100.5FM Radio Laeveld: Recent Episodes

100.5FM Radio Laeveld

As dit in die Laeveld van Mpumalanga gebeur is dit op 100.5FM familie radio.

View Details

Dr. Zelda Retief, huisarts by Intercare Mbombela Mediese Sentrum in die Matumi-sentrum, spesialiseer in diabetes, hoë bloeddruk, skildkliertoestande, vrouegesondheid, geestesgesondheid en ondersteuning aan tieners.

View Details

Daar is meer aan sekuriteit as alarms en kameras. Wagte is baie belangrik, sê Callum MacPherson van Securicon.

View Details

Die Vrystaatse boer, adv. Gerrit Coetzee (58), se soeke na 'n jong, tweede bruid het die internet behoorlik aan die gons. Danie van Wyk van Neon Kerk en die regsgeleerde Monique Niebaber verduidelik vir Sonop Ontbyt wat die reg en die Bybel daaroor sê.

View Details

Weet jy wat jou verantwoordelikhede is i.t.v. jou versekering? GJ Wentsel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch.

View Details

Hoe kan die regte kommersiële voertuig 'n kleinsakeonderneming help om meer doeltreffend en winsgewend te werk? Hein le Roux van Mahindra Nelspruit gesels met die Middag Game Drive.

View Details

Die Pumas het alles in die stryd gewerp vir 'n oorwinning van 20-15 teen die Boland Kavaliers in Wellington Sondag. Dis hul eerste oorwinning in die 2026 Curriebeker-seisoen. Die Pumas het tot sesde plek op die punteleer opgeskuif, terwyl Boland, na hul eerste nederlaag van die veldtog, aan die einde van ronde drie vierde is. Willie Engelbrecht en speler van die wedstryd Nevaldo Fleurs het by Sonop Ontbyt kom inloer voor hul kragmeting die naweek teen die Bulle in Pretoria.

View Details

Die plaaslike musikant was Sondag Anne se gas tydens Luilekker Sondag.

View Details

Die Laeveldse sportgemeenskap vier 'n belangrike mylpaal met Ulrich Reingrubber, Penryn College se uitmuntende doelwagter, wat gekies is om Suid-Afrika by die komende Jeug-Afrika-beker in Nairobi, Kenia, van 6 tot 8 Augustus te verteenwoordig. Hy het die ateljee saam met die uitvoerende hoof, Mike Eisen, besoek in die aanloop tot die skool se opedag môre.

View Details

Voor jy 'n bakkie aanskaf, antwoord eers dié vraag: Waarvoor gaan jou bakkie daagliks die meeste gebruik word? Hein le Roux, die bestuurder van nuwe voertuig verkope by Mahindra Nelspruit, gesels met die Middag Game Drive. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Bobby Were is 'n oorlewende van borskanker. Hy vertel wat hy geleer het oor mans en hul gesondheid.

View Details

Dis belangrik om te onthou dat elke onderneming brandbestydingstoerusting op die perseel moet hê. GJ Wentzel van Black Sable Risk gesels met Laeveld Brunch.

View Details

Nelspruit het weer die voorreg om die Nasionale Armdruk Kampioenskappe aan te bied op 8 en 9 Augustus. Daar was ook verskeie verwikkelinge in die sport van Armdruk oor die laaste tyd.

View Details

Die gemeenskap het gereageer om Ruan Raath (36) te ondersteun na sy kankerdiagnose. Sy sussie Chané Jacobs en kollega Jonathan Eastes gesels oor die gholfdag Vrydag.

View Details

Die Cheetahs en Boland Kavaliers het hul onoorwonne lopies in die Curriebeker-premierafdeling met oortuigende oorwinnings voortgesit tydens die tweede ronde die naweek. Die Cheetahs het die Haaie met 43-21 in Bloemfontein geklop, met Prince Nkabinde wat 'n driekuns behaal het en Faf de Klerk wat twee keer gaan druk het. Die Leeus het die Airlink Pumas met 52-29 op Ellis Park oorrompel. Die verdedigende kampioene, die Griekwas, het met 56-26 oor die Bulle in Kimberley geseëvier. Jayden Bantom het drie drieë en 26 punte aangeteken om die Kavaliers tot 'n oorwinning van 41-3 oor die Stormers in Wellington te lei. Die Pumas speel Saterdag in Pretoria teen die Bulle.

View Details

Siphesihle en Thubelihle Marule is tweelingbroers wat skoolgaan by Uplands danksy 'n KLM-beurs. Binne vier jaar het hulle van nuwelinge in rugby tot provinsiale verteenwoordigers gevorder en vanjaar die eerste spelers van Uplands in 20 jaar geword wat vir die o.18-Cravenweek gekies is. Siphesihle het ook nasionale erkenning verwerf deur vir die SA Skole-A-span gekies te word.

View Details

Die plaaslike sangeres, Tiffany Steyn, was Anne se gas tydens Luilekker Sondag gister.

View Details

Die Graskop junior boks sensasies Arion Fraser (Weltergewig) en Dylan Roets (lig, middelgewig) het by die Saterdag Ontbyt ateljee kom inloer om oor hul onlangse oorwinnings te gesels by die Nasionale boksbyeenkoms in Kaapstad. By hulle was die Afrigter van Highlands Boxing Club asook die huidige Provinsiale Afrigter, Lance Gibson.

View Details

Mbombela-munisipaliteit gaan slim elektrisiteitsmeters installeer. Phumula Mathebula verduidelik vir Sonop Ontbyt wat jy moet weet van die Tesourie se RT 29-projek.

View Details

Operation Smile South Africa doen 'n beroep op individue en gesinne om na vore te kom vir gratis chirurgie en omvattende sorg vir gesplete lippe en verhemeltes in Mbombela hierdie Julie, in vennootskap met die Mpumalanga-departement van gesondheid. Aspekte van die storie sluit in gratis sifting, chirurgie en multidissiplinêre sorg wat van 24 tot 26 Julie plaasvind, asook 'n gratis mondgesondheidsprogram vir kinders van 12 jaar en jonger by die Rob Ferreira-hospitaal op 26 en 27 Julie. Sarah Scarth gesels met Sonop Ontbyt.

View Details

Callum MacPherson gesels met Laeveld Brunch oor die toenemende diefstal van infrastruktuur.

View Details

Cure Day Hospital Mbombela het hierdie Mandelamaand hande geneem met dokters en die ASH-stigting om toegang tot spesialis chirurgie te verbeter. Jessica Prim gesels saam met dr. Viola Morolo en dr. Brighton Mashava met Sonop Ontbyt.

View Details

Lefpa en Black Sable Risk werk saam om mense se eiendom teen brande te beskerm. André Scheepers en GJ Wentzel gesels met Laeveld Brunch.

View Details

Cas Kolbè, handelaarshoof van Mahindra Nelspruit, deel met die Middag Game Drive waarvoor voertuigeienaars op die uitkyk moet wees wanneer hulle wiele aanskaf.

View Details

Die besoekende Haaie het die Pumas Vrydag met 26-24 in die Curriebeker by Mbombela-stadion getroef. Die oorwinning het die Sharks vyf punte op die punteleer besorg, met die Pumas wat twee verdien het met hul verloorbonuspunt. Die Pumas se volgende drie wedstryde word weg gespeel. Afrigter, Jimmy Stonehouse, en uitvoerende beampte, Marius van Rensburg, gesels met Sonop Ontbyt.

View Details

Jacques Lombard is 'n bekende gesig in die Laeveld en hy onlangs 'n nuwe nering by sy lang lys aktiwiteite gevoeg: Dié van kunstenaar. Hy gesels met Luilekker Sondag.

View Details

Stephan Hartman het al twee keer aan Hyrox-kompetisies deelgeneem en pak in Augustus sy eerste pro-kompetisie in Kaapstad aan. Hy hoop om die SA-span te haal wanneer dit 'n Olimpiese sport word.

View Details

Vandag is ‘n geen-brand dag nie, sê die Laeveld en platorand-brandbeskermingsvereniging (Lefpa) weens die heersende weerstoestande, hoë brandgevaar en wind. André Scheepers gesels met Sonop Ontbyt oor die Laeveld brandseisoen.

View Details

Ons spandeer baie geld om mense uit ons huise en ondernemings te hou, maar hoeveel misdade begin met iemand wat wettig toegang gehad het: 'n kontrakteur, afleweringspersoon of voormalige werknemer? Callum McPherson van Securicon gesels met Laeveld Brunch.

View Details

Lynette Nepaul penned her memoir "The Rhythm of Resilience" after surviving four different types of cancer over a decade. The book is meant to inspire, offer hope and get communities talking about cancer. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Die Laeveld Modelvliegtuigklub (LOMAC) bied volgende Saterdag 'n lugskou aan. Alec Groenewald en Phillip Lewis gesels daaroor met Sonop Ontbyt.

View Details

Die Airlink Pumas skop hul Curriebeker-veldtog Vrydag by Mbombela-stadion teen die Haaie af. Jimmy Stonehouse en Corné Steenkamp kuier by Sonop Ontbyt.

View Details

Die organiese groentetuinkundige, Elzabé de Bruyn, was weer in die Saterdag Ontbyt-ateljee saam met Charles om te praat oor wat die beste is, sade of saailinge?

View Details

Registreer by Mbombela as jy 'n behoeftige huishouding is. Phumula Mathebula gesels met Laeveld Brunch.

View Details

NHS bied volgende week die 14de keer hul jaarlikse Mozziefees aan wat topklas krieket na die Laeveld lok. Morné van der Merwe vertel meer.

View Details

Caring Angels Nursing College in Nelspruit het onlangs 'n toekenning van 'n Britse organisasie ontvang. Belinda Pretorius deel haar passie oor tuisversorging.

View Details

Die brandgevaar is beduidend hoër in die winter. GJ Wentzel van Black Sable gesels met Laeveld Brunch.

View Details

"Ons is besig om in die regte rigting te beweeg wat betref pro-aktiewe misdaadbestryding," sê Callum MacPherson van Securicon.

View Details

Warrior Ric en Michelle Scott gesels met Laeveld Brunch oor die Sabi Sands-veldwedloop 29 Augustus.

View Details

Die Dancing Queens se jaarlikse konsertreeks ten bate van welwillendheid vind weer die einde van die maand plaas. Angela Kent en Donna James kuier by Sonop Onbyt.

View Details

Yolandi Palmer is passievol oor kinders se geestesgesondheid en met Benoekie probeer sy daarvor fondse insamel en bewusmaking kweek.

View Details

Die Drakensberg Seunskoor is op toer in die Laeveld en Mpumalanga. Hendrik Bekker gesels met die Middag Game Drive oor hul vertonings. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Sjimpansees is gaande oor kinderspeelgoed: teddiebere, poppies, ook ou tekkies, en emmertjies en grafies. Michelle en Jollene is op 'n missie om die organisasie te ondersteun deur insamelings. Hulle vertel saam met Gary Deiner, die uitvoerende beampte van Chimp Eden, dat jy ook enetjie aan kan neem.

View Details

Die hooggeregshof in Kimberley het die Noord-Kaapse regering se aansoek om appèl rondom uitvoerpermitte vir eties geoeste renosterhorings van die hand gewys. Wicus Diedericks wat hom oor die saak tot die hof gewend het, gesels met ons oor hoe dit die handel in renosterhorings uit misdaadsindikate se hande kan haal.

View Details

Die klein dingetjies wat jy nie eens oplet nie, kan die grootste risiko inhou vir jou eiendom en onderneming. GJ Wentzel van Black Sable Risk deel advies met Laeveld Brunch oor waarna hulle vandag aandag kan gee om hul risiko te verminder.

View Details

Elise Fourie is ‘n beradingsielkundige en oorlewende van skildklierkanker wat ook ‘n Relay For Life Global Hero of Hope én ‘n leiervrywilliger by KANSA is. Sy gesels met ons oor Internasionale Kankeroorlewendesmaand wat in Junie plaasvind en hoe oorlewendes 'n rol in kankerbewustheid kan speel deur hul storie te deel en vrywilligerswerk te doen.

View Details

Sarah Barratt van Thornybush Game Lodge is aangewys van vanjaar se Safari Veldgids van die Jaar.  Sy is maar die tweede vrou in 15 jaar om die toekenning te wen.

View Details

'n Groep ma's het tydens verlede jaar se Innibos besluit die kunswerke van skamel geklede vroue by die pretpark op die feesterrein is nie ideaal om kinders aan bloot te stel nie. Annali Schutte en Caria Harms het intussen saam met die fees, die pretpark-bestuur en Hoërskool Bergvlam gewerk om dit vanjaar met meer kindervriendelike ontwerpe te vervang.

View Details

Tradition Transformed kyk na hoe Suid-Afrikaanse kunsvlyt in moderne ontwerp verander, met 30 kunswerke wat vars, kreatiewe benaderings tot tradisionele vaardighede toon. Dit is alles by vanjaar se Innibos. John Anthony Boerma vertel meer.

View Details

Badprop Produksies het vanjaar twee komedies op die planke by die Toyota Innibos. Johan van der Merwe en Ignatius van Heerden gesels met Laeveld Brunch oor Pampelmoesmampoer en Tronk met 'n D.

View Details

Die plaaslike musikant Ruben Roos was gister Anne se gas in die ateljee tydens Luilekker Sondag.

View Details

Die Laeveld Jeugkoor is redelik onlangs op die been gebring en hulle soek nog sangers om by hulle aan te sluit. Elet Kruger gesels saam met Johann Oosthuizen en Zoë Grové met die Middag Game Drive.

View Details

Wat kan ons môre te wagte wees wanneer March and March se "spertyd" vir onwettige immigrante om die land te verlaat verstryk? Frank Swanepoel van die Laeveld JOC gesels met Sonop Ontbyt.

View Details

Grondeienaars is besonders verantwoordelik vanjaar en berei fluks voor vir die brandseisoen. André Scheepers van Lefpa sê toestande is tans uiters gunstig om voorbrande te maak en ander voorbereidings te tref voor droë, winderige toestande later in die winter die brandgevaar aansienlik verhoog.

View Details

Op Donderdag 9 Julie kom nie-winsgewende organisasies en sakeondernemings bymekaar om hande te neem om hul gemeenskappe beter te ondersteun. Shirley Khoza van Touch a Million gesels met ons oor die Mpumalanga NPO Ekspo.

View Details

'n Groep Suid-Afrikaners wat in die buiteland woon het onlangs 'n veldtog geloods om die Soli-Deo-Gloria Sorgsentrum in Lydenburg te ondersteun. Gerda Venter vertel meer oor die 150 afhanklike mense na wie hulle tans omsien.

View Details

Sekuriteitsrolspelers berei voor vir enige onlus Dinsdag, die "sperdatum" wat die teen-immigrasiegroep March and March immigrante gegee het om die land te verlaat. Callum MacPherson van Securicon sê inwoners moenie bekommerd wees dat hulle in die duister gelaat sal word oor verwikkelinge nie. Hy gesels met Laeveld Brunch oor hoe hulle tegnologie inspan in die geveg teen misdaad.

View Details

'n Vier-dag Blues-naweek tref die Laeveld hierdie naweek met optredes deur top-kunstenaars vanaf Witrivier en Nelspruit tot in Kaapsehoop. Kitaarspeler Wiam Otto sal ook saam met Illimar 'n kitaarwerkswinkel aanbied. Hy kuier saam met Werner Botha van LiveVeld in die ateljee.

View Details

Tri Metals help jou om goud en silwer te koop, verkoop en in te belê. Mede-direkteur Tiaan Smit deel sy insigte oor die mark met Sonop Ontbyt.

View Details

Die Pumas speel eersdaags weer in die premierafdeling van die Curriebeker na hulle die SA Beker-titel suksesvol verdedig het. Jimmy Stonehouse gesels met Sonop Ontbyt.

View Details

Die o.15 Pumas-rugbyspan het sover die seisoen geen wedstryde verloor nie en is tans bo-aan die punteleer voor hulle Saterdag Oosterland in die halfeindronde aandurf. AJ Sutherland, die kaptein. kuier saam met pa Nico by Sonop Ontbyt.

View Details

Riaan Haasbroek van Tienie Jonker Toere gesels met Laeveld Brunch.

View Details

Het van Verlangekraal word na 60 jaar vanjaar die eerste keer as teaterprduksie opgevoer. Charl Senekal, bedryfsbestuurder van Lefra Produksies, gesels met Laeveld Brunch.

View Details

Nagkantoor in Kaapsehoop bied die naweek ‘n Elma Potgieter kultuurnaweek aan. Isobel Potgieter gesels nou met ons oor die twee uitsonderlike vertonings en 'n boekbespreking wat jy nie wil misloop nie.

View Details

Club 21-leersentrum se "I can"-program fokus daarop om mense van alle ouderdomme met downsindroom op te lei en voor te berei om onafhanklike loopbane te kan hê. Leon Laubser vertel meer.

View Details

Yolanda Odendaal was een van die busdrywers tydens Sondag se Comrades marathon. Sy vertel vir die Middag Game Drive van die groot verantwoordelikheid wat dit is.

View Details

George Kusche, wat oorspronklik van Malalane afkomstig is, het Sondag die Comrades marathon gewen, en boonop 'n nuwe rekord opgestel. Hy gesels met Coenie tydens die Middag Game Drive.

View Details

Die SPAR Women’s Challenge Laeveld op 18 Julie is ten bate van GRIP en dit is uitverkoop! Tarryn Lokotsch vertel vir die Middag Game Drive hoekom hulle hierdie ondersteuning nodig het.

View Details

Callum MacPherson van Securicon gesels met Laeveld Brunch oor die tendens van mense se beleggings in sonkrag-infrastruktuur wat gesteel word.

View Details

Thanduxolo Chembeni van die OVK vertel hoekom jy die naweek by 'n stemlokaal moet uitkom.

View Details

Die polisie het bevestig dat die oorskot wat in 'n Krokodil gevind is met DNS-toetse bevestig is as die sakeman Gabriel Batista, wat in Mei in die Krokodilirivier buite Komatipoort meegesleur is. Die voorval het plaasgevind op 'n oorstroomde laagwaterbrug, waar twee weermaglede ook in Desember meegesleur is in hul voertuig. Die Komatipoort-sakekamer en ander belanghebbendes het intussen hande geneem om stape te doen om die brug vir gebruikers te beveilig. Ons gesels nou daaroor met Richard Williams van die sakekamer.

View Details

Pumalanga Frail Care is 'n nie-winsgewende organisasie wat verswakte bejaardes versorg. Sis. René Nel gesels oor die Opedag wat hulle môre aanbied.

View Details

Die plaaslike sanger, Rhinus Lotz het gisteroggend saam met Anne gekuier tydens Luilekker Sondag.

View Details

Die organiese groentetuinkenner, Elzabé de Bruyn, het tydens Saterdag Ontbyt met Charles gesels oor watertoediening vir jou groentetuin.

View Details

Die plaaslike musikante Kris Ray en Juan Bester het kragte saamgesnoer vir hul eerste enkelsnit saam. Hulle gsels met Middag Game Drive oor Tyd en Gees.

View Details

Stephan Potgieter word beskou as 'n plaaslike held wat altyd gereed is om ander te help en by te staan. Hy het drie dae gelede 'n hartaaval gehad en benodig nou ander se hulp. Sy vrou, Janine Marais, gesels met 100.5FM.

View Details

Donna James en haar seun het 'n paar weke gelede die Great Wall of China-marathon voltooi. Nou berei sy voor vir die Comrades, alles ten bate van die CHOC Foundation.

View Details

André Scheepers van Lefpa verduidelik vir Sonop Ontbyt hoe 'n brand versprei.

View Details

Die Kruger Laeveld Kamer vir Sake en Toerisme het gister en vandag sy jaarlikse konferensie aangebied.

View Details

Callum MacPherson van Securicon gesels met Laeveld Brunch.

View Details

Juan Bester was Anne se plaaslike musikale gas tydens Luilekker Sondag.

View Details

Reiskonsultant Jason Fiddler is 'n spreker by die KLCBT se toerisme-konferensie in Witrivier Woensdag. Hy sê die LGBTQ+-gemeenskap is 'n baie waardevolle mark wat mense in gasvryheid spefisiek welkom kan laat voel.

View Details

Godly Revolution is op pad na Mbombela vir Jeugdag. Bernard Posthumus gesels met die Middag Game Drive.

View Details

Roblox is 'n baie gewilde aanlynspeletjie. Nicole Dos Santos van Penryn waarsku ouers egter teen die gevare wat hul kinders daar raak kan loop, en hoe om hulle daarteen te beskerm.

View Details

Die Genootskap vir die Handhawing van Afrikaans het die bekende tenoor, Coert Grobbelaar, as hul Taalaktivis van die Jaar aangewys sy bedrae tot die bevordering van Afrikaans in 2025 toe Afrikaans 100 jaar herdenk het as amptelike taal en 150 jaar as nie-amptelik. Die Afrikaanse viering duur egter voort en op 27 Junie bied hulle hul Eugène Marais-program, “Blaas hoog die vlam” in Kaapsehoop aan.

View Details

Safari Gids van die Jaar is hierdie jaar 15 jaar oud. Die 2026 kompetisie vind plaas 18 tot 24 Junie. Vyf finaliste is reeds gekies en die finale sal in die Groter Kruger wees. Mike Karantonis is die stigter en 'n beoordelaar.

View Details

Van die Laeveld na Japan... Die plaaslike krieketspeler Katie Prior het onlangs aan die jaarlikse Women’s Japan Premier League deelgeneem. Sy gesels met die Middag Game Drive oor haar reis van speel vir Mpumalanga Dogters o.19 en Mpumalanga Vroue – tot nou vir die Titans in Pretoria asook haar onlangse krieketprestasies in Japan.

View Details

Daar is minder as 'n maand oor voor Innibos 2026 op 2 Julie afskop. Naranda Leeuwner sê vir Sonop Ontbyt die kaartjies verkoop soos soetkoek.

View Details

Saterdag hou die Laeveld 'n Comrades in die kleine ten bate van KANSA. Rinella Jansen van Vuren gesels met Kies Koers.

View Details

Callum Mac Pherson ,moes 'n kliënt die week met 'n Bell's beloon na sy dapperheid gehelp het om 'n verdagte, wie Securicon glo 'n gewoontemisdadiger is, vas te trek. Hy gesels met Laeveld Brunch.

View Details

Carey Clarke van LVCC is een van drie Laevelders wat ingesluit is in die nasionale meesterspan vir die komende Hokkie Wêreldbeker. Sy gesels met die Middag Game Drive.

View Details

Uitbranding onder onderwysers in Suid-Afrika is 'n krisis. Tot soveel as 70% van opvoeders ervaar dit, en byna 50% verlaat die professie binne hul eerste vier jaar. Danielle Beer van Penryn gesels met ons oor die uitdagings.

View Details

Linda Brenchley, 'n bedryfsielkundige, verduidelik hoe algemeen en skadelik verskillende teistering in die werkplek is, en wat jy daaromtrent kan doen.

View Details

Die Airlink Pumas skop Vrydag hul Toyota Challenge af. Wian Van Niekerk en Darren Adonis gesels met Sonop Ontbyt.

View Details

Elke jaar bied Hoërskool Rob Ferreira die Danie Rossouw Rugbyweek-aan en dan kies hulle twee spanne wat internasionaal gaan toer. Ons gesels nou met Conrad Jonker van Hoërskool Rob Ferreira en Jaco Mouton van Hoërskool Barberton.

View Details

Die plaaslike sangeres Lanie Rischmuller was gister Anne se gas tydens Luilekker Sondag.

View Details

Die Laeveld brandseisoen begin amptelik Maandag, 1 Junie. André Scheepers van Lefpa waarsku grondeienaars om hul versekering agter mekaar te kry.

View Details

Callum MacPherson gesels weekliks met Laeveld Brunch.

View Details

Die SANParke Ereveldwagters Laeveld ondersteun reeds sedert 1964 die Krugerwildtuin se werksaamhede. Op die vooraand van die ikone park se 100ste verjaarsdagviering, gesels Jacques Malan met Laeveld Brunch.

View Details

Innibos bied Saterdag weer Local is Lekker-weekkaartjies teen afslag vir Laeveld-inwoners by i’langa Mall. Naranda Leeuwner verduidelik watter ander pryse jy ook kan wen. Hannes Diedericks en Lourens van der Westhuizen het tydens Sonop Ontbyt toegangskaartjies gewen.

View Details

Carien Hamman is die direkteur van KANSA se vrywilligersdienste. Sy vertel hoe jy betrokke kan raak.

View Details

Vanjaar fokus die KLCBT Konferensie vir 'n hele dag slegs op toerisme, en 'n vol dag slegs op sake. Linda Grimbeek vertel alles oor 11 en 12 Junie.

View Details

SANParke sê veiligheidsmaatreëls word verskerp in die Pafuri-gedeelte van die Krugerwildtuin na die moord op twee toeriste. Die liggame van Dina en Ernst Marais van Mosselbaai is Vrydag in dié gebied gevind. Rey Thakhuli het meer.

View Details

Die toetse vir leerling-rybewyse is onlangs verander om korrupsie hok te slaan. Nou druip aspirant-bestuurders op groot skaal. Robert Chandler van die SA Instituut van Bestuursinstrukteurs gesels met Sonop Ontbyt.

View Details

Meghan Wallace-Nagel kan nie wag om aan Barrel Racing te gaan deelneem in die VSA nie. Sy gesels met die Middag Game Drive.

View Details

Callum MacPherson van Securicon bied algemele veiligheidsadvies is sy weeklikse gesprek met Laeveld Brunch.

View Details

Die Konstitusionele Hof het Maandag beslis bepalings van die Nasionale Gesondheidswet wat verband hou met die Sertifikaat van Behoefte, is ongrondwetlik. Dit sou staatsgoedkeuring vereis vir gesondheidsorgverskaffers om praktyke te open, uit te brei of te verskuif. Nellie Brand-Jonker, 'n sakejoernalis by Netwerk24, verduidelik wat dit beteken.

View Details

Die Griekwas en die Pumas sal mekaar vir ‘n derde agtereenvolgende seisoen in die SA Beker-finaal ontmoet na beide spanne hul halfeindronde gewen het. Die verdedigende kampioene, die Pumas, het die Cheetahs met 42-36 geklop in ‘n opwindende kragmeting in Mbombela. Die eindstryd vind Saterdag by die Suzuki-stadion in Kimberley plaas.

View Details

Die brandseisoen het arriveer in die Laeveld. André Scheepers van Lefpa gesels met Laeveld Brunch.

View Details

Datacomb het gister sy hernude vennootskap met Penreach bekendgestel om die MTN digitale vaardighede vir digitale werkgeleenthede-program uit te rol. Ons gesels met die projekbestuurder, Richard Moyo, oor hierdie vlagskip-inisiatief wat werklose jongmense teiken wat reeds 'n IT-kwalifikasie het, maar gespesialiseerde opleiding en werkplekgereedheid benodig om die arbeidsmark te betree.

View Details

Inskrywings het geopen vir vanjaar se Mev. Mpumalanga-kompetisie en sluit eersdaags. Zahné Botha en Amelia Roux gesels met die Middag Game Drive.

View Details

Op 18 Julie vind die SPAR Women's Challenge Mbombela plaas en GRIP is weer die begunstigde. Tarryn Lokotsch gesels met Sonop Ontbyt.

View Details

'n Storm het verlede week losgebars oor berigte dat Laerskool Nelspruit se geliefde hekwag, John Mhlongo, verwyder is. Dit na 'n ouer gekla het sy warme verwelkomings ontwrig soggens verkeer by die skool. Callum MacPherson van Securicon en skoolhoof, Jaco Hauptfleisch, vertel vir Laeveld Brunch dat dié geliefde wag nêrens heen gaan nie.

View Details

Passie Erasmus gesels met die Middag Game Drive oor die Virseker Noordvaal-beker wat vanjaar 'n aanlyn portaal het en die Laeveldse deelnemer aan hierdie toernooi, Hoërskool Nelspruit.

View Details

Safari Outdoor Country se Lizelle en Divan gesels met Sonop Ontbyt.

View Details

Die Pumas en Cheetahs speel Vrydagaand om 18:00 by Mbombela-stadion in die SA Beker se eerste halfeindstryd voor die Griekwas Saterdag gashere is vir die Boland Kavaliers in Kimberley.

View Details

Elzabé de Bruyn het raad oor hoe om hierdie tyd van die jaar jou vrugtebome organies te benader.

View Details

Die Mbombela Open Global Series loop Sondag ten einde met die eindstryde. Die Organiseerder, Sabelo Mathebula, gesels met 100.5FM.

View Details

Donna James is op 'n missie om fondse in te samel vir die CHOC Foundation wat kinders met kanker ondersteun. Sy hardloop ultra-marathons in die buiteland. 150 km in Egipte is reeds agter die blad. Die Great Wall of China-marathon wag op haar volgende week.

View Details

Rob Ferreira-hospitaal het onlangs amptelik sy dialise-eenheid geopen. Dr. Salah Bashir vertel hoe 'n groot verskil dit in pasiënte se lewens maak.

View Details

Callum Mac Pherson van Securicon gesels weekliks met Laeveld Brunch oor veiligheid. Hy vertel meer oor hul betrokkenheid by die soektog na 'n vermiste sakeman in die Komatirivier die afgelope week.

View Details

Twee spelers van Mpumalanga is vanjaar ingesluit om Suid-Afrika by die Statebond Skaakkampioenskap in Sri Lanka te gaan verteenwoordig. Junior Master Bafana Sgudhla (14) en Nkosikhona Jele (19) kuier saam met die president van Mpumalanga Skaak, Vumi Maluleke, by die Middag Game Drive.

View Details

Die Grensbestuursowerheid het die suksesvolle bieërs aangekondig om ses groot landgrensposte deur middel van openbare-privaat vennootskappe te herontwikkel. Die suksesvolle bieërs is onder andere die Raulux-konsortium vir Lebombo-grenspos. Die woordvoerder, Mamemme Mogotsi sê die projek sal grensinfrastruktuur opgradeer, sekuriteit verbeter en reis en handel meer doeltreffend maak.

View Details

Die Lowveld Community Orchestra, Developement Orchestra, Lowveld Youth Choir en ander belowende jong, plaaslike musici hou volgende week konsert met "Feel the music". Lizanne Barnard en Rona le Roux kuier in die ateljee.

View Details

Kapt. Pottie Potgieter, koordineerder van die polisie se duikeenheid in Mpumalanga het 'n baie gewaagde operasie uitgevoer om 'n krokodil uit die Komati-rivier op te hys om sy ingewande te inspekteur. Hy kuier in die ateljee.

View Details

Die Airlink Pumas het die Boland Kavaliers Sondag by Mbombela-stadion met 38-31 geklop in 'n riller wat agt drieë opgelewer het in die SA Beker.
Dit plaas hulle, met 33 punte, tweede op die punteleer na Griekwas met 40 met die Cheetahs in derde plek met 30 punte. met slegs een ronde oor.
Hoofafrigter, Jimmy Stonehouse, sê hulle veg nou vir ‘n tuis halfeindstryd. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Die Kaapsehoop Conservancy was verlede week bekommerd dat 'n sewe-stuk troppie wildeperde verlore was, maar hulle is veilig opgespoor - met 'n nuwe vulletjie by. Carli Scheepers gesels met ons.

View Details

Pampelmoesmampoer is 'n eiesoortige produksie wat vanjaar by Innibos te beleef is. Sonop Ontbyt gesels met Matie van Graan.

View Details

Dr. Tracy Mmako is 'n neuroloog wat eersdaags 'n boek publiseer oor haar reis met haar dogter se autisme. Sy het ook die Dr. MT Mmako-Mkhonza Foundation gestig om gesinne met neurodiverse kinders te ondersteun.

View Details

Callum Mac Pherson van Securicon gesels met Laeveld Brunch oor die grootste foute wat mense maak wanneer hulle met 'n krisis gekonfronteer word.

View Details

Op 8 Mei bied Innibos 'n skattejag en Local is lekker-dag vir feesterreinkaartjies by i'langa Mall vanaf 12:00 tot 16:00. Verkope van produksiekaartjies open ook vandag! Naranda Leeuwner deel die besonderhede met Sonop Ontbyt.

View Details

Wynand van Vollenstee is tydens die komende Innibos-fees te sien in die komedie "Sirkus L'amour en die alewige getoer." Hy kuier by Sonop Ontbyt in die ateljee.

View Details

'n Elektriese sertifikaat van nakoming (CoC) is 'n verpligte wetlike dokument wat bevestig dat 'n eiendom se elektriese installasie voldoen aan standaarde. Brendan Halderman van B-On Plumbing & Electrical en Koos Bothma van Harcourts gesels met Laeveld Brunch.

View Details

Olivia Curlewis, dienstespesialis van KANSA, vertel meer oor die siftingstoetse wat die organisasie die publiek bied.

View Details

Daar is 'n duidelike korrellasie tussen misdaad en dwelmgebruik, sê Healing Wings se Nelson Mahamba.

View Details

Calvary School vier eersdaags sy 40ste bestaansjaar. Die skoolhoof, Pierre Ellof, gesels saam met past. Steve Maritz en sy vrou Tannie Mursha met Laeveld Brunch.

View Details

Die Pumas het die naweek teen die Griekwas die knie gebuig in Kimberley, maar lê steeds tweede op die SA Beker-punteleer. Jimmy Stonehouse en Sam Sikiwe gesels met Sonop Ontbyt.

View Details

Kaartjieverkope vir vanjaar se Toyota Innibos-produksies open op 30 April. Naranda Leeuwner vertel vir die Middag Game Drive Alles.

View Details

Daar is slegs 10 dae oor voor die Laeveld Lugskou 2026. Alichia van Ee gesels met Sonop Ontbyt.

View Details

Liznica House of Hope versorg babas wat deur hul ma's verwerp is tot hulle in pleegsorg geplaas kan word. Die gholfdag ten hul bate is op 9 Mei in Witrivier. Die organiseerder, Yahne McDuling, vertel meer.

View Details

Twee langnaweke lê voor. Callum Mac Pherson van Securicon gesels met Laeveld Brunch oor hoe jy jou eiendom kan beveilig voor jy vir 'n wegbreek vertrek.

View Details

Na aanleiding van 'n brandvoorval wat vanoggend, 21 April , aangemeld is wat die kleinhandelwinkel by die Lower Sabie-ruskamp in die Krugerwildtuin raak, word gaste met besprekings by die kamp aangeraai om voorraad op te gaar voor aankoms of voorraad soos hout, ys, ens. by die ander kampe soos Skukuza, Crocodile Bridge, Satara, Tshokwane of Nkuhlu te kry. Rey Thakuli gesels met 100.5FM.

View Details

Witrivier se Dancing Queens keer terug na die planke met Flashback: Big Hit Dance Experience 30 Julie tot 1 Augustus. Vanjaar is dit ten bate van Feed the Need. Angela Kent vertel hoe vanjaar se produksie verskil van vorige jare.

View Details

Die Pumas en Griekwas het die naweek in die SA Beker die punteverskil tussen hulle en hul teenstanders vergroot met klinkende oorwinnings in hul sesde ronde wedstryde. Die Pumas het die Luiperds Vrydagaand met 85-0 by Mbombela-stadion geklop en Saterdag het Griekwas hul sesde agtereenvolgende oorwinning behaal toe hulle die Oostelike Provinsie met 52-9 verslaan het. Die Griekwas loop nou voor met 30 ligapunte, gevolg deur die verdedigende kampioene, die Pumas, drie punte agter in die tweede plek met 27.

View Details

Callum Mac Pherson se weeklikse sekuriteitspraatjie is terug. Skakel elke Donderdag om 11:00 in op Laeveld Brunch saam met Gerhardt. Vandag gesels hulle oor die EFF-protesoptrede na Julius Malema vyf jaar tronkstraf opgelê is.

View Details

Ignite the City vind Saterdag in Mbombela plaas. Lian Ferreira en Eunice Combrink vertel vir Laeveld Brunch meer oor dié jarelange interkerklike gebed en lofprysing.

View Details

Munisipaliteite fokus deesdae baie meer op die wettige gebruik van grond as voorheen en eienaars kan onbewustelik vir hulself risiko's skep. Werner Mostert en JD Herbst van GAP Development Planners gesels met Sonop Ontbyt.

View Details

Penryn hou Saterdag 'n Push Bike Race. Nicole Meyer gesels met Sonop Ontbyt.

View Details

Hoe werk dit om goedkeuring te kry vir 'n lening om 'n eiendom te koop? Susan de Jager van Ooba en Marlise van Rooyen van Harcourts vertel vir Laeveld Brunch.

View Details

Die verdedigende SA Beker-kampioen, die Airlink Pumas, het hul sterk vertoning die naweek voortgesit met 'n klinkende 94-5 oorwinning – hul vierde van die seisoen – oor die Border Bulldogs by die Sisa Dukashe-stadion Saterdag. Die naweek se uitslae hou Griekwas bo-aan die punteleer met 25 punte na vyf oorwinnings. Hulle word gevolg deur die Pumas wat met 22 punte opskuif bo die SWD Arende weens ‘n beter punteverskil. Die Pumas is Vrydagaand weer tuis in aksie in die SA Beker wanneer hulle die Luiperd verwelkom. Jimmy Stonehouse kuier in die ateljee.

View Details

Q, Gerhardt en Coenie het Vrydag en Saterdag met 'n Mahindra 3XO van Mahindra Nelspruit die jaarlikse Klankgolf-konferensie in Pretoria bygewoon. Hulle het die rit geniet! Hein le Roux en Coenie gesels oor hoekom dié voertuig verlede jaar die SA kar van die jaar was.

View Details

Die Nelspruit Cancer Care Community is 'n netwerk van plaaslike proffesionele mense wat almal kan help wanneer jy of 'n geliefde met kander gediagnoseer word. Inge Botha en Linda Brenchley vertel meer van al die hulp wat jy nie eens weet jy benodig nie.

View Details

Lowveld Nuts hou op 16 Oktober 'n opedag. Hermann Hohls vertel vir Sonop Ontbyt meer oor hul gevorderde tegnologie wat 'n nuwe standaard in makadamia-verwerking stel met hul wêreldklas-fasiliteite.

View Details

Die Wêreldgesondheidsorganisasie sê e-sigarette dryf 'n ontstellende nuwe golf van nikotienverslawing aan, met miljoene kinders wat verslaaf is aan damprook. Die VN se gesondheidsagentskap sê die bedryf bevorder damprook as minder skadelik as sigarette, maar in werklikheid teiken hulle jongmense met kinders wat verslaaf raak. Sis. Juandré Watson van die Heart & Stroke Foundation SA beaam dit.

View Details

Werksdruk, finansiële stres, verhoudings sukkel... Jy voel nie altyd OK nie, en dit is OK. Maar daar is hulp, sê Lifeline se Annriette Slabber.

View Details

Suid-Afrika se Singende Chirurg, dr. Wilhelm Lichtenburg, se jongste enkelsnit, saam met die West End-ster Kerry Ellis, om fondse in te samel vir kinders met harsiektes. Hy gesels met Laeveld Brunch oor "With all my heart".

View Details

Radio Laeveld se eie Charles Gentle is een van die kunstenaars wat Saterdag optree by Hoërskool Bergvlam se Vlammiefees om die skool se 50ste bestaanjaar te vier.

View Details

Matthew 'Bushy' McKelvey en Dave Malherbe het reeds 5 000 km afgelê as deel van Wheels of Hope om bewusmaking te skep oor die lewe na 'n ledemaat geamputeer word.

View Details

Lucille De Villiers en Venessa Mc Taggart het onlangs twee weke in Brasilië en Argentinië spandeer en meer as 80 reisagente en toeroperateurs ontmoet om Witrivier as 'n toeristebestemming te bemark. Hulle vertel wat is volgende vir White River Wander.

View Details

Vier mense het die naweek 24 uur in 'n voertuig spandeer om fondse in te samel vir KANSA Laeveld. Rinella Jansen van Vuuren gesels met Coenie (wat een van die vier mense was) oor hoe hulle hul doelwit oortref het.

View Details

Die Mbombela-tak van die South African Council for Business Women (SACBW) het, as verlede jaar se top-tak, vanjaar die eer om die nasionale toekenningsaand aan te bied. Lonice Wessels en Cecilia Kaufman vertel meer oor die She Rise Gala op 18 Oktober.

View Details

Kinders wat met kanker gediagnoseer word het spesiale behoeftes wat verskil van die van volwassenes. KANSA bied daarom spesifieke ondersteuning. Anina Meiring, dienstebestuurder van kinderkanker wat KANSA se TLC-program bestuur, wei daaroor uit.

View Details

Die Nasionale Gesondheidslaboratorium het so twee jaar gelede ophou om slangteengif te vervaardig, maar dit is nou weer beskikbaar. Chris Hobkirk van die Lowveld Venom Suppliers gesels met Saterdag Ontbyt.

View Details

Die Mpumalanga-wetgewer het Dinsdag ‘n mosie van die EFF aanvaar om die Krugerwildtuin se naam te verander na die Skukuza Nasionale Park. Die party wil ook hê dat die Kruger-Mpumalanga Internasionale Lughawe se naam na die DD Mabuza-lughawe verander word. Willie Aucamp van die DA sê egter die wetgewer is nie by magte om die wildtuin se naam te verander nie.

View Details

Die SA Nasionale "Golden Oldies" Rugby-vereniging hou die naweek 'n rugbyfees by Hoërskool Bergvlam met 28 spanne wat in aksie is.
Okkie Oosthuizen en Jacques Immelman van die Laeveld Leeulopers vertel meer.

View Details

Die plaaslike musikant Pieter Rischmuller se jongste musiekvideo vir die lied Feel Good is gister vrygestel.

View Details

Die Onafhanklike Verkiesingskommissie wil teen 2029 hê dat ons elektronies ons kruisies trek in verkiesings. Thanduxolo Chembeni verduidelik.

View Details

KANSA bied mense wat met kanker gediagnoseer word telefoniese beradingsdienste in 'n verskeidenheid tale wat landwyd beskikbaar is. Maatskaplike werker, Gretchen Minnaar, vertel meer oor hierdie program.

View Details

Vlooi Venter, 'n opleier en kliniese verplegingspesialis by KANSA, vertel meer oor die kliniese ondersteuning wat die die organisasie vir pasiënte en hul naastes bied.

View Details

Dorothy du Plooy is KANSA se dienste spesialis wat nasionaal verpleginsondersteuning en hulp met stomas bied.

View Details

Gracious Mhlanga was die wenner van die JoJo-tenk wat van House of Plumbing te wen was by die afgelope Mpumalanga Skou. Peet Ferreira het vanoggend tydens Sonop Ontbyt die gelukkige trekking behartig.

View Details

Sinani bied op Erfenisdag 'n oorspronklike produksie, "The River" aan by Church Unlimited. Hannah Mohajer, die direkteur van Sinani Arts Academy, en Phil Olckers , die kommunikasiebestuurder, vertel meer oor hierdie nie-winsgewende organisasie se werk in die gemeenskap.

View Details

Elzabé de Bruyn, 'n organiese groentetuin konsultant, het tydens Saterdag Ontbyt vertel watter gewasse jy nou moet plant voor die somer en hoe jy organies daarna kan omsien.

View Details

By Mopani-apteek het jy 'n persoonlike verhouding met jou apteker. Die groep vier die maand aptekersmaand. Jaco Venter gesels met Sonop Ontbyt.

View Details

Orlando Pirates en Stellenbosch speel Saterdag by Mbombela-stadion in die MTN8-eindstryd. Die MTN8-ambassadeurs en sokkerlegendes, Lucky Lekgwathi en Lehlohonolo Majoro, het met die trofee in die ateljee kom kuier.

View Details

Harcourts haal enige kompleksiteit uit die koop van 'n eiendom. Boet Nothnagel bespreek die koop- en registrasieproses met Sonop Ontbyt. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Die wildeperde van Kaapsehoop word toenemend deur stropery bedreig.
Tans is daar slegs 36 oor, na vier perde binne ‘n dag gestroop is vir hul vleis.
Rodney Alexander deel die plan wat hulle het om die kolonie te red.

View Details

"Die Tas in Ponte" is 'n eg-plaaslike produksie wat op 23 September by die Boulevard Theatre se debuut maak. Lasea Swift, Koos Schoonraad en Bertus de Bruyn gesels met die Middag Game Drive.

View Details

Bedrieërs lê en wag om niksvermoedende mense onder valse voorwendsels te besteel as hulle hul waardevolle items van die hand wil sit. Moenie daarvoor val nie, waarsku Leon Roos van Nelspruit Jewel Exchange. Gebruik eerder iemand betroubaar.

View Details

Die Airlink Pumas het die WP Saterdag met 39-13 in hul Curriebeker-wedstryd in Kaapstad geklop en bly sodoende in die stryd vir die uitspeelrondes. Die Pumas is nou 5de op die punteleer, met die segelose WP heelonder. Hulle speel Vrydagaand in Durban teen die Haaie in die finale ronde om die laaste vier te bepaal. Sam Sikiwe is die spanbestuurder.

View Details

Die Mpumalanga Skou is hier en 100.5FM saai regstreeks uit vanaf Mbombela-stadion. Saterdag is dit saam met House of Plumbing. Craig Irwin het met Sonop Ontbyt gesels.

View Details

Richardt Strauss, die groep verkopebestuurder van Produkta Pre Owned Vehicles, maak Neels se oggend want hy wil net oor voertuie praat.

View Details

100.5FM saai Vrydag regstreeks uit vanaf die Mpumalanga Skou saam met LDV. Neil Barker en Andrew Hare kuier in die ateljee.

View Details

Adv. Kobus van der Walt het Maandag by Charles 'n draai gemaak tydens Laeveld Bliss om oor die toekenning te gesels wat hy ontvang het as een van drie landwye toppresteerders van die Nasionale Vervolgingsgesag. Hy is tans senior staatsadvokaat by die Mpumalanga NVG se Batebeslagleggingeenheid.

View Details

Die Mpumalanga Skou beloof drie dae vol vermaak vir die hele gesin. Pieter Rischmuller is een van die kunstenaars wat daar optree. Hy gesels met Sonop Ontbyt.

View Details

Die skrywer Marita van der Vyver is op besoek aan die Laeveld, waar sy gematrikuleer het, vir die Innibos Boekenaweek in Kaapsehoop. Haar uitgewer, Eben Pienaar, het haar na ons ateljee vergesel vir 'n geselsie.

View Details

Crossing SUPERSPAR hou Saterdag 'n makietie en 100.5FM gaan die feestelikhede regstreeks uitsaai. Grant van Rooyen kuier in die ateljee.

View Details

Jabu Sethole van Sunbake was vanoggend in die ateljee saam met Andri en Neels om meer te vertel oor Sunbake se "Back to School"-inisiatief.

View Details

Die Sanlam Boland Kavaliers het ‘n terugkeer van ‘n agterstand van 21-3 gelewer, om die Airlink Pumas Vrydagaand met 29-26 in Mbombela te klop, wat hulle bo-aan die Curriebeker-puntelys plaas. Spanbestuurder, Sam Sikiwe, kuier by Sonop Ontbyt voor hul kragmeting Saterdag teen die WP in Kaapstad.

View Details

Merang is 'n versamelbundel heerlike gedigte wat uitgegee is saam met die Eeufeesviering van Afrikaans, maar dit is ook meer as dit, vertel een van die redakteurs en samestellers, Neil Cochrane op die vooraand van die Innibos Boekenaweek in Kaapsehoop. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Dr. Peet van der Walt is 'n legende in natuurbewaring. Hy was lank die adjunkhoof van Natuurbewaring in Namibië en het 'n sleutelrol gespeel in die stigting van die oorgrens parke. Hy was by Charles in die ateljee tydens Saterdag Ontbyt.

View Details

Die Mpumalanga 911 Riders fokus op Grace Baby Haven en die Teddy Bear Foundation vanjaar tydens hul jaarlikse rit ten bate van nie-winsgewende organisasies. Shaun Terblanche en Nandi de Witt vertel meer.

View Details

Die Ndlovu Jeugkoor hou op 7 September konsert in die botaniese tuin ten bate van die SANParke Ereveldwagters as deel van hul Erfenistoer. Ralf Schmitt gesels met Sonop Ontbyt.

View Details

Meat World open volgende naweek hul deure in Nelspruit en ons is baie opgewonde. Die bemarkingsbestuurder, Keagan Malyon, gesels met Sonop Ontbyt.

View Details

Senuwees is enige akteur se grootste vyand. Steven Schamrel van Troupe Studio het raad vir ouers en deelnemers voor die drama en spraak-afdeling van die Nelspruit Eisteddfod oor die volgende twee weke plaasvind.

View Details

Die Pumas speel die naweek weer tuis - hierdie keer teen die Boland Kavaliers, wat tans tweede lê op die Curriebeker-punteleer. Die bestuurspan het kom inloer.

View Details

Die Laeveld en Platorand-brandbestrydingsvereniging sê geen brandpermitte sal tot verdere kennisgewing uitgereik word nie. Dit is vanweë die hoë brandgevaar te midde van warm, droë en winderige toestande. André Scheepers van Lefpa verduidelik die brandrisiko is tans uiters hoog en alle brandbedrywighede moet reeds voltooi wees om die risiko van veldbrande te verminder. Hy vra dat almal saamwerk om verantwoordelike brandbestuur toe te pas. Rapporteer alle veldbrande dadelik by 086-066-3473.

View Details

Angela Kent het verlede jaar die Dancing Queens gekonseptualiseer. Nou is dit 'n projek deur Witrivier-inwoners ten bate van 'n nie-winsgewende organisasie in die gemeenskap en dit word uitstekend ondersteun. Sy en Donna James kuier by 100.5FM.

View Details

Koos Kombuis is op 70 'n legende in die Afrikaanse musiekbedryf. Hy tree op in die Laeveld en kuier by ons in die ateljee.

View Details

Danie Reënwolf het vanoggend in die ateljee gekuier saam met Sonop Ontbyt.

View Details

Barnard Beukman was die 12de en laaste redakteur van "Beeld" voor Media24 die koerant einde verlede jaar gesluit het. Sy boek, "Die (vreemde) einde van 'n koerant" het onlangs verskyn.

View Details

Die Airlink Pumas het die Bulle Saterdag met 41-7 by Loftus verstom in die Carling Curriebeker. Die Griekwas het ‘n 47-17 oorwinning behaal oor die WP in Kimberley. In Durban het die Cheetahs die Haaie in ‘n gespanne stryd met 7-5 geklop. Die Boland Kavaliers het die naweek gister afgesluit deur die Leeus met 29-10 in Wellington te klop. Die Pumas is nou boaan die punteleer. M.J. Mentz, die agterlyn-afrigter van die Pumas, vertel vir Sonop Ontbyt hulle is slaggereed vir die Leeus Saterdag by Nelspruit-rugbyklub. Die afskop is om 14:00.

View Details

Die Laeveld-tak van die SA Sport en Jag Federasie het die afgelope naweek die nasionale kampioenskappe in Barberton aangebied. Die voorsitter, Pierre Henning, gesels met die Middag Game Drive.

View Details

Chriské Schwirzer is op pad om te gaan deelneem aan die Miss Tourism World 2025-kompetisie. Die matrikulant gesels met die Middag Game Drive oor wanpersepsies oor modelwerk.

View Details

Betogings lê dienste in Barberton lam na inwoners begin protesteer het oor die feit dat daar besluit is om die dorp deel van Mbombela-munisipaliteit te hou. Verlede jaar het die munisipale afbekeningsraad aangedui hulle oorweeg dit om Barberton weer sy eie munisipaliteit, Umjindi, te gee, soos voor hulle in 2016 saam met Mbombela moes smelt. Daar is onlangs besluit dat dit nie sal gebeur nie. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, sê sommige inwoners blameer die amalgamasie vir hul dienslewerings-probleme en demonstreer nou hul ontevredenheid deur munisipale werkers daarvan te weerhou om te werk. Die DA doen ‘n beroep op die burgemeerster, Sibongile Makushe-Mazibuko, om in te gryp en ‘n oplossing te soek.

View Details

Geraldine Caldwell is op 26 Junie te vroeg gebore. Sedertien is Down se Sindroom by haar gediagnoseer en drie gaatjies is in haar hart ontdek. Sy het reeds een hartoperasie ondergaan en is nou tuis in Kiepersol by haar gesin. Ma Celest gesels met 100.5FM.

View Details

Zander Groenewald (14) het geskiedenis gemaak vir die Laeveld deur die eerste lid ooit van die Lowveld Model Aircraft Association (Lomac) te word wat aan die FAI F3K Wêreldkampioenskappe deelneem. Dit was in Julie in Duitsland. Hy kuier saam met sy pa en voorsitter van die klub, Alec Groenewald, by 100.5FM.

View Details

Ronnie die Renoster en sy wildbewaarder-vriendin toer al vir 10 jaar die land plat met hul vertoning van sing en dans en stories vertel om kinders gelukkig te maak.

View Details

Die Bulle weet Jimmy Stonehouse se spanne is kliphard, vreesloos en vasberade.
Die Pretorianers se Curriebeker-afrigter, Phiwe Nomlomo, sê hulle verwag 'n behoorlike toets wanneer die Airlink Pumas hulle Saterdag op Loftus Versfeld die stryd aansê in die derde ronde van die kompetisie. Die Pumas se spanbestuurder, Sam Sikiwe. kuier saam met Willie Engelbrecht by Sonop Ontbyt in die ateljee.

View Details

Sonell Joubert het onlangs vier maande spandeer in die sel vir verhoorafwagtende vroue by Nelspruit Korrektiewe Dienste. Die ervaring het haar genoop om hulle te help toe sy borgtog toegestaan is. Saam met haar vriende het hulle The Unchained Network geregistreer. Hulle het vandag 'n klagte oor die haglike toestande by die Menseregtekommissie ingedien. Sy gesels saam met Tersia Marshall met 100.5FM.

View Details

Dit is ondersteuning uit die gemeenskap wat Huis Betlehem toelaat om al 25 jaar om te sien na kwesbare kinders. Daar is tans sewe kinders aan huis in Witrivier en 10 in Nelspruit. Mariaan Lourens en Verina Gerber vertel meer.

View Details

Die komponis Lizanne Barnard en haar seun, Adam, is elk benoem vir Afri-Indie-toekennings. Sy is ondermeer in die gospel-kategorie genomineer vir "Dwarshout" wat sy geskryf het vir die musiekblyspel "Crux". Adam is onder die verhoognaam Both Eyes Open benoem vir sy alternatiewe rock-album, "Virtua Love". Hulle gesels met die Middag Game Drive.

View Details

Angelica Ferreira (26) se familie kon al meer as R100 000 insamel om vir haar die nodige behandeling te kry by M-Care na sy aan die begin van Jullie in 'n baie ernstige motorongeluk was.

View Details

Hoërskool Bergvlam vier vanjaar sy 50ste bestaansjaar en met hul revue herbesoek hulle van die temas wat hulle oor die afgelope 50 jaar op die planke gebring het. Hulle gesels met Sonop Ontbyt.

View Details

Die Airlink Pumas het hul openingswedstryd van die Curriebeker Vrydagaand teen die Griekwas met 49-28 en ‘n bonuspunt by Mbombela-stadion gewen. Die hoofafrigter, Jimmy Stonehouse, sê dit was ‘n taaier wedstryd as wat die telbord weerspieël. Hulle reis hierdie Vrydag na Bloemfontein vir 'n herhaling van die 2023 eindstryd teen die Cheetahs - wat in hul openingswedstryd met 37–35 teen die Boland Kavaliers verloor het.

View Details

Daar is koue op pad na die Laeveld, sê Tokelo Chiloane, 'n voorspeller by die Suid-Afrikaanse Weerdiens.

View Details

Die Curriebeker se Premierafdeling skop vanaand sewe-uur af wanneer die Pumas die Griekwas verwelkom op Mbombela-stadion. Môremiddag drie-uur speel die Leeus en die Haaie op Ellispark in Johannesburg, en twee uur later kom Westelike Provinsie op die Kaapstad-stadion te staan teen sy aartsvyand, die Bulle. Die naweek se laaste wedstryd begin Sondagmiddag drie-uur in Wellington tussen Boland en die Cheetahs. Die Haaie is die verdedigende kampioen.

View Details

Yolanda Gani is 'n disleksie-spesialis vanaf Kaapstad en het tydens Saterdag Ontbyt by Charles kom kuier oor hoe om dit te hanteer.

View Details

Kom Saterdag vroeg en kom braai by Mbombela-stadion, maar bly asb. van die veld af wanneer die Springbokke teen Georgië speel. Roelf Kotze is die stadionbestuurder. Hy gesels met Neels.

View Details

Elzabé du Bruyn, ‘n organiese groentetuin konsultant, vertel tydens Saterdag Ontbyt hoe om groente in potte te plant as jy nie genoeg plek het in jou tuin nie.

View Details

Die Springbokke speel Saterdag 'n toets teen Georgië by Mbombela-stadion.
Heelagter Aphelele Fassi deel sy verwagtinge. Die afskop by Mbombela-stadion is Saterdag om 17:10 en kaartjies is slegs beskikbaar by Ticketmaster. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Dit is Bokweek in die Laeveld en onse eie Kwagga Smith het vandag die media te woord gestaan voor hul wedstryd teen Georgië by Mbombela-stadion Saterdag waarin die Nelspruiter Marnus van der Merwe sy toetsbuiging maak.
Hy sê die Bomb Squad maak reg wat hulle teen Italië verbrou het en Georgië het sterk spelers so dit is uitstekende voorbereiding vir die Rugby Kampioenskap. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

'n Voormalige inwoner van Witrivier, Paula Martini noem nou Ballito huis. Sy is nog net so passievol oor reis as hoe Laevelders haar onthou. Sy deel haar perspektief oor hoe om dit en die lewe te benader in haar nuwe boek, "Travel with Purpose".

View Details

Hunter Kennedy skryf baie meer liedjies was wat die meeste mense besef. Hy gesels by Innibos met Coenie.

View Details

David Mabuza is gister oorlede. Hy het van 2018 tot 2023 as adjunkpresident gedien. Hy was ook ‘n voormalige lid van die ANC se Nasionale Uitvoerende Komitee en tussen 2009 en 2018 die premier van Mpumalanga. Die joernalis, Sizwe Sama Yende, onthou hom.

View Details

Gé Sing - Hoor my lied bring hulde aan Suid-Afrika se eerste ware superster: Gé Korsten. Stephanie Baartman is een van die vier voorste kunstenaars wat sy musikale nalatenskap op 'n vars wyse interpreteer.

View Details

Johan van der Merwe en Ignatius van Heerden is die vervaardigers van Seun en Moord met 'n T. Hulle vertel hoe werk teater, en wat verkies Innibos-gehore.

View Details

Die geliefde storiesmous Dana Snyman word vanjaar by Innibos vereer. Sy boek, Seun, is ook verwerk tot 'n eenmanstuk wat sy debuut maak. Wilhelm van der Walt en Johann Smith vertel meer.

View Details

Dean John Smith en Marion Holm is iets om te beleef in Kry vir jou 'n Tux, Thomas.
Skrywer en regisseur Retief Scholtz kuier in die ateljee.

View Details

Jak de Priester dra verskillende hoede by Innibos hierdie jaar. Hy gesels met Sonop Ontbyt oor sy kontemporêre musiekproduksie Maanligfontein.
Hy is ondermeer ook te sien by die ATKV Storievuur in die Boma-kuierteater, hy gesels met Hannon Bothma oor sy kykNET-program Koppieteefontein, en tree op die hoofverhoog op. Kom beloer ook sy 100 teepotte by die kunsuitstalling by Hoërskool Bergvlam.

View Details

Met Gé Sing - Hoor my lied bring Frans Swart hulde aan Suid-Afrika se eerste ware superster. Dit is by Innibos te sien, saam met Vlerksleep, waarin Richard van der Westhuizen o.m. te sien is. Hulle kuier in die ateljee voor die fees Donderdag begin.

View Details

Margit Meyer-Rodenbeck is Ouma en sy is op pad om Innibos op horings te kom neem met haar observasies oor alles wat haar pla. Jurgen Human is die man agter die meeste woorde.

View Details

Die Nasionale Sierduif-kampioenskappe vind Saterdag by Buco Nelspruit plaas met meer as 900 sierduiwe van regoor die land wat ten toon gestel gaan word. Jan Labuschagne gesels met Charles.

View Details

Marion Holm was lanklaas in 'n eenvroustuk te sien by Innibos. Sy vertel meer oor Marion Monroe en die debuutstuk Kry vir jou 'n Tux, Thomas.

View Details

Lucille de Villiers en Liselle Bouwer van die Witrivier CTO (deel van KLCBT) het Saterdagoggend kom gesels oor hul jongste inisiatief om Witrivier Toerisme weer op die voorgrond te plaas deur die gemeenskap aan te moedig om na vore te kom met wat hulle vir toeriste kan aanbied.

View Details

Witrivier is aangewys as Mpumalanga se kandidaat in Kwêla se Dorp van die Jaar-kompetisie. Glouda Goosen en Lize Leonard vra die hele Witrivier om betrokke te raak en die Laeveld om hul strewe te ondersteun.

View Details

Wees op die uitkyk vir ons nuwe wiele, trots moontlik gemaak deur LDV. Neil Barker, die bemarkingsbestuurder, het kom inloer in die ateljee. Neels het voorheen die geleentheid gehad om met 'n LDV rond te rits vir 'n week. Hy vertel van die ervaring. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Nee, besoekers hoef nie toegangsfooie te betaal om deesdae die ikoniese Kaapsehoop te besoek nie. Andrea Fourie verduidelik waarvoor hulle wel - onder vrywilligers - fondse insamel.

View Details

Jaden Deysel is die SA-kampioen in Ju Jitsu. Hy gesels met Coenie oor gevegskuns.

View Details

Noord van Graskop staan ’n monument wat getuig van moed, opoffering en pioniersgees – ’n gedenkteken aan Karel Trichardt en Andries Potgieter, twee figure wat diep spore in ons geskiedenis getrap het. Hierdie monument, wat hul reis en invloed op die Groot Trek verewig, is pas met sorg herstel. Charles Rademeyer van die FAK vertel alles oor die onthulling van die herstelde Trichardt-Potgieter-monument op Saterdag 28 Junie .

View Details

Kitty le Grange is die eerste vrou om die voorsitter te word van Hazyview-rugbyklub.
Sy gesels voor hul eindstryd teen Matsulu volgende week met 100.5FM.

View Details

Mopani Woelwaters is die ideale plek waar die kleinspan kan kom speel en hulle gate uit geniet by Innibos. Naranda Leeuwner en Marlien du Toit vertel meer oor die ATKV-Storiekrôl.

View Details

Bekende en geliefde skrywers verklap elke dag hul skryf- en ander geheime tydens die ATKV-Boekgesprekke. Kom maak kennis met Francois van Coke, Annie Klopper, Marinda Engelbrecht, Elize Parker en Johannes de Villiers. Sanett Oosthuizen vertel vir Sonop Ontbyt meer.

View Details

Môre is Bloedskenkdag. Palesa Mazibuko van SANBS kuier in die ateljee.

View Details

AfriForum vra vir die opskorting van die omgewingsgoedkeuringsproses vir 'n voorgestelde steenkoolmyn naby die suidelike grens van die Krugerwildtuin. Die burgerregte-organisasie beskuldig die Departement van Minerale en Petroleumbronne en die omgewingskonsultant Kimopax daarvan, dat hulle in die geheim belangrike dokumente hersien en geregistreerde belanghebbendes van 'n openbare vergadering uitgesluit het. Lambert de Klerk van AfriForum gesels met Kies Koers.

View Details

Susan Coetzer is hoofsaaklik 'n skrywer, hoewel sy ook verskeie ander kreatiewe hoede dra. Sy gesels met Kies Koers oor hoe sy haar lewe benader om ook die mense rondom haar te kan inspireer.

View Details

Bye word al eeue lank ingespan vir alternatiewe en holistiese genesing. Die naweek vind 'n simposium oor byeterapie in Mbombela plaas by Bardolino. Die plaaslike byeboer, Inge Austin, vertel wat dié eeue oue praktyk behels.

View Details

Die Laeveld se brandseisoen het amptelik begin. Tot 31 Oktober is die brandgevaar hoog. André Scheepers van Lefpa sê hulle verwag 'n bedrywige brandseisoen.

View Details

Oor presies 'n maand is Innibos amper verby. Naranda Leeuwner vertel vir Sonop Ontbyt van die spesiale produksies wat hulle feesgangers vanjaar bied.

View Details

Houdini, 'n inwoner van die Rhino Sanctuary in Limpopo, het onlangs 'n baanbrekersoperasie ontvang. Arrie van Deventer gesels met 100.5FM oor die volgende een wat hulle beplan om hul renosters se lewenskwaliteit te verbeter.

View Details

Penryn is verlede week by die Best of Mbombela-toekennings aangewys as die beste hoërskool en kleuterskool en was tweede in die kategorie vir laerskole. Die uitvoerende hoof, Michael Eisen, pre-primêre hoof Nicole Meyer en bemarkingsbestuurder Grace Mazibuko gesels met 100.5FM.

View Details

Volgende week is Kinderbeskermingsweek. Childline Mpumalanga se dr. Benita Nel en Kgopolo Motloung kuier in die ateljee.

View Details

Die MOTHS sien om na mense wat in die leër gedien het, en nou hulp benodig.
Roelf Faurie en Lemuel Vermaak van Mesca gesels met Kies Koers.

View Details

Deon Steyn gesels met Charles oor die volwaardige Afrikaanse Wikipedia wat sy span besig is om op die been te bring vir die bewaring van Afrikaanse woorde.

View Details

Die Airlink Pumas het hul eerste SA Beker-titel verower toe hulle die Griekwas Saterdag in die eindstryd van die toernooi by Mbombela-stadion geklop het. Griekwas se voorryspeler, Cebo Dlamini, het in die sewende minuut ‘n rooikaart ontvang ná 'n kop-aan-kop-duikslag, en die tuisspan het skaars 'n minuut later 'n doel aangeteken, wat Griekwas vir die res van die wedstryd op die agtervoet gehou het. Die Pumas het rustyd met 19-7 voorgeloop en die wedstryd met 'n oortuigende 39-14 beklink. Clinton Swart, Kaptein Ruwald van der Merwe en Jacques Goosen praat met Sonop Ontbyt.

View Details

'n Jong opkomende kunstenaar stel eerdaags haar eerste enkelsnit(te) vry. Sy gesels met Coenie en Jene oor "Love on the brain"op 100.5FM.

View Details

By Flamboyant Skool gee niemand ooit op nie, vertel Gail van der Riet, die hoof, en adjunkhoof, Lindsay Rogerson, in die skool se 40ste bestaansjaar.

View Details

Louise Els is 'n berader wat spesialiseer in verslawing. Sy gesels met Jené op 100.5FM.

View Details

Die Airlink Pumas het ’n dramatiese 31-29 oorwinning oor die Boland Kavaliers in die Mbombela-stadion die naweek behaal om ’n tuiseindstryd vir die 2025 SA-bekertoernooi te verseker. Die Pumas het op een stadium met net 12 spelers gespeel ná drie geel kaarte, maar het steeds daarin geslaag om te wen toe losskakel Danrich Visagie laat in die wedstryd ’n strafdoel aangeteken het. Hulle sal teen die verdedigende kampioene, die Griekwas, te staan kom. Die Griekwas het Saterdag die Cheetahs in Kimberley met 41-38 in hul halfeindstryd te klop.

View Details

Nog 102 aasvoëls is vergiftig ontdek - hierdie keer in Lionspruit. VULPRO se Kerri Wolter sê dit is die derde soortgelyke voorval in die Krugerwildtuin-area en dit lyk nie asof dit vir muthi gedoen word nie. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Conrad Bure en Hansie Bingle van BUCO Nelspruit verduidelik hoe jy maklik 'n boekrak self kan bou. Hierdie inhoud is 'n promosiegesprek en is deur die adverteerder self betaal.

View Details

Die metafisikus wat spesialiseer in menslike gedrag, dr. Tony Wake, gesels met Jené wat instaan tydens Kies Koers op 100.5FM. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Curro bied hul revue aan die week. Anele Maphanga en Dj Sibiya gesels met die Middag Game Drive oor "Africa: A Musical".

View Details

Die Boland Kavaliers het Saterdag 'n bonuspunt-oorwinning van 36-22 oor die Oostelike Provinsie behaal om die vierde plek op die SA Beker-punteleer te verseker, wat vir hulle 'n plek bespreek in die Curriebeker se Premier-afdeling. Die Griekwas het 'n opwindende 31-29 sege oor die Cheetahs beklink en die onoorwonne Airlink Pumas het die Griffons se kwalifikasiepoging met 'n 48-7 oorwinning gestop. Die Kavaliers reis nou na Nelspruit vir hul halfeindronde teen die Pumas, wat bo-aan die punteleer pronk. Die Griekwas, in tweede posisie, speel tuis teen die Cheetahs in die ander semifinaal.

View Details

21 en 22 Mei hou die KLCBT 'n groot konferensie. Die gassprekers is reeds bepaal. Uitvoerende beampte, Linda Grimbeek, bespreek die besonderhede met Radio Laeveld.

View Details

123 aasvoëls is Dinsdag dood aangetref in 'n afgeleë deel van die Krugerwildtuin.
Hulle het vermoedelik aan ’n vergiftigde olifantkarkas gevreet wat waarskynlik deur stropers met landbouchemikalieë behandel is om die liggaamsdele van die voëls vir die onwettige wildhandelbedryf te bekom.
89 voëls is lewend gevind, en van hulle kon slegs vyf nie gered word nie.
Ike Phaahla vertel meer oor dié spanpoging van SANParke, die Trust vir Bedreigde Wildlewe (EWT) en verskeie veeartse en rehabilitasiesentrums.

Die witrugaasvoëls, kransaasvoëls en swartaasvoël wat gevrek het, is almal bedreig of kritiek bedreigde spesies.
Ike Phaahla, ‘n woordvoerder van SANParke, praat met 100.5FM.

View Details

Antoinette McDonald en Conrad Bure van BUCO Nelspruit verduidelik wat jy alles met blokstene kan doen.

View Details

Die NG Kerk in Hazyview hou 17 Mei 'n groot Familiefees om hul 50ste bestaansjaar te vier. Ds. Ingrid Joubert vertel watter gesinsvermaak jy kan verwag.

View Details

Vanjaar bied die Mpumalanga Lugskou tieners 'n spesiale blootstelling aan die lugvaartbedryf. Johan Heine en Alec Groenewald vertel vir Sonop Ontbyt van die Phillip Lewis Project.

View Details

Ruan Uys, 'n gr. 11-leerling in Hoërskool Nelspruit het in Oktober armdruk as ‘n sport opgeneem en is nou reeds op pad na die Wêreldkampioenskap wat in September in Bulgarye plaasvind. Hy gesels met die Middag Game Drive.

View Details

Die inwoners van Bloubaai – die fiktiewe dorp in Strandloper 2 - vier saam met die res van Suid-Afrika die Afrikaans Amptelik 100 verjaarsdag die maand. Die verjaarsdagviering is amptelik môre, 8 Mei. Bettie Kemp is die skrywer en regisseur.

View Details

Jy verlaat die een maatskappy om aan te sluit by 'n ander, maar hoe nou gemaak met jou kontakte en ander inligting wat jy bymekaargemaak het? Mag jy dit in jou nuwe betrekking gebruik? Daniel Schoeman verduidelik wat sê die wet oor handelsbeperking.

View Details

Dit is weer tyd om álles lekker by Innibos te vier vanaf 3 tot 6 Julie.
Die fees vier vanjaar Afrikaans se 100-jarige taalviering en Innibos se 21ste bestaansjaar.
Die tema vanjaar is bloot "Lekker".

View Details

Die 15-maande oue baba Olivia van Vuuren het 'n baie seldsame toestand: Dravet se sindroom veroorsaak epileptiese aanvalle in baba's en is 'n lewenslange toestand.
Haar ma, Jacorien, se Laeveld Kwilters Gilde, het 'n spesiale manier gevind om fondse in te samel vir haar mediese uitgawes. Amanda Brugman vertel meer oor Olivia's Quilt.

View Details

Dit is weer tyd om álles lekker by Innibos te vier vanaf 3 tot 6 Julie. Die fees vier vanjaar Afrikaans se 100-jarige taalviering en Innibos se 21ste bestaansjaar. Die tema is bloot “Lekker”.
Om dit te vier gaan die stalletjies in die Bosmôl daagliks tydens die fees vir 21 minute twee maal per dag spesiale aanbiedinge hê.
Naranda Leeuwner verduidelik hoe dit jou sak gaan pas.

View Details

Kris Ray doen country en Afrikaanse musiek. Dit is lekker luister musiek. Hy gesels met Sonop Ontbyt oor sy jongste enkelsnit, "In 'n ander taal".

View Details

Peet Groenewald, hoof van die tegniese afdeling van Platorand Spesiale Skool in Belfast - wat daarin spesialiseer om gestremde kinders se tegniese vaardighede te ontwikkel - het Saterdag in die ateljee van dié kinders se suksesverhale gedeel. Hy is ook hoof van die Pumas se rugbyliga vir gestremdes.

View Details

Juan Bester is 'n plaaslike kletsrymer wat beloof om nog hoë hoogtes te bereik in sy musiekloopbaan.

View Details

Deon Furstenburg, ‘n ekoloog en dierkundige, sê die aantal olifante in die Krugerwildtuin is te groot. Hy voorspel dat die hele ekologie binne tien jaar onherroeplik sal verander as hulle nie dringend uitgedun word nie.

View Details

Hoe werk Ozempic - en hoekom werk dit en soortgelyke middels vir gewigsverlies? Elzaan van der Merwe, 'n dieetkundige, verduidelik alles wat jy moet weet oor die "wondermiddel".

View Details

Die Airlink Pumas se sege oor die Suzuki Griekwas met 39-34 Vrydag by Mbombela-stadion plaas die gashere bo-aan die SA Beker-punteleer. Dit was 'n hoë-gehalte, hoë-drama-wedstryd en die Pumas bly die enigste onoorwonne span in vanjaar se kompetisie. Jimmy Stonehouse en Sam Sikiwe is in die ateljee.

View Details

Die Suid-Afrikaanse Beenmurgregister het sy eerste geskikte pasmaat-stamsel gevind deur Matches on the Map. Bradley Peters van die Oos-Kaap was geskik vir 'n pasiënt in Suid-Amerika nadat hy verlede jaar by die veldtog aangesluit het. Robin Lewis en sy vrou Yolandi is oorspronklik van die Laeveld her reis tans as Numinous Expeditions deur verskeie lande om meer skenkers te werf vir Matches on the Map.

View Details

Mense anders as ouers het in sekere gevalle regte i.t.v. die Kinderwet.
Yolandie Borman van SB Attorneys verduidelik.

View Details

Die SPAR Little Munchkins Baby Expo Saterdag gaan ouers met kennis toerus, maar daar is ook hope pret - en 'n verskeidenheid kompetisies met fantastiese pryse. Bella Mogane gesels saam met Gladys Mndawe, die stigter van die #GBVisReal-veldtog wat die dag die gasspreker is, met die Middag Game Drive.

View Details

Laeveldse tieners met selfs net 'n verbygaande belangstelling in lugvaart het 'n gulde geleentheid om op 9 Mei blootgestel te word aan dié opwindende bedryf. Phillip Lewis, Alec Groenewald, Khanya Khoza en Divan Ferreira vertel 100.5FM meer.

View Details

Die Pumas het drie groot wedstryde wat wag in die SA Beker. Kaptein, Clinton Swart, en onderkaptein, Ruwald van der Merwe, praat voorbereiding met Sonop Ontbyt voor hul kragmeting met die Griekwas Vrydagaand by Mbombela-stadion.

View Details

Die Mpumalanga Toerisme en Parke-agentskap sê hulle het twee rondloperleeus van kant gemaak. Berigte is ontvang van vier leeus wat verlede Sondag uit die Krugerwiltuin ontsnap en in die Bosbokrand-omgewing opgemerk is. Die waarnemende uitvoerende beampte van die MTPA, Justus Mohlala, sê dit was moontlik minder as vier leeus en hulle kan nie seker wees uit watter reservaat hulle ontsnap het nie. Hulle sal egter aanhou soek tot hulle trevrede is daar loop nie meer leeus vry rond nie. Digte plantegroei en die voortgesette bedreiging teen beeste het hulle genoop om die moeilike besluit te neem.

View Details

Die Mpumalanga span wat deelgeneem het aan die afgelope SASAPD Para athleitics SA Championship se drie Nelspruit-atlete kon tussen hulle sewe goue medaljes wen en sewe nuwe SA rekords en 'n nuwe Afrika rekord opstel. Lulu en Conrad is in die ateljee saam met afrigter DP Badenhorst.

View Details

Hoërskool Nelspruit se atlete het vroeër die week deelgeneem aan die NWU Puk-reeks vir landloop. Spankapteine, Inge Marie Odendaal en Henroux Herbst, kuier saam met die afrigters, Charl en Martie Naudé, by die Middag Game Drive. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Christopher Bompas, 'n tatoeëerkunstenaar, vertel vir 100.5FM wie kry deesdae tatoeëermerke en watter ander tendense is gewild.

View Details

Rhona van Niekerk is een van die soliste in Crux, wat die naweek in Nelspruit aangebied word.

View Details

Rob Ferreira se seunspan was die wenners van die nuwe Track & Field SA-kampioenskap. Die atletiekorganiseerder, Stefan van der Merwe, vertel die Middag Game Drive alles. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Hoe werk gedeelde residensie? Yolandie Borman van SB Attorneys verduidelik wie die houer van ouerlike regte kan wees.

View Details

Nando's lewer nou af in Lydenburg. Priscilla, die takbestuurder, vertel van hul spesiale aanbiedinge.

View Details

Die herdoopte Mpumalanga Lugskou skop vanjaar op die Vrydagaand reeds af met 'n skouspelagtige konsert. Die Phillip Lewis-projek nooi ook gr. 10 tot 12-leerlinge om modelvliegtuigies te bou om hul eerste vlieglesse te wen. Johan Heine en Lewis kuier by Sonop Ontbyt.

View Details

Versnelrenne of sleeprenne of onwettige wedrenne in Nelspruit het die afgelope weke toegeneem. Dit kom baie meer georganiseerd voor as voorheen, en daar is nie te veel wat die owerhede daaromtrent kan doen nie. John Meintjies verduidelik. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Silulumanzi het 'n toepassing bekendgestel om dit vir kliënte makliker te maak om hul rekeninge te betaal, hul verbruik te monitor en selfs lekkasies aan te meld. Abdul Khan en Richmond Jele kuier in die ateljee.

View Details

Cobus en Doret van der Merwe trou eersdaags weer na 10 jaar - hierdie keer met 'n behoorlike partytjie vir 120 gaste. Hulle deel hul storie met Charles tydens Saterdag Ontbyt. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Harvard dink nou dat 30 jaar se navorsing aandui dat die Alternative Healthy Eating Index die beste is om te verseker jy word gesond oud. Voedingkundige Anntonette Roux verduidelik. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Antoinette McDonald en Conrad Bure van BUCO Nelspruit verduidelik hoe jy jou buite kuierarea mooi en maklik kan belig. Dit is baie prakties. Luister hier.

