Reis sonder grense: Recent Episodes

RSG

Pak jou tasse en reis die wêreld plat saam met RSG.

View Details

Totsiens ná 30 jaar se ononderbroke 4x4 op RSG – Francois 4x4 Rossouw.

View Details

Gly-gly die bult uit saam met Francois 4x4 Rossouw.

View Details

Betree nuwe roetes saam met Francois 4x4 Rossouw.

View Details

‘n Outomatiese ratkas kan in sekere gevalle soos ‘n handrat werk.

View Details

Francois 4x4 Rossouw sê die Kalahari-duine en lawaaiwater werk nié saam nie.

View Details

Pas op vir losgoed in jou voertuig, en jou veiligheidsgordel wat onveilig kan wees, sê Francois 4x4 Rossouw.

View Details

Lance Dewing het al in tien lande gewerk, en amper 50 lande besoek. Hy is tans op St. Helena-eiland, aan die stuur van Mantis.

View Details

Moenie die rubber vloermat onder jou voete laat uittrek nie, waarsku Francois 4x4 Rossouw.

View Details

Pas op vir sleep met toue, waarsku Francois 4x4 Rossouw.

View Details

Die reën in Gauteng het Francois 4x4 Rossouw laat dink aan herwinning in Lesotho!

View Details

RSG se 4x4-reisprogram kom tot die redding van ‘n vakansieterugslag met verkeerde batterykabelgebruik.

View Details

Moenie in die Namibduine teen die verkeer in ry nie, want jy gaan rol, sê Francois 4x4 Rossouw.

View Details

Moenie boute en moere met sand inmekaar draai, nadat jou domkrag gefaal en jou lugsak tot die redding gekom het nie, sê Francois 4x4 Rossouw.

View Details

Moenie omdat dit vakansietyd is jou minderjarige kinders laat motorbestuur nie, sê Francois 4x4 Rossouw.

View Details

Moenie rinkink terwyl die vrou en kinders die donkiewerk met karavane moet doen nie. Spyt kom te laat, sê Francois 4x4 Rossouw.

View Details

Die feestyd bring vryheid, maar ook verantwoordelikheid, sê Francois 4x4 Rossouw.

View Details

Die Durbanville Wynroete is 20 minute se ry van Kaapstad af. Natasha de Villiers en Thys Louw van Diemersdal sê dat die elf lede elk ‘n eiesoortige karakter het.

View Details

Kampeer sonder ‘n yskas klink uitdagend vir baie mense, maar Arina du Plessis, die kosredakteur van Landbouweekblad, vertel hoe dit gedoen kan word.

View Details

Wat het mieliemeel, kerriepoeier, ‘n deurmekaar maag en ‘n lekkende verkoeler met mekaar te doen? Francois 4x4 Rossouw verduidelik.

View Details

Die geween en kners van tande word eerder die geknars van bande, saam met Francois 4x4 Rossouw in Die Hel (Gamkaskloof).

View Details

Francos 4x4 Rossouw sê jy is baas van jou eie bande, en gee ‘n paar wenke sodat jou ballon nie langs die pad geprik word nie.

View Details

Van Zylspas in Kaokoland kan ook opdraande in jou verhouding met jou geliefde bring, sê Francois 4x4 Rossouw.

View Details

Francois 4x4 Rossouw trotseer die Weskuswind, en waarsku teen esse gooi wanneer jou bandruk laag is vir sandry.

View Details

Francois 4x4 Rossouw trek jou uit die diepste sandgate aan die Weskus.

View Details

Johan Groenewald van Tracks4Africa verduidelik hoe moderne kartering met GPS en mede-reisigers gedoen word.

View Details

Francois 4x4 Rossouw waarsku teen sonbrand.

View Details

Dié Unesco-erfenisgebied, word elke jaar deur nagenoeg ‘n miljoen toeriste besoek. Suid-Afrikaners wat daar was, is stomgeslaan oor dié natuurwonderwerk.

View Details

Francois 4x4 Rossouw gee handige wenke vir wanneer jy van die pad af ry en die gevaar loop om nie agter te kom jy het ‘n pap band nie.

View Details

Viëtnam is deesdae uiters gewild onder toeriste. Jurgie Schoeman woon ses ure noord van die hoofstad, Hanoi, en kan die land se taal vlot praat. Hy lei toere, ook op die agterpaaie, van Viëtnam.

View Details

Mike Spies vertel hoe dié suidelike baken in die Namakwaland naam gekry het, en hoe die San-jagters gif ontdek het. Pionierboere het ook roofdiere met plantgif uitgeroei vir oorlewing.

View Details

Vusi Dalicuba is ’n Xhosa-wynmaker wat belangrike werk in sy gemeenskap verrig, en onlangs hoogstaande werk gelewer het by Vergenoegd Löw.

View Details

Die storie van Molly Malone

View Details

Francois 4x4 Rossouw hou homself 'n vertonerige middeljarige man, maar met ‘n sportmotortjie en 'n pap band verkrummel jou beeld vinnig.

View Details

In Afrikaans is 'n kelkie wyn baie gesog om te skink en te drink, maar ons pragtige taal het ook 'n plant en dier met dié benaming. Johan Rademan hoor meer hieroor by Mike Spies , 'n toergids van Namakwaland.

View Details

Te veel velling, en te min rubber, kan probleme met ‘n wiel tot gevolg hê, sê Francois 4x4 Rossouw.

View Details

Ou wenke skop in met nuwe ESKOM-pale, vertel Francois 4x4 Rossouw, met ‘n vonkie in die oog.

View Details

Francois 4x4 Rossouw verduidelik hoe jy in die Drakensberge met ‘n kabel vir iemand ‘n klip uit die pad kan rol.

View Details

Francois 4x4 Rossouw waarsku teen oorlaaide dakrakke, en selfs passasiers op die dak!

View Details

Francois 4x4 Rossouw het al ‘n paar waarnemings oor woonwaens, of karavane, gemaak wat nie altyd 4x4-vriendelik is nie.

View Details

Visvang by eensame plekke met ‘n 4x4 kan jou gestrand laat, sê Francois 4x4 Rossouw.

View Details

Mongolië is so groot soos Suid-Afrika en Namibië saam, met net 3 miljoen inwoners en 5 miljoen perde. Johan Rademan het met Jurgens Schoeman van Livethejourney tydens sy reis gesels.

View Details

Francois 4x4 Rossouw praat oor aartappels en verlore, geroeste en gebreekte sleutels.

View Details

Francois 4x4 Rossouw se verleentheid voor Wits-studente, lei tot ‘n belangrike waarskuwing or wie jou ekstras of modifikasies moet doen.

View Details

Francois 4x4 Rossouw vertel van die tannie agter op die bakkie.

View Details

Francois 4x4 Rossouw is 75, en doen al 30 jaar lank ononderbroke die 4x4-insetsel op RSG. Hy het 32 000 mense met nagenoeg 12 500 voertuie op reise geneem. In die proses het hy sy horing verloor, en weer gevind!

View Details

Tydens ‘n jagtog het ‘n 4x2 met ‘n sleepwaentjie nie die mas opgekom nie, vertel Francois 4x4 Rossouw.

View Details

Francois 4x4 Rossouw vertel hoe diesel in die sneeu kan vries.

View Details

Francois 4x4 Rossouw vertel van ‘n duur skaaples uit die 4x4-kontrei.

View Details

Hoogtevrees in Lesotho word hanteer deur Francois 4x4 Rossouw.

View Details

SIPS EN SITES neem jou op ’n kultuur-, kuns- en koservaring saam met Leonie Pitts in Stellenbosch.

View Details

Francois 4x4 Rossouw het ‘n motor ‘n neusduik sien doen in die noorde van KwaZulu-Natal.

View Details

‘n Duisend akkerbome word in Stellenbosch geplant ná die storms, en op Jeugdag kan jy saam met Thuli Madonsela die Journey van Hope and Healing doen, sê Elmari Rabe, bestuurder van die Stellenbosch Wynroete.

View Details

Ná bykans 10 000 km deur Angola, het Jurgens Schoeman van Live the Journey ‘n nuwe na-oorlogse perspektief vir reisigers.

View Details

Garnale is net so lekker soos kreef in Mosambiek, sê Francois 4x4 Rossouw.

View Details

Los items, soos koeldrankblikkies, moet liefs veilig gestoor word in die voertuig. Francois 4x4 Rossouw verduidelik.

View Details

Francois 4x4 Rossouw sê hoogtevrees en ‘n 1000 meter klim binne 8 km, werk nie saam nie

View Details

Carel Nel van Boplaas sê ‘n 1863 Port uit die Douro-vallei in Portugal is nie te versmaai nie.

View Details

Francois 4x4 Rossouw grawe nie ou koeie uit die sloot nie, maar red ‘n regte koei uit ‘n moddermoeras.

View Details

Daar is meer as ‘n slang in die gras onder ‘n voertuig wanneer jy n pap band ruil, sê Francois 4x4 Rossouw.

View Details

Moenie die veiligheidsgordel agter jou rug vasmaak omdat die lastige alarmpie jou irriteer nie, sê Francois 4x4 Rossouw.

View Details

Francois 4x4 Rossouw ry die Oos-Kaap se bergpasse.

View Details

Francois 4x4 Rossouw het rywenke vir sandpaaie en grondpaaie.

View Details

Francois 4x4 Rossouw waarsku oor genoeg vriesweerder in verkoelers, veiligheidsgordels, ligte in reënweer en stukkende ruitveërs.

View Details

Francois Rossouw hanteer die manlike ego tydens 4x4-ritte.

View Details

Francois 4x4 Rossouw praat oor ongekalibreerde lugdrukmeters, brandstof in koeldrankbottels, en soutslaaibos om olie en ghries in die veld te verwyder.

View Details

Kalahari-papwiel kan lei tot ‘n verswakte siel. Francois 4x4 Rossouw kom tot die redding!

View Details

Francois 4x4 Rossouw moet kies tussen ‘n grondtent en ‘n daktent, want die verkeerde keuse kan tot gespanne verhoudings lei!

View Details

Op St. Helena-eiland word die plaaslike inwoners Saints genoem. Aaron Legg, ’n gids, vertel meer, terwyl Berna de Bruyn, ‘n patoloog, ‘n draai by die hospitaal gemaak het tydens haar reis.

View Details

Francois 4x4 Rossouw waarsku dat padkos tot ernstige beserings kan lei.

View Details

Gert Theron van Heuningvlei is ‘n gids op die Wuppertal66-staproete in die Cederberge, wat as ’n gemeenskapstoerismeprojek bedryf word. Johan Rademan het by hom gaan kuier.

View Details

Francois 4x4 Rossouw praat oor die “groot muur” van motorfabrikate wat die mark gaan verras.

View Details

Verskillende fabrikate het verskillende boutpatrone, wat papwiel-probleme kan gee.

View Details

Vyf redes, en gholf, is volgens die kliniese sielkundige van St. Helena, Gawie Smit, genoeg om dié vulkaniese eiland te besoek.

View Details

Ruitveërs wat krap, bande wat lek, witmotte wat aanpak – Francois 4x4 Rossouw waaarsku teen gemaksugtigheid.

View Details

‘n Rus verstaan “gentle” en “rental” van Francois 4x4 Rossouw verkeerd in die woestyn, en ‘n noodlottige voorval kon vermy gewees het.

View Details

Klim op ‘n e-fiets in St. Helena, stap die posbusroete, klim Jacobs Ladder, swem saam met 11 000 kg walvishaaie en ontmoet Jonothan die skilpad wat ten minste 191 jaar oud is.

View Details

‘n Merkwaardige verhaal van 1802 het Hedwig van Coller gedryf tot in die St. Helena-museum in die middel van die Suid-Atlantiese Oseaan. Johan Rademan gesels met haar en Jurgens Schoeman van Live The Journey oor die sowat 6 000 Boerekrygsgevangenes wat van 1899 tot 1902 op die eiland aangehou is.

View Details

Die bande op jou voertuig is ‘n dun rubberlagie tussen lewe en dood. Francois 4x4 Rossouw het belangrike inligting hieroor.

View Details

Martin Nortier en Terika, sy verloofde, het drie maande lank sowat 18 000 km deur Amerika gereis. Hy het uitgewerk dat een stukkie braaihout $1 kos.

View Details

Francois4x4Rossouw vertel watter ruit hy moes breek, of nie, as jy jou sleutel per ongeluk toesluit in die woestyn.

View Details

Francois4x4Rossouw se toktokkie spelery as kind help in die woestyn.

View Details

Francois4x4Rossouw se staaltjies oor bye, gemakshuisies en sleutels.

View Details

Roesluis na die vakansie kan teengewerk word sê Francois4x4Rossouw.

View Details

Die regte moersleutel na n velling verandering is volgens Francois4x4Rossouw onontbeerlik.

View Details

Francois4x4Rossouw waarsku teen koppelaars wat verkeerd gebruik word in die woestynsand.

View Details

Moes jy al, of moet jy nog, kopkrap oor die aankoop van ‘n nuwe 4x4 voertuig? Francois4x4Rossouw gee leiding.

View Details

Hoe pak ‘n mens in vir jou eerste 4x4 rit? Johan Rademan het met Francois4x4Rossouw hieroor gepols.

View Details

‘n Bestuurder met hoogtevrees, en ’n pap wiel op ‘n hoogte in ‘n bergpas kan erg wees, volgens Francois 4x4 Rossouw.

View Details

Francois 4x4 Rossouw waarsku mense wat sleepwaentjies het, om nie onbepland enige roete aan te pak nie.

View Details

Vrywillig verpligte vakansiebeplannig saam met Francois 4x4 Rossouw mag jou van ‘n groot vakansieterugslag weerhou.

View Details

Troues, babas en karakters in die 4x4-omgewing. Francois Rossouw praat oor 30 jaar se vriendskapsklub.

View Details

Hier kom die somer, die son... Moenie skaam wees om koue rooi wyn op warm somersdae te geniet nie. Beyers Truter gee ‘n paar riglyne.

View Details

Francois (4x4) Rossouw wys die weg aan van padkaarte wat gebruik moet word, en verkeerde inligting wat aangemeld kan word.

View Details

‘n Sopnat Transkei en ‘n rit in die Kalahari. Francois 4x4 Rossouw deel die lekkertes van 24 bergpasse en honderde duine.

View Details

Francois 4x4 Rossouw sê respekteer boere se plase en hulle grond. Slotte, drade en heinings!

