Dis Hoeveel Ek Weet: Recent Episodes

Selwyn Milborrow

'n Potgooi oor mense met woordlense gerig op die wêreld om ons.

View Details

enkel jij

zo makkelijk

met enkel die ene trek

van mijn mond of ogen

weet jij iets dat er me iets dwarszit

en als jij vraagt

ben ik de laatste om het te geloven

om te denken 

de tijd maakt dat gisteren

in een waas voorbij drijft

en nu kan enkel jij voelen

als een storm komt woelen 

in dit lijf

want hoe anders, lief

enkel jij kent die drang

en het verlangen 

wat daaruit voort vloeit

(vertaald door Els Somers)

© Selwyn Milborrow, 2021

View Details

Gedig ‘Tot hier toe Dan, Pa’ - Diana Ferrus.

View Details

‘Uncle Jakob’ deur Diana Ferrus.

View Details

Gedig: “En toe kom hulle terug” - Diana Ferrus

View Details

Gedig: “Die jas” deur Diana Ferrus

View Details

belydenis in die skemering

(vir Elisabeth Eybers, 1915-2007)

ongemaklik was jou skemeruur

toe jy die sout in jou trane

oor jou moederland moes verduur

en toe jou seun heengaan

het die lewe sy naelstring

soos ‘n grafsteen teen jou vasgeslaan

met jou loopraam het jy nagte deurkruis

en sitplek gevind op jou laaste busrit

na amstel, jou nuwe huis

* Die gedig is opgedra aan Helize van Vuuren, voormalige professor aan die Nelson Mandela-Universiteit.

Sy was ontvanger van die Elisabeth Eybers-studiebeurs in 2010.

© Selwyn Milborrow, 2021

View Details

gedicht voor ma

(voor Eva Milborrow)

ma, het lied van jouw mond

was mijn klaasvaak

toen ik niet kon slapen

en jouw ogen vogelverschrikkers 

tegen mijn nachtmerries

ma, wat had jij Hem gevraagd

wat mij tot vandaag nog draagt? 

ma, ik weet dat jij je klaar maakt 

voor een zonsverduistering

en ik voor de val van 'n herfstblad

maar ma, wat moet ik Hem vragen

om jou nog 'n paar zomers te dragen? 

ma, mag mijn gedicht

jou bij mij houden 

voor eeuwig

© Selwyn Milborrow, 2021 (vertaling: Els Somers, België)

View Details

Gedig: belydenis in die skemering

View Details

drie briewe uit die tronk

brief een: 

ma,

stemme tussen gister en vandag

eggo tussen hierdie mure

my enigste innocence is

my baba foto teenaan my bors

maar moenie huil nie ma –

ek’s ge-rehabilitate

ek kom binnekort uit!

brief twee:

babes,

ek verlang jou en

ons break-ups en make-ups

want daai song sê mos

‘you’ve got to break up to make up’

… ek wil jou nog vat vir long walks

en myself soak in jou,

maar somehow worry ek

ons flame gaan kwyn

of met ‘n prison riot verdwyn

brief drie:

Here,

perform een van jou miracles

want ek’s uit-en-uit ge-rehabilitate

for Christ’s sake,

kry my uit hierdie hel uit!

© Selwyn Milborrow, 2021

View Details

die vrede kom later

(vir Diana Ferrus)*

ontneem van die hamer in sy hand

en die koestering van sy kroos

só moes hy sonder verset of vertroosting

tussen skrapnel en tenks soek na skuiling

maar sy droom was nie verlore

want die vetes van die verlede

hang vergete tussen geroeste gewere

die grofgeskut is finaal verruil

vir die gewapper van vredesvlae

in elke dorp, stad en straat

in worcester

in tobruk

in aachen

in elke kinder hart

jou pa se vrede was nie verlore

was hom altyd maar beskore

* Digter, Diana Ferrus se pa, skutter Jacobus Marinus Daniel Ferrus, diensnommer 304463, was lid van die Kaapse Korps (tweede divisie). Hy was ‘n krygsgevangene, wat in Junie 1942 by Tobruk gevange geneem was. Hy moes werk as skrynwerker in Aachen, die eerste Duitse stad wat deur die geallieerde magte gedurende die Tweede Wêreldoorlog binnegeval was.

