Middagvervolgverhaal | Nastegal - deur Anton Treurnich: Recent Episodes

RSG

'n Radiovervolgverhaal wat jou verbeelding vrye teuels gee.

View Details

Gerrit betree Skipper Lee se visstoor en soek apparaat wat vir stropery gebruik word, as bewyse van misdaad. Cornelius skryf Josephine se naam heel bo-aan die lys in sy “swart boekie” van troukandidate, maar skrik groot toe hy sien hoe die “viswyf”, Elsa, vir dokter Chris hanteer.

View Details

Josephine besoek die dokter met die duidelike hoop op 'n romanse, maar as sy hoor haar kanse by die arts is skraal, aanvaar sy die raad om Cornelius as tweede keuse te oorweeg. Gerrit beplan hoe om bewyse te versamel ten einde die stropers vas te trek.

View Details

Gerrit konfronteer die stroper, Skipper Lee, en 'n streep word in die sand tussen hulle getrek. Cornelius ontwerp 'n stelsel om 'n vrou te soek, maar kry dadelik die wind van voor. Dokter Chris se toenadering tot Elsa is byna net so onsuksesvol.

View Details

Cornelius word flou in die spreekkamer en kry raad vir sy eensaamheid. Gerrit en Elsa gaan toets sy nuwe skiboot op see en kom af op perlemoenstropers wat vir hulle duidelik wys dat hulle nie welkom is nie.

View Details

Wat sal Lennon met die diamant doen? Sal Bart en Suzanne bymekaar uitkom? Sal Hester en Johan finansieel kan oorleef in George? Wat van Daleen? Wel, daar is mos altyd 'n kinkel in die kabel, of hoe?

View Details

Rachel dwing vir Lennon om die seiljag se seile in te katrol en terug hawe toe te vaar. Sy het 'n plan en dit sluit nie Lennon se oorlewing in nie. Bart, Suzanne , Nina en Daleen is oppad met die rubberboot. Sal Rachel vir Lennon doodmaak of sal die klomp op die rubberboot betyds wees om te help? As hulle wel betyds is, wat sal hulle kan doen om te help?

View Details

Lennon moet duik vir die diamant, en Rachel gebruik die tyd wat hy onder die water is om van Raps ontslae te raak. Hester besef dat Lennon agter die diamant aan is en oorreed vir Nina om haar te help om met haar pa se rubberboot agter Lennon hulle aan te vaar. Sal Lennon die diamant weer vind? En wat dan?

View Details

Hester bieg dat sy nog net een offer vir die kafee en huis gekry het, en dit is van Rachel af. Daleen wil niks meer met die hele storie te doen hê nie. Lennon dink hy het weggekom, maar word verras deur Rachel en Raps wat aanboord sy seiljag kom.

View Details

Bart en Lennon moet by die hawe uitkom, maar daar is vir hulle net een manier. Rachel en Raps volg hulle en sien dat hulle gevang sal word. Rachel besluit om haar skuite aan die brand te steek sodat Lennon kan wegkom uit die hawe sonder dat iemand hom raaksien. Sal dit werk?

View Details

Die tronk se dokters besluit dis beter om Sweis weer in die tronk se hospitaal te hou, en Sweis verloor dit. Suzanne konfronteer vir Bart oor waarmee hy besig is, en hy kom met die hele sak patats vorendag. Wat sal Suzanne se reaksie wees? Sal sy Bart by die polisie aangee of hom toelaat om Lennon te help?

View Details

Sweis moet terug tronk toe vir 'n klomp toetse en Bart is bang hulle sal hom daar wil hou. Lennon moet deur die kafee in die myn se stoorkamers in, en Raps hou 'n oog oor hom. Suzanne praat met Bart oor hulle twee se verhouding. Sal sy dit wil stop voor daar iets ernstig tussen hulle ontwikkel?

View Details

Daleen hou niks van die verhouding tussen haar ma en Bart nie, en probeer 'n stokkie daarvoor steek. Rachel en Raps gaan kyk by die walvisstasie of Lennon daar wegkruip. Sal hulle hom vang?

View Details

Nina is bekommerd oor Storm wat net verdwyn het, en begin na hom soek. Lennon besef die sakke met al sy besittings is in die mynmaatskappy se stoorkamers toegesluit. Hy kan nie vlug sonder dit nie. Wat gaan hy, Bart en Sweis doen om die sakke terug te kry?