View Details

Johan Rademan gesels met Corius Visser van Vergenoegd Löw, wat geleë is aan die monding van die Eersterivier, en met kultuurhistorikus dr. Hans Heese oor die slawegeskiedenis en stambome van dié geskiedkuindige plaas. Het jy geweet dat PW Botha eintlik ‘n Appel en nie ‘n Botha was nie?

View Details

Francois 4x4 Rossouw verlei ons met Drankensberg- en Kringe-in-‘n-bos-ervarings.

View Details

Danie Morkel het op Diemerskraal in die Wellingtondistrik op kleinskaal begin wyn maak met ou melkstalapparate. Diemerskraal het ook ’n vliegveld, en hy sluit die omgewing van vliegtuie op sy 12 etikette in d.m.v. kunstenaar Hennie van Loggerenberg.

View Details

Arina du Plessis, die kosredakteur van Landbouweekblad, is verras deur Bangkok, en hoe veilig sy daar gevoel het.

View Details

Cowboys van Wellington ry saam met Francois 4x4 Rossouw.

View Details

Francois 4x4 Rossouw vertel van die eerste reis saam met RSG-luisteraars, amper 30 jaar gelede na die Kalahari.

View Details

Francois (4x4) Rossouw sê plakkers op jou voertuig wat die spotdryf met ander, kan jou byt.

View Details

Johan Rademan het in Amsterdam met dr. Pieter Mulder gesels oor sy liefde vir reis, wat in die Alabama-studentegeselskap se busritte begin het.

View Details

Moenie in 4x2 ry as jy moet 4x4 nie, sê Francois (4x4) Rossouw.

View Details

Beleef die nostalgie van stoomtreine saam met Johan Rademan, PG du Plessis en Jammies Jamnek.

View Details

Francois (4x4) Rossouw waarsku teen rooiligte wat jou duur te staan kan kom.

View Details

Francois(4x4) Rossouw praat oor verlore sleutels en diepe waters.

View Details

‘n Wiel kan nie vassit aan ‘n briekdrom nie, sê Francois 4x4 Rossouw.

View Details

Namkwaland beleef ‘n uitmuntende blomseisoen. Johan Rademan het Mike Spies van Namkwatoere gepols oor die blomjaar, en praktiese wenke vir besoekers aan hierdie natuurwonder.

View Details

Johan Rademan stel jou voor aan Ian Stanton, ‘n jong Suid-Afrikaner wat in Utrecht woon en 12 lande met sy nuwe werk onder sy vlerk moes neem.

View Details

Francois Rossouw waarsku teen moderne GPS-aanwysings, veral op onbekende paaie en terreine.

View Details

Francois 4x4 Rossouw takel die Swartberge en Drakensberge.

View Details

Johan Rademan vertel van Friesland se Elfstede-ysskaatskompetisie oor 200 km wat a.g.v. aardverwarming meer as twee dekades laas plaasgevind het. En, na ‘n onlangse besoek in Workum, stel hy ons voor aan Harmin Glashouer, ‘n kunstenaar van Friesland wat na RSG in Hindeloopen luister.

View Details

Enige vloeistof kan jou motor se enjin red in ‘n noodgeval, maar…

View Details

Moenie self dokter-dokter speel met jou medisynetassie in die veld nie, waarsku Francois 4x4 Rossouw.

View Details

Francois 4x4 Rossouw waarsku in die koue teen die opbou van jellie, wat skadelik vir die enjin kan wees.

View Details

Johan Rademan en Francois Rossouw doen die volstruisfoxtrot.

View Details

‘n Seekoei op jou voorstoep, of is dit buffer in die 4x4-wêreld? Johan Rademan en Francois Rossouw gesels oor die noorde van KwaZulu-Natal.

View Details

Pas op dat daai skerp kolligte nie jou enjin beskadig nie! Francois Rossouw verduidelik.

View Details

Suidelike Afrika bied baie vreugdes aan 4x4-liefhebbers. Francois Rossouw is pas terug uit Mosambiek en vertel wat hy daar beleef het.

View Details

Dit is ‘n ruk-en-pluk affêre in die woestyn met Francois 4x4 Rossouw en sy sleeptoue.

View Details

‘n Mens leer uit ondervinding. Francois Rossouw het dit agtergekom met lugfilters, wat klink of die enjin kapoet is.

View Details

Rekenaarmodifikasies kan jou duur te staan kom, sê Francois 4x4 Rossouw.

View Details

Ons land het baie mooi dele, en een van die uitsonderlike plekke op 4x4-liefhebbers se bestemmingslys is die noorde van KwaZulu-Natal. Francois Rossouw vertel wat alles daar te sien en doen is.

View Details

Bewaring deur benutting saam met die Europese Erfenistrust by Vergenoegd. Johan Rademan het gaan kyk hoe word bewaring deur benutting ingespan by die slawehuisies.

View Details

Olie, olie... al die petrolkoppe moet kennis neem. Moenie sommer bymiddels in jou olie gooi nie, sê Francois 4x4 Rossouw.

View Details

‘n Inheemse proe met suurvytjies, bokkoms, spekboom en biltong, afgerond met rooibosjellie en makataankonfyt wag op jou in Faure aan die voet van die Helderberge, waar Johan Rademan met Corius Visser van Vergenoegd, so 4 km van Valsbaai af, gesels.

View Details

Die Eersterivier stoot sy walle oor soos die Nyl, en vloei in die wingerde in by Faure naby Stellenbosch en die Strand, waar drafeende uit Indië en Dexterbeeste organies inwerk op die regeneratiewe landbou en toerisme van die Vergenoeg Löw-landgoed. Johan Rademan gesels met Corius Visser, die besturende direkteur.

View Details

Rolstawe is nie net kosmeties nie, en vervul ‘n belangrike beskermende rol wanneer ‘n voertuig rol. Francois Rossouw wys daarop dat ‘n goeie gehalte kappie agterop die bakkie ook die kajuit tydens ‘n rol kan beskerm.

View Details

Johan Rademan wou by Francois Rossouw weet of daar ‘n nasionale sportsoort in die 4x4-bedryf is. En daar is!

View Details

Gawie Wolmarans, ’n digitale klavierstemmer en ywerige musikale reisiger, vertel van verrassings op oorsese reise.

View Details

Swaziland, Swazigold en wen-aste met Francois 4x4 Rossouw in die stuurkajuit.

View Details

Van uitstel kom afstel, én groot skade…

View Details

Die gevaarlikste rat in die ratkas!

View Details

Lewensgevaarlik! Francois Rossouw praat oor die gevare daarvan om pap bande te ruil.

View Details

Francois 4x4 Rossouw is terug uit die Kalahari met ‘n storie oor die oom wat die tannie weens sy ego vergeet het!

View Details

‘n Boer en sy roer, en sy draad in die veld. Francois Rosoouw en Johan Rademan gaan op reis met dié onderwerp.

View Details

Ons is maar grassade my kind - Francois Rosssouw praat oor die fyn saadjies in jou motor se verkoelingstelsel.

View Details

Conrad Vlok is sowat 19 jaar lank in die Strandveld, en hy is volgens hom verrassend aangewys as die Diner Club Wynmaker van die jaar met sy Pofadderbos Sauvignon Blanc. Johan Rademan het met hom oor die pofadder, Adamastor, en sy liefde vir die see gesels.

View Details

‘n Swaar gelaaide voertuig in die sand beteken nie jy hoef nie jou bande se druk te verlaag nie, al word dit skelm gedoen. Francois Rossouw deel ‘n storie van ‘n onwillige slagoffer wat na die tyd baie dankbaar was.

View Details

Johan Rademan gooi ‘n draai by Dirk Human van BOC oor die paraffienroete in die Agulhasdriehoek naby Elim in die Strandveld.

View Details

Ons reis saam met Francois Rossouw oor Van Zyl’s-Pas in Kaokoland.

View Details

Grapjasse en Poetsbakkers moet baie mooi dink op 4x4-ritte wanneer duur toerusting ter sprake is.

View Details

André Rieu se somerkonserte in sy tuisdorp, Maastricht, word jaarliks deur nagenoeg 600 000 mense bygewoon. Mareli van Christine van Wyk Toere vertel meer van hierdie dinamiese kunstenaar. André is ook self aan die woord, en hy was vir ‘n dekade lank een van die Top 10 verkopers in die wêreld.

View Details

Francois 4x4 Rossouw verskaf ‘n hele “battery” inligting.

View Details

Twaalfduisend plus voertuie het al saam met Francois Rossouw gery. Johan Rademan het hom gepols of elkeen ‘n merk gelaat het.

View Details

‘n Selfoon in die son in ‘n bakkie is dodelik gevaarlik. Johan Rademan en Francois 4x4 Rossouw is hieroor in gesprek.

View Details

Montagu is al besoek deur bekende geskiedkundige leiers. Paul Kruger, generaal Joubert, Malan, Boesak, De Klerk en Mandela. Johan Rademan het PJ Basson op Montagu genader oor dié besoeke en die belewenis van toeriste.

View Details

Ons klink vir die eerste maal sedert 1929 amptelik ‘n glasie op Tafelberg. Johan Rademan gesels met Charles Hopkins van De Grendel Wynlandgoed en hulle vebintenis deur die Graaff-familie en die Tafelbergsweefspoor-maatskappy en wynproe op een van die Nuwe Sewe Wonders van die wêreld.

View Details

Johan Rademan hoor by Francois 4x4 Rossouw hoe verskillende fabrikate se onderdele mekaar kan “uithelp”.

View Details

Johan Rademan en Francois Rossouw waarsku teen stille waters, want daar’s diepe grond!

View Details

Johan Rademan hoor by Francois Rossouw van die wiel, die waentjie en die boot.

View Details

Johan Rademan vra Francois Rosouw uit oor die tipe mense wat op 4x4 toere gaan.

View Details

Johan Rademan pols Francois Rossouw oor laat kersgeskenke en veiligheid.

View Details

Johan Rademan en Francois Rossouw speel in die sand en koes vir die golwe.

View Details

Brandstofbesparing, banddruk en ander veiligheidsfaktore is aan die orde met Johan Rademan en Francois 4x4 Rossouw.

View Details

Francois Rossouw beplan, versien en hersien vir die somervakansie.

View Details

Marlie Coetzee van VivA vertel van twee geleenthede in 2023 waar taal en tegnologie en toer vir hoërskoolleerders ‘n loopbaanwerklikheid word.

View Details

Hierdie tyd van die jaar voel jy dalk oorlaai, maar moet net nie jou voertuig oorlaai nie, sê Francois Rossouw.

View Details

Moenie die pot mis sit wanneer jy oor doringdraad ry nie. Francois Rossouw en JohanRademan is hieroor in gesprek, en ons kry ‘n steelkykie hoe ver Francois sal gaan om ‘n bydrae vir Reis Sonder Grense betyds te kan doen.

View Details

Die korrekte banddruk kan baie brandstof bespaar, sê Francois 4x4 Rossouw.

View Details

Francois Rossouw deel sy fobie vir insekte en reptiele.

View Details

Moenie jou 4x4 oorlaai nie, sê Francois Rossouw.

View Details

Francois Rossouw verduidelik hoe ‘n selfoon slim kan wees met ‘n motorrekenaar in die boendoes.

View Details

Kathrin Swart is ‘n Switser van Beatenberg, wat vinning Afrikaans geleer het.

View Details

Francois 4x4 Rossouw laat ons duine ry in Namibië. Liewer OORdoen as oorDOEN sê hy!

View Details

Swartberge of Drakensberg? Francois Rossouw gesels al reisend hieroor.

View Details

Boute en moere pas nie altyd op alle noodwiele nie. Selfs Francois Rossouw het al sy rieme styf geloop, vertel hy aan Johan Rademan.

View Details

Johan Rademan gesels met Devan Kruger, wat in Amerika woon, oor sy ervaring met sy gesin op Europa se riviere, die Ryn, Neckar, Moesel en Saar.

View Details

Francois Rossouw waarsku oor lang gras se vernietigende uitwerking aan die rubber wat jou remvloeistof en wiele moet beskerm.

View Details

Francois Rossouw vertel dat modifikasies aan jou duur 4x4-voertuig nie sommer by enige plek gedoen moet word nie.

View Details

Groepsdruk en ‘n tropdiermentaliteit het nie ‘n plek in die 4x4-omgewing nie, sê Francois Rossouw.

View Details

Anna Potgieter woon deesdae op Umtentweni in KwaZulu-Natal. Sy was lank ‘n onderwyser in tale aan die Hoërskool Centurion. Johan Rademan het onlangs met haar gesels nadat sy die Passiespel in Oberammergau bygewoon het.

View Details

Dirk en Lounie Badenhorst het hulle lewe lank opwindende reise beplan en gedoen. Dirk vertel van drie uitsonderlike motorfietsritte in Australië en Indië, en Lounie deel hulle ervaringe in ‘n omgeboude MAN-trok in Afrika. Dié oupa en ouma woon in Vanderbijlpark in Gauteng.

View Details

Watter wiel pas op watter ander voertuig?

View Details

Francois Rossouw vertel dat dit nie help jy het ‘n tweerigtingradio in die duine, en jy gebruik dit nie.

View Details

Die Kruger gesin (ma Nadia, dogters Lisa (16) en Emma (14) en seun Sion (8), deel hulle ervaring van die verrassings wat in Europa op hulle gewag het, toe hulle saam met pa Divan, ouma Lounie en oupa Chris Badenhorst gekuier het. Johan Rademan het met “die mense op die bus” gesels. Die Badehorste is van Suid-Afrika en die Krugers het hulle onlangs in die VSA gevestig.

View Details

Johannes Potgieter het lank vir die Departement Handel en Nywerheid gewerk, en dikwels oorsee gereis. Johan Rademan het onlangs, tydens ‘n Europese riviervaart, met hom oor die verskil tussen werk- en vakansieritte gesels. Hy het onlangs van Centurion na Umtentweni verhuis waar hy en sy vrou, Anna, ‘n afgetrede onderwyser, die gasvryheidsbedryf betree het.

View Details

Francois Rossouw vertel hoe hoogmoed tot ‘n val kom, en die grappie is ten koste van homself. Daar is ook duur lesse te leer oor waterritte en motors wat te lank stilstaan.

View Details

Grapjasse en poetsbakkers moet ligloop in die 4x4-omgewing. Francois Rossouw vertel vir Johan Rademan dat ‘n goedkoop grappie ‘n duur uitstappie kan word.