© Selwyn Milborrow, 2021

View Details

Die gedig handel oor die orkaan wat New Orleans in Amerika getref het.

View Details

vir 'n vriend ('n gedig)

View Details

'n Amerikaanse student lees Selwyn Milborrow se gedig "'n gedig is 'n gedig net om 'n gedig te wees".

View Details

die skilder

(vir Amos Langdown)*

buite teken reёndruppels teen ruite

kontoere deurweek in reënboogkleure

vrouefigure beur teen die wind

in ‘n ander staan ‘n ma met haar kind

só kon jy nog altyd met ‘n kwasstreep

die lewe se kaalvoetmerke verf

en nóú wil ek met woorde

jou op hiérdie doek verf

want elke keer as dit reёn

word verf verwaterde trane

wat wegsink in plet* se duine

stil is die kwas

in die skilder se hand

  • Amos Langdown was ‘n bekende skilder van Port Elizabeth. Van sy werke is opgeneem in versamelings in Duitsland, Italië, Holland en die Smithsonian-instituut in Washington. Langdown se eerste uitstalling was in 1964 in die Edrich-galery op Stellenbosch – ’n eerste vir ’n bruin skilder.

** Plet is ‘n afkorting wat inwoners van Plettenbergbaai gewoonlik gebruik wanneer hulle na die kusdorpie verwys.

(C) 2021 Selwyn Milborrow

View Details

gedig vir ma

(vir Eva Milborrow)

ma, die lied van jou mond

was my klaasvakie

toe ek nie kon slaap nie

en jou oë verskrikvoëls

teen al my nagmerries

ma, wat het jy Hom gevra

wat my tot vandag nog dra?

ma, ek weet jy maak gereed

vir ‘n sonsverduistering

en ek vir die val van ‘n herfsblaar

ma, wat moet ek Hom vra

om jou nog ‘n paar somers te spaar?

ma, mag my gedig

jou hou

by my

vir ewig

© Selwyn Milborrow, 2021

View Details

Winternaggedig - Selwyn Milborrow

View Details

elegie vir Patrick Petersen*

ek’s ‘n doodgewone ou wat die reënboogkleure meng en ‘n huldeblyk verf nét vir jou

só swaar om protes en pyn deur jou pen te voel vloei tog was dit vir joú ver verhewe bo vers en kwatryn

noú wil ek jou prentjie skilder op ‘n doek wat nooit sal afskilfer

want ál onthou ek die gehuil van ‘n pen versteen in ‘n oomblik toe bloed en metaal meng weet ek ook jỳ kon jou oë in vrede sluit met jou laaste huistoery

  • Patrick Petersen was ‘n dominee, digter en uitgewer. Hy is op 7 Junie 1997, in ‘n motorongeluk dood. Sy dood was deur vriende en mede-skrywers met agterdog begroet. © Selwyn Milborrow, 2021

View Details

another one bites the dust

ek weet, jy weet, en ons weet

dit raak nie makliker nie

want almal raak steeds verlief

maar ons het die punt bereik

waar ons dit nie kan fake

it’s too much

too little 

too late…

ek weet, jy weet, en ons weet

hoe desperate ookal ons liefde

kan ons dit nie meer fnuik

ons liefde het begin taan

en dit gaan finaal faal

en soos langverwagte druppels

van bo na benede plof

en bly lê in die stof

it’s too much

too little 

too late… another one bites the dust

(Copyright) 2021 Selwyn Milborrow

View Details

korona, korona

die wêreld skarrel in ‘n roukleed

want man, vrou en kind is vasgevang

in ‘n viriele greep

onsigbaar, ongenaakbaar, onaantasbaar

sluip dit verby elke dak, dorp, straat

en oor elke stad, kontinent en land

wanneer gaan die mensdom ooit besin

of moet ‘n tsunami van histerie

oor ‘n dodelike pandemie

ons tot besinning dwing?

