VivA Afrikaans-joernaal: Recent Episodes

Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA)

Wetenswaardighede oor Afrikaanse taalkunde en Afrikaans in die algemeen, asook voorlesings van VivA se blogs en rubrieke.

View Details

In hierdie podsending word die alternatiewe vorm wat die persoonlike voornaamwoord "hulle" kan neem (naamlik "hul") onder die loep geneem. Taalonderrig Klaskamerhulpmiddels · VivA se webwerf

View Details

Vir die meeste mense is die blote naam “Shakespeare” genoeg om hulle hartkloppings te besorg. (Sophia Kapp)
Voorgelees deur Karen Loots. “Gee die Duiwel [en die digter] wat hom toekom” (Henry IV Part I)

View Details

Die feit is, vertaalwerk doen jy in een rigting: in jou moedertaal in. (Sophia Kapp)
Voorgelees deur Karen Loots. Die peetkind wat in die wyk lê

View Details

Om te kan sien, om te kan lees, om te kan naslaan, om te kan vra... (Sophia Kapp)
Voorgelees deur Karen Loots. Athlone

View Details

Die -krasieë en hul plek in die woordeboek. (Sophia Kapp)
Voorgelees deur Karen Loots. Oor -krasieë en kloake

View Details

Sophia Kapp verklaar wat "'iemand die loef afsteek" werklik beteken?
Voorgelees deur Karen Loots. Daai liederlike loef ...

View Details

Wat is 'n megafter? Jana Luther spoor die leksikografie van ''megafter'' na.
Voorgelees deur Karen Loots. Op megafter se spoor

View Details

Die moeder is die bron, die oorsprong, die broeiplek, die ontluikplek. (Sophia Kapp)
Voorgelees deur Karen Loots. 'n Ode aan die moeder

View Details

Dit help nie ons verwag van ons kinders optrede, gedrag, gewoontes, lewenswyses, opvattings, uitkyke, insigte, beginsels en etiese kodes wat ons nie vir onsself aangekweek het nie. (Sophia Kapp)
Voorgelees deur Karen Loots. Woorde wek, maar voorbeelde trek

View Details

Woorde wat geweld aanwakker, toelaat en toesmeer. (Sophia Kapp)
Voorgelees deur Karen Loots. “Woorde is oorgehaalde pistole” – Jean-Paul Sartre

View Details

Hoe kan 'n ding wat in Amerikaanse boelieballet ses punte werd is sommer in 'n Afrikaanse teks 'n drie word? (Sophia Kapp)
Voorgelees deur Karen Loots. Die Amerikaanse touchdown, die Engelse roos en Welkom se melktert

View Details

As ʼn skrywer kry ʼn mens baie keer die vraag: Waar kry jy jou stories vandaan? (Sophia Kapp)
Voorgelees deur Karen Loots. Om 'n storie te maak

View Details

Onthou vandag, op hierdie dag, dat jou moedertaal jou trots mag en moet wees, dat jou hart daarvoor mag klop en dat jy hard mag werk om Afrikaans te beskerm en te bevorder. (Sophia Kapp)
Voorgelees deur Karen Loots. Internasionale Moedertaaldag

View Details

Daar is niks snaaks, satiries, lighartig of eers aanvaarbaar aan fopnuus nie. (Sophia Kapp)
Voorgelees deur Karen Loots. Fopnuus

View Details

Hoekom word “awesome” nie opgeneem nie? Die reaksies op so ʼn vraag is voorspelbaar: “Ja, almal praat so” of “Nee, dit is aaklig”. (Sophia Kapp)
Voorgelees deur Karen Loots. Om oor taal te klets

View Details

In hierdie episode spoor Sophia Kapp die etimologie van "serfyntjie" na.
Voorgelees deur Karen Loots. Oor soldate, orrels en engele

View Details

Sophia Kapp wonder waarom dit mense so kwaad maak wanneer hulle uitvind dat hulle 'n taalfout gemaak het.
Voorgelees deur Karen Loots. Slegte medisyne

View Details

Ja, jy het reg geraai: Vers volgende van die wat-is-die-versamelnaamwoord-vir-X-gesang het vandag opgeklink. (Sophia Kapp) Voorgelees deur Karen Loots. Die vers is 'n refrein en die gesang 'n requiem