View Details

Die volledige Crux-produksie, uit die pen van Lizaan Barnard, is hierdie Paasfees weer in Mbombela te sien. Sy kuier in die ateljee saam met Klasie Botha en Julia Burger. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Die 24-jarige Sibusiso Happy Ngobeni van Matsulu is deur die hooggeregshof in Mpumalanga skuldig bevind en tot 25 jaar direkte tronkstraf gevonnis vir die moord op sy meisie, Yvonne Thandiwe Shabangu. Volgens Monica Nyuswa, die woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag in Mpumalanga, het hulle saam gewoon toe hy haar van ontrouheid beskuldig het. Hy het in September verlede jaar vir haar bus naby 'n vulstasie in Mbombela gewag en haar doodgeskiet voordat hy weggejaag het. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Die LUR vir Gesondheid in Mpumalanga, Sasekani Manzini, het vandag by Piet Retief-hospitaal besoek afgelê. Dit na ‘n hewige storm Sondag groot skade in die gebied aangerig het aan geboue en infrastruktuur wat groot areas sonder elektrisiteit en water gelaat het. Manzini het bevestig die dak, plafon en heining van die hospitaal is beskadig, en dat bedrywighede voortgaan. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Daar is sedert sy opening in Mei 2019, geen instandhoudingswerk gedoen aan die Mpumalanga Hooggeregshof se gebou in Mbombela nie. Flip van der Walt van die Vereniging van Staatsamptenare verduidelik hoekom slegs enkele kantore en hofsale in gebruik kan wees tot instandhoudingswerk aan die dak en lugverkoelingstelsel teen 13 Desember voltooi is.

View Details

Die MOTHS hou 22 November by Matumi wat hul bedrywighede sal ondersteun. Old Bill Roelf Faurie verduidelik vir Skedaddle wat hulle alles doen.

View Details

‘n Voormalige hoftolk is tot vyf jaar direkte gevangenisstraf gevonnis weens bedrog. Volgens die Nasionale Vervolgingsgesag was die 43-jarige Buzizwe Zizwe Zitha by die Mkhuhlu-landdroshof werksaam. Hy is in April 2021 gearresteer na hy omkoopgeld gevra het van ‘n man wat van huishoudelike geweld aangekla is. Hy is in totaal 11-duisend-200-Rand betaal om die sake teen hom te laat terugtrek. Zitha is gister deur die Hof vir Gespesialiseerde Kommersiële Misdade in Nelspruit gevonnis. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

‘n 17-jarige is gearresteer omdat hy na bewering Maandagaand ‘n lid van die gemeenskaps-polisiëringsforum in Masoyi doodgesteek het. Die 35-jarige Difference Fankomo was ‘n patrolleerder vir die GPF. Nog twee lede is in die aanval gewond en word in die hospitaal behandel. Volgens die polisie is daar op die vermeende moordwapen beslag gelê. Die tiener word moontlik ook verbind met ‘n ander moord, op ‘n 50-jarige man, in Augustus verlede jaar. ‘n Saak van moord en twee van poging tot moord word teen hom ondersoek. Hy sal binnekort in die hof verskyn. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Fedsas sê die instruksies wat deur provinsiale onderwysdepartemente gegee is om die verkoop en verskaffing van voedsel by skole in Limpopo, Gauteng en die Vrystaat op te skort, is ongeldig. Dit is in reaksie op die onlangse voorvalle van voedselvergiftiging weens kos wat hoofsaaklik by spaza-winkels en stalletjies buite skole aangekoop is. Die vrywillige vereniging van skoolbeheerliggame van openbare skole het sy stem gevoeg by ‘n rits ander organisasies wat aanvoer dié maatreëls gooi die baba met die badwater uit. Dr. Jaco Deacon, uitvoerende hoof van Fedsas, sê dit is buite die departemente se mag en gaan boonop min of geen verskil daaraan maak om kinders te beskerm nie. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Die LUR vir onderwys in Mpumalanga, Cathy Dlamini, het gister skole besoek in Piet Retief, waar groot skade aangerig is tydens ‘n hewige storm Sondag wat die hele dorp sonder elektrisiteit gelaat het. Piet Retief Gekombineerde Skool het die ergste skade gely, met Ndlela Sekondêre Skool en Hoërskool Piet Retief wat ook deurgeloop het. Klaskamers, ‘n seunskoshuis en ander strukture is beskadig met dakke wat ook op plekke afgewaai is. Volgens die onderwysdepartement kon leerlinge wel gister hul eksamenvraestelle skryf. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Twee mans het gister in die Nelspruit-landdroshof verskyn op aanklagte van onder meer bedrog. Bosco Owino en Robert Ssebataazi, burgers van Uganda, is Vrydag aangekeer. Volgens die Valke het hulle hul verhuurder oorreed om sy erfgeld vir hulle te gee, wat hulle dan sou verdubbel. Hulle het glo ook veral vroue wat vir die regering werk, geteiken om te bedank en hul pensioenfondse aan hulle oor te betaal - om te verdubbel. Daar is tydens die deursoek-operasie op 'n groot bondel swart papiergeldnote, drie bottels chemikalieë en ‘n staalkluis beslag gelê. Die Valke vra ander slagoffers van die sogenaamde "Black Dollar"-skema om na vore kom. Die beskuldigdes verskyn Woensdag weer in die hof. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Munisipale kantore, skole en sakeondernemings in Piet Retief is erg beskadig tydens ‘n donderstorm die naweek. Bome is ontwortel en huise se dakke is afgewaai. Die DA-lid, Irene Brussow, sê hulle simpatiseer met almal wat benadeel is, en bedank almal wat hulp verleen het. Sy doen ‘n beroep op die provinsiale rampbestuur-eenheid om slagoffers verder by te staan. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Die Independent Media-groep is uit die Persraad van Suid-Afrika geskop na hulle geweier het om te voldoen aan twee uitsprake teen hulle. Beide was opiniestukke waarin joernaliste beledig is, sonder dat dit deur feite gestaaf kon word.
Helene Viljoen, 'n media prokureur en verteenwoordiger op die PR se paneel van beoordelaars verduidelik wat dit beteken vir persvryheid.

View Details

Die landdroshof in Sabie het 'n 46-jarige pastoor, wat daarvan aangekla word dat hy 'n 16-jarige lid van sy gemeente verkrag het, borgtog geweier. Die meisie is verlede maand na sy huis, waar hy veronderstel was om vir haar te bid vir genesing van 'n wond, toe hy haar na bewering aangeval het. Die beskuldigde se naam kan nie bekendgemaak word voor hy op die aanklagte gepleit het nie. Hy word ook aangekla vir die besit van 'n vuurwapen en ammunisie. Die woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, Monica Nyuswa, sê die saak is uitgestel tot 6 Januarie. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Die waarnemende provinsiale polisiekommissaris in Mpumalanga, generaal-majoor Zeph Mkhwanazi, het vanoggend saam met die LUR vir Gemeenskapsveiligheid, Jackie Macie, by die Witrivier-polisiestasie terugvoering gegee oor hul eerste 100 dae in hul nuwe poste. Hulle het suksesse uitgelig sowel as planne vorentoe om misdaad te bekamp. Macie sê hulle is nou toegespits op hul Veiliger Feestyd-operasies. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Rudi Oosthuyse van Grove SUPERSPAR se slaghuis (en Rudi se Perperwors-faam) is nou amptelik 'n legende - na hy met die Cleaver Legend-toekenning vereer is. Dit word uitgereik vir die wen van die meeste Cleaver-toekennings die afgelope 20 jaar.

View Details

Anke Strydom aangewys as die nuwe Little Miss South Africa 2024 en Chriske Schwirzer aangewys as die nuwe Miss Teen South Africa 2024. Hulle gaan die jaar verskeie liefdadigheidswerk- en -projekte aanpak tot voordeel van die gemeenskap.

View Details

Die provinsiale Departement van Openbare Werke, Paaie en Vervoer staar eise van meer as 3-punt-1-miljoen-Rand in die gesig weens voertuie wat in die eerste kwartaal van dié finansiële jaar deur slaggate beskadig is. ‘n Totaal van 58 eise is vanaf April tot Junie ingedien. 19 is tot dusver uitbetaal. Teboho Sekaledi van die DA sê slaggate is ‘n groot probleem op die provinsiale paaie, veral waar steenkool vervoer word en op toerisme-roetes. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Die KLCBT-toekennings vir 2024 is Vrydagaand by 'n gala-geleentheid aangekondig. Luister hier wie was die groot wenners op die aand.

View Details

Chané Steyn (graad 11) het ’n ongelooflike geleentheid gekry om aan die einde van die jaar by die Great Base Tennisakademie in die VSA aan te sluit. Vir die afgelope drie jaar het Chané verskeie prestasies en hoogtepunte behaal. Sy gesels met Charles.

View Details

Die polisie in Mpumalanga het enigiemand met inligting gevra om na vore te kom na die ontdekking van drie ongeïdentifiseerde liggame die afgelope week. Twee ontbinde liggame is gisteroggend langs die R37 tussen Nelspruit en Lydenburg ontdek. Sondag is 'n ontbindende liggaam in bosse naby 'n skool in Nokaneng gevind. Enigiemand met 'n familielid wat vermis is, is aangemoedig om die polisie in Sabie en Mamethake te kontak. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Solidariteit hou Dinsdag, 5 November in Pretoria 'n optog teen die Bela-wet, waarvan kwessies oor taal- en toelatingsbeleid nog nie in werking gestel is nie. Tiaan Schoeman, 'n netwerk organiseerder in Nelspruit, verduidelik dat Afrikaanse ouers moet saamstaan om en masse hul teenkanting te wys. As jy nie saam kan gaan marsjeer nie, onderteken gerus die petisie daarteen hier: https://beweging.co.za/bela-protes/

View Details

Die polisie in Mpumalanga vra vir kalmte terwyl hulle die omstandighede ondersoek waaronder 'n tweejarige seuntjie gister in Violetbank naby Bosbokrand dood is. Volgens die polisie het hulle gereageer op 'n noodoproep oor sibbe van onderskeidelik 2, 3, 4 en 5 jaar oud wat maagpyn ervaar het. Die jongste kind is met hul aankoms op die toneel deur paramedici dood verklaar. Die ander is hospitaal toe geneem vir behandeling. Twee is intussen weer ontslaan. Die polisie werk saam met gesondheidsorgkenners en ander rolspelers om beweringe te ondersoek oor kos wat die kinders vooraf sou geëet het. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Lonice Wessels is as die Sakevrou van die jaar aangewys by die SACBW se nasionale gala-aand vroeër die maand. Ashleigh Pauls is die Rising Star en die Nelspruit-tak is as die tak van die jaar bekroon. Dit beteken dat die AGM en Gala van die nasionale organisasie in Oktober 2025 in Mbombela gaan plaasvind, 'n fantastiese geleentheid vir die ekonomie.

View Details

Span Carpe Diem het aan die onlangs Sasol-sonkraguitdaging deelgeneem. Hulle het in die Innovasie-klas deelgeneem. Dit was omtrent 'n ervaring. Die span kuier by Charles in die ateljee.

View Details

Nomathembu Thekiso is 'n hulp maatskaplike werker by Child Welfare in Witrivier. Sy vertel wat die grootste uitdagings is wat kinders in hul area tans ondervind.

View Details

Die DA beplan om die Mpumalanga Onderwysdepartement by die Menseregtekommissie aan te gee omdat hulle nie Afrikataal-leesmateriaal aan leerders verskaf nie. Volgens die DA se Annerie Weber het die onlangse verslag van die Ouditeur-Generaal gevind 890 laerskole in Mpumalanga is nie vanjaar van graad 3-Afrikatale leesstof voorsien nie. Dit raak meer as 106-duisend leerlinge regoor die provinsie. Volgens Weber glo die DA dat die departement die leerders se grondwetlike reg op onderwys skend deur dit nie te verskaf nie. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Alicia Bullen is die enigste Laevelder wat volgende week aan die Wêreld-kampioenskap vir Fiksheid in Liggaamsbou gaan deelneem. Sy sê vir Andri sy is in staat om vir die afgelope twee jaar professioneel deel te neem aan dié sport.

View Details

Anrich Groenewald (14), 'n leerling van Curro Nelspruit, is hard aan die werk om self die fondse in te samel wat hom sal toelaat om die Academic Achievers Tour 2025 na die Ooskus van die Verenigde State te onderneem. Hy vertel saam met sy ma, Lené de la Rey, vir Amanda hoe vindingryk hy is.

View Details

Die jaarlikse Reef 10's-toernooi vind die naweek by Hoërskool Rob Ferreira plaas. Pietman Rademeyer en Visser Maas vertel hoe dit werk.

View Details

Die polisiekommissaris in Mpumalanga, generaal-majoor Zeph Mkhwanazi, het gepleit vir kalmte na twee dubbele moorde op verskillende plekke in die provinsie die afgelope dae. In die eerste voorval is twee vroue Sondag op die N4 naby Middelburg doodgeskiet gevind. In die twee voorval het die polisie ‘n oproep ontvang dat twee mans in besit van gesteelde goedere vasgekeer is, maar met hul aankoms op die toneel is die mans dood ontdek. Die polisiewoordvoerder, Kolonel Donald Mdhluli, sê geen arrestasies is nog gemaak nie. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

HKH Prinses Eurika Mogane is amptelik aangestel as een van ses Kommissarisse vir Geslagsgelykheid, deur president Cyril Ramaphosa. Sy gesels met Amanda.

View Details

Die Cobra-klub Suid-Afrika is die naweek in die Laeveld met hierdie ikoniese karre. Heinrich du Preez, die voorsitter van die klub, gesels met Sonop Ontbyt.

View Details

Jy is uniek en wat vir iemand anders werk, is nie noodwendig vir jou geskik nie. Watter dieet is ideaal vir jou? Leefstyl-afrigter Anntonette Roux het navorsing gaan doen.

View Details

Die polisie in Mpumalanga het Saterdag amptelik die 2024/25 Veiliger Feestyd-veldtog by Mangweni Trust naby Komatipoort van stapel gestuur om ‘n veiliger feestyd vir gemeenskappe te verseker. Verskeie wetstoepassingsagentskappe was teenwoording om die Operasionele Plan aan die LUR vir Gemeenskapsveiligheid, Jackie Macie, voor te lê. Die waarnemende polisiekommissaris, generaal-majoor Zeph Mkhwanazi, sê die fokus is op pogings teen geslagsgebaseerde geweld, trio-misdade soos kapings en huisrowe, asook samewerking met die Grensbestuursowerheid om mense- en dwelmhandel te bekamp en optrede teen transitorooftogte. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Die polisie in Mpumalanga ondersoek ‘n voorval waartydens ‘n man deur sy werkgewer se hond doodgebyt is. Die voorval het Vrydag by Marapyane in Mmamethlake plaasgevind. Volgens die polisie het die 58-jarige op die perseel gewoon en na die honde omgesien. Hulle is op hok gehou en is slegs vroeg-soggens vir ‘n paar uur uitgelaat. Die man het glo Donderdag uitgegaan en met sy terugkeer vroeg die Vrydag is hy aangeval. Die polisie beskryf die hond as ‘n pitbull. Die DBV het die hond Saterdagoggend van kant gemaak. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Hoe weet 'n mens iemand het dalk Alzheimer se siekte? Kiki Mswane en Talitha van der Walt van Adasa Mpumalanga gesels met Amanda.

View Details

Khayalami Hotel Group het die afgelope 16 jaar gegroei tot waar hulle vandag hotelle in Ermelo, Secunda, Standerton, Witbank, Kaapstad en Sandton ook het - buiten die oorspronklike een Mbombela. Tracy Nkosi-Manuel gesels met Sonop Ontbyt.

View Details

TRAC ondersteun tydrenne, want dit is waar mense resies mag jaag - nie op nasionale paaie nie. Solange Soares gesels oor die TRACN4-tydren wat volgende maand in Dullstroom plaasvind.

View Details

Marlene Pretorius het borskanker. Vir Borskanker bewusmakingsmaand gesels sy met Amanda oor die proses van diagnose.

View Details

'n Opwindende nuwe stem op die Afrikaanse musiekfront, Juan Bester, het sy wortels net hier in die Laeveld. Die kletsrymer gesels met Skedaddle.

View Details

Coenie Naudé is pas aangewys as die beste onafhanklike rocker in Suid-Afrika. As die wenner van die Music Excellence Awards for Independent Artists in SA vir 2024 het hy onder meer Zaan Sonnekus uitgestof. Hy gesels met sy mede-omroepers by 100.5FM, Andri en Neels tydens Sonop Ontbyt.

View Details

Hulle heet GSTRiNG, soos in 'n g-snaar, verduidelik Neelsie van Dyk (die hoofseun van Hoërskool Nelspruit in 2023) en Wilhelm Warmenhoven. Hulle studeer tussendeur die musiek maak by die Universiteit van Stellenbosch en het reeds 'n hele paar enkelsnitte vrygestel.

View Details

Die DA versoek die Spesiale Ondersoekeenheid om die Mpumalanga Departement van Onderwys te ondersoek nadat dit aan die lig gekom het dat hulle meer as 6-miljoen-Rand in salarisse aan voormalige en afgestorwe werknemers in die 2023/24-boekjaar betaal het. Volgens Annerie Weber het dit in die Ouditeur-Generaal se verslag, gedateer 9 Oktober, na vore gekom. Weber sê die departementshoof, Lucy Moyane, moet aanspreeklik gehou word, aangesien sy sedert 2022 bewus was van die spookwerkers 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

’n 43-jarige man is tot 20 jaar tronkstraf gevonnis vir die verkragting van sy buurman se 10-jarige dogter. Die voorval het in Maart verlede jaar by Schoemansdal in Nkomazi plaasgevind. Volgens Monica Nyuswa, die woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag in Mpumalanga, het Mbongeni Andries Shongwe in die Boschfontein-streekhof skuld op die aanklag beken. Sy sê die hof het in ag geneem dat hy skuldig gepleit het en ‘n eerste oortreder is om van die voorgeskrewe lewenslange vonnis af te wyk. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Die Kaasworsies, bestaande uit drie gr. 4-leerlinge van Laerskool Clivia, het onlangs tot stand gekom om aan Clivia's Got Talent deel te neem. JC Vermeulen, Janice Smith en Mario Muller gesels met Skedaddle.

View Details

Die DA sê inwoners van Chief Albert Luthuli- en Msukaligwa-munisipaliteite kan binnekort sonder water wees met damvlakke wat vinnig daal. Die party doen 'n beroep op die Mpumalanga-regering om 'n ramptoestand in dié areas af te kondig. James Masango van die DA sê die Brummerdam is amper leeg en Ermelo gaan Dag Zero op 8 November bereik. Hy sê 'n ramptoestand sal die regering toelaat om hul finansies en hulpbronne te belyn en konsekwent water te voorsien. Masango doen ook 'n beroep op die provinsiale regering om buitengewone hoë waterverliese hok te slaan. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

SANParke het besoekers aan die Krugerwildtuin aangeraai om versigtig te wees met braaivleisvure in winderige toestande. Dit volg na verskeie rondawels gisteraand afgebrand het. In Olifants-kamp het drie eenhede in ligte laaie opgegaan. In Satara-ruskamp het 'n braaivuur 'n wooneenheid aan die brand laat slaan. Daar was in die geval minimale skade aan die struktuur en inwoners se besittings. Die woordvoerder van die Krugerwildtuin, Ike Phaahla, sê se geen beserings is aangemeld. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Sowat 'n jaar na Jacques Lombard Timeless Modelling & Dportment Academy begin het, het hul modelle, onder afrigting van Ronel Joubert, by die onlangs SA Kampioenskappe vir Uitvoerende Kunste 22 medaljes verower. Vier van hulle is nou op pad Los Angeles toe.

View Details

100.5FM se welwillendheidsorganisasie, Met Hart, ondersteun vanjaar die jaarlikse Laeveld Toy Run. Vanessa Roets, Nikki van Eijk en Anel Vermeuelen gesels met Amanda.

View Details

MIchelle Königk gaan voorts elke Dinsdag om 09:30 saam met Amanda tydens Konkoksies kom bak en brou. Ontmoet die sjef.

View Details

Jy is genooi om te r.s.v.p om jou huiswerker by die Shining Stars-geleentheid op 16 November te vier en te bederf. Dolly Mbuyane sê sy het besef vroue moet hul huiswerkers vier, omdat hulle amper nie sonder hulle klaar kan kom nie. Om te registreer om deel te wees van dié viering, stuur 'n WhatsApp na 079-950-1565.

View Details

Die polisie ondersoek die dood van ‘n 16-jarige seun van Masoyi wat die naweek dood gevind is. Volgens die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, Kolonel Donald Mdhluli, het hy Saterdag saam met ‘n 12-jarige maat met honde gaan jag. Toe hulle teen Sondag nog nie tuis was nie, maar die honde wel teruggekeer het, is hulle deur hul familie as vermis aangegee by die polisie. ‘n Grootskaalse soektog is van stapel gestuur. Die ouer seun is dood gevind, en die jonger een is beseer. Volgens Mdhluli lyk dit asof hulle in ‘n bergagtige area geval het. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Die Middelburg Gespesialiseerde Handelsmisdaadhof het Thandi Ruth Magagula, 'n voormalige veiligheidsrisikobeampte by Eskom, skuldig bevind op aanklagte van korrupsie en bedrog. Volgens Monica Nyuswa, die woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag in Mpumalanga, het sy skuldig gepleit op sewe aanklagte van korrupsie en twee aanklagte van bedrog. Nyuswa sê dit het wette wat openbare amptenare reguleer en Eskom se beleid oor 'n botsing van belange oortree. Die saak is Vrydag tot 24 Oktober uitgestel vir vonnisverrigtinge. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Janie Bay en Hunter Kennedy het weer kragte saamgesnoer en 'n nuwe enkelsnit, "Ons verander" saam vrygestel.
"Ek kan nie oor en oor dieselfde ding doen nie - ek hou daarvan om te doen wat 'n liedjie voor vra," vertel sy vir Skedaddle.

View Details

Op 9 November word 'n modeparade aangebied ten bate van KANSA Laeveld en die Kids in Christ-kinderkerk. Rinella Jansen van Vuuren sê dit gaan ook 'n inspirerende dag wees.

View Details

Die polisie in Mpumalanga het beslag gelê op dagga ter waarde van R4,7 miljoen op die N12 in Delmas. Hulle het inligting van misdaad-intelligensie en die Trilaterale Beplanningsel (TPC) bekom en op 'n vragmotor met die besending dagga toegeslaan. Die vragmotor was van Eswatini na Johannesburg onderweg. Die gewig van die dagga is aangeteken as 1-duisen-180-kilogram. Volgens die polisiewoordvoerder, Kolonel Donald Mdhluli, is ’n 30-jarige man van die Koninkryk Eswatini in hegtenis geneem en sal binnekort in die hof verskyn. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Huis Betlehem hou Saterdagaand 'n kunsveiling met verskeie kunstenaars se werk. Dit sluit in 'n beeldhouwerk van Marco Oliver. Mariaan Lourens vertel meer.

View Details

Chriské Schwirzer, 'n Miss Teen SA-finalis, het die voorreg om fondse in te samel vir Young Beauties Care (YBC). Dit staan liefdadigheidsorganisasies en organisasies in nood by met die fokus op die omgewing, bejaardes, kinders, diere en KANSA.

View Details

Die DA in Thaba Chweu het aan die Premier, Mandla Ndlovu, en LUR vir Samewerkende Regering, Speedy Mashilo, geskryf om kapsie aan te teken teen die aanstelling van ‘n Tegniese Bestuurder in die munisipaliteit. DA-raadslid, Spiridon Couvaras, sê die regerende ANC het tydens ‘n onlangse raadsitting blatant minimum vereiste kwalifikasies en ervaring geïgnoreer om ‘n kandidaat aan te stel 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Boobie Buddies is ‘n gemeenskap wat vroue ondersteun om saam ‘n verskil te maak.
Vir Oktober, stel hulle daaglikse uitdagings om vroue te help fokus op hul fisiese gesondheid, welstand, leefstylkeuses en kreatiwiteit. Skoonsusters Lizé en Gené van der Merwe gesels met Amanda.

View Details

Die Mpumalanga Departement van Gemeenskapsveiligheid het ‘n eenheid vir ernstige en gewelddadige misdade gestig om politieke moorde in die provinsie te ondersoek.
Daar was sedert 1998 'n aantal hoë-profiel politieke moorde, wat die sogenaamde Januarie-sluipmoorde insluit. Jimmy Mohlala, was die Speaker in Mbombela; Sammy Mpatlanyane, die voormalige hoof van kommunikasie in die Departement van Sport; en Johan Ndlovu, die voormalige Hoofsweep in Ehlanzeni-distriks-munisipaliteit. Teboho Sekaledi van die DA sê hulle hoop dat hierdie sake uiteindelik opgelos sal word. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Lanie Rischmuller, die vrou van Pieter Rischmuller, voorheen bekend as die kunstenaar Piet Pompies, werk reeds twee jaar aan 'n kinderboekreeks, "Die Avonture van Piet Pompies". "Ek het altyd vir ons kinders stories vertel van Piet Pompies wanneer Pappa weg was. Ek wil kinders en hul ouers graag op 'n avontuur neem." Die egpaar gesels met Amanda.

View Details

Die Premier, Mandla Ndlovu, het vanoggend 'n massiewe padinstandhouding-intervensie-program, "Kubhunya Lutfuli" in Belfast van stapel gestuur. Die provinsie-wye program fokus op die versnelling van padinstandhouding om toegang te verbeter, deur die integrasie van hulpbronne op provinsiale en plaaslike regeringsvlakke. Dit vorm deel van die provinsie se reeks aktiwiteite Oktober om Vervoermaand te vier. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Die DA verwelkom die opdrag van president Cyril Ramaphosa dat die Spesiale Ondersoekeenheid bewerings ondersoek van wanadministrasie in die Mpumalanga Departement van Gesondheid. Bosman Grobler, DA-lid van die provinsiale wetgewer, sê die ondersoek sal fokus op verkryging, die kontraktering van risiko-afval-bestuursdienste en bepaal of betalings wat gemaak is aan nasionale tesourie-riglyne voldoen het. Volgens Bosman is dit kommerwekkend dat dit die tweede proklamasie is wat die President binne twee jaar onderteken het. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Refentse se jongste enkelsnit, "Blue Tick" het Saterdag die topposisie beklee op die 100.5FM Top 20. Hy gesels met Skedaddle.

View Details

Die waarnemende polisiekommissaris in Mpumalanga, Generaal-Majoor Zeph Mkhwanazi, doen ‘n beroep op slagoffers van afpersing om nie te skroom om die polisie daaroor te kontak nie. Dit volg na ‘n vrou die week in Kanyamazane haar afpersers by die polisie gaan verkla het. Twee verdagtes is aangekeer. Hulle het reeds in die hof verskyn. Die een is borgtog toegestaan, maar moet op 13 November weer verskyn op ‘n klag van kwaadwillige saakbeskadiging. Die polisiewoordvoerder, Kolonel Donald Mdhluli, sê hulle beskou sake van afpersing in ‘n baie ernstige lig. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

‘n 36-jarige hoofinspekteur by die Tutuka-kragstasie is gister aangekeer weens die diefstal van koperkabels. Dit volg op die arrestasie vroeër die week van vier verdagtes in verband met die diefstal. Volgens die woordvoerder van die Valke in Mpumalanga, Kaptein Dineo Sekgotodi, het hulle inligting ontvang van ‘n vragmotorbestuurder wat die kabels van Tutuka na Kriel-kragstasie moes vervoer, maar herlei is na ‘n plaas toe. Die vrou sal vandag nog in die hof verskyn. Die ander vier verskyn Maandag weer in die Evander-hof. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Sonja Stadler is die Positiewe Sielkundige. Sy verduidelik wat trauma is, hoe dit manifesteer, en wat jy daaromtrent kan doen. Luister weer hier.

View Details

Taekwondo-gevegskuns gaan eintlik oor ontwikkeling, eerder as om te leer hoe om te baklei. Scott McMillan kuier in Mbombela vanaf Skotland om die kuns te bevorder.

View Details

Die DA is bekommerd dat inwoners van Mpumalanga die risiko loop om te sterf terwyl hulle ure vir ambulansdienste wag. Dít nadat ’n ernstig beseerde man op 20 September in eMbalenhle gesterf het terwyl hy langer as vier uur op ’n ambulans moes wag. DA-lid van die provinsiale wetgewer, Bosman Grobler, sê dit het die norm geword dat ambulanse laat by noodgevalle opdaag. Hy sê 'n tekort aan ambulanse is 'n probleem wat vererger word deur die Mpumalanga-departement se besluit om eerder 'n gesentraliseerde kommunikasiesentrum op te rig, as 'n rekenaargesteunde versendingstelsel vir nooddienste - soos wat aanbeveel is. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Norman Clack is 'n leraar aan die Unveiled Church in Krugersdorp, lid van die orkes Marikana en nou ook skrywer. In sy memoir, "I am my father's child" takel hy komplekse kwessies waarmee mans daagliks worstel. Hy kuier 'n bietjie in die Laeveld.

View Details

Span MP SolarFlair het tydens die afgelope Sasol-uitdaging vyfde in die Challenger-kategorie geëindig, was vierde algeheel en eerste onder die Suid-Afrikaanse spanne. Klasie Botha en Graig Gebhart het hoeka vooraf gewaarsku hulle het vanjaar 'n besonders goeie elektriese voertuig.

View Details

Die DA het aan LUR vir Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme, Makhosazane Masilela, geskryf om te pleit dat sy nie die Nkomazi Spesiale Ekonomiese Sone as 'n openbare entiteit lys nie, omdat dit onder die beheer van die Mpumalanga Agentskap vir Ekonomiese Groei sal val. Volgens Trudie Grové-Morgan van die DA het die departement die groen lig gekry van die staatsprokureur om die SEZ as 'n filiaal van MEGA te vestig. Sy sê dit sal rampspoedig wees en die DA glo dat die Nkomazi SEZ eerder as 'n openbare entiteit onder die direkte beheer van Masilela en haar departement gelys moet word. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Vier verdagtes wat Maandag aangekeer is weens die diefstal van koperkabels by Tutuka-kragstasie naby Standerton bly in aanhouding tot hul volgende hofverskyning Maandag. Volgens die Valke in Mpumalanga se woordvoerder, Kaptein Dineo Sekgotodi, het ‘n provinsiale verkeersbeampte by Kinross-weegbrug ‘n Toyota Hilux vol kabels teëgekom het. Die bakkie het weggejaag. Die bestuurder het beheer verloor en die voertuig het omgeslaan. Die drie insittendes is gearresteer en die vierde verdagte is met behulp van hul inligting opgespoor. Dit het hulle ook gelei na ‘n plaas waar ‘n Eskom-vragmotor ‘n besending koperkabels afgelaai het. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Die polisie in Mpumalanga ondersoek ‘n skietvoorval gisteraand in Schoemansdal waartydens ‘n man, wat hulle slegs as ‘n bekende politikus in die Nkomazi-area geïdentifiseer het, verskeie kere geskiet is. Die polisiewoordvoerder, Kolonel Donald Mdhluli, sê die man het saam met ‘n ander tuis arriveer. Hy het voor die ingangshek gestop om dit oop te maak toe ‘n gewapende man verskyn het. Hy is verskeie kere geskiet, hoewel hy na veiligheid probeer vlug het. Die verdagte kon van die toneel af vlug. Mdhluli sê die slagoffer veg om sy lewe in die hospitaal. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Die Premier van Mpumalanga, Mandla Ndlovu, sê ‘n sterker venootskap is nodig tussen die regering, die burgerlike samelewing en agentskappe om die voorkoms van MIV te bestry. ‘n Onlangse opname deur die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing het getoon dat die provinsie die hoogste voorskom van MIV het in Suid-Afrika met 17-komma-4-persent. Ndlovu sê die navorsing moet gebruik word op te verseker hulpbronne is ontplooi na waar dit die nodigste is en dat gemeenskappe gemobiliseer moet word om vir MIV te toets en dan antiretrovirale medisyne te gebruik. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Twee verdagtes verskyn vandag in die Emalahleni-hof weens die ontvoering en moord op die 64-jarige Kommunikasie-bestuurder van Nkangala-distrikmunisipaliteit, David Masombuka, Sondag. Volgens die polisie in Mpumalanga was hy van Kwamhlanga na Witbank onderweg, maar hy het nooit by sy bestemming aangekom nie. Sy voertuig is naby 'n vulstasie in Witbank opgespoor. Sy liggaam is daar naby in 'n bebosde area gevind. Drie verdagtes is Sondag vasgetrek en het gister reeds in die hof verskyn. Nog twee is Maandag aangekeer. Die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, Kolonel Donald Mdhluli, sê hulle was glo in besit van sommige van Masombuka se persoonlike besittings. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Die DA in Emakhazeni-munisipaliteit doen 'n beroep op die Mpumalanga-regering om in te tree en gemeenskappe wat deur 'n tornado getref is, by te staan. Amanda Botha, ‘n DA-raadslid in Emakhazeni, sê swaar reën en wind het Waterval-Boven, Waterval-Onder en Machadodorp die naweek getref en 'n spoor van verwoesting gesaai met aansienlike skade aan huise en sake-ondernemings. Daar was ook skade aan elektriese infrastruktuur in Machadodorp en aansienlike skade is aan strukture se dakke aangerig. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Die DA in Mpumalanga doen ‘n beroep op President Cyril Ramaphosa om dringend die Wetsontwerp op die Behoud en Ontwikkeling van Landbougrond te onderteken. Volgens DA-lid van die provinsiale wetgewer, Tersia Marshall, hang die toekoms van die bedryf en voedselsekerheid in Mpumalanga in die weegskaal, weens grootskaalse gronderosie, besoedeling deur suur mynwater en die indringing van ander aktiwiteite op landbougrond. Marshall sê die tekort aan die afdwing van wetgewing om die omgewing en waterbronne te beskerm, bedreig die provinsie se vermoë om beduidend by te dra tot die land se voedselproduksie. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Vyf mans verskyn na verwagting vandag in die Emalahleni-hof weens die ontvoering en moord op die 64-jarige Kommunikasie-bestuurder van Nkangala-distrikmunisipaliteit. Volgens die polisie in Mpumalanga was David Masombuka Sondag van Kwamhlanga na Witbank onderweg vir 'n vergadering, maar het nooit by sy bestemming aangekom nie. Sy voertuig is naby 'n vulstasie in Witbank opgespoor. Die verdagtes was glo in besit van sommige van sy persoonlike besittings ten tyde van hul arrestasie. Sy liggaam is daar naby in 'n bebosde area gevind. Drie verdagtes is Sondag reeds aangekeer en nog twee Maandag, ook in Witbank. Die polisiewoordvoerder, Kolonel Donald Mdhluli: 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Die nominasies vir vanjaar se KLCBT-toekennings is sopas bekendgemaak. Lind Grimbeek deel dit met 100.5FM.

View Details

Vrydag is dit weer tyd vir die Night of 1 000 Stars by Sonpark in Mbombela. Sandra Jacobs vertel vir Sonop Ontbyt waarna gaste uit kan sien.

View Details

Prime Circle het 'n nuwe enkelsnit vrygestel. Die nuwe hoofsanger, Gavin Edwards, gesels daaroor met Skedaddle.

View Details

Die musikant Francois van Coke se outobiografie, Hoe ek dit onthou, verskyn vandag. Hy het op die vooraand van die vrystelling met Skedaddle gesels.

View Details

Presies hoe werk die logistiek rondom Mbombela-stadion Saterdag vir die Springboktoets teen Argentinië? Stadionbestuurder, Roelf Kotze verduidelik:

View Details

Die Springbok-afrigter Rassie Erasmus het nege veranderinge en een posisie-verskuiwing gemaak vir hul deurslaggewende Rugbykampioenskap-wedstryd teen Argentinië by Mbombela-stadion Saterdag. Siya Kolisi is opnuut die span se kaptein. Hy is een van ses dubbele Wêreldbeker-wenners wat herroep is. Manie Libbok en Jaden Hendrikse is vir die eerste keer saam as skakelpaar. Eben Etzebeth sal met dié wedstryd die mees bekroonde Springbok van alle tye word en sy 128ste Boktoets speel. Erasmus sê die kritiek teen Libbok is te verstane, maar hy begin Saterdag in die nommer 10 trui vir 'n rede. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Vyf van Nelspruit Primary se 0.9-spelertjies kuier op die vooraand van die Springbokke se toets teen Los Pumas in Mbombela by Skedaddle in die ateljee.

View Details

Jacki van Zyl van Cupcakes for Kids with Cancer is hard aan die werk voor Cupcake Day Saterdag by i'langa Mall gevier word, en sy gaan vir goud met 'n Springbok mosaiek.

View Details

Die Springbokke se skrumdokter, Daan Human, sê hulle het baie werk om te doen voor Saterdag se beslissende Rugbykampioenskap-wedstryd teen Argentinië in Mbombela. Die Poemas het Suid-Afrika die naweek in Santiago del Estero met 29-28 geklop om hul hoop op ʼn heel eerste Rugbykampioenskapstitel, lewend te hou. Die Rugbykampioenskap is sedert sy instelling in 2012 slegs deur Nieu-Seeland gewen met die uitsondering van 2015 en 2019 toe Australië en Suid-Afrika kampioene was in jare wat verkorte weergawes gespeel is weens Wêreldbekertoernooie wat plaasgevind het. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Die liggame van twee mans is Vrydag in 'n bergagtige area van Louw's Creek buite Mbombela herwin. Die mans, van onderskeidelik 42 en 56 jaar oud, is Dinsdag as vermis aangemeld. Hulle is Donderdag deur beamptes in 'n polisiehelikopter opgemerk, maar die SAPD kon slegs die volgende dag hul liggame in die onherbergsame area met behulp van motorfietse herwin. Die waarnemende polisiekommissaris in Mpumalanga, Generaal-majoor Zeph Mkhwanazi, het 'n veewagter en sy hond uitgesonder vir hul hulp in die soektog. Die polisiewoordvoerder, Kolonel Donald Mdhluli, sê die omstandighede rondom die mans se dood word ondersoek. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

‘n Man is vandag lewenslange tronkstraf met ‘n addisionele vyf jaar opgelê deur die Mpumalanga Hooggeregshof vir die moord in 2022 in Nsikazi op sy 64-jarige ma. Die 33-jarige Bongani Thulani Matsane het Thembi Ngwenya van heksery teen hom beskuldig. Hy het haar met ‘n skoffel aangerand en uiteindelik op haar bed aan die brand gesteek. Die hof het bevind sy skulderkenning was nie tekenend van enige berou oor sy dade nie. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Kerri Wolter van VulPro is ook genomineer vir 'n Indianapolis-prys, 'n baie gesogte prys wat natuurbewaarders vir hul werk vereer. Sy vertel hoekom aasvoëls een van dié belangrikste spesies in enige ekostelsel is.

View Details

Die SANBS benodig bloed en nooi jou om Maandag in Witirivier jou bydra te kom maak. Palesa Mazibuko gesels daaroor met Sonop Ontbyt.

View Details

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku teen beduidende dalings in temperature die naweek - ook in die Laeveld van Mpumalanga. Samke Thwala, 'n voorspeller by die SAWD, sê na 'n hittegolf is 'n kouefront op pad. In die suidelike en oostelike dele van die land word selfs sneeu verwag. Die beduidende koue sal Mpumalanga, KwaZulu-Natal en die Vrystaat Vrydag haal - met verdere dalings teen Sondag. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Die DA doen ‘n beroep op die Mpumalanga Departement van Openbare Werke, Paaie en Vervoer om die skuld en verantwoordelikheid te neem vir al die onvolledige en vertraagde infrastruktuurprojekte regoor die provinsie. Tydens 'n ministeriële inligtingsessie aan lede van die Nasionale Raad van Provinsies is dit onthul dat daar tans 26 infrastruktuurprojekte is wat óf onvolledig óf vertraag is in Mpumalanga weens swak prestasie van kontrakteurs, geen of laat betaling van kontrakteurs, onvoldoende begroting en ontwrigting deur sakeforums. Teboho Sekaledi ‘n DA-lid van die Mpumalanga-wetgewer, sê dit sluit in skole, hospitale, paaie en die Parlementêre Dorpie. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku teen beduidende weersveranderinge die naweek met temperature wat aansienlik sal daal - ook in die Laeveld van Mpumalanga. Samke Thwala, 'n voorspeller by die weerdiens, vertel wat ons kan verwag.

View Details

Die polisie in Mpumalanga is besig met 'n soek-en-red-operasie in Low's Creek buite Mbombela, na twee mans van Pienaar eergister as vermis aangemeld is. Volgens die polisie vermoed hulle die mans is op 'n uitstappie die berge in, en hulle is nie weer gesien nie. 'n Polisiehelikopter sal vandag in die area ontplooi word om na hulle te help soek in die onherbergsame terrein. Die polisiewoordvoerder, Kolonel Donald Mdhluli, moedig lede van die publiek aan om na vore te kom met enige inligting. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Die eerste Graskop Erfenis Karnaval wat die naweek plaasvind, is gebore met die doel om vier plaaslike welwillendheidsorganisasies in hierdie toeristedorp, wat na kinders en diere omsien, by te staan.

View Details

Die eerste swartrenosterkalfie met ouers wat self wees gelaat is deur stroping, is 'n week gelede by Care for Wild in die Laeveld gebore. Dit is die 19de kalfie wat hier gebore word, maar die ander was almal witrenosters. Die Care for Wild-stigter, Petronel Nieuwoudt, sê dit is belangrik vir die bedreigde spesie se voorbestaan om te kan bewys dat weesrenosters as volwassenes steeds suksesvolle ouers kan wees. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Petronel Nieuwoudt van Care for Wild is benoem vir die 2025 Indianapolis-prys. Die toekenning word dikwels beskryf as die Nobelprys vir dierebewaring en gee erkenning aan hierdie bewaarders wêreldwyd se inspirerende werk en prestasies.

View Details

Kobus Esterhuizen en Marius Bruger Lourens beplan om Januarie 'n tog aan te pak en vanaf SA na Stuttgart in Duitsland te ry - met 'n 1989 Mercedes wat hulle dan aan die Mercedes museum daar gaan skenk. Garfield ry saam. Luister weer hier.

View Details

Die Springbokke se toets teen Argentinië in die Rugby-kampioenskap volgende Saterdag is volledig uitverkoop. Die Bokke kan reeds die naweek hul eerste Kampioenskapstitel sedert 2019 buit as hulle die Pumas in Santiago del Estero verslaan. Die Argentyne is die enigste ander mededinger om die titel terwyl die Springbokke die enigste onoorwonne span in die kompetisie is. Die bestuurder van Mbombela-stadion, Roelf Kotze, vertel hoe die logistiek op die dag gaan werk.

View Details

Die Laeveld-brandbeskermingsvereniging waarsku inwoners en grondeienaars teen die maak van vure die naweek. André Scheepers van Lefpa sê die brandgevaarindeks sal baie hoog bly tot volgende week wanneer toestande behoort te verbeter. Rapporteer intussen alle brande aan Lefpa by 086-066-3473. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

‘n Verdagte sal Maandag in die Barberton-landdroshof verskyn op aanklagte van poging tot moord en gewapende roof na ‘n aanval Dinsdagoggend op twee Hollandse toeriste. Volgens die Valke het die paartjie op die R35 tussen Barberton en Badplaas gery toe drie aanvallers op hul huurmotor geskiet het. Die man is in die regterhand getref. Hulle is van persoonlike items soos selfone, bankkaarte en paspoorte beroof. Die 42-jarige man is gister, in besit van die items, gearresteer. Volgens die woordvoerder van die Valke, Kaptein Dineo Sekgotodi, word twee verdagtes nog gesoek. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

‘n Verdagte sal Maandag in die Barberton-landdroshof verskyn op aanklagte van poging tot moord en gewapende roof na ‘n aanval Dinsdagoggend op twee Hollandse toeriste. Volgens die Valke het die paartjie op die R35 tussen Barberton en Badplaas gery toe drie aanvallers op hul huurmotor geskiet het. Die man is in die regterhand getref. Hulle is van persoonlike items soos selfone, bankkaarte en paspoorte beroof. Die 42-jarige man is gister, in besit van die items, gearresteer. Kaptein Dineo Sekgotodi sê twee verdagtes word nog gesoek. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Die plaaslike sangeres, Tiffany Steyn, se nuwe enkelsnit, "Adrenalien" is vandag vrygestel. Sy gesels met Amanda.

View Details

Die nege leeus wat gisteroggend by Ngwenya Lodge opgemerk is, en gisteraand terug na die Krugerwildtuin verskuif is, het vanoggend weer teruggekeer na die Lodge. Ike Phaahla, die woordvoerder van die wildtuin, sê hulle is jong leeus, en waarskynlik onder druk van ander, wat hulle genoop het om elders ‘n heenkome te soek. Hy sê SANParke vergader met die Mpumalanga Toerisme- en Parke-agentskap om te bepaal wat hulle volgende te doen staan. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Nege leeus is gister by Ngwenya opgemerk, en na ure suksesvol teruggeneem na die Krugerwildtuin - net om weer te ontsnap. Ike Phaahla van die wildtuin sê hulle vergader tans met die MTPA oor wat hulle volgende te doen staan.

View Details

Die Lowveld Medical Arts & Culture Association (LMAC), ‘n nie-winsgewende organisasie, hou Saterdag ‘n swart-das geleentheid met musiek en kuns om fondse in te samel vir mediese uitgawes vir kinders in die Laeveld. Dr. Attie van Wyk gesels met Sonop Ontbyt.

View Details

Die plaaslike komponis, Lizanne Barnard, wil in 2025 weer 'n Paasproduksie aanbied wat die storie uit Barabbas se oogpunt vertel, maar die keer met plaaslike musici. Sy sê Zane Meas sal weet betrokke wees soos die vorige keer, wat die produksie werklik lewensveranderend was.

View Details

‘n Interne ondersoek is geloods na ‘n 60-jarige man Maandag in die hospitaal in dood is, na hy na bewering Saterdagaand in Piet Retief deur polisiebeamptes aangerand is. Volgens die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, Kolonel Donald Mdhluli, het twee polisielede glo op ‘n klagte van huishoudelike geweld gereageer ten tyde van die voorval. Die Onafhanklike Polisie Ondersoek Direktoraat ondersoek ook die omstandighede wat gelei het tot die man se hospitalisasie. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Dit is weer tyd vir die pannekoek-uitdaging om bewusmaking van outisme te kweek. Cindy Coetzee van die Indigo Smiles Autism Foundation (ISAF) sê vanjaar gaan sy tot Desember pannekoek bak.

View Details

‘n 39-jarige polisiesersant verskyn vandag in die Emalahleni-landdroshof op ‘n klag dat hy sy vrou vroeg Sondagoggend in Witbank doodgeskiet het. Elsie Mothali was 37-jaar oud. Sy is na bewering verskeie kere geskiet terwyl sy bestuur het. Dit het ‘n botsing veroorsaak. Die man het homself aan die polisie oorhandig. Die waarnemende provinsiale polisiekommissaris, Generaal-majoor Zeph Mkhwanazi, het die voorval ten sterkste veroordeel. Die woordvoerder, Kolonel Donald Mdhluli: 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Die Mpumalanga Onderwysdepartement oorhandig Donderdag amptelik die nuut-geboude Phumlani Sekondêre Skool aan leerlinge in die Bohlabela-distrik. Volgens die departement het hulle tot nou gebruik gemaak van mobiele klaskamers. Die nuwe geboue sal ook die kwessie van oorbevolking in klaskamers aanspreek. Die LUR, Cathy Dlamini, sal vergesel word deur amptenare van die Departement van Openbare Werke. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Mackenzie Bam is 'n 14-jarige wat opslae maak in motorfietskringe.
Die Nelspruiter het sopas van Cross Country na Enduro geskuif en is tans nasionaal in die algehele sesde plek (sy neem in die seunsklas deel).
Haar doelwit is om aan al die groot enduro-wedrenne deel te neem: Roof of Africa, Sea to Sky, Romanics en Dakar.

View Details

Die DA in Mpumalanga is bekommerd oor die steeds toenemende gevalle van verkragting in die provinsie. Teboho Sekaledi van die DA sê Kabokweni, Pienaar en Piet Retief tel onder die 30 polisiestasies in die land waar die meeste verkragtingsake tussen April en Junie aangemeld is – volgens die jongste misdaadstatistieke wat verlede week vrygestel is. Hy sê in Kabokweni is dubbeld soveel gevalle vanjaar aangemeld as in dieselfde periode vier jaar gelede en in Piet Refief drie keer meer gevalle. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Die Nasionale Vervolgingsgesag het die vonnis verwelkom van ‘n 42-jarige pastoor wat ‘n 14-jarige in 2020 in Kabokweni verkrag het. Dumisani Khumalo is Vrydag tot lewenslank gevonnis deur die Hof vir Seksuele Oortredings in Nelspruit. Volgens die woordvoerder vir die NVG in Mpumalanga, Monica Nyuswa, het Khumalo twee meisies ‘n saamrygeleentheid aangebied en na hy die vriendin afgelaai het, die slagoffer aangeval. Die hof het bevind hy het geen berou getoon nie, en het die minimum voorgeskrewe vonnis opgelê. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Die polisie het ‘n ondersoek geopen na ‘n manlike toeris Saterdagmiddag by Bourke’s Luck Potholes na sy dood geval het. Die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, Kolonel Donald Mdhluli, sê hulle is om ongeveer half 4 na die toneel ontbied. Die toeriste-aanloklikheid is vir ure gesluit om die liggaam uit te haal en hy is op die toneel dood verklaar. Daar word vermoed dat hy oor 'n reëling geklim het en toe gegly en geval het. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Vanjaar se Sasol-sonkraguitdaging gaan internasionale spanne van universiteite in Nederland en België insluit. Die uitdaging vind oor agt dae oor verskillende afstande plaas, met deelnemers wat slegssonkragaandrywing vir die motors kan inspan. Dit begin op 13 September in Secunda en eindig by die V&A Waterkant in Kaapstad. Klasie Botha en Graig Gebhart van MP Solar Flair reken hulle het vanjaar ‘n wenkar en mik vir ‘n poduimplek.

View Details

Die DA eis antwoorde van Thaba Chweu-munisipaliteit oor hoekom daar geen reaksie van brandbestryders en plaaslike rampbestuurhoofde was toe 'n 100 jaar oue historiese gebou Dinsdagaand in Sabie afgebrand het nie. Volgens Sonja Boshoff van die DA is Huntington Lodge ‘n geskiedkundige gebou, maar kon die gemeenskap se pogings om die brand te blus nie slaag sonder die plaaslike ramp-reaksiesentrum nie – aangesien die hoofde nie hul fone geantwoord het nie. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Macadamia Services Management bied fisiese, praktiese voordele vir makadamiaboere. Die stigter, Cobus Kok, sê met MSM het hulle nou die geleentheid om hul gestandardiseerde produk vir verskeie kopers aan te bied op een platform waar hulle die prys kan bepaal.

View Details

Die bestuurder van die ikoniese Farmstall at Gateway, Corné Lubbe, sê planne om dit te sloop en 'n winkelsentrum op die perseel te bou, sal 'n Laeveldse landmerk verlore laat gaan, mits dit deurgevoer word. Hy sê dit mag nie gebeur nie.

View Details

Die Nasionale Vervolgingsgesag het die lewenslange vonnis verwelkom wat die eMalahleni-streekhof 'n 49-jarige man opgelê het vir die verkragting van 'n 14-jarige meisie. Sy is in November 2014 deur 'n onbekende persoon aangeval terwyl sy na haar tante se huis in Klarinet gestap het. Die polisie-ondersoek het gelei tot die arrestasie van Patrick Nyaisi Mtsweni in 2023 nadat DNS hom met die oortreding verbind het. Die woordvoerder van die NVG in Mpumalanga, Monica Nyuswa, sê Mtsweni het skuldig gepleit. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Die DA het aan die Mpumalanga Departement van Openbare Werke, Paaie en Vervoer geskryf en hulle versoek om Skolevervoer-operateurs te betaal voordat hulle begin staak en leerders gestrand laat. Sommige vervoeroperateurs in die Gert Sibande-distrik dreig ook met regstappe omdat hulle nie betaal word vir dienste wat tussen Februarie en Julie 2024 gelewer is nie. Teboho Sekaledi, 'n DA-lid in die provinsiale wetgewer, se een operateur in Standerton word 'n allemintige R3.3 miljoen verskuldig. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Oor 'n week is dit tyd vir die Mpumalanga Skou. Lyzelle van Wyk weet alles waarna jy kan uitsien oor die drie dae.

View Details

Die DA sê Mpumalanga het die hoogste persentasie van mense wat onveilig voel. Dit is volgens Statistieke Suid-Afrika se Slagoffers van Misdaad-verslag wat gister bekendgemaak is. Teboho Sekaledi, ‘n lid van die provinsiale wetgewer, sê het 74,7% van inwoners in Mpumalanga aangedui hulle voel onveilig om snags in hul eie woongebiede rond te loop. Dit is hoër as die Wes-Kaap se 70,6 en Gauteng se 69,7%. Die meeste mense het ook in Mpumalanga aangedui hulle is op straat beroof. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Steve Hofmeyr vier môre sy 60ste verjaarsdag, en dan moet ons hom Oom Steve begin noem. Hy gesels met Sonop Ontbyt oor sy 40 jaar in die musiekbedryf.

View Details

Brent Lindeque, beter bekend as The Good Things Guy is Vrydagoggend in Nelspruit en hy wil saam met jou koffie drink. Hy gesels met Sonop Ontbyt.

View Details

Ronel Basson van Hoërskool Nelspruit het 'n akteursprys gewen by die onlangse Wêreldkampioenskappe vir Uitvoerende Kunste wat in Los Angeles gehou is.

View Details

Die waarnemende polisiekommissaris in Mpumalanga, generaal-majoor Zeph Mkhwanazi, het die gru-moord op ‘n ongeïdentifiseerde vrou ten sterkste veroordeel. Haar ligaam is gister naby die R573 buite Kwaggafontein ontdek. Volgens die polisie is van haar liggaamsdele verwyder. Die omstandighede rondom haar moord word ondersoek. Niemand is nog aangekeer nie. Enigiemand met inligting is gevra om die polisie te kontak. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

‘n Mosambiekse vrou is gister deur die Nelspruit-streekshof tot 12 maande tronkstraf gevonnis vir oortreding van die Doeane- en Aksynswet. Emmelda Simiao Manhica is in Januarie 2017 saam met ‘n ander vrou by die Viva-vulstasie in Schoemanskloof betrap met vervalste goedere ter waarde van ‘n geraamde 170-duisend-Rand. Haar medepligtige, Luisa Pedro Gulele, is in 2017 reeds gevonnis. Gulele het op die vlug geslaan. Sy is verlede maand herarresteer en het skuldig gepleit in die hof. Monica Nyuswa, die woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag in Mpumalanga: 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Die Mpumalanga Green Cluster Agency, ‘n nie-winsgewende organisasie wat in 2022 gestig is om te help met die billike en regverdige energie-oorgang ondersteun ondernemings wat hul deel doen vir ʼn groener ekonomie. Gift Mkhatshwa vertel meer. Opskud! Inskrywings vir die SMME Green Innovation Challenge sluit Vrydag.

View Details

Die man wat verlede Dinsdag glo sy 23-jarige vriendin aan die brand gesteek het, het gister weer in die Carolina-landdroshof verskyn. Volgens die polisie in Mpumalanga het Innocent Sthembiso Maseko 'n vlambare vloeistof oor haar gegooi en dit aan die brand gesteek. Die slagoffer is deur bure gered. Sy is gister weens haar beserings dood. Die saak teen die die 34-jarige verdagte is tot 4 September uitgestel vir 'n formele borgaansoek. Hy bly in aanhouding. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

We Care 4 Nelspruit het 'n veldtog geloods teen onwettige agterstraat aborsies. TJ Maré die beginpunt is om die plakkate wat dit oral adverteer, te verwyder. Hy vra die publiek en ander inwoners se ondersteuning om ook die onwettige plakkate te verwyder waar hulle dit teëkom. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Die polisie in Mpumalanga ondersoek die oorsaak van ‘n ontploffing wat gister ‘n 40-jarige man se lewe geëis en ‘n ander ernstig beseer het. Die polisie vermoed hulle het probeer om koper uit ‘n mortier te haal toe dit ontplof het. Die voorval het plaasgevind by wat vermoed word ‘n ou militêre basis is in Mhluzi, Wes van Middelburg. Die beseerde man word in die hospital behandel. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

We Care 4 Nelspruit is op 'n missie om 'n einde te bring aan onwettige agterstraat aborsies en die advertering van sinlose "mediese" behandeling - ten einde die algemene publiek te beskerm. TJ Maré gesels met Sonop Ontbyt oor wat jy kan doen.

View Details

Die DA het die Portfoliokomitee vir Ekonomiese Ontwikkeling in Mpumalanga gevra om MEGA te verhoed om plaaswerkers by die Tekwane Sitrusplaas af te lê. Volgens Trude Grové-Morgan van die DA sal dit werkloosheid onder die jeug, wat reeds ‘n kommerwekkende 46.4% is, vererger.
Die plaas word deur die Mpumalanga Agentskap vir Ekonomiese Groei besit en beplan na bewering om dit volgende maand te sluit. Dit raak 45 permanente werknemers. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

'n Man verskyn vandag in die Carolina-hof op 'n aanklag van poging tot moord na hy glo sy 22-jarige vriendin aan die brand gesteek het. Volgens die polisie in Mpumalanga het die voorval vroeg Dinsdagoggend plaasgevind. Die man het 'n vlambare vloeistof oor haar gegooi en aan die brand gesteek. Die slagoffer is deur bure gered en veg tans vir haar lewe in die hospitaal. Volgens die polisiewoordvoerder, Kolonel Donald Mdhluli is die 34-jarige verdagte dieselfde dag aangekeer. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Die Mpumalanga Departement van Onderwys het ‘n voorval ten sterkste veroordeel waartydens ‘n onderwyser van LD Moetanalo Hoërskool in Mhluzi in Steve Tshwete-munisipaliteit ‘n leerling se vlegsels in die klas afsny. Die video is op sosiale media versprei. ‘n Woordvoerder van die departement, Gerald Sambo, sê die onderwys is voorlopig geskors terwyl hulle die omstandighede ondersoek wat tot die voorval gelei het. Hy sê onderwysers behoort te alle tye in die beste belang van leerlinge op te tree. Die leerlinge wat deur die voorval geraak is, sal berading ontvang. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Die Hof vir gespesialiseerde kommersiële misdade in Middelburg het ‘n voormalige projekbestuurder en voormalige administratiewe klerk van Dr Pixley Ka Seme-munisipaliteit skulldig bevind aan bedrog en geldwassery.
Volgens die Nasionale Vervolgingsgesag is Luthando Mpangeva en Mxolisi Evidence Hadebe saam met ‘n sakeman aangekla wat skuldig gepleit het. Hulle het in 2018 bedrieglike vakture van Evoke Trading aan die munisipaliteit voogehou vir dienste wat nie gelewer is nie. Die het die plaaslike owerheid meer as 150-duisend-Rand gekos. Die saak is uitgestel na 24 Oktober vir voorvonnis-verrigtinge. Die woordvoerder van die NVG, Monica Nyuswa: 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Fokofpolisiekar is die suksesvolste Afrikaanse rockgroep wat na 24 jaar nuwe aanhangers bly vind. Baskitaarspeler, Wynand Myburgh, gesels op die vooraand van Woofstock met Skedaddle oor die wilde rit waarop die groep steeds is.

View Details

Twee susters en hul broer het gister in die Balfour-hof verskyn op 'n aanklag van moord. Volgens die Mpumalanga polisie het Pat Molefe, Nnana Molefe en Mamotseki Molefe hul 71-jarige pa Saterdag doodgeskiet. 'n Derde suster is aanvanklik aangekeer, maar sy is nie aangekla nie. Die polisiewoordvoerder, Kolonel Donald Mdhluli, sê hul voorlopige ondersoek dui daarop dat die pa voor sy dood 'n beskermingsbevel teen sy kinders bekom het. Die saak is uitgestel tot 27 Augustus wanneer hulle formeel om borgtog aansoek sal doen. Hulle bly in aanhouding. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Vrydag 6 September is Loslit-dag ten bate van mense met gestremdhede. Thulakahle Khumalo en Tsakani Ndlovu van die Mpumalanga APD gesels oor wat dit vir hulle beteken.

View Details

Die DA in Mpumalanga wil hê die LUR vir Gesondheid, Sasekani Manzini, moet sorg dat dissiplinêre stappe gedoen word teen gesondheidswerkers wat die departement aanhoudend blootstel aan mediese nalatigheid-eise. Die party se woordvoerder vir gesondheid in die provinsie, Bosman Grobler, sê hierdie eise het opgehoop tot 9-miljard-Rand. Volgens Grobler groei die eise jaarliks met slegs 29-miljoen wat in die vierde kwartaal van 2023/24 geskik is. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Die polisie in Mpumalanga het 'n vrou gearresteer op 'n aanklag van moord, weens vermoedens dat sy haar agt-maande-oue baba vergiftig het. Volgens die polisiewoordvoerder, Kolonel Donald Mdhluli, het 'n plaaslike begrafnisondernemer die polisie gekontak, en ondersoek hulle die oorsaak van die kind se dood. Die 33-jarige vrou sal na verwagting binnekort in die hof verskyn. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Drie susters en hul broer verskyn vandag in die hof in Balfour vir die beweerde moord op hul pa. Volgens die polisie in Mpumalanga is hulle tussen 36 en 45 jaar oud. Hul 71-jarige pa is Saterdag leweloos op sy rusbank ontdek. Hy is verskeie kere geskiet. Hy het vroeer 'n beskermingsbevel teen sy kinders gekry. Hulle is dieselfde dag in Heidelberg gearresteer. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Die matriekklas van 2024 het vandag met hul rekordeksamen begin. Die LUR vir Onderwys in Mpumalanga, Cathy Dlamini, het leerlinge alle sterkte toegewens en die kandidate aangemoedig om die geleetheid as voorbereiding te gebruik vir die eindeksamen later vanjaar. Sy vra ook dat onderwysers en ouers die leerlinge ondersteun. ‘n Woordvoerder van die Departement, Gerald Sambo sê die eksamens duur vir ongeveer die volgende vier weke. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Die DA het die stadsbestuurder van Steve Tshwete-munisipaliteit, Mandla Mguni, gevra om dringend die beweerde diefstal van water in Rietkuil te ondersoek. Stefan Smith, ‘n DA-raadslid, voer aan dat tenkwaens al vir ses maande water onttrek en na ‘n naburige myn vervoer. Hy sê die plaaslike owerheid het bevestig niemand is by magte om water uit die Rietkuil te onttrek nie, omdat die watertoevoer reeds onder druk is. Volgens Smith moes die munisipaliteit reeds teen die diefstal opgetree het. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Die Junior Ereveldwagters het onlangs tydens 'n omgewingsdag op herwinning gefokus. Chris Daniel gesels met Sonop Ontbyt.

View Details

Die span bo-aan die Curriebeker-punteleer, die Bulle, reis Vrydag na die Laeveld om die Airlink Pumas die stryd aan te sê. Die Bulle is onoorwonne in die kompetisie en het laas in 2021 by Mbombela-stadion verloor. Die Pumas lê tans vierde op die punteleer, na twee nederlae teen die Leeus, en is in ‘n tweestryd gewikkel met die Haaie om ‘n plek in die Curriebeker-halfeindrondes. Die afskop Vrydag by Mbombela-stadion is om kwart-oor-vyf. Die Pumas se spanbestuurder, Sam Sikiwe, sê hy glo sy spelers besef hulle sal alles moet gee op die veld op die dag. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Wat presies behels die tweepot-pensioenfondsstelsel wat 1 September in werking tree? Ilse van Biljon van die Citadel-groep verduidelik hoe dit werk, wie die raak, en wat die implikasies daarvan is.

View Details

Moya & Iona is twee Suid-Afrikaanse susies wat tans in Bermuda woon en saam musiek maak. Hulle gesels met Skedaddle oor hul jongste enkelsnit.

View Details

Die aanklagte teen 95 Libiese mans wat verlede maand by 'n onwettige militêre opleidingskamp in Masoyi aangekeer is, is vanoggend in die Witrivier-landdroshof teruggetrek. Hulle is aanvanklik aangekla vir oortreding van die Wet op Immigrasie. Die mans het glo in April die land binnegekom met visums wat in Tunisië bekom is vir hulle om veiligheidsopleiding by Milites Dei te ondergaan. Die woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag in Mpumalanga, Monica Nyuswa, sê die departement van Binnelandse sake neem nou toesig van die mans en hulle sal gedeporteer word. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Die aanklagte teen 95 Libiese mans wat verlede maand by 'n onwettige militêre opleidingskamp is vanoggend in Witrivier teruggetrek. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Die Curriebeker voorlopers, die Bulle, reis môre na die Laeveld om die Airlink Pumas die stryd aan te kom sê. Die spanbestuurder, Sam Sikiwe, sê hulle verwag dat die Bulle 'n punt teen hulle sal wil bewys.

View Details

Kiaat Private Hospitaal het die afgelope jare baie gegroei en bied nou alle spesialiteitsdienste. Eda Verster, die bestuurder van die apteek, gesels met Sonop Ontbyt oor hul 10 jaar in die Laeveld. Dié apteek is nou 24/7 oop met 'n gekwalifiseerde apteker wat altyd aan diens is.

View Details

Die uitvoerende beampte van Mbombela-gholfklub, Darren Plumb, was onlangs die wenner van die PGA of SA se bestuurstoekenning vir die Gauteng-Noord-streek en ding eersdaags mee om die nasionale toekenning.

View Details

Die DA in Mpumalanga doen ‘n beroep op die provinsiale regering om drastiese stappe te neem om die hoë werkloosheidskoers onder die jeug in die provinsie aan te spreek. Volgens Trudie Grové-Morgan is die 46,4-persent een van die hoogste in die land. Sy sê samewerking tussen die private sektor en regering is nodig om die krisis te takel. Sy wys daarop dat 58-duisend werksgeleendthede in die eerste twee kwartale verlore gegaan het in Mpumalanga, wat bydrae tot die uitgebreide werkloosheidsyfer wat aandui dat mense ophou werk soek het. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

16 Mosambiekse vroue is gister in die Barberton-landdroshof skuldig bevind en gevonnis vir oortreding van die Wet op Immigrasie. Volgens die Valke se woordvoerder in Mpumalanga, Kaptein Dineo Sekgotodi, was hulle na vermoede onderweg na Johannesburg toe hulle Vrydagaand by Kaapmuiden aangekeer is sonder paspoorte of permitte om in die land te wees. Hulle is elkeen met 2-duisend-Rand beboet of ses maande tronkstraf opgelê, wat vir vyf jaar opgeskort is. Die hof het verder gelas dat hulle dadelik na Mosambiek gedeporteer word. Die 15 manlike beskuldigdes wat saam met hulle aangekeer is, verskyn weer op 20 Augustus in die hof. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

'n Veldwagter is gister in die Pretoriuskop-gedeelte van die Krugerwildtuin deur 'n buffel beseer. Die woordvoerder van die wildtuin, Ike Phaahla, sê hy is ernstig beseer tydens 'n patrollie. Hy ontvang tans mediese behandeling. Sy kollega het die buffel doodgeskiet. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Annelize Koorts deel die lesse wat sy al geleer het uit sake doen.

View Details

SANParke sê hy ondersoek 'n voorval waartydens 'n voertuig na bewering eergister 'n leeu in die wildtuin getref het. Volgens die Krugerwildtuin het dit by 'n besigtiging plaasgevind en geniet die voorval die hoogste aandag. Die woordvoerder, Ike Phaahla, sê hulle kon die voertuigbestuurder opspoor deur hul sekuriteitskameras. Hy sê die eienaar sal waarskynlik beboet word. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Mnr. en Mej. Bergvlam word Donderdag gekroon. Ontmoet die finaliste.

View Details

Ses leerlinge van Sibhulo Sekondêre Skool in Kabokweni is gister beseer in ‘n ongeluk toe die bestuurder van ‘n voertuig beheer verloor het, en die kinders wat op die sypaadjie gestap het, getref het. Die Mpumalanga Departement van Onderwys sê drie van die leerders is ernstig beseer en drie het ligte beserings opgedoen. ‘n Woordvoerder van die departement, Gerald Sambo, sê vier skoliere is intussen uit Themba-hospitaal ontslaan. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Mbombela-munisipaliteit sê hulle toets tans die water in Barberton na gerugte versprei het dat dit moontlik besmet is met die bakterieë wat cholera kan veroorsaak. Monsters is verlede week geneem om die veiligheid van die water te bepaal, en hulle wag tans op die laboratorium-uitslae. Mbombela ontken egter gerugte dat die chemikalieë wat hulle gebruik om water te suiwer, verval het. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, sê meer inligting sal verskaf word sodra die toetsuitslae bekend is. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Alle voorafbetaalde elektrisiteitsmeters landwyd is geprogrammeer om slegs tot 24 November te werk. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, verduidelik wat jy moet doen om te verseker jy het daarna nog krag.

View Details

Forest Sailing-klub hou Saterdag ‘n Grand Prix seilbootresies by Da Gama-dam. Lilanie de Jager gesels met Charles oor dié sport.

View Details

‘n Gedenkdiens vir die ses leerlinge van Môrelig-gekombineerde skool wat verlede week in ‘n botsing tussen ‘n trein en skoolbus dood is, word môre in Mafube gehou. Nog 19 kinders is beseer. Van hulle is ernstig beseer en is steeds in die hospitaal. Die Mpumalanga Departement van Gemeenskapsveiligheid sê sy ondersoek na die ongeluk sal ongeveer 30 dae neem om te voltooi. George Mthethwa, die woordvoerder van die Mpumalanga provinsiale regering, sê hulle reël ook ‘n begrafnis vir die slagoffers. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Die DA in Mkhondo het ‘n beroep gedoen op die burgemeester, Ngelosi Ndhlovu, om dringend ‘n munisipale bestuurder en hoof finansiële beampte aan te stel. Dit volg na die termyne van die vorige twee op 31 Julie verstryk het, en die munisipaliteit geen stappe geneem het om die posisies te vul nie. Die DA-raadslid, Irene Brussow, sê gevolglik het dienslewering tot ‘n stilstand gekom. Sy sê die munisipaliteit kon ten minste toestemming gevra het om die termyne van die twee amptenare, wat waargeneem het in die poste, te verleng. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Die Laeveld-tak van die SACBW beplan 'n pret vroueoggend vir hul Vrouemaand viering in Augustus. Lede Denize Moller en Isaura Cardoso vertel watter waarde dit vir hulle bied om aan hierdie netwerk- en uitreik-organisasie te behoort.

View Details

Die waarnemende polisiekommissaris in Mpumalanga, generaal-majoor Zeph Mkhwanazi, het sy hartseer uitgespreek na ‘n man sy vrou en daarna homself vroeg vanoggend in Kabokweni buite Witrivier doodgeskiet het. Die polisiewoordvoerder, Kolonel Donald Mdhluli, sê hulle hou môre ‘n dag van gebed in Ermelo as deel van hul Vrouemaand-aktiwiteite. Die provinsiale polisie sal met geloofsorganisasies hande neem om teen misdaad sowel as geweld teen vroue en teen kinders te bid. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Mathilda Huddlestone het Loo4U 12 jaar gelede begin en stelselmatig uitgebou tot die bekende handelsnaam wat dit vandag is.

View Details

Wat het sake doen in die Laeveld Die Groenteboer, Johan Lerm, tot dusver geleer? Hy deel sy raad.

View Details

Ryan en Dominique het aanlyn ontmoet. Hulle is nou nege jaar saam en sewe jaar getroud. Hulle vertel vir Sonop Ontbyt oor hul sukses met 'n digitale opsitkers.

View Details

Die Rhinos, Hoërskool Nelspruit se eerste rugbyspan, was witwarm in hul afgelope drie wedstryde in die Noordvaal-beker deur sterk spanne in Garsfontein, Monument en Menlopark te wen. Die afrigter, Hennie Skorbinski, en kaptein, Ian Wood, gesels met Skedaddle.

View Details

Inge Austin, 'n plaaslike byeboer, is onlangs verkies tot die ondervoorsitter van Sabio, wat die byebedryf reguleer. Die hele komitee bestaan vir die eerste keer uit slegs vroue. Sy gesels oor bye en wat die verskil is tussen regte, egte heuning en dit wat ingevoer word.

View Details

Die DA in Mpumalanga dring daarop aan dat die provinsiale departemente van onderwys en openbare werke ‘n deeglike ondersoek loods na die ongeluk wat ses kinders geëis het toe ‘n skoolbus gister deur ‘n trein getref is. Die botsing het op die R104 by Mafube buite eNtokozweni plaasgevind. Die DA se Annerie Weber sê een verlore kinderlewe is een te veel. Sy sê leerder-vervoer moet beter gereguleer word. Nog tien leerlinge is ernstig beseer en elf het geringe beserings opgedoen. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Die LUR vir Gemeenskapsveiligheid in Mpumalanga, Jackie Macie, en die adjunkminister van Vervoer, Mkhuleko Hlengwa, besoek vandag die toneel waar ses skoliere gister hul lewens verloor het toe hul bus met 'n trein gebots het. Die ongeluk het by Mafube plaasgevind toe die bus glo die spoorlyn oorgesteek het. Die Minister of Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube, en LUR, Cathy Dlamini, besoek vanoggend die skool en die slagoffers se gesinne. Die provinsiale Departement van Gemeenskapsveiligheid se woordvoerder, Mmusi Moeti, sê daar was sowat 30 kinders op die bus. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Die premier van Mpumalanga, Mandla Ndlovu, het tydens sy provinsiale rede vandag beloof om die provinsie in ‘n bouterrein te omskep en miljarde Rande aan infrastruktuur te bestee. Die DA in die provinsie het die aankondiging verwelkom. Die party se koukus-leier in die wetgewer, Bosman Grobler, sê hy het ook 400 behuisings-geleenthede beloof, sowel as die bou van 20-duisend individuele eenhede en diensverskaffing aan 25-duisend lokale. Die DA is egter teleurgesteld dat hy nie MEGA gaan ontbind, ‘n nuwe polisiestasie in Pienaar bou of ‘n skool vir Blindes en Dowes oprig nie. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

‘n Man wat aangekla word van die moord op ‘n polisiebeampte in Kamhlushwa verskyn Maandag weer in die Nkomazi-landdroshof. Die 34-jarige Konstabel Richard Thando Thani is Vrydagaand doodgeskiet. Volgens die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, Kolonel Donald Mdhluli, was hy was van diens af toe daar ‘n argument ontstaan het oor sy selfoon. Nog ‘n man wat nie geïdentifiseer is nie, is noodlottig gewond en twee mans wat gewond is word in die hospitaal behandel. Leonard Manzini staar twee moordklagte sowel as twee aanklagte van poging tot moord in die gesig. Hy bly in aanhouding. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Joseph “Big Joe” Nyalungu, wat aangekla word weens sy beweerde betrokkenheid by ‘n renosterstropingsindikaat in Mpumalanga en Limpopo, is gearresteer vir oortreding van die Wet op Belastingadministrasie. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

‘n Man wat aangekla word weens sy beweerde betrokkenheid by ‘n renosterstroping-sindikaat in Mpumalanga en Limpopo, is gearresteer vir oortreding van die Wet op Belasting-administrasie. Volgens die Valke het Joseph “Big Joe” Nyalungu en sy vrou, Dudu Alicia Mathumbu, in die Nelspruit-landdroshof verskyn. Hulle word saam met hul maatskappy, Mjingo Projects and Transport Services, daarvan beskuldig dat hulle tussen 2011 en 2023 nie inkomstebelasting betaal het nie, met die beraamde uitstaande bedrag wat geraam word op 13-miljoen-Rand. Elkeen is borgtog van een-duisend-Rand toegestaan. Die saak is uitgestel tot 12 Augustus. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Sewe vermeende ontvoerders het gister weer in die Kriel-landdroshof verskyn. Volgens die woordvoerder van die Valke in Mpumalanga, Kaptein Dineo Sekgotodi, het hulle verlede Maandag ‘n skoolkind ontvoer by ‘n hoërskool in Kriel deur voor te gee dat haar ma siek is en sy saam met hulle moet kom. Hulle het ‘n losprys van 200-duisend-Rand by die dogter se ma, ‘n sakevrou, geëis. Hulle is intussen in Vosloorus en Kriel gearresteer. Die saak is uitgestel tot Vrydag vir die beskuldigdes om regsverteenwoordiging te bekom. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

In 'n hoëpunt-Curriebekerwedstryd wat 92 punte gelewer het, het die Airlink Pumas Sondag die Suzuki Griekwas met 66-26 oorrompel by Mbombela-stadion. Die span van Mpumalanga het nege drieë gedruk - terwyl die besoekers tot vier beperk is, wat tog aan die Griekwas 'n bonuspunt besorg het. Afrigter, Jimmy Stonehouse en Marius van Resnburg gesels met Sonop Ontbyt oor hul kragmeting Saterdag teen die Haaie.

View Details

Die DA het sy hoop uitgespreek dat die premier van Mpumalanga, Mandla Ndlovu, tydens sy provinsiale rede Woensdag aandag skenk aan die groeiende behuisingstekort in die provinsie, onafgehandelde infrastruktuurprojekte sowel as die ontbinding van agenstkappe soos MEGA en MRTT. Bosman Grobler, die DA koukus-leier in die wetgewer, sê steenkoolvragmotors op toerisme-roetes en munisipaliteite se skuld aan Eskom en Rand Water is van die ander areas wat aandag moet geniet, sowel as ‘n tweede polisiestasie vir Pienaar en ‘n Skool vir Blindes en Dowes. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Glaudia Maulgue van Gin-ilicious deel raad wat haar onderneming haar geleer het.

View Details

Drie renosterstropers is vonnisse van ‘n gekombineerde 104 jaar opgelê deur die Skukuza-streekshof. Volgens Monica Nyuswa, die woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag in Mpumalanga, is Dominic Mnisi, Ayanda Ngomane en Lwazi Malambe skuldig bevind op 14 aanklagte. Mnisi en Malambe het in Desember 2017 in die Stolzneck-area van die Krugerwildtuin twee renosters gestroop en Mnisi en Ngomane het in Oktober 2019 ‘n renoster gestroop in die Malelane-seksie. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Wynand le Roux en Coetzee Smit is koffieliefhebbers wat met Church Unlimited hande geneem het om in Augustus die eerste Laeveld Coffee Festival aan te bied. Hulle gesels oor plaaslike koffie.

View Details

Ruth Grobler beskryf Softmoon Pixie se juwele as vir hippies en die onderneming as 'n familie-besigheid.

View Details

Past. Alfred Kariukivan die Nelspruit Lighthouse Church in Mataffin in Mbombela het sowat ses jaar gelede 'n sopkombuis begin wat as die aansluitingspunt gedien het om vir die kinders die buurt 'n gemeenskap van ondersteuning te ontwikkel.

View Details

Die Spesiale Ondersoekeenheid, die Batebeslagleggingseenheid en die Valke het vandag beslag gelê op bates van meer as 52-miljoen-rand wat met die 2020/2021 Covid-19 beskermingstoerusting korrupsiesaak verband hou. Kaizer Kganyago het aan die SABC gesê 22 senior hoofde van die Departement van Openbare Werke in Mpumalanga, Gauteng, Noordwes en die Wes-Kaap is in hulle visier. Hy sê die span het sowat 34 plekke geteiken: 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

'n Vasberade Airlink Pumas het vyf keer onder die pale gaan kuier om die Haaie Vrydagaand in Durban met 31-21 te klop. Hierdie naweek speel hulle tuis teen Griekwas. Jimmy Stonehouse en Marius van Rensburg vertel dat sportklere vir skoolspanne op die spel is vir die plaaslike skool wat die meeste ondersteuners na hul volgende vier tuiswedstryde stuur.

