2018: Skrywersfees: Recent Episodes

US Woordfees

Opnames van die Skrywersfees items vanaf Woordfees 2018.

View Details

Aangebied deur Protea Boekhuis. Die verhaal van ’n mitiese bergengel en die jong Eron Verberger se lewensveranderende avontuurreis deur die land Gabriëllië is die onderwerp van Carina se fantasieverhaal. Sy vertel meer omtrent haar karakters en inspirasie aan die hand van die 30 sketse wat sy vir haar boek gemaak het.

View Details

Met: Melvyn Minnaar, Barbara Lindop en Marelize van Zyl. Op 60 het die kunstenaar Gerard Sekoto ’n prenteboekie vir kinders – oor twee stout honde – geskryf en geïllustreer. Dié storie is in 2013, 100 jaar ná sy geboorte, in 12 tale vertaal, insluitende as Fielies en Pote in Afrikaans. ’n Beperkte oplaag van net 100 van dié pragboekie is spesiaal vir die 100-jaarviering van die US herdruk en te koop. Kunsjoernalis Melvyn gesels met Barbara, voorsitter van die Sekoto Trust, wat Sekoto tydens sy selfopgelegde ballingskap in Frankryk hoor sing het (een manier waarop hy aan die lewe kon bly), en Marelize van Aspire Art, oor die gesogtheid van sy werk vandag – iets wat hy nooit beleef het voor sy dood in ’n ouetuis in die vreemde nie.

View Details

In conversation with: Adriaan Basson. Presented by Jonathan Ball Publishers. Adriaan Basson asks the talk show radio host and author what price Fezekile Ntsukela Kuzwayo – better known as Khwezi – ultimately paid as the woman who dared to accuse Zuma of rape, and why this book and Jacques Pauw’s touched such a nerve.

View Details

Met: Liza Smit. Aangebied deur Jacana Media. Veertig jaar sedert die raaiselmoorde op NP-politikus Robert Smit en sy vrou in hulle Springs-tuiste, met RAU TEM teen die muur geverf as enigste leidraad, is die moordenaars steeds soek. Liza, hulle aangenome dogter, was toe 13. Deur die jare het sy haar eie ondersoeke gedoen. Weens doodsdreigemente moes sy en haar kinders selfs in ’n getuiebeskermingsprogram geplaas word. Sy vertel haar bisarre verhaal, wat later vanjaar in boekvorm verskyn, in ’n eksklusiewe voorskou met Ilse Salzwedel.

View Details

Met: Amy Daniëls, Philip Bosman, Samantha Masters, Jo-Marie Claassen en Samantha Masters. Aangebied deur Cambridge University Press. Is die Klassieke oudheid handlanger van die kolonialisme? In South Africa, Greece, Rome: Classical Confrontations, ’n bundel essays met Grant Parker van Stanford University as die redakteur, word aspekte van antieke Grieks-Romeinse kultuur in Suid-Afrika bespreek – van Romeinse reg tot die Grondwet, argitektuur en kuns tot opvoeding, die kolonialis Rhodes tot die bevryder Mandela, en die bevrydende invloed van Griekse drama. Annemaré Kotzé lei die gesprek.

View Details

With: Fred Khumalo, Alexandra Fuller and Achmat Dangor. Sandra Swart asks three writers if it is important to tell accurate stories about the past – even if it’s offensive or hurtful? Fred used the sinking of the crew ship SS Mendi during the First World War as backdrop for Dancing the Death Drill. Alexandra wrote about growing up during the Rhodesian war in her debut and for her new novel, Quiet Until the Thaw, investigates the history of two Native American boys in a South Dakota reserve, while Achmat returns to the apartheid history in Dikeledi.

View Details

In gesprek met: Simon Bruinders en Benescke Janse van Rensburg. Aangebied deur CUM Uitgewers Te veel stres en langdurige spanning kan tot ernstige liggaamlike siektes en emosionele uitbranding lei. Henk, wat ook ’n berader is, bespreek maniere om breekpunt te vermy, gesonde streshantering en die redes waarom slagoffers van trauma veg, vlug of vries met Simon en radio-omroeper Benescke.

View Details

Met: Celesté Fritze en Hester van der Walt. Ena Jansen gesels met twee debuutskrywers wat geheimhouding oor lesbiese seksualiteit as tema het in ’n tyd toe dit taboe was. Celesté se Verlorenkop, wat vir talle literêre prys benoem is, verken die impak van besluite om die skyn te bewaar oor drie generasies vroue heen, terwyl Hester in haar memoires Sê my, is julle susters? die geestelike isolasie beskryf van alle ‘vlugtelinge’ wat die onversoenbare waardes van hulle tuiste opsy skuif.

