Spektrum Inspiration: Recent Episodes

Radio Pulpit

Spektrum brings a godly perspective, hope and truth from the Word of God from speakers across all walks of life. It's often the right word for the right time and exactly what you need to hear as you wind down after a busy day.

View Details

Charles van Onselen deel vandag oor die tema: "Bly behoue" uit SPREUKE‬ ‭13:6‬ ‭AFR83‬‬ - “Die opregte bly behoue deur sy gehoorsaamheid aan die Here; ongehoorsaamheid laat die sondaar te gronde gaan.” ‭‭

View Details

Johandrê Potgieter verduidelik hoe die reuse van die vorige generasies aanbly vir die volgende generasies, as hulle nie verslaan word nie. Hy verwys na Rigters 13:5 wat sê dat Simson veronderstel was om Israel te verlos uit die hand van die Filistyne, maar omdat hy nie het nie, moes Dawid dit doen.

View Details

Charles van Onseler se tema vir die dag is: "In Sy Greep" uit ‭‭JOHANNES‬ ‭10:28-29‬ ‭AFR83‬‬ “Ek gee hulle die ewige lewe, en hulle sal in alle ewigheid nooit verlore gaan nie. NIEMAND sal hulle uit my HAND RUK NIE. Dié wat my Vader vir My gegee het, is die belangrikste van almal, en NIEMAND kan hulle uit die HAND van die VADER RUK nie.”

View Details

Johandré Potgieter praat vandag uit Joshua 6:20 oor die resultaat van gehoorsaamheid. Joshua 6:20 - "Toe skreeu die volk, en hulle het op die horings geblaas; en toe die volk die geluid van die horing hoor, het die volk 'n groot krygsgeskreeu aangehef; en die muur het op sy plek ingeval, en die volk het in die stad geklim, elkeen reg voor hom uit, en hulle het die stad ingeneem."

View Details

Ons inspirasie vir vandag is uit die hart van Charles van Onselen. Sy tema: Die Vreugde van God uit Habakuk 3:17 Al sou die vyeboom nie bot nie en daar geen druiwe aan die wingerde wees nie, al sou die olyfoes misluk en die lande geen oes lewer nie, al sou daar geen kleinvee in die kampe meer wees nie en die beeskrale sonder beeste wees, nogtans sal ek in die Here jubel, sal ek juig in God, my Redder. Die Here my God gee vir my krag. Hy maak my voete soos dié van 'n ribbok, op hoë plekke laat Hy my veilig loop.

View Details

Vanmiddag se eerste inspirasie kom uit die hart van Johandré Potgieter, iemand wat daagliks honderde duisende mense inspireer met wat hy deel op sosiale media. Sy tema vir die dag: "Jou Reaksie op die Waarheid."

View Details

Ons inspirasie vir vandag is uit die hart van Charles van Onselen. Sy tema: God Fontein uit Psalm 87:7 - "En die wat sing sowel as die wat vrolik is, sê: Al my fonteine is in jou!"

View Details

Johandré Potgieter vra vir jou die vraag: "Wat staan langs jou naam? uit Spreuke 22:1 - "'n Goeie naam is meer werd as groot rykdom."

View Details

Vanmiddag se inspirasie kom uit die hart van Johandré Potgieter, iemand wat daagliks honderde duisende mense inspireer met wat hy deel op sosiale media. Sy tema vir die dag: Is jy honger?

View Details

Ons inspirasie vir die middag is uit die hart van Charles van Onselen. Sy tema: Prioriteite uit MATTHÉÜS 6:33‭-‬34 AFR53 "Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word. Kwel julle dus nie oor môre nie, want môre sal hom oor sy eie dinge kwel. Elke dag het genoeg aan sy eie kwaad."

View Details

Johandré Potgieter gesels oor die tema: "Jy het 'n rol om te speel" uit Rigters 7:21-22 - "En hulle het bly staan elkeen op sy plek, rondom die laer. Daarop hardloop die hele laer, en hulle skreeu en vlug. 22En toe die driehonderd op die ramshorings blaas, het die Here die swaard van die een teen die ander gerig, ja, in die hele laer; en die laer het gevlug na Bet-Sitta, na Seréda toe, tot by die oewer van Abel-Mehóla by Tabbat."

View Details

Charles deel oor die tema: Geroep tot openbaring uit Galasiërs 1:15-16 - "15 Maar toe dit God behaag het, wat my afgesonder het van die skoot van my moeder af en deur sy genade geroep het, 16 om sy Seun in my te openbaar."

View Details

Johandre Potgieter vra vir jou: "Wie is Jesus vir jou?" uit Mat 16:13 - 17

View Details

Charles van Onselen gesels vandag rondom die tema Gewilligheid en gehoorsaamheid uit JESAJA 1:19‭-‬20 "As julle gewillig is en luister, sal julle die goeie van die land eet. Maar as julle weier en wederstrewig is, sal julle deur die swaard geëet word; want die mond van die Here het dit gespreek."

View Details

Charles van Onselen praat oor sy Stormwind-God uit Job 38:1 (1983) 1 Toe het die Here vir Job aangespreek uit ‘n stormwind uit: 2 “Wie is dit wat besig is om my bedoelinge te dwarsboom met woorde wat getuig dat hy geen insig het nie?

View Details

Johandré Potgieter verseker jou dat, selfs al voel jy nie so nie, die Here jou betyds en genoegsaam voorberei vir dit wat Hy vir jou en deur jou wil doen.