View Details

Gerhard Sinden se 10-jarige dogtertjie het haar hand gebreek na sy verlede week op die trappe by Laerskool Lydenburg deur 'n ander kind gepootjie is. Hy is besorg daaroor dat kinders mekaar boelie, of soms nie die gevaar besef van wat hulle as 'n streek bedoel nie. Hy wil ook hê ouers en skole moet meer bewus wees oor moontlike tendense.

View Details

Die LUR vir Gemeenskapsveiligheid in Mpumalanga, Jackie Macie, betreur die dood van vier mense in 'n trompop botsing vanoggend. Volgens die departement het 'n ligte afleweringsvoertuig en sportnutsvoertuig op die R40 buite Hazyview gebots. Drie van die oorledenes was insittendes van die sportnutsvoertuig. Die bakkiebestuurder is ook dood. Die woordvoerder, Moeti Mmusi, sê die oorsaak van die ongeluk word ondersoek. Macie doen 'n beroep op bestuurders om die padreëls te gehoorsaam. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Cindy Hart-Dorfling van Earthly Collection staan ook bekend as die “Kaftan Lady” van die Laeveld.

View Details

Die Valke het gister saam met die Secunda honde-eenheid vyf Nigeriese burgers in Evander gearresteer vir handel in dwelms, inmenging met polisiepligte en oortreding van die Immigrasiewet. Volgens die woordvoerder van die Valke in Mpumalanga, kaptein Dineo Sekgotodi, is twee verdagtes is in hegtenis geneem vir handel in dwelms. Die eienaar van die huis is gearresteer toe hy met die polisie se pligte ingemeng het. Nog twee verdagtes het nie paspoorte of permitte gehad om in die land te wees nie. Hulle sou vandag hul eerste hofverskyning maak. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Drie verdagtes tussen die ouderdomme van 38 en 53 verskyn vandag in die Nelspruit-landdroshof vir die onwettige besit van olifanttande. Volgens die woordvoerder van die Valke in Mpumalanga, Kaptein Dineo Sekgotodi, is hulle gistermiddag by die Hall’s-vulstasie in Mbombela aangekeer na wetstoepassers gereageer het op inligting oor ‘n verdagte Toyota Hilux. Drie olifanttande is in die voertuig ontdek. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Dr. André Hattingh vertrek Sondag op sy 3 500 km trekkerrit oor die land om fondse in te samel vir Pediatric Care Africa.

View Details

Die DA in Mpumalanga doen ‘n beroep op die LUR vir Gemeenskapsveiligheid, Jackie Macie, om ‘n tweede polisiestasie in Pienaar buite Mbombela op te rig. Dit volg op ‘n vlaag skokkende moorde waartydens vier vroue en kinders in soveel weke vermoor en begrawe of verbrand is. Volgens Teboho Sekaledi, die DA se woordvoerder vir Gemeenskapsveiligheid in Mpumalanga, is daar ‘n gemiddeld van slegs een polisiebeampte vir elke duisend inwoners. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Die DA is verwelkom dat die Mpumalanga regering ingestem het om die dele van die provinsie wat die afgelope twee weke kwaai deur brande geraak is, as provinsiale rampgebiede te verklaar. Tersia Marshall van die DA sê hul versoek was sodat die grondeienaars wat skade gely het, regeringshulp kan ontvang. Die LUR vir Landbou, Landelike Ontwikkeling, Grond en Omgewingsake, Nompumelelo Hlophe, het bevestig die tegniese assessering om die omvang van die skade te bepaal, is afgehandel. Marshall het die department geloof vir sy spoedige optrede. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Hoe sien die huismark in die Laeveld tans daar uit, met rentekoerse wat al etlike maande die hoogste is wat dit in 11 jaar was? Ilana Hattingh van Better Bond gesels met Kies Koers.

View Details

Die DA is ontsteld dat meer as 17-duisend huishoudings in Mpumalanga steeds die emmertoiletstelsel gebruik. Volgens die 2022-sensusverslag wat in Junie deur Statistieke Suid-Afrika vrygestel is, het 'n verdere 24-duisend huishoudings glad nie toegang tot toilette nie. James Masango, die DA se woordvoerder vir Menslike Nedersettings, sê Mkhondo-, Nkomazi-, Bosbokrand- en Dr. Pixley Ka Isaka Seme is die munisipaliteite met die hoogste persentasie huishoudings sonder toegang tot toiletgeriewe. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

’n Man wat 36 jaar tronkstraf uitdien vir die moord op sy meisie is gister deur die Evander-landdroshof nog ’n effektiewe vonnis van 15 jaar opgelê vir bedrog. Volgens die woordvoerder van die Valke in Mpumalanga, kaptein Dineo Sekgotodi, het Sandile Kagiso Montsoe tussen April en Augustus 2016 meer as 1-miljoen -Rand van beleggers verduister. Altesaam 120 aanklagte is teen hom en die maatskappy aanhangig gemaak. Trillion Dollar Legacy boetes opgelê wat vir vyf jaar opgeskort is. Montsoe se vonnis sal samelopend met die bestaande een uitgedien word. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Die twee gesoekte verdagtes in verband met die moord op die oud-hoogspringkampioen, Jacques Freitag, is in hegtenis geneem. Shantelle Oosthuizen en die oudprokureur, Rudie Lubbe, was vir meer as 'n week voortvlugtend van die polisie. 'n Polisiewoordvoerder, Brigadier Brenda Muridili, het bevestig hulle is gisteroggend by 'n gastehuis in Sabie gearresteer. Die 42-jarige Freitag is op 17 Junie as vermis aangemeld. Hulle sal binnekort in die hof in Pretoria verskyn. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Die Infinite Grace sopkombuis in Elandskloof voer daagliks 200 kinders. Na ses jaar is hulle op 'n missie om die gebou uit te brei om in die kinders se behoefte te voldoen. Eliska Muller van die NG-kerk Westergloed en Petsile Zulu gesels met Amanda oor dié Lowveld Outreach Project.

View Details

Die Kruger Untamed Satara Plains-seisoenale kamp in die Krugerwildtuin het ‘n vyfster-gradering ontvang virvolhoubaarheid tydens sy omgewings-oudit. Dit is die eerste konsessie in die wildtuin om 100% te vermag.
Kortom beteken dit dat wanneer die kamp afgeslaan word, daar geen koolstofvoetspoor agtergelaat word nie.
Lysta Stander, mede-eienaar van die Chiefs Tented Camp, wat 'n aandelehouer is in Kruger Untamed, gesels met Sonop Ontbyt. Radio Laeveld

View Details

‘n 40-jarige man is op die N4 Schoemanskloof aangekeer na hy gistermiddag glo 199 kilometer-per-uur gery het in ‘n 100-kilometer sone. Hy het ‘n Volkswagen Golf 5 bestuur. Hy is aangekla van roekelose en nalatige bestuur. Hy is borgtog van 2-duisend-Rand toegestaan en sal binnekort in die Nelspruit-landdroshof verskyn. Die LUR vir Gemeenskapsveiligheid in Mpumalanga, Jackie Macie, sê hy hoop dit dien as waarskuwing vir ander bestuurders wat die padreëls verontagsaam. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Die DA in Thaba Chweu eis dat die LUR vir Samewerkende Regering, Speedy Mashilo, ingryp om te verseker die groot gros vakante poste in die munisipaliteit word spoedig gevul. Marius Opperman, ‘n DA-raadslid, sê 130 poste is ongevul, ‘n groot toename sedert die vorige finansiële jaar. Dit sluit in finansies, tegniese-, en gemeenskapsdienste. Opperman sê hulle is in kennis gestel dat die owerheid swoeg om kandidate se ervaring te verifieer, wat hy toeskryf aan die ANC se beleid van kaderontplooiing. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Die DA het die LUR vir Landbou, Landelike Ontwikkeling, Grond en Omgewingsake, Nompumelelo Hlophe, gevra om dele van Mpumalanga tot rampgebied te verklaar, ten einde laaste hulp aan grondeienaars te verleen. Volgens die Laeveld-brandbeskermingsverening het 15 brande van Machadodorp en Kaapsehoop tot Bosbokrand en Witrivier die afgelope 12 dae sowat 15-duisend hektaar plantasies, plaasgrond en velde verwoes. Volgens Tersia Marshall, die DA se woordvoerder vir Landbou, benodig die geaffekteerde grondeienaars bystand weens die skade wat hulle gelei het. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Die Laeveld-brandbeskermingsverening bereken dat 15 brande van Machadodorp en Kaapsehoop tot Bosbokrand en Witrivier die afgelope 12 dae sowat 15-duisend hektaar plantasies, plaasgrond en velde verwoes het. André Scheepers van Lefpa vra dat mense nie tot die stig van brande by dra nie. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Die KwaMhlanga-streekhof het die 43-jarige Gladstone Sipho Mahlangu tot 20 jaar direkte gevangenisstraf gevonnis vir die moord op sy verloofde en poging tot moord op haar kêrel in 2019. Hy het lobola aan Siphiwe Mavis Mokoena se familie betaal en hulle het twee kinders saam. Volgens Monica Nyuswa, die woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, het hy haar saam met 'n ander man gevind en 'n woordewisseling het ontstaan. Mahlangu het beweer hy het haar per ongeluk en die man uit selfverdediging geskiet. Sy weergawe is deur die hof verwerp. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

André Scheepers van die Laeveld-brandbeskermingsvereniging (Lefpa) beraam dat sowat 15 000 ha in die Laeveld gebrand het sedert veldbrande 11 dae gelede uitgebreek het. Hy bedank almal in die gemeenskap wat die brandbestryders ondersteun en waarsku dat dit nog 'n lang brandseisoen gaan wees.

View Details

Twee bendelede is Vrydag deur die Mpumalanga Hooggeregshof in Mbombela ‘n gekombineerde nege lewenslange vonnisse en 60 jaar tronkstraf opgelê vir veelvuldige moordsake. Volgens Monica Nyuswa, die woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, het Sikhumbuzo Shaun Mpangane en Bonginkosi Shakoane tussen Desember 2020 en Junie 2021 in die Bosbokrand-area vermoor ses nabye familielede vermoor van ‘n voormalige bendelid, Johan Ndlovu, om hom hom te probeer dwing uit sy wegkruipplek. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Die Fidelity ADT Leeus kon Vrydagaand in Mbombela tien drieë druk teen die Airlink Pumas om hulle met 75-21 pak slae te gee in die tweede ronde van die Curriebeker. Die Leeus het teen rustyd met 35-7 voorgeloop. Tapiwa Mafura kon ‘n driekuns behaal en Sam Francis het op sy debuut 30 punte aangeteken vir die span van Johannesburg. Pumas-hoofafrigter Jimmy Stonehouse sê weens die Mpumalanga Premier-Internasionele Sokkerbeker wat by Mbombela-stadion gespeel word die volgende twee naweke, moes die pienktruie hul wedstryde skuif. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Die Pumas-afrigter was redelik geskok met sy span se vertoning die naweek in hul Curriebeker-wedstryd teen die Leeus, maar belowe hulle sal verbeter. Hy kuier saam met Leone Liebenberg from Must be Nice Clothing in die ateljee om te vertel van die opwindende prys wat die skool kan wen wat tydens hul volgdene tuiswedstryde die meeste ondersteuners na die stadion stuur. Hul skedule het egter intussen 'n klein bietjie verander.

View Details

Ashley Erasmus het gekwalifiseer om in gewigstoot deel te neem aan die Olimpiese Spele in Parys. Dié oud-leerling aan Hoërskool Nelspruit het by die onlangse Afrika-atletiekkampioenskappe in Kameroen die eerste Suid-Afrikaanse vrou geword om deur die 18-meter grens te breek. Haar wen-afstand van 18,17-meter het die vorige SA-rekord van 17,88-meter verbeter. Sy hou nou ook die Afrika onder-20-rekord in gewigstoot, sowel as die Afrika-kampioenskaprekord. Op 19 word sy boonop die jongste SA-vrou om in gewigstoot haar land by die Spele te verteenwoordig. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Die Laeveld-brandbestryders-vereniging beveg steeds drie uitdagende brande. Volgens André Scheepers van Lefpa is hulle in die Bosbokrand-, Kaapsehoop- en Machadodorp-areas. Hy sê dit word aangedryf deur die wind te midde van warm, droë toestande met die bandgevaar-indeks wat vandag “baie gevaarlik” is. Sewe helikopters en vier vastevlerk-vliegtuie sowel as verkenningsvliegtuie word ingespan. Scheepers sê hulle verwag nie verligting tot ten minste volgende naweek nie. Rapporteer brande aan Lefpa by 086-066-3473. OUDIO

View Details

Ashley Erasmus het gedink sy mik vir die Olimpiese Spele oor vier jaar, maar sy is verlede Vrydag in kennis gestel dat sy gekwalifiseer het vir Parys.
Sy het by die onlangs Afrika Atletiekkampioenskappe in Kameroen die eerste Suid-Afrikaanse vrou geword om verder as 18 m in gewigstoot aan te teken. Met dit breeks y verskeie rekords (om nie van haar goue medalje te praat nie).

View Details

Die DA in Mpumalanga het ‘n brief gerig aan die LUR vir Onderwys, Cathy Dlamini, om ‘n plan op te stel oor hoe leerlinge wat vir drie weke skool misgeloop het weens protesaksie oor dienslewering, hul skoolwerk gaan opvang. Annerie Weber, ‘n lid van die wetgewer en die DA se woordvoerder oor onderwys, sê 25 skole in die Kateel-kring in Bosbokrand is verlede kwartaal gesluit toe gemeenskapslede van Zoeknog in die laaste week van April begin protesteer het om ‘n geteerde pad te eis. Weber sê hulle beweer daar is vir pad begroot, maar die geld het verdwyn. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

‘n Vrou wat haarself as ‘n werknemer van die Kabokweni-verplegingskollege voorgedoen het en voornemende student besteel het, is tot agt jaar tronkstraf, opgeskort vir vyf jaar, gevonnis. Die 50-jarige Nomthandazo Matsane is gister deur die Hof vir Gespesialiseerde Handelsmisdade in Nelspruit skuldig bevind aan bedrog. Volgens die Valke het sy in 2016 sewentien voornemende studente 12-duisend-500-Rand gevra vir kwansuise registrasie. Sy is onder huisarres, moet gemeenskapsdiens doen en 99-duisend-300-Rand van die gesteelde geld terugbetaal. Die saak teen haar twee medepligtiges is uitgestel tot 13 Augustus vir verhoor. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Die Airlink Pumas sê môre by Mbombela-stadion die Fidelity ADT Leeus die stryd aan in hul eerste tuiswedstryd van vanjaar se Curriebeker-toernooi. Die 2022-kampioene het die afgelope naweek die Griekwas laat les opsê in Kimberley en speel nou drie wedstryde tuis. Die Leeus, daarteenoor, moes hard werk vir hul een-punt-oorwinning oor die Haaie in Durban. Corné Steenkamp, die Pumas se hulpafrigter, sê hulle beoog om die besoekers voor te domineer. Die afskop is om 7-uur. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Die Airlink Pumas sê môre by Mbombela-stadion die Leeus die stryd aan in hul eerste tuiswedstryd in die 2024 Curriebeker. Ruwellyn Isbel, krag- en kondisioneringsafrigter, en Corné Steenkamp, hulpafrigter, gesels met Sonop Ontbyt.

View Details

Die Laeveld ervaar tans die ergste brandseisoen wat dit in jare beleef het. Boonop verwag André Scheepers van die Laeveld-brandbeskermingsvereniging dat dit gaan volhou tot dit in Oktober begin reën.

View Details

Die Laeveld-brandbeskermingsvereniging sê hulle bestry nog vyf brande. Volgens André Scheepers van Lefpa is drie van hulle brande wat hulle reeds sedert ten minste gister stoei om onder beheer te kry, en twee het nuut ontstaan. Die brandgevaar-indeks vir vandag in die Laeveld is oranje, wat dit baie gevaarlik maak te midde van volgehoue droë, warm toestande. Lefpa vra mense om geen oop vure te maak nie. Geen brandpermitte word ook uitgereik tot verdere kennisgewing nie. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Die LUR vir Onderwys in Mpumalanga, Cathy Dlamini, skop môre by MC Zitha Sekondêr in Nkomazi haar departement se Mandelamaand-vieringe af. Die tema waaronder dit vanjaar gevier word is: “Dit is in ons hande om armoede en ongelykheid te beveg.” ‘n Woordvoerder van die departement, Gerald Sambo, sê amptenare sal, in samewerking met ander departemente, onder meer die skool skoonmaak en verf; stukkende vensters, deure en meubels herstel; sowel as bome en ‘n groentetuin plant. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

AfriForum se buurtwagte in Witrivier, Machadodorp en Mbombela help sedert die naweek om die verwoestende brande wat reeds meer as 4-duisend-500-hektaar se plantasies en makadamiaboorde vernietig het te beveg – in samewerking met die Laeveld-brandbeskermingsvereniging en gemeenskapslede. Arlo van Heerden, AfriForum se streekskoördineerder vir die Mpumalanga Laeveld, benadruk dat dit geweldige finansiële verliese vir bosbou inhou. Hy sê die buurtwagte, wat bestaan uit opgeleide vrywilligers, span sogenaamde “bakkiesakkies” in om brande mee te bestry. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

'n Voormalige plaasbestuurder van Hazyview is gister deur die Nelspruit Gespesialiseerde Handelsmisdaadhof skuldig bevind op 20 aanklagte van bedrog van meer as R4,4 miljoen. Kenneth Keletso Chiloane moes in 2012 Koeltehuis se geelvlootbesigheid bestuur wat toerusting gelewer het aan Komani. Volgens Monica Nyuswa, die woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag in Mpumalanga, het hy bedrieglike fakture by Komani ingedien, wat ‘n bankrekening verskaf het van 'n korporatiewe entiteit waarvan Chiloane die eienaar was. Die saak is tot 13 September 2024 uitgestel vir voorvonnisverslae en vonnisoplegging. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Die South African Council for Business Women (SAVBW) reik die maand uit na bejaarde mense by Pumalanga-aftreeoord. Isaura Cardosu en Annelize Maré verduidelik wat hulle daarmee wil bereik.

View Details

Die DA doen ‘n beroep op die nuut-aangestelde LUR vir Samewerkende Regering in Mpumalanga, Speedy Mashilo, om die Victor Khanye-munisipaliteit (in Delmas) onder administrasie te plaas. Diane Bath, die DA koukusleier, sê dit het aan die lig gekom dat die provinsiale tesourie die munisipaliteit se finansies fyn dophou, na sy skuldinvordering en kredietkontroles as ‘n bron van kommer geïdentifiseer is. Bath sê sy gesamentlike skuld van 1-miljard-Rand aan Eskom en Rand Water is nog ‘n groot bron van kommer. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Die Laeveld-brandbeskermingsvereniging sê hulle stoei vanoggend om twee veldbrande onder beheer te kry. Volgens André Scheepers van Lefpa woed een tussen Witrivier en Sabie en Hazyview en die ander in die Badplaas-Kaapsehoop-Ngodwana-area. Hy sê die wind waai nog kwaai in areas, wat hul taak aansienlik bemoeilik. Saam met droë, warm toestande word mense gevra om baie versigtig te wees en geen oop vure te maak nie. Geen brandpermitte word ook uitgereik tot verdere kennisgewing nie. Meer as ‘n duisend-hektaar veld en boorde het reeds afgebrand. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Die Pumas het die Curriebeker die naweek afgeskop met 'n sege oor die Griekwas van 44-24 in Kimberley. Hul eerste tuiswedstryd is hierdie Vrydag by Mbombela-stadion teen die Leeus. Hoofafrigter, Jimmy Stonehouse, sê die Puma-span begin nou vorm aanneem en die Leeus het die kompetisie self op 'n wennoot afgeskop: met 'n 26-25 oorwinning oor die Haaie in Durban. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Die Pumas het die Curriebeker die naweek afgeskop met 'n sege oor die Griekwas van 44-24 in Kimberley. Hul eerste tuiswedstryd is hierdie Vrydag by Mbombela teen die Leeus.
Jimmy Stonehouse en Marius van Rensburg hoop dit word goed ondersteun.

View Details

Die Laeveld-brandbestryders-vereniging beveg sedert Vrydag verskeie brande. André Scheepers van Lefpa sê tans is twee aktief in die streek: Dit is tussen Witrivier en Sabie en Hazyview sowel as die Badplaas-Kaapsehoop-Ngodwana-area. Hy sê die wind het vanoggend gaan lê, maar dit waai nog kwaai in areas wat hul taak aansienlik bemoeilik. Die wind en droë, warm toestande dryf die brande aan met meer as ‘n duisend-hektaar veld en boorde wat afgebrand het. Mense is gevra om baie versigtig te wees en geen oop vure te maak nie. Geen brandpermitte word ook uitgereik tot verdere kennisgewing nie, met brandbestrydings-hulpbronne wat tot die uiterste beproef word. Rapporteer brande aan Lefpa by 086-066-3473.

View Details

Rugby: Die Premiers-afdeling van die Curriebeker het die naweek afgeskop, met die Airlink Pumas wat die Griekwas Vrydag 44-24 in Kimberley geklop het. Die Leeus het met 26-25 oor die Haaie geseëvier in Durban. Die Cheetahs kon 82 punte aanteken teen die Griffons in Bloemfontein wat 20 op die bord kon sit. In die tradisionele stryd tussen Westelike Provinsie en die Bulle het die besoekers aan die Kaap met 30-25 gewen. Die Pumas se eerste tuiswedstryd is hierdie Vrydag by Mbombela teen die Leeus. Die kompetisie duur tot 21 September. Hoofafrigter, Jimmy Stonehouse het na afloop van diewedstryd gesê hulle is bly om die Griekwas weer te kon klop. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Elf Ugandese verskyn vandag in die landdroshof in Ermelo in verband met die onwettige besit van vervalste geld met ‘n sigwaarde van drie-miljoen-Rand. Die provinsiale polisiewoordvoerder, Kolonel Donald Mdhluli, sê die verdagtes, wat sakke by hulle gehad het, is Donderdag in hegtenis geneem. Mdhluli sê hulle het verdag opgetree en is voorgekeer, waarna daar op die vervalste geld afgekom is. Die verdagtes kon nie enige dokumente verskaf wat bewys dat hulle wettig in die land is nie. Mdhluli sê hulle sal in samewerking met die Departement van Binnelandse Sake die verdagtes se status in die land vasstel. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Pieter Stolk bestuur sy eenmansaak, Bent Banana, totaal alleen. Hy hou dit klein en eksklusief.

View Details

Die liggaam van die driejarige Peaceful Khoza is gister in Pienaar opgegrawe. Sy is Woensdagoggend ontvoer. Haar liggaampie is verbrand en in 'n vlak graf begrawe - agter die huis van die 18-jarige moordverdagte se ouma. Dieselfde man word deur die polisie aangehou weens die moord op Junior Mabandla. Die oorskot van die sesjarige is Woensdagaand in in die begraafplaas opgegrawe na hy 'n maand vermis was. Die verdagte is onder polisiebewaking in die hospitaal na hy deur gemeenskapslede aangerand is. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Sandra Jacobs van Innibos sê hulle het eintlik reeds begin beplan aan Innibos 2025.

View Details

‘n Man wat aangekla word weens twee transitorooftogte is deur die Kabokweni-landdroshof borgtog van 2-duisend-Rand toegestaan. Volgens die Valke-woordvoerder, Kaptein Dineo Sekgotodi, is Mpendulo Absina Hassane in November aangekeer vir ‘n transitoroof buite Malalane in Augustus. Hy is met sy vingerafdrukke aan die toneel gekoppel. Hy is borgtog toegestaan. Bloedtoetse het hom intussen verbind met ‘n transitoroof wat in Julie 2020 in Msogwaba uitgevoer is. Hassane is Woensdag herarresteer en aangekla van roof met verswarende omstandighede en poging tot moord. Die saak is uitgestel tot 26 Julie vir oorplasing na 'n streekshof. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Die belastingseisoen het aangebreek. Jy wil nie aan die verkeerde kant van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens beland nie, maan Werner Oosthuizen, 'n finansiële advideur van Efficient Wealth Nelspruit.

View Details

‘n 18-jarige wat verbind word met die verdwyning van twee kinders in Pienaar buite Mbombela, is onder polisiebewaking in die hospitaal na gemeenskapslede hom gisteraand aangerand het. Die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, kol. Donald Mdhluli, sê die man het glo teenoor die mense erken hy het met die kinders se verdwyning te doen gehad. Hulle het die beseerde man by ‘n begraafplaas aangetref omring deur ‘n skare. Die vlak graf met menslike oorskot is daar naby ontdek. Die sesjarige Junior Mabandla, wat ‘n maand gelede vermis geraak het, is aan sy klere deur sy familie uitgeken. Hulle verwag om vandag die oorskot van ‘n driejarige vermiste dogtertjie op te grawe. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Johan Marais, die uitvoerende beampte van die Afrika Slangbytinstituut, is ook 'n kranige fotograaf wat boeke oor reptiele saamstel. Sy jongste is "Snakes and reptiles of the Kruger". Radio Laeveld

View Details

Jane Sithole, die leier van die DA in Mpumalanga, is Sondagaand as adjunkminister van Kleinsake-ontwikkeling in president Cyril Ramaphosa se kabinet aangewys. Sy sê hoewel entrepreneurs ‘n magdom uitdagings in die gesig staar, is een van die belangrikste kwessies om struikelblokke uit hul weg te ruim. Sy sê se sien daarna uit om saam met ander departemente te werk om die gemak van sake doen te verbeter om werkskepping te ondersteun.

View Details

Corli Prinsloo (néé Botha) was tydens Innibos te sien in die llefstyl-produksie KOStelik saam met Leon Gropp en het sommer haar alma mater, Hoërskool Nelspruit, se kombuis en leerlinge ingespan as assistente.

View Details

Die Mpumalanga Departement van Onderwys betreur die afsterwe van die Kringbestuurder vir Lekwa-Oos, Themba Ndlovu. Hy is Vrydagaand oorlede nadat hy by sy huis inmekaargesak het. Die LUR vir onderwys, Cathy Dlamini, het vanoggend by sy familie besoek afgelê om haar medelye te betuig. Die woordvoerder van die department, Gerald Sambo, het Ndlovu beskryf as een van die mees suksesvolle kringbestuurders in die provinsie met Lekwa-Oos wat in 2022 as die bes-presterende kring in Mpumalanga aangewys is. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Die man wat aangekla word van aanhitsing van openbare geweld is gister deur die Nelspruit-streekhof borgtog van 2-duisend-Rand toegestaan. Xolani Gregory Khoza word ook aangekla van die aanhits van terrorisme en intimidasie na hy op sosiale media ‘n beroep gedoen het vir 'n nasionale afsluiting en die verwydering van president Cyril Ramaphosa. As deel van sy borgvoorwaardes mag hy geen plasings op sosiale media maak nie. Die saak is uitgestel tot 2 September vir verdere ondersoek. Die woordvoerder van die Valke, Kaptein Dineo Sekgotodi: 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Die grenspolisie het ‘n man wat na bewering meer as 4-miljoen-Rand se dwelms oor die grens probeer smokkel het, by Lebombo aangekeer. Volgens die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, Kolonel Donald Mdhluli, is die metamfetamien Vrydagaand versteek gevind in ‘n verskuilde kompartement in die kombi wat die 36-jarige verdagte vanaf Mosambiek bestuur het. Hy verskyn vandag in die hof in Komatipoort. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

‘n Poging om ‘n transitoroof uit te voer is Vrydagmiddag op die Mngwenya-pad in Kanyamazane buite Mbombela gefnuik, na polisielede spoedig gereageer het. Geen kontant is gesteel nie en niemand is leed aangedoen nie. Niemand is nog aangekeer nie. Die waarnemende polisiekommissaris, generaal-majoor Zeph Mkhwanazi, sê die polisie werk onverpoosd om die aanvallers vas te trek. Die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, Kolonel Donald Mdhluli: 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Die We Care 4 Nelspruit-span was hard aan die werk om voor, tydens en na afloop van Innibos seker te maak die omliggende terrein bly skoon.

View Details

Riaan Grobler was die finale gas tydens 100.5FM se daaglikse boekgesprekke by Innibos.
Hy het gesels met Sanett Oosthuizen oor sy debuutroman, “Geheime op Philadelphia”.

View Details

Die Piesangskille, twee studente van Potchefstroom, tree al so twee jaar op, en kry vanaand by Innibos die geleentheid om op die hoofverhoog op te tree.

View Details

Etienne van Heerden, Ultracoustic Duo, Koos Kombuis, Jana Cilliers, Refentse en Johny Klein was almal te sien by die ATKV-Boeke-crawl in Kaapsehoop, een van Innibos se gewildste produksies waarvan hulle jaarliks die wenresep vervolmaak.

View Details

Amore Bekker was vanoggend ons gas tydens 100.5FM se daaglikse boekgesprekke op die Innibos-feesterrein. Sy gesels met Sanett Oosthuizen oor haar nuwe boek: Ek het 'n engel gesien.

View Details

Leon van Nierop was Sanett Oosthuizen se eerste gas tydens die daaglikse boekgesprekke by 100.5FM op die Innibos-feesterrein. Hulle gesels oor sy nuwe roman, Droomjagter.

View Details

Galito's is in Mbombela gebore en kon tot dusver groei tot 300 winkels op 5 kontinente. Louis Germishuys besturende direkteur van Galito's gesels by Innibos met 100.5FM.

View Details

Die papierbedryf word verkeerdelik beskuldig van ontbossing. Samantha Choles van die Papiervervaardigers Vereniging van Suid-Afrika verduidelik vir Sonop Ontbyt dat hulle eintlik met bome boer om papier te kan maak. Radio Laeveld

View Details

Een (1) is 'n tragikomedie uit die pen van Henriëtta Gryffenberg oor 'n paartjie wat so lief was vir mekaar dat hulle aan mekaar vasgegroei het, maar nou wil hulle skei... Cindy Swanepoel en Zak Hendrikz gesels oor wat dit hulle geleer het oor hul eie verhoudings.

View Details

'n Sekuriteitswag is gister lewenslange gevangenisstraf opgelê vir moord na hy op 5 Desember 2018 ‘n jongman doodgeskiet het. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Die Nasionale Vervolgingsgesag het die vonnis verwelkom vir 'n sekuriteitswag vir moord, poging tot moord en die onwettige besit van ‘n vuurwapen en ammunisie. Sarel Petrus du Plessis is gister lewenslange gevangenisstraf opgelê deur die Mpumalanga Hooggeregshof in Middelburg met ‘n addisionele 38 jaar wat samelopend uitgedien sal word. Volgens die woordvoerder van die NVG, Monica Nyuswa, het hy op 5 Desember vir Bhekimuzi Ziko op ‘n plaas in Tenbosch naby Komatipoort met ‘n ongelisensieerde vuurwapen doodgeskiet. Hy het op die plaas gewerk as ‘n sekuriteitswag toe Bhekimuzi saam met twee vriende en sy ouer broer werk kom soek het tydens die lietsjie-oestyd. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

‘n 53-jarige sekuriteitswag is tot lewenslange gevangenisstraf gevonnis vir die moord in 2018 op ‘n 14-jarige seun. Die Mpumalanga Hooggeregshof in Middelburg het bevind Sarel Petrus du Plessis het Bhekimuzi Ziko op ‘n plaas in Kamhlushwa in die Nkomazi-area met ‘n ongelisensieerde vuurwapen doodgeskiet. Hy het op die plaas gewerk as ‘n sekuriteitswag toe Bhekimuzi saam met vriende en sy boetie op die plaas betrap is. Du Plessis is ook skuldig bevind aan poging tot moord op drie van die ander kinders. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Die LUR vir Onderwys in Mpumalanga, Cathy Dlamini, het die wrede moord op 'n sekuriteitswag by Malekutu Primary in Kabokweni, ten sterkste veroordeel. Elliot Mndlovu se lewelose liggaam is Sondag in die vroeë oggendure ontdek. Boewe het omstreeks 3-uur by die skoolperseel ingebreek. ‘n Sekuriteitsmaatskappy wat op die skool se alarm gereageer het, het op Mndlovu se liggaam afgekom. ‘n Woordvoerder van die provinsiale onderwysdepartement, Gerald Sambo, sê die booswigte het met ‘n tablet en oorhoofse projektor weggekom. Dlamini het gister die skool besoek. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

In die eenmanstuk "Ballade vir ’n blikbrein" skitter Luan Jacobs as Blikkies Bliknaut, ’n robot wat soos ’n mens lyk, maar hiperslimmer en hiper-sterker is. Die bliksiel word deur algoritmes voorgeskryf, maar sy grootste wens is om emosie te ervaar. Teksskrywer Barry van Rensburg kuier in die 100.5FM-ateljee.

View Details

Operasie Vala Umgodi het nog vrugte afgewerp in Mpumalanga met die arrestasie van vier verdagtes gister. Polisiebeamptes het inligting opgevolg oor verdagte voertuie wat straks by onwettige mynboubedrywighede betrokke sou wees in Schoemanskloof en Machadodorp. In een voertuig is 20 sakke gouddraende materiaal ontdek en ‘n verdagte is aangekeer. In die tweede voorval is drie verdagtes gearresteer met vier emmers gouddraende materiaal in die kattebak van hul voertuig. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Die polisie in Mpumalanga se eenheid teen gesinsgeweld, kindermishandeling en seksuele misdrywehet ‘n beloning van 20-duisend-Rand uitgeloof vir inligting oor ‘n sesjarige seuntjie wat al amper drie weke vermis word in Pienaar. Junior Mabandla is die middag van 3 Junie laas gesien toe hy sy ouerhuis verlaat het om ‘n nabygeleë winkel te besoek. Hy het ‘n blou trui en swart broek aangehad. Hy is nog nie weer gesien nie. Die polisiewoordvoerder, Kolonel Donald Mdhluli: 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Somatoloog, Monique Hobkirk (43), se beurt op die tweede seisoen van die reeks, "Plaasjapie", het tot 'n einde gekom toe sy gisteraand uitgestem is. Sy gesels met Sonop Ontbyt oor haar ervaring op dié werklikheidsreeks.

View Details

Hannes de Wit het ‘n heel nuwe konsep aan die Laeveld bekendgestel met Agter Speen: Ysies met skop.

View Details

Innibos neem oor 'n week weer die Laeveld op horings. Sandra Jacobs en Philna Scholtz vertel na watter wenresep feesgangers vanjaar uit kan sien.

View Details

KANSA Laeveld verkoop tydens volgende week tydens Innibos handgemaakte komberse en poncho's wat jou snags tydens die konserte warm sal hou. Rinella Jansen van Vuuren en Elsie Fourie gesels met Amanda.

View Details

'n Voormalige AO wat intussen afgetree het, het gister in die Delmas-landdroshof verskyn vir beweerde regsverydeling en peuter met bewysstukke. Die 60-jarige Samuel Bassie Mahlangu se hofverskyning kom na hy glo bewysstukke in ‘n ondersoek na onwettige mynboubedrywighede in ‘n asblik weggegooi het. Die woordvoerder van die Valke in Mpumalanga, Kaptein Dineo Sekgotodi, sê Mahlangu het vir die gouddraende materiaal waarop beslag gelê is tydens ‘n ontwrigtende operasie in Augustus in die bewysstukke register by Delmas SAPD geteken. Die saak is tot 27 Junie 2024 vir verdere ondersoek uitgestel. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Refleksologie bestaan al meer as 5 000 jaar, en bly 'n gewilde manier om pyn te verlig. Dit is ook baie effektief om allerhei ander kwale te behandel, vertel somatoloog en refleksioloog, Delrize van der Merwe.

View Details

Lizmarie Landman bestuur 'n wildrit voertuig vir gaste in die Krugerwildtuin. Sy gesels met Sonop Ontbyt oor die etiket van wildkyk. Radio Laeveld

View Details

Die DA in Mpumalanga het grootliks die premier, Mandla Ndlovu se nuwe kabinet verwelkom as gesoute politici, maar het kapsie gemaak teen die behoud van enkeles. Bosman Grobler sê Sasekani Manzini gaan die gesondheidsektor verder vernietig en Speedy Mashilo behoort nie met Samewerkende Regering vertrou te word nie. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Loots Photography en Frames by James het kragte saamgesnoer om 'n formidabele span te maak om jou geleenthede te verewig op film en foto's. Francois Loots en Gené James vertel.

View Details

'n 35-jarige konstabel verbonde aan die Ermelo-polisiestasie is Sondag in hegtenis geneem op ‘n aanklag van motorkaping en die besit van ‘n vermoedelik gesteelde voertuig. Dit volg na die kaping Saterdag van ‘n VW Polo. Die slagoffer het twee mans ‘n saamrygeleentheid gegee toe hulle hom ontvoer en gedwing het om kontant te onttrek. Hulle is bygestaan deur ‘n medepligtige in ‘n BMW. Die man kon later vlug en het die volgende dag die BMW by ‘n karwassery opgemerk. Hy het die polisie in kennis gestel en die verdagte is aangekeer. Die BMW is vroeër die maand in Hluhluwe in KwaZulu-Natal gesteel. Die konstabel sal na verwagting vandag in die hof verskyn. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

'n 29-jarige burger van Zimbabwe sal na verwagting vandag in die Emalahleni-landdroshof verskyn op twee aanklagte van moord wat afsonderlik in die Vosman-area gepleeg is. Nkosinathi Mashele is in Februarie aangerand en Sondag Nkosi is in Oktober 2022 doodgeskiet. Polisiebeamptes het die verdagte glo herken toe hy Donderdag in die hof verskyn het weens beweerde sakeroof en die besit van 'n ongelisensieerde vuurwapen en hy is aangekeer. Die polisiewoordvoerder, Kolonel Donald Mdhluli, sê hulle ondersoek of hy ook met ander misdade verbind kan word. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

'n Gewoonte-misdadiger is gister 19 jaar direkte gevangenisstraf opgelê deur die Skukuza-streekhof vir stroopverwante misdrywe. Sydney Silver Zitha is in Augustus 2018 deur veldwagters aangekeer, maar het gevlug na hy borgtog toegestaan is. Hy is in September 2018 weer aangekeer na hy 'n renoster in die Tshokwane-area van die wildtuin doodgeskiet het. Hy is skuldig bevind aan betreding in die Krugerwildtuin, die besit van 'n vuurwapen, sameswering om 'n misdryf te pleeg, die besit van ammunisie en die besit van 'n gevaarlike wapen. Monica Nyuswa, die woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag in Mpumalanga: 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

SANBS soek jou bloed - en hou Saterdag 'n groot insamelingsveldtog by i'langa Mall. Palesa Mazibuko gesels met Sonop Ontbyt oor die proses van lewensreddende bloed skenk.

View Details

Die polisie soek ‘n verdagte wat na vermoede sy vriendin vermoor het in Buffelspruit naby Schoemansdal. Die 48-jarige Ntokozo Khaliphako se liggaam is op 4 Junie ontdek en die polisie glo haar mansvriend, wat intussen verdwyn het, is verantwoordelik. Die polisiewoordvoerder, Kolonel Donald Mdhluli, sê hulle het 'n massiewe soektog van stapel gestuur na Victor Matsebula, wat hulle glo hulle in hul ondersoek kan bystaan. Enigiemand met inligting is genooi om dit met die polisie te deel. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Sondag is Vadersdag en die Ou Wiele-klub beplan 'n baie spesiale geleentheid. Hulle gesels oor klassieke karre met Sonop Ontbyt.

View Details

Die ANC se provinsiale voorsitter, Mandla Ndlovu, is vanoggend tot Mpumalanga premier verkies deur die wetgewer. Geen ander kandidate is vir die pos genomineer nie. Die voormalige burgemeester van Govan Mbeki plaaslike munisipaliteit, Lindi Masina, is onbestrede as Speaker verkies. Sam Masango, voorheen die tesourier van die ANC-jeugliga in die provinsie, is haar adjunk. Ndlovu sal om 2-uur vanmiddag ingesweer word. Masina het onderneem dat lede van die Wetgewer saam sal werk ter wille van inwoners. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Die Mpumalanga provinsiale wetgewer het vanoggend 'n nuwe Speaker, adjunkspeaker en Premier verkies. Die voormalige burgemeester van Govan Mbeki plaaslike munisipaliteit, Lindi Masina, is onbestrede as Speaker verkies. Sam Masango, voorheen die tesouries van die ANC-jeugliga in die provinsie, is haar adjunk. Die genomineerde premierskandidaat is die ANC se provinsiale voorsitter, Mandla Ndlovu. Die verkose premier sal om 2-uur vanmiddag ingesweer word. Masina het onderneem dat lede van die Wetgewer saam sal werk ter wille van inwoners. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Die Mpumalanga provinsiale wetgewer kom môreoggend byeen om nuwe lede in te sweer en 'n nuwe Speaker, adjunkspeaker en Premier te verkies. Die regerende ANC se steun het tydens die verkiesing beduidend - met 20 persentasiepunte - gedaal, maar die party het steeds 51-persent op hom verenig, en 27 setels gewen. Die MK Party is die nuwe amptelike opposisie in die provinsie met amper 17-persent van die stem wat aan hulle nege setels besorg. Die EFF het sewe, en die DA ses. Die VF Plus kon hul setel behou en ActionSA het vir die eerste keer 'n setel gewen. Die genomineerde premierskandidate is die provinsiale voorsitter, Mandla Ndlovu; die vroueliga se sameroeper, Cathy Dlamini; en die huidige Premier, Refilwe Mtshweni-Tsipane. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Die Hooggeregshof in Mpumalanga het ‘n burger van eSwatini gister skuldig bevind en gevonnis vir die moord in 2021 op sy minderjarige vriendin in Masoyi. Die 26-jarige Khulekani Mpendulo Maziya se 15-jarige vriendin, Confidence Nomfundo Mabuye, is op Kersdag 2021 as vermis aangemeld deur haar familie. In Augustus 2022 is menslike gebeentes langs sy huis ontdek deur seuns wat sokker gespeel het. Confidence is in ‘n vlak graf begrawe gevind. Maziya is ‘n lewenslange vonnis opgelê vir moord en tot ‘n addisionele vyf jaar gevonnis vir regsverydeling. Monica Nyuswa, die woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag: 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

‘n 40-jarige man is lewenslange tronkstraf opgelê deur die KwaMhlanga-streekshof vir die verkragting van ‘n 15-jarige meisie. Abashon Posh Mayo en sy slagoffer was bure ten tyde van die voorval in 2012. Monica Nyuswa, die woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag in Mpumalanga, sê die hof het die voorgeskrewe vonnis opgelê omdat dit nie sy eerste oortreding is nie. Hy het ook geen berou getoon nie, en het teen ‘n minderjarige oortree. Die NVG loof die polisie vir hul noukeruige ondersoek wat tot die skuldigbevinding gelei het. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

‘n Direkteur van vier maatskappye is Maandag skuldig bevind in die Gespesialiseerde Hof vir Kommersiële Misdade in Nelspruit op 12 aanklagte wat verband hou met geldwassery en oortreding van die Belastingwet. Volgens die woordvoerder van die Valke, Kaptein Dineo Sekgotodi, is die ondersoek na Smangaliso Khoza agt jaar gelede van stapel gestuur. Dit hou verband met belastingopgawes op in 2013 en 2014 ingedien is en wat die Inkomstediens amper 3-miljoen-Rand in werklike verliese sowel as addisionele potensiële verliese laat ly het. Die verhoor van sy medebeskuldigdes, sy lewensmaat en broer, sou die week begin. Die saak teen Khoza is tot 23 Augustus uitgestel vir voor-verhoor-verrigtinge. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Die DA in Govan Mbeki-munisipaliteit het ‘n beroep gedoen op die ANC administrasie om ‘n gebeurlikheidsplan te ontwikkel om watertoevoer in Evander te verseker. Volgens Ansie van Marle, DA-raadslid, was inwoners teen gister reeds agt dae sonder water. Sy sê daar is nie ‘n noodpomp om langdurige onderbrekings te verhoed nie. Die DA het aan die munisipale bestuurder, Elliot Maseko, geskryf om te vra dat hulle die reservoir se infrastruktuur ondersoek te midde van groeiende frustrasie onder inwoners oor die wanfunksionele watertoevoer. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Die polisie in Mpumalanga vra die publiek om na vore te kom met inligting na twee mense vermoor gevind is in afsonderlike voorvalle. ‘n Man met skietwonde is Maandag in Dingledale Trust naby Thulamahashe gevind. ‘n Vrou se verbrande liggaam is Sondag in bosse in Mphenyatsatsi naby Bosbokrand ontdek. Haar bure het alarm gemaak na hulle haar vir ‘n paar dae nie gesien het nie, en sy is as vermis aangegee. Die motief vir beide moorde is tans onbekend en geen arrestasies is nog gemaak nie. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Die Valke in Mpumalanga soek na gewapende rowers wat Saterdagmiddag ‘n transitoroof op twee Fidelity-voertuie uitgevoer het in die omgewing van Thulamahashe. ‘n Groep van ongeveer 20 gewapende aanvallers het glo toegeslaan en die bestuurder van die ondersteuningsvoertuig geskiet en gewond. Hulle het op die gepantserde voertuig geskiet om dit tot stilstand te dwing en dit toe oopgeblaas. Verskeie vuurwapens is by die wagte afgeneem. Die woordvoerder van die Valke, Kaptein Dineo Sekgotodi, sê hulle kon met ‘n onbekende bedrag kontant vlug. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Die polisie ondersoek ‘n moord en poging tot moord wat gister laatmiddag in Hazyview gepleeg is. ‘n 35-jarige vrou is dood en ‘n man is gewond. Volgens die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, Kolonel Donald Mdhluli, het die voorval by ‘n restaurant gebeur. Die slagoffers het in hul voertuig gesit toe twee gewapende mans arriveer en op hulle losgebrand het. Die polisie vermoed die voertuig wat die verdagtes gebruik het is verlede maand in Bosbokrand gekaap. Geen arrestasies is nog gemaak nie. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Francois Jacobs gesels op die vooraand van Innibos met Sonop Ontbyt oor die bedryf en waarna feesgangers kan uitsien van hom by die Boma-kuierteater. Sy gesels gaste sluit in Brendan Peyper - wat soos Jacobs self 'n deelnemers was aan Op My Eish!

View Details

Lucinda Rossouw is absoluut passievol daaroor om jou te help om jou funksie op te tooi. Eventually Events 4 U is haar sideline, maar sy verruil dit vir niks.

View Details

Jaco Marnaveck, die "Groot Wit" was Saterdag die wenner van die Klapgeveg wat by Mustangs aangebied is.

View Details

Annelize Koorts kan nie voorbly met Ellible Treats se mini-oliebol bestellings nie. Haar advies aan enige voornemende entrepreneur is: "Doen dit".

View Details

Wessa (Wildlife and Environment Society of South Africa) Laeveld speel al dekades 'n kern rol in bewaring. Jacoba Donga vertel vir Sonop Ontbyt meer oor die vlêrmuisvalk. Radio Laeveld

View Details

‘n Sersant in die Valke het gister in die Nelspruit-streekshof verskyn op aanklagte van korrupsie, bedrog en regsverydeling. Volgens die Valke het die 47-jarige Kgaugelo Aubrey Mogale, ‘n lid van die ondersoekspan na Projek “Blood Orange”’, 6-duisend-Rand in betalings ontvang vanaf een van die beskuldigdes. “Blood Orange” ondersoek beweerde betalings wat ‘n renoster-stroping-sindikaat aan veldwagters in die Krugerwildtuin gemaak het, in ruil vir inligting. Die betalings is tydens ‘n ondersoek deur ‘n ouditeursfirma aan die lig gebring. Mogale is borgtog van een-duisend-Rand toegestaan. Die saak is uitgestel tot 27 Junie. Die woordvoerder, Kaptein Dineo Sekgotodi: 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Suid-Afrikaanse motoriste gaan om middernag 'n skerp daling in brandstofpryse ervaar.
Albei grade petrol daal met R1.24 per liter, en diesel met R1.09 en R1.19 per liter. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Die South African Council for Businesswomen (SACBW) bied jaarliks werkswinkel aan waar die jeug lewensvaardighede leer. Annalize Maré en Petro Bekker van die Laeveld-tak vertel meer.

View Details

Elvis Blue het Saterdag weggespring om die 1 500 km tussen George en Nelspruit per fiets af te lê. Die doel is om geld in te samel vir beide Life Community in George, en die Daantjie Orphan Project in Nelspruit. Hy het op die vooraand met Skedaddle gesels.

View Details

Barbara Kuhn het Lowveld Food Socks begin gebruik met die oog om haar gesin se eie voedselrekening te verminder. Nou versprei sy hierdie veelsydige, gerieflike, goedkoop maaltyd-opsie in die Laeveld saam met haar seun, Xavier.

View Details

Die Premier van Mpumalanga, Refilwe Mtshweni-Tsipane, het vanoggend saam met duisende ander Suid-Afrikaners in die ry ingeval om haar kruisie te trek in die algemene verkiesing. Sy het haar stem in Emalahleni uitgebring. Sy sê die enigste probleem tot dusver met stemmery in die provinsie was voorvalle Maandag in Hendrina waar beamptes van die Verkiesingskommissie na bewering deur groepe mense geïntimideer is. Twee mense is gearresteer. Mtshweni-Tsipane sê hulle vertrou in die kommissie se goeie werk. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

TC Chembeni van die Verkiesingskommissie verduidelik hoekom kiesers nie meer by enige stemlokaal hul kruisies kan trek nie. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

TC Chembeni van die Verkiesingskommissie verduidelik die derde stembrief in vanjaar se algemene verkiesing. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Die Mpumalanga Premier, Refilwe Mtshweni-Tsipane, het vandag die spesiale stemmery in Hendrina gemonitor. Dit volg na die Verkiesingskommissie ‘n saak van intimidasie teen agente van twee politieke partye geopen het. Die premier is vergesel deur die provinsiale polisiekommissaris, Luitenant-generaal Semakaleng Manamela, om die voorval te ondersoek. Mtshweni-Tsipane sê enige individu wat ‘n vry en regverdige verkiesing bedreig, moet gearresteer word. Manamela sê hulle is daaraan toegewyd om die vrede te bewaar tot die laaste stem môre uitgebring is. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Die waarnemende LUR vir gemeenskapsveiligheid in Mpumalanga, Busisiwe Shiba, bevestig dat alle rolspelers in die sekuriteitsektor op ‘n hoë gereedheid-grondslag geplaas is vir môre se stemdag. Sy sê brandpunte is geïdentifiseer en almal se reg om vrylik te stem moet gerespekteer word. John Meintjies van die Laeveld Gesamentlike Operasionele Bevel sê rolspelers in die private sektor is ook gemobiliseer. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Die Laeveld JOC en alle rolspelers in die sekuriteitsektor is op volle gereedheid vir môre se stemdag. John Meintjies en Frank Swanepoel gesels met Sonop Ontbyt oor wat hulle verwag.

View Details

Signage Co. is 'n familie-onderneming. Die jonge Leagan en Zaylin Burell vertel vir Skedaddle wat dit vir hulle beteken.

View Details

Sania Lemmer het onlangs 'n nuwe boek oor outismespektrumversteuring gepubliseer. Dit het te doel om ander ouers van kinders met die toestand te help. Sy gesels met Skedaddle.

View Details

Chantel Jacobs is die aanbieder van Avontuurjagters wat tans in die Laeveld geskiet word. Die fokus is op wat daar in dorpies vir toeriste is om te doen, en in Nelspruit het hulle ook gefokus op wat die sekuriteitsmaatskappye doen om inwoners te beveilig. Sy gesels met Coenie.

View Details

Woensdag hou Suid-Afrika verkiesing. Daar is twee veranderinge vanjaar: Jy moet by die lokaal stem waar jy geregistreer is, en daar is 'n derde stembrief - 'n nuutjie vir 'n algemene verkiesing. TC Chembeni verduidelik hoe dit werk.

View Details

Penryn het hande geneem met die enigste sokkerklub in Mpumalanga wat in die premierliga speel om die TS Galaxy jeugakademie te stig. Michael Eisen, Penryn se hoof, vertel meer.

View Details

Die Airlink Pumas takel die Suzuki Griekwas môre in die eindstryd van die SA Beker. Die Griekwas is onoorwonne in dié nuwe kompetisie, en is die enigste span wat die ewe indrukwekkende Pumas tydens die rondomtalie-fase kon wen. Die pienktruie het egter drie van hul laaste vyf kragmetings teen die Griekwas gewen – insluitend die Curriebeker-finaal van 2022 wat ook in Kimberley beslis is. Saterdag se wedstryd vind in Kimberley plaas, en word op SuperSport uitgesaai. Die afskop is om half 1. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Die Premier van Mpumalanga, Refilwe Mtshweni-Tsipane, het vandag verskeie nuwe voertuie aan tradisionele leiers oorhandig by Mbombela-stadion. Sy sê dit het ten doel om hul taak te vergemaklik wanneer hulle hul take in uitgebreide areas aan wydverspreide gemeenskappe uitvoer. Mtshweni-Tsipane sê dit is egter kommerwekkend om te hoor dat sekere lede van koninklike gesinne die voertuie by hulle af wil neem. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Die DA sê dit het die norm geword vir ANC-lede om raadsvergaderings van Steve Tshwete-munisipaliteit te ontwrig. In die jongste voorval het raadslede Vrydag met geweldadige gedrag ‘n vergadering ontwrig waartydens ‘n mosie van wantroue in die burgemeester, Petros Masilela, gehoor sou word. Die DA-hoofsweep, Palesa Mobango, sê lede het probeer om die Speaker aan te rand. Die party gaan ‘n amptelike klagte teen die ANC indien by die Seksie 79-komitee. Mobango moedig die Speaker aan om kriminele klagte te lê. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Die meeste Suid-Afrikaanse volwassenes ly aan 'n mate van posttraumatiese stresversteuring. Sonja Stadler is 'n positiewe sielkundige wat by die KLCBT se jaarvergering raad gegee het. Linda Grimbeek deel dit.

View Details

Hannon Bothma, die Glam Guru, kuier by Amanda in die ateljee en deel 'n paar skoonheidswenke wat jou in 'n kits op sal kikker.

View Details

Project Smile was verlede week in die Laeveld om operasies uit te voer op sowat 30 minder bevoorregte kinders met gesplete verhemelte en haaslip in Mpumalanga. Fiola Lujabe en dr. Marius van der Walt gesels met Skedaddle oor dié internasionele nie-winsgewende organisasie.

View Details

Internasionale Verpleërsdag word jaarliks op 12 Mei (Florence Nightingale se verjaarsdag) gevier. Debbie Capazorio van The Rivers wondkliniek in Mbombela gesels met ons oor verpleging as 'n loopbaan.

View Details

Frank Swanepoel en André Jacobs van Hi-Tech Sekuriteit vertel vir Sonop Ontbyt hoe hul splinternuwe toepassing jou sekuriteit kan bevorder.

View Details

Die Airlink Pumas en Boland Kavaliers sê mekaar vanaand in Mbombela die stryd aan in die SA Beker. Die Pumas moes verlede week teen die Griekwas in Kimberley die knie buig, maar staan steeds ‘n goeie kans om teen hulle in die eindstryd te staan te kom. Dit is die Griffons wat in die pienktruie se nekke plaas, met 30 punte op die punteleer, teenoor Jimmy Stonehouse se span se 31. Afskop by Mbombela-stadion is 7-uur. Volgende week is hoeka die finale wedstryde van die rondomtalie - teen die Griffons in Mbombela. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Bobby Krisch, oftewel Bobby The Punisher, vertel vir Neels oor die klapgevegte wat eersdaags in Mbombela plaasvind.

View Details

Die Airlink Pumas en Kavalier Boland sê mekaar vanaand in Mbombela die stryd aan in die SA Beker. Die Pumas moes verlede week teen die Griekwas in Kimberley die knie buig, maar staan steeds ‘n goeie kans om teen hulle in die eindstryd te staan te kom. Dit is die Griffons wat in die pienktruie se nekke plaas, met 30 punte op die punteleer, teenoor Jimmy Stonehouse se span se 31. Afskop by Mbombela-stadion is 7-uur. Stonehouse en Marius van Rensburg kuier in die ateljee.

View Details

Adriaan Gryvenstein het op 15 Oktober 2022 sy debuut as radioomroeper gemaak op 100.5FM. Op 16 jaar, vyf maande en 26 dae oud was hy een van die jongste omroepers nog in die land. Hy het onlangs sy 18de verjaarsdag gevier en kyk terug na die begin, sowel as wat die toekoms vir hom inhou.

View Details

Colleen van den Bergh bied klasse aan in breiwerk, naaldwerk, hekel en borduurwerk.
Sy sê dit is sosiaal en hierdie kreatiewe uitlaatklep doen wondere vir 'n mens. Sy sê borduurwerk beleef tans 'n groot oplewing - ook onder jongelinge.

View Details

Charmaine Lombard, 'n reisagent, moes tydens die Covid-pandemie 'n tweede inkomste begin genereer. Sy en haar man, Arno, het Laeveld Deli op die been gebring.

View Details

Groot opwinding heers oor die ABSA Laeveld lugskou wat Saterdag plaasvind. Johan Heine van Kishugu sê dit behels ‘n intense vertoning van drie ure by een van die beste venues in Suid-Afrika om ‘n lugskou aan te bied: Die Ou Nelspruit-lughawe. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Bergvlam se jaarlikse Vlamfees is in volle swang die week. Hoofdogter, Milde Cronje, en onderhoofseun, Ailton Novele, vertel Skedaddle wat dit alles behels.

View Details

Kiesers sal tydens die algemene verkiesing later die maand hul kruisies op drie stembriewe aanbring. Steve Schormann gesels met Kies Koers oor hoe dit werk.

View Details

Die Witrivier-gemeenskap span saam om 'n hondeskou aan te bied met al die opbrengste wat die DBV in Witrivier ter wille sal wees.
Pricille Smith van King Bean waar dit aangebied word, gesels saam met Lerna du Rand van Just Property en Felicity Lange met Sonop Ontbyt oor die Furr Fiesta.

View Details

Eunice Combrink en Cecile Murray gesels met Amanda oor die uitreikaksies wat hulle in die Laeveld onderneem en die beweegrede daaragter.

View Details

Charl Naudé deel die geheime agter die skerms waar duiwe wat aan wedvlugte deelneem amper soos atlete is. Radio Laeveld

View Details

Die DA het Maandag onder leiding van die partyleier, John Steenhuisen, ‘n vreedsame optog in Bethal gehou teen swak dienslewering in Govan Mbeki-munisipaliteit. Volgens die DA-leier in Mpumalanga, Jane Sithole, ly die hele area weens die onbetroubare verskaffing van water en elektrisiteit. Hulle het ‘n memorandum van griewe aan die burgemeester, Nhlakanipho Zuma, oorhandig. Sithole sê die munisipaliteit skuld tans krediteure soos Eskom en Rand Water ‘n totaal van 5-komma-4-miljard-Rand terwyl hy self 3-komma-8-miljard-Rand van inwoners verskuldig word 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Vyf beskuldigdes is gister borgtog toegestaan deur die Nelspruit-streekshof. Ses word aangekla van bedrog en die nabootsing van ‘n prokureur. Tshepo Mahlako, wat homself na bewering as ‘n prokureur voorgedoen het, en sy firma TC Mahlako is elk borgtog van 60-duisend-Rand toegestaan. Drie medebeskuldiges het borg gekry van 30-duisend-Rand. Die sesde, Bongani Tsobolo, sal Vrydag om borgtog aansoek doen. Die saak is tot 25 Junie uitgestel. Die woordvoerder van die Valke in Mpumalanga, Kaptein Dineo Sekgotodi: 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Die regering hou aan om die gesinne van die Lily Myn-tragedie in die steek te laat. Dit is volgens Harry Mazibuko, die woordvoerder van die gesinne van Pretty Nkambule, Yvonne Mnisi en Solomon Nyirenda. Hul liggame bly sedert die ineenstorting van die myn in Februarie 2016 ondergronds vasgekeer. Mazibuko sê hulle is Vrydag in kennis gestel dat die Departement van Minerale Bronne en Energie beplan om die mynlisensie weer toe te ken aan Vantage Goldfields, wat in beheer was ten tyde van die tragedie. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

‘n Moordverdagte wat op die vlug geslaan het na hy borgtog toegestaan is, is Vrydag herarresteer. Volgens die polisie in Mpumalanga word Nqubeko Bright Mchunu aangekla van die moord op Tsepo Maseko. Mchunu het as ‘n sekuriteitswag gewerk toe geweldadige protesaksie in Augustus 2022 by Steve Tshwete-munisipaliteit in Middelburg uitgebreek het. Maseko is daartydens doodgeskiet. Mchunu is in Soweto aangekeer en sal na verwagting vandag in die Middelburg-landdroshof verskyn. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Die waarnemende LUR vir Gemeenskapsveiligheid in Mpumalanga, Busi Shiba, het haar skok uitgespreek na nog ‘n verkeersbeampte deur ‘n vragmotor doodgery is op die provinsie se paaie. Die jongste voorval het Sondagoggend op die N4 naby Komatipoort plaasgevind toe die betrokke beampte ‘n vragmotor probeer stop het. Dit is die tweede voorval binne etlike dae. Die 52-jarige Henry Ngwamba is onder soortgelyke omstandighede op die N2 naby Mkhondo dood toe hy in die uitvoer van sy take deur ‘n vragmotor getref is. Die woordvoerder van die departement, Moeti Mmusi: 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Saterdag vind die Laeveld Lugskou, een van die grootste gemeenskapsgeleenthede in die Laeveld, by die Ou Nelspruit-lughawe plaas. Johan Heine en Naranda Leeuwner kuier by Skedaddle in die ateljee.

View Details

Past. Leanie Erasmus van Communio Kerk in Mbombela behandel die week 2 Korintiërs 7. Radio Laeveld

View Details

Past. Leanie Erasmus van Communio Kerk in Mbombela behandel die week 2 Korintiërs 7. Radio Laeveld

View Details

Past. Leanie Erasmus van Communio Kerk in Mbombela behandel die week 2 Korintiërs 7. Radio Laeveld

View Details

Past. Leanie Erasmus van Communio Kerk in Mbombela behandel die week 2 Korintiërs 7. Radio Laeveld

View Details

Past. Leanie Erasmus van Communio Kerk in Mbombela behandel die week 2 Korintiërs 7. Radio Laeveld

View Details

Mariette Joubert van Joubert en Seuns het maar in 2018 begin om 'n jarelange versugting te bevredig: sy wou 'n ossewa hê, en het hulle intussen begin versamel en restoureer. Haar en manlief Kobus se versameling staan al meer as 50 waens sterk. Sy gesels oor dié passie.

View Details

‘n 23-jarige man word deur die polisie ondervra na hy betrap is met wat hulle glo kokaïen is. Hy was gistermiddag in ‘n ongeluk op die N4 naby Valencia in Mbombela toe die sleepwa van sy KIA-bakkie losgekom het. Beamptes wat op die ongeluk gereageer het, het gemorsde wit poeier opgemerk en die honde-eenheid is ontbied. Die polisie is oortuig dit is kokaïen en dat dit onderweg was na Gauteng. Dit het ‘n geraamde waarde van vier-en-‘n-half-miljoen-Rand. Die poeier word tans getoets. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Twee kapingslagoffers is Woensdagaand gered na hulle vroëer die dag naby Hazyview ontvoer is. Volgens die polisie het hulle ‘n vergadering by ‘n laerskool in Nyongane bygewoon. Een het na afloop daarvan ‘n probleem met sy voertuig ondervind en terwyl ander mense hom probeer help het, het drie gewapende verdagtes toegeslaan. Twee mense is in die kattebak in forseer en daar is met hulle weggery. Hulle is later veilig gevind en twee voertuie is agtergelaat. Die polisie soek na die aanvallers. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Die Provinsiale Onderwysdepartement het vanoggend vergader met rolspelers om kwelinge oor veiligheid in die White-Hazy-kring aan te spreek. Onderwysers en ondersteunende personeel het deur hul vakbonde hul bekommernis uitgespreek oor ‘n onlangse toename in misdaad wat skole in Masoyi teiken. Fanie Ngwenyama, provinsiale voorsitter van Nehawu in Mpumalanga: 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Die ABSA Laeveld lugskou wat volgende week plaasvind, behels ‘n intense vertoning van drie ure by een van die beste venues in SA vir ‘n lugskou: Die Ou Nelspruit-lughawe. Johan Heine van Kishugu: 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Die brandseisoen het amptelik afgeskop in die Laeveld. André Scheepers van Lefpa gesels met Sonop Ontbyt oor alles wat jy moet weet.

View Details

Penryn Prep pas die Reggio Emilia benadering in hul voorskoolse klasse toe, en dit werp ongelooflike vrugte af. Die hoof, Nicole Meyer, gesels met Amanda en Coenie oor wat dit behels.

View Details

Die Mpumalanga Onderwysdepartement vergader môre met rolspelers om kwelinge oor veiligheid in die White-Hazy-kring aan te spreek. Onderwysers en ondersteunende personeel het deur hul vakbonde hul bekommernis uitgespreek oor ‘n onlangse toename in misdaad wat skole in Masoyi teiken. Dit volg op ‘n gewapende rooftog by Jerusalem Sekondêr op 10 April. Die vergadering sluit die provinsiale Departement van Gemeenskapsveiligheid in en vind Donderdag by Khetsalwati Sekondêr plaas. Die departementele woordvoerder, Gerald Sambo: 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Ruan du Toit is in die Laeveld vir 'n vertoning (wat reeds uitverkoop is) ten bate van Moving Mountains. Hy het in die ateljee kom kuier.

View Details

HunTer Leite, Soné en Scallywag is van die kunstenaars wat vandag vir Jamie Fine open tydens haar konsert by die Laeveld Botaniese Tuin. Hulle het in die ateljee kom inloer.

View Details

Die "Mass Animal Sterilisation Trust" in Sabie hou môre 'n groot fondsinsameling om die noodsaaklike diens wat hulle aan omliggende areas bied, te befonds. Debbie Moller sê inisiatiewe soos die “Yor-K9 Bark in the Park” help hulle om tydens uitreikaksies mense se troeteldiere te steriliseer. Sy sê hulle kon verlede jaar sewe aksies hou. Hulle kon tydens die twee sover vanjaar 46 diere regmaak. Besoek Sabie-MAST Mass Animal Sterilisation Trust vir meer besonderhede. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

ActionSA eis dat die LUR vir Openbare Werke in Mpumalanga, Mandla Ndlovu, verduidelik hoekom die Low’s Creek-kliniek en Thusong-dienssentrum al reeds ‘n maand gesluit is. Simangaliso Shongwe, die woordvoerder van ActionSA in Mpumalanga, sê dit is weens nie-betaling van hul Eskom-rekeninge. Die dienssentrum sluit in ‘n kliniek, regeringsdepartemente en skool. Shongwe sê kinders het ‘n reg op onderwys. Die party vra dat Ndlovu dringend die Eskom rekening betaal sodat dienste kan hervat. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Die Mass Animal Sterilization Trust (Mast) in Sabie hou gereelde uitreikaksies na omliggende areas waar hulle mense se troeteldiere vir hulle steriliseer. Debbie Moller sê hul fondsinsameling op 1 Mei help om hierdie noodsaaklike diens te befonds.

View Details

Richard Davis van EcoTraining gesels met Skedaddle op Wêreld Aardedag.

View Details

Juané "Lulu" le Roux (17) gaan vanaf Augustus in Parys, Frankryk, aan die Paralimpiese Spele deelneem. Die Hoërskool Nelspruit-leerling neem in die F46-klas aan gewigstoot en spiesgooi deel. Sy kuier saam met die skool se DP Badenhorst in die ateljee.

View Details

Die polisiekommissaris in Mpumalanga, Luitenant-generaal Semakaleng Manamela, het wetstoepassers geloof vir nog deurbrake in Operasie Vala Umgodi wat onwettige mynbedrywighede teiken. Saterdagoggend is 28 rondes ammunisie sowel as verskeie stukke myntoerusting gekonfiskeer tydens ‘n operasie in Pelgrimsrus. Die polisiewoordvoerder, Kolonel Donald Mdhluli, sê elf ongedokumenteerde mense is ook aangekeer. ‘n Verdagte is Vrydag ook aangekeer by Simile in Sabie met onwettige plofstof in sy besit. Daar is ook op gouddraende stof beslag gelê. Die beskuldigdes sou vandag in die onderskeie howe verskyn. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Jy het tot 3 Mei om aansoek te doen om 'n spesiale stem uit te bring met die komende algemene verkiesing. As jy bejaard of swanger is, op stemdag moet werk of weg van jou stemlokaal moet wees kan jy al 27 of 28 Mei gaan stem. Thea Rix verduidelik dat jy egter daarvoor aansoek moet doen. Luister weer hier.

View Details

Die South African Council for Business Women (SACBW) het al takke in Nelspruit en Witrivier. Secunda het eersdaags hul eerste vergadering en Nkomazi is in die proses om gestig te word. Estelle Roe en Annelize Marais vertel meer oor die voordele van lidmaatskap en hul volgende netwerksessie.

View Details

Cameron Meyer het serebrale gestremdheid. Dit is egter nie iets wat hom terughou nie. Boonop is so spesiaal dat die rugbyspelers van sy skool, Penryn, en Uplands by die derby verlede naweek hom 'n speelkans gegee het, Hy kon selfs 'n drie gedruk. Hy kuier saam met Keagan du Preez, die afrigter van Penryn se o.14 en 0.16 rugbyspanne, in die ateljee.

View Details

‘n Man verskyn vandag in die Nelspruit-landdroshof op aanklagte van moord en poging tot moord na hy glo verlede Maandag sy 36-jarige vrou in Mattafin in Nelspruit doodgesteek het. Die paartjie se twee kinders is ook gesteek, maar het oorleef. Die verdagte was voortvlugtig tot hy homself Saterdag aan die polisie oorhandig het. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Die minister van Polisie, Bheki Cele, lei vandag ‘n Imbizo teen geweldsgebaseerde en ernstige misdaad in Kanyamazane buite Mbombela. Imbizo Ya Madoda wil gesprek bevorder met mans in die area om oplossings te vind vir maatskaplike probleme wat dikwels misdaad dryf. Dit vind by Kanyamazane-stadion plaas. Die nasionale woordvoerder van die SAPD, Lirandzu Themba: 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

ActionSA sê hy sal nou begin met die ontwikkeling van 'n omvattende bloudruk om Suid-Afrika se padnetwerk te herstel, en sal dit voor die verkiesing aan Suid-Afrikaners voorlê. Die party het sy veldtog oor swak paaie afgesluit na besoeke aan gemeenskappe regdeur Mpumalanga, Limpopo en Noordwes. Michael Beaumont van ActionSA sê die party beplan om Suid-Afrikaners te inspireer met die wete dat die komende verkiesing tot verandering in die land kan lei danksy 'n gekoördineerde en professionele program van vernuwing vir die land se padnetwerk. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Die Airlink Pumas speel môre weer tuis in die SA Beker. Die Pumas en Griekwas is die enigste onoorwonne spanne oor in die reeks met vier wedstryde oor om die finaliste te bepaal. Die boonste twee spanne op die punteleer sal in die eindstryd speel. Beide het 25 punte, met die Griekwas bo weens hul beter punteverskil. Die Pumas kon al drie keer in die kompetisie verhoed dat hul opponent enige punte teen hulle aanteken. Die afskop teen die Luiperds by Nelspruit-rugbyklub Saterdagmiddag is om 3-uur. Hulpafrigter Corné Steenkamp: 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Vanessa Sevenster het vandeesweek 2 Korintiërs 6 behandel in Familie Bybelstudie. Radio Laeveld

View Details

Vanessa Sevenster het vandeesweek 2 Korintiërs 6 behandel in Familie Bybelstudie. Radio Laeveld

View Details

Vanessa Sevenster het vandeesweek 2 Korintiërs 6 behandel in Familie Bybelstudie Radio Laeveld

View Details

Vanessa Sevenster het vandeesweek 2 Korintiërs 6 behandel in Familie Bybelstudie. Radio Laeveld

View Details

Vanessa Sevenster het vandeesweek 2 Korintiërs 6 behandel in Familie Bybelstudie. Radio Laeveld

View Details

100.5FM saai môre regstreeks uit vanaf Blind Guys se nuwe vertoonlokaal wat hulle amptelik in Mbombela open. John le Roux gesels met Skedaddle.

View Details

Die Airlink Pumas en Suzuki Griekwas bly onoorwonne in die SA Beker-reeks met die poubloues bo-aan die punteleer weens hul beter punteverskil. Die pienktruie speel die naweek weer tuis, teen die Luiperds by Nelspruit-rugbyklub Saterdagmiddag. Hulpafrigter, Corné Steenkamp, gesels met Sonop Ontbyt.

View Details

Sabie is vanjaar 100 jaar oud. Vanaf Saterdag vier hulle vir 'n week dié mylpaal met die Forest Festival. Die organiseerder, Denzil Lawrie, vertel meer.

View Details

Volgende week is dit weer Hoërskool Nelspruit se revue. Dié produksie voldoen aan die hoogste standaarde en kaartjies is baie gesog. Mické Botes en Richard Dickson, beide dansers, gesels met Sonop Ontbyt.

View Details

Solidariteit beplan 'n beraad oor die omstrede Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette (Bela). Dit vind op 8 Mei by Laerskool Laeveld plaas. Tiaan Schoeman, 'n netwerkorganiseerder vir Solidariteit, gesels met Sonop Ontbyt.

View Details

Die dokumentêr "Rhino Man" vertel die storie van die werk wat veldwagters doen om die bedreigde renoster van uitwissing te red. Marianne de Kock gesels met Sonop gaan Bos. Radio Laeveld

View Details

Hannes de Wit het 'n heel nuwe konsep aan die Laeveld bekendgestel met Agter Speen: Ysies met skop. Hy vertel van die pad wat hy gestap het met 'n splinternuwe onderneming.

View Details

Die Minister van Indiensneming en Arbeid, Thulas Nxesi, het vandag 17 arbeid-aktiverings-programme in Mbombela bekendgestel. Die inisiatief vorm deel van ‘n nasionale program wat daarop gemik is om meer as 700-duisend werksgeleenthede landwyd te skep. Hy sê mense moet opgelei word in vaardighede wat die ekonomie benodig en dan bemagtig word om in hierdie velde te werk. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Die Sitrusprodusentevereniging van Suider-Afrika verwag 'n sterk uitvoerseisoen, met 'n geprojekteerde sewe-persent toename in suurlemoenuitvoere, wat 'n verdubbeling is sedert 2016. Justin Chadwick, die uitvoerende hoof van die Sitruskwekersvereniging, sê hulle gaan binne ‘n maand met die EU, die grootste uitvoermark, konsulteer oor nuwe eise wat hulle stel oor "false codling moth" en "citrus black spot".

View Details

Die premier van Mpumalanga, Refilwe Mtshweni-Tsipane, het gister amptelik die splinternuwe Bethal-hospitaal geopen. Volgens die Kantoor van die Premier is dit ten volle toegerus met die jongste tegnologie. Mtshweni-Tsipane sê dit sal ‘n sleutelrol speel om kwaliteit mediese sorg aan mense te bied naby aan waar hulle woon en om sodoende menselewens te red. Die hospitaal sal dienste lewer aan die omliggende gemeenskappe van Trichardt, Embalenhle, Kriel, Devon, Morgenzon en Charl Cilliers. Sy sê die provinsie benodig 'n toegewyde psigiatriese hospitaal. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Hoe groot is Suid-Afrika se heroïenkrisis soos beskryf in 'n onlangse studie in die "Journal of Illicit Economies and Development"? Marina Erasmus van SANCA Laeveld, verduidelik wat hulle op voetsoolvlak beleef - en waar jy kan aanklop om hulp as jy pynmiddels vir iets anders as pyn begin gebruik.

View Details

Hoe groot is Suid-Afrika se heroïenkrisis soos beskryf in 'n onlangse studie in die "Journal of Illicit Economies and Development"? Marina Erasmus van SANCA Laeveld, verduidelik wat hulle op voetsoolvlak beleef - en waar jy kan aanklop om hulp as jy pynmiddels vir iets anders as pyn begin gebruik.

View Details

Innibos is al 20 jaar oud en jaarliks bied dit feesgangers iets nuut. Dit vind van 27 tot 30 Junie in Mbombela plaas. Stadig maar seker word al die bestanddele bymekaar gekry vir ’n feestelike Wenresep van toneel, musiek, kuns en boeke. Sandra Jacobs sê die een ding wat vanjaar verander is dat daar nie vanjaar 'n Goue Sirkel is nie, maar jy kan kuiertafels bespreek. Sy deel wat die uitdagings daarmee is.

View Details

Lance en Carla Gibson is bedrywige mense in Graskop. Hulle besit 'n restaurant terwyl hy voorsitter is van die Graskop-belastingbetalersvereniging en die plaaslike boks gim bestuur. Carla is ook die stigter van Graskop Animals In Need (GAIN).

View Details

Die Kruger Laeveld Kamer vir Sake en Toerisme (KLCBT) het reeds R9 miljoen belê om sekuriteit in die Laeveld te integreer en sodoende almal te beveilig. Linda Grimbeek vertel waar dit staan.

View Details

Die LUR vir Gemeenskapsveiligheid in Mpumalanga, Vusi Shongwe, het die versperring van die R40 by Casteel in die Bosbokrand-omgewing vanoggend veroordeel. ‘n Provinsiale ambulans is ook aan die brand gesteek, na bewering deur mense wat teen swak dienslewering in die area betoog. Shongwe sê mense het die volste reg om te betoog, maar mag nie ander se vryheid van beweging belemmer nie. Hy sê die R40 is ‘n belangrike roete tussen Mpumalanga en Limpopo en padversperrings affekteer sakeondernemings. Shongwe voeg by dit is onaanvaarbaar dat eiendom vernietig word. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Magriet en Dietmar Frey van die Petra-instituut het die week Familie Bybelstudie aangebied oor 2 Korintiërs 5. Radio Laeveld

View Details

Magriet en Dietmar Frey van die Petra-instituut het die week Familie Bybelstudie aangebied oor 2 Korintiërs 5. Radio Laeveld

View Details

Magriet en Dietmar Frey van die Petra-instituut het die week Familie Bybelstudie aangebied oor 2 Korintiërs 5. Radio Laeveld

View Details

Magriet en Dietmar Frey van die Petra-instituut het die week Familie Bybelstudie aangebied oor 2 Korintiërs 5. Radio Laeveld

View Details

Magriet en Dietmar Frey van die Petra-instituut het die week Familie Bybelstudie aangebied oor 2 Korintiërs 5. Radio Laeveld

View Details

Cornu Du Pisanie-Gouws is dalk nie 'n oorspronklike rooikop nie, maar dit werk vir haar. Sy vertel hoe haar kunsreis begin en ontwikkel het tot Rooikop Art vandag.