View Details

In gesprek met: Alta Cloete. Aangebied deur Queillerie. Rugby en seer-snaakse grootwordervarings het Derick al heelparty pryse vir sy jeugromans én ’n fliekkontrak besorg. Maar nou skryf hy oor 50-plussers en hulle alledaagse bestaan uit ’n man se oogpunt – van vriendskap, skuldgevoelens en ’n affair, tot ’n huweliksmaat se swaarkry en kommer oor ’n dwarstrekkind.

View Details

In gesprek met: Lizette Rabe. Aangebied deur Penguin Random House Onthou jy nog die pennestryd wat in koerante gewoed het oor Dan Roodt se teenwoordigheid by die Woordfees? Of die fel woordewisseling nadat NP van Wyk Louw se Die pluimsaad waai ver tydens Republiekdagviering opgevoer is, of die ‘Boetman is die bliksem in’- briewestorm? Kom verkneuter jou in die bekgevegte wat die land en Afrikanerkultuur help slyp het in dié gesprek tussen twee veteraanjoernaliste.

View Details

Met: Loftus Marais, Bibi Slippers, Desmond Painter, Ryan Pedro, Annie Klopper, Andries Bezuidenhout en Charlotte van den Broeck. Daar is te min gedigte oor slegte seks in Afrikaans, en te veel oor die natuur, voëls, God en die liefde. Ses Afrikaanse digters, een Vlaming en ’n studentedigter kom lees ’n nuwe gedig oor slegte seks voor as deel van ’n Vrydagaandse gin bar.

View Details

Aangebied deur Penguin Random House. Die vervaardiger, skrywer en fliekresensent gee die voorafstorie van Plesierengel, die storie van Tristan Hansen, ’n jongman wat deur die rykste vroue in Johannesburg vir sy ‘dienste’ betaal word. Ons hoor wat hom sy lewenspaadjie laat kies het en ontmoet ook die vroue wat hom gelei, gevorm en opgelei het. Francois Bloemhof gesels met Leon oor dié witwarm gigolo-storie.

View Details

Met: Schalk Schoombie en Irna van Zyl. ’n Bekende kosresensent sterf onverklaarbaar en ’n ongewilde sjef word ná ’n hewige tantrum die volgende oggend dood in sy kombuis gevind. Oudjoernaliste Schalk (Rooi haring) en Irna (Gifbeker) gesels met Kerneels Breytenbach oor hoe ons jongste koshebbelikhede en die moderne onthaalwese vrugbare teelaarde is vir ’n komiese misdaadsatire, of hoëoktaan-spanningsverhaal.

View Details

Aangebied deur Human & Rousseau. Vier jaar ná Kaar verskyn twee digbundels deur dié Hertzogpryswenner vir poësie. Louise Viljoen ontsluit die beeldgedigte van In die stille agterkamer en Gesant van die mispels aan die hand van foto’s van die werk van die Nederlandse skilders Adriaen Coorte (1659-1707) en Jan Mankes (1889- 1920), waarop die gedigte gegrond is. In ’n opname kan Marlene ook gehoor word waar sy self van die gedigte voorlees.

View Details

Met: Danie Marais, Kerneels Breytenbach en Andries Bezuidenhout. Die Kanadese digter-troebadoer, skepper van ‘Suzanne’ (1967) en ‘Hallelujah’ (1984), is in November 2016 op 82 dood ná ’n verstommende oplewing laat in sy loopbaan. ’n Deeglike evaluering van die poësie in sy lirieke, met nuwe insigte, baie bewondering en heelwat heimwee. As bonus sing Andries die onbekender lang weergawe van ‘So long, Marianne’.

View Details

Met: Christi van der Westhuizen, Sylvia Vollenhoven, Annie Klopper en Bettina Wyngaard. Wat haar fassineer van ’n manlike teenwoordigheid, sê Antjie Krog nadat sy die Hertzogprys vir poësie ontvang het, is ‘mans gaan nooit net weg nie, hulle vat ook die mag saam weg en dan bly daar nou net ’n klomp vrouens oor en skielik daal die statuur van daardie beroep’ … Op Internasionale Vrouedag debatteer vier skrywers onder leiding van Hannelie Booyens oor vroue en hulle identiteit in Suid-Afrika vandag: Hoe het dit verander, hoe kry dit in hulle werk beslag, is daar so iets soos vroue wat mekaar bemagtig, of is presies die teenoorgestelde waar?

View Details

Met: James Styan en Gilbert Gibson. Aangebied deur Jonathan Ball Uitgewers. Die flambojante liefdeslewe, huwelike (en egskeidings) van hartchirurg Christiaan Barnard het soms die impak van sy historiese eerste hartoorplanting oorskadu. Maar 50 jaar later is sy prestasie des te meer merkwaardig – veral as gekyk word na eksklusiewe foto’s van toe (wat ook gewys sal word). Gilbert, mediese dokter en digter, vra James uit – ook oor Hamilton Naki, die swart tegnikus wat saam met sy vriende die chirurg agter die skerms gehelp het.

