2017: Diskoers: Recent Episodes

US Woordfees

Warm debatte oor aktuele sake vanaf Woordfees 2017.

View Details

Met: Max du Preez, Bill Nasson en Albert Grundlingh (gespreksleier) Max du Preez en Bill Nasson, een van Suid-Afrika se voorste geskiedkundiges, soek antwoorde op die vrae: Wat het geword van die wekroep in die stormag- tige 1980’s vir ’n nie-rassige Suid-Afrika? Bestaan dit hoegenaamd nog?

View Details

In samewerking met Vriende van Afrikaans Kom vertel die vorige geslag waar jy Afrikaans graag oor 20 jaar sou wou sien. As jy ’n student is, of onlangs nog een was, weet jy al te goed hoe daar
al oor dié onderwerp vuisgeslaan is. Kom sê jou sê. Saartjie Botha, direkteur van die Woordfees en dramaturg, is die gespreksleier en oudregter en struggle- veteraan Albie Sachs lewer die inleiding.

View Details

In samewerking met Stellenbosch 360 Is Stellenbossers dwarstrekkers? Of kan hulle saamwerk tot voordeel van almal? Jannie Durand (Remgro), Annemarie Ferns (Stellenbosch 360), Ilhaam Groenwald (US Sport), Dale Simons (kleinsakeman
van Jamestown), Gesie van Deventer (burgemeester) en Leopoldt van Huyssteen (US-bestuur) pak dié tameletjie. Andreas van Wyk is die skeidsregter. Die groot vraag is natuurlik of hulle sal kan saamstem.

View Details

Andreas van Wyk en sy gaste probeer
die kraaines waarin Suid-Afrika se staatsondernemings vasgevang is, ontrafel.

View Details

Daar word gesê dat die generasies mekaar nie verstaan nie, maar dat hulle van mekaar hou. Is dit moonlik om ’n generasie te tipeer? Kan die energie en idealisme van jongmense en die ervaring en wysheid van ouer mense saam ingespan word, of is ons gedoem om mekaar te misverstaan? Ons paneellede vanuit verskillende generasies steek voelers na mekaar uit.

View Details

Hoe werk ’n sosiale rewolusie en waarom moet jongmense oënskynlik ’n saak
’n #naam gee om daaroor te agiteer?
Is dit blote struggle-nostalgie? Moet die samelewing hulle ‘naïwiteit’ duld
en wag dat die werklikheid tot hulle deurdring? Of moet ons gehoor gee? Aan wie? En as almal se geduld opraak?

View Details

Kom hoor wat Ilhaam Groenewald,
die hoof van Matie Sport, sê oor die geleenthede en uitdagings wat op ons sportlui op die wêreldverhoog wag.

View Details

Moontlik gemaak deur Edwin Hertzog, voorsitter van Mediclinic, en Mediclinic Met: Anton van Niekerk, direkteur van die IS Sentrum vir Toegepaste Etiek en Clara Findlay, uitvoerende hoof: regsdienste, Mediclinic; Hannes Loots, afgetrede kliniese bestuurder, Mediclinic, en Stefan Smuts, hoof: kliniese dienste, Mediclinic Hoe besluit jy watter pasiënte in
’n hospitaal opgeneem word en
watter nie wanneer daar net soveel hospitaalbeddens is? Wat gemaak as ’n pasiënt sorg weier? Dit is maar net twee van die vrae waarmee dokters in private gesondheidsorg elke dag te doen kry.

View Details

Met: Denise Ackermann en Margaret Blackie in gesprek met Frieda van den Heever Watter rol speel weerloosheid in die bevryding van die vrou? Frieda van den Heever vra op Internasionale Vrouedag vir Denise Ackermann, ’n prominente Black Sash-figuur tydens die apartheidsjare, en Margaret Blackie, ’n senior dosent in die US se Fakulteit Teologie, wat hulle dink.

View Details

Gerhard Lubbe, afgetrede dekaan van die US Regsdepartement, gesels oor Suid-Afrika se kredietwetgewing en die afdwing van die regte van kredietgewers.

View Details

Met: Bennie Naudé en Wessel van den Berg in gesprek met Theo Geyser Mans is in die moeilikheid. Die feit
dat meer en meer kinders sonder ’n vaderfiguur grootword, laat ’n onstilbare honger na die erkenning wat net ’n
pa kan gee en skep ’n teelaarde vir gevoelens van minderwaardigheid
en onsekerheid. Weens beperkte rolverwagtings leef talle mans in vrees
vir hulle posisie en die opkoms van feminisme help nie juis nie. Bennie Naudé is ’n EFT- (emosionele-vryheidstegnieke) afrigter en Wessel van den Berg is verbonde aan Sonke Gender Justice.

View Details

Andreas van Wyk besin saam met ander kenners oor die toekoms van ons universiteite in dié ontstuimige tye.

View Details

Met: Ronnie Samaai Musiek is Ronnie Samaai se lewe. Hy
het op 19 sy eerste vioolles gegee en verlede jaar is hy, op 80, vereer met
die US Konservatorium se Parnassus- toekenning vir sy uitsonderlike bydrae tot musiek. Hy deel sy kennis en vertel hoe om na musiek te luister aan die hand van aktiewe musiekbeluistering, taal, geskiedenis en kultuur en vele meer.

View Details

Die teoloog Paul Tillich het met die begrip ultimate concern inkleding gegee aan dit wat ons ‘God’ noem en het God as die ‘Ground of Being’ beskryf. Die filosoof Wittgenstein het ons geleer dat ons liefs moet stilbly oor dit waaroor ons nie kan praat nie. Ons paneel van teoloë en filosowe besin oor die nut van die woord God en of dit regtig saak maak wat ons hom/haar/dit noem?

View Details

Willie Breytenbach, afgetrede politieke wetenskaplike aan die US, praat oor die pad wat vir die ANC voorlê ná die skokke wat dit in 2016 beleef het.

View Details

Met: Don Pinnock in gesprek met Theo Geyser

Don Pinnock het reeds in 2013 die
gesogte City Press-niefiksieprys gewen wat hom in staat gestel het om sy boek oor bendegeweld in Kaapstad na te vors en te skryf. Drie jaar later het Gang Town verskyn – en dit is nou nog meer relevant as in 2013: Bendegeweld en veral oorgangsrites steek agter honderde sterftes op die Kaapse Vlakte en bendes teister talle Kaapse gemeenskappe elke dag. Hy gesels oor sy ondervinding as kriminoloog, wat hy geleer het tydens sy navorsing vir sy boek, en of daar enigsins tekens van verligting is.