Wat laat die haat opnuut opvlam tussen Magdalena Hattingh en Charmaine Frost en hoe hanteer hulle die nuwe konflik? Daar's verwikkelinge wat aanleiding gee tot Sending Bissau – met dramatiese gevolge.
Die groot oomblik breek aan: Maans en Pieter gaan die eerste fase van hulle projek demonstreer. Na Maans se kort, maar begeesterde toespraak, is daar eers 'n ontploffing, toe bars 'n bom en toe's die koeël deur die kerk! Gelukkig, soos dikwels in sulke omstandighede die geval is, is dit ook waar vir Maans en kie: Eind goed, als goed!
Hierdie sluit dan DIE MAANSFAKTOR af. Druk gerus op die skakel hieronder en luister na RSG se volgende opwindende reeks, WEERWRAAK deur Joe Kleinhans.
Billy is hoogs ongelukkig oor die oproep wat Charl van Elna ontvang nog voor hulle eers die voordeurklokkie kan lui. Charl wil met alle geweld vroeg ry om by Elna te wees, maar dan maak Landi die voordeur oop…
Landi is baie bly om Sandy weer te sien, maar wat sy by die huis kom doen het, gaan veral nie haar ouers gelukkig maak nie… Dan daag Charl en Billy by Maans-hulle se huis op vir die groot bekendstelling van die projek.
Maans en Pieter is albei baie opgewonde oor die sukses van hulle eksperiment en die twee joernaliste, Charl Venter en Billy Daniels. Vir Dorothea en Elizabeth is dit moeilik om agter te kom waaroor hulle mans die meeste opgewonde is, en dít maak hulle bekommerd! Só bekommerd, dat hulle die nag nie kan slaap nie. Maar vroeg die volgende oggend, kry Pieter en Elizabeth 'n reuse verrassing.
Met Maans en Pieter se suksesvolle proefrit agter die rug, is hulle nou gereed vir die volgende stap. Op Laingsburg probeer Billy tevergeefs om Charl te laat afsien van sy voorneme om sy verhouding met Elna Schoeman te hervat. Die beste raad is om met Denny se pa in verbinding te tree om 'n afspraak te maak sodat hulle kan besluit of daar 'n artikel in die projek van ene menere Swiegers en Beukes opgesluit lê.
Elizabeth is erg terneergedruk oor Denny se skielike vertrek, veral nou dat sy weet hy gaan hom tussen 'n klomp boewe onder gevaarlike omstandighede in Rome bevind. Maans en Pieter is gereed vir hulle volgende eksperiment. Pieter is benoud en skepties, maar Maans is vol vertroue!
Denny se vervroegde vertrek na Rome is vir almal behalwe vir hom 'n skok. Op die lughawe ontmoet Bibi hom om vir oulaas sy opdrag met hom te bespreek. Maans probeer Landi troos en erken dat hy nie sterk is by sulke geleenthede nie, en daarom liefs 'n veilige afstand handhaaf. Dan daag kolonel John Lucas op…
Pieter kom geskok en verdwaas by die huis aan. Elizabeth is besorg en Dorothea wil dadelik weet of Maans veilig is. Nadat sy telefonies met hom in verbinding was, is sy darem gerusgestel dat die boer bereid is om buite die hof te skik. Denny daag vroeër as wat verwag is by die huis op met skokkende nuus vir Pieter en Elizabeth.
Charl is onbeholpe en onseker van homself in die geselskap van Elna Schoeman. Dit maak Billy baie boos en hy verskoon homself. Intussen, op 'n kleinhoewe op Phillipi naby die skuur waar Maans en Pieter hulle groot projek bedryf, wei 'n trop beeste baie rustig en ongestoord. Totdat Maans sy eksperiment lanseer…!