View Details

Bart probeer vir Lennon oorreed om so vinnig as moontlik uit die dorp te kom, maar Lennon het ander planne. Raps en Rachel sluit vir Storm toe in een van die spoorweghuis se kamers. Wat is hulle van plan om met hom te doen?

View Details

Hester, Dalene en Suzanne praat oor liefde en toekomsplanne. Storm kom agter dat Rachel iets met Amanda se verdwyning te doen gehad het. Rachel vang vir Storm waar hy rondsnuffel in die huis waar Amanda doodgemaak is. Die spanning tussen die twee bou nou al vir 'n lang tyd op - wat gaan gebeur?

View Details

Dalene konfronteer haar ma oor haar verhouding met Bart. Storm kom af op Lennon waar hy in een van die Spoorweghuise wegkruip. Sal Lennon vir Storm kan oorreed dat hy net 'n boemelaar is, of sal Storm snuf in die neus kry?

View Details

Sweis konfronteer vir Rachel oor Amanda se verdwyning. Bart en Sweis het vir Lennon uit die tronk se hospitaalkamer, maar moet hom nog van die tronk se perseel af kry. Sal hulle net by die hoofhek kan uitry?

View Details

Hester verduidelik aan Storm wat die geskiedenis van die spoorweghuise is en hoe Rachel hulle almal opgekoop het. Sweis en Bart begin met hulle plan om Lennon uit die tronk te kry. Sal hulle gevang word?

View Details

Hester en Daleen bespreek die rede vir Hester se terugkeer, en wat van Hester en Johan gaan word. Bart oorreed vir Sweis om hulle enkelmonitors te ontkoppel terwyl Bart vir Suzanne besig hou. Sal Suzanne agterkom wat die twee manne in die mou voer?

View Details

Bart en Sweis is reg om vir Lennon uit te breek. Storm kom agter dat Amanda planne gehad het vir 'n groot diamant. Suzanne is besig om twee en twee bymekaar te tel. Wat gaan sy doen as sy agterkom wat Bart hulle beplan?

View Details

Rachel en Amanda raak betrokke in 'n bakleiery, en net een oorleef. Wie kan dit wees? Storm kom agter dat daar meer in die dorp aangaan as wat hy oor ingelig is en hy soek antwoorde by Lennon.

View Details

Rachel probeer haar bes om haarself uit 'n baie moeilike posisie te wurm. Sweis moet boodskapper speel tussen Bart en Lennon. Lennon raak ongeduldig en wil dadelik oorgaan tot aksie.

View Details

Bart berei 'n romantiese ete vir Suzanne voor, en natuurlik het hy bybedoelings. Amanda en Storm keer Rachel se visserskuite aan om hulle te deursoek. Amanda konfronteer Rachel. Die vonke gaan spat.

View Details

Sweis en Bart is besig om die laaste reëlings te tref voor hulle die groot plan in werking stel. Amanda verduidelik aan Storm hoe hulle vir Rachel gaan vastrek. Rachel probeer almal speel om die beste uitslag vir haarself te bewerkstellig, maar het sy te veel afgebyt?

View Details

Sweis en Bart probeer die laaste paar kinkels uit hulle plan kry. Lennon voel die spanning raak te veel vir hom. Storm en Nina besluit om die aand saam te gaan uiteet. Dalk is dit die begin van meer as net 'n vriendskap tussen hulle.

View Details

Bart en Sweis begin die plan vir Lennon se ontsnapping aanmekaar sit. Nina ontmoet vir Storm by die tronk, en kry slegte nuus. Amanda wil vir Lennon van die siekeboeg na die gewone tronk skuif, en Bart besef dis nou of nooit vir hulle plan.

View Details

Amanda besluit om op te tree en dreig vir Lennon. Storm wil meer weet oor die walvisstasie. Amanda neem vir Lucy uit die dorp uit, maar wat is haar plan?

View Details

Amanda besluit wat sy met die inligting gaan doen wat sy by Lucy gekry het. Suzanne en Nina praat oor mans en liefde. Storm waarsku vir Amanda dat haar besluite die hele dorp teen haar kan draai.