View Details

Met blomtyd in die lug, het Johan Rademan die stigterkurator van die Hantam Nasionale Botaniese Tuin, Eugene Marinus, gevra om blomwenke en blometiket met ons te deel.

View Details

Richard van der Westhuizen het ‘n groot liefde vir die see. Johan Rademan het met hom oor die waarde van die see gesels, en hoor toe dat Richard jare gelede ‘n lied oor die see geskryf het.

View Details

Johan Rademan verken die Klein Karoo by Boplaas, waar Carel Nel die ou opvatting dat dit soetes- en brandewynwêreld is, die nek omdraai.

View Details

Francois Rossouw vertel vir Johan Rademan dat sleutels bitter belangrik is om op te pas wanneer jy verskeie voertuie s’n in jou besit het.

View Details

Johan Rademan pols Francois Rossouw oor woonwaens wat gehaak en die veld ingesleep word, en hy waarsku jy moet nooit alleen gaan ry nie!

View Details

‘n Boek het Jurgens Schoeman van Live the Journey só gemotiveer dat hulle met amper 20 stappers ‘n pioniersroete in die Kuisebrivier-aardtrog, of canyon, gaan oopbreek het. Johan Rademan het met hom gesels oor dié stukkie aarde in Namibië, waar die kranse oor die 800 meter hoog is, en waar twee mense vir langer as twee jaar weggekruip het omdat hulle nie aan die oorlog wou deelneem nie.

View Details

Johan Rademan gesels met ‘n Palestyn wat in Katar se hoofstad, Doha, as toergids werk. Saleh Abujundy vertel van die nywerheidsrewolusie in die 1920’s toe die pêrelduikers se werk tot stilstand gekom het, en hoe die Japanese met die kunsmatige kweek van pêrels die wêreldmarkte gekaap het. Vandag is Katar, naas Rusland en Irak, die derde grootste eienaars van gas- en olievelde ter wêreld.

View Details

Francois Rossouw vertel vir Johan Rademan van sy slegte toergidservaring en vliegtuiglanding op die verkeerde plek.

View Details

Eenzaamheid het een van die oudste pionierswonings (1693) in Suid-Afrika. Adam Tas was ‘n eienaar van die plaas, en die bekende Myburghs van Meerlust het ook ‘n verbintenis met die grond in die Agter-Paarl. Christo Briers-Louw en sy skoondogter Yolanda vertel vir Johan Rademan hoe hulle deur toerisme hierdie erfenis oopstel vir besoekers.

View Details

Francois Rossouw vertel vir Johan Rademan van Noord-KwaZulu-Natal en Mosambiek, en gee belangrike raad vir ritte op sandduine.

View Details

Marshall Hartoch, ‘n oudlid van die sanggroep The Rockets, het in grendeltyd in die Paarl besluit om tot die toerismebedryf toe te tree. Hy, sy vrou en sy drie seuns het saam gebou met afvalmateriaal aan DIE KHOI. Die plek bied musiek en kultuur saam met lekker kos uit die Khoi-geskiedenis van Suid-Afrika. Johan Rademan het met Marshall gesels.

View Details

Johan Rademan en Francois Rossouw gesels oor die beste oplossing in die sand vir ‘n ysterdomkrag wat wegsak en nie vastrapplek kan kry nie. Hoe werk die lugsakdomkrag (exhaust jack)?

View Details

Veteraanmotors, 45-grade wingerde en die oudste boot (1913) in Suid-Afrika word deur Niel Els van VidaNova en Petrus Roeloffze bekendgestel aan RSG-reisigers.

View Details

Goed opgeleide gidse neem jou in die woestyne in vir 4x4 ritte, wanneer jy bestemmings soos Doha in Katar of Abu Dhabi in die Verenigde Arabiese Emirate besoek. Francois Rossouw en Johan Rademan was passasiers in afsonderlike ritte. Johan se gids in Doha, Zaheb, het mooi verduidelik wat die verskil is om op teerpaaie of duine te ry. Francois daaenteen verduidelik hoe die bestuurders in die Midde-Ooste te werk gaan.

View Details

Hendrik du Preez, die visepresident: kommersieel vir Afrika van Qatar Airways, vertel vir Johan Rademan hoekom die Hamad Internasionale Lughawe in Doha, deur Skytrax aangewys is as die beste ter wêreld. Dié Suid-Afrikaner en oud-Pretorianer was ook instrumenteel in die lugredery se talle toekennings deur byvoorbeeld van vernuwende sitplekkonfigurasies gebruik te maak. Johan Rademan het Du Preez in Katar se hoofstad raakgeloop.

View Details

Hendrik du Preez is ‘n Suid-Afrikaner wat tans visepresident: kommersieel vir Afrika is van Qatar Airways. Hy het sy tande plaaslike in dié bedryf geslyp waarna hy via Ghana en Kenia na die lugdiens se hoofkantoor in Doha verplaas is. Johan Rademan gesels met hom teen die agtergrond van die FIFA Wêreldbeker Sokkereindtoernooi wat van 23 Nov tot 18 Des 2022 in Katar plaasvind.

View Details

Niel Els het baie jare in Oudshoorn by die Turnberry Lodge gewerk, en later mede-eienaar geword. Baie van van sy toerismedrome is verpletter deur Covid-19 en hy moes afstand doen van sy geliefde boetiekhotel. Deesdae is hy werksaam in Houtbaai waar nuwe horisonne besig is om oop te gaan in die gasvryheidsbedryf. Johan Rademan het met hom gesels.

View Details

Sutherland het sowat 44 gastehuise en kan naastenby 580 mense huisves in die piek toerismeseisoen. Die dorp het uit en uit n toeristedorp geword, en almal maak staat op die een of ander vorm van toerisme, waarvan die grootste deel verblyf is. Die windplaasprojek het die beskikbaarheid vir gewone toeriste moeilik gemaak, maar volgens Jurg Wagner van Sterland is die sterrekykparadys nou weer oop vir toeriste.

View Details

Thornton Pillay het baanbrekerswerk gedoen deur die eerste (en enigste) gekwalifiseerde wynmaker uit die Indiërgemeenskap van Suid-Afrika te word. Sy dae op Elsenburg, Stellenbosch, was deurslaggewend in sy loopbaan, en hy by verskeie pronkplase gewerk. Johan Rademan het met hom gesels waar hy in die gesogte Elim-wynbougebied werksaam is.

View Details

Die Namakwapark aan die Weskus is ongerep en primitief wat geriewe betref. Staanplekke is beperk en word deur SANPARKE bestuur op die ou De Beersgronde wat aan die Parkeraad oorgedra word. As jy bereid is om jou eie water, verkoeling en kos saam te vat, kan dit ‘n unieke ervaring wees. Sommige kampplekke is geskik vir 4x2 voertuie, maar ‘n beter ervaring is gewis om ‘n paar sandpaadjies met 4x4’s te verken. Johan Rademan het oor die skrywer Gert Sarrisam se plaas gery om deur een van drie toegangsroetes naby Garies met Nel van den Heever kennis te maak. Nel kamp al meer as 40 jaar daar sedert 1979 toe hy in matriek was.

View Details

Johan Rademan gesels met die befaamde liedjieboer, Anton Goosen. Sy musiek is soos kiekies en vang tyd, dae en dinge in sy musikale lens vas. Een van sy gunsteling bestemmings is Nieu-Bethesda in die Groot Karoo. Daar vind hy sielsgeluk en vrede, en ‘n besoek aan die bekende Uilhuis is nooit uitgesluit of vanselfsprekend nie. Trouens, Helen Martins se Uilhuis met beeldhouer Koos Malgas, het hom onlangs laat besluit om ‘n tuisvideo van sy Padkos-album van 2017 te maak. Hy vertel sy storie van die Uilvrou van Nieu-Bethesda, en wie en waar die musikante wat saamspeel, was en is.

View Details

Koos Malgas (1937-2001) was een van Mies Helen Maartens (1897-1976) se beeldhouers by die Uilhuis op Nieu-Bethesda in die Groot Karoo. Johan Rademan het hierdie bydrae saamgestel uit die SAUK-klankargief.

View Details

Die Wellington Wine Walk is ‘n interresante manier om Wellington se besienswaardighede, wynplase en gastehuise met kort stappie te geniet. Jy slaap in gastehuise wat heerlike maaltye berei, en loop dan met gidse wat jou begelei deur die geskiedenis van Wellington, tot die nageslag van Piet Retief op sy destydse familieplaas voordat hy uit die Kaapkolonie vertrek het. Johan Rademan het met Elaine Wegeling van Wellington Wine Walk gesels.

View Details

Johan Rademan het onlangs ‘n voorskou ervaar van Brett Bailey se Constellations by die Spier-landgoed buite Stellenbosch langs die Eersterivier, waar hy vir Wessel Pretorius, dramaturg en akteur, gepols het oor die konsep.

View Details

Mark Graham Wilson en Donker Jonker vertel met groot entoesiasme hoe ‘n amfiteater besoekers en toeriste na die Riebeekvallei lok, maar ook hoe die gemeenskap dan betrek word en die omliggende gebied op ‘n teatrale manier voorgestel word aan binnelandse en buitelandse toeriste.

View Details

Johan Rademan gooi ‘n draai by Chereen Notnagel om meer uit te vind van die Emporiumversnit-geleenthede vir toeriste op Riebeekkasteel. Sy vertel van die kuns van kultivarversnydings, en met watter skaars kultivars sy al te doen gehad het. Besoekers kan hulle eie versnit maak en huis toe neem. Dis ‘n heerlike uitstappie ongeveer ‘n uur se reis van Kaapstad af.

View Details

Marchelle van Zyl bedryf verskeie inisiatiewe in die Montague-omgewing - staproetes, fietsroetes en spookroetes. Johan Rademan het gaan spoke.

View Details

Ann Heyns het haar onlangs in die Riebeekvallei gevestig. Sy het lank oorsee gebly, en het ná haar terugkeer ondermeer die Stellenbosch360- en Ghoemaroetes help beplan en ontwerp. Sy kon eenvoudig nie stilsit nie, en het by die toerismekantoor in Riebeek betrokke geraak en die fyn lyn tussen die toerisme, kuns en kultuur in Art Town Riebeekvallei met ander belanghebbendes geskep. Johan Rademan het gaan uitvind.

View Details

Elsa Dickson het ‘n dubbeldoorpaspoort – een van Suid-Afrika en een van die VSA. Sy reis dikwels met Amerikaners na Suid-Afrika, en hulle is verras oor wat die land bied. Sy put ook uit die Amerikaanse-omgewing waar sy as musiekonderwyseres klas gegee het vir afstammelinge van die Afro-Amerikaners. Die spirituals is vir haar veral inspirerend. Haar nooiensvan is Van der Byl. Haar pa was Pieter van der Byl, alias Piet Pompies. Johan Rademan het met haar gesels tydens ‘n onlangse besoek aan Suid-Afrika.

View Details

Ontdek vier roetes met verskillende gewaarwordings en ervarings in die Riebeekvallei en omgewing. Sluit aan by die Weskus, ontdek kunste, kultuur, landskappe, kookvernuf, wynbou en geskiedenis. Johan Rademan het met Shawn Hewitt hieroor gesels.

View Details

Pieter du Toit se pa, Piet Spiere du Toit, en sy seun Pieter-Steph du Toit het albei die Springboktrui gedra. So tussen die rugby deur het hy en sy vier seuns die 8 Feet Village by Riebeeck se ingang gevestig met ou skeepsvraghouers. Johan Rademan het met Pieter op Kloovenburg gesels oor die rol van rugby en toerisme.

View Details

Anton Espos, broer van huiskok Errieda du Toit, is ‘n entrepreneur in Riebeeckvallei. Johan Rademan het met dié inwoner oor die omgewing gesels.

View Details

Rooiberg is ‘n gebied tussen Worcester en Robertson, waar baie mense aandoen om ‘n foto te neem om deel te wees van ‘n grootstoelversameling. Dié gesogte stilhouplek vir toeriste het ook swaar gebuk gegaan onder die lang globale wintertoerisme-inperking. In die tyd van toerismehibernasie het Rooiberg besluit om ‘n paar drastiese stappe te doen. Johan Rademan het by ‘n kunstenaars-ken-mekaar met ‘n paar mense gesels oor die uitdagings en veranderings.

View Details

Porterville is so 150 kilometer se ry van Kaapstad af, en daar is ‘n paar onontdekte juweeltjies soos ‘n 22-watervalle-staproete en ‘n onmeetbare diep poel (Die hel) waarin jy kan swem. Die dorpie bied talle verrassings en geleenthede soos die Porterville Kunsfees.

View Details

Bokkomlaan op Velddrif is ‘n historiese gebied waar ‘n vindingryke jong koffieman, Albert Cornelius, sy eie roostery gebou het nadat hy van Israel af teruggekom het. Johan Rademan het hom gepols oor sy liefde vir koffie.

View Details

Langs die Holrivier net buite Vredendal, op pad Lutzville toe, is ‘n stukkie grond waarop verskillende bamboesspesies gekweek word. Dit is hier waar 1st Principles distilleerdery met organiese groente en vrugte voggies soos pampoen- en tamatiejenewer en –vodka optower. Anja Roux vertel hoe ‘n ou stookketel, wat as versiering in haar ouma se tuin gestaan het, herstel is en vandag die middelpunt van die gebeure vorm. Johan Rademan het by dié weggesteekte juweeltjie in die Namakwaland aangedoen.

View Details

Jurgens Schoeman het pas 6 000 km afgelê in ‘n nuwe deel van Suid-Afrika wat hy ontdek het. Johan Rademan het hom gepols oor die Ivoorroete en plekke soos Crook’s Corner en Poacher’s Corner.

View Details

Die groendoringboom by Thornybush Wildreservaart in die Laeveld, aangrensend aan die Krugerpark, maak in Toerismemaand die deure vir Suid-Afrikaners oop. Johan Rademan stel Gerhard en Nataly van Zyl voor aan die reisluisteraars. Hulle bestuur die Jackalberry Lodge by Thornybush bo in die noorde naby Hoedspruit.

View Details

Sandra Prinsloo, Anna Davel, Dowwe Dolla, Margit Meyer-Rödenbeck en Helenè Bester deel hulle Oppiwater-ervaring met Johan Rademan.

View Details

Tienie en Harda Jonker deel die gevoel wat 'n mens kry wanneer jy toer en oppad is om die vliegtuig te verpas - daai klammigheidjie-op-die-voorkop-gevoel...