Met Scooter en Mandy albei dood, kan Denny met gerustheid sy kunsloopbaan in Rome begin. Charl en Billy probeer meer inligting oor die swart paneelwa en ene Bibi Bernardo by kolonel John Lucas bekom, maar hy bly vaag en afsydig. Daardie aand in 'n restourant op Laingsburg, beleef Charl ál die slegte herinneringe wat sedert Merweville by hom spook, van voor af…
Charl en Billy neem afskeid van Denny by die restourant op Laingsburg. Die volgende oomblik sien hulle hoe die swart paneelwa Denny se vragmotor in die rigting van Beaufort-Wes begin agtervolg. Nadat hulle die polisie in kennis gestel het, besluit hulle om self ook maar daardie rigting in te slaan, net vir ingeval die paneelwa koers kies veld toe, of die insittendes uitspring en die veld in hardloop as die polisie hulle sou voorkeer…
Die swart paneelwa verskyn weer op Prins Albert en peil openlik af op Charl en Billy. Die keer kry hulle die registrasienommer te sien en gaan gee dit vir die polisie. Scooter jaag Laingsburg toe en besluit dat, sou hy die twee motorfietsryers dáár raakloop, hy van hulle ontslae sal raak. Op Laingsburg aangekom, merk Scooter 'n vragmotor van Beukes Transport op…
Op Merweville konfronteer Billy vir Charl oor sy terneergedruktheid en skryf dit toe aan die omgewing wat baie slegte herinneringe in hom wakker gemaak het. Landi bel Denny by Beukes Transport, maar hy beëindig die gesprek voordat sy behoorlik met hom kan praat. Sy ry na Beukes Transport en kan nie glo wat haar oë sien nie…
Landi is gebroke en vertel Maans die volgende dag by die winkel waaroor sy en Denny gesels het. Om haar op te beur, vertel Maans presies hoe hy die skuur se muur met 'n gemotoriseerde deur afgebreek het. Pieter se potensiële kliënt daag op by Beukes Transport. Dit is hoegenaamd nie waarvoor hy óf Denny hulle voorberei het nie!
Elizabeth en Pieter ontvang 'n oproep van 'n polisiebeampte wat sê dat hy met hulle oor Denny wil kom gesels. Elizabeth is agterdogtig en glo dis een van Scooter Julies se trawante wat Denny probeer opspoor. Maans sê vir Pieter hy het 'n bestelling geplaas vir 'n baie spesiale eksperiment.
Dis al middernag en Dorothea en Elizabeth raak erg bekommerd oor hulle mans. Pieter bel om te sê daar was 'n klein ou ongelukkie, maar dat hulle op pad is huis toe. Dorothea verwag die ergste. Denny wil Landi die volgende dag in 'n restourant ontmoet om te gesels, en Maans praat sy mond verby oor die oproep van Mandy September wat Denny so ontstel het.
Op Prins Albert gewaar Charl en Billy die swart paneelwa wat die dorp uit ry en besluit om by elke vorm van akkommodasie op die dorp te gaan aanklop om te kyk of Miss Bernardo dalk daar tuisgegaan het. Maans besluit om die nuwe, swaarder deur aan die skuur wat hulle in Phillipi huur, te motoriseer. Maar nie eers Pieter kon met al sy vertwyfeling voorsien waarvoor hy homself inlaat nie…
Mandy se oproep na Denny ontstel hom geweldig en Pieter belowe om hom ten alle koste te beskerm. Elizabeth is ewe ontsteld en dring daarop aan dat Pieter Denny administratief in Beukes Transport aanwend. Denny maak 'n oproep na 'n geheimsinnige persoon.
Denny kom by Maans-hulle eet op Landi se uitnodiging, maar sy kom gou agter daar is iets verkeerd, maar hy wil nie daaroor praat nie. Na ete vra Maans Denny uit oor Pieter se afspraak die volgende dag met 'n potensiële kliënt, en besef Pieter het nie die volle waarheid gepraat nie.
