat 29 persent meer bekommerd is oor die betaling van skoolgeld as maandelikse rekeninge, soos mediese uitgawes. Die verslag, Global Findex-databasis vir 2022, dui ook aan dat 21 persent van Afrika se skoolgaande bevolking is by privaatskole ingeskryf. Colette Rieckert, voorsitter van die Privaat Skole-vereniging van Namibië sê daar is reeds stappe geneem om die druk te verlig.
Renoster-stropery wek groot kommer in Namibië en getalle neem toe. Verlede jaar is 87 renosters gestroop, amper dubbel die 45 wat in 2021 dood is. Vanjaar is daar ook reeds verskeie gevalle bevestig. Mount Etjo Safari Lodge versorg ook wees-kalfies en Annette Oelofse sê daardie getalle neem toe met sommige van die diertjies wat gekwes by hulle aankom. Haar seun, Alex, is van mening dat die handel in renosterhoring gewettig moet word om die spesie te red. Hy het die somme daaraan verbonde so verwoord.
Unam bied vandag en môre ‘n seminaar aan oor seuns en opvoeding. Daar is kommer oor Namibiese seuns wat akademies swak vaar. Die tema van die seminaar is "The Boys We Leave Behind: Findings and Recommendations from a National Study on Namibian Boys' Education". Die adjunk-uitvoerende direkteur in die onderwysminsiterie, Edda Bohn, sê oor die algemeen moet strategieë uitgewerk word om seuns se opvoeding te verbeter.
Namibiër Riana Scholtz het pas die eerste landsburger geword wat ‘n marathon op elkeen van die sewe vasteland voltooi het. Sy en haar man Nico, en haar twee seuns is tans op pad terug na Argentinië nadat sy die Antarktiese Ysmarathon oor net meer as 41 kilometer afgelê het. Dit was die 17de uitgawe van die marathon met 61 deelnemers van 20 lande. Scholtz het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.
Minister Calle Schlettwein sê die pas afgelope waterkonferensie in New York was ‘n groot sukses vir die land, veral in verband met oorgrens-samewerking in verband met waterbronne. Hy het met die media gepraat oor van die uitkomste van die byeenkoms.
Die ministerie van myne en energie het meer inligting bekend gemaak na die vergadering van minister Tom Alweendo met lede van die Daures-gemeenskap op Uis. Alweendo het die nedersetting besoek na die inwoners opgeruk het oor wat hulle beskryf as onwettige litium-mynbedrywighede, veral in verband met die Chinese Xinfeng-myn in die gebied. Andreas Simon, die woordvoerder van die ministerie sê die grootste klagtes is die tekort aan voordele vir die gemeenskap, asof die buitelanders eenvoudig in kom en die bronne ontgin met geen insette in die plaaslike ekonomie nie. Hy gesels met Kosmos 94.1 Nuus.
Dit is vandag 38 jaar na die Westdene-busramp wat die lewens van 44 skoolkinders geëis het. Die dubbel-dekkerbus het kinders van die Vorentoe-hoërskool vervoer en was in die ongeluk betrokke toe hy oor die brug van die Wesdene-dam net buite Johannesburg gery het. Dertig is gered, insluitend die busdrywer met 42 kinders wat in die bus verdrink het en twee wat later in die hospitaal gesterf het. In 2015, was daar ‘n herdenking van die 30ste jaar sedert die ramp. Twee oorlewendes, Renette ‘Sterretjie’ Jacobs, en Elize Venter het met e-nuus gepraat.
Die Stad Tshwane het uitstel gekry vir die indiening van sy aanpassingsbegroting vir die 2022/23-boekjaar nadat hy die sperdatum van 28 Februarie vir goedkeuring misgeloop het. Die begroting bepaal hoeveel meer inwoners sal betaal vir water, elektrisiteit, riool, en afvalverwydering. Die woordvoerder, Selby Bokaba, sê vir die stad om te voldoen aan die sperdatum van 14 April wat deur die provinsiale Tesourie gestel is, moet hulle verseker dat 'n burgemeester dringend verkies word:
Die goewerneur van die Zambezi-streek, Lawrence Sampofu het gereageer op berigte dat boere in sy streek deur olifante geteister word. Hy sê behalwe vir die droë toestande wat die bestaansboere groot uitdagings bied, is die grond baie droog wat besoeke deur olifante vererger omdat hulle normaalweg wegbly as die gebied nat en modderig is.
Die voormalige eerste minister van Skotland, Henry McLeish, het skerp kritiek uitgespreek teenoor die Skotse Nasionale Party wat hom beywer vir onafhanklikheid, veral onder die oud-minister Nicola Sturgeon. McLeish sê die obsessie daarmee hou Skotland terug.
KwaZulu-Natal se LUR vir Vervoer, Sipho Hlomuka, het die onlangse vlaag moorde in die provinsie wat vermoedelik met taxigeweld verband hou, veroordeel. Daar was net verlede week, minstens drie voorvalle van vermeende taxigeweld wat die moord op drie lyfwagte van 'n plaaslike taxi-baas insluit. Die departement se woordvoerder, Kwanele Ncalane, sê die LUR glo hierdie voorvalle plaas weer die kwessies van geweld en bestendigheid in die openbarevervoer-sektor in die kollig:
Vrese oor die Europese en Amerikaanse banksektore is ongegrond. Dit is die mening van die bekende ekonoom Dawie Roodt wat meen die probleme wat tans ondervind word is tydelik. Sy aanmerkings kom na Deutsche Bank die naweek uitdagings gehad het op die hakke van Credit Suisse in Switserland en die twee Amerikaanse banke wat bystand nodig gehad het. Roodt sê verder dat plaaslik word banke uiters goed gereguleer en meen daar is geen rede tot kommer nie.
Die Werkloosheidsversekeringsfonds waarsku Suid-Afrikaners oor die jongste skelmstreek wat op sosiale media die rondte doen. Swendelaars beweer in 'n geskrewe boodskap aan kliënte dat 'n bedrag van 21 785 Suid-Afrikaanse rand aan hulle betaalbaar is na 'n WVF-registrasie- en klaringsbedrag van 298 rand en 67 sent betaal is. Die WVF se woordvoerder, Trevor Hattingh, sê al hulle dienste is gratis en die fonds sal nooit enige geld vra vir sy dienste of eise nie:
Die DA sê dis duidelik dat die buurland se onderwysminister en haar departement nie bereid is om aanspreeklikheid te aanvaar vir die gevaar wat onveilige puttoilette steeds vir leerders by skole skep nie. In die jongste voorval het die vierjarige Langalam Viki vroeër die maand in 'n puttoilet in Vaalbank in die Oos-Kaap verdrink. 'n DA-woordvoerder, Baxolile Nodada, sê die skool se puttoilette voldoen nie aan die minumum vereistes en standaarde nie:
Die hoof van die Wêreldgesondheidsorganisasie Tedros Adhanom Ghebreyesus sê ‘n gesonde, gelukkige gesondheidsdiens is uiters belangrik vir primêre gesondheidsorg. Hy doen ‘n beroep op regerings en organisasies om te verseker dat die werkers onder die beste toestande werk en goed opgelei is.
Die leier van die LPM-party, Bernadus Swartbooi sê dat mynlisensies en ander mynbedrywighede verdere ondersoek verg. Dit kom na die minister, Tom Alweendo, bevraagteken het oor Namibiërs wat eksplorasie-lisensies ontvang net om dit te verkoop omdat hulle nie die vaardighede of bronne het om die eksplorasie uit te voer nie. In die minister se mening behoort plaaslike vennote ten minste 15 persent aandeel te behou, indien ‘n gesamentlike onderneming onderteken word. Swartbooi sê daar is meer as net aandele om in ag te neem omdat mynwese in gemeenskappe ander sektore ook raak.
Die DA sê Suid-Afrikaanse boere het 'n belangrike oorwinning oor waterregte behaal nadat die Konstitusionele Hof beslis het die houers van waterregte kan sulke regte oordra in ooreenstemming met die Nasionale Waterwet. Die Departement van Water en Sanitasie het in 2013 'n omskrywe uitgereik wat boere verbied het om handel te dryf in watergebruikregte of dit oor te dra. Noko Masipa van die DA sê die vervreemding van die reg tot watergebruik en die wettige oordrag van die eienaarskap aan 'n derde party is lank reeds omstrede:
Die Stad Kaapstad sê Eskom se voortgesette beurtkrag het 'n vernietigende uitwerking op sakeondernemings, nywerhede en die oorhoofse ekonomie. Ondernemings word dikwels gedwing om hulle begrotings weg te wys van gebiede soos die aanstelling van meer personeel na maatreëls om die ligte aan te hou. Die burgemeesters-komiteelid vir Ekonomiese Groei, James Vos, sê Kaapstad is in staat om beurtkrag te beperk in sy voorsieningsgebiede, deur reserwes op te bou wat onttrek word uit die Steenbras Hidro-pomp-opgaarskema:
Die buurland se onderwysminister, Angie Motshekga sê die departement het 2 478 skole regoor die land van sanitasie-infrastruktuur voorsien. Dít volg nadat die departement 3 398 skole geïdentifiseer het wat aan die een of ander vorm van infrastruktuur ontbreek, omdat hulle óf nie ouderdomsgepas is nie óf bloot onvoldoende toegerus is. Gedurende dié tydperk het hulle die Covid-19-pandemie gehad wat 'n ineenstorting veroorsaak het en die uitvoering aansienlik beïnvloed het. Motshekga sê sowat 800 skole in die land gebruik steeds put-toilette:
Die Duitser Nick Bachem het sy eerste droom-oorwinning in die DP World Tour behaal toe hy die Jonsson Workwear Ope in Johannesburg gewen het. Die 23-jarige speler het op 24 onder baansyfer klaargemaak. Die Suid-Afrikaners Zander Lombard en Hennie du Plessis deel die tweede plek op 20 onder baansyfer met hulle onderskeie rondes van 65 en 68. Bachem sê hy is vasbeslote om elke oomblik op toer te geniet:
Die Russiese President Vladimir Putin, het die Swartsee-onderneming vir die uitvoer van grootmaat graan en kunsmis na Afrika met twee maande verleng. Die verlenging volg nadat die onderneming die naweek na 'n siklus van 120 dae geëindig het. Putin sê indien daar nie aan die eise voldoen word nie, sal Rusland gratis kunsmis en graan na Afrika stuur sodra die ooreenkoms verstryk. Ian Collard, uitvoerende hoof van die NMI-groep sê dit bly goeie nuus omdat dit die mark stabiliseer.
Die wetgewing op openbare byeenkomste moet aangepas word. Dit kom na Namibia Fact Check ‘n hersiening oor die howe se beslissings en die Namibiese polisie se standpunt oor betogings gedoen het. In 2003 en weer 20 jaar later in 2023 het die hoërhof in die guns van die polisie bevind om protesoptogte te verbied – 20 jaar gelede oor geslagsgeweld en verlede week, oor jeug werkloosheid. Die hof se bevinding het volgens Namibia Fact Check, uitgebreide magte aan die polisie gegee. Kosmos 94.1 Nuus het met Frederico Links van Namibia Fact Check gesels.
Eskom het fase een-beurtkrag vanaf vier-uur gistermiddag tot vyf-uur vanoggend ingestel. Daarna sal fase twee tot vier-uur vanmiddag geld. Fase drie-beurtkrag sal tot môreoggend om vyf-uur ingestel word. Die kragvoorsiener se tussentydse woordvoerder, Daphne Mokwena, sê môre en Woensdag sal fase een-beurtkrag van vyf-uur die oggend tot vier-uur die middag geld en fase twee van vier-uur die middag, tot vyf-uur die oggend:
Goeie neerslae is in verskeie gebiede in Namibië se oostelike dele ontvang met uiters goeie buie wat ook in Botswana aangeteken is. Volgens die bekende plaaslike weerkenner George van der Merwe, sal die noordelike en sentrale dele die week aan die beurt kom met groot verligting ook vir die verre noordweste.
Hoofregter Raymond Zondo in Suid-Afrika sê die ANC-regering moet geen verdraagsaamheid toon teenoor die korrupsie wat steeds die land teister nie. Zondo het die OR Tambo-lesing gelewer by die Universiteit van Fort Hare in die Oos-Kaap. Hy sê die voormalige ANC-president Oliver Tambo sou geskok gewees het om uit die staatskapingsverslag te leer die bedrag wat deur staatsinstellings direk betaal is aan entiteite beheer deur die Guptas, was ongeveer 58 miljard Suid-Afrikaanse rand:
Die Ride the Ridges bergfietswedren, wat deur PSG en die Capricorn-groep aangebied is, was ‘n reuse sukses. Die geleentheid het Vrydag begin en Sondag klaargemaak en 33 persent meer inskrywings is in die tweede jaar van die geleentheid ontvang. Alle inskrywingsfooie is aan die Gondwana Care Trust geskenk met ‘n tjek van 20 000 Namibiese dollar wat oorhandig is. Cycletec se Patrick de Goede, een van die organiseerders, sê dit was onvergeetlik.
Drie jaar gelede het die Lewendehawe Produsente Organisasie, of te wel die LPO, as deel van die Namibië Landbou-unie is, ’n hoogs suksesvolle opname onder sy lede gedoen om vas te stel hoe kudde-getalle in titelakte-gebiede afgeneem het gedurende die laaste verwoestende droogte. Volgens die LPO het hierdie droogte vir bykans agt jaar geduur en kudde-getalle van skape, bokke en beeste het met bykans 50 persent gedaal. Die LPO wil hierdie maand weer ’n soortgelyke opname doen om vas te stel hoe kuddes sedert 2019 herstel het. Akkurate inligting oor tendense van Namibië se nasionale kudde bestaan nie. Die vraelys se sperdatum is einde van die maand. Kosmos 94.1 Nuus het met Rina Hough, 'n lewendehawe-analis gepraat...
Die Bloedoortappingsdiens van Namibië doen 'n beroep op Namibiërs om bloed te skenk om lewens te red. Die diens benodig dringend bloed van die O-negatiewe bloedgroep wat dikwels die 'universele bloedgroep' genoem word omdat mense van enige bloedgroep dit kan ontvang. Dit maak dit uiters belangrik in 'n noodgeval of wanneer 'n pasiënt se bloedgroep onbekend is. Titus Shivute, woordvoerder van die diens het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat...
Die Namibiese omgewingsminister Pohamba Shifeta het tydens die eerste vergadering van die bestuurskomitee van die Internasionale Droogte-weerbaarheids-alliansie gesê Namibië is nie immuun teen droogte en die impak daarvan op die ekonomie nie. Die gevolge van klimaatsverandering word plaaslik en wêreldwyd gevoel. In Namibië het die maksimum temperatuur die afgelope 40 jaar 'n opwaartse neiging getoon. Stygings in temperatuur is nie die enigste kwessie nie, soos die onlangs uitgerekte tropiese sikloon Freddy tot vloede in Madagaskar, Mosambiek en Malawi gelei het en droogte vir Namibië gebring het. Shifeta sê befondsing is nodig om by klimaatsverandering aan te pas.
Die ANC sê hy beraadslaag met sy werknemers in die regering oor die Internasionale Strafhof se lasbrief vir die inhegtenisneming van die Russiese president Vladimir Putin oor beweerde oorlogmisdade in Oekraïne. Die woordvoerder van die ANC, Mahlengi Bhengu-Motsiri, sê die hof in Den Haag het aangekondig die lasbrief het te doen met Putin se vermoedelike betrokkenheid by die onwettige deportasie en verskuiwing van kinders uit die besette gebiede van Oekraïne na Rusland:
Die Springbok-Vroue se tussentydse afrigter Louis Koen sê die tien-drieë-teenoor-een-loesing wat hulle gister in Madrid teen Kanada op die lyf geloop het, het die span na die werklikheid teruggebring. Maar hulle is nou meer vasberade as ooit om die gaping tussen hulle en die wêreld se topspanne te verklein. Suid-Afrika, wat 13de op die ranglys is, het in albei helftes vyf drieë afgestaan teen die Kanadese, die wêreld se vierde beste span. Koen sê, as dit nie vir die desperate en dapper verdediging, met tye, van sy span was nie, kon die eindtelling van 66-7 nog erger gewees het:
Die DA sê die Suid-Afrikaanse polisie sleep voete met die implementering van die Nasionale Landelike Veiligheidstrategie-plan om plaasaanvalle en -moorde te beëindig. Die party sê daar was 'n vlaag plaasmoorde, massamoorde in plattelandse dorpies en veediefstal, wat hy sê toegelaat word om hoogty te vier. Andrew Whitfield van die DA sê in net die eerste drie kwartale van die 2022/2023-boekjaar, is 21 244 veediefstalgevalle reeds aangemeld:
Die Afrika-streek van die Wêreldgesondheidsorganisasie sê die vasteland beleef 'n afname van ongeveer 4 persent in tuberkulose-gevalle. Hoewel dit dubbel soveel is as die globale tendens, sal die vasteland belangrike mylpale en teikens om die siekte te beëindig, misloop, as pogings nie vinnig opgeskerp word nie. Die direkteur van die Afrika-streek, Matshidiso Moéti, sê die organisasie se End TB Strategy vra lande om TB-sterftes met 75 persent en gevalle met 50 persent teen 2025 te verminder, vergeleke met die 2015-vlakke:
Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, sê lande moet uitstralings teen 2030 verminder om temperatuurveranderings te voorkom. Sy mening volg nadat 'n verslag van die Interregeringspaneel oor klimaatsverandering drastiese veranderings in weerpatrone aangedui het, wat tot klimaatsverandering lei. Guterres vra vir dringende optrede teen klimaatsverandering om 'n ramp te vermy:
ActionSA sê die Suid-Afrikaanse regering het 'n wettige verpligting onder beide plaaslike en internasionale reg om die Russiese President Vladimir Putin in hegtenis te neem sou hy Suid-Afrika in Augustus besoek vir die 15de BRICS-spitsberaad. Die Internasionale Strafhof het vroeër die maand 'n lasbrief vir Putin se arrestasie uitgereik vir sy beweerde betrokkenheid by die onwettige deportasie van kinders uit Oekraïne. Lerato Ngobeni van ActionSA sê Suid-Afrika het in 2000 gehelp om die strafhof daar te stel:
‘n Zimbabwiese ekonoom het sy reaksie gegee op die Al Jazeera-dokumentêr oor onwettige handel, smokkelary en geldwassery in die land. Die onthulling impliseer die land se reserwebank sowel as senior regeringsamptenare in die onwettige swartmark-handel van goud. Die reserwebank van die buurland is van voorneme om deur middel van sy Finansiële Intelligensie-eenheid vermoedelik onwettige rykdom van een die mees invloedryke diplomate en omstrede profeet Uebert ‘Angel’ Mudzanir, te bevries. Ekonoom Eddie Cross sê aan Kosmos 94.1 Nuus die aantygings is baie ernstig.
Die DA vra die minister van toerisme, Patricia de Lille, om ten volle verslag te doen oor die amper 1miljard Suid-Afrikaanse rand in uitgawes in die voorgestelde ooreenkoms met Tottenham Hotspur. Die party wil ook 'n volledige uiteensetting van die koste voor die Parlement se Portefeuljekomitee oor Toerisme sien. Manny de Freitas van die DA sê De Lille moet die name voor die komitee bekendmaak van diegene wat aanspreeklik gehou sal word:
Die Afrika-driekamp Sprint Cup wat op Swakopmund gehou is en deur Prosperity Health en RMB aangebied is, was ‘n reuse-sukses. Meer as 140 atlete van 22 lande het deelgeneem. In die elite kategorie, het Richard Murray, Suid-Afrikaanse Olimpiese atleet eerste gekom in ‘n totale tyd van 57 minute. Murray het vir die Namibiese Driekamp-vereniging deelgeneem.
Die Namibiese uitsaaier NBC het volle beheer oorgeneem van die Miss Namibia Beauty Pageant-organisasie. Umbi Karuaihe-Upi is as die nuwe hoof uitvoerende beampte aangewys en het reeds ‘n skenking van 2,5 miljoen Namibiese dollar van Debmarine ontvang. Die skoonheidskompetisie is nou 'n nuwe filiaal van NBC. Karuaihe-Upi sê wat belangrik is, is dat Mej. Namibië nou ten volle in openbare besit is.
Die kaptein van die Springbok-Vroue Nolusindiso Booi sê die span het goed voorberei vir vandag se wedstryd teen Kanada in Madrid, Spanje. Booi sê Kanada presteer die afgelope paar jaar baie goed en is tans vierde op die wêreldranglys. Maar sy voeg by, dit gee die Suid-Afrikaners die ideale maatstaf om vas te stel waar hulle staan:
Die Suid-Afrikaanse vakbondfederasie Fedusa het die regering se jongste aanbod vir staatsamptenare se salarisverhogings verwelkom. Dit volg ná onderhandelinge en 'n staking deur sommige vakbonde. Fedusa se adjunk-sekretaris-generaal, Ashley Benjamin, sê hulle sal nou hul lede raadpleeg aangesien werkers oorspronklik 'n salarisverhoging van 10 persent geëis het:
Die sekretaris-generaal van die VN, Antonio Guterres doen ‘n beroep op almal om Aarde-uur te herdenk. Elke jaar skakel mense hul ligte af vir ‘n uur om ons te herinner dat almal ‘n rol in die bekamping van klimaatsverandering kan speel. Aarde-uur vind vanaand om half-agt plaaslike tyd in Namibië plaas. Volgens Guterres, tel elke minuut en elke uur.
Die Namibiese Suide en suidoostelike dele moet nog langer wag op reën terwyl ander dele van die land ‘n paar buie kan ontvang. Daar is hoop vir verligting voor die winter intree na die skade van sikloon Freddy aan ons reënseisoen berokken het. Kosmos 94.1 Nuus het met Odilo Kgobetsi, die hooftegnikus van bedryf by die Namibië Meteorologiese Diens gesels oor die naweek se vooruitsig.
Die Afrika-driekamp Sprint Cup is in volle swang op Swakopmund. Die geleentheid, wat deur Prosperity Health en RMB aangebied word, sal 140 atlete van 22 lande sien meeding en volgens Klaus Goldbeck, raadslid vir bestuur by die Swakopmund-munisipaliteit, sal die driekamp weer volgende jaar op Swakopmund gehou word, met talle ander sportgeleenthede wat ook op pad is. Goldbeck sê Swakopmund is lankal nie meer net ‘n vakansiebestemming nie.
Insidente op die Copps 94.1-program is, soos gebruiklik, deur alkohol aangedryf. Drankmisbruik in Namibië wek reeds jare lank kommer by owerhede en die jongste navorsing, wat in 2019 uitgevoer is, toon dat hoër inkomste drank gebruik aanhits, maar, dat armer gemeenskappe meer geneig is om verslaaf te raak en buite beheer te drink. Daar word ook beaam dat daar een ekstra drankie per week gebruik word vir elke 20 persent toename in armoede in woonbuurte. Drankmisbruik word ook gekoppel aan die verergering van armoede en huishoudelike geweld. En dit is wat Francois Lottering en die Copps-span Vrydagaand weer ervaar het.
Nes in Namibië, is huishoudings in Suid-Afrika onder druk. In die buurland word verbruikers gedwing om kleiner eiendomme aan te skaf of om te verkoop om sodoende kop bo water te hou terwyl moeilike ekonomiese toestande voortduur. Januarie se statistiek vir residensiële geboue toon weens die stygende rentekoerse 'n skerp afname jaar-tot-jaar in nuwe beplanningsbedrywighede. ʼn Ontleder van FNB, John Loos, sê die syfers is nie ʼn verrassing nie, veral in die lig van die huidige resessionêre ekonomiese toestande:
Die Pluimveeprodusente-vereniging is positief oor die pluimveebedryf in Namibië. Hulle onlangse tweede pluimvee-toer in samewerking met AgriBank is deur sowat 350 mense in die streke van Karas, Hardap en Khoma bygewoon en die jeug was goed verteenwoordig. Daar is ‘n groot gaping in kommersiële en opkomende pluimvee-boere. Die visepresident van die vereniging, Erastus Kadhikwa, sê aan Kosmos 94.1 Nuus dit is goed dat daar belangstelling is.
Swakopmund is gereed vir die Afrika-driekamp Sprint Cup wat môre deur die Namibiese Driekamp-federasie in samewerking met Prosperity Health en RMB aangebied word. Sowat 140 atlete van 23 lande neem deel. Tara van Eck van Kosmos 94.1 Nuus het met die president van die vereniging Roual Spangenberg gesels...
Eskom het bekendgemaak beurtkrag bly op fase 2 tot vyf-uur môreoggend. Die bestuurder van krisiskommunikasie by Eskom, Menzi Mngomezulu, sê daarna sal dit oorskakel na Fase 1 met dieselfde afwisseling tot Sondagoggend vyf-uur. Mngomezulu sê egter beurtkrag sal die grootste deel van Sondag opgeskort wees. Volgens hom is die laer vlakke te wyte aan drie opwekkingseenhede wat weer in bedryf gestel is.
‘n Bekende Namibiese sakeman het sy reaksie oor die sukkelende konstruksiebedryf gegee. Die gemiddelde waarde van die voltooide geboue het van 218 miljoen Namibiese dollar in 2020 tot 81 miljoen dollar in 2021 en 2022 gedaal. Bouplanne van beide Windhoek en Swakopmund toon 'n effense styging op 'n maandelikse basis wat gedurende Februarie goedgekeur is, maar dit het met 24,4 persent op 'n jaargrondslag in Windhoek afgeneem en 12,5 persent in Swakopmund. Die voltooiing van bouprojekte het met 70,2 persent op 'n jaargrondslag in Windhoek afgeneem. Dr. Leake Hangala het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat...
Unam Press sal 'n boekverkoping op 31 Maart by die Unam-hoofkampus hou oor ‘n verskeidenheid belangrike boeke. Die boeke is 'n ryk bron vir studente, onderwysers en lesers wat in Namibië belangstel. Boeke sal teen halfprys wees. Die boekverkoping vind plaas vanaf tien-uur die oggend tot vier-uur die middag, sê Annapaula Vakamuena, die redakteur by Unam Press, aan Kosmos 94.1 Nuus.
Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes in die buurland het 'n waarskuwing aan gesondheidswerkers en hospitale uitgereik om voor te berei vir 'n toename in pediatriese opnames. Dit volg te midde van 'n skerp styging in die opsporingsyfer van respiratoriese sinsitiale virus. RSV is hoogs aansteeklik en is die algemeenste oorsaak van brongitis en laer lugweg-infeksie in jong kinders. Die instituut het bevind die RSV-opsporingsyfer is tans op 'n matige vlak, maar dit styg skerp in kinders onder vyf. Die uitvoerende direkteur in die Namibiese gesondheidsministerie, Ben Nangombe het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat die virus nog nie plaaslik waargeneem is nie.
Die tweede jaarlikse Ride the Ridges-bergfietsren het vanmiddag by Heja Lodge oos van Windhoek weggespring en duur die hele naweek. Dit word geborg deur PSG en die Capricorn-groep. Marlize Horn, uitvoerende hoof van handelsmerk van die groep, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat...
Die stigter van Tax Justice South Africa, Yusuf Abramjee, sê as die regering enige sweempie van finansiële integriteit wil behou, moet hy onmiddellik Gold Leaf Tobacco Corporation se bedrywighede op Suid-Afrikaanse bodem beëindig. Dit volg nadat 'n opspraakwekkende Al Jazeera-dokumentêr aan die lig gebring het dat die hoof van die onderneming, Simon Rudland, in 'n sindikaat betrokke is wat sanksies oortree en groot hoeveelhede goud uit Harare na sy sakeryk in Dubai vlieg. Abramjee sê Rudland is kop in een mus met senior lede van die Zimbabwiese regering.
In Namibiese sportkringe gons dit oor Wêreld-atletiek se omstrede aankondiging. Namibiese Olimpiese naelloper Christine Mboma, se afrigter Henk Botha, is geskok oor die aankondiging om Mboma en spanmaat Beatrice Masilingi se testosteroon-vlakke te oor ‘n tydperk van ses maande te verlaag. Wêreld-atletiek het nuwe regulasies vir verskille in geslagsontwikkeling in atlete bekend gemaak wat op 31 Maart in werking tree. Freddy Mwiya, hoof-administrateur van die Namibiese Sportkommissie het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat...
Die minister van toerisme in die buurland, Patricia de Lille, het die SA Toerismeraad aangeraai om die omstrede voorgestelde Tottenham Hotspur-borgskap-ooreenkoms van 900 miljoen Suid-Afrikaanse rand heeltemal te staak. Die minister het aan die raad geskryf en hulle gevra vir 'n antwoord teen volgende Woensdag. Volgens De Lille is daar nie vir die borgskap begroot nie en die uitgawes sal dus onreëlmatig wees.
Die Besigheids- en Intellektuele Eiendoms-owerheid, Bipa, sal op 28 Maart vanaf half-nege die oggend tot twee-uur die middag 'n vergadering met die Chinese sakegemeenskap by die Chinese ambassade in die hoofstad hou. Die hoofdoel van die geleentheid is om registrasiedienste vir Bipa-produkte te verskaf, asook om inligting te verskaf oor die beskerming van intellektuele eiendom wat reeds in lande van herkoms beskerm is. Kosmos 94.1 Nuus het met Ockert Jansen, hoof van korporatiewe kommunikasie by Bipa, gepraat.
Verskeie organisasies, insluitende die Verenigde Nasies, doen 'n beroep op die Ugandese President, Yoweri Museveni, om nie die wetsontwerp teen LGBTQ-mense, wat vandeesweek deur die parlement goedgekeur is, te bekragtig nie. Outright International is een van die groepe wat vra dat die wetsontwerp ge-veto word. Die organisasie se senior direkteur vir regsake, beleid en navorsing, Neela Ghoshal, sê die wetsontwerp bevat streng strawwe vir homoseksuele paartjies. Ghoshal het gesê die strawwe in die wetsontwerp is die ergste wat nog deur enige parlement ter wêreld aanvaar is.
Die Wes-Kaapse regering het die week sy program van stapel gestuur om sonkrag-opwekkingstelsels by 100 van die provinsie se skole te installeer. Die projek se doel is om die negatiewe impak wat beurtkrag op bedrywighede by skole het, tot 'n minimum te beperk. Die installering van die hernubare energie-infrastruktuur vorm deel van die provinsie se energie-veerkragtigheidsprogram. Kosmos 94.1 Nuus se korrespondent in Kaapstad, Fritz Platt, deel meer...
Die Suid-Afrikaanse minister van toerisme, Patricia de Lille, sê SA Toerisme se voorgestelde borgskap van 900 miljoen Suid-Afrikaanse rand van Tottenham Hotspur is ongeldig en onwettig. De Lille het by ʼn media-inligtingsessie gesê die borgskap-ooreenkoms is reeds ʼn ruk lank in die openbare domein en sy het die warm patat geërf toe sy vroeër vandeesmaand in die portefeulje aangestel is.
Rugby: Die Springbok-vroue skop môre hul seisoen af met 'n toets teen Kanada in Madrid. Die tussentydse afrigter, Louis Koen, het drie nuwe spelers in die beginspan aangewys. Een van hulle is die slot, Danelle Lochner, wat nou 'n dubbele internasionale speler word, nadat sy Suid-Afrika in netbal ook verteenwoordig het.
Die leier van United African Transformation, Abel Tau, sê hy het aan die premier van Gauteng, Panyaza Lesufi, en die LUR vir Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Mzikayifane Khumalo, geskryf om te vra dat die Stad Tshwane onder administrasie geplaas word. Die provinsiale regering tree in weens politieke onstabiliteit en binnegevegte wat die metro laat steier het. Tau sê die voortdurende versuim om 'n burgemeester te verkies, stel die integriteit en bestuur van die metro in gevaar:
Die voormalige minister van gesondheid, dr. Bernard Haufiku het sy kommer uitgespreek oor Marburg-virus wat nou ook in Ekwatoriaal-Guinee bevestig is met agt gevalle, na Tanzanië ook gevalle bevestig het. Die dodelike virus is soortgelyk aan ebola en word deur kontak met liggaamsvloeistowwe versprei. Haufiku sê die wêreld is uiters verbind en daar is altyd ‘n gevaar.
Peter Katjavivi, die speaker van die Nasionale Vergadering het tydens die motivering van die begrotingstoekenning van die nasionale raad gesê dat die Verkiesingskommissie van Namibië 'n hersiening van sy bestuurstelsels onderneem het om die huidige geïntegreerde mobiele kieser-registrasiestelsel van stapel te stuur. Katjavivi sê dit handel oor registrasies vir volgende jaar se verkiesing.
Die Namibiese Driekamp-federasie is opgewonde oor die Afrika-driekamp Sprint Cup wat môre op Swakopmund plaasvind. Prosperity Health en RMB bied dit aan. Die president van die Namibiese Driekamp-vereniging Roual Spangenberg sê alles is gereed.
Daar is ‘n gulde geleentheid vir klein en medium sakeondernemings. Die Namibiese Kamer van Handel en Nywerheid bied finansiële opleiding vir die sektor op 4 April aan en dit is gratis. Dit sal veral kleinsake ‘n reuse-hupstoot gee. Danny Meyer van SME Compete sê almal wat dit moontlik kan bywoon, behoort dit te doen.
Namibië se huidige ekonomiese raamwerk is nie in staat om die land se uitdagings die hoof te bied nie, en ontleders is bekommerd oor die land se onvermoë om kwessies soos onder meer armoede, werkloosheid en ongelykheid aan te spreek. Volgens Jason Kasuto, vennoot van Monasa Advisory and Associates, het Namibië 'n skewe ekonomie geërf toe dit in 1990 onafhanklikheid verkry het, met lae ekonomiese groei, inkomste-ongelykheid, armoede en 'n "oorwegend ongeletterde bevolking". Hy beklemtoon dat die struktuur van die Namibiese ekonomie nie oor die afgelope 50 jaar verander het nie. Om die land se ekonomiese uitdagings aan te spreek, sê Kasuto aan Kosmos 94.1 Nuus dat Namibië moet belê in die ontwikkeling van 'n bankbare bevolking.
Daar is môre ‘n reuse-huldeblyk aan die geliefde Afrikaanse sanger, Theuns Jordaan op Loftus Versveld in Pretoria. Jordaan, wat bekend was vir sy diep stem en sy roerende lirieke is op 17 November 2021 dood aan leukemie. Hy was 50. Top-sangers sal sy liedjies sing en hulle sluit Dozi, Lianie May, Jacques Du Plessis, Steve Hofmeyr, Ricus Nel, Juanita du Plessis, Ray Dylan, Kurt Darren, Bobby Van Jaarsveld, Bok van Blerk en Liezel Pieters. Die sterre onthou Theuns so...
Namibia Wildlife Resorts het sy nuwe raadslede aangekondig. NWR, ‘n toerisme-onderneming in staatsbesit word soms gekritiseer vir die swak toestand van infrastruktuur en dienste by sommige van hul oorde. NWR sê die raadslede bring 'n magdom ervaring en kundigheid saam, en NWR is vol vertroue dat hulle uitstekende leierskap aan die maatskappy sal verskaf. Korporatiewe kommunikasiebestuurder Nelson Ashipala sê aan Kosmos 94.1 Nuus onder hul leiding sal NWR voortgaan om te groei en uit te brei en wêreldklas dienste en ervarings aan sy kliënte te bied.
Die jaarlikse gewilde Wika-karnaval begin vandag met die Prinzenbal waartydens die prinsepaar gekies sal word. Môre is daar groot feesvieringe met die optog deur die hoofstad se strate. Die president van Wika, Holger Mentzel het meer.
TransNamib sê sy huidige uitvoerende hoof van menslike hulpbronne, Webster Gonzo is as TransNamib se waarnemende hoof uitvoerende beampte aangestel. Die aankondiging kom na Johny Smith besluit het om nie sy kontrak het hernu nie al is hy eenparig deur die raad 2,4 miljoen Namibiese dollar daarvoor aangebied. Kosmos 94.1 Nuus het met Abigail Raubenheimer, skakelbeampte van TransNamib gesels.
Nuwe Protea-witbalafrigter, Rob Walter, sê hulle neem die komende T20-reeks van drie wedstryde teen die Wes-Indiese Eilande ernstig op, en soek na hul eie bloudruk vir dié formaat van die wedstryd. Die eerste T20 word môre in Centurion gespeel. Walter sê hy beoog ook om die reeks te gebruik om Kagiso Rabada en Anrich Nortje terug te kry in mededingende krieket nadat hulle gespaar is vir die internasionale eendag-kragmetings:
Johannesburg Water sê hy het die getal mobiele watertenkwaens tot 28 verhoog om water aan gebiede te voorsien wat kritiek lae watervlakke ondervind. Die watertekorte kom voor nadat 'n pomp Maandag by Rand Water se Ekenhof-pompstasie onklaar geraak het. Puleng Mopeli van Johannesburg Water sê die gebiede wat geraak word sluit in Melville, Brixton, Robertsham, Northgate en Honeydew.
Kommer heers of daar genoeg water in Namibiese damme sal tot die volgende reënseisoen sal wees. Weens ‘n gebrek aan reën is damvlakke laer as verlede jaar. Gesamentlik is damme 69,7 persent vol teenoor verlede jaar se 84,8 persent. Die Von Bachdam by Okahandja se vlak staan op 28,7 persent teenoor verlede jaar dieselfde tydperk se 52,5 persent. In die Suide is die Hardapdam by Mariental nou 41,6 persent vol teenoor verlede jaar se vlak van 71,5 persent. Kosmos 94.1 Nuus het met Abraham Nehemia, uitvoerende hoof van NamWater, gepraat wat ook baie bekommerd is...
Wêreldatletiek het nuwe regulasies vir verskille in geslagsontwikkeling in atlete bekend gemaak. Wat dit beteken is dat transgender vroue, wat deur puberteit as seuns gegaan het, nie aan elite vroue-byeenkomste mag deelneem nie. Die president van Wêreldatletiek Sebastian Coe sê dit gaan oor regverdigheid.
Die Vrystaatse Departement van Maatskaplike Ontwikkeling sê hy bly daartoe verbind om te werk aan misdaad- en geweldvoorkoming deur duidelike bewusmakingsveldtogte. Die departement se misdaadvoorkomingseenheid het gister ’n misdaad- en bendebewusmakingsveldtog vir graad agt-leerders by die Evungwini Secondary School in Vrede gehou. Die departement se woordvoerder, Lindiwe Mnguni, sê die doel van die veldtog is om die stygende misdaadsyfer in gemeenskappe te verminder.
Die bestuurshoof van TikTok, Shou Zi Chew, het vrese dat die Chinese regering toegang het tot die toepassing se gebruikersdata ‘n hipotese genoem. Hy het voor 'n Amerikaanse kongresverhoor verskyn, waar hy gedwing is om sy maatskappy se verhouding met China, asook die beskerming vir sy jongste TikTok-gebruikers uiteen te sit. Wetgewers vra dat TikTok, wat een van die gewildste toepassings in Amerika is, verbied word. TikTok het meer as 150 miljoen aktiewe gebruikers. Chew het vier ondernemings gegee aan Amerikaanse wetgewers:
Die Suid-Afrikaners Martin Vorster en Darren Fichardt loop albei met een hou voor op agt onder ná die aanvangsronde van die Jonsson Workwear Ope by The Club in Steyn City in Gauteng. Hulle is een hou voor hulle landgenoot, Hennie O’Kennedy, die Swede Sebastian Soderberg en Joakim Lagergren, en Nick Bachem van Duitsland. Vorster, wat sy eerste seisoen in die Sonskyn-toer beleef, sê hy is tevrede met sy wegspringvertoning in die toernooi:
Die minister van Finansies, Enoch Godongwana, is van mening Suid-Afrika se standpunt oor die Russies-Oekraïnse oorlog het geen invloed op die finansiële markte nie. Hy het met verslaggewers buite die Uniegebou in Pretoria gepraat. Godonwana verduidelik dit sal slegs gebeur indien die Amerikaners sekondêre sanksies teen spesifieke lande instel. Hy voorsien nie dit sal binnekort gebeur nie:
België en Suid-Afrika gaan voortaan saamwerk ten opsigte van hernubare energie. Die land wil graag die kundigheid van die Europese land bekom in sake wat verband hou met die huidige energiekrisis. President Cyril Ramaphosa het koning Philippe en koningin Mathilde in Pretoria onthaal tydens hul eerste staatsbesoek aan die land. Ander sake wat bespreek is, sluit in handel, belegging en toerisme. Ramaphosa sê hy hoop hierdie verbintenis sal help om die ekonomiese bande tussen die twee lande te versterk:
Na die chaos van die Onafhanklikheidsvieringe, kom daar die goeie nuus dat die Omusati-streek ‘n goeie ekonomiese inspuiting tydens die herdenking op Outapi gehad. Meer as die verwagte aantal besoekers het vir die vieringe opgedaag en gasvryheidsondernemings was vol bespreek. Die goewerneur van die streek, Erginus Endjala het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê besighede het bo verwagting goed gedoen.
Wêrerld-Tuberkulosedag word elke jaar op 24 Maart herdenk. Vanjaar se tema is "Yes! We can end TB" in die Wêreldgesondheidsorganisasie se poging om dié internasionale epidemie te beëindig. Die sukseskoers in Namibië in 2020 om TB te behandel is 87 persent. Kosmos 94.1 Nuus het met die Namibiese gesondheidsminister dr. Kalumbi Shangula gepraat...
Die Namibiese minister van myne en energie Tom Alweendo sal vandag besoek aflê op Uis om met die gemeenskap te vergader oor hulle besware oor die Chinese Xinfeng-litiummyn in die gebied. Die projek is in omstredenheid gehul met berigte dat die Chinese die litium uitvoer vir hulle eie gebruik by hulle aanleg in China en nie vir toetsdoeleindes, soos ooreengekom, nie. Die gemeenskap sê die projek is onwettig en daar is ander onwettige ontginning in die gebied. Die woordvoerder van die ministerie, Andreas Simon, sê Alweendo kan nie kommentaar oor die aantygings lewer nie – hy moet eers met die gemeenskappe vergader.
Een van Zimbabwe se mees invloedryke diplomate, Uebert Angel, het tydens 'n geheime operasie deur Al Jazeera se ondersoekeenheid aangebied om sy status te gebruik om ‘n geldwassery-skema te bewerkstellig met goudsmokkelary.
Die likwidasie van Air Namibia het verskeie uitdagings na vore gebring, veral in verband met skeidingspakkette en meer. Terwyl die betalings uiteindelik aan die personeel gemaak is, sukkel hulle steeds met ander papierwerk. Die president van die Namibiese Lugdiensvlieëniers-vereniging, Manuel Prenzlow, sê daar is steeds probleme wat verband hou met belastingsertifikate.
Adjunkpresident Paul Mashatile sê hy verwerp die siening dat die ANC sy meerderheid gebruik om President Cyril Ramaphosa teen aanspreeklikheid te verskans. Die DA se mosie vir die samestelling van ’n ad hoc-komitee om 'n diepgaande ondersoek te doen na wat hy die "Phala Phala dirty dollars" genoem het, is in die Parlement verwerp. Mashatile het vrae in die Nasionale Vergadering beantwoord en gesê die president het homself verbind om ten volle met alle ondersoeke saam te werk:
‘n Plaaslike kerk-koalisie meen kerke in Namibië moet ‘n sterker standpunt inneem teen homoseksualiteit en selfdegeslag-huwelike. Tydens 'n mediakonferensie in die hoofstad het die geestelike gemeenskap hul reaksie oor die LGBTQ-gemeenskap se onlangse verhore in die hooggeregshof gegee. Hulle meen selfdegeslag-huwelike moet nooit in Namibië gewettig en erken word nie. Dr. Shirley Magazi van die Christian Coalition of Churches het gesê die kerk moet gerespekteer word.
Die EFF sê hulle is in hulle skik met die oorweldigende sukses van hul nasionale stilstand wat wêreldwyd eise vir bestendige elektrisiteitsvoorsiening en President Cyril Ramaphosa se bedanking aangeteken het. Die EFF loof aktiviste van oraloor dat hulle hul frustrasie met die huidige regime vreedsaam oorgedra het. Partyleier Julius Malema het op 'n nuuskonferensie in Johannesburg gesê die staat en die media se aanblaas van vrees oor die optrede wat gewelddadig en chaoties sou wees, is verkeerd bewys aangesien die kernboodskap suksesvol oorgedra is.
Die vakbond, Saccawu, het 'n kennisgewing uitgereik om 'n landwye staking van tien dae by Makro-winkels te hervat. Dit sal van môre tot 2 April duur. Werkers eis beter salarisse en werksomstandighede. Onderhandelings het 'n dooiepunt bereik nadat die maatskappy 4,5 persent aangebied het. Makro het sedertdien 400 werknemers afgedank. Saccawu se tweede adjunkpresident, Mike Tau, het gesê hulle beplan hulle hoof-optog in Pretoria waar 'n versoekskrif aan die oorhandig sal word.
‘n Namibiese aktivis het sy reaksie gegee oor Michael Amushelelo, Dimbulukeni Nauyoma en PDM-parlementslid Inna Hengari wat tot 29 Maart in aanhouding moet bly. Hulle het vanmiddag in die Windhoekse landdroshof in Katutura voor landdros Linus Samuzala verskyn. Hul regsverteenwoordigers sal egter môre ‘n formele borgtogaansoek indien. Aktivis George Kambala sê aan Kosmos 94.1 Nuus die drie is op pad huis toe op Onafhanklikheidsdag gearresteer.
Suid-Afrikaanse adjunkpresident Paul Mashatile het die EFF se aansprake verwerp dat hierdie week se vermindering van beurtkrag die gevolg is van die nasionale stilstand. ʼn Lid van die ACDP, Steve Swart, het in die parlement daarop gewys daar was ʼn kleiner vraag na elektrisiteit die vorige week en tog het Eskom nie die beurtkrag opgeskort nie. Mashatile het in sy reaksie vir Swart daarop gewys dat beurtkrag slegs in opdrag van Eskom en die regering gebeur.
Volgens mediaberigte sal die Suid-Afrikaanse Paralimpiese atleet Oscar Pistorius moontlik binnekort uit die tronk vrygelaat word nadat hy sy vonnis uitgedien het vir die moord op sy model-meisie Reeva Steenkamp. Hy gaan op 31 Maart tydens sy paroolsitting Reeva se ma June Steenkamp vir die eerste keer in sewe jaar van aangesig tot aangesig weer sien. Dr. Pixie du Toit, 'n forensiese kriminoloog in Suid-Afrika, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dit sal nie maklik wees vir hulle twee nie, maar dit sal hulle help om aan te beweeg.
Ngweda sê daar was ‘n paar vertragings wat tydens die projek ervaar en nou opgelos is...
Die uitvoerende direkteur in die Namibiese ministerie van werke en vervoer, Esther Kaapanda, sal môre saam met die ambassadeur van China in Namibië Zhao Weiping die konstruksieprojek van die China-befondsde pad tussen Windhoek en die Internasionale Lughawe Hosea Kutako besoek en inspekteer. Die skakelbeampte van die ministerie, Julius Ngweda het meer met Kosmos 94.1 Nuus gedeel...
Na aanleiding van bewerings dat daar nie meer slangvangers in Windhoek is nie, het Francois Theart van Snakes of Namibia gereageer en gesê dit is nie die waarheid nie. ‘n Gebeurlikheidsplan is in plek gestel voordat sommige van die lede besluit het om weens ‘n gebrek aan fondse nie meer slangvangers te wees nie. Theart het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê daar is nog drie slangvangers in die hoofstad wat slange sal red as hulle beskikbaar is.
Johannesburg Water sê ongeveer 120 miljard Suid-Afrikaanse rand word benodig om die water-infrastruktuur in die stad te herstel. Die bestuurder vir innovering en tegnologie by Johannesburg Water, Zakhele Khuzwayo, het gesê watertoevoer-onderbrekings is hoofsaaklik te wyte aan 'n gebrek aan behoorlike instandhouding van die kwesbare infrastruktuur.
Die EFF-leier, Julius Malema, waarsku niemand sal toegelaat word om die Russiese President Vladimir Putin in hegtenis te neem terwyl hy in Suid-Afrika is nie. Die Internasionale Strafhof het 'n lasbrief vir sy inhegtenisneming uitgereik op aanklag van oorlogsmisdaad omdat hy honderde kinders onwettig uit Oekraïne gedeporteer het. Malema het op 'n nuuskonferensie in Johannesburg verklaar dat enige poging om Putin in hegtenis te neem, 'n oorlogsverklaring sal wees.
Sokker: Bafana Bafana gaan tuis en weg teen Liberië speel in kwalifiserings-wedstryde vir die Afrikabeker-toernooi. Suid-Afrika is môreaand op die Orlando-stadion in Soweto gasheer vir die Wes-Afrikaland, en die twee lande ontmoet mekaar vier dae later weer in die Liberiese hoofstad, Monrovië. Bafana se hoofafrigter, Hugo Broos, sê hulle moet albei kragmetings wen om te kwalifiseer voor hulle teen die groeps-gunsteling, Marokko, te staan kom.
Die oorlede struggle-ikoon, aartsbiskop Desmond Tutu is vroeër vandag vir sy bydrae tot die beëindiging van Apartheid en ook sy unieke rol in die Suid-Afrikaanse samelewing vereer. Die Desmond en Leah Tutu-stigting het vandag 'n lewensgrootte standbeeld van Tutu by die Century City- inkoopsentrum, in Kaapstad, onthul. Fritz Platt, Kosmos 94.1 Nuus se korrespondent in die Moederstad...
In die vierde kwartaal van 2022 het die inflasiekoers van die Namibiese produksieprys-indeks vir die verwerking en preservering van vleis in die vierde kwartaal van 2022 op 5,5 persent gestaan, 'n toename van 1,4 persent wat in dieselfde kwartaal van die vorige jaar aangeteken is. Dit sluit in die verwerking van vleis in slaghuise, verpakking en die produksie van vars, verkoelde of bevrore vleis. Dit sluit ook die produksie van gedroogde, gesoute of gerookte vleis en ander vleisprodukte soos wors, ham en salami in. Namibiese landboukenner Wallie Roux sê aan Kosmos 94.1 Nuus waarom vleispryse styg.
Die vakbondfederasie Cosatu het sy kommer uitgespreek oor die styging in die inflasiekoers en sê dit sal die skrale inkomste van werkers nog verder laat verswak. Volgens Statistieke Suid-Afrika het jaarlikse verbruikersprysinflasie verlede maand tot sewe persent gestyg, wat na verwagting 'n verhoging in rentekoerse tot gevolg gaan hê. Matthew Parks van Cosatu waarsku die hoër inflasie raak Suid-Afrikaners negatief in hul stryd om oorlewing in 'n ekonomie wat al duurder word.
Die Wes-Kaapse LUR vir Polisie-oorsig en Gemeenskapsveiligheid, Reagen Allen, sê die provinsiale regering werk hard om geslagsgeweld deur sy Verbreek die kringloop-veldtog te bekamp. As deel van die veldtog was provinsiale amptenare gister in Delft wat een van die land se grootste misdaadbrandpunte is. Allen sê die talle en ingewikkelde oorsake van geslagsgeweld sluit in mishandeling tussen generasies en volgehoue blootstelling aan geweld. Hy sê dit strek oor die grense van ras, inkomste en geografiese gebiede:
Die droogte is tot groot kommer van Namibiese boere. Selfs van die noordelike dele van Namibië het laat en min reën ontvang. Vir inwoners van die Kavango-streke wat tradisionele ‘n goeie reënvalstreke is, is dit moeilik om te glo dat hulle ‘n onder-gemiddelde reënseisoen gehad het. Die goewerneur van Kavango-Oos Bonifatius Wakudumo het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê as hulle gelukkig is, sal slegs sowat vyf persent boere goeie oeste oplewer.
Lede van die publiek in die hoofstad kla oor die feit dat die Parlementstuine steeds, sedert die begin van die pandemie in 2020, gesluit is. Windhoekers het altyd die tuine geniet, veral oor die naweke maar, met optogte in 2021 en verlede jaar, is die tuine omhein en die hekke gesluit. Die waarnemende woordvoerder van die Nasionale Vergadering, Rafael Hangula, sê dat opknappingswerk, veral aan die toilette, steeds nie deur die ministerie van werke voltooi is nie.
'n Verhoging in die Amerikaanse Federale Reserwebank se rentekoers versterk normaalweg die Amerikaanse dollar en dwing dan oliepryse af. Maar, met die 25-basispunt verhoging van die bank aangekondig het, het die teenoorgestelde gebeur: Die Amerikaanse dollar het vandag verswak en het inteendeel met amper 2 persent sedert Woensdag teruggesak terwyl Brent effe gestyg het en net onder 76 Amerikaanse dollar ‘n vat verhandel. Amerikaanse markte het na die aankondiging gedaal en Kosmos 94.1 Nuus het met die bekende ekonoom Dawie Roodt gesels oor presies wat die reaksie uitgelok het.
Reaksie word ontvang op berigte dat President Hage Geingob sê hy neem die advies van Botswana se President Mokgweetsi Masisi in ag om 'n groter inkomste-aandeel uit diamante wat aan De Beers verkoop is, te verkry. Masisi het onlangs gedreig dat hy die ooreenkoms sou opskort en ontvang nou 25 persent, maar sê hy sal nog verder gaan. Geingob sê nasionale hulpbronne moet in nasionale belang gebruik word maar voeg by dit is nie nasionalisering nie – net 'n maksimum voordeel. Nico Smit, die skaduminister van finansies van die PDM sê dit is ongelooflik dat President Geingob dit nou eers agterkom...
Trustco Group Holdings se aandele het weer vanoggend op die Johannesburg aandelebeurs weer begin verhandel na die skorsing daarop opgehef is. Die verhandeling van Trustco-aandele op sy sekondêre markte in Windhoek en New York het ook begin. Dit volg op die publikasie van Trustco se herverklaarde geouditeerde finansiële jaarstate vir die tydperk geëindig 31 Augustus 2022, op 28 Februarie vanjaar, met die onafhanklike ouditeure wat 'n ongewysigde ouditverslag uitgereik het. Met 'n petisie om te appelleer na die Hoogste Hof van Appèl (Suid-Afrika) wat ingedien is, is die herstelling gemaak sonder om Trustco se regte in die wet te benadeel. Die uitvoerende hoof van Trustco, Quinton van Rooyen, sê hulle is verheug.
Namibië neem tans deel aan die Verenigde Nasies se 2023 Waterkonferensie in New York. Die vergadering is deel van 'n groter oorsig van die implementering van water en sanitasie. Die eerste minister word deur landbouminister Calle Schlettwein vergesel. Sy het die konferensie toegespreek en sê Namibië vorder goed met watervoorsiening.
Die Stad Tshwane se raad kon vir die derde keer nie daarin slaag om 'n nuwe burgemeester te verkies nie. Die speaker van die raad, Mncedi Ndzwanana, het gister se spesiale sitting verdaag om 'n regsmening oor die status van die Congress of the People-raadslid Justice Sefanyetso, in te win. Die speaker sê hy het twee briewe van Cope-leiers gehad; een wat sê dat hulle hom as sy verteenwoordiger onttrek, en 'n ander wat sê dat hulle dit nie doen nie. Die party se woordvoerder, Dennis Bloem, verduidelik die twee briewe:
Oud-premier Boris Johnson se destydse perssekretaris, Will Walden het met Britse media gepraat oor sy vorige baas se getuienis tydens die ondersoek oor of hy aspris vir parlement gelieg het oor Partygate. Walden sê dit gaan moelik wees om te bewys dat hy dit met opset gedoen het.
Globale bankwese was die afgelope twee weke in chaos gedompel na 'n reeks verstommende bankineenstortings in Europa en die Verenigde State. Die Bank van Namibië wil graag die publiek inlig dat Namibië se bankstelsel veerkragtig en gesond is, met soliede kapitaal- en likiditeitsbuffers in plek om risiko's te weerstaan. Kosmos 94.1 Nuus het met Naufiku Hamunime, die hoof van internasionale betrekkinge en volhoubaarheid by BoN...
Swart vroue met MIV ondergaan volgens die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling, steeds gedwonge sterilisasie by openbare gesondheidsinstellings in Suid-Afrika. 'n Ondersoekende verslag van die Kommissie van Geslagsgelykheid het onthul sekere vroue word gesteriliseer sonder 'n keuse van alternatiewe maniere van geboortebeperking. Die woordvoerder van die departement, Lumka Oliphant, sê die erfenis van gedwonge sterilisasie lê in verskillende vorme van kulturele en institusionele mag:
Die leier van die PDM-party McHenry Venaani is tans by die laerhof in Katutura. Hy is warm onder die kraag en het aan Eagle FM gesê die dossier is nog nie by die hof nie. Hy is daar ter ondersteuning van sy LP Inna Hengari wat Dinsdag saam met Michael Amushelelo en Dimbulukeni Nauyoma gearresteer is.
Die Departement van Justisie in Suid-Afrika is gekant teen 'n aansoek om die definisie van verkragting en instemming in die Wet op Seksuele Misdrywe ongrondwetlik te laat verklaar. Die aansoek is deur die Embrace Project gebring, wat aanvoer die subjektiewe toets wat tans op seksuele misdrywe toegepas word, is in werklikheid onwettig. Lee-Anne Germanos van die organisasie sê 'n objektiewe toets moet eerder van toepassing wees:
Australië se eerste minister, Anthony Albanese, het die vraag en grondwetlike amendement vir die regering se Stem na Parlement-referendum bekend gemaak. Indien dit goedgekeur word, sal stemming later vanjaar die Aboriginal and Torres Strait Islander Voice stig. Dis 'n formele liggaam vir inheemse inwoners om raad op wetgewing te gee. Enige verandering aan die Australiese Grondwet is 'n geskiedkundige gebeurtenis aangesien daar net agt veranderings sedert 1901 was. Albanese sê talle wag lank hiervoor:
MySchool MyVillage MyPlanet hou 'n waterveldtog in die buurland om leerders op te voed oor die belangrikheid van waterbesparing in Suid-Afrika. Dit volg terwyl verskeie provinsies waterskaarstes ervaar weens infrastruktuur-uitdagings en droogte. Die jongste statistiek dui aan een uit elke vyf kinders wêreldwyd het nie toegang tot veilige drinkwater nie. Die hoofbestuurder van die organisasie, Pieter Twine, sê die regering moet verder kyk as om waterwys te wees en mense opvoed oor oplossings vir die oes van water aangesien kinders volhoubare waterbronne benodig:
Die Nasionale Vergadering het die DA se mosie verwerp vir die instelling van 'n ad-hoc-komitee om bewerings van wangedrag teen President Cyril Ramaphosa te ondersoek. Dit hou verband met die diefstal by sy Phala Phala-plaas in Limpopo in 2020. 'n Totaal van 204 parlementslede teen die mosie gestem, terwyl 135 ten gunste daarvan gestem het. Die DA-leier, John Steenhuisen, sê die waarheid oor Phala Phala sal uitkom, ongeag daarvan hoe hard die ANC probeer om die gety terug te hou:
Die Namibiese krieketspan is gereed om op 26 Maart teen die VSA op die Wanderers-krieketvelde in Windhoek uit te draf. Ses spanne gaan van tot 5 April meeding in die hoop om hul plek na Zimbabwe in Junie te bespreek vir die IKR Wêreldbeker-kwalifikasie. Die vier ander spanne is die Verenigde Arabiese Emirate, Papua Nieu-Guinee, Kanada en Jersey. Namibië is tans vierde op die ranglys in die Liga Twee-reeks en sal moet uithaal om onder die top-twee te eindig in die kwalifiserende uitspeelwedstryde in Windhoek. Kosmos 94.1 Nuus het met die uitvoerende hoof van Krieket Namibië Johan Muller gesels...
Die buurland se vervoerminister, Sindisiwe Chikunga, ontken bewerings dat sy busoperateurs gedreig het om besprekings om EFF-ondersteuners na verskeie gebiede aan te ry vir Maandag se betogings, te kanselleer. Die leier Julius Malema sê die party het meer as 'n miljoen Suid-Afrikaanse rand bestee om busse te huur om sy ondersteuners te vervoer, maar busoperateurs het hulle dienste ter elfder ure onttrek. Hy beskuldig die minister van sabotasie. Die ministerie se woordvoerder, Lwazi Khoza, sê die bewerings is ongegrond:
Dit blyk dat uitdagings wat Namibiërs in die gesig staar nie binnekort iets van die verlede sal wees nie. Protes-optogte blyk die manier te wees om Namibiërs se ontevredenheid te wys. Kort ná die inhegtenisneming van drie jong aktiviste wat vir jeugwerkloosheid betoog het, belowe die gemeenskap van Okahandja om nie op te gee in hul stryd om grond nie. Inwoners van informele nedersettings van dié dorp sê hulle wil antwoorde hê voor die algemene verkiesing in 2024. Aktivis Sydney Gariseb sê hulle sal op Maandag 27 Maart weer betoog. Hy nooi inwoners uit om by die betoging aan te sluit.
Die voorste sakesiklus-aanwyser in Suid-Afrika het in Januarie met ‘n verdere 0,1 persent gedaal. Die aanwyser gee ‘n aanduiding van hoe die plaaslike ekonomie binne die volgende ses- of twaalf-maande kan presteer. Die Reserwebank sê agt uit die tien beskikbare komponent-tydreekse het afgeplat, terwyl die oorblywende twee toegeneem het. Standard Bank se senior ekonoom, Elna Moolman, sê behalwe beurtkrag is daar verskeie ander faktore wat tot die afname bygedra het:
Namibiërs het hulle nog altyd sterk uitgespreek oor gevalle waar 'n polisiebeampte omkoopgeld sou vra in ruil daarvoor om ‘n klag of boete te laat vaar. In die meeste gevalle sal polisiebeamptes die omkoopgeld in kontant verkies, want daar is geen spoor van die onwettige transaksie nie. ‘n Luisteraar het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê daar was onlangs ‘n voorval waar twee polisiebeamptes 1 500 Namibiese dollar kontant van ‘n verdagte geëis het nadat hy van ‘n misdaad aangekla is. Die twee beamptes het ook uiters vinnig by die toneel opgedaag, vir 'n saak van aanranding waar daar nie eers 'n besering was nie. Die verdagte het glo net 1 000 dollar gehad, wat hulle toe glo aanvaar het om die saak te laat verdwyn. Die direkteur-generaal van die Namibiese Teenkorrupsie-kommissie Paulus Noa sê aan Kosmos 94.1 Nuus dat Namibiërs enige gevalle van omkopery by hulle of die Nampol moet aanmeld.
Die Namibiese ombudsman het sy reaksie gegee op berigte dat 24,5 persent van net meer as 3 000 leerders tussen die ouderdom van 12 en 17, ten minste een poging tot selfmoord in die afgelope 12 maande gehad het. Volgens ‘n verslag oor skoolgaande Namibiese tieners deur BioMed Central Psychiatry, het ‘n verdere 20,2 persent gesê hulle het gedagtes oor selfmoord met meer as 25 persent wat sê hulle het al selfmoord beplan. Ombudsman, Basilius Dyakugha, sê sekere maatskaplike kwessies word nie in die samelewing bespreek nie.
Amnestie Internasionaal sê Suid-Afrika het ‘n regsplig om die Russiese President Vladimir Putin in hegtenis te neem wanneer hy die land besoek. Dit volg nadat die Internasionale Strafhof in Den Haag ‘n lasbrief vir Putin se inhegtenisneming uitgereik het. Putin sal na verwagting Suid-Afrika in Augustus besoek om die 15de Brics-beraad by te woon. Kosmos 94.1 Nuus het met die Suid-Afrikaanse politieke kenner, professor Andre Duvenhage, gesels oor of Putin in hegtenis geneem sal word as hy wel Suid-Afrika , of selfs Namibië sou besoek.
Die tweede jaarlikse energieberaad oor jeug en billike energie-oorgangsgeleenthede begin vandag in die Sandton-konvensiesentrum in Johannesburg. Hierdie jaar se fokus is op die jeug se aktiewe soeke na ekonomiese geleenthede in energie-oorgang en die opkomende laekoolstof-energiesektor. Lwazi Ntombela van die Suid-Afrikaanse Jeug Ekonomiese Raad hoop die beraad sal die regering en die privaat sektor bymekaarbring in pogings om jongmense in die land te bemagtig:
Die voormalige Britse premier Boris Johnson het toegegee dat hy die parlement mislei het oor partytjies by Downingstraat 10 tydens die Covid-19 pandemie, maar sê hy het dit nie opsetlik of roekeloos gedoen nie. Hy het voor ‘n ondersoek-komitee, wat moet bepaal of hy aspris gelieg het of nie, getuig en sê hand op sy hart, hy was so eerlik as wat hy kon wees.
Gun Free SA gaan regstappe instel teen die minister van Polisie, Bheki Cele, oor die onwettige verkoop van wapens aan misdadigers. Die organisasie eis skadevergoeding vir die dood van 89 kinders en 170 kinders wat weens nalatige vuurwapenbestuur gewond is. Dit volg op die skuldigbevinding van die gewese senior polisie-offisier, Christiaan Prinsloo, in 2020 oor die verkoop van meer as nege-duisend vuurwapens aan bendeleiers op die Kaapse Vlakte. Ian Cameron van Action Society sê die polisie doen nie genoeg om hierdie gebruik stop te sit nie:
Die DA in Gauteng sê die provinsiale infrastruktuur-befondsings-agentskap het die dak-sonpaneelprojek in die 2013/2014-boekjaar ingestel wat veronderstel was om krag van privaatsektor vennote aan te koop. Dit het bykans 'n dekade later nog nie gebeur nie, ten spyte van die land wat onderwerp word aan maande se kragonderbrekings. Die DA-lid, Adriana Randall, sê dit is 'n deurslaggewende projek om die stygende koste te hanteer en die land te help om sy koolstof-voetspoor te verklein.
Boks: Oekraïne se swaargewig-kampioen, Oleksandr Usyk, kan sy rug draai op onderhandelinge met Tyson Fury oor ʼn onbetwiste swaargewig-geveg einde April. Die moontlikheid van ʼn onmiddellike herontmoeting is ʼn taai toffie tydens onderhandelinge. Usyk is die kampioen van die WBA, IBF en die WBO en dring aan op ʼn herontmoetings-klousule terwyl die WBC-kampioen, Fury van Engeland, niks daarvan wil weet nie.
Die Wes-Kaapse LUR vir gemeenskapsveilgheid, Reagen Allen, sê daar sal dadelik en ernstig teen polisiestasies en -beamptes opgetree word wat na bewering inwoners vra om te betaal vir polisiebegeleiding. Bewerings het na vore gekom dat daar by sommige van Kaapstad se polisiestasies van inwoners verwag word om 75 Suid-Afrikaanse rand te betaal vir polisie-begeleiding tydens noodgevalle. Kosmos 94.1 Nuus se korrespondent in Kaapstad, Fritz Platt...
Die nuwe Suid-Afrikaanse minister van elektrisiteit, Kgosientso Ramakgopa, glo infrastruktuur-gebreke is die hoof-oorsaak van die land se energie-krisis. Hy is op ‘n agt daagse beoordelingstoer na al die kragstasies in die land. Ramakgopa sê die meeste van die probleme by die kragstasies is tegnies van aard en nie verwant aan korrupsie nie.
Die Mededingingskommissie in die buurland gaan begin ondersoek instel na hoe inhoud van nuusmedia op digitale platforms versprei word. Dit volg nadat reguleerders in Amerika, Brittanje, Kanada en Australië reeds probeer het om tegnologie-reuse te dwing om vir inhoud te betaal. Die kommissie se woordvoerder, Siyabulela Makunga, het gesê hulle gaan probeer vasstel hoe nuus-uitgewers kenmerke op digitale platforms gebruik, insluitende soekenjins, sosiale media-webwerwe en kunsmatige intelligensie. Hy sê onafhanklike media kan bedreig word as dit nie behoorlik gefinansier word nie.
Die Namibies-gebore bekroonde skrywer Zirk van den Berg het weer 'n boek gepubliseer wat in Namibië afspeel. Geheim van die gruwelsand speel onder meer in die Sperrgebiet in die Tweede Wêreldoorlog af. Resensente beskryf die boek as een van die heerlikste verbeeldingsvlugte. Van den Berg wat in Nieu-Seeland woon, besoek Namibië gereeld vir sy navorsing oor sy boeke. Hy gesels uit Auckland met Kosmos 94.1 Nuus.
Die amptelike opposisieparty in Namibië, die PDM, eis die onmiddellike vrylating van drie aktiviste. Een is hul parlementslid, Inna Hengari, asook Michael Amushelelo en Dimbulukeni Nauyoma gearresteer. Die party sê 21 Maart 2023 is inderdaad 'n hartseer dag in Namibië se geskiedenis nadat die drie tydens die nasionale betoging teen werkloosheid in hegtenis geneem. Die drie verskyn eers môre in die hof. Die PDM se sekretaris, Manuel Ngaringombe sê aan Kosmos 94.1 die wette waarvolgens hulle gerarresteer is, dateer uit die apartheidsregering uit.
Daar is geen slangvangers meer in Windhoek nie. Namibian Marshal Ranger Sean Naude sê hy het vandag verneem dat nog 'n slangvanger wat slange in Windhoek red en verwyder, nie meer die dienste aanbied nie. Dit laat Windhoek met geen slangvangers meer om die publiek te help nie. Naude sê as 'n persoon wat dit vir jare gedoen het, verstaan hy waarom slangvangers handdoek ingooi, want dit is te duur om dit op eie koste te doen. Hy sê ongelukkig help die omgewingsministerie nie met befondsing of ondersteuning van slangvangers nie. Naudé het met Kosmos 94.1 Nuus gesels...
Die Kaapstadse Modeweek begin vandag nadat dié modeskou vir twee jaar weens Covid-19 nie kon plaasvind nie. Vanjaar se geleentheid beklemtoon volhoubaarheid en sal 'n ekspo met mode, kuns, ontwerp en kleinhandel insluit. Die burgemeesterskomiteelid vir veiligheid en sekuriteit, JP Smith, sê die modebedryf speel ‘n beduidende rol in ekonomiese groei en skep werksgeleenthede.
Dr. Kudumo sê die resultate en aanbevelings van studie sal tydens die seminaar gedeel word.
Kommer heers oor Namibiese seuns wat swak akademies vaar. Om hierdie rede bied die Universiteit van Namibië se onderwys-fakulteit op 27 en 28 Maart 'n seminaar by die Khomasdal-kampus aan om die kwessie aan te spreek. Die tema van die seminaar is "The Boys We Leave Behind: Findings and Recommendations from a National Study on Namibian Boys’ Education". Dr. Marius Kudumo, wat deel was van Unam se navorsing, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor van die bevindinge.
Namibiërs het die land se 33ste Onafhanklikheidsherdenking gevier en die land se paaie was besig. Namibiërs het na alle uithoeke van die land gereis en verskeie padongelukke is aangemeld. Die kus was ook ‘n gewilde bestemming vir Namibiërs wat ‘n langnaweek geneem het. Kosmos 94.1 Nuus het met Aubrey Oosthuizen van die West Coast Safety Initiative gesels....
Die sekretaris-generaal van die ANC, Fikile Mbalula, sê stilstande is nie die oplossing vir die land se probleme nie. Mbalula het die media toegespreek en beklemtoon dat dit die lewensbestaan van alle mense in Suid-Afrika bedreig. Hy sê ook dit raak hoofsaaklik arm mense in die land.
Die Namibiese aktiviste Michael Amushelelo en Dimbulukeni Nauyoma wat weens 'n vreedsame protes teen werkloosheid in Windhoek op Onafhanklikheidsdag in hegtenis geneem is, word by die Seeis-aanhouding selle oos van Windhoek aangehou. Daar word gerapporteer dat hulle in goeie gees en vasbeslote is om die stryd teen jeugwerkloosheid voort te sit. Hul prokureur Kadhila Amoomo het gesê hulle sal die nasie op hoogte hou van hul verskyning in die hof môre. Nauyoma het hierdie boodskap vanaf Seeis aan die jeug gehad...
Die sekretaris-generaal van die ANC, Fikile Mbalula, het uitgevaar teen die bewerings van die EFF-leier, Julius Malema, dat die party se stilstand Maandag vreedsaam was. Mbalula het op 'n nuuskonferensie gesê die stilstand se doelwit was om die land se ekonomie te sluit, maar die EFF kon nie daarin slaag om genoeg steun te werf om dit uit te voer nie. Hy het die inhegtenisneming van bykans 530 mense weens pogings tot anargie bevestig.
Die Suid-Afrikaanse minister van water en sanitasie Senzo Mchunu, is ook, nes landbouminister Calle Schlettwein, by die Verenigde Nasies se Waterkonferensie wat van vandag af in New York gehou word. Die departement se woordvoerder, Wisane Mavasa, sê Mchunu gaan aan verskeie paneelbesprekings saam met sy eweknieë van die vasteland en regoor die wêreld deelneem. Hy gaan die in-dieptemaatreëls beklemtoon wat die regering onderneem het om watersekerheid teen 2030 en daarna te verseker:
Die Windhoekse Stadspolisie sê die meeste vuurwapens wat deur misdadigers gebruik word, is gesteelde vuurwapens. Vuurwapen-eienaars is volgens wet veronderstel om hul vuurwapens in kluise in hul huise toe te sluit. As vuurwapens in voertuie gelos word, verhoog dit die risiko dat dit gesteel kan word. Superintendent Celie Kapolo van die stadspolisie sê die publiek kan hul vuurwapens na polisiestasies neem as hulle reis.
Die makelaarsfirma Simonis Storm sê die besettingskoers vir Februarie vanjaar is op 31,7 persent gemeet, dieselfde syfer as wat in Januarie aangeteken is. Namibiërs het 55 persent van alle gaste uitgemaak gedurende die maand, wat uiters laag is maar, die firma voeg by dat die styging in lewenskoste en die van brandstof waarskynlik die dryfveer hiervoor is. Namibië se tradisionele mark is ook onveranderd met 37,5 persent van alle besoekers wat afkomstig was van Duitsland, Switserland en Oostenryk. Net meer as 5 persent was van Suid-Afrika afkomstig. Gaste vanuit die VSA en Kanada het verdubbel teenoor die syfers van Februarie verlede jaar. Groot hotelle was die meeste beset, op 62,3 persent. Theo Klein van Simonis Storm sê die ITB in Berlyn sal Namibiese toerisme ‘n hupstoot gee.
Kunsliefhebbers, en veral dié van Namibiese kuns, kry volgende week ‘n gulde geleentheid om raar en klassieke werke aan te skaf. Strauss & Company hou vanaf Sondag tot Woensdag ‘n veiling, wat ook aanlyn beskikbaar sal wees in Woodstock in Kaapstad. Kunswerke van Maud Sumner en Adolph Jentsch sal onder die hamer kom. Jean le Clus-Theron, Strauss & Company se senior kunsspesialis het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.
‘n Namibiese ekonoom het sy reaksie gegee oor sentrale banke in Afrika se grootste ekonomieë wat na verwagting rentekoerse sal verhoog om inflasie te beperk en 'n uitverkoping in hul bates af te weer. Dit word volgens kenners vererger deur die ineenstorting van die Amerikaanse lener Silicon Valley Bank en stres by Credit Suisse. Suid-Afrika, saam met Nigerië, Egipte, Marokko en Kenia sal na verwagting in die volgende twee weke hul repokoerse verhoog. Daar word ‘n 25 basispunt-verhoging verwag, maar selfs dalk hoër in Namibië. Kosmos 94.1 Nuus het met Arney Tjaronda van High Economic Intelligence Investment, gepraat...
Reaksie word ontvang op die tonele wat op Outapi uitgespeel het nadat President Hage Geingob die beskikbare kos vir die gepeupel gegee het en die belangrike gaste opdrag gegee het om nie te eet nie. Daar was nie genoeg kos nie maar, niemand kon hulle op die bestorming van die tente voorberei het nie. Honderde mense het neergesak op die tafels, kos uit borde gegryp en meer. Die oud-ombudsman advokaat John Walters het sy mening so verwoord.
Onafhanklikheidsdag was baie dinge maar, niemand kon dit oninteressant noem nie. Sosiale media is vol plasings en menings oor die chaos in Windhoek, sowel as die chaos op Outapi, veral met die middagete. Maar, meeste meen dat dit verdoemend is dat die elite heerlik op Outapi gekuier het terwyl die Namibiese polisie hardhandig met werklose jeug in die hoofstad omgegaan nie. Die LPM sê dit is ironies dat jongmense wat hulle fundamentele regte uitoefen, aangeval word deur owerhede... die party se woordvoerder Lifalaza Simataa het die party se mening so verwoord.
Die Britse skaduminister vir justisie, Steve Reed, sê hy hoop dat die voormalige eerste minister Boris Johnson vanmiddag eerlik sal wees wanneer hy antwoord moet gee op Partygate. Sy geskrewe verklaring is Dinsdag bekend gemaak maar, hy moet vanmiddag in die parlement verskyn. Reed sê Johnson is bekend daarvoor dat hy nie verantwoordelikheid kan neem nie.
Mpumalanga se waarnemende provinsiale polisiekommissaris, Zeph Mkhwanazi, het 'n aanval op die polisie skerp veroordeel. 'n Groep van 23 taxi-operateurs het Maandagaand die Witbank-polisiekantoor bestorm en geëis dat 'n verdagte wat weens moord en poging tot moord gearresteer is, vrygelaat word. Die polisiewoordvoerder, Selvy Mohlala, sê volgens inligting het die hele drama verlede week begin toe 'n groep taxi-operateurs na Klarinet gegaan het en na bewering twee mans wat van diefstal beskuldig is, ontvoer en aangerand het:
Die Springbok-vroue se waarnemende afrigter, Louis Koen, het vier nuwelinge ingesluit by die groep wat Kanada Saterdag in Madrid die stryd aansê. Die heelagter Mary Zulu, senter Shaunique Hess, en die slot Danelle Lochner is in die begintal terwyl die agterspeler Byrhandré Dolf op die bank is. Negentien lede van die wedstryd-23 was deel van verlede jaar se Wêreldbeker-groep in Nieu-Seeland. Koen sê hulle verwag uitdagings van die Kanadese groep wat hom genoop het om Catha Jacobs vir dié wedstryd by die skrum-groep in te sluit:
Namibië neem deel aan die Verenigde Nasies se 2023 Waterkonferensie in New York. Die byeenkoms is deel van ‘n groter hersiening vir die implementering van water en sanitasie doelwitte tot en met 2028. Die woordvoerder van die landbouministerie, Jona Musheko, sê die Namibiese afvaardiging word gelei deur die eerste minister, dr. Saara Kuugongelwa-Amadhila saam met minister Schlettwein. Die twee het reeds Sondag vertrek met die konferensie wat vandag begin. Schlettwein het uit New York met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en sê die belangrikheid van water kan nie oorbeklemtoon word nie.
Die EFF in Gauteng sê hy veroordeel die optrede van die polisie en die Departement van Korrektiewe Dienste wat weier om mense vry te laat wat tydens Maandag se betogings gearresteer is. Meer as 550 mense is vasgetrek, waarvan 149 in Gauteng was. Hulle staar onder andere aanklagte van openbare geweld, intimidasie en beskadiging van noodsaaklike infrastruktuur in die gesig. Dumisani Baleni van die EFF sê hulle gaan plakkaatbetogings by polisiekantore en howe hou om die betogers se vrylating te eis:
Die liefdadigheidsorganisasies, gemeenskapsgroepe en vrywillige organisasies wat deel van Namibië se maatskaplike sektor uitmaak, ondersteun behoeftiges. Hulle wil die land help ophef en gemeenskappe bymekaar te bring. 'n Rehoboth-gebaseerde liefdadigheidsorganisasie, Rehoboth Mommies In Need, wat veral help om veral behoeftiges kinders en vroue te ondersteun, sê die nood is groot. Elodine Cloete, stigter, en eienaar van die organisasie sê aan Kosmos 94.1 Nuus is dankbaar vir al die skenkings wat tot dusver ontvang is.
'n Vier-en-twintigjarige man is in Kaapstad hegtenis geneem vir die besit van saamgeperste dagga met 'n geraamde straatwaarde van sowat 500 000 Suid-Afrikaanse rand. Die polisie se woordvoerder, Malcolm Pojie, sê lede van die provinsiale blitspatrollie het inligting opgevolg oor dagga op 'n langafstandbus op pad na Kaapstad. Hy sê die oplettende beamptes het die passasiersbus op die N1-snelweg in die Paarl afgetrek en dit deursoek:
Estie Schreiber gesels oor die pomp van jou ligaam, jou hart. Hoe kan die natuur jou hart ondersteun met A.Vogel se "Crataegus Oxy" druppels. Beskikbaar by apteke en gesondheidswinkels. Vir meer inligting besoek gerus www.avogel.co.za, of stuur 'n e-pos na info@sanatural.co.za
Die Suid-Afrikaanse groep, Forum 4 Service Delivery, sê hy steun steeds beroepe vir die verwydering van President Cyril Ramaphosa. Hy gaan ook deel wees van protes om beurtkrag te beëindig wat tot die ongewenste geskiedenis van die verlede behoort. Die sekretaris-generaal, Masego Kodisang, sê as 'n party moes hulle aan die EFF se nasionale afsluiting deelneem as 'n manier om hulle totale verontwaardiging oor die spoed waarteen die huidige regime die land in die grond in bestuur, uit te spreek:
Novac Djokovic was nie toegelaat om na die VSA te reis om aan toernooie deel te neem nie omdat hy nie teen Covid ingeënt is nie. Amerika het steeds die maatreël in plek. Hy het eksklusief met CNN gepraat en sê hy het geen spyt nie en meen daar is meer aan die lewe as net tennis.
Die nuwe minister van elektrisiteit in die buurland, Kgosientsho Ramokgopa, sê hy is vol vertroue dat beurtkrag deur gesamentlike pogings tot 'n einde gebring kan word. Hy het die Kusile-kragstasie in Emalahleni, Mpumalanga, besoek as deel van sy landwye toer na 14 kragaanlegte. Hy het die Kriel- en Duvha-aanlegte Maandag besoek. Ramokgopa sê hy is bewus gemaak van 'n aantal tegniese probleme by Kusile, maar nie van korrupte aktiwiteite nie:
‘n Bekende ekonoom gee sy reaksie oor die Brent ruolie-prys wat tans onder druk is. Dit het met amper 12 persent verlede week teruggesak. Die prys reageer op die oomblik op die bankkrisisse in Europa en die VSA. Die Amerikaanse reserwebank sal ook na verwagting vandag sy rentekoers met 25 basispunte opstoot wat die dollar verder sal versterk en olie afdwing. Opul vergader weer op 3 April en sal na verwagting daaglikse produksie weer met twee miljoen vate daagliks verlaag. Daar is voorheen beaam dat Brent teen ongeveer 100 Amerikaanse dollar per vat die jaar sal verhandel maar dit blyk nou om nie meer van toepassing te wees nie. Die Suid-Afrikaanse ekonoom, Dawie Klopper, sê aan Kosmos 94.1 Nuus Brent sal nie sommer bo 80 Amerikaanse dollar per vat styg nie.
Die African Transformation Movement het bevestig dat hy sy reaksie op die waarnemende Openbare Beskermer, Kholeka Gcaleka, se voorlopige Phala Phala-verslag ingedien het. Die verslag spreek President Cyril Ramaphosa vry van enige verkeerde optrede wat die inbraak in Februarie 2020 op sy plaas in Limpopo betref. Die verslag het bevind bewerings dat die president die Etiese Kode vir die Uitvoerende Gesag oortree het, en dat daar 'n botsing van belange was tussen sy sakebelange en grondwetlike verpligtinge, is ongegrond. Die party se woordvoerder, Zama Ntshona, sê hulle stem nie saam met die bevinding nie:
Professor Jannie Rossouw van die Wits Sakeskool is van mening dat die krisis in bankwese wat tans in die VSA en in Switserland voorkom, nie sal oorspoel na die SAOG-streek nie. In sy mening is toesighouding en die strukturele bankstelsel in Suid-Afrika en die res van die streek uiters stabiel en banke is ook goed gekapitaliseer.
Suid-Afrikaanse motoriste kan in April 'n mate van petrolprys-verligting sien namate wêreldwye oliepryse daal. Die jongste brandstof-data dui op 'n kleiner styging in April se petrolprys van ongeveer 8 sent per liter. Dit is baie laer as aan die begin van die maand toe 'n verhoging van 56 sent per liter in die vooruitsig was. Dieselpryse is steeds op koers vir 'n daling, met die data wat dui op 'n verlaging van 43 sent per liter in April. Dit word toegeskryf aan swakker internasionale oliepryse, al het die rand verswak teenoor die Amerikaanse dollar. Kosmos 94.1 Nuus het met Gabriel Erastus, 'n plaaslike ekonoom, gepraat oor hoe brandstofpryse vir Namibië kan lyk.
Die arbeidsaktivis Michael Amushelelo, sy mede NEFF-lid Dimbulukeni Nauyoma en die PDM se parlementslid Inna Hengari word op verskeie klagte sedert Dinsdagoggend aangehou. Volgens die Namibiese polisie het die drie wetgewing oor openbare byeenkomste oortree, openbare geweld aangehits, staatseiendom kwaadwillig beskadig toe ‘n polisievoertuig met klippe bestook is, minagting van die hof en die skending van ‘n hofbevel. Adjudant-offisier Silas Shipandeni van die Khomas-polisie het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling bied van vandag tot Vrydag 'n Seksuele en Reproduktiewe Geregtigheidskonferensie in Pretoria aan. Die konferensie dien as 'n belangrike mylpaal vir die konsolidering van die werk wat die afgelope 24 jaar oor die Bevolkingsbeleid oor Seksuele en Reproduktiewe Gesondheid en Regte gedoen is. Die departementele woordvoerder, Lumka Oliphant, sê van die onderwerpe onder bespreking is die gevolge van gedwonge sterilisasie van MIV-positiewe vroue in gesondheidsorg-instellings in Suid-Afrika:
President Hage Geingob het by die Onafhanklikheidsvieringe, die baie belangrike persone opdrag gegee om nie middagete te geniet nie en dit eerder vir die publiek aan te bied – blykbaar omdat daar nie genoeg kos was nie.
ActionSA in Gauteng het sy kandidaataanwysingsproses afgesluit na 'n volledige hersiening van sy proporsionele verteenwoordigingslys in Tshwane. Dit volg na die beëindiging van die lidmaatskap van drie raadslede wat glo saam met die ANC en die EFF gewerk het. James de Villiers van ActionSA sê die hersiening het gelei tot die Onafhanklike Verkiesingskommissie se goedkeuring van Mark Boikanyo, Hluphi Gafane en Derick Mahlangu as nuwe raadslede van die stad:
President Hage Geingob het op Onafhanklikheidsdag melding gemaak van die bydra wat Rusland, China, Kuba en die Skandinaviese lande gemaak vir hul bydrae aan Namibiese vryheid. Hy sê dit dit is ‘n dag vir eenheid.
Meer as 550 betogers is vir oortredings aangekeer wat strek van openbare geweld, intimidasie, skade aan noodsaaklike infrastruktuur en diefstal, tot pogings tot plundering, tydens die EFF se nasionale afsluiting. Gauteng het die meeste inhegtenisnemings met 149, gevolg deur die Noord-Kaap met 95. Daar is 80 mense in die Oos-Kaap gearresteer, gevolg deur die Vrystaat met 64. Die aantal bande waarop beslag gelê is, is 24 300. 'n Polisiewoordvoerder, Athlenda Mathe, sê die bande is op strategiese plekke geplaas vir misdadige optrede:
Die Springbok-vrouespeler, Tayla Kinsey, sê die Bok-vrouespan het 'n Saterdag 'n oortuigende openingsvertoning teen Kanada nodig, wat vierde op die wêreldranglys is. Die 29-jarige speler het haar eerste toets tien jaar gelede gespeel en is opgewonde om haar land weer in die toernooi in Madrid, Spanje, te verteenwoordig. Kinsey sê hulle is nie ongewoond om teen topspanne te speel nie ná hulle verlede jaar teen Engeland en Frankryk in die Wêreldbekerreeks kragte gemeet het:
Die Suid-Afrikaanse onderwysaktivis, Hendrick Makaneta, doen 'n beroep op die ANC-regering om alle studente die reg van toegang tot onderrrig te gee, selfs al het hulle uitstaande skuld. Sy oproep val saam met die viering vandag van Menseregtedag in die buurland. Talle studente staar 'n bleek toekoms in die gesig weens skuld wat oor 'n aantal jare opgehoop het. Makaneta dit maak nie sin dat iemand wat 'n jaar oor het om 'n graad te voltooi, skielik weer in die lang tou van werkloses moet gaan staan nie:
Namibiërs van alle uithoeke van die land is vandag in Outapi in die Omusati-streek om een van die belangrikste dae op Namibië se kalender, Onafhanklikheidsdag te vier. Daar word berig dat meer as 15 000 mense die byeenkoms vandag bywoon. Verrigtinge is effe vertraag en President Hage Geingob sal binnekort die skare toespreek. Intussen het Kosmos 94.1 Nuus het met Namibiërs van oraloor gepraat oor wat Onafhanklikheidsdag vir hulle beteken.
Die EFF-leier, Julius Malema, het sy party se nasionale afsluiting beskryf as die suksesvolste ooit in die geskiedenis van die stryd in Suid-Afrika. Hoewel Eskom aangedui het die opheffing van beurtkrag was weens 'n verminderde aanvraag, het die EFF-leier daarop aanspraak gemaak dit was die gevolg van die verset se sukses. Malema het in Pretoria aan verslaggewers gesê die lae vraag was weens fabrieke wat gesluit is. Hy het verder beklemtoon die party is gekant teen privatisering, wat hulle glo die agenda is van president Cyril Ramaphosa:
Die verslag van die VN se paneel oor klimaatsverandering skep ‘n sombere prentjie. Die verslag onderstreep die dringendheid om meer ambisieuse stappe te neem en wys dat, as ons nou optree, ons steeds 'n leefbare volhoubare toekoms vir almal kan verseker. Die verslag sê dat koolstofvrystellings teen 2030 met byna die helfte verminder moet word as aardverwarming tot 1,5 grade Celsius beperk moet word. Doeltreffende en billike bewaring van ongeveer 30 tot 50 persent van die wêreld se grond-, varswater- en seebronne sal help om 'n gesonde wêreld te verseker. Die sekretaris-generaal van die VN Antonio Guterres het die mensdom weer gewaarsku dat tyd min raak.
Vandag se derde en laaste eendagwedstryd tussen Suid-Afrika en die Windies in Potchefstroom is 'n moet-wen-wedstryd vir die gasheer om die reeks te kan red. Dit volg nadat die eerste wedstryd uitgereën en die besoekers 'n oorwinning van 48 lopies in die tweede wedstryd behaal het. Die veelsydige Protea-kolwer David Miller is terug in die groep en hy het gister gesê hy hoop om 'n indruk te maak:
Namibië vier vandag 33 jaar van onafhanklikheid met die amptelike herdenking op Outapi. Die eerste minister Saara Kuugongelwa-Amadhila sê dit is nou Namibiërs se verantwoordelikheid om die land na voorspoed te neem. Sy sê Namibiërs kan niemand anders blameer as die land nie vooruitgaan vanuit 'n ontwikkelings-oogpunt nie. Sy deel haar onafhanklikheidsboodskap met Kosmos 94.1 Nuus.
Die Russiese President Vladimir Putin vergader vandag met sy Chinese eweknie, Xi Jinping in Moskou om na wat berig word ekonomiese bande tussen die lande te verstewig en om China se rol as moontlike vredemaker in die Russiese konflik in Oekraïne te bespreek. Rusland beskou die Chinese staatshoof se besoek as 'n bewys van sy magtige vriendskap in sy stryd teen die Weste. Daar word berig die leiers sal samesprekings voer oor China se 12-punt-plan om die Oekraïne-krisis op te los en sy bande met Moskou te versterk. Terwyl Xi nog sal aandoen in die Oekraïne om die plan met President Volodymyr Zelensky te bespreek, het die Amerikaanse minister van buitelandse sake, Antony Blinken, kritiek op die plan uitgespreek.
Ten spyte van opmerkings deur die EFF-leier, Julius Malema, dat sy party se nasionale stilstand hoogs suksesvol was, blyk dit dat daar tog nie so baie mense soos verwag aan die landwye protes-aksie deelgeneem het nie. Geen groot gevalle van geweld of plundering is aangemeld nie met veral in Kaapstad waar dit baie stil was vandag met enkele gevalle van oproerigheid en geweld. Die Wes-Kaapse polisiekommissaris, luitenant-generaal Thembisile Patekile, sê daar was is 'n handvol mense in hegtenis geneem in verband met die betogings. Kosmos 94.1 Nuus se korrespondent in Kaapstad, Fritz Platt...
Die Swakopmund-munisipaliteit se Project Shine het 190 000 Namibiese dollar van verskeie borge ontvang om die dorp en omliggende gebiede skoon te hou. Sedert sy bekendstelling in 2007, het Project Shine 'n belangrike rol gespeel in die bevordering van netheid, herwinning en die verbetering van die maatskaplike welsyn van die Swakopmundse gemeenskap. Die burgemeester, Dina Namubes, sê deur hierdie projek word inwoners aangemoedig om op 'n verantwoordelike manier van hul afval ontslae te raak en bedag te wees op die probleem wat rommel bied.
Die Wes-Kaapse onderwysdepartement sê hy het reeds 51 628 registrasie-aansoeke vir die 2024 akademiese jaar ontvang. Die LUR, David Maynier, sê daar was egter 'n paar tegniese foute met die stelsel. Hy het ouers en versorgers aangeraai om gebruik te maak van die departement se toelatingstelsel.
Die regspan van advokaat Billy Downer betoog die privaat vervolging-lasbrief wat oudpresident Jacob Zuma teen hom laat uitreik het, behoort tersyde gestel te word. Advokaat Geoff Budlender het aan die hooggeregshof in Pietermaritzburg gesê niks in die mediese brief waarmee Zuma Downer en die joernalis van News24, Karyn Maughan, probeer vervolg, is vertroulik nie. Hy het daarop gewys Zuma was self van plan om die brief by die hof in te dien, waarna dit deel van die openbare rekord sou wees.
Atletiek Namibië het aangekondig dat die Namibiese senior nasionale baan- en veld-kampioenskappe op 14 en 15 April by die Onafhanklikheidstadion in Windhoek sal plaasvind. Atlete neem deel op uitnodiging. Berthold Karumendu, ‘n koördineerder Atletiek Namibië, sê aan Kosmos 94.1 Nuus na verwagting sal die Namibiese Olimpiese naellopers Christine Mboma en Beatrice Masilingi ook sal deelneem.
'n Namibiese San-man, oorspronklik van Tsumkwe, Oupa Topias, het internasionale gehore by die Earthna-beraad in Katar met sy antieke vaardighede betower. Hy is 'n ikoniese lid van die Antieke San-vaardighede Akademie van die Harnas-wildreservaat en -gastehuis en is deur mede-stigter van die N/a'an ku sê-stigting, Marlice van Vuuren vergesel. Hulle het skouers geskuur met die bekroonde bewaringskundige, Jane Goodall, die wêreld se voorste kenner van sjimpansees. Hierdie geleentheid, georganiseer deur die Katar-stigting, verteenwoordig minderheidsgroepe op 'n internasionale platform met volhoubaarheid die sleutelfokus. Van Vuuren het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat...
‘n Namibiese geslags-aktivis sê die Lühl-uitspraak vandag in die hooggeregshof is ‘n groot terugslag. Die Namibiese ministerie van binnelandse sake het in sy appèl geslaag teen die bevinding van die hoërhof dat die egpaar, Phillip Lühl en Guillermo Delgado se seun Yona Namibiese burgerskap moet ontvang. ‘n Volbank regters in die hooggeregshof het die beslissing gemaak. Die uitspraak dui aan dat Yona se geboorte as Namibiër, al was dit deur middel van ‘n surrogaat, moes by die Namibiese ambassade in Suid-Afrika, binne 'n jaar geregistreer word. Linda Baumann het haar teleurstelling aan Kosmos 94.1 Nuus uitgespreek.
‘n Bekende ekonoom het sy reaksie gegee op die goudprys wat vir die eerste keer in ‘n jaar tot bo 2 000 Amerikaanse dollar per fyn ons gestyg. Dit het vroeg vanoggend in Europese handel verhandel teen 2 005 dollar. Die goudprys staan nou rondom 19 dollar 70 sent. Die styging in die goudprys is hoofsaaklik weens kommer in die internasionale banksektor. Goud het in reaksie op die internasionale bankkrisis ‘n veilige hawe vir beleggers geword. Kosmos 94.1 Nuus het met Suid-Afrikaanse ekonoom, Dawie Roodt, gesels waarom goud as ‘n veilige belegging beskou word..
Die EFF-leier Julius Malema het meer klem geplaas op die verwydering van President Cyril Ramaphosa en die ANC-regering. Hy sê Ramaphosa het Suid-Afrikaners in die steek gelaat, met die gevolg hulle ly onder talle uitdagings, wat beurtkrag insluit. Malema sê die sukses van die ANC hang af van lande soos Rusland, China, Angola en Nigerië. Malema sê beroepe dat Ramaphosa moet bedank is nie ongrondwetlik nie omdat hy deur die parlement aangestel is.
‘n Namibiese veearts het bevestig daar ‘n gebrek aan entstof is om perde teen Afrika-perdesiekte in te ent. Februarie word as die hoogtepunt van die siekte beskou, en dit kan tot die eerste ryp van die seisoen duur. Perde moet in die winter ingeënt word, maar verlede jaar was daar 'n tekort aan entstowwe. Dit is 'n verwoestende siekte wat enorme lyding en baie vrektes veroorsaak onder perde in Afrika suid van die Sahara. Die besmette perde vrek binne 'n paar dae. Dr. Theuns Laubscher, 'n veearts van die Windhoek Veeartseny-kliniek sê aan Kosmos 94.1 Nuus hoe die situasie vir Namibië lyk...
EFF-leier, Julius Malema, sê dit is tyd vir Suid-Afrikaners se stemme om gehoor te word. Malema het aan betogers wat in Pretoria vergader, gesê ondanks die hofinterdikte en intimidasie, het sake nie vandag soos gewoonlik verloop nie. Malema sê ná 30-jaar van demokrasie het Suid-Afrikaners steeds nie water of krag nie en die werkloosheidsyfer neem toe. Hy het 'n beroep op betogers gedoen om hul liggame te gebruik tydens die versetoptrede en nie wapens nie.
Kaapstad-owerhede sê verskeie wetstoepassers is na die Kaapstad Internasionale Lughawe ontplooi om die veiligheid van besoekers en reisigers na en van die lughawe te verseker, as deel van owerhede se reaksie op die nasionale stilstand. Dit was 'n besige oggend by die stad se rampbestuursentrum in Goodwood van waar die optogte via kringtelevisie-netwerk gemonitor word. Kosmos 94.1 Nuus se korrespondent in die Moederstad, Fritz Platt het meer...
Die Suid-Afrikaanse minister van polisie, Bheki Cele, sê drie EFF-raadslede is onder die 87 betogers wat in hegtenis geneem is tydens die nasionale stilstand. Cele het 'n nuuskonferensie in Soweto in Johannesburg gehou en sê die polisie is teenwoordig om te verseker geen geweld, intimidasie of plundering vind in die land plaas tydens die betoging nie. Die minister sê sake gaan soos gewoonlik aan in verskeie gebiede in die land.
Die Kommunistiese Party van Swaziland doen 'n beroep vir solidariteit met die mense van Malawi en Mosambiek, sowel as ander mense in die streek, ná die verwoestende gevolge van sikloon Freddy. Byna een miljoen mense ly steeds aan voedsel-onsekerheid in beide lande, en meer as 280 000 kinders in Malawi benodig dringend humanitêre hulp. Die party se internasionale sekretaris, Pius Vilakati, sê die sikloon kan Malawi se cholera-uitbreking verder vererger, wat reeds die ergste in dekades is.
Die DA in Mpumalanga sê ondanks herhaaldelike waarskuwings dat die ANC die proses van openbare deelname oor die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette - die sogenaamde Bela-wet - probeer kaap, is dit presies wat die naweek gebeur het. Die laaste openbare sitting oor die wet is Sondag uitgestel weens 'n kommunikasieprobleem oor die plek waar dit sou plaasvind. Baxolole Nofada van die DA, sê, slegs 'n handjievol gemeenskapslede het Vrydag by die openbare sitting in Bosbokrand opgedaag, terwyl die meeste van hulle ANC-lede was wat van ander gemeenskappe daarheen aangery is:
Dr. Marius Kudumo, 'n openbare beleidsontleder en kenner van internasionale betrekkinge, sê Namibië moet strategiese planne in plek hê om die gebruik van direkte buitelandse belegging te aan te spoor. Dr. Kudumo het gereageer op President Hage Geingob se aankondiging tydens sy staatsrede dat Namibië meer as 10 miljard Namibiese dollar in beleggings gelok het in die eerste nege maande van 2022. Dr. Kudumo het met die plaaslike uitsaaier, die NBC, gepraat.
Carlos Alcaraz beklee weer die boonste posisie op die wêreldranglys nadat hy die Indian Wells-meesterstoernooi in Kalifornië gewen het. Die 19-jarige Spanjaard het die Rus Daniil Medvedev se 19 oorwinnings in 'n ry beëindig deur hom met 6-3, 6-2 te klop en so vir Novak Djokovic as nommer een vervang. Die Serwiër ding nie in die VSA mee nie omdat hy nie ingeënt is teen Covid-19 nie. Alcaraz het die toernooi gewen sonder om 'n enkele stel af te staan:
Die Namibiese Korrektiewe Diens het sy kommer uitgespreek oor die dreigende droogte. Die diens het 'n gesamentlike projek met die Wêreldvoedselprogram van stapel gestuur. Dit het eers uiters goed gegaan en die diens poog om ten minste sy fasiliteite met voedsel te voorsien. Maar, die hoof, kommissaris-generaal Raphael Hamunyela, sê hulle droëland-produksie steier onder die tekort aan reën.
Die Namibiese Finansiële Instellings Toesighoudende Owerheid, Namfisa, het die sperdatum vir die indien van kommentaar op die implementering van die omstrede Wet op Finansiële Instellings en Markte, Fima, tot 31 Maart uitgestel. Ipumbu Shiimi, die minister van finansies, het Fima verlede jaar uitgestel te midde van erge druk en teenkanting van verskeie belanghebbendes oor die omstrede klousule dat net 25 persent van ‘n pensioenfonds voor 55 jaar uitbetaal mag word. Die uitvoerende hoof van Namfisa, Kenneth Matomola, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat...
Reaksie word ontvang op die vlaag verkragtings van minderjariges in die land. Die Namibiese polisie se weeklikse misdaadverslag toon dat vyf gevalle, met slagoffers tussen die ouderdom van sewe en 15, aangemeld is. In die meeste voorvalle is die verdagtes bekend. Kosmos 94.1 Nuus het met advokaat Ingrid Husselmann, die voormalige kinderadvokaat by die Kantoor van die Ombudsman, gepraat.
President Cyril Ramaphosa het 3 474 lede van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag ontplooi om die polisie te help om wet en orde in die land te handhaaf. Die weermag is tot 17 April as deel van Operasie Voorspoed ontplooi teen 'n koste van 166 miljoen Suid-Afrikaanse rand. Die parlementêre woordvoerder, Moloto Mothapo, sê Ramaphosa het die Nasionale Vergadering se speaker, Nosiviwe Mapisa- Nqakula, en die Nasionale Raad van Provinsies se voorsitter, Amos Masondo, Vrydag oor die besluit ingelig:
Die Namibiese ministerie van werke en vervoer het in alle streke konsultasie-vergaderings gehou oor die sewe-sitplekvoertuie wat mense oor lang afstande vervoer. Die ministerie het baie voorstelle ontvang en een van die voorstelle was om te verhoed dat sewe-sitplekvoertuie mense oor lang afstande vervoer. Die ministerie het dus besluit om aan die voorstel te werk en gaan 'n nuwe vervoer-wetsontwerp in die Nasionale Vergadering ter tafel lê. Die woordvoerder van die minister, Julius Ngweda, sê aan Kosmos 94. Nuus die wetsontwerp het ten doel om sewe-sitplekvoertuie te beperk om oor korter afstande passasiers te vervoer.
Die voormalige sekuriteitsadviseur in die VSA, John Bolton, sê hy glo steeds nie dat Donald Trump sal staan vir die 2024 presidensiële verkiesing in die VSA nie. In sy mening, is dit Trump se vrees om te verloor wat hom uit die wedloop sal weerhou. Hy het wel aangekondig dat hy sal staan om as Republikeinse kandidaat te verkies te word maar, hy het nog nie die nodige papierwerk afgehandel nie.
Die Putco-busdiens was genoodsaak om sy busdiens in Gauteng en Mpumalanga vir vandag op te skort weens intimidasie. Die maatskappy sê busse wat personeel vervoer, het versperde paaie en betogers teëgekom wat aan die EFF se landwye optrede deelneem. Putco se woordvoerder, Lindokuhle Xulu, sê 'n bus is in Soshanguve gekaap en die vroulike bestuurder is uit die voertuig gestamp:
Die arbeids-aktivis Michael Amushelelo het ‘n beroep op werklose jeug in die land gedoen om môre, op Onafhanklikheidsdag, op te staan teen werkloosheid in die land. Die polisiehoof, luitenant-generaal Joseph Shikongo het hom gevra om nie die optog te hou nie. In sy mening hou dit verband oor kommernisse vir sekuriteit op onafhanklikheid maar Amushelelo sê hy gaan voort. Hy vra vir ‘n vreedsame optog en dat mense om sewe-uur môreoggend bymekaar moet kom.
Suid-Afrika en die Verenigde Arabiese Emirate sê hulle is gereed om gashere te wees vir vredesamesprekings tussen Oekraīne en Rusland wat die Inter-Parlementêre Unie sal fasiliteer. Die speaker van die Nasionale Vergadering, Nosiviwe Mapiusa-Nqakula, het die aankondiging gedoen toe sy 'n verslag van die unie se taakmag oor die vreedsame oplossing van die stryd in Oekraïne ter tafel gelê het. Dit was by die 146ste algemene vergadering van die organisasie in Bahrein. Sy sê die taakmag wil verseker onderhandelings vind plaas wat gaan help om die oorlog te beëindig:
Wetstoepassers in Suid-Afrika het landwyd die afgelope 12 uur 87 betogers deur die nasionale gesamentlike operasionele en intelligensiestruktuur in hegtenis geneem. Dit hou verband met oortredings van openbare geweld. Volgens die nasionale polisiewoordvoerder, Athlenda Mathe, is 41 in Gauteng vasgetrek, 29 in Noordwes en 15 in die Vrystaat. Sy voeg by daar is ook oortreders in Mpumalanga, en die Oos- en Wes-Kaap gearresteer:
Die Namibiese pa Phillip Lühl het 'n beroep op Namibiërs gedoen om hulle vanoggend in hul waterskeidingsaak in die hooggeregshof in Windhoek te ondersteun. Na 'n stryd van vier jaar teen die ministerie van binnelandse sake, omdat arbitrêr geëis word dat gay ouers DNS-toetse verskaf vir hul kinders om burgerskap te kry, sal die hooggeregshof vandag sy uitspraak lewer. Lühl en sy man Guillermo Delgado se seun en tweeling-dogters, wat deur surrogaatskap in Suid-Afrika gebore is, se Namibiese burgerskap hang in die weegskaal. Lühl het aan die Namibia Equal Rights-beweging gesê hulle het alle bystand nodig.
Manchester United is deur na die halfeindronde van die FA-beker ná 'n drie-een-oorwinning oor Fulham op Old Trafford. Dit het gelyk of Marco Silva se span in beheer was van die kwarteindwedstryd ná Aleksandar Mitrovic se doel vroeg in die tweede helfte. Willian se handbal het egter 'n verstommende ommekeer teweeg gebring wat gelei het tot 'n rooi kaart vir bestuurder Marco Silva, Mitrovic en die Brasiliaan. Bruno Fernandes het met 'n strafskop geslaag en 'n doel aangeteken terwyl Marcel Sabitze die oorwinning beklink het. United se bestuurder, Erik ten Hag, sê hy is tevrede met sy span se vertoning:
Die ANC, gelei deur President Cyril Ramaphosa, het die naweek met burgerlike organisasies in Johannesburg byeengekom om maniere te vind vir die oplos van die talle probleme wat die land teister. Burgerlike organisasies het die ANC in die verlede beskuldig hy ignoreer hulle en neem eensyidge besluite wat hulle werk raak. Die woordvoerder van die Lady of Peace Community Foundation, Celeste Diale, sê die regering moet die belangrikheid van vrede in skole beklemtoon, ten einde die geweldspiraal hok te slaan:
Die Departement van Korrektiewe Dienste in Suid-Afrika sê hy kan nie enige gevolgtrekkings maak oor of die berugte Facebook-verkragter, Thabo Bester, dood of lewendig is nie. Die departement het verlede jaar aangekondig Bester het in sy sel in die Mangaung-privaatgevangenis in die Vrystaat doodgebrand. Maar onlangse foto's op sosiale media toon 'n man wat net soos Bester lyk. Die departement se woordvoerder, Singabakho Nxumalo, sê hulle kan nie kommentaar lewer nie want die ondersoek is steeds aan die gang:
Die gewilde Wika-karnaval vind die naweek in Windhoek plaas. Alhoewel die fees 'n bekende Duitse tradisie is, word dit deur talle in Namibië met sy diverse kulture gevier. Vanjaar se Wika-karnaval sal op Vrydag 24 Maart met die Prinzenbal afskop waartydens die prinsepaar gekies sal word. Daarna sal die verskillende feesvieringe tot 1 April voortduur. Kosmos 94.1 Nuus het met die president van Wika Holger Mentzel gesels...
Die Presidensie in die buurland sê dit sal vandag sake wees soos gewoonlik vir President Cyril Ramaphosa, te midde van die EFF se nasionale wegbly-aksie. Die party het sakeondernemings gedreig en gesê hulle moet sluit om plundering te vermy. In 'n media-inligtingsessie in Pretoria het die presidensiële woordvoerder, Vincent Magwenya, gesê, Ramaphosa het wetstoepassingsagentskappe opdrag gegee om te verseker dat burgers se reg om hul gereelde en gewone sake te doen, gerespekteer word:
Daar is 'n politieke risiko aan die EFF se planne om die land vandag tot stilstand te bring. Dit is die mening van die politieke ontleder, Daniel Silke. Die party eis dat beurtkrag gestaak word en dat President Cyril Ramaphosa bedank. Silke sê indien daar min reaksie is ná die verwagting wat geskep is, sal dit die EFF se eie bohaai ondermyn. Hy voeg egter by dat indien geweld uitbreek, dit die party se aspirasie om te regeer sal ondermyn en beskryf dit as 'n revolusionêre vraagstuk:
Matthew Baldwin van Engeland het sy eerste DP World Tour-titel opgeraap toe hy die SDC Championship op St. Francis Links in die Oos-Kaap met sewe houe gewen het. Die 37-jarige speler het vier onder 68 in die laaste ronde behaal om ver voor die Spanjaard, Adri Arnaus, te eindig wat tweede is. Jaco Ahlers is die Suid-Afrikaner wat die beste gevaar het. Hy is gesamentlik derde op tien onder baansyfer met 68 in die laaste ronde. Baldwin, wat sy Tour-kaart in 2016 verloor het ná 'n reeks beserings, sê hierdie oorwinning beteken vir hom die wêreld:
Die Namibiese polisie maan leerders en ouers teen daggakoekies wat by skole of op straat verkoop word. Daggakoekies kom in verskillende vorms en in sjokolade- en vanieljegeure voor om jeugdige klante te lok. Dit lyk soos enige ander koekies en daggakoekies kan nie sommer uitgeken word nie. Die jeug en hoërskoolleerders is die hoofteikens. Nampol-woordvoerder hoofinspekteur Elifas Kuwinga sê aan Kosmos 94.1 Nuus verdagtes teiken die jeug en hoërskoolleerders.
Alle oë is op Suid-Afrika vandag met die EFF se sogenaamde nasionale afsluiting. Die General Industries Workers Union of South Africa het sy steun herbevestig vir die EFF se nasionale afsluiting vandag. Die EFF het sakeondernemings gedreig en gesê hulle moet sluit om plundering te vermy. Die party eis die bedanking van President Cyril Ramaphosa. Die president van Giwusa, Mametlwe Sebei, sê die regering beskerm nie werkers se behoeftes en regte nie, wat die land se ekonomie negatief raak. Hy sê die nasionale afsluiting wil klem plaas op verskeie uitdagings, waaronder werkloosheid en die ineenstorting van die staatsdiens. Sebei sê die ANC-regering moet uit die kussings gelig word:
Die sogenaamde nimmereindigende sikloon Freddy het amok in Madagaskar, Mosambiek en Malawi gesaai en Namibië in sy goeie reënmaand van Februarie van reën beroof. Regoor Namibië het boere landwyd Sondag 'n biddag vir reën gehou. Freddy het gelukkig gewyk en die bekende Namibiese weerkenner van Aranos, George van der Merwe, sê Namibië se weersomstandighede is uit die kritieke toestand uit.
Eskom het fase-een beurtkrag ingestel van vyf-uur tot vanoggend vier-uur vanmiddag. Daarna sal fase twee tot môreoggend vyf-uur volg. Beurtkrag is Sondag opgeskort weens 'n verbetering in die werkverrigting van kragstasies. Beurtkrag sal weer van vyf-uur môre-oggend tot vieruur môremiddag opgeskort word, en dan sal fase twee tot Woensdag-middag om vier-uur ingestel word. Eskom se Menzi Mngomezulu, het burgers bedank dat hulle voortgaan om elektrisiteit spaarsamig te gebruik om die druk op die kragnetwerk te help verlig:
Die Namibiese Professionele Jagters-vereniging, Napha, het sy reaksie gegee oor Britse parlementslede in die laerhuis wat die hoogs betwiste wetsontwerp oor die invoer van jagtrofeë na Brittanje, goedgekeur het. Die hoë kommissarisse van Namibië, Suid-Afrika, Zambië en Botswana, as deel van die Kavango-Zambezi-oorgrensbewaringsgebied, Kaza, het 'n brief oor volhoubare jag aan die Britse parlement geskryf. Hulle skryf sonder die inkomste van trofeejag sal gemeenskappe hulle tot wildstropery wend. Die wetsontwerp is nou na die Britse hoërhuis vir goedkeuring verwys, maar die president van Napha, Axel Cramer, sê aan Kosmos 94.1 Nuus die koeël is deur die kerk.
Sergio Perez van Red Bull het sy spanmaat Max Verstappen, wat in die 15de plek weggespring het, geklop om die Saoedi-Arabiese Grand Prix te wen. Fernando Alonso in sy Aston Martin het derde klaargemaak, maar aanvanklik vierde geplaas nadat hy ná die wedren met 10 sekondes gestraf is. Sy span se appèl teen die boete het egter geslaag en hy het sy derde plek behou. Lewis Hamilton het 'n vyfde plek vir Mercedes behaal met sy spanmaat George Russell vierde. Perez sê die wedren was moeiliker as wat verwag is:
Die Namibiese Finansiële Instellings Toesighoudende Owerheid, Namfisa, verseker dat pensioenvoordele aan die begunstigdes van afgestorwe pensioenfondslede uitbetaal sal word. Volgens wet word vereis dat 'n proses deur pensioenfondse gevolg word oor die wyse van verdeling van die voordele na die dood van 'n lid wat behels dat afhanklikes en genomineerdes van lede opgespoor word. Indien die pensioenfonds versuim om enige afhanklikes of genomineerdes binne 'n tydperk van 12 maande op te spoor, sal die balans in die fonds met betrekking tot daardie lid aan die lid se boedel betaal word. Kenneth Matomola, uitvoerende hoof van Namfisa, verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus.
President Cyril Ramaphosa sê hy gaan minder praat en meer doen. Ramaphosa het 'n ANC-vergadering met burgerlike organisasies in die Johannesburgse stadsaal toegespreek. Hy sê hy is gekritiseer omdat hy te lank neem om besluite te neem. Die vergadering is gehou om oplossings te vind vir die talle probleme wat die land in die gesig staar. Ramaphosa het vir die eerste keer erken hy het nooit met die alliansie-vennote oor die aanstelling van die nuwe minister van elektrisiteit beraadslaag nie. Hy sê hy sal besluit wanneer om oorleg te pleeg.
Die Namibiese omgewingsministerie se woordvoerder, Romeo Muyunda sê gemeenskapsbewaring is 'n sukses. Hy sê vanaf 1990 tot 2021 het gemeenskaps-bewaring sowat 11,9 miljard Namibiese dollar tot Namibië se netto nasionale inkomste bygedra en 3 548 werksgeleenthede geskep. Muyunda sê bewaringsgebiede het totale kontant-inkomste en voordele vir landelike gemeenskappe van 91,7 miljoen dollar gegenereer. In 2021 het bewaringsjag ongeveer 26 miljoen dollar opgelewer, met 'n vleiswaarde van sowat 3,3 ton wildsvleis ter waarde van ongeveer 9 miljoen dollar wat aan gemeenskappe uitgedeel is. Kosmos 94.1 Nuus het met Muyunda gepraat...
Die Instituut vir Sekerheid-studies in die buurland sê die samelewing moet die wil hê om die oppergesag van die reg te volg om môre geweld en plundering te vermy. Dit kom teen die agtergrond van die EFF se beplande nasionale protesaksie. Godfrey Mulaudzi van die instituut sê die betoging toon tekens van veiligheids-bedreigings, maar die polisie sal hul teenwoordigheid tydens die protesaksie verhoog. Mulaudzi sê beamptes is meer paraat vergeleke met die Julie 2021-onrus, wat hoofsaaklik KwaZulu-Natal en Gauteng getref het.
Aangesien Namibië Onafhanklikheidsdag op Dinsdag 21 Maart in Outapi gaan vier, sal baie Namibiërs op die lang pad wees. Daar is 'n skerp toename in verkeersvolumes landswyd en verskeie ongelukke is reeds aangemeld. Polisie-sigbaarheid is op die hoofpaaie verhoog om gebruikers aan te moedig om by verkeersreëls te hou en om padongelukke te verminder. Die Namibiese polisie se verkeersafdeling gaan padpatrollies hou. Nampol se hoofinspekteur Rozario Coetzee van die verkeersdepartement het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en maan padgebruikers om versigtig en nie onder die invloed van alkohol te bestuur nie.
Die EFF gaan môre voort met die nasionale stilstand ondanks verskeie hofinterdikte of polisieteenwoordigheid. Die betoging is om protes aan te teken teen die huidige energiekrisis, voedselonsekerheid, die sukkelende ekonomie en vir President Cyril Ramaphosa om te bedank. Verskeie hooggeregshowe het beveel die stilstand mag voortgaan. Geen geweld, plundery of intimidasie sal egter toegelaat word nie. Die adjunk-president van die EFF, Floyd Shivambu, het gesê die land is in 'n groot krisis.
Werkloosheid in Namibië is uiters hoog, tesame met die inflasiekoerse en lewenskoste wat die hoogste inskiet. President Hage Geingob het tydens sy staatsrede gesê die regering beplan om byna 3 000 nuwe werksgeleenthede in die Namibiese polisie, gevangenisdienste en weermag te skep om werkloosheid onder die jeug aan te spreek. Bekende Namibiese sakeman, dr. Leake Hangala het met Kosmos 94.1 gepraat oor werkskepping.
Rugby: Vanmiddag se kragmeting tussen die gasheer, Ierland, en Engeland sal die 60ste en laaste Sesnasies-wedstryd wees vir die Ierse kaptein, Johnny Sexton. Hy tree na vanjaar se Wêreldbeker-toernooi in Frankryk uit internasionale rugby. ʼn Oorwinning sal aan die tuisspan hulle eerste Grand Slam sedert 2018 besorg nadat hulle reeds Skotland, Frankryk, Italië en Wallis geklop het. Die 37-jarige losskakel sê vandag gaan nie oor hom nie maar oor die span, maar hy vertrou steeds hy sal die skare in Dublin se harte bly maak.
‘n Ekonomiese kenner sê die Internasionale Strafhof se bevel van inhegtenisneming teen Russiese President Vladimir Putin is ‘n interessante wending. Die hof het Putin daarvan beskuldig dat hy verantwoordelik is vir oorlogsmisdade wat in die Oekraïne gepleeg is. Die hof het geen magte om verdagtes in hegtenis te neem nie, en kan slegs jurisdiksie uitoefen oor lande wat sy stigtings-ooreenkoms onderteken het. Professor Jannie Rossouw van Wits se Sakeskool sê Rusland is nie 'n ondertekenaar nie, wat uitlewerings en die uitvoering van die bevel is onwaarskynlik maak.
Kosmos 94.1 se Copps 94.1 teenmisdaad-realiteitsprogram was Vrydagaand regstreeks op die lug met ons borge G4S Namibia, JAC van M&Z Motors, Minet Namibia Insurance Brokers, LifeLink Emergency Services, Cema Drilling and Compressors, ITR Namibia Earthmoving Equipment en Engen Eureka Service Station. JP Nel was op grondvlak in die hoofstad.
‘n Politieke kenner en oud-ambassadeur het sy reaksie gegee oor die Internasionale Strafhof wat vandag 'n bevel van inhegtenisneming teen Russiese President Vladimir Putin uitgereik het. Die IKR het Putin daarvan beskuldig dat hy verantwoordelik is vir oorlogsmisdade wat in die Oekraïne gepleeg is. Die IKR het in sy lasbrief gevra dat Putin in hegtenis geneem word weens die vermoede van die onwettige deportasie van kinders en die onwettige verplasing van mense van die grondgebied van die Oekraïne na die Russiese Federasie. Dr. Riaan Eksteen, Suid-Afrika se eerste ambassadeur in Namibië, sê uit Swakopmund aan Kosmos 94.1 Nuus dit is makliker gesê as gedaan om Putin te arresteer.
Die Organisasie teen Belastingmisbruik het 'n waarskuwing aan Suid-Afrikaanse eiendoms-eienaars gerig om hulle voor te berei vir 'n moontlike onaangename verrassing met hul munisipale rekenings weens verhoogde eiendomsbelasting. Dit volg nadat duisende eiendomseienaars in Ekurhuleni, Gauteng, onkant betrap is deur eiendomsbelasting wat in sommige gevalle met tot twee-duisend-persent verhoog is. Julius Kleynhans van Outa doen 'n beroep op eiendomseienaars om te kyk of hul munisipaliteit se geraamde waarde vir hul eiendom akkuraat is en die waardasie te betwis indien nodig.
Die Wes-Kaapse onderwysdepartement het vandag bevestig dat skole op Maandag 20 Maart gesluit sal wees aangesien dit 'n skoolvakansiedag is. LUR David Maynier sê sy departement is bewus van kommer wat geopper is oor die moontlike impak van die beweerde nasionale stilstand wat vir Maandag deur die EFF beplan is. Hy sê ouers hoef dus nie bekommerd te wees oor hoe die protes-aksie hul kinders gaan raak nie. Fritz Platt, Kosmos 94.1 Nuus se korrespondent in Kaapstad het meer...
Die jaarlikse inflasiekoers in Namibië het in Februarie tot 7,2 persent gestyg, die hoogste in ses maande, vanaf 7 persent in die vorige maand. Plaaslike eierprodusente voel die knyp van die styging in pryse. Rene Wentscher, 'n plaaslike eierprodusent, sê as pryse aanhou styg, dit beslis 'n impak op eierpryse sal hê. Die eierprodusente het uitdagings weens die goedkoper eiers wat uit Zambië en Suid-Afrika ingevoer word. Wentscher het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor prysstygings wat 'n uitwerking op eier-verkope het.
AfriForum het ʼn hofbevel in die hooggeregshof in Johannesburg bekom om die skikking wat met die premier van Gauteng, Panyaza Lesufi, bereik is, ʼn bevel van die hof te maak. In die skikking spreek Lesufi sy berou uit oor sy vals bewerings teen die burgerregte-organisasie en trek aantygings terug dat hulle hom probeer vermoor en sy kinders agtervolg het. Die uitvoerende hoof van AfriForum, Kallie Kriel, sê die bevel beteken Lesufi sal hom skuldig maak aan minagting van die hof indien hy die skikking weer verontagsaam.
Gholf: Die graad 12-leerder van Tsumeb Gimnasium, Xavier Schreuder, wat die eerste Namibiër ooit sal wees wat aan die Kampioen van Kampioene Wêreldtoernooi vir junior amateurspelers in Noord-Ierland mee te ding, het nog ‘n internasionale uitnodigings gekry. Die 18-jarige Schreuder het ook gekwalifiseer vir die Callaway Wêreld-kampioenskappe in Kalifornië in die VSA. Dit vind plaas ‘n week voor hy einde Julie in Noord-Ierland sy gholfstokke sal swaai. Hy het ook vir die Asiese Junior Meesters en Australiese Junior Ope gekwalifiseer. Schreuder se ma Angelique sê aan Kosmos 94.1 Nuus hy benodig borge om Namibië se naam hoog in die buiteland te hou.
Die Namibiese Akkerbouprodusente-vereniging nooi produsente uit om hul jaarlikse ledevergadering en inligtingsdag op 4 en 5 April by te woon. Die tema vir hierdie jaar is “Alternatiewe gewasse met spesiale fokus op sonneblomme in 'n herlewingsboerdery-stelsel.” Die doel is om bewustheid te skep van die voordele van wisselbou met sonneblomme. Die geleenthede vind op die plaas Venus van Klaas Malan, 20 kilometer buite Grootfontein plaas. Produsente kan uitsien na veldbesoeke en aanbiedings deur dr. Andre Nel. ‘n Boer in die Grootfontein-distrik Dawie Kok, gesels met Kosmos 94.1 Nuus.
Die Valke het begin om bewerings van grootskaalse korrupsie by Eskom te ondersoek na 'n strafsaak wat verlede maand deur die leier van Build One South Africa, Mmusi Maimane, geopen is. Bosa het 'n vergadering met die eenheid aangevra om praktiese stappe te bepaal wat met die ondersoek kan help. Die party en ander entiteite sal ook Maandag in die hooggeregshof in Pretoria verskyn in ʼn soeke na verligting vir Suid-Afrikaners wat deur die elektrisiteits-krisis geraak word. Maimane sê die voortdurende kragonderbrekings lei tot werkverliese, ondernemings wat sluit en hoër inflasie.
‘n Biddag vir reën is vir Sondag 19 Maart regoor Namibië aangekondig. Die uitvoerende raad van die Namibiese Landbou-unie doen ’n beroep op alle boere om op hul plase voor te gaan in aanbidding hierdie Sondag. Droogte staar Namibiese boere in die gesig nadat die tropiese sikloon Freddy weervoorspellings dat hierdie jaar ’n La Niña-jaar sou wees, in die wiele gery het. ‘n Verteenwoordiger van die NLU, Christine Stoman, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Die Suid-Afrikaanse departement van basiese onderwys sê leerders sal nie deur die EFF se nasionale stilstand geraak word nie aangesien skole Maandag gesluit is en Woensdag heropen. Die woordvoerder, Elijah Mhlanga, sê die departement het besluit om die dag ʼn vakansiedag te maak want dit val tussen Sondag en Dinsdag, wat Erfenisdag is. Hy het leerders ook gewaarsku om nie aan die EFF se beplande verset-optrede deel te neem nie. Mhlanga sê sekerheid is in geteikende skole opgeskerp om vandalisme te voorkom.
Namibiese renoster-eienaars is moedeloos nadat nóg ‘n wrede geval van renosterstropery aangemeld is waartydens ‘n swartrenosterkoei gestroop is en haar kalf van net vier dae oud met ‘n byl doodgekap is. Twee verdagtes is met behulp van boeregemeenskappe in hegtenis geneem. Die bewaring van renosters, veral vir private eienaars, raak al hoe moeiliker en duurder met onder meer teenstropings-eenhede wat ingespan moet word en belonings wat uitgereik word. Jaco Muller van die Rhino Momma Project sê aan Kosmos 94.1 Nuus daar is talle uitdagings, veral in die howe.
Die Namibiese Inkomste-agentskap, NamRA, het verbeurde goedere ter waarde van meer as 100 000 Namibiese dollar aan die onderwysministerie geskenk. Faustina Caley, adjunkminister van onderwys sê die skenking van rugsakke, pette en sokkerballe sal aan minderbevoorrgte leerders gegee word. Sy sê nie alle skole kan ‘n sokkerbal bekostig nie, veral nie in verafgeleë gebiede nie. NamRA se hoof van strategiese kommunikasie, Steven Ndorokaze, het die rol van die onderwysministerie uitgelig in die bevordering van sport in skole. Hy het beklemtoon dat die items nie gekonfiskeer is nie, maar verbeurd verklaar is.
Die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, sê die polisie in die provinsie het deur die media uitgevind van die EFF se beplande nasionale stilstand aangesien daar geen kennisgewing aan hulle gestuur is nie. Hy sê enige verset-optrede in die provinsie sal onwettig wees. Die betoging word beplan om verskeie uitdagings, insluitend beurtkrag, uit te lig, asook om President Cyril Ramaphosa se bedanking te eis. Mkhwanazi sê geen burger sal toegelaat word om die wet te oortree nie.
Die Suid-Afrikaanse minister van polisie, Bheki Cele, het herhaal diegene wat die wet oortree sal Maandag in hegtenis geneem word. Hy het die polisie in Germiston, Gauteng, toegespreek tydens die beoordeling van hul gereedheid voor die EFF se nasionale stilstand. Cele sê die wet moet te alle tye nagekom word.
Wêreld-Vleilanddag en Wêreld-Waterdag word vandag amptelik in Windhoek herdenk. Namibië is ‘n droogtegeteisterde land en moet sy waterhulpbronne bewaar. Die Namibiese ministerie van landbou, NamWater en die Nust herdenk dié dag saam met Unesco. Ndiyakupi Nghituwamata uitvoerende direkteur in die landbouministerie het die hooftoespraak namens minister Calle Schlettwein gelewer.
'n Lid van die Oos-Kaapse Departement van Onderwys, Mahlubandile Qwase, het verskoning gevra vir die oponthoud in die verwerking van aanstellings in die vierde fase van die Presidensiële Jeug Werkverskaffing-inisiatief. Dit is weens die onlangse staking in die staatsdiens. Die departementele woordvoerder, Vuyiseka Mboxela, versoek kandidate en skole wat onlangs dokumente ingedien het vir aanstellings, om geduldig te wees terwyl daar deur die agterstand gewerk word:
Die sekretaris-generaal van die Namibiese Bus- en Taxi-vereniging Pendapala Nakathingo sê hulle ontvang verskeie klagtes van pendelaars oor tariewe, onverskillige gedrag op die pad, en taxi-bestuurders wat kliënte beroof. Hy sê waarskuwings word uitgereik en daar word op klagtes gereageer. Hy verduidelik.
Hierdie naweek se Saoedi-Arabiese Grand Prix is die tweede ronde van die Formule Een-seisoen. Die eerste wedren is oorheers deur die Red Bulls, maar die verrassing was die vaart van Aston Martin se veteraan-jaer, die Spanjaard Fernando Alonso. Na sy podium-posisie in Bahrein sê Alonso hy kan nie wag om te sien hoe sy motor hierdie naweek op die veel vinniger straatbaan in Jedda vaar nie:
Daar is meer inligting bekend oor die wrede geval van stropery naby Dordabis. Twee Namibiese mans is in hegtenis geneem is nadat hulle twee swartrenosters, ‘n koei en haar kalf, gestroop het. Die kalfie was ‘n skamele vier dae oud en is met ‘n byl doodgemaak. Die polisiewoordvoerder, adjudant-offisier Silas Shipandeni sê die twee sal Maandag in die hof verskyn.
Daar word kritiek uitgespreek uit talle sektore oor die fondse wat bestee word op Onafhanklikheidsvieringe. Kommentaar sluit in dat die fondse baie beter benut kan word, veral met die uitdagings in die land, maatskaplik en meer. Kosmos 94.1 Nuus het met die veteraan Swapo-politikus, en oud-Plansoldaat, Pendukeni Iivula-Ithana, sê die herdenking van die dag is baie belangrik sodat die jeug die opofferings wat gemaak is, verstaan.
President Hage Geingob het tydens sy staatsrede beken dat jeugwerkloosheid ‘n krisis is maar sê ‘n noodtoestand is nie nodig in die verband nie. Hy het bygevoeg dat terwyl hy geen name wou noem nie, werkloosheid ernstig opgeneem moet word omdat die jeug gewelddadig kan raak.
Die DA in Gauteng sê pasiëntsorg by die Charlotte Maxeke Johannesburg-hospitaal het gely. Dis weens verskaffers wat nie betaal is nie en weier om broodnodige toerusting, insluitend spinale naalde, epiduraal-stelle en CVC-kateters te verskaf. Volgens 'n geskrewe antwoord van die LUR vir Gesondheid, Nomantu Nkomo-Ralehoko, het die tekorte pasiëntsorg die afgelope ses maande geraak met vertragings in die bybring van pasiënte en die tydige toediening van vloeistowwe aan veral kritieke pasiënte. 'n DA-lid, Jack Bloom, sê dis onaanvaarbaar dat pasiënte moet ly:
Reaksie word ontvang op berigte dat die polisie op Rundu, wat onlangse uitdagings gehad het met groepe tienerseuns wat voetgangers beroof het, sê hy het in Februarie, in ‘n skamele 28 dae, 101 dwelm arrestasies uitgevoer. Kosmos 94.1 Nuus het met Olavi Nathanael, die dorp se uitvoerende hoof, gepraat en hy sê samewerking tussen owerhede maak die suksesse moontlik.
Afrika se grootste en belangrikste reishandel-skou, Africa Travel Week keer terug na Kaapstad. Die byeenkoms, van 3 tot 5 April, sal weer 'n keur bied van top-uitstallers, konferensies en kopers van regoor die vasteland en die wêreld. Die burgemeesterskomiteelid vir Ekonomiese Groei en Toerisme, James Vos, sê verlede jaar se Afrika-reisweek het 6 200 besoekers verwelkom, en meer as 7 000 vergaderings, 384 uitstallers en 500 kopers gelok:
Die gewese president Thabo Mbeki sê die weergawe wat gebied is oor die oorsprong van die geld wat by president Cyril Ramaphosa se plaas Phala Phala gesteel is, het 'n natuurlike agterdog laat ontstaan dat die transaksie moontlik deel van geldwassery kon wees. Hy was gister die spreker by die Universiteit van Suid-Afrika. Mbeki sê die gegewe inligting dat die Soedanse sakeman, Hazim Mustafa, na bewering sowat agt-miljoen-rand die land ingebring het om 20 buffels kontant te koop, het agterdog geskep:
Die adjunk Britse premier Dominic Raab sê die regering verwelkom die komende verslag oor ongerymdhede oor die Metro-polisie. Daar is talle klagtes van lede van die publiek, veral vroue, en vertroue in die mag daal. Raab sê die regering soek ‘n verbetering in die polisie se prestasie.
Die DA het die besluit van die Staatsdienskommissie om inligting wat hy van die Departement van Staatsdiens en Administrasie ontvang het te ondersoek, verwelkom. Die inligting wys daar is tans 1 823 senior bestuurders sonder kwalifikasies in die staatsdiens. Die meeste van hierdie bestuurders, 1 076, is in provinsiale departemente en 756 in diens van nasionale departemente. 'n Lid van die DA, Mimmy Gondwe, sê die kommissie vorder met die ondersoek na senior bestuurders sonder kwalifikasies in die staatsdiens:
Koperkabel-diefstal het 'n groot uitdaging in Namibië geword. Diewe steel toenemend kabels om koperdraad in die hande te kry. Die kragverspreiders in Namibië word toenemend met dié probleem gekonfronteer wat dit moeiliker en duurder maak om krag te voorsien. Die styging in die koperprys laat koperkabel-diefstal toeneem. Hulle pleit by lede van die publiek om die misdaad by die polisie aan te meld. Kosmos 94.1 Nuus het met Charlie Matengu, Cenored se skakelbeampte, gepraat wat sê dat mense nie wil help om die misdadigers vas te trek nie.
PetroSA beplan ʼn netwerk van gasaangedrewe kragsaanlegte. Die petroleum-, olie- en gaskorporasie glo die plan sal 180-megawatt krag opwek en in die nasionale netwerk invoer. Die uitvoerende hoof, Sandisiwe Ncemane, sê ʼn aansoek om ʼn gashandellisensie is in Januarie ingedien. Sy bevestig ander ooreenkomste word beding om die proses te vergemaklik:
Die Nasionale Taxi-alliansie in Suid-Afrika het ook, nes Santaco, bevestig nie een van sy lede sal aan Maandag se beplande nasionale stilstand deelneem nie. Die alliansie verseker die publiek sy lede regoor die land sal ten volle aan diens wees. Die aankondiging volg nadat die EFF-leier, Julius Malema, 'n beroep op alle Suid-Afrikaners gedoen het om aan te sluit by die stilstand wat deur die party gereël is. Die woordvoerder, Theo Malele, sê hulle respekteer die reg om te staak, maar verwag dat die optoggangers ook hul keuse sal respekteer om hulle te weerhou van die staking:
Die vereistes van die Swapo-party om in top-posisies te dien was onlangs weer in die nuus. Ten minste vyf jaar se diens aan die sentrale komitee is nodig om tot die politburo verkies te word en sommige partylede meen die bepaling, saam met ander, verhoed jonger partylede om in senior posisies te dien. Kosmos 94.1 Nuus het met die sekretaris van die Swapo-jeugliga Ephraim Nekongo gesels oor die vereistes.
Eskom sê daar was geleidelike, merkbare verbeterings in sy kragopwekkingsvloot. Hy sê die afgelope week het ses van sy steenkoolkragstasies 'n beskikbaarheidsvlak van 70 persent bereik. Dit het laas in Mei verlede jaar gebeur. Eskom se tussentydse woordvoerder, Daphne Mokwena, sê drie kragstasies, Camden, Duvha en Matla in Mpumalanga, is besig om volhoubaar te verbeter en raak minder gereeld onklaar. 'n Aantal kragstasies wat onbepland gebreek het, is ook weer in werking:
Die buurland se Nasionale Polisiekommissaris, Fannie Masemola, ondersoek vandag die gereedheidstatus van die polisie in Gauteng. Dit word gedoen met die oog op die EFF se beplande betoging om die land Maandag tot stilstand te dwing. Polisiewoordvoerder Athlenda Mathe, sê die intelligensiegemeenskap deur middel van die Nasionale Gesamentlike Operasionele en Intelligensiestruktuur hou die situasie en gepaardgaande risiko's fyn dop:
'n Onlangse studie deur die TPN Kredietburo dui op 'n vermeerdering in die aantal leë wooneiendomme in verskeie provinsies in Suid-Afrika. Die verkope- en bemarkingsbestuurder, Waldo Marcus, sê dit was in die derde kwartaal van 2022 op 6,92 persent en het in die vierde kwartaal tot 8,13 persent toegeneem. Hy sê die Wes-Kaap en KwaZulu-Natal gaan voort om sy leë eiendomme te verminder ondanks die onlangse vloede in KZN. Hy sê die huurgeld-tariewe het ook bygedra:
Die Premierliga-voorlopers, Arsenal, is in die Europa Liga uitgeskakel in 'n strafdoel-nederlaag teen Sporting Lissabon. Gabriel Martinelli se skop is deur die doelwagter gered en die Portugese span is deur na die kwarteindronde nadat hulle die strafdoelstryd 5-3 gewen het. Manchester United het intussen na die kwarteindronde deurgedring met 'n gekombineerde telling van vyf-een oor Real Betis, nadat Marcus Rashford se doel 'n oorwinning van 1-0 in die tweede been in Spanje beklink het. Arsenal se bestuurder, Mikel Arteta, sê hulle was bloot nie op hul gewone vlak teen Sporting nie:
Die Okavango-riviervlakke het geleidelik gedaal weens sikloon Freddy met die verwagte reënval in Namibië wat nie gerealiseer het nie. Mark Paxton, eienaar van Shamvura Camp naby Rundu, sê dat vloedvlaktes besig is om op te droog, en voël- en visbroei- en voedingsroetines word onderbreek. Hy voeg by dat toenemende onwettige visvang 'n bykomende bedreiging inhou. Paxton sê aan Kosmos 94.1 Nuus iets moet dringend gedoen word om onwettige visvang aan te spreek anders is daar binnekort niks oor nie.
Landless People's Movement-leier Bernadus Swartbooi het ná President Hage Geingob se staatsrede die regverdige toekenning van studentebeurse vir groenwaterstof-projekte bevraagteken. Die President het sê teen die einde van hierdie maand sal die regering 93 Namibiërs aankondig wat beurse ter waarde van meer as 34 miljoen Namibiese dollar sal ontvang om hul meesters- en tegniese en beroepsopleidng-studies te volg in gebiede wat met die sintetiese brandstof-bedryf verband hou. Swartbooi sê alle Namibiërs moet uit die groenwaterstof-projekte voordeel trek.
Cymot Namibia vier vandag ‘n mylpaal met sy 75ste bestaansjaar. Die maatskappy het ‘n beskeie begin as 'n battery-depot vanaf Promenadenweg in Windhoek gehad en het sedertdien gegroei tot 'n huishoudelike naam. Cymot het 18 takke regoor die land met meer as 500 personneellede. Kosmos 94.1 Nuus het met Axel Theissen, die groepsvoorsitter gesels...
Die Suid-Afrikaanse taxi-vereniging, Santaco, beskryf die EFF se beplande nasionale stilstand Maandag as polities gemotiveerd en sê hulle sal nie deel wees van sulke optrede nie. Die EFF gaan regoor die land teen beurtkrag betoog en eis ook die bedanking van President Cyril Ramaphosa. Die hoofbestuurder van Santaco, Thabisho Molelekwa, sê hulle sal nie deel wees van enige politieke veldtog nie:
‘n Namibiese ekonoom het gereageer op PDM-leier McHenry Venaani se vraag oor jeugwerkloosheid aan President Hage Geingob ná sy staatsrede in die parlement. Die langtermyn Namibiese werkloosheidskoers van die jeug sal na verwagting vanjaar rondom 23 persent neig en 22,5 persent in 2024. Venaani het die President daarvan beskuldig dat hy die jeug van Namibië gefaal het. Hy het aan Geingob gevra wanneer die regering jeugwerkloosheid tot 'n noodtoestand gaan verklaar. Kosmos 94.1 Nuus het aan ekonoom Gabriel Erastus gevra oor of ‘n noodtoestand ‘n goeie idee sal wees.
Die DA-leier John Steenhuisen sê Eskom sal nooit regkom voor dit bekend is wie en wat dit breek nie. 'n Mini-sitting van die Nasionale Vergadering het gister gedebatteer of 'n ad hoc-komitee aangestel moet word om die bewerings te ondersoek wat die voormalige Eskom-hoof, André de Ruyter, verlede maand tydens 'n televisie-onderhoud gemaak het. Steenhuisen sê slegs 'n parlementêre ondersoek kan 'n behoorlike platform en beskerming verskaf aan die onskuldige mense wat weet wat by die kragverskaffer aangaan:
Die hoof uitvoerende beampte van Alzheimers Demensie Namibië, Berrie Holtzhausen het Woensdag die Pan-Afrika Parlement in Midrand, Suid-Afrika bywoon. Hy is verheug dat riglyne wel van stapel gestuur is om die wrede en skadelike praktyke wat verband hou met beskuldigings van pasiënte van heksery en rituele aanvalle, uit te wis. Mense wat ly aan Alzheimer se siekte of demensie word dikwels van heksery uitgekryt. Holtzhausen het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Die President van Tanzanië, Samia Suluhu Hassan, doen 'n beroep vir meer ekonomiese ontwikkeling tussen Suid-Afrika en Tanzanië. Hassan het die media toegespreek by die Uniegebou in Pretoria, terwyl President Cyril Ramaphosa haar gasheer is, en gesê die bilaterale samesprekings sal die verhouding tussen die twee lande verbreed en verdiep. Hassan sê handelsvennootskappe moet versterk word.
Die Putco-busmaatskappy sal sy bedrywighede vir Maandag opskort weens kommer oor veiligheid en intimidasie tydens die beplande nasionale stilstand. Die maatskappy verskaf dienste in Gauteng, Limpopo en Mpumalanga. Die woordvoerder, Lindokuhle Xulu, doen 'n beroep op alle passasiers en personeel om waaksaam te bly.
Die Namibiese kabinet het die voedselbankprogram-toekenning nou in 'n kontant-toelaag aan begunstigdes goedgekeur. Altesaam 600 Namibiese dollar per huishouding sal nou maandeliks aan die bestaande 8 339 begunstigdes gegee word. Die minister van inligting, dr. Peya Mushelenga, gee meer inligting oor die kabinetsbesluit...
Die bekende evangelis en geestelike skrywer Angus Buchan is die gasspreker volgende Saterdag op 25 Maart by die Speak Jesus-geleentheid in die hoofstad. Die Namibiese geestelike gemeenskap wil die byeenkoms aanbied om vir Namibië en Afrika te bid. Dit sal byna alle maatskaplike kwessies aanspreek waarmee Namibiërs te kampe het. Hierdie gebedsbyeenkoms begin om nege-uur die oggend by Windhoek Hoërskool se Vegkop-stadion. Almal is welkom en toegang is gratis, sê die organiseerder Romie van Wyk sê aan Kosmos 94.1 Nuus.
McHenry Venaani, die leier van die amptelike opposisieparty, die PDM, het ná President Hage Geingob se staatsrede gesê hy het die jeug van Namibië gefaal. Die langtermyn Namibiese werkloosheidskoers van die jeug sal na verwagting vanjaar rondom 23 persent neig en 22,5 persent in 2024. Ten spyte van onlangse vordering, beklee Namibië die 117de plek uit 157 lande op die Mensekapitaal-indeks. Die toestand van die arbeidsmark, gekombineer met stadige werkskepping en lae primêre sektor-produktiwiteit, sal lei tot baie hoë werkloosheid. Venaani het aan die Geingob gevra wanneer die regering jeugwerkloosheid tot 'n noodtoestand gaan verklaar.
In sy staatsrede het Namibiese President Hage Geingob die voedselkrisis bespreek en gesê dat daar nog geen gevalle van sterftes weens hongersnood in die land aangemeld is nie. Die land staar ‘n voedselkrisis in die gesig met stygende kos- en brandstofpryse, asook ‘n droogtejaar. Hy sê die regering fokus op voedsel en voeding-sekuriteit vir kinders en huishoudings, daarom is maatskaplike toelae vanjaar verhoog.
President Cyril Ramaphosa sê Suid-Afrika en Tanzanië deel 'n gemeenskaplike motivering rakende maatskaplike en ekonomiese ontwikkeling. Hy het die media toegespreek by die Uniegebou in Pretoria terwyl hy gasheer is vir die Tanzaniese President, Samia Suluhu Hassan. Ramaphosa sê die jeug moet ingesluit word om ekonomiese hervorming op die vasteland te bevorder. Hy het Tanzanië ook geloof vir sy ondersteuning in 'n tyd waarin Suid-Afrika ondersoek instel na 'n regverdige energie-oorgang.
Namibiese President Hage Geingob het tydens sy staatsrede in die parlement die gebrek aan staatsgesondheidsgeriewe getakel. Hy het aangekondig dat 'n nuwe hospitaal met 300 beddens, die Khomas-distrikshospitaal vir vanjaar beplan word. Hy sê dit sal die toestroming na die Katutura- en Windhoek Sentraal-staatshospitale verminder.
Namibiese President Hage Geingob het tydens sy staatsrede in die parlement geskerts dat hy die titels van die opposisiepartye sal verander. Hy voeg by dat finansiële uitsluiting 'n uitdaging bly in landelike gebiede en vir mikro-, klein en medium-ondernemings..
Sokker: Gianni Infantino is onbestrede herkies vir ʼn derde termyn as president van Fifa tydens die wêreldliggaam se 73ste kongres in Kigali, Rwanda. Volgens Fifa-regulasies kan hy ook in 2027 en 2031 herkies word. Infantino het aanvanklik in 2016 die oorblywende termyn van sy geskorste voorganger, Sepp Blatter, oorgeneem. Hy het in sy aanvaardingstoespraak onderneem om hard te werk om die wêreld deur middel van die sport te verenig.
Namibiese President Hage Geingob is tans besig om sy staatsrede in die parlement te lewer. Hy sê korrupsie word in die land aangespreek. Hy sê egter hy wil geen kommentaar lewer op die Fishrot-saak nie, want dit is nou in die hande van die hof en hy kan niks meer daaraan doen nie.
Hy sê die onlangse gebeure in Khomasdal toe 2 400 werkloses opgedaag het by ‘n restaurant vir ‘n handvol poste, bewys is dat werkloosheid ‘n nasionale krisis is wat regeringsamptenare nie verstaan nie.
Die arbeids-aktivis Michael Amushelelo het ‘n beroep op werklose jeug in die land gedoen om op Onafhanklikheidsdag op te staan teen werkloosheid in die land. In sy mening het Swapo die land se bronne en ekonomie uitverkoop vir politieke vryheid tydens die onderhandelings vir onafhanklikheid.
AfriForum Jeug eis ʼn openbare verskoning van die Universiteit van Stellenbosch vir die skending van Afrikaans-sprekende studente se menseregte. Dit volg op ʼn verslag van die Suid-Afrikaanse Menseregte-kommissie wat bevind het die instelling het die studente se regte geskend deur hulle te verbied om Afrikaans in koshuise te praat. Die woordvoerder van die organisasie, René van der Vyver, sê ʼn openbare verskoning is nodig want soortgelyke voorvalle het vanjaar plaasgevind en die kultuur van taal-uitsluiting bestaan steeds.
Die Internasionale Arbeidsorganisasie sê die pandemie het gewys hoe samelewings noodsaaklike werkers onderwaardeer, asook die belangrikheid daarvan om vir hierdie werkers ‘n sogenaamde ‘ordentlike werksomgewing’ te verskaf. Dit behels verskeie faktore van werk en is multi-dimensioneel. Kosmos 94.1 Nuus het met die oud-sekretaris-generaal van die Namibiese Werkgewersvereniging, Tim Parkhouse gesels oor hoe Namibië in die verband vaar...
Die Wes-Kaapse LUR vir Onderwys, David Maynier, sê die departement het nou 32 592 aansoeke vir die 2024-skooljaar ontvang. Hy sê party ouers doen by meer een skool aansoek vir hulle kinders, daarom staan die getal aansoeke wat skole in die eerste drie dae van venstertyd ontvang het op 100 980. Maynier sê die aanlyn stelsel werk goed en net 'n klein aantal ouers ondervind geringe tegniese probleme:
Volgende week Dinsdag herdenk Namibië sy 33ste jaar van onafhanklikheid. Die dag word jare reeds gekenmerk deur wit Namibiërs wat tuis bly en eerder braai as wat hulle die nasionale vieringe bywoon, terwyl ander etniese groepe in hul hordes by die vieringe opdaag. Volgens die president van die Republikeinse Party, Henk Mudge, is daar verskeie redes daarvoor.
Water-uitdagings sal namate die tyd verloop, regoor die land vererger maar, op Omaruru, maak inwoners staat op die vlakke van die Omaruru-rivier. Daarom is dit uiters belangrik dat die rivier gedurende die reënseisoen vloei, wat nie vanjaar plaasgevind het nie. Die watertafel is gevolglik, baie laag. Kosmos 94.1 Nuus het met die hoof uitvoerende beampte van NamWater, Abraham Nehemia gesels. Hy voer aan dat hulle bewus is van die uitdaging, maar daar is gebeurlikheidsplanne.
Afrika-regerings het elk hul eie lojaliteite en handelsvennote al neig meeste ooswaarts. Dit is ‘n daadwerklike uitdaging vir die vasteland se vryhandelooreenkoms. Professor Nixon Kariithi, ‘n kenner in die gebied van Afrika-sake is van mening dat organisasies soos BRICS nie voorkeur moet kry in verband met handel nie en dat Afrikalande eerder hulle fokus op die vasteland moet plaas, anders sal die ooreenkoms misluk.
Die Suid-Afrikaanse minister van polisie, Bheki Cele, sê geen vorm van geweld of intimidasie sal geduld word tydens die EFF se nasionale stilstand wat vir Maandag beplan word nie. Hy het op 'n nuuskonferensie van ministers van die sekerheids-groepering die maatreëls uiteengesit wat ingestel is voor die beplande betoging. Cele sê Suid-Afrikaners en hul ondernemings sal beskerm word teen enige vorm van geweld. Hy sê alle grensposte, insluitend op land, see en lug, sal in bedryf wees:
Die Namibiese ekonomie is op sy knieë, veral ná die verwoestende gevolge van die Covid-pandemie en die voortslepende Russies-Oekraïnse konflik. Die impak van albei is duidelik sigbaar oral waar jy in Namibië gaan. In Windhoek se sentrale sake-kern is 'n aantal winkels sedertdien steeds gesluit. Namibiese ekonoom Cons Karamata het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor hoe lank dit sal neem om van die ekonomiese krisis te herstel.
Die voormalige hoof van die Britse vloot, Lord Alan West, sê die toekenning van 11 miljard Britse pond aan verdediging die volgende vyf jaar is 'n beskeie verhoging besteding wat baie teleurstellend is. In sy mening sien leiers soos Russiese President Vladimir Putin die tendens wat uiters gevaarlik is in ‘n uiters gevaarlike wêreld.
Die DA in Gauteng sê alle uitvoerende hoofde van hospitale se bevoegdheid moet hersien word en nuwe aanstellings moet aan streng vereistes voldoen. Dit volg na die gesondheidsombud se verdoemende verslag oor die Rahima Moosa Moeder-en-kind-hospitaal. Die verslag het bevind bevoegdheidstoetse is geïgnoreer toe aanstellings by die hospitaal gemaak is. Dit sluit dié van die uitvoerende hoof, Nozuko Mkabayi, in. Jack Bloom van die DA sê die werklikheid is dat kaderontplooiing oral in die Departement van Gesondheid se senior poste plaasgevind het:
Ouers op Otjiwarongo kla dat hulle kinders nie in hul moedertaal, Khoekhoegowab, van graad 1 tot 3 onderrig kry nie. Die Namibiese onderwysministerie se beleid is dat in die eerste drie jaar van skool, dat leerders in hul moedertaal onderrig ontvang. Maar, die uitvoerende direkteur in die ministerie, Sanet Steenkamp, sê daar is tekort aan vaardighede in verskeie tale in die land. Sy het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.
Die gewese burgemeester van Johannesburg, Mpho Phalatse, sê die DA-leier John Steenhuisen kon nie die party genoeg laat groei nie. Sy en die party-aktivis, Lungile Phenyane, kom vir die top-pos teen Steenhuisen te staan wanneer die party se federale kongres volgende maand in die Goudstad plaasvind. Meer as twee-duisend afgevaardigdes sal na verwagting die geleentheid bywoon. Phalatse het aan die SABC gesê dis noodsaaklik dat die party 'n sterk mandaat van die kiesers kry sodat dit in staat gestel word om sy beleide te toets en stabiliteit in die regering te verseker:
Die DA in die Noord-Kaap het 'n skriftelike versoek aan die nasionale polisiekommissaris, Fannie Masemola, gerig dat die aankoop van onderdele na diensverskaffers in die provinsie afgewentel word. Die provinsiale kommissaris, Koliswa Otola, het erken dat die uitgerekte proses om onderdele vir die polisie se voertuie te verkry, polisiëring in die wiele ry. Ofentse Mokae van die DA sê sekere polisiestasies, soos Roodepan, kan slegs nege van hul 29 voertuie gebruik omdat hulle vir onderdele wag om die res te herstel:
TransNamib het sy reaksie gegee op padvrag-vervoer wat na verwagting in die volgende jaar of twee skerp sal toeneem in Namibië, veral aan die kus. Volgens die burgemeester van Arandis, Risto Kapenda, sal voornemende projekte 4 860 vragmotors jaarliks na die gebied aan die kus lok. Terwyl dit geleenthede vir verskeie sektore bied, is daar uitdagings vir die instandhouding van paaie en daar is reeds deur die Padfonds-administrasie voorleggings gemaak vir tolhekke. Abigail Raubenheimer, die woordvoerder van TransNamib sê aan Kosmos 94.1 Nuus vrag moet eerder per spoor vervoer word, aangesien vragmotors paaie beskadig.
Die mynbousektor in Suid-Afrika het sy kommer uitgespreek oor die uitwerking van beurtkrag nadat produksie in die sektor vir die 12de agtereenvolgende maand gedaal het. Die hoof van beleidsontleding by die Sentrum vir Risiko-ontleding, Chris Hattingh, sê mynondernemings voel die druk terwyl hulle worstel met deurlopende kragonderbrekings. Hy sê die sektor het 'n afname van 1,9-persent aangeteken vanaf Januarie 2021 tot Januarie verlede jaar. Hattingh sê daar is 'n groot risiko wat die regering moet versag aangesien die mynbousektor een van Suid-Afrika se ekonomiese bydraers is:
ActionSA se leier, Herman Mashaba, raai President Cyril Ramaphosa en die regering aan om leierskap te toon en te keer dat die EFF Suid-Afrika in anargie dompel met sy planne om die land Maandag tot stilstand te probeer dwing. ActionSA se woordvoerder, Lerato Ngobeni, sê Mashaba is deur verskeie sakeleiers, insluitend verteenwoordigers van groot internasionale korporasies, gekontak. Hulle sê hulle sluit teen geweldige koste hulle ondernemings om hulle werknemers en eiendom teen die EFF se dreigemente van geweld te beskerm:
Die buurland se finansminister, Enoch Godongwana, het Suid-Afrika se onmiddellike beleggingsbehoeftes te midde van die kragkrisis uiteengesit. Hy het gepraat op die tweede Finansiële Sektor-konferensie in Riaad, Saoedi-Arabië. Godongwana sê Suid-Afrika se sleutelfokus is op hernubare energie en infrastruktuur. Hy het tydens die paneelbesprekings beklemtoon daar is 'n behoefte aan beleggings uit die privaat sektor:
Rusland sê hy gaan die wrak herwin van 'n Amerikaanse hommeltuig wat Dinsdag in die Swartsee geval het nadat dit deur Moskou se vegvliegtuie onderskep is. Amerika sê hy het die hommeltuig afgebring omdat dit nie meer kon vlieg nie, nadat 'n Russiese vliegtuig die skroef beskadig het. Moskou ontken egter die bewerings. Die sekretaris van die Russiese veiligheidsraad, Nikolai Patrushev, sê die hommeltuig se teenwoordigheid in die Swartsee is bevestiging dat Amerika regstreeks betrokke is by die oorlog in Oekraïne. Maar, Nick Price, woordvoerder van die Amerikaanse staatsdepartement sê nie net sal die wrak in baie stukke wees nie, daar is ander uitdagings...
AfriForum het sy kommer uitgespreek oor die ontplooiing van grenswagte deur die Grensbestuursowerheid. Die burgerregte-organisasie beweer die wagte is onder twyfelagtige omstandighede ontplooi, met wetgewing wat nog nie in die Staatskoerant gepubliseer is nie. Die organisasie het 'n versoek ingevolge die Wet op Openbare Toegang tot Inligting ingedien by die Departement van Binnelandse Sake vir besonderhede oor die wagte se welslae. AfriForum se woordvoerder vir Gemeenskapsveiligheid, Jacques Broodryk, sê volgens hul bronne neem baie van hierdie grenswagte reeds deel aan korrupsie en omkopery:
Credit Suisse sê hy gaan tot 992,96 miljard Namibiese dollar by die Switserse sentrale bank leen om kommer oor sy finansiële toestand af te weer. Die bank se aandele het Woensdag met 24 persent tot 'n rekord-laagtepunt getuimel nadat hy gesê het hy het swakplekke in sy finansiële verslagproses gevind. Credit Suisse, wat Europa se 17de grootste uitlener is, sê hy het beslissende stappe gedoen om sy likiditeit betyds te versterk. Die ekonoom Nouriel Roubini sê Credit Suisse is dalk te groot om ten gronde te gaan én te groot om te red:
Liverpool is uitgeskakel by die Kampioeneliga ná 'n totale nederlaag van 6-2 teen Reál Madrid. Die Reds het in die tweede been met 1-0 verloor by die Bernabeu in Spanje. Liverpool, wat die eerste been met 5-2 by Anfield verloor het, het 'n wonderwerk nodig gehad om die laaste agt te haal, maar Karim Benzema se doel in die 78ste minuut het daardie droom verpletter en die heersende kampioene die oorwinning besorg. Liverpool se bestuurder, Jurgen Klopp, sê hy is teleurgesteld, maar Madrid was die beste span:
Ru-oliepryse se winste is sedert die Russiese inval in die Oekraïne uitgewis. Vir die grootste deel van verlede jaar het vrese vir 'n groot olie-voorraadskok deur Rusland marksentiment en die posisionering van handelaars gedikteer. Maar oliepryse het nie gestyg nie, selfs nadat die EU-verbod en die G7-prysperke op Russiese ruolie en petroleumprodukte in werking getree het. Rusland herlei sy olie-uitvoer na Asië, terwyl Europa meer ruolie en produkte uit die Midde-Ooste, Asië en die Verenigde State koop. Kosmos 94.1 Nuus het met die bekende Suid-Afrikaanse ekonoom, Dawie Klopper gesels oor waar hy die ruolie-prys vanjaar sien...
President Hage Geingob lewer vanmiddag sy staatsrede. Volgens tradisie is die staatsrede die platform waar die President sy ekonomiese en politieke planne vir die regering uitlê. Dit is ook die tyd wanneer parlementslede, veral opposisiepartye, die geleentheid kry om direk vrae aan hom te vra. Namibiese politieke ontleder, dr. Ndumba Kamwanyah gesels oor moontlike kwessies wat Geingob sal aanraak.
Na een van sy moeilikste jare ooit, sê ontleders dat die wêreldwye kripto-mark steeds tekens van herstel in 2023 toon met indrukwekkende gebruikers-groei en 'n verwagte aansienlike toename in transaksiewaarde. Daar is voorspellings dat kriptogeld-eenhede na verwagting verantwoordelik wees vir 42,7 miljard Amerikaanse dollar se transaksies vanjaar, of byna 25 persent meer as 'n jaar gelede. Bitcoin het met soveel as 9,6 persent gestyg, die hoogste sedert Junie 2022, in agtereenvolgende dae van winste. Namibiese kripto-kenner en CBI se hoof uitvoerende beampte Coenie Botha het sy reaksie aan Kosmos 94.1 Nuus gegee.
Die Suid-Afrikaanse Polisiediens het gewaarsku geen wetteloosheid sal geduld word tydens Maandag se beplande nasionale stilstand nie. Die EFF sal die strate invaar uit verset teen beurtkrag en eis dat president Cyril Ramaphosa moet bedank. Die nasionale polisiewoordvoerder, Athlenda Mathe, het herhaal wetstoepassing sal op 'n hoë gereedheidsgrondslag wees om geweld of misdadige gedrag tydens betogings te voorkom:
Die Namibiese minister van finansies, Ipumbu Shiimi, het in die Nasionale Vergadering gevra of die parlementslede werklik omgee vir die maatskaplike toelae, omdat geen drama verlede jaar gemaak is om dié toelae te verhoog nie. Dit volg nadat hy vanjaar maatskaplike toelae verhoog toe hy sy begroting van 2023-2024 ter tafel gelê het. Shiimi het gesê hy het gesien dat 'n paar bekommernisse geopper is oor die vraag of die begroting pro-arm is. Hy sê dat die regering graag meer vir maatskaplike toelae sou wou gee.
Die Proteas en die Windies meet vanmiddag in Oos-Londen kragte in die eerste van drie eendagwedstryde. Die veelsydige Marco Jansen is by die gasheer se groep ingesluit vir die eerste twee kragmetings. Die reeks word as die begin van ʼn nuwe era vir Suid-Afrika beskou, onder die nuwe witbal-afrigter, Rob Walter. Die Protea-kaptein, Temba Bavuma sê hulle wil aan nuwe spelers die geleentheid gee om ervaring op te bou:
Nambiese eerste minister Saara Kuugongelwa-Amadhila sê die nagevolge van die Covid-pandemie en die voortslepende konflikte in Europa het gelei tot skerp voedselprys-stygings wêreldwyd. Sy het tydens haar toespraak vandag by die Afrika Bank-konferensie in Johannesburg gesê die behoefte om voedselsekuriteit in Afrika te verseker, het dus uiters belangrik geword, veral gegewe die invloed op inflasie. Die premier sê met die voedselprys-skokke weens die Europese konflikte, moet landbou-innovering op die vasteland versterk en groen vaardighede opgeskaal word om voedselsekerheid en lewensbestaan te verseker.
EFF-leier Julius Malema het bewerings ontken dat sy lede gedreig het om geweld te gebruik. Dit volg voor die party se beplande nasionale stilstand waarin hy die bedanking van President Cyril Ramaphosa en 'n oplossing vir die kragkrisis sal eis. Die DA het beweer sommige EFF-lede het gedreig daar sal gevolge wees vir enige onderneming wat handel dryf of enigiemand wat op die dag werk toe of skool toe gaan. Malema sê die betoging Maandag sal nie gewelddadig wees nie.
Stad Kaapstad se burgemeester, Geordin Hill-Lewis, sê daar is 'n groot moontlikheid dat beurtkrag, want tans op fase 3 is, drastiese hoë vlakke die winter sal bereik en daarom is die stad besig om voorbereidings te tref om sy inwoners teen die verdere verswakking van die land se kragnetwerk te beskerm. Hill-Lewis sê die kanse is baie hoog dat beurtkrag tot op fase 8 in die nat wintermaande kan opeindig. Kosmos 94.1 Nuus se korrespondent in die Moederstad, Fritz Platt...
Dr. Shangula het geantwoord dat soms wanneer mediese toerusting breek, onderdele van die buiteland ingevlieg moet word. Hy sê hy sal ondersoek instel.
Die Landless People's Movement-leier, Bernadus Swartbooi, het vandag in die parlement die minister van gesondheid dr. Kalumbi Shangula gevra of die kanker-laserbehandelings-masjien by die staatshospitaal buite werking is of nie. Swartbooi noem dat hulle ingelig is dat die masjien buite werking is en nie pasiënte kan behandel nie. Hy sê die afgelope drie tot vier maande het die hospitaal glo kankerpasiënte teruggestuur huis toe.
Die DA se voorsittende beampte, Bridget Masango, het bevestig Helen Zille is tydens die party se leierskaps-verkiesing verkiesbaar vir 'n tweede termyn as voorsitter van die federale raad. Dit volg op steun deur die huidige leier, John Steenhuisen, wat sê sy het bygedra tot die party se interne kultuur. Masango sê benoemings vir die drie poste van adjunk-federale voorsitters sluit in Anton Bredell, JP Smith en Lungile Phenyane.
Die Namibiese ministerie van binnelandse sake het vandag 'n aanlyn aansoek-stelsel vir paspoorte en ses maande-werksvisums bekendgestel. Die minister dr. Albert Kawana sê die ministerie se digitale mylpaal sal tot diens-doeltreffendheid en -verbetering lei, aangesien dit Namibiërs en inwoners in staat stel om aansoek te doen vir paspoorte deur middel van hul selfone en die aansoekproses te monitor via 'n SMS. Die ministerie se woordvoerder Sakeus Kadhikwa het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê hoe die proses werk...
Die Namibiese Olimpiese atleet, Christine Mboma, se afrigter Henk Botha het bekend gemaak dat sy op 13 Mei aan die Kip Keino Classic-byeenkoms in Nairobi, Kenia sal deelneem. Daarna sal sy aan die Diamant-ligareeks deelneem met haar fokus op die Wêreld-atletiekbyeenkoms in Augustus in Hongarye. Botha het Christine se vordering gedeel ná 'n besering wat haar vir 'n rukkie van die atletiekbaan gehou het...
Schlettwein het in sy reaksie gesê dat Namibiërs hulself moet voorberei vir 'n droogte. Hy het bygevoeg dat die bek-en-klouseer-uitbreking in die buurland ook 'n rede is waarom die veepryse gedaal het.
Met die gebrek aan reën oor groot dele van Namibië, is boere hoogs bekommerd en sommige op hul knieë. Vipuakuje Muharukua, parlementslid van die Popular Democratic Movement, het vandag in die Nasionale Vergadering die minister van landbou, Calle Schlettwein, gevra wat die regering doen om die boere te red uit hul verknorsing. Muharukua noem dat beurtkrag in Suid-Afrika ook 'n bydraende faktor is tot die veepryse wat erg gedaal het.
Omgewings- en maatskaplike impak-studies het 'n belangrike hulpmiddel regoor die wêreld geword om die impak van voorgestelde ontwikkelingsprojekte op die breër eko-stelsels te verken en te verstaan. Hulle is veronderstel om die moontlike negatiewe impak op eko-stelsels en geraakte gemeenskappe te verseker. Vir plaaslike gemeenskappe en inheemse mense moet impak-studies 'n hoeksteen van vrye, vooraf en ingeligte toestemming wees. Deur hierdie studies behoort plaaslike gemeenskappe, wetenskaplikes, omgewingsbewustes en ander belanghebbendes 'n platform gegee word om hul kommer oor risiko's, veranderinge of verliese wat dit kan meebring, uit te spreek. Prof. Morgan Hauptfleisch, 'n professor in natuurbewaring in Namibië, sê die fundamentele probleem is dat impak-studies en ander voorsorgmaatreëls eenvoudig geïgnoreer kan word met min gevolge, anders as die boetes waarvoor die maatskappye in elk geval net begroot.
Die Vryheidsfront Plus het sy kommer uitgespreek dat die Wetsontwerp op die Voorkoming en Bestryding van Haatmisdaad en Haatspraak tot spanning kan lei in plaas daarvan om dit te voorkom. Die party voer aan die wetsontwerp hou 'n ernstige bedreiging in vir die reg op vryheid van assosiasie én spraak en kan lei tot eensydige interpretasies. Jaco Mulder van die VF Plus sê die onlangse inhegtenisneming van die voormalige Pakistanse eerste minister, Imran Khan, vir kritiek op die regering dien as 'n waarskuwing teen die voorgestelde wet, wat uitgebuit kan word om kritici te stil te maak.
Die geskorste openbare beskermer in die buurland, Busisiwe Mkhwebane, het aan die Artikel 194-komitee gesê Suid-Afrikaners sal uiteindelik uit die perd se bek hoor wanneer sy die geleentheid kry om te getuig oor haar geskiktheid om die amp te beklee. Mkhwebane het op 'n vraag van haar regsverteenwoordiger, Dali Mpofu, geantwoord en sê sy is gereed om alles in perspektief te plaas. Sy sê Suid-Afrikaners sal die geleentheid kry om self te oordeel ten spyte van 'n negatiewe kommentaar op sommige media-platforms.
Die Bank van Namibië het vandag die Namibië se eerste outomatiese regulatoriese verslag-stelsel, bekendgestel. Dit is beskikbaar vir gereguleerde entiteite onder toesig van dié bank. Die verkryging van die stelsel kom op 'n tydstip wanneer reguleerders en toesighoudende owerhede hul toesig moet verskerp oor alle instellings wat belas is met die beskerming van openbare deposito's en uitleen-aktiwiteite. Kazembire Zemburuka, die bank se kommunikasie-direkteur sê aan Kosmos 94.1 Nuus wat dié stelsel behels.
ActionSA in Gauteng is uiters bekommerd oor die byna dubbelsyfer-toename in die provinsiale misdaad-statistiek. Die provinsiale polisiekommissaris, Elias Mawela, het onthul voorvalle van verkragting het tussen 1 Oktober en 31 Desember verlede jaar met nege persent toegeneem, seksuele aanranding met 8,5 persent en seksuele misdrywe met 'n reuse 26,2 persent. Funzi Ngobeni van ActionSA sê die ANC-regering se misdaad-ingrypings kon nie daarin slaag om wetteloosheid in Suid-Afrika te stuit nie, maar het eerder gelei tot 'n toename in geweldsmisdade.
Die Afrika Energie-kamer het bekend gemaak dat hulle planne het om 'n kantoor in Namibië te vestig wat toegewy is aan die bevordering van plaaslike enerige-ontwikkelingspogings, veral met die land se energie-sektor op die voorgrond van vinnige transformasie op grond van die onlangse olie- en gas-ontdekkings. Kosmos 94.1 Nuus het met Paulo Coelho, die woordvoerder by Namcor, gepraat wat sê dat dit tot werkskepping in Namibië sal lei.
Die EFF-leier, Julius Malema, het sy lede versoek om hulself te verdedig teen enigiemand wat inbreuk maak op hul reg om te betoog. Hy het gepraat oor 'n verslag waarin die Fidelity-veiligheidsdienste sy planne aangekondig het om saam met die regering te werk om moontlike ontwrigtende gedrag te stuit tydens Maandag se beplande verset-optrede. Malema sê die EFF sal nie afgeskrik word deur hul dreigemente nie.
Die Britse minister van finansies, Jeremy Hunt, sal vanmiddag sy begroting lewer. Die Verenigde Koninkryk het uiters groot finansiële uitdagings al is die land een van Europa se grootste ekonomieë. Maar Lord Norman Lamont, oud-minister van finansies sê verbruikers moenie binnekort verligting verwag nie, veral met rentekoerse. Hy verduidelik.
‘n Veteraan maatskaplike aktivis het haar reaksie gegee op die jongste Afrobarometer-peiling wat toon dat die persepsie van die voorkoms van kindermishandeling in Namibië op 47 persent vir stede bepaal is met 37 persent van respondente wat meen dit kom meer in landelike gebiede voor. Armer respondente is ook meer geneig om te glo dat kindermishandeling voorkom met 46 persent wat so sê teenoor 28 persent van welaf respondente. Meer as die helfte stedelike inwoners is ook meer geneig om fisiese geweld teen kinders aan te meld as landelike inwoners wat op 39 persent gemeet word. Maatskaplike aktivis, Rosa Namises, sê aan Kosmos 94.1 Nuus dat dit tyd is dat die wette en kinder-advokate in Namibië daadwerklik optree om kinders te beskerm.
Die langverwagte geveg tussen Fillipus “Energy” Nghitumbwa teen Luke Boyd van Australië is effektief uitgestel. Dié verwikkeling het ontstaan nadat Luke Boyd Dinsdag ’n besering opgedoen het wat ’n rukkie sal neem om te genees. Die promotors is gretig om die geveg te herskeduleer sodra Boyd genees het. Nestor Tobias van die MTC Sunshine Boksakademie sê sy bokser is teleurgesteld maar, hy moet aktief bly om sy plek op die wêreld-ranglys te behou.
Arise, Sir Brian. Die Queen-kitaarspeler Brian May is by Buckingham-paleis tot ridder geslaan – en het met koning Charles gespot oor sy knieë wat hy gehoop het tydens die seremonie sou hou. Die 75-jarige Sir Brian, is erken vir sy bydrae tot musiek en liefdadigheid. Hy het natuurlik, hulde aan Freddy Mercury gebring.
Daar is groot verwagtinge van President Hage Geingob se staatsrede môremiddag. Kenners meen werkloosheid sal onder die loep kom veral met die onlangse chaos waar 2 400 mense opgedaag het vir ‘n handvol poste in Khomasdal. Dr. Omu Kakujaha-Matundu, die bekende Unam-ekonoom, sê hy verwag nie veel nie omdat daar nie veel is wat Geingob kan doen nie. Hy voeg by dat Geingob wel sal spog met sy nalatenskap, groen-waterstof.
Die nuwe wapen-wysiging wetsontwerp, wat reeds in 2021 voorgestel is, sloer steeds. Volgens Kallie Venzke, voorsitter van die wapen-eienaarsvereniging van Namibië, Goan, sê die foute wat destyds uitgewys is, is nog nie aangespreek nie, en dit as gevolg van verskeie vertragings. Hy gesels met Kosmos 94.1 Nuus.
Die Bean-egpaar van Okahandja doen ‘n beroep op fietsryers om môre op te ruk na die landdroshof op Okahandja ter ondersteuning van die tref-en-trap-saak waar Christiaan baie ernstig beseer is. Die ongeluk het op 11 November 2021 plaasgevind en Jeff Clydon Gaweseb het onskuldig gepleit. Die kwessie van die veiligheid van fietsryers in die land bly in die nuus en Christiaan se vrou, Silke, sê dit handel nie net oor dié saak nie maar, oor almal wat fietsry. Sy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Die Wes-Kaapse LUR vir Onderwys, David Maynier, het die verhoging in die departement se begrotingstoewysing tot 29,5 miljard Suid-Afrikaanse rand vir die 2023/24-boekjaar verwelkom. Met hierdie verhoging het die Wes-Kaap nou die grootste begroting van alle provinsiale Onderwysdepartemente. Maynier sê dit bewys sy verbintenis tot die verskaffing van gehalte-onderwys vir elke kind, in elke klaskamer, in elke skool in die provinsie:
Die Kunene-streek is bekend vir sy droë toestande en droogte raak die norm. Die gebrek aan reën in die huidige seisoen het baie boere op hul knieë, met sommige wat nie gewasse kan verbou nie en ander wat hul diere moet verkoop. En, dit blyk asof die seisoen reeds verby is. Kosmos 94.1 Nuus het met 'n UDF-lid, parlementslid en boer in die Kunene-streek, Dudu Murorua, gepraat wat sê die droogte-situasie is so erg omdat dit in Desember laas gereën het. Hy sê as hulle nie binnekort reën kry nie, weet hulle nie waarheen om met hul vee te gaan nie en boonop het veepryse erg gedaal.
ActionSA sê hoewel hy dit met die EFF eens is dat die ANC-regering die inwoners in die steek gelaat het, is hy geheel en al gekant teen die geweldadige aard van die protesoptrede wat die EFF se leierskap aanmoedig. Die EFF beoog om die land Maandag tot stilstand te dwing. Lerato Ngobeni van ActionSA sê die EFF het telkens getoon dat hy 'n party van gewelddadigheid is wat nie juis omgee vir die uitwerking wat hul optrede op die gemeenskap het nie.
Die situasie tussen Namibiese gemeenskappe langs die Botswana-grens en dié land se weermag is tans stil. Namibian Lives Matter het onlangs twee voorvalle van aggressie deur lede van die weermag van Botswana by die Namibiese polisie in die Zambezi-streek aangemeld. 'n Boot met vier swaar gewapende lede van die BDF het die Zambezi Queen-huisboot in Namibiese waters agtervolg totdat dit die hoofkanaal van die Choberivier bereik het. In 'n ander geval het twee swaar gewapende BDF-soldate die Choberivier oorgesteek en 'n veewagter ondervra. Geen van die voorvalle is volgens die beweging ondersoek nie. Sinvula Mudabeti, een van die leiers beweging, sê aan Kosmos 94.1 Nuus die BDF het nie respek vir die Namibiese minister van verdediging nie.
'n Nuwe era breek môre vir Suid-Afrika aan onder die nuwe witbal-afrigter, Rob Walter. Die Proteas takel die Windies in 'n reeks van drie eendagwedstryde, gevolg deur drie T20's. Die eerste eendagwedstryd vind môre op Buffalo-park in Oos-Londen plaas. Suid-Afrika sal probeer om voort te bou op die momentum van hulle toetsreeks-oorwinning van twee-nul oor die Windies. Die Protea-draaibouler Bjorn Fortuin sê hy sien uit na die uitdaging:
Die Suid-Afrikaanse departement van water en sanitasie het sy planne om die wateruitdagings in Gauteng aan te pak, ter tafel gelê. Die departement sal belê in infrastruktuur, die bestuur verbeter en doeltreffendheid met die voorsiening van water verseker. Die adjunkminister, David Mahlobo, sê die provinsie het genoeg water, maar beskik nie oor deeglike bestuursvermoë nie:
Die Namibiese polisie sê hy ondersoek ‘n gewapende huisbraak in Eros, Windhoek wat Dinsdagaand plaasgevind het. Vyf gewapende mans het die slagoffers vasgebind en met 'n vuurwapen aangehou. Hulle het onder andere weggekom met wapens, ammunisie en 10 000 Amerikaanse dollar in kontant. Geen arrestasies is gemaak nie. Hoofinspekteur Elifas Kuwinga, Nampol-woordvoerder gesels met Kosmos 94.1 Nuus.
Die eThekwini-munisipaliteit het veiligheidspersoneel op 'n hoë gereedheidsgrondslag geplaas vir die EFF se beoogde landwye betogings Maandag. Dit volg nadat die party besighede gewaarsku het om nié die dag sake te doen nie sodat hulle nie dalk geplunder word nie. Die woordvoerder van die munisipaliteit, Msawakhe Mayisela, sê die metropolisie vergader met hul polisie-eweknieë om 'n onvattende veiligheidsplan saam te stel waarmee hulle geweld kan voorkom en kan verseker dat die publiek en besighede veilig voel:
Die buurland se minister van kommunikasie, Mondli Gungubele, sê die aanstelling van 'n nuwe SABC-raad moet so gou as moontlik afgehandel word. Hy het gister die parlementêre kommunikasiekomitee toegespreek. Die jongste vertraging met die raad se aanstelling hou verband met die regsekerheid wat President Cyril Ramaphosa soek, oor die bykomende drie name wat die Nasionale Vergadering goedgekeur het, buiten die 12 aanbevole kandidate. Gungubele sê die raad se aanstelling sal help om die finansiële probleme wat die SABC tans in die gesig staar, te voorkom:
Erling Haaland het vyf doele aangeteken om Manchester City na die Kampioeneliga se kwarteindronde te lei ná 'n sewe-nul-oorwinning oor RB Leipzig by die Etihad-stadion. Ilkay Gundogan en Kevin De Bruyne het die ander twee doele bygedra. Haaland het die vinnigste en jongste speler geword wat 30 doele in Europa se elite klubkompetisie behaal. Die 22-jarige speler het hierdie seisoen 39 doele in alle kompetisies aangeteken. Hy is die eerste City-speler wat in 'n enkelseisoen met dié syfer kan spog. Haaland sê hy geniet dit om in die Kampioeneliga te speel:
Wiskundige geletterdheid in Suid-Afrika is weer in die kollig aangesien kommer toeneem, oor die min gekwalifiseerde wiskunde-onderwysers in die buurland. Volgens statistiek neem minder as 30 persent van alle matrieks wiskunde as 'n kernvak en net die helfte van hulle slaag die eksamen. 'n Wiskunde-onderwyser by Centennial School, Divine Muland, sê die afname in die aantal leerders en hul swakker prestasie kan toegeskryf word aan die tekort aan gekwalifiseerde wiskunde-onderwysers sowel as die onderrig-metodiek:
Terwyl die Kremlin enige botsing met die Amerikaanse Reaper-hommeltuig ontken, sê brigadier-generaal Pat Ryder, woordvoerder van die Pentagon, die twee Russiese vegvliegtuie wat wel in die internasionale lugruim bo die Swartsee met sy hommeltuig gebots het, die tuig uitgetart het.
President Cyril Ramaphosa sê Suid-Afrika se eerste en dringendste taak is om die elektrisiteitsvoorsiening te stabiliseer en energiesekerheid in die toekoms te verseker. Hy het 18 ambassadeurs van lande, insluitend Gambië, Nepal, Pakistan en Suid-Soedan, by die presidensiële gastehuis in Pretoria ontvang. Ramaphosa sê die land is bereid om sy tekortkominge te erken en gereed om die nodige maatreëls te tref om dit reg te stel:
Die spyskaart vir die vieringe vir Onafhanklikheidsdag bly in die nuus. Daar is berig oor die verskille tussen die kossoorte vir die BBP’s en Jan Alleman. Maar, dit is nie waaroor hierdie nuusstorie handel nie. Op die dokument wat deur Staatshuis uitgestuur is, en vir die BBP’s se kos, word daar melding gemaak van pap, maar nie net enige soort pap nie, Top Score van Namib Meulens word op die naam genoem. Dis reklame waarvoor mens eenvoudig nie kan betaal nie en ‘n pluimpie vir Meulens. Kosmos 94.1 Nuus gesels met Ian Collard, uitvoerende hoof van die NMI-groep.
Sedert verlede jaar se twee olie-ontdekkings aflandig van die Namibiese kus, het Namibië 'n middelpunt geword vir olie- en gas-eksplorasie. Talle Namibiërs is egter bekommerd en deeglik bewus van die hulpbron-vloek wat steeds by baie ontwikkelende lande spook, gedryf deur 'n onversadigbare dors na energie om hul ekonomieë aan die gang te hou. As gevolg van hierdie drang, buit talle magtige lande dikwels ontwikkelende lande uit. Kosmos 94.1 Nuus het met Manuel Ngaringombe sekretaris-generaal van die Popular Democratic Movement gesels oor wat die amptelike opposisieparty se plan is om te verseker dat die land voordeel trek uit sy hulpbronne.
Daar was reeds meer as 100 massaskietvoorvalle in die VSA tot dusver vanjaar met die naweek van 18 en 19 Februarie wat die rekord opgestel het vir tien voorvalle oor die twee dae. President Joe Biden het aangekondig dat hy ‘n uitvoerende bevel onderteken het wat wetgewers beveel om elke moontlike stap te neem om die land nader te bring aan agtergrond ondersoeke vir enige persoon wat ‘n wapen in die land wil besit. Hy het ook weer bevestig dat hy aanvalsgewere heeltemal uit privaatbesit wil verban.
Die EFF sê die DA se bewering dat sy planne om die buurland Maandag tot stilstand te bring gewelddadig sal raak, is rassisties. Die DA het aangekondig hy sal hof toe gaan en die gemeenskap mobiliseer teen, wat hy noem, die verregaande intimidasie en dreigemente van geweld wat die EFF rondslinger in aanloop tot die sluiting. Die EFF-woordvoerder, Leigh-Ann Mathys, sê die DA se regsoptrede sal misluk omdat dit geen grondslag het nie en is 'n swak publisiteitsfoefie om teen-demokratiese, regse kiesers tevrede te stel:
Die buurland se metaalwerkersvakbond Numsa glo die ANC-regering het werkers uitgelok om te staak. Die vakbond het sy gewig gegooi agter Nehawu se voortgesette staking in die openbare sektor. Woordvoerder Phakamile Hlubi-Majola het teen die regering uitgevaar vir sy rol in die onderhandelings, wat sy sê tot die huidige situasie aanleiding gegee het:
Dit is amper daardie tyd van die jaar en wanneer Namibiërs die geleentheid kry om ’n nuwe Mej. Namibië en Mej. Namibië Tiener op die troon te hê. Die Miss Namibia Beauty Pageant Reveal vind volgende week Donderdag op 24 Maart in die hoofstad plaas. Beaulah Boois-Beukes NBC se korporatiewe kommunikasiebestuurder sê aan Kosmos 94.1 Nuus daar bekend gemaak word wanneer die volgende Mej. Namibië-kroning op Swakopmund sal plaasvind.
Die Namibiese gesondheidsminister dr. Kalumbi Shangula, sê die dokters-tekort word in sekere staatshospitale aangspreek. Een van dié hospitale is die Engela-staatshospitaal, die grootste hospitaal in die Ohangwena-streek wat 180 000 mense bedien. Weens sy geografiese ligging besoek Angolese burgers wat oorkant die grens woon, ook die hospitaal. Die hospitaal het net vyf dokters gehad en het nou 14 dokters, waar onder twee spesialiste, gekry. Die dokter-pasiënt-verhouding is nou drasties verminder van 36 000 tot 16 pasiënte. Dr. Shangula het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat...
Swakopmund-munisipaliteit wil sanitasie in die informele nedersettings op Swakopmund verbeter. Volgens die woordvoerder, Linda Mupupa, is die riool-netwerk en verskeie pompstasies ontwrig as gevolg van sand, klippe en ander vreemde voorwerpe wat in die riool-netwerk gestort is. Sewe sanitasie-sentrums nader voltooiing wat 'n tydelike oplossing is terwyl gepoog word om volledige toegang tot riooldienste te verskaf, sê Mupupa aan Kosmos 94.1 Nuus.
Die droogtegeteisterde Nelson Mandelabaai-munisipaliteit in die Oos-Kaap sê hy is besig met projekte wat daarop gemik is om die water-infrastruktuur te verbeter. Die onderburgemeester, Mkhuseli Jack, sê die St George's Wellfield-boorgat word aan die waterstelsel gekoppel. Die gemiddelde damvlakke staan tans op 12 persent. Jack sê die metro het hom daartoe verbind om 'n aantal boorgate teen die einde van die maand te voltooi.
MTC het die publiek gewaarsku om swendelaars op sosiale media-plasings te ignoreer wat beweer dat hulle verduidelik hoe MTC-kliënte hul Simkaarte met 'n kort kode kan registreer om lang rye te vermy. MTC het vandag in 'n verklaring gesê dit is nie moontlik om die vereiste Simkaart-registrasieproses per SMS te voltooi met ‘n kort kode nie. John Ekongo, MTC se korporatiewe kommunikasiebestuurder, sê aan Kosmos 94.1 Nuus die publiek moenie slagoffers wees van hierdie tipe swendelary nie...
Die Wes-Kaapse departement van gesondheid sê dit kon daarin slaag om die provinsie se agterstand in chirurgiese prosedures, teen die einde van verlede maand, met meer as 70 persent te verminder. Die agterstande is tydens die Covid-pandemie vererger omdat baie behandelings en chirurgiese prosedures uitgestel moes word, weens hertoewysing van hulpbronne om die pandemie te beveg. Daar is in 2022 20 miljoen Suid-Afrikaanse rand opsygesit om dié agterstande by provinsiale hospitale uit te wis. Fritz Platt, Kosmos 94.1 Nuus se korrespondent in Kaapstad...
Wêreld-Vleilanddag en Wêreld-Waterdag word vanjaar op 16 en 17 Maart in Windhoek en Groot Aub herdenk. Die tema vir vanjaar is "Accelerating change and restoration of wetlands and water resources through partnerships". Die Namibiese ministerie van landbou, NamWater en die Nust herdenk dié dag saam met Unesco. Leerders en studente sal Donderdag Groot Aub en Avisdam besoek en die amptelike vieringe vind Vrydag in Windhoek plaas. Jona Musheko, die landbouministerie se woordvoerder sê aan Kosmos 94.1 Nuus waarom water in ‘n droogtegeteisterde land soos Namibië lewensbelangrik is.
Fabianus verduidelik wat mense normaalweg verwar wanneer dit kom by geld wat uitbetaal word...
Die stigtersmaatskappy van die Benchmark-aftreefonds het sy reaksie gegee op aantygings wat deur die leier van die Affirmative Repositioning-beweging Job Amupanda gemaak is. Volgens hom, het die fonds Namfisa genader om pensioengeld, wat aan afgetredenes uitbetaal word, as deel van die boedel by te voeg sou die pensioenaris sterf. Dus meen Amupanda, word daardie fondse belasbaar en vorm ook deel van die totale boedel, wat beteken dit kan gebruik word om skuld te delg. Die besturende direkteur van die stigtersmaatskappy, RFS fonds-administrateurs, se besturende direkteur Martinus Fabianus, sê aan Kosmos 94.1 Nuus Amupanda weet nie waarvan hy praat nie.
BankservAfrica in vennootskap met die Suid-Afrikaanse Reserwebank het sy nuwe digitale betaalstelsel, genaamd Payshap in Suid-Afrika bekend gestel. Dit is 'n nuwe betaalstelsel wat geen kontant verg nie. BankservAfrica se hoof van Werklike-tyd-betalings, Mpho Sadiki, sê die nuwe stelsel het ten doel om die gebruik van kontant heeltemal uit te skakel. Die stelsel laat gebruikers toe om geld te stuur met 'n selfoonnommer en verwyder die behoefte om bankrekeningnommers te onthou. FNB, ABSA, Nedbank en Standard bank het by die vennootskap aangesluit.
Eskom het aangekondig dat beurtkrag vroeg môre tot fase 3 verlaag sal word weens 'n mate van herstel in opwekkingsvermoë oor die afgelope 48 uur. Fase 3 sal om vyf-uur môreoggend tot vier-uur die middag ingestel word, en daarna sal fase 4 hervat. Volgens die woordvoerder, Daphne Mokwena, sal dit na verwagting tot verdere kennisgewing voortduur.
Die Namibiese ministerie van myne en energie het sy reaksie gegee oor berigte dat die gemeenskappe in die Daures-kiesafdeling meen die Chinese XingFeng-myn, wat litium in die gebied ontgin, onwettig is. Die groep het opgeruk en ‘n versoekskrif aan die minister van myne en energie, Tom Alweendo, en die Tsiseb-bewaringsgebied gerig en eis dat alle aktiwiteite onmiddellik gestaak word. Die maatskappy word daarvan beskuldig dat hy nie die korrekte prosedures gevolg het nie en dat hy nie ‘n omgewings-impakstudie uitgevoer het nie. Andreas Simon, die woordvoerder van die ministerie het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat die minister Alweendo ‘n vergadering met gemeenskapslede op 24 Maart op Uis sal hou en ondersoek sal instel.
Die Rahima Moosa Moeder-en-kind-hospitaal in Johannesburg is onveilig en vuil verklaar. Die Kantoor van Voldoening van Gesondheidstandaarde het ook vasgestel dat swanger vroue noodgedwonge op die vloer moes slaap. Die ondersoek is uitgevoer na ʼn klagte verlede jaar deur ʼn lid van die Parlementêre Portefeuljekomitee oor Gesondheid na bewerings oor die omstandighede ten opsigte van die versorging van swanger vroue. Die Gesondheids-ombud, Malegapuru Makgoba, sê die ondersoek het ook bevestigde onreëlmatighede ten opsigte van die uitvoerende hoof, Nozuko Precious Mkabayi, gevind.
Die Kantoor van Voldoening van Gesondheidstandaarde beveel aan die Rahima Moosa Moeder-en-kind-hospitaal in Johannesburg moet ʼn nuwe uitvoerende hoof kry. Daar is bevind die huidige hoof, Nozuko Precious Mkabayi, verwaarloos haar pligte omdat sy nie voltyds daar is nie. Die hospitaal het nie ʼn bloedbank, laboratoriumdiens of CAT-skandeerder nie. Daar is ook uitdagings met sekerheid en ʼn tekort aan verpleegpersoneel. Die gesondheids-ombud, Malegapuru Makgoba, beveel ook aan die opknapping van infrastruktuur moet voorkeur kry en bevoegde mense op alle vlakke aangestel word.
Die Gautengse departement van gesondheid sê hy monitor die hervatting van dienste by geriewe wat geraak is weens Nehawu se staking. Die hoof van kommunikasie, Motalatale Modiba, sê die arbeidsappèlhof het die staking Maandag verbied met onmiddellike effek, wat noodsaaklike diens-werknemers verhoed het om verder deel te neem of met die staking voort te gaan. Hy sê die departement sal verseker dienste word ten volle herstel.
Sokker: Inter Milan moet vanaand vir Porto die loef afsteek om die kwart-eindronde van die Kampioeneliga te bereik. Inter is een-nul voor na die eerste skof op die San Siro en moet goed presteer in Portugal om die eerste keer sedert 2011 tot die laaste agt deur te dring. In vanaand se ander wedstryd speel Manchester City tuis teen Leipzig nadat hulle eerste wedstryd met een-elk gelykop geëindig het. City se bestuurder, Pep Guardiola, verwag ʼn goeie kragmeting.
Die Tender Bulletin beskryf die tender vir die onafhanklikheidsvieringe wat deur die Omusati-streeksraad vrygestel is, as die sogenaamde ‘whacky tender’ van die week. Vyf tenders is uitgesit maar nie een is vir spyseniering vir die 2 000 verwagte gaste nie. Yanna Smith het die besonderhede.
Die Namibian Marshal Rangers het saamgespan om 'n lewensreddingsdiens by die kusgebied te begin, ten einde beskikbaar te wees om lede van die publiek te by te staan wat die see besoek en nie kan swem nie. Dit kom ná die Desember-vakansieseisoen toe twee mense verdrink het en nog 'n geval van 'n man wat verlede week in Swakopmund verdrink het. Die stigter van die groep, Sean Naude, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.
Reaksie word ontvang op kommer in die buurland oor die ANC-regering se trae pas met grondhervorming. Daar word beaam dat die oordrag van grond nie opgevolg word met enige ondersteuning nie en dus is produktiwiteit amper op nul. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Erastus Ngaruka, die tegniese adviseur vir Agribank se adviesdienste, oor die plaaslike uitdagings.
Die Wes-Kaapse LUR vir Onderwys, David Maynier, sê die eerste dag van die 2024-toelatingsproses het baie goed verloop, met 15 843 leerders wat gedurende die eerste 24-uur aansoek gedoen het. Hy sê met die ouers wat by meer as een skool aansoek doen, is die algehele aantal individuele aansoeke wat op die eerste dag van die aansoek-tydperk ontvang is, 54 910. Maynier sê dit is meer as 12 000 meer as wat die departement verlede jaar op die eerste dag ontvang het:
Reaksie word ontvang op berigte dat Namibië ‘n jaar gegun is om uitdagings met sy wetgewing en oorsig oor geldwassery, befondsing van terrorisme en meer aan te spreek of, die Finansiële Aksie taakmag sal die land ook, nes Suid-Afrika, op ‘n gryslys plaas. Dit sal ‘n reuse-impak hê en sal onder andere, die huidige tekort aan beleggings vererger. Frederico Links, ‘n navorser by die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing sê daar was meer as genoeg tyd om die kwessies aan te spreek omdat owerhede voor Covid reeds gewaarsku is.
Die Becnhmark-aftreefonds het onderneem om later vandag te reageer op aantygings wat deur die leier van die Affirmative Repositioning-beweging Job Amupanda gemaak is. Volgens hom, het die fonds Namfisa genader om pensioengeld, wat aan afgetredenes uitbetaal word, as deel van die boedel by te voeg sou die pensioenaris sterf. Dus meen Amupanda, word daardie fondse belasbaar en vorm ook deel van die totale boedel, wat beteken dit kan gebruik word om skuld te delg. Amupanda het ‘n breedvoerige video op Facebook gedeel waar hy die kern van die saak verduidelik.
Die nuus oor Namibië se reënseisoen is uiters swak. Alle hoop was op die sikloon Freddy geplaas. Sou die stelsel verder noordwes oor Malawi beweeg, sal die seisoen in die laaste ses weke baie verbeter maar, dit blyk dat Freddy eerder oos oor die Indiese-oseaan sal beweeg wat alle hoop op goeie neerslae voor die winter kelder. Kosmos 94.1 Nuus het met die Suid-Afrikaanse weerkenner Johan van den Berg gepraat.
Die Wet op Teen-korrupsie is Namibië se primêre teen-korrupsiewet, wat passiewe omkopery, aktiewe omkopery, poging tot korrupsie, afpersing en omkoop van staatsamptenare dek. Weens verskeie skuiwergate in die wet, moet die wet hersien word vir die Kommissie om sy pligte ten volle uit te voer om korrupsie hok te slaan. Die direkteur-generaal van die kommissie Paulus Noa het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor die redes vir hersiening van dié belangrike wet.
Die Britse minister van sekuriteit Tom Tugendhat, het die regering se wetsontwerp in verband met onwettige migrasie verdedig. Hy sê die wetgewing is so saamgestel dat dit mensehandel aanspreek en eerste poog om slagoffers in die greep van die handelaars te kry.
Die DA in KwaZulu-Natal het aan eThekwini se stadbestuurder, Musa Mbhele, geskryf en gevra of daar 'n duidelike strategie is om te keer dat noodsaaklike dienste Maandag deur die EFF se beplande landwye sluiting geraak word. Die EFF wil die land tot stilstand bring oor beurtkrag en sal ook vra dat President Cyril Ramaphosa bedank. 'n DA-woordvoerder, Mzamo Billy, sê diegene wat nie aan die staking deelneem nie, moet hulle reg op beweging sonder intimidasie of vooroordeel kan uitoefen:
Die Namibiese Inkomste-agentskap, NamRA, en die Bank van Namibië werk saam daaraan om 'n web-gebaseerde regulatoriese stelsel in te stel om die onwettige uitvloei van fondse uit Namibië te verminder. Terwyl daar nie syfers vir Namibië is nie verloor die vasteland rondom 90 miljard Amerikaanse dollar per jaar op die manier. Die handelsverifikasie-stelsel en elektroniese uitvoermoniterings-instrument is daarop gemik om die onwettige finansiële uitvloei te verminder. Dit sal gebruik word as 'n moniterings-instrument om die oorgrens-oordrag van geld met die beweging van goedere na die land te vereenselwig. Steven Ndorokaze, kommunikasiebestuurder van NamRA, verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus.