View Details

Dis snoektyd in die Kaap! Johan Rademan kuier in Nossab-visfabriek waar Henki en Elana Basson gesels oor die omgewing en snoekbraaiwenke gee.

View Details

Doornbaai se Jetty-restaurant is ‘n gemeenskapsprojek aan die Weskus waar die bestuurder en wynmaker, Liza Goodwin, ‘n prominente rol speel. Dié wynbougebied is die kleinste geregistreede wyngebied in Suid-Afrika. Dit is 500 meter van die see, en net minder as 30 km se waterpypaanleg maak dit ‘n besondere ervaring om in ‘n ou visfabriek fryerscove en vis en tjips met die Weskusbranders aan die kaai te geniet. Johan Rademan het met Liza Goodwin gesels.

View Details

Johan Rademan besoek Nieuwoudtville se NG Kerk oor die vark in doodskis en die pannekoeke in blomtyd.

View Details

Johan Rademan het onlangs die blokhuis in Montagu besoek waar JP Viljoen van Capedry meer daarvan vertel, en ook mense nooi vir ‘n gratis trekkerrit en besoek aan die vrugtedroogplantasies en -oonde.

View Details

Die toerismebedryf steier steeds onder die aanslag van die Coronavirus, maar daar is tog nog ondernemings wat ‘n geloof in die toekoms van toerisme het. Johan Rademan het met Teena Douglas van Lion Roars gepraat oor hulle fokusverskuiwing na die binnelandse mark, en hoe daar steeds in die moeilike tye uitgebrei word.

View Details

Blaauwklippen is die oudste wynplaas op Stellenbosch. Ditis vernoem na die blou granietrotse van die omgewing. Johan Rademan het met Ben-Carl Havenga oor die geskiedenis en stand van die plaas gesels. Johnny Hamman van die Hamm en Uys restaurant vertel van Kaapse Erfeniskos. Wynmaker Nerina Cloete vertel van haar drome met Cabernet Sauvingon op Blaauwklippen, en ons leer ook meer van die Kroatiese-kultivar, Zinfandel.

View Details

Ons verken die bolplanthoofstad van die wêreld, Nieuwoudtville, waar Johan Rademan met Mike Spies van Namakwatoere oor die twee roetes - links of regs - gesels. Mandie Kotze van Nieuwoudtville Toerisme vertel van die waterval, Loeriesfontein en Calvinia, terwyl Eugene Marinus besoekers in die blommetyd sal verwelkom in die grootste botaniese tuin in Suid-Afrika, die Hantam Botaniese Tuin.

View Details

In die Koo-vallei in die Burgerspas is ‘n ou kafeetjie, Oupa Batt se winkel, wat al 105 jaar bestaan. Johan Rademan het met Stefan Crous oor die merkwaardige plekkie gesels wat Roete 62 vanaf Montague verbind met die N1 tussen De Doorns en Touwsrivier.

View Details

In die mees suidelike deel van Namakwaland tussen Vanrhynsdorp en Nieuwoudtville, op die Knersvalkte, staan die Bagdad Café, wat die naam van Roete 66 in die Nevada-woestyn ontleen het. Johan Rademan het met Mike Spies en Owen Mcgregor oor die landskap en stilhouplek gesels. Die driejarige Alexander van Huysteen ken ook al ‘n hele paar blom- en plantname uit die Knersvlakte.

View Details

Marlene Brand het name soos Mosseltrap, Galjoenswaai en Skilpadkos laat herleef met die restourasie van Wamakersvlei langs die Rocherpanne buite Dwarskersbos. Johan Rademan het aan die Weskus met haar gesels oor toeristeskatte van die omgewing.

View Details

Gerber Basson ken die Weskus se visgate, banke en see baie goed. Hy werp lig op die bedryf en gee wenke vir toeriste wat vis kom soek en braai. Johan rademan het by Sonnab Fisheries met hom gesels en ook agter die kap van die byl gekom met Bokkoms en Voetsek.

View Details

Ons gooi ‘n draai op Franschhoek saam met Johan Rademan waar hy met Ludwig Maske oor seisoenale Franse kase en Kubaanse sigare by LaCotte gesels.

View Details

Die N1 verdeel die Karoo in oos en wes. Die Cradockstreek lê oos, en Johan Rademan het met Koot van der Merwe van Linduli gesels oor die toerismewonders wat daarin opgesluit is.

View Details

Dr. Chris van der Merwe was as dienspligtige in Walvisbaai en het later as sakeman telkens ontvlug na die Namibwoestyn. Hy is op pad vir sy 19de besoek vir Faces of the Namib. Johan Rademan wou by hom weet hoekom die woestyn, en met watter basiese voertuigspesifikasies jy die duine kan aanpak. Jurgens Schoeman sluit by hom aan oor hoe konsessies in die woestyn in Namibië bestuur word, en watter protokolle geld by die grensposte tussen Suid-Afrika en Namibië.

View Details

Dr. Theuns Vivian van die Stad Kaapstad vertel vir Johan Rademan van die uitreik vanuit die toerismesektor na oorwerkte gesondheidswerkers met toerismegeskenke. Die kliniekbestuurder van Kasselsvlei, Sue-Ellen van Niekerk, deel haar personeel se emosies n.a.v. die erkenning vir hulle onbaatsugtige diens in hierdie uitdagende tye.

View Details

Johan Rademan gesels met Kaapstad se burgemeesterskomiteelid, raadslid James Vos van Ekonomiese Geleenthede en Toerisme, oor die stad se 10-puntplan vir toerisme.

View Details

Johan Rademan gesels met Natalie Durr oor ‘n uur se ontsnap buite Johannesburg en Pretoria by B’sorah, ‘n luukse tentekamp. Sy vertel ook wat die omgewing bied by die Magaliesberg en Hartbeespoortdam.

View Details

Johan Rademan gesels met Berdene Laubscher, bestuurder van die Ceres-togryersmuseum, n.a.v. Wêreld Museumdag en wat die museum bied en behels, maar ook wat toeriste alles in die vallei van vrugbaarheid, Ceres, kan ervaar.

View Details

Die Kompasberg en omgewing bied asemrowende staptogte. Johan Rademan het met Belinda du Toit van Nieu-Bethesda gesels oor drie roetes wat verskillende grade van uitdaging bied, maar nie een sal telleurstel nie.

View Details

Nieu-Bethesda is ‘n bekoorlike Karoo-dorpie met ‘n kunsinnige gemeenskap. Dit is so 50 km buite Graaf-Reinett, en 40 minute se ry neem jou na Helen Martin se Uilhuis en die wêreld van Atholl Fugard, maar daar is veel meer in dié toerismejuweel van die Groot Karoo. Johan Rademan het met die Verenigende Gereformeerde Kerk se Charl du Toit gesels. Hy maak ook strykstokke, en sy vrou doen Caminostaptogte rondom Kompasberg en Sneeuberg.

View Details

Johan Rademan gesels met Shelagh Goodwin oor haar liefde vir die wuiwende kat, wat sy ontstaan in Japan gehad het en in baie Chinese winkels gesien word. Dis ‘n katjie wat al die slegte dinge wegwaai. Sy gesels oor haar reiservarings en die wuivende kat, asook haar liefde vir die kulinêre ervarings van reis.

View Details

Oudonderwyser Paul Gerber het, nadat hy lank wiskunde gegee het, hom verder gebaai in chemie en wiskunde toe hy besluit het om vonkelwyn te maak. Vandag is hy in Franschhoek by Cormant Cap Classique & Champagne en vertel van die Franse invloed in sy lewe asook die 50 jaar sedert die eerste MCC-vonkelwyn in Suid-Afrika gemaak is. Hy ontknoop ook die raaisel oor die stryd tussen die meeste borrels… is dit in bier of sjampanje?

View Details

‘n Spoorlyn wat in 1904 in gebruik geneem is, maar sedert die jare 70 dormant gelê het in die Franschhoekvallei word vandag deur ‘n 1923-Blackwell-wyntrem gebruik. Johan Rademan het met Catharine Lombard gesels oor die Suid-Afrikaanse ingenieurs wat die trems gebou het en hoe dit nou in die toerismebedryf aangewend word.

View Details

Johan Rademan gesels met Maria en Albert Nel oor ‘n skuif van die stad na Wolsley, waar hulle die vryheid van die platteland deel met besoekers aan die gebied. Maria beplan ‘n selfonderhoudende voedselbos, terwyl Albert (‘n meganiese ingenieur) graag die passe en paaie met ‘n motorfiets aandurf. Hulle gee reiswenke uit die Wolsley-, Tulbach- en Ceres-omgewing.

View Details

Bekommerde Suid-Afrikaners wat moet reis tussen Suid-Aafrika en Namibië word stap-vir-stap deur die prosedures van die Covid-19-periode deur die grenspos en lughawens geneem.

View Details

Valiant Swart deel die geheim van die “reis” in sy musiek met ‘n reisgenoot soos oorlede Ollie Viljoen, en die geheime kodes vir ‘n langpad saam. Hy vertel ook aan Johan Rademan hoe hy in Amerika die invloed uit die omgewing van Bluesmusiek ervaar het.

View Details

Jan Braai gesels met Martelize oor sy gunsteling braaibroodjie en braaimetode, en verduidelik hoe hy ‘n braaibroodjie maak sodat jy nie slaai by jou braai hoef te bedien nie.

View Details

Wat is die gesondheidswaarde van aartappels, en hoe moet die gaar gemaak word.

View Details

Johan Rademan gesels oor Yzerfontein met Marinda en Andries Blake. Tydens die inperking was hulle braaf genoeg om in hierdie Weskusdorpie, ongeveer ‘n uur se ry van Kaapstad af, The House of Blake’s, te ontwikkel. Hulle vertel van staptogte en perderitte op die alombekende 16-myl strand en ‘n paar ander opwindende toerismemoontlikhede. Plekname soos Blomtuin, Watergate en Rooipan asook visvangekspedisies en vaarte om Dasseneiland, kom ook onder die vergrootglas.

View Details

Johan Rademan gesels met ‘n internasionale toeristegids en opleier oor die Did you know?-projek. Dit is ‘n YouTube-kanaal van minder bekende stories oor Suid-Afrika om nie net plaaslike gidse te bemagtig met kennis nie, maar ook internasionale toeriste te probeer lok sodra die reisbeperkings opgehef word.

View Details

Martelize Brink gee een van haar gunsteling aartappelresepte.

View Details

Jose Dias, ‘n Afrikaanssprekende Portugees, gee wenke aan Suid-Afrikaners oor besoekpunte en streke in Portugal. Hy het pas teruggekeer van ‘n familievakansie uit Portugal.

View Details

Die noordelike deel van die Magaliesberg by De Wildt Adventure Trails, bied jou verskillende geleethede om te gaan stap of draf. Ontdek skaars aalwyne en loop deur inheemse kiepersolle. Oefen vir jou lang staptogte en doen veldlope as jy 'n atleet is tot op die kruin van die berg.

View Details

Reg Ferreira is sedert 1982 in die gasvryheidsbedryf. Hy is onlangs vereer vir sy insiatiewe om sporttoerisme op die gholfbane van Kaapstad in die midwinter suksesvol deurgevoer te kry. Johan Rademan wou by hom weet waar die strategie vandaan kom.

View Details

Die V&A Waterkant in Kaapstad is volgens Rozitta de Villiers steeds 'n veilige hawe vir toeriste.

View Details

Arina du Plessis, kosredakteur van Landbouweekblad en redakteur van Boerekos, maak ‘n maalvleispot met roosmarynkluitjies.

View Details

Arina du Plessis, kosredakteur van Landbouweekblad en Boerekos, verduidelik hoe jy maklik by die huis vleis en vis kan berook.

View Details

Arina du Plessis Huysamer, die kosredakteur van Landbouweekblad en Landbou Boerekos, maak braaibroodjies en ‘n aartappel-en-spek-kebab. Sy gee ook wenke oor goedkoper vleissnitte.

View Details

Herman van den Berg is ‘n Suid-Afrikaanse kunstenaar wat ingenieurswese aan die Universiteit van Pretoria studeer het. Reis, musiek en die ingenieurswese vind vandag weerklank in sy wêreld, want buiten sy SAMA-nominasies vir musiek het hy ook 2 MTN-toekennings ontvang vir natuurlewe-toepassings waarin hy betrokke was naamlik Birdpro en Treepro. ‘n Derde toep oor naaldekokers bring sy liefde vir musiek, fotografie, reis en ingenieurswese bymekaar. Johan Rademan het hom na die Reis Sonder Grense ateljee genooi.

View Details

Dr. Mandie Uys, ouddosent en wêreldreisiger, vertel van die dorpie waar die kerslied, Stille Nag, sy ontstaan gehad het.

View Details

Ons maak gestopte varkboud saam met Marieta Human, bemarkingsbestuurder van die Varkvkeis Produsente Organisasie.

View Details

Martelize Brink hoor by Marieta Human van die Varkvleis Produsente-organisasie van Suid-Afrika van die verskillende varkvleissnitte vir die braai of potjie.

View Details

Athol Starcke van Hoëveldtoerisme vertel vir Johan Rademan van die weggesteekte juweeltjies in hierdie toerismestreek, waaroor die digter Toon van den Heever so mooi gedig het.

View Details

Elke braai kort ‘n heerlike bygereg. Vandag is dit die ikoniese aartappelslaai. Martelize Brink gesels met sjef Chris Erasmus van Foliage oor sy gunsteling aartappelslaai-resep. Hy gee raad vir die aartappel gaarmaakproses en maak sy geheime bestanddeel bekend.

View Details

Paul Colditz is bekend vir sy werk in die onderwyssektor. Hy is ‘n ywerige ereveldwagter, en moedig mense aan om betrokke te raak by dié liggaam wat in ‘n ondersteunende hoedanigheid SA Parke bystaan.

View Details

Die oudste wynskou in Suid-Afrika vir markklaarwyne, Veritas, moes vanjaar met nuwe inisiatiewe na vore kom weens Covid-19-beperkings. Johan Rademan praat hieroor met Kaapse Wynmeester en visevoorsitter van Veritas, Bennie Howard, en hoor van ‘n nuwe toep, Vinoveritas, wat toeriste met beplanning kan help wanneer hulle die wynlande besoek.

View Details

Sjef Chris Erasmus van Foliage verduidelik hoe jy ‘n ribbetjie by die huis kan rook en braai met die perfekte liplekker sous.