View Details

Die minister van Gesondheid, Dokter Joe Phaahla, het vanoggend amptelik die nuwe Balfour-gemeenskapskliniek geopen. Hy het gister met ‘n twee-dag-besoek aan gesondheidsfasiliteite in Mpumalanga begin, waar hy Themba-hospitaal in Kabokweni besoek het om dienslewering aan te spreek asook berigte oor misdaadbedrywighede wat veiligheid bedreig. Die adjunk direkteur-generaal van Algemene Primêre Gesondheidsorg in die Departement van Gesondheid, Jeanette Hunter sê die nuwe kliniek is van hoogstaande gehalte. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Twee beskuldigdes maak vandag hul tweede hofverskyning in die Nkomazi-landdroshof op aanklagte van die besit van ‘n gesteelde voertuig. Mancoba Bongi Dlamini en Siyabonga Thusi, beide burgers van Eswatini, is Saterdag deur die grenspolisie op die R570 tussen Jeppe’s Reef en Malalane aangekeer. Volgens die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, Kolonel Donald Mdhluli, is die Toyota Hilux GD-6-bakkie in Januarie in Bolobedu, Limpopo, gesteel. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

‘n Vermeende sakerower sterk onder polisiebewaking aan in die hospitaal na hy Saterdagaand geskiet is tydens ‘n rooftog by ‘n vulstasie in Thulamahashe. Volgens die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, Kolonel Donald Mdhluli, was hy in besit van plofstof. Sowat agt gewapende aanvallers het kort voor middernag op die vulstasie toegesak en werknemers met vuurwapens aangehou. Hulle het die kluis oopgeblaas en met ‘n onbekende bedrag kontant gevlug. Die man wat vasgetrek is sal eersdaags in die Mhala-hof verskyn. Die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat ondersoek die skietvoorval. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Annelie Mans het vele talente. Sy bied eersdaags kunsklasse aan by BUCO Nelspruit.

View Details

Die polisie is op soek na verdagtes wat na bewering Donderdagoggend 'n juwelierswinkel in Nelspruit beroof het. Twee verdagtes het glo die winkel bestorm, werknemers met vuurwapens gedreig en kontant geëis. Hulle het personeel beveel om die kluis oop te maak en het ook die werknemers van juweliersware, selfone en kontant beroof voor hulle van die toneel gevlug het. Volgens die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, Kolonel Donald Mdhluli, is geen arrestasies nog gemaak nie.

View Details

Pieter Landman en Marina Coetzee het vir Skedaddle meer vertel oor die Nkomazi 400 wat die naweek plaasvind. Pieter het ook sy ervaring by vanjaar se Dakar-tydren gedeel.

View Details

Els for Autism SA het begin om uit te reik na ander provinsies en is in die Laeveld om onderwyser-opleiding by Pro-Gratia-leersentrum te bied. Vanaand bied hulle ook'n spesiale sessie vir ouers.

View Details

Pieter Stolk het sy kleinsaak Bent Banana gedoop, omdat dit hom nie beperk in watter produkte hy kan skep nie. Tans is sy fokus op koekies, beskuit en joghurtkaas. Hy vertel van sy kosreis.

View Details

Die Airlink Pumas speel vanaand tuis by Mbombela-stadion teen die Valke in die SA Beker. Dit na hul oorwinning verlede week van 50-0 teen die Cheetahs in Bloemfontein hulle tweede op die punteleer plaas. Hulle kuier in die ateljee.

View Details

Die DA sê dit is onaanvaarbaar dat tersiëre hospitale in Mpumalanga nie radiologiedienste aan pasiënte kan bied nie. Jane Sithole van die DA sê daar is steeds geen MRI-skandeerder by Rob Ferreira-hospitaal nie, en pasiënte moet betaal om sulke toetse privaat te laat doen. Boonop het die provinsiale gesondheidsdepartement verlede jaar reeds 40-miljone-Rand begroot om een aan te koop, maar dit sal nou eers in die 2024/25 finansiële jaar gebeur. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Die polisie in Mpumalanga het verskeie deurbrake gemaak teen onwettige mynbou met toerusting wat gekonfiskeer is, en arrestasies wat gemaak is. As deel van Operasie Vala Umgodi is daar op toerusting in Sabie, Pelgrimsrus en op ‘n plaas in Schoemanskloof beslag gelê. Die polisiewoordvoerder, Kolonel Donald Mdhluli sê verskeie mense is ook aangekeer. In die jongste voorval is ‘n Zimbabwiese burger in Sabie gearresteer met myntoerusting in sy besit. Hy het boonop glo ‘n polisiebeampte aangerand is sy poging om arrestasie te ontduik. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Dr. Lizelle Grobler, 'n metafisiese wetenskaplike, sê daar is soveel van ons breine wat ons die verstaan nie. "Jy sien nie met jou oë nie - jou brein maak die prentjie," illustreer sy vir Sonop Ontbyt.

View Details

Die DA het die Govan Mbeki-munisipaliteit se boete van 200-miljoen-Rand vir die oortreding van omgewingswette verwelkom. Die boete wat deur die Bethal-landdroshof opgelê is, is vir die storting van rou en onbehandelde riool in die eMbalenhle-watersuiweringsaanleg en die Watervalhoekrivier tussen November 2019 en September 2020. 50-miljoen-Rand van die vonnis is vir vyf jaar opgeskort. James Masango van die DA, sê egter die munisipaliteit is te bankrot om die boete te kan betaal. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Die Kaapsehoop Wildeperdeforum is bekommerd oor die aantal wilde perde wat jaarliks doodgery word. In die jongste voorval is ‘n dragtige merrie Sondagaand deur ‘n motoris doodgery. Haar vulletjie het ook omgekom. Fourie sê hul getalle het sedert 2015 van ongeveer 150 meer as halveer. Volgens haar is dit deels te wyte aan perdesiekte, maar ook ongelukke – wat heeltemal vermybaar is. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Jy gaan eendag die dienste van 'n prokureur benodig - en nie noodwendig vir iets negatief nie. Chemay Drotsky vertel vir Skedaddle, op Wees-gaaf-met-jou-prokureur-dag, hoe hulle eerstens daar is om te verseker geregtigheid geskied.

View Details

'n Dragtige wilde perd merrie is Sondagaand in Kaapsehoop deur 'n motoris doodgery.
Andrea Fourie van die Kaapsehoop Wildeperdeforum sê die hele dorp het uitgesien na die koms van die vulletjie, omdat dié perde se bevolking aan't krimp is. Sy is bekommerd dat die wilde perde kan uitsterf as ons hulle nie beter oppas nie. Radio Laeveld

View Details

Die DA in Mpumalanga sê hulle is besorg dat die LUR vir Gesondheid, Sasekani Manzini, daarop aandring dat alle gesondheidsfasiliteite in die provinsie gereed is vir implementering van die Nasionale Gesondheidsversekering, terwyl nie een op standaard is nie. Die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging het onlangs aan die minister van Gesondheid, Joe Phaahla, gesê Suid-Afrika is nie gereed vir die NGV nie aangesien dit geen oplossing bied vir uitdagings soos die personeeltekort in die openbare gesondheidstelsel nie. Die DA-leier in Mpumalanga, Jane Sithole: 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Die Mpumalanga-tak van die International Police Association (IPA) is weer aktief en gen. maj. Nico Gerber, die hoof van die Valke in die provinsie, nooi almal wat tans of voorheen in wetstoepassing gewerk het, om by hulle aan te sluit en uitreikwerk in die gemeenskap te doen.

View Details

Danika van Deventer, Miss Junior SA 2023, neem al sedert sy drie jaar oud is aan skoonheidskompetisies deel. Op Internationale Kompetisiedag gister het sy van die geheime van die bedryf met die Skedaddle-span gedeel.

View Details

Action SA het die aanvalle op en dreigemente teen gesondheidsorgwerkers by Themba-hospitaal in Kabokweni veroordeel. 'n Groep mense wat na bewering kontrakte met die hospitaal eis, het die afgelope weke personeellede gedreig en selfs aangerand. Die Premier van Mpumalanga, Refilwe Mtshweni-Tsipane, besoek vandag die hospitaal. Die provinsiale leier van ActionSA, Thoko Mashiane, sê hulle het aan die LUR vir Gemeenskapsveiligheid, Vusi Shongwe, geskryf om te vra dat polisie ontplooi word. Sy sê die veiligheid van mediese personeel moet geprioritiseer word. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

National Debt Advisers sê Suid-Afrikaanse vroue raak al dieper in die skuld – teenoor mans – en dit is deels te wyte aan die geslagsloongaping. Dehan Scherman van National Debt Advisers sê Statistieke SA beraam dit op ongeveer gemiddeld 30%.

View Details

Glaudia Maulgue het na 'n Covid-verwante aflegging ontwerperswater begin verkoop. Intussen het Gin-ilicious die produkaanbieding aansienlik uitgebrei. Sy sê entrepreneurs moet vasbyt en aanhou glo in hul produk.

View Details

Die polisie in Tonga ondersoek ‘n moord- en -roofsaak na ‘n 35-jarige raadslid in Nkomazi-munisipaliteit gisteraand vermoor is. Volgens die woordvoerder van die polisie in Mpumalanga, Kolonel Donald Mdhluli, het vier verdagtes Thabo Ngwenya se huis in Mangweni naby Komatipoort binnegestorm. Hy is twee keer geskiet en sy vrou is aangerand. Die verdagtes het met hul selfone en Toyota GD-6-bakkie gevlug. Ngwenya is by die hospitaal weens sy beserings dood. Mdhluli sê die motief vir die skietery is tans onbekend. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

April is bewusmakingsmaand vir outismespektrum-versteuring (OSV). Sania Lemmer is 'n Laeveldse ouer met vier kinders op die spektrum. Sy is ook 'n onderwyser en intervensie-koördineerder wat ouers bystaan.

View Details

Die DA in Mpumalanga eis dat relevante beamptes van die provinsiale Departement van Menslike Nedersettings geskors en ondersoek word weens die beweerde oorbetaling vir watertenks. Volgens Jane Sithole, die DA se provinsiale leier, is daar volgens die Spesiale Ondersoek Eenheid bevind dat 5-komma-7-miljoen-Rand en 8-komma-9-miljoen-Rand spandeer is aan watertenks wat tussen 625-duisend- en 1-komma-250-miljoen-Rand werd is. Sithole sê verlede jaar is ‘n leerling dood toe een van die tanks ineengestort het, en die kontrakteur word deur die polisie ondersoek. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

FlySafair het vandag met direkte vlugte tussen Mbombela en Kaapstad begin. Dit is die eerste keer dat dié lugredery vandaf die Kruger Mpumalanga Internasionale Lughawe vlieg. Die provinsiale regering was vanoggend by om amptelik die historiese roete bekend te stel. Die premier van Mpumalanga, Refilwe Mtshweni-Tsipane sê dit sal ‘n groot bydrae lewer om Mpumalanga as ‘n toerisme-aantreklikheid te bevorder. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Vandag is Wêreld Outismedag en die hele maand word daaraan gewy om bewusmaking te kweek oor outismespektrum-versteuring (OSV). Die Indigo Smiles Autism Foundation (ISAF) is betrokke by twee groot geleenthede wat dit vier en hulp bied volgende week in die Laeveld. Stigter Cindy Coetzee vertel meer.

View Details

Cartoon Eddie raak nou 'n bekende gesig en instelling by die Laeveld se Sondagmarkte, waar hy karikature van gesinne, mense en soms hul honde teken.

View Details

Die 11-jarige Miané van der Merwe van Barberton het haar eie sakeonderneming: Sy maak die oulikste poppies. Sy gesels met Amanda oor haar liefde vir naaldwerk.

View Details

Vier mense is gistermiddag in ‘n botsing dood op die R23 tussen Standerton en Perdekop. Die woordvoerder van die Departement van Gemeenskapsveiligheid in Mpumalanga, Moeti Mmusi, sê ‘n vragmotor en sedan het trompop gebots. Ongeveer 130 voertuie is sedert die begin van die naweek in die provinsie geskut. Agt motoriste is vir dronkbestuur in hegtenis geneem. Mmusi sê die oorsaak van die botsing word ondersoek. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Die plaaslike sangeres, BIA, het haar jongste enkelsnit en musiekvideo vir "Vlekkie in my nekkie" op 100.5FM kom bekendstel.

View Details

Die Airlink Pumas speel vandag hul eerste tuis wedstryd in die SA Beker-toernooi wanneer hulle die gashere is vir die Oostelike Provinsie. Die pienktruie het verlede week hul veldtog met 'n oorwinning van 43-22 oor die SWD Arende in George begin. Die Pumas se wedstryd vanmiddag by Mbombela-stadion skop om 5-uur af. Hoofafrigter, Jimmy Stonehouse, sê die toernooi is vir hulle voorbereiding vir die Currie Beker later vanjaar.

View Details

Daar is te veel diere in Marloth Park, maar hopelik vind hulle eersdaags 'n oplossing om hulle uit te dun wat nie die uitskiet van diere in hierdie residensiële area behels nie. Cindy Benson van die belastingbetalersvereniging sê hulle baklei al agt jaar lank met die plaaslike owerheid, Nkomazi-munisipaliteit.

View Details

Bertus de Bruyn het sy kennis oor teater en toneelspel met die Skedaddle-span kom deel op Internationale Teaterdag wat gister gevier is.

View Details

Die DA in Mpumalanga sê die premier, Refilwe Mtsweni-Tsipane, het weereens nie haar belofte oor werkskepping gestand gedoen nie. Volgens Bosman Grobler is ‘n teiken van 99-duisend werksgeleenthede daargestel om die 48-komma-1-persent werkloosheidsyfer in die provinsie aan te spreek. Hy sê slegs die departemente van Gemeenskapsveiligheid en Samewerkende Regering kon hul doelwitte haal. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Die DA het vanoggend by die Carolina-polisiestasie kriminele klagte gelê teen die burgemeester, Daniel Nkosi, en die stadsbestuurder, Ephraim Thabethe, van Chief Albert Luthuli-munisipaliteit vir oortreding van die Waterwet. Volgens die party gaan dit oor jarelange besoedeling van waterbronne met mynsuur in Silobela informele nedersetting, selfs na ‘n hof in 2012 beveel het dat hulle die probleem moet aanspreek. Die provinsiale leier, Jane Sithole, sê onlangs het rioolstortings verder tot die probleem bygedra. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Wilma en Carel van Zyl het HandGebrandt begin as 'n blote stokperdjie. Mettertyd het hulle die sprong na markte gewaag en vandag is dit 'n suksesvolle tweede inkomstestroom.

View Details

’n Kampeerdery in die Kgalagadi-oorgrenspark het vroeër vandeesmaand ’n angswekkende beproewing vir die Kaapse egpaar, Gavin and Jill Allderman, geword toe ’n uitgehongerde luiperd hulle in die nag aangeval het. Dit is 'n storie wat jou hare laat rys.

View Details

Die werke van top kunstenaars van regoor die land word hierdie naweek ten toon gestel tydens 'n spesiale kunsuitstalling in Marloth Park. Gavin Choni, van die kunshandelaars The Gavin Project, vertel meer.

View Details

Kayla Blockley en Howard Rodgerson van Ruggedwear gesels met Skedaddle oor wat wenresep vir klerevervaardiging.

View Details

Ons sien daagliks hoe onbeskof ander bestuurders op die pad kan wees. Amanda vind uit hoe luisteraars sulke buffels hanteer. Radio Laeveld

View Details

Hennie's het oopgemaak in Nellies met Marius Nel agter die stuur. Neels is dankbaar, en Andri hoor mense staan behoorlik tou om dié atmosferiese plek te ervaar.

View Details

Die komende Paasnaweek is die besigste tyd van die jaar op die N4 tussen Mpumalanga, Gauteng en Mosambiek. TRAC waarsku motoriste om hoë verkeersvolumes te verwag en hul reistye daarvolgens te beplan. Volgens Solange Soares, die kommunikasiebestuurder vir TRAC N4, verwag die besigste tye sal heeldag Donderdag, Vrydagoggend en Maandag 1 April wees. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Jy kan heeltemal binne die wet die belasting wat jy moet betaal, verminder. Die belastingkenner, Roger Eskinazi, deel hoe.

View Details

Die polisie in Mpumalanga soek na verdagtes wat ‘n man se hande afgekap het. Die 30-jarige het oorleef en word in die hospitaal behandel. Volgens die polisie het hy vroeg Woensdagoggend op die Kroomdraai-pad in Vosman naby Witbank gestap toe sowat ses verdagtes in ‘n groen Opel Corsa-bakkie verskyn, en hom in die voertuig in forseer het. Hulle het in ‘n bebosde gebied sy hande afgekap en daarmee gevlug. Volgens die provinsiale polisiewoordvoerder, Kolonel Donald Mdluli, is die slagoffer deur sekerheidswagte gered. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Marilize van Veen, 'n bekfluitjiespeler, het onlangs Suid-Afrika verteenwoordig by die South African Championship of Performing Arts in die VSA en het met sewe silwer- en twee bronsmedaljes huis toe gekom.

View Details

Denise Smith sê kliënte verras haar elke dag met hul keuses van watter egte katoen babaklere hulle by haar koop. Sy vertel hoe Cotton Lily ontwikkel het tot spesialiseer in babaklere en watter rol haar eie dogters speel in die ontwerpproses.

View Details

Duncan McKenzie was saam met Hugh Chittenden en Ian Whyte verantwoordelik vir die opdatering van die 2019 Roberts Bird Guide. Dié tweede uitgawe is reeds op winkelrakke en spog met ‘n uitgebreide fokus op die voëls van die Krugerwildtuin en Laeveld. Hy gesels met Sonop Ontbyt. Radio Laeveld

View Details

Die Ride for a Child-motorfietsryers kon tydens die onlangse vyfde aflewering hiervan daarin slaag om 'n wêreldrekord op te stel met 2 616 motorfietse wat in tandem gery het ten bate van liefdadigheid.

View Details

René Rudder het eers uit haar werk as verkoopsverteenwoordiger bedank, en toe naaldwerklesse gekry om All Wrapped Up in 2022 te begin. Sy vertel van hierdie geloofsprong.

View Details

‘n 32-jarige verdagte is aangekeer in verband met die moord op ‘n polisiekaptein, Sibusiso Mthombothi, in Kanyamazane. Mthombothi was op 13 Januarie van diens af toe hy sy private voertuig na ‘n karwassery geneem het. Die verdagte, wat na bewering ‘n veroordeelde moordenaar is, het glo teen hom vasgery en ‘n argument het ontstaan. Mthombothi is geskiet. Die verdagte is vroeg vanoggend tydens ‘n multi-dissiplinêre operasie in Kabokweni gearresteer. Polisiewoordvoerder, Kolonel Donald Mdhluli: 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Daar bestaan 'n groot kwelling oor vragmotors wat paaie in klein dorpies verwoes, veral die wat op pad is na Lebombo-grens toe en so ry om voor in die ry te probeer indruk. Linda Grimbeek, die operasionele beampte van die KLCBT, sê hulle veroorsaak nie net 'n opeenhoping nie, maar is ook 'n gevaar vir inwoners. Verder is daar nie genoeg verkeersbeamptes om elke voertuig wat nie nommerplate het nie, om spoedkameras te ontduik, af te trek en te beboet nie. Daarvoor het die sakekamer private befondsing bekom om vredesbeamptes aan te stel. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Dit was die afgelope weke bitterlik warm en 'n stukkie koelte is dan baie welkom. Dit het Amanda genoop om uit te vind wat luisteraars se gunsteling-boom is. Radio Laeveld

View Details

Daar mag uitdagings wees in SA wat veral toerisme-operateurs hoofbrekens gee, maar daar is ook legio geleenthede. Besoekersvlakke is ook besig om te herstel na vlakke voor die pandemie. Tijan Oberholzer, direkteur van Touch Down, sê plaaslike toerisme-operateurs moet fokus op die plaaslike mark, en buitelandse besoekers beskou as die room bo-op, om te verseker hulle bereik kapasiteit.

View Details

Die DA in Govan Mbeki-munisipaliteit gaan die Menseregtekommissie vra om in te gryp by die voortslepende waterkrisis in die area. Rand Water beweer dat dié munisipaliteit saam met Victor Khanye hom sowat een-miljard-Rand skuld. Volgens die DA-raadslid, Desire Krantz, betaal die plaaslike owerheid nie hul skuld aan die waterverskaffer nie en gevolglik sit hele gemeenskappe sonder water. Krantz voer aan hulle word nie eens deur tenks van water voorsien nie en moet hulle water privaat koop. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Die vereniging van mense met gestremdhede (APD) in Mpumalanga het 'n interessante program van stapel gestuur waarvolgens lede kunsvlyt leer doen. Thulakahle. Khumalo gesels met Sonop Ontbyt.

View Details

Die verhoor van die voormalige Krugerwildtuin-veldwagter, Rodney Landela, en voormalige staatsveearts, Kenneth Motshotso, op stropingverwante klagte begin vandag in die Skukuza-landdroshof. Hulle is in 2016 naby die vars karkas van ‘n renoster aangekeer. Die woordvoerder van die wildtuin, Ike Phaahla, het ook SANParke se vreugde gedeel met ‘n vonnis van 17 jaar wat aan Mbongeni Ngobeni vir renosterstropery opgelê is. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Ilse Combrink is nie net die maatskaplike werker by Laerskool Laeveld nie, smiddae het sy 'n private praktyk waar sy spesialiseer in forensiese ondersoeke.

View Details

Past. Leanie Erasmus van Communio Kerk in Mbombela behandel die week 2 Korintiërs 2. Radio Laeveld

View Details

Past. Leanie Erasmus van Communio Kerk in Mbombela behandel die week 2 Korintiërs 2. Radio Laeveld

View Details

Past. Leanie Erasmus van Communio Kerk in Mbombela behandel die week 2 Korintiërs 2. Radio Laeveld

View Details

Past. Leanie Erasmus van Communio Kerk in Mbombela behandel die week 2 Korintiërs 2. Radio Laeveld

View Details

Past. Leanie Erasmus van Communio Kerk in Mbombela behandel die week 2 Korintiërs 2. Radio Laeveld

View Details

Die Jimmy Stonehouse 10's vind môre by Hoërskool Bergvlam plaas. Sam Sikiwe verduidelik vir Sonop Ontbyt wat 10 aan 'n kant rugby behels.

View Details

12de Danie Rossouw-rugbyweek vind vanaf 21 Maart by Hoërskool Rob Ferreira in Witrivier plaas. Nico Bekker vertel alles.

View Details

Mense moenie die belangrikheid van die gesonde funksionering van hul niere onderskat nie, sê Mariska Player van White River Dialysis.

View Details

Die Mbombela Tennis Ope vind eersdaags plaas. Zakhele Nkosi vertel vir Skedaddle wat dit alles behels.

View Details

Monique Grib van Miqsy Creations was sedert haar eerste kennismaking met Polymer-klei vasbeslote om haar kuns in 'n suksesvolle onderneming te omskep.

View Details

Die VF Plus het verskeie voorstelle aan die Mpumalanga-wetgewer voorgelê om die kommerwekkende toename in ontvoerings hok te probeer slaan. Die provinsiale partyleier, Werner Weber, sê dit is onbestrede aanvaar. Die voorstelle sluit in intelligensie en doelgerigte optrede om sindikate aan bande te lê. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Die DA is bekommerd dat die Agentskap vir Ekonomiese Groei in Mpumalanga beplan om die Varsproduktemark oor te dra aan ‘n private konsortium wat teen betaling die mark sal bestuur. Bosman Grobler van die DA sê MEGA se derde kwartaallikse verslag laat dit so voorkom en hulle het gister in die wetgewer vrae hieroor aan die LUR vir finansies, ekonomiese ontwikkeling en toerisme, Nompumeleleo Hlophe, gestel. Sy het aangedui sy sal binne sewe dae skriftelik daarop reageer. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Die DA in Mpumalanga het sy kommer uitgespreek oor die onduidelikheid rakende wie die grond besit waarop die Agentskap vir Ekonomiese Groei in Mpumalanga (MEGA) die Varsproduktemark bou. Bosman Grobler sê die entiteit se derde kwartaallikse verslag laat dit voorkom asof hulle beplan om dit oor te dra aan ‘n private konsortium wat teen betaling die mark sal bestuur. Die DA het gister in die wetgewer vrae hieroor aan die LUR vir finansies, ekonomiese ontwikkeling en toerisme, Nompumeleleo Hlophe, gestel. Sy het aangedui sy sal binne sewe dae skriftelik daarop reageer.

View Details

Dinsdag 19 Maart hou Laerskool Laeveld weer hul jaarlikse, gewilde pretloop om die kwartaal mee af te sluit. Cornelia Janse van Rensburg en Anzel Beattie gesels met Skedaddle.

View Details

Cindy Hart-Dorfling het in toerisme gewerk voor die grendeltydperk haar genoop het om die "Kaftan Lady" te word. Sy vertel meer oor Earthly Collection.

View Details

SA Rugby Legends: Don Smith gesels met Sonop Ontbyt.

View Details

SA Rugby Legends: Die oud-Springbok Mark Andrews gesels met Sonop Ontbyt.

View Details

Die ANC-regering in Mpumalanga het weereens ‘n versoek van die VF Plus om leefstyloudits op provinsiale en munisipale staatsamptenare uit te voer in die plaaslike wetgewer geweier. Volgens die provinsiale partyleier, Werner Weber, het die mosie gevolg na die burgemeester van Nkomazi-munisipaliteit, Phindile Magagula, daarvan beskuldig is dat sy na bewering ‘n begunstigde is van onwettig gekoppelde elektrisiteit by een van haar huise in die Aniva-woonbuurt. Hy sê ‘n ander opposisieparty het na bewering reeds twee strafregtelike klagte teen haar ingedien. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Leshego Diloane, 'n maatskaplike werker by die SAVF Kinderbeskermingseenheid in Mbombela, sê ouers behoort eintlik opleiding te ontvang in hoe om kinders groot te maak.

View Details

Candy Benson het haar nuwe liedjie, "Hier en nou" met die Skedaddle-span kom deel.

View Details

Daar is baie onsekerheid in die wêreld tans, en Henri Pieters van Stabilis verwag nie dat die Suid-Afrikaanse ekonomie voor die einde van die jaar 'n oplewing sal sien nie. Tog is daar saam met die risiko baie geleenthede. Hy raai sake-eienaars aan om seker te maak hul diens en produk is die beste wat dit kan wees, om te oorleef. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

SANParke en die Mpumalanga Toerisme- en Parke-agentskap beplan om die heining tussen Matsulu en die Krugerwildtuin te herstel, in 'n poging om konflik tussen mense en wilde diere te bekamp. Dit volg na verskeie berigte van olifante vanuit die wildtuin wat in dié gemeenskappe amok saai. ‘n Olifant moes in Februarie van kant gemaak word. Die woordvoerder van die Krugerwildtuin, Ike Phaahla, sê konstruksie behoort in April te begin en sal agt maande duur. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Tenbosch Mining het hul aansoek om steenkool in die Krugerwildtuin te myn - wat hulle na bewering in 2022 terug getrek het - heringestel. Ons gesels met Lambert de Klerk, hoof van omgewingsake by AfriForum.

View Details

Die UXI Pumas Rugbyinstituut is nou in sy vierde jaar en groei met rasse skrede.
Hulle het vanjaar ook hul eerste vrou in die program verwelkom.
Morné Booyens, die operasionele bestuurder, gesels met Skedaddle.

View Details

Die polisie het hul versekering gegee dat die ondersoek na die dood van ‘n huiswerker in Secunda die hoogste aandag geniet. Volgens die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, Kolonel Donald Mdhluli, is die 65-jarige Tryphinah Elizabeth Mngomezulu na vermoede verskeur deur ses honde terwyl haar werkgewers uitstedig was. Sy is Saterdag dood gevind by die huis waar sy gewerk het. Die honde is in oorleg met die DBV van kant gemaak. ‘n Span ondersoekers is aangestel. Die ondersoek duur voort. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Gospel-sanger Dewald Gouws is in die Laeveld vir optredes. Hy het by Amanda kom inloer en gesels oor sy jongste CD, "Staan op" wat pas vrygestel is.

View Details

Die SANBS beoog om hierdie week landwyd 15 000 eenhede bloed in te samel ter voorbereiding van die April-vakansie. Palesa Mazibuko, toesighouer by SANBS Nelspruit, sê hulle hou Saterdag by die skenkersentrum by Grove 'n groot bloedskenk-veldtog. 100.5FM gaan ook daar wees.

View Details

Lize Leonard het op die skepe haar passie vir fotografie verloor, maar dit later teruggekry toe sy baba's en kinders en gesinner begin afneem het. Sy deel die waardevolle lesse wat Little Miracles Photography haar geleer het.

View Details

Vanessa Sevenster het vandeesweek begin om 2 Korintiërs te behandel in Familie Bybelstudie. Radio Laeveld

View Details

Vanessa Sevenster het vandeesweek begin om 2 Korintiërs te behandel in Familie Bybelstudie. Radio Laeveld

View Details

Vanessa Sevenster het vandeesweek begin om 2 Korintiërs te behandel in Familie Bybelstudie. Radio Laeveld

View Details

Vanessa Sevenster het vandeesweek begin om 2 Korintiërs te behandel in Familie Bybelstudie. Radio Laeveld

View Details

Magriet en Dietmar Frey van die Petra-instituut het die week Familie Bybelstudie aangebied oor 1 Korintiërs 16. Radio Laeveld

View Details

Vanessa Sevenster het vandeesweek begin om 2 Korintiërs te behandel in Familie Bybelstudie. Radio Laeveld

View Details

Magriet en Dietmar Frey van die Petra-instituut het die week Familie Bybelstudie aangebied oor 1 Korintiërs 16. Radio Laeveld

View Details

Magriet en Dietmar Frey van die Petra-instituut het die week Familie Bybelstudie aangebied oor 1 Korintiërs 16. Radio Laeveld

View Details

Magriet en Dietmar Frey van die Petra-instituut het die week Familie Bybelstudie aangebied oor 1 Korintiërs 16. Radio Laeveld

View Details

Magriet en Dietmar Frey van die Petra-instituut het die week Familie Bybelstudie aangebied oor 1 Korintiërs 16. Radio Laeveld

View Details

Die DA het vandag in Ermelo ‘n vreedsame optog gehou teen swak dienslewering deur Msukaligwa-munisipaliteit. Die party se provinsiale leier, Jane Sithole, sê die besoedeling van water wat aan inwoners voorsien word, was bo-aan die agenda. ‘n Memorandum met hul griewe is aan die Speaker oorhandig. Hulle het die ANC-administrasie 14 werksdae gegee om dit aan te spreek. Volgens Sithole sal hulle andersins betogings intensifiseer. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

'n Petroljoggie wat eersgister aangekeer is vir oortreding van die Wet op Kubermisdaad verskyn Vrydag weer in die hof. Sfiso Masuku is by die Ultra City N4 Middelburg deur die Valke gearresteer na ‘n interne ondersoek deur Absa en FNB op ‘n kaartlees-toestel tussen die joggies gedui het. Masuku is na bewering in besit daarvan gevind. Hy het vandag in die Middelburg-streekshof verskyn. Die woordvoerder van die Valke in Mpumalanga, Kaptein Dineo Sekgotodi, sê die potensiële verlies wat gely is, word op sowat 400-duisend-Rand bereken. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Johan Lerm is Die Groenteboer. Hy maak al sedert die Covid-pandemie in 2020 chilliesouse uit die boonste rakke. Jy sal hom by haas enige mark in die Laeveld vind. Kom proe.

View Details

19 mense verskyn Vrydag weer in die Middelburg-streekshof vir beweerde mensehandel en oortreding van die Wet op Immigrasie. Volgens die Valke is 17 jong Ethiopiese mans en twee Suid-Afrikaanse burgers verlede Woensdag op die N11 tussen Groblersdal en Middelburg gearresteer. Die woordvoerder van die Valke in Mpumalanga, Kaptein Dineo Sekgotodi, sê hulle was op pad na Midrand. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Verlede jaar het die seekoeie saam musiekgemaak tydens 'n klassieke konsert ten bate van die Ereveldwagters. Linda Pieters, van die SANParke Ereveldwagters, en Sandra Jacobs van Innibos gesels met Sonop Ontbyt oor die "Classics in the Wild"-konsert wat hulle vanjaar beplan. "Dit is vir Innibos wonderlik om vir 'n slag werklik iets in die bos te doen." Radio Laeveld

View Details

Die DA in Thaba Chweu moedig die burgemeester, Friddah Nkadimeng, aan om gehoor te gee aan die griewe van inwoners wat vandag met protestoptrede alle dienslewering in Sabie lamgelê het. Raadslid Marvn Pillay sê die munisipale kantore is deur protesteerders van Nkamini and Simile gesluit na hulle ‘n memorandum van eise oorhandig het. Water- en elektrisiteitsvoorsiening blyk hul grootste eise te wees. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Onthou jy nog "Nommer Asseblief"? 'n Paar luisteraars dink steeds met genoegdoening daaraan terug. Radio Laeveld

View Details

Die Mpumalanga Departement van Gemeenskapsveiligheid moedig taverne-eienaars aan om hul sekuriteit op te skerp. Dít na verskeie noodlottige skietvoorvalle by tavernes in die provinsie die afgelope ruk plaasgevind het. In die jongste voorval is drie mense Sondag by ‘n taverne in Tweefontein doodgeskiet. Die LUR, Vusi Shongwe, sê eienaars moet met gemeenskapslede en die polisie saamwerk om hul kuierplekke te beveilig. Sy woordvoerder, Moeti Musi: 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Dr. Tros Bekker, ‘n algemene praktisyn van Pretoria, is al beboet oor sy uitlatings oor die “scam-demie”, maar hou aan waarsku teen wat hy beskou as die gevare van inentings.
Hy het met Sonop Ontbyt gesels oor waarop hy hierdie siening grond.

View Details

'n Gedenkdiens vir drie onderwysers wat Woensdag in 'n botsing op die N4 dood is, word môre in Matsulu gehou. Thembinkosi Nkosi, Kholwani Sibisi en Nickson Toga het Wiskunde en Wetenskap by Tikhontele en Masitakhe Sekondêre Skole in Matsulu aangebied en was op pad terug van 'n opleidingsessie in Emalahleni ten tyde van die ongeluk. Volgens ‘n woordvoerder van die Mpumalanga Onderwysdepartement, Gerald Sambo, sal die LUR, die burgemeesters van Mbombela en Ehlanzeni, sowel as die provinsiale voorsitter van Sadtu die diens bywoon. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Lianda Wells wou al van haar kinderdae 'n prokureur word en het heel toevallig by aktes opgeëindig. Sy raai enigiemand wat ook 'n prokureur wil word, om 'n bietjie tyd by 'n regsfirma te spandeer. Luister weer hier.

View Details

Roman's Pizza Nelspruit is vanjaar die borg van Sonop Ontbyt se kosblikkieprojek. Jaco en Ronel Uys gaan hand bysit deur elke Woensdag in Maart aan die 40 kinders by Laerskool Bergland pizza te skenk.

View Details

Die polisie in Mpumalanga waarsku teen sogenaamde blouligbendes wat hulself as wetstoepassers voordoen om motoriste of vragmotorbestuurders te beroof en selfs te ontvoer. Hulle sê dat werklike wetstoepassers jou sal toelaat om tot by ‘n veilige plek te ry om af te trek, as hulle jou stop. Hulle vra ook dat motoriste dit aanmeld wanneer hulle verdagte konfrontasies op die provinsie se paaie sien gebeur. ‘n Polisiewoordvoerder, Kaptein Magonseni Nkosi, waarsku motoriste om veral op die N2, N3, N4, N11 en N17 versigtig te wees. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Doctor Khumalo skilder in gemengde medium. Hy kan vir jou enigiets verf wat jy vir jou huis of kantoor verlang. Jy sal hom toevallig op 'n straathoek aantref besig om te werk, maar jy kan hom ook direk kontek. Gaan kyk na sy werk by DoctorTizaKhumalo op Instagram.

View Details

Die polisie in Mpumalanga waarsku teen sogenaamde blouligbendes wat hulself as wetstoepassers voordoen om motoriste of vragmotorbestuurders te beroof en selfs te ontvoer. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Na die sukses van Kuns Inni Liedjiebos by Innibos verlede jaar het die komponis, Lizanne Barnard, besluit om dit 'n langtermynprojek te maak. Sy versoek oorspronklike gedigte van die publiek wat sy in liedere sal omskep en een keer 'n maand opvoer by 'n digterlike aand.

View Details

Club 21-leersentrum vir mense met downsindroom het in Januarie 'n skool in Mbombela geopen vir kinders met downsindroom. Amanda Fourie, hoof van Club 21, gesels met Skedaddle oor hul vordering.

View Details

‘n Vermeende verkragter is aangekeer na hy Sondagaand ‘n 27-jarige vrou in Machadodorp aangeval het. Volgens die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, Kaptein Magonseni Nkosi, is sy ten aanskoue van drie mans deur ‘n ander oorval en by bosse ingesleep. Hulle het versuim om in te tree. Die 26-jarige verdagte is Dinsdag by sy werksplek aangekeer. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Leandré Coetzer, die bestuurder van Safari Country Nelspruit, is 'n buitelugmens. Met visvang het sy grootgeword, maar sy het verlede jaar vir die eerste keer gejag.

View Details

Landbou kan 'n positiewe impak hê op die bos, mits dit reg bestuur word. So sê landboukundige, Jacques Landman.

View Details

Leandri Bester wil met Princess to Queen meisies help om die matriekafskeid te hê wat hulle dalk nie kan bekostig nie. Dit het haar laat besef jong vroue wat die grootmenswêreld betree benodig ook 'n paar basiese vaardighede.

View Details

Die pediatriese brandeenheid by Rob Ferreira-hospitaal word vanaf volgende week opgeknap. Dr. Elliot Motloung lei dié inisiatief. Hy gesels met Skedaddle, wat self gaan hand bysit Maandag.

View Details

Twee onderwysers is gistermiddag dood on ‘n trompop-botsing op die N4 buite Mbombela. Volgens Emer-G-Med het 'n ligte afleweringsvoertuig en sedan omstreeks 20-oor-3 tussen Eric's Stalls en Rivulets teen mekaar vasgery. Vyf mense is beseer. ‘n Woordvoerder van die Mpumalanga Onderwysdepartement, Gerald Sambo, sê die onderwysers was op pad terug van 'n opleidingsessie by die Emalahleni Wiskunde, Wetenskap en Tegnologie Akademie. Die LUR, Bonakele Majuba, sal die families van die oorledenes vandag besoek. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Nina Brand, oorspronklik van die Laeveld, maak opgang in die musiekbedryf.
Die voormalige leerling van Penryn gesels met Skedaddle oor haar jongste enkelsnit, "Ruined Love for Me".

View Details

Mariëtte Jordaan en Delene de Lange het met ander vroue hande geneem en met die WSW (Women Supporting Women)-veldtog volgende maand beoog hulle om vroue te help om hulself te bemagtig.

View Details

Die Mpumalanga Departement van Onderwys hou vanaf môre 'n twee dae lange Indaba oor gestremdheid in Mbombela plaaslike munisipaliteit. Die LUR vir Onderwys, Bonakele Majuba, tesame met die leierskap van verskillende organisasies wat mense met gestremdhede verteenwoordig, sal teenwoordig wees om vordering met die ondersteuning van leerlinge met gestremdhede te monitor. ‘n Woordvoerder van die departement, Gerald Sambo, sê die behoefte aan meer ondersteuning vir gesinne van kinders met gestremdhede is boaan die agenda. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Die Mpumalanga regering het sy medelye betuig aan die familie van wyle prins Mangosuthu Buthelezi. Die stigtingsleier van die Inkatha Vryheidsparty en tradisionele eerste minister van die Zulu-koning en -volk, is Saterdagoggend in die ouderdom van 95 oorlede. Sy begrafnisdiens vind Vrydag plaas. Die KwaZulu-Natal Provinsiale Regering sê Buthelezi se familie het 'n markiestent by die ingang tot sy woning opgerig, waar daar in aanloop tot die begrafnis elke middag 'n diens gehou sal word. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Die polisie in Komatipoort het vier mans vir ondervraging ingeneem ná meer as 32-duisend liter diesel gesteel is vanaf 'n vragmotor wat Donderdagaand in Hectorspruit gekaap is. Volgens die polisie het die bestuurder by 'n vulstasie op die N4 gestop. Met sy terugkeer van ‘n kiosk is hy deur drie gewapende mans met 'n vuurwapen aangehou en aangerand. Hulle het die vragmotor, gelaai met diesel, naby Komatipoort agtergelaat na hulle die diesel afgetap het. Oplettende polisiebeamptes het JoJo-tenks langs die N4 in Hectorspruit opgemerk en by ondersoek bepaal hulle bevat diesel. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

‘n 36-jarige vrou is Woensdagoggend in die middestad van Mbombela doodgeskiet. Volgens die polisiewoordvoerder, Kolonel Donald Mdhluli, was sy op pad werk toe, toe iemand in ‘n wit Isuzu-bakkie verbygery en haar geskiet het. ‘n 33-jarige man is gisteraand in Louw’s Creek in verband met die moord in hegtenis geneem. Hy behoort Maandag in die hof te verskyn. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

'n Gru-ongeluk op die N4 Schoemanskloof het vanoggend 'n vragmotorbestuurder se arm geëis. Volgens ‘n woordvoerder van Emer-G-Med, Kyle van Reenen, het twee vragmotors teen mekaar gebots. Een het omgekeer en die pad versper. Die bestuurder is kritiek beseer. Sy regterarm is tydens die ongeluk geamputeer. Hy is per helikopter na ‘n gespesialiseerde mediese eenheid geneem vir verdere behandeling. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Drie verdagtes verskyn vandag in die Emalahleni-landdroshof vir die besit van 'n na bewering gekaapte voertuig. Hulle is Dinsdag aangekeer toe hulle ‘n wit dubbelkajuit Toyota Hilux-bakkie - wat verlede November in Gauteng gekaap is - op die perseel van ‘n polisiestasie geparkeer het. Hulle het in die bakkie bly sit en toe ‘n beampte hul nader het die bestuurder weggehardloop. Die twee passasiers is gearresteer. Volgens polisiewoordvoerder, Kolonel Donald Mdluli, het die bestuurder later teruggekom om die bakkie te probeer terugvat en hy is ook in hegtenis geneem. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

’n Manlike taxibestuurder is Maandagmiddag met sowat 50 kilogram heroïen by die Lebombo-grenspos in hegtenis geneem. Volgens inligting was lede van die SAPD wat by die grens werk, besig met hul normale roetine-pligte toe hulle 'n sekere Toyota Quantum-minibus met Noordwes-registrasienommerplate voorgekeer het. Die Mpumalanga polisiewoordvoerder, Kolonel Donald Mdluli, sê polisielede het die poeier getoets om vas te stel wat hulle ontdek het voordat hulle die bestuurder gearresteer het vir beweerde handel in dwelms. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Die DA in Mpumalanga waarsku inwoners van Sabie oor die moontlikheid en risiko van waterdraende siektes aangesien hul vars water erg besmet is met E-coli en fekale koliforme bakterieë. Volgens die DA-parlementslid, Sonja Boshoff, is dit onthul in 'n verslag van onafhanklike toetse wat in samewerking met die sakekamer en ander belanghebbendes gedoen is. Die E-coli-bevindings is by die munisipaliteit aangemeld, maar hulle het nog niks daaraan gedoen nie. Sy sê die DA sal die Menseregtekommissie nader as daar nie binne sewe dae daadwerklik opgetree word nie. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Die DA in Mpumalanga doen ’n beroep op die provinsiale departement van gesondheid om dissiplinêre maatreëls in te stel vir gesondheidswerkers wat die departement aan miljoene Rande in aanspreeklikheid blootgestel het. Volgens DA-lid, Jane Sithole, toon die jongste kwartaalverslae dat die departement meer as 83-miljoen-Rand aan voorwaardelike aanspreeklikhede weens beweerde nalatigheid van gesondheidswerkers bestee het. Die bedrae wissel van 11-duisend-Rand tot 19-miljoen-Rand per saak. Die meeste van die eise spruit uit kinders wat met serebrale komplikasies gebore is. Sithole sê gesondheidswerkers moet aanspreeklik gehou word. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Mense het oor die algemeen 'n onnodige geneigdheid om in te meng met die natuur.
"Moenie beseerde diere voer of water gee nie, hou hulle net warm en veilig en bel ons 'of 'n plaaslike veearts," sê Anneke van Schoor van Wild and Free Rehabilitasiesentrum vir wildlewe.
Sy gesels met Sonop Ontbyt. Radio Laeveld

View Details

Hoërskool Nelspruit is vanjaar op toer met twee produksies: "Kopskuif "en "My meise se ou se meisie".
Juf. Rona van Blerk vertel dat hulle by die FAK Allegretto Toneelfees waar hulle die Top 5 en semifinaal gehaal het.
Die baanbrekerswerk het die toekennings ingeryg.
Sy gesels saam met akteur Ruben Lorist en Nina Prinsloo, die skrywer van "Kopskuif", met Charles oor die ervaring.

View Details

Henrike de Wet, 'n gr. 10-leerling by Hoërskool Nelspruit, beplan om saam met haar pa, Gideon, na ses provinsies oor sewe dae met ‘n motorfiets te reis.
Dit is 'n fondsinsameling/bewusmakingsveldtog vir KANSA maar herdenk ook die lewe van haar ma, wat twee jaar gelede oorlede is aan kanker.
Hulle vertel vir Charles hoekom hulle op "Route '74" besluit het.

View Details

Dick Meintjies van Nelspruit Ford het onlangs die nasionale Voorsitterstoekenning gewen vir Verkoopsbestuurder Kategorie A.
Hy skryf die nasionale toekenning toe aan 12 jaar se harde werk - en goeie kliëntediens.
"'n Mens doen dit die altyd 100% nie, maar jy probeer," sê hy vir Sonop Ontbyt.

View Details

Toerisme is aan die toeneem en daarom word 'n groot skoonmaakaksie eersdaags in Sabie beplan.
"Bring sommer die hele dorp," sê Linda Grimbeek van die Kruger Laeveld Kamer vir Sake en Toerisme vir Robin tydens hierdie week se episode van Laeveld Ervaring. Radio Laeveld

View Details

Mbombela het hul verligtingskema vir behoeftige huishoudings bekendgestel. Dit bied hulp vir huishoudings op hul erfbelasting sowel as dienste soos vullisverwydering. Behoeftige huishoudings kwalifiseer ook om maandeliks 50 eenhede elektrisiteit gratis te kry. Cynthia Brown van Mbombela-munisipaliteit verduidelik hoe om aansoek te doen in enige van die 45 wyke in die munisipale area. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

‘n 36-jarige vrou is vanoggend by die minibustaxi-halte in die middestad van Mbombela doodgeskiet. Volgens die polisie het die voorval om ongeveeer 20-oor-vyf gebeur. Die polisiewoordvoerder, Kolonel Donald Mdhluli, sê die vrou was op pad werk toe toe mense in ‘n wit Isuzu-bakkie verbygery en haar in die bolyf geskiet het. Sy is op die toneel dood verklaar. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Lindi Botha gesels met Charles oor die duurste neute in die wêreld waarvan die Laeveld oorvlloei: makadamias.

View Details

Die Arukah Vrouekamp word op 6-8 Oktober in die Laeveld aangebied. Hannie Weiss vertel vir Charles waaroor alles gaan.

View Details

Die lente is hier en hierdie Erfenismaand bied SANParke die Suid-Afrikaanse Nasionale Parkeweek aan. Vanaf 18 tot 22 September kan Suid-Afrikaners gratis toegang tot die Krugerwildtuin verkry as dagbesoekers. Die woordvoerder van die wildtuin, ike Phaahla, sê die doel van die week is vir mense om hul natuurlike erfenis te vier en beter te leer ken. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Die Innibos Boekenaweek het aangebreek in Kaapsehoop en op die spyskaart vanaand is die Filosofiekafee.
Die stigter, Lame Ebersohn, gesels met Sonop Ontbyt oor hoe sy dit sowat 25 jaar gelede by haar koffiewnkel op Kerkplein in Pretoria begin het om aktuele sake te bespreek en gesprek aan te moedig.

View Details

Die DA in Mpumalanga sê die LUR vir onderwys, Bonakele Majuba, moet verduidelik hoekom sy departement hul Infrastruktuur-toelaag onder-spandeer. Volgens DA-lid Jane Sithole het 72 skole die afgelope jare stormskade gely. Sy sê verskeie skole in Gert Sibande en Nkangala distrikte is ook verlede week deur sterk winde beskadig. Sovêr het die departement egter slegs 18-persent van sy toelaag vir hierdie finansiële jaar spandeer met vertragings wat in alle projekte aangemeld is. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

TRAC N4 gradeer tans die pad tussen Kaalrug en Malalane-hek op, wat gister tot groot verkeersopeenhopings gelei het. Kommunikasiebestuurder, Solange Soares, sê dit word verbreed na ‘n vier-baan met ‘n nuwe duikwegbrug. Sy sê vir verg die sluiting van bane, maar om te verhoed dat verkeer soos gister weer ophoop, sal hulle voortaan - sover moontlik - alternatiewe padwerke doen asook snags werk wanneer verkeersvolumes op hul laagste is. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Die langbeplande P166-pad is goedgekeur.
Dit sal verkeer op die R40 tussen Mbombela en Witrivier verlig deur mense 'n direkte roete verby die dorpe te bied.
Linda Grimbeek van die Kruger Laeveld Kamer vir Sake en Toerisme (KLCBT) sê dit is nodig, omdat die R40 op 123% van sy kapasiteit is. Radio Laeveld

View Details

Saterdag hou die SANParke Ereveldwagters Boomplantdag by die inheemse kwekery in Skukuza. Karel de Beer gesels met Sonop Ontbyt oor die bedreiging wat indringerplante vir die Krugerwildtuin ekosisteem inhou en wat die veldwagters doen om dit te bekamp. Radio Laeveld

View Details

Apostle Peter Jones is in twee kategorieë benoem vir vanjaar se Sunrise Excellence Awards.
Dit is as inspirerende leier en gemeenskapsbouer.
Hy vertel van Amanda oor die werk wat hy doen.

View Details

Steve Hofmeyr vier vandag sy 59ste verjaarsdag.
Hy sê vir Gerhardt en Vanessa hy voel nog nie soos 'n dinosourus nie.
"Dit gebeur met almal wat hierdie pad moet stap. As jy ordentlik grootword gaan jy agterkom jy word eintlik ryker, jy omring jouself met dinge van regte waarde, jy raak ontslae van die goedters wat jou swaar maak, dit is 'n wonderlike proses, dit moet in tyd gebeur en ek hopo dit gebeur met my die volgende 30 jaar."

View Details

SANCA Laeveld sê hulle bespeur 'n verhoogde verbruik van metamfetamien (crystal meth) in die Laeveld. Marina Erasmus sê 20 jaar gelede was dit 'n Wes-Kaapse probleem.
Vandag in Suid-Afrika soek die meeste mense by rehabilitasiesentrums hulp vir dagga gevolg deur metamfetamien.

View Details

‘n 28-jarige vrou verskyn môre in die hof in Emalahleni op ‘n moordaanklag weens bewerings dat sy haar sewe-maande-oue-babadogter doodgebrand het. Volgens die polisie het die voorval Sondagoggend om ongeveer 3-uur by Vosman naby Witbank plaasgevind. Die polisiewoorvoerder, Brigadier Selvy Mohlala, sê sy het na bewering die hut met haar baba in aan die brand gesteek, na 'n hewige argument met haar man. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Die plaaslike kunstenaar, Ghost (ook bekend as Wouter de Witt) het onlangs deurgedring na die Top 10 in die Sock it to Me Internasionale kompetisie. Hy gesels met Ludi oor sy unieke, eg-Laeveldse ontwerp en hoe hy ook elders in die Laeveld op openbare spasies sy merk afdruk.

View Details

Laerskool Witrivier en Hoërskool Rob Ferreira gaan 2023 beslis met 'n knal afsluit.
Stefan van der Merwe vertel vir Charles waarna jy alles uit kan sien.

View Details

Die leerlinge van Uplands kon sedert die kaalvoetdag op 1 Augustus nagenoeg 600 pare skoene insamel vir minder bevoorregte kinders.
Ouers het nuwe skoene gekoop, en leerders kon hul skoene skenk.
Alles is aan Feed the Need geskenk om te versprei tot so vêr as gemeenskappe in Kabokweni en Malalane.
“Daar is so ‘n groot behoefte in die gemeenskap,” sê Marischa Landman en Danielle Steenkamp vir Ludi oor die projek.

View Details

Carl Munster was 'n stadseun van Johannesburg voor hy homself in die wêreld van natuurbewaring begewe het. Hy vertel vir Sonop Ontbyt oor sy reis tot hier en hoekom hy nooit weer teruggekyk het nie. Radio Laeveld

View Details

Die DA in Thaba Chweu sê die stadsraad probeer steeds mense onregmatig aanstel. Volgens raadslid, Spiridon Couvaras, het die munisipaliteit tydens ‘n spesiale raadsvergadering op 15 Augustus probeer om die vereiste oor minimum kwalifikasies en ondervinding vir senior bestuurders opsy te skuif. Dit volg na weke se betogings oor aanstellings in Thaba Chweu. Couvaras sê hulle sal ook die hoof van die Departement van Samewerkende Regering nader oor die volgehoue minagting van beleid en DIE wet. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Karin klim op 'n vliegtuig, maar daar sit iemand op "haar" sitplek. Sports volg in die beknopte spasie... Oe-ê-ê.

View Details

‘n Lid van die Witrivier-blitspatrollie word deur die polisie gesoek na twee van sy kollegas aangekeer is in verband met wapens. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Cindy Coetzee van die Indigo Smiles Autism Foundation het die uitdaging aanvaar om 15 000 pannekoeke binne 30 dae te bak - vir bewusmaking oor outisme en 'n fondsinsameling vir hierdie nie-winsgewende organisasie. Bestel joune vooraf! 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Die LUR vir onderwys, Bonakele Majuba, sit vandag sy motiveringstoer voort by skole wat verlede jaar nie ‘n 70-persent matriekslaagsyfer kon behaal nie.
Hy besoek Moses Mnisi Sekondêr in Bosbokrand om matrikulante van sewe skole aan te moedig om hul volle potensiaal tydens die eindeksamen te bereik. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Die Mpumalanga Onderwysdepartement sê hulle het die ses onderwsyers by Lamulelani High in Marite in Bosbokrand wat glo sonder betalings gewerk het, betaal wat hulle toekom. Dit volg op mediaberigte oor die tydelike onderwysers wat vir meer as ‘n jaar lank nie betaal is nie. 'n Woordvoerder, Gerald Sambo, sê die beheerliggaam het die skoolfhoof verjaag en die onderwysers aangestel sonder toestemming van die departement. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Die Sabie Vlieghengelklub kon Saterdag tydens hul Vrouemaand-hengelgeleentheid R6 000 vir KANSA Laeveld insamel. Jani Wessels, organiseerder van die klub; Nikita Pretorius, 'n KANSA-debutant by Hoëerskool Nelspruit; en hengelaar Mariette Venter kuier in die ateljee.

View Details

Die SANParke Ereveldwagters het ‘n bestaande speelarea by die inheemse kwekery in Skukuza omskep om ook ‘n interaktiewe, leersame area vir kinders te skep. Die koördineerder van die kwekery, Laetitia Fourie, sê baie besoekers aan die Krugerwildtuin is onbewus van hierdie versteekte juweel. Hulle noem dit die “BeeWise Trail”. Radio Laeveld

View Details

Die DA in Mpumalanga sê die mikrobiologiese kwaliteit van water in Mpumalanga is die swakste in die land. Dit is volgens die Bloudruppel-verslag vir 2022/23 wat in Junie vrygestel is. DA-lid Trudie Grové-Morgan sê 15 van die 17 stelsels in die provinsie word as goed tot gemiddeld beskou, maar die water in by 14 dop die kwaliteit-toets. Sy sê dit hou ‘n groot gesondheidsrisiko in en die Departement van Samewerkende Regering moet dringend ingryp. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Jaco van Eden, ‘n macadamia-boer van Witrivier, het toe die prys van dié gesogte neut deur die vloer val, innoverende planne gemaak om kompeterendte bly en neute ook aan die SA-mark beskikbaar te stel. Hy gesels met Sonop Ontbyt.

View Details

SANParke bied weer hierdie jaar September die Suid-Afrikaanse Nasionale Parkeweek aan. Dit word van 16 tot 24 September aangebied en sal hierdie jaar die 18de jaarlikse parkeweek wees. Die doel van die week is om Suid-Afrika se natuurlike, kulturele en geskiedkundige erfenis deur die nasionale parkestelsel te beskerm. Die woordvoerder van die Krugerwildtuin, Ike Phaahla, sê Suid-Afrikaners kan op weeksdae tydens die tydperk die park besoek. Dit geld 18-22 September. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Die Mpumalanga Skou beloof om vanjaar sy aanbieding van lewende hawe te verdubbel.
Hierdie drie-dag familieskou met alles van mynbou en bosbou tot landbou en gesinsvermaak keer op 31 Augustus terug na Mbombela-stadion.
Bek-en-klouseer het verlede jaar die bees-uitstalling belemmer, maar vanjaar is hulle terug, sê Lyzelle van Wyk and Len Truter.

View Details

Wat is jou tydverdrywe en stokperdjies? Amanda vind uit by 'n paar Laevelders. Radio Laeveld

View Details

'n Marathon van operasies vir vrouegesondheid is vanoggend by Witbank-hospitaal van stapel gestuur. Die LUR vir gesondheid, Sasekani Manzini, sê dit vorm deel van Vrouemaand en het ten doel om die agterstand in prosedures uit te wis. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Curro Nelspruit, die nasionale wenners van die Curro Create teater-kompetisie in 2022 is terug met 'n oorspronklike stuk: "Cyberpunks".
Die teks is deur 'n onderwyser by die skool geskryf en ondersoek die rol wat ouers toelaat tegnologie in hul kinders se lewens speel en die impak daarvan.
Kultuurorganiseerder Alta Ehrke gesels saam met Gustav Kruger en Jane van Immerzeel oor hul rolle.

View Details

Drie vermeende transitorowers het gister in die landdroshof in Malalane verskyn vir die aanval Vrydag op ‘n gepantserde wa van Fidelity. Hulle is by ‘n huis in Schoemansdal aangekeer. Volgens die woordvoerder van die Valke in Mpumalanga, Kaptein Dineo Sekgotodi, kon ‘n vierde man wat saam met hulle aangekeer is, nie met die misdaad verbind word nie. Mosa Ngwenyama, Ali Obi Ebrahim en Mfanasibili Lubisi bly in aanhouding tot 21 Augustus wanneer hulle vir borgtog kan aansoek doen. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Die Mpumalanga polisie het die moord op 'n ooggetuie in 'n moordsaak gister in Mhala veroordeel en gemeenskappe weer versoek om nie die reg in eie hande te neem nie. Die polisie was op soek na Clive Khosa omdat hulle geglo het dat hy kan help om die moord op te los van 'n vrou, wat in haar 20's geskat word, wie se liggaam op 30 Julie langs die I-H-C-Kerk in Mhala ontdek is. Die polisie-woordvoerder, Brigadier Selvy Mohlala, sê Khosa se huis en kar is Woensdag deur gemeenskapslede aan die brand gesteek. Hy is later glo uit Oakley, Culcutta deur 'n onbekende getal aanvallers ontvoer. Volgens Mohlala was hy vasgebind en erg aangerand. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Vier vermeende transitorowers is Vrydagoggend aangekeer na hulle ‘n Fidelity gepantserde voertuig naby Malelane aangeval het. Volgens die Valke was die kontantwa op pad na Tonga. ‘n C-klas Mercedes wat Dinsdagaand naby Oakley gekaap is, is gebruik om dit te stamp en hy het omgeslaan. Die aanvallers het die wa oopgeblaas, en kon 8-duisend-Rand in muntstukke buit. Die verdagtes is later by ‘n huis in Schoemansdal aangekeer waar die twee wegkom-voertuie ook teruggevind is. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Die Laeveld 4x4-klub is bedoel vir natuurliefhebbers en avontuurlustiges.
Enige fabrikaat van voertuig is welkom.
Herman en Letitia Entres en Johan Spies gesels met Sonop Ontbyt oor dié stokperdjie.

View Details

SANParke het sy medelye betuig aan die familie, vriende en kollegas van 'n senior bestuurder in die ondersoekeenheid vir omgewingsmisdade. Kobus de Wet was in Groenkloof, Pretoria gestasioneer. Hy is Saterdag in die Krugerwildtuin dood, nadat hy deur 'n seekoei bestorm is terwyl hy daar gekamp het. Die woordvoerder van die wildtuin, Ike Phaahla, sê die presiese besonderhede van die voorval is tans onduidelik en die omstandighede word ondersoek. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Die DA in Mpumalanga doen ‘n beroep op die uitvoerende beampte van die Mpumalanga Ekonomiese Groei-agentskap (MEGA), Isaac Mahlangu, om inligting te verskaf oor die werk wat gedoen is om uitstaande lenings aan die agentskap in te win. Volgens DA-lid Bosman Grobler het MEGA die Wet op Provinsiale Finansiële Bestuur oortree toe hy versuim het om die proses te implementeer om hul uitstaande skuld in te win. Grobler sê dit is kommerwekkend omdat die Ouditeur-Generaal bevind het hul finansiële verliese in 2022 was 292-miljoen-Rand. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Die operasionele bestuurder van die Kruger-Laeveld Kamer vir Sake en Toerisme (KLCBT), Linda Grimbeek, het 'n nuwe regterhand.
Jodene Erasmus is nuut aangestel.
Grimbeek sê die KLCBT se hele uitgangspunt is om toeganklik te wees, en Erasmus sal daartoe bydra. Radio Laeveld

View Details

St Peter's School het 'n splinternuwe hoof.
Zunelle De Ru vertel vir Charles dat, hoewel akademie baie belangrik is as fondasie vir leerlinge se blinker toekoms, fokus sy ook op holistiese ontwikkeling van elke kind sodat hulle hul uniekheid en talente kan ontdek.

View Details

Die stel van strikke het 'n enorme impak op die Krugerwildtuin
Die SANParke Ereveldwagters help om dit te verwyder.
Johan Willemse sê selfs predatore word vir moetie geteiken.
Hy gesels oor die strik stel patrone wat hulle in die bos waarneem. Radio Laeveld

View Details

Die Valke in Mpumalanga is op soek na 'n aangeklaagde wat versuim het om in die hof te verskyn na hy glo die Departement van Arbeid in Piet Retief bedrieg het. Volgens die woordvoerder van die Valke, Kaptein Dineo Sekgotodi, het die 40-jarige Kwena Mohlala reeds twee keer in die hof verskyn voor hy verdwyn het. Enigiemand met inligting is gevra om die ondersoekbeampte te kontak by 082-304-0147. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Timon Petterson, 'n Suid-Afrikaner wat in Mosambiek woon, het verlede jaar begin om rodeo's in Mosambiek aan te bied. Die doel is om landbou en gemeenskaplike ontwikkeling te bevorder deur bulry-toernooie. 'n Groot kompetisie skop eersdaagas, op 28 Augustus, by FACIM af. Hy gesels saam met ruiter Renaldo Pringle met die Verkas-span.

View Details

Die DA in Mpumalanga sê inwoners op geïsoleerde plase en plotte moet hul sekuriteit opskerp omdat oproepe vir die regering om toegewyde Landelike Veiligheidseenhede op die been te bring tot niks lei nie. DA-lid Jane Sithole sê hierdie jongste beroep volg na nog ‘n aanval op ‘n bejaarde vrou gisteraand buite Mbombela. Volgens Sithole is huise sagte teikens vir huisrowers en lei dit tot plaasmoorde. Sy sê te min vordering is gemaak om strategieë te implementeer om die veiligheid te verbeter van plaasbewoners. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Die Mpumalanga Blind Skills Development Hub leer mense wat gedeeltelik kan sien of heeltemal blind is vaardighede wat hulle in 'n werksplek kan bekwaam.
Dit sluit in rekenaarvaardighede asook kook en bak.
Fanie Msiza van die hub gesels saam met Zandrè Pelser van Sibinjala, 'n geleentheidsfasiliteerder vir gestremdes, met Charles in die ateljee.

View Details

Die DA in Govan Mbeki-munisipaliteit beskuldig die ANC dat hul versuim om griewe uit die gemeenskap aan te spreek gelei het tot die aanranding van die raadslid.
Volgens Encee Van Huyssteen is sy kollega Mariaan Chamberlain verlede Maandag aangerand toe woedende inwoners van Brendan Village die raadsaal bestorm het omdat daar nie aan hul griewe gehoor gegee word nie. Hy skryf dit toe aan die ANC regerende party se versuim om hul funksies op 'n deursigtige manier uit te voer.
Van Huyssteen sê hulle sal aan die Speaker geskryf om te vra dat raadslede beskerm word. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Verkies jy honde of katte of kan jy nie tussen die twee kies nie? Amanda vind uit hoekom diereliefhebbers een viervoetige kind bo 'n ander verkies. Radio Laeveld

View Details

Die eerste Innibos Boekenaweek vind van 1 tot 3 September in Kaapsehoop plaas.
Annemarie van der Walt sê liefhebbers van lees, boeke en woorde moet dit nie misloop nie.

View Details

Die groot skoonmaak aksie deur We Care for Nelspruit en die Power of 8000 was ‘n groot sukses.
Vir ses dae het spanne bosse weggesny, gras is gesny en rommel opgetel.
TJ Maré sê hulle kon in totaal 'n 1 001 swartsakke met vullis en rommel vul.
Die area vanaf die cruising na Msholozi tot verby TUT aan die suidpunt van Mbombela is gedek.
Die fokus was op die middelman, sowel as sowat ‘n meter aan weerskante van die pad.
“Daar is mense wat in Rocky Drift werk en vir my sê hulle het nie geweet daar is ‘n sement-middelman nie – dit was vir so lank so oorgroei.”
Hy sê die projek is baie goed deur die breër pulbiek ondersteun.
Hulle beplan om die nuwe skoner area voorts in stand te hou.

View Details

Die R40 vanaf Rocky Drift tot in Nelspruit lyk al heel anders sedert die We Care for Nelspruit en Power of 8000-spanne verlede week vir ses dae ingespring het om dit skoon te maak. Bosse op die middelman is weggesny, gras is gesny en rommel opgetel. TJ Maré sê hulle kon in totaal 'n duisend swartsakke vullis optel. Hy sê hulle beplan om dit voorts in stand te hou. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Bo Sabunim Dingalo en Gideon van Rooyen van Radiant Taekwondo Klub Laeveld het in die ateljee kom kuier om meer oor die gevegskuns te vertel.

View Details

Die hoof van die Valke in Mpumalanga, generaal-majoor Nico Gerber, het die multidissiplinêre operasie geloof waartydens gevaarlike wapens Vrydagoggend in ‘n huis in Phola, Masoyi gekonfiskeer is. Dit hou verband met ‘n ondersoek na ‘n reeks rooftogte wat in Hazyview uitgevoer is. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Die provinsiale hoof van die Valke in Mpumalanga, generaal-majoor Nico Gerber het die multidissiplinêre operasie geloof waartydens gevaarlike wapens Vrydagoggend in ‘n huis in Phola, Masoyi gekonfiskeer is. Volgens die woordvoerder van die Valke, Kaptein Dineo Sekgotodi, hou dit verband met ‘n ondersoek na ‘n reeks rooftogte wat in Hazyview uitgevoer is. Vier AK-47’s, 15 magasyne en 345 rondes ammunisie is in die plafon versteek gevind, sowel as ‘n verskeidenheid ploftoestelle om in transitorooftogte te gebruik en as koeëlvaste baadjies. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Die Wêreld Goudpan-kampioenskappe vind vanjaar in Mpumalanga plaas.
Dit skop Sondag in Pelgrimsrus af met die amptelike openingseremonie en 'n kompetisie vir deelnemers met gestremdhede sowel as 'n "Gold Rush" vir die publiek.
Deelnemers van 21 lande dan tot 12 Augustus meeding om as wêreldkampioene gekroon te word. Sanjay Singh, van die provinsiale departement van Sport en Ontspanning, nooi 'n ieder en elk om dit te ondersteun.

View Details

Die Wêreld Goudpan-kampioenskappe vind vanjaar in Mpumalanga plaas. Dit skop Sondag in Pelgrimsrus af met 'n amptelike openingseremonie. Die kompetisie duur tot 12 Augustus. Deelnemers van 21 lande sal meeding om as wêreldkampioene gekroon te word. Die provinsiale regering sê dit is ‘n gulde geleentheid en beloof ‘n opwindende kompetisie. Sanjay Singh, van die provinsiale departement van Sport en Ontspanning, nooi 'n ieder en elk om dit te ondersteun. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Die Greater Rape Intervention Programme staan mense by na ‘n geslagsgebaseerde aanval. Die uitvoerende beampte, Tarryn Lokotsch, sê die tipe aanvalle neem duidelik toe, met slagoffers wat jonger word. Daar is ook 'n toename in voorvalle deur onbekende aanvallers, sowel as slagoffers wat dit nie binne 72-uur aanmeld nie. Kontak GRIP vir die noodsaaklike dienste wat hulle in die Laeveld lewer. Skakel ook elke Sondagoggend om 10:00 in op 100.5FM vir die GRIP “Survival 101”-"podcast"-reeks. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Statistieke oor geslagsgebaseerde geweld sê vir The Greater Rape Intervention Programme (GRIP) waar en hoe hulle in die gemeenskap kan ingryp.
“Ons sien ‘n patroon dat meer mense aangeval word deur onbekende aanvallers, en ons sien ‘n toename in slagoffers wat ‘n aanval eers na 72 uur aanmeld," sê Tarryn Lokotsch, die uitvoerende beampte van GRIP.
Sy gesels met Johanné Strydom in die twaalfde aflewering van GRIP “Survival” 101 op 100.5FM. Radio Laeveld

View Details

“Ons sien slagoffers van absoluut alle ouderdomme, maar die mees kwesbare ouderdomsgroep is 15 tot 24 jaar oud."
So sê Lucia Ngomane wat met die data werk by The Greater Rape Intervention Programme (GRIP).
Dit word gebruik om dinge soos areas en die ouderdomme van slagoffers van geslagsgebaseerde geweld te monitor, waarvolgens GRIP dan ook hul ingrypings- inisiatiewe bepaal en meet.
Sy gesels saam met Tarryn Lokotsch, die uitvoerende beampte van GRIP, met Johanné Strydom in die elfde aflewering van GRIP “Survival” 101 op 100.5FM. Radio Laeveld

View Details

Tarryn Lokotsch, die uitvoerende beampte van The Greater Rape Intervention Programme (GRIP), sê met groot geleenthede soos feeste en matriekafskeid sien hulle 'n toename in afspraakverkragting.
"Die meeste dwelms wat daarvoor gebruik word is kleurloos en smaakloos," sê sy vir Johanné Strydom in die tiende episode van GRIP “Survival” 101 op 100.5FM.
Blote alcohol word ook dikwels gebruik, waarsku sy. “Wees versigtig wat jy drink en saam met wie jy uitgaan.” Radio Laeveld

View Details

Surprise Gininda bestuur voorkomende programme teen geslagsgeweld by The Greater Rape Intervention Programme (GRIP).
Hy gesels saam met Tarryn Lokotsch, die uitvoerende beampte van GRIP, met Johanné Strydom in die negende episode van GRIP “Survival” 101 op 100.5FM oor die verskillende programme wat hulle aanbied om mense te bemagtig. Radio Laeveld

View Details

Twee buitelandse burgers sal na verwagting vandag in die hof in Ermelo verskyn na hulle Woensdag in die Lothair-omgewing aangekeer is met ‘n bakkievrag dagga. Volgens die woordvoerder van die Valke in Mpumalanga, Kaptein Dineo Sekgotodi, het hulle die sekerheidswagte wat hulle vasgetrek het, probeer omkoop. Die 52 sakke weeg ongeveer 650-kilogram en het ‘n geraamde waarde van 2-komma-25-miljoen-Rand. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Die DA in Mpumalanga het aan die LUR vir Samewerkende Regering, Manda Msibi, geskryf om te vra dat hy strenger maatreëls implementeer in munisipaliteite in finansiële krisis. Trudie Grove-Morgan sê Emalahleni en Govan Mbeki voer, ondanks ingryping, steeds ‘n stryd om ‘n inkomste te verdien uit hul dienste. Hulle kan gevolglik ook nie hul krediteure betaal nie. Volgens die DA word Emalahleni nou 7-komma-4-miljard-Rand deur verbruikers geskuld. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Michael Eisen het op 17 Julie begin as die uitvoerende hoof van Penryn College.
Hy is oorspronklik van Botswana en hoop om leerlinge te inspireer om werklik groot te droom.
Sonop Ontbyt leer hom ‘n bietjie ken.

View Details

Daar word tans oudisies gehou vir die Mpumalanga Jeugkoor.
Christiaan Burger en Bontle Ndlovu is lede van die koor.
Dit vind vanmiddag tussen 14:00 en 17:00 by Curro Nelspruit plaas.

View Details

Laetitia Cronje van Campfire Academy is besig met haar nagraadse studies in volhoubare toerisme. Sy gesels vanuit Hoedspruit met Sonop Ontbyt oor hoe Suid-Afrikaners beter na hul eie omgewing kan begin omsien. Radio Laeveld

View Details

Die Kruger-Laeveld-sakekamer (KLCBT) ondersoek 'n aansoek wat gebring is om in Schoemanskloof te myn. Linda Grimbeek sê die aansoekers het aangevoer dat hulle nie openbare deelname prosesse na kon kom nie weens die Covid-pandemie. Die sakekamer het 'n kenner aangestel om die aansoek te analiseer en sal formeel aansoek doen om toegang tot die dokumentasie. Grimbeek sê sover hulle kon vasstel is geen prosesse gevolg nie. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Altesaam 231 renosters is sedert Januarie in Suid-Afrika gestroop, ‘n afname van 28 of 11%. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Die KLCBT het 'n nuwe vaardigheidsontwikkeling internskap van stapel gestuur en die resultate is oorweldigend positief sê Linda Grimbeek vir Robin in die week se episode van Laeveld Ervaring. Radio Laeveld

View Details

Die Laeveldse sakevrou Lucia Ochan is onlangs as Mrs Curve Globe 2023 gekroon.
Met dié titel is sy nou ook ‘n ambassadeur vir die WIN-stigting.
Sy gesels met Amanda oor die geleentheid wat hierdie platform haar bied om vroue wêreldwyd te inspireer en haar passie teen geslagsgeweld.
“Ek kan nou die wêreld se vroue inspireer om hulself en hul liggame lief te hê.”

View Details

Wat doen jy met geskenke wat nie in jou smaak val nie? Bêre jy dit in die kas, of gee jy dit weer vir iemand as 'n geskenk? Radio Laeveld

View Details

Die Mpumalanga Departement van Onderwys brei sy program uit om gemeenskappe aan te moedig om 'n bydrae te lewer en hul plaaslike skole skoon, veilige leeromgewings te maak.
LUR, Bonakele Majuba, sê skole in Ehlanzeni en Nkangala-distrikte het reeds die inisiatief omarm en nooi die Bohlabela-distrik om dit ook te doen.
Hy sal Donderdag by Matibidi Primary in Thaba Chweu-munisipaliteit help skoonmaak, verf en herstel en 'n groentetuin aanlê.
Ander skole is aangemoedig om plaaslike rolspelers te nooi om mee te doen en eienaarskap van hul skool te neem. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Die aanklagte teen een van die beskuldigdes in Bontle Mashiyane se moord, is teruggetrek. Die sesjarige dogtertjie se liggaam is in April verlede jaar vermink aangetref naby haar huis buite Witrivier. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Laerskool Nelspruit se Wild en Water fees is om die draai. Skoolhoof, mnr. Jaco Hauptfleisch, en Charl Breytenbach, 'n ouer wat die fees help reël, gesels met Sonop Ontbyt.

View Details

Die aanklagte teen een van die beskuldigdes in Bontle Mashiyane se moord, is teruggetrek. Die sesjarige dogtertjie se liggaam is in April verlede jaar vermink aangetref naby haar huis buite Witrivier. Volgens Monica Nyuswa van die Nasionale Vervolgingsgesag, was daar onvoldoende bewyse teen Samuel Mangebeletane. Die vier ander beskuldigdes het Vrydag in die hof in KaBokweni verskyn. Hulle word aangekla van onder meer moord, sameswering om moord te pleeg, ontvoering en regsverydeling. Die saak is uitgestel tot 6 Oktober. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Vier verdagtes is aangekeer na die moord op ‘n boer gisteroggend in Grootvlei buite Balfour. Volgens die Mpumalanga polisiewoordvoerder, Brigadier Selvy Mohlala, is die 79-jarige Theo Frederik Bekker en sy vrou aangerand. Hy het aan sy beserings beswyk. Drie vuurwapens en ‘n voertuig is gesteel. 25-kilometer verder het die gesteelde Renault Kwid in Villiers in die Vrystaat omgeslaan. Die aanvallers het gevlug maar ‘n ooggetuie het die polisie gekontak en die Villiers-polisie het hulle vasgetrek. Twee gesteelde wapens is in hul besit gevind. Die haelgeweer is op die ongelukstoneel agtergelaat. Die verdagtes, almal tussen 16 en 19 jaar oud, verskyn môre in die hof. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Die provinsiale onderwysdepartement vier vanaf môre Nasionale Wetenskap Week by die
Mondi Sentrum vir Wetenskap, Loopbane en Vaardigheid in Piet Retief. Dié week bied 'n geleentheid vir die breër publiek om kennis te maak met die jongste ontwikkelinge op die gebied. Vanjaar word dit onder die tema: "Transformasie van lewens deur bewys-gebaseerde wetenskap” gehou.
‘n Woordvoerder, Gerald Sambo 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

We Care 4 Nelspruit sal hierdie week tot Vrydag die R40 vanaf Rocky Drift tot verby Mbombela se ingang na Barberton skoonmaak. Sameroeper, TJ Maré, sê hulle gaan onder meer bosse weg sny, gras sny en rommel op tel. Almal is genooi om mee te doen en hierdie voor-somer-inisiatief te ondersteun.

View Details

Die sibbe Amani (Hoërskool Bergvlam) en Danyaal Nomani (Nelspruit Primary) het onlangs goud gewen by die Eskom Ekspo wat by Penryn College aangebied is.
Hul navorsing toon dat geometriese energie praktiese sal wees om te implementeer. Hulle gesels met die Verkas-span.

View Details

Die DA in Mpumalanga is bekommerd dat Thaba Chweu-munisipaliteit 45% van sy begroting aan vergoeding vir amptenare spandeer, terwyl basiese lewensreddende toerusting in die slag bly. Volgens DA-lid Trudie Grovè-Morgan beskik die munisipaliteit oor slegs twee brand-bestrydingbakkies om die 99-duisend inwoners van Sabie, Graskop en Lydenburg te bedien. Sy sê ‘n verskaffer van nood-branddienste moet dringend aangestel word. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Julie is bewusmakingsmaand van geestesgesondheid. Dit is jou emosionele, sielkundige en sosiale welstand.
“Elke persoon beleef nou en dan 'n geestesongesteldheid, maar almal beleef dit nie langdurig of benodig medikasie nie,” sê Annriette Slabber van LifeLine Nelspruit.
Sy gesels met Charles.