View Details

Kyk, ek is bereid om oor baie beledigings my oë te rol en stil te bly, want nie alles is 'n oorlog werd nie, maar 'n taalbul was ek wragtig nog nooit. (Sophia Kapp) Voorgelees deur Karen Loots. Die bulle se boeke

View Details

Die antwoord op die vraag wat ʼn anglisisme is, word onderlê deur die beginsel van “soveel hoofde, soveel sinne”. (Sophia Kapp) Voorgelees deur Karen Loots. Die duiwel se franchise - vers 2 oor anglisismes

View Details

Flaps-flaps stap sy met haar stewels deur die water. Klankekspressies soos klanknabootsing en klankskildering. (Jana Luther) Voorgelees deur Karen Loots. Kaplaks! loop sy in die ruit vas

View Details

Een van die gereeldste (en lastigste) navrae wat ek kry, is oor intensiewe vorme. Versamelname, vergelykings en intensiewe vorme is groot griewe, vir onderwysers, vir leerders, en vir hulle ouers wat moet help huiswerk doen, want dié goed het in die taal versteen geraak en die jonger geslag moet hierdie gesteentes in hulle sakke dra ingeval hulle dit sou nodig kry. (Sophia Kapp) Voorgelees deur Karen Loots. Intensiewe vorme, Noag en die kanon

View Details

Daar is kwalik beter klikaas op ʼn taalforum as die woord "anglisisme". (Sophia Kapp) Voorgelees deur Karen Loots. Taalsuiwerheid – kry jou anglisisme aangespreek en jou lingo in lyn

View Details

Enige taal se sprekersgemeenskap is ʼn losse mengsel van moedertaal-, tweedetaal- en vreemdetaalsprekers, van oumense en tieners, van geleerdes en gewones, van vaandeldraers en knutselaars. Almal het die reg om deel te wees van die taalgemeenskap, en almal se bydrae, hoe krom en skeef dit nou ook al mag lyk, is belangrik. (Sophia Kapp) Voorgelees deur Karen Loots.

View Details

Die internet en sy taalgrot trolle. (Sophia Kapp) Voorgelees deur Karen Loots. Trap versigtig as jy nie kan sien nie

View Details

Jy mag op die strand praat nes jy wil, maar as daar ʼn aandrokgeleentheid is en jy praat verflenterde sweetpak, gaan die wenkbroue lig. (Sophia Kapp) Voorgelees deur Karen Loots. Wys my hoe jy spel, dan sê ek vir jou wie jy is

View Details

In hierdie opname bepeins Sophia Kapp die onvas en onvoorspelbare versamelnaamwoorde. Voorgelees deur Karen Loots. Versamelnaamwoorde, vers 2

View Details

Van tuin-aartappeltjies tot aartappelbovis, stoelpatat tot warm patat. Wyl Dawid elders wortels grawe, spit Jana Luther knolle uit. Is jou aartappel ’n ertappel?

View Details

In ’n vorige aflewering in hierdie joernaal (“Gawies, japies, en brawe Hendrikke”, 19 Oktober 2018) vertel Jana Luther van Afrikaanse mansname wat in ou uitdrukkings mense in die algemeen, asook diere en gepersonifieerde dinge aandui. Op Vrouedag luister iemand daarna en vra: Waar is die vroue dan? Hulle is minder, maar hier is Antjie, Bella, Bertha en Margriet, Martha, Saartjie, Sannie en ander. Gawies, japies en brawe Hendrikke (blog)

View Details

Bord, bordeel, van tafel tot bed (Jana Luther). “Waar kom die woord ‘bordeel’ vandaan?” vra ’n Hollander op Twitter terwyl ’n klub vir volwasse vermaak terselfdertyd in Suid-Afrika in die nuus is. “Bordeel.” ’n Prima voorbeeld van hoe ’n eenvoudige woord in betekenis kan gedy wanneer sprekers van verskillende tale sonder “-isme”-benoudheid en puristegepruttel dit oor en weer vir mekaar laat werk.

View Details

Van pampoen tot pampoesie (Jana Luther). Oor kaboepampoen; korrelkop-, kromnek- en gatruikerpampoene; bulpampoene; pampoentyd; pampoenspoke; seepampoentjies; en meer. Lees die blog

View Details

Deund, wrik, hekel en snert (Jana Luther). Op die spoor van taalfossiele in komplekse woorde en vaste uitdrukkings in Afrikaans.