View Details

Amanda druk vir Lucy om so gou moontlik in Lennon se goeie boekies te kom. Sweis glo dat Suzanne dit in het vir hom met die dieet waarop sy hom sit. Bart en Lennon begin werk aan 'n manier hom Lennon by die tronk uit te kry.

View Details

Rachel en Raps besef daar is nie 'n manier dat hulle die diamant sal kry sonder Lennon nie. Lucy is besig om inligting aan Amanda en Rachel te verskaf. Sy speel 'n gevaarlike speletjie. Sweis moet vir Rachel kry om te help met die plan, en sy tel dadelik twee en twee bymekaar.

View Details

Santa Scheepers is een van die finaliste in die soeke na innoverende uitvindings. Sy het die tradisionele manswêreld betree en haar kewertjie se petrolenjin met 'n elektriese motor vervang. Jacqui January het met haar gepraat.

View Details

Rachel en Raps gaan uit op 'n boot om te kyk of hulle nie self die diamant kan opspoor nie. Amanda en Nina het 'n eerlike gesprek, en Amanda begin agterdogtig raak oor Nina se optrede.

View Details

Lennon ervaar druk uit alle oorde, en moet 'n paar belangrike besluite neem. Nina kry dit reg om vir Bart en Lennon in dieselfde kamer te kry. Sal pa en seun hulle probleme met mekaar op sy kan skuif en saam werk?

View Details

Johan en Helen vat die pad, maar die groot vraag is waarheen? Lucy maak die lewe moeilik vir Amanda, en Rachel bring vir Raps terug dorp toe. Het sy 'n plan om die diamant in die hande te kry?

View Details

Rachel byt Lucy se swakheid uit om meer oor Lennon uit te vind. Amanda help vir kaptein Burger om Hester se eksman 'n les te leer. Sal hulle waagstuk werk of gaan nog iemand seer kry?

View Details

Amanda hoop dat Lennon se liefde vir Lucy sy swakheid sal wees, maar Lucy het haar eie swakhede. Hester vind beskerming in die arms van kaptein Burger, maar het die kaptein meer afgebyt as wat hy kan kou?

View Details

Johan het dalk 'n manier gevind om Rachel se ondergang te bewerkstellig. Amanda raak ongeduldig met die hele proses en wil vir Lennon harder druk. Hester wil terug kom dorp toe, en Rachel het genoeg gehad van Nina.

View Details

Amanda en Rachel vat mekaar aan oor Rachel se bedrywighede. Suzanne besef dat sy met Bart en Sweis sal moet saamleef, maar sy het voorwaardes. Amanda bring iemand terug dorp toe wat Lennon sal kan oorreed om te sê waar die diamant is. Wie kan dit wees?

View Details

Sweis kry 'n aanval, en Suzanne voel sy kan nie meer die ouer mans in haar gastehuis hanteer nie. Nina besef dat sy sal moet intree. Sy reël 'n afspraak vir Lennon en Bart. Dis die eerste keer in 20 jaar dat Pa en seun mekaar gaan sien. Wat gaan gebeur?

View Details

Lex is dood, en dit het 'n groot impak op almal se lewens. Nina probeer haar projek red deur vir Lennon die waarheid te vertel. Lennon vind uit sy pa is Bart van Rensburg.

View Details

Lex sukkel om die slegte nuus van Joyce te verwerk. Suzanne probeer die ou manne op 'n gesonde dieet sit. Sweis en Lennon sukkel om kop bo water te hou. Sal hulle probleme die oorhand kry?

View Details

Rachel druk vir kaptein Burger in 'n hoek. Hy skuld haar geld, en sy soek antwoorde by Lennon. Suzanne begin agterdogtig raak oor wat Lennon en Lex doen. Kaptein Burger ondervra vir Lennon, en verloor sy humeur.

View Details

Lex en Bart vind vir Joyce, maar dis glad nie wat hulle verwag het nie. Hester verdwyn, en dit laat kaptein Burger wonder of hy iets verkeerd gedoen het. Sal Lex en Bart kan terugkom in Laastedraai in sonder dat hulle gevang word?

View Details

Lex en Bart is in Kaapstad opsoek na Joyce, maar sal hulle haar kan kry? Kaptein Burger is in 'n goeie bui na sy ete saam met Hester. Nina en kaptein Burger moet gaan kyk wat is fout met die sender by Laastedraai. Sal hulle agterkom dat Bart-hulle daarmee gepeuter het?