Die Suid-Afrikaanse gesondheidsminister, Joe Phaahla, sê sy departement ondersoek tans die moontlikheid van 'n regstreekse verband tussen aangemelde sterftes en die staking van werkers wat aan die gesondheids-, onderwys- en verwante werkersvakbond behoort. Gesondheidswerkers het begin staak nadat hulle die regering se aanbod van 'n 4,7 persent salarisverhoging verwerp het. Phaahla sê vier mense is tot dusver dood, maar voeg by hulle het nog berigte gekry van sterftes wat bevestig moet word:
Die Wes-Kaapse Departement van Onderwys se 2024-skooltoelatingsproses het die week amptelik geopen, en sal tot die 14 April duur. Meer as 4 600 aansoeke is reeds ontvang. LUR David Maynier sê hy is bemoedig deur die aantal ouers wat hul kinders se skoolopleiding prioritiseer en seker maak dat hulle betyds aansoek doen. Hy sê verder, die departement se toelatingswebwerf is 'n gratis diens en geen data is nodig om toegang daartoe te kry nie:
Die DA in Gauteng stel voor dat kindersorg- en jeugwerkers as noodsaaklike dienste geregistreer word. Dit is om te verseker dat wanneer hulle staak, waarop hulle geregtig is, ten minste 30 persent van die arbeidsmag gedwing sal word om by die werk te bly, om te verseker dat die kinders en jeugdiges behoorlik versorg word. Die DA se Bronwynn Engelbrecht sê die staking van die Nasionale Onderwys en Werkersunie het baie jeugdiges en kinders by die Gautengse Kinder- en Jeugsentrums onbewaak gelaat:
Russiese aanvalle het Europa se grootste kernkrag-aanleg, die Zaporizhzhia-kernkragsentrale in die Oekraïne vir 'n sesde keer sedert Moskou se inval verlede jaar begin het, van die netwerk af gedwing. Rafael Grossi, die hoof van die Verenigde Nasies se kernwaghond, die Internasionale Atoomenergie-agentskap, het sy kommer uitgespreek hoe dit voorkom kan word. Chris Yelland, 'n energie-ontleder, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor wat sal gebeur as daar 'n ineenstorting by die kernkragsentrale is.
Kaapstad se burgemeester, Geordin Hill-Lewis, sê die stad se planne om inwoners binne drie jaar teen die eerste vier fases van Eskom-beurtkrag te beskerm, is op dreef. Die drie-fase-verkryging vir beurtkragbeskerming het dié maand verskeie belangrike mylpale bereik. Die burgemeester sê die grootste verkryging, 'n tender van 500 megawatt om krag op die ope mark aan te koop, is gereed om op die 29ste van die maand te open. Hill-Lewis sê dié tender sal fokus op hernubare energie en noodsaaklike, versendbare tegnologieë:
Die buurland se minister van gesondheid, Joe Phaahla, het stakende werkers van noodsaaklike dienste gewaarsku om vandag terug te keer werk toe of aanklagte van wangedrag teen hulle te verwag. Hy het gisteraand 'n nuuskonferensie gehou en gesê die Arbeidshof se interdik verbied werkers van noodsaaklike dienste om voort te gaan met nywerheidsoptrede. Die nasionale onderwys-, gesondheids- en verwante werkersvakbond, Nehawu, eis 'n salarisverhoging van 10 persent terwyl die regering 4,7 persent aanbied. Phaahla sê die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag se gesondheidsdienste sal steeds sommige gesondheidsfasiliteite, veral in Gauteng, bystaan:
Die Britse premier Rishi Sunak het aangekondig dat daar 5 miljard Britse pond op die land se verdediging bestee sal word. Hy voeg by dat voortaan, sal 2,5 persent van die land se BBP op verdediging bestee word. Die Britse weermag is volgens onlangse berigte uiters kwesbaar, veral na verskeie skenkings aan die Oekraïne. Sunak sê die wêreld raak al hoe meer onvoorspelbaar.
Die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, veroordeel die EFF se oproep om 'n nasionale stilstand wat vir Maandag beplan word. Hy sê die provinsiale regering neem die saak ernstig op omdat dit die ekonomie kan laat ontspoor. Winde sê hulle volg alle regsroetes om te verseker die EFF is verplig om die oppergesag van die reg te handhaaf en hom te weerhou van vernietigende optrede in die provinsie:
Die nasionale onderwys-, gesondheid- en verwante werkersvakbond, Nehawu, sê sy lede is gevra om terug te keer werk toe terwyl hy sy volgende stap oorweeg. Dit volg nadat die Suid-Afrikaanse Arbeidshof 'n interdik teen die staking deur Nehawu-lede toegestaan het. Die vakbond is een van die staatsdiensvakbonde wat 'n 10 persent salarisverhoging eis. Nehawu se president, Mike Shingange, sê hulle eise staan steeds en hulle gaan nie toegee nie:
Die jaarlikse voëlskou vind op 1 April om tienuur die oggend by die Agra/Bank Windhoek-ring by die skouterrein in Windhoek plaas. ‘n Kliniek sal ook op 31 Maart deur ‘n veearts aangebied. Kosmos 94.1 Nuus het met die voorsitter van Namibiese Voëlboerdery-vereniging, Fanie Holtzhausen gepraat.
Oudpresident Donald Trump het Iowa besoek, na Florida-goewerneur Ron DeSantis se besoek aan die deelstaat. Dinge in die Republikeinse-party raak warm en daar word verwag dat DeSantis binnekort sy kandidaatskap vir die party se presidensiële kandidaat sal aankondig. Iowa is uiters belangrik in die wedloop omdat hy eerste stem vir die verkose kandidaat wat die party in die 2024-verkiesings sal verteenwoordig. En Trump is haaks met DeSantis. Die twee was vroeër jare na aan mekaar maar, Trump is vies vir DeSantis omdat hy meen hy wat Trump is, het DeSantis se politieke loopbaan gemaak en DeSantis gee geen krediet daarvoor nie. En soos verwag het Trump DeSantis skerp gekritiseer – nogal oor biobrandstof en maatskaplike beskerming.
Dit het 'n algemene praktyk van die Namibiese polisie en die Windhoek Stadspolisie geword om operasies in die oggende tydens spitstyd deur die loop van die week uit te voer. Hulle sal motoriste enige tyd, selfs vanaf ses-uur tot agt-uur die oggend, of later, stop om óf die motorvoertuig te deursoek óf bestuurslisensies vra. Hierdie praktyk is met gemengde gevoelens teëgekom deur lede van die publiek wat meen dat hierdie polisie-operasies daartoe lei dat hulle laat vir werk of skool is. Nampol se verkeersdepartement se hoofinspekteur Rozario Coetzee verduidelik aan Kosmos 94.1 die redes hoekom dit gebeur.
President Cyril Ramaphosa se aanspreeklikheid oor Phala Phala bly in die nuus. 'n Regskenner, Benedict Phiri, het te kenne gegee die Openbare Beskermer se uitgelekte tussentydse verslag oor Phala Phala kan moontlik onreëlmatighede bevat. Die voorlopige bevindings het Ramaphosa vrygespreek van enige oortreding in die plaasdiefstal-skandaal. Phiri beklemtoon die uitgelekte weergawe is nie noodwendig die finale verslag nie. Hy sê die inligting wat verskaf is, is dalk nie voldoende om Ramaphosa se onskuld heeltemal te bewys nie:
Die grondhervormingskenner Peter Setou is bekommerd oor die Suid-Afrikaanse regering se trae pas met grondhervorming. Hy het in die aanloop tot Menseregtedag gesê grondhervorming is 'n reuse-deel van daardie herdenking. Setou sê die meeste van die grond wat die regering oorhandig het, bly onproduktief. Hy sê dis belangrik dat die oordrag van grond opgevolg word met ondersteuning:
Die Hidrologiese Diens van Namibië se vloedbulletin dui daarop dat die Zambezirivier by Katima Mulilo geleidelik besig is om te sak, maar watervlakke bly steeds hoog op 4,94 meter. Die vloedwater druk in die verre oostelike vloedvlaktes van die Zambezi-streek in. Hoë vloedwaarskuwings en gereedheid word aangeraai vir die oostelike Zambezi-vloedvlaktes weens goeie reënval-ontwikkeling in die stroom-op deel van die Zambezi-opvangsgebied. Kosmos 94.1 Nuus het oor die jongste met die Zambezi-streekgoewerneur, Lawrence Sampofu, gesels.
Amerika se president, Joe Biden, sê die Amerikaanse bankstelsel is veilig. Dit volg nadat die Silicon Valley Bank, wat daarin spesialiseer om aan tegnologie-maatskappye geld te leen, die naweek ineengestort het, ná 'n skielike vlaag onttrekkings. Dit is gevolg deur die New York-gebaseerde Signature Bank se ineenstorting. Die federale regering het ingegryp en fooie, wat banke aan die regering betaal, gebruik om alle deposito’s by die bank te waarborg sodat alle rekeninghouers hul geld kan terugkry. Biden sê hy sal daarna streef om dié wat verantwoordelik is, aanspreeklik te hou, en hom beywer vir beter toesig en regulasies by groter banke:
Kommer heers steeds in die Mieliedriehoek oor ‘n gebrek aan reën wat tot misoeste kan lei. Boere hoop dat die tropiese sikloon Freddy sal uitwoed en Namibiese reënpatrone na normaal sal terugkeer, wat in Februarie onder-gemiddeld was. Volgens ‘n mielieboer oos van Grootfontein, Dawie Kok het daar wel enkele buie plek-plek oor die gebied uitgesak, maar dit is vir sommige mielieboere te laat. Kok het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Die polisie in Limpopo het met ʼn reuse-soektog begin na verdagtes wat betrokke was by die ontsnapping van ses verhoorafwagtende gevangenes in Makhado. Die Zimbabwiese burgers het met behulp van ʼn onbekende groep gewapende mans ontsnap, wat die polisievoertuig waarmee hulle vervoer is, aangeval het. Die woordvoerder van die polisie, Motlafela Mojapelo, waarsku die publiek om nie die verdagtes te konfronteer nie aangesien hulle gewapen mag wees en gevaarlik is.
Die Suid Afrikaanse hotelgroep Sun International sê alhoewel sy inkomste geleidelik weer tot vlakke wat voor die Covid-19 pandemie aangeteken is, begin styg het, bly beurtkrag 'n groot hindernis. Die groep sê hy verwag om in 2023 op ‘n maandelikse basis tussen 12 en 14 miljoen Suid-Afrikaanse rand aan diesel te bestee om hotelle en casino’s operasioneel tydens die kragonderbrekings te hou. Kosmos 94.1 Nuus se korrespondent in Kaapstad, Fritz Platt...
Namibiese voertuigverkope het in Februarie gestyg met 559 passasiersvoertuie wat 51 persent van die totale voertuigverkope van 1 103 eenhede in Februarie uitgemaak het. Dit is gevolg deur 486 ligte handelsvoertuie wat verantwoordelik is vir 44 persent van eenhede verkoop. Toyota, Volkswagen and Kia het die meeste voertuie in Februarie verkoop. Willie Verdoes van Indongo Toyota gee die redes aan Kosmos 94.1 Nuus waarom voertuigverkope gestyg het.
Tennis: Die twee top-gekeurdes is vandag in aksie in die Indian Wells Meesters in Kalifornië. Iga Swiatek van Pole pak die Kanadees Bianca Andreescu in die derde ronde, gevolg deur die Spanjaard Carlos Alcaraz teen Tallon Griekspoor van Nederland. Alcaraz is die wêreld-nommer twee, maar omdat Novak Djokovic nie in die VSA speel nie, is hy die top-gekeurde.
Die United Aviation-groep reis tans met sewe RV-vliegtuie in Namibië. Hulle wil graag Namibië se natuurskoon uit die lug beleef en vlieg vir ‘n week lank na al die uithoeke van die land. ‘n Lid van die groep Louis Smit, gesels met Kosmos 94.1 Nuus.
Byna 20 Namibiese toerisme-organisasies het saam met die Namibiese Toerisme-buro vir die eerste keer in drie jaar weer die wêreld se grootste toerismeskou in Duitsland, ITB Berlyn, bygewoon. Die skou lok elke jaar 160 lande en die Duitse mark is ‘n baie belangrike mark vir die Namibiese toerismesektor. Kosmos 94.1 Nuus het met die uitvoerende hoof van die Gasvryheidsvereniging van Namibië Gitta Paetzold gepraat.
Botha het ook Christine se vordering gedeel ná 'n besering wat haar vir 'n rukkie van die atletiekbaan gehou het...
Die naam van die Namibiese Olimpiese atleet, Christine Mboma was dalk 'n bietjie stil in sportnuus sedert sy ten volle van haar besering herstel en hard aan die oefen is. Christine se naam is weer terug in die nuus en hierdie keer met iets positiefs en opwindend. Pupkewitz Motors is opgewonde om ‘n nuwe vennootskap met Christine aan te kondig wat Vrydag tydens 'n amptelike oorhandiging bekend gemaak sal word. Christine se afrigter Henk Botha deel sy opgewondenheid oor hierdie vennootskap met Kosmos 94.1 Nuus.
Suid-Afrikaanse toerisme-amptenare sê hulle is daartoe verbind om die land as ʼn veilige bestemming aan toeriste regoor die wêreld te bemark. Toerisme SA woon die wêreld se voorste reis-handelskou by. Die ITB Berlin in die Duitse hoofstad, Berlyn, is ʼn ekspo wat elke jaar 160 lande lok. Die uitvoerende bedryfshoof, Nomasonto Ndlovu, sê sy is daarop ingestel om die siening te verander dat Suid-Afrika nie meer veilig is om te besoek nie.
Berrie Holtzhausen van Alzheimers-Demensie Namibië gaan Woensdag die Pan-Afrika Parlement in Midrand, Suid-Afrika, bywoon om mites oor die siektes te takel. Riglyne sal van stapel gestuur word om die wrede en skadelike praktyke wat verband hou met beskuldigings van pasiënte van heksery en rituele aanvalle, uit te wis. Mense wat ly aan Alzheimer se siekte of demensie word dikwels, veral in die noorde van Namibië, van heksery uitgekryt. Holtzhausen verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus.
Die departement van gesondheid verwelkom die arbeids-appèlhof se uitspraak wat die vakbond Nehawu se staking met onmiddellike effek verbied. Die hof het ook beslis dat Nehawu se lede en alle noodsaaklike diens-werkers verbied word om voort te gaan met enige vorm van nywerheidsoptrede. Die departement se woordvoerder, Foster Mohale, glo hierdie uitspraak sal 'n vorm van bestendigheid in die land se gesondheidsgeriewe meebring.
Eskom het aangekondig dat fase 4-beurtkrag tot verdere kennisgewing sal voortduur nadat hy vroeër verwag het om fase 5 vanaf vieruur vanmiddag in te stel. Die nutsdiens se woordvoerder, Daphne Mokwena, sê die verandering kan toegeskryf word aan sekere verbeterings in die opwekkingstelsel.
Die Nasionale Jeugdiens het sy 14de inname vir nasionale diens-opleiding vir jeug tussen die ouderdom van 16 en 35 jaar oud aangekondig. Die Nasionale Jeugdiens is 'n jeug-ontwikkelings-inisiatief om opleiding aan werklose jeug te bied. Die opleiding sal by die Hentiesbaai-opleidingsentrum vir ses maande geskied. Die sluitingsdatum vir aansoeke is 24 Maart. Kosmos 94.1 Nuus het met die jeugminister Agnes Tjongarero gepraat...
Die DA doen 'n beroep op die Suid-Afrikaanse Polisiediens om dringend in te tree en te verhoed dat enige lid van die Nehawu-vakbond hospitaal- of kliniek-bedrywighede belemmer. Dit volg nadat die Arbeids-Appèlhof vir Nehawu verbied het om met hul staking voort te gaan. Andrew Whitfield van die party het alle vorme van geweld en intimidasie teenoor pasiënte en personeel veroordeel, aangesien die voortgesette staking meer sterftes van onskuldige mense tot gevolg kan hê.
Die Namibiese ministerie van internasionale betrekkinge beskou die mensehandel saak waar ongeveer 31 Namibiërs na Oman gevat is, as afgehandel. Die uitvoerende direkteur in die ministerie, Penda Naanda het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat daar drie was wat in die land wou gebly het om studies in Europa verder te vat en die ander, is gerepatrieer.
Met die huidige swak ekonomiese klimaat, probeer almal 'n ekstra geldjie maak, skelms des te meer. Kriminele aktiwiteite neem toe, asook bedrog en swendelary. Natis se kantore is oor die jare deur swendelaars geteiken, want talle persone is desperaat om hul rybewyse te kry en val in die strik van swendelary. Die Paaie-owerheid waarsku die publiek teen bedrieërs wat hul naam gebruik en lede van die publiek bedrieg deur leerling-rybewyse aan te bied in ruil vir betalings via elektroniese betalingsdienste. Hileni Fillemon, woordvoerder van die owerheid, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Die voormalige werknemers van Air Namibia is steeds werkloos. Die groep, wat onlangs opgeruk het na die bankrot redery se hoofkantoor om hul laaste uitbetalings te eis. Intussen het die groep die nuus oor ‘n moontlike nuwe redery, Fly Etosha Airways verwelkom. Die redery word deur die toerismeministerie ondersteun. Renier Bougaard, woordvoerder van die Air Namibia werkers sê dit is baie moeilik om werk te bekom as ‘n persoon jarelank in ‘n gespesialiseerde sektor werk. Hy sê daar is hoop dat die redery op die been gebring word.
Werkloosheid is in die nuus met die soveelste keer wat duisende mense opdaag vir ‘n handvol poste soos verlede week in Khomasdal waar 2 400 mense opgedaag het by ‘n restaurant. Meer as 3 000 mense het in 2019 by Sentraal Hospitaal opgedaag vir nege skoonmakerposte en ook daardie jaar, 800 in Omusati vir 39 skoonmakerposte. Die plaaslike arbeidskenner, Herbert Jauch sê arbeidsintensiewe projekte moet aangepak word om werk te skep en die behuisingstekort is ‘n uitstekende geleentheid hiervoor.
Reaksie word ontvang op berigte dat ‘n moeder oor die naweek gepoog het om haar drie kinders te vermoor. Een is gehospitaliseer en teen die volgende oggend, was die moeder - steeds hoog onder die invloed van drank - in aanhouding by die polisie en die ander twee kinders was in veiligheid geplaas. In ‘n ander geval is ‘n kind, van blykbaar een jaar, opgeneem in ‘n plaaslike hospitaal, erg ondervoed. Die voormalige ombud, advokaat John Walters, sê die nuus is skokkend maar voeg by, alles is al probeer om die tipe gesinsgeweld te verhoed.
Vandag is Statebond-dag en Namibië herdenk dit ook. Die Britse Hoë Kommissariaat het in die hoofstad ambassadeur van lidlande genooi en die geleentheid is in die Parlementstuine gehou. Die dekaan van die Statebondsending in Namibië en die Hoë Kommissaris van Maleisië, Hishamuddin Ibrahim, het by die geleentheid gepraat.
Werkloosheid is ‘n tydbom in Namibië. Dit is die mening van die deurwinterde vakbondleier Job Muniaro. Sy aanmerkings kom nadat 2 400 mense opgedaag het vir ‘n handvol poste by ‘n restaurant in Khomasdal in die hoofstad. Muniaro sê werkloosheid is nie ‘n probleem wat homself sal oplos nie en die regering moet stappe neem omdat die jeug se frustrasie ‘n kommerwekkende faktor is, veral met natuurlike hulpbronne.
Arsenal het sy vyf-punt voorsprong bo-aan die punteleer van die Engelse Premierliga met 'n oorwinning van 3-0 teen Fulham behou. Die Gunners het goed reageer op Manchester City se naelskraapse oorwinning Saterdag met indrukwekkende aanvallende spel wat vir drie doele in die eerste helfte gesorg het. Die bestuurder Mikel Arteta was baie in sy skik met sy span se vertoning:
Die DA wil hê die vervoerminister, Sindisiwe Chikunga, en die Passasierspooragentskap se raad moet voor die Parlement verskyn om antwoorde te verskaf oor die vermeende misbruik van Prasa-eiendom. Prasa het 'n interne ondersoek na sy voorsitter, Leonard Ramatlakane, gelas nadat hy na bewering met sy gesin in 'n luukse woning ingetrek het wat aan die staatsonderneming behoort. Die woning is vir gebruik deur uitvoerende hoofde tydens werksreise om hotelkoste te vermy. Chris Hunsinger van die DA sê Ramatlakane moet geskors word:
Die Stad Kaapstad vier die afstudering van 'n groep inwoners van die stad wat programme in Opkomende Leierskapontwikkeling en Spanleier-ontwikkeling voltooi het. Die stad het die programme finansier en jong personeellede van plaaslike vervaardigingsmaatskappye het opleiding in sakebestuur, konflikoplossing en soepel vervaardiging ontvang. Die burgemeesterskomiteelid vir Ekonomiese Groei, James Vos, sê daar is tans 23 800 mense wat in die klere- en tesktielbedryf in Kaapstad werk:
Die krisis met Gary Lineker en die BBC duur voort. Die kwessie het uitgekring met verskeie sportprogramme wat gekanselleer moes word omdat kollegas, ter ondersteuning van Lineker, geweier het om te werk. Die voormalige hoof van Channel 5 in Brittanje, David Elstein, sê dit was duidelik ‘n skok vir die BBC.
Die Sweedse oudio-stroomdiens, Spotify, vier vyf jaar sedert dit in 2019 in Suid-Afrika van stapel gestuur is. Volgens die besturende direkteur vir sub-Sahara Afrika, Jocelyne Muhutu-Remy, wil Spotify steeds meer plaaslike kunstenaars steun. Muhutu-Remy sê tot dusver is 21 miljoen speellyste deur Suid-Afrikaners op die platform geplaas, terwyl 304 musikante ontdek is. Sy sê die genres waarna die meeste geluister word, is hip-hop en amapiano:
Die lof wat President Hage Geingob oor die naweek vir die ouderlinge van Swapo uitgespreek het, lok reaksie uit. Geingob het die ouderlinge uitgeroep by die party se sentrale komitee vergadering, ten spyte daarvan dat die party onder skoot kom omdat hy nie jonger partylede die kans gun om leierskap posisies in te neem nie. Die bekende jeugaktivis aan die kus, Knowledge Ipinge, sê daar is lesse om te leer, veral omdat die sogenaamde Tanganyika-lede van Swapo so uiters lojaal is. Hy verduidelik.
Nasa sal volgende maand sy eerste maan-bemanning in 50 jaar bekend maak. Die name van drie Amerikaanse ruimtevaarders en 'n Kanadees van Nasa se Artemis II-maansending in 2024, sal op 3 April aan die wêreld onthul word. Die bemanning het reeds die afgelope 18 maande met opleiding vir die sending begin, maar hul identiteite het hoogs geheim gebly. Dr. Riaan Steenkamp, hoof van die fisika-departement by Unam, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.
Die Organisasie teen Belastingmisbruik in Suid-Afrika sê regeringsrekords dui aan sommige van die mense met wie beraadslaag is oor die energieramptoestand, het nie die verklaring goedgekeur nie. Die regsprojek-bestuurder van die OUTA, Brendan Slade, sê die rekords verduidelik nie hoekom 'n ramptoestand verklaar is nie. Slade sê hulle daag die besluit nou in die hof uit:
Die Gautengse Departement van Menslike Nedersettings het kommer uitgespreek oor die toename in vals kennisgewings en onwettige grondbesettings, gelei deur mense sonder beginsels. Die departement raai lede van die publiek aan om die kliëntesteunsentrums in hulle streke te besoek, indien hulle navraag wil doen oor hulle status op die behuisingwaglys. Die woordvoerder van die departement, Tahir Sema, sê hulle het besluit om voorkeur te gee aan mense wat tussen 1996 en 2000 aansoek gedoen het, aan huishoudings met kinders aan die hoof, en aan senior burgers:
Ierland se afrigter, Andy Farrell, sê sy span se 22-7-oorwinning oor Skotland in hulle Sesnasies-kragmeting in Murrayfield was 'n reusepoging. Drieë deur Mack Hansen, James Lowe en Jack Conan het Ierland 'n agste agtereenvolgende oorwinning oor Skotland besorg. Engeland kom volgende week na Dublin en Ierland kort net een oorwinning om by vorige Grand Slam-pogings in te 1948, 2009 en 2018 te voeg. Farrell sê hulle het hard gewerk om in hierdie posisie te wees:
Die Suid-Afrikaanse gesondheidwerkersvakbond Nehawu het onderneem om hierdie week sy staking deur openbare gesondheidsorgwerkers te verskerp. Die staking is tot dusver gekenmerk deur intimidasie en aanranding van gesondheidsorgwerkers, en pasiënte is in sommige gevalle by hospitale weggewys. Mike Shingane van Nehawu sê meer instellings wat openbare gesondheidsdienste lewer, sal hierdie week geraak, word namate meer lede by die staking aansluit:
Staatsdienswerkers eis 'n loonverhoging van tien-persent, terwyl die regering 4,7-persent aanbied. Shingane het die regering van arrogansie tydens die onderhandelings beskuldig:
Die EFF het die waarnemende Openbare Beskermer Kholeka Gcaleka se bevindinge verwerp wat President Cyril Ramaphosa vryspreek van wangedrag. Gcoleka sê Ramaphosa het nie onbehoorlik opgetree ná die voorval by sy wildsplaas in Limpopo in 2020 nie. In haar voorlopige verslag sê Gcoleka die president het na behore sy belange in sy boerdery verklaar. Sy het ook bevind ander aantygings teen Ramaphosa oor die Phala Phala-saak is ongegrond. Die nasionale woordvoerder van die EFF, Sinawo Tambo, sê die verslag is onsinnig:
Everything Everywhere All at Once het sewe Academy-toekennings gewen wat dit die mees bekroonde beste-rolprentwenner maak sedert Slumdog Millionaire in 2008. Die fliek wat 11 benoemings ontvang het, het uiteindelik met sewe weggestap. Dit sluit in beste rolprent, beste regisseur, beste vroulike hoofrolspeler Michelle Yeoh, ondersteunende aktrise Jamie Lee Curtis, en ondersteunende akteur, Ke Huy Quan. Brendan Fraser het die toekenning vir beste akteur gewen vir sy rol in The Whale. Yeoh is die eerste Asiatiese vrou wat die prys vir beste aktrise wen en sê die oorwinning is monumentaal:
Die omstrede leier van die Affirmative Repositioning-beweging Job Amupanda is doodstil oor advertensies wat in Windhoek en die Noorde opgerig is oor sy 2024 presidensiële veldtog waar Amupanda aangewys word as Namibië se president vir 2025 tot 2030. Dit kom voor asof die veldtog nie gekoppel is aan die beweging nie – veral omdat die beweging steeds sukkel om as vakbond te registreer en nog nie ‘n aansoek vir politieke party gebring het nie. Daar sal, volgens George Kambala van die beweging, teen Woensdag ‘n persverklaring uitgereik word. Die deurwinterde politikus, Nico Smit van die PDM, sê dit is Amupanda se volle reg om te staan.
Michael Amushelelo, ‘n lid van die Namibia Economic Freedom Fighters en ‘n uiters omstrede arbeidsaktivis wil op 21 Maart, Onafhanklikheidsdag, ‘n massa-protes reël teen werkloosheid. Amushelelo, wat vandag in die hof op Walvisbaai verskyn vir chaos rondom nog onlangse ‘n protesoptrede, sê die kwessie van werkloosheid is nie partydig nie. Hy sê dit raak almal.
Freddy is nou in sy 36ste dag en moker Namibië se reënpatrone. Kenners meen dat as die sikloon, wat op die oomblik in Mosambiek woed, noordwes beweeg, Namibië se reënseisoen gered kan word maar, modelle toon dat hy moontlik ‘n u-draai kan maak terug see toe wat ons reën daadwerklik sal beëindig.
Eskom is genoodsaak om beurtkrag van fase een tot fase vier te verhoog, weens onklaarrakings en vertragings met die heringebruikneming van eenhede. Fase vier-beurtkrag is tans tot vier-uur vanmiddag in werking waarna fase vyf tot môreoggend vyf-uur van krag sal wees. Hierdie patroon sal tot verdere kennisgewing herhaal word. Eskom-woordvoerder, Daphne Mokwena, sê die afgelope 24-uur is 'n opwekkingseenheid by Arnot-kragstasie in Mpumalanga weer suksesvol aanlyn gebring:
Die burgemeester van Kaapstad, Geordin Hill-Lewis, het die EFF gemaan om nié op 20 Maart in die Moederstad voort te gaan met die nasionale afsluiting nie. Dit volg nadat EFF-lede in die Wes-Kaap briewe afgelewer het by verskeie ondernemings om hulle daaroor te waarsku. Die EFF organiseer verskeie optogte regdeur die land téén beurtkrag en wil ook hê President Cyril Ramaphosa moet bedank. Die burgemeester sê, die nasionale afsluiting sal 'n uiters negatiewe uitwerking hê op die reeds-steierende ekonomie:
Dit is vandag Statebond-dag. Namibië is ‘n lid van die statebond en die Britse Hoë Kommissariaat herdenk dit vandag met ‘n virtuele toespraak deur koning Charles III. Die Statebond werk namens lidlande om vrede en voorspoed te bevorder. Dit sluit in om lande te help met kleinsake-ontwikkeling, wetgewing, verkiesingsmonitering en menseregte, veral die bevordering van die rol en regte van jongmense en van vroue. Die Namibiese politieke ontleder dr. Ndumba Kamwanyah sê in elke vennootskap is daar voordele en nadele.
Slegs maande nadat Namibiese vakbonde met die regering ooreengekom het oor 'n salarisverhoging van drie persent, het hulle na die onderhandelings-tafel teruggekeer en 'n agt persent-salarisverhoging vir staatsamptenare geëis. Luidens 'n brief aan eerste minister Saara Kuugongelwa-Amadhila, stel die Namibiese Openbare Werkers-unie en die Namibiese Nasionale Onderwysers-unie 'n salarisverhoging van agt persent vir 2023/2024 voor en 10 persent vir 2024/2025. Matheus Haakuria, sekretaris-generaal van die Staatsdiens-unie van Namibië, sê die twee vakbonde wat hierdie voorstel ingedien het, speel 'n speletjie omdat hulle nie voor die begroting aangekondig is, enige voorstelle gemaak het nie. Kosmos 94.1 Nuus het met die Vakbondkongres van Namibië, Tucna, se sekretaris-generaal Mahongora Kavihuha gepraat, wat ook sê dat die hele voorstel 'n grap is.
Na die chaos in Khomasdal met 2 400 mense wat vir ‘n handvol poste by ‘n restaurant opgedaag het, is werkloosheid in die land weer in die nuus. Die Namibiese werkloosheidskoers sal na verwagting op lang termyn rondom 23 persent vanjaar en 22,5 persent in 2024 neig. Ten spyte van onlangse vordering, het Namibië die 117de plek onder 157 lande op die Mense-kapitaal-indeks geplaas. Die toestand van die arbeidsmark, gekombineer met stadige werkskepping en lae primêre sektor produktiwiteit, lei tot baie hoë werkloosheid. Die bekende Namibiese ekonoom dr. John Steytler gee sy mening oor wat gedoen moet word om die kwessie van werkloosheid aan te spreek.
Die sikloon Freddy het soos sikloon Belna in 2019, Namibië se gunstige reënvooruitsigte opgefoeter. Freddy woed nou al vir meer as ‘n maand. Die meeste dele van die land het onder-gemiddelde reën in Februarie gehad en boere vrees vir mis-oeste en nóg ‘n droogtejaar. Die stand van die land se damme vertoon ook uiters swak en boonop, is daar ‘n voorspelling vir El Nino in die komende reënseisoen. Dolf de Wet van die plaas Michberg naby Grünau sê aan Kosmos 94.1 Nuus die situasie is so erg dat hulle letterlik hul dae op hul knieë deurbring en bid vir reën.
President Cyril Ramaphosa sê hy sal volledig reageer op die Phala Phala-verslag wanneer die finale weergawe vrygestel is. Die voorlopige verslag, wat saamgestel is deur die waarnemende Openbare Beskermer, Kholeka Gcaleka, het geen gronde gevind waarop Ramaphosa aangekla kan word van die oortreding van die bestuursetiekkode nie. Die verslag bevind Ramaphosa onskuldig aan enige wangedrag oor die inbraak en diefstal van beweerde miljoene in kontant by sy wildplaas in Limpopo in 2020. Die president sê hy kan nie kommentaar lewer op die verslag nie:
Die Suid-Afrikaanse misdaadaktivis Yusuf Abramjee doen 'n beroep op die ANC-regering om maatreëls in te stel om die toename in ontvoerings in die land teen te werk. 'n Vyf-en-twintigjarige sake-eienaar is verlede week buite sy motorhandelaar in Bryanston, Johannesburg, ontvoer. Abramjee sê Gauteng teken die grootste aantal ontvoerings aan. Hy bevestig ook 'n nege-jarige dogtertjie is op huis toe van haar skool in Limpopo, af ontvoer. Abramjee sê die meeste ontvoerders eis 'n losprys:
Brittanje se BBC staar 'n toenemende krisis in die gesig oor die herrie rondom sokkeraanbieder Gary Lineker se kritiek op die regering se migrasiebeleid. Lineker het getwiet dat die land se migrasiebeleid aan Duitsland in die 1930’s herinner. Die BBC is Saterdag gedwing om baie van sy sportdekking te onttrek, aangesien aanbieders, in 'n vertoning van solidariteit met Lineker, geweier het om te werk. Die leier van die opposisie Arbeidersparty, Sir Keir Starmer sê die kern van die kwessie is die Tory-regering se mislukking oor immigrasie.
Die voorsitter van die Ohlthaver en List-groep Sven Thieme het sy reaksie gegee op die Mededingingstribunaal in die buurland wat die transaksie tussen Namibia Breweries Limited, Heineken en Distell goedgekeur het. Distell sê dit is beslis 'n verklaring van vertroue in die langtermyn-vooruitsigte vir Suid-Afrika en Namibië. Die Namibiese Mededigingings-kommissie het al reeds die transaksie met sekere voorwaardes goedgekeur. Dit is op hierdie punt dat die integrasie-proses van die drie maatskappye begin. Thieme sê aan Kosmos 94.1 Nuus dit sal tot voordeel van Namibië wees.
Die buurlandse kantoor van die openbare beskermer het bevestig 'n kennisgewing in terme van die reëls met betrekking tot Ondersoeke deur die Openbare Beskermer en Aangeleenthede wat daarmee verband hou, is aan die geaffekteerde en geïmpliseerde persone in die Phala Phala-plaasondersoek afgelewer. Die waarnemende woordvoerder van die openbare beskermer, Ndili Msoki, sê die kennisgewing sluit die voorlopige bevindings van die openbare beskermer in, en bied aan ontvangers die geleentheid om op die voorlopige bevindings te reageer:
Die Verenigde Nasies en sy humanitêre vennote in Mosambiek werk hard om die impak van Sikloon Freddy te hanteer. Freddy het op die land se kus toegeslaan as 'n intense tropiese sikloon. Die sikloon het dié week weer Madagaskar getref en die dood van tien mense veroorsaak en duisende haweloos gelaat. In Mosambiek het Freddy vroeër ook tien mense gedood. 'n Woordvoerder van Unicef Mosambiek, Guy Taylor, sê humanitêre hulp, wat mediese voorraad en kos insluit, is verskaf:
Die Clausthaler Finkenstein Trail Run was weer ‘n reuse-sukses. Die jaarlikse geleentheid word net oos van die hoofstad gehou en lê klem op gesondheid maar ook familiepret. Francois Steynberg, een van die organiseerders, sê groot pryse is vanjaar weggegee.
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap het 'n program van stapel gestuur om klein en medium ondernemings wat deur mense met gestremdhede besit word te bemagtig. Die agentskap het byna 130 miljoen Suid-Afrikaanse rand opsy gesit om voornemende kontrakteurs van aangewese groepe op te lei om suksesvol te wees wanneer hulle 'n bod indien vir die projekte. Wanneer die opleiding voltooi is, sal mense met gestremdhede baat vind by kontrakte wat streng vir hulle uitgehou is. Sanral se woordvoerder, Tshegare Moletsane, het met die media gepraat.
Die stadsbestuurder van Tshwane, Johann Mettler, sal Maandag 'n raadsvergadering belê wat daarop gemik is om 'n nuwe speaker te verkies, in 'n poging om die metro weer bestendig te maak. Hy hoop ook die nuwe speaker sal vinnig 'n vergadering belê vir die verkiesing van 'n uitvoerende burgemeester, ná die bedanking van Murunwa Makwarela. Volgens die woordvoerder, Selby Bokaba, moet die vakature so gou moontlik gevul word sodat 'n burgemeesterskomitee aangewys kan word:
President Hage Geingob het pas die vergadering van die sentrale komitee van die Swapo-party vanoggend amptelik geopen. Die doel van die vergadering is die verkiesing van lede van die sekretariaat wat verskeie portefeuljes, soos inligting en kommunikasie, verdediging en ekonomie, insluit. Hy het weer gewaarsku oor faksies in die party en ‘n beroep op die partylede gedoen om agter kandidaat Netumbo Nandi-Ndaitwah te verenig.
President Cyril Ramaphosa het 'n beroep gedoen op Afrika se jongmense om etiese leierskap en goeie regering op die vasteland te ontwikkel. Tydens die hoofrede op die eerste Nelson Mandela Jeug Dialoog, het Ramaphosa jongmense daaraan herinner hulle is die outeurs van Afrika se groot toekoms. Die geleentheid het 'n platform geskep vir interaksie tussen jongmense van die Afrika-vasteland. Die president sê die dialoog is 'n manier om die jeug as bouers van die toekoms byeen te bring:
Dit is nie net Namibië wat uitdagings het in verban met puttoilette nie. Amnestie Internasionaal vra ook nou vir die dringende uitfasering van puttoilette in Suid-Afrika. Dit volg na die dood van 'n vierjarige meisie wie se liggaam in 'n puttoilet by 'n Oos-Kaapse laerskool gevind is. Volgens die woordvoerder, Mienke Steytler, het 'n kommerwekkende aantal kinders oor die afgelope dekade in puttoilette omgekom. Nasionale onderwys se 2021-verslag oor infrastruktuurbeheerstelsels het aan die lig gebring dat meer as 1 400 skole in die Oos-Kaap puttoilette het:
Die Direktoraat vir Prioriteits-misdaadondersoeke in die buurland bevestig hy het 126 verklarings van getuies ingesamel in verband met die Phala Phala-ondersoek. Dit is 'n aansienlike toename vanaf die 46 wat verlede Augustus aangeteken is. Die hoof van die Valke, Godfrey Lebeya, sê die Valke sal geen steen onaangeroer laat nie terwyl ondersoeke voortduur. Hy sê daar is geen aanduiding wanneer die owerhede die ondersoek sal afhandel nie:
Die immergewilde Copps 94.1-program is Vrydagaand vanuit beide Windhoek en op Walvisbaai uitgesaai. Dit wil voorkom asof dinge aan die kus effe meer uitdagend is vir owerhede. Francois Lottering was op grondvlak by die see.
Die Namibiese Landbou-unie se Werkgewers-vereniging sê daar word beplan om ‘n reeks opleidingskursusse vir Namibiese plaaswerkers aan te bied. Dit sluit in vir basiese plaasbestuur, veeproduksie vir beeste, skape, bokke, varke en pluimvee en basiese haasboerdery, hidroponiese gewasverbouing en akwa-kultuur, akkerbou en byeboerdery. Danie van Vuuren van die vereniging sê aan Kosmos 94.1 Nuus Agra ProVision sal die kursusse ook by boereverenigings volgens behoefte aan te bied.
Suid-Afrikaanse besighede in die privaatsektor het kragte saamgesnoer om sowat 100 miljoen Suid-Afrikaanse rand in te samel om die regering te help om beurtkrag so gou as moontlik tot 'n einde te bring. Die fondse is ingesamel onder leiding van die Hulpbron Mobilisasie-fonds, na 'n oproep deur President Cyril Ramaphosa in Julie 2022, vir dringende bystand om die krag-onderbrekings aan te spreek. Fritz Platt, Kosmos 94.1 Nuus se korrespondent in Kaapstad...
Die Raad vir Gesondheidsberoepe in die buurland het die onlangse dade van geweld en intimidasie teen gesondheidswerkers veroordeel. Die raad sê die publiek het die reg tot toegang tot gesondheidsorg-geriewe as 'n basiese mensereg. Die raad se president, Professor Simon Nemutandani, doen 'n beroep op stakende Nehawu-werkers om selfbeheersing te beoefen en binne die grense van die wet op te tree wanneer hulle hul griewe opper.
Namibië is een van die lande in die wêreld wat 'n groot aantal gegradueerdes het wat werkloos is. Dit kan wees as gevolg van die feit dat hierdie gegradueerdes, soveel as diegene wat oor die nodige kwalifikasies beskik, nie oor die vereiste ondervinding beskik om die arbeidsmark te betree nie. Ekonoom Jason Kasuto deel met Kosmos 94.1 Nuus sy mening waarom maatskappye en die regering nie internskappe aanbied vir hierdie jongmense om die broodnodige ervaring op te doen nie.
Eskom se raad sê Suid-Afrikaners moet 'n donker winter verwag. Die voorsitter, Mpho Makwana, het aan die media gesê beurtkrag sal vir die volgende 18 tot 24 maande voortduur, terwyl die kragvoorsiener 'n oplossing probeer vind om kragonderbrekings te beëindig. Makwana sê hulle het met 'n omkeerstrategie begin om aanlegprestasie te verbeter en beurtkrag te verminder.
Die Toer- en Reisvereniging van Namibië, Tasa, sê die Namibiese toerisme-sektor is besig om te herstel. Internasionale reisigers maak reeds hul besprekings vir 2024, maar Tasa meen die plaaslike toerismemark is baie waardevol, veral as dit nie piek-seisoen is nie. Die uitvoerende hoof van die Gasvryheidsvereniging van Namibië Gitta Paetzold sê hulle is aangenaam verras deur die feit dat die binnelandse reismark vir Januarie 'n groei van sowat vyf persent getoon het vergeleke met 2019. Nathalay Ahrens van Tasa het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Die Namibiese Mededingings-kommissie het sy reaksie gegee op die Mededingingstribunaal in die buurland wat die transaksie tussen Namibia Breweries Limited, Heineken en Distell goedgekeur het. Distell sê dit is beslis 'n verklaring van vertroue in die langtermyn-vooruitsigte vir Suid-Afrika en Namibië. Dit is op hierdie punt dat die integrasie-proses van die drie maatskappye begin. Die transaksie is al voorwaardelik deur die Namibiese Mededingingskommissie goedgekeur, maar met sekere voorwaardes, sê die woordvoerder Dina //Gowases aan Kosmos 94.1 Nuus.
Eskom se raadsvoorsitter, Mpho Makwana, sê dit gaan 'n paar maande neem voor 'n nuwe uitvoerende hoof aangestel word om die kragvoorsiener te bestuur. Die hoof sal André de Ruyter vervang wat bedank het. Makwana het gesê hulle kyk na 'n paar potensiële kandidate.
Eskom het aangekondig beurtkrag sal môreoggend vanaf vyf-uur die tot Sondagoggend vyf-uur na fase-drie verminder word. Die woordvoerder, Daphne Mokwena, sê fase-een-beurtkrag sal na verwagting Sondagoggend ingestel word tot vier-uur die middag. Sy sê fase-drie sal steeds vanaf vier-uur Sondagmiddag tot vyf-uur Maandagoggend ingestel word. Mokwena sê 'n verdere aankondiging sal gedoen word sodra daar enige beduidende veranderinge is.
Die Ovaherero Tradisionele Owerheid en die Ovaherero-sprekende gemeenskap wag steeds op die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, Erastus Uutoni om aan te kondig wie as die Ovaherero opperhoof erken moet word met professor Mutjinde Katjiua en dr. Hoze Riruako wat albei meeding vir die top-leierskapsposisie in die owerheid. Uazuva Kaumbi, die woordvoerder van die opperhoof, praat met Kosmos 94.1 Nuus oor die jongste.
Meer Suid-Afrikaanse jongmense, met skaars en gesogte vaardighede, is besig om hul tasse te pak en die land vir groener weivelde, beter werksgeleenthede en groter salarisse te verlaat. Volgens navorsing deur die indiensnemings-firma, PayRoll, verlaat daar tans groot getalle ervare en opgeleide werknemers die land, met veral jong volwassenes wat nou hul salarisse van oorsese firmas trek. Kosmos 94.1 Nuus se korrespondent in Kaapstad, Fritz Platt...
Stad Kaapstad werk saam met die Universiteit van die Wes-Kaap se Bestuurskool en die New Hope-opleidingsorganisasie om NQF-geakkrediteerde kwalifikasies vir die Uitgebreide Openbare Werkeprogram se Transversale Ondersteuningsprojek te verskaf. Die burgemeesters-komiteelid vir stedelike afvalbestuur, Grant Twigg, sê dit is die eerste projek in die metro waar die rekrute van die universiteit-projek NQF-geakkrediteerde kwalifikasies kan verwerf deur hul deelname aan die program.
Die familie van 'n eenjarige baba wat na bewering deur sy eie ma vermoor is, het vandag by die Keetmanshoop-landdroshof 'n petisie teen die beskuldigde se borgtog ingedien. Die ma, Lucia Boois, wat ook 'n voormalige polisiebeampte is, moet in die landdroshof op aanklag van moord verskyn. Die oorledene se tannie, Dessery Hammerslag, het saam met die Jeugkommando van die LPM, die petisie aan die beheer-aanklaer, Lewis Chigunwe, oorhandig. Boois het na bewering haar seuntjie in 'n vlak graf by die plaas Bucholzbrunn naby Bethanie begrawe. Volgens die Namibiese polisie is die baba dood weens veelvuldige steekwonde.
Die opposisiekoalisie in die Tshwane-metro beplan om vanmiddag strafregtelike klagte teen die burgemeester, Murunwa Makwarela, in te dien. Dit volg nadat die hooggeregshof in Pretoria bevestig het hy het nooit 'n rehabilitasie-bevel vir hom uitgereik nie. Die hof betwis die geldigheid van die klaringsertifikaat wat hy Donderdag aan die stadsbestuurder, Johann Mettler, verskaf het wat toon dat hy nie meer insolvent is nie. Dit het tot sy heraanstelling gelei. Die koalisie se woordvoerder, Corné Mulder, sê hulle glo Makwarela se brief is bedrieglik.
Die nou-beleërde groep inwoners van informele nedersettings op Okahandja sukkel steeds om uitsluitsel te kry oor behuising en erwe. Die groep het al verskeie protesoptogte op die dorp gehou en hulle het ook al die kantore van die eerste minister en die lynminister, Erastus Uutoni genader. Die leier, Sydney Gariseb die minister stuur hulle van bakboord na stuurboord en so kry hulle geen antwoorde nie. Gariseb sê hulle is op om rondgestuur te word maar, hulle sal nie tou opgooi nie.
Die Britse eerste minister Rishi Sunak besoek vandag Franse President Emmanuel Macron oor uitdagings met migrante. Sunak het ‘n nuwe beleid rakende sogenaamde klein bote wat oor die Engelse-kanaal in Brittanje aankom. Die voormalige Britse permanente verteenwoordiger by Navo, Lord Peter Ricketts, sê Franse samewerking is van kritiese belang maar, daar is beperkings oor wat Macron sal aanbied.
Die deurwinterde maatskaplike aktivis Rosa Namises stem saam met ‘n PDM-parlementslid, Yvette Araes, wat sê bejaardes en persone met gestremdhede in Namibië word nie as prioriteite in Namibië erken nie. Araes het in die Nasionale Vergadering tydens die begrotingsdebat gesê die pensioentoelae se verhoging van 100 Namibiese dollar per maand is net ‘n druppel in die emmer. Araes sê maatskaplike toelaes dien as 'n strategie vir die uitwissing van armoede in baie arm huishoudings in Namibië, met pensioenarisse wat dikwels aan die hoof van huishoudings staan. Aktivis, Rosa Namises sê aan Kosmos 94.1 Nuus pensioenarisse moet dubbel die toelaag ontvang.
Die Namibiese Nasionale Studente-organisasie Nanso, sê hy is diep teleurgesteld oor die feit dat dit reeds Maart-maand is en dat daar steeds leerders is wat nie geplaas is nie. In sommige skole, is daar soveel leerders dat sekere grade beide oggend en middag sessies moet aanbied om almal te akkommodeer. Die adjunk-uitvoerende direkteur in die onderwysministerie, Edda Bohn, het onlangs aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat daar steeds leerders is wat nog nie skoolgaan nie maar, kon nie sê hoeveel nie. Dorothea Nangolo van Nanso sê die ministerie het tog geweet voor die jaar begin het, dat daar tekorte sal wees...
Die woordvoerder van die Independent Patriots of Change Imms Nashinge, het sy skok uitgespreek oor aanmerkings deur President Hage Geingob dat die staatsdiens gesny moet word. In sy mening, is Geingob se kabinet is te groot met te veel luukse poste met voordele. Hy sê ook daar is wanbestuur met byvoorbeeld die nou-bankrot SME Bank en mense verloor steeds werk. Volgens Nashinge is Geingob uit voeling met die realiteit op die grond.
Die DA in Gauteng sê die begroting wat die LUR vir Finansies, Jacob Mamabolo, vir die 2023/2024-boekjaar ter tafel gelê het is vol leë verkiesingsbeloftes en toon 'n gebrek aan dienslewering. Die begroting fokus veral op sleutelprioriteite soos die herstel van die staat se vermoë, die herstel en heropbou van die ekonomie en die herbouing en versterking van die stryd teen misdaad, vandalisme en wetteloosheid. Adriana Randall van die DA sê die begroting moedig nie beleggersvertroue aan nie:
Standard Bank, saam met PwC Namibia, Liberty Life en Namibia Media Holdings het vanoggend ‘n bespreking oor die huidige begroting gehou. Die finansminister, Ipumbu Shiimi het tydens die sessie, sy kommer uitgespreek oor die beperkte ekonomiese groei wat werkskepping toelaat.
Engeland se hoofafrigter, Steve Borthwick, sê kaptein Owen Farrell pas nie in by die wedstrydplan se vereistes om te begin in môre se Sesnasiesbeker-kragmeting met Frankryk nie. Farrell, wat tot dusver vanjaar al drie Sesnasies-wedstryde begin het, is op die bank gekies en die Harlequins-speler Marcus Smith sal die nommer tien-trui dra op Twickenham. Die stut Ellis Genge sal oorneem as kaptein. Borthwick sê Farrell lei die span uitsonderlik goed in enige rol wat hy vervul:
Die Gautengse Departement van Gesondheid het 'n omsendbrief uitgestuur waarin hy 'n beroep doen op werkers om terug te keer werk toe. Dit volg nadat die departement 'n hofinterdik teen die gesondheidswerkersvakbond Nehawu gekry het, wat hulle verplig om te keer dat hulle lede die lewering van gesondheidsdienste aan pasiënte weerhou. Die departement se woordvoerder, Motalatale Modiba, sê die tussentydse interdik verbied stakende werkers om enige iets te doen wat toegang na en van gesondheidsfasiliteite in die provinsie direk of indirek keer of belemmer:
Die Proteas het hul tweede beurt op die derde dag van die tweede toets teen die Wes-Indiese Eilande vanoggend op die Wanderers met vier sonder verlies hervat, vir 'n voorsprong van 73 lopies. Die Windies is gister almal uitgehaal vir 151 lopies in antwoord op die Proteas se 320, met Jason Holder nie uit nie op 81, terwyl die snelbouler Gerald Coetzee drie paaltjies geneem het. Coetzee sê die Wanderers se blad laat sowel kolwers as boulers toe om hul beste te lewer:
‘n Parlementslid, Thabo Nelson Mmutle, sê Amerika en sommige Europese Unie-lande is bekommerd oor Suid-Afrika se verhouding met Rusland en China. Hy het ook kommer uitgespreek oor hoe ander Afrikalande gaan baat vind by die Afrika-vryhandelsooreenkoms. President Cyril Ramaphosa het sy vraag in die Parlement beantwoord en gesê Suid-Afrika sal seker maak ander Afrikalande vind baat by die ooreenkoms. Hy sê die BRICS-beraad sal 'n forum word vir Afrikalande om betrokke te raak:
Die buurland se sakeorganisasie Sakeliga sê die pasaangestelde minister van elektrisiteit, Kgosientsho Ramokgopa, moet met groot omsigtigheid dopgehou word. Die organisasie en ander het tussen 2014 en 2017 uitgerekte hofsake teen die Tshwane-munisipaliteit onder Ramokgopa se burgemeesterskap gevoer. 'n Woordvoerder van Sakeliga, Piet le Roux, sê dit het verband gehou met miljarde rand se verliese weens onwettige tenders vir slim elektrisiteitsmeters:
Die jaarlikse Dagbreek-skool se pretstap en looitjie sal op Saterdag, 22 April plaasvind. Deelnemers kan 5 kilometer stap of draf. Kaartjies kos 20 dollar en is ten bate van die skool. Chriszell Louw van Dagbreek het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.
Die LUR vir Finansies in Gauteng, Jacob Mamabolo, sê geen geld word opsy gesit vir die uitstaande skuld van die mislukte e-tolstelsel nie. Mamabolo het gepraat toe die provinsiale begroting ter tafel gelê is en sê daar vind nog onderhandelings met die nasionale regering plaas rakende die e-tol-aangeleentheid. Hy het wel die versekering gegee die e-tol-kwessie is afgehandel. Mamabolo het verduidelik baie werk moet nog gedoen word om die stelsel op 'n regulatoriese vlak te beëindig:
Suid-Afrikaanse President Cyril Ramaphosa het die nasionale onderwys-, gesondheids- en verwante werkersvakbond, Nehawu, se salarisstaking sterk veroordeel. Ramaphosa het 'n beroep gedoen dat die staking beëindig word en maan werkers om landsburgers se lewens eerste te stel. Intussen sê ActionSA hulle is uiters bekommerd oor die voortslepende staking wat pasiënte, dokters en ander gesondheidswerkers se lewens in gevaar stel. Vier mense is tydens die staking dood. Nehawu eis 'n salarisverhoging van tussen 10- en 12-persent. ActionSA se leier, Herman Mashaba, sê Suid-Afrika kan nie gyselaar gehou word deur vakbonde soos Nehawu wat lewens bedreig nie:
Manchester United het teruggeveg ná Sondag se loesing in Liverpool in die Premierliga met 'n 4-1 oor Real Betis op Old Trafford, in die eerste been van die Europese Liga se laaste 16-wedstryde. Doele deur Marcus Rashford, Antony, Bruno Fernandes en Wout Weghorst het United in 'n sterk posisie geplaas om die laaste agt te haal wanneer die tweede been volgende week in Seville beslis word. Rashford sê die oorwinning was belangrik vir die span:
Die metaalwerkersvakbond Numsa beplan vandag 'n optog na die Amerikaanse ambassade in Pretoria ter ondersteuning van sy oproep vir die onmiddellike vrylating van die Amerikaanse politieke aktivis en joernalis, Mumia Abu-Jamal. Hy het reeds meer as 40 jaar in die tronk deurgebring vir die moord op die polisieman, Daniel Faulkner, in 1981. Abu-Jamal se verdedigingspan hoor Donderdag of 'n nuwe verhoor toegelaat sal word. Numsa se woordvoerder, Phakamile Hlubi-Majola, sê waar daar onreg is, het hulle 'n verantwoordelikheid om dit te teen te staan:
Dit wil voorkom asof beurtkrag, wat Suid-Afrika se ekonomie op sy knieë dwing, nog lank deel van die buurland se daaglikse realiteit sal wees. Die pasaangestelde Suid-Afrikaanse minister van elektrisiteit, Kgosientsho Ramokgopa, sê dit sal hoogs onverantwoordelik van hom wees om 'n spesifieke datum te gee waarop beurtkrag beïndig sal word. Die buurland het verlede jaar meer as 200 dae van beurtkrag beleef. Die minister sê die regering reken daar moet net op die beëindiging van beurtkrag gefokus word, sonder om ‘n teikendatum daar te stel:
Na die verwydering van die Curt von Francois-standbeeld voor die munisipale kantoor van Stad Windhoek, is 'n beroep op inwoners gedoen om aanbevelings in te dien van wat op die terrein opgerig moet word. Die Curt von Francois-standbeeld is in 1965 buite die Windhoekse munisipaliteit in die ou Kaiserstraat, nou Onafhanlikheidsrylaan, die hoofstraat van die hoofstad, opgerig. Die omstrede standbeeld is einde verlede jaar verwyder. Die sperdatum vir indiening van aanbevelings is 15 April, sê Lydia Amutenya, woordvoerder van die stad.
Die sogenaamde ewige-Freddy duur nou vir ongeveer 34 dae voort en het ‘n wesenlike impak op Namibië se reënvooruitsigte. Volgens die plaaslike weerkenner, George van der Merwe wat naby Aranos boer, het alle weersisteme verswak en droë lug beweeg in die hoëdruksel in die binneland in. Hy sê dit herinner aan wat in 2019 voorgekom het.
Die Namibiese ekonomie voel ook die impak van die Finansiële Aksie-taakspan wat Suid-Afrika op die gryslys geplaas het. Dit plaas die buurland in die geselskap van lande soos Sirië, Nigerië, Haiti, Jemen, die Verenigde Arabiese Emirate en Mosambiek. Die waghond se besluit is ʼn sein aan internasionale banke, finansiële instellings en beleggers dat die land nie ten volle voldoen aan standaarde ten opsigte van geldwassery en die finansiering van terrorisme nie. Kosmos 94.1 Nuus het met die president van die Namibiese Kamer van Handel en Nywerheid, Bisey /Uirab oor hoe groot die impak op Namibiese besighede sal wees.
Boere wat in die Aroab-omgewing in die Karas-streek boer, het hul kommer gedeel oor die uitdagings wat hulle ervaar. Eksterne faktore soos stygende pryse en insetkoste vir die landbou, het Namibië beïnvloed. Beurtkrag in Suid-Afrika raak hulle ook rakende die uitvoer van Namibiese vleis na die buurland. Kosmos 94.1 Nuus het JG Maritz, 'n boer in die Aroab-omgewing oor hul uitdagings gesels...
Die Suid-Afrikaanse polisievakbond, Ipusa, sê meer polisielede moet gewerf word. Die hoofsekretaris, Mpho Kwinika, sê werwingstrategieë moet verander. Kwinika het sê Suid-Afrika benodig ʼn polisiemag wat in staat is om demokratiese kwessies te hanteer:
Die Johannesburgse Effektebeurs het ʼn toename in wins aangekondig, soos nie-handelwins toeneem. Die maatskappy het 'n uitkering van 668 miljoen Suid-Afrikaanse rand aan aandeelhouers aangekondig nadat sake winsgewend was en dit bly kontant genereer het. Die uitvoerende hoof, Layla Fourie, sê die wesensverdienste per aandeel vir die jaar het met v4 persent gestyg:
Met Namibië se 33ste onafhanklikheidsherdenking wat by Outapi in die Omusati-streek op 21 Maart gevier sal word, sal Namibiërs na die Noorde reis om die dag te herdenk. Op vakansiedae en tydens hierdie soort geleenthede is paaie besiger is as normale dae. Dit is ook ‘n groter risiko vir padongelukke. Aubrey Oosthuizen van die West Coast Safety Initiative sê moet padgebruikers verantwoordelik begin optree.
Lede van die Nasionale Vergadering debatteer steeds oor die begroting wat twee weke gelede deur die minister van finansies, Iipumbu Shiimi, in die parlement ter tafel gelê is. Mike Kavekotora, die president van die Rally for Democracy and Progress het gesê hy stem nie saam met die begroting nie en sê die minister het 'n begroting ter tafel gelê wat buite die regering se finansiële vermoë is.
Die Namibiese handelsministerie begin met die proses om 'n handelsbeleid te ontwikkel om te definieer hoe die land sy handel met bilaterale, streeks- en multilaterale handelsvennote sal bedryf. Die handelsbeleid sal die volledige raamwerk van wette, regulasies, internasionale ooreenkomste en die regering se riglyne en uitsprake oor handel insluit. Hierdie spesifieke beleid sal 'n sleutelrol speel in die vloei van goedere en dienste tussen Namibië en ander handelsvennote. Die ministerie hou môre ‘n slypskool om insette oor die konsepbeleidsdokument te verkry voordat dit aan die kabinet voorgelê word vir goedkeuring. Elijah Mukubonda, woordvoerder van die ministerie het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat...
President Cyril Ramaphosa sê verbeterde bestuur sal help om verskeie lande, insluitende Suid-Afrika, van verhoogde monetêre strafbepalings vry te stel. Hy het vrae in die Nasionale Vergadering beantwoord. Die nasionale woordvoerder van die Inkatha Vryheidsparty, Mkhuleko Hlengwa, het sy kommer oor Suid-Afrika se posisie op die gryslys geopper. Ramaphosa sê die Brics-lande sal daaraan werk om bystand te verleen aan verskeie lande in Afrika wat op die gryslys is, insluitende Suid-Soedan, Uganda, Tanzanië en Nigerië.
Die Namibiese Presidensie het aangekondig dat President Hage Geingob op Donderdag 16 Maart om half-drie die middag sy staatsrede in die parlement sal lewer. Die tema vir 2023 se staatsrede is die Jaar van Herlewing. Die Namibiese politieke ontleder dr. Phanuel Kaapama gee sy vooruitsig vir die staatsrede.
President Cyril Ramaphosa het bevestig Suid-Afrika sal as gasheer optree tydens die 15de Brics-spitsberaad vanaf 22 tot 24 Augustus. Die tema sal wees Brics vir Afrika, vennootskap vir wedersyds versnelde groei, volhoubare ontwikkeling en inklusiewe multilateralisme. Ramaphosa sê verskeie ander Afrika-leiers sal na die beraad genooi word. Ramaphosa het vandag tydens vraetyd in die parlement gesê die doel is om ʼn vennootskap tussen Brics en die vasteland te bou. Hy sê Brics sal hom toespits op geleenthede om die Afrika-agenda na te jaag om groter ekonomiese groei te bewerkstellig.
Daar is ‘n reuse-tekort aan skole vir Namibiese leerders met gestremdhede. Daar word beplan om ‘n skool vir blinde en siggestremde leerders, Promised Land in Swakopmund te open. Volgens die woordvoerder van Promised Land, Michelle Wilson, word beplan om die skool op die laatste in Januarie volgende by Pro-Ed Akademie se kampus op Swakopmund te vestig. Wilson gee meer besonderhede aan Kosmos 94.1 Nuus.
Krieket Namibië se mede-aanbieding van die 2027 Internasionale Krieketraad se Wêreldbeker-toernooi kan 'n massiewe impak op Namibië se ekonomie hê. Dit kan egter slegs bereik word as die land se krieket-geriewe betyds opgegradeer word volgens IKR-standaarde, volgens die voorsitter Greg Barclay tydens sy onlangse besoek aan Namibië. Die IKR het in 2021 aangekondig dat Namibië saam met die buurland Suid-Afrika en Zimbabwe in 2027 die IKR-Wêreldbeker vir mans sal aanbied. Dr. Rudie van Vuuren, president van Krieket Namibië het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê om hierdie droom 'n werklikheid te maak is op die oomblik hoog op hul agenda...
Die Namibiese Statistieke-agentskap het gereageer op die fopnuus wat op sosiale media oor die nasionale sensus-werwing sirkuleer. Die agentskap sê geen vakatures vir die sensus-opname is nog geadverteer is nie. Die NSA waarsku die publiek teen swendelaars wat hul naam probeer misbruik en dat hulle nie die platforms of maniere wat deur die swendelaars gebruik word, sal gebruik om sy vakatures en programme aan te kondig nie. Iipumbu Sakaria, korporatiewe kommunikasie van die agentskap het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat...
Zimbabwe se Tabakbedryf-bemarkingsraad sê produksie sal na verwagting in 2023 tot 230 miljoen kilogram styg ná afloop van goeie reën. Volgens die raadsvoorsitter, Patrick Devenish, beoog die tabakbedryf om vervaardiging teen 2025 tot 300 miljoen kilogram te verhoog. Die adjunkpresident van Zimbabwe, Constantino Chiwenga, het gesê tabak is een van die grootste uitvoer-verdieners in Zimbabwe. Hy sê die sektor dra elke jaar byna 18 miljard Namibiese tot uitvoerverdienste by. Zimbabwiese ekonoom, Eddie Cross, deel sy opgewondenheid met Kosmos 94.1 Nuus...
FNB se strateeg vir die eiendomsektor, John Loos, het gewaarsku teen stygende eiendomsbelasting in die buurland. Sy kommentaar volg nadat Statistieke SA aangekondig het die ekonomie het met 1,3 persent gekrimp. Loos meen daar bestaan 'n verwagting vir 'n stadiger kommersiële eiendomsjaar. Hy sê 'n verhoging in eiendomsbelasting maak tans baie meer saak as 'n dekade gelede as gevolg van 'n stadiger ekonomie en eiendom-verhuringsmark. Loos meen dit is nie 'n goeie tyd vir 'n eiendomsbelasting-verhoging nie.
Die Suid-Afrikaanse minister van kommunikasie en digitale gegnologie, Mondli Gungubele, het bevestig hy skakel met die Presidensie om die aanstelling van die SABC-raad te finaliseer. Gungubele is in die portefeulje aangestel toe President Cyril Ramaphosa sy kabinet herskommel het. Die minister sê hulle werk ook aan fase twee van die digitale migrasie en breëband wat toegang tot inligting sal bied. Hy sê die aanstelling van die SABC-raad is deel van die kwessies wat vooropgestel word.
Sokker: Manchester United sal homself baie gou moet regruk na sy vernederende nederlaag van 7-0 Sondag teen Liverpool. Hulle is vanaand op Old Trafford die gasheer vir die Spaanse span, Real Betis, in die laaste 16 van die Europa-liga. United is tans derde in die Premierliga, 14 punte agter die voorlopers, Arsenal, en het verlede maand hulle eerste trofee in ses jaar ingepalm deur die Engelse Ligabeker te wen. Die bestuurder, Erik ten Hag, sê sy span moet lesse uit die nederlaag leer en aanbeweeg.
Met duisende Suid-Afrikaanse huishoudings en besighede wat nou die geleentheid sal aangryp om sonkrag-panele aan te koop, grootliks weens die regerings-inisiatief vir belasting-kortings op die aankope, word daar tog gewaarsku oor die toekomstige omgewings-impak wat die panele kan inhou. Volgens die Instituut vir Toekomsnavorsing, aan die Universiteit van Stellenbosch, sal swak beplanning en 'n tekort aan herwinnings-geriewe veroorsaak met miljoene van die panele op stortings-terreine sal opeindig wat 'n erge negatiewe impak op die omgewing sal hê. Fritz Platt, Kosmos 94.1 Nuus se korrespondent in Kaapstad...
Die prys van brood, wat die afgelope jaar aansienlik gestyg het, sal na verwagting in die komende maande afneem. Volgens die brood-vervaardiger, RCL Foods, sal wêreldwye koringpryse begin afplat, en dit sal lei tot die vermindering van druk op die verbruikers-kosmandjie. Die onderneming het aan beleggers gesê hy sien 'n merkbare verandering in verbruikers se koopgedrag ten opsigte van brood in die ses maande tot einde Desember. Intussen het die data getoon dat hoender- en beesvleispryse ook kan daal. Kosmos 94.1 Nuus het met Ian Collard, die hoof van die NMI-groep, gepraat oor die moontlikheid dat broodpryse in Namibië kan daal..
AfriForum het vandag ‘n aansoek ingevolge die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting by Transnet ingedien oor omstrede kontrakte, sakebelange en bedrywighede. Die menseregte-organisasie vra deursigtigheid van Transnet oor kwessies soos sy kontrakte, strafregtelike klagtes wat by die polisie ingedien is, en die persentasie spoorlyne wat buite werking is. Ernst van Zyl van AfriForum sê Transnet se sakebelange en bedrywighede het ‘n beduidende uitwerking op die ekonomie en die inligting is dus in die openbare belang.
Die Suid-Afrikaanse DBV het ‘n beroep op troeteldier-eienaars gedoen om hul diere teen hondsdolheid in te ent. Plaaslik sê Heather Creamer van die Namibiese Dierewelsynsvereniging is daar ook groot uitdagings en veral op Groot Aub, het kinders al gesterf weens hondsdolheid. Creamer sê daar is geen verskoning nie, die spuit is gratis.
Die bekende advokaat Richard Metcalfe sê die burgemeester van Walvisbaai het instruksies aan die waarnemende hoof uitvoerende beampte Frans !Gonteb gegee om SEENA Labour Consult en Köpplinger Boltman Legal Practitioners aan te stel om die raad te verdedig. Hy sê die wetgewing laat dit nie toe nie maar dat ‘n ondersoek gelas is. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies Antonio Guterres was op besoek aan die Oekraïne in ‘n poging om die graan-uitvoerooreenkoms te verleng. Meer as 23 miljoen ton graan is vanuit die land deur die Swartsee sedert verlede jaar uitgevoer. Maar, Guterres het ook sy stem dik gemaak oor die VN se standpunt oor Rusland se inval in sy buurland.
Die verswakking in die Suid-Afrikaanse rand en Namibiese dollar teenoor die Amerikaanse geldeenheid is nie alles slegte nuus nie. Die rand het skerp teruggesak met die gryslys status van die buurland met die Amerikaanse dollar wat intussen versterk het as gevolg van ‘n verwagte groter verhoging in die Federale Reserwebank se rentekoers. Maar, swakker geldeenhede is ook in aanvraag, soos die Unam-ekonoom, dr. Omu Kakujaha-Matundu verduidelik.
Die Namibiese landbouminister Calle Schlettwein in tans in die Suide op ‘n amptelike besoek om die Neckartaldam-projek te finaliseer. Hy sal met die Karas-goewerneur Aletha Frederick sowel as boere en gemeenskapsleiers vergader. Hy het die gemeenskap toegespreek oor die beplande besproeiingsprojek waarvoor 11 000 hektaar al bekom is.
Dit is onbekend wat die toekoms van die Namibiese Vervaardigingsvereniging is. Die vereniging is tans ‘n vrywillige likwidasie na wanbestuur van fondse, ter waarde van ongeveer 1,7 miljoen Namibiese dollar bevestig is. Die vereniging het ook sy uitvoerende hoof Ronnie Varkevisser afgedank. Die vereniging, wat uiters belangrik is vir die vervaardigingsektor in die land, het meer as 140 lede waaronder groot vervaardigers soos Namib Mills en Namibië Brouerye. Die voorsitter Brian Black het met Kosmos 94.1 Nuus gesels oor die pad vorentoe.
Dit gaan beter in die Oshana-streek na die polisie met banke vergader het na talle rooftogte. Bankkliënte was gereeld geteiken en duisende in kontant is gesteel. Die streek se bevelvoerder kommissaris Naftal Sakaria het ook die polisie se dienste in die verband aangebied. Sakaria het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.
Die voormalige Britse premier Boris Johnson is weer in die nuus. Volgens die jongste syfers wat in daardie land bekend gemaak is, het Johnson tot dusver vanjaar 4 miljoen Britse pond verdien, en dit terwyl hy steeds voordele ontvang. Die veteraan politikus en voormalige minister van gesondheid Stephen Dorrell het sy reaksie so verwoord.
Dit het die Windies net 15 minute geneem om Suid-Afrika se oorblywende drie eerstebeurt-paaltjies te neem op die tweede oggend van die tweede toets op die Wanderers in Johannesburg. Dit gasheer het gaan voortkolf op 311 vir sewe. Vanoggend moes Heinrich Klaasen, Keshav Maharaj en Gerald Coetzee kort na mekaar terugstap en almal was uit vir 320. Tony de Zorzi is in die wolke oor sy vyftigtal in net sy tweede toets:
Daar is al weer ‘n rondloper leeu in Gauteng. Die Nasionale Dierebeskermingsvereniging in Pretoria sê hulle gaan voort met hulle soektog na ʼn leeu wat in die Hennops-gebied langs die R511 in Centurion gewaar is. Die NDBV werk saam met die Tshwane DBV wat op gereedheid is. Die woordvoerder van die NDBV, Keshvi Nair, sê die dier is onlangs opgemerk en vangspanne is in die gebied:
Die Swakopmund-munisipaliteit het onlangs besighede en inwoners versoek om hul munisipale rekeninge te vereffen of hul kantore te besoek om betalingsreëlings te tref. Ongelukkig is verneem dat sommige individue en buurt-komitees hierdie inisiatief teenstaan deur die verspreiding van verkeerde inligting om ondersteuning van lede van die gemeenskap te werf. Die dorpsraad sê sy missie is om veilige, doeltreffende, betroubare en bekostigbare dienste sowel as infrastruktuur, insluitend huise, aan al die inwoners van Swakopmund te verskaf. Linda Mupupa, skakelbeampte van Swakopmund deel meer met Kosmos 94.1 Nuus...
'n Gewese Amerikaanse seesoldaat het die onttrekking uit Afghanistan in 2021 as 'n katatrofe beskryf en sê daar was onverskoonbare nalatigheid en 'n gebrek aan aanspreeklikheid. Tyler Vargas-Andrews was deel van die Amerikaanse militêre personeel wat opdrag gehad het om Kabul se lughawe te beskerm toe twee selfmoordbomdraers die skares aanval het wat probeer het om die Taliban tydens die Amerikaanse ontruiming te ontvlug. Dertien Amerikaanse soldate en 170 Afghaanse burgerlikes het in die aanval gesterf. In sy getuienis voor die Kongres het Vargas-Andrews gesê hulle het die bomdraer in die skare opgemerk, maar het opdrag gekry om nie te skiet nie:
Die buurland se gesondheidsminister, Joe Phaahla, het 'n beroep op die minister van polisie, Bheki Cele, gedoen om pasiënte en gesondheidsinstellings te beskerm. Dit volg nadat die gesondheidswerkersvakbond Nehawu se staking gewelddadig geraak het. Hy het die Charlotte Maxeke Akademiese Hospitaal in Johannesburg besoek om die uitwerking van die staking te assesseer. Bedrywighede hy die hospitaal het tot stilstand gekom en pasiënte is weggewys omdat daar geen personeel beskikbaar was om hulle te help nie. Phaahla sê die uitwerking van die staking op gesondheidsfasiliteite is vernietigend:
Die DA doen 'n beroep op die minister van Polisie, Bheki Cele, om dringend 'n aksieplan te verskaf vir die werwing van polisiekwekelinge. Dit volg nadat die Suid-Afrikaanse Polisiediens onthul het geen nuwe kwekelinge is tussen 2020 en 2021 gewerf nie en tussen 2020 en verlede jaar het 11 178 lede die diens verlaat. 'n DA-woordvoerder, Okkie Terblanche, sê dis 'n skokkende onthulling van hoe ver agter die polisie is in hulle stryd teen misdaad:
Die Stad Kaapstad sê hy is bevoorreg om gasheer van die Kaapstad Fietstoer te wees wat Sondag sy 45-jarige bestaan vier met die aanskoulikste roete wat fietsryers deur die Moederstad sal aflê. Die fietstoer is bekend vir sy sirkelroete van 109 kilometer deur die Kaapse Skiereiland en vanjaar is daar 'n nuwe, korter roete van 42 kilometer ingestel. Die burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekuriteit, JP Smith, sê die bykomende korter roete sal as platform dien om nuwe fietsryers te lok:
Die Nasionale Raad van Dierebeskermingsverenigings ion die buurland waarsku mense om nie na te laat om hulle troeteldiere te laat inent nie, omdat dit menselewens in gevaar kan stel. Daar was vanjaar reeds 'n aantal positiewe gevalle van hondsdolheid, veral in KwaZulu-Natal. Die DBV se woordvoerder, Keshvi Nair, sê daar is geen verskoning om nie troeteldiere te laat inent nie, omdat staatsveearts-klinieke dikwels diere gratis teen hondsdolheid inent:
ReconAfrica het sy reaksie gegee op die Economic en Social Justice Trust wat gekant is teen die uitreiking van ‘n omgewingsklaringsertifikaat aan dié Kanadese gas- en oliemaatskappy. Op 15 Junie 2022 het die Namibiese omgewings-kommissaris Timoteus Mufeti 'n hernude omgewingsklaring-sertifikaat aan ReconAfrica uitgereik ondanks openbare kommer oor die wettigheid van hul huidige boorprogram in die streke van Kavango-Oos en -Wes. Die trust, asook komitees van gemeenskapswoude en bewaringsgebiede gaan hul besware in April met die omgewingsministerie bespreek. Ndapewoshali Shapwanale, kommunikasiedirekteur van ReconAfrica sê aan Kosmos 94.1 Nuus hulle was gereed op 1 Maart, maar die Regshulpsentrum wat die beswaardes verteenwoordig, het vir uitstel gevra.
Die Gautengse Departement van Gesondheid het 'n hofinterdik verkry teen stakende gesondheidswerkers in die staatsdiens. Dit volg nadat die loonverwante betogings van Nehawu bedrywighede by talle groot hospitale ontwrig het. Die departement se woordvoerder, Motalatale Modiba, sê hulle is geen keuse gelaat nie en moes by howe hulp soek omdat die staking 'n uiters negatiewe impak op pasiënte en personeel het:
Die staat sê hy is gereed om voort te gaan met die verhoor van die groep Lonmin-werkers wat beskuldig word van die moord op sewe mense in aanloop tot die Marikana-slagting in Noordwes in 2012. Die sewe staan tereg op sewe aanklagte van moord en vier van roof. Die Nasionale Vervolgingsgesag se streekswoordvoerder, Henry Mamothame, sê die verdediging se prokureurs is huiwerig om met die verhoor voort te gaan, omdat hulle wil hê dit moet uitgestel of van die rol geskrap word:
‘n Hoogleraar in Internasionale Reg aan Unisa, André Thomashauen, sê President Cyril Ramaphosa het ‘n doodloopstraat bereik in sy presidentskap. Hy stem saam met ander wat verwag dat Ramaphosa in die loop van vanjaar gaan bedank. Thomashausen sê Suid-Afrika se ekonomiese besluite word internasionaal bevraagteken:
Die Namibiese musiekbedryf het soos alle ander bedrywe in die land en wêreldwyd die impak van die Covid-pandemie gevoel. Musikante wat hul inkomste deur musiekvertonings verdien het swaar gekry met konserte wat beperk was. Twee jaar later lyk dit of dinge na normaliteit terugkeer. Kosmos 94.1 Nuus het met die sangeres Dapheney Willibard, bekend as Oteya, gesels oor die huidige stand van sake .
Mens-olifant-konflik is 'n kwessie regoor Afrika waar die grootvoete voorkom en kan tot sterftes aan beide kante lei, asook olifante wat uit hul gebiede verdryf word. In Namibië is dit ook ‘n groot probleem veral in die noordooste en noordweste met olifante wat gereeld plase en nedersettings besoek op soek na kos en water, waar hulle heinings, damme en watertenke beskadig en landerye verwoes. Dit veroorsaak konflik tussen die olifante en ekonomies kwesbare gemeenskappe. Piet Gouws, 'n boer in die Kamanjab gebied wat ook gereeld deurloop gesels oor hoe die situasie tans is met die gebrek aan reën in die land.
Kommer heers in die Namibiese landbou-sektor oor die reën wat wegbly, veral onder gewasboere wat vrees vir mis-oeste. In die verre Noorde het vloede gewasse verspoel en dan is daar gebiede in die land wat nog geen of min reën ontvang het en droogte in die gesig staar. In die mieliedriehoek sê boere as dit nie binnekort gaan reën nie, is dit neusie verby vir hulle. Die goewerneur van die Otjozondjupa-streek, James Uerikua sê gewasproduksie is nie teen die koers wat verwag is dit sou wees nie, omdat sommige gebiede bogemiddelde reën gekry het en ander onder-gemiddeld.
Bestuurders met uitstaande boetes en lasbriewe word daaraan herinner dat hulle net tot die einde van die maand het om dit te betaal. Die Namibiese polisie gaan geen genade toon as die amnestie-tydperk vir verkeersoortreders op 31 Maart verval nie. Amnestie aan alle lede van die publiek met hangende verkeers-lasbriewe vir inhegtenisneming om skulderkenningsboetes te betaal, was vir twee maande verleng. Die verkeersdepartement van Nampol se hoofinspekteur Rozario Coetzee het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat...
Doodseise by versekeringsmaatskappye is weer op vlakke soos in 2019, voor die Covid-19-pandemie begin het. Volgens verskeie lewensversekeringsmaatskappye het sakevolumes swakker as verwag presteer. Die uitvoerende hoof van Momentum, Hillie Meyer, is van mening die onlangse druk op die volume van verkope wek kommer. Hy sê ʼn verlaging in verdienste is die gevolg van ʼn verlaging in beleggings:
Die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie waarsku die Oekraïnse stad Bakhmut kan binne dae onder Rusland se beheer wees. Moskou se Wagner-huursoldaatgroep het gister beweer hulle het die oostelike deel van die stad ingeneem, maar Oekraïne ontken dit. Die hewige gevegte rondom Bakhmut is van die langdurigste en bloedigste sedert Rusland se inval meer as 'n jaar gelede. NAVO se sekretaris-generaal, Jens Stoltenberg, sê Moskou het groot verliese gelei, maar kan nie onderskat word nie:
Die DA sê die nasionale onderwys-, gesondheid- en verwante werkersvakbond, Nehawu, gee blykbaar niks om dat die staking landwyd pasiënte en personeel se lewens in gevaar stel nie. Die voortslepende staking ontwrig steeds dienste by staatshospitale en berigte doen die ronde van geweld, intimidasie en pasiëntesorg wat daaronder ly. Die meeste hospitale wat geraak word, is in Gauteng, die Vrystaat, Oos-Kaap en KwaZulu-Natal. Michele Clarke van die DA sê hulle bring vandag 'n oorsigbesoek aan die Pelonomi Hospitaal in Bloemfontein:
Volgens die kantoor van die Namibiese eerste minister word kos weekliks aan die vloedgeteisterde gemeenskappe in die Noorde uitgedeel. Daar word verseker daar is genoeg kos in voorraad by die streeks-pakhuis in Uukwangula-nedersetting, in Oshana-streek om voorsiening te maak vir vloedslagoffers. Hervestiging-sentrums het ook bokse vis van die visserye-ministerie se Epalela-akwa-kultuurplaas ontvang. Verskeie skenkings is ontvang om te verseker dat die vloedslagoffers basiese benodigdhede soos voedsel, tente, drinkwateren higiëne items by die hervestigingsentrums het. Die kantoor het ook 100 muskietnette in die Oshana-streek by die Ehenye-hervestigingsentrum versprei. Eerste minister, Saara Kuugongelwa-Amadhila gesels met Kosmos 94.1 Nuus...
Klimaatsverandering sal moontlik in die nabye toekoms as 'n skoolvak in Suid-Afrikaanse skole aangebied word. Twee organisasies, Food and Trees for Africa en die African Climate Reality Project, het kragte saamgespan om 'n kurrikulum-program saam te stel wat onderwysers sal leer hoe om klimaatgeletterdheid aan hul leerlinge bekend te stel. Volgens berigte het die Wes-Kaapse regering reeds die voortou geneem met die inisiatief en is daar reeds onderwysers wat opgelei word om die vak aan te bied. Fritz Platt, Kosmos 94.1 Nuus se Kaapse korrespondent het meer...
Die hooggeregshof in Pretoria het die twee aansoeke teen die voormalige bedryfshoof van Bosasa, Angelo Agrizzi, onbepaald uitgestel. Die Ondersoekdirektoraat se woordvoerder, Sindisiwe Seboka, sê die uitstel is grootliks te wyte aan regter David Makhoba wat beslis het die saak sal meer tyd verg om oor te besin. Seboka sê Agrizzi word aangekla van bedrog en korrupsie in verband met die Bosasa- en Departement van Korrektiewe Dienste-tenders ter waarde van 1,8 miljard Suid-Afrikaanse rand.
‘n Man het na bewering van die Swakopmund-jetty af gespring. Nooddienste is ingeroep en Namibian Marshal Ranger Sean Naude het tydens ‘n reddingspoging hom uit die see gered. Hy is na ‘n hospitaal gehaas, maar ongelukkig het die 29-jarige man later beswyk. Naude gesels met Kosmos 94.1 Nuus.
Die Universiteit van die Witwatersrand se studenteraad het die bestuur ingelig hulle gaan hul betogings vir die volgende 24 uur staak. Studente betoog die afgelope 10 dae en eis dat diegene met geskiedkundige skuld toegelaat word om te registreer. Die SR wil hê privaat sekerheid en polisie moet van die kampus verwyder word, en die skorsing van die SR-president, Aphiwe Mnyamana, moet opgehef word. Hy is van wangedrag aangekla. Mnyamana sê geen vergadering kan met die bestuur gehou word sonder dat alle SR-lede teenwoordig is nie.
Boere in die Mieliedriehoek is moedeloos nadat hulle vir byna ‘n maand geen reën ontvang het nie. Daar is boere wat vrees vir groot verliese met hul mielie-oeste as dit nie binnekort gaan reën nie. ‘n Mielieboer oos van Grootfontein in die Mieliedriehoek, Dawie Kok, spreek hul kommer aan Kosmos 94.1 Nuus uit.
Smit voeg die visverwerking moet in Walvisbaai geskied, sodat dit toegevoegde waarde tot die voordele gee.
Die Namibiese ministeries van finansies, en visserye en mariene nooi gesamentlike bieërs uit om vir 30 540 metrieke ton maasbanker te tender. Die sluitingsdatum vir die tender is 31 Maart om tien-uur die oggend. Kosmos 94.1 Nuus het aan die Popular Democratic Movement se parlementslid en skaduminister van finansies, Nico Smit gevra of hierdie soort hulpbronne reg gehanteer word en of dit wel die regte mense bevoordeel. Hy het só geantwoord:
TransNamib, die Universiteit van Namibië, en Traxtion sal Afrika se eerste dubbel-brandstof-waterstof-diesellokomotief ontwikkel, met 'n unieke waterstof-bergingsmetode. Die projek genaamd HyRail Namibia sal na verwagting binne 18 maande voltooi wees. Volgens die Tender Bulletin word die projek gelei deur Hyphen Technical, 'n afdeling van Hyphen Energy, wat die tender gewen het vir die ontwikkeling van Namibië se groenwaterstof-sektor. Die lokomotief sal aangedryf word met Namibiese groen waterstof wat verskaf word deur Cleanergy Solutions Namibia, wat besig is om 'n groenwaterstof-produksie-aanleg naby Walvisbaai te ontwikkel. Abigail Raubenheimer, skakelbeampte van TransNamib verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus...
Die Suid-Afrikaanse hotel-groep, The Capital Hotels and Apartments, het die nuus dat Lindiwe Sisulu as minister van toerisme deur Patricia de Lille vervang is, verwelkom. Die groep, wat van Kaapstad se bekendste hotelle, soos 15 on Orange en The Mirage bedryf, sê Sisulu was nie die regte persoon om die land se toerisme-sektor ná die Covid-pandemie te bestuur nie. Kosmos 94.1 Nuus se korrespondent in die Moederstad, Fritz Platt...
Die DA in Gauteng het Nehawu se ontwrigtende optrede in meer as tien provinsiale openbare hospitale sowel as talle klinieke veroordeel. Pasiënte kry swaar omdat hulle nie toegang tot hospitale kry nie waar operasies en afsprake gekanselleer word weens die tekort aan personeel. Van die nooddienste is ook geblokkeer. Die DA-lid, Jack Bloom, sê gesondheidsgeriewe word erg deur die staking geraak.
Die Kankervereniging van Namibië het die sleutels van Jan Jonkerweg 3 in Klein Windhoek ontvang, waar die eerste spesialis palliatiewe sorgsentrum vir kankerpasiënte in Namibië gevestig sal word. Die eerste fase van die projek, teen 'n begrote 7,5 miljoen Namibiese om die bestaande eiendom aan te skaf, te herbou en uit te brei, is die enkele grootste belegging deur die welsyns-organisasie om kanker in Namibië te beveg. Die uitvoerende hoof van die vereniging, Rolf Hansen...
Eskom het beurtkrag tot fase 4 verlaag. Fase 5 sal nie meer ingestel word soos die nutsdiens vroeër gesê het nie. Die woordvoerder, Daphne Mokwena, verduidelik Eskom kon daarin slaag om van die opwekkings-eenhede te herstel.
Die verpleegvakbond Denosa sê hy word oorval met talle klagtes van aanrandings op sy lede deur stakende medewerkers in gesondheids-geriewe regoor die land. Die vakbond raai sy lede aan om gepaste stappe te doen om te verhoed dat hulle hul lewens in gevaar stel, aangesien die regering nie stappe gedoen het om aandag te gee aan die veiligheidskwessies van verpleegkundiges nie. Die vakbond gee die regering die skuld dat hulle nie die dooiepunt in loon-onderhandelings opgelos het nie. Denosa se president, Simon Hlungwani, doen 'n beroep op betogers om nie verpleegkundiges wat na pasiënte omsien, aan te val nie.
Sokker: Nog twee plekke is op die spel in die kampioene-liga se kwart-eindronde vanaand, met twee laaste 16 tweede been-wedstryde wat gespeel sal word. Bayern München begin hul wedstryd teen Paris Saint Germain met 'n voorsprong van een doel, terwyl Tottenham Hotspur die gasheer in Londen teen AC Milan is. Spurs sal 'n een doel-tekort moet keer om te vorder, en die bestuurder Antonio Conte hoop dat die tuisskare hulle 'n hupstoot sal gee.
Dr. Timoteus Kadhila het onlangs sy doktorsgraad in openbare en ontwikkelings-bestuur aan die Universiteite Stellenbosch behaal en is nou ’n post-doktorale genoot by die Universiteit van Namibië. Hy het ondersoek ingestel oor hoe die huidige afvalbestuurs-modelle van die munisipaliteite Swakopmund en Langebaan in die Wes-Kaap binne die konteks van ’n sirkel-ekonomie tot die verwesenliking van volhoubare afvalbestuur bydra. Dit behels die hergebruik, herwinning, opknapping en hervervaardiging van afvalprodukte, eerder as om dit net op ’n vullingsterrein te stort. Dr. Kadhila gesels met Kosmos 94.1 Nuus...
Die jongste bevinding deur die Amerikaanse energiedepartement dat Covid uit ‘n laboratorium in Wuhan, China, uitgelek het, het wyd reaksie uitgelok. Daar is sommige kenners wat meen die virus kon nie van ‘n dier oor na mense gespring het nie eenvoudig omdat hy so suksesvol in mense was. Die Amerikaanse kenner in aansteeklike siektes dr. Anthony Fauci maan teen gevolgtrekkings en sê daar moet genoegsame bewyse wees vir enige van die twee teorieë.
Freddy is besig om met Namibië se weerpatrone en reën te mors. Hy het effe versterk en sal teen Saterdag weer Mosambiek bereik. Namibië kort dringend reën maar, daar is goeie nuus. Richard Nashikaku van die Windhoek weerkantoor het die besonderhede.
Die ANC-regering se onvermoë om doeltreffende finansiële stelsels te implementeer en beheer het gely tot die land se gryslys status deur die Finansiële Aksie Taakmag. Op sy beurt het dit die Suid-Afrikaanse rand skerp laat daal teen die Amerikaanse geldeenheid. Die rand verhandel tans teen 18,65 en kenners meen die geldeenheid kan, saam met die Namibiese dollar, verder verswak tot verby 19 rand teenoor die Amerikaanse dollar. Die Suid-Afrikaanse ekonoom Chris Hart sê dinge lyk bedroef.
Die Windhoek Stadspolisie het deur middel van ‘n intelligensie aangedrewe operasie, groot sukses gehad met die vlaag huisbrake wat veral in Khomasdal voorgekom het. ‘n Wit Polo voertuig was in die misdade gebruik en die polisie het die voertuig, verskeie nommerplate en talle gesteelde goedere in Oshitenda, Ombili gevind. Superintendent Celie Kapolo van die Stadspolisie het meer.
Dit wil voorkom asof minibus-bestuurders, wat pendelaars vanaf Rehoboth na Windhoek vervoer, die sogenaamde sewe-sitplek operateurs boelie en hulle verhoed om pendelaars te vervoer. Daar word blykbaar deur die bestuurders beaam dat sewe-sitplek taxi’s nie op die roete toegelaat word nie. Die woordvoerder van die vervoerministerie Julius Ngweda sê dit is snert en sulke gevalle moet aangemeld word.
Die Amerikaanse joernalis en politieke kommentator, Tucker Carlson, wat Tucker Carlson Tonight op Fox News aanbied, het onder skoot gekom vir wat beskryf word as sy pogings om die gebeure van Januarie 6 by die Kongres se versag. Mitch McConnell, die Republikeinse Kongres-leier het skerp gereageer op Carlson se uitbeelding van die gebeure op daardie dag en die Amerikaanse aanklaer-generaal, Merrick Garland sê ook dat dit duidelik is wat daar gebeur het.
Die goewerneur in die Kavango Oos, een van die armste streke in die land, Bonifatius Wakudumo, sê Namibiërs op grondvlak ervaar die impak van die oorlog in die Oekraïne. Dit het gelei tot stygende voedsel-, brandstof en kommoditeitspryse, wat toegang tot voedsel aan kwesbare gemeenskappe in Namibië beïnvloed. Meer as 60 persent van Namibië se voedsel word jaarliks ingevoer. Wakudumo het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor hoe erg die stygende pryse Namibiërs raak.
Die kaptein van die Proteas, Temba Bavuma, het die loot gewen en besluit om eerste te kolf in die tweede en laaste toets teen die Windies in Johannesburg. Daar is vier veranderings aan die span wat die eerste wedstryd gewen het met Ryan Rickleton, Wiaan Mulder en die draaiboulers, Keshav Maharaj en Simon Harmer wat in die begin-elftal ingesluit is. Afrigter Shukri Conrad verduidelik hoekom twee draaiboulers gekies is:
Die DA sê die personeel in kantore van die Suid-Afrikaanse Agentskap vir Maatskaplike Sekerheid in Gauteng, Mpumalanga en die Noord-Kaap het begin met 'n staking. Dit is blykbaar weens diep ingewortelde kwessies, wat dienslewering aan kwesbare Suid-Afrikaners verder belemmer. Die DA-lid, Bridget Masango, sê dis tyd dat die minister van Maatskaplike Ontwikkeling, Lindiwe Zulu, beheer oor haar departement en SASSA neem en vir eens en altyd die ingewortelde chaos uitsorteer:
Cenored is nie die enigste kragvoorsiener in Namibië wat gebuk gaan onder herhaalde gevalle van koperkabel-diefstal nie. Otjiwarongo se nuwe uitbreiding 12-woonbuurt het onlangs deurgeloop onder kabeldiewe. Volgens Cenored en Nored neem dié misdaad toe en dit maak dit moeiliker, en duurder, om krag te voorsien. Die styging in die koperprys laat koperkabel-diefstal toeneem. Nored se woordvoerder, Simon Lukas sê aan Kosmos 94.1 Nuus dis ‘n groot uitdaging in die industrie.
Die Britse minister van binnelandse sake, Suella Braverman, sê dat bende wat met mense smokkel, verantwoordelik is vir die migrante krisis in Brittanje. Sy sê hulle werk nou saam met Frankryk om te verhoed dat mense die Engelse-kanaal oorsteek.
Business Unity South Africa het die aanstelling van Kgosientso Ramokgopa as minister van elektrisiteit verwelkom. President Cyril Ramaphosa het sy nuwe kabinet aangekondig en gesê Ramokgopa se taak sal wees om die intensiteit en gereeldheid van beurtkrag dringend te verminder. BUSA se uitvoerende hoof, Cas Coovadia, sê hulle gaan dringend met Ramokgopa vergader om te bepaal wat sy planne is met die hantering van die korttermyn-beurtkragkrisis en die mediumtermyn-energiekrisis:
Die Suid-Afrikaanse Federasie van Vakbonde, Saftu, sê nuwe statistiek oor die Bruto Binnelanse Produk bewys die Suid-Afrikaanse kapitalistiese ekonomie is weereens 'n algehele teleurstelling vir die armes en die meerderheid werkers. Die land se ekonomie het in die vierde kwartaal met 1,3 persent gekrimp. Dis baie ernstiger as wat ekonome verwag het. Die woordvoerder van Saftu, Trevor Shaku, sê die ekonomie word steeds deur die Minerale-Energie Kompleks en die finansiële sektor gedomineer:
Die wêreld se nommer-drie, Rory McIlroy, het erken die totstandkoming van die Saoedi-gesteunde LIV Golf het die die PGA-toer gedwing om veranderings te maak wat spelers sal bevoordeel. Die LIV-kontingent, wat verlede jaar se wenner en ope kampioen, Cameron Smith insluit, is nie deel van die 144 spelers wat die week by die PGA-toer se vlagskiptoernooi, by Sawgrass in Florida afslaan nie. McIlroy sê die PGA-toer ding nie net mee teen LIV Golf of ander sportsoorte nie; maar ook teen Instagram, TikTok en alles en nog wat:
Die Stad Kaapstad het aan die nuwe minister van toerisme, Patricia de Lille, geskryf en haar aangemoedig om spoedig met 'n verbeterde visumstelsel vorendag te kom. Die burgemeesterskomiteelid vir Ekonomiese Groei, James Vos, sê goedkeuring vir 'n visum met spesifieke beperkings vir 'n afstandwerker, vra bloot dat die nasionale regering in die Immigrasiewet voorsiening maak vir 'n tydperk langer as drie maande. Hy sê Kaapstad is reeds 'n gewilde plek vir digitale rondtrekkers:
Die Onafhanklike Verkiesingskommissie van Suid-Afrika het amptelik sy jaarlikse. studente-geteikende demokrasie-veldtog van stapel gestuur. Die doel is om jeugdige burgers by tersiêre instellings op te voed oor hul burgerlike en demokratiese regte en verantwoordelikhede. Die OVK hoop ook om die veldtog te gebruik as 'n manier om studente te bemagtig om deel te neem. Verlede jaar was die veldtog in Johannesburg. Hierdie jaar was die ondervoorsitter van die OVK, Janet Love, en ander amptenare by die Rhodes Universiteit in Makhanda in die Oos-Kaap:
Greenpeace Africa het Suid-Afrika se nuwe minister van elektrisiteit, Kgosientso Ramokgopa, aangemoedig om die rol te oorweeg wat hernubare energie kan speel om die land se kragkrisis te verlig. Sekere lede van die organisasie het die minister se toespraak op die Energie Indaba wat in Kaapstad plaasvind, ontwrig. Die organisasie se kampvegter, Thandile Chinyavanhu, sê president Cyril Ramaphosa het baie van die groep se voorstelle erken en beklemtoon die belangrikheid daarvan om energie-alternatiewe te ondersoek om beurtkrag te verminder:
ActionSA sê die inkrimping van die land se Bruto Binnelandse Produk met 1,3 persent in die vierde kwartaal, bevestig die oortuiging die land se ekonomie kan nie onder die ANC-regering se ekonomiese, politieke en maatskaplike wanbestuur groei nie. Volgens Statistieke Suid-Afrika is groei hoofsaaklik deur die finansiële-, handel-, mynbou-, landbou- en algemene regeringsdienste sektore verlangsaam. Lerato Ngobeni van Action SA sê die ANC en President Cyril Ramaphosa se beleidsrigtings het misluk om werk te skep, beurtkrag te beëindig en ekonomiese groei aan te wakker:
Die Gautengse Gesondheidsdepartement het planne bekendgemaak om sy begroting van 600 miljoen Suid-Afrikaanse rand vir die vergoeding van werknemers tydens Covid-19 aan te wend om noodsaaklike Covid-19-kontrakpersoneel te behou. Volgens die departement se woordvoerder, Motalatale Modiba, is daar ongeveer 113 mediese personeel wat vir 12 maande gekontrakteer is en wie se kontrakte aan die einde van die maand eindig:
Amerika moet sy “verwronge” houding teenoor China verander of “konflik en konfrontasie” sal volg, het China se minister van buitelandse sake, Qin Gang gesê. Hy het sy standpunt oor die oorlog in die Oekraïne verdedig en sy noue bande met Rusland by ‘n mediakonferensie in Beijing verdedig. Betrekkinge tussen die twee super-moondhede was jare lank gespanne oor 'n aantal kwessies, insluitend Taiwan, handel en meer onlangs die oorlog in die Oekraïne. Dit het egter verlede maand vererger nadat die VSA 'n ballon langs die Amerikaanse Ooskus afgeskiet het wat volgens hulle 'n Chinese spioenasie-ballon was. Suid-Afrikaanse politieke kenner professor Andre Duvenhage sê aan Kosmos 94.1 Nuus waarom Rusland vir China belangrik is.
Internasionale Vrouedag word vandag herdenk. Die dag word toegewy aan die erkenning van vroue se prestasies, sowel as die bewusmaking van gelykheid. Die dag vier vroue en spreek kwessies aan soos vroue se gelyke regte, geweld en mishandeling teen vroue, en voortplantings-regte. Kosmos 94.1 Nuus het ons manlike luisteraars gepeil oor die belangrikheid van vroue in Namibië.
Namibiese ekonoom Robert McGregor sê daar is interessante patrone in verband met Namibië se private kredietverlening. Terwyl privaat besighede se kredietverlening gestagneer het, bly huishoudelike krediet gestyg. Daar is 'n verskynsel wat plaasvind wanneer verhoogde regeringsbetrokkenheid in 'n sektor van die mark-ekonomie die res van die mark wesenlik beïnvloed, hetsy aan die aanbod- of vraagkant van die mark. McGregor van Cirrus, verduidelik meer...
Vier veroordeelde Suid-Afrikaanse reeksmoordenaars wil op parool vrygelaat word. Hulle was saam verantwoordelik vir die dood van meer as 100 mense. Christopher Zikode, Stewart Wilken, Cedric Maake en Lazarus Mazingane is voorheen parool geweier. Wilken, ook bekend as ‘Boetie Boer’, word beskryf as die gevaarlikste reeksmoordenaar, 'n kannibaal wat mans, vroue en kinders vermoor en verkrag het. Die ondersoekende forensiese sielkundige, Gerard Labuschagne, sê dit is moeilik om reeksmoordenaars weer in die samelewing vry te laat:
Die nuutaangestelde minister van elektrisiteit in due buurland, Kgosiestso Ramakgopa, sê die taak wat voorlê om die erns en frekwensie van beurtkrag in die land te verminder, is 'n groot uitdaging. Hy is gister amptelik ingehuldig. President Cyril Ramaphosa sê die minister sal politieke verantwoordelikheid, gesag en beheer hê oor alle aspekte van die Energie-aksieplan. Ramakgopa sê die doelwit is om 'n balans tussen die opwekkings- en aanvraagkant te skep:
Iranse amptenare het bevestig verskeie mense is in vyf provinsies aangekeer in verband met 'n vlaag van vermeende vergiftiging van skoolmeisies wat die land getref het. Die inhegtenisnemings gaan gepaard met die regering wat uitvaar teen kritiek op sy optrede teen die vermeende aanvalle. Meer as 'n duisend meisies van meer as 50 skole in 21 van Iran se 30 provinsies is sedert November verlede jaar vergiftig. Die Withuis se woordvoerder, Karine Jean-Pierre, sê die voortgesette vergiftiging van skoolmeisies in die land is onverskoonbaar:
Die Proteas se afrigter, Shukri Conrad, het verskeie veranderings aan sy span gemaak vir die tweede en laaste toets teen die Windies wat vandag op die Wanderers in Johannesburg begin. Ryan Rickelton, Simon Harmer, Keshav Maharaj en Wiaan Mulder sal vir Suid-Afrika vervang, Keegan Petersen, Senuran Muthusamy, Marco Jansen en die beseerde Anrich Nortjé. Conrad sê hy wil diepte bou met die oog op die toekoms, en het besluit om twee draaiboulers te kies nadat die Proteas die eerste toets gewen het:
‘n Namibiese geslags-aktivis sê geslagsgeweld moet by die Namibiese polisie aangemeld word. Sy het gereageer op die buurland se statistieke waar meer as 50 000 gevalle van geslagsgeweld en vrouemoord jaarliks in Suid-Afrika aangemeld word. Die departement van justisie en grondwetlike ontwikkeling sê bewusmakingsveldtogte moet van stapel gestuur word sodat slagoffers sulke gevalle by die polisie aanmeld. Geslagsaktivis Linda Baumann sê aan Kosmos 94.1 Nuus ‘n geïntegreerde stelsel teen geslagsgeweld moet in Namibië implementeer word.
ActionSA in Gauteng sê hy het die Stad Johannesburg gevra om die voortgesette kragonderbrekings regoor die stad aan te spreek. Die gemeenskap is vir langer as 24-uur sonder elektrisiteit gelaat weens beurtkrag en kabeldiefstal. ʼn Woordvoerder van ActionSA, Sthembelo Majola, sê City Power en die wetstoepassingsagentskappe moet ʼn meer proaktiewe benadering volg om verdere skade aan die stad se infrastruktuur te voorkom.
Met beurtkrag wat die groot sondaar is, wat Suid-Afrika se ekonomie in die vierde kwartaal van 2022 'n hewige knou toegedien het, lê daar 'n hewige taak vir die land se nuwe elektrisiteitsminister voor om die kragkrisis so vinnig as moontlik op te los. Energie-kenner, professor Mark Swilling, sê dat minister Kgosientsho Ramokgopa 'n enorme taak het wat hom inwag. Swilling sê een van die eerste dinge waarop Ramokgopa nou op moet fokus is om so gou as moontlik 'n toegewyde span aan te stel om die land uit die energie-krisis te red. Fritz Platt, Kosmos 94.1 Nuus se korrespondent in Kaapstad...
Suid-Afrika is volgens die Namibiese Statistieke-agentskap se handelsbulletin van Januarie Namibië se grootste handelsvennoot wat invoere en uitvoere betref. Namibiese en Suid-Afrikaanse senior amptenare kom tot Donderdag in Windhoek byeen vir die Senior Amptenare-vergadering van die Derde Sessie van die Namibië-Suid-Afrika Bi-Nasionale Kommissie. Die doel van die vergadering is om samewerking op 'n wye verskeidenheid gebiede te hersien en om voor te berei vir die komende ministeriële en presidensiële vergaderings. Die uitvoerende direkteur in die Namibiese ministerie van internasionale betrekkinge, Penda Naanda, lei die Namibiese afvaardiging. Namibiese politieke kenner dr. Ndumba Kamwanya sê aan Kosmos 94.1 Nuus gepraat wat gewoonlik tydens sulke vergaderings bespreek word.
Die studenteraad van die Universiteit van Witwatersrand sal na verwagting met die departement van hoër onderwys en die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente vergader na dae van betogings. Die woordvoerder van Wits, Shirona Patel, sê die verwagte vergadering kom na die skorsing van die president van die SR. Aphiwe Mnyamana is geskors nadat hy nie by sy skorsings-verhoor opgedaag het nie. Patel sê studente word nie geskors wanneer hulle vreedsaam betoog nie.
Die amptelike opposisieparty se hoofsweep Elma Dienda van die PDM het vandag in die Nasionale Vergadering aan die ministers van finansies en landbou gevra oor die lenings wat Agribank en die Ontwikkelingsbank aan vroue en jeug gee. Agribank het 25,6 miljoen Namibiese dollar opsy gesit wat vir vroue en jeug in die landbou geoormerk is. Dienda is bekommerd of die jeug sal kwalifiseer. Sy vra hoe jong werklose Namibiërs sekuriteit vir banklenings kan gee.
Die departement van gesondheid het bevestig verskeie gesondheidsinstellings in Gauteng word steeds gekortwiek deur die staking deur lede van die vakbond, Nehawu. Die departement se hoof van kommunikasie, Motalatale Modiba, waarsku betogers versper die ingang na verskeie gesondheids-instellings. Volgens hom is ambulansdienste ook geraak aangesien hulle nie op oproepe kan reageer of pasiënte na sommige hospitale kan vervoer nie.
Die Padvrag-vereniging in die buurland versoek dringende optrede teen padgebruikers wat nie aan die reëls voldoen nie na Maandag se kettingbotsing in Umhlanga, KwaZulu-Natal. Sestien mense is beseer toe 'n vragmotorbestuurder beheer verloor en in byna 50 ander voertuie ingeploeg het op die M41, vermoedelik omdat die remme onklaar geraak het. Die vereniging se uitvoerende hoof, Gavin Kelly, wil 'n dringende ondersoek hê en sê vervoermaatskappye wat kies om onpadwaardige, gevaarlike voertuie en onbekwame bestuurders te gebruik, moet aanspreeklik gehou word.
Internasionale Vrouedag word môre herdenk en in Namibië vier die Namibiese Kamer van Koophandel die dag saam met vroue-entrepreneurs wat 'n belowende of suksesvolle ITC-onderneming besit. Die tema vir vanjaar is: “DigitALL: Innovation and technology for gender equality” en die 2023- hutsmerk is #WomenOwned. Antonia Dumbu-Udeh, die SME-ontwikkelingsbeampte by die kamer deel meer met Kosmos 94.1 Nuus...
Forum 4 Service Delivery het sy teleurstelling uitgespreek oor President Cyril Ramaphosa se kabinetskommeling. Die groep beweer die skuiwe is bloot 'n oefening in openbare betrekkinge om dit te laat lyk of Ramaphosa bekommerd is oor die vinnige agteruitgang in Suid-Afrika. Die forum se leier, Mbahare Kekana, sê die kabinet groei steeds ten koste van die belastingbetaler.
Die burgemeester van Kaapstad, Geordin Hill-Lewis, het die aanstelling van die nuwe minister van vervoer, Sindisiwe Chikunga, verwelkom en hoop op die vinnige afwenteling van passasierspoorvervoer na die stad. Passasierspoorvoer in Kaapstad het in duie gestort en bedien nou daagliks net twee persent van alle pendelaars terwyl dit die ruggraat van 'n bekostigbare, betroubare en veilige vervoerstelsel behoort te wees. Hill-Lewis sê hy sal vandag aan Chikunga skryf om haar te vra om spoorafwenteling as 'n top-prioriteit te versnel.
Namibië se Equal Rights Movement gaan môre 'n optog hou teen die Wet op Gesinsgeweld. Die Nasionale Vergadering het verlede jaar die Wysigingswetsontwerp op die Bekamping van Gesinsgeweld van 2003 goedgekeur om geslagsgeweld, veral teenoor vroue en kinders, te voorkom. Die beweging meen selfdegeslag-paartjies van die LGBTQ-gemeenskap word nie in dié wet beskerm nie. Die groep sal môreoggend om agt-uur by die Zoo Park byeenkom en daarna hul petisie aan die parlement oorhandig. Stigter van die beweging, Omar van Reenen sê aan Kosmos 94.1 Nuus hulle gaan betoog teen ongelyke beskerming.
Die Organisasie teen Belastingmisbruik sê President Cyril Ramaphosa het 'n geleentheid misgeloop in sy kabinetskommeling om aandag te gee aan die aanspreeklikheid van swak presterende ministeries. Outa se uitvoerende hoof, Wayne Duvenage, sê die agteruitgang van die prestasie in die ministeries van polisie, hoër onderwys, minerale hulpbronne en energie en openbare ondernemings moes verandering ondergaan het. Hy sê hoewel die aanstelling van Kgosientsho Ramokgopa as die minister van elektrisiteit verwelkom word, het die land nie 'n nuwe ministerie nodig om aandag aan die kragkrisis te gee nie.
Krieket: Die voormalige kaptein van die Proteas, Faf du Plessis, kan steeds sy terugkeer na die nasionale span maak onder leiding van die nuwe witbal-afrigter, Rob Walter. Die 38-jarige kolwer het puik vertoon vir die Joburg Super Kings in die SA20, maar is nie by enige van die witbalgroepe vir die reekse teen die Windies ingesluit nie. Krieket Suid-Afrika se direkteur van krieket, Enoch Nkwe, sê samesprekings oor Du Plessis se moontlike terugkeer na die nasionale span duur voort.
Die Amerikaanse hulp-organisasie USAID gee ondersteuning aan die Namibiese omgewingsministerie om wildmisdaad te bekamp en toerisme-infrastruktuur in nasionale parke en bewaringsgebiede te ontwikkel. Die vennootskap beklemtoon die reuse-rol wat toerisme speel in die ondersteuning van omgewingsbewaring. Die direkteur van natuurlewe en nasionale parke in die ministerie, Bennett Kahuure, sê daar is tans groot infrastruktuur-ontwikkeling in nasionale parke en bewaringsgebiede aan die gang is.
Die Namibiese Media Professionele-unie, Nampu, het sy reaksie gegee op die Namibiese polisie-hoof inspekteur-generaal Joseph Shikongo wat joernaliste maan om mediabaadjies en perskaarte te dra om te verhoed dat hulle tydens betogings in die spervuur beland en beseer word. Shikongo sê dat enigiemand wat die media op 'n onvanpaste wyse aanrand, verkeerd is nie. Hy het verwys na ’n geval waar ’n kameraman van die Noorde deur ’n veiligheidswag met pepersproei getakel is. Nampu se sekretaris-generaal Sakeus Iikela sê aan Kosmos 94.1 Nuus die media het steeds die beskerming van Nampol nodig.
Die 32ste Rössing Uranium Marathon vind Saterdag plaas. Dit sluit in die nasionale kampioenskappe se marathon, die Frank Slabbert-half marathon, ‘n wedloop oor 10 kilometer, asook ‘n pretloop oor vyf kilometer ten bate van kanker. Die nuwe Chinese ambassadeur in Namibië Zhao Weiping sal die skoot afvuur vir die wegspring by die tennisbaan-parkeergebied in Strandstraat in Swakopmund. Kaino Ilovu, Rössing se woordvoerder, sê die deelnemers is baie opgewonde.
Die Economic en Social Justice Trust is gekant teen die uitreiking van ‘n omgewingsklaringsertifikaat aan die Kanadese gas- en oliemaatskappy ReconAfrica. Op 15 Junie 2022 het die Namibiese omgewings-kommissaris Timoteus Mufeti 'n hernude omgewingsklaring-sertifikaat aan ReconAfrica uitgereik ondanks openbare kommer oor die wettigheid van hul huidige boorprogram in die streke van Kavango-Oos en -Wes. Die trust, asook komitees van gemeenskapswoude en bewaringsgebiede gaan hul besware in April met die omgewingsministerie bespreek. Rinaani Musutua van trust sê aan Kosmos 94.1 Nuus die Regshulpsentrum sal hulle verteenwoordig.
Die sekretaris-generaal van die Suid-Afrikaanse Kommunisteparty, Solly Mapaila, sê intussen die aanstelling van Kgosientso Ramakgopa as minister van elektrisiteit word wyd verwelkom. Mapaila sê dié gewese burgemeester van Tshwane is die regte persoon om die land se energiekrisis te bestuur.
Die Toerisme-besigheidsraad van Suid-Afrika het die aanstelling van Patricia de Lille as die land se nuwe toerisme-minister verwelkom. Die raad sê Toerisme is een van die land se grootste inkomste-genereerders en daarom moet die persoon, aan die stuur van dié departement, 'n passie vir die sektor hê om dit verder te laat groei en nóg meer werksgeleenthede te help skep. Kosmos 94.1 Nuus se korrespondent in Kaapstad, Fritz Platt, deel meer...
Voortgesette brutaliteit deur die Namibiese polisie word wyd deur aktiviste veroordeel. Dit hou 'n ernstige bedreiging vir demokrasie, menseregte en die oppergesag van die reg in ons land inhou. Daar is 579 sake teen die Nampol by die Kantoor van die Ombudsman aangemeld. Volgens aktiviste is dit ‘n aanduiding van 'n veel groter probleem in die polisie, waar die oormatige gebruik van geweld die norm, eerder as die uitsondering is. Graham Hopwood, direkteur van die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing sê aan Kosmos 94.1 Nuus Nampol moet menseregte respekteer terwyl hulle wet en orde toepas.
Rugby: Die Stormers is vir die tweede agtereenvolgende jaar amptelik as vanjaar se SA Skild-kampioene in die Verenigde Rugbykam-pioenskap gekroon nadat hulle die Sharks die naweek in Kaapstad geklop het. Die verdedigende toernooi-kampioene was hierdie seisoen onoorwonne teen Suid-Afrikaanse spanne en het tuis- en wegwedstryde teen die Sharks, Bulls en Lions gewen. Hul hoofafrigter, John Dobson, sê dit is iets waarop hulle regtig trots is.
Die Wes-Kaapse premier Alan Winde sê hy is teleurgesteld dat die minister van polisie, Bheki Cele, sy pos behou na President Cyril Ramaphosa se kabinetskommeling. Drie ministers is vervang: Lindiwe Sisulu, Nathi Mthethwa en Maite Nkoana-Mashabane, asook Phumulo Masualle, wat adjunkminister van openbare ondernemings was. Winde sê Cele het bewys hy het geen begeerte om misdaad te beveg of veiliger gemeenskappe in die provinsie te skep nie.
Die Suid-Afrikaanse pluimveebedryf het oor die tydperk drie jaar gegroei tot 'n nywerheid van 59 miljard Suid-Afrikaanse rand, maar hoe vaar dié sektor in Namibië? Volgens die Suid-Afrikaanse Pluimveevereniging is 1,8 miljard Suid-Afrikaanse rand in 2022 belê in groei, wat die oorspronklike beplande 1,5 miljard rand oorskry het. Die bedryf het ook geslaag om tussen 2019 en 2022 1 600 nuwe geleenthede te skep, tog word talle uitdagings ervaar. Die landbou-ekonoom van die Namibiese Pluimveeprodusente-vereniging, Bertha Ijambo sê aan Kosmos 94.1 Nuus hoe die plaaslike mark gevaar het.
Die eerste minister van Kanada, Justin Trudeau, het 'n onafhanklike ondersoek gelas ná bewerings dat China by die federale verkiesings van 2019 en 2021 ingemeng het. Beijing het die aantygings verwerp en as ongegrond en lasterlik beskryf. Konserwatiewe Party-politici beweer dat inmenging in die 2021-verkiesing voorgekom het en dat hulle verskeie setels daardeur verloor het. Trudeau sê hy gaan 'n onafhanklike spesiale ondersoekbeampte aanstel wat 'n omvattende mandaat sal hê. Hy sal ook spesialis-aanbevelings doen om inmenging in verkiesings te bekamp en die demokrasie te versterk.
Die Wes-Kaapse gesondheidsdepartement sê beurtkrag beïnvloed provinsiale hospitale, met ongeveer 121 miljoen Suid-Afrikaanse rand wat vanaf April verlede jaar tot middel verlede maand aan diesel vir kragopwekkers bestee is. Die LUR, Nomafrench Mbombo, het aan die Parlement gesê Eskom se onvermoë om voldoende kragtoevoer te verskaf, het die departement gedwing om meer fondse beskikbaar te stel vir maatreëls om die ligte in hospitale aan te hou en lewens te red. Die DA se woordvoerder oor gesondheid, Gerrit Pretorius, sê 'n blywende oplossing is nodig om die kragkrisis op te los.
Die Namibiese omgewingsministerie ondersteun Fly Etosha Airways, die voornemende Namibiese lugredery. In ‘n brief van die uitvoerende direkteur in die ministerie, Teofilus Nghitila aan kaptein William Ekandjo van die redery, bekragtig die omgewingsministerie Fly Etosha Airways as projek wat die herstel van die Namibiese toerisme-sektor sal help. Fly Etosha Airways het vir ‘n lugvervoer-lisensie by die Namibiese vervoerministerie aansoek gedoen. Die aansoek is aanvanklik deur FlyNamibia teengestaan, wat later teruggetrek is. Die woordvoerder van die ministerie, Romeo Muyunda sê hulle verwelkom Fly Etosha Airways met ope arms.
Business Unity South Africa het die aanstelling van Kgosientsho Ramokgopa as minister van elektrisiteit verwelkom. President Cyril Ramaphosa het gesê Ramokgopa se taak sal wees om die intensiteit en gereeldheid van beurtkrag dringend te verminder. Busa se uitvoerende hoof, Cas Coovadia, sê hulle gaan dringend met Ramokgopa vergader om te bepaal wat sy planne is met die hantering van die korttermyn-beurtkragkrisis en die mediumtermyn-energiekrisis.
Die Wes-Kaapse departement van gesondheid sê hy is bekommerd omdat mediese nooddiensspanne vanjaar reeds by tien geleenthede deur gewelddadige misdadigers aangeval is. Die afgelope naweek is nooddienswerkers in Parow, Langa en Pinelands aangeval. Die department se woordvoerder, Byron La Hoe, sê alhoewel die onvoorspelbare werksomgewing van nooddienspersoneel hulle aan baie gevare blootstel, behoort geweld nie een daarvan te wees nie.
Cenored gaan gebuk onder herhaalde gevalle van koperkabel-diefstal, veral in Otjiwarongo se nuwe uitbreiding 12-woonbuurt. Volgens die kragvoorsiener neem dié misdaad toe en dit maak dit moeiliker, en duurder, om krag te voorsien. Die styging in die koperprys laat koperkabel-diefstal toeneem. Buurtwagte word versoek om hul waaksaamheid in hul gebiede te verhoog. Charlie Matengu, Cenored se woordvoerder het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Die geen werk, geen betaling-beginsel sal van toepassing wees op alle werknemers wat tans deel vorm van onwettige verset-optrede in die buurland. Staatsamptenare verbonde aan Nehawu staak by hospitale en ander staatsgeriewe. Die waarnemende minister van staatsdiens en administrasie, Thulas Nxesi, het op 'n nuuskonferensie gesê dissiplinêre stappe moet gedoen word teen werknemers wat toegang tot geboue versper en met die onwettige staking voortgaan. Hy voeg by die regering verwag van alle partye om terug te keer na onderhandelings waar die aanbod bespreek en aangekondig sal word.
Die voormalige Suid-Afrikaanse Openbare Beskermer, Thuli Madonsela, het die regsverteenwoordiger van haar opvolger daarvan beskuldig dat hy van haar ʼn misdadiger probeer maak. Sy het in die parlementêre ondersoek na Busisiwe Mkhwebane se geskiktheid vir haar pos aan Dali Mpofu gesê hy mors belastingbetalers se geld. Madonsela se getuienis is vertroebel deur beweerde teenstrydighede wat in haar verklaring uitgewys is. Sy het aan die komitee gesê sy verskyn teësinnig voor die ondersoek omdat die twee verslae van die Openbare Beskermer waaroor sy moet getuig, breedvoerig deur die howe behandel is.
Brandstofsmokkelary vanaf Angola het ‘n negatiewe impak op die plaaslike ekonomieë van dorpe in die noorde van Namibië. Brandstof-kleinhandelaars sukkel om kop bo water te hou en daar is selfs berigte dat vulstasies in die Noorde leeg is weens die Angolese brandstof op strate. Brandstof in Angola is baie goedkoper en sommige inwoners ry bloot net oor die grens om hul voertuie vol te maak. Die Namibiese polisie het Operasie Ngungula van stapel gestuur om die brandstofsmokkelary te beëindig. Jackson Muma, woordvoerder van die Ongwediva-dorpsraad, sê dit het verwoestende gevolge vir die dorp.
Die DA-leier, John Steenhuisen, sê President Cyril Ramaphosa se nuwe nasionale uitvoerende gesag is nie regtig 'n kabinetskommeling nie, maar eerder 'n sinnelose opgeblasenheid. Hy sê die twee nuwe ministeries in die Presidensie, naamlik 'n minister van elektrisiteit en 'n minister van beplanning, monitering en evaluasie, voeg 74 miljoen Suid-Afrikaanse rand by die staatsdiens se salarisrekening. Steenhuisen sê die minister van elektrisiteit in die Presidensie, Kgosientsho Ramokgopa, se aanstelling is raaiselagtig.
Die debat oor of die rob-bevolking langs die Namibiese kus te groot is en dus 'n bedreiging vir Namibië se visserysektor inhou, bly aktueel en relevant. Die Namibiese landbouminister Calle Schlettwein sê dit moet egter gebalanseerd en gebaseer op wetenskaplike feite wees. Hy sê die aanname dat robbe slegs op kommersiële visspesies voed, is verkeerd. Dit volg ná die minister van visserye, Derek Klazen, in die Nasionale Vergadering sy kommer uitgespreek het oor die aantal vis wat robbe per jaar eet en dit as "onaanvaarbaar" bestempel. Die mariene bioloog van Ocean Conservation Namibia gee sy reaksie aan Kosmos 94.1 Nuus.
Krieket: Die nuwe hoofafrigter van die Proteas se witbal-spanne, Rob Walter, is opgewonde om die toets-aanvangskolwer, Aiden Markram, as kaptein van die T20-groep te hê. Die veelsydige speler isas die nuwe leier in die spel se kortste formaat bevestig. Die aanstelling van Markram is wyd verwag nadat hy die Sunrisers Eastern Cape tot die titel gelei het in die eerste SA20. Walter sê Markram het geweldig gegroei sedert hy vyf jaar gelede die Proteas se eendagspan in 'n reeks teen Indië aangevoer het.
President Cyril Ramaphosa sê omdat daar net een jaar oor is van die sesde administrasie se termyn, het hy besluit om nie groot veranderinge aan die nasionale uitvoerende gesag aan te bring nie. Sommige van die nuwe aanstellings in sy kabinet is Paul Mashatile as adjunkpresident, Kgosientsho Ramokgopa as minister van elektrisiteit, en Patricia de Lille as nuwe minister van toerisme. Ramaphosa sê die veranderinge wat hy aangebring het, is om die regering te rig op die gebiede wat dringend aandag nodig het.
Die hooggeregshof in Pretoria sal vandag betoë aanhoor in twee aansoeke deur die voormalige bedryfshoof van Bosasa, Angelo Agrizzi. Een van die aansoeke is om te bewys hy is nie geskik om verhoor te word nie. Hy word van bedrog en korrupsie aangekla in verband met Bosasa en tenders van die departement van korrektiewe dienste ten bedrae van 1,8 miljard Suid-Afrikaanse rand tussen 2004 en 2007. Volgens ʼn woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, Sindisiwe Seboka, is die saak van vandag tot Donderdag op die rol.
Die Namibiese pa Phillip Lühl, en sy man Guillermo Delgado staar 'n lang gewag in die gesig voordat hulle weet wat die lot van hul seun en tweeling-dogters se nasionaliteit is, asook oor die erkenning van hul selfdegeslag-huwelikstatus in Namibië. Hul kinders wat deur surrogaatskap in Suid-Afrika gebore is, se Namibiese burgerskap hang in die weegskaal, asook Delgado se aansoek om domisilie. Twee waterskeidende hofsake oor LGBTQ-regte het in die hooggeregshof gedien vir die erkenning van selfdegeslag-huwelike en die reg op burgerskap en familie. Delgado sê aan Kosmos 94.1 Nuus hulle verwag dat die proses tussen drie tot ses maande sal duur.
President Cyril Ramaphosa het twee nuwe ministeries in sy nuwe kabinet tot stand gebring. Die eerste is Kgosientsho Ramokgopa as die minister van elektrisiteit in die Presidensie, wat die onmiddellike krisis van beurtkrag sal hanteer. Die tweede is Maropene Ramokgopa as die minister spesifiek verantwoordelikheid vir beplanning, monitering en evaluering, om groter aandag aan die prestasie van die regering te gee. Ramaphosa het in Pretoria tydens die aankondiging van sy nuwe nasionale uitvoerende komitee gesê die regering fokus op die volledige en dringende implementering van die Energie-aksieplan.
Namibiese boere is bekommerd oor die gebrek aan reën. Sommige dele in die land het nog geen reën ontvang nie. Volgens die beraming van oeste van gewasse word reeds ‘n minder goeie jaar as verlede jaar verwag. Damvlakke is ook laer as verlede jaar. Kosmos 94.1 Nuus het aan die Suid-Afrikaanse weerkenner Kobus Botha gevra wanneer die reën weer op pad is. Hy het só geantwoord:
O&L Leisure, 'n filiaal van die Ohlthaver en List-groep, het ‘n nuwe baadjie vir Mokuti Etosha aangetrek. Dit is een van O&L Leisure se lodges wat net 40 meter vanaf die hek van die Etosha Nasionale Park geleë is. Die lodge se ontvangs, hoof-restaurant en swembad-kroegarea, insluitend 'n splinternuwe kinderswembad, het die afgelope 15 maande 'n volledige opknapping ondergaan. Die voorsitter van die O&L-groep Sven Thieme...
Die EFF in Gauteng het die provinsiale regering gekritiseer omdat hy versuim het om aan die diensbehoeftes van die Sebokeng Sone 17-gemeenskap in die Emfuleni plaaslike munisipaliteit te voldoen. Gefrustreerde inwoners het die langverwagte opening van 'n moderne kliniek probeer keer. Die EFF-lid, Isaac Khithika, sê die gemeenskap is baie kwaad oor die gebrek aan dienslewering, en die feit dat hulle vir meer as agt dae nie water het nie.
Die Namibiese Nasionale Boere-vereniging, die NNFU, wat hoofsaaklik voorheen benadeelde boere in kommersiële en kommunale gebiede verteenwoordig, het hul stem van ondersteuning bygevoeg vir die hervorming van Meatco en die belangrikheid van die sogenaamde rooilyn as 'n veeartseny- beheerheining. Landuleni Uugulu, nasionale koördineerder van die NNFU, sê die vereniging eis 'n formele ooreenkoms met die regering oor die befondsing en implementering van sleutel-ingrypings wat bemarking kan ontsluit en die vee-sektor in die noordelike streke kan verbeter. Plaaslike landboukundige Wallie Roux deel sy mening met Kosmos 94.1 Nuus.
Die Suid-Afrikaanse departement van binnelandse sake het vroeër vandag amptelik besit geneem van 17 ligte vragmotors, as deel van sy "Binnelandse Sake op Wiele-inisiatief". Die voertuie sal as mobiele-kantore dien en sal in die land se nege provinsies ontplooi word om te verseker dat dienste so veel soveel as moontlik inwoners bereik. Die 17 vragmotors vorm deel van 'n besending van 20, met nog drie wat later die week aan die departement gelewer sal word. Kosmos 94.1 Nuus se korrespondent in Kaapstad, Fritz Platt...
Die Museums-vereniging van Namibië het 200 kopieë van San-boeke en ‘n mobiele uitstallingsgids aan die direktoraat van Namibiese biblioteke en argiefdiens in die onderwysministerie geskenk. Die uitstalling is deel van 'n projek getiteld "Museum-ontwikkeling as 'n instrument vir die versterking van kulturele regte in Namibië" wat deur die Europese Unie in Namibië befonds word. Kosmos 94.1 Nuus het met Ndapewoshali Ashipala, die direkteur by die vereniging gepraat.
Die Nasionale Privaatskole-organisasie se Napso Coke/Standard Bank nasionale atletiekbyeenkoms vind die naweek op die Keetmanshoop-stadion plaas. Die byeenkoms word jaarliks aangebied en vanaf 2023 op 'n rotasiebasis om verskillende skole die geleentheid te bied om gasheer vir die byeenkoms te wees. Vanjaar is dit Keetmanshoop Privaatskool se beurt. Alle Napso-geaffilieerde skole kan deelneem. Tans is 1 000 atlete van 16 skole ingeskryf. Uit hierdie groep atlete word 'n Napso-span gekies wat later vanjaar in Suid-Afrika gaan deelneem. ‘n Lid van die reëlingspan, Patrys Mostert het met Kosmos 94.1 Nuus gesels...
Sven Thieme, voorsitter van die Ohlthaver en List-groep het sy kommer uitgespreek oor die droogte in die Suide en die Hardapdam se vlak wat nou op 43,5 persent staan. Die !Aimab Superfarm van Namibia Dairies, ‘n filiaal van die O en L-groep, het 250 hektaar grond onder besproeiing wat met water vanaf die nabygeleë Hardapdam voorsien word. Die plaas plant elke jaar mielies in die somer en koring in die winter. Die melkplaas het tans 68 Namibiërs in diens en het 1 800 koeie wat 35 liter melk per dag produseer, tussen 29 000 en 33 000 liter per maand. Thieme het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat...
Die Helen Suzman-stigting maan teen die aanwysing van begunstigdes van staatskaping in die kabinet. President Cyril Ramaphosa sal na verwagting vanaand veranderings aan sy uitvoerende gesag bekend maak. Die stigting se woordvoerder, Ezekiel Kekana, sê die president moet die aanbevelings in die Zondo-kommissie se verslag in werking stel waar dit gaan oor huidige ministers en adjunkministers wat by staatskaping betrek word.
'n Politieke ontleder in die buurland, John Molepo, sê President Cyril Ramaphosa se verwagte kabinetskommeling vanaand sal bepaal of die ANC ná 2024 aan bewind sal wees. Die huidige kabinet bestaan uit 28 ministers en adjunkministers. Ramaphosa sal na verwagting 'n nuwe adjunkpresident en ministers van elektrisiteit, vervoer en die staatsdiens en administrasie aanwys. Molepo sê die aangestelde ministers kan bepaal of die ANC ná die algemene verkiesing volgende jaar sal regeer. Hy sê die President moet geen ministers aanwys wat verbind is aan skandale nie.
Die African Transformation Movement eis President Cyril Ramaphosa moet bedank na aanleiding van inligting van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens oor die geld wat op sy plaas, Phala Phala, in Limpopo gesteel is. Die leier van die DA, John Steenhuisen, het die inligting by die SAID gekry na ʼn aansoek ingevolge die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting. Die ATM se woordvoerder, Zama Ntshona, sê die jongste nuus regverdig die mosie om Ramaphosa te verwyder omdat hy sy ampseed geskend het.
Rugby: Alle hoop wat die Springbok Sewes het om outomaties vir aanstaande jaar se Olimpiese Spele in Parys te kwalifiseer, is besig om te taan na ʼn rampspoedige Noord-Amerikaanse skof van die wêreldreeks. Hulle het van tweede na sewende op die punteleer teruggesak met net die eerste vier wat nie hoef te kwalifiseer nie. Afrigter Sandile Ngcobo sê verskeie spelers het nie aan die verwagtinge voldoen in Los Angeles en Vancouver nie.
Oor drie weke in Hongkong speel Suid-Afrika in ʼn baie moeilike groep teen Ierland, Nieu-Seeland en Kenia.
Misdaadaanvalle op internasionale toeriste in Namibië berokken die beeld van toerisme-sektor reuse-skade. Namibië word as een van die veiligste lande in Afrika geag. Die Namibiese polisie het ook ‘n spesiale toerisme-eenheid op die been gebring om toeriste te beskerm. In die mees onlangse voorval het drie vermeende gewapende rowers buitelandse toeriste by die Quiver Tree Lodge buite Keetmanshoop aangeval, aangehou en beroof. Die slagoffers is 'n 39-jarige Ierse man en 37-jarige Britse vrou. Gitta Paetzold, die uitvoerende hoof van die Gasvryheidsvereniging van Namibië sê aan Kosmos 94.1 Nuus die veiligheid van almal moet te alle tye in die land beskerm word.
Krieket: Die Protea-snelbouler Anrich Nortjé is vrygestel van die groep vir die tweede toets teen die Windies wat Woensdag op die Wanderers in Johannesburg begin. Die 29-jarige het gedurende die eerste toets ligte ongerief met sy lies ondervind en word as voorsorgmaatreël ʼn blaaskans gegun. Suid-Afrika het die eerste wedstryd gewen, met die kolwer Toni de Zorzi wat sy debuut gemaak het. Ten spyte van die oorwinning glo De Zorzi daar is ruimte vir verbetering.
'n Voormalige prokureur wat daarvan aangekla word dat hy 700 000 Suid-Afrikaanse rand gesteel het wat aan ses beseerde Padongelukkefonds-eisers behoort, se verhoor sal in Junie by die Rustenburgse streekhof plaasvind. Betty Diale, wat ook die voormalige Noordwes-voorsitter van die EFF is, staan tereg op ses aanklagte van diefstal. Die Nasionale Vervolgingsgesag se woordvoerder, Henry Mamothame, sê die Getrouheidsfonds, 'n liggaam wat toesig hou oor die gedrag van prokureurs, het verskeie klagtes van die eisers ontvang nadat hul eisgeld in Diale se trustrekening inbetaal is.
Danie van Vuuren van die Namibiese Landbou-unie se Werkgewers-vereniging sê die vergadering met die waarnemende uitvoerende direkteur in arbeidsministerie, advokaat Otniël Podewiltz, was suksesvol. Die voorgeskrewe prosedures van die Wet op Arbeidsdienste se plafon wat vir kwalifiserende werkgewers verlaag is na 10 en meer werkers, is bespreek. Kommer is aan die ministerie uitgespreek oor die negatiewe gevolge wat hierdie vereistes op kommersiële boere en houtskool-produsente gaan hê en om vra vir kwytskelding daarvan. Van Vuuren sê aan Kosmos 94.1 Nuus die ministerie sal teen 10 Maart te reageer.
Die Wes-Kaap se LUR vir polisietoesig en gemeenskapsveiligheid, Reagen Allen, sê die provinsiale regering is daartoe verbind om toe te sien dat misdadigers van die strate verwyder word. Beamptes van die stad se Wetstoepassings-bevorderingsplan het van 30 Januarie tot 19 Februarie 688 mense in verband met verskeie oortredings in hegtenis geneem. Die misdade sluit in die besit van onwettige vuurwapens en dwelms. Allen sê hierdie beamptes is die vergestalting van die provinsiale veiligheidsplan, wat onder meer ten doel het om veiliger gemeenskappe te skep en die moordsyfer teen 2029 met 50 persent te verlaag.
Hoë werkloosheidheidsyfers word vir Namibië vir 2023 voorspel, daarom het SMEs Competitiveness Consultancy 51 fotograwe en haarkappers van dorpe regoor Namibië gekies om hul sakevaardighede op te knap. Die toekomstige entrepreneurs het opleiding gekry om vaardighede in administrasie, kliëntediens en boekhouding te slyp. Die doel van die opleiding is om voornemende entrepreneurs hul sakereis te help aanpak. Hulle sal ook waarde vind in die Basics of Business-program. Kosmos 94.1 Nuus het met die direkteur van SMEs Compete, Danny Meyer, gepraat...
Tydens die opening van Namibiese skole op 11 Januarie, was daar talle uitdagings met die plasing van leerders in skole, weens 'n tekort aan skole. Dit is al Maart-maand en daar is steeds leerders wat nie in skole plek gekry het nie. Die onderwysministerie is daarvan bewus gemaak dat daar leerders in onwettige privaatskole onderrig ontvang. Kosmos 94.1 Nuus het met die adjunk-uitvoerende direkteur in die ministerie, Edda Bohn, gepraat wat sê daar is verskeie reëlings met leerders getref om ander skole by te woon of klasse word in twee verskillende skofte aangebied.
Die Suid-Afrikaanse Polisiërings-unie, Sapu, vra dat die stigting van 'n teen-bende-eenheid in Gauteng bespoedig word om bendeverwante misdade te beperk en uit te wis. Dit volg op 'n toename in bende- en dwelmverwante skietvoorvalle in die Westbury- en Newclare-woonbuurte. Sapu-woordvoerder, Lesiba Thobakgale, sê daar moet dringende optrede wees om bendeverwante misdade in die provinsie hok te slaan.
In die buurland was altesaam 47 voertuie vandag betrokke in 'n botsing in die Umhlanga Ridge-gebied in KwaZulu-Natal. 'n Volgelaaide vragmotor het in verskeie ligte motorvoertuie ingeploeg op die M41-oprit na die M4 suidwaarts. Verskeie nooddienste het op die ongeluk gereageer. Emer-G-Med se woordvoerder, Kyle van Reenen, sê paramedici het absolute chaos op die toneel aangetref.
Ingrypings is nodig om enige potensiële wêreldwye katastrofes weens klimaatsverandering werklik hok te slaan. Om streeks- en internasionale leierskap in hierdie poging te toon, het Namibië 'n doelwit gestel om sy kweekhuisgasvrystellings teen 2030 met 91 persent te verminder. Een industrie in Namibië wat aggressiewe stappe gedoen het om hierdie ambisieuse, dog haalbare doelwit te bereik, is die Hitte, Ventilasie, en Verkoelingsektor. Die president van die vereniging van hierdie sektor in Namibië, Parastus Nepolo sê aan Kosmos 94.1 Nuus hulle bied in vennootskap met die Nasionale Osoon-eenheid, op Dinsdag 14 Maart die "Decarbonising Namibia"-konferensie aan.
Die DA-leier, John Steenhuisen, het bekendgemaak die Amerikaanse dollars wat op President Cyril Ramaphosa se plaas, Phala Phala, in 'n rusbank versteek is, is nie met aankoms in Suid-Afrika aan die Suid-Afrikaanse Inkomstediens verklaar nie. Die party het die inligting regstreeks van die SAID bekom na ʼn versoek ingevolge die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting. Steenhuisen sê Ramaphosa het teen die einde van verlede jaar beweer hy het 10,5 miljoen Suid-Afrikanse rand van ʼn Soedannese burger, Hazim Mustafa, ontvang as betaling vir beeste in ʼn wettige saketransaksie.
Die DA in Gauteng beweer premier Panyaza Lesufi het verlede jaar die Nasionale Raad van Provinsies mislei toe hy aangedui het dat 650 miljoen Suid-Afrikaanse rand opsy gesit is vir Suid-Afrikaners om spazawinkel-geleenthede te benut en ontwikkel. Die party sê dit is onthul in 'n mondelinge antwoord op 'n vraag wat in die provinsiale wetgewer ter tafel gelê is. Die DA-lid, Dorianne Arendse, sê die premier het aangedui dat ses miljoen-rand aan die provinsiale departement van ekonomiese ontwikkeling vir die 2023/2024 finansiële jaar toegeken is vir die township-kleinhandel-program.
Die Nasionale Petroleum-korporasie van Namibië, Namcor, in vennootskap met Shell en QatarEnergy, het vanoggend 'n ligte olie-ontdekking in die Jonker-1X diepwater-eksplorasieput aangekondig. Die put is geboor in Blok 2913A en 2914B in die Oranjekom aan die suidelike kus van Namibië. Die boor-bedrywighede het in Desember 2022 begin en is vroeg in Maart voltooi. Die eksplorasie-lisensie behoort aan 'n konsortium wat bestaan uit QatarEnergy en Shell met 'n aandeel 45 persent elk en tien persent aan Namcor. Paulo Coelho, die woordvoerder van Namcor, deel die goeie nuus met Kosmos 94.1 Nuus.
Die gewese goewerneur van Maryland, Larry Hogan, het Republikeine wat Donald Trump weer vir President wil benoem, gewaarsku dat dit 'n ramp sal wees. Hogan het aangekondig dat hy hom nie vir die Republikeinse benoemings vir 2024 beskikbaar sal stel nie en het erken dat sy deelname die primêre stemme sal verdeel, wat Trump kan help om die benoeming te wen, soos in 2016. Hogan sê die Republikeinse kiesers is ontneem van 'n behoorlike debat oor waarvoor die party werklik staan - buiten lojaliteit aan Trump.
Die buurland se gesondheid- en onderwysvakbond, Nehawu, sê staatsdienswerkers sal vandag voortgaan met hul staking soos beplan. Dit volg ondanks die interdik wat die departement van die staatsdiens en administrasie teen die staking bekom het. Die vakbond eis salarisverhogings hoër as inflasie vir die 2022/2023-boekjaar. Die woordvoerder van Nehawu, Lwazi Nkolonzi, sê hulle het aansoek gedoen om verlof tot appèl teen die interdik en daarom word hulle hul lede toegelaat om te staak soos beplan, totdat die hof oor die aansoek beslis.
In November vanjaar word die eerste Internasionale Sout-konferensie ooit op die Afrika-vasteland in Namibië gehou. Die konferensie sal maatskappye in die internasionale soutvoorsienings-ketting op Swakopmund byeenbring en hulle sal beraadslaag oor die nuutste industrie-ontwikkelings en netwerk met eweknieë regoor die wêreld. Die besturende direkteur van die Walvisbaai Sout-maatskappy, André Snyman, gee meer besonderhede aan Kosmos 94.1 Nuus.
Die DA doen 'n beroep op die Landbank om voor die parlement te verskyn sodat hy kan verduidelik hoe hy sy finansiële uitdagings gaan oorleef wat onder andere deur gryslysting en korrupsie veroorsaak is. Noko Masipa van die party sê die bank moet ondersteun en in die regte rigting gestuur word, maar om dit te doen moet hy hom eers vir die mark en beleggers oopstel oor sy strategie om markvertroue te herstel. Hy sê die Landbank belê baie kapitaal in plase en kan dus nie staatmaak op 'n reddingsboei van die staat om sy besigheid optimaal te bedryf nie.
Die Suid-Afrikaanse regering se Kommunikasie- en Inligtingstelsel sê die radioman Mark Pilgrim het 'n onuitwisbare indruk op die uitsaaibedryf gelaat. Die 53-jarige veteraan-mediapersoonlikheid is Sondagoggend dood ná 'n lang stryd teen fase vier-longkanker. Die waarnemende direkteur-generaal van die GCIS, Nomonde Mnukwa, sê Pilgrim was 'n baie geliefde Suid-Afrikaanse persoonlikheid wat 'n dapper stryd teen kanker gevoer en in die proses baie mense geïnspireer het.
'n Suid-Afrikaner wat al dekades lank in Taiwan bly gee sy reaksie op die Chinese eerste minister Li Keqiang wat vreedsame hereniging met Taiwan belowe het, sowel as stappe om die onafhanklikheid van Taiwan teen te staan. Taipei het gereageer dat Beijing die Taiwannese se verbintenis tot demokrasie en vryheid moet respekteer. China, wat aanspraak maak op demokratiese Taiwan as sy eie grondgebied, het die afgelope drie jaar sy militêre aktiwiteit naby die eiland verhoog en gereageer op wat hy samespanning noem tussen Taipei en Washington, Taiwan se vernaamste internasionale ondersteuner en wapenverskaffer. Sakeman Eddie Viljoen gesels uit Taichung met Kosmos 94.1 Nuus.
Sokker: Die bestuurder van Manchester United, Erik ten Hag, sê sy span se nederlaag teen Liverpool was teleurstellend en onprofessioneel. Liverpool het United gisteraand met sewe-nul vermorsel in hul Premierliga-kragmeting op Anfield. Dit is een van die Reds se grootste nederlae en ewenaar dieselfde geskiedkundige verloor-telling teen die Blackburn Rovers in April 1926, Aston Villa in Desember 1930 en die Wolves in Desember 1931. Ten Hag sê hy is teleurgesteld met sy span se gebrek aan karakter in die tweede helfte.
Die DA het die Suid-Afrikaanse Brouery se hulpprogram van 'n 100 miljoen Suid-Afrikaanse rand in finansiële en nie-finansiële hulp vir ontluikende boere verwelkom. Parlementariërs is 'n op toer na die Suid-Kaapse hop-produksiegebied geneem. Noko Masipa van die party sê beurtkrag het vanjaar se oes sleg geraak. Dit het hoër insetkoste vir boere tot gevolg.
'n Namibiese veearts het bevestig dat nuwe wetgewing van die Europese Unie vereis dat veeprodusente wat diere aan ‘n EU-goedgekeurde abattoir lewer, een maal per jaar ’n besoek van ’n staatsveearts moet ontvang. Mariental Abattoir het 'n suksesvolle pad gestap om die eerste besending lamsvleis na Noorweë te stuur, maar het hierdie uitdagings ervaar. Die proses begin nou vlot verloop, maar volgens die Namibiese Landbou-unie is daar nog uitdagings in die Karasstreek in hierdie verband. Dr. Theuns Laubscher 'n veearts van die Windhoek Veeartsenykliniek, verduidelik die redes van die wetgewing aan Kosmos 94.1 Nuus.
Die Suid-Afrikaanse minister van internasionale betrekkinge en samewerking, Naledi Pandor, sê die vergadering van G20-ministers van buitelandse sake, wat sy bygewoon het, het saamgestem groter samewerking en aandag is nodig om klimaatsverandering te beveg. Indië het sy lys van gaste na die G20 uitgebrei om Egipte, Mauritius en die Maledive in te sluit. Pandor sê klein eilandstate soos Mauritius en die Maledive het te doen met spesifieke kwessies oor die uitwerking van klimaatsverandering.
Die Outjo-munisipaliteit het nog drie boorgate geboor in 'n poging om die watertekort in die dorp aan te spreek. Die afgelope vier jaar het ondergrondse water van Outjo afgeneem, sê Johannes Bapello, die burgemeester van Outjo. Die bestaande pype van vyf boorgate kon sowat 'n week gelede nie die damme van genoeg water voorsien nie, daarom is die bestaande boorgat gerehabiliteer om die ander vyf aan te vul. Bapello sê dit was steeds nie genoeg om die damme te vul nie.
Die LGBTQ-gemeenskappe in Namibië se hofsake in die hooggeregshof duur voort. Namibiërs veg steeds in die een hofsaak vir die erkenning van selfdegeslag-huwelike. Vandag sal die verhoor op die reg op burgerskap en familie plaasvind. Dié twee waterskeidende hofsake is in belang van gelyke behandeling van LGBTQ-gemeenskappe in die land. Boonop is die prokureur-generaal Festus Mbandeka van mening die meeste Namibiërs ondersteun die wet teen sodomie in die land, wat deur LGBTQ-aktviste uitgedaag word. Hulle meen die regering gee nie om oor hul regte nie. Die direkteur van die Regshulpsentrum van Namibië Toni Hancox sê aan Kosmos 94.1 Nuus sy stem saam.
Die Suid-Afrikaanse Presidensie het bewerings ontken dat President Cyril Ramaphosa persoonlike verbintenisse bo sake van nasionale belang sou gestel het. Die President het weer onder kritiek deurgeloop oor die vertraging met die bekendmaking van sy nuwe kabinet, nadat foto's verskyn het van 'n dinee wat hy Vrydagaand bygewoon het, na afloop van 'n beesveiling by sy Phala Phala-plaas in Limpopo. Die woordvoerder in die Presidensie, Vincent Magwenya, het bevestig die nuwe kabinet word vanaand aangekondig. Hy sê Ramaphosa het gedurende die week sy pligte nagekom terwyl hy vir 'n verkoue behandel is.
Die Suid-Afrikaanse minister van justisie en korrektiewe dienste, Ronald Lamola, het 'n internasionale perspektief oor Suid-Afrika se wetgewing teen korrupsie en die beskerming van fluitjieblasers verkry. Lamola het met die sekretaris-generaal van die Organisasie vir Ekonomiese Samewerking en Ontwikkeling, Mathias Cormann, in Frankryk en met ministers van justisie in Rome, Italië, ontmoet. Die ministeriële woordvoerder, Chrispin Phiri sê Lamola het waardevolle insigte bekom.
'n Vulstasie-eienaar in die noorde van Namibië beaam Tom Alweendo, die minister van myne en energie, se kommer oor brandstofsmokkelary uit Angola. Alweendo sê dit het implikasies vir brandstofkleinhandelaars en dit is uitdagend om 'n oplossing te vind om die onwettige verkoop van brandstof uit Angola te stop. Jafet Nakanue, 'n diensstasie-eienaar in die Noorde sê aan Kosmos 94.1 Nuus die situasie vererger en inwoners langs die grens en brandstof-smokkelaars doen wat hulle wil.
President Cyril Ramaphosa kondig vanaand sy nuwe kabinet aan. Daar word reeds sedert sy herverkiesing as ANC-leier in Desember verlede jaar 'n kabinetskommeling verwag, wat hom in staat sal stel vir 'n tweede termyn as President in 2024 te staan. Die nuwe kabinet sal voorsiening maak vir 'n nuwe minister van elektrisiteit. Die Presidensie se woordvoerder, Vincent Magwenya, sê die aanstelling van 'n nuwe kabinet sal die regering se fokus versterk met aksies wat 'n betekenisvolle verskil sal maak.
Die buurland se minister van internasionale betrekkinge en samewerking, Naledi Pandor, sê die Afrika-vasteland ly weens onstabiliteit en onveiligheid in verskeie lande. Pandor het op 'n besoek aan die Indiese hoofstad Nieu Delhi gepraat waar sy die vergadering van die G20-ministers van buitelandse sake en die Raisina Dialogue-konferensie bygewoon het. Sy sê onveiligheid en konflik maak ontwikkeling onmoontlik. Afrika sal op ontwikkeling kan fokus as dit uit die weg geruim is.
'n Namibiese ekonomiese kenner meen dit is onafwendbaar dat Amerikaanse huishoudelike skuld 'n impak op wissel- en rentekoerse het, ook vir Namibië. Amerikaners raak dieper in die skuld teen die vinnigste koers in twee dekades, terwyl hulle voortgaan om te spandeer en te leen te midde van hoë inflasie en verhoogde rentekoerse. Amerikaanse huishoudelike skuld het in die vierde kwartaal van 2022 met 394 miljard Amerikaanse dollar gegroei, volgens 'n nuwe verslag van die Federale Reserwebank. Huishoudelike skuld, wat onder meer verbande, kredietkaarte en studielenings, is nou 2,75 triljoen dollar hoër as wat dit in 2019 voor die pandemie was. Ekonoom Gabriel Erastus sê aan Kosmos 94.1 Nuus die stygende rentekoerse gaan 'n probleem vir Namibiërs wees.
Oorgrens-misdaad tussen Lesotho en Suid-Afrika is 'n reuse-uitdaging. Die Suid-Afrikaanse minister van Polisie, Bheki Cele, sê die regering sal volhard in sy navolging van veiligheid en geregtigheid oor sy grense. Hy is vasberade om nie toe te laat dat misdadigers tussen Lesotho en Suid-Afrika vrylik beweeg nie. Cele het by bilaterale sekerheid-samesprekings tussen die twee lande in Maseru gepraat. Hy sê albei lande het ingestem om gesamentlike polisiërings-operasies uit te voer ten einde beter misdaad-opsporing en indringing van misdaadbendes moontlik te maak.
Drie noordelike streke in Namibië het water-onderbrekings ervaar, maar die situasie is onder beheer. NamWater het waterrantsoenering in Oshana, Ohangwena en Oshikoto ingestel. Plaaslike owerhede in die streke het aangekondig dat die onderbreking te wyte is aan toerusting wat onverwags by die NamWater-suiweringsaanleg in Oshakati gebreek het. Abraham Nehemia, hoof uitvoerende beampte van NamWater deel met Kosmos 94.1 Nuus die oorsaak van die waterprobleem.
Die Kommunisteparty van Swaziland sê die polisie in Eswatini is vermoedelik betrokke by die verdwyning van een van sy lede, Mvuselelo Mkhabela. Die 21-jarige is tydens protesoptrede teen Koning Mswati se regering geskiet. Die party se internasionale sekretaris, Pius Vilakati, sê hulle is agterdogtig oor polisielede se besoek aan Mkhabela se familie om navraag te doen oor waar hy hom bevind na hy uit 'n hospitaal verdwyn het.
Die Namibiese Inkomste-agentskap, NamRA, en NamPost het 'n memorandum van verstandhouding onderteken oor samewerking op gebiede van gemeenskaplike belang. Volgens NamRA se woordvoerder, Tonateni Shidhudhu sal die twee instellings sal deur hierdie ooreenkoms verseker dat daar doeltreffendheid is ten opsigte van inkomste-invordering van pakkies wat deur NamPost ingevoer word. Die ooreenkoms voldoen aan die vereistes van die Universele Pos-unie en die Wêreld-doeane-organisasie. Shidhudhu het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dit voorkom ook dat onwettige goedere in- en uitgevoer word.
Namibiërs, veral diegene wat in informele nedersettings woon, kla nie net oor gebrek aan dienslewering van hul plaaslike owerhede nie, maar ook oor die reaksie op hul navrae. Een so 'n voorbeeld is die groep ongelukkige lede van informele nedersetting in Okahandja wat betoog het om grond te kry, maar dit lyk asof niemand luister nie. Hulle het nou besluit om op 16 Maart by die ministerie van stedelike en landelike ontwikkeling te betoog. Kosmos 94.1 Nuus het aan die minister Erastus Uutoni gevra of plaaslike owerhede kwessies aanspreek soos verwag word om te verhoed dat mense na sy kantoor hardloop...
Die minister van plaaslike regering, hoofmanskap, binnelandse sake en polisie in Lesotho, Lebona Lephema, sê 'n doeltreffende emigrasiestelsel is noodsaaklik in die stryd teen oorgrensmisdade tussen sy land en Suid-Afrika. Lephema het tydens bilaterale gesprekke in Maseru gesê hulle het besluit om 'n permitstelsel in te bring om enige skuiwergate in die koop en verkoop van lewende hawe toe te stop ten einde veediefstal te bekamp.
Die DA in Gauteng sê die Stad Tshwane se nuutverkose burgemeester, Murunwa Makwarela, het nie gras onder sy voete laat groei om byvoordele en luukshede vir homself op te eis nie. Dit word erger gemaak deur die realiteit dat inwoners van Tswhane dit eenvoudig nie kan bekostig nie. Die DA-raadslid, Jacqui Uys, sê na wat berig word het Makwarela, wat hulle as 'n marionet van die ANC en EFF beskou, minstens vier amptelike voertuie en agt lyfwagte aangevra.
’n Sopkombuis genaamd Porridge Storage het sy bedrywighede in 2019 begin en is in die Havana informele nedersetting oorkant Laerskool Havana in die hoofstad geleë. Dit voed tans meer as 300 minder bevoorregte kinders tussen die ouderdomme van 1 en 19 jaar, en skenk terselfdertyd ook sanitêre doekies aan meisies wat dit nie kan bekostig nie. Porridge Storage het besoek gehad van 'n groep mense wat onder meer skoolbenodighede en higiëniese produkte aan sowat 200 kinders by die sopkombuis geskenk het. Stigter Martha Festus, deel haar dankbaarheid oor die skenking met Kosmos 941. Nuus.
Die Studenteraad van die Universiteit van die Wes-Kaap het kommer geopper oor die kwessie rondom hoë studenteskuld. Suid-Afrika se studenteskuld het van 3,2 miljard Suid-Afrikaanse rand tot meer as 16 miljard rand gestyg. Die raad se president, Mandla Notyawa, sê die toenemende skuld bedreig voortdurend die volhoubaarheid van die land se universiteite.
Die sekretaris-generaal van die ANC, Fikile Mbalula, sê die regerende party moet nog moontlike veranderings aan die kabinet met President Cyril Ramaphosa bespreek. Suid-Afrikaners wag steeds dat die president sy nuwe kabinet bekend maak, na sy staatsrede van enkele weke gelede. Mbalula sê die land moet geduldig wees, want Ramaphosa sal sy nuwe kabinet binnekort aankondig.
Die DA-leier, John Steenhuisen, doen 'n beroep op President Cyril Ramaphosa om die land in sy vertroue te neem en presies in te lig oor wat hy van die korrupte kartelle geweet het wat Eskom saboteer. Volgens berigte het die voormalige uitvoerende hoof van Eskom, André de Ruyter, Ramaphosa se nasionale veiligheidsraadgewer, Sydney Mufamadi, en die minister van openbare ondernemings, Pravin Gordhan, in Julie verlede jaar by Eskom se hoofkantoor oor die saak ingelig. Steenhuisen sê die name van twee senior ANC staatsamptenare wat by Eskom se korrupsie betrek word, is aan Mufamadi gegee.
Kosmos 94.1 se opwindende Copps 94.1 teenmisdaad-realiteitsprogram was Vrydagaand regstreeks op die lug met ons borge G4S Namibia, JAC van M&Z Motors, Minet Namibia Insurance Brokers, LifeLink Emergency Services, Cema Drilling and Compressors, ITR Namibia Earthmoving Equipment en Engen Eureka Service Station. Francois Lottering was op grondvlak in die hoofstad.
Die beskuldigde wat vir bedrog in die Walvisbaai-landdroshof verskyn het, die 46-jarige Immanuel Nowaseb, was uit op borgtog nadat hy in 2019 skuldig bevind is aan die verkragting van ‘n tien-jarige meisie in 2011. Intussen veroordeel die Namibiese Media Professionele-unie, Nampu, ten sterkste Nowaseb se aanranding op joernaliste by die hof in die teenwoordigheid van wetstoepassers. Die aanval word geag as 'n onaanvaarbare skending van die regte van joernaliste om hul pligte uit te voer sonder vrees vir leed of intimidasie. Die vakbond se sekretaris-generaal Sakeus Iikela sê aan Kosmos 94.1 Nuus hulle doen 'n beroep op die inspekteur-generaal van die Namibiese Polisie om die veiligheid van joernaliste te verseker.
Die inwoners van die Okahandja informele nedersettings is nog steeds vasberade in hul stryd om grond te kry. Die groep het al verskeie betogings by die Okahandja-dorpsraad, die ministerie van stedelike en landelike ontwikkeling en die kantoor van die eerste minister gehou, maar tot dusver sonder enige sukses. Die groep se leier, Sydney Gariseb, sê aan Kosmos 94.1 Nuus hulle het vandag 'n brief van voorneme van nog 'n vreedsame betoging aan die ministerie en die Namibiese Polisie oorhandig. Die beoogde betoging sal op 16 Maart gehou word.
Cowley sê hulle sal steeds die bewaringsgebied finansieel bystaan, ook in hul hofsaak teen die omgewingsministerie.
Ultimate Safaris het sy gesamentlike vennootskap met die Huab-bewaringsgebied in die Noordweste opgeskort en gaan sy lodge Huab Under Canvas sluit. Al die planne vir langtermyn toekomstige beleggings, is daarmee heen weens die mynbedrywighede van Chinese beleggers sowat vier kilometer vanaf die lodge. Die bewaringsgebied wil die Namibiese omgewingsministerie hof toe te vat oor die mynbedrywighede. Huab se renosterbewaarders het renosters suksesvol gegemonitor en beskerm, maar die renosters is vort. Tristan Cowley, besturende direkteur van Ultimate Safaris het met Kosmos 94.1 Nuus gesels...
Honderde gemeentelede van die Hope Church in Windhoek het bloed gaan skenk om bloedbanke in Namibië by te staan. Die Namibiese Bloedoortappingsdiens pleit deurentyd dat Namibiese burgers bloedskenkers word en dat diegene wat reeds bloed skenk, dit meer gereeld moet doen. Titus Shivute, woordvoerder van die diens sê aan Kosmos 94.1 Nuus gepraat hulle is dankbaar teenoor Hope Church en al die ander bloeskenkers.
Kosmos 94.1, Metro Hyper Namibië, The Children's Movement Namibia en Femme Namibia het dit vandag moontlik gemaak dat 100 leerlinge by die Havana Hoërskool higiëniese produkte kon kry. Die Bucket of Hope is 'n emmer met produkte soos sanitêre doekies vir die meisies, tandeborsels en -paste, deoderant, seep en nog meer. Hierdie emmers is aan minderbevoorregte seuns en meisies oorhandig. Die departementshoof van tale by die skool, Selma Shingenge het haar dankbaarheid uitgespreek.
Die Windhoek Draught Welwitschias draf môremiddag om vier-uur op die Hage Geingob-stadion teen die Airlink Pumas uit. Die Pumas is die verdedigende Curriebeker-kampioen en is die gunstelinge om die Airlink-beker te wen. Tydens die opwarmingswedstryd Woensdagaand het hulle die Welwitschias met 43-0 verslaan. Die afrigter van die Pumas, Jimmy Stonehouse met Kosmos 94.1 Nuus gepraat...
Die African Transformation Movement verwerp die gedagte dat enigiemand weens hulle finansiële omstandighede onderwys en ʼn dak oor die kop geweier kan word. Die party sê kwessies wat studente vandag aanroer, is presies dieselfde as dit wat hulle in 2015 geopper het. Die woordvoerder van die ATM, Zama Ntshona, sê studente word registrasie geweier weens historiese skuld en NSFAS-studente word verblyf geweier, weens voorafbetalings en buitensporige behuisingsfooie op kampus en in die omgewing van die universiteit.
‘n Bekende Namibiese historikus en skrywer, het die belangrikheid van die bewaring van die Alte Feste-gebou beklemtoon. Dit is die oudste bestaande gebou in Windhoek en is in 1957 as nasionale monument verklaar, maar het vervalle geraak. Die onderwysministerie het ‘n ooreenkoms van tien jaar is met Namibia Arts, Crafts and Design gesluit wat die opknapping en bestuur van die Alte Feste-gebou sal insluit. Dr. Andreas Vogt deel die geskiedenis van die historiese gebou met Kosmos 94.1 Nuus.
Die Suid-Afrikaanse Werkloosheids-versekeringsfonds sê dit sal nou verder sy oudits oor die Covid-verligtingskema verskerp om soveel as moontlik fondse, wat tydens die implementering van dié skema gesteel is, terug te vind. Ouditeurs is tans besig om duisende besighede regoor die land te besoek om seker te maak dat dié noodfondse, wat deur besighede van die verligtingskema geëis is, wel by werknemers wat hul inkomste tydens die inperkings verloor het, bereik het. Fritz Platt gesels uit Kaapstad met Kosmos 94.1 Nuus...
Die ANC het regsdokumente op Eskom se gewese uitvoerende hoof, André de Ruyter, laat bedien oor sy bewerings van wydverspreide korrupsie by die kragvoorsiener. Die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, het op 'n nuuskonferensie gesê die party eis antwoorde van De Ruyter oor sy bewerings dat sommige ANC-lede deelgeneem het aan korrupte optrede by Eskom. Hy sê die ANC wil hê die howe moet hom dwing om die betrokke persone uit te wys.
Adjunk-kommissaris-generaal Sam Shaalulange van die Namibiese Korrektiewe Dienste het goeie nuus oor die belowende Namibiese atleet en nasionale titelhouer in die 1 500 meter, David Dam. Hy het onlangs werk by die dienste gekry, maar hy is onderhewig aan 'n verpligte opleidingstydperk van ses maande. Vrae word gevra of hy dit Dan van die atletiekbaan vir die tydperk sal weghou, maar Shaalulange sê aan Kosmos 94.1 Nuus spesiale reëlings kan getref word.
Die Suid-Afrikaanse departement van gesondheid het Eskom voorsien van 'n lys van 213 hospitale wat oorweeg moet word om vrygestel te word van beurtkrag. Die gesondheidsminister Joe Phaahla sê 76 hospitale is reeds vrygestel, waarvan Eskom 26 regstreeks van krag voorsien en munisipaliteite 50. Hy sê die doel is om te verseker dienslewering in die gesondheidsektor word nie belemmer weens beurtkrag nie. Phaahla sê sy departement wil hê lewensredding en gespesifiseerde noodsaaklike infrastruktuur moet beter bestuur word om die verswakking van gehalte gesondheidsorg te vermy
Fishrot-beskuldigde Nigel van Wyk het tydens sy borgtog-verhoor vandag voor regter David Munsu beklemtoon die staat nie ‘n sterk saak teen hom nie. Van Wyk, voormalige assistent van die oudminister van justisie, Sacky Shanghala is in hegtenis geneem omdat hy na bewering probeer het om bewyse uit die Shangala se huis te verwyder. Van Wyk het aan die hof gevra as die staat 'n sterk saak teen hom het, waarom hulle wil hê hy moet skuldig pleit op 'n minder ernstige aanklag?
Die leier van die UDM, Bantu Holomisa, het die ANC-regering van politieke inmenging en betrokkenheid by korrupsie in Eskom beskuldig. Die party vorm deel van die groep wat 'n hof nader om die ANC-geleide regering se reaksie op beurtkrag ongrondwetlik te laat verklaar. Holomisa sê die kragkrisis het die lewens van talle Suid-Afrikaners negatief beïnvloed, met geen oplossing in sig nie. Hy sê die ANC-regering laat Suid-Afrikaners in die steek.
Die Stad Kaapstad het 'n beloning van een miljoen Suid-Afrikaanse rand uitgeloof vir inligting wat sal lei tot die inhegtenisneming van mense wat betrokke is by afpersing en rampokkery met behuisingsprojekte. Die burgemeesterskomiteelid vir menslike nedersettings, Malusi Booi, sê die stad het meer as een miljard rand verloor weens projek-kontrakteurs wat geïntimideer word. Hy sê kontrakteurs leef in vrees en vermy dit om op die perseel te wees ná die moord op 'n amptenaar van die stad, Wendy Kloppers.
Die Spesiale Ondersoekeenheid in die buurland bevestig die huis van die bekende aktrise Terry Pheto in Bryanston, Johannesburg, is nie tydens ‘n veiling verkoop nie. Die woordvoerder van die eenheid, Kaizer Kganyago, sê die drieslaapkamerhuis ter waarde van drie miljoen Suid-Afrikaanse rand is na bewering gebou met geld wat van die Nasionale Loteryekommissie gekanaliseer is.
Namibiërs ervaar die afgelope tyd erge ekonomiese druk. Brandstof- en voedselpryse styg en huishoudings moet al hoe dieper in hul leë sakke delf om te oorleef. Dit is in moeilike tye dat die eeue-oue debat oor die praktyk wat algemeen bekend staan as "swart belasting" neig om weer op te duik. Dit is die idee dat swart professionele persone en entrepreneurs verplig is om deurentyd finansiële steun aan hul uitgebreide families te bied. Die praktyk was nog altyd 'n hoogs omstrede een, met sommiges wat sê dat “swart belasting” noodsaaklik is vir Afrikane om generasie-welvaart te skep. Hein Kruger, ‘n aftrede-kenner sê aan Kosmos 94.1 Nuus dat mense wat nie finansieel stabiel is nie, nie kan aftree nie.
Namibië se natuurskoon en gemeenskapsgebaseerde bewaringsprogramme word wêreldwyd hoog aangeslaan. Namibië is die enigste land met vrylopende swartrenosers en jagluiperds. Die land word egter deur internasionale misdaadsindikate geteister wat die ikoniese renosters stroop. Dit is vandag Wêreld-natuurlewedag met die tema, Ontdek belangrike spesies om die ekostelsel te herstel. Die Namibiese omgewingsministerie se woordvoerder, Romeo Muyunda, het die belangrikheid van Namibiese fauna en flora gedeel...
Motorsport: Mercedes se Formule Een-renjaer Lewis Hamilton het erken die seisoen gaan moeilik begin, met die eerste Grand Prix hierdie naweek in Bahrein. Mercedes het verlede week gemengde sukses gehad tydens drie dae van voorseisoen-toetse, en gesukkel met balans-probleme en reguitlyn-spoed. Die sewe-malige wêreldkampioen sê hy het van die eerste oomblik af geweet waar hulle was, vergeleke met Red Bull en Ferrari, en die uitdagings wat hulle in die gesig staar. Hamilton sê hy is egter gereed daarvoor.
Die regering het 2 miljard Namibiese dollar belê in die opgradering van die spoorlyn tussen Walvisbaai en Usakos, volgens die uitvoerende direkteur in die ministerie van werke en vervoer, Esther Kaapanda. Daar is 'n openbare herrie oor die vervalle spoor-infrastruktuur regoor die land, met nóg 'n trein wat die week in die Suide ontspoor het. Kaapanda het bevestig die opgradering van die spoorlyn wat tans aan die gang is, word gedoen om ontsporings te verminder, asook om die spoornetwerk op te gradeer na SAOG-standaarde. Meer as 1 000 werknemers word glo in die opgradering van dié spoorlyn in diens geneem.
Die Gautengse gesondheidsdepartement sê altesaam 86 bevestigde maselsgevalle is reeds in die provinsie aangemeld. Daar is 62 gevalle in die Ekurhuleni-distrik, nege in Johannesburg, 11 in Tshwane, en vier in die Wes-Rand. Die departement se woordvoerder, Motalatale Modiba, sê meer as 1,3 miljoen kinders is tot dusver in die provinsie ingeënt.
Noordelike Namibië is sedert vroeg in Januarie deur verwoestende vloedwaters uit Suid-Angola getref. Die vloedwaters van die efundja het inwoners van verskillende dorpe en nedersettings ontheem, skole is gesluit, infrastruktuur is beskadig en landerye het weggespoel. Die watervlakke het intussen gesak en sommige gebiede raak droog. Die burgemeester van Oshakati Leonard Hango sê aan Kosmos 94.1 Nuus die meeste skole het heropen.
Krieket: Die Protea-snelbouler Kagiso Rabada sê die span moet meer toetse speel. Die huidige reeks van twee toetse teen die Windies is die enigste toetskrieket wat Suid-Afrika hierdie somer sal sien, en ʼn moontlike toets teen Indië wat op Welwillendheidsdag begin, is die enigste ander aksie die res van die jaar. Rabada, wat agt paaltjies geneem het in die oorwinning oor die Windies in die eerste toets, sê toetskrieket is die kruin van die sport en dis teleurstellend dat hulle so min kans kry om te speel.
Die burgemeester van Kaapstad, Geordin Hill-Lewis, sê die stad beplan om begrotings drasties te verhoog om 'n waardige oorgangskuiling vir haweloses uit te brei. Die stad stel 'n begroting voor van 230 miljoen Suid-Afrikaanse rand oor die volgende drie jaar om die Veilige Ruimte-oorgangskuiling te bedryf en uit te brei. Hill-Lewis sê dit is 'n verhoging van 62 persent oor die vorige drie jaar-siklus se begroting om te help om meer mense van die strate af te kry.
Verskeie besluite is tydens vanjaar se tweede kabinetsvergadering geneem, insluitend 'n hersiening van riglyne oor die uitreiking van Namibiese en diplomatieke paspoorte, sowel as die instelling van die Baie Belangrike Persone-kategorie vir diplomatieke paspoorte. Dr. Peya Mushelenga, minister van inligting en kommunikasietegnologie het inligting in dié verband gedeel.
Amnestie Internasionaal Suid-Afrika sê die regering laat leerders in landelike skole in die steek deur nie behoorlike infrastuktuur en sanitasiegeriewe te verskaf nie. Die organisasie se aktivisme-koördineerder vir Mobilisering, Alicia Jooste, sê puttoilette ontneem leerders hulle basiese reg op behoorlike sanitasie. Sy sê hoewel aansienlike vordering gemaak is, moet veel meer gedoen word.
Die Nelson Mandelabaai-metro in die Oos-Kaap is van plan om tienduisend megawatt deur 'n kragpark van miljarde Suid-Afrikaanse rand by hul kragnetwerk te voeg. Burgemeester Retief Odendaal sê die kragpark moet ondernemings en inwoners tydens beurtkrag bystaan. Hy sê die doel is om te verseker daar is betroubare elektrisiteit in die metro. Die burgemeester sê die munisipaliteit wil sy afhanklikheid van Eskom beëindig.
President Hage Geingob het die Staatsdiens-kommissie opdrag gegee om die reuse-staatsdiens te hersien. Hy sê indien moontlik moet die getal van 107 000 staatsamptenare met die helfte gesny word om die staatsloonrekening te verminder. Geingob sê staatsamptenare vra elke jaar vir 'n salarisverhoging, maar die begroting moet ook sorg vir diegene op straat, kinders, weeskinders en bejaardes. Salmaan Jacobs, die voorsitter van die kommissie sê volgens die 2021/2022-verslag is daar meer vroue, 73 persent, as die 37 persent mans in laer poskategorieë in diens is, terwyl daar 54 persent mans is wat in bestuursposte is teenoor die 46 persent vroue. Veteraan vakbondleier, Job Muniaro, gee sy reaksie aan Kosmos 94.1 Nuus.
Die Suid-Afrikaanse speaker van die Nasionale Vergadering, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, het bevestig die drie bykomende name wat die parlement vir die SABC-raad aan President Cyril Ramaphosa voorgelê het, het verwarring veroorsaak. Sy het aan die Vergadering se programmerings-komitee gesê dit het tot gevolg gehad dat die proses om die raad aan te stel, vertraag word. Mapisa-Nqakula sê Ramaphosa het ook aan haar geskryf en gevra of al die aanbevole kandidate deur die Staatsveiligheids-agentskap ondersoek is.
Die Stad Kaapstad gaan uitsettingsbevele op hawelose mense beteken wat onwettig in oop ruimtes in munisipale besit woon. Burgemeester Geordin Hill-Lewis sê meer skuilings sal opgeknap word voor die hervestiging. Die stad sal oor die volgende drie jaar 230 miljoen Suid-Afrikaanse rand bestee om haweloses van die straat na waardige oorgangsruimtes te verskuif. Die stad se hoof van maatskaplike ontwikkeling, Megan Pangeni, sê die haweloses sal voordeel trek uit die verskuiwing.
Namibiese opposisiepartye en politieke kenners meen die PDM as amptelike opposisieparty, het interne probleme. Die verwydering van die voormalige PDM-hoofsweep Vipua Muharukua en die parlementslid Inna Hengari as lede van die parlementêre komitee oor staande reëls en bevele, laat wenkbroue lig oor spanning in die leierskap van die PDM. Dié opdrag het gekom van die nuwe party-hoofsweep Elma Dienda. Die Landless People's Movement se woordvoerder Lifalaza Simataa sê aan Kosmos 94.1 Nuus ‘n amptelike opposisieparty moet ‘n party van keuse wees.
Die Suid-Afrikaanse minister in die Presidensie, Mondli Gungubele, sê die regering veroordeel die voortdurende gevalle van geslagsgeweld en vrouemoord in die land. Die regering verskerp steeds sy stryd deur verskeie ingrepe. Gungubele sê dit sluit in uitgebreide regshervorming, die instelling van 'n Geslagsgewelds-reaksiefonds en steun vir die Thuthuzela- en Khuseleka-sorgsentrums, wat lewensnoodsaaklike dienste verskaf aan oorlewendes van geslagsgeweld.
Die premier van KwaZulu-Natal Nomusa Dube-Ncube sê oorgrens-misdaad is 'n groot probleem en dit kry oral dringend aandag. Sy het tydens 'n ontmoeting met tradisionele leiers terugvoer gegee oor die uitslag van die provinsiale uitvoerende raad se vergadering. Dube-Ncube sê nog operasies sal die skuilplekke van misdaad-sindikate en hul hanteerders teiken. Die projek begin Sondag in uMkhanyakude.
Die verhoor oor selfdegeslag-huwelike in Namibië vind vanoggend in die hooggeregshof plaas. Selfdegeslag-huwelike word nie in die land erken nie. Alhoewel die Windhoekse hoërhof op 20 Januarie 2022 in beginsel ooreengekom het dat die ongelykhede wat selfdegeslag-paartjies ervaar, onaanvaarbaar is, het dit toe beslis dat dit gebonde is aan 'n 2001 hooggeregshofsaak dat Namibiese wette nie selfdegeslag-verhoudings erken nie. Sasha Louw, stigter van Profile Namibia, ‘n organisasie gekant teen aborsie, gee aan Kosmos 94.1 Nuus haar standpunt en verwagting van die uitspraak.
Die Inligtings-reguleerder in die buurland waarsku dat skending van persoonlike inligtingsdata algemeen geword het. Dit volg nadat 'n man wat daaraan skuldig bevind is dat hy miljoene mense se persoonlike data probeer verkoop het, nou vermis word nadat hy borgtog toegestaan is. Karabo Phungula het ongeveer 27 miljoen persoonlike datarekords en 750 000 sakerekords van die kredietburo, Experian afgelaai. Pansy Tlakula van die reguleerder sê in onlangse jare was daar baie ander sulke gevalle.
Die Raad van Kerke in Namibië die herdenk môre Wêreld-biddag vir Vroue. Christenvroue, -mans en -kinders kom elke jaar op die eerste Vrydag van Maart vir ‘n gebedsdag byeen, maar Namibiërs bied die geleentheid Saterdag aan. Alle denominasies word genooi om hierdie geleentheid by die Jennifer Moetie-bediening in Khomasdal om twee-uur by te woon. Kosmos 94.1 Nuus het met Martina Schirmer van die Raad van Kerke gepraat...
Die Windhoekse regsfirma Metcalfe Beukes Attorneys het namens Micke du Preez, eienaar van die Kavango-vulstasie op Rundu, 'n brief aan arbeidsminister Utoni Nujoma geskryf dat Du Preez homself tydelik geskors het vir 14 dae. Alle werknemers wat by die berugte 'slaanspeletjie' betrokke was, sal ook vir 14 dae met volle betaling geskors word. ‘n Arbeidskonsultant sal volle toegang tot hierdie werknemers vir sy ondersoek gegun word. Dit volg ná 'n storm losgebars het toe video’s van werknemers by die vulstasie wat mekaar slaan, op sosiale media verskyn het. Du Preez het later verduidelik dat dit net 'n speletjie was. Sy regsverteenwoordiger Richard Metcalfe het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Die minister in die Suid-Afrikaanse Presidensie, Mondli Gungubele, sê die kabinet verwelkom Statistiek SA se kwartaallikse arbeidsmag-oorsig vir die vierde kwartaal van 2022 wat 'n effense afname toon in die werkloosheidkoers. Die amptelike koers het afgeneem met 0,2 persent, van 32,9 tot 32,7 persent. Gungubele sê 'n beroep word op alle sektore van die samelewing gedoen om werkskeppings-geleenthede aan te vuur sodat die afwaartse neiging van die afgelope drie kwartale in Suid-Afrika se werkloosheidkoers kan voortduur.
Eskom gaan beurtkrag die naweek tot fase 3 verlaag. Fase 4 is vanaf vanoggend ingestel en sal na verwagting tot 5-uur môreoggend duur. Daarna sal fase 3 in werking tree tot 4-uur die middag. Volgens ʼn woordvoerder van die nutsmaatskappy, Menzi Mngomezulu, sal fase 4 dan weer in werking tree tot Sondagoggend.
Die vakverbond Saftu sal hom later die maand aansluit by die EFF se beplande staking teen voortgesette beurtkrag, en 'n oproep op President Cyril Ramaphosa om te bedank. Die nasionale staking word beplan vir 20 Maart. Zwelinzima Vavi van Saftu sê die regering vervul ook nie ander basiese behoeftes nie, soos die publiek se reg op skoon water, onderwys en werksgeleenthede.
Tennis: Die vyfmalige kampioen Novac Djokovic en die wêreld se gewese nommer een, Daniil Medvedev, takel mekaar vandag in 'n opwindende halfeindronde-wedstryd in die Dubai-kampioenskap. Die Serwiër het die Pool, Hubert Hurkacz, met 6-3 en 7-5 verslaan terwyl die Rus met Borna Coric van Kroasië afgereken het deur hom met 6-3 en 6-2 te klop en op koers te bly om vanjaar 'n derde titel te wen. Intussen sal die verdedigende kampioen, Andrey Rublev van Rusland die Duitser, Alexander Zverev, in die laaste vier takel. Medvedev sê hy sal alles moet uithaal as hy Djokovic wil klop.
Reaksie word ontvang oor beweringe van voortdurende probleme by die amptelike opposisieparty, die Popular Democratic Movement. Die voormalige PDM-hoofsweep Vipua Muharukua en -parlementslid Inna Hengari is verwyder as lede van die parlementêre komitee oor staande reëls en bevele, in opdrag van die nuwe party-hoofsweep Elma Dienda. Muharukua is onlangs sonder seremonie verwyder as die party-hoofsweep. Politieke kenner, dr. Ndumba Kamwanyah sê aan Kosmos 94.1 Nuus wat sy vermoedens is oor die oorsaak van beweerde interne probleme by die PDM.
Die Suid-Afrikaanse politieke ontleder Prince Mashele sê nie veel kan gesê word oor die voormalige adjunk-president David Mabuza se ampstermyn nie. Suid-Afrika is steeds sonder 'n adjunk-president vandat Mabuza die pos ontruim het na sy bedanking. Die woordvoerder van die Presidensie, Vincent Magwenya, sê President Cyril Ramaphosa sal mettertyd 'n besluit neem oor 'n opvolger vir Mabuza. Mashele sê dit is moeilik om enigiets uit te lig wat hy bygedra het tot Suid-Afrika.
Ten spyte van die feit dat lyfstraf reeds in 1997 in Suid-Afrikaanse skole afgeskaf is blyk dit dat dit steeds op ‘n daaglikse basis by duisende van die land se skole toegepas word. Statistieke Suid-Afrika sê 84 persent van skoolgaande kinders is in 2021 deur onderwysers aan lyfstraf onderwerp met 'n groot getal kinders wat nie net fisies, maar ook verbaal mishandel word. Kosmos 94.1 Nuus se korrespondent in Kaapstad, Fritz Platt...
TransNamib het sy reaksie gegee op Namibiese brandstofpryse wat nie sommer gaan daal nie. Voorspellings oor stygende Brent-ruoliepryse dui aan dat Namibië moontlik in die komende maande verdere brandstof-prysverhogings kan sien. Ekonome voorspel petrol- en dieselpryse kan teen middel-2023 nader aan 23 Namibiese dollar per liter beweeg, of in die uiterste scenario 25 dollar per liter. Abigail Raubenheimer, skakelbeampte van TransNamib, verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus hoe stygende brandstofpryse TransNamib beïnvloed.
Die Suid-Afrikaanse pluimveebedryf het oor die afgelope drie jaar gegroei tot 'n nywerheid van 59 miljard Suid-Afrikaanse rand. Die groei word toegeskryf aan bykomende beleggings wat gedoen is deur deelnemers aan die bedryf. Volgens die Suid-Afrikaanse Pluimveevereniging is 1,8 miljard rand in 2022 belê in groei, wat die aanvanklik beplande 1,5 miljard rand oorskry het. Die bedryf het ook daarin geslaag om tussen 2019 en 2022 1 600 nuwe werksgeleenthede te skep. Die hoof-ekonoom van Agbiz, Wandile Sihlobo, sê die bedryf het ondanks sy sukses, uitdagings beleef.
Dr. Du Toit verduidelik ook hoe Reeva se ouers die vrylating van hul dogter se moordenaar, kan hanteer.
Volgens berigte sal Oscar Pistorius se paroolverhoor op 31 Maart plaasvind, maar ‘n bekende forensiese kriminoloog verwag hy sal binnekort vrygelaat word. Die voormalige Paralimpiese kampioen dien tronkstraf uit vir die moord op sy vriendin, Reeva Steenkamp, op Valentynsdag in 2013 in sy huis in Pretoria. Hy het reeds meer as die helfte van sy vonnis van 15 jaar vir moord uitgedien nadat hy aanvanklik net skuldig bevind is aan strafbare manslag. Dr. Pixie du Toit het uit Suid-Afrika met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Fishrot-beskuldigde Nigel van Wyk se borgtog-aansoek dien tans voor regter David Munsu. Van Wyk is in hegtenis geneem omdat hy na bewering probeer het om bewyse uit die huis van die voormalige minister van justisie, Sacky Shanghala, te verwyder. Van Wyk word verteenwoordig deur prokureur Mbanga Siyomunje. Van Wyk het getuig dat die polisiebeampte tydens sy arrestasie vir hom wegneem-hoender gekoop en hom gevra het om die voertuig te bestuur.
Talle Namibiërs en opposisiepartye is bekommerd oor die manier hoe die motorongeluk ondersoek word waarin die Namibiese Polisie-hoof, inspekteur-generaal Joseph Shikongo betrokke was, en drie lewens geëis het. Ondersoeke na die trompop-botsing tussen Shikongo se bakkie en die slagoffers se voertuig is steeds aan die gang. Familie-lede van die slagoffers gaan Shikongo dagvaar. McHenry Venaani, die leier van die amptelike opposisieparty, die PDM, het in die parlement gevra waarom President Hage Geingob nie tussenbeide getree het en die Nampol-hoof se arrestasie beveel het nie.
Die minister in die Suid-Afrikaanse Presidensie, Mondli Gungubele, sê die kabinet sluit hom by President Cyril Ramaphosa aan in sy oproep aan Eskom se voormalige uitvoerende hoof, André de Ruyter, om bewerings van korrupsie by die kragvoorsiener by die polisie aan te meld. Hy sê die Suid-Afrikaanse misdaadbekampings-instellings staan gereed om diegene wat die wet oortree, aan te keer en te vervolg. Gungubele vra enigeen met inligting oor misdaad en korrupsie om dit by die betrokke wetstoepassingsowerhede aan te meld.
Die vlak van die Zambezi-rivier by Katima Mulilo staan tans op 5,24 meter met die vloedwater wat reeds in die verre oostelike vloedvlaktes van die Zambezi-streek instoot. Die watervlakke sal na verwagting verder styg en inwoners word gemaan om uiters versigtig te wees. Die Zambezi-streeksgoewerneur, Lawrence Sampofu, sê egter aan Kosmos 94.1 Nuus hulle is voorbereid sou oorstromings plaasvind.
Rugby: Die Blitsbokke hoop op 'n baie beter vertoning in die naweek se Kanadese Sewes-toernooi in Vancouver na 'n baie teleurstellende vertoning in verlede week se byeenkoms in Los Angeles. Suid-Afrika kom in hulle groepswedstryde te staan teen Frankryk, Japan en Argentinië. Die Blitsbok-voorspeler Impi Visser sê hulle moet fokus op hul sterkpunte.
Die DA in Gauteng sê beurtkrag en stygende misdaadvlakke in die provinsie skaad beleggersvertroue. Die party sê hoewel die provinsiale regering nie regstreeks daarvoor verantwoordelik is om permanente werksgeleenthede te skep nie, het hulle tog ʼn verantwoordelikheid om te verseker daar bestaan ʼn sake-vriendelike omgewing vir die privaat sektor en internasionale beleggers om in die ekonomie te belê. ʼn Woordvoerder van die DA, Dorianne Arendse, sê harde werk lê voor om werksgeleenthede te verbeter.
Die nasionale skoolvoedingsprogram van Namibië is en was nog altyd 'n belangrike strategie om ongelykhede in onderwys aan te spreek. Die Namibiese onderwysministerie het in die 2022-2023-boekjaar byna 89,2 miljoen Namibiese dollar aan mieliemeel bestee vir 461 829 kwesbare leerders in 1 514 laer- en gekombineerde skole landwyd. Mieliemeel word by plaaslike kleinskaalse boere en handelaars aangekoop as deel van die Homegrown-skoolvoedingsprogram. 'n Bykomende 5 miljoen dollar sal in die huidige boekjaar aan dié skoolvoedingsprogram verskaf word. Sem Shino, die skakelbeampte van die ministerie, het die belangrikheid van die program met Kosmos 94.1 Nuus gedeel.
Die Stad Kaapstad sê hy het 'n uitstaande maand se geleenthede afgesluit met die suksesvolle aanbieding van die Formule E, die Internasionale Krieketraad se Vroue T20 Wêreldbeker-eindstryd, die Oseane-wedvaart en die Internasionale Yshokkie-federasie se Vrouekampioenskap binne 'n enkele naweek. Die burgemeesters-komiteelid vir veiligheid en sekerheid, JP Smith, sê meer as 50 000 mense het die geleenthede in die Moederstad bygewoon.
Die Wes-Kaapse departement van gesondheid en welstand het dringend opgetree om seker te maak gesondheidsgeriewe word beskerm teen die ergste uitwerking van beurtkrag. Die departement het reeds begin om fase een van sy dringend-noodsaaklike hibriede krag-omskakelaars-projek by 51 landelike klinieke regoor die provinsie te installeer, met nog 71 geriewe wat in fase twee bygevoeg sal word. Gerrit Pretorius van die DA sê die inisiatief verskaf 'n kritieke oplossing vir die yslike probleme wat beurtkrag inhou vir pasiënte en gesondheidsorgverskaffers.
Namibiese aktiviste is besig om mekaar die hare in te vlieg. Dit wil voorkom asof die aktivis Michael Amushelelo wat die sowat 600 kontrakwerkers van Stad Windhoek in hul betoging ondersteun, sy visier op Job Amupanda gedraai het. Hy het Amupanda direk aangevat op sosiale media en sê hy wat ‘n aktivis is, is by Stad Windhoek en het reeds in 2019 met die werkers vergader oor vaste kontrakte. Hy sê Amupanda maak beloftes maar is nou stil oor die aangeleentheid. AR-aktivis George Kambala sê aan Kosmos 94.1 Nuus die stryd teen ongeregtigheid word op verskillende manier beveg.
Die African Transformation Movement sê die ampsklag-proses is steeds die enigste geloofwaardige manier waarop President Cyril Ramaphosa op die Artikel 89-paneel se verslag kan reageer. Dit volg nadat die Konstitusionele Hof eenparig Ramaphosa se pogings van die hand gewys het vir regstreekse toegang om 'n onafhanklike paneel se bevindings om te keer, dat hy moontlik die Grondwet oortree het en skuldig is aan geldwassery rakende die voortslepende Phala Phala-sage. Die ATM se woordvoerder, Zama Ntshona, sê hierdie bevinding het verreikende gevolge.
Die Vereniging van Afrika-universiteite, die AAU, in samewerking met die regering van Namibië en Unam sal die 22ste AAU Konferensie van rektore, vise-kanseliers en presidente van Afrika-universiteite vanaf 4 tot 7 Julie in Windhoek aanbied. Dit is 'n vergadering van die hoof uitvoerende beamptes van AAU-universiteite, of hul verteenwoordigers, wat elke tweede jaar aangebied word. Simon Namesho, Unam se woordvoerder, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat...
Die Namibiese Akkerbouraad vra vir voorleggings van verwagte oeste vir witmielies vir die 2023 bemarkingseisoen. Alle produsente van beheerde akkerbou-gewasse in Namibië word verplig om die Namibiese Landbouraad van die verwagte produksie-inligting voor die aanvang van die bemarking-seisoen te voorsien om hul produkte te bemark. Kosmos 94.1 Nuus het met Auguste Fabian, skakelbeampte van die Akkerbouraad gepraat wat boere maan om die sperdatum na te kom.
Die minister in die Suid-Afrikaanse Presidensie, Mondli Gungubele, sê die kabinet verstaan die frustrasie van burgers en ondernemings oor die ongerief en ontwrigting wat veroorsaak word deur die voortdurende beurtkrag. Gungubele het die media toegespreek oor die uitkoms van 'n kabinetsvergadering in Pretoria. Hy sê die ramptoestand-regulasies wat onlangs gepubliseer is deur die minister van samewerkende regering en tradisionale sake, Nkosazana Dlamini-Zuma, laat die regering toe om meer doeltreffend en met die nodige spoed te reageer om die erge beurtkrag te hanteer.
Studente aan die Universiteit van Johannesburg sukkel steeds met registrasie en verblyf. Volgens die president van die universiteit se studenteraad, Mxolisi Manana, word sommige studente ontwrig weens skuld aan die universiteit uit die verlede. Manana sê registrasie is verleng tot Sondag. Hy sê die universiteit word nagenoeg 18 miljoen Suid-Afrikaanse rand geskuld. Manana pak ook die skuld op die Nasionale Studente Finansiële Hulpskema wat hy sê onbetroubaar is met die sogenaamde vermiste middel-studente.
Die vakbond Health and Allied Workers Indaba sê hy veroordeel Gauteng se gesondheidsdepartement wat nie pasiënte en werkers veilig hou nie. Dit volg nadat 'n manlike verpleër by die Helen Joseph-hospitaal in Johannesburg deur twee mans met ‘n skerp voorwerp gesteek is. Die aanvallers het na bewering die verpleër genader wat buite was vir 'n ruskans en hom van sy selfoon probeer beroof voordat hulle hom aangeval het. Bafana Tshabalala van die vakbond sê die departement moet veiligheid en sekerheid by hospitale ernstig opneem.
Krieket: Die Protea-snelbouler Anrich Nortjé sê dit is nie vreemd wanneer paaltjies laatmiddag die een na die ander kantel in Centurion, soos gister gebeur het nie. Elf paaltjies het na teetyd geval op die tweede dag van die eerste toets teen die Windies, met Nortjé wat vyf paaltjies geneem het in die besoekers se eerste beurt. Suid-Afrika het ʼn eerstebeurt-voorsprong van 130 lopies gehad en vanoggend op 49 vir vier hervat. Nortjé sê paaltjies so laat in die dag is normaal op SuperSport-park.
Die Kommissie vir Geslagsgelykheid in Noordwes bied vandag 'n beleidsgesprek in Taung in die Dr. Ruth Segomotsi Mompati-distriksmunisipaliteit aan. Die tema is Onwettige inlywingskole in Suid-Afrika en die gevare vir seuns en jongmans sal bespreek word. Die provinsiale bestuurder, Joyce Khutswane sê die kommissie het in 2021 met die studie begin om vas te stel watter gevare seuns en jongmans in die gesig staar tydens die inlywingsproses.
Die Sekuriteits-vereniging van Namibië sê hulle merk toenemend op dat sekuriteitswagte nie volgens die minimum loon van die Arbeidswet betaal word nie. Hulle het hul kommer uitgespreek oor die onlangse tenders wat deur die Kunene-streeksraad en Namibia Post and Telecom Holdings toegeken is en dit aan owerhede rapporteer. Die vereniging hoop dat regstellende maatreëls ingestel sal word om te verseker dat billike en regverdige lone aan die sekuriteitswagte betaal sal word. Celeste Lucas, die nasionale administrateur van die vereniging gesels met Kosmos 94.1 Nuus...
ActionSA in Mpumalanga het gesinne by Madadeni in die Nkomazi plaaslike munisipaliteit besoek wat onlangs deur oorstromings getref is. Die vloedslagoffers het by Action SA gekla oor die omvang van die korrupsie in die munisipaliteit wat die inwoners van Nkomazi geknak het. Simangaliso Shongwe van ActionSA sê die skade aan die huise het korrupsie in die behuisings-afdeling blootgelê, omdat die strukture wat deur tenderpreneurs opgerig is, so swak gebou is dat die gesinne genoodsaak was om in gemeenskapsentrums te gaan woon.
Die Wes-Kaapse LUR vir onderwys, David Maynier, verwelkom die hofbeslissing teen die Congress of Democratic Taxi Associations, Codeta. Die Wes-Kaapse hooggeregshof het 'n finale interdik teen Codeta toegestaan wat hulle verbied om die vervoer van leerders in die provinsie te versper, daarby in te meng of dit te keer. Maynier sê dis 'n oorwinning vir die ouers en kinders van Khayelitsha en omgewing wat reeds weke lank geteister word. Meer as 5 100 leerders het tydens die hoogtepunt van die vereniging se blokkade skool misgeloop.
Die ampklag-ondersoek na die geskorste openbare beskermer in die buurland, Busisiwe Mkhwebane, sal vandag voortgaan met die kruisondervraging van die hoof-ondersoeker, Rodney Mataboge. Daar is besluit die voormalige openbare beskermer Thuli Madonsela sal nie in die ondersoek getuig nie, maar hulle sal verklarings gebruik wat sy ingedien het. Mkhwebane se regspan was nie bereid om die getuienis teen Madonsela te lei nie en beweer die komitee het haar gekaap. Die spanleier Dali Mpofu het ontken hulle probeer die proses vertraag.
Die Yahweh Downsindroom-stigting op Walvisbaai beplan om 'n skool vir downsindroom-kinders te open, omdat daar 'n tekort aan 'n bekostigbare downsindroom-skool in die Erongo-streek is. Bonita Antoncich, die ouer van ‘n downsindroom-seuntjie en ‘n medestigter van die skool, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.
Die Suid-Afrikaanse Vereniging van Psigiaters is ontevrede oor die begrotingstoekenning vir geestesgesondheid. Die organisasie glo die deel uit die begroting is glad nie toereikend nie aangesien slegs 5 persent van die gesondheidsbegroting vir geestesgesondheid aangewend word. Volgens 'n spesialis, dr. Alicia Porter, ly een uit elke drie Suid-Afrikaners aan geestesongesteldheid, met 75 persent wat nie toegang tot behandeling het nie. Porter verduidelik daar is veel ernstiger gevolge vir onbehandelde geestesongesteldheid.