View Details

Sjef Chris Erasmus van Foliage gee ‘n meesterklas oor die kole. In die eerste insetsel bied hy ‘n bykosresep en tegniek met broccoli. Volgende week rook ons ‘n ribbetjie.

View Details

Kosgeskiedkundige en - konsultant Hetta van Deventer-Terblanche gee haar resep vir 'n skaapribpotjie.

View Details

Die afsettings en oorblyfsels in die Karoo strek na skatting 270-miljoen jaar terug. Voor dit was daar ysriviere en gletsers wat die kenmerkende landskap gelaat het wat ons vandag sien. In Khoi beteken Karoo harde of dorre wêreld. Die koloniste het dit Droogeland, ontleen van Khoi, genoem. Vandag is die landskaperfenis deel van die toerismewaardeketting. Die eienaar, bestuurder, kosman, kroegman, nutsman… almal skep uit die erfenis. Johan Rademan het met vier Karoo-werkers van Karoo1, net buite De Doorns op pad na Touwsrivier, gesels.

View Details

Ons landskap is deel van ons erfenis. Die bekroonde fotograaf, Mouton van Zyl, is gaande oor motorfietsritte, ossewaens en windpompe. Johan Rademan gesels met hom oor die onontdekte agterpaaie.

View Details

Na 16 jaar se optredes in meer as 2 500 produksies van The Phantom of the Opera, wonder ‘n mens wat het Rouel Beukes se asem weggeslaan, en wat is op sy reiswenslys? Die Groot Muur van China en die natuurskoon van Nieu-Seeland!

View Details

Martelize Brink gesels met Ian du Toit oor 'n varklies wat hy in 'n ketelbraai omtower in 'n vingerleklekker dis.

View Details

Ian du Toit, die man van Huiskok Errieda du toit, vertel van sy kruiebord waarop jy steakrepies deur die kruisesous kan trek.

View Details

Johan Rademan gesels met Christo Snyman, sanger van Christo en Cobus en Broers, oor die langafstande wat hulle as kunstenaars moet ry, en bring ook hulde aan die kunstenaars wat hulle lewe opgeoffer het op reis na of van vertonings. 'n Toerismebestemming Christo aangegryp het terwyl hy tussen dorpies en stede gereis het, is Magersfontein. Hy deel daardie ervaring met ons.

View Details

Johan Rademan praat met dr. Mike Fabricius, 'n onafhanklike toerismekonsultant wat saam met die Wêreld Toerisme-organisasie werk om infasering van toerisme in die na-Covid-fase in Suid-Afrika en die res van Afrika te beplan. Teen die agtergrond van die ontstellende swak syfers wat in grendeltyd uitgegee is deur Statistieke SA, verduidelik hy hoe daar met omsigtigheid te werk gegaan moet word o die grense vir toerisme oopgestel te kry in drie fases.

View Details

Johan Rademan het RSG se webmeester, Herman steyn, wat al drie dekades lank reis, gevra om sy Instagram-reisoomblik met ons te deel, en ook te vertel van 'n wenslysbestemming of twee. Die “Heiligdom van Waarheid” in Thailand word aan ons bekendgestel.

View Details

Johan Rademan praat met twee kunstenaars wat in Januarie 2021 saam vaar op die Oppiwater-boot - violis Lizelle le Roux en aktrise Ira Blanckenberg.

View Details

Martelize brink praat met Ben Momberg oor sy oom, Jan “Bek” Momberg, wat elke Oujaarsaand beesstert gemaak het op Struisbaai.

View Details

Amanda de Klerk, voorsitter van die Stellenbosch Fynproewersgilde, maak 'n pastoriehoenderpot.

View Details

Rozitta de Villiers van die V&A Waterkant in Kapastad vertel vir Johan Rademan van die uitsonderlike internasionale prys wat hulle in die Covid-19-tydperk te beurt geval het.

View Details

Johan Rademan praat met Jurgens Schoeman van Live The Journey oor die plaaslike toerisme wat intra-provinsiaal oopgestel is.

View Details

Nicky Coetzee deel haar Instagram-reisoomblik waar sy op 'n tapisserie uit die 12de eeu afgekom het.

View Details

Alfred Thorpe, 'n vryskutfotograaf en sosiale mediakenner, gesels oor voetslaan en kamp, en gee 'n resep vir 'n lekker kerriepot.

View Details

Bafokeng beteken vrede, en dit is in die vredevolle Magaliesberge en Rustenburgnatuurtuin waar Johan Rademan jou neem. Priscilla Swartz, 'n plantkundige en omgewingskundige, vertel.

View Details

Johan Rademan het Amanda Strydom gepols oor 'n reismoment wat haar bybly. Die graf van die Mossie van Parys, Edith Piaff, het haar in haar pelgrimstogte aan die hart gegryp.

View Details

Bun Booyens gee resepte vir sy Cajun-speserymengsel en 'n marinade vir enige vleis.

View Details

Karen Hart van Toorkombuis se hoenderkebabs in gemmerbiermarinade.

View Details

Besoek die Walter Sisulu Nasionale Botaniese Tuin wes van Johannesburg saam met Johan Rademan en Priscilla Swartz, 'n plantkenner. In Roodepoort, is een van die belangrikste waterskeidings in Afrika. 'n Heerlike uitstappie vir plaaslike inwoners om hulle eie land te ontdek in Covid-19-tye.

View Details

In die winter, terwyl jy en jou woonwa hiberneer, is dit dalk die aangewese tyd om die groot stormloop na die einde van die jaar te systap in terme van onderhoud aan jou woonwa. Johan Rademan het met Fanus Schoeman van Creative Caravan Works gesels.

View Details

Wanner toerisme begin normaliseer, moet Suid-Afrikaners gerus die rykdom van weelde in hulle eie land herontdek. Priscilla Swartz vertel aan Johan Rademan wat die Pretoriase Botaniese Tuin oplewer. Sy het die Madagaskartuin help installeer, asook die Etno-botaniese tuin met die hulp van inheemse tradisonele genesers, terwyl sy daar werksaam was.

View Details

Die Sydney Operahuis is die ikoniese stukkie argitektuur wat haar verbeelding die meeste aangegryp het, vertel Margite Meyer-Rodenbeck.

View Details

Sjef en outeur, Tayfun Aras, deel 'n lamkebap-resep uit sy geboorteland, Turkye.

View Details

PJ Basson van Montague vertel aan Johan Rademan hoe daar strategies gedink behoort te word deur private hoteleienaars en toerismemoondhede in die Covid-19-tyd. Hy praat ook oor die nuwe normaal t.o.v. toerismekongresse wat nou met virtuele metodes vervang kan word.

View Details

Haidee Muller gesels met Mariska Botha wat deur 'n organisasie op oorsese plase gaan werk het. Die reise het eers ná haar studies gebeur. Sy is 'n jong prokureur van Durbanville, en deel die geleenthede met ons.

View Details

Johan Rademan het Heidi Rosseau van Durbanville gevra om haar Instagramreisoomblik met ons te deel. Sy vertel van die duiwelvisse, seilvisse en pienk rivierdolfyne van die Amasone.

View Details

Tayfun het in Ankara in Turkye grootgeword. Daar maak hulle tradisioneel van 'n vuurherd gebruik om kos te kook. By sy huis gebruik Tayfun dieselfde medium. 'n Pizza-oond kan ook vir hierdie doel gebruik word.

View Details

Die heuwel van die martelare en die heilige hart van Maria is omtrent waaruit Montmartre in Parys bestaan. Talle besoekers gaan kyk na die kerk en verlustig hulle in aankope van kuns en snuisterye op die gesogte heuwel. Mandie Uys vertel vir Johan Rademan dat as jy mooi oplet, daar 'n man deur 'n muur probeer stap het.

View Details

Sjef en outeur, Tayfun Aras, deel 'n swaardviskebab-resep uit sy geboorteland, Turkye.

View Details

'n Reismoment wat die Blues-kitaarspeler en teatereienaar van die Boer, Jurg Human, altyd sal bybly, is toe hy die legendariese Chigago-bluesmeester, Buddy Guy, in aksie gesien het in New York, en die ikoon vir hom 'n twee minute solovertoning van die verhoog af kom lewer het. Eric Clapton beskou die 83-jarige Buddy Guy as die beste kitaarspeler op die planeet. Johan Rademan het met Jurg Human oor sy Instagram-oomblik van reis gesels.

View Details

Madagaskar het 'n heerlike klimaat en temperatuur vir watersport. Sowat 90% van die fauna en flora is endemies. Droom jy van 'n eilandvakansie? Johan Rademan het Jody Hendricks oor sy somerervaring van Madagaskar gepols.

View Details

Johan Rademan gesels oor Salzburg en die Unterberg in Oostenryk met Mandy Uys, 'n voormalige dosent aan NWU, oor die mites en legendes waarvan selfs Hitler kennisgeneem het naby Mozart se geboortedorp.

View Details

Johan Rademan gesels met onafhanklike toerismebestuurskonsultant, dr. Mike Fabricius, oor die toerismepotensiaal en -ontwikkeling in SADEK-lande en ander dele in Afrika waar toerisme ontsluit kan word.

View Details

Wene in Oostenryk se koffiewinkels met sachertorte en strudel bied 'n heerlike lafenis aan 'n flou gestapte toeris. Die Weense koffiekultuur het egter 'n baie interresante aanloop. Johan Rademan het Mandie Uys genooi om te praat oor die Turke se aandeel hieraan in Mozart se wêreld.

View Details

Martelize Brink gesels met kommunikasiekonsultant, skrywer en kos- en wynkenner Emile Joubert oor afval.

View Details

Johan Rademan gesels met Mandie Uys oor die verlore stad wat 30 jaar gelede ontdek is onder die bestaande Edinburgh in Skotland. Toeriste kan die ondergrondse stad besoek.

View Details

Johan Rademan gesels met dr. Mike Fabricius, 'n onafhanklike toerismebestuurskonsultant, oor hoe Suidelike Afrika en Suid-Afrika die voordeel kan kry ná grendeltyd, en hoe toerismekorridors eers plaaslik en dan wyer ontwikkel sal word.

View Details

Johan Rademan en Mandie Uys kuier in Praag. Die Tjeggiese hoofstad, wat ook die hoofstad van Bohemia was, het besondere kulturele skatte wat behoue gebly het.

View Details

Johan Rademan pols duikinstrukteur Ettiene Raäl van die Alpha Dive Academy oor 'n duikbesoek aan Sodwana aan die Noodkus van KwaZulu-Natal.

View Details

Johan Rademan praat met onafhanklike toerismebestuurskonsultant, dr. Mike Fabricius, oor die veranderende terrein van toerisme in die SADEK-lande en ander Afrika-bestemmings.

View Details

Martelize Brink braai snoek saam met Emile Joubert.

View Details

Johan Rademan gesels met Mandie Uys oor 'n besoek aan die welvarendste en mees ontwikkelde land wat uit die ou Joego-Slawië tot stand gekom het. Slowenië is klein landjie met 'n groot hart. Dis amper so groot soos die Krugerwildtuin en het net oor die tweemiljoen inwoners. Daar lê baie geskiedenis opgesluit in die land, en dit is is 'n uitverkore reisbestemming vir baie reisigers.

View Details

Waar sou jy graag wou gaan duik in die grendeltyd? Johan Rademan het 'n virtuele aanbod aan 'n duikinstrukteur vir 'n retoervlugkaartjie na enige duikbestemming in die wêreld gegee. Ons reis virtueel saam met Ettienne Raal van die Alpha Dive Academy na die Rooisee in Egipte.

View Details

Johan Rademan pols Mandie Uys, 'n voormalige dosent aan die NWU, oor haar jaarlikse reis na Rusland, wat sy weens die grendeltyd moes afstel. Hulle gesels oor grendeltyd in Rusland toe die Russe in St. Petersburg, die Nazi's vir 900 dae moes trotseer. Die Duitsers het die stad omsingel om hulle uit te honger, en dan oor te neem. Musiek het egter die stad gered, en jy kan vandag 'n museum besoek wat hierdie geskiedenis uitbeeld. Sjostakwietsj se 7de simfonie is deur die radio oor luidsprekers uit die stadsaal uitgesaai, en die Duitsers kon dit hoor wat die stad omsingel het. Kuns het die mens laat oorleef in die moeilikste tye denkbaar.

View Details

Martelize Brink gesels met Isabella Niehaus van Duinhuis in Langebaan oor watter seekos nou volop is in die Kaap, en die geur, tekstuur en volhoubaarheid van mossels. Sy gee 'n resep vir 'n mosselpot met klappermelk oor die kole.

View Details

Johan Rademan gesels met Dudley Bruce Wessels oor die Spektakelberg, Naries en Hardeveld.

View Details

Filla Krige van Picardi Place op Rawsonville verduidelik hoe hy sy minivetkoeke, wat reeds gevul is, oor die kole diepbraai.

View Details

Johan Rademan en Sakka Stone kuier vir die vierde en laaste keer in die Noord-Kaap, waar hierdie boorling van Namakwaland reisigers deur sy vertellinge en musiek die spesiale streek in ons land van nader leer ken. Hy noem dit Eenkantland.

View Details

Marius du Plooy ontgrendel Turkye vir ons met 'n reisskets wat reisontvlugting bied in hierdie inperkingstyd.

View Details

Johan Rademan en Sakka Stone verken die Noord-Kaap verder in die derde aflewering in die reeks. Hulle reis hierdie keer deur die Namakwaland,

View Details

Vincent van Gogh se ikoniese Starry Night hang in die Moderne Museum van Kuns in New York in die VSA. Die Nederlandse postimpressionistiese skilder het tydens sy vrywillige toelating tot 'n kliniek, ten minste 21 sketse uit die venster van sy grondvloerateljeekamer en tweedeverdieping slaapkamer waargeneem en geskets en skilder. Die enigste nocturne in die reeks is hierdie ikoniese werk wat in die laat 19e eeu geskilder is. Johan Rademan neem ons op die reis.

View Details

Johan Rademan en Sakka Stone verken die Noord-Kaap verder in die tweede aflewering in die reeks, met die Gariep as grens tussen die Noord-Kaap en die Kamiesberge en die Richtersveld in hullle visiere. Die program word afgesluit met 'n aangrypende Namagebed, Nader my God by U, wat ook Duits en Afrikaans insluit.

View Details

Huiskok Errieda du Toit gee vir Martelize 'n resep vir 'n slaai met bruinrys en kerriesous.