View Details

Van ons menswees is taal waarskynlik die grootste kenmerk, die resultaat van die kreatiwiteit en vindingrykheid van duisende geslagte. Hoe gee woordeboekmakers aan dié anonieme en kollektiewe kuns gestalte, en hoe word hul werk gemeet? Jana Luther blaai deur die 15de deel van die Woordeboek van die Afrikaans Taal en vertel van die nut van leksikografiese liniale. . “Die verifiëring, verfyning en toepassing van leksikografiese liniale vir Afrikaans” · Veels geluk, WAT, met die verskyning van Deel 15! · Hoeveel woorde van Afrika tot Sri Lanka?

View Details

Pase, Pasga, hase en bolletjies (Jana Luther). ’n Paasnaweekepisode oor die oorsprong van die feesdae, die Joodse feesmaaltyd, die mite van die paashaas, die storie van paaseiers, en die geskiedenis van en bygelowe met betrekking tot paasbolletjies.

View Details

SADiLaR vier Internasionale Jaar van Inheemse Tale (Jana Luther). 2019 is die Internasionale Jaar van Inheemse Tale (#IYIL2019). Vier saam met SADiLaR Suid-Afrika se taleverskeidenheid, want “mens sonder taal is soos slimfoon sonder apps”.

View Details

Antjie en kie (Jana Luther). Kinderskrikverhale oor bangmaakfigure en -verskynsels kom voor in die meeste lande en kulture van die wêreld. In Ysland is daar Grýla; in die Afrikaanse folklore Doederomandro, Antjie Somers, Kettemekê, Kaaiman, Kapkaatjie, die Kappietante en nog baie ander.

View Details

"Ken jy die see, Meneer?" (Jana Luther) Van die vervlietende wêreld van Afrikaanse vissersgemeenskappe en Afrikaans as visserstaal bied die WAT kosbare glimpe.

View Details

Hempie-raak-my-nie (Jana Luther). Duifie sonder gal? Of bokbek en omgemoer? Vir elke omgekrapte bui is daar in die WAT ’n beskrywing.

View Details

Koffieklets (Jana Luther). Waar kom die woord “koffie” vandaan? Wat het ons voorsate in die plek van koffie gedrink? Hoeveel spreekwoorde en uitdrukkings met die woord “koffie” ken jy? Oor “koffie” skryf die WAT lank en lekker. Lees die blog · Lees in Beeld

View Details

Dikstertmerries en feite soos koeie (Jana Luther). Teenoor die spesialiswetenskap van die etimologie staan die volksetimologie van Jan en alleman; gewone mense wie se tonge oor vreemde woorde struikel, en wat dan spontaan en heeltemal onwetenskaplik, dié tongknopers by hulle eie taal, hul eie variëteit, hulle eie, unieke taalgebruik aanpas.

View Details

Sewe opdragte vir taalonderrig (Jana Luther). Terwyl die taalkurrikulum in Nederland ingrypend hersien word, bied die Afrikaanse Taalraad op 9 en 10 November 2018 ’n werkwinkel aan oor die ondersteuning van Afrikaansmediumonderrig en Afrikaans as vak in die Wes-Kaap. Hoe lyk die sewe “groot opdragte” wat vir die vak Nederlands gestel word? Wat is daar oor elk van dié opdragte te sê? In Neerlandistiek.nl, die aanlyn tydskrif vir taal- en letterkundige ondersoek, bespreek prof. Marc van Oostendorp, hoogleraar Nederlands en Akademiese Kommunikasie aan die Radboud Universiteit en navorser aan die Meertens Instituut, in sewe blogs Curriculum.nu se sewe kerndoelwitte vir Nederlands in die klas. Vir nadenke oor raakpunte met Afrikaans, herhaal Jana Luther in hierdie podsending, sy volledige kommentaar in Afrikaans. Neerlandistiek.nl · Curriculum.nl · “grote opdrachten” · VivA-webjoernaal

View Details

Gawies, japies, en brawe Hendrikke (Jana Luther). In baie, veral ouer Afrikaanse uitdrukkings word algemene, alledaagse mansname gebruik om mense in die algemeen, en ook diere en gepersonifieerde dinge aan te dui; dikwels vergesel van ’n tiperende bynaam of van: Daantjie Donderbos, Karel Grootoog, Jakob Eensnaar, vrolike Frans, brawe Hendrik ... Om van al die Janne en japies nie te praat nie. Soms verbleek die eienaam, soms verbleek die eienaam nie. Die AWS verduidelik wat met die beginhoofletter gebeur. Lees die blog

