mastered: Recent Episodes

master.ed

Podcast by master.ed

View Details

In hierdie episode gesels ek met Rean Steenkamp wat vir jare al bekend is as die redakteur van Africa's Bowhunter en nou Bowhunter Gear. Hy deel sy ondervinding van hoe hy die tydskrif begin het en watter lesse hy daaruit geleer het. Deel 2 van sy onderhoud sal volgende week uitgesaai word

View Details

Wat is die geheim agter jou sukses? Dit is die basis van my onderhoud met Dr Hendrik Meyer en hy meen dat een van die sleutels tot sy sukses daarin lê dat hy poog om nooit werk te laat oorstaan tot môre nie.

Dit verg dus doelgerigtheid in jou aksies en wanneer jy besef dat sukses 'n ketting van goeie besluite is sal jy sien dat sukses oor jare heen behaal word, daar dus nooit 'n oomblik wanneer jy skielik suksesvol word nie.

Hierdie is van die wysheid wat hy in sy onderhoud met my deel. Luister na die volle onderhoud vir meer advies wat jy in jou onderneming kan toepas.

Dr Hendrik is 'n veearts in Boksburg Noord, 'n boer en hy het die Vet's Choice hondekos handelsmerk begin (en later suksesvol verkoop), en tans besit hy 'n aandeel in die Supervet hondekos handelsmerk.

View Details

Welkom by die eerste episode in die muntslim reeks waar ek, Frans van Eden, met finansiële adviseurs praat oor beleggings, aandele, effektretrusts en meer.

In hierdie episode gesels ek met Renier Hugo, hy is 'n gesertifiseerde finansiële adviseur, oor effektetrusts. Waar kom dit vandaan, hoekom sal jy in een wil belê en wat beteken van die terme op 'n effektetrust se feiteblad.

Is daar 'n vraag wat jy graag beantwoord wil hê? Maak dan seker om ons te laat weet, deur 'n boodskap op ons Facebook page te stuur @masteredza, en ons sal dit dan beantwoord in 'n volgende episode.

View Details

In vandag se episode van die pioniersreeks gesels ek met Nico van Big Chuck Butchery in Pretoria. Hy, en sy vennoot, het vroeër in 2018 hulle slaghuis se deure vir die publiek oopgemaak en hulle wens is om kwaliteit vleis produkte aan die publiek te verskaf.

Ek gesels met Nico oor wat hom gelei het om 'n slaghuis te begin en ook wat hulle vir die toekoms wens.

View Details

Welcome to the 2018 income tax season!

SARS announced that many people submitted income tax returns for no good reason during the 2017 income tax season, so the question needs to be asked: When should I submit an income tax return?

In this episode of The Tax Report, we review when you become liable to submit an income tax return and why you should consider submitting one voluntarily to claim an income tax refund from SARS.

View Details

Jaru Coffee - In hierdie episode gesels ons met een van Bloemfontein se beste, Jaru Coffee. Ek praat met Janco en Renier, nefies wat saam die besigheid begin het, oor hoe hulle besluit het om 'n besigheid te begin, wat hulle suksesvol maak en wat hulle vir die toekoms hoop.

Maak seker om 'n "review" te los om ons te laat weet wat julle dink, en subscribe aan ons "channel" as julle nog nie het nie. Ons laai elke week nuwe episodes op en jy wil dit nie mis nie.

Groete tot volgende keer.

www.mastered.co.za