China se nuwe ambassadeur in Namibië, Zhao Weiping, het sy medelye aan gemeenskappe wat geliefdes en eiendom tydens die vloede in die noorde van Namibië uitgespreek. Hy het China se ondersteuning aan die geraakte inwoners belowe. Ambassadeur Zhao sê China sal voortgaan om Namibië se maatskaplike en ekonomiese ontwikkeling te ondersteun deur die versterking van bilaterale samewerking.
Die DA sê die ANC-regering is besig om die lewenskoste-krisis te ignoreer en versuim om burgers teen die vernietigende brandstofprys-stygings te beskerm deur sy weiering om brandstof-heffings te verlaag. Dion George van die DA sê sedert 2008 het die brandstofheffing onder die ANC-regering met 'n verstommende 225 persent gestyg, terwyl die basiese brandstofprys met 119 persent opgeskiet het en die heffing vir die Padongelukkefonds met 'n enorme 425 persent.
Die DA in die Vrystaat sê hy sal voortgaan om die nuwe premier, Mxolisi Dukwana, en sy uitvoerende komitee aanspreeklik te hou vir die beloftes wat hy tydens sy provinsiale rede aan inwoners gemaak het. Die DA-lid, Roy Jankielsohn, sê Dukwani het versuim om te noem watter stappe sy regering sal doen om die uitwerking van beurtkrag op inwoners, plaaslike ekonomieë en dienslewering te versag.
Sprinkaan-plae val saam met die reënseisoen en kom op 'n tyd wanneer boere vir hul oeste voorberei, veral noudat die swaar reën in die land opgehou het. Sprinkaanplae het verlede jaar verwoesting gesaai met honderde duisende hektaar weiding wat vernietig is. James Uerikua, goewerneur van Otjozondjupa, sê dat hulle nog geen sprinkane het nie, maar hul voorkomende maatreëls is in plek. Hy sê aan Kosmos 94.1 Nuus die enigste probleem wat hulle nou het, is die gebrek aan reën in sommige dele van die streek.
Daar is 'n duidelike toename in die aantal Suid-Afrikaanse studente wat aansoek doen om in Kanada te studeer. Burgers gaan voort om geleenthede in die buiteland na te streef om weg te kom van die uitdagings waarmee die land te kampe het. Volgens die Kanadese immigrasie-raadgewer, Nicholas Avramis, behels sommige van hierdie uitdagings universiteitsplasings-kwessies en werkloosheid. Hy het sê die gewildste kursusse waarvoor baie studente aansoek doen, is inligtingstegnologie en verpleegkunde.
Vanjaar se Onafhanklikheidvieringe van Namibië op 21 Maart sal by die Olufuko-sentrum op Outapi in die Omusati-streek plaasvind. President Hage Geingob sal die gaste tydens die 33ste vieringe onder die tema “A people United for Prosperity” toespreek. Erginus Endjala, goewerneur van die streek, sê hulle verwag dat byna 15 000 mense na die streek sal kom vir die vieringe. Kosmos 94.1 Nuus het met die polisiebevelvoerder van die Omusati-streek, kommissaris Ismael Basson gepraat of sekuriteitsreëlings in plek is.
Aktiviste van die Namibia Equal Rights Movement gaan môre weer in die hooggeregshof wees in hul stryd vir die erkenning van selfdegeslag-huwelike. Volgende Maandag op 6 Maart sal die verhoor op die reg op burgerskap en familie plaasvind. Dié twee waterskeidende hofsake is in belang van gelyke behandeling van LGBTQ-gemeenskappe in Namibië. Omar van Reenen, stigter van die beweging, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor die hofsake.
Die ANC se adjunkpresident Paul Mashatile sê die regering is vasbeslote om beurtkrag gouer as wat aanvanklik beplan is, te beëindig. Hy het by die spesiale kongres van die Nasionale Unie van Mynwerkers in Boksburg, oos van Johannesburg gepraat. Mashatile sê die regering fokus op drie dinge om 'n einde aan beurtkrag te maak.
Die DA is gekant teen die verkiesing van die nuwe burgemeester van Tshwane, Murunwa Makwarela. Die party het na Makwarela verwys as 'n ANC-EFF-marionet. Die DA-lid, Cilliers Brink, sê die verkiesing hou 'n wesenlike bedreiging in vir dienslewering en die finansiële volhoubaarheid in die hoofstad. Hy sê die party sal voortgaan met sy pogings om die veelpartykoalisie se meerderheid in Pretoria te herstel.
President Cyril Ramaphosa sê sy mislukte poging om die parlement se verslag oor die Phala Phala-kwessie te betwis, is nie 'n "slag" nie. Sy woordvoerder, Vincent Magwenya, sê die Konstitusionele Hof se afwysing van die poging het geen invloed op die werklike saak nie. Hy het op 'n nuuskonferensie gesê Ramaphosa sal nou met sy regspan vergader om sy keuses te oorweeg.
Rugby: Die Springbok-vroue pak Kanada en Spanje later hierdie maand in die nasionale span se eerste ontmoeting sedert die Wêreldbeker-rugbytoernooi in Nieu-Seeland verlede September. Suid-Afrika speel op 25 Maart in Madrid teen Kanada, gevolg deur 'n toets teen die gasvrou, Spanje op 1 April. SA Rugby se hoëprestasiebestuurder vir vrouerugby, Lynne Cantwell, sê dit is 'n wonderlike geleentheid vir die Springbok-vroue.
Persoonlike lenings, ander lenings en voorskotte soos kredietkaart-skuld was die belangrikste dryfvere van huishoudelike skuld in Namibië in Januarie. Volgens die verslag van die privaatsektor se kredietverlening vir Januarie, staan huishoudings se skuld nou op 65,1 miljard Namibiese dollar, sowat 36 persent van die BBP. Korporatiewe skuld is 45,5 miljard dollar en nie-inwoners se skuld is op 7,5 miljard dollar. Ekonoon Theo Klein van Simonis Storm gesels met Kosmos 94.1 Nuus...
Die beloning vir inligting wat tot die inhegtenisneming van die moordenaar van 'n Stad Kaapstad-amptenaar kan lei, is nou verhoog tot 'n allemintige 1 miljoen Suid-Afrikaanse rand. Wendy Kloppers, is op 16 Februarie by die ‘n behuisingsprojek in Delft doodgeskiet, terwyl 'n sekuriteitswag wat saam met haar op die perseel was, in die voorval gewond is. Burgemeester Geordin Hill-Lewis sê die projek was 'n paar dae voor Kloppers se moord, ook die teiken van 'n petrolbom. Fritz Platt, Kosmos 94.1 Nuus se korrespondent in Kaapstad...
Die Stad Kaapstad sê indiensnemings-toename toon dat die stad se ekonomiese groei-strategie werk om beleggingsgeleenthede en werk te lewer. Daar is programme wat entrepreneurs en ondernemings ondersteun met hul uitbreiding en produktiwiteit. Dit is die derde agtereenvolgende kwartaal met positiewe indiensnemings-groei in die stad. Die stad se burgemeesters-komiteelid vir ekonomiese groei, James Vos, sê dit is bemoedigend dat werkloosheids-vlakke afgeneem het tot 540 000 individue van 'n vorige 564 000 individue.
McHenry Venaani, die leier van die amptelike opposisieparty, die Popular Democratic Movement, het vandag in die Nasionale Vergaderinge die onderwyskwessie aangespreek, asook sommige van die redes waarom Namibië 'n groot aantal druipelinge in graad 12 gehad het. Hy sê daar is ook 'n gebrek aan mededingendheid in die onderwyssektor. Venaani sê leerders word nie uitgedaag nie en hulle is nie gemotiveerd nie. Hy het verwys na skole van uitnemendheid wat Namibië in die apartheidsera gehad het.
Rugby: Stad Kaapstad en Westelike Provinsie het aangekondig dat die unie 'n ooreenkoms van 39 jaar onderteken het om die anker-huurder van die Kaapstad-stadion te wees, wat nou die unie se amptelike tuiste word. Die afrigter van die Stormers, John Dobson, sê daar was reeds ’n paar spesiale oomblikke op die stadion en die span sien uit na wat die toekoms inhou. Die burgemeester, Geordin Hill-Lewis, sê hy sien daarna uit dat die Stormers en WP ’n nalatenskap op die stadion bou.
Volgens die Namibiese Lughawensmaatskappy het passasiers-aankomste by Namibiese lughawens, veral ná die Covid-pandemie, toegeneem. Verlede jaar het 786 662 passasiers by Namibiese lughawens aangekom, wat 'n aansienlike styging van 2020 en 2021 is, maar dit het nog nie die piek-volumes van 2019 bereik nie. Kosmos 94.1 Nuus het met Dan Kamati van die kommunikasie- en bemarkingskantoor by die maatskappy gepraat.
Daar is hoop vir werklose voormalige werknemers van die bankrot nasionale lugredery, Air Namibia. Die plaaslike lugredery FlyNamibia is op soek na vlieëniers, kajuitpersoneel en lugvaart-ingenieurs. Volgens ‘n advertensie van FlyNamibia is gesertifiseerde Namibiërs 'n onderhoud verseker. Die sluitingsdatum vir aansoeke is 31 Maart. Die president van die Namibiese Lugdiensvlieëniers-vereniging, Manuel Prenzlow, sê aan Kosmos 94.1 Nuus dit is goeie nuus.
Die Suid-Afrikaanse presidensie glo die vakante poste in die kabinet het nie die regering se taak in die wiele gery nie. Die woordvoerder, Victor Magwenya, het gereageer op David Mabuza se bedanking as adjunk-president en lid van die parlement. Magwenyza het op 'n inligtingvergadering gesê President Cyril Ramaphosa is bewus van die dringendheid om die rol van Mabuza, en ander vakante poste te vul. Hy sê Ramaphosa sal na verwagting binnekort 'n plaasvervanger aankondig.
Die DA in Gauteng sê drie provinsiale staatshospitale hospitale en 71 klinieke se diesel het die afgelope jaar opgeraak. Dit lei tot vertragings met dienslewering, watertekort, diefstal, skade aan toerusting en yskaste wat onklaar raak. ʼn Woordvoerder van die DA, Jack Bloom, sê hospitale is geraak, asook 20 klinieke in Tshwane en 51 klinieke aan die Wes-Rand.
Die Namibiese omgewingsministerie het twee tenders vir gesamentlike vennootskappe met bewaringsgebiede beskikbaar gestel. Die een tender behels die ontwerp, bou, bedryf en bestuur van 'n eko-vriendelike lodge in die Salambala-bewaringsgebied in die Zambezi-streek, en die ander een in die Okongoro-bewaringsbied in die Kunene-streek. Besoeke aan die persele vind in Maart plaas en die tenders sluit op 14 April. Die omgewingsministerie se woordvoerder, Romeo Muyunda sê aan Kosmos 94.1 Nuus dit is belangrik dat gemeenskappe in bewaringsgebiede voordeel uit toerisme trek.
Rugby: 'n Groep van 14 Springbokke is tans in Kaapstad vir 'n oefenkamp van drie weke as deel van hulle voorbereiding vir die verdediging van hul Wêreldbeker-kroon later vanjaar. Die toernooi begin op 8 September in Frankryk. Kaptein Siya Kolisi sê Suid-Afrika sal eenvoudig nie net met die speelstyl kan voortgaan waarmee hy in 2019 in Japan sukses bereik het nie. Hy sê die afrigtingspan dring daarop aan dat die span voortdurend moet ontwikkel.
Die Wes-Kaapse LUR vir finansies en ekonomiese geleenthede, Mireille Wenger, sê die indiensnemingsyfers in die provinsie het op ‘n jaargrondslag met 330 000 gestyg, wat ʼn verhoging van 14,7 persent verteenwoordig. Wenger sê daarbenewens het hulle kwartaal-tot-kwartaal die grootste indiensnemingstoename in die land aangeteken, met ʼn bykomende 167 000 mense in diens in die provinsie.
Die Suid-Afrikaanse Poskantoor het die sluiting van 'n bykomende 92 poskantore regoor die land aangekondig. Onder hulle is 50 glo deur woedende, onbetaalde verhuurders gesluit. Die Poskantoor het ook 'n salarisaftrekking van 40 persent vir sy personeel voorgestel, en daarop gesinspeel daar wag altesaam ses-duisend werkbesnoeiings. Volgens die DA-lid, Dianne Kohler Barnard, is die Poskantoor 338 miljoen Suid-Afrikaanse rand agterstallig aan sy verhuurders en meer kantore kan as gevolg hiervan gesluit word.
Die akteur, Michael B. Jordan, sê hy is opgewonde om saam met Will Smith te werk aan die draaiboek vir die I Am Legend opvolg-rolprent. Die eerste rolprent in 2007 was 'n reuse sukses en het in sy openingsnaweek kaartjies ter waarde van 1,411 miljard Namibiese dollar verkoop. Smith is van plan om weer die rol van die wetenskaplike, Robert Neville, te speel, maar die rol van die nuweling, Jordan, is nog nie bevestig nie. Jordan het gesê hy en Smith was deel van die skep van die idee vir die opvolgprent, en aanhangers kan 'n fantastiese rolprent verwag.
Die Wes-Kaapse LUR vir Landbou, Ivan Meyer, sê hy is bekommerd omdat Suid-Afrika nie genoeg veeartse het om in die land se behoeftes te voorsien nie. Volgens 'n onlangse verslag van die Suid-Afrikaanse Veeartsenykundige Vereniging wil meer as 50 persent van jong veeartse emigreer. Die departement se woordvoerder, Daniel Johnson, sê ekonomiese en veiligheidskwessies is van die redes vir hulle besluit om die land te verlaat:
Die Namibiese Mededingingskommissie ondersoek 'n moontlike eksklusiewe drieparty-ooreenkoms wat op 1 Junie 2012 deur NamPower, Telecom Namibia en MTC aangegaan is vir die huur en gebruik van NamPower se donker optiese vesel-infrastruktuur. Die kommissie sê hy wil vasstel of daar anti-mededingende elemente in die ooreenkoms is. Die kommissie se woordvoerder, Dina //Gowases het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Nigel van Wyk, een van die Fishrot-beskuldigdes, se borgaansoek word vanmiddag voortgesit voor regter David Munsu terwyl sy mede-aansoeker, oud-minister Bernhardt Esau in die hospitaal is na hy olik was tydens Dinsdag se verrigtinge. Van Wyk word daarvan verdink dat hy gepoog het om bewysstukke by oud-minister Sacky Shanghala se huis te verwyder. Hy het vanoggend getuig oor sy werksaamhede vir James Hatuikulipi.
Reaksie word ontvang op die nuus dat die Namibiese Statistieke-agentskap sê die 2023 behuisings- en bevolkingsensus sal vanjaar in Augustus plaasvind. Die sensus moes reeds in 2021 plaasgevind het maar begrotingstekorte het dit verhoed. Die bekende Unam-ekonoom, dr. Omu Kakujaha-Matundu sê die nuus word verwelkom veral omdat dit so belangrik is om die inligting te hê.
Reaksie word ontvang van Uranium One na aantygings deur die Stampriet Aquifer Uranium Mining-drukgroep wat sê die Russiese uraan-reus gaan steeds voort met sy eksplorasie in die Stampriet-bekken. Die kwessie van uraanontginning in die gebied bly in die nuus met die Omaheke-goewerneur Pijoo Nganate wat ook onlangs gesê hete dat dit ‘n kans gegun moet word en dat dit baie voordele in hou. Intussen het die drukgroep weer gewaarsku oor die besoedeling van waterbronne. Riaan van Rooyen, kommunikasie konsultant vir Uranium One sê op die oomblik staan die hele projek stil omdat hulle nie ‘n waterpermit het nie. Hy voeg by dat 150 Namibiërs hul werk op die projek verloor het.
Misdaad blyk om weer toe te neem in die hoofstad. Daar in die afgelope week talle huisbrake met sommige wat gewelddadig was. Vanoggend was daar ‘n roof van ‘n kontant-in-transito-wa in Monte Christo-weg. ‘n Sekuriteitswag is ook beseer in die insident. Die hoof van die Stadspolisie, Abraham Kanime, vra die publiek se hulp. Hy sê die boewe het weggekom in ‘n wit Corolla-voertuig.
Die burgemeester van die Nelson Mandelabaai-munisipaliteit in die Oos-Kaap, Retief Odendaal, raai inwoners aan om kraanwater te kook voordat hulle dit drink. Die stad het deur boorgate meer water tot sy netwerk gevoeg om die voorraad regoor die stad aan te vul. Odendaal sê die toevoeging van rou grondwater in sy netwerkstelsel, lae damvlakke en wisselende reservoirvlakke, veroorsaak dat die watergehalte voortdurend verander en daarom nie 100 persent gewaarborg kan word nie:
Die buurland se omgewingsminister, Barbara Creecy, het haar belofte nagekom om appèlle in die tradisionale lynvissektore teen die einde van die maand af te handel voor die visvangseisoen vandag begin. Sy het ook appèlle afgehandel teen besluite van die aangewese owerheid in die Suidkus-kreefsektor wat in die Visvangregte-toewysingsproses van 2020/2021 vervat is. Die departement se woordvoerder, Albi Modise, sê Creecy is tevrede dat die appèlproses in die tradisionele lynvissektor regverdig is:
Daar is tans erge tekorte van veral tamaties, komkommer en blaarslaai in die Verenigde Koninkryk. Britse media berig dat talle winkels se rakke leeg is of, hoeveelhede word beperk. Een van die grootste verskaffers in Engeland, Iceland Foods, sê weerpatrone in Spanje en Marokko is die probleem. Richard Walker van die maatskappy het met Britse media gepraat.
Die herrie is los in die Verenigde Koninkryk met die nuus dat die destydse gesondheidsminister Matt Hancock nie die raad van deskundiges in verband met Covid en ouetehuise ernstig opgeneem het nie en ook nie die nodige maatreëls ingestel het nie. Die land het groot uitdagings gehad met Covid in ouetehuise en duisende mense is so dood. Die Arbeidersparty se Pat McFadden sê ‘n ondersoek is dringend nodig.
Namibië het een van die hoogste werkloosheidsyfers in Afrika, dit staan tans op 50 persent. Gegradueerdes pleit by die regering om hulle te help om werk te kry. Die statistiek dui aan dat meer as die helfte van Namibië se ekonomies aktiewe bevolking nie in diens geneem sal word nie, wat beduidende sosiale, politieke en ekonomiese gevolge tot gevolg sal hê. Hoë werkloosheid kan lei tot maatskaplike uitsluiting, verhoogde misdaad, ekonomiese swaarkry, en onstabiliteit. Dit is van kritieke belang om hierdie kwessie op 'n omvattende en doeltreffende wyse aan te spreek om die negatiewe impak daarvan op die samelewing te versag. Professor Joseph Diescho, 'n Namibiese skrywer en politieke ontleder, sê aan Kosmos 94.1 Nuus die werkloosheidsyfer raak net erger en die regering meer korrup.
Die veelpartykoalisie in die Stad Tshwane sê hy is teleurgesteld met die verkiesing van Murunwa Makwarela van Cope as nuwe burgemeester van die metro. Die koalisie het sedert 2021 die meerderheid stem in die raad en het steeds die meeste setels. Die koalisie se woordvoerder, Cornè Mulder, sê soos gebruiklik met die ANC en die EFF is dit duidelik dat sommige raadslede beïnvloed is om hul bande met die koalisie te verbreek en vir Makwarela te stem:
AgriSA sê hy is bekommerd oor die afname in indiensnemingsyfers in die landbousektor in die buurland. Die bedryf het in die vierde kwartaal van verlede jaar 12 000 werksgeleenthede verloor. Die hoofbestuurder van AgriSA, Christo van der Rheede, sê dit is duidelik dat die gety is besig om te draai vir een van die land se mees arbeidsintensiewe sektore. Hy sê stygende insetkoste, beurtkrag en verbrokkelende infrastruktuur plaas die landbousektor onder groot druk:
Die Suid-Afrikaanse vakbondfederasie, Saftu, sê alhoewel die werkloosheidsyfer vir die vierde kwartaal van 2022 'n geringe daling toon, twyfel hy of die land nou 'n pad van groeiende werksgeleenthede ingeslaan het. Statistieke Suid-Afrika het gister bekend gemaak die land se amptelike werkloosheidsyfer het effens verbeter. Dit was in die vierde kwartaal 32,7 persent, wat 0,2 van 'n persentasiepunt beter is as die vorige kwartaal se 32,9 persent. Saftu se woordvoerder, Trevor Shaku, sê die ekonomie in die algemeen het nog nie die 486 000 werksgeleenthede van 2019 se vierde kwartaal herwin nie:
Aiden Markram is tevrede nadat Suid-Afrika goed weggespring het in hulle toetsreeks teen die Wes-Indies in Centurion. Markram het sy sesde toets-honderdtal behaal en deel 'n aanvangstelling van 141 lopies met Dean Elgar. Die Windies het in die laaste sessie teruggeveg en na teetyd sewe paaltjies laat kantel - drie daarvan deur die snelbouler Alzarri Joseph. Die Proteas sal hulle eerste beurt op 314 vir agt hervat met Marco Jansen en nuweling Gerald Coetzee voor die paaltjies. Markham sê dit was 'n emosionele oomblik toe hy sy sesde honderdtal behaal het:
Estie Schreiber gesels menopouse of oorgangsjare in dames. Die grootste ongemak is die warmgloede en nagsweet. Hoe kan die natuur help? Hoe lank gaan dit aanhou? Ons produk se naam is A.Vogel se "MENOFORCE" tablette. Beskikbaar by apteke en gesondheidswinkels. Vir meer inligting besoek gerus www.avogel.co.za, of stuur vir ons ‘n e-pos na info@sanatural.co.za
Misdadigers in Namibië teiken gebiede wat minder dig bevolk is, omdat hulle weet dat bewegings van mense in dié gebiede beperk is. Een so 'n gebied waar 'n mens verwag dat misdaad hoog kan wees, is Brakwater aan die noordelike buitewyke van Windhoek. Volgens die Brakwater-distrikswag, het hulle die afgelope maande misdaadvoorvalle gehad, maar dit is nie so hoog as wat verwag is nie. Christo Dreyer, die voorsitter van die distrikswag het met Kosmos 94.1 Nuus oor die jongste gesels.
Die ANC in Gauteng se provinsiale uitvoerende komitee sê die verkiesing van Murunwa Makwarela van Cope as Tshwane se burgemeester, maak 'n einde aan die regering van rassisme, middelmatigheid en die DA-geleide koalisieregering wat die stad bankrot gemaak het. Makwarela is gister met 112 stemme verkies teenoor Cilliers Brink van die DA se 101 stemme. Lesego Makhubela van die ANC sê met die verwydering van die DA en sy koalisievennote sal Tshwane weer versterk word:
Die DA sê hy gaan aan die minister van die omgewing, Barbara Creecy, skryf om 'n afskrif te vra van die ooreenkoms wat die Suid-Afrikaanse en Russiese Antarktiese navorsingspanne onderteken het. Dave Bryant van die party sê die omvang van Suid-Afrika se logistieke steun aan Rusland ten opsigte van dié land se nasionale Antarktiese program word in die ooreenkoms uiteengesit. Hy sê Creecy voer aan die departement was nie bewus van enige bewerings dat Rusland vir gas en olie by Antarktika prospekteer nie:
Die nuut aangestelde raads-voorsitter van Agribank Josephat Mwatotele het belowe dat Agribank se nuwe raad finansiële volhoubaarheid gedurende sy ampstermyn sal prioritiseer. Mwatotele het gesê finansiële volhoubaarheid, dienslewering en sosio-ekonomiese transformasie sal fokusgebiede gedurende die huidige raad se ampstermyn wees. Namibiese ekonoom Jason Kasuto sê aan Kosmos 94.1 Nuus Agribank moet ‘n beduidende rol in ontwikkeling in die land speel.
AfriForum in die buurland sê die regulasies wat uitgereik is oor die nasionale ramptoestand wat die elektrisiteitskrisis betref, skep onsekerheid en wantroue by die publiek. Die regulasies gee die regering en minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Nkozasana Dlamini-Zuma, omvattende magte om die krisis te hanteer. Dit sluit in dat noodsaaklike infratruktuur van beurtkrag uitgesluit word, laat toe dat nuwe opwekkingsvermoë nie aan omgewingswette hoef te voldoen nie en stel finansies beskikbaar deur noodverkryging. Tarien Cooks van AfriForum sê die regulasies is vaag:
GirlUp is tans besig om 'n inisiatief op Gobabis in die Omaheke-streek te beplan om sanitêre doekies aan behoeftiges te skenk. Vir jare help GirlUp Namibia die minderbevoorregtes landwyd. In sommige kringe regoor Namibië sê meisies die stigma rondom menstruasie is so erg dat hulle te bang is om hulp te vra. Meisies en vroue loop skool of werk mis omdat hulle nie sanitêre doekies of pynstillers kan bekostig nie. Joy Pohno van GirlUp doen ‘n beroep op die publiek om hulle te ondersteun.
‘n Namibiese ekonoom het sy reaksie gegee nadat die prys van Brent ru-olie vanjaar teen 90 Amerikaanse dollar ‘n vat sal verhandel. Dit is hoër as wat tans die geval is en dus, sal die brandstofprys verder moet styg as die voorspelling korrek is. Die voorspelling is gebaseer op China se ekonomiese herstel. China is die wêreld se tweede grootste invoerder van ru-olie. Ekonoom Gabriel Erastus het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.
Die Suid-Afrikaane vakbondfederasie Cosatu dink nie die effense daling in die werkloosheidskoers is rede om fees te vier nie. Die kwartaallikse arbeidsmag-opname toon die koers het tussen Oktober en Desember van 32,9 tot 32,7 persent gedaal. Woordvoerder Tony Ehrenreich sê dit dra nie veel by tot die stryd teen ‘n gebrek aan werksgeleenthede in die land nie. Hy sê die data neem nie in ag hoeveel moedelose werksoekers opgehou het om werk te soek nie:
‘n Suid-Afrikaanse energiekenner gee sy mening oor myne wat hul toenemend tot hernubare energie wend. Na die goeie nuus dat bedrywighede by Rössing Uranium Limited tot 2036 verleng is, is die konstruksie van 'n sonkrag-aanleg deel van hul toekomsplanne. Rössing wil ook 'n krag-ooreenkoms met 'n onafhanklike kragvoorsiener onderneem. Die Namibiese Kamer van Mynwese het Rössing geprys vir stap na groen energie. Ted Blom gesels oor die tendens, veral met kragvoorsiening wat al hoe meer wispelturig raak, in die SAOG-streek.
Eskom het aangekondig fase vier- en vyf-beurtkrag word vir die afsienbare toekoms ingestel. Die krisis-kommunikasiebestuurder, Menzi Mngomezulu, sê fase vier sal tot vanmiddag vier-uur duur, gevolg deur fase vyf tot vyf-uur môreoggend. Volgens hom het onklaarrakings by verskeie kragstasies tot die verhoging in beurtkragfases aanleiding gegee:
Die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie sê die Oekraïne sal op lang termyn 'n lid van die alliansie word. Oekraïne het jare lank probeer om by die VSA-geleide militêre alliansie aan te sluit. Dit het ook dae ná die Russiese inval aansoek gedoen om lidmaatskap van die Europese Unie, en het in Junie verlede jaar kandidaatstatus verkry. Navo se hoof, Jens Stoltenberg, sê wat belangrik is, is dat Oekraïne as 'n soewereine onafhanklike nasie kan seëvier:
President Cyril Ramaphosa sê sy kabinet sal niemand wat deel is van misdadige bedrywighede beskerm nie. Hy het gereageer op aantygings deur die voormalige uitvoerende hoof van Eskom, André de Ruyter, oor misdaad-sindikate wat Eskom geplunder het met die beskerming van twee kabinetsministers. Ramaphosa het tydens die Ugandese president, Yoweri Museveni, se staatsbesoek op vrae geantwoord. Hy het versoek dat diegene met meer inligting na vore kom.
Die Swakopmund-munisipaliteit sê skietwerk sal vanaf môre vir drie dae weer op die dorp plaasvind. McHughstraat sal tydelik tussen nege-uur soggens en vyf-uur die middag gesluit wees. Die skietwerk van Mawila Technical Services sal ongeveer 30 minute duur. Swaar masjinerie en konkstruksievoertuie sal materiaal aflaai vir die konstruksie van 'n hoof-rioollyn. Geen ander voertuie sal toegelaat word nie. Die skakelbeampte van die munisipaliteit, Linda Mupupa het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Stad Kaapstad se burgemeester Geordin-Hill Lewis sê die stad se pogings en inisiatiewe om soveel moontlik werkgeleenthede vir sy inwoners te skep, werp deurentyd vrugte af. Dit, nadat Statistieke SA se kwartaallikse arbeidsmag-opname vir die periode Oktober tot Desember 2022 getoon het dat die Moederstad se werkloosheidskoers steeds die laagste van al die ander stede in die land is. Volgens die opname het die Kaapstad se werkloosheidsyfer met 2,6 persent gekrimp van die 26,9 persent wat in die vierde kwartaal van 2021 aangeteken is. Fritz Platt, Kosmos 94.1 Nuus se korrespondent in die Moederstad...
Die Trustco-groep het sterk finansiële resultate vir die 12 maande geëindig 31 Augustus 2022 gerapporteer, saam met sy 30ste opeenvolgende ongewysigde ouditverslag. Ten spyte van die herinstelling van 'n lening van 1,5 miljard Namibiese dollar ten gunste van Next Capital, die beleggingsvoertuig van die Van Rooyen-familie, het Trustco 'n toename in basiese verdienste van 276 persent tot 1,437 miljoen dollar in verdienste gerapporteer, vergeleke met die basiese verlies van 815 miljoen dollar in die vorige jaar. Die uitvoerende hoof van Trustco, Quinton van Rooyen, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Netwerk Namibië se gholfdag in en vir Afrikaans was 'n reuse-sukses én hulle het geld vir Afrikaans gemaak. Die doel van die gholfdag was om te help met fondsinsameling vir Netwerk se taal- en kultuurbedrywighede en sy projekte, wat ook studiebeurse en hul onderwyshulpfonds insluit. Elizma Theron van die organisasie sê aan Kosmos 94.1 Nuus dit was omtrent ‘n prettige dag waar gholfspelers se Afrikaans ook getoets was.
Die PDM-parlementslid Diederik Vries het vandag in die Nasionale Vergadering vrae gevra oor die 1992 Konvensie oor die Beskerming en Gebruik van Oorgrenswater. Hy vra hoe die lewensbestaan van die Namibiese mense wat langs riviere en mere woon deur hierdie ooreenkoms geraak word? Hy het ‘n beroep op die landbouministerie gedoen om beter kommunikasiestrategieë te implementeer wat die geraakte gemeenskappe sal inlig oor hierdie konvensie en ander wat nog voorlê. Landbouminister Calle Schlettwein, het só op sy vrae gereageer.
Na die goeie nuus dat bedrywighede by Rössing Uranium Limited tot 2036 verleng is, is die konstruksie van 'n sonkrag-aanleg deel van hul toekomsplanne. Rössing wil ook 'n krag-ooreenkoms met 'n onafhanklike kragvoorsiening onderneem. Die besturende direkteur Johan Coetzee sê dat die lewensvatbaarheidstudie wat in 2021 onderneem is toon dat daar wel genoegsame bronne is om die teiken te haal. Rössing is uiters belangrik vir die kus se ekonomie en verskaf werk aan net minder as 1 000 mense. Rössing nooi diensverskaffers van sonkrag-energie uit om hulle te kontak voor 10 Maart en die sluitingsdatum is 17 Maart om dokumente in te dien. Veston Malango hoof uitvoerende beampte van die Namibiese Kamer van Mynwese van Namibië sê aan Kosmos 94.1 Nuus hy loof Rössing wat ook die groen energie-roete wil volg.
President Cyril Ramaphosa sê Suid-Afrika sal voortgaan om bilaterale betrekkinge met Uganda te versterk. Die Ugandese president, Yoweri Museveni, is in die land vir 'n tweedaagse staatsbesoek - sy eerste sedert 2011. Ramaphosa sê beide lande sal voortgaan om 'n rol te speel in konflikoplossing aangesien samesprekings oor tussen-kontinentale vrede deel van die sakelys is.
Na 'n relatief moeilike jaar van verskeie uitdagings het die Suid-Afrikaanse landbou-sektor tekens van veerkragtigheid getoon en nog 'n jaar van sterk uitvoere in 2022 getoon. Die jongste uitvoerdata het 'n jaarlikse groei van vier persent in buitelandse landbou-verdienste getoon, 'n nuwe rekord-hoogtepunt wat deur sterk kommoditeitspryse ondersteun word. Die jaar is gekenmerk deur onder meer internasionale en binnelandse logistieke uitdagings, gure weer, stygende rentekoerse, hoër insetkoste, sowel as uitbrekings van die bek-en-klouseer wat uitvoere tydelik gestop het. Suid-Afrikaanse Landbou-sakekamer, Agbiz se hoof-ekonoom, Wandile Sihlobo gee sy mening aan Kosmos 94.1 Nuus.
President Cyril Ramaphosa is by die Uniegebou in Pretoria die gasheer vir sy Ugandese eweknie, President Yoweri Museveni, wat tans op 'n staatsbesoek in die land is. Die besoek vind plaas terwyl Museveni beskuldig word van menseregtevergrype. Hy het besluit om nie Uganda se verhouding met die Verenigde Nasies se Menseregte-kantoor te hernu nie. Die minister van internasionale betrekkinge en samewerking, Naledi Pandor, sê samesprekings tussen die twee staatshoofde het ten doel om bilaterale betrekkinge tussen die twee lande te versterk.
Sokker: Sestien klubs speel vandag en môre in die vyfde ronde van die Engelse FA-bekerreeks. In vandag se vier wedstryde kom Stoke City teen Brighton te staan, Leicester City teen Blackburn, Fulham teen Leeds en Manchester City teen Bristol City. Bristol is ʼn tweedevlak-kampioenskapspan wat na 12 wedstryde onoorwonne is. Manchester City se Spaanse afrigter, Pep Guardiola, sê in die FA-beker is elke wedstryd soos ʼn eindstryd:
Die burgerregte-organisasie AfriForum het sy jaarlikse plaasmoordverslag vir 2022 gepubliseer. Die woordvoerder, Jacques Broodryk, sê die verslag vergelyk die aantal plaasmoorde met die aantal verdagtes wat aangekeer is. Volgens Broodryk is slegs 33 persent van moordverdagtes in hegtenis geneem. Hy sê boere moet veiligheidstrukture vestig en aktief betrokke raak by die veiligheid van hul gemeenskappe. Broodryk sê AfriForum het landwyd 160 buurtwagstrukture en bied veiligheidsopleiding aan boere.
Die borgtog-aansoek van die twee Fishrot-beskuldigdes, die voormalige minister van visserye, Bernhardt Esau, en Nigel van Wyk, die assistent van die oud-justisieminister Sacky Shangala, is vandag weer 'n keer in die Windhoekse hoërhof uitgestel weens kommer oor Esau se gesondheid. Sy regsverteenwoordiger Florian Beukes het aan regter David Munsu gesê Esau is swak, en kon nie behoorlike instruksies aan hom gee nie. Reëlings is getref dat Esau na 'n dokter of hospitaal geneem word.
Statistieke Suid-Afrika het aangekondig die werkloosheidskoers het in die vierde kwartaal van 2022 op 32,7 persent gestaan. Statistikus-generaal Risenga Maluleke sê dit is ‘n daling van 0,2 van 'n persentasiepunt teenoor die vorige kwartaal. Hy sê meer as 169 000 werksgeleenthede is tussen Oktober en Desember geskep. Die aantal werklose mense het tot 7,753 miljoen gestyg teenoor die 7,725 van die vorige drie maande. Maluleke sê die herstel in werkskepping toon ‘n verbetering.
Die eThekwini-munisipaliteit sê berigte waarin beweer word dat die metro 579 miljoen Suid-Afrikaanse rand opgedok het vir straatligte wat in werklikheid 91 miljoen rand gekos het, is nie feitelik korrek nie. Volgens die berig toon dokumente dat die munisipaliteit tussen November 2019 en Januarie 2020 altesaam 579 miljoen rand aan 18 maatskappye betaal het om straatligte regoor die stad te herstel en in stand te hou. Die munisipaliteit se woordvoerder, Msawakhe Mayisela, sê hulle erken dat daar oorbesteding was, maar hulle het 'n onafhanklike ondersoek ingestel toe dit aan die lig gekom het:
Daar is kommer in Brittanje met die verlies van veral ervare vroulike werkers. Volgens berigte uit daardie land, verlaat een uit tien vroue hul poste jaarliks as gevolg van menopouse-simptome. Dit lei tot ongeveer 900 000 bedankings ‘n jaar. Die Arbeidersparty het ‘n plan voorgestel om die bedankings, wat groot verliese aan sake beteken, te stuit. Peter Kyle van die party het met Britse media gepraat.
Die minister van Openbare Ondernemings, Pravin Gordhan, sê hy is nie bewus van enige misdaadkartelle wat in Eskom bedrywig is nie. Die Daily Maverick het skynbaar intelligensieverslae bekom wat twee lede van President Cyril Ramaphosa se kabinet met vier kartelle verbind wat in die kragvoorsiener bedrywig is. Die inligting verbind die kartelle met die sabotasie van Eskom se kragstasies en met ’n program van politieke destabilisering. Gordhan sê hy was slegs bewus van korrupsie wat by staatsbeheerde entiteite voorkom:
Reaksie word ontvang op die nuus dat Botswana BTW verwyder het op agt produkte. Dit sluit sout, sanitêre doekies, groente, kookolie, babaformule, kondome, babadoeke en vloeibare petroleumgas in. Die Botswana lynministerie sê hy beplan om landbou-implemente en kondome te nulkoers, terwyl private gesondheidsdienste van BTW vrygestel word. Die oud-ombud, advokaat John Walters sê in hierdie geval, behoort Namibië dit te naboots.
Die Namibiese Landbou-unie het die beskikbare weiding vir verskeie gebiede in die land bekend gemaak. Daar is dele wat goed vertoon maar, ook talle dele wat uiters swak vertoon. Otjozondjupa vertoon die beste. Volgens Erastus Ngarukua, Agribank se tegniese adviseur op lewende hawe en weiding, handel dit oor agteruitgang van graslande oor die algeheel en al kom daar nou reën, is dit baie laat. Hy verduidelik.
Die Namibiese tesourie ontwikkel 'n strategie vir die terugbetaling van 35 miljard Namibiese dollar se lenings wat oor die volgende vier jaar gaan verval en sê hy sal verskeie strategieë toepas om aflossing te verseker. Hierdie strategie kan blykbaar selfs daartoe lei dat die staat nuwe lenings aangaan om betalings te maak. In sy nasionale begrotingsrede het minister van finansies, Ipumbu Shiimi, gesê dat staatskuld na verwagting 150 miljard dollar sal beloop gedurende die 2023/24-boekjaar. Die stigter van High Economic Intelligence, Salomo Hei het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Namibiese verbruikers word daaraan herinner om vandag hul tenks vol te maak. Die Namibiese petrolprys styg vannag met 1 dollar 50 sent ‘n liter. Diesel bly onveranderd. Die woordvoerder van die ministerie van myne en energie, Andreas Simon, sê die styging so hoër gewees het maar, van die onderverhalings word deur die regering geabsorbeer.
Lede van staatsdiensvakbonde in Suid-Afrika het die ingange na die Nasionale Tesourie se kantore in Pretoria versper. Hulle eis dat die owerhede met vakbondhoofde vergader om die uitstaande loongeskil oor die 2022/23-salarisverhoging vir staatsamptenare op te los. Die woordvoerder van die polisievakbond Popcru, Richard Mamabolo, sê hul eis is deel van hul beplande massa-optrede wat op 'n staking sal uitloop en wat mettertyd aangekondig sal word:
Dit wil voorkom asof Saoedi-Arabië ‘n toenemende rol in die oorlog in die Oekraïne begin speel. Die land blyk om homself met die Weste in die konflik te skaar. Die afgetrede Britse generaal, Sir Richard Dannat, sê dit kan wees as gevolg van die groeiende verhouding tussen Saoedi en die VSA.
Die polisie in Mpumalanga het 'n 52-jarige man van Bangladesj in hegtenis geneem omdat hy verdink word dat hy 'n mensehandelskema net buite Mbombela bedryf. Die polisiewoordvoerder, Selvy Mohlala, sê dit volg nadat hulle 19 burgers van Bangladesj gered het wat vermoedelik in Suid-Afrika ingesmokkel is. Hy sê die 19 mans is in 'n drieslaapkamerhuis aangetref:
Die goewerneur van die Erongo-streek het sy reaksie gegee op ‘n groep inwoners van Walvisbaai wat bekend staan as die Backyard Tenants. Hulle het 'n petisie aan die dorpsraad oorhandig om ongedienste grond toe te ken aan diegene wat erwe op eie koste wil ontwikkel by Uitbreiding 7. Uitbreiding 7 in Narraville was bedoel vir 'n nuwe begraafplaas, maar die groep sê die begraafplaas kan na Plaas 37, sowat 10 kilometer buite die hawedorp, geskuif word. Plaas 37 is jare gelede geïdentifiseer as 'n oplossing vir die behuisings-agterstand in Walvisbaai. Die groep sê die raad moet 'n besluit neem voor 17 Maart. Die Erongo-goewerneur van Erongo, Neville Andre sê aan Kosmos 94.1 Nuus inwoners kan met voorstelle indien soos dié om die erwe op hul eie koste te ontwikkel, maar dit moet met owerhede beraadslaag word.
Die Stad Kaapstad sê hy is bekommerd omdat kapings in dié stad blykbaar toeneem. In die jongste voorval het drie verdagtes probeer om 'n blou VW Golf-luikrug by ‘n groot openbare kruising te kaap. Beamptes kon egter die kaping fnuik nadat die voertuig se bestuurder hulle aandag getrek het. Een verdagte is in hegtenis geneem. Die burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekuriteit, JP Smith, sê die stad se weeklikse wetstoepassingspogings toon week na week 'n bestendige koers vir inhegtenisnemings omdat beamptes paaie en gemeenskappe patrolleer:
Regskenners in Suid-Afrika waarsku die Nasionale Vervolgingsgesag moet op sy hoede wees met die vervolging van sake oor staatskaping. Dit kom terwyl die NVG sy saak in die Nulane-verhoor sluit. Die hof het aangedui mondelinge getuienis kan nie die staat help om enige misdadige bedrywighede te bewys nie. Intussen het vyf beskuldigdes aansoek gedoen om ontslag op aanklagte dat hulle die onwettige opbrengs van 24,9 miljoen Suid-Afrikaanse rand van die beweerde Nulane-bedrogspul gewas het. Die regskenner William Booth sê dit is onduidelik of die Gupta-broers uitgelewer gaan word:
Vier aktiviste van die Affirmative Repositioning, insluitende die voorsitter van die Otjozondjupa-streek Johannes Johannes, is borgtog van 1 000 Namibiese dollar elk toegestaan nadat hulle deur die Namibiese polisie op Tsumeb in hegtenis geneem is. Die vier aktiviste is in hegtenis geneem nadat 'n herrie tussen die Nampol en lede van die publiek wat 'n AR-mediakonferensie op dié Noorde-dorp bygewoon het, uitgebreek het. Drie lede van die Namibiese polisie is na bewering geslaan as gevolg van die geweld wat uitgebreek het. Onafhanklike aktivis Knowledge Ipinge sê aan Kosmos 94.1 Nuus ‘n brief is aan die minister van veiligheid, dr. Albert Kawana, geskryf oor Nampol 'n ernstige bedreiging vir demokrasie van Namibië inhou.
Die Namibiese Driekamp-federasie is opgewonde oor die 2023 Africa Triathlon Sprint Cup Swakopmund wat op 25 Maart op dié kusdorp sal plaasvind. Die aksie sal by die Mole plaasvind en internasionale atlete van verskeie lande gaan ook deelneem. Kosmos 94.1 Nuus het met die president van die Namibiese Driekamp-vereniging Roual Spangenberg gepraat...
Die Departement van Water en Sanitasie in die buurland sê die Vaaldam se watervlak daal geleidelik en die dam is tans 108 persent vol. As gevolg daarvan is nog 'n sluis toegetrek, wat beteken daar is nou ses sluise oop. Die departement se woordvoerder, Wisane Mavasa, sê watervlakke by die Bloemhofdam is ook besig om te daal en die dam is tans 105 persent vol. Hy voeg by die water wat uitloop, word geleidelik verminder:
Die Afrikastreek se Nasionale Verenigings vir Verpleegkundiges het met opleiding van vyf dae begin in die Internasionale Raad vir Verpleegkundiges se Leierskap vir Verandering-program. Die doel is om leiers van die vasteland se verpleegkunde-organisasies met leierskapsvaardighede toe te rus. Sibongiseni Delihlazo van die Suid-Afrikaanse verpleegorganisasie, Denosa, sê die opleiding beklemtoon die belangrikheid van verpleegkundiges in besluitnemingsprosesse:
Die hoof van die Wêreldgesondheidsorganisasie, Tedros Adhanom Ghebreyesus sê net 4 persent van die 400 miljoen Amerikaanse dollar wat vir verskeie mensregtekrisisse in Jemen bewillig is, is ontvang. Die land is reeds nege jaar in konflik gewikkel. Hy sê terwyl daar groot dankbaarheid is daarvoor, is nog baie geld nodig, veral vir gesondheidsorg.
ActionSA sê 'n verklaring deur die voormalige Eskom-hoof, André de Ruyter, wys die regering en die ANC moet regstreeks die skuld kry vir die beurtkrag-toestand. Die verklaring is deel van die hofsaak wat die UDM, ActionSA en 17 ander aanhangig gemaak het om onder andere die regering se reaksie op beurtkrag ongrondwetlik te verklaar. ActionSA se woordvoerder, Gillian Benson, sê De Ruyter het onthul die oprigting van die Medupi- en Kusile-kragstasies is afgejaag om beurtkrag te verminder en dit het gelei tot ontwerpfoute en swak bouwerk:
Die DA in Gauteng sê inwoners ly steeds onder voortslepende kragonderbrekings terwyl die provinsiale regering absoluut niks doen om die krisis op te los nie. Die party se woordvoerder, Dorianne Arendse, sê hulle het vroeër die maand in die provinsiale wetgewer vrae aan premier Panyaza Lesufi voorgelê oor die provinsiale regering se planne om die aantal kragonderbrekings te verminder. Sy sê van die vrae wat ingesluit is, wil onder andere weet of Gauteng 'n groenekonomie-oorlogskamer het en indien wel, wat die begroting is:
Die Britse eerste minister Rishi Sunak sê die nuwe Brexit-ooreenkoms is geskiedkundig en 'n beslissende deurbraak wat die soewereiniteit van Noord-Ierland se mense beskerm. Die ooreenkoms wat met die Europese Unie bereik is, staan nou bekend as die Windsor-raamwerk. Sunak sê die nuwe ooreenkoms verseker dat handel met die hele Verenigde Koninkryk glad verloop, dit beskerm Noord-Ierland se plek in die unie en beskerm die soewereiniteit van die mense van Noord-Ierland:
‘n Kenner van woestyn-aangepaste olifante gee haar reaksie op berigte dat groepe motorfietsryers die olifante in die Kunene-streek versteur. Sommige van die motorfietsryers gehoorsaam nie die reëls van parke, konsessies en bewaringsgebiede nie. Hulle ry vanaf die paaie af op sensitiewe terrein, jaag in rivierlope en kamp waar hulle nie mag nie. Gemeenskappe probeer hierdie gebiede vir toeriste oophou, maar van die motorfietsryers veroorsaak stres onder dié olifante, Dr. Betsy Fox, voorheen van Elephant-Human Relations Aid, bekend as Ehra, sê aan Kosmos 94.1 Nuus hierdie gedrag vuur mens-olifant-konflik aan.
Die eerste minister van Namibië verseker dat ‘n voedselverligtings-program aan beide vloed- en droogte-geteisterde gemeenskappe verskaf sal word. Dit volg op kommer oor die komende mahangu-oes in Namibië. Groot dele van die noordelike dele van die land het geen reën gehad nie, terwyl ander se velde weer met die efundja oorstroom word. Mahangu is 'n uiters belangrike stapelvoedsel in die land. Eerste minister Saara Kuugongelwa-Amadhila sê aan Kosmos 94.1 Nuus die kabinet het reeds die program goedgekeur.
Dit wil voorkom asof die buurland se minister van openbare ondernemings, Pravin Gordhan, sy hande gewas het oor aantygings van korrupsie by Eskom. Gordhan het bevestig dat die oud-uitvoerende hoof van Eskom, André de Ruyter, wel verwys het na sekere mense wat by korrupsie by die kragvoorsiener betrokke was. Hy het ook gesê hy het die beweerde korrupsie by ’n kabinetslid aangemeld, maar niks is gedoen nie. Gordhan sê as De Ruyter bewyse het, moet hy dit na die wetstoepassingsagentskappe neem:
Kommissarisse in die buurland vra spoedige optrede teen die waarnemende uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie, Chantal Kissoon. Dit volg nadat ʼn video verlede week groot opslae gemaak het waarin sy na senior bestuurders in die kommissie verwys as “swart babas”. Die kommissie se kantoorbestuurder in Limpopo, Victor Mashidula, sê die voorsitter en ander senior bestuurders het die aangeleentheid bespreek en toepaslike optrede sal volg:
Die leier van Build One South Africa wil hê die polisie moet verseker daar is 'n vinnige ondersoek na en tronkstraf vir die skuldiges wat Eskom geplunder het. Dit volg op bewerings deur die uittredende uitvoerende hoof, André de Ruyter, oor die betrokkenheid van 'n hoëvlak ANC-politikus en kabinetsminister. Mmusi Maimane sê die Wet op die Voorkoming en Bestryding van Korrupte Bedrywighede vereis De Ruyter moet hul identiteite bekend maak. Hy het 'n strafsaak geopen en 'n beëdigde verklaring van minister Pravin Gordhan versoek om te bevestig of hy oor die beweerde korrupsie ingelig is:
Die eerste van slegs twee toetse wat vir die Suid-Afrikaanse somer geskeduleer is, begin vandag op SuperSport-park in Centurion tussen die Proteas en die Windies. Die laaste toets vind vanaf volgende Woensdag op die Wanderers in Johannesburg plaas, waarna die twee spanne in drie eendagwedstryde en drie T20’s sal kragte meet. Die Proteas het ʼn nuwe afrigter, Shukri Conrad, asook ʼn nuwe kaptein, Temba Bavuma. Bavuma sê hy sien uit na die nuwe begin:
Stad Windhoek se munisipale raad se poging tydens vanaand se spesiale raadsvergadering om uiteindelik die twee oorblywende lede van die bestuurskomitee te verkies, het weer misluk. Dit is die hoeveelste probeerslag om die twee lede te verkies. Die raad het weer eens versoek dat hulle die vergadering tot Donderdag 2 Maart uitgestel word. Landdros Venatius Alweendo, wat toesig oor die verkiesing sou hou, was duidelik geïrriteerd deur die raad se versuim om hul huis in orde te kry.
Die Stad Kaapstad was die gasheer vir 'n afvaardiging van Miami-Dade County in die Verenigde State van Amerika. Die doel is om sake rakende hul susterstad-ooreenkoms en handelsbetrekkinge te bespreek. Die vergadering het saam met die Sister Cities International Africa Summit plaasgevind. Die stad se burgemeesters-komiteelid vir ekonomiese groei, James Vos, sê sedert die ondertekening van die ooreenkoms in 2013, het Kaapstad 'n sterk verhouding met die VSA opgebou wat tot voordeel van reis, handel en die plaaslike ekonomie is.
Duisende Noord-Kaapse matrikulante sal die jaar 'n bietjie meer ondersteuning hê om vir hul jaareind-eksamens voor te berei. Dit nadat die provinsie se onderwysdepartement vroeër vandag sy inisiatief om e-leer-tablette aan duisende Graad 12's te verskaf, begin implementeer het. Die projek vorm deel van die provinsie se strategie om matriekuitslae te verbeter. Kosmos 94.1 Nuus se korrespondent in Kaapstad, Fritz Platt...
Die Gautengse departement van gesondheid het vandag begin met die eerste ronde menslike papiloomvirus-inentings vir meisies in graad vyf, of van nege jaar oud en ouer. Die veldtog, wat tot einde volgende maand sal duur, het ten doel om meisies later in hul lewe te beskerm teen die ontwikkeling van servikale kanker. Die departement se woordvoerder, Motalatale Modiba, herinner ouers, versorgers en wettige voogde wat nog nie die toestemmingsvorms onderteken het nie, om dit te doen.
China het op vrede aangedring ná 'n Amerikaanse waarskuwing van ernstige gevolge as China wapens verskaf om Rusland se inval in die Oekraïne te ondersteun. Washington en sy Navo-bondgenote skarrel om China te weerhou om militêre hulp vir Rusland se oorlog te verskaf. Professor Andre Duvenhage, 'n politieke ontleder in die buurland sê aan Kosmos 94.1 Nuus dit sal op die lang termyn moeilik wees om China uit die oorlog te hou op grond van hul historiese bande met Rusland.
Na aanleiding van berigte dat boere in die Omusati-streek kla oor ’n wurmpie wat op hul landerye verskyn het, het die goewerneur, Erginus Endjala, die jongste in hierdie verband gegee. Die wurm is geïdentifiseer en die oomblik wanneer dit reën, verdwyn die wurm. Endjala het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê noudat die grond droog is, is dit maklik vir die wurm om weer sy verskyning te maak, want dit verkies droë, warm sand.
Die nuus dat die All Africa-spele wat in Augustus vanjaar in Ghana sou plaasvind uitgestel is, word redelik wyd in Namibia verwelkom, behalwe deur die sekretaris-generaal van die Paralimpiese-komitee, Michael Hamukwaya. Die rede vir die uitstel is omdat die gasheerland se drie stede waar die spele sou plaasvind nie voorbereid is nie. Terwyl daar nog nie ‘n datum bepaal is nie, sal die spele eers volgende jaar plaasvind. Hamukwaya sê aan Kosmos 94.1 Nuus dit is ‘n terugslag vir atlete.
Die Namibiese arbeidsminister Utoni Nujoma het vandag sy personeelvergadering gesê tydens die eerste drie kwartale van die 2022-23-boekjaar is twee noodlottige en twee groot ongelukke by werksplekke aangemeld. In die tydperk is 2 315 inspeksies by werksplekke uitgevoer, waarvan 1 494 inspeksies was vir basiese indiensnemings-voorwaardes en 821 inspeksies was om die nakoming van beroepsveiligheids- en gesondheidstandaarde te verifieer. Altesaam 3 835 arbeidsverwante klagtes en kwessies is in alle streke en uit verskillende sektore geregistreer en hanteer. Veteraan vakbondleier Job Muniaro sê aan Kosmos 94.1 Nuus hierdie statistieke kan nie aanvaar word nie.
Krieket: ʼn Nuwe hoofstuk in Suid-Afrikaanse toetskrieket begin môre met die eerste wedstryd teen die Windies op SuperSport-park in Centurion. Shukri Conrad is die nuwe afrigter van die Proteas se toetsspan en Temba Bavuma die nuwe kaptein. Die reeks is die enigste twee toetse op die kalender vir die Suid-Afrikaanse somer. Dit is deel van die Wêreld-toets-kampioenskap, maar Suid-Afrika is nie meer ʼn aanspraakmaker op ʼn plek in die eindronde nie. Bavuma sien uit na ʼn nuwe begin.
Die buurland se departement van water en sanitasie sê die Vaaldam ondervind ʼn voortdurende afname in watervlak, wat tans 111 persent beloop. Nog ʼn sluis is Sondag gesluit sodat sewe sluise nog oop is. Die woordvoerder van die departement, Wisane Mavase, sê die watervlakke in die Laer-Oranjerivier en die Laer-Vaalrivier bly hoog en dit mag ʼn rukkie duur om te reageer oor die verminderde vloei van die Oranje- en Vaalrivier hoër op.
Drie werknemers van TransNamib is beseer nadat ‘n trein met mangaan van voor Lüderitz ontspoor het. Twee lokomotiewe en een wa het ontspoor en die treinspoor is gesluit. Volgens die woordvoerder van TransNamib, Abigail Raubenheimer is die beseerdes vir mediese behandeling geneem. Raubenheimer het meer besonderhede met Kosmos 94.1 Nuus gedeel...
Die vakbond, Giwusa, sê Eskom het ʼn onbetroubare noodsaaklike diens geword. Suid-Afrikaners ondervind voortgesette beurtkrag en die situasie sal na verwagting in die komende jare vererger. Die president van die vakbond, Mametlwa Segei, sê die krisis is groter as wat die kragnuts-maatskappy bereid is om te erken.
Die DA in Gauteng sê die risiko vir brande by die provinsie se openbare hospitale is hoog aangesien slegs twee van die 37 geldige brand-opruimingsertifikate het. Dit is omdat hulle nie vloerplanne en toereikende brand-opsporingstelsels het nie. Die LUR vir gesondheid, Nomantu Nkomo Ralehoko, het dit bevestig na aanleiding van die party se vrae in die wetgewer. Jack Bloom van die DA sê slegs twee hospitale het geldige brand-sertifikate.
Die Stad Kaapstad maak gereed om hierdie naweek 7 000 passasiers by die bootvaart-eindpunt te verwelkom. Vanaf Oktober tot verlede maand het verskeie skepe reeds daar aangedoen met bykans 75 000 passasiers wat deur die hawe van Kaapstad beweeg het. Die burgemeesters-komiteelid vir ekonomiese groei, James Vos, sê die bootvaart-sektor is belangrik vir die Moederstad se ekonomie.
Krieket: Suid-Afrika het ʼn baie geslaagde T20-Wêreldbekertoernooi vir Vroue aangebied met wedstryde in Gqeberha, die Paarl en Kaapstad. Groot skares het hulle spanne kom ondersteun en die Proteas het tot die eindstryd gevorder. Dis die eerste Wêreldbeker-eindstryd nog vir die Proteas – vroue of mans. Die verdedigende kampioen, Australië, het Suid-Afrika in die eindstryd op Nuweland in Kaapstad met 19 lopies geklop om die titel die sesde keer in te palm. Die Proteas se kaptein, Suné Luus, is baie trots op haar span.
Die Nama Tradisionele Owerheid bied op 22 April 'n Volksmoordherdenkingsdag op Lüderitz by Shark-eiland aan. Die eiland was tydens die volksmoord ‘n konsentrasiekamp met duisende Namas en Herero’s wat daar aangehou en begrawe is. Maboss Ortmann, ‘n lid van die owerheid se tegniese komitee sê die datum is uiters belangrik.
Daar is kommer oor die komende mahangu-oes in Namibië. Groot dele van die noordelike dele van die land het nie reën gehad nie terwyl ander se landerye weer onder water staan met die efundja. Mahangu is ‘n uiters belangrike stapelvoedsel in die land. Namib Meulens vervaardig ook sy Meme Mahangu-produk en terwyl invoere vanuit Indië kan plaasvind, is daar ook uitdagings hiermee. Ian Collard, voorsitter van die NMI-groep sê dinge lyk nie goed nie.
Die Stad Tshwane sê die voortslepende voorvalle waar amptenare op diens geteister en beroof word, het nadelige gevolge omdat dit dienslewering aan inwoners belemmer. In die jongste voorval het onbekende aanvallers 'n stelseloperateur by die Soshanguve-depot gekaap en gyselaar gehou. Die stad se woordvoerder, Lindela Mashigo, sê die vermeende oortreders het met die amptenaar rondgery en hom probeer dwing om gebiede in die noordelike dele van Soshanguve wat 'n kragonderbreking gehad het, van krag te voorsien:
Die Internasionale Arbeidsorganisasie sal die week sy verslag oor maatskaplike beskerming vir kinders bekend maak. Kwessies sluit kinderarbeid, armoede, gesondheid, opvoeding en meer in. In Namibië is daar duisende enkelouers met vaders wat bekend is vir hul afwesigheid. Dit opsigself, maak kinders meer kwesbaar. Maar, volgens die voormalige kinderadvokaat Ingrid Husselmann, is die sogenaamde kern-familie-eenheid nie so belangrik vir die beskerming van kinders nie. In die Afrika-konteks, word kinders kommunaal grootgemaak. Sy sê dit handel oor die kind se kwaliteit, nie of die pa teenwoordig is of nie.
Lede van die publiek kla omdat daar blykbaar groot vertragings by NaTIS-kantore regoor die land is, veral met leerling- en rybewys toetse. Die wagperiode is volgens wat berig word baie lank waar dit voorheen ‘n dag of twee geneem het voor ‘n bespreking bevestig is. Die hoof van korporatiewe kommunikasie by die Padowerheid, Hileni Fillemon sê daar is geen agterstand nie, net ‘n baie groot aanvraag. Sy sê ook aanlynbesprekings sal binnekort beskikbaar wees.
Die Namibiese Kankervereniging begin met ‘n nuwe projek om beenmurgskenkers in Namibië te identifiseer en op die internasionale beenmurgregister te plaas. Daar is tans geen register in Namibië nie, nes soos in baie Afrikalande. Die hoof uitvoerende beampte van die vereniging Rolf Hansen sê ooreenkomste is reeds met Angola en Botswana onderteken. Beenmurg is uiters belangrik vir die behandeling van siektes soos leukemie, limfome, aplastiese anemie, immuun afwykings en meer.
Die Stad Kaapstad maak gereed om hierdie naweek 7 000 passasiers by die bootvaart-eindpunt te verwelkom. Vanaf Oktober tot verlede maand het verskeie skepe reeds daar aangedoen met bykans 75 000 passasiers wat deur die hawe van Kaapstad beweeg het. Die burgemeesterskomiteelid vir Ekonomiese Groei, James Vos, sê die bootvaart-sektor is belangrik vir die Moederstad se ekonomie:
Kommersiële studielenings is in die nuus. Talle jong Namibiërs neem lenings uit om te studeer maar, daar is nie veel geleenthede vir werk na kursusse voltooi is nie en amper 50 persent van die land se jeugdiges is werkloos. Daar is ‘n risiko vir enige familie wat ‘n studielening uitneem, veral as die gegradueerde nie ‘n pos bekom om die lening terug te betaal nie. Volgens die plaaslike ekonoom Cons Karamata, behoort die bepaling te wees dat die lening eers betaalbaar is wanneer die begunstigde daarvan werk bekom.
Kaapstad se burgemeester Geordin Hill-Lewis sê hy kan bars van trots oor die manier waarop die stad die naweek die suksesvolle Formule E-wêreldkampioenskap vir die eerste keer op die Afrikavasteland aangebied het. Antonio Felix da Costa het van die elfde plek tot nommer een gevorder en sy eerste wedren vir TAG Heuer Porsche gewen. Hill-Lewis sê die beraamde ekonomiese inspuiting van die geleentheid is meer as 2 miljard Suid-Afrikaanse rand:
Die DA sê die landbou-energie-taakspan erken die skade wat die ANC-regering aangerig het wat beurtkrag betref en wat landbou en voedselsekerheid bedreig. Die taakspan en die landboudepartement het verlede week voor die parlement verskyn. 'n DA-woordvoerder, Noko Masipa, sê die taakspan moet oor 'n wye front beraadslaag om praktiese maniere te vind om energie te skep en aan boere te voorsien. Dit is buiten kortings en belastingverligting:
Die omstrede aktivis Michael Amushelelo is weer besig. Hy sê daar sal op 1 Maart ‘n reuse-staking in Onafhanklikheidsrylaan gehou word saam met die kontrakwerkers van Stad Windhoek. In sy brief aan die polisiehoof, luitenant-generaal Joseph Shikongo maak hy melding van die feit dat die polisie het eers hul aansoek vir die protes afgekeur omdat daar nie genoeg mannekrag is nie maar, Amushelelo sê daar was genoeg om die “wit vrou van Amerika” op te pas. Hy het ook gesê dit is belangrik om vir vryheid op te staan maar, dreig met moontlike geweld.
Die afrigter van die Springbok-sewes, Sandile Ngcobo, sê sy span se vertoning in die Los Angeles-sewes was onaanvaarbaar en heeltemal futloos, veral in die wedstryde teen Fidji in die kwarteindronde en teen Samoa in die uitspeelstryd om die vyfde plek. Nieu-Seeland het die toernooi gewen en is bo-aan die ranglys van die Wêreldrugby Sewesreeks. Argentinië, die verloorders in die eindstryd, het saam met Suid-Afrika in die tweede plek op 86 punte ingeskuif, terwyl Fidji nou in die vierde plek is met 84 punte. Ngcobo sê hy is uiters teleurgesteld:
Die Suid-Afrikaanse Workers Socialist-party sê 'n jaar gelede het die Russiese President Vladimir Putin Oekraïne ingeval, oortuig van 'n spoedige oorwinning. Die party sê daar is egter geen aanduiding dat, wat hy die barbaarse oorlog noem, binnekort sal eindig nie. Die party sê dit speel af teen die agtergrond van verskillende imperialistiese blokke wat die wêreld wil oorheers om markte te beheer en soveel wins as moontlik te maak. Die woordvoerder, Ndumiso Ncube sê die nuwe koue oorlog tussen Amerika en China speel 'n groot rol in die oorlog in Oekraïne:
'n Ontleder van die Instituut vir Rasseverhoudings in die buurland, Nicholas Lorimer, maan Suid-Afrika om dringende stappe te doen om sy verhouding met Amerika te verbeter. Dit kom teen die agtergrond van die regering se besluit om militêre oefeninge te onderneem met die Chinese en Russiese vlote. Lorimer sê die ANC-regering het geskuif na 'n meer openlike teen-Westerse houding, wat nou Suid-Afrika se verhouding met die VSA bedreig:
Die Weskus Veiligheidsinisiatief sê daar is nege mense in twee weke in motorongelukke aan die kus dood. Die naweek is vyf oorlede in twee ongelukke. Dit volg nadat die bestuurder van die sewe-sitplek voertuig vanoggend oorlede is op pad Windhoek toe vir behandeling. Volgens Aubrey Oosthuizen van die inisiatief, is die syfers kommerwekkend veral omdat ongelukke nader aan die kusdorpe plaasvind. Hy sê veiligheidsgordels is ‘n probleem.
En, daar is plek-plek goeie nuus vir verskeie dele van die land soos die weer nou aan ‘n nuwe patroon werk.
Die bekende weerkenner van Aranos, George van der Merwe sê Freddy het groot skade aan Namibië se reënweer gedoen. Hy sê die stelsel sal nou terugbeweeg in die Mosambiek-kanaal en daar is hoop dat dit nie weer in ‘n sikloon ontwikkel nie...
ActionSA sê 'n verklaring deur die voormalige Eskom-hoof, André de Ruyter, wys die regering en die ANC moet regstreeks die skuld kry vir die beurtkrag-toestand. Die verklaring is deel van die hofsaak wat die UDM, ActionSA en 17 ander aanhangig gemaak het om onder andere die regering se reaksie op beurtkrag ongrondwetlik te verklaar. Gillian Benson van ActionSA sê De Ruyter het onthul die oprigting van die Medupi- en Kusile-kragstasies is afgejaag om beurtkrag te verminder en dit het gelei tot ontwerpfoute en swak bouwerk:
Manchester United het Newcastle met twee-nul verslaan en die Carabao-beker op Wembley opgeraap. Dit is die klub se eerste trofee sedert 2017. Casemiro het ná 33 minute 'n doel aangeteken van 'n vryskop deur Luke Shaw. Die Reds het hulle voorsprong vergroot toe Sven Botman 'n skop deur Marcus Rashford buite bereik van Newcastle se nuweling-doelwagter, Loris Karius, geplaas het. Manchester United se bestuurder, Erik ten Hag, sê sy span wil nog meer trofeë verower.
Die Suid-Afrikaanse gesondheidsminister, Joe Phaahla, sê tot dusver is geen cholera-uitbreking aangemeld in landelike gebiede in die land waar die meeste die mense water uit riviere gebruik nie. Aan die begin van die maand is cholera bevestig by twee vroue wat per bus vanaf Malawi gereis het. Daarna is Cholera ook deur laboratoriumtoetse bevestig by die man van een van die vroue. Al drie, wat in Diepsloot bly, het herstel. Phaahla sê Donderdag het die departement nóg twee gevalle van cholera in Gauteng bevestig:
Media Monitoring Africa het die Konstitusionele Hof in die buurland op 'n dringende basis genader oor President Cyril Ramaphosa se gesloer om 'n nuwe raad SABC-raad aan te stel. Die vorige raad se termyn het vyf maande gelede verstryk en die parlement het reeds in Desember die name van 12 kandidate goedgekeur. Media Monitoring Africa se direkteur, William Bird, sê hulle sal aanvoer Ramaphosa se weiering om 'n nuwe raad aan te stel, is 'n skending van sy grondwetlike verpligting om vinnig en sonder versuim op te tree:
Die Verenigde Koninkryk se eerste minister, Rishi Sunak, en die Europese Kommissie se president, Ursula von der Leyen, voer na verwagting vandag die laaste gesprekke oor 'n nuwe Brexit-ooreenkoms vir Noord-Ierland. Die ooreenkoms sal volgens berigte nie die manier waarop Noord-Ierland óór die Ierse grens met die Europese Unie of die res van die Verenigde Koninkryk handel dryf, radikaal verander nie. Stelsels om kontrole oor die Ierse See te vergemaklik, sal egter ingestel word. Die adjunk- eerste minister, Dominic Raab, het aan Sky News gesê Brittanje is op die punt van 'n ooreenkoms:
Die Windhoek Stadspolisie het ‘n toep van stapel gestuur om die wettigheid en veiligheid van taxi’s in die hoofstad te bepaal. Dit kan ook benut word wanneer iets in die voertuig agter gelaat is. Die Stadspolisie hoof, Abraham Kanime het met Kosmos 94.1 Nuus gesels en sê die toep is op die webtuiste beskikbaar.
Die ANC-regering se onvermoë om doeltreffende finansiële stelsels te implementeer en beheer het gely tot die land se gryslys status deur die Finansiële Aksie Taakmag. Op sy beurt het dit die Suid-Afrikaanse rand skerp laat daal teen die Amerikaanse geldeenheid. Die rand verhandel tans teen 18,44 en kenners meen die geldeenheid kan, saam met die Namibiese dollar, verder verswak tot verby 19 rand teenoor die Amerikaanse dollar. Die bekende Suid-Afrikaanse ekonoom Dawie Roodt het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Water-uitdagings is in die nuus. Okahandja, Tsumeb en Mariental het reeds uitdagings gehad met vuil water of beurtwater as gevolg van opknappingswerk, en volgende week sal Oshakati en die omliggende gebiede ook beurtwater beleef sodat die versuiweringsaanleg herstel kan word. Kosmos 94.1 Nuus het met NamWater gesels oor die kwessie en volgens die maatskappy se hoof van mensekapitaalbestuur, Kadiva Hamutumwa, is dit nie ‘n gebrek aan instandhouding nie, maar eerder, roetine opknappingswerk wat gedoen word.
Die ANC sy beroep op die uittredende Eskom-hoof, Andre De Ruyter, herhaal om strafregtelike klagte in te dien, met bewyse oor sy ernstige bewerings van korrupsie, sabotasie en politieke inmenging by Eskom. Die party sê dit sal wetstoepassingsagentskappe in staat stel om ondersoek te doen, en waar toepaslik die skuldiges te vervolg. Die ANC se woordvoerder, Mahlengi Bhengu-Motsiri sê dit sluit enige ANC-lede of openbare verteenwoordigers in, wat die wette van die Republiek óf die voorskrifte van die ANC-Grondwet, oortree óf die ANC-lidmaatskapeed verbreek het:
Die landbouminister Calle Schlettwein sê in ‘n verklaring dat enige bewerings dat beesvleis wat vanuit die noordelike kommunale gebiede na Ghana toe uitgevoer word besmet is met bek- en klouseer, kwaadwillig en onwaar is. Die aanmerkings kom na ‘n artikel in plaaslike media dat wit kommersiële boere owerhede in Ghana genader het en gewaarsku het oor die veiligheid van die vleisuitvoere van Namibië. Schlettwein sê die identiteit van die sogenaamde boere is nog nie bekend nie maar, owerhede is in kontak met owerhede in Ghana om dit te bepaal en ook om toegang te kry tot die brief wat na bewering gestuur is. Die minister het verlede week met Kosmos 94.1 Nuus oor die aantygings gepraat.
Eskom sê hy gaan voort om fase vier-beurtkrag in te stel tot vieruur vanmiddag, waarna fase vyf tot vyfuur môreoggend sal geld. Daarna word beurtkrag tot fase drie afgeskaal van vyfuur môreoggend tot vieruur môremiddag en Woensdag, waarna fase vier ingestel sal word tussen vieruur smiddae en en vyfuur soggens op albei dae. Eskom se woordvoerder, Sikonathi Mantshantsha, sê die afgelope 24 uur is verskeie opwekkingseenhede in diens gestel:
Tsumeb-munisipaliteit nooi sy inwoners uit na gemeenskapsvergaderings die volgende week om verskeie kwessies van die dorp te bespreek. Maandagaand vanaf ses-uur sal 'n vergadering by die Duitse Lutherse Kerk op die dorp gehou word en Dinsdagaand vir die gemeenskappe van Nomtsoub, Soweto en Mashaka by die Opawa Skoolsaal. Die skakelbeampte van Tsumeb-munisipaliteit, Stella Imalwa-Nangolo sê aan Kosmos 94.1 Nuus die afskryf van pensioenarisse se skuld sal een van die besprekingspunte wees.
Die burgemeester van Kaapstad, Geordin Hill-Lewis, sê die stadsraad het 'n tarief-verligtingverhoging van 52 persent goedgekeur vir alle eiendomme wat minder as 5 miljoen Suid-Afrikaanse rand werd is. Die eerste 450 000 Suid-Afrikaanse rand van die waarde van die eiendom sal nou kwytgeskeld wees van tariewe, wat 'n groot 150 000 rand verhoging in dié vrystellingvoordeel is om laer- en middel-inkomste belastingbetalers te bevoordeel. Hill-Lewis sê hulle maak dit ook vir meer pensioenarisse en ontvangers van maatskaplike toelaes moontlik om voordeel te trek uit 'n tarief-terugbetaling deur die kwalifiserende perk te verhoog van 'n huishoudelike inkomste van 17 500 tot 22 000 rand per maand:
Die minister in die Suid-Afrikaanse Presidensie, Mondli Gungubele, het die vrouekrieketspan gelukgewens nadat hulle die eindstryd van die T20 Wêreldbeker bereik het. Hy sê Suid-Afrikaners is uiters trots op die span. Hulle prestasie is nog 'n bewys van Suid-Afrikaners se veerkragtigheid as 'n nasie en toon hulle vermoë om mee te ding en op wêreldvlak te wen. Gungubele sê daar is geen twyfel nie dat die Proteas heeltemal gereed is om die beker te verower:
Die Departement van Water en Sanitasie in Suid-Afrika sê sy Hidrologiese Monitering- en Voorspellingstelsel het gister 'n aansienlike daling getoon in die watervlak van die Vaaldam. Nog twee sluise is daarom gesluit. Vier sluise is tot dusvêr toegemaak, nadat twee Vrydag gesluit is. Agt sluise is steeds oop. Die woordvoerder van die departement, Wisane Mavasa, sê die Vaaldam se inhoud staan tans op ongeveer 113 persent:
‘n Namibiese landbou-kenner het sy reaksie gegee oor die slagting en uitvoere van vee wat in Januarie gedaal het as gevolg van 'n lae aanbod van slaggereed diere by beide plaaslike en uitvoer-abattoirs. Volgens die Vleisraad het bok-bemarking in Januarie die grootste jaarlikse afname van 17,9 persent aangeteken, gevolg deur beeste met ‘n daling van 8,8 persent. Landbou-kundige Wallie Roux verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus waarom skaap-bemarking die enigste toename van 4,2 persent op ‘n jaargrondslag aangeteken het.
Die DA sê die ANC-regering moet hom toewy aan die heropbou van institusionele kapasiteit, prosesse en stelsels in sleutelgebiede van die toesighoudende, ondersoek- en vervolgingsdienste. Die DA-parlementslid, Dion George, sê Suid-Afrika se gryslys-plasing deur die Finansiële Aksie-taakspan is 'n verdoemende veroordeling van die land se strafregtelike regstelsel en die regering se onvermoë om finansiële misdade te bestry, soos geldwassery en die finansiering van terrorisme:
Die parlementêre komitee oor natuurlike hulpbronne het 'n weeklange besoek aan die suide van Namibië gehad. Volgens die Swapo-parlementslid, Ephraim Nekongo was hul taak om boerdery-aktiwiteite in die private sektor te vergelyk met dié van plase in staatsbesit, insluitend die groenskemas. Hy sê die doelwit is om die volle potensiaal van staats-landbouprojekte te verbeter en by te dra tot die ekonomie. Nekongo sê aan Kosmos 94.1 Nuus dat daar 'n paar private landbou-projekte is wat regeringsprojekte kan aanvul. Hy noem as voorbeeld die O&L se Namibian Dairies se Super Farm by Mariental en die melkplaas in die Kavango.
Die Ontwikkelingsbank van Namibië het aangekondig dat besigheidsherstel-lenings verder gesubsidieer is in reaksie op oproepe deur besighede vir toegang tot bekostigbare krediet. Dit sal nou 'n 12 maande rentevrye tydperk na die uitbetaling van lenings insluit. Hierdie lenings word deur die Duitse Ontwikkelingsbank, KfW, met sowat 40 miljoen Namibiese dollar ondersteun. Die uitvoerende hoof van die Ontwikkelingsbank, Martin Inkumbi sê aan Kosmos 94.1 Nuus dit sal help om rente van lenings te delg.
Antonio Felix da Costa van die Porsche Formule E-span het gister geskiedenis gemaak met sy oorwinning in die eerste Kaapstadse e-Prix. Da Costa het in die 11de plek weggespring en geleidelik veld gewen, en in 'n desperate laaste ronde poging sy voormalige spanmaat Jean-Eric Vergne verbygesteek en die voortou geneem om eerste oor die wenstreep te jaag. Dit was 'n groot ommekeer vir Porsche, nadat sy kampioenskaps-leier, Pascal Wehrlein, in die openingsronde uit die wedren is. ’n Emosionele Da Costa het gesukkel om die woorde te vind in sy gesprek met sy span ná sy oorwinning:
Die Departement van Water en Sanitasie in Suid-Afrika sê sy hidrologiese en voorspelling-stelsel dui op 'n afname in die watervlak van die Vaaldam en daarom is twee sluise toegetrek. Die watervlak van die Bloemhofdam staan tans op 112 persent. In die Oranjerivier, is die Gariepdam se vlak ook op ongeveer 112 persent. Die woordvoerder van die departement, Wisane Mavasa, sê by die Vanderkloofdam is die watervlakke tans op 110 persent:
Die Namibiese minister van werke en vervoer, John Mutorwa, en die uitvoerende hoof van die Padowerheid, Conrad Lutombi, het Impalila-eiland besoek om die pad-konstruksie daar te inspekteer. Mutorwa is tevrede met die vordering van die pad se bouwerk. Hy sê Impalila is 'n eiland wat infrastruktuur benodig aangesien dit Namibië met drie ander lande verbind. Aandag sal ook aan die Impalila-landingstrook gegee word om toeriste en die regering toegang tot die gebied te gee. Die Namibiese kontrakteur Nexus het belowe om 'n kwaliteit-pad betyds te lewer, ondanks die uitdagings van reën. Lutombi het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die pad behoort in Julie voltooi te wees.
Die Suid-Afrikaanse Reserwebank sê sedert die Finansiële Aksietaakgroep se Gesamentlike Evaluering van Suid-Afrika in 2021, het sy gekoördineerde regerings-belanghebbers aansienlike en vérreikende pogings onderneem, gelei deur die Nasionale Tesourie. Dit was om sy teen-geldwassery, teen-finansiering van terrorisme en teen-proliferasie finansierings-regime, én die implementering daarvan, te versterk. Die Nasionale Tesourie se waarnemende direkteur-generaal, Ismail Momoniat, sê Suid-Afrika se harde werk het daartoe gelei dat die meeste van die uitgekende gebreke aangespreek is in die waarnemingstyd van 12 maande wat aan Suid-Afrika toegestaan is:
Die Springbok Vroue se Sewesspan speel vandag en môre, aan die begin van die 2023-seisoen, teen plaaslike spanne in die Hermanus se Vrouesewes-toernooi. Die afrigter Renfred Dazel sê ter voorbereiding van die Wêreldrugby-sewes Uitdaagreeks in Stellenbosch in April, en met 'n aantal suksesvolle kampe agter die rug, wil hy sien dat daardie sessies suksesvol implementeer word. Dazel is sonder die beseerde Rights Mkhari, Mathrin Simmers en Asisipho Plaatjies , maar hulle sal nie volgende maand die Uitdaagreeks misloop nie:
Die Namibiese Toerisme-ekspo 2023 wat deur Namibia Media Holdings, NMH, aangebied word, sal vanjaar vroeër vanaf 26 tot 28 April in die hoofstad plaasvind. Die gewilde ekspo is amptelik deur die Namibiese omgewingsminister Pohamba Shifeta bekend gestel. Die tema vir vanjaar is "Beyond Borders" en bevorder toerisme in die SAOG-streek. Maggy Mbako, skakelbeampte van NMH, deel hul opgewondenheid met Kosmos 94.1 Nuus.
Business Unity South Africa vra deursigtigheid in Eskom se verkrygingskontrakte. Die organisasie het dié oproep gedoen teen die agtergrond van bewerings oor korrupsie wat die uittredende uitvoerende hoof, André de Ruyter, gemaak het. Sommige mense waarsku De Ruyter bespiegel sonder bewyse, maar Busa se uitvoerende hoof, Cas Coovadia, sê sy bewerings moet nie ligtelik opgeneem word nie. Coovadia vra ook dat die ondersoek-uitslae aan die publiek bekend gemaak word:
Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, Antonio Guterres, het op die jaarherdenking van die oorlog in die Oekraïne weer ‘n beroep vir vrede gedoen. Hy sê oorlog is geen oplossing nie en hoe langer die konflik duur, hoe moeiliker raak dit om langdurige vrede te herstel.
Suid-Afrika speel hul groepwedstryde teen Kanada, Uruguay en Ierland in hierdie naweek se wêreld-sewesreekstoernooi in Los Angeles. Die Blitsbokke is tans in die tweede plek op die punteleer agter die All Blacks, met die LA Sewes sesde uit 11 toernooie. Die Bok-speler, Impi Visser, glo Suid-Afrika is goed genoeg om die reeks te wen, en reken die voorspelers sal die naweek in Amerika die pas aangee:
Die Bankvereniging van Suid-Afrika sê die buurland se gryslys gaan die banksektor raak, maar nie sy kliënte nie. Die besturende direkteur, Bongiwe Kunene, sê die besluit sal die land se beeld beïnvloed en sal 'n groot uitwerking op internasionale sleutel-beleggings hê. Die land sal nou onder verhoogde monitering teen geldwassery, terrorisme-befondsing en verspreidings-befondsing wees. Kunene sê verbruikers moet egter nog nie bekommerd wees oor die uitwerking daarvan op hul sakke nie:
Namibië se selfmoordsyfer per kapita is een van die hoogste ter wêreld en die Copps 94.1-span het Vrydagaand in die hoofstad direk daarmee te doen gehad. Francois Lottering was aan diens en het die besonderhede.
Die Trustco-groep se aandeelhouers word in kennis gestel dat die groep besig is om sy geouditeerde finansiële jaarstate vir die 12 maande-tydperk geëindig 31 Augustus 2022 te finaliseer. Trustco verwag om 'n netto bate-waarde per aandeel vir die 2022 jaar-eindresultate van tussen 182 en 190 sent per aandeel te rapporteer. Die finansiële jaarverslae sal volgende week bekend gestel word en die uitvoerende hoof van Trustco, Quinton van Rooyen, sê aan Kosmos 94.1 Nuus hy sien uit daarna.
Rugby: Impi Visser glo die Springbok-sewesspan is goed genoeg om aan die einde van die Wêreldrugby-sewesreeks bo uit te kom. Die Blitsbokke is in die VSA vir die naweek se LA Sewes, die sesde van 11 toernooie in die reeks. Suid-Afrika sal in hul groepwedstryde teen Kanada, Uruguay en Ierland te staan kom. Visser glo die voorspelers sal die pas aangee.
Suid-Afrika se gasvryheidsektor blyk die dryfveer agter die land se ekonomiese herstel in die nasleep van die Covid-pandemie te wees, met veral hotelle in die land se groot stede wat aansienlike inkomste die afgelope vakansieseisoen gegenereer het. Volgens Statistieke SA se Desember 2022 Toerisme Akkommodasie-verslag het die land se toerisme-inkomste met tot soveel as 47 persent toegeneem in vergelyking met die vierde kwartaal van 2021. Kosmos 94.1 Nuus se korrespondent in Kaapstad, Fritz Platt...
Action SA beskou die besluit van die Finansiële Aksie-taakspan om Suid-Afrika op sy gryslys te plaas as nog 'n terugslag vir die ekonomie. Die party het sy teleurstelling oor die besluit uitgespreek, maar sê dit is geen verrassing nie. Johann Krige van Action SA sê ondanks voldoende waarskuwings het die regering weereens versuim om in die beste belang van Suid-Afrikaners op te tree. Krige vrees ondernemings sal nou worstel met nog meer struikelblokke tot internasionale groei en ekonomiese groei sal met tussen een- en drie-persent vertraag word.
Die jagtydperk op Namibiese plase van minstens 1 000 hektaar, omhein met 'n geregistreerde wildwerende heining, sal strek van 1 Mei tot 31 Augustus. Op plase van meer as 1 000 hektaar en omhein deur 'n normale veeheining, of op spesifieke geregistreerde bewaringsgebied waar jagkwotas goedgekeur is, kan jag tussen 1 Junie en 31 Julie plaasvind. Terwyl jaghonde in Namibië nie toegelaat word nie, word spoorsny-honde egter toegelaat om die dier vir jou te vind. Windhoekse veearts dr. Theuns Laubscher het 'n paar wenke met Kosmos 94.1 Nuus gedeel oor hoe om jou spoorsny-hond voor en tydens die jagproses die beste te versorg.
Die bekroonde Namibiese kunstenaar TopCherie sal een van die kunstenaars vir die 11de Vic Falls-karnaval in Zimbabwe wees, wat van 28 tot 30 April plaasvind. TopCherie sê die organiseerders het haar raakgesien terwyl sy einde verlede jaar by die Kofi Olominde-skou opgetree het en hulle was beïndruk met haar. Sy sê aan Kosmos 94.1 Nuus sy oefen hard om die Zimbabwiese skare te betower.
Terblanche het sy teleurstelling uitgespreek oor die feit dat vragmotors vandag die hele dag by die Buitepos-grenspos ophou is as gevolg van die ID-stelsel wat van stapel gestuur is vir reisigers tussen Namibië en Botswana.
Reaksie word ontvang na aanleiding van die brandstofprys-aankondiging deur die Namibiese ministerie van myne en energie. Die prys van petrol styg in Maart met 1 Namibiese dollar 50 sent terwyl diesel onveranderd bly. ‘n Liter petrol op Walvisbaai sal jou 19 dollar 78 sent uit die sak jaag en diesel, 20 dollar 65 sent per liter. Die hoof uitvoerende beampte van FP du Toit Transport, Stefan Terblanche, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Die Namibiese sportministerie het ‘n groter toekenning van 473,2 miljoen Namibiese dollar in die 2023/24-begroting gekry. Dit is 'n skerp toename van meer as 140 miljoen dollar in vergelyking met die 330,9 miljoen dollar in die vorige boekjaar. Noudat die geld beskikbaar gestel gaan word om die nasionale stadion op die Fifa- en CAF-vereiste vlak te bring, het Kosmos 94.1 Nuus aan sportminister Agnes Tjongarero gevra wanneer die werk by die Onafhanklikheidstadion sal begin...
Die Doeane-afdeling van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens en die Georganiseerde Misdaadeenheid van die polisie het vanoggend in die Durbanse hawe beslag gelê op kokaïen ter waarde van 171 miljoen Suid-Afrikaanse rand. Beamptes het ʼn klopjag op ʼn vragskip uitgevoer en daar is op die dwelms beslag gelê in een van die houers. Die suiwer kokaïen is na ʼn weeklange intelligensie-operasie gevind. Die woordvoerder van die polisie, Athlenda Mathe, sê die vaartuig het vanuit Suid-Amerika aangekom.
Daar is geen einde aan uitdagings in die Namibiese onderwyssektor nie. Daar word berig dat verskeie skole in Namibië sonder die mees basiese benodigdhede soos handboeke, kopieermasjiene en papier sit, om net 'n paar te noem. Met die teleurstellende graad 12-uitslae van 2022, hoe is 'n onderwyser veronderstel om onder hierdie omstandighede goeie uitslae te lewer? Dit is van die vrae van 'n besorgde burger wat 'n voorbeeld gemaak het van skole in die Omaheke-streek. Aktivis George Kambala, wat uitgesproke is oor onderwyskwessies in Namibië in die gesig staar, sê aan Kosmos 94.1 Nuus Namibië is een van die lande in die wêreld wat baie vir onderwys begroot. Hy vra waarheen die geld gaan...
Die departement van die omgewing in Noordwes sê die leeuwyfie wat Woensdag ontsnap het toe sy van Stella in Noordwes vervoer is, is doodgeskiet. Die woordvoerder van die departement, Jerry Matebesi, sê die leeuwyfie is vanoggend deur ʼn boer naby Piet Plessis gevind. Matebesi sê die boer het besluit om die leeuwyfie te skiet aangesien sy naby ʼn woongebied rondgeloop het en ʼn gevaar vir die plaaslike gemeenskap ingehou het.
Die Noord-Kaapse LUR vir landbou, omgewingsake, landelike ontwikkeling en grondhervorming, Mase Manopole, doen 'n beroep op boere om bykomende voorsorgmaatreëls te tref vir mense wat op plase werk tydens die huidige hittegolf. Die departement se woordvoerder, Zandisile Luphahla, sê verlede maand is minstens agt plaaswerkers dood, vermoedelik weens sonsteek.
Die Namibiese omgewings- en landbouministeries sal in vennootskap met die Voedsel- en Landbou-organisasie van die Verenigde Nasies op 2 Maart ‘n vyfjaar-projek oor geïntegreerde landskaps-bestuur op Rundu van stapel stuur. Die projek het ten doel om die volhoubare gebruik van natuurlike hulpbronne van die Mopane-Miombo-woude in die Noorde te ondersteun. Die projek word deur die Global Environmental Facility befonds met ‘n totaal van 6,1 miljoen Amerikaanse dollar wat 11 lande in Afrika en Asië sal bevoordeel. Kommunikasiebeampte vir die Voedsel- en Landbou-organisasie se Namibië-kantoor, Phillipus Tobias, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.
Sir Elton John is saam met twee Amerikaanse senators, Lindsey Graham en Chris Coons, op 'n besoek aan Suid-Afrika ter herdenking van 20 jaar sedert die bekendstelling van die President se Noodplan vir Vigsverligting. Volgens John, Graham en Coons is hulle vol vertroue dat befondsing vir Amerika se wêreldwye vigsprogram verleng sal word met die doel om die siekte teen 2030 uit te wis. Die skema het nou meer as 1,8 duisend miljard Namibiese dollar in MIV/vigs-programme belê. John sê die werk gaan voort aangesien die skema reeds 25 miljoen lewens gered het.
Dit is ‘n jaar sedert oorlog in die Oekraïne begin het. Die land se ekonomie het skerp ingekrimp met BBP wat met ongeveer 30 persent gedaal het, minder as die amper 35 persent wat voorspel was. Die land se adjunk-minister van ekonomie Oleksandr Gryban sê ten spyte daarvan, werk stelsel nog. Hy het met Britse media gepraat.
Die Namibiese brandstofprys vir Maart is bekend. Die prys van petrol styg met 1 Namibiese dollar 50 sent terwyl diesel onveranderd bly. ‘n Liter petrol op Walvisbaai sal jou 19 dollar 78 sent uit die sak jaag en diesel, 20 dollar 65 sent per liter. Volgens Andreas Simon was daar onderverhalings wat aangeteken is. Hy verduidelik.
Professor Heino Falcke, 'n astrofisikus aan die Radboud Universiteit in Nederland, sal vanaand om half-sewe by die Windhoek Afrikaanse Privaatskool ‘n praatjie oor die swart gat aanbied. Hy het in 2019 die eerste foto van 'n swart gat of gravitasiekolk aangebied, wat uiteindelik 'n swart gat "sigbaar" gemaak het. Die merkwaardige prestasie is selfs meer besonders omdat Namibië 'n beduidende rol speel in die bevordering van navorsing op hierdie gebied en die konstruksie van die Afrika Millimeter Teleskoop in Namibië. Dr. Marc Klein Wolt, direkteur van die AMT-teleskoop, nooi die publiek uit om die interessante praatjie by te woon.
Die Namibiese landbouminister Calle Schlettwein is rooi onder die kraag na ‘n artikel in plaaslike media dat kommersiële boere, en dit, wit kommersiële boere blykbaar owerhede in Ghana gekontak het en gewaarsku het oor die veiligheid van Namibiese beesvleis uit die noordelike kommunale gebied omdat dit dalk met bek- en klouseer besmet kan wees. Owerhede het onlangs die uitvoerooreenkoms onderteken in ‘n poging om kommunale boere te ondersteun met ‘n geldige uitvoermark. Schlettwein sê alles sal gedoen word om agter die kap van die byl te kom.
Reaksie word ontvang nadat die moordsaak teen Coenraad Strydom van Walvisbaai uitgegooi is. Die saak het Donderdag voorgekom en vir die soveelste keer was die uitslae van die toetse vir buskruitreste van monsters wat van Coenraad se hande geneem is, steeds nie gereed nie. Hy was aangekla van die moord op sy vrou Engela op 4 November 2021 op die kusdorp. Die masjinerie by die polisie se forensiese-instituut is stukkend. Die staat is herhaaldelik oor die vertraging gewaarsku. Toni Hancox, direkteur by die Regshulpsentrum het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Die Ovaherero-gemeenskappe het met woede gereageer op die nuus van die deportasie van asielsoekende Namibiërs aan die Verenigde Koninkryk, van wie 90 persent glo Ovaherero-sprekendes is. Sowat 1 200 Namibiese burgers het om asiel in die VK aansoek gedoen en sowat 90 persent van hul aansoeke is afgekeur. Die voorsitter en Ovaherero Tradisionele Owerheid se hoof-adviseur oor volksmoord, Nandiuasora Mazeingo, sê die Namibiese regering se bewering dat hulle oor die kwessie op sosiale uitgevind het, is onwaar. Hy het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê hulle is teleurgesteld en kwaad dat die Namibiese regering by hierdie saak betrokke geraak het.
Die Stad Kaapstad installeer tans kragopwekkers en omkeerderstelsels by dienssentrums in die stad, waar die publiek regstreeks met amptenare skakel om rekeninge te betaal of spesifieke dienste aan te vra. Die eerste drie kragopwekkers is verlede maand geïnstalleer, en nog ses sal in Maart en April in werking gestel word. Die burgemeesterskomiteelid vir Korporatiewe Dienste, Theresa Uys, sê Kaapstad beplan vooruit om sy veerkragtigheid en kapasiteit te verhoog, ten einde die energiekrisis te hanteer:
’n Plek in die eindstryd van die Vroue se T20-Wêreldbekertoernooi is vanmiddag op die spel wanneer Suid-Afrika in die tweede halfeindstryd op Nuweland in Kaapstad teen Engeland te staan kom. Die wenner sal die verdedigende kampioen, Australië, Sondag op dieselfde veld ontmoet in die eindstryd. Die Aussies is deur na hul sewende agtereenvolgende eindstryd, nadat hulle Indië gister met vyf lopies geklop het. Die veelsydige Protea-speler Nadine de Klerk sê hulle wil Suid-Afrika trots maak:
Manchester United is deur na die laaste 16 van die Europese Liga na 'n oorwinning van twee-een teen Barcelona op Old Trafford, vir 'n gekombineerde telling van vier-drie. Die La Liga-voorlopers wat aanvanklik agter, maar het sake gelyk gemaak danksy Robert Lewandowski se strafdoel in die 18de minuut. Die doele in die tweede helfte deur die twee Brasiliane, Fred en Antony, het die wedstryd vir Erik ten Hog se span beklink en Barcelona in die proses uitgeskakel in die Europese kompetisie. Ten Hag was vol lof vir sy spelers:
Die Kommissie vir Geslagsgelykheid in Limpopo bied vandag 'n geleentheid aan oor die ekonomiese bemagtiging van vroue. Die fokus val op vroue se ongelyke toegang tot openbare en private verkrygingsgeleenthede. Die kommissie se woordvoerder, Tshepang Mokgokong, sê statistieke toon ondernemings in die buurland wat deur vroue besit word sukkel om by verskeie hoofstroom-sakebedrywe in te skakel, en meer steun is duidelik nodig om die ekonomiese speelveld gelyk te maak:
Die DA in die Noord-Kaap eis dat die Dawid Kruiper plaaslike munisipaliteit verskeie onwettige aanstellings omkeer. Die Arbeidshof het verlede jaar beslis dat sewe aanstellings en bevorderings wat vanaf 1 Mei 2017 in die munisipaliteit in werking getree het, onwettig was: Die DA-lid, Henk Opperman, sê kader-ontplooiing het geen plek in Suid-Afrika nie:
Inwoners van Okahandja hou nou ‘n optog op die dorp. Hulle is keelvol vir swak of geen dienslewering. Die sogenaamde tuindorp gaan die afgelope jaar of wat gebuk onder erge uitdagings. Hulle verduur beurtwater, vullisverwydering word nie gedoen nie en informele nedersettings kry gene bystand nie. Hulle wil ‘n versoekskrif oorhandig aan die uitvoerende hoof. Die voorsitter van Orpa, die inwonersforum, Charl Coetzee het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.
ActionSA sê Eskom se uitvoerende hoof, André de Ruyter, se vroeë vertrek is ontstellend en 'n bewys van die ANC se standpunt oor etiese leierskap. Hy verlaat die instelling meer as 'n maand voor die oorspronklike datum van 31 Maart. Dit volg na 'n plofbare onderhoud waarin hy skokkende besonderhede bekend maak oor die hoë vlakke van misdadigheid by die kragverskaffer. Hy het ook aangedui dat 'n huidige minister regstreeks betrokke is by die korrupsie by Eskom. Lerato Ngobeni van ActionSA sê dis duidelik die ANC gaan nie eerlike kritiek verdra nie:
Eskom het sy hoof-finansiële beampte, Calib Cassim, met onmiddellike ingang en tot verdere kennisgewing, as tussentydse uitvoerende hoof aangestel. Hy vervang André de Ruyter, wat uitgetree het nadat hy 'n onderlinge ooreenkoms met die direksie bereik het om sy kennistydperk tot volgende Dinsdag te verkort. De Ruyter sou aanvanklik sy pos eers aan die einde van volgende maand ontruim. Eskom-woordvoerder, Sikonathi Mantshantsha, sê Cassim is in November 2019 as finansiële hoof aangestel:
Informele handelaars op Ongwediva sal nie toegelaat word om by hul gewone persele sake te doen sonder behoorlike dokumentasie nie. Daar sal van informele handelaars verwag word om hul name by die dorpsraad te registreer. Die raad het reeds met 'n bewusmakingsveldtog begin wat informele handelaars regoor die dorp ingelig het oor die Informele Handelsregulasies, wat vanaf 1 Maart afgedwing sal word. Buitelandse handelaars van buurlande wat van voorneme is om in Ongwediva handel te dryf, word verwag om handelspermitte van relevante kantore te hê. Jackson Muma, woordvoerder van Ongwediva-dorpsraad sê aan Kosmos 941. Nuus die datum vir registrasie sal op 'n later stadium deur die raad aangekondig word en handelaars sal van die nodige dokumentasie voorsien word.
Die Suid-Afrikaanse politieke ontleder Daniel Silke sê die bewerings wat die uittredende Eskom-hoof, André de Ruyter, veral oor die ANC se betrokkenheid by die kragvoorsiener gemaak het, is ontstellend. De Ruyter het in 'n onderhoud met Annika Larson van eTV gesê dit is die ANC se skuld dat die instelling op sy knieë is. Silke sê indien die bewerings oor Eskom en die ANC waar is, ondermyn dit omtrent alles wat President Cyril Ramaphosa aan enige gehoor sê. Hy voeg by dis moeilik om 'n stelsel reg te ruk waar die vlak van sistemiese korrupsie so diep is soos by Eskom:
Die Johannesburgse Sakekamer wil weet wie is die minister wat die uittredende uitvoerende hoof van Eskom, André de Ruyter, by sabotasie by Eskom betrek het. Dit volg na die onthulling in ʼn eksklusiewe onderhoud wat De Ruyter aan Annika Larsen van eNCA toegestaan het. Die visepresident van die kamer, Shawn Theunissen, sê daar is nie plek vir korrupsie in die sakewêreld nie:
Die LPM het sy reaksie gegee op die langverwagte opknapping van die Katutura-staatshospitaal wat ingesluit is in die Namibiese begroting vir die huidige boekjaar. Die staatshospitaal is dikwels in die nuus weens sy vervalle toestand. Die finansminister Ipumbu Shiimi het in sy begrotingsrede gesê die hospitaal sal baat vind by die 644,4 miljoen Namibiese dollar wat aan die ministerie van werke en vervoer-begroting toegeken is om voorsiening te maak vir opknappings van regeringsfasiliteite en infrastruktuur landwyd. Die nuwe woordvoerder van die LPM Lifalaza Simataa het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
En Namibiërs kan kook! Die bekende Namibiese sjef Sanet Prinsloo en haar spannetjie is op pad terug van Kolkata in Indië. Hulle het deelgeneem aan kook-komptitieses by die Guru Nunak Instituut vir Hotelbestuur en Namibië se eie Chandru Basson het die hele ding gewen. Maar dis nie al nie. Sanet het laat Donderdagaand met Kosmos 94.1 Nuus gesels.
Netwerk Namibië bied vandag ’n gholfdag in en vir Afrikaans aan. Die doel is om te help met fondsinsameling vir Netwerk se taal- en kultuurbedrywighede en sy projekte, wat ook studiebeurse en hul onderwyshulpfonds insluit. Elizma Theron van die organisasie sê aan Kosmos 94.1 Nuus dit gaan ‘n pretdag wees waar nie net spelers se gholf-vaardighede nie, maar Afrikaans getoets sal word.
Terwyl daar talle eise is dat die uittredende uitvoerende hoof van Eskom, André de Ruyter, die naam van die minister teen wie hy aantygings tydens ‘n TV-onderhoud gemaak het, sê die Suid-Afrikaanse Energie-forum De Ruyter moet van hoogverraad aangekla word. De Ruyter en die Eskom-raad het 'n ooreenkoms bereik dat hy onmiddellik sal gaan. Alhoewel hy reeds bedank het, was hy veronderstel om sy kennistydperk tot einde Maart uit te dien. Die forum se direkteur, Zak Madela, beskuldig De Ruyter daarvan dat hy aanspreeklikheid wil vryspring. Hy sê hy moet nie toegelaat word om oorsee te gaan voordat hy vrae oor Eskom beantwoord het nie:
Vandag ‘n jaar ‘n gelede het Rusland die Oekraïne ingeval. Amerikaanse President Joe Biden se besoek aan Kiëf en ontmoeting met die Oekraïnse President Volodymyr Zelensky, asook verdere militêre steun van 500 miljoen Amerikaanse dollar, is met fel kritiek ontvang van Republikeine wat oudpresident Donald Trump ondersteun. Trump het gesê dat Russiese President Vladimir Putin nooit in Oekraïne sou ingeval het as hy President was nie en dat die hoeveelheid geld wat in hierdie oorlog gebruik word, te veel is. Helmoed Heitman, 'n Suid-Afrikaanse skrywer en kommentator oor militêre aangeleenthede, het op Trump se kommentaar gereageer.
Die Suid-Afrikaanse Instituut vir Internasionale Aangeleenthede sê Suid-Afrika se probleem is 'n staatsbestuurskrisis en nie geld nie. Die ondervoorsitter, Moeletsi Mbeki, is van mening die meerderheid Suid-Afrikaners het alle vertroue verloor in die ANC-leierskap se vermoë om hulle 'n beter lewe te bied. Hy beklemtoon die regering se gebrek aan beplanning om die hoë werkloosheidsyfer en armoede te verlig, veroorsaak dat baie mense in benarde toestande leef. Mbeki waarsku Suid-Afrika moet meer korrupsie verwag en nie minder nie:
Die vakbondfederasie, Saftu gaan vandag 'n saak teen Eskom se uittredende uitvoerende hoof, André de Ruyter, aanhangig maak. Die sekretaris-generaal van Saftu, Zwelinzima Vavi, eis hy moet die naam van die minister bekend maak na wie hy tydens ʼn TV-onderhoud verwys het. De Ruyter het verdoemende bewerings gemaak oor hoe die ANC die 8,5 miljard Suid-Afrikaanse rand wil bestee wat op COP27 geskenk is. Vavi sê De Ruyter moet die korruptes blootlê:
Die VN se Algemene Vergadering vra dat die oorlog in die Oekraïne beëindig word en geëis dat Rusland onmiddellik uit die land onttrek, in ooreenstemming met die VN-handves. By sy hervatte elfde spesiale noodsessie het die wêreldliggaam 'n nuwe resolusie aanvaar waarin gevra word dat die oorlog beëindig word, slegs ure voordat die konflik vandag sy tweede jaar betree. ‘n Totaal van 141 lande het daarvoor gestem met sewe wat daarteen gestem het. Daar was 32 lande wat buite stemming gebly het en dit sluit Namibië in. Die Amerikaanse ambassadeur na die VN Linda Thomas-Greenfield sê dit bewys weereens die wêreld ondersteun die Oekraïne.
Die Capricorn Group Limited, 'n trots Namibiese finansiëledienstegroep wat op die Namibiese Aandelebeurs genoteer is, met gediversifiseerde bedrywighede en sakebelange in Namibië en Botswana, het vandag sy tussentydse finansiële resultate vir die ses maande geëindig 31 Desember 2022 bekend gemaak. Die Capricorn-groep het stewige resultate behaal met wins na belasting vir die ses maande, wat met 20,3 persent toegeneem het vergeleke met die vorige tydperk. Johan Maass, die groep se hoof finansiële beampte, gee meer besonderhede aan Kosmos 94.1 Nuus.
Die Gautengse departement van gesondheid sê tot op hede is 74 gevalle van masels in die provinsie aangeteken. Altesaam 52 van die gevalle is in die Ekurhuleni-distrik aangemeld, sewe in Johannesburg, 11 in Tshwane, en vier aan die Wes-Rand. Die woordvoerder, Motalatale Modiba, sê tot dusver is meer as 1,1 miljoen kinders regoor die provinsie ingeënt.
Met duisende Suid-Afrikaanse huishoudings wat reeds begin het om sonkrag-panele by hul huise te installeer om beurtkrag vry te spring, waarsku veiligheids-kenners dat die diefstal van dié panele, om op die swartmark herverkoop te word, ook sal begin toeneem. Die minister van finansies Enoch Godongwana het aangekondig dat verbruikers belasting-vrywarings sal geniet as hulle die panele vir private gebruik aankoop wat daartoe sal lei dat duisende meer verbruikers die panele sal begin aankoop en installeer, maar tog skep dit ook 'n baie goeie geleentheid vir misdadigers om hieruit munt te slaan. Kosmos 94.1 Nuus se korrespondent in Kaapstad, Fritz Platt, het meer.
Die Namibiese omgewingsminister en die Dobbelraad herinner dobbelmasjien-operateurs dat die aansoeke vir lisensies op 28 Februarie sluit. Daar is 'n aantal klousules in die wetsontwerp oor dobbelary-beheer wat nie heeltemal duidelik was vir lede van die publiek nie en daarom was die registrasieproses vir ongeregistreerde dobbelmasjiene en -operasies met ses maande uitgestel. Volgens minister Pohamba Shifeta is meer as 320 aansoeke vir verskeie lisensies ontvang, waarvan 85 persent verwerk en inspeksies reeds gedoen is. Die woordvoerder van die ministerie, Romeo Muyunda verduidelik hoe die registrasieproses werk.
Rugby: ʼn Groep van 14 Springbokke is tans in Kaapstad besig met ʼn oefenkamp van drie weke terwyl die wêreldkampioene hulle voorbereiding verskerp het om hulle titel later vanjaar in Frankryk te verdedig. Die kamp duur tot 10 Maart vir spelers van nasionale belang en wat ʼn blaaskans van verpligtinge in die Verenigde Rugbykampioenskap het. Volgens die Springbok-afrigter, Jacques Nienaber, is die hoofdoel met die kamp om die spelers se werkslading te bestuur.
Die Houtskool-vereniging van Namibië bied môre 'n tweede gevorderde lesing aan oor houtskool-verbrandingstegnieke. Dit word by die Charcoal Village langs die Makarra Bush Products-aanleg buite Otjiwarongo vanaf die oggend nege-uur tot na middagete aangebied. Toegangsfooie beloop 1 000 Namibiese dollar vir twee persone en besprekings moet vooraf gedoen word. Die voorsitter van die vereniging, Michael Degé sê aan Kosmos 94.1 Nuus opleiding sal op plase verskaf word.
Die leier van die Vryheidsfront Plus, Pieter Groenewald, doen ʼn beroep op die minister van openbare ondernemings, Pravin Gordhan, om enige bewerings van korrupsie by Eskom openbaar te maak. Die uitvoerende hoof van Eskom, André de Ruyter, het hom uitgespreek oor politieke inmenging en bedrog by die kragvoorsiener, insluitende ʼn minister wat beweer het oneerlikheid kan geregverdig word indien dit in belang is van die groter prentjie. Groenewald waarsku korrupsie het deur die hele regering versprei.
Mosambiek het 'n rooi waarskuwing uitgereik oor die tropiese sikloon, Freddy, wat na verwagting môre die land sal tref tussen Govuro en Vilankulo. Die storm het oor Madagaskar beweeg. Die owerhede sê baie swaar reën sal na verwagting in die provinsies Gaza, Manica, Maputo, Inhambane en Sofala voorkom, wat uitgebreide oorstromings sal veroorsaak. Die Mosambiekse raad van ministers het 'n rooi waarskuwing uitgereik om dit moontlik te maak om reddings-operasies te bespoedig. Freddy sal na raming 1,75 miljoen mense raak, met 1,5 miljoen mense in sentraal-Mosambiek wat oorstromings kan verwag. Suid-Afrikaanse weerkenner Kobus Botha sê aan Kosmos 94.1 Nuus Freddy sal nie juis ‘n invloed op reënvooruitsigte vir Namibië sal hê nie.
Die sekretaris-generaal van die ANC, Fikile Mbalula, sê die uitvoerende hoof van Eskom, André de Ruyter, is aangestel met die uitsluitlike doel om Eskom in ʼn funksionele openbare onderneming te omskep wat die land van bestendige, betroubare elektrisiteit voorsien. Hy meen De Ruyter het geheel en al misluk om sy kontraktuele verpligting na te kom. Mbalula het die media toegespreek oor die begrotingsrede. Hy sê die ANC steun Eskom se raad wat De Ruyter verwyder het. Mbalula sê die party verwerp sy ongegronde bewerings van politieke inmenging:
Die Nasionale Raad vier vandag sy 30ste herdenking. Die voorsitter Lukas Muha sê die Nasionale Raad, wat onder meer wetsontwerpe van die Nasionale Vergadering hersien en goedkeur, dien 'n belangrike rol in deelnemende demokrasie. Hy nooi die publiek uit om hierdie mylpaal vandag te vier. Kosmos 94.1 Nuus het met Pamela Mate, inligtingsbeampte van die parlement gepraat.
Die African Transformation Movement wil hê die uitvoerende hoof van Eskom, André de Ruyter, moet na die parlement ontbied word om besonderhede te verskaf oor sy onthullings oor korrupsie by Eskom en die medepligtigheid van senior ministers en ander top politici. ʼn Woordvoerder, Zama Ntshona, sê die party is onthuts omdat De Ruyter skielik vrygestel is na sy verdoemende televisie-onderhoude die week.
Die DA in Gauteng sê 'n pasiënt wat tekens van 'n hartaanval getoon het, is sonder bystand weggewys by die Bronkhorstspruit-hospitaal in Tshwane en na die Mamelodi-hospitaal gestuur. Die gemeenskap en omliggende gebiede kla hulle word toegang tot gesondheidsorgdienste by dié hospitaal geweier. Die DA-lid, Nicola du Plessis, sê die hospitaal bedien slegs 87 pasiënte per dag, en die pasiënte wat ná hulle opdaag, word weggewys.
Die TransNamib-raad het aangekondig dat sy uitvoerende hoof Johny Smith op 31 Maart dié onderneming in staatsbesit verlaat. Smith se huidige kontrak het op 31 Januarie geëindig en alhoewel die raad hom nog 'n verlenging van vyf jaar van sy kontrak aangebied het, het Smith nie die aanbod aanvaar nie. TransNamib-se raadsvoorsitter, Theo Mberirua, het Smith bedank vir sy toewyding. TransNamib se skakelbeampte, Abigail Raubenheimer sê aan Kosmos 94.1 Nuus Smith het tydens sy vyf jaar-termyn verskeie hoogtepunte gehad, ondanks uitdagende tye.
In die buurland verwelkom die parlement se portefeuljekomitee vir minerale bronne en energie die vertrek van André de Ruyter as uitvoerende hoof van Eskom. Die kragvoorsiener het Donderdagaand aangekondig hy sal sy pos aan die einde van hierdie maand ontruim. Die komitee se voorsitter, Sahlulele Luzipo, beskuldig De Ruyter daarvan dat hy 'n politieke agenda bevorder. Hy beweer die krisis by Eskom het baie min te doen met beleidskeuses. Luzipo sê de Ruyter het nie Eskom se mandaat ondersteun nie.
Die Departement van Water en Sanitasie in Suid-Afrika sê die watervlak van die Bloemhofdam in Noordwes en die Vrystaat styg vinnig met die toenemende invloei van water uit die Vaalrivier. Die Vaal- en Oranjerivierstelsel ondervind tans vinnig stygende watervlakke weens die swaar reën. Die Vaaldam, sowel as Bloemhof en Gariep het op die oomblik groot volumes water wat uitvloei. Die woordvoerder van die departement, Wisane Mavasa, sê hulle gaan voort om die situasie dop te hou en maatreëls in te stel om die uitwerking van oorstromings op die infrastruktuur te beheer en die volle kapasiteit van die opgaardamme na die reënvalseisoen te waarborg:
Die hoof uitvoerende beampte van Meatco Mwilima Mushokabanji sê hulle sien uit na die hersiening en analise van die finansministerie na sy besigheidstrategie. Die minister, Ipumbu Shiimi het die aankondiging gemaak tydens die begrotingsrede. Meatco het groot uitdagings die afgelope jaar of meer ervaar en verkeer onder erge finansiële druk. Mushokabanji sê landbou moet in Namibië ten alle tye ondersteun word.
Die 600-megawatt Baynes hidroëlektriese-projek, waarvoor lewensvatbaarheidstudies reeds in 1998 voltooi is, is steeds in die pyplyn. Die projek, wat deur die inheemse Ovahimba ten sterkste teengestaan word, het verlede jaar weer die nuus behaal met samesprekings tussen die lynminister Tom Alweendo en sy Angolese eweknie. Die roete na die projek vanaf Opuwo het ook tenders gehad. Kragvoorsiening raak al hoe belangriker vir Namibië as gevolg van die Eskom-drama in die buurland. Kosmos 94.1 Nuus het met Abraham Angula, die adjunk-direkteur vir energiebeplanning by die ministerie van myne en energie oor die jongste gesels. Hy sê samesprekings vorder, veral met ooreenkomste met Angola, en meer.
Die leier van die amptelike opposisieparty McHenry Venaani, het sy reaksie op die nasionale begroting met Kosmos 94.1 Nuus gedeel. Hy sê terwyl die besteding op maatskaplike kwessies en onderwys hoog is, dui dit op ‘n mislukte staat aan. Hy sê ook meer geld moet op voedselproduksie, eerder as die weermag en die polisie bestee word.
Cope doen ‘n beroep op Eskom se uitvoerende hoof, André de Ruyter, om die patriotiese ding te doen en ‘n strafregtelike klagte van korrupsie en sabotasie in te dien teen ‘n senior kabinetsminister en almal betrokke by Eskom. Woordvoerder Dennis Bloem sê toe daar ‘n paar weke gelede ‘n aanslag op De Ruyter se lewe was, het die party vermoed hy weet baie oor korrupsie en dat diegene wat daarby betrokke is, hom permanent wil stilmaak:
Die Namibiese onderwysministerie sal uiteindelik aanstellings kan doen om sy onderwysersposte te vul. Dit is moontlik gemaak deur ‘n toekenning van 200 miljoen Namibiese dollar in die nasionale begroting. Die bekende Walvisbaaise gemeenskapsaktivis Knowledge Ipinge sê die nuus word verwelkom maar, dit moet nie net op aanstellings bestee word nie.
Die landbou-ekonoom by FNB Suid-Afrika, Dawie Maree, sê daar is verskeie positiewe aspekte vir die buurland se landbousektor in die nasionale begroting, waarvan die eerste die nodige toewysing is om die energiekrisis te hanteer. Hy sê beurtkrag het voedselproduksie negatief geraak, wat op sy beurt weer voedselsekerheid bedreig. Die Nasionale Tesourie het 'n groot deel van sy landboubegroting aan die grondhervormingsprogram toegewys. Maree sê agri-ondernemings sal ook baat by die terugbetaling van heffings vir die Padongelukkefonds, vir diesel wat in vervaardiging gebruik word:
Tax Justice SA vra strenger optrede teen onwettige handel en sê die nasionale begroting het die regering se onvermoë blootgelê om te verhoed dat 100 miljard Suid-Afrikaanse rand per jaar uit die staatskoffers gesteel word. Die minister van Finansies Enoch Godongwana sê die Suid-Afrikaanse Inkomstediens werk daaraan om onwettige handel in goedere te bestry. Tax Justice SA se stigter, Yusuf Abramjee, sê dis 'n skande dat SARS meer as 92 sake vir die kriminele vervolging van sindikate wat met tabakprodukte smokkel, aan die Nasionale Vervolgingsgesag oorhandig het, met net twee wat tot suksesvolle vervolging gelei het:
‘n Bekende Namibiese geoloog sê uraan-ontginning in die Stampriet-bekken moet geensins toegelaat word nie. Die Stampriet Aquifer Uranium Mining-drukgroep, Sauma, het sy reaksie gegee op kommentaar deur die Omaheke-goewerneur, Pijoo Nganate, dat uraanontginning in sy streek ‘n kans gegee moet word en dat dit baie voordele in hou. Die enigste manier om die uraan te ontgin is deur in-situ loging. Volgens die groep is daar talle navorsing van regoor die wêreld wat die gevare van die tegnologie op waterbronne uitlig omdat die ontginning binne die waterbron, dit wil sê, die drinkwater van die gebied gedoen moet word. Swaelsuur word vir die proses gebruik. Dr. Roy Miller, ook lid van die bestuursgroep van Sauma, gesels met Kosmos 94.1 Nuus...
Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, sê Rusland se inval in Oekraïne daag die beginsels en waardes van die multilaterale stelsel uit. Dit is môre 'n jaar sedert president Vladimir Putin van Rusland tot 200 000 soldate gestuur het om Oekraïne binne te val. Dit is die grootste Europese inval sedert die einde van die Tweede Wêreldoorlog. Guterres sê hulle is verbind tot die soewereiniteit, onafhanklikheid, eenheid en gebiedsintegriteit van Oekraïne:
Die Noordwes-regering vra gemeenskappe om dit onmiddellik aan te meld as hulle wilde diere sien rondloop. Dit volg nadat 'n leeuwyfie uit haar krat ontsnap het terwyl sy agterop 'n Ford Ranger-bakkie vervoer is op die Beesdampad tussen Stella en Tlagameng. 'n Woordvoerder van die polisie in Noordwes, Aafje Botma, sê dis die eienaar het eers toe hy tuis kom besef sy het ontsnap.
Die chaos op Okahandja blyk om voort te duur. Lede van informele nedersettings van op die dorp het onlangs 'n vergadering met die dorpsraad van Okahandja gehou. Die groep wil eienaarskap van hul grond hê voor die algemene verkiesing in 2024. Dié vergadering spruit voort nadat die groep deur die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, Erastus Uutoni, na die dorpsraad verwys is. Die groepleier Sydney Gariseb sê aan Kosmos 94.1 Nuus die vergadering was ‘n mors van tyd met geen terugvoering van die dorpsraad nie. nie. Hy doen ‘n beroep op Swapo om hulle te help, anders stem hulle vir ‘n ander party.
Kaapstad se burgemeesteer Geordin Hill-Lewis het die nuwe aansporings vir huishoudings en sakeondernemings om sonkragopwekking te installeer, verwelkom. Die minister van finansies, Enoch Godongwana, het in sy begrotingstoespraak aangekondig dat as deel van 'n belastingaansporing vir die uitbreiding van hernubare energie, 4 miljard Suid-Afrikaanse rand in hulp verleen sal word aan individue vir die installering van sonpanele, en 5 miljard rand aan maatskappye. Hill-Lewis sê Kaapstad is gereed om sakeondernemings voor Junie kontant vir krag te betaal, terwyl inwoners later in die jaar kan begin om krag vir kontant te verkoop:
ActionSA in Gauteng sê die besluit van die huidige Johannesburg-koalisie om die stadsraad te vra om 'n lening van 2 miljard Suid-Afrikaanse rand goed te keur, ontmasker die mate waartoe die ANC en EFF die beste belange van inwoners vir politieke gewin sal opoffer. Die ontsetelde burgemeester Mpho Phalatse het aanvanklik die lening by die Ontwikkelingsbank van Suid-Afrika voorgestel. 'n Lid van ActionSA, Sthembelo Majola, sê die ANC, EFF en hul koalisie-vennote het by verskeie geleenthede probeer om tydens die bewind van die veelparty-koalisie die lening te keer:
‘n Namibiese ekonoom het sy reaksie op die ministerie van finansies se begroting gegee. Die reaksie op die begroting is redelik positief, veral omdat die tekorte gekrimp het as gevolg van verbeterde inkomste. Ekonoom Robert McGregor gesels met Kosmos 94.1 Nuus.
Die DA in Gauteng sê die provinsiale Departement van Sport, Kuns, Kultuur en Ontspanning moet 115 miljoen Suid-Afrikaanse rand aan die provinsie teruggee. Dit is as gevolg van die departement se gebrek aan beplanning en om voorkeur te gee aan sy erfenisterreine, wat ʼn negatiewe uitwerking op dienslewering het. ʼn Woordvoerder van die DA, Dorianne Arendse, sê tydens toesiginspeksies van die provinsiale erfenisterreine het hulle ontdek die Lewende Erfenismonument vir Vroue in Tshwane en die Kagiso-gedenk- en provinsiale argiewe is wanfunksioneel:
Takatso Aviation het die buurland se minister van finansies, Enoch Godongwana, se reddingsboei van 1 miljard Suid-Afrikaanse rand aan die Suid-Afrikaanse Lugdiens verwelkom, maar sê dis nie genoeg om die res van die lugdiens se historiese skuld te delg nie. Sedert die Takatso-ooreenkoms sowat 20 maande gelede aangekondig is, hou hulle vol dat hulle nie aanspreeklikheid aanvaar vir die SAA se skuld voor die oorname nie. Volgens die ooreenkoms kry Takatso 51 persent aandele in die staatsbeheerde lugdiens. 'n Woordvoerder, Thulasizwe Simelane, sê die SAA se historiese skuld beloop 13,5 miljard rand:
Die DA in Gauteng sê die provinsiale Gesondheidsdepartement het op die 31ste van verlede maand 940 verskaffers 1,856 miljard Suid-Afrikaanse rand geskuld, ten spyte van beloftes om dit binne die wetlik vereiste 30 dae te betaal. Jack Bloom van die DA sê die departement skuld nog 223 verskaffers al meer as drie maande lank 983 miljoen rand terwyl 176 verskaffers meer as ses maande wag om 35,5 miljoen rand betaal te word:
Hemofilie is gewoonlik 'n oorerflike bloedings-versteuring waarin die bloed nie behoorlik stol nie. Dit kan lei tot spontane bloeding sowel as bloeding na beserings of chirurgie. Die Namibiese Hemofilie-stigting is tans besig om 'n veldtog vir nuwe voornemende pasiënte op die been te bring. Die doel van die veldtog is om bewustheid van die toestand te versprei in aanloop tot Wêreld-hemofiliedag wat op 17 April herdenk word. Kosmos 94.1 Nuus het met Immanuel Mayiji, die president van die stigting, gepraat...
‘n Bekende sakeleier het gereageer op FlyNamibia wat hul beswaar teen die aansoek om die lugvervoer-lisensie deur Fly Etosha Airways van die voormalige Air Namibia kaptein William Ekandjo teruggetrek het. Die uitvoerende direkteur van FlyNamibia, André Compion sê in ‘n mediaverklaring hy is verras oor die venyninge negatiewe reaksie van die publiek. Hy sê hul bedoelings was nooit om Fly Etosha Airways te veroordeel nie, maar op die beperkinge van die aansoek te wys. Hy sê die Vervoerkommissie kan Fly Etosha Airways se aansoek op hul eie meriete evalueer. Black Business Leadership Network of Namibia se voorsitter, Eliphas Simon, sê aan Kosmos 94.1 Nuus Namibië het ‘n vrye mark.
Die Namibiese Akkerbouraad het ook sy kommer uitgespreek oor vanjaar se mielie-oeste weens ‘n gebrek aan reën. Droëland mielieprodusente in die mieliedriehoek sukkel op die oomblik omdat hulle wag op reën. Die verwagte oes per ton daal daagliks en sommige boere het min of geen reën ontvang nie. Die hoofbestuur van die Namibiese Akkerbouraad, Gilbert Mulonda sê dat die laat reënseisoen kommerwekkend is, ook in die Zambezi-streek.
Die lot van die Suid-Afrikaanse onderwysstelsel is weereens in die kollig. Dit volg ná 'n verslag van die 2030 Leespaneel wat aandui die geletterdheidsvlak onder Suid-Afrikaanse kinders is op 'n afwaartse spiraal. 'n Spesialis vir maatskaplike beleggings, Shamiso Chideme, sê 'n kind se opvoeding begin vanaf vroeëkind-ontwikkeling. Sy waarsku die vlak van onderwys onder kinders sal aanhou versleg as die regering nie genoeg befondsing belê wat gefokus is op vroeëkind-ontwikkeling nie:
Die uittredende Eskom-hoof André de Ruyter sê bewyse dui daarop dat die ANC die beleërde kragverskaffer as 'n voerkrip beskou. Hy het in 'n onderhoud op die e.tv-program, My Guest Tonight, aan Annika Larsen gesê hy het sy kommer teenoor 'n senior regeringsminister uitgespreek oor pogings, volgens hom, om beheer te verslap oor die 154,64 miljard Suid-Afrikaanse rand wat hulle hoofsaaklik deur Eskom se ingryping, by COP26 ontvang het. De Ruyter sê die minister, wie se naam hy nie noem nie, se reaksie was skokkend:
Eskom het bevestig dat sy uitvoerende hoof, André de Ruyter, die kragvoorsiener ná 'n spesiale vergadering onmiddellik verlaat. Hy het in Desember sy bedanking ingedien en sou sy kennistydperk tot die einde van volgende maand werk. Volgens berigte volg die stap nadat die minister van Openbare Ondernemings, Pravin Gordhan, hom geroskam het ná 'n onderhoud op e.tv se My Guest Tonight met Annika Larsen. Eskom se woordvoerder, Sikonathi Mantshantsha, sê die raad en De Ruyter het 'n gemeenskaplike ooreenkoms bereik dat hy nog net tot volgende Dinsdag werk:
In Suid-Afrika het die finansminister Enoch Godongwana ook sy begrotingsrede gelewer en daar is reeds kritiek. Die Regeringskommunikasie- en Inligtingstelsel het sy kommer uitgespreek oor die duisende werklose gegradueerdes wat ontvangers is van die maatskaplike noodverligtingstoelaag. Godongwana het die verlenging van die toelaag tot Maart 2024 aangekondig. Die waarnemende direkteur-generaal van die regering se kommunikasie- en inligtingstelsel, Michael Currin, het die regering gevra om ander ingrypings te ondersoek om jongmense te help. Hy sê die 350 Suid-Afrikaanse rand is nie ‘n oplossing nie.
Die Namibiese ministerie van finansies het 38,4 miljard Namibiese dollar aan die maatskaplike sektore in die begroting toegeken, 'n aansienlike toename vanaf 34,4 miljard in die vorige boekjaar. Die ministerie van geslagsgelykheid, armoede-uitwissing en maatskaplike welsyn het 6,5 miljard dollar gekry, 'n verhoging van 5,5 miljard van die vorige jaar. Die Namibiese onderwysministerie se begrotingstoekenning is verhoog tot 16,8 miljard dollar, asook 51,2 miljard dollar oor die medium-termyn-begroting. Die finansminister, Ipumbu Shiimi tydens sy begrotingsrede...
Die Wes-Kaapse regering sê daar sal dadelik koppe bymekaar gesit moet word om die provinsie se ewig-stygende misdaad-vlakke aan te spreek. Misdaadstatistieke vir die tydperk Oktober tot Desember 2022 dui aan dat meer as 84 persent van Suid-Afrika se dwelmverwante moorde in die Wes- Kaap gepleeg is. Ander ernstige misdade, soos moord, poging tot moord, seksuele oortredings en roof met verswarende omstandighede het ook 'n beduidende styging getoon, in vergelyking met die vorige kwartaal. Fritz Platt, Kosmos 94.1 Nuus se korrespondent in Kaapstad...
Wateronderbrekings sal op Tsumeb voorkom totdat die grootskaalse herstel van die Tupperware-dam voltooi is. Inwoners van die dorp word versoek om water op te gaar vir gebruik, aangesien die dorp in sommige dele wateronderbrekings ervaar as gevolg van die herstelwerk wat aan die hoof-waterreservoir gedoen word. Stella Imalwa-Nangolo, woordvoerder van die dorp, sê aan Kosmos 94.1 Nuus gesê sekere gebiede kan deur die impak van lae waterdruk geraak word of glad nie water hê nie. Sy bedank die inwoners vir hul geduld.
Die Namibiese gesondheidsminsiterie het 9,7 miljard Namibiese dollar in die begroting van die 2023-24-boekjaar ontvang. Meer as 700 miljoen dollar sal vir beleggings en die opknapping van gesondheidsgeriewe, werwing van mediese personeel, verkryging van farmaseutiese produkte en ambulanse aangewend word. Die minister van finansies Iipumbu Shiimi sê die Universele Gesondheidsdekking-beleidsraamwerk sal ook ontwikkel word.
Suid-Afrika het twee nuwe wette ingestel in 'n poging om die gryslys te vermy. Die land is uitgelig weens kwesbaarheid teen geldwassery in sy stelsel. Die Finansiële Aksie-taakspan het 'n verslag gepubliseer wat aandui dat die land nie wêreldwye standaarde handhaaf om geldwassery en die befondsing van terrorisme oor nasionale grense te bekamp nie. Die minister van finansies, Enoch Godongwana, het in sy begrotingsrede gesê die twee nuwe wette sal aandag skenk aan 15 van die 20 wetgewende tekortkominge wat die taakspan geïdentifiseer het.
Die Nambiese landbouministerie het 'n totaal van 2,4 miljard Namibiese dollar in die 2023-24-begroting ontvang, 'n toename van 22,1 persent vanaf die vorige boekjaar. Die minister van finansies Iipumbu Shiimi sê volgehoue produksie by die verskillende groenskema-projekte moet verseker word om voedselsekerheid te verbeter terwyl die verhuringsproses afgehandel word.
Die Namibiese minister van finansies, Ipumbu Shiimi, het in sy begrotingsrede in die parlement die verhogintg van aksynsbelasting vir sogenaamde sondebelasting vir alkohol- en tabakprodukte aangekondig. Dit prysverhogings tree om vannag om middernag in werking.
Die Suid-Afrikaanse regering het geen beduidende belastingvoorstelle tydens die begroting aangekondig nie. Dit is glo te danke aan 'n verbetering in inkomste as gevolg van hoër invordering van korporatiewe en persoonlike inkomstebelasting. Die regering sê hy sal eerder belastingverligting van 13 miljard Suid-Afrikaanse rand bied. Die minister van finansies, Enoch Godongwana, het in sy begrotingsrede gesê belastinginkomste-invorderings vir 2022/23 sal na verwagting 1,69-duisend miljard Suid-Afrikaanse rand beloop.
Die Namibiese minister van finansies, Ipumbu Shiimi, het in sy begrotingsrede in die parlement goeie nuus oor maatskaplike toelae gebring. Toelae vir pensioenarisse sal vanaf 1 300 tot 1 400 Namibiese dollar per maand styg en terwyl weerlose kinders 'n verhoging van 100 dollar per maand vanaf 350 tot 450 dollar per maand sal kry. Die ongeskiktheidstoelaag is verhoog vanaf 250 tot 1 400 dollar per maand.
Die Namibiese minister van finansies, Ipumbu Shiimi, is tans besig met sy begrotingsrede in die parlement. Die tema vir sy begrotingsrede vanjaar is ekonomiese herlewing. Shiimi sê die begroting fokus op ekonomiese stabiliteit, groei en volhoubaarheid.
Die polisie in die Noord-Kaap sê verskeie verdrinkings is aangemeld na die onlangse stortreën en die oopmaak van sluise in sommige dele van die provinsie. Soek-en-Red-spanne van die polisie soek tans steeds na drie mans wat onlangs in riviere naby Warrenton, Barkly-Wes en Upington verdwyn het. ʼn Woordvoerder van die polisie, Sergio Kok waarsku inwoners om baie versigtig te wees indien hulle die Oranje-, Vaal-, Riet- en Modderrivier besoek of daar visvang.
Die Namibiese en Suid-Afrikaanse ministers van finansies is beide tans besig met hul begrotingsredes. In die buurland sê Enoch Godongwana, die regering gaan ‘n deel van Eskom se skuld oorneem. Hy sê die regering sal 254 miljard Suid-Afrikaanse rand van Eskom se skuld delg. Hy sê ook munisipaliteite moet daaraan werk om hulle skuld aan Eskom te betaal. Die minister sê Eskom se langtermyn finansiële lewensvatbaarheid hang daarvan af dat kliënte hulle skuld betaal.
AfriForum doen 'n beroep op gemeenskappe om voort te gaan met die bou van en verbetering aan burgerlike veiligheid-strukture, soos buurtwagte, nadat die jongste misdaadstatistiek vrygestel is. Die syfers, wat die minister van polisie, Bheki Cele, bekend gemaak het, toon 'n toename in geweldsmisdaad, insluitend moord, aanranding en rooftogte. AfriForum se woordvoerder vir gemeenskapsveiligheid, Jacques Broodryk, sê Cele het erken die statistiek skets nie 'n positiewe prentjie van die misdaad-situasie in Suid-Afrika nie en die polisie alleen kan nie misdaad bekamp nie.
Makelaars van Platinum Financial Solutions en Wespac Financial Services het weer talle toekennings by Sanlam en PPS losgeslaan. Pierre Mostert is as Sanlam se makelaar van die jaar aangewys vir die beste beleggingsprodukte van makelaars in Namibië, asook 'n ruby-toekenning. Johan Liebenberg het ook 'n ruby-toekenning van Sanlam ontvang. Ander presteerders is Louis en Hannes Minders en Burger van Niekerk. Stefan Saayman van Platinum Financial Solution het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Namfisa, wat oorsig oor Namibiese finansiële instansies doen het mikroleners gewaarsku om nie ID-dokumente, bankkaarte op PIN-nommers van kliënte te behou nie. Dit is onwettig en lede van die publiek word gewaarsku om sulke gevalle aan te meld. Dit laat talle mikroleners toe om kliënte uit te buit. Victoria Muranda, die owerheid se kommunikasie bestuurder het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Die Wêreld Goudraad berig dat die vraag van sentrale banke vir goud, twee jaar nadat dit tot sy laagste vlak in 'n dekade gedaal het, sterk herstel het. In 2022 was die tweede opeenvolgende jaar wat dit verder gegroei het met netto aankope van altesaam 1 136 ton, die hoogste sedert 1950. Die grootste aankope is deur China, Turkye, Egipte, Katar, Irak en Indië gemaak. Die bekende beleggingsekonoom in Suid-Afrika Dawie Klopper verduidelik hoekom die aankope gemaak is.
Die Snakes of Namibia-groep het 'n toetse met 'n verskeidenheid verskillende slangafweermiddels op 'n aantal verskillende slangspesies gedoen. Die groep het verskillende produkte, beide kommersieel en tradisioneel gebruik en bevind dit maak geen verskil aan slange se beweging of gedrag nie. Die bekende slangkenner Francois Theart sê mense moenie in die lokval val nie.
Die Namibiese finansminister Ipumbu Shiimi lê die nuwe begroting vanmiddag ter tafel. Maar, volgens die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing verklaar meeste politieke partye in die land nie hulle befondsing of finansies soos hulle moet nie en meeste van die geld kom uit die nasionale begroting. Partye moet, ingevolge die land se kieswet, hierdie verklarings maak, maar, dit val ver kort van die vereistes. Frederico Links van die instituut sê die uitdaging duur meer as tien jaar voort en almal het net verskonings.
Die skoolvoedingsprogram in Namibië het 'n prioriteit vir die regering geword as gevolg van die talle voordele wat dit vir leerders inhou. Die program verskaf voedsel aan kwesbare kinders en poog om hul voeding te verbeter. Namibië het meer as 800 000 skoolgaande kinders waarvan meer as die helfte staatmaak op die program vir ‘n ete ‘n dag. Die onderwysministerie se adjunk-uitvoerende direkteur, Edda Bohn sê befondsing is toegeken en alles is in plek vir die jaar.
Die voormalige hoof van Navo se geallieerde magte, generaal Richard Sherriff sê Russiese President Vladimir Putin se plan was om ‘n tweede Russiese ryk te vestig en daarom moet hy in die Oekraïne gestuit word. Hy het met Britse media gepraat oor wat die intelligensie sê.
Die Suid-Afrikaanse vakbondfederasie, Saftu, eis dat besnoeiings wat in die aansuiweringsbegroting aangekondig is, omgekeer word en besteding op belangrike dienslewering verhoog word. Dit kom in aanloop tot die minister van Finansies, Enoch Godongwana, se nasionale begrotingsrede wat vanmiddag gelewer word. Saftu se woordvoerder, Trevor Shaku, sê hy is bekommerd dat die ANC voortgaan om makro-ekonomiese en fiskale beleidsmodelle te aanvaar wat deur neoliberale finansiële instellings, die Wêreldbank en die Internasionale Monetêre Fonds voorgeskryf word:
Die Richelieu Eagles het die driehoekige reeks teen Nepal en Skotland in Kirtipur, Nepal verloor. Die finale top-drie nasies sal na 36 wedstryde, wat reeds in Augustus 2019 begin het, outomaties deurdring na die kwalifiserende toernooi in Julie in Zimbabwe, waar die voorste twee nasies sal deurdring om hulle by agt ander lande by die 2023 Wêreldbeker in Indië aan te sluit. Krieket Namibië se uitvoerende hoof, Johan Muller, sê aan Kosmos 94.1 Nuus die span is teleurgesteld, maar hy glo hulle sal weer op dreef kom.
Die voormalige Britse premier Boris Johnson sê dit is uiters belangrik dat Brittanje sy ondersteuning aan die Oekraïne volhou. Dit is Vrydag ‘n jaar sedert Rusland die land aangeval het en daar is berigte dat daar ‘n algehele afname in ondersteuning aan die land is.
‘n Parlementslid van die amptelike opposisieparty, die PDM, Vipuakuje Muharukua het in die Nasionale Vergadering 'n mosie oor vakbond-lidmaatskap aan die minister van finansies, Ipumbu Shiimi, ingedien. Hy wil aan die minister vra of dit korrek is dat geen werknemer in diens van MTC aan enige vakbond behoort nie, glo as gevolg van 'n verbod op vakbond-aktiwiteite by MTC. Kosmos 94.1 Nuus het aan die veteraan vakbondleier, Job Muniaro, gevra of dit verkeerd is vir 'n maatskappy om sy werknemers te verbied om nie deur enige vakbond verteenwoordig te word nie. Hy het sy antwoord só verwoord...
Reaksie word ontvang op Russiese President Vladimuir Putin se aankondiging dat hy onttrek aan 'n kritieke kernwapenverdrag met die VSA. Die verdrag, wat drie keer deur die VSA met Rusland hernu is, het 'n beperking geplaas op die kernwapens wat die twee lande kan ontwikkel. Die Suid-Afrikaanse politieke kenner, professor Andre Duvenhage, sê Suider-Afrika is nie in gedrang nie maar, ‘n kernoorlog is meer waarskynlik as ‘n week gelede.
Finansiële ontleders wil hê die regering moet die reddingsboei-kultuur vir beleërde staatsondernemings hersien. Hierdie oproep is gedoen voor die begrotingsrede vanmiddag lewer. Die sektor wil hê Godongwana moet kyk na 'n balans tussen mededingende nasionale bestedingsprioriteite en die beperkte hulpbronne wat vir die Tesourie beskikbaar is. Jones Gondo van Nedbank verwag die minister sal poog om Eskom se finansies bestendig te maak, en ook oor Transnet praat:
Dit is ook begrotingsdag in Suid-Afrika. Die African Transformation-beweging sê hy verwag meer grootpratery, onbereikbare beloftes en teenstrydighede wanneer die minister van finansies, Enoch Godongwana, vandag sy begrotingsrede lewer. Die minister sal probeer om balans te vind tussen die belangrikste uitgawes van die nasionale regering en die beperkte beskikbare hulpbronne. 'n Woordvoerder van beweging, Zama Ntshona, sê hulle verwerp lenings van die Internasionale Monetêre Fonds en die Wêreldbank aangesien hulle met die broodnodige stand van beleidontwikkeling in Suid-Afrika inmeng:
Walliese spelers gaan met die land se raad vir beroepsrugby vergader in 'n poging om die dooiepunt te verbreek en 'n moontlike staking af te weer. Saterdag se Sesnasies-wedstryd teen Engeland in Cardiff hang in die weegskaal en Walliese spelers dreig om weens 'n geskil oor kontrakte nie te speel nie. Afrigter Warren Gatland, wat die aankondiging van sy wedstrydspan moes uitstel, sê die verwikkelinge weg van die veld is 'n uitdaging, maar die spelers oefen goed:
Die veelpartykoalisie in Tshwane sê Cilliers Brink van die DA het die gepaste kwalifikasies vir die amp as burgemeester, met 'n geskiedenis van diensleweringswerk in Gauteng. Die koalisie het Brink gister as burgemeesterskandidaat aangekondig om Randall Williams te vervang wat twee jaar lank aan die stuur van sake was. Williams het bedank na 'n verdoemende verslag van die ouditeur-generaal wat bevind het daar kan van miljarde rand en bates by die munisipaliteit nie rekenskap gegee word nie. Die koalisie se woordvoerder, Corné Mulder, sê hulle het vertroue in Brink:
ActionSA sê die minister van finansies, Enoch Godongwana, staar talle moeilike besluite in die gesig oor hoe om die land se kwynende fiskale omgewing te herstel en nog belangriker, om ekonomiese groei te skep. Die minister lewer vanmiddag sy nasionale begrotingsrede. ActionSA se woordvoerder, Athol Trollip, sê hulle glo die belangrikste kwessie wat Godongwana moet aanspreek, is hoe om die skuldkrisis by Eskom reg te maak wat dreig om die instelling se ontbondeling te ontspoor:
Anette Rheeder gesels vandag oor die prostaat, 'n sensitiewe maar, baie belangrike onderwerp. A.Vogel se "Prostasan" kapsules is 'n produk wat gebruik kan word vir voorkomende en ondersteunende gesondheid van die prostaat. "Prostasan" is beskikbaar by plaaslike apteke, en vir navrae is jy welkom om 'n e-pos te stuur na info@sanatural.co.za
’n Dogter van Malcolm X, die burgerregte-aktivis wat 58 jaar gelede vermoor is, het kennisgewings ingedien dat sy van plan is om die FBI, die CIA, die polisie in New York en ander, vir sy dood te dagvaar. Ilyasah Shabazz het verskeie federale en New Yorkse regeringsagentskappe daarvan beskuldig dat hulle bewyse op bedrieglike wyse versteek het dat hulle "saamgesweer het om hul plan om Malcolm X te vermoor en uitgevoer het." Sy dagvaar blykbaar vir 100 miljoen Amerikaanse dollar in skade vergoeding.
Die Departement van Gesondheid in die buurland aan voort met sy veldtog om alle gesondheidsinstellings van beurtkrag vry te stel. Dit volg terwyl die land fase ses-beurtkrag beleef as deel van die langste tydperk van voortgesette beurtkrag. Adjunkminister Sibongiseni Dhlomo het aan die parlement gesê die verergerde beurtkrag eis sy tol met hospitaalbegrotings:
Een van die voorkomende maatreëls wat tydens die Covid-pandemie ingestel is, was die konstante was van hande. Tydens die pandemie het die destydse lynminister Peya Mushelenga 'n bevel aan munisipaliteite en plaaslike owerhede gegee om nie inwoners se water af te sny nie. Hierdie stap het meegebring dat Namibiërs se water-rekeninge se skuld opgehoop het. In 'n poging om die skuld in te vorder, het munisipaliteite en plaaslike owerhede met verskillende maniere vorendag gekom om die situasie te hanteer. Daarom herinner die munisipaliteit van Swakopmund hul inwoners daaraan dat hierdie kwessie steeds hangende is. Die munisipaliteit se skakelbeampte, Linda Mupupa het met Kosmos 94.1 Nuus gesels...
Die Suid-Afrikaanse organisasie, Rise Up Against Gender-Based Violence and Femicide, vra meer befondsing om dié gruwel te beveg wanneer die buurland se finansminister, Enoch Godongwana, vandag sy begrotingsrede lewer. Dit volg in 'n tyd waarin hierdie pandemie steeds toeneem. Die direkteur van die organisasie, Mandisa Khanyile, sê dit is tyd vir die nasionale strategiese plan teen geslagsgeweld en vrouemoord om in werking gestel te word. Sy sê howe vir seksuele misdrywe moet ook behoorlike hulpbronne ontvang:
Die besoek deur die Amerikaanse Presidentsvrou, dr. Jill Biden toon volgens kenners die VSA se pogings om nouer bande met Afrika te bou, veral in die lig van die Chinese en Russiese invloed op die vasteland. Biden kom vandag 12-uur by die Hosea Kutako Internasionale Lughawe aan. Sy sal Namibië tot Vrydag besoek. Sy sal saam met die Namibiese Presidentsvrou Monica Geingos ‘n kransleggingseremonie by die Helde-akker bywoon en ook Staatshuis besoek. Biden en Geingos sal ook ‘n jeugbemagtigings-geleentheid hou. Sy vertrek Vrydag na Kenia. Professor Jannie Rossouw van Wits se Sakeskool het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.
Namibiërs wag in spanning op vandag se begrotingsrede van die minister van finansies Ipumbu Shiimi wat hy in die Nasionale Vergadering ter tafel sal lê. Geskatte uitgawes vir die boekjaar volgens die huidige begrotingsdokument sal na verwagting in die omgewing van 73 miljard Namibiese dollar wees. Die landbouministerie is in die vorige boekjaar 1,9 miljard dollar toegeken, met spesifieke toekennings vir waterinfrastruktuur-opknapping en -ontwikkelingsprogramme. Landbou word as een van die land se ekonomiese dryfvere geag en Kosmos 94.1 Nuus het met die landbouminister Calle Schlettwein gesels oor wat sy droom-begroting sou wees...
Kenners meen dat Rusland se onttrekking van ‘n kritiese kernwapenverdrag met die VSA groot gevolge sal hê en weer die wapenwedloop van die Tagtigs laat herleef. Die verdrag wat drie keer deur die VSA met Rusland hernu is, het ‘n beperking geplaas op kernwapens wat die twee lande kan ontwikkel. Dit is eerste deur Mikhail Gorbachev en George Bush senior in 1991 onderteken. Intussen, sê oudpresident Donald Trump, wat bekend is vir sy veragting van oorlog, die wêreld was nog nooit so naby aan die Derde Wêreldoorlog nie.
Die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, versoek hawelose mense in die provinsie om gebruik te maak van die dienste wat aan hulle gebied word. Die pleidooi volg nadat die hof die Stad Kaapstad toestemming gegee het om mense wat onwettig 'n perseel in die sakekern beset, uit te sit. Volgens Winde was die laaste uitweg om die hof te nader nadat die stad verskeie pogings aangewend het om maatskaplike bystand aan onwettige besetters te bied, wat sommige geweier het:
Die Departement van Indiensneming en Arbeid in Suid-Afrika hoop BRICS se Indiensnemings-werkgroep-forum sal help om 'n weg vorentoe te baan rakende kritieke arbeidskwessies. Suid-Afrika is die gasheer vir die vierdaglange byeenkoms wat die kollig sal plaas op sake wat verband hou met behoorlike werk. Die besprekings wat gister begin het, gaan oor die bevordering van behoorlike werk en waardigheid in die werkruimte. Die adjunkminister, Boitumelo Moloi, sê die dryfveer is om 'n omgewing te skep wat inklusief is vir groei in die arbeidsmark:
Die Russiese president, Vladimir Putin, het aangekondig sy land onttrek hom aan ʼn sleutel kernverdrag met Amerika nadat hy die Weste daarvan beskuldig het hy het die oorlog in Oekraïne begin. Die verdrag plaas ʼn beperking op hulle strategiese kern-arsenale. Putin het sy staatsrede gelewer enkele dae voor die eerste herdenking van Moskou se inval in sy buurland. Volgens hom moes Rusland met geweld reageer om die oorlog stop te sit wat hy sê deur die Weste begin is. Putin beweer Oekraïne was in gesprek met die Weste oor wapens voor die inval, wat volgens hom 'n spesiale militêre operasie is. Intussen het Amerikaanse President Joe Biden Pole besoek. Hy sê die Oekraïnse oorlog is ‘n toets vir demokrasie en vryheid.
Die Namibiese arbeidsminister van Utoni Nujoma het vandag in die Nasionale Vergadering gereageer op kommentaar wat die amptelike opposisieleier McHenry Venaani oor die vloedsituasie in die noorde van Namibië gemaak het. Venaani het 'n beroep op die regering gedoen om die vloedgeteisterde gemeenskappe by te staan. Nujoma stem saam met Venaani dat die vloedsituasie ernstig is, maar sê almal moet saamwerk.
Die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, sê die party se nasionale uitvoerende komitee oorweeg die uitdagings wat verband hou met die prosesse wat tot die Wes-Kaapse provinsiale konferensie gelei het. Die komitee het toestemming aan die tussentydse provinsiale komitee verleen om met die proses te begin vir algemene takvergaderings sowel as ander behoorlike prosesse om die provinsiale konferensie byeen te roep.
Die Groote Schuur-hospitaal in Kaapstad het die eerste mediese fasiliteit in Afrika geword om 'n onverenigbare nier-oorplanting te doen. Die operasie is op die 35-jarige Chervon Meyer uitgevoer nadat haar broer een van sy niere geskenk het om haar lewe te red, ten spyte van die feit dat hy 'n ander bloedgroep het. 'n Nefroloog, Zunaid Barday, het die prosedure geprys en sê die sukses beteken dat nieroorplantings nou met onverenigbare bloedgroepe uitgevoer kan word.
Namib Mills het sy reaksie gegee op wetenskaplikes van die Nasionale Landbou-navorsingsorganisasie wat sê dat Ugandese mielies, sorghum en grondbone konsentrasies aflatoksien bevat wat minstens tien keer hoër is as die veiligheids-drumpel wat die Wêreldgesondheids-organisasie aanbeveel. Die direkteur vir navorsing van die Nasionale Oesbronne-navorsingsintituut, Godfrey Asea, sê dit hou 'n ernstige kankerrisiko in vir verbruikers. Hy sê dit is uiters kommerwekkend, want mieliemeel is 'n stapelvoedsel vir miljoene Ugandese gesinne en 'n oorheersende dieet by skole. Ian Collard, die hoof van die NMI-groep, sê aan Kosmos 94.1 Nuus dat kwaliteitsbeheer in Namibië toegepas word.
President Cyril Ramaphosa het die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag geloof vir sy volgehoue werk om bestendigheid in die land te verseker. Hy het lede in Richardsbaai in KwaZulu-Natal toegespreek tydens Gewapende Magte-dag. Die jaarlikse herdenking plaas klem op die afsterwe van meer as 600 swart Suid-Afrikaanse soldate wat op die SS Mendi gesterf het toe dit in die Engelse Kanaal teen die stoomskip Darro gebots het. Ramaphosa sê die soldate sou na die voorste linies van die Eerste Wêreldoorlog in Frankryk ontplooi word.
Die Amerikaanse Presidentsvrou, Jill Biden sal môre in Namibië aankom vir ‘n driedaagse besoek. Sy sal môremiddag deur haar Namibiese eweknie, Monica Geingos op die Internasionale Lughawe Hosea Kutako ontvang word. Hulle sal ‘n kransleggingseremonie by die Helde-akker bywoon en Staatshuis besoek. Biden en Geingos sal ook ‘n jeugbemagtigings-geleentheid hou. Biden sal Kenia ook op haar Afrika-reis besoek. Intussen vorder die konstruksie van die nuwe Amerikaanse ambassade in Windhoek teen ‘n geraamde 270 miljoen Namibiese dollar vorder goed. Die nuwe ambassade-kompleks is op vyf hektaar grond op die hoek van Nelson Mandela-rylaan en Metjestraat in die Klein Windhoek-woonbuurt geleë. Die Amerikaanse ambassade in Windhoek se skakelbeampte, Tiffany Miller, sê aan Kosmos 94.1 Nuus die ambassade-kompleks sal na verwagting vanjaar voltooi word.
’n Groep betogers het vandag buite die Windhoekse hoërhof opgeruk in solidariteit met die gemeenskappe in die Kavango-streek, wat Recon Africa se regskoste moet betaal. Die protesoptog is gereël deur die Women's Leadership Centre, Economic and Social Justice Trust, Simply Green Movement Comrades Association en Young Feminists. Dit was in reaksie op 'n hofsaak wat ReconAfrica teen die Num Nara- gemeenskapswoud gewen het en die hof beslis het hulle die regskoste daarvan moet dra. Ndapewoshali Shapwanale, ReconAfrica se kommunikasiedirekteur het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.
Die DA sê Suid-Afrika is nie ʼn arm land nie, maar het swak ekonomiese beleid. Woordvoerder Dion George sê dis moontlik om die rigting van die land se ekonomiese trajek te verander mits die regering die regte besluite neem. George het in sy voorlegging van die alternatiewe begroting ʼn aantal voorstelle aan die minister van finansies, Enoch Godongwana, gedoen om in sy begroting te gebruik. Volgens hom sluit dit sommige maatreëls vir belastingverligting in, asook maniere om die sakesektor te bemagtig om sodoende ekonomiese groei te versnel.
Die Stad Kaapstad sê hy berei hom voor vir môre se beplande staking in die openbare sektor, soos aangekondig deur die taxi-liggaam, Santaco. Die stad het ʼn ten volle geïntegreerde bedryfsplan ter ondersteuning van die polisie aangekondig, met volwaardige ontplooiing regoor die metropool. Die burgemeesterskomiteelid vir veiligheid en sekerheid, JP Smith, sê van die redes wat voorgehou word vir die beplande staking sluit in ontevredenheid oor verhoogde boetes en die voortgesette skut van minibus-taxi’s.
Die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, sê die nasionale uitvoerende komitee het sy steun uitgespreek vir President Cyril Ramaphosa se ingryping om 'n toegewyde minister van elektrisiteit aan te stel. Mbalula het die media ingelig oor die uitkomste van die spesiale NUK-vergadering om 'n reeks nasionale, internasionale en organisasie-aangeleenthede te oorweeg. Hy sê die minister sal die leiding neem en die nodige ingrypings bestuur wat daarop gemik is om beurtkrag te beëindig en kragvoorsiening bestendig te hou.
Vandag word Internasionale Toergids-dag herdenk, ook in Namibië. Die Namibiese Reis- en Toerismeforum bedank alle toergidse in die land wat hard werk om internasionale reisigers aan die natuurskoon en diverse kulture van Namibië bekend te stel. Kosmos 94.1 Nuus het met Namibiese toergids Joseph Kafunda gepraat, ook oor hul uitdagings.
Die Stad Tshwane sê hy ervaar 'n groot agterstand in die aandag wat hy moet gee aan kragonderbrekings in die metro. Dit is weens gure weerstoestande die afgelope paar dae. Die stad se tegnici kon nie aan elektriese kabels werk in die reën nie. Die woordvoerder, Lindela Mashigo, sê die uitdaging word vererger deur langdurige beurtkrag wat dit uiters moeilik maak vir spanne om in die donker te werk, veral aan die oorhoofse lyne.
Die Vryheidsfront Plus doen 'n beroep op die minister van finansies, Enoch Godongwana, om 'n gunstige ekonomiese omgewing vir die privaat sektor te skep in sy begrotingsrede. Die party stel maatreëls soos belasting-aansporings voor, eerder as verdere belasting- en heffingsverhogings, om groei en belegging te stimuleer. Die party kritiseer ook die regering se groeiende salarisrekening en senior staatsamptenare se buitensporige salarisse. Wouter Wessels van die party vra verpligte derdeparty-versekering en die afskaffing van die wan-funksionele en bankrot Padongelukke-fonds.
Netbal: Die Stad Kaapstad het die eerste van 'n aantal Netbal-nalatenskaps-programme bekend gestel in die aanloop tot die Wêreldbekertoernooi. Die programme sal die sport versterk en jeug-deelname aanmoedig. Die burgemeesters-komiteelid vir gemeenskapsdienste en gesondheid, Patricia van der Ross, sê die eerste program is in Nomzamo in die Strand van stapel gestuur om te verseker dat netbal-ontwikkeling ná die toernooi voortgaan.
Die Oos-Kaapse LUR vir Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Zolile Williams, sê dit sal die provinsiale regering 4,5 miljard Suid-Afrikaanse rand kos om padinfrastruktuur wat deur die onlangse vloede beskadig is, te herstel en vervang. Hy het aan die media gesê die geraamde koste vir menslike nedersettings staan op 420 miljoen rand. Williams het ook bevestig dat tien mense dood is en vier steeds vermis word.
Plaaslike reaksie word ontvang op berigte uit Suid-Afrika dat die regering aan maatreëls werk om onderwyskoste in tersiêre instellings te reguleer. Die rede daarvoor is omdat talle belowende matriekleerders nie die fooie kan bekostig nie. Dylan Mukoroli van die Namibië Nasionale Studente-organisasie, Nanso, sê Namibiese owerhede moet dieselfde stappe neem.
Meer bouplanne is verlede jaar in die Wes-Kaap deurgevoer en voltooi as in al die ander provinsies. Tussen Januarie en Desember het die provinsie bouplanne ter waarde van 37 miljard Suid-Afrikaanse rand goedgekeur. Die LUR vir Finansies en Ekonomiese Geleenthede, Mireille Wenger, sê ten opsigte van geboue wat voltooi is, was die provinsie tussen Januarie en Desember verlede jaar verantwoordelik vir 27 miljard rand, die hoogste persentasie van alle geboue wat oor dieselfde tydperk in Suid-Afrika voltooi is:
Netwerk Namibië hou fondsinsameling vir sy taal- en kultuurbedrywighede en sy projekte, wat ook studiebeurse en hul onderwyshulpfonds insluit. Netwerk bied jou ‘n geleentheid aan om in Afrikaans, vir Afrikaans gholf te speel op 24 Februarie. Elizma Theron sê die dag herdenk Moedertaaldag wat vandag herdenk word. Sy het die besonderhede met Kosmos 94.1 Nuus gedeel.
Droëland mielieprodusente sukkel op die oomblik omdat hulle op reën wag. Die verwagte oes per ton daal daagliks en sommige boere het geen reën ontvang nie. Kosmos 94.1 Nuus het met Herman Stroh, wat op Hanssenia ongeveer 25 kilometer buite Grootfontein boer. Daar is kommer.
Dienslewering is sekerlik een van die belangrikste elemente van plaaslike regering en saam met gesondheid en onderwys, is dit een van die belangrikste kwessies. Die finansminister Ipumbu Shiimi lewer môre sy begrotingsrede en daar is erge druk op die regering as gevolg van fiskale tekorte. Kosmos 94.1 Nuus het aangeklop by die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, Erastus Uutoni, en met hom gesels oor sy droom begroting en wat vermag kan word sou hulle van die befondsing beskik.
Die Gautengse polisie het twee sake van poging tot moord geopen nadat ‘n man en ‘n vrou vanoggend geskiet is by ‘n kleuterskool in Bedfordview aan die Oos-Rand. Die sakevrou het skynbaar pas haar kind afgelaai toe ‘n aanvaller haar genader en geskiet het terwyl sy nog op die terrein was. Polisiewoordvoerder Mavela Masondo sê ‘n ander aanvaller het die eienaar van ‘n privaat sekerheidsmaatskappy geskiet wat sy voertuig buite die terrein parkeer het:
Eiendomskenners in Suid-Afrika meen die eiendomsmark in die buurland is tans ‘n baie goeie kopersmark, met baie mense in die land wat na wat berig word vir verbande aansoek doen. Volgens die eiendomskenner Grant Smee word dit deels toegeskryf aan die feit dat mense jare lank gewag het voordat hulle eiendom koop, om ‘n goeie kredietrekord op te bou. Kosmos 94.1 Nuus het met Hille Petrus, hoofagent by Peuyoshinge Properties gesels. Sy sê dis plaaslik ‘n gemengde mark as gevolg van onsekerheid oor rentekoerse. Maar, dis steeds beter om te koop as te huur. Sy verduidelik.
Carlos Alcaraz is in Brasilië waar hy voorberei vir die Rio Ope. Die 19-jarige Spanjaard het sy terugkeer tot die toer gevier deur Sondag die Argentynse Ope te wen. Dit was sy eerste toernooi van die jaar na ʼn afwesigheid van vier maande weens ʼn besering. Die wêreld nommer twee-speler het van Buenos Aires in Argentinië na Rio de Janeiro in Brasilië gereis waar hy môre in sy eerste wedstryd speel. Hy hoop om op sy goeie vorm voort te bou:
Die Oekraïne het volgens berigte ‘n 10-stap vredesplan wat reeds met sy bondgenote bespreek en goedgekeur is. Dit is volgens Yuriy Sak, adviseur vir die land se verdedigingsministerie. Sak het met Britse media gesels.
Meer as 300 kommunale boere van Okashana het hul teleurstelling uitgespreek oor onwettige heinings. Okashana is 'n vrylopende weidingsgebied vir kleinskaalse boere, wat strek vanaf Omuthiya tot by Oshivelo. Boere sê daar is geen weiveld meer vir hul vee nie weens die onwettige heinings, wat ook hul lewensbestaan beïnvloed. Hulle het glo hul tradisionele leiers genader, maar hulle weet ook niks van die heinings en aan wie die heinings behoort nie. Jona Musheko, die woordvoerder van landbouministerie sê dit bly ‘n uitdaging maar, daar is klagtes wat formeel gemaak kan word.
ActionSA in Gauteng sê premier Panyaza Lesufi se grootse planne om misdaad die stryd aan te sê, die ekonomie te laat groei en gesondheidsorg te verbeter word verwelkom. Hy sê kommer bestaan egter of hy in staat sal wees om dit uit te voer. Die premier het gister tydens sy provinsiale rede belowe om hoëtegnologie-oplossings in te stel om misdadigers vas te vat, soos om nuwe nommerplate vir voertuie in die provinsie in te stel. Bongani Baloyi van Action SA sê daar is geen tekort aan planne in Suid-Afrika nie, maar die kruks van die saak is dat die ANC altyd misluk om die planne ten uitvoer te bring:
AgriSA sê dit is noodsaaklik dat die minister van finansies, Enoch Godongwana, môre in sy nasionale begrotingsrede maatreëls aankondig om die land se voedselsekerheid te beskerm. Die rede volg kort op President Cyril Ramaphosa se staatsrede waarin hy ’n aantal ingrypings ter verligting van die kragkrisis aangekondig het. AgriSA se hoofekonoom, Kulani Siweya, sê hulle is bekommerd oor die sameloop van uitdagings wat voedselproduksie in die land bemoeilik - veral in die huidige moeilike omstandighede:
Die premier van Gauteng, Panyaza Lesufi, sê die afskakeling van die e-tolhekke in die provinsie is 'n stap nader aan afhandeling. Hy het die aankondiging tydens sy eerste provinsiale rede gedoen. E-tol sou aanvanklik in Desember geskrap word, maar die provinsie kon nie die sperdatum haal nie omdat sekere punte in die ooreenkoms tussen die nasionale en provinsiale regering nog uitgeklaar moes word. Lesufi sê e-tol is nou finaal geskrap:
Professor Joseph Diescho, 'n Namibiese skrywer en politieke ontleder, het reageer op die nuus dat die sekretaris van die Swapo Party-jeugliga, Ephraim Nekongo, gedreig het om die jeug te mobiliseer om grond van wit boere te gryp. Nekongo, wat ook ’n parlementslid in die Nasionale Vergadering is, sê wit boere het grond van swart mense gesteel, en sommige verkoop dit nou aan swart mense terug. Diescho het met Kosmos 94.1 Nuus gesels en sê leierskap ontbreek in die land met politieke leiers wat net veg vir posisies.
Die Stad Tshwane sê die burgemeester, Randall Williams, se eerste bedankingsbrief sal geld. Williams het in 'n brief aangekondig dat hy nie ná Maandag 13 Februarie meer burgemeester sal wees nie. Hy het hom egter bedink en daarna geskryf dat sy bedanking eers vandag in werking sal tree. Die speaker van die metroraad, Murunwa Makwarela, sê hulle het besluit om ’n formele regsmening oor die geldigheid van die bedanking te verkry ná die voormalige burgemeester se tweede bedankingsbrief waarmee hy die eerste een wou wysig:
Die boere in die noordelike gebied van Oshikoto gebruik tans kano's of bote om oor die Omadhiya-meer te vaar ná die efundja. Dit is sowat ‘n kilometer lank en meer as drie meter diep. Die uitdagings wat boere ervaar is wanneer hul vee aan die oorkant van die rivier is en die boere nie hul beeste daar kan bereik nie. Die rivier sal na raming tot volgende jaar loop en nóg ‘n probleem is dat die boere nie sal kan oes nie. Die kommunale boer Ileni Nandjato het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Die buurland se metaalwerkersvakbond Numsa sê die massa-afleggings by instellings onder staatsbeheer het 'n kenmerk van die regering se ekonomiese beleid geword, wat dié instellings laat misluk sodat die privaat sektor 'n groter rol kan speel. Dit volg nadat die Poskantoor blykbaar beplan om sesduisend werkers af te lê. Numsa se woordvoerder, Phakamile Hlubi-Majola, sê werkers en hulle voordele word gebruik as deel van die flou verskonings om afdankings te regverdig:
Die Departement van Hoër Onderwys in Suid-Afrika sê die regering werk aan maatreëls om onderwyskoste in tersiêre instellings te reguleer, omdat baie belowende Suid-Afrikaanse matriekleerders weens hoë lewenskoste nie die fooie kan bekostig nie. Verlede week het die Wits Universiteit se Studenteraad 'n skoonmaak-veldtog gehou om fondse in te samel vir sukkelende studente. Die adjunkminister, Buti Manamela, sê die regering wil maatreëls instel wat tasbare resultate lewer, sodat die leerders in die middel-inkomstegroep ook toegang verkry tot hoër onderwys-instellings:
Die stigter van liefdadigheidsorganisasieHand in Hand for Aid and Development, Faddy Sahloul sê die tonele in Gaziantep, Turkye is hartverskeurend. Daar is groot kommer oor die vlakke van trauma vir die oorlewendes in Turkye en Sirië na nog ‘n 6,4 aardbewing Maandagaande voorgekom het. Sahloul sê aan Britse media dat dit is asof hulle vasgevang is in 'n nimmereindigende gruwelfliek.
Aktiviste in die buurland doen 'n beroep op die departement van justisie om die Konsepwetsontwerp op die Beskerming en Ondersteuning van Verklikkers in te stel. Die Suider-Afrikaanse Instituut vir Reaktiewe en Verantwoordelike Regering het sy kommer uitgespreek oor die verhoogde gevare waaraan diegene blootgestel is wat misdadigheid en korrupsie blootlê. Die instituut se woordvoerder, Tseliso Thipanyane, sê verklikkers word deur die jare steeds gedwing om weg te kruip of word in die ergste gevalle vermoor terwyl die proses om die wetsontwerp in werking te stel voortduur:
Internasionale Moedertaaldag word vandag wêreldwyd herdenk waartydens bewustheid oor kulturele diversiteit en veeltaligheid bevorder word. Alhoewel Engels die amptelike taal in Namibië is, word baie inheemse tale in die land gepraat en gerespekteer weens kulturele diversiteit. Unesco nooi sy lidlande om die dag in soveel tale as moontlik te vier as 'n herinnering dat veeltaligheid noodsaaklik is vir volhoubare ontwikkeling. Die Namibiese ombudsman, Basilius Dyakugha, verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus waarom dit belangrik is vir Namibiërs om hul moedertaal te praat.
Die Amerikaanse President Joe Biden het belowe Amerika sal saam met Oekraïne staan so lank as wat dit nodig is. Hy sê vryheid is van onskatbare waarde en die moeite werd om voor te veg. Biden het 'n verrassingsbesoek aan Kiëf gebring, sy eerste aan Oekraïne sedert die Russiese inval byna 'n jaar gelede. Die besoek was 'n dag voor President Vladimir Putin se beplande groot toespraak waar hy na verwagting Rusland se doelwitte vir die tweede jaar van die inval sal uiteensit. Biden sê Putin se veroweringsoorlog het misluk.
Namibiese Lugdiens-vlieëniersvereniging het sy reaksie gegee op President Hage Geingob wat in Addis Abeba, Ethiopië, samesprekings met Ethiopian Airlines gehad het vir maniere van samewerking in Namibië se pogings om 'n nasionale lugredery te laat herleef. Geingob het aan die voorsitter van die lugdiens, Girma Wake, en die uitvoerende hoof, Mesfin Tasew, gesê selfs al het Swapo opdrag gegee vir die vestiging van 'n nasionale lugdiens, moet die kwessie eers voor die Namibiese kabinet ter tafel gelê word vir besluit en die bedryf van ‘n nasionale lugdiens. Die president van die vereniging Manuel Prenzlow sê daar was al voorheen aanbiedinge van verskeie internasionale lugrederye.
Volgens die Suid-Afrikaanse Landbou-sakekamer, Agbiz se hoof-ekonoom, Wandile Sihlobo, het Suid-Afrika verlede week 35 899 ton koring uit Brasilië ingevoer. Dit het Suid-Afrika se totale koring-invoere vir 2022/23 op 557 149 ton geplaas met die seisoenale invoer-skatting van 1,6 miljoen ton, min of meer onveranderd vanaf die vorige seisoen. Die Namibiese landboukundige Wallie Roux sê ondanks SAOG wat nie die vermoë het om koring aan mekaar te voorsien nie, sal die kwaliteit in die gedrang kom.
Die DA sê indien die finansiële aksietaakspan die land op die gryslys plaas, sal dit die nakomingskoste vir Suid-Afrika se finansiële instellings onmiddellik laat styg. As die land op die gryslys geplaas word, sal dit moeiliker as gewoonlik wees om met die land sake te doen omdat daar nuwe nakomingstappe sal wees, veral vir oorgrens-transaksies. Dion George van die DA sê die minister van finansies, Enoch Gondwana, sal vinnig moet optree sodra die finansiële aksietaakspan 'n besluit geneem het:
Die Proteas het vandag ’n laaste kans om vir die halfeindronde van die T20-Wêreldbekertoernooi vir vroue te kwalifiseer ná Sri Lanka se nederlaag Sondag teen Nieu-Seeland. As die Proteas Bangladesj vanaand op Nuweland klop, sal hulle tweede in Groep-een eindig, en vir die een halfeindstryd kwalifiseer. Die Suid-Afrikaanse kolwer, Laura Wolvaardt, sê hulle is gelukkig om nóg ’n kans te kry ná twee nederlae:
Die Namibiese ministerie van werke en vervoer bied vandeesweek openbare veilings aan vir spoorwegstawe. Môreoggend om tien-uur vind die veiling vir onder meer staal- en beton-spoorwegstawe op die Arandis-spoorwegstasie plaas. Woensdag se veiling vir staal-spoorwegstawe vind by die Usakos-stasie plaas en Donderdag kom die veiling op Omaruru-stasie aan die beurt. Die ministerie se veiling-administrateur Joseph Tomas het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Die uitvoerende hoof van Eskom, André de Ruyter, verwelkom die Nasionale Tesourie se steun met die verkryging van diesel vir sy oopsiklus-gasturbines. Die kragvoorsiener het oor die naweek diesel-tekorte ervaar. Die swaar reën het ook beperkings in steenkool-lewering tot gevolg gehad, wat daartoe gelei het dat twee eenhede by die Lethabo-kragstasie afgesluit is. De Ruyter het op 'n nuuskonferensie gesê hy is baie seker die land sal nie fase 8-beurtkrag ondervind nie omdat maatreëls ingestel is om krag-tekorte te verlig.
Die Suid-Afrikaanse Geregtelike Inspektoraat vir Korrektiewe Dienste sê dit ondersoek nou die moontlikheid om 'n borgtog-fonds-stelsel op die been te bring, in 'n poging om oorbevolking in die land se tronke aan te spreek. Die beoogde fonds sal soortgelyk soos die een wees wat tans in die VSA in werking is om gevangenes, wat in die tronk is vir nie-ernstige misdade, te help om hul borgtog te betaal. Kosmos 94.1 Nuus se korrespondent in Kaapstad, Fritz Platt...
Die Pretoriase Batebeslagleggingseenheid onder die vaandel van die Nasionale Vervolgingsgesag, en die Spesiale Ondersoek-eenheid het nog 'n bewaringsbevel verkry in verband met beweerde korrupsie by Eskom se Kusile-kragstasie in Mpumalanga. Die bevel, uitgereik deur die hooggeregshof in Pretoria, is toegestaan teen bates soos twee gedeeltes van 'n plaas wat as 'n gastehuis gebruik word, 'n handelseiendom in Mbombela en 'n huis op 'n landgoed. Die NVG se woordvoerder, Lumka Mahanjana, sê dit volg op bewerings van ernstige wan-administrasie en korrupsie.
Die Ombetja Yehinga Organisation-dansgroep, bekend as Oyo, het sy eerste dansvertoning vir vanjaar Woensdagaand by Franco-Namibiese Kultuursentrum in Windhoek. Die dansvertoning sal fokus op Namibiese kwessies soos korrupsie en geslagsgeweld. Die vertoning begin om sewe uur die aand en toegang is gratis. Dr. Philippe Talavera, direkteur van Oyo, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Die uitvoerende hoof van die munisipaliteit van Okahandja, Alphons Tjitombo sê daar is geen rede om die skuldinvorderings-kontrak met Red Force te kanselleer nie. Die uitvoerende hoof het geantwoord op 'n brief van die Promised Land Residents Organisation, Plara, se voorsitter, Johannes Gaseb. Tjitombo sê Plara het geen regsgronde om op te staan om te eis dat Red Force se kontrak gekanselleer word nie. Hy sê buitendien is skuld 'n vertroulike kwessie. Kosmos 94.1 Nuus het met Charl Coetzee van die Okahandja Belastingbetalersvereniging, Orpa, gepraat.
Binne die konteks van pogings om 'n nasionale lugredery in Namibië te laat herleef, het President Hage Geingob in Addis Abeba, Ethiopië, ook vergaderings met die voorsitter, Girma Wake, en die uitvoerende hoof, Mesfin Tasew, van Ethiopian Airlines gehou om maniere van samewerking in Namibië se pogings om 'n nasionale lugredery te laat herleef, te bespreek. Die President sê selfs al het Swapo opdrag gegee vir die vestiging van 'n nasionale lugdiens, moet die kwessie eers voor die Namibiese kabinet ter tafel gelê word vir besluite en vir die bedryf van ‘n nasionale lugdiens. Die voorsitter van die Black Business Leadership Network of Namibia Eliphas Simon sê aan Kosmos 94.1 Nuus het hy meer vrae as antwoorde.
Die Bank van Namibië het vandag die nuwe Namibiese 20 en 200 dollar-note op Opuwo, in Kunene-streek bekendgestel. Tydens die bekendstelling het die goewerneur van die bank, Johannes Gawaxab die belangrikheid van finansiële inklusiwiteit vir alle Namibiese gemeenskappe verduidelik, vandaar die besluit om hierdie bekendstelling in Opuwo te hou.
Die uitvoerende hoof van Eskom, André de Ruyter, voorsien nie 'n algehele ineenstorting van die kragnetwerk nie. Sy reaksie volg op die aankondiging dat fase 6-beurtkrag tot Woensdagaand se spitstyd ingestel sal word, en teen Donderdag na fase-4 verlaag sal word, met fase 3 tot die naweek. De Ruyter doen 'n beroep op Suid-Afrikaners om elektrisiteit spaarsaam te gebruik omdat die kragnetwerk steeds onder druk is.
Aktiviste Suid-Afrika het sedert Oktober verlede jaar meer as 20 000 saailinge in KwaZulu-Natal afgelewer. Die doel is om die teorie van "een huis een tuin" regoor die provinsie bekend te stel en die program na die res van Suid-Afrika uit te brei. ASA se woordvoerder, Busi Radebe, sê sodra mense hul eie kos kweek, kan hulle gemeenskaps-tuine aanlê. Sy sê daarna kan hulle begin kommersialiseer deur goedere op groot skaal te vervaardig wat by supermarkte gekoop en verkoop kan word.
Gholf: Die Suid-Afrikaner JJ Senekal het 'n laaste ronde van sewe onder 65 behaal om die SDC Ope met vier houe te buit by die Zebula-buiteklub in Bela Bela, Limpopo. Dit is sy derde Sonskyntoer-titel. Casey Jarvis was tweede op 21 onder baansyfer met 67, en Pieter Moolman en Jaco Prinsloo gesamentlik derde. Senekal sê dis wonderlik om weer op die wenpad te wees.
Die Stad Kaapstad sê hy sal nie Woensdag misdadige gedrag tydens Santaco se beplande provinsiale staking duld nie. Die stad sê hierdie verset-optrede word dikwels gekenmerk deur geweld, vernietiging van openbare eiendom, aanvalle op ander openbare vervoerdienste en intimidasie. Die stad se burgemeesters-komiteelid vir stedelike beweeglikheid, Rob Quintas, sê al die nodige voorsorgmaatreëls sal getref word om die veiligheid van pendelaars en ander operateurs, insluitend die MyCiTi-busdiens, te verseker.
Die Gasvryheidsvereniging van Namibië het die toerisme-akkommodasieverslag van Januarie bekendgestel, wat 'n algehele besetting van meer as 37 persent weerspieël, wat byna dubbel die besetting van Januarie 2022 was, 'n tydperk wat steeds gebukkend gegaan het onder die gevolge van die Omikron-variant. Die uitvoerende hoof van die vereniging Gitta Paetzold sê hulle is aangenaam verras deur die feit dat die binnelandse reismark vir Januarie 'n groei van sowat 5 persent getoon het vergeleke met 2019. Paetzold sê aan Kosmos 94.1 Nuus dit is 'n bewys dat Namibiërs 'n bestendige reiskultuur gevestig het wat bereid is om hul eie land te verken en te geniet.
President Cyril Ramaphosa het die pas-afgelope 36ste sitting van die Afrika-Unie se staats- en regeringshoofde in Addis Abeba, Ethiopië as 'n sukses beskryf. Ramaphosa het met die media gepraat oor die besprekings wat die naweek gehou is, en sê die beraad het lidlande aangemoedig om die gees van Pan-Afrikanisme en solidariteit te verdubbel deur die Afrika-vryhandelsgebied te bespoedig. Ramaphosa sê staatsleiers is ook versoek om aandag te skenk aan die vasteland se dringendste kwessies.
Die Bank van Namibië en die Banco Nacional de Angola, die buurland se sentrale bank, het ‘n memorandum van ooreenkoms onderteken vir nouer samewerking op veral die tegniese front. Die ooreenkoms bepaal ook betalingstelsels vir handel tussen die twee lande. Naufiku Hamunime, die bank se hoof van internasionale betrekkings en volhoubaarheid het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Die Basiese Inkomste-toelaag-koalisie jou vandag, op Wêrelddag vir Maatskaplike Geregtigheid ‘n openbare lesing oor hoe maatskaplike beskerming in Namibië moet herontwerp word. Rinaani Musutua, die koalisie se koördineerder het meer.
Amerikaanse President Joe Biden het onaangekondig in Kiëf aangekom. Dit is amper ‘n jaar sedert die Russiese President Vladimir Putin die Oekraïne aangeval het en Biden sê dit was in sy mening belangrik dat die Amerikaanse president op hierdie tydstip die Oekraïne besoek.
Sikloon Freddy is op pad na Madagaskar en daar is verwagtinge vir kitsvloede en ander skade wat deur sterk winde veroorsaak kan word. Namibië se reënseisoen het nog nie vertoon soos hy moes nie en daar is kommer ook oor die stand van veral die sentrale en oostelike damme. Dit is nie bekend waarheen Freddy sal beweeg nie maar, daar kan vloede in die Benede Oranje-gebied voorkom, veral met die swaar reënval wat Suid-Afrika reeds beleef het en talle damme se sluise wat getrek is. Kosmos 94.1 Nuus het met die bekende weerkenner Johan van den Berg gesels.
Die Namibiese finansminister Ipumbu Shiimi sal Woensdagmiddag sy begrotingsrede lewer. Die land is onder erge druk maar, volgens Robert McGregor van Cirrus in die hoofstad, behoort Sacu-inkomste tog effe verligting te bring. McGregor deel sy verwagtinge met Kosmos 94.1 Nuus.
Die Besigheids- en Intellektuele Eiendomsowerheid, Bipa, herinner alle geregistreerde maatskappye, of hulle aktief sake dryf of nie, om aan die einde van hul finansiële jaar hulle jaarlikse heffing aan Bipa te betaal. Die owerheid het ‘n veldtog van stapel gestuur wat tot April duur. Ockert Jansen, hoof van korporatiewe kommunikasie by Bipa, verduidelik.
'n Namibiese ekonomiese kenner het sy reaksie gegee op eerste minister dr. Saara Kuugongelwa- Amadhila wat by die Münchense Sekuriteitskonferensie in Duitsland haar stem dik gemaak het oor die Russiese-Oekraïnse oorlog. Sy sê die geld wat op wapens bestee word in die oorlog waar die Russe en Oekraïne mekaar doodmaak, kan eerder vir ontwikkeling aangewend word, veral in ag genome die wêreldwye ekonomiese resessie met stygende pryse en die onderbreking van voedsel-waardekettings. Dr. Omu Kakujaha-Matundu van die departement ekonomie by Unam, sê die Weste se ekonomieë word deur konflik aangevuur.
Marcus Rashford het sy goeie spel voortgesit en twee doele aangeteken om Manchester United te help om Leicester City met 'n telling van 3-0 in die Engelse Premierliga te klop. United is nou net drie punte agter Manchester City, wat tweede is op die puntelys. United se bestuurder, Eric ten Hag, was tevrede met hul veggees ná 'n stadige begin:
Die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging het die Gautengse Gesondheidsdepartement se besluit om ongeplaaste mediese gegradueerdes van gemeenskapsdiens vry te stel, gekritiseer. Die departement sê die junior dokters kan elders gaan werk soek sonder dat hulle diens vir die staat verrig het. Die vereniging se voorsitter, Mvuyisi Mzukwa, sê die stap kom te midde van ernstige personeeltekorte by staatshospitale:
Die Suid-Afrikaanse onderwysaktivis Hendrick Makaneta doen 'n beroep op universiteite om hulle beleggings te gebruik om die verskil tussen die ware koshuisfooie en die nasionale finansiële studentehulpskema se beperkte bedrae te dek. Studente by universiteitskoshuise sal vanjaar 'n jaarlikse toelaag van 61 500 Suid-Afrikaanse rand ontvang en dié in privaat, geakkrediteerde verblyf weg van die kampus, 45 000 rand. Makaneta sê universiteite moet ook by die Nasionale Tesourie aansoek doen en die regering versoek om die bedryfskoste van diesel wat kragopwekkers tydens beurtkrag gebruik, oor te neem:
Dit is byna 'n jaar gelede wat Rusland die Oekraïne aangeval en dit bloot 'n inval genoem het. Die Russiese inval op 24 Februarie verlede jaar het intussen tot 'n volskaalse oorlog geëskaleer. Sedertdien is tienduisende mense aan beide kante dood en Europa het sy tweede grootste vlugtelingkrisis sedert die Tweede Wêreld-oorlog ervaar. Die voormalige hoof van die Namibiese weermag, generaal Martin Shali gesels oor of Rusland sy doelwit in een jaar bereik het.
Die toneelstuk Slagplaas het in die Suid-Afrikaanse Staatsteater in Pretoria geopen. Die politieke en sielkundige riller verken die omstrede kwessie van plaasmoorde. Die skrywer en regisseur Wilf Carter Mahne sê die toneelstuk vra vrae oor die moorde, mag, gierigheid en politieke kwessies wat die land in die gesig staar. Mahne sê die gesprekke is nodig om tasbare oplossings te vind:
Die leierskap van die Namibië Nasionale Studente-organisasie, Nanso, sal saam met @100millionnamibia die Justice for Africa-veldtog vanoggend van stapel stuur. Die internasionale veldtog is daarop gemik om jongmense, aktiviste en voorstanders van kinderregte te verenig om gesamentlik op te staan teen die ongeregtighede wat die Afrika-kind in die gesig staar. Dorothea Nangolo, Nanso se woordvoerder het meer.
Die Namibiese finansminister Ipumbu Shiimi sal Woensdag, nes sy Suid-Afrikaanse eweknie, die land se begroting lewer. Die hoofekonoom van Econometrix in die buurland, Azar Jammine, sê Suid-Afrikaners kan verskeie aanvegbare kwessies in Enoch Godongwana se begrotingstoespraak vir 2023 verwag. Hy sê onderwerpe sluit in befondsing vir Eskom, die staatsdiens se salarisrekening, befondsing van die maatskaplike noodverligtingstoelae en 'n verhoging in brandstofpryse en die Padongelukfonds-heffings. Jammine sê Eskom se uitdagings sal waarskynlik die hooffokus wees:
Die Stad Tshwane sê hy hou die situasie fyn dop nadat drie gevalle van cholera onlangs in Johannesburg aangemeld is. Dié drie mense was onlangs op besoek aan Malawi waar cholera endemies is. Die metro se woordvoerder, Sipho Stuurman, sê om die uitbreking van cholera te verhoed, het die stad toegewyde spanne wat een keer per maand watermonsters uit strome, riviere en damme in al sewe streke van die metrogebied neem. Hy sê al die watermonsters wat tot dusver in Tshwane geneem is, het negatief getoets vir cholera:
Die vloedgeteisterde gemeenskappe in die noorde van Namibië sal bly wees om te hoor dat hulle dalk van 'n malaria-ramp gespaar kan word, volgens die voormalige minister van gesondheid, dr. Richard Kamwi. Hy sê aangesien muskiete lief is vir water, is daar egter tydens vloede 'n sprankie hoop. Dr. Kamwi het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.
Die DA sê hy hou vol met sy pleidooie aan die regering om maatreëls in te stel wat die land se voedselproduksiestelsels sal beskerm. Statistieke Suid-Afrika se jongste verbruikersvoedselprys-inflasiesyfers, wat verlede week uitgereik is, toon die prys van stapelvoedsel - soos brood, graan, vleis en groente - het merkbaar gestyg. Noko Masipa van die DA sê Rusland se inval in Oekraïne het die afgelope 12 maande ook ’n rol gespeel in voedselprysstygings en het tot gevolg gehad dat die prys van kunsmis die hoogte in geskiet het:
Die Suid-Afrikaanse kabinet het toestemming verleen vir die publikasie van twee wetsontwerpe vir openbare kommentaar. Die minister van Binnelandse Sake Aaron Motsoaledi sê die eerste een is die Wetsontwerp op Nasionale Identifikasie en Registrasie van 2022 wat ten doel het om 'n geïntegreerde digitale nasionale identifikasiestelsel in te stel. Die tweede is die Wetsontwerp op 'n Eenstopgrenspos wat dit makliker maak vir mense en goedere om oor die land se grense te beweeg:
Namibië het omtrent 10 000 skoolgaande kinders wat per jaar skool verlaat en die probleem blyk om ook ‘n Suid-Afrika ‘n uitdaging te wees. Die jongste statistiek toon meer as 250 000 Suid-Afrikaanse leerders verlaat jaarliks skool, en skep een van die land se grootste kopsere. 'n Onderwys-kenner, Mary Metcalfe, sê middel-misbruik, tiener-swangerskappe, gebroke gesinne, werkloosheid en armoede dra tot die probleem by. Metcalfe sê swak akademiese prestasie vererger ook die uitsak-koers.
Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies Antonio Guterres het die vinger gewys na internasionale finansiële stelsels wat skuldbelaaide Afrika-lande buitensporige rentekoerse vra. Guterres het by die jaarlikse Afrika-spitsberaad in Ethiopië gesê hy wil verreikende hervormings aan die struktuur van internasionale finansies aanbring om beter aan die behoeftes van ontwikkelende lande te voldoen. Hy het ook aangekondig dat die VN 250 miljoen Amerikaanse dollar beskikbaar stel vir verskeie krisisse regoor die wêreld waarvan hongersnood in Afrika deel vorm.
Die projek Water vir Lewe en Sanitasie vir Gesondheid het op Groot Aub afgeskop. Die projek is daarop gemik om die inwoners van die nedersetting suid van Windhoek van broodnodige dienste soos onder meer water- en sanitasiegeriewe te voorsien. Die inisieerder van die projek, Fritz Kaufmann het befondsing gekry om 'n ablusieblok vir vier gesinne te bou. Hy doen 'n beroep op nog ondersteuning om meer behoeftige mense te help.
'n Pluimvee-toer word vir die week van 13 tot 17 Maart vir die suidelike deel van Namibië beplan, wat die streke van Karas-, Hardap en Khomas insluit. Huidige en potensiële pluimvee-produsente kan hierdie geleenthede in samewerking met Agribank bywoon op Keetmanshoop, Mariental, Rehoboth en in Windhoek. Die landbou-ekonoom by die Pluimveeprodusente-vereniging, Bertha Ijambo, gee meer besonderhede aan Kosmos 94.1 Nuus.
Dit wil voorkom asof die oorlog in die Oekraïne uitbrei met ‘n diplomatieke herrie wat ontketen is tussen China en die VSA en die wêreld wat al hoe meer polariseer tussen Oos en Wes. Amerikaanse intelligensie dui daarop dat China dit oorweeg om wapens en ammunisie aan Rusland te verskaf. Dit sou volgens Antony Blinken, die minister van buitelandse sake, ‘n ernstige probleem wees. Blinken sê hulle is lankal bekommerd dat China wapens aan Rusland sal verskaf. Dit kom na die herrie rondom die sogenaamde spioenasieballon. Blinken het China oor die verskaffing van wapens gewaarsku.
President Cyril Ramaphosa sê die 36ste gewone sitting van die vergadering van die Afrika-unie se staatshoofde en regering was 'n sukses. Hy het sy werksbesoek aan Addis Abeba in Ethiopië gister afgesluit waar hy die beraad bygewoon het en Suid-Afrika aangewys is as voorsitter van die Afrika-unie se vrede- en sekuriteitsraad. Ramaphosa sê die vasteland werk voort aan 'n projek om gewere stil te maak, en baie tyd is tydens die vergadering aan dié kwessie bestee:
Die Namibiese polisie maan Namibiërs om versigtig te wees wanneer hulle geld by banke gaan inbetaal of trek. Volgens die jongste misdaadverslag is niemand nog in hegtenis geneem in verband met 'n gewapende rooftog voor Bank Windhoek op Oshakati nie. Twee mense wou geld by die bank inbetaal toe twee verdagtes hulle glo met pistole gedreig, die geldsak by hulle gegryp en in 'n silwer Toyota Corolla-motor gevlug het. Oshana-streek se polisiebevelvoerder, kommissaris Naftal Sakaria het besighede versoek om van veiligheidsdienste gebruik te maak en sê die polisie sal individue na die bank vergesel.
Eskom sê fase ses-beurtkrag sal tot verdere kennisgewing deurlopend ingestel word nadat agt opwekkingseenhede gebreek het. Die kragverskaffer se woordvoerder, Sikonathi Mantshantsha, sê sedert gistermiddag het 'n opwekkingseenheid elk by Arnot, Hendrina, Lethabo en Majuba, en twee eenhede by die Camden-kragstasie onklaar geraak en dit moet herstel word. Hy sê gegewe die groot aantal breuke, bestaan die moontlikheid dat hoër beurtkragfases op kort kennisgewing ingestel kan word:
Die afrigter van die Namibiese sokkerspan, die Brave Warriors, Collin Benjamin, sê dit is 'n groot skande vir 'n land soos Namibië om tuiswedstryde in die buurland Suid-Afrika te speel weens die vervalle sportstadions in die land. Die Brave Warriors sal op 27 Maart weer in aksie wees wanneer hulle die sterk span van Kameroen die stryd aansê. Tans is Namibië tweede, terwyl Kameroen die eerste posisie in Groep C van die Afrikabeker-nasies-uitdunne beklee. Benjamin het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Namibiese fietsryers Drikus Coetzee en Melissa Hinz het vandag die 2023 Pupkewitz Megabuild Tour de Windhoek gewen ná die laaste skof op die Von Bachdam-pad by Okahandja. Hulle is albei deel van Span Simonis Storm powered by Hollard. Veteraan-fietsryer Mannie Heymans het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.
Die Clausthaler Finkenstein Trail Run oos van Windhoek sal op 11 Maart begin. Deelnemers se registrasiefooi beloop 100 Namibiese dollar vir volwassenes en 50 dollar vir kinders. Deelnemers sal beloon word met 'n medalje by die wenstreep. Daar is baie pryse te wen van verskillende maatskappye en handelsmerke. Die organiseerder Francois Steynberg gesels met Kosmos 94.1 Nuus.
Die burgemeester van Kaapstad, Geordin Hill-Lewis, sê die bouperseel waar 'n luggehalte-beampte van die stad doodgeskiet is, is gesluit. Die vrou is 'n paar keer binne haar motor by die Symphony Way-behuisingsprojek in Delft geskiet. Hill-Lewis doen 'n beroep vir 'n vinnige afhandeling van die moord-ondersoek. Die stad bied 'n beloning van 100 000 Suid-Afrikaanse rand aan vir inligting wat lei tot die suksesvolle vervolging van die skuldiges.
Die voorsitter van die ANC in Johannesburg, en burgemeesterskomiteelid vir finansies, Dada Morero, sê die Stad Johannesburg se geld is besig om op te raak. Die voormalige burgmeester beskuldig die DA-geleide veelparty-regering dat hy die stad in duie laat stort, en voer aan die metro is byna bankrot. Morero sê hoewel inwoners bekommerd moet wees, is daar 'n kans om die foute reg te maak.
Die Suid-Afrikaanse departement van water en sanitasie het inwoners van Douglas in die Noord-Kaap gewaarsku om op die hoogste gereedheidsgrondslag te wees want hoë watervlakke en oorstromings word verwag. Die departement se woordvoerder, Wisane Mavasa, sê dit is weens die samevloeiing van die Vaal- en Oranjerivier vanweë die vrystelling van water uit die Vanderkloof- en Bloemhofdamme. Sy sê inwoners moet dalk ontruim om skade of lewensverlies te verhoed.
Terwyl swaar reën dele van Gauteng, die Oos-Kaap en KwaZulu-Natal teister en oorstromings in sommige gebiede veroorsaak, het die departement van water en sanitasie nog twee sluise by die Vaaldam oopgemaak. Die departement se woordvoerder, Wisane Mavasa, sê hulle moes die druk verminder namate die watervlak styg. Mavasa waarsku boere om hulle waterpompe aan te pas. Sy doen ook 'n beroep op gemeenskappe om nie vis te vang of tydens swaar reën te swem nie.
Daar heers groot kommer oor padveiligheid, veral met taxi's wat in aankomende verkeer inry. Volgens statistieke van die Motorvoertuig-ongelukke fonds, sterf baie jongmense tussen die ouderdomme van 21 en 34 op Namibiese paaie. Die faktore wat bydra tot die hoë aantal padsterftes onder die jeug, sluit in volgehoue risiko-gedrag soos onwilligheid om veiligheidsgordels te gebruik, hoë spoed, en bestuur onder die invloed van alkohol. Die Namibiese polisie se hoofinspekteur Rozario Coetzee van die verkeersdepartement het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Die buurland se Nasionale Studente Finansiëlehulpskema, NSFAS, sê die bewerings van die leier van die United Democratic Movement, Bantu Holomisa, van onreëlmatige transaksies is vals. Holomisa het 'n skriftelike versoek aan die Spesiale Ondersoekeenheid en die Valke gerig om bewerings te ondersoek dat NSFAS sowat 1,9 miljoen Suid-Afrikaanse rand per maand aan die huur van kantoorruimte betaal het wat hy nie van Desember 2021 tot September 2022 beset het nie. Die NSFAS-woordvoerder, Slumezi Skosana, sê dit is nie waar nie.
Die Wes-Kaapse LUR vir polisie-oorsig en gemeenskapsveiligheid, Reagan Allen, sê misdaadsyfers wat die minister van polisie, Bheli Cele, bekendgemaak het, beklemtoon die behoefte aan samewerking tussen die regering en die gemeenskap om misdaad te beveg. Allen sê provinsiale syfers vir die tydperk tussen Oktober en Desember 2022 toon 'n styging in moorde, met 1 198 gevalle wat in die Wes-Kaap aangemeld is. Hy voeg by die fokus gaan nou spesifiek op geweldsvoorkoming wees.
Die Namibiese omgewingsminister Pohamba Shifeta sê die veldbrande in die land is verwoestend, alhoewel minder veldbrande verlede jaar aangemeld is van 'n totaal van 1 234 in 2021 tot 930 veldbrande in 2022. Daarbenewens het veldbrande 3,1 miljoen hektaar in 2021 vernietig in vergelyking met die 1,5 miljoen hektaar in 2022. Die streke wat die ergste geraak is, was Zambezi, Kavango-Wes, Kavango-Oos, Kunene, Otjozondjupa, Khomas, Omaheke, Ohanwena, Omusati, Oshana, Karas en Oshikoto. Hy sê die ingrypings wat deur die ministerie ingestel is, sluit onder meer in die implementering van die houtskoolproduksie-riglyne, instandhouding en ontwikkeling van brandlyne en opleiding in basiese brandbestryding.
Daar is toenemende kommer oor kontrakmoorde in Suid-Afrika wat al hoe meer voorkom. Dit volg te midde van sluipmoorde op verskeie politici, sakelui, en kunstenaars. Hulle sluit in 'n ANC-raadslid in Mkhondo, Sibonelo Ntshangase in Januarie, en Kiernan 'AKA' Forbes en sy vriend Tebello 'Tibz' Motsoane, Vrydag 'n week gelede. Die direkteur van die Wêreldwye Inisiatief teen Oorgrens Georganiseerde Misdaad, Mark Shaw, sê sluipmoorde teen betaling is besig om skerp te styg.