View Details

Gent 2018: internasionale brandpunt van Afrikaans (Jana Luther). Van 4-6 Oktober 2018 is die tweede Afrikaans Grammar Workshop (AGW) as deel van vyfde Afrikaanskollokwium in Gent aangebied. Ondanks herhaaldelike versekerings deur die organiseerders dat dié aanbieding in België ’n eenmalige gebeurtenis was, was ’n handjievol Afrikaanse akademici tog ietwat beswaard oor dié “verengelsing” van die Afrikaanskollokwium. In sy verwelkoming aan kollokwiumgangers het prof. Andries Coetzee oor die ontstaan van die AGW ’n kort historiese oorsig gegee en die redes vir die hou van die AGW in Engels opgesom. Lees die blog · Gentkollokwium 2018: Klik hier vir opsommings van referate

View Details

“Sneupe vol sneus” (Jana Luther). Uit “bhang”, die Indiese naam vir Cannabis sativa (volgens Facebook ook “omkyktwak”), het die Konstitusionele Hof in September 2018 vir bostrekkers die benoudheid gehaal. In hierdie podsending kan jy luister na alles wat jy nog altyd van aaptwak, van mak- en wildedagga, wou geweet het. Lees die blog

View Details

Skitter in Afrikaans (Jana Luther). Die taalafdeling van die ATKV ondersteun sedert 2012 Afrikaans Huistaal en Afrikaans Addisionele Taal-onderwysers deur landwyd eendagwerkswinkels aan te bied. Hierdie praatjie oor woordeboeke in die klaskamer word tydens so 'n werkswinkel by die UWK aangebied. ATKV: Skitter in Afrikaans

View Details

Awendrood, water in die sloot (Jana Luther). Vir mense wat na aan die natuur leef, dui verskeie dinge aan dat reën naby is: reënpaddas, rysmiere, dolfies, donderbesies, misroepertjies ... In die Noordelike Halfrond word gespog dat bewoners van ysgebiede meer as 200 verskillende woorde vir sneeu het. Hoeveel soorte reën is daar, en hoeveel reënname, in Afrikaans?

View Details

'n "Poenankies"-podsending (Gerhard van Huyssteen). "Poenankies" beteken ‘oulik’ of ‘fraai’, ʼn lekker alternatief vir die slengwoord "cute". In die 2017-uitgawe van die Afrikaanse woordelys en spelreëls word "poenankies" vir die eerste keer as Standaardafrikaans erken. In hierdie podsending kyk ons na enkele taalkundige aspekte van die woord en veral na waar dit vandaan kom. Lees die blog

View Details

“Proe hoe soet ’n ghoukom smaak” (Jana Luther) Luister na Coenie de Villiers se "Namakwaland". Rol jou tong om die klanke. Vind in die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (die WAT), van Kamieskroon tot Kommagas, tussen ghwarriebos, ghnarrabos en ghneitjies, ghabessies, ghommabos en ghaap, ’n karnaval van diere. Laat jou verhemelte hul name proe.

View Details

Meerkatmededelings (Gerhard van Huyssteen). Waar kom die woord meerkat vandaan? Wat noem hulle Timon in The Lion King in Engels? Is ʼn meerkat en ʼn Engelse suricate dieselfde ding? Wat is die verband tussen ʼn Engelse vervet en grivet, Nederlandse groene meerkat en ʼn Afrikaanse blouaap? Wat vir ʼn woord is muishond en waar kom hy vandaan? Ons kyk na die woord "meerkat" en klap sommer 'n klomp verbandhoudende konsepte met een slag raak. Lees die blog

View Details

Dan loop ons so onder deur die maan (Jana Luther). Om saam te val met die langste algehele maansverduistering van die 21ste eeu op Vrydagaand 27 Julie 2018, 'n podsending oor maanmites en -legendes, bygelowe, spreekwoorde en uitdrukkings, maanalmanakke, en meer.