View Details

Aangebied deur Lux Verbi. Vier jaar gelede is ’n Pretoriase ma se man en twee kinders uitgewis in ’n terreuraanval op hulle huis in Kaboel, waar Hannelie se man opheffingswerk gedoen en sy as dokter gewerk het. Net hulle een hondjie, Chico, het oorleef. Hanneli vertel aan skrywer en terapeut Juliana Coetzer (Oorkant jou) van daardie dag en hoekom sy vergifnis bo bitterheid kies.

View Details

Aangebied deur Missing Ink. Pieter-Dirk vind in sy 72e jaar die moed om die storie ágter die stories te vertel in hierdie teatermemoires, wat saam met sy Engelse weergawe, Echo of a Noise, nou in boekvorm verskyn. Hy bied ’n kaleidoskoop van ’n lewe vol gelag en gesag – van sy familie in Pinelands met Ma Helga en Pa Hannes, wat met liefde, musiek en dissipline sy lewensiening help vorm het, tot die latere spartelings met sensuur en Nasionale Party-kaskenades. Kom beleef dele van die boeke as opvoering, maar hoor ook hoe die verwerking die storie help ontwikkel het.

View Details

Met: Andries ‘Roof’ Bezuidenhout. Aangebied deur African Sun Media. In On Record – Music and Society in Recorded Popular Afrikaans Music Records, 1900-2017 ondersoek Schalk die geskiedenis van opgeneemde populêre musiek - van die eerste opname van die ou volkslied tot Steve Hofmeyr se onlangse optredes, en maak hy en Andries musiek.

View Details

In gesprek met: Alexander Strachan. Aangebied deur Jonathan Ball Uitgewers. Oud-Recces Justin Vermaak en Douw Steyn gesels met Zander, ’n bekroonde skrywer en self ’n oud-Recce, oor hulle boek, Recceresepte vir kos, die bos, die lewe, waarin hulle ‘n kykie gee in dié elite-groep soldate se roetine en lewensfilosofie, maar ook vertel van eetgoed soos gebraaide luislang...

View Details

Met: Juliana Coetzer en Riette Rust. Aangebied deur Jonathan Ball Uitgewers. Sy het haar persoonlike reis met haar baie siek dogter in Bloedvreemd beskryf. Nou skryf Juliana oor die uiteenlopende mense – veral vroue – wat haar pad as psigoterapeut kruis. Riette gesels met haar oor swaarkry en herstel en hoe sy die leser op ’n reis neem wat eintlik ons almal s’n is: van grootword en eienaarskap neem.

View Details

Met: SJ Naudé en Eben Venter. In altwee dié romans word ’n wêreld anderkant geografiese grense verken, maar ook grense van die band met ’n ma en seksualiteit. In Die derde spoel projekteer SJ (of Fanie) ’n donker poëtiese beeld van liefde tussen mans op ’n steeds verskuiwende doek, terwyl Eben in Groen soos die hemel daarbo ritueel maak van erotiese ervarings en die ontginning van selfkennis daaruit. Frederik de Jager gesels met hulle.

View Details

Met: Daniël du Plessis, Willem Samuel en Loyiso Mkize. Honderd jaar ná Mandela se geboorte kyk Antjie hoe hy – én Suid-Afrika – uitgebeeld word in twee Vlaamse comics uit die Suske en Wiske-reeks. Ná die visuele aanbieding gesels sy met drie jong plaaslike comics-kunstenaars.

View Details

In gesprek met: Cas Wepener. Aangebied deur Naledi. Aan die vooraand van die 500ste herdenking van die begin van die Protestantse Kerkhervorming loop dié reisskrywer terug op die spore van Martin Luther en Johannes Calvyn. Hy besoek die plekke waar grootse omwentelinge hulle afgespeel het, eet, drink en gaan kerk toe daar en soek raakpunte met sy eie kerkgeskiedenis in verre Suid-Afrika.

View Details

Met: Piet Grobler. Aangebied deur Protea Boekhuis. Geïnspireer deur die klavierwerk Kinderszenen van Robert Schumann, kombineer Philip sy stuitige rympies en kennis van klassieke musiek met Tertia Visser-Downie se klavierspel en Piet Grobler se prag-illustrasies.

View Details

Aangebied deur Penguin Random House. Petrovna Metelerkamp het al die inligting wat sy oor dié kultusdigter versamel het nou bygewerk met indringende nuwe navorsing en eksklusiewe foto’s. Sy vertel vir Karin Schimke hoe talle voorheen onbeantwoorde vrae oor Ingrid se lewe en dood beantwoord word en hoe die beeld weerlê word wat die wêreld van Ingrid het. Sy wys van die foto’s en speel ’n opname van ’n voorlesing deur Ingrid self.