Charl en Billy se ondersoek lei na 'n chalet by die motel op Beaufort-Wes waar hulle tuisgaan. Wie of wat wag hulle in agter die deur wat hulle die ganse oggend al sit en dophou? Maans wys Pieter planne vir die bou van 'n straalmotor, wat 'n motor se aanjaer inkorporeer, en daar byt die gogga Pieter ook!
Charl en Billy probeer om meer inligting oor Miss Bernardo in die motel se gasteboek te kry, maar word net deur meer raaisels begroet. Wie is in die swart paneelwa en is daar 'n verband tussen Miss Bernardo en die paneelwa? Scooter Julies glo Denny het Charl en Billy gevra om hom en Mandy September dop te hou.
Landi en Denny se soen ontketen gemengde reaksie onder die ouers: Elizabeth en Dorothea is hoogs tevrede dat hulle plan gewerk het om die twee bymekaar te kry, maar Maans en Pieter is hoogs ontsteld. Wanneer die vrouens uitvind wat die rede vir hulle mans se ontevredenheid is, steek hulle dit vir mekaar weg. Op Beaufort-Wes ontdek Billy dat die geheimsinnige swart paneelwa weer uit die niet verskyn het en hy en Charl besluit om ondersoek in te stel.
Die waarheid oor Maans se besering kom aan die lig en Landi besluit dis tyd om sake tussen haar en Denny reg te stel.
Maans-hulle se huis is uiteindelik weer gereed om bewoon te word na die skade wat die suigwaaier en …
Charl en Billy kom op Bloemfontein aan waar 'n geheimsinnige swart paneelwa Charl byna omry. Elizabe…
Denny bel Elizabeth uit die stad om te sê dat hy die een meisie wat vir hom alles beteken, gesê het …
Denny hou vol dat Landi hom nie sal wil ken as sy alles omtrent sy verlede moes weet nie. Sy probeer…
Maans erken teenoor Pieter dat Denny se verlede ook hulle vriendskap benadeel het en dat hy dit graa…
Landi nooi haarself vir ete by Maans-hulle en laat Maans in die verknorsing, want hy was veronderste…
Pieter en Elizabeth bied aan om Maans en Dorothea verblyf te bied totdat die watertoevoer en die ska…
Nat en bedremmeld nadat Maans die waterpyp stukkend geslaan het, kry hy darem uiteindelik die toevoe…
Charl en Billy se avontuur eindig op 'n positiewe noot voor hulle weer die pad Pretoria toe aandurf.…
Charl is aangegryp deur Barend en Stella se hartseer verhaal en besluit dat hulle professionele hulp…
Charl en Billy probeer Stella oorreed om hulle los te maak sodat sy saam met hulle kan ontsnap, maar…
Billy en Charl loop hulle 'n tweede keer vas op Reddersfontein nadat Billy 'n ou bakkie in die veld …
Maans belowe Dorothea dat hy en Pieter niks op die lugmagveiling sal koop nie. Charl en Billy begin …
Maans probeer Pieter oortuig dat hulle 'n ou straalmotor op 'n lugmagveiling moet koop, want hy het …
Landi nooi Denton na haar woonstel in Mouillepunt om te gaan koffie drink, en Charl en Billy oorromp…
Denny kuier by Landi in haar ateljee in Groenpunt waar sy besig is om te werk aan haar eerste uitsta…
Maans Swiegers is 'n oud Afrikaans-onderwyser wat sy pa se ysterwarewinkel in Rondebosch in die Kaap…
Wat gaan uiteindelik met die inwoners van Hotel Elizabeth gebeur? 'n Mens kan maar net hoop op 'n ge…
Frans maak seker Melt weet hoe spesiaal Maggie vir hom is. Die feit dat Melt dit verstaan, maak hom …
Albert en Elna moet verduidelik waarom hulle van die hotelperseel af verdwyn het. Frans se reaksie i…