View Details

ICL20 (Jana Luther). Van 2 tot 6 Julie 2018 is die Internasionale Linguistiekkongres vir die eerste keer op die Afrikavasteland aangebied. In die Kaapstadse Internasionale Konferensiesentrum het taalkundiges uit tientalle lande in 10 parallelle sessies oor vyf dae sowat 650 referate gelewer en altesaam 27 werkswinkels gehou. In aansluiting by die kongrestema: Die dinamiek van taal. ICL20-webblad

View Details

Standaardtaal en omgangstaal (Jana Luther). In Suid-Afrika met sy elf amptelike tale verstaan meer as 7 miljoen mense Afrikaans, en uit die mond van elk van dié 7 miljoen klink Afrikaans net ’n klein bietjie anders as die Afrikaans van enigiemand anders. So beskou, is daar van Afrikaans vandag nie net drie nie, maar om en by 7 miljoen unieke variasies, waarvan die geskiedenis tot ongeveer duisend jaar gelede teruggevoer kan word.

View Details

Oor "huidiglik" (Gerhard van Huyssteen). Die woord "huidiglik" is 'n doring in die vlees van menige taalpraktisyn en taalgebruiker, maar word desalnietemin gereeld in geskrewe en gesproke taal gebruik. In hierdie podsending word die woord vanuit verskillende perspektiewe toegelig, ten einde uitsluitsel te probeer kry hoe ons in 2018 oor die woord sou kon dink. Lees die blog

View Details

Groentesop en vrugteslaai (Jana Luther). Dié week was ek in die WAT en die HAT se vrugteboorde en groentetuine, waar plante nie net as voedsel dien nie, maar ook kleur aan ons taalgebruik verleen. Hier is ’n mandjie vol.

View Details

Gesprek oor Kaaps (Jana Luther en Frank Hendricks). Prof. Frank Hendricks is pas afgetrede hoogleraar in sintaksis, variasietaalkunde en naamkunde van die Departement Afrikaans en Nederlands aan die Universiteit van Wes-Kaapland, voormalige ondervoorsitter van die Afrikaanse Taalkommissie en mederedakteur van die histories belangrike boek Kaaps in Fokus wat in 2016 by African Sun Media verskyn het. Verwysing: Frank Hendricks en Charlyn Dyers (redakteurs). 2016. Uitgewer: African Sun Media. ISBN: 9781928314165.

View Details

Moenie so pandora wees nie (Jana Luther). Dié uitdrukking hoor ek nou die dag in ’n hysbak in die Media24-gebou in Kaapstad. Eg Kaaps? Of word dit ook elders gebruik? Laat weet vir ons. Maar of dit nou van hier is of van daar: Dit kom van ver.

View Details

Van Bologna tot Benoni (Jana Luther). Toe die verband tussen vleisfabrieke en listeriose onlangs blyk, is polonie snel van winkelrakke verwyder. Nog ’n verdoemende beoordeling van dié kamma-mortadella is die Amerikaanse woord "baloney", wat naas ‘wors’, ook ‘bog’ of ‘onsin’ beteken. Kan ’n Mens in Afrikaans "polonie" ook só gebruik? Figuurlik? Die HAT en die WAT swyg daaroor, maar in VivA se korpusse wemel dit van poloniegesegdes!

View Details

Rododendron of viooltjie? Albatros of sysie? (Jana Luther) In twee vorige podsendings het ek oor klankekspressie gesels: klanknabootsing, of onomatopee; en klankskildering. ’n Derde vorm van klankuitdrukking, wat minder duidelik as onomatopee en klankskildering is, en waaroor hierdie laaste aflewering in dié reeks handel, is klanksimboliek. Om klanksimboliek, soos dit byvoorbeeld in ’n gedig voorkom, noukeurig te omskryf, is moeliker. ’n Mens moet ook versigtig wees om jou dit nie te verbeel nie! Lees die blog

View Details

Kaplaks! loop sy in die ruit vas (Jana Luther). In my vorige podsending het ek oor klankekspressie gesels. Dié soort waar mense klanke wat hulle hoor, met hulle stemme probeer naboots: die geluide van diere, voëls, insekte, selfs plante. Dié soort klankuitdrukking, die eerste van drie tipes waarby ek stilstaan, word klanknabootsing, of onomatopee, genoem. Daaroor nou ’n entjie verder, en ook oor klankskildering. Lees die blog:

View Details

Lang woorde en reklametaal (Gerhard van Huyssteen). Vasstamper; wisselrigter-sweismasjien; vinnigruilbeitelhouer; metaaldraadsnydraaibank met gangwissel; hidrouliese bandsae; pneumatiese naelklinkers; suigtoevoersproeispuite; freesmasjiene; voetknipmasjien; kis- en panplaatmetaal-voumasjiene; gliprollers; draaiflensbuigmasjien; banktapgatmasjien; bossiekappers; awegaars; draagbare loopteleskoop. Dié is alles woorde wat onlangs in 'n baie goed versorgde reklamebrosjure verskyn het. Gerhard praat oor Afrikaans in die reklamwese, asook oor lang woorde. Lees die blog · Adendorff se Afrikaanse brosjure

