enkel jij
zo makkelijk
met enkel die ene trek
van mijn mond of ogen
weet jij iets dat er me iets dwarszit
en als jij vraagt
ben ik de laatste om het te geloven
om te denken
de tijd maakt dat gisteren
in een waas voorbij drijft
en nu kan enkel jij voelen
als een storm komt woelen
in dit lijf
want hoe anders, lief
enkel jij kent die drang
en het verlangen
wat daaruit voort vloeit
(vertaald door Els Somers)
© Selwyn Milborrow, 2021
belydenis in die skemering
(vir Elisabeth Eybers, 1915-2007)
ongemaklik was jou skemeruur
toe jy die sout in jou trane
oor jou moederland moes verduur
en toe jou seun heengaan
het die lewe sy naelstring
soos ‘n grafsteen teen jou vasgeslaan
met jou loopraam het jy nagte deurkruis
en sitplek gevind op jou laaste busrit
na amstel, jou nuwe huis
* Die gedig is opgedra aan Helize van Vuuren, voormalige professor aan die Nelson Mandela-Universiteit.
Sy was ontvanger van die Elisabeth Eybers-studiebeurs in 2010.
© Selwyn Milborrow, 2021
gedicht voor ma
(voor Eva Milborrow)
ma, het lied van jouw mond
was mijn klaasvaak
toen ik niet kon slapen
en jouw ogen vogelverschrikkers
tegen mijn nachtmerries
ma, wat had jij Hem gevraagd
wat mij tot vandaag nog draagt?
ma, ik weet dat jij je klaar maakt
voor een zonsverduistering
en ik voor de val van 'n herfstblad
maar ma, wat moet ik Hem vragen
om jou nog 'n paar zomers te dragen?
ma, mag mijn gedicht
jou bij mij houden
voor eeuwig
© Selwyn Milborrow, 2021 (vertaling: Els Somers, België)
drie briewe uit die tronk
brief een:
ma,
stemme tussen gister en vandag
eggo tussen hierdie mure
my enigste innocence is
my baba foto teenaan my bors
maar moenie huil nie ma –
ek’s ge-rehabilitate
ek kom binnekort uit!
brief twee:
babes,
ek verlang jou en
ons break-ups en make-ups
want daai song sê mos
‘you’ve got to break up to make up’
… ek wil jou nog vat vir long walks
en myself soak in jou,
maar somehow worry ek
ons flame gaan kwyn
of met ‘n prison riot verdwyn
brief drie:
Here,
perform een van jou miracles
want ek’s uit-en-uit ge-rehabilitate
for Christ’s sake,
kry my uit hierdie hel uit!
© Selwyn Milborrow, 2021
die vrede kom later
(vir Diana Ferrus)*
ontneem van die hamer in sy hand
en die koestering van sy kroos
só moes hy sonder verset of vertroosting
tussen skrapnel en tenks soek na skuiling
maar sy droom was nie verlore
want die vetes van die verlede
hang vergete tussen geroeste gewere
die grofgeskut is finaal verruil
vir die gewapper van vredesvlae
in elke dorp, stad en straat
in worcester
in tobruk
in aachen
in elke kinder hart
jou pa se vrede was nie verlore
was hom altyd maar beskore
* Digter, Diana Ferrus se pa, skutter Jacobus Marinus Daniel Ferrus, diensnommer 304463, was lid van die Kaapse Korps (tweede divisie). Hy was ‘n krygsgevangene, wat in Junie 1942 by Tobruk gevange geneem was. Hy moes werk as skrynwerker in Aachen, die eerste Duitse stad wat deur die geallieerde magte gedurende die Tweede Wêreldoorlog binnegeval was.
© Selwyn Milborrow, 2021
'n Amerikaanse student lees Selwyn Milborrow se gedig "'n gedig is 'n gedig net om 'n gedig te wees".
die skilder
(vir Amos Langdown)*
buite teken reёndruppels teen ruite
kontoere deurweek in reënboogkleure
vrouefigure beur teen die wind
in ‘n ander staan ‘n ma met haar kind
só kon jy nog altyd met ‘n kwasstreep
die lewe se kaalvoetmerke verf
en nóú wil ek met woorde
jou op hiérdie doek verf
want elke keer as dit reёn
word verf verwaterde trane
wat wegsink in plet* se duine
stil is die kwas
in die skilder se hand
** Plet is ‘n afkorting wat inwoners van Plettenbergbaai gewoonlik gebruik wanneer hulle na die kusdorpie verwys.
(C) 2021 Selwyn Milborrow
gedig vir ma
(vir Eva Milborrow)
ma, die lied van jou mond
was my klaasvakie
toe ek nie kon slaap nie
en jou oë verskrikvoëls
teen al my nagmerries
ma, wat het jy Hom gevra
wat my tot vandag nog dra?