View Details

Sweis moet die fort hou terwyl Bart en Lex vir Joyce gaan soek. Johan wil kom kyk wat fout is met die moniteringstelsel, en Sweis het sy hande vol met hom. Amanda het nog een vraag vir Lennon... Wat kan dit wees?

View Details

Hester nooi vir Johan om vis te kom braai by haar huis. Hy vind uit hoekom Hester na soveel jare in Europa teruggekeer het. Rachel begin ongeduldig raak met die diamantstorie en besluit om vir Raps te bel. Wat gaan die twee in die mou voer?

View Details

Bart, Sweis en Lex werk aan 'n manier om by Laastedraai uit te glip. Dis 'n resies teen tyd. Amanda laat Rachel verstaan dat sy weet waarmee Rachel regtig haar geld maak.

View Details

Rachel dreig Johan by sy seun se skool. Lex en Bart begin 'n plan beraam om uit te vind wat met Joyce gebeur het. Johan ondervra vir Lennon en onder druk raak hy gewelddadig.

View Details

Suzanne val uiteindelik vir Bart en Lex se poets. Sweis vertel vir Bart dat sy seun in die tronk is. Hester en Johan besef hulle kan dalk meer wees as goeie vriende. Hester kry 'n oproep van iemand in haar verlede. Wie kan dit wees?

View Details

Lex raak al hoe meer bekommerd oor Joyce. Bart wonder oor Sweis en hoe hy gaan aanpas by Laastedraai. Amanda en Rachel konfronteer mekaar. Wat is die regte rede vir Amanda se teenwoordigheid in die dorp?

View Details

Bart en Lex stel hulle plan in aksie om Suzanne terug te kry. Sweis verduidelik vir Lennon hoe dinge in die siekeboeg werk. Bart en Lex word amper gevang, en Sweis raak deurmekaar en aggressief wanneer hy te veel stres ervaar.

View Details

Rachel soek inligting by Johan oor Lennon. Nina berei Sweis voor vir sy skuif na die Laastedraai. Lennon word oorgeplaas na die tronk se siekeboeg. Rachel plaas vir Johan voor 'n ultimatum.

View Details

Amanda druk vir Lennon in 'n hoek. Johan verduidelik vir Nina presies hoekom Lex en Bart in die tronk is. Lex raak bekommerd oor Joyce wat nie sy oproepe beantwoord nie. Sal Lennon onder Amanda se druk knak?

View Details

Bart en Lex is ongelukkig met die manier waarop Suzanne hulle hanteer en besluit om haar 'n les te leer. Kaptein Johan Burger is ernstig oor sy werk, en glo nie Nina se projek met die ouer mans sal werk nie. Dit lyk asof Rachel 'n houvas op Johan het. Wat kan dit wees?

View Details

Bart en Lex daag op by hulle nuwe blyplek, Laastedraai. Bart en Suzanne sit al vas tydens hulle eerste ete. Lucy het besluit dat die liefde wat sy en Lennon vir mekaar het, nie sterk genoeg is vir die krisis nie.

View Details

Lex verduidelik aan Bart dat sy familie niks meer met hom te doen wil hê nie, maar dat daar tog iemand is wat vir hom wag om uit te kom. Lucy stel vir Lennon voor 'n ultimatum. Gaan hy vir haar vertel wat sy wil hoor?

View Details

Nina van de Caap tref die laaste reëlings vir Bart en Lex se skuif na die gastehuis. Lex sien uit na die verandering, maar Bart wonder of dit regtig beter vir hulle sal wees. Amanda probeer vir Lucy oorreed om meer by Lennon uit te vis oor die diamant. Sal sy dit doen?

View Details

Die vrouens op die dorp besluit om by die mynkantore te gaan betoog totdat hulle antwoorde kry. Amanda probeer vir Lennon in 'n hoek druk. Sy begin agterkom dat Lennon meer weet as wat hy te kenne gee. Lucy is lief vir Lennon, maar die twyfel en onsekerheid begin aan haar knaag.

View Details

Bart van Rensburg en Lex Macconney is al jarelange tronkvriende. Hulle wonder oor die nuwe uitdaging wat vir hulle voorlê. Suzanne probeer daarmee vrede maak dat daar 'n klomp ou gevangenes in haar gastehuis moet kom bly. Amanda begin haar ondervraging van Lennon. Sy weet iets groots het op die skip gebeur. Die vraag is net wat, en hoekom?