Namibiese President Hage Geingob het reeds in Addis Abeba, Ethiopië, by die 36ste gewone beraad van die Afrika-unie, samesprekings met die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, António Guterres, gehou. Staats- en regeringshoofde van 55 AU-lande woon die beraad die naweek by terwyl die wêreld en Afrika in die besonder gekonfronteer word met ‘n ernstige ekonomiese dilemma. Kosmos 94.1 Nuus het aan die Namibiese ekonoom Gabriel Erastus gevra of die AU die wêreldwye ekonomiese krisis sal aanspreek, maar hy sê dat hy niks van die AU-beraad verwag nie.
Wêreld-Ietermagôdag word vandag herdenk, ook in Namibië. Die bewaring van die mees gesmokkelde soogdier ter wêreld word jaarliks op die derde Saterdag in Februarie herdenk. In Windhoek sal dié dag met talle opwindende aktiwiteite vir oud en jonk herdenk word en groot pryse is ook op die spel. Die stigter van die Ietermagô Bewaring- en Navorsingstigting, Kelsey Prediger, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.
Kosmos 94.1 se opwindende Copps 94.1 teenmisdaad-realiteitsprogram was Vrydagaand regstreeks op die lug met ons borge G4S Namibia, JAC van M&Z Motors, Minet Namibia Insurance Brokers, LifeLink Emergency Services, Cema Drilling and Compressors, ITR Namibia Earthmoving Equipment en Engen Eureka Service Station. Francois Lottering was op grondvlak in die hoofstad waar 'n vrou se lewe gered is.
Die Vryheidsfront Plus het uitgevaar teen Suid-Afrikaanse Toerisme se besluit om voort te gaan met die besteding van sowat een miljard rand aan 'n borgskaps-ooreenkoms met die Britse sokkerklub, Tottenham Hotspur. Dit is ondanks skerp teenkanting van die publiek en selfs die Presidensie. Michal Groenewald van die VF Plus het die besluit bestempel as verregaande en een wat grenslose arrogansie toon.
Mens-dier-konflik is een van die uitdagings wat die Namibiese omgewingsminister, Pohamba Shifeta, vandag tydens sy personeelvergadering aangespreek het. Hy het ook gefokus op ’n magdom kwessies soos onder meer wildstropery en onwettige handel in wildprodukte en sandmynery, rommelstrooi en die verwoestende veldbrande. Die minister se toespraak volg pas op voorvalle wat in die Oshikoto-streek aangemeld is waar olifante amok gesaai het. Die hoof uitvoerende beampte van die Namibiese Kamer van die Omgewing, dr. Chris Brown, gee sy reaksie aan Kosmos 94.1 Nuus oor mens-dier-konflik.
Die Suid-Afrikaanse minister van polisie, Bheki Cele, sê besprekings is aan die gang in die sekerheids-groepering om die gapings en skuiwergate in die strafregstelsel uit die weg te ruim. Dit sluit in die borgtog-regime en die rol van parool-gangers en oud-oortreders ten opsigte van burgers se algehele veiligheid. Volgens die minister het die Suid-Afrikaanse Polisiediens sy geskiedkundige DNS-agterstand van 241 000 opgeklaar tot 1 600. Cele sê die misdaadstatistiek in die derde kwartaal toon 'n vermindering van 99,3 persent in die land se DNS-agterstand.
Eskom se hoofbestuurder vir ingenieurswese, Thomas Conradie, sê beurtkrag sal die naweek voortduur op fase 3 en 4. Hy het die media ingelig oor die regering se jongste inligting rondom die instel van die energie-aksieplan. Conradie sê die alhehele onbeplande instandhouding beloop 17 000 MegaWatt. Hy sê Eskom het meer diesel vir Februarie ontvang.
Die omstrede aktivis Michael Amushelo bly in aanhouding nadat hy vandag in die Windhoek-landdroshof op verskeie aanklagte verskyn het. Hy sal volgende Woensdag ‘n amptelike borgtog-aansoek bring. Amushelelo is tydens 'n betoging van skoonmakers van Stad Windhoek in hegtenis geneem. Intussen betreur die stad die onwettige betoging wat chaos veroorsaak het toe asdromme in die middestad om gekeer. Die stad sê die betoging is ten spyte van die voortdurende gesamentlike pogings deur die raad om die skoonmakers se griewe deur hul vakbondverteenwoordigers aan te spreek. Die woordvoerder van die stad, Lydia Amutenya verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus hulle het ‘n kontrak van twaalf maande tot 30 Junie
Die burgerregte-beweging, Not-In-My-Name het 'n beroep op die departement van internasionale betrekkinge en samewerking in die buurland gedoen om in te gryp nadat twee lede van sy Pan Afrika-afdeling by die ambassade van die Demokratiese Republiek van die Kongo in Pretoria aangerand is. Die woordvoerder van die beweging, Mo Senne sê die twee is lede van die Banyamulenge-gemeenskap en het aansoek gedoen om paspoorte, maar is weens hul etniese herkoms aangeval.
Die Namibiese omgewingsministerie het bevestig dat 'n groep van sewe olifante amok gesaai het in die omgewing van Edhilankono in die Oshikoto-streek. Die olifante het die afgelope week gewasse en heinings in die omgewing vernietig. Die woordvoerder van die omgewingsministerie, Romeo Muyunda sê natuurbewaringsbeamptes in die gebied monitor die situasie met die olifante. Volgens hom is die olifante glo reeds op pad terug na die Kavango-Wes-streek waar hulle vandaan kom.
Die Suid-Afrikaanse minister van polisie, Bheki Cele, sê hoewel misdaadstatistiek in die derde kwartaal 'n 11,6 persent styging in kontakmisdade toon, is daar 'n beduidende verbetering in misdade wat opgespoor word as gevolg van polisie-optrede. Meer as 7 000 moorde asook meer as 10 000 seksuele misdrywe is tussen Oktober en Desember verlede jaar aangeteken. Volgens Cele verminder die polisie voorvalle van misdaad met sigbare wetstoepassing en ontwrigtende operasies.
Suid-Afrika se ambassadeur in Turkye, Dipuo Letsatsi-Duba, sê daar is tans twee Suid-Afrikaners van wie nie rekenskap gegee kan word ná verlede week se vernietigende aardbewing nie. Die aardbewings wat Turkye en Sirië getref het, het die lewens van meer as 40 000 mense geëis. Letsatsi-Duba sê hulle is nie bewus van Suid-Afrikaners wat in die ramp dood of beseer is nie.
Die Stad Kaapstad sê in die laaste kwartaal van verlede jaar is 230 gevalle van onwettige verbindings en vandalisme aan elektrisiteits-infrastruktuur aangemeld. Die koste daarvan beloop sowat 2,5 miljoen Suid-Afrikaanse rand. Die Mowbray- en Gugulethu-distrikte het die ergste deurgeloop. Die burgemeesterskomiteelid vir energie, Beverley van Reenen, sê onwettige verbindings en skade aan infrastruktuur bly 'n uitdaging vir die stad en lei dikwels tot voortslepende kragonderbrekings in die gebiede wat geraak word. Dit sluit areas in wat krag van die stad en direk van Eskom kry.
Die Suid-Afrikaanse minister van polisie, Bheki Cele, sê die doel van die bekendmaking van misdaadstatistiek is om die polisie se prestasie in die handhawing van openbare orde en wetstoepassing te evalueer. Die derde kwartaal se statistiek toon misdaad is steeds 'n beduidende probleem, maar sigbare wetstoepassing en ontwrigtende operasies het wel gehelp om misdadige bedrywighede te verminder. Cele het 'n beroep op gemeenskappe gedoen om misdaad pro-aktief te bekamp en vennootskappe met wetstoepassing te vorm. Hy het 'n afname in transito-rooftogte, kapings en bankrooftogte aangekondig, wat hy toeskryf aan verhoogde polisie-sigbaarheid
Die Suid-Afrikaanse departement van omgewingsake het vandag 12 jagluiperds na Indië gestuur as deel van 'n ooreenkoms tussen die twee lande om weer dié vinnigste spesie in Indië te hervestig. Nege van die katte is in die Rooiberg-omgewing in Limpopo gevang, terwyl die ander drie jagluiperds van 'n reservaat in KwaZulu-Natal kom. Die diere is per voertuig na die OR Tambo Internasionale Lughawe vervoer en sal met in hul aankoms in Indië, na verskeie wild-reservate versprei word. Kosmos 94.1 Nuus se korrespondent in Kaapstad, Fritz Platt...
Die Wes-Kaapse regering het meer as een miljard Suid-Afrikaanse rand versoek vir 'n drie-jaar-plan om die uitwerking van beurtkrag in die provinsie te versag. Klein besighede sal ook bygestaan word met alternatiewe energie-keuses. 'n Noodfonds van 89 miljoen rand is vrygestel om te verseker dat munisipaliteite regoor die provinsie kragopwekkers het om veilige drinkwater en werkende riool-infrastruktuur tydens kragonderbrekings te voorsien. Die premier, Alan Winde, sê die energieraad is geskep om te fokus op die ontwikkeling van beide kort- en langtermyn energie-planne.
Een persoon is beseer toe ʼn tenkwa met ʼn onbevestigde stof aan boord op die N1 naby William Nicol-rylaan in Johannesburg ontplof het. Hierdie voorval kom slegs twee maande nadat ‘n tenkwa in Boksburg ontplof het en tot die dood van 37 mense gelei het. Die woordvoerder van Emer-G-Med, Kyle van Reenen, sê hul paramedici is saam met verskeie nooddiens-agentskappe na die toneel van ʼn ongeluk in die gebied.
Rugby: Die vier Suid-Afrikaanse spanne in die Verenigde Rugbykampioenskap is môre in twee plaaslike derbies in Gauteng betrokke. Die Leeus is eerste gasheer vir die Haaie op Ellispark en daarna sal die Bulle en die Stormers sake op Loftus uitspook. Die Durbaniete verwelkom drie beseerde spelers terug. Werner Kok begin op regtervleuel terwyl die losvoorspelers, Vincent Tshituka en Dylan Richardson, op die bank begin. Losskakel Curwin Bosch verwag ʼn harde wedstryd.
Die Namibiese Inkomste-agentskap NamRA is bewus van individue wat spookhandelmaatskappye skep met die doel om belasting te bedrieg. Hierdie kriminele praktyk neem die vorm aan van 'n vermiste handelaar intra-gemeenskap (MTIC) bedrog, wat lei tot die diefstal van Belasting op Toegevoegde Waarde (BTW) van die staat deur georganiseerde kriminele groepe wat staatmaak op die misbruik van die BTW-reëls vir oorgrenstransaksies. Die bedrag beloop volgens NamRA reeds 299 miljoen Namibiese dollar. Steven Ndorokaze, woordvoerder by die agentskap sê daar was reeds arrestasies en beslagleggings.
Die Paaie-owerheid sê hy monitor die stand van sake met paaie in die efundja-geteisterde gebiede. Die owerheid se uitvoerende hoof Conrad Lutombi sê die Ohangwena-streek is die swaarste getref. Hy voeg by dat verbruikers die owerheid moet inlig wanneer daar nuwe skade is.
Die eerste ronde van die Nasionale Motocross-kampioenskap sal môre, Saterdag op 18 Februarie by Omaruru gehou word. Toeskouers en deelnemers kan uitsien na ‘n aksie-belaaide dag vol adrenalien en familie-vermaak. Phellazie Simon, wat op die reëlingskomitee is, het meer besonderhede.
Twee gevalle van knopvelsiekte is in Khomas bevestig. Dit is 'n virus wat beeste aantas en word oorgedra deur bloedvoedende insekte, soos sekere spesies vlieë en muskiete, of bosluise. Kosmos 94.1 Nuus het met Jona Musheko, die woordvoerder van die landbouministerie gepraat en hy sê boere en die publiek moet nie paniekerig raak nie.
Voorspellings vir die brandstofprys in Suid-Afrika toon dat daar ‘n styging in Maart sal wees. In die buurland sal die prys van petrol na verwagting met een Suid-Afrikaanse rand 26 sent per liter styg terwyl die prys van diesel met sowat 38 sent per liter sal styg. Die nuus blyk om dieselfde te wees op die plaaslike front. Theo Klein van Simonis Storm, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Die Blou Bulle en die Stormers pak mekaar die naweek op Loftus Versveld... en tot dusver, was die Bulle nog nie in staat om so te wen nie... Hierdie wedstryd in die Verenigde Rugbykampioenskap is die eerste tussen dié twee spanne sedert hulle kragmeting in die eindstryd verlede jaar. Die president van die Blou Bulle Willem Strauss sê reëlings vorder goed en 35 000 kaartjies is reeds verkoop.
Die omstrede aktivis Michael Amushelelo is weer in hegtenis geneem tydens ‘n betoging van sogenaamde skoonmakers van Stad Windhoek. Volgens sy prokureur Kadhila Amoomo verskyn sy kliënt vandag in die Windhoekse landdroshof. Arbeidsonrus word al hoe meer algemeen in Namibië, veral met Amushelo wat gereeld betrokke is. Hy het vroeër vanjaar bystand verleen aan werkers van die Riverside-diensstasie, restaurantwerkers van Craft Bristo by die Namibia Craft Centre in die hoofstad, en Shoprite-werkers op Walvisbaai. Joseph Diescho Namibiese skrywer en politieke ontleder sê aan Kosmos 94.1 nuus dat hy baie bekommerd is oor die ontwikkeling van wetteloosheid in Namibië.
Die GOOD-party in die Wes-Kaap sê premier Alan Winde het gister sy provinsiale rede vir politieke gewin gebruik in plaas daarvan om aandag te gee aan die ernstigste uitdagings, met 'n geloofwaardige plan om die lewens van alle inwoners te verbeter. 'n Lid van die party, Shaun August, sê kritiek en kommentaar op die nasionale regering was vir Winde belangriker as om die stappe vir 'n verenigde provinsie te deel. Hy voeg by dis nou die tyd vir regte oplossings wat gemeenskappe kan verander:
Die president van die Universiteit van Pretoria se verteenwoordigende studenteraad, Njabulo Sibeko, sê meer as 4 000 studente word deur die verblyfskrisis by die universiteit geraak. Hy sê die werklikheid is dat studente buite slaap omdat hulle geen verblyf het nie weens die nasionale finansiële studentehulpskema se perk van 45 000 Suid-Afrikaanse rand. Sibeko sê dis 'n skande dat die universiteit sê hy kan nie finansiële hulp bied aan studente wat hierdeur geraak word nie:
Daar was ‘n vuurwarm debat in die Nasionale Raad oor gratis kondome. Die streekraadslid van die Rehoboth-stedelike kiesafdeling Harald Kambrude sê sy kantoor sal nie meer gratis kondome wat deur die gesondheidsministerie verskaf word aan die gemeenskap uitdeel nie, totdat die regering begin om sanitêre doekies gratis te verskaf. Die raadslid voer aan dat seksuele omgang 'n keuse is, terwyl meisies nie oor maandstondes kan kies nie. June Shimuoshili, van GirlUp Namibia sê aan Kosmos 94.1 Nuus die raadslid het 'n geldige punt, maar daar moet 'n balans in beide kwessies wees.
Congress of the People sê Suid-Afrika is midde-in ʼn sekerheidskrisis met stygende vlakke van geweldsmisdaad en wetteloosheid wat ʼn groot bron van kommer is. Die party verwag dringende optrede en verwys na die onbevoegdheid van die minister van Polisie, Bheki Cele, en sy onvermoë om die krisis aan te pak. Cope se woordvoerder, Dennis Bloem, sê niemand is veilig nie, met lede van die polisie, godsdiensleiers, kunstenaars en gewone burgers wat almal die teiken is van gewelddadige misdadigers:
Eskom sê diefstal en vandalisme aan elektrisiteits-infrastruktuur het rampspoedige omvang bereik en bedreig noodsaaklike dienste en die lewens van onskuldige mense reg oor Gauteng. Die kragvoorsiener se provinsiale woordvoerder, Amanda Qithi, sê hulle het kommerwekkende vlakke van skade aan hulle netwerk, insluitend transformators en substasies, aangemeld en dit lei tot uitgebreide kragonderbrekings wat kliënte en noodsaaklike dienste raak. Sy sê elektrisiteitsvoorsiening na Rand Water in die Stad Ekurhuleni is Woensdag onderbreek weens vandalisme aan die isolators op die Mapleton-lyn:
Wallis se afrigter Warren Gatlands sê hy gaan nie spelers ondersteun wat staak nie, maar hy ondersteun hulle kontrak-geskil met die Walliese Rugbyunie. Spelers oorweeg om te staak in aanloop tot hulle Sesnasies-kragmeting teen Engeland volgende Saterdag te midde van onsekerheid oor Walliese rugby se beroepskontrakte wat gevries is. Intussen sê die Walliese speler wat die meeste kere vir die land uitgedraf het, Alun Wyn Jones, 'n staking is die heel laaste uitweg:
Die DA in Gauteng sê hy gaan nie wat hy noem die EFF en ANC se politieke teater in Tshwane toelaat om die party se aandag van sy basiese doelwit af te trek nie. EFF-raadslede het gister die burgemeesterskantoor bestorm en geëis dat burgemeester Randall Williams met onmiddellike ingang bedank. 'n DA-woordvoerder, Katlego Makgaleng, sê die ANC-EFF-koalisie van korrupsie het geen plan of vermoë om aan opbouende, oplossing-gedrewe politiek deel te neem nie en het geen ontsag vir die oppergesag van die reg nie:
President Cyril Ramaphosa het opposisiepartye gemaan om hulle daarvan te weerhou om die regerende party aan te val. Hy het in sy repliek op die debat oor die staatsrede benadruk daar is ʼn behoefte om die instelling van bestaande planne te versnel eerder as om nuwes te ontwikkel. Volgens Ramaphosa vereis die land se energiekrisis ʼn gekoördineerde aanslag en dringende optrede:
Barcelona het terugbaklei en gesorg vir 'n gelykoptelling van twee-elk in die eerste deel van hulle Europese Liga-uitspeelwedstryd teen Manchester United by die Nou-kamp. Die gewese Chelsea-agterspeler Marcos Alonso het die gashere 'n kortstondige voorsprong gegee voordat Marcus Rashford die telling gelykop gemaak het. Kounde se eie doel het die telling na twee-een verander voordat Raphinha dit weer gelykop gemaak het. United se baas, Erik ten Hag, sê hy is teleurgesteld dat hulle nie gewen het nie:
Die Suid-Afrikaanse voorspraakgroep, Outa, het 'n dringende aansoek by die Hooggeregshof in Pretoria ingedien om die nasionale ramptoestand oor kragvoorsienings-beperkings om te keer. Die aansoek voer aan die besluit om die ramptoestand te verklaar is irrasioneel, ongemotiveerd en onwettig. Outa se woordvoerder, Stefanie Fick, vrees die ramptoestand verleen buitengewone magte aan amptenare sonder parlementêre toesig, wat lei tot verdere plundering en magsmisbruik:
Die Verenigde State het Israel se besluit om Joodse nedersettings in die besette Palestynse gebied uit te brei ten sterkste veroordeel. Die kommentaar dui daarop dat President Joe Biden bereid is om 'n harder lyn in te neem oor die regering van premier Benjamin Netanyahu se stappe. Netanyahu het nege nuwe nedersettings in die besette Wesoewer aangekondig. Die Amerikaanse minister van buitelandse sake, Antony Blinken sê dit ondermyn vrede.
Verskeie skole is steeds gesluit weens die vloede in die noorde van Namibië, ander het in die Omusati-streek heropen, terwyl leerders in die Ohangwena-streek in tentkampe bly. Die kabinet het 72 miljoen Namibiese dollar vir die vloede in die vloedgeteisterde streke van Ohangewena, Oshana en Omusati goedgekeur. Die kabinet het ook die onderwysministerie beveel om met voorstelle vorendag te kom hoe onderrig by skole kan voortduur. Die uitvoerende direkteur in die onderwysministerie, gee die jongste inligting in dié verband aan Kosmos 94.1 Nuus.
Volgens weerkaarte van die suidelike deel van Afrika, dui dit aan dat goeie reënneerslae vir die komende dae in die oostelike helfte verwag kan word. Kosmos 94.1 Nuus het met die Suid-Afrikaanse weerkenner Kobus Botha gesels wat sê daar is ‘n invloei van tropiese weer oor Botswana. Namibiërs kan egter net warm temperature te wagte wees.
Ekonome waarsku oor nog 'n verhoging in die terugkoopkoers in Suid-Afrika volgende maand ondanks 'n daling in wesensinflasie tot 6,9 persent in Januarie. Die huidige inflasiekoers bly bo die teiken van 3 tot 6 persent. 'n Ekonoom van die Efficient-groep, Dawie Roodt, sê daar is nog ruimte vir 'n kleiner koersverhoging van 25 basispunte. Intussen het Namibië se terugkoopkoers met net 25 basispunte opgegaan en staan tans op 7 persent, reeds 25 basispunte agter die buurland. Ekonome meen dat die sentrale bank plaaslik kleiner spronge vir langer sal maak. Die ekonoom van High Economic Intelligence, Salomo Hei het die so die week aan Kosmos 94.1 Nuus verwoord.
Die president van Belarus, Alexander Lukashenko, het Westerse regerings daarvan beskuldig dat hulle die oorlog in Oekraïne aanvuur. Die Verenigde Koninkryk, die Europese Unie en die Verenigde State erken nie Lukashenko as Belarus se wettige president nie. Hy 'n jaar gelede die Russiese inval in Oekraïne gefasiliteer en waarsku as die Weste voortgaan met die toename in geweld teen Rusland, sal sy land by die oorlog aansluit. Die Oekraïnse president, Volodymyr Zelensky, sê dit sal ‘n fout wees.
Die Gift of the Givers se soek-en-reddingspan het uit Hatay vertrek, een van die stede wat die swaarste deur die aardbewing in Turkye getref is. Die humanitêre organisasie het verlede Woensdag in die land aangekom om hulp te verleen ná die vernietigende aardbewing van 7,8. Die sterftesyfer in Turkye en Sirië het reeds die 42 000 kerf verbygesteek terwyl honderde mense nog vermis word. Gift of the Givers se stigter, Imtiaz Sooliman, sê daar is ongelukkig baie gebiede wat die soekspan nie kon bereik nie omdat die verwoesting net te groot is:
Namibië het polio in die land onder beheer, terwyl Botswana ‘n inentingsveldtog teen die siekte van stapel gestuur. Dit volg nadat polio-gevalle in die land bevestig is. Die buurland se gesondheids-permanente sekretaris dr. Christopher Nyanga sê kinders onder die ouderdom van sewe word geteiken vir die mondelinge inenting. Die Namibiese gesondheidsminster dr. Kalumbi Shangula het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat die situasie dopgehou word, maar daar is geen rede tot kommer nie.
Die Suid-Afrikaanse Vereniging van Staatsamptenare se lede het hom gemagtig om salariseise vir die komende finansiële jaar voor te lê. Dit is ondanks die gespanne verhoudings tussen vakbonde en die regering weens verlede jaar se eensydige instelling van 'n salarisverhoging van 3 persent. Die vereniging vra ander vakbonde in die openbare sektor om sonder versuim salarisonderhandelinge vir 2023/24 aan te knoop om hulle lede nie finansieel te benadeel nie. Die woordvoerder, Reuben Maleka, sê die toekoms van die bestaande toelaag van 1 000 Suid-Afrikaanse rand is onseker:
Namibië en Ethiopië sal binnekort onder meer militêre opleiding en toerusting en die uitruil van intelligensie-inligting aan mekaar verskaf. Dit is vervat in die memorandum van verstandhouding oor verdediging-samewerking tussen die twee lande. Namibië se minister van internasionale betrekkinge en samewerking, Netumbo Nandi-Ndaitwah, en Ethiopië se minister van nasionale verdediging, dr. Abraham Baley, het vandag die ooreenkoms in die Ethiopiese hoofstad, Addis Abeba, onderteken. Die twee lande sê dat die ooreenkoms noodsaaklik is vir die bevordering van vrede en stabiliteit. Generaal Martin Shali, voormalige Namibiese diplomaat en militêre bevelvoerder, sê aan Kosmos 94 Nuus dit is baie belangrik dat Afrikane saamstaan en mekaar ondersteun.
Die DA in die Wes-Kaap het 'n beroep op Santaco gedoen om die verregaande gedrag teenoor kinders en leerder-vervoer te beëindig. Die teregwysing volg nadat leerders toegang tot onderwys geweier is weens dreigemente van geweld en intimidasie teen hul bestuurders. Die taxivereniging in die provinsie het besluit om komende Woensdag met 'n staking te begin. Die DA-lid, Ricardo Mackenzie, versoek die Leerder-vervoervereniging om enige voorvalle van geweld, afpersing of intimidasie by die polisie aan te meld.
President Cyril Ramaphosa het tydens sy 2023-staatsrede aangekondig het dat die Covid-noodtoelaag van 350 Suid-Afrikaanse rand steeds aan Suid Afrikaners verskaf sal word. Daar is oproepe uit sommige oorde dat die regering meer moet doen om werksgeleenthede vir veral jongmense te skep om hul onafhanklikheid van die tipe toelae te verminder. Ramaphosa het aangedui dat 'n geskatte 7,8 miljoen mense tans die maandelikse toelaag ontvang, terwyl die Suid-Afrikaanse Maatskaplike Sekuriteits-Agentskap onlangs aan die parlement bekend gemaak het dat daar in Januarie meer as 13 miljoen mense vir die toelaag aansoek gedoen het. Kosmos 94.1 Nuu se korrespondent in Kaapstad, Fritz Platt...
‘n Namibiese navorser het sy reaksie gegee op die kabinet wat 72 miljoen Namibiese dollar vir die vloede in die noorde van Namibië in die streke van Ohangewena, Oshana en Omusati goedgekeur het. Voedselhulp vir geraakte gemeenskappe is vir sestien maande tot die volgende oeste goedgekeur. Die kantoor van die eerste minister se direktoraat van ramprisiko-bestuur monitor die impak van die vloede en in beheer van die koördinering. Christie Keulder, 'n navorser by Survey Warehouse, praat met Kosmos 94.1 Nuus oor die kwessie van deursigtigheid sover dit openbare fondse betref, wat bedoel is vir openbare ontwikkeling en gewoonlik in verkeerde sakke beland.
Die burgemeester van Kaapstad, Geordin Hill-Lewis, sê die stad is op koers om sy teiken vir die vervanging van rioolpyp met 50 kilometer te verdubbel vir die 2022/23-boekjaar wat in Junie vanjaar eindig. Hill-Lewis het ʼn rioolpyp-vervangingsprojek in Gugulethu besoek by geleentheid van die mylpaal waar die stad net vanjaar reeds opgraderings van 26 kilometer se pyp vervang het. Hy sê dit is deel van die fokus op belangrike rioolpype waar daar elke jaar 100 kilometer vervang sal word.
Namibia Wildlife Resorts, NWR, span saam met Kosmos se teenmisdaad-realiteitsprogram Copps 94.1 om toerismeveiligheid te verbeter. Onlangse berigte van rooftogte, wat hoofsaaklik op toeriste gerig is, het 'n ernstige bekommernis vir rolspelers in die toerismebedryf geword. NWR sê die onlangse styging in rooftogte het vrees onder Namibiërs en toeriste geskep wat 'n beduidende afname in toerismegetalle vir Namibië sal maak. Boonop sal NWR elke maand vir die volgende 12 maande 'n koopbewys ter waarde van 3 000 Namibiese dollar op die Copps-program aan Namibiërs weggee. Nelson Ashipala, korporatiewe kommunikasiebestuurder van NWR het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.
Hokkie: Die Namibiese mans- en vroue-onder-21-spanne se hoop om Namibië by die Junior Afrikabeker in Egipte te verteenwoordig, hang in die weegskaal aangesien hulle tans nie die nodige fondse vir vlugte en verblyf het nie. Die internasionale toernooi wat van 12 tot 19 Maart sal plaasvind, sal dien as 'n kwalifiserings-byeenkoms vir die FIH Hokkie Junior Wêreldbeker in Maleisië. Die spanne het egter borgskap nodig, want as hulle in die top-twee van die kwalifiseringsbyeenkoms in Egipte eindig, sal hulle Namibië in Desember vanjaar in Maleisië verteenwoordig. Derick Bronkhorst, visepresident van die unie se mans-afdeling sê aan Kosmos 94.1 Nuus sowat 1 miljoen Namibiese dollar is nodig vir die toer.
Die Namibiese minister van verdediging Frans Kapofi het ‘n streng waarskuwing aan weermaglede uitgestuur wat betrokke is by renosterstropery. Hulle sal ook voor die krygshof verskyn. Hy maan soldate om op te hou om wapens en ammunisie te steel. Hy sê daar is gevalle waar persone gevang is waar hulle Makarov-pistole steel en verkoop, sowel as AK-47-ammunisie wat gebruik word om renosters te stroop. Kapofi het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
President Cyril Ramaphosa het mites uit die weg geruim dat die land steenkool as ʼn bron van brandstof laat vaar, en 'n verbintenis tot 'n uiteenlopende mengsel energie beklemtoon. Hy het repliek gelewer op die debat oor sy staatsrede. Volgens Ramaphosa is Suid-Afrika se energie-ramptoestand, soos verlede week aangekondig, daarop gemik om die maatskaplike en ekonomiese uitwerking van beurtkrag te versag en vinnig maatreëls in te stel om elektrisiteitstekorte uit die weg te ruim.
President Cyril Ramaphosa het uitgebrei oor wat hy van sy minister van elektrisiteit verwag. Verskeie politieke partye het sy plan gekritiseer om so 'n minister in die Presidensie aan te stel. Ramaphosa het in sy repliek op die staatsrede-debat die noodsaaklikheid beklemtoon van die dringende en doeltreffende instelling van die plan wat hy geskets het, veral met betrekking tot die kragkrisis.
Die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, het weer die regering van Rusland gekritiseer vir die oorlog in Oekraïne. Dít tydens sy provinsiale rede vandag. Dit is ‘n jaar sedert Rusland die Oekraïne binnegeval het en duisende mense is reeds dood en miljoene ontheem. Winde het tydens sy toespraak ook spesifiek melding gemaak van die lewens wat verlore gegaan het weens die aardbewing in Turkye en Sirië.
Die gewapende man wat in Mei verlede jaar tien mense by 'n supermark in Buffalo in die staat New York vermoor het, is tot lewenslange tronkstraf sonder parool gevonnis. Die 19-jarige Payton Gendron, wat homself as van wit oppergesag beskryf, het na die Tops-kruidenierswinkel in Buffalo, 'n histories swart woonbuurt, gery waar hy met 'n semi-outomatiese geweer op klante en werknemers losgebrand het. Hy het skuld beken op 25 aanklagte, insluitend moord en terrorisme wat deur mensehaat gemotiveer is. Regter Susan Eagan sê Gendron het onskuldige mense vermoor.
Die premier van Gauteng, Panyaza Lesufi, sê planne word beraam om City Power uit te brei. Lesufi het op die Gautengse Energie-ekspo gepraat en sê planne om die uitwerking van beurtkrag vir Gautengers te verminder sal volgende week uiteengesit word wanneer hy die provinsiale rede lewer. Lesufi sê die ekspo, wat deur die provinsiale regering aangebied word, sal maniere bespreek om te verseker daar is 'n bestendige en volhoubare elektrisiteitsvoorsiening deur vennootskappe met relevante instansies om beurtkrag te beëindig.
Die GOOD party in die Oos-Kaap sluit aan by die DA se aansoek vir die hooggeregshof se ingryping om die ANC se poging tot magsvergrype in die Nelson Mandelabaai-munisipaliteit te keer. GOOD se sekretaris-generaal, Brett Herron, sê vandag se aansoek volg op 'n onwettige besluit deur die ANC-geleide provinsiale regering verlede jaar om die mag in die metro in ANC-hande te hou deur die tipe munisipaliteit te verander van 'n uitvoerende burgemeester-stelsel na 'n burgemeesterskomitee-stelsel.
Die Swakopmund-munisipaliteit sê skietwerk sal môremiddag weer op die dorp plaasvind en McHughstraat sal tydelik tussen twee-uur en vyf-uur gesluit wees. Die skietwerk van Mawila Technical Services sal ongeveer 45 minute duur. Swaar masjinerie en konkstruksievoertuie sal materiaal aflaai vir die konstruksie van 'n hoof-rioollyn. Geen ander voertuie sal toegelaat word nie. Die skakelbeampte van die munisipaliteit, Linda Mupupa het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Nieu Seeland gaan gebuk onder natuurrampe en veral Auckland het die afgelope tyd deurgeloop. Sikloon Gabrielle is die vierde ramp in vier jaar. Die Britse Hoë Kommissaris in die land, Phil Goff, sê dit is sonder twyfel as gevolg van klimaatsverandering.
Die Finse ambassade, in samewerking met die Namibiese Kamer van Handel en Nywerheid bied ‘n geleentheid aan klein en medium sakeondernemings on handel in Finland te bedryf. Die geleentheid, wat op 21 Februarie gehou word, bring maatskappye en ander relevante belanghebbendes van Finland en Namibië bymekaar om te netwerk en geleenthede te bied om gesamentlike sake-ondernemings te skep. Die fokussektore is sirkulêre ekonomie, hernubare energie en groen oorgang, insluitend verwante onderwys- en opleidingsoplossings. Kosmos 94.1 Nuus het met Antonia Dumbu-Udeh, die SME-ontwikkelingsbeampte by kamer gesels...
Die Kommissie vir Geslagsgelykheid in Suid-Afrika het onlangs die Parlement se portefeuljekomitee vir Vroue, die Jeug en Mense met Gestremdhede verwelkom op 'n toer om noodreaksie op geslagsgeweld in KwaZulu-Natal te beoordeel. Die provinsie het verlede jaar toenemende voorvalle van geslagsgeweld en vrouemoord aangemeld. Die kommissie se provinsiale bestuurder, Zanele Ncwane, sê dit het daartoe gelei dat hulle met gemeenskapsleiers, nie-regeringsorganisasies, munisipaliteite en die polisie saamwerk om bewusmaking te kweek en slagoffers sowel as oorlewendes te ondersteun:
Die jongste aanduidings vir aartappelpryse toon dat die prys tans in Suid-Afrika 66 persent hoër is vergeleke met dieselfde tyd verlede jaar. Bekende landbouekonoom dr. Kobus Laubscher sê daar kan moontlik effe verligting te wees maar, daar is uitdagings – waar beurtkrag ‘n wesenlike rol speel. Hy verduidelik.
Die Namibiese finansminister Ipumbu Shiimi sal volgende week Woensdag die begroting vir die 2023-204 boekjaar lewer. Op die oomblik is daar groot ekonomiese uitdagings en beide die regering en huishoudings is verkeer onder erge druk. Kosmos 94.1 Nuus wou by die politieke ontleder dr. Ndumba Kamwanyah weet of Shiimi, onder die heersende toestande, weer ‘n reuse toekenning, soos gebruiklik, aan die weermag sal maak.
In 'n tyd van veelvuldige, oorvleuelende globale uitdagings van klimaatsverandering tot energie-skokke tot stygende inflasie en 'n lewenskoste-krisis, bied die Afrika Kontinentale Vryhandelsgebied belofte, nie net vir die streek nie, maar vir die wêreld. Die sone wat in 2018 gestig is, sal die wêreld se grootste vryhandelsgebied skep, wat verandering en geweldige geleenthede aan Afrika-ekonomieë sal bring. Die implementering daarvan sal intra-Afrikaanse handel versnel wat nuwe besigheids-dinamika skep wat beleggers toegang bied tot 'n bevolking van 1,7 miljard mense met gekombineerde besigheids- en verbruikersbesteding wat 6,7 miljard Amerikaanse dollar teen 2030sal bereik. Dr. Leake Hangala, die uitvoerende voorsitter van die Hangala Group sê Namibiërs moet hierdie geleentheid aangryp.
Die Stad Tshwane het bevestig die EFF in Gauteng het die burgemeesterskantoor in Tshwane bestorm en personeel uitgedwing as gevolg van die bedanking van Randall Williams as burgemeester. Die party beweer daar is geen regering in Pretoria nie. Die burgemeester het ʼn bedankingsbrief ingedien wat vanaf middernag Maandag van krag sou wees. Die woordvoerder van die stad, Sipho Stuurman, sê na samesprekings met die onderskeie politieke partye het Williams aan die speaker en hoofsweep geskryf en sy bedanking gewysig sodat dit vanaf middernag 28 Februarie van krag sou wees:
Mama Africa, 'n plaaslike aktivis vir die wettiging van sekswerk het haar stem bygevoeg teen die prokureur-generaal, Festsus Mbandeka, se mening dat die meeste Namibiërs die wet teen sodomie in die land ondersteun en die LGBT-leefstyl as taboe ag. Volgens Mbandeka ontken hy dat die blote bestaan van die sodomiewet die stigmatisering van gay mans bevorder. Mama Africa het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en eis dat die prokureur-generaal sy verklaring terugtrek.
Die verdedigende kampioene, Manchester City, is vir die eerste keer sedert November weer bo-aan die punteleer van die Engelse Premierliga, nadat hulle Arsenal in Londen met 3-1 geklop het. Pep Guardiola se span is net weens doeleverskil in die eerste posisie, maar die Gunners het een minder wedstryd gespeel. Guardiola beskou hulle steeds as die voorlopers:
Die nasionale Departement van Gesondheid in Suid-Afrika doen ‘n beroep op ouers en voogde om te verseker dat hul kinders gelukkige en gesonde lewens lei deur die nasionale immuniseringsprogram te ondersteun. Die program poog om alle kinders regoor die land te immuniseer teen masels, menslike papillomavirus en ander siektes wat deur entstof voorkom word. Die departement werk ook nou saam met die Departemente van Basiese Onderwys en Maatskaplike Ontwikkeling. Die woordvoerder Foster Mohale sê die immuniseringsveldtog word ook in skole se vroeë kinderontwikkelingsentrums en ander openbare plekke uitgerol.
Die amptelike opposisieparty, die PDM is nie tevrede met die kwessie van maatskaplike behuising in Namibië nie. Dit sal een van die kwessies wees waarop die party tydens vanjaar se Nasionale Vergadering-sessies sal fokus. Die PDM-president, McHenry Venaani sê dit is hartseer dat kiesers tydens verkiesings stem, maar kwessies rakende hul behoeftes word agterweë gelaat terwyl Namibiërs gebuk gaan onder die hoë huurpryse.
Die DA sê die parlementêre portefeuljekomitee vir Toerisme moet dringend met 'n ondersoek na die omstrede Tottenham Hotspur-borgskap begin. Dit volg nadat SA Toerisme se waarnemende finansiële hoof, Johan van der Walt, 'n kennisgewing ontvang het dat hy geskors word. Daar word berig Van der Walt het erken dat hy bande het met 'n agentskap wat uit dié ooreenkoms meer as 30 miljoenSuid-Afrikaanse rand van SA Toerisme sou ontvang. Manny de Freitas van die DA sê dit lyk asof daar nog baie geheime inligting is wat openbaar gemaak moet word:
Die Wêreldgesondheidsorganisasie is na verlede week se verwoestende aardbewings in Turkye en Sirië bekommerd besmette water kan lei tot die uitbreking van siektes wat deur water versprei word. Die WGO se verteenwoordiger in Turkye, Batyr Berdyklychev, sê skade aan die water- en sanitasiestelsels kan die risiko vir die verspreiding van ander aansteeklike siektes verhoog. Hy sê die WGO het die ministerie van Gesondheid in albei lande gevra om noodhulp te voorsien om ʼn uitbreking te voorkom:
Kadhila Amoomo, die regsman van die omstrede aktivis Michael Amushelelo het pas aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat sy kliënt nog nie formeel aangekla is nie en steeds in aanhouding is. Amushelelo se arrestasie het gevolg na sy betrokkenheid met die betoging van meer as 500 sogenaamde skoonmakers by Stad Windhoek. Die groep, wat onwettig staak, het chaos veroorsaak deur asdromme in strate in die middestad om te gooi en die polisie was op die toneel om in te gryp. Amoomo sê Amushelelo sal binnekort in die hof verskyn en dan sal klagtes bekend wees.
Die Stad Kaapstad sê hy verwelkom die direkte en indirekte ekonomiese inspuiting van 2,13 miljard Suid-Afrikaanse rand wat die ABB FIA Formule E-kampioenskap in die eerste jaar gegenereer het. Kaapstad is volgende week Saterdag die gasheer vir Formule E, die wêreld se eerste ten volle elektriese straatwedrenreeks. Die LUR vir Finansies en Ekonomiese Geleenthede, Mireille Wenger, sê hulle is opgewonde om só 'n groot sportgeleentheid aan te bied, want die vraag na 'n groen, meer veerkragtige toekoms was nog nooit groter nie:
Die Wes-Kaapse LUR vir Onderwys, David Maynier, sê die provinsiale Departement van Onderwys doen sy bes om leerders in skole te plaas. Na berig word is meer as 1 400 leerders steeds nie in skole geplaas nie, ʼn maand nadat die akademiese jaar begin het. Maynier sê die departement verstaan dat ouers onder druk is. Hy bevestig ook die departement ondervind druk met toelatings. Volgens Maynier kan ouers besoek aflê by onderwysdistrikskantore sodat probleme met plasings opgelos kan word:
Die Verenigde Nasies het die beskikbaarstelling van humanitêre hulp aangekondig vir bystand aan Siriese slagoffers van die twee aardbewings wat die land en die naburige Turkye geruk het. Meer as 41 000 sterftes is in die twee lande aangeteken. Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, Antonio Guterres, sê hulle het 'n beroep vir bystand van 7,1 miljard Namibiese dollar aan ander lande gerig. Die fondse sal 5 miljoen Siriërs bystaan met die verskaffing van gesondheidsorg, skuiling, voedsel en sekuriteit. Guterres sê die VN het tot dusver 901 miljoen Namibiese dollar deur sy sentrale noodreaksiefonds verskaf:
AgriSA verwelkom die verklaring van 'n ramptoestand in sewe provinsies wat deur onlangse vloede geraak is. Boere het aansienlike skade aan hul produkte, eiendom en lewensbestaan opgedoen. Die aankondiging is deur die minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Nkosazana Dlamini Zuma, gedoen. Boere word aangemoedig om impakstudies te voltooi om die skade te bepaal. AgriSA se risiko- en rampbestuurder, Andrea Campher, sê die ontplooiing van hulpbronne sal verligting bied en help om noodsaaklike infrastruktuur te herbou:
Die EFF wil hê Suid-Afrika moet ’n ooreenkoms met die Russiese staatskernenergiemaatskappy, Rosatom, sluit om die voortslepende energiekrisis op te los. Die energiekrisis was gister die grootste punt by die debat. Die EFF se Floyd Shivambu sê hulle is positief oor Karpowership en ander drywende kragvoorsieningseenhede van China en Rusland om krag aan die land te verskaf.
Die African Transformation Movement het 'n beroep gedoen vir die instelling van 'n nuwe portefeuljekomitee om toesig te hou oor eenhede, gesante en besteding in die Presidensie wat nie gemonitor word nie. Volgens die party spring hierdie eenhede, wat regstreeks aan die president verslag doen, ondersoeke deur die parlement en die ouditeur-generaal vry. Die woordvoerder, Zama Ntshona, sê die versoek is in ooreenstemming met 'n aanbeveling van die Zondo-kommissie en sal aanspreeklikheid bied vir die besteding van miljoene rand van belastingbetalers se geld:
Peyton Gendron, 19 jaar oud, wat verlede jaar in Mei tien mense in Buffalo, New York doodgeskiet het omdat hulle swart is, is lewenslank tronk toe gestuur, sonder enige opsie vir parool. Hy het skuldig op die klagtes teen hom gepleit maar moet nog federaal vervolg word. Gendron het die skietery gestroom op sy sosiale media platforms. Hy het net voor hy gevonnis is, om verskoning gevra en sê hy kan nie glo dat hy dit gedoen het nie.
Reddingshonde begin die helde word in ramp-geteisterde Turkye en Sirië. Die buurland se nasionale polisiekommissaris, Fannie Masemola, het die organisasie se K9-soek-en-reddingspan wat in Turkye ontplooi is geloof vir hulle rol in die reddingspogings ná die dodelike aardbewings. Die honde is saam met die Gift of the Givers ontplooi en is reeds ‘n week bedrywig in die land. Die nasionale polisiewoordvoerder, Athlenda Mathe, sê die span wat uit vyf polisiehonde en hulle hanteerders bestaan, het die afgelope week talle soektogte na oorlewendes en die oorskot van slagoffers gelei:
Die Omaheke-streek streef daarna om die land se suiwelbedryf van totale ineenstorting te red. Dit is volgens die streekgoewerneur, Pijoo Nganate, wat sê dat die streek een van die spilpunte vir suiwelprodukte kan wees te midde van pogings om selfonderhoudend te word en meer werk te skep. Nganate sê hy het 'n feitesending na die buurland Zimbabwe onderneem wat suksesvol in die suiwelbedryf is en hulle is bereid om te help.
Die stigter van die Affirmative Repositioning-beweging, Job Amupanda het uitgevaar oor die nuus dat FlyNamibia saam met sy geaffilieerde Westair Aviation die aansoek van ‘n lugvervoer-lisensie vir Fly Etosha Airways teenstaan. Amupanda het op sosiale media geskryf dat kaptein William Ekandjo, die dryfveer agter Fly Etosha Airways, die redery gestig het om sy mede-kollegas, die swart werknemers van Air Namibia, te kan red. Amupunda beweer wit monopolie kapitaliste en “plastiek” Swapo-politici het saamgesweer om Air Namibia te laat vou en wil nou vir Ekandjo ook kelder. Eliphas Simon, voorsitter van Black Business Leadership Network, gee sy reaksie aan Kosmos 94.1 Nuus en sê antwoorde oor wat met Air Namibia gebeur het, kan onthul word.
Die Vryheidsfront Plus sê Kaapstad se plan om dit makliker te maak vir gewone verbruikers om oortollige sonkrag aan die munisipaliteit te verkoop, trek aandag. Die Noord-Kaapse dorp Orania koop sedert 2019 krag by huishoudings en ondernemings, en baie het hul verbinding met die netwerk behou nadat hulle sonkragstelsels aangebring het. Wynand Boshoff van die VF Plus sê tans word 33 persent van die krag wat in Orania verbruik word, deur inwoners opgewek, wat groot beleggings in die plaaslike ekonomie verseker sonder bykomende koste:
Alle politieke partye wat vier of meer lede in die parlement het, het ten minste een partysweep. Vipuakuje Miharukua is verwyder as die PDM se hoofsweep in die parlement. Hy word vervang deur Elma Dienda wat die adjunksweep van die party was. Die hoofsweep is 'n politieke leier wie se taak dit is om die sweep-stelsel af te dwing, wat daarop gemik is om te verseker dat wetgewers wat lede van 'n politieke party is, stem oor wetgewing soos die party-leierskap dit voorskryf. Kosmos 94.1 Nuus het met Dienda gepraat oor wat haar planne is in die nuwe pos.
Die Amerikaanse aktrise Raquel Welch, wat dikwels erken word dat sy die weg gebaan het vir die moderne aksieheldin in Hollywood, is op die ouderdom van 82 oorlede. Haar bestuurder sê in ’n verklaring sy is dood na ‘n kort siekbed. Welch het in die 1960's 'n internasionale sekssimbool geword, wat algemeen onthou word vir die speel van 'n bikini-geklede grotvrou in die 1966-film One Million Years B.C. Sy het ook 'n Golden Globe gewen vir haar rol in 1974 se The Three Musketeers. Welch het glad nie gehou van die idee dat sy as sekssimbool beskryf is nie en het in 1968 op die Johnny Carson Show gesê dit beperk haar.
‘n Vreemde plasing doen die ronde op sosiale media. ‘n Persoon sê hy is op soek na gebruikte sanitêre doekies en sal 1 500 Namibiese dollar per doekie betaal. Die Monica Gender Equality, Human Rights and Social Justice-organisasie sê dit kan ‘n slenter wees deur misdadigers om vroue te lok, of dit kan iets meer sinister wees. Shaanika Nashilongo, hoofaktivis by die groep waarsku vroue in die land om nie die nommer te skakel nie. Hy sê daar is groot kommer.
Die Wes-Kaapse onderwysdepartement sê dis steeds hard aan't werk om dringend plek vir leerders by die provinsie se skole te soek. Skole aan die kus het reeds op 16 Januarie vir die 2023- skooljaar heropen maar daar is tans meer as 1 400 leerders. wat nog nie by skole geplaas is nie. Kosmos 94.1 Nuus se korrespondent in die Moederstad, Fritz Platt, het meer.
In 2019 het professor Heino Falcke, 'n astrofisikus aan die Radboud Universiteit in Nederland, die eerste foto van 'n swart gat of gravitasiekolk aangebied, wat uiteindelik 'n swart gat "sigbaar" gemaak het. Die merkwaardige prestasie is selfs meer besonders omdat Namibië 'n beduidende rol speel in die bevordering van navorsing op hierdie gebied. Die Afrika Millimeter Teleskoop-span het met behulp van die Radboud Universiteit die eerste en enigste mobiele planetarium na Namibië gebring. Die planetarium, wat deur Unam-studente bedryf word, is 'n opblaaskoepel wat toelaat dat interaktiewe beelde van die naghemel en die heelal aan die binnekant geprojekteer word. Professor Falcke sal 'n praatjie op 24 Februarie om half-sewe die aand by die Windhoek Afrikaanse Privaatskool aanbied. Dr. Riaan Steenkamp, hoof van die fisika-departement van Unam, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Meer as 500 sogenaamde skoonmakers by Stad Windhoek wat vandag vir die derde dag gestaak het, het chaos veroorsaak deur asdromme in strate in die middestad om te keer. Die polisie was op die toneel om hulle tot orde te roep. Die groep eis vaste werkskontrakte, maar die stad het bevestig die staking is onwettig. Woordvoerder van Stad Windhoek, Harold Akwenye het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Die omstrede pastoor Shepherd Bushiri was dapper om te beweer geen getuie sal na vore kom in sy uitleweringsverhoor in April in Malawi nie. Die korrupsiebeskuldigde-pastoor en sy vrou, Mary, het na hul vaderland gevlug nadat hulle in 2020 in Suid-Afrika op borgtog vrygelaat is. Hulle staan tereg op aanklagte van bedrog en geldwassery. Bushiri se regsverteenwoordiger, Wapona Kita, het sê sy kliënt is onskuldig en het nog nooit aan enige onwettige bedrywighede in Suid-Afrika deelgeneem nie.
Help our Rhino Now Namibia, HoRN.nam, renoster-eienaars en -bewaarders in Namibië, het 'n aansienlike beloning uitbetaal aan plaaswerkers en teen-stropingseenhede wat instrumenteel was in die aankeer van die vier vermeende stropers van 'n witrenosterkoei in die oostelike dele van Namibië in Januarie. ‘n Beloning van 100 000 Namibiese dollar word ook aangebied vir inligting wat lei tot die suksesvolle arrestasie en vervolging van die renosterstropers op die plaas Düsternbrook, net noord van Windhoek. Die hoof van die Blue Rhino-taakspan, adjunk-kommissaris Barry de Klerk gee meer besonderhede aan Kosmos 94.1 Nuus.
FlyNamibia het saam met sy geaffilieerde Westair Aviation deur sy regsfirma Ellis en Vennote die aansoek van ‘n lugvervoer-lisensie vir Fly Etosha Airways teengestaan sê die aansoek moet deur die Vervoerkommissie verwerp word. Dit volg ná die voormalige senior bestuurder van vlugoperasies en afgetrede Air Namibia kaptein William Ekandjo, aansoek gedoen het vir ‘n lisensie om die redery Fly Etosha Airways te bedryf. FlyNamibia sê veiligheid is die belangrikste kwessie vir 'n lugredery omdat die lewens van passasiers en bemanning op die spel is en die grondslag van die lugrederybedryf se reputasie en sukses. FlyNamibia verwerp bewerings dat sy lugredery 'n ander lugredery weerhou om bedrywighede te begin en sodoende mededinging te ontmoedig. André Compion, besturende direkteur van FlyNamiba sê aan Kosmos 94.1 Nuus waarom hulle die aansoek teenstaan.
Amukwa sê ook hulle is bly dat hul insette en advies toegepas is ná die mislukte eerste regeringsveiling.
Die Namibiese regering se stokvis-veiling wat in Desember 2022 gehou is, het 110,1 miljoen Namibiese dollar uit die verkoop van 12 300 metrieke ton stokvis ingesamel. Dit sluit in 10 000 dollar wat uit aansoekfooie ingesamel is. Die ministerie van finansies beskou die veiling as 'n suksesvolle meganisme om pryse in die vissery-sektor te fasiliteer. Die voorsitter van die Stokvisvereniging, Matti Amukwa, sê aan Kosmos 94.1 Nuus hoewel hulle tevrede is met hierdie proses, moet stabiliteit in die sektor volgehou word.
ʼn Span van die Suid-Afrikaanse hulporganisasie, Gift of the Givers, keer Saterdag uit die rampgeteisterde Turkye en Sirië terug. Die span is verlede Dinsdag uit Suid-Afrika weg om hulp te verleen met die reddingspogings na die dubbele aardbewings waarin meer as 40 000 mense dood en duisende beseer is. ʼn Woordvoerder van Soek en Redding SA, Ivor Sarikinsky sê die soektog en redding gaan voort, terwyl verskeie ander lande ook hul spanne gestuur het om hulp te verleen.
Honderde werksoekers het vandag na die Keetmanshoop stedelike kiesafdelingskantoor gestroom in die hoop om 'n pos by die Paaie-owerheid se weegbrug-konstruksieprojek van 28 miljoen Namibiese dollar te kry. Joseph Isaack, streeksraadslid van die kiesafdeling het verduidelik dat Nexus Building Contractors wat die tender gekry het, aangedui het dat hy slegs sowat 20 werkers in diens sal neem, aangesien subkontrakteurs-maatskappye hul eie werknemers sal hê.
Krieket: Australië wil die bordjies verhang in die tweede toets teen Indië wat Vrydag in Delhi begin. Die besoekers is in die eerste toets in Nagpur binne drie dae met 'n beurt en 132 lopies verslaan. Nie een van die Australiese kolwers het 'n vyftigtal behaal in die wedstryd nie, en die besoekers is in hulle tweede beurt vir 91 uitgeboul toe hulle al tien paaltjies in 'n enkele skof verloor het. Indië se kaptein, Rohit Sharma, sê egter hulle gaan nie die besoekers onderskat nie.
Agri SA, die buurland se grootste federasie van landbou-organisasies het die ramptoestand, wat na die hewige oorstromings in die Oos-Kaap, Mpumalanga, Gauteng, KwaZulu-Natal, Limpopo, Vrystaat en Noordwes aangekondig is, verwelkom. Die organisasie sê die ramptoestand sal help om boere wie se plase en ander infrastruktuur deur die vloedwaters beskadig is, finansieel by te staan en vra ook dat hulpbronne so vinnig as moontlik na geraakte plase ontplooi word. Kosmos 94.1 Nuus se korrespondent in Kaapstad, Fritz Platt...
President Hage Geingob het tydens die amptelike opening van die parlement gesê Namibië is 'n land waar regte en menswaardigheid gerespekteer word. Dit volg ‘n dag ná die Namibiese prokureur-generaal Festus Mbandeka volgens berigte 'n beëdigde verklaring by die Windhoekse hoërhof ingedien het waarin hy aanvoer dat 'n meerderheid van Namibiërs steeds homoseksualiteit verwerp en dat sodomie-wette op grond daarvan van krag moet bly. Maatskaplike aktivis Linda Baumann sê aan Kosmos 94.1 Nuus die President se verklaring oor regte van burgers is kragtig.
Skotland se politici is geskok toe hul eerste minister, Nicola Sturgeon, na agt jaar in die pos bedank het. Sy het vandag tydens 'n perskonferensie haar bedanking aangekondig en beveel dat die Skotse Nasionale Party 'n opvolger moet kies. Verlede jaar het sy 'n hofaansoek verloor om 'n tweede onafhanklikheids-referendum vir Skotland te hou. Sturgeon sê sy sal aanbly in die pos totdat 'n nuwe partyleier gekies is.
Equal Rights Namibia het die Britse regering se spesiale gesant op LGBT-sake, Lord Nick Herbert in Namibië verwelkom. Hy skakel in by ‘n slypskool oor regter v ir die gemeenskap waar burgerlike samelewing-organisasies ook teenwoordig is. Die redakteur van Sister Namibia, Esme Mudge sê internasionale ondersteuning in die verband is uiters belangrik veral vir Namibië.
Reaksie word ontvang op die beroep deur Namibia Publishing House wat ouers waarsku oor die afrol van skoolhandboeke wat hy sê toeneem. Die uitgewer sê dit is onwettig omdat daar kopiereg op die materiaal is. Die maatskaplike aktivis Rosa Namises sê daar moet ‘n oplossing wees. In haar mening het die uitgewer ook ‘n maatskaplike verantwoordelikheid en die kinders sal nie die boeke gebruik om geld te maak nie.
Reaksie word ontvang op die verhoging van die bank terugkoopkoers na 7 persent toe. Die sentrale bank het vanoggend die aankondiging gemaak. Ekonome stem saam dat die bank die benadering neem om eerder kleiner verhogings vir langer te maak, as om groter spronge vir ‘n korter tydperk in te stel, soos die stigter van High Economic Intelligence, Salomo Hei, verduidelik.
Wêreld Kinderkankerdag word jaarliks internasionaal op 15 Februarie herdenk. Die dag skep bewustheid van kinderkankers en in Namibië, is die syfers skokkend. Die hoof uitvoerende beampte van die Namibiese Kankervereniging, Rolf Hansen sê dit is nie net die syfers nie, daar is reuse-uitdagings met sorg. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Daar is talle bepalings van die tweede grondkonferensie wat in Oktober 2018 reeds gehou is, wat nog nie geïmplementeer is nie. Voorvaderlike grondeise het ook onder die loep gekom met ‘n kommissie wat daargestel is en reeds in 2020 hul verslag aan President Geingob oorhandig. Onteiening sonder vergoeding is ook bespreek. En tog, wil dit voorkom asof die regering glad nie haastig is om die kwessie van grond en die verspreiding van eienaarskap in die land aan te spreek nie. Die Affirmative Repositioning-aktivis, George Kambala sê die hele grondkonferensie was ‘n foefie.
Turkye se ambassadeur in Suid-Afrika, Ayşegül Kandaş, sê die ambassade werk daaraan om te verseker alle noodlenigingspogings bereik die land. Sy sê die onlangse aardbewings is die grootste ramp in Turkye dié eeu, en 3,5 miljoen mense word regstreeks geraak. Die dodetal het reeds 41 000 oorskry. Kandaş sê 'n lys van noodbenodigdhede word op sosiale media-platforms gepubliseer:
Die Namibiese gesondheidsministerie het ontvangs geneem van ‘n skenking van die Wêreldgesondheidsorganisasie ontvang. Die mediese toerusting is verkry met befondsing van die regerings van die Republiek van Korea en die Republiek van Ysland. Verskeie kardiotokografie-masjiene, broeikaste, skandeerders en meer is in die skenking ingesluit. Die minister, dr. Kalumbi Shangula sê die skenking was eintlik vir Covid bedoel.
‘n Britse kenner in verdediging en voormalige direkteur in die weermag, Ben Barry, sê dit is nie duidelik waarvoor die Oekraïne vegvliegtuie wil hê nie. Hy voeg by dat dit ook nie duidelik is of dit die land se hoofprioriteit is nie.
Nes soos deur ekonome voorspel is, het die Bank van Namibië die repokoers met 25 basispunte opgestoot na 7 persent toe. Die goewerneur, Johannes !Gawaxab het die besluit so gemotiveer.
Jessica Thomas in gesprek met Professor Uwe Puehse van Switserland, werksaam by UNESCO se fisieke aktiwiteit, gesondheid en opvoedkundige omgewings, vertel oor sy tyd in Namibië, en die projekte waaraan hulle tans werk.
Ná erge vloede in sommige dele in noordelike Namibië word inwoners in daardie gebiede gekonfronteer met verskillende uitdagings en het bystand nodig. 'n Deel van die samelewing waaroor niemand in hierdie moeilike tye oor hul welstand praat nie, is mense met gestremdhede. Kosmos 94.1 Nuus het na die voorsitter van die Nasionale Gestremdheidsraad, Mathews Hashoono, uitgereik om uit te vind wat die situasie van hul lede in die vloedgeteisterde gebiede is.
AfriForum Jeug eis antwoorde oor bewerings dat Afrikaanssprekende studente aan die Universiteit van Stellenbosch verbied is om onder enige omstandighede hulle moedertaal te gebruik. Dit sluit ook informele sosiale en een-tot-een-gesprekke in. Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie moes vroeër ook ondersoek instel na ʼn soortgelyke verbod op Afrikaans by die universiteit in 2021. ʼn Woordvoerder van AfriForum Jeug, René van der Vyfer, versoek die universiteit om aandag te gee aan hierdie beweerde menseregteskendings en te voorkom dat dit weer gebeur:
Die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Plaaslike Regering sê die energiekrisis was op plaaslike regeringsvlak nog altyd 'n ramp. President Cyril Ramaphosa het verlede week Donderdag 'n nasionale ramptoestand afgekondig om die land se elektrisiteitskrisis te hanteer. ‘n Lid van die vereniging, Thamsanqa Ngubane, sê hy hoop die ramptoestand lewer positiewe resultate deur middel van gesentraliseerde beplanning, uitvoering en vinnige reaksie op uitdagings wat gemeenskappe in die gesig staar:
Die Wes-Kaapse LUR vir Maatskaplike Ontwikkeling, Sharna Fernandez, sê Sassa-begunstigdes sukkel om hul betalings te ontvang. Duisende begunstigdes het voor Sassa-kantore uitgekamp om te wag vir betaling en sommige vir aanlyn aansoeke. Fernandez sê pensioentrekkers en ontvangers van maatskaplike toelaes het probleme by takke ervaar, wat tot laat- of wanbetalings gelei het. Sy sê Sassa se stelsel moet hersien word, want 29 miljoen Suid-Afrikaners maak staat op maatskaplike toelaes:
Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, sê die impak van stygende seevlakke skep reeds nuwe bronne van onbestendigheid en konflik. Data wat onlangs deur die wêreld se weerkundige organisasie vrygestel is, toon die wêreld se gemiddelde seevlakke het sedert 1900 vinniger gestyg as in enige ander eeu die afgelope 3 000. Guterres het die VN-veiligheidsraad toegespreek en hy beskryf die stygende seevlakke as 'n bedreiging wat ook toegang tot water, voedsel en gesondheidsorg raak:
ActionSA se Wes-Kaapse provinsiale voorsitter, Michelle Wasserman, sê sy het geroei van Drieankerbaai tot by die uitloop van die Groenpunt-riooluitlaatpunt. Sy sê sy het eilande van drywende riool, insluitend sanitêre doekies, tampons en kondome gevind. Wasserman sê dit was hartverskeurend om die slymerige, bruin riool-eilande in die see te sien dryf, met talle seemeeue bokant die afval en 'n rob wat digby speel. Sy sê wat sy gesien het weerlê die Departement van Bosbou, Visserye en die Omgewing se stelling dat slegs behandelde riool en geen rou riool nie, in die see uitgelaat word:
Estie Schreiber gesels verder oor "ThreshHold Real MSM" en hoe goed dit help om kroniese pyn aan te spreek en beter te bestuur. Vir meer inligting besoek: www.threshhold.co.za, of e-pos ons direk by: info@sanatural.co.za "ThreshHold Real MSM" tablette en jel is beskikbaar by apteke landswyd.
Die jongste Internasionale Maatskaplike Opname-program het bevind dat Suid-Afrikaners hulle heeltemal misgis met klasse-indrukke. Die studie het bevind dat wit mense, bruin mense en Indiërs hulself in hoër klasse plaas in vergelyking met swart mense wat hulself eintlik laer kategoriseer as wat hulle is. Volgens Johann Kirsten van die Universiteit van Johannesburg se Skool van Ekonomie, worstel Suid-Afrika steeds met ongelykheid en 'n sukkelende middelklas. Hy sê daar is 'n stryd tussen klas en status:
Zimbabwe se opposisieparty verwelkom Iran wat besig om sy samewerking met Zimbabwe in die landbousektor te versterk. Iran se minister van Landbou, Javad Sadatinejad, het in Teheran met sy Zimbabwiese eweknie, Anxious Jongwe Masuka, vergader om verskeie bilaterale landboubande te bespreek. Sadatinejad sê Iran is gereed om sy tegnologie oor boerdery-meganisasie, plaagdoders en kunsmis aan Zimbabwe te bied. Hy het ook bevestig dat Iran tot 1,7 miljard Namibiese dollar se ureum per jaar aan Zimbabwe kan ruil vir die invoer van suiker uit die Afrika-land. Tendai Biti van die MDC-alliansie aan Kosmos 94.1 Nuus die transaksie moet deursigtig wees.
President Cyril Ramaphosa sê hy is diep bedroef deur die dood van 21 mense in Maandag se grusame ongeluk in Limpopo. 'n Geldwa het op die N1 in die Makhado-omgewing reg van voor teen 'n passasiersbus gebots. Minstens 68 mense is beseer. Ramaphosa se woordvoerder, Vincent Magwenya, sê voorvalle soos dié het 'n groot uitwerking op families wat geliefdes verloor, asook op oorlewendes of ooggetuies wat fisies of sielkundig geraak word wanneer so 'n tragedie plaasvind:
Solidariteit het hofstukke ingedien om die ANC-regering se besluit om 'n nasionale ramptoestand af te kondig om die elektrisiteitskrisis te hanteer, uit te daag. Die saak sal op die 14de van volgende maand in die Hooggeregshof in Pretoria aangehoor word. Die vakbond wil hê die hof moet die besluit onwettig en irrasioneel verklaar. Morné Malan van Solidariteit sê 'n ramptoestand is 'n buitengewone toestand wat teenstrydig is met normale demokrasie. Hy sê die regering is self die oorsaak van hierdie elektrisiteitskrisis:
Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, Antonio Guterres, sê maatskappye wat met fossielbrandstowwe werk moet hernubare teikens teen 2025 en 2030 stel. Hy sê terwyl daar energie-uitdagings is, het die wêreld nie ‘n herlewing in fossiel-gebaseerde brandstof nodig nie.
Sommige Namibiërs is ongelukkig omdat hulle persoonlike dokumente moet gebruik om SIM-kaarte te registreer en nie almal wat ‘n selfoon het, het noodwendig ‘n ID-kaart nie. John Ekongo, MTC se korporatiewe kommunikasiebestuurder sê volgens wetgewing word persoonlike identifikasie vereis. Hy sê aan Kosmos 94.1 Nuus sou 'n lid van die publiek nie 'n ID-dokument het nie, moet hy of sy eenvoudig daarvoor aansoek doen.
Die Huab-bewaringsgebied in die Noordweste is gereed om die Namibiese omgewingsminister Pohamba Shifeta hof toe te vat oor mynbedrywighede in hul bewaringsgebied. Die bewaringsgebied het ‘n vennootskap met Ultimate Safaris in 2016 begin, wat byna 7 miljoen Namibiese dollar in bewarings- en gemeenskapsprojekte belê het. Met swartrenosters onder hul bewaringskap het hulle toerisme gebruik as die basis vir 'n 2,5 miljoen dollar-toekenning van die Omgewingsbeleggingsfonds van Namibië. Huab se renosterbewaarders het die renosters suksesvol gemonitor en beskerm. Al hul planne vir langtermyn toekomstige beleggings, is daarmee heen weens die mynbedrywighede van Chinese beleggers. Ultimate Safaris gaan hul lodge Huab Under Canvas sluit. Die omgewingsministerie se woordvoerder, Romeo Muyunda sê die minister is bewus van hierdie kwessie en sal nog reageer.
Arbeidsonrus raak al hoe meer algemeen in Namibië, veral met die omstrede aktivis Michael Amushelelo wat gereeld amok maak in die verband. Hy het vroeër vanjaar bystand verleen aan werkers van die Riverside-diensstasie, restaurantwerkers van Craft Bristo by die Namibia Craft Center in die hoofstad, asook Shoprite-werkers in Walvisbaai. Kosmos 94.1 Nuus het met die Vakbondkongres van Namibië, Tucna, se sekretaris-generaal, Mahongora Kavihuha gepraat of werkers te na gekom word en regtig ongelukkig is in hul werksplekke, en of aktivisme hulle aanmoedig om op te staan.
Die Suid-Afrikaanse Poskantoor sê hy het sy werknemers 'n driedag-werksweek teen 60 persent van hul salaris aangebied as 'n keuse om te oorweeg. Dit volg nadat die Poskantoor die moontlike aflegging van 6 000 personeellede aangekondig het. Die uitvoerende hoof, Nomkhita Mona, het die besluit verdedig en sê die Poskantoor se toekoms is blink en sal staatmaak op 'n hibriede model:
Die Vryheidsfront Plus glo die ANC-regering maak staat op die raskaart om volgende jaar se algemene verkiesing te wen. Die party glo swart ekonomiese bemagtiging, regstellende optrede en die huidige kragkrisis is ʼn rookskerm vir korrupsie. Die leier van die party, Pieter Groenewald sê daar is dubbele standaarde wanneer mense aangespreek of weens misdaad vervolg word:
Tiger Woods sê hy is gereed vir die PGA-toernooi in Los Angeles wat môre begin. Daarmee keer hy terug na mededingende gholf, ná 'n afwesigheid van sewe maande terwyl hy herstel het van beserings wat hy in 2021 in 'n motorongeluk opgedoen het. Die voormalige wêreld nommer een-speler, wat die afgelope twee jaar min gesien is na die ongeluk waarin hy ernstige beenbeserings opgedoen het, was laas in Julie in die Britse Ope in aksie. Hy sê hy kan gholfballe slaan maar, dit is die uithouvermoë van sy been.
Volgens die ondersoekbeampte van die direktoraat van vliegtuigongeluk-ondersoeke in die Namibiese ministerie van werke en vervoer, Hafeni Mweshixwa, was die vlieënier wat sowat twee weke gelede in ’n sweeftuig-ongeluk in die Rehoboth-omgewing gesterf het, nie gelisensieer om daardie tipe vliegtuig te vlieg nie. Volgens die voorlopige ongeluksverslag het die 54-jarige Joern Steinbeck ’n private vlieënierslisensie gehad, maar daar is volgens die verslag geen bewyse wat aandui dat die lisensie hernu is nadat dit in Oktober 2018 verval het nie. Steinbeck is op 29 Januarie dood toe die sweeftuig wat hy gevlieg het, glo pas ná opstyging by Bahnhof sowat 15 kilometer suidoos van Rehoboth neergestort het. Mweshixwa sê aan Kosmos 94.1 Nuus dat daar noue samewerking met hul Duitse eweknieë is oor Steinbeck se vlieënierslisensie.
Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens sê 'n geskatte 6 000 Suid- Afrikaners het in die afgelope finansiële jaar sedert die begin van 2022, die land vir groener weivelde verlaat. Daar was ook oor die afgelope 12 maande, 'n drastiese styging van tot soveel as 50 persent in die getal ekonomies-aktiewe volwassenes wat navraag doen oor hoe om na ander lande te emigreer. Navorsing toon egter ook dat dit nie net gekwalifiseerde, ervare mense is wat nou na oorsese lande wil verhuis nie. Fritz Platt, Kosmos 94.1 Nuus se korrespondent in Kaapstad, het meer...
Rampbestuurspanne in die Nasionale Krugerwildtuin bly op hoë gereedheidsgrondslag omdat swaar neerslae riviere in Mpumalanga laat afkom. Die Krokodilbrug-hek is gesluit omdat water oor die brug vloei, maar alle paaie bly oop. Die woordvoerder van SANParke, Isaac Phaahla, sê hulle hou die situasie fyn dop maar raai besoekers aan om uiters versigtig te wees.
Muller gee sy mening oor Hume as voorstander van die wettige handel in renosterhorings.
‘n Namibiese renoster-eienaar sê dit is hartseer dat die grootste plaas vir die bewaring van renosters in Suid-Afrika en die wêreld, Platinum Rhino, in April op ’n veiling verkoop word. Volgens die eienaar van die plaas, die 81-jarige John Hume, het dit te duur geword om dié bedreigde diere te teel. Die plaas van 8 500 hektaar in Noordwes is die tuiste van ongeveer 2 000 suidelike witrenosters. Hy het verlede jaar planne aangekondig om jaarliks 100 renosters wat op die plaas geteel is in die natuur vry te laat. Jaco Muller van die Rhino Momma Project wat al by Hume gaan kuier het, gesels met Kosmos 94.1 Nuus.
Lede van informele nedersettings van Okahandja sal vanaand 'n vergadering met die dorpsraad van Okahandja hou. Die groep wil eienaarskap van hul grond hê voor die algemene verkiesing in 2024. Dié vergadering spruit voort nadat die groep deur die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, Erastus Uutoni, na die dorpsraad verwys is. Kosmos 94.1 Nuus het met die groepleier, Sydney Gariseb, gepraat wat sê hulle sal nie ophou totdat hul stem gehoor word nie.
‘n Namibiese politieke ontleder het sy reaksie gegee oor die amptelike opening van die parlement vandag. President Hage Geingob het parlementslede gevra waarom sommige wetsontwerpe van verlede jaar se sittings na vanjaar s'n oorgedra word. Hy het ook 'n beroep op hulle gedoen om hard te werk deur te probeer om die kworum van die huis te bereik. Sommiges meen dat die president se toespraak tydens die opening te kort en yl was, maar dr. Phanuel Kaapama, 'n politieke ontleder sê aan Kosmos 94.1 Nuus waarom die President se toespraak kort en kragtig was.
Die Vryheidsfront Plus in Gauteng doen 'n beroep op premier Panyaza Lesufi om te fokus op die verbetering van vuurwapenbeheer onder polisielede wat gereeld hul vuurwapens verlê. Die VF Plus het die kwessie rondom gesteelde vuurwapens vanuit polisie-stoorplekke en polisiestasies uitgewys. In Februarie verlede jaar is 175 vuurwapens by die Norwood-polisiestasie gesteel. Kobus Hoffman van die party glo streng toepassing van vuurwapenwetgewing en voldoende hulpbronne vir wetstoepassingsbeamptes kan help om misdaad in die provinsie doeltreffend aan te pak.
Die kaptein van die Richelieu Eagles, Gerhard Erasmus gee sy reaksie op hul eerste wedstryd teen Nepal in Kirtipur in die drienasies-reeks. Die Eagles het met twee lopies teen Nepal verloor. Namibië het eerste gekolf en 285 lopies in 50 boulbeurte aangeteken. Nepal het geantwoord met 287 lopies vir die verlies van 8 paaltjies in 47,4 boulbeurte. Erasmus sê hulle het geen verskonings nie.
Die Mango-lugredery se sakereddingspraktisyn, Sipho Sono, het regstappe teen die minister van openbare ondernemings, Pravin Gordhan, ingestel om hom te dwing om 'n besluit te neem oor die voorgestelde verkoop van die lugdiens. 'n Verhoor word teen die einde van die maand verwag. Sono beweer Gordhan se vertragings verhinder die instel van 'n goedgekeurde sake-reddingsplan waarin 'n belegger reeds geïdentifiseer is.
Tydens die ampt16elike opening van die parlement vandag deur President Hage Geingob kon hy nie anders as om op te merk dat van die wetsontwerpe op die lys van wetsontwerpe wat vanjaar hanteer gaan word, oorstaan uit verlede jaar se parlementêre sittings nie. Die President het aan die parlementslede gevra waarom dit gebeur het.
Die DA-leier, John Steenhuisen, sê die aanhoudende kragonderbrekings het 'n permanente kenmerk van die lewe in die era van President Cyril Ramaphosa geword. Steenhuisen het vandag in Kaapstad gepraat tydens die debat op Ramaphosa se staatsrede. Toe Ramaphosa in 2018 tot President verkies is, het Suid-Afrika altesaam ses dae van beurtkrag ervaar. Sedertdien het dit elke jaar gestyg, eers tot 22 dae, toe tot 35 dae en later tot 48 dae. Steenhuisen sê verlede jaar het dit tot 157 dae gespring.
Namibiese President Hage Geingob het vandag die eerste sitting van die parlement vir 2023 geopen waar hy lede van beide die Nasionale Raad en die Nasionale Vergadering toegespreek het. Die President sê hy verwag dat die parlement vanjaar sowat 12 wetsontwerpe sal goedkeur. Geingob het ook gesê Namibië is 'n land waar regte en menswaardigheid gerespekteer word...
Die Konstruksiebedryf-federasie van Namibië poog sedert 2006 om 'n nasionale konstruksieraad te stig, maar die poging is by die parlement in sy spore gestuit. Die hoof uitvoerende beampte van die federasie, Bärbel Kirchner, sê daar moet regtig toegesien word dat hierdie proses deur die parlement gaan. Terselfdertyd heers daar kommer dat die konstruksiebedryf nie baie goed presteer nie met talle buitelandse betrokkenheid by die bedryf wat plaaslike kontrakteurs raak. Verteenwoordigers van die federasie het met die PDM-leier McHenry Venaani vergader om 'n voorgestelde wetsontwerp te bespoedig wat sal toelaat dat die bedryf deur 'n konstruksieraad gereguleer word. Kirchner het haar frustrasies aan Kosmos 94.1 Nuus verduidelik...
Die leier van die EFF, Julius Malema, sê dis reeds baie lank duidelik dat Suid-Afrika nie 'n staatshoof en President het nie - veral na die onthullings van die misdade op die plaas Phala Phala. Hy het in Kaapstad gepraat tydens die debat oor die staatsrede. Malema sê President Cyril Ramaphosa het afsbtand gedoen van sy grondwetlike voorreg om voort te gaan as President van die Republiek van Suid-Afrika.
Anette Grobler was die heel eerste persoon in die geskiedenis wat die veelbesproke Skedelkus van die Dood in Namibië gestap het. Dit was in 2011 en die 570 kilometer is in 27 dae, vrou alleen afgelê. Die jaar April vat sy stappers Angola toe om die Doodsakker te stap. Sy gaan vanaf die Kunene mond Noord stap in die rigting van Namibe, 100 kilometer in vyf dae. Sy gesels met Kosmos 94.1 Nuus.
Meer as 500 sogenaamde skoonmakers by Stad Windhoek staak nou vir ‘n tweede dag. Die groep uit vaste werkskontrakte. Die omstrede aktivis Michael Amushelelo is ook by die aksie betrokke. Die stad se woordvoerder, Lydia Amutenya, het aan die plaaslike uitsaaier bevestig die staking is onwettig.
President Joe Biden sê hy wil ‘n Amerika sien waar swart en bruin ouers nie ‘daardie gesprek’ met hul kinders hoef te hê nie. Hy vra dat die George Floyd-wet op geregtigheid in polisiëring aangeneem word om die land ‘n stap nader aan daardie droom te bring.
Kosmos 94.1 is vandag terug op die DStv-klankplatform in Suid-Afrika, op kanaal 877. Talle luisteraars het gekla nadat die diens verlede jaar gestaak is maar Kosmos 94.1 het geluister en ons is terug! Die besturende direkteur van Multichoice Namibia Roger Gertze sê Lesotho is ook ingesluit.
Die president van die Namibiese Landbou-unie Piet Gouws sê die Omaheke-goewerneur Pijoo Nganate het nie ‘n benul van die impak op sy streek indien die waterbronne in die Stampriet-bekken vergiftig word nie. Gouws het gereageer ‘n beroep deur Nganate dat Namibiërs hulle vrese oor uraan-ontginning in die streek te laat gaan en Uranium One verwelkom. Nganate sê sou uraan-ontginning toegelaat word sal Leonardville heeltemal omskep word en daar is oor die algemeen baie voordele vir die hele streek. Gouws sê sy aanmerkings is ongegrond en oningelig.
Reeva Steenkamp is vandag tien jaar gelede deur die voormalige paralimpiese superster-atleet Oscar Pistorius doodgeskiet. Reeva se ouers het onlangs met Pistorius ontmoet in verband met die proses oor sy paroolaansoek en sê hy moet agter tralies bly omdat hy nie wil erken dat hy doelbewus geskiet het nie. Pistorius is aanvanklik ses jaar tronkstraf opgelê, maar ná aanklaers se appèl is die termyn tot 13 jaar verleng. Sy paroolverhoor sal in Maart plaasvind, soos die kriminoloog dr. Pixie du Toit verduidelik. Sy sê ook sy vrylating, indien hy parool kry, sal in die geheim plaasvind.
Die DA in die Wes-Kaap sê die provinsiale Departement van Landbou het onthul die verlengde beurtkrag kan blywende skade aanrig aan meer as 181 000 hektaar permanente aangeplante oeste in die provinsie. ʼn Woordvoerder van die DA, Andricus van der Westhuizen, sê indien die oeste permanent beskadig word, beraam die departement word die vervangingswaarde konserwatief op 60,8 miljard Suid-Afrikaanse rand:
Namibië staar tans verskeie uitdagings in die gesig, veral op ekonomiese front. Acaps, ‘n onafhanklike internasionale nie-regeringsorganisasie se bevindinge dat meer as 750 000 Namibiërs tekorte het aan voedsel, is kommerwekkend. Kosmos 94.1 Nuus het na die direkteur van die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing, Graham Hopwood uitgereik en aan hom gevra wat die mees kommerwekkende faktore is wat hulle in hul navorsing optel.
Die Withuis sê daar is geen aanduiding van ruimte wesens of enige ander vreemde aktiwiteite betrokke by die voorwerpe wat oor Noord-Amerikaanse lugruim afgeskiet is nie. Daar was blykbaar miljoene soektogte op Google vanuit die VSA oor vreemde vlieënde voorwerpe en meer. Die Withuis se perssekretaris Karine Jean-Pierre sê sy wou dit net duidelik, vanaf die Withuis gestel het.
Die voormalige kontraktebestuurder van Eskom, Dudo Moyo, het haar bod verloor om 'n bewaringsbevel oor haar pensioenvoordele te laat heroorweeg. Die Spesiale Tribunaal het die aansoek met koste van die hand gewys. Die bevel is in September 2021 aan die Spesiale Ondersoekeenheid toegestaan. Die eenheid het bewerings van korrupsie en wanadministrasie in Eskom se sake ondersoek. Die woordvoerder van die Spesiale Ondersoekeenheid, Kaizer Kganyago sê burgerlike litigasiestappe is teen Moyo geneem as deel van die eenheid se pogings om die staat se finansiële verliese te verhaal:
Na beraming gebruik twee derdes van Namibiërs formele bankdienste en dus is daar ‘n derde van die bevolking oor, wat minderjariges insluit, wat nie van banke gebruik maak nie. Kosmos 94.1 Nuus het met Kazembire Zemburuka, die Bank van Namibië se direkteur van strategiese kommunikasie, gepraat wat gereageer het op die 1,6 miljoen Namibiërs wat in die formele banksektor is.
Die Karas-streek is een van die gebiede in Namibië waar voedselsekerheid ‘n wesenlike uitdaging is. Acaps, ‘n onafhanklike internasionale nie-regeringsorganisasie sê die streek het 25 persent van huishoudings wat tussen 25 en 50 persent van die nodige kalorieë daagliks inneem. Die LPM is baie aktief in die streek en Kosmos 94.1 Nuus het met Eneas Emvula, woordvoerder van party gesels oor wat hulle doen om die uitdaging aan te spreek.
Die Krugerwildtuin in Mpumalanga ervaar steeds swaar reënval. Dit het daartoe gelei dat sommige afgeleë kampe en grondpaaie ontoeganklik was. Die Suid-Afrikaanse Nasionale Parke sê egter dat alle teerpaaie oop is. Besoekers aan die park word versoek om nie met die padsluitings te peuter nie. SANParke se woordvoerder, Isaac Phaahla, sê rampbestuur-spanne monitor ontwikkelings in die noorde van die park.
Die Hooggeregshof in Pretoria het 20 Maart bepaal as datum vir ‘n saak wat 19 organisasies, insluitend politieke partye en vakbonde, teen die regering ingedien het oor die voortslepende energiekrisis. Die organisasies betoog die regering se reaksie op die krisis is ongrondwetlik en het ‘n wanproporsionele invloed op die armstes in die gemeenskap. Phakamile Hlubi-Majola van die metaalwerkersvakbond Numsa sê die energiekrisis het gelei tot werksverliese en ekonomiese agteruitgang:
Die Suid-Afrikaanse omgewingsgroep, Green Connection, het sy kommer uitgespreek oor die verklaring van 'n ramptoestand oor die land se kragkrisis. Die groep stem ook nie saam met die aanstelling van 'n minister van elektrisiteit nie. Die groep se strategiese leier, Liz McDaid, skryf die kragkrisis toe aan die regering se gebrek aan optrede:
Die Omgewingsbeleggingsfonds van Namibië, die EIF, vier sy 11de bestaansjaar. Met sy breë mandaat om die volhoubare benutting van die land se natuurlike hulpbronne te verseker, asook die regverdige en billike verdeling van voordele, vier die EIF die 11de bestaansjaar met die oog op die verlede terwyl hy vir die toekoms bestuur. Lot Ndamanomhata, korporatiewe kommunikasiebestuurder van die fonds sê aan Kosmos 94.1 Nuus hulle is trots op die prestasies wat oor die jare behaal is, terwyl hulle na die toekoms kyk om meer Namibiërs te bemagtig, veral vroue.
Die Suid-Afrikaanse Polisiediens het verlede jaar daarin geslaag om meer as 65 000 vuurwapens uit sirkulasie te verwyder. Die vuurwapens sluit handwapens, gewere en haelgewere, vuurwapenonderdele en kombinasievuurwapens in. Al hierdie vuurwapens is skoongemaak nadat dit aan ballistiese toetse onderwerp is. Die meeste van hierdie vuurwapens is tydens die vuurwapen-amnestietydperk ingegee. ‘n Polisiewoordvoerder brigadier Athlenda Mathe sê hulle het verlede week ook daarin geslaag om meer as 18 000 van hierdie vuurwapens te vernietig.
Kriminoloë in Suid-Afrika glo dis gevaarlik om opnames van gevaarlike misdaad wat op kringtelevisie vasgevang word, op sosiale media te versprei. Dit volg op die verpreiding van ʼn videosnit wat toon hoe die kletsrymer Kiernan Forbes, ook bekend as AKA, en sy vriend, Tebello “Tibz” Motsoane Vrydag buite die Wish-restaurant in Durban doodgeskiet is. Die kriminoloog, Kholofelo Rakubu, sê daar mag negatiewe gevolge wees wanneer sulke video’s versprei word, insluitende veroordeling en bespiegeling:
Die Withuis sê die drie ongeïdentifiseerde vlieënde voorwerpe wat sedert Vrydag afgeskiet is, het 'n gevaar geskep vir burgerlugvaart maar hulle het nie kommunikasie-seine uitgestuur nie. Amerika hou sy lugruim met 'n valkoog dop, sedert die onlangse skending daarvan deur 'n vermeende spioenasieballon van China. Die woordvoerder van die nasionale veiligheidsraad, John Kirby, sê hulle kon vasstel China het 'n hoëhoogte-ballonprogram om intelligensie in te samel. Hy sê die program was reeds tydens die Trump-administrasie bedrywig maar hulle het dit nie toe opgespoor nie:
Die Civilian Animal Protection Unit, Capu, sal ‘n spesiale dag hou vir die sterilisasie van troeteldiere. Sterilisasie is nie net goed vir jou viervoetige kind se gesondheid nie, dit verhoed ook onaangename gedrag en keer dat nog diere sonder huise op straat beland. Capu-stigter Charne Wasserfall het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Die Bank van Namibië se Monetêre Beleidskomitee sal die monetêre beleidsbesluit môre bekend maak. Verlede jaar in November het die Monetêre Beleidskomitee besluit om die repokoers met 50 basispunte tot 6,75 persent te verhoog. Die plaaslike repokoers is tans 50 basispunte laer as Suid-Afrika s’n, wat moontlik uitdagings kan inhou omdat die twee geldeenhede gekoppel is. Kosmos 94.1 Nuus het met die Cirrus-ekonoom Robert McGregor gepraat oor wat sy voorspelling is.
Plaaslike media berig dat President Hage Geingob sê media is daarop uit om hom te kry. Die Engelse dagblad, The Namibian, sê hy is in besit van die opname waar Geingob sê eenvoudige dinge word uit konteks gehaal maar, hy voeg by ‘hulle sal nie vir Hage kry nie’. Volgens wat berig word het hy ook gesê dat dieselfde pogings in verband met korrupsie probeer is omdat daar nie geglo word ‘n Afrika-leier kan korrupsie-vry wees nie. In die opname erken by blykbaar dat skoolkinders wel onder bome klas bywoon. Dit kom na die herrie oor verlede week se aanmerkings by die amptelike opening van die kabinet. Geingob het gesê hy het die land gereis en nog nooit kinders onder bome sien skoolgaan nie.
Die eerste minister van die Verenigde Koninkryk Rishi Sunak sê sy regering is in kontak met bondgenote nadat ‘n minister beweer het dat Chinese spioenasie-ballonne dalk reeds oor dié land ook gevlieg het. ’n Aantal vlieënde voorwerpe is die afgelope week oor Noord-Amerika neergeskiet, met ’n vierde wat in opdrag van die Amerikaanse President Joe Biden deur vegvliegtuie afgeskiet is. Beijing het erken dat een van die ballonne van China af kom, maar het volgehou dat dit ‘n burgerlike lugskip was.
Namibiese eerste minister Saara Kuugongelwa-Amadhila het 300 000 Namibiese dollar van Rössing Uranium en 500 sakke van 10 kilogram mieliemeel van Matukuchila Mills ten bate van die Nasionale Noodrampfonds ontvang. Sy sê meer kos en tente is nodig in die vloedgeteisterde gebiede, aangesien die tweede golf van vloede binnekort verwag word. Sy sê die gebiede wat die meeste geraak word, is die Ohangwena-streek, gevolg deur die Oshana- en Omusati-streke. Kuugongelwa-Amadhila sê haar kantoor versprei ook droogtehulpvoorraad in die streke van Kunene, Omusati en Erongo. Sy het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.
China en Rusland is besig om hulle intelligensie- en waarnemingsbedrywighede teen bondgenote van die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie te verskerp. Hierdie waarskuwing kom van Navo se hoofsekretaris, Jens Stoltenberg. Hy het in Brussel gepraat in aanloop tot vandag se vergadering van Navo-ministers van Verdediging, wat die lewering van militêre hulp aan Oekraïne in sy oorlog met Rusland gaan bespreek. Stoltenberg sê hulle beplan om 'n nuwe virtuele netwerk te skep wat inligting van siviele en militêre satelliete vir ondersoekdoeleindes sal gebruik:
Die Namibiese ombudsman het gereageer op die landbouministerie wat onwettige heinings by Tsumkwe verwyder het nadat San-gemeenskappe vir jare ‘n hofstryd oor die kwessie gevoer het. Van die 137 onwettige heinings wat geïdentifiseer is, is tot op hede 57 onwettige heinings verwyder. 'n Bedrag van 349 407 Namibiese dollar is bestee om onwettige heinings van 158 kilometer in die omgewing van Tsumkwe te verwyder. Die ministerie, in oorleg met Otjozondjupa Kommunale Grondraad en die ministerie van justisie, werk steeds aan die verwydering van die oorblywende 42 onwettige heinings in dié gebied. Altesaam 34 mense is aangesê om hul onwettige heinings op hul eie koste te verwyder. Ombudsman Basilius Dyakuha sê aan Kosmos 94.1 Nuus waarom hierdie kwessie so lank sloer.
Die speaker van die Stad Tshwane, Marunwa Makwarela, sê die raad moet nog ʼn nuwe burgemeester vir die stad aanwys. Makwarela sê die koalisieregering is nie vooraf oor Randal Williams se bedanking ingelig nie. Die burgemeesterskomiteelid vir finansies, Peter Sutton, is as waarnemende burgemeester aangewys. Makwarela sê 'n regsmening is nodig oor die pad vorentoe.
Die Suid-Afrikaanse minister van toerisme Lindiwe Sisule sê 'n nuwe inisiatief sal binnekort van stapel gestuur word om toerisme-getalle na Robbeneiland, een van die grootste toerisme-aantreklikhede in Kaapstad, te laat herleef. Sisulu het vandag die eiland besoek en sê dis belangrik dat meer plaaslike en oorsese toeriste toegang tot die eiland het en dat daar maniere gevind word om meer toeriste na dié erfenis-baken te lok. Kosmos 94.1 Nuus se korrespondent in Kaapstad, Fritz Platt...
FlySafair gaan sy streeksroete-netwerk uitbrei met beplande vlugte na Windhoek, Harare en Zanzibar. Die Suid-Afrikaanse laekostelugdiens het vandag aangekondig dat hy toestemming van die Internasionale Lugdiensraad gekry het om kommersiële vlugte na dié drie bestemmings te vlieg. Skedules vir die nuwe Windhoek- en Harare-roetes sal na verwagting teen die derde kwartaal van vanjaar beskikbaar wees. Die skedule vir die roete na Zanzibar sal waarskynlik teen die tweede kwartaal van vanjaar beskikbaar wees, danksy 'n bestaande huur-ooreenkoms. FlySafair het ook toestemming gekry om vyf bykomende vlugte na Mauritius aan te bied, wat moontlik lei tot daaglikse vlugte na die eiland. Die lugredery sal voor einde Maart drie vliegtuie by sy vloot voeg, om op die nuwe roetes gebruik te word. Nathaly Ahrens van die Toer- en Safari-vereniging van Namibië, Tasa, sê aan Kosmos 94.1 Nuus dit sal vlugpryse verlaag.
Die EFF verwerp die Poskantoor se besluit om 6 000 werkers af te lê en bestempel dit as gevoelloos en onsensitief in die heersende werkloosheidskrisis in die die land. Die party sê die Poskantoor word lank reeds deur finansiële uitdagings geteister weens sy versuim om mee te ding met koerierdienste in die privaat sektor, en opkomende tegnologieë in die kommunikasieruimte. Die EFF se woordvoerder, Leigh-Ann Mathys, sê sy onvermoë om te voldoen aan die tegnologiese vooruitgang in kommunikasie, is die middelpunt van sy mislukking om inkomste te genereer.
Die Namibiese prokureur-generaal Festus Mbandeka het volgens berigte 'n beëdigde verklaring by die Windhoekse hoërhof ingedien waarin hy aanvoer dat 'n meerderheid van Namibiërs steeds homoseksualiteit verwerp en dat sodomie-wette op grond daarvan van krag moet bly. Voormalige ombudsman advokaat John Walters sê aan Kosmos 94.1 Nuus, hy weet nie waar die prokureur-generaal sy inligting vandaan kry nie en dat dit 'n koloniale wet is wat verouderd is.
Ondanks kommer oor protesopstande, sal Nepal steeds gasheer speel vir ‘n driehoekige reeks tussen die tuisspan, die Richelieu Eagles and Skotland in die tweede liga van die IKR Wêreldbeker-liga wat van 14 tot 21 Februarie in Kirtipur aangebied word. Die Eagles en Nepal sal môre en 18 Februarie teen mekaar te staan kom, en Skotland en Nepal sal op 17 en 21 Februarie mekaar die stryd aansê. Die Eagles en Skotland speel oormôre en op 20 Februarie teen mekaar. Die president van Krieket Namibië, dr. Rudie van Vuuren, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Die Nasionale Vergadering skop môre met sy parlementêre sittings vir 2023 af. Toe die parlement laat in 2022 'n blaaskans geneem het, was daar nog wetsontwerpe wat gewysig moes word. Een so 'n wetsontwerp is die wysiging van die Verkiesingswet wat nog moet gebeur. Hierdie jaar het ook begin met 'n omstrede voorstel vir parlementslede om duur selfone te kry. Politieke partye in die parlement sal ook hul debatte voortsit met die algemene verkiesing van 2024 in gedagte. ‘n Navorser van die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing, Frederico Links, sê aan 94.1 Kosmos 94.1 Nuus daar word uitgesien na vanjaar se parlementsittings.
Die Suid-Afrikaanse minister van verdediging en militêre veterane, Thandi Modise, het die belangrikheid beklemtoon van Suid-Afrika se rol om vrede in Afrika te handhaaf. Sy het op die lugmagbasis van Waterkloof gepraat waar die oorskot van Vusi Mabena uit die Demokratiese Republikiek van die Kongo aangekom het. Hy was deel van die Suid-Afrikaanse kontingent van die Verenigde Nasies se vredesmag en is deur ʼn skerpskutter doodgeskiet terwyl hy aan diens was. Modise het gewaarsku om van vredespogings in die streek te onttrek, sal groter probleme vir Suid-Afrika skep.
Die Suid-Afrikaanse departement van bosbou, visserye en die omgewing sê dit is algemene gebruik in kusstede dwarsoor die wêreld om afvalwater in die mariene-omgewing te stort. In Suid-Afrika word hierdie gebruik ingevolge die Gewysigde Wet op die Nasionale Omgewingsbestuur, die Gewysigde Wet op Geïntegreerde Kusbestuur en die Afvoerpermitregulasies van Kuswaters gewettig. Die woordvoerder van die departement, Albi Modise, sê die wette bepaal dat enige persoon wat afvloeiwater afkomstig van grond in kuswaters, wil stort, moet 'n permit van die departement verkry.
Die EFF vra alle werkers by die Suid-Afrikaanse Poskantoor om deel te wees van sy nasionale stilstand op 20 Maart ter beskerming van hul betrekkings. Dit volg nadat aan die lig gekom het die Poskantoor beplan om 6 000 werkers af te lê. Die woordvoerder van die EFF, Leigh-Ann Mathys, sê hulle lewensbestaan en dié van hulle kinders sal slegs deur stakings verseker word
Die Suid-Afrikaanse Organisasie, Gift of the Givers-reddingspan werk saam met die Omani-reddingspan om te soek na oorlewendes wat vasgekeer is onder die puin van die aardbewing in Hatay, Turkye. Meer as 42 000 mense is in die aardbewing in Turkye en Sirië dood. Die span van Gift of the Givers kon daarin slaag om met snuffelhonde 'n oorlewende uit die rommel te red. Gift of the Givers se voorsitter en stigter, dr Imtiaz Sooliman het meer.
Die DA Studente-organisasie by Noordwes Universiteit vra ʼn ondersoek na beweerde rasse-oorwegings op die Potchefstroom-kampus. Dit het skynbaar aanleiding gegee tot die uitsluiting van studente wat privaat woon van die jaarlikse verwelkomingseremonie wat in die amfiteater gehou is. ʼn Woordvoerder van Daso, Bertus Bornman, sê inwoners van privaat blyplekke is laat Vrydagaand in kennis gestel hulle is nie welkom by Sondag se verwelkoming-seremonie nie en moes die verrigtinge virtueel by ander plekke op die kampus volg.
Die DA-leier in Gauteng, Solly Msimanga, het die burgemeester van Tshwane, Randall Williams, geloof oor sy werk om die behoeftes van inwoners eerste te stel in 'n dikwels onstuimige politieke omgewing. Williams het vandag sy bedanking aangekondig, maar hy sal tot 28 Februarie in sy pos aanbly. Msimanga sê die feit dat hy bereid is om terug te staan om bestendigheid in die metro te verseker, spreek boekdele van sy toewyding aan die inwoners sowel as die politieke proses.
Krieket: Die Suid-Afrikaanse vrouespan speel vanaand hul tweede wedstryd van die T20-Wêreldbekertoernooi, wanneer hulle Nieu-Seeland op Bolandpark in die Paarl verwelkom. Albei spanne is op soek na hul eerste oorwinning nadat Suid-Afrika in die openingswedstryd met drie lopies teen Sri Lanka verloor het, terwyl Nieu-Seeland teen Australië vasgeval het. Die Proteas se onderkaptein, Chloe Tryon, sê dit is 'n baie belangrike wedstryd.
Die eerste rondte van die Nasionale Motocross-kampioenskap word op Saterdag, 18 Februarie op Omaruru gehou. Toeskouers en deelnemers kan uitsien na ’n aksiebelaaide dag vol adrenalien en gesinsvermaak. Phellazie Simon, wat op die reëlingskomitee is, bedank al die borge wat die geleentheid moontlik maak.
Die wêreld herdenk Wêreld Ietermagô-dag op 18 Februarie. Daar word die meeste onwettige handel getref met die diertjie, regoor die wêreld en sy bewaring raak kritiek. Die Ietermagô Bewaring en Navorsing Stigting se stigter Kelsey Prediger het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Die landouministerie gaan weer die Katima Liselo, Tandjieskoppe en Zone groenskemas adverteer. Calle Schlettwein, minister van landbou, sê die ministerie sal verdere marksondersoek instel om hierdie projekte beter aan potensiële beleggers te adverteer. Die aanbiedinge vir die Ndonga Linena groenskema-besproeiingsprojek en die Oranjerivier-besproeiingsprojek word geëvalueer, terwyl die Uvhungu Vhungu-suiwelprojek suksesvol aan 'n Namibies-Indiese gesamentlike onderneming verhuur is. Kosmos 94.1 Nuus gesels met ministeriële woordvoerder Jona Musheko.
Die Old Mutual-stigting het ‘n skenking van 90 000 Namibiese dollar aan die vloedgeteisterde inwoners van die Ohangwena- en Oshana-streke. Die skenking sluit in kospakkies, toiletware, waterversuiweringstablette, en tien watertenks. Mignon du Preez, die groep se uitvoerende hoof van bemarking en volhoubaarheid het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Valentynsdag is op die drumpel en te midde van knap begrotings weens stygende lewenskoste het FNB ‘n paar praktiese wenke gedeel oor hoe om ‘n romantiese dag te beplan op ‘n begroting. FNB se bestuurder van verbruikersopvoeding, Dhashni Naidoo, sê dit is natuurlik om ons geliefdes te wil bederf, maar ons moenie geld bestee waarvoor ons nie begroot het nie of krediet gebruik om geskenke te koop nie. Naidoo sê Valentynsdag kan steeds geniet word deur dit eenvoudig te hou en kreatiewe maniere te soek om ons geliefdes te bederf. Sy deel vyf praktiese wenke oor hoe om vanjaar vir Valentynsdag te beplan en te begroot:
Reaksie word ontvang op berigte dat die Sentrale Verkrygingsraad sy eie reëls oorskry het deur die omstrede gesondheidstender an Shapwa Kanyama se Amnics Trading teen uiters hoë pryse toe te ken. Die finansminister het onlangs aan plaaslike media bevestig dat die sogenaamde Kode van Goeie Praktyk aandui dat ‘n tender op ‘n voorkeurbasis aan ‘n Namibiër toegeken kan word met ‘n hoër prys maar, dat die prys net 10 persent duur mag wees. Die Tender Bulletin se ontleding toon dat Kanyama se wondverbande 599 persent duurder was op 6,7 miljoen dollar teenoor die laagste bod van 963 000 dollar. Vir binneaarse-toestelle het hy 2,93 miljoen dollar kwoteer, 310 persent hoër as die laagste bod van 715 000 dollar. Sy handskoene was 115 persent duurder as die laagste bod. Kosmos 94.1 Nuus het met die PDM se skaduminister van finansies, Nico Smit gesels en hy sê die saak sal verder gevat word.
Die kommunikasie konsultant van Uranium One, Riaan van Rooyen sê hulle verwelkom die kommentaar deur die Omaheke-goewerneur Pijoo Nganate, wat ‘n beroep op Namibiërs doen om vrese oor uraan-ontginning in die streek te laat gaan en Uranium One te verwelkom. Nganate sê sou uraan-ontginning toegelaat word sal Leonardville heeltemal omskep word en daar is oor die algemeen baie voordele vir die hele streek. Die eksplorasiewerk is onlangs gestop deur landbouminister Calle Schlettwein. Hy het nie ‘n waterpermit aan die Russe toegeken nie en sê die Stampriet-bekken se bronne is te kosbaar om dit in ‘n risiko te plaas. Van Rooyen sê hulle stem volkome saam dat daar goeie voordele is.
Slenters loop weer oop, veral met studente wat dringend akkommodasie in die hoofstad soek. Dit is ‘n probleem wat jaarliks voorkom en mense betaal voor uit sonder dat hulle die woonstel of kamer gesien het, met die sogenaamde huurder wat eenvoudig verdwyn. Die hoof van die Stadspolisie, Abraham Kanime, het raad.
Die Blou Bulle en die Stormers pak mekaar die naweek op Loftus Versveld... en tot dusver, was die Bulle nog nie in staat om so te wen nie... Die president van die Blou Bulle Willem Strauss sê reëlings vorder goed en 24 000 kaartjies is reeds verkoop.
Namibië sluit aan by die res van die wêreld met die herdenking van die 12de Wêreld Radiodag. Radio bly uiters belangrik, veral in Namibië vir vermaak, nuus en inligting. Die adjunk-minister van inligting, Emma Theofelus sê radio is die mees toeganklike vorm van media in die land.
Die Kansas City Chiefs het die Philadelphia Eagles 38-35 geklop om sodoende die Super Bowl-titel die tweede keer in vier jaar te wen. Die Chiefs was teen rustyd met tien punte agter en ten spyte van 'n pynlike enkelbesering het Patrick Mahomes sy span in Phoenix aangevoer om tydens vier opeenvolgende aanvalle punte aan te teken om die Eagles te oorrompel. Mahomes, wat die eerste speler sedert 1999 word wat die NFL Waardevolste Speler en die Super Bowl-titel in dieselfde seisoen wen, sê dis selfs meer spesiaal om vir die tweede keer te wen:
Die Vereniging van Privaat Sekuriteitseienaars van Suid-Afrika sê hy neem kennis van die beplande staking van sekere vakbonde môre in Gauteng. Dis om aantygings oor werkgewers wat in gebreke bly om mediese voordele aan werknemers te betaal, aan te spreek. Die vakbonde Numsa en Satawu het privaat sekuriteitsmaatskappye daarvan beskuldig dat hulle werknemers uit hul mediese versekeringsvoordele bedrieg. 'n Lid van die vereniging, Sindiswa Changuion, sê hulle ondersteun die versoek vir 'n ondersoek deur die Raad op Mediese Skemas as werknemers nie hul regmatige mediese voordele ontvang nie:
Die DA sê hy dring aan dat die parlementêre portefeuljekomitee vir Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling met Eskom en minister Thoko Didiza beraadslaag oor spesifieke planne vir die landbousektor. Boere staar die afgelope tyd 'n krisis in die gesig wat 'n regstreekse bedreiging is vir voedselsekerheid en landbou se volhoubaarheid in hierdie land. 'n DA-woordvoerder, Noko Masipa, sê baie boere in die besproeiingstreek in die Noord-Kaap en dele van die Wes-Kaap kan weens kragonderbrekings nie hulle plase besproei nie:
Die Wêreldgesondheidsorganisasie het 'n versoek gerig vir 770,74 miljard Namibiese dollar om hulle te help om Sirië en Turkye te ondersteun. Die sterftesyfer ná verlede Maandag se twee verwoestende aardbewings in die twee lande, staan tans op meer as 33 000. Die WGO het tot dusver 110 ton mediese voorraad versprei in gebiede in die Siriese Arabiese Republiek wat geraak word. Die direkteur-generaal, Tedros Adhanom Ghebreyesus, sê nog fondse is nodig. Hy voeg by dat vlakke van angs en spanning baie hoog is en geestesgesondheid moet aandag kry.
Suid-Afrika het nie 'n ramptoestand nodig om sy energiekrisis te bekamp nie, maar eerder 'n doeltreffende administrasie wat spesifieke beleide prakties lewer en verwyder. Dit is die mening van die politieke ontleder, Daniel Silke. President Cyril Ramaphosa het verlede week 'n ramptoestand afgekondig en gesê dis nodig vir sterk sentrale koördinering en beslissende optrede om die krisis die hoof te bied. Silke bevraagteken die aanstelling van 'n minister van Elektrisiteit in die presidensie:
Engeland se afrigter Steve Borthwick sê hulle oorwinning teen Italië in die Sesnasiesbeker op Twickenham is 'n prestasie om op voort te bou. Drieë deur Jack Willis, Jamie George, Ollie Chessum en Henry Arundell het aan Engeland 'n oorwinning van 31-14 besorg wat ook Borthwick se eerste oorwinning is sedert hy as hoofafrigter oorgeneem het. Ná die oorwinning is Engeland nou derde op die punteleer en bo die verdedigende kampioene van Frankryk. Borthwick sê daar is 'n paar verbeteringe wat hulle moet aanbring voor die kragmeting teen Wallis:
Die Wes-Kaapse LUR vir Polisie-oorsig en Gemeenskapsveiligheid, Reagen Allen, sê die polisie se honde-eenhede speel steeds 'n belangrike rol langs die provinsiale hoofpaaie en in die kusgemeenskappe. Honde-eenheid-lede het onlangs 53 verdagtes aangekeer vir verskeie oortredings. Dertig van hulle is in die Overberg-streek in hegtenis geneem, en 23 in die Swartland. Allen sê om misdadigers te pla en die lewe vir hulle moeilik te maak is presies wat hy in die provinsie wil sien:
Die efundja blyk om onder beheer te wees al vloei die vloedwaters nog. Daar is steeds ‘n risiko vir verdrinking en ander skade. Die burgemeester van Oshakati Leonard Hango, sê watervlakke is steeds hoog en gevaarlik. Hy gesels met Kosmos 94.1 Nuus.
Die Wes-Kaapse LUR vir Finansies en Ekonomiese Geleenthede, Mireille Wenger, verwelkom President Cyril Ramaphosa se hernude belofte om 'n afstandswerkersvisum in te stel. Namibië het reeds die soganaamde Nomad-visum in gebruik geen en volgens Wenger is die gebrek aan so 'n visum 'n aansienlike struikelblok vir belegging. Sy vra 'n dat duidelike spertyd vir die instelling daarvan, moet 'n prioriteit wees:
Daar is plaaslike tekorte van teengif vir slange in Namibië. Suid-Afrika het sy eie uitdagings en Namibië sal moet begin om sy eie teengif te vervaardig. Die bekende slangkenner en navorser, Francois Theart, sê die kwessie kom reeds ‘n geruime tyd aan.
Bronne in Opul sê olie sal vanjaar teen 100 Amerikaanse dollar verhandel – as gevolg van verskeie redes, maar veral die herstel van die Chinese ekonomie na streng Covid-inperkings. Plaaslike ekonoom Gabriel Erastus het meer.
Vandag word Wêreld Radiodag herdenk. Radio bly een van die gewildste mediums vir vermaak, nuus en saamkuier. Dis gratis en kan saam met jou gaan, waar ookal jy is. Die deurwinterde radiopersoonlikheid en stigter van Kosmos 94.1, Kolie van Coller, gesels oor hoekom radio altyd ‘n gunsteling kommunikasiemedium sal wees.
Eskom het bevestig dat fase drie-beurtkrag steeds daagliks van vyfuur soggens tot vieruur in die middag ingestel sal word, terwyl fase vier tot verdere kennisgewing van vier namiddag tot vyfuur die volgende oggend van krag sal wees. Eskom-woordvoerder, Sikonathi Mantshantsha, sê die afgelope 24-uur het twee opwekkingseenhede by Arnot en een by Kendal in Mpumalanga onklaar geraak en vir herstelwerk van lyn geneem. Hy sê die inwerkingneming van 'n opwekkingseenheid elk by die Lethabo-kragstasie in die Vrystaat en Hendrina in Mpumalanga is vertraag:
Die leier van die EFF, Julius Malema, sê Suid-Afrika sal op 20 Maart tot stilstand gedwing word wanneer die party sy beplande nasionale afsluiting hou. Malema het in Athlone, Kaapstad, die eerste volle sitting toegespreek van die party se Wes-Kaapse tak. Hy het weer geëis President Cyril Ramaphosa moet bedank en het sy party se aandrang op betroubare elektrisiteit herhaal. Hy sê die EFF sal sy invloed dwarsoor die land toon, wat die Wes-Kaap insluit:
Gholf: Die Suid-Afrikaner Oliver Bekker het sy tweede Dimension Data Pro-Am-titel gewen nadat hy die Sweed, Adam Blomme, op Fancourt in George in die Wes-Kaap met vier houe geklop het. Bekker het die laaste ronde met 'n voorsprong van vyf houe begin en met 68 afgesluit om algeheel met 22 onder baansyfer te wen. Blomme het op 18 onder baansyfer klaargemaak met 'n laaste ronde van 66. Hennie O'Kennedy van Suid-Afrika en Chris Paisley van Engeland deel die derde plek. Bekker sê hy is tevrede met sy spel:
Die Namibiese polisie is tans besig om sy basiese opleiding op te gradeer sodat dit voldoen aan die standaarde van die Namibiese Kwalifiserende-owerheid. In die geval is die kursus oor wetgewing onder die loep en dit sal hersien word. Adjudant-offisier Silas Shipandeni het meer.
Cenored gaan ook, nes oral in die Suider-Afrikaanse streek, gebuk onder herhaalde gevalle van koperdiefstal. Volgens die kragvoorsiener vind baie van die diefstal na aan woonbuurte plaas en dus moet iemand dit waarneem, maar dit word nie aangemeld nie. Charlie Matengu, Cenored se woordvoerder sê die misdaad neem toe en dit maak dit moeiliker, en duurder, om krag te voorsien.
AfriForum Jeug eis antwoorde van die bestuur van die Universiteit van Noordwes oor die beweerde uitsluiting van dorps-koshuisbewoners van die jaarlikse kampus-verwelkomingsplegtigheid. Dit het gelei tot 'n opstand onder studente oor rasse-uitsluiting. Die woordvoerder van AfriForum Jeug, René van der Vyver, sê die feit dat die mense in die dorpskoshuise gevra is om die geleentheid op 'n virtuele uitsending dop te hou is skokkend:
Ebenezer is ‘n sopkombuis in Havana in die hoofstad wat die talle armoediges in die hoofstad bystaan. Daar is meer as 200 skoolkinders wat staatmaak op die kombuis vir voedsel. Die stand van sake is tans baie informeel en skenkings is broodnodig. Jennie Gabriel wat die sopkombuis bedryf het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Die polisie in KwaZulu-Natal blyk om geen leidrade te hê nie en het die publiek se hulp gevra na die moord op Kiernan Forbes, bekend as AKA, en sy vriend. Die bekroonde kletsrymer en sy vriend het van 'n restaurant in Floridastrat in Morningside, Durban, na hulle voertuig gestap toe hulle na bewering deur twee aanvallers genader is wat op kort afstand losgebrand het. Die Polisiewoordvoerder Robert Netshiunda sê die verdagtes het na berig word te voet gevlug:
Die DA in die Wes-Kaap gaan aan die vervoerminister, Fikile Mbalula, skryf oor President Cyril Ramaphosa se spoor-aankondiging. 'n Beloofde Transnet-padkaart omskryf die herstrukturering van die entiteit se spoorvragvervoer, met die skepping van 'n afsonderlike infrastuktuur-bestuurder teen Oktober. Ricardo Mackenzie van die DA sê Ramaphosa se aankonding volg op Mbalula se belofte vroeër die week dat Kaapstad se passasierspoor-netwerk teen die einde van die jaar ten volle in werking sal wees:
Die Afrika-streek van die Wêreldgesondheidsorganisasie sê die vasteland beleef 'n eksponensiële styging in cholera-gevalle, te midde van 'n wêreldwye toename. Net in die eerste maand van 2023, het gevalle in Afrika met meer as 30 persent toegeneem tot meer as wat verlede jaar in totaal aangemeld is. 'n Beraamde 26 000 gevalle en 660 sterftes is verlede maaand in tien lande aangeteken. 'n Woordvoerder van die organisasie, Patrick Otim, sê verlede jaar is byna 80 000 gevalle en 1 863 sterftes in 15 lande aangemeld:
Die Britse swaargewig, Anthony Joshua, kom op 1 April in Londen teen die Amerikaner, Jermaine Franklin, te staan. Die 33-jarige Joshua wil die eerste keer sedert 2020 ʼn oorwinning behaal na opeenvolgende nederlae teen Oleksandr Usyk van Oekraïne. Dit sal die eerste keer in agt jaar wees dat die twee tweemalige swaargewig-wêreldkampioene nie om ʼn wêreldtitel boks nie. Joshua sê die geld is ʼn groot oorweging:
Die Kommissie vir Geslagsgelykheid in die buurland besoek in Februarie en Maart skole in verskillende provinsies om billike toegang tot onderwys vir kinders van alle maatskaplike groepe te monitor en te verseker. Die woordvoerder van die kommissie, Javu Baloyi, sê kommissarisse en personeel sal agt skole en vier Vroeëkind-ontwikkelingsentrums besoek in die Vrystaat, Gauteng, Mpumalanga en die Wes-Kaap om leertoestande asook vry toegang tot onderwys te beoordeel:
Reaksie word ontvang op die Risikorampkomitee in die Oshana-streek wat 'n beroep op alle belanghebbendes en die sakegemeenskap gedoen het om te help met skenkings vir vloedslagoffers in die streek. Die komitee vra vir alles van klere, kos, matrasse en meer. Kosmos 94.1 nuus het met PDM se sekretaris-generaal, Manuel Ngaringombe gepraat en hy sê die nood is in werklikheid, baie groot. Hy voeg by die regering moet beter maatreëls tref.
Die Namibiese gesondheidsministerie sal volgende week ‘n werkswinkel hou oor gesondheidsuitdagings, insluitent kapasiteitstekorte, wat deur klimaatsveranderding en die habitat oorkruising tussen mense en diere veroorsaak word. As gevolg van veranderende klimaatsomstandighede, kom mense in nouer kontak met diere wat op sy beurt weer die voorkoms van siektes kan verhoog. Die ministerie se woordvoerder, Walters Kamaya, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Die vakbondfederasie Saftu is teleurgesteld dat President Cyril Ramaphosa nie opgetree het teen die energiereguleerder Nersa se 18,56 persent tariefverhoging vir April nie, of ten minste subsidies vir arm huishoudings ingestel het nie. Saftu sê Ramaphosa het ook niks gesê oor die formalisering van informele nedersettings en hulle verbinding aan die elektrisiteitsnetwerk nie. Saftu se woordvoerder, Trevor Shaku, sê dit sou 'n einde kon bring aan gevaarlike verbindings wat dikwels kinders in informele nedersettings skok:
Statistiek wat deur die Deeltydse-werkers-kantoor uitgegee is, wys die Suid-Afrikaanse arbeidsmag het verlede jaar aan minstens 86 beskermde en onbeskermde betogings deelgeneem. 'n Beampte van die organisasie, Sydney Moshoaliba, sê 38 van die betogings was onbeskermde optrede, terwyl 48 beskerm was. Hy sê die meeste van die betogings was oor lone. Moshoaliba voeg by die betogings was meestal deur staatswerkers:
Die Kaapstad burgemeester, Geordin Hill-Lewis sê hy sal dringend met die Wes Kaapse bestuur van die SA Poskantoor vergader, na die nuus dat al die poskantoor se takke in Mitchell's Plein permanent gesluit sal word. Die poskantoor het reed in Julie verlede jaar 144 takke in die buurland gesluit as gevolg van onwinsgewendheid en misdaad. Die sluiting sal beteken dat duisende inwoners op die Kaapse Vlakte nou na ander dele van die Stad sal moet reis om hul maandelikse maatskaplike toelae te ontvang. Kosmos se Kaapse korrespondent Fritz Platt doen verslag.
Die Copps 94.1-span het ‘n stil aand in die hoofstad beleef behalwe vir ‘n traumatiese geval waar twee kinders vermoedelik net buite hul huis raakgery is en die bestuurder het gepoog om weg te kom. Francois Lottering was aan diens en het die besonderhede.
Die Pluimvee Produsente-vereniging besoek verskeie streke in die land om hoenderboerdery te bevorder. Terwyl daar biosekuriteit uitdagings kan wees, is dit ‘n redelike maklike en vinnige boerdery om veral om kleinskaal te bedryf. Die industrie sukkel reeds jare lank met invoere wat onlangs aangespreek is en verligting gebied het. Rene Wentscher sê volgende week is dit die Suide se beurt. Hy voeg by die regering raak al hoe meer betrokke by die industrie wat gemoedsrus bring.
Die energiekenner, Roland Ngam, sê President Cyril Ramaphosa se aankondiging van ʼn nuwe minister van elektrisiteit is die eerste stap om ʼn projekbestuurder aan te stel. Hy sê die president wil verseker alle beloftes wat gemaak is om die energiekrisis op te los, word nagekom. Volgens Ngam het die nuwe minister ʼn groot taak om te verseker beurtkrag word beëindig. Hy glo Ramaphosa het iemand nodig op wie hy kan staatmaak om die mandaat na te kom:
Die burgemeester van Kaapstad, Geordin Hill-Lewis, sê die stad is teleurgesteld President Cyril Ramaphosa het gisteraand in sy staatsrede nie eers na die krisis met die polisie en die spoorweë verwys nie. Hy sê die treindiens vir passasiers bestaan omtrent nie meer nie en bereik daagliks net 2 persent van alle Kapenaars, terwyl dit die ruggraat van ʼn bekostigbare, betroubare en veilige vervoerstelsel behoort te wees:
Die Namibiese gesondheidsminister, dr. Kalumbi Shangula sê dit is snert dat die Omuthiya-hospitaal se personeel met selfoonligte moet werk omdat gloeilampe geblaas het en as gevolg van die feit dat die hospitaal deur Chinese gebou is, kan die lampe alleenlik uit China bekom word. Shangula sê gloeilampe het op die gronde, nie in die hospitaal nie, geblaas, en die normale vervangingsprosedures is in plek. Hy herhaal dat al die ligte in die hospitaal werk.
Die Instituut vir Rasseverhoudinge sê regstappe word benodig na aanleiding van President Cyril Ramaphosa se aankondiging van 'n ramptoestand oor energie. Die adjunkhoof van beleidsnavorsing, Martin van Staden, sê die kragkrisis is die gevolg van swak beleid. Hy sê die Wet op Elektrisiteitsregulering moes gebruik word eerder as om 'n nasionale ramptoestand af te kondig. Van Staden sê ook 'n minister van elektrisiteit is onnodig:
Die myn-indaba het in Kaapstad tot ‘n einde geloop. Namibië het ‘n groot afvaardiging gestuur, onder leiding van minister Tom Alweendo en het volgens alle berigte, ‘n suksesvolle besoek gehad. Namibië het dringend buitelandse belegging nodig om werk te skep en mynwese, as dit reg hanteer word, kan as oplossing dien. Kosmos 94.1 Nuus het met die plaaslike ekonoom Klaus Schade gesels oor wat te wagte kan wees. Hy sê elemente soos litium is nou belangriker as die tradisionele bronne en dis belangrik dat die wêreld dit weet.
Die bekende beleggingsekonoom Dawie Klopper sê aanmerkings deur Rusland dat hy in Maart sy daaglikse olieproduksie met 500 000 vate sal verminder, moet met ‘n knippie sout geneem word. Die aankondiging is deur die land se adjunk-eerste minister, Alexander Novak, gemaak. Brent se prys het met 2 Amerikaanse dollar ‘n vat gespring met die aankondiging maar het nou effe teruggesak en verhandel net bo 85 dollar ‘n vat. Klopper sê die Kremlin het al die inkomste nodig wat hy kan kry.
Stad Windhoek se uitdagings met eenheid duur voort. Die raad het weer gepoog om ‘n bestuurskomitee aan te stel maar, daar was nie ‘n kworum nie. Die lynminister, Erastus Uutoni het die raad tot 3 Maart gegee om sy sake in orde te bring anders sal hy moontlik stappe neem om die raad te ontbind, wat binne sy mag is. Die stad se woordvoerde, Harold Akwenye sê daar sal nog ‘n poging wees omdat die saak as dringend hanteer word.
Die DA in die Vrystaat vra die hervestiging van landelike plaasveiligheidseenhede in die provinsie ná nog 'n plaasaanval in die Kestell-gebied. Ses aanvallers het gister vir Suzaan Cordier en 'n plaaswerker op die plaas Modderfontein aangeval. Bea Campbell-Cloete van die DA sê weens landelike veiligheidseenhede wat nie ten volle in werking is nie, is daar 'n toename in plaasaanvalle in landelike gemeenskappe, met veral die kwesbares wat aan die ondenkbaarste marteling onderwerp word:
President Hage Geingob se aanmerkings oor boomskole en onderwysers wat strukture moet oprig om as klaskamers te dien, bly in die nuus. Die Britse BBC het die storie opgetel. Geingob sê onderwysers doen nie die beste met hul hande nie:
Suid-Afrika se nuwe minister van elektrisiteit gaan belastingbetalers 37 miljoen Suid-Afrikaanse rand per jaar kos. Die DA het dit vroeër vandag onthul. President Cyril Ramaphosa het tydens sy staatsrede aangekondig dat hy so ‘n minister gaan aanstel. Suid-Afrika is tans in die greep van die ergste beurtkrag sedert dit in 2008 begin het. Die DA se Leon Schreiber sê Ramaphosa gebruik die beurtkragkrisis om meer ANC-kaders te ontplooi.
Die Stad Kaapstad sê wat ontbreek in President Cyril Ramaphosa se aankondiging oor die visum vir afstandwerkers, is wanneer dit ingestel gaan word. Die burgemeesterskomiteelid vir Ekonomiese Groei, James Vos, sê in die toerismebedryf is tydsberekening en sekerheid allerbelangrik. Hy voeg by dit is die eerste voorgestelde model vir afstandwerkers sedert die opheffing van die inperking nadat Covid-19 byna die reis- en gasvryheidsektor geheel en al vernietig het:
Die uitdagings met grond duur voort op Okahandja. Inwoners van informele nedersettings op die dorp, sommiges wat reeds meer as tien jaar wag vir grond om gediens te word maar wel ‘n fooi aan die munisipaliteit moet betaal, sal volgende week Dinsdag met die owerheid ontmoet. Hulle eis eienaarskap van hulle grond voor die 2024-verkiesing. Sydney Gariseb, verteenwoordiger van die groep, vra almal moet die vergadering bywoon.
Duisende vrywilligers en talle internasionale humanitêre is in Turkye bedrywig om slagoffers van die verwoestende aardbewing by te staan. Die dodetal is tans rondom 22 000. Matt Saltmarsch van die VN se Vlugteling-agentskap sê dit is ‘n saak van beplanning en koördinering om die nodige hulp se vinnig as moontlik op die regte plek te kry.
Verskeie kampe in die Krugerwildtuin is steeds ontoeganglik weens swaar reën in Mpumalanga. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het oranje vlak vyf- en geel vlak twee-waarskuwings in dele van die provinsie uitgereik. SANParke se woordvoerder, Ike Phaahla, waarsku teen die gebruik van grondpaaie en sê laagwaterbrûe moet nie oorgesteek word nie. Hy doen 'n beroep op besoekers om nie kanse te waag nie en met kampbestuur te gesels voordat hulle reis:
Die Suid-Afrikaanse minister van polisie, Bheki Cele, ontken dat hy die EFF ingelig het oor 'n beweerde komplot om sy sekretaris-generaal, Marshall Dlamini, te vermoor. Die EFF het die IVP daarvan beskuldig dat hy na bewering beplan het om Dlamini te vermoor, ná die ineenstorting van die koalisie-ooreenkoms tussen die twee politieke partye in KwaZulu-Natalse munisipaliteite. Cele sê verlede Saterdag is hy gewaarsku oor 'n moontlike toename in politieke spanning in die provinsie, en voeg by hy het slegs generiese samesprekings met sommige politieke partye gehou:
President Joe Biden het homself skerp uitgespreek in Florida, veral teen die goewerneur Ron DeSantis oor Medicaid. Die Republikeinse leierskap in die deelstaat wil voordele op die program, wat gesondheidskostes af bring, verder inperk. Biden wil dekking onder Medicaid verbreed en hy sê meer as ‘n miljoen inwoners van Florida sal daaruit voordeel trek.
Reaksie word ontvang oor die bevinding van Acaps, ‘n onafhanklike internasionale nie-regeringsorganisasie wat sê die hele Namibië, behalwe vir die Otjozondjupa-streek, is in ‘n voedselsekerheids-krisis, die derde hoogste vlak van krisis, gedompel. Acaps sê die Otjozondjupa-streek vaar beter en word op die tweede laagste, as voedsel-gestres, beskryf, hoër as die twee Kavango- en Zambezi-streke. Die organisasie voeg by dat meer as 750 000 Namibiërs tekorte het aan voesdel. Kosmos 94.1 Nuus het met Salomo Hei, ‘n ekonoom met kennis in landbou, gesels oor die bevindings.
Die Suid-Afrikaanse rand het hom min gesteur aan President Cyril Ramaphosa se verklaring van 'n ramptoestand om die verlammende kragtekorte in die land aan te spreek. Kenners meen sy staatsrede kon geen beleggersvertroue ontlok nie. Volgens internasionale agentskappe, sê ontleders die president se reaksie op die krisis het hulle nie beïndruk nie, met geen duidelike einde in sig aan die ure van daaglikse kragonderbrekings nie. Die bekende Suid-Afrikaanse ekonoom Dawie Roodt stem saam...
Mecki Schneider, die sameroeper van die Beesvleis-waardeketting Forum wou nie veel uit die mou laat na hulle samesprekings met landbouminister Calle Schlettwein gehad het nie. Die vergadering is belê na aanleiding van die kommer wat deur die minister uitgespreek is oor die toestand van die Namibiese beesvleis-bedryf. Schneider het in ‘n verklaring gesê hulle het die geleentheid gehad om 'n voorlegging aan die ministeriële afvaardiging te doen oor die historiese bestuursontwikkelings van die beesvleis-bedryf oor die afgelope 20 jaar, sowel as die huidige aktiwiteite van die Beesvleis-waardeketting Forum asook Savanna Beef Processors. Hy het net aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat dit baie goed gegaan het.
Wetenskaplikes het ’n raaisel op hande ná die ontdekking van 330 stukke gereedskap wat uit klip vervaardig is wat 2,9 miljoen jaar oud is op ’n terrein in Kenia, langs die Victoriameer se oewer, gevind is. En hulle het geen idee wie verantwoordelik is daarvoor nie. Yanna Smith doen verslag.
Die Organisasie teen Belastingmisbruik, OUTA, sê hy glo nie die afkondiging van 'n nasionale ramptoestand is die regte oplossing vir Suid-Afrika se energiesekerheid nie. President Cyril Ramaphosa sê die ramptoestand oor die energiekrisis sal die regering toelaat om praktiese maatreëls in te stel om die uitwerking van beurtkrag te bekamp. OUTA se uitvoerende hoof, Wayne Duvenage, sê die byvoeging van 'n minister van Elektrisiteit, plaas net ekstra gewig op 'n kabinet wat reeds te groot en futloos is:
Die leier van Al Jamah-Ah, Ganief Hendricks, het kommer uitgespreek oor die hoë vlakke van misdaad en korrupsie in Suid-Afrika. Die party het ernstig beswaar gemaak oor die befondsingsmodelle vir instellings wat teen misdaad optree, soos die Spesiale Ondersoekeenheid en die Openbare Beskermer. Hendricks sê die gebrek aan befondsing by sommige instellings bepaal hoe daar teen misdaad opgetree word:
Terwyl dit reën en almal dankbaar is, is kragvoorsiening uitdagend veral met die storms wat landwyd ervaar word. Cenored se woordvoerder Charlie Matengu sê die uitdagings strek tot by toegang tot die perseel en of dit nog reën of nie.
ActionSA sê Maandag se vernietigende aardbewings in Turkye en Sirië het 'n humanitêre krisis veroorsaak. Hy voeg by internasionale hulpagentskappe sukkel om bykomende hulp te ontplooi en individue wat geraak word, te bereik. Meer as 22 000 sterftes is reeds bevestig. Lerato Ngobeni van ActionSA sê ysige toestande bedreig die lewens van duisende oorlewendes wat nou sonder skuiling, water en kos is:
Die EFF sê hy gaan die speaker van die Nasionale Vergadering, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, hof toe neem omdat sy die regte van parlementslede skend en hulle as 'n groep verkeerd behandel. Die rooi pette is uit die Nasionale Vergadering verwyder nadat hulle probeer keer het dat President Cyril Ramaphosa sy staatsrede lewer. Die speaker het daarna sekuriteit geroep om in te gryp. Die EFF-leier Julius Malema sê die gebeure in die Parlement wys watter soort presidensie Ramaphosa lei:
Die Verenigde Koninkryk gaan gebuk onder ekonomiese uitdagings met uiters hoë inflasie ook. Selfs Rusland se ekonomie vaar beter as die Britte s’n. Jagjit Chadha, die direkteur van daardie land se Nasionale Instituut vir Ekonomiese en Maatskaplike Navorsing sê dit gaan oor bronne.
Die streeksbevelvoerder van die Omusati-streek, kommissaris Ismael Basson sê misdaad duur voort in sy gebied en word oorheers deur veediefstal, verkragting en geslagsgeweld. Hy sê intieme geweld is die moeilikste om vas te vat maar, hulle voed die gemeenskap op in verband met wetgewing wat mense kan aankla as hulle so ‘n misdaad versteek. Misdade word ook beter gerapporteer. Hy gesels met Kosmos 94.1 Nuus.
Die negemalige Grammy-wenner, Rihanna, sê dit was 'n uitdaging om 'n speellys te kies vir haar rustyd-vertoning Sondag by die Super Bowl. Die vertoning sal 13 minute duur, maar die superster se loopbaan strek oor 17 jaar en sy spog met agt albums. Rihanna sê die optrede sal 'n viering van haar musiek-katalogus wees en haar Karibiese kultuur sal beslis 'n groot deel van die vertoning uitmaak:
Die buurland se minister van hoër onderwys, Blade Nzimande, sê die Fort Hare-Universiteit in die Oos-Kaap is nie die enigste instelling wat met ongebreidelde korrupsie te kampe het nie. Hy sê die hoëronderwyssektor het baie werk om te doen op die gebied van veiligheid en sekerheid. Nzimande sê in die nasleep van ander voorvalle, wat geweld by tersiêre instellings behels, moet vennootskappe met wetstoepassing versterk word:
Daar sal sonder twyfel verligting in verskeie kringe wees met die omstrede aktivis Michael Amushelelo wat vanoggend aangekondig het hy tree uit sy rol in die voorste linie teen die regering en wat hy beskryf as korrupte praktyke en uitbuiting in die land. Hy maak reeds vir ‘n geruime tyd aantygings bekend dat die polisie hom wil vermoor en hy sê hy wil nie doodgaan nie, nog minder van ‘n gemeenskap wat nie in werklikheid saam met hom en vir hom sal opstaan nie.
Optrede teen die EFF nadat hulle gisteraand die staatsrede probeer ontwrig het, het tot ʼn openlike meningsverskil tussen die DA en die Vryheidsfront Plus gelei. Lede van die EFF is met geweld uit die Kaapstad Stadsaal verwyder nadat hulle die verhoog waar die president gesit het, bestorm het. Die leier van die DA, John Steenhuisen het sy kommer uitgespreek oor die ingryping van gewapende veiligheidspersoneel. Hy is van mening dat dit neerkom op openlike intimidasie van parlementslede. Die leier van die Vryheidsfrong Plus, dr. Pieter Groenewald, het openlik van Steenhuisen verskil. Volgens hom was die EFF-LP’s se gedrag ʼn bedreiging vir die president se veiligheid.
Die Jong Leiers in Mynbou-program in Suid-Afrika het die belangrikheid beklemtoon om 'n loopbaan in mynbou te oorweeg. Verskeie bedryfsleiers op die Belegging in Afrika-mynbou-indaba in Kaapstad het redes en voordele van aansluiting by die bedryf gedeel. Die Brunswick-groep se SA-vennoot, Timothy Schultz, sê die program vertoon die verskeidenheid loopbaanrigtings wat die jeug in die sektor kan aandurf:
Die DA-leier John Steenhuisen sê hulle gaan die ramptoestand wat deur President Cyril Ramaphosa oor die kragkrisis aangekondig is, in die hof uitdaag. Hy sê 'n ramptoestand onder die dekmantel van die hantering van die energiekrisis, sal die ANC net weer in staat stel om verkrygingsprosesse te misbruik en sinnelose regulasies af te dwing. Steenhuisen sê dit maak geen sin om 'n minister van Elektrisiteit aan te stel nie:
Intussen sê ActionSA se president Herman Mashaba die ramptoestand oor die energiekrisis sal ongetwyfeld die staatskas oopmaak vir plundery soos wat tydens die Covid-19-pandemie gebeur het:
Alles is gereed vir die begin van die IKR se T20-Wêreldbekertoernooi vir Vroue wat vanaand in Kaapstad begin. Suid-Afrika speel vanaf sewe-uur in die openingswedstryd teen Sri Lanka. Die Moederstad bied 12 wedstryde aan, insluitend die twee halfeindstryde, en die eindstryd die 26ste van die maand. Die burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekerheid, JP Smith, sê plaaslike musiekgroepe soos Goodluck, Durban Gogo, Rouge en Maphorisa sal die skare tydens die openingseremonie vermaak:
Die plaaslike veearts dr. Theuns Laubscher stem saam met die jongste verslae dat die oorbenutting van antibiotika in diere gelei het tot toenemende immuniteit teen antibiotika wat gevolglik tot antimikrobiese weerstand lei. Die misbruik van antibiotika kom algemeen voor in intensiewe boerdery, maar stel gemeenskappe en biodiversiteit in gevaar. Laubscher sê dit word eenvoudig ook plaaslik te maklik toegedien.
Daar was voorspellings vir ‘n sprinkaanplaag na die eerste goeie reën maar, die Suid-Afrikaanse kenner in die gebied, dr. Gerhard Verdoorn sê die seisoen vertoon anders die jaar. Hy sê daar is nie genoeg hitte tussen reënbuie nie wat die sprinkane onder druk plaas. Maar, hy voeg by, die seisoen is nog jonk en hy voorspel dat hulle later sal voorkom.
Voormalige visepresident Mike Pence is gedagvaar deur Jack Smith, die spesiale advokaat wat Donald Trump en sy rol in die 6 Januarie opstand ondersoek. Smith se kantoor soek dokumente en getuienis wat verband hou met die dag. Pence is 'n belangrike getuie wat in 'n memoir sommige van sy interaksies met Trump in die weke na die verkiesing uiteengesit het, 'n stap wat waarskynlik die deur oopmaak vir die departement van justisie om ten minste sommige van Trump se aansprake van uitvoerende bevoorregting te ignoreer. Pence is op rekord dat hy Trump se aksies daardie dag ten sterkste veroordeel.
Eskom sê hy neem kennis van die regering se besluit om 'n nasionale ramptoestand af te kondig om die elektrisiteitskrisis te hanteer. President Cyril Ramaphosa het gisteraand tydens sy staatsrede gesê die ramptoestand sal toelaat dat praktiese maatreëls ingestel word om sakeondernemings te ondersteun, en hospitale en waterbehandelingsaanlegte van beurtkrag vry te stel. Eskom se woordvoerder, Sikonathi Mantshantsha, sê hulle sal saam met die regering werk om 'n duidelike begrip te kry:
Kwesbaarheid vir wisselende voedselpryse is hoog in Namibië omdat arm huishoudings staatmaak op reën en landbou. Internasionale markte is ook wisselvallig en die land is glad nie bestand teen skokke nie. Ongeveer 38 persent van die bevolking wat direk hierdeur geraak word benut negatiewe hanteringstrategieë wat wissel van die besteding van spaargeld, die leen van geld en nie rekeninge betaal nie. Plaaslike ekonoom, Jason Kasuto sê oplossings om Namibië beter te kan beskerm en veerkragtig te maak, moet gevind word.
President Cyril Ramaphosa het ‘n nasionale ramptoestand verklaar in reaksie op die elektrisiteitskrisis en die uitwerking daarvan. Hy het die staatsrede in Kaapstad gelewer. Lede van die EFF is uit die Huis verwyder nadat hulle die podium bestorm het. Die president van die African Transformation Movement, Vuyo Zungula, is ook beveel om die Huis te verlaat, nadat hy probeer het om verrigtinge te ontwrig. Ramaphosa sê die afkondiging van die ramptoestand is reeds in die staatskoerant gepubliseer en is onmiddellik van krag:
Die wurmpie wat boere in die Omusati-streek geteister het is geïdentifiseer. Die boere in die gebied ken die wurm en verstaan hoe sy lewensiklus werk. Die goewerneur Erginus Endjala sê landbou-amptenare stel nou ondersoek in na die omvang van die probleem en hoe om dit te hanteer.
Die woordvoerder van Stad Windhoek, Lydia Amutenya, vra bestuurders in die hoofstad om versigtig te wees. Gras groei op die oomblik baie hoog teen die pad en veral op sirkels, kan dit sigbaarheid belemmer. Daar is ook uitdagings met slaggate maar, die Stad werk so vinnig soos hy kan om die probleme aan te spreek. Sy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Daar was twee fratsongelukke met bande wat losgekom het op vragmotors. Een vragmotor is naby Rehoboth erg beskading en by Kamanjab is ‘n bestuurder van ‘n bakkie in intensiewe sorg as gevolg van so ‘n ongeluk. Sean Naude van die Namibia Marshal Rangers vra vragmotor-eienaars om te verseker dat alle bande op sleepwaens veilig vas is.
Die Swapo-party se jeugliga sekretaris Ephraim Nekongo, het ‘n beroep op Stad Windhoek se raadslede gedoen om grond en behuising aan inwoners te versnel. Hy vra ook dat owerhede ophou om wonings te sloop, omdat hulle eintlik verantwoordelik is vir die sogenaamde onwettige besettings. Hy het hulle daarvan beskuldig dat hulle net stemme soek maar geen diens lewer nie.
Corruption Watch sê President Cyril Ramaphosa moet voorkeur gee aan die hoë vlakke van korrupsie binne die regering wanneer hy vanaand sy staatsrede lewer. ʼn Senior navorser, Melusi Ncala, sê Suid-Afrika word al vir jare deur versnelde korrupsie geteister. Volgens hom het die uitwerking van korrupsie die regering se verbintenis benadeel om landwyd dienste te lewer:
Daar is uiters goeie nuus vir toerisme. British Airways het 'n ooreenkoms met die Suid-Afrikaanse streeksdiens Airlink aangekondig. Die ooreenkoms sal British Airways-kliënte wat van of deur Londen se Heathrow-lughawe reis, in staat stel om met 'n enkele kaartjie na hul eindbestemming via Kaapstad of Johannesburg te koppel. Passasiers sal dan toegang tot 18 bestemmings hê, insluitend Windhoek en Walvisbaai. Die kaartjies sal vanaf 15 Februarie beskikbaar wees. Gitta Paetzold van die Namibiese Gasvryheidsvereniging sê dit maak Namibië net verder oop vir buitelandse toerisme.
Die Bank van Namibië het sy stilte oor die beweerde bedrog van 60 miljard Namibiese dollar gebreek. Die saak, wat deur die polisie ondersoek word is uiters vreemd veral omdat die bedrag so hoog is en Credit Union Namibia blykbaar homself as ‘n bank op sosiale media voorgedoen het en beleggings geadverteer het. Die hoof uitvoerende beampte van die unie, Theron Rupping Louie, wat die klag by die polisie gemaak het, is ook op rekord dat die beriggewing foutief is al het die polisie die bedrag en besonderhede, volgens die klag, bevestig. Die geld is blykbaar in Desember 2022 deur ‘n sindikaat in Indonesië gesteel. Die sentrale bank sê daar is geen bewyse dat die geld ooit bestaan het nie. Woordvoerder Kazembire Zemburuka het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Die Ovaherero-volk is weer verdeeld. Hoze Riruako, die bekende politieke ontleder en seun van oud-opperhoof Kuaima Riruako, is verlede naweek as opperhoof verkies terwyl professor Mutjinde Katjiua reeds in Julie verlede jaar as opperhoof verkies is. Katjiua het nog geen openbare kommentaar oor die aangeleentheid gelewer nie maar, sy stafhoof, Itamunua Meroro het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê daar is net een opperhoof.
Die dierewelsynsorganisasie, Four Paws, sê die nul-konsep van die pandemieverdrag wat die Wêreldgesondheidsorganisasie gepubliseer het, sal mense nie teen die volgende pandemie kan beskerm soos dit tans daaruit sien nie. Die organisasie meen die konsep doen nie genoeg ten opsigte van billikheid of om te verhoed dat patogene van diere na mense oorgedra word nie. Die woordvoerder van Four Paws, Elize Parker, sê regerings wat hulle vir billikheid beywer, moet aandring op meer as entstowwe en tegnologie:
Plaasarbeiders en dwelm- en drankmisbruik bly ‘n uitdaging in Namibiese landbou. Dit is ‘n wesenlike probleem veral met die werk wat arbeiders moet verrig. Volgens Danie van Vuuren van die Namibiese Landbou-unie duur die probleem voort maar, tot ‘n mindere mate en word volgens die heersende wetgewing aangespreek. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Die burgemeesterskomiteelid vir Ekonomiese Groei in Kaapstad, James Vos, sê daar was nog nooit 'n belangriker tyd om werklik 'n verbintenis aan te gaan om weg te beweeg van fossielbrandstowwe en na die reuse-energiegeleenthede wat hernubare energie bied, te draai nie. Hy het die opening van Solar Power Africa 2023 in die Moederstad toegespreek. Hy sê hoewel die suidelike dele van die wêreld, wat streke in Afrika, Latyns-Amerika en suidelike Asië insluit, die minste bydra tot klimaatsverandering, is Afrika die streek wat die meeste ly weens die gevolge daarvan:
Die Oos-Kaapse Departement van Gesondheid het die vonnis van 'n gewese werknemer vir bedrog met 'n tender vir persoonlike beskermende toerusting verwelkom. Ayanda Matinise is tot tien jaar tronkstraf gevonnis op aanklagte van bedrog by die toeken van 'n tender van 23,7 miljoen Suid-Afrikaanse rand vir beskermende toersuting aan 'n privaat maatskappy tydens Covid. Die woordvoerder van die departement, Yonela Dekeda, sê die vonnis stuur 'n sterk boodskap dat oortreders behoorlik gestraf sal word:
Die Oos-Kaapse Departement van Vervoer sê rytoestande is in die meeste dele van die provinsie nie ideaal nie, aangesien die reënweer voortduur. Die paaie is nat en glad met swak sigbaarheid en dreigende rotsstortings omdat die grond in sommige dele deurweek kan wees. Die departement se woordvoerder, Unathi Binqose, doen 'n beroep op padgebruikers om altyd ekstra waaksaam te wees, spoed te verminder en 'n veilige volgafstand te hou:
Die Manhattan-distriksprokureur se kantoor sê hy finaliseer tans sy saak teen oudpresident DonaldTrump en voer aan dat die 130 000 Amerikaanse dollar wat in 2016 aan Daniels, 'n aktrise in die volwasse-bedryf, betaal is, is oortredings van verkiesings- en besigheidsrekordwette. Maar, kenners meen dit is nie so eenvoudig nie. Michael Smerconish, veteraan politieke joernalis by CNN, sê die saak alleen is nie net moeilik nie maar behoort nie veel van ‘n impak te hê nie.
Die Stad Tshwane sê hy hou drie nuwe laboratorium-bevestigde masels-gevalle fyn dop. Daar is verlede week bevestig 'n vyfjarige meisie van Nuwe Eersterus en 'n negejarige seuntjie van Olievenhoutbosch het masels opgedoen. Die twee jongste gevalle volg ná nog 'n bevestigde geval van 'n 14-jarige seun van Soshanguve. Hy is op 25 Januarie gediagnoseer en het dadelik gesondheidsorg ontvang. Die stad se woordvoerder, Sipho Stuurman, sê Pretoria het nou 17 bevestigde gevalle van masels sedert Mei verlede jaar:
Die DA is ontstoke oor Suid-Afrikaanse Toerisme wat ‘n forensiese ondersoek van stapel wil stuur oor die uitlek van raadbesprekings. Dit na dit aan die lig gekom met die nuus dat daar oorweeg word om ‘n miljard Suid-Afrikaanse rand te belê in Tottenham Hotspurs vir bemarking vir die land. Manny de Freitas, die DA se skaduminister vir toerisme sê alles moet gedoen word om fluitjieblasers te beskerm.
Die Republikeine is volgens berigte kwaad omdat President Joe Biden so lank gevat het om die opdrag te gee om die Chinese ballon af te skiet. Die Pentagon het sy toetse voltooi en sê dit was ‘n spioenasie-ballon. Brigadier-generaal Mark Ryder het met die media gepraat en vra hoekom het China nie laat weet dat hulle weerballon op pad was na die Amerikaanse lugruim nie?
Acaps, ‘n onafhanklike internasionale nie-regeringsorganisasie sê die hele Namibië, behalwe vir die Otjozondjupa-streek, is in ‘n voedselsekerheids-krisis, die derde hoogste vlak van krisis, gedompel. Hy voeg by dat in die Karas-streek is daar net 25 persent van huishoudings wat tussen 25 en 50 persent van die nodige kalorieë daagliks inneem met die Kavango Oos-streek ook op net 25 persent van huishoudings wat net meer as 50 van hulle daaglikse benodighede kan bekom. Acaps sê die Otjozondjupa-streek vaar beter en word op die tweede laagste, as voedsel-gestres, beskryf. Die goewerneur James Uerikua het in die afgelope twee jaar hard gewerk aan landbou en Kosmos 94.1 Nuus het met hom gesels oor sy streek se beste vertoning in die land.
Die Namibiese Hidrologiese Diens het vanoggend die Okavango-rivier se vloedvlakke op 5,75 meter bepaal en sê die rivier styg vinnig. Verdere reën word in die opvangsgebied verwag maar volgens Mark Paxton van Shamvura Camp by die rivier, lyk toestande heel normaal vir die tyd van die jaar, al word vloedpleine vol.
Reaksie word ontvang op navorsing in die VSA wat toon dat 40 persent van diere en 34 persent van plante in daardie land die risiko loop om uit te sterf. Daar is ook bevind dat 41 persent van ekosisteme ineenstorting in die gesig staar. Die VSA is ‘n baie groot uitvoerder van grane en graanprodukte en sou sy landbou begin misluk, kan daar internasionaal groot uitdagings wees. Kosmos 94.1 Nuus het met die uitvoerende hoof van die NMI-groep, Ian Collard hieroor gesels.
Die Wes-Kaapse regering doen 'n beroep op President Cyril Ramaphosa om vanaand in sy staatsrede beslissende maatreëls aan te kondig om Suid-Afrika se kragkrisis aan te pak. Volgens die provinsie veroorsaak die krisis aansienlike ekonomiese skade en maak inbreuk op burgers se regte. Die LUR vir Finansies en Ekonomiese Geleenthede, Mireille Wenger, doen 'n beroep vir verhoogde deelname aan ekonomiese groei en infrastruktuur van die privaat sektor, en om besteding aan onderwys, gesondheidsorg, veiligheid en suiwer staatsbestuur voorop te stel:
Die buurland se minister van openbare ondernemings, Pravin Gordhan, sê Eskom sal kontrakteurs en diensverskaffers begin monitor om te verseker dat hulle mandaat nagekom word. Gordhan sê die regering sal kontrakteurs aanspreeklik hou vir dienste wat aan kragstasies gelewer word in 'n poging om 'n oplossing vir die land se kragkrisis te vind. Die minister sê Eskom se bestuur sal ook deelneem aan die ondersoek van meer as 2 000 kontrakteurs en seker maak hulle voldoen aan hul mandaat:
Die sekretaris-generaal van die Britse vakbond vir brandweer-personeel Matt Wrack sê dit is onaanvaarbaar dat die regering nuwe wetgewing daargestel het wat hulle as noodsaaklike diens verklaar en dus verhoed om te staak. Wrack sê die tydsberekening van die stap sê alles.
Die speaker van die Suid-Afrikaanse parlement, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, sê dit sal nog tot so veel as vyf jaar neem, voor die gebou weer in volle gebruik sal wees. 'n Verwoestende brand het op die 2 Januarie verlede jaar by die gebou uitgebreek wat groot skade aan die gebou se binnekant en oorhoofse infrastruktuur gelaat het. Die buurland se Tesourie het laat verlede jaar 2 miljard Suid-Afrikaanse rand geallokeer vir die herstel en rehabilitasie van die geskiedkundige gebou. Kosmos 94.1 Nuus se korrespondent in Kaapstad, Fritz Platt het meer.
Die Internasionale Universiteit van Bestuur, of te wel, IUM, sê talle studente het vanjaar geregistreer en kursusse is tans besig om vol te raak. Volgens die stigter, dr. David Namwandi, is daar nie op die oomblik enige uitdagings nie en hy sien uit na ‘n goeie akademiese jaar.
Menseregte-organisasies wil hê President Cyril Ramaphosa moet die manier hersien waarop die Suid-Afrikaanse Grondwet die LGBT-gemeenskap hanteer. Die gemeenskap is van mening die Parlement se vertraging met die aanvaarding van die wetsontwerp op haatmisdade dui aan daar is 'n gebrek aan dringendheid in verband met hierdie sake. Die mededirekteur van Iranti Action, Nolwazi Tusini, beklemtoon ook die gemeenskap ly omdat dinge geweier word, soos toegang tot geslagsbevestigende gesondheidsorg en identiteitsdokumente:
Die Gautengse gesondheidsdepartement het ‘n derde laboratorium-bevestigde cholera-geval aangeteken.Die saak is Dinsdag in Johannesburg aangemeld. Die departement se hoof van kommunikasie Motalatale Modiba sê die derde geval is die man van die eerste bevestigde cholera-pasiënt. Modiba sê hy is Saterdag na ‘n gesondheidsfasiliteit in Johannesburg nadat hy cholerasimptome ervaar het en verdere toetse is uitgevoer.
ActionSA sê hy verwerp die regering se planne om aan 'n gesamentlike militêre oefening met Rusland en China deel te neem, ten sterkste. Van volgende Vrydag af sal die vlote van China, Rusland en Suid-Afrika tien dae lank aan die kus van KwaZulu-Natal deelneem aan wat amptelik bekend staan as Exercise Mosi Second. 'n Lid van ActionSA, Lerato Ngobeni, sê Suid-Afrika kan eenvoudig nie betrokke raak by 'n nuwe koue oorlog tussen die Weste en die Ooste nie:
Die Europese Kommissie sê hy verwerp bewerings dat die Europese Unie-sanksies wat ingestel is weens die Siriese regering se gewelddadige onderdrukking, 'n uitwerking op die lewering van humanitêre hulp sal hê. 'n Aardbewing van 7,8 het Turkye en Sirië getref en die lewens van minstens 15 000 mense geëis. 'n Woordvoerder van die kommissie, Janez Lenarčič, sê Sirië het die aktivering van die EU se burgerlike beskermingsmeganisme versoek:
Die Gift of the Givers-vrywilligers het in Turkye aan gekom. Die stigter, Imtiaz Sooliman sê die dringendste nood is mediese dienste en hulle sal daarop fokus in die komende dae. Hy voeg by hulle werk saam met die Suid-Afrikaanse polisiediens om vyf honde te stuur om te help met die reddingpogings.
Op 15 Februarie sal die Namibië Kamer van Handel en Nywerheid, in samewerking met die Khomas-streekraad ,'n besigheidsuitreikvergadering met SME's van die verskillende kiesafdelings in die Khomas-streek aanbied. Die kamer se ontwikkelingsbeampte, Antonia Ndume-Udeh, het meer.
Stad Kaapstad sê hy is gereed om na vyf jaar die Oseanewedvaart in die Moederstad terug te verwelkom. Vyf spanne van vyf vaarders elk word Sondag in Tafelbaai verwag vir hulle oorstaantyd in die Moederstad nadat hulle vanaf Kaap Verde gevaar het. Die burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekerheid, JP Smith, sê voor die seiljagte op die 26ste na Brasilië vertrek, sal die vaarders met verskillende bedrywighede vermaak word in die wedvaartdorpie op die V&A Waterfront:
Namibië se mosiehof-sessies hanteer weekliks miljoene in uitstaande skuld en dit wil voorkom asof dieselfde tendens in die buurland voorkom. Die ombud vir Bankdienste in Suid-Afrika het kommer uitgespreek oor mense wat versuim om hul lenings-ooreenkomste en terugbetalings na te kom. Dit volg nadat hoë inflasie, stygende rentekoerse en brandstofpryse die perfekte storm vir verbruikers geskep het. Die ombud, Reana Steyn, waarsku verbruikers daarteen om nie met debiteure te kommunikeer as terugbetalings nie nagekom kan word nie:
Die woordvoerder van die Namibiese Inkomste-agentskap, NamRA, het weer ‘n ommekeer gemaak. Tonateni Shidhudhu het Woensdagnamiddag gesê die nuwe wetgewing, wat bepaal dat enige voertuig wat in ‘n buurland gekoop word, nie in transito- of vir invoer-doeleindes bestuur mag word nie, word teruggetrek vir konsultasie. Hy het die nuwe reëls so beskryf.
TERUG: Na hy gesê het dié nuwe reëlings sal vir eers bespreek word, het hy het ook berigte wat die media reeds gedra het betreur. Maar, toe bevestig hy weer later dat die wetgewing wel van krag is vanaf 1 Maart.
Die Britse eerste minister Rishi Sunak wou nie bevestig op hy wel vegvliegtuie aan die Oekraïne, saam met meer langafstand wapens, sal skenk nie. Maar, hy het by ‘n perskonferensie eenvoudig gesê dat alles nog op die tafel is.
Vandag, 33 jaar gelede is die Namibiese Grondwet aanvaar. Die dokument word internasionaal geloof vir veral sy omgewingsbewustheid. Kosmos 94.1 Nuus het met die politieke ontleder Phanuel Kaapama gesels oor die mag wat die dokument vandag in Namibië het.
In Namibië is geletterdheid nie veel beter as in Suid-Afrika nie. ‘n Studie in die buurland het bevind ongeveer 60 persent van kinders het teen die einde van graad 1, en 30 persent teen graad 3, nie die meeste letters van die alfabet geleer nie. 'n Verstommende 82-persent van graad 4 leerders kan nie lees vir vertolking nie. Die bekende maatskaplike aktivis Rosa Namises sê dit handel oor ‘n kultuur van lees.
'n Politieke ontleder in die buurland sê vanaand se staatsrede is die belangrikste in Suid-Afrika se onlangse geskiedenis en ook vir President Cyril Ramaphosa se oorlewing. Die toespraak vind plaas terwyl die land deurloop onder vele uitdagings wat beurtkrag, lae ekonomiese groei, 'n hoë werkloosheidsyfer en misdaad insluit. Daniel Silke sê Ramaphosa moet die retoriek laat vaar wat sy vorige toesprake gekenmerk het, beslissend optree en meer kanse vat:
Parlement sal uiteindelik sy bedrywighede volgende week hervat. Die sogenaamde sewende sessie sal volgende week op 14 Februarie begin. Daar is baie uitstaande werk vir die huis om aan te spreek en volgens die waarnemende skakelbeampte van die Nasionale Vergadering, Rafael Hangula sal 12 wetsontwerpe ter tafel gelê word. Hy sê voorbereidings vorder goed.
Die tweede ronde van vanjaar se Sesnasiesreeks word hierdie naweek gespeel. Sondag speel Engeland tuis teen Italië met albei spanne wat nog na ʼn oorwinning soek. Die dag tevore, op Saterdag, is dit twee wenners van die eerste ronde wat in Dublin kragte meet – Frankryk teen Ierland, gevolg deur Skotland teen Wallis op Murrayfield. Skotland het verlede naweek goed weggespring deur Engeland te klop en volgens afrigter Gregor Townsend is momentum belangrik:
Die Namibiese Inkomste-agentskap, NamRA, het vroeër vandag nuwe wetgewing daargestel wat bepaal dat enige voertuig wat in ‘n buuland gekoop word, nie in transito- of vir invoer-doeleindes bestuur mag word nie. Maar, dit blyk of die wetgewing eers teruggetrek sal word. Tonateni Shidhudhu, woordvoerder by NamRA het die nuwe reëling vroeër so verwoord.
Die leier van die Britse opposisieparty Sir Keir Starmer sê Brittanje is verenig in sy ondersteuning van die Oekraïne. Sy aanmerkings kom na President Volodymyr Zelensky vandag die Britse parlement toegespreek het, in Londen.
Daar’s goeie nuus vir reën. Die bekende weerkenner Kobus Botha sê ‘n tropiese stelsel beweeg nou in Namibië in. Hy sê goeie neerslae word in die volgende paar dae verwag.
Die DA sê President Cyril Ramaphosa moet môre tydens sy staatsrede die verbintenis tot die vestiging van ‘n afstandwerkvisum aankondig. Dié werkvisum laat toeriste toe wat van die huis af werk om dit te doen terwyl hulle ander lande besoek. Die visum sal dit vir hierdie toeriste makliker maak om Suid-Afrika binne te kom. Die DA se Cayla Murray sê as die kwessies nie tydens die SONA aangespreek word nie, sal sy aan die presidensie skryf.
Die verpleegvakbond, Denosa verwag dat President Cyril Ramaposa baie klem sal plaas op die Nasionale Gesondheidsversekering en die land se verswakkende gesondheidsorgdienste tydens môre se staatsrede. Die vakbond sê baie Suid-Afrikaners word ontneem van gehalte-gesondheidsorg weens voortdurende tekorte aan personeel en hulpbronne. Denosa se woordvoerder, Sibongiseni Delihlazo, sê daar is geen manier dat Suid-Afrika spesialisverpleegkundiges vanaf ontwikkelde lande sal lok nie, maar uit armer lande:
Meer as helfte van Suid-Afrikaners maak nie goeie finansiële besluite nie, belê nie genoeg nie en berei nie voor vir aftrede nie. Dit wil voorkom asof dinge nie veel anders plaaslik vertoon nie. Die ekonoom Cons Karamata is van mening dat dieselfde tendens in Namibië waargeneem kan word, veral met afteegeld wat ‘n groot uitdaging bly. Karamata meen nie net is dit die houding van verbruikers nie, dit is ook die heersende ekonomiese toestande.
Reaksie word ontvang op eise deur gemeenskappe in die Kunene-streek wat vra nie net dat die vergoedingskema vir mens-dier-konflik hersien word nie, maar ook dat kwotas vir jag opgestoot word. In dieselfde asem sê die gemeenskappe droogte het die wild of laat vrek of migreer. Dr. Chris Brown, stigter van die Kamer van die Omgewing sê dit is onrealisties om vir jagkwotas te vra as die opnames nie die hoeveelhede toon nie.
President Volodymyr Zelensky het vandag besoek afgelê in Londen. Sy lugmag sal deur die Britse Lugmag opgelei word in wat eerste minister Rishi Sunak beskryf het as verdere bystand vir die beleërde land wat deurloop onder herhaalde Russiese aanvalle. Zelensky het kort na hy die verkiesing gewen het in 2019, Brittanje besoek. Hy sê daar is tee gedrink...
Die DA kritiseer die Departement van Bosbou, Visserye en die Omgewing om die proses vir die toewysing van visseryregte vir 2021/22 tot einde Oktober uit te stel. Die party sê dit het ongelukkigheid onder kleinskaalse vissers in die Wes-Kaap veroorsaak, wat intussen nie wettig kan visvang nie. Die voorsitter van die party se staande komitee oor Landbou en Omgewingsake, Andricus van der Westhuizen, sê daar word ook beweer dat lisensies toegeken is aan partye wat nie voornemens is om dit te gebruik nie:
Die Nywerheids-Gasgebruikersvereniging van Suid-Afrika het 'n tussentydse aansoek om verligting voor die Mededingingstribunaal in Pretoria gebring om Sasol te verbied om die prys van pypleiding-gas vir die volgende 12 maande te verhoog. Die uitvoerende hoof van die vereniging, Jaco Human, sê Sasol se voorgestelde verhoging sal meebring dat die prys van pypleiding-gas van 68 Suid-Afrikaanse rand tot 133 rand per giga/joule sal styg. Hy sê hulle wil hê die tribunaal moet geen verhoging toelaat nie aangesien dit die verbruiker sal raak:
Die 23ste Top Score sewe-aan-’n-kant toernooi is van stapel gestuur met ‘n borgskap van 134 200 Namibiese dollar. Die toernooi begin Vrydag 64 spanne wat in agt groepe kompeteer by Ramblers in die hoofstad. Shawapala Kandjabamja, handelsmerkbestuurder by Top Score het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.
Die Metaalwerkersvakbond, Numsa, vra meer boikotte teen Israel om vryheid vir die mense van Palestina te verseker. Die vakbond verwelkom die terugtrekking van ʼn uitnodiging aan die Israelse span Tel Aviv Heat om aan die Mzansi-uitdaagtoernooi deel te neem. Die vakbond beskuldig Israel daarvan dat hy apartsbeleid teen Palestina toepas. Numsa se woordvoerder, Phakamile Hlubi-Majola, het die Suid-Afrikaanse Rugbyunie uitgetrap omdat hy in die eerste plek ʼn span uit Israel genooi het:
Die Namibiese polisie het bevestig dat daar wel ‘n ondersoek van stapel gestuur is na beweerde bedrog van 60 miljard Namibiese dollar by die sogenaamde Credit Union Namibia. Adjudant-offisier Silas Shipandeni het die bevestiging aan Kosmos 94.1 Nuus gemaak.
Die Erongo-streek het uitdagings met wat bekend is as harde water wat of behandel moet word of eenvoudig nie benut kan word nie. Nou het die landbouministerie in samewerking met die Omgewingsbeleggingsfonds ‘n memorandum van verstandhouding onderteken om die uitdaging aan te spreek. Die Erongo-goewerneur, Neville Andre het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor die spesifieke uitdagings.
Die African Christian Democratic Party versoek President Cyril Ramaphosa om môre in sy staatsrede sleutelkwessies aan te spreek. Dit sluit in die krisis met energie en die ekonomie, stygende skuld en werkloosheid, armoede, ongelykheid, misdaad en korrupsie. Die adjunkpresident van die ACDP, Wayne Thring, glo tensy hierdie kwessies geprioritiseer en proaktief aangespreek word, sal die situasie net versleg vir die land se armes en kwesbares:
Die 2023 regsjaar is amptelik vandag geopen deur President Hage Geingob en die hoofregter, Peter Shivute. Volgens Shivute bly finansiële uitdagings ‘n probleem en belemmer die regbank om sy pligte voldoende uit te voer. Maar, hy voeg by dat die personeel regstaan om die publiek by te staan.
Die Britse eerste minister, Rishi Sunak, het bevestig 'n vliegtuig met 77 soek-en-reddingspesialiste, 'n mediese noodspan, toerusting en vier snuffelhonde, het in Turkye aangekom ná Maandag se verwoestende aardbewings. Die dodetal in die land en die naburige Sirië staan tans op byna ses-duisend. Sunak sê die span sal 'n volledige beoordeling van die situasie doen. Hy sê die Verenigde Koninkryk bied onmiddellik die ondersteuning wat die Turkse regering versoek en gaan voort om die situasie te evalueer:
Die kwessie van geneties-aangepaste saad is terug in die nuus met die Noord-Gautengse Hooggeregshof in Pretoria wat betoë aanhoor oor of Suid-Afrikaanse boere geneties-aangepaste mielies kommersieel kan verbou. Die Afrika-sentrum vir Bioverskeidenheid het in 2017 regstappe ingedien om die goedkeuring van Monsanto/Bayer se droogte-bestande geneties-aangepaste mielies vir kommersiële verbouing in Suid-Afrika te stuit. In Namibië word dit glad nie toegelaat nie. Kosmos 94.1 Nuus het by die bekende landboukenner, dr. Kobus Laubscher aangeklop om sy mening oor die tipe gewasse en die aanplant daarvan, te hoor.
President Hage Geingob is al weer in die spervuur. Hy het by die amptelike opening van sy kabinet gesê hy het nog nooit gesien dat kinders in Namibië onder bome skoolgaan nie...
Boere in die Omusati-streek kla oor die voorkoms van ‘n klein wurm wat op landerye verskyn. Die oomblik wat reën ontvang word, raak die wurm weg. Die streek se goewerneur Erginus Endjala sê die wurm is nog nie geïdentifiseer nie maar amptenare van die landbouministerie het reeds die gebied besoek. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.
Die Suid-Afrikaanse Suikerrietkwekers verwelkom die uitbetaling van meer as 79 miljoen Suid-Afrikaanse rand se transformasiefondse vir kleinskaalse produsente aan die einde van Januarie 2023. Die betaling, wat deur die Suid-Afrikaanse Suikervereniging gemaak is, bring die totaal vir transformasiefinansiering hierdie seisoen op 216 miljoen rand te staan. Alhoewel hierdie befondsing noodsaaklik is, sal dit nie genoeg wees om die land se meer as 21 000 kleinskaalse produsente te red nie weens 'n aantal winde wat die bedryf in die gesig staar. Dit is dus van kritieke belang dat President Cyril Ramaphosa sy staatsrede Donderdag gebruik om aansienlike maatreëls aan te kondig om die een miljoen lewensbestaan wat van die suikerbedryf afhanklik is, te red. Andrew Russell van die kwekers het met die media gepraat.
Die African Transformation Movement sê President Cyril Ramaphosa se bewind het tot die ondergang van Suid-Afrika gelei. Die nasionale woordvoerder, Zama Ntshona, sê die energiekrisis het begin toe die president in 2018 aan die bewind gekom het. Ntshona het ook die party se teenkanting teen die verklaring van ʼn energie-ramptoestand herbeklemtoon. Hy sê die ATM dring daarop aan dat Ramaphosa homself tot ʼn grondwetlike misdadiger verklaar en bedank. Volgens Ntshona sal die ATM met moeite na Ramaphosa se hele staatsrede kan luister:
Disney se dae waar hy sy eie oord in Florida regeer het sonder enige regte van die deelstaat se regering, blyk om binnekort verby te wees. 'n Nuwe wetsontwerp wat hierdie week vrygestel is, sal die maatskappy se distrik stewig onder beheer van Florida se goewerneur en wetgewende leiers plaas. Daar is menings dat Disney te liberaal is met seksualiteit en daarom is hy geteiken deur die Republikeinse leierskap in die deelstaat. Die goewerneur Ron DeSantis is op rekord dat geen maatskappy sy eie regering in Florida kan hê nie maar, hy sê ook die deelstaat verwerp wat hy die ‘woke-kultuur’ noem.
Sommige van Suid Afrika se grootste versekeringsmaatskappye het hul klante ingelig dat hulle binnekort alle eise, met betrekking tot elektroniese huishoudelike toestelle wat deur beurtkrag beskadig is, sal begin afkeur. Dit, nadat daar die afgelope paar maande 'n drastiese toename gesien is in die aantal eise wat huishoudings en besighede indien na hul elektroniese ware onklaar geraak het weens die aanhoudende kragonderbrekings. Fritz Platt het die storie vir Kosmos 94.1 Nuus uit Kaapstad.
Amerika se president, Joe Biden, het in sy tweede staatsrede gesê Amerikaners het 'n behoefte aan eenheid. Hy het 'n beroep gedoen op Republikeine om hom te help om die werk te voltooi om die ekonomie te herbou en geloof in Amerika se demokrasie te herstel. Dié toespraak word beskou as 'n bloudruk vir sy verwagte poging om in 2024 weer as president verkies word. Biden het onder andere ook verwys na die ekonomie, werkloosheid en Covid-19. Hy het 'n passievolle pleidooi gelewer om die verbod op aanvalswapens te hernu:
Die Green Connection gaan vandag in Kaapstad en Nelson Mandelabaai teen Total Energies betoog. Total Energies het verlede jaar aansoek gedoen vir 'n produksie-lisensie om twee groot brandstofvelde aan Suid-Afrika se suidkus, met 'n opbrengs gelykstaande aan 'n miljard vate olie, te ontgin. 'n Lid van Green Connection, Neville van Rooy, sê hierdie is nog 'n vernietigende projek ten spyte van klimaatkenners se aanbevelings om weg te bly van nuwe fossielbrandstof-ontwikkelings:
Die jongste verslag toon 'n effense verbetering in die finansiële welstand van Suid-Afrikaanse huishoudings. Dit dui op 'n herstel ná die probleme wat ondervind is tydens die Covid-19-pandemie. Die verslag, deur Momentum, kyk na 2021 en 2022. 'n Ekonoom van Unisa, Jacolize Meiring, sê die verbetering is indrukwekkend gegewe dat verbruikers tans worstel met hoër inflasie en rentekoerse:
Die Namibiese Rolbal-vereniging sê die land sal aan drie internasionale byeenkomste vanjaar deelneem. Spanne vir die Afrika-toernooi in Junie en die wêreldbeker in Augustus in Australië is reeds bekend gemaak. Die vereniging se sekretaris Derek Brune het met Kosmos 94.1 Sportnuus gesels.
Die Organisasie teen Belastingmisbruik sê President Cyril Ramaphosa gaan môre 'n nasie toespreek wat ontmoedig is deur beurtkrag en bang is oor werkloosheidsvlakke, armoede en misdaad. Die president lewer môreaand sy staatsrede in die Parlement. Outa se woordvoerder, Rachel Fischer, sê noudat Ramaphosa sy rol as ANC-president vir nog vyf jaar verseker het, is dit hoog tyd dat die land sien vorige beloftes word nagekom eerder as om nog leë beloftes by die lys te voeg:
Anette Rheeder gesels weer met ons weer pyn, en die natuur se antwoord vir die verligting en bestuur van kroniese pyn met ThreshHold Real MSM. ThreshHold Real MSM is beskikbaar by apteke in Namibië in verpakkings van 60 of 120, asook in ‘n gel om uitwendig aan te wend, beskikbaar in 50 of 100 ml buisies. Jy is welkom om gesondheids of produk navrae te rigm per epos na info@sanatural.co.za
Die Namibiese gesondheidsministerie sê masels is onder beheer in die land. In Suid-Afrika mobiliseer die Oos-Kaap, Wes-Kaap, Gauteng en Nood-Kaap om kinders in te ent. Verskeie roetine inentings het onder Covid gely. Die ministerie se uitvoerende direkteur Ben Nangombe sê na verlede jaar se uitdagings is daar nie noemenswaardige gevalle nie maar die situasie word gemonitor.
Oudpresident Jacob Zuma gaan appelleer teen die uitspraak wat ‘n regter ten gunste van President Cyril Ramaphosa gemaak het om die private vervolging teen hom as onwettig te verklaar. Dit is volgens die Jacob Zuma-stigting. Die woordvoerder van die stigting, Mzwanele Manyi, sê Zuma het direk na die Konstitusionele Hof gegaan om sy appèl in te dien. Manyi sê daar is verskeie redes waarom Zuma direk na die Hof gegaan het. Hy sê een van die redes is die kwessies wat uit die uitspraak gekom het toe die regter in Ramaphosa se guns beslis het.
ActionSA het sy visie en missie uiteengesit voor volgende jaar se algemene verkiesing. Die party se president, Herman Mashaba, sê hulle sal saam met voormalige staatsamptenare werk terwyl hulle Suid-Afrika vorentoe neem. Hy sê die uitwissing van swart ekonomiese bemagtiging sal een van die besluite wees wat hulle sal neem indien hulle verkies word. Mashaba sê 'n eerste beleidskonferensie sal binnekort gehou word:
Die ANC-regering het meer as 8 miljoen Suid-Afrikaanse rand begroot vir môre se staatsrede in Kaapstad. Die parlement se sekretaris, Xolile George, het aan die media gesê die geld is toegeken om meer as 250 gaste in die stadsaal te huisves. Hy sê maatreëls is ingestel om oorbesteding teen te werk:
Die Europese Kommissie sê hy werk onverpoosd om 'n bydrae te lewer tot die reddingspogings in Turkye en Sirië. Koorsagtige pogings is aan die gang om nog oorlewendes te vind terwyl die dodetal reeds op meer as 7 800 staan nadat 'n aardbewing die twee lande Maandag getref het. Die kommissie se woordvoerder, Balazs Ujvari, sê hulle het deur die Europese Unie se burgerlike beskermingsmeganisme reeds meer as 30 soek-en-redding- en mediese spanne uit 21 lande gestuur om te gaan help:
Die kwessie van biometriese data wat op die stadium deur MTC ingeneem word met SIM-kaart registrasie is steeds in die nuus. Tim Ekandjo, die bestuurder van korporatiewe aangeleenthede by die maatskappy sê alles vind binne die raamwerk van die wet plaas. Hy voeg by data sal beskerm word en is veiliger as om ID-kaarte te benut vir die proses.
Die prys van Brent ru-olie wipplank die afgelope paar dae na Opul se beslissing om produksie konstant te hou, China se verdere verligting van Covid maatreëls en die ekonomiese toestande in die VSA wat die Amerikaanse dollar versterk. Maar, Arney Tjaronda, ekonoom by High Economic Investment sê die reuse-aardbewing in Turkye en Sirië kan ook ‘n beduidende rol speel. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
President Joe Biden het sy staatsrede gelewer en soos verwag, verskeie suksesse van sy administrasie uitgewys. Die Amerikaanse ekonomie is nes meeste lande wêreldwyd deur Covid geknou en werkloosheid wat uiters hoog. Op die oomblik is die syfers op ‘n rekordlaagtepunt van 3,4 persent met meer as 800 000 werksgeleenthede wat deur die Biden-administrasie se infrastruktuurplan geskep is. Hy het ook onderneem dat konstruksie en vervaardiging die maksmum Amerikaanse roumateriaal moet gebruik. Hy sê niemand in die VSA sal ooit weer agter gelaat word nie.
Die uittredende uitvoerende hoof van Eskom, André de Ruyter, sê die miljarde wat munisipaliteite die kragvoorsiener skuld, is die rede waarom opwekkingsprobleme nie op die kort termyn opgelos kan word nie. Hy en die raadsvoorsitter Mpho Makwana het die parlement toegespreek. De Ruyter sê indien munisipaliteite hulle skuld betaal, kan beurtkrag met tot twee fases verbeter:
Intelligence Support Against Poaching, bekend as ISAP, doen ‘n beroep op lede van die publiek om na vore te kom indien hulle inligting het oor stropery. Veral renosters wek kommer met 93 persent meer renosters wat in 2022 gestroop is teenoor die vorige jaar. Fritz Kaufmann, ISAP-stigter, sê inligting word konfidensieel hanteer.
Die Suid-Afrikaanse parlement het bevestig hulle was in gesprek met Eskom om te verseker daar is geen beurtkrag-onderbrekings wanneer President Cyril Ramaphosa môre die staatsrede in die Kaapstadse stadsaal lewer nie. Die parlementêre sekretaris, Xolile George, sê hulle wil verseker daar is geen probleme nie:
Volgens 'n opname wat deur Afrobarometer gedoen is, ondersteun Namibiërs ‘n ouderdomsperk vir regeringshoofde. Die meerderheid Afrikane ondersteun 'n minimum van 74 persent en maksimum 76 persent ‘n oudedomsperk vir staatshoofde. Die bekende jeugaktivis Knowledge Ipinge sê daar is uitdagings maar, jeug laat hulself ook in die steek wanneer hulle geleenthede ontvang.
Die Formule Een-seisoen begin volgende maand in Bahrein. Dit het ʼn propvol program met 23 wedrenne, insluitende ʼn eerste Las Vegas Grand Prix en ses Sprint-naweke. Max Verstappen van Red Bull gaan probeer om die wêreldtitel die derde agtereenvolgende keer in te palm nadat hy 15 van verlede seisoen se 22 wedrenne gewen het. Die 25-jarige Nederlander sê hy wil aanhou verbeter:
Die Stad Kaapstad het rolspelers en besigheidsleiers, wat tans die 2023 mynbou indaba in die Moederstad bywoon, aangemoedig om die beleggings-geleenthede wat die Stad bied, aan te gryp. Onderburgemeester, Eddie Andrews, sê die Stad staan altyd gereed om besighede te help om hul kantore en bedrywighede te vestig. Fritz Platt, vir Kosmos 94.1 Nuus in die Kaap, het meer.
Die Universiteit van Namibië sê sy registrasie-reëls is aangepas. Studente wat 10 000 Namibiese dollar of minder skuld, mag nou registreer. Dit is ‘n aanpassing op die aankondiging vna 13 Januarie waar die drempel op 5 000 dollar was. Simon Nameshe, Unam se woordvoerder verduidelik.
’n Vooraanstaande Amerikaanse bewaringsgroep het bevind dat 40 persent van diere en 34 persent van plante in die VSA die risiko loop om uit te sterf, terwyl 41 persent van ekosisteme ineenstorting in die gesig staar. NatureServe, wat data van sy netwerk van meer as 1 000 wetenskaplikes regoor die Verenigde State en Kanada ontleed, sê die verslag is die omvattendste nog, wat vyf dekades se eie inligting oor die gesondheid van diere, plante en ekosisteme sintetiseer. Die organisasie se president, Sean O’ Brien sê sonder ekostelsels is mense ook bedreig.
Daar was volgens berigte groot teenstand in die aanstelling van Percy Misika, oud-uitvoerende direkteur in die landbouministerie en konsultant vir die VN by landbou-aangeleenthede, as tussentydse uitvoerende hoof van Amta. Misika is blykbaar te oud. Hy het op die ouderdom van 60 aan die einde van 2021 afgetree. Die kwessie van die aftree ouderdom van 60 was reeds in die kollig omdat daar sommige is wat glo dit is te jonk terwyl ander weer meen jongmense moet ‘n kans gegun word. Maar wat van ervaring? Job Muniaro, veteraan vakbondleier sê dit is die jongmense wat Amta in sy moeilikheid beland het en Misika kom met die regte wysheid en ervaring.
Simonis Storm het ‘n fondsbestuur-opname uitgevoer om beleggers se aptyt in die mark te bepaal. Volgens wat bevind is, is ontluikende markte baie meer aanloklik as ontwikkelde markte en die makelaarsfirma sê all aanduidings is dat aktiwiteite op die plaaslike beurs waarskynlik vanjaar sal verbeter. Meer as 55 persent van die respondente verwag hoër verhandeling vanjaar. Theo Klein van Simonis Storm verduidelik.
Die Ovaherero-volk het tans, effektief, twee opperhoofde en die finale besluit van wie word erken, professor Mutjinde Katjiua, of dr. Hoze Riruako, berus by die lynminister, Erastus Uutoni. Maar, dit help glad nie die hofsaak oor die volksmoord onderhandelings en skikking nie. Die Ovaherero Tradisionele Owerheid en die Nama Tradisionele Leiersvereniging sleep die regering hof toe daaroor en partye soos die LPM is betrokke by die inisiatief. Kosmos 94.1 Nuus het met die LPM se menseregteleier Joyce Muzengua gesels oor of daar enige impak aan die saak is.
Die Reproduktiewe geregtigheidsentrum het in Windhoek het sy deure oopgemaak. Daar sal vanmiddag om half-ses in inligtingsessie gehou word. Die sentrum, aangedryf deur die Voices for Choices-koalisie sal holistiese gesondheidsdienste aanbied om die liggaamlike integriteit van meisies en vroue te waarborg. Esme Leon van Sister Namibia sê dit is ‘n reuse-stap vorentoe.
Die Namibiese afvaardiging wat die Africa Mining Indaba in Kaapstad bywoon, woeker by die geleentheid. Die afvaardiging, wat deur die minister van myne en energie, Tom Alweendo gelei word, bestaan ook uit lede van die privaatsektor. Mynwese is uiters belangrik vir die vasteland dra in die algeheel by tot 60 persent van die Afrika-ekonomie. Kosmos 94.1 Nuus het met die ministerie se woordvoerder Andreas Simon gesels oor hul doen en late by die indaba.
Navorsing wat deur Sanlam in Suid-Afrika gedoen is, het aangedui dat die nasie nie die regte geldskuiwe in belangrike lewensfases maak nie, wat groot leemtes in hul finansiële beplanning tot gevolg het. Die opname het ook getoon dat meer as 54 persent van die respondente hul jonger self sou aanraai om aan geld te dink as ‘n bate om te groei, eerder as ‘n luuksheid om te spandeer. Sanlam sê een van die hoofredes waarom mense deurslaggewende oomblikke mis om gesonde finansiële beplanningsbesluite te neem, kan wees as gevolg van die neiging om onmiddellike beloning eerder as selfbeheersing te kies wat hulle uiteindelik sal bevoordeel. Die hoofbemarkingsbeampte by Sanlam, Mariska Oosthuizen, sê die navorsing het ‘n kommerwekkend lae voorkoms van finansiële beplanning getoon...
ActionSA in die Wes-Kaap is geskok omdat die Departement van die Omgewing Stad Kaapstad se aansoek vir 'n permit goedgekeur het om voort te gaan om rou riool in die see te pomp. Die permit laat die metro toe om vir 'n verdere vyf jaar riool te pomp in Groenpunt, Kampsbaai en Houtbaai. Michelle Wasserman van ActionSA sê die party is besig om sy appèlaansoek teen die permit af te handel:
Die Vryheidsfront Plus wil hê SA Rugby moet die sogenaamde "belanghebbendes" bekend maak wat ontevrede is oor 'n Israelse span se deelname aan die Msanzi-uitdaagtoernooi. Tel Aviv Heat is genooi om aan die nuwe kompetisie deel te neem waarin ses plaaslike spanne en vyf oorsese spanne vanaf Vrydag sal meeding, maar die uitnodiging is later teruggetrek. Anton Alberts van die VF Plus sê die gebrek aan respek vir die Israelse span is niks anders as politieke onderdanigheid nie en grens aan anti-Semitisme:
Arnaud Quemin, streeksdirekteur by Mercy Corps, ‘n internasionale humanitêre organisasie, het aan Sky News gesê daar is kommer oor toegang tot water in Sirië. Daar is ‘n moontlikheid van 'n cholera-uitbreking in die gebied ná gister se aardbewing.
Die burgemeester van Oshakati Leonard Hango sê daar is groot verligting omdat die watervlakke van die efundja nie net stabiliseer nie, maar ook begin terugsak. Hy sê die meeste van die gebiede vaar beter maar, dat die oostelike dele moontlik nog kan sukkel.
Die Instituut vir Rasse-aangeleenthede sê dit gaan vir President Cyril Ramaphosa geweldig moeilik wees om Donderdag se staatsrede ‘n positiewe inslag te gee. Die president sal die toespraak lewer te midde van 'n energiekrisis, hoë werkloosheidsyfer en ongebreidelde vlakke van misdaad en korrupsie. ‘n Ontleder by die instituut, Gabriel Crouse, sê Ramaphosa hét die mag om Suid-Afrika se afswaai te stuit, maar het skynbaar 'n gebrek aan wil, want dit sal handeling van hom vereis wat indruis téén ideologies-gemotiveerde, teenproduktiewe beleid:
Die boere in die mieliedriehoek het baie goeie reën ontvang maar, landerye is te nat om enigsins werklik nuut te saai al is dit laat in die seisoen. Die boere wat reeds geplant het is baie tevrede. Herman Stroh, ‘n boer ongeveer 25 kilometer buite Grootfontein sê daar is dalk uitdagings maar water in die grond maak boere se harte bly.
Daar is baie gesê oor die plaaslike tenderproses en dat dit net voordelig is vir sekere persone en nie werklik enige werksgeleenthede skep nie. Daar word beaam dat een persoon ‘n tender ontvang en eenvoudig die goedere invoer. Kosmos 94.1 Nuus het met Tim Parkhouse, voormalige sekretaris-generaal oor die uitdaging gesels en in sy mening, moet die stelsel vinniger en meer vaartbelyn wees om sodoende werk te skep as plaaslike maatskappye voordeel daaruit kan trek.
Reaksie word ontvang op ‘n uitreik in die Oos-Kaap in die buurland in ‘n poging om drankmisbruik onder leerders hok te slaan. Verskeie skole is in die provinsie gekies met ambassadeurs wat onder die leerders aangestel is. Nes Namibië is daar uitdagings met die verkoop van drank op skoolpersele. Kosmos 94.1 Nuus het met die oud-ombud, advokaat John Walters oor die Namibiese stand van sake gesels. Hy sê drank is vrylik beskikbaar.
Leierskapstyl en beleid wat nie in die lang-termyn funksioneer nie, veroorsaak meeste van die probleme wat die wêreld vandag te kampe het. Dit is die mening van die sekretaris-generaal van die VN Antonio Guterres wat byvoeg dat die tipe denke die probleme meer onoplosbaar, verdelend en gevaarlik maak. Hy sê dinge gebeur nie in stappies nie.
Die Namibiese landbouministerie hou in samewerking met die Wêreld Meteorologiese Organisasie, 'n vergadering oor die Hidrologie- en Waterkoördineringspaneel in Swakopmund. Die paneel werk vir die volhoubare gebruik en bestuur van waterbronne, ook oorgrensbronne, sowel as dienste in die verband. Die uitvoerende direkteur in die ministerie Ndiyakupi Nghituwamata sê belangrikheid van die werk kan nie oorbeklemtoon word nie.
Die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging doen 'n beroep op die regering om 'n gespesialiseerde mediese hof te stig. Dit volg ná 'n onlangse voorval waarin moordaanklagte teen 'n pediatriese chirurg aanhangig gemaak is. Dr Peter Beale is aangekla van die dood van 'n tienjarige kind en 'n baba van 21-maande wat albei gesterf het nadat hulle dieselfde soort operasie ondergaan het. Mark Human van SAMA sê 'n gespesialiseerde hof sal die gesondheidstelsel help om mediese-regsaangeleenthede beter te hanteer:
Inwoners van Gauteng word aangeraai om nie paniekbevange te raak nadat twee bevestigde cholera-gevalle in die provinsie aangemeld is nie. Die LUR vir Gesondheid, Nomantu Nkomo-Ralehoko, het verseker die situasie is onder beheer. Sy het bevestig reaksiespanne is geaktiveer terwyl verhoogde toesigmaatreëls ingestel is. Volgens die Departement van Gesondheid se woordvoerder, Motalatale Modiba, is die twee bevestigde gevalle susters wat saam vanaf Malawi gereis het vir 'n begrafnisdiens:
President Hage Geingob het vanoggend die amptelike opening van die jaar se bedrywighede van die kabinet hanteer. Hy het redelik geïrriteerd voorgekom en sy ministers berispe oor die land se korrupsie-plasing. Hy sê landsleiers wil nie met die media praat nie.
Die Oos-Kaapse Departement van Gesondheid sê hy verskerp sy veldtog om kinders tussen ses maande en 15 jaar teen masels in te ent, nadat twee gevalle aangemeld is. Die departement se woordvoerder, Mkhululi Ndamase, sê kinders tussen ses maande en 15 jaar wat nie ingeënt is nie moet gespuit word.
Die DA sê die ANC se wanbestuur van die beurtkragkrisis veroorsaak chaos vir sakeondernemings van alle groottes. Jan de Villiers van die party sê die regering moet onmiddellik sy model waarvolgens hy die brandstofprys vasstel, hersien en die brandstofheffing skrap om die buitensporige las op die sakesektor, en veral klein-, medium- en mikro-ondernemings, te verlig. Hy sê die ANC-administrasie plaas deur verskillende heffings 'n vernietigende 33-persent belasting op brandstofpryse en vererger inflasiedruk op landsburgers:
‘n Kosmos 94.1-luisteraar sê sy sukkel reeds sedert November verlede jaar om ‘n BTW-belastingnommer te de-registreer. Sy sê sy is uiters swak behandel en aangesê om op te hou kla. Kosmos 94.1 Nuus het met NamRA se hoof van kommunikasie Tonateni Shidhudhu gesels oor wat skeef geloop het.
Die buurland se leierskapkenner Mazwe Majola sê President Cyril Ramaphosa moet nie langer konserwatief optree nie en sy kabinet aankondig. Dit volg nadat vier ANC-lede Maandag as parlementslede ingehuldig is. Majola sê indien Ramaphosa uitstel om sy kabinet aan te kondig sal dit verwarring in die party veroorsaak. Hy sê die president moet beslissend optree en sy kabinet aankondig sodat ministers kan weet waar hulle staan
EFF-leier Julius Malema doen 'n beroep dat alle sanksies wat Amerika, die Europese Unie en Arabiese Liga teen Sirië ingestel het, onmiddellik opgeskort word om hulp aan die land toe te laat. Dit volg terwyl 'n reddingspoging aan die gang is oor die grootste deel van suidelike Turkye en die noorde van Sirië ná 'n geweldige aardbewing waarin duisende dood is. Malema sê die internasionale gemeenskap moenie hierdie tragedie verpolitiseer nie:
Nes in Namibië is daar ook uitdagings met geweld in skole in die buurland. Die Suid-Afrikaanse onderwysersvakbond Naptosa het sy kommer uitgespreek oor toenemende voorkoms daarvan. Dit volg ná 'n onlangse vlaag gewelddadige voorvalle in skole regoor die land. Die organisasie vra nou dat streng veiligheidsmaatreëls ingestel word om sulke insidente te vermy. Basil Manuel van Naptosa sê die lewens van leerders en onderwysers is in gevaar:
Die Wêreldgesondheidsorganisasie sê die dodetal in Turkye en Sirië kan tot meer as 20 000 styg. Die beraamde syfer is tans 4 300 ná die aardbewing van 7,8 wat dié twee lande gister in die vroeë oggendure getref het. 'Meer as tien soek- en reddingspanne van die Europese Unie word ingespan om met die reddingswerk te help en Brittanje is ook daar soos die minister van buitelandse sake James Cleverley verduidelik.
Geslagsgeweld is oral ‘n uitdaging. Die Wes-Kaapse regering het 'n mediaveldtog van stapel gestuur wat daarop gemik is om aandag te skenk aan die kernoorsake van geslagsgeweld in Suid-Afrika. Die veldtog sal op verskeie platforms uitgesaai word en moedig mans aan om hulp te soek en die siklus van mishandeling te beëindig. Die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling bied programme aan wat op mans gerig is, oor hul rolle en verantwoordelikhede in die huis en oor hoe om positiewe gedrag in gesinne te bevorder. Die premier, Alan Winde, sê die doel is om veerkragtige en gesonde gesinne te skep vir 'n bestendige en veilige samelewing:
Die Swakopmund-munisipaliteit het ‘n konferensie met ouers in die kusdorp gereël om die swak akademiese prestasie van leerders aan te spreek. Dit sal op 11 Februarie by die Mondesa-sentrum om nege-uur plaasvind. Volgens Linda Mupupa van die dorpsraad, sal ‘n oplossing ook talle ander maatskaplike uitdagings aanspreek. Sy verduidelik.
President Cyril Ramaphosa sê hy is hartseer oor die grootskaalse lewensverlies en die omvang van beserings na 'n aardbewing in Turkye en Sirië. Meer as 4 300 mense is reeds dood nadat 'n aardbewing van 7,8 die twee lande gister in die vroeë oggendure getref het. Die presidensie se woordvoerder, Vincent Magwenya, sê Ramaphosa het sy waardering uitgespreek vir die Suid-Afrikaanse humanitêre hulporganisasie, Gift of the Givers, wat by die internasionale reaksiespanne in Turkye en Sirië aansluit:
Prolife Namibia het baie planne vanjaar in hul pogings om aborsies in Namibië te verhoed. Weggooi babas is veral ‘n probleem en so ook onwettige aborsies met meer as 3 000 wat in die afgelope twee jaar aangemeld is. Sasha Louw, stigter van Prolife Namibia het hulle planne vir die komende jaar so aan Kosmos 94.1 Nuus verwoord.
Amper 2,2 miljoen kubieke meter water is in sewe dae by Neckartaldam onttrek. Op die oomblik word die reuse-dam, wat drie keer groter as Hardap is, nie vir enige besproeiing gebruik nie al is dit in die toekomstige planne. Die dam staan tans net bo 92 persent van kapasiteit. Neckartal het turbines wat krag opwek wanneer water uitgepomp word maar, daar is nog nie landerye hiervoor nie. Kosmos 94.1 Nuus het met die uitvoerende hoof van NamWater, Abraham Nehemia gesels oor presies watter bedrywighede die afgelope week by die dam uitgevoer is. Hy sê daar is toetse aan die stelsels van die dam gedoen.
Die amper verdubbeling van renosterstropery in Namibië verlede jaar teenoor 2021, wek kommer. Daar is ook vrese dat die misdaad deur sindikate aangedryf word en dit maak dit baie moeiliker om te beheer. Toerisme ly ook daaronder. Jaco Muller van die Rhino Momma-projek sê hy glo die wettiging in handel met renosterhoring is die antwoord.
Die Suid Afrikaanse Minerale Raad waarsku dat die verskeie uitdagings wat die mynbou bedryf in die buurland in die gesig staar daartoe gelei het dat die sektor se produksie met bykans 10 persent op ‘n jaargrondslag, vanaf Januarie 2022, gedaal het. Die Raad sê beurtkrag en die agteruitgang van die land se paaie, hawens en spoorweg infrastruktuur verg die regering se dringende aandag. Dit kom nadat die energieminister Gwede Mantashe gesê het dat hy nog geen aanduiding ontvang het dat beurtkrag die bedryf enigsins negatief beïnvloed het nie. Fritz Platt, vir Kosmos 94.1 in Kaapstad het die storie.
Die Namibiese handelsministerie sal belanghebbendes toespreek oor verbruikersbeskerming en die proses om dranklisensies te bekom. Die noordoostelike dele van die land word besoek met die eerste bespreking in Rundu. Die publiek en belanghebbendes word uitgenooi om aan te sluit by minister Lucia Ipumbu en haar ministeriële afvaardiging op Rundu môre om tien-uur by die Rundu Hotel. Ministeriële woordvoerder Elijah Mukubonda het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.
Dis ʼn taai wedloop boaan die punteleer van die Engelse Premierliga nadat die twee boonste spanne albei die afgelope naweek verloor het. Die boonste span, Arsenal, het een-nul teen Everton verloor en Manchester City het met 1-0 teen Tottenham Hotspur vasgeval. Manchester United het Crystal Palace met 2-1 verslaan om die gaping met Man City met drie punte te laat krimp. Arsenal het slegs die tweede keer in 20 ligawedstryde verloor, maar die bestuurder, Mikel Arteta, bly positief:
Die uitvoerende hoof van die Besigheids- en Intellektuele Eiendomsowerheid Bipa, Vivienne Katjiuongua, sê Namibië se korporatiewe wetgewing moet aangepas word om die land mededingend te maak. Sy het kommentaar gemaak tydens 'n internasionale dinkskrum wat vandag begin het en deur Bipa gereël is. Dié geleentheid fokus op hervorming van onder meer die Maatskappywet. Ockert Jansen, hoof van bemarking en kommunikasie by Bipa sê baie van die bepalings van die wetgewing is verouderd.
Die Namibiese Korrektiewe Diens sal aan die einde van die maand begin met die opleiding van die nuwe kandidate. ‘n Totaal van 245 kandidate wat suksesvol was uit 'n kortlys van sowat 15 000 aansoekers is onlangs bekend gemaak. Die opleiding sal op Omaruru plaasvind. Adjunkkommissaris-generaal Sam Shaalulange van die diens, het aan Kosmos 94.1 Nuus verduidelik watter tipe opleiding die kandidate sal ondergaan.
Die Instituut vir Rasseverhoudinge sê Suid-Afrika is steeds onder die lande met die hoogste moordsyfer. Dit volg ná 'n toename in massaskieterye in verskeie provinsies oor die afgelope weke. Gabriel Crouse van die instituut sê Suid-Afrika beleef 'n groot krisis ten opsigte van veiligheid. Hy sê misdaadvoorkoming moet op die voorgrond wees, en vra dat die wetstoepassing-sektor reggestel word:
Die Kunene-streek het baie goeie reënval ontvang na jare van ondergemiddelde syfers en uitgerekte droogte. Maar, die streeksgoewerneur Marius Sheya sê van die grondpaaie in die streek kan beskadig wees terwyl ander weer lopende riviere het wat toestande uiters gevaarlik maak. Hy sê inwoners en besoekers moet versigtig bestuur.