View Details

Aangebied deur NB-Uitgewers, Naledi en Penguin Random House. ’n Jaarlikse hoogtepunt wanneer bekende en debuutdigters hulle werk deel. Gilbert Gibson, Jolyn Phillips, Pieter Fourie, Fourie Botha, Daniel Hugo, Clinton V. du Plessis en Nuwe Stemme 6 se Remona Voges en Jaco van der Merwe lees voor.

View Details

In gesprek met: Piet Grobler. Piet, seker een van ons bekendste illustreerders en deesdae professor van illustrasie aan die Universiteit van Worcester in Engeland, gesels met dié multibekroonde illustreerder uit Brasilië. Roger, ’n gewilde en gesogte gas by boekfeeste wêreldwyd, het in 2014 die hoogste eer vir kinderboekillustrasie ontvang, die Hans Christiaan Andersenmedalje, vir sy delikate, kleurryke werk wat in die Visuele Kunste-gebou te koop is. Piet gesels met hom oor sy lewe, visuele taal en temas.

View Details

In gesprek met: Helena Olivier. Aangebied deur Lux Verbi. Helena Olivier hoor by die bekende akteur wanneer hy sy deurbraak gemaak het. En wanneer hy aan dwelms verslaaf geraak het. Hykie se persoonlike verhaal, wat sy laagtepunt het in ’n maksimumsekuriteitsel in die Weskoppieshospitaal, is een van suiwer genade.

View Details

Moontlik gemaak deur NB-Uitgewers, die Kaapse Forum vir Neerlandistiek, SASNEV en die Vlaamse Regering. Van die Kaapse Vlakte tot Antwerpen wys dié digters wat van ‘n gedig ‘n show maak. Die Kaapse rapper en woordtowenaar Churchil ‘Meneer Naudé’ Naudé, die Gansbaaise digter Jolyn Phillips en die veelbekroonde Vlaamse digter en verhoogkunstenaar Charlotte van den Broeck vertel – en wys – vir Danie Marais hoe jy poësie voordra, uit jou kop lees, met die gehoor speel, kletsrym, en jou verhoogvrees beheer sónder om beheer te verloor.

View Details

In gesprek met: Herman Lategan. Aangebied deur Penguin Random House. Suid-Afrikaanse gehore was verlede jaar in vervoering oor Noem my Skollie, die fliek wat op die lewe van John W Fredericks gegrond is. Herman praat met John oor Skollie, sy aangrypende memoires, getik met net met één vinger, sy lewe as ’n bendelid en Pollsmoortronkvoël, en hoe sy talent om stories te vertel hom laat oorleef het sodat hy hom vandag ‘’n skrywer’ kan noem.

View Details

Met: Ivor Price. Aangebied deur Tafelberg. Met sy eerste TV-optrede as hoërskoollaaitie het Rian van Heerden die volk al die josie in gemaak. En sedertdien het dinge nie beter gegaan nie. Die radio- en TVpersoonlikheid vertel vir Ivor hoekom.

View Details

Met: Jacques Pauw, Valda Jansen, Alexandra Fuller, SJ Naudé, Masande. Ntshanga, Eben Venter, Fred Khumalo, Karin, Ghaireyah Fredericks, Jolyn Phillip, Sean Christie en Heindrich Wyngaard. Twaalf skrywers – Afrikaans en Engels – kom bymekaar teen die agtergrond van toenemende vreemdelingehaat, onrus wêreldwyd en die verkrummeling van magstrukture om vrae uit te trap, soos wat beteken dit om in vandag se werklikheid te skryf en wie kry die reg om sê wat dié werklikheid is? Kan jy nog as skrywer ’n bydrae maak om 55 minute voor 12? Jean Meiring tree op as gespreksleier.

View Details

Met: Schalk Schoombie, Julian Jansen en André le Roux. Aangebied deur Human & Rousseau en Tafelberg. Wat dryf iemand om sy vrou of lewensmaat te vermoor? Of sy ouers? In Tot die dood ons skei kyk Schalk na die verskynsel van ‘intieme’ vrouemoord en diep grusame voorbeelde op, terwyl Julian vir Die De Zalze-moorde die storie agter die storie vertel van dié skokkende Stellenbosse gesinsmoord. André, wat in Narsiste, psigopate, stalkers en sadiste verskeie moordenaarsprofiele ontleed, soek saam antwoorde.

View Details

In gesprek met: Martie Meiring. Aangebied deur Human & Rousseau. Een van die bekende Boeksusters (met sus Madeleine van Biljon nog op M-Net) en gewilde rubriekskrywer het eindelik haar eerste eie kortverhaalbundel die lig laat sien. Sy gesels met Martie oor haar temas, soos wat in ’n huwelik ongesê bly, die oorweldigende blindheid van ’n eerste liefde, die menigte vorms wat verlies kan aanneem, en bowenal die uitdagings wat met ouderdom gepaardgaan.

View Details

Met: Braam Hanekom, Danny Bock en Sipho Mahokoto. Die grootste Afrikaanse kerk in die land word steeds ’nederduits’ genoem. Wanneer gaan die kerk tuiskom in Afrika? Of is dit reeds? En kan ’n kerk in Afrika Afrikaans wees?