View Details

Nuus uit die Taalkommissiebinnekring (Gerhard van Huyssteen). Die Taalkommissie van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns het gedurende die laaste week van Februarie 'n sitting in Windhoek, Namibië gehad. In hierdie podsending gee Gerhard terugvoer oor van die besluite wat geneem is, asook oor sommige van die nuwe woorde wat voorlopig opgeneem is as Standaardafrikaans. Lees die blog · Meer oor die Taalkommissie

View Details

Tinteltong Toekennings (Gerhard van Huyssteen). AfriVriendelik bekroon jaarliks sakeondernemings wat Afrikaans kreatief gebruik en uitbou. In hierdie podsending gesels Gerhard oor sy ervaring by die 2018-geleentheid. Hy reflekteer ook oor vooropgestelde idees, en hoe Afrikaanssprekendes dalk met meer respek na mekaar moet luister. Lees die blog

View Details

“Bê,” sê die bok. “Huidjiehu,” sê die sprinkaan. (Jana Luther) Die menslike stem is ’n geskakeerde instrument. Met ons stemme kan ons allerhande geluide naboots. Ons doen dit van die vroegste tye af, en ons doen dit steeds. Luister maar na kinders, wanneer hulle speel. Dié soort klankekspressie – waar met die stem gepoog word om wat die gehoor waarneem, te reproduseer – word klanknabootsing, of onomatopee genoem. Lees die blog:

View Details

Tolkterminologie (Gerhard van Huyssteen en Marné Pienaar). Wat is die verskil tussen vertaling en tolking? Of tussen vertaling en lokalisering? En watter verskillende soorte tolking kry 'n mens? Prof. Marné Pienaar (Universiteit van Johannesburg) vertel van twee terminologieprojekte waarby sy en haar kollegas betrokke is. Verwysing :Pienaar, M. & Beukes, A-M. 2010. Veeltalige Vertaalterminologie / Multilingual Translation Terminology. Van Schaik: Pretoria. Kry die boek:

View Details

Oor moedertaalmaand (Gerhard van Huyssteen) 21 Februarie is jaarliks Internasionale Moedertaaldag en daarom is Februarie moedertaalmaand by Afrikaans.com. Is moedertaalonderrig slegs 'n kwessie onder Afrikaanssprekendes, of is dit ook iets waarmee sprekers van ander Afrikatale hulle bemoei? Trouens, verkies mense nie dalk om eerder in Engels begroet te word nie, aangesien Engels 'n statussimbool is? Lees die blog · Afrikaans.com se moedertaalonderrigblad

View Details

Trap versigtig as jy nie kan sien nie (Sophia Kapp). Oor trolle en die taal - hoe om op internetfora raad oor taal te vra en hoe om dit uit te deel. Lees die blog

View Details

Wat is spelling en waar pas dit in? (Gerhard van Huyssteen) Om die selfstandige naamwoord "spelling" of werkwoord "spel" te definieer, is nie so eenvoudig as wat jy dink nie. In hierdie episode praat Gerhard oor wat spelling is en waar dit presies in die taalkunde inpas. Hy verduidelik ook hoe spelling verband hou met die sogenaamde ortografie, asook wat die verhouding is tussen die ortografie (die studie van die manier van skryf) en die fonologie (die studie van die manier van praat).

View Details

Online course: Gesellig Afrikaans (Gerhard van Huyssteen and Angelique van Niekerk). Prof Angelique van Niekerk talks about an online computer-assisted language learning course that was developed at the University of the Free State. This exciting new course, called Gesellig Afrikaans, is aimed at learners of Afrikaans as a foreign language. More information about the course is available at https://viva-afrikaans.org. Gesellig Afrikaans · Brochure

View Details

Van verloof en verlof tot loof, lof en die lowergroen lourier. Hoe hou hierdie woorde met mekaar verband, en waar kom hulle vandaan? Lees die blog