Die Suid-Afrikaanse minister van minerale bronne en energie, Gwede Mantashe, sê die regering moet dringend voorkeur gee aan die oplossing van uitdagings waarmee vrag- en spoorwegbedrywighede in die mynbedryf te kampe het. Mantashe was die openingspreker op die 2023 Belegging in Afrika Mynbou-indaba in Kaapstad en sê die styging in globale energiepryse het ʼn negatiewe uitwerking op die bedryf se bedryfskoste. Hy sê logistieke bottelnekke by spoorweë en hawens lei tot ʼn afname in uitvoervolumes van steenkool, yster-erts, mangaan en chroom:
Die Namibiese kabinet hervat môre sy bedywighede vir die jaar. President Hage Geingob sal die sessie amptelik open. Maar, daar is oor die algemeen teleurstelling in die regering veral as gevolg van dienslewering. Die politieke ontleder dr. Ndumba Kamwanya sê die sessies handel meer oor politiek as dienslewering en meen dat groen waterstof en ru-olie meer ter sprake sal kom omdat Geingob dit as sy nalatenskap ag.
Die prys van Brent ru-olie het vanoggend redelik gestyg maar het weer teruggesak en op ‘n stadium rondom 79 Amerikaanse dollar ‘n vat verhandel. Op die oomblik het dit effe geklim na net bo 81 dollar ‘n vat. Dit is natuurlik goeie nuus vir verbruikers en daar is verskeie redes hiervoor. Die bekende beleggingsekonoom van Suid-Afrika Dawie Klopper, het hulle so uiteen gesit.
Berigte dat konstruksiewerk op die Hosea Kutako-roete gestaak het as gevolg van wanbetaling, is nie korrek nie. Die hoof uitvoerende beampte van die Namibiese Pad-owerheid Conrad Lutombi sê kontrakteurs is betaal maar, daar is wel uitdagings met die betaling van konsultante. Hy gesels met Kosmos 94.1 Nuus en sê dit is ‘n kwessie wat aangespreek moet word.
Die Organisasie teen Belastingmisbruik sê alle belanghebbers in die private en openbare sektor moes geraadpleeg word oor die voorgestelde transaksie van 1 miljard Suid-Afrikaanse rand tussen Tottenham Hotspur en SA Toerisme. Drie raadslede se bedanking is onmiddellik van krag omdat hulle nie kon saamstem met die voorgestelde borgskap van die Engelse Premierliga-sokkerspan nie. Die uitvoerende hoof van Outa, Wayne Duvenhage, sê meer ondersoeke is nodig:
Die Namibiese Behuisingsonderneming het vandag 60 huise oorhandig aan inwoners van die Greenwell Matongo informele nedersetting in die hoofstad. Daar is groot uitdagings met behuising en die onderneming is ongeveer 300 000 eenhede agter. Om dit in te haal in die volgende tien jaar is meer as 30 000 eenhede jaarliks nodig. Die onderneming se personeel wag ook nog op stakingreëls vir ‘n algemene staking op te begin. Maar, ten spyte van die uitdagings sê die minister van stedelike ontwikkeling, Erastus Uutoni, elke woning help en die onderneming moet voortbou.
Agri Wes-Kaap sê hy hoop President Cyril Ramaphosa sal verduidelik hoe die regering die landbousektor gaan ondersteun wanneer hy Donderdag sy staatsrede lewer. Die uitvoerende hoof, Jannie Strydom, sê hulle verwag daar moet aandag gegee word aan die uitdagings rondom beurtkrag. Hy sê ook landbou moet tot 'n noodsaaklike sektor verklaar word. Strydom sê Agri Wes-Kaap hoop daar is 'n aksieplan vir 'n realistiese en werkbare langtermynoplossing:
Die Stad Tshwane sê die Tshwane Metropolisie se kabeldiefstaleenheid werk onverpoosd om die vlaag van kabeldiefstal regoor die stad hok te slaan. Die eenheid het gedurende ʼn onlangse patrollie in die omgewing van Bronkhorstspruit gemerk een eiendom huisves ʼn skrootmetaalhandelaar. Die stad se burgemeesterskomiteelid vir gemeenskapsveiligheid, Grandi Theunissen, sê by nadere ondersoek van die perseel het hulle op koper afgekom wat van kabels afkomstig was:
Die DA sê hy sal ‘n Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting aansoek indien in verband met die voorgestelde borg van Tottenham Hotspurs. Dit volg op onthullings dat die Departement van Toerisme beplan om die Engelse sokkerklub oor drie jaar met byna een miljard rand te borg. Die DA sê hy wil dokumentasie hê wat sal wys dat Suid-Afrika by dié ooreenkoms sal baat. Die DA se skaduminister van toerisme, Manny de Freitas, sê dit is ook belangrik dat President Cyril Ramaphosa sy teenkanting teen hierdie ooreenkoms moet verklaar.
Die Britse senior advokaat wat in mediese reg spesialiseer, Sir Robert Francis, sê die regering moet ‘n noodtoestand verklaar. Verpleërs staak in die Verenigde Koninkryk en volgens Francis, sterf tot 500 pasiënte onnodig.
Amptenare van die Gesondheidsdepartement in Stad Kaapstad sluit aan by 'n nasionale veldtog om 'n masels-uitbreking hok te slaan. Die veldtog, wat vandag begin en tot die 31ste van volgende maand duur, volg in die nasleep van die masels-uitbreking in vyf provinsies. Die stad se burgemeesterskomiteelid vir Gemeenskapsdienste en Gesondheid, Patricia van der Ross, sê daar is nie 'n maselsuitbreking in die Wes-Kaap nie, maar daar is vyf gevalle in die provinsie aangemeld:
Vier skole is tydelik in die Oshana-streek weens die vloede gesluit terwyl meer as 80 onderwysers en sowat 2 000 leerders by die huis sit. Nóg vyf skole sal na verwagting in die streek sluit, maar onderrig gaan voort vir hoërskoolleerders. Volgens die adjunk-onderwysdirekteur in die streek, Hilma George, word die vloedsituasie gemonitor en die betrokke owerhede staan gereed om op te tree, sou die situasie 'n ingryping vereis. Die adjunk- uitvoerende direkteur in die onderwysministerie, Edda Bohn bevestig aan Kosmos 94.1 Nuus die ministerie is op hoogte van wat op grondvlak gebeur en die prioriteit is om leerders en onderwysers te beskerm.
Belanghebbendes het die DA in Gauteng genader oor ernstige operasionele probleme by die Gautengse Drankraad. Drankhandelaars bestee gewoonlik baie geld aan regspesialiste om hulle te help met die ingewikkelde en dikwels onvriendelike proses om 'n dranklisensie te bekom. Die DA-lid, Dorianne Arendse, sê drankhandelaars ondervind ondanks die ekstra hulp steeds lang vertragings in die goedkeuringsproses vir hul aansoeke:
Die eerste ronde van die Nasionale Motocross-kampioenskap sal volgende week Saterdag op 18 Februarie by Omaruru gehou word. Toeskouers en deelnemers kan uitsien na ‘n aksie-belaaide dag vol adrenalien en familie-vermaak. Phellazie Simon, wat op die reëlingskomitee is, het meer besonderhede.
Azaan Madisia en Steven Malundu, wat aangekla word van moord op die Walvisbaaier Shannon Wasserfall in April 2020, se verhoor het vandag voor regter Christie Liebenberg begin. Die twee het skuld ontken op aanklagte van moord en roof, maar skuld beken op 'n aanklag van dwarsboming van die gereg. Madisia, 30, en Malundu, 24, het erken dat hulle op 10 April 2020 Wasserfall se lyk uit Madisia se woonstel verwyder en naby Walvisbaai se Dunes Mall begrawe het, waar haar oorskot in Oktober ontdek is. Madisia het ook skuld erken op twee aanklagte van versekeringsbedrog. Shannon se broer, Dennis Wasserfall sê hy weet nie watter speletjie die twee speel nie.
'n Namibiese landboukenner het sy reaksie gegee op die rasseherrie wat rondom Meatco losgebars het. Dit volg nadat die landbouminister Calle Schlettwein sy teleurstelling uitgespreek het oor die rasse-inslag wat die bespreking oor Meatco ingeneem het. Dit volg ná kommentaar op sosiale media dat daar 'n agenda is om Meatco te laat ondergaan om die belange van abattoirs in privaat besit te bevorder. Landboukundige Wallie Roux sê hy stem saam met Schlettwein dat Meatco in finansiële moeilikheid is.
Eerste minister Saara Kuugongelwa-Amadhila sal vanmiddag om drie-uur met die uitvoerende direkteurs van die land se ministeries vergader. Die premier is verantwoordelik vir die staatsdiens en die vergadering sal veral hulle prestasie evalueer en die pad vorentoe vir die jaar baan. Haar hoof skakelbeampte, Rhingo Mutambo, het met Kosmos 94.1 Nuus oor die vergadering gesels.
Die jaarlikse Afrika Mynbou Indaba het vroeër vanoggend in die Moederstad afgeskop, met duisende afgevaardigdes en kenners, wat ‘n Namibiese afvaardiging insluit, wat tot Donderdag vergader. Die buurland se minister van minerale hulpbronne, Gwede Mantashe was by die amptelike opening van die 2023 Indaba en het oorsese maatskappye uitgenooi om van die unieke beleggings-geleenthede, wat die land se mynbou-sektor bied, gebruik te maak. Fritz Platt het doen verslag vir Kosmos 94.1 Nuus vanuit die Kaap.
Die beampte in beheer van die vloednoodsentrum op Oshakati, Jonas Kapenda, sê grondpaaie is in die Oshana-streek weggespoel wat gemeenskappe afgesny het en dit vir hulle moeilik maak om toegang tot noodsaaklike dienste te kry. Hy het bevestig dat die vlak van die vloedwater steeds vinnig styg en veral hoog is in die Ongwediva- en Ondangwa-landelike kiesafdelings. Van die streek se drie dorpe is Ondangwa en Ongwediva nog nie geraak nie, maar by Oshakati is meer as 20 huishoudings uit hul huise ontruim en nóg sal hervestig word. ’n Tentkamp is by Ehenye opgerig om hulle te akkommodeer. Kapenda het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Britse verpleërs staak weer vandag na salaris-onderhandelings steeds nêrens gekom het nie. Dit is die grootste staking sedert die stigting van die Nasionale Gesondheidsdiens in Brittanje. Die algemene sekretaris van die Royal College of Nursing, Pat Cullen sê die eerste minister Rishi Sunak het sy rug om hulle gedraai.
Die sentrale-suide sal die week voordeel trek uit die huidige reënseisoen. Die bekende weerkenner van die Suide, George van der Merwe sê die klein katspoeg-buie is vir eers verby.
PDM-leier McHenry Venaani, wat 'n kandidaat was vir die verkiesing van die opperhoof van 'n faksie van die Ovaherero Tradisionele Owerheid, het die pasverkose opperhoof, dr. Hoze Riruako, versoek om eenheid in die erg verdeelde gemeenskappe te vestig. Venaani sê hy het alleenlik as kandidaat gestaan om die Ovaherero te verenig. Hy sê hy ondersteun die nuwe opperhoof ten volle.
Harry Kane het Jimmy Greaves se rekord verbeter en met 267 doele Tottenham Hotspur se voorste doelskopper geword. Manchester City het die kans verspeel om die gaping tussen hulle en die leiers, Arsenal, te verklein ná 'n een-nul-nederlaag teen Tottenham, met Kane se doel wat die uitslag bepaal het. Dit is ook sy 200ste doel in die Premierliga. Hy is slegs die derde speler saam met Alan Shearer en Wayne Rooney wat dié prestasie kon behaal. Kane sê hierdie mylpaal is 'n droom wat waar geword het:
Die Oos-Kaapse LUR vir Ekonomiese Ontwikkeling, Omgewingsake en Toerisme, Mlungisi Mvoko, stel Dinsdag die Leerder-ambassadeursprogram by 12 skole bekend. Hy word vergesel van lede van die provinsiale wetgewer en die uitvoerende hoof van die Oos-Kaapse Drankraad, Nombuyiselo Makala. Die veldtog wil die kwessie van alkoholgebruik onder leerders pak. Die raad se woordvoerder, Mgwebi Msiya, sê vier leerders van elke skool is benoem om as ambassadeurs op te tree en die boodskap te versprei:
Daar heers groot opgewondenheid oor die bywoning van die Namibiese ministerie van myne en energie wat die Afrika Mynbou Indaba bywoon. Dit het vandag in Kaapstad begin en duur tot Donderdag. Die Namibiese afvaardiging, onder leiding van minister Tom Alweendo, sal Namibië se beleggings-vooruitsigte in die mynbou-sektor aanbied deur middel van 'n reeks sake-vergaderings wat môre plaasvind. Woordvoerder van die ministerie Andreas Simon het meer.
'n Agterstand in DNS-toetse frustreer talle Suid-Afrikaners want dit vertraag die begrafnisse van geliefdes wat oorlede is. Ondanks die aankondiging van die minister van Polisie, Bheki Cele, van 'n 30 persent verlaging in die DNS-ontledingsagterstand tot minder as 70 000, wag talle families steeds vir uitslae. 'n Gesin van Mpumalanga wat in Desember vier lede in 'n motorongeluk verloor het, kon hulle nog nie begrawe nie. 'n Polisiewoordvoerder, Selvy Mohlala, sê hulle is bewus van die vertraging:
ActionSA se leier, Herman Mashaba, stel vandag die party se visie bekend van die Suid-Afrikaanse Droom vir 'n inklusiewe en vooruitstrewende toekoms vir die nasie. Dit is in aanloop tot President Cyril Ramaphosa se staatsrede wat Donderdag plaasvind. ActionSA se woordvoerder, Lerato Ngobeni, sê hulle verwag dat Ramaphosa wéér nie hoop sal kan bied aan landsburgers nie:
SME's Compete het gereageer op die Bank van Namibië wat sy SME ekonomiese herstel-leningskema aangepas en weer bekend gestel het. Die skema is oorspronklik tydens Covid van stapel gestuur maar, is nou verander vir die huidige uitdagings. In die nuwe skema, word daar melding gemaak van uitstaande belasting in samesprekings met NamRA. Danny Meyer, direkteur van SMEs Compete, verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus.
Die DA het 'n voorstel van die ANC se nasionale uitvoerende komitee verwerp dat die minister van samewerkende regering, Nkosazana Dlamini-Zuma, die nasionale ramptoestand oor beurtkrag lei indien dit ingestel sou word. Die voorstel het na wat berig word tydens die ANC-NUK se lekgotla ter sprake gekom. Kevin Mileham van die DA sê, Dlamini-Zuma het haar mag in 2020 misbruik toe 'n ramptoestand oor Covid-19 afgekondig is, en sy sal dit weer doen:
Die Suid-Afrikaanse gesondheidsdepartement doen ’n beroep op Suid-Afrikaners om waaksaam te wees ná die opsporing van twee cholera-gevalle in die land. Die laboratorium-bevestigde sake is verbind met twee susters wat van Johannesburg in Gauteng na Malawi gereis het vir ‘n begrafnis. Die departement se woordvoerder Foster Mohale sê hulle is tans besig om almal op te spoor wat noue kontak met die susters gemaak het.
Die Demokratiese Alliansie is bekommerd oor die impak van die beurtkragkrisis op die ekonomie. Volgens 'n verslag van die ouditmaatskappy PwC, het die energietekort gelei tot laer ekonomiese groei en minder werksgeleenthede. Sowat 580 000 potensiële werkgeleenthede het net in die afgelope twee jaar verlore gegaan. Michael Cardo van die DA meen dit is tyd vir 'n leierskapverandering om die krisis op te los:
Die Zimbabwiër Benjamin Follett-Smith het die tweede speler ooit geword wat die Kaapstad Ope twee keer kon wen toe hy 'n oorwinning van een hou by die Royal Cape-gholfklub behaal het. Hy het met 'n 70 afgesluit om met 15 onder baansyfer te wen en by JC Ritchie aan te sluit as die enigste twee spelers wat die toernooi twee keer kon wen. Follett-Smith sê hy is tevrede dat sy harde werk uiteindelik beloon is:
Gheanen Rudolph, 'n tweedejaarstudent van die Silver Spoon Hospitality Academy in Windhoek, wat Namibië by die 2023 Jong Sjef Olimpiade in Indië verteenwoordig, is gekroon as die opkomende ster van die kompetisie. Hierdie kompetisie is vir die eerste keer in 1995 gehou en is vir die negende keer aangebied. Sjef Terry Jenkinson van die akademie, wat Rudolph na Indië vergesel het, sê Namibiërs kan trots wees op Ghaenen. Die twee sal vandag in Namibië aankom.
Die Namibiese Inkomste-agentskap, NamRA, sê daar moet beheer wees oor wat in Namibië ingevoer word. Dit volg na ‘n lang bespreking op sosiale media oor of ‘n iPhone-toestel wat in die buiteland gekoop is ingebring kan word en of dit werk. Daar was kommentaar dat Cran, die kommunikasie owerheid, toestemming moet gee om die selfone plaaslike te gebruik. NamRA en Cran het ‘n memorandum van verstandhouding onderteken oor die regulering en toesig oor die invoer, uitvoer, of die vervaardiging van telekommunikasie-toerusting en posdienste in Namibië. Steven Ndorokaze, hoof-strategiese kommunikasie-beampte by NamRA, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Die akademikus dr. Hoze Riruako is as die nuwe opperhoof van 'n faksie van die Ovaherero Tradisionele Owerheid op Otjimbingwe verkies. Hy het 195 stemme gekry, teenoor PDM-leier McHenry Venaani se 41 en Mike Kavekotora van die RDP se 33 stemme. Nóg 'n akademikus, professor Mutjinde Katjiua is verlede jaar deur 'n ander faksie van die tradisionele owerheid as opperhoof verkies, wat deur die faksie by Otjimbingwe in die hof betwis word. Dr. Riruako sê dit is te vroeg is om te sê wat sy planne is, maar hy het aangedui een doelwit is om die Namibiese nasie te verenig.
Die Gautengse Gesondheidsdepartement het reeds 436 000 kinders teen masels ingeënt. Die departement het 'n omvattende veldtog van stapel gestuur om kinders van ses maande tot 15 jaar te immuniseer ná die onlangse uitbrekings. 'n Woordvoerder, Motalate Modiba, sê die veldtog het skole, gemeenskapsgesondheidsentrums en winkelsentrums geteiken:
Eskom gaan vanaf vyfuur vanoggend tot vier namiddag fase drie-beurtkrag instel, terwyl fase vier vandag en môre van vieruur die middag tot vyfuur die volgende oggend van krag sal word. Woensdag sal fase twee van vyf voormiddag tot vier namiddag ingestel word, gevolg deur fase drie van vieruur die middag tot vyfuur die oggend. Eskom-woordvoerder, Sikonathi Mantshantsha, sê meer inligting sal Woensdagmiddag of vroeër verskaf word, indien daar enige beduidende veranderinge aan die netwerk is:
Die Suid-Afrikaners Zakes Bantwini en Nomcebo Zikode en fluitspeler, vervaardiger en komponis Wouter Kellerman, het 'n Grammy gewen vir beste wêreldwye musiekvertoning vir hulle enkelsnit, Bayethe. Die trio het meegeding met musikante soos Burna Boy, Matt B en Rocky Dawuni by die 65ste Grammy-toekennings wat tans in Los Angeles gehou word. Kellerman het vroeër ook 'n Grammy gewen en hierdie was sy vierde benoeming. Bantwini het tydens sy aanvaarding gesê elke droom is geldig:
Die omstrede gesondheidstender van Amnics Trading van sakeman Shapwa Kanyama bly in die nuus. Ten spyte van die feit dat die President Hage Geingob diep bekommerd is oor die tender vir mediese verskaffing, sê Geingob hy kan nie die tender kanselleer nie. Namibiërs en opposisiepartye het 'n beroep op Geingob gedoen om die tender van multi-miljoen Namibiese dollar te kanselleer, net soos hy gedoen het met die opknappings-tender van die Hosea Kutako Internasionale Lughawe in 2015. Namibiërs neem egter nie die reg in eie hande en vaar die strate in met optogte om te eis dat die tender gekanselleer word, soos in ander lande nie. Kosmos 94.1 Nuus het met die voormalige eerste minister Nahas Angula, gepraat waarom Namibiërs nie teen die tender betoog nie.
Die Airbus A380-vliegtuig het sy nooiensvlug in 2005 gemaak en het gou die grootste mededinger van die Boeing 747 op lang-afstandroetes geword. Die vollengte dubbeldek-vliegtuig is die grootste en swaarste passasiersvliegtuig ter wêreld. Die produksie van die A380 het 'n hoogtepunt bereik in 2012 en 2014. Nadat Emirates, die grootste vliegtuig-kliënt, sy A380-bestellings in Februarie 2019 verminder het as deel van 'n herstrukturerings-plan, het Airbus egter besluit om sy A380-produksie te beëindig. In Desember 2021 het Emirates die 251ste en laaste A380 ontvang wat deur Airbus gelewer is, wat die einde van sy kort geskiedenis ingelei het. Vanaf Desember 2022 was daar 237 A380-vliegtuie in diens met 16 operateurs wêreldwyd. Kosmos 94.1 Nuus het met dr. Guy Leitch, uitgewer en redakteur van SA Flyer Magazine gesels oor wat die toekoms van die A380 is.
SMEs Compete het hul program vir Basiese Besigheidsvaardighede Ontwikkelings-opleiding in die hoofstad afgeskop en die program duur vandeesweek in die Karas-streek voort. Die doel van die opleiding is om vaardighede aan voornemende entrepreneurs in die informele sektor te verskaf wat daarna streef om hul entrepreneurs-reis aan te pak. Die program sal diegene wat reeds 'n mikro-onderneming besit, help om sodoende hul besigheid beter te bestuur. Kosmos 94.1 Nuus het met die direkteur van SMEs Compete, Danny Meyer, gepraat.
Die Namibiese Bloedoortappingsdiens ervaar sedert die begin van die jaar matige bloedskenkings by bloedbanke landswyd,, veral van skenkers van die O-negatief-bloedgroep. Die diens begin volgende week met 'n bloedskenkings-veldtog en is bereid om enige iemand in Windhoek op te laai wat vervoer benodig, het die woordvoerder van die diens, Titus Shivute, aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig.
Die DA verwelkom Transnet se besluit om 'n privaat-vennoot in te bring om die Durban/Johannesburg-korridor vir 20 jaar te bestuur. Die party doen 'n beroep op die instelling om die geleentheid plaaslik én in die buiteland te adverteer om kundigheid te verkry en om te verseker dit is 'n deursigtige en verantwoordbare proses. Ghaleb Cachalia van die DA voer aan die versuim om privatisering by staatsondernemings na te volg, sal korrupsie laat voortduur en die finansiële las op belastingbetalers verhoog.
Afstammelinge van die Nama-Ovaherero-volksmoord in Namibië sê Duitsland moet ophou wegskram en reparasies direk met hulle bespreek. Die Ovaherero Tradisionele Owerheid en die Nama Tradisionele Leiers-vereniging sleep die Namibiese regering hoërhof toe omdat dit versuim het om die beginsels van die 2006-parlementêre besluit oor die volksmoord te respekteer. 'n Aansoek is in die hoërhof gebring om die omstrede gesamentlike verklaring oor die ooreenkoms tussen Namibië en Duitsland nietig te verklaar. Kosmos 94.1 Nuus het met die stafhoof van die Ovaherero Tradisionele Owerheid, Itamunua Meroro, gepraat.
AfriForum het sy kommer uitgespreek oor SA Toerisme se planne om Tottenham Hotspur-sokkerklub oor 36 maande vir sowat een miljard Suid-Afrikaanse rand te borg. Die burgerregte-organisasie het 'n prokureursbrief aan die organisasie gestuur waarin hy duidelikheid eis oor die bron van die geld en of die sosio-ekonomiese uitdagings van burgers oorweeg is. Die sport- en jeugbestuurder van AfriForum, Ronald Peters, sê geen fondse moet toegewys word tot 'n geldige verduideliking gegee is nie. Intussen het SA Toerisme vandag bevestig drie van sy raadslede het bedank.
Die Skukuza-streekhof in Mpumalanga het 'n Mosambiekse burger, Santos Baloyi, tot 18 jaar tronkstraf gevonnis in verband met renosterstropery in die Kruger-wildtuin. Hy het skuld beken op aanklagte dat hy 'n renoster geskiet het, die besit van 'n vuurwapen waarvan die reeksnommer afgevyl is en die besit van ammunisie. 'n Woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, Monica Nyuswa, sê Boloyi is in September verlede jaar met twee vars renosterhorings in sy besit in die Kruger-wildtuin betrap.
Die Kankervereniging van Namibië herdenk vandag saam met die internasionale gemeenskap Wêreld-kankerdag. Die tema vir vanjaar is “Close the care Gap: Uniting our voices and taking action.” Ongeveer 1,1 miljoen nuwe kankergevalle kom elke jaar in Afrika voor, met ongeveer 700 000 sterftes. Data-beramings toon 'n aansienlike toename in kankersterftes tot byna een miljoen sterftes per jaar teen 2030, sonder dringende ingrypings. Kosmos 94.1 Nuus het met Tareekuje Tjiriange, die registrateur van die vereniging gepraat wat die syfers van kankergevalle in Namibië deel.
Kosmos 94.1 se Copps 94.1 teenmisdaad-realiteitsprogram was Vrydagaand regstreeks op die lug met ons borge G4S Namibia, JAC van M&Z Motors, Minet Namibia Insurance Brokers, LifeLink Emergency Services, Cema Drilling and Compressors, ITR Namibia Earthmoving Equipment, Namibia Breweries Limited, Spar Express, Dulux Namibia, Annabelle Non-Alcoholic Sparkling en Engen Eureka Service Station. Francois Lottering was op grondvlak in Windhoek.
Die hooggeregshof in Pretoria het ten gunste van die Organisasie teen Belastingmisbruik, Outa, se versoek beslis vir toegang tot die N3-TC-tolkonsessie-kontrakte en alle finansiële rekords. Die hof het die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap verplig om sy betooghoofde in te dien in reaksie op Outa se versoek. Stefanie Fick van die organisasie sê indien Sanral versuim om hieraan te voldoen, sal Outa sy regs-opsies oorweeg.
Die voorsitter van die Afrika-unie, Macky Sall, sê dit is tyd vir Afrika om homself te voed. Volgens Sall behoort Afrika-lande tien persent van hul nasionale begroting aan hulle landbousektore toe te ken. Dit volg namate afgevaardigdes op die onlangse Dakar-beraad ingelig is dat 283 miljoen Afrikane honger ly. Die medestigter van Corporate Farmers International, Akin Alabi, het gepraat oor die uitkomste van die beraad, en sê Afrika-leiers word aangemoedig om inklusiewe gesprekke te voer oor die instelling van voedselsekerheid en oor befondsing.
Die LUR vir onderwys in Gauteng, Matome Chiloane, het gevra meer veiligheidsmaatreëls moet by Hoërskool Geluksdal in Brakpan aangebring word. Dit volg nadat 'n graad tien-leerder met ‘n mes doodgesteek is toe drie leerders handgemeen geraak het. Chiloane het vandag op die skoolterrein gepraat en gesê onderwysers moet ook 'n aktiewe rol in die voorkoming van 'n bakleiery in skole speel.
Johan Janeke, hoof uitvoerende beampte van Southern Cross Sekuriteitsdienste sê dis jammer dat die kwessie nie op ‘n vroeëre stadium uitgesorteer kon word nie.
Aktivis Michael Amushelelo het bevestig dat die arbeidskwessie tussen Southern Cross Sekuriteitsdienste en 'n groep werkers opgelos is. Die werkers het Donderdag besluit om nie te gaan werk nie en sommige het beweer dat hulle nie betyds betaal word nie. Amushelelo het gesê hy is beïndruk met die werkers se vergoeding, vergeleke met dié van ander sekuriteitsmaatskappye.
Nie net moet baie Suid-Afrikaners vir groot gedeeltes van hul dag tuis sonder krag klaarkom nie, maar staar ook nou kleiner salarisse of verminderde lone in die gesig met baie maatskappye wat hul werknemers se werksure verminder het weens produksie-verliese wat deur beurtkrag veroorsaak word. Baie besighede moet soms tot twee keer 'n dag hul deure sluit, weens die voortslepende krag-onderbrekings. Kosmos 94.1 Nuus se korrespondent in Kaapstad, Fritz Platt...
Dit gaan beter met die Namibiese jagluiperdwyfie in Indië wat siek geword het. Daar is vasgestel dat sy gedehidreer is en nierprobleme het. Veeartse is vanaf Bhopal met sonar-toerusting laat kom. Indiese eerste minister Narendra Modi het die agt jagluiperds - vyf mannetjies en drie wyfies - in die Kuno Nasionale Park in Madhya Pradesh op 17 September 2022 vrygelaat. Dr. Laurie Marker van Cheetah Conservation Fund het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat die jagluiperd se nierprobleme en dehidrasie nie ’n oorsaak is van die omgewing of omstandighede in hul nuwe tuiste nie.
Die Landless People’s Movement het vandag opgeruk na die Sentrale Verkrygingsraad weens hul ontevredenheid met die omstrede gesondheidstender aan Amnics Trading van 2,8 miljoen Namibiese dollar. Dit het aan die lig gekom dat kondome en mediese handskoene in Maleisië vervaardig word en in Namibië verpak word. Die LPM het ‘n petisie aan die Verkrygingsraad oorhandig wat eis dat die tender van sakeman Shapwa Kayama onmiddellik gekanselleer moet word. Sade Gawanas van die LPM...
In reaksie op berigte oor die konfiskering van die beweerde spioenasie-vaartuig wat in Namibiese gebiedswater naby Lüderitz gevind is, het die Amerikaanse ambassade in Namibië enige bewerings dat die Amerikaanse regering betrokke is, of ingemeng het met die gekonfiskeerde Saildrone-vaartuig ten sterkste ontken. Tiffany Miller, skakelbeampte van die Amerikaanse ambassade, sê aan Kosmos 94.1 Nuus alhoewel die vaartuig vervaardig en bedryf word deur Saildrone, 'n private Amerikaanse maatskappy, het die Sweedse Universiteit van Göteborg die vaartuig vir mariene navorsingsdoeleindes gekontrakteer.
Die DA sê hy is glad nie verbaas nie oor die paniekerige reaksie by die ANC na die baanbrekers-uitspraak in die hooggeregshof in Johannesburg. Dit is om die party te verplig om volledige rekords van sy nasionale kader-ontplooiingskomitee vry te stel, insluitende notules, WhatsApp-gesprekke, e-poskommunikasie, CV’s en ander dokumentasie. ʼn Woordvoerder van die DA, Leon Schreiber, sê na die uitspraak het die ANC skielik aangekondig dat hulle teen die uitspraak gaan appelleer, skynbaar voor hulle enige oorwoë regsadvies ingewin het.
Die Passasier-spooragentskap van Suid-Afrika, Prasa, is deur die arbeidshof beveel om sy loon-ooreenkoms met die lede van die vervoer-vakbond, Untu, na te kom. Dit volg op ‘n versuim om al die loonverhogings waartoe hy in 2020 ingestem het, te implementeer. Prasa het die hofuitspraak erken en ingestem om aan die uitspraak te voldoen. ‘n Prasa-woordvoerder, Andiswa Makanda, sê sy is vol vertroue dat die onderhandelinge positiewe uitkomste sal hê wat geskik is vir almal wat betrokke is.
Skoolplasings vir Namibiese leerders was 'n uitdaging vir die onderwysminsiterie, des te meer vir leerders met gestremdhede en spesiale onderrigbehoeftes. Daar is 'n reuse-waglys vir hierdie leerders. Volgens Regina Hausiku, senior onderwysbeampte in die departement vir inklusiewe onderwys, sit byna 500 leerders met spesiale behoeftes by die huis sonder enige hoop vir die toekoms. Die Dagbreek-skool het tans 184 leerders op 'n waglys, Môreson Skool 187, en Eluwa Skool 110 leerders. Hausiku sê alhoewel die Onderwys-ontwikkelingsfonds jaarliks 3 miljoen Namibiese dollar voorsien om onderrig-hulpmiddels aan te koop, is dit nie naastenby genoeg nie weens die groot aanvraag. Kosmos 94.1 Nuus het met die adjunk- uitvoerende direkteur in die onderwysministerie, Edda Bohn, oor die kwessie gepraat.
Die LUR vir onderwys in Gauteng, Matome Chiloane sê gemeenskappe moet hulle deel doel om skole en leerders in hulle gemeenskappe te beskerm. Chiloane het vandag besoek gebring aan die Sekondêre Skool Geluksdal in Brakpan en het gesê onderwysers moet ook verantwoordelikheid aanvaar aangesien die leerders in hulle sorg gelaat is. Drie leerders het na bewering in ʼn geveg betrokke geraak waarop een leerder ʼn ander een met pepersproei gespuit het en dit het daartoe gelei dat ʼn graad tien-leerder met ʼn mes doodgesteek is. Die LUR sê ook rassespanning mag nie in skole geduld word nie.
Die Stad Windhoek het verlede jaar die verkoop van ‘n erf in Katutura van 21 miljoen Namibiese dollar goedgekeur waar die Motorvoertuig-ongelukkefonds beplan om 'n trauma- en rehabilitasiesentrum te vestig. Die MVA-fonds het tans 'n rehabilitasiesentrum by die Windhoekse Sentrale Hospitaal om die slagoffers van ongelukke te akkommodeer. Kosmos 94.1 Nuus het met Ruben Uupindi, senior bestuurder van die fonds gepraat oor die rehabilitasiesentrum.
Rugby: Die Sesnasies begin hierdie naweek en die nuwe hoofafrigter van Engeland, Steve Borthwick, begin sy veldtog more teen Skotland. Volgens Borthwick is sy groep gekies volgens wat hy op klubvlak gesien het, 'n afwyking van die span-kiesstrategie van sy voorganger, Eddie Jones, wat dikwels voorkeur gegee het aan vorige vertonings vir Engeland. Borthwick sê die spelers is vasbeslote om hulle land met trots en vasberadenheid te verteenwoordig.
Die Namibiese minister van verdediging Frans Kapofi sê uitdagings met efundja neem toe soos watervlakke styg. Hy sê lede is ontplooi en op die oomblik is dinge steeds onder beheer maar, dit is wel gevaarlik in die gebied. Hy sê die weermag vervoer veral goedere...
TransNamib sê die opknapping van die spoornetwerk, veral tussen Kranzberg en Walvisbaai het baie druk van die maatskappy verwyder. Regoor die land word die spoorlyn opgeknap en tot op hede was daar nog nie berigte oor enige skade as gevolg van reën nie. TransNamib se woordvoerder, Abigail Raubenheimer, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Die Affirmative Repositioning-beweging doen steeds ‘n beroep op die lynministerie, die van stedelike ontwikkeling, om weer ‘n huurraad daar te stel. Op die oomblik word wetgewing in verband met verhuring, soos alleenlik 50 persent deposito en dat die deposito belê moet word en met rente uitbetaal word, nie toegepas nie. Daar is ook nie standaarde vir huureiendomme nie. George Kambala van die beweging sê dit blyk asof die minister, Erastus Uutoni, geensins in die kwessie belangstel nie.
Die stand van sake rondom dieselverskaffing, -berging en die prys, het steeds nie gestabiliseer nie. Daar was onlangs berigte oor internasionale tekorte wat ekonomiese groei kelder omdat die beweging van goedere staatmaak op diesel. Namcor sê daar is geen rede tot kommer in Namibië nie en die maatskappy werk voortdurend aan die probleem, soos sy woordvoerder Paulo Coelho verduidelik.
Die voormalige werknemers van Air Namibia wat onlangs na die hoofkantoor van die bankrot redery opgeruk het, sê hulle het by die Meester van die Hoërhof beswaar aangeteken na hulle eise afwaarts aangepas is en die kleiner bedrag uitbetaal is. Renier Bougaard, woordvoerder van die groep, het die jongste met Kosmos 94.1 Nuus gedeel.
Die afgelope drie jaar het groot uitdagings vir die vragvervoersektor gebring met Covid-maatreëls, voorsieningskettings, geweld in Suid-Afrika en die stygende dieselprys. Dit wil voorkom asof dinge effe begin stabiliseer. Kosmos 94.1 Nuus het met FP du Toit Transport se uitvoerende hoof, Stefan Terblanche gesels oor die stand van sake op die oomblik.
Die Europese Kommissie het die Internasionale Sentrum vir die Vervolging van die Misdaad van Aggressie in Oekraïne gestig en dit sal in Den Haag gesetel wees. Dis die jongste poging wat ontwerp is om Rusland vir die misdaad van aggressie te vervolg. Dit volg terwyl die internasionale gemeenskap sukkel om 'n spesiale internasionale tribunaal gestig te kry met die spesifieke doel om senior Russiese amptenare vir die misdaad van aggressie aan te kla. Die president van die Europese Kommissie, Ursula von der Leyen, sê Moskou sal vir sy misdade betaal:
Die hoof uitvoerende beampte van Meatco Mwilima Mushokabanji, sê daar is genoeg roumateriaal in die land vir meer as een abattoir. Hy het vanoggend by ‘n perskonferensie in die hoofstad gepraat en melding gemaak van Savanna Beef Processors. Al wat nodig is, is om landbouproduksie te stimuleer...
Hy het ook reageer op die onlangse aanmerkings deur die landbouminister Calle Schlettwein se aanmerkings dat die maatskappy in intensiewe sorg is.
Die Proteas Vroue se onderkaptein, Chloe Tryon, sê hulle oorwinning van die vroue se T20 internasionale driehoekige reeks het hulle 'n goeie hupstoot gegee in aanloop tot die T20-wêreldbeker. Sy het haar eerste T20-vyftigtal behaal en Suid-Afrika in Oos-Londen na 'n sege van vyf paaltjies oor Indië gelei. Die Proteas is in Groep Een saam met Sri Lanka, Australië, Nieu-Seeland en Bangladesj vir die Wêreldbeker wat volgende Vrydag in Suid-Afrika begin. Tyron sê daar is sommige aspekte wat hulle as span nog kan verbeter:
Die Amerikaanse Federale Reserweraad het sy rentekoers met 'n kwart persentasiepunt verhoog en het min aanduiding gegee dat dit die einde van hierdie verhoging-siklus nader. In ooreenstemming met markverwagtinge, is die aanpassing baie kleiner as die 50 en 75 basispunte wat vroeër toegepas is. Kosmos 94.1 Nuus het met Chris Hart, 'n ekonoom in Suid-Afrika, gepraat oor wat die impak van die dalende verhogings in die VSA op Suider-Afrika sal wees. Volgens Hart is daar nie veel goeie nuus nie.
Die Johannesburgse hoërhof het bevind die ANC se weiering om notules, WhatsApp-gesprekke, e-posse, CV's en alle ander rekords van sy kaderontplooiingskomitee openbaar te maak, was onwettig en ongeldig. Die regerende party is beveel om alle dokumente terugwerkend tot 1 Januarie 2013, binne vyf dae aan die DA te oorhandig. Leon Schreiber van die DA sê hulle gaan uiteindelik die komitee se rol in die korrupsie, kaping en ineenstorting van die openbare sektor ontbloot:
Die Geslagsgeweld Reaksiefonds waarsku oor 'n toename in kindermishandelingsake in die buurland. Die organisasie se woordvoerder, Tshepo Sefotlhelo, sê kindermishandeling by skole neem toe teen 'n kommerwekkende tempo. Hy voeg by die koers van seksuele teistering en seksuele misbruik van leerders in Suid-Afrika is hoër as die wêreldwye koers. Sefotlhelo sê kinders moet nie geviktimiseer word wanneer hulle voorvalle van mishandeling aanmeld nie:
Die Roots-ontwikkeling in die suide van Namibië wil inwoners van Stampriet ophef. Hierdie landbou-projek is gebaseer op 'n unieke model wat intensiewe boerdery van vee en permanente gewasse kombineer met 'n landboukollege vir onderwys in voedselsekerheid, 'n aftree-oord, 'n leefstyldorpie en verskeie sakegeleenthede. Van die 60 plotte van 10 hektaar elk wat beskikbaar, is nog net agt vakant. Salomon Kalondo, een van die vennote by ROOTS-ontwikkeling, sê aan Kosmos 94.1 Nuus die ontwikkeling groei steeds kan krag tot krag.
Verskeie groepe en opposisiepartye is besig met gesamentlike regsoptrede teen Eskom, die Departement van Openbare Ondernemings, en die Departement van Minerale Bronne en Energie oor die voortslepende energiekrisis. Hulle wil 'n interdik kry wat Eskom verbied om beurtkrag toe te pas op noodsaaklike dienste en nywerhede. ActionSA se woordvoerder, Gillian Benson, sê na jare van beurtkrag is dit duidelik die ANC-regering het geen plan om die probleem op te los nie en hulle laat Suid-Afrikaners in die donker:
Volgens die Suid-Afrikaanse DG Murray Trust se program vir die vermindering van alkoholskade moet die Wysigingswetsontwerp op Alkoholiese Drank heringestel word om lewens te red en openbare fondse te spaar. Die wetsontwerp poog om wettige beperkings op alkoholreklame en -verkope te wysig. Die veldtogbestuurder, Nickolaus Bauer, sê dit is baie misleidend om 'n ekonomiese ramp te voorspel as die regering beheer toepas oor hoe Suid-Afrikaners toegang tot alkohol kan verkry:
Die jongste Skuldindeks toon Suid-Afrikaanse verbruikers spook met skuld. Debt Busters hou sedert die pandemie tred met die finansiële neigings van verbruikers en het bevind verbruikers gebruik skuld om by te hou met die uitwerking van die hoër lewenskoste asook hoër rentekoerse. Die hoof bedryfsbeampte van die maatskappy, Benay Sager sê verbruikers gebruik lenings midde die moeilike ekonomiese toestande om hulle inkomste aan te vul:
Die Britse regering gaan 'n onafhanklike ondersoek van stapel stuur na die dodelike Omagh-bomaanval op 15 Augustus 1998. Nege-en-twintig mense is dood en honderde beseer toe 'n bom in die dorpie Omagh in die Tyrone-graafskap in Noord-Ierland ontplof het. 'n Regter in die Hooggeregshof het in 2021 aanbeveel die regering moet 'n menseregteklag ondersoek in verband met vermeende sekuriteits-gebreke in aanloop tot die aanval. Die Britse minister van Noord-Ierland, Chris Heaton-Harris, sê hy hoop die doelgerigte aard van die ondersoek sal antwoorde lewer:
Die Toerisme Sakeraad van Suid-Afrika sê hy het geen benul gehad van 'n voorgestelde vennootskap tussen Tottenham Hotspur en SA Toerisme nie. Die raad se uitvoerende hoof, Tshifhiwa Tshivhengwa, sê hulle is nie ingelig of betrokke by die transaksie ten bedrae van 1 miljard Suid-Afrikaanse rand nie. Hy sê aandag moet op China en Indië geplaas word as die twee teikenmarkte om teen 2030 21 miljoen toeriste te bereik. Tshivhengwa voeg by die voorgestelde ooreenkoms moes ondersoek word en die privaat en openbare toerismesektor moes betrokke gewees het:
Die sportministerie en die Nasionale Jeugdiens het ‘n taakmag saamgestel om jeugwerkloosheid aan te spreek wat vandag in die hoofstad vergader. Tans is 49 persent van Namibiese jeug werkloos. Die African Peer Review-meganisme het in November 2021 'n verslag oor jeugwerkloosheid in Namibië gepubliseer. Die verslag het die land se omvang, aard en oorsake van jeugwerkloosheid bestudeer en verskaf aanbevelings vir ingryping deur verskeie belanghebbendes. Kosmos 94.1 Nuus het aan Duminga Ndala van die Landless People's Movement se jeug-afdeling gevra of hierdie pogings werkloosheid in die land sal help verminder.
Die Nasionale Dieregesondheidsforum in Suid-Afrika sê daar is nuwe strategieë om die verspreiding van bek- en klouseer in die land hok te slaan. Dié siekte in die buurland het verlangsaam na drie uitbrekings verklaar is met 185 gevalle en die 10 persele wat gesluit was, is heropen. Gerhard Schutte, die voorsitter van die Dieregesondheidsforum, gee die jongste aan Kosmos 94.1 Nuus in verband met bek- en klouseer.
Die DA versoek die minister van verdediging, Thandi Modise, om onmiddellik haar besluit te herroep om die media te verbied om verslag te doen oor Oefening Mosi II. Dis die komende vlootoefening van 17 tot 27 Februarie waaraan Rusland, China en Suid-Afrika deelneem. ʼn Woordvoerder van die DA, Kobus Marais, sê die besluit om die media weg te hou is totaal onaanvaarbaar en ʼn duidelike bewys die regering is nie deursigtig nie:
Die Oshana Vloedrisiko-kommunikasiesentrum is amptelik op Oshakati deur die goewerneur Elia Irimari geopen. Die watervlakke in die hoof-iishanas bly hoog, volgens die Hidrologiese Dienste van Namibië. Die watervlak by die Okandjengedi-brug tussen Oshakati en Ongwediva styg vinnig. Gemeenskappe in vloedgeteisterde gebiede moet ekstra versigtig wees aangesien vloedwater aanhou styg. Die kommunikasiesentrum sal as skakel tussen belanghebbendes dien en is die plek waar alle vloedverwante inligting daagliks verskaf sal word, sê Irimari.
Eskom sê hy werk saam met PetroSA om vooruit te skat en te beplan wat om vir oopsiklus-gasturbines te gebruik. Die turbines loop teen 'n lasfaktor van 16 persent en word aggressief gebruik om die groter vraag te hanteer. ʼn Verteenwoordiger van Eskom, Thomas Conradie, erken die gebruik van diesel was wisselvallig. Die nutsmaatskappy het die land op die hoogte gebring van sy huidige uitdagings met die stelsel:
Skok is uitgespreek nadat ontdek is dat antieke San-rotskuns-tekeninge by die Spitzkoppe en Desolation Valley langs die Huabrivier in die Twyfelfontein-omgewing gevandaliseer is. Namibië is bekend vir sy antieke San-rotskuns, wat die erfenis en tradisies van die inheemse mense ten toon stel. Onlangse voorvalle van vandalisme het daartoe gelei dat hierdie kosbare meesterstukke geskend is. Nie net word hierdie skatte van natuurlike, kulturele en geskiedkundige erfenis vernietig nie, maar dié vandalisme het ook ‘n impak op die inkomste van landelike gemeenskappe in bewaringsgebiede wat van toerisme afhanklik is. Plaaslike toergids, Joseph Kafunda het sy reaksie aan Kosmos 94.1 Nuus gegee.
Namibië beleef ‘n goeie reënseisoen, alhoewel sommige dele nog nie reën kry nie. Ná die reënseisoen word grasvelde droog wat die risiko van veldbrande verhoog. Die maande tussen Julie en Oktober staan algemeen bekend as die veldbrand-seisoen. Verlede jaar het Namibië verwoestende veldbrande beleef wat byna 1,5 miljoen hektaar tot einde November 2022 vernietig het. Dit het ernstige beserings en lewensverlies aan beide mense en diere veroorsaak en eiendom en infrastruktuur beskadig. Die Old Mutual-stigting, die Namibiese omgewingsministerie en Agra het saamgewerk en vyf brandbestrydings-masjiene geborg om die streke waar veldbrande geneig is om voor te kom, by te staan. Kosmos 94.1 Nuus het met Piet Stoman, kommunikasie-bestuurder van Agra gepraat.
Die DA sê hy gaan die lede van die ANC se nasionale uitvoerende komitee wat die party aangewys het om by 42 wan-funksionele munisipaliteite regoor die land te ontplooi, fyn dophou. ʼn Woordvoerder van die DA, Cilliers Brink, sê die staat behoort nie aan die ANC nie, en hul leiers moet die skeiding tussen party en staat respekteer. Hy voeg by hulle verwag die ontplooide NUK-lede by die sukkelende munisipaliteite sal inmeng by munisipale raadsbesluite, aanstellings in die administrasie en toekenning van tenders.
Die Vereniging van Staatsamptenare in die buurland veroordeel die misbruik van mag, vermorsing van staatshulpbronne en swak bestuur deur die Staats-pensioenfonds se Administrasie-agentskap. Dit volg nadat die agentskap regskoste van meer as 222 000 Suid-Afrikaanse rand aangegaan het om 'n arbitrasietoekenning ten gunste van 'n werknemer te hersien. Reuben Maleka van die vereniging doen 'n beroep op die agentskap se uitvoerende hoof, Kedibone Olga Madiehe, om te verseker die bestuurders word aanspreeklik gehou en moet die staat persoonlik terugbetaal.
SA Toerisme sê sy mandaat is om internasionale toerisme aan te moedig. Die waarnemende uitvoerende hoof, Themba Khumalo, het vandag aan die media gesê sy mandaat is om toegang te kry tot toeskouers met die bestedingsvermoë om te reis deur verskeie platforms, insluitend sport, vermaak en die media. Khumalo het ook bevestig die voorgestelde vennootskaps-dokument met die Engelse sokkerklub, Tottenham Hotspur, is aan die media uitgelek.
Die Namibiese Statistieke Agentskap se ontleding vir die kommoditeit van Desember-maand het gefokus op beide die uitvoer en invoer van sanitêre doekies. Vir Desember 2022 het Namibië sanitêre doekies ter waarde van 4,5 miljoen Namibiese dollar uit Suid-Afrika en Spanje ingevoer, terwyl Namibië sanitêre doekies ter waarde van 100 000 dollar uitgevoer het. Daar is slegs 'n handvol plaaslike vervaardigers van herbruikbare sanitêre doekies in die land. Intussen het die Namibiese ministerie van finansies beveel dat geen belasting op toegevoegde waarde, BTW, vanaf 1 Januarie op sekere sanitêre doekie-produkte gehef word nie. Die bring verligting vir Namibiese vroue en meisies, veral in landelike gebiede, wat nie sanitêre doekies kan bekostig nie en skoolbywoning misloop, maar maatskaplike aktivis Rosa Namises sê aan Kosmos 94.1 Nuus sanitêre doekies moet gratis wees.
Namibian Lives Matter het ‘n beroep op die goewerneur van die Zambezi-streek en President Hage Geingob gedoen om dringend in te gryp ná twee onlangse beweerde voorvalle van aggressie deur weermaglede van Botswana. Op 18 Januarie het 'n boot met vier swaar gewapende lede van die BDF glo die Zambezi Queen-huisboot in Namibiese waters gevolg totdat dit die hoofkanaal van die Choberivier bereik het. Die tweede voorval was op 24 Januarie toe twee swaar gewapende Botswana weermag-soldate die Choberivier met 'n klein aluminium-kano oorgesteek en met hul outomatiese gewere glo 'n beeswagter op Namibiese ondervra het. Nampol se bevelvoerder kommissaris Andreas Shilelo, sê die voorvalle is deur owerhede van beide lande ondersoek. Sinvula Mudabeti, een van die leiers van die beweging sê aan Kosmos 94.1 Nuus wat hul eise van die regering is.
Wêreld-vleilanddag word vandag herdenk. In Namibië is vyf Ramsar-vleilandgebiede wat ‘n oppervlak van 676 564 hektaar beslaan. Die herdenking se doel is om bewustheid te kweek en om die begrip vir die kritieke belangrikheid van hierdie ekostelsels te vergroot. Namibië is ʼn droë en waterskaars land en maatreëls om vleilande te herstel, is belangrik. In Namibië sal Wêreld-vleilanddag in Maart saam met Wêreld-waterdag herdenk word, sê Jona Musheko, die Namibiese landbouministerie se woordvoerder aan Kosmos 94.1 Nuus.
Die minister van bosbou, visserye en die omgewing in die buurland, Barbara Creecy, vra Suid-Afrikaners om saam te werk om vleilande te beskerm terwyl die land Wêreld-vleilanddag gedenk. Die doel is om bewustheid te kweek en om die begrip vir die kritieke belangrikheid van hierdie ekostelsels te vergroot. Volgens Creecy is Suid-Afrika ʼn waterskaars land en om watergehalte en -hoeveelheid te verbeter, asook die belangrikheid van maatreëls om vleilande te herstel, kan nie oorbeklemtoon word nie.
Die Namibië Lughawensmaatskappy, 'n onderneming in staatsbesit, is opgewonde oor hoe die vooruitsigte vir 2023 lyk. Kosmos 94.1 Nuus het met Dan Kamati van die kommunikasie- en bemarkingskantoor by die maatskappy gepraat oor die jongste verwikkelinge en wat die maatskappy vir 2023 beplan. Kamati sê dat hulle baie tevrede is met hoe sake verloop, veral ná die Covid-pandemie...
Die Suid-Afrikaanse departement van gesondheid sê mense tussen 18 en 49 kan nou hulle vierde dosis van die Covid-19-versterkerdosis ontvang. Die inentingspan van die departement, onder leiding van Lesly Bamford, sê mense oor 50 kwalifiseer van Maandag af vir die vyfde dosis. Sy sê mense moet hulle laat inent om beskerming teen ernstige Covid-simptome te verkry. ʼn Versterker-inspuiting kan eers ses maande na die vorige inspuiting ontvang word.
Die waarnemende uitvoerende hoof van Suid-Afrikaanse Toerisme, Themba Khumalo, sê hulle voorgestelde vennootskap met Tottenham Hotspur is 'n stap om toerisme na die land te verbeter. Dit volg op onthullings dat die vennootskap byna een miljard Suid-Afrikaanse rand sal kos. Khumalo sê die doel is om internasionaal te belê om internasionale reisigers na Suid-Afrika te lok om die toerismesektor en die ekonomie 'n hupstoot te gee.
Namibian Lives Matter het twee onlangse voorvalle van aggressie deur weermaglede van Botswana by die Namibiese polisie in die Zambezi-streek aangemeld. Op 18 Januarie het 'n boot met vier swaar gewapende lede van die BDF die Zambezi Queen-huisboot in Namibiese waters gevolg totdat dit die hoofkanaal van die Choberivier bereik het. Die organisasie het 'n video van die voorval en meen dit is daarop gemik om toeriste te intimideer sodat hulle onveilig in Namibië voel. Op 24 Januarie het twee swaar gewapende Botswana weermag-soldate die Choberivier met 'n klein aluminium-kano by 'n ondeursigtige punt oorgesteek en met hul outomatiese gewere glo 'n beeswagter op Namibiese bodem ondervra. Op geeneen van die voorvalle is volgens die organisasie ondersoek ingestel nie en Nampol se streeksbevelvoerder in Zambezi het glo gesê die voorval moet aan die omgewingsministerie gerapporteer word. Kosmos 94.1 Nuus het met die streeksbevelvoerder kommissaris Andreas Shilelo, gepraat, wat op die bewerings reageer.
Rugby: Daar is goeie nuus vir die Stormers en die Springbokke oor die kniebesering van die agsteman, Evan Roos. Die 23-jarige het verlede naweek die veld verlaat tydens die Stormers se nederlaag in die Verenigde Rugbykampioenskap teen Ulster in Belfast. Daar is aanvanklik gevrees die besering is die einde van sy seisoen – in ʼn Wêreldbekerjaar. Roos het ʼn skandering ondergaan en die assistent-afrigter van die Stormers, Dawie Snyman, het bevestig hy sal betyds vir die uitspeelwedstryde van die VRK terugkeer.
Suid-Afrika kan in die volgende vyf tot tien jaar 'n ernstige tekort aan gekwalifiseerde veeartse ervaar. Dis volgens die SA Veterinêre Vereniging, wat sê dat groot getalle jong veeartse die land verlaat, ná hulle hul studies voltooi het vir beter werksgeleenthede oorsee. Kosmos 94.1 nuus het met Dr Samantha Zealand 'n veearts by die Khomas Veeartsenypraktyk en die stigter van Vet on the Move mobiele veeartsenypraktyk gesels oor die spesifieke uitdagings wat Namibië het...
Die gemeenskap van Keetmanshoop word uitgenooi na ‘n vergadering met die Karas-polisie se streeksbevelvoerder kommissaris Marius Katamila. Die vergadering vind op Woensdag 8 Februarie om twee-uur uur by die Multi Purpose-jeugsentrum op Keetmanshoop plaas. Kosmos 94.1 Nuus het met adjudant-offisier Enrico Slinger, die gemeenskapsakebeampte van Nampol in die streek gesels.
Die burgemeester van eThekwini, Mxolisi Kaunda, doen 'n beroep op gemeenskapstoerisme-organisasies om hul samewerking aan die stad te gee om Durban as die voorkeurbestemming vir beide plaaslike en internasionale toeriste te bevorder. Hy het tydens 'n gesprek met die leierskap van nege gemeenskapstoerisme-organisasies in die munisipaliteit gepraat. Kaunda sê daar is tekens die sektor keer geleidelik terug na voor-Covid-19-vlakke:
Die direkteur van die direktoraat vliegtuigongeluk-ondersoeke, Magnus Abraham sê die nadoodse ondersoek op die oorskot van die ontslape vlieënier Jörn Steinbeck sal aan die einde van die week voltooi wees. Hy het verder bevestig dat die sweeftuig reeds by hul perseel is. Steinbeck is verlede Sondag by Bahnhof net buite Rehoboth dood toe sy sweeftuig neergestort het. Die voorlopige verslag na die ongeluk behoort binnekort voltooi te wees.
Die verspreiding van bek- en klouseer in Suid-Afrika het verlangsaam na drie uitbrekings verklaar is met 185 gevalle. Teen 31 Januarie vanjaar was twee nuwe gevalle aangemeld met 10 persele wat gesluit was. Die hoof van die buurland se landbou-sakekamer, Wandile Sihlobo sê die kwessie ontvang die grootste aandag en bly ‘n prioriteit.
Die Bank van Namibië het sy SME ekonomiese herstel-leningskema aangepas en weer bekend gestel. Die skema is oorspronklik tydens Covid van stapel gestuur maar, is nou verander vir die huidige uitdagings. In die nuwe skema, word daar melding gemaak van uitstaande belasting in samesprekings met NamRA. Die goewerneur van die sentrale bank, Johannes !Gawaxab, het dit so verduidelik.
Die sportministerie en die Nasionale Jeugdiens het ‘n taakmag saamgestel om jeugwerkloosheid aan te spreek. Tans is 49 persent van Namibiese jeug werkloos. Die taakmag sal Vrydag in die hoofstad vergader. Nicolars Tembwe, die direkteur van jeug in die ministerie het meer...
Ondanks die Namibiese polisie se pogings om die onwettige oorgrenshandel in Angolese brandstof aan te spreek, het nie veel glo verander nie. Die Nampol-hoof, luitenant-generaal Joseph Shikongo, het vroeër ‘n operasie van stapel gestuur. Lede van Nampol sou saam met lede van die Angolese polisie op die lande se grens ontplooi word en patrollies uitvoer, asook in die noordelike gebiede waar die brandstof openlik verkoop word. Die noordelike grens is uiters poreus en daar is gebiede wat heeltemal onbegaanbaar is. Jafet Nakanue 'n diensstasie-eienaar in die Noorde sê aan Kosmos 94.1 Nuus dat die situasie nie juis sedert die operasie verander het nie, en dit het inteendeel vererger tydens die efundja-vloede.
Die Stad Kaapstad maak gereed vir 'n besige jaar vol geleenthede, insluitende 'n aantal belangrike internasionale pronkstukke. Afgesien van die Netbal Wêreldbeker in Julie vanjaar, die eerste keer in Afrika, is ander internasionale vrouebyeenkomste op pad na Kaapstad. Die Vroue T20 Wêreldbeker begin op die tiende van vandeesmaand en Kaapstad is een van drie gasheerstede. ʼn Woordvoerder van die stad, JP Smith, sê hulle sit ook hulle jarelange verbintenis met die Sonskyn Vrouegholfreeks voort:
Die voormalige statistikus-generaal, Pali Lehohla, sê om ʼn Nasionale Ramptoestand te verklaar gaan nie bydrae om die land se elektrisiteitskrisis op te los nie. Hy beskuldig die ANC daarvan dat hy nalatig is met Eskom en sê die stap gaan hulle nie help om beter te doen as tot dusver nie. Lehohla glo die party het genoeg mag om daadwerklik en doeltreffend op te tree ten opsigte van beurtkrag:
AfriForum sê die EFF-leier Julius Malema misbruik doelbewus die regstelsel deur die verloop van sy wapensaak onnodig te vertraag. Malema sê landdros Twanet Olivier moet aan die saak onttrek en beskuldig haar van vooroordeel. Hy staan tereg op 'n aanklag dat hy die Wet op Vuurwapenbeheer oortree het toe hy in 2018 tydens 'n saamtrek in Mdantsane 'n vuurwapen in die openbaar afgevuur het. Jacques Broodryk van AfriForum sê Malema se vertragingstaktieke is onaanvaarbaar:
Die Amerikaanse adjunkpresident, Kamala Harris, het die begrafnis van Tyre Nichols bygewoon. Nichols is op 10 Januarie dood drie dae na hy deur vyf Memphis-polisielede aangerand is. Harris sê die geweld wat die beamptes getoon het, het niks met openbare veiligheid uit te waai nie.
Boris Johnson, voormalige Britse eerste minister, loop al weer deur onder kritiek. Hy sê dat enige persoon wat dink hy het die partytjies tydens inperkings probeer toesmeer is van hulle koppe af. Die leier van die Liberale Demokrate-party, Ed Davey, sê Johnson lieg vir homself en die res van die wêreld.
Die Nasionale Verbruikerskommissie sê die koers van nié nakoming wat goedere betref wat na Suid-Afrika ingevoer word, bly kommerwekkend. Data van Oktober tot Desember verlede jaar dui daarop dat die Suid-Afrikaanse Inkomstediens se spesiale doeane-ondersoekspan klere, tekstielware, skoene en leergoedere ter waarde van 3,9 miljoen Suid-Afrikaanse rand onderskep het. Die kommissie se woordvoerder, Phetho Ntaba, sê die Wet op Verbruikersbeskerming is met die invoer van dié goedere oortree:
’n Sopkombuis in Havana genaamd Porridge Storage het sy bedrywighede in 2019 begin en is in die Havana informele nedersetting oorkant Laerskool Havana in die hoofstad geleë. Dit voed tans meer as 300 minder bevoorregte kinders tussen die ouderdomme van 1 en 19 jaar, en skenk terselfdertyd ook sanitêre doekies aan diegene wat dit nie kan bekostig nie. Kosmos 94.1 Nuus het met Martha Festus, die stigter van Porridge Storage, gesels wat 'n beroep doen op enige barmhartige Samaritane of korporatiewe maatskappy om hul organisasie by te staan aangesien hulle 'n tekort aan kos, klere, boeke, komberse en ander benodigdhede ervaar.
Binnelandse sake in die buurland se projek om sy rekords van die hardekopie-weergawe na die digitale formaat om te skakel, het begin. Minister Aaron Motsoaledi het die eerste groep, van die meer as 10 000 jongmense wat die taak sal aanpak, ontmoet en toegespreek. Die driejaar-projek het ten doel om te verseker die 350 miljoen rekords van Suid-Afrika se bevolking word gedigitaliseer:
Die buurland se minister van toerisme, Lindiwe Sisulu ontken dat sy enige persoonlike belang het by die Tottenham Hotspur-ooreenkoms. 'n Artikel in die Daily Maverick berig die regering wil deur SA Tourism byna 'n miljard Suid-Afrikaanse rand gebruik om die Premierliga-klub te borg. Die minister sê die berig is deurtrek met verkeerde inligting en onwaarhede. Die ministerie van Toerisme se woordvoerder, Steve Motale, sê die minister oorweeg regstappe omdat sy nie die ooreenkoms se ondertekening bepleit het nie
Die Namibiese Inkomste-agentskap, NamRA, nooi lede van die publiek om deel te neem aan die eerste openbare kompetisie ooit, genaamd NamRA Talks. Dit is 'n wonderlike geleentheid vir almal wat hul mening oor doeane- en belastingverwante aangeleenthede wil hoor. Lede kan 'n voorlegging van nie meer as 1 000 woorde oor enige van dié onderwerpe voor 6 Februarie indien. Tonateni Shidhudhu, strategiese kommunikasie van Namibië verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus hoe die kompetisie werk.
Die sitrusbedryf in die buurland doen 'n beroep op die regering om dringend in te gryp en seker te maak lemoene word steeds na die Europese Unie uitgevoer. Die Sitruskwekersvereniging van Suid-Afrika het aan die handelsminister, Ibrahim Patel, geskryf om te vra dat hy 'n paneel aanstel om die kwessie te bespreek. Die uitvoerende hoof, Justin Chadwick, het gewaarsku die Suid-Afrikaanse ekonomie loop gevaar om miljoene aan inkomste te verloor
Die Organisasie teen Belastingmisbruik in die buurland het aan die toerismeminister, Lindiwe Sisulu, geskryf om antwoorde te eis oor die voorgestelde bemarkingsooreenkoms van byna 1 miljard Suid-Afrikaanse rand tussen South African Tourism en Tottenham Hotspur. Media in die buurland beweer die regering, deur SA Tourism, maak gereed om die Premierliga-klub volgens 'n ooreenkoms van drie jaar te borg. Outa se uitvoerende hoof, Wayne Duvenage, sê dit kan 'n ernstige vermorsing van geld en misbruik van belastingbetalers se geld wees:
Ursula von der Leyen, president van die Europese Kommissie, het die aanpassing van bestaande EU-fondse aangekondig, om vinniger goedkeuring van groen projekte en pogings om vaardighede te bevorder. Sy voeg by dat handelsooreenkomste so gesluit kan word om voorrade van kritieke grondstowwe te verseker.
Co-Feed Namibia is ‘n welsynsorganisasie wat tydens die Covid-pandemie in 2020 gestig is. Dit is ‘n inisiatief wat deur Namibiërs gelei word om mense in nood te ondersteun. Die organisasie het uiters goed presteer en duisende huishouding met kos en ander kritiese benodighede voorsien. Linda Baumann van Co-Feed het met Kosmos 94.1 Nuus gesels en bedank al hul borge en vrywilligers wat ‘n helpende hand aan behoeftiges in 2022 verleen.
'n Namibiese ekonomiese kenner het sy mening gegee oor die fiskale ruimte wat die minister van finansies, Ipumbu Shiimi, het wanneer hy die begroting vir die 2023/2024-boekjaar op 23 Februarie in die Nasionale Vergadering ter tafel sal lê. Geskatte uitgawes vir die boekjaar volgens die huidige begrotings-dokument sal na verwagting in die omgewing van 73 miljard Namibiese dollar wees. In die middeltermyn-begroting het Shiimi baie verligting ontvang met fondse wat deur NamRA ingesamel is. Kosmos 94.1 Nuus het aan dr. Omu Kakujaha-Matundu van die departement ekonomie aan die Universiteit van Namibië, gevra wat sy verwagtinge is, veral noudat NamRA goed presteer.
Die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing het sy skok uitgespreek oor die aankondiging deur Exxon Mobil oor sy rekord netto wins in 2022 wat 56 miljard Amerikaanse dollar beloop. Dit beteken ‘n wins van 6,3 miljoen Amerikaanse dollar per uur. Daar word verwag dat oliemaatskappye hul eie jaarlikse rekords sal breek weens hoë pryse en stygende vraag na Rusland se inval in die Oekraïne. Kosmos 94.1 Nuus het met Graham Hopwood, die direkteur van die instituut gepraat wat sy mening oor die etiek van sulke reuse-winsmarges van oliemaatskappye.
Water-infrastruktuur raak ‘n uitdaging in Suid-Afrika. Die Departement van Water en Sanitasie het sy verbintenis gehandhaaf om publiek-privaat vennootskappe te bevorder vir die ontwikkeling van megawater- en sanitasie-infrastruktuurprojekte in die land. Die departement se woordvoerder, Wisane Mavasa, sê die departement werk saam met myne in Limpopo en in die Noord-Kaap om mega-infrastruktuurprojekte in werking te stel:
Die Black Business Council in die buurland sê hy steun die nasionale ramptoestand met die kragkrisis, maar het vra dat die ouditeur-generaal van die begin af betrokke moet wees om korrupsie te help stuit. Die raad se uitvoerende hoof, Kganki Matabane, sê die stap moet gedoen word om die wanbesteding van fondse te vermy. Matabane sê Eskom moet reggeruk word sodat beurtkrag kan eindig:
Die voormalige Britse premier Boris Johnson het Westerse lande gevra om bystand aan die Oekraïne te bied en voort te gaan daarmee om te verseker dat die land die oorlog teen Rusland wen. Hy het by die Amerikaanse dinkskrum, die Atlantiese Raad gepraat.
Die Namibiese ministerie van finansies en die Bank van Namibië sal die SME Ekonomiese Herwinning Leningskema môre weer bekendstel in 'n poging om klein en medium ondernemings te ondersteun wat die afgelope jare met uitdagende ekonomiese toestande gekonfronteer is. Die herbekendstelling sal van halftien die oggend tot een-uur die middag regstreeks op die Bank van Namibië se Facebook-blad uitgesaai word. Kazembire Zemburuka, die bank se direkteur van strategiese kommunikasie het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Krieket: Die Protea Vroue speel more op Buffalopark in Oos-Londen teen Indië in die eindstryd van die Driehoekige Reeks. Dit sluit ook albei spanne se voorbereiding vir die Wêreldbeker af voordat dié internasionale toernooi op 10 Februarie in Suid-Afrika begin. Die afrigter van die Proteas, Hilton Moreeng, sê die eindstryd teen Indië is die perfekte opwarming vir die Wêreldbeker.
Die eerste paar jaar van 'n kind se lewe is van kritieke belang vir hul ontwikkeling. Hulle begin sin maak van kommunikasie, fisiese groei en sosiale, emosionele en kognitiewe ontwikkeling. Opvoedkundige speelgoed help dikwels in hierdie gebiede. Die Amos Meerkat-sillabus, 'n projek wat deur die Capricorn-stigting ondersteun word wat op vroeë kinderontwikkeling fokus, het saam met die Capricorn Groep se #Changemaker werknemers-vrywilligers-program gewerk om poppe gedurende die feesseisoen te brei. Meer as 250 poppe is gemaak en geskenk. Die poppe word gebruik as gereedskap om jong kinders op te lei om mishandeling te herken en hulle daaroor uit te spreek. Grace Luvindao, die Capricorn Groep se kommunikasiebeampte, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Die Namibiese Reis- en Toerismeforum het die Nasionale Toergids-registrasie-databasis vir die Namibiese toerismebedryf bekendgestel. Hierdie registrasie-databasis met die ondersteuning van die Namibiese toerisme-ministerie en Opkomende Toerisme-ondernemings Vereniging, sal 'n nuwe vlak van organisasie en geleenthede vir die toerismesektor bring. Die nasionale toergids-registrasie-databasis sal verskeie voordele bied, soos voordele vir toergidse, kwaliteit en veiligheid vir toeriste, standaardisering van die bedryf en ondersteuning vir opkomende toerisme-ondernemings. Nathaly Ahrens van die Namibiese Toer- en Safari-vereniging het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Die DA sê Suid-Afrikaanse Toerisme se plan om ʼn span in die Engelse Premierliga, Tottenham Hotspur Football-klub, met een miljard Suid-Afrikaanse rand te borg, is ʼn klap in die gesig van elke Suid-Afrikaner wie se hard-verdiende belasting sal gebruik word om ʼn eerstewêreldse sokkerspan te borg. ʼn Afvaardiging van DA Oorsee sal vandeesweek reël om ʼn verteenwoordiger van die klub in Londen te ontmoet. ʼn Woordvoerder van die DA, Manny de Freitas, sê dit is om presies vas te stel wat die stand van die transaksie is en of enige geld oorbetaal is.
Die Namibiese Studente Finansiële Bystandsfonds het die aansoekproses vir studente tot 10 Februarie verleng. Alle studente wat finansiële bystand nodig het, moet aanlyn aansoek doen voor die sperdatum om vertragings op die nippertjie te vermy. Kosmos 94.1 Nuus het met Kennedy Kandume, die fonds se uitvoerende hoof, gepraat, wat maan dat die aansoekproses nie weer verleng sal word nie
McHenry Venaani, die leier van die amptelike opposisie, die Popular Democratic Movement, is tans in die Noorde waar hy die gebiede wat deur die efundja-vloed geraak is, besoek. Tydens 'n perskonferensie oor die vloede in die Oshana-streek doen Venaani 'n beroep op die regering, veral die President, om opvangdamme te bou om die impak van die efundja-vloede te versag.
Namibië lê 49ste uit 180 lande op Transparency International se 2022 Korrupsie-persepsie-indeks. Die aanwyser plaas 180 lande, volgens die publiek se waarneming wat korrupsie betref, op 'n skaal van nul wat hoogs korrup is, tot 100 waar geen korrupsie plaasvind nie. Die grootste deel van die wêreld misluk steeds in die stryd teen korrupsie. Altesaam 95 persent lande het sedert 2017 min of geen vordering gemaak nie. Volgens die indeks is Denemarke die mins korrupte land en Somalië die mees korrupte. Namibië het in 2021 49 uit 100 punte op die ranglys gekry, wat beteken dat daar nie juis vordering in die stryd teen korrupsie gemaak is nie. Die direkteur-generaal van die Teen-korrupsie Kommissie, Paulus Noa, deel sy reaksie met Kosmos 94.1 Nuus.
ActionSA sê die land is midde-in ʼn energiekrisis wat ʼn nasionale ramptoestand mag regverdig, maar die party is gekant teen die implementering van sulke drastiese maatreëls onder die leierskap van die ANC. ʼn Woordvoerder van ActionSA, Lerato Ngobeni, sê, hoewel die party erken dringende stappe is nodig vir die energiekrisis, moet Suid-Afrikaners nie uit die oog verloor nie dat diegene wat nou noodmaatreëls wil inspan, self die argitekte is van die ramp.
Die Besigheids- en Intellektuele Eiendom, Bipa het nuut geregistreerde sake-entiteite vir die jaar 2022 aangekondig, waarin die owerheid 'n afname in algehele besigheids-registrasies met 7,3 persent in vergelyking met 2021 waargeneem het. Bipa het 'n totaal van 12 666 registrasies op sy besigheids-register aangeteken vir die tydperk Januarie tot Desember 2022, in vergelyking met die 13 594 in 2021. Van die totale aantal registrasies bestaan 11 130 uit beslote korporasies en 1 153 vir maatskappye. Kosmos 94.1 Nuus het met Ockert Jansen, uitvoerende bemarkings- en korporatiewe kommunikasiebestuurder by Bipa gepraat.
Verskeie provinsies in Suid-Afrika word geraak deur die gebrek aan voldoende watervoorsiening weens beurtkrag. Volgens ʼn verslag deur ʼn navorsingspesialis in waterhulpbronbestuur aan Unisa, Anja du Plessis, raak al hoe meer infrastruktuur onklaar weens beurtkrag. Sy sê 40 persent van die water gaan verlore weens infrastruktuur wat nie in stand gehou is nie. Sy glo ook rugsteun-kragopwekkers sal nie met langdurige beurtkrag van nut wees nie.
Die DA in Gauteng is bekommerd omdat inwoners in die provinsie weer beperkte toegang tot water het as gevolg van Rand Water se onbekwaamheid. Die voortgesette beurtkrag het 'n negatiewe uitwerking op Rand Water se vermoë om die reservoirs in die provinsie van water te voorsien. Die DA-lid, Solly Msimanga, sê munisipaliteite word ook erg hierdeur geraak, aangesien dit beteken dat daar nie genoeg tyd tussen geskeduleerde kragonderbrekings is vir die reservoirs om vol te raak nie.
Die Namibiese landbouminister, Calle Schlettwein, het tydens sy besoek aan die Noorde gesê waarnemings toon dat die regte efundja nog op pad is en dat skerp stygings in watervlakke in die komende dae verwag word. Die Namibiese onderwysministerie het ook op 'n vloedbeoordeling-sending gegaan. Klasse by ’n paar skole wat in die Ohangwena-streek geraak is, is vir eers opgeskort totdat die situasie normaliseer. Kosmos 94.1 Nuus het met die uitvoerende direkteur in die onderwysministerie, Sanet Steenkamp, gesels oor wat die noodplan is vir wanneer die regte efundja opdaag.
Cosatu het ook sy mening oor die uitkomste van die ANC se nasionale uitvoerende komitee se Lekgotla uitgespreek. Cosatu se parlementêre koördineerder, Matthew Parks, sê om 'n nasionale ramptoestand te verklaar is 'n noodsaaklike ingryping in reaksie op die kragkrisis.
Die Namibiese ombudsman Basilius Dyakugha het gereageer op berigte dat die Wes-Kaapse regering 68 miljoen Suid-Afrikaanse rand aan skuilings vir slagoffers van geslagsgeweld bewillig het. Plaaslik is daar uitdagings in die verband en Dykugha sê terwyl die wetgewing in Namibië uiters goed is, is daar wel vrae.
NamPower bied beurse vir beroepsopleiding aan en vra voornemende studente om aansoek te doen voor 28 Februarie. Die maatskappy se hoof van sy beroepsopleidingsentrum Mercy Situmbeko, het meer besonderhede met Kosmos 94.1 Nuus gedeel.
Die laaste Boeing 747 is die week afgelewer en sal nie weer vervaardig word nie. Die sogenaamde ‘Queen of the Skies’ het geskiedenis gemaak maar, tegnologie het veroorsaak dat die model oordrewe is. Dr. Guy Leitch, ‘n kenner in lugvaart, gesels met Kosmos 94.1 Nuus.
Die voormalige Namibiese ombudsman sê die regering moet sy prioriteite regkry. Dit volg ná die onderwysministerie onder skoot gekom vir sy besteding aan infrastruktuur. Volgens die Tender Bulletin is dit die sewende jaar waar daar geen nuwe konstruksie-projekte in die regering se ontwikkelingsbegroting is vir skole of klaskamers nie. Van die ministerie se 43 miljard Namibiese dollar se begroting oor die afgelope drie jaar is net 815 miljoen dollar bestee op ontwikkelingsprojekte met ‘n gemiddeld van 16 persent wat bestee word op leermateriaal en drie persent op pre-primêre onderwys. ‘n Totaal van 84 persent word aan salarisse bestee. Kosmos 94.1 Nuus het met die voormalige ombudsman, advokaat John Walters gepraat...
‘n Kenner in Afrika-politiek het gereageer op die SAOG-troika se standpunt dat hy nie enige standpunt sal inneem in verband met die oorlog in die Oekraïne nie. Namibië het hom ook, soos baie ander Afrika-lande weerhou van enige stemmery by die Algemene Vergadering by die Verenigde Nasies. Dr. Charles Sinkala sê partye tot die oorlog poog om lande te beïnvloed om bondgenote te wees maar, die neutrale standpunt is voordelig vir die vasteland.
‘n Vakbond-hoof het sy reaksie gegee op die hoëvlak verteenwoordigers van die Internasionale Arbeids-organisasie het uit Genève, Switserland, wat Namibië tot Vrydag besoek. Namibië se gereedheid en kapasiteit om deel te neem aan die Verenigde Nasies se Global Accelerator on Jobs and Social Protection for Just Transitions as 'n Pathfinder-land sal geëvalueer word. Die Global Accelerator Initiative het ten doel om lidlande van die VN te help om die oplossings vir probleme soos hoë werkloosheid, veral onder die jeug te bereik. Job Muniaro, die sekretaris-generaal van die Nasionale Unie van Namibiese Werkers sê aan Kosmos 94.1 Nuus dat dit nie per abuis is dat Namibië gekies is nie.
Die Wêreldgesondheidsorganisasie sê Covid-19 is steeds ‘n internasionale gesondheids-noodtoestand. Die WGO se adviserende paneel het die besluit gemaak en sê terwyl die pandemie die punt nader waar immuniteit laer sterftes veroorsaak is die wêreld nog nie daar nie. Die WGO-hoof, dr. Tedros Ghebreyesus sê daar is ook meer om te doen.
Altesaam 169 voorvalle van verkragting was deel van die 1 758 ernstige misdaadgevalle wat landwyd tydens die 2022/2023-feesseisoen se misdaadvoorkomings-operasies van die Namibiese polisie aangemeld is. Generaal-majoor Elias Mutota, die adjunk-inspekteur-generaal vir operasies van Nampol, het die syfer bekend gemaak. Kosmos 94.1 Nuus het met Esme Mudge, redakteur van Sister Namibia gepraat, wat haar reaksie gedeel het oor die aantal verkragtings wat aangemeld is.
Die voorstel om 'n ramptoestand weens Suid-Afrika se elektrisiteitskrisis af te kondig, is 'n oppervlakkige benadering deur politici. Só sê die uitvoerende hoof van die Pan-African Investment and Research Service, Iraj Abedian. Hy sê elektrisiteit is nie 'n ideologiese of faksiegeveg tussen die ANC en 'n groep van die samelewing nie. Abedian sê President Cyril Ramaphosa moet vier groepe onderling-aanvullende kundiges aanstel om Eskom reg te ruk, naamlik ingenieurs, logistieke bestuurders, finansiële bestuurders en administrateurs:
Die voormalige Suid-Afrikkanse statistikus-generaal, Pali Lehohla, sê ʼn oplossing is nodig om private kragvoorsiening uit te brei. Hy sê die impak van beurtkrag op die armes is ondenkbaar want hulle het nie die luukse van wisselrigters of sonpanele nie. Lehohla sê armes het nie toegang tot alternatiewe nie weens die hemelhoë pryse van alternatiewe energiebronne:
Die voormalige Amerikaanse President Donald Trump het hom in Augustus verlede jaar in 'n verklaring meer as 400 keer op die Vyfde Amendement teen selfinkriminasie beroep. Die verklaring is afgelê vir 'n regsaak waarin hy beskuldig word dat hy eiendomme se pryse opgeblaas het. Die New Yorkse prokureur-generaal se kantoor het gister 'n video van die verklaring bekend gestel. Trump het getuig as deel van die prokureur-generaal, Letitia James, se siviele ondersoek na die Trump-organisasie se sakepraktyke. Trump ontken dat hy enigiets verkeerd gedoen het:
Die DA in Gauteng sê boere is vanjaar deur 'n dubbele slag getref nadat hulle die verwoestende uitwerking van beurtkrag moes hanteer en nou ook deurloop onder die vernietigende impak van Afrika-varkgriep. Die jongste Afrika-varkgriepuitbreking is op 'n groot varkplaas in die provinsie gevind. Die DA-woordvoerder, Bronwynn Engelbrecht, sê die publiek hoef nie paniekerig te raak nie omdat hierdie uitbreking nie dieselfde is as varkgriep nie en dit kan nie aan mense oorgedra word nie:
McHenry Venaani, die leier van die amptelike opposisie, die Popular Democratic Movement, is tans in die Noorde en besoek die gebiede wat deur die efundja-vloed geraak is. Die Namibiese landbouminister Calle Schlettwein het tydens sy besoek aan die Noorde gesê waarnemings toon dat die regte efundja nog op pad is en dat skerp stygings in watervlakke in die komende dae verwag word. Manuel Ngaringombe, sekretaris-generaal van die PDM, gesels oor die besoek.
Die Protea-kolwer David Miller sê Suid-Afrika wil skoonskip maak wanneer hulle Engeland vandag in die derde en laaste eendagwedstryd in Kimberley die stryd aansê. Die gashere spog met 'n twee-nul-voorsprong in die reeks van drie eendagwedstryde. Een verandering aan die span is moontlik nadat paaltjiewagter Quinton de Kock sy vinger beseer het. Miller sê hulle het altyd alles uitgehaal teen sterker spanne en Engeland is 'n gedugte teenstander:
Lief vir avokadopere? Daar’s verligting... In hierdie week se varsproduktemark-oorsig bespreek die bekende Suid-Afrikaanse landbou-ekonoom, dr. Johnny van der Merwe hoekom avokadopeer-pryse met 22 persent gedaal het. Hy sê dit het te doen met laer vraag op die mark sowel as die laer kwaliteit wat deur die verskaffers gelewer word.
Solidariteit sê die afkondiging van 'n ramptoestand om die land se energiekrisis te hanteer, sal weereens die deure oopmaak vir grootskaalse bedrog en korrupsie. Die kragkrisis was die naweek by sy lekgotla hoog op die agenda van die ANC se Nasionale Uitvoerende Komitee, waar ag geslaan is op toenemende oproepe om die krisis as 'n nasionale ramptoestand te verklaar. Connie Mulder van Solidariteit sê dis waansin om die regering met die magte van 'n ramptoestand te vertrou terwyl hulle wanbestuur die oorsaak van die ramp is:
Daar is kommer oor die toenemende geweld tussen die Palestyne en Israeli’s. Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, sê hulle sal moet saamwerk maar, sê die Palestynse owerheid weier om vredesamesprekings te reël of by te woon. Hy voeg by die Jode was eerste daar.
Die Suid-Afrikaanse omgewingsministerie werk saam met provinsiale en plaaslike regerings om wette oor die aanhou van wilde diere, soos tiere, as troeteldiere in woongebiede, op te skerp. Dit volg nadat nog ʼn tier Maandag in Edenvale, Gauteng, rondgeloop het. Die tier is verdoof en na ʼn reservaat geneem alhoewel daar baie vrae is oor presies waar die jong wyfie haarself bevind omdat die Edenvale DBV sê hy kan geen inligting in die verband bekom nie. Slegs weke tevore is nog ʼn tier, Sheba, van kant gemaak nadat dit uit die eienaar se eiendom ontsnap het. Die adjunkdirekteur van Biodiversiteit en Bewaring, Flora Mokgohloa, sê inwoners behoort nie gevaarlike diere as troeteldiere by hulle huise aan te hou nie:
Die Kunenerivier se vloei by Ruacana bly toeneem en het volgens die jongste vloedbulletin van die Namibiese Hidrologiese Dienste teen 258,1 kubieke meter per sekonde geloop teen die vorige dag se 182,3 kubieke meter per sekonde. Die Ruacana-hidroëlektriese aanleg is die land se grootste elektrisiteit-opwekkingsfasiliteit. Kosmos 94.1 Nuus het met dr. Leake Hangala, die voormalige uitvoerende hoof van NamPower, gevra of die vloei genoegsaam is veral met NamPower se uitdagings met duur kragaankope en berigte dat die nutsmaatskappy 2 miljard Namibiese dollar in die afgelope jaar so verloor het.
Die goewerneur van Florida, Ron DeSantis het teruggekap teen oudpresident Donald Trump wat meen hy wat DeSantis is sou dislojaal wees as hy ook homself verkieskbaar stel as die Republikeine se presidentskandidaat vir 2024. DeSantis en Trump was in vroeër jare baie na aan mekaar maar die vriendskap het versuur. DeSantis sê dis baie eenvoudig – hy is beslissend herverkies...
Die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling in die Wes-Kaap het meer as 68 miljoen Suid-Afrikaanse rand toegeken aan sy program vir slagofferbemagtiging vir die boekjaar 2022/23. Die geld sal beskikbaar gestel word aan 20 skuilings wat veilige verblyf aan slagoffers van geslagsgeweld verskaf. LUR Sharna Fernandez loof die werk wat gedoen word deur organisasies sonder winsoogmerk wat steun verskaf aan diegene wat geweld oorleef:
Studentehulp in Suid-Afrika ervaar oor uitdagings, nes plaaslik. Die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente gee steeds aandag aan die kwessie rondom studente wat tydens registrasie weggewys word. Minister Blade Nzimande het die media ingelig oor die planne vir die 2023 akademiese jaar. Nzimande sê beter kommunikasie tussen hulpfonds en opvoedkundige instellings is nodig om te verhoed studente word verkeerd ingelig:
Amerika se minister van Buitelandse Sake, Antony Blinken, sê dis in beginsel die Israeli's en Palestyne se verantwoordelikheid om 'n einde aan die onlangse geweld te maak. Tien Palestyne, soldate en minstens een burgerlike, is verlede Donderdag in die stad Jenin op die Wesoewer dood toe Israeliese magte 'n klopjag uitgevoer het. Die volgende dag is ses Israeli's en een Oekraïnse burger dood toe 'n Palestyn naby 'n sinagoge in Oos-Jerusalem op mense losgebrand het. Blinken het sy toer in die Midde-Ooste afgesluit en gesê Amerika ondersteun 'n tweestaat-oplossing om die konflik tussen Israel en Palestina te beëindig. Hy vra vir ‘n einde aan die geweld.
Hoëvlak verteenwoordigers van die Internasionale Arbeids-organisasie het uit Genève, Switserland, in Namibië aangekom vir 'n besoek tot Vrydag. Namibië se gereedheid en kapasiteit om deel te neem aan die Verenigde Nasies se Global Accelerator on Jobs and Social Protection for Just Transitions as 'n Pathfinder-land sal geëvalueer word. Die Global Accelerator Initiative het ten doel om lidlande van die VN te help om die oplossings vir probleme soos hoë werkloosheid, veral onder die jeug te bereik, en onder andere onvoldoende maatskaplike beskerming te versnel. Kosmos 94.1 Nuus het met Jeremia Namalenga, die skakelbeampte van die Namibiese arbeidsminsiterie gepraat.
Die leier van ActionSA, Herman Mashaba, sê die hooggeregshof in Pretoria het hom vrygespreek met sy beslissing om die Openbare Beskermer se verslag oor die tyd toe hy die Johannesburgse burgemeester was, tersyde te stel. Die geskorste openbare beskermer, Busisiwe Mkhwebane, het bevind Mashaba het onbehoorlike politieke invloed uitgeoefen deur die verkrygings-ruimte onwettig te betree en in te meng met 'n toelae. Lerato Ngobeni van ActionSA sê die hooggeregshof het saamgestem dit is onwaar.
Die DA in Gauteng sê ʼn verstommende 36 237 pasiënte in Gauteng is op ʼn waglys vir operasies in die provinsie se openbare hospitale. Vir seker soorte operasies is die wagtydperk vyf jaar. Dit is deur die LUR vir gesondheid, Nomantu Nkomo-Ralehoko, onthul in ʼn skriftelike antwoord op die DA se vrae in die Gautengse wetgewer. ʼn Woordvoerder van die party, Jack Bloom, sê die Chris Hani Baragwanath-hospitaal in Soweto het die grootste waglys met 10 900 pasiënte.
Suid-Afrika kan in die volgende vyf tot tien jaar 'n ernstige tekort aan gekwalifiseerde veeartse ervaar. Dis volgens die SA Veterinêre Vereniging, wat sê dat groot getalle jong veeartse die land verlaat, ná hulle hul studies voltooi het vir beter werksgeleenthede oorsee. Fritz Platt, Kosmos 94.1 Nuus se korrespondent in Kaapstad...
Amnestie wat vanaf 1 November 2022 tot 31 Januarie 2023 aan Namibiërs met hangende verkeers-lasbriewe vir inhegtenisneming verleen is om skulderkenningsboetes te betaal, word verleng vir 'n verdere tydperk van twee maande vanaf 1 Februarie tot 31 Maart. Gedurende die tydperk van amnestie moet 'n beskuldigde met 'n hangende lasbrief vir inhegtenisneming in die hof verskyn vir 'n ondersoek oor die hangende lasbrief, luidens ‘n verklaring van die kantoor van die regsbank. Beskuldigdes wat van voorneme is om ‘n skulderkenningsboete te betaal, sal dit van Maandag tot Vrydag gedurende normale werksure kan doen. Na betaling van die skulderkenningsboete moet die dagvaarding van kennisgewing om in die hof te verskyn, saam met die kwitansie onder die aandag van die landdros gebring word. Kommissaris Petrus Swartz, hoof van verkeers-wetstoepassing van die Namibiese polisie, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Shapwa Kanyama het gereageer op die storm rondom sy maatskappy Amnics Trading wat aangekondig is as die voorkeur-bieër vir 'n multimiljoen Namibiese dollar-tender vir mediese voorsiening. Die tender sluit die verskaffing van kondome ter waarde van N$111 miljoen in. Hy het met die Namibiese dagblad The Namibian gesels.
Amnics Trading se produksiebestuurder, Julio, sê die kondome en mediese handskoene word in Maleisië vervaardig, in grootmaat na Namibië gebring en verpak.
Die Nedbank Cycle Challenge 2023 is vandag by die Nedbank Namibia se hoofkantoor bekendgestel. Dié gewilde fietsry-geleentheid sal op Sondag 12 Februarie by die Nedbank-kampus op die hoek van Fidel Castro- en Reverend Michael Scottstraat in Windhoek plaasvind. Die sportminister Agnes Tjongarero het bevestig inskrywing vir fietsryers is nou oop. Die president van die Namibiese Fietsry-federasie, Axel Thiessen sê aan Kosmos 94.1 Nuus sowat ‘n 1 000 fietsryers word verwag.
Die IVP-leier, Velenkosini Hlabisa, sê opposisiepartye moet die toesighoudende rol speel indien 'n nasionale ramptoestand oor die kragkrisis verklaar word. Dit volg op President Cyril Ramaphosa se aankondiging dat die ANC lekgotla so 'n verklaring ondersteun. Hlabisa sê die kwessie rondom Eskom en die kragkrisis het inderdaad tot 'n ramptoestand verval. Hy voeg by plundering en korrupsie moet ook uitgeroei word.
Die Namibiese Nasionale Studente-organisasie, Nanso, het die eerste fase van sy jaarlikse vlagskip-program, die Toegang tot Onderwys-veldtog in die Zambezi-streek by die Dr. Sam Nujoma Gekombineerde Skool van stapel gestuur. Tot dusver het Nanso se uitvoerende komitee talle skole in die Zambezi-, Kavango-Oos-, Kavango-Wes- en Ohangwena-streke besoek, terwyl die streke se uitvoerende komitees ook begin het om skole binne al 14 streke te assesseer. Met die besoeke aan die skole is 'n aantal kwessies geïdentifiseer wat algemeen voorkom. Die mees prominente kwessie nog is die gebrek aan klaskamers. Tweedens is daar 'n gebrek aan leer- en onderrigmateriaal in skole. Kosmos 94.1 Nuus het met Nanso se woordvoerder, Dorothea Nangolo, gepraat.
Die ANC-lekgotla het by die Brics-lande gepleit om te help om die land se energiekrisis op te los. Dit kom terwyl Suid-Afrika spook om te verseker daar is bestendige kragvoorsiening. Volgens die party kan die land by die kundiges van sy Brics-vennote, soos Rusland en Indië, kers opsteek om te verseker die ligte bly aan. Die sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, sê Brics-lande moet saamwerk om hierdie uitdagings die hoof te bied.
'n Werknemer van Stad Windhoek is vandag na Suid-Afrika gevlieg vir mediese noodbehandeling nadat hy ernstige brandwonde opgedoen het terwyl hy aan diens was. Stad Windhoek het bevestig dat twee werknemers van die elektrisiteits-departement by die Haloid-ladingsentrum in Otjomuise gewerk het toe 'n elektriese ontploffing plaasgevind het. Die erg beseerde pasiënt in Mediclinic Windhoek is na Suid-Afrika gevlieg en die ander een is in die Rooms Katolieke Hospitaal opgeneem. Die presiese oorsaak van die ontploffing is nog nie vasgestel nie. Stad Windhoek se woordvoerder Harold Akwenye het die voorval aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig.
Die EFF het President Cyril Ramaphosa se beroep verwerp dat 'n ramptoestand verklaar moet word rondom die kragkrisis. Die party beskryf die oproep, wat Ramaphosa op 'n ANC-vergadering gemaak het, as blote voorgee om iets te doen wat nie die verlammende beurtkrag sal beëindig nie. Sinawo Thambo van die EFF sê die Covid-pandemie het reeds die ANC-regering se vermoë om tragedies en rampe te gebruik as 'n manier om die staat se hulpbronne te plunder bewys.
DA-leier John Steenhuisen sê dit is hoog tyd dat die ANC-regering die kragkrisis tot ramptoestand verklaar. President Cyril Ramaphosa het by die ANC-lekgotla aangekondig dat werk reeds in die regering gedoen word om vas te stel of die wettige vereistes van 'n nasionale ramptoestand nagekom word en watter stappe gedoen moet word. Steenhuisen sê die DA vra vir 'n gespesifiseerde ramptoestand rondom Eskom om plundering te vermy.
Die Namibiese polisie in die Omusati-streek ondersoek 'n saak van bedrog nadat ‘n afgetrede biskop en twee pastore van die Evangeliese Lutherse Kerk in Namibië by die Nakayale-gemeente in Outapi, die kerk na bewering met 3,4 miljoen Namibiese dollar bedrieg het. Die geld, wat glo oor drie maande verduister is, is nog nie teruggevind nie en die verdagtes wat bekend is, moet nog in hegtenis geneem word. Omusati se streeksbevelvoerder, kommissaris Ismael Basson sê die verdagtes sal 'n saak van diefstal, bedrog en korrupsie in die gesig staar. Die verdagtes sal eers in hegtenis neem wanneer hul ondersoeke afgehandel is. Kommissaris Basson sê aan Kosmos 94.1 Nuus die beweerde misdaad het tussen Maart en Mei 2016 plaasgevind.
Gholf: LIV-gholf se uitvoerende hoof, Greg Norman, sê verlede jaar het van die wêreld se voorste kompetisies wat op buitengewone gholfbane aangebied is, bygedra om die grondslag te lê vir gholf se toekoms. LIV-gholf, wat deur Saoedi-Arabië se openbare-beleggingsfonds gefinansier word, het vir sy 2023-seisoen 14 toernooie aangekondig. Dit sal in sewe lande plaasvind en prysgeld van meer as sewe miljard Namibiese dollar is op die spel. Alle toernooie is geskeduleer om nie te bots met die Majors en die Ryder-beker nie. Norman sê die program sluit asemrowende plekke en gholfbane in.
Die UDM in die Oos-Kaap sê belastingbetalers se geld is aangewend vir die oprigting van ʼn stort in die kantoor van die burgemeester van die Mbashe Plaaslike Munisipaliteit, Samkelo Janda. Die munisipaliteit ervaar ʼn ernstige droogte en volgens die UDM is versagtendende maatreëls vaag en bestaan bykans nie. ʼn Woordvoerder, Usivile Mbonelo, sê die administrasie behoort elke sent te bespaar en te fokus op belangrike uitdagings met dienslewering:
Die bekende aktivis aan die kus, Knowledge Iipinge het sy stem bygevoeg tot die onlangse chaos op Walvisbaai na die protesoptog wat deur Michael Amushelelo gereël is. Dit het amper in geweld ontaard en die spesiale reserwemag het uiteindelik traangas gebruik om die groep uiteen te dwing. Iipinge het sy mening oor die aangeleentheid so verwoord.
Namibiese President Hage Geingob het as voorsitter van die SAOG se orgaan oor politiek, verdediging en veiligheidsamewerking, die buitengewone Troika-beraad vir staatshoofde toegespreek. Hy sê konflik is gebaseer op ‘n mislukking in dialoog en diplomasie. Hy het ‘n beroep op SAOG-lande om altyd eers diplomasie toe te pas.
Die nuus dat die Swakopmund-munisipaliteit bevestig het dat hy 'n Staffordshire bullterrier-hond van kant sal maak na 'n vierjarige meisie op die dorp aangeval is, is groot reaksie uitgelok. Die eienaar van die hond is volgens berigte reeds verskeie kere gewaarsku en dit is na bewering die derde aanval waarvoor die hond verantwoordelik is. Volgens die munisipaliteit se woordvoerder, Linda Mupupa, het dié eienaar glo vyf ongeregistreerde honde, wat teen die munisipaliteit se verordeninge is. Daar is talle munisipale wette na nie in verband met diere nagekom word nie maar, dit blyk ook asof plaaslike owerhede nie van die kapasiteit beskik om die wette af te dwing nie. Kosmos 94.1 Nuus het met die Windhoek-DBV se bedryfshoof, Sylvia Breitenstein hieroor gesels.
Simonis Storm voorspel baie goeie ekonomiese groei vir 2022, op 5,1 persent met 3,7 persent vir vanjaar. Die makelaarsfirma voorspel ook ‘n daling in inflasie vanjaar en sê verder dat rentekoerse met net 50 basispunte vanjaar opgestoot sal word. Theo Klein, ekonoom by Simonis Storm het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Dit wil voorkom asof die ontwikkelingsprojekte rondom die Neckartaldam binnekort sal begin na die landbouminister Calle Schlettwein se aankondiging dat daar reeds 11 000 hektaar grond bekom is. Die projek het onder kritiek deurgeloop omdat die reuse-dam, wat 857 miljoen kubieke meter water kan vat, drie keer meer as Hardap, kort na sy voltooiing in 2019 vol geloop het sonder dat die besproeiingsaanleg voorberei is. Die damwal het reeds turbines om krag te genereer en die pompstasie is ook voltooi. Schlettwein het meer inligting in die verband so aan Kosmos 94.1 Nuus verwoord.
Eskom het te kenne gegee dat ses opwekkingseenhede in die afgelope 24-uur onklaar geraak het en dus is fase vyf-beurtkrag vanaf 12-uur reeds in die buurland ingestel. Dit sal deur fase ses opgevolg word. Eskom se woordvoerder Sikonathi Mantshantsha die besonderhede.
Die sogenaamde Kodes van Goeie Praktyk vir verkryging is vanoggend deur die finansminister Ipumbu Shiimi amptelik bekragtig. Dit vervang die plaaslike verkrygingsvoorskrifte wat in Desember 2020 uitgereik is. Die kode het ten doel om eksklusiewe voorkeure aan die kategorieë van plaaslike verskaffers te verleen deur die voorbehoud van sekere verkryging van goedere, werke en dienste en om nasionale voorkeur aan onder andere, Namibiese verskaffers. Die ministerie se woordvoerder Wilson Shikoto het meer.
Nes in Namibië, sukkel Suid-Afrika ook met suksesvolle koalisie-regerings. Uit die buurland word daar berig dat die Onafhanklike Verkiesingskommissie geen rol te speel het in die bestuur van die koalisieregerings nie. Die voormalige ondervoorsitter, Terry Tselani, sê die kommissie het sy mandaat nagekom toe hy die verkiesingsproses uitgevoer het. Hy sê die mislukte koalisieregerings is nou in die hande van die Departement van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake:
Die Stad Kaapstad het sy inwoners gewaarsku dat waterverbruikvlakke erg begin toeneem het en besig is om te styg tot wat dit was voor die 2015/2016 droogte. Burgemeester Geordin Hill-Lewis het 'n dringende beroep op Kapenaars gedoen om saam te werk om by die Stad se algehele waterbesparingsteikens, van minder as 850 miljoen liter, daagliks, te hou veral met voorspelling van laer winterreënval vanjaar. Kosmos 94.1 se Kaapse korrespondent Fritz Platt, het die storie.
Daar was vanoggend ‘n groot polisieteenwoordigheid in Hochlandpark met talle voertuie ook van die Spesiale Reserwemag, wat teenwoordig was. Volgens die Windhoek Stadspolisie het ‘n intelligensie-aangedrewe operasie daartoe gelei dat vier mans, wat van talle huisbrake beskuldig is, gearresteer. Die Stadspolisie hoof, Abraham Kanime...
Die nuwe afrigter van die Wallabies, Eddie Jones, sê hy is vasbeslote om vanjaar die Rugby Wêreldbeker in Frankryk te wen. Dis Jones se tweede sarsie as afrigter nadat hy sy kontrak van vyf jaar begin het. Australië het tot die sesde plek op Wêreldrugby se ranglys teruggesak na ʼn teleurstellende 2022. Maar, ten spyte daarvan, glo Jones die Wallabies sal aanspraakmakers wees by die Wêreldbeker in September:
Die arbeidsministerie gesels oor die afwaartse aanpassing deur die Namibiese arbeidsministerie. Aangewese werkgewers is vanaf 25 na tien aangepas. Dit wil sê dat as jy tien mense in diens het moet jy enige vakante posisies aan die arbeidsministerie rapporteer vir plasing op die geïntegreerde indiensneming inligtingstelsel. Dit is nou onwettig om ‘n pos te vul sonder dat die ministerie ingelig is oor die vakante pos en voor die ministerie ‘n kandidaat voorgestel het.
Nes op Namibië se grens met Angola en Zambië waar daar uiters groot uitdagings is met smokkelary en diefstal, sukkel Suid-Afrika ook. Die nasionale polisiekommissaris in die buurland, Fannie Masemola, lei vandag 'n afvaardiging bestaande uit senior beamptes om die polisie se reaksie op oorgrensmisdaad in die Umkhanyakude-distriksmunisipaliteit in KwaZulu-Natal te bepaal. Die polisiewoordvoerder, Athlenda Mathe, sê 'n reeks ontmoetings met verskeie rolspelers word by die Kwamduku-gemeenskapsaal beplan. Sy sê die doel is om 'n omvattende reaksie op die jongste ontwikkelings te verskaf:
Die Namibiese Raad vir Eiendomsagente sê registrasies vir sy jaarlikse eksamen begin môre en duur tot die 3rde Maart. Voornemende agente sal dan op 31 Maart die eksamen aflê. Kosmos 94.1 Nuus het met die raad se bestuurder Festus Unengu gesels.
Die Vryheidsfront Plus sê die onlangse vlaag gewelddadige transitorooftogte in Mpumalanga word toegeskryf aan die polisie se gebrek aan menslike hulpbronne en voertuie. In die jongste voorval verlede week is 'n veiligheidswag doodgeskiet en nog twee gewond net buite Hazyview. Verlede maand is twee veiligheidswagte ook tydens 'n transitorooftog gewond. Werner Weber van die Vryheidsfront Plus sê die Suid-Afrikaanse Reserwebank het ook sy kommer uitgespreek dat die rooftogte 'n styging in die hanteringskoste van buitelandse valuta kan veroorsaak
Tax Justice South Africa sê 'n nasionale ondersoek na Suid-Afrika se sigaretbedryf en die toepassings-agentskappe wat veronderstel is om dit te beheer, is dringend nodig. 'n Halfmiljoen pakkies sigarette met 'n belastingwaarde van sowat 12 miljoen Suid-Afrikaanse rand is na bewering gister in 'n gas-tenkwa en 'n vragmotor in Marble Hall in Limpopo gevind. Een van die voertuie wat die besending gelei het, het na bewering aan die Valke behoort. Die vise-president van Tax Justice SA, Yusuf Abramjee, sê die handel in onwettige tabak gaan roekeloos voort buite die wet:
Onderhandelings tussen Britse onderwysers en die onderwysminister Gillian Keegan het op ‘n dooiepunt uitgeloop en Britse onderwysers sal môre hulle staking begin. Dit kom na die aankondiging dat brandweerdienste ook gaan staak. Keegan sê hulle onderhandel steeds.
Na berigte dat TransNamib sukkel om onderdele te bekom om sy lokomotiewe, waarvan daar ook ‘n tekort is, reg te maak, kom die nuus dat Suid-Afrika se Transnet werk aan 161 lokomotiewe moet doen. In die buurland sê die maatskappy het verloor miljarde ween die stand van sake. Die handelshoof van Transnet se vragspoor, Bonginkosi Mabaso, sê tenders is gevra vir die 161 lokomotiewe wat herstel moet word. Mabaso sê hierdie tenders is uitgesit aangesien die lokomotiewe benodig word vir dienslewering en om verdere verliese te vermy:
Namibiese President Hage Geingob as voorsitter van die SAOG se orgaan oor politiek, verdediging en veiligheidsamewerking, sal vandag die buitengewone Troika-beraad vir staatshoofde amptelik in Windhoek open. Die uitgaande voorsitter van die SAOG-orgaan, Suid-Afrikaanse President Cyril Ramaphosa, en die inkomende voorsitter, Zambiese president Hakainde Hichilema, sal die buitengewone beraad bywoon. Veiligheidswessies onder die loep is dié van Mosambiek, die Demokratiese Republiek van die Kongo, Lesotho en Eswatini. Die uitvoerende sekretaris van die SAOG, Elias Magosi van Botswana sê daar is hoop vir Eswatini...
Burgerlike onrus neem regoor die wêreld toe namate lewenskostes styg. Volgens die bekende Suid-Afrikaanse ekonoom Dawie Roodt is daar drie vlakke van reaksie op ontevredenheid in die burgerlike samelewing. Die eerste vlak is om deur middel van drukgroepe standpunt in te neem en om howe te nader in sekere gevalle. Die tweede vlak word deesdae al hoe meer gesien, om die stelsel te ondermyn deur stakings en protesoptogte, wat volgens Roodt egter nie ‘n positiewe oplossing nie. Die derde vlak is nog minder positief, om die regering omver te gooi deur, byvoorbeeld, ‘n staatsgreep of burgeroorlog. Hy sê dit is opmerklik dat gewone mense nie langer stilbly nie en toetree tot die stryd om teen onbillikheid te protesteer. Roodt het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.
Meer inligting is bekend oor die afwaartse aanpassing deur die Namibiese arbeidsministerie. Aangewese werkgewers is vanaf 25 na tien aangepas. Dit wil sê dat as jy tien mense in diens het moet jy enige vakante posisies aan die arbeidsministerie rapporteer vir plasing op die geïntegreerde indiensneming inligtingstelsel. Dit is nou onwettig om ‘n pos te vul sonder dat die ministerie ingelig is oor die vakante pos en voor die ministerie ‘n kandidaat voorgestel het. Arnold Ngeama, die hoof-indiensnemingsbeampte by die ministerie verduidelik wat 'n werksoeker moet doen wanneer daar 'n werkgewer is wat 'n vakature het.
Die Namibiese omgewingsministerie sê die stryd teen renosterstropery kan nie man-alleen gewen nie. Die woordvoerder van die ministerie, Romeo Muyunda, sê renosterstropery bly 'n bron van kommer met altesaam 87 renosters wat in 2022 in Namibië gestroop. Altesaam 61 swartrenosters en 26 witrenosters is gestroop. Vyftien renosters is op bewaarder-plase gestroop en 25 witrenosters op private plase. Die Etosha Nasionale Park bly die brandpunt vir renosterstropery met 46 renosters wat in die vlagskippark gestroop is. Muyunda sê aan Kosmos 94.1 Nuus dat hierdie probleem in samewerking met alle relevante belanghebbendes aangespreek moet word.
Die goewerneur van die Kavango Oos-streek, Bonifatius Wakudumo stem saam met die Namibiese minister van veiligheid en sekuriteit dat 'n einde aan die voortdurende gevalle van veediefstal teen die land se noordelike grense gebring moet word. Dr. Albert Kawana het vir verskerpte patrollies van grensbeamptes gevra toe hy fase een van die Namasira-polisie se opgeknapte kantore in Kavango Wes ingehuldig het. Volgens berigte het boere net in die Zambezi-streek verlede jaar 2 miljoen Namibiese dollar aan veediefstal verloor. Wakudumo het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig veediefstal is ’n groot probleem en hy voeg by dat die gemeenskappe met die polisie moet saamwerk om veediefstal in die land uit te roei.
Die DA sê die ANC het geen ander keuse as om toe te gee aan sy eis dat die Eskom-krisis as 'n ramp verklaar word wat deur die ANC veroorsaak is nie. Dit volg nadat President Cyril Ramaphosa bevestig het die regering bevestig tans die regsvereistes om Suid-Afrika se energiekrisis as 'n ramptoestand te verklaar. Die DA se skaduminister van Minerale Bronne en Energie, Kevin Mileham, sê enige verklaring van 'n ramptoestand moet streng afgebaken word tot Eskom en die elektrisiteitsektor:
Rory McIlroy het Patrick Reed met een hou geklop na ʼn dramatiese laaste ronde by die Dubai Dessert Classic. Die wêreld nommer-een het voëltjies op die laaste twee putjies aangeteken om op vier-onder 68 klaar te maak, 19 onder syfer, en een hou beter as die Amerikaner. Dis die Noord-Ierse McIlroy se derde oorwinning in Dubai.
Suid-Afrikaanse President Cyril Ramaphosa sê dat die ANC Lekgotla besluit het om die land se energiekrisis tot 'n nasionale ramptoestand te verklaar. Hy het aan die einde van die party se nasionale uitvoerende komitee Lekgotla in Ekurhuleni gepraat. Volgens Ramaphosa het hy baie ondersteuning gekry om 'n ramptoestand oor die land se energiekrisis af te kondig, soos daar ooreengekom is dat ’n ramptoestand met die Covid-pandemie verklaar moes word. Maar, professor Jannie Rossouw van Wits se Sakeskool is onbeïndruk. Hy sê Covid-19 het Suid-Afrikaners geleer hoe ramptoestande misbruik kan word.
Die politieke en veiligheidsituasie in die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap is die hooffokus van die buitengewone Troika-beraad wat in die hoofstad plaasvind. Onder die voorsitterskap van Namibiese President Hage Geingob, is dit die eerste vergadering van staatshoofde vanjaar. Geingob staan aan die hoof van die SAOG se orgaan oor politiek, verdediging en veiligheidsamewerking. Die Namibiese minister van internasionale betrekkinge en samewerking, Netumbo Nandi-Ndaitwah, het tydens die openingseremonie vandag gesê Eswatini, Lesotho, Mosambiek en die Demokratiese Republiek van die Kongo sal terugvoering gee oor hul veiligheidskwessies.
‘n Namibiese politikus het sy reaksie gegee op die 730 leerders van Rundu wat uiteindelik vandag met die skooljaar in tente begin nadat daar nie vir hulle plek in skole was nie. Die kantoor van die eerste minister 20 tente geskenk na tekorte aan plekke by formele skole in die Kavango-Oos-streek bevestig is. Daar sal 12 onderwysers vir die leerders wees wat neerkom op amper 61 leerders per klas. Tafels en stoele is bewillig van ander skole in die streek en die Namibiese weermag het, saam met gemeenskapslede, die skool opgerig en die terrein skoongemaak en voorberei. Oud-parlementslid, Henk Mudge sê aan Kosmos 94. Nuus dit is ‘n skande dat Namibiese kinders nog in tente moet skoolgaan.
Die Nasionale Vervolgingsgesag in die buurland sê hulle het geen ander keuse as om regter Piet Koen se onttrekking van oupresident Jacob Zuma se korrupsieverhoor te aanvaar nie. Koen het die aankondiging vandag in die hooggeregshof in Pietermaritzburg gemaak en bygevoeg sy besluit is in die belang van geregtigheid om te verseker die land het vertroue in die regstelsel. ʼn Woordvoerder van die NVG, Mthunzi Mhaga sê Koen het buitengewone werk in die verhoor gedoen.
Die Vryheidsfront Plus het 'n beroep op die minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, Thoko Didiza, gedoen om dringend in te gryp met die beurtkrag-krisis. Die party het baie klagtes, stemnotas en video's vanaf boere ontvang wat oorwegend afhanklik is van elektrisiteit op hul plase. Braaikuikens vrek weens die hitte, en vrugte vrot in pakhuise omdat die koelkamers nie werk nie. Die party-lid, Tammy Breedt, sê Didiza moet die departement se mandaat nakom en die belange van boere voorop stel.
Organiseerders van Suid-Afrika se eerste formule-E-wedren, wat einde volgende maand in die Moederstad plaasvind, sê beurtkrag sal nie die geleentheid pootjie nie en sê daar is genoeg voorbereidings getref om 'n suksesvolle resies aan te bied. Kaapstad is sowat twee jaar gelede die groen lig gegee om een been van die 2023 E-Prix-renkalender aan te bied. Elf spanne van regoor die wêreld sal op 25 Feruarie mekaar aanvat vir die eerste plek. Kosmos 94.1 Nuus se korrespondent in die Moederstad, Fritz Platt...
Die bedreigde voëls en ’n aasvoël-kuiken van die Rare and Endangered Species Trust, oftewel REST, pas goed aan by N/a’an ku sê oos van Windhoek. ‘n Span van N/a’an ku sê het vroeg in Januarie gevlieg om die aasvoëls, arende en uile in die omgewing van Outjo te gaan haal. Dit volg nadat die N/a’an ku sê-stigting die Windhoekse hoërhof genader het om ‘n dringende hofbevel te kry om die Namibiese omgewingsministerie te stop om die voëls by REST te verwyder en te hervestig. Marlice van Vuuren van N/a’an ku sê het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat...
Reaksie word ontvang op berigte dat lede van die Nasionale Vergadering selfone ontvang het en kon kies tussen ’n Apple iPhone en Samsung-foon. Kosmos 94.1 Nuus het kommentaar van die oud-parlementslid, Henk Mudge gekry, wat geskok was dat die lede nie hierdie aanbod geweier nie....
‘n Politieke ontleder het gereageer op Koning Mswati III van Eswatini wat die buitengewone beraad van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap wat vandag in die hoofstad plaasvind, misloop. Die byeenkoms sal die politieke en veiligheidsituasie in die streek bespreek. In sy plek sal die koninkryk se premier, Cleopas Sipho Dlamini, dit bywoon en hy sal ‘n verslag oor sy land se veiligheidsituasie lewer. Onder die voorsitterskap van President Hage Geingob, is dit die eerste vergadering van staatshoofde vanjaar. Geingob staan aan die hoof van die SAOG se orgaan oor politiek, verdediging en veiligheidsamewerking. ‘n Suid-Afrikaanse politieke kenner, professor Andre Duvenhage, sê aan Kosmos 94.1 Nuus wat die redes kan wees waarom die koning besluit het om nie op te daag nie.
Die NEFF-aktivis Michael Amushelo is borgtog van 3 000 Namibiese dollar in die Walvisbaaise landdroshof toegestaan. Hy word daarvan aangekla dat hy die polisie verhinder het om hul pligte uit te voer en ook, ingevolge die wet op openbare byeenkomste, dat daar ‘n dreigement was om eiendom te beskadig sowel as om lede van die mag te beseer. Volgens die Namibiese polisie het hy wederregtelik en opsetlik versuim om te voldoen aan die bepalings soos uiteengesit in sy kennisgewing wat hy aan die polisie verskaf het om die vreedsame betoging te hou. Hy het ook met die polisie ingemeng deur te verhoed dat die lykswa wat hulle daar aangebring het, die toneel voor Shoprite verlaat. Amushelelo sê aan Kosmos 94.1 Nuus nou kom Shoprite Windhoek aan die beurt.
Agra Veilings bied op Dinsdag, 21 Februarie om vyf-uur die middag die Sentral Select-veiling aan wat die eerste beesveiling van 2023 is by die Agra/Bank Windhoek-ring in die hoofstad. Sowat 20 Simbra bulle, 12 Simmentaler bulle, Brahman- en Charolais-bulle, asook koeie en verse, is op die veiling te koop. Paul Klein van Agra Veilings het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Die Jacob Zuma-stigting is verheug oor die nuus dat regter Piet Koen onttrek het van die wapentransaksie-korrupsieverhoor in die Hooggeregshof in Pietermaritzburg. Regter Nkosinathi Chili het oorgeneem by Koen nadat Koen vanoggend onttrek het. Koen het gesê geregtigheid, die vereistes van die grondwet en sy gewete het bepaal dat hy homself moet onttrek. 'n Woordvoerder van die Jacob Zuma-stigting, Mzwanele Manyi, sê Koen se besluit was 'n nugter stap.
Die EFF-leier, Julius Malema, sê die party is vol vertroue dat die 2024 nasionale en provinsiale regeringsverkiesing 'n enorme verskuiwing sal meebring in Suid-Afrika se politieke landskap, waarin die toekoms van die land drasties gaan verander. Malema moedig all15:00e mense aan om te verseker hulle is geregistreer om te kan stem, en om deel te wees van die geskiedkundige verandering wat die land sal ondergaan.
Die burgemeester van Tshwane, Randall Williams, het 'n dringende vergadering met Rand Water versoek om meer uit te vind oor die huidige watervoorsieningskwessies wat dele van Pretoria teister. 'n Week gelede het hy met Rand Water se voorsitter en uitvoerende hoof vergader waartydens hulle die voorsieningbeperkings in die hoofstad bespreek het. Williams sê die Stad Tshwane het hom daartoe verbind om waterbesparing aan te moedig en die waterverbruik te verminder.
Die Kankervereniging van Namibië bied op 4 Februarie 'n fondsinsameling vir Wêreldkankerdag, wat op daardie dag herdenk word, aan. Hulle gaan t-hemde verkoop om fondse in te samel. Kosmos 94.1 Nuus gesels met Rolf Hansen, uitvoerende hoof van die vereniging...
Efundja bring meer as net gevaar vir mense en infrastruktuur. Vee wat vir lang periodes in water of modder staan ontwikkel ook vrotpootjie. Volgens Windhoek-veearts, dr. Theuns Laubscher, is die oplossing glad nie so eenvoudig nie. Hy het raad vir boere wat moontlik die uitdaging het.
Die Stad Ekurhuleni sê Rand Water se belangrikste reservoirs wat die stad van water voorsien, sal daagliks vanaf tien-uur saans tot vier-uur soggens afgeskakel word sodat hulle kan herstel. Dit volg soos die watervoorsiener besig is om sy bergingsvermoë op te bou. Hierdie ingryping sal voortduur totdat Rand Water se toevoerstelsels herstel. Die stad se woordvoerder, Zweli Dlamini, sê die reservoirs word noukeurig gemonitor, en alle opdaterings sal betyds aan kliënte verskaf word:
Die hoof uitvoerende beampte van Meatco sê daar is geen onregverdige prysstrukture tussen kommunale en kommersiële boere nie. Sy aanmerkings aan Kosmos 94.1 Nuus kom na aanleiding van twee boere-unies, die nasionale boere-unie, NNFU, sowel as die ontluikende kommersiële boere-unie wat aanvoer dat boere in die noordelike kommunale streke nie dieselfde vir hulle diere betaal word nie. Mwilima Mushokabanji, sê pryse is markaangedrewe.
Reaksie word ontvang op berigte dat lede van die Nasionale Vergadering selfone ontvang het en kon kies tussen ‘n Apple iPhone en Samsung-foon. Kosmos 94.1 Nuus het gepoog om kommentaar by die adjunkleier van die Landless People’s Movement te kry maar, hy was ontstoke en het beklemtoon dat hy niks ontvang het nie. Hy het geweier om kommentaar te lewer. Die PDM se tesourier Nico Smit het bevestig dat sommige LP’s reeds verlede jaar hul fone ontvang het. Die stap is blykbaar geneem omdat lede gekla het... Smit verduidelik.
Rick Astley dagvaar die kletsrymer Yung Gravy oor sy Betty (Get Money)-treffer wat Astley sê op sy Never Gonna Give You Up-treffer van 1987 gebaseer is. Besluit jy self:
Die totale eis is nie in die stukke wat by die hof in Los Angeles ingedien is nie maar beloop blykbaar miljoene Amerikaanse dollar en tantieme op Betty (Get Money).
Die DBV in Gauteng sê owerhede wat toelaat dat wilde diere in gevangeneskap aangehou word moet verantwoordelikheid neem wanneer die diere ontsnap. Suid-Afrika het van die mees omstrede wetgewing in die verband. Die DBV se aanmerkings kom na nog ‘n tier vandag by Edenvale opgemerk is. Die organisasie is van mening die tier is 'n nege-maande-oue wyfie. DBV-woordvoerder, Keshvi Nair, het met die media gepraat.
‘n Hoogdrukstelsel wat reënval in die oostelike gebiede van die land verhoed het, is besig om te verswak. Volgens die bekende weerkenner van die verre Suide, George van der Merwe, sal neerslae in die komende week baie beter in die gebied vertoon, wat verligting nie net vir Namibië sal bring nie, maar ook Botswana en Gauteng.
Die Namibiese Korrektiewe Diens se voedselproduksie het ‘n sukses storie vir die land geword. Inteendeel, soveel so dat die diens reeds aan die publiek verskaf. Meer as 1 300 ton mielies is by Divundu reeds ge-oes en intussen het die gesamentlike projek met die Wêreld Voedselprogam groot suksesse met hidproponiese aanlegte en meer behaal. Die voedselprogram het ook 8 ton koringsaad aan die diens verskaf vir aanplantings by sy Divundu, Evaristus Shikongo en Hardap fasiliteite. Adjunkkommissaris-generaal Sam Shaalulange van die diens sê die projek vorder uiters goed.
Amerikaanse President Joe Biden is aangeraai om Tyre Nichols se dood te gebruik om ondersteuning te werf vir die George Floyd Wet vir Geregtigheid in Polisiëring. Die 29-jarige Nichols is in die hospitaal dood nadat hy na bewering vroeër die maand in Memphis deur vyf polisielede voorgekeer en aangerand is. Die wet is in 2021 aanvaar in die Huis van Verteenwoordigers, wat destyds deur Demokrate beheer is, maar is deur die opposisie in die Senaat gestuit. Die prokureur wat Nichols se familie verteenwoordig, Ben Crump, sê polisiehervorming is dringend nodig:
Die Kommissie vir Geslagsgelykheid in Suid-Afrika is hartseer oor alle vorms van seksuele geweld teen kinders. Hy vra die howe om kwaai strawwe op te lê teen diegene wat hulle skuldig maak aan hierdie vergrype. Die kommissie se verklaring volg op die inhegtenisneming van 'n polisiekonstabel op 'n aanklag van verkragting na 'n video op sosiale media toon hoe sy haar seun, wat toe tien was, seksueel afrig. Die woordvoerder van die kommissie, Javu Baloyi, sê artikel twee van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika bepaal elke kind het die reg om beskerm te word teen verwaarlosing, uitbuiting of vernedering:
Tendai Biti, die adjunkleier van die Citizen’s Coalition for Change-opposisieparty in Zimbabwe, sê dit is kommerwekkend dat Afrika as pion gebruik word deur Rusland in sy oorlog met die Oekraïne. Biti het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor die besoek deur Belarus President Alexander Lukashenko die week aan President Emmerson Mnangagwa.
Die EFF-leier Julius Malema sal na verwagting vandag weer in die Streekhof in Oos-Londen in die Oos-Kaap verskyn vir die roekelose afvuur van 'n vuurwapen in die openbaar. AfriForum het in 2018 klagtes teen Malema ingedien nadat 'n video op sosiale media verskyn het. Die burgerregte-organisasie se woordvoerder, Jacques Broodryk, sê die Nasionale Vervolgingsgesag vervolg ook die leier van die rooipette vir die besit van 'n vuurwapen en ammunisie sonder die nodige lisensie en toestemming:
Die DA sê die ANC-regering het onbeskaamd versuim om positief te reageer op 'n versoek om dieselkortings aan boere in die pluimveesektor, om die sektor te red en voedselsekerheid te beskerm. Onlangs het die pluimveeprodusent Astral Foods gesê hulle verwag dat hul verdienste vir die eerste helfte van hierdie boekjaar deur beurtkrag-ontwrigting ingesluk sal word. Die DA se Noko Masipa sê die voortdurende ANC-gemanipuleerde Eskom-vernietiging van landbou is 'n ramp vir die hele ekonomie:
Die DA het afgekom op 'n ontstellende stand van sake by Binnelandse Sake-kantore in Suid-Afrika, waar sekere identiteitsdokumente- en paspoort-aansoeke letterlik tydens beurtkrag gewis word. Die moontlikheid dat dit ook die geval is by ander staatsdepartemente is uiters kommerwekkend en die party sal in die komende weke oorsigbesoeke bring om vas te stel of dit inderdaad die geval is. Adrian Roos van die DA sê hy het geskryf aan die minister van Binnelandse Sake, Aaron Motsoaledi, sodat die saak dringend aandag kan kry:
Afrika se hulpbronne sal al hoe meer in fokus kom, nie net as gevolg van die oorlog in die Oekraïne nie maar ook oor die algemeen omdat bronne in die res van die wêreld begin kwyn. Dit is die mening van die bekende beleggingsekonoom in Suid-Afrika Dawie Klopper op die nuus dat die Italiaanse energiemaatskappy Eni, en Libië se Nasionale Oliekorporasie, 'n gasproduksieooreenkoms van 8 miljard Amerikaanse dollar onderteken het. Klopper sê Afrika moet voorberei hiervoor.
Die EFF-leier, Julius Malema, sê hulle gaan op die 20ste Maart die land tot stilstand dwing, en die bedanking van President Cyril Ramaphosa en 'n einde aan beurtkrag eis. Hy het die media in Johannesburg hieroor ingelig. Malema sê alle belangrike paaie, skole, fabrieke en sakeondernemings sal gesluit word
Die ANC-president Cyril Ramaphosa sê 'n span onafhanklike kenners is saamgestel om nóu saam met Eskom te werk om 'n diagnose te kry vir die uitgerekte beurtkrag-probleme. Die span sal ook optree om aanleg-prestasie te verbeter, veral by die ses kragstasies wat die meeste onklaar raak. Ramaphosa sê onderhoud is deurslaggewend vir energie-sekerheid en dit beteken meer kragstasies moes van lyn af geneem word vir onderhoud:
Die wêreld se voorste speler, Rory McIlroy, sê hy sien daarna uit om vir die eerste keer sy aanvangstoernooi van 'n kalenderjaar te wen. McIlroy het in die Dubai Desert Classic 'n derde ronde van 65, sewe onder baansyfer, aangeteken vir 'n voorsprong van drie houe in vanoggend se afslaan nadat die vorige dag se spel deur reën onderbreek is. Callum Shinkwin en Dan Bradbury van Engeland is gesamentlik tweede. McIlroy sê dit sal iets besonders wees om die trofee vir die derde keer te lig:
Ekonomiese druk en stygende rentekoerse plaas druk op die kleinsakesektor, een van die belangrikste sektore vir werkskepping in die land. Daar was ondersteuning wat tydens Covid aangebied is maar, besigheidseienaars was huiwerig om lenings te neem. Daar is meer as 33 700 kleinsake-ondernemings in die land wat werk skep vir meer as 160 000 mense. Danny Meyer van SMEs Compete sê ondersteuning aan die sektor is belangrik...
Daar was weer ‘n geval van kaping in die hoofstad oor die naweek. Gewapende mans het ‘n taxi gekaap en met die taxi na Rocky Crest gery en daar ‘n sportnutsvoertuig gekaap en die taxi daar gelos. Die tipe misdaad neem toe in die hoofstad, ook namate misdadigers hul hande op wapens lê. Dit is uiters belangrik dat lede van die publiek bewus is van wat om hulle aangaan en meer versigtig, veral saans, in die hoofstad rondbeweeg, soos hoofinspekteur Elifas Kuwinga, verduidelik.
Die Namibiese landbouminister Calle Schlettwein het sy besoek aan die Noorde in verband met die efundja afgesluit en sê die werklike efundja is nog op pad, ook na die westelike dele in die Omusati-streek. Kosmos 94.1 Nuus het met Omusati-streeksgoewerneur, Erginus Endjala, gesels oor hulle beplanning na die afloop van Schlettwein se besoek.
Eskom sê fase vier-beurtkrag gaan tot verdere kennisgewing deurlopend ingestel word. Dit volg na die onklaarraking van opwekkingseenhede by verskeie kragstasies. Die kragvoorsiener se woordvoerder, Sikonathi Mantshantsha, sê hulle sal verdere inligting beskikbaar stel indien daar enige beduidende veranderinge aan die netwerk plaasvind:
Die direkteur van die direktoraat vliegtuigongeluk-ondersoeke, Magnus Abraham het Sondagnamiddag bevestig dat ‘n ondersoekspan gestuur is na die ongelukstoneel van ‘n sweeftuig by Bahnhof naby Rehoboth. Volgens Sean Naude van die Namibia Marshal Rangers is die slagoffer ‘n buitelandse burger wat getroud was met een van sy Marshal Rangers op die dorp. Die man, ongeveer 52 jaar oud, het alleen in die sweeftuig opgegaan met sy vrou wat op die grond was. Dit het onverklaarbaar neergestort. Abraham het Sondagaand met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en sê die ondersoek het reeds begin.
'n Jaar nadat Australië hom gedeporteer het weens sy weiering om teen Covid-19 ingeënt te word, het Novak Djokovic sy tiende Australiese Ope-titel en 22ste Grand Slam ingepalm. Hy het die Griek Stefanos Tsitsipas, 6-3, 7-6, 7-6, geklop. Hy het hulde aan Tsitsipas gebring vir ‘n taai stryd.
Die verhoging van die Suid-Afrikaanse repokoers met 25 basispunte tot 7,25 persent, was kleiner as die verhoging van 50 basispunte wat deur die meerderheid ekonome verwag is ná drie verhogings van 75 basispunte agtereenvolgens. Die besluit dui daarop dat Suid-Afrika die hoogtepunt in rentekoerse bereik het, en dat daar in die ergste geval nog 'n verhoging van 25 basispunte oor is. Kosmos 94.1 Nuus het met Arney Tjaronda, aandele-navorser van High Economic Intelligence gepraat oor of die siklus van herhaalde verhogings tot ‘n einde kom... en die nuus blyk om goed toe wees, na 15 Februarie wanneer die Bank van Namibië sy aankondiging doen.
Die ANC-president Cyril Ramaphosa sê hoewel geen party nog sy veldtog amptelik afgeskop het nie, is stemwerwing vir die 2024-verkiesing flink aan die gang, en mense moet sonder vertraging 'n verkiesings-houding inneem. Ramaphosa het die ANC se nasionale uitvoerende komitee-lekgotla by die Esselenpark-konferensiesentrum in Gauteng geopen. Hy sê hoe die party nou optree, moet 'n duidelike boodskap aan kiesers stuur dat die ANC ál die nodige stappe doen om die uitdagings te hanteer wat hom konfronteer, veral werkloosheid, die stygende lewenskoste, misdaad en onbestendigheid, asook swak dienslewering:
Die Vleisraad van Namibië lig alle produsente in dat daar geen boomdoder vir bosbeheer in voorraad in die land is nie. Onderhandelinge is steeds aan die gang met verskaffers om die beste moontlike prys vir die produsent te beding. Sodra die proses voltooi is, sal die nodige kennisgewings met die bedryf gedeel word. Die verkryging van boomdoder berus by die Vleisraad as gevolg van streng EU-regulasies. Kosmos 94.1 Nuus het met Desmond Cloete, hoof van bemarking by die Vleisraad van Namibië, gepraat...
Die Kaapse Wynlande Distriksmunisipaliteit sê sy brandweerdiens, saam met spanne van sy vennote CapeNature en Winelands FPA, beveg steeds 'n groot brand in Bainskloofpas. Die woordvoerder van die munisipaliteit se brandweerdiens, Anesca Roodt, sê die brand is laat gistermiddag aangemeld, maar is steeds buite beheer terwyl 'n sterk wind dit aanblaas:
Die DA in Gauteng eis die LUR vir Onderwys, Matome Chiloane, moet die departement se 432 miljoen Suid-Afrikaanse rand persoonlike beskermingstoerusting-korrupsieverslag bekendmaak. Dit sal verseker amptenare en politici wat betrek word by die skandaal, word aanspreeklik gehou en moet elke gesteelde sent terugbetaal. Die DA-lid vir die Komitee oor Onderwys, Khume Ramulifho, sê die party het geloofwaardige inligiting die verslag is aan Chiloane oorhandig:
Die besturende direkteur van Namibia Wildlife Resorts, dr. Matthias Ngwangwama, is verbaas oor die uitlatings van die sekretaris-generaal van die Staatsdiensunie van Namibië, Mathew Haakuria, oor oortydbetalings van werknemers van NWR. Haakuria het beweer NWR het versuim om 'n memorandum van verstandhouding na te kom om nie sy werknemers se oortyd te betaal nie. Haakuria eis dat NWR sy wetlike verpligtinge rakende oortydbetaling moet nakom. NWR het volgens Haakuria op 24 Mei 2022 'n interne personeel-kennisgewing uitgereik wat verklaar dat oortydbetaling op 1 November 2022 sou begin, maar geen oortydgeld is sedertdien aan enige van sy werknemers betaal nie. Dr. Ngwangwama sê Haakuria se bewerings is vals, trouens NWR het op dié datum wel met oortydbetalings begin.
Die Suid-Afrikaanse politieke ontleder, Asanda Ngoasheng sê sy glo die beurtkrag-krisis is die naweek bo-aan die sakelys van die ANC nasionale uitvoerende komitee se lekgotla. Die DA het dié week opgeruk na Luthuli-huis om sy ontevredenheid te toon met wat hy 'n ANC-veroorsaakte elektrisiteitskrisis noem. Verskeie ander groeperings het gevra vir 'n nasionale afsluiting in die land. Ngoasheng sê beurtkrag het die potensiaal om uiteindelik die mag van die regerende party af weg te neem:
Voormalige Amerikaanse president, Donald Trump, het sy veldtog vir presidensiële kandidaat vir die Republikeinse party die naweek in Salem, New Hampshire en in Columbia, Suid-Carolina afgeskop. Terwyl die party se kandidaatslys nog nie bekend is nie, word daar al om verwag dat die goewerneur van Florida, Ron DeSantis, wat uiters gewild is, ook sal staan. DeSantis en Trump was in vroeër jare baie na aan mekaar maar die vriendskap het versuur. Trump is ook vies omdat DeSantis moontlik kan staan – hy sê hy wat Trump is, is verantwoordelik vir DeSantis se sukses en vind dit ‘dislojaal’.
Cope sê die sekerheidsituasie in Suid-Afrika is in 'n skokkende toestand met misdaad wat steeds daagliks inwoners raak. Die woordvoerder Dennis Bloem sê as die adjunk provinsiale Polisiekommissaris van Gauteng onder 'n gewapende roof deurloop, en polisielede word amper daagliks vermoor, is dit 'n duidelike teken die land is op die pad na 'n mislukte staat. Bloem voeg by wanneer die pilare van sekerheid verswak word, neem misdadigers die beheer van 'n land oor:
Aryna Sabalenka het hard terugbaklei en haar eerste Australiese Ope titel ingepalm teen die Rus, Elena Rybakina. Vandag is die mansfinaal tussen Novak Djokovic en die vierde gekeurde Griek, Stefano Tsitsipas. Djokovic het die tiende keer die eindstryd gehaal met ʼn maklike oorwinning teen die Amerikaner, Tommy Paul. Hy het kort na daardie westryd met die media gepraat.
'n Namibiese landboukundige gee sy reaksie op brandstofpryse vir Februarie wat onveranderd sal bly. Die prys van diesel bly op 20 Namibiese dollar 65 sent per liter en dié van petrol op 18 dollar 28 sent per liter by Walvisbaai waar die brandstof aanland. Landboukenner Wallie Roux gee sy mening oor wat veral die onveranderde dieselprys vir die landbou-sektor kan beteken...
Die Namibiese landbouminister Calle Schlettwein het sy besoek aan die Noorde in verband met die efundja voltooi. Hy sê waarnemings toon dat die werklike efundja nog op pad is en dat skerp stygings in watervlakke in die komende dae verwag word.
Die Kommunistiese Party van Eswatini veroordeel die skietery op twee betogers tydens 'n optog om geregtigheid te eis vir die vermoorde menseregteprokureur, Thulani Maseko, by die polisiehoofkwartier in Manzini, Eswatini. Twee aktiviste, Mhlonishwa Mtsetfwa en Sibusiso Vilakati, is gister gewond. Die party se internasionale sekretaris, Pius Vilakati, sê die wrede aanvalle op vreedsame en ongewapende betogers deur die Mswati-outokrasie is dade van desperaatheid om aan mag vas te klou en Eswatini as Afrika se laaste absolute monargie te probeer handhaaf:
Michael Amushelelo bly steeds in aanhouding op Walvisbaai nadat hy Vrydag in hegtenis geneem is. Volgens inspekteur Ileni Shapumba van die Erongo-polisie word verskeie klagte in verband met sy aksies by Shoprite op die kusdorp op die oomblik ondersoek en sal formeel aan hom Maandag in die hof voorgelê word. Shapumba het van die klagtes so beskryf.
Die voorsitter van die Eskom raad, Mpho Makwana, sê sommige senior bestuurders by Eskom word geteiken en vrees vir hul lewens. Hy het by Megawattpark met die Parlementêre Portefeuljekomitee gepraat en sê gesinne moet privaat sekerheidsdienste aanstel vir hul veiligheid. Makwana sê werkers word gedreig wanneer hulle probeer uitpraat:
Die Namibiese minister van veiligheid en sekuriteit het 'n beroep op grensbeamptes gedoen om 'n einde te bring aan die voordurende gevalle van veediefstal teen die land se noordelike grense. Dr. Albert Kawana het die beroep gedoen toe hy fase een van die Namasira-polisie se opgeknapte kantore in Kavango Wes ingehuldig het. Dit kom na berigte dat net in Zambezi, het boere verlede jaar 2 miljoen Namibiese dollar aan veediefstal verloor. Kawana vra vir verskerpte patrollies op die grens.
‘n Politieke kenner gee sy mening oor die voorneme van bedanking van die Suid-Afrikaanse adjunkpresident David Mabuza. Hy het President Cyril Ramaphosa in kennis gestel dat hy uit die pos gaan bedank. Mabuza se kantoor het bevestig dat hy glo dit is belangrik om party-leierskaprolle in lyn te bring met regerings-verantwoordelikhede. ‘n Politieke analis in die buurland, dr. Charles Sinkala, sê aan Kosmos 94.1 Nuus Mabuza se bedanking sal die weg baan vir die ANC se adjunkpresident, Paul Mashatile, om hom in die Uniegebou te vervang.
Eskom het fase drie-beurtkrag in die buurland tot vier-uur vanmiddag ingestel. Daarna sal fase vier na verwagting tot môre-oggend inskop. Beurtkrag sal verlaag word na fase twee vanaf vyf-uur môreoggend tot môre-middag. Die woordvoerder, Sikonathi Mantshantsha, sê die nutsmaatskappy sal die inligting vir die komende week opdateer:
Gisteraand se Copps 94.1-program het verskeie insidente gehad met een waar ‘n vrou haar kêrel met ‘n bottel gesteek het oor ‘n bakleiery oor ‘n ander vrou. Sy het ook ‘n klag teen haar kêrel gelê oor haar hare. Francois Lottering was aan diens en het die besonderhede.
Die Suid-Afrikaanse Suikerriet-kwekersvereniging gaan vanjaar weens die voortdurende kragonderbrekings ʼn verlies van 723 miljoen Suid-Arikaanse rand toon. Die uitvoerende hoof van die vereniging, Thomas Funke, sê boere kan nie hulle besproeiing-stelsels na behore gebruik nie. Hy sê die regering moet maatreëls instel om verdere produksie-verliese weens die elektrisiteits-krisis te voorkom. Hy sê meer as een miljoen lewens word geraak.
Die DA is sterk gekant teen enige voor-veronderstelling wat op ras gebaseer is en sal enige besluit opponeer indien die departement van kleinsake-ontwikkeling toegang tot die verligtings-pakket as gevolg van beurtkrag aan raskwotas koppel. Die ekonomiese impak op klein ondernemings was ernstig en baie sukkel om kop bo water te hou. ʼn Woordvoerder van die DA, Jan de Villiers, sê die party sien uit na 'n aankondiging wat prakties en maklik toeganklik is vir alle klein besighede.
Die DA is sterk gekant teen enige voor-veronderstelling wat op ras gebaseer is en sal enige besluit opponeer indien die departement van kleinsake-ontwikkeling toegang tot die verligtings-pakket as gevolg van beurtkrag aan raskwotas koppel. Die ekonomiese impak op klein ondernemings was ernstig en baie sukkel om kop bo water te hou. ʼn Woordvoerder van die DA, Jan de Villiers, sê die party sien uit na 'n aankondiging wat prakties en maklik toeganklik is vir alle klein besighede.
Eskom het aangekondig dat Fase 4-beurtkrag tot Saterdagoggend om vyf-uur ingestel is. Daarna sal beurtkrag tot op Fase 3 verminder word. Fase 4 beurtkrag sal Saterdag en Sondag vanaf vier-uur in die middae tot vyfuur soggens ingestel word. Fase 2-beurtkrag sal vanaf Sondagoggend vyf-uur tot vier-uur Sondagmiddag ingestel word. Die woordvoerder van Eskom, Sikonathi Mantshanthsa...
Die Namibiese ministerie van myne en energie het besluit om die brandstofpryse onveranderd te laat, ondanks die onderverhandeling van sowat 50 miljoen Namibiese dollar wat deur die Nasionale Energiefonds geabsorbeer sal word. Die prys van diesel bly op 20 Namibiese dollar 65 sent per liter en dié van petrol op 18 dollar 28 sent per liter by Walvisbaai. Die woordvoerder van die ministerie, Andreas Simon, gee die redes aan Kosmos 94.1 Nuus oor die besluit.
Die vermeende brandstigter van die parlement in Kaapstad, Zandile Christmas Mafe, het weer geweier om uit sy sel in Pollsmoor-gevangenis te beweeg om die voorverhoorverrigtinge by te woon. Hierdie keer het hy geen redes verskaf en geen eise gestel nie, net geweier om uit sy sel te kom. Volgens die aanklaer, Mervyn Menigo, het tronkbeamptes probeer om hom te oorreed om uit te kom, maar hy het geweier. 'n Woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, Eric Ntabazalila, sê dit is die derde keer dat hy soortgelyke gedrag toon.
Die Namibiese Rolprent-kommissie in samewerking met MultiChoice Namibia het Ndakalako Shilongo en Othilia Mungoba gekies om die Joburg-rolprentfees by te woon. Dit is moontlik gemaak met ‘n gesamentlike borgskap. Die filmfees duur van 31 Januarie tot 5 Februarie 2023. Mediabeampte van die rolprentkommissie, Hertha Katjivena sê aan Kosmos 94.1 Nuus hulle vertrou dat dit blootstelling sal gee aan die film-projekte van hierdie twee uitgesoekte rolprentmakers en met hul terugkeer kampioen-vroue in filmwese sal wees.
Die Stampriet Aquifer Uranium Mining Association, Sauma, het die dienste van omgewingskonsultant dr. Lima Maartens ingespan vir grondeienaars se regte. Sauma is van mening dat die voorgestelde uraan-ontginning naby Leonardville moontlike verwoestende gevolge kan inhou vir die hele Stampriet artesiese kom, wat oor die suidooste van Namibië strek en dele van Botswana en Suid-Afrika insluit. ’n Uiters kommerwekkende feit vir Sauma is dat ’n droë land soos Namibië dit eenvoudig nie kan bekostig om sy lewenslyn - uitstekende gehalte drinkwater - op te offer vir moontlike finansiële wins op kort termyn nie. Dr. Maartens sê aan Kosmos 94.1 Nuus grondeienaars het regte ten opsigte van enige verkenning, prospektering en mynbou op hul plase.
Die tropiese storm Cheneso is nou tussen Madagaskar en Mosambiek, sê ‘n weerkenner. Die rampbestuurkantoor in Madagaskar sê minstens 16 mense is dood en 17 word nog vermis na swaar reën. Meer as 60 000 mense is ontwortel terwyl sowat 13 000 huise en 100 klaskamers beskadig is. Madagaskar, Mosambiek en omliggende gebiede is die afgelope jare deur verskeie hewige storms en siklone getref. Verlede jaar is meer as 100 mense in die streek weens storms dood en honderde duisende is ontwortel. Suid-Afrikaanse weerkenner, dr. Kobus Botha sê aan Kosmos 94.1 Nuus die tropiese storm sal môre in ‘n sikloon verander.
Die Vryheidsfront Plus het 'n ultimatum aan Eskom gestel om sy diensbillikheids-plan te wysig. Die party het verneem dat die krag-voorsiener beplan om 500 wit ambagsmanne teen 2025 af te dank. Heloïse Denner van die VF Plus sê die party sal regstappe doen as Eskom nie binne sewe-dae aan hul ultimatum voldoen nie. Volgens Denner is dit nie nou die tyd om op ras-teikens te fokus nie, aangesien werkloosheid die hoogte in skiet en daar 'n dreigende voedselkrisis is wat veroorsaak word deur beurtkrag.
Elias Mupolo en Annemarie Auchumus, die biologiese ouers van die negejarige meisie wat verlede Mei glo deur 'n Mariental-boer op sy kleinhoewe omgery is, eis elk 5 miljoen Namibiese dollar sowel as 'n bykomende 10 000 dollar skadevergoeding van Johan Meyer. Hendrina Mupolo het aan haar beserings beswyk nadat sy glo deur die 51-jarige Meyer omgery is. Die ouers wat deur menseregte-prokureur, Norman Tjombe verteenwoordig word, het in Julie 2022 'n siviele saak teen Meyer aanhangig gemaak waarin hulle 'n totaal van 10 miljoen dollar se skadevergoeding eis. Tjombe sê aan Kosmos 94.1 dié proses duur lank.
Tennis: Novak Djokovic van Serwië het die tiende keer die eindstryd van die Australiese Ope gehaal met ʼn maklike oorwinning in vandag se tweede halfeindstryd teen die Amerikaner, Tommy Paul. Die 35-jarige was eenvoudig hopeloos te goed en hy het in twee uur en 20 minute met 7-6, 6-1, 6-2 die botoon gevoer. Djokovic het die nege kere tevore waar hy die eindstryd gehaal het, elke keer gewen.
Djokovic se teenstander in die eindstryd is die wêreld nommer vier, Stefanos Tsitsipas van Griekeland wat Karen Khachanov in skoon stelle geklop het.
Die Wes-Kaapse LUR vir onderwys, David Maynier sê skole in die provinsie was gedurende die skoolvakansie in Desember en Januarie weer die slagoffer van misdadige bedrywighede. Ten spyte daarvan dat die departement subsidies vir skool-sekerheid by 439 skole voorsien het, is daar gedurende die vakansie 48 voorvalle van inbraak en/of vandalisme by 42 skole aangemeld. Maynier sê dit is ʼn styging teenoor 41 gevalle by 34 skole wat gedurende die vorige Desember-vakansie aangemeld is.
Die Suid-Afrikaanse departement van water en sanitasie verstewig sy greep op die onwettige gebruik van water. Nog 'n boer van Estcourt in KwaZulu-Natal is verplig om 'n administrasiefooi van 1,5 miljoen Suid-Afrikaanse rand te betaal vir die onwettige en ongemagtigde gebruik van water. Daar is bevind Nigel Pres Blaker, die eienaar van die plase, South Downs en Gedeelte 1 Winchester, het strydig met die Waterwet opgetree en ʼn onwettige dam op sy plaas gebou. Die woordvoerder, Wisane Mavasa sê die departement sal voortgaan om alle ongemagtigde en onwettige gebruik van waterbronne stop te sit en te verhinder.
Rugby: Die Blitsbokke het vandag hul Sydney Sewes-veldtog op 'n positiewe noot begin, met 'n sege van 31-5 oor Kenia. Die Springbok-sewes het vyf drieë gedruk, met Shilton van Wyk wat 'n tweekuns bereik het. Hul oorblywende groepswedstryde word môre gespeel, met die Blitsbokke wat teen Uruguay en Nieu-Seeland te staan kom. Die kaptein, Siviwe Soyizwapi, is tevrede met hul begin in Sydney.
Die DA in die Wes-Kaap sê die ANC in die provinsiale parlement moet luister na die oproep deur sy jeugstrukture. Die provinsiale ANC-jeugliga se woordvoerder, Insaaf Isaacs, vra partylede in wetgewers om ondernemings in staatsbesit aanspreeklik te hou in die lig van die huidige voortslepende kragkrisis wat die land in die gesig staar. Wendy Kaizer-Philander van die DA sê die ANC het misluk om bevoegde, bekwame en gewillige personeel aan te stel, grootliks as gevolg van sy selfverrykende en uiters vernietigende kaderontplooiingsbeleide:
Reaksie word ontvang op die aankondiging deur President Hage Geingob dat hy nie kan intree in die kwessie van die omstrede gesondheidstenders nie. Geingob sê daar is geen wetgewing wat hom toelaat nie en hy het nie die bevoegdheid om tenders aan te vra of te evalueer, toekennings te maak en, in omstrede gevalle, die verkrygingsproses te kanselleer nie. Politieke ontleder, dr. Phanuel Kaapama het sy mening oor Geingob se verklaring so verwoord.
Die voormalige bevelvoerder in die Britse weermag, David Leakey sê die aankondiging dat Westerse lande die Oekraïne met tenks bystaan, stuur ‘n uiters belangrike boodskap aan die Kremlin. Leakey sê President Vladimir Putin sal nou verstaan dat die Weste alles in die stryd sal werp om te verseker die Oekraïne wen die oorlog.
Luisteraars het ‘n voertuig in die hoofstad gewaar met ‘n regeringsnommerplaat wat bo-oor ‘n Gauteng-nommerplaat geplak is. Dit het uiters verdag voorgekom en Kosmos 94.1 Nuus het aangeklop by die ministerie van werke en vervoer om uit vind wat aangaan. Die woordvoerder Julius Ngweda het ondersoek ingestel en sê dit is huurmotors wat deur die regering benut word vir spesifieke projekte. Hy verduidelik.
Met die ontdekking van olievelde aan die Namibiese kus kan die regering in die versoeking kom om meer geld te leen in afwagting van inkomste uit olie, waarsku kenners en opposisieleiers. Graham Hopwood, direkteur van die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing, sê die olie-ontdekkings kan groot beloftes vir Namibië bring. Dit bied egter beleid-uitdagings in die volgende vyf jaar wanneer die land na verwagting sal begin olie pomp. Hy bevraagteken watter soort beleid en wette Namibië het om te verseker dat Namibiërs bevoordeel word, maar ook om korrupsie te vermy wat in ander lande gebeur het.
Daar is voorspellings vir ‘n geringe styging in die Namibiese brandstofprys wat volgende week Woensdag in werking tree vir Februarie. Die ministerie van myne en energie doen die aankondiging maar, die ministeriële woordvoerder, Andreas Simon, sê die hersiening het nog nie begin nie en dus, sal dit eers volgende week aangekondig word. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Die Gauteng Departement van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling het bekendgemaak 'n nuwe uitbreking van Afrika-varkpes is op 'n plaas in die provinsie aangetref. Die plaas is onder kwarantyn en die Provinsiale Veeartsenydienste het vorentoe- en terugspoorondersoeke ingestel om enige eiendomme te identifiseer wat direkte of indirekte kontak met die besmette plaas kon hê. Die woordvoerder van die departement, Reggie Ngcobo sê alle varkboere en varkoppassers word weer versoek om varke slegs direk van bekende gesonde troppe te koop en kontak tussen hul varke en ander varke of wild te voorkom:
Namibië dra ‘n groen baadjie weens die goeie reënval wat ons gekry het. Dit is 'n wonderlike tyd om ons te verwonder aan die welige weiveld in die land. Dit is egter ook die regte tyd om vir droër seisoen voor te berei en met die produksie van bosgebaseerde veevoer te begin, veral met voorspellings van El Nino in die komende seisoen. Die potensiaal om indringerbosse vir veevoer te benut hou aansienlike voordele vir Namibië in, veral gedurende die droë seisoen. Dr. Dagmar Honsbein, 'n boskos-kenner het met Kosmos 94.1 Nuus gesels oor wat boere moet doen, sou hulle met bosvoer wil begin ter voorbereiding...
Die Nasionale Vergadering se Staande Komitee oor Natuurlike Hulpbronne het in sy strewe om sy toesigfunksie te verbeter, besluit om vier sub-komitees op die been te bring wat sal fokus op programme en bedrywighede van ministeries onder sy mandaat, wat die omgewingsministerie, visserye, myne en energie en landbou insluit. Die subkomitee vir die omgewing sal van 28 Januarie tot 4 Februarie sy oorsigfunksie in die Kunene-streek uitvoer. Kosmos 94.1 Nuus het met die waarnemende skakelbeampte by die parlement, Rafael Hangula, gesels oor die besoek.
Die Hoarusib-rivier in die Kunene-streek, wat sy oorsprong naby Opuwo het, het die Atlantiese-oseaan bereik. Die rivier loop naby die Shipwreck Lodge in die Möwe-baai gebied en die bestuurder van operasies daar, Carmen Prinsloo, sê die groot hoeveelheid water het nogal verbaas. Sy voeg by nog vloei word verwag.
Die Suid-Afrikaanse Reserwebank verwag vanjaar ekonomiese groei van slegs 0,3 persent. Die president van die bank, Lesetja Kganyago sê dis vanweë beurtkrag en ander faktore. Hy sê hoë inflasie en swak ekonomiese groei bepaal steeds hoe toestande vir Suid-Afrika en die wêreld daar uitsien:
Die EFF in Tshwane sê die DA-regering onder leiding van die voormalige burgemeester Solly Msimanga het in 2018 meer as 40 miljoen Suid-Afrikaanse rand aan 'n mislukte projek bestee. Die party sê hoewel die projek by die Caledonian-stadion langer as 36 maande sou duur, het die stadion verval. Obakeng Ramabodu van die EFF het gister ’n inspeksie by die stadion gedoen en sê die koste om dit op te knap het tot onaanvaarbare vlakke opgeskiet weens die DA se roekeloosheid:
Swaar reën het volgens foto’s op sosiale media skade aan eiendomme op Tsumeb aangerig. Daar is ook beeldmateriaal wat voorkom soos ‘n kitsvloed. Die munisipaliteit se skakelbeampte Stella Imalwa-Nangolo, sê die dorp het uiters goeie dreineringstelsels en terwyl daar swaar donderbuie op die dorp neergesak het, is hulle nog nie ingelig oor enige vloedskade of, skade aan infrastruktuur nie.
Die Amerikaanse President Joe Biden, het beroep op die publiek gedoen om kalm te bly te midde van die owerheid se beoogde uitreiking vanaand van 'n video oor die inhegtenisneming van Tyre Nichols in Tennessee. Die video is met 'n lyfkamera verfilm. Die 29-jarige Nichols is dood drie dae nadat hy op 7 Januarie by 'n padblokkade voorgekeer is en 'n bakleiery uitgebreek het. Vyf polisiebeamptes van Memphis is afgedank en van moord aangekla. Tennessee se direkteur van ondersoeke, David Rausch, sê hy het die beeldmateriaal gesien en vind dit absoluut afgryslik:
Die DA sê die ANC moet óf werklik optree om Suid-Afrikaners wat ekonomies swaarkry se las te verlig óf bedank. Die Reserwebank het die terugkoopkoers met 25 basispunte tot 7,25 persent verhoog. 'n DA-woordvoerder, Dion George, sê die aankondiging is 'n maatreël om die skade te herstel wat veroorsaak is deur die ANC se fiskale beleidsraamwerk, wat niks vir armes doen nie, en die party se mislukking om maatreëls in te stel om vinnig stygende pryse hok te slaan:
Swaar reën het volgens foto’s op sosiale media skade aan eiendomme op Tsumeb aangerig. Daar is ook beeldmateriaal wat voorkom soos ‘n kitsvloed. Die munisipaliteit se skakelbeampte Stella Imalwa-Nangolo, sê die dorp het uiters goeie dreineringstelsels en terwyl daar swaar donderbuie op die dorp neergesak het, is hulle nog nie ingelig oor enige vloedskade of, skade aan infrastruktuur nie.
Die hoof van die Namibiese Korrektiewe Diens, kommissaris-generaal Raphael Hamunyela sê uitgevaar teen Nudo wat sy kommer uitgespreek oor die gebrek aan diversiteit wat op die kortlys van kandidate vir die diens se werwingsprogram vertoon is. Nudo se sekretaris-generaal Joseph Kauandenge beweer dat meer as 97 persent van die kortlys-kandidate van een etniese groep in Namibië is. Hamunyela sê hy steur hom nie aan bewerings op sosiale media nie.
Die gemiddelde netto salaris in Suid-Afrika het verlede maand met tot 5 persent gedaal. Volgens BankServe se Take-Home-indeks het baie maatskappy nie salarisse verhoog nie. Die onafhanklike ekonoom, Elize Kruger, sê maatskappye is swaar getref deur stygende lewenskoste, hoër rentekoerse, asook beurtkrag:
ActionSA in Gauteng sê die DA is die enigste rede waarom die Johannesburgse burgemeester, Mpho Phalatse, verwyder is. Die party het 'n ooreenkoms wat die veelparty-koalisie verlede week geformuleer en waaroor hulle saamgestem het, gekeer. Sy is ontsetel nadat 140 raadslede ten gunste van haar verwydering gestem het terwyl 129 haar ondersteun het. Sthembelo Majola van ActionSA sê hulle sal voortgaan om saam met opposisiepartye te werk om te keer dat die ANC die mag in die Stad Johannesburg oorneem:
Die Suid-Afrikaanse Federasie van Vakbonde sê hy is gekant teen die jongste rentekoersverhoging want dit sal 'n negatiewe impak op die lewenstandaard van werkers hê en is 'n groot slag vir kleinsakeondernemings. Die Suid-Afrikaanse Reserwebank se Monetêre Beleidskomitee het die rentekoers met 25 basispunte verhoog wat die terugkoopkoers op 7,25 persent te staan bring. Saftu se woordvoerder, Trevor Shaku sê rentekoersverhogings het bygedra tot die verlaging van lewenstandaarde, want lewenskoste styg met elke koersverhoging:
Die kantoor van die Openbare Beskermer sê sy ondersoekspan het al die inligting en bewyse oor die Phala Phala-plaasondersoek wat hy in hierdie stadium as relevant ag, ingesamel, hersien en bekragtig. Die kantoor het ondersoek ingestel of president Cyril Ramaphosa die Uitvoerende Etiese Kode in verband met die diefstal van duisende Amerikaanse doller op sy plaas in Limpopo, oortree het. Dit is gedoen op versoek van die African Transformation Movement. Die waarnemende woordvoerder van die Openbare Beskermer, Ndili Msoki, sê die bekragtigingsproses is belangrik voor die voorlopige verslag afgehandel word:
Gheanen Rudolph, 'n tweedejaarstudent van die Silver Spoon Hospitality Academy in die hoofstad, is gekies om Namibië te verteenwoordig by die 2023 Jong Sjef Olimpiade wat op 29 Februarie in Indië begin. Hierdie kompetisie is vir die eerste keer in 1995 gehou en dit sal die negende keer aangebied word. Sjef Terry Jenkinson van die akademie, wat Rudolph na Indië vergesel, sê Rudolf is meer as gereed vir die kompetisie.
Die watervlakke in die sentrale en oostelike sones van die Cuvelai-Etosha-bekken styg steeds vinnig aan die Namibiese kant. Volgens die Namibiese Hidrologiese Dienste is nog vloedwaters waargeneem vanaf Ondjiva in Angola. Vloedwater het Okatana bereik en die voorspelling is dat dit Oshakati in die volgende komende dae kan bereik. Tesame met die vloedwaters, is die grond reeds versadig as gevolg van swaar reënval wat in hierdie gebiede ontvang word. Die eerste minister se kantoor werk saam met owerhede in streke om die negatiewe impak wat die vloed veroorsaak, te versag, sê eerste Saara Kuugongelwa-Amadhila, aan Kosmos 94.1 Nuus.
Die hoof van die Blue Rhino-taakspan, adjunk-kommissaris Barry de Klerk is die nuutste teiken van swendelaars. Polisiebeamptes se name soos De Klerk s'n, asook dié van ene kommissaris Heita, word deur swendelaars misbruik. Die misdadigers bel lede van die publiek en beweer daar is 'n kriminele saak teen hulle en hulle sal gearresteer word, tensy hulle 'n betaling via ‘n selfoontoep maak. Adjunk-kommissaris de Klerk het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Die Departement van Korrektiewe Dienste in die buurland het meer gevangenes aangemoedig om hul matriek te voltooi. Die departement het hierdie week 'n slaagsyfer van 87,6 persent vir verlede jaar se klas gevier. Volgens die woordvoerder, Singabakho Nxumalo, het hulle gevind diegene wat hul instellings verlaat sonder opvoedkundige kwalifikasies, word gereeld gewoonte-misdadigers. Hy voeg by die wat wel studeer word bemagtig en kry meer kanse nadat hulle in die samelewing heropgeneem word:
Aspirant-huiseienaars in Suid-Afrika word aangeraai om die geleentheid aan te gryp met die rentekoerssiklus wat sy piek bereik het. Dit is ten spyte van die jongste verhoging van die terugkoopkoers tot 7,25 persent. Bradd Bendall van BetterBond sê die verhogings deur die Suid-Afrikaanse Reserwebank kan vorentoe begin verlangsaam:
Die Stad Kaapstad sê hy sal hom hierdie naweek by Krieket Suid-Afrika by die V en A Waterkant aansluit om bewusmaking te skep vir die opkomende IKR T20-Vroue Wêreldbekertoernooi. Die Moederstad is een van die gasheerstede vir die internasionale toernooi. Die burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekerheid, JP Smith, sê die T20-Wêreldbeker begin oor 14 dae en die opgewondenheid raak groot:
Die Europese Unie ondersteun die Nasionale Beplanningskommissie met 437 miljoen Namibiese dollar met die fondse wat vir vroeë kinder-opvoeding, bestuur en geslags-programme gaan. Die Europese Kommissaris vir Internasionale Vennootskap, Jutta Urpilainen, het ook verteenwoordigers van die Namibiese Burgerlike Samelewing by die EU se afvaardiging na Namibië verwelkom om die EU se volgehoue ondersteuning van dié organisasies in die land te beklemtoon. Onder die Global Europe-program sal vyf Namibiese burgerlike organisasies toelae van 32,4 miljoen dollar ontvang om hul werk voort te sit. Die adjunk-ambassadeur van die EU in Namibië, Gosia Lachut, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Die Suid-Afrikaanse Reserwebank het vandag weer die terugkoopkoers verhoog en Suid-Afrikaners word aangemoedig om 'n kultuur van begroting te beoefen. Dit volg namate inflasie in sommige sektore, insluitend die voedselsektor, aanhoudend styg. Die stigter van Esteemed Financial Solutions, Nonhlanhla Nxele, sê verbruikers kan deur die terugkoopkoers-verhoging geraak word en moet maniere begin vind om hul finansies beter te bestuur sonder om skuld te maak.
Kaapstad se burgemeester Geordin Hill-Lewis sê dis nou skouer aan die wiel sit om dadelik die stad se energie-plan te begin om so gou as moontlik inwoners verligting teen die onophoudelike beurtkrag te bied. Die Moederstad het vroeër die week ook bekend gemaak dat hy 'n vrystelling van die nasionale tesourie ontvang het om kleinskaalse krag-opwekkers. Dit is om besighede en private wonings wat hul eie krag deur middel van sonpanele opwek, en dan hul oortollige krag in die netwerk voer, kontant te betaal vir bykomende krag. Kosmos 94.1 Nuus se korrespondent in die Moederstad, Fritz Platt..
Die Stampriet Aquifer Uranium Mining Association, Sauma, gaan voort om bewusmaking te bevorder oor die gevare van besoedeling wat gepaard gaan met die beplande uraan-mynbou in die drinkwater-akwifeer van die Stampriet Artesiese Kom. Ná ’n veldinspeksie, het die die landbouministerie twee boorpermitte in November 2021 gekanselleer omdat die permitvereistes nie nagekom was nie. Intussen is 250 nuwe aansoeke vir voorlopige boorpermitte afgekeur, maar vermoedens bestaan egter dat eksplorasie en boorwerk dalk gedeeltelik voortgaan. Die Sauma-komitee verwag dat Headspring Investments nie maklik sal tou opgooi nie en die saak in die hof sal beland. Sauma is reeds besig met ’n inligtingsveldtog, maar sal genoodsaak wees om bewyse te lewer om die owerhede of ’n hof daarvan te oortuig dat só ’n onderneming potensieel rampspoedig kan wees. ‘n Lid van die komitee, Tanja Dahl, sê aan Kosmos 94.1 Nuus hierdie aksies dra finansiële implikasies en enige bydraes om kostes te dek word daarom verwelkom.
Die president van die Suid-Afrikaanse Reserwebank, Lesetja Kganyago sê ten spyte daarvan dat belegging positief bly, is dit afwaarts aangepas weens swakker vertroue en laer as verwagte groei. Hy sê die uitvoer van goedere sal na verwagting ook swakker wees weens verhoogde beurtkrag.
Die Namibiese omgewingsministerie se teoretiese eksamens vir jaggidse, professionele jagters en grootwildjagters vind vanjaar op 17 Oktober plaas. Die eksamen vir boogjagters vind die volgende dag plaas. Die sluitingsdatum vir registrasie vir die teoretiese eksamens is 30 September. Geen laat inskrywings sal toegelaat word nie. Vir diegene wat die November 2022-eksamen wil herskryf, is die datum vir hereksamen 23 Maart. Richard Fryer, hoof-natuurbewaarder van die ministerie verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus die voorwaardes vir die eksamens.
Gelukwensinge stroom in vir die kaptein van die Namibiese krieketspan, Gerhard Erasmus, wat deur die Internasionale Krieketraad as die top-speler vir 2022 uit krieketlande met ICC-assosiaatstatus aangewys is. Hy het die Namibiese Richelieu Eagles op uitsonderlike wyse gelei met verskeie deurslaggewende kolf- en boulvertonings. Onder Erasmus se kapteinskap het die Eagles verlede jaar 13 van hul 21 internasionale eendag-wedstryde ingepalm. Die president van die Namibiese Krieket-unie, dr. Rudie van Vuuren, wens die kaptein geluk.
‘n Namibiese ekonoom het sy reaksie gegee op die Monetêre Beleidskomitee van die Suid-Afrikaanse Reserwebank wat sy terugkoopkoers met 25 basispunte verhoog het. Dit verhoog die prima uitleenkoers van 10,5 persent tot 10,75 persent. Kosmos 94.1 Nuus het aan dr. Omu Kakujaha-Matundu van die departement ekonomie aan Unam gevra of die Bank van Namibië dan die plaaslike repokoerse met 50 basispunte sal verhoog. Hy het só geantwoord:
Krieket: Terwyl die SA20 ʼn blaaskans geniet, verskuif die fokus na internasionale krieket. Die Proteas speel môre in die eerste internasionale eendag-wedstryd op die Mangaung Oval in Bloemfontein teen Engeland. Die drie eendag-wedstryde is deel van ʼn aller-belangrike Wêreldbeker Superliga waar Suid-Afrika alles moet uithaal om een van die agt spanne te word wat outomaties vir die Wêreldbeker in Oktober kwalifiseer. Temba Bavuma voer die groep van 16 aan.
Die Nasionale Vakbond vir Staatsdiens en Verwante Werke in die buurland het vandag opgeruk om saam met werklose dokters van die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging-vakbond te betoog. Hulle het die desperate lot van dokters wat by die huis sit en nie werk kry nie, na die nasionale departement van gesondheid in Pretoria geneem. Die hoofsekretaris van die vakbond vir gesondheidswerkers, Lerato Mthunzi, sê hulle wil weet hoeveel pasiënte in openbare gesondheidsorg-geriewe moet sterf voordat die ANC-regering die kwessie rondom personeeltekorte ernstig opneem.
Die Monetêre Beleidskomitee van die Suid-Afrikaanse Reserwebank het besluit om sy terugkoopkoers met 25 basispunte te verhoog. Dit verhoog die prima uitleenkoers van 10,5 persent tot 10,75 persent. Namibiese ekonoom Cons Karamata gee sy mening oor wat vir Namibië se repokoers verwag kan word.
Die Gautengse LUR vir gesondheid en welstand, Nomantu Nkomo-Ralehoko, veroordeel die onmenslike behandeling van gesondheidsorgwerkers in 'n munisipale kliniek in Tsakane, Ekurhuleni. 'n Video op sosiale media wys hoe 'n ongelukkige lid van die publiek na bewering urine na die personeel van Calcot Dlepu-kliniek gooi terwyl hulle op middagete is. Die departement se woordvoerder, Motalatale Modiba, sê ongeag die persoon se klagte, is hierdie aanval ongevraagd.
President Cyril Ramaphosa het sy meegevoel uitgespreek na die afsterwe van 'n stigterslid van die ACDP, Lydia Meshoe. Sy was die leier van die party se Women of Destiny-organisasie en voormalige lid van die provinsiale wetgewer in Gauteng. 'n Woordvoerder van die presidensie, Vincent Magwenya, sê die President se gedagtes en gebede gaan uit na haar man, die ACDP-leier, Kenneth Meshoe, en haar familie en vriende.
Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie doen 'n beroep op Eswatini se regering en owerhede om geen steen onaangeroer te laat om die verdagtes in die moord op die menseregte-verdediger, Thulani Maseko, op te spoor en te vervolg nie. Namibiese President Hage Geingob het as voorsitter van die SAOG se Troika-orgaan, ook die moord veroordeel. Die voorsitter van die kommissie, Bongani Majola, sê Maseko het hom dekades lank vir demokrasie en menseregte in sy land beywer. Dit het veroorsaak dat diegene wat daarteen gekant was hul woede op hom uithaal.
Tennis: Die Wimbledonse kampioen, Elena Rybakina, het haar plek in die eindstryd van die Australiese Ope bespreek deur Victoria Azarenka van Belarus binne een uur en 41 minute met 7-6, 6-3 te klop. Die 22ste gekeurde sal in Saterdag se eindstryd in Melbourne te staan kom teen die wenner van die tweede halfeindstryd tussen Magda Linette en Aryna Sabalenka. Rybakina is van Kazakstan en sien uit na haar tweede eindstryd in ʼn Grand Slam-toernooi.
Die buurland se arbeidsminister, Thulas Nxesi, het boere in die Noord-Kaap gewaarsku dat voedselsekerheid geraak sal word indien die beskerming van plaaswerkers nie vooropgestel word nie. Nog 'n sterfte weens die hittegolf is 'n paar dae gelede in die Kakamas-streek van die provinsie aangemeld. Die woordvoerder van die departement, Zandisile Luphahla, sê Nxesi het eienaars van plase ontmoet en hulle aangeraai om die werkomstandighede van plaaswerkers te hersien gedurende die voortdurende hittegolf in die streek:
Nog reaksie word ontvang op die omstrede gesondheidstender aan Amnics Trading ter waarde van 650 miljoen Namibiese dollar. Die LPM sê dat dei Sentrale Verkrygingsraad moet verduidelik omdat belastingbetalers se geld gebruik word. Die party se woordvoerder Eneas Emvula het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
MTC het deur sy Landelike Skole-projek sy verbintenisplan van 3,2 miljoen Namibiese dollar aangekondig om klaskamers in drie streke te bou, naamlik Zambezi, Ohangwena en Hardap, vanjaar. Tot op hede het die projek 'n belegging van 5 miljoen dollar gemaak wat vyf skole bevoordeel het. Die MTC Landelike Skole-projek is in 2020 van stapel gestuur en word gedryf om die leeromgewing vir leerders te verbeter deur klaskamers te bou en of op te knap. John Ekongo, MTC se kommunikasie bestuurder het meer.
Meatco-produsente word daaraan herinner dat die maatskappy sy algemene jaarvergadering môre, op Otjiwarongo b C’est Si Bon op die dorp hou. Dit begin om nege-uur. Die vergadering sal terugvoering gee oor sake wat voortspruit uit die 34ste jaarvergadering wat in September 2022 gehou is. Meatco se skakelbeampte, Rosa Hamukuaja-Thobias gesels met Kosmos 94.1 Nuus.
Terwyl die Visrivier, wanneer hy begin loop, baie sterk loop, is daar talle kuile wat eers moet vol loop voor dat die dam water inneem. Invloei is op die oomblik redelik laag op 6,6 kubieke meter per sekonde maar daar was invloei van 569 000 kubieke meter wat die dam op 46,9 persent te staan bring. Daar word verwag dat enige water wat nou in die Vis afkom, reguit dam toe sal loop. Rico Botma, ‘n boer by die Hardap-groenskema, wat in die winter rekord koringaanplantings gedoen het, sê dit is uiters goeie nuus.
Die PDM sê hy oortuig daarvan dat daar geen ander gevolgtrekking gemaak kan word nie as dat die hele Sentrale Verkrygingsraad weens onbevoegdheid afgedank moet word. Die party sê hul administratiewe hoof, Amon Ngavetene, het erken dat hulle nie die personeel of die bevoegdheid het om die nodige omsigtigheid te doen wat verwag word van ‘n instelling wat miljarde van die belastingbetalers se geld te bestee nie. Kosmos 94.1 Nuus die PDM se skaduminister van finansies, Nico Smit gesels.
Die Okavangorivier se vlakke styg redelik vinnig en is tans op 4,64 meter. Volgens Mark Paxton van Shamvura Camp by die rivier, is daar nog nie water op die rivier se vloedvlaktes nie. Hy gesels met Kosmos 94.1 Nuus en sê die wêreld lyk baie mooi en die landerye kom ook goed aan.
Die Opleidingsowerheid vir Vervoeronderwys in Suid-Afrika stel sy veldtog, Bemagtig die Jeug, tot Saterdag in Vryheid, KwaZulu-Natal, bekend. Dit is deel van 'n poging om ʼn bydrae te lewer om die land se hoë werkloosheidsyfer aan te spreek. Die woordvoerder van die owerheid, Sabelo Mbuku, sê die veldtog is daarop gemik om die jeug aan werklike sake-ervarings bloot te stel om die nodige vaardighede vir die arbeidsmark te ontwikkel:
Die Stad Kaapstad het saam met die span van Africa Data Centres aan die sooispit-seremonie van hul nuwe onderneming in Kaapstad deelgeneem. Die datasentrum is die tweede in die metro en behoort aan Cassava Technologies. Die burgemeesterskomiteelid vir Ekonomiese Groei, James Vos, sê die nuwe fasiliteit, saam met die opgradering van die bestaande een, beteken die maatskappy se totale belegging in Kaapstad se infrastruktuur oor die volgende twee tot drie jaar, sal meer as 1,5 miljard Suid-Afrikaanse rand wees en sowat 500 werkgeleenthede skep:
ActionSA sê die DA het misluk met samesprekings om die meerderheid van die regerende veelparty-koalisie in Johannesburg te herstel. Hiermee saam staar die burgemeester Mpho Phalatse nog 'n mosie van wantroue in die gesig. ActionSA beskuldig die DA dat hy 'n ooreenkoms met die Patriotic Alliance, wie se stemme nodig sal wees om Phalatse te verwyder, gesluit het. Die party se nasionale voorsitter, Michael Beaumont, sê aangesien koalisie-samesprekings misluk het, lyk dit onafwendbaar dat Johannesburg in die hande van die ANC sal val:
Oekraïne se President Volodymyr Zelensky het in gesprek met Sky News gesê hy stel glad nie belang om met sy Russiese eweknie Vladimir Putin te vergader nie, in reaksie op ‘n vraag dat as die twee mans sou ontmoet, dat daar moontlik ‘n einde aan die oorlog kan wees. Zelensky sê Putin is vir hom niks.
Die voorsitter van die Nasionale Loterykommissie in die buurland, Barney Pityana, sê hulle werk saam met die Spesiale Ondersoekspan se ondersoek. Die Hooggeregshof in Pretoria het verlede maand toestemming gegee tot 'n bewaringsbevel om drie luukse eiendomme, insluitend 'n erf en die gedeelte van 'n plaas te bevries. Dit hou verband met die verkryging van subsidiegeld van Lotery wat bedoel was vir die ontwikkeling van gemeenskap projekte. Die eiendomme is in Midrand, Pretoria, Rustenburg en Kaapstad. Vyf organisasies sonder winsbejag het subsidiegeld van sowat 56,3 miljoen Suid-Afrikanse rand vir projekte ontvang. Pityana sê wanbesteding het die nasionale lotery se integriteit afgetakel:
Swapo-leiers plaas volgens berigte druk op die leierskap om die omstrede gesondheidstender te kanselleer. Hulle maak volgens berigte verwysing aan die 650 miljoen Namibiese dollar se tender aan Amnics Trading. Die sekretaris van die Swapo-jeugliga Ephraim Nekongo sê hy weier om die verduideliking van die Sentrale Verkrygingsraad dat die syfers en getalle verminder is. Hy sê ook die toekenning moet ondersoek word. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Die Stad Kaapstad het inwoners gewaarsku 'n boom wat met die indringer polifagiese boorderkewer besmet is, is Dinsdag op 'n privaat eiendom in Nuweland ontdek. Die besmette boom is 'n Boxelder-esdoringboom en staan op 'n privaat eiendom in Kildareweg, Nuweland. Eddie Andrews van die stad sê inwoners van omliggende eiendomme word aangeraai om die bome op hulle erwe dringend te ondersoek:
Die afvalbestuursonderneming in die buurland, Interwaste, sê vullis kan 'n primêre rol speel om krag aan Suid-Afrika te verskaf. Dit volg terwyl die land vir die volgende twee jaar kragonderbrekings kan ervaar. Volgens Eskom kan beurtkrag binne sowat 18 maande afneem. Kate Stubbs van die onderneming sê daar is wêreldwyd baie beproefde oplossings, sowel as gevallestudies van suksesvolle afval-tot-energie omskakelings:
Namibiërs is verheug oor die goeie reën wat vanjaar in die meeste dele van die land geval het, maar soms is te veel reën nie goed vir sommige produkte soos tamaties nie. Aina Imalwa 'n kleinskaalse boer van die Etunda-besproeiingsprojek in die Omusati-streek, verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus die uitwerking van te veel reën op sommige groentesoorte en gesels oor hoe die vloede in die Noorde die boere raak, veral met die verspreidingsproses.
Die Stad Tshwane bevestig sy skuld aan Eskom is 1,4 miljard Suid-Afrikaanse rand agterstallig. Hy voer egter aan dat hy deurentyd 'n betalingsplan aan Eskom voorlê om die rekening op datum te bring, maar dit word telkens afgekeur. Die burgemeesterskomiteelid vir finansies, Peter Sutton, sê hul begroting vir instandhouding weens die direkte gevolg van beurtkrag is onmoontlik om te beheer maar die kragvoorsiener weier om aanspreeklikheid te aanvaar:
Die Suid-Afrikaanse metaalwerkersvakbond, Numsa, veroordeel die regime in Eswatini vir die moord op die menseregteprokureur, Thulani Maseko. Maseko is oor die naweek voor sy familie buite sy huis in Luyengo doodgeskiet. Sy dood kom nadat koning Mswati gewaarsku het daar sal afgereken word met diegene wat openlik stemme werf vir ʼn demokrasie. Die nasionale woordvoerder van Numsa, Phakamile Hlubi-Majola, sê Maseko sal onthou word as ʼn verdediger van demokrasie en vryheid wat sy regskennis ingespan het om die armes te verdedig:
Amerikaanse President Joe Biden sê die 31 Abrams-tenks wat na Oekraïne gestuur word is 'n bewys van Amerika se volgehoue en vaste verbintenis tot Kiëf. Hy sê dit is ook ‘n strategiese besluit om die Oekraïne toe te laat om sy doelwitte in die oorlog teen Rusland te bereik.
Die voorsitter van die Walliese Rugbyunie, Leuan Evans, sê hy beplan om 'n taakmag saam te stel ten einde bewerings van seksisme, rassisme en vrouehaat in die beheerliggaam te ondersoek. BBC Wales het bewerings van voormalige WRU-werknemers onthul terwyl hulle daar gewerk het, insluitend voorvalle van homofobie. Evans sê die bewerings is ontstellend en hy weet hulle het werk om te doen ten einde vertroue in die organisasie te herstel:
Die Namibiese Bloedoortappingsdiens ervaar 'n matige bloedtoevoer by bloedbanke landwyd nadat bloedskenkers sedert die begin van die jaar bloed geskenk het. Die diens sal 'n Terug-skool-toe-veldtog begin en verskeie skole in die land besoek vir leerders vanaf die ouderdom van 16 om bloed te skenk. Kosmos 94.1 Nuus het met Titus Shivute, woordvoerder van die dienste gepraat.
Die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing, IPPR, het kommer uitgespreek oor Namibië se hoë vlak van staatskuld. In sy ekonomiese oorsig vir die laaste kwartaal van 2022 sê die instituut die hoë vlak van lenings het die regering in 'n voorspelde situasie geplaas, soos stygende rentekoerse en stadige ekonomiese groei. Met verwysing na statistieke van die Bank van Namibië en ander bronne, sê die instituut die land se totale uitstaande staatskuld staan op 135,5 miljard Namibiese dollar. Dit is meer as 60 persent van die BBP. Kosmos 94.1 Nuus gesels met die plaaslike ekonoom Gabriel Erastus oor oplossings.
Die Covid-pandemie het wêreldwyd mense vir meer as twee jaar getraumatiseer. Dit het nasionale ekonomieë op hul knieë gebring. Die aantal Covid-gevalle en sterftes het aansienlik gedaal dat mense weer normaal met hul lewens kon aangaan, maar nou styg gevalle weer in sommige lande. Namibië het drie sterftes aangemeld, asook 119 nuwe gevalle. Die Namibiese gesondheidsministerie hou vanmiddag ‘n mediakonferensie in die hoofstad in verband met onder meer Covid. Die uitvoerende direkteur in die ministerie, Ben Nangombe, sê die Covid-situasie word gemonitor.
Eskom het fase vier- en vyf-beurtkrag vanaf vyfuur vanoggend tot Sondagmiddag ingestel. Die kragvoorsiener se woordvoerder, Sikonathi Mantshantsha, sê dit is te wyte aan die onklaarraking die afgelope 24-uur van 'n opwekkingseenheid elk by die Camden, Kendal, Lethabo en Majuba kragstasies:
Die stigtingsdekaan van die Gordon Institute of Business Science in Suid-Afrika, Nick Binedell, sê in 'n krisis word leierskap beproef. Hy sê President Cyril Ramaphosa se leierskap word bevraagteken en getoets na gelang van sy hantering van die elektrisiteitskrisis. Volgens Binedell moet die president meer sigbaar vir die publiek wees en sy stem moet gehoor word oor wat die regering elke dag doen om die ekonomie te help herstel en om beurtkrag stop te sit:
‘n Politieke ontleder het sy reaksie gegee op Duitsland wat na weke van onwilligheid ingestem om Leopard 2-tenks na Oekraïne te stuur. Kiëf hoop dat die tenks die land ‘n voorsprong sal bied in sy oorlog teen Rusland. Duitse kanselier Olaf Scholz het tydens ‘n kabinetsvergadering die besluit aangekondig om 14 tenks te stuur, en ander lande toe te laat om tenks te stuur. Amerikaanse President Joe Biden se administrasie stuur 31 Abrams-tenks. Suid-Afrikaanse politieke ontleder, professor Andre Duvenhage gesels oor wat die bystand sal beteken.
Die Suid-Afrikaanse adjunkminister van hoër onderwys, Buti Manamela, is vol vertroue die opening van tersiêre instellings sal seepglad verloop. Manamela het beloof geen student sal agterweë bly nie. Hy sê aandag sal gegee word aan die bekommernisse van beide die universiteite en kolleges en alle verdienstelike studente sal finansiële bystand ontvang om hul opleiding te verbeter.
ActionSA in Gauteng het die DA gekritiseer omdat die party die burgemeester van Johannesburg, Mpho Phalatse, en sy inwoners verlaat het. Phalatse staar môre 'n mosie van wantroue in die gesig. Die party veroordeel die DA se kortsigtigheid om 'n koalisie-alternatief aan die inwoners van Johannesburg te bied. Michael Beaumont van ActionSA sê die DA sal verantwoording moet doen aan Suid-Afrikaners voor die 2024-verkiesing, wanneer kiesers sal vra vir 'n bestendige en doeltreffende koalisie.
Die Suid-Afrikaanse departement van sport, kuns en kultuur het bewerings dat die Robben-eiland-museum in 'n vervalle toestand is, ontken. Die woordvoerder, Masechaba Khumalo, sê die narratief wat sekere belanghebbendes handhaaf, is van alle waarheid ontbloot en blyk om kwaadwillige bedoelings te hê. Sy erken daar is gebiede wat nie oop is vir publieke toegang nie waar instandhouding dringend benodig word, maar sê hulle word voorop gestel in ooreenstemming met die beskikbare begroting.
Sowat 'n 1 000 leerders wat nie plek in skole in Rundu kon kry nie, het saam met hul ouers en voogde na die onderwysministerie se kantoor op die dorp opgeruk om antwoorde te kry. Tente sou na bewering vir die honderde leerders opgerig word, maar daarvan het daar egter dadels van gekom. Die groep wil 'n vreedsame protesoptog reël. Dorothea Nangolo, die Namibiese Nasionale Studente-organisasie se woordvoerder sê aan Kosmos 94.1 Nuus hulle het 'n gesprek met die direkteur van onderwys in die streek gevoer en hy het hulle verseker dat die situasie aangespreek sal word.
Die Stad Kaapstad bly ʼn belangrike internasionale sportbestemming met drie groot byeenkomste wat binne die eers ses maande vir die eerste keer in die Moederstad sal plaasvind. Van Saterdag af is dit ses maande tot die Netbal Wêreldbeker in Julie, terwyl dit een maand is voor die eerste Kaapstad E-Prix. Volgens ʼn woordvoerder van die DA, Gillion Bosman, sal Kaapstad ook die gasheer wees vir verskeie wedstryde in die IKR Vroue T20 Wêreldbeker vir 2023.
Die White Ribbon Namibia sal op 29 Januarie by die veldtog van ander geslagsgeweld- en menseregte-aktiviste, sowel as internasionale organisasies aansluit met 'n aanlyn gesprek om op gesinsgeweld teen mans en seuns te fokus. Hierdie besprekings word aangemoedig met huishoudelike geweld teen mans en seuns wat óf nie aangemeld óf ernstig opgeneem word nie. Die aanlyn gesprek vind om vyf-uur die middag op White Ribbon se Facebook-blad plaas. Charles Simakumba, die stigter van White Ribbon Namibia, wat deel van die besprekings sal vorm, sê aan Kosmos 94.1 Nuus hierdie soort gesinsgeweld bly in die meeste gevalle ongestraf.
Die Pensioenfonds vir Staatsinstellings, GIPF, doen 'n beroep op alle lede met annuïteite om op die GIPF biometriese stelsel te registreer voor 28 Februarie. Die fonds se bemarkingsbestuurder, Amos Kambonde sê afgetrede lede, lede wat ongeskiktheidsvoordele ontvang, kwalifiserende kinders en gades van afgestorwe lede moet enige van die GIPF-kantore landwyd besoek. Hy beklemtoon dat alle kinders wat 'n pensioen ontvang op die biometriese stelsel geregistreer moet word voordat die verifiërings-proses kan begin. Die fonds sal die verifiërings-proses drie keer per jaar doen, sê GIPF se skakelbeampte Robyn Nakambo aan Kosmos 94.1 Nuus.
Die Suid-Afrikaanse Jeug Ekonomiese Raad vra Eskom se bestuur moet verander word. Die raad se adjunkpresident, Lwazi Ntombela het gesê ʼn nuut-aangestelde bestuur sal in staat wees om Suid-Afrika uit die huidige energiekrisis te bestuur. Volgens hom is die land in ʼn bedenklike situasie aangesien miljoene Suid-Afrikaners steeds deur beurtkrag geraak word. Ntombela sê talle ondernemings het nog nie die vermoë ontwikkel om ander energiebronne te bekostig nie.
Met meer en meer Suid-Afrikaanse verbruikers wat nou daaraan dink om sonkrag-panele by hul huise en besighede te installeer om beurtkrag vry te spring, is daar ook nou 'n toename in aanlyn-slenters om inwoners uit hul swaarverdiende geld te bedrieg. Volgens die SA Bankrisiko-inligting-sentrum het verskeie mense reeds die slagoffers van die tipe swendelary geword met slagoffers wat soms tot tienduisende Suid-Afrikaanse rand op 'n slag verloor het. Fritz Platt, Kosmos 94.1 Nuus se korrespondent in Kaapstad...
Honderde Wes-Kaapse DA-lede en ondersteuners gelei deur die premier, Alan Winde, het aangesluit by die optog na die ANC se provinsiale hoofkantoor. Die betogers ruk op teen beurtkrag, kader indiensneming, die ekonomiese krisis en misdaad. Winde sê beurtkrag kos die Suid-Afrikaanse ekonomie meer as vier-miljard Suid-afrikaanse rand per dag. Hy sê die kragtariefverhoging van 18,65 persent wat vir April beplan word, is onaanvaarbaar.
Tennis: Novak Djokovic lyk onstuitbaar nadat hy sy plek in die halfeind van die Australiese Ope bespreek het. Die 35-jarige Serwiër is die groot gunsteling om ʼn tiende titel in Melbourne te wen nadat hy die Rus, Andrey Rublev met 6-1, 6-2 en 6-4 geklop het. Die ongekeurde Amerikaner, Tommy Paul is sy volgende teenstander, maar Djokovic sal nie maklik gestuit word nie.
Chaos het voor Luthuli-huis uitgebreek toe lede van die ANC-jeugliga, lede van die DA verjaag het toe hul probeer het om terug na hul motors toe te stap. Die ANC-jeugliga was gewapen met stokke, sambokke en skokstokke. Die opposisieparty het vandag met 'n optog begin om teen kragonderbrekings te betoog. 'n Lid van die ANC se nasionale jeugtaakspan, Nonceba Mhlauli, het vir kalmte gevra te midde van betogings regoor die land.
‘n Namibiese man is dood nadat ‘n gassilinder by sy werkplek naby Kapps Farm ontplof het. Die 37-jarige Jacques Kruger het vanoggend omstreeks halfnege by die werkswinkel van D. Dresselhaus Truck and Trailer Repair op die plaas Hoffnung, sowat agt kilometer vanaf Kapps Farm, die kompressor en gassilinder van 1 000 liter aangeskakel wat ontplof het. Volgens die Namibiese polisie se nasionale woordvoerder, adjunk-kommissaris Kauna Shikwambi was die nooddienste na nege-uur op die toneel en het Kruger dood verklaar. Shikwambi sê niemand anders is in die voorval beseer nie en die polisie se ondersoek duur voort.
Die DA-parlementslid, Natasha Mazzone, sê vandag se optog na Luthuli-huis is 'n boodskap aan die ANC dat Suid-Afrikaners moeg is vir die kragkrisis. Sy sê dit is tyd om tasbare oplossings vir die probleem te vind. Volgens Mazzone is die DA se optog nie goedkoop politiek nie, eerder aangespoor deur hul kommer oor Suid-Afrikaners. Sy voeg by dit is tyd om minder te praat en meer te doen.
Die DBV is tans besig met talle projekte na 'n uiters besige feesseisoen waar diere tradisioneel wegraak. Volgens die nasionale direkteur Hanna Rhodin sê daar is groot opgewondenheid oor wat voorlê vir die beste praktyke vir dierewelsyn.
Gobabis blyk om in die knyp te wees met watervoorsiening. Die Otjivero-dam het tans 19,3 persent water en die totale bronne vir Gobabis is tans op 13,1 persent. Tot op hede het damme nie werklik water ingeneem nie en daar is ook kommer oor die sentrale gebied. Maar, volgens die skakelbeampte van die dorpsraad, Frederick Ueitele, is daar geen waterkrisis nie, met gebarste pype.
Die Blitsbokke wil vergoed na ʼn redelik teleurstellende vertoning in Nieu-Seeland verlede naweek wanneer die vyfde toernooi van die Wêreldrugby Sewes-toernooi Vrydag in Australië afskop. Die Springbok Sewes was die oorwinnaars in die tweede toernooi van die reeks in Dubai en het ‘n week later vierde in Kaapstad geëindig maar strydros Zain Davids erken twee top-vier-plekke in vier toernooie is nie goed genoeg nie:
Namibië se groenskemas haal die onlangse tyd die nuus, vir al die verkeerde redes. Maar, daar is een sukses storie. Die Uvhungu-Vhungu-groenskema in die Kavango Oos-streek plant in samewerking met die landbouministerie en kleinskaalseboere verskeie gewasse, ondanks talle uitdagings. Daar is 182 hektaar mielies onderbesproeiing met ‘n beraamde 10 tot 12 ton oes per hektaar. Koring word ook beplan. Die waarnemende bestuurder by die aanleg, Ponti Kashokora, het meer.
Die omstrede 650 miljoen Namibiese dollar se gesondheidstender aan Shapwa Kanyama van Amnics Trading, bly in die nuus. Die maatskappy is 'n tender gegee om kondome, handskoene en meer aan die gesondheidsministerie te verskaf. Kosmos 94.1 Nuus is in besit van ‘n dokument met die arbeidsministerie se briefhoof boaan, wat toon dat Amnics Trading 'n fabriek geregistreer het. Die stempeldatum op die dokument is 20 Julie 2022. Die adres is ook verskaf. Kosmos 94.1 Nuus het die perseel besoek. Yanna Smith het die besonderhede.
Die Suid-Afrikaanse rentekoers sal môre bekend wees na vandag se vergadering van die Monetêre Beleidskomitee van die Suid-Afrikaanse Reserwe Bank. Sommige ekonome het kommer dat die koers kan styg as gevolg van beurtkrag. Die koers is tans op 7 persent. Plaaslike ekonoom Cons Karamata sê internasionaal is die tendens om rentekoers te verhoog en kleiner ekonomieë sal in hul spoor volg.
Die Namibiese landbouministerie het 'n span hidroloë na die Ohangwena-streek ontplooi om die situasie in die vloedgeteisterde gebiede te monitor. Vloedwater wat uit die Cuvelai-opvanggebied in suidelike Angola kom ná goeie reën in dié land, het 'n week gelede in Namibië aangekom. Kosmos 94.1 Nuus het die burgemeester van Oshakati, Leonard Hango, gepraat oor die jongste rakende die vloed. Hango noem dat die vloed nou Ongwediva en oostelike Oshakati bereik het en dat 'n tweede golf van die vloed op pad is.
Die Wes-Kaapse LUR vir Polisie-oorsig en Gemeenskapsveiligheid, Reagan Allen, sê provinsiale toerisme-veligheidsbeamptes lewer 'n aansienlike bydrae om besoekers se veiligheid by die verskeie vakansieoorde oral in die Kaap te verseker. Die 19 beamptes wat op een Desember verlede jaar met bedrywighede begin het, werk nóú saam met Sanparke se natuurbewaringsbeamptes. Allen sê die beamptes het in Desember met nege reddingsvoorvalle gehelp waar toeriste op wandelpaaie beseer is:
ActionSA in Mpumalanga sê miljoene rande vir die bou van sportgeriewe het verdwyn. Die party sê hy het verlede jaar aan die Openbare Beskermer geskryf en 'n ondersoek na die saak aangevra. Die antwoord daarop was dat net sake van minder as twee jaar oud, ondersoek word. 'n Lid van ActionSA, Thoko Mashiane, sê hulle sal die saak nou na die direktoraat vir prioriteits-misdaadondersoeke verwys:
Die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing beskuldig MTC daarvan dat hy biometriese data insamel, met gesigfoto's en vingerafdrukke wat blykbaar geneem word tydens die SIM-registrasie periode. Volgens die instituut, is daar geen wetlike basis hiervoor nie. Frederico Links 'n navorser by die instituut, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
TERUG: Kosmos 94.1 Nuus het met John Ekongo van MTC gepraat wat bevestig het dat die maatskappy binnekort op die aantygings sal reageer.
Die Namibiese Hokkie-unie se vroue- en manspanne sal van 5 tot 11 Februarie in Pretoria, Suid-Afrika, aan die Binnenshuise Hokkie Wêreldbeker-toernooi deelneem. Die manspan is reeds in Johannesburg en hulle sal vier opwarmingswedstryde in Pretoria speel voor die begin van die Wêreldbeker. Die manspan se hulp-afrigter, Jerrica Cormack, sê aan Kosmos 94.1 Nuus hulle is baie opgewonde oor die Wêreldbeker en dat die span in goeie vorm is.
Die Namibiese Akkerbouraad nooi Namibiërs om vermoedelike oorgrens-smokkelary van akkerbou- en tuinbouprodukte aan te meld. Die raad het aanvanklik die SMS-lyn ingestel vir gebiede wat gesien is as die brandpunte vir smokkel-aktiwiteite soos die Zambezi-streek, maar dit word nou die amptelike SMS-lyn vir die hele land gemaak in 'n poging om die Namibiese mark en produkte te beskerm. Auguste Fabian, skakelbeampte van Akkerbouraad gesels met Kosmos 94.1 Nuus.