View Details

Met: Rudie van Rensburg, Bennie Fourie, Beer Adriaanse en Ernest van der Kwast. Moontlik gemaak deur die Kaapse Forum vir Neerlandistiek en SASNEV. Twee romanskrywers en twee draaiboekskrywers het een ding in gemeen: Hulle stories is snááks! Rudie skryf oor ’n ouetehuisopstand en die Nederlander Ernest van der Kwast oor sy Indiese mama met die koekroller, terwyl Bennie en Beer TV-kykers laat skaterlag met kykNET se Hotel. Hulle vertel vir Bibi Slippers hoe swaarkry lekkerkry word.

View Details

Aangebied deur Tafelberg en Kwela. ’n Reisskrywer en digter vertel elkeen skrynend eerlik die stories van hulle mense – Dana in sy reisverhaalbundel Op pad, en Nathan in Wit issie ’n colour nie, oor die lewe in die buitewyke van die Kaapse Vlakte. Loftus Marais vra hulle uit.

View Details

In gesprek met: Francois Smith. Moontlik gemaak deur SASNEV. Dit sit nie in enigeen se broek om 1,2 miljoen eksemplare van ’n boek te verkoop nie. Te meer as dit jou debuut is en jy dit eintlik geskryf het om skuld en rou op papier uit te stort. Dis die storie van Raymond van de Klundert, kortweg Ray Kluun, of net Kluun, ’n kultusfiguur in Nederlandse skrywerskringe. Komt een vrouw bij de dokter van 2003, in Engels vertaal as Love Life, was ’n fiktiewe weergawe van sy ervaring as ’n jong man wat sy vrou se terminale siekte net kon verwerk deur haar te verneuk. Sy jongste roman is DJ. Francois vra hom uit.

View Details

Met: Malene Breytenbach, Pieter van Zyl en Gerda Taljaard. Aangebied deur Tafelberg. Liefde het vele gedaantes: Erotiese liefde, moederliefde, gewelddadige liefde, verbode liefde, liefde tot die dood toe … Verken die vele gesigte van liefde, en nie almal is mooi nie. Madri Victor doen die vrawerk.

View Details

In gesprek met: Carel van der Merwe. Aangebied deur Tafelberg. Die redakteur van dié bygewerkte glansweergawe van 2001 se topverkoper oor die Britte se verskroeide aarde-beleid tydens die Anglo-Boereoorlog vertel meer omtrent die nuwe inhoud, soos die storie van Lizzie van Zyl (die foto van ’n uitgeteerde meisie op ’n bed), swart sterfgevalle in die kampe, en Emily Hobhouse se lewe ná die oorlog. Hy gesels met Carel, wat self navorsing oor die oorlog gedoen het vir Donker stroom

View Details

Met: Nelis Janse van Rensburg, Imam Shakier Vermeulen en Julie Claassens. Daar word gemeen dat die kerk sigself as die ‘morele polisie’ beskou. ‘Is dans sonde?’ was immers ’n belangrike vraag in die 70’s en 80’s. En die Sondagkoerant is in die geheim gelees. Vandag nog word die kerk soms beskuldig van ’n obsessie met mense se slaapkamers en wat daar gebeur, al dan nie. Wat is moraliteit? Wat het moraliteit met sonde te doen? Is die kerk die regte plek om aan te klop as ons wil weet wat moreel is of nie?

View Details

In gesprek met: Kerneels Breytenbach. Aangebied deur Queillerie. Hans wil op 90 op sy éie terme oud word en neem Huis Madeliefie op horings met ’n properse ouetehuisopstand. Kerneels vra die bekende misdaadskrywer uit oor sy bitterlik snaakse roman, waar daggakoekies, ontkleedansers en vet sports aan die orde van die dag is.

View Details

Met: Dan Sleigh, Louise Viljoen, Cas Wepener en Tim Huisamen. Aangebied deur Human & Rousseau. Dié historiese improvisasie is een van Schoeman se laaste literêre werke voor sy afsterwe in 2017. Dit is ook die laaste teks waar hy sy hand aan fiksionele stemme waag – die opklink van ’n menigte immigrante aan die Kaap. Aan die hand hiervan word gekyk na dié skrywer se nalatenskap en hoekom hy ’n ‘anderster’ Sestiger was, waarna elke deelnemer sy/ haar mooiste Schoeman-roman kies.

View Details

In gesprek met: Hermann Giliomee. Aangebied deur Protea Boekhuis. Dit neem uitsonderlike karaktereienskappe – of ‘iron in the soul’, om Van Zyl Slabbert aan te haal – om die leier van die amptelike opposisie te wees. Alex en Hermann, skrywer van Die laaste Afrikanerleiers, bespreek die loopbane van die sogenaamde politieke ‘verloorders’ voor 1994.