View Details

Ons inspirasie vir die middag is uit die hart van Charles van Onselen. Sy tema: "Lewenslank" uit PSALMS 90:12‭-‬14 LEER ONS ons dae so gebruik dat ons wysheid bekom. Hoe lank nog, Here, voordat U ons te hulp kom? Ontferm U tog oor ons. Skenk ons elke dag u liefde in oorvloed, dat ons ons LEWE LANK mag juig en bly wees. PSALMS 90:12‭-‬14

View Details

Vandag se inspirasie kom uit die hart van Johandré Potgieter, iemand wat daagliks honderde duisende mense inspireer met wat hy deel op sosiale media. Sy hy verduidelik hoe selfsug jou indoen, en nie baat nie.

View Details

Charles van Onselen deel vandag uit Psalm 143:8 (1983) Laat my ELKE MÔRE u LIEFDE ondervind, want in U stel ek my VERTROUE. Wys my die pad wat ek moet loop, want my HOOP is op U gevestig.

View Details

Johandré Potgieter bemoedig jou dat daardie uitdaging in jou lewe jou nie sal onderkry nie, dit sal 'n geleentheid word om die Here te eer, soveel so dat mense om jou dit sien en tot inkeer kom.

View Details

Hierdie eenvoudig stukkie advies, sal jou lewe red, meer as wat jy dalk mag besef…vra jouself eenvoudig net af in enige situasie, wat is die REGTE DING om te doen? Hier is wat ons Hemelse Pa deur Sy Woord vir ons daaroor te sê het; Genesis 4:6-7 (NLV) “Hoekom is jy so kwaad?” vra die Here vir hom. “Hoekom hang jou gesig so? Is daar nie aanvaarding vir jou as jy reg optree nie? Maar as jy weier om reg te doen, moet jy oppas! Sonde hurk by die deur om jou te oorweldig, maar jy moet dit oorwin.”

View Details

Johandré Potgieter vra 'n baie belangrike vraag aan die begin van 'n nuwe jaar. Kies jy lewe of kies jy dood? Want jy het verseker daardie keuse...

View Details

Johandré Potgieter deel vandag sy inspirasie rondom die wonder van die Naam van Jesus en wat dit vir ons beteken.

View Details

Johandré Potgieter moedig ons vandag aan om te weet dat die Here redding stuur wanneer ons binne-in die ramp verkeer, en jou vertroue in Hom op daardie oomblik is baie kosbaar.

View Details

Seuns van God staan op die Rots, Christus, die Lewende Woord, wetende dat dit daar is wat God sy liefdevolle natuur en teenwoordigheid openbaar.

Eksodus 33:19-20 Maar Hy antwoord: Ek sal al my majesteit by jou laat verbygaan en voor jou die Naam van die Here uitroep; maar Ek sal genadig wees vir wie Ek genadig wil wees, en My ontferm oor wie Ek My wil ontferm. Verder het Hy gesê: Jy kan my aangesig nie sien nie, want geen mens kan My sien en bly lewe nie. Ook het die Here gesê: Kyk, hier is ‘n plek by My waar jy op die rots kan gaan staan.

View Details

Charles van Onselen gesels uit Prediker 7:29 en verduidelik dat dit wat ek en jy nie kon doen nie, het Hy vir ons kom doen, dank God!

View Details

Johandré Potgieter lees uit 1 Sam 16:7 om te verduidelik hoedat die Here anders na mense kyk as ons. Ander goed is vir Hom belangrik en daarom moet ons Sy opinie eer, en nie ons s'n nie. Hy sien wat in iemand se hart aangaan.

View Details

Ons inspirasie vir die middag is uit die hart van Charles van Onselen - sy tema is: Wag en hoop op die Here uit Jesaja 40:28-31

View Details

Charles van Onselen inspireer ons vanmiddag met sy tema: "Onuitspreeklike blydskap - God se beskerming uit 1 Petrus 1:8-9 - Hom het julle lief, al het julle Hom nie gesien nie. Deur in Hom te glo, al sien julle Hom nou nie, het julle reeds deel aan die saligheid wat die einddoel van julle geloof is. En dit vervul julle met 'n onuitspreeklike en heerlike blydskap.

View Details

Charles van Onselen gesels oor die vraag, "Wat jaag jou?" wat gebaseer is op 2 SAMUEL 7:18A - AFR83, "Daarna het koning Dawid ingegaan en voor die Here gaan sit ..."

View Details

Charles van Onselen gesels met ons oor hoekom gehoorsaamheid so belangrik is. Sy tema is gabasser op Deut. ‭11:8-9‬

View Details

Malibongwe Daniso is a taxi driver and he has many opportunities for his Godly principles to be tested every day. We can learn from his challenges as he relates some of the difficulties he faces, and the decisions he has to make.

View Details

Ons inspirasie vir die dag is uit die hart van Charles van Onselen - sy tema is: Gefokusde Volharding uit ‭‭‭‭HEBREËRS‬ ‭12:1-2‬

View Details

The world is in die midst of the greatest storm this generation has ever experienced, but the Word of God remains a refuge. Inspiration from Andie Steele-Smith.

View Details

'Church' is an interdependent body and now, more than ever, we need to look out for each other, and especially for those in vulnerable communities. Listen to this powerful message from Andie Steele-Smith