Die UDM in die Oos-Kaap sê hy is gewalg deur die ANC se onderduimse verkiesingsveldtog, wat staatshulpbronne gebruik om vandag aan die tussenverkiesing in wyk 5 in Mbhashe Plaaslike Munisipaliteit deel te neem. Die verkiesing word deur verskeie kandidate betwis. Die wyk is voorheen deur die ANC verteenwoordig en het vakant geraak na die raadslid se dood. Die UDM se woordvoerder, Nkosinathi Ndlodaka, sê die ANC het kospakkies voor die verkiesing uitgedeel:
Die Organisasie teen Belastingmisbruik sê die buurland se Konstitusionele Hof het geen ander keuse gehad as om die parlement nog uitstel te gee om die wysigings aan die Verkiesingswysigingswetsontwerp af te handel nie. Die parlement het reeds twee keer versuim om 'n hof se sperdatum te haal om die Kieswet te wysig. Die Nasionale Vergadering het tot die 28ste van volgende maand tyd om die wetsontwerp te wysig om voorsiening te maak dat onafhanklike kandidate aan nasionale en provinsiale verkiesings mag deelneem. Rachel Fischer van Outa sê hulle aanvaar die uitstel as 'n noodsaaklikheid:
Die Werkloosheidsversekeringsfonds sê hy gaan voort om reg deur die buurland geïntegreerde diensoplossings te lewer om seker te maak kliënte het toegang tot dienste. Die fonds bied van vandag tot Vrydag in Polokwane, Limpopo, 'n ope dag aan vir werkers, begunstigdes, werkgewers en rolspelers. In Gauteng sal die WVF se bus tot Vrydag dienste lewer. Die fonds se kommissaris, Teboho Maruping, sê die hulle gaan ook voort met die veldtog vir die uitbetaling van voormalige onderwys- en algemene assistente in KwaZulu-Natal.
Chris Hipkins is as Nieu-Seeland se 41ste eerste minister beëdig met Carmel Sepuloni as sy adjunk. Hy neem die leisels oor by Jacinda Ardern, wat verlede week bedank het en gesê het sy het net nie meer krag om dit te doen nie. Sy het die land deur natuurrampe, die ergste terreuraanval ooit en die Covid-19-pandemie gelei. Hipkins het die naweek tydens die Arbeidersparty se koukus eenparige ondersteuning ontvang om die land te lei. Hy sê hy is gereed om aan die werk te spring:
Die Polisie- en Gevangenes se Burgerregte-vakbond in Suid-Afrika sê hy het met ontsteltenis kennis geneem van die voortgesette moorde op polisiebeamptes in die land. In die jongste voorval is adjudant-offisier Roger Mavundla, sy vrou en twee kinders in 'n hinderlaag doodgeskiet toe hulle in hulle voertuig in Port Edward, KwaZulu, gesit het. Kaptein Siphumeza Lusasa is ook die naweek in Khayelitsha doodgesteek. Die woordvoerder van Popcru, Richard Mamabolo, sê net van Julie tot September verlede jaar is 22 polisiebeamptes vermoor:
Die Spesiale Ondersoekeenheid in die buurland sê hy gaan nog korrupsie en wanadministrasie by Eskom blootlê. President Cyril Ramaphosa het in Desember verlede jaar 'n nuwe proklamasie onderteken en twee ander gewysig. Dit gee die Spesiale Ondersoek mag om bewerings van korrupsie en wanadministrasie by die beleërde kragvoorsiener te ondersoek en toe te laat om fondse terug te kry wat weens onwettige ooreenkomste verloor is. Die ondersoekeenheid se hoof, Andy Mothibi, sê die nuwe proklamasie sal hulle meer tyd gee om dieper te delf na bewerings van misdadigheid deur Eskom-werknemers:
Eskom se uittredende uitvoerende hoof, Andre De Ruyter, het die vorige administrasies die skuld gegee vir die voortslepende kragonderbrekings. Hy het aan die Staande Komitee oor Openbare Rekeninge gesê die maatskappy betaal bloot nou vir vorige foute. Beurtkrag het reeds in 2007 in die buurland begin met De Ruyter wat eers in 2020 sy huidige pos beklee het. Hy verlaat die pos in Maart vanjaar maar, het die versekering gegee dat beurtkrag binne die volgende 18-maande aansienlik sal verminder:
Tenkverskaffing aan die Oekraïne bly in die nuus. Die VSA sal 30 van sy Abrams-tenks stuur. Duitsland, wat eers gekeer het, sal nou 14 van sy uiters geskikte Leopard 2-tenks aan die land verskaf met Pole wat ook reeds toestemming van Duitsland gevra het om ook van die tenks, waarvan hy 247 het, te stuur. Duitsland het die Leopard 2 gebou en aan talle lande in Europa verskaf maar, luidens die ooreenkoms moet Duitsland toestemming gee voor die tenks enigsins geskenk of verkoop kan word. Die sekretaris-generaal van Navo, Jens Stoltenberg, sê dis uiters belangrik dat die Oerkraïne nou bystand ontvang.
Water word steeds vanaf die Swakoppoortdam na die Von Bachdam gepomp. Die Von Bachdam se vlak staan nou op 30 persent. Ná goeie reën in die Okahandja-gebied het die Swakoppoortdam goeie invloei gehad. Die dam se vlak het in een dag vanaf 73,8 persent na 74,8 persent gestyg. Die byna leë Omatakodam het ook invloei gehad met die dam wat nou 1,3 persent vol is. Kosmos 94.1 Nuus het met Abraham Nehemia, uitvoerende hoof van NamWater, gepraat oor of daar genoeg watervoorsiening vir die sentrale streke sal wees met die huidige watervlakke veral omdat dit blyk dat die damme nie werklik water vat nie.
Plaaslike eier-produsente het in 2022 groot uitdagings ervaar met goedkoop invoere vanuit Zambië en Suid-Afrika wat groot voorraad ophopings plaaslik veroorsaak het. Die produsente het ‘n vergadering met verteenwoordigers van die handelsministerie gehad om die kwessie aan te spreek. Ná dié vergadering is besluit om een keer ‘n maand te vergader. Rene Wentscher, ‘n plaaslike produsent op Okahandja, sê aan Kosmos 94.1 Nuus sê die volgende vergadering is vir Februarie geskeduleer en die stand van sake is nou beter.
Die Patriotic Alliance in Johannesburg sê hy moet nog ʼn finale besluit neem oor die mosie van wantroue teen die burgemeester van Johannesburg, Mpho Phalatse wat vir Donderdag geskeduleer is. Drie mosies van wantroue teen die burgemeester kan moontlik by dié raadsvergadering ter tafel gelê word. Phalatse word daarvan beskuldig dat sy nie haar mandaat teenoor inwoners nakom nie. Die adjunkpresident van die Patriotic Front, Kenny Kunene sê hulle wag op ʼn voorstel van die DA en ʼn geskeduleerde vergadering met die ANC, voordat hulle finaal besluit of hulle vir of teen Phalatse sal stem:
Die Namibiese konstruksie-sektor het sy vyfde agtereenvolgende kwartaallikse daling in derde kwartaal van 2022 aangeteken, en met 10 persent op 'n jaargrondslag gekrimp. Plaaslike konstruksie-maatskappye moes sakebedrywighede diversifiseer en winste was ook onder druk aangesien kleinskaalse projekte voorkeur geniet in die afwesigheid van grootskaalse projekte. Boonop bly mededinging fel, waar plaaslike konstruksie-maatskappye meer intens teen buitelandse maatskappye in openbare tenders meeding. Dit het daartoe gelei dat sommige klein en medium ondernemings in die konstruksie-sektor hul deure moes sluit. Theo Klein, 'n ekonoom van Simonis Storm praat met Kosmos 94.1 Nuus.
Terwyl die plaaslike rentekoers op 15 Februarie deur die Bank van Namibië aangekondig word, vergader die Monetêre Beleidskomitee van die Suid-Afrikaanse Reserwebank om hulle besluit oor rentekoerse te bespreek, wat môre aangekondig word. Die direkteur en hoofekonoom van Econo-metrix, Azar Jammine, sê dit is moontlik dat die terugkoopkoers met ʼn kwart-persent kan styg, hoewel die inflasiekoers reeds vier agtereenvolgende maande 'n daling getoon het. Volgens Jammine is daar kommer dat beurtkrag tot ʼn verhoging in die terugkoopkoers kan lei:
Die Rehoboth-dorpsraad het besluit om vakante erwe aan Rukoro-begunstigdes in Bahnhof uitbredings 2 en 4 toe te wys. Die raad beoog om teen die einde van Januarie met die opmeting van hierdie erwe te begin. Die begunstigdes van die goedgekeurde Rukoro-erwe, wat belangstel om in Bahnhof te woon, word versoek om eers die goedgekeurde koopprys van 5 000 Namibiese dollar vir grond van 356 vierkante meter te betaal. 'n Bykomende 1 600 dollar moet betaal word vir grond-opmeting voor okkupasie. Die dorpsraad se skakelbeampte, Desire Pieters sê aan Kosmos 94.1 Nuus wat die voorwaardes is.
President Cyril Ramaphosa het Frene Ginwala se sleutelrol geloof om vroueregte binne die ANC af te dwing. Hy het tydens die gedenkdiens van die ontslape stigter-speaker van die Nasionale Vergadering en struggle-ikoon gepraat. Ginwala het in die ouderdom van 90 in haar huis gesterf twee weke nadat sy 'n beroerte gehad het. Ramaphosa het gesê Ginwala kan by die lang lys vroue gevoeg word wat geveg het dat vroue se stemme gehoor word.
Die DA in Limpopo het sy kommer uitgespreek oor die kwessie rondom onvoorspelbare watervoorsiening in die Elim-hospitaal in Makhado. Die party sê hy word oorval deur klagtes van inwoners oor die gebrek aan water in die hospitaal. Die DA-lid, Risham Maharaj, sê die gebrek aan water het 'n ernstige uitwerking op die hospitaal se higiëne en sanitasie.
Suid-Afrikaanse besighede en private huishoudings sal dalk nou baie meer gemotiveerd wees om sonkrag-panele by hul huise en besigheidspersele te installeer om krag vir hul eie gebruik op te wek. Dit kom nadat President Cyril Ramaphosa aangekondig het dat daar wysigings aan regulasies gemaak sal word om die rompslomp, wat tans ervaar word met die lisensiëring van die panele, uit te weg te ruim. Nog goeie nuus is dat die besighede en verbruikers dan hul oortollige krag aan Eskom kan verkoop om 'n ekstra inkomste te genereer. Kosmos 94.1 Nuus se korrespondent in Kaapstad, Fritz Platt..
Ná die goeie reën loop die Gaubrivier in die Suide by die Rostock Ritz Desert Lodge in die Namib-woestyn. Die eienaar van die lodge, Hein Schultz, sê aan Kosmos 94.1 Nuus die rivier loop nog onder die brug deur en hou geen gevaar in nie.
McHenry Venaani, die leier van die amptelike opposisie, die PDM, doen 'n beroep op sake-gemeenskappe regoor die land om hulp te verleen aan Namibiërs wat direk deur vloede geraak word. Hy sê alhoewel dit te vroeg is om die impak op landbouproduksie in veral die noordelike streke te voorspel, het dit die potensiaal om voedsel-onsekerheid te vererger. Bystand word op verskeie gebiede vereis, naamlik humanitêre en maatskaplike noodleniging, herstel van infrastruktuur, landbou en herstelwerk aan beskadigde huise en ander eiendom. Manuel Ngaringombe, sekretaris-generaal van die PDM, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Reaksie is ontvang op President Hage Geingob wat sê die regering ondersoek die misbruik van die Staatsdiens Mediese Hulpskema, Psemas, deur lede en in hul afhanklikes. Geingob het aan ‘n afvaardiging van ‘n span Britse mediese spesialiste by Staatshuis gesê dat die land se mediese dekking redelik goed is, maar misbruik vind plaas wat die regering miljoene Namibiese dollar kos. Die regering verloor jaarliks 900 miljoen Namibiese dollar deur Psemas weens twyfelagtige eise en swendelary volgens die Internasionale Monetêre Fonds se bevindings. Eben de Klerk, 'n navorser by die Vereniging vir Ekonomiese Beleidsnavorsing, het sy mening oor Psemas aan Kosmos 94.1 Nuus gegee.
Die Kommissie vir Geslagsgelykheid in die buurland het 'n ondersoek van stapel gestuur na bewerings oor die seksuele uitbuiting van kwesbare werkers by drank-ondernemings. Daar word beweer dat arbeidsmakelaars seksuele gunste vanaf werksoekers eis in ruil vir werkplasings by Heineken en Distell. Die inligting het na vore gekom tydens die Mededingingstribunaal se verhoor oor Heineken se voorgestelde verkryging van Distell. Phelisa Nkomo van die kommissie moedig werkgewers aan om 'n beleid oor seksuele teistering te ontwikkel, wat werkers in staat stel om seksuele wangedrag in die werkplek aan te meld.
Die burgemeester van Kaapstad, Geordin Hill-Lewis, het aangekondig die stad kan nou betaal vir krag wat na die plaaslike kragnetwerk ingevoer word. Ondernemings en mettertyd ook inwoners, sal kontant ontvang vir die verkoop van hul oortollige krag aan Kaapstad se netwerk. Dit volg nadat die Nasionale Tesourie die stad vrygestel het van mededingende bodprosesse wat nie vir die komende energierewolusie ontwerp is nie. Hill-Lewis sê die verkoop van oortollige krag sal bydra tot Kaapstad se doelwit om binne drie-jaar beskerming teen vier-fases van beurtkrag te bied.
Die Independent Patriot for Change het 'n brief aan politieke partye geskryf in 'n poging om gemeenskaplike gronde te vind en saam te werk om 'n bestuurskomitee vir Stad Windhoek saam te stel. Verlede week het Stad Windhoek 'n dringende raadsvergadering gehou om die burgemeester te verkies en lede van die bestuurskomitee aan te stel. Die IPC stel in hul brief voor dat, aangesien die burgemeestersposte reeds deur Nudo en Swapo gevul is, die oorblywende vyf poste tussen alle partye wat op raadsvlak verteenwoordig word, verdeel word, naamlik die AR, LPM, IPC, Swapo en PDM. Manuel Ngaringombe, sekretaris-generaal van die PDM, sê aan Kosmos 94.1 Nuus alhoewel die brief goeie bedoelings het, is hy bekommerd oor hoe mede-politici geleenthede misbruik.
Die DA in die Vrystaat sê die landbousektor in die provinsie is van kardinale belang vir die land se voedselsekerheid en moet deur Eskom as 'n strategiese en noodsaaklike ekonomiese sektor beskou word. Die Vrystaat verskaf tien persent van alle landbou-kommoditeite in Suid-Afrika. Die DA-lid, Roy Jankielsohn, sê beurtkrag het 'n verwoestende uitwerking op die primêre en sekondêre landbousektore.
Die DA-leier, John Steenhuisen sê politici kan net leer uit die optrede van wyle Frene Ginwala, wat vir vryheid, bevryding en demokrasie in Suid-Afrika gestaan het. Steenhuisen het buite die Johannesburgse stadsaal gepraat tydens die amptelike gedenkdiens van die ontslape staatmaker. Hy het gesê Ginwala word onthou as 'n leier vir parlementêre demokrasie en as die eerste speaker van die Nasionale Vergadering. Volgens Steenhuisen het Ginwala 'n belangrike rol gespeel om beslissend op te tree oor die parlementêre meganismes wat in plek behoort te wees.
Numsa het dokumente by die Noord-Gautengse hooggeregshof in Pretoria ingedien om die staat te dwing om beurtkrag te staak. Volgens die vakbond tree die ANC-regering nie vinnig en beslissend op om die vernietigende beurtkrag stop te sit nie want dit saboteer die ekonomie en die mense van Suid-Afrika. Die woordvoerder van Numsa, Phakamile Hlubi-Majola sê beurtkrag vernietig poste en mense se inkomste en dit lei tot die dood van pasiënte in hospitale.
Die Klein Karoo Nasionale Kunstefees op Oudtshoorn is vanjaar weer terug in sy volle glorie en word van 1 tot 9 April aangebied. Die KKNK is vir twee jaar virtueel aangebied, gevolg deur ‘n beperkte feesprogram verlede jaar. Die 27ste jaarlikse KKNK bied vanjaar baie van die ou gunstelinge aan maar ook ‘n paar nuwe toevoegings. Van 1 tot 4 April word ‘n Jeug-kunstefees in samewerking met die Wes-Kaapse onderwysdepartement aangebied. Die KKNK se artistieke direkteur, Hugo Theart...
Uraaneksplorasie naby Leonardville staan steeds stil na Uranium One verlede jaar sy waterpermit verloor het. Die maatskappy het in ‘n verklaring vandag gesê daar is uiters baie voordele wat deur mynwese gebied word en dat hy reeds groot beleggings in die gemeenskap gemaak het. Beraamde werkskepping sal op 600 te staan kom met sekondêre geleenthede wat 4 200 werke kan insluit. Daar is ook ander voordele soos Riaan van Rooyen, kommunikasie konsultant vir Uranium One verduidelik.
Uraaneksplorasie naby Leonardville staan steeds stil na Uranium One verlede jaar sy waterpermit verloor het. Die maatskappy het in ‘n verklaring vandag gesê daar is uiters baie voordele wat deur mynwese gebied word en dat hy reeds groot beleggings in die gemeenskap gemaak het. Beraamde werkskepping sal op 600 te staan kom met sekondêre geleenthede wat 4 200 werke kan insluit. Daar is ook ander voordele soos Riaan van Rooyen, kommunikasie konsultant vir Uranium One verduidelik.
Namibië het vrugte ter waarde van 371,8 miljoen Namibiese dollar in November 2022 uitgevoer wat hoofsaaklik vir Nederland en die Verenigde Koninkryk bestem was, terwyl vrugte en neute ter waarde van 35 miljoen dollar na die land ingevoer is. Die Namibiese Statistieke-agentskap se ontleding vir die kommoditeit van die maand November 2022 het gefokus op beide die uitvoer en invoer van vrugte en neute. Gilbert Mulonda, die Namibiese Akkerbouraad se hoofbestuurder vir akkerbou en tuinbou, sê aan Kosmos 94.1 Nuus watter vrugte Namibië hoofsaaklik uitvoer.
Kosmos 94.1 Nuus is van vandag af terug op die DStv-audioplatform. Talle luisteraars het gekla na die diens verlede jaar gestaak is en Kosmos 94.1 het geluister. Die besturende direkteur van Multichoice Namibië Roger Gertze het die inligting...
Brent ru-olie het in die afgelope maand met 6 persent gestyg en die Amerikaanse dollar het in die afgelope week met 2 persent teenoor die Suid-Afrikaanse rand versterk. In Suid-Afrika word daar berig dat motoriste ‘n styging in brandstofpryse vir Februarie te wagte kan wees. Volgens Robert McGregor, ekonoom by Cirrus, kan Namibiërs ook ‘n verhoging verwag...
Met El Nino wat in die komende reënseisoen voorspel word, is daar weer kommer oor droë toestande wat oor die land kan heers. Drie jaar gelede het Meatco gebuk gegaan onder die tekort aan diere as gevolg van droogte en die kwessie is verleng eenvoudig omdat toe dit weer reën het boere diere teruggehou om kudde op te bou. Kosmos 94.1 Nuus het met plaaslike landboukenner Wallie Roux gesels oor die uitdaging. In sy mening is daar nie veel wat ‘n Namibiese boer kan doen nie omdat dit ‘n biologiese proses is maar, hy voeg by dat die uitdagings nie so groot sal wees nie... hy verduidelik.
Die Fishrot-lot is steeds op soek na borg. Die groep appelleer vanoggend in die hooggeregshof ten die weiering van borg in die land se hoërhof met die mees onlangse weiering waar die hele groep in die aansoek betrokke was, deur regter Shafimana Ueitele in April verlede jaar. Die groep het senior advokate van Suid-Afrika wat namens hulle in die hof optree en volgens Thabang Patela, wat Mike Nghipunya verteenwoordig, het die staat fouteer in sy argument om borg te weier.
Die efundja het groot verligting vir boere in die streke van Oshana en Omusati na die allerberlangrike Opononameer opgedroog het. Boere was genoodsaak om met min hulpbronne water vir die diere aan te ry. Die meer is uiters belangrik vir duisende vee om drinkwater te bekom. Voorheen was die krisis so groot dat NamWater van die Olushandja-dam water na Oponona gepomp het. Maar, met die efundja is daar genoeg water in die iishanas vir die diere, al het Oponona nog nie enige water ingeneeem het nie.'n Kleinskaalse boer in die Ondangwa landelike kiesafdeling in die Oshana-streek, Ileni Nandjato het met Kosmos 94.1 Nuus gesels...
Die is vandag die Internasionale Dag van Onderwys. Plaaslik, sê die onderwysministerie dat die dag herdenk word om die reg tot onderwys te vier. Die ministerie se uitvoerende direkteur Sanet Steenkamp sê daar moet in mense belê word......
Die Swakoprivier tussen die Von Bach-damwal en Swakoppoort het vir die eerste keer die seisoen geloop. Volgens Freddy Koch wat na aan Gross Barmen aan die weste van Okahandja boer was daar ‘n wolkbreuk. Sy foto’s en video’s is wyd op sosiale media versprei. Koch het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.
Die Stad Johannesburg sê City Power gaan 'n program instel vir die opgradering van slim meters en vervanging van ouer meters. Dit is omdat die stelsel soos dit tans daarna uitsien, in November 2024 ten einde loop en nie langer koopbewysreekse sal voorsien nie. Die nuwe stelsel sal koopskyfies identifiseer as veiligheidsmaatreël wat sal verseker dat 'n koopskyfie slegs een maal gebruik kan word en slegs vir die meternommer waarvoor dit gekoop is. Die burgemeesterskomiteelid vir Omgewing- en Infrastruktuurdienste in Johannesburg, Michael Sun, sê die huidige standaard-oordrag-spesifikasiestelsel word reeds sedert 1993 gebruik:
Die Wêreldgesondheidsorganisasie sê 2,5 miljard Amerikaanse dollar is nodig om meer as 300 miljoen mense by te staan vanjaar teen voorkombare siektes. Oud-Britse premier Gordon Brown het namens die organisasie ‘n pleidooi vir befondsing gemaak.
Die metaalwerkersvakbond Numsa sê hy het by die Mededingingstribunaal voorleggings ingedien oor Heineken se oorname van Distell. Heineken, die wêreld se tweede grootste biervervaardiger, wil die Distell-groep oorneem in 'n transaksie wat 23,8 miljard Namibiese dollar beloop. Numsa se woordvoerder, Phakamile Hlubi-Majola, sê daar moet geen afdankings na die oorname wees nie en indien die saamgesmelte onderneming binne vyf jaar mense wil afdank., moet hy bewys dit hou nie met die samesmelting verband nie:
President Cyril Ramaphosa sê Suid-Afrika se toegang tot gemengde energie kan help om die energiekrisis hok te slaan en ʼn oormatige afhanklikheid van steenkool-kragstasies verminder. Hy het ʼn vergadering van die ANC se provinsiale uitvoerende komitee in Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal toegespreek. Ramaphosa sê die historiese besluite wat 'n gebrek aan instandhouding meegebring het, het tot beurtkrag gelei. Volgens Ramaphosa word na Afrika-lande gekyk om die land by te staan:
Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, sê dit is nou die regte tyd om alle diskriminerende wette en praktyke te beëindig wat toegang tot onderwys belemmer. Dit is vandag Internasionale Onderwysdag en die tema is om in mense te belê en voorkeur te gee aan onderwys. Tans is 244 miljoen kinders en jeugdiges nie op skool nie en 771 miljoen volwassenes is ongeletterd. Guterres sê dis moontlik vir regerings om onderwysstelsels te lewer wat gelyke samelewings, dinamiese ekonomieë en die onbegrensde drome van elke leerder in die wêreld ondersteun:
Die Organisasie teen Belastingmisbruik in die buurland het die herinstelling van die kernwaghond-aktivis, Peter Becker, op die Nasionale Energiereguleerder se raad verwelkom. Die Wes-Kaapse Hooggeregshof het bevind Becker se ontmoetings met burgerlike organisasies terwyl hy op die raad gedien het, was nie 'n konflik van belange nie en sy verwydering van die raad was ongrondwetlik en onwettig. Outa se woordvoerder, Brendan Slade, sê die uitspraak baan die weg om met sekerheid te bepaal wat die rol is van verteenwoordigers op die raad wat mense verteenwoordig wat deur kernaktiwiteit geraak word:
Die Ovaherero Tradisionele Owerheid en die Nama Tradisionele Leiers-vereniging sleep die regering hoërhof toe omdat dit versuim het om die beginsels van die 2006-parlementêre besluit oor die Nama-Ovaherero-volksmoord te respekteer. 'n Aansoek is in die hoërhof gebring om die omstrede gesamentlike verklaring oor die ooreenkoms tussen Namibië en Duitsland nietig te verklaar. Die tradisionele owerhede sê die speaker professor Peter Katjavivi het geen gronde gehad om die ooreenkoms in die parlement te opper nie en hy het verder 'n rol daarin gespeel om die parlement van die geleentheid te ontneem om sinvol daaroor te debatteer. Kosmos 94.1 Nuus het met die opperhoof van die Ovaherero Tradisionele Owerheid, Itamunua Meroro, gepraat...
Die leier van die DA, John Steenhuisen nooi die publiek om môre by die optog teen beurtkrag aan te sluit. Volgens ʼn woordvoerder van die DA, Cilliers Brink, sal die optog ook hulle standpunt teen kaderontplooiing, prysverhogings en korrupsie insluit. Brink sê die optog begin by Mary Fitzgerald-plein in Newtown, Johannesburg tot by Luthuli-huis:
Die wynbedryf het sy griewe oor die uitwerking van beurtkrag bekend gemaak. Die woordvoerder van Groote Post-wingerde, Peter Pentz, sê hulle voel die uitwerking daarvan met die aanvang van die oestyd. Hy sê dit het moeilik geword om te beplan vir produksie, sowel as vir die hoë koste van brandstof om kragopwekkers vir die fermentasie-proses te gebruik:
Die Suid-Afrikaanse minister van korrektiewe dienste, Ronald Lamola het bekendgemaak die gevangenes matriekklas van 2022 het ʼn slaagsyfer van 87,5 persent behaal. Dit is ʼn verbetering van 10,5 persent teenoor die slaagsyfer van 77-persent in 2021. Voltydse leerders se slaagsyfer is 95,9 persent en deeltydse leerders se slaagsyfer was hoër as 60 persent. Volgens Lamola het 11 skole van van die diens ʼn slaagsyfer van 100 persent aangeteken, wat ʼn verbetering is teenoor verlede jaar se agt skole:
Die Britse eerste minister, Rishi Sunak, het opdrag gegee dat ondersoek ingestel word om te bepaal of Nadhim Zahawi die ministeriële kode oortree het. Die voorsitter van die Tory-party word gevra om te bedank nadat dit aan die lig gekom het hy het 'n boete aan die koninklike inkomste- en doeane-diens betaal. Dit hou verband met onbetaalde belasting terwyl hy minister van Finansies was en is deel van 'n geskil wat 'n multimiljoen-pond beloop. Die Arbeiders se leier, Keir Starmer sê die eerste minister moet leierskap toon en Zahawi afdank:
Die Universiteit van Namibië se registrasie vir 2023 akademiese jaar is steeds aan die gang vir beide die eerstejaarstudente en senior studente. Vir die eerstejaars sal die registrasies tot 31 Januarie duur, terwyl dit vir die seniors tot 14 Februarie duur. Alle studente word daaraan herinner dat daar geen laat registrasie-tydperk is nie. Toegang tot die aanlyn registrasie-platform is slegs moontlik wanneer die registrasiefooi en deposito as betaalbaar toon op ‘n studente-rekening. Simon Namesho, Unam se woordvoerder het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Die Namibiese gesondheidsminister dr. Kalumbi Shangula het Namibiërs versoek om hulself te beskerm deur vir Covid-19 getoets te word en te verseker dat hulle ingeënt word. Die Wêreldgesondheidsorganisasie het sy riglyne oor die dra van maskers in die openbaar aangepas en die dra van maskers aanbeveel. Shangula sê alhoewel die dra van maskers deur die WGO aangeraai word, is dit lande se besluit of dit weer ingestel moet word of nie. Dr. Shangula sê die Covid-situasie is tans onder beheer in die land.
Daar was weer ‘n massaskietery in die VSA, etlike dae na die dood van 11 mense in Monterey Park in Kalifornië. Sewe mense in die noorde van die deelstaat in twee aanvalle naby Half Moon Bay doodgeskiet. ‘n Verdagte is reeds in hegtenis geneem. Dit is die 38ste massa-skietvoorval tot dusver die jaar in Amerika. President Joe Biden het hom herhaaldelik uitgespreek daarteen en wil hê die Huis en Senaat moet wapenwetgewing aanpas. Hy het homself vroeër so uitgespreek.
Eskom het vanoggend fase drie-beurtkrag ingestel. Die kragvoorsiener het verder aangekondig fase vier sal daagliks tussen vier-uur namiddag en vyf-uur soggens ingestel word. Eskom se woordvoerder, Sikonathi Mantshantsha, sê die skedule sal tot verdere kennisgewing herhaal word. Hy het verbruikers aangemoedig om elektrisiteit spaarsamig te gebruik:
Die Mynwerkersvakbond van Namibië en Osino Gold Exploration and Mining by Karibib het 'n suksesvolle ooreenkoms bereik vir loonverhogings. Alle werknemers wat 'n basiese salaris van 6 000 Namibiese dollar en minder verdien, sal 'n verhoging van 8 persent op die basiese loon ontvang. Alle werknemers wat 'n basiese salaris van 6 000 dollar en hoër verdien, kry 'n verhoging van 6,7 persent op die basiese loon. Alle werknemers kry vir die eerste keer 'n behuisingstoelaag en mediese fonds, volgens Filleppus Ampweya van die vakbond.
James Murphy het hom aangesluit by die Springbok-sewesgroep in Australië om sy beseerde spanmaat, Selvyn Davids, te vervang in die naweek se Sydney-sewesspan. Davids het die afgelope naweek 'n lies-besering opgedoen in die Nieu-Seelandse Sewes-reeks en is uitgesluit van die toernooi in Australië, waar Suid-Afrika Vrydag teen Kenia te staan kom en Saterdag teen Uruguay en Nieu-Seeland in Groep B. Murphy is opgewonde oor die geleentheid:
President Hage Geingob sê die regering ondersoek die misbruik van die Staatsdiens Mediese Hulpskema, Psemas, deur lede en in hul afhanklikes. Geingob het aan ‘n afvaardiging van ‘n span Britse mediese spesialiste by Staatshuis gesê dat die land se mediese dekking redelik goed is, maar misbruik vind plaas wat die regering miljoene dollars kos. Die gesondheidsministerie sê hervormings is aan die gang, insluitend maniere om die toewysing van 3 miljard Namibiese dollar aan Psemas te verminder. Die regering verloor jaarliks 900 miljoen dollar deur Psemas weens twyfelagtige eise en swendelary volgens die Internasionale Monetêre Fonds se bevindings in 2018.
Die proses het begin om voormalige mynwerkers in die buurland wat tuberkulose of silikose opgedoen het, te vergoed. Die departement van gesondheid begin vandeesweek met sifting, verifiëring, ondersoek en betalings van kwalifiserende voormalige mynwerkers van tussen Maart 1965 en Desember 2019. Volgens die adjunkminister van gesondheid, Sibongiseni Dhlomo begin hierdie landwye program van twee weke in die noordelike dele van KwaZulu-Natal voordat dit na ander provinsies verskuif. Die departement versoek alle voormalige mynwerkers of hul afhanklikes om by hulle naaste indienings-kantoor aan te meld.
Eskom sal fase 4-beurtkrag tot môreoggend handhaaf. Fase 3 sal vanaf vyf-uur môreoggend tot vier-uur die middag inskop. Hierdie skedule sal tot verdere kennisgewing daagliks voortduur. Die woordvoerder, Sikonathi Mantshantsha, het verbruikers aangemoedig om voort te gaan om krag spaarsaam te gebruik.
Volgens die Namibiese Hawens-owerheid, Namport, is daar ‘n toename in die volumes grootmaat-vrag vir uitvoere by die Walvisbaai-hawe. Daarom versoek Namport dat voorstelle ingedien word vir die huur van eiendom om 'n veeldoelige grootmaat vrag-terminaal in die hawe van Walvisbaai op medium tot lang termyn te ontwikkel en te bedryf. Daar sal van die huurder vereis word om 'n waterbestande pakhuis op te rig vir die berging en hantering van grootmaat vrag-kommoditeite. Die sperdatum vir die indien van voorstelle is 27 Februarie voor 12-uur die middag. Namport se uitvoerende hoof van kommersiële dienste, Elias Mwenyo het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Suid-Afrikaanse lugdienste sê hulle het 'n beduidende verbetering in hul bedryfs-volumes die afgelope Kersseisoen aangeteken. Baie vlugte was in Desember 2020 en 2021 gekanselleer weens die Covid-inperkings met aanvraag vir vlugte wat in Desember 2022 baie meer was in vergelyking met 'n jaar tevore. Vlugte was laat verlede jaar egter baie duurder as in Desember van 2021, maar steeds was die aanvraag so groot dat baie sitplekke reeds voor die skoolvakansies uitverkoop was. Kosmos 94.1 Nuus se korrespondent in Kaapstad, Fritz Platt...
Al 276 werknemers van die Cash ’n Carry-winkel op Rundu wat in Desember verlede jaar aan ’n betoging deelgeneem het, sal op 8 Februarie terugkeer werk toe. Die goewerneur van die Kavango-Oos-streek, Bonifatius Wakudumo, het dit bevestig nadat hy as bemiddelaar opgetree het. Die werknemers is geskors omdat hulle volgens die maatskappy aan ‘n onwettige staking deelgeneem het. Die werknemers het egter geweier om die briewe te onderteken, die Namibiese polisie ingeroep en ook 'n petisie by die kantoor van die goewerneur ingedien. Wakudumo sê aan Kosmos 94.1 Nuus sy kantoor het saam met dié van die arbeidsministerie die dispuut met alle betrokke partye bemiddel.
Die DA sê die minister van openbare ondernemings, Pravin Gordhan, het weer die middelvinger aan die parlement gewys deur te weier om inligting en verslae oor die Suid-Afrikaanse Lugdiens en die Takatso-transaksie te verskaf. Die party sê Gordhan het meer as twee maande geneem om sy nie-antwoord te verskaf, nadat hy versoek is om die antwoord binne twee weke te verskaf. Die DA-lid, Alf Lees, sê dit is verstommend dat Gordhan beweer deel van sy stilswye is omdat hy reeds meer as twee maande nadat hy voor Skoor verskyn het, steeds wag op 'n regsmening.
Tennis: Novak Djokovic was in totale beheer vandag by die Australiese Ope. Die 35-jarige Djokovic is op koers om sy mansenkelspeltitels by die Australiese Ope tot tien te vermeerder, nadat hy die tuisskare se gunsteling, Alex de Minaur met 6-2, 6-1, 6-2 oorrompel het. Serwië se Djokovic het daarmee sy plek in die laaste agt bespreek.
Die Konstitusionele Hof het weer aan die parlement uitstel toegestaan tot 28 Februarie vir die finalisering van die Verkiesings-wysigingswetsontwerp. 'n Parlementswoordvoerder, Moloto Mothapo, sê die parlement het 'n dringende aansoek by die hof ingedien.
Kamerbesettingsyfers by landwye gasvryheids-instansies het in Desember 2022 volgens data van die Gasvryheidsverening van Namibië op 37,9 persent gestaan, vergeleke met 45,8 persent in die vorige maand, wat die jaarlikse gemiddelde op 40,1 persent in 2022 te staan bring. Dit is byna dubbel die jaarlikse gemiddelde in 2021 en sedert Junie 2022 het ongeveer 80 persent van die pre-pandemiese vlakke bereik. Plaaslike toeroperateurs se doelwit is om Namibië as 'n heeljaar-bestemming te bemark, sê Gitta Paetzold, die uitvoerende hoof van die vereniging aan Kosmos 94.1 Nuus.
Die Suid-Afrikaanse Federasie van Vakbonde is nou deel van die regs-uitdaging om die regering en die bestuur van Eskom aanspreeklik te hou. Sy filiaal, die metaalwerkers-vakbond, Numsa, is reeds deel van die proses. Die woordvoerder van Saftu, Trevor Shakhu sê ʼn kombinasie van swak beleid en korrupsie het tot kragonderbrekings gelei en die ineenstoring van openbare dienste en goedere.
ActionSA het sy standpunt herhaal dat wanneer die party in 2024 setels in die parlement wen, hy alles sal doen om te verseker om wetgewing in te dien om ʼn einde te maak aan die uitbuitende gebruik deur staatsdepartemente en entiteite om uit te kontrakteer. Dit sal behels om staatsdepartemente te dwing om uitvoerbaarheidstudies en finansiële impak-bepalings uit te voer. ʼn Woordvoerder van ActionSA, Lerato Ngobeni sê dit moet gedoen word voordat enige permanente funksies, soos sekerheidswagte en skoonmakers, uitgekontrakteer word.
Die derde verdagte wat 'n renosterbul in die ooste van die land gestroop het, is in hegtenis geneem. Een stroper is tydens die voorval deur 'n lid van die teenstropery-eenheid van Namibia Wildlife Protection doodgeskiet en 'n 27-jarige verdagte is in hegtenis geneem. Die derde verdagte het op die vlug geslaan, maar is met behulp van boere in die omgewing 'n paar plase verder vasgetrek. Die omgewingsministerie het bevestig dit is die eerste renoster wat vanjaar in die land gestroop is. Salmon Vermaak van Namibia Wildlife Protection het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Die Suid-Afrikaanse minister van internasionale betrekkinge, Naledi Pandor, sê sy is hoopvol dat die Oekraïnse-Russiese konflik binnekort tot 'n einde sal kom. Sy het hierdie verklaring gemaak tydens haar openingstoespraak in Pretoria waar sy die gasvrou is vir die Russiese minister van buitelandse sake, Sergey Lavrov, tydens bilaterale samesprekings. Pandor het volgehou dat Suid-Afrika neutraal bly in die konflik en het die begeerte uitgespreek om bemiddelaar te wees.
Die ACDP in die Wes-Kaap gaan vandag buite die parlement betoog teen die voorgestelde dekriminalisering van prostitusie. Die publiek het tot volgende Dinsdag tyd om kommentaar te lewer op die voorgestelde Wysigingswetsontwerp op Strafregtelike Seksuele Misdrywe en Verwante Aangeleenthede. Die doel van die wetsontwerp is om die koop en verkoop van volwasse seksuele dienste te dekriminaliseer en voorsiening te maak vir kwessies wat daarmee verband hou. Ferlon Christians van die ACDP sê hulle glo gesinne is die basis van die samelewing en die dekriminalisering van prostitusie sal gesinne skaad:
Vooruitsigte vir die Namibiese visvangbedryf lyk nie vanjaar goed nie en volgens die makelaarsfirma Simonis Storm sal daar min tot geen groei plaasvind nie. Stokvis-syfers verbeter maar nie so dat die toelaatbare vangste vermeerder kan word nie. Ander sektore, soos maasbanker, groei glad. Die firma sê opbrengste sal nie uit die bedryf verbeter nie. Theo Klein van Simonis Storm het meer.
Die DA in Gauteng sê 'n massiewe voedselsekerheidskrisis het die provinsie en die land in die algemeen getref weens die voortslepende beurtkrag. Bronwyn Engelbrecht van die party sê volgehoue voorsiening uit die landbousektor is noodsaaklik om 'n bevolking van sowat 60 miljoen mense kos te gee. Sy sê boere se produkvoorsiening word ongelukkig deur beurtkrag gekniehalter:
Met die jongste voorspellings vir ‘n El Nino-verskynsel vir die komende reënseisoen, sal daar moontlik ondergemiddelde reënval in die land voorkom. Die Internasionale Navorsingsinstituut vir Klimaat toon dat El Nino teen einde Oktober ‘n 65 persent waarskynlikheid sal hê. Kosmos 94.1 Nuus het met Henriette le Grange van Namibië Boere Droogtehulp gesels oor moontlike planne in die verband.
Die Nasionale Begroting sal nie meer op 23 Februarie gelewer word nie. Die finansministerie het bevestig dat die minister, Ipumbu Shiimi dit ‘n dag vroeër, op 22 Februarie sal lewer. Woordvoerder by die ministerie Wilson Shikoto, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
‘n Suid-Afrikaanse ekonoom stem saam met die voorspelling dat die Suid-Afrikaanse rand oor 12 maande teen amper 19 teen die Amerikaanse dollar sal verhandel. Dit sal op sy beurt ‘n wesenlike impak plaaslik hê omdat die twee geldeenhede gekoppel is. Chris Hart sê behalwe vir beurtkrag is daar talle uitdagings in die buurland en daar is geen verligting in die vooruitsig nie. Hy verduidelik.
Die leier van die amptelike opposisie-party, die PDM, sê dit tyd dat maatskappye wat nie plaaslik vervaardig nie tenders vir goedere ontvang, moet tot ‘n einde kom. McHenry Venaani het vanoggend by ‘n perskonferensie gepraat oor die omstrede 650 miljoen Namibiese dollar se gesondheidstender aan Amnic Trading van Shapwa Kanyama. Daar is reeds ‘n aanlynpetisie met meer as 7 700 handtekeninge om die tender terug te trek en daar is ook beroepe op President Hage Geingob om die hele tender van die gesondheidsministerie, wat 2,8 miljard dollar werd is, onmiddellik te kanselleer. Venaani sê hy het reeds met die president gepraat.
Sosiale media is propvol plasings met riviere wat loop, panne wat vol is en donker wolke op die horison. Kosmos 94.1 Nuus het aangeklop by Odillo Kgobetsi van die Windhoek weerkantoor vir die jongste. Die goeie nuus is dat die stelsel nog sal voortduur.
Namibië sal vandeesweek deur twee Europese Unie-kommissarisse besoek word wat die viering van 33 jaar van die EU-Namibiese vennootskap sal herdenk. Hulle sal môre die EU-Namibiese Jaarlikse Aksieplan 2022 ter waarde van 437 miljoen Namibiese dollar bekendstel. Die Europese Kommissaris vir Internasionale Vennootskappe Jutta Urpilainen, en Kommissaris vir Interne Markte, Thierry Breton, sal Namibië môre en oormôre besoek. Die adjunk-ambassadeur vir die EU na Namibië, Gosia Lachut sê aan Kosmos 94.1 Nuus wat die doelwit en program van die kommissarisse se besoek is.
Die voorsitter van Eskom, Mpho Makwana, sê Suid-Afrika kan vir minstens twee jaar nog tot 'n mate aan fase twee- en drie-beurtkrag onderwerp word. Hy het gister die jongste besonderhede bekend gemaak oor die kragvoorsiener se stelseluitdagings. Makwana sê hulle werk egter dringend daaraan om die beperkings ten opsigte van opwekkingskapasiteit op te los, en beurtkrag so gou moontlik te verminder:
Daar was groot verligting op Keetmanshoop toe die saak teen lede van Nampol uitgestel is tot 30 Januarie vanjaar en die verdagtes bly in aanhouding. Die twee beamptes van die Spesiale Reserwemag het verskyn op 'n klag van moord nadat hulle glo die 31-jarige Elleste Plaatjie tydens 'n roetine-polisie-operasie aangerand het. Hy is daarna dood. Die NEFF-aktivis, Michael Amushelelo, het ‘n vreedsame protes-optog teen die borgtog van die twee gehou. Die landdroshof se aanklaer op die dorp het die groep toegespreek.
Die 2023-akademiese jaar is in volle swang en ná verlede jaar se swak eksamenuitslae in Namibië, is dit nou al tyd vir leerders om skouer aan die wiel te sit. Die goewerneur van Erongo-streek, Neville Andre, moedig leerders in sy streek aan om nie bang of moedeloos te wees nie. Hy het hulle gemotiveer om nie te wag vir die eksamen-datums nie, maar elk dag huiswerk te doen, nou al te begin leer en eksamentye net hersienings te doen.
President Cyril Ramaphosa sê hy het Eskom gevra om die instelling van 'n tariefverhoging van 18,65 persent wat deur die Nasionale Energiereguleerder goedgekeur is, eers op die lange baan te skuif. Hy het die slotopmerkings gelewer by die ANC se provinsiale konferensie wat in Bloemfontein in die Vrystaat gehou is. Ramaphosa sê Eskom se powere instandhouding in die verlede en die gebrek aan belegging in nuwe kragstasies het die land in 'n energiekrisis gedompel:
Die Suid-Afrikaanse onderwys-aktivis, Hendrick Makaneta, doen 'n beroep op skole in die buurland om weg te doen met begrippe soos hoofseun en hoofmeisie. Hy sê dié benamings bevorder nie diversiteit en inklusiwiteit op die terrein van onderwys nie. Makaneta sê die begrip hoofseun of hoofmeisie maak dit moeilik vir transgender-leerlinge om deel te wees van leierskapstrukture, omdat baie van dié leerlinge nie met die manlike of vroulike geslag identifiseer nie:
Die Omusati-streekgoewerneur, Erginus Endjala het bevestig die efundja vanaf Angola het die Omusati-streek bereik, terwyl 'n ander stroom vanaf die Ohangwena-streek nader. Hy sê alhoewel die water teen 'n stadige pas vloei, kan dit nie onderskat word nie. Endjala sê aan Kosmos 94.1 Nuus die streek se ramp-bestuurskomitee sal môre vergader om veiligheidsmaatreëls in plek te stel.
Die Springbok-sewesspan het tot in die vierde plek op die Wêreldsewes-punteleer teruggeskuif ná 'n teleurstellende vertoning in Nieu-Seeland. Die Blitsbokke het twee wedstryde by die Nieu-Seelandse sewes naelskraaps verloor en sewende klaar gemaak. Argentinië het met die louere weggestap toe hulle Nieu-Seeland in die eindwedstryd met 14-12 verslaan het. Die gasheerland is tans boaan die punteleer. Die Springbok-sewes se afrigter, Sandile Ngcobo, sê sy span se uitvoering, of die gebrek daaraan, was hulle ondergang
Die Vryheidsfront Plus in Mpumalanga sê die Mbombela-plaaslike owerheid betaal maandeliks sowat 14 miljoen Suid-Afrikaanse rand uit aan oortyd. Die party blameer wanbestuur deur departementshoofde hiervoor. Freddy Robertson van die VF-Plus sê verskeie werknemers eis ook meer oortyd as wat ingevolge die Wet op Basiese Indiensnemingsvoorwaardes toegelaat word. Robertson sê verder die munisipaliteit se gebrek aan beplanning en beheer oor waterbronne speel 'n groot rol in die waterkrisis:
Navorsing van die DA toon 80 persent van poskantore in Suid-Afrika antwoord nie hulle telefone nie. Talle van hulle het nie eers telefoonlyne wat werk nie. Dianne Kohler Barnard sê die publiek is jare lank al kwaad en glad nie beïndruk met die gebrek aan dienslewering van die Poskantoor nie. Kohler Barnard voeg by dienslewering bestaan byna glad nie en belastingbetalers se geld word vermors:
Die leier van die Britse Arbeidersparty, Sir Keir Starmer, sê by die afgelope Davos-byeenkoms het hernubare energie onder die loep gekom. Hy sê na sy besprekings met verskeie uitvoerende hoofde tydens die vergadering, kan Brittanje teen 2030 skoon kragopwekking bereik. Hy sê dis in elk geval goedkoper.
Die gemeenskap van Keetmanshoop vat vandag hande met NEFF-aktivis, Michael Amushelelo, wat vandag betoog teen polisiebrutaliteit in Namibië. Die NEFF hou 'n vreedsame protes-optog teen die borgtog van twee Namibiese polisiebeamptes in verband met die dood van 31-jarige Elleste Plaatjie in. Die twee beamptes van die Spesiale Reserwemag verskyn vandag in die landdroshof op 'n klag van moord nadat hulle glo die 31-jarige Plaatjie tydens 'n roetine-polisie-operasie aangerand het. Hy is daarna dood. Amushelelo sê die lewens van mense in Namibië is minder werd as dié van diere.
Namibiërs wag in spanning vir die minister van finansies Ipumbu Shiimi wat die begroting vir die 2023-24 finansiële jaar op 23 Februarie in die Nasionale Vergadering ter tafel sal lê. Geskatte uitgawes vir die boekjaar volgens die huidige begrotingsdokument sal na verwagting in die omgewing van 73 miljard Namibiese dollar wees. In die middeltermynbegroting het Shiimi baie verligting ontvang met fondse wat deur NamRA ingesamel is. Die ministerie se woordvoerder, Wilson Shikoto, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.
Die 41ste Dallas Safariklub Jagskou en -Konferensie in die VSA was 'n reuse-sukses. Die Namibiese omgewingsminister, Pohamba Shifeta, het die jagskou saam met talle Namibiese eienaars van jagplase, professionele jagters en taksidermiste bygewoon. Die president van die Namibiese Professionele Jagtersvereniging, Napha, Axel Cramer, sê aan Kosmos 94.1 'n jagskou in Duitsland was ook suksesvol met jagters wat graag in Namibië wil kom jag en reis.
Eskom se uitvoerende hoof, André de Ruyter, sê die kragverskaffer is ten volle bewus hy moet harder werk en met groter dringendheid optree om 'n einde aan beurtkrag te maak. Hy sê eenheid 5 van die Kusile-kragstasie sal na verwagting in Julie met die netwerk gesinchroniseer word en sal 700 megawatt toevoeg. Hoewel Koeberg se eenheid 1 in Junie terugverwag word, en Medupi se nommer 4 in September volgende jaar weer in diens gestel sal word, waarsku De Ruyter kapasiteit sal vir die grootste gedeelte van 2023 beperk bly:
'n Saak van moord is teen lede van 'n teenstropery-eenheid aanhangig gemaak nadat 'n renosterstroper by 'n lodge in die ooste van Namibië doodgeskiet is. 'n Renosterbul is gestroop en sy twee horings wat deur drie stropers verwyder is, is gevind, asook 'n jaggeweer, ammunisie en toerusting vir stropery. Een van die verdagtes, 'n 27-jarige man, is in hegtenis geneem en 'n derde verdagte is nog op vrye voet. 'n Woordvoerder van die Namibiese polisie hoof-inspekteur Elifas Kuwinga het met 94.1 Nuus gepraat.
Die Desmond en Leah Tutu Nalatenskap-stigting veroordeel die Suid-Afrikaanse regering se besluit om vlootoefeninge saam met Rusland en China te hou. Meer as 300 Suid-Afrikaanse soldate gaan na verwagting volgende maand aan die tiendaagse militêre oefening deelneem. Janet Jobson van die stigting sê die ANC-regering se besluit kom neer op 'n verklaring dat Suid-Afrika hom by die oorlogstryd teen Oekraïne aansluit. Jobson versoek President Cyril Ramaphosa om leierskap te toon en die planne te kanselleer:
Volgens weerkundiges bevat 'n laagdruk-kompleks in die Weste wat verbind is met die Inter-tropiese Konvergensiesone in die Ooste winde wat swaarder of meer verspreide reën oor sy gebied sal veroorsaak. Donderbuie sal vanaand na dele van Namibië versprei. Die bekende weerkenner en boer van Aranos, George van der Merwe...
Die Minerale-raad in Suid-Afrika neem met kommer kennis van 'n sosiale media-veldtog wat steenkool-uitvoer deur die Richardsbaaise steenkool-terminaal wil stopsit om beurtkrag te verlig. Die raad waarsku die veldtog is nie op feite gegrond nie en maak eerder staat op vals bewerings. Allan Seccombe van die raad sê die uitvoermark is van kritieke belang vir die behoud van werksgeleenthede in die steenkool-mynbedryf, wat 91 000 mense in diens het. Duisende meer mense is werksaam in spoor-, pad- en hawe-logistieke poste.
Die stigter van die International University of Management, dr. David Namwandi, sê die IUM se registrasiefooie vir studente neem die moeilike ekonomiese tye in ag. IUM het die Windhoekse prokureur Sisa Namandje opdrag gegee om te antwoord op eise van aktivis Michael Amushelelo en sy NEFF-party dat registrasiefooie opgehef moet word. Namandje sê Amushelelo het geen basis in die wet om sy eise te stel nie. Dr. Namwandi het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Die Rehoboth-dorpsraad stel sy inwoners in kennis dat die elektrisiteits-departement geskeduleerde instandhouding en opgradering van verskeie mini-substasies in die dorp vanaf môre tot Donderdag sal doen. Elektrisiteit sal gedurende sekere periodes deur die dag afgeskakel sonder vooraf kennisgewing. Inwoners word versoek om alle elektriese toestelle voor die beplande onderbreking af te skakel of te ontkoppel om skade te voorkom, sê Desiree Pieters, skakelbeampte van Rehoboth aan Kosmos 94.1 Nuus.
Die Groen Klimaatfonds en die Omgewingsbeleggingsfonds van Namibië, die EIF, het ‘n ooreenkoms in Songdo, Suid-Korea onderteken rakende finansierings-meganismes. Die EIF het konsultasies met sleutelrolspelers begin om hulpbronne te mobiliseer en programme daar te stel om die impak van klimaatsverandering in Namibië te versag. Die programme sal weer aan die Groen Klimaatfonds voorgelê word vir finansiering. Lot Ndamanomhata, korporatiewe kommunikasiebestuurder van die fonds het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Die Cheetah Conservation Fund nooi boere uit om hul waghonde op hul plase te vestig om hul vee op te pas. Die fonds het sy werk met waghonde uitgebrei na die tipies Canis africanus honde toe. Vir meer as 20 jaar gebruik die fonds Anatoliese skaaphonde maar, die ras is duur en is ook groot en kos dus meer om te voer. Die fonds werk op die oomblik om gemengde rasse op te lei wat ook kommunale boere goed kan bystaan. In die verband word ongewenste werpsels ook ingeneem en die teef gratis gesteriliseer. Dr. Laurie Marker, die stigter van die fonds, sê aan Kosmos 94.1 Nuus boere is welkom om hul navorsingsentrum naby Otjiwarongo te besoek om meer oor die waghonde te leer.
Alhoewel TransNamib 'n suksesvolle feesseisoen vir sy passasiers-treindienste gehad het, het hy te min lokomotiewe en ander uitdagings om sy passasiers-roetes uit te brei. Die spesiale passasiers-dienste was groot verligting vir talle Namibiërs wat ná die vakansie uit die Noorde wou terugkeer weens ‘n gebrek aan busse en langafstand-taxi’s. Baie het toe gebruik gemaak van TransNamib se treine om terug te keer na die hoofstad. Die woordvoerder van TransNamib, Abigail Raubenheimer, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor die pad vorentoe.
Die DA sê hy is erg ontsteld oor die manier waarop voedselverskaffers in die landboubedryf behandel word. Boere wie se bedrywighede deur hoër vlakke van beurtkrag geraak word, kry min of geen ondersteuning nie. Die party dring aan die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, en Eskom, moet verantwoording te doen en 'n verbeterde beurtkrag-skedule instel, asook uitsluitings-maatreëls vir boere. Carin Visser van die DA sê die kragverskaffer en die regering het misluk.
Die DA gaan die ANC direk konfronteer wanneer hulle dié week in die hof oor kaderontplooiing ontmoet. Die party wil hê die Hooggeregshof in Pretoria moet die praktyk ongrondwetlik en onwettig verklaar. Leon Schreiber van die DA sê die dringendheid van die saak is 'n aanloop tot Woensdag se Nasionale Dag van Aksie teen die ANC se beurtkrag.
Chinese Nuwejaarsvieringe het wêreldwyd begin om vandag die Jaar van die Konyn in te lui, ook in Namibië. 2023 is ‘n jaar van die Waterkonyn. Die Chinese Nuwejaar, ook bekend as die Lentefees, is een van die belangrikste vakansiedae in moderne China en word aan die begin van die tradisionele Chinese maankalender gevier. Die datum van Chinese Nuwejaar word bepaal deur die Chinese maan-kalender, wat gebaseer is op die siklusse van die maan en son. Die eerste dag van die nuwe jaar val op die donkermaan tussen 21 Januarie en 20 Februarie. Die adjunk-missiehoof by die Chinese ambassade in Namibië, Yang Jun, wens die Chinese gemeenskap in Namibië ‘n voorspoedige Chinese Nuwejaar toe.
Die Suid-Afrikaanse Federasie van Vakbonde, Saftu, doen 'n beroep vir die samesmelting van die onderwysstelsel om 'n goed-geoliede masjien te skep. Die federasie versoek die regering ook om 'n massiewe skool-infrastruktuurprogram van stapel te stuur, toerusting aan te koop en sekerheidswagte aan te stel om dit te beveilig. Die woordvoerder van Saftu, Trevor Shaku, het die matriekklas van 2022 geloof vir hulle uitmuntende prestasie. Volgens Shaku het leerders oorwin ten spyte daarvan dat baie van hulle by kerslig en olielampe moes studeer.
Die Vereniging van Staatsamptenare in die buurland is steeds bekommerd oor die ongelykhede in die skoolstelsel en die hoë uitsaksyfer. Meer as 400 000 leerders wat in 2011 met Graad 1 begin het, het nie hulle skoolloopbaan voltooi nie. Claude Naiker van die vereniging sê die klas van 2022 moet voorts gelukgewens word met hulle prestasie, ondanks beurtkrag wat hul voorbereiding belemmer het.
Polisie-brutaliteit in Namibië is weer onder die loep nadat ‘n man van Keetmanshoop dood is na hy glo wreed deur lede van die Spesiale Reserwemag aangerand is. Twee Nampol-beamptes is in verband met die dood van die 31-jarige Estelle Plaatjie by Keetmanshoop in hegtenis geneem. Hulle sal Maandag in die landdroshof in die Suide-dorp op aanklagte van moord verskyn nadat Plaatjie aan sy beserings in die Katutura-staatshospitaal in Windhoek beswyk het. In 'n ander voorval wat oor die feesseisoen in die Noorde plaasgevind het, sal die polisiebeampte wat 'n man hardhandig agter in 'n polisiebakkie geboender het, aangekla word. Sy dossier sal na die aanklaer-generaal gestuur word vir ’n beslissing. Kosmos 94.1 Nuus het met Stad Windhoek-polisiehoof, Abraham Kanime, gepraat oor die belangrikheid van vertroue tussen die polisie en gemeenskappe.
Build One South Africa verwerp die regering se vertragingstaktiek om die wetlike uitdagings van beurtkrag te pak en die verhogings in kragpryse om te keer. Bosa se woordvoerder, Sbu Zondi, sê die ANC-regering is besig met ontduiking en vertraging terwyl burgers steeds in die donker sit. Volgens Zondi het die regsverteenwoordiger van die minister van openbare ondernemings, Pravin Gordhan, op die nippertjie aangedui hy het 'n bykomende twee weke nodig om op hulle dagvaarding te reageer.
Sewe plaaswerkers in die Kakamas-omgewing in die Noord-Kaap het weens hitte-uitputting gesterf. 'n Woordvoerder van die provinsie se departement van landbou, omgewingsake, landelike ontwikkeling en grondhervorming, Zandisile Luphahla, sê die kwik in gebiede om Kakamas het oor die afgelope paar weke tot heelwat meer as 40 grade gestyg. Luphahla sê ook 'n werker wat in die hospitaal opgeneem is, herstel goed.
Kosmos 94.1 se Copps 94.1 teenmisdaad-realiteitsprogram was Vrydagaand regstreeks op die lug met ons borge G4S Namibia, JAC van M&Z Motors, Minet Namibia Insurance Brokers, LifeLink Emergency Services, Cema Drilling and Compressors, ITR Namibia Earthmoving Equipment, Namibia Breweries Limited, Spar Express, Dulux Namibia, Annabelle Non-Alcoholic Sparkling en Engen Eureka Service Station. Francois Lottering was op grondvlak in 'n reënerige Windhoek.
Die Landless People's Movement se top-vyf en parlementslede hou tot môre sy bosberaad buite die hoofstad. Die onderwerpe wat deur verskillende genooide kundiges bespreek word, is kontemporêre wêreldkwessies, politieke en ekonomiese kwessies, volhoubare ontwikkeling, sowel as Namibiese politieke en plaaslike regerings-kwessies. Graham Hopwood, direkteur van Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing was een van die genooide sprekers, het gepraat oor die olie-ontdekking aan die Namibiese kus en vooruitsigte vir volhoubare ontwikkeling.
Benedictus Simon van Oshakati is vandag aangewys as die laaste van twee wenners van ‘n Volkswagen Polo GTI in Namibia Breweries Limited se landwye kompetisie. Simon deel sy vreugde met Darren Smith van Kosmos 94.1...
Stad Kaapstad se direktoraat vir veiligheid en sekuriteit sê dis op 'n hoë gereedheidsgrondslag om die gedrag van matrikulante, wat hul eksamen-uitslae dié naweek gaan vier, te monitor. Matrikulante het vanoggend hul uitslae ontvang na dit deur die departement van basiese onderwys bekend gemaak is. Daar word verwag dat baie van dié jongmense die stad die naweek gaan rooi verf om hul uitslae te vier. Fritz Platt, ons korrespondent in Kaapstad...
Voertuigverkope in Namibië het op 'n jaargrondslag met 29,7 persent gestyg, maar het op 'n maandelikse basis met 8,6 persent in Desember 2022 afgeneem. Altesaam 952 voertuie is in Desember 2022 verkoop, wat minder is as die 1 045 voertuie wat in November 2022 verkoop is. Medium handelsvoertuie was die hoof-bydraer tot die jaarlikse toename, en het in Desember 2022 met 94,4 persent op 'n jaargrondslag gestyg, gevolg deur swaar handelsvoertuie en passasiersvoertuie. Hoofbestuurder van Indongo Toyota Willie Verdoes gesels met Kosmos 94.1 Nuus.
Die DA in Gauteng vier saam met leerders en ouers die uitslae wat deur die 2022-matrieks in die provinsie behaal is. Ten spyte van geweldige uitdagings die afgelope drie jaar, insluitend die Covid-pandemie en die verwante inperkings, die gemeenskapsbetogings, beurtkrag en bende-bedrywighede in sekere gemeenskappe, het Gauteng se matrieks hierdie struikelblokke oorwin. Die DA-lid, Khume Ramulifho, sê leerders het fantastiese werk gedoen en 'n slaagsyfer van 84,4 persent behaal, wat 69 849 universiteits-toelatings insluit.
Nadat die Namibiese sangeres Oteya 'n lang blaaskans van die musiekbedryf geneem het om op haar gesin te fokus, is sy terug in volle swang. Oteya het met EES saamgespan, wat voortdurend nuwe musiek vrystel en sy musiekloopbaan internasionaal bevorder. 'Girlfriend' is 'n lekker Afro-ritme-liedjie oor 'n verliefde paartjie wat mekaar se aandag koester. Namibiese internasionale kunstenaar, Ees het sy ervaring gedeel om saam met mede-bekroonde Oteya aan die liedjie te werk.
Die Sentrale Verkrygingsraad van Namibië het vanmiddag 'n media-inligtingsessie gehou na aanleiding van die skokkende nuus oor 'n tender wat aan sakeman Shapwa Kanyama gegee is waar die raad beweer het daar was verkeerde berekeninge in die hoeveelhede. Kanyama se maatskappy, Amnics Trading se 650 miljoen Namibiese dollar tender beslaan 23 persent van die totale bedrag van 2,8 miljard dollar wat deur die gesondheidsministerie bestee word aan aankope. Hy sal, onder andere, 750 000 kondome verskaf teen ‘n totale bedrag van 111 miljoen dollar, wat 148 dollar per kondoom is. Amon Ngavetene, waarnemende voorsitter van die Verkrygin17:00gsraad, het gereageer op 'n vraag of hierdie soort berekeningsfoute dikwels voorkom.
Rugby: Die Bulle het verskeie veranderinge aangebring vir vanaand se wedstryd teen Lyon in Frankryk. Die gevaarlike Bulle-agterspelers is steeds in die span met Wandisile Simelane wat hom by Kurt-Lee Arendse, Canan Moodie en Johan Goosen aansluit om ʼn voortreflike kwartet aanvallers te vorm. Die Bulle het die eerste kragmeting verlede jaar op Loftus gewen na ʼn terugvegpoging teen die einde deur Lyon. Afskop is vanaand 10-uur. Hulp-afrigter Chris Rossouw sê 'n wen is belangrik.
Daar is goeie nuus vir Suid-Afrikaners wat beurtkrag betref. Eskom beoog om beurtkrag se fases af te gradeer. Die kragonderbrekings sal op Fase 4 gehandhaaf word en dan vir die res van die naweek minder word. Die woordvoerder, Sikonathi Mntshantsha, sê dit sal daarna verder na Fase 2 verminder word:
Meatco hou op 27 Januarie ‘n spesiale lede-vergadering op Otjiwarongo. Dit vind om nege-uur die oggend plaas by die C’est Si Bon Hotel en registrasie vind tussen half-agt en half-nege plaas. Die vergadering sal terugvoering gee oor sake wat voortspruit uit die 34ste jaarvergadering wat in September 2022 gehou is. Meatco se skakelbeampte, Rosa Hamukuaja-Thobias het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Begrafnisondernemers in die buurland swoeg om te verhinder liggame ontbind te midde van die kragonderbrekings. Volgens eienaars is dit ʼn gespartel om hulle ondernemings aan die gang te hou namate die energiekrisis verdiep. Om die bewaring van menslike oorskot te verseker, moet die temperatuur in koelstoor-geriewe minder as minus vyf grade Celsius wees. Dit word egter nou uiters moeilik vir eienaars van begrafnisondernemings. Die woordvoerder van die Nasionale Vereniging van Begrafnispraktisyns, Vuyisile Mabindisa sê daar is nog geen oplossing oor hoe lykshuise die koste kan dra nie.
Volgens die DA, stem die minister van gesondheid, Joe Phaahla, uiteindelik saam dat daar nie geld is vir die Wetsontwerp op Nasionale Gesondheidsversekering nie. Phaahla het op 'n parlementêre vraag geantwoord en erken Suid-Afrika het nie op kort of medium termyn die geraamde 200 miljard Suid-Afrikaanse rand om aandag aan die gesondheidsektor se infrastruktuur-uitdagings te gee nie ten einde die NGV in te stel. Die party-lid, Michele Clarke, sê die ANC-regering het ook nie die politieke vasberadenheid om te verseker dat die proses vry van wanbestuur en korrupsie is nie.
Die DA in Gauteng sê beurtkrag veroorsaak 'n krisis vir medisyne-berging in die provinsie se openbare klinieke. Die rede hiervoor is die diesel vir kragopwekkers wat soms opraak, en sommige ou yskaste gee in weens die veelvuldige kragonderbrekings. Die DA-lid, Jack Bloom, sê personeel verkeer onder geweldige druk omdat hulle medisyne na werkende yskaste toe moet skuif om te voorkom dat dit bederf.
Tennis: Die derde gekeurde Griek, Stefanos Tsitsipas het sy plek in die vierde ronde van die Australiese Ope bespreek waar hy Sondag teen Janik Sinner van Italië te staan sal kom. Sinner het in vyf stelle die bo-toon gevoer teen Marton Fucsovics van Hongarye terwyl Tsitsipas met 6-2, 7-6, 6-3 teen Tallon Griekspoor van Nederland op Melbournepark gewen het.
Die Besigheid en Intellektuele Eiendom-maatskappy, Bipa, het sy bedrogbewusmakingsveldtog geloods wat daarop gemik is om alle sake-eienaars en potensiële sake-eienaars in te lig teen swendelary en ander bedrieglike aktiwiteite met betrekking tot besigheidsregistrasie, bedrieglike wysigings en vervalste dokumentasie. Die veldtog sal ook daarop gemik wees om bewustheid te skep rondom Bipa se tolvrye bedrog-blitslyn en eposadres. Ockert Jansen, hoof van kommunikasie by Bipa het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Wêreld-Ietermagôdag word vanjaar op 18 Februarie gevier. Die bewaring van die mees gesmokkelde soogdier ter wêreld word jaarliks op die derde Saterdag in Februarie herdenk. In Namibië sal dié dag met talle opwindende aktiwiteite vir oud en jonk herdenk word en groot pryse is ook op die spel. Die stigter van die Ietermagô Bewaring- en Navorsingstigting, Kelsey Prediger, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Mecki Schneider het die jongste planne van sy langverwagte Savanna Beef Processors bekend gemaak. Daar heers groot opgewondenheid in die mark oor die insisiatief en volgens Schneider, is daar volgende week verskeie vergaderings en beplanning wat plaasvind. Hy gesels met Kosmos 94.1 Nuus.
Die uitvoerende direkteur van die Namibiese gesondheidsministerie, Ben Nangombe het hom vererg oor navrae oor die berigte van ‘n gesondheidstender ter waarde van 650 miljoen Namibiese dollar wat vandag die plaaslike media oorheers. Oor die kwessie van die 750 000 kondome ter waarde van 111 miljoen dollar, wat neerkom op 148 dollar per kondoom, het hy aan Kosmos 94.1 Nuus gesê mense moet hul logika gebruik en besef dit is verpakkings van wat hy sê is baie kondome. Hy wou nie op rekord gaan nie. Intussen kom die eienaar van Amnics Trading, Shapwa Kanyama, wat die tender ontvang het, steeds onder skoot. Volgens berigte is sy maatskappy twee jaar oud en het hy amptelik, volgens rekords van die Maatskaplike Voorsorgkommissie, net drie werkers in diens alhoewel hy sê hy 50 mense in diens het. Die president van die Republikeinse Party, Henk Mudge het sy reaksie aan Kosmos 94.1 Nuus so verwoord.
Aansoeke vir finansiële hulp vir tersiêre opleiding sluit op 31 Januarie. Die hoof van die Namibiese studente-hulpfonds Kennedy Kandume het voornemende studente gemaan om nie tot die laaste oomblik te wag om aansoeke in te dien nie. Studente kan ook aanlyn aansoeke voltooi. Kandume verduidelik.
Dit wil voorkom of ‘n droë reënjaar in die komende seisoen op Namibië wag. Die jongste voorspellings van die Internasional Navorsingsinstituut vir Klimaat toon dat die El Nino-verskynsel, wat ondergemiddelde reënval vir die Suider-Afrikaanse streek bring, reeds teen Februarie, Maart en April vanjaar sal begin versterk terwyl die La Nina-verskynsel, wat goeie neerslae beteken, skerp verswak. Luidens die voorspelling sal daar ‘n 65 persent waarskynlikheid wees dat El Nino in Augustus, September en Oktober vanjaar sal domineer. Kosmos 94.1 Nuus het met die bekende Suid-Afrikaanse weerkenner Kobus Botha gepraat...
Die Stad Tshwane moedig inwoners aan om ingelig te bly en teen alle Covid-19-variante in te ent. Dit volg nadat die Wêreldgesondheidsorganisasie aangedui het dat 'n nuwe Covid-19-variant, XBB.1.5, moontlik die mees oordraagbare variant tot op hede kan wees. Die stad se burgemeesterskomiteelid vir Gesondheid, Rina Marx, sê dit word verder ondersteun deur die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes wat sê hierdie variant kan die mees dominante stam in Suid-Afrika word nadat dit in Desember verlede jaar opgespoor is:
Die Namibiese ministerie van myne en energie verwelkom die Namibiese polisie se pogings om die onwettige oorgrenshandel in Angolese brandstof te takel in samewerking met Angolese owerhede. Die noordelike grens is uiters poreus en daar is gebiede wat heeltemal onbegaanbaar is. Die minister van myne en energie, Tom Alweendo het vroeër gesê Angolese brandstof is nie op standaard nie en kan skade aan voertuie veroorsaak, alhoewel Zambië van voorneme is om die brandstof in te voer. Angolese brandstof is uiters goedkoop in die buurland omdat dit deur die regering gesubsidieer word. Andreas Simon, woordvoerder van die ministerie, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat, oor die belangrikheid van die operasie.
Rugby-unie owerhede in Engeland en Wallis word deur 55 amateurspelers gedgavaar vir nalatigheid om hulle te beskerm teen breinbeserings deur hulle loopbane. Die aksie vorm nie deel van ‘n massa-aksie deur 225 afgetrede professionele spelers wat ook in die verband gebring is en reeds onderweg is. Britse media berig dat talle van die jongste groep aansoekers met verskeie neurologiese toestande wat dimensie, Parkinsons en selfs epilepsy insluit. Willem Strauss, president van die Blou Bulle het sy reaksie so aan Kosmos 94.1 Sportnuus verwoord.
Die Wes-Kaapse LUR vir Finansies en Ekonomiese Geleenthede, Mireille Wenger, sê die provinsie het tussen Januarie en November 2022 bouplanne ter waarde van 34,81 miljard Suid-Afrikaanse rand goedgekeur wat 'n toename van 27 persent is teenoor dieselfde tydperk verlede jaar. Dit is volgens die jongste boustatistieke van die privaat sektor wat deur Statistieke Suid-Afrika bekend gemaak is. Wenger sê die verslag toon ook dat die provinsie steeds voorloop wat die waarde van goedgekeurde bouplanne betref. Dit plaas die provinsie voor Gauteng, die land se ekonomiese sentrum:
Om die korporatiewe bestuur van bank-instellings te verbeter in 'n sektor wat as een van die mees gesofistikeerde op die Afrika-vasteland beskou word, het die Bank van Namibië 'n hersiene bepaling uitgereik oor die aanstelling, pligte en verantwoordelikhede van direkteure, hoofbeamptes en uitvoerende beamptes van bankinstellings en beheermaatskappye. Die hersiene bepaling sal dien as die grondslag vir gesonde korporatiewe bestuur in bankinstellings om openbare deposito's en verbruikers te beskerm en toegang te verskaf tot krediet om die ekonomie ‘n hupstoot te gee, sê Kazembire Zemburuka, Bank van Namibië se direkteur van strategiese kommunikasie aan Kosmos 94.1 Nuus.
Die Vereniging van Kommunikasie en Tegnologie in die buurland sê beurtkrag het die telekommunikasiesektor erg geraak. Dit volg terwyl kliënte kla oor seine wat swak is of netwerke wat nie bereik kan word nie. Die vereniging se voorsitter, Shameel Joosub, sê hulle word gedwing om meer batterye te koop. Die batterye laai egter nie ten volle tydens die lang ure en gereelde beurtkrag nie:
Suid-Afrika blyk om ook uitdagings te hê met leerder-onderwyser verhoudings by verskeie skole. Die DA sê die Gautengse Onderwysdepartement se swak beplanning het tot oorvol skole in Alexandra gelei. Die party sê daar is tot 98 leeders in ‘n klas. Khume Ramulifho van die DA sê die departement moet nuwe skole bou in gebiede waar groot aanvraag is en hulpbronne betyds aflewer. Hy sê dis kommerwekkend en onregverdig dat die departement verwag onderwysers moet goeie resultate behaal sonder dat die nodige ondersteuning gebied word:
Die kredietgraderings-onderneming TransUnion in die buurland sê 67 persent van die respondente in 'n onlangse peiling het oor die afgelope drie maande hul besteding aan ekstras verminder. Dit sluit vermaak en uiteet in. Weihan Sun van TransUnion sê sommige kan dit nie bekostig nie, aangesien die meeste reeds baie skuld het, terwyl ander die geld vir belangriker betalings gebruik het. Hy sê die hoë inflasie was 'n bydraende faktor:
Die Suid-Afrikaanse Kollege vir Toegepaste Sielkunde sê dis belangrik om matrieks wat swak presteer het by te staan. Die klas van 2022 in Suid-Afrika staan baie beter as plaaslik, met ‘n slaagsyfer van 80,1 persent. Die instituut se adjunkdekaan en beradingsielkundige, Lauren Martin, sê leerders kry hulle finale skoolpunte in swart op wit en sommige kan in 'n krisis gedompel wees as hulle uitslag nie volgens hulle verwagting is nie:
Die Suid-Afrikaanse nasionale polisiekommissaris, Fannie Masemola, sê hulle sal voortgaan om diegene agter die vlaag ontvoerings in die land te infiltreer en vas te trek. Dit volg nadat 'n multi-dissiplinêre span gister ses mans in hegtenis geneem het wat vermoedelik deel is van 'n sindikaat wat sake-eienaars in Gauteng teister. Die nasionale polisiewoordvoerder, Athlenda Mathe, sê die verdagtes word verbind met meer as 16 gevalle in die provinsie wat ontvoerings insluit waar lospryse geëis is:
Die DA sê hy betwis die Departement van Basiese Onderwys se slaagsyfer van 80,1 persent vir die matriekklas van 2022. Die Vrystaat, Gauteng en KwaZulu-Natal is die drie provinsies met die hoogste slaagsyfers. Baxolile Nodada van die DA sê hulle bereken elke jaar die ware matriekslaagsyfer deur die getal leerders wat nie matriek haal nie ook in berekening te bring:
Amanjot Kaur se onoorwonne 41 het Indië se vroue tot 'n oorwinning van 27 lopies teen Suid-Afrika gelei in die aanvangswedstryd van die Vrou-T20-reeks van drie wedstryde op Buffalo-park in Oos-Londen. Die Proteas het die loot gewen en besluit om eerste te boul, waarna Indië 147 vir ses aangeteken het in hulle 20 boulbeurte. Die gasvroue het egter vroeg reeds paaltjies verloor. Chloe Tryon en Nadine de Klerk het probeer om hulle span weer op dreef te kry met 39 lopies om die sesde paaltjie, maar dit was nie genoeg nie en die Proteas kon net 120 vir nege behaal. Tryon sê hulle kon beter doen:
Die Kankervereniging van Namibië het sy eerste Nasionale Kanker-uitreikprogram vir 2023 by die Onandjokwe-staatshospitaal naby Ondangwa gehou. Samewerking tussen die vereniging en die Dr. AB May Kankersorgsentrum by die Windhoek Sentrale Hospitaal met Onandjokwe, die Oshakati-staatshospitaal, Ondangwa Privaathospitaal en Ongwediva MediPark sal verseker dat pasiënte in die noorde van Namibië sterker verwysingsnetwerke, behandeling en opvolgondersteuning het. Die uitvoerende hoof van die vereniging, Rolf Hansen, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Die verkrygingskenner in Suid-Afrika, Lerato Sebata, waarsku ontluikende ondernemings om bedag te wees op tenderswendelary. Dit volg nadat baie van hierdie ondernemings in die onlangse verlede die slagoffers was van swendelaars. Die bedrieërs teiken niksvermoedende sake-eienaars wat mislei word en dan glo hulle het ʼn regeringstender losgeslaan. Sebata sê met hierdie slenters word dikwels verwag die slagoffers moet ʼn bedrag geld in ruil betaal:
Die klimaataktivis, Greta Thunberg, is tans in Davos, Switserland waar wêreldleiers van die Wêreld Ekonomiese Forum vergader. Sy het haar kritiek teenoor die byeenkoms uitgespreek en sê sy kan nie verstaan hoe die wêreld na die groep leiers toe kyk om hul probleme op te los nie – omdat hulle wins jaag, ten koste van mense en die planeet.
Suid-Afrikaners, en Namibiërs, kla oor avokado-pryse wat skerp gestyg het. Die gemiddelde prys van avokado’s is 0,41 Suid-Afrikaanse rand per kilogram en die koste van die vrug is nog duurder op plaaslike winkelrakke as gevolg van invoere. Wandile Sihlobo, hoof van die buurland se landbou sakekamer sê die uiters hoë pryse behoort tydelik te wees. Hy verduidelik.
Motoriste in Suid-Afrika sal 'n mate van verligting in Februarie vind, aangesien vroeë data van die Sentrale Energiefonds op 'n effense daling in brandstofpryse dui. Volgens middel-maand-data van die fonds, gaan pryse vir petrol en diesel in Februarie daal weens stygende internasionale petroleumkoste. Petrolpryse sal na verwagting met soveel as 25 sent per liter daal, terwyl diesel op koers is vir 'n daling van 50 tot 60 sent per liter. Kosmos 94.1 Nuus het met Namibiese ekonooom Salomo Hei van High Economic Intelligence, gepraat oor sy voorspellings vir brandstofpryse in Namibië vir Februarie, en die goeie nuus is, dit stem ooreen.
‘n Opposisiepartye het gereageer op die ouditeur-generaal Junias Kandjeke se skokkende Covid-ouditverslag. Dit onthul hoe Namibiërs gepoog het om die staat te bedrieg. Daar was veral vrae rondom die nood-inkomste toelaag van ‘n eenmalige 750 Namibiese dollar vir mense wat hul inkomste verloor het weens die pandemie. Daar is meer as 515 000 duplikaat SMS’e aangeteken wat vanaf 193 332 Namibiërs ontvang is vir die toelaag, en dit net in die laaste twee weke van April. Die syfers skok omdat dit ‘n vyfde van die land se bevolking beslaan. Die nasionale voorsitter van die IPC-party, Brian Black sê leiers het nie die vermoë of die politieke wil om misdaad aan te spreek nie.
Eskom het onthul hy is op soek na fondse vir diesel om die ligte aan te hou. Volgens die energiekenner, Chris Yelland, het die kragvoorsiener ongeveer 6 miljard Suid-Afrikaanse rand nodig om die land in Februarie en Maart van krag te voorsien. Hy sê Eskom het tot dusver 100 miljoen liter diesel by Petrol SA bekom teen 'n koste van 3 miljoen rand. Yelland voeg by Eskom is op die oomblik in die kake van die leeu:
Nudo se Joseph Uapingena is as die nuwe burgemeester van Stad Windhoek tydens raadsvergadering aangewys. Benoemings vir die burgemeesters-pos was die voormalige burgemeester Sade Gawanas van LPM, Job Amupanda en Ilse Keiter van AR, Ivan Skrywer van LPM en Clemencia Hanases van PDM, nadat al vyf hul benoemings onttrek het. Swapo se Magdalena Lombardt is die nuwe onder-burgemeester. Die nuwe bestuurskomitee bestaan uit Swapo-lede Sam Shafiishuna Nujoma, Queen Kamati en Austin Kwenani. Uapingena sê samewerking in die munisipaliteit is noodsaaklik om sukses vir die stad te behaal.
Die 2022-matriekklas in Suid-Afrika het baie beter as Namibië gevaar met 'n slaagsyfer van 80,1 persent, wat 'n verbetering is van die 76,4 persent wat in 2021 aangeteken is. Die onderwysminister, Angie Motshekga, het die uitslae bekend gemaak. Die Vrystaat het weer die beste presteer met 'n slaagsyfer van 88,5 persent, 'n styging van 2,8 persent vergeleke met 2021, gevolg deur Gauteng met 84,4 persent en KwaZulu-Natal met 83 persent. Motshekga sê geen provinsie het onder 70 persent behaal nie:
Die Suid-Gautengse hooggeregshof in Johannesburg het oudpresident Jacob Zuma se private vervolging van President Cyril Ramaphosa tot 26 Mei uitgestel. Zuma vervolg Ramaphosa, staatsaanklaer Billy Downer en die joernalis Karyn Maughan en beskuldig hulle daarvan dat hulle die Wet op die Nasionale Vervolgingsgesag oortree het. Volgens Zuma het Downer en Maughan sy private mediese inligting laat uitlek terwyl hy in 2021 om mediese parool aansoek gedoen het. Hy beskuldig Ramaphosa daarvan dat hy medepligtig was. Die woordvoerder van die JG Zuma Stigting, Mzwanele Manyi, brei uit oor Ramaphosa se aandeel.
Suid-Afrikaanse opposisiepartye is bekommerd oor die minister van internasionale betrekkinge, Naledi Pandor, se ontmoeting met die Russiese minister van buitelandse sake, Sergey Lavrov, tensy die oogmerk is om Rusland te oortuig om alle militêre optrede in Oekraïne te staak. Volgens die party bewys die regering se mees onlangse optrede, soos om die Russiese vragskip, die Lady-R in sy gebiedswater toe te laat, dat hy bevooroordeeld is. Professor Jannie Rossouw van Wits se Sake-skool gee sy mening oor Russiese-Suid-Afrikaanse betrekkinge.
Met hul jaarlikse oes-seisoen wat nou begin, is Wes-Kaapse wyn-produsente bekommerd dat die voortdurende beurtkrag hul werksaamhede in die wiele sal ry. Nes baie ander besighede en rolspelers in die landbou-sektor word wyn-produsente ook genoop om van diesel-kragopwekkers gebruik te maak om produksie aan die gang te hou. Produsente sê hulle moet nou op 'n daaglikse basis duisende liter diesel gebruik om krag aan hul verkoelingsgeriewe te kan voorsien. Fritz Platt van Kosmos 94.1 Nuus in die Moederstad...
Die Staatsdiens-unie van Namibië dreig om 'n klag by die kantoor van die arbeidskommissaris teen Stad Windhoek aanhanging te maak omdat hulle nie sekere beamptes se uitstaande salarisse betaal het nie. Dit is tydens 'n inligtingsessie aangekondig deur die vakbond se sekretaris-generaal, Matthew Haakuria, wat die munisipaliteit 'n tydperk van 12 dae gegee het om op hul eise te reageer.
Tennis: Daar was vandag maklike oorwinnings by die Australiese Ope vir die vierde gekeurde Caroline Garcia van Frankryk en die sesde gekeurde Aryna Sabalenka van Belarus. Twee Amerikaanse spelers het wel vir verrassings gesorg. Die 22-jarige Jenson Brooksby het die tweede gekeurde, Casper Ruud van Noorweë uitgeskakel en Michael Mmoh het die 12de gekeurde Alexander Zverev uitoorlê. Daar was ook sukses vir die negende gekeurde Holger Rune van Denemarke en die agste gekeurde Amerikaner, Taylor Fritz. Die Rus, Andrey Rublev het vir Emil Ruusuvuori van Finland met 6-2, 6-4, 6-7 en 6-3 getroef. Die vyfde gekeurde Rublev is in sy noppies om in die derde ronde te wees.
Die Namibiese landbouministerie het onwettige heinings van 72,3 kilometer in die streke van Kavango-Wes en Ohangwena verwyder. Onwettige heinings is ‘n groot kommer in noordelike kommunale gebiede. Die ministerie het 50 lede van die Nasionale Jeugdiens gehuur om die heinings te verwyder. Agt heinings is in Kavango-Wes verwyder en een in Ohangwena. Die streke met die meeste onwettige heinings is Omusati, Ohangwena, Kavango-Oos en –Wes, Otjozundjpa en Omaheke. Die woordvoerder van die landbouministerie, Jona Musheko het met Kosmos 94.1 nuus gepraat...
Die Namibiese landbouminsiterie het 'n span hidroloë gestuur sodat hulle die efundja-situasie in die Noord kan monitor. Die ministerie het bevestig dat uit die 26 moniteringstasies vir vloede in die Cuvelai-kom, slegs nege operasioneel is. Die res van die stasies is deur vandale beskadig. Die efundja-water maak nou sy pad van die Ohangwena-streek na Outapi deur die Shanalumono-waterstroom. Die hidroloog, Fillemon Shatipamba, het aangedui dat meer reën in die komende dae verwag word.
Chinese Nuwejaar val vanjaar op Sondag 22 Januarie wanneer die Jaar van die Haas begin. As 'n openbare vakansiedag sal Chinese mense sewe dae af kry om Chinese Nuwejaar saam met hul families te vier. Die datum word bepaal deur die Chinese maan-kalender, wat gebaseer is op die siklusse van die maan en son. Die adjunk-missiehoof by die Chinese ambassade in Namibië, Yang Jun gesels met Kosmos Nuus oor die Chinese Nuwejaarsvieringe.
Die Stad Kaapstad moedig sy inwoners aan om hul gemeenskappe op te hef deur klein herwinnings-ondernemings te stig en by die stad te registreer vir insluiting op die Afval-herwinnerskaart. Die stad se burgemeesters-komiteelid vir stedelike afvalbestuur, Grant Twigg, sê herwinning het aansienlike potensiaal om werk te skep, sowel as om die kosbare natuurlike omgewing te beskerm, en daarom word inwoners aangemoedig om hul eie klein herwinnings-ondernemings te stig.
ActionSA in die Vrystaat sê boere in Arlington, Lindley, Petrus Steyn en Reitz het elke dag met omvattende kragonderbrekings te kampe met fase 6 beurtkrag van 13 en ʼn halfuur lank. Reitz is een van die mees produktiewe gebiede in Suid-Afrika en spog met een van die grootste graansilo’s ter wêreld. ʼn Woordvoerder van ActionSA, Patricia Kopane, sê een van die grootste mielieproduksie-gebiede, stapelvoedsel vir die meeste Suid-Afrikaners, word uiters nadelig geraak.
Rugby: Om die Nieu-Seelandse Sewes te wen is nooit maklik nie, maar die assistent-afrigter van die Springbok Sewes, Philip Snyman, ken die gevoel. Snyman het in sy speeldae in drie agtereenvolgende eindwedstryde in Nieu-Seeland gespeel. Daardie ervaring sal hierdie naweek handig te pas kom wanneer die Blitsbokke vir die vierde toernooi in die reeks aantree. Snyman is opgewonde oor waarmee die Suid-Afrikaners in Hamilton vorendag kan kom.
Suid-Afrikaanse matrikulante, wat laat verlede jaar hul Graad 12-eksamens afgelê het, sal vanaf ses-uur môreoggend toegang tot hul individuele uitslae kry. Dit kom nadat die departement van onderwys aangekondig het dat uitslae vir die 2022 Nasionale Senior Sertifikaat-matriekeksamen later vandag bekend gemaak sal word. Kosmos 94.1 Nuus se korrespondent in Kaapstad, Fritz Platt..
Die raadslid van die Uukwiyuushona-kiesafdeling, Andreas Amundjindi, is deur die Oshana-streeksraad verkies om die streek by die Nasionale Raad te verteenwoordig. Amundjindi wat onlangs as die voorsitter van die streeksraad verkies is, sê aan Kosmos 94.1 Nuus hy sien uit daarna om die streek en Namibië te dien.
Die Suid-Afrikaanse Federasie van Vakbonde vrees dat die hardnekkige hoë inflasie, wat bo sewe persent bly, tot meer rentekoersverhogings kan lei. Saftu se woordvoerder, Trevor Shaku, sê die dreigende rentekoersverhogings sal die lewensomstandighede van werkers vererger ten opsigte van skuldbetalings en lewenskoste.
Pupkewitz Toyota skenk skooltasse vir elke voertuig wat verkoop word. Die Pupkewitz-groep is bekend vir sy ondersteuning aan maatskaplike projekte en het ook reeds jare lank ‘n stigting wat sy eie uitreikwerk doen. Op 12 Januarie 2023 het Pupkewitz Toyota 320 skooltasse en potloodhouers met skryfbehoeftes aan die kinders by die Laerskool Faith oorhandig. Die maatskappy se #Futureinabag-veldtog is 'n deurlopende projek. Die volgende oorhandiging sal in die tweede helfte van die jaar plaasvind. Kosmos 94.1 Nuus gesels met Claudia Starzacher-Dennis, die bemarkingsbestuurder van Pupkewitz Motors.
‘n Namibiese veearts sê dit is uiters belangrik dat veeboere hul dieregesondheids-verklarings moet indien. Die Namibiese Landbou-unie maan veeboere dat die verklarings aanlyn via die NamLITS-stelsel voor 31 Januarie in te dien. Verklarings-vorms kan van die Vleisraad van Namibië se webwerf afgelaai word en is ook by staatsveeartseny-kantore beskikbaar. Die amptelike verklaring moet elke ses maande deur alle veeboere ingevul moet word. Windhoekse veearts dr. Theuns Laubscher verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus waarom veesiektes aangemeld moet word.
Die burgemeester van Kaapstad, Geordin Hill-Lewis, sê die stad het 'n sewe-voudige begrotingsverhoging goedgekeur om pompstasies op te gradeer en beskerming teen beurtkrag en onwettige storting in die rioolstelsel te bevorder. Hill-Lewis sê groot kapitaalbegroting-verhogings vir rioolpompstasies word beplan onder die burgemeesters-prioriteitsprogram vir water en sanitasie, vanaf 70 miljoen Suid-Afrikaanse rand in 2022, tot 400 miljoen rand in 2024 en 500 miljoen rand in 2025.
Almal in Namibië weet van beesboere, mielieboere en groenteboere... maar bye? Het jy geweet dat dyeboerdery in Namibië bestaan al meer as 100 jaar met beide tradisionele en moderne byeboerdery-metodes. Die Byeboerdery-vereniging van Namibië is twee jaar gelede gestig tydens 'n vergadering van die Namibiese omgewingsministerie en het ook nou by die Namibiese Landbou-unie aangesluit. Die vereniging het sedertdien ontwikkel tot die eerste geregistreerde nasionale organisasie vir byekunde in Namibië. Gretchen Bürmeister, komiteelid van die vereniging gesels met Kosmos 94.1 oor byeboerdery in die land.
Die hoof uitvoerende beampte van die NMI-groep Ian Collard, het sy kommer uitgespreek oor die voortslepende kragvoorsiening-uitdagings in Suid-Afrika. Hy sê dit kan uitbrei na ‘n groter krisis, in streeksverband. Terwyl hy nie glo dit sal die huidige mielie-oes raak nie, is daar kommer oor verwerking van voedselprodukte.
Die sekretaris-generaal van die Vakbondkongres van Namibië, Tucna, Mahongora Kavihuha, sê die arbeidsministerie se besluit om aangewese werkgewers se drempel na tien toe afwaarts aan te pas, is geneem na wye konsultasies. Hy sê Tucna ondersteun die stap en sê dit is belangrik dat die regering die advertering van beskikbare poste koördineer. Maar, hy voeg by die Namibiese weermag en die Korrektiewe Diens se beleid vir aanstelling nie deursigtig is nie en kommer wek.
Die buurland se energieminister, Gwede Mantashe, erken dat die ANC 'n mate van aanspreeklikheid moet aanvaar vir die huidige stand van Eskom. Die kragvoorsiener gaan steeds voort om beurtkrag in te stel omdat sy kragsentrales voortdurend onklaar raak. Mantashe het egter ontken dat sy stelling van vroeër, dat Eskom probeer om die staat omver te werp, ’n beskuldiging van hoogverraad was:
Die Namibiese onderwysministerie was op 'n vloed-evaluering-sending saam met die goewerneur en voorsitter van Ohangwena-streekSraad, die Namibiese weermag en ander belanghebbendes. Die doel was om te evalueer hoe die vloede die gemeenskappe, sowel as die skole raak. Slegs twee kiesafdelings van Engela en Ongenga is tot dusver geraak. Slegs drie skole met 26 leerders is in die Ohangwena-streek geraak. Lesse by die Laerskool Ndilokelwa is vir eers opgeskort totdat die situasie normaliseer. Kosmos 94.1 Nuus het met die ministerie se adjunk-uitvoerende direkteur, Edda Bohn, gepraat oor wat die ministerie doen met leerders in vloedgeteisterde gebiede.
Die Pretoria Capitals het ʼn indrukwekkende vertoning gelewer en die Joburg Super Kings met die kous oor die kop huis toe gestuur met ʼn oorwinning met ses paaltjies en ʼn bonuspunt. Die Super Kings is ingestuur om te kolf en is vir 122 uitgehaal met drie paaltjies elk vir die veelsydige speler van Nieu-Seeland, Jimmy Neesham en Anrich Nortjé van Suid-Afrika. In antwoord het die Engelse kolwers, Phil Salt en Will Jacks vir ʼn stewige aanvangsvennootskap gesorg en die Capitals se oorwinning verseker. Salt was onoorwonne op 52:
Die DA in Gauteng sê sukkelende kunstenaars het nog niks gesien van die Gautengse filmkommissie se ondersteuning nie, maar die raad het fondse van meer as 1 miljoen Suid-Afrikaanse rand op spesiale vergaderings uitgegee. Die kommissie het sy begroting met byna 400 000 rand oorskry. Kingsol Chabalala van die DA sê die kommissie verwaarloos lankal die finansiële sorge van kunstenaars in die rolprent- en televisiebedryf:
Die Direktoraat Water en Sanitasie van die Stad Kaapstad versoek alle Kapenaars om te alle tye water-wys op te tree, veral in die somer en gedurende verlengde tye van beurtkrag. Die stad het proaktief ʼn maksimum limiet van 850-miljoen liter per dag vasgestel vir die gesamentlike waterverbruik. Die waarnemende burgemeesterskomiteelid vir Water en Sanitasie, Siseko Mbandezi wys inwoners ook op beperkings ten opsigte van swembaddens, en die buitenshuise gebruik van water vir byvoorbeeld tuinmaak en motorwas.
Die Europese Kommissie sê hy sal voortgaan om kragtige politieke, finansiële en humanitêre steun aan Oekraïne te bied. Hy sal ook voortgaan om streng sanksies in te stel teen Rusland en ander wat meedoen aan die oorlog. Die kommissie het ongekende sanksies teen Moskou ingestel. Dit sluit doelgerigte beperkende maatreëls, ekonomiese sanksies en visumriglyne in. Die kommissie se president, Ursula von der Leyen, sê Europa het 'n ernstige besluit geneem om Russiese fossielbrandstof te vervang en pryse af te bring:
’n Saak van strafbare manslag is oopgemaak na ‘n 67-jarige ouma van die Onalunike-dorpie in die Omuthiya-gebied van die Oshikoto-streek haar 11-maade oue kleinseun Woensdag namiddag doodgery het. Sy het volgens die polisie haar kleinseun, wat agter die motor geslaap het, doodgery to sy haar motor in tru-rat geplaas het en uit die erf gery het. Die kleintjie is by die hospitaal dood verklaar. Kommissaris Teopoline Kalompo-Nashikaku, die streekbevelvoerder vir die Oshikoto-streek, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Onder die Afrika-kontinentale vryhandelsgebied, is die motor-, landbou- en landbouverwerkingsektor, tesame met farmaseutiese produkte, vervoer en logistiek, die nywerhede wat vinnige groei sal ervaar. Dit is volgens die Wêreld Ekonomiese Forum se nuwe voorspelling. Die verslag, wat Woensdag in Davos bekendgestel is, bied geleenthede vir globale besighede en beleggers om die grootste neigings en strategieë te verstaan om suksesvol te belê en hoë opbrengste in Afrika te behaal. Kosmos 94.1 Nuus het met professor Nixon Kariithi, 'n kenner van Afrika-aangeleenthede en mediastudies, gesels. Hy meen die feit dat die vryhandelsooreenkoms op Davos bespreek is, is uiters goeie nuus.
Die Springbok-sewes se kaptein Siviwe Soyizwapi sê hulle voorbereiding vir die naweek se Nieu-Seeland-sewes verloop goed. Die Blitsbokke is in dieselfde groep as Kanada, Spanje en Argentinië. Soyizwapi speel in sy 44ste Wêreldreekstoernooi wat hom die groep se mees ervare speler maak. Hy sê die spelers het vinnig hulle ritme gevind na die kort blaaskans oor die feestyd:
Die Wes-Kaapse LUR vir Polisie-oorsig en Gemeenskapsveiligheid, Reagen Allen, het die suksesse van die Overstrand- en Swartland Honde-eenhede die afgelope tyd, verwelkom. Die eenhede was die hele Desember-vakansie bedrywig. Tussen 23 Desember en 15 Januarie is 55 verdagtes in hegtenis geneem. Die eenhede het ook ook op 'n groot aantal onwettige items beslag gelê, waaronder perlemoen ter waarde van meer as 900 000 Suid-Afrikaanse rand. Volgens Allen ontvang die eenhede steeds die nodige steun, omdat hulle 'n verskil maak aan die misdaadbekampingspogings in die gebiede waar hulle bedrywig is:
Volgens die Suid-Afrikaanse Pluimvee-vereniging sukkel eierprodusente om te oorleef omdat hoë inflasie ʼn negatiewe uitwerking het op hulle produk. ʼn Woordvoerder van die vereniging, Abongile Balarane sê stygings in die prys van brandstof en elektrisiteit, asook duurder hoenderkos vererger net die situasie. Hy sê hoewel eiers beskikbaar is in winkels kan verbruikers dit nie bekostig nie:
Londen se burgemeester, Sadiq Khan, sê daar is sistemiese kwessies in die polisiemag wat dringend aandag moet kry. Dit volg ná die David Carrick-verkragtingsaak. Die 48-jarige man wat meer as 20 jaar 'n metro-polisiebeampte was, is ook een van Brittanje se grootste seksoortreders. Hy het skuld erken op tientalle verkragtings en seksuele oortredings ná aanvalle op 12 vroue. Khan het aan sê die publiek se vertroue in die polisiemag moet herstel word:
Die Suid-Afrikaanse regering moet verantwoordelikheid aanvaar vir die elektrisiteitskrisis. Die verklaring kom namate burgerregte-organisasies, vakbonde en sommige politieke organisasies gereed maak vir vandeesweek se landwye staking. 'n Woordvoerder van ʼn instelling wat verbind is tot die bevordering van verantwoordelike en verantwoordbare bestuur in die Suider-Afrikaanse streek, bekend as SAIRAG, advokaat Tseliso Thipanyane, sê die regering moet oop kaarte met die publiek speel oor beurtkrag. Hy het ook 'n oproep gedoen vir enige betogings om kalm en nie-gewelddadig te wees:
Die DA doen 'n beroep op die Parlement om President Cyril Ramaphosa se Nasionale Energie-krisiskomitee se planne om noodwetgewing in te stel, heeltemal te verwerp. Die partye se oproep is blykbaar sodat die burokrasie gesystap kan word, wat in die pad staan van onmiddellike aandag aan die land se kragkrisis. Die DA-lid, Kevin Mileham, sê die voorgestelde noodwetgewing ontbloot die ANC-regering se rookskerm-benadering tot die krisis, terwyl die land in donkerte gehul is:
Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, Antonio Guterres, het die internasionale gemeenskap by die Wêreld Ekonomiese Forum in Davos gevra om Afghanistan by te staan, al is dit net om menseregte te beskerm, maar hy sê ook die Taliban, wat in beheer is, moet sy beloftes aan sy mense nakom.
Danksy reën in verskeie gebiede naby Garub in die Suide is die ikoniese wilde perde van die Namib in 'n redelike goeie toestand. Terwyl hul uiteindelike oorlewing binne die grense van die Tsau //Khaeb, of Sperrgebietpark steeds twyfelagtig is, sal die Namibia Wild Horses Foundation nie hoop verloor nie en aanhou werk vir hul welstand. 'n sogenaamde Vriend van die Namib, wat nou met die perde werk, het die goeie nuus oor die wilde perde en hul weidingsgebied met Kosmos 94.1 Nuus gedeel.
China het sy grense vir reisigers oopgegooi ná byna drie jaar van Covid-inperkings. Daar was vrese dat oliepryse skerp sal styg omdat die land die wêreld se grootste olie-invoerder is, en hoewel Brent met amper 10 persent in die afgelope maand toegeneem het, bly die prys per vat redelik bestendig. Kosmos 94.1 Nuus het met die Cirrus-ekonoom Robert McGregor gesels.
Die nie-regeringsorganisasie in Suid-Afrika, Transformative Health Justice, sê die Covid-19-inentingsveldtog moet gestaak word totdat ʼn volledige onafhanklike ondersoek gedoen is en die uitslag bekend is oor óf daar newe-effekte of sterftes is wat moontlik deur die inentings veroorsaak is. Die uitvoerende hoof van Transformative Health Justice, Shabnam Mohamed, sê die organiasie het vasgestel kinders onder vier word ingeënt en dis teen die wet. Volgens haar berus hulle saak op waarnemings van dokters en gesondheidswerkers ten opsigte van die nadelige gevolge van die entstof:
Oekraïne het 'n spesiale komitee saamgestel om die oorsaak van 'n helikopterongeluk in die dorpie Brovary, oos van Kiëf, te ondersoek. Veertien mense, insluitend een kind is in die ongeluk dood. Die helikopter met senior amptenare aanboord, waaronder Oekraïne se minister van binnelandse sake, Denys Monastyrsky, sy adjunk en 'n staatsekretaris, het naby 'n kleuterskool neergestort. Vyf-en-twintig mense, insluitend elf kinders, is beseer. Die president van Oekraïne, Volodymyr Zelensky, het die ongeluk as 'n verskriklike tragedie beskryf en het wêreldleiers by die Wêreld Ekonomiese Forum in Davos toegespreek en ‘n minuut se stilte gevra.
Die eerste minister van Nieu-Seeland, Jacinda Ardern sal nie aan die Oktober-verkiesings deelneem nie. Sy het aangekondig dat sy reeds op 7 Februarie uit die pos tree, eenvoudig omdat sy nie die energie het om haar take te vervul nie. Sy was baie emosioneel.
Krieket Suid-Afrika het ʼn sterk groep van 16 spelers aangewys vir die komende Internasionale Eendagreeks van drie wedstryde teen Engeland, wat vanaf 27 Januarie in Bloemfontein en Kimberley gespeel word. Die veelsydige speler, Sisanda Magala keer terug na die nasionale groep asook die naat-bouler, Marco Jansen. Die nuut-aangestelde rooibal-afrigter, Shukri Conrad is in beheer van die reeks terwyl die Proteas kwalifiserende punte moet verdien vir vanjaar se Wêreldbeker. Die sameroeper van die keurders, Victor Mpitsang sê dit is ʼn belangrike reeks.
Ongwediva-raadslid Andreas Uutoni is genomineer en verkies as die nuwe voorsitter van die Oshana-streeksraad. Die verkiesing spruit uit die heengaan van raadslid Hannu Kapenda wat in Desember 2022 oorlede is. Dit is gedoen tydens die eerste spesiale raadsvergadering, sê die Oshana-streek se skakelbeampte, Elly Ashikoto, aan Kosmos 94.1 Nuus.
Die DA is ontnugter dat die Suid-Afrikaanse Poskantoor van plan is om die salaris van personeel met 40 persent te verminder terwyl die uitvoerende hoof se salaris bykans vier miljoen Suid-Afrikaanse rand beloop. Volgens die party het die Poskantoor reeds vanjaar 'n verlies van 2,3 miljard rand gely en dit skuld Posbank steeds 3,2 miljard rand. ʼn Woordvoerder van die DA, Dianne Kohler Barnard, sê personeel en pensioenarisse se mediese fonds is weer gestaak weens wanbetaling.
Die DA in die Noord-Kaap het 'n dringende versoek aan die premier, Zamani Saul, gerig om die besproeiings-gordel in die provinsie onmiddellik tot rampgebied te verklaar. Die DA-lid, Reinette Liebenberg, sê die tyd stap aan en die versuim om dit te doen sal daartoe lei dat oeste vinnig vernietig word, reeds-beleërde boere en hul boerdery-ondernemings verwoes, en ook voedselsekerheid in die gedrang bring.
Die Okahandja Belastingbetalers-vereniging, Orpa, is ontevrede oor die swak diens wat hulle van die munisipaliteit ontvang. Dit volg op foto's van afvalwater wat deur die strate loop, vullissakke wat by straathoeke ophoop en slaggate in die paaie. Belastingbetalers van die voormalige tuindorp van Namibië oorweeg verskeie opsies om 'n einde te maak aan die swak diens, wat onder meer regs-aksie insluit. Kosmos 94.1 Nuus het met Charl Coetzee van Orpa gepraat...
Met Suid-Afrikaners wat vandag nog 'n dag gebuk onder beurtkrag moes gaan, het een van die land se werkers-unies gevra vir 'n landwye protes teen die krag-onderbrekings. Giwusa, 'n Saftu-geaffilieerde vakbond, vra dat Suid-Afrikaners by die stakings-aksie aansluit om hul misnoeë uit te spreek teen beurtkrag en die kragtarief-verhogings wat in April in werking sal tree. Fritz Platt, Kosmos 94.1 Nuus se korrespondent in Kaapstad...
Sy het ook ’n beroep op die sakegemeenskap gedoen om ’n helpende hand uit te reik waar hulle kan.
Die kantoor van die eerste minister het begin om noodsaaklike items soos onder meer kos, matrasse, reddingsbaadjies en voertuie vanaf sy pakhuis in Windhoek na die vloedgeteisterde gemeenskappe in die Noorde te stuur. Tans word die Ohangwena-streek die ergste geraak word, maar die vloedwater sal na verwagting ander streke soos Oshana bereik. Eerste Minister Saara Kuugongelwa-Amadhila het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat...
Die Namibiese Inkomste-agentskap NamRA vorder met sy voortgesette ondersoek na die terugbetaling-bedrogspul wat in Maart 2022 aangekondig is. Vanaf 10 Januarie 2023 is altesaam 921 belastingbetalers by die bedrogspul betrek, wat toegeneem het vanaf 409 soos in Julie 2022 aangemeld is. Hierdie belastingbetalers is werknemers van 56 instellings wat wissel van privaatsektor-maatskappye, regeringskantore, ministeries en agentskappe, sowel as openbare instellings. ‘n Totaal van 136 miljoen Namibiese dollar moet terugbetaal word. Tot dusver is 7,8 miljoen dollar verhaal, sê Steven Ndorokaze, hoof-strategiese kommunikasie- beampte by NamRA, aan Kosmos 94.1 Nuus.
Die DA doen ʼn beroep op die minister van internasionale betrekkinge, Naledi Pandor, om nie ʼn ontmoeting met die Russiese minister van buitelandse sake, Sergey Lavrov te hê nie tensy die oogmerk is om Rusland te oortuig om alle militêre optrede in Oekraïne te staak. Volgens die party bewys die regering se mees onlangse optrede, soos om die Russiese vragskip, die Lady-R in sy gebiedswater toe te laat, dat hy bevooroordeeld is. ʼn Woordvoerder van die DA, Darren Bergman sê dit word toenemend duideliker die regering kies openlik kant vir Rusland.
Die DA in die Wes-Kaap verwelkom die nuus oor die 36,7 persent afname in sterftes in die provinsie tydens die 2022-feestyd. Die aantal sterftes het tot 131 gedaal vanaf 207 in 2021, wat die grootste afname op nasionale vlak is. Die DA-lid, Ricardo Mackenzie, sê hy het parlementêre vrae by die provinsiale departement van beweeglikheid ingedien om navraag te doen oor verdere besonderhede rakende pad-statistiek in die feestyd.
Die Namibiese Korrektiewe Dienste se werwingsproses is goed op dreef in verskeie plekke regoor die land. Die dienste het 'n oorweldigende aantal aansoeke ontvang wat gesny is tot byna 16 000 kandidate wat op die kortlys is. Hulle gaan tans deur verskillende soorte evalueringstoetse met slegs 200 rekrute wat uiteindelik in diens geneem sal word. In Windhoek vind die toetse by die Khomasdal-stadion plaas. Die dienste se adjunk-kommissaris-generaal Sam Shaalulange is tevrede met die vroeë stadium van die proses.
Die Suid-Afrikaanse minister van kleinsake-ontwikkeling, Stella Ndabeni-Abrahams, onderneem om oplossings te vind om die uitwerking van beurtkrag op kleinsake te versag. Abrahams en die agentskappe in haar departement is dringend besig met ʼn energie-verligtingspakket vir die klein, medium, informele en mikro-sektore. Die woordvoerder van die ministerie, McIntosh Polela, sê talle kleinsake-ondernemings het nie alternatiewe kragbronne nie en word gedwing om op te hou handel dryf gedurende beurtkrag.
Die polisie in Gauteng het vier rowers noodlottig gewond en twee ander in hegtenis geneem ná 'n skietgeveg met 'n multidissiplinêre wetstoepassing-span vandag in Glen Austin, in Midrand. Dit volg nadat beamptes inligting ontvang het oor 'n gewapende bende wat beplan om 'n vragmotor met elektroniese toestelle te beroof. 'n Woordvoerder van die Valke, Katlego Mogale, sê die verdagtes sal binnekort in die hof verskyn.
Die Werkloosheidsversekeringsfonds in die buurland het in Desember verlede jaar meer as een miljard Suid-Afrikaanse rand se voordele aan altesaam 225 646 begunstigdes verwerk en uitbetaal. Dit was om te verseker dat kliënte en hul geliefdes hul finansiële verpligtinge kan nakom tydens en ná die feestyd. Die WVF se kommissaris, Teboho Maruping, sê sedert die ontstaan van die spesiale Covid-19 Tydelike Werknemer/Werkgewer Verligtingskema-fonds in Maart 2020 met die eerste inperking, het die fonds 62 miljard-rand aan minstens vyf miljoen werkers uitbetaal.
Die Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit in die Wes-Kaap het ʼn brand op die heuwels op plase buite Touwsrivier onder bedwang gebring. Die woordvoerder van die munisipaliteit se brandweerdiens, Jo-anne Otto sê 34 brandbestryders is ontplooi om ʼn groot veldbrand te bestry wat na bewering deur weerlig veroorsaak is.
ActionSA sê hy het aan die Noord-Kaapse Departement van Onderwys geskryf en gevra dat ouers in die Kimberley-onderwysdistrik se bewerings van omkopery dringend ondersoek word. Volgens die ouers is hulle kinders by skole geplaas sodra hulle omkoopgeld aan amptenare betaal het. ActionSA se woordvoerder, Andrew Louw, sê indien die departement nie die kwessie hanteer nie, sal hulle die waarnemende openbare beskermer, Kholeka Gcaleka, nader om die saak te ondersoek:
Die Landless People’s Movement het gereageer op die nuus dat die Karas-, Hardap-, Khomas- en Erongo-streke sedert 2021 geen begroting vir voedselhulp ontvang het nie. Die ander tien streke van die land het ‘n totale begroting vir 14 miljoen Namibiese dollar in die laaste kwartaal van verlede jaar ontvang. Die LPM se woordvoerder Eneas Emvula meen dit is selektiewe moraliteit wat deur die regering beoefen word.
Die Namibiese studente-organisasie Nanso sê dat veral na sy besoek aan die Kavango Oos-streek, staar onderwys groot uitdagings in die gesig, veral met beskikbare skole sowel as die leerder-onderwys verhouding. In Kavango Oos is daar tot 60 leerders in een klas. Die organisasie se woordvoerder Dorothea Nangolo het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.
Daar is groot verligting in die sogenaamde mielie-driehoek met reën wat sedert die naweek voorgekom het. Volgens Herman Stroh ‘n mielieprodusent van plaas Hanssenia, 25 kilometer vanaf Grootfontein, het baie boere ook droë-grond aanplantings gedoen was gevolg van die voorspelling vir goeie reën. Tradisioneel moet mielies teen 25 Januarie in die grond wees om ‘n oes voor dit te koud raak te verseker. Stroh sê die trekkers dreun op die oomblik.
Dit wil voorkom asof die milieu rondom arbeidsonrus en werkers wat klagtes het, heeltemal verander het in die land. Die week is die omstrede aktivis Michael Amushelelo direk deur werkers genader vir bystand in verband met onbetaalde salarisse. Verlede week was daar chaos by die bistro in die hoofstad, ook oor klagtes deur werkers. Die prosesse, wat ingevolge die wet gevolg moet word, blyk om heeltemal onbenullig te wees en werkgewers begin kriewelrig raak. Kosmos 94.1 Nuus het met die deurwinterde vakbondleier Job Muniaro, tans die sekretaris-generaal van die Nasionale Vakbond vir Namibiese Werkers, gepraat.
Reaksie word ontvang op berigte dat die Khomas-streeksraad genoodsaak is om miljoene opsy te sit vir maatskaplike projekte en die bystand van werklose jeug. Regoor die land word dié uitdagings groter soos armoede toeneem en in Khomas is amper 16 miljoen dollar begroot in die verband. Al hoe minder geld word vir ontwikkeling begroot wat op sy beurt ook weer ander uitdagings sal bring. Maar, volgens Frederico Links, ‘n navorser by die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing, sal die fondse wat Khomas begroot het geen verskil maak nie en baie meer is nodig. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Die Stad Kaapstad se gesondheidsafdeling moedig ouers aan om toe te sien dat hul kinders se inentings op datum is te midde van die begin van die nuwe skooljaar. Dit volg in die lig van die merkbare toename in gevalle van kinkhoes en masels wat die departement die afgelope ses maande opgemerk het. Die burgemeesterskomiteelid vir Gemeenskapsdienste en Gesondheid, Patricia van der Ross, sê deur te verseker hul inentings is op datum, kan ouers help voorkom dat hul kinders sekere aansteeklike kindersiektes opdoen of dat hulle dit minstens nie ernstig kry nie:
Die Namibiese Weermag is op gereedheidsgrondslag sou hy benodig word by enige reddings- of bystandpogings met die efundja in die Ohangwena-streek. Daar word verwag dat vloedwaters sal styg namater die reën in die suidweste van Angola voortduur. Kolonel Petrus Shilumbu, woordvoerder by die weermag sê lede is reeds op die grond om die heersende situasie dop te hou.
Die EFF sê die elektrisiteitskrisis in Suid-Afrika word veroorsaak deur 'n gebrek aan samehangende beleidsrigting. Die nasionale energiekrisis-komitee wat deur die kantoor van President Cyril Ramaphosa bestuur word, verwag dat die rekordgetal kragonderbrekings minder sal word wanneer maatreëls in plek gestel word. Dit sluit 'n nuwe wet in wat aanlegontwikkeling bespoedig. Die EFF se adjunkpresident, Floyd Shivambu, sê die finansminister, Enoch Godongwana, se onlangse opmerkings dat die regering 'n plan het om beurtkrag binne 12 tot 18 maande te beëindig, is snert:
Wes-Kaapse skole het vanoggend sonder enige groot haakplekke vir die 2023 skooljaar heropen. Die provinsie se onderwys departement sê dinge het redelik glad verloop met owerhede wat nou hard daaraan werk om so gou as moontlik die naastenby 1 000 graad 1's en graad 8's, wat nog nie plekke by skole gekry het nie, te plaas. Fritz Platt, Kosmos 94.1 se Kaapse korrespondent het meer.
KFC het 10 miljoen Suid-Afrikaanse rand aan die Gift of the Givers-organisasie geskenk. Bo en behalwe die 30 miljoen rand wat jaarliks geskenk word vir maatltye het die maatskappy ‘n verdere 5 miljoen rand bewillig aan Gift of the Givers vir ondersteuning aan veral landelike gebiede. Andra Noa van KFC Suid-Afrika het met die media gepraat.
Die Britse minister van immigrasie Robert Jenrick sê die regering moet die verwydering van oud-polisiebeampte David Carrick se pensioenfonds. Die 48-jarige polisieman het skuldig gepleit op klagte van tientalle seksuele aanrandings oor 'n tydperk van 18 jaar, insluitend 24 aanklagte van verkragting. Jenrick sê Carrick moet geen voordele geniet nie.
Die besluit om Sheba, Johannesburg se rondloper tier, van kant te maak, is deur haar eienaar geneem. Die agtjarige tierwyfie het Saterdag uit haar kamp by Walkerville, suid van Johannesburg, ontsnap. Sedert haar ontsnapping het sy ‘n 39-jarige man William Mokoena, 'n vark en twee honde beseer. 'n Verteenwoordiger van die gemeenskapspolisiëringsforum, Gresham Mandy het met die media gepraat.
Daar is al ‘n geruime tyd bespiegelinge dat Russiese President Vladimir Putin terminaal siek aan kanker is. Die jongste bewerings is weer gemaak deur die Telegram-kanaal General SVR, wat glo sy inligting van Putin se binnekring van lyfwagte kry. Daar is bespiegelings in Rusland dat die 70-jarige Putin aan kanker, vroeë stadium Parkinson se siekte en ander kwale ly. Namibiese politieke ontleder dr. Ndumba Kamwanyah sê aan Kosmos 94.1 Nuus die betroubaarheid van dié inligting moet egter bevraagteken word.
Die eThekwini-burgemeester, Mxolisi Kaunda, het gerugte verwerp dat hy die feestyd in Kaapstad deurgebring het. Kaunda het op berigte en 'n verklaring deur ActionSA gereageer waarin beweer word dat hy die afgelope feestyd op Kaapstad se strande spandeer het, terwyl vakansiegangers in eThekwini op E.coli-besmette strande moes deurbring. Die munisipaliteit se woordvoerder, Mluleki Mntungwa, sê leuens kan nie onder die dekmantel van satire vertel word om opsetlik verkeerde inligting te versprei nie:
Die week is die onderwerp die lewer. Jou grootste orgaan aan die binnekant van jou liggaam. Jou lewer kan jou vergewe en verbeter. Vraag is net, hoe weet jy jou lewer vra vir hulp? Luister saam hoe die produk van A.Vogel, "Boldocynara" jou kan help. Meer inligting kan bekom word by www.avogel.co.za, of ‘n epos is ook welkom na info@sanatural.co.za. "Boldocynara" is ook beskikbaar by apteke en gesondheidswinkels landswyd.
Rand Water sê die hoë verbruik van water dra by tot die lae waterreservoirvlakke in Gauteng. Die woordvoerder van Rand Water, Makenosi Maroo, sê die huidige hittegolf het verder bygedra tot die vermindering in aanbod. Maroo sê die opvangdamme staan tans op 43,5 persent. Sy voeg by maatreëls sal ingestel word indien watervlakke tot 40 persent daal. Maroo doen 'n beroep op alle verbruikers om water spaarsaam te gebruik:
Die Namibiese gesondheidsministerie het skerp gereageer op kommentaar deur die PDM-parlementslid Hidipo Hamata oor die Engela-hospitaal in die Ohangwena-streek in die Noorde. Luidens ‘n verklaring van die uitvoerende direkteur in die ministerie, Ben Nangombe, het Hamata nie die bestuur van die hospitaal ontmoet nie en ook geen terugvoer deur hulle ontvang nie. Sy aantygings is ook volgens Nangombe ongegrond en verkeerd, en hy sê daar word na sensasie gesoek. Kosmos 94.1 het aan die sekretaris-generaal van die PDM, Manuel Ngaringombe, gevra wat doen die party met inligting wat deur partylede ingesamel word? Hy sê dit word eintlik in die parlement hanteer. Hy verduidelik.
AfriForum het die hof in Pretoria se beslissing verwelkom waarvolgens Julius Malema en die EFF se aansoek om verlof tot appèl teen 'n inderdik wat die organisasie in 2017 gekry het, met koste van die hand gewys is. Die interdik verbied Malema en die EFF om mense aan te hits om op privaat grond te oortree en dit onwettig te beset. Ernst van Zyl van AfriForum sê dit is ongrondwetlik om betreding op privaat grond aan te hits omdat dit privaat grondeienaars in gevaar kan stel:
Die DA-leier, John Steenhuisen, het 'n beroep op alle Suid-Afrikaners gedoen om te mobiliseer en op te tree teen beurtkrag en die verwagte elektrisiteitstariefverhoging wat op 1 April in werking tree. Steenhuisen sê verskeie optogte sal in provinsies gehou word. Die DA in Gauteng sal volgende Woensdag opruk na die ANC se hoofkwartier, Luthuli-huis. Steenhuisen sê Suid-Afrikaners moet verenig en nie betaal vir korrupsie nie:
Die Erongo-streek se toerisme-sektor floreer weer na groot uitdagings in 2020 en 2021. Die Namibiese kus was een van die gewildste vakansie-bestemmings tydens die feesseisoen en die streek het ‘n goeie ekonomiese inspuiting gekry, veral die kuslyn. Die besoeke van internasionale passasierskepe by Walvsibaai het ook ‘n hupstoot vir kusdorpe gegee. Die streekgoewerneur van Erongo, Neville Andre sê die toerisme-sektor kan voortbou en die ekonomie nog verder te laat groei.
Sheba, die rondloper tierwyfie is vanoggend ongeveer 2 kilometer van waar sy oor die naweek op ‘n kleinhoewe in Johannesburg ontsnap het, gevind en is van kant gemaak. Intussen sê die gesin van 'n 39-jarige man wat deur haar aangeval is, dat hulle regstappe teen die eienaar van die dierg gaan instel. Sy prokureur, Zola Majavu, sê sy kliënt sterk tans in die hospitaal aan. Majavu sê die regsgeding sal afhang van die aard van die man se beserings:
Toe die kunsmatige intelligensie-instrument ChatGPT laat in 2022 vir die publiek bekend gestel is, het dit die tegnologie-wêreld verras. Soos 'n Google-soektog, kan ChatGPT gebruik word om eenvoudige vrae te beantwoord. Maar dit kan soveel meer doen, deur antwoorde op ingewikkelde opstel-vrae te lewer en 'n dokument te genereer wat baie lyk asof dit deur 'n mens geskryf is. Baie opvoeders is bekommerd dat studente die instrument gebruik om in wese hul huiswerk en take te doen. Skole in New York het reeds toegang tot die tegnologie op skoolnetwerke en -toestelle verbied, en kommer heers dat die gebruik daarvan nie kritiese denke en probleem-oplossings-vaardighede bou nie. Dit kan plagiaat-sagteware ontduik wat baie skole en universiteite gebruik om kullery op te spoor. Arthur Goldstuck van Worldwide Worx in Suid-Afrika deel sy mening Kosmos 94.1 Nuus.
Met die huidige efundja-vloede in die Noorde, gaan baie gesinne hul huise moet ontruim om na 'n veiliger en droë gebied te verskuif. Inwoners en veral leerders is gewaarsku om nie vloedwaters oor te steek om skool toe te gaan. Een kind het reeds verdrink. Die werklike noodreaksie se verantwoordelikheid lê by die kantoor van die eerste minister by ramprisiko-bestuur. Eerste ministerie Saara Kuugongelwa-Amadhila sê aan Kosmos 94.1 Nuus haar kantoor staan saam met die landbouministerie aan die voorpunt van die vloed-kwessie en is gereed om bystand te lewer.
Voormalige Amerikaanse president, Donald Trump, bevraagteken die lojaliteit van sy vorige bondgenote in die evangeliese gemeenskap. Die gemeenskap skaar hom blykbaar nie agter Trump vir sy 2024-presidensiële veldtog nie en verkies volgens berigte sy adjunk, Mike Pence. Trump sê hy het meer vir konserwatiewes gedoen as enige ander president en is persoonlik verantwoordelik vir die ommekeer van aborsieregte.
Die Organisasie teen Belastingmisbruik in Suid-Afrika glo ernstiger gevolge vir onverantwoordelike motoriste kan bydra om padsterfgevalle te verminder. Die organisasie verwelkom die vermindering van 16,9 persent in padsterftes wat gister deur die minister van vervoer, Fikile Mbalula, aangemeld is. ʼn Woordvoerder van Outa, Wayne Duvenhage, sê egter sigbare wetstoepassing kan nog slagtings op die pad verminder:
Politici en verskeie regsfirmas in Suid-Afrika beplan om regstappe teen Eskom en die regering te neem vir wat hulle noem 'n verbreking van verpligting om elektrisiteit te verskaf. Die buurland is tans op fase vier en vyf kragonderbrekings. Siphile Buthelezi, ’n verteenwoordiger van die Buthelezi Vilakazi-firma, wat een van die betrokke regsfirmas is, sê Eskom het tot die einde van die week om te reageer op die brief waarin ’n beroep op die beëindiging van beurtkrag gevra word:
Die Britse minister van buitelandse sake James Cleverly sê Brittanje het sanksies teen verskeie amptenare in Iran ingestel, insluitend die land se regbank. Die stappe volg na Iran sy oud-adjunkminister van verdediging Alireza Akbari Saterdag tereggestel het op klagte van spioenasie. Akbari was ook ‘n Britse burger. Cleverly sê Iran moet verander omdat hul mense dit eis.
Meer as 500 Swakopmundse inwoners sal nou ordentlike behuising kan besit aangesien die munisipaliteit 'n proses sal begin het waardeur grondeienaarskap aan hulle toegeken sal word. Die laekoste-behuisingsprojek vir inwoners van die informele nedersettings van DRC Proper en DRC Wagdaar sal vroeg vanjaar begin, volgens die dorp se hoof uitvoerende beampte, Archie Benjamin. Linda Mupupa, die skakelbeampte van Swakopmundse munisipaliteit het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Die DA het die kragtariefverhoging wat die Nasionale Energiereguleerder, Nersa, goedgekeur het, ten sterkste veroordeel en verklaar dit is 'n skending van menseregte. Die DA-leier, John Steenhuisen, het hul bekommernisse uitgelig voor hulle die hooggeregshof gaan nader om aansoek te doen vir 'n interdik, hangende 'n mate van verligting. Steenhuisen sê Nersa se besluit, die regering se reaksie op die kragkrisis en die besluit om beurtkrag in te stel moet ongrondwetlik en ongeldig verklaar word.
Die burgemeester van Kaapstad, Geordin Hill-Lewis, sê die stad gaan in die komende maande nog minstens 330 oorgangs-skuilingsbeddens byvoeg in verskillende dele van die metro. Die stad sal binnekort goedkeurings-aansoeke indien vir die beplanning van twee nuwe Safe Space waardige oorgangs-skuilings-geriewe in Groenpunt en Durbanville. Kosmos 94.1 Nuus se korrespondent in die Moederstad, Fritz Platt..
Die Namibiese Korrektiewe Dienste sê voornemende aansoekers vir 200 poste hoef nie meer hul gedragsertifikate saam te bring vir onderhoude nie. Gedragsertifikate sal egter van suksesvolle kandidate vereis word voor hulle met basiese opleiding begin. Dit volg op ’n stormloop deur van die sowat 16 000 kandidate wat vir die poste op ’n kortlys geplaas is en vandeesweek regoor in die land vir evaluerings-toetse by polisiestasies moet aanmeld. Die Namibiese polisie se woordvoerder, adjudant-offisier Silas Shipandeni, het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig die prys van die gedrag-sertifikaat is wel 100 Namibiese dollar en dit kan by die Nampol-stasies regoor die land verkry word.
Die DA in KwaZulu-Natal sê die ANC-regering en eThekwini se burgemeester, Mxolisi Kaunda, is verantwoordelik vir die toeriste-getal wat minder was as wat verwag is in Desember. Volgens statistiek wat die munisipaliteit uitgereik het, het 702 735 mense die stad gedurende die vakansietyd besoek, vergeleke met 900 000 in 2019. Die DA-lid, Thabani Mthethwa, sê hierdie afname in getalle sal lei tot minder inkomste vir die ekonomie, toerisme-operateurs, straatverkopers en sakelui wat gedurende die feestyd staatmaak op toeriste.
Die Universiteit van Namibië se aansoeke om toelating is nou oop vir die 2023 akademiese jaar vir voorgraadse en nagraadse programme. Elke student word versoek om slegs een aanlyn aansoekvorm in te dien deur die studentenommer te gebruik wat toegeken is, as voorheen aansoek gedoen is. Eerste-keer-aansoekers sal 'n studente- of verwysingsnommer ontvang. Simon Namesho Unam se woordvoerder het met Kosmos 94.1 Nuus oor die registrasieproses gepraat.
Stad Windhoek het bevestig sy verkiesing van nuwe ampsdraers sal Donderdag plaasvind. Die hoofstad is tans amptelik leierloos en het ook nie ‘n uitvoerende hoof nie. Die raad sal na verwagting Donderdag die burgemeester, onderburgemeester en lede van die bestuurskomitee verkies. Burgemeester Sadé Gawanas, sê aan Kosmos 94.1 Nuus hulle het reeds hul agenda vir die raadsvergadering ontvang.
Rugby: Die Springbok Sewes moet nie net rekening hou met die tydverskil nie maar moet ook hierdie naweek ʼn groep nuwe spelers saamsnoer by die Nieu-Seeland Sewes in Hamilton. Afgesien van enkele spelers wat beseer is, moet Suid-Afrika klaarkom sonder ander wat uitgetree het, soos Branco du Preez, asook JC Pretorius, Muller du Plessis en Sako Makata wat by die 15-spelerkode aangesluit het. Impi Visser is een van net vyf spelers met ondervinding in meer as tien toernooie vir die Blitsbokke.
Lede van die vakbond in die buurland, Giwusa, doen 'n beroep op ander vakbonde, federasies en klimaat-geregtigheids-bewegings om met nasionale optrede te begin om die land tot stilstand te bring in verset teen Eskom se tariefverhogings en voortgesette beurtkrag. Die vakbond verwerp die regering se poging om die werkers- en middelklas die koste van die krisis te laat dra. Giwusa se president, Mametlwe Sebei, sê Eskom is op die rand van bankrotskap as gevolg van verskriklike vlakke van korrupsie, wanbestuur en 'n massiewe skuldlas.
Die Namibiese onderwyssektor is in volle swang in die nuwe skooljaar. Staatskole het verlede week geopen, asook sommige van die privaatskole regoor die land. Colette Rieckert van die Namibiese Privaatskole-vereniging sê aan Kosmos 94.1 Nuus by die privaatskole wat heropen het, het alles vlot verloop en sommige skole maak hul deure môre oop. Sy verwelkom ook nuwe privaatskole in die land.
Die Izwi Domestic Workers Alliance in die buurland doen 'n beroep op werkgewers om alternatiewe te vind ten einde hulle huishulpe te kan behou. Die woordvoerder, Maggie Mthombeni, sê baie huishulpe het hul werk verloor weens die huidige beurtkrag. Ander is op die minimum loon geplaas en van hul kollegas is onderwerp aan drastiese salarisverlagings. Mthombeni doen 'n beroep op huiseienaars om hul omstandighede te verstaan.
Die brandweerdiens van die Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit sê die brand in die Gydo-pas net bo die Witzenberg-vallei is heeltemal onder beheer. Die brandweerdiens het die helikopters Whiskey en Tango by Henley Air, asook die Black Hawk en Huey, vroeër geaktiveer. Die woordvoerder vir die brandweerdiens, Jo-Anne Otto, sê die erge hoë temperature in die omgewing van 40 grade Celsius, is 'n bron van kommer aangesien 'n brand maklik in sulke omstandighede weer kan opvlam.
Intussen was twee Nampol-lede onderweg na die plaas in ‘n ongeluk betrokke. Die bestuurder van die voertuig, 'n sersant, is in die Karasburg-hospitaal opgeneem met kopbeserings en gebreekte been, terwyl die vroulike konstabel reeds ontslaan is.
Die Namibiese polisie in die Karas-streek het bevestig 'n paartjie van die plaas Swartberg naby Karasburg is in hegtenis geneem nadat die liggaam van hul vier maande oue babadogtertjie in 'n vlak graf gevind is. Die ouers is tans in aanhouding by die polisiestasie op dié Suide-dorp. Volgens Nampol het hul werkgewer opgemerk die babameisie is nie meer by hulle nie. Die paartjie het glo aangevoer dat hulle haar na familie in die Noorde gestuur het. Die hulp van die polisie is ingeroep en hul ondersoek het gelei tot dié gru-ontdekking. Die meisie is glo reeds in November begrawe. Die polisiebevelvoerder van die Karas-streek, kommissaris Marius Katamila het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
AfriForum het met regsoptrede teen Eskom begin om inligting te bekom oor die omstrede kontrakte van die kragvoorsiener. ʼn Woordvoerder van AfriForum, Reiner Duvenhage, sê die groep het ʼn aansoek op Eskom bedien ingevolge die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting. Hulle dring aan op inligting oor aktiewe kontrakte met verskeie diensverskaffers, wat verskaffers van steenkool en vervoermaatskappye insluit. Duvenhage sê in Eskom se antwoord is sleutel-inligting weerhou.
Die Stad Kaapstad sê sy openbare noodkommunikasiesentrum het verlede week 'n daling in interpersoonlike geweld, gesinsgeweldsake en motorvoertuigongelukke aangeteken. Beamptes in die stad het 207 verdagtes gearresteer en 74 662 boetes uitgereik tydens hul weeklikse operasies. Die burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekerheid, JP Smith, sê hulle het ook 'n effense afname in die aantal inhegtenisnemings ervaar, heel waarskynlik as gevolg van beamptes wat ander sake in verband met beurtkrag moet bestuur:
Die hoof van die Namibiese polisie, luitenant-generaal Joseph Shikongo het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat hy, terwyl hy in die Noorde was, self opgemerk het hoe oop en bloot onwettige brandstof vanuit Angola die land ingesmokkel word. Hy sê dit is waar die oorgrens-operasie, informeel bekend as Operasie Ngungula omdat dit die noemnaam vir die brandstof is, gebore is. Shikongo sê sy beamptes sal saam met die Angolese polisie werk.
Telecom Namibia het bevestig alle onbetaalde rekenings word op ‘n maandelikse basis opgeskort. Die aankondiging het hewige kritiek op sosiale media uitgelok met verbruikers wat meen die maatskappy moet sy kliënte, veral in Januarie, oorsien. Die maatskappy het nie bekend gemaak hoeveel hy geskuld word nie en ook nie gesê hoeveel, en watter kliënte, geraak sal word nie. Hy het ook sy kliënte gemaan om korrekte inligting op betalings te verskaf, wat die rekeningnommer insluit. Kosmos 94.1 Nuus het met Ndapewa Neshila, Telecom se waarnemende korporatiewe kommunikasiehoof, gepraat.
Efundja-waters neem steeds in die noordweste van die Ohangwena-streek toe en oorheers op die oomblik die plaaslike nuustoneel. Sommige skole in die gemeenskappe wat deur die vloedwater geraak word, is reeds gesluit en verskeie huishoudings is heeltemal omring deur water. Daar is nog nie skade aan infrastruktuur aangemeld nie. Die landbouministerie sê hy monitor die situasie deurentyd. Die hoof van die ministerie se hidrologiese diens, Leonard Hango, het die jongste in verband met die efundja met Kosmos 94.1 Nuus gedeel.
Daar is nog talle ouers wat wag op plekke vir hul graad 1 en 8 kinders by skole regoor die land. Die akademiese jaar het reeds verlede week op 11 Januarie begin en die ministerie skarrel op die oomblik om plekke vir almal te kry. Die uitvoerende direkteur in die onderwysministerie, Sanet Steenkamp, het oor die jongste met Kosmos 94.1 Nuus gesels en sê sake sal teen einde Januarie gefinaliseer wees.
Werkers by die Nasionale Jeugdiens het vanoggend die hulp van die omstrede aktivis Michael Amushelelo ingeroep. Die werkers sê hulle wag steeds op hulle Desember-salarisse. Die jeugdiens word deur die staat beheer. Maria Alweendo, een van die werkers, het met die media gepraat nadat sy Amushelelo gekontak het.
Die DA in Gauteng doen 'n beroep op inwoners om vlak een-waterbeperkings te gehoorsaam om die uitwerking van beurtkrag op die watertoevoer te verminder. Die langdurige beurtkrag het groot impak op die provinsie se water-reservoirs. Die DA se woordvoerder, Buchule Putini, sê dit is teen dié tyd duidelik dat Eskom en die ANC-regering nié ’n lewensvatbare oplossing sal hê om volhoubare krag vir Suid-Afrika te produseer nie:
Die noordelike kommunale boer Ileni Nandjato gryp ‘n geleentheid aan as hy hom sien. Hy het boer al reeds met groente en het ‘n gaping in die papaja-mark gesien. Hy het meer as 120 papajabome aangeplant waar hy naby Ondangwa in die Oshana-streek boer en wil al vanjaar papajas oes. Nandjato noem dit sy projek een miljoen. Hy verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus waarom hy die projek so gedoop het.
Lidlande van die Wêreldgesondheidsorganisasie het die Pandemie-verdrag geskep waarvan sommige bepalings bindend is. Die mikpunt is ‘n veiliger wêreld en gereedheid vir die volgende pandemie. Die hoof van die WGO, dr. Tedros Adhanom Ghebreyesus sê lede van die verdrag sal in Februarie vergader om billike bepalings van die ooreenkoms te bespreek.
Die Wes Kaapse onderwysdepartement sê die provinsie se skole sal die nuwe skooljaar, wat môre amptelik afskop, met 561 nuwe klaskamers begin. Die nuwe klaskamers vorm deel van die departement se infrastruktuur strategie, wat in 2022 geloods is, om soveel as moontlik leerders by skole te kan akkommodeer. Intussen het die provinsie reeds 99 persent van alle graad 1 en 8 leerders reeds geplaas. Kosmos 94.1 Nuus se korrespondent in die Wes-Kaap, Fritz Platt het meer.
Die DA sê hy is bekommerd oor die gebrek aan 'n tasbare plan van die Departement van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling om boere teen kragonderbrekings te beskerm en te keer dat produkte van die komende oestyd verlore gaan. Die regering het 'n taakspan saamgestel om die verwoestende uitwerking van beurtkrag op die landbousektor te hanteer. Noko Masipa van die DA sê landbouprodukte se verkoelingsfasiliteite kan nie volgehoue fase vier-beurtkrag hanteer nie, en veral nie fase ses nie:
Die JozziFest is ‘n fees wat jaarliks op Grootfontein in die Otjozondjupa-streek plaasvind. Die fees word deur jongmense van die dorp gereël met die doel om alle klein- en medium entrepreneurs van die Noorde-dorp op te hef wat die geleentheid het om hul produkte fees uit te stal. Vanjaar se fees sal hoofsaaklik fokus op sport wat die Grootfontein-toernooibeker op die spel sal hê. Daar sal aktiwiteite soos ‘n pretdraf, sokker, netbal en vermaak wees. Die geleentheid word van 7 tot 10 April by die Omulunga-sportgronde gehou. Albanus Shoopala, die geleentheidbeplanner het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
ActionSA in die Vrystaat vra dat die raad van die Mangaung Metropolitaanse Munisipaliteit ontbind word en tussenverkiesings gehou word om nuwe raadslede te verkies. Dit volg op die ANC se afdanking van die burgemeester van Mangaung, Mxolisi Siyonzana. Die ANC se tussentydse provinsiale komitee sê hy het dié besluit geneem ná ’n reeks interaksies om die stand van dienslewering in die sukkelende metro te bepaal. ActionSA se provinsiale voorsitter, Patricia Kopane, sê die skielike verwydering van Siyonzana is 'n toonbeeld van die inherente politieke twis en skermutselings binne die ANC:
Professor Jannie Rossouw van Wits se Sakeskool in Suid-Afrika, sê die buurland loop die risiko om ‘n mislukte staat te word – wat ‘n groot bedreiging vir die hele streek inhou. Hy sê die Wêreld Ekonomiese Forum se jongste verslag maak ook melding daarvan. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Inwoners van Otjiwarongo ervaar op die oomblik ‘n kragonderbreking, wat volgens berigte deur swaar reën gedurende die nag veroorsaak is. NamPower se tegnici werk op die oomblik aan die probleem wat hopelik, teen 11-uur vanoggend opgelos sal wees. Charlie Matengu, woordvoerder van Cenored, het meer.
ActionSA sê hy sal vir die volgende week die land deurkruis om kwessies wat burgers raak, insluitend korrupsie en ongelyke toegang tot gehalte-onderwys, uit te lig. Dit is deel van sy veldtog in aanloop tot die staatsrede. Die party se nasionale woordvoerder, Lerato Ngobeni, sê hulle het toegang tot gehalte-onderwys as die eerste fokusknelpunt uitgewys, want gehalte-onderwys is Suid-Afrika se beste hoop om ’n meer regverdige en welvarende samelewing te skep:
Terwyl die efundja, wat tans in die verre Noorde voorkom heelwat voordele inhou, is daar ook gevare soos malaria en cholera wat kan voorkom. Dr. Bernard Haufiku, voormalige gesondheidsminister en mediese dokter, gesels met Kosmos 94.1 Nuus oor die gevare.
Die buurland se minister van openbare ondernemings, Pravin Gordhan en die Eskom-hoof, André de Ruyter het tot Vrydag tyd om te reageer op 'n brief met eise of regsaksie in die gesig te staar. Die brief waarin geëis word dat beurtkrag onmiddellik gestaak word, is uitgereik deur Mabuza Prokureurs en minstens ses ander regsfirmas, asook sommige leiers van politieke partye, die Nasionale Unie van Mynwerkers en talle organisasies sonder winsbejag. Die UDM-leier, Bantu Holomisa, sê die regering moet met 'n duidelike plan vorendag kom om beurtkrag te beëindig:
‘n Interne videoboodksap na senior Britse weermagamptenare toon dat die skenking van 14 Challenger 2-tenks aan die Oekraïne die kapasiteit van die Britse weermag sal verswak. Generaal Patrick Sanders het die boodskap gestuur en sê alhoewel ‘n oorwinning deur die Oekraïne Europa en Brittanje sal beveilig, is dit uiters belangrik dat die Britse weermag se kapasiteit weer opgebou word. Die minister van verdediging, Ben Wallace sê ondersteunende tenks sal aanlyn gebring word vir die Britse weermag.
Die huidige reënseisoen het tot dusver teleurgestel en terwyl NamWater sê daar nie rede tot kommer is nie, staan die sentrale damme tans op 42 persent van kapasiteit teenoor verlede jaar se 58 persent. Intussen duur die waterstryd van die Nelson Mandelabaai-metro in die buurland voort, met die huidige gesamentlike watervlakke daar op 14,95 persent. Daar is slegs 9,31 persent drinkwater in die damme. Die metro se woordvoerder, Joseph Tsatsire, sê lekkasies en swak onderhoud is van die bydraende faktore. Hy sê die ondergemiddelde reënval in die afgelope sewe jaar vererger ook die droogte:
Engeland se afrigter, Steve Borthwick, sê hy twyfel glad nie dat Owen Farrell steeds die regte man is om die span te lei nie. Hy het sy span vir die Sesnasies aangekondig met Ellis Genge en Courtney Lawes as onderkapteins. Farrell, wat tans geskors is weens 'n gevaarlike duikslag teen Gloucester, sal betyds terugkeer vir Engeland se Sesnasies-aanvangswedstryd op die vierde van volgende maand teen Skotland op Twickenham. Borthwick sê dis belangrik om erkenning te gee aan alles wat Farrell vir Engeland doen en reeds gedoen het:
Die Suid-Afrikaanse energiekenner, Matthew Cruise sê daar is ʼn groot waarskynlikheid dat die buurland fase agt-beurtkrag sal ervaar. Dit beteken huishoudings en ondernemings sal tussen 12 tot 14 uur per dag sonder elektrisiteit wees. Cruise beskou dit as ʼn groot bron van kommer in die lig van Suid-Afrika se huidige ekonomiese struikelblokke. Trae ekonomiese ontwikkeling wat deur beurtkrag veroorsaak word het ‘n direkte impak op Namibië as gevolg van die koppeling van die Suid-Afrikaanse rand en Namibiese dollar. Cruise sê die buurland se kragstelsel is uiters kwesbaar.
Die bekende landbou-ekonoom sê die erge kragonderbrekings in die buurland raak die landbou-sektor. Die Suid-Afrikaanse landbouminister, Thoko Didiza het met landbou-leiers in die buurland vergader om beurtkrag te bespreek. Die bedryfsleiers het die probleme waarmee ondernemings en werkers te kampe het, oorgedra en die bedreiging vir voedselsekerheid uitgelig. Hulle het gevra vir gesamentlike strategieë om die uitwerking te versag met die instel van gebeurlikheidsplanne. Suid-Afrikaanse landbou-ekonoom dr. Kobus Laubscher gesels met Kosmos 94.1 Nuus oor die impak van beurtkrag.
Namibië se groenwaterstof-kommissaris en presidensiële ekonomiese adviseur, James Mnyupe, het bevestig dat hy op 26 Januarie as spreker aan die Afrika Energie Kamer se Nuwejaars-onthaal in Londen, Engeland, sal deelneem. In onlangse nuus is ook aangekondig dat die petroleum-kommissaris Maggy Shino van die ministerie van myne en energie ook aan hierdie gesprekke sal deelneem. Dr. Omu Kakujaha-Matundu van die departement ekonomie aan die Universiteit van Namibië, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels oor of die regering die kwessie van die groenwaterstof op die regte manier benader.
Die Suid-Afrikaanse minister van polisie, Bheki Cele, het sy kommer uitgespreek oor die styging in politieke moorde in die land. Die minister het besoek afgelê in Mpumalanga ná die moord op 'n ANC-raadslid in die provinsie, Sbonelo Mthembu, en twee ander mense verlede week. Cele sê nog 'n groot bron van kommer vir die polisie is die feit dat nie alle politieke verwante moorde aangemeld word nie:
Eskom het vanoggend fase vier-beurtkrag in die buurland ingestel. Hy sê hy verwag dat 14 kragopwekkers hierdie week weer in diens sal wees. Sikonathi Mantshantsha van Eskom sê dit kan help om die druk op die kragstelsel te verminder. Fase vier sal tot vier-uur namiddag ingestel word en daarna sal fase vyf in werking tree:
Dis nie net in Afrika waar gesondheidstelsels sukkel nie. Europese lande sukkel met verskeie gesondheidsuitdagings wat ook medisyne tekorte insluit. Baie min medisyne word in Europa vervaardig met meeste lande wat staat maak op aanlegte in lande soos Indië. ‘n Senior direkteur by die Wêreldgesondheidsorganisasie, Natasha Azzmus sê Europese lande het die Covid-pandemie binnegegaan met swak gesondheidstelsels en ‘n groot agterstand in beleggings.
Die opvoeding van die Namibiese kind is 'n verantwoordelikheid van alle Namibiërs. Dit is presies die boodskap wat die voormalige kabinetsminister, dr. Libertina Amathila in haar aftrede beoefen. Dr. Amathila het haar tyd en eie geld gebruik om aan die behoefte van 'n koshuis vir beide onderwysers en leerders by die Otjomuru Gekombineerde Skool in die Kunene-streek te voldoen. Sy het die skool laat uitbrei wat aanvanklik net leerders tot graad sewe gehuisves het en nou tot graad 10 aanbied. Dr. Amathila sê aan Kosmos 94.1 Nuus sy is tevrede met die resultate en sien nou uit daarna om ten volle af te tree en te rus.
Die Wes-Kaapse onderwysdepartement sê alles is in plek en skole is slaggereed vir die 2023-skooljaar wat Woensdag afskop. Binnelandse skole het reeds verlede week vir die nuwe skool-jaar heropen met veral in die Gauteng-provinsie waar daar gesukkel is om betyds leerlinge by skole te plaas. Fritz Platt, Kosmos 94.1 Nuus se korrespondent in Kaapstad...
Suid-Afrika se gehalteversekeringsliggaam vir onderwys, Umalusi, is steeds besorg oor die voorvalle van onreëlmatighede wat aangemeld is tydens die skryf van die eksamen vir die Nasionale Senior Sertifikaat. Meer as 'n miljoen kandidate het die 2022-eksamen afgelê. Die uitvoerende hoof van Umalusi, Mafu Ramoketsi, sê verskillende strawwe is opgelê vir kandidate wat skuldig bevind is aan onreëlmatighede met die eksamen.
'n Brand-voorval het in Swakopmund plaasgevind waar 'n motor aan die brand geslaan het terwyl dit in motorhuis geparkeer was. Daar word berig dat die brandweerdienste redelik vinnig gereageer het en geen beserings is aangemeld nie. Namibia Marshal Ranger Sean naude deel ook meer oor die motorongeluk waarin Kanadese toeriste tussen Arandis en Usakos was.
Tennis: Rafael Nadal het die verdediging van sy titel by die Australiese Ope begin met ʼn oorwinning in vier stelle teen die Brit, Jack Draper, wat 15 jaar jonger as hy is. Nadal mik na ‘n nuwe rekord van 23 Grand Slam-toernooititels en hy het met 7-5, 2-6, 6-4 en 6-1 op Melbourne-park die botoon gevoer.
Die DA doen 'n beroep op die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga, om die publiek in haar vertroue te neem. Dit handel oor die vordering met die ondersoek na die bedrog-skandaal met matrieks waarby onderwysers en leerders verlede jaar glo in Mpumalanga betrokke was. ʼn Woordvoerder van die DA, Baxolile Nodada sê die party doen ’n beroep op haar om voor Donderdag ’n verslag oor die bevindinge van die ondersoek bekend te maak, wanneer matriek-uitslae bekend gemaak word.
Hengel: Daar was ‘n hewige stryd tussen Namibië en Suid-Afrika by die Rots- en Strand- Super Pro-liga Internasionale Hengel-kompetisie wat tussen Myl 4 en Jakkalsputz by Swakopmund plaasgevind het. Namibiese vroue-hengelaars het die buurland langs die viswaters geklop. Namibiese hengelaar Ernst Köhne, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Die Suid-Afrikaanse onderwysliggaam vir gehalteversekering, Umalusi, het verskoning gevra oor die foute wat in sommige van die Nasionale Senior Sertifikaat-eksamenvraestelle gevind is. Die uitvoerende hoof van Umalusi, Mafu Ramoketsi, sê die foute is onregverdigbaar en hierdie problematiese vrae het daartoe gelei dat nasien-toegewings toegepas is en die betrokke vrae uitgesluit is van die algehele punt. Ramoketsi voeg by 'n paneel van drie lede stel ondersoek in.
Met onder-gemiddelde reënval wat in sommige gebiede in Namibië aangeteken is, is talle boere steeds bekommerd, veral in die Noordweste wat deur jarelange droogte geteister is. Sommige boere is bekommerd oor voldoende weiding en water vir hul vee en ander vir hul oeste. Die Kunene-streek se goewerneur, Marius Sheya sê aan Kosmos 94.1 Nuus sommige gebiede het ‘n bietjie reën gekry, maar reënval was wisselvallig.
Rugby: ʼn Staatmaker van die Springbok Sewes, Ryan Oosthuizen bereik eerskomende naweek ʼn persoonlike mylpaal by die Nieu-Seelandse deel van Wêreldrugby se Sewestoernooi in Hamilton. Dit is sy eerste toernooi in Nieu-Seeland hoewel hy Suid-Afrika reeds in 35 toernooie verteenwoordig het. Suid-Afrika hoop om beter te vaar as met hulle tuis-toernooi verlede maand in Kaapstad toe hulle vierde geëindig het, nadat hulle in die halfeindstryd teen die uiteindelike wenner, Samoa, vasgeval het.
Met fase 6-beurtkrag wat nou onbepaald in plek in die buurland sal bly, begin kommer toeneem dat Suid-Afrikaanse motoriste deur misdadigers geteiken sal word, veral in gebiede waar die krag vir soms tot vier ure op 'n slag af is. Die Automobiel Assosiasie sê hy is bekommerd dat daar moontlik 'n toename sal wees in die aantal motoriste wat aangeval by verkeersligte en kruisings word. Kosmos 94.1 Nuus se korrespondent in Kaapstad, Fritz Platt...
Windhoek Hoërskool bring môre hulde aan die 17-jarige Benn Visser, die graad 11-leerder wat die naweek ná ‘n ongeluk gesterf het. Alle leerders, ouers, onderwysers en personeellede kry môre die geleentheid om 'n huldeblyk aan Benn te bring met blomme, kerse en briewe in die voorportaal van die skool. Alle leerders mag hierdie week 'n swart lint of armband skool toe dra, as 'n teken van hul ondersteuning en omgee. Die waarnemende skoolhoof van WHS, Dinette de Beer, gesels met Kosmos 94.1 Nuus.
Die Oos-Kaapse polisie ondersoek sake van brandstigting nadat 49 hutte aan die brand gesteek is en talle mense ontwortel is in Bhuje Village in Port St. Johns. Daar word beweer dat 'n groep onbekende verdagtes amok gemaak het en verskeie huise afgebrand het terwyl daar mense binne was. Een persoon, 'n man van 49-jaar oud, is doodgeskiet in 'n nabygeleë dorpie, Tyeni. 'n Polisiewoordvoerder, Tembinkosi Kinana, sê dit is nie in hierdie stadium duidelik of hierdie spesifieke voorval verband hou met die brandstigtings-aanvalle nie.
Die Stad Kaapstad sê voortslepende kragonderbrekings bied steeds reuse-uitdagings, veral vir klein sakeondernemings wat wil munt slaan uit die bemoedigende toeristegetalle in die stad. Die land loop tans deur onder fase ses-beurtkrag wat vir 'n onbepaalde tyd ingestel is. Die burgemeesterskomiteelid vir Ekonomiese Groei, James Vos, sê talle groter sakeondernemings in die toerisme- en ander sektore kan die uitwerking van beurtkrag bekamp deur hernubare energie of die gebruik van kragopwekkers:
Met die pogings van die Namibia Building Workers Pension Fund om konstruksiewerkers aan te moedig om pensioenfondse te verkry, is die kwessie weer opnuut in die nuus. Die meerderheid van Namibiese werkers kan nie ‘n privaat pensioenfonds bekostig nie wat aftrede baie uitdagend maak en die las op die staat plaas. Die Namibiese arbeidskenner Herbert Jauch sê dit is ‘n skreiende skande dat die Namibiese regering en die Maatskaplike Voorsorgkommissie geen stappe in die verband geneem het sedert onafhanklikheid nie.
Die Windhoek Medical University, wat in die nuus is met die aankondiging deur die Raad vir Gesondheidsberoepe van Namibië dat hy nie kennis dra van die instansie nie, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê hy is steeds besig met akkreditasie. Die raad het die publiek gewaarsku teen registrasie by instellings of gesondheidsorgverwante kursusse wat nie deur hom erken word nie. Die universiteit adverteer kursusse op sosiale media. Monica Bondo, van die Windhoek Medical University, sê die proses om akkreditasie te kry vat heelwat langer as verwag.
Die Cheetah Conservation Fund het sy werk met waghonde vir vee uitgebrei na die tipies Canis africanus honde toe. Vir meer as 20 jaar gebruik die fonds Anatoliese skaaphonde maar, die ras is duur en is ook groot en kos dus meer om te voer. Die fonds werk op die oomblik om gemengde rasse op te lei wat ook kommunale boere baie goed kan bystaan. In die verband word ongewenste werpsels ook ingeneem en die teef gratis gesteriliseer. Dr. Laurie Marker, die stigter van die fonds het die jongste.
Inspekteur Ileni Shapumba het meer inligting bekend gemaak oor die menslike oorskot wat Sondag in die duine oos van Walvisbaai gevind is. Hy sê die mag ondersoek tans alle leidrade, sowel as berigte dat die oorskot moontlik deel vorm van die gebied wat deur die Topnaars gebruik is as begraafplaas. Hy sê die oorskot kom voor om ouer as agt jaar te wees. Daar is nie enige pottebakkery-goedere, wat kenmerkend van Topnaar grafte is, tot op hede gevind nie. Shapumba het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.
NamRA sê sy belange lê nie by kriminele sake nie maar eerder om die fondse wat die regering toekom, te verkry. Dit volg na die agentskap meer as 800 belastingbetalers wat betrek is by ‘n bedrogspul van 104 miljoen Namibiese dollar, se salarisse geteiken het. Die agentskap het nie ‘n hofbevel, of die salaristrekker se toestemming nodig om fondse in te win deur salarisaftrekkings nie. Daar is ook 48 kriminele klagte by die polisie gemaak. Volgens NamRA se hoof van kommunikasie Steven Ndorokaze sê hulle sal voortgaan om salarisse te teiken tot alle uitstaande belasting, wat aan die staat verskuldig is, betaal is. Hy verduidelik.
Die voormalige direkteur van die Britse Weermag Personeeldirektoraat Ben Barry sê dit is glad nie so moeilik vir Europese nasies om die Oekraïne by te staan met die nodige tenks nie. Die land het vir 300 gevra en Barry sê die nodige Leopard 2-tenks is redelik algemeen op die Europese vasteland. Hy het met Britse media gepraat.
Die omstrede aktivis Michael Amushelelo sê hy hou nie veel hoop uit vir regverdigheid in die Craft Bistro-saga nie. Petra Illing, die mede-eienaar van die restaurant, se dringende aansoek sal op 27 Januarie in die Windhoek hoërhof aangehoor word. Die sakevrou wil hê die hof moet keer dat die minister van binnelandse sake haar deporteer. Illing, 'n Duitse burger, is al 28 jaar in Namibië en sê sy beskou die land as haar permanente tuiste. Illing is verlede week deur immigrasiebeamptes by haar besigheid opgelaai en is daarna 48 uur gegee om Namibië te verlaat. Sy het al verskeie kere aansoek gedoen om korttermynwerkvisums, wat verleng is. Amushelelo sê die regstelsel is foutief en gee voorkeur aan witmense.
Die burgemeester van Johannesburg, Mpho Phalatse, sê die veelpartyregering en City Power werk aktief om die stad se afhanklikheid van Eskom te beperk. Ongeveer 90 persent van sy krag word op die oomblik aangeskaf van die nutsmaatskappy. Die woordvoerder van die stad, Mabine Seabe, sê hulle is in die mark om te soek vir volhoubare, betroubare en bekostigbare oplossings wat die oorafhanklikheid van Eskom sal uitskakel:
ActionSA in die Oos-Kaap sê hy gaan aan Nelson Mandelabaai se burgemeester, Retief Odendaal, skryf en versoek dat hy die opknapping van die Baai se middestad bespoedig. Die party wil ook hê die burgemeester moet oorlog verklaar teen gekaapte geboue, en maatskaplike behuising voorsien aan kwesbares in die gebied. Athol Trollip van ActionSA sê gekaapte geboue is 'n groot probleem in die stad met 'n beraamde 100 eiendomme wat deur misdadigers en buitelandse burgers gekaap is:
Terwyl die efundja in die Noorde onderbrekings en ontwrigting, sowel as skade aan infrastruktuur kan veroorsaak, is dit goeie nuus vir akkerbouers in die kommunale gebiede. Die boere is vertroud met die oorstromings wat grondwaterbronne goed opvul en aanplantings van veral mahangu sal hervat wanneer die vloedwater weggesak het. Plaaslike landboukenner Wallie Roux, verduidelik.
Nick Kyrgios het weens 'n kniebesering aan die Australiese Ope onttrek 'n dag voordat hy sy eerste-ronde-wedstryd sou speel. Hy word vervang deur Denis Kudla, die gelukkige verloorder in die trekking. Kyrgios, Australië se manlike tennisspeler wat die hoogste op die ranglys is, sê 'n roetine MRB-skandering het 'n geringe skeur in sy laterale knieskyf opgespoor en dit sal geopereer moet word. Die 27-jarige speler sê hy het baie daarna uitgesien om aan die grand slam op tuisbodem deel te neem:
Die Namibiese Kankervereniging hou sy eerste uitreik komende Donderdag by sy hoofkantoor in die hoofstad. Borsondersoeke en papsmere sal uitgevoer word en dames moet net ‘n ID-dokument en japon saamneem. Die uitvoerende hoof van die vereniging Rolf Hansen, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.
Suid-Afrika se energiekrisis en prysstygings gee die land se politieke partye 'n geleentheid om te mobiliseer. Dit is die mening van die politieke ontleder, Daniel Silke. Die land loop tans onbepaald deur onder fase ses-beurtkrag terwyl die energiereguleerder verlede week 'n verhoging van meer as 18 persent in die elektrisiteitsprys goedgekeur het. Silke sê die sakesektor moet die regering aanvat oor die energiekrisis, wat meer as 'n dekade gelede al opgelos kon wees:
Die president van die Blou Bulle Willem Strauss het ekslusief met Kosmos 94.1 Nuus gesels na die span se oorwinning die naweek. Hy sê die span het reeds verseker van ‘n plek in die uitspeelrondes van die Heineken Kampioene-kompetisie en dat hulle uitsien na Vrydag se wedstryd, dalk in -7 grade Celsius...
Sir Keir Starmer, die leier van die Britse opposisie, die Arbeidersparty, het uitgevaar teen eerste minister Rishi Sunak se regering en sê die voortslepende langtermyn kwessies, veral met die chaos en staking in die Britse gesondheidsdiens, word nie aangespreek nie. Hy sê die Britse regering plak pleisters in plaas van om probleme, wat voortduur, op te los.
Reaksie word ontvang op die aankondiging deur die Namibia College of Open Learning, Namcol, dat hy meer leerders wat nie vir tersiêre instellings gekwalifiseer het nie, vanjaar kan bystaan na bykomende ondersteuning van die regering bewillig is. Die kollege se direkteur vir kurrikulum- en materiaalontwikkeling, Jan Nitchke, sê dat met die aanlyn aanbieding wat tydens Covid uitgebrei is, is die aantaal leerders eintlik onbeperk. Hy sê die grootste uitdaging is die druk van studiemateriaal waarmee die kollege reeds begin het. Die plaaslike ekonoom Gabriel Erastus sê nie net is dit goeie nuus nie maar, dit is ook belangrik vir die ekonomie om ‘n breë basis van vaardighede tot sy beskikking te hê. Hy verduidelik.
Die DA leier John Steenhuisen sê dieselfde mense wat Eskom se ineenstorting veroorsaak het, stel hulself nou vry van die uitwerking van hulle eie mislukkings. Die party weier om te aanvaar dat terwyl die ANC gewone Suid-Afrikaners onderwerp aan 11 ure se beurtkrag per dag, die wonings van President Cyril Ramaphosa, sy kabinetsministers en adjunkministers beurtkrag heeltemal vryspring. Steenhuisen sê dit is waarom daar geen dringendheid is om hulle eie gemors reg te maak nie:
Angola, Afrika se tweede grootste olieprodusent, het 'n nuwe olieblok ontdek, wat die kapasiteit het om 40 000 vate olie per dag te produseer. Angola en Libië het Nigerië verbygesteek as Afrika se grootste ru-olie-produsente, volgens die Organisasie van Petroleum Uitvoerlande. Opul het in sy maandelikse verslag verklaar dat Angola Afrika se grootste olieprodusent van ru-olie was gedurende Augustus 2022 met 'n gemiddelde produksie van 1,187 miljoen vate per dag. Die woordvoerder van Namcor Paulo Coelho het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor die vordering op die plaaslike front.
Die Wêreld Ekonomiese Forum vergader die week weereens in Davos, Switserland onder die tema, Samewerking in ‘n Gefragmenteerde Wêreld. Jan Alleman moenie veel van die byeenkoms verwag nie. Wêreldleiers, ook net van die grootste en sterkste ekonomieë kom bymekaar, eintlik, om te gesels, soos die bekende beleggingsekonoom van Suid-Afrika, Dawie Klopper, verduidelik.
Inwoners van Walkerville, suid van Johannesburg, is gewaarsku om op die uitkyk te wees vir 'n tierwyfie wat in die Kliprivier-area rondloop. Die tierwyfie het volgens berigte Saterdagaand uit haar hok op die Walkers-vrugteplaas ontsnap en 'n 39-jarige man en 'n hond in die omgewing aangeval. Die tier is volgens berigte laas naby die Daleside Veeartspraktyk opgemerk. Gresham Mandy van die gemeenskaps-polisiëringsforum sê die dier se kampdrade is opsetlik gesny.
Huldeblyke stroom in na die tragiese dood van die 17-jarige Benjamin Visser, seun van die bekende Agapé-pastoor Leon Visser. Benn is Saterdag oorlede in ‘n fratsongeluk in Hochlandpark na hy en ‘n vriend, wat nie ernstig beseer is nie, ‘n vuurpyl gebou het. Die eerste twee pogings was ‘n sukses maar die derde het tot ‘n ontploffing gelei. Visser was volgens berigte ‘n ywerige wetenskaplike en was lief vir robotika. Hy sou vanjaar ‘n graad 11 student by Windhoek Hoërskool gewees het. Oudskoolhoof van WHS Hawie Engels het sy herinneringe so met Kosmos 94.1 Nuus gedeel.
Die Namibiese landbouministerie het talle spanne ontplooi om die heersende situasie rakende die efundja in die Noorde te monitor. Op die oomblik is die water in die westelike dele van die Ohangwena-streek gekonsentreer maar ongeveer 70 huishoudings is reeds omring. Inwoners het uitdagings om rond te beweeg en daar is sprake dat skole in die gebied gesluit sal moet word. Die minister, Calle Schletwein het onlangs bekend gemaak dat moniteringstelsels of gevandaliseer is of gesteel is maar, die woordvoerder, Jona Musheko, sê hulle monitor die situasie op die grond. Die vloedwater het reeds oor die naweek die Engela-Okalongo-pad oorgesteek. Angolese media berig oor swaar reënval in die suidelike Cunene-provinsie en dat die water op pad is na die Cuvelai-bekken in Namibië. Musheko het die jongste met Kosmos 94.1 Nuus gedeel.
ActionSA begin vandag met 'n openbare veldtog om Suid-Afrikaners se menings te kry oor die oplossings wat nodig is om die land reg te ruk. Dit gebeur in die aanloop tot President Cyril Ramaphosa se Staatsrede op 9 Februarie. Lerato Ngobeni van ActionSA lig van die probleme uit as die infrastruktuur wat ineenstort, fase ses-beurtkrag, 12 miljoen mense wat nie werk het nie en 'n onderwysstelsel wat jongmense nie bemagtig met die vaardighede wat hulle nodig het nie:
Die Stad Kaapstad sê sy opvangdamme word weens uitgerekte beurtkrag nie vinnig genoeg vol nie, terwyl inwoners terselfdertyd baie water gebruik. Die stad se waarnemende burgemeesters-komiteelid vir water en wanitasie, Siseko Mbandezi, sê dit het 'n uitwerking op Kaapstad se watervoorsienings-bedryf, veral in hoërliggende gebiede waarheen water gepomp moet word:
Die 2023 Dakar het tot ‘n einde gekom. Dit was die derde oorwinning vir Toyota Gazoo Racing, met ’n Suid-Afrikaans-geboude Toyota Hilux bakkie in die hande van Nasser Al-Attiyah en sy navigator, Mathieu Baumel. Al-Attiyah het ook sy vyfde Dakar oorwinning behaal. Giniel de Villiers en sy navigator, Dennis Murphy het algeheel vierde geëndig met Henk Lategan en sy navigator, Brett Cummings in die vyfde plek. Al-Attiyah het met die media gepraat.
Die Swapo Party-jeugliga sê hy is hartseer om te verneem dat vliegtuie wat aan die gelikwideerde nasionale lugredery Air Namibia behoort het, verkoop is. Volgens mediaberigte is twee Embraer-vliegtuie aan Wings Aviation verkoop. Die maatskappy waarin Wolfgang Grellmann, die Westair-groep se voorsitter en direkteur, en die groep se besturende direkteur, Gustav Holz, as direkteure dien, besit nou die twee vliegtuie. Dié transaksie kom midde beskuldigings dat die vliegtuie onderduims deur die bankrot lugredery se likwidateurs Dave Bruni en Ian McLaren verkoop is. Sekretaris van die Swapo-jeugliga Ephraim Nekongo sê aan Kosmos 94.1 Nuus dit kom nie as 'n verrassing nie, maar daar was beloftes dat 'n nuwe Namibiese lugredery gevestig sou word.
Die DA-leier John Steenhuisen sê die party reël op 25 Januarie 'n groot opmars na die ANC se hoofkantoor by Luthuli House in Johannesburg teen die elektrisiteitskrisis, wat hy sê deur die ANC georkestreer is. Nersa het 'n tariefverhoging van 18,65-persent goedgekeur vir Eskom, vir die 2023/2024-boekjaar. Steenhuisen sê huishoudings sukkel om kos op die tafel te sit, besighede vind dit moeilik om hulle personeel te betaal en fase ses beurtkrag kos Suid-Afrika tussen 4 en 6 miljard Suid-Afrikaanse rand per dag:
Meer inligting is bekend oor die tragiese voorval waar Ben Visser, 17 jaar oud, dood is na ‘n ontploffing by ‘n huis in Hochlandpark. Yanna Smith het die besonderhede.
Opvoedkundige sielkundiges in Suid-Afrika doen 'n beroep op die 2022 matrieks en hul ouers om kalm te bly terwyl hulle op hul uitslae wag. Die matriekuitslae sal na verwagting komende Donderdag bekend gemaak word. Amptenare sê egter meer tyd word benodig om die punte behoorlik te ontleed. 'n Opvoedkundige sielkundige, Jessie-Anne Bird sê indien die bekendmaking van die uitslae vertraag word, kan dit geestesgesondheidsprobleme vir leerders veroorsaak en hul tersiêre opleiding ontspoor:
Namibiese restaurante het tans nie genoeg varkvleis om te bedien nie. Die bemarkingsbestuurder van die Vleisraad van Namibië, Desmond Cloete het bevestig daar is 'n tekort aan varkvleisprodukte in die land weens bek-en-klouseer in Suid-Afrika. Volgens hom ondersteun die plaaslike varkboere net sowat 50 persent van die binnelandse verbruik. Kosmos 94.1 Nuus het met Terry Jenkinson van die Silver Spoon Hospitality Academy gepraat oor hoe dit Namibiese restaurante beïnvloed.
Die Staatsdienskommissie in Suid-Afrika het sy kommer uitgespreek oor die skorsing van staatsamptenare. Volgens die kommissie bestee die ANC-regering te veel geld deur geskorste staatsamptenare ten volle te betaal. Die voorsitter van die kommissie, Somadoda Fikeni, sê dit het gelei tot 'n gebrek in die regering se bestuur van dissipline. Die kommissie werk nou saam met die Departement van die Staatsdiens en Administrasie om strategieë te ontwikkel wat kan bydra om die probleem te bestuur:
Die DA het die beslissing van die Noord-Gautengse Hooggeregshof verwelkom waarkragtens drie luukse eiendomme, 'n erf en 'n gedeelte van 'n plaas in besit van voormalige Nasionale Loterykommissie-sindikaat-lede in bevries is. Volgens die Spesiale Ondersoekeenheid is 56,3 miljoen Suid-Afrikaanse rand van vyf gekaapte nie-winsgewende organisasies weggesypel om die verkryging van dié eiendomme te finansier. Die DA-lid, Mat Cuthbert, sê die geplunderde fondse was bedoel om te help met maatskaplike higiëne, tuisversorging, gemeenskaps-ontwikkeling, 'n museum en 'n biblioteek:
Saterdag was sneldeel 13, die voorlaaste sneldeel van die 2023 Dakar-wedren. Die sneldeel was 673 kilometer lank, met ’n sneltrajek van 153 kilometer. Nasser Al-Attiyah en sy navigator, Mathieu Baumel was tweede vir die dag en met net een sneldeel oor, lyk dit baie goed vir Nasser om sy vyfde Dakar in te palm. Dit was egter nie ’n goeie dag vir Giniel de Villiers en sy navigator, Dennis Murphy nie. Hulle is tans in die vierde posisie maar het ‘n uitdagende tyd gehad om die trajek te voltooi.
Die Stad Tshwane sê Eskom se tariefverhoging van 18,65 persent sal 'n nadelige uitwerking op inwoners, ondernemings en die stad se finansiële volhoubaarheid meebring. Die stad se woordvoerder, Sipho Stuurman, sê hulle is ook bekommerd dat die buitensporige prysverhoging tot 'n vinnige toename in onwettige verbindings kan lei. Hy voeg by 'n verhoging teen hierdie vlak sal die onkoste van sake doen in Tshwane aansienlik verhoog:
Cosatu is bekommerd die kragtarief-verhoging die buurland se werkersklas se ekonomiese probleme vererger. Dit volg noudat Suid-Afrikaners van April af meer vir krag sal betaal nadat Nersa 'n verhoging van 18,65 persent goedgekeur het. Die vakbondfederasie se parlementêre koördineerder, Matthew Parks, voer aan werkers sal eenvoudig nie die verhoging kan bekostig nie:
Michelle McLean wat al die kroon vir Namibië by Mej. Heelal in 1992 verower het, is die mentor van Mej. Namibië 2022 Cassia Sharpley wat aan die 71ste Mej. Heelal-skoonheidskompetisie in New Orleans, Louisiana, deelneem. Michelle woon in Amerika waar sy vir Cassia touwys maak om die kroon te verower. Die kroning van Mej. Heelal vind vanaand in die VSA, drie-uur môreoggend plaaslike tyd, plaas. Skoonheidskoninge van 90 lande ding mee om die kroon. Michelle wens vir Cassia alle voorspoed toe.
Die Suid-Afrikaanse lugredery, FlySafair, is tweede in die wêreld wanneer dit by stiptelikheid kom. Dit is volgens ʼn jaarlikse bepaling deur die wêreldwye reisdatamaatskappy, OAG, met sy hoofkantoor in die Verenigde Koninkryk. Volgens die maatskappy het 'n Indonesiese lugdiens net-net beter as FlySafair presteer met 'n prestasie van stiptelikheid van 95,63 persent. ʼn Woordvoerder van FlySafair, Kirby Gordon, sê dit is die derde keer dat hulle erkenning kry. Hulle het die vorige kere die beste gevaar:
Die Suid-Afrikaanse landbouminister, Thoko Didiza het met landbou-leiers in die buurland vergader om beurtkrag te bespreek. Die tekort aan kragvoorsiening het ‘n wesenlike impak op produksie en daar is kommer oor voedselsekerheid. Haar woordvoerder, Reggie Ngcobo sê verskeie opsies is bespreek.
Die Shincheonji Church of Jesus Namibia bied vandag die eerste opedag-seminaar ooit vir pastore van verskeie kerkdenominasies aan. Die doel van hierdie geleentheid is dat die verteenwoordigers van Namibië se Christelike gemeenskap hande vat om eenheid te bewerkstellig vir die verbetering van die Namibiese samelewing. Die seminaar vind vanaf elf-uur in Windhoek plaas, maar sal ook op Zoom gestroom word, sê Richard Mario, die skakelbeampte van IBALI Africa.
Daar is vier veranderings aan die Stormersspan vir môre se kragmeting in Brentford teen London Irish om die Kampioenebeker. In die agterlyn vervang Angelo Davis die beseerde Leolin Zas. Ruhan Nel is weer fiks en sluit by Dan du Plessis in die middelveld aan, met Damian Willemse op heelagter. Junior Pokomela is die toekant-flank terwyl die slot, Connor Evans, sy debuut vir die Stormers maak. ʼn Ander opwindende slot, Ben-Jason Dixon is op die bank. Hy het nou reeds drie keer vir die span gespeel en hoop hy handhaaf sy goeie vorm:
Die Rots- en Strand- Super Pro-liga Internasionale Hengel-kompetisie vind by langs kus tussen Myl 4 en Jakkalsputz by Swakopmund plaas waar hengelaars sake uitspook. Namibiese hengelaars het vanaf ses-uur vanoggend langs die viswaters teen 40 Suid-Afrika hengelaars te staan gekom. Dit sal na verwagting ‘n hewige stryd tussen die buurlande wees. Vanmiddag om drie-uur loop die kompetisie ten einde. Namibiese hengelaar Ernst Köhne, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.
Saftu in Suid-Afrika sê Eskom se tariefverhogings is die hoof-bydraer tot die aanhoudende styging in lewenskoste. Volgens die jaarlikse Huishoudelike Bekostigbaarheids-aanwyser in die buurland het 'n huishouding van vier mense se gemiddelde maandelikse voedseluitgawes verlede jaar met meer as 400 Suid-Afrikaanse rand toegeneem tot 'n geraamde 4 853 rand, terwyl die prys van krag met 50 rand toegeneem het tot net meer as 787 rand. Saftu se woordvoerder, Trevor Shaku, sê benewens krag en voedsel, het brandstofpryse die afgelope jaar dramaties toegeneem:
Die Copps 94.1-span het Vrydagaand met ‘n ernstige aanranding met die doel om te beroof te doen gehad. ‘n Niksvermoedende man was op sy selfoon toe hy deur sewe rowers aangeval is en baie ernstig beseer is. Ook, ‘n waarskuwing aan vuurwapeneienaars om altyd hul lisensies by hulle te dra. Francois Lottering was aan diens.
Die daling van Amerika se verbruikers-inflasie wat in Desember 2022 tot die laagste vlak in langer as 'n jaar gedaal het, bring ook hoop vir die Namibiese ekonomie. Amerikaanse huishoudings sukkel reeds vir 'n jaar met die hoogste inflasie in dekades en die Federale Reserweraad het sy maatstaf-uitleenkoers verhoog teen 'n pas wat sedert die 1980's ongehoord was, in die hoop om die wêreld se grootste ekonomie te versag. Die afwaartse neiging is die sesde opeenvolgende maand van versagting, en skep die hoop dat 'n mate van verligting tog gebring sal word. Die verbruikersprys-indeks het in Desember 2022 met 6,5 persent gestyg teenoor 'n jaar gelede, die minste sedert Oktober 2021. Arney Tjaronda, aandele-navorser van High Economic Intelligence het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Die pasverkose raadslid van die Moses Garoëb-kiesafdeling in Windhoek, Stefanus Ndengu is vandag by die Khomas-streeksraad ingelyf. Hy is gretig om kwessies soos ‘n gebrek aan ordentlike sanitasie, drinkwater en elektrisiteit te takel. Die Khomas-streeksraad het ook vandag sy eerste streeksraad-sessie vir die jaar geopen. Tydens die opening het die hoof-streeksbeampte, Clemence Mafula, ook hul planne van aksie vir 2023 laat deurskemer.
Die kommissaris-generaal van die Namibiese Korrektiewe Dienste het bevestig 15 867 aansoekers vir poste in die dienste is op ’n kortlys geplaas. Altesaam 33 259 Namibiërs het vir 200 geadverteerde poste aansoek gedoen. Hulle moet vanaf 18 tot 27 Januarie vir evaluerings-toetse aanmeld. Kommissaris Sam Shalulange van die dienste het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Die Namibiese Hokkie-unie het die mans- en vrouespanne is gereed om aan die Binnenshuise Hokkie-Wêreldbeker-toernooi vanaf 5 tot 11 Februarie in Pretoria, Suid-Afrika, deel te neem. Margreth Mengo lei die vrouespan en David Strauss is die kaptein van mans. Twaalf mans- en vrouespanne gaan in Pretoria meeding om die wêreld-titel. Elke span bestaan uit 12 spelers en sewe beamptes. Die afrigter van die vrouespan, Erwin Handura sê aan Kosmos 94.1 Nuus dié span het meer ervaring.
Die Namibiese ambassadeur in Amerika, Margaret Mensah-Williams wens Cassia alle voorspoed toe.
Alle oë is op Mej. Namibië 2022 Cassia Sharpley wat aan die 71ste Mej. Heelal-skoonheidskompetisie in New Orleans, Louisiana, deelneem. Die kroning van Mej. Heelal vind môre plaas en waar 90 skoonheidskoninge hoop om die mooiste vrou in die heelal te wees . Mej. Namibia 2021 Chelsi Shikongo sê aan Kosmos 94.1 Nuus sy glo Cassia gaan baie goed doen.
Die Suid-Afrikaanse lugredery, FlySafai is as die wêreld se tweede stiptelikste lugdiens aangewys. Volgens 'n jaarlikse gradering, deur die Britse gebaseerde reisdata-maatskappy OAG, is FlySafair slegs met 'n paar persentasie-punte deur 'n Indonesiese lugredery geklop vir die top-posisie. Dié Indonesiese lugdiens het met die louere weggestap met 'n prestasie-koers van 95,63 persent. Kosmos 94.1 Nuus se korrespondent in Kaapstad, Fritz Platt..
Vloedwater uit Angola het Endola in die Ohangwena-streek bereik. Video's van die vloedwater is vandag wyd op sosiale media versprei. Die water kan Oshakati en Ondangwa bereik en is 'n aanduiding dat meer vloedwater dalk op pad is na die land se noordelike streke. Die burgemeester van Oshakati, Ronny Hango het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig die vloedwater het inderdaad Namibië binnegekom en hy doen 'n beroep op inwoners van vloedgeteisterde gebiede om versigtig te wees.
Die Windhoek Stadspolisie is tans besig met verskeie patrollies en daar is padblokkades opgestel om padveiligheid te bevorder, asook om te verseker inwoners hou by verkeersreëls. Stad Windhoek se polisiehoof Abraham Kanime waarsku padgebruikers in die hoofstad om nie onder die invloed van alkohol te bestuur nie.
President Cyril Ramaphosa het Frene Ginwala geloof oor haar formidabele patriotisme. Die stigter-speaker van die parlement en ontvanger van die Orde van Luthuli is in die ouderdom van 90 in haar huis oorlede ná 'n beroerte twee weke gelede. Ginwala het die teen-apartheidstryd en Suid-Afrika se demokratiese bedeling as prokureur, akademikus, politieke leier, aktivis en joernalis gedien. Die presidensiële woordvoerder, Vincent Magwenya, sê Ramaphosa het sy medelye aan haar familie oorgedra.
Volgens die Vleisraad van Namibië ervaar Namibië tans 'n tekort aan varkvleis in die land. Restaurant-eienaars ervaar ‘n gebrek aan varkvleis en Namibiërs kla hoe duur polonie en salami is. Plaaslike produksie kan net sowat 50 persent van die binnelandse verbruik kan ondersteun. Verlede jaar Augustus het Suid-Afrika meer as 100 gevalle van bel-en-klouseer aangemeld. In dieselfde maand het Namibië die opskorting van vee-invoere en ander verwante vleisprodukte uit Suid-Afrika en Botswana aangekondig. Kosmos 94.1 Nuus het met Desmond Cloete, hoof van bemarking by die Vleisraad van Namibië, gesels.
Saftu het Nersa se goedkeuring van 'n 18,65 persent tariefverhoging vir Eskom verwerp, aangesien dit die begrotings van arm sowel as werkende mense sal verwoes. Saftu se woordvoerder, Trevor Shaku, sê Eskom se strategie is steeds gemik op opwekkings-privatisering sonder werklike ontkoling. Hy voeg by omdat Eskom so swak bestuur en gereguleer word, sal dit 'n mislukking wees om aan die kragreus meer geld te gee sonder volle transformasie.
Inwoners van Tsumeb wag nou al byna ‘n maand vir die uitslae van die Noorde-dorp se watertoetse. Dit volg ná Dundee Precious Metals op 15 Desember ’n waarskuwing uitgereik het dat die dorp se water ongeskik is vir menslike gebruik weens ‘n hoë inhoud van mikrobiologiese spore. Stella Imalwa-Nangolo, skakelbeampte van die munisipaliteit, moedig steeds inwoners aan om hul water te kook totdat die toetsuitslae beskikbaar is.
Namibiërs is geskok oor die selfmoord van ‘n sewejarige seuntjie by Omaruru. Hy het homself na bewering in 'n houtskuur naby sy gesin se huis opgehang. Inspekteur Ileni Shapumba, bevelvoerder van Erongo-gemeenskapsake, sê die seun, sy ouers en jonger twee broers en susters het hul daaglikse inspeksie by hul bokkraal gaan doen. Hulle het ontdek dat 'n bok gesteel is. Die ouers het die verdagtes se spore gevolg en die kinders beveel om agter te bly. Shapumba sê met die ouers se terugkeer het hulle die sewe-jarige seun se liggaam gevind het wat in die skuur gehang het. Kosmos 94.1 Nuus het aan pastoor Rias Oberholzer van New Life Centre gevra waarom pleeg kinders selfmoord.
Rugby: Die Springbok-flank en gewese kaptein van die Bulls, Marcell Coetzee, sê hy is opgewonde om die Kobe Steelers môre teen Suntory Sungoliath aan te voer. Hy is oorweldig om as kaptein van die span in Japan aangewys te word. Hy het 'n kontrak van ses maande by die Steelers, waarna hy beplan om na Loftus Versfeld terug te keer. Dit is die 31-jarige speler se tweede skof in Japan nadat hy in 2015 en 2016 vir Honda Heat uitgedraf het.
'n Konstabel het die eerste vrou in die geskiedenis van die organisasie geword om die Suid-Afrikaanse Polisiediens se Spesiale Taakmag Keuringsopleidingsprogram te voltooi. Die lid, met elf jaar se diens, word beskou as die enigste vroulike polisiebeampte wat die opleidingsprogram suksesvol voltooi het sonder enige wysigings aan die opleiding om by vroue aan te pas. 'n Polisiewoordvoerder, Athlenda Mathe, sê die 31-jarige beampte se identiteit kan om veiligheidsredes nie bekend gemaak word nie.
Met die reënseisoen kom ook uitdagings soos vloede in die Noorde, asook ‘n toename in muskiete. Dit lei weer tot gevalle van malaria, veral in malaria-geteisterde gebiede. Die land gebruik steeds DDT teen malaria wat uiters giftig is. Die voormalige minister van gesondheid en 'n malaria-aktivis, dr. Richard Kamwi sê aan Kosmos 94.1 Nuus daar is goeie nuus, aangesien Namibiërs nou meer opgevoed is oor die kwessies van malaria.
Die Wes-Kaapse premier, Alan Winde het sy teleurstelling uitgespreek oor die besluit van die Nasionale Energiere-guleerder van Suid-Afrika om aan Eskom ʼn tariefverhoging van 18,65 persent toe te staan. Volgens Winde is dit nog ʼn harde slag vir burgers wat reeds onder druk is en nie alternatiewe reëlings kan tref nie en op hierdie noodsaaklike diens staat maak. Die premier onderneem om te verseker die provinsie word onafhanklik van Eskom en om energie-onafhanklik te wees.
Die meeste Namibiërs is terug by die werk, ander sukkel weer om werk te kry, en kinders is terug by die skool. Sommige kinders het nie plek vir skool gekry nie en wag geduldig. Verslae het gemeld dat vir 'n land om te funksioneer, dit 'n gesins-eenheid nodig het wat ook funksioneer, synde dat die gesin toegang het tot skool, behuising, kos en werk. In hierdie geval wonder mens eintlik of Namibië wel in 'n funksionerende land is. Kosmos 94.1 Nuus het met die Namibiese ombudsman, advokaat Basilius Dyakugha, gepraat oor hoe 'n funksionerende gesins-eenheid die lewensomstandighede van 'n kind wat skool toe gaan in hierdie ekonomie en omgewing sal beïnvloed.
‘n Namibiese ekonoom het sy reaksie gegee op verbruikers-inflasie wat in Amerika in Desember tot die laagste vlak in langer as 'n jaar gedaal het. Amerikaanse huishoudings sukkel reeds vir 'n jaar met die hoogste inflasie in dekades en die Federale Reserweraad het sy maatstaf-uitleenkoers verhoog teen 'n pas wat sedert die 1980's ongehoord was, in die hoop om die wêreld se grootste ekonomie te versag. Die afwaartse neiging is die sesde opeenvolgende maand van versagting, en skep die hoop dat 'n mate van verligting tog gebring sal word. Die verbruikersprysindeks het verlede maand met 6,5 persent gestyg teenoor 'n jaar gelede, die minste sedert Oktober 2021. Arney Tjaronda, aandele-navorser van High Economic Intelligence sê aan Kosmos 94.1 Nuus hoe dit Namibië raak.
Eskom verwelkom die besluit wat die Nasionale Energie-reguleerder, Nersa, van Suid-Afrika geneem het rakende die 2024/2025-boekjaar se inkomste-bepalings. Eskom se algemene bestuurder vir regulering, Hasha Tlhotlhalemaje, sê die krag-voorsiener erken die druk wat op verbruikers geplaas sal word. Sy sê sodra Nersa 'n besluit oor die herstrukturering van tariewe neem, sal dit verseker Eskom kan die tarief-aanpassings vanaf 1 April op sy kliënte toepas.
Die derde SA20 wedstryd is Donderdagaand in Gqeberha gespeel en die Pretoria Capitals het die Oos-Kaap Sunrisers met 23 lopies geklop. Philip Salt se on oorwonne 77 het die Capitals na 193 vir ses geneem, terwyl die tuisspan op 170 vir vyf vasgeval het. Die kaptein van Pretoria Capitals, Wayne Parnell, sê dit is 'n goeie begin vir die toernooi.
Die Craft Bistro by die Windhoek Craft Centre is beveel om sy geskorste werkers ten volle te betaal. Volgens die Namibiese arbeidsministerie is daar bevind dat die bestuur verkeerd opgetree het. Die geskorste werkers sal ook hul werk hervat. Die mede-eienaar van die restaurant, die Switserse burger Petra Illings is Woensdag deur immigrasiebeamptes ondervra. Margreth Kalo, skakelbeampte van die ministerie van binnelandse sake, sê Illings word deur die ministerie ondersoek. Intussen het Harold Akwenye, woordvoerder van Stad Windhoek, bevestig dat die Craft Bistro met 'n vervalde gesondheidsfiksheidsertifikaat sake gedoen het. Die restaurant staar 'n boete van 2 000 Namibiese dollar in die gesig. Akwenye het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Die polisiekommissaris in Mpumalanga, Daphney Manamela , het ’n beroep gedoen op inwoners van Emalahleni en die omliggende gebiede, om hulle van geweld te weerhou. Haar oproep volg nadat vier vragmotors en twee bakkies vroeër die week na bewering deur gemeenskapslede aan die buitewyke van Vosman in Emalahleni aan die brand gesteek is. Talle ander voertuie is met klippe bestook terwyl mense amok gemaak het oor die gebrek aan elektrisiteit in gebiede soos Emsagweni. Die polisiewoordvoerder, Donald Mdhluli, sê hulle bly op hoë ‘n gereedheidsgrondslag in die gebied.
Die vermiste vrou van Rehoboth is opgespoor. Die vrou en haar baba was sedert Maandag vermis.Die een-jarige babameisie se liggaam is by Bethanie in die Karas-streek gevind. Volgens Namibian Marshal Ranger Sean Naude het die ma glo ‘n mislukte poging aangewend om haar eie lewe te neem en 'n soektog is van stapel gestuur om haar te vind. Naude sê aan Kosmos 94.1 Nuus die vrou sal in 'n hospitaal opgeneem word.
Die Stad Kaapstad sê hy gaan nie wetteloosheid of wraakaanvalle as gevolg van die toepassing van die stad se verordeninge en vervoerregulasies verdra nie. Dit volg nadat 'n MyCiTi-bus tydens 'n taxiverwante betoging naby die verkeersirkel in Imizamo Yethu uitgebrand is. Die stad se burgemeesterskomiteelid vir Stedelike Mobiliteit, Rob Quintas, sê beamptes van die metropolisiediens, verkeersdienste en vervoertoepassingseenheid is ontplooi om gebiede by Houtbaai en Imizamo Yethu te patrolleer.
Die Organisasie teen Belastingmisbruik sê die energiereguleerder Nersa se besluit om 'n tariefverhoging van 18,65 persent toe te staan, kom teen 'n agtergrond van maande lange erge beurtkrag, ekonomiese stilstand en hoë werkloosheid. Verbruikers wat elektrisiteit regstreeks by Eskom koop, sal van 1 April af meer betaal en dié wat by munisipale verspreiders koop van 1 Julie af. Liz McDaid van Outa sê verbruikers kan op geen manier skerp stygende elektrisiteitspryse en toenemende beurtkrag vryspring nie.
‘n Maatskaplike aktivis sê die Namibiese polisie is geneig om eerder vroulike slagoffers van geslagsgweld te blameer, as om hulle te help. Dit volg nadat Nampol daarvan beskuldig is dat hulle nie betyds die ma van die vyf-jarige vermoorde Wilfred Eiseb van Walvisbaai gehelp het nie. Die 33-jarige Memory Eises sê die polisie het versuim om hulle te beskerm nadat sy telkemale by die Kuisebmond-polisiekantoor was. Nampol in die Erongo-streek ondersoek nou die beweringe. Esme Mudge, redakteur van Sister Namibia, gee haar mening oor hoe die Nampol op vroue se klagte reageer.
President Cyril Ramaphosa ondersoek dringende maatreëls om die uitwerking van beurtkrag te bekamp, aldus die presidensie se woordvoerder, Vincent Magwenya. Dit volg nadat Eskom Woensdag aangekondig het fase 6-beurtkrag geld onbepaald weens 'n ernstige gebrek aan opwekkingskapasiteit. Boonop styg Eskom-tariewe met 18,65 persent in April. Magwenya sê Ramaphosa hou dringende vergaderings oor die huidige energiekrisis.
Gautengse premier Panyaza Lesufi sê sommige van die slagoffers van die tenkwa-ontploffing in Boksburg oorweeg of het reeds 'n groepsgeding begin. Die sterftesyfer het intussen tot 40 gestyg nadat die gas-tenkwa wat van KwaZulu-Natal na Botswana op pad was, op Oukersdag ontplof het toe dit onder 'n brug vasgesit het. Lesufi sê dit is die families se reg om enige roete binne die regstelsel te volg.
Die soektog na ‘n vermiste ma en haar baba van Rehoboth het in ‘n tragedie geëindig. Hulle is sedert Maandag vermis. Die eenjarige babameisie is dood gevind en die ma word nog steeds vermis. Volgens Namibian Marshal Ranger Sean Naude het die ma glo ‘n mislukte poging aangewend om haarself te hang. Die soektog na die vermiste ma duur voort. Naude het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Boks: Die gewese swaargewig-kampioen van die Wêreld-boksvereniging, Gerrie Coetzee, se dogter het hom as 'n gesinsman beskryf. Suid-Afrika se eerste swaargewig-kampioen het gister sy stryd teen kanker verloor. Lana Coetzee sê haar pa het altyd oor sy boksgevegte gepraat en alles onthou. Coetzee wat ook as die Boksburg Bomber bekend gestaan het, het in 1983 die WBA se wêreld-swaargewigkampioen geword toe hy die Amerikaner Michael Dokes, in die tiende ronde van die titelgeveg uitgeslaan het. 'n Biografiese rolprent oor Coetzee se lewe word vanjaar voltooi. Suid-Afrikaanse sportjoernalis Brendan Nel bring hulde aan sy held.
Die GOOD-party sê Eskom se haglike toestand en sy ellendige finansies word steeds die probleem van reeds sukkelende Suid-Afrikaners gemaak. Dit volg nadat die energie-reguleerder, Nersa, 'n tariefverhoging van 18,65 persent aan Eskom toegestaan het vir die 2023/2024-boekjaar. Die GOOD-party se sekretaris-generaal, Brett Herron, sê die werklikheid is dat Eskom in 'n finansiële krisis is terwyl hy ook sukkel om die ligte aan te hou.
Die DA sê die energiere-guleerder, Nersa, se besluit om elektrisiteitstariewe met 18,65 persent te verhoog, is om verbruikers openlik te besteel. Die partyleier John Steenhuisen het aan President Cyril Rampahosa geskryf en 'n dringende vergadering aangevra oor Eskom en die toenemende kragkrisis. Ghaleb Cachalia van die DA sê in plaas van te erken dat oorbelaste verbruikers tans die dooiegewig van 'n sinkende Eskom-monopolie dra, kies Nersa om homself teen verdere regsgedinge deur Eskom te beskerm.
Die Suid-Afrikaanse ministerie van polisie het ʼn multi-dissiplinêre span saamgestel om indringend ondersoek in te stel na die patroon van dreigemente teen die lewens van personeellede van die Universiteit van Fort Hare in die Oos-Kaap. Die polisie verskerp hulle reaksie ná die onlangse gewelddadige en noodlottige aanvalle wat op en naby die universiteit plaasgevind het. Daar word beweer die visekanselier, Sakhele Buhlungu was eintlik die teiken toe sy lyfwag verlede week vermoor is. Die minister van polisie, Bheki Cele sê die hoëvlak-ingryping is noodsaaklik en moet resultate lewer.
Die Namibiese geestelike gemeenskap gaan ‘n byeenkoms aanbied om vir Namibië en Afrika te bid. Speak Jesus vind op 25 Maart by die Dr. Hage Geingob-rugbystadion in die hoofstad plaasvind met die bekende evangelis Angus Buchan as die hoofspreker. Die geleentheid sal gratis wees en dit sal byna alle maatskaplike kwessies dek waarmee Namibiërs te kampe het. Die organiseerder Romie van Wyk sê aan Kosmos 94.1 Nuus hierdie geleentheid is vir alle Namibiërs.
Ipinge voeg by die kwessie van onwettige arbeidspraktyke teen Namibiese werkers vind regoor die land plaas.
Polisie-brutaliteit is weer onder die loep in Namibië. Dit volg nadat die NEFF-aktivis Michael Amushelelo ná sy inhegtenisname in die hoofstad 750 000 Namibiese dollar van die Namibiese polisie en sy inspekteur vir skadevergoeding, pyn en lyding eis. Hy eis ook die name van die beamptes wat hom gearresteer en beseer het. Kosmos 94.1 Nuus het aan aktivis Knowledge Ipinge gevra of luitenant-generaal Joseph Shikongo die saak met meriete sal hanteer.
Die voorsitter van Suid-Afrika se nasionale energie-reguleerder, Nersa, Thembani Bukula, sê die enigste manier vir Eskom om beurtkrag te voorkom is eenvoudig om homself reg te ruk. Hy het tydens die reguleerder se spesiale sitting gepraat en gesê Nersa se besluit oor ʼn verhoging in Eskom se tariewe sal geen uitwerking op die kragkrisis hê of die herhaling van landwye kragonderbrekings raak nie.
Volgens die DA is altesaam 889 privaat en meer as 8 000 polisie-vuurwapens sedert 2011/2012 gesteel terwyl dit onder beheer van die Suid-Afrikaanse Polisiediens was. Slegs vyf mense is suksesvol skuldig bevind aan hierdie misdade. Volgens die party-lid, George Michalakis, kon slegs 5 385 vuurwapens teruggevind word. Michalakis het 'n beroep op President Cyril Ramaphosa gedoen om 'n strategiese hersiening van die polisie uit te voer en te verseker dat dit geskik is om misdade te voorkom en alle burgers te beskerm.
