Met die oog op die matriek-eindseksamen, saai RSG 'n reeks programme uit waarin aspekte van die sillabus en vorige vraestelle bespreek word.
Johan van Lill gesels met Elmaree Eksteen, ‘n kurrikulumadviseur van die Weskusdistrik, oor grootboekrekeninge en inkomstestate.
Is grafieke ʼn kopseer? Moenie stres nie... Die kenners Phaldie Tregonning en Eleanor Splinter verduidelik stap-vir-stap hoe om te onderskei tussen die reguitlyn, parabool, hiperbool en eksponensiële funksies.
Leeruitkomste van die vraestel word deur Sakkie Schreiber, adjunkhoof van Hoër Landbouskool Oakdale op Riversdal, behandel. Chris Hattingh gee ook nuttige eksamenwenke.
Kailin Daniels gesels met Lorraine Kuun, ‘n Lewenswetenskap-onderwyser by Hugenote Hoërskool, oor probleemareas by waarop matrikulante moet fokus vir die eindeksamen wat voorlê.
Hoërskool DF Malan se departementshoof, Charl Marais, gee wenke oor hoe om vraestel 1 se Klimaat en Weer-afdeling te beantwoord.
Johan van Lill gesels met Elmaree Eksteen van die Wes-Kaapse Onderwysdepartement oor ouditering, interne beheer en vaste bates.
Gee kwadratiese vergelykings, getalpatrone en meetkundige rye en reekse jou opdraande? Die wiskunde-ghoeroes, Phaldie Tregonning en Eleanor Splinter, bespreek heirdie kopkrappers in Vraestel 1 van die November 2012 eksamen.
Christa Buitendagh, kurrikulum-adviseur in die Eden en Sentraal Karoo-distrik, gee nuttige wenke aan matrikulante wat Ekonomie as vak het. Reginald Roman van Knysna Sekondêr werk deur die vraestel saam met Sue Pyler.
Kailin Daniels gesels met Jacques le Roux, ‘n Fisiese Wetenskappe-onderwyser van Curro Privaatskool op Hermanus wat nuttige wenke aan matrikulante verskaf.
‘n Departementshoof by die Hoerskool DF Malan, Charl Marais, gee raad vir die beantwoording van vanjaar se vraestelle.
Johan van Lill gesels met Juffrou Marinda Louw van Hoërskool DF Malan oor Rekeningkunde en waarop matrikulante nou moet fokus vir die eindeksamen wat voorlê.
Die Verbruikerstudiekenners, Ronel Henning en Sonica Neethling, gee raad vir die beantwoording van vanjaar se vraestelle.Die Verbruikerstudiekenners, Ronel Henning en Sonica Neethling, gee raad vir die beantwoording van vanjaar se vraestelle.
Die Verbruikerstudiekenners, Ronel Henning en Sonica Neethling, gee raad vir die beantwoording van vanjaar se vraestelle. En as bonus, gee die Opvoedkundige Terapeut, Willie Henning, nuttige studiewenke.
Johan van Lill en dr. Ludwig Punt van die Wes-Kaapse Onderwysdepartement gesels verder oor die algemene voorbereiding vir die toerismevraestel, die oefen van forex-berekeninge en tydsbestuur van die vraestel.
Anita de la Porte van die Hoerskool Hugenote op Wellington gee ‘n oorsig van die vak voor die eerste vraestel op 19 November.
Johan van Lill gesels met Adinda Vermaak van die Wes-Kaapse Onderwysdepartement en Juffrou Sandy du Plessis van Hoërskool D F Malan ter voorbereiding vir die Afrikaanse huistaal vraestel drie. Daar is wenke vir die opstel en kreatiewe skryf.
Kenners verduidelik hoe om met behulp van breinkaarte Verbruikerstudie onder die knie te kry.
Johan van Lill gesels met dr. Ludwig Punt van die Wes-Kaapse Onderwysdepartiment oor tydsones, dagligbesparing, die 24-uur horlosie en die internasionale datumlyn.
Ivor Price en Johan du Preez kyk na van die slaggate waarin leerders gewoonlik met die beantwoording van die Besigheidstudies-vraestel trap. Johan is Gauteng se hoofnasiener in die vak.
Lorainne Kuun van Hugenote Hoërskool gesels oor Bevolkingskunde. Dit is die finale hersieningsprogram vir Lewenswetenskap.
Johan van Lill gesels met Adinda Vermaak van die Wes-Kaapse Onderwysdepartement en Juffrou Sandy du Plessis van Hoërskool D F Malan ter voorbereiding vir die Afrikaanse huistaal vraestel twee. Dit sluit in: letterkunde, gedigte, prosa en drama.
Phaldie Tregonning en Eleanor Splinter verduidelik stap vir stap hoe om kopkrappers soos dié in Vraestel 2 van 2011 se eindeksamen te beantwoord.
Johan van Lill gesels met dr. Ludwig Punt van die Wes-Kaapse Onderwysdepartiment oor verantwoordelike en volhoubare toerisme en valuta.
Ivor Price steek kers op by Johan du Preez oor van die slaggate wat gewoonlik in die Besigheidstudies-vraestel wag. Johan is Gauteng se hoofnasiener in die vak.
Die Lewenswetenskap-onnies Carlyn Oppelt en Lorraine Kuun behandel die endokriene stelsel.
Johan van Lill gesels met Adinda Vermaak van die Wes-Kaapse Onderwysdepartement en Juffrou Sandy du Plessis van Hoërskool D F Malan ter voorbereiding vir die Afrikaanse huistaal vraestel een. Dit sluit in: leesbegrip en opsommings en algemene taalvrae.