View Details

Wat is "name and shame" in Afrikaans? (Gerhard van Huyssteen) Dit is dikwels moeilik om Engelse idiome of segswyses, soos byvoorbeeld "name and shame" in Afrikaans te vertaal. In hierdie week se podsending vertel Gerhard van 'n kreatiewe voorstel van dr Frikkie Lombard van die WAT en Taalkommissie. Lees die blog

View Details

Vat dit met 'n bietjie sout! (Gerhard van Huyssteen). Sê ons in Afrikaans jy moet iets met 'n knippie/knypie/korreltjie sout neem/vat? En waar kom die uitdrukking vandaan? Kry ons ook dieselfde wisseling in Engels (tussen "a pinch/grain of salt")? Hierdie vrae word aan die hand van uitgebreide korpusdata ondersoek en toegelig. Lexicon Valley

View Details

Oor humor en hase (Gerhard van Huyssteen). Waar kom die woord "haasbek" vandaan? En hoekom is daar 'n hele genre hasiegrappies in Afrikaans? In hierdie podsending vertel Gerhard van Huyssteen meer oor hoe humor werk deur normale gespreksbeginsels en -voorwaardes te oortree. Lees die blog · Meer oor Grice se samewerkingsbeginsel

View Details

Gesprek oor Die storie van Afrikaans – Deel 1 (Gerhard van Huyssteen en Wannie Carstens). Proff. Wannie Carstens en Edith Raidt is twee bekendes op die gebied van die geskiedenis van Afrikaans. Aan die einde van 2017 het deel 1 van 'Die storie van Afrikaans' by Protea Boekhuis verskyn. Ons gesels oor die boek, oor Wannie se loopbaan aan die Universiteit van Kaapstad en die Noordwes-Universiteit, asook oor moeilike kwessies met betrekking tot Afrikaans se herkoms. Verwysing: Carstens, WAM & Raidt, E. 2017. Die storie van Afrikaans: uit Europa en van Afrika – deel 1. Pretoria: Protea Boekhuis.

View Details

Waar kom voëlname vandaan? (Gerhard van Huyssteen). Afrikaans het 'n ryk woordeskat van plant- en diername? Maar waar kom al hierdie name vandaan? In hierdie episode gesels Gerhard oor die verdeling tussen erfgoed, leengoed en eiegoed, en bespreek dit aan die hand van 'n klompie Afrikaanse voëlname. Lees die blog · Digitale Biblioteek van die Afrikaanse Taalkunde

View Details

Die vers is ’n refrein en die gesang ’n requiem (Sophia Kapp). Versamelname – Vers 3: Die stryd duur voort.

View Details

Versamelname – Vers 2 (Sophia Kapp). Is ’n dolfyn ’n vis of 'n bees? Die kwessie van versamelname word nog 'n keer ondersoek.

View Details

Die juffrou wil ’n antwoord hê – Vers 1 (Sophia Kapp). Oor skilpaaie, die moerige ma en die juffrou wat nie nageslaan het nie. Hoe gemaak met versamelname?

View Details

Intensiewe vorme, Noag en die kanon (Sophia Kapp). 'n Lys taalrelikweë, die jonger geslag wat van die troon af taal maak, en die ouer geslag wat dit uit die kroeg gedoen het. Waarvandaan sal ons hulp kom?

View Details

Die Amerikaanse touchdown, die Engelse roos en Welkom se melktert (Sophia Kapp). Kulturele merkers in tekste - hoe eet 'n mens 'n melktert in 'n ander taal?

View Details

Kom ons praat maar weer oor "aanspreek" (Jana Luther). Onder invloed van Engels wat moeilikhede “address” word vraagstukke in Afrikaans al dekades lank “aangespreek”, ten spyte van deurlopende pogings oor net soveel dekades heen om dié gewraakte woord uit die taal te weer. Is die gebruik daarvan regtig so verkeerd? Lees die blog (met grafiek)

View Details

Genoeg is genoeg (Jana Luther). “Pak slae is nou ’n misdaad,” sê die hof. Dié uitspraak is wyd verwelkom, maar ook gekritiseer. En ek dink by myself hoe dit my onlangs weer opgeval het hoe baie van Afrikaans se idiome met lyfstraf verband hou.