Suid-Afrika se nasionale energie-reguleerder, Nersa, sê dis onregverdig dat verbruikers Eskom se skuld moet betaal. Nersa se woordvoerder, Nhlanhla Gumede, het die stelling gemaak na die aankondiging dat 'n tariefverhoging van 18,65 persent aan die kragverskaffer toegestaan is. Op vrae waarom die reguleerder die voorgestelde 32 persent geweier het, het hy gesê Eskom moet sy eie manier vind om koste in die organisasie te bestuur.
Op 24 Februarie 2022 het Rusland die Oekraïne binnegeval en geëskaleer tot die Russies-Oekraïnse oorlog. Die inval het Europa se grootste vlugtelingkrisis sedert die Tweede Wêreldoorlog veroorsaak en tienduisende sterftes aan beide kante tot gevolg gehad. Dr. Riaan Eksteen, Suid-Afrika se eerste ambassadeur in ‘n onafhanklike Namibië, sê uit Swakopmund aan Kosmos 94.1 Nuus, waarom 'n diplomatieke oplossing vir die Russies-Oekraïnse konflik nie gevind kan word nie.
'n Jong vrou in die Omusati-streek in noordeelike Namibië inspireer jong vroue om boere te word. Aina The Farmer, soos sy bekend staan, is 'n kleinskaalse boer by die Etunda-esproeiingsplaas. Aina het sowat twee jaar gelede met boerdery begin en sy sê die sleutel tot sukses is goeie verkope en herbelegging in die plaas. Sy boer onder meer met tamaties, wortels, waatlemoene, mielies. Aina is vasbeslote om by te dra tot voedselsekerheid in die land...
Mej. Supranational 2021 Chanique Rabe is tydens 'n gewapende rooftog in Pretoria in Suid-Afrika van haar verloofring en ander items soos haar handsak beroof. Die Namibiese skoonheidskoninging wat in November verloof geraak het en haar aanstaande skoonma is gelukkig nie tydens die voorval beseer nie, maar erg getraumatiseer. Haar ma, Natasha Rabe vertel aan Kosmos 94.1 Nuus wat gebeur het.
Die goewerneur van die Kavango-Wes-streek, Bonifatius Wakudumo, het ontvangs van die petisie van afgedankte werknemers van Rundu Cash and Carry erken. Die werkers het vandag nog 'n betoging gehou teen hul beweerde onbillike afdankings en onwettige salarisaftrekkings. Die werknemers se afdanking spruit uit 'n vroeëre protes-optog teen onbillike behandeling en lae salarisse. Die maatskappy het hulle afgedank en nuwe werknemers aangestel. Wakudumo sê aan Kosmos 94.1 Nuus wat die werkers se eise in die klagskrif is.
Motorsport: Sébastian Loeb sit sy goeie vorm voort by die Dakar-tydren deur die 11de trajek in te palm. Dit is die vierde agtereenvolgende trajek-oorwinning vir die Fransman, maar hy is steeds ver agter Nasser Al Attiyah en nege minute agter Brasiliaan Lucas Moraes in ‘n Suid-Afrikaans geboude Toyota Hilux wat tweede is. Die Dakar eindig Sondag en Loeb gaan steeds voet in die hoek hou.
Met die beurkrag-krisis en stygende kragtariewe in Suid-Afrika, is daar toenemende rede tot kommer vir Namibiese nywerhede en huishoudings om die ligte gedurende 2023 en daarna aan te hou. Terwyl Namibiërs egter wag op die volle voordele van hernubare energie-opsies, soos groenwaterstof, wind- en sonkrag, bly die Kudugas-kragprojek 'n lewensvatbare oplossing op die tafel. Die verwagting is dat die projek middel 2024 amptelik goedgekeur sal word, waarna finale beleggingsbesluite geneem sou word. Konstruksie sal volg en kommersiële bedrywighede teen 2026 bereik, sê Klaus Andersson hoofbestuurder van die Kudugas-projek aan Kosmos 94.1 Nuus.
Oorbevolking in Suid-Afrikaanse tronke is besig om kommerwekkende vlakke te bereik met data wat toon dat oorbevolking in die land korrektiewe fasiliteite die 40 persent-merk bereik het. Die departement van korrektiewe dienste sê teen 31 Oktober 2022 was daar 'n totaal van 151 755 gevangenes in aanhouding regoor die land. Oos-Kaapse tronke is tans 69,8 persent oorbevolk, terwyl Gautengse korrektiewe fasiliteite 55,8 persent oorbevolk is. Fritz Platt, Kosmos 94.1 Nuus se korrespondent in Kaapstad...
Die NEFF-aktivis Michael Amushelelo het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat hy deur sy Windhoekse regsfirma Kadhila Amoomo Legal Practitioners die Namibiese polisie vir 750 000 Namibiese dollar vir onwettige arrestasie en pyn en lyding gedagvaar het. Amushelelo is Woensdag tydens hoogdrama by die Craft Bistro in Windhoek in hegtenis geneem nadat hy die geskorste, stakende restaurant-werkers bygestaan het. Hy is weer vrygelaat, maar hy sê daar is genoeg bewyse hoe hardhandig Nampol-beamptes opgetree het. Amushelelo praat met Kosmos 94.1 Nuus oor hul eise.
Die Namibiese Konstruksiewerkers Pensioenfonds moedig persoonlike finansiële beplanning vir werkers in die boubedryf aan. Die begin van die nuwe jaar is 'n ideale tyd vir nadenke oor werkers se finansiële welstand. Dit is ook ’n goeie tyd om te hersien hoe konstruksiewerkers hul swaarverdiende inkomste bestuur. Enwich Kazondu, hoofbeampte van die pensioenfonds, sê aan Kosmos 94.1 Nuus die fonds sal die huidige en potensiële lede deur die jaar ondersteun om hul finansiële beplanning te bevorder.
Die polisiekommissaris in Mpumalanga, Daphney Manamela, het alle polisielede wat by transitorooftog-operasies betrokke is, geprys oor hul toewyding tot die bekamping van misdaad. Dit volg nadat twee verdagtes wat na bewering betrokke was by voorvalle van OTM-bomaanvalle of transito-rooftogte, in hegtenis geneem is vir die besit van wapens en plofstof in onderskeidelik Mzinti en Masibekela. 'n Polisiewoordvoerder, Donald Mdhluli, sê daar was voorvalle waarin verdagtes verskeie sakepersele aangeval het, meestal vulstasies, waar plofstof gebruik is om toegang tot kontant in inloop-kluise en kitsbanke te kry.
Die Namibiese Korrektiewe Dienste, die VN se Wêreldvoedsel-program, Impact for Africa en Lithon Project Consultants het vandag 'n voedselproduksie-projek by Mariental in die Hardap-streek van stapel gestuur. Hierdie baanbreker-projek op korrektiewe dienste se grond sal pogings ondersteun om voedselproduksie te bevorder, landbou-waardekettings te ontwikkel en sosio-ekonomiese uitkomste te verbeter. Die projek sal hoëwaarde-gewasse vir plaaslike en internasionale markte produseer. Die projek sal na verwagting oor 100 hektaar strek. Raphael Hamunyela, kommissaris-generaal van die Korrektiewe Dienste, sê hierdie projek sal die uitdaging van onvoldoende voedsel vir beide mense en diere aanspreek.
Rugby: Die Suid-Afrikaanse spanne is hierdie naweek in die Europese kompetisies in aksie. In die Uitdaagbeker is die Llanelli Scarlets môreaand die gasheer vir die Cheetahs en Saterdag speel die Leeus in Parys teen Stade Francais. In die Kampioenebeker speel die Haaie Saterdag tuis teen Bordeaux en die Bulle verwelkom die Exeter Chiefs in Pretoria. Sondag speel die Stormers teen die London Irish. Willem Strauss, president van die Bulle, sê daar is baie op die spel.
Die Stad Tshwane moedig betrokke owerhede aan om te verseker dat opvoeders bemagtig word met opleiding in basiese lewens-ondersteuning en noodhulp. Vaardighede in basiese lewens-ondersteuning is aller noodsaaklik om lewens te red, veral in die geval van ‘n hartstilstand met die voorsiening van kardio-pulmonêre resussitasie van ʼn hoë gehalte. Die woordvoerder van die stad, Sipho Stuurman, sê saam met hulp tydens voorvalle van hartstilstand, kan basiese lewens-ondersteunende opleiding ook lewens red in gevalle van verstikking en verdrinking.
Die DA-leier, John Steenhuisen, het aan President Cyril Ramaphosa geskryf om 'n dringende vergadering aan te vra oor Eskom en die groeiende kragkrisis, waarin Suid-Afrika tans op fase 6 is tot verdere kennisgewing. Steenhuisen sê beide die DA en talle energiekenners het oplossings voorgestel soos die ontbondeling van Eskom in afsonderlike transmissie-, verspreiding- en opwekkings-entiteite en om die mark oop te stel vir privaat kragvervaardigers om krag op te wek.
ActionSA sê die veelparty-koalisie in Tshwane wil hê almal wat verantwoordelik was vir die negatiewe verslag van die ouditeur-generaal moet aanspreeklik gehou word. Die oudit het die stad aangespreek oor verkwiste uitgawes en droewige finansies. Die nasionale voorsitter van ActionSA, Michael Beaumont, sê hulle is besorg oor die verslag en daar moet gevolge wees. Hy sê munisipale amptenare en politieke leiers moet aanspreeklik gehou word. Beaumont sê hulle neem die verslag op hersiening.
Die Rundu-dorpsraad sukkel steeds met waterdruk-probleme omdat die aanbod nie aan die vraag voldoen nie en die dorp groei. In 2022 het die Rundu-dorpsraad nuwe water-aansluitings in alle gebiede van die dorp wat nie opgemeet is nie, tydelik opgeskort tot verdere kennisgewing. Dit is om watertoevoer na verskeie woongebiede met lae waterdruk te verbeter. ‘n Vooraf-betaalstelsel is ook deur NamWater geïnstalleer. Kosmos 94.1 Nuus het met Olavi Nathanael, hoof-uitvoerende beampte gepraat oor die jongste rakende die water-kwessie van die dorp.
Die EFF in Gauteng doen 'n beroep op die provinsiale departement van onderwys om meer klasse by Laerskool Danie Malan in Pretoria te skep vir Engelse leerders. Die party sê dit moet gedoen word, al beteken dit daar is minder Afrikaanse klaskamers. Volgens ʼn woordvoerder van die EFF Dumisani Baleni moet die toewysing van klaskamers die demografie van die samelewing weerspieël en ooreenstem met die transformasie-agenda van die land.
Met onder-gemiddelde reënval in sommige gebiede in die Namibië, is talle boere is bekommerd, veral in die Noordweste wat jare deur droogte geteister is. Sommige boere is bekommerd oor voldoende weiding en water vir hul vee en ander vir hul oeste. UDF-parlementslid en boer in die Kunene-streek, Dudu Murorua sê die Noordweste het nog net stofnatreën gekry.
Die Namibiese landbouminister Calle Schlettwein het sy kommer uitgespreek oor talle moniteringstasies vir vloedwater gevandaliseer of toerusting gesteel is. Die landbouministerie het 'n gesofistikeerde vloedmoniteringstelsel in alle standhoudende riviere, insluitend dié wat die efundja bring. Schlettwein sê as gevolg van die vandalisme en diefstal is die vroeë waarskuwingstelsel wat broodnodig is vir die voorkoming van vloedskade, nou totaal gedeaktiveer. Die minister sê sulke misdaad mag nie geduld word nie, aangesien dit die gemeenskappe wat die risiko van vloedskade dra, direk benadeel. Die woordvoerder van die landbouministerie, Jona Musheko het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Die EFF in Gauteng sê hy is woedend oor die voortgesette rassisme en stelselmatige uitsluiting van swart kinders van onderwys by die Laerskool Danie Malan in Pretoria. Dit het gelei tot konfrontasie by die hekke met ontstelde swart ouers. 'n Groot getal kinders wie se ouers al vroeg aansoeke ingedien het, het nog geen terugvoer oor toelating gekry nie. 'n Lid van die EFF, Dumisani Baleni, sê die skooljaar het begin en swart ouers en kinders is steeds in die duister.
'n MyCiTi-bus is in Imizamo Yethu in Kaapstad aan die brand gesteek tydens 'n taxi-verwante betoging in die gebied. Die betogers het die Houtbaai Gateway-sirkel versper en die MyCiTi-bus met klippe bestook. Dieselfde bus het later aan die brand geslaan nadat die stad 'n waarskuwing ontvang het oor moontlike brandstigting. Die Stad Kaapstad se burgemeesters-komiteelid vir stedelike mobiliteit, Rob Quintas, sê 'n verdagte is in hegtenis geneem en die stad het 'n saak van poging tot moord, brandstigting en kwaadwillige saakbeskadiging aanhangig gemaak.
In Desember 2022 het die jaarlikse inflasiekoers met 6,9 persent gestyg vergeleke met 4,5 persent wat in Desember 2021 aangeteken is, volgens die Namibiese Statistieke-agentskap se Verbruikersprys-indeks. Die vernaamste bydraers tot die jaarlikse inflasiekoers was vervoer, en kos en nie-alkoholiese drankies met 2,2 persent, alkoholiese drank en tabak met 0,6 persent en behuising, water, elektrisiteit, gas en ander brandstowwe met 0,2 persent. Salomo Hei, ekonoom en besturende direkteur van High Economic Intelligence, sê aan Kosmos 94.1 Nuus daar is hoop in vrband met die inflasiekoers.
’n Duitse valskermswewer wat Dinsdagmiddag ernstige kop-beserings opgedoen het toe hy teen Leeukop in Kaapstad vasgevlieg het, het gesterf. Die 47-jarige man het aan sy beserings beswyk. Volgens die polisie doen die Woodstock-polisiekantoor ’n geregtelike doodsondersoek na die voorval. Die Duitser het vanaf Leeukop se boonste wegspringplek, wat 450 meter bo seevlak is, met sy sweefvalskerm gesweef. Leeukop word nie baie vir valskermsweef gebruik nie omdat dit ’n komplekse terrein. Woordvoerder van die polisie, FC van Wyk...
Die Wes-Kaapse LUR vir polisie-oorsig en gemeenskapsveiligheid, Reagen Allen, sê die Wes-Kaapse drank-owerheid moet geloof word nadat alle gelisensieerde persele waar drank verkoop mag word die afgelope jaar nagegaan is. Dis die eerste keer wat die owerheid dit kon regkry. In sommige gevalle is gelisensieerde verkooppunte meer as een keer besoek. Allen sê meer as 13 000 inspeksies is tussen Desember 2021 en Desember 2022 uitgevoer by die 9 098 persele wat teen April 2022 lisensies ontvang het.
Passasierskepe wat by Namibiese hawens aandoen gee ‘n groot hupstoot vir die toerismesektor en ekonomiese inspuiting vir besighede in kusdorpe. Lüderitz is verheug oor die toeriste van passasierskepe wat hul dorp besoek. Twee passasierskepe het tegelyk het in Shearwaterbaai geanker omdat die hawe van Lüderitz te klein vir sulke groot skepe is. Die passasiers is met kleiner bote aan land gebring. Die MSC Sinfonia was op pad na Kaapstad, terwyl die Noorse passasierskip Jade vandag by Walvisbaai gaan aandoen. Jade het ’n kapasiteit van 2 402 passasiers en met die bemanning kan dit 3 590 mense huisves. Die MSC Sinfonia kan 2 199 mense huisves. Die uitvoerende hoof van kommersiële dienste van die Namibiese Hawens-owerheid, Elias Mwenyo, sê aan Kosmos 94.1 Nuus oor die afgelope drie maande het baie toeriste van passasierskepe kusdorpe besoek.
Krieket: Die begin van die SA20 was opwindend met baie toeskouers wat die eerste twee wedstryde bygewoon het. Die Joburg Super Kings het Woensdagaand in Durban hul veldtog met 'n oorwinning van 16 lopies oor die Durban Super Giants op Kingsmead begin. Die Super Kings het herstel van 27 vir vier om 190 vir ses aan te teken met Donavon Ferreira wat 'n onoorwonne 82 van 40 balle behaal het. In antwoord hierop was die gashere beperk tot 174 vir vyf. Ferreira sê dit was heerlik om voor so 'n groot skare te speel.
Elektroniese transaksies het verlede maand aansienlik in die buurland toegeneem. Die BankservAfrica-ekonomiese-transaksie-aanwyser het in Desember tot 132,1-punte gestyg. Transaksies het 143 6 miljoen Suid-Afrikaanse rand bereik, wat 'n jaar-tot-jaar toename van 11,4 persent is. Volgens woordvoerder Shergeran Naidoo was dit die eerste positiewe beweging ná 'n agtereenvolgende daling van vyf maande in die aanwyser.
Die Suid-Afrikaanse landbouminister Thoko Didiza het Kumba Iron Ore se aanbod verwelkom om sprinkane in die Noord-Kaap te beheer. Die sprinkaanplaag sal na verwagting voortduur en 'n verwoestende uitwerking op dele van die provinsie hê. Die departement se woordvoerder, Reggie Ngcobo, sê die mynmaatskappy sal help met 'n helikopterdiens om dele van die ystererts-uitvoerdeurgang te spuit, asook grond wat seisoenaal deur sprinkane geteister word. Die bystand sluit die verkryging van plaagdoders in.
Suid-Afrika sal na verwagting maatreëls bekend maak wat getref is om te voorkom hy word op die gryslys geplaas. Die land moet die taakspan vir Tussenregerings- Finansiële Aksie oortuig dat hy sy wette oor geldwassery en die finansiering van terrorisme verbeter het. Verskeie wetgewende maatreëls is die afgelope maande ingestel om die aangeleentheid reg te stel. Die ekonoom Azar Jammine sê as die land op die gryslys geplaas word, sal dit plaaslike maatskappye se sake met internasionale vennote duurder maak en die land se reputasie skaad.
Die Stad Kaapstad sê die ambisie wat hom motiveer, is om te wys dis moontlik om 'n bekwame regering in Suid-Afrika te hê en dat Kaapstad as 'n stad van hoop gesien sal word. Die stad het hierdie woorde tot aksie gebring met die instelling van die Insluitende Ekonomiese Groeistrategie. Die stad se burgemeesters-komiteelid vir ekonomiese groei, James Vos, sê dis om voort te bou op die suksesse van die stad se ekonomiese groeibeleid aangaande beleggings, die ontwikkeling van kleinsakeondernemings en inisiatiewe om die arbeidsmag uit te brei.
Die Rehoboth-dorpsraad het sy eerste projek, die langverwagte teerpad-opgradering van die Luketz Swartbooi-pad, afgeskop. Die plaaslike maatskappy, Sebke Civil Contractor, is onder toesig en bestuur van Helios Engineering Consultants aangestel. Die raadgewende ingenieurs sal ook die raad bystaan met die uitleg, ontwerp en landskap van ‘m voorgestelde speelpark. Die tweede projek is die aanstelling van en oorhandiging van die perseel aan HosDax Investment, 'n plaaslike entrepreneur, vir die omheining van die binnekort voltooide sport-kompleks in Blok E. Die twee projekte sal volgens Rudolf Muhembo, hoof van tegniese dienste tot 6 Junie duur. Rehoboth se skakelbeampte, Desire Pieters, maan motoriste dat die pad vir verkeer gesluit is.
Skoolplasings is net in Namibië ‘n krisis, daar is uitdagings in die buurland met hul aanlyn registrasiestelsel. Die Suid-Afrikaanse minister van basiese onderwys, Angie Motshekga, sê die aanlyn registrasiestelsel wat Gauteng gebruik om Graad 1 en Graad 8's toe te laat, is beter daarop gerig om leerders in skole te plaas in vergelyking met die vorige stelsel. Sy erken egter oorbevolking in skole is steeds 'n groot bekommernis. Motshekga hou vol die oorbevolking in skole, veral in Gauteng, is nie deur die aanlyn registrasiestelsel veroorsaak nie, maar was reeds voorheen 'n probleem.
Die Suid-Afrikaanse Federasie van Vakbonde, Saftu, het die onlangse sluipmoordpoging op die visekanselier van die Universiteit van Fort Hare, Sakhela Buhlungu, as afgryslik en barbaars beskryf. Buhlungu se lyfwag, Mboneli Vesele, is verlede Vrydag buite die visekanselier se huis in Alice in die Oos-Kaap geskiet. Die woordvoerder van Saftu, Trevor Shaku, sê hy het geen vertroue in die minister van hoër onderwys, Blade Nzimande, om die saak beslissend op te los nie.
Die Jacob Zuma-stigting het President Cyril Ramaphosa daarvan beskuldig dat hy spesiale, uitsluitende behandeling ontvang. 'n Volbank regters in die Gautengse hooggeregshof in Johannesburg sal vandag Ramaphosa se aansoek aanhoor om 'n interdik te kry teen oudpresident Jacob Zuma se saak teen hom. Zuma beskuldig Ramaphosa van medepligtigheid in sy saak teen staatsaanklaer Billy Downer en die joernalis, Karyn Maughan. Die stigting se woordvoerder, Mzwanele Manyi, sê Ramaphosa se interdik-aansoek is vol foute en onreëlmatig.
Die DA in die Vrystaat het kennis geneem van die media-inligtingsessie onder leiding van die sekretaris-generaal van die ANC, Fikile Mbalula, oor die verwydering van die burgemeester van die Mangaung-metro, Mxolisi Siyonzana. Mbalula het bygevoeg dat die ANC nie met opposisiepartye hoef saam te werk nie. Volgens ʼn woordvoerder van die DA, Johan Pretorius is die stelling strydig met die werklikheid dat die ANC na die verkiesing in 2021 nie ʼn volstrekte meerderheid het nie en dat hy opposisiepartye nodig het om 'n begroting en verwante beleid te aanvaar.
Alhoewel Windhoek onder die 20 duurste stede in Afrika gereken word, blyk dit dat dit eintlik goedkoper geword het in vergelyking met ander stede op die vasteland. Die Numbeo-lewenskoste-indeks het vanjaar Namibië se hoofstad as die 13de duurste stad om te woon in Afrika gelys, terwyl die 2021-indeks dit in die 10de plek geplaas het. In 2020 was Windhoek die vierde duurste stad op die vasteland. Verlede jaar was die hoofstad nie op die indeks gerangskik nie. Die 10 duurste stede om in Afrika te woon, is Senegal se Dakar, Ethiopië se Addis Abeba, Ivoorkus se Abidjan, Zimbabwe se Harare en Suid-Afrika se Johannesburg, gevolg deur Lagos in Nigerië, Pretoria in Suid-Afrika, Gaborone in Botswana, Kaapstad in Suid-Afrika en Khartoem in Soedan. Cirrus-ekonoom Robert McGregor gee die redes waarom Windhoek duur is.
Hoewel daar nie genoeg reënval in die noordelike dele van die land was nie, bly die watersituasie normaal ná die voltooiing van die Omahenene-Olushandja-waterkanaal in Desember verlede jaar. Die 150 kilometer lange kanaal verskaf water vanaf die Cunene-rivier by die Caluequedam in suidelike Angola na die Olushandja-dam en die Oshakati-watersuiweringsaanleg. Die kanaal verskaf water aan Namibië se noordelike streke. Die Olushandja-dam is 14,1 persent vol. Dié kanaal is nie net gebou om drinkbare water aan die Noorde-inwoners te verskaf nie, maar ook om voorsiening te maak vir besproeiings-landbouproduksie en vee. Abraham Nehemia, uitvoerende hoof van NamWater, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Die Suid-Afrikaanse departement van hoër onderwys en opleiding sê 'n nasionale taakmag gaan aangestel word om op veiligheid en sekuriteit by hoëronderwys-instellings te fokus. Minister Blade Nzimande het die Universiteit van Fort Hare in die Oos-Kaap besoek ná 'n reeks sluipmoorde en dreigemente teen personeel en die visekanselier, Sakhele Buhlungu. Nzimande sê veiligheid by instellings van hoër onderwys is een van die departement se prioriteite
Die DA in die Wes-Kaap verwelkom die beslissing van die hooggeregshof teen die minister van vervoer, Fikile Mbalula se aansoek om verlof om te appelleer teen die besluit oor die veiligheid van die langafstand busdiens, Intercape. Mbalula is opdrag gegee om die veiligheid van passasiers en bestuurders te verseker. Die bedryf het meer as 150 gevalle van afpersing, intimidasie en geweld beleef, na bewering deur elemente in die taxi-bedryf. ʼn Woordvoerder van die DA, Ricardo Mackenzie sê die minister se appèl bewys die minister het geen belang daarby om die krisis op te los nie.
Veediefstal bly 'n toenemende uitdaging in Namibië. Soos wetstoepassings-agentskappe en boere-gemeenskappe steeds die stryd teen veediewe stry, lyk dit nie of die situasie makliker word nie. Christiaan Swartbooi, die boerevereniging se verteenwoordiger in die suide van Namibië wat ook op die veediefstal-komitee dien, doen ‘n beroep op die gemeenskap om te help om veediewe vas te trek. Kosmos 94.1 Nuus het met Swartbooi gepraat.
Nasser Al-Attiyah en sy navigator, Mathieu Baumel was vierde en behou hulle algehele eerste posisie met meer as ’n een uur en 21 minute. Henk Lategan en sy navigator, Brett Cummings was negende en lê nou algeheel vierde na Sebastian Loeb. Henk sê daar was baie plekke waar ’n mens lelike foute kon maak.
Motorsport: Deelnemers aan die Dakar-tydren sê die kort tiende sneltrajek in die duine van Saoedi-Arabië is glad nie ’n maklike terrein vir die veldrenjaers nie. Giniel de Villiers en sy navigator, Dennis Murphy was 22ste vir die dag en vyfde algeheel. Giniel vertel hoe uitdagend die duine was.
Solidariteit verwelkom die bevel van die arbeidshof in Johannesburg dat die Suid-Afrikaanse Polisiediens 300 000 Suid-Afrikaanse rand se skadevergoeding aan kolonel Annemarie Oosthuizen moet betaal oor die wyse waarop hulle opgetree het met vals klagtes van rassisme in die werkplek. Dit volg nadat adjudant-offisiere Sedisa Tekoe en Chris Mphana vir Oosthuizen valslik daarvan beskuldig dat sy die k-woord gebruik het. Hulle is oneervol ontslaan. Volgens die adjunk-hoofsekretaris van Solidariteit, Helgard Cronjé, is hulle ook aan strafregtelike aanklagte skuldig bevind en opgeskorte gevangenisstraf opgelê.
Krieket: Die SA20 het ʼn opwindende afskop op ʼn volgepakte Nuweland beleef toe MI Cape Town die Paarl Royals met agt paaltjies geklop het. Die aksie verskuif vanaand na Durban vir die tweede wedstryd met die Durban Super Giants wat gasheer speel vir die Joburg Super Kings. Die voormalige veelsydige speler van die Proteas, Lance Klusener, rig die Durbanse span af.
Erastus sê dit is tyd dat Namibië beleggers nooi met kennis van wat die land kan bied, eerder as die beleggers om die proses van voor af te kom begin.
Die Namibiese ministerie van myne en energie se petroleum-kommissaris Maggy Shino, sal samesprekings lei oor beleggings en geleenthede wat in Namibië se energie-landskap na vore kom by die Invest in African Energy se nuwejaarsonthaal in Londen, Brittanje. Die geleentheid vind op 26 Januarie plaas. Plaaslike ekonoom Gabriel Erastus deel sy mening oor die afvaardiging met Kosmos 94.1 Nuus.
AfriForum eis ‘n onmiddellike, blitsige ondersoek na oënskynlike oorlogsmisdade waarby Suid-Afrikaanse soldate in Mosambiek betrokke was. Dit volg op die verspreiding van ‘n video wat wys hoe liggame op ‘n brandende hoop gegooi word. ‘n Lid van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag word gesien waar hy foto’s neem van die grusame toneel. Jacques Broodryk van AfriForum vra die minister van verdediging en militêre Veterane, Thandi Modise, om onmiddellik die bevelvoerder van die Suid-Afrikaanse magte in Mosambiek te ontbied om die skokkende gebeure te verduidelik.
‘n Groot deel van Suid-Afrika se langste strand, aan die Weskus, kan oor so min as twee dekades heeltemal verdwyn. Volgens navorsers aan die Universiteit van die Witwatersrand, loop Sestienmylstrand in die Weskus Nasionale Park die gevaar om weens erosie en stygende see-vlakke, in die nabye toekoms heeltemal onder die Atlantiese Oseaan te verdwyn. Sestienmylstrand in die omgewing van Yzerfontein is nou gemiddeld sowat 52m nouer as wat dit was toe lugfoto's in 1937 geneem is. Fritz Platt, Kosmos 94.1 Nuus se korrespondent in Kaapstad.
Swaar reën is in die buurland Angola aangemeld en video's van vloedwater doen die ronde op sosiale media. Namibië was in vorige jare aan die ontvangkant van vloedwater uit Angola. Die Namibiese minister van verdediging, Frans Kapofi, sê aan Kosmos 94.1 Nuus die Namibiese weermag sal altyd gereed wees om Namibiërs by te staan wanneer vloede sou ontstaan.
Talle Namibiërs wonder wanneer hulle weer vir Christine Mboma in aksie op die atletiekbaan kan sien. Mboma het op die ouderdom van 18 'n silwermedalje in die 200 meter by die 2020 Olimpiese Spele in Tokio verower, die eerste Namibiese vrou ooit wat 'n Olimpiese Spele-medalje gewen het, en 'n wêreldrekord vir onder 20 en Afrika senior vroue gebreek het. Op die Statebondspele het sy brons in die 200 meter ingepalm. Mboma se afrigter Henk Botha sê aan Kosmos 94.1 Nuus hoe Christine se oefenprogram vir 2023 lyk.
Die Vleisraad van Namibië het die meerderheid van die 2023 Noorweegse beesvleis-uitvoerkwota aan Meatco toegeken. Meatco se kwota is 1 200 ton, terwyl Beefcor 400 ton van die totale 1 600 ton beesvleis-uitvoere gekry het. Dit is deur Goliath Tujendapi, die uitvoerende hoof vir handel en bemarking by die Vleisraad bevestig. Benewens die uitvoer van beesvleis na Noorweë, voer Namibië ook beesvleis uit na Amerika en China, wat Namibië die eerste Afrika-land maak wat dit doen. Namibiese landboukundige, Wallie Roux gee sy mening oor die verdeling van die kwota aan Kosmos 94.1 Nuus.
Die Switserse burger en mede-eienaar van Craft Bistro in Windhoek, Petra Illing, word na bewering deur immigrasiebeamptes aangehou. Drama het vroeër vandag by die Craft Centre in die middestad afgespeel toe NEFF-aktivis Michael Amushelelo in hegtenis geneem is nadat die eienaars van Craft Bistro ‘n klag teen hom aanhangig gemaak het. Immigrasiebeamptes ondervra Illing wat glo met 'n visum werk wat al drie jaar gelede verval het en 'n ongeregistreerde restaurant bestuur. Werkers van Craft Bistro het gestaak omdat hulle glo nie hul salarisse betyds ontvang het nie en Amushelelo het hulle bygestaan. Die werkers is vandag almal geskors. ‘n Werker sê tot siens aan Illing toe sy saam met immigrasiebeamptes vertrek...
Die DA is gewalg oor ʼn video wat op sosiale media opspraak wek van soldate van die sending van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap in Mosambiek wat liggame op ʼn onwaardige wyse hanteer. Dit sluit lede van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag in. ʼn Woordvoerder van die DA, Kobus Marais, sê soldate moet by hul gedragskode en internasionale standaarde en praktyke hou. Hy sê wat in die video vertoon word, is onaanvaarbaar en moet op die sterkste moontlike manier veroordeel word.
Soos elke begin van ‘n nuwe skooljaar is dit ‘n uitdaging vir die Namibiese onderwysministerie en ouers om leerders in skole te plaas. Dit word by verskeie skole regoor die land ervaar. Die uitvoerende direkteur in die onderwysministerie, Sanet Steenkamp, het die versekering gegee dat skoolplasings binne ‘n week uitsorteer sal wees. Dinette de Beer, die waarnemende skoolhoof van Windhoek Hoërskool, sê WHS het meer as 2 000 aansoekers vir die 2023 akademiese jaar in graad agt ontvang, maar kon net 340 leerders akkommodeer.
Die omgewings-regtegroep Green Connection beplan om te appelleer teen die Suid-Afrikaanse departement van minerale en energie se besluit om magtiging vir seismiese opnames in Suid-Afrika te verleen. Die departement het Searcher Seismic se voorgestelde opname-projek aan die Weskus gemagtig. Die groep se strategiese hoof, Liz McDaid, sê daar is onvoldoende aandag geskenk aan die uitwerking wat die opname op die omgewing sal hê.
Onkoshi Camp, een van Namibia Wildlife Resorts se beste en mees unieke Etosha-oorde het 'n multi-miljoen Namibiese dollar-opknapping gekry, wat na verwagting in Februarie voltooi sal wees. NWR doen groot opknappings by sy oorde landwyd, insluitend Onkoshi Camp, wat op die rand van die Etosha-pan geleë is. NWR het 16 miljoen dollar vir opknappings begroot waarvan Onkoshi die grootste deel van 10 miljoen gekry het. Nuwe baadjies word ook vir die oorde van Waterberg, Okaukuejo en Sossus Dune aangetrek. Onkoshi het sy deure in 2008 vir die publiek oopgemaak en is 'n lae-impak, omgewingsvriendelike oord. Kosmos 94.1 Nuus het aan NWR se kommunikasiebestuurder, Nelson Ashipala, gevra waarom die opknappings so duur is. Hy het sy antwoord só verwoord:
Krieket: Dewald Brevis het die kalklig gesteel toe MI Kaapstad die Paarl Royals op ʼn volgepakte Nuweland gemaklik met agt paaltjies verslaan het in die SA20 se openingswedstryd. Paarl is beperk tot 142 vir sewe met Jos Buttler se 51 die hoogste telling, terwyl Jofra Archer drie paaltjies geneem het. Cape Town het die teiken bereik met nog 27 balle oor met die 19-jarige Brevis wat 'n onoorwonne 70 gemoker het. Die tuisspan se paaltjiewagter, Ryan Rickelton, sê dit was ʼn goeie begin.
Altesaam 6 569 liter brandstof wat vanaf Angola gesmokkel is, is tussen Oktober en Desember 2022 deur die Namibiese polisie langs die grens gekonfiskeer. Daar is bewerings dat wetstoepassers Angolese brandstof gebruik waarop beslag gelê is om polisie-voertuie vol te maak. Kosmos 94.1 Nuus het aan die streeksbevelvoerder van die Oshana-streek, kommissaris Naftal Sakaria, gevra wat word van die gekonfiskeerde brandstof. Hy het só geantwoord:
Die Stad Tshwane sê volgehoue werk deur die dwelm-eenheid van die metropolisie het ʼn blywende uitwerking op dwelmverspreidings-netwerke. Dit volg nadat twee Nigeriese burgers in Booysens aangekeer is vir die besit en handel in dwelms ter waarde van 95 000 Suid-Afrikaanse rand. Die woordvoerder van die stad, Sipho Stuurman sê die burgemeester, Randall Williams doen ʼn beroep op alle inwoners om hulle by te staan om dwelm-verwante misdaad hok te slaan deur relevante inligting aan wetstoepassings-agentskappe te rapporteer.
Die Windhoekse Stadspolisie sê dit sal padgebruikers wat deur rooi verkeersligte ry, straf. Om deur rooi verkeersligte te ry is uiters gevaarlik en kan tot ongelukke en sterftes lei. Met behulp van kringtelevisie-kameras sal die Windhoekse Stadspolisie enigiemand wat oortree, kan monitor en toepaslike stappe doen. Stad Windhoek-polisiehoof, Abraham Kanime sê aan Kosmos 94.1 Nuus hulle hou padgebruikers nou met ’n valk-oog dop.
Ondanks die verlaging van brandstofpryse in Namibië, het die smokkel van onwettige brandstof in die Noorde egter skerp toegeneem. Vulstasie-eienaars is gefrustreerd en kwaad oor die gebrek aan beheer by die grens tussen Namibië en Angola. Brandstof-smokkelary vanaf Angola na Namibië is 'n groot kopseer vir vulstasie-eienaars in die Noorde. William Shilamba, bestuurder by die nuwe Okatana-winkelsentrum en -diensstasie op Ondangwa, sê aan Kosmos 94.1 Nuus dat motoriste net hul tenke met genoeg brandstof volmaak om Oshikango te haal om weer hul voertuie op die grens vol te maak.
Atletiek: Die 30ste jaarlikse Marathon Sugar Quinton-Steele Botes-oefenkamp wat tans aan die gang is by Affiespark by die Wanderers-sportklub in die hoofstad, word as uiters suksesvol beskryf. Die oefenkamp wat Maandag begin het en môre eindig, het meer as 280 atlete en 50 afrigters gelok. Uitstekende afrigters van so ver as Nederland en Suid-Afrika help Namibiese atlete, sê organiseerder Leonie van Rensburg aan Kosmos 94.1 Nuus.
Die Werkloosheids-versekeringsfonds in die buurland het die proses hervat wat die verwerking en betaling van werkloosheidsvoordele aan voormalige onderwys- en algemene assistente in KwaZulu-Natal betref. Talle eise in die Amajuba-distriksmunisipaliteit en eThekwini is reeds verwerk en uitbetaal. Tot dusver is 36,5 miljoen Suid-Afrikaanse rand uitbetaal aan altesaam 7 950 kliënte. Die WVF-woordvoerder, Nhlanhla Khumalo, sê hy verwerk en betaal nou tot volgende Vrydag eise uit in die Zululand-distriks-munisipaliteit.
Die Namibiese onderwysministerie verstaan dat ouers en voogde gefrustreerd is oor skoolplasings. Duisende ouers regoor die land skarrel om plek vir hul kinders in skole te kry en sê hulle word herwaarts en derwaarts tussen skole en onderwyskantore gestuur. In die hoofstad het ouers die onderwysministerie versoek om tente beskikbaar te stel om hul kinders te akkommodeer. Die uitvoerende direkteur in die onderwysministerie, Sanet Steenkamp sê aan Kosmos 94.1 Nuus ouers moet kalm bly terwyl die ministerie oplossings vir die skoolplasings vind.
ActionSA in Mpumalanga het skriftelike bevestiging van die Menseregtekommissie ontvang dat hulle ondersoek sal instel of enige menseregte geskend is by die Shongwe-hospitaal in Mpumalanga. Dit volg nadat ʼn klagte verlede jaar in Oktober by die kommissie ingedien is. ʼn Woordvoerder van ActionSA, Thoko Mashiane, sê die party het die kommissie versoek om die aangeleentheid dringend te ondersoek.
Die Wes-Kaapse departement van menslike nedersettings het onthul dat uitbuiters 25 nedersettings-projekte tussen 2018 en verlede jaar ontwrig het. Die departement sê dit het 'n regstreekse uitwerking op sowat 18 720 begunstigdes gehad. Matlhodi Maseko van die DA sê die stryd teen hierdie gesiglose, misdadige afpersers wat begunstigdes toegang tot die waardigheid van huis-eienaarskap ontneem, eis onmiddellike samewerking tussen alle takke van die regering en gemeenskappe.
Met Namibiese staatskole wat vandag begin, sal sommige leerders die druk begin voel om op skool te presteer en hul ouers te beïndruk. Druk om goed op skool te presteer, verhoog stres en angs by leerders, wat lei tot swakker fisiese, sosiale en emosionele gesondheid. Kinders kan die druk van hul ouers, skool, onderwysers, die samelewing of hulself voel om hoër punte en akademiese sukses te behaal. Pastoor Cas Bekker van Agape Ministries in Windhoek sê aan Kosmos 94.1 Nuus hoe ouers hul kinders kan voorberei vir die akademiese jaar en druk op die skool.
Zimbabwe het sy grootste koringoes van 375 000 ton in 2022 aangeteken. Die oes is 13 persent hoër as die vorige jaar, wat 'n halfeeu-oue rekord gebreek het. Die oppervlakte wat met koring gesaai is, het met 10 persent toegeneem en bowenal het die staat 'n beleid opgestel om kunsmis te versprei en oeste te koop via 'n openbare liggaam, die Graanbemarkingsraad, wat boere ingepalm het. Die land hoef nie meer koring in te voer om in sy behoeftes te voorsien nie, wat 300 miljoen Amerikaanse dollar aan invoerkoste bespaar. Tendai Biti van die MDC-alliansie sê aan Kosmos 94.1 Nuus dit is nie goeie nuus nie, want die regering moet die koring koop waartoe hy nie in staat is nie.
Sadou in die buurland het die begin van die 2023 akademiese jaar verwelkom met binnelandse skole wat vandag hul deure vir leerders oopmaak. Die vakbond sê hy wou graag sien dat doeltreffende onderrig en leer op die eerste skooldag plaasvind, maar dit is nog nie ‘n werklikheid nie omdat baie leerders nog nie toegang tot skole het nie weens onder meer ingewikkelde laat-registrasie- en toelatings-prosesse. Sadou se hoofsekretaris, Mugwena Maluleke, sê die bykomende aanlyn aansoekstelsel in sommige provinsies, soos Gauteng, Wes-Kaap en Noord-Kaap, het nie die probleem verlig nie.
Judges Matter in die buurland sê dis geregverdig dat 'n volle regbank van die Suid-Gautengse hooggeregshof die dringende saak aanhoor wat President Cyril Ramaphosa teen sy privaat vervolging deur oudpresident Jacob Zuma ingedien het. Zuma beskuldig Ramaphosa dat hy 'n medepligtige is in die beweerde misdaad-aanklag teen staatsadvokaat William Downer. Judges Matter se woordvoerder, Mbekezeli Benjamin, sê hoëprofiel-individue is by die saak betrokke en daarom is 'n volle regbank nodig.
Zimbabwiese ouers is bekommerd hulle kinders sal na Junie uit Suid-Afrikaanse skole geskop word. Dit is die spertyd vir houers van die Zimbabwiese vrystellingspermit om vir ʼn gewone visum of vrystelling te doen. Die ouers glo hulle aansoeke sal uiteindelik onsuksesvol wees en hulle kinders se skoolopleiding sal onderbreek word. Die woordvoerder van Basiese Onderwys, Terence Khala, sê die departement het in die geval van matrikulante planne gereed om die leerders by te staan.
Die DA sê 'n parlementêre vraag het onthul die department van kommunikasie en digitale tegnologië het meer as 104 miljoen Suid-Afrikaanse rand uitgegee op vermaak, verblyf, spyseniering en reise. Dianne Kohler-Barnard van die DA sê die departement het teruggesit en gootskaalse korrupsie en die ineenstorting van die Suid-Afrikaanse Poskantoor, die SABC en verskeie ander instellings toegelaat. Sy voeg by poskantoor-personeel het 'n aaklige feestyd beleef sonder enige mediese hulpskema.
Die Suid-Afrikaanse minister van hoër onderwys, wetenskap en tegnologie, Blade Nzimande, besoek vandag die Universiteit van Fort Hare in die Oos-Kaap. Dis in reaksie op 'n patroon van sluipmoorde en dreigemente teenoor personeel by die universiteit. Die woordvoerder van die departement, Ishmael Mnisi, sê in die jongste voorval is Mboneli Vesele, die uitvoerende veiligheidsbeampte van die vise-kanselier, Sakhele Buhlungu, vermoor.
Die oudste township in die Wes-Kaap, Langa, maak gereed vir sy eeufeesviering vanjaar. Die gebied is in 1923 gestig na die gedwonge verskuiwings uit Distrik Ses en later uit die nabygeleë Ndabeni. Dit is vernoem na die Xhosa-leier Langalibalele, wat van 1873 af twee jaar lank op Robben-eiland aangehou is omdat hy in opstand gekom het teen die destydse regering van Natal. 'n Lid van die reëlingskomitee, Alfred Magwaca, sê die eeufeesvieringe skop oor drie maande af.
Die Pietermaritzburgse Groep vir Ekonomiese Geregtigheid en Waardigheid doen ʼn beroep op die regering om ʼn terug-skool-toe-toelae in te stel vir gesinne wat sukkel. Die woordvoerder van die organisasie, Mervyn Abrahams, beklemtoon kinders wat die ondersteuningstoelae vir kinders ontvang, moet aan die begin van elke jaar 'n aanvullende bedrag kry vir skryfbehoeftes en skooldrag. Abrahams vra die betaling van die toelae van 480 Suid-Afrikaanse rand moet in Januarie verdubbel word:
Hy sê as hierdie jaar op so ‘n noot afskop, gaan ons nog meer van hierdie optredes sien.
‘n Namibiese arbeidskenner sê ondernemings moet die arbeidswet gehoorsaam en werkers se salarisse betyds betaal. Dit volg op die NEFF-aktivis Michael Amushelelo wat vandeesweek al by twee ondernemings in die hoofstad ontevrede werkers bygestaan het. Hy was eers by die staking van vulstasiewerkers van die Total Riverside-diensstasie in Windhoek totdat hulle hul Desember-salarisse ontvang het en daarna is hy na die Craft Bristo by die Namibia Craft Centre in die middestad waar hy gegriefde werkers ondersteun het. Kosmos 94.1 Nuus het met plaaslike arbeidskenner Herbert Jauch gepraat oor werkers wat ander maniere oorweeg om hul salarisse te kry.
Die Suid-Afrikaanse Menseregte-kommissie sê die infrastruktuur van duisende skole in Suid-Afrika is ontoereikend. Dit kom met skole in die provinsies in die binneland wat vandag heropen. Kommissaris André Gaum sê oorbevolking en ‘n tekort aan behoorlike infrastruktuur is van die faktore wat leerders beïnvloed. Gaum sê die departement van basiese onderwys moet met strategieë vorendag kom om die uitdagings die hoof te bied.
Namibiese kinders gaan vandag vir die eerste skooldag in 2023 skool toe. Graad 1-leerders gaan vir die eerste keer skool toe, ander gaan na 'n volgende graad, terwyl sommiges ongelukkig hul graad moet herhaal as gevolg van swak prestasie die vorige jaar. Die begin van ‘n nuwe skooljaar bring nuwe uitdagings van verskillende aard. Kosmos 94.1 Nuus het na Namibiërs uitgereik om te verstaan wat die uitdagings is wat ouers in die gesig staar wanneer hul kinders teruggaan skool toe.
Die departement van gesondheid in Gauteng het met ʼn ondersoek begin na die ontploffing in Boksburg van 'n gas-tenkwa waarin 12 gesondheidswerkers van die Tambo-gedenkhospitaal dood is. Die Gautengse LUR vir gesondheid Nomantu Nkomo-Ralehoko, het tydens die genesingsdiens vir die 12 verpleegkundiges wat op en ná Oukersdag dood is, gesê die regering sal verseker die hospitaal se infrastruktuur word herstel en na die welstand van verpleeglui omgesien word.
Huldeblyke stroom steeds in vir die voormalige Zambiese sokkerster, Philemon Mulala, wat die naweek deur sy drie honde doodgebyt is. Volgens berigte is die honde van ʼn onbekende ras en is hulle nou in die sorg van die DBV. Intussen het ʼn nie-regeringsorganisasie op Lichtenburg, in Noordwes, Thusanang Trauma Centre, die 60-jarige Mulala se familie besoek. Die projekbestuurder van die organisasie, Christina Pretorius, sê hulle ondersoek maniere om die getraumatiseerde familielede by te staan.
Eskom moes noodgedwonge beurtkrag tot fase ses verhoog nadat verskeie eenhede onklaar geraak het. Fase ses sal daagliks van vier namiddag tot vyfuur die volgende oggend voortduur, met fase vier-beurtkrag wat tot verdere kennisgewing van vyfuur soggens tot vier namiddag ingestel sal word. Eskom-woordvoerder Sikonathi Mantshantsha sê eenheid een van die Matla-kragstasie in Mpumalanga is afgeskakel om 'n lekkasie in 'n ketelbuis te herstel.
Namibië se gesondheidsministerie het twee Omikron-subvariant-gevalle, genaamd Kraken, in die land bevestig en soos Suid-Afrika nog geen veranderinge aan reisbeperkings gemaak nie. Die Suid-Afrikaanse gesondheidsminister Joe Phaahla het verskeie maatreëls aangekondig om die verspreiding van die Omikron XBB een punt vyf subvariant te verhoed. Dit sluit in verskerpte waarneming en om versterkings-inentings vir mense ouer as 50 jaar te bevorder. Ben Nangombe, uitvoerende direkteur in die Namibiese gesondheidsministerie sê aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die Covid-situasie is onder beheer in die land.
Krieket: Die Proteas het in hulle laaste twee weg-toetsreekse erg gesukkel, met groot nederlae teen Engeland en Australië. Een van die grootste redes wat aangevoer word is dat Suid-Afrika nie genoeg toetswedstryde speel nie. Daar lê nou twee voor vir Dean Elgar se span teen die Wes-Indiese Eilande in Maart en een toets teen Indië. Die tussentydse afrigter van die Proteas, Malibongwe Maketa, sê hulle raak agter.
Die langdurige geskille oor grond, onwettige heinings en weiding van vee in die San-gebied by Tsumkwe is steeds 'n probleem wat al 15 jaar voortsleep. In Julie 2015 het die Nyae Nyae-bewaringesgebied en Ju’/hoansi Tradisionele Owerheid ’n saak teen vier mense aanhangig gemaak nadat hul beeste binne die bewaringsgebied sonder die toestemming van die Ju’/hoansi-hoofman, Tsamkxao ‡Oma gewei het. Saska Sheehama, die direkteur van die Nyae Nyae Ontwikkeling-stigting, sê aan Kosmos 94.1 Nuus hierdie hofsake word telkens uitgestel en van die beskuldigdes ignoreer bloot die hofuitsprake.
Die Stad Tshwane sê daar moet aanspreeklikheid wees na aanleiding van die ouditeur-generaal se verslag oor die stad se finansies. Die oudit dek die boekjaar 2021/2022 en onthul dat Tshwane ʼn wanvoorstelling gedoen het oor die ware stand van sy finansies. ʼn Woordvoerder van die veelparty-koalisie, dr. Corné Mulder sê hulle het 'n bankrot metro van die vorige ANC-regering geërf. Dr. Mulder sê die stad sal met metro-bestuurders vergader om die pad vorentoe te bepaal.
Dr. Leake Hangala, die uitvoerende voorsitter van die Hangala-groep, het op sy Twitter-blad geskryf dat Namibië sy ANC-kamerade moet help om beurtkrag te beëindig deur elektrisiteit aan hulle te verkoop vanaf die Kudugas-kragstasie wat dringend in Namibië gevestig moet word. Hy sê dit is nie onrealisties vir Namibië om 400 tot 600 MegaWatt aan Eskom te verkoop nie. Hy sê die Namibiese regering behoort daardie proses dringend te fasiliteer. Kosmos 94.1 Nuus het met Dr. Hangala gepraat.
Numsa in die buurland veroordeel die optrede van die oupresident van Brasilië, Jair Bolsonaro en sy ondersteuners wat gepoog het om die regering van president Lula da Silva met ʼn staatsgreep omver te werp. Ondersteuners van Bolsonaro het die kongresgebou, die hooggeregshof en die presidensiële paleis bestorm. Die woordvoerder van Numsa, Phakamile Hlubi-Majola sê sy ondersteuners weier om te aanvaar Bolsonaro het die verkiesing in ʼn regverdige proses teen Lula da Silva verloor.
Baie ouers wil graag op sosiale media spog met foto's van hul kinders se eerste dag by die skool, maar aanlyn-veiligheids-kenners waarsku teen die deel van dié foto's en sê dit stel kinders bloot aan verskeie risiko's. Baie misdadigers kan die inligting, wat openlik op foto's en die sosiale media inskrywings verskyn, gebruik om kinders by hul skole te teiken. Dit kan self daartoe lei dat kinders ontvoer word. Kosmos 94.1 Nuus se korrespondent in Kaapstad, Fritz Platt.
Tim Parkhouse, die voormalige sekretaris-generaal van die Namibiese Werkgewers-vereniging, het sy hartseer uitgespreek oor die heengaan van sy opvolger, Daan Strauss. Hy is vanoggend ná ‘n lang siekbed oorlede. Strauss het sedert Januarie 2020 as sekretaris-generaal van die vereniging gedien en was ook in die verlede by PwC Namibia, Institute for Management and Leadership Training en die NBC werksaam. Parkhouse sê aan Kosmos 94.1 Nuus Strauss het diep spore in Namibië getrap en hulde aan hom gebring.
Motorsport: Die Dakar-ren in Saoedi-Arabië het vandag vir Henk Lategan en sy navigator, Brett Cummings, hard in die stof laat byt. Hulle het hul tweede posisie op die algehele ranglys afgestaan aan Lucas Moraes van Overdrive Racing in sy Suid-Afrikaans geboude Toyota Hilux. Giniel de Villiers en sy navigator, Dennis Murphy het ’n beter dag gehad met hul sewende plek. Nasser Al-Attiyah en sy navigator, Mathieu Baumel was agtste vir die dag en behou hulle voorloper-posisie op die algehele ranglys met meer as ’n een uur en 21 minute. Henk Lategan vertel van hul rowwe dag...
‘n Namibiese ekonoom gee sy vooruitsigte op die Bank van Namibië wat sy eerste monetêre beleids-aankondiging vir die jaar op 15 Februarie sal maak. Die repokoers is in Desember 2022 met 50 basispunte van 6,25 persent tot 6,7 persent verhoog. Verlede jaar het die sentrale bank die repokoers met altesaam 300 basispunte of drie persent verhoog. Kosmos 94.1 Nuus het met die ekonoom Cons Karamata gesels oor wat sy beskouing vir die hele jaar is met inagneming van stygende inflasie.
NamWater het water vanaf die Swakoppoortdam na die Von Bachdam oorgedra, asook met ‘n klein pomp vanaf die Omatakodam na die Von Bachdam. Die Von Bachdam is nou 31,6 persent vol ná ‘n invloei van 0,017 miljoen kubieke meter water. Die Swakoppoort is 73,3 persent vol. Die Omatakodam is byna dolleeg teen 0,5 persent na die dam se verlies van 0,131 miljoen kubieke meter water aan Von Bach. NamWatre se hoof van strategiese mensekapitaalbestuur, Kadiva Hamutumwa verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus waarom water in die Von Bachdam gepomp word.
Die burgerregte-organisasie, AfriForum, het die Suid-Afrikaanse Menseregte-kommissie uitgedaag omdat hulle nie gereageer het na hul onderneming om die leier van die EFF, Julius Malema oor haatspraak voor die hof te daag nie. Die veldtogbeampte vir strategie en inhoud van Afriforum, Ernst van Zyl, sê AfriForum het in 'n prokureursbrief geëis dat die kommissie skriftelik terugvoer gee oor of Malema die verlangde verskoning verskaf het en of die kommissie 'n finale besluit geneem het of hy die gelykheidshof moet nader.
Al die uithoeke van Namibië het nog nie goeie reënval tydens die belowende reënseisoen ontvang het. Volgens die goewerneur van die Otjozondjupa-streek nie, James Uerikua, was reënval wisselvallig in die streek. Hy sê hoewel die mielieboere hul lande begin voorberei het en sommige saad in die grond gesit het, het nie alle dele genoeg reën gekry nie. Uerikua sê aan Kosmos 94.1 Nuus die oostelike dele vir veeboerdery kort nog reën vir weiding.
Die minister sê ook Suid-Afrika is van die lande wat nie reisbeperkings ingestel het nie.
Die Suid-Afrikaanse minister van gesondheid, Joe Phaahla het verskeie maatreëls aangekondig om die verspreiding van die Omikron XBB een punt vyf subvariant te verhoed. Dit sluit in verskerpte waarneming en om versterkings-inentings vir mense ouer as 50 jaar te bevorder.
‘n Namibiese politieke kenner hoop op ‘n produktiewe jaar in die Nasionale Vergadering wat weer op 14 Februarie heropen. Wat verlede jaar betref, is vanaf 6 September oor nege wetsontwerpe in die parlement gedebatteer, wat goedgekeur en na die Nasionale Raad vir hersiening verwys is. Altesaam 13 mosies is ter tafel gelê, waarvan drie aanvaar is, vyf is na komitees verwys, drie het verval en twee mosies is teruggetrek. ‘n Totaal van 158 vrae is sedert Februarie 2022 ingehandig, waarvan 85 beantwoord is. Aan die einde van 2022 het opposisiepartye uit die Nasionale Vergadering geloop en ‘n kworum kon nie bereik word nie. Politieke analis dr. Ndumba Kamwanyah sê daar lê harde werk voor in die parlement.
Die hoofbestuurder van die Organisasie teen Belastingmisbruik, Outa, Wayne Duvenage, sê motoriste in Gauteng moet hul geld spaar en ophou om e-tol-betalings te maak aan die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap. Duvenage sê daar is geen gevolge as mense nie e-tol-geld betaal nie. Hy voeg by die vertraging met die skrap van die e-tol-stelsel tot in die nuwe jaar deur die Gautengse regering is onaanvaarbaar.
Die Buffalo City-munisipaliteit in Oos-Kaap het een van die suksesvolste somers na die Covid-pandemie beleef. Dit dui op ʼn herstel in die toerismebedryf. Die stad het ongeveer 1 100 toerisme-ondernemings. Meer as 80 persent van hulle is klein en mikro-ondernemings. Die munisipaliteit se woordvoerder, Samkelo Ngwenya, sê die sowat 8 000 beddens vir toeriste was gedurende die langnaweke meestal vol bespreek.
Die Swakopmundse munisipaliteit het talle klagtes gekry oor kinders wat naby spoorlyne woon wat klippe na verbygaande treine gegooi het. Voorvalle soos hierdie is 'n groot bekommernis vir die munisipaliteit, aangesien klipgooiery potensieel noodlottig is. Die skakelbeampte van die kusdorp, Linda Mupupa sê selfs 'n klein klip wat na 'n trein gegooi word wat teen 'n hoë spoed ry, kan die lewens van die bestuurder en die passasier aan boord in gevaar stel. Treine vervoer gevaarlike goedere soos gas, brandstof en chemikalieë wat sterftes of ernstige skade kan veroorsaak. Mupupa sê aan Kosmos 94.1 Nuus klagte sal by Nampol aanhangig gemaak word.
Inwoners van informele nedersettings by Okahandja hoop dat aandag in 2023 aan hul grondeise gegee sal word. Ná maande en maande se betogings en optogte na verskillende staatskantore en amptenare, hoop die groep dat vanjaar anders sal wees. Die groep het in Oktober 2022 ‘n vreedsame betoging in Windhoek gehad en wou 'n petisie aan eerste minister Saara Kuugongelwa-Amadhila oorhandig. Hulle het 'n brief aan die Ombudsman se kantoor en die Teen-korrupsie Kommissie van Namibië oorhandig. Hulle doen nou 'n beroep op die regerende party om te help. Aktivis Sydney Gariseb sê aan Kosmos 94.1 Nuus die groep hou Sondag 'n vergadering om die pad vorentoe te beplan.
Die Namibiese polisie in die Erongo-streek het bevestig ‘n ondersoek is goedgekeur oor die beweringe van die ma van die seuntjie wat die naweek op Walvisbaai vermoor is. Die 33-jarige Memory Eises, die ma van die vyf-jarige Wilfred Eiseb, blameer Nampol vir sy moord. Sy sê sy was vanaf verlede Dinsdag nadat haar man byna haar sinkhuis afgebrand het, elke dag by die Kuisebmond-polisiekantoor om tevergeefs hulp te soek om haar gesin te beskerm. Haar vervreemde man, die 29-jarige Rikkie Narib, staan tereg op die seun se moord. Sy liggaam is Vrydagaand in die duine agter Narraville gevind. Nampol se bevelvoerder vir gemeenskapsake in die Erongo-streek, inspekteur Ileni Shapumba, het Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Die Stad Kaapstad se burgemeesters-komiteelid vir ekonomiese groei, James Vos, sê voorlopige syfers dui op 'n goeie toerismeseisoen in die metro met tot 30 000 passasiers wat elke dag by die Kaapstad Internasionale Lughawe verwerk word. Die stad het ‘n sakvriendelike gids bekend gestel, wat 'n nuttige hulpmiddel vir plaaslike inwoners en toeriste is wat die Moederstad wil verken, ongeag hul begroting. Dit het ten doel om toerisme meer toeganklik te maak, terwyl dit ook ʼn omvattende blik bied op alles wat ondernemings in die bedryf bied.
Wes-Kaapse skole maak weer hul deure op Woensdag 18 Januarie oop. Die onderwysdepartement in die provinsie sê hy het goed voorberei vir die begin van die nuwe skooljaar met die doel om te verseker dat onderrig van dag een af begin. Skole is reeds in Mei 2022 die geleentheid gebied om aanvul-handboeke vir die 2023-skooljaar te bestel. Die bestellings teen ‘n koste van 62,6 miljoen Suid-Afrikaanse rand is teen 28 Oktober 2022 volledig by skole afgelewer, sê kommunikasiedirekteur van die onderwysdepartement, Bronagh Hammond.
Die NEFF-aktivis Michael Amushelelo is besig in die nuwe jaar. Maandag was hy by die staking van vulstasiewerkers van die Total Riverside-diensstasie in Windhoek totdat hulle hul Desember-salarisse ontvang het. Daarna is hy na die Craft Bristo by die Namibia Craft Centre in die middestad waar hy steeds vandag ontevrede werkers bystaan. Hy sê die eienaars het ‘n saak by die polisie teen hom aanhangig gemaak. Amushelelo sê aan Kosmos 94.1 Nuus hy sal altyd werkers bystaan wat onbillik behandel word.
Kosmos 94.1 Nuus het ook met een van die werkers by Crafat Bistro gepraat wat sê hulle streef net na ‘n beter werksomgewing.
Die landbou-organisasie TLU SA sê President Cyril Ramaphosa se onlangse opmerkings oor wit mense is nie opbouend nie en vernietig goeie werk wat gedoen is. Die hoofbestuurder, Bennie van Zyl, het gereageer op Ramaphosa wat tydens die ANC se 8 Januarie-feesvieringe gesê het wit mense se tyd is verby. Van Zyl sê Ramaphosa het herhaaldelik na die ANC se siening oor rassisme verwys en genoem dat Suid-Afrika geen plek is om rassisme te beoefen nie.
ActionSA in Gauteng sê hy sal die Stad Tshwane vra om terugvoer te gee oor 'n aangemelde toename in kapings weens beurtkrag. Die party is bewus gemaak van drie kapingsvoorvalle wat tydens beurtkrag in die stad plaasgevind het – in Mamelodi, Centurion en Pretoria-Wes. Die woordvoerder vir ActionSA se koukus in Tshwane, Thabang Sebotsane, sê die party sal ook aanbevelings aan die raad voorlê om die Tshwane-metropolisie te verplig om meer hulpbronne te ontplooi in die gebiede wat geraak is.
Talle reisigers wat uit die Noorde ná die feesseisoen nie met busse kon terugkeer nie, het van TransNamib se treindienste gebruik gemaak. Op Ondangwa het gestrande reisigers na die Nehale Lya Mpingana-treinstasie gestroom. Die busse kon nie aan die vraag na vervoer voldoen nie. Reisigers kla ook oor die pryse van buskaartjies wat verhoog is weens die aanvraag. Normaalweg kos ‘n buskaartjie vanaf die Noorde na Windhoek 350 Namibiese dollar per passasier, wat busbestuurders na willekeur verhoog het. Treinkaartjies is 200 dollar per passasier. Die woordvoerder van TransNamib, Abigail Raubenheimer...
Die Stad Kaapstad bemerk 'n effense daling in sy weeklikse misdaadstatistiek. Oproepe oor interpersoonlike geweld en bestuur onder die invloed bly egter ʼn bron van kommer. Die openbare noodkommunikasiesentrum het die naweek 1 970 voorvalle aangeteken. Die burgemeesters-komiteelid vir veiligheid en sekerheid, JP Smith, sê beamptes het op ten minste ses klagtes van gesinsgeweld en mishandeling gereageer. Met die helfte van daardie gevalle het die klaers geweier om klagtes te lê.
Intussen waarsku die Swakopmund-munisipaliteit inwoners om nie klipppe na treine te gooi nie. Raubenheimer maan die publiek om versigtig te wees by spoorlyne en spooroorgange.
Die Ekurhuleni-metropolisie aan die Gauteng Oos-Rand doen 'n beroep op inwoners om onwettige straatrenne onmiddellik aan te meld. Dit volg nadat ’n agtjarige seun dood en verskeie mense beseer is toe twee motorvoertuie wat na bewering in ’n onwettige straatren betrokke was, in Etwatwa teen verskeie voetgangers gebots het. Die polisie-woordvoerder, Ignatius Maphike, sê die kind is op die toneel dood, terwyl twee 12-jarige seuns onder die beseerdes was wat na die hospitaal vervoer is.
Bohn voeg by dat hulle beperk is met hulpbronne soos klaskamers en onderwysers, maar hulle het planne uiteengesit
Desperate Namibiese ouers en voogde staan tou by staatskole en onderwyskantore in streke regoor die land in die hoop om plasing vir hul kinders te verseker voor die skole môre begin. Die onderwysministerie verwag 'n toename van 3 tot 4 persent in die aantal leerders van verlede jaar se 839 579 leerlinge. Kosmos 94.1 Nuus het met die ministerie se adjunk-uitvoerende direkteur, Edda Bohn, gepraat oor wat ouers moet doen as hulle nie plek vir hul kinders kry nie.
Die Suid-Afrikaanse parlement se portefeuljekomitee oor binnelandse sake loof die algemene verbetering in die verwerking van mense en goedere wat tydens die feestyd by grensposte gesien is, veral by Beitbrug in Limpopo en die Lebombo-grenspos in Mpumalanga. Die voorsitter, Mosa Chabane sê die planne wat voor die feestyd aan die komitee voorgelê is, is bevredigend in werking gestel en het gelei tot korter toue en verwerkingstye by die grensposte:
Stad Kaapstad het die wrede aanval op 'n Kaapse pelsrob by Monwabisi-strand veroordeel. Vier verdagtes is in hegtenis geneem ná ’n anonieme wenk en die vinnige reaksie van die Kaap die Goeie Hoop DBV en die stad se wetstoepassingsafdeling. Die burgemeesters-komiteelid vir ruimtelike beplanning en die Omgewing, Eddie Andrews, sê die rob moes vankant gemaak word word weens die ernstige beserings wat hy opgedoen het toe hy met klippe bestook is.
Verskeie verdrinkings is die feesseisoen by die see, damme, riviere en swembaddens in Namibië aangemeld, maar twee kinders het in emmers water verdrink. Die een geval het by Outjo plaasgevind en die mees onlangse in die Epalala-nedersetting naby Eenhana in die Ohangwena-streek. In albei gevalle het die ouers of voogde die kinders in die sorg van minderjariges gelos. Kosmos 94.1 Nuus het met Percy Openshaw van Crisis Emergency and Response Services gepraat, wat raad met ouers deel oor hoe om kinders veilig by water te hou.
Die Onafhanklike Polisievakbond van Suid-Afrika vra die personeeltekorte by nood-oproepsentrums moet dringend aangespreek word. Die vakbond is besorg oor die tekort aan voldoende personeel en klagtes oor hulle salarisse. Volgens Ipusa word werkers minder betaal as dié by ander oproepsentrums wat ingevolge die Staatsdienswet aangestel is. Die president van die vakbond, Bethuel Nkuna, versoek die nasionale polisiekommissaris Fannie Masemola om met ʼn behoorlike omkeerplan vir sy lede vorendag te kom.
Die Nelson Mandelabaai-munisipaliteit in die Oos-Kaap doen 'n dringende oproep op alle watergebruikers om verbruik onmiddellik te verminder. Verskeie woongebiede ondervind toevoer-onderbrekings weens van die voortslepende droogte. Die metro se damvlakke daal steeds kommerwekkend vinnig, en die gemiddelde vlak van die groot opgaardamme wat die stad voorsien, het Maandag op 14,9 persent gestaan. Die burgemeester, Retief Odendaal, sê die stad kan nie in die behoefte van 286 mega-liter per dag voorsien nie, wat lei tot watertekorte.
Ondernemings in Suid-Afrika word aangemoedig om voordeel te trek uit die land se deelname aan die agenda vir globale bevordering. Dit volg nadat die land vanjaar volgens rotasie die leierskap van die lande in die Brics-groep oorgeneem het. Volgens die president van die ANC, Cyril Ramaphosa, sal Suid-Afrika sy rol as voorsitter gebruik om die belange van Afrika as geheel te bevorder.
Prins Harry van Brittanje sê hy is ten gunste van versoening met sy familie, maar daar sal aanspreeklikheid moet wees voor dit kan gebeur. Hy het 'n onderhoud met Michael Strahan van Good Morning America toegestaan, voor vandag se publikasie van sy memoir getiteld "Spare". Harry het breedvoerig gepraat oor hoe die dood van sy ma Diana, toe hy net 12 was, sy lewe beïnvloed het. Hy het erken die onenigheid tussen hom en sy broer William sou haar hart gebreek het.
Inwoners van Rosh Pinah sê hulle het die aardbewing gevoel wat sowat 41 kilometer noord van dié myndorp in die Suide die aarde laat skud het. Die Namibiese ministerie van myne en energie het bevestig dat die aardbewing ongeveer 184 kilometer suidoos van Lüderitz aangeteken is. Die aardbewing is by vyf seismiese stasies in Namibië, naamlik Windhoek, Kamanjab, Karibib, Ariamsvlei en Aus aangeteken. Die aardbewing was volgens die ministerie vlak en het op ‘n diepte van minder as 15 kilometer geregistreer. Andreas Simon, woordvoerder van die ministerie, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Die EFF doen 'n beroep op die Internasionale Strafhof om die Britse koninklike familie vir oorlogsmisdade te ondersoek. Dit volg op berigte dat prins Harry erken het hy het 25 Afghaanse soldate doodgemaak terwyl hy as 'n helikoptervlieënier in Afghanistan diens gedoen het. Die woordvoerder van die EFF, Leigh-Ann Mathys, sê Harry se bewerings dat hy mense doodgemaak het, is roekeloos, onsensitief en onmenslik.
Krieket: Suid-Afrika se nuwe T20-liga, die SA20, begin vandag op Nuweland. Altesaam 102 voorste plaaslike en internasionale spelers ding oor die volgende vier weke vir ses konsessies mee in 33 wedstryde. In vandag se aanvangswedstryd verwelkom MI Cape Town, Paarl Royals in die Moederstad. David Miller is die kaptein van Paarl Royals.
Die burgemeester van Kaapstad, Geordin Hill-Lewis, het weer 'n beroep gedoen op President Cyril Ramaphosa om dringend nog polisiepligte af te wentel na vaardige plaaslike owerhede. Dit volg op Ramaphosa se belofte in die ANC se 8 Januarie Presidentsrede dat die nasionale regering dringend stappe sal doen om die misdaadbestrydingsvermoë van wetstoepassingsagentskappe op te skerp. Hill-Lewis sê daar is reeds 'n versoek hangende van die stad dat meer polisiepligte oorgedra moet word aan die metro.
Die Suid-Afrikaanse Tafeldruiwe-bedryf verwag uitvoer-volumes vir die 2022/23-seisoen sal met byna agt persent afneem, maar dié bedryf vaar beter in Namibië met selfs ‘n beter oes as die vorige jaar. Daar word verwag dat algehele oessyfers in die buurland ongeveer 15 persent laer sal wees as wat in die vorige seisoen aangeteken is. Namibiese tafeldruiwe-boere in die Suide het wel uitdagings gehad het weens oorstromings van die Oranjerivier. Die hoofbestuurder van tuinbou en akkerbou in die Namibiese Akkerbouraad, Gilbert Mulonda, deel meer met Kosmos 94.1 Nuus.
Honderde steelkool-vragmotors staan tou op die N2 om steenkool vir uitvoer by die hawe in Richardsbaai in KwaZulu-Natal af te laai. Volgens die Transnet-hawe-owerheid word vragmotors teruggehou en dan elke paar uur tot die hawe toegelaat. Die uitvoerende hoof van die Padvragvereniging, Gavin Kelly, sê hulle is bewus van die agterstand maar het nie geen benul wat die oponthoud veroorsaak nie.
Met die stormloop ná die feesseisoen van reisigers vanaf die Noorde en die kus terug na Windhoek of elders, het talle gekla oor die gebrek aan bekostigbare openbare vervoer en die neiging van busbestuurders om te veel te vra gedurende dié spitstye. Sommige mense kon die afgelope drie dae of wat nie vervoer vanaf Oshakati kon kry nie. Een passasier het vertel dat hoewel hulle by die ‘n vulstasie moes slaap, busbestuurders net mense passasiers neem wat hulle ken of diegene wat tot 200 Namibiese dollar of selfs meer sou betaal. 'n Aantal mense het laat aangemeld vir werk en sommige leerders kan laat wees vir die heropening van die skole. Skakelbeampte in die ministerie van werke en vervoer Julius Ngweda sê aan Kosmos 94.1 Nuus dit is onwettig om busse te oorlaai.
Namibiese staatskole begin Woensdag en sommige ouers skarrel nog om skooluniforms en skryfbehoeftes betyds te koop. Terwyl sommige leerders ná hul vakansie nog op pad is na Windhoek en ander woonplekke landwyd, is hul ouers of voogde nog besig in winkels rond te hardloop. Winkels wat skooluniforms en en skoolbenodighede verkoop, is druk besig. PEP Namibia se besturende direkteur, Jakkie Coetzee, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Dit is bevestig dat Namibië al twee gevalle van die nuwe Omikron-subvariant XBB.1.5 met die bynaam Kraken aangeteken het. Die eerste geval is ook al in Suid-Afrika aangemeld nadat dit vroeër in minstens 28 ander lande bevestig is. Dit is ‘n hoogs oordraagbare subvariant, maar die Namibiese pulmonoloog dr. Willie Bruwer sê aan Kosmos 94.1 Nuus daar is geen rede tot paniek nie.
Die Namibiese Privaatskole-vereniging het sy reaksie gegee op die skoolgeld van nege Suid-Afrikaanse kosskole wat gestyg het tot meer as 300 000 Suid-Afrikaanse rand vir die 2023 akademiese jaar. Die duurste een, Hilton College in die KwaZulu-Natalse Middellande, vra vanjaar sowat 380 000 rand per leerder, gevolg deur die nabygeleë Michaelhouse met 342 000 rand. St Andrew’s College in die Oos-Kaap is in die derde plek op 340 000 rand. In 2021 was daar net drie skole in die 300 000 rand-plus-groep, terwyl die syfer verlede jaar tot ses verdubbel het. Kosmos 94.1 Nuus het aan Colette Rieckert van die Namibiese Privaatskole-vereniging gevra of Namibiese privaatskole se skoolgelde ook so duur is.
Oor die afgelope drie jaar is meer as 'n miljoen oproepe na die Suid-Afrikaanse Polisiediens se nood-inbelsentrums onbeantwoord gelaat of afgesny ná dit beantwoord is. Dit is as gevolg van dié inbelsentrums wat, volgens die minister van polisie, Bheki Cele, weens finansiële uitdagings erg onder-beman is. Volgens Cele, werk die inbel-sentrums tans teen slegs 40 persent kapasiteit. Kosmos 94.1 Nuus se korrespondent in Kaapstad, Fritz Platt...
Sommige Namibiese boere is bekommerd oor die vooruitsigte van reën, veral met weerkenners se voorspellings dat die La Niña-verskynsel besig is om te verswak. Kosmos 94.1 Nuus het met plaaslike weervoorspeller van die Namibiese Metereologiese Dienste, Odillo Kgobetsi gepraat oor wat vir die week op die reënfront voorlê.
Kruger voeg by vulstasie-eienaars ontvang geen ondersteuning van die regering of banke nie.
Die staking wat vandag by die Total Riverside-vulstasie in die Eros-woonbuurt in Windhoek plaasgevind het, word voor die deur van die Namibiese regering gelê. Die meer as 30 werkers by die diensstasie het vir 'n wyle gestaak totdat hul Desember-salarisse inbetaal is deur die eienaar wat glo in Suid-Afrika is. Hulle sê hulle ontvang gereeld hul salarisse laat. Hennie Krüger van die Brandstof en Franchise Vereniging, sê aan Kosmos 94.1 Nuus vulstasie-eienaars ervaar moeilike tye en die regering is te blameer.
Gesondheidskenners waarsku Suid-Afrikaners om steeds waaksaam te wees oor Covid-19. Dit volg op bevestiging dat die eerste geval van 'n nuwe, hoogs oordraagbare Omikron-subvariant in die land opgespoor is nadat dit vroeër in minstens 28 ander lande bevestig is. Die plaaslike geval is ontdek in ʼn bepaling van die gene-volgorde wat uitgevoer is deur navorsers aan die Universiteit Stellenbosch. Die departement van gesondheid bespreek die situasie met wetenskaplikes om meer inligting te bekom. Dr. Saadiq Kariem van die Wes-Kaapse gesondheidsdepartement versoek Suid-Afrikaners om hulle te laat inent of om opvolg-inspuitings te kry indien hulle reeds ingeënt is.
Die DA sê die Sassa-kantoor in Soshanguve wat groot dele van Tshwane bedien, is sedert November effektief gesluit. 'n Groot aantal probleme kom voor, wat insluit 'n agterstand met nuwe aansoeke wat sedert Oktober nie vasgelê is nie. Hulle het ook geen kaarte in voorraad nie. Bridget Masango van die DA sê die stelsel is sedert November af, wat beteken dat Sassa-amptenare geen werk kon doen nie.
Hy sê dat dit ’n kommerwekkende situasie vir die boere is. Nandjato hoop dat Angola reën kry om die meer in die Cuvelai-opvangsgebied met water te vul.
Die noordelike gebiede van Namibië het sedert die begin van verlede week redelik goeie reënval gekry, wat die waterskaarste vir die vee verlig en saaiboere in staat stel om hul lande te begin ploeg. Die landskap in die Noorde het verander na watervlaktes vol reënwater. In die feestyd was daar 'n gebrek aan drinkwater vir vee in die Oponona-meer by Uuvudhiya en boere het gesmeek dat water vanaf die Oshandja-dam in Omusati na die meer gepomp moet word. Kosmos 94.1 Nuus het aan 'n kleinskaalse boer in die Ondangwa-landelike kiesafdeling in die Oshana-streek, Ileni Nandjato, gevra of daar nou water in die Opononameer of die gronddamme is.
Die Wes-Kaapse polisie het die stryd teen geslagsgeweld en vrouemoord verskerp met die heropening van die slagoffer-vriendelike vertrek by die Laingsburg-polisiekantoor. Dit is moontlik gemaak deur ʼn vennootskap met Besigheid Teen Misdaad en die vertrek is ten volle opgeknap. Die woordvoerder van die polisie, Christopher Spies, sê die waarnemende distrikskommissaris, Johan du Toit, het ʼn beroep op nie-regeringsorganisasies en die gemeenskap gedoen om met die polisie hande te vat in die stryd teen misdaad, veral teen geslagsgeweld en vrouemoord.
Die DA sê hy word vir die derde agtereenvolgende maand steeds oorval met oproepe van begunstigdes van maatskaplike toelaes wat nie hul geld ontvang het nie. Dit volg nadat Sassa en Posbank verklarings uitgereik het waarin hulle sê die probleme sal uitgeklaar word. Bridget Masango van die DA sê in die lig van die fiasko met die uitbetalings van toelae in November sou mens dink al die probleme wat geïdentifiseer is sou teen die Desember-uitbetalings opgelos wees.
Die Namibiese omgewingsministerie het voor die feesseisoen voornemende wildmisdagers gewaarsku om nie wild te stroop nie, maar 'n 28-jarige Namibiese man van Okangwati het sy rieme in die Etosha Nasionale Park styfgeloop. Die man wou glo saam met ander voornemende stropers, volgens intelligensie-geleide inligting, renosters aan die westekant van die Etosha stroop. Hy is met ‘n vuurwapen en vyf patrone in sy besit in hegtenis geneem. Die verdagte verskyn vandag in die hof vop vyf aanklagte. Kosmos 94.1 nuus het met die woordvoerder van die omgewingsministerie Romeo Muyunda gepraat.
Limpopo se departement van gesondheid sê berigte oor die Malamulele-hospitaal op sosiale media is onwaar. Pasiënte, insluitend dié in die kraamsaal, word luidens die berigte genoodsaak om buite die hospitaal hulle te gaan water haal. Die departement se woordvoerder, Neil Shikwambana, sê dit is egter waar dat die hospitaal sedert Kersfees sonder lopende water is weens 'n pyp wat gebars het.
Die Kaap die Goeie Hoop-DBV veroordeel die wrede klipgooi-aanval op 'n volwasse Kaapse pelsrob op die Monwabisi-strand in Khayelitsha. Vier verdagtes is intussen in aanhouding geneem. Hulle kan aangekla word van dieremishandeling en jag sonder 'n permit van 'n beskermde spesie. Die DBV se hoofinspekteur, Jaco Pieterse, het wetstoepassers bedank vir hul vinnige en besliste ingryping en dat hulle die DBV gehelp het om die beseerde rob van die strand te verwyder.
Drie voormalige raadslede van die Swellendamse munisipaliteit in die Wes-Kaap oorweeg dit om die DA te dagvaar nadat hulle lidmaatskap beëindig is. Daar word beweer die voormalige speaker, Bongani Sonqwenqwe, die voormalige onderburgemeester, Abraham Pokwas en Gcobisa Mnageu-Qotyiwe het ʼn koukusbesluit verontagsaam om nie die pos van direkteur van korporatiewe dienste te adverteer nie. Die voormalige speaker van die Wes-Kaapse wetgewer, Masizole Mnqasela, sê baie DA-lede en ondersteuners is uiters ongelukkig oor hoe die party se federale voorsitter, Helen Zille, die aangeleentheid in Swellendam hanteer het.
Die amptelike Namibiese opposisie, die Popular Democratic Movement, is baie kritiek op die hals gehaal waarom die party nie aan die tussenverkiesing van die Moses //Garoëb-kiesafdeling in die hoofstad deelgeneem het nie. Die PDM-leier, McHenry Venaani, het tydens ‘n vorige verkiesingsveldtog in ‘n sinkhuis in dié kiesafdeling gaan slaap om kiesers te werf, maar met dié tussenverkiesing was die party afwesig. PDM se sekretaris-generaal Manuel Ngaringombe gee die redes aan Kosmos 94.1 Nuus waarom hulle nie 'n kandidaat vir die tussenverkiesing gehad het nie.
Die vermeende moordenaar van die vyf-jarige Wilfred Eiseb wie se liggaam in die duine by Narraville ontdek is, het in die Walvisbaaise landdroshof verskyn. Die stiefpa van Eiseb, die 29-jarige Rikki Narib, het onskuldig gepleit. Hy is borgtog geweier en sy saak is tot 22 Maart uitgestel vir verdere polisie-ondersoek. Narib het aangedui hy sal sy eie regsverteenwoordiging waarneem. Ná Eiseb se dood het sy ma ‘n boodskap van ‘n onbekend nommer ontvang dat sy sy liggaam in die duine moet gaan optel. ‘n Namibiese geslags-aktivis, Linda Baumann sê aan Kosmos 94.1 Nuus geslagsgeweld is ‘n reuse-uitdaging in die land en ouers moet versigtig wees om mense met hul kinders te vertroue.
Namibiese boere is moedeloos oor vee- en wilddiefstal wat toeneem en geen eind in die vooruitsig is nie. In die jongste voorval op die plaas Berlyn in die Khomas Hochland is twee beeste en 'n gemsbok geskiet en geslag is. Die vyf verdagtes het in 'n Toyota-bakkie met vals nommerplate gery en 'n padblokkade is op die grondpad opgerig nadat die beweerde diefstal op kringtelevisie-beeldmateriaal opgetel is. By die padblokkade het die verdagtes uit die voertuig gespring en in die bosse ingehardloop. Die voertuig en karkasse is gekonfiskeer en as bewysstukke ingedien. Die verdagtes wat nog steeds op vrye voet is, is bekend aan die Nampol. Kosmos 94.1 Nuus het aan Piet Gouws, die president van die Namibiese Landbou-unie, gevra of veediefstal en wildstropery ooit sal eindig en wat is die oplossing? Hy het sy reaksie só verwoord.
Inwoners van Nossobville in Gobabis versoek die munisipaliteit om dringend die vullis te verwyder wat rondlê langs die vullisdromme. ‘n Inwoner, Wallace Finnis sê aan Kosmos 94.1 Nuus die vullis versprei vinniger as die wind in Nossobville en dit hou ‘n gesondheidsrisiko vir inwoners in.
Die Stad Kaapstad het bevestig 'n N2Express-bus het aan die brand geslaan op die N2 uitgaande rigting naby Bhungalaan. Die bestuurder en passasiers het uit die bus gekom sonder enige beserings. Die burgemeesters-komiteelid vir stedelike beweeglikheid, Rob Quintas, sê dit is te vroeg is om die oorsaak van die brand te bevestig, maar brandstigting word nie in hierdie stadium vermoed nie.
Volgens die NEFF-aktivis, Michael Amushelelo word die meer as 30 werknemers by die Total Riverside Total-diensstasie in die Eros-woonbuurt in Windhoek, se salarisse gereeld laat betaal. Die werkers het vanoggend vir 'n wyle gestaak totdat hul Desember-salarisse inbetaal is. Die werkers beweer verder onbillike arbeidspraktyke. Amushelelo sê aan Kosmos 94.1 Nuus die eienaar is met vakansie in Suid-Afrika.
Die Stad Johannesburg sê hy is oor die feestyd geteister deur die onwettige storting van vullis in talle buurte, veral in die middestad, Bramley en Malvern. Hope vullis is bloot in strate en oop openbare ruimtes gestort deur inwoners en besighede, sonder enige agting vir enige regulasies en die omgewing. Die burgemeesterskomiteelid vir omgewing- en infrastruktuurdienste, Michael Sun, sê PikitUp het onvermoeid gewerk om meer as 1 900 plekke in die metro-gebied op te ruim, waar vullis onwettig gestort is.
’n Boer van Ficksburg in die Vrystaat is onder polisie-bewaking in ’n plaaslike hospitaal ná ’n dodelike dispuut oor beeste wat sy heining beskadig en na sy grond oorgesteek het. Hy het na bewering met 'n naburige boer baklei en dié se seun vyf keer geskiet. Die seun het teruggeskiet en die verdagte in die heup gewond voordat hy aan sy beserings beswyk het. Die polisiewoordvoerder, Mmako Mophiring, sê aanklagte van moord, poging tot moord en aanranding met die doel om ernstig te beseer word ondersoek.
In 'n onlangse twiet van aktivis dr. Job Amupanda vra hy hoekom kan onderwysminister Anna Nghipondoka en minister van finansies Ipumbu Shiimi nie geld op 5 Januarie aan skole vrystel nie? Hy vra of die hele land, nagenoeg 3 miljoen Namibiërs, dit as normaal aanvaar dat dit goed is dat die minister van finansies en onderwys jaarliks laat is? Kosmos 94.1 Nuus het met AR-aktivis, George Kambala, gepraat vir 'n meer in-diepte verduideliking van wat Amupanda in sy twiet bedoel het...
Krieket: Die Proteas se toetskaptein, Dean Elgar, is tevrede met die manier waarop sy span die toer na Australië afgesluit het. Suid-Afrika het Sondag 'n onbesliste uitslag afgedwing in die derde en laaste toets in Sydney. Die Proteas moes opvolg ná ’n eerstebeurt-agterstand van 220 lopies. Sarel Erwee, Heinrich Klaasen en later Temba Bavuma het egter vasgebyt en die Proteas tot 106 vir twee geneem toe die tyd uitgeloop het. Elgar het sy span geloof vir sy veggees.
'n Mosambiekse burger sal vandag in die Randburgse landdroshof in Johannesburg verskyn in verband met ontvoerings in sy geboorteland. Die 50-jarige man is in hegtenis geneem ná 'n uitlewerings-versoek deur die Mosambiekse regering. 'n Polisiewoordvoerder, Athlenda Mathe, sê 'n span, insluitend lede van die spesiale taakmag, misdaadintelligensie en georganiseerde misdaad, het op die 50-jarige Esmael Malude Ramos Nangy in Centurion , Tshwane, toegeslaan.
Die polisie in Limpopo het met 'n geregtelike doodsondersoek begin nadat agt vermeende onwettige mynwerkers wat by Ga-Maroga chroom gedelf het, dood is nadat hulle blykbaar van Vrydag af ondergronds vasgekeer was. Polisiewoordvoerder Motlafela Mojapelo sê hulle is uitgeroep en het gevind dat inwoners reeds begin het om die liggame te herwin.
Motorsport: Vandag is ‘n welverdiende rusdag vir die veldrenjaers by die Dakar-tydren in Saoedi-Arabië. In die agtste sneltrajek was Toyota Gazoo Racing se Nasser Al-Attiyah en Mathieu Baumel tweede, maar hulle is steeds algeheel in die eerste plek. Henk Lategan en Brett Cummings was tweede. Henk sê dit was ‘n rustiger dag.
Giniel de Villiers en sy navigator Dennis Murphy is weer geteister met twee pap bande. Dit het veroorsaak dat hy sy vierde algehele posisie aan Sebastien Loeb moes afstaan. Giniel sê in die T1-plus-klas mag deelnemers net twee spaarbande saam met hulle ry.
Die Kaapse Wynlande-distriksmunisipaliteit in die Wes-Kaap ontplooi brandbestryders om 'n brand in die Boontjiesrivier-gebied naby Wolseley te blus. Die brand is omstreeks middernag aangemeld en brand tans hoog in die berg. Die woordvoerder, Jo-Anne Otto, sê grondspanne van die munisipaliteit en CapeNature sal saam met lugsteun na die gebied gestuur word.
‘n Namibiese opposisieparty het gereageer oor die lae opkoms en gebrek aan kandidate van opposisiepartye in die tussenverkiesing van die Moses //Garoëb-kiesafdeling in die hoofstad. Slegs 4 822 kiesers uit die 42 135 geregistreerde kiesers, of te wel 11,5 persent, het hul kruisies gaan trek. Die lae opkoms word voor die deur gelê van inwoners wat nog steeds met vakansie is. Swapo se kandidaat, Stephanus Ndengu het geseëvier. Slegs vyf kandidate het gestaan, waarvan twee onafhanklike kandidate was. Vrae word gevra waar die ander opposisiepartye was, soos die amptelike opposisie PDM, asook Nudo, UDF, Swanu en LPM. Kosmos 94.1 Nuus het aan die woordvoerder van Landless People's Movement, Eneas Emvula, gevra waar die LPM was. Hy het sy antwoord só verwoord...
Die president van die ANC, Cyril Ramaphosa, sê die onbestendigheid van kragvoorsiening bly een van die grootste struikelblokke vir ekonomiese herstel, en ontwrig die lewens van alle Suid-Afrikaners. Hy het die regerende party se 8 Januarie Presidentsrede in Bloemfontein gelewer. Ramaphosa sê die ANC doen ‘n beroep op Eskom en die regering om onmiddellik daarop te fokus om bykomende opwekkings-eenhede weer in bedryf te stel. Hy wil ‘n einde maak aan verdere agteruitgang deur noodsaaklik instandhoudingswerk, en te verseker kragstasies het geskoolde, ervare personeel.
Die president van die ANC, Cyril Ramaphosa, sê die taak om te verseker dat alle Suid-Afrikaners deel in die land se welvaart is nog lank nie afgehandel nie. Hy het in sy 8 Januarie-presidentsrede gesê, Suid-Afrika se ongelykhede in rykdom en inkomste word steeds grootliks gekenmerk deur die rasse-, gebieds- en geslagsdemografie van die koloniale en apartheidsverlede. Ramaphosa sê die taak van breë basis swart ekonomiese bemagtiging moet meer intens en doelgerig aangepak word.
Die DA veroordeel die poging tot vergiftiging op Eskom se bestuurshoof, André de Ruyter by Megawatt Park. De Ruyter het 'n strafregtelike saak geopen nadat verhoogde vlakke van sianied in sy bloed ontdek is. Ghaleb Cachalia van die DA sê nie net is De Ruyter oorgelaat aan sy eie lot nie, maar nou is kriminele sindikate binne Eskom ook intens daarop ingestel om die ekonomie te vernietig.
In die buurland het ’n 60-jarige man van Lichtenburg in Noordwes se twee Amerikaanse veghond-kruisings en nog ’n hond van ’n onbekende ras het hom doodgebyt. Die man se vrou was tydens beurtkrag buite die huis besig toe sy die honde hoor blaf. 'n Polisiewoordvoerder, Sam Tselanyane, sê sy het nie gedink sy hoef ondersoek in te stel nie, omdat hul huis in 'n besige straat geleë is en die honde gereeld vir verbygaande voetgangers en voertuie blaf.
Hy sê hulle wil ingelig wil word oor die bilaterale kwessies en wat dit beteken vir die mense wat gely het onder die hande van die Botswana-weermag.
Namibian Lives Matter het sy reaksie gegee oor Botswana se President Mokgweetsi Masisi wat op 'n eendag-besoek aan Namibië op uitnodiging van President Hage Geingob was. Masisi se besoek volg op die twee lande wat einde verlede jaar die eerste sitting van die Botswana-Namibië Bi-Nasionale Kommissie gehou het onder voorsitterskap van die twee Presidente. Die beweging sê hulle is nog steeds ontevrede oor die hantering van die kwessie oor 37 Namibiese burgers wat deur die Botswana-weermag doodgeskiet is. Sinvula Mudabeti, een van die leiers van die beweging, sê aan Kosmos 94.1 Nuus hulle sou verwag dat die kwessie tydens hierdie besoek van die in die Namibiese staatshuis aangespreek word
Die ANC-president, Cyril Ramaphosa, sê die party bly vasberade in sy verbintenis om billike toegang tot grond te verseker om apartheid se ruimtelike beplanning om te keer en die deelname van voorheen benadeelde gemeenskappe aan landbou en ander grond-gebaseerde nywerhede te verhoog. Hy het die ANC se 8 Januarie Presidentsrede gelewer. Ramaphosa sê die party verwelkom die Nasionale Vergadering se aanvaarding van die Wetsontwerp op Onteiening wat voorsiening maak vir onteiening sonder vergoeding, soos daar op die 54ste nasionale konferensie besluit is.
Suid-Afrikaners staar vir die afsienbare toekoms onophoudelike beurtkrag in die gesig, met fase 3 en fase 4 wat deur die dag en nag sal voortduur. Eskom sê dit is die gevolg van onklaarrakings en beplande instandhouding by verskeie van sy kragstasies. Volgens woordvoerder Sikonathi Mantshantsha sal nog inligting uitgereik word soos die situasie verander.
Die ANC-president, Cyril Ramaphosa, sê miljoene jong Suid-Afrikaners tussen 18 en 35 het nie werk, óf ‘n geleentheid tot onderwys of opleiding nie. Hy het tydens sy 8 Januarie Presidentsrede gesê die regering moet steeds voorkeur gee aan die indiensneming van jong mense. Vanjaar moet die regering alle planne uitbrei wat werkservaring aan jongmense bied, en ondersteuning, befondsing en markgeleenthede voorsien. Ramaphosa sê die regering moet die voorsiening van toelaes koppel aan roetes wat lei tot werk, eie-diens, opleiding en ander vorms van ekonomiese ontwikkeling
Die skakelbeampte by die Swakopmundse munisipaliteit, Linda Mupua, sê daar is 'n behoefte om trauma-sentrums in Namibië te hê vir beide onderwysers en leerders om 'n veilige ruimte te bied wat hulle in staat sal stel om te praat en gehoor te word. Volgens Mupupa kan onopgeloste trauma die prestasie van beide onderwysers en leerders belemmer. Sy sê trauma op sigself veroorsaak 'n hindernis, wat dit moeilik maak om liefde te ontvang of te gee, en as onderwyser is dit belangrik om te weet hoe om liefde te betoon aan leerders in klaskamers.
Landbouverenigings in die buurland vrees die voortslepende energiekrisis kan 'n nadelige uitwerking hê op voedselsekerheid. Opkomende boere wat besproeiingsgewasse, pluimvee, melk en vrugte vir uitvoer produseer, verkeer onder geweldige spanning, want beurtkrag lei vir hulle tot groot verliese. Die uitvoerende hoof van die Afrika-boerevereniging van Suid-Afrika, Thandeka Mbassa, sê die nie-nakoming van slag-tydsones sal ook noodwendig daartoe lei dat boere baie meer vir voer moet betaal.
Met die begin van die 2023 skooljaar om die draai, is talle ouers gewoonlik in die nuwe jaar vasgevang in ‘n finansiële dispuut en konflik wanneer skooluniforms en -benodighede gekoop moet word. Staatskole maak weer hul deure Woensdag oop. Oor die algemeen leer Namibiërs nie uit vorige ervarings nie en berei hulle nie voor op geleenthede soos die heropening van skole nie. Maatskaplike kommentator en aktivis, Ngamane Karuaihe-Upi, sê ouers moet beter vooraf beplan om konflik te vermy.
Die gewilde Wika-karnaval vind weer vanjaar in Windhoek plaas. Alhoewel die fees 'n bekende Duitse tradisie is, word dit deur talle in Namibië met sy diverse kulture gevier. Vanjaar se Wika-karnaval sal op 24 Maart met die Prinzenbal afskop, waarna sy verskillende aktiwiteite tot 1 April sal duur. Die president van Wika, Holger Mentzel sê aan Kosmos 94.1 Nuus 'n orkes vanaf Duitsland sal karnaval-gangers vermaak.
Verpligte Simkaart-registrasie he in Namibië begin en loop volgens die Kommunikasie Regulerende Owerheid van Namibië, Cran, op 31 Desember 2023 ten einde. Cran is tot dusver tevrede met die verloop van registrasie. MTC sê hy is ook suksesvol in sy veldtog vir Simkaart-registrasie vir sy meer as twee miljoen kliënte.John Ekongo, MTC se korporatiewe kommunikasiebestuurder, veruidelik aan Kosmos 94.1 Nuus watter dokumente nodig is vir registrasie.
Die eerste geval van ‘n nuwe Covid-subvariant is in Suid-Afrika bevestig. Die XBB.1.5-subvariant word beskryf as die aansteeklikste tot nog toe. Die departement van gesondheid sê hulle is tans in gesprek met wetenskaplikes om meer inligting oor die subvariant in te samel. Die hoof van die genomika-waarnemings-netwerk by die Universiteit van Stellenbosch, professor Tulio de Oliveira, het die eerste geval op Twitter bevestig. Hy sê geen hospitalisasies of sterftes het nog in Suid-Afrika voorgekom nie. Die XBB.1.5, ‘n Omikron-subvariant, is reeds in 28 lande geïdentifiseer. Dié subvariant is tans verantwoordelik vir meer as 40 persent van Covid-gevalle in Amerika
Die Suid-Afrikaanse minister van hoër onderwys, wetenskap en innovasie, Blade Nzimande, is woedend en veroordeel die moord op die visekanselier van die Universiteit van Fort Hare se lyfwag, Mboneli Vesele. Die sluipmoord-aanval was waarskynlik vir Sakhele Buhlungu bedoel. Hy was ten tye van die aanval nie in die voertuig nie en is intussen na 'n plek van veiligheid geskuif. 'n Woordvoerder vir die departement, Ishmael Mnisi, sê Nzimande vra vir 'n vinnige ondersoek en die inhegtenisneming van die aanvallers.
‘n Namibiese ekonomiese kenner het gereageer op die buurland se gebrek aan ‘n spaarkultuur. Suid-Afrika het 'n lae spaarkoers van ongeveer 15 persent, vergeleke met die gemiddeld in die res van die wêreld van meer as 25 persent. Mense behoort hierdie tyd van die jaar opsies te oorweeg om hulle geld weg te sit, maar dr. Omu Kakujaha-Matundu van die departement ekonomie aan die Universiteit van Namibië, sê aan Kosmos 94.1 Nuus dit is nie so eenvoudig in Namibië met sy hoë werkloosheidsyfer nie.
Plaasverkope in Namibië en Suid-Afrika herstel goed ná die Covid-pandemie. Altesaam 3 864 plase is tussen Januarie en Oktober verlede jaar in die buurland verkoop, volgens Agri Development Solutions. Die voorsitter van die organisasie, Johann Bornman sê verkope is in sommige streke negatief beïnvloed weens die droogte wat die paar jaar daar heers. Kosmos het met Nick Dreyer, ‘n eiendomsagent by Agent by Aqua Real Estate, gepraat oor hoe dit met plaasverkope in Namibië gaan.
ʼn Lid van die uitvoerende komitee van die ANC, David Makhura, sê streng maatreëls is nodig om oortreders van rassisme en geslagsgeweld te straf. Hy het by die 111-de verjaardagvieringe van die party in die Vrystaat terugvoer gegee oor die werksaamhede van die komitee vir strategie en taktiek. Makhura vra vir meer beleidsbeginsels en instrumente om te help om oortreders van sulke misdade aan die pen te laat ry.
Die Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit se brandweerdienste het bevestig dat die brand in die berge bo die R46 tussen Ceres en Wolseley opgevlam het. Twee helikopters en 'n tweede grondspan is ontplooi. Die brandweerdienste bestry nog 'n brand in die Olifantsberg-area buite Worcester, sê die woordvoerder, Jo-Anne Otto.
Verkeersboetes van sowat 1,45 miljoen Namibiese dollar is dié feesseisoen aan die kus uitgereik. Volgens die Walvisbaaise verkeersdepartement is meer as 400 verkeersboetes uitgereik, waarvan 44 vir die bestuur onder die invloed van alkohol was. Dronkbestuurders se boetes beloop 352 000 dollar. Sowat 25 voertuie is as onpadvaardig verklaar. Swakopmund se senior verkeersbeampte, Trudie Xoagus sê aan Kosmos 94.1 Nuus 21 mense is in verband met dronkbestuur op dié kusdorp vasgetrek.
Spesialis-veiligheidsdienste in die buurland sê die ma wat saam met haar vierjarige seuntjie in Mpumalanga verdwyn het, is gevind. Lushka Taljaard en haar seun Daniel van Hendrina is in die middestad van Pretoria by 'n vulstasie opgespoor. Die ondersoekbeampte, Morney Vos, sê sy was erg getraumatiseerd en is saam met haar seun in die Unitas-hospitaal in Centurion opgeneem. Volgens Vos is ’n ondersoek aan die gang om die rede vir hulle verdwyning te bepaal.
Kosmos 94.1 se Copps 94.1 teenmisdaad-realiteitsprogram was Vrydagaand regstreeks op die lug met ons borge G4S Namibia, JAC van M&Z Motors, Minet Namibia Insurance Brokers, LifeLink Emergency Services, Cema Drilling and Compressors, ITR Namibia Earthmoving Equipment, Namibia Breweries Limited, Spar Express, Dulux Namibia, Annabelle Non-Alcoholic Sparkling en Engen Eureka Service Station. Francois Lottering was op grondvlak in Windhoek.
Voormalige Namibiese kabinetsminister, dr. Libertine Amadhila, is baie trots op die drie Namibiese vroue wat aangewys is as van die 100 invloedrykste mense in Afrika vir 2023. Hulle is die Namibiese Presidentsvrou en sakevrou in eie reg, Monica Geingos, bekroonde oogarts, dr. Helena Ndume, en die uitvoerende hoof van die Motorvoertuig-ongelukkefonds, Rosalia Martins-Hausiku. Reputation Poll International se lys is saamgestel deur die wêreldwye reputasie-firma. Dit bevat individue uit diverse sektore, insluitend bestuur, vermaak, menseregte, onderwys en besigheid, wat gekies is op grond van die kriteria soos integriteit, sigbaarheid en impak. Dr. Amadhila wens die dames geluk...
Honderde ANC-lede gaan die ANC se 111de verjaardagvieringe in Bloemfontein in die Vrystaat bywoon. Hierdie naweek sal na verwagting ook die ekonomie ʼn hupstoot gee. Die uitvoerende hoof van die Vrystaatse Drank-, Dobbel- en Toerismeraad, Kenny Dichabe, sê die geleentheid sal bydra om binnelandse toerisme te laat groei. Dichabe sê ook die plan is om in staat te wees om groot funksies aan te bied om beleggings te lok.
Stad Kaapstad se wetstoepassers het tussen 1 Desember 2022 en 2 Januarie altesaam 1 291 mense in hegtenis geneem, 33 vuurwapens herwin en duisende boetes uitgereik vir verskeie oortredings. Beslaglegging op alkohol het drasties toegeneem en die nooddienste het ook hulle hande vol gehad. Die brandweer het reageer op 3 442 noodgevalle. Die burgemeesters-komiteelid vir veiligheid en sekerheid, JP Smith, sê dis tyd dat strenger maatreëls teen oortreders oorweeg word.
Wat die swak eksamenuitslae van 2022 betref, eis Mootu ook dat die minister van onderwys afgedank word.
Die Namibiese politieke jaar van 2022 is op ‘n lae noot afgesluit wat parlementêre sittings van die Nasionale Vergadering betref. 'n Aantal sittings moes afgelas word as gevolg van geen kworum bereik nie, nadat opposisielede uit die parlement geloop het. Met 2024 se presidensiële en algemene verkiesings in gedagte, word 'n besige jaar op die politieke front verwag. Landless Peoples’ Movement se parlementslid, Utaara Mootu het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor hul planne vir 2023.
Beide Namibië se mans- en vroue-hokkiespanne sal in aksie wees by die Binnenshuise Hokkie-Wêreldbeker wat van 5 tot 11 Februarie in Pretoria, Suid-Afrika, plaasvind. Die vroue is besig met 'n intensiewe oefenprogram in Windhoek voordat hulle op 14 Januarie na Nederland vertrek om hul voorbereiding op te skerp met wedstryde teen die Nederlandse nasionale span en ander klubs. Namibië sal poog om hul vertoning by die 2018 Binnenshuise Wêreldbeker in Berlyn te verbeter, waar hulle die kwarteindronde net-net misgeloop het om uiteindelik negende te eindig. Namibië se afrigter van die vrouehokkiespan, Erwin Handura, deel sy opgewondenheid met Kosmos 94.2 Nuus.
Stad Kaapstad sê al sy strande wat weens riool-oorstromings gesluit moes word, is weer aan die publiek oopgestel. Verskeie van die stad se gewildste strande, insluitend die Vishoek, Strand en Small Bay, strande moes tydelik gesluit word na pompstasies probleme ervaar het weens beurtkrag. Kosmos 94.1 Nuus se korrespondent in Kaapstad, Fritz Platt...
Die Stad Kaapstad het bevestig 378 mense is dakloos gelaat nadat 'n brand 75 strukture in die Pholapark-informele nedersetting in Philippi vernietig het. Die woordvoerder van ramprisiko-bestuur in die stad, Charlotte Powell, sê Gift of the Givers, Muslim Hands, Sassa en Beautiful Gate verskaf humanitêre hulp.
Die 30ste Marathon Sugar Quinton-Steele Botes Atletiek-oefenkamp vind vanaf Maandag in die hoofstad plaas. Uitstekende afrigters soos Olimpiese silwermedaljewenner, Christine Mboma, se afrigter Henk Botha, asook Suid-Afrikaanse afrigters, sal atlete touwys maak. Die oefenkamp vind tot 12 Januarie by Affiespark by die Wanderers-sportklub in Pionierspark plaas. Organiseerder Leonie van Rensburg het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
ActionSA in Mpumalanga het die aanval deur 20 gewapende mans in die toeriste-bestemming Graskop veroordeel. Die rowers het op 'n vulstasie toegeslaan en die kassier beveel om die kluis uit te wys. Thoko Mashiane van ActionSA sê hulle het daarna 'n nabygeleë toeriste-sentrum bestorm waar hulle plofstof aan die brand gesteek en met 'n onbekende hoeveelheid geld gevlug het.
Hoewel die Namibiese Padowerheid vroeër die week aangekondig het dat die pad tussen Aussenkehr en Rosh Pinah langs die Oranjerivier heropn is, is vlakke van die rivier weer besig om te styg weens die swaar reën in Suid-Afrika. Die owerheid waarsku padgebruikers om versigtig te wees wanneer hulle die paaie langs die Oranje gebruik. Daar is padtekens aangebring en ‘n span is op bystand. Die korporatiewe kommunikasiebestuurder, Hileni Filemon sê aan Kosmos 94.1 Nuus daar is ‘n span op bystand.
AfriForum is gekant teen die voorgestelde konsep-wysigings aan die regulasies vir pensioenvoordele vir militêre veterane soos vir openbare kommentaar gepubliseer deur die minister van Verdediging en Militêre Veterane, Thandi Modise. AfriForum se woordvoerder vir gemeenskapsveiligheid, Jacques Broodryk, sê die regulasies is diskriminerend en ongrondwetlik aangesien dit slegs voorsiening maak vir pensioenvoordele aan drie uitgesoekte nie-statutêre magte – Umkhonto we Sizwe, Azanian People’s Liberation Army en die Azanian National Liberation Army.
ActionSA in die Oos-Kaap sê die provinsiale departement van gesondheid, die Huis van Tradisionele Leiers, wetstoepassingsagentskappe en alle ander belanghebbendes soos die gesinne van inlywings-kandidate moet meer gesamentlike verantwoordelikheid neem om beheer uit te oefen oor inlywingskole en om enige lewensverlies te voorkom. Dit volg nadat 34 sterftes reeds tydens die huidige somer-inlywingseisoen aangemeld is. Athol Trollip van ActionSA sê slegs 'n poging tot samewerking tussen alle belanghebbendes sal uiteindelik dié onnodige sterftes stopsit.
Swendelaars is hierdie tyd van die jaar bedrywig en ‘n nuwe bedrogspul is by die Namibiese polisie in die Erongo-streek gerapporteer. Die skelms doen hulle voor as polisiebeamptes en vra die publiek telefonies vir beweerde verkeersboetes en lasbriewe vir inhegtenisneming. Nampol se bevelvoerder vir gemeenskapsake in Erongo, inspekteur Ileni Shapumba, sê aan Kosmos 94.1 Nampol sal nooit enige betaling per e-Wallet of enige ander vorm van aanlyn transaksie eis nie.
Die Stad Kaapstad is trots op die sukses van sy Identikidz-program. Die stad het op sy strande armbandjies verskaf vir meer as 92 000 kinders om te sorg dat hulle weer by hul ouers kan uitkom sou hulle wegdwaal. Die burgemeesterskomiteelid vir gemeenskapsdienste en gesondheid, Patricia van der Ross, sê 369 kinders is suksesvol herenig, maar die meeste van dié wat geskei was van hul gesinne het nie armbandjies gedra nie, wat dit moeiliker gemaak het om hulle versorgers op te spoor.
Die Namibiese Korrektiewe Dienste het al talle klagtes ontvang van werksoekers wat slagoffers geword het van swendelaars wat vir hulle poste in die dienste teen betaling sou fasiliteer. Die slagoffers het goedsmoeds geld aan vreemdelinge betaal ná 200 poste in September verlede jaar geadverteer is. Die kommissaris-generaal van die dienste, Raphael Hamunyela, waarsku die publiek om geen betalings aan skelms te maak nie.
Die kommissaris-generaal sê hulle is oorval met aansoeke en die kortlys vir kandidate vir onderhoude sal volgende week vrygestel word.
Volgens die Verkiesingskommissie van Namibië is inwoners van die Moses //Garoeb-kiesafdeling in Windhoek traag om in vandag se tussenverkiesing te stem. Die tussenverkiesing is genoodsaak weens die dood van die kiesafdelings-raadslid, Aili Venonya, in Oktober verlede jaar. Ná Venonya se afsterwe het die kiesafdeling geen raadslid gehad nie. Kosmos 94.1 Nuus het met Rakondjerua Kavari, verkiesingsbeampte by die kiesafdeling in Windhoek, gepraat oor hoe die stemproses verloop.
Die Namibiese Bloedoortappingsdiens het ‘n kritieke tekort by bloedbanke landwyd ná die feesseisoen. Hulle doen 'n beroep op alle bloedskenkers, veral dié met die O-tipe en B-tipe bloedgroep om bloed te skenk. Die woordvoerder van die diens, Titus Shivute, sê aan Kosmos 94.1 Nuus môreoggend vanaf agt-uur tot twee-uur die middag kan Windhoekers die bloedskenk-kliniek besoek
Die voormalige Namibiese ombudsman, advokaat John Walters het sy skok uitgespreek oor onlangse skokkend voorvalle van geweld teen kinders. Vandeesweek het die 88-jarige Gustav Willem wat van die verkragting en moord op 'n drie-jarige meisie aangekla word, het in die landdroshof op Ondangwa verskyn. Die 39 jarige Maria Johannes, die vermeende aanrander van ‘n verwaarloosde 12-jarige meisie, het in die Katurura-landdroshof in Windhoek verskyn. Beide is borgtog geweier. Kosmos 94.1 Nuus het met advokaat Walters gepraat oor toenemende misdaad teenoor Namibiese kinders.
Die omstrede Suid-Afrikaanse joernalis wat die "Tembisa-tienling" bekendgestel het, volstaan met sy storie. Die redakteur van Pretoria News, Piet Rampedi, het in Junie 2021 die geboorte van Gosiame Sithole se tienling aan die Gautengse Oos-Rand aangekondig. Geen bewyse van die tien babas is egter ooit gevind nie, wat bevestig is in 'n verslag van die waarnemende openbare beskermer, Kholeka Gcaleka. Rampedi sê die verslag is uiters gebrekkig omdat Gcaleka nie met die partye midde in die saak geskakel het of hom, of enige van sy werkgewers, spesifieke inligting gevra het nie. Ben Roodman van die Suid-Afrikaanse Persklub het sy reaksie aan Kosmos 94.1 Nuus gegee en deel ook sy raad met joernaliste.
Die Valke sê hulle verwag dat nog verdagtes binnekort in hegtenis geneem sal word in verband met ‘n poging tot ‘n transito-rooftog in die Wes-Kaap. Dit volg op 'n voorval waarin ses mans 'n pantser-voertuig by 'n Engen-vulstasie buite Mosselbaai aangeval het. Die Valke se woordvoerder, Zinzi Hani, sê die verdagtes het die veiligheidswagte van ‘n vuurwapen beroof maar kon nie toegang tot die kontant in die geldwa kry nie. Twee van die verdagtes is by George vasgetrek en sal in die Mosselbaaise landdroshof verskyn.
Volgens die waarnemende mediese superintendent van die Onandjokwe-staatshospitaal naby Ondangwa in hospitaal, word 7 500 babas per jaar by die hospitaal gebore. Dr. Saad Rwehumbiza sê ten minste 700 babas word per maand by die hospitaal gebore en soms een elke uur, daarom is personeel opgewonde dat die konstruksie van die kraamsaal van 59 miljoen Namibiese dollar byna voltooi is. Die kraamsaal, wat tans 70 beddens het, sal die grootste kraamsaal onder alle staatsgesondheidsgeriewe in die land wees. Dit sal 120 beddens en sy eie twee teaters hê, ’n hoësorgeenheid vir babas en ma’s, asook ’n noodgevalle-afdeling. Dr. Saad Rwehumbiza...
Sokker: Die plaasvervanger Riyad Mahrez, wat in die tweede helfte vir op die veld gedraf het, het gesorg dat Manchester City met sy oorwinning van 1-0 oor Chelsea opgeskuif het tot slegs vyf punte agter die voorlopers in die Engelse Premierliga, Arsenal. City se bestuurder, Pep Guardiola, vra sy spelers moet alles in die stryd werp om hul vyfde Premierliga-titel in ses seisoene in te palm.
Vyf mense wat in Noordwes in hegtenis geneem is ná die ontdekking van 'n liggaam op 'n plaas naby Koster, sal in aanhouding bly tot hulle Maandag weer in die plaaslike landdroshof verskyn. Stefan Nel, Donovan Martin, Mustafah Albertyn, Wayne Schroeder en Adam Barnard word aangekla van die moord op die 32-jarige Klaas Jobontho, terwyl aanklagte teen Lourene Janse van Niewenhuisen voorlopig teruggetrek is. Die Nasionale Vervolgingsgesag se woordvoerder, Henry Mamothame, sê polisie-ondersoeke het hulle na 'n kleinhoewe in Doornlaagte gelei.
Die Vereniging vir Staatsamptenare in die buurland verwelkom die regering se besluit om die nasionale minimum loon met agt persent te verhoog. Die vereniging sê hy sou nietemin graag 'n dubbelsyfer-verhoging wou gesien het om armes te help oorleef. Hy sê ook die feit dat meer as 60 persent van werkgewers nie aan die reeds-lae minimum loon voldoen nie, is nie bemoedigend nie. Die nasionale bestuurder van die vereniging, Claude Naiker, sê nakoming behoort afgedwing te word, maar werkgewers weet daar is tans geen gevolge vir nie-nakoming nie.
Daar is al ‘n geruime tyd bespiegelinge dat Russiese President Vladimir Putin terminaal siek aan kanker is. Die Oekraïnse militêre intelligensiehoof in die verdedigingsministerie, Kyrylo Budanov, het glo in ‘n TV-onderhoud gesê hy weet die 70-jarige Putin se stryd teen kanker gaan nie meer lank wees nie. Budanov het geen bewyse oor sy bewering gegee nie. Suid-Afrikaanse politieke ontleder, professor Andre Duvenhage gee sy reaksie aan Kosmos 94.1 Nuus op die vraag wat met die Russies-Oekraïnse oorlog sal gebeur as Putin se situasie vererger.
Mej. Namibië 2022, Cassia Sharpley is in die Amerikaanse stad New Orleans, Louisiana, om Namibië by die Mej. Heelal-kompetisie te verteenwoordig. Die 71ste Mej. Heelal word op 14 Januarie gekroon. Die Namibiese Uitsaaikorporasie, NBC, se raadsvoorsitter, Lazarus Jacobs, versoek Namibiërs om vir Cassia op Mej. Heelal se webtuiste te stem om die semi-finaal van dié skoonheids-kompetisie te haal.
Die Organisasie teen Belastingmisbruik, Outa, vra duidelikheid oor die omvang van Gauteng se bydrae om die e-tolskuld te vereffen en hoe die voorgestelde terugbetaling gaan werk. Hulle hoor voortdurend dat die regering en Sanral se tegniese span steeds onderhandel oor 'n finale ooreenkoms vir die afskaffing van e-tol. Outa se uitvoerende hoof, Wayne Duvenage, sê die regering is steeds verward en onvoorbereid wat betref die afhandeling van Sanral se e-tolskuld en wat gedoen moet word om die stelsel finaal te sluit.
Toyota Gazoo Racing het nóg ’n oorwinning in die sakkie tydens die vyfde sneltrajek van die 2023 Dakar-wedren. Die vyfde sneltrajek was 373 kilometer lank, maar dit was nie ‘n maklike dag in die duine van Saoedi-Arabië nie. Nasser Al-Attiyah en sy navigator Mathieu Baumel is steeds die voorlopers. Al-Attiyah is tevrede met hul algehele voorsprong wat verstewig is.
Suid-Afrikaners Henk Lategan en Brett Cumming het ‘n rowwe dag gehad. Lategan vertel...
Sedert die repokoers in Desember 2022 aangekondig is, word sommige Namibiese huishoudings gedwing om hul lewenstyl af te skaal deur na goedkoper verblyf-opsies te soek. Sommige eienaars het nie hul verbande betaal nie en huurders nie hul huur betaal voordat met vakansie vertrek het nie. Die ekonomiese druk het 'n beduidende impak op die land se huurmark. Banke sê dat agente en verhuurders bewus moet bly van die negatiewe impak van die huidige makro-ekonomiese omgewing op huurders om hul huur te betaal. Hille Petrus, hoof-agent by Peuyoshinge Properties, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.
Beamptes van korrektiewe dienste in die buurland, in samewerking met lede van die teenbende-eenheid en misdaad-intelligensie, het 'n klopjag by die Pollsmoor korrektiewe sentrum in Kaapstad uitgevoer. Die nasionale kommissaris, Makgothi Thobakgale, sê hulle het op smokkelgoedere afgekom, insluitende dagga, selfone, laaiers en tuisgemaakte wapens. Thobakgale sê die smokkelgoedere word deur sommige van hul lede ingebring of deur familie tydens besoektyd. Hy sê 'n beampte en sy dogter is vandeesweek aangekeer nadat hy in besit betrap is van dwelms ter waarde van 1,2 miljoen Suid-Afrikaanse rand.
Die president van Business Unity South Africa en ook die kanselier van die Universiteit van die Vrystaat, Bonang Mohale is op Reputation Poll International se lys van die mees gerespekteerde Afrikane vir 2023. Die verkiesings-kriteria het reputasie, invloed en sigbaarheid ingesluit. Mohale is ook 'n skrywer van topverkopers, professor in die regte aan die Johannesburgse Kollege vir Besigheid en Ekonomie en voorsitter van die Bidvest-groep. Mohale sê hy is geëerd om erkenning te kry.
Tshwane se nooddienste sê hulle gaan vandag voort om alle moontlike oorstromings-brandpunte te monitor. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het inwoners gewaarsku oor vlak twee ontwrigtende reënval. Die woordvoerder van die nooddienste, Charles Mabasa, sê Donderdag was daar oorstromings in strate in Pretorias envoertuie het plek-plek vasgeval.
Die Kommuniste Party van Eswatini wil sy straatbetogings in die koninkryk verskerp en na alle dorpe uitbrei. Hulle beplan om mense uit alle dele van die samelewing te mobiliseer, insluitende by werkplekke, skole, instellings vir hoër onderwys, asook landelike en arm stedelike gemeenskappe. Die internasionale sekretaris van die party, Pius Vilakati, sê dit is die begin van die oorname van mag deur die mense.
Die goudprys is die hoogste in ses maande met die Amerikaanse dollar wat teen ander geld-eenhede verswak het. Die dollar het verswak omdat die verwagtinge vir minder aggressiewe rentekoersverhogings deur die Federale Reserweraad van Amerika toeneem. Fed-amptenare het gewaarsku dat ongegronde rentekoersverlagings pogings gaan belemmer om die inflasieteiken te bereik. Omdat die dollar teenoor baie geld-eenhede gedaal het, maak dit goud goedkoper vir beleggers. Die dollar het intussen effens versterk ná die Fed se notules uitgereik is. Kosmos 94.1 Nuus het met Arney Tjaronda, aandele-navorser van High Economic Intelligence gepraat.
Weerkenners sê op kort termyn, maar veral die langer termyn, begin reënvaltoestande in Suider-Afrika verswak. Die La Niña-stelsel se onlangse tydelike oplewing kan van korte duur wees. Dit sal in Januarie vinnig verswak om oor te gaan in neutrale toestande. Die bekende onafhanklike weerkenner in Suid-Afrika, Johan van den Berg, sê aan Kosmos 94.1 Nuus hoe reënvooruitsigte vir Namibië lyk.
Die president van die ANC Cyril Ramaphosa erken die party se implementering van beleid is ondoeltreffend. Hy het by die hervatting van die ANC se 55ste nasionale verkiesingskonferensie gepraat waar hy die mislukkings en suksesse van die beleid uitgelig het. Hy het tydens ʼn virtuele sitting aan afgevaardigdes gesê die mislukkings het die vertroue tussen die party en die mense vertroebel.
Twintig Suid-Afrikaanse maatskappye gaan vanjaar 'n loodsprojek pak om 'n vierdag-werksweek in te stel. Dit is in verskeie Europese lande op die proef gestel maar daar is bevind werknemers is tam en maatskappye se inkomste hoër. Die idee is om aan werknemers 100 persent van hul salaris te gee waarvoor hulle 80 persent van die tyd moet werk maar 100 persent insit. ʼn Prokureur by Herbert, Smith, Freehills Employment, Jacqui Reed sê werkgewers moet die arbeids-implikasies noukeurig oorweeg.
Die Namibiese onderwysministerie het gereageer op die Suid-Afrikaanse departement van basiese onderwys gegee wat sê daar is geen kommer oor 'n moontlike tekort aan onderwysers in die komende jare nie. Die departement het sy reaksie gegee op onlangse navorsing van die Universiteit van Stellenbosch se Eenheid vir Navorsing oor Sosio-ekonomiese Beleid. Dit toon 49 persent van die onderwysers in diens van die departement is 50 jaar en ouer en sal in die volgende dekade aftree. Die woordvoerder van die departement, Elijah Mhlanga, sê daar is 'n ooraanbod van nuwe onderwysers. Volgens hom is maatreëls reeds in plek om voorsiening te maak vir die verouderende werksmag. Die uitvoerende direkteur in die Namibiese onderwysministerie, Sanet Steenkamp. gee haar reaksie oor hoe groot die plaaslike onderwystekort is, veral in landelike gebiede.
Die Suid-Afrikaanse energiekenner, Chris Yelland, sê die land se elektrisiteitskrisis het baie geleenthede in die energie-sektor geskep. Hy moedig Suid-Afrikaners aan om die bedryf te verken om te help om die bestaande kwessies oor die finansiële, bedryfs- en omgewingsvolhoubaarheid wat die sektor n die gesig staar, te pak. Yelland sê die bedryf is nou oopgestel vir nuwe idees om die voortslepende kragonderbrekings aan te spreek.
Tennis: Die eerste United Cup-toernooi het die beste mans- en vrouespelers byeengebring met 18 lande wat meegeding het in drie stede in Australië - Brisbane, Perth en Sidney. In môre se halfeindstryd speel Pole teen Amerika en Italië pak Griekeland. Amerika was tot dusver die oorheersende span en het 13 van hul 15 wedstryde gewen. 'n Groot deel van hulle sukses is toe te skryf aan Francis Tiafoe wat onoorwonne is in al die wedstryde waarby hy betrokke was.
Swakopmund en die Namibiese kus het ‘n besige feesseisoen beleef, veral ná afgelope stiller feestye weens die ontwrigting deur Covid-pandemie. Die sakegemeenskap van Swakopmund, het volgens die munisipaliteit goed sake gedoen. Skakelbeampte van Swakopmund Linda Mupupa sê aan Kosmos 94.1 Nuus oral in die dorp was stalletjies by feeste besig en restaurant-eienaars het ook rede om te glimlag.
Swaar reënval word in dele van Suid-Afrika voorspel en selfs sneeu in die Drakensberge! Die LUR vir samewerkende regering en tradisionele sake in KwaZulu-Natal, Sihle Zikalala het ramp-bestuurspanne op 'n hoë gereedheidsgrondslag geplaas. Wydverspreide oorstromings is vandag en môre moontlik oor groot dele van die provinsie. ʼn Woordvoerder, Nonala Ndlovu sê die vlak vyf- en nege-waarskuwings kan rampspoed meebring vir gemeenskappe wat in laagliggende gebiede woon.
Dit is die begin van ‘n nuwe sportjaar en verskeie Namibiese sportverenigings het reeds hul programme beplan. Krieket is in een van die land se bes presterende sportkodes en hulle wil hul prestasies in 2023 voortsit. Krieket Namibië se uitvoerende hoof, Johan Muller deel hul kort en lang termyn planne met Kosmos 94.1 Nuus.
Met Eskom wat vroeër vandag beurtkrag tot fase 4 verhoog het, is daar nou nog meer fokus om die land se energie-krisis in 2023 die hoof te bied. As deel van die Wes-Kaapse regering se planne om sy inwoners teen beurtkrag te beskerm, sal daar vanjaar nog miljoene Suid-Afrikaanse rand se belegging in die groenkrag-opwekkingsektor gepomp word om die negatiewe impak wat beurtkrag op die plaaslike ekonomie het, te verminder en te beperk. Fritz Platt, Kosmos 94.1 Nuus se korrespondent in Kaapstad...
Alhoewel minder padongelukke, sterftes en beserings hierdie feesseisoen op Namibiese paaie aangemeld is, heers kommer oor motoriste wat onder die invloed van alkohol bestuur. Net in die Oshana-streek is 64 mense in hegtenis geneem omdat hulle tydens die feestyd onder dronk bestuur het en verkeersboetes van meer as 1,8 miljoen Namibiese dollar is aan 1 924 verkeersoortreders uitgereik. Die hoofstad het 'n baie stil feestyd ervaar en gevalle van dronkbestuur het drasties afgeneem, sê sersant Marcelline Murapo van die Windhoek Stadspolisie.
Rugby: Al vier Suid-Afrikaanse spanne in die Verenigde Rugby-kampioenskap speel die naweek oorsee. Die Bulle kom net ná halftien môreaand in Wallis teen die Dragons te staan, terwyl die Leeus en Munster mekaar terselfdertyd in Ierland pak. Nog 'n Ierse span, Connacht, verwelkom Saterdag die Haaie, terwyl die Stormers Sondag in Skotland teen Glasgow Warriors sal uitdraf. Die Stormers is tans tweede op die punteleer ná Leinster, met die Bulle vierde, die Haaie vyfde en die Leeus 11de. Die president van die Blou Bulle, Willem Strauss...
Die Suid-Afrikaanse polisie waarsku lede van die publiek teen die ongemagtigde en onwettige gebruik van eiendom van die SAPD soos uniforms, toerusting en kentekens. Wetstoepassers het in ʼn videogreep wat op sosiale media in omloop is ʼn burgerlike gesien in ʼn gemerkte polisievoertuig met ʼn polisiepet op sy kop. Die woordvoerder, Athlenda Mathe, sê die ongemagtigde gebruik van polisie-eiendom is lynreg in stryd met die wet.
Die watervlak van die Kariba-dam het geval tot 0,97 persent bruikbare water, wat die kragtoevoer na Zambië en Zimbabwe raak. Volgens die Namibiese Statistieke-agentskap is die meeste van Namibië se krag, 47,8 persent, teen Oktober 2022 van Zesco in Zambië verkry. Tans is kragvoorsiening beperk tot 300 megawatt elk vir Zambië en Zimbabwe. Zimbabwiërs ly nou onder kragonderbrekings van tot 19 uur per dag weens onvoldoende water om die land se hoof-hidro-elektriese aanleg aan te dryf. Charlie Matengu, Cenored se skakelbeampte, sê aan Kosmos 94.1 Nuus op die oomblik het die situasie nog nie ‘n impak op Namibië nie.
Die Suid-Afrikaanse minister van hoër onderwys, wetenskap en innovering, Blade Nzimande maan studente en ouers om katvoet te loop vir onwettige of swendel-kolleges. Hierdie onwettige instellings bied nikswerd kwalifikasies aan wat geen punte tel by indiensneming of vir verdere studie nie. Die woordvoerder van die departement, Ishmael Mnisi, sê hulle sal steeds nou saamwerk met wetstoepassingsagentskappe om onwettige kolleges se deure te sluit.
In die buurland het Eskom het beurtkrag vanmiddag tot fase 4 verhoog. Dit is weens vertragings om sewe opwekkingseenhede weer in diens te stel. Volgens die bestuurder van krisiskommunikasie, Menzi Mngomezulu begin fase 3 môreoggend om vyf-uur totdat dit om vier-uur namiddag weer oorskakel na fase 4. Die patroon word herhaal tot Sondagoggend.
Hy voeg by dat Namibië se skuld by die IMF eers in 2024 gedelg moet word, maar hy deel die knelpunte van die ander Afrikalande.
Daar lê 'n lang, moeilike jaar voor vir Afrika-regerings wat te veel by die Internasionale Monetêre Fonds, die IMF, geleen het. Kenners sê lande soos Ghana, Tunisië, Kenia en Nigerië staar almal uitdagings in die komende jaar in die gesig. Kosmos 94.1 Nuus het met die Cirrus-ekonoom Robert McGregor gesels oor Namibië se skuld by die IMF en wat voorlê.
Rugby: Sir Clive Woodward, voormalige afrigter van Engeland se seëvierende Wêreldbeker-span in 2003, glo die nuwe afrigter vir die Rose, Steve Borthwick, gaan vir ‘n oplewing in Engelse rugby sorg. Borthwick het by Eddie Jones as afrigter oorgeneem. Corné du Rand van The Rugby Universe en RugbyCoffee gesels uit Twickenham oor die nuwe afrigter.
Stropery-sindikate in Namibië teiken toenemend private wildsplase met renosters, só erg dat boere hul renosters wil verkoop. Dit is bevestig deur Jaco Muller van die Rhino Momma-projek. Eienaars van renosters meen dit raak te duur om renosters te onderhou, veral as teenstropery-eenhede op hul wildsplase ontplooi moet word. Muller sê aan Kosmos 94.1 Nuus daar is net een oplossing om renosterstropery te bekamp.
‘n Amerikaanse aktrise, Loulou Taylor, is een van die slagoffers van ‘n rob-aanval op Clifton-strand in Kaapstad. Taylor wat tans in Suid-Afrika woon, sê sy is ses keer gebyt en het beserings aan haar vingers opgedoen. Sy is bekend vir haar rol in die TV-reeks Raised by the Wolves. ‘n Video is wyd op sosiale media gesirkuleer oor dié rob-aanval. Craig Lambinon van die Nasionale Seereddings-instituut waarsku baaiers om onmiddellik mediese hulp te kry indien hulle gebyt is, aangesien die wonde lelik kan ontsteek.
Die Suid-Afrikaanse rand is die sterkste in meer as vier maande teenoor die Amerikaanse dollar nadat goeie nuus oor China se inperkings en inflasiekoerse in Europa uitgereik is. Die nuus het die dollar teenoor talle geld-eenhede laat verswak, veral dié van lande soos Suid-Afrika en Australië. Die dollar was reeds onder druk van beleggers wat meer optimisties begin raak het oor die vooruitsig dat China sy streng Covid-regulasies gaan verslap. Die swak dollar het ook die goudprys laat styg. Bekende Suid-Afrikaanse ekonoom, Dawie Roodt, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor die wisselkoers.
Spar Hentiesbaai het soos ‘n feniks uit die as verrys. Spar het einde verlede jaar heropen nadat die winkel einde Maart tot op die grond afgebrand het. Die brand het reuse-skade berokken en was die grootste ramp tot op hede vir die kusdorp. Spar Hentiesbaai se bestuurder, Karel Agenbag, sê aan Kosmos 94.1 Nuus hulle het goeie besigheid in die feesseisoen gedoen.
Swendelaars bly besig met hul skelmstreke. Die Johannesburgse metropolisie waarsku inwoners teen vals advertensies en werkaanbiedings, wat kwansuis van die metropolisie af kom. Die advertensies nooi belangstellendes om vir vakatures aansoek te doen. Die woordvoerder, Xolani Fihla, sê daar is tans geen vakante metropolisie-poste nie. Hy sê die advertensies maak deel uit van 'n bedrogspul wat daarop gemik is om die publiek te mislei en mense moet die advertensies ignoreer.
Die Namibiese padvervoersektor het ook ‘n veiliger feesseisoen op Namibiese paaie beleef. Volgens die Motorvoertuig-ongelukkefonds is in die feestyd vanaf 22 November 2022 en 2 Januarie 2023 is altesaam 324 padongelukke aangeteken, 15,2 persent minder as die vorige jaar. Hierdie feestyd was daar 45 persent minder sterftes en 15 persent minder beserings as in die vorige feesseisoen. Lewensverliese was 54 in vergelyking met 98 die vorige jaar en 79 in 2020/2021. Stefan Terblanche, uitvoerende hoof van FP du Toit Transport, het met Kosmos 94.1 nuus oor hoe hul vragmotorbestuurders die paaie beleef het.
Krieket: Suid-Afrika se toer vir sy toetsreeks in Australië is 'n nagmerrie, met die tuisspan wat hul oorheersing op die tweede dag van die derde en laaste toets in Sydney voortgesit het. Met die reeks reeds in die sakkie vir Australië het hul openingskolwer Usman Khawaja sy 13de toets-honderdtal aangeteken, terwyl Steve Smith sy dertigste honderdtal geslaan het. Reën het die dag se spel vroeg beëindig met Australië op 475 vir vier, waarvan 'n onoorwonne 195 deur Khawaja bygedra is. Die Proteas se draaibouler Keshav Maharaj sê Australië het 'n ontsagwekkende kolflys.
Die Ietermagô Bewaring- en Navorsingstigting het ‘n ietermagô van 8,11 kilogram met ‘n satellietsender in die Nyae Nyae-bewaringsgebied in die noordooste van Namibië toegerus. Volgens die navorser van die stigting Kelsey Prediger het die ietermagô-wyfie ‘n kleintjie. Ietermagô-veldwagters van die San-gemeenskap sal die ietermagô monitor en die navorsing sal die ekologie van die hoogs bedreigde en gesmokkelde diere aandui, asook meer lig werp op hoe die kleintjies oorleef. Prediger het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor die navorsing en opleiding wat die ietermagô veldwagters ondergaan...
Daar heers chaos by die munisipaliteit van Lichtenburg in Noordwes. Die LUR vir samewerkende regering, menslike nedersettings en tradisionele sake in Noordwes, Nono Maloyi, het 'n voorval in die Ditsobotla plaaslike munisipaliteit in Lichtenburg veroordeel. Die departement se woordvoerder, Dineo Thapelo, sê 'n groep kontrakwerkers wie se kontrakte beëindig is, het na bewering die oggend vir diens aangemeld en toe amok gemaak en amptelike dokumente wat hulle by munisipale kantore afgehaal het, weggegooi.
Die voormalige hoof van Nampol se dwelm-eenheid het sy reaksie gegee op nog ‘n vermeende dwelmsmokkelaar wat by die Hosea Kutako Internasionale Lughawe in hegtenis geneem is. Die Suid-Afrikaanse burger, die 44-jarige Michael Mpangala, wat van die onwettige handel in kokaïen ter waarde van meer as 5 miljoen Namibiese dollar aangekla is, het glo ook Brasiliaanse valuta ter waarde van 700 000 Namibiese dollar in sy bagasie gehad. Hy het van Brasilië af gekom het om glo die dwelms op Okahandja af te lewer. Hermie van Zyl verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus hoe dwelms Namibië binnekom.
Die Stad Tshwane sê hy het met kommer kennis geneem van die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes se onlangse verklaring van 'n uitbreking van masels in Suid-Afrika. Vyf provinsies, Limpopo, Gauteng, Mpumalanga, die Vrystaat en Noordwes, het reeds gevalle aangemeld. In Tshwane is 14 laboratorium-bevestigde gevalle sedert Mei aangeteken. Die jongste bevestigde geval in die stad is, is volgens die woordvoerder, Sipho Stuurman, 'n vierjarige seuntjie van Hammanskraal het die siekte opgedoen.
Die Stad Tshwane sê daar is in tot dusver geen aanduiding van 'n tros-uitbreking van masels in die metro nie, maar die situasie kan verander. Reis-getalle sal na verwagting toeneem voor die heropening van skole volgende week. Die stad se woordvoerder, Sipho Stuurman, sê die munisipale gesondheidsdepartement se reaksie-spanne is gereed om die situasie te hanteer en die verspreiding so ver moontlik te beperk.
Suid-Afrikaanse matrikulante word aangeraai om loopbaangeleenthede in die mariene-bedryf te oorweeg. Die Haaieraad van KwaZulu-Natal bied vanjaar 23 internskappe aan vir jongmense wat daarin belang stel om geleenthede in die sektor te volg. Die raad se hoof van navorsing, Matt Dickens, sê dit vorm deel van ʼn regerings-inisiatief om werks-opleiding op die gebied van mariene-wetenskap te skep.
Die Kaapse Wynlande-distriksmunisipaliteit in die Wes-Kaap sê geen beserings of skade aan eiendom is aangemeld tydens 'n brand wat Dinsdag in die berge bo die R46 tussen Ceres en Wolseley uitgebreek het nie. Die brand is in bedwang gebring en die bedrywighede kon afgeskaal word. Die munisipaliteit se Brandweer-woordvoerder, Jo-Anne Otto, sê die twee helikopters, drie brandbestrydingsvoertuie en drie van die grondspanne het na hul basisse teruggekeer.
Verlede jaar het President Hage Geingob aangekondig dat Namibiese en Botswana-burgers binnekort hul identiteitsdokumente as reisdokumente tussen die twee lande gaan gebruik. Dit is nog nie geïmplementeer nie, maar Namibië het volgens ‘n plaaslike toergids, veral tydens die feesseisoen in die kusstreek, baie besoekers van Botswana ontvang. Toergids Joseph Kafuna sê aan Kosmos 94.1 Nuus busse van Botswana het Namibië ingestroom.
Die vakverbond Cosatu is verheug oor die regering se besluit om 'n agt persent verhoging in die minimum loon in te stel. Cosatu sê dit sal broodnodige verligting bring vir miljoene werkers. Die algemene sekretaris Solly Phetoe sê Cosatu dring egter steeds aan op 'n tien persent verhoging in die minimum loon. Phetoe sê dit sal baie werkers help wat sukkel om te oorleef.
Die debat oor die swak Namibiese eksamenuitslae vir 2022 wil nie gaan lê nie. Namibiërs bevraagteken hulself oor wat weer verkeerd gegaan het en waarom leerders so swak gevaar het. Op sosiale media gaan gesprekke voort en sommige mense wys vingers na ouers se gebrek aan belangstelling in hul kinders se opvoeding. Kosmos 94.1 Nuus het die strate ingevaar om uit te vind hoe ander oor die saak voel...
Sy landgenoot Giniel de Villiers en sy navigator, Dennis Murphy was negende en is sewende algeheel. Hulle het 'n beter dag gehad, sê De Villiers...
Die vierde sneltrajek van die Dakar-tydren in Saoedi-Arabië is gewen deur Sebastien Loeb in sy Prodrive Hunter, maar Toyota Gazoo Racing se Nasser Al-Attiyah en sy navigator Mathieu Baumel is nog steeds die algehele voorlopers in die 2023 Dakar-tydren nadat hulle vierde was. Suid-Afrikaner Henk Lategan en sy navigator Brett Cummings was sesde en is vyfde algeheel. Lategan sê hulle het 'n moeilike dag beleef...
President Hage Geingob sê die implementerings-ooreenkoms vir die beplande Hyphen Hydrogen Energy-projek naby Lüderitz van 170 miljard Namibiese dollar sal na verwagting in die eerste kwartaal van 2023 afskop. Hyphen het Augustus 2022 sy optimisme uitgespreek het dat die implementerings-ooreenkoms vir die projek voor die einde van 2022 deur die Namibiese regering onderteken sal word. Die kabinet het die samestelling en aanstelling van die regerings-onderhandeling-span om die ooreenkoms te finaliseer, voor die voorgestelde tydlyn van sy handtekening, goedgekeur. Plaaslike ekonoom Jason Kasuto van Monasa Advisory and Associates het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor die langverwagte begin van hierdie projekte.
Gauteng se premier, Panyaza Lesufi, sê die provinsiale regering in samewerking met organisasies soos Gift of the Givers en Avbob het gehelp met die begrafnisreëlings vir slagoffers van die Boksburgse gastenkwa-ontploffing. Die dodetal is intussen tot 37 aangepas, wat 12 gesondheidswerkers van die nabygeleë Tambo-gedenkhospitaal insluit. Lesufi se woordvoerder, Vuyo Mhanga, sê kliniese sielkundiges, maatskaplike werkers en kapelane bied voortgesette berading vir personeel en hulle gesinne, en vir die treurende naasbestaandes.
Die departement maatskaplike ontwikkeling in die Wes-Kaap sê die groot aantal kinders wat in openbare plekke weggeraak het van hulle ouers af, wek kommer. Die afgelope naweek het meer as 240 kinders van hulle gesinne af weggedwaal. Baie van die voorvalle het gebeur op strande soos Monwabisi, die Strand, Kampsbaai en Muizenberg. Die woordvoerder Monique Mortlock-Malgas sê gelukkig is die kinders later herenig met hulle mense.
Daar is 'n wesenlike gevaar dat renosterstropery-syfers bo 100 per jaar die spesie tot uitwissing in Namibië sal dryf. Stropery-sindikate teiken toenemend private wildsplase met renosters, só erg dat boere hul renosters wil verkoop. Kosmos 94.1 nuus het met die omgewingsministerie se woordvoerder, Romeo Muyunda gepraat oor die statistieke van wildstropery in 2022. Muyunda sê alhoewel hulle voortgaan om suksesse in hul stryd teen wildmisdaad aan te teken, die stropery van hoë-waarde spesies 'n bekommernis bly.
Die Ebenezer-sopkombuis in die Havana-informele nedersetting in Windhoek voed honderde minderbevoorregte kinders en skenk ook sanitêre doekies aan meisies wat dit nie kan bekostig. Martha Festus stigter van die liefdadigheidsorganisasie, Porridge Storage, het 'n beroep op enige barmhartige Samaritane of korporatiewe maatskappy gedoen om hul organisasie by te staan met enige kos of fonds, om ononderbroke voort te gaan met hul werk. Kos is toenemend buite bereik vir baie Namibiërs, aangesien inflasie die pryse van basiese benodighede opjaag in 'n land waar, volgens die VN se Kinderfonds, 43,3 persent van die bevolking reeds in armoede leef.
Vir 'n groot deel van 2023 gaan dit ‘n moeilike jaar vir die wêreldwye ekonomie wees. Volgens die hoof van die Internasionale Monetêre Fonds, Kristalina Georgieva, sal die groot ekonomieë van globale groei, Amerika, Europa en China, se ekonomieë verlangsaam. Sy sê die nuwe jaar gaan moeiliker wees as die jaar wat ons agterlaat het. Daar word verwag dat een derde van die wêreld-ekonomie in 'n resessie sal wees. Namibiese ekonoom Gabriel Erastus, gee sy reaksie en of Namibië dieselfde gaan ervaar.
Die Suid-Afrikaanse departement van onderwys sê verlede jaar se matrikulante kan tot 15 Maart aansoek doen om hul graad 12-eksamens oor te skryf. Matrieks wat hul slaagpunte wil verbeter, moet voor die sperdatum aansoek doen. Wat die hernasien en herkontrolering van antwoordstelle betref wat hulle verlede jaar geskryf het, moet hulle nie later as 3 Februarie daarvoor aansoek doen nie. Die departement se woordvoerder, Elijah Mhlanga, sê minister Angie Motshekga sal die uitslae amptelik op 19 Januarie bekend maak.
Met die reënseisoen in ons midde, word gesien hoe Namibiese boere in sommige dele van die land verskillende sade in die grond sit. Een van die baie droë streke in die land, die Omusati-streek het ook redelik reën gekry, genoeg vir boere om te begin plant, sê die goewerneur van die Omusati-streek, Erginus Endjala aan Kosmos 94.1 Nuus.
Met die Covid-inperkings wat nou iets van die verlede is, is Kaapstad se toerisme-sektor weer besig om te begin floreer. Tydens die inperkings, wat in Maart 2020 ingestel is, en wat vir meer as twee jaar in plek was, moes baie toerisme-ondernemings hul deure toemaak met duisende mense in die stad wat hul werk verloor het. Stad Kaapstad sê die Moederstad se besoekers-getalle in die laaste kwartaal van 2022, in vergelyking met die laaste drie maande van 2021, het met tot 36 persent gegroei. Kosmos 94.1 Nuus se korrespondent in die Moederstad, Fritz Platt...
Hy het nie net die Namibiese polisie en verkeersdepartemente geprys nie, maar ook Namibiese motoriste bedank wat hulle goed op die paaie gedra het.
Die Motorvoertuig-ongelukkefonds het die feesseisoen se ongeluk-statistieke vrygestel wat aandui dat Namibië oor die afgelope feestyd baie beter met padveiligheid gevaar het as oor die vorige twee jare. Tussen 22 November 2022 en 2 Januarie 2023 is altesaam 324 padongelukke aangeteken, 15,2 persent minder as die vorige jaar. Die meeste ongelukke, 77, het in die Khomas-streek voorgekom, gevolg deur 45 ongelukke in die Erongo-streek en 40 in Otjozondjupa. Hierdie feestyd was daar 45 persent minder sterftes en 15 persent minder beserings as in die vorige feesseisoen. Lewensverliese was 54 in vergelyking met 98 die vorige jaar en 79 in 2020/2021. Die skakelbeampte van die vervoerministerie, Julius Ngweda, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Die Namibiese omgewingsminister, Pohamba Shifeta, en sy afgevaardigdes sal saam met jagters van regoor die wêreld vanaf 5 tot 8 Januarie die 41ste Dallas Safariklub Jagskou en -Konferensie in die VSA bywoon. Talle Namibiese eienaars van jagplase, professionele jagters en taksidermiste woon gewoonlik die jagskou by. Die president van die Namibiese Professionele Jagtersvereniging, Napha, Axel Cramer, sê aan Kosmos 94.1 Nuus die land sal as jagbestemming in Texas bemark word.
Eskom het vanmiddag Fase 3-beurtkrag in die buurland ingestel. Dit volg nadat twee opwekkings-eenhede onklaar geraak het. Volgens die woordvoerder Sikonathi Mantshantsha sal die huidige vlak tot verdere kennisgewing voortduur.
Namibia Wildlife Resorts het kennis geneem van die klagtes op sosialemediaplatforms oor sommige van sy infrastruktuur en dienste, hoofsaaklik binne die Etosha Nasionale Park. NWR het bevestig kwessies oor infrastruktuur word aangespreek met hul opknappingsprojek wat onlangs aangekondig is. Die opgraderings wat in die meeste van hul oorde gedoen word, sal onder andere hul lodges tot moderne standaarde verhoog. NWR se woordvoerder, Nelson Ashipala sê aan Kosmos 94.1 Nuus rakende die klagtes oor die kospryse, moet in inflasie in ag geneem word, asook dat sommige van hul oorde verafgeleë is.
President Cyril Ramaphosa sê 2023 is die jaar van optrede vir die ANC. Die President het die kransleggingseremonies by grafte van gestorwe partyleiers in die Vrystaat gelei. ANC-afgevaardigdes het intussen op die provinsie toegesak vir die party se presidentsrede op 8 Januarie. Ramaphosa het in sy toespraak belowe dat die nuwe leierskap verbind is tot optrede en om vernuwing teweeg te bring.
Die Kaapse Wynland Distriksmunisipaliteit sê goeie vordering word gemaak om die brand wat Dinsdag in die berge tussen Wolseley en Ceres uitgebreek het, in bedwang te bring. Die woordvoerder van die munisipaliteit se brandweer, Jo-Anne Otto, sê hulle is steeds besig om saam met grondspanne van CapeNature en twee helikopters die brand bokant Ou Tol aktief te bestry.
Op sosiale media word 'n verkeerde Namibiese skoolkalender van staatskole rondgestuur, maar die onderwysministerie het die amptelike 2023-staatskoolkalender vir die akademiese jaar in Oktober 2022 reeds vrygestel. Die kalender is op 6 Oktober deur die minister goedgekeur en afgeteken. Die totale aantal skooldae beloop 197 dae. Die minister doen 'n beroep op skole en ouers om hierdie skooldae noukeurig te bestuur, te beplan en te benut ten einde leerders se prestasie te verbeter. Die adjunk- uitvoerende direkteur in die ministerie, Edda Bohn bevestig aan Kosmos 94.1 Nuus staatskole begin op Woensdag 11 Januarie.
Krieket: Die snelbouler van die Proteas, Anrich Nortjé, het op ʼn reën-verkorte eerste dag van die derde en laaste toets teen Australië in Sydney, albei paaltjies ingepalm. Die tuisspan het verkies om eerste te kolf voor Nortjé vir David Warner vir tien uitgehaal het en baie laat in die dag het hy ook van Marnus Labuschagne ontslae geraak vir 79. Swak lig en reën het die dag vroeg laat eindig met Australië op 147 vir twee met Usman Khawaya onoorwonne op 54. Nortjé glo die draaiers gaan ʼn groot rol speel in die wedstryd.
Gauteng se departement van menslike nedersettings sê geïdentifiseerde informele nedersettings in die munisipaliteite Emfuleni, Midvaal, Mogale City, Rand-Wes, die Stad Johannesburg en die Stad Tshwane gaan na nuwe persele verskuif word. Die woordvoerder van die departement, Tahir Sema, sê hulle sal 500 fiks en knap mense vir twee maande aanstel om gemeenskappe veilig by te staan om strukture op te rig en meubels en bates te verskuif.
Gauteng se departement van menslike nedersettings sê hy is bewus van die nood van die vloedslagoffers in Mamelodi in Tshwane. Die mense word in tydelike skuilings gehuisves wat die Stad Tshwane voorsien het. Die departement en die metro het reeds ’n plan vir hul huisvesting en bly daartoe verbind om mense in verskeie informele nedersettings in die provinsie te hervestig. Die woordvoerder van die departement, Tahir Sema, sê hulle sal inwoners teen volgende maand oor die jongste stand van sake inlig.
Die Namibië Nasionale Studente-organisasie, Nanso, het vandag 'n mediakonferensie in die hoofstad gehou oor hul standpunt oor die onlangse teleurstellende eksamenuitslae. Lucia Ndishishi, Nanso se president, sê daar was genoeg onderwyskonferensies, werkswinkels en slypskole. Wat nou nodig is, is 'n sterk komitee wat die rigting van onderwys in dieland sal bepaal.
‘n Span van N/a’an ku sê het Woensdag gevlieg om die bedreigde voëls en ’n aasvoël-kuiken by die Rare and Endangered Species Trust, oftewel REST, in die omgewing van Outjo te gaan haal. Dit volg nadat die N/a’an ku sê -stigting het die Windhoekse hoërhof genader HET om ‘n dringende hofbevel te kry om die Namibiese omgewingsministerie te stop om die voëls by REST te verwyder en te hervestig. Die voëls bestaan uit verskeie bedreigde roofdiere soos aasvoëls, arende en uile. Marlice van Vuuren van N/a’an ku sê aan Kosmos 94.1 Nuus dit gaan goed met die voëls.
In die buurland sal vroue tussen 24 en 39 jaar oud in die Durbanse landdroshof verskyn nadat hulle met vermoedelik vervalste kaarte van die maatskaplike sekerheidsagentskap, Sassa, in hul besit betrap is. 'n Polisiewoordvoerder, Robert Netshiunda, sê die verdagtes is opgemerk terwyl hulle geld by 'n kitsbank in die Mangrove-sentrum by Durban se Noord-strand onttrek het.
Daar is min tyd vir mielieboere oor om te begin mielies plant, maar sommiges wag nog vir die reën. Volgens boere in die Mieliedriehoek van Namibië is reënvalsyfers wisselvallig en val reën kol-kol. Daar is gemengde gevoelens oor die plantseisoen met talle boere wat nog nie begin mielies plant het nie, terwyl sommiges al die kans gewaag het om op droëland te begin plant. Kosmos 94.1 nuus het met Dawie Kok, 'n mielieboer oos van Grootfontein, gepraat.
‘n Namibiese ekoloog het sy reaksie gegee oor die vragmotor wat swael gestort het op die Hifikepunye Pohamba-pad agter Duin 7 naby Walvisbaai. Kosmos 94.1 nuus het aan dr. Peter Cunningham gevra hoe gevaarlik gevaarlik swael vir mense en die omgewing is...
Die Kongres van Tradisionele Leiers van Suid-Afrika het kommer uitgespreek oor die toename in sterftes in die Oos-Kaap tydens die inisiasie-tydperk. Na wat berig word het 20 inisiasie-deelnemers reeds in die provinsie gesterf weens onwettige inlywings-praktyke. Die president van Contralesa, Kgoshi Mokoena, sê die regering en ouers moet hul rol speel om sulke sterftes te voorkom.
Die polisie in Gauteng polisie vra slagoffers om na vore te kom nadat die bende wat vermoedelik verantwoordelik is vir straatrooftogte in Hillbrow en Johannesburg se middestad in hegtenis geneem is. Verskeie video's op sosiale media het gewys hoe die bende van sowat vier of vyf mans slagoffers aanval en van hul besittings beroof. Die polisiewoordvoerder, Mavela Masondo, sê sommige van die verdagtes kruip na bewering by 'n verlate woonstel in Hillbrow weg.
Tsumeb-munisipaliteit se uitslae van hul watertoetse is nog nie beskikbaar nie. Inwoners word steeds aangemoedig om hul water te kook voor gebruik totdat die toetsuitslae oor die kwaliteit van die water beskikbaar is. Dit volg ná Dundee Precious Metals in Desember ’n waarskuwing uitgereik het dat die dorp se water ongeskik is vir menslike gebruik weens ‘n hoë inhoud van mikrobiologiese spore. Ontevrede inwoners raak ongeduldig om vir die toetsuitslae te wag. Skakelbeampte van dié Noorde-dorp, Stella Imalwa-Nangolo sê hulle wag nog...
Sokker: Die bestuurder van Manchester United, Erik ten Hag, is tevrede met sy span wat sy segetog in al sy kompetisies tot ses wedstryde gerek het. Dit volg ná 'n gemaklike oorwinning van 3-0 oor Bournemouth in die Engelse Premierliga. United is tans in die vierde plek op die puntelys, ná Arsenal, Manchester City en Newcastle. Ten Hag is tevrede met hul vordering.
Kommer heers oor ‘n vragmotor wat swael gestort het op die Hifikepunye Pohamba-pad agter Duin 7 naby Walvisbaai. Volgens Namibian Marshal Ranger Sean Naude is die gevaarlike swael oral op die pad gestort...
Die Kaapse Wynlande-distriksmunisipaliteit in die Wes-Kaap sê 73 brandbestryders is ontplooi om 'n brand in die berge bokant Waverly Hills tussen Ceres en Wolseley te blus. Die woordvoerder vir die brandweerdienste, Jo-Anne Otto, sê die brandweerspanne, saam met grondspanne van NCC, CapeNature en Henley Air het voor sononder Dinsdagaand daarin geslaag om die brand van strukture en gewasse weg te dryf en sodoende verlies aan eiendom en lewens te voorkom.
Stad Kaapstad het 'n beroep op sy inwoners gedoen om hul daaglikse waterverbruik tydelik te verminder tot gesamentlik 850 miljoen liter. Dit sal die stad help om die negatiewe uitwerking te bowe te kom wat beurtkrag op sy betroubare watervoorsiening het. Die waarnemende burgemeesters-komiteelid vir water en sanitasie, Siseko Mbandezi, sê die stad het verlede jaar onder-normale reënval gehad en hulle kan vanjaar weer minder reën as gewoonlik ontvang.
Die polisie in Gauteng het 'n soektog van stapel gestuur na die eienaar van 'n plaas by Kliprivier nadat sy vuurwapen verbind is met die verbyry-skietery op Oujaarsaand in 2019 by die Poppy's-restaurant in Melville in Johannesburg. 'n Woordvoerder, Athlenda Mathe, sê die polisie wil die skuldige aan die lig bring vir die voorval waarin twee mense doodgeskiet en talle gewond is.
Die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, sê om die provinsie meer energie-veilig te maak, sal vanjaar 'n top-prioriteit vir sy regering bly. Hy het gepraat tydens 'n besoek aan Taylor Technology in Macassar, Kaapstad, nadat die maatskappy 280 sonpanele geïnstalleer het om beurtkrag te oorleef. Verlede jaar het die provinsie 3 630 kumulatiewe beurtkrag-ure gehad. Winde sê ekonomiese herstel, en werkskepping, kan nie onder dié omstandighede plaasvind nie.
Die Suid-Afrikaanse polisie is besorg oor die voortgesette moorde op lede van die polisie in Gauteng. Dit volg nadat die 52-jarige adjudant-offisier Ntshidi Marutla tydens ʼn stop-en-deursoek-operasie in Rosettenville, Johannesburg ontwapen is toe sy dienspistool afgeneem is en hy daarna noodlottig gesteek is. Nog ʼn lid het ʼn steekwond opgedoen en is hospitaal toe geneem. ʼn Woordvoerder van die polisie, Athlenda Mathe, sê in ʼn ander voorval is ʼn lid van die polisie deur vier mans by sy huis doodgeskiet.
Vier mense is dood en ses beseer in die ongeluk op die N3-hoofweg tussen Frankfort en die Wilge-tolplaza in die Vrystaat waarin verskeie voertuie betrokke was. Dié besige hoofroete tussen KwaZulu-Natal en Gauteng was ná die ongeluk vir ure gesluit. Die woordvoerder van die provinsiale nooddiens, Sipho Towa, sê drie motors en 'n minibus-taxi was in die ongeluk betrokke.
Elke begin van die jaar kom met verskillende uitdagings en beslis geleenthede vir ander. Namibiërs keer terug werk toe, leerders maak gereed vir skool en ander gaan vir die eerste keer skool toe. Ouers en voogde sal op die uitkyk wees vir skoolbenodighede soos uniforms en skryfbehoeftes. Soms weet ouers nie waar om sekere benodighede te kry nie of hulle voel net oorweldig. Colette Rieckert van die Namibiese Privaatskole-vereniging gee raad aan ouers voor die skole weer heropen.
Die Namibië Nasionale Studente-organisasie, Nanso, sal vanoggend om elf-uur 'n mediakonferensie in die hoofstad hou. Die organisasie sal amptelik sy standpunt oor die onlangse swak eksamenuitslae bekend maak. Die organisasie se inligtingsbeampte, Dorothea Nangolo, sê aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat hulle soos die res van die land jaar na jaar teleurgestel en woedend oor die hoë druipsyfer is. Nanso wil ook die pad vorentoe bespreek.
Die Suid-Afrikaanse vervoerminister, Fikile Mbalula, het die Lughawensmaatskappy van Suid-Afrika geloof vir sy vinnige reaksie op die onlangse vertragings met die hervulling van vliegtuie by die OR Tambo Internasionale Lughawe in Gauteng. Duisende reisigers was verlede week ure lank gestrand omdat vliegtuie nie brandstof kon inneem nie. Volgens Mbalula het die lughawe 'n suksesvolle piekseisoen gehad, ten spyte van die probleem met brandstof.
‘n Maatskaplike aktivis het gereageer op die goeie nuus van die Namibiese ministerie van finansies dat geen belasting op toegevoegde waarde, BTW, vanaf 1 Januarie op sekere sanitêre doekie-produkte gehef word nie. Dit volg na die Wysigingswet op BTW van 2022 in die parlement se goedgekeurde en in die Staatskoerant weergawe is. Die wysiging van die wet bring verligting vir Namibiese vroue en skoolmeisies, veral in landelike gebiede, wat nie sanitêre doekies bekostig nie en skoolbywoning misloop. Maatskaplike aktivis Rosa Namises sê aan Kosmos 94.1 Nuus dit moet gratis verskaf word.
Die Suid-Afrikaanse regering belowe meer herstelwerk sal vanjaar aan die parlement in Kaapstad gedoen word. Die vakbond, Nehawu beskuldig die voorsittende beamptes daarvan dat hulle voete sleep met die herstelwerk, ʼn jaar nadat ʼn brand gedeeltes van die kompleks vernietig het. Die regering verwerp bewerings dat niks sedertdien gedoen is nie. Die speaker van die parlement, Nosiviwe Mapisa-Nqakula sê twee assesserings-verslae is sedert die brand afgehandel.
Die ANC se hoofsekretaris, Fikile Mbalula, sê die Phala Phala-kwessie is nie op die sakelys van die 8 Januarie-presidentsrede in Bloemfontein nie. Hy sê die saak is gelaat vir die nuwe nasionale uitvoerende komitee om te hanteer en sal nie geopper word nie. Mbalula sê dit sal ook nie ter sprake kom op die hibried-afsluiting van die verkiesingskonferensie wat vir môre beplan word nie.
Boorprobleme het Invictus Energy vir eers in Zimbabwe verslaan, met die maatskappy wat boorwerk aan sy eerste eksplorasieput tot 'n einde bring. Alhoewel druk 'n uitdaging was, was daar bemoedigende resultate. Die maatskappy het aan die einde van September begin om die Mukuyu 1-put in Zimbabwe se Cabora Bassa-kom te boor. Teen middel November het Invictus positiewe resultate gerapporteer. Daar was egter uitdagings met boorwerk en dit is bevind dat die projek nie meer haalbaar is nie. As sodanig het Invictus het sy toerusting en mense gedemobiliseer. 'n Zimbabwiese ekonoom Eddie Cross, deel sy teleurstelling met Kosmos 94.1 Nuus.
Die Kongres van Tradisionele Leiers van Suid-Afrika doen 'n beroep op die regering om sy deel te doen om sterftes gedurende die inlywingseisoen te verhoed. Die president van die organisasie, Kgoshi Mokoena, sê daar is berig dat van die tradisionele genesers die inlywings onder die invloed van drank uitvoer terwyl sommige onervare is. Hy sê nuwe tradisionele genesers moet eers ondervinding opdoen voor hulle toegelaat word om met 'n praktyk te begin of een te besit.
Sy landgenoot Giniel de Villiers sê hy het ’n baie moeilike dag gehad, maar die moordende wedren is nog nie verby nie.
Motorsport: Fase 3 van die Dakar-tydren in Saoedi-Arabië is vandag deur reën onderbreek en vanaf 447 kilometer tot 378 kilometer kortgeknip. Die Fransman Guerlian Chicherit het die derde fase gewen nadat hy die vorige dag vyf papwiele gehad het. Suid-Afrikaanse renjaer Herman Lategan het tweede gekom.
Kragvoorsieningsmaatskappye in Namibië word gekonfronteer met 'n groot uitdaging van koperkabel-diefstal wat aan die toeneem is. Charlie Matengu, skakelbeampte van Cenored, sê aan Kosmos 94.1 Nuus toenemende koperkabel-diefstal plaas bedrywighede in die gedrang en het raak kragvoorsiening aan huishoudings. Matengu bevestig ook hierdie ernstige misdaad raak ook elektrisiteitstariewe.
Die Namibiese rolprent Under the Hanging Tree is gekies om by die wêreldpremière by die Rotterdam Internasionale Filmfees vertoon te word. Under the Hanging Tree is 'n opdragrolprent van die Namibiese Filmkommissie. Die Rotterdam Internasionale Filmfees vind vanaf 25 Januarie tot 5 Februarie in dié Nederlandse stad plaas. Hertha Katjivena, die kommunikasiebeampte by die kommissie het met Kosmos 94.1 gepraat.
Die Zambiese kragverskaffer, Zesco voer vandag ‘n rotasie-beurtkrag-oefening sal uit. Zesco sê daar is minder water by die Kariba Noordbank-kragstsie beskikbaar vir elektrisiteitsopwekking. Die Karibadam ervaar krities lae watervlakke. Charlie Matengu, Cenored se skakelbeampte sê aan Kosmos 94.1 Nuus situasie raak nie Namibië nie.
Die Zambiese president, Hakainde Hichilema, wat deur baie as die redder van Zambië beskou is, is deur die land se jeug-aktivis, Owen Hambwezya, onder die loep geneem. Die jeug-aktivis is bekommerd oor die toestand van leierskap in Zambië en sê dat die land in die verkeerde hande is. Hambwezya waarsku dat indien burgers nie optree nie, dit tot diktatorskap in die land sal lei. Namibiese politieke ontleder, dr. Ndumba Kamwanyah, het aan Kosmos 94.1 gesê dat dit maklik is om leierskap te verander.
Die ANC het bevestig alles is gereed vir sy 111de verjaarsdagviering in die Vrystaatse hoofstad, Bloemfontein. Hoofsekretaris Fikile Mbalula het inligting voorsien oor die reëlings vir die 8 Januarie-presidentsrede. Hy het ook bevestig die party se nasionale konferensie gaan na verwagting in die komende dae in die Mangaung-metro hervat. Mbalula verduidelik dit is verlede maand uitgestel weens sekere vertragings.
Volgens die Britse regering sal onderwysers wat in Ghana, Hongkong, Indië, Jamaika, Nigerië, Singapoer, Suid-Afrika, Oekraïne en Zimbabwe gekwalifiseer het, vanaf 1 Februarie ook by die Onderrigregulasie-agentskap aansoek kan doen vir internasionale gekwalifiseerde onderwyserstatus in die VK. Dit volg op nuusberigte dat Zimbabwiese onderwysers al verlede jaar na die Brittanje stroom vir groener weivelde. Dié internasionale onderwyskwalifikasie is ontwerp vir Britse en nie-Britse burgers wat buite die VK woon. Setfree Mafukidze, 'n Zimbabwiese aktivis wat tans in die Verenigde Koninkryk gebaseer is, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Krieket: Daar is net trots op die spel vir Suid-Afrika in die derde en laaste toets teen Australië wat môre op die SCG in Sydney begin. Dit volg nadat die gashere oortuigende oorwinnings in die eerste twee wedstryde in Brisbane en Melbourne behaal het. Vir die Aussies sal skoonskip in die reeks feitlik verseker dat hulle in die eindronde van die Wêreld-Toetskampioenskap speel. Die Protea-bouler, Marco Jansen, sê hy sal hom daarop toespits om die beste vir sy land te lewer.
Die Namibiese omgewingsministerie het Duin 7 naby Walvisbaai op Oukersdag vir die publiek heropen, maar met nuwe ingangstariewe. Die ministerie het met mede-finansiering van die Wildprodukte-trustfonds die bestaande ablusiegeriewe opgeknap en twee nuwes gebou, braaigeriewe is opgeknap en vyf nuwes is gebou, 'n kabelheining is vir die ontspanningsgebied opgerig en 'n ingangshek en ontvangskantoor gebou. Ondanks die ingangsfooie, sê die ministerie se woordvoerder Romeo Muyunda aan Kosmos 94.1 Nuus het besoekers na Duin 7 gestroom.
Die Wes-Kaapse premier, Allan Winde, sê tenders het geopen om onafhanklike kragprodusente in die provinsie aan te stel. Hy het sê die land se onbestendige energiestelsel is 'n groot bron van kommer. Winde sê hy het bevestiging van die burgemeester van Kaapstad, Geordin Hill-Lewis, dat hulle besig is met die reeds verbeterde beurtkragstrategieë vir energievoorsiening in die metro.
‘n Namibiese landboukenner voorspel ‘n uitstekende jaar vir die landbousektor. Die reënseisoen behoort goeie opbrengste vir akkerbouers te bring. Vee-bemarking toon ‘n toename en die Mariental-abattoir het heropen en gaan die uitvoermark betree. Lndboukundige Wallie Roux praat met Kosmos 94.1 Nuus.
Die wêreld-ekonomie val uitmekaar as gevolg van die nasleep van Covid-19 en die uitwerking daarvan op die ekonomie. Die voortslepende oorlog in die Oekraïne het die pryse van goedere hemelhoog laat styg en wêreldwyd staak en hou mense protesoptogte om hul ontevredenheid te wys, maar nie in Namibië nie. Namibiese politieke kenner dr. Phanuel Kaapama gee sy mening in dié verband aan Kosmos 94.1 Nuus.
Daar is steeds geen drinkwater vir vee in die Oponona-meer by Uuvudhiya nie. Die oudpolitikus en ‘n direkteur in die Namibiese landbouministerie behels met watervoorsiening in die Noorde, dr. Elijah Ngurare het voor Kersfees aan Kosmos 94.1 Nuus gesê daar word aan die Etaka-kanaal gewerk wat ‘n bron van water is vir dié natuurlike meer. Hy het toe gesê na verwagting sal die reënseisoen water-invloei bring. Boere in die streke van Oshana en Omusati het 'n noodkreet uitgestuur dat water uit die Oshandja-dam in Omusati na die meer gepomp word, wat sowat 70 kilometer vanaf die Etosha-pan geleë is. ‘n Kleinskaalse boer naby Ondangwa in die Oshana-streek, Ileni Nandjato, sê aan Kosmos 94.1 Nuus dat die situasie intussen nie verander het nie.
Daar is weer klagtes oor die toestand van paaie in Namibië se vlagskip nasionale park, Etosha. Met die toestroming van toeriste na die opheffing van die Covid-reisverbod, word gesê dat paaie vinnig versleg in die Etosha Nasionale Park vinnig versleg. Die woordvoerder van die die omgewingsministerie, Romeo Muyunda, het ontken dat die paaie agteruitgaan. Hy sê aan Kosmos 94.1 Nuus daar is nog net 'n paar paaie wat beskadig is, maar die ministerie is besig om al die paaie te rehabiliteer.
Die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, sê hy gaan daarop fokus om die energiekrisis in die provinsie te verbeter aangesien beurtkrag na verwagting gaan vererger. Hy gee voorkeur daaraan om die provinsie se infrastruktuur te verbeter. Dit kom aan die begin van sy laaste jaar in die posisie. Winde sê twee nuwe departemente gaan gestig en verskeie veranderings in sommige sektore aangebring word.
NWR word ook daarvan beskuldig dat die personeel wat veronderstel is om die tuine nat te maak, tot laat saans vis skoonmaak. Ashipala sê dit is ook deel van die dienste wat hulle aanbied.
Namibia Wildlife Resorts ontken beskuldigings op sosiale media dat hulle ‘n hooggeplaaste onwettig op ‘n visvang-safari by Terracebaai buite die gebied by Sam se gat geneem het. Die woordvoerder van NWR, Nelson Ashipala, sê hulle bied visvang-safari's aan en geen reëls is gebreek nie.
Motoriste in Namibië en in die buurland is besig om na die langnaweek huiswaarts te keer. Die N3-tolpadkonsessie verwag vandag 'n verdere toename in spitsverkeervolume op die N3 van KwaZulu-Natal na Gauteng soos vakansiegangers huis toe begin keer. Maandag het 2 000 voertuie per uur in 'n noordwaartse rigting na Gauteng beweeg. Die bedryfsbestuurder van die N3-tolpadkonsessie, Thania Dhoogra, sê soos die roete besiger word is verkeersopeenhopings 'n groot moontlikheid, wat die risiko en waarskynlikheid verhoog van onverwagte vertragings.
Die Suid-Afrikaanse departement vir gesondheid is bekommerd oor die koers waarteen jong meisies swanger raak. Talle van hulle is onder die ma's wat geboorte geskenk het met die land wat meer as 500 Nuwejaarsbabas verwelkom het. Die woordvoerder van die Oos-Kaapse gesondheidsdepartement, Mkhululi Ndamase, sê die Oos-Kaap het 239 Nuwejaarsbabas en hoewel dit 'n nasionale probleem is, moet mense besef die liggame van jong meisies is selde volwasse genoeg om swangerskap en geboorte te hanteer.
‘n Familie van 36 by die Shaditata-nedersetting in die Mukwe-kiesafdeling van die Kavango-Oos-streek kan nie hul lande ploeg nie nadat tien van hul beeste deur weerlig doodgeslaan is. Mukoya Muhora sê hy het aanvanklik gedink die weerlig het 'n boom getref, maar op agt beeste afgekom wat dood in die kraal gelê het, terwyl nog twee dood onder 'n nabygeleë boom gevind is. Die familie doen 'n beroep op barmhartige Samaritane om hulle met osse by te staan om hulle te help om hul lande te ploeg om te oorleef. Muhora sê hul familie is afhanklik van boerdery. Hulle het 12 lande om te ploeg, waarvan tot dusver nog net twee lande geploeg is vir grondbone. Hulle het nog nie mahangu en ander sade geplant nie. Die woordvoerder van die landbouministerie, Jona Musheko, gee raad aan boere vir die reënseisoen.
Die leier van die IVP, Velenkosini Hlabisa, sê hy sal 'n landwye toer onderneem om mense van die een dorp na die ander, van township tot township, en stad tot stad te ontmoet om te luister na die vergete stemme en die rykdom wysheid van mense te ontgin. Hlabisa het by die IVP se Nasionale Algemene Konferensie in 2019 gesê hulle is daaraan toegewy om met Suid-Afrikaners in verbinding te tree om die party se ontwikkelings-agenda te verryk as die party vir die mense; en Covid-19 het 'n onderbreking veroorsaak.
'n Verdagte sal na verwagting vandag in die Atteridgeville-landdroshof in Tshwane verskyn ná die moord op 'n 50-jarige prokureur. Die polisiewoordvoerder, Mavela Masondo, sê twee mans het na bewering in 'n straat in Laudium met mekaar gepraat, toe die 48-jarige verdagte skielik 'n vuurwapen uitgepluk en die prokureur geskiet het.
Die Etunda Groenskema-besproeiingsprojek in die Omusati-streek is gereed vir 2023 om sy doelwitte van voedselproduksie te bereik. Volgens die plaasbestuurder Sacky Shilyomunhu is die mikpunt om hierdie seisoen 450 hektaar mielies te plant met 60 hektaar wat tot dusver reeds geplant is. Hulle is besig om mango's op 60 hektaar tot in Maart te oes. Shilyomunhu sê die landbouministerie het sekuriteit voorsien om die mango’s teen diewe te beskerm.
Die stigting vir onderwys en sosiale geregtigheid in Afrika doen 'n beroep op die Suid-Afrikaanse minister van hoër onderwys, wetenskap en tegnologie, Blade Nzimande, om in te gryp en akademiese en geldelike uitsluitings in die 2023 akademiese jaar stop te sit. Die adjunk-voorsitter van die stigting, Hendrick Makaneta, sê aan die begin van die 2022 akademiese jaar is meeste studente by verskeie instellings van hoër opvoeding gedwing om te migreer van aanlyn klasse na fisiese bywoning.
Die hoofbestuurder van Outa in die buurland, Wayne Duvenage, is nie verras oor nog 'n vertraging in die skrapping van die Gautengse e-tol-skema nie. Die kantoor van die premier het aangekondig omdat belangrike komponente van 'n memorandum van verstandhouding tussen die nasionale en provinsiale regerings nog afgehandel moet word, sal die saak eers in die nuwe jaar geskik word. Duvenage sê om die skema te skrap moet daar formeel verklaar word die Gautengse deurpad-netwerk is nie meer 'n tolpad nie, deur 'n kennisgewing in die staatskoerant wat uitgereik moet word deur die departement van vervoer.
Hy sê die ontwrigting deur Covid-19 is een van die bydraende faktore, maar hy meen die uitgerekte salaris-onderhandelinge van staatsamptenare het ‘n groot rol gespeel.
Die Namibiese eksamenuitslae is nog steeds onder die loep en vingers word gewys na die oorsaak van die hoë druipsyfer van leerders. Volgens onderwysminister Anna Nghipondoka het die meeste leerders gedruip weens 'n gebrek aan onderrig in die klaskamers. Namate die teleurstellende resultate 'n openbare bespreking geword het, is die blaam geplaas op die hersiene onderwyskurrikulum. Die direkteur van die Nasionale Instituut vir Opvoedkundige Ontwikkeling, dr. Patrick Simalumba het by die debat aangesluit en die hersiene kurrikulum verdedig.
Die Mangaung metropolitaanse munisipaliteit in die Vrystaat sê die Dr. Rantlai Petrus Molemela-stadion is in 'n goeie toestand en gereed om die ANC se 111de viering die komende naweek aan te bied. Daar is vroeër berig die stadion is in geen toestand om enige byeenkomste aan te bied nie. Die metro se woordvoerder, Qondile Khedama, sê ál die kwessies soos water, ablusie en ander knelpunte oor die stadion is onder beheer, en die stadion sal 15 500 mense kan huisves.
Die Nasionale Seereddingsinstituut in die buurland sê hy moes die laaste paar dae talle mense te hulp snel. Hulle vrywilligers is nou besorg oor die dreigende springgety wat tot sterker sleurstrome teen die kus kan lei. Die woordvoerder van die NSRI, Craig Lambinon, sê baaiers moet slegs by strande swem waar lewensredders aan diens is. Hulle moet in die veilige gebiede bly wat lewensredders met rooi en geel vlaggies uitwys.
Die Swapo Party-jeugliga veroordeel die eksamenuitslae van 2022. Die jeugliga blameer die “salaris-invorderaars” in die onderwysministerie vir die swak prestasie van leerders in die eksamenuitslae. Hulle sê hulle kan nie ignoreer dat daar 'n probleem is wat aangespreek moet word nie en het 'n beroep op die ministerie gedoen om maniere te vind om die probleem op te los. Die sekretaris-generaal van die jeugliga, Ephraim Nekongo sê aan Kosmos 94.1 Nuus daar is geen manier is dat hulle sal toelaat dat so 'n groot aantal jongmense op straat beland nie.
Suid-Afrika is die Brics-voorsitter vir 2023. Die leiers van die ander vier lidlande, Brasilië, Rusland, Indië en China, sal dus in Augustus na Suid-Afrika kom vir die 15de Brics-vergadering. Anil Sooklal van die departement van internasionale betrekkinge en samewerking, sê in die verlede het Suid-Afrika nie net na die belange van die vyf lidlande gekyk nie, maar ook altyd op die Afrika-vasteland gefokus.
Die Namibiese eerste minister Saara Kuugongelwa-Amadhila het haar reaksie gegee op die eerste geval van babastorting wat in die nuwe jaar in Windhoek aangemeld is. Die 22-jarige verdagte is in hegtenis geneem en tans onder polisiebewaking in ‘n Windhoekse hospitaal. Daar is talle veldtogte teen babastorting, maar dit lyk of al hierdie pogings tevergeefs is. Kuugongelwa-Amadhila het tydens ‘n gesprek met Kosmos 94.1 Nuus 'n beroep op verwagtende moeders gedoen om hulp te soek. Sy het ook 'n beroep op gemeenskapslede gedoen om hul deel te doen om hierdie verwagtende moeders by te staan te kry voordat dit te laat is.
Die 30ste Marathon Sugar Quinton-Steele Botes Atletiek-oefenkamp is om die draai. Die jaarlikse byeenkoms wat geleenthede bied aan jong aspirant-atlete om hul loopbane in atletiek te volg, sal vanaf 9 tot 12 Januarie in Windhoek plaasvind. Organiseerder Leonie van Rensburg sê aan Kosmos 94.1 Nuus gesê daar is nog plek vir belangstellende atlete om tot 9 Januarie vir die oefenkamp te registreer.
Die goewerneur van die Otjozondjupa-streek, James Uerikua, sê die verlaging in brandstofpryse, veral dié van diesel, bring verligting vir die landbousektor. Die ministerie van myne en energie het die dieselprys met 2 Namibiese dollar 20 sent per liter verlaag en petrol met 1 dollar 80 sent per liter. Diesel sal nou 20 dollar 65 sent per liter by Walvisbaai kos en petrol 18 dollar 28 sent per liter. Die nuwe brandstofpryse is effektief vanaf môre. Boere gaan gebukkend onder stygende produksiekoste en Uerikua sê die daling in die dieselprys sal boere beslis help.
Die skuilingsbewonersbeweging, Abahlali baseMjondolo, is verheug oor die inhuldiging van die nuwe President van Brasilië, Lula da Silva. Volgens hulle bring sy terugkeer na die presidentskap hoop vir die armes en uitgeworpenes in Brasilië ná, wat hulle beskou as, verskriklike jare onder die voormalige President, Jair Bolsonaro. Da Silva sal waarskynlik ook weer hoop vir die Amasone bring. Die woordvoerder van Abahlali baseMjondolo, Thapelo Mohapi, sê nes baie van sy lede, is Da Silva in 'n arm landelike gesin gebore en het hy as kind na 'n skuiling in 'n stad verhuis.
Die vakansie is amper verby en die skole begin binnekort met buitelandse besoekers en Namibiërs wat terugkeer na hul onderskeie plekke van herkoms. Een van die gewildste plekke vir vakansiegangers in die land is Swakopmund en ander kusdorpe. Aubrey Oosthuizen van die West Coast Safety Initiative het aan Kosmos 94.1 Nuus sy oorsig van die atmosfeer by die kus gedeel en hoe padgebruikers hulle tydens die feestyd gedra het.
Die parlement in Kaapstad sê verlede jaar se brand sal jare lank bly vassteek in die gedagtes van Suid-Afrikaners. Dit het ‘n deel van die Nasionale Vergadering in puin gelê. Dit sluit die Raadsaal in waar sittings gehou word asook dele van die Ou Raadsaal. Na berig word, is die dele wat geraak is, steeds in puin. Volgens die woordvoerder van die parlement, Moloto Mothapo, sal die herstelwerk wat gedoen is, binnekort onthul word.
Die hoofsekretaris van die vervoerwerkers-vakbond in eSwatini, Sticks Nkambule, doen 'n beroep op die progressiewe beweging in die koninkryk om op gepaste wyse te reageer op die teistering en moord op sy kamerade, na bewering deur die Mswati-regime. Nkambule was die spreker tydens 'n somerskool wat deur die Kommunistiese Party van Swaziland in Mpumalanga gehou is. Die internasionale sekretaris van die Kommunistiese Party, Pius Vilakati, sê daar is 'n behoefte daaraan om die weerstand teen koning Mswati te verhoog, in die lig van die toenemende vervolging van die mense van eSwatini.
Suid-Afrikaanse President Cyril Ramaphosa sê die regering werk hard om die krisis met beurtkrag waarmee die land spook, te beëindig. Die regering vermeerder die hoeveelheid hernubare energie op die netwerk. Volgens Ramaphosa sal die voordele nie onmiddellik waarneembaar wees nie, maar landsburgers kan verwag die pogings om die noodsaaklikheid van beurtkrag geleidelik te verminder, sal voortduur totdat dit uiteindelik nie meer nodig is nie.
Brian Black, die nasionale voorsitter van die Independent Patriots for Change, die IPC, se nuwejaarswense vir Namibiërs is dat die Fishrot-korrupsiesaak opgelos word. Hy wens ook vir ‘n goeie reënsoeisoen vir Namibië.
Namibiese opposisiepartye wens ‘n beter 2023 vir Namibiërs toe. Die jaar 2022 was nie ‘n maklike een vir Namibiërs en die res van die wêreld nie met ekonomieë wat getuimel het ná die Russiese inval in die Oekraïne en inflasiekoerse nuwe hoogtes bereik het. Die amptelike opposisieparty, die Popular Democratic Movement se skaduminister van finansies, Nico Smit...
Die bekende Namibiese musikant, Lazarus Shiimi, beter bekend as Gazza, was al ‘n gas saam met die span van Kosmos se Copps 94.1. Hy wens Namibiërs ‘n gelukkige nuwe jaar toe.
Die Namibiese eerste minister Saara Kuugongelwa-Amadhila sê Namibiërs moet die uitdagings van die nuwe jaar met hernude ywer aanpak. Die Namibiese regering het die jaar 2023 as die jaar van herlewing gedoop. Sy wens alle Namibiërs ‘n geseënde 2023 toe.
Volgens boere in die Mieliedriehoek van Namibië is reënvalsyfers wisselvallig en val reën kol-kol. Daar is gemengde gevoelens oor die plantseisoen met talle boere wat nog nie begin mielies plant het nie, terwyl sommiges al die kans gewaag het om op droëland te begin plant. Die plaas Olifantsfontein in die Grootfonten-distrik het vanjaar nie normale reënval vir Desember gehad nie en selfs weiding vir die beeste raak min. Die bekende weerkenner en boer van Aranos, George van der Merwe, gee goeie nuus vir boere...
Agra het 42 jaar gelede die korporatiewe vennoot van georganiseerde landbou in Namibië geword. Vanaf sy nederige begin tot nou het Agra die huishoudelike naam in die Namibiese landbousektor geword. Kosmos 94.1 Nuus het met Herman Lintvelt, Agra se streeksbestuurder vir sentrale veilings gepraat oor die afgelope jaar se veilings en wat vir volgende jaar verwag kan word.
‘n Namibiese navorser gee ‘n oorsig van die Nasionale Vergadering wat weer op 14 Februarie volgende jaar heropen nadat dit op 24 November verdaag het. In die parlement is vanaf 6 September oor nege wetsontwerpe gedebatteer, dit goedgekeur en na die Nasionale Raad vir hersiening verwys. Altesaam 13 mosies is ter tafel gelê, waarvan drie aanvaar is, vyf is na komitees verwys, drie het verval en twee mosies is teruggetrek. ‘n Totaal van 158 vrae is sedert Februarie ingehandig, waarvan 85 beantwoord is. Frederico Links, ‘n navorser by die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsings sê aan Kosmos 94.1 Nuus of Namibiërs as belastingbetalers waarde vir hul geld van parlementslede kry.
Kosmos 94.1 se Copps 94.1 teenmisdaad-realiteitsprogram was Vrydagaand regstreeks op die lug vanaf Walvisbaai met ons borge G4S Namibia, JAC van M&Z Motors, Minet Namibia Insurance Brokers, LifeLink Emergency Services, Cema Drilling and Compressors, ITR Namibia Earthmoving Equipment, Namibia Breweries Limited, Spar Express, Dulux Namibia, Annabelle Non-Alcoholic Sparkling en Engen Eureka Service Station. Francois Lottering was op grondvlak in Walvisbaai.
Die Namibiese onderwysminister, Anna Nghipondoka, is besig om vanjaar se uitslae vir graad 11’s en 12’s amptelik op Eenhana in die Ohangwena-streek bekend te maak. Sy sê sy is teleurgesteld in die uitslae en het nie doekies omgedraai om skoolhoofde en onderwysers te roskam nie. Altesaam 38 019 voltydse Namibiese kandidate het die eksamen vir die Nasionale Senior Sekondêre Sertifikaat Gewone Vlak, NSSCO, afgelê, teenoor die 32 552 kandidate wat dit deeltyds voltooi het. Die voltydse kandidate vir die Nasionale Senior Sertifikaat Gevorderde Vlak, NSSCAS, was 8 624, teenoor die 591 deeltydse kandidate. Nghipondoka sê leerders en onderwysers moet hul sokkies optrek.
Brittany van Rooyen van Windhoek Gimnasium is die beste leerder op gewone vlak, Rukonga Vision School in Kavango-Oos die beste staatskool en Canisianum Rooms-Katolieke Skool in Omusati die beste privaatskool. Op gevorderde vlak is Max Feilmeier van Delta Senior Sekondêre Skool in Windhoek die top-presteerder met Rukonga Vison School die beste staatskool en St. Boniface College die beste privaatskool, albei van Kavango-Oos.
‘n Jong ietermagô is deur die Namibiese omgewingsministerie in ‘n nedersetting gevind wat vermoedelik uit die kloue van stropers ontsnap het. Die ietermagô het ‘n gat in een van sy skubbe gehad. Volgens die navorser van die Ietermagô Bewaring- en Navorsingstigting, Kelsey Prediger, sal stropers soms probeer om 'n ietermagô met ‘n draad vas te maak sodat dit nie ontsnap nie. Die een het gelukkig ontsnap, maar nie sonder trauma nie, want dié jong ietermagô is baie aggressief, sê Prediger aan Kosmos 94.1 Nuus.
Die dodetal na die gastenkwa-ontploffing in Boksburg het nou tot 27 gestyg nadat nóg ‘n gesondheidswerker van die Temba-gedenkhospitaal dood is. Die premier van Gauteng, Panyaza Lesufi, het die polisie en die Nasionale Vervolgingsgesag aangesê om die saak so gou moontlik teen die gastenkwa-bestuurder te hervat. Lesufi het gereageer op vroeëre berigte dat die polisie en NVG besluit het om die bestuurder nie strafregtelik aan te kla nie. Lesufi sê die polisie meen die bestuurder moet van moord aangekla word.
Drie Suid-Afrikaanse mans is in hegtenis geneem vir die aanval op twee swart tieners by Maselspoort in die Vrystaat. ’n Video is vroeër die week op sosiale media versprei waarin die broers deur die groep mans gestamp, gewurg en onder water gehou is. Die 33-jarige Johan Nel van Bothaville en die 47-jarige Jan van der Westhuizen van Brandfort het in die hof verskyn op aanklagte van gewone aanranding en crimen injuria. Polisiewoordvoerder Motantsi Makhele sê 'n derde verdagte, 'n 48-jarige man, verskyn vandag in die Bloemfonteinse landdroshof op 'n aanklag van poging tot moord.
Regter David Munsu het vandag in die Windhoekse hoërhof die borgtogaansoek van een van die Fishrot-beskuldigdes, Tamson Hatuikulipi, van die hand gewys. ’n Stryery tussen Namibiese polisiebeamptes en NEFF-aktivis Michael Amushelelo oor ‘n kam in sy hare, het die aanvang van die borgverhoor vertraag. Al die Fishrot-beskuldigdes is agter tralies nadat hul borgaansoeke onsuksesvol was. Regter Munsu gee die redes waarom hy nie borgtog aan Hatuikulipi toestaan nie...
President Cyril Ramaphosa betreur die lewensverlies en verwoesting weens die ontploffing van 'n gas-tenkwa naby die Tambo-gedenkhospitaal in Boksburg die naweek. Tot dusver is 18 mense dood en tientalle is beseer. Die hospitaal en omliggende openbare infrastruktuur het groot skade gely. Die woordvoerder van die Presidensie, Vincent Magwenya, sê die nasie se hart gaan uit na almal wat deur die tragedie geraak word.
Die Wes-Kaapse regering vra Eskom om spesiaal voorsiening te maak vir boere tydens beurtkrag. Die pleidooi kom terwyl boere in die provinsie vir die oes-seisoen voorberei. Die LUR vir landbou, Ivan Meyer, vra vir 'n beurtkrag-skedule wat die noodsaaklike behoeftes van die landbousektor sal akkommodeer. Meyer sê die provinsie behartig 53 persent van Suid-Afrika se landbou-uitvoere.
Die dodetal van die gastenkwa-ontploffing op Oukersdag in Boksburg aan die Oos-Rand het tot 18 gestyg. Nege van die oorledenes is personeellede van die Tambo-gedenkhospitaal wat geleë is langs die pad waar die gastenkwa onder ‘n brug ontplof het. Die woordvoerder vir Ekurhuleni se mediese en nooddienste, William Ntladi, sê daar is nog geen aanduiding van spore van gas in die lug ná die ontploffing nie. Ntladi het gepraat oor die strategiese moniterings-plan ná die tragedie, en sê voorlopige ondersoeke wys die gastenkwa wat by die dodelike ontploffing betrokke was, het duisende liters gas gedra.
Hulp is dringend nodig by die reuse-veldbrande in die suide van Namibië. Veldbrande woed tussen Mariental en Maltahöhe in die Hardapstreek, asook by die Karasberge tussen Karasburg en Aroab in die Karas-streek woed. Die brande het al groot skade aangerig en nóg verder oor groter gebiede versprei. Volgens Namibian Marshal Ranger Sean Naude is daar nog geen teken van rampbestuur deur die owerhede nie. ‘n Beroep word op vrywillige brandslaners in die twee gebiede gedoen om te gaan help om die vlamme te blus. Naude sê aan Kosmos 94.1 Nuus hulle is op pad na die brande.
Die Namibiese adjunk-president, Nangolo Mbumba, het in sy Kersboodskap spesiale dank uitgespreek aan onder meer onderwysers, gesondheidswerkers, mense in uniform, kerkleiers, boere en die sake-gemeenskap wat die land ondersteun het. Hy sê Namibiërs het sterk gestaan ondanks die ekonomiese uitdagings wat 2022 gebied het. Nangolo sê hulde moet gebring word aan alle Namibiese werkers.
’n Gautengse maatskappy, Milkor, vervaardig Afrika se eerste onbemande vliegtuig. Meer as 250 plaaslike ingenieurs maak deel uit van die span wat aan die prototipes werk. Hommeltuie word in verskeie industrieë gebruik, insluitend verdediging. Die bemarkingsdirekteur van Milkor, Daniel du Plessis, sê Suid-Afrika is een van baie lande wat innoverend genoeg was om onbemande vliegtuie te vervaardig vir pogings om vrede te behou, sowel as humanitêre hulp.
Stefan Ludik, die Namibiese sanger en akteur wat bekendheid in Suid-Afrika verwerf het, is al ‘n paar jaar terug in Namibië en woon en werk op Otjiwarongo. Hy was die eerste deelnemer wat Namibië in die realiteitstelevisieprogram Big Brother Africa verteenwoordig het. Hy wens alle Namibiërs geseënde Kersvieringe saam met hul geliefdes toe.
Die sekretaris-generaal van die Namibiese Raad van Kerke, Ludwig Beukes, sê 2022 was ‘n baie moeilike jaar vir talle Namibiërs en almal het nie rede om te vier tydens die feesseisoen nie. Hy wens Namibiërs ‘n Geseënde Kersfees toe en sê aan Kosmos 94.1 Nuus waaroor Kersfees werklik gaan.
Sonder die ondersteuning van kliënte, kan maatskappye nie ‘n wins toon en tot die ekonomie bydra nie. Namibiese korporatiewe maatskappye wens hul kliënte ‘n voorspoedige feesseisoen en ‘n welverdiende ruskans toe. Revonia Job van die FirstRand Namibia-groep het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat...
Die president van die Namibiese Landbou-unie, Piet Gouws, waarsku dat veediewe, wildstropers en misdadigers nie rus tydens die vakansietyd nie. Hy wens boere ‘n rustige feestyd toe, maar maan dat hulle hul diere, gewasse en eiendom voortdurend moet monitor en teen misdadigers moet beskerm en beveilig.
Die woordvoerder van die Ongwediva-dorpsraad, Jackson Muma, sê munisipale dienste is regdeur die vakansie beskikbaar vir inwoners. Werknemers van die dorpsraad is op bystand om seker te maak dat inwoners steeds van dringende dienste tydens noodgevalle gebruik kan maak soos wanneer ‘n pyp bars. Muma bedank inwoners van die dorp en wens hulle 'n geseënde en veilige feesseisoen toe.
Met die feestyd wat wêreldwyd gevier het, is dit nie ‘n vrolike tyd vir alle Namibiërs nie. Hierdie vakansiedae is ‘n emosionele tyd vir weerlose lede van die samelewing. Drankmisbruik, geslagsgeweld en selfmoord neem toe. Esme Mudge, redakteur van Sister Namibia, verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus die tipe risiko's wat vroue, kinders en weerlose mense in die gesig staar tydens die feestyd.
Die Bloedoortappingsdiens van Namibië is steeds besig met sy veldtog vir die feestyd met die doel om meer bloedskenkings te kry. Daar is altyd 'n tekort aan bloed gedurende hierdie tydperk van die jaar weens onder meer padongelukke. Titus Shivute, woordvoerder van die diens, doen ‘n beroep op Namibiërs om bloed te skenk.
Volgens die Houtskoolvereniging van Namibië moet houtskoolwerkers hierdie feestyd gegun word om saam met hul gesinne deur te bring. Die voorsitter van die vereniging, Michael Degé sê Desember is nie ‘n goeie produksiemaand nie. Boere moet vermy dat werkers klagte van wanbetaling by die polisie aanmeld. Angolese werkers wat nie werkpermittehet nie, se dokumentasie moet in orde gekry word sodat hulle nie gearresteer word nie. Degé het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Kosmos 94.1 se Copps 94.1 teenmisdaad-realiteitsprogram was Vrydagaand regstreeks op die lug vanaf die kus met ons borge G4S Namibia, JAC van M&Z Motors, Minet Namibia Insurance Brokers, LifeLink Emergency Services, Cema Drilling and Compressors, ITR Namibia Earthmoving Equipment, Namibia Breweries Limited, Spar Express, Dulux Namibia, Annabelle Non-Alcoholic Sparkling en Engen Eureka Service Station. Francois Lottering was op grondvlak.
Talle Windhoekers vertrek hierdie naweek uit die hoofstad op pad na hul verskillende vakansiebestemmings. Die Windhoek Stadspolisie maan inwoners om hul eiendom tydens die feesseisoen te beskerm wanneer misdadigers na geleenthede soek om in te breek en te steel. Stadspolisiehoof Abraham Kanime sê aan Kosmos 94.1 Nuus daar was reeds inbrake gerapporteer.
Oponona-meer by Uuvudhiya in die Oshana-streek in die Noorde is al weer leeg en daar is geen drinkwater vir vee nie. Boere in die streke van Oshana en Omusati stuur 'n noodkreet uit dat water uit die Oshandja-dam in Omusati na die meer gepomp word. Drie jaar gelede tydens die droogte het NamWater water vanaf die dam na Uuvudhiya oorgepomp om beeste te red. Die natuurlike Oponona-meer is sowat 70 kilometer vanaf die Etosha-panne geleë en die grootste meer in die Cuvelai-opvangsgebied. ‘n Kleinskaalse boer in die Ondangwa landelike kiesafdeling in die Oshana-streek, Ileni Nandjato...
Die onderwys-aktivis in die buurland, Hendrick Makaneta, het die Afghaanse regering se besluit om vroue toegang tot universiteite te belet ten sterkste veroordeel. Makaneta sê dié stap ondermyn die pogings van talle lande wêreldwyd om die ongelykhede van die verlede reg te stel.