View Details

In gesprek met: Dave Pepler. Aangebied deur Penguin Random House. Die geliefde RSG-kruievrou en topverkoper-skrywer van Kruidjie roer my sit in haar jongste boek haar roeping as geneser voort. Sy en haar getroue vennoot, Oom Johannes, vertel Dave hoe Karookruie ingespan kan word om allerhande kwale te genees, en watter krag in die ou stories, raaisels en rympies van die Griekwa-mense skuil.

View Details

Met: Sandra Kotze, Cobus Rossouw, Steward van Wyk en Pieter Odendaal. Aangebied deur Protea Boekhuis. In 1974, tydens die eerste professionele opvoering van Kanna hy kô huis toe in die toe Nico Malan-teater, was die wit gehoor in vervoering oor dié poëtiese ‘nuwe stem’. Sandra was Makiet onder regie van Pieter Fourie en Cobus, Kanna. In ’n gesprek met Heindrich Wyngaard onthou dié twee teatergrotes daardie dae, terwyl Steward terugkyk na Small se letterkundige nalatenskap en Pieter sy aangrypende gedig voorlees oor sy pa en Adam Small.

View Details

Met: Vader Wim Lindeque, Robert Vosloo en Jean Oosthuizen. Op 31 Oktober 2017 was dit 500 jaar sedert Martin Luther sy 95 stellings teen die kerkdeur in Wittenberg vasgespyker het. Oor die kerke van die reformasie word egter gesê ecclesia reformata semper reformanda (’n gereformeerde kerk moet altyd reformeer). Hoe gaan dit met die gereformeerde kerke en wat moet in 2018 hervorm word?

View Details

Aangebied deur LAPA Uitgewers. Ilse Salzwedel vra twee topverkopers uit oor die inspirasie vir hulle jongste historiese verhale. Irma se Mentje – kind van Pas-Opkamp vertel van ’n Nederlandse oorlogwesie wat alleen ’n onderduikkamp en die berugte Hongerwinter van 1944 en 1945 moet oorleef. Hans skryf ook oor ’n kinderkarakter in Drie vroue en ’n meisie, wat handel oor vier geslagte vroue op die Hoëveld en hulle droom van ’n beter lewe.

View Details

In conversation with: Ingrid Winterbach. She grows up during the bush war that helped turn Rhodesia into Zimbabwe – the family’s bombproof Landrover is nicknamed Lucy. She survives a terrible, avoidable death that turns her funloving Scottish mother into a crazy drunk and for which she, as a child of eight, feels responsible … These last days of colonialism are at the heart of Alexandra Fuller’s internationally acclaimed 2002 memoir, Don’t Let’s Go To The Dogs Tonight. She talks to Ingrid about a world of taboos and projected shame, about living in Wyoming after being separated from her all-American husband, and ‘the beautiful and terrible’ she wrestles with in writing.

View Details

In conversation with: Edwin Cameron. Presented by Penguin Random House. The world-renowned human-rights lawyer talks to Judge Cameron about his new book, a touching homage to his friendship with Nelson Mandela and a fascinating tale of two men whose work affected the lives of all South Africans – arguing in favour of the Constitution, which is under threat in the current political climate.

View Details

Aangebied deur Jonathan Ball Uitgewers en Penguin Random House. Met: Adriaan Basson, Pieter du Toit, Pieter-Louis Myburgh en Max du Preez. Max ondervra ’n nuwe generasie ondersoekende joernaliste wat nie skroom om die waarheid te publiseer nie – ondanks die prys. Adriaan en Pieter ontleed Zuma se grootskaalse korrupsie en hoe ’n nasie begin terugveg het in Zuma – Enemy of the People, en Pieter-Louis verklap in The Republic of Gupta – A Story of State Capture meer omtrent die manne wat die staatskoffers plunder.

View Details

In gesprek met: Jean Oosthuizen. Aangebied deur Protea Boekhuis. Jean lei dié reguit gesprek met die bekende teoloog en predikant oor sy in-diepte ondersoek na die NG kerk se omstrede gay-beleid. Deelnemers is die gay teoloog Pieter Oberholzer, wat weens sy seksuele oriëntasie nie toegelaat is om sy roeping in die NG kerk te beoefen nie, en LGBTI-aktivis Michelle Boonzaaier, een van die mense wat die kerk hof toe geneem het oor die laaste sinodebesluit.

View Details

Met: Amos van der Merwe en Hanlie Retief. Aangebied deur Naledi. Anders as sy broer, die sanger Randall Wicomb, is dié baanbreker-navorser grootliks onbekend in sy geboorteland. Die geskiedenis van sy stryd teen verwerping weens sy velkleur, sy sukkelbestaan as jeugdige en die verstommende storie van hoe ’n Volkswagen-werktuigkundige in prof. Chris Barnard se laboratorium en toe teater beland het, lees soos ’n moderne sprokie. Kom luister hoe Winston en Amos, sy biograaf, met Hanlie gesels.