View Details

Die diamantboot word teen die rotse gevind, en Lennon word dadelik na die maatskappy se kantore geneem vir ondervraging. Lucy Stryders, Lennon se meisie, is besig om 'n senu-ineenstorting te kry. Almal wil weet wat het met Lennon en Raps gebeur. Hoekom sou hulle baklei het? En waar is Raps?

View Details

Raps en Rachel bespiegel dat Lennon nog die diamant moet hê. Almal op die dorp bespreek Amanda Le Roux, die diamantmaatskappy se senior inspekteur. Wat presies kom doen sy in die dorp? Wat het van Lennon geword? Is hy nog lewendig of het die see hom ook meegesleur?

View Details

Rachel April is nie net die dorp se haarkapper nie, maar besit ook al die visserskuite en is betrokke in verdagte transaksies. Sy maak seker sy is op hoogte van wat in die dorp aangaan, veral as daar iets is waarmee sy kan geld maak. Lennon besluit om in die gevaarlike waters te duik en ontdek iets ongelooflik.

View Details

Suzanne Smith skop vas teen die verandering waarop haar dogter, Daleen, aandring. Hulle besit Laastedraai-gastehuis en hulle moet kontrakte met die tronk en diamantmaatskappy aangaan om die leë kamers te vul. Raps probeer Lennon oortuig dat daar groot diamante in 'n gevaarlike deel van die see vir hulle wag.

View Details

Lennon van Rensburg moet van sy babbelas vergeet en op die diamantboot Karaat kom. Daar is 'n kwota wat ontgin moet word en die skipper, Raps Voster, raak ongeduldig. Hester de Sousa besit die dorpskafee, en al die skinderstories begin en eindig agter haar kasregister.

View Details

Elke pot kry sy deksel, en tant Dollie gee die partytjie van haar lewe.

View Details

Joey en Johnny se huwelik kry nuwe lewe. Tony bring nog goeie nuus, en Jerome vertel die waarheid oor sy werkplek. Ansie gee Marissa goeie raad. Mike stuur vir Ansie 'n ongewone geskenk.

View Details

Ansie en tant Dollie berei voor vir tant Dollie se house warming. Mike stel voor dat hy en Ansie saam 'n besigheid begin. Tony lê familie uit, en Reinet het haar eie planne.

View Details

Debbie draai teen Jacques, vertel alles en lig finaal die sluier oor die noodlottige oggend van 16 Junie.

View Details

Debbie daag by Joey op en vra om Tony te sien. Pieter se outopsieverslag bevat verdoemende bewyse, en Jacques kom te staan voor die waarheid.

View Details

Die susters maak vrede. Marissa is hartseer. 'n Openhartige gesprek tussen Ansie en Reinet klaar jarelange misverstande op

View Details

Jacques dwing Ansie om die grond wat hy by haar huur, aan hom te verkoop. Tony maak planne om haar te bevry. Reinet bel en belowe Jacques om Marissa Groenkloof toe te bring.

View Details

Jacques terroriseer vir Ansie. Jerome soek hulp by Tony. 'n Hele span polisiemanne sak toe op Groenkloof. Reinet daag ook op.

View Details

Marissa besluit om na haar ma toe te gaan. Ansie is kwaad vir Mike en Reinet. Jerome maak die waterpomp heel. 'n Veldbrand jaag die hele Roosvallei op hol. Ansie ry Groenkloof toe om Jacques te waarsku.

View Details

Tant Dollie vertel vir Baby van haar nuwe huisie. Reinet gaan eet by Mike's Deli, knoop 'n geselsie met hom aan en vergeet die rose wat sy moet aflewer.

View Details

Tony neem Jacques in vir ondervraging. "Sara" het verdwyn. Jacques is in die moeilikheid.

View Details

Jacques is in 'n toestand. Reinet probeer hom help. Marissa skuil by Jerome. Jacques kom soek Debbie en Marissa op Roosvallei.

View Details

Johnny is weer moeilik. Tony kom haal vir Debbie. Hy soek die waarheid, maar kry dit nie. Daardie nag dink Johnny hy sien 'n spook.

View Details

Mike voel soos 'n wrak, maar kanselleer nie die ete nie. 'n Koerantberig ontstel tant Dollie en Ansie. Reinet flerrie met Mike, en Ansie vererg haar.