View Details

Ons verken die Noord-Kaap en Springbok, die hoofdorp van die Namakwaland, saam met Johan Rademan en Sakka Stone.

View Details

Marius du Plooy laat ons in die grendeltyd in Suid-Afrika die verbeeldingskrag van radio ervaar met sy skets van San Gimignano.

View Details

Johan Rademan gesels met Jurgens Schoeman van Live The Journey oor die impak van COVID-19 op die reisbedryf, en hoe die onderhandelinge verloop het in hulle geval om skadebeheer toe te pas.

View Details

Johan Rademan gesels met Kenny Mugariwa, 'n Zimbabwiese gids by Faery Glenn Wildreservaat, 120 km noord van Kaapstad, aan die voet van die Brandwachtberg by Worcester. Hulle sien daar om na die Groot 5 wat insluit twee olifante, twee renosters en twee leeutroppe in rehabilitasieomgewings.

View Details

Johan Rademan gesels met Andre Visser, wat onlangs Shakespears in Durbanville se kelners via die SETAS opgelei het. Min restauranteienaars of voornemende restauranteienaars is bewus van die weg wat gevolg kan word in die toerismebedryf.

View Details

Die V&A Waterkant in Kaapstad is die gewildste toerismebesoekpunt in Suid-Afrika. Daar is talle redes waarom mense 'n werkende hawe sou besoek. Een van die landmerke in die Waterfant is die Groot Wiel. Johan Rademan het saam met Rozitta de Villiers en Talitha Green in die wiel geklim om die 40 meter hoë ervaring te beleef.

View Details

Met die somervakansie in Suid-Afrika in aantog, het Johan Rademan vir Jeantelle van Staden gevra om 'n paar mooi sonsondergangplekke in die Skiereiland voor te stel. Hy het ook met haar gesels oor die Tswintalo Atlantic wat die week haar deure heropen het nadat twee brande, een in 2015 en een in Februarie 2019, die plek geteister het.

View Details

Die finansiële ineeenstorting van Thomas Cook het gelei tot geweldige ontwrigting en verliese in verskeie lande se toerismesektore. Johan Rademan praat hieroor met Karen Botha van Travel Insurance Consultants.

View Details

Johan Rademan gesels met Pierre-Jean Gerber, wat tans besig is met 'n meestersgraad in erfenis aan die Universiteit van Kaapstad. Hy het die vervalle Brandvlei Hotel aangeskaf, en is besig met 'n restourasieproses. Hy het ook 'n projek op Williston waar hy 'n ou teologiese boeke in 'n gerestoureerde kerk uitstal.

View Details

Botha en Hilda Kruger het besluit om Japan in 'n huurmotor aan te durf, en het dit heel aangenaam en toeganklik gevind. Johan Rademan pols hulle oor die moets en moenies van reis in Japan.

View Details

Johan Rademan stel ons voor aan die Breytenbachsentrum op Wellington. Hierdie multikulturele en interaktiewe sentrum is beslis 'n besoek werd. Kuier in die koffiekroeg of tuin. Loer in by die Breytenbachkunsgalery of woon 'n vertoning by in die Bordienghuisteater. Daarbenewens is daar 'n skatkis van Afrikaanse gebruikte boeke waarna jy dalk al jare soek. Luister na Esther oor die boeke, Anne-Ghret oor die galery en die sentrumbestuurder, Francois Lotter. Ontdek die losieshuis waarin die merkwaardige Breytenbachfamilie grootgeword het.

View Details

Johan Rademan gesels met Beatrix Roux wat die afgelope 15 jaar lang rukke in Kroasië woon. Sy vertel van die land se kos en kultuur, en stel 'n reisprogram vir Suid-Afrikaners voor.

View Details

Johan Rademan gesels met Malcolm Mosterd van Okiep oor die eerste myn in Suid-Afrika wat deur Simon van der Stel ontdek is, deur die Khoi wat klatergoud (fool's gold) aan hom bekendgestel het. Dit het later kopermyne geword. Vandag is toerisme onontbeerlik vir die gemeenskap.

View Details

Johan Rademan gesels met Azille Coetzee, skrywer van IN MY VEL – 'N REIS, oor die twee jaar wat sy in Nederland gewoon het tydens haar PhD-studies aan die Vrije Universiteit van Amsterdam. Sy gee 'n paar gunstelingplekke waar reisigers na Amsterdam kan aandoen. Sy is tans 'n nadoktorale navorser by die South Africa Research Chair in Gender Politics by Stellenbosch Universiteit.

View Details

De la Harpe de Villiers reis graag met sy motorfiets oor die wêreld heen. Op sy emmerskoplysie was die Himalajas. Haidee Muller het vir Reis Sonder Grense by hom gaan kuier om uit te vind hoe hierdie besonderse ervaring was.

View Details

Johan Rademan gesels met RSG se webmeester, Herman Steyn, oor sy reiservaringe in Noord-Thailand, Laos en Viëtnam.

View Details

Johan Rademan gesels met Karen Botha van TIC oor reisversekering. Hoekom het 'n mens reisversekering nodig en wat van ouer reisigers?

View Details

Johan Rademan vertel meer van die Trummelbachvalle. 'n Gletserdreinerende waterval in 'n grot – die enigste van sy soort in Europa in die Interlakendistrik van Switserland. Die val is is 'n UNESCO Natuurwonders van die wêreld. Die waterval dreineer die Eigger, Monnik en Jungfrau gletsers.

View Details

Johan Rademan land met 'n vliegtuig 3m onder seespieel en vertel meer van Schipollughawe in Amsterdam, Nederland.

View Details

Een van die ergste volksmoorde het 25 jaar gelede in Rwanda plaasgevind. Daar word geraam dat meer as 'n miljoen mense in 100 dae vermoor is. Die slagoffers was hoofsaaklik Tutsi's. Vandag kyk die land terug op die gebeure as 'n tragedie wat die mense byeengebring het om 'n nuwe nasie te vorm. Alhoewel Rwanda arm aan minerale en ander kosbare hulpbronne is, en ook in die binneland geleë is, het die mense se wil om 'n beter bestaan as 25 jaar gelede te lei, gemaak dat hierdie land as 'n model vir die res van die wêreld geword het. Terrance April was onlangs deel van 'n mediagroep wat verskeie toeriste-aantreklikhede in Rwanda besoek het. Hulle het ervaar hoe hard en doelgerig die mense van hierdie land in die Merestreek van Afrika leef.

View Details

Walvisse in Parow? Ken en Annerie Botes het 'n ou Joodse Sinagoge omskep in 'n Khoisan Walvis- en Maritiememuseum. Die gebou was vervalle en verwaarloos neffens die hoofstraat van Parow. Johan Rademan het daar gaan besoek aflê.

View Details

Die Oos-Vrystaatse dorpie, Paul Roux, het slegs 350 inwoners. 'n Sakeman en kunstenaar is onder andere twee mense wat deel is van 'n groepie inwoners wat met die Paul Roux Spookloop oor die naweek van 23 Maart die dorpie, wat ook 'n kunstenaarskolonie het, op die kaart plaas.

View Details

Johan Rademan gesels met Andreas Groenewald oor die Groenelandstaproete oor vier dae, berg op en af oor 60 km, in die Elgin- en Kogelberggebied. Meer as 1,200 plantspesies, waaronder meer as 20 proteasoorte, kan gesien word.

View Details

Johan Rademan gesels met Andre Kilian oor die werk van die SA Kollege vir Toerisme op Graaff-Reinet. Een uit 20 elke werksgeleenthede in Suid-Afrika hou direk verband met toerisme, en een werker in die veld sorg vir vyf ander om hulle. Gasvryheid, Spoorsnyopleiding en Veewagtery word aangebied by die Kollege. As gevolg van die inheemse kennis hier, het Australië hulle genader om opleidingsmateriaal en programme te bekom wat gebaseer is op Suid-Afrikaanse ondervindings.

View Details

Toerisme strek veel verder terug in die geskiedenis as wat ons dink, en is ook meer omvattend as op die oog af. Teorie en praktyk is ewe belangrik. Johan Rademan gesels hieroor met Gwen Haremsen, hoof van die Departement Toerisme en Gasvryheidsdienste by die Tygerbergkampus van North Link Kollege.

View Details

Woodstock is slegs 1 km van die stadsentrum in Kaapstad af. Die gebied is besig om in 'n dinamiese toerismebestemming te ontwikkel. Woodstock was tot ongeveer 1950 'n gewilde “strandgebied” met strandhuise. Ná die drooglegging van Tafelbaai het die kuslyn teruggeskuif, en is dit amper ondenkbaar dat die see geklots het aan die Kasteel van Goeie Hoop. Johan Rademan het met van die nuwe toetreders tot hierdie toerismegebied gesels.

View Details

Johan Rademan gesels met Sibelle Fourie oor loopbane in toerisme. Ekotoerisme, volhoubare toerisme, groentoerisme en avontuurtoerisme kry sterk voorrang in kursusse wat van 'n paar weke tot drie jaar kan duur. Maak egter seker jy studeer toerisme by 'n geakkrediteerde instansie.

View Details

Johan Rademan gesels met Dirk Coetzee oor ervarings ter see as 'n marinetoergids. Hy vertel van Buffel, die reuse rob wat sosiale media oorheers het, en wat by geleentheid met 'n kreef in die bek langs sy kajak opgeduik het. Buffel wat langer as vier meter is, sowat vyf ton weeg, en tot 'n diepte van 1,000 meter duik kom groet nie sommer enige iemand nie.

View Details

Johan Rademan gesels met dr. Pierre Brink, 'n afgetrede medikus, oor die Vriende van Verlorenvlei se pogings om die Verlorenvlei RAMSAR Vleilandgebied te red. Die vleiland is onder geweldige druk weens uitgebreide boerdery en swak bestuur van die vleilandgebied deur die owerhede. Die oerbron van vars water sal die ontspanningsterrein vir toeriste, wat fotograwe en fauna- en floraliefhebbers insluit, ontneem van die ryk biodiversiteit in die toekoms.

View Details

Johan Rademan gesels met Jaco Powell en Ingrid van den Berg, medeskrywers van die boek KGALAGADI SELFDRIVE, ROUTES & RATINGS. Jaco is die eienaar van Cape Fox Tours en het B.Sc Dierkunde en Entomologie aan Kovsies studeer. Hy fokus as toergids vir meer as twee dekades spesifiek op die Kgalagadi, waar hy as kind reeds noukeurig begin aantekeninge maak het oor verskynsels in die oorgrenspark.

View Details

Nico Esterhuizen van die Suid-Afrikaanse Versekeringsvereniging (SAIA) vertel vir Haidee Muller van die voorsorgmaatreëls wat jy moet tref voor jy die pad vat vir jou langverwagte vakansie.

View Details

Beleef 'n trekkerrit teen die Langeberge op op die plaas Protea buite Montagu.

View Details

Johan Rademan het Johann Brits gepols oor motorfietsagterpaaie, en hoe 'n toeroperateur kop skoonmaak tydens vakansies.

View Details

Johan Rademan gesels oor die Oppiwaterkunstefees van wat van 15 tot 19 April 2019 plaasvind. Frans Swart besoek die MSC Musica, waarop die fees aangebied word, waar hy met die Italiaanse-bemanningslede gesels.

View Details

Esther Koch woon in Nieu-Seeland. Sy vertel vir Johan Rademan van plekke wat Suid-Afrikaners moet gaan besigtig wanneer hulle die land van die Silwer Varing besoek.

View Details

Doringbaai aan die Weskus was eensbekend vir kreef en vis, maar toe raak dit met die gebrek aan viskwotas 'n spookdorpie. Met die gemeenskapsingesteldheid van Fryer Cove, wat destyds hier werksaam was, is die dorpie nou 'n gewilde toerismebesoekpunt en is die visfabriek omskep in die enigste wynkelder op seevlak in Suid-Afrika. Die gemeenskap se vaardighede is opgeknap vir die toerisme-uitdagings en deesdae hengel hulle toeriste. Hoor meer oor Doringbaai se opstanding en plekke soos Bamboesbaai en die hol kranse waaruit die pluimvee en vee hulle varswater moes drink. Johan Rademan het met Monika de Jager van Weskustoerisme en Jan van Zyl, Doringbaai-projekleier, gesels.

View Details

Die Betlehemmuseum word gehuisves in die tweede oudste sendingkerk in die Vrystaat, wat uit 1906 dateer. Die voorsitter van die Vriende van die Museum, Erene Olivier, en haar man, die voormalige stadsklerk Johan Olivier, vertel aan Johan Rademan hoe hulle moet woeker om die museum weer in 'n sierraad te omskep en die kultuur van die omgewing te verenig in die museum. Hulle werk saam met die museumtrust om dit lewensvatbaar te hou vir die publiek en om deur gesellige geleenthede die geldkoffers gevul te probeer hou.

View Details

Johan Rademan gesels met Martin Halvorsen oor die oudste blommeskou in die land wat vanjaar 101 jaar oud is.

View Details

Johan Rademan gesels met Chantelle Marais van Graaff-Reinet oor die Kamdeboo en bekende mense soos Robert Sobukwe en dr. Anton Rupert wat deel is van hulle erfenis.

View Details

Johan Rademan gesels met die besturende direkteur van Verlorenvlei, Eric Johnson, oor die Verlorenkloof in die Foreldriehoek in Mpumalanga.

View Details

Die Perdemuseum op Richmond in die Karoo is een van net twee ter wêreld wat hulde aan die saalperd bring. Die ander een is in Kentucky in die VSA. Johan Rademan het met amateurhistorikus en opsiener van die museum, Johan Tolken, deur die gebou geloop.

View Details

Johan Rademan gesels met Chavonne Ellis oor bokkems, Velddrif en die Weskus-omgewing.

View Details

Johan Rademan gesels met Bharat Bedi van Indië. Selfs al het die land 'n bevolking van 1,36 miljard mense, bly toerisme 'n reuse bron van inkomste in die snelgroeiende ekonomie.

View Details

Johan Rademan gesels met Theo Olivier, die voorsitter van die Victoria-Wes museum.

View Details

Dr. Mike Fabricius , 'n toerismekundige, konsulteer van China tot Zambië in toerisme-ontwikkeling. Johan Rademan het hom gepols oor die toerismesektor in Suidelike Afrika, en Zambië as 'n bestemming.