View Details

In gesprek met: Dave Pepler. Aangebied deur Tafelberg Bekroonde skrywer Riana Scheepers gesels met Dave oor magiese realisme en die San-verhale waaruit haar jongste roman voortgevloei het – die storie van ’n meisietjie wat net drie jaar oud was toe haar ma spoorloos verdwyn het ...

View Details

Met: Pieter-Dirk Uys, Pik Botha, Denis Cruywagen en Melanie Verwoerd. In die eeufeesviering van Madiba se geboortejaar onthou vier mense wat oor ons eerste demokraties-verkose president geskryf het die mens agter die woorde. Tannie Evita én Pieter-Dirk is daar, Pik huldig die man met wie hy ’n ‘onbekende en intieme verbintenis’ gehad het, en Denis die spirituele leier. En in volle sirkelgang lei ’n Verwoerd die gesprek!

View Details

Met: Oud-Recce Johan Raath en Abel Esterhuyse. Aangebied deur Jonathan Ball Uitgewers. ’n Oud-Recce plaas sy lewe op die spel om BBP’s en ingenieurs te beskerm wat Irak ná die oorlog moet opbou. Johan se dramatiese Blood Money gee vir die eerste keer insae in wat dit verg om vandag in Irak diens te doen. Hy praat met Abel van die Militêre Akademie, wat die breër prentjie van private militêre kontrakteurs se rol in hedendaagse konflikte skets.

View Details

Met: Willem Landman, in gesprek met Frederik de Jager. ‘Moenie moeite doen om hierop te reageer nie … ek is van plan om my rekenaar nou simbolies af te skakel.’ Met dié woorde sluit Karel Schoeman sy e-pos aan Willem op 1 Mei 2017 af voor hy sy lewe beëindig. Willem, ’n lid van Dignity SA se uitvoerende komitee, vertel in dié eerste WoordfeesBoekklubgesprek eksklusief van sy laaste gesprekke met en besoeke aan Schoeman. Ook van die keer toe Schoeman hom gevra het om op sy bed te gaan sit en te sien wat hy laaste sou sien. Frederik, ’n ouduitgewer, voer die gesprek, en Antoinette Kellermann lees voor uit Slot van die dag.

View Details

Met: Vicky Davis. Aangebied deur Human & Rousseau. Amanda Todd was 15 toe sy deur middel van flitskaarte op video vertel het hoe een dom besluit haar lewe verwoes het. Daarna het sy haar lewe geneem. Dié werklike voorval was die dryfveer vir Marion om ’n storie oor boelies te skryf – oor hoe een seun, ’n hakkelaar, besluit: ‘genoeg’. Ilza Roggeband gesels met Marion oor tieners, sosiale media en sy eie merkwaardige ervaring met boelies, terwyl Vicky vertel hoe sy haar teksverwerking en regie vir die Woordfeestoneelstuk, Vlerke vir almal, benader het.

View Details

In gesprek met: Frans Rautenbach. Aangebied deur Tafelberg. Die voormalige rektor van die Universiteit van die Vrystaat gee ’n binne-perspektief op die werklike wortels van die studenteprotes van 2015/16 en praat met Frans (South Africa Can Work) oor wat hy glo universiteite moet doen om die samelewing se hulpbronne doeltreffend te kanaliseer sodat genoeg studente toegang tot hoë-gehalte onderwys kan kry.

View Details

Met: Karin Hougaard. Op 80 het Anna Neethling-Pohl, dramadoyenne en skoonsuster van NP van Wyk Louw, 25 van Shakespeare se sonnette in Afrikaans vertaal – ‘om te wys ek kan’. Dié gedigte is nou op CD beskikbaar, voorgelees deur Karin Hougaard. Sy gesels oor die projek se ontstaan met Ingrid Glorie, koördineerder van die Week van de Afrikaanse roman, en lees gedigte voor.

View Details

In gesprek met: Martelize Brink. Aangebied deur Penguin Random House. RSG se Izak vertel vir Martelize meer van sy heerlike versameling Afrikaanse swendelaars, swierbolle en swerkaters wat van ons land se grootste skelmstreke gepleeg het, en waar hy hulle almal raakgelees het. Van die karakters is minder bekend; ander het byna mitiese status in die Afrikaanse psige verwerf.

View Details

Aangebied deur Protea Boekhuis. Die veelbekroonde TV-skrywer/vervaardiger se debuut is ’n spanningsverhaal wat teen die skunnige agtergrond van Johannesburg se ontkleeklubs en die administratiewe kantore van internasionale sakeondernemings afspeel. Akteur, dramaturg en nou ook skrywer Schalk Schoombie vra Franz uit oor wat terselfdertyd ’n speurtog, en ’n ironiese soeklig op hedendaagse Afrikaansheid is.