Een van die tienerseuns wat die derde Junior Ranger-kursus vanjaar van Intelligence Support Against Poaching bygewoon het, sê dit was ‘n wonderlike ervaring. Isap se uitvoerende hoof, Fritz Kaufmann, sê dié stadsjapie het uitstekend op die kamp gevaar. Altesaam nege seuns en vier meisies het die kursus vanaf 9 tot 16 Desember op die Isap-geriewe noordwes van Okahandja bygewoon. Die 14-jarige Dartanian Erasmus van Windhoek sê hy het baie tydens die kursus geleer...
Die burgemeester van Johannesburg, Mpho Phalatse, sê die koste van die skade wat die oorstromings aangerig het aan die stad se infrastuktuur het gestyg van 300 miljoen tot 421 miljoen Suid-Afrikaanse rand. Phalatse was op ‘n inspeksietoer van die voortgesette humanitêre en opruim-operasies, ná dae se verwoestende reën. Phalatse sê die verklaring van die stad as rampgebied sal hulle in staat stel om bronne te benut van ander regeringsfere, en sal die verkrygingsprosesse vir noodoperasies versnel.
Data van Statistieke Suid-Afrika toon vleis-inflasie in die buurland is op sy hoogste vlak sedert November 2017. Veeboere het oor die jare steeds toenemende kostedruk ondervind weens stygende pryse van rou voer. 'n Daling in die slag van vee, verminderde invoer van hoender, asook die hoë verbruikersvraag, dra alles by tot die hoë pryse. Die landbou-ekonoom, Paul Makube, sê die vraag na vleis is veral hoog gedurende die feestyd.
'n Energiekenner in die buurland sê die krisis by Eskom is sistemies. Die mededirekteur van die Sentrum vir Volhoubaarheidsoorgange aan die Universiteit Stellenbosch, Mark Swilling, sê meer opwekkingskapasiteit is nodig. Hy sê daar moet behoorlike samewerking wees om die energiekrisis op te los en beurtkrag te beëindig.
President Volodymyr Zelensky van Oekraïne het tydens sy besoek aan Amerika gesê die wêreld het vrede nodig. Washington het ‘n nuwe pakket van 34 miljard Namibiese dollar bevestig en nog 772 miljard dollar aan Oekraïne belowe. Ná die Withuis-ontmoeting met Amerikaanse President Joe Biden het die 44-jarige Zelensky 'n gesamentlike sitting van die Amerikaanse kongres toegespreek, waar hy staande toegejuig is.
Krieket: Suid-Afrika en Australië speel van Maandag af in die tweede toets in Melbourne. Die tuisspan het die eerste wedstryd in Brisbane binne twee dae gewen en die kolfblad van die Gabba is beboet omdat dit onder standaard was en 34 paaltjies binne twee dae gekantel het. Die Protea-speler Khaya Zondo is van mening hulle sal moet beter vaar met die kolf.
Die ANC het 80 bykomende lede by sy nasionale uitvoerende komitee gevoeg. Die aankondiging was uitgestel weens verskeie administratiewe vertragings tydens die vyfdaagse verkiesingskonferensie. Die inkomende NUK sal sommige uitstaande kwessies van die integriteits-kommissie tydens die vorige administrasie moet hanteer. Die voorsitter van die party se verkiesingskommissie, Kgalema Mothlanthe, sê 41 van die bykomende lede is vroue, insluitend Thandi Modise, Angie Motshekga, Bathabile Dlamini en Stella Ndabeni-Abrahams.
Die Suid-Afrikaanse konsessies speel vir die eerste keer ooit oor die feestyd. Rugby-derbies wag Vrydag en op Oujaarsdag in die Verenigde Rugby Kampioenskap. Dit sal die diepte van spel deeglik toets in die VRK, sowel as die Kampioene-beker of Uitdaagbeker. Die Bulle se direkteur van rugby, Jake White, sê die beste manier om talent in die land te behou is om net plaaslike spelers verkiesbaar te maak vir die Springbokke.
Die uitvoer van beeste op die hoef het met 17,6 persent toegeneem, skaap-uitvoere met 83,2 persent, maar bok-uitvoere het met 33,1 persent in November afgeneem. Op 'n jaargrondslag het die uitvoere vir beeste op die hoef afgeneem, maar gestyg vir beide skape en bokke, volgens Simonis Storm se landbouverslag van November. Die vernaamste uitvoer-bestemmings bly die gewone markte, met 45,4 persent van die totale uitvoere na die Europese Unie, 21 persent na Suid-Afrika en 12,8 persent na Noorweë. Vir die eerste keer in meer as 'n dekade is 'n besending Namibiese ontbeende lam op pad na Noorweë. Bemarking in die skaap-sektor het aansienlik verbeter, sê Theo Klein van Simonis Storm aan Kosmos 94.1 Nuus.
Die ANC-president, Cyril Ramaphosa, sê die ANC se 55ste nasionale verkiesingskonferensie het erken dat korrupsie binne die ANC 'n ernstige bedreiging inhou vir die voortbestaan van die organisasie, en vir die toekoms van die nasionale demokratiese revolusie. Hy sê groot vordering is die afgelope vyf jaar gemaak in die stryd teen korrupsie binne sy eie geledere, in die regering en oral in die samelewing. Ramaphosa sê die party het egter nie genoeg gedoen om korrupsie te beëindig en die uitwerking van staatskaping om te keer nie.
Die ANC se konferensie is uitgestel omdat alle sake nie afgehandel is nie. Dit sal nou op 5 Januarie op ‘n hibriede manier voortgesit word. Die ANC-president, Cyril Ramaphosa, sê daar was oomblikke by die party se nasionale verkiesingskonferensie wat die party se eenheid en samehorigheid getoets het. Ramaphosa het tydens die afsluiting van die konferensie by Nasrec in Johannesburg gepraat. Hy sê daar was pogings om die ANC te verdeel, om hulle uit te lok, en die aandag af te lei van die take wat hulle moet aanpak om hul nasionale demokratiese revolusie te bevorder.
Die Jacob Zuma-stigting sê oudpresident Zuma is nie van plan om sy strafregtelike saak teen President Cyril Ramaphosa terug te trek nie. Dit sal van 19 Januarie af aangehoor word in die Suid-Gautengse hooggeregshof in Johannesburg. Die stigting het net voor die ANC se nasionale verkiesingskonferensie by Nasrec in Johannesburg afgeskop het, aangekondig dat hy Ramaphosa en advokaat Billy Downer gaan vervolg vir die oortreding van die Wet op die Nasionale Vervolgingsgesag. Die woordvoerder van die stigting, Mzwanele Manyi, sê hulle gaan Ramaphosa in die hof aanvat.
Krieket: Engeland het skoonskip gemaak in die toetsreeks teen Pakistan toe hy die laaste wedstryd in Karachi op die vierde dag met agt paaltjies gewen het. Engeland besoek die land die eerste keer in 17 jaar en is die eerste span wat drie wedstryde in ʼn reeks in Pakistan kan wen. Dit is 'n merkwaardige ommeswaai onder kaptein Ben Stokes en afrigter Brendon McCullum, wat nege van hul tien wedstryde gewen het sedert hulle in beheer is. Stokes is trots op sy span.
Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes in die buurland sê die voorkoms van nuut bevestigde gevalle van masels onder kinders in Gauteng, Mpumalanga, Limpopo en Noordwes het gestyg. ʼn Woordvoerder van die instituut, Kerrigan McCarthy, sê 169 laboratorium-bevestigde gevalle is in die vier provinsies aangeteken onder kinders wat nie ingeënt is nie. Die gevalle in die vier provinsies is hoofsaaklik onder kinders tussen vyf en nege jaar oud. Die woordvoerder van die gesondheidsdepartement, Foster Mohale, moedig ouers aan om hul kinders te laat inent.
Die ANC se nuutverkose sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, sê onder sy toesig sal geen wetteloosheid in die party geduld word nie. Mbalula het lede van die media toegespreek ná die bekendmaking van die ANC Top 7-uitslae by die 55ste Nasionale Konferensie by Nasrec in Johannesburg. Hy sê die tugkomitee van die ANC sal optree teen lede wat in die parlement saam met die opposisie gestem het oor die Phala Phala-verslag. Mbalula sê dié saak sal nie onder die mat gevee word nie.
Gholf: Die 18-jarige Xavier Schreuder van Tsumeb sien uit daarna om die eerste Namibiër ooit te wees wat volgende jaar aan die Kampioen van Kampioene Wêreldtoernooi vir junior amateurspelers in Noord-Ierland mee te ding. Die leerder van Tsumeb Gimnasium het by die San Lameer-gholfklub in KwaZulu-Natal gekwalifiseer om vanaf 25 tot 27 Julie by die luukse Lough Erne-gholfoord in Enniskillen deel te neem. Sowat 250 gholfspelers van meer as 40 lande ding mee en Schreuder hoop om sy gholf-loopbaan ‘n huptstoot te gee.
Die EFF-leier Julius Malema sê die vorige wit regering was beter as die ANC-regering, want die ANC gee nie om vir die verbetering van die lewens van swart mense nie. Malema het gister afgevaardigdes toegespreek by die derde provinsiale volksvergadering van die EFF in Limpopo. Hy sê President Cyril Ramaphosa moet weet sy oorwinning by die ANC se 55ste nasionale verkiesingskonferensie by Nasrec in Johannesburg, beteken niks vir die EFF nie, en die party sal steeds teen hom opstaan. Malena sê hulle sal die ANC beveg om te verseker die party wen nie in 2024 nie.
Die president van die Europese Kommissie, Ursula von der Leyen, sê die toekoms van Oekraïne begin by sy kinders. Hulle help om skole te gebou wat in die Russiese inval verwoes is. Die kommissie stuur ook honderde busse sodat kinders veilig skool toe kan reis. Von der Leyen verwelkom die ooreenkoms oor die negende stel sanksies teen Rusland. Sy sê dit fokus op tegnologie, finansies en die media om die Russiese ekonomie en oorlogsmasjien verder van koers af te dwing.
Die verkose 6 Januarie-komitee van die Amerikaanse huis van verteenwoordigers sal na verwagting sy finale verslag amptelik aanvaar en vandag op 'n openbare vergadering oor moontlike strafregtelike sanksies stem. Die komitee het die afgelope 11 maande meer as 100 onderhoude gevoer, insluitend met sommige in oud-president Donald Trump se binnekring en sy familie, en meer as 'n 1 000 verklarings oor dokumente ondersoek. Die Demokraat Adam Schiff sê hy glo daar is voldoende bewyse om Trump strafregtelik te vervolg vir sy pogings om 2020 se verkiesing omver te werp.
Gholf: Die Fransman Antoine Rozner het sy derde DP World-toer-titel verower toe hy die Mauritius Ope met vyf houe gewen het, met ‘n finale ronde van 67, 19 onder baansyfer. Die Spanjaard Alfredo Garcia-Heredia het die tweede plek behaal, op 14 onder syfer, met 'n finale ronde van 67, terwyl Rozner se landgenoot, Julien Brun, derde was op 12 onder syfer, met ‘n laaste ronde van 72. Rozner sê hy kon nie vir ‘n beter einde vra om sy jaar af te sluit nie.
Na 'n naweek van langdurige fase 6-beurtkrag in Suid-Afrika, is daar effense verligting vir die land in die vooruitsig. Eskom se krisiskommunikasiebestuurder, Menzi Mngomezulu, sê verbruikers sal egter steeds te doen hê met fase vyf en vier kragonderbrekings die week.
Longsiekte in die noordelike kommunale gebiede van Namibië is nou onder beheer, het die departement van veeartsenydienste in die landbouministerie bevestig. Dié aansteeklike siekte onder beeste en buffels het in verskeie dele van die streke van Kavango-Wes, Ohangwena, Oshikoto en Omusati voorgekom. Die ministerie het ‘n inentingsveldtog teen longsiekte van stapel gestuur. Die hoof-veertsenybeampte in die ministerie, dr. Albertina Shilongo, doen ‘n beroep op boere om enige gevalle van longsiekte of bek-en-klouseer aan die dienste te rapporteer.
Die DA in Gauteng sê gesondheidspersoneel by die Tembisa-hospitaal in Ekurhuleni moet in 'n gunstige omgewing werk waar daar voldoende voorrade is. Dit volg na beeldmateriaal op sosiale media versprei is van psigiatriese pasiënte wat op die vloer slaap. Die hospitaal sê bedtekorte is 'n ernstige probleem. Maar Refiloe Nt'sekhe van die DA sê om die Kempton-hospitaal in fases te open is steeds die maklikste uitweg om die probleem van oorvol sale by Tembisa op te los.
Die hoof van die ANC se Vroueliga-taakspan, Baleka Mbete, sê vroue in die ANC is meer as bekwaam om die organisasie te lei. Toerisme-minister Lindiwe Sisulu was die grootste verloorder van die ANC se rumoerige benoemingstryd by hul kieskonferensie. Sy het haar benoeming van die vloer af vir tesourier-generaal aanvaar, maar sy het nie genoeg stemme gekry om te kwalifiseer nie. Dr. Nkosazana Dlamini-Zuma wat teen President Ramaphosa in die parlement gestem het, het ‘n benoeming van die vloer af van die hand gewys. Nomvula Mkonyane is vir die pos as eerste adjunk-sekretaris-generaal benoem is en Tina Joemat-Peterson as tweede adjunk-sekretaris-generaal. Mbete sê vroue het oor die jare hul. bekwaamheid bewys.
Die Namibiese en internasionale jagsektor voer ‘n groot stryd teen organisasies wat teen trofeejag gekant is. Die Namibiese Professionele Jagtersvereniging, Napha, het nóg ‘n groot terugslag beleef met Finland wat ‘n verbod op in die invoer van jagtrofeë aangekondig het. Finland gaan sy jagters verbied om trofeë van bedreigde spesies vanaf Junie 2023 huis toe te bring. Die president van Napha, Axel Cramer, sê Finland en die ander Skandinawiese lande het ‘n groot jag-kultuur en sulke besluite kan wel oorspoel na die ander lande toe. Jens Hogh van die Nordiese Jagklub, verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus hoe openbare opinie oor jag in Europa verander probeer word.
Die ANC-president Cyril Ramaphosa, sê die party is baie hartseer en teleurgesteld dat Chris Hani se moordenaar, Janusz Walus, op parool vrygelaat is. Walus het Hani, die leier van die Suid-Afrikaanse Kommuniste Party, in April 1993 in 'n sluipmoord-aanval doodgeskiet. Ramaphosa sê Hani was een van die groot geeste van Afrika en een van die mees geliefde mense, en sonder enige twyfel 'n buitengewone leier van die rewolusionêre beweging.
Die DA sê universiteite sal steeds die teelaarde vir konflik bly as griewe nie opgelos word nie. Slegs agt van die 26 universiteite in die land het 'n ombudstelsel waar studente, asook akademiese en nie-akademiese personeel, hulle griewe in 'n vertroulike omgewing kan lug. Chantel King van die DA doen 'n beroep op die minister van hoër onderwys, Blade Nzimande, om 'n gesentraliseerde universiteits-ombudstelsel vir al 26 die instellings te skep.
Die ANC-president Cyril Ramaphosa sê ANC-lede en die mense van Suid-Afrika verwag die party moet hom verbind tot sy verantwoordelikheid om sy stigtingsmissie uit te voer. Hulle verwag ook die ANC moet die moed en eerlikheid aan die dag lê om sy tekortkominge te herken en hom voorneem om dit reg te stel. Volgens Ramaphosa koester hulle in hulle harte die hoop dat die ANC sy 55ste nasionale konferensie sal verlaat met duidelike en deurdagte oplossings vir die uitdagings wat hulle in die gesig staar.
Die Bloedoortappingsdienste van Namibië is nog tot vanmiddag by die Grove Mall in die hoofstad in 'n poging om genoeg bloed in te samel vir die tekort wat gewoonlik tydens die feesseisoen ontstaan. Die diens sal ook soortgelyke geleenthede regoor die land hou. Woordvoerder Titus Shivute doen 'n beroep op Namibiërs om bloed te skenk.
Die ANC-president Cyril Ramaphosa sê swakhede in regering en dienslewering, veral op plaaslike vlak, het bygedra tot die verbrokkeling van infrastruktuur en mislukte dienste. Hy erken korrupsie en wanbestuur het veroorsaak dat hulpbronne wat vir die armes bedoel is, weggelei is. Ramaphosa sê die drie-dubbele uitdagings van armoede, werkloosheid en ongelykheid is steeds die grootste struikelblok in die ontwikkeling van mense.
Kosmos 94.1 se Copps 94.1 teenmisdaad-realiteitsprogram was Vrydagaand regstreeks op die lug vanaf die kus met ons borge G4S Namibia, JAC van M&Z Motors, Minet Namibia Insurance Brokers, LifeLink Emergency Services, Cema Drilling and Compressors, ITR Namibia Earthmoving Equipment, Namibia Breweries Limited, Spar Express, Dulux Namibia, Annabelle Non-Alcoholic Sparkling en Engen Eureka Service Station. Francois Lottering sê vanaf Walvisbaai dronkbestuur is die grootste uitdaging.
Die Beach Volleyball Bash 2022 word vandag op Langstrand aangebied, met die perfekte kombinasie van son, see, sand, die duine en strandvlugbal. Die vlugbaltoernooi word gesamentlik deur Namib Rage Events en die Erongo-vllugbalvereniging aangebied. Gemengde professionele en sosiale spanne met ses speler per span ding mee. Carel Rautenbach van Namib Rage het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.
Met die graad 11- en 12-leerders wat verlede maand hul eksamens voltooi het, is opgewonde om hul eksamenuitslae te kry sodat hulle by tersiêre instellings kan aansoek doen of registreer. Die merk van vraestelle is afgehandel, volgens Sanet Steenkamp, die uitvoerende direkteur in die Namibiese onderwysministerie. Sy sê aan Kosmos 94.1 Nuus hoe die nasien-proses verloop en wanneer leerders hul uitslae kan verwag.
Registrasie en inskrywings vir die 2023 Afrika Jeug in Toerisme-beraad en Innovering-uitdaging sluit op 28 Februarie. ‘n Kortlys vir die top-ses kandidate sal op 10 Maart bekend gemaak word, waarna die top-drie op 2 Junie 2023 aangekondig sal word. Die direkteur van SME’s Compete, Danny Meyer, moedig jong entrepreneurs in die toerisme-sektor aan om sulke geleenthede aan te gryp.
Namibiërs wat die feesseisoen reis, sal hulle sakke moet skud om vir hul vakansies te betaal. Volgens Simonis Storm het die gemiddelde lodge in die land hul kamerprys per persoon per nag met 13,4 persent verhoog en die gemiddelde wildrit-prys met 10 persent per persoon. Kampeerplekpryse het teen Desember 2022 gemiddeld met 13,4 persent per persoon per nag toegeneem, vergeleke met Desember 2021. Die woordvoerder van Namibia Wildlife Resorts, Nelson Ashipala, sê aan Kosmos sê dit is te wagte weens die inflasiekoers.
Die jaar 2022 was die jaar van Zimbabwiese verpleegpersoneel. Almal en enigiemand wat kon, het 'n verpleegster of verpleër geword, aangesien mense desperaat probeer om die land te verlaat vir groener weivelde. Nou is dit die tyd vir Zimbabwiese onderwysers. Die Verenigde Koninkryk is op soek na onderwysers om vakatures te vul wat geskep is deur Brexit en 'n verouderende bevolkingstruktuur. Om hulle te help om Zimbabwiese onderwysers in die hande te kry, sal Brittanje vanaf 1 Februarie 2023 makliker visums toeken aan gekwalifiseerde onderwysers van sekere lande. Setfree Mafukidze van die Health Factor in Zimbabwe het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Sy sê diegene wat verlore troeteldiere by die DBV opeis, moet ‘n bewys van eienaarskap toon.
Die DBV in Windhoek is tydens die feesseisoen oorweldig met al die diere wat in hul sorg gelaat is. Hulle doen dus 'n beroep op troeteldier-eienaars om hul diere goed te versorg, sodat hulle nie die diere hoef in te neem nie. Sylvia Breitenstein, die DBV se bedryfsbestuurder het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.
Dit is die begin van die Namibiese feesseisoen en talle Namibiërs en buitelandse toeriste is reeds op die paaie op pad na hul verskillende bestemmings. Die Namibiese polisie is besig om streng polisiëring by padblokkades en paaie landswyd toe te pas, soos om boetes uit te reik as daar nie driehoeke in voertuie is nie. Aubrey Oosthuizen van die West Coast Safety Initiative in die Erongo-streek sê aan Kosmos 94.1 Nuus paaie na en van die kus is al reeds druk besig. Hy doen ‘n beroep op motoriste om padreëls te gehoorsaam.
Die jaar 2022 is gekenmerk deur een van die moeilikste ekonomiese jare, waarskynlik 'n jaar wat almal wil vergeet. Wêreldburgers is gekonfronteer met die ergste prysstyging van op 'n hele aantal goedere soos voedsel en brandstof. Siende dat ons die nuwe jaar ingaan, het Kosmos 94.1 Nuus aan Black Business Leaders Network se uitvoerende hoof, Elifas Simon gevra wat kan die wêreld in 2023 verwag wat die ekonomie betref.
Twaalf buitelandse burgers het voor die landdroshof in Praktiseer in Limpopo verskyn op aanklagte dat hulle die Immigrasiewet oortree het, omdat hulle in die land is sonder die nodige dokumente. Hulle is in hegtenis geneem ná die herwinning van myntoerusting by die Driekop-myn by Burgersfort. Die polisiewoordvoerder, Malesela Ledwaba, sê gesamentlike pogings om onwettige mynboubedrywighede stop te sit, lewer goeie resultate op.
‘n Derde liggaam van ‘n hawelose wat tydens die kitsvloede in Windhoek verdrink het, is gevind. Hy is geïdentifiseer as Antonio "Toni" Vries. Familielede het sy liggaam uitgeken. Hy was een van die tien straatkinders wat Woensdag in 'n tonnel agter die Game-winkelkompleks in die middedorp tydens die stortreën geskuil het en meegesleur is. Die liggame van ‘n kind en ‘n man is Donderdag gevind. Drie straatkinders word nog vermis, sê Nampol se adjudant-offisier Silas Shipandeni aan Kosmos 94.1 Nuus.
Aangesien die Namibiese regering beplan om die Finansiële Hulpfonds vir Namibiese Studente te ontbind, het die NSFAF 'n implementeringsplan ontwikkel wat aan die minister van hoër onderwys, Itah Kandjii-Murangi, vir goedkeuring gestuur is. Die owerhede het 31 Desember 2023 as die sperdatum gestel om die studente-befondsingsliggaam by dié ministerie van hoër te herintegreer, waar dit as 'n departement sal funksioneer. Kennedy Kandume, die fonds se uitvoerende, sê aan Kosmos 94.1 Nuus hulle wag op goedkeuring van die ministerie.
Die ANC-tesourier, Paul Mashatile, sê die Covid-krisis het die wêreld en die Suid-Afrikaanse ekonomie én politiek hervorm. Klein besighede is die swaarste getref deur Covid. Maar, volgens Mashatile sal klein, medium en mikro-ondernemings ván die hoof-dryfvere wees in Suid-Afrika se infrastruktuur-geleide, ekonomiese herstel, ná Covid-19. Mashatile het op die sakelui bedank wat die ANC steun sonder om te kla.
‘n Groot veldbrand woed weer op die Kupferbergpad in die Khomas-Hochland wes van Windhoek en hulp word van die publiek gevra. Sterk winde dryf die vlamme aan. Namibian Marshal Ranger Sean Naude verskaf die aanwysings.
Die Namibiese gesondheidsministerie waarsku Namibiërs om versigtig te wees by oorstroomde gebiede ná die onlangse kitsvloede in Windhoek. Die uitvoerende direktkeur in die ministerie Ben Nangombe, sê tydens die reënseisoen word higiëniese en sanitasiegevare in die gesig gestaar met 'n verhoogde risiko's van water-oordraagbare siektes, asook slang- en rotbyte. Die Khomas-streeksraad het vandag 500 000 watersuiwerings-tablette en 10- en 20-liter waterhouers ontvang wat aan kwesbare gemeenskappe oorhandig sal word.
Die Westminster-landdroshof in Londen het beslis ten gunste van die Suid-Afrikaanse Nasionale Vervolgingsgesag, dat die voortvlugtige, Michael Lomas, wat by Eskom-korrupsie betrek word, aan Suid-Afrika uitgelewer kan word. Lomas word verbind met die Kusile-bedrog- en korrupsiesaak van 745 miljoen Suid-Afrikaanse rand. Die NVG se woordvoerder, Sindisiwe Seboka, sê die ondersoekdirekteur, Andrea Johnson, is verheug dat die NVG ná ‘n twee jaar lange stryd uiteindelik vir Lomas in Suid-Afrika kan laat teregstaan.
Die noordelike en sentrale dele van Namibië het goeie reën ontvang, alhoewel dit met lewensverliese en skade aan eiendom gepaard gegaan het. Weervoorspeller Odilo Kgobetsi sê aan Kosmos 94.1. Nuus of Namibië nóg reën oor die naweek kan verwag.
Intussen voorspel die Meteorologiese Dienste van Namibië ‘n normale tot bo-normale reënseisoen vir die die res van Desember tot Mei 2023 vir die hele land, behalwe die Suidweste.
Die Fishrot-beskuldigde en voormalige Namibiese minister van visserye en mariene hulpbronne Bernhardt Esau se borgtogaansoek duur vandag voort regter David Munsu in die Windhoekse hoërhoof. Tydens Esau se ondervraging het sy prokureur Florian Beukes van Metcalfe Beukes ‘n vraag aan hom gevra oor 'n e-pos van James Hatuikulipi wat lui dat Esau 'n nalatenskap en verandering in die sektor wil nalaat.
Namibiese kusdorpe staar ‘n waterprobleem in die gesig met watertoer van Walvisbaai en Swakopmund wat vir die volgende twee maande onder erge druk kan wees. Dit is as gevolg van swael-uitbrekings en kragvoorsienings-uitdagings. Die kus-munisipaliteite van Walvisbaai en Swakopmund het inwoners en besoekers gemaan om liewer gebottelde water te gebruik. Die feesseisoen is hier en talle Namibiërs en toeriste reis na die kus vir die vakansie, daarom is die munisipaliteite bekommerd of daar genoeg water vir almal sal wees. Kosmos 94.2 Nuus het met die goewerneur van die Erongo-streek, Neville Andre, gepraat.
Die leier van ActionSA, Herman Mashaba, het die voorsitter van die parlement se openbare ondernemingskomitee, Khaya Magaxa, in 'n brief gevra vir 'n dringende openbare ondersoek na bewerings van onbehoorlike inmenging in operasionele sake by Eskom deur die direksie, die minister van minerale bronne en energie, Gwede Mantashe, én die minister van openbare ondernemings, Pravin Gordhan. ActionSA se nasionale woordvoerder, Lerato Ngobeni, sê in die nasleep van André de Ruyter se bedanking as uitvoerende hoof, wek dié bewerings ernstige kommer.
Die Motorvoertuig-ongelukkefonds het altesaam 2 874 padongelukke in Namibië tussen 1 Januarie en 11 Desember 2022 aangeteken. Dit is ‘n afname van die 2 926 ongelukke wat gedurende dieselfde tydperk verlede jaar aangeteken is. Altesaam 423 sterftes is aangeteken teenoor 525 verlede jaar. Daar is ook afname in die beserings van 4 868 mense, vergeleke met 5 050 verlede jaar. Die Motorvoertuig-ongelukkefonds se feesseisoen-veldtog se doelwit is om ongelukke, beserings en sterftes op paaie te verminder. ‘n Senior bestuurder van die fonds, Ruben Uupindi, maan motoriste om veilig te bestuur.
Die ANC se internasionale betrekkinge-subkomitee waarsku teen 'n toename in terreur-aanvalle in Mosambiek. Die subkomitee sê dit is 'n rede tot kommer aangesien die terreur-probleem Suider-Afrika kan beetpak en langtermyn skade aan politieke bestendigheid kan veroorsaak. Die voorsitter van die komitee, Lindiwe Zulu, doen 'n beroep vir voortdurende pogings om 'n buitelandse beleid in te stel wat binnelandse uitdagings kan hanteer.
Die Universiteit van Namibië sluit vandag en heropen op 12 Januarie 2023 vir die nuwe akademiese jaar. 'n Mylpaal is vanjaar bereik met die herdenking van die 30ste bestaansjaar. Unam se bemarkingsbeampte, Simon Namesho, deel met Kosmos 94.1 Nuus die afgelope jaar se hoogtepunte en wat die universiteit se planne vir die nuwe akademiese jaar is.
Die Bulle speel môre in Engeland teen die gedugte Exeter Chiefs. Afrigter Jake White gaan nie veel torring aan sy “B-span” nie. White sê onder meer die druk program het hom genoodsaak om sy spelers basies in twee groepe te verdeel. Die president van die Bulle, Willem Strauss, sê die ysige koue in Engeland gaan ‘n groot uitdaging vir die span wees.
Eskom het bevestig hy het 'n konsep-omkeerplan oor hoe hy beurtkrag gaan beëindig. Die voorsitter van Eskom se raad, Mpho Makwana, sê die kragreus se begeerte is om 'n vinnige, korttermyn-oplossing vir die kragonderbrekings te vind. Makwana het gister die media ingelig en bevestig die plan is reeds beskikbaar en sal mettertyd gepubliseer word.
Die Tsumeb-munisipaliteit het inwoners gewaarsku om nie water uit krane te gebruik nie, nadat toetse wat deur Dundee Precious Mines gedoen is, hoë mikrobiologiese spore in die water gevind het. Volgens ’n verklaring van die uitvoerende hoof se kantoor, doen die munisipaliteit sy eie toetse oor die kwaliteit van water en moedig hulle inwoners aan om intussen water voor gebruik te kook. Die munisipaliteit se waarskuwing kom nadat Dundee Precious Mines aangekondig het dat die dorp se water ongeskik is vir menslike gebruik en reëlings getref het om drinkbare water aan sy werknemers te verskaf. Die skakelbeampte van die munisipaliteit Stella Imalwa-Nangolo het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Oudpresident Jacob Zuma wil President Cyril Ramaphosa nou ook privaat vervolg. Sy stigting het aangekondig die saak teen Ramaphosa sal op 19 Januarie volgende jaar in die Johannesburgse hooggeregshof begin. Zuma het reeds met privaat vervolging teen Downer begin oor die uitlek van sy mediese inligting. Hy woon van vandag af die 55ste nasionale konferensie van die ANC by. Mzwanele Manyi van die stigting sê Ramaphosa behoort in die tronk.
Die Black Business Council sê die uittredende uitvoerende hoof van Eskom, André de Ruyter, het nie sy plig by die nutsmaatskappy nagekom nie. Die raad se uitvoerende hoof, Kganki Matabane, sê die land is in ʼn slegter toestand sedert sy aanstelling in 2019. Volgens Matabane sal hernubare energie nie die huidige energiekrisis oplos nie.
Fishrot-beskuldigde en die voormalige minister van visserye en mariene hulpbronne, Bernhardt Esau, se borgtogaansoek duur vandag in die Windhoekse hoërhof voor regter David Munsu voort. Esau sal vandag na verwagting voortgaan met sy getuienis in sy borgtogaansoek, waarna die staat geleentheid gegun sal word vir kruisondervraging. Esau het getuig dat hy nie sy posisie as minister misbruik het nie. Volgens hom was die memorandum van verstandhouding tussen Namibië en Angola, wat Angola bemagtig het om aansoek te doen vir Namibiese visvangkwotas, reeds jare vantevore in die pyplyn, selfs voordat hy minister geword het. Esau het vroeër getuig dat daar probleme op sy plaas is.
Die ANC-president Cyril Ramaphosa sê die party se 55ste Nasionale Konferensie is 'n waterskeidingsoomblik vir die beweging en vir die hele land. Ramaphosa het die presidensiële gala-dinee by Nasrec, Johannesburg, toegespreek. Die ANC hou van vandag af tot Dinsdag sy nasionale verkiesingskonferensie. Ramaphosa sê hulle werk aan 'n omgewing wat sake vir besighede sal vergemaklik en wat sal ontslae raak van burokrasie en rompslomp.
Geloftefeeste word vandag in verskeie plekke regoor Namibië herdenk. Die Geloftefees-komitee in Windhoek vier die spesiale dag op die kultuurkalender met ‘n erediens by die Hervormde Kerk in Fidel Castrostraat in Windhoek om half-sewe vanaand. Dit word gevolg met ʼn ligte ete en samesang. Emerituspredikant dr. Callie Opperman, gesels met Kosmos 94.1 Nuus oor die belangrikheid om Geloftefees te vier.
‘n Namibiese ekonoom gee sy reaksie op die inflasiekoers vir November 2022 wat op sewe persent staan, vergeleke met 4,1 persent wat gedurende die ooreenstemmende tydperk van verlede jaar aangeteken is. Op 'n maandelikse basis is die inflasiekoers op 0,5 persent geraam, vergeleke met 0,2 persent wat in Oktober 2022 aangeteken is. Ekonoom van Cirrus, Robert McGregor gee aan Kosmos 94.1 Nuus sy voorspelling oor rentekoerse vir 2023. Hy het ook goeie nuus oor brandstofpryse.
Met die langnaweek in Suid-Afrika, het die LUR vir vervoer, gemeenskapsveiligheid en skakeling in KwaZulu-Natal, Sipho Hlomuka, padgebruikers gewaarsku daar sal swaar polisie-ontplooiing in die provinsie wees. Dit word gedoen om wet en orde te handhaaf tydens die langnaweek. Hierdie ontplooiing is deel van die geïntegreerde feestyd-veiligheidsplan. Die departement se woordvoerder, Kwanele Ncalane, sê dit behels proaktiewe wetstoepassing in gemeenskappe sowel as verskerpte verkeerswetstoepassing om die plaag van ongelukke en sterftes hok te slaan.
Die Stad Kaapstad is gereed vir langnaweek en sê wetstoepassings-personeel sal ontplooi word na gebiede met hoë voetganger- en voertuigverkeer. Daar sal spesifiek gefokus word op voertuig- en bestuurder-fiksheid en verhoogde sigbaarheid rondom inkopiesentrums. Dit strook met die stad se feestyd-voorbereidingsplan. Die stad se burgemeesters-komiteelid vir veiligheid en sekerheid, JP Smith, sê hulle verwag dit gaan baie besig wees, aangesien dit die eerste normale feestyd in jare is.
Sy sê die regering se nooddienste is gereed om te reageer op noodsituasies soos vloede.
Namibiese eerste minister Saara Kuugongelwa-Amadhila het haar medelye uitgespreek met die familie van die man en seun wie se liggame by die Pionier Seunskool in die hoofstad gevind is. Hul liggame is glo meegesleur in die Gammamsrivier ná Woensdag se stortreën en vloede. Van die elf straatkinders wat as vermis aangemeld is, is intussen gevind.
Namibiese openbare vervoer-verskaffers moet brandblussers aan boord van hul busse of taxi’s hê. Dit is volgens wetgewing, alhoewel dit, net soos die aanskakel van voertuie se hoofligte op nasionale paaie, nie deur wetstoepassers afgedwing word nie. Op die oomblik word daar op Namibiese paaie gekyk of daar brandblussers in voertuie is, wat gepaard gaan saam met opvoedkundige inisiatiewe. JP Shomwele, die direkteur van die Imax Group 6 Fire Program, wat hierdie inisiatief dryf, sê aan Kosmos 94.1 Nuus brandblussers kan ‘n verskil tussen lewe en dood maak.
Die Namibiese Gasvryheidsvereniging se wens vir die toerismesektor vir 2023 is om Namibië as 'n toeganklike, veilige en inspirerende reisbestemming te bevorder. Namibië kan 190 942 buitelandse toeriste in die vierde kwartaal van 2022 verwag, 'n toename van 26,6 persent vanaf die derde kwartaal, alhoewel die piekseisoen vir buitelandse toeriste eers verby is. Die landswye kamerbesetting van 45 persent is, is ‘n teken dat die toerisme-sektor ná die pandemie op ‘n goeie herstelpad is. Die uitvoerende hoof van die vereniging, Gitta Paetzold, sê aan Kosmos 94.1 Nuus sy is tevrede met die jongste statistieke.
Die formidabele Namibiese skrywer, historikus en afgetrede dosent, professor Ernst Stals, spog met ‘n nuwe boek “Jagters, slagters en wildwagters in Suidwes-Afrika”. Dit is deur Padlangs-publikasies van Gondwana vrygestel, wat graag stories oor Namibië se mense, diere, plante en geskiedenis publiseer. Jagters, slagters en wildwagters in Suidwes-Afrika is 'n kroniek van die verhouding tussen mens en wilde diere in Namibië tot en met 1960. Professor Ernst Stals gesels met Kosmos 94.1 Nuus.
Die Namibiese polisie het bevestig dat twee liggame, dié van ‘n volwasse man en ‘n seun, tydens ‘n gesamentlike operasie met die Stad Windhoek se nooddienste naby die Pionier Seunsskool in die hoofstad gevind is. Hul liggame is glo meegesleur ná Woensdag se stortreën en vloede. Elf straatkinders word steeds vermis. Nampol se adjudant-offisier Silas Shipandeni sê dit kan nie bevestig word of dié liggame dié van die vermiste straatkinders is nie.
Die Europese Unie het vandag elf 4X4-dubbelkajuitvoertuie aan die Namibiese landbou-ministerie oorhandig. Die 11 voertuie is deel van die 25 voertuie wat deel uitmaak van die vee-ondersteuningsprogram. Die EU-ambassadeur in Namibië, Sinikka Antila, het gesê die oorblywende 14 voertuie sal in 2023 afgelewer word.
Suid-Afrika spog met 'n nuwe nasionale park ná die terrein van die Square Kilometer Array, SKA, die week tot 'n nasionale park geproklameer. is. Die Meerkat Nasionale Park sal die fauna en flora van die Karoo sowel as die baie versteekte San-skatte wat in die gebied voorkom, bewaar. Kosmos 94.1 Nuus se korrespondent in Kaapstad, Fritz Platt...
Die Namibiese senior vrouehokkiespan, die Namib Queens is die Afrika Hokkie 5-kampioene. Hulle het vandag vir Zambië met 2-1 in Ismailia, Egipte geklop en die gouemedalje losgeslaan. Die hokkiespan het reeds vir die Wêreldbekertoernooi 2024 in Muskat, Oman, gekwalifiseer. Die span het net een wedstryd teen Kenia in die toernooi verloor. Afrigter Edwin Handura gesels vanuit Ismaila met Kosmos 94.1 Nuus.
Die jaarlikse inflasiekoers vir vervoer wat 14,3 persent van die Namibiese verbruikersmandjie uitmaak, is steeds die hoof-aandrywer van die algehele inflasie, volgens die Namibiese Statistieke-agentskap se verbruikersprys-indeks van November. Vervoer het in November 2022 met 18,3 persent gestyg, vergeleke met 11,9 persent gedurende November 2021. Op 'n maandelikse basis het vervoer ‘n inflasiekoers van twee persent in November 2022 aangeteken, vergeleke met 'n deflasiekoers van 0,7 persent in Oktober. Uitvoerende hoof van FP du Toit Transport Stefan Terblanche sê aan Kosmos 94.1 Nuus die stygende brandstofpryse is die hoof-oorsaak.
Die reën het ook sy tol op ‘n lokomotief van TransNamib geëis wat ontspoor het. Woordvoerder Abigail Raubenheimer sê die skade is gering.
Die liggame van twee straatkinders is in die Goreangabdam gevind nadat dit deur Woensdag se vloede in die hoofstad meegesleur is. Elf straatkinders word vermis Stad Windhoek waarsku sy inwoners, veral in informele nedersettings, om versigtig tydens die reënseisoen te wees. Groot skade is in die hoofstad aangerig na die storm van tussen 88 mm en 100 mm wat groot skade aangerig het. Die Wernhil-winkelsentrum het oorstroom, ‘n munisipale bus is in ‘n rivier meegesleur en verkeersbotsings het plaasgevind. Sade Gawanas, burgemeester van Windhoek, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Die minister van openbare ondernemings in die buurland, Pravin Gordhan, het die uittredende uitvoerende hoof van Eskom, André de Ruyter, bedank vir die opofferings wat hy vir Eskom gemaak het. 'n Nuuskonferensie is vanmiddag gehou ná die aankondiging van sy bedanking. Gordhan het met lof gepraat oor die rol wat De Ruyter by Eskom gespeel het.
Data oor Suid-Afrika se brandstofpryse dui op groot dalings in Januarie 2023 om die nuwe jaar af te skop, en Namibiese motoriste hoop ook op goeie nuus. Die laer olieprys is die grootste rede vir die moontlike daling. Kosmos 94.1 Nuus het met petroleum-ekonoom Abednego Ekandjo gepraat of Namibiërs ook na verwagting minder by die brandstofpompe kan betaal
‘n Namibiese politieke ontleder dr. Hoze Riruako sê President Hage Geingob gaan homself kritiek op die hals haal weens sy besluit om sy grondwetlike termyn van vyf jaar as die Swapo Party-president tot die volgende Swapo-kongres ten volle uit te dien. Die feit dat Geingob vir adjunk-premier Netumbo Nandi-Ndaitwah as herverkose Swapo-visepresident bekragtig het, is verblydend. in haar Riruako sê aan Kosmos 94.1 Nuus dit skep die indruk dat Geingob aan sy presidentskap vasklou.
Eskom se uittredende uitvoerende hoof, André de Ruyter, sê hy hoop sy bedanking maak voorsiening vir die aanstelling van 'n meer geskikte kandidaat. Hy sal na verwagting tot Maart volgende jaar by Eskom aanbly om 'n gladde oorgang te verseker. De Ruyter het bevestig dat sy bedanking verband hou met die feit dat hy geen politieke steun ontvang nie.
Soos die feesseisoen nader, sluit talle ondernemings en gelukkige werknemers kry ‘n bonus of selfs 'n dertiende tjek. Sommige Namibiërs sien na die pandemie uit om weg te breek en geld tydens hul vakansie te bestee. Plaaslike ekonoom Gabriel Erastus gee raad aan Namibiërs hoe hulle hul geld tydens die feestyd te bestee.
Rugby: Die Springbok-vrouester, Nadine Roos, sal haar aanstaande maand met ʼn kontrak van ses maande by die Nagato Blue Angels in Japan aansluit. Sy verteenwoordig Suid-Afrika in Sewes en die vyftien-kode en is die eerste plaaslike vrou wat ʼn kontrak by ʼn Japannese klub kry. Volgens Roos sien sy uit na hierdie hoofstuk in haar ontwikkeling as ʼn beroepspele.
Volgens die energiekenner, Chris Yelland het André de Ruyter se bedanking op die slegste moontlike onverwagse tyd gekom. Yelland sê die kragmaatskappy het aangekondig sy vloot kragstasies is nou net op 51 persent, wat die land in ʼn kwesbare situasie laat. Hy het bygevoeg die bedanking kom op ʼn tydstip dat die bedryfshoof van Eskom, Jan Oberholzer reeds in April aftree. Die finansiële hoof, Calib Cassim, sal Eskom na verwagting ook verlaat.
Die Namibiese gesondheidsministerie is tot 22 Desember besig met ‘n geïntegreerde landswye opname-veldtog van masels en Duitse masels. Die doelwit is om data oor immuniserings in te samel wat toekomstige strategieë sal inlig met die oog op die verhoging van roetine immunisering van kinders tussen 9 maande en 5 jaar oud. Die woordvoerder van die ministerie, Walters Kamaya, het meer inligting met Kosmos 94.1 Nuus gedeel.
Krieket: Suid-Afrika en Australië sal mekaar vir die eerste keer in 'n toetsreeks ontmoet sedert die berugte "Sandpaper-gate"-reeks in 2018. Die openingstoets begin Saterdag op die Gabba in Brisbane, met wedstryde in Melbourne en Sydney wat daarna volg. Die tuisspan het baie lopies in die onlangse reeks teen die Wes-Indiese Eilande aangeteken, maar die tussentydse Protea-hoofafrigter, Malibongwe Maketa, hoop vir 'n goeie stryd tussen die kolf en die bal.
Stad Windhoek se departement van stedelike en vervoerbeplanning het aangekondig dat hy sy munisipale busdiens tydens die feesseisoen sal afskaal. Dit is effektief vanaf 20 Desember tot 6 Januarie 2023. Normale bedrywighede sal op die 10 Januarie hervat word. Kosmos 94.1 Nuus het met Daisy Mungunda gepraat wat daagliks met die bus werk toe en terug huis toe ry.
Alex Shimuafeni, die statistikus-generaal by die Namibiese Statistieke-agentskap, sê die nasionale sensus is geskeduleer om vanaf Augustus 2023 plaas te vind. Die laaste nasionale sensus is in 2012 gedoen. Hy voeg by dat voorbereidings vir die seunse goed op dreef is.
Die DA in Gauteng sê honderde inwoners van Protea Glen in Soweto kry swaar omdat hul huise erg beskadig is deur kitsvloede. Die provinsiale LUR vir menslike nedersettings, Lebogang Maile, word daarvan beskuldig dat hy sy verantwoordelikheid ontduik het deur die kontrakteur toe te laat om huise op vleilande te bou. Die DA-lid, Mervyn Cirota, sê inwoners het al hul besittings verloor en het nêrens om heen te gaan nie.
Tshwane Metropolisie se kabeldiefstaleenheid het beslag gelê op meer as twee miljoen Suid-Afrikaanse rand se gesteelde kabels in Pretoria-Wes. Beamptes het op 'n wenk vanaf 'n gemeenskapslid gereageer en 'n vragmotor gelaai met kabels gevind. Die stad se burgemeesterskomiteelid vir gemeenskapsveiligheid, Grandi Theunissen, sê die kabels was duidelik gemerk, wat aangedui het dit behoort aan Tshwane en was voorheen by die Soshanguve-depot afgelewer.
Die Landless People's Movement het sy reaksie gegee op President Hage Geingob wat besluit het dat hy sy grondwetlike termyn van vyf jaar as die Swapo Party-president tot die volgende Swapo-kongres ten volle sal uitdien. Die woordvoerder van die LPM, Eneas Emvula sê aan Kosmos 94.1 Nuus, dis skokkend, maar nie verbasend nie.
Eskom in Gauteng het die Stad Johannesburg se kragentiteit, City Power, vrygestel van 'n mate van die kragonderbrekings. Dit is geldig vir groot dele van die stad wat aansienlike kragverlies ervaar het. Eskom se woordvoerder, Amanda Qithi, sê die uitstel volg op City Power se versoek namens die gebiede wat ernstig geraak is deur die onlangse vloede en storms.
Die Namibiese jaarlikse inflasiekoers vir November 2022 staan op sewe persent, vergeleke met 4,1 persent wat gedurende die ooreenstemmende tydperk van verlede jaar aangeteken is. Vervoer en voedsel en nie-alkoholiese drankies was die hoofbydraers tot inflasie, volgens die Namibiese Statistieke-agentskap se Verbruikersprys-indeks vir November. Op 'n maandelikse basis is die inflasiekoers op 0,5 persent geraam vergeleke met 0,2 persent wat 'n maand vroeër aangeteken is. Ekonoom Cons Karamata sê Namibië moet minder invoer, maar ons is nog ver van selfonderhoudend wees.
Die omstrede hoof van die NamRights menseregte-organisasie Phil Ya Nangoloh sê Swapo-president Hage Geingob sal waarskynlik erge openbare kritiek kry oor sy aanstellings in Swapo se sentrale komitee en politburo. Ya Nangoloh sê dit sal beskou word as bevoordeling van persone wat óf skuldig bevind is aan korrupsie en óf wat besmet is deur Fishrot-korrupsieskandaal. Hy sê egter Geingob moet geloof word dat hy erken dat adjunk-premier Netumbo Nandi-Ndaitwah se herverkiesing as visepresident van Swapo volgens die reëls en prosedures, die outomatiese presidentskandidaat is. Ya Nangoloh het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Die Stad Tshwane het 'n loting vir die uitgebreide openbare werke-program gehou wat 7 000 deelnemers betrek het om volgende maand te begin werk. Die loting sluit al sewe die metro se streke in. Die burgemeesterskomiteelid vir maatskaplike ontwikkeling en gemeenskapsdienste, Peggy de Bruin, sê suksesvolle kandidate sal verskillende take uitvoer wat die stad sal help om verskeie dienste in gemeenskappe te lewer.
Die DA in die Wes-Kaap sê hy het 'n parlementêre antwoord ontvang waarin die minister van bosbou, visserye en die omgewing, Barbara Creecy, haar departement se verantwoordelikheid vir die bestuur van riviermondings-bestuursplanne ontduik. Die DA-lid, Cayla Murray, sê die daarstelling van hierdie planne is noodsaaklik om te verseker dat daar 'n balans is tussen menslike bedrywighde en die bewaring van riviermondings in ooreenstemming met die Nasionale Bioverskeidenheids-evalueringsverslag.
Opruimingswerk is by die Wernhil-winkelsentrum in die Windhoekse sentrale sakekern aan die gang sodat winkels so gou as moontlik weer sake kan doen. Die winkelsentrum het oorstroom ná die hewige reënbui en haelstorm Woensdagnamiddag. Winkel-eienaars is besig om hul skade te beraam en skoonmakers het deurnag gewerk. Sven Thieme, voorsitter van die O&L-groep, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor hoe dit vandag daar lyk en hoe lank sal dit neem om skoon te maak.
ActionSA in Gauteng het die Valke se soek-en-beslagleggings-operasie by die Tembisa-hospitaal in Ekurhuleni verwelkom. Dit volg nadat onregmatige kontrakte van 850 miljoen Suid-Afrikaanse rand onthul is. Die party verwelkom ook die tugoptrede teen die hospitaal se geskorste uitvoerende hoof, Ashley Mthunzi, en die provinsiale gesondheidsdepartement se finansiële hoof, Lerato Madyo. Bongani Baloyi van ActionSA sê dis kommerwekkend dat daar meer as 400 dae na die moord op die fluitjieblaser, Babita Deokaran, eers opgetree is.
Die Stad Kaapstad sê uitgebreide, hoër beurtkrag-vlakke raak die voorsiening van water. Dit word toegeskryf aan faktore buite die metro se beheer, ondanks gebeurlikheidsmaatreëls. Laer waterverbruik sal die situasie verlig. Die burgemeesterskomiteelid vir water en sanitasie, Siseko Mbandezi, doen 'n beroep op inwoners en sakeondernemings om hulle gesamentlike daaglikse watergebruik tydelik tot 850 miljoen liter te verlaag.
Die regsorganisasie Judges Matter sê hy is verbaas dit het President Cyril Ramaphosa so lank geneem om die Wes-Kaapse regterpresident, John Hlophe, te skors. Dit volg nadat die Regterlike Gedragstribunaal bevind het hy het die Grondwet oortree toe hy probeer het om twee regters van die Konstitusionele Hof te oortuig om hulle ampseed te skend. Hlophe is geskors hangende 'n ampsklag-proses in die Nasionale Vergadering. Mbekezeli Benjamin van Judges Matter sê dit was die regte besluit.
Die Stad Tshwane het die geweld en boewery teen sy werknemers en kontrakteurs in verskeie dele van die stad ten sterkste veroordeel. Gewapende misdadigers het 'n kontrakteur se werknemers aangeval terwyl hulle in Eersterust in die ooste van die stad op diens was. Die woordvoerder, Lindela Mashigo, sê hulle gereedskap, insluitend ses struik-snoeiers, is gesteel.
Die Healingwounds-vereniging gaan vanoggend om tien-uur 'n veldtog genaamd HerVoiceSpeakUp by die oop ruimte oorkant die brandweerstasie in die Kuisebmund-woonbuurt op Walvisbaai, hou. Die doel van die veldtog is om as 'n gemeenskap te verenig om te marsjeer teen seksuele geweld, verkragting, geslagsgeweld en ander kwessies. Florence Tschisuku, 'n menseregte-aktivis en stigter van Healingwounds, sê die stilte moet deur slagoffers van geslagsgeweld gebreek word
ActionSA se leier, Herman Mashaba, sê daar is min twyfel dat André de Ruyter as uitvoerende hoof van Eskom bedank het as gevolg van voortdurende vernedering deur die minister van minerale hulpbronne en energie, Gwede Mantashe. Hy sê Mantashe het herhaaldelik De Ruyter se pogings om die kragvoorsiener skoon te maak, bevraagteken, vertraag en gestuit. Mashaba sê die minister van openbare ondernemings, Pravin Gordhan, het keer op keer gekies om die skuld vir beurtkrag op De Ruyter te pak, terwyl President Cyril Ramaphosa niks gedoen het om sy skoonmaakveldtog te ondersteun nie.
Ondanks rentekoersverhogings, is altesaam 1 045 nuwe voertuie in November in Namibië verkoop, 'n toename van 966 voertuie vanaf Oktober. Dit is die derde beste maand vir nuwe voertuigverkope en die vierde maand in 2022 wat meer as 1 000 voertuie verkoop is. Voertuigverkope het met 39 persent op 'n jaargrondslag gestyg en 4,9 persent op ‘n maandgrondslag. In November was dit die eerste keer sedert Julie dat passasiersvoertuie se verkope, altesaam 531 voertuie, die verkope van kommersiële voertuie oorskry het. Die hoofbestuurder van Indongo Toyota, Willie Verdoes, gesels met Kosmos 94.1 Nuus.
Die Europese Navorsingsraad het 'n Synergy-toelae, genaamd "BlackHolistic", van 14 miljoen euro toegeken aan 'n span Namibiese, Nederlandse, Britse en Finse sterrekundiges om kleurfilms van swart gate ofte wel gravitasiekolke, in die heelal te maak. Hulle sal die eerste Afrika Millimetergolf-radioteleskoop ooit in Namibië by Gamsberg bou om hul doel te bereik. Die teleskoop sal deelneem aan die wêreldwye Event Horizon Telescope-netwerk wat bekend geword het vir die eerste beelde van 'n swart gate in die heelal. Die toelae sal help om hierdie netwerk te transformeer van stilbeelde na kleurfilms om swart gate in die heelal te verstaan. Dr. Riaan Steenkamp, hoof van die fisika-departement van Unam, deel sy opgewondenheid met Kosmos 94.1 Nuus.
President Hage Geingob reis gereeld om staatshoofde te besoek en internasionale konferensies by te woon. Hy is tans op uitnodiging van die Amerikaanse President Joe Biden, waar hy in Washington DC die VSA-Afrika-leierskapsberaad bywoon wat vandag tot ‘n einde kom. Geingob lei 'n groot afvaardiging wat bestaan uit senior regeringsleiers en verteenwoordigers van die privaatsektor en die sakegemeenskap. Kosmos 94.1 Nuus het aan Arney Tjaronda, aandele-ontleder van High Economic Intelligence, gevra of Namibiërs voordeel trek uit al die oorsese reise van die President. Hy het sy antwoord só verwoord.
Die president van die Europese Kommissie, Ursula von der Leyen, sê hulle kon vergoed ondanks Rusland se besluit om die afgelope agt maande sy pyplyn-gasvoorraad na die Europese Unie met 80 persent te verminder. Die EU het vroeër vanjaar ingestem om voor die einde van die jaar sy invoer van Russiese gas met twee-derdes te besnoei en dit so gou as moontlik heeltemal te staak. Von der Leyen sê hulle versnel die oorgang na skoon energie tot voordeel van die hele EU.
Die metaalwerkersvakbond, Numsa, sê hy is verheug oor die bedanking van Eskom se uitvoerende hoof, André de Ruyter. Hy het ingestem om aan te bly tot einde Maart terwyl die raad na 'n plaasvervanger soek. Numsa se woordvoerder, Phakamile Hlubi-Majola, sê De Ruyter is die swakste uitvoerende hoof in Eskom se geskiedenis en sy onbevoegdheid is die rede vir die hoë beurtkrag-vlakke. Sy sê die minister van openbare ondernemings, Pravin Gordhan, moet ook bedank.
André de Ruyter, Eskom se uitvoerende hoof, sal nog tot einde Maart 2033 by die kragverskaffer aanbly ter wille van kontinuïteit en sodat die regte opvolger gevind kan word. Die DA sê die skielike bedanking van De Ruyter, is die gevolg van die minister van minerale hulpbronne en energie, Gwede Mantashe, se verbete veldtog teen hom. De Ruyter het toenemend onder kritiek deurgeloop terwyl die energiekrisis vererger. Mantashe het in Julie gesê Eskom se hoof en raad het dalk nie die nodige vaardighede nie. Ghaleb Cachalia van die DA sê De Ruyter is belemmer terwyl hy geveg het om Eskom aan die gang te hou.
Kenners waarsku klimaatsverandering kan tot 'n voedselkrisis lei. Die klimaat-spesialis, Seelan Gobalsamy, meen die wisselvallige weerstoestande wat tans in Afrika ervaar word, hou 'n bedreiging in vir voedselsekerheid. Gobalsamy, wat een van die vasteland se grootste produsente van landbou-chemikalieë bestuur, sê Suid-Afrika moet die probleem vooruitloop, aangesien watertekorte ook 'n voortdurende probleem word.
Die Konstruksiebedryf-federasie van Namibië het gereageer na die Namibiese regering 'n lening ter waarde van twee miljard Namibiese dollar van Duitsland verkry het wat gerig is op die opgradering van infrastruktuur-projekte en die bevordering van ekonomiese ontwikkeling. Die ooreenkoms is tussen die minister van finansies, Ipumbu Shiimi, en die Duitse Ontwikkelingsbank, KfW, onderteken wat die konstruksie en rehabilitasie van belangrike Namibiese paaie en water-infrastruktuur ondersteun. Die Namibiese Padowerheid het 'n lening ter waarde van 373 miljoen dollar gekry vir die rehabilitasie en opgradering van die B2-pad tussen Usakos en Karibib, waarvoor Namibiese kontrakteurs nie kon tender nie. Bärbel Kirchner, die uitvoerende hoof van die federasie, sê aan Kosmos 94.1 Nuus Namibiese kontrakteurs moet by projekte betrek word.
Statistieke SA se jongste syfers toon dat daar 'n drastiese toename was in die hoeveelheid huishulpe wat die afgelope jaar hul werke verloor het. Dit blyk dat die ekonomiese druk nou baie middelklas huishoudings direk begin raak, wat daartoe gelei het dat baie van die huishoudings hul huiswerkers moes afdank. Tienduisende huishulpe het volgens dié navorsing werksverliese in die derde kwartaal van die jaar gely. Kosmos 94.1 Nuus se korrespondent in Kaapstad, Fritz Platt..
Die Black Business Council het by die ANC se verkiesingskonferensie gepleit om beurtkrag beslissend te hanteer om die ekonomie en werksgeleenthede te red. Die land is tans op fase 5-beurtkrag, wat die ekonomie ongeveer drie tot vier miljard Suid-Afrikaanse rand per dag kos. Die politieke ontleder, Ralph Mathekga, sê die ANC moet nie politiek betrek in die oplossing vir Eskom se uitdagings en die huidige kragkrisis op die komende 55ste nasionale verkiesingskonferensie in Nasrec nie.
Dit sous tans in die hoofstad, met berigte dat 'n winkelsentrum oorstroom, Dit is maar net die begin van ‘n goeie reënseisoen wat vir Namibië voorspel word. Só sê meteoroloog, professor Willem Landman, wat verbonde aan die Universiteit Pretoria is. Hy sê die voorspelling vir Namibië is baie optimisties, weens die La Nina-verskynsel. Professor Landman gesels met Kosmos 94.1 Nuus.
Willem Landman Woensdag
Die vertroue in Suid-Afrika se landbousektor het afgeneem, ten spyte van 'n positiewe bydrae in die derde kwartaal van 19,2 persent tot die bruto binnelandse produk. Die uitvoerende hoof van die voorsieningsketting van die Beefmaster-groep, Roelie van Reenen, sê die swakker Suid-Afrikaanse rand en die hoë mielieprys het tot die boere se voorspoed bygedra. Van Reenen maan boere ook om die komende jaar met omsigtigheid te benader, hoewel hulle steeds 'n aansienlike wins kan maak. Andries D’Alebout van Dalevest gee sy voorspelling oor die mieliepryse.
Die Swakopmund-munisipaliteit sal Vrydag sy Noordstrand-braaigeriewe amptelik open wat ‘n veilige ontspannings-area vir almal sal bied. Die munisipaliteit nooi inwoners en besoekers uit na die amptelike opening wat om tien-uur die oggend sal plaasvind. Skakelbeampte Linda Mupupa, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Die Namibiese landbouminister Calle Schlettwein het vandag die opgegradeerde Omahenene-Olushandja-kanaal in die Omusati-streek ingehuldig. Hy sê die meerderheid van Namibiërs in die vier noordelike streke van Omusati, Oshana, Ohangwena en Oshikoto word deur hierdie kanaal vanaf die Kunenerivier by die Calueque-dam in Suid-Angola van vars water voorsien. Die kanaal van 150 kilometer lank, is 'n bron van water vir kleinskaalse boere vir hul vee en gewasse.
Sommige lande van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap staar kragprobleme in die gesig, omdat hul interne kragopwekkingvermoëns nie aan die plaaslike vraag voldoen nie. Gevolglik sal hulle meeding om oortollige krag in die streek te bekom omdat sommige buurlande met kragopwekking sukkel. Zimbabwe het by Suid-Afrika aangesluit om elektrisiteit deur beurtkrag te rantsoeneer. Volgens die Namibiese Statistieke-agentskap is die meeste van Namibië se krag, 47,8 persent, teen Oktober van Zesco in Zambië verkry, gevolg deur Eskom-agentskappe in Suid-Afrika. Ted Blom, ‘n Suid-Afrikaanse energieknner sê aan Kosmos 94.1 Nuus hoe die SAOG-streek die krag-uitdaging moet hanteer.
Die vertroue in Suid-Afrika se landbousektor het afgeneem, ten spyte van 'n positiewe bydrae in die derde kwartaal van 19,2 persent tot die bruto binnelandse produk. Die uitvoerende hoof van die voorsieningsketting van die Beefmaster-groep, Roelie van Reenen, sê die swakker Suid-Afrikaanse rand en die hoë mielieprys het tot die boere se voorspoed bygedra. Van Reenen maan boere ook om die komende jaar met omsigtigheid te benader, hoewel hulle steeds 'n aansienlike wins kan maak. Andries D’Alebout van Dalevest gee sy voorspelling oor die mieliepryse.
Die Namibiese Toerismeraad, die NTB, wil hê aanlyn besprekings-webwerwe soos Airbnb en Booking.com moet geblokkeer word, omdat hulle ongereguleerd en onbelas is. Digu //Naobeb, uitvoerende hoof van die NTB, sê die direksie het probeer om met hierdie webtuistes in aanraking te kom, maar dit was tevergeefs. Hy voeg by die webtuistes maak geld, terwyl Namibië belastinggeld verloor. Nathaly Ahrens van die Toer- en Safarivereniging van Namibië, Tasa, gee haar mening aan Kosmos 94.1 Nuus.
'n Lid van die ANC se nasionale uitvoerende komitee, Nkosazana Dlamini-Zuma, sê vryheid van spraak het haar toegelaat om haar standpunt in te neem oor die Artikel 89-verslag. Parlementslede het Dinsdag gestem oor die vraag of President Cyril Ramaphosa verder ondersoek moet word oor Phala Phala. 'n Meerderheid het teen die komitee se aanbeveling gestem dat die parlement die moontlikheid om Ramaphosa te verwyder, moet ondersoek. Vier lede van die ANC, insluitend Dlamini-Zuma, het vir die aanvaarding van die onafhanklike paneel se verslag gestem. Dlamini-Zuma sê dit verander nie haar lojaliteit aan die ANC nie.
Die Wes-Kaapse LUR vir polisie-oorsig en gemeenskapsveiligheid, Reagan Allen, het 'n beroep gedoen op die spoedige ondersoeke oor die massamoord op drie mense in Nooitgedacht, Bishop Lavis vandag. Allen sê die polisie moet nog die motief vir die moorde op twee vroue, van 46- en 54-jaar oud, sowel as 'n 13-jarige seun bepaal.
Die metaalwerkersvakbond, Numsa veroordeel die ANC-regering omdat hulle geweier het om beslissend op te tree om die kragkrisis wat die land tans in die gesig staar, te hanteer. Die vakbond se woordvoerder, Phakamile Hlubi-Majola, sê die land sukkel die afgelope paar dae met onophoudelike fase ses en vyf-beurtkrag. Volgens Hlubi-Majola verwerp Numsa met minagting die flou verskoning wat die minister van openbare ondernemings, Pravin Gordhan, oor beurtkrag aangebied het.
Krieket: Die Proteas begin hulle reeks van drie toetse teen Australië Saterdag op die Gabba. Dit is ʼn stryd tussen die boonste twee spanne op die puntetabel van die Wêreld-toetskampioenskap. Suid-Afrika se vierdaagse opwarmingswedstryd teen ʼn elftal van Krieket Australië het onbeslis geëindig in dieselfde stad, Brisbane, maar die tussentydse hoofafrigter, Malibongwe Maketa, is tevrede met hulle voorbereiding.
Die vakbondfederasie, Saftu, sê die vernietiging van die Passasierspoor-agentskap van Suid-Afrika sal die lewenstandaarde van die werkersklas verlaag. Volgens die federasie word 80 persent van werkers wat vroeër op treine staatgemaak het nou gedwing om van onveilige, onbetroubare en duurder vervoer in privaat besit gebruik te maak. Die woordvoerder van Saftu, Trevor Shaku, beweer die regering laat doelbewus toe dat kritieke infrastruktuur vernietig word, sodat nuwe tenders uitgereik kan word wat hulle korrupsie-netwerke bevoordeel.
Die DA in die Noord-Kaap het die Kamiesberg-munisipaliteit en die Namaqua-distriksmunisipaliteit versoek om 'n groep kleinboere in die omgewing van Spoegrivier by te staan. Boere in die omgewing doen baie moeite om water in te samel om hul oeste en vee aan die lewe te hou. ʼn Woordvoerder van die DA, Esmé Hough sê tydens 'n onlangse oorsig-inspeksie aan die boere se groentetuine het hulle 'n stuk droë grond met aangeplante soet spanspek, waatlemoen en pampoene gevind.
Die polisie in die Oshana-streek het bruilofgaste gewaarsku om nie gesteelde beeste as trougeskenk te gee nie. Nampol sê dat enigiemand wat aan sulke optrede skuldig bevind word, vervolging in die gesig staar. Dit volg nadat 'n os met ‘n oorplaatjie en nog een sonder 'n oorplaatjie uit 'n kraal in die Oshana-streek gesteel is. Dit is later ontdek dat die beeste gesteel en as trougeskenk gegee is. Die Oshana-polisie se streeksbevelvoerder, kommissaris Naftal Sakaria, sê aan Kosmos 94.1 Nuus dat dokumente benodig word om beeste te verkoop.
Die Namibiese finansminister Ipumbu Shiimi het in sy begroting 50 miljoen Namibiese dollar toegeken vir die opgradering van die Onafhanklikheidstadion in Windhoek. Die Sam Nujoma-stadion in Windhoek is ook nie op standaard nie. Vroeër vanjaar het Fifa opdrag gegee dat Namibië al haar internasionale sokkerwedstryde in die buiteland sal moet speel totdat haar stadions na moderne geriewe opgegradeer is. Gevolglik sal Namibië vir die volgende twee jaar al haar tuiswedstryde in Suid-Afrika speel wat 1,4 miljoen Namibiese dollar per wedstryd kos. Die sportminister Agnes Tjongarero is net so gefrustreerd soos die publiek. Volgens haar volg sy voortdurend op met die ministerie van werke opgraderings, maar sy kry nooit enige voldoende terugvoering nie.
Die MTC Nestor Sunshine Promotions en MTC Salute Boxing Academy bied op 28 Mei ‘n groot boksgeleentheid op Walvisbaai aan. Mateus ‘The Beast’ Heita van die MTC Sunshine Boxing Gym gaan sy WBA Pan-Afrika superbantamgewig-titel verdedig teen Jonas "The Braveheart" Matheus van die MTC Salute Boxing Academy. Promoter Nestor Tobias van die MTC Nestor Sunshine Boxing and Fitness Academy sê hy beloof vuurwerke wanneer die twee mekaar in die bokskryt gaan takel.
Die voorsitter van die Zimbabwese raad vir Suikerverkope, Muchadeyi Masunda, is bekommerd oor die dreigende tekort aan suiker in die land nadat die vervaardiging van suiker by Tongaat Hulett gestaak is. Die maatskappy het aangekondig die staking volg omdat hy nie fondse by plaaslike banke kan kry nie. Masunda sê suikerrietboere voorsien die maatskappy van rou materiaal vir suikerproduksie:
Eskom het aangekondig fase twee-beurtkrag sal van vyf-uur vanmiddag tot tien-uur vanaand in die buurland ingestel word as gevolg van 'n verdere verlies aan opwekkingsvermoë. Môre en Dinsdagaand sal fase drie-beurtkrag vir dieselfde periode ingestel word. Eskom se woordvoerder, Sikonathi Mantshantsha sê daarna sal dit verlaag word na fase twee vir die res van die week:
Die EFF sê hy verwelkom berigte dat die Nasionale Tesourie sy steun aan die Takatso Konsortium onttrek het. Die konsortium sou na verwagting 3 miljard Suid-Afrikaanse rand as bedryfskapitaal aan die Suid-Afrikaanse Lugdiens voorsien sodra hy 51 persent aandeel in die nasionale lugdiens bekom het. Die Nasionale Tesourie sê die besluit om die meerderheidsaandeel in die lugdiens te verkoop, is 'n finansiële waagstuk vir die land. Die sekretaris-generaal van die EFF, Marshall Dlamini, sê die ooreenkoms is deurspek met korrupsie:
Die bekende Namibiese kindermodel van die San-gemeenskap, Josephine Keinamses, bekend as Sannetjie, het weer ‘n internasionale modelkontrak losgeslaan. Alhoewel Sannetjie vir ‘n paar jaar stil was en intussen twee seuntjies ryker geword het, was sy onlangs vir ‘n fotosessie in die Kaaimans-eilande. Sy was weer deur die mede-stigter van die N/a’an ku sê-stigting, Marlice van Vuuren, vergesel. Van Vuuren gesels met Kosmos 94.1 Nuus.
Die Namibië Plaaslike Besigheidsvereniging, bekend as Naloba, het sy eerste streekskantoor in die Omusati-streek Outapi gestig. Naloba is ‘n vereniging vir sakelui wat deur ‘n paar sakemanne in die Noorde gestig is wat van mening is dat bestaande besigheidsliggame nie genoeg doen om die belange van alle sakepersone in Namibië te verteenwoordig. Die adjunk-president Kanu Amadhila sê ander streke gaan ook binnekort kantore kry.
Transnet in Suid-Afrika sê hy verhoog die voorraad straler-brandstof wat na die binneland vervoer word met die nasionale multi-produk pypleiding van Durban in KwaZulu-Natal. Daar is erge tekorte by die OR Tambo-lughawe ervaar en vroeër in Mei het van die vlugte op Hosea Kutako Internasionale Lughawe brandstof ingeneem. Transnet is een van verskeie Suid-Afrikaanse maatskappye waarvan die werksaamhede ernstig geraak is deur die oorstromings in KZN. Die woordvoerder van Transnet, Ayanda Shezi, sê hy vervoer tans 14 miljoen liter brandstof per week van Durban af:
Die DA in KwaZulu-Natal sê hy gaan vandag die werklike toestand in KwaZulu-Natal en swak regeringsoptrede na die verwoestende oorstromings in die provinsie uitstippel. Die dodetal weens die oorstromings het tot 447 gestyg en 89 mense word nog vermis. Die provinsiale regering raam die vloedskade op 25 miljard Suid-Afrikaanse rand. Die DA-lid Nicole Graham sê beide die plaaslike en die nasionale regering het min of niks gedoen om vir die slagoffers verligting te bring nie:
Maar, daar blyk om steeds ‘n misverstand te wees. Die NamRA kommissaris, Sam Shivute, het reeds Vrydag aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat die goedere wat vernietig is, sedert 2015 gekonfiskeer is en dat die groter meerderheid nie by Namibiese besighede gevind is nie.
McHenry Venaani, die PDM-leier vra dat Michael Amushelelo vrygelaat word. Dit kom na sy arrestasie Vrydagoggend vir aanhitsing tot geweld en plundering. Die chaos is ontketen na NamRA gesê het hy het vervalste goedere van 5 miljoen Namibiese dollar vernietig. Venaani sê Amushelelo het ‘n punt beet. Hy is ook van mening dat die goedere van Namibiese winkel-eienaars gekonfiskeer is.
Terwyl Namibië se wetsontwerp op die beskerming van fluitjieblasers steeds nie die parlement behaal het nie, se die Active Citizens Movement in Suid-Afrika die buurland se Wet op die Beskerming van Onthullings bied nie beskerming aan fluitjieblasers in Suid-Afrika nie. Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie het die Nasionale Tesourie genader vir befondsing om fluitjieblasers te beskerm. Koogan Pillay van die beweging sê daar moet gunstige omstandighede wees vir landsburgers om vergrype aan te meld:
Eskom sê beurtkrag sal waarskynlik deur die hele komende week tussen vanaf vyf-uur namiddag en tien-uur saans ingestel word as die tekort aan opwekkingskapasiteit voortduur. Weens die verdere verlies aan opwekkingskapasiteit ná bedryfsteurings by verskeie kragstasies, was die kragverskaffer gisteraand genoodsaak om fase twee-beurtkrag in te stel. Die woordvoerder van Eskom, Sikonathi Mantshantsha, sê daar word voortgegaan om die situasie fyn dop te hou en inligting te verskaf soos dit nodig raak:
'n 18-jarige wit man het by 'n supermark in 'n swart woonbuurt in die Amerikaanse stad Buffalo losgebrand en tien mense vermoor in wat owerhede as 'n daad van "rasgemotiveerde gewelddadige ekstremisme" beskryf het. Drie ander is Saterdag in die aanval by die Tops Friendly Market beseer. Payton Gendron het volgens bewering vanaf Conklin, 320 kilometer na die meerderheid swart buurt van Buffalo gereis om die aanval uit te voer. Hy het die skietery op die sosiale media platform Twitch, regstreeks uitgesaai. Die goewerneur van New York, Kathy Hochul, sê sosiale media maatskappye moet aanspreeklikheid begin aanvaar.
Namibië se wetstoepassingsagentskappe het nog altyd vinnig op openbare veiligheid gereageer. Verlede jaar toe die onluste in Suid-Afrika uitgebreek het, en Namibiërs op sosiale media aangemoedig is om ook inkoopsentrums te begin plunder, is ‘n spesiale reserwemag by verskillende inkoopsemtrums ontplooi. Vandeesweek is die spesiale reserwemag, die Namibiese polisie en Windhoek Stadspolisie in China Town in die hoofstad ontplooi toe die Namibia Economic Freedom Fighters winkels toegemaak het. Christie Keulder, ‘n navorser van Survey Warehouse, het sy reaksie só verwoord ...
Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes sê daar word gewerk aan die opspoor en monitering van alle mooontlike kontakte nadat 'n geval van Lassa-koors Donderdag by 'n man van KwaZulu-Natal gediagnoseer is. Die man het het in Nigerië gereis voordat hy na Suid-Afrika teruggekeer het. Hy het siek geword nadat hy Suid-Afrika binnegekom het en is in 'n hospitaal in Pietermaritzburg opgeneem waar hy ondertussen oorlede is. Die woordvoerder van die instituut, Adrian Puren, sê die publiek hoef nie paniekerig te raak nie:
Louis Albertse van Suid-Afrika het die jongste Sonskyntoer begin aangevuur deur die selfvertroue van sy laaste seisoen. Hy het gister met ses-onder-baansyfer 66 begin om voor te loop in die Lombard Insurance Classic by die Arabella Buiteklub in die Wes-Kaap. Albertse het nie 'n enkele hou verbrou nie en 'n voorsprong oor Herman Loubser behaal. Hy het 'n grensverskuiwende 2021/2022-seisoen agter die rug en volgens hom geniet hy in hierdie stadium van sy loopbaan:
Die Serwiër Novak Djokovic het die nommer een plek op die ranglys vir die Franse Ope verseker met sy negende opeenvolgende oorwinning in die halfeindronde van die Italiaanse Ope. Die 20-malige Grand Slam-kampioen het Felix Auger Aliassime van Kanada met 7-5, 7-6 verslaan in die 999ste oorwinning van sy loopbaan. Djokovic, wat nou teen die vyfde gekeurde Casper Ruud van Noorweë te staan kom vir 'n plek in die finale ronde, sê hy verwag 'n kwaai stryd:
Die Namibiese Korrektiewe Dienste skop vanoggend hul Windhoek-korrektiewe fasiliteit se veldtog teen onwettige smokkelware af. Die veldtog het ten doel om die toename in die smokkel van verbode artikels na korrektiewe fasiliteite aan te spreek. Verbode artikels verwys na onder andere selfone, dwelms, tabak, messe, klere en geld. Hierdie items laat gevangenes toe om betrokke te raak by kriminele aktiwiteite soos die skep van ondergrondse ekonomieë, terwyl bestaande dwelmverslawing vererger. Die geleentheid sal begin met 'n straatoptog vanaf die Windhoek-korrektiewe fasiliteit na die Soweto-mark. Adjunk-kommissaris-generaal Sam Shaalulange gesels met Kosmos 94.1 Nuus oor die belangrikheid van sulke veldtogte...
Copps 94.1 het oudergewoonte Vrydagaand in die hoofstad patrollie gedoen. Volgens Francois Lottering was dit ‘n redelike stil aand met die normale uitdagings wat alkohol misbruik insluit.
Die omstrede Michael Amushelelo en ander leiers van die Namibia Ecomic Freedom Fighters kan dalk die naweek in die Windhoekse polisieselle in aanhouding bly ná hulle vandag by in Windhoek in hegtenis geneem is. Dit volg nadat hulle gister winkels by China Town toegemaak het en op klagte van onder meer oortreding in hegtenis geneem is. Volgens Nampol se streeksbevelvoerder van die Khomas-streek, kommissaris Ismael Basson het hulle nie vanmiddag voor vyf-uur in die hof verskyn nie.
Die Stad Johannesburg sê hulle sal agtergrond-ondersoeke uitvoer op alle kontrakteurs in 'n poging om korrupsie hok te slaan. Die stad se burgemeesterskomiteelid vir beplanningsontwikkeling, Belinda Echeozonjoku, sê kontrakteurs het reeds 88,5 miljoen rand van kontrakte ter waarde van 200 miljoen rand bestee. Echeozonjoku sê die stad is nie tevrede met die werk wat sekere kontrakteurs doen nie en daarom is kontrakteurs wat nie presteer nie se kontrakte beëindig.
Die Suid-Afrikaanse vervoerminister, Fikile Mbalula, sê bestuurders van verskillende afdelings van die Wes-Kaapse spoornetwerk-agentskappe sal aanspreeklik gehou word vir die mislukking van dienste. Die minister het vandag 'n besoek aan die Moederstad gebring om die vordering met hersteldienste aan die sentrale lyndiens, wat tussen die stad en Pinelands loop, te bepaal. Kosmos 94.1 Nuus se korrespondet in die Moederstad, Fritz Platt ...
Die Namibiese adjunkpremier en minister van internasionale betrekkinge en samewerking, Netumbo Nandi-Ndaitwah, het vandag die Namibië-Angola-sakeforum by Helao Nafidi, Ohangwena-streek, amptelik bekend gestel. Die vergadering is gereël deur die kamers van handel en nywerhede van die twee lande, die NCCI en die CCIA. Die vergadering word gehou onder die tema "Bevordering van handel en belegging tussen Namibië en Angola".
Die Stad Johannesburg sê hy beëindig die kontrakte van nie-presterende kontrakteurs wat versuim om dienste aan die gemeenskappe te lewer. Die burgemeesterskomiteelid vir Beplanningsontwikkeling, Belinda Echeozonjoku, sê die stad het kontrakte ter waarde van meer as 200 miljoen rand beëindig weens swak vakmanskap en wanprestasie:
Sommige raadslede van die Landless People's Movement van die Keetmanshoop-dorpsraad het die installering van 'n voorafbetaalde waterbeheerstelsel deur NamWater naby die dorp se reservoir gestaak. NamWater het vroeër vanjaar die raad gedreig om weens wanbetaling watertoevoer na die dorp deur ’n voorafbetaalde waterstelsel te begin rantsoeneer. Die burgemeester van Keetmanshoop, McDonald Hanse, is aan die woord.
Professor Andre Duvenhage, 'n Suid-Afrikaanse politieke kenner, het sy stem gevoeg by die chaos wat in China Town in Windhoek uitgebreek het. Die sluiting van winkels in China Town, het gelei tot die arrestasie van verskeie lede van die Namibia Economic Freedom Fighters, insluitend die bekende aktivis Michael Amushelelo. Intussen het NEFF 'n video vrygestel waarin gesê word dat hulle hul EFF-hoofkantoor in Suid-Afrika gekontak en gedreig het om die Namibiese ambassade in Pretoria te sluit as hul lede nie vrygelaat word nie. Duvenhage het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die EFF het geen politieke mag om enige ambassade te sluit nie.
Duvenhage het ook gesê elke regering het die mandaat om hierdie soort chaos te hanteer.
Die DA in die Wes-Kaap verwerp die beplande bekendstelling van Operasie Dudula die naweek in Kaapstad. Die DA sê hoewel almal geregtig is op vreedsame byeenkomste, is die organisasie deel van 'n kommerwekkende tendens van vreemdelingehaat en Afro-fobie wat in Suid-Afrika aan die versprei is. Ricardo Mackenzie van die DA doen 'n beroep op alle inwoners van die Wes-Kaap om hulle stemme dik te maak teen haat, onverdraagsaamheid en gewelddadige optrede.
Eskom het die Nasionale Tesourie se verslapping en vrystelling van sekere sleutelbeginsels van die Wet op Openbare Finansiële Bestuur vir verskaffingskettings-bestuursprosesse verwelkom wat in April vanjaar van krag geword het. Eskom se woordvoerder, Sikonathi Mantshantsa, sê dit sal help met sommige van die bottelnekke in sy pogings om van die dringendste operasionele uitdagings die hoof te bied.
Die Pluimvee Produsente-vereniging bied in samewerking met AgriBank en Namib Poultry inligtingsessies oor pluimveeproduksie in die Noorde aan. Die tema is “Sustainable poultry productivity vital for food security”. Die eerste inligtingsessie vind plaas op 24 Mei vanaf halfnege die oggend tot twaalf-uur die middag op Omuthiya, en daarna op die daaropvolgende dae op Ongwediva, Eenhana en Outapi. Die landbou-ekonoom van die vereniging, Bertha Ijambo gesels met Kosmos 94.1 Nuus.
Die stroomdiensverskaffer Netflix vier in Mei Afrika-maand met sy veldtog-versameling genaamd From Cape to Cairo. Netflix se direkteur van Afrika-reekse, Dorothy Ghettuba, sê die veldtog het ten doel om storievertellers van Afrika te ondersteun en om hierdie unieke stories met die res van die wêreld te deel.
Stad Kaapstad het sy eerste navorsingsprojek vir elektrisiteitsoordrag van stapel gestuur. Derdeparty-verskaffers is aangemoedig om aansoek te doen om deel te word van hierdie projek en om hul aansoeke teen die einde van volgende maand in te dien. Die stad se burgemeesters-komiteelid vir energie, Beverley van Reenen, sê dit is een van verskeie projekte in die stad waarin hulle hulself posisioneer in die rigting van 'n meer energie-veilige toekoms geskoei op diversifisering, vernuwing en volhoubaarheid.
Verskeie leiers en lede van die Namibia Economic Freedom Fighters-party is in hegtenis geneem te midde van die chaos in Windhoek se China Town. Die polisie se spesiale reserwemag is vanoggend by die perseel ontplooi om ondernemings te beskerm ná gister se sluiting van winkels. Intussen het NEFF 'n video vrygestel waarin gesê word dat hulle hul EFF-hoofkantoor in Suid-Afrika gekontak en gedreig het om die Namibiese ambassade in Pretoria te sluit as hul lede nie vrygelaat word nie. Penda Naanda, die uitvoerende direkteur in die ministerie van internasionale betrekkinge het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat geen party die mandaat het om enige Namibiese ambassade regoor die wêreld te sluit nie.
Eskom het aangekondig dat fase 2-beurtkrag vanaf vyfuur vanmiddag tot tienuur vanaand ingestel sal word. Dit volg te midde van die voortdurende tekort aan opwekkingsvermoë gedurende spitstye saans. Die kragreus sê eenhede sal na verwagting vanmiddag en oor die naweek weer in werking wees. 'n Woordvoerder, Sikonathi Mantshantsha, sê Eskom kan die beurtkrag-fase enige tyd aanpas.
Die kommissaris van die Namibiese inkomste-agentskap, NamRA, Sam Shivute het sy frustrasie uitgespreek teenoor lede van die publiek wat woede teenoor Chinese winkeleienaars uitgespreek het nadat NamRA 5 miljoen Namibiese dollar se vervalste goedere vernietig het. Shivute sê die beslagleggings het oor ‘n lang tydperk plaasgevind en die groter meerderheid is nie by Namibiese besigheidseienaars gekonfiskeer nie.
Die Namibiese Verpleegsters-unie se sekretaris-generaal Junias Shilunga sê verpleegsters is gereed indien nóg ‘n Covid-vlaag die land tref. Kenners in Suid-Afrika is egter van mening dat ons hierdie winterseisoen nog 'n golf kan verwag wat erger sal wees in vergelyking met vorige golwe. Toe die Covid-pandemie in 2019 getref het, het die meeste verpleegsters in Namibië geen persoonlike beskermende toerusting gehad nie, wat dit vir hulle uiters moeilik gemaak het om hul pligte na te kom. Shilunga sê namens die verpleegsters hulle is gereed, maar die regering moet egter hul rol speel en verseker dat daar genoeg beskermende toerusting is.
Windhoek Stationers het groot kommer oor ‘n moontlike tekort aan papier na die oorstromings in KwaZulu-Natal. Dominic Gresse van die maatskappy sê beskikbare voorraad word eers in Suid-Afrika verkoop en dan kan Namibië voorraad ontvang. Gresse het die probleem so aan Kosmos 94.1 Nuus verwoord.
Reaksie word ontvang op die aankondiging deur die minister van finansies, Ipumbu Shiimi, dat die FIMA-wetgewing eers onttrek is. Die wetsontwerp dwing lede van pensioenfondse om 75 persent van hul fondse te bewaar tot aftree-ouderdom. Die wetgewing, wat op 1 Oktober in werking sou tree, sal eers onderwerp word aan breër konsultasies. Eben de Klerk van die Ekonomiese Beleidsnavorsing-vereniging is aan die woord.
Die Gun Owners’ Association of Namibia, oftewel GOAN, se jaarvergadering was volgens die voorsitter, Kallie Venzke, redelik teleurstellend omdat min lede dit bygewoon het. Die vereniging is in 2019 gestig om die belange van die Namibiese wapen-eienaars te beskerm. Venzke het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Numsa-lede van al drie agentskappe wat verantwoordelik is vir die bedryf van die Stad Tshwane se Areyeng-busvervoerstelsel ruk vandag op na die stad se hoofkantoor. Werkers eis 'n vervoertoelaag. 'n Numsa-woordvoerder, Phakamile Hlubi-Majola, sê die toelaag is 'n dringende kwessie vir lede by Tshwane Rapid Transit, Tshwane Affected Operation Investment en Extremetec:
Die Namibiese gesondheidsminister dr. Kalumbi Shangula het vanoggend die dominante variante van Covid in die land bekend gemaak. Volgens Shangula is Omikron Ba.2 en Omikron Ba.5 in die land aangeteken. Ba.5 is eerste in Botswana bevestig.
Die Richelieu Eagles se vyf internasionale T20-wedstryde aanstaande week teen die volwaardige toetsland Zimbabwe in Bulawayo sal opnuut die Namibiërs se talent in vreemde waters toets. Nadat die senior krieket-mansspan 'n paar weke se blaaskans kon vat ná hul tuisreekse teen die Ierse Wolwe en Uganda in Windhoek, vertrek die Eagles komende Sondag na Zimbabwe. Hoofafrigter Pierre de Bruyn oor die belangrikheid van hierdie toer.
Die Stad Kaapstad se water- en sanitasiespanne is die afgelope maande hard aan die werk om kanale, riviere en damme skoon te maak terwyl die winter in aantog is. Die burgemeesterskomiteelid vir Water en Sanitasie, Zahid Badroodien, sê hulle het in die 2022-2023 boekjaar 75 miljoen Suid-Afrikaanse rand begroot vir die onderhoudsplan om die rivierstelsel skoon te maak ter voorbereiding van die winter:
Die adjunk-hoof van die Namibiese polisie, generaal-majoor Joseph Shikongo het die groep ondersteuners van Michael Amushelelo by China Town in die hoofstad toegespreek. Shikongo sê wet en orde moet in openbare spasies gehandhaaf word.
President Hage Geingob het alle Covid-maatreëls onveranderd gehou tot middernag, 15 Junie maar, het lede van die publiek gemaan om versigtig te wees en goeie oordeel te gebruik.
Die Europese Kommissie stel nog 6,6 miljard Namibiese dollar beskikbaar om inentingsveldtogte in behoeftige lande en die werk van Access to Covid-19 Tools Accelerator te ondersteun. Die Europese Unie en Amerika het gesamentlik meer as 1 miljard Covid-19-entstofdosisse beskikbaar gestel om seker te maak aflewerings vind plaas volgens lande se behoeftes. Die president van die kommissie, Ursula von der Leyen, sê alle streke behoort die vermoë te hê om pandemiese uitbrekings te voorkom en hulle eie entstof te vervaardig:
Namibië Brouerye het vanoggend sy nuwe depot amptelik in die hoofstad geopen. Die maatskappy het sy depot vanaf Ruhrstraat na 18 Holsteinstraat in Lafrenz geskuif om beter dienslewering aan kliënte te verseker. Marco Wenk, NBL se besturende direkteur, is aan die woord.
Justin Chadwick, die Suid-Afrikaanse Sitruskwekers-vereniging se uitvoerende hoof het gereageer op die uitgebreide skade van miljoene Suid-Afrikaanse rand by die Sondagsriviervallei in die Oos-Kaap. Werkers het infrastruktuur en vrugte verwoes tydens ‘n staking vir ‘n hoër minimumloon. Dit kom na die bedryf reeds groot uitdagings beleef het met tekorte aan vraghouers vir uitvoere en meer. Chadwick sê tariewe vir uitvoere het ook skerp gestyg.
Die SOS Children’s Village Namibia gaan op 24 Junie ‘n gala-dinee hou om fondse in te samel vir hul drie weeshuise in die land wat na 288 weerlose kinders omsien. Die gala-dinee sal ook die organisasie se stigter, Hermann Gmeiner herdenk. Die kommunikasiebeampte van die SOS Children’s Village, Severinus Sainga sê aan Kosmos 94.1 Nuus dat dit hulle sal help om na die kinders om te sien.
Kommissaris Ismael Basson, bevelvoerder van die Khomas-streek, wou nie bevestig of Michael Amushelelo homself oorhandig het aan die polisie of nie, maar sê hy is op klagte van aanhitsing tot geweld in hegtenis geneem.
Met verhoogde insetkoste in die landbou-sektor, kan verbruikers steeds hoë voedselpryse verwag. Die onlangse verhogings in brandstofpryse, kunsmis en talle ander faktore wat boere se produksiekoste laat styg, en dit het daartoe gelei dat hulle ook die prys van hul produkte verhoog het. Dr. Kobus Laubscher, ‘n bekende landbou-ekonoom gesels met Kosmos 94.1 Nuus.
Die Verenigde Nasies het 21 miljoen Suid-Afrikaanse rand van sy programbegroting toegewys om die ANC-regering te steun in sy hulp aan die KwaZulu-Natalse gemeenskappe wat die ergste geraak is deur die onlangse oorstromings. Die vloede, wat beskryf word as een van die ergste natuurrampe in die provinsie die afgelope jare, het meer as 430 lewens geëis. Die VN se hoof in Suid-Afrika, Ayodele Odusola, sê die oorstromings is vererger deur die voortgesette maatskaplik-ekonomiese uitdagings en is ‘n geleentheid én ‘n ultimatum vir almal:
Covid-gevalle styg stadig maar seker in Namibië, nes wat verwag is met die kouer weer. Die jongste verslag het ‘n 18,2 positiewe koers met 210 nuwe gevalle uit net meer as 1 100 toetse. Die land is vir die eerste keer in ‘n lang tyd bo 1 000 aktiewe gevalle hospitaal-gevalle wat ook gestyg het tot op 45 met nege in hoësorg. President Hage Geingob sal vanoggend om tien-uur die jongste maatreëls vir die volgende maand bekend maak. Verlede jaar die tyd het Namibië in ‘n verwoestende derde vlaag ingegaan met honderde mense wat dood is. Intussen het die VSA 1 miljoen sterfgevalle aangeteken, die hoogste ter wêreld. President Joe Biden sê dit is ‘n hartseer wat regoor die wêreld ervaar word.
Die fokus word geplaas op die konflik tussen Rusland en die Oekraïne en hoe dit die wêreld-ekonomie raak met pryse wat die hoogte inskiet. Dr. Leake Hangala, die voorsitter van die direksie van die B2Gold-myn het gesê dit is tyd om ander lande se probleme in geleenthede te omskep. Hangala het gesê Namibië is ‘n klein land wat dalk nie ‘n groot rol speel nie, maar daar is verskeie opsies...
President Cyril Ramaphosa van Suid-Afrika doen 'n beroep op die internasionale gemeenskap om samehorigheid en billikheid te verseker in die volgende fase van die bestuur van die Covid-19-pandemie. Hy het die tweede globale Covid-19-beraad wat deur die Amerikaanse president, Joe Biden, aangebied is, virtueel toegespreek. Ramaphosa sê teen 16 persent het Afrika een van die wêreld se laagste inentingskoerse, terwyl dié van lae-inkomstelande steeds onder 13 persent is.
Die herrie is los nadat die omstrede Michael Amushelelo, wat self klagte van bedrog en geldwassery in die gesig staar, gistermiddag winkels in die hoofstad se China Town gesluit het. Dit het gelei na ‘n lasbrief vir sy inhegtenisname wat deur die polisiehoof, luitenant-generaal Sebastian Ndeitunga uitgereik is. Hy het met die nasionale uitsaaier gepraat.
Die veelsydige agterspeler, Muller du Plessis, sal terugkeer na die Springbok Sewes-groep van 13 spelers vir die volgende twee Wêreldreeks-toernooie in Frankryk en Engeland. Dit is een van vier veranderings aan die span wat verlede maand met 'n vyfde plek vanaf Kanada teruggekeer het. Du Plessis se terugkeer volg op sy suksesvolle rehabilitasie nadat hy sy been gebreek het in die eerste van die reeks se twee toernooie in Dubai. Hy sê hy kan nie wag om weer te speel nie:
Die Universiteit van Namibië en lede van die Event Horizon-teleskoop-projek van die Radboud University van Nederland het vandag ‘n mediakonferensie in die hoofstad oor hul teleskoop-projekte gehou. Hulle het verduidelik waarom dit belangrik is om die Afrika Millimeter-teleskoop in Namibië te bou. Dr. Marc Klein Wolt, ‘n navorser en die projek-direkteur van die Radboud Universiteit is aan die woord ...
Die mynbedryf in Suid-Afrika verloor jaarliks miljarde rand. Volgens die Afrika-spoornywerheidsvereniging is dit weens vertragings en 'n gebrek aan spoori-nfrastruktuur om minerale te vervoer. Die uitvoerende hoof, Mesela Nhlapo, glo een oplossing vir hierdie probleem kan derdeparty-vragspoor-operateurs wees.
Die Stellenbosch-munisipaliteit sê dit het al in Januarie van 2021 skouer aan die wiel begin sit om beurtkrag die uitklophou te gee. Burgemeester Gesie van Deventer sê dit was van uiterse belang om inwoners en besighede teen die negatiewe impakte van die kragonderbrekings te beskerm. Ons korrespondent in Kaapstad, Fritz Platt, is aan die woord ...
Daar was ook kommer dat daar geen tekens van wetstoepassing was terwyl hierdie chaos plaasvind nie, maar hoof van die stadspolisie, Abraham Kanime, sê aan Kosmos 94.1 Nuus hulle is hier vir die publiek se veiligheid.
Daar was vandag chaos in China Town in Windhoek toe die omstrede lid van die Namibia Ecomic Freedom Fighters Michael Amushelelo winkels van Chinese toegemaak het. Amushelelo se optrede kom nadat die Namibiese Inkomste-agentskap, NamRA aangekondig het dat hy vervalste goedere ter waarde van 5 miljoen Namibiese dollar verbrand het. Amushelelo redeneer dat besighede in China Town ook met vervalste produkte smous en nie gespaar moet word nie. Só het dit vandag in China Town geklink ...
Die Kaapstadse landdroshof het die saak teen die beweerde brandstigter by die parlement, Zandile Mafe, tot 9 Junie uitgestel. Die streekswoordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, Eric Ntabazalila, sê dis omdat al die staat se ondersoekverslae nog nie voltooi is nie. Volgens Ntabazalila moet 'n deeglike inspeksie uitgevoer word om die omvang en koste van die skade in die Nasionale Vergadering te bepaal. Mafe is in Januarie in hegtenis geneem en staan op verskeie aanklagte tereg, insluitende terrorisme en brandstigting.
Die hoof van die Namibiese kriptogeld-maatskappy, CBI Exchange Namibia, Coenie Botha, gee sy mening oor waarom Bitcoin-aandele besig is om te daal. Intussen duur Botha se saak in die Windhoek-hoërhof voor regter George Coleman voort wat beslis het dat die bates gedeeltelik weer beskikbaar gestel moet word, onder toesig van die Bank van Namibië. Botha het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat die rekening steeds gevries is. Met verwysing na Bitcoin-aandele wat daal, het hy só geantwoord...
Die president en uitvoerende hoof van B2Gold, Clive Johnson, is in die land. Johnson en sy bestuurspan was pas in Kaapstad in Suid-Afrika vir die Mynbou-indaba. Johnson wat in Kanada gebaseer is, het tydens ‘n mediakonferensie vandag in Windhoek verduidelik hoeveel B2Gold tot die Namibiese ekonomie bydra.
Johnson het ook gesê die omgewing is belangrik vir die maatskappy en hulle help om die swartrenoster te help beskerm.
Gauteng se LUR vir paaie en vervoer, Jacob Mamabolo, sê sy departement het strategieë ontwikkel vir die instandhouding van paaie en infrastruktuur oor die volgende aantal weke. Mamabolo sê daar is egter nie voldoende of toegewysde hulpbronne om die paaie in stand te hou nie. Die LUR sê die nodige kundigheid asook beskikbare materiaal om die paaie op te knap stel groot uitdagings. Hy sê weersomstandighede speel ook 'n belangrike rol in die toestand van provinsiale paaie.
Die Stad Tshwane het 2 miljard Suid-Afrikaanse rand aan die departement van omgewings- en landboubestuur toegeken in die konsepbegroting vir die 2022/23-boekjaar. Dit sal aangewend word om omgewings- en landbou-ondersteuningsdienste te verskaf. Die stad se woordvoerder, Sipho Stuurman, sê die departement speel 'n deurslaggewende rol in die verskaffing van doeltreffende afvalbestuursdienste, die beskerming van natuurlike hulpbronne en die ondersteuning van kleinboere.
Hollard en N/a’an ku sê het ‘n vennootskap gesluit om mens-olifant-konflik in die Mangetti in die noordooste van die land te verminder. Dit behels die bou van watergate vir olifante sodat hulle nie boere se infrastruktuur beskadig in hul soektog na water nie. ‘n Navorser sal ook op die grond wees om die olifante deurentyd te monitor. Stigter van N/a’an ku sê, dr. Rudie van Vuuren, verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus.
Die DA het sy saak gestel oor waarom 'n ramptoestand oor Eskom en die elektrisiteitsektor verklaar moet word. Ghaleb Cachalia en Kevin Mileham het vandag by 'n perskonferensie in Kaapstad gesê die party het die ongekende stap geneem om hierdie kwessie op die agenda van die volgende kabinetsvergadering te plaas. Cachalia sê die versuim om die beurtkragkrisis op te los, het die land se beeld as 'n beleggingsbestemming beskadig.
Eskom het aangekondig dat beurtkrag vanaand vanaf vyf-uur tot tien-uur ingestel word en sal tot verdere kennisgewing tydens piektye van krag wees. 'n Woordvoerder van Eskom, Sikonathi Mantshantsha, sê die kragvoorsiener het hierop besluit weens voortgesette beperkings op die kragstelsel
Die DA sê amptenare van die nasionale departement van menslike nedersettings het aan die portefeuljekomitee in die parlement bevestig dat daar afgesien van bestaande jaarlikse toelaes geen bykomende fondse aan KwaZulu-Natal bewillig sal word vir behuising weens vloedskade nie. Emma Louise Powell van die DA sê meer as 14 000 wonings is beskadig en vernietig tydens verlede maand se vloede.
Daar is steeds geen vergadering tussen die taxi-vakbond Nabta en die ministerie van werke en vervoer oor tariewe gehou nie. Tot op hede mag openbare vervoeroperateurs steeds nie enige verhoogde prys instel nie. Die vergadering sou reeds einde April, ‘n maand na brandstof ‘n rekord-prysstyging gehad het, plaasgevind het. Pendapala Nakathingo van Nabta, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Daar is toenemende kommer oor Namibiese studente in Rusland wat geensins toegang tot hul fondse het nie. Die Namibiese studente-organisasie Nanso werk dringend saam met die studente hulpfonds en wil ook nou met die Bank van Namibië oor die aangeleentheid vergader. Dylan Mukoroli van Nanso, het die jongste so aan Kosmos 94.1 Nuus deurgegee.
Die buurland se minister in die presidensie, Mondli Gungubele, sê die ANC-kabinet se goedkeuring van die strategie vir die uitrol van vloeibare petroleumgas poog om die publiek op te voed en bewusmaking te kweek oor huishoudelike gas as 'n omgewingsvriendelike brandstof. Gungubele het die media vandag ingelig oor die uitkomste van 'n kabinetsvergadering en dui aan die strategie poog om aandag te gee aan die land se uitdagings met energievoorsiening.
Die Akkerbou Produsente Vereniging wil 'n openbare-private vennootskapsooreenkoms met die landbouministerie aangaan om die groenskemas in die Noorde te bedryf. Die minister, Calle Schlettwein, het onlangs sulke vennootskappe voorgestel om produksie en voedselsekerheid te verbeter. Kosmos 94.1 Nuus het met die nuwe voorsitter van die vereniging, Gerhard Engelbrecht, gepraat.
Daar is 905 voertuie in April vanjaar in Namibië gekoop wat ‘n afname van 14,1 persent teenoor die vorige maand verteenwoordig maar, steeds 19,9 persent beter vertoon as die 755 eenhede wat in April verlede jaar verkoop is. Cirrus in die hoofstad meen dat die neiging vir voertuigverkope positief sal bly. Robert McGregor van Cirrus is aan die woord.
Die Groendraai primêreskool het sedert verlede jaar geen befondsing van die regering ontvang nie. Die skool, 60 kilometer suidwes van Rehoboth het 238 kinders in die koshuis. Maandelikse kostes beloop tussen 60 000 en 70 000 Namibiese dollar wat die skool se huidige bestuur tans by borge bekom het. Befondsing is gestaak omdat die skool se vorige bestuur na bewering geld verduister het maar, daar is ‘n nuwe span wat talle briewe aan die ministerie gestuur het om befondsing te herstel. Kosmos 94.1 Nuus het met die onderwysministerie se uitvoerende direkteur Sanet Steenkamp oor die aangeleentheid gepraat en daar is goeie nuus...
Die Universiteit van Namibië se vise-kanselier, professor Kenneth Matengu, het aan jong mense gesê hulle moet kla en verantwoordelikheid neem om verandering in die wêreld mee te bring. Hy het by die gradeplegtigheid van Unam se suidelike kampus op Keetmanshoop gepraat.
Die geleentheid was nie net alles ernstig nie... President Hage Geingob het afgevaardigdes gevra om vir stigterspresident Sam Nujoma te sing. Nujoma herdenk vandag sy 93ste verjaardag.
President Hage Geingob het vanoggend die Welwitschia Welvaartsfonds bekend gestel. Hy sê dit is die begin van ‘n nuwe era. Die fonds laat toe dat staatsfondse plaaslik, en elders belê word, en kenners meen dis ‘n positiewe stap vir enige regering om te maak.
Nes in die Omaheke-streek waar owerhede sê onwettige Angolese immigrante steel vee, het Suid-Afrika dieselfde uitdagings. Twee buitelandse burgers is in hegtenis geneem in verband met die besit van gesteelde vee in die Vrystaat. Dit volg nadat polisiebeamptes 'n blouligpatrollie uitgevoer het wat op veediefstal in die gebied gemik was. 'n Polisiewoordvoerder, Mmako Mophiring, sê terwyl beamptes besig was in die dorp, het hulle op 'n verdagte blou Toyota-bakkie met 'n sleepwa afgekom waarop 47 skape gelaai was:
Die Welwitschia Soewereine Welvaartsfonds word op die oomblik bekend gestel. Daar was groot afwagting daarvoor omdat die tipe van beleggingsfonds as uiters positief beskou omdat openbare fondse in die land se ekonomie belê word wat weer ekonomiese groei bevorder. Die goewerneur van die Bank van Namibië, Johannes !Gawaxab sê die fonds is uiters nodig.
As deel van die pad van ekonomiese herstel van die verwoestende Covid-pandemie, is dr. Job Amupanda van die Affirmative Repositioning uitgenooi om by ander jong wêreldleiers in Instanbul, Turkye aan te sluit vir die RTR Wêreld Forum wat op 14 Mei plaasvind. Amupanda sê die forum erken jong leiers in hul verskeie lande. Hy sal by die forum deelneem aan die sessie oor maatskaplike herstel in Namibië en Afrika ná die pandemie. Amupanda gesels met Kosmos 94.1 Nuus.
Die vernietiging van 5 miljoen Namibiese dollar se vervalste goedere deur NamRA, lok steeds reaksie uit. Die inkomste-agentskap sê die goedere is onwettig ingevoer en voldoen nie aan die nodige standaarde nie. Steven Ndorokaze, kommunikasie beampte by NamRA sê die vervalste goedere kan ook skade doen omdat dit sonder enige standaarde vervaardig is.
Die Nelson Mandelabaai-munisipaliteit se swak bestuur, vervalle infrastruktuur en toenemende vraag na waterverbruik is die belangrikste oorsake van die waterstelsel se ineenstorting. Dit is die mening van 'n lid van die Waterkrisiskomitee, Antony Martel. Aanduidings is die munisipaliteit sal teen die einde van die maand alle voorraad uit die Kougadam opgebruik het. Martel sê die munisipaliteit staar 'n ongekende krisis in basiese watervoorsiening aan inwoners in die gesig:
Die metaalwerkersvakbond Numsa sê hy vergader vandag om die pad vorentoe te bespreek nadat die staalvervaardiger, ArcelorMittal, 'n gedeeltelike interdik teen die vakbond se loonstaking gekry het. Werkers het gister by drie hoofaanlegte in Vanderbijlpark, Pretoria en Newcastle in KwaZulu-Natal begin staak. Numsa se woordvoerder, Phakamile Hlubi-Majola...
Die Europese Kommissie se president, Ursula von der Leyen, sê Rusland is die grootste bedreiging vir die internasionale orde. Sy sê dit word toegeskryf aan sy barbaarse oorlog teen Oekraïne en sy kommerwekkende verdrag met China. Sy het gepraat ná samesprekings in Tokio met die Japannese eerste minister, Fumio Kishida. Von der Leyen sê Rusland se inval in Oekraïne raak nie net Europa nie:
Daar is oproepe vir Afrika om hom te verbind tot groter beleggings in die landbou om voedselonsekerheid die hoof te bied. Dit is by die streekskonferensie van die Voedsel- en Landbou-organisasie van die Verenigde Nasies geopper toe meer as 50 Afrika-lande in Ekwatoriaal-Guineë bymekaargekom het. Volgens die organisasie het 250 miljoen mense in Afrika daagliks nie genoeg kos om te eet nie, en bykans een-miljard mense kan nie voedsame kos bekostig nie. Dr. Abebe Haile-Gabriel van die organisasie sê die konferensie het aandag gegee aan die kernuitdagings:
Die Hooggeregshof in Bloemfontein hoor vandag en môre betoë aan vir bevestiging van 'n tussentydse beperkingsbevel teen die Gupta-familie se bates wat in Junie verlede jaar ten gunste van die Nasionale Vervolgingsgesag se ondersoekdirektoraat toegestaan is. Die NVG wil seker maak die bates bly in die staat se bewaring. Dit hou verband met bates wat aan Atul en Rajesh Gupta en hulle vennoot, Iqbal Sharma, behoort. Die NVG se woordvoerder, Sindisiwe Seboka, sê Sharma se bates beloop altesaam meer as 13 miljoen Suid-Afrikaanse rand terwyl die Guptas se bates meer as 30 miljoen rand is:
Die DA wil wetgewing instel om Suid-Afrikaanse verbruikers teen brandstofprys-stygings te beskerm. Dit volg omdat die regering se tydelike belastingverligting van 1 Suid-Afrikaanse rand en 50 sent per liter aan die einde van die maand verval. Verbruikers sal van begin Junie waarskynlik 3 rand meer per liter moet opdok. Die DA-lid Kevin Mileham sê die belastingvoordeel wat verval en die daaropvolgende stewige verhoging sal 'n massiewe uitwerking hê op lewenskoste:
Die Britse eerste minister, Boris Johnson, sê Rusland se inval in Oekraïne het ‘n nuwe hoofstuk in die na-Koue Oorlogse geskiedenis ingewy. Die Verengde Koninkryk het ingestem tot ooreenkomste met Swede en Finland waarvolgens die land hulle te hulp sal snel as hulle aangeval sou word. Die twee lande sal Brittanje ook in ‘n krisis bystaan. Johnson sê die oorlog in Oekraïne het Europese sekerheid verander en die toekoms herskep:
Die organisasie, Sakeliga, sê Eskom moet dringend hervorm, geherstruktureer en geprivatiseer word. Die kragvoorsiener het gewaarsku Suid-Afrika moet gereedmaak vir tot 104 dae van kragonderbrekings met fase 3 die hoogste wat ingestel kan word. Sakeliga se woordvoerder, Russell Lamberti, sê privaat en selfs openbaar-privaat alternatiewe vir Eskom-krag moet gevind word, of die sentrale staat en die kragvoorsiener gewillig en in staat is om te hervorm of nie:
Die Namibiese Studente-hulpfonds het bevestig Namibiese studente in Rusland het nie toegang tot hul fondse nie. Dit volg na Westerse sanksies teen die land vir sy aanval op die Oekraïne. Volgens die Namibiese Studente-organisasie raak dit veral privaat studente in daardie land wat nie huur kan betaal of kos kan koop nie, maar dit is blykbaar ook die geval vir die fonds se studente. Kennedy Kandume, die hulpfonds se hoof uitvoerende beampte, sê voor die sanksies teen Rusland, het hulle al die studente se geld oorbetaal, maar ervaar tans dieselfde probleme.
Stigterspresident Sam Nujoma vier vandag sy 93ste verjaardag. Die kantoor van die stigterspresident van Namibië het aangekondig dat daar geen openbare byeenkoms gaan wees om Nujoma se verjaardag te vier nie. Die kantoor het diegene wat verjaardagboodskappe aan Nujoma wil stuur, aangemoedig om hul wense na die kantoor te stuur. Adjunk-president Nangolo Mbumba wens Nujoma geluk.
Dit is vandag Internasionale Verplegingsdag en vanjaar se tema is Verpleegkundiges: 'n Stem om te lei – Belê in verpleging en respekteer regte om wêreldwye gesondheid te verseker. Die geboortedag van moderne verpleging se stigter, Florence Nightingale, word vandag gevier. Terselfdertyd word verpleegkundiges as waardevolle hulpbron vereer en bewustheid geskep oor die uitdagings wat hulle in die gesig staar. Die president van die Internasionale Verpleegraad, Pamela Cipriano, sê hulle gee erkenning aan verpleegkundiges se moed en die opofferings wat hulle daagliks maak:
Die Spesiale Ondersoekeenheid in Suid-Afrika sê hy is reeds besig met sake uit die staatskapingsverslag. Dit sluit nege sake in wat verband hou met die Suid-Afrikaanse Lugdiens, 11 in verband met Transnet en drie van Denel. Die eenheid se hoof, Andy Mothibi, het aan die Parlement gesê die Presidensie en die Departement van Justisie verwerk 44 aansoeke vir proklamasies van die eenheid. Hy sê dit sal toestemming gee vir die ondersoeke na staatskaping en wanadministrasie:
‘n Passasier op pad na Florida in die VSA was genoodsaak om die Cessna 208 waarin hy en ander aan boord was vanaf die Bahamas, te land nadat die loods sy bewussyn verloor het. Die man, wie se naam nie bekend gemaak is nie, was dood kalm en het met die toring kontak gemaak.
For many years, the Ondonga Traditional Authoring has kept a crop storage at the king's palace. In that storage, they kept produce such as mahangu, beans, groundnuts and so on. The purpose was always to be able to assist those that would struggle as a result of a bad harvesting season. Secretary of the authority, Frans Enkali explained to In the Newsroom how it works...
Tydens die bespreking vandag op die Namibiese inlitingsministerie se aanlyn platform, oor die stygings in pryse van goedere in Namibië, is die kwessie van die veelbesproke onderwerp van onbillike afdankings in die land ook bespreek. Kyllikki Sihlahla, adjunk-arbeidskommissaris in die arbeidsministerie, het gereageer op die vraag van onbillike ontslag wat besig is om 'n norm in die land te word.
Die Suid-Afrikaanse Agentskap vir Maatskaplike Sekerheid, bekend as Sassa, sal na verwagting nuwe kantore in Mitchells Plain, Kaapstad, oopmaak. Dit vorm deel van pogings om aandag te gee aan ernstige tekortkominge by die agentskap in die gebied. Die DA wil egter voorsien word van 'n duidelike en omvattende projekplan vir die voorgestelde nuwe kantore. Die party se woordvoerder, Ricardo McKenzie, sê hy sal voortgaan om die vordering noukeurig dop te hou en sal die regering aanspreeklik hou vir hul beloftes.
Kragverskaffer Eskom sê hy werk nou saam met die departement van energie om die proses te bespoedig om meer private kragopwekkers aan die nasionale netwerk gekoppel te kry. Eskom se uitvoerende hoof, André de Ruyter sê hulle werk ook saam met die Onafhanklike Kragprodusente-kantoor om te help, waar hulle kan om meer van private krag-opwekkers op die been te bring om sodoende oor die medium-termyn, die druk op die land se kragnetwerk te verminder. Fritz Platt, Kosmos 94.1 Nuus se korrespondent in Kaapstad ...
Siekteverlof verwys na 'n werknemer se verlof tot afwesigheid van die werkplek om gesondheidsverwante sake aan te spreek sonder om betaling te verloor. Ingevolge die arbeidswet is 'n werknemer geregtig op 35 dae siekverlof indien 'n werknemer vyf dae per week werk en 36 dae siekverlof indien hy/sy ses dae per week gewerk het. Shou-Henok Amukwa, adjunkdirekteur van die arbeids-inspektoraat in die arbeidsministerie verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus.
Daar is kommer die staking by Unisa kan 'n uitwerking hê op die eksamen wat Vrydag begin. Werkers verbonde aan die vakbond Nehawu neem deel aan 'n volwaardige staking en voer 'n stryd om hulle afgedankte kollegas onmiddellik weer in diens te laat stel. Die staking volg op verset-optrede van drie weke, uit vergelding vir die aanvanklike skorsing van die lede. Volgens Nehawu se woordvoerder, Ntsako Nombelani, is behoorlike prosedures nie gevolg toe die werkers afgedank is nie.
Die impak van die Covid-pandemie op Namibië se ekonomie, was verwoestend. Die oorlog in die Oekraïne help ook nie met die situasie nie met pryse van produkte wat aanhou styg. Tydens ‘n aanlyn bespreking van die inligtingsministerie, het Ruusa Nandago, ekonoom van FNB Namibia, geantwoord op die vraag of daar ‘n manier is hoe finansiële instellings rentekoerse kan vries om gewone Namibiërs tegemoet te kom.
Die Universiteit van Namibië in samewerking met die Universiteit van Natuurlike Hulpbronne en Lewenswetenskappe in Wene in Oostenryk sal 'n studie doen oor hoe om plastiek-afval in die toekoms beter te bestuur. Die projek, getiteld 'Assessment of household plastic waste handling in the city,' sal die bestuur van huishoudelike afval in beide Windhoek en Wene vir twee jaar ondersoek. Die projek hoop om vandeesmaand data te begin versamel. Die koördineerder van Recycling Forum Namibia, Anita Witt, gee jaar mening aan Kosmos 94.1 Nuus.
Drie junior Namibiese sjefs gaan van die Namibiese Sjefs-vereniging gaan vanaf 30 Mei tot 3 Junie aan die Africa Culinary Cup in Abu Dhabi in die Verenigde Arabiese Emirate deelneem. Hulle is Lize van der Merwe, Wilka Angula en Elizabeth Isai. Hulle sal deur die president van die sjefsvereniging, Elsa Carstens, en sjef en beoordelaar Sanet Prinsloo, vergesel word. Prinsloos gesels met Kosmos 94.1 Nuus.
Die DA eis die nasionale regering se ingryping in Sol Plaatje in die Noord-Kaap waar die water- en riool-infrastruktuur in duie stort. Volgens die DA het die situasie tot so 'n mate versleg dat 'n provinsiale pad weens gesondheidsredes vir alle verkeer gesluit is en die N-12 is ook in gevaar. Die party se woordvoerder, Cilliers Brink, sê indien die lekkasies wat veroorsaak dat die meer styg, nie permanent herstel word nie, sal verdere pogings om watervlakke te verlaag tevergeefs wees.
Padgebruikers was vandag geskok toe hulle ‘n jagluiperd agterin ‘n Toyota-bakkie met ‘n kappie in Windhoek se strate sien. Die bakkie met ‘n Keetmanshoop-registrasienommer is in die suidelike nywerheidsgebied opgemerk.
Die omgewingsministerie het die identiteit van die eienaar van die bakkie opgespoor en dat dit op pad na Keetmanshoop is. Die dier is glo vanaf ‘n private lodge na Windhoek vir ‘n veeartsbesoek gebring.
Die DA-leier, John Steenhuisen, sê daar is drie weke later steeds geen teken van die ad hoc-komitee wat die Parlement beloof het ná die verwoestende vloede in KwaZulu-Natal nie. Steenhuisen sê die eThekwini-munisipaliteit se reaksie op die oorstromings het ook nie verbeter nie. Hy voeg by dit is onaanvaarbaar dat hierdie noodgeval wat 'n skending van menseregte is so apaties behandel word, aangesien talle gemeenskappe steeds sonder water is en worstel met infrastruktuur wat ernstig beskadig is.
Die EFF veroordeel die verkoop van die Suid-Afrikaanse Lugdiens sonder dat behoorlike geloofwaardige omsigtigheidsondersoeke gedoen is. Volgens die EFF se nasionale woordvoerder, Leigh-Ann Mathys, is die verkoop van die lugdiens sonder behoorlike finansiële oudits sedert 2017 twyfelagtig. Mathys sê dit is jammer die verkoop van die lugdiens is uitgevoer sonder om enige lewensvatbare bewyse van wins of risikobepaling te doen en aan sy kopers te verskaf. Mathys sê die EFF glo dit is 'n korrupte transaksie.
Gesondheidsorg is belangrik vir enige gemeenskap, daarom wil die gemeenskap van Groot Aub, wat vir meer as tien jaar 'n kliniek het, die kliniek in stand hou om broodnodige gesondheidsdienste te lewer. As deel van hierdie missie sal die kliniek deur oorsese dokters en gesondheidskenners besoek word. Die doel van die besoek is om na die kliniek te kyk en die nodige aanbevelings te maak. Die woordvoerder van die Groot Aub-gemeenskap, Ingrid Kinda, het gemeenskapslede genooi om ook hul insette te lewer.
Eskom sal fase twee-beurtkrag vanaf vyf-uur vanmiddag tot tien-uur vanaand instel nadat drie opwekkingseenhede onklaar geraak het. Dit volg nadat twee opwekkingseenhede by die Hendrina-kragstasie en een by die Matimba-kragstasie vandag van lyn af is weens herstelwerk. Een opwekkingseenheid by die Arnot-kragstasie is weer in werking. Eskom se woordvoerder, Sikonathi Matshantsha, sê 'n opwekkingseenheid elk by die Kusile- en Tutuka-kragstasies sal na verwagting vanmiddag weer in werking wees.
Die adjunkleier van die Landless People's Movement Henny Seibeb het vanoggend by ‘n perskonferensie oor verskeie aangeleenthede in die hoofstad, groot mynmaatskappye aangespreek oor beleggings op kleiner dorpies in die land. Seibeb het veral melding gemaak van dorpies in die Suide wat oor die algemeen aan die agterspeen suip as dit kom by ontwikkeling.
Reaksie word ontvang op die sluiting van Cheetah Cement net buite Otjiwarongo deur die arbeidsministerie. Die ministerie sê daar is oortreding van arbeidswette in verband met die gesondheid en veiligheid van werknemers. Die maatskappy is 'n gesamentlike onderneming tussen sommige Chinese beleggers en Whale Rock wat handel dryf as Cheetah Cement. Onlangs is agt onwettige Chinese burgers op die perseel gevind en gedeporteer nadat die Namibia Economic Freedom Fighters-party die perseel besoek het. Die president van die Epafras Mukwiilongo sê hulle wil Jan Alleman bystaan.
Die pas-verkose president van die Suid-Afrikaanse Nasionale Taxi-raad, Abner Tsebe, doen 'n beroep vir eenheid onder taxi-verenigings in al nege provinsies om taxi-geweld en moorde te stuit. Hy het gepraat tydens sy inhuldiging by die sesde nasionale verkiesingskonferensie by Sun City in Noordwes. Tsebe sê hy is gereed om die taxi-verenigings vir die volgende vier jaar te dien. Tsebe is ook die huidige voorsitter van SANTACO in Tshwane:
Boere in die Nina-gebied in die ooste van Namibië sukkel met vinke. In die buurland is daar baie groot uitdagings met die voëls en die plaaslike ekoloog dr. Peter Cunningham sê hulle hou wel ‘n bedreiging in ...
Die Gun Owners’ Association of Namibia, oftewel GOAN, se jaarvergadering vind môre in die hoofstad plaas na dit verskeie male uitgestel is. Die vereniging is in 2019 gestig om die belange van die Namibiese wapen-eienaars te beskerm. Die huidige voorsitter, Kallie Venzke, sê lede en nie-lede is welkom om dit by te woon.
Nadat skurftesiekte in Maart in skole in Namibië, uitgebreek het, het dit soos ‘n veldbrand onder leerders in veral die noordelike streke versprei. Intussen het die ministeries van gesondheid en onderwys saamgewerk om die situasie onder beheer te kry. Edda Bohn, die adjunk-uitvoerende direkteur in die onderwysministerie, sê alhoewel daar weer gevalle van skurftesiekte was, is dit onder beheer.
Die DA in Gauteng sê die aantal Gautengse studente wat hulle mediese studies in Kuba doen, het afgeneem. Die provinsiale Departement van Gesondheid is vasbeslote om nog studente vir die program te werf, ondanks die koste van 316 000 Suid-Afrikaanse rand per jaar vir elke student. Jack Bloom van die DA sê volgens die LUR vir Gesondheid, Nomathemba Mokgethi, was daar in 2019 264 studente in Kuba, in 2020 114, verlede jaar 25 en vanjaar ook 25:
President Hage Geingob sal môre die Bank van Namibië se Welwitschia Soewereine Welvaartsfonds amptelik bekend stel. Daar is groot afwagting vir die fonds omdat die tipe van beleggingsfonds as uiters positief beskou omdat openbare fondse in die land se ekonomie belê word wat weer ekonomiese groei bevorder. Die woordvoerder van die bank, Kazembire Zemburuka, is aan die woord.
Volgens die Namibiese Kwalifikasie-owerheid, het die hoeveelheid studente wat ingeloop word deur instansies wat of bedrieglik is, of nie geakkrediteer is nie, verminder. Die owerheid het hard gewerk om bewustheid te skep en volgens sy woordvoerder, Absalom Absalom, kry hulle baie goeie navrae van die publiek.
Dit wil voorkom asof die onmin in die Okahandja dorpsraad vererger en chaos terugkeer na die dorp. Swapo is op die huidige stadium in beheer en by gisteraand se vergadering is die IPC se Asker Aupindi gevra om die vergadering te verlaat. Charl Coetzee van die Okahandja Ratepayer’s Association het in protes toe ook die vergadering verlaat. Hy sê dat inligting van raadlede weerhou word.
Die Afrika-mynindaba wat Maandag begin het in Kaapstad, sluit môre af. Dit is een van die grootste byeenkomste vir mynwese op die vasteland. Namibië word ook verteenwoordig en Kosmos 94.1 Nuus het met die uitvoerende hoof van die Kamer van Mynwese Veston Malangu gesels...
Die Britse skaduminister van justisie Steve Reed sê die Partygate-skandaal met premier Boris Johnson en die leier van sy eie party, die Arbeidersparty, Sir Keir Starmer se sogenaamde Beergate-storie. Hy verduidelik.
Die Nasionale Vervolgingsgesag in die buurland sê 'n bykomende 1,7 miljard Suid-Afrikaanse rand is van volgende jaar af nodig om staatkapers aan die pen te laat ry. Die Ondersoekdirektoraat het 82 ondersoeke verklaar en 20 sake aanhangig gemaak, met 65 beskuldigdes. Nege korrupsiesake sal binne die volgende ses maande voorkeur kry. Die nasionale direkteur van Openbare Vervolgings, Shamila Batohi, het in die parlement gesê hulle is vasbeslote om te verseker diegene wat by staatskaping betrek word, word verantwoordbaar gehou:
LIV Golf Investments se uitvoerende hoof, Greg Norman, sê sy nuwe Saoedi-ondersteunde uitnodigings-gholfreeks probeer nie om die PGA-toernooi te vernietig nie. Die gewese tweemalige major-wenner bied die eerste uitnodigingstoernooi met 'n rekord-prysgeld van 402 miljoen Namibiese dollar volgende maand by die Centurion-klub naby St. Albans aan. Norman het in 'n onderhoud met Sky Sport sy finansiële ondersteuning deur die Saoediese openbare beleggingsfonds verdedig:
Die leier van die DA in Suid-Afrika John Steenhuisen wil weet waar die beloofde ad hoc komitee is om die impak van die verwoestende vloede in KwaZulu-Natal te hanteer. Hy sê beloftes is reeds drie weke terug gemaak. Hy maak ook melding van die reaksie van die eThekwini-munisipaliteit.
Anette Rheeder gesels met ons oor A.Vogel se Echinaforce Junior. Hoekom moet jy hierdie A.Vogel produk vir jou kind gebruik om lugweg infeksies te voorkom en te behandel? Echinaforce Junior is beskikbaar by apteke, Clicks en Dis-Chem. Vir navrae stuur gerus 'n epos na info@sanatural.co.za
Mariental is onder nuwe, jong leierskap. Sherien Kock van die Landless People's Movement is as die nuwe burgemeester van Mariental ingewy. Die 28-jarige Kock is die jongste burgemeester van ‘n Namibiese dorp sedert onafhanklikheid. Sy sê aan Kosmos 94.1 Nuus sy sien uit na die uitdaging en haar eerste prioriteit is behuising op die dorp.
Die verpleegorganisasie Denosa in die Noord-Kaap gaan môre 'n optog hou na die kantoor van die premier, Zamani Saul, ter viering van Internasionale Verplegingsdag. Die vakbond se woordvoerder, Anthony Vassen, sê hulle gaan hulle ongelukkigheid lug oor die dalende gehalte van mediese dienste aan pasiënte in die provinsie. Hy sê dit word toegeskryf aan 'n tekort aan personeel, begrotingsbesnoeiings en te min verpleegkundiges wat by die verpleegkollege opgelei word:
Die buurland se metaalwerkersvakbond Numsa en twee ander vakbonde het 'n loonooreenkoms van 6 persent met die pad-en-passasiersbedingingsraad onderteken wat bo die inflasiekoers is. Dit volg na maande lange onderhandelings by die bedingingsraad tussen werkgewers se verteenwoordigers en vakbonde wat in April byna tot 'n nasionale staking gelei het. Numsa se woordvoerder, Phakamile Hlubi-Majola, sê die ooreenkoms is 'n oorwinning vir werkers:
ActionSA sê hy gaan toestemming vra om aan te sluit by AfriForum en DearSA se regsaksie teen die minister van gesondheid, Joe Phaahla. Die organisasies daag die regering se regulasies uit, wat Covid-19 na die opheffing van die ramptoestand moet bestuur. Hulle eis dat die Hooggeregshof in Pretoria die regulasies ongrondwetlik en ongeldig moet verklaar. ActionSA se woordvoerder, Gillian Young Benson, sê die regulasies gee die minister magte om sonder enige aanspreeklikheid wetgewing te skep en aan te pas:
'n Amerikaanse intelligensie-amptenaar waarsku dat die Russiese president Vladimir Putin gereed maak vir 'n uitgerekte oorlog in Oekraïne. Moskou se magte spits hulle weer daarop toe om die Donbas-streek in te neem nadat Oekraïne pogings om Kiëf te verower, afgeweer het. Die nasionale direkteur van intelligensie, Avril Haines, sê Putin sien dalk die moontlikheid van mislukking in Oekraïne as bedreiging vir sy regime se bestaan, wat hom kan oortuig om 'n kernwapen te gebruik:
Die bekende Suid-Afrikaanse ekonoom Dawie Roodt is terug in Suid-Afrika nadat hy en sy gesin in Rusland was. In sy vorige onderhoud met Kosmos 94.1 tydens sy tyd in Rusland, het hy gesê hulle maak die beste van ‘n baie moeilike situasie. Dit kom na hy en sy gesin vasgekeer was in Moskou na daar probleme was met sy kinders se reisdokumente. Hulle is nes sy vrou Marina, Russiese burgers maar het met hul Suid-Afrikaanse dokumente na Rusland gereis om ‘n familietroue by te woon. Roodt het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Die Namibiese ministerie van myne en energie het gewaarsku dat enige groothandelaar of kleinhandelaar wat brandstof teen enige ander prys verkoop of afslag gee, die wet oortree. Vulstasie-eienaars is gemaan dat brandstof slegs aan die publiek, kleinhandel-lisensiehouers, staatsinstellings, plaaslike owerhede of streeksrade uitgesluit, teen een van twee pryse aangebied moet word, naamlik die amptelike kleinhandelprys of groothandelprys. Maggy Shino, die petroleumkommissaris van die ministerie gesels met Kosmos 94.1 Nuus in dié verband.
Die miljardêr, Elon Musk, sê dat sou sy aankoop van Twitter suksesvol wees, dat hy die voormalige Amerikaanse president, Donald Trump, weer sal toelaat op die platform. Trump is na die chaos van 6 Januarie verlede jaar permanent van die platform verwyder. Musk sê ‘n permanente verbod op toegang moenie ingestel word nie en dat die verbod teen Trump baie dom was.
Die Suid-Afrikaanse minister van finansies, Enoch Godongwana, sê die Suid-Afrikaanse Lugdiens was 'n fiskale las vir die land. Die regering het sedert 2006 49 miljard Suid-Afrikaanse rand aan reddingsboeie vir die lugdiens in staatsbesit bestee en sedert 2011 het dit geen wins gemaak nie. Takatso Consortium is besig om 51 persent van die SAA te koop wat 'n aanvanklike kontantinspuiting van 3 miljard rand beteken. Die minister van openbare ondernemings, Pravin Gordhan, het intussen die regering se besluit om die lugredery te privatiseer, verdedig:
Die Suid-Afrikaanse minister van omgewingsake, Barbara Creecy, sê sy is bekommerd oor die skielike toename in die voorkoms van renosterstropery op private eiendom. Creecy sê hoewel die getal renosters wat landwyd verlede jaar gestroop is, begin afneem het, het hulle gesien dat sindikate nou private wildreservate begin teiken. Ons korrespondent in Kaapstad, Fritz Platt, vertel meer.
Die Bank Windhoek vuisbal-liga keer Saterdag terug met ‘n toernooi op Swakopmund. Met tien volwasse en ses jeugspanne, is vuisbalspelers gereed om na ‘n blaaskans weer terug te keer. Die eerste wedstryd skop om agt-uur Saterdagoggend by die Swakopmund-vuisbalklub af. Die skakelbeampte van die Vuisbalvereniging van Namibië, Helmo Minz, sê vuisbal is gewild in Namibië.
Altesaam 23 mense is in die Kanadese hoofstad, Ottawa, in hegtenis geneem omdat hulle aan ‘n onwettige betoging teen Covid-19 deelgeneem het. Vragmotorbestuurders het onder meer die besigste grensoorgang tussen Amerika en Kanada bykans twee dae versper. Hulle eis dat Covid-inentingsvereistes vir oorgrensverkeer beëindig word. Carina van Heerden gesels uit Kanada met Kosmos 94.1 Nuus.
Keetmanshoop-inwoners sê hul water is nog steeds bruin. Dit volg nadat verskeie pypbreuke daartoe gelei het dat daar vroeër geen watertoevoer op Keetmanshoop was nie. Van die pype wat leeg geloop het, het modder en afval opgetel wat onderin gaan lê het. Dit moes eers skoongemaak word om te verseker vuil water nie in die munisipale stelsel inloop nie. Volgens NamWater was die plan om vanoggend om nege-uur weer met die voorsiening van water te begin, maar modder is steeds opgetel in die nuwe, inkomende vloei van die pyplyn van die Nautedam na Keetmanshoop-pyplyn. Skoon water sou vanmiddag in die reservoirs begin loop en dit sal nog ten minste 12 ure neem om te normaliseer. Die Keetmanshoop-munisipaliteit se skakelbeampte, Dawn Kruger, verduidelik.
Sigauqwe sê hulle verwag van die regering om die geslagsgebaseerde geweld-programme te befonds: Speel klankgreep.
Sonke Gender Justice sê hulle hoop President Cyril Ramaphosa sal die nasionale strategiese plan oor geslagsgebaseerde geweld en vrouemoord tydens die staatsrede in werking stel. Die bestuurder van die groep se kommunikasie en strategiese inligtingseenheid, Given Sigauqwe, sê hulle wag vir die President om 'n nasionale raad te verkies om die nasionale strategiese plan te monitor.
Op Swakopmund is 96 bouplanne met 'n waarde van 55,8 miljoen Namibiese dollar in Desember 2021 goedgekeur vergeleke met 54 wat gedurende Desember 2020 goedgekeur is. Gedurende 2021, is 690 planne goedgekeur, vergeleke met 500 in 2020. Gedurende Desember is 45 bouprojekte voltooi met 'n waarde van 42,7 miljoen dollar, vergeleke met 28 projekte met 'n waarde van 16,3 miljoen dollar wat in Desember 2020 voltooi word. Hierdie projekte sluit in 18 nuwe residensiële projekte van 10,8 miljoen dollar, sewe residensiële aanbouings en veranderings van 2,8 miljoen dollar en drie nuwe woonstelle van 2,7 miljoen. Gedurende 2021 is 442 bouprojekte voltooi, vergeleke met 392 in 2020 wat ‘n styging van 12,8 persent is. Theo Klein van Simonis Storm ...
Die Namibiese gesondheidsministerie het vier Covid-sterftes in die Oshikuku-distrik aangemeld, asook 48 nuwe gevalle uit 1 690 toetsuitslae wat ‘n positiewe koers van 2,8 persent verteenwoordig. In die groep is vyf leerders, twee gesondheidswerkers en een student. Daar is nou 3 470 aktiewe gevalle, waarvan 56 pasiënte in hospitale is en drie in hoësorgeenhede. Altesaam 365 083 persone is ten volle ingeënt. Die gesondheidsminister, dr. Kalumbi Shangula, gee die jongste statistieke.
Een van die voormalige werknemers van Erindi, Veronica Naweses, het gesê hulle is gedwing om waarskuwings te teken, anders moet hulle die gevolge daarvan dra.
Kosmos 94.1 Nuus kon nie die bestuur van Erindi vir kommentaar bereik nie. Servaas van den Bosch, woordvoerder van die Mexikaanse familie, wou ook geen kommentaar lewer nie.
Die verkoopstransaksie van Erindi aan die Mexikaanse miljardêr, Alberto Bailleres, wat verlede week op 90-jarige ouderdom oorlede is, het baie pyn aan voormalige werkers gebring. Volgens hulle is hulle nooit betaal nie en onregverdig geskors of afgedank. Sowat 16 oudwerkers van Erindi kamp tans op ‘n buurplaas en eis hul betaling en of heraanstelling. Manuel Ngaringombe, die algemene sekretaris van die amptelike opposisise, die PDM, is tans by die groep en vertel aan Kosmos 94.1 Nuus die situasie is baie sleg.
'n Organisasie vir eko-geregtigheid wat werk met kleinskaalse vissers en kusgemeenskappe in die land, sê hulle wil hierdie gemeenskappe bemagtig om meer veerkragtig te word. The Green Connection sê hulle het die Koeksister-projek van stapel gestuur om burgers te help om maniere te vind om aandag te gee aan van die probleme wat hulle in die gesig staar en om samewerking en gemeenskapsgeleide oplossings te bewerkstellig. 'n Woordvoerder, Neville van Rooy, sê hulle bied môre en Saterdag slypskole aan in die Weskus om hierdie projek te bevorder.
Mamabolo het alle belanghebbendes aangemoedig om saam te werk om te verseker beamptes sien om na hul geestesgesondheid.
Die Suid-Afrikaanse Polisie- en Gevangenisse-vakbond, Popcru, sê sommige polisiebeamptes ly aan diepgewortelde onderliggende uitdagings. Dit volg nadat 'n polisiebeampte van Ekurhuleni gister by die Tembisa-hospitaal sy lewensmaat doodgeskiet en homself gewond het. Popcru se woordvoerder, Richard Mamabolo, sê die vakbond veroordeel die voorval omdat sulke dade die polisie se beeld skend.
Die Namibiese ministerie van inligting en kommunikasietegnologie herdenk môre die elfde Wêreld-radiodag op Rehoboth in die Hardapstreek. Die tema vir vanjaar is “Radio en Vertroue” en ‘n paneelbespreking sal Vrydagoggend om nege-uur met verteenwoordigers van die Redakteursforum van Namibië, NBC en die Kommunikasie Reguleringsowerheid van Namibië gehou word. Ronel le Grange, hoof van elektroniese kommunikasie by die owerheid.
Nog twee verdagtes wat betrokke is by die vermiste miljoene van Cell-C, moet volgende week weer in die gespesialiseerde handelsmisdaadhof in Palm Ridge, Gauteng, verskyn. Hulle is onderskeidelik op borgtog van 10 000 rand en 30 000 rand vrygelaat toe hulle weens beweerde bedrog en geldwassery verskyn het. Hulle word daarvan aangekla dat hulle bedrae bygevoeg het by fakture, en dit het tussen 2012 en 2019 tot 'n verlies van sowat 130 miljoen rand gelei. Polisiewoordvoerder Ndivhuwo Mulamu sê die twee sal volgende week saam met die ander in die beskuldigdebank staan.
Die burgemeester van Kaapstad, Gordin Hill-Lewis, sê dis opvallend dat vanjaar se staatsrede in dieselfde week plaasvind as Eskom se jongste ronde beurtkrag. Hy glo dis die ideale geleentheid vir President Cyril Ramaphosa om hom te verbind tot die vooropstelling van veilige energie. Hill-Lewis sê beurtkrag kos die nasionale ekonomie na raming 500 miljoen rand per fase per dag.
Bank Windhoek het drie nuwe outomatiese tellermasjiene by die kus geïnstalleer waar kliënte kontant kan inbetaal. Die nuwe OTM's is nou op Walvisbaai, Swakopmund en Hentiesbaai beskikbaar. Bank Windhoek se nasionale bedryfsbestuurder, David Nell, sê kliënte kan nou kontant gerieflik en by 'n veilige plek 24 uur per dag deponeer.
Die Namibiese minister van internasionale betrekkinge Netumbu Nandi-Ndaitwah het die 14de Theo-Ben Gurirab lesingreeks van stapel gestuur. Die tema vanjaar is “Katima Mulilo: a gateway to SADC: Unlocking the economic potential of Zambezi region”. Nandi-Ndaitwah sê die streek kan vir die land uiters baie beteken.
Die alkoholiese drankie jenewer het so gewild geraak dat Statistieke Suid-Afrika dit nou insluit in sy verbruikersinflasie-mandjie. Dit wys tendense van huishoudings se koopgewoontes. 'n Woordvoerder van Pick n Pay, Katie Bailie, sê die aankoop van jenewer in hulle winkels het die afgelope twee jaar drie keer vinniger toegeneem as enige ander soort drank:
‘n Groot sonstorm het 40 van SpaceX se 49 Starlink-satelliete onklaar gemaak. Waarskuwings is vroeër uitgereik as gevolg van die geomagnetiese aard van sonstorms maar, dit is die eerste keer wat soveel satelliete, in ‘n baie lae wentelbaan, onklaar gemaak is as gevolg van ‘n sonstorm. Kosmos 94.1 Nuus het met dr. Riaan Steenkamp, hoof van Unam se fisikadepartement gepraat.
Die Affirmative Repositioning-beweging hou vanaand om ses-uur ‘n openbare dialoog oor die Rooilyn by die Katutura Jeugkompleks in die hoofstad. Lede van die publiek word uitgenooi om dit by te woon en hul menings oor die kordonheining uit te spreek. Die beweging se leier Job Amupanda daag die bestaan van die rooilyn in die hof uit en daarom is sy prokureur, Kadhila Amoomo ook teenwordig. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Towersampioene is weer in die nuus. Die Emerge Law Group in Portland, Oregon, dagvaar die Amerikaanse Voedsel- en Dwelmagentskap vir toestemming dat hulle kliënt, ‘n mediese dokter, sy terminale kankerpasiënte daarmee kan behandel. Daar word berig dat die bestanddeel, psilosibien angs en depressie by die pasiënte kan verminder en dat dit ook goed is vir oorlogsveterane met stresversteurings sowel as persone wat lei aan verslawing. Kathryn Tucker van die regsfirma sê sy hoop die hof gee toestemming.
Luitenant-Generaal Sebastian Ndeitunga sal na 17 jaar as hoof van die Namibiese polisie in Augustus vanjaar aftree. Ndeitunga was altyd toeganklik vir die media en het nooit doekies omgedraai met die waarheid nie. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor sy ampstermyn.
Die Stad Kaapstad lê swaarder boetes op vir onwettige vullisstorting sodat inwoners meer respek vir gemeenskappe sal hê en minder rommel sal strooi. Die burgemeester van Kaapstad, Geordin Hill-Lewis, het gister dié aankondiging tydens sy tweede skoonmaaksessie in Cravenby gedoen. Hy sê inwoners moet hul vriende, bure en geliefdes daaraan herinner dat rommelstrooi en onwettige vullisstorting verkeerd is:
Die voormalige Openbare Beskermer, Thuli Madonsela, sê sy hoop President Cyril Ramaphosa sal tydens sy staatsrede doelgerigte planne voorlê wat in ooreenstemming is met grondwetlike bestuur. Die president lewer vanaand sy staatsrede in die Kaapstadse stadsaal. Madonsela het by 'n geleentheid wat deur Defend Our Democracy aangebied is, gesê om die Grondwet te eer, is dit belangrik om nie by korrupsie betrokke te wees nie:
Lede van die publiek kan nou aansoek by Agribank doen vir finansiering vir die biomassa waardeketting-skema wat die bank ontwikkel het. Die skema laat toe dat bosbenutting en –beheer van die plaas tot by die eindproduk finansiering kan ontvang. Erastus Ngaruka, tegniese adviseur by Agribank het meer inligting...
Die Britse Partygate-skandaal duur voort met foto’s wat aan die lig gekom het wat die premier Boris Johnson by ‘n partytjie by Downingstraat 10 wys. Die skadu-sekretaris vir Skotland Ian Murray sê boetes wat in die verband gehef kan word is nie ter sprake nie. Die feit dat Johnson gelieg het, is.
Die regterpresident Peter Shivute het vandag amptelik die 2022 regsjaar geopen. Shivute sê die regbank is onder druk het die pandemie het ook ‘n wesenlike impak op bedrywighede gehad maar diens moet gelewer word.
Stad Windhoek het Jennifer Comalie se ampstermyn as waarnemende hoof uitvoerende beampte van die stad, met drie maande verleng tot 13 Mei. Daar is blykbaar uitdagings met die onderhoudproses wat onlangs gevolg is om die pos te vul, soos woordvoerder Harold Akwenye verduidelik.
Die Suid-Afrikaanse minister van energie, Gwede Mantashe, het buite die hof geskik nadat hy gedagvaar is om sy skorsing van 'n anti-kernaktivis, Peter Becker, uit die Raad van die Nasionale Kernreguleerder, te verdedig. Die minister moet nou besluit of hy Becker ook vir goed wil laat gaan. 'n Woordvoerder vir die gemeenskapsorganisasie, Save Bantamsklip, Rodney Anderson, sê die gemeenskap se grootste bekommernis is dat sy belange nie meer in die reguleringsraad geken sal word nie:
Die meeste Namibiese nedersettings langs riviere, veral in die Zambezi-streek, ly dikwels onder vloede tydens reënseisoene. By tye styg die riviervlakke so hoog dat huise oorstroom word. Nedersettings word van dienste afgesny en leerders sukkel om by hul skole uit te kom. Vanjaar is die situasie steeds onder beheer, alhoewel riviervlakke bly styg. Volgens die goewerneur van die Zambezi-streek, Lawrence Sampofu, is hulle voorbereid op vloede.
Gegewe Suid-Afrika se huidige uitdagings, sal vanjaar se Staatsrede President Cyril Ramaphosa se moeilikste nog wees. Só sê die politieke ontleder Ralph Mathekga. Hy sê die Spesiale Ondersoekeenheid se verslag wys hoe erg korrupsie in die land is. Die ekonomie is ook swak, en werkloosheid en misdaad is 'n reuse-probleem. Mathekga sê in die algemeen gaan dit nie goed met die land nie, en Ramaphosa het vanaand 'n moeilike taak:
Volgens onlangse berigte skuld studente van beide Unam en Nust teen die einde van verlede jaar die instansies onderskeidelik 400 miljoen Namibiese dollar aan Unam en 80 miljoen aan Nust. Kosmos 94.1 Nuus het aan dr. David Namwandi, stigter en voorsitter van IUM, gevra of hulle in dieselfde bootjie is. Beide Unam en Nust laat nie studente toe om te registreer as fooie vir die vorige jaar nie voluit betaal nie.
Red Bull het sy motor, die RB18, vir vanjaar se Formule Een-seisoen bekend gestel. Die span hoop om sy bestuurderstitel in die wêreldkampioenskap te verdedig. Max Verstappen het die titel gewen nadat Red Bull in 2013 laas daarmee kon spog. Die Amerikaanse wolkmaatskappy, Oracle, borg tans die span se titel en het ook hulle finansiële ondersteuning vanjaar aansienlik verhoog. Red Bull se spanbaas, Christian Horner, sê ná verlede jaar se sukses is die span gereed vir vanjaar se veldtog:
Mthuli Ncube, Zimbabwe se minister van finansies en ekonomiese ontwikkeling is van mening dat die bekendstelling van digitale finansiële transaksies in Zimbabwe talle transformasie-voordele meegebring het. Dit het die land gered van die las van voortdurende drukwerk van geld om aann die vraag te voorsien, veral in 'n hiper-inflasionêre omgewing. Kosmos 94.1 Nuus het die Zimbabwiese ekonoom Eddie Cross gepols oor sy mening in die verband.
Die Departement van Water en Sanitasie het bevestig dat die Stad Tshwane gister die elektrisiteit na sy geboue afgesny het. Die stad skort tans dienste op na regeringsdepartemente, ambassades en sakeondernemings wat nie hulle rekeninge betaal nie. Uitstaande skuld aan die stad beloop tans meer as 17 miljard Suid-Afrikaanse rand, insluitend die 4 miljard rand wat regeringsdepartmente en ambassades hom skuld. Die departement se woordvoerder, Sputnik Ratau, sê dit word gedoen in oorleg met die Departement van Openbare Werke om seker te maak die toevoer word vinnig herstel:
Die Withuis se perssekretaris, Jen Psaki, sê Kanadese vragmotorbestuurders se betoging kan 'n uitwerking hê op die Amerikaanse ekonomie. Hulle betoog reeds twee weke lank in Ottawa teen Covid-19-inentingsmandate en -beperkings. Die sluiting van die Ambassadeur-brug veral betekenisvol omdat byna 30 persent van die jaarlikse handel tussen Amerika en Kanada daaroor vervoer word. Ford en Toyota het reeds aangekondig dat hulle 'n mate van produksie staak omdat die grens toe is. Psaki sê hulle hou die situasie fyn dop:
Die politieke ontleder, Daniel Silke, sê Suid-Afrikaners wil nie meer net beloftes hê nie en soek ware leierskap en meer aanspreeklikheid van President Cyril Ramaphosa. Die president lewer na verwagting vanaand sy staatsrede by die Kaapstadse stadsaal. Silke sê die land beleef 'n aantal uitdagings en almal raak Ramaphosa se geloofwaardigheid:
Na aanleiding van kritiek teenoor Swapo oor sy luukse hoofkantoor wat hy oorkant die vervalle Katutura-hospitaal bou het Sophia Shaningwa, sekretaris-generaal van die party, gesê die nuutgeboude Swapo-hoofkwartier sal nie in 'n hospitaal omskep word nie, aangesien dit nie kan voorsiening maak vir operasies en mediese versoeke wat dokters mag benodig nie. Sy sê die party het genoeg grond beskikbaar om ’n hospitaal te bou.
Al bied Meatco tans 'n goeie slagprys vir boere aan, sal dit volgens Paul Klein van Agra Auctions nie noodwendig veilingspryse raak nie. Verlede week het Meatco aangekondig dat hulle bied 63 Namibiese dollar per kilogram vir alle grade van diere met 'n karkasgewig van 180 kilogram of meer aan, gelewer by sy Windhoek-aanleg gedurende die maand van Februarie. Klein verduidelik.
Die Suid-Afrikaanse Suikerriet-vereniging doen 'n beroep op President Cyril Ramaphosa om die regering se verbintenis tot die meesterplan van die Suid-Afrikaanse Suikerriet-waardeketting af te dwing. Dit vra kleinhandelaars en vervaardigers om 80 persent van hul suiker plaaslik aan te koop. Die voorsitter van die vereniging, Andrew Russell, sê die regering behoort die gebruik van plaaslike suiker onder sy departemente en staatsinstellings te bevorder:
Die Namibiese omgewingsminister, Pohamba Shifeta, het die Namibiese Reis- en Toerismeweek van die Dubai Ekspo bekendgestel. Namibië neem deel aan die Dubai Ekspo wat vanaf 1 Oktober 2021 tot 31 Maart 2022 plaasvind onder die tema “Connecting Minds, Creating the Future”. Shifeta sê Namibië se uitstalling by die Namibiese Pawiljoen het ten doel om beleggings en toeriste na Namibië te lok. Hy sê Bestemming Namibië is gereed om internasionale toeriste te verwelkom.
Die voorsitter van die Nasionale Raad van Provinsies in Suid-Afrika, Amos Masondo, sê alles is gereed vir die staatsrede vanaand by die Kaapstadse stadsaal. President Cyril Ramaphosa sal die land om sewe-uur toespreek. Die geleentheid is na die stadsaal verskuif nadat die Parlement na vermoedelike brandstigting verwoes is. Masondo sê die tema vir die sesde Parlement is om ons verbintenis op te volg en die toekoms beter te maak:
The Merck Foundation has recently commemorate the International Day of Zero Tolerance for Female Genital Mutilation 2022. Female Genital Mutilation is a deep-rooted social norm for girls and women in many cultures in Africa. Mimi Mwiya, consultant programme officer of the Zambezi Women’s Rights programme, talks to In The Newsroom.
Die Britse regering sê die humanitêre situasie in Afghanistan bly uiters kommerwekkend. Die minister van buitelandse sake, Vicky Ford, het tydens ‘n parlementêre sessie gesê Brittanje kan en moet meer doen om die mense van Afghanistan te help. Die meeste internasionale hulp is afgesny nadat die Taliban in Augustus oorgeneem het. Hospitale en skole kan nie bekostig om hul personeel te betaal nie, en die meeste mense kan nie kos koop nie, wat bydra tot die hongerkrisis.
'n Lid van die Stad Ekurhuleni se burgemeesterskomitee vir vervoerbeplanning, Alco Ngobese, sê die stad gaan sy vloot met tien busse vergroot om veilige en betroubare openbare vervoer vir pendelaars te verseker. Die bykomende busse sal die dra-vermoë op bepaalde roetes in die stad 'n hupstoot gee. Die stad se woordvoerder, Zweli Dlamini, sê hierdie busse sal na verwagting so vroeg as volgende week op die pad wees om sommige roetes te versterk.
Die omgewingsgroep The Green Connection sê die tydelike staking van die seismiese opnames langs die Weskus, is 'n groot oorwinning vir veral kleinskaalse vissermanne. Die Australiese-maatskappy, Searcher, het reeds op 24 Januarie met die 2D- en 3D-seismiese opnames langs die Weskus begin. The Green Connection sê vissersgemeenskappe vrees dat dié aktiwiteite die oseane-ekologie lang-termyn skade kan aanrig. Ons Kaapse korrespondent, Fritz Platt ...
‘n Namibiese sekswerk-aktivis het gereageer op die adjunkminister van justisie in die buurland, John Jeffery, wat sê daar moet behoorlik debat gevoer word oor die moontlike dekriminalisering van sekswerk voor ‘n besluit geneem kan word. Hy het vandag begin met ‘n reeks vergaderings met geïnteresseerde partye en belanghebbendes. Jeffery sê dit is belangrik om met belanghebbendes te praat oor die voorgestelde beleidsmoontlikhede, terwyl die betrokke staatsdepartemente en die openbare mening ook in ag geneem moet word oor die gevolge van wysigings aan die wetsraamwerk. Verskeie munisipaliteite het ook verordeninge oor die verwydering of inhegtenisneming van sekswerkers. Mama Afrika, Namibiese sekswerk-aktivis, sê aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat sulke gesprekke en debatte ook in Namibië nodig is.
Mwiya het ook gesê die Namibiese Sokkervereniging kan baie leer by die Kameroense legende Samuel Eto wat aan die stuur staan van die Kameroense Sokkervereniging.
Die Namibiese ministerie van sport sê dit het nie ‘n missie na Kameroen goedgekeur wat deur die adjunkminister van sport, Emma Kantema-Gaomas, gelei is nie. Die Namibiese Sportkommissie se hoof-administrateur, Freddy Mwiya, sê hulle het op ‘n feitesending gegaan, omdat hulle beplan om die 2027 Sokkerbekertoernooi vir Afrika-nasies saam met Botswana aan te bied. Hy sê dit was ‘n ongelooflike ervaring, ook vir netwerk-geleenthede.
Namibia Media Holdings het sy nuwe DStv-kanaal, Network Television, op kanaal 285 bekendgestel. Volgens die uitvoerende hoof van Namibia Media Holdings, Albe Botha, sal die kanaal inhoud in Engels asook plaaslike tale aanbied wat 24 uur per dag, sewe dae 'n week uitgesaai word. Dit sal die jongste nuus in aktuele sake, sport en vermaak van oraloor die land en die streek na kykers bring. Maggy Mbako, skakelbeampte van Namibia Media Holdings ...
Trollip sê ActionSA se prestasies as 'n taamlik nuwe party het hom na die politiek teruggelok.
ActionSA se pasaangestelde provinsiale voorsitter in die Oos-Kaap, Athol Trollip, sê die regering moet sy vertroue herstel onder Suid-Afrikaanse burgers. Trollip het by 'n media-konferensie gesê die uitslag van die plaaslike regeringsverkiesing behoort hulle oë oop te maak oor hoe Suid-Afrikaners die regering beskou
Die Namibiese toerismebedryf op Oranjemund is verheug dat die grenspos by Oranjemund moontlik weer op 1 Maart gaan heropen. Die Namibiese ministeries van gesondheid, binnelandse sake en internasionale betrekkinge het samesprekings met hul eweknieë van Suid-Afrika gehad om die grenspos by Oranjemund te heropen. 'n Gesamentlike besoek aan die grenspos sal op 15 en 16 Februarie plaasvind om die gereedheid van die heropening van die grenspos te ondersoek. Marie Staltz van die Oryx Gastehuis op Oranjemund het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê hulle is baie opgewonde oor die heropening van die grenspos.
Die burgemeester van Tshwane, Randall Williams, het aangesluit by die waarnemende stadsbestuurder, Mmaseabata Mutlaneng, op 'n skuld-invorderingsveldtog. Operasie #TshwaneYaTima het ten doel om wanbetalende kliënte se dienste af te sny. Sommige geboue wat afgesny is, sluit in die departement van water en sanitasie, en hoër onderwys en opleiding, die Club Crossing-winkelsentrum en The Sheraton Hotel. Volgens Williams staan die stad se skuldboek op meer as 17 miljard rand met nasionale staatsdepartemente, ambassades, sakeondernemings en inwoners wat nie betaal nie.
Die kantoor van die Openbare Beskermer in die buurland stem saam die DNS-agterstand in die polisie se Nasionale Forensiese Wetenskap-laboratoriums moet ondersoek word. Dit volg op 'n klagte deur die burgerlike regsorganisasie, Action Society. 'n Woordvoerder, Elanie van der Walt, sê die ondersoek beteken die verskil tussen lewe en dood vir diegene in Suid-Afrika wat geweldsmisdaad oorleef het. Sy glo die voorgestelde ondersoek sal bevestig die Presidensie en die ministerie van polisie het bloed op hulle hande.
Stad Windhoek en die Nasionale Behuisingsonderneming nooi inwoners van die Goreangab- en Otjomuise-gebiede met titel-aktes of huurooreenkomste uit wat belangstel om voordeel te trek uit die bekostigbare behuisingsprojek. Die inligtingsessie vind Saterdagoggend om agt-uur by die oop spasie op die hoek van Frankfurt- en Istanbulstraat in Otjomuise plaas. Slegs inwoners met die titel-aktes of huurkontrakte wie se erwe volledige munisipale dienste soos water, elektrisiteit en rioollyne het, kan aansoek doen. Stad Windhoek se woordvoerder, Lydia Amutenya
Die DA in KwaZulu-Natal het die LUR vir toerisme en omgewingsake, Ravi Pillay, versoek om tussenbeide te tree in die geheime steenkool-soektog in die regstreekse omgewing van renosterreservate. Die party het vasgestel private wildreservate en plase binne 'n 16 000 hektaar gebied naby Pongola en Jozini, is 'n teikengebied vir hierdie gebruik. Die woordvoerder van die DA, Heinz de Boer, sê mynmaatskappye het ook hul oog op 'n gebied wat die Wêreld-natuurfonds as 'n veilige hawe vir renosters bestem.
Die Tembisa-hospitaal in Gauteng is tydelik gesluit ná 'n noodlottige skietvoorval vroeër vanoggend. Daar word beweer 'n polisiebeampte het sy lewensmaat, 'n ingeskrewe verpleegassistent, doodgeskiet en die vuurwapen op homself gerig. Die Gautengse departement van gesondheid raai lede van die publiek aan om nabygeleë gesondheidsgeriewe te besoek aangesien die hospitaal steeds ontoeganklik is. Die departement se woordvoerder, Motalatale Modiba, sê die publiek sal in kennis gestel word sodra die hospitaal heropen.
Die vakbond Solidariteit veroordeel ten sterkste die nuwe minimumloon van 23 Suid-Afrikaanse rand 19 sent per uur, soos die minister van indiensneming en arbeid, Thulas Nxesi, aangekondig het. 'n Navorser by die vakbond, Theuns du Buisson, sê dit sou 'n baie meer positiewe uitwerking op die arbeidsmark en die ekonomie gehad het as hy heeltemal weggedoen het met die minimumloon.
Reaksie word ontvang op uitlatings deur President Hage Geingob wat by die parlementsopening gesê het dat almal, ook, persone in huwelike van dieselfde geslag, die reg het om nie onder diskriminasie te ly nie. Geingob het gesê hy is bly oor die wetsontwerp op verouderde wette wat die heersende situasie in di e land kan aanspreek. Linda Baumann, ‘n geslagsaktivis, sê dis die eerste president wat melding van die kwessie maak.
Almal is uiters opgewonde oor die ontdekking van ligte ru-olie aflandig van die Namibiese suidkus. Maar, ekonome het ook gewaarsku dat daar omsigtig gereageer moet word op die nuus. Die petroleum kommissaris Maggy Shino het vroeër gesê dat die olieveld oor vier jaar ontwikkel moet wees, maar, kenners sê daar moet geduld uitgeoefen word. Die deurwinterde besigheidsman dr. Leake Hangala stem saam.
Die Namibiese Grondwet is vandag, 32 jaar gelede aanvaar en is op 21 Maart 1990 in gebruik geneem. Vandag word dus plaaslik erken as Grondwet-dag in Namibië. Kosmos 94.1 Nuus het met die vise-president, Nangolo Mbumba gepraat.
Unam en Nust het te kenne gegee dat studente met uitstaande skuld van die 2021 akademiese jaar nie kan registreer voor die skuld, wat gesamentlik 480 miljoen Namibiese dollar beloop, betaal is nie. Unam se woordvoerder, John Haufiku, sê daar is ‘n beleid om studente, wat eenvoudig versuim om enige betalings te maak, aan skuldinvorderaars te oorhandig, maar dat nie alle gevalle op die manier hanteer word nie. Hy verduidelik.
Navorsing wat deur Columbia-universiteit in die VSA uitgevoer is toon dat pasiënte wat van erge Covid-19 herstel het, ‘n baie hoër risiko het om demensie of Alzheimer later in hul lewe te ontwikkel. Die breins van tien sterfgevalle toon dat verskeie van die proteïen wat met Alzheimer verhard, ook met erge Covid verhard het. Dit was ook die geval in pasiënte wat herstel het van ‘n erge Covid-infeksie. Geheue-verlies of net ‘n verswakte vermoë om te onthou word ook by mense wat Covid ondelede gehad het aangemeld. Die voormalige gesondheidsminister en mediese dokter, Bernard Haufiku het sy reaksie so verwoord.
'n Program waarin die voorste beskermers van die demokrasie die burgerlike gemeenskap en die publiek se perspektief op die staatsrede bied, word vanaand ses-uur aangebied by die St. George-katedraal in Kaapstad. 'n Woordvoerder van die organisasie Defend out Democracy, Duduetsang Mmeti, sê die geleentheid vind plaas voor president Cyril Ramaphosa môre sy staatsrede lewer. Vanaand se hoofspreker is die voormalige Openbare Beskermer, Thuli Madonsela. Mmeti sê verteenwoordigers van verskeie sektore sal ook insae lewer:
Die sekretaris-generaal van Swapo, Sophia Shaningwa, het vanoggend by die party se vergadering in die hoofstad senior lede toegespreek. Swapo het vroeër onder kritiek deurgeloop as gevolg van sy beleid oor die ouderdom van lede wat hulle verkiesbaar kan stel, en daar is ook ‘n hofsaak wat dreig. Die party het talle uitdagings in aanloop tot sy verkiesingskongres later vanjaar en senior lede van die party het vanoggend bymekaar gekom om van die uitdagings te bespreek.
Die Biden-administrasie is in gesprek met beide olieproduserende en verbruikende lande om hoë oliepryse aan te spreek. Volgens die Withuis se woordvoerder, Jen Psaki, is President Joe Biden se hoof fokus verligting vir die verbruiker.
Die polisie in Ottawa het 23 mense in hegtenis geneem in verband met onwettige betogings in die Kanadese hoofstad. Vragmotorbestuurders lei die betogings teen Covid-19-inentingsmandate wat reeds twee weke duur met geen einde in sig nie. Slegs sowat 15 persent van die land se vragmotorbestuurders is nie ingeënt nie en openbare gesondheidsmaatreëls word oor die algemeen ondersteun. Die minister van Openbare Veiligheid, Marco Mendicino, sê alhoewel almal glo in vryheid van spraak, het hierdie betoging die norm van aanvaarbare gedrag teenoor mede-Kanadese oorskry:
Die president van die Namibiese Landbou-unie sê die positiewe reënvalvooruitsigte vir Februarie tot April, is goeie nuus vir produsente. Vir hierdie tydperk van drie maande word vir die meeste dele van die land normale tot bo-normale reënval voorspel. Slegs vir die Karas-streek word normale tot onder-normale reënval verwag. Piet Gouws gesels met Kosmos 94.1 Nuus ...
Mej. Suid-Afrika 2021, Lalela Mswane, sê dit is inspirerend om te sien hoe ondersteuning aan skole 'n verskil kan maak in die lewe van jong mense wat hul drome najaag. Mswane het as spreker opgetree by die oorhandiging van 'n nuwe fasiliteit aan die bestuur van die Hoërskool Inanda Newtown in KwaZulu-Natal. 'n Woordvoerder van Sun International, Heidi Edson, sê hulle het meer as 300 000 Suid-Afrikaanse rand belê as deel van die groep se Neem-'n-skool-aan-projek:
Die president en uitvoerende hoof van Formule Een, Stefano Domenicali, sê die Mercedes-renjaer Lewis Hamilton se oënskynlike terugkeer dié seisoen is goeie nuus. Daar was onsekerheid of die sewemalige kampioen na die sport sal terugkeer ná 'n omstrede beslissing verlede jaar wat die wenner van die Abu Dhabi-Grand Prix en die kampioenskap bepaal het. Domenicali sê hy is seker Hamilton fokus nou daarop om vir die agtste keer die wêreldkampioen te word:
Hy voeg by daar is uitdagings met die formule wat gebruik word om die loon te bereken...
Reaksie word ontvang op die daarstelling van ‘n nasionale minimum loon per uur in Suid-Afrika. Die loon is van 21-rand, 69-sent na 23-rand, 9-sent verhoog en tree op die eerste van volgende maand in werking. Plaaslik is daar landswyd gekonsulteer en die kommissie het reeds aan die einde van verlede jaar sy verslag aan die regering oorhandig. Die Vakbondkongres van Namibië, Tucna, se sekretaris-generaal, Mahongora Kavihuha het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Estie Schreiber praat oor die delikate balanse van die liggaam en hoe die PH balans kardinaal is tot elke sel se gesondheid. Die produk waaroor ons vandag gesels is A.Vogel se Multiforce. Dit is beskikbaar by apteke, gesondheidswinkels, Clicks en ook Dis-Chem. Vir meer inligting besoek gerus ons webtuiste by www.avogel.co.za en gaan besoek gerus ook ons Facebook blad, daar is hope inligting en luisteraars kan direk met ons kommunikeer vanaf Facebook, of stuur gerus vir ons ‘n epos na info@sanatural.co.za
Die Namibiese Studente-organisasie het gereageer op die enorme skuld wat studente aan plaaslike universiteite skuld. Volgens berigte het studente van beide Unam en Nust teen die einde van verlede jaar die instansies onderskeidelik 400 miljoen Namibiese dollar aan Unam en 80 miljoen aan Nust geskuld. Studente moet op die oomblik registreer en beide instansies het bevestig dat geen studenteskuld die jaar oorgedra sal word nie. In die verlede het die twee universiteite studente toegelaat om te registreer al is fooie vir die vorige jaar nie voluit betaal nie. Ester Shakela van die studente-organisasie sê Nanso het reeds met konsultasies begin.
Die sekretaris-generaal van die VN Antonio Guterres sê Afrika dra net 3 persent van die wêreld se kweekhuisgasse by maar, kry die swaarste onder die impak van klimaatsverandering. Guterres sê hy werk nou saam met die internasionale gemeenskap om befondsing te bekom vir die aanpassings wat Afrika sal moet maak.
Die Namibiese ministeries van onderwys en sport het ‘n sportkompetisie aangebied waaraan kinders van al 14 streke deelgeneem het. Hulle is gevra om te illustreer wat sport en liggaamlike opvoeding vir hulle beteken. Tekeninge het van oraloor ingestroom en die 12 bestes is gekies vir ‘n kalender. Die pryse is deur die sportminister Agnes Tjongarero en onderwysminister Ester Nghipondoka aan die 12 wenners oorhandig. Ayesha Wentworth, kliniese sielkundige by die onderwysministerie, is aan die woord.
Australië se eerste minister Scott Morrison het slagoffers van teistering, afknouery en aanranding in die parlement verskoning gevra. Die sluit die gewese regeringsamptenaar, Brittany Higgins, in, wat beweer 'n kollega het haar in Maart 2019 in 'n minister se kantoor in die parlement verkrag. 'n Mylpaal-oorsig verlede jaar deur die land se seksdiskriminasie-kommissaris, Kate Jenkins, oor die kultuur in die federale parlement, het aanbeveel die hele werksplek-kultuur word hersien. Morrison sê hulle werk daaraan om die parlement ten goede te verander:
Die General Industries Workers Union of South Africa en die Food and Allied Workers Union wil hê dat die taxibestuurders wat stakende werkers van Clover aangeval het, aanspreeklik gehou word. Die werkers deur die bestuurders aangeval. Mametlwe Sebei, president van Giwusa, sê werkers moet kan staak sonder oor kommer dat hulle aangeval sal word.
Dit wil voorkom asof daar binnekort beperkings in Suid-Afrika ingestel sal word op werksgeleenthede vir buitelanders. President Cyril Ramaphosa gaan na verwagting kwotas aankondig vir buitelanders in die werksplek wanneer hy vanmiddag sy staatsrede lewer. Die Black Business Council sê dit sal goed wees as dit 'n wet word. Volgens die raad se uitvoerende hoof, Kganki Matabane, moet sommige intreevlak-werksgeleenthede wat min vaardighede vereis vir Suid-Afrikaners beskikbaar gestel word. Hy voeg egter by raadpleging sal op breë vlakke moet plaasvind:
Electric Vehicles Namibia het onlangs ‘n herlaai-stasie vir eienaars van elektriese voertuie by die Grove Mall in Windhoek bekendgestel waar elektriese voertuigbattery gratis herlaai kan word. Volgens ‘n verslag van die Internasionale Energie-agentskap is in 2012 sowat 130 000 elektriese motors wêreldwyd verkoop, maar vandag word dieselfde hoeveelheid in 'n week verkoop. Jens Denk, ‘n aandeelhouer van Electric Vehicles Namibia sê daar is groen evolusie wat in Namibië gebeur, veral weens stygende brandstofpryse.
Adele het drie Brit-toekennings huis toe geneem by die seremonie by Londen se O2 Arena. Sy het album van die jaar gewen vir 30; Britse liedjie van die jaar vir haar enkelsnit, Easy on Me; en kunstenaar van die jaar. Dit bring Adele se totale Brit-toekennings op 12. Dua Lipa het die beste pop/R&B-optrede gewen, terwyl Ed Sheeran weggestap het met die liedjieskrywer van die jaar-toekenning. Billie Eilish is as internasionale kunstenaar van die jaar aangewys en Olivia Rodrigo het internasionale liedjie van die jaar vir Good 4 U gewen. Adele sê die toekennings was nog altyd deel van haar loopbaan omdat dit voel soos huis toe kom.
Eskom se uitvoerende hoof, André de Ruyter, sê die kragvoorsiener is nou in ‘n baie beter toestand en geen beurtkrag word vir die oomblik voorsien nie. Dit is egter op voorwaarde dat geen onvoorsiene probleme by sy kragstasies voorkom nie. De Ruyter sê die eenhede wat by die kragstasies Camden, Kusile, Duvha en Matla in Mpumalanga buite werking was, het gelei tot die verlies van meer as 16 000 megawatt krag:
Tydens die amptelike opening van die Namibiese parlement het President Hage Geingob die belangrikheid van sekere wetsontwerpe beklemtoon wat vanjaar in die Nasionale Vergadering ter tafel gelê moet word. Van hierdie wetsontwerpe sluit onder meer dié van egskeidings en huwelike in. Geingob het gesê die wetsontwerp op huwelike sal verseker dat egpare wat noord van die rooilyn trou, die geleentheid gegun word om hul huwelikstatus te verander of hulle binne of buite gemeenskap van goedere getroud is.
Die magtiging van nuwe entstowwe in Suid-Afrika is nou onderhewig aan sommige voorwaardes. Die Suid-Afrikaanse Reguleringsowerheid vir Gesondheidsprodukte het beklemtoon die Sinopham-entstof moet voorsien word ooreenkomstig die nasionale Covid-19-entstofprogram voor dit goedgekeur mag word. Die Chinees-vervaardigde entstof is einde verlede maand geregistreer, maar Sahpra se uitvoerende hoof, Boitumele Semete-Makokotlela, sê meer data is nodig om te bewys dis doeltreffend teen die Omikron-variant:
Otjozondjupa is the new bread basket of Namibia - the fovernor, James Uerikua, passionate about agriculture, chats about using resources well, especially soil...
Sowat 90 persent van die meer as 3 000 inwoners wat hulle huise in die Forest Village-ontwikkeling in Eersterivier, Kaapstad, betrek het, het binne drie jaar reeds hul titel-aktes ontvang. Die Wes-Kaapse LUR vir menslike nedersettings, Tertius Simmers, sê dié mylpaal beteken hulle is nou volwaardige, wettige huiseienaars. Hy sê dit was sy departement se belofte aan aansoekers en hulle is trots daarop dat hul woord gehou het.
Eskom het aangekondig dat hy nie vir die volgende twee dae beurtkrag gaan implementeer nie. Die kragopwekker het gistermiddag die implementering van beurtkrag aangekondig, wat gisteraand om nege-uur in werking getree het, en vanoggend vyf-uur opgeskort is. Ons korrespondent in Kaapstad, Fritz Platt, is aan die woord.
Die voormalige burgemeester en munisipale bestuurder van die Thulamela plaaslike munisipaliteit in Limpopo sal op 24 Mei weer in die hof verskyn vir die rol wat hul gespeel het in die VBS-skandaal. Die NVG se woordvoerder in Limpopo, Mashudu Malabi-Dzhangi, sê voormalige munisipale bestuurder Hlengani Emanuel Maluleke en voormalige burgemeester, Avhashoni Stephen Tshifhango, het vandag in die landdroshof in Thohoyandou verskyn waar hulle borgtog van 30 000 rand elk toegestaan is.
Die Kankervereniging van Namibië in samewerking met Gondwana Collection is besig met uitreikprogramme by gemeenskappe in die Kunene-streek. Vir vroue sal papsmeertoetse vir servikale kanker en borsondersoeke vir borskanker gedoen word, en mans sal vir prostaatkanker getoets word. Môreoggend om nege-uur is die vereniging op Sesfontein, Donderdag by Anabeb en Vrydag by Bergsig se gemeenskapsklinieke. Die uitvoerende hoof Rolf Hansen ...
Transnet ondersoek die oorsaak van 'n brand wat vandag uitgebreek het in 'n Bloutrein-wa. Die maatskappy se woordvoerder, Ayanda Shezi, sê die trein het aan die brand geslaan terwyl dit vir herstelwerk in die maatskappy se ingenieursafdeling in Koedoespoort was. Drie mense is opgemerk toe hulle van die toneel af gevlug het. Shezi sê dit is dieselfde trein wat beskadig is toe dit in November ontspoor het.
Die Namibiese ministerie van myne en energie het bevestig die Graff-1 diepwater eksplorasieput het wel bronne van ligte ru-olie. Die put het dus 'n werkende petroleumstelsel vir olie in die Oranjekom 250 kilometer aflandig bewys. Die boorwerk is reeds in Desember begin in samewerking met Shell Namibia en Qatar Energy. Die minister, Tom Alweendo, asook die petroleumkommissaris, Maggy Shimo, het hulle geluk gewens. Andreas Simon, hoofskakelbeampte van die ministerie sê verdere analise moet nog gedoen word.
Die amptelike opening van die Namibiese regbank vind Donderdagoggend om tienuur plaas. Pres. Hage Geingob is die gasspreker en Hoofregter Peter Shivute sal die prestasies en uitdagings deel, asook die lang termyn oplossings. Vanjaar se tema is 'n onafhanklike regbank wat vry, doeltreffende en toeganklike regverdigheid aan almal voorsien. Die amptelike opening sal virtueel plaasvind en die publiek word genooi om dit regstreeks op die ministerie van justisie se webtuiste te volg. ‘n Woordvoerder van die kantoor van die regbank, Selma Mwaetako, het meer ...
‘n Namibiese politieke analis gee sy mening oor die amptelike parlementsopening vandag. President Hage Geingob het die vyfde sessie van die sewende parlement amptelik geopen. Politieke analis Phanuel Kaapama sê die feit dat President Geingob die 16 wetsontwerpe genoem het wat in die Nasionale Vergadering ter tafel gelê moet word, beteken hy is ernstig oor die aangeleenthede.
Die Wes-Kaapse departement van landbou sê 240 varke is na raming dood sedert sy aankondiging vroeër die maand oor die uitbreking van Afrika-varkkoors in Mosselbaai, en in Thembalethu in George. 'n Woordvoerder, Daniel Johnson, sê veeartsenykundige beamptes het onverpoosd gewerk om die kleinskaalse boere wat geraak word, by te staan. Johnson sê 'n inligtingsdag sal môre in Plettenbergbaai gehou word.
Internasionaal word Vroue-Wêrelddag van Gebed op 4 Maart gevier. Die Namibiese Raad van Kerke in Namibië sal dié dag op Saterdag 5 Maart herdenk met die tema uit Jeremia 29 vers 11: EK weet wat Ek vir jou beplan. Alle kerke word uitgenooi na die geleentheid wat in Windhoek sal plaasvind. Die drag is wit of tradisioneel en geld sal ingesamel word om Bybels vir skole en hospitale te koop. Organiseerder Anneline Mohammed gesels met Kosmos 94.1 Nuus.
Namibiese President Hage Geingob het vanmiddag tydens amptelike parlementsopening beklemtoon watter wetsontwerpe van hoë prioriteit vanjaar in die Nasionale Vergadering is. Hy brei uit oor die wetsontwerp op die voorkoming van geslagsgeweld en sê hierdie euwel moet in Namibië uitgeroei word.
President Hage Geingob het vanmiddag vlugtig die Namibiese parlement amptelik geopen. Weens die Covid-pandemie is aktiwiteite by die parlementsopening afgeskaal met geen genooide gaste nie, asook geen militêre parade of kulturele optredes nie.
Die Departement van Kardiologie aan die Tygerberg-hospitaal in Kaapstad het 'n deurbraak gemaak in navorsing oor 'n aangebore hartsiekte. Die waarnemende hoof van die afdeling, Hellmuth Weich, sê hulle het 'n stelsel ontwikkel om rumatiese hartsiektes in kinders op te spoor. Met die Echo in Africa-projek is meer as 7 000 kinders al ondersoek. Sowat 180 rumatiese hartsiektes is gediagnoseer, maar 60 ongediagnoseerde gevalle is ook opgespoor. Volgens Weich word aangebore hartsiektes soms nie waargeneem nie.
Sy sê die verwoestende brand het die voorbereidings vir die geleentheid omvergewerp. Mapisa-Nqakula sê ná President Cyril Ramaphosa se toespraak sal die twee huise van die parlement die toespraak Maandag en Dinsdag volgende week debatteer en die president sal Woensdag antwoord.
Terwyl die Namibiese parlement tans amptelik deur President Hage Geingob geopen word, het die speaker van die Nasionale Vergadering in die buurland, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, gesê altesaam 298 parlementslede sal Donderdag in die Kaapstadse stadsaal wees vir die opening van die parlement en die staatsrede. 'n Beperkte aantal ander hooggeplaastes en die media word in die galery toegelaat. Sy het die land ingelig oor die parlement se gereedheid vir die staatsrede ná die brand in die parlement.
Cirrus in die hoofstad het gereageer op die aankondiging dat ligte ru-olie in die Oranje-bekken aflandig, gevind is. Volgens Robert McGregor moet talle kwessies nog bevestig word, veral in verband met die bron en of die kommersieel ontginbaar is. McGregor sê ook dit sal nog jare neem om die bron te ontwikkel, sou dit moontlik wees.
Die landbousektor is ‘n belangrike bydraer van die Namibiese ekonomie. Daar is groeiende belangstelling onder besighede en verbruikers om plaaslike voedselprodukte te gebruik. Om landbougrond te beskerm, lei tot lang termyn voedselsekuriteit en voorsien belangrike omgewingsvoordele. Die goewerneur van die Otjozondjupa-streek, James Uerikua, gesels oor die belangrikheid van die die gehalte van grond, vir gewasverbouing.
‘n Mens sou dink dat met die goeie neerslae kan dit moontlik wees dat mens-dier konflik moontlik sou kon afneem maar, dit is nie die geval met veral die olifante in die noordweste van Namibië nie. Volgens Rachel Harris, die besturende direkteur van Elephant Human Relations Aid, bekend as Ehra, sal die diere ooswaarts beweeg wat hulle na kommersiële plase sal neem...
Die Namibiese onderwysministerie sê die groter meerderheid van graad 1 en –8 leerders is in skole in die verskeie streke geplaas. Dit volg na daar verskeie berigte was oor pogings tot omkopery en ouers wat die streeksrade genader het. Die ministerie se uitvoerende direkteur, Sanet Steenkamp...
Die amptelike opening van die Namibiese parlement vind om halfdrie vanmiddag plaas. Die speaker van die Nasionale Vergadering, professor Peter Katjavivi en sy adjunk, Loide Kasingo, het reeds die bestuur van die instelling toegespreek. Politieke analis dr. Ndumba Kamwanyah het sy verwagtinge van die huis vanjaar met Kosmos 94.1 Nuus gedeel.
Die Namibiese inkomste-agentskap, NamRA, sê die amnestie-periode was ‘n groot sukses. Belastingbetalers met boetes en rentes kon op die Itas-stelsel registreer, die uitstaande bedrag betaal en afslag op die heffings ontvang. NamRA se woordvoerder, Tonateni Shidhudhu ...
Siemens Suid-Afrika, Aspen en Duitse Beleggings en Ontwikkelingsgemeenskap het 'n ooreenkoms geteken vir die gebruik van digitale tegnologie om die produksie van Covid-19-entstof in Afrika te bevorder. Die uitvoerende hoof van Siemens, Sabine Dall'Omo, sê die samewerking sal by die Aspen-fabriek in Gqeberha in die Oos-Kaap gesetel wees en sal wêreldwye mededinging van die Suid-Afrikaanse farmaseutiese bedryf versterk:
Dit is vandag Internet-veiligheidsdag. Plaaslik, nes elders, gaan lede van die publiek gebuk onder slenters wat op sosiale media geplaas word, oorbetalings van kontant na selfoon-nommers, bedrieglike eposse en allerhande pogings om mense te besteel. Die Namibiese publiek is oor die algemeen redelik naïef en vertrou maklik en word dus gereeld slagoffers. Die Namibiese polisie waarsku lede van die publiek weer, soos hoofinspekteur Itetila Shapaka verduidelik.
Droëland-mielieprodusente in Namibië het onlangs groot kommer gehad oor reën wat wegbly maar, die prentjie het aansienlik verander. Volgens Gernot Eggert een van Namibië se voorste produsente, het ‘n baie groot gebied goeie reën ontvang en hulle is uiters positief.
Namibië het talle mense met uitstekende sake-idees, maar weet nie wat om daarmee te doen nie. Die kwessie om infrastruktuur-projekte aan banke te bemark om vir lenings te kwalifiseer, is ‘n onderwerp wat deur ontwikkelings- en beleggingsgemeenskappe bespreek word. Dit is een van die groot knelpunte om private kapitaal te lok om die globale infrastruktuur-gaping te oorkom en om miljoene mense van sleuteldienste te voorsien. Martin Inkumbu, uitvoerende hoof van die Ontwikkelingsbank van Namibië, moedig Namibiërs met sake-idees aan om dit in sakeplanne te verander.
Die Kanadese eerste minister, Justin Trudeau, sê Kanadese het die reg op protes en om van hul regering te verskil, maar hulle het nie die reg om die ekonomie, demokrasie, en die daaglikse lewe van hul mede-landsburgers te ontspoor nie. Honderde vragmotors en motors versper al amper twee weke lank dele van die middestad van die Kanadese hoofstad Ottawa uit protes teen die land se Covid-19-beperkings en beleid oor verpligte inenting. Die burgemeester van Ottawa, Jim Watson, het Sondag 'n noodtoestand afgekondig. Trudeau sê die protesoptrede moet einde kry:
Die Britse eerste minister Boris Johnson word daarvan beskuldig dat hy geweld teen die opposisie-leier Keir Starmer van die Arbeidersparty aangehits het na hy hom in die parlement daarvan beskuldig het dat hy nie die vermeende seksoortreder Jimmy Savile vervolg het nie. Starmer was vir ‘n tyd die hoof van die land se vervolgingsgesag en is gisteraand, buite die parlement geteister, tot so mate dat die polisie hom moes bystaan. Die Arbeidersparty se skaduminister vir geestesgesondheid, dr. Rosena Allin-Khan sê Johnson het Starmer swart gesmeer...
Die Suid-Afrikaanse langafstand-atleet Karoline Hanks het 'n skenking oorhandig aan die Twee Oseane-stigting se bewaringsbestuurder, Talitha Noble, om te help met die vrylating van die seeskilpad, Bob. 'n Woordvoerder, Renee Leeuwner, sê die atleet het in Desember twee keer die 13 pieke-uitdaging aangepak om die fondse in te samel. Sy sê Bob is 'n gelukkige skilpad om die 50-jarige uithou-atleet van Noordhoek aan sy kant te hê:
Meatco se rekord-aanbieding van 63 Namibiese dollar per kilogram vir diere met ‘n karkasgewig van 180 kilogram of meer, vir die maand van Februarie, werp vrugte af. Volgens die abattoir se woordvoerder, Rosa Hamukuaja-Thobias sê sommige boere bespreek reeds slagbeurte...
Ses persone is in hegtenis geneem na die gewapende roof gister by Maerua Mall in die hoofstad. Volgens owerhede is 162 000 Namibiese dollar gebuit en 23 000 dollar is reeds teruggevind. Die Khomas streeksbevelvoerder kommissaris Ismael Basson sê die groep kan moontlik met ander rooftogte verbind word.
Die EFF in die buurland het sy hof-aansoek laat vaar dat alle parlementslede Donderdag fisies teenwoordig moet wees wanneer die staatsrede gelewer word. Die party het die dringende aansoek by die Wes-Kaapse Hooggeregshof ingedien. Dit volg nadat die Parlement aangekondig het slegs 300 lede sal die geleentheid fisies bywoon, terwyl die res dit virtueel sal volg as gevolg van Covid-19-beperkings. Die parlementêre woordvoerder, Moloto Mothapo, sê hulle verwelkom die EFF se besluit...
Amerika se president, Joe Biden, sê sake kan nie normaal voortgaan indien Rusland die Oekraïne se soewereiniteit skend nie. Meer as 100 000 Russiese soldate is tans op die grens met die Oekraïne saamgetrek. Biden sê hulle sal nie huiwer om die Russiese gaspyplyn na Duitsland, die Nord Stream 2, te sluit nie. Die Oekraïnse president, Volodymyr Zelensky, het die pyplyn vroeër as 'n gevaarlike geo-politiese wapen beskryf. Biden het herhaal dat streng sanksies teen Rusland ingestel sal word indien hy die Oekraïne binneval:
Die vakbond Giwusa en die Vakbond vir Voedsel- en Verwante Werkers beweer werkers se staking het Clover se bestuur gedwing om sy planne vir massa-afleggings te verander. Giwusa se president, Mametlwe Sebei, sê 812 werkers sou hulle werk verloor indien die maatskappy hierdie maand sy tak in City Deep na Atlasweg in Boksburg sou skuif. Volgens hom gaan Clover nou net nege mense afdank:
Die Namibiese eerste minister Saara Kuugongelwa-Amadhila, is verheug oor die landbouministerie wat ‘n nuwe boormasjien gekoop en die ou boormasjien herstel het. Die ministerie sê die twee boormasjiene gaan na verwagting middel Februarie in die streke geïmplementeer word. Die ministerie sal dan in staat wees om in ‘n noodtoestand self vir water te boor en hoef nie te wag vir private boormanne nie. Talle landelike gemeenskappe het erge uitdagings met watervoorsiening. Die Namibiese eerste minister Saara Kuugongelwa-Amadhila sê die voorsiening van water dra by tot voedselsekuriteit.
Die Instituut vir Sekerheidstudies in Suid-Afrika sê die verslag oor die Julie-onluste toon kommerwekkende onsamehangendheid in die land se veiligheidstelsel. President Cyril Ramaphosa het 'n paneel aangestel om Julie verlede jaar se vlaag beplande openbare geweld, verwoesting en sabotasie in KwaZulu-Natal en Gauteng te ondersoek. Die verslag het bevind die polisie en intelligensiedienste kon nie die dae lange brandstigting en plundering voorsien of hanteer nie. Meer as 300 mense is in die onluste dood. Die instituut se woordvoerder, Jakkie Cilliers, sê individue moet aanspreeklik gehou word:
Die afgelope tyd het ons gereeld in die nuus gesien van mense wat hulle eie lewe geneem het. Die voormalige Mejuffrou Namibië, Nadja Breytenbach, wat 'n plaaslike sielkundige is het met Kosmos 94.1 gesels oor geestesgesondheid. Klik op die skakel om na die gesprek te luister.
AfriForum glo daar is ‘n verband tussen die lied “Skiet die Boer” en plaasmoorde in Suid-Afrika. Die drukgroep het die EFF hof toe geneem omdat hy die lied op sy saamtrekke sing. Ernst Roets van AfriForum glo dit kom neer op haatspraak. Hy sê die organisasie hoop die howe sal die EFF met tot soveel as 500 000 Suid-Afrikaanse rand beboet en beveel om in die openbaar om verskoning te vra:
Namibië se deelname aan die Dubai Ekspo het ten doel om die land se toerismesektor te herstel en ekonomiese beleggings te lok. Die bekroonde Namibiese sanger, Lazarus 'Gazza' Shiimi, het in die Verenigde Arabiese Emirate gaan kuier vir besigheid en netwerkgeleenthede. Hy het ook by die Dubai Ekspo gaan inloer en vertel aan Kosmos 94.1 Nuus hoe hy dit ervaar het.
Nes in Namibië, het die buurland se departement van onderwys verskeie voorvalle van oorvolheid by skole opgemerk te midde van leerders wat voltyds terugkeer klas toe. Daar is berigte van skole wat uitdagings in die gesig staar met betrekking tot die plasing van leerders. Die departement se woordvoerder, Elijah Mhlanga, sê daar is sekere skole wat 'n tekort aan tafels en stoele het. Hy sê ten spyte hiervan, is daar skole wat voorbereid is om aanpassings te maak:
Padgebruikers in Windhoek word aangeraai om vanmiddag paaie rondom die parlement te vermy. President Hage Geingob gaan vanmiddag om half-drie die parlement amptelik open. Gewoonlik tydens ‘n parlementsopening word Robert Mugabe-rylaan vir verkeer gesluit. Weens die Covid-pandemie sal daar vanjaar geen militêre parade en tradisionele optredes plaasvind nie en geen gaste is ook uitgenooi nie. David Nahogandja, die parlement se woordvoerder sê Namibiërs is welkom om die parlementsopening aanlyn op sosiale media te volg.
Eskom sê die moontlikheid bestaan dat nog beurtkrag die week kan voorkom. Die kragverskaffer het beurtkrag ingestel van nege-uur gisteraand tot vyfuur vanoggend nadat nog opwekkingseenhede onklaar geraak het. Eskom se uitvoerende hoof, André de Ruyter, sê die opwekkingstelsel het aansienlik verswak:
The sportminister Agnes Tjongarero is irked by the cost of removing the homeless who are camping out at stadiums, since March 2020, in and around Windhoek. They are damaging infrastructure, and costing the ministry money...
Walvisbaai se burgemeester, Trevino Forbes, sê die jaar 2022 gaan ‘n jaar van aksie wees. Hy sê hy het uit verlede jaar se uitdagings geleer en geen probleem kom sonder ‘n oplossing nie. Plaaslike owerhede staar talle uitdagings in die gesig, omdat hulle uit verteenwoordigers van verskillende politieke partye bestaan. Forbes sê politiek verskille moet eenkant toe geskuif word vir dorpe om te ontwikkel.
Die Gautengse veeartsenydiens het alle veeboere gewaarsku oor die moontlikheid dat slenkdalkoors kan uitbreek. 'n Woordvoerder sê die swaar reënval in Suid-Afrika kan die siekte veroorsaak. Of slenkdalkoors 'n bedreiging vir Namibië tydens die goeie reënseisoen in, het die staatsveearts, dr. Albertina Shilongo aan Kosmos 94.1 Nuus gesê slenkdal-koors is nog nooit in Namibië gerapporteer nie.
Beurtkrag, wat gister in Suid Afrika op kort kennisgewing opgeskort is, is weer vanaf nege-uur vanaand van krag. Na 'n paar dae van fase 2 beurtkrag, waar die krag soms tot so lank as twee ure per dag af was, was Suid-Afrikaners verlig toe Eskom gister die opheffing van die beurtkrag aangekondig het. Maar, ná opwekkingseenhede by die Kusile-, Camden-, Duvha- en Matla-kragstasies egter onklaar geraak het, is beurtkrag weer van krag, tot vyf-uur môreoggend. Ons korrespondent in Kaapstad, Fritz Platt, is aan die woord.
Die Noord-Kaapse departement van landbou sê die oes en droog van druiwe in die provinsie is aan die gang. Suid-Afrika verwag 'n oes van 78 000 ton bemarkbare druiwe vir die 2021/22-produksie-seisoen, waarvan 'n merkwaardige 90persent in die provinsie verbou word. Die departement se woordvoerder, Zandisile Luphahla, sê die 2020/21 finansiële seisoen het 'n skerp afname van 16 persent getoon, weens ongunstige weerstoestande.
Die DA glo President Cyril Ramaphosa het nie langer enige rede om die afdanking van ministers Bheki Cele en Ayanda Dlodlo uit te stel nie. Dit volg op die bekendmaking van die deskundige paneel se verslag oor verlede jaar se onrus, wat bevind het die reaksie van die polisie en intelligensie-agentskappe was skokkend stadig, onvanpas en onvoldoende. Dit het ook onthul die faksies binne die ANC het 'n rol gespeel in die onrus en is 'n ernstige bedreiging vir nasionale veiligheid. DA-leier John Steenhuisen sê die hele kabinet moet eintlik aanspreeklik gehou word.
Die Merck-stigting het die Internasionale Dag van Geen Verdraagsaamheid teenoor Vroulike Genitale Verminking herdenk. Dr. Rasha Kelej, uitvoerende hoof van die stigting, sê vroulike genitale verminking is ‘n diepgewortelde maatskaplike norm vir meisies en vroue in talle kulture wêreldwyd. Dit ontneem hulle van hul eer, is gevaarlik vir hul gesondheid, en buiten vir die pyn en lyding, is daar talle newe-effekte soos onvrugbaarheid, infeksies, doodgebore babas en selfs die dood. In Namibië kom hierdie wanpraktyk veral in die streke van die Zambezi en Kavango voor. Mimi Mwiya, ‘n konsultant vir die Zambezi Vroueregte-program, sê dit is ‘n groot uitdaging in Afrikalande benede die Sahara.
‘n Vragmotor wat vars rooshout sowat 160 kilometer oos van Rundu by die Mbangu-kwarantynkamp opgelaai het, is verlede week aan die nuwe bosboudirekteur, Johnson Ndokosho in die Namibiese omgewingsministerie gerapporteer. Na bewering het Chinese die rooshout in blokke opgesny om dit maklik in skeepsvraghouers te verpak om uit te voer. Ndokosho het verlede week gesê hy het ‘n span na die Rundu-perseel gestuur, maar die vragmotor is nog nie gevind nie. Hy sê aan Kosmos 94.1 Nuus dat ‘n registrasienommer van die vragmotor wel gevind is.
Namibiese staatshospitale moes weens die Covid-pandemie sommige nie-noodsaaklike operasies uitstel. Dit sluit operasies in by die staat se oogkliniek waar katarak-operasies en ooglensvervangings uitgestel was. Knie- en heupvervangings by die ortopediese departement was ook uitgestel. Die Namibiese gesondheidsministerie se woordvoerder, Walters Kamaya, het bevestig alle operasies gaan weer by staatshospitale voort.
Vyftien verdagtes is in hegtenis geneem in verband met korrupsie en bedrog by die Suid-Afrikaanse Polisiediens. Die inhegtenisnemings volg weens die verkryging van persoonlike beskermende toerusting ter waarde van 1,9 miljoen rand. Die beskuldigdes is in Gauteng en Limpopo aangekeer op aanklagte van diefstal en vervalsing na aanleiding van 'n beweerde skema om 'n derdeparty-verskaffer van lateks-handskoene onregmatig te bevoordeel. Volgens 'n polisiewoordvoerder, Athlenda Mathe, moet alle verdagtes môre in die hof verskyn.
Die Kaapstadse Vereniging vir Blindes sê hy verbeter sy diens en die kliniek in Kaapstad raak die spilpunt vir mense uit alle lae van die samelewing wat hul oorblywende sig probeer verbeter. Die uitvoerende hoof, Lizelle de Wet, sê die maklik bekombare dienste by die Jannie Mouton laesig-oogkliniek gee hoop aan 'n deel van die vyf miljoen swaksiende Suid-Afrikaners.
Die Namibiese gesondheidsministerie het 73 nuwe Covid-gevalle uit 1 121 toetsuitslae aangemeld wat ‘n positiewe koers van 6,5 persent verteenwoordig. In die groep is 44 leerders, waarvan 37 leerders van ‘n laerskool in die Gobabis-distrik is, asook drie ondewysers en twee gesondheidswerkers. Daar is nou 5 989 aktiewe gevalle, waarvan 72 pasiënte in hospitale is en vier in hoësorgeenhede. Altesaam 24,6 persent van die teikenbevolking is ten volle ingeënt. Die gesondheidsminister, dr. Kalumbi Shangula, gee die jongste statistieke.
Die Stad Johannesburg het 'n streng waarskuwing gerig aan mense wat aftree-oorde of ouetehuise onwettig beset om onmiddellik te ontruim voor regstappe gedoen word. Die burgemeesterskomiteelid vir behuising, Mlungisi Mabaso, sê dit blyk mense wat nie kwalifiseer om daar te woon nie beset verskeie ouetehuise. Hy sê dit is ontstellend dat die gebied in en om die geriewe 'n teelaarde geword het vir onwettige bedrywighede soos dwelm- en alkoholmisbruik.
Die polisiebevelvoerder van die Khomas-streek, kommissaris Ismael Basson het ‘n beroep op lede van die publiek gedoen om nie groot hoeveelhede kontant by hulle te dra nie. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat na die roof by Maerua Mall ‘n tydjie gelede. Volgens wat berig word, is ongeveer 150 000 Namibiese dollar by ‘n lid van die publiek in die hysbak beroof.
Die Landless People’s Movement se streeksrade van die Hardap- en Karas-streke het 500 000 Namibiese dollar beskikbaar gestel vir jongmense van die streek op te studeer. Die party se woordvoerder, Eneas Emvula, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Die Namibiese minister van verdediging Frans Kapofi het gereageer op aantygings deur inwoners van die Zambezi-streek dat lede van die Namibiese weermag wat in die gebied patrollie doen, nie hulle pligte ordentlik uitvoer nie en dus, lewe inwoners steeds in vrees. Kapofi sê as mense bang is moet hulle die polisie kontak.