Woord Ure 2014: Recent Episodes

US Woordfees

Woord ure vanaf die 2014 Woordfees.

View Details

Aangebied deur Naledi: Jean Oosthuizen, voormalige nuusredakteur van Kerkbode, besin saam met die omstrede filosoof Abel Pienaar, wie se Rapport-godsdiensrubrieke saamgestel is in dié bundel, oor die moderne mens se omgang met geestelike kwessies.

View Details

Aangebied deur Umuzi: Tydens ’n skoolreünie kom die lewe van ’n groep Suid-Afrikaners onder die loep. Dit is twintig jaar ná demokrasie, wat vryheid vir baie beteken, maar vir hierdie groep ook die verdwyning van ’n lewe waarop hulle voorbereid was. Pieter Duvenhage voer gesprek met Johann Rossouw en Francois Smith oor sake wat dié roman aanroer.

View Details

Aangebied deur LAPA Met Irma Joubert, Izak de Vries, Jan-Jan Joubert en Andries Bezuidenhout: Irma Joubert se roman Tolbos fokus op die belewing van ’n rebelse jong Afrikaner in die 1980’s. Sy ontdek die Voëlvry - beweging en werk saam met Helen Zille en Max du Preez in die Spartaanse kantore van Vrye Weekblad. Wat sê dit vandag vir ons? Die paneel beskou verskillende sake, van persoonlik tot politiek, op die keper. (Let asseblief dat die produksie slegs gedeeltelik opgeneem kon word.)

View Details

Aangebied deur die Vriende van Afrikaans. Met lede van die Boekwurm-leesklub: Die Ilias van Homerus is kuns van toentertyd, maar siedaar, danksy JPJ van Rensburg se hoogstaande Afrikaanse vertaling, sowaar nog toeganklik vir ons. In versvorm word helde soos Blinkhelm-Hektor en Snelvoet-Achilles, en vroue soos die goddelike Helena en witwarm-Andromachê besing; in klaagliedere word die verlies van geliefdes bekla, vertel van wapen en kuns, van Achilles se skild – en (hak)skeen

View Details

Met Hansie Visagie, Carel Trichardt, Tobie Cronjé, Lochner de Kock, Magda van Biljon en Petrus du Preez en Liz Meiring: Daar is gewone poppe, en dan is daar dié ou bekendes wat ’n historiese rol in die maatskappy gespeel het. Kom hoor die verrassende stories agter ikoniese televisie - persoonlikhede soos Liewe Heksie, Karel Kraai,Sarel Seemonster, Bennie Boekwurm, Knersus, Mannemarak en Mina Moo uit die begindae van Afrikaanse TV. Watter rolle is voor én agter die skerms vertolk en deur wie?

View Details

Aangebied deur Naledi: Wat gebeur met die liggaam wanneer mens op ʼn sianied-kapsule byt? Hoe lank duur dit om te sterf nadat jy haaikos word? In dié prettige aanbieding verklap die bekende medikus en skrywer Heinz Mödler presies wat op mediese vlak gebeur wanneer skurke in James Bond-rolprente aan hul einde kom. Lise Swart stel die vrae.

View Details

Carel Stander, Martiens van Bart en Andries Domburg deel die boeiende geskiedenis van ’n dalk minderbekende Anglo-Boereoorlogmonument met Dorothea van Zyl.
Waarom is die monument in die Paarl? Om watter simboliek gaan dit en hoe het dit gestalte gevind? Wat was die destydse rol van nie-vegtende rebelle? Interessante wetenswaardighede oor die Kaapse aandeel in die noordelike stryd

View Details

Aangebied deur CUM: Bekende radiopersoonlikheid Benescke Janse van Rensburg skryf oor wonderwerke wat bekendes en gewone mense se lewens verander het.Sua du Plessis praat met Benescke oor dié boek se inspirerende geloofstories van mense soos Juanita du Plessis, Michael Mol, Johan Stemmett, Allister Coetzee en baie ander.

View Details

Kan historiese en nuwe geboue só sinvol by mekaar aanpas dat geskiedkundige buurte optimaal tot hulle reg kom? As argitek en Stellenbosser spreek Wilhelm Kruger sy kommer uit oor sommige ontwikkelinge op ons dorp. Dolf Wieërs, ’n bekende argitek van België, bespreek watter hase hulle daar uit die hoed haal om die beste van albei wêrelde te maak.