ma, ek weet jy maak gereed
vir ‘n sonsverduistering
en ek vir die val van ‘n herfsblaar
ma, wat moet ek Hom vra
om jou nog ‘n paar somers te spaar?
ma, mag my gedig
jou hou
by my
vir ewig
© Selwyn Milborrow, 2021
elegie vir Patrick Petersen*
ek’s ‘n doodgewone ou wat die reënboogkleure meng en ‘n huldeblyk verf nét vir jou
só swaar om protes en pyn deur jou pen te voel vloei tog was dit vir joú ver verhewe bo vers en kwatryn
noú wil ek jou prentjie skilder op ‘n doek wat nooit sal afskilfer
want ál onthou ek die gehuil van ‘n pen versteen in ‘n oomblik toe bloed en metaal meng weet ek ook jỳ kon jou oë in vrede sluit met jou laaste huistoery
another one bites the dust
ek weet, jy weet, en ons weet
dit raak nie makliker nie
want almal raak steeds verlief
maar ons het die punt bereik
waar ons dit nie kan fake
it’s too much
too little
too late…
ek weet, jy weet, en ons weet
hoe desperate ookal ons liefde
kan ons dit nie meer fnuik
ons liefde het begin taan
en dit gaan finaal faal
en soos langverwagte druppels
van bo na benede plof
en bly lê in die stof
it’s too much
too little
too late… another one bites the dust
(Copyright) 2021 Selwyn Milborrow
korona, korona
die wêreld skarrel in ‘n roukleed
want man, vrou en kind is vasgevang
in ‘n viriele greep
onsigbaar, ongenaakbaar, onaantasbaar
sluip dit verby elke dak, dorp, straat
en oor elke stad, kontinent en land
wanneer gaan die mensdom ooit besin
of moet ‘n tsunami van histerie
oor ‘n dodelike pandemie
ons tot besinning dwing?
©️ 2021 Selwyn W Milborrow
* Koronavirusse is 'n groot familie van virusse wat siektes by diere en mense kan veroorsaak. So ’n infeksiesiekte word ’n soönose genoem, wat beteken dit word van diere na mense oorgedra. Die nuutste koronavirus kan egter ook tussen mense versprei en veroorsaak die koronavirussiekte Covid-19. In Desember 2019, het die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) bewus geword van ’n uitbreking van “longontsteking” in Wuhan, China. Die WGO het dit COVID-19 of koronavirus genoem. Dit het in 2020 oornag die hele wêreld se grootste gemeenskaplike vyand geword. Miljoene mense het die virus opgedoen en teen middel 2020 was daar nog geen entstof beskikbaar nie.
gedig vir pa
(vir Eustace Milborrow)
pa is in livingstone hospitaal opgeneem
afgetakel, afgeknou en uitgeteer
net ‘n versteende skadu van sy glorie
ons is reisigers saamgepak in hysbakke
sommige draai links na die vrouesaal
en ons regs na pa in die manssaal
pa word begroet deur geliefdes met kosblikke
en bemoedig deur besoekers met bybels
maar pa wil niks hoor nie
hy wil net huis toe kom
maar daar's so baie vrae wat pla –
hoe ver het dit versprei
wanneer gaan die dokter kom
wanneer gaan die behandeling begin
en toe…
pynlik en presies skandeer die masjien
die diagnose is koud en naak soos been
en skadu’s strek van hoek tot kant
en doodspraatjies hang hamerswaar
pa is die volgende dag huis toe –
vreemd dat hy ons juis verlaat
toe ‘n sinkende son die aarde
genadiglik met ‘n doodskleur laat
op pad huis toe hoor ek pa se stem
en vra hoe ry ons dan nou sonder hom
ek draai om maar sien niemand en niks
en besef pa het sy stem agtergelaat
met sy laaste huis toe ry
na ‘n ander land
© Selwyn Milborrow, 2021
gedicht voor veerle, els, en anne-sophie
onthoud je nog?
weet je nog hoe we samen
hand in hand uit de schoolpoort kwamen
onafscheidelijke vrienden voor altijd?
niet?
wacht, ik weet dat je luistert
ook al is de verbinding verbroken
weet ik dat de pen genadig zal zijn
om de keel haar stilte te breken
en ‘n gedicht voor de dag vannacht
in het zuiden van afrika wegzakt
op een blad papier om te geven
aan drie belgische dichtersvrienden…
© Selwyn Milborrow, 2021
vir breyten
as die digter sterf sal ek skryf
‘n taal se bondeltjie trots
is uit sy moederskoot kom haal
as die digter sterf sal ek skryf
‘n oerknal het die taal tong en al
uit die volk se mond kom haal
as die digter sterf sal ek skryf
van die laaste bossie poësie
wat uit sy hande val
as die digter sterf
kan g’n sweet meer bloei
uit die ysterkoei
© 2021 Selwyn Milborrow
Romantiese gedigte in Afrikaans, Engels en Nederlands soos voorgelees deur Selwyn Milborrow.