Johan van Lill gesels met dr. Ludwig Punt van die Wes-Kaapse Onderwysdepartement oor algemene voorbereiding deur middel van vraestelle, gevallestudies en die oefening van berekeninge. Tydsbestuur word ook bespreek.
Phaldie Tregonning en Eleanor Splinter verduidelik stap-vir-stap Transformasies en Trignometrie.
Gauteng se hoofnasiener vir Besigheidstudie, Johan du Preez, vertel matrikulante wat hulle op 14 November in die vraestel te wagte kan wees.
Die Lewenswetenskap-onnies Carlyn Oppelt en Lorraine Kuun behandel plant response op die omgewing.
Johan van Lill gesels met Jacques Steyn le Roux van Hoërskool Hermanus oor chemiese reaksies.
Johan van Lill gesels met Purdon Unthank van die Wes-Kaapse Onderwysdepartement oor eksamenvoorbereiding. Wat kan leerders van die vraestel verwag? Daar is ook wenke oor hoe om vir die eksamen voor te berei.
Die Wiskunde-ghoeroes Phaldie Tregonning en Eleanor Splinter wys matrikulante hoe om korte mette te maak met die vrae in die tweede vraestel van die November 2011 eksamen.
Haidee het die hulp van onnies Lorrainne Kuun en Carlyn Oppilt ingeroep oor menslike evolusie.
Johan van Lill gesels met Jacques Steyn le Roux van die Hoërskool Hermanus oor die eerste Fisika-vraestel.
Die Wiskunde-ghoeroes, Phaldie Tregonning en Eleanor Splinter, vertel matrieks hoe om Wiskunde kopkrappers kaf te draf! Vandag bespreek hulle Vraag 1 tot 4 in Vraestel 2 van die November 2011 eindeksamen
Johan van Lill gesels met Purdon Unthank van die Wes-Kaapse Onderwysdepartement oor eksamenvoorbereiding. Wat kan leerders van die vraestel verwag? Daar is ook wenke oor hoe om vir die eksamen voor te berei.
Graad 12’s se kwelvrae oor Leeruitkoms 4 word deur Johan du Preez, die hoofnasiener in Gauteng, bespreek
Johan van Lill gesels met Jacques Steyn le Roux van Hoërskool Hermanus oor die arbeid-energiebeginsel van Vraag 5, Afdeling B van die Novmber 2011 vraestel.
Die Wiskunde-kenners Phaldie Tregonning en Eleanor Splinter verduidelik stap vir stap hoe om die eksamenvrae aan te pak. Hulle bespreek Vraag 6 tot 8 van Vraestel 1 van die November 2011-eksamen
Johan van Lill gesels met Purdon Unthank van die Wes-Kaapse Onderwysdepartement oor eksamenvoorbereiding. Wat kan leerders van die vraestel verwag? Daar is ook wenke oor hoe om vir die eksamen voor te berei.
Ivor Price pols Johan du Preez, Gauteng se hoofnasiener vir Besigheidstudies, oor al die belangrikste dele van asseseringstandaarde 2 en 3
Johan van Lill en Jacques Steyn le Roux van die Hoërskool Hermanus kyk na die beantwoording van lang vrae in die eksamen en na Afdeling B in die November 2011 vraestel.
Krap jy kop oor grafieke? Hoor hoe Wiskundekenners korte mette maak hiermee! Phaldie Tregonning en Eleanor Splinter bespreek Vraag 4, 5 en die eerste twee vrae van Vraag 6 in Vraestel 1 van die November 2011 eksamen
Johan van Lill gesels met Purdon Unthank van die Wes-Kaapse Onderwysdepartement oor eksamenvoorbereiding. Wat kan leerders van die vraestel verwag? Daar is ook wenke oor hoe om vir die eksamen voor te berei.
Ivor Price pols Johan du Preez, Gauteng se hoofnasiener vir Besigheidstudie, oor al die belangrikste dele van asseseringstandaard 1.
Die Lewenswetenskappe-onnies, Lorraine Kuun van Hugenote Hoërskool op Wellington en Carlyn Oppelt van New Orleans Sekondêr in die Paarl, praat oor RNS, Meiose en hoe die vraestel sal lyk.
Johan van Lill werk deur ’n fisiese wetenskap vraestel met Jacques Steyn le Roux van die Hoërskool Hermanus en bespreek onder andere vektore en skalare
Johan van Lill gesels met Purdon Unthank van die Wes-Kaapse Onderwysdepartement oor eksamenvoorbereiding. Wat kan leerders van die vraestel verwag? Daar is ook wenke oor hoe om vir die eksamen voor te berei.
Die wiskundekenners, Phaldie Tregonning en Eleanor Splinter, help matrikulante met belangrike aspekte van Vraestel 1 van die November 2011-eksamen.
Ornette Dunbar, ‘n Besigheidstudie-vakadviseur en handboekskrywer, het basiese wenke vir gr. 12’s wat goeie punte in hierdie vak wil behaal.
Die Lewenswetenskappe-onnies, Lorraine Kuun van Hugenote Hoërskool op Wellington en Carlyn Oppelt van New Orleans Sekondêr in die Paarl, praat oor DNS en hoe die vraestel sal lyk
Johan van Lill gesels met Jacques Steyn Le Roux van die Hoërskool Hermanus oor wat om in die eksamen te verwag en hoe om daarvoor voor te berei.