View Details

‘n 39-jarige raadslid is saam met drie medepligtiges aangekeer vir die beweerde ontvoering en aanranding van sy huiswerker. Volgens die polisie het William Phetla die 29-jarige swanger vrou beskuldig dat sy ‘n skootrekenaar gesteel het. Hulle het haar glo sedert Saterdag aangehou tot sy Dinsdagoggend deur gemeenskapslede gered is. Die vier is dieselfde dag in Mhluzi aangekeer en het in die Middelburg-hof verskyn. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

We Care 4 Nelspruit beplan volgende week ‘n baie groot skoonmaakaksie. Vanaf Maandag tot Vrydag beoog hulle om die R40 vanaf Rocky Drift tot by die hoofingang na Barberton skoon te maak. Sameroeper, TJ Maré, sê hulle gaan onder meer bosse weg sny, gras sny en rommel op tel. Dit is in samewerking met die sakekamer, Nelspruit stadsverbeteringsdistrik, Power of 8 000 en C-S-G Groep. Almal is genooi om mee te doen en die voor-somer-inisiatief te ondersteun. Kontak 082-772-6396. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Die sogenaamde “grensoorlog” oor vragmotors by Lebombo het vrugte afgewerp, met die verkeer wat nou beter beheer word.
Linda Grimbeek van die Kruger Laeveld Kamer vir Sake en Toerisme (KLCBT) sê hulle werk reeds geruime tyd saam met alle vlakke van die regering om die probleem op te los.
Sedert die naweek word vragmotors verhoed om mekaar verby te steek, wat verooraak dat die pad nie meer geblokkeer word nie. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

‘n Vyfjarige dogtertjie is gister vermoor - na vermoede deur haar 27-jarige nefie - in Bosbokrand. Volgens die polisie is hulle saam winkel toe en toe hy alleen tuis kom het haar familie na die kind begin soek. Haar liggaam is in bosse gevind. Volgens die polisiewoordvoerder, brigadier Selvy Mohlala, is sy keelaf gesny en verskeie kere in die bolyf gesteek. Die verdagte is aangekeer en sal binnekort in die hof in Bosbokrand verskyn. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Die Kruger Laeveld Kamer vir Sake en Toerisme (KLCBT) word nou (nie-amptelik) as die beste in die land beskou. Linda Grimbeek sê hulle is ook die derde grootste met slegs Durban en Johannesburg wat meer lede het.
Die geheim is dat die KLCBT die enigste kamer is wat op streeksvlak funksioneer.
Sy gesels met Robin oor suksesse wat hulle op die manier bereik - soos oplossings vir die verkeersopeenhopings van vragmotors by Lebombo-grenspos, die besigste in die SADC-streek. Radio Laeveld

View Details

Marlene Pretorius is ‘n vrywilliger vir KANSA Laeveld. Sy vertel vir Ludi en Mireille watter dienste hierdie organisasie alles bied. Luister weer hier.

View Details

Veldgidse se kwalifikasies is gespesialiseer en is area-gebonde.
JC Strauss van Eco Ranger Academy verduidelik vir Andri wat jongmense alles moet weet om hulle in hierdie veld te kwalifiseer. Radio Laeveld

View Details

Die International Arts Talent Showcase (IATS) stel ontluikende, plaaslike talent al 13 jaar bloot aan internasionale geleenthede. Daar word Saterdag in Mbombela oudisies voor gehou. Elsubie Louwrens sê hulle is op soek na nuwe talent op die gebiede van toneelspel, modelwerk, dans en sang. Vanjaar het hulle vooraf ook ‘n werkswinkel om deelnemers vir die oudisies voor te berei.

View Details

Die Sabie Trout Club bied op 12 Augustus 'n groot Dames Vlieghengel-kompetisie aan by die Sabie Rivier en Gunyatoo Trout Lodge op die Long Tom-pas. Werner Wessels, voorsitter van die klub, en Jani Wessels, komiteelid wat dié geleentheid vir Vrouemaand reël, gesels met Ludi.

View Details

Solidariteit se netwerksentrums is die asem en die voete van Solidariteit. Een van dié netwerksentrums is in Nelspruit geleë en is ‘n tuiste vir lede waar hulle beskerm en verteenwoordig word. Danny Schutte, die organiseerder van die Nelspruit Netwerksentrum, gesels met Andri oor wat dit bied.

View Details

Die DA in Mkhondo-munisipaliteit eis antwoorde van die burgemeesterskomiteelid vir gemeenskapsveiligheid, Thembi Khumalo, oor ‘n toelaag van 8-miljoen-Rand wat bedoel is om slagoffers van vloede by te staan, maar onspandeer bly. Dit na ‘n provinsiale ramp verklaar is toe huise beskadig is weens swaar reën verlede jaar. DA-raadslid Alex Dlamini voer aan die munisipaliteit het die fondse meer as ‘n maand gelede ontvang, en spandeer dit steeds nie om skade te herstel nie. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Die DA in Thaba Chweu het die departement van samewerkende regering gevra om in te gryp by die onwettige staking van munisipale werkers wat reeds vir vier weke dienslewering lamlê. DA-raadslid Spiridon Couvaras lê dit voor die deur van die burgemeester, Friddah Nkadimeng wat versuim om senior posisies te vul. Samwu-lede weier om te werk tot ‘n nuwe stadsbestuurder aangestel is om Nora Maseko te vervang. Sy is in ‘n waarnemende hoedanigheid ontplooi, ondanks haar skorsing by Sekhukhune-distrik weens bewerings van ongeruimdhede met kontrakte en verkryging. Couvaras sê bekwame, onafhanklike administrateurs moet aangestel word om dienslewering te herstel. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Die voorkoms van afwisselende temperature kan voortduur tot einde Augustus. Dit is volgens 'n weervoorspeller, Wayne Venter, by die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD). Hy sê die huidige koue behoort môre op te klaar, maar 'n sterk kouefront bereik volgende week weer die Kaap. Normale temperature en dae wat dit koud gaan wees sal vir ten minste 'n maand voortduur. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Die tweede groep Working on Fire-brandbestryders het gister vanaf Alberta, Kanada, teruggekeer na die Kruger Mpumalanga Internasionale Lughawe. Hulle het vir ongeveer 'n maand die ergste brande op rekord in Kanada help bestry. Die derde groep, "Mzanizi 3", het gister vertrek op hul ontplooiing. Piet van der Merwe, die nasionale operasionele bestuurder van Working on Fire, sê die brande bied spesifieke uitdagings. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Piet van der Merwe, die nasionale operatiewe bestuurder van Working on Fire (WoF) het gisteraand saam met sowat 200 brandbestryders teruggekeer vanaf Alberta in Kanada, wat tans hul ergste brandseisoen op rekord beleef. Hulle het geland by Kruger Mpumalanga Internasionale (KMI)-lughawe geland, vanwaar die derde span, Mzanzi III, ook vertrek het. Hy gesels met Sonop Ontbyt.

View Details

Die Laeveld-tak van Solidariteit Helpende Hand bestuur nie net 'n toebroodjieprojek by verskeie skole nie, hulle het ook 'n "spreekkamer" op die been gebring wat help met mediese sorg vir kinders en bejaardes. Boonop kon die Studentebystandfonds, wat rentevrye studielenings aan behoeftige jongmense gee, verlede jaar nege plaaslike kinders help om verder te studeer. Elize Visser vertel meer:

View Details

Die DA in Emakhazeni vra dat die Openbare Beskermer ondersoek instel na die opgradering van die waterwerke in Machadodorp wat na glo nog nie afgehandel is nie.
Volgens DA-raadslid Didi Hepburn het dit reeds 35-komma-37-miljoen-Rand gekos en sal ‘n nuwe kontrakteur glo eersaags aangestel word. Tog is geen aksie teen die vorige kontrakteur geneem vir sy versuim om die werk te lewer nie, sê Hepburn.
Sy voer aan inwoners word steeds toegang tot skoon drinkwater ontneem. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) waarsku dat baie koue weerstoestande verwag word wat Donderdag na die Hoëveld en platorand van Mpumalanga sal versprei. Dit sal tot Vrydag voortduur. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Care for Wild Rhino Sanctuary red renosters wat wees gelaat is deur stroping en maak hulle groot. Hulle neem ook groot, beseerde renosters in en rehabiliteer hulle.
Stigter, Petronel Nieuwoudt, gesels met Sonop Ontbyt oor die wêreld se grootste renosterweeshuis en al die ander dierspesies wat hulle beskerm. Radio Laeveld

View Details

Die ding van die mens is dat hulle aanpasbaar is, en plaaslike sakemense moet aanpas en vernuwe.
So sê die operasionele beampte van die Kruger Laeveld Kamer vir Sake en Toerisme (KLCBT) tydens Laeveld Ervaring.
Sy gesels met Mireille oor toerisme, veiligheid en die jaarlikse toekennings wat om die draai is. Radio Laeveld

View Details

Die Premier van Mpumalanga, Refilwe Mtshweni-Tsipane, het haar 67 minute vir Internasionale Mandeladag in Matibidi in Thaba Chweu-munisipaliteit spandeer. Sy sê hulle het reeds die jeugsentrum, wat opleidingsprogramme aanbied, opgradeer. Hulle het vandag addisionele boeke aan die sentrum geskenk. Die premier sê hulle het ook ‘n opwindende inisiatief vir sake-ondernemings wat deur die jeug bestuur word, saam met Standard Bank van stapel gestuur. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

‘n 30-jarige vrou verskyn vandag in die Emalahleni-landdroshof op twee aanklagte van moord sowel as brandstigting. Dit is na twee mense vroeg Sondagoggend in ‘n hut in Vosman doodgebrand het. Volgens die polisie is die motief vir die moord op die 27-jarige man en 40-jarige vrou tans onbekend. Mpumalanga polisiewoordvoerder, Brigadier Selvy Mohlala, sê hulle sluit op hierdie stadium van die ondersoek nie huishoudelike geweld uit nie. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Vier mense wat verlede maand op parool vrygelaat is, is in Standerton aangekeer vir die besit van gesteelde goedere. Volgens die polisie was hulle in besit van items wat na vermoede Saterdagaand tydens ‘n winkelroof gesteel is. Die provinsiale polisiewoordvoerder, Brigadier Selvy Mohlala, sê hulle sal môre op aanklagte van huisbraak, diefstal en die besit van gesteelde goedere in die hof verskyn. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Die Mpumalanga Departement van Onderwys het onderwysers en leerlinge terug verwelkom wanneer die skole môre na die wintervakansie heropen. ‘n Woordvoerder van die departement, Gerald Sambo, sê dit is ‘n belangrike kwartaal aangesien dit die laaste is voor matrikulante in die vierde kwartaal eindeksamen skryf. Hy vra dat alle rolspelers bydra om ‘n leergerigte omgewing te skep vir die leerders se voorbereiding. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Een man het op een Mahindra-trekker vir twee weke deur vyf provinsies ger yen Saterdag veilig terug in Witrivier arriveer. Dr. André Hattingh van Pediatric Care Africa sê hy is tevrede met die R250 000 wat hulle oor die 2 500 km kon insamel. Dit sal drie groot operasies wat kinders benodig befonds. Hy sê vir Sonop Ontbyt dit wat koud maar die ondersteuning langs die pad en hul ontvangs in verskillende dorpe was oorweldigend.

View Details

Vyf verdagtes wat glo verantwoordelik is vir die onlangse aanvalle op vragmotors, verskyn na verwagting vandag in die Ermelo-landdroshof. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Twee mense is gisteraand in Dwarsloop, Bosbokrand, doodgeskiet by 'n drinkplek. Volgens die polisie het 'n 40-jarige man saam met vriende gekuier toe daar op hom losgebrand is. Hy is verskeie kere geskiet. 'n 35-jarige is ook noodlottig getref.
Volgens polisiewoordvoerder, Brigadier Selvy Mohlala, is 'n toevallige verbyganger se Toyota Hilux-bakkie gekaap. Hy is later deur die aanvallers vrygelaat. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Die polisie het vanoggend bevestig dat ‘n derde verdagte gisteraand in Emalahleni in Mpumalanga in hegtenis geneem is vir die beweerde afbranding van vragmotors in die provinsie. Die ander twee verdagtes is gister in die provinsie in hegtenis geneem. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Dr. André Hattingh van Pediatric Care Africa durf vandag die roete tussen Piet Retief na Badplaas met sy trekker aan. Hy besig is om 2 500 km deur vyf provinsies af te lê met die trekker om nagenoeg R1 miljoen in te samel vir drie behoeftige kinders wat groot operasies benodig. Hulle arriveer Saterdag terug in Witrivier. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Die Krugerwildtuin sê die aantal toeriste wat die Krugerwildtuin besoek neem nie af nie.
Die Minister van Toerisme, Patricia de Lille, is vandag aangehaal dat toeriste wat die park besoek sedert 2019 met 21 persent gedaal het. Ike Phaahla, woordvoerder van die NKW, sê egter hul data toon dat besoekersgetalle uit die buiteland oor die algemeen gestyg het. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Jy kan steeds inskryf vir die SPAR Women’s Race wat Saterdag in Mbombela plaasvind.
Dit is ten bate van vroue, en die hoof begunstigde is vanjaar GRIP.
Tarryn Lokotsch vertel vir Andri waaroor dit gaan.
Jy kan vandag en môre by Mbombela-stadion inskryf, en as jy nie kan deelneem nie, ondersteun steeds die dag saam met jou gesin.
Daar is kosstalletjies en musiek deur Mathew Gold en Majozi!

View Details

Drie mense is dood en talle beseer in verskeie ongelukke wat vanoggend op die N12 in Mpumalanga plaasgevind het. Volgens die departement van gemeenskapsveiligheid is dit grootliks te wyte an baie mistige toestande op die pad tussen Emalahleni en Ogies. Verskeie voertuie was betrokke, insluitende ligte aflewerings- en geartikuleerde voertuie. Volgens die woordvoerder, Moeti Mmusi, is drie insittendes van ligte voertuie oorlede. Die pad bly gesluit. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

‘n 52-jarige werknemer van die polisie verskyn vandag in die Hazyview-hof op aanklagte van bedrog na hy gister deur die Valke aangekeer is. Volgens die woordvoerder van die Ondersoekdirektoraat vir Prioriteitsmisdade in Mpumalanga, kaptein Dineo Sekgotodi, het die persoon as ‘n informele geldskieter gewerk. Sy sê hy was in besit van 120 bankkaarte wat aan sy verskillende slagoffers behoort. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Die polisie ondersoek ‘n saak van moord na ‘n 12-jarige Dinsdagoggend na bewering ‘n maat, van ook 12 jaar oud, doodgesteek het. Volgens die Mpumalanga polisiewoordvoerder, Brigadier Selvy Mohlala, het hulle ‘n argument gehad tydens ‘n inheemse speletjie, Mrabaraba. Die een het die ander geklap, waarop die slagoffer met gebreekte bierbottels gesteek is. Die slagoffer is by die kliniek aan sy wonde dood. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Die Wetsontwerp op Beheer van Tabakprodukte en Elektroniese Afleweringstelsels gaan strenger reëls toepas – ook op damprokers.
Dit poog om die rook en verkoop sowel as advertensie van tabakprodukte en elektroniese afleweringstelsels.
Linda Grimbeek van die KLCBT vertel vir Robin hoekom sy ten gunste van die wetsontwerp is.

View Details

Die Wetsontwerp op Beheer van Tabakprodukte en Elektroniese Afleweringstelsels gaan strenger reëls toepas – ook op damprokers.
Sou dit goedgekeur word, sal die wetsontwerp rookvrye binnenshuise openbare en sekere buitelugplekke instel, die verkoop van sigarette deur vendingmasjiene verbied, gewone verpakking bekend met grafiese gesondheidswaarskuwings/prente instel, die vertoning by verkooppunte verbied, en e-sigarette/damptoestelle (met of sonder nikotien) reguleer.
Craig Pieterson, algemene bestuurder van Vaper’s Corner in Kyalami en Equestria, vertel vir Amanda hoekom hy teen die wetsontwerp gekant is.

View Details

Die Ehlanzeni ontwikkelingsprojek is gegrond op die rewolusionêre idee dat ontwikkeling en beplanning op 'n distriksvlak moet gebeur - eerder as plaaslik of provinsiaal.
Linda Grimbeek van die KLCBT gee 'n opdatering oor hoe die plaaslike loodsprojek vorder. Radio Laeveld

View Details

Nog vier vragmotors is vanoggend vroeg aan die brand gesteek in Mpumalanga. Dit volg op vyf vragmotors wat kort voor middernag Sondagaand op die N4 by Waterval Boven aan die brand gesteek is. Volgens die polisie het die jongste voorval om ongeveer half 6 vanoggend op die N2 tussen Piet Retief en Ermelo plaasgevind. Drie vragmotors is erg gebrand. Van een het slegs die kajuit gebrand. Een vroulike passasier wat in ‘n vragmotor aan die slaap was het brandwonde aan haar voete opgedoen. Die polisiewoordvoerder Brigadier Selvy Mohlala: 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Bonsai is nie net 'n heerlike stokperdjie nie, dit is ook 'n kunsvorm.
"Eerstens moet jy ‘n potplant aan die lewe kan hou," sê Tola Smit van die Nelspruit Bonsai Kai.
Hy gesels met Sonop Ontbyt. Radio Laeveld

View Details

Plaaslike rocker Coenie Naudé is terug met 'n splinternuwe enkelsnit, "Voel jy my".
Hy gesels met Ludi oor die genialiteit van Hunter Kennedy, wat dit uit sowat agt ou gedigte uit Coenie se pen geskryf het.
"Dit gaan oor In die oomblik wees," sê hy.

View Details

Laevelders het vandag die meeste gemaak van die geleentheid om dik sneeu te ervaar en langs die Long Tom-pas gaan baljaar. Hannelie Myburgh het haar gesin 04:00 vanoggend geneem, sodat hulle betyds terug in Mbombela kon wees vir werk. Bernadette Cronje woon in Lydenburg. Sanett Oosthuizen se kinders het saam met Oupa 'n sneeubalgeveg gehad.
Mbombela-raadslid, Liam May, het vindingryke inwoners van Malelane teëgekom wat 'n sneeuman probeer saam neem het huis toe.

View Details

Hoe bederf Laevelders hulself wanneer die koue weer wel toeslaan? Amanda vind uit van kaggels, wyn en roomys(!). Radio Laeveld

View Details

Die Mpumalanga Onderwysdepartement sê die rede dat hulle sommige onderwysers by Lamulelani Sekondêr in Bohlabela-distrik nie betaal nie, is omdat hulle nie sonder die departement se medewete aangestel is. Volgens ‘n woordvoerder van die departement, Gerald Sambo, mag skole nie onderwysers sonder toestemming van die departement aanstel nie. Hy sê die dokumentasie om hulle aan te stel bereik die departement soms maande na hulle reeds begin onderwys gee het. Die departement ondersoek wel die saak. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Die provinsiale polisiekommissaris, luitenant-generaal Semakaleng Manamela, het die brandstigting aan vyf vragmotors op die N4 tussen die Waterval Boven-tonnel en Waterval Onder veroordeel. Mpumalanga polisiewoordvoerder, Brigadier Selvy Mohlala, sê die motief is tans onbekend. Geen arrestasies is nog gemaak nie. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Dr. André Hattingh van Pediatric Care Africa trotseer vandag die koue in die Vrystaat op die trekker waarmee hy besig is om 2 500 km af te lê. Hy poog om deur vyf provinsies met die trekker te ry om nagenoeg R1 miljoen in te samel vir drie behoeftige kinders wat groot operasies benodig. Hulle het vanoggend in 'n ysige Winburg vertrek en oornag vanaand in Clarens. Die groep keer Saterdag terug na Witrivier. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Opruimingswerk is onderweg op die N4 tussen die Waterval Boven-tonnel en Waterval Onder waar vyf vragmotors gisteraand aan die brand gesteek is.
Polisiewoordvoerder, Brigadier Selvy Mohlala, sê die motief is tans onbekend.
Volgens hul inligting het mense die vragmotorbestuurders forseer om te stop en hul vragmotors agter te laat. Motoriste is aangeraai om die pad te vermy en eerder Schoemanskloof te gebruik. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

'n Grootskaalse soektog na die vermiste Piet Skead, het vanoggend kort voor 09:00 ten einde geloop toe sy liggaam gevind is. Skead was 'n bekende sakeman en betrokke lid van die Witirvier-gemeenskap. Volgens Bruce Macaulay wat die soektog gekoördineer het, is hy binne 'n kilometer radius van sy huis gevind. Daar word vermoed dat hy gegly en by die vleiland, tussen Coltshill en Parkview, se bank afgeval het. Die polisie is tans op die toneel en meer besonderhede sal gedeel word sodra dit bekendbemaak word. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Die vermiste Piet Skead, 'n baie bekende sakeman en betrokke lid van die Witirvier-gemeenskap, is vanoggend kort voor 09:00 gevind na hy Saterdag verdwyn het. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

'n Grootskaalse soektog is geloods na die bekende inwoner van Witrivier, Piet Skead, wat Saterdagaand vermis geraak het. Volgens Bruce Macaulay wat die soektog koördineer, het twee tieners wat gister gaan stap het, bevestig hulle het hom gesien. Macaulay sê dit pas in die tydlyn en dit is die hoofleidraad wat vanoggend opgevolg sal word.

View Details

'n Grootskaalse soektog is geloods na die bekende inwoner van Witrivier, Piet Skead, wat Saterdagaand vermis geraak het. Hy het glo om ongeveer 17:30 by die huis uitgestap en is nie weer gesien nie. Volgens Bruce Macaulay wat die soektog koördineer, soek meer as 'n honderd mense te voet, per voertuig en met hommeltuie. Die polisie honde-eenheid is gister ook ontplooi. Enigiemand wat inligting het is gevra om 079-883-7806 te kontak. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

‘n Hewige koue front sal na verwagting vandag in die Wes-Kaap aanland. Volgens die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) sal dit teen Sondag en Maandag temperature in die Laeveld ook aansienlik laat daal. Weervoorspeller, Lehlohonolo Thobela, sê areas rondom Emakhazeni en die platorand kan moontlik sneeu verwag. Dit sluit in Volksrust, Belfast, Dullstroom en selfs Lydenburg. Reën word ook verwag. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Die DA in Mpumalanga doen ‘n beroep op die provinsiale Departement van Gesondheid om planne om die begroting vir tuis-sorg te sny, te heroorweeg. LPW Jane Sithole sê dié begroting, wat sorg verskaf aan kritiek siek pasiënte wat nie by klinieke of hospitale behandel kan word nie, is met 60% gesny. Sy sê daarteenoor is die begroting vir die hospitaal se rade met 114% verhoog. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Sonop Ontbyt gesels met Gareth Tate oor hierdie bedreigde spesie en die noodsaaklike rol wat aasvoëls in die ekosisteem speel. Radio Laeveld

View Details

Protesaksie in Lydenburg, Sabie en Graskop duur voort, na lede van die munisipale werkers-vakbond verlede Maandag begin betoog het.
Samwu eis dat die burgemeester van Thaba Chweu, Friddah Nkadimeng, en waarnemende stadsbestuurder, Herns Trower, verwyder word.
DA-raadslid, Marius Opperman, sê lede van Nehawu het na ‘n spesiale raadsvergadering Maandag by die betogings aangesluit. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

‘n 51-jarige man is gisteroggend deur die polisie by ‘n huis in Barberton doodgeskiet.
Volgens die polisie het hulle inligting ontvang dat plofstof onwettig in die huis gestoor word.
Hulle het die erf betree en alle pogings aangewend om hulself as polisielede te identifiseer.
Polisiewoordvoerder, Brigadier Selvy Mohlala, sê die verdagte het op hulle geskiet en hulle het terug geskiet. Die man het aan sy wonde beswyk. Buiten ‘n vuurwapen en ammunisie is ploftoestelle en ontstekers in die huis gevind. Die Onafhanklike Polisie Ondersoek Direktoraat ondersoek die voorval. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Twee sekuriteitswagte is laat gistermiddag tydens ‘n transitoroof op die R537 tussen Sabie en Witrivier gewond. Die G4S-gepantserde voertuig is om ongeveer 20-oor-5 deur ‘n onbekende aantal rowers aangeval. Een van die voertuie was ‘n silwer dubbelkajuit-bakkie. Twee sekuriteitswagte is geskiet. Een is in die kop getref en die ander in die bolyf. Hulle is hospitaal toe gehaas. Die aanvallers het met ‘n onbekende bedrag kontant in die rigting van Witrivier gevlug. Niemand is nog aangekeer nie. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Albert Gryvenstein is Bossies Community Justice (BCJ). Hy gesels met Adriaan oor wat hierdie nie-winsgewende maatskappy doen en misdaad in die Laeveld.

View Details

Adv. Andries Makata van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), sê hulle is hier om te help met alle en enige kwessies rondom kinderonderhoud.

View Details

In "The Buck That Buries its Poo" beantwoord natuurkundige Quinton Coetzee fassinerende vrae oor natuurlewe en klaar hy verskeie mites op oor diere in die bos wat ons dink ons goed ken. Hy gesels met Charles.

View Details

ActionSA in Mpumalanga sê die provinsiale department van gesondheid het plaaslike intern-dokters uit hul hospitaal verblyf gesit om eerder Kubaanse dokters te huisves.
Volgens Thoko Mashiane, provinsiale voorsitter van Action SA moes die kandidaatdokters hul eie verblyfsreëlings tref. Hy sê hulle is ook teleurgesteld dat Kubaanse dokters werk terwyl gekwalifiseerde Suid-Afrikaanse dokters sonder werk is. Die party beplan om more ‘n memorandum van klagtes aan die LUR vir gesondheid, Sasekani Manzini, te oorhandig by Ermelo-hospitaal. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Barberton Mines het die privaat Barberton-lughawe gekoop en is op soek na ‘n vennoot om dit tot ‘n volwaardige fasiliteit te ontwikkel. So sê die operasionele beampte van die Kruger Laeveld Kamer vir Sake en Toerisme, Linda Grimbeek. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Verkeersbeamptes moet na-ure begin werk om die opeenhoping van vragmotors onderweg na die Lebombo-grenspos in Komatipoort op te los. So sê die operasionele beampte van die Kruger Laeveld Kamer vir Sake en Toerisme, Linda Grimbeek.
Sy sê die feit dat taxi-verenigings dit nou op hulself geneem het om die verkeer te probeer beheer, dui op hoe keelvol alle inwoners is. Sy voeg by dit vererger die probleem dat die grenspos 24-uur oop is, maar verkeersbeamptes nie werk nie. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Die polisie in Mpumalanga waarsku mense om versigtig te wees wanneer hulle steenkoolstowe en gastoestelle gebruik vir verwarming. Dit volg na 'n paartjie van 29- en 26-jaar op 1 Julie in die Vosman-uitbreiding dood aangetref is. Die provinsiale polisiewoordvoerder, Brigadier Selvy Mohlala, sê die vermoede bestaan dat hulle rook ingeasem het terwyl hulle geslaap het. In dieselfde area is ‘n man dood en sy vrou gehospitaliseer na hulle moontlik vuurrook ingeasem het. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Die Kruger Laeveld Kamer vir Sake en Toerisme (KLCBT) maak planne sodat verkeersbeamptes na-ure ook werk om die opeenhoping van vragmotors onderweg na die Lebombo-grenspos in Komatipoort op te los.
Barberton Mines het ook die ou Barberton-vliegveld gekoop, en is op soek na ‘n vennoot om dit weer tot volwaardige lughawe te ontwikkel.
Die operasionele beampte, Linda Grimbeek, gesels met Mireille. Radio Laeveld

View Details

Dr. André Hattingh van Pediatric Care Africa het Sondag met 'n trekker vanuit Witrivier vertrek op 'n tog van 2 500 km deur vyf provinsies om nagenoeg R1 miljoen in te samel vir drie behoeftige kinders wat groot operasies benodig. Hulle het vanoggend in Thabazimbi wakker geword en is stadig op pad Vrystaat toe. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Die DA in Mbombela sê hy is diep bekommerd oor ‘n geblokte riool-afvoerpyp wat na ses jaar steeds oorstroom by Hillsview in Witrivier. Mbombela-raadslid David Schofield lê die probleem voor die deur van die kontrakteur wat die pyp vervang het. Hy sê die reuk is onhoudbaar vir inwoners en niks het verander sedert die munisipaliteit ses weke gelede ‘n oorsigbesoek gebring het nie. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Innibos is vir die eerste keer sedert 2019 weer die naweek aangebied en dit was 'n dawerende sukses. 100.5FM het vir die drie dae regstreeks uitgesaai vanaf die fees en Denise het by hulle uit gaan vind wat hul indrukke was van dié grootse fees.

View Details

Erns Grundling stap voor die rugby Wêreldbeker later vanjaar in Frankryk afskop, deur die land. Hy doen nie net by bekende Suid-Afrikaners wat daar woon (insluitende rugbyspelers) aan nie, maar ontmoet ook interessante karakters van oraloor op die Franse deel van die Camino. Hy het voor die reeks gisteraand op kykNET begin vertoon het, met die Verkas-span gesels.

View Details

Innibos 2023 was 'n groot sukses. Bemarkingsbestuurder, Sandra Jacobs, gesels met Sonop Ontbyt.

View Details

"Grensloos" met Coenie de Villiers en André Schwartz het 'n "vibe" van dankbaarheid bevind feesvlinder Sanette Mattheus. Sy gesels met Helmi.

View Details

"Al moet jy vir die res van die maand brood eet, koop 'n kaartjie vir 'Kamphoer'," sê feesvlinder Sanett Oosthuizen.
Sandra Prinsloo is te sien in "Kamphoer – die verhaal van Susan Nell". Dit is kragtig en pragtig.

View Details

Jakkie Louw en Charlize Berg (Jakkals en Berg) se jongste enkelsnit, "Bella Musica" is so kraakvars dat dit vandag vir die eerste keer ooit op radio gespeel is - en dit was op 100.5FM.
Jakkie het by Ludi kom kuier op die 100.5FM buite-ateljee op die Innibos-feesterrein.

View Details

Die joernalis Jacques Pauw was vanoggend die gas tydens die 100.5FM-boekgesprek met Annemarie van der Walt.
"Suid-Afrika is 'n wonderlike plek om 'n ondersoekende joernalis te wees," sê hy.

View Details

Ilne Fourie se komedieteks kry 10/10 by Innibos feesvlinder Sanett Oosthuizen.
Vir haar steel Margit Meyer-Rödenbeck se netbaljuffrou, Zelda de Wet, die kollig.

View Details

Almal wat op skool was sal hul skoolmaats herken in Frank Opperman se karakters wat hul "Reünie" bywoon. Hoe dan anders? Dit is uit die pen van Dana Snyman. Feesvlinder, Amrei Wolff, gesels met Andri.

View Details

ActionSA in Mpumalanga sê hy sal vandag aan die LUR vir samewerkende regering, Mandla Nlodvu, skryf om te vra dat Thaba Chweu- en Msukaligwa-munisipaliteite onder administrasie geplaas word. Dit kom na die Ouditeur-Generaal bevind het beide plaaslike owerhede het hul begrotings oorspandeer sonder om hul teikens te behaal. Volgens Thoko Mashiane, die provinsiale voorsitter van ActionSA, het Thaba Chweu 104% van sy begroting spandeer om 29% van basiese dienste en infrastruktuur teikens te bereik. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Die polisie in Mpumalanga het die naweek 528 arrestasies gemaak tydens verhoogde polisie-aktiwiteite in al drie distrikte van die provinsie. Volgens die provinsiale polisie-kommissaris, luitenant-generaal Semakaleng Manamela, het hulle saam met onder andere die burgemeester van Steve Tshwete-munisipaliteit, Mhlonishwa Masilela, tradisionale leiers en lede van die taxi-industrie gewerk. In Marite naby Hazyview is ‘n verdagte aangekeer vir die besit van ‘n ongelisensieerde vuurwapen. Sy sê hulle fokus op probleem-areas. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Die DA in Thaba Chweu sê die ANC-regering het onreëlmatig drie sleutel-aanstellings gemaak tydens 'n raadsvergadering Woensdag. Volgens DA-raadslid Marius Opperman, is waarnemende direkteure vir Korporatiewe Dienste en Gemeenskapsdienste aangestel en is die kontrak vir die huidige waarnemende hoof van Plaaslike Ekonomiese Ontwikkeling verleng, Dit na alle opposisie raadslede uitgestap het uit protes teen die wettigheid van sekere items wat deur die waarnemende munisipale bestuurder voorgestel is. Opperman sê die besluite is deurgevoer sonder ‘n kworum deur slegs 13 ANC-lede.  100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Die president van Netbal Suid-Afrika, Cecilia Molokwane, is op toer van Mpumalanga met die Wêreldbeker voor dit 28 Julie in Kaapstad afskop. Sy het vanoggend saam met die LUR vir sport en kultuur, Thandi Shongwe, in die 100.5FM ateljee kom kuier.
Dit is die eerste keer dat 'n wêreldbeker in Mpumalanga toer, sê Shongwe.

View Details

Die Netbal Wêreldbeker is op toer in Suid-Afrika voor die toernooi vanaf 28 Julie in Kaapstad vir die eerste keer in Afrika aangebied word.
Die beker het gister in Mbombela aangekom, en toer vandag deur die dorp sowel as Nkomazi.
Die LUR vir kultuur, sport en ontspanning in Mpumalanga, Thandi Shongwe, sê dit is die eerste keer dat enige wêreldbeker in die provinsie te sien is.
Die president van Netbal Suid-Afrika, Cecilia Molokwane, het vanoggend saam met Shongwe in die 100.5FM ateljee besoek afgelê.
Sy sê dit is ‘n historiese gebeurtenis vir Mpumalanga toer.
Die beker sal volgens beplanning vanmiddag tussen 15:00 en 17:00 by Mbombela-stadion wees vir die algemene publiek om te besigtig. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Die Netbal Wêreldbeker is op toer in Suid-Afrika voor die toernooi in Julie in Kaapstad vir die eerste keer in Afrika aangebied word. Die beker het gister in Mbombela aangekom, en toer vandag deur die dorp sowel as Nkomazi. Die LUR vir sport en ontspanning in Mpumalanga, Thandi Shongwe, sê dit is die eerste keer dat enige wêreldbeker in die provinsie te sien is. Netbal aanhangers is genooi om vanmiddag tussen 3-uur en 5-uur saam met dié Netbal Wêreldbeker by Mbombela-stadion foto’s te kom neem. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Die LUR vir gemeenskapsveilighied in Mpumalanga, Vusi Shongwe, het sy medelye betuig met die afsterwe van Kevin Pillay. Pillay is Woensdag na ‘n kort siekbed oorlede. Hy was vir langer as ‘n dekade die raadsvoorsitter van die provinsiale gemeenskapspolisiëringsforum, en was ook die algemene sekretaris van die nasionale koördineringsforum. Volgens Shongwe se woordvoerder, Moeti Mmusi, was Pillay op die voorste linie van gemeenskapspolisiëring. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Die DA het die Openbare Beskermer se besluit verwelkom om klagtes oor vertragings en die koste van die bou van die Mpumalanga Varsproduktemark na 'n spesiale ondersoeker te verwys. Konstruksie is 12 jaar gelede aangekondig. Volgens Bosman Grobler is geen van die geboue al voltooi nie, en is meer as 2-miljard-Rand reeds daaraan spandeer. Die senior ondersoeker sal nou bepaal of die DA se klagte binne die O-B se mandaat val.  100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Die Haaie en Cheetahs sal die naweek probeer om tuis halfeindrondes te verseker in die Curriebeker deur onderskeidelik die Leeus in Durban en die Airlink Pumas in Mbombela te klop. Die Pumas bly egter in die wedloop om ‘n tuis halfeindronde. Sou die verdedigende kampioene egter hul oorblywende wedstryde - teen die Cheetahs Saterdag en volgende naweek teen die Griekwas - verloor, sal hulle glad nie die laaste vier haal nie. Beide de Pumas en Cheetahs het die afgelope weke teleurstellende uitslae behaal. Die afskop vir die wedstryd Saterdag by Mbombela-stadion is om 5-uur.
Uitvoerende beampte van die Pumas, Marius van Rensburg: 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Die Haaie en Cheetahs sal die naweek probeer om tuis halfeindrondes te verseker in die Curriebeker deur onderskeidelik die Leeus in Durban en die Airlink Pumas in Mbombela te klop. Die Pumas bly egter in die wedloop om ‘n tuis halfeindronde. Sou die verdedigende kampioene egter hul oorblywende wedstryde - teen die Cheetahs Saterdag en volgende naweek teen die Griekwas - verloor, sal hulle glad nie die laaste vier haal nie. Beide de Pumas en Cheetahs het die afgelope weke teleurstellende uitslae behaal. Hoofafrigter, Jimmy Stonehouse, en uitvoerende beampte van die Pumas, Marius van Rensburg, gesels met Gerhardt.

View Details

Die Gesondheidsdepartement in Mpumalanga het ‘n sterfte weens cholera in die provinsie bevestig.
Intussen is die bron van die uitbreking wat ook 24 lewens geëis het in Tshwane en een in die Vrystaat, steeds onbekend.
‘n Geval is gister ook in Limpopo bevestig. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Die Gesondheidsdepartement in Mpumalanga het ‘n sterfte weens cholera in die provinsie bevestig. Intussen is die bron van die uitbreking wat ook 24 lewens geëis het in Tshwane en een in die Vrystaat, steeds onbekend. ‘n Geval is ook gister in Limpopo bevestig. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Die departement van gesondheid in Mpumalanga het ‘n geval van cholera in die provinsie bevestig. ‘n 73-jarige vrou van Phaphamang in Phake in Dr JS Moroka-munisipaliteit is Vrydag in die Mmametlhake-hospitaal opgeneem met diarree, naarheid en braking. Sy is Dinsdag in die hospitaal oorlede. Cholera is deur ‘n laboratorium bevestig. ‘n Reaksiespan is na die area ontplooi om die oorsprong van die infeksie te ondersoek en die gemeenskap oor die siekte bewus te maak. ‘n Woordvoerder, Mandla Zwane: 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Fareeda Mashaba is in beheer van bewusmaking by The Greater Rape Intervention Programme (GRIP), sowel as om slagoffers van geslagsgebaseerde geweld te voorsien van al die nodige sorg wat hulle benodig.
Tarryn Lokotsch, die uitvoerende beampte van GRIP, sê geslagsgebaseerde geweld is duidelik aan die toeneem, terwyl al hoe meer jong kinders is die slagoffers is.
Hulle gesels met Johanné Strydom in die agtste aflewering van GRIP “Survival” 101 op 100.5FM.

View Details

Twee manlike sekerheidswagte verskyn vandag in die Emalahleni-landdroshof op aanklagte van die besit van ongelisensieërde en verbode vuurwapens. Die twee is gister in Wtibank aangekeer na hulle glo teen ‘n hoë spoed verby sigbare polisielede gejaag het in ‘n Etios sonder nommerplate. Volgens die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, Kolonel Donald Mdhluli, is hulle gestop en deursoek. Twee AK-47’s en vier Z-M’s sowel as ammunisie vir ‘n jaggeweer is gevind. Mdhluli sê ‘n totaal van 136 rondes ammunisie is gekonfiskeer. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

‘n Nuwe president moet volgende week deur die nuwe raad verkies word vir die KLCBT.
Uitgaande president, Sandra Jacobs, mag nie herverkies word nie omdat iemand nie twee agtereenvolgende termyn mag dien nie.
Linda Grimbeek, hoof operasionele beampte van die Kruger-Laeveld-sakekamer, gesels met Robin oor die nuwe raad wat vir twee jaar sal dien.

View Details

Die bekende voëlkenner, Duncan MacKenzie, kuier vandag in die ateljee saam met Sonop Ontbyt wat elke Woensdag Bos gaan en oor bewaring en natuurlewe gesels.

View Details

Behandeling en onderrig vir kinders met spesiale behoeftes kan gesinne se finansies onder druk sit, en daarom is Indigo Smiles Autism Foundation (ISAF) op soek na warm klere en komberse om hulle hierdie winter te ondersteun.
Cindy Coetzee, die stigter van ISAF, ‘n nie-winsgewende organisasie ter ondersteuning van gesinne met kinders met spesiale behoeftes, vertel vir Ludi en Mireille hulle benodig ook opvoedkundige speelgoed.
Alle donasies kan by die 100.5FM-ateljee in Sonpark afgegee word.

View Details

Dit is amper Junie en dit beteken winter is om die draai.
Amanda vind uit hoe Laevelders definieer dat die "ysbere" op pad is.

View Details

Innibos is vanjaar terug met 'n k-k-k-kraakvars fees. Philna Scholtz gesels met Gerhardt oor alles waarna die jongspan tot fynproewers in die teater uit kan sien vanaf 29 Junie tot 2 Julie.

View Details

Die ondersoeker en navorser, Wouter Botes, is eersdaags terug op die skerm met nog onverklaarde geheimenisse wat hy probeer oplos: van verdwynings en onopgeloste moorde tot vreemde verskynsels en legendes.
Die eerste episode van "Doodloopspore" begin op 15 Junie.

View Details

'n Totaal van 77 mense is die afgelope naweek in Mpumalanga gearresteer as deel van “Operasie Siyavutha”. Volgens die polisie sluit die oortredings onder meer moord, poging tot moord, roof, aanranding, besit van onwettige wapens en ammunisie en oortreding van die Wet op Immigrasie in. Die LUR vir gemeenskapsveiligheid, Vusi Shongwe, sê meer as 2 385 persone en 815 voertuie is vanaf Vrydag tot Sondag deursoek. Twee onwettige drinkplekke in Ehlanzeni-distrik is ook gesluit. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Die Nasionale Vervolgingsgesag in Mpumalanga sê hy is gereed om voort te gaan met die saak teen vier mense wat aangekla word van misdade verwant aan 'n renosterstropingsindikaat. Die woordvoerder van die N-V-G, Monica Nyuswa, sê die voorverhoor-konferensie is geskeduleer vir 17 Julie in die Mpumalanga Hooggeregshof in Mbombela. Twee van die vermeende ringkoppe wat in September 2018 in verband met die saak aangekeer is, is intussen vermoor. Hoofman Clyde Mnisi is vroeër vanjaar naby die K-M-I-lughawe doodgeskiet en Petros “Msengu” Mabuza in Hazyview in 2021. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

100.5FM vier op 31 Mei 20 jaar op die lug. Vanaand hou ons makietie saam met Pieter Koen by Jock Pub & Grill. Hy het gistermiddag met Ludi daaroor gesels. Luister weer hier.

View Details

Mei is ons verjaarsdagmaand en jy is genooi om op Vrydag, 26 Mei saam met ons partytjie te hou by die Jock Pub and Grill. Pieter Koen gaan die aand ons litte losskud. Verkope van die 100.5FM pizzaboks is ook ten bate van welwillendheid: 10% van alle opbrengste vanaand word aan die SAVF Silverdae in Waterval Boven geskenk. Elize Steenkamp gesels met Mireille.

View Details

Oorwinnings in die Curriebeker vir die WP en Bulle hierdie naweek kan moeilikheid maak vir die Airlink Pumas. Die Mpumalanga-span kan tot in die vierde posisie op die punteleer terugsak en daarmee die risiko loop om verbygesteek te word in die twee finale rondes voor die halfeindstryde bepaal word. Die Pumas speel Saterdag tuis teen die Bulle. Die afskop by Mbombela-stadion is om half-vier. Afrigter, MJ Mentz: 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Oorwinnings in die Curriebeker vir die WP en Bulle hierdie naweek kan moeilikheid maak vir die Airlink Pumas. Na 'n goeie begin aan die seisoen kan die verdedigende kampioene tot in die vierde posisie op die punteleer terugsak en daarmee die risiko loop om verbygesteek te word in die twee finale rondes voor die halfeindstryde bepaal word. Die Pumas lê tans derde op die punteleer, agter die Cheetahs en Haaie. Hulle speel môre tuis teen die Bulle. Afrigters Corné Steenkamp en MJ Mentz gesels met Gerhardt oor hul fokus.

View Details

Epilepsie is 'n baie misverstaande toestand.
Tebogo Sitiba, 'n senior maatskaplike werker by Epilepsie SA-sentrum in Dullstroom, gesels met Charles.
Luister weer hier.

View Details

Die LUR vir onderwys in Mpumalanga, Bonakele Majuba, sê sy departement is besig om sentrums vir vroeë kinderontwikkeling in die provinsie te professionaliseer. Hy het vanoggend besoek afgelê by die Thembelihle-vroeëkinderontwikkelingsentrum in Mbombela om die vordering te monitor sedert dié sentrums aan sy departement toegewys is. Ten einde matrikulante te motiveer, sal hy vanmiddag ook graad 12-leerlinge van vyf skole in Matsulu toespreek. Die departement teiken ‘n matriekslaagsyfer van 83-persent, op van die 76-komma-8-persent wat verlede jaar in die provinsie behaal is. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Die DA sê daar moet dringend ingegryp word by Estralita Spesiale Skool in Lydenburg. Volgens Sonja Boshoff, ‘n lid van die Nasionale Raad van Provinsies, word leerlinge met gestremdhede hul grondwetlike reg op onderwys ontsê weens ‘n voortslepende staking deur Nehawu wat reeds 12 maande duur. Dit spruit uit bewerings van rassisme by die skool, maar ‘n jaar later het die taakspan wat dit moes ondersoek glo nog geen verslag gelewer nie. Boshoff doen ‘n beroep op die LUR vir onderwys, Bonakele Majuba, om dringend in te gryp. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Die DA het die forensiese ondersoek verwelkom wat die provinsiale regering in Mkhondo-munisipaliteit van stapel gestuur het. Irene Brussow, die DA-koukusleier in die munisipaliteit, sê haar party en ander belanghebbendes vra al jare dat beweerde wanadministrasie en wangedrag ondersoek word. Die ondersoek is deur die LUR vir samewerkende regering, Mandla Msibi, gelas in terme van seksie 106, en behoort binne 60 dae afgehandel te wees. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Soms kom musiek van 'n ander plek as jouself, sê die rocker Mark Haze oor sy jongste enkelsnit, "Don't Say Goodbye".
Hy het gesels met Ludi oor sy ervaring in die plaaslike musiekbedryf sowel as "Home" wat hy onlangs saam met sy broer, Gareth Haze, opgeneem het. Dit word in Julie vrygestel.

View Details

Wat gaan aan in die Laeveld? Na 'n afwesigheid van etlike weke is Linda Grimbeek van die KLCBT terug om jou op hoogte te bring van plaaslike verwikkelinge.
Sy gesels met Mireille.

View Details

Sonop Ontbyt gesels Woensdae oor bewaring op 100.5FM.
Vandag kuier Jana Swart van Chimp Eden by Gerhardt in die ateljee.
Luister weer hier.

View Details

Die waarnemende premier, Sasekani Manzini, het motoriste gemaan om by die padreëls te hou. Dit is na ‘n ongeluk gisteroggend waarin ‘n bus betrokke was wat kinders skool toe vervoer het. ‘n Minibus-taxi het glo ‘n ander voertuig probeer verbysteek toe dit kop-aan-kop teen die bus gebots het op die R40 in Acornhoek. Die bestuurder van die taxi is op die toneel dood verklaar. Die busbestuurder is beseer. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Die waarnemende premier, Sasekani Manzini, het saam met die LUR vir onderwys in Mpumalanga, Bonakele Majuba, vandag Tsakane Spesiale Skool besoek na ‘n ongeluk gisteroggend waarin ‘n bus betrokke was wat kinders na die skool vervoer het. 'n Taxi het na bewering 'n ander voertuig probeer verbysteek toe dit kop-aan-kop teen die bus gebots het in Acornhoek. Volgens Manzini is al die leerlinge vandag terug by die skool. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Die Safari Guide of the Year (SGOTY)-toekennings vind eersdaags plaas en word deur die Field Guide Association of Southern Africa (FGASA) aangebied.
Michelle du Plessis van FGASA en Howard Rogerson van Ruggedwear gesels met Andri oor hul samewerkingsooreenkoms.

View Details

Innibos bied Vrydag die Vind vir Frikkie-skattejag aan. Vyftig deelnemers moet by agt besoekpunte aandoen en vrae oor die fees korrek beantwoord om 'n kans te staan om 'n groot prys te wen. Innibos-bemarkingsbestuurder, Sandra Jacobs, verduidelik presies hoe dit werk. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Innibos-feesgangers weet al hulle kan elke jaar iets #kraakvars van dié fees verwag.
Vrydag vind die Vind vir Frikkie-skattejag plaas, waartydens 50 deelnemers leidrade moet ontsyfer om by agt besoekpunte aan te doen.
Hier sal hulle 'n QR-kode skandeer en ‘n bekende kunstenaar sal (via video) ‘n vraag vra wat hulle met behulp van die Innibos Feesgids kan beantwoord.
'n CPS 5 000-eenheid om beurtkrag teen te staan is op die spel.
Innibos-bemarkingsbestuurder, Sandra Jacobs, vertel vir Gerhardt en Andri presies wat deelnemers te wagte kan wees.

View Details

"Oh my soul! Hierdie kerrie is so warm, dit brand my van my ID -boek af!
"Ag, toemaar. Dit is wat dit is."
Amanda vind uit watter gesegdes en uitdrukkings mense baie gebruik.

View Details

Die provinsiale regering het sy skok uitgespreek ook ‘n ongeluk gisteroggend waarin ‘n bus betrokke was wat kinders skool toe vervoer het in Mpumalanga. Volgens die onderwysdepartement het ‘n minibus-taxi ‘n ander voertuig probeer verbysteek toe dit kop-aan-kop teen die bus gebots het op die R40 in Acornhoek. Die bus het leerlinge na Tsakane Spesiale Skool vervoer. Die bestuurder van die taxi is op die toneel dood verklaar. Die busbestuurder is beseer. Die leerlinge is na Tintswalo-hospitaal geneem vir behandeling van geringe beserings. ‘n Woordvoerder, Gerald Sambo, sê die waarnemende premier, Sasekani Manzini, sal vanoggend saam met die LUR vir onderwys, Bonakele Majuba, die skool en beseerdes besoek. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

‘n Lid van Action SA het ‘n saak van aanranding geopen omdat hy na bewering Saterdag tydens 'n begrafnis in Barberton deur 'n ANC-lid aangerand is. Bonginhlanhla Khumalo was aanvanklik ‘n LGBTQ+-koördineerder vir die ANC, maar het intussen by Action SA aangesluit. Thoko Mashiane, die voorsitter van die party in Mpumalanga, sê dit is tekenend van die regerende party se houding jeens kwesbare minderhede. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Die Mpumalanga Departement van Onderwys teiken vanjaar ‘n matriekslaagsyfer van 83-persent. Ten einde matrikulante te motiveer, bring die LUR, Bonakele Majuba, môre ‘n besoek aan graad 12-leerlinge in die Siyabuswa-distrik. ‘n Slaagsyfer van 76-komma-8-persent is verlede jaar in die provinsie behaal, wat self ‘n verbetering van 3-komma-2-persent was oor 2021. Majuba sal ook die Sizabantu Vroeë-Kinderontwikkeling-Sentrum besoek om die vordering te monitor sedert dié sentrums aan sy departement toegewys is. Woordvoerder, Gerald Sambo: 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Drie verdagte begin vandag hul borgaansoek in die Carolina-landdroshof na hulle na bewering op 30 April ‘n man doodgesteek buite ‘n drinkplek. Volgens die polisie in Mpumalanga is die 23-jarige Sabelo Khumalo na 'n argument verskeie kere gesteek. Kwanele Khumalo, Khulekani Sibiya en Siyabonga Nkosi is verlede week aangekeer. Volgens polisiewoordvoerder, Kolonel Donald Mdhluli, het hulle Vrydag reeds in die hof verskyn. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Die vakbond Solidariteit sê sy regspan sal binnekort hofstukke indien in sy uitdaging van die Wysigingswet op Diensbillikheid wat president Cyril Ramaphosa in April as wet onderteken het. Die wet vereis dat werkgewers met meer as 50 personeellede diensbillikheidsplanne moet indien, wat spesifiseer hoe hulle die teikens sal bereik. Connie Mulder van Solidariteit sê die wet is ongrondwetlik en verleen drakoniese rassemagte aan die minister van Arbeid en Indiensneming. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Sewe werknemers van ‘n sekuriteitsmaatskappy het Vrydag in die hof verskyn op aanklagte dat hulle die Wet op die Beheer van Vuurwapens en die Regulering van die Private Veiligheidsbedryf (die sogenaamde Psira-wet) oortree het. Volgens die polisie word hulle ook aangekla van die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie. Die verdagtes is Donderdag in Masoyi aangekeer. Volgens polisiewoordvoerder, Kolonel Donald Mdhluli, versky hulle weer op 20 Junie in die hof. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Die Sonop Ontbyt-span het vanoggend regstreeks uitgesaai vanaf die Kruger Shalati, oftewel die Treinhotel op die brug in Skukuza.
Wat ‘n voorreg om dit saam met Wildman Nelspruit te kon meemaak.
Marnus Prinsloo gesels met Gerhardt en Andri.

View Details

Wêreld Byedag is Saterdag gevier.
Inge Austin van The Beeger Picture het met Adriaan gesels oor bye, heuning en bewaring.
Luister weer hier.

View Details

Die klassieke sangeres Lize Krause is Henry-John se gas in Musiekdebat hierdie week.
Hulle gesels seekos, rugby en nog wat. Luister weer hier.

View Details

Sonop Ontbyt gaan Bos en saai, saam met Wildman Nelspruit, Maandag regstreeks uit vanaf die Selati Trein-hotel in Skukuza.
Natuurlik maak hulle vooraf sommer 'n naweek daarvan.
Nolan Naudé gesels met Gerhardt en Andri.

View Details

Hoërskool Bergvlam se musiekblyspel vir 2023, "Beauty and the Jock" is geskryf deur twee leerlinge. Jaelyn de Vries en Nina van Heerden gesels met Sonop Ontbyt oor die stuk wat vanaf 22 tot 25 Mei op die planke is.

View Details

Statistieke Suid-Afrika het 7-duisend-500 tablette aan die Mpumalanga Onderwysdepartement geskenk om die Ubuhlebuzile e-leer-program in agt skole te loods. Dit is gister by “Acorns to Oaks” Sekondêr in Bosbokrand deur die Statistikus-Generaal, Risenga Maluleke, oorhandig en sal alle Graad 8 tot 12-leerlinge toegang gee tot leer met tegnologie. Calvin Molongoana, die direkteur van StatsSA se digitale sensusprojek: 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Die ANC het gister in die provinsiale wetgewer teen ‘n DA-mosie gestem om te verseker dat elke gesondheidsfasiliteit in die provinsie ten minste een funksionerende kragopwekker het en dat hulle gereeld nagesien word. Dit volg na Middelburg-hospitaal die naweek ‘n kragopwekker moes leen om tydens beurtkrag te funksioneer nadat sy eie opwekker onklaar geraak het. Volgens Jane Sithole het die geleende opwekker van Bethal eers Maandagaand gearriveer. Sy sê dit stel lewens in gevaar, terwyl die ANC verkies om eerder kleinlike politiek te speel. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Hlabirwa Rassie Nkune (37) is gister twee lewenslange vonnisse opgelê in die Mpumalanga Hooggeregshof in Mbombela.
Dit is vir die dubbele moord, met voorbedagte rade, op sy vriendin Pretty Mazibuko (46) en haar suster, sers. Marcia Mazibuko (41) in Kanyamazane verlede jaar.
Hulle is op 15 Mei 2022 doodgeskiet. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Hlabirwa Rassie Nkune is gister twee lewenslange vonnisse opgelê in die Mpumalanga Hooggeregshof in Mbombela, vir die dubbele moord, met voorbedagte rade, op sy vriendin Pretty Mazibuko en haar suster, sersant Marcia Mazibuko in Kanyamazane verlede jaar. Marcia was ‘n polisiebeampte. Die woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag in Mpumalanga, Monica Nyuswa: 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Riekie Du Preez, die sekretaresse van Mpumalanga Tennis, gesels oor die Growthpoint Meesters Interprovinsiale Toernooi wat hierdie week in Mbombela plaasvind vir spelers tussen 55 en 75 jaar.

View Details

Die burgemeester van Lekwa-munisipaliteit, Delani Thabethe, het gisteraand ‘n aanslag op sy lewe oorleef toe twee gewapende mans buite sy huis in Standerton op hom losgebrand het. Die polisie in Mpumalanga het bevestig dat hulle ‘n saak van poging tot moord ondersoek. Thabethe is nie getref nie. Volgens die woordvoerder, Kolonel Donald Mdhluli, is ‘n span ondersoekers aangewys om die saak te hanteer. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Die polisie in Tonga het Dinsdagaand 'n deurbraak gemaak toe hulle twee mans in besit van vier selfoontoring-batterye aangekeer het naby Komatipoort. Volgens die polisiewoordvoerder, Kolonel Donald Mdhluli, is hulle bewus gemaak van 'n verdagte Nissan-bakkie wat by die geslote terrein van die toring teenwoordig was. Die twee Zimbabwiese burgers is gearresteer na 'n jaagtog te voet. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Drie vermeende rowers moes Dinsdagaand vlug vanaf die toneel waar hulle 'n vrou in haar huis met 'n vuurwapen aangehou het, nadat sy die wapen by hulle afgeneem het.
Volgens die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, Kolonel Donald Mdhluli, het die voorval in Timbavati Trust in Acornhoek gebeur.
Die reeksnommer van die rewolwer wat die verdagtes op die toneel agtergelaat het, was afgevyl.
'n Saak van poging tot roof word ondersoek. Enigiemand met inligting is gevra om speurder Luitenant-Kolonel Aaron Digoro te kontak by 082-318-9925. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Die plaaslike tiener, Nicolas Grobler, is ingesluit in die o.17 SA-span wat in September en Oktober aan die 2023 Junior Wêreld-reeks vir Binnehuise Krieket in Dubai gaan deelneem.
Dié Hoërskool Nelspruit-leerling kuier by Gerhardt en Andri in die ateljee.

View Details

Vir die eerste keer in hoe lank word die nasionale kampioenskappe van 'n sport in die Laeveld aangebied: Op 24 Junie vind die SA's van Laser Run by Mankele plaas.
Dié sport val onder Moderne Vyfkamp. Johan Matthysen gesels met Ludi en Mireille.

View Details

Die Mpumalanga Onderwysdepartement betreur die afsterwe van drie leerlinge in afsonderlike ongelukke in Bosbokrand gisteroggend. Volgens die woordvoerder, Gerald Sambo, is graad 11-seun dood toe hy deur ‘n bakkie getref is terwyl hy die R40 oorgesteek het. In Saselani het ‘n taxi wat ‘n ander voertuig verbygesteek het, beheer verloor en in vier seuns ingeploeg. Twee broers is dood en twee leerlinge is beseer. Volgens die departement sal almal wat deur die tragedies geraak word, berading ontvang. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Tshukudu-wildreservaat by Hoedspruit bestaan al 45 jaar.
Deesdae hervestig hulle ook jagluiperds in die wild.
Sonop Ontbyt vind meer uit by David Sussens.
Luister weer hier:

View Details

Hlabirwa Rassie Nkune (37) is gister deur die Mpumalanga Hooggeregshof in Mbombela skuldig bevind aan die dubbele moord, met voorbedagte rade, op sy vriendin Pretty Mazibuko en haar suster, sers. Marcia Mazibuko verlede jaar in KaNyamazane.
Nkune staan ook in Delmas tereg op die moord van ‘n ander vriendin. Moordklagtes is vroeër voorlopig teen hom en drie medebeskuldigdes teruggetrek in die Hillary Gardee-saak. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Hlabirwa Rassie Nkune is gister deur die Mpumalanga Hooggeregshof skuldig bevind aan die dubbele moord, met voorbedagte rade, op sy vriendin Pretty Mazibuko en haar suster Marcia Mazibuko. Marcia was ‘n polisiebeampte. Hulle is in Mei verlede jaar in KaNyamazane doodgeskiet. Nkune het skuldig gepleit op die moordklagte, maar die hof het sy weergawe van Pretty se dood onvolledig gevind en die verhoor het voortgegaan. Volgens Monica Nyuswa van die Nasionale Vervolgingsgesag, verskyn hy vandag weer in die hof. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Kinders word ook deur die huishoudelike geweld wat teen hul ouers gepleeg word, geraak en om dita aan te spreek het The Greater Rape Intervention Programme (GRIP) die Hearts not hands-kampe van stapel gestuur.
Sibongile Ndlovu vertel saam met Tarryn Lokotsch, die uitvoerende beampte van GRIP, vir Johanné Strydom meer oor hul samewerking met die KinderFonds MAMAS (KFM) van Nederland.

View Details

Sou jy die slagoffer word van seksuele geweld moet my mediese sorg kry.
Dr. Sentene Goosen van City Health Nelspruit verduidelik waar ‘n mens begin om gesondheidsorg te bekom, hoekom jy binne 72 uur lewensreddende medikasie moet kry, en waar jy ‘n aanval aan kan meld.
Sy gesels saam met Tarryn Lokotsch, die uitvoerende beampte van GRIP, met Johanné Strydom in die sesde aflewering van GRIP “Survival” 101 op 100.5FM.

View Details

Glo jy aan spoke? Amanda vind uit of mense al ervarings met sogenaamde dwalende geeste gehad het en wat dit behels het.

View Details

Die DA in Mpumalanga het sy kommer uitgespreek oor die provinsiale Departement van Openbare Werke, Paaie en Vervoer, om vakante poste te vul.
Volgens Trudie Grovè-Morgan belemmer dit instandhoudingswerk en die bou van paaie.
Volgens die DA dra begrotingstekorte, gebreekte toerusting en die departement se onvermoë om sy eie teikens te haal, by tot die swak toestand van provinsiale paaie. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Dit sal na verwagting vandag nog reën in die Laeveld. Volgens weervoorspeller, Lehlohonolo Thobela, behoort dit oor die naweek op teklaar. Hy sê hoewel die hewige donderstorms wat gister vir die Hoëveld voorspel is ongewoon is vir hierdie tyd van die jaar, behoort dit nie ‘n besonder koue winter in die Laeveld te wees nie. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens verwag bogemiddelde minimum en maksimum temperature. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Dit gaan die week nog koud wees, en hoewel die hewige donderstorms in die Hoëveld ongewoon is vir hierdie tyd van die jaar, behoort dit nie ‘n besonders kouer winter in die Laeveld te wees nie. Weervoorspeller, Lehlohonolo Thobela, sê die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) verwag bogemiddelde minimum en maksimum temperature.
Hy gesels met Ludi en Mireille.

View Details

Twee mans van Eswatini sou vandag in verskillende howe in Mpumalanga verskyn op aanklagte van handel in dagga. Volgens die polisie is ‘n 29-jarige verdagte Saterdagoggend by die Mahamba-grenspos aangekeer met ongeveer 50-duisend-Rand se dagga wat binne ‘n vals kompartement in sy voertuig versteek was. ‘n 30-jarige verdagte sou ook vandag in die Nkomazi-landdroshof verskyn op aanklagte van handel in dagga en oortreding van die Wet op Immigrasie. Dit is na hy gisteraand naby die Jeppes Reef-grenspos tydens ‘n stop- en deursoek operasie met ongeveer 30-duisend-Rand se dagga betrap is. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

‘n Man is Vrydagoggend doodgeskiet na hy saam met twee ander gewapende mans ‘n polisiesersant op pad werk toe aangeval het. Volgens die polisiewoordvoerder, kolonel Donald Mdhluli, was die 43-jarige beampte te voet op pad na die Pienaar-polisiestasie toe die mans hom voorgekeer het. Een verdagte het ‘n skoot afgevuur en die sersant het teruggeskiet. Die aanvallers het gevlug, maar een is later dood aangetref. Hy is nog nie geïdentifiseer nie. Die Onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat ondersoek die voorval. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Vyf mense het gister in die gespesialiseerde hof vir kommersiële misdade in Middelburg verskyn op aanklagte van bedrog, diefstal en geldwassery.
Volgens die Valke spruit die klagte uit ‘n bestelling wat deur Tutuka-kragstasie by Umnandi Konferensie en Spysernieringsdienste geplaas is vir twee vraghouers teen ‘n baie verhoogde prys.
Valke woordvoerder, Kaptein Dineo Sekgotodi, sê Zandile Ngcobo is ‘n voormalige aankoper by Eskom se Tutuka-kragstasie. Die saak teen haar en haar medebeskuldigdes Annemarie Stander, Jessica Khubheka, Solomon Twala en Nomsa Sibiya is uitgestel tot 8 Junie. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Hoe nou gemaak met ‘n ouer of grootouer met demensie of Alzheimer se siekte waarna jy moet omsien?
Elria Erasmus, die streeksbestuuder van Adasa (Association for Dementia and Alzheimers of South Africa) in Mpumalanga gesels met Charles.

View Details

Die Airlink Pumas speel vanmiddag om 5-uur teen die Haaie in die Curriebeker by Mbombela-stadion. Met vyf rondes oor lê die Cheetahs bo die Pumas op die punteleer met twee punte, so die tuisspan wil vanaand wen. Louis Janse van Rensburg, kondisioneringsafrigter, sê hoewel die Haaie sterk is in die skrums en rolmaalbewegings, die Pumas al bewys het hulle kan fisiek meeding. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Scully Levin, die lugvaartpionier, is Saterdag in aksie by die Laeveld Lugskou wat vir die eerste keer sedert die Covid-19-pandemie weer aangebied word. Kaartjies is vanmiddag buite Crossing SUPERSPAR beskikbaar tussen 13:00 en 19:00. Kaartfasiliteite sal beskikbaar wees. Hy gesels met Ludi en Mireille oor kunsvlieg.

View Details

Die Airlink Pumas is vandag gasheer vir die Haaie in die Curriebeker by Mbombela-stadion.
Met vyf rondes oor lê die Cheetahs bo die Pumas op die punteleer met twee punte.
Jimmy Stonehouse, hoofafrigter; Louis Janse van Rensburg, kondisioneringsafrigter; en Marius van Rensburg, uitvoerende beampte het in die ateljee kom kuier.
Die afskop Vrydag by Mbombela-stadion is om 17:00.

View Details

TRAC raai padgebruikers aan om N4 by Vosman te vermy tot dienslewering kwessies opgeklaar is. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

TRAC het die geweldadige betogings op die N4 veroordeel weens die veiligheidsrikisiko aan padgebruikers en skade wat aan eiendom aangerig is.
Volgens kommunikasiebestuurder, Solange Soares, is die N4-tolpad tussen die Balmoral-wisselaar en die N4/N12-vurk naby eMalahleni (Witbank) sedert Dinsdagaand weens geweldadige diensleweringsproteste gesluit. Vragmotors is onder andere aan die brand gesteek.
Soareas sê TRACAssist het ‘n deel van die pad afgesper as ‘n voorsorgmaatreël. Hulle is ook op die toneel om verkeer te herlei. TRAC raai padgebruikers aan om die area te vermy tot die kwessie opgeklaar is. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Henry John gesels vandag met die violis Anneke Coetzer oor reis en geskenke. #Musiekdebat

View Details

Laerskoolleerlinge is genooi om vanjaar die amptelike Innibos fees T-hemp te ontwerp. Bemarkingsbestuurder, Sandra Jacobs, verduidelik dat die wen-ontwerper onder meer toegangskaartjies vir hul gesinne wen. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Die polisie in Mpumalanga sê hulle het gister sowat 80 mense betrap waar hulle chroom van ‘n goederetrein tussen Dullstroom en Belfast af steel.
Woordvoerder, Brigadier Selvy Mohlala, sê hulle het reageer op inligting van die Samancor Eastern Chrome Mine.
Die plunderaars het op die vlug geslaan en in die bosse verdwyn en sakke gevul met die metaal op die toneel agtergelaat. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Die winter is 'n wonderlike tyd van die jaar om in die Laeveld te gaan kamp.
Tanya Nel, die voorsitter van die Laeveld-tak van die Karavaanklub van Suid-Afrika, deel haar advies met Charles.

View Details

Laerskoolleerlinge is genooi om vanjaar die amptelike Innibos fees T-hemp te ontwerp.
Bemarkingsbestuurder, Sandra Jacobs, verduidelik hoe werk dit.

View Details

Die Mpumalanga Laerskole Rugby-vereniging werk hard om o.12 en o.13-spelers die geleentheid te bied om provinsiaal mee te ding. Beide spanne het in 2022 baie goed gevaar.
Gerben Janse van Rensburg gesels met die Verkas-span.

View Details

Die N4-tolpad is tans in die omgewing van Vosman gesluit weens protesaksie. Motoriste wat vanaf die Laeveld Gauteng toe reis is aangeraai om alternatiewe roetes te gebruik. Die pad was net na 10-uur in beide rigtings gesluit. Mpumalanga polisiewoordvoerder, Brigadier Selvy Mohlala: 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Daar is 'n ernstige tekort aan slangteengif in die land. Chris Hobkirk van Lowveld Venom Suppliers verduidelik vir Charles wat proses is om die teengif te vervaardig en wat die tekort vir jou beteken.

View Details

‘n Vermeende transitorower wat gister in die Kabokweni-landdroshof verskyn het, bly in aanhouding tot Maandag wanneer hy vir borgtog aansoek kan doen. Zakhele Mnisi (39) is Vrydagmiddag aangekeer na ‘n transitoroof tussen Mkhulu en Hazyview. Volgens die Valke het sowat sewe gewapende aanvallers in drie voertuie ‘n G4S gepantserde voertuig beroof en met ‘n onbekende bedrag kontant gevlug. ‘n Helikopter van Fidelity wat besig was om ‘n ander geldwa te vergesel kon die verdagte help aankeer. Die woordvoerder van die Valke, Kaptein Dineo Sekgotodi: 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Glo jy aan spoke? Amanda vind uit of mense al ervarings met sogenaamde dwalende geeste gehad het en wat dit behels het.

View Details

‘n Vermeende renosterstroper wat voortvlugtig was voor die gereg is Saterdag in Kabokweni met behulp van ‘n wenk van die publiek her-aangekeer. Odis Maluleke is aanvanklik in 2015 gearresteer toe hy en drie ander die Krugerwildtuin probeer binnegaan het met onder meer ‘n jaggeweer. Hy is borg toegestaan en het verdwyn tot hy in 2019 herarresteer is saam met drie ander verdagtes in die wildtuin met twee renosterhorings in hul besit. Hy is weer borg toegestaan en het weer versuim om hofverrigtinge by te woon. Maluleke het gister in Mhala verskyn. Volgens die polisiewoordvoerder, Brigadier Selvy Mohlala, bly hy in aanhouding tot hy op 18 Mei in Skukuza verskyn. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Die DA het die Openbare Beskermer gevra om ondersoek in te stel na die vertragings en koste van die bou van die Mpumalanga Varsproduktemark. Konstruksie is 12 jaar gelede aangekondig. Volgens Bosman Grobler is meer as 2-miljard-Rand reeds daaraan spandeer. Hy sê die LUR vir finansies, toerisme en ekonomiese ontwikkeling, Mpumi Hlophe, het in die wetgewer aangedui dat al die geboue slegs tussen 47 en 94-persent afgehandel is. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Die Oostelike streek van die Suid-Afrikaanse Sierduif-vereniging hou Saterdag by i'langa Mall weer hul jaarlikse skou. Die verskeidenheid voëls beloof om die publiek stom te slaan. Jan Labuschagne gesels met Charles.

View Details

Saterdag vind die Laeveld Lugskou vir die eerste keer sedert die Covid-19-pandemie plaas. Johan Heine van Kishugu gesels met Gerhardt en Andri.

View Details

Die sangeres Babette was in 2020 maar 32 jaar oud, en met geen geskiedenis van borskanker in haar familie nie, toe drievoudige negatiewe borskanker by haar gediagnoseer is.
Sy deel haar inspirerende storie met ons.

View Details

Mason Schwulst speel die titelrol in Boxoftrix - The Musical.
Dit is vanaf Woensdag by die Barnyard Theatre in Casterbridge op die planke met skitterende plaaslike talent.
Schwulst het saam met Felicia Lemmer by Amanda in die ateljee kom kuier.

View Details

Dit is revue-week by Hoërskool Nelspruit. Konsertgangers kan uitsien na tydlose treffers op die maat van energieke dansers en sangers.
Wat beteken Aeternum? Kom vind uit by NHS se 27ste revue.
Ester de Kock en Berno Venter het in die ateljee kom gesels oor vanjaar se produksie.

View Details

‘n 39-jarige wyksraadslid verskyn vandag in die Kriel-hof op aanklagte van huisbraak, aanranding met die doel om ernstig te beseer en poging tot verkragting. Volgens die polisie in Mpumalanga het die man Vrydag saam ‘n vriend gedrink terwyl die kind se ma by die werk was. Hy het sy vriend in ‘n taverne agtergelaat en by sy huis ingebreek waar hy na bewering die 12-jarige aangerand het. Haar ouer suster het die polisie ontbied. Die polisiewoordvoerder, Brigadier Selvy Mohlala, sê hy het aanvanklik gevlug maar is kort daarna aangekeer. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Zoë is bloedjonk en nuut op die musiektoneel. Hierdie "Crazy Meisie" gesels met Andri oor haar eerste enkelsnit en musiekvideo.

View Details

Karin vertel van die mooi man op die trein na Pretoria. Of was dit alles net 'n droom?

View Details

Henry John gesels met die sangeres en diereliefhebber Anastia Klingelberg oor verkeersirkels en die Bosveld. Luister hier na Musiekdebat.

View Details

Die Valke in Mpumalanga waarsku die publiek teen mense wat hulself as polisiebeamptes voordoen en staatsamptenare teiken. Volgens die woordvoerder, Kaptein Dineo Sekgotodi, toon hulle vervalste dokumente met ‘n Valke-briefhoof waarvolgens ‘n lasbrief vir die slagoffer se inhegtenisname uitgereik is weens beweerde bedrog, wan-administrasie of diefstal. Hulle eis dan omkoopgeld om die nie-bestaande ondersoeke te laat verdwyn. Enige slagoffers is gevra om dit dadelik by die polisie aan te meld. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

‘n Voormalige administrasieklerk by Eskom is tot effektief 10 jaar tronkstraf gevonnis vir bedrog, korrupsie en geldwassery in die gespesialiseerde hof vir kommersiële misdade in Mbombela. Nwabisa Ngxola het saam met twee medebeskuldigdes gewerk om vervalste fakture te verwerk vir dienste wat nie aan Eskom gelewer is nie. Chimanzi Investments het so 2,6-miljoen-Rand bekom. Die direkteur, Micheal Chimanzi, is op 1 Maart gevonnis tot agt jaar, wat opgeskort is vir vyf jaar. Hul medebeskuldigde, Cinderella Moropane, se saak kom weer 17 Mei voor die hof. Valke-woordvoerder, Kaptein Dineo Sekgotodi: 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Die sangeres Wesna het onlangs 'n splinternuwe avontuur begin wat sy aanroer in haar jongste enkelsnit, Avontuur. Sy gesels met Sonop Ontbyt.

View Details

Loodgieters verrig een van die belangrikste take: Hulle verseker die belangrikste hulpbron van alles (water) word veilig vervoer.
Die Plumbing Industry Registration Board (PIRB) is tans op toer in Mpumalanga om mense bewus te maak van die belangrikheid daarvan om professionele loodgieters aan te stel.
Rendani Tshivhula gesels met die Verkas-span.

View Details

Twee plaaslike kunstenaars, Sais du Plooy en Tiffany Steyn, het vanjaar ingeskryf vir Die Kontrak 3. Hulle sal môre weet of hulle gekies is om deel te wees van die seisoen - maar sal niks mag verklap voor die uitsendings op televisie begin nie. Hulle gesels met Sonop Ontbyt oor hul musiekdrome.

View Details

Megan Andersen sê sy was, soos verskeie ander mense, ook vasgevang in die siklus van hoe 'n mens moet lyk om in te pas of geliefd te wees.
Met Nutritiously Naked probeer sy ander help om ook daardie kringloop te breek. Sy gesels met die Verkas-span oor haar nuwe benadering tot gesondheid.

View Details

Die Sonop Ontbyt-span ontdek elke Woensdagoggend bewaringsprojekte.
Andries Potgieter van Toerbroers gesels met Gerhardt en Andri oor hoe spesiaal die Blyde Rivier Canyon is.

View Details

Die polisie ondersoek die skietdood van ‘n egpaar in Standerton. ‘n 34-jarige vrou het haar 42-jarige man, ‘n werker op die Kromdraai-plaas, besoek toe skote by hul huis gehoor is. Hulle is gisteroggend in ‘n plas bloed ontdek met ‘n vuurwapen en drie leë patroondoppies langs hulle. Die vrou is op die toneel dood verklaar. Die man is vroeg vanoggend weens sy wonde in die hospitaal dood. Polisie ondersoek die moontlikheid dat hy sy vrou en toe homself geskiet het. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Daar is boererate wat werk. Amanda vind uit watter vir luisteraars werk.

View Details

Die plaaslike liedjieskrywer en sangeres, Tiffany Steyn, het al geleer om elke geleentheid wat na haar kant toe kom aan te gryp.
Sy gesels met Amanda oor verborge talente en toekomsdrome.

View Details

Twee Mosambiekse burgers is die week gevonnis vir smokkelary. Volgens die Valke is Sibusiso Vincent Fakude en Anastercia Timane op 10 Maart by Lebombo-grenspos aangekeer met nagemaakte tekkies ter waarde van sowat 1-komma-9-miljoen-Rand. Hulle het nie die korrekte doumentasie gehad nie.
Die hof vir gespesialiseerde kommersiële misdade in Komatipoort het Dinsdag gelas dat Timane ‘n boete van 100-duisend-Rand moet betaal of drie jaar agter tralies spandeer. Fakude is met 5-duisend-Rand boete of drie maande tronkstraf opgelê. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

‘n Voormalige finansiële bestuurder by Eskom se Kriel-kragstasie is tot agt jaar gevangenisstraf gevonnis vir bedrog en diefstal. Volgens die Valke in Mpumalanga het Sifiso Jacob Masina (42) tussen Mei 2011 en Februarie 2012 amper 514-duisend-Rand betaal aan twee maatskappye wat aan homself en sy ma behoort het, sonder dat enige dienste aan die kragnutsmaatskappy gelewer is. Die agt jaar vonnis is vir vyf jaar opgeskort. Hy moet ook die geld aan Eskom terugbetaal. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

‘n Man wat aangekla is van mensehandel is vrygespreek op dié klagte in die Bethal-landdroshof. Die 43-jarige Eduardo Teixeira is egter skuldig bevind aan oortreding van die Wet op Immigrasie. Hy is Dinsdag tot twee jaar tronkstraf, wat opgeskort is vir vyf jaar, gevonnis. Hy is aanvanklik daarvan aangekla dat hy saam met sy vriendin mense van Mosambiek na Suid-Afrika gelok het met die belofte van goeie werk, maar dat hulle gedwing is om op ‘n plaas te werk. Die woordvoerder van die Valke, Kaptein Dineo Sekgotodi, sê alle klagte is teen sy vriendin, Nhlanhla Thabetha, teruggetrek. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Die DA sê hulle gaan die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie vra om by die waterkrisisse in dele van die provinsie in te gryp.
Trudie Grovè-Morgan sê verskeie munisipaliteite het geen alternatiewe kragopwekking by pompstasies nie en tesame met verouderde infrastruktuur laat dit inwoners vir dae aaneen sonder water.
Sy sê inwoners van Witrivier het nou al vir vyf maande nie ‘n stabiele watertoevoer nie.
Sy wys daarop dat beurtkrag nie oornag ingestel is nie, en dat plaaslike owerhede met langtermyn oplossings vorendag moet kom omdat toegang tot water ‘n basiese reg is. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Die DA het aan die Munisipale Afbekeningsraad geskryf oor die voorgestelde veranderinge aan munisipale grense in Mpumalanga. Volgens Bosman Grobler ondersteun die party die voorstel om die voormalige Umjindi-area uit Mbombela-munisipaliteit te verwyder om ‘n nuwe plaaslike owerheid te skep.
Die party is egter gekant teen die skep van ‘n nuwe, vierde distriksmunisipaliteit wat uit Thaba Chweu, Bosbokrand en Emakhazeni plaaslike owerhede sal bestaan. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Drie stropers is swaar gevonnis in Skukuza vir drie renosters wat hulle in November 2019 in die Malelane-area van die Krugerwildtuin gestroop het. Teddy Dlamini is 39 jaar opgelê vir onder meer onwettige betreding van die wildtuin en die rig van ‘n vuurwapen. Zwelithini Mathebula en Lucky Mhlongo is tot 34 jaar gevonnis vir ondermeer besit van gevaarlike en onwettige vuurwapens en ammunisie en sameswering om ‘n misdaad te pleeg. Nog twee beskuldigdes het verdwyn na hulle borgtog toegestaan is. Die woordvoerder van die wildtuin, Ike Phaahla, het veral die veldwagter geloof vir die suksesvolle vervolging. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Die DA sê hulle gaan die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK) vra om by die waterkrisisse in dele van die provinsie in te gryp. Luister hier: 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

ActionSA in Mpumalanga verwelkom die ondersoek deur die Valke na die tender wat die Mpumalanga Ekonomiese Reguleerder (MER) na bewering vir 12 jaar onregmatig toegeken het aan Mzimari Productions Company om die Mej. Mpumalanga-kompetisie aan te bied. Die provinsiale voorsitter van ActionSA, Thoko Mashiane, sê die voormalige voorsitter van die MER-raad het verskeie kere gevra dat hierdie kontrak ondersoek word, maar dit het op dowe ore geval. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Met soveel potensiaal is Linda Grimbeek van die KLCBT soms verbaas dat daar nie meer in die Laeveld aangaan nie.
Sy gesels met Robin oor die ontginning van potensiaal.