View Details

Aangebied deur Tafelberg. Ter viering van haar 95e verjaarsdag en die publikasie van die slot van haar outobiografiese trilogie, vooraf gegaan deur ’n Wonderlike geweld en Reisiger, het Ena Jansen ‘n eksklusiewe onderhoud met Elsa gevoer, wat in Berghof-aftreeoord opgeneem is waar die boek ook afspeel. Dié onderhoud word uitgesaai, waarna Ena met Elsa se seun, Nico Steytler, en haar uitgewer, Etienne Bloemhof, gesels.

View Details

With: Max du Preez. What does Ray Hartley’s Ramaphosa – The Man Who Would Be King say about the enigma that is the new ANC president – ambitious, charming, a born negotiator, astute businessman, the boy who at a young age told his friend that he would one day be president? In this centenary year of Nelson Mandela, who anointed him as his successor, everyone wants to know: Does he have what it takes to turn SA around? Max du Preez will lead the discussion with Hartley, Cape Talk’s Koketso Sachana and former Sky News achorman Jeremy Thompson.

View Details

Met: David Kramer, Eben Venter, Darryl David en Louis Botha. ’n Musiekkunstenaar, skrywer, organiseerder van boekfeeste en fotograaf vertel watter rol dié magiese, droë stuk aarde in hulle werk speel. David skets die agtergrond van die bekende Karoo Kitaar Blues en van die liedjies op sy nuwe CD, Wakkerslaap, Eben lees voor uit sy roman Groen soos die hemel daarbo, Darryl (die enigste Indiër-dosent van Afrikaans in Suid-Afrika) vertel van sy Karoo-feeste soos BoekBedonnerd, en Louis gee ’n voorsmaak uit sy nuwe koffietafel-fotoboek, Karoo.

View Details

Met: Pearlie Joubert en Gerrit Olivier. Met Die reuk van appels in 1993 inspireer Mark Behr ‘n generasie rebelle. Drie jaar later erken dié 30-jarige hy het as ’n student vir die Suid-Afrikaanse Polisie gespioeneer – dit, terwyl hy voorsitter van die Stellenbosse Nusas-tak was. Pearlie, ’n bekende joernalis, het ná Mark se dood in 2015 haar studentevriend se hanteerder opgespoor. Gerrit, ’n Witskollega en vriend, was by die aand toe Mark siek begin voel het. Hulle gesels oor ’n briljante, maar komplekse man.

View Details

Moontlik gemaak deur Human & Rousseau en SASNEV. Deon Meyer is onlangs vir die Icelandic Noir-toekenning benoem en het al Duitse, Franse en Amerikaanse pryse gewen. Sy Vrou in die blou mantel (weer met Bennie!) was ’n opdragwerk vir die Amsterdamse Boekeweek. Nederlander Ray Kluun het meer as 1 miljoen boeke verkoop met sy debuut – in Engels, Love Life en in Afrikaans, ’n Vrou gaan dokter toe. Altwee trek skares. Altwee tree wêreldwyd op. Kirby van der Merwe wil weet wat is die voordele, maar ook slaggate van sukses.

View Details

In gesprek met: Pauli van Wyk Aangebied deur Tafelberg. ‘Dinamiet’, inligting wat ‘soos ‘n veldbrand’ deur die ANC sal trek, is hoe dié boek voor die tyd beskryf is. En dit was. Jacques, ’n bekroonde joernalis wat die apartheidmoordbendes aan die kaak gestel het, rig hierin sy soeklig op die skadu-mafiastaat van Zuma en die bende 72 73 wat hom in sy plek as Nommer Een hou. In sy boek ontbloot Jacques, deur jare se volgehoue speurwerk, ’n spoor van leuens en kontant, meelopers en spioene tot selfs geheime ontmoetings in Rusland. Daily Maverick se Pauli lei die gesprek.

View Details

Die US se Departement van Joernalistiek vier 40 jaar met ’n gedenkpublikasie,

Joernalistiek4.0, en bespreking oor

die stand, die rol en die toekoms van joernalistiek in ons land wat alte veel ossilleer tussen demokrasie en ’n ramp.

View Details

Aangebied deur Litera. Chris van der Merwe gesels met samesteller Heilna du Plooy en wyle prof. Elize Botha se dogter, Liesbeth, oor die briewe deur en aan dié geliefde literator en oud-kanselier van die US aan van die bekendste skrywers en letterkundiges van daardie tyd. Hy wil in besonder weet wat die verantwoordelikheid is wanneer ’n mens werk met sulke persoonlike korrespondensie.

View Details

In conversation with: Marianne Thamm Presented by Pan MacMillan The well-known Daily Maverick-journalist and writer sits down with two women whose lives are characterised by sheer willpower to pursue the truth. With Thuli’s memoir in the pipeline and Glynnis’ Rule of Law on the shelf, they discuss their formative influences, defining moments and fighting the odds still facing females today.