View Details

Aanlyn kursus: Gesellig Afrikaans (Gerhard van Huyssteen en Angelique van Niekerk). Prof Angelique van Niekerk van die Universiteit van die Vrystaat gesels oor die nuwe aanlyn kursus Gesellig Afrikaans. Dié kursus is gerig op die onderrig van Afrikaans as vreemde taal (met ander woorde vir iemand wat eintlik geen - of min - kennis van Afrikaans het). Meer inligting oor die kursus is beskikbaar by https://viva-afrikaans.org. Inligtingstuk

View Details

Wat ek vandag wil kom staan vertel (Jana Luther). “Moet jy so vroeg in oggend met my staan en stry?” Vir hierdie stryery om plaas te vind, hoef nóg die aangesprokene nóg die spreker werklik op die been te wees. Hulle kan aan tafel sit, of selfs nog in die bed lê. In die voorbeeldsin stel “staan” bloot die handeling van te wil stry, as feit. Dis hoe verbale hendiadis meestal in Afrikaans gebruik word: met ’n inleidende werkwoord waarvan die letterlike betekenis verflou het ...

View Details

Kom plant jou vlag in Afrikaans se spraakatlas (Jana Luther). Hoe klink Afrikaans? Daar waar jy is. Verewig jou stem in die Virtuele Instituut vir Afrikaans se nuwe Noordewindkorpus.

View Details

Oor beddens en Boervrouens (Sophia Kapp). As jy in die middel van die nag wakker word van 'n harde klapgeluid, kan jy maar weet daar is moeilikheid. Maar sommige mense vat nie nonsens van sulke moeilikheid nie ... Oor beddens en Boervrouens

View Details

Van varke en verraaiers (Sophia Kapp). Oor die bekendstellingsgeleentheid van die 2017-AWS, Sagmoedige Neelsie en Dalene Matthee se Moerbeibos. Wie is uiteindelik die vark in die verhaal? Van varke en verraaiers

View Details

Boekbekendstelling - Terminology and Terminography (Gerhard van Huyssteen en Mariëtta Alberts). Dr Alberts is een van Suid-Afrika se bekendste terminoloë. In hierdie episode praat sy oor haar nuwe boek wat onlangs gepubliseer is: Alberts, M. 2017. Terminology and Terminography: Principles and Practice. A South African Perspective. Milnerton: MLA Publications. 483 bladsye. ISBN 978-0-9947129-0-5. Prys: R695,00 (BTW ingesluit). MLA Publications; Tel: 021 813 9414; info@editandtrain.com.

View Details

Nee, my ou suikerpot, die lewe is nie net skanghagha nie (Jana Luther). Waarom krap die toevoeging van ’n enkele woordpaar tot die nuwe Afrikaanse woordelys en spelreëls (’n skamele twee uit altesame 34 077 inskrywings) bruin akademici en skrywers so om?

View Details

"Trend" toon opwaartse neiging (Jana Luther). Watter nuwe woorde is op die woordeboekmakers se dophoulyste? En hoe word daar oor hulle opname besluit?

View Details

Subredakteur is koerant se onbesonge held (Gerhard van Huyssteen). Menige leser/luisteraar weet nie wat ʼn subredakteur is nie. Subredakteurs doen veel meer as om net die taal in 'n koerantberig te versorg.

View Details

Oos, Wes, Bluff Bes (Sophia Kapp). Hoekom word die name van stede of geboue in die buiteland soms in Afrikaans vertaal? En wat noem 'n mens iemand wat van die Bluff (Durban) vandaan kom?

View Details

Beskans jou deur jou taal goed te beheers (Gerhard van Huyssteen) Bouwer Bosch se #Versoening-video’s het Suid-Afrikaners behoorlik aan die gons. Van sy kritici gebruik sy taalgebruik om hom as onbelangrik af te maak. Is sulke kritiek geregverdig?

View Details

Nie alles wat rooi is, is ’n posbus nie (Jana Luther). Rapport se gebruik van die woord "rampant" in die kop van ’n berig oor die Leeus se Superrugby-sege in Durban het ’n hele paar lesers op hulle agterpote gehad. Hoe staan sake met dié woord in Afrikaans?

View Details

Koerante en tydskrifte is voedingsbron vir Afrikaans (Jana Luther). Om in bronne soos die Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal en die Afrikaanse woordelys en spelreëls eietydse taalgebruik akkuraat te weerspieël, word die gedrukte én niegedrukte media daagliks gefynkam.

View Details

Spontaan oor die lippe (Jana Luther). Van Afrikaans se uitdrukkings en gesegdes is reeds etlike honderde jare oud; baie dateer uit vorige millennia. Ontstaan daar vandag nog nuwe idiome?