View Details

Jacques is gewapen en op die oorlogspad. Tony maak 'n plan en kry vir Debbie blyplek by die Janses. Jacques kry die Oranjezicht-adres in die hande. Mike se lewe is in gevaar.

View Details

Marissa kom in trane by die roosstalletjie aan en ontstel tant Dollie. Mike nooi Ansie en Reinet uit vir ete. Marissa slaap oor.

View Details

Jacques kuier by Debbie in die hospitaal. Oom Johnny kry nog nagmerries oor die ongeluk. Debbie ontslaan haarself. Tony volg haar na 'n huis in Oranjezicht.

View Details

Johnny neem beheer oor Plumbing for Africa. Marissa vertel vir Jerome dat Debbie sielkundige behandeling kry. Tony gaan snuffel weer op Groenkloof.

View Details

Debbie is in die hospitaal. Tant Dollie raak onseker oor haar nuwe woonplek. Reinet gaan kuier by Jacques.

View Details

Ansie vra Jerome om verskoning. Johnny is op pad Roosvallei toe. Reinet daag eindelik op.

View Details

Ansie sien nie juis uit na Reinet se kuier nie. Debbie verdwyn en Jacques is smoorkwaad. Min weet hy wat nog vir hom wag.

View Details

Jacques en Debbie se naweek op Hermanus is 'n mislukking. Tony is in sy skik met die inligting wat hy op Pieter se selfoon kry. Jerome en Marissa se vriendskap verstewig. Tony soek na leidrade in Debbie se woonstel.

View Details

Mike beveel aan dat Ansie Pieter se selfoon vir die polisie gee. Jacques is in 'n beduiwelde bui. Tony kan nie wag om die selfoon in die hande te kry nie.

View Details

Tony snuffel op Groenkloof rond, maar Marissa laat haar nie flous nie. Jerome word aangesê om vrede te maak met Marissa. Jacques waarsku Debbie om haar mond te hou.

View Details

Jerome word vals beskuldig. Hy vra hulp by Tony. Hulle soek en kry spore wat na Groenkloof toe lei. Mike troos vir Ansie. Iemand het met die dam se waterpomp gelol, en dis nie Jerome nie.

View Details

Johnny ry saam met Joey Roosvallei toe om die loodgieterswerk aan Dollie se huisie te inspekteer. Ansie ontdek vreemde telefoonommers en SMS'e op Pieter se selfoon. Tant Dollie word vroeg wakker en hoor die gedruis van water.

View Details

Jacques wil Debbie paai en vir 'n naweek Hermanus toe vat. Ansie kry e-pos van haar moeilike suster uit Londen. Sy wil kom kuier.

View Details

Ansie en Mike gaan see toe vir die dag. Tony het 'n vermoede dat Debbie vir hom lieg. Ansie ontdek 'n selfoon in een van Pieter se baadjiesakke.

View Details

Jacques en Debbie maak rusie. Ansie kry 'n ruiker wat sy nie wil hê nie. Debbie drink pille om haar senuwees te kalmeer. Jacques betrap Tony met Ansie se ruiker.

View Details

Johnny gooi tuin nat. Sy rystoel sit in die modder vas en Tony kom tot sy hulp. Johnny haal sy frustrasies op Joey uit. Tony ondervra Debbie by haar luukse woonstel.

View Details

Dis die opening van Mike's Deli en Ansie verskaf die rose. Sy en Joey ontmoet mekaar. Debbie word smoordronk en Mike ontferm hom oor haar.

View Details

Jacques vang vir Jerome in Marissa se slaapkamer. Ansie kry 'n klap wat vir Jerome bedoel is.

View Details

Joey bel Jerome en vra hulp met Johnny wat geval het. Tony neem beheer van die situasie. Daar is loodgieterwerk op Roosvallei. Marissa-hulle hou 'n laatnag-partytjie en Jerome slaap oor.

View Details

Tony ondervra vir Debbie en ontstel haar. Die wind waai en Mike help Ansie rose pluk. Ansie onthou gelukkiger dae saam met Pieter.

View Details

Jerome en Tony kuier Sondag by Johnny en Joey. Joey maak haar hart oop vir Tony. Johnny is gefrustreerd en kry nagmerries.