By die visbraai moet eers nog kinkels in die kabel uitgestryk word. Chris vra vir Elsa die groot vraag voor almal. Gerrit en ander is ook verlief, maar elkeen maak 'n ander besluit oor die toekoms.
Elsa beplan 'n groot visbraai vir die span op Duikerbaai. Cornelius word genooi, maar hy is ongelukkig en so onvoorspelbaar soos altyd. Hy wil eers na Simonstad gaan om sy vriend, Rocco, te gaan besoek. Cornelius maak 'n skokkende aankondiging by die visbraai.
Die span vra baie vrae vir Johan en Adel oor die aanloop tot Adel se verdwyning en die betrokkenheid van ander instansies by Duikerbaai se dinge. Adel verduidelik hoe haar ontvoering deur die seerowers verloop het.
Die vrylating van Adel is verby, en Johan en Adel het baie om te verduidelik. Cornelius is ongelukkig omdat hy nie weet wat aangaan met sy vriend Rocco nie.
Die groot dag breek aan wanneer Adel deur die seerowers vrygelaat moet word in ruil vir 'n losprys. Die groot vraag is na wie toe Adel sal vlug as sy 'n vrye keuse kry.
Reëlings vir die oorhandiging van Adel word met die seerowers gefinaliseer. Skipper Lee is moeilik om sy samewerking te gee, en dit lyk asof die Oriental Tiger oor gevaarlike wapens beskik.
Skipper Lee dring aan op 'n deel van die losprys vir homself. Christine is ongelukkig omdat Johan dinge wegsteek vir die Duikerbaaispan, en Gerrit kry 'n onverwagte selfoonoproep.
Rocco stem in om 'n losprys te betaal, maar hy is nie gelukkig met die voorwaardes wat die seerowers stel nie.
Dinge begin vinnig gebeur op Duikerbaai. Rocco stem in om saam te werk om Adel terug te vind, en die seerowers stuur 'n videoboodskap van Adel aan Rocco om hulp te vra.
Christine leer hoe dit voel om gewelddadig uit 'n nagklub geboender te word, en Chris maak 'n deurbraak om met Rocco in kontak te kom.
Johan en Christine keer terug uit Taiwan en vergelyk inligting met die span op Duikerbaai. Hulle besluit dat Johan moet poog om met Rocco te onderhandel om saam te werk om Adel te probeer vind.
Gerrit en Chris volg 'n vrag perlemoen wat met 'n miniduikboot diepsee toe vervoer word, en bevestig dat Skipper Lee voortgaan met stropery saam met dieselfde sindikaat. In Taiwan vind Johan uit dat Rocco se sindikaat ook bote en wapentuig vir Taiwan se vloot vervaardig.
Johan en Christine maak vordering in Taiwan, en hoor 'n storie dat seerowers betrokke was by Adel se verdwyning. Cornelius vertel vir Laurette dat Rocco op soek is na 'n vroulike bestuurder van sy nagklub met die naam van Adel White, wat onlangs op Duikerbaai verdwyn het.
Johan vra vir Christine in Taiwan om foto's te neem van die opgradering van die Oriental Tiger in die droogdok in Taipei. Terug op Napier, naby Duikerbaai, gesels Chris uiteindelik direk met Skipper Lee.
Chris se nuwe hommeltuig veroorsaak nuwe uitdagings op Duikerbaai. Pauline rapporteer dat Skipper Lee bereid is om met Chris te gesels oor Adel se verdwyning.
Johan noem aan Gerrit dat hy en Christine na Taiwan gaan om meer inligting te kry, maar niemand moet daarvan weet nie. Chris vra vir Elsa om met hom te trou. Haar reaksie is 'n verrassing.
Cornelius erken dat hy eintlik heeltyd sy oog op Laurette gehad het as moontlike vrou. Johan noem vir Christine dat die saak van Adel se verdwyning eintlik groter is as Duikerbaai se stropery, en dat dit beter is dat almal nie alles weet nie.
Cornelius spog met sy nuwe vriend, Rocco, wat hom genooi het na die nagklub in Seepunt. Pauline gesels met Skipper Lee, maar kry 'n waarskuwing om nie betrokke te raak nie, want sy kan ook verdwyn soos Adel. Johan hoor in die Kaap dinge oor Adel wat hy nie met die spanlede wil deel nie.
Chris is vasberade om 'n nuwe hommeltuig te koop, maar hy kyk weer na onderwaterfoto's wat Adel geneem het en maak 'n ontdekking. Johan vra vir Chris om direk gesprek te voer met Skipper Lee om inligting oor Adel te kry.