View Details

Elke Woensdagoggend kuier Sonop Ontbyt in die bos en gesels oor bewaring.
Deon Cilliers van Cheetah Outreach Trust vertel hulle meer oor die bewaring van vrylopende jagluiperds.
"Wêreldwyd is daar slegs sowat 7 000 oor, waarvan 70% buite bewaringareas voorkom."

View Details

Het jy bygelowe en waar kom dit vandaan? Loop jy onderdeur lere en hoekom nie?
Amanda gaan vind uit wat beteken dit as jou portrette skeef hang, daar 'n wilgeboom in jou tuin groei of daar slange in jou drome verskyn.

View Details

Dele van Witrivier het vandag reeds meer as twee weke geen water in hul krane nie. Veral die boonste deel van Peter Grahamstraat loop erg deur. Volgens Silulumanzi, wat water vanaf die Boschrand-reservoir daarheen pomp, vererger beurtkrag en onwettige aansluitings tussen Nelspruit en die betrokke waterreservoir in Witrivier die situasie. Pierre du Preez, ondervoorsitter van die Power of 8000 en die Witrivier-belastingbetalersvereninging, lê die krisis voor die deur van Mbombela-munisipaliteit. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Dit is Wêreld Malaria-dag.
Jaco Venter van Mopani-apteek sê dit is vir veral besoekers baie gevaarlik, omdat hulle dalk nie die nodige behandeling daarvoor sal kry in hul tuislande nie. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Witrivier, Lydenburg/Mashishing en Delmas is benoem as die finaliste vir Mpumalanga in die Kwêla Dorp van die Jaar-kompetisie.
Pierre du Preez, ondervoorsitter van die Power of 8000 en die Witrivier-belastingbetalersvereninging, gesels met Sonop-ontbyt oor die noue gemeenskap van dié dorp.
“Ek dink gaan vir ons meer gewig dra terwyl ons hierdie wa deur die drif probeer trek.”
Mense kan tot Vrydag om 12:00 stem deur die naam van die dorp te SMS na 33157.

View Details

Dit is Wêreld Malaria-dag en Jaco Venter van Mopani-apteek kuier in die ateljee saam met Sonop-ontbyt oor wat inwoners en besoekers aan die Laeveld moet weet.
“Laat behandeling is baiekeer fataal,” sê hy.

View Details

Maak seker jou eiendom is korrek gewaardeer, waarsku Sakkie van Rooyen, 'n eiendomsagent by Pam Golding.
Inwoners van Mbombela-munisipaliteit het tot 31 Mei om kapsie aan te teken as hulle voel hul huise, sakepersele of plase oor oorwaardeer op die munisipale waardasierol.
Dit sal vanaf 1 Julie vir die volgende vier jaar hul eiendomsbelasting bepaal.

View Details

De Ark Gastehuis in Lydenburg bied gaste 'n luukse Afrika-ervaring in hierdie historiese dorp.
Gaste het 'n keuse tussen B&B of selfsorg en hoewel elke moderne gerief beskikbaar is, is die decor van elke kamer unieke en oorspronklik, stylvol en antiek.
Francois and Francis le Roux gesels met Andri. Luister weer hier. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Deloris kan darem maar skinder! Vandag vertel sy hoe Mathilda se motorwerktuigkundige man haar per abuis 'n baie goeie idee gegee het vir haar eie sakeonderneming.

View Details

Die polisie in Mpumalanga het ‘n pleidooi gerig aan gemeenskappe om nie die reg in eie hande te neem nie. Dit volg op die dood van ses mense in Kabokweni, na vermoede deur groepsgeweld. Drie mense, wat moontlik verdagtes was in ‘n gewapende roof, is Vrydag aangerand en hul huis afgebrand. Hulle het aan hul beserings beswyk. Twee ander mans is in ‘n afsonderlike voorval dood. Die liggaam van die sesde slagoffer is dieselfde dag in ‘n bebosde area ontdek. Polisiewoordvoerder, brigadier Selvy Mohlala, sê slegs twee slagoffers is tot dusver uitgeken. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Die Munisipale Afbakeningsraad nooi die publiek om hul opinies te lug oor veranderings wat aan munisipale grense in Mpumalanga voorgestel is.
Die voorstel is dat die voormalige Umjindi-area uit Mbombela-munisipaliteit verwyder word en ‘n nuwe plaaslike owerheid geskep word.
Daar word ook beplan om Thaba Chweu, Bosbokrand en Emakhazeni (Belfast/Machado/Dullstroom) saam te voeg onder 'n nuwe, vierde distriksmunisipaliteit.
Chief Albert Luthuli (Carolina/Badplaas) sal ook by Ehlanzeni-distrik ingesluit word.
Philip Minnaar, DA-raadslid van Barberton, verduidelik wat aangaan.

View Details

Dit is April en 100.5FM sit die "L" terug in Lekker Leef in die Laeveld.
Charles het gaan kers opsteek by Elrin Faurie, 'n plaaslike tuinboukundige, oor hoe om jou tuin te vernuwe.

View Details

GRIP se Ntombifuthi Sambo staan ook bekend as die Koningin van die Hof.
Sy gesels saam met Tarryn Lokotsch, die uitvoerende beampte van GRIP, met Johanné Strydom in die vyfde aflewering van GRIP “Survival” 101 op 100.5FM.

View Details

Opknappingswerk aan toerisme fasiliteite in die Krugerwildtuin is goed op dreef. Volgens die woordvoerder, Ike Phaahla, word dit deur die Departement van Bosbou, Visserye en Omgewing befonds en sal dit nog sowat twee jaar duur. Besoekersverblyf in Krokodilbrug-kamp, Biyamiti en Bateleur-boskamp is reeds opgeknap.
‘n Kontrakteur sal ook aangestel word op paaie op te gradeer. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Die voorsitter van die nuut gestigde Nelspruit-belastingbetalersvereniging, TJ Maré, sê inwoners kan nie meer terugstaan nie en moet aandring dat hul geld reg aangewend word deur die plaaslike owerheid.
Die vereniging vergader weer Dinsdag, 25 April om 18:00 by Hoërskool Bergvlam. Hy moedig alle inwoners aan om dit by te woon. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Wat gebeur met ons belasting? Die voorsitter van die nuut gestigde Nelspruit-belastingbetalersvereniging, TJ Maré, sê inwoners van die stad het 'n reg om te weet hoe hul belasting bestee word.
"Ons kan nie meer terugstaan nie." Hy gesels met Gerhardt en Andri.

View Details

Laerskool Barberton is vanjaar 120 jaar oud en die skool beplan groot gebeurtenisse om dit te vier. Roeléne Engelbrecht gesels met die Verkasspan oor hul planne.

View Details

Solidariteit maak gereed vir ʼn enorme regstryd oor die nuwe Wet op Diensbillikheid. Dit volg nadat pres. Cyril Ramaphosa ná talle aanmanings voortgegaan het om dié wet te bekragtig.
Solidariteit voer aan dat dié hersiene wetgewing drakoniese magte aan die minister van arbeid gee om rasseskuiwe volgens die regering se politieke agenda te maak.
Connie Mulder, die hoof van die Solidariteit Navorsingsinstituut, gesels met Andri oor die wetgewing en hoe dit verskil van swart ekonomiese bemagtiging (SEB) en regstellende aksie en hoe dit die Suid-Afrikaanse werksmag en ekonomie raak.
Luister weer hier.

View Details

Die Groen Skerpioene in Ehlanzeni het aangedui dat hulle volgehoue rioolstortings in die botaniese tuin in Mbomebla gaan ondersoek. Volgens die DA, wat die klag ingedien het, oorstroom die Silulumanzi-rioolpompstasie in die tuin sedert 2018 en vloei dit ook in die Krokodil- en Nelsriviere in. Partylid, Bosman Grobler, sê die situasie word vererger deur beurtkrag. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Twee vermeende mensehandelaars het hul borgaansoeke in die Nelspruit-landdroshof laat vaar.
Volgens die Valke het Mujahid Hussain en Ihsan Ullar gister verskyn. Hulle staan tereg op aanklagte van oortreding van die Wet op Voorkoming en Bestryding van Handel in Persone. Die Valke woordvoerder, Kaptein Dineo Sekgotodi, sê hul regsverteenwoordiger het die hof ook ingelig dat beide beskuldigdes van voorneme is om skuldig te pleit. Hulle verskyn weer op 23 Mei in die streekshof. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

‘n Splinternuwe inisiatief van Innibos nooi die publiek uit om gedigte te skryf wat dan deur professionele musikante en kunstenaars in liedjies of kundwerke omskep sal word wat tydens diue fees in Junie ten toon gestel sal word. Die tema is: Vars, vernuwe, groei en gelukkig. Die sluitingsdatum vir gedigte is volgende Donderdag. Komponis Lizanne Barnard verduidelik hoe werk Kuns Inni Liedjiebos. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

'n Groot skoonmaakaksie word Vrydag weer gehou in die middedorp en ingangsroetes na Nelspruit. Dit word deur Ehlanzeni-distriksmunisipaliteit gedryf met die Kruger-Laeveld-sakekamer wat dit koördineer. Linda Grimbeek van die KLCBT sê alle inwoners is genooi om hand by te sit. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

'n Groot skoonmaakaksie word Vrydag weer gehou in die middedorp en ingangsroetes na Mbombela (Nelspruit). Dit word deur Ehlazeni-distriksmunisipaliteit gedryf met die Kruger-Laeveld-sakekamer (KLCBT) wat dit koördineer. Die span van We Care 4 Nelspruit sit ook hand by. Die hele gemeenskap is genooi om saam te werk.
Linda Grimbeek gesels met Robin.

View Details

Sonop Ontbyt kuier elke Woensdagoggend in die bos. Hulle het vanoggend gesels met Martial Rappo van Moholoholo Rehabilitasiesentrum oor die bewaring- en opvoedingstaak wat hulle verrig.

View Details

Alles is in plek vir die TRAC N4 Elands-marathon hierdie Saterdag. Meer as 1-duisend-700 deelnemers het reeds ingeskryf. Die skilderagtige roete vir die 42-kilometer begin by Laerskool Oosterlijn in Waterval Boven en eindig by die Sappi-opleidingsentrum in Ngodwana. Solange Soares, kommunikasiebestuurder van TRAC, sê dit word beskou as die vinnigste kwalifiserende wedloop vir die Comrades in Mpumalanga. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Wat bring jou vreugde? Amanda vra mense uit oor die liedjies, kos en eerste-dinge-in-die-oggend wat Laevelders vreugde en genot besorg.

View Details

Vir die volgende drie maande gesels die Sonop Ontbyt-span elke Woensdagoggend oor bewaringsprojekte.
Andries Hendrik Potgieter van Toerbroers gesels met Gerhardt en Andri oor renosters en hoe emosioneel dit is om hulle te onthoring - hoewel dit noodsaaklik is om hulle te red.

View Details

Vir die volgende drie maande gesels die Sonop Ontbyt-span elke Woensdagoggend oor bewaringsprojekte.
Andries Hendrik Potgieter en Wiaan Fourie, ook bekend as Toerbroers, is by toerisme en natuurbewaring betrokke en fokus veral op die behoud en beskerming van bedreigde spesies.
Hulle gesels met Gerhardt en Andri.

View Details

Die munisipale wetstoepasser wat Saterdagaand na bewering ‘n provinsiale verkeersbeampte by Kwanyoni Lodge buite Mbombela met sy dienspistool doodgeskiet het, verskyn Vrydag weer in die Nelspruit-landdroshof op ‘n aanklag van moord. Volgens die Valke was die 34-jarige Thomsanga Nkosi saam met Abednigo Desmond Mbuyane se vrou in ‘n chalet toe hy hom twee keer geskiet het. Die woordvoerder van die Valke in Mpumalanga, Kaptein Dineo Sekgotodi, sê Mbuyane sal Vrydag vir borg aansoek kan doen. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Die Care Buddies het met Bingelela hande geneem om Vrydagaand met ‘n spesiale inry-vertoning van “Grease” fondse in te samel om bejaardes in die dorp mee te bederf. Felicity Lange en Petro Bekker gesels met Andri.

View Details

Chante en Raymond Waters stuur ‘n nuwe inisiatief van stapel: Die Underdog gewigoptel vind eersdaags plaas. Hier is alles wat jy moet weet voor die kompetisie op 13 Mei.

View Details

Die Sudwala Screaming Monster vind op 29 April plaas.
Ada Ströh, die voorsitter van die Legogote-hardloopklub wat dit aanbied, het saam met Eddie Hall, die ondervoorsitter, met Gerhardt gesels.

View Details

Helene Bester gesels hierdie week met Amanda oor haar passie vir musiek, haar liefde vir Nana Mouskouri en die dinge wat haar vreugde gee. #Musiekdebat

View Details

Ntombifuthi Sambo is passievol oor die vaardigheidsontwikkelingsprogram wat GRIP aanbied.
Dit is daarop gemik om vroue te help om finansieel onafhanklik te word.
Sy gesels saam met Tarryn Lokotsch, die uitvoerende beampte van GRIP, met Johanné Strydom in die vierde aflewering van GRIP "Survival" 101 op 100.5FM.

View Details

Baie vroue vermy dit om huishoudelike geweld aan te meld, wat waarheen gaan hulle dan? GRIP het egter skuilings beskikbaar vir vroue wat dit benodig, waar jy tot ses maande kan bly.
Tarryn Lokotsch, die uitvoerende beampte van GRIP, gesels saam met Gugu Mapanga, ‘n hulp-maatskaplike werker by ‘n plaaslike skuiling, met Johanné Strydom.

View Details

Die munisipale werker wat Saterdagaand na bewering ‘n provinsiale verkeersbeampte by Kwanyoni Lodge doodgeskiet het, verskyn vandag in die Nelspruit-landdroshof.
Volgens die Valke was die verkeersbeampte saam met die aanvaller se vrou in ‘n chalet by die lodge toe haar man hom met sy dienspistool doodgeskiet hiet.
Volgens die woordvoerder van die Valke in Mpumalanga, Kaptein Dineo Sekgotodi, het die 38-jarige verdagte homself later aan die polisie oorgegee. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Die munisipale werker wat Saterdag aand na bewering ‘n provinsiale verkeersbeampte by Kwanyoni Lodge met sy dienspistool doodgeskiet het, verskyn vandag in die Nelspruit-landdroshof.
Die LUR vir gemeenskapsveiligheid, Vusi Shongwe, het by monde van sy woordvoerder, Moeti Mmusi, sy medelye met die familie betuig. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Die vlieënier Rudolf Erasmus moes Maandag ‘n noodlanding in Welkom uitvoer nadat daar na bewering ‘n Kaapse kobra in die vliegtuig was. Hulle was van Worcester na Mbombela onderweg. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

TRAC verwag verkeersvolumes op die N4 om beduidend te verhoog tussen Gauteng, Mpumalanga en Maputo hierdie Paasfees. Verwagte piektye is Donderdag vanaf 11-uur, sowel as Vrydag en Maandag heeldag. TRAC se bewusmakingsveldtog oor padveiligheid asook hul vinnige reaksie is van Donderdag tot Dinsdag in plek. Kommunikasiebestuurder, Solange Soares, sê reisigers moet fyn beplan omdat veral grensposte bàie besig is oor die Paasnaweek. Die 24-uur hulplyn is 365 dae beskikbaar aan alle padgebruikers in enige noodgeval. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Hierdie maand sit 100.5FM die "L" terug in "Lekker Leef" en ons wil weet hoe lekker jy leef in jou huis? Denise het gaan uitvind of mense verkies om plekke te huur of te besit, of hulle troeteldiere het en selfs toe lyk hul binnekamers...

View Details

‘n Lid van die polisie se misdaadintelligensie-eenheid in Middelburg is doodgeskiet en sy kollega gewond toe hulle gereageer het op inligting rakende die diefstal van diesel by ‘n myn. Volgens woordvoerder van die Valke in Mpumalanga, kaptein Dineo Sekgotodi, het die beampte en sy kollega van die Middelburg-speurdiens in die vroeë oggendure op inligting van ‘n informant gereageer. Onderweg na die betrokke myn naby die N4 het hulle ‘n dieseltenker gewaar en voorgekeer. Drie mans het uitgeklim en op hulle losgebrand. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Die weduwee van die vermoorde hoofman van die Mnisi-stam is in die vroeë oggendure in haar huis in Calcutta doodgeskiet deur. Volgens die polisie is Charlene Felicity Mathews verskeie kere in die kop getref. Twee manlike familielede is ook gewond. Mathews se man, Clyde Mnisi, is op 26 Maart naby die Kruger Mpumalanga Internasionale-lughawe deur vyf swaar gewapende mans vermoor. Hy sou volgende maand verhoor word as ‘n vermeende ringkop in ‘n renosterstropingsindikaat. Die motief vir die moord op Mathews is tans onbekend. Niemand is nog aangekeer nie. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Die weduwee van die vermoorde hoofman van die Mnisi-stam in Bosbokrand is in die vroeë oggendure in haar huis in Calcutta doodgeskiet.
Volgens die polisie is Charlene Felicity Mathews (30) verskeie kere in die kop getref.
Twee manlike familielede is ook gewond. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Ashley Erasmus het by die SA-kampioenskappe koning gekraai en is op pad na die Afrika-kampioenskappe.
Juané (Lulu) le Roux, 'n gr. 10-leerling van Hoërskool Nelspruit, het self drie rekords opgestel by die nasionale atletiekkampioenskappe vir liggaamlik gestremde atlete in die Kaap.
Hulle het in die ateljee hul toekomsplanne kom deel.

View Details

TJ Maré van We Care 4 Nelspruit voer aan dat werknemers van Mbombela-munisipaliteit vanoggend sy werkspan se lewens gedreig het, omdat hulle kwansuis hulle hul werk kos. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

TJ Maré van We Care for Nelspruit voer aan dat werknemers van Mbombela-munisipaliteit vanoggend sy werkspanne se lewens gedreig het, omdat hulle kwansuis hulle hul werk kos. Die spanne is oudergewoonte besig om 'n middelman in die stad netjies te maak. Maré was nie teenwoordig nie. Volgens hom het sy span hom gebel met ide nuus dat 'n man en twee vroue met 'n bakkie wat duidelik gemerk is as Mbombela se vullisverwydering by hulle gestop het, en gedreig het om hulle dood te laat maak as hulle aanhou werk. Maré sê daar was in die verlede 'n soortgelyke voorval waartydens 'n man sy toerusting by hom probeer afneem het. Hy sê hulle lewer 'n diens en sal nie afgeskrik word nie. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

‘n Polisiebeampte verskyn vandag in die hof in Sabie op aanklagte van handel in dagga. Volgens die polisie is hy Vrydag aangekeer toe sekuriteitswagte op patrollie ‘n polisievoertuig in ‘n plantasie opgemerk het. Die polisiekaptein en ‘n man in ‘n polisie-oorpak was in besit van meer as 22-kilogram se dagga met ‘n geraamde straatwaarde van 33-duisend-Rand. Die polisiewoordvoerder, Brigadier Selvy Mohlala, sê die kaptein het met die polisievoertuig probeer ontsnap en het na bewering die sekurtietswagte probeer omkoop. Sy medepligtige het te voet gevlug. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

SANParke het Hapiloe Sello aangestel as die eerste vroulike hoof uitvoerende beampte sedert die ontstaan van die organisasie in 1926. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

SANParke het die aanstelling van die eerste vrou as die organisasie se hoof uitvoerende beampte aangekondig. Hapiloe Sello het in 2015 by SANParke aangesluit as bestuurshoof van toerisme-ontwikkeling en bemarking waar sy kommersialisering-strategieë geïmplementeer het. Sy het tussen Junie en November 2022 as hoof uitvoerende beampte waargeneem. Volgens Pam Yako, voorsitter van die SANParke raad, is dit ‘n betekenisvolle stap in die rigting van transformasie en die bemagtiging van vroue in die bewaringsektor. SANParke woordvoerder, Rey Thakhuli: 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Deloris weet wat sy is, en wat sy nie is nie. Wat sy nie is nie, is 'n oggendmens.

View Details

Inskrywings vir die TRACN4 Elands-marathon sluit Maandag. Vanjaar bied hulle ook ‘n voorwedloop ekspo aan, ‘n eerste vir ‘n padwedloop in die provinsie. Die Elands-marathon word beskou as die skilderagtigste en vinnigste kwalifiserende wedloop vir die Comrades en vind op 22 April plaas. Die voorwedloop ekspo is op 21 April by Milly’s-vulstasie op die N4. Mandla Nxumalo van die organiseerders, Nedbank LVCC-hardloopklub, sê vanjaar het Elands 'n groter familie-atmosfeer.

View Details

Inskrywings vir die TRACN4 Elands-marathon sluit Maandag. Vanjaar bied hulle ook ‘n voorwedloop ekspo aan, ‘n eerste vir ‘n padwedloop in die provinsie. Die Elands-marathon word beskou as die skilderagtigste en vinnigste kwalifiserende wedloop vir die Comrades en vind op 22 April plaas. Die voorwedloop ekspo is op 21 April by Milly’s-vulstasie op die N4. Mandla Nxumalo van die organiseerders, Nedbank LVCC-hardloopklub, sê vanjaar het Elands 'n groter familie-atmosfeer. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Ontmoet vir Drömstorm. Hy gesels met Amanda. #Musiekdebat

View Details

‘n Taxibestuurder is dood en drie mense gewond in taxi-geweld in Oakley naby Bosbokrand. Volgens die polisie het 'n geskil tussen lede van taxi-verenigings tot die beweerde kruisvuur gelei. Die 41-jarige July Shabangu is geskiet en het in die Matikwana-hospitaal aan sy wonde beswyk. Twee ander taxi-bestuurders en 'n burgerlike is gewond. Die polisie-woordvoerder in Mpumalanga, Brigadier Selvy Mohlala, sê sowat 15 minibusse is beskadig en een is aan die brand gesteek. Die polisie is op 'n hoë gereedheids-grondslag geplaas. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Cindy Zeelie het die Lioness Lounge begin: 'n Eiendom wat ma's wat vêr buite die stad woon kan gebruik wanneer hul kinders by die skool of buitemuurse aktiwiteite is. Sy gesels met Andri.

View Details

Vier mense, waaronder ‘n kind van ongeveer twee jaar oud, is gisteraand dood in ‘n botsing op die N4 naby Witbank. Volgens die woordvoerder van die Departement van Gemeenskapsveiligheid, Moeti Mmusi, het dit om ongeveer 7-uur plaasgevind toe die bestuurder van ‘n sedan beheer verloor het en in aankomende verkeer ingery het. Hy het teen ‘n ander voertuig gebots en verskeie ander voertuie was in ‘n sekondêre botsing betrokke. Insittendes van die twee sedans is oorlede. Die bestuurders van die twee ligte afleweringvoertuie wat ook betrokke was, is beseer. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Die Wegbreekfees maak op 29 April sy buiging op die Mbombela vermaakkalender. Organiseerder, Cobus Leuvenink en sy dogter, opkomende sangeres Zimri (haar debuutalbum is pas vrygestel) vertel meer.

View Details

Die DA in Mpumalanga het sy medelye betuig aan die Mnisi-stam in Bosbokrand na die sluipmoord op die hoofman, Clyde Mnisi, Sondagaand. Partylid Trudie Grovè-Morgan sê hy was bekend daarvoor dat hy sy lewe aan die diens van sy mense gewy het. Sy sê hulle hoop sy moordenaars word spoedig aangekeer, en dat ondersoek ingestel word of dit verband hou met die klagte waarop hy in April verhoor sou word. Hy is saam met vyf ander mense aangekla van onder meer diefstal, sameswering om ‘n misdaad te pleeg, die onwettige verkoop van renosterhoring, korrupsie, geldwassery en rampokkery. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Die DA het aan die Menseregtekommissie geskryf om die impak te ondersoek van die groot afname in die Mpumalanga Onderwysdepartement se begroting vir leerling- en onderrigmateriaal. Volgens Jane Sithole is daar in 2023 68-miljoen-Rand minder spandeer. Sy sê hulle is aan die begin van die akademiese jaar oorval deur klagtes van ouers en onderwysers dat hulle nie van genoegsame skryfbehoeftes en boeke voorsien is nie. Ouers is gevra om dié gapings te vul. Sithole sê die kurrikulum het nie verander nie, en leerlinge word jaarliks meer. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Die DA in Nkomazi is besorg oor die agteruitgang van die Masibekela-ontspanningspark.
Raadslid, Nhlonipho Dlamini, sê hulle het tydens ‘n oorsigbesoek gevind die swembaddens en storte word nie instand gehou nie, met deure en pype wat verniel is.
Die munisipaliteit het die fasiliteit in 2017 in ontvangs geneem.
Hy beskuldig wanbestuur in die munisipaliteit vir die verval, en sê dit is belangrik vir mense om te kan gebruik om in ‘n veilige omgewing te ontspan. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

ActionSA in Mpumalanga beweer dat die bou van ‘n nuwe hospitaal in Middelburg weens korrupsie gestaak is. Volgens die provinsiale voorsitter, Thoko Mashiane, is daar reeds meer as 1,2-miljard-Rand spandeer aan die 250-bed hospitaal wat vroeg in 2020 voltooi moes wees. Volgens ActionSA is dit tans 58-persent klaar gebou. Mashiane voer aan dat bouwerk gestaak is toe die projekbestuurders onttrek het na die Ouditeur-Generaal bevindings teen hulle gemaak het. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Die polisie ondersoek 'n saak van moord sowel as verkragting na die liggame van twee jongmense Maandagaand in 'n verlate gebou in KaBokweni ontdek is. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

As jy hoor wat jy wil, luister jy nie, sê Linda Grimbeek van die Kruger-Laeveld-sakekamer. Haar raad vir sakemense is nie goed wat hulle aldag wil hoor nie, maar moet.
Alles is heeltyd besig om te verander. Wat in die verlede gewerk het, tel nie meer nie. Jou reaksie op iets is magtiger as jou omstandighede. Klim self in, en maak 'n verandering en raak betrokke. Sy gesels met Robin.
Linda Grimbeek gesels met Robin.

View Details

Die polisie ondersoek 'n saak van moord sowel as verkragting na die liggame van twee jongmense in Kabokweni ontdek is in 'n verlate gebou Maandagaand.
Die 16-jarige Sinenhlahla Nkosi is na vermoede vermoor. Die polisie het ook met 'n geregtelike doodsondersoek begin na die liggaam van die 25-jarige Dumiso Mhlongo saam met haar gevind is.
Hulle het Saterdag vermis geraak en is verlangs verwant.
Volgens die polisiewoordvoerder, Brigadier Selvy Mohlala, ondersoek die omstandighede. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Die debat of margarien of botter meer gesond is woed voort. Beide het voordele en nadele vir jou gesondheid, maar watter een kielie jou smaakkliere? Amanda gaan vind uit.

View Details

Clay & Coffee bied 'n unieke ervaring: Hier herstel jy die balans tussen liggaam, kop en siel.
Deidre Dassenhebs gesels met Sonop Ontbyt.

View Details

Clyde Mnisi (37), die hoofman van die Mnisi Tribal Council, sou volgende maand verhoor word as 'n vermeende ringkop in 'n renosterstropingsindikaat 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

‘n Hawelose man is dood toe hy Saterdagaand in Witrivier geskiet is. Volgens die polisie het hy vir ‘n verbyganger in Chief Mgiyeni Khumalo-rylaan vir ‘n pizza gevra en toe die man weier het hy hom met ‘n ketting aangerand. Die verdagte het hom toe geskiet en in die bors en hand getref. Die 39-jarige is op die toneel aangekeer. Die slagoffer word in sy 40’s geskat, maar is hy nog nie geïdentifiseer nie. Polisiewoordvoerder, Brigadier Selvy Mohlala, vra dat enigiemand met inligting oor sy naasbestaandes na vore kom. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Een van die grootste uitdagings wat die vrywilligers wat na Kaapsehoop se wildeperde omsien ervaar is ander mense se emosionele betrokkenheid.
Mariska Redelinghuys van Kaapsehoop Horse Trails wat die afgelope weke twee wesies met die hand grootmaak, vertel hulle emisioneel mense raak wanneer iets sleg met die perde gebeur.
Sy gesels met Mireille oor Ivy en Valentine, haar nuwe "kinders" en hoe hulle na hulle omsien.

View Details

Die hoofman van die Mnisi Tribal Council, Clyde Mnisi, is gisteraand naby die Kruger Mpumalanga Internasionale lughawe doodgeskiet.
Volgens die polisie het hy en sy bestuurder in 'n Toyota Avanza toe hulle 'n pap band kry.
Terwyl hulle vir hulp gewag het, het vyf swaar gewapende mans met balaklavas in ‘n BMW X-5 arriveer. Hulle het glo met Mnisi gepraat voor hulle op hom losgebrand het. Polisiewoordvoerder, Brigadier Selvy Mohlala, sê die bestuurder is in sy been gewond. Niemand is nog aangekeer nie. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Ná twee jaar se feesdroogte is dit vanjaar weer voluit Innibos Kunstefees, en feesterreinkaartjies kan reeds vanaf vandag by Computicket gekoop word. Innibos vind vanjaar van Donderdag, 29 Junie, tot Saterdag, 3 Julie, plaas met die Loof Hom Innibos-konsert oudergewoonte die Sondag. Sandra Jacobs, media- en bemarkingsbestuurder van Innibos, sê hulle is baie opgewonde om die fees weer te kan aanbied en hoop feesgangers sien saam met hulle uit na ’n gesellige, vars fees. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Die hoofafrigter van die Airlink Pumas, Jimmy Stonehouse, sê hy is tevrede met sy span se veggees, na hul oorwinning van 28-13 teenoor die Griekwas Vrydagaand in Mbombela.
Die Pumas bly dus onoorwonne in vanjaar se Curriebekerkompetisie na drie rondes.
Hulle kon drie drieë druk teenoor een deur die Griekwas.
Stonehouse sê die sy span was teen druktyd onder druk sonder die bal en die besoekers het hul verdediging getoets – ook vir die 10 minute wat hulle met 14 mans moes speel na Tinus de Beer koelkas toe gestuur is.
“Ons gaan noukeurig na ons balbesit moet kyk vorentoe,” sê hy.

View Details

Die Pumas bly onoorwonne in vanjaar se Curriebekerkompetisie na 'n 28-13-oorwinning oor Griekwas by Mbombela-stadion Vrydagaand. Hulle het drie drieë gedruk teenoor een deur Griekwas. In 'n kragmeting wat herinner het aan verlede jaar se Curriebeker-eindstryd, waar die Pumas die gesogte trofee verower het, het hulle weer voor gebly in die wedstryd en van die basiese foute deur Griekwas uitgebuit.
Pumas-afrigter, Jimmy Stonehouse: 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Die Pumas bly onoorwonne in vanjaar se Curriebekerkompetisie na 'n 28-13-oorwinning oor Griekwas by Mbombela-stadion Vrydagaand. Hulle het drie drieë gedruk teenoor een deur Griekwas. In 'n kragmeting wat herinner het aan verlede jaar se Curriebeker-eindstryd, waar die Pumas die gesogte trofee verower het, het hulle weer voor gebly in die wedstryd en van die basiese foute deur Griekwas uitgebuit.
Pieter Bergh, Griekwas se afrigter: 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

‘n Verdagte is gearresteer na hy Saterdagaand glo ‘n man voor ‘n seekosrestaurant in Witrivier doodgeskiet het. Volgens Kyle van Reenen, die woordvoerder van Emer-G-Med wat op die noodoproep reageer het, het die twee mans ‘n hewige argument voor die eetplek in Chief Mgiyeni Khumalo-rylaan gehad. Een het ‘n vuurwapen te voorskyn gebring en die ander noodlottig gewond. Die verdagte is op die toneel aangekeer. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Oom Gerald het net jou die dag te lekker in die see geswem, maar dit het hom duur te staan gekom. Deloris vertel.

View Details

Die Airlink Pumas speel vanaand tuis teen die Griekwas in die Curriebeker, hul eerste kragmeting in die kompetisie sedert die pienktruie die Poubloues in verlede jaar se eindstryd geklop het. Die tuisspan is vanjaar sover onoorwonne en het verlede week tuis met 34-27 met die Leeus afgereken. Die Griekwas behoort wel vol selfvertroue te wees na hul 48-40 wen oor die besoekende Sharks in die vorige ronde. Vir vanaand is Tinus de Beer terug in die span, maar Sebastiaan de Klerk sal vir ses weke uit wees weens ‘n besering. Voorryafrigter Corné Steenkamp: 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Die Airlink Pumas speel vanaand tuis teen die Griekwas in die Curriebeker, hul eerste kragmeting in die kompetisie sedert die pienktruie die Griekwas in verlede jaar se eindstryd geklop het. Corné Steenkamp en Riaan Lameley gesels met Sonop Ontbyt.

View Details

Nasionale Outismedag word op 1 April gevier met 'n fees in Witrivier.
Charles gesels met Sonja Fox en Cindy Coetzee oor outisme.

View Details

Die DA in Mpumalanga het sy kommer uitgespreek oor die aanval Maandag op die polisiestasie in Witbank. Drie-en-twintig verdagtes is gearresteer vir openbare geweld na hulle na bewering die stasie met klippe bestook het. Hulle sou geëis het dat ‘n taxi-bestuurder wat in polisie-aanhouding is vir moord en poging tot moord, vrygelaat word. Trudie Grové-Morgan van die DA sê taxi-bestuurders moet saam met die polisie en gemeenskappe werk om misdaad te bestry. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Pieter Rischmuller gesels hierdie week met Amanda oor sy transformasie van Piet Pompies na Pieter Rischmuller.
Hy sê dit was 'n jarelange proses, en hoewel hy nie verander het nie, word nou 'n bietjie ernstiger opgeneem.
Hulle gesels ook oor hul gedeelde liefde vir die Bosveld.

View Details

Sou die ondenkbare gebeur en jy word aangeval, het jy verskeie regte wat beskerm moet word wanneer die geregtelike proses daarna begin.
Menseregte-aktivis Themba Mdlovu van GRIP en Tarryn Lokotsch, die uitvoerende beampte, gesels met Johanné Strydom in die tweede aflewering van hul podcast.

View Details

Om aangeval te word, is nooit jou skuld nie. Dit is die boodskap van Tarryn Lokotsch, die uitvoerende beampte van GRIP. Sy het self ‘n brutale aanval oorleef. Sy gesels met Johanné Strydom in die eerste aflewering van hul podcast.

View Details

'n Voormalige Eskom-werknemer en 'n ma en seun is in die Hendrina-landdroshof op borgtog vrygelaat nadat hulle Eskom glo uit byna R15 miljoen bedrieg het. Rabela Sara Jones en Godfrey Jason Jones het gister saam met Thandeka Nkosi verskyn op aanklagte van diefstal, bedrog en geldwassery. Nkosi en Godfrey is elk borgtog van 100-duisend-Rand toegestaan. Rabela het weens 'n gesondheidstoestand borgtog van 30-duisend-Rand gekry. Die woordvoerder van die Valke in Mpumalanga, kaptein Dineo Sekgotodi, sê die saak is uitgestel tot 5 Mei. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Na ‘n afwesigheid van ses jaar is die Nkomazi 400 terug op die Suid-Afrikaanse Rally-Raid Kampioenskap kalender. Dit vind Vrydag en Saterdag in Malelane plaas. Daar was vanmiddag 'n spesiale oefenlopie waar lede van die publiek die geleentheid gehad het om saam met plaaslike tydrenryers op die oefenbaan te ry in ‘n Toyota Hilux soos waarmee Nasser Al-Attiyah en Mathieu Baumel Dakar 2023 gewen het Andri het saamgery en met plaaslike Dakar-ryer, Eben Basson, en technikuste oor die tydren gesels.

View Details

Die jaarlikse Danie Rossouw-rugbyweek vind vanaf Saterdag tot volgende Woensdag in Witrivier plaas. Dit is reeds die tiende bestaansjaar vir hierdie rugbyskouspel vir hoërskole in die Laeveld. Nico Bekker van Hoërskool Rob Ferreira sê 58 spanne van 18 skole so vêr as KwaZulu-Natal, Limpopo en Gauteng neem deel. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Innibos is op soek na jou gedig om te toonset of in 'n kunswerk te omskep om tydens vanjaar se fees uit te stal. Die veelsydige musikant, Lizanne Barnard, sê dit is ‘n produksie wat afhanklik is van die publiek. Mense met geen ervaring in digkuns is genooi om die pen op te neem. Innibos Kunstefees is vanjaar van 29 Junie tot 2 Julie in Mbombela. Weens die Covid-19-pandemie, is dit die eerste volwaardige fees sedert 2019. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Na ‘n afwesigheid van ses jaar is die Nkomazi 400 terug op die Suid-Afrikaanse Rally-Raid Kampioenskap kalender. Dit vind Vrydag en Saterdag in Malelane plaas.
Liané Horn sê groot name en spanne in tydrenne gaan in aksie te sien wees. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Drie-en-twintig verdagtes verskyn vandag in die hof vir openbare geweld na hulle Maandagaand die Witbank-polisiestasie aangeval het. Volgens polisiewoordvoerder, brigadier Selvy Mohlala, het hulle geëis dat ‘n taxi-bestuurder wat in polisie-aanhouding is vir moord en poging tot moord, vyrgelaat word. Hulle het polisiebestuur glo gedreig en die stasie met klippe bestook. Die 33-jarige moordverdagte verskyn ook vandag in Emalahleni. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Verkragting kan met jou gebeur en jy moet weet wat om dat te doen.
Tarryn Lokotsch, die uitvoerende beampte van GRIP het dit self oorgekom ‘n paar jaar gelede.
Sy sê baie oorlewendes vrees die proses om dita an te meld, maar jy hóéf nie dadelik ‘n polisiesaak te maak nie.
Kry ten minste net mediese sorg (jy het selgs 72 uur om die medikasie te neem wat HIV voorkom) en behandeling vir die trauma.
Daarvoor is GRIP daar. Luister weer hier.
Kontak hulle enige tyd by 083-310-1321.

View Details

Na ‘n afwesigheid van ses jaar is die Nkomazi 400 terug op die Suid-Afrikaanse Rally-Raid Kampioenskap kalender Vrydag en Saterdag in Malelane.
Marina Coetzee en Liané Horn vertel ons meer.

View Details

Die veelsydige musikant Lizanne Barnard is op soek na oorspronklike gedigte. Dié gedigte sal getoonset word of in kunswerke in verskillende genres omskep word wat tydens vanjaar se Innibos Kunstefees uitgestal sal word.
Gedigte (in Afrikaans of Engels) moet by die tema van die fees aansluit. Vanjaar is dit "vars".

View Details

Die Spoorloos-span sou gister hul reis oor die lengte van die Oranjerivier voltooi, maar soos met enige avontuur soos hierdie duik struikelblokke maar op.
“Ons is bietjie geknak, maar ons gaan sterk aan,” sê Francois Jacobs.
Hulle kon darem 110 km aflê voor ‘n woeste sandstorm hul tot stilstand gedwing het.
Hulle het vanoggend slegs 30 km oor om Alexanderbaai, hul eindbestemming, te bereik.

View Details

Die jaarlikse Danie Rossouw Rugbyweek vind vanaf Saterdag tot Woensdag in Witrivier plaas. Nico Bekker, die rugbyorganiseerder van Hoërskool Rob Ferreira vertel meer.

View Details

Gebruik mense nog hul woorde? Amanda vra rond: Irriteer emoji's jou ook en is daar 'n spesifieke een wat jou besonders omkrap? #Straatdebat

View Details

Vandag is Internasionale Maatskaplike Werkersdag. Marla Louw, ‘n maatskaplike werker by Solidariteit Helpende Hand in Mbombela, sê dit is nie ‘n maklike werk nie, maar maatskaplike werkers is lief vir mense en wil verandering bring in ‘n gebroke wêreld. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Die valuasierol vir eiendomme in Mbombela-munisipaliteit is gepubliseer en eienaars het slegs beperkte tyd om appèl aan te teken as hulle voel hul eiendom is oorwaardeer. Tim Tyrell van die Organisasie teen Belastingmisbruik waarsku mense kan nare verrassings met hul eiendomsbelasting verwag as hulle nie die valuasie voor die spertyd nagaan nie. Die nuwe waardasies tree op 1 Julie vanjaar in werking. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Die Spoorloos-span pak vanoggend die finale 140 km van hul tog op die Oranjerivier tot in Alexanderbaai aan vir bewusmaking oor geestesgesondheid.
Francois Jacobs sê die laaste paar dae was vir hom geestelik moeilik op die water.
“Moenie bang wees om vir hulp te vra nie,” sê hy.
Hy voeg by die manne begin nou erg na hul vrouens verlang.

View Details

Ses Laeveldse manne se Transoranje-Spoorloos-tog op die Oranjerivier loop môre ten einde. Vandag het hulle 130 km op die rivier afgelê tot by Aussenkehr.
Francois Jacobs sê hulle het vandag heelwat probleme ondervind met die ondersteunersvoertuig wat gebreek en een bootjie wat 'n gat in gekry het.
"Ons is baie opgewonde om môre in Alexanderbaai aan te kom," sê hy.

View Details

Die beplande dag van stilstand het grootliks sonder voorval verloop in Mpumalanga.
John Meintjies van die Laeveld JOC bevestig dat die Suid-Afrikaanse Polisiediens sedert gisteraand absolute helde was. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Die Mpumalanga premier, Refilwe Mtshweni-Tsipane, het vanmiddag 'n padblokkade op die N4 buite Mbombela inspekteer.
Sy sê alle rolspelers in die regering was goed voorbereid vir die EFF se beplande dag van stilstand. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Die Mpumalanga premier, Refilwe Mtshweni-Tsipane, sê die beplande dag van stilstand het grootliks sonder voorval verloop in Mpumalanga.
Sy het vanmiddag saam met die LUR vir gemeenskapsveiligheid Vusi Shongwe, LUR vir openbare werke, paaie en vervoer Mandla Ndlovu en die waarnemende provinsiale polisiekommissaris Generaal-majoor Zeph Mkhwanazi 'n padblokkade op die N4 buite Mbombela inspekteer. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Dit is nie ‘n maklike werk nie, maar maatskaplike werkers is lief vir mense en wil verandering bring in ‘n gebroke wêreld. So sê Marla Louw, ‘n maatskaplike werker by Solidariteit Helpende Hand voor internasionale Maatskaplike Werkersdag môre op 21 Maart gevier word.

View Details

Die Pumas het Vrydag by Mbombela-stadion 'n bonuspuntsege van 34-27 behaal oor die Leeus.
Afrigter, Jimmy Stonehouse, sê sy span het die vrugte gepluk van die hoërisiko rugby wat hulle speel.
Hy het hul veggees en verdediging geloof.

View Details

Die Pumas het Vrydag by Mbombela-stadion hul vertoning van 63-15 teen die Bulle verlede naweek opgevolg met 'n bonuspuntsege van 34-27 oor die Leeus.
Die Leeus het na twee wedstryde nog nie 'n wen in die toernooi behaal nie.
Mzwakhe Nkosi sê die Pumas was gelukkig om nie 'n geelkaart te kry nie. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Die Pumas het Vrydag by Mbombela-stadion hul vertoning van 63-15 teen die Bulle verlede naweek opgevolg met 'n bonuspuntsege van 34-27 oor die Leeus. Hoofafrigter, Jimmy Stonehouse, sê sy span het die vrugte gepluk van die hoërisiko rugby wat hulle speel. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Die Spoorloos-spanne se reis op die Oranjerivier staan nou einde se kant toe..
Kobus en Francois Jacobs, Guillaume Nel snr. en Guillaume Nel jnr. en Abrie en Wynand Visser kweek met hierdie avontuur bewusmaking oor geestesgesondheid.
Francois vertel hoe hulle die grens na Namibië oorgesteek het.

View Details

Die Organisasie teen Belastingmisbruik (Outa) het 'n waarskuwing aan eiendomseienaars gerig om hulle voor te berei vir 'n moontlike onaangename verrassing met hul munisipale rekenings weens verhoogde eiendomsbelasting. Die valuasierol vir eiendomme in Mbombela-munisipaliteit is gepubliseer, en eienaars het slegs beperkte tyd om aksie te neem as hulle voel hul eiendom is oor-waardeer.
Tim Tyrell van Outa verduidelik wat jou te doen staan.

View Details

Danika van Deventer (19) is 'n finalis in die Mej. junior SA-kompetisie vanjaar.
Juanica Herselman (8) doen reeds vier jaar modelwerk. Sy het onlangs uitstekend presteer en drie groue toekennings gewen by die Stars of the Universe-kompetisie.
Hulle gesels oor hul toekomsdrome.

View Details

Deloris se sussie Gertrude wou nog altyd Sondagskool aangebied het. Toe sy die geleentheid kry, vertoon sy haar verstommende kennis van die Bybel. Deloris vertel.

View Details

Die Airlink Pumas is vanmiddag die gunstelinge wanneer hulle hul eerste tuiswedstryd in vanjaar se Curriebeker teen die Leeus speel.
Die span het hul verdediging van die Curriebeker-titel Sondag op indrukwekkende wyse afgeskop deur die Bulle met 63-15 te laat les opsê.
Die pienktruie het ook vier uit hul vyf laaste kragmetings met die Leeus gewen.
Hoofafrigter, Jimmy Stonehouse, sê die span is fiks en vol selfvertroue.
Die wedstryd skop om 17:00 by Mbombela-stadion af. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Dit is Wêreld-slaapdag. Die tema vanjaar is “Slaap is noodsaaklik vir gesondheid”.
Andri gesels met Peet Vermaak van Nelspruit Sleep Clinic oor die belangrikheid van goed slaap vir jou gesondheid.
Hy vertel meer oor slaapversteurings en waarsku teen “krukke” soos slaappille.

View Details

Die verdedigende Curriebeker kampioene, die Airlink Pumas, speel vanmiddag teen die Leeus by Mbombela-stadion hul eerste tuiswedstryd.
Hoofafrigter, Jimmy Stonehouse, sê die span is fiks en vol selfvertroue en hoewel hulle aan die einde van 2022 heelwat spelers verloor het, het hulle baie talent bygekry.

View Details

Drie Laeveldse pa-en-seun-spanne durf vandag die vierde trajek aan van sowat 2 000 km wat hulle op die Oranjerivier vaar.
Kobus en Francois Jacobs, Guillaume Nel snr. en Guillaume Nel jnr. en Abrie en Wynand Visser wil met hierdie avontuur bewusmaking kweek oor geestesgesondheid.
Hulle het gister die 140 km na Boegoebergdam. afgelê. Francois gesels met Sonop Ontbyt.. Luister weer hier:

View Details

Die Airlink Pumas afrigter, Jimmy Stonehouse, het net twee veranderings vir sy span wat Vrydag die Leeus in Mbombela pak, gekies. Die voormalige Glasgow Warriors losskakel Brandon Thomson is vir die beseerde Tinus De Beer ingespan en Lundi Msenge is in op vleuel vir Sebastion de Klerk. Shane Kirkwood is as die kaptein gekies. De Beer het aan Radio Laeveld gese die gemoed in die kamp is steeds sterk na die oorwinning teenoor die Vodacom Bulle verlede Sondag. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Lantana is wêreldwyd 'n probleemplant, en die Laeveld is geen uitsondering nie.
Willem van Staden van die Mpumalanga toerisme- en parke-agentskap (MTPA) verduidelik die moets en moenies van hierdie skadelike plant.
Hy loop weer uit as jy hom brand, is gifting vir diere en hy skei chemiese stowwe deur sy wortels af wat die plante naby hom doodmaak.

View Details

Die kunstenaar en musikant André van Wyngaardt het reeds meer as 200 liedjies geskryf in sy loopbaan. Hy vertel vir Amanda hoe hy 'n balans tussen kuns en musiek handhaaf.

View Details

Veiligheidsmagte het die EFF se beplande nasionale stilstand ‘n hoërisiko-status toegeken om ‘n herhaling van die Julie 2021-onrus te keer. Veiligheidshoofde het ingestem om ‘n groot polisiemag te ontplooi, met die weermag op bystand.
Die nasionale stilstand wat vir volgende Maandag geskeduleer is, sal deur die EFF gelei word met die African Transformation Movement en die vakbondfederasie SAFTU wat ook by hulle aansluit.
Frank Swanepoel sê die Laeveld JOC sal alle aktiwiteit die dag fyn monitor. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Die portefeuljekomitee se sittings oor die wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwys (Bela) vind 17, 18 en 19 Maart in Mpumalanga plaas. Daar is verskeie redes waarom skole, beheerliggame en ouers teen die wetsontwerp gekant is.
Pieter Ferreira van die Federasie van Skoolbestuurliggame in Mpumalanga (Fedsas) verduidelik hoe dit die funksionering van skole kan raak, sowel as die voorgestelde veranderinge waarteen hulle gekant is, en waarmee hulle saamstem.

View Details

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens het gewaarsku geen wetteloosheid sal geduld word tydens Maandag se beplande landswye betoging nie. Die EFF sal die strate invaar om die land tot stilstand te bring, uit verset teen beurtkrag en eis dat president Cyril Ramaphosa moet bedank. Verteenwoordigers van die Laeveld JOC, John Meintjies en Frank Swanepoel, vertel wat tans bekend is, en verduidelik die impak wat die beplande staking deur die Suid-Afrikaanse Polisievakbond, Sapu, kan hê.

View Details

Drie Laeveldse pa-en-seun-spanne durf vandag die vierde trajek aan van sowat 2 000 km wat hulle op die Oranjerivier vaar.
Kobus en Francois Jacobs, Guillaume Nel snr. en Guillaume Nel jnr. en Abrie en Wynand Visser wil met hierdie avontuur bewusmaking kweek oor geestesgesondheid.
Hulle het gisteraand in Prieska oornag en takel vandag die 140 km na Boegoebergdam.
Francois gesels met Sonop Ontbyt.. Luister weer hier:

View Details

Die DA sê die staking deur Nehawu affekteer steeds gesondheidsdienste in Mpumalanga. Volgens Jane Sithole moes pasiënte in die kraamsale by Tonga-, Shongwe-, en Rob Ferreira-hospitale met die hulp van ander pasiënte geboorte skenk omdat gesondheidswerkers wat nie aan die staking deelneem nie, toegang tot dié hospitale geweier word deur stakende lede. Sy sê hulle is besorgd dat dit tot verdere lewensverliese sal lei. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Die DA sê die paaie in Mkhondo-munisipaliteit paaie is op die randjie van ineenstorting. Volgens koukus-leier Irene Brussow is dit grootliks te wyte aan meer as 600 vragmotors wat daagliks deur Piet Retief ry om steenkool na Richardsbaai te vervoer. Sy sê dit het so te sê onmoontlik geraak vir gewone voertuie om die paaie te gebruik. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Twee verdagtes verskyn vandag afsonderlik in die Witrivier-landdroshof na die moord op ‘n verkeersbeampte Saterdag. Die 60-jarige Judas Chiloane was die hoof munisipale verskeersbeampte toe hy tussen Hazyview en Graskop doodgeskiet is met sy eie vuurwapen. Twee 35-jarige verdagtes is Maandag by Shabalala Trust gearresteer. Volgens die Valke word die een aangekla van die moord en die ander vir die onwettige besit van ‘n vuurwapen. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Regsaksie is geloods teen die beplande #NationalShutdown Maandag.
Linda Grimbeek van die Kruger-Laeveld-sakekamer (KLCBT) bevestig dat die Laeveld se veiligheidstrukture gereed is .
"Niemand het die reg om ander te intimideer en paarie te versper nie," sê sy.
Haar raad is vir sakeondernemings om met hul personeel te kommunikeer, hulle te akkomodeer en te beplan.

View Details

Drie Laeveldse pa-en-seun-spanne is durf vandag die vierde trajek aan van sowat 2 000 km wat hulle op die Oranjerivier vaar.
Kobus en Francois Jacobs, Guillaume Nel snr. en Guillaume Nel jnr. en Abrie en Wynand Visser wil met hierdie avontuur bewusmaking kweek oor geestesgesondheid.
Kobus vertel vir Sonop Ontbyt van 'n baie gevaarlike situasie wat hulle gister onderweg na die Vanderkloofdam ervaar het.

View Details

Drie Laeveldse pa-en-seun-spanne is onderweg om die 2 000 km van die Oranjerivier in twee opblaasbootjies af te lê.
Kobus en Francois Jacobs, Guillaume Nel snr. en Guillaume Nel jnr. en Abrie en Wynand Visser wil met hierdie avontuur bewusmaking kweek oor geestesgesondheid.
Hulle is nog onderweg van die Gariepdam na die Vanderkloofdam.

View Details

Die Meyer Beukes Warriors on Wheels-stigting is vanjaar 10 jaar oud.
Hulle help jong spina bifida-lyers met spesiale rolstoele asook staan- en looprame na gelang van die kinders se behoeftes.
Stigter, Kayla Beukes, gesels met Amanda oor hul reis.

View Details

Hoe spaar jy deesdae geld? Hoe het jou inkopielys te midde van stygende lewenskoste verander? En wat is die een ding waarop jy nie kostes sal besnoei nie?
Denise gaan vind uit.

View Details

Twaalf plaaslike gholfspelers gaan Donderdag probeer om 1 000 gholfputjies binne 12 ure te speel by Mbombela-gholfklub. Dit vorm deel van 'n fondsinsameling ten bate van Ministry on Wheels, Grace Baby Haven en Grace Family Fellowship.
André Botes sê daar bestaan tans nie so 'n wêreldrekord nie. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Twaalf plaaslike gholfspelers gaan Donderdag poog om 1 000 gholfgate binne 12 ure te speel by Mbombela-gholfklub.
Dit vorm deel van 'n fondsinsameling ten bate van Ministry on Wheels en Grace Baby Haven en word gevolg deur 'n gholfdag vir hulle Vrydag.
André Botes en Kelvin Fincham van Grace Family Fellowship vertel hoe hulle besluit het om hierdie wêreldrekord op te stel.

View Details

"Everything Everywhere All at Once" het Sondagaand sewe Oscar-toekennings gewen. Dit maak dit die mees bekroonde beste-rolprentwenner sedert "Slumdog Millionaire" in 2008.
Die toekennings is beste rolprent, beste regisseur, beste vroulike hoofrolspeler (Michelle Yeoh), ondersteunende aktrise (Jamie Lee Curtis), en beste ondersteunende akteur (Ke Huy Quan).
Dit terwyl uitstekende rolprente soos "Tár", "Elvis" en "The Banshees of Inisherin" met leë hande huis toe is.
Rolprentresensent Leon van Nierop vertel hoekom "Everything Everywhere" skoonskip gemaak het.

View Details

Drie Laeveldse pa-en-seun-spanne is onderweg om die 2 000 km van die Oranjerivier in twee opblaasbootjies af te lê.
Kobus en Francois Jacobs, Guillaume Nel snr. en Guillaume Nel jnr. en Abrie en Wynand Visser wil met hierdie avontuur bewusmaking kweek oor geestesgesondheid.
Hulle kon gister (in daglig) tot by die Gariepdam vorder.
Vandag is die derde been en hul mikpunt is die Vanderkloofdam 120 km verder. Francois vertel.

View Details

Drie Laeveldse sakemanne en hul seuns het Sondag die 2 000 km van die Oranjerivier in twee opblaasbootjies aangepak.
Kobus en Francois Jacobs, Guillaume Nel Snr en Guillaume Nel Jnr en Abrie en Wynand Visser poog om met dié avontuur bewusmaking te kweek oor geestesgesondheid.
Maandag was dag 2 en hulle het tot by die Gariepdam gevorder. Francois vertel.

View Details

Die internasionaal gesiene Schönbrunn Palace-orkes tree 20 Maart by die Skukuza-gholfbaan in die Krugerwildtuin op as deel van hul Toer vir Bewaring en op 21 Maart by die Mdluli Safari Lodge.
Dit is ‘n moet vir liefhebbers van klassieke musiek en ten bate van die SAPParke Ereveldwagters. Lind Pieters en Sandra Jacobs gesels met Sonop Ontbyt oor die ongelooflike voorreg.

View Details

Drie Laeveldse sakemanne en hul seuns het gister die 2 000 km van die Oranjerivier in twee opblaasbootjies aangepak.
Kobus en Francois Jacobs, Guillaume Nel Snr en Guillaume Nel Jnr en Abrie en Wynand Visser poog om met dié avontuur bewusmaking te kweek oor geestesgesondheid.
Hulle het afgeskop by die rivier se oorsprong net buite die grens met Lesotho.
Francois gesels met die Sonop Ontbyt-span

Spoorloos #HaalAsem

100.5FM volg hul avontuur regstreeks. Skakel weeksdae 07:20 en 16:20 daarvoor in.

View Details

Die verdedigende Curriebeker-kampioene, die Airlink Pumas, kom in hul tweede wedstryd van die seisoen eerskomende Vrydag tuis teen die Leeus te staan by Mbombela stadion. Hulle het gister op Loftus Versfeld die Blou Bulle met 63-15 gewen. Hoofafrigter, Jimmy Stonehouse, nooi ‘n ieder en elk om die kampioene te kom ondersteun. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Die Curriebeker-kampioene, die Airlink Pumas, het dit gister op Loftus Versfeld duidelik gemaak dat hulle gereed is om hul titel te verdedig. Die Mpumalanga-span het verlede jaar geskiedenis gemaak toe hulle die beker vir die eerste keer in hul bestaan kon wen. Hulle kon Sondag nege drieë druk teen die Blou Bulle om ‘n oorwinning van 63-15 te behaal. Hoofafrigter, Jimmy Stonehouse, het sy hulpafrigters en die hele span geloof. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Die DA in Thaba Chweu oorweeg dit om weer kriminele klagtes teen die plaaslike munisipaliteit te lê weens die verontagsaming van ‘n hofbevel wat verlede jaar teen hulle uitgereik is en ten opsigte van oortreding van omgewingswetgewing en hul versuim om te voldoen aan die voorwaardes soos vervat in die watergebruikslisensie.
Sonja Boshoff sê hulle is aanvanklik 'n boete van R10 miljoen opgelê, waarvan die helfte vir vyf jaar opgeskort is, na hulle op sewe klagte skuld beken het. Sy sê die rioolstortings gaan egter onverpoosd voort. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Die Curriebeker skop die naweek af met die Cheetahs wat weg speel teen die 2022 finaliste, die Griekwas vanaand. Die verdedigende kampioene, die Airlink Pumas, speel Sondag hul eerste wedstryd weg teen die Bulle in Pretoria. Hoofafrigter, Jimmy Stonehouse, sê hul doelwit is om hul titel te verdedig na hul historiese oorwinning in 2022. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Tussen stygende pryse en beurtkrag raak dit al hoe moeiliker om gesond te eet.
"Dit is van kardinale belang om te beplan, sê Marcelle Pienaar van LiveWell Dieticians. Sy gesels met Charles oor planne wat jy kan maak in ekonomiese swaar tye. Luister weer hier. #HoeNouGemaak

View Details

Die Curriebeker skop die naweek af en die verdedigende kampioene, die Airlink Pumas, speel Sondag hul eerste wedstryd teen die Bulle in Pretoria. Hoofafrigter, Jimmy Stonehouse, sê hul doelwit is om hul titel te verdedig. Hy gesels met Gerhardt. Luister weer hier.

View Details

Die Mpumalanga onderwysdepartement het sy medelye betuig aan die skoolgemeenskappe wat geruk is deur ‘n noodlottige ongeluk op die N4 vanoggend.
Twee minibus-taxi’s en ‘n vragmotor het tussen Vosman en eMalahleni gebots.
Leerlinge van Ezinambeni was onderweg na Duvha Primary, Laerskool Tasbet, Ilanga Sekondêr, Greendale Combined en TP Sililo Sekondêr.
Twee leerlinge van Greendale Combined School is dood. Verskeie leerlinge is ook beseer.
‘n Woordvoerder van die departement, Gerald Sambo, sê hulle sal beradingsdienste beskikbaar stela an almal wat geaffekteer is. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Die parlement se portefeuljekomitee vir onderwys hou op 17, 18 en 19 Maart openbare sittings oor die wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette (Bela) in Mpumalanga.
Daar is baie algemene redes waarom skole, beheerliggame en ouers teen die goedkeuring van hierdie voorgestelde wetgewing is, en die spesifieke veranderings aan die tuisonderrig klousule word ook sterk teengestaan.
Riana Roux en Louise Schoeman van die Lowveld Home Educators komitee verduidelik hoe dit tuis-onderrig sal raak as dit deurgevoer word.

View Details

Die DA in Mpumalanga het gemengde gevoelens oor die begrotingsrede wat Dinsdag deur die LUR vir finansies, ekonomiese ontwikkeling en toerisme, Nompumelelo Hlophe, gelewer is. Bosman Grobler sê hulle is bekommerd dat daar geen strategie is om armoede te verlig nie en dat die provinsie homself nie kan befonds nie, maar afhanklik is van toewysings van die nasionale tesourie. Hulle is ook besorg oor die regering se volgehoue ondersteuning van die Mpumalanga Ekonomiese Groei-agentskap en dat nog R90 miljoen op die Internasionale Varsproduktemark gemors gaan word. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Drie Laeveldse sakemanne en hul seuns pak eersdaags die 2 000 km van die Oranjerivier op bootjies aan, vandag sy oorsprong net buite die grens met Lesotho tot by Alexanderbaai in Namibië. Dit is alles vir bewusmaking oor geestesgesondheid. Francois Jacobs gesels met Gerhardt oor dié tog.

View Details

Die kitaarspeler Chris Else is hierdie week Amanda se gas vir #Musiekdebat. Hy vertel haar dat hy Gé Korsten sing in die stort en hoe hy sy senuwees voor optredes beheer.

View Details

Hoe onthou jy jou kinderdae? Moes jy ook skool toe stap?
Denise gaan vind uit wat mense se drome en vrese in hul kinderjare was.

View Details

Negentien mense het in die Nelspruit-streekshof verskyn op aanklagte van bedrog en oortreding van die Wet op Mediese Skemas. Volgens die Valke het hulle die mediese fonds, Gems, uit 2-komma-3-miljoen-Rand bedrieg. Hul borg wissel van een-duisend tot vyf-duisend-Rand. Een beskuldigde, ‘n pensioenaris, is op waarskuwing vrygelaat. Die saak kom weer op 28 Maart voor. Die woordvoerder van die Valke, Kaptein Dineo Sekgotodi, sê nog arrestasies word verwag. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Die DA in Mpumalanga sê die LUR vir gesondheid, Sasekani Manzini, moet aanvaar dat daar 'n chroniese tekort aan ambulanse in die provinsie is en iets daaromtrent doen. Jane Sithole sê nooddienste neem gevolglik baie lank om op noodgevalle te reageer. Die departement se jongste kwartaalverslag dui aan dat 100-persent van reaksietyd teikens behaal is. Volgens Sithole het die departement egter die afgelope drie maande ‘n verdere 12 operasionele ambulanse verloor, wat die totaal vir die hele provinsie op 60 te staan bring. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

‘n Man van Zimbabwe en ‘n vrou van Mosambiek is Woensdag tydens ‘n stop- en deursoek operasie by die Lebombo-grenspos aangekeer in besit van vervalste goedere. Volgens die Valke was hulle vanaf Mosambiek na Suid-Afrika op pad. Klere en skoene met nagemaakte handelsmerke van Nike, Adidas, All Star, Chanel, Louis Vuitton, Versace, Diesel, Polo en Gucci wat in hul vragmotor gevind is, het ‘n geraamde straatwaarde van 800-duisend-Rand. Hulle sal na verwagting vandag in die hof in Komatipoort verskyn. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

‘n 21-jarige man sal binnekort in die Nkomazi-landdroshof verskyn, na hy glo sy drie weke oue babaseuntjie keelaf gesny het. Volgens die polisie het hy Woensdag die kind by sy 15-jarige ma afgeneem in Middelplaas buite Malalane. Toe hy hom teen gisteroggend nog nie terugbesorg het nie, is die saak by die polisie aangemeld. Die baba se lewelose liggaam is in bosse gestort gevind. Volgens Brigadier Selvy Mohlala sal die pa aangekla word van ontvoering, moord, regsverydeling en statutêre verkragting. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

'n Man is lewenslange tronkstraf opgelê vir die moord op die ma van sy twee kinders. Moses Jabulane Gama (59) is Woensdag in die Chief Albert Luthuli-streekshof gevonnis. Hy het Ntombanyana Nkosi in Maart 2019 verskeie kere by haar vriend se huis geskiet. Hy het homself aan die polisie in Elukwatini oorgegee, maar na hy borgtog toegestaan is, versuim om te verskyn. Polisiewoordvoerder, Brigadier Selvy Mohlala, sê hulle het hom in Desember in Soweto opgespoor. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Hoe gemaak wanneer jy water by jou huis moet suiwer?
Sarel Swart van Blue Spot Water gesels met Charles oor tuis watersuiweringsprosesse.

View Details

Charlize Berg gesels vandag met Amanda oor die '"magic" van ballades sing, diep delf om met 'n liedjie en gehoor 'n konneksie te maak en in hoe 'n mate musiek haar identiteit is.

View Details

Die Sonop-ontbytspan het in Februarie die “L” teruggesit in kosblikkies en kon kosblikkes vir 24 leerlinge van Laerskool Laeveld voorsien.
Mammas van die skool het saam met Lientjie Steyn en Judy van Dijk die pakkies gister opgemaak.
Van Dijk het die skool se broodjieprojek al in 1986 gestig, want vir baie kinders is die ete wat hulle by die skool ontvang, hul enigste maaltyd van die dag.
Die skool voorsien dus daagliks kosblikkies en pousebroodjies vir leerlinge.
Hulle gesels met Andri.

View Details

Jerry Visagie het Sondagmiddag sy vriend, Fanie Fourie, se lewe gered toe 'n krokodil hom aangeval het. Hulle het by 'n privaatdam op ‘n plaas in die Snymansbult-omgewing gehengel. Jerry vertel vir Mireille wat het gebeur.

View Details

‘n Jongman het gister verdrink toe hy ‘n 10-jarige seun van verdrinking gered het in die Mzinti-rivier in Tonga. Die 22-jarige Mpumi Ntiwane het saam met vriende visgevang toe hy en die kind besluit het om oor te swem. Die seun het in die moeilikheid beland en Ntiwane het hom gehelp. Hy het egter onder die water verdwyn. Sy liggaam is vanoggend deur polisieduikers gevind. Duikers het vanmiddag ook die liggaam gekry van ‘n man wat Maandag in die Nkomazi-rivier visgevang het. Brigadier Selvy Mohlala vra dat mense riviere vermy, aangesien watervlakke steeds hoog is na die afgelope weke se reën. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Hoe maak jy as die verkeerde kos by jou aankom in 'n restaurant, of mense nooi jou vir ete en sit iets voor wat jy glad nie eet nie? Denise vind uit hoe reageer Laevelders op situasies.

View Details

Die DA in Mpumalanga sê al 17 plaaslike munisipaliteite sowel as die drie distrikte kan nie behoorlike dienste lewer nie weens hul eie mislukking om gelde wat aan hulle verskuldig is, in te samel. Volgens Trudie Grovè-Morgan het die geld wat plaaslike owerhede gevolglik hul krediteure skuld tussen 2019/20 en 2020/21 toegeneem tot 16-komma-5-miljard-Rand. Die owerhede wat in die 2020/21 boekjaar die grootste tekorte aangemeld het, is eMalahleni (R671 miljoen), Govan Mbeki (R608 miljoen), Mbombela (R383 miljoen), Lekwa (R329 miljoen) en Thaba Chweu (R305 miljoen). 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Sakeondernemings kan hierdie belastingjaar 125% van hul belasting aftrek vir enige alternatiewe energie en gepaardgaande infrastruktuur wat hulle installeer.
Dit is van die aankondigings wat verlede week tydens die minister van finansies, Enoch Godongwana, se begrotingsrede aangekondig is en die Kruger-Laeveld-sakekamer (KLCBT) se harte laat jubel. Linda Grimbeek gesels met Robin.

View Details

Die burgerregteorganisasie AfriForum het vanoggend sy jaarlikse plaasmoordverslag vir 2022 bekendgestel. Volgens AfriForum is dit kommerwekkend dat slegs 33-persent van moordverdagtes in hegtenis geneem word. Volgens die verslag het die aantal plaasaanvalle die afgelope jaar afgeneem vanaf 415 aanvalle en 55 moorde in 2021 na 333 aanvalle en 50 moorde in 2022. In Mpumalanga is ses mense in aanvalle dood.
Jacques Broodryk, die woordvoerder vir Gemeenskapsveiligheid, sê egter dat gevalle toenemend nie aangemeld word nie weens die publiek se lae vertroue in die polisie. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Die DA in Mpumalanga beskuldig die ANC-regering in Nkomazi-munisipaliteit daarvan dat hy die nasionale ramptoestand gebruik om kaders te bevoordeel. Nkomazi is ernstig geraak deur onlangse vloedskade wat tien lewens in die provinsie geëis het. Raadslid Nhlonipho Dlamini sê ‘n tydelike rampbestuursentrum is by Kamahlushwa-stadion opgerig met ‘n markiestent wat glo teen 40-duisend-Rand per dag gehuur moes word. Die tens is vir 15 dae gebruik. Hy sê dit is irrasioneel om dié geld te spandeer wanneer gemeenskapsale beskikbaar is. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Vir baie kinders is die maaltyd wat hulle by die skool ontvang, hul enigste maaltyd van die dag. Daarom pak die Sonop-ontbytspan vandag kosblikke vir kinders wat nie so bevoorreg is om ‘n “pouse broodjie” te hê nie.
Maatskaplike werker, Danel Liebenberg, gesels met Gerhardt en Andri oor die noodsaaklikheid van voeding in kinders se ontwikkeling.

View Details

Negentien burgers van Bangladesh is gister deur die polisie in Kamagug van mensehandelaars gered.
Polisiewoordvoerder, Brigadier Selvy Mohlala, sê die Ehlanzeni Intelligensie taakspan het die deurbraak gemaak.
Die 19 mans was in 'n drie-slaapkamer huis en hul selfone is by hulle afgeneem.
'n 52-jarige Bangladeshi man wat as die huishoudster gewerk het, is gearresteer op aanklagte van mensehandel. Die 19 slagoffers word aangekla vir oortreding van die wet op immigrasie. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Saterdag het leerling-omroepers 100.5FM oorgeneem. Twaalf radio-omroepers van Lydenburg, Bergvlam, Rob Ferreira, Barberton en Lowveld High het regstreeks uitgesaai vanaf die 2023 BUCO Interhoër-atletiekbyeenkoms saam met Radio Laeveld. Hier is Inge van Wyk en Ryan Sweeney van Hoërskool Rob Ferreira.

View Details

Saterdag het leerling-omroepers 100.5FM oorgeneem. Twaalf radio-omroepers van Lydenburg, Bergvlam, Rob Ferreira, Barberton en Lowveld High het regstreeks uitgesaai vanaf die 2023 BUCO Interhoër-atletiekbyeenkoms saam met Radio Laeveld. Hier is Amahle Zondi en Tammy Baird van Hoërskool Bergvlam.

View Details

Saterdag het leerling-omroepers 100.5FM oorgeneem. Twaalf radio-omroepers van Lydenburg, Bergvlam, Rob Ferreira, Barberton en Lowveld High het regstreeks uitgesaai vanaf die 2023 BUCO Interhoër-atletiekbyeenkoms saam met Radio Laeveld. Hier is Ionah Mkhonto en Rezolia van Rheede van Hoërskool Lydenburg.

View Details

Saterdag het leerling-omroepers 100.5FM oorgeneem. Twaalf radio-omroepers van Lydenburg, Bergvlam, Rob Ferreira, Barberton en Lowveld High het regstreeks uitgesaai vanaf die 2023 BUCO Interhoër-atletiekbyeenkoms saam met Radio Laeveld.
Hier is Juan Breytenbach en Bheki Mhlanga van Hoërskool Lydenburg.

View Details

Saterdag het leerling-omroepers 100.5FM oorgeneem. Twaalf radio-omroepers van Lydenburg, Bergvlam, Rob Ferreira, Barberton en Lowveld High het regstreeks uitgesaai vanaf die 2023 BUCO Interhoër-atletiekbyeenkoms saam met Radio Laeveld. Hier is Junior Masinga en Zenande Chiloane van Lowveld High.

View Details

Saterdag het leerling-omroepers 100.5FM oorgeneem. Twaalf radio-omroepers van Lydenburg, Bergvlam, Rob Ferreira, Barberton en Lowveld High het regstreeks uitgesaai vanaf die 2023 BUCO Interhoër-atletiekbyeenkoms saam met Radio Laeveld. Hier is Nokukhanya Nkosi en Vania Jose van Hoërskool Barberton.

View Details

‘n Verdagte is aangekeer wat na bewering ‘n vrou en haar drie kinders met ‘n byl doodgekap het in Piet Retief. Die polisie in Mpumalanga het Vrydag die liggame van die 47-jarige vrou, haar tweeling seuns van elf en haar sesjarige dogter in hul huis in Phola Park ontdek. Hulle is Dinsdag laas gesien en familielede kon nie met hulle kontak maak nie. Polisie woordvoerder, brigadier Selvy Mohlala, sê die huis was van buite gesluit. Die verdagte sal na verwagting vandag in die Mkhondo-landdroshof verskyn. 100.5FM Radio Laeveld Nuus

View Details

Die Sonop-ontbytspan sit die "L" terug in kosblikkies hierdie maand. Dieetkundige Liesbet Delport vertel vir hulle wat hoort in 'n gesonde, gebalanseerde kosblik.

View Details

Die Ride for a Child-motorfietsryers het twee weke gelede op ‘n 7 000 km-fondsinsamelingsrit om die land vertrek. Dr. André Hattingh van Pediatric Care Africa hou ons op hoogte van hoe dit verloop.

View Details

‘n Hele paar rekords het Saterdag by die Interhoër-atletiekbyeenkoms gespat. Hoërskool Nelspruit (NHS) het 1 602 punte bymekaar gemaak, Lydenburg 1 369 en Rob Ferreira 1 149.
Op die pawiljoen het NHS die “Bring it”-beker vir die opkoms van die dirigente, die Grootbek-beker vir die dirigente groep, die “Move it”-beker vir die voorbereide liedjies en die Raasbek-beker vir die gees van die skool gewen.
Die gashere, Hoërskool Lydenburg, het die “Wing it”-beker vir die beste onvoorbereide liedjie gewen en die toekenning vir die beste dirigent het aan Hanco Barnard van die skool gegaan.
Hoërskool Barberton het die nuwe Lerata-beker, vir die skool wat die grootste geraas kon maak, huis toe geneem.
Barberton bied in 2024 die byeenkoms aan. Mireille gesels met die waarnemende hoof, Sonja Duvenage.

View Details

Die 2023 BUCO Interhoër-atletiekbyeenkoms vind môre in Lydenburg plaas en al sewe deelnemende skole ding ook mee om die Blerbeker op 100.5FM. Die dirigente en atlete van Hoërskool Rob Ferreira het in die ateljee kom kuier.

View Details

Dit is Interhoër week op 100.5FM en Hoërskool Barberton beloof iets ouskool van hul dirigente vir die atletiekbyeenkoms Saterdag. Van hul atlete en die leerling-omroepers het saam kom kuier in die ateljee.

View Details

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) sê tropiese storm Freddy” sal volgens die jongste inligting die noord-oostelike dele van die land vanaf vroeg Saterdag tot Maandag affekteer. Die grootste impak word in Vhembe en Mopani in Limpopo verwag met swaar reën van tussen 200 mm en 400 mm sowel as sterk winde.
Ehlanzeni-distrik sal na verwagting tot ‘n mindere mate geraak word, maar gegewe die beduidende oorstromings wat die afgelope weke reeds in die area ervaar is, kan die impak katastrofies wees.
Mosambiek het 'n rooi waarskuwing uitgereik oor Freddy.
Hy word tans geklassifiseer as 'n matige tropiese storm en sal na verwagting versterk tot 'n hewige tropiese storm teen môre wanneer hy in die suide van Mosambiek tussen Govuro en Vilankulos land.
Molebohene Manthata van die SAWD:

View Details

Andrew Geldenhuys van Search and Rescue South Africa (Sarza) het pas teruggekeer van Turkye waar hulle verlede week help soek het na oorlewendes na twee verwoestende aardbewings. Hy deel sy ervaring met Charles.

View Details

Dit is Interhoër week op 100.5FM en Penryn College se dirigente en atlete sien uit na die byeenkoms wat Saterdag by Hoërskool Lydenburg aangebied word.

View Details

Dit is Interhoër week op 100.5FM en Hoërskool Nelspruit staan reg met 'n singspan wat 600 leerlinge sterk is.
Die dirigente het saam met juf. Kriekie Bekker in die ateljee kom kuier.

View Details

Die Ride for a Child-span is al halfpad met hul 7 000 km motorfietsrit om die land .
Dr. André Hattingh van Pediatric Care Africa gesels uit die Kaap.

View Details

Liza Brönner gesels met Amanda oor hoe alles begin het, haar verborge talente, en die noodsaaklikheid om jou oë op jou eie bal te hou. #Musiekdebat

View Details

Dit is Laeveld Interhoër week op 100.5FM en Hoërskool Bergvlam is behoorlik aan die brand met gees. Hul dirigente het in die ateljee kom kuier.

View Details

Dit is Laeveld Interhoër week op 100.5FM en Lowveld High beoog om vanjaar die Radio Laeveld Blêrbeker te wen - die rooi en blou is per slot van sake hul skoolkleure.
Hul atlete en dirigente het in die ateljee kom kuier.