©️ 2021 Selwyn W Milborrow

* Koronavirusse is 'n groot familie van virusse wat siektes by diere en mense kan veroorsaak. So ’n infeksiesiekte word ’n soönose genoem, wat beteken dit word van diere na mense oorgedra. Die nuutste koronavirus kan egter ook tussen mense versprei en veroorsaak die koronavirussiekte Covid-19. In Desember 2019, het die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) bewus geword van ’n uitbreking van “longontsteking” in Wuhan, China. Die WGO het dit COVID-19 of koronavirus genoem. Dit het in 2020 oornag die hele wêreld se grootste gemeenskaplike vyand geword. Miljoene mense het die virus opgedoen en teen middel 2020 was daar nog geen entstof beskikbaar nie.

View Details

gedig vir pa

(vir Eustace Milborrow)

pa is in livingstone hospitaal opgeneem

afgetakel, afgeknou en uitgeteer 

net ‘n versteende skadu van sy glorie

ons is reisigers saamgepak in hysbakke

sommige draai links na die vrouesaal

en ons regs na pa in die manssaal

pa word begroet deur geliefdes met kosblikke

en bemoedig deur besoekers met bybels

maar pa wil niks hoor nie

hy wil net huis toe kom

maar daar's so baie vrae wat pla –

hoe ver het dit versprei

wanneer gaan die dokter kom

wanneer gaan die behandeling begin

en toe…

pynlik en presies skandeer die masjien

die diagnose is koud en naak soos been

en skadu’s strek van hoek tot kant

en doodspraatjies hang hamerswaar

pa is die volgende dag huis toe –

vreemd dat hy ons juis verlaat

toe ‘n sinkende son die aarde

genadiglik met ‘n doodskleur laat

op pad huis toe hoor ek pa se stem

en vra hoe ry ons dan nou sonder hom

ek draai om maar sien niemand en niks

en besef pa het sy stem agtergelaat

met sy laaste huis toe ry

na ‘n ander land

© Selwyn Milborrow, 2021

View Details

gedicht voor veerle, els, en anne-sophie

onthoud je nog?

weet je nog hoe we samen

hand in hand uit de schoolpoort kwamen

onafscheidelijke vrienden voor altijd?

niet?

wacht, ik weet dat je luistert

ook al is de verbinding verbroken

weet ik dat de pen genadig zal zijn

om de keel haar stilte te breken

en ‘n gedicht voor de dag vannacht

in het zuiden van afrika wegzakt

op een blad papier om te geven

aan drie belgische dichtersvrienden…

© Selwyn Milborrow, 2021

View Details

vir breyten

as die digter sterf sal ek skryf

‘n taal se bondeltjie trots

is uit sy moederskoot kom haal

as die digter sterf sal ek skryf

‘n oerknal het die taal tong en al

uit die volk se mond kom haal

as die digter sterf sal ek skryf

van die laaste bossie poësie

wat uit sy hande val

as die digter sterf

kan g’n sweet meer bloei

uit die ysterkoei

© 2021 Selwyn Milborrow

View Details

'n Splinternuwe gedig deur Selwyn Milborrow, "Child of Africa".

View Details

Onderhoud met digter en storieverteller - Susan Tiervlei (Deel 2).

View Details

Onderhoud met digter en storieverteller - Susan Tiervlei (Deel 1).

View Details

Bernie Burrell Lees Haar Afrikaanse Gedig.

View Details

Romantiese gedigte in Afrikaans, Engels en Nederlands soos voorgelees deur Selwyn Milborrow.

View Details

Die Mooiste Afrikaanse Gedigte deur Selwyn Milborrow.