Johan Steyn stel versoeke aan die span op Duikerbaai. Hy is op soek na bewyse van stropery en ander misdaad op Duikerbaai. Cornelius se vriendskap met die Sjinees, Rocco, skep nuwe geleenthede, maar ook uitdagings.
Cornelius noem dat hy 'n interessante nuwe Sjinese vriend ontmoet het, en Pauline begin wonder daaroor. Seespinnekop Johan en Christine vind uit dat gemoedere hoog loop by spanlede op Duikerbaai, veral oor die verdwyning van Adel White.
Chris vertel vir sy personeel dat Adel skielik verdwyn het, en vra hulle om te rapporteer as hulle iets van haar hoor. Laurette bied aan om die Seespinnekop, Johan Steyn, te vra om hulle te kom help om haar op te spoor.
Chris en Gerrit gaan strand toe, en sien hoe iemand in 'n duikpak laatnag in die golwe verdwyn. Hulle vermoed dat dit Adel is wat by die stropersindikaat op see probeer aansluit. Cornelius besluit uiteindelik om sy vrousoekery te staak.
Adel skakel Skipper Lee, en trap hom uit oor halwe werk. Gerrit konfronteer Adel oor die bedrog met haar identiteit. Sy erken dit, maar sê dis te ingewikkeld om te verduidelik. S huil, en onderneem om weg te gaan van Duikerbaai.
Chris onthul dat die nagklub van Rocco in Seepunt waarskynlik 'n geheime luukse bordeel bevat. Gerrit breek in by Adel se woonstel op Duikerbaai, en vind dokumente in haar kluis wat daarop dui dat sy twee paspoorte en twee identiteite besit.
Tydens 'n plesierrit op see in Gerrit se skiboot, soek Adel toenadering op voorwaarde van geheimhouding van albei se verlede. Na afloop van 'n aandete beskuldig Gerrit vir Adel van samewerking met die skurke. Sy ontken dit en bars in trane uit.
Gerrit agtervolg Adel tot by haar huis in die Kaap, maar word niks wys nie. Madelein was vir Cornelius die kop oor sy bedrog, en Adel skakel uit die bloute om vir Gerrit na 'n spoggerige aandete op Hermanus te nooi.
Cornelius probeer die toutjies met Madelein optel, en bedank haar vir die versorging van sy hond. Gerrit en Chris besoek 'n vreemde Sjinese nagklub in die Kaap, en tref onverwagte bekendes daar aan. Op Duikerbaai dreig Skipper Lee vir Cornelius omdat hy die verkeerde vriende gekies het.
Elsa lek haar wonde nadat haar eiendom en visstoor gevandaliseer is. Chris vertoon 'n video wat aandui dat 'n vermeende vriend en 'n vermoedelike vyand dalk kop in een mus is. Gerrit wil Kaap toe gaan om uit te vind wie en wat sy geliefde Adel werklik is.
Adel vertrek terug Kaap toe, maar Gerrit vermoed dat hy die vorige nag mislei is. Hy bevestig dit deur Skipper Lee se eiendom hardhandig te betree. Die stropers neem wraak op 'n gewelddadige en skadelike manier.
Cornelius probeer by Elsa ook aanlê, maar wanneer hy misluk, gaan bekla hy sy liefdelose lewe by die spreekkamer. Na drie nagte van waarneming vanaf 'n hoë duin, sien Gerrit en Adel iets interessant op see, maar Gerrit vermoed dat dinge nie pluis is nie.
Met behulp van sy hommeltuig, verkry Chris videobeeld van die stropers se moederskip. Gerrit vind uit dat Adel nie belang stel in 'n verhouding met hom nie. Josephine agtervolg self haar Sjinese “kêrel” tot in die Kaap om hom te identifiseer.
Josephine vertel meer van haar nuwe loerbroer-kêrel. Adel is baie geheimsinnig oor haar verlede en die span besluit om nie vir Adel te vertel van die duikbote wat by Duikerbaai doenig is nie.
Die Sjinees wat by die stropers betrokke is, blyk ook 'n loerbroer te wees wat vir Josephine dophou. Josephine vertel van 'n vernederende ervaring op Cornelius se suiwelplaas. Gerrit erken dat hy dolverlief is op Adel.
Adel kom na Duikerbaai om snags saam met Gerrit waarneming te doen. Sy wil bepaal waar die perlemoen aan land kom. Gerrit vind uit dat die stropers se lone op Sondae afgelewer word en dat 'n Sjinees dit aan Skipper Lee oorhandig. Hulle agtervolg hom en vind uit dat hy van 'n uitkykpunt bokant Duikerbaai af foto's neem.