View Details

'n Plaaswag het vroeg Maandagoggend 'n vonds van meer as 'n miljoen-Rand se dagga op 'n plaas buite Delmas gemaak.
Volgens polisiewoordvoerder, Brigadier Selvy Mohlala, is die 344 kilogram dagga in 31 sakke versteek in 'n voertuig. Dit het 'n geraamde waarde van 1-komma-drie-miljoen-Rand.
Dit volg na lede van die wag drie voertuie in ‘n mielieland opgemerk het. Toe hulle nader kom het twee bakkies weggejaag. Die bestuurder van ‘n Ford-voertuig het te voet gevlug. Die dagga is in sy voertuig gevind.

View Details

Verskeie ruskampe wat weens swaar reën en oorstromings in die Krugerwildtuin gesluit was, is gister weer oopgestel vir besoekers.
Die woordvoerder van die wildtuin, Ike Phaahla, sê Krokodilbrug, Onder-Sabie en Talamati-ruskampe is weer oop, na die watervlakke genoegsaam gedaal het. Verskeie grondpaaie in die suide van die park bly gesluit. Die hoofroete tussen Onder-Sabie en Skukuza is ook toe na hy op drie plekke verspoel het.

View Details

Die Kruger-Laeveld-sakekamer (KLCBT) het vanoggend ‘n alternatiewe energie expo en netwerksessie aangebied om die gesprek met Mbombela te begin oor hoe onafhanklike kragverskaffers elektrisiteit aan die munisipaliteit kan lewer.
Die Mbombela stadsbestuurder, Wiseman Khumalo, het gesê hulle is op soek na ‘n langtermyn koopooreenkoms met verskillende onafhanklike kragopwekkers – mits hulle kompeterende pryse bied en die elektrisiteitsvoorsiening betroubaar is.

View Details

Die KLCBT het vanoggend hul alternatiewe energie expo en netwerksessie aangebied, met kenners wat hul raad gedeel het oor jou opsies om minder afhanklik te wees van Eskom.

View Details

Oud word is 'n relatiewe term, maar wat is die tekens wat jy oplet wat jou laat weet dat die tyd besig is om aan te stap?

View Details

Sit die "L" terug in kosblik, in samewerking met Eskort Nelspruit en die Sonop-ontbytspan. Gerhardt en Andri pak op 28 Februarie kosblikke vir kinders wat nie so bevoorreg is om 'n "pouse broodjie" te hê nie. Lowveld Body Works borg die kosblikke. Mariaan Byleveld en Just Sam gesels met die Sonop-ontbytspan.

View Details

Hoërskool Lydenburg is vanjaar die aanbieders van die Laeveld BUCO Interhoër-atletiekbyeenkoms. Dit vind Saterdag plaas. Die dirigente, atlete en aanbieders het kom kuier.

View Details

Die premier van Mpumalanga, Refilwe Mtshweni-Tsipane het Saterdag die gebiede in Mbombela en Nkomazi wat die ergste geraak is deur die onlangse vloede, besoek. Sy sê 'n tekort aan stormwaterdreineringsinfrastruktuur het tot verdere skade gelei. Hulle beplan om laagwaterbrûe te lig wanneer hulle herstel word.

View Details

Die premier van Mpumalanga, Refilwe Mtshweni-Tsipane, sê swak infrastruktuur en mense wat in vloedgebiede woon het die skade vererger wat aangerig is tydens die oorstromings die afgelope weke. Paaie, brûe, skole, huise, plase, en waterwerke is regoor Ehlanzeni-distrik beskadig. Skoolgaan is in Nkomazi ontwrig. Mtshweni-Tsipane het Saterdag die gebiede in Mbombela en Nkomazi wat die ergste geraak is, besoek. Volgens die premier moet die afdwing van munisipale bywette verbeter om tragedies in die toekoms te vermy.

View Details

Die Ride for a Child-span het al sowat 3 200 km van hul beplande 7 000 km motorfietsrit om die land afgelê. Vandag (Maandag) is dag 9.
Na hulle deur die reën in Mpumalanga, Limpopo en Noordwes gery het, het die span Donderdag en Vrydag vir twee aande in Upington oorgeslaap waar hulle twee kinderhuise besoek het met doeke, kos, boeke en lekkernye.
Saterdag het hulle via Alexanderbaai (die mees westelike punt van die roete) na Port Nolloth gery en Sondagmiddag (gister) in Lambertsbaai aangekom.
"Vir die volgende 10 dae ry ons net al langs die see," sê dr. André Hattingh van Pediatric Care Africa.

View Details

'n Man is gistermiddag in Barberton gearresteer na hy betrap is met die liggaam van 'n 19-jarige vrou in 'n swart plastieksak. Hy was glo besig om dit in 'n trollie na die Barberton-stortingsterrein te stoot toe verbygangers agterdogtig geraak het. Die 38-jarige verdagte moes deur die polisie gered word van 'n woedende skare wat hom aangerand het. Hy is tans onder polisiebewaking in die hospitaal.

View Details

Die waarnemende LUR vir gemeenskapsveiligheid in Mpumalanga, Speedy Mashilo, het 'n beroep gedoen op gemeenskappe om nie die wet in eie hande te neem nie. Dit volg op die moord op drie mense in Vaalbank, na die liggaam van 'n vermiste agtjarige dogtertjie Saterdag in 'n pittoilet by hul huis ontdek is. Die 53-jarige Zele Papo Machika, sy 51-jarige vriendin en haar 32-jarige seun is na bewering gestenig. Volgens die polisie is Machika vroeër die week weens Nomsa Sambo se verdwyning ondervra. Die woordvoerder van die departement, Moeti Mmusi:

View Details

Groot skade is aangerig aan infrastruktuur in die hele Elhanzeni deur die oorstromings. Nkomazi-munisipaliteit is die swaarste getref.
Huise het oorstroom, wat die bou van huise onder die vloedlyn opnuut in die kollig geplaas het.
Ehlanzeni-rampbestuur het gister die media toegespreek oor die situasie.
Mandla Msibi, die LUR vir samewerkende regering in Mpumalanga, sê daar moet
sterk opgetree word teen mense wat onwettig erwe verkoop in Mbombela.
Burgemeester, Sibongile Makhushe, sê hulle beplan om mense van grond af te sit en areas te formaliseer.

View Details

Karin is nou nie eintlik goed met name nie, maar haar nuwe buurvrou is alles behalwe Bakgat!

View Details

Die polisie vra dat mense wegbly van brue oor damme, rivier en strome wat oorstroom weens volgehoue swaar reen.
Polisieduikers en gemeenskapslede soek steeds na vier mense wat vermis word en na vermoede verdrink het in Nkomazi.
Vyf mense is gister gered na hul vragmotor in Amersfoort meegesleur is.
Polisiewoordvoerder, Brigadier Selvy Mohlala, sê hulle het die burg by die Schuilspruit dam probeer oorsteek. ‘n Motoris van Rustenburg moes die middag ook uit sy bakkie gered word.
Mohlala sê mense moet ophou kanse waag.

View Details

Grondpaaie in die suide van die Krugerwildtuin bly gesluit vir besoekers weens grootskaalse oorstromings. Die hoofroete tussen Onder-Sabie en Skukuza bly ook gesluit, na dit op drie plekke ineengestort het. Die H1-1 tussen Pretoriuskop en Malalane is weer oopgestel, sowel as die Letaba laagwaterbrug. Besoekers is aangeraai om uiters versigtig te wees. Woordvoerder, Ike Phaahla:

View Details

Drie-honderd gesinne is in Nkomazi-munisipaliteit uit hul huise ontruim weens plaaslike oorstromings na volgehoude swaar reën. Grootskaalse skade is aan infrastruktuur in Nkomazi, Mbombela, Thaba Chweu en Bosbokrand aangerig.
Die grootste impak word in Nkomazi gevoel met huise wat oorstroom en ineengestort het. Die woordvoerder van die plaaslike munisipaliteit, Cyril Ripinga, sê op plekke is brue weggewas en kan mense nie bereik word nie.

View Details

Die Krugerwildtuin sê hulle is dankbaar dat geen beserings aangemeld is tydens die oorstromings wat tans ervaar word nie. Woordvoerder, Ike Phaahla, sê rampbestuurspanne bly op 'n hoë gereedheidsgrondslag en monitor die situasie. Die Krokodilbrughek is vanoggend oopgestel slegs noodvoorraad om die wildtuin te bereik en is nie oop vir besoekers nie. Besoekers aan die wildtuin is aangeraai om uiters versigtig te wees. Krokodilbrugkamp en Onder-Sabie-kamp bly gesluit.

View Details

Na weke van volgehoue, swaar reën, verwag die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) dat dit vir nog 'n week sal voortduur.
Weervoorspeller, Lehlohonolo Thobela, sê dit behoort teen Saterdag weer te verskerp, met neerslag van meer as 20 milimeter wat verwag word in Limpopo en die Noorde van Mpumalanga.
Dit behoort teen Maandag te verminder.

View Details

Nelspruit Primary bied vanjaar die interlaer-atletiekbyeenkoms vir groot skole in die Laeveld aan. Dit sou aanvanklik op Hoërskool Bergvlam se gronde plaasgevind het, maar weens die swaar reën die afgelope weke is daar besluit om dit eerder na Primary self te skuif. Die hoof, Werner van Tonder, sê as dit nie kon voortgaan nie, sou dit heeltemal afgestel word, eerder as uitgestel.

View Details

Nelspruit Primary bied vanjaar die interlaer-atletiekbyeenkoms vir groot skole in die Laeveld aan. Dit sou aanvanklik op Hoërskool Bergvlam se gronde plaasgevind het, maar weens die swaar reën die afgelope weke is dit nie meer geskik nie. Dit sal nou op Primary se eie sportvelde plaasvind. Die hoof, Werner van Tonder, sê dit was 'n kwessie van voortgaan, of dit afstel. Hy deel van die logistieke reëlings met die Sonop-ontbytspan.

View Details

'n 21-maande oue seuntjie is Saterdag in Shongwe-hospitaal dood. Volgens die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, Brigadier Selvy Mohlala, het hy maagkrampe en diarree gehad en gebraak. Vier van sy gesinslede van Jeppe's Reef het dieselfde simptome getoon en is ook opgeneem. Sy 23-jarige tante is dieselfde dag ontslaan. 'n Dogtertjie van vier en twee seuntjies van onderskeidelik ses en sewe jaar oud is nog in die hospitaal. Mohlala sê hulle het na ‘n maaltyd siek geword. Dit is in hierdie stadium nie bekend wat die oorsaak van die baba se dood is en of dit moontlik ‘n infeksie kon wees nie.

View Details

Die DA eis dat die provinsiale departement van openbare werke en vervoer met meer dringendheid op beskadigde paaie reageer. Trude Grove-Morgan sê hulle is besorg dat beskadigde paaie stadig gesluit word en motoriste nie genoegsaam gewaarsku word nie. Sy sê oorsigbesoeke aan die Bulembu-pad sowel as die R40 tussen Witirivier en Hazyview wys dit behoort verder ineen te stort. ‘n Stop-en-ry is hier in plek. Daar is egter glo geen waarskuwing by die brug op die R538/Ou Plastonpad nie.

View Details

Laerskool Malelane bied Vrydag die Panorama interlaer-atletiekbyeenkoms vir mediumskole aan. Atlete van Komatipoort, Graskop, Sabie, Numbi, Burgersfort en Steelpoort sal meeding. Die hoof van Malelane, Gerben Janse van Rensburg, sê hulle is vol moed dat die byeenkoms sal kan voortgaan, ondanks die ontwrigtings wat die afgelope week se reën en oorstromings te weeg gebring het.

View Details

Rampbestuurspanne in die Krugerwildtuin bly op hoë gereedheidsgrondslag omdat swaar neerslae riviere in Mpumalanga laat afkom. Die Krokodilbrughek is gesluit omdat water oor die brug vloei, maar alle teerpaaie is oop. Die woordvoerder, Ikr Phaahla, sê hulle hou die situasie fyn dop en raai besoekers aan om uiters versigtig te wees.

View Details

Justin Chadwick, uitvoerende beampte van die Sitrusgroeiersvereniging (CGA) gesels met Charles oor die uitdagings van sitrusboere en die vooruitsigte vir diie bedryf die jaar.

View Details

Sonpark het die verkeerslig op die R40/Madibarylaan "aangeneem" om dit tydens beurtkrag aan die sentrum se kragopwekker te koppel, sodat verkeer op dié besige roete beterv loei.
Gené van Niekerk vertel vir die Sonop-ontbytspan hoe die inisiatief werk.

View Details

Laerskool Malalane skop Vrydag hul 75 jaar verjaarsdagvieringe af deur die Panorama-interlaer vir Mediumskole aan te bied.
Die hoof, Gerben Janse van Rensburg, vertel hoe hulle die skool 'n nuwe baadjie aantrek om die geleentheid te vier.

View Details

Drie mense is die afgelope vyf dae in Tonga doodgeskok deur wat die polisie vermoed is onwettige elektrisiteitsaansluitings.
Volgens polisiewoordvoerder in Mpumalanga, Brigadier Selvy Mohlala, sluit dit 'n 36-jarige vrou in wat in haar tuin gewerk het, 'n man wat ondersoek ingestel het na ‘n elektriese fout by sy huis, en 'n 16-jarige meisie wat deur 'n plas water gestap het op straat Donderdagdaand. In ‘n vierde voorval gister in Kamhlushwa is 'n 12-jarige seun deur onwettige aansluitings doodgeskok is by die bure se huis.

View Details

Dit is Valentynsdag en vandag is daar geen debat nie - slegs liefdesboodskappe. Denise het hulle gaan insamel.

View Details

Die VF Plus dring daarop aan dat die Ehlanzeni-distriksmunisipaliteit die wetgewing toepas wat inwoners verbied om permanente strukture binne die 50-jaar-vloedlyn te bou. Dit na verskeie huise wat klaarblyklik onder die vloedlyn gebou is, verspoel het met die huidige oorstromings in die Laeveld.
Volgens Monique Bornman, ‘n VF Plus-raadslid in Ehlanzeni-distriksmunisipaliteit, het die party reeds tydens 'n onlangse raadsvergadering versoek dat daar bewusmaking rondom vloedlyne geskep word.

View Details

Rampbestuur in die Krugerwildtuin bly op 'n hoë gereedheidsgrondslag weens oorstromings.
Die Krokodilbrug-toegangshek is steeds gesluit weens die brug wat oorstroom.
Die vlakke van die Sabie- en Msimuku-riviere word fyn gemonitor.
Woordvoerder, Ike Phaahla, sê die paaie is oopgestel, maar besoekers moet versigtig wees - veral by laagwaterbrue.
Hy raai voornemende besoekers aan om eerder hul besprekings te skuif.

View Details

Ride for a Child se groep motorfietsryers het Sondagoggend uit Witrivier vertrek op ‘n 21 dag toer deur die land om fondse in te samel wat mediese sorg en operasies vir kinders wat dit benodig moontlik sal maak. Hulle beoog om nagenoeg 7-duisend kilometer af te lê. Dr. André Hattingh van Pediatric Care Africa vertel hoe dit sover gaan.

View Details

Die regering het ‘n nasionale ramptoestand afgekondig om in te gryp ná wydverspreide oorstromings wat groot dele van die land raak.
Rampbestuur in Mpumalanga vra dat mense sover moontlik van die paaie afbly, gegewe die volgehoue oorstromings in die provinsie. Jacques Benade sê hulle het gister reeds versoek dat skole in die Nkomazi-area sluit en mense eerder van die huis af werk.
'n Oranje vlak 9-weerwaarksuwing bly vir vandag in plek in die Laeveld.
Huise het oorstroom, voertuie is deur vloedwater meegesleur, en damme en rioolwerke loop oor. Dit lei tot die verlies aan basiese infrastruktuur en skade aan paaie en brûe.
Die situasie verander voortdurend.

View Details

Rampbestuur in Mpumalanga vra dat mense sover moontlik van die paaie afbly, gegewe die volgehoue oorstromings in die provinsie. Jacques Benade sê veral Nkomazi word erg geraak. Hulle het reeds versoek dat skole sluit en mense eerder van die huis af werk as hulle kan.
'n Nasionale Ramptoestand is afgekondig.
Vyf mense is verlore sedert die naweek.
'n Oranje vlak 9-weerwaarksuwing bly vir vandag in plek in Ehlanzeni.

View Details

Deon Roodt is 'n gereelde deelnemer aan die Barberton XCM-bergfietswedren. Daarom dink hy hy moes van beter geweet het voor hy tydens die wedren aan die einde van Januarie, besluit het om 'n bietjie af te koel - en hy van nader kennis gemaak het met 'n krokodil.
Dit is eintlik 'n dam waarin hy al vir jare wou swem, vertel hy vir Ludi en Mireille.

View Details

Die hoof van rampbestuur in Mpumalanga, Jacques Benade, sê
die grootste brandpunte is Nkomazi, wat die suide van die Krugerwildtuin insluit.
Huise in Tekwane Suid het na hoë reënval ook oorstroom.
'n Oranje vlak 9-waarskuwing vir swaar reën is uitgereik in Ehlanzeni vir vandag.
Volgens die weerdiens sal die verwagte reën in Mpumalanga en Limpopo tot nog oorstromings lei omdat die grond reeds versadig is en die waterstelsels vol is.

View Details

Dit is Wêreldradiodag en Amanda vier dit deur die ontstaan van Radio Laeveld self op te roep. Sy gesels met een van die stigterslede, Christo Botha, oor hoe dit gekom het dat die leeu die eerste keer gebrul het op 1005.FM.

View Details

Wat is die impak van swangerskap op die gesondheid van jou mond? Maryke van Niekerk van Van Der Walt Dental Practice het by Andri en Gerhardt daaroor kom gesels.

View Details

"Ons is in ‘n tyd van rekords breek," sê die hoof van rampbestuur in Mpumalanga, Jacques Benade, oor die oorstromings die afgelope week.
"Ons het vloedvlakke en damvlakke wat ons sedert 1985 nie gesien het nie."
Hy sê al die damme is vol.
Die grootste brandpunte is Nkomazi, wat die suide van die Krugerwildtuin insluit.
"Nkomazi is in 'n chaotiese toestand. Al die riviere eindig daar."
Hy vra dat mense hulle steur aan die weerwaarskuwings. Vir vandag geld 'n oranje vlak 9-waarskuwing vir swaar reën in Ehlanzeni.
Benade voeg by dat die gevaar nie verby is wanneer die son uitkom nie, omdat oostromings die grootste gevaar inhou.
Hy gesels met Gerhardt en Andri. Luister weer hier.

View Details

Teerpaaie in die Krugerwildtuin is weer oopgestel na oorstromings in die Suide gister SANParke genoop het om dit te sluit. Volgens woordvoerder, Ike Phaahla, bly gondpaaie as 'n voorsorgmaatreël gesluit. Buiten Krokodilbrug en Onder-Sabie is alle ruskampe oop. Die Skukuza-lughawe is ook operasioneel. Geen groot skade aan infrastruktuur is tot dusver aangemeld nie.

View Details

Ride for a Child se groep motorfietsryers vertrek Sondag uit Witrivier op ‘n 7 000 km toer deur die land om mediese sorg en operasies vir kinders wat dit benodig moontlik te maak.
Dr. André Hattingh van Pediatric Care Africa gesels met Ludi en Mireille.

View Details

Almal wat vir Karin ken weet sy maak nie sommer moeilikheid nie, maar sy is behoorlik in die skande gesteek die week. Sy het regtig verwag die skoolhoof het haar en Cobus ontbied met beter nuus as wat hulle moes uitvind oor hul seun.

View Details

Vier kampe sowel as verskeie paaie en brûe in die Krugerwildtuin is ontoeganklik weens oorstromings, maar geen beserings is nog by mense of diere aangemeld nie. Die Onder-Sabie, Krokodilbrug, Biyamiti en Talamati-kampe word erg geraak en is onbereikbaar. 'n Woordvoerder van SANParke, Ike Phaahla, sê hulle monitor deurlopend die situasie en is in kontak met die gaste in die kampe. Gaste van Talamati is na Satara verskuif. Nog reën word verwag. Alle besoekers is gewaarsku om grondpaaie te vermy. Gaste is ook genooi om hul besprekings te verander.

View Details

Vier kampe sowel as verskeie paaie en brûe in die Krugerwildtuin is ontoeganklik weens oorstromings, maar geen beserings is nog by mense of diere aangemeld nie. Die Onder-Sabie, Krokodilbrug, Biyamiti en Talamati-kampe word erg geraak en is volgens berigte ontoeganklik. Woordvoerder, Ike Phaahla, sê hulle monitor deurlopend die situasie en is in kontak met die gaste in die kampe. Slegs die Krokodilbrug-hek is tans gesluit. Dit is ook nie moontlik om tussen Satara en Skukuza of Onder-Sabie te reis nie.

View Details

Waar begin jy om te probeer uitpluis wat die beste manier is vir jou huis of onderneming om onafhanklik te (begin) raak van Eskom se elektrisiteit?
Cobus Dolley, die bestuurder van Voltex Nelspruit, antwoord Charles se vrae.

View Details

Die Laeveld Kleiduif-skietklub het ‘n paar besige maande in die vooruitsig. Op 15 en 16 April word die nasionale proewe by die klub buite Malalane aangebied. Die 24ste en 25ste in dit die Mpumalanga Ope en in Julie ‘n groot Sporting-kompetisie waarvoor 84 deelnemers van regoor die land reeds ingeskryf het. Riaan Kotze het gesels met Ludi en Mireille.

View Details

"Musiek is vir my ‘n gaping in die realiteitsklou, ‘n ontsnapping in ‘n vervoerende beswyming van skepping en kuns…” sê Refentse. Hy gesels met Amanda oor onder meer sy liefde vir skryf.

View Details

Een van sy gunsteling musikale herinneringe is die Operama op Loftus in die laat jare 90, vertel Jannie Moolman.
Hy gesels met Amandag oor kere wat jy oorhaastig was in sy 30 jaar loopbaan, hoe hy perongeluk in Klassieke musiek beland het, en sy liefde vir die Bosveld.
"Goed is maar geneig om sy gang te gaan," sê hy.

View Details

Na groot volumes reën deur die nag is verskeie paaie en brûe in die Laeveld oorstroom. Die woordvoerder van die Krugerwildtuin, Ike Phaahla, sê die Krokodilbrug-ingang is oorstroom en kan dus nie gebruik word nie. Die Paul Kruger-hek is wel intussen weer oopgestel. Hy raai besoekers aan die wiltuin egter aan om die paaie met "Geen Ingang"-bordjies en grondpaaie te vermy, selfs met 'n 4-by-4.

View Details

Na groot volumes reën in die Laeveld is toegang tot die Krokodilbrug-ingang na die Krugerwildtuin vandag gesluit na die brug oorstroom het.
Ike Phaahla, woordvoerder van die Krugerwildtuin, sê verskeie laagwaterbrûe en groot paaie versper.
Geen skade of beserings is egter aangemeld nie, en hulle monitor die situasie.

View Details

Vanjaar is 'n spesiale jaar vir Barberton wat verskeie mylpale vier.
Sakemense werk ook hard om die dorp te vernuwe.
Daar word ook hard baklei om die Wêrelderfenisgebied te begin ontwikkel.
Linda Grimbeek van die KLCBT gesels met Robin.

View Details

Saterdag is "February Madness" by die Glenwood Oval. Pieter Grundling en Wayne du Randt het by Sonop-Ontbyt kom inloer om die petrolkoppe in te lig oor dié gereelde aanbieding.

View Details

‘n 47-jarige man verskyn vandag in KaBokweni op aanklagte van handel in renosterhoring as deel van Operasie "Blood Orange". Dit volg na DNS van renosterhorings wat tydens ‘n deursoekoperasie by ‘n huis in Johannesburg bekom is, hom met die toneel verbind het.
Volgens die woordvoerder van die Valke, kapt. Dineo Sekgotodi, is hy na bewering deel van die stropingsindikaat.
‘n Lasbrief vir sy inhegtenisname is uitgereik en hy het homself aan die owerhede oorhandig.

View Details

‘n 14de verdagte is aangekeer vir beweerde geldwassery wat verband hou renosterstropery in die Valke se Operasie “Blood Orange”. Die voormalige Krugerwildtuin-veldwagters, Chikwa Maluleke en Solly Ubisi, is na bewering betaal vir taktiese inligting om renosterstropingsindikate mee te help. Betaling is glo in familielede se bankrekeninge betaal. Nkateko Maluleke (24) is borg van R5 000 toegestaan in die Bosbokrand-hof. Hy verskyn op 15 Februarie weer saam met sy medebeskuldigdes. Kaptein Dineo Sekgotodi:

View Details

Flamboyant in Witrivier is vanjaar die aanbieder van die groot atletiekbyeenkoms vir onafhanklike plaaslike skole.
Dit vind op 18 Februarie plaas by Rob Ferreira.
Die hoof, Gail Van Der Riet, het saam met die sport-koördineerders Jaco Botes en Ashton Robertson in die ateljee kom kuier.

View Details

'n Provinsiale verkeersbeampte is gistermiddag aan diens dood toe sy deur ‘n ligte afleweringsvoertuig getref is. Volgens die departement van gemeenskapsveiligheid in Mpumalanga het Jeanette Mlangeni die bestuurder probeer stop omdat hy na bewering gevaarlik 'n ander voertuig verbygesteek het op die R544 tussen Emalahleni en Kriel. Die waarnemende LUR, Speedy Mashilo, sê sulke ongelukke kan vermy word as mense versigter bestuur. Die departementele woordvoerder, Moeti Mmusi, sê die botsing word ondersoek.

View Details

Daar is sekere dinge wat jy bloot net nie saam met jou na 'n restaurant, werksfunksie of kuier by jou skoonma neem nie.
Tog vind Denise uit dat mense met streng diëte soms hul eie kos na restaurante neem.

View Details

Dit was gister sewe jaar sedert Lily-myn buite Barberton ingestort het.
Die liggame van drie mynwerkers, Yvonne Mnisi, Pretty Nkambule en Solomon Nyirenda is sedertien ondergronds vasgekeer.
ActionSA het dit gister saam met familie- en gemeenskapslede herdenk.
Partyleier Herman Mashaba sê die ANC-regering se gesloer om die vraghouer met die oorskot van drie werkers te herwin, bly 'n ongeregtigheid teenoor die mynwerkers en hul families.
Mashaba sê hy gaan die myn se sakereddingpraktisyns vra om die drie werkers se families toegang tot die myn te gee:

View Details

Protesaksie is vanoggend aangemeld rondom Amersfoort met verskeie paaie wat afgesper word deur vragmotors. Polisiewoordvoerder, Bridagadier Selvy Mohlala, sê openbare orde polisiëring is op pad na die toneel, maar die vragmotors is kennelik gekaap en dit mag 'n geruime tyd neem om te verwyder. Vermy die area.

View Details

Die Mpumalanga Premier, Refilwe Mtshweni-Tsipane, het die polisie en Nasionale Vervolgingsgesag geloof vir die swaar vonnisse wat twee verkragters opgelê is. Sibusiso Cossa is tot twee keer lewenslank en ‘n addisionele 50 jaar gevonnis vir misdade wat hy in Tonga gepleeg het. Richard Ndlovu moet ook lewenslank sit vir die verkragting van ‘n minderjarige in Masoyi. Mtshweni-Tsipane beskryf dit as ‘n oorwinning in die geveg teen geslagsgebaseerde geweld. Haar woordvoerder, Sibongile Mkani-Mpolweni:

View Details

Besoekers, inwoners en atlete is gewaarsku om uiters versigtig te wees voor hulle enige waterliggame in die Laeveld betree.
Dit na ‘n bergfietsryer verlede Saterdag tydens die Barberton XCM-wedren tydens ‘n swem in ‘n dam om af te koel, deur ‘n krokodil gebyt is.
Andrew Geldenhuys van SARZA vertel vir Ludi en Mireille wat gebeur het.

View Details

'n Renosterstroper is gister in Skukuza tot effektief 18 jaar tronkstraf gevonnis. Santos Baloyi is in September in die Afsaal-area van die Krugerwildtuin vasgetrek. Volgens polisiewoordvoerder, Brigadier Selvy Mohlala, het veldwagters op patrollie ondersoek ingestel na hulle ‘n skoot gehoor het. ‘n Skietery het ontstaan. Baloyi is gewond en aangekeer. Hy was in besit van twee vars renosterhorings. Hy het skuldig gepleit op betreding van die wildtuin, besit van ‘n bedreigde spesie se liggaamsdele en stropery. Een van sy twee medepligtiges is dood.

View Details

Die veiligheid van eiendomsagente is opnuut in die kollig na 'n agent die naweek in Springs vermoor is tydens 'n huisskouing.
Dewald Erasmus van Century21 eiendomme het met Charles gesels oor beveiliging.

View Details

Karin, wat nie skroom om die bestuurder te roep nie, is kwaad.
Hierdie week is dit vir Zaantjie se skool wat haar toegooi onder huiswerk en take!
Waar moet sy tyd kry om 'n jong dame so na haar ma se hart te wees?

View Details

Die DA het formeel ‘n grief teen die burgemeester van Thaba Chweu-munisipaliteit, Friddah Nkadimeng, by die Speaker ingedien.
‘n Raadslid, Spiridon Couvaras, voer aan dat sy nie by raadsbesluite hou nie.
In November is daar besluit dat noodsaaklike werkers in skofte sal werk om oortydbetaling te verminder, maar dit is nie deurgevoer nie.
Hy sê Nkadimeng het ook ‘n ander kandidaat aangestel as direkteur van Gemeenskapsdiens as waarop die raad besluit het.

View Details

Sy sangloopbaan het hom baie geleer van vasbyt, sê Kevin Leo.
Die singende chef gesels met Amanda.

View Details

2023 is weer ‘n Fiësta-jaar by Hoërskool Nelspruit (NHS). Dit is een ongelooflike fondsinsamelingsjaar wat sedert 1986 slegs elke vyf jaar plaasvind om te verseker elke Nellie-leerling ervaar dit een keer in hul skoolloopbaan.
Vanjaar is die tema, “NHS gaan groot” en die einddoel is om sonpanele by die skool op te rig - waaruit toekomstige generasies ook munt sal slaan.
As deel van Fiësta kom sing en dans Ricus Nel en Snotkop op 16 Februarie by die skool. Kriekie Bekker en Ferdi van Wijk het met Gerhardt en Andri daaroor gesels.

View Details

Die VF Plus in Mpumalanga sê waterpompe moet gevrywaar word van beurtkrag. Werner Weber sê beurtkrag veroorsaak dat byna elke munisipaliteit in Mpumalanga sonder water is omdat die pompe wat water aan die woongebiede verskaf, nie sonder elektrisiteit kan funksioneer nie. Hy voeg by dit is belangrik dat munisipaliteite gebeurlikheidsplanne, soos kragopwekkers of sonpanele, in plek het om watervoorsiening ten alle tye te verseker as 'n basiese reg van inwoners.

View Details

Teken 21 Februarie in jou dagboek aan wanneer die indaba oor die kragkrisis in Mbombela plaasvind.
Linda Grimbeek van die KLCBT gesels met Robin hieroor asook verkeersligte aanneem en "Under the Gazebo" in die middedorp.

View Details

Brandstof het om middernag weer duurder geword. AMI Emissions het egter ‘n toestel wat jy in jou brandstoftenk installeer wat deur elektromagnetiese golwe die brandstofmolekules uitmekaar trek om meer suurstof tussen deeltjies toe te laat en voilà, dit brand skoner. Die gevolg is 'n groot verbetering op uitlaatgasse én brandstofgebruik. Okkie Oosthuizen gesels met Sonop.

View Details

'n Polisiesersant verskyn vandag in die hof saam met vyf vermeende medepligtiges in eMalahleni op aanklagte van voertuigkaping en besit van gesteelde goedere.
Volgens polisiewoordvoerder, Brigadier Selvy Mohlala, het die Middleburg-blitspatrollie Maandag op 'n wenk reageer en 'n vragmotor wat in Elsburg gekaap is by 'n kleinhoewe in Clewer gevind. Sleepwaens gelaai met kookolie met ‘n geskatte waarde van 1,3-miljoen-Rand is ook op die perseel gevind sowel as 'n Toyota Hilux Dakar-bakkie wat vyf jaar gelede in Garsfontein gesteel is.
Die 43-jarige sersant is by Vosman gestasioneer.

View Details

Die vlieënier wat gistermiddag dood is toe sy ligte vliegtuig naby die Ou Nelspruit-lughawe neergestort het is geïdentifiseer as die 44-jarige Jeff Mabuza, ‘n gerekende sakeman van Steelpoort.
Hy was die enigste insittende.
Polisiewoordvoerder, brigadier Selvy Mohlala, sê die Burgerlugvaartowerheid ondersoek die oorsaak.

View Details

Die VF Plus in Mpumalanga sê die Govan Mbeki-munisipaliteit is in meer moeilikheid as wat inwoners besef. Aranda Nel-Buitendag gee wanadministrasie die skuld vir swak dienslewering in Bethal, Secunda en omliggende dorpe. Sy sê die ouditeur-generaal het in haar jongste verslag haar kommer uitgespreek oor die tekort aan veral tegniese personeel en wanadministrasie. Verskeie maatreëls van die munisipale voorsieningsketting-regulasies is ook oortree. Volgens Nel-Buitendag is 'n omkeerplan dringend nodig.

View Details

Vriendskap is kosbaar en moet gekoester word.
Denise gaan vind uit hoe gereeld mense hul vriende sien, waar hulle uit hang en wat hulle alles met mekaar deel.

View Details

Die Burgerlugvaartowerheid ondersoek ‘n noodlottige vliegongeluk wat gistermiddag in Mbombela plaasgevind het. ‘n Ligte vliegtuig het naby die Ou Nelspruit-lughawe neergestort. Die vlieënier was die enigste insittende en is dood. Die kommunikasiebestuurder van die Burgerlugvaartowerheid, Sisa Majola, sê dit is onduidelik van waar of waarheen die vliegtuig op pad was.

View Details

Die vlieënier van ‘n ligte vliegtuig is vanmiddag dood toe die vliegtuig kort na 3-uur neergestort het ‘n bietjie wes van die Ou Nelspruit-lughawe. Volgens Kyle van Reenen van Emer-G-Med was die vlieënier die enigste insittende. Die oorsaak van die ongeluk sal deur die Burgerlugvaartowerheid ondersoek word.

View Details

Die drie mans wat aangekla word van die moord op 'n ANC-raadslid in Mkhondo-munisipaliteit het vandag in die hof in Piet Retief verskyn.
Sbonelo Ntshangase is op 13 Januarie saam met twee ander mans voor sy huis doodgeskiet.
Andile Gamede het sy borgaansoek aal vaar.
Blessing Ntombela en Blessing Dlamini bly in aanhouding tot hulle op 14 Februarie formeel vir borg aansoek sal doen.
Hulle staar drie klagtes van moord en een van poging tot moord sowel as die steel van ‘n vuurwapen in die gesig.

View Details

Die VF Plus in Mpumalanga het sy kommer uitgespreek oor die onlangse vlaag gewelddadige transitorooftogte. Werner Weber skryf dit toe aan ‘n tekort aan menslike hulpbronne en voertuie in die provinsie. Tydens die jongste voorval is 'n veiligheidswag doodgeskiet en nog twee gewond buite Hazyview verlede week. Weber is veral bekommerd oor die gepaardgaande geweld en dat meeste van die rooftogte op toerismeroetes plaasvind. Hy sê meer sigbare polisiëring is nodig.

View Details

Die sanger Burgerd Botha, wat naam gemaak het as een van die minnesangers van die gewilde groep Romanz en sedertien ook ‘n solo-loopbaan begin het, droom daarvan om eendag nog in Jerusalem op te tree.
Hy gesels met Amanda oor die vervulling van liedjies skryf en om opkomende kunstenaars te help.

View Details

Die DA Studente Organisasie in Mpumalanga wil hê die minister van Hoër Onderwys, Blade Nzimande, moet ingryp by Tvet-kolleges waar omkoopgeld glo geëis word om studente te registreer. Volgens die DASO koördineerder, Marcus Mdau, het hulle berigte ontvang van studente by verskeie kampusse, insluitende Witbank, Middelburg en Waterval-Boven, dat hulle omkoopgeld gevra is om te kan inskryf vir verdere studie - ongeag hul matriekuitslae. Volgens Mdau moet Nzimande verseker studente word aanvaar en geregistreer op meriete.

View Details

Koes! Hier kom Karin wat nie skroom om die bestuurder te roep nie. Of om die sogenaamde kenners en kultuurdiere wat hulself soos aanstellerig hou te vertel van die Tchaikovsky (was dit Tretchikoff?) teen haar muur nie - om nie eens te praat van haar dogter se talent nie…

View Details

Ja, dit neem tyd om gesonde gewoontes te kweek. Nee, daar is nie kortpaaie nie en oornagsukses bestaan nie met gewigsverlies nie.
“Daar is geen mens wat binne dae ‘n leefwyse van verkeerd leef kan regmaak sonder om te gly nie," sê Elie Fourie, 'n kenner in die fiksheid- en gesondheidsbedryf, met meer as 50 jaar ervaring. "Die krag lê daarin dat jy môre aangaan asof dit nie gebeur het nie.”
Hy gesels met Juané oor kitsdiëte, melkskommels en eetlusdempers en strawwe oefening vir beginners.

View Details

Esmé Ferreira was die gelukkige wenner van vier splinternuwe bande van Supa Quick Mbombela en 100.5FM.
Deelnemers moes in Desember en Januarie vyf vrae binne 30 sekondes reg antwoord om vir die gelukkige trekking in aanmerking te kom.
Esmé vertel vir Mireille meer oor haar voertuie wat spesiaal aangepas is vir haar rolstoel.

View Details

‘n Werknemer van Sanral is gearresteer vir diefstal na ‘n transitoroof op die R40 tussen Witrivier en Hazyview gister. Volgens polisiewoordvoerder, brigadier Selvy Mohlala, het die man gehelp om die toneel op te ruim. Hy is in besit gevind van kontant wat na vermoede tydens die roof gesteel is. ‘n Sekuriteitswag is doodgeskiet toe die Fidelity-voertuig deur sowat 15 gewapende aanvallers voorgelê is. Twee wagte is in die skietery beseer. Die verdagte sal na verwagting vandag in die hof verskyn.

View Details

Die Klas van 2022 by Hoërskool Nelspruit (NHS) het bo verwagting by die eise wat die Covid-19-pandemie en beurtkrag aan hulle gestel het aangepas om uitstekend te presteer in hul eindeksamen.
Die groep van 282 kandidate het ‘n slaagpersentasie van 99,6% behaal. In totaal het 93,9% (265) universiteitstoelating verwerf. Die ander 6,1% kwalifiseer vir diplomastudies.
Gesamentlik het die Nellies 415 onderskeidings behaal.
Nicolas Smook het nege A-simbole. Paul Harley, Dian Heyl en Jomarié du Toit het elk agt. Sy vertel van die uitdagende ervaring.

View Details

Die Kruger-Laeveld-sakekamer (KLCBT) beplan eersdaags 'n Energie-dag waar Mbombela en Eskom hul planne en vereistes kan deel i.t.v. die goedkeuringsproses wat inwoners kan volg om krag aan hulle te lewer, sowel as wat hul planne is om die kragkrisis op te los.
Linda Grimbeek is van mening dat hidro- en minikernkrag ideaal is vir die Laeveld.
Sy gesels met Robin.

View Details

‘n Sekuriteitswag is vanoggend tydens ‘n transitoroof op die R40 tussen Witrivier en Hazyview doodgeskiet. Die Fidelity-voertuig is deur ‘n onbekende aantal gewapende aanvallers voorgelê. 'n Skietery het uitgebreek. Die bestuurder van die ondersteuningsvoertuig is noodlottig gewond. Plofstof is gebruik om die geldwa oop te skiet. Die aanvallers het 'n Mercedes wat hulle tydens die aanval gebruik het, aan die brand gesteek voor hulle op die vlug geslaan het. Kyle van Reenen van Emer-G-Med:

View Details

‘n Vyfde arrestasie is gemaak na die moord op 'n ANC-raadslid in Mkhondo-munisipaliteit.
Sbonelo Ntshangase is op 13 Januarie saam met twee ander mans voor sy huis doodgeskiet.
Volgens Brigadier Selvy Mohlala verskyn die vyfde verdagte vandag in die hof in Piet Retief op klagte van moord, poging tot moord en die steel van ‘n vuurwapen.
Twee mans het Maandag verskyn op aanklagte van moord en poging tot moord.
Die voormalige burgemeester van Mkhondo, Vusi Motha, word aangekla van die besit van ongelisensieerde vuurwapens. Die eienaar van ‘n plaaslike sekuriteitsmaatskappy word aangekla van oortreding van die Wet op die Beheer van Vuurwapens. Hulle verskyn weer op 2 Februarie in die hof.

View Details

Die twee mans wat aangekla word van die moord op die ANC-raadslid
Sbonelo Mthembu Ntshangase in Mkhondo-munisipaliteit ,bly in aanhouding tot hul borgaansoek op 30 Januarie. Blessing Nhlakanipho Ntombela (30) en En Blessing Bongani Dlamini (38) het gister vlugtig in die hof in Piet Retief verskyn op aanklagte van moord en poging tot moord. Hulle is Sondag aangekeer dat hulle na bewering Ntshangase sowel as Sandile Khumalo (51) en Sizwe Mbingo (40) doodgeskiet het voor Ntshangase se huis. Mpumalanga polisiekommissaris luit. gen. Semakaleng Manamela het die gemeenskap geloof vir hul bystand met die ondersoek.

View Details

AfriForum beplan om sy eie elektrisiteitsopwekkingsmaatskappy te begin. Die kragstasieprojek sal nie ‘n kitsoplossing wees nie, maar die organisasie glo dit sal uiteindelik help om die elektrisiteitsprobleme aan te spreek. Johan Kruger, hoof van gemeenskapsontwikkeling, gesels met Ludi en Mireille.

View Details

Die polisie soek na twee gewapende mans wat gisteraand 'n man by die Steiltes Sokkerbal-reservoir in Mbombela doodgeskiet het. Die 34-jarige Silvester Samkelo Nkosi was ‘n provinsiale verkeersbeampte. Hy was van diens af toe hy saam met 'n vriendin die uitkykpunt besoek het. Sy is ongeskonde. Die verdagtes het met Nkosi se wit Golf 7 en dienspistool gevlug. 'n Saak van moord, roof en motorkaping word ondersoek. Polisiewoordvoerder, Selvy Mohlala:

View Details

Die kalender is vol, maar die bank is leeg... Denise vind uit hoe behandel Januarie Laeveldse inwoners sover.

View Details

Innibos Kunstefees is verlig en opgewonde om eindelik weer ’n volwaardige kunstefees aan te bied vanjaar nadat Covid-regulasies dit die afgelope drie jaar gekortwiek het. Die feesdatum is 29 Junie tot 2 Julie.
Media- en bemarkingsbestuurder, Sandra Jacobs, sê die tema is vanjaar “Vars” wat die organiseerders se opgewondenheid weerspieël om opnuut vermaak en die kunste na die Laeveld te bring.
Sy beloof hul sal hul by alles wat Innibos Innibos maak, maar dinge op 'n nuwe manier aanbied.
Een so 'n verwikkeling is die safariteater. Sy vertel meer.

View Details

Innibos Kunstefees sê hulle is verlig en opgewonde om eindelik weer ’n volwaardige kunstefees aan te bied vanjaar nadat Covid-regulasies dit die afgelope drie jaar gekortwiek het. Die feesdatum is 29 Junie tot 2 Julie en oudergewoonte is die feesterrein by Hoërskool Bergvlam in die stad. Media- en bemarkingsbestuurder, Sandra Jacobs, sê die tema is vanjaar “Vars” wat die organiseerders se opgewondenheid weerspieël om opnuut vermaak en die kunste na die Laeveld te bring.

View Details

Die veldwagter wat in Desember ernstig beseer is toe 'n olifant hom in die Pretoriuskop-area van die Krugerwildtuin bestorm het, sterk goed aan. Joe Nkuna is Saterdag deur die minister van bosbou, vissery en die omgewing, Barbara Creecy, in die hospitaal in Johannesburg besoek. Sy sê hy het reeds verskeie operasies ontvang, en sy mediese span is tevrede met sy vordering.

View Details

Almal ken die spreekwoordelike Karen. Sy wat nie skroom om die bestuurder te roep nie.
Karin, 'n inwoner van die Laeveld, het 'n opinie of twee oor die mense wat sy onlangs in haar ginekoloog se wagkamer teëgekom het.

View Details

Die Pumas het vandag span gebou met 'n Amazing Race deur die dorp. Van die spelers het skoon agter die mikrofoon ingeskuif en omroeper gespeel tydens hul stop by 100.5FM.

View Details

Die LUR vir onderwys, Bonakele Majuba, het vanoggend die gedetaileerde provinsiale uitslae vir die provinsie by die Universiteit van Mpumalanga bekendgemaak. Die matrikulante van 2022 het ‘n slaagsyfer van 76,8% in Mpumalanga behaal, ‘n verbetering teenoor 2021. Landwyd het 80,1% van die gr. 12’s wat die eindeksamen afgelê het, geslaag. Hoërskool Middelburg is aangewys as die provinsie se top-skool. Majuba sê elk van die vier distrikte het ‘n verbetering getoon. Die beste kring in Ehlanzeni is Mbombela met 91,6%.

View Details

Motorsport: Die plaaslike tydrenryer, Eben Basson, wat die afgelope Dakar saam met sy medebestuurder, Leander Pienaar, die sewende possisie in die afgesluit In die T3-klas vir die G Rally-span. Hulle het ook die wennersmedalje in die Liggewig Prototipe Nuweling-kategorie in Saoedi-Arabië verower. Hy sê die plaaslike tydren-seisoen is nou hul hooffokus.

View Details

Die plaaslike tydrenryer, Eben Basson, van Komatipoort en sy medebestuurder, Leander Pienaar, het hul eerste Dakar-tydren in die sewende possisie afgesluit vir die G Rally-span in die T3-klas.
Hulle het ook die wennersmedalje in die Liggewig Prototipe Nuweling-kategorie verower.
Hy het by Andri in die ateljee kom kuier.

View Details

Die kragkrisis verbeter nie, en dit het al hoe meer ‘n uitwerking op watervoorsiening.
Hoe gemaak as jy dit begin oorweeg om dalk 'n JoJo-tenk by jou huis te installeer?
Francois Marais van Meps Plastic Man het met Charles gesels oor die moets en moenies.

View Details

Die VF Plus sê hy sal druk toepas dat daar by die voorgeskrewe oortydbegroting gehou word in Mbombela-munisipaliteit. Volgens Freddy Robertson betaal inwoners maandeliks sowat R14 miljoen aan oortydvergoeding vir munisipalte werknemers. Hy voer aan dat sommige werknemers in die vullisverwydering-, parke- en begraafplaas-afdelings meer ure oortyd per dag eis as wat die wet op basiese diensvoorwaardes voorskryf. Hy sê departementshoofde wat hul plig versuim om behoorlike beheer uit te oefen, moet aangekla word en indien skuldig bevind, summier afgedank word

View Details

Die veelsydige en energieke tromspeler wat sing, Ghapi, het al verskeie treffers behaal met onder meer "Goliat" en "Ek sing".
Hy onthul aan Amanda wie hy beskou as die drie beste dromspelers van alle tye.

View Details

By Uplands College (wat in 2022 weer ‘n 100%-slaagsyfer behaal het met ‘n indrukwekkende 99% van kandidate wat universiteitsvrystelling het) het Angela Mabuza sewe A-simbole verwerf.
Sy sluit by haar klasgenote Chantal Bourdin (met nege onderskeidings) en Natsha Wales (met agt) aan om te pryk op die IEB-lys van uitmuntende presteerders waar leerlinge in die top 5% is landwyd in ten minste ses vakke en met 'n onderskeiding in lewensoriëntering.
Sy het sewe onderskeidings en is in die top 1% in besigheidstudies, Engels en lewensoriëntering

View Details

Die Mpumalanga onderwysdepartement is gereed om môre die provinsiale uitslae van die 2022 matriekeindeksamen aan te kondig. Die LUR, Bonakele Majuba, sal dit môreoggend by die Universiteit van Mpumalanga bekendmaak. Die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga, het vanoggend die toppresteerders in Johannesburg ontvang. Sy maak vanaand die nasionale uitslae bekend. ‘n Woordvoerder van die provinsiale departement, Gerald Sambo, vra ouers om môreoggend saam met hul kinders hul uitslae by hul onderskeie skole af te haal.

View Details

Niël Jacobs neem op 1 Februarie die leisels van Laerskool Laeveld by mnr. Theo Kruger oor.
Die jong onderwyser in sy hart gesels met Ludi en Mireille oor die uitdagings en momentum wat hulle vorentoe neem.

View Details

Wanneer jy kilojoules inneem, is baie belangrik want hoe vroeër jy energie inneem, hoe meer tyd het jy deur die dag om dit te verbrand, sê Elie Fourie, 'n kenner in die fiksheid- en gesondheidsbedryf, met meer as 50 jaar ervaring. Hy gesels met Juané.

View Details

Die VF Plus het die munisipale bestuurder van die Mbombela-plaaslike munisipaliteit, Wiseman Khumalo, gevra om dringend in te gryp in die Witrivier waterkrisis. Freddy Robertson voer aan beurtkrag is ‘n bydraende faktor tot die onvoldoende of geen watervoorsiening die afgelope ses weke, maar die munisipaliteit se gebrek aan beplanning en beheer oor waterbronne speel ‘n groot rol. Hy voeg by geen gebeurlikheidsplanne is in plek nie vir wanneer geen water vanaf die Boschrand- en Phumlani-pompstasies na Witrivier se reservoirs gepomp nie tydens beurtkrag.

View Details

Die matrieks wat in 2022 die Onafhanklike Eskamenraad (IEB) se eindeksamen afgelê het het vir die sesde agtereenvolgende jaar ‘n slaagsyfer van meer as 98% behaal. Uplands College, Penryn College en Curro Nelspruit het almal ‘n 100%-slaagsyfer behaal.
By Curro Nelspruit was Gouri Haneesh die toppresteerder. Sy het agt onderskeidings verwerf. Haar gemiddeld was 93,25%.
Sy is ook in die top 1% van die IEB-kandidate landwyd in Engels Huistaal, Lewensoriëntering en Toerisme.
Verder is sy ook op die lys van uitmuntende presteerders wat onder die top 5% in ten minste ses vakke is en ‘n A in Lewensoriëntering behaal het.
Sy vertel hoe haar jaargroep - wat in gr. 10 was toe die Covid-19-pandemie hul skoolloopbane in 2020 ontwrig het – die uitdagings oorkom het.

View Details

Drie stropers is gister in Skukuza swaar vonnisse opgelê na hulle skuldig bevind is op nege stropingsverwante aanklagte. Hulle is verlede jaar Julie in besit van ses renosterhorings aangekeer in die Krugerwildtuin na ‘n besoeker skote in die Malalane-area gehoor het. Lawrence Makamu en Nulo Burro moet elk effektief 22 jaar uitdien en George Miyanga moet 33 jaar agter tralies bly. Almal is Mosambiekse burgers. Die woordvoerder van die Krugerwildtuin, Ike Phaahla:

View Details

Suid-Afrikaners het 15 jaar gelede die eerste keer met beurtkrag kennis gemaak - en diit raak net erger.
Linda Grimbeek van die Kruger-Laeveld-sakekamer (KLCBT) se advies vir jou onderneming is eenvoudig: Beplan asof vandag vir ewig gaan duur.
Analiseer dus jou risiko’s en mitigeer dit om 'n manier te vind om daarmee saam te leef (en werk) eerder as om op 'n wonderwerk te wag.
Sy gesels met Robin.

View Details

Die DA in Witrivier het aan die stadsbestuurder, Wiseman Khumalo, geskryf om te vra dat daar dringend ‘n plan geformuleer word om die waterprobleme in Witrivier op te los. Volgens Raadslid Rowan Torr faal Mbombela-munisipaliteit reeds die afgelope twee jaar om aan inwoners skoon, drinkbare water te verskaf, weens probleme met infrastruktuur wat nou deur beurtkrag en lasvermindering vererger word. Dele van die dorp sukkel reeds vir langer as ‘n week met hul toevoer.

View Details

Twee verdagtes is aangekeer en twee ingeneem vir ondervraging na die moord Vrydagaand van Sbonelo Mthembu, ‘n ANC-raadslid, en twee kennisse in Piet Retief. Volgens polisiewoordvoerder, Brigadier Selvy Mohlala, sal ‘n 43- en 52-jarige man vandag in die hof verskyn op klagte van die onwettige besit van ‘n ongelisensieërde vuurwapen met ammunisie. Daar is ook op ander vuurwapens beslag gelê.

View Details

Die LUR vir Samewerkende Regering in Mpumalanga, Mandla Msibi, sê hy is geskok oor die moord op ‘n tweede raadslid van Mkhondo-munisipaliteit. Dit volg op die skietdood Vrydagaand van Sbonelo Mthembu, ‘n ANC-raadslid. Nog ‘n raadslid, Muzi Manyathi, is op 4 November vermoor.
Msibi is bekommerd dat die munisipaliteit ‘n brandpunt word vir politieke moorde. Hy pleit vir kalmte onder inwoners en sê die plaaslike regering kan nie in so ‘n klimaat funksioneer nie.
Die DA het ook sy stem gevoeg tot die oproep tot aksie teen die moorde op raadslede. Irene Brussow, die koukusleier van die DA, sê haar party pleit reeds geruime tyd by Msibi om in te gryp by die munisipaliteit waar magstruwelinge volgens haar onhoudbaar word.

View Details

Beurtkrag maak die meeste mense boos, maar ander gebruik dit tog as 'n geleentheid om weer saam met geliefdes kwaliteit tyd te spandeer.
Amanda gaan vind uit hoe mense onderbreekte internetverbindings, watertekorte en die logistiek van 'n huishouding bestuur hanteer.

View Details

Die oolisieminister, Bheki Cele, het beloof dat 'n multidissiplinêre benadering gevolg sal word teenoor politieke moorde in Mpumalanga.
Dit volg op die moord Vrydagaand van Sbonelo Mthembu ‘n ANC-raadslid in Mkhondo-munisipaliteit, saam met twee kennisse.
Cele het vandag die families in Piet Retief besoek saam met sy adjunk, Cassel Mathale, en die nasionale kommissaris, generaal Fannie Masemola.
Die minister sê 12 soortgelyke moorde is in die provinsie gepleeg. In slegs een geval is verdagtes voor die hof gebring.

View Details

Die minister en adjunkminister van polisie, Bheki Cele en Cassel Mathale, besoek vandag saam met die nasionale kommissaris, generaal Fannie Masemola, Piet Retief. Dit volg op die moord Vrydagaand van Sbonelo Mthembu ‘n ANC-raadslid in Mkhondo-munisipaliteit. Hy is in die Longhomes-informele nedersetting saam met twee ander mans deur drie gewapende verdagtes doodgeskiet. Dit is die tweede geval in etlike maande dat ‘n raadslid vermoor word. Die polisiebestuur sal misdaadpatrone en ingrypingsplanne vir geweldadige misdade in die area bespreek en die families van die slagoffers besoek.

View Details

Waar in die Laeveld was ons? Jou wenke was: “Rigting”, “1942”, “Deel van agt” en “Onderstebo”.
Tussen Tshokwane en Satara-ruskampe in die Krugerwildtuin staan die mees suidelike (wenk #1) natuurlike (nie geplant of oorgeplant nie) kremetartboom in Suid-Afrika.
Hy word sedert 1942 (wenk #2) deur wetgewing beskerm. Die kremetart is ’n genus van agt spesies (wenk #3) van bome, inheems aan Madagaskar (met ses spesies). Die San het geglo die boom is onderstebo (wenk #4) laat val.

View Details

Majoor-generaal Nico Gerber is aangestel as die nuwe Valke-hoof in Mpumalanga. Hy verwang Majoor-generaal Zodwa Mokoena wat in Desember afgetree het as die provinsiale hoof van die direktoraat vir prioriteitsmisdaad-ondersoeke.
Hy gesels met Mireille.

View Details

Majoor-generaal Nico Gerber is aangestel as die nuwe Valke-hoof in Mpumalanga. Hy verwang Majoor-generaal Zodwa Mokoena wat in Desember afgetree het as die provinsiale hoof van die direktoraat vir prioriteitsmisdaad-ondersoeke.

View Details

Die DA in Mpumalanga sê die provinsiale regering moet dringend nuwe skole bou. Volgens Jane Sithole is skole oorbevolk en word daar jaar na jaar niks gedoen om meer plek te maak vir die oorweldigende aantal leerlinge nie. Sy sê die LUR, Bonakele Majuba, het erken skole ervaar infrastruktuur-uitdarings en die departement haal nie sy teikens nie. Sy sê dit plaas druk op onderwysers en benadeel leerlinge se opvoeding.

View Details

Die Laeveldse bestuurder Eben Basson en sy spanmaat Leander Pienaar lê steeds algeheel sewende in die T3-klas na die 12de skof van die Dakar-tydren vandag geëindig het.
Dit volg na twee skofte in die sogenaamde Leë Kwartier in die Saoedi-Arabië woestyn. Dit word beskryf as ‘n see van sandduine in die wêreld se taaiste resies.
Basson sê dit toets man en masjien. Twee skofte bly oor voor Dakar 2023 Sondag tot ‘n einde loop.

View Details

Almal ken die spreekwoordelike Karen. Sy wat nie skroom om die bestuurder te roep nie. Karin, 'n inwoner van die Laeveld, het 'n klagte of wat oor die diens wat sy onlangs by 'n naelsalon ontvang het.

View Details

Die polisie is op ‘n hoë gereedheidsgrondslag op die N4 en rondom Vosman naby Witbank na vier vragmotors en twee bakkies Woensdagaand aan die brand gestreek is. Polisiewoordvoerder, kolonel Donald Mdhluli, sê dit volg op proteste wat glo weens ‘n tekort aan elektrisiteit in Sangweni en omliggende areas ontstaan het. Sake van openbare geweld en verskeie sake van kwaadwillige saakbeskadiging word ondersoek. Niemand is nog aangekeer nie.

View Details

Die Laeveldse bestuurder Eben Basson en sy spanmaat Leander Pienaar lê net voor die afskop van die 12de skof van die Dakar-tydren in Saoedi-Arabië steeds algeheel sewende in die T3-klas. Hulle ry tans in die sogenaamde Leë Kwartier en verskeie deelnemers moes gisteraand in die duine oornag.

View Details

Die Fransman Sebastian Loeb het gister weereens die skof van die Dakar-tydren in die sogenaamde Leë Kwartier in Saoedi-Arabië gewen in die T1-klas. Die 2022 wenner, Nasser Al Attiyah, is steeds los voor. Die Suid-Afrikaners, Henk Lategan en Brett Cummings is tans algeheel in die vierde plek met hul landgenote, Giniel de Villiers en Dennis Murphy vyfde.
In die T3-klas lê die Laeveldse bestuurder Eben Basson en sy spanmaat Leander Pienaar steeds algeheel sewende.

View Details

Jy kan eet waarvoor jy lief is en waarvan jy hou en steeds gewig verloor, sê Elie Fourie, 'n kenner in die fiksheid- en gesondheidsbedryf, met meer as 50 jaar ervaring.
Die geheim is wilskrag om porsiegrootte te beheer. Die belangrikste is om jouself die tyd te gun om stelselmatig klein aanpassings aan jou dieet te maak.
Hy gesels met Juané.

View Details

Hardus Hartzenberg kom uit 'n musikale familie en geniet die verhoog sedert hy as sewejarige die eerste keer opgetree het. Hy gesels met Amanda.

View Details

Twee verdagtes wat Dinsdagoggend glo ‘n kitsbank in Hazyview beroof het, verskyn vandag in die Nkomazi-landdroshof in Tonga. Hulle is naby Komatipoort deur ‘n multidissiplinêre-taakspan vasgetrek. Volgens Kolonel Donald Mdhluli word hulle moontlik met verskeie ander sakerowe en transitorooftogte regoor die provinsie verbind. Hulle was glo in besit van ‘n pistool en plofstof sowel as ammunisie vir die pistool en ‘n R5-aanvalsgeweer. Nog arrestasies word verwag.

View Details

Die Mpumalanga departement van onderwys sê hy is tevrede met die verloop van die eerste skooldag gister. ‘n Woordvoerder, Gerald Sambo, sê ongeveer 120-duisend graad eens het hul skoolloopbaan in die provinsie begin. Volgens hom het alles vlot verloop in die meeste skole. Ten minste 1-duisend-200 graad eens en meer as 2-duisend graad agts het voor die eerste skooldag nog op plek in skole in Mpumalanga gewag.

View Details

In die Laeveld kry inwoners gereeld te doen met wilde diere - en soms word hulle beseer.
Die verkeerdste ding wat jy kan doen is om hulle self te probeer dokter, vertel Anneke van Schoor, ‘n vrywilliger van Wild and Free Wildlife.
Die organisasie sien om na en rehabiliteer beseerde klein wilde diertjies en voëls om hulle weer in die wild vry te kan laat.
Sy het by Charles in die ateljee kom kuier.

View Details

Die onderwysdepartement in Mpumalanga sê dit is besorg dat ouers van leerlinge in sommige geen-fooi-skole gevra word om addisionele skryfbehoeftes en leermateriaal aan te koop. ‘n Woordvoerder van die departement, Gerald Sambo, sê dit wat deur die departement verskaf word is deur kurrikulum-kenners bepaal en is voldoende. Hy voeg by dat skoolhoofde ouers en leerlinge nie onder druk mag plaas om addisionele uitgawes aan te gaan nie.

View Details

2023 het afgeskop en mense keer terug werk en skool toe.
Wat hou die jaar vir ons in?
Linda Grimbeek van die Kruger-Laeveld-sakekamer sê negatiwiteit was in 2022 mense se grootste vyand.
"Ons kon drie keer verder gewees het as om ons probleme op te los as mense eerder hande gevat het om 'n verskil te maak," sê sy vir Robin.

View Details

‘n Vroulike polisiekaptein het gister in die Emalahleni-landdroshof verskyn op aanklagte van korrupsie, regsverydeling, ontvoering en afpersing.
Volgens die polisie is sy Maandag in Witbank saam met twee manlike medebeskuldigdes aangekeer.
Hulle het na bewering 13 vermeende ongedokumenteerde mense in ‘n vangwa toegesluit en omkoopgeld van R10 000 geëis van hul werkgewer by ‘n nabygeleë bouperseel. Elk is borgtog van R2 000 elk toegestaan. Hulle verskyn weer 1 Maart.

View Details

Die verbrande liggaame van twee mans is Maandagaand by 'n stortingsterrein in Casteel buite Acornhoek naby Bosbokrand ontdek.
Volgens Kolonel Donald Mdhluli moet die oorsaak van hul dood deur ‘n nadoodse ondersoek vasgestel word. Die motief vir die moorde is tans onbekend.
Drie beeskarkasse is ook naby die liggame gevind en die polisie is op soek na die eienaar van die vee. Kontak speurder luit. kol. Aaron Digoro by 082-318-9925 met enige inligting.

View Details

Die Laeveldse bestuurder Eben Basson en sy medebestuurder Leander Pienaar het gister vyfde geëindig in die negende trajek van die Dakar-tydren in Saoedi-Arabië om nou algeheel sewende te lê in die T3-klas.
In die T1-klas het Nasser Al Attiyah van Katar 'n algehele voorsprong van 1 uur en 21 minute. Die Suid-Afrikaners, Henk Lategan en Brett Cummings is tans algeheel in die vierde plek met hul landgenote, Giniel de Villiers en Dennis Murphy vyfde.

View Details

Die Fransman Sebastian Loeb het gister die negende skof van die Dakar-tydren in Saoedi-Arabië ingepalm, sy derde trajek-oorwinning vanjaar. Die negemalige wêreldkampioenman is nou algeheel derde en elf minute nader aan Nasser Al Attiyah van Katar wat 'n algehele reuse-voorsprong van 1 uur en 21 minute het.
Die Suid-Afrikaners, Henk Lategan en Brett Cummings is tans algeheel in die vierde plek met hul landgenote, Giniel de Villiers en Dennis Murphy in die vyfde plek.
In die T3-klas het die Laeveldse bestuurder Eben Basson en sy medebestuurder Leander Pienaar gister vyfde geëindig om nou algeheel sewende te lê.

View Details

‘n Groep van ongeveer vier gewapende verdagtes het in die vroeë oggend ure ‘n kitsbank by ‘n vulstasie in Hazyview beroof. Volgens Kolonel Donald Mdhluli het hulle om ongeveer 01:40 ingestorm en die petroljoggies en sekuriteitsbeamptes met wapens aangehou. Hulle het ‘n kitsbank by die drankwinkel beskadig voor hulle die kitsbank by die vusltasie met plofstof oopgeblaas het. Hulle het met 'n onbekende bedrag kontant gevlug. Niemand is beseer nie.

View Details

Leerlinge wag steeds om in Mpumalanga-skole geplaas te word voor staatskole môre vir die 2023 skooljaar heropen. ‘n Woordvoerder van die provinsiale onderwysdepartement, Gerald Sambo, sê die meeste graad een en graad agt leerlinge is suksesvol in skole geplaas. Die wat nog op plek wag is hoofsaaklik in vinnig groeiende dorpe. In Emalahleni is die meeste met 347 graad eens en 379 graad agts. In Mbombela wag 104 graad eens en 280 graad agts nog op plek.

View Details

Leerlinge wag steeds om in Mpumalanga-skole geplaas te word voor die skole môre vir die 2023 skooljaar heropen.
‘n Woordvoerder van die provinsiale onderwysdepartement, Gerald Sambo, sê die meeste graad een en graad agt leerlinge is suksesvol in skole geplaas.
Die wat nog wat op plek wag is hoofsaaklik in vinnig groeiende dorpe. In Emalahleni is die meeste met 347 graad eens en 379 graade agts. In Mbombela wag 104 graad eens en 280 graad agts nog op plek.

View Details

'n Proeflopie om navorsing te doen oor die impak van 'n vierdag-werksweek in Suid-Afrika skop in Februarie af.
Dit is reeds in verskeie Europese lande op die proef gestel.
Die idee is om aan werknemers 100% van hul salaris te betaal in ruil vir 80% van hul gewone werksure - maar 100% produktiwiteit.
4 Day Week South Africa direkteur Karen Lowe sê dit mag nie die werkgewer benadeel nie.
Sy gesels met Andri.

View Details

Is jy 'n skinderbek of 'n sleutelbord-kryger? Sal jy Iemand aan die kaak stel, kaalkop die waarheid sê of oop kaarte speel?
Denise vind uit hoe mense drama en konflik hanteer.

View Details

‘n 38-jarige man wat daarvan beskuldig word dat hy by 'n skool ingebreek en rekenaars gesteel het, is aangekeer.
Volgens polisiewoordvoerder, Brigadier Selvy Mohlala, is sewe rekenaars wat aan die regering behoort en na vermoede by Yedwa Laerskool in Pienaar buite outside Nelspruit gesteel is, in sy besit gevind saam met toerusting wat hulle glo tydens die inbraak gebruik is.
Die verdagte is in Msogwaba vasgetrek en is tydens ‘n poging om te ontsnap beseer. Hy is onder polisiebewaking in die hospitaal. Hy sal na verwagting binnekort in die hof verskyn.

View Details

Die polisie in Mpumalanga vra die publiek om hulle te help om die liggaam te identifiseer van ‘n man wat wat Vrydag in Tonga buite Komatipoort ontdek is. Volgens Brigadier Selvy Mohlala was die gedeeltelik ontbinde ligaam in 'n stroom naby ‘n burg oor die R571. Hy is na skatting middeljarig, maar onidentifiseerbaar omdat hy na vermoede geruime tyd reeds in die water was. Die oorsaak van sy dood moet nog bepaal word. Kontak die Tonga SAPD by 082-448-9482 met enige intligting.

View Details

Die eerste week van die 2023 Dakar-tydren in Saoedi-Arabië was 'n groot sukses vir Suid-Afrikaanse bestuurders, navigators en voertuie met plaaslike voertuie wat in drie van die vier kar-kategorieë lei.
Die verdedigende kampioene, Nasser Al-Attiyah en Mathieu Baumel, is in 'n Gazoo Racing Hilux met vyf SA Hiluxes wat die top ses uitmaak halfpad deur die tydren.
Eben Basson van Komatipoort en sy medebestuurder Leander Pienaar lê tans algeheel sewende in die T3-klas vir Hilux.

View Details

Eben Basson van Komatipoort en Leander Pienaar van Bloemfontein neem deel aan die 2023 Dakar-tydren in Saoedi-Arabië in die T3-klas.
Hulle ry vir Hilux en is deel van die G Rally-span van België.
Nou dat die ren die halfpad-merk bereik het, geniet die spanne vandag 'n afdag, sê hy.

View Details

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het hul oranje vlak 5-waarskuwing vir die Laeveld verhoog na vlak 9. Dit geld vanaf middernag tot 1-uur môremiddag vir Ehlanzeni-distrik en Mkhondo-munisipaliteit. Tussen 60 en 100 mm reën word verwag, en meer as 100 mm op plekke langs die platorand. Die weerdiens waarsku die kanse op vloede sowel as modder-en rotsstortings is beduidend. Alle nooddienste in Mpumalanga is op ‘n hoë gereedheid

View Details

Karlien Husselman gesels met Amanda oor boelies op sosiale media.

View Details

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) het ‘n oranje vlak 5-waarskuwing uitgereik vir ontwrigtende reën in die Laeveld vandag. Mbombela, Thaba Chweu, Nkomazi en Bosbokrand kan vanaf laatmiddag tot môreoggend hoë reënval te wagte wees.
Dit kan tot plaaslike oorstromings lei en paaie en verkeer affekteer. Mense is aangeraai om dit eerder te vermy om vêr te ry en nie vinnig vloeiende strome oor te steek nie.
Weervoorspeller, Jan Vermeulen, het gister met 100.5FM gesels.

View Details

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het ‘n oranje vlak 5-waarskuwing uitgereik vir ontwrigtende reën in die Laeveld vandag. Mbombela, Thaba Chweu, Nkomazi en Bosbokrand kan vanaf môre laatmiddag tot Vrydagoggend hoë reënval te wagte wees. Dit kan tot plaaslike oorstromings lei en paaie en verkeer affekteer. Mense is aangeraai om dit eerder te vermy om vêr te ry en nie vinnig vloeiende strome oor te steek nie. Weervoorspeller, Jan Vermeulen:

View Details

Eben Basson van Komatipoort en Leander Pienaar van Bloemfontein neem deel aan die 2023 Dakar-tydren in Saoedi-Arabië.
Huller y vir Hilux en is deel van die G Rally-span van België in ‘n klas T3 OT3.
So lyk die situasie voor die begin van die vyfde skof vandag.

View Details

Plaaslike tydrenryer Eben Basson en sy medebestuurder vir die Hilux-span, Leander Pienaar, het gister die vierde skof van die Dakar-tydren in Saoedi-Arabië voltooi. Hulle is deel van die G Rally-span in ‘n klas T3 OT3.
Die Fransman Sebastien Loeb het die vierde skof vir die T1-klas gister gewen.
Voor die vyfde skof vandag sê Basson hulle is dalkbaar dit reën nie meer nie.

View Details

Die Laeveldse tydrenryer, Eben Basson van Komatipoort, en sy medebestuurder vir die Hilux-span, Leander Pienaar, lê 17de in hul klas na die derde skof van die 2023 Dakar-tydren in Saoedi-Arabië gister. Hulle is deel van die G Rally-span van België in ‘n klas T3 OT3. Die 45ste aanbieding van die Dakar eindig op 15 Januarie. Basson verduidelik wat vandag tydens die vierde skof voorlê.

View Details

Eben Basson van Komatipoort en Leander Pienaar van Bloemfontein neem deel aan die 2023 Dakar-tydren in Saoedi-Arabië. Huller y vir Hilux en is deel van die G Rally-span van België in ‘n klas T3 OT3.
Basson vertel hoe skof 3 gister verloop het. Luister weer hier.

View Details

'n Groep plaaslike tieners met drome om die musiekwêreld te betree, het hul moue opgerol en self 'n konsert gereël. Berno Venter, Neelsie van Dyk, Michelle de Lange, Juvan Sewenster en Reney Wessels is Vrydagaand in die Sudwalagrotte te sien in "Venter en vriende". Berno gesels met Ludi en Mireille oor die proses om hul eie geleenthede te skep.

View Details

Die Mpumalanga Onderwysdepartement sê hy het vordering gemaak met die betaling van studiegelde vir studente wat met beurse van die departement in Rusland studeer. ‘n Woordvoerder, Gerald Sambo, sê betaling van sakgeld en verblyfgeld is op datum. Klasgelde vir sowat 105 studente is ook gefinaliseer. Volgens Sambo is die vertraging in betaling weens sommige universiteite wat fakture nie direk aan die departement wou lewer nie. Hy sê die Spesiale Ondersoekeenheid is gevra om ‘n forensiese ondersoek te doen na die diensverskaffer wat die krisis veroorsaak het.

View Details

Tatoeëermerke is sosiaal aanvaarbaar, maar vir sommige ouers moeilik om te sluk op hul tieners se vel.
Verskeie pa's sê vir Amanda hul kinders moet self verantwoordelikheid vir hul besluite neem.

View Details

Twee stappers is gisteraand om ongeveer 22:40 uit die berge gered in die omgewing van Marlothi Chalets tussen Elandshoek en Waterval Onder.
Volgens die woordvoerder van Emer-G-Med, Kyle van Reenen, het die een man sy been gebreek.
Beide is hospitaal toe geneem.

View Details

‘n 53-jarige man van Thulamahashe buite Bosbokrand is gister ‘n boete van 2-duisend-500-Rand opgelê vir die onwettige besit van wildsvleis.
Volgens Brigadier Selvy Mohlala sluit dit vleis van ape en hiënas in sowel as drie gedroogte krokodilvelle en ‘n vars krokodilkarkas.

View Details

Die Airlink Pumas het op 25 Junie geskiedenis gemaak deur vir die eerste keer ooit die gesogte Curriebeker te wen.
Hulle het die finaal teen die Griekwas in Kimberley met 26-19 gewen.
Dit was ook die eerste keer dat hulle die eindstryd van die Curriebeker gehaal het.
Afrigter Jimmy Stonehouse het die Maandag na afloop van die wedstryd met Ludi en Mireille gesels.

View Details

Rudi Muller is een van Suid-Afrika se mees geliefde Gospelsangers.
Hy gesels met Amanda oor die musiekgenres wat hy die meeste geniet.

View Details

‘n Man verskyn vandag in die Elukwatini-hof vir die besit van gesteelde goedere. Hy is gister by die Oshoek-grenspos aangekeer. Hy was glo in besit van ‘n Nissan NP-200-bakkie wat in Januarie in Boksburg as gesteel aangemeld is. Polisiewoordvoerder, Brigadier Selvy Mohlala, sê dit vorm deel van hul veiliger feestyd operasies.

View Details

Die polisie in Kwamhlanga ondersoek hoe ‘n vermeende verkragter op 21 Desember uit aanhouding ontsnap het. Die 29-jarige Bheki Moses Phakathi het na bewering van polisielede van Tweefontein ontsnap in die hofgebou waar hy sou verskyn. Hy staar vyf aanklagte van verkragting sowel as ‘n klag van huisbraak in die gesig. Hy is nog nie weer aangekeer nie. Enigiemand met inligting is gevra om dit met die polisie se te deel. Brigadier Selvy Mohlala:

View Details

'n 45-jarige man is aangekeer op aanklagte van moord, gewapende roof en besit van ‘n vuurwapen. Hy is Maandag in Mkhuhlu aangekeer op aanklagte dat hy Aby Nginindza vroeg Maandagoggend by ‘n taverne in Mkhuhlu beroof en geskiet het.
Brigadier Selvy Mohlala:

View Details

Twee sekuriteitswagte is gister geskiet en van hul vuurwapens beroof terwyl hulle die Numbi-pad gepatrolleer het.
Gewapende patrollies op die pad ingestel na verskeie geweldadige aanvalle op besoekers aan die Krugerwildtuin.
Volgens die polisie het twee gewapende mans verskyn en op die wagte geskiet. Hulle is ernstig beseer en per ambulans hospitaal toe geneem. Die aanvallers het te voet gevlug.
Brig. Selvy Mohlala sê 'n 72-uur aksieplan is geaktiveer. Geen arrestasies is nog gemaak nie.

View Details

2022 het afgeskop met 'n 14-jarige wat in haar been geskiet is terwyl sy saam met haar ma en jonger boetie op pad was terug huis toe van vakansie af in die Krugerwildtuin.
Die gesin van Pretoria het in Pretoriuskop gekamp en het die wildtuin by Numbi-hek verlaat.
Linda Grimbeek van die Kruger-Laeveld-sakekamer (KLCBT) vertel vir Robin hoe hulle die probleem van toerismeveiligheid opgelos het.

View Details

‘n Polisiebeampte is gewond tydens ‘n skietgeveg met gewapende mans gister op die R570 Jeppes Reef-pad buite Malalane. Volgens die polisie het lede tydens ‘n patrollie vier swaar gewapende mans in ‘n enkelkajuitbakkie opgemerk. Hulle het hulle genader en die skietery het uitgebreek. Die beampte is in die bolyf getref. Die verdagtes het mettertyd gevlug. Volgens inligting het hulle hul voertuig in Matsulu agtergelaat en ‘n silwergrys BMW gekaap – wat ook later agtergelaat gevind is. Die polisiewoordvoerder, brigadier Selvy Mohlala, sê hulle het ‘n sekere rooftog afgeweer. ‘n Saak van poging tot moord word ondersoek. Geen arrestasies is nog gemaak nie.

View Details

Tye het verander: soveel so dat Herman voel of hy nooit sal kan bybly nie.
Dit verklaar dalk sy reaksie toe sy tiener met 'n tatoeëermerk huis toe gekom het.
Amanda het gaan uitvind hoe ander ouers daaroor voel.

View Details

Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes sê die voorkoms van nuut bevestigde gevalle van masels onder kinders in Mpumalanga, Limpopo, Gauteng en Noordwes het gestyg. Verlede maand is drie gevalle van masels in Ehlanzeni-distrik bevestig. Daar is nou 50 gevalle in Mpumalanga, 98 in Limpopo, 13 in Noordwes en agt in Ekhuruleni, Gauteng. Dit is hoofsaaklik onder kinders tussen vyf en nege jaar oud.
Mandla Zwane, direkteur van oordraagbare siektes in die Mpumalanga gesondheidsdepartement:

View Details

‘n 42-jarige vragmotorbestuurder is Vrydag deur wetstoepassers gered na hy Donderdag naby die Lebombo-grenspos ontvoer is. Volgens die polisie is ‘n losprys van 50-duisend-Rand by sy werkgewer geëis. Twee verdagtes is aangekeer. Polisiewoordvoerder, brigadier Selvy Mohlala, sê ‘n windbuks, messe, verskeie selfone en ‘n groot bedrag kontant is in hul besit gevind. Hulle sal na verwagting vandag in die Komatipoort-landdroshof verskyn op klagte van ontvoering en die besit van gesteelde goedere. Die ondersoek duur voort.