View Details

Johan Rademan gesels met Annemarie Ferns, die bestuurshoof van Stellenbosch360, oor die verbreding van bestemmings deur saketoerisme. Vivian Kleynhans, direkteur van Seven Sister Vineyards, vertel van 'n bemagtigingsprojek oor transformasie in saketoerisme. En Dirk Elzenga van Nederland, 'n lid van die Nasionale Konvensieburo, praat oor die groei en ontwikkeling van bestemmings deur Saketoerisme Internasionaal.

View Details

Reis op die Amberroete in Rusland saam met Johan Rademan, 'n Russiese amberkenner, en dr. Mandie Uys.

View Details

Johan Rademan gesels met dr. Mandie Uys oor die tsaardom en ikone in Rusland, met spesifieke verwysing na Uglich wat amper die hoofstad van Rusland was. Natalia, 'n Russiese gids, gee ook agtergrond oor die twee tsaardomme en die dood van Dimitri, wat gelei het tot 'n klok se klepel wat as tronkstraf hardepad in Siberië gekry het. Hoor hoe klink die klok, wat weer terug is in die Russiese-ortodokse kerkie in Uglich.

View Details

Die ou klipgebou langs die spoorlyn in Elgin, wat deur Italiaanse krygsgevangenes gebou is, is tot 'n nuwe glorie herstel, wat gekombineer word met 'n outentieke stoomtreinervaring uit Kaapstad. Deborah Smook en Derich du Toit deel hierdie opwindende nuus met Johan Rademan en voornemende toeriste aan die vrugbare vallei.

View Details

Johan Rademan gesels met Maria Smorena, 'n Russiese toerismegids, en dr. Mandie Uys van die Noordwes-universiteit, waar sy as dosent in Engels 'n liefde vir Rusland ontwikkel het. Die afgelope dekade reis sy gereeld van Suid-Afrikana Rusland. Moskou of St. Petersburg (die ou Leningrad) - Wie of wat verkies jy? Luister en besluit self. Word deel van 'n 1 300 km rivier- en mere-vaart van Moskou na St. Petersburg.

View Details

Terrance April gesels met RSG-omroeper Christelle van Tonder oor haar onlangse reis na Egipte.

View Details

Dis altyd lekker om te verneem van reisigers en toeriste oor hoe hulle bekende en selfs minder bekende bestemmings ervaar. Terrance April gesels met 'n bekende oor haar ervarings in Zanzibar.

View Details

Johan Rademan het onlangs besoek afgelê by Onze Rust, 40 km suid van Bloemfontein in die Vrystaat. Pres. M.T. Steyn het vroeër daar gebly, en dit is een van die onafgebrande plase tydens die Anglo-Boereoorlog. Jackie Steyn vertel meer van die geskiedenis van die plaas en van Ruiter,'n Griekwa-man en die president se agterryer, wat ook op die plaas begrawe is.

View Details

Het jy dit al ooit gewaag om saam met grootwithaaie te duik, maar jy is eenvoudig te bang om dit aan te durf? Marlinee Fouche was in dieselfde bootjie, totdat sy haar sokkies opgetrek het en saam met Mosselbaai se jong haaie gaan swem het. Volgens haar maak die vrees vinnig plek vir verwondering, en is dit iets wat enigiemand kan doen...

View Details

Van 1910 tot 1912 is die spoorlyn deur Michellspas van Kaapstad na Ceres gebou, en 'n 100 jaar later het die Ceres Railway Company die glorie van die stoomtreinera laat herleef. Johan Rademan is in gesprek met Derick du Toit wat van 2002 af die droom gehad het om treine vir vrag en toerisme weer deur die pas, via Wolsley en Tulbach te karwei. Water en brandgevaar was van die vernaamste uitdagings om te oorbrug. Kole word met olie vervang om stoom te maak, en houteetwaensrytuie, wat die voorloper van vandag se Bloutrein is, word uit die 20e eeu gebruik.

View Details

Johan Rademan besoek die Auwal Masjid moskee, die oudste moskee in die Bo-Kaap, as deel van Cape Town Free Walking Tours.

View Details

Navorsing van die Verenigde Nasies se Wêreld Toerisme-organisasie, waarby 54 lande geakkrediteer is, dui daarop dat 1 uit elke 11 werksgeleenthede verband hou met toerisme. Die globale Bruto Binnelandse Produk raak-raak aan 10%. Johan Rademan het met PJ Basson, wat gereeld internasionale toerisme-skoue bywoon, gesels en in Montagu, waar hy werksaam is, gaan uitvind dat die dorpie op die R62 met sy 10 000 inwoners vaste betrekkings aan 675 mense bied in die toerismesektor. Baie beroepe dink 'n mens nie eers aan nie soos skoonmakers, tuiniers, terapeute, sjefs, opsigters, verwers, wassers en selfs 'n klavierspeler. Op Montagu is Wilan Temani die plaaslike selfopgeleide pianis wat deedae op 'n vaste basis in die restaurant van die hotel speel. Sy ma, Katie, wat in die 2 000 oorlede is, het by die hotel gewerk. As klein seuntjie het Wilan soms saam met sy ma hotel toe gegaan en handjie bygesit.

View Details

Die ontwikkeling van die Kaapstadse Waterkant is 30 jaar gelede begin, en vandag is dit een van die grootste suksesverhale in die Suid-Afrika se toerismegeskiedenis. Meer as 25 miljoen mense het al hierdie gesogte toerismebestemming besoek. Die afgelope drie jaar was dit die topbestemming in Suid-Afrika. Die onlangse voltooiing van die Silo-projek het die haweterminaal verbind met die V&A Waterkant. Die Internasionale aankoms- en vertrekterminaal by Kaapstadhawe word tans opgeknap en behoort teen Desember voltooi te wees. Johan Rademan het met Andre Blaine, Uitvoerendebestuurder van Maritieme-aangeleenthede, gesels.

View Details

Johan Rademan gesels met Jurgens Schoeman wat onlangs die Australiese Outback besoek het. Die gebied strek 5 000 km van suid na noord, en 5 000 km van oos na wes. Dit beslaan 73% van Australië se landoppervlakte, met Alice Springs die bekendste dorpie in die middel van die Outback.

View Details

Mosambiek en sy inwoners het deur diep waters gegaan wat sy geskiedenis betref. Eers was daar die koloniale era, gevolg deur 'n vryheidsoorlog en toe 'n burgeroorlog. Vandag kyk die terug op sy geskiedenis wat dien as inspirasie om te ontwikkel, en hulle in staat stel om hulle erfenis en kultuur te vier. Die hoofstad, Maputo, wat maklik van Suid-Afrika af bereik kan word, spog met argitektoniese skatte, kleurryke materiale, eksotiese kos en gemoedelike mense, wat 'n besoek aan die land, en veral die hoofstad, die moeite werd maak. Terrance April was onlangs daar.

View Details

Johan Rademan stel Rickma Coxon aan die RSG-reisigers voor, wat ons neem na die vleispotte van Marokko en die Bedoeiene-woestyn. Sy maak ook 'n kontinentale sprong met tapas in Spanje - lles leerskole en randrekkers vir voornemende toeriste.

View Details

Johan Rademan gesels met twee Suid-Afrikaanse vroue van Ladybrand in die Oos-Vrystaat, wat met twee Franse neefs uit die Henri Bourgeois-stamboom getroud is, en nou in Sancerre in Frankryk woon. Sandra Bougeois (Malan) en haar broer David Malan, wat ook in sentraal Frankryk woon, deel saam met een van die neefs Arnaud Bourgeois en sy vrou, Sigi (Koornhof), hulle besondere lewensverhale.

View Details

Die Kgalagadi Sightings Facebook-groep hou nie van politiek of polimiek nie. Díe 35 000 lede streef daarna om deur genot net hul beste te gee vir die Nasionalepark en die gemeenskappe om die kamp. Carl Gerber vertel vir ons meer oor díe groep en hoe hulle ledetal in vyf jaar selfs internasionaal gegroei het.

View Details

Ingemar de Wet is in Kanada gebore en het daar skoolopleiding ontvang. Hy het pas saam met 'n groep van 31 afgestudeerde Mynboustudente van Brits-Colombie in Kanada deur Afrika getoer. Hoewel myne in Botswana interessant was, het die Krugerwildtuin en Kaapstad hul harte gesteel. Johan Rademan het met Ingemar wat nog 'n stewige skoot Afrikaans onder die knie het, gesels.

View Details

Sleehonde is iets wat baie Suid-Afrikaners net in flieks sien, maar Johan Rademan neem jou op 'n Noorweegse-hondesleerit die ysveld in. Johan en Susan Claassens van Delmas gee ook 'n perspektief van hulle belewenisse in hierdie Nordiese land.

View Details

Johan Rademan kuier in die Noorweegse hoofstad, Oslo, by die Nobelvredespryssentrum en raadsaal waar die oorhandigingseremonie op 10 Desember elke jaar plaasvind. Luister na uittreksels van die vier Suid-Afrikaanse Nobelvredesprysontvangers en hoor wat die gids Eric en Suid-Afrikaners, Linde van Niekerk, Linda Wallace en Barbie Bredenkamp te sê het oor die ervaring.

View Details

Kirkenes is n dorpie in Noorweë wat aangewese is op toerisme vir oorlewing. In die winter is slee-ry, koningkrap eet en 'n besoek aan die sneeuhotel van die onmisbare elemente op die toerismespyskaart. Johan Rademan het in Kirkenes by die Sneeuhotel gaan inloer. Vanjaar se hotel het 26 kamers, elk met 'n eiesoortige tema wat deur Sjinese kunstenaars gedoen word.

View Details

Tromso is 'n navorsing- en universiteitsdorpie in Noorweë waar die Aurora Borealis, ook bekend as die noorderlig, bestudeer word. Die ekostelsel in die Arktiese-sirkel is fassinerend en ysseevlakke word ook in die polaruimnavorsingsentrum gemonitor. Johan Rademan gesels met teoretiese fisikus Hendrik Geyer oor die ligverskynsels; die arktiese marinebioloog Carl Ballentine vertel van sy studieveld; Linde van Niekerk verduidelik die verskil tussen 'n somer- en winterbesoek aan hierdie Skandinawiese land; en Wiilemine de Jager spog met haar groen weergawe van die Borealis.

View Details

Johan Rademan gesels met Eric Durozard, 'n gids in Noorwee oor die bekende Gustav Vigeland Park in Oslo. Die beeldhou werke toon die mens in naakte vorm van die wieg tot die graf. Ander kultuurskatte van Oslo word ook ingesluit soos, Henrik Ibsen, die skrywer wat as dramaturg as die vader van realisme bekendstaan. Edvard Grieg, waarskynlik Noorwee se bekendste komponis kom ter sprake(Grieg het juis die drama van Ibsen, Peer Gynt in n suite omskep en Oggendstemming is een van die bekendste klassieke stukke musiek). Edvard Munch (The Scream) het ook 'n museumkamer in Oslo. Linde van Niekerk(Seagulltoere), Andre en Gabrielle Albertyn van Port Elizabeth en Linda Wallace van Durbanville in Suid-Afrika gee ook hulle menings oor Oslo, die hoofstad van Noorwee.

View Details

Baie Suid-Afrikaners se ervaring van 'n Indiese Oseaan-eiland is Mauritius, maar daar is 'n beeldskone eweknie - die minder bekende Reunion, wat 215 kilometer suidwes daarvan lê en wag vir toeriste. Die eiland, wat deur Frankryk geadministreer word, is lid van die sogenaamde vanielje-eilandgroep, saam met Mauritius, die Seychelles, Madagaskar en Mayote. Dit kan ook as deel van 'n luukse bootvaart besoek word – boonop visumloos! Helene Bezuidenhout is hoof van die Franse Toerismeburo in Johannesburg, Atout France. Sy het haar Afrikaanse van te danke aan haar huwelik met ene Johan. Hierdie Franse vrou het dus 'n sagte plek vir Afrikaanssprekendes, en het Anita Visser onlangs genooi om Reunion te besoek.

View Details

Johan Rademan gesels met Chris Schalkwyk oor die Nkabeni-, Shalati- en Malelane-gemeenskappe naby die Krugerwildtuin se inskakeling by reisprojekte.

View Details

Johan Rademan gesels met Liesl Nel , bestuurder van Le Boat SA, kanaalboottoere in Frankryk. Meer as 4 000 Suid-Afrikaners het in 2016 op die Franse kanale gaan vaar, en vanjaar word 'n groei van 20% verwag.

View Details

Johan Rademan gesels met Mark Botha van die Cederberge oor rotsklim, en plaaslike asook internasionale belangstelling in die rotsgesteentes vir klimdoeleindes in die Clanwilliam-omgewing.

View Details

Die oudste woestyn op die aarde is die Namib. Johan Rademan gesels met Jaques Delport, wat saam met sy pa die woestyn gekarteer het vir toeganklikheid vir toeriste voor daar GPS-stelsels was. Voor die kartering het die woestynbewoners, die Toppenaars, reeds daar geleef en oorleef. Len Kootjie, die seun van die bekende kultuurleier Sev Kooitjie, vertel meer oor sy siening van die woestyn en toerisme. Jurgens Schoeman van Live The Journey is een van vier konsessie houers wat net tien groepe van 12 mense per jaar deur die duine van tot 300 meter hoog mag neem.

View Details

Johan Rademan gesels met Gys Botha oor AEL-bewaring en opleiding deur benutting van die omgewing soos in die Kgalagadi en die Suide van Namibië.

View Details

Johan Rademan gesels met Gys Botha oor AEL-bewaring en opleiding deur benutting van die omgewing soos in die Kgalagadi en die Suide van Namibië.

View Details

Terrance April gesels met Ignacio Blanco van LATAM AIRLINES wat binnekort tussen Suid-Amerika en Suid-Afrika sal vlieg.

View Details

Johan Rothman vertel vir Martelize Brink van sy voortgesette RAMSAR-Vleiland ontdekkings in Botswana en Namibië.

View Details

Afrikaburn, Suid-Afrika se Burning Man weergawe, vind jaarliks langs die Tankwa Karoo Nasionale Park op die plaas, Stonehenge, plaas. Verlede jaar het meer as 12 000 mense 'n Boheemse tydelike dorpie gestig waar musiek, kuns en vrye kreatiewe uitinge hoogty vier. Die Amerikaanse Burning Man het laasjaar meer as 60 000 mense getrek na die Black Rock Desert in Nevada. Die eerste samekoms was in 1986 op Baker Beach in San Francisco. Johan Rademan gesels met 'n Suid-Afrikaner, Fred Viljoen, wat 'n kreatiewe vervoermiddel vir Afrikaburn gesweis en gebou het.