Die gebeure by Christo se konsert laat Liz haar kop in skaamte sak. Frans is terug en hy is moeilik.…
Dis 'n tyd vir groot besluite en aanpassings vir die inwoners van Hotel Elizabeth. Vir sommiges lyk …
Zelna vra Christo om vir haar 'n liedjie te skryf vir haar troue. Gaan sy dan met iemand trou en ind…
Frans het groot planne vir hom en Sonja Retief. Die vraag is of sy daarby sal inval of nie. Jade het…
Wat gaan Frans in Kalkbaai doen? Christo is opgewonde oor die feit dat Liz uiteindelik vir Jade gaan…
Frans wil Liz en Christo in die sitkamer sien vir 'n koppie koffie. Christo hou niks van die idee ni…
Zelna is baie opgewonde oor die oesters op die hotel se dak, maar iemand het haar nog nooit met sy p…
'n Nuwe karakter maak sy verskyning en Maggie stel baie belang. Almal is egter nie so positief hiero…
Maggie is ontsteld oor Frans se optrede teenoor Sonja. Hy besluit om eerder op iemand anders te kons…
Seun sit sy voet neer oor die soort kos wat sy kombuis voortaan sal lewer. Hoekom vra Sonja so baie …
Liz sukkel om haar gevoelens weg te steek wanneer dit oor Christo se nuwe dromspeler gaan. Christo a…
Dit lyk asof almal van Sonja hou, selfs Maggie. Wat sou haar motief wees, want met Maggie is daar al…
Is Maggie se vermoede oor Zelna en Albert gegrond of nie? Frans nooi Zelna weer vir ete. Sy het egte…
Maggie gaan lynreg teen Liz se wens is. Zelna wonder hoekom haar afsprake met Frans telkens verkeerd…
Seun breek 'n lansie vir Maggie en Zelna help Liz met 'n probleem. Frans het 'n plan om Zelna nader …
Liz leer Christo beter ken. Maggie raak al hoe moeiliker. Was dit dalk 'n fout om Liz die nuwe aanst…
Frans tik Albert oor die vingers. Liz se nuwe werk is 'n bron van kommer vir Seun. Dit kan dalk onmi…
Liz se idee om ander werk te soek blyk 'n fout te wees. Albert kom al hoe meer agter Zelna is nie ie…
Liz het planne wat Frans en Maggie dwars in die krop steek. Dalk kan Christo hand bysit om die probl…
Dinge loop toe nie heeltemal soos Zelna dit wil hê met die groot opening van haar skoonheidsalon nie…
Maggie onttrek haar van die ander. Christo het nie blyplek nie en vra Albert se hulp. Gelukkig onder…
Frans is terug.Die vorige keer het hy sy hare laat kleur. Het hy dit hierdie keer verder gevoer? Liz…
Maggie verslaap en sy is moeilik. Christo hou vol hy en Liz is slegs vriende. Zelna kry goeie raad b…
Maggie en Zelna is aanmekaar. Seun is bekommerd oor Maggie wat nou elke aand iets besonders wil eet …
Seun wen weer Maggie se guns met 'n spesiale dis uit 'n bekende Britse sjef se resepteboek. Albert h…
Albert maan Seun om nie betrokke te raak by Maggie se dansplanne nie. Seun verdedig heftig. Liz is b…
Seun luister in die kombuis na Christo se musiek en hy hou daarvan. Maggie het egter Golden Oldies i…
Zelna hiet en gebied en Frans het nie weerstand teen haar nie. Hy verdedig haar by Liz, maar die re…
Zelna het haar self klaar ingeburger en wag nou vir toerusting om haar skoonheidsalon aan die gang t…
Frans keer gouer terug uit Stellenbosch as wat enige iemand verwag het. Veral Maggie is ontsteld. He…
Seun, Hotel Elizabeth se sjef, sorg vir eksotiese disse op die spyskaart. Hy doen dit veral om Maggi…
Liz sorg weer vir die meeste drama in Frans se lewe en hy's moeilik. Christo en sy sogenaamde 'band'…