Adel flankeer met Gerrit en probeer om hom te oortuig dat die perlemoen êrens strand toe kom. Cornelius nooi Josephine om sy suiwelplaas te besoek, en Chris demonstreer sy nuwe hommeltuig waarmee hy op die moederskip van die stropers wil spioeneer.
Adel flankeer met Gerrit en probeer om hom te oortuig dat die perlemoen êrens strand toe kom. Cornelius nooi Josephine om sy suiwelplaas te besoek, en Chris demonstreer sy nuwe hommeltuig waarmee hy op die moederskip van die stropers wil spioeneer.
Gerrit wil die stropers se moederskip aanval, maar Chris maak 'n veiliger voorstel. Josephine spog by die dames oor 'n nuwe, ryk en spoggerige kêrel. Skipper Lee dreig vir Gerrit om weg te bly van die twintigmylbank op see, waar die vistermanne hulle eie regstelsel toepas.
Gerrit wil die stropers se moederskip aanval, maar Chris maak 'n veiliger voorstel. Josephine spog by die dames oor 'n nuwe, ryk en spoggerige kêrel. Skipper Lee dreig vir Gerrit om weg te bly van die twintigmylbank op see, waar die vistermanne hulle eie regstelsel toepas.
Die waternimf wat Gerrit tussen die rotse aantref, blyk die joernalis te wees wat vir die stroperprojek beoog word. Hy stel haar tydens 'n visbraai aan die ander spanlede voor, en sy word met gemengde gevoelens as vennoot aanvaar.
Laurette vind uit dat Cornelius vir Madelein bedrieg het. Dokter Chris wys vir Elsa wat die vreemde voorwerpe is wat hulle op see gesien het, en Gerrit kom af op 'n beeldskone meermin wat snorkel op Duikerbaai se rotsriwwe.
Elsa en Chris probeer die snaakse voorwerpe op see identifiseer. Josephine kla oor Cornelius se drag en gedrag op Mauritius, en Gerrit kom met interessante nuus van die Kaap af oor 'n joernalis wat hulle kan help om die stropers te vang.
Cornelius geniet glad nie die besoek aan Mauritius nie. Elsa sien hoe 'n vistreiler op see 'n voorwerp aan 'n lang lyn sleep, en doen 'n gewaagde toertjie. Sy en Chris sien weer snaakse voorwerpe op see en vind uit dat sakke vol perlemoen agter die voorwerp aangesleep word.
Josephine vertel by die spreekkamer van haar eerste troudag. Elsa praat Chris om om te help om die stropers vas te trek, en hulle lig hom in oor wat hul weet. Hy stem langtand in en hulle besluit om die media in te span.
Cornelius kry 'n uitnodiging van Josephine om vir 'n week saam te gaan na Mauritius, en hy vra vir Madelein om sy hond op te pas tydens sy afwesigheid vir 'n “kongres” op 'n eiland. Dokter Chris gaan saam see toe. Hulle sien weer die stropers in aksie en daarna snaakse voorwerpe in die water naby die perlemoenriwwe.
Laurette waarsku Cornelius teen Josephine, maar hy gaan voort om 'n gek van homself te maak, en dieselfde middag lê hy aan by Madelein ook. Elsa stem in om met Chris uit te gaan, maar stel 'n vreemde voorwaarde.
Gerrit betree Skipper Lee se visstoor en soek apparaat wat vir stropery gebruik word, as bewyse van misdaad. Cornelius skryf Josephine se naam heel bo-aan die lys in sy “swart boekie” van troukandidate, maar skrik groot toe hy sien hoe die “viswyf”, Elsa, vir dokter Chris hanteer.
Josephine besoek die dokter met die duidelike hoop op 'n romanse, maar as sy hoor haar kanse by die arts is skraal, aanvaar sy die raad om Cornelius as tweede keuse te oorweeg. Gerrit beplan hoe om bewyse te versamel ten einde die stropers vas te trek.
Gerrit konfronteer die stroper, Skipper Lee, en 'n streep word in die sand tussen hulle getrek. Cornelius ontwerp 'n stelsel om 'n vrou te soek, maar kry dadelik die wind van voor. Dokter Chris se toenadering tot Elsa is byna net so onsuksesvol.
Cornelius word flou in die spreekkamer en kry raad vir sy eensaamheid. Gerrit en Elsa gaan toets sy nuwe skiboot op see en kom af op perlemoenstropers wat vir hulle duidelik wys dat hulle nie welkom is nie.
Wat sal Lennon met die diamant doen? Sal Bart en Suzanne bymekaar uitkom? Sal Hester en Johan finansieel kan oorleef in George? Wat van Daleen? Wel, daar is mos altyd 'n kinkel in die kabel, of hoe?