View Details

Johan Rademan kuier langs die Breerivier tussen Malgas en Kaap Infanta waar hy met Elizabeth Pieterse, Harry Pieterse en Magrieta Loff gesels.

View Details

Johan Rademan besoek die stasiebevelvoerder van die NSRI op Stilbaai, Rico Menesies en sy span vrywilligers. Hy gesels met verskeie lede oor die Junior Akademie en maak ook 'n roetine-oefenlopie op die see mee.

View Details

David Kramer praat vertel van sy drie gunsteling wêreldstede waarheen hy graag reis.

View Details

Die De Hoop Natuurreservaat bied 'n puik walviskykervaring gedurende die blomseisoen. Johan Rademan gesels met Hannes Uys van Waterkloof-gastehuis in die Wes-Kaap oor die weggesteekte juweel.

View Details

Johan Rademan praat in Kuba 'n reisgids, Abelito, oor Guantanamobaai en die lied Guantanamera.

View Details

Terrance April kuier vir oulaas in Georgië. Hy doen aan by die Stalin-museum in Gori waar die Russiese leier gebore is; besoek 'n gebied waar oorblyfsels van grotte uit 'n oeroue-tydperk te sien is, asook die gewilde ski-oorde hoog in die Kaukasiese Gebergte wat aan Rusland grens.

View Details

Johan Rademan gesels met Marcelle Hammans van Immenhof oor die heuningboerdery in Nederland

View Details

Terrance April het die hoofstad, Tbilisi, in Georgië besoek en verneem ons van n ou gebruik om skaapwol te weef en van die kleurvolste produkte te maak. Ons verneem van die geskiedenis van die stad en sy mense en hoe hulle oorleef het ten spyte van talle aanslae deur vreemde magte in daardie geweste.

View Details

Martelize Brink het onlangs Tanzanie besoek en Johan Rademan het met haar gesels oor haar wortels in Arusha.

View Details

Johan Rademan gesels met Heinrich en Yvette Uys van Pretoria oor hul Kuba-ervaring.Heinrich vertel ook van sy jaarlikse besoek aan 'n F1 Grand Prix. Ons snorkel saam in die karribiese Eilande en Abelito, ons reisgids, vertel deur wie kuba ontdek is.

View Details

Terrance April kuier verder in Istanboel, Turkye. Een van die interessantste plekke wat hy aangedoen het, is die hoofkwartier van die Turkse Lugdiens. Daar het hy en 'n groep joernaliste die voorreg gehad om n kykie te kry in die streng opleiding van hulle vlieëniers en vlugkelners.

View Details

Johan Rademan het tydens die RSG Oppiwater Kunstefees 2016 by Wallvisbaai aan wal gegaan en die naburige Swakopmund besoek. Wessie van der Westhuizen vertel van die Strandhotel-konsep. Stephan Cook, 'n Duitse mini-bierbrouer, vertel van hierdie kunsvorm en Paulus Filipus soek 'n pasmaatgereg vir 'n eksotiese boetiekstylbier.

View Details

Johan Rademan gesels met Johann Rothmann oor die 21 uit 22 Ramsarvleilande van Suid-Afrika wat hy al besoek het.

View Details

'n Mens kan nie uitgekuier raak in 'n ou wêreldse stad soos Istanboel nie. Terrance April sit sy reis in Turkye voort, en vertl van die argitektuur die Ottomaanse Ryk en watter invloed die Sultans van destyds op die stad en sy mense gehad het. Daar word gekuier by 'n indrukwekkende vyfster hotel aan die oewer van die Straat van Bosporus, asook die Somerpaleis van die Sultans. Die gebou is vandag 'n bekende museum.

View Details

Johan Rademan gesels met Elna Ritten oor haar ervaring van Kuba. Sy is 'n Suid-Afrikaner wat nou in Nieu-Seeland woon en onlangs saam met 'n groep Suid-Afrikaners in Kuba gekuier het.

View Details

Terrance April was in Istanboel in Turkye. Hy wys ons die prag en swier van hierdie wêreldstad.

View Details

Johan Rademan gesels met 'n paar Suid-Afrikaners oor hulle besoek aan Kuba.

View Details

Johan Rademan het op sy onlangse besoek aan Kuba met Yolandi Roets van Orania gesels oor die persepsies teenoor die werklikheid van Kuba.

View Details

Terrance April kyk na die oorwegend Katolieke bevolking van Mosambiek en die feit dat daar oral pragtige kerkgeboue is waar die voorgeskrewe liturgieë vir gebeure, soos 'n troue, streng gevolg word. Maputo, die hoofstad, is ook bekend vir sy argitektuur soos die Polana Hotel, wat spog met fasades en vleuels wat uit die Britse koloniale era dateer, asook talle ander geboue wat goeie voorbeelde van die Portugese argitektuur en Art Deco is.

View Details

Maputo spog met die beste voorbeelde van Art Deco-argitektuur in die wêreld. Talle van die geboue is deur Mosambiek se voorste argitek, Pancho Degga, ontwerp. Nog 'n uitstaande kenmerk van die koloniale glorie is die fyn mosaïekwerk wat oral te sien is. Die bekende ebbehoutboom kom ook volop hier voor en daar is talle voorbeelde van hoe hierdie duursame hout aangewend is – nie net in klaviere nie, maar ook in alledaagse huisraad. Die stad se Nasionale Museum spog met 'n voorbeeld van 'n selakant, 'n visspesie wat terugdateer uit die dinosourus-era. Voeg hierby 'n eie Portugese taalvariant wat hier gepraat word en die vermening van kulture in hulle kos, kom jy gou agter dat die stad, wat 'n klipgooi van Suid-Afrika af is, talle verrassings inhou en' n besoek die moeite werd sal maak.

View Details

Maputo spog met die beste voorbeelde van Art Deco-argitektuur in die wêreld. Talle van die geboue is deur Mosambiek se voorste argitek, Pancho Degga, ontwerp. Nog 'n uitstaande kenmerk van die koloniale glorie is die fyn mosaïekwerk wat oral te sien is. Die bekende ebbehoutboom kom ook volop hier voor en daar is talle voorbeelde van hoe hierdie duursame hout aangewend is – nie net in klaviere nie, maar ook in alledaagse huisraad. Die stad se Nasionale Museum spog met 'n voorbeeld van 'n selakant, 'n visspesie wat terugdateer uit die dinosourus-era. Voeg hierby 'n eie Portugese taalvariant wat hier gepraat word en die vermening van kulture in hulle kos, kom jy gou agter dat die stad, wat 'n klipgooi van Suid-Afrika af is, talle verrassings inhou en' n besoek die moeite werd sal maak.

View Details

Johan Rademan kuier met die gids, Abelito, en verskeie Suid-Afrikaners in Kuba.

View Details

Johan Rademan kuier met die gids, Abelito, en verskeie Suid-Afrikaners in Kuba.

View Details

In die laaste episode van Terrance April se kort besoek aan Abuja, Nigerië se hoofstad, kuier hy as deel van 'n groep joernaliste by 'n kunsgallery waar verfwerk op materiaal en verskeie ander mediums vervaardig en uitgestal word. Die Wes-Afrika land is nie skaam om sy kultuur uit te beeld nie, vandaar die kleurvolle kostuums wat hulle as alledaagse drag aantrek.

View Details

Terrance April vertel van 'n heuwel wat deur die plaaslike bevolking as heilig beskou word, en waar talle legende en verhale afgespeel het. Daar is ook 'n pottemakery waar mense uit die omgewing van die mooiste kunswerke uit klei vervaardig met oeroue metodes.

View Details

Terrance April besoek Abuja, die hoofstad van Nigerië. Die besoek het saamgeval met die nooiensvlug van SAL tussen Johannesburg en Abuja. Dit is 'n regstreekse vlug en bied nou geleentheid vir sakelui en veral regeringsamptenare om direk tussen die twee belangrike stede te vlug, sonder om eers n draai in die besige Lagos te maak. Terrance en 'n groep joernaliste besoek 'n tradisionele Nigeriese restaurant en hoor meer oor die land en sy mense.

View Details

Johan Rademan gesels met Johan Rothmann oor Wêreld Vleilandedag op 2 Februarie, en hoe toerisme vleilande beïnvloed.

View Details

Dee Lourens van The Good Holiday gesels oor haar toptoere van 2015, en verduidelik wat vir toeriste voorlê in 2016.

View Details

In die vierde en laaste episode oor Maleisië, besoek Terrance April die bekende Batu-grotte, die koninklike paleis, 'n bekende batikfabriek en die asemrowende Petronastorings.

View Details

Terrance April sluit sy besoek aan Dar es Salaam en omgewing af met 'n besoek aan die Hoë Kommisariaat, 'n gesprek met n gids wat baie bewus is van natuurbewaring en volhoubare ontwikkeling, asook 'n straattoneel in die aand in die asemrowende Oos-Afrikastad.

View Details

Terrance April sit sy reis in Dar es Salaam voort. Ons hoor onder andere hoe 'n Rastafariër sy land beskryf, 'n Suid-Afrikaner wat baie gelukkig is in Tanzanië, en van 'n booteienaar wat baie doen om die plaaslike gemeenskap op te hef en jongmense op te lei in die toerismebedryf, veral wat bootritte betref. 'n Verteenwoordiger van SAL vertel ook hoekom verkeer tussen die twee lande so druk is.

View Details

Terrance April het onlangs 'n draai in Dar es Salaam in Tanzanië gemaak en met 'n paar interestante mense oor hulle indrukke van die land en sy mense gesels. Hierdie insetsel neem ons op die reis vanaf die O.R. Tambo-lughawe in Johannesburg tot by 'n hotel in die middestad van Dar es Salaam, wat 'n sterk verbinntenis met Suid-Afrika het.

View Details

Johan Rademan gesels met Esther Koch oor die naamgewingseremonie van die babagorillas in Rwanda.

View Details

Johan Rademan gesels met Henry en Annette Vlok oor 'n Andre Rieu-konsert wat hulle in Maastricht bygewoon het.

View Details

Johan Rademan gesels met Kaptein Theun Sybrands van Nederland oor bootvaarte.

View Details

Johan Rademan gesels met Griekwa-leier, hoofman Stanley Petersen, en lede van die SAN-gemeenskap, Jacob Rooi en Abraham Losper.

View Details

Johan Rademan gesels met 'n matrikulant, Marita van Zyl van Hoërksool Die Wilgers, oor haar ervaring van Nederland en België.

View Details

Johan Rademan gesels met Willem en Rene Fourie van Keimoes, en Sallies Botha van Botswana oor hulle ervaring van landelike Nederland, en blywende indrukke na hulle vaart op die Ysselmeer, Markenmeer en Amsterdamkanaal.

View Details

Johan Rademan praat met Andries Erwee van Themba Toere oor Suid-Afrika se nuwe visaregulasies oor onverkorte geboortesertifikate.

View Details

Johan Rademan praat met Petro Marais en Mirz Braams oor Zaanse Schans in Amsterdam.

View Details

Johan Rademan gesels met Mari Hudson oor haar ervaring van Malta as vakansie-bestemming.

View Details

Johan Rademan gesels met Jacques Hatting oor die Bucket Club se motorfiets-ervaring in die suide van Chili.

View Details

Johan Rademan in gesprek met Mareli Louw, kleindogter van Christine van Wyk, wat in die ouderdom van 97 oorlede is, oor haar liefde vir reis, en hoe haar ouma se paaie met toerisme gekruis het.

View Details

Johan Rademan besoek 'n Sihk-tempel in Nieu-Delhi saam met gids Arjen. Johan gesels ook met Annemarie de Beer van Kroonstad oor haar besoek aan die subkontinent.

View Details

Johan Rademan gesels met Maggie Steyn oor haar ervaring van Indië en Nepal. En die gids, Diwarka, vertel meer van Khatmandu in Nepal. Daarc is ook 'bn verbyvlug by Berg Everest.

View Details

Die skilder Conrad Theys en sy vrou, Elisabeth, het onlangs saam met Johan Rademan in Indië en Nepal gereis. Johan gesels met hulle oor die ervaring.

View Details

Johan Rademan gesels met Bharat Bedi van Indië, en Melanie Steyn gee terugvoer van haar besoek aan Indië en Nepal.

View Details

Johan Rademan het onlangs Indië en Nepal besoek. Hier deel Suid-Afrikaners wat saam met hom op reis was, hulle ervaring.

View Details

Johan Rademan verken Jaipur in Indië.

View Details

Johan Rademan het onlangs in Indië die Unesco-sterrewag in Jaipur besoek.

View Details

Terrance April praat met Johann Strydom van World Leisure Holidays oor hulle bedrywighede en 'n groot kompetisie.

View Details

Terrance April praat met Johann Strydom van World Leisure Holidays oor hulle bedrywighede en 'n groot kompetisie.

View Details

Terrance April praat met Johann Strydom van World Leisure Holidays oor hulle bedrywighede en 'n groot kompetisie.

View Details

Terrance April praat met Johann Strydom van World Leisure Holidays oor hulle bedrywighede en 'n groot kompetisie.

View Details

Terrance April vind uit oor 'n toer na die Apollo-teater.

View Details

Die jongste neiging in bewaringskringe is om toerisme in te span om te help om die omgewing te bewaar. Nege Suid-Afrikaanse vroue het aan die begin van 2012 besluit om presies dit te doen en 'n vroue 4 x 4 toer na Angola se Namibe-provinsie te reël om navorsing te doen oor die Olive Ridley-seeskilpad. Suzanne Paxton van RSG is genooi om saam met die groep vroue die reis mee te maak. Die vroue het pas terug gekeer van die epiese tog van 6,222 kilometer met sandpaaie waar landmyne sedert die grensoorlog met Suid-Afrika nog begrawe lê.

View Details

Die jongste neiging in bewaringskringe is om toerisme in te span om te help om die omgewing te bewaar. Nege Suid-Afrikaanse vroue het aan die begin van 2012 besluit om presies dit te doen en 'n vroue 4 x 4 toer na Angola se Namibe-provinsie te reël om navorsing te doen oor die Olive Ridley-seeskilpad. Suzanne Paxton van RSG is genooi om saam met die groep vroue die reis mee te maak. Die vroue het pas terug gekeer van die epiese tog van 6,222 kilometer met sandpaaie waar landmyne sedert die grensoorlog met Suid-Afrika nog begrawe lê.