View Details

Hoe lyk die plaaslike toerisme ekonomie vanjaar? Linda Grimbeek van die KLCBT gesels met Robin op die vooraand van die amptelike begin van die feestyd.

View Details

Twee verdagtes wat na bewering Krugerwildtuin-veldwagters en hul familielede betaal het vir taktiese inligting om renosterstropingsindikate mee te help, het hulself aan die owerhede oorhandig. Martin Prince en Eunice Lekhuleni was voortvlugtig na nege familielede van die voormalige veldwagters Chikwa Maluleke en Solly Ubisi op 2 Desember tydens operasie “Blood Orange” aangekeer is. Volgens kaptein Dineo Sekgotodi het is Eunice R5 000 borgtog toegestaan in die hof in Bosbokrand. Martin bly in aanhouding tot Maandag wanneer hy vir borg aansoek sal doen.

View Details

Twee verdagtes het Woensdag die Ermelo-hof verskyn vir die besit van renosterhorings met ‘n geraamde waarde van 876-duisend-Rand.
Junior Chauke (49) en Prince Ntsako Letswele (33) is Donderdag aangekeer na die polisie ‘n wenk ontvang het oor mense in besit van vuurwapens.
Hulle is voorgelê het glo probeer vlug toe hulle die polisie gewaar.
Volgens die Valke se kaptein Dineo Sekgotodi is vier renosterhorings van altesaam 14,6-kilogram in die enjinkap van hul Toyota Fortuner versteek gevind.
Chauke is borgtog van R10 000 toegestaan terwyl Letswele in aanhouding bly. Die saak is uitgestel tot 25 Januarie.

View Details

Drie mense is Woensdag in die Nelspruit-landdroshof skuldig bevind aan bedrog en geldwassery na hulle Eskom uit R2,6 miljoen bedrieg het. Volgens die Valke het Micheal Chimanzi, Nwabisa Ngxola en Cinderella Moropane tussen 2013 en 2019 fakture aan Eskom uitgemaak wat die kragverskaffer betaal het, sonder dat enige dienste gelewer is. Kapt. Dineo Sekgotodi sê hulle bly in aanhouding tot 23 Januarie wanneer hulle gevonnis sal word.

View Details

TRAC sê druk verkeer word van vandag af verwag op die N4-tolpad. Volgens kommunikasiebestuurder, Solange Soares, is vandag en môre sowel as die 23ste en 24ste die besigste op die roete. Alle bane is oop vir verkeer en tol-plazas sal teen maksimum vermoë funksioneer. Alle konstruksiewerk is vir die feestyd ook gestaak.

View Details

Die Afrikaanse sanger en liedjieskrywer Steyn Fourie maak elke vertoning anders. "Dit is belangrik om altyd innoverend te wees op die verhoog."
Hy verklap ook aan Amanda wat sy gunstelingliedjie is om te sing.

View Details

SANParke het 'n beroep gedoen op besoekers om vooraf te bespreek en die reëls van die Nasionale Krugerwildtuin (NKW) die feestyd na te kom.
Woordvoerder, Ike Phaahla, vra dat besoekers by die spoedbeperkings hou.

View Details

SANParke het 'n beroep gedoen op besoekers om vooraf te bespreek en die reëls van die Krugerwildtuin die feestyd na te kom.
Woordvoerder, Ike Phaahla:

View Details

SANParke het 'n beroep gedoen op besoekers om vooraf te bespreek en die reëls van die Krugerwildtuin die feestyd na te kom.
Woordvoerder, Ike Phaahla, sê daaglikse kwotas geld vir dagbesoekers by die toegangshekke. Daar is drie tydgleuwe vir voorafbesprekings.

View Details

Vir baie mense is die feestyd stresvol en eensaam.
Wat kan jy doen om jouself of ander te help?
Annriette Slabber van Lifeline Nelspruit gesels met Ludi en Mireille.

View Details

Die Mpumalanga premier, Refilwe Mtshweni-Tsipane, waarsku tydens haar feestydboodskap motoriste dat wetstoepassers enige oortreders op die paaie in Mpumalanga nie ongestraf sal laat nie.

View Details

‘n 23-jarige man en vrou verskyn vandag in die Kabokweni-hof na die skietdood van ‘n 30-jarige vrou Saterdag in Mshatsa naby Masoyi buite Witrivier. Volgens die polisie het twee gewapende mans ‘n groep vroue wat besig was om hul stokvel-kontant te verdeel aangehou, beroof en die een geskiet. Sy is hospitaal toe gehaas, maar met haar aankoms dood verklaar. Polisiewoordvoerder, brigadier Selvy Mohlala, sê hulle vermoed die roof was vooraf beplan. Nog arrestasies word verwag.

View Details

Amanda het verlede week reeks ouers gepols, en die debat het nogal 'n hewige reaksie ontlok.
Gelukkig voel die meeste ouers hulle sal hul kinders eerder onvoorwaardelik ondersteun.

View Details

Die Mpumalanga premier, Refilwe Mtshweni-Tsipane, sê motoriste op Mpumalanga se paaie moet bewus wees dat wetstoepassers in hul volmag roetes hierdie feestyd sal patrolleer. Sy het in haar feestydboodskap ook gesê dat Covid-19-infeksies aan die toeneem is, en inwoners gemaan om versigtig te wees.

View Details

‘n Voormalige regeringsamptenaar wat na bewering deel is van ‘n sindikaat wat die Suid-Afrikaanse Inkomstediens uit 950-duisend-Rand bedrieg het, is Donderdag in die hof vir kommersiële misdade in Nelspruit gevonnis. Valke-woordvoerder, Kaptein Dineo Sekgotodi, sê Cynthia Zanele Maluleka sou 50-duisend-Rand ontvang het. Sy is ‘n boete van 20-duisend-Rand of drie jaar gevangenissstraf opgelê waarvan die helfte opgeskort is mits sy die 50-duisend-Rand aan die S-A-i-D terugbetaal. Nog sewe mense word saam met haar aangekla.

View Details

TRAC het verskeie verkeersmaatreëls aangekondig om verkeersvloei op die besige N4-tolpad hierdie feestyd te vergemaklik. Die grootste volumes verkeer word op 9, 15, 16, 23 en 24 Desember verwag sowel as 2 en 3 Januarie.
Kommunikasiebestuurder, Solange Soares sê voorkeurbane is vanjaar by alle tolhekke in werking.
Besoek radiolaeveld.co.za vir die besonderhede oor die verkeersmaatreëls op die N4.

View Details

Die DA het die stadsbestuurder van Thaba Chweu-munisipaliteit gevra om ondersoek in te stel na die aktiwiteite van die Bohlabela-Streek Brand en Noodienste in die munisipaliteit. Volgens raadslid Marius Opperman het B-R-F-E-S nie ‘n diensvlakooreenkoms met Thaba Chweu, Ehlanzeni of die departement van openbare werke nie, en vorder hy onwettig verkeersboetes in. Opperman sê die munisipaliteit lei gevolglik groot verliese. Hy het ‘n interdik bekom om ‘n munisipale werknemer te verhoed om hom te teister.

View Details

Die departement van basiese onderwys het ‘n ondersoek geloods na beweringe dat matrikulante tydens die eindeksamen verneuk het. Meer as 'n duisend leerlinge in ses provinsies word betrek. In Mpumalanga het een-duisend-127 leerlinge in die Manyeleti-kring van Bohlabela-distrik glo tydens 'n ekonomie-vraestel verneuk. Hulle het onderwysers glo betaal om by WhatsApp-groepe aan te sluit waar antwoorde tydens eksamensessies gedeel is. Toesighouers het glo ook antwoorde aan leerlinge verskaf. 'n Woordvoerder van die provinsiale onderwysdepartement, Gerald Sambo, sê hulle verwelkom die ondersoek.

View Details

Die sanger JJ Stephens het vir die eerste keer in 10 jaar 'n nuwe enkelsnit vrygstel met "Dis so goed". Hierdie tee fynproewer en radio-aanbieder gesels met Amanda oor sy loopbaan.

View Details

Mense reis deesdae anders as voorheen, sê Linda Grimbeek van die KLCBT. Sy gesels voor die feestyd amptelik aanbreek met Robin oor hoe dinge verander het.
"Alles gebeur deesdae op die laaste minuut – selfs besprekings. Niemand weet hoe hul planne gaan uitwerk nie, so selfs oorsese besoekers besluit op die ingewing van die oomblik hulle kom volgende week en jy moet jou bemarking daarvolgens aanpas."
Verder is mense op soek na ervarings. "Hulle reis vir daardie kliek – waar kan hy die mooiste foto of video neem en nie van die berg nie, maar van hom wat by die berg afspring." Luister weer hier.

View Details

Die Departement van Basiese Onderwys het vanjaar se matrieks gewaarsku teen “penne-neer”-partytjies. Die waarskuwing kom terwyl die Klas van 2022 hierdie week hul eindeksamen afsluit. Die LUR vir onderwys in Mpumalanga, Bonakele Majuba, het ouers aangeraai om hul kinders nie toe te laat om hierdie geleenthede by te woon nie. Hy sê die departement het deur die jare talle berigte ontvang van leerders wat sterf, verdrink of gewelddadig aangerand word op sulke partytjies.

View Details

Twee voormalige veldwagters wat in Februarie 2019 aangekeer is weens ‘n ongelisensiëerde vuurwapen en ‘n gevaarlike wapen by ‘n ruskamp in die Krugerwildtuin moet elk effektief sewe jaar agter tralies deurbring. Hendric Eccelence Silinda en Achieve Musa Mlambo is gister deur die Skukuza-hof gevonnis. Hulle is aangekeer tydens ‘n klopjag wat deur SANParke uitgevoer is na hulle ‘n wenk ontvang het. Volgens die woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag in Mpumalanga, Monica Nyuswa, was hulle in besit van ‘n hoë kalliber vuurwapen en ‘n jagmes.

View Details

Die LUR vir onderwys in Mpumalanga, Bonakele Majuba, sal môre die skryf van die tweede Wiskunde en Wiskundige Geletterdheid-vraestelle in Emalahleni (Witbank) monitor. 1-duisend-127 leerlinge het toestemming van die Departement van Onderwys om die vraestelle te skryf na hulle die oorspronklike vraestel misgeloop het weens redes buite hul beheer. Woordvoerder, Gerald Sambo, sê in dié geval was dit weens gemeenskapsprotesaksie op 7 November.

View Details

Jou seun wil 'n balletdanser wees. Pa's het uiteenlopende reaksies. Plaaslike danseresse benader dit ook anders. Hulle deel hul ervarings met Amanda.

View Details

Die Organisasie teen Belastingmisbruik het ‘n strafsaak teen adjunkpresident David Mabuza en 12 ander geopen. OUTA wil hê die Ondersoekdirektoraat van die Nasionale Vervolgingsgesag moet strafregtelike klagte van georganiseerde misdaad teen Mabuza bring. Die hoof- uitvoerende beampte van OUTA, Wayne Duvenhage, sê die aanklagte hou verband met rampokkeryaktiwiteite

View Details

Frank Swanepoel van Hi-Tech Nelspruit kuier in die ateljee saam met Charles en gesels oor die nuwe voertuig wat geskenk is waarmee hulle voortaan die N4 sal patrolleer om reisigers veiliger te hou.

View Details

Die DA in Mpumalanga sê hulle is bekommerd dat daar slegs 168 ambulanse beskikbaar is vir die provinsie se bevolking van 4,7 miljoen mense. Volgens mediese norme en standaarde moet daar een ambulans beskikbaar wees per 10-duisend mense. Volgens Jane Sithole is slegs 72 van die 168 boonop daagliks in gebruik weens personeeltekorte, ongelukke en ‘n tekort aan instandhoudingswerk. Sy sê dit is nie bekend hoeveel pasiënte gesterf het terwyl hulle gewag het op ‘n ambulans wat lank geneem het om op te daag, of glad nie het nie.

View Details

'n Ondersoek deur die Valke het vroeg Vrydagoggend gelei tot die arrestasie van nege verdagtes in verband met bedrog wat verband hou met stroperyaktiwiteite.
Volgens kapt. Dineo Sekgotodi het KPMG hul geldsake ondersoek om die vloei van kontant te bepaal.
Twee mans is reeds in April aangekla vir bedrog verwant aan stropery, na hulle glo inligting teen betaling aan stropingsindikate sou verskaf.
Die operasies is in Mpumalanga, Limpopo en Gauteng uitgevoer.

View Details

Die LUR vir gemeenskapsveiligheid in Mpumalanga, Vusi Shongwe, het weer ‘n beroep gedoen op bestuurders om die padreëls te gehoorsaam. Dit is na nege mense Saterdagaand in ‘n kop-botsing tussen Morgenzon en Amersfoort dood is. Al nege insittendes is op die toneel dood verklaar. Die woordvoerder van die departement, Moeti Mmusi, sê die oorsaak van die ongeluk word ondersoek. Hulle vermoed op hierdie stadium dat dit deur roeklose bestuur veroorsaak is.

View Details

Politici moet ophou op die regbank te kritiseer wanneer hulle nie van hul uitsprake hou nie, sê dr. Mathews Phosa. Hy was een van die uitgelese sprekers by die onthulling van ‘n bronsbeeld van Francis Legodi, die regterpresident van die Mpumalanga afdeling van die Hooggeregshof, gister by die Mpumalanga Hooggeregshof in Mbombela.

View Details

‘n Bronsbeeld van Francis Legodi, die regterpresident van die Mpumalanga afdeling van die Hooggeregshof, is gister by die Mpumalanga Hooggeregshof in Mbombela onthul.
Bernard Ngoepe, afgetrede regterpresident van die Noord-Gauteng Hooggeregshof, sowel as dr. Mathews Phosa was van die sprekers.
Legodi tree volgende jaar, op 69-jarige ouderdom en na 20 jaar op die regbank, af.

View Details

Malaria kom voor in die Laeveld, en is lewensgevaarlik as dit nie spoedig behandel word nie.
Dr. Stephan Smith van Nelspruit Health & Travel-kliniek beantwoord al ons vrae oor die siekte.

View Details

Die feestyd het met 1 Desember amptelik aangebreek en daarmee saam is meer mense op reis, en dalk meer geneig om onverantwoordelik op te tree.
Solange Soares van TRAC N4 gesels met Charles oor padveiligheid op die N4 hierdie feestyd. #Hoe nou gemaak?

View Details

As hy iets in sy loopbaan oor kon doen, sou Pieter Strydom vroeër begin skryf en sy eie liedjies opgeneem het. Hy gesels met Amanda. #Musiekdebat

View Details

Indiese spreeus, 'n indringerspesie, het baie goed aangepas om in stedelike omgewings te floreer.
Hulle het 'n baie swak reputasie en is allermins geliefd. Tog sê dr. Garth Batchelor hul reputasie is 'n bietjie onverdiend.
Hy gesels met Ludi en Mireille.

View Details

Die polisie in Mpumalanga het die publiek gevra om na vore te kom met inligting oor twee moorde. Dit na die liggame van twee mans gisteroggend op die perseel van die rioolwerke in Tonga deur sekuriteitswagte ontdek is. Brigadier Selvy Mohlala sê die slagoffers het sigbare beserings gehad. Daar word vermoed dat hulle elders aangerand is voor hul liggame gestort is.

View Details

We Care 4 Nelspruit werk hard om die dorp skoner, veiliger en mooier te maak. Die afgelope drie dae het hulle die hele area rondom die Boschstraat-glybaan skoongesny en rommel opgetel dat dit amper onherkenbaar is.
TJ Maré vertel van hul suksesse en planne vorentoe.

View Details

Die Ehlanzeni-distriksmunisipaliteit het hande geneem met Mbombela-munisipaliteit, die Kruger-Laeveld-sakekamer (KLCBT), We Care 4 Nelspruit en die nuut gestigde Barberton-gemeenskapsforum om te verseker die Laeveldse dorpe word skoner gehou.
Linda Grimbeek gesels met Robin.

View Details

Die metaalwerkersunie NUMSA sê hulle is geskok oor die tragiese heengaan van ses leiers van die mynwerkersunie NUM. Dit is nadat hulle Sondag in ‘n motorongeluk in Mpumalanga oorlede is. NUMSA se nasionale woordvoerder Phakamile Hlubi-Majola het hul innige meegevoel gestuur aan die familie en vriende van almal wat hul lewens in die ongeluk verloor het.

View Details

Die DA in Mpumalanga het hul misnoë uitgespreek na ‘n mosie om die gebruik van blouligbrigades deur politici in die provinsie te verbied, deur die wetgewer afgeskiet is. Volgens Bosman Grobler is dit onnodig, duur en gevaarlik. Hy sê die mosie is ter tafel gelê na die dood van die 56-jarige AO Thomas Shongwe, ‘n lyfwag van adjunkpresident David Mabuza op 20 November in ‘n ongeluk in Middelburg.

View Details

Hoe het jy #SwartVrydag vanjaar benader? Amanda gaan vind uit wie dink dit is ‘n slenter, wie vermy die chaos in die winkels, en wie geniet die winskopies. #Straatdebat

View Details

SANParke, TotalEnergies en FNB het erkenning gegee aan verdienstelike natuurbewaarders by vanjaar se Koedoe-toekenningseremonie. Dit het op 24 November by die Gallagher-konvensiesentrum in Midrand plaasgevind.
SANParke se waarnemende hoof van kommunikasie, Rey Thakhuli, sê die toekennings erken toewyding en onbaatsugtige pogings van SANParke-werknemers om die doelwitte van SANParke se mandaat te bereik.

View Details

Twee mans verskyn vandag in die Bosbokrand-hof vir poging tot moord op hul pa. Volgens brigadier Selvy Mohlala is die 68-jarige gisteraand by sy huis in Maviljan Trust deur sy seuns wakker gemaak om ‘n sleutel terug te gee. Hy het ‘n venster oopgemaak om dit te ontvang en ‘n groep van drie mans het op hom gevuur. Hy is in sy bobeen getref en hospitaal toe geneem vir behandeling. Sy eie twee seuns van onderskeidelik 25 en 27 jaar oud, is aangekeer. Die motief vir die aanval is onbekend.

View Details

Die DA in Mpumalanga het ‘n beroep gedoen op die provinsiale regering om die sigbaarheid van polisielede en verkeersbeamptes op provinsiale paaie hierdie feestyd te verhoog om motorongelukke te verminder. Trudie Grovè-Morgan sê ongelukke het in 2021/22 met 12-komma-5-persent toegeneem terwyl padblokkades, dronkbestuur operasies, en voertuie wat geweeg word afgeneem het teenoor die 2019/2020 boekjaar. Sy sê die party het ook skriftelik gevra dat daar dringend aan padinfrastruktuur aandag gegee word, omdat dit beduidend bydra tot gevaarliker paaie.

View Details

Die jaarlikse 16 dae-veldtog van aktivisme teen geweld teen vroue en kinders het afgeskop. LifeLine Nelspruit het vanoggend 'n bewusmakingsveldtog daaroor by die Promenade-sentrum in Mbombela gehou.
Annriette Slabber, die direkteur van LifeLine Nelspruit, sê bewusmaking oor die kwessie is daagliks nodig, en moet die besef insluit dat mans ook slagoffers is.

View Details

Die jaarlikse 16 dae-veldtog van aktivisme teen geweld teen vroue en kinders het Vrydag afgeskop. LifeLine Nelspruit hou Maandag 'n bewusmakingsgeleentheid daaroor by die Promenade-sentrum in Mbombela.
Jessica Prim en Annriette Slabber, die direkteur van LifeLine Nelspruit, het met Ludi en Mireille gesels oor die verskillende vorms van geweld tussen mense - en dat mans dikwels ook slagoffers is.

View Details

Ses mense is dood in ‘n gru-ongeluk op die N4 tussen Middelburg en Emalahleni gisteroggend toe die bestuurder na vermoede beheer verloor het. Al ses insittendes is opslag dood. Die woordvoerder van die departement van gemeenskapsveiligheid, Moeti Mmusi, sê hulle vermoed dat die bestuurder moeg was, maar die oorsaak word ondersoek. Die LUR, Vusi Shongwe, het sy medelye aan hul naasbestaandes betuig. Hy skop môreoggend sy departement se padveiligheid bewusmakingsveldtog in die Thembisile Hani-munisipaliteit af. Dit fokus op die R573, ook bekend as die Moloto-pad, een van die besigste roetes wat Mpumalanga met Limpopo en Gauteng verbind.

View Details

Twee Transnet-werkers is in Mbombela met koperkabels vasgetrek na die polisie gister op 'n wenk gereageer het. Volgens polisiewoordvoerder, kolonel Donald Mdhluli, was hulle ten tyde van die arrestasie aan diens, in 'n maatskappyvoertuig en op die Transnet-perseel. Die waarde word geraam op 8-duisend-Rand. Hulle word aangekla van die onwettige besit van koperkabels.

View Details

'n Man moet elf jaar agter tralies bly na hy gister in Skukuza vir stroperyverwante misdrywe gevonnis is. Die 45-jarige Isaac Sihlangu is in 2019 saam met 'n medebeskuldigde, Abel Manyike, aangekla. Manyike is reeds gevonnis. Sihlangu was voortvlugtig na hy in 2019 borg toegestaan is. Hy is in Februarie weer aangekeer en het Dinsdag skuldig gepleit. Die woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, Monica Nyuswa:

View Details

John Meintjies van Nelspruit Concerned Citizens gesels met Charles oor algemene veiligheidswenke rondom die Desembervakansie.

View Details

Swaar reën en sterk winde het die naweek skade aan huise, skole, ‘n kliniek en die kragnetwerk in Hazyview aangerig. Volgens die Ehlanzeni-distriksmunisipaliteit werk hulle saam met Mbombela en die provinsiale departement van samewerkende regering om die skade te bepaal en hulp te verleen. Jacques Benade, die hoof van Rampbestuur in Mpumalanga, sê rampbestuurspanne is op 'n hoë gereedheid geplaas vir nog swaar reën wat die somer verwag word.

View Details

Groot skade is in veral Hazyview aangerig deur storms verlede week.
Die provinsiale regering het vinnig reageer en 'n provinsiale ramp afgekondig.
Jacques Benade, hoof van rampbestuur in Mpumalanga, gesels met Ludi en Mireille.

View Details

Een van Adam Tas se grootste treffers, "Gaan sê vir die angels", sou nooit die lug gesien het as dit as 'n enkelsnit vrygestel sou word nie, verklap hy aan Amanda. Gelukkig was dit deel van 'n vollengte album. Hy verkies volledige albums en die storie wat dit vertel, as beide 'n kunstenaar en luisteraar.

View Details

Die Barberton Gemeenskapsforum snoer toerisme, die plaaslike polisiëringsforum, belastingbetalers en georganiseerde sake saam onder een vaandel om die dorp skoner, mooier en veiliger te maak.
Hulle beplan ook om moontlik ‘n stadsverbeteringsdistrik te stig, sê Linda Grimbeek van die Kruger-Laeveld-sakekamer (KLCBT) vir Robin.
Skakel elke Woensdag om 10:30 in vir #LaeveldErvaring.

View Details

Môre is nie net Swart Vrydag (en betaaldag) nie, maar ook #BokVrydag want die Springbokke speel Saterdag teen Engeland, die span wat hulle in die 2019 Wêreldbekereindstryd om die titel kon klop. Gerhardt waag sy voorspelling.

View Details

'n Ses-meter gehekelde Kersboom word op 3 Desember by Casterbridge onthul.
Penny Boden, die ambassadeur van 67 Komberse in Witrivier, sê een-duisend-400 blokkies is gehekel deur mense van oraloor. Na die onthulling van die boom sal dit uitmekaar gehaal en in komberse vasgewerk word vir behoeftige mense.

View Details

Die grootste gehekelde Kersboom in die land word eersdaags in Witrivier opgerig.
Vanaf Saterdag 3 Desember sal die boom, van meer as 6 meter, by by Casterbridge te sien wees.
Penny Bowden, ‘n ambassadeur vir 67 Blankets – for Nelson Mandela Day in Witrivier, sê meer as 1 000 vierkante was nodig om die boom te maak.
Sy het saam met James Luus, wat gehelp het om die struktuur te maak, met Ludi en Mireille gesels.

View Details

Desember is om die draai, en dit beteken gewoonlik eindjaarfunksies, verlof en vakansie. Of doen dit? Denise vind uit.

View Details

Die Mpumalanga wetgewer het ‘n voorstel van die VF Plus aanvaar om opgehoopte gelde van sowat 17,5-miljard-Rand aan te wend om verlate myne te rehabiliteer.
Die opgehoopte fondse is afkomstig van die finansiële voorsiening wat maatskappye in plek stel voordat mynbou begin sodat die regering dit vir rehabilitasie kan benut, sou dit nodig wees.
Werner Weber sê die meeste verlate myne in Mpumalanga word nie as wettig gesluit beskou nie en die geld kan daarom nie aangewend word nie.
Volgens Weber dek die fondse net minder as 6-duisend prospekteerregte, mynpermitte en mynregte.

View Details

McKenzi Meyer, ’n gr. 11-leerling aan Penryn College, is gekies as een van die top 100 “Matrics in Antarctica”.
Dié kompetisie bied vyf Suid-Afrikaanse leerlinge die geleentheid om na Antarktika te reis, en meer te leer oor volhoubaarheid, bewaring en verskillende ekosisteme.
Sy gesels met Ludi en Mireille oor hoekom die bewaring van die planeet haar so na aan die hart lê.

View Details

‘n Renosterstroper is Vrydag tot effektief 34 jaar tronkstraf gevonnis in die Skukuza-hof. Sipho Titus Khoza is volgens die polisie in 2016 twee keer in die Stolznek-deel van die Krugerwildtuin aangekeer.
Sy drie medepligtigers in die twee gevalle het sedert hulle borgtog ontvang het nog nie weer in die hof verskyn nie en word gesoek.
Sam Lejane is egter intussen op 'n onverwante saak aangekeer en sal eersdaags verhoor word.

View Details

Die waarnemende uitvoerende bestuurder van die NKW, dr. Danny Govender, het die vonnis van effektief 34 jaar vir ‘n renosterstroper verwelkom.
“Dit is ‘n groot oorwinning vir ons toegewyde veldwagters. Hulle is die eerste skakel in die ketting van geregtigheid.
“Ons is bly ons howe stuur so ‘n sterk boodskap aan vermeende misdadigers.”

View Details

Swaar reën en sterk winde het Vrydag skade aan sowat 50 huise, twee skole, ‘n kliniek en die kragnetwerk in Hazyview aangerig.
Volgens die Ehlanzeni-distriksmunisipaliteit werk hulle saam met Mbombela en die provinsiale departement van samewerkende regering om die skade te bepaal en hulp te verleen. Rooikruis-vrywilligers help ook met die verspreiding daarvan en rampbestuurspanne is op 'n hoë gereedheid geplaas.
Die LUR vir gesondheid het vanoggend die Sandrivier-kliniek besoek.

View Details

Ses Laeveldse vyfkamp-atlete het aan die onlangse Wêreldkampioenskappe vir biathle/triathle in Madeira deelgeneem. Suid-Afrika kon die meeste (26) goue medaljes huis toe bring.
Hannah Morgado (o.9) is die wêreldkampioen in die tweekamp. Ciska van der Merwe (o.11) en Reuben Matthyson (o.11) spog elk met twee silwer medaljes. Eben Obermeyer (o.13), Zoë Janse van Vuren (o.13) en Zoë Morgado (o.13) het ook deelgeneem.

View Details

Jakkie Louw is terug met ‘n prettige partylied. “Plaashond” is ideaal vir die klankbaan van die naderende feestyd.
Hy het ook met Andri gedeel watter groot rol Theuns Jordaan, wat gister ‘n jaar gelede oorlede is, in sy loopbaan gespeel het.

View Details

Nadine Blom het reeds groot sukses in haar loopbaan behaal, en koester nog groot drome. Sy verklap hulle aan Amanda en gesels oor verhoogvrees en hoe om haar private lewe uit die openbaar te hou.

View Details

Bafana Bafana sê vanaand om 20:30 vir Mosambiek die stryd aan by Mbombela-stadion.
Die nasionale sokkerspan is onoorwonne in al die wedstryde wat hulle sedert 2010 by dié stadion gespeel het.
Hulle speel Sondagmiddag 'n tweede vriendskaplike wedstryd in die stad wanneer hulle om 14:30 teen Angola uitdraf.
Bafana het mees onlangs verlede maand oorwinnings behaal teen Sierra Leone en Botswana.
Stadionbestuurder, Roelf Kotze het met Andri gesels.

View Details

Bafana Bafana sê vanaand om 20:30 vir Mosambiek die stryd aan by Mbombela-stadion. Die nasionale mans sokkerspan is onoorwonne in al die wedstryde wat hulle sedert 2010 by die stadion gespeel het. Hulle speel Sondagmiddag 'n tweede vriendskaplike wedstryd in die stad teen Angloa. Stadionbestuurder, Roelf Kotze, sê hulle was laas in 2016 by Mbombela-stadion in aksie te sien.

View Details

Die VF Plus het die jongste plaasmoord in Mpumalanga veroordeel. 'n 80-jarige boer, Hennie van der Walt, is in sy huis op sy plaas in Dwarsfontein naby Delmas met skie ten steekwonde dood aangetref. Werner Weber sê dit is die vierde plaasmoord in ʼn baie kort tydsbestek in die provinsie en Mpumalanga is duidelik ‘n brandpunt. Hy sê die party het 'n dringende vergadering belê met premier Refilwe Mtsweni-Tsipane om landelike beveiliging te bespreek. Polisiewoordvoerder, Brigadier Selvy Mohlala, sê geen arrestasies is nog gemaak nie.

View Details

Die LUR vir onderwys, Bonakele Majuba, het vandag saam met die adjunkminister van basiese onderwys, dr. Reginah Mhaule, die graad 12 eindeksamen in Mpumalanga gemonitor. Hulle het Dlomodlomo Sekondêr in Elukwatini besoek.
Mhaule sê die eksamen verloop sover vlot in die provinsie - met die uitsondering van sporadiese protesoptrede wat plek-plek leerlinge verhoed het om vraestelle te skryf.

View Details

Die eerste direkte interkontinentale vlug van Europa het gister by Kruger Mpumalanga Internasionale (KMI) Lughawe geland.
Eurowings Discover bied nou direkte vlugte na en vanaf Frankfurt in Duitsland via Windhoek.
Helmut Wölfel, die kommersiële hoof van Eurowings Discover, sê dit is 'n eerste.

View Details

Die eerste direkte interkontinentale vlug van Europa het gister by Kruger Mpumalanga Internasionale (KMI) Lughawe geland.
Eurowings Discover bied nou direkte vlugte na en vanaf Frankfurt in Duitsland via Windhoek.
Mbombela burgemeester, Sibongile Makushe, sê sy hoop dit is die eerste van vele.

View Details

Die eerste direkte interkontinentale vlug van Europa het gister by Kruger Mpumalanga Internasionale (KMI) Lughawe geland.
Eurowings Discover bied nou direkte vlugte na en vanaf Frankfurt in Duitsland via Windhoek.
Oupa Pilane van SATSA en Kruger-Laeveld-toerisme sê die area kang root munt hieruit slaan.

View Details

Die eerste direkte interkontinentale vlug van Europa het gister by Kruger Mpumalanga Internasionale (KMI) Lughawe geland.
Eurowings Discover bied nou direkte vlugte na en vanaf Frankfurt in Duitsland via Windhoek.
Andre Schulz van Lufthansa / Eurowings sê 80 passasiers het met die eerste vlug aangekom.

View Details

Die eerste direkte interkontinentale vlug van Europa het gister by Kruger Mpumalanga Internasionale Lughawe geland.
Eurowings Discover, 'n filiaal van Lufthansa, bied nou direkte vlugte na en vanaf Frankfurt in Duitsland via Windhoek.
Helmut Wölfel, hoof van kommersiële vlugte by Eurowings Discover, sê dit is 'n opwindende nuwe era vir toerisme in die Laeveld.

View Details

Die eerste direkte interkontinentale vlug van Europa het gister by Kruger Mpumalanga Internasionale (KMI) Lughawe geland.
Eurowings Discover bied nou direkte vlugte na en vanaf Frankfurt in Duitsland via Windhoek.
Duitsland se ambassadeur aan Suid-Afrika, Andreas Peschke:

View Details

‘n Renosterstroper is tot effektief 17 jaar agter tralies gevonnis deur die Skukuza-hof. Die 40-jarige Sylvester Zitha is in Oktober 2019 in die Tshokwane deel van die Krugerwildtuin aangekeer. ‘n Tweede verdagte, Richard Phiri, is voortvlugtig sedert hulle op borgtog vrygelaat is. Zitha is skuldig bevind op ses klagte. Woordvoerder, Ike Phaahla, sê dit behoort ‘n sterk boodskap te stuur dat stropery ‘n ernstige misdaad is en nie geduld sal word nie.

View Details

Die Mpumalanga gesondheidsdepartement is op ‘n hoë gereedheid na drie gevalle van masels in Ehlanzeni-distrik bevestig is. Volgens die departement is die gevalle tussen 1 en 10 November onder drie kinders van tussen 18 maande en ses jaar oud in Lydenburg en Bosbokrand aangemeld. Reaksiespanne is geaktiveer en die mense wat in kontak was met die kinders word gemonitor en getoets. Die LUR, Sasekani Manzini, moedig ouers aan om te verseker hul kinders is teen masels ingeënt. Mandla Zwane, direkteur van oordraagbare siektes in die departement, gesels met Ludi en Mireille.

View Details

Die TRACN4-tydren vind Vrydag en Saterdag weer in Dullstroom plaas. Vanjaar is die derde keer dat die opwinding, drama en adrenalien-gevulde tydren in Mpumalanga plaasvind.
Kommunikasiebestuurder vir TRAC, Solange Soares, sê dit is ‘n ekonomiese inspuiting vir die Emakhazeni-munisipaliteit. Die opbrengste ondersteun ook die Dullstroom Epilepsie-sentrum.
28 spanne neem aan die wedren van 13 spesiale bene oor 204-kilometer deel.

View Details

Eet gesinne nog saam? Hoe lyk familietyd te midde van die chaos van buitemuurse aktiwiteite?
Denise het gaan uitvind hoe lyk Laeveld gesinne se aandroetines.

View Details

Die eerste interkontinentale vlugte van Europa land môre by die Kruger Mpumalanga Internasionale Lughawe. Die nuwe roete skop af met weeklikse vlugte en sal heeljaar beskikbaar wees na en van Frankfurt in Duitsland via Windhoek in Namibië. Dit is die sewende bestemming in Afrika vir Eurowings Discover - ‘n filiaal van die Lufthansa Groep. Grant Ponting, uitvoerende beampte van KMI-lughawe, sê dit is ‘n goue ekonomiese geleentheid vir toerisme in die Laeveld.

View Details

Die DA in Mpumalanga beplan om môre ‘n griefskrif aan die provinsiale departement van maatskaplike ontwikkeling te oorhandig oor stygende lewenskoste. Jane Sithole sê al hoe meer mense kan dit nie bekostig om kos op die tafel te sit nie, en die regering moet ingryp om 'n humanitêre krisis af te weer.
Die optog begin 10-uur vanaf die Grove-sentrum na die regeringsgeboue in Mbombela.

View Details

Die Nasionale Krugerwildtuin (NKW) skerp sy veiligheidsmaatreëls vir die komende feestyd op wanneer meer besoekers verwag word.
Volgens die woordvoerder, Ike Phaahla, sluit maatreëls wat ingestel word groter toesig en meer wagte by ingangshekke, voertuigbeheer en die verifiëring van die insittendes se identiteit in.
Veldwagters, sekuriteitsdienste en toegewyde honde-eenhede sal ook bykomende patrollies doen.
SANParke maak ook gebruik van tegnologie nommerplate te herken en voertuie op ‘n afstand te monitor.

View Details

Die Onderwysdepartement in Mpumalanga lê môre besoek af by vier laerskole in Nelspruit om die bouwerk van 40 addisionele klaskamers te monitor.
'n Woordvoerder van die departement, Gerald Sambo, sê die addisionele klaskamers word by Laerskool Nelspruit, Laerskool Bergland, Nelspruit Primary en Laerskool Laeveld aangebou om meer leerlinge te kan akkomodeer.
Die LUR vir openbare werke, Mandla Ndlovu, sal saam met die Mbombela Burgemeester, Sibongile Makushe-Mazibuko, die besoek meemaak.

View Details

Linda Grimbeek van die Kruger-Laeveld-sakekamer (KLCBT) gesels met Ludi oor hul onlangse suksesse, nuwe projekte - en natuurlik die jaarlikse toekennings.

View Details

'n Sanger moet hul ore soos hul stemme soos 'n spier oefen, sê die klassieke kunstenaar, Chris Coetzer (ook een van Suid-Afrika se Drie Tenore saam met Philip Kotze en Jannie Moolman).
Hy het met Amanda gesels oor die harde werk wat dit vir 'n sanger verg om mense se harte te wen.

View Details

Amanda gesels met die sanger-liedjieskrywer, akteur en reisiger Quentin Prinsloo oor sy loopbaan, sosiale media en sy musikale ikone.

View Details

Denise het in die Laeveld gaan uitvind: Ken mense nog hul bure? Kuier hulle soms saam?
Luister weer hier na wat mense sê.

View Details

Die DA in Mpumalanga het gister in 'n ledeverklaring in die wetgewer gevra dat die LUR vir onderwys, Bonakele Majuba, die Mpumalanga Regional Training Trust (MRTT) ontbind.
Die party se woordvoerder vir onderwys, Jane Sithole, sê hulle kom nie hul mandaat na om jeugdiges uit voorheen benadeelde agtergronde op te lei nie.
Sy sê MRTT se laste oorskry hul bates - wat twyfel laat oor sy vermoë om aan te hou funksioneer.
Hulle lei ook jaarliks minder studente op en 38% van poste is vakant, terwyl fooie aan raadslede die afgelope finansiële jaar verdubbel het.

View Details

Die Valke het weer ‘n beroep gedoen op die publiek om inligting te verskaf oor die hoofverdagte in ‘n Barberton-mynbedrogsaak.
Kaptein Dineo Sekgotodi, sê Simphiwe Sangweni was ‘n finansiële administrateur by Barberton Mines toe hy na bewering in Junie 2020 1-punt-2-miljoen-Rand van die maatskappy se fondse na sy persoonlike bankrekening en dié van sy vriendin, LadyPeace Sinothando Nhlenyama, oorgeplaas het.
Die aanklagte teen twee beweerde medepligtiges is voorlopig teruggetrek hangende die arrestasie van die paartjie.
Enigiemand met inligting is gevra om die ondersoekbeampte, kapt. Dietlof Meyer, by 071-481-2977 te kontak.

View Details

Danny Smoke het verlede week, vir die eerste keer in drie jaar, 'n nuwe enkelsnit vrygestel. Hy het met Gerhardt en Andri gesels oor “Wie’s jou kat?”.

View Details

Die DA het die premier van Mpumalanga, Refilwe Mtshweni Tsipane, gevra om ‘n veilgheidsnet te skep om kwesbare gemeenskappe wat onder die broodlyn leef te beskerm teen stygende lewenskostes.
Jane Sithole sê 33-persent van die provinsie se inwoners is afhanklik van maatskaplike toelaes. Sy voeg by dat, inflasie in Mpumalanga in September op 8-komma-drie-persent veel hoër was as die nasionale verbruikersprysinflasie van 7-komma-5-persent.

View Details

'n Vraag vir die eeue: Wie bestuur beter - mans of vroue?
Amanda het gaan uitvind om dié vraag eens en vir altyd uit te pluis

View Details

'n Voormalige verkeersbeampte van Mpumalanga moet vyf jaar agter tralies deurbring na hy skuldig bevind is aan korrupsie. Die 37-jarige Meshack Masenjwa is in Middelburg skuldig bevind dat hy omkoopgeld van motoriste op die N4-tolpad geëis het. Volgens Kaptein Dineo Sekgotodi is hy in 2019 aangekeer na die Valke hom in 'n lokval gelei het en die transaksie opgeneem is.

View Details

Die voormalige munisipale bestuurder van Nkomazi-munisipaliteit in Malalane het Vrydag in die hof verskyn op klagte van bedrog, diefstal en oortreding van die Wet op Munisipale Finansiële Bestuur. Die 55-jarige Muzi Daniël Ngwenya is dieselfde dag deur die Valke aangekeer. Volgens Kaptein Dineo Sekgotodi het hy in Desember verlede jaar met munisipale fondse ‘n tweedehandse Mercedes Benz vir 900-duisend-Rand aangeskaf en die voertuig in sy eie naam geregistreer. Ngwenya is borgtog van 10-duisend-Rand toegestaan deur die Tonga-landdroshof. Die saak is uitgestel tot 25 Januarie vir verdere ondersoek.

View Details

Die steenkoolaangedrewe Komati-kragstasie in Middelburg het gister die einde van sy bedryfslewe bereik het en is om 12:00 afgesluit. Die kragstasie het Suid-Afrika sedert 1961 bedien.
Die woordvoerder van Eskom, Sikonathi Mantshantsha, sê ander eenhede is oor die jare afgesluit aan die einde van hul bedryfsleeftyd, wat ‘n wetlike vereiste is.
Die kragvoorsiener sê die sluiting van die aanleg sal nie ‘n noemenswaardige impak op die nasionale elektrisiteitsnetwerk hê nie, omdat dit slegs 121MW gelewer het.
Die meerderheid van Komati-werknemers is na ander kragstasies oorgeplaas.
Diegene wat oorbly sal betrokke wees by groen energieopwekking: 150MW sonkrag, 70MW wind en 150MW batterye as deel van Eskom se oorgangstrategie vir billike energie (JET).
Dit het ten doel om volhoubaar na laer-koolstof-tegnologie oor te skakel, sonder om werksgeleenthede tot niet te laat gaan en ‘n opleidingsfasiliteit word ontwikkel om werkers se vaardighede op te skerp vir dié aanpassing.
Volgens Mantshantsha is die Komati vernuwingprojek een van die grootste ter wêreld.

View Details

Laerskool Laeveld hou op 10 November hul jaarlikse, kleurvolle pretloop.
Dit is pret vir die hele gesin en die skool se laaste fondsinsameling vir 2022.
Me. Anzel Beattie en me. Cornelia Janse van Rensburg het met Ludi en Mireille gesels oor wat jy alles te wagte kan wees.

View Details

Die LUR vir onderwys in Mpumalanga, Bonakele Majuba, monitor vanoggend die begin van die matriekeindeksamen by Ikhayalami Sekondêr in Belfast. Dit skop af met Engelse Huistaal en Eerste Addisionele Taal-vraestelle. Die woordvoerder van die provinsiale departement, Gerald Sambo, sê die eksamens verloop sedert 2010 vlot in Mpumalanga, en die departement is vol vertroue dat vanjaar geen uitsondering sal wees nie. Meer as 71-duisend voltydse graad 12-kandidate skryf vanjaar die eksamen in die provinsie, die meeste ooit.

View Details

Worsie van Wyk is 'n nuwe musikant op die toneel.
Hy is trots Afrikaans en beskryf sy genre musiek as “neo-Gereformeerde metal”. (In Charles se woorde: "Boeremetaal").
Hulle het gesels tydens Laeveld Rock. Luister weer hier.

View Details

Die DA is bekommerd oor die provinsiale regering se vermoë om paaie in Mpumalanga in stand te hou. Volgens Trudie Grovè-Morgan toon die jaarverslag van die departement van openbare werke dat 58-persent van sy padbou-toerusting in in ‘n swak toestand is weens ‘n gebrek aan herstel- en instandhoudingswerk.
Sy sê nuwe toerusting kan nie bekostig word nie, en die LUR vir paaie en vervoer, Mandla Ndlovu, moet seker maak die masjienerie se leeftyd word verleng.

View Details

Die munisipale bestuurder van Nkangala-distrik, Maggie Skhosana, en haar motorbestuurder is vroeg vanoggend met hul geliefdes herenig, na hulle gisteraand in Diepsloot, Gauteng gevind is. Die vroue is verlede Donderdag voor die munisipale gebou in Middelburg ontvoer. Volgens polisiewoordvoerder, kolonel Donald Mdhluli, is hulle in ‘n bebosde gebied langs die N14 afgelaai. Die bestuurder is vasgebind, maar kon tot in die pad beweeg en ‘n verbygaande taxi-bestuurder het gestop om hulle te help. Niemand is nog aangekeer nie.

View Details

Vier stoeiers van Nelspruit Stoeiklub het uitstekend gevaar by die onlangse Suid-Afrikaanse kampioenskappe in Kaapstad.
Samuel Odendaal (15) het silwer in Grieks-Romeins en brons in vrystyl o.51 kg gewen.
Jaden Deysel (13) het goud in vrystyl en goud in Grieks-Romeins o.51 kg verower.
Louis Odendaal (13) is ‘n goue medalje ryker in vrystyl en ‘n silwer in Grieks-Romeins o.34 kg.
Matthias Odendaal (11) het op sy beurt ‘n brons in vrystyl o.34 kg gekry.
Vanjaar was ook die eerste keer in sowat 15 jaar dat Mpumalanga by die Noordvaal Elite-toernooi ‘n medalje kon wen en het met brons huis toe gekom.
Boeties Samuel, Louis en Matthias was ook in dié span. Hulle het saam met ma en spanbestuurder, Suné, in die ateljee kom kuier.

View Details

Tenbosch Mining, wat steenkool aan die suidelike grens van die Krugerwildtuin wou myn, het sy aansoek om ‘n mynlisensie en omgewingsgoedkeuring teruggetrek.
Dit sou oor ‘n gebied van 18 000 ha naby die wildtuin en Komatipoort strek.
Verskeie organisasies het hul stem teen die ontwikkeling dikgemaak omdat dit straks enorme nadele en vernietigende gevolge vir die onmiddelikke omgewing, Krokodilrivier, natuurreservate, wildlewe, die padnetwerk en landbou sou inhou.
Lambert de Klerk, die hoof van omgewingsake by AfriForum, verduidelik dat hulle verwag ‘n volgende aansoek vir mynregte in die area sal gebring word.

View Details

Vier verdagtes is die naweek met onwettige wapens aangekeer tydens 'n intelligensie gedrewe operasie gelei deur die taktiee reaksie-eenheid van die polisie.
Sabelo Peter Mdluli (44) het Maandag in die Kabokweni-hof verskyn na hy Sondag in Masoyi aangekeer is.
Die polisie het reageer op 'n wenk en sy Corsa-bakkie deursoek.
'n R1 en R5 aanvalsgeweer, 'n 3.8 en .22 vuurwapen sowel as ammunisie en plofstof is ontdek.
In Barberton Saterdag is nog drie verdagtes in 'n bloue VW Polo gestop gearresteer weens 'n vuurwapen met ammunisie in hul besit.
Dinani Convinient Zulu (29), Bongani Nkosinathi Mlambo (33) en Mthokozisi Magwaza (34) het ook Maandag in die hof verskyn, aldus polisiewoordvoerder, kol. Donald Mdhluli.

View Details

Die Valke in Mpumalanga sê hulle is bekommerd oor ‘n toename in kapingsvoorvalle in die provinsie. Die Valke se woordvoerder, Kaptein Dineo Sekgotodi, sê dit is veral algemeen in die Bosbokrand-area sowel as Witbank en Middelburg. Sy doen 'n beroep op bestuurders om nie rylopers of vreemdelinge op te laai nie en om slegs op veilige plekke stil te hou.

View Details

Die Valke sê hulle is bekommred oor ‘n toename in kapingsvoorvalle in Mpumalanga.
Kapt. Dineo Sekgotodi het met Gerhardt en Andri kom gesels oor brandpunte in die provinsie.
Sy doen 'n beroep op bestuurders om nie rylopers of vreemdelinge op te laai nie.
Bestuurders word ook gemaan om seker te maak hul voertuie is in 'n goeie toestand voor hulle hul huis verlaat om te voorkom dat hulle op pad gaan staan en om die kontaknommers van die polisiestasies, nooddienste, familielede, bure, kollegas of enige ander nommers wat hulle kan skakel byderhand hê in geval van nood.

View Details

'n Vraag vir die eeue: Wie bestuur beter - mans of vroue?
Amanda het gaan uitvind om dié vraag eens en vir altyd uit te pluis.

View Details

Die DA in Mpumalanga het ‘n beroep gedoen op die polisie om dringend ‘n gespesialiseerde ontvoerings ondersoekeendheid op die been te bring, om ontvoerders in die provinsie aan die pen te laat ry.
Volgens Trudie Grovè-Morgan benodig die ontvoering Donderdag van die munisipale bestuurder van Nkangala-distrik, Maggie Skhosana, en haar motorbestuurder toegewyde ingryping.
Sy sê die tweede grootste toename in ontvoerings is in Mpumalanga aangeteken in die eerste kwartaal, met ‘n gemiddeld van 90 per maand, met die meeste aangemeld in Delmas.
Die party glo egter dit is opportunistiese groeperings wat klein lospryse eis, en hulle moet in die bek geruk word voor hulle meer gesofistikeerd raak.

View Details

Die polisie ondersoek 'n skietvoorval gisteroggend waartydens een mens gewond en 'n ander dood is.
Kolonel Donald Mdhluli sê die voorval het plaasgevind by 'n winkelsentrum in KaNyamazane.
Een slagoffer is by die plaaslike kliniek oorlede en die ander is na 'n hospitaal gehaas.

View Details

Die Valke sê hulle is bekommerd oor lede van die publiek wat met misdaadtonele peuter eerder as om die saak by die owerhede aan te meld.
Dit na videomateriaal op sosiale media gedeel is waarin mense kontant buit op die toneel van 'n transitoroof.
Die woordvoerder van die Valke in Mpumalanga, kaptein Dineo Sekgotodi, sê dit is baie gevaarlik en 'n misdaad op sy eie.

View Details

Die afgelope brandseisoen was veel rustiger as verwag in die Laeveld, sê André Scheepers van Lefpa. Hy waarsku dié wiel draai egter altyd, hoewel dit die volgende drie maande baie gaan reën.
Hy het met Gerhardt en Andri gesels.

View Details

Taryn Blyth is 'n kenner op die gebied van dieregedrag en lei honde ook op.
In die lig van die jongste noodlottige aanval op 'n kind deur veghonde en 'n petiisie wat teen hulle opgestel is, gaan vind Ludi en Mireille by haar uit of sy die petisie ondersteun - en wat sy van dié honderas weet.

View Details

Na die soveelste noodlottige aanval deur 'n hond is 'n petisie begin om die eienaarskap van veghonde in Suid-Afrika te verbied. Dit het reeds meer as 35 000 handtekeninge en word deur die NDBV gesteun.
Ludi en Mireille het by Albertus Coetzee van West Acres Dierehospitaal in Mbombela gaan uitvind of veghonde werklik meer gevaarlik is as ander honderasse.

View Details

Finland, Denemarke, Brittanje en dele van Duitslan en China verbied of het beperkinge op die eienaarskap en invoer van veghonde.
Na ‘n 10-jarige seuntjie in September deur sy gesin se eie honde doodgebyt is, het meer as 35 000 mense al die petisie vir soortgelyke wetgewing in Suid-Afrika geteken.
Laura McIntyre, ‘n veearts met 'n belangstelling in dieregedrag, gesels met Ludi en Mireille.

View Details

Die DA in Mpumalanga sê hy is bekommerd oor werkloosheid onder vroue in die provinsie. Volgens Bosman Grobler toon ‘n verslag oor die bemagtiging van vroue wat deur Statistieke Suid-Afrika saamgestel is, dat 60-persent van werksoekers wat hoop opgegee het, vroue is. Meer as 41-persent van vroue in die provinsie is ook afhanklik van maatskaplike toelaes. Verder kon die provinsiale regering as deel van die uitgebreide openbare werke program in die eerste kwartaal slegs 61 werksgeleenthede vir vroue skep uit ‘n teiken van 1-duisend-300.

View Details

John-Anthony Boerma is die kurator van “A cry, a song, a dance”, wat gister by Christies at 32 on Russell in Nelspruit geopen het. Die kunsuitstalling is gebou rondom die titel van die debuutalbum van Judith Sephuma, wat gisteraand by Jazz at Christie’s opgetree het.
Die 15 kunstenaars is almal van Mpumalanga, en wissel van internasionaal gereken tot opkomend. Boerma vertel wat jy te wagte kan wees. Dit is tot vanmiddag 16:00 oop vir die publiek.

View Details

Dirk Badenhorst is die stiger van die Mzansi Ballet, 'n ongewone, wêreldklas dansgeselskap wat Vrydag “The ABBA Show - A Cinderella Story” in Nelspruit opvoer.
Dit is 'n moderne vertelling van die klassieke feëverhaal met tydlose ABBA-treffers.
Hy het met Gerhardt en Andri gesels oor sy dansloopbaan, wat as kind in Komatipoort begin het.
“Die rol van uitvoerende kunste is om ons te leer om te lewe en om die lewe te geniet.”

View Details

Met die verandering van die seisoene is almal skielik siek. Denise het gaan uitvind of inwoners ook meer siek word sedert die maskers, hande was en ontsmetting van Covid-19 weggeval het.
Natuurlik is die groot vraag: Wie het 'n mediese fonds?

View Details

Die Mpumalanga Departement van Onderwys het amptenare na Rusland afgevaardig om die kwessie van uitstaande beursgelde vir 229 studente uit te sorteer. Die studente, wat met beurse van die departement studeer, het onlangs alarm gemaak omdat hul klasgelde, verblyf en sakgeld nie betaal is nie. Die LUR vir onderwys, Bonakele Majuba, sê die betalings sal voortaan intern geskied, eerder as deur ‘n fasiliteringsagent. Die departement van internasionale betrekkinge help ook om te keer dat enige student gedeporteer word.

View Details

Vier verdagtes is gister aangekeer in Emjindini Trust aangekeer weens twee vermeende bende-verwante sterftes Vrydag. Volgens die polisie was 'n groep mense onderweg om ‘n graf te grawe voor ‘n begrafnis toe die die voorval plaasgevind het. Een slagoffer is uitgeken as die 18-jarige Thembinkosi Ngobese. Die ander slagoffer is nog nie geïdentifiseer nie. Brigadier Selvy Mohlala sê hulle is in besit van ‘n ongelisensiëerde vuurwapen, ammunisie, en besit van ‘n gevaarlike wapen (vier slagtersmesse) gevind. Hulle sal na verwagting môre in die Barberton-landdroshof verskyn.

View Details

Premier Refilwe Mtshweni-Tsipane, en die LUR vir gesondheid in Mpumalanga, Sasekani Manzini, het vandag 'n skoonmaakoperasie by Rob Ferreira-hospitaal afgeskop. Dit het ten doel om gesondheidsorg in provinsiale hospitale te verbeter en sal ook by ander hospitale gebeur.

View Details

271 vermeende onwettige mynwerkers is aangekeer tydens ontwrigtende optrede in Ermelo Donderdag. Die meeste, 138, is Suid-Afrikaanse burgers. Brigadier Selvy Mohlala sê daar is op toerusting sowel as verskeie voertuie wat met steenkool gelaai was, beslag gelê.
Die provinsiale polisiekommissaris, luitenant-generaal Semakaleng Manamela, waarsku dat meer sulke optrede verwag kan word in Mpumalanga.

View Details

Die plaaslike liggaamsbouer, Erwin Mavimbela (28), het groot drome. Hy het onlangs 'n derde plek verower by 'n nasionale kompetisie. Boonop is hy self opgelei. Hy het met Ludi en Mireille gesels.

View Details

‘n Verdagte is aangekeer vir die moord verlede Maandag op ‘n Duitse toeris. Die 67-jarige Jörg Schnarr is tydens 'n mislukte kaping op die Numbi-pad onderweg na die Krugerwildtuin doodgeskiet. Volgens polisiewoordvoerder, Selvy Mohlala, is ‘n 32-jarige man Woensdagaand in Nelspruit aangekeer. Hy sal na verwagting vandag in die Kabokweni-hof verskyn op aanklagte van moord, poging tot moord en poging tot ‘n kaping.

View Details

Drie Laevelders het aan die einde van September medaljes gewen in moderne vyfkamp by die wêreldbyeenkoms vir Laser Run wat in Lisabon, Portugal aangebied is.
Janke Steenkamp, Julian Middel en Reuben Matthysen het met Ludi en Mireille gesels.

View Details

Die saak teen die vyf mense wat daarvan aangekla word dat hulle die sesjarige Bontle Mashiyane in Mei in Masoyi vermoor het, is die week in Kabokweni borgtog geweier. Sy het op 30 April vermis geraak by haar huis en haar verminkte, ontbindende lyk is drie weke later gevind. Ntombi Mgwenya, Collen Hlongwane, Thapelo Ngomane, Samuel Tsela en Philasande Tsela word aangekla van ontvoering, verkragting, moord en regsverydeling. Woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag in Mpumalanga, Monica Nyuswa:

View Details

Amanda gesels vandeesweek met die kunstenaar Willie Strauss oor alles en nog wat.

View Details

Die minister van polisie, Bheki Cele, besoek môre Matsulu vir 'n ministeriële imbizo oor geslagsgebaseerde geweld. Sy woordvoerder, Lirandzu Themba, sê dit het ten doel om veral mans in die gemeenskap aan te moedig om betekenisvol deel te neem aan pogings om huishoudelike geweld en seksuele oortredings te bekamp. Die minister sal deur senior polisielede vergesel word.

View Details

Op 16 November begin die eerste interkontinentale vlugte van Europa land by die Kruger Mpumalanga Internasionale (KMI) Lughawe.
Eurowings Discover is ‘n filiaal van die Lufthansa Groep. Dit skop af met weeklikse vlugte en sal heeljaar beskikbaar wees na en van Frankfurt, Duitsland via Windhoek, Namibië.
Andre Schulz van Lufthansa / Eurowings gesels met Mireille oor KMIA, hul sewende bestemming in Afrika.

View Details

Friends of Wildlife Management (FOWM), die Mpumalanga toerisme- en parke-agentskap (MTPA), polisie, SANParke, Sabi Sands, West Acres Dierehospitaal, Wildlife Emergency Fund / Dereck Milburn en CessZani Aviation Nelspruit het op 27 September saamgewerk om ‘n ietermagô te kon red.
Chris Hobkirk het saam met Karin Youssoufian van FOWM met Mireille en Ludi gesels oor die onwettige handel van dié unieke spesie sowel as wat samewerking in wildbewaring moontlik maak.

View Details

Addisionele sekuriteitmaatreëls word op die Numbi-pad na die Krugerwildtuin geïmplementeer sedert die moord verlede Maandag op ‘n Duitse toeris.
Linda Grimbeek van die Kruger-Laeveld-sakekamer sê private patrollies en ‘n kamera is sedert April geïnstalleer.
Bemande kameras en reaksie-eenhede wat ondersteun word deur die jongste tegnologie sal binne die volgende twee weke in werking gestel word.
Hulle fokus ook op toerisme-aktiwiteite om gemeenskappe rondom die Krugerwildtuin uit toerisme voordeel te laat trek.
Sy het met Mireille gesels.

View Details

Dit is onwaarskynlik dat die Numbi-hek na die Krugerwildtuin sal sluit.
So sê Linda Grimbeek van die Kruger-Laeveld-sakekamer in antwoord op die minister van Toerisme, Lindiwe Sisulu, se antwoorde aan die Parlement se gekose komitee dat die saak oorweeg word na die moord verlede Maandag op ‘n toeris.
Grimbeek sê addisionele bemande kameras en reaksie-eenhede wat ondersteun word deur die jongste tegnologie sal binne die volgende weke in werking gestel word.

View Details

‘n Vermeende verkragter is in die hospitaal na hy na bewering deur 'n groep mans aangeval is. Die verdagte het na bewering vroeg Sondagoggend ‘n jong vrou by Thubelihle in Kriel aangeval. Sy het om hulp geskree, en die mans het haar te hulp gesnel. Kolonel Donald Mdhluli sê die verdagte is onder polisie-bewaking in die hospitaal.

View Details

"Vandag se kinders" het mos vierkantige oë, of hoe? Amanda gaan vind by kleintjies uit of hulle nog lief is vir lees (of om voor gelees te word).

View Details

'n Rekordaantal voltydse graad 12-leerlinge skryf vanjaar weer die matriekeindeksamen in Mpumalanga. Dit skop op 31 Oktober af.
Die LUR vir onderwys, Bonakele Majuba, het vanoggend in Bethal die gereedheid van sy departement aangekondig. Hy sê die eksamens verloop sedert 2010 sonder voorval in die provinsie. Amptelik is die mikpunt van die department 'n slaagsyfer van 83-persent - op van 73-komme-ses-persent in 2021.
Majuba het die 71-duisend-582-leerlinge aangemoedig om beter te vaar.

View Details

Die DA in Mpumalanga het die aanstelling van Nompumelelo Hlophe as die nuwe LUR vir finansies, ekonomiese ontwikkeling en toerisme as “skokkend” beskryf. Hlophe vervang vir Vusi Mkkatshwa. Jane Sithole, die DA leier in die provinsie, verwag dat sy sal sukkel in die portefeulje.

View Details

Die DA in Mpumalanga het die aanstelling van Mandla Msibi as LUR van samwerkende regering verwelkom. Hy is verlede jaar afgedank na hy van moord aangekla is, maar die aanklagte is in September teruggetrek.
Jane Sithole, die DA leier in die provinsie, sê die party is versigtig optimisties oor sy aanstelling.

View Details

Die tema waaroor daar verreweg die meeste liedjies geskryf word, is ongetwyfeld die liefde.
Amanda het met plaaslike kunstenaar Henry-John daaroor gesels. Luister hier.

View Details

Ten minste drie boere is binne minder as twee weke op hul plase in Mpumalanga vermoor.
Die ervare ondersoeker Albert Gryvenstein van Bossies Community Justice sê hy hoop dit is toevallig, en nie 'n opbloei nie.
Hy het met Ludi en Mireille gesels.

View Details

Die polisie in Mpumalanga sê niemand is in hegtenis geneem in verband met die moord op ‘n Duitse toeris naby die Krugerwildtuin nie. Die polisiewoordvoerder, brig. Selvy Mohlala, sê drie persone van belang is vir ondervraging ingeneem.
Die minister van polisie, gen. Bheki Cele, het gister saam met die nasionale polisiekommissaris, gen. Fannie Masemola, die provinsiale polisiekommissaris, luit. gen. Semakaleng Manamela, en die LUR vir gemeenskapsveiligheid in Mpumalanga, Vusi Shongwe, die toneel besoek.

View Details

Die jonge Kian Pieters van Barberton is na afloop van die Afrika Kontinentale Skopboks-kampioenskappe in Augustus, tans derde op die wêreldranglys in sy kategorie.
Hy het ook by die SA-kampioenskappe in Mei goud en gewen en is toe vir die span gekies.
Hy het saam met sy afrigter, Brand Ehlers, met Gerhardt en Andri gesels oor hierdie groot prestasie.

View Details

Die polisieminister, generaal Bheki Cele, en die nasionale polisiekommissaris, generaal Fannie Masemola, besoek vandag Mpumalanga na ‘n Duitse toeris Maandag tydens ‘n mislukte kaping doodgeskiet is op die Numbi-pad onderweg na die Krugerwildtuin. Hulle sal vanoggend die toneel besoek.
Die LUR vir gemeenskapsveiligheid, Vusi Shongwe, het ‘n beroep gedoen op die publiek om die polisie in hul ondersoek by te staan.
Hy sê aanvalle op toeriste maak die harde werk om toerisme te bevorder ongedaan.

View Details

Amanda vind uit oor watter vakansiebestemmings Laevelders droom – en watter aktiwiteite hulle dan graag aan deelneem.

View Details

Beurtkrag is hier om te bly, en sakeondernemings dra die gevolge. Winkelsentrums het ook 'n verantwoordelikheid teenoor hul huurders.
Gené van Niekerk vertel watter uitdagings dit aan Sonpark-sentrum stel, en hoe hul planne vorder om na sonkrag oor te skakel.

View Details

Die moord op ‘n Duitse toeris naby die Krugerwildtuin gister is wyd veroordeel. Die slagoffer en drie ander het na die Numbi-hek naby Witrivier gery toe drie gewapende aanvallers hulle voorgekeer en beveel het om uit te klim. Die bestuurder het egter die deure gesluit en is toe deur die venster geskiet.
Dit is die soveelste geweldadige aanval op besoekers aan die wildtuin op die R538. Ike Phaahla, woordvoerder van die Krugerwildtuin, verduidelik dat dit nie tans oorweeg word om die Numbi-hek bloot te sluit nie.

View Details

Op my eish! 2 volg Nelspruit-boorling Francois Jacobs se soeke na liefde. Gisteraand (12 Mei) is Gené van Niekerk en Michelle van der Merwe huis toe. Gené was meer as gereed om die reeks vaarwel toe te roep. Sy het met die Ontbyt-span gesels oor haar ervaring.

View Details

Die Pumas se "Clashes of Schools" is aan vir môre-aand by Mbombela-stadion wanneer die tuisspan die besoekende WP die stryd aansê in hul Curriebeker-kragmeting. Laerskool Witrivier White River Primary se rugbyspelers het vanmiddag hul staal in die ateljee kom wys. Het dié skool die grootste gees? Ons vind Vrydag uit. Afskop is om 19:00 #pumavuma

View Details

In die nuus uit die Laeveld die week:

Vyf rondloper-olifante na NKW geskuif, een van kant gemaak

Hillary Gardee se vermeende moordenaars laat vaar hul borgaansoeke

Oekraïense vlugteling neem Parkrun in die Laeveld op vir haar landgenote

Mbombela ingesluit by die SPAR Grand Prix-reeks

Die Pumas takel die WP tuis in die Curriebeker

En Innibos se Flinkdink-speletjiesaand is terug.

Luister die hooftrekke hier.

View Details

Vyf van die olifante wat Saterdag in Nkomazi opgemerk is, is gister gevang en in die vroeë oggendure na die Krugerwildtuin verskuif. Een bul moes van kant gemaak word, weens ‘n ernstige skietwond in sy skouer wat sy beweging belemmer het. Die trop, geskat op 11 olifante, se reis het in Mosambiek begin. Hulle is deur KwaZulu-Natal na Eswatini vanwaar hulle Suid-Afrika binnegekom het. Hulle is Saterdag die eerste keer in die Madadeni-area opgemerk. Ike Phaahla van die Krugerwildtuin sê dit is onbekend waar die ander lede van die trop hulle bevind.

View Details

Mbombela het Pietermaritzburg vervang as gasheerstad vir vanjaar se SPAR Grand Prix-reeks. 1,7 miljoen-Rand in prysgeld is op die spel oor die reeks van ses padwedlope vir vroue. Dit skop op 28 Mei in Gqeberha af. Die Mbombela-wedloop vind op Saterdag, 16 Julie, plaas. Die SPAR-groep se Charlene Subbarayan sê dit sal ook geleenthede bied vir gemeenskapsorganisasies om betrokke te raak. Weens Covid-regulasies word elke 10 km beperk tot 500 uitgenooides, maar die SPAR Vroue Virtuele-uitdaging vind wel op 3 September plaas.

View Details

Raap jou slimste en skerpste vriende bymekaar en skryf as ’n span in vir Innibos se tweede Flinkdink op Donderdag, 19 Mei, om 18:00. Dit gaan nie net julle algemene kennis toets nie. In die Noot vir noot- en Beat the intro-afdeling kan die spanne mekaar lekker troef met hulle musiekkennis en luistervernuf. Die woordgeeste kan op hul beurt hulle slag wys met die blokraai, terwyl almal ’n gelyke kans staan in die gelukspel Bingo. Vanjaar strek die pret en vermaak nóg verder: In die laaste Olimpiade-afdeling sal die Suikerbossie-spanne teen die luisteraars van 100.5FM (Radio Laeveld) meeding. Onthou om in te skakel indien jy nie self by Suidkerbossie kan wees nie maar nie die uitdaging wil misloop nie. Andy Lubbe en Alison Linde het met Mireille gesels. Besoek www.innibos.co.za om die inskrywingsvorm af te laai en kontak Linde by 082-460-3855 met enige navrae.

View Details

Nadiya Bezhnar het uit haar geboorteland gevlug toe Rusland Oekraïne einde 24 Februarie binnegeval het. Sy en haar Suid-Afrikaanse man en hul tweejarige seuntjie het besluit om hulself eerder tydelik in Nelspruit te vestig as om in Europa te bly. Nadiya se familie is egter steeds in die beleërde land. Sy het intussen vir bewusmaking en uit solidariteit met haar landgenote, plaaslik begin Parkrun. Sy het met Ludi en Mireille gesels.

View Details

‘n Polisiebeampte is in Kabokweni aangekeer op klagte dat hy in besit was van gesteelde goedere, na dakkappe, tydens 'n kaping by Phola Park gesteel is, glo in sy besit gevind is. ‘n Vragmotor wat dit vervoer het, is op 6 Mei gekaap. Die items is by die 49-jarige AO Elvis Oswald Chirwa se huis gevind. Hy het Maandag in die hof verskyn en sal Vrydag om borgtog aansoek kan doen. Verder is ‘n man gister op die N4 naby Malalane vasgetrek met ‘n karvrag vol dagga. Volgens polisiewoordvoerder, Brigadier Selvy Mohlala, sal die 33-jarige verdagte vandag in die hof in Matsulu verskyn.

View Details

Daar is volgende week elke aand ‘n ander kultuur-item op die spyskaart by Hoërskool Bergvlam. Maandag skop hul Vlammie-fees af met drama, Dinsdag is dit sang, Woensdag instrumentale musiek en dans en Donderdag die gala-aand. Juffrou Anseri Boje sê dit is waar al die top-vertoners van die vorige aande op gaan tree. Besoek die skool se blad op Facebook vir meer.

View Details

Die provinsiale departement van onderwys is bekommerd oor toenemende diefstal en beskadiging van skool infrastruktuur. Dit na ses klaskamers met meubels en leermateriaal by Hluvukani laerskool in Agincourt Maandagoggend aan die brand gesteek is. Volgens 'n woordvoerder, Gerald Sambo, heers daar reeds weke proteste oor dienslewering in die area wat onderrig onderbreek het. Hy sê tydelike klaskamers sal verskaf word om onderrig vir nou moontlik te maak.

View Details

Die VF Plus in Mpumalanga sê hy oorweeg die moontlikheid van strafregtelike klagte teen diegene wat verantwoordelik is vir die verskaffing van brandweerdienste in Dipaleseng-munisipaliteit. Volgens Raadslid Carel Pienaar beskik die munisipaliteit die afgelope vier jaar oor geen brandweerwa in ‘n werkende toestand nie. Verlede week het 'n huis in Balfour afgebrand ten spyte van die gemeenskap se pogings om dit te red. Pienaar sê rampbestuur in die munisipaliteit is in ʼn haglike toestand met geen voertuie, minimale personeel en geen brandbestrydingstoerusting nie.

View Details

Sommige mense noem duiwe vlieënde rotte, sonder om te besef hoe skoon hulle werklik is. Jan Labuschagne van die Oostelike streek van die Suid-Afrikaanse Sierduif-vereniging sê hulle is baie meer gepas bekend as die voël van vrede. Hulle het ook heelwat gewoontes soos mense, vertel hy vir Ludi en Mireille op die vooraand van hul jaarlikse skou die naweek.

View Details

Drie verdagtes wat sedert Vrydag aangekeer is in verband met die moord op Hillary Gardee, verskyn vandag in die hof in Nelspruit. Die 28-jarige dogter van die EFF se voormalige sekretaris-generaal, Godrich Gardee, se liggaam is Dinsdag langs die Sabie-pad gevind nadat sy verlede Vrydag vermis geraak het. Sy is in haar agterkop geskiet. Sy is Saterdag begrawe. Die EFF sê die party se leierskap sal vandag die familie na die Nelspruit Landdroshof vergesel waar die drie verdagtes die eerste keer sal verskyn.

View Details

Op my eish! 2 volg Nelspruit-boorling Francois Jacobs se soeke na liefde. Hy het in die eerste episode 15 vroue gekies, maar moes na blitsafsprake drie huis toe stuur. Daarna het Elizna de Waal aangekondig sy kan nie verder aan die reeks deelneem nie. Sy is met twee nuwe deelnemers vervang. Verlede week het hy vir Rochelle Pretorius en Michelle du Toit gegroet en gisteraand Lee-Anne Baker (24) van Mosselbaai. Na haar vertrek het nog ‘n nuwe “wild card” by die reeks aangesluit. Lee-Anne het met die Ontbyt-span gesels oor hierdie ervaring.

View Details

In die nuus uit die Laeveld die week:

Hillary Gardee Saterdag tot ruste gelê

Ryloper skiet glo twee wat hom probeer beroof

Veldwagter in wildtuin dood na voorval met buffel

En die Elands-marathon is terug

Luister die hooftrekke hier.

View Details

Die Laeveldse brandseisoen is om die draai, en dit is daarom nou die tyd om vir dit voor te berei. Só sê André Scheepers van die Laeveld Brandbeskermingsvereniging (Lefpa). Brandseisoen is amptelik vanaf 1 Junie tot einde Oktober, wanneer almal permitte benodig om voorbrande te mag doen, wat eiendom teen die verspreiding van brande beskerm, indien een sou ontstaan. Na twee somers se bogemiddelde reënval is daar baie brandmateriaal in die veld, wat kan lei tot ‘n “interessante seisoen”, sê Scheepers. Sy raad is om by Lefpa se kenners kers op te steek.

View Details

Twee mans wat vanoggend probeer het om 'n ryloper vir wie hulle ‘n geleentheid gegee het te beroof, is doodgeskiet. Volgens die polisie het hulle ‘n man op die N4 by Valencia opgelaai, en afgedraai na Croc Valley, waar hulle hom met ‘n mes probeer beroof het. Die man het beide geskiet. Een is op die toneel dood en die ander een op pad na die hospitaal. Hulle is nog nie geïdentifiseer nie. Polisiewoordvoerder, Donald Mdluli, sê hul silwer-grys Polo word moontlik aan ander soortgelyke voorvalle in die Nelspruit-omgewing verbind.

View Details

Die polisie in Mpumalanga sê hulle gaan nie elke stadium van hul ondersoek na die moord op Hillary Gardee openbaar maak nie. Dit volg na die EFF bekend gemaak het dat sy ‘n koeëlwond agter haar kop gehad het. Die dogter van die gewese sekretaris-generaal van die party, Godrich Gardee, is Dinsdag buite Nelspruit gevind nadat sy Vrydag vermis geraak het. Polisiewoordvoerder, kolonel Donald Mdluli, sê hulle kommunikeer hul vordering aan haar familie.

View Details

Wilderness Search and Rescue vra dat die uitdunning van olifante so spoedig moontlik hervat word in die Krugerwildtuin, wat volgens sommige bronne net 7 000 olifante kan huisves. Daar is na raming tans sowat 40 000. Wildtuin woordvoerder, Ike Phaahla, sê egter hulle kan veel meer olifante akkomodeer as in vroeër jare. Die diere se getalle fluktueer ook baie. Hulle volg daarom 'n komplekse benadering om olifante se moontlike impak te bestuur. Debat: kapasiteit

100 jaar gelede

Transfrontier-parke olifante kan migreer 40 000 – oor twee weke 20 000 Vrae oor hoeveel hulle het - observasie Private reservate Heinings Wetenskap Opbserveer ander manière om olifante te bestuur, en

View Details

Die Krugerwildtuin sê hul doelwit is nie op olifantgetalle te reguleer nie, maar eerder impakte op 'n gelokaliseerde skaal te bestuur. Dit is in reaksie op die versoek van Wildbedryf Suid-Afrika (WRSA) wat vra dat die uitdunning van olifante so spoedig moontlik weer hervat word, om erge skade aan natuurlewe weens oorbevolking te vermy. Woordvoerder, Ike Phaahla, sê egter die wildtuin kan veel meer olifante huisves as in vroeër-jare, en dat dit 'n baie meer komplekse benadering verg as blote nommers.

View Details

Werner Terblanche het vanmiddag eerste aangesit by Que’s Café vir hul burger-uitdaging. Hy moes 'n trippeldekker burger van 2,5 kg kafdraf binne 20 minute. Kon hy slaag? Luister hier.

View Details

Die DA het die LUR vir samewerkende regering in Mpumalanga, Busisiwe Shiba, gevra om in te gryp en te verseker plaaslike owerhede betaal Eskom wat hulle verskuldig is. Trudie Grovè-Morgan sê die veral sake-ondernemings word gekniehalter deur lasvermindering wat sedert Maandag in dele van Ehlanzeni en Nkangala Distrikte toegepas word. Tien munisipaliteite skuld Eskom tans 'n totaal van 13,2-miljard-Rand.

View Details

Elf verdagtes is gister in Witbank gearresteer nadat sowat 5-miljoen-Rand se Chroom tydens ‘n klopjag in ‘n pakhuis ontdek is. Volgens die polisie se Donald Mdluli is hulle deel van ‘n groep wat na bewering die chroom van treine tussen Ferro Metals Witbank en Richardsbaai steel en aan kopers in Gauteng verkoop. Die verdagtes sal aangekla word van die onwettige besit van Chroom asook oortreding van die Immigrasiewet.

View Details

Drie mense en 'n maatskappy is die week in die Nelspruit-hof gevonnis vir bedrog en oortreding van die Wet op Belastingadministrasie. Volgens die Valke het hulle in Maart 2019 bedrieglike opgawes by die Suid-Afrikaanse Inkomstediens ingedien en so ongeveer 400-duisend-Rand teruggekry. Klaas Thokwane, Wendy Mkhatshwa en Vusi Mdluli is elk opgeskorte vonnisse opgelê. Real Thoughts Trading is 'n boete van 100-duisend-Rand opgelê wat ook opgeskort is vir vyf jaar. Kaptein Dineo Sekgothodi:

View Details

Op my eish! 2 volg Nelspruit-boorling Francois Jacobs se soeke na liefde. Hy het in die eerste episode 15 vroue gekies, maar moes na blitsafsprake drie huis toe stuur. Verlede week het Elizna de Waal aangekondig sy kan nie verder aan die reeks deelneem nie. Sy is met twee nuwe dames vervang. Gisteraand het hy vir Rochelle Pretorius en Michelle du Toit gegroet. Michelle het met die Ontbyt-span gesels.

View Details

President Cyril Ramaphosa het gister Vryheidsdag amptelik in Mpumalanga herdenk. Hy het in die hoofrede wat hy gelewer het by die Kees Taljaard-stadion in Middelburg gesê Suid-Afrikaners het bewys hulle is veerkragtig, en het ‘n verantwoordelikheid om nie moed te verloor nie. Luister weer hier na ‘n uittreksel uit sy toespraak.

View Details

Die DA in Mpumalanga het ‘n mosie ingedien om dringend ‘n spesiale raadsvergadering te belê oor die indiensnemingskontrak van die munisipale bestuurder in Thaba Chweu-munisipaliteit. Raadslid Comfort Sibiya beskuldig die burgemeester, Friddah Nkadimeng, dat sy die raad mislei oor die aanstelling van Sphiwe Matsi. Volgens die party toon korrespondensie van LUR vir samewerkende regering dat Nkadimeng reeds in Augustus aangesê is om haar kontrak aan te pas en is Matsi dus onreëlmatig in haar pos.

View Details

Kwêla het die Mpumalanga-dorpe aangekondig wat semi-finaliste is in vanjaar se Dorp van die Jaar-kompetisie. Kaapsehoop, Pelgrimsrus en Dullstroom is almal kandidate om as die provinsie se beste dorp aangewys te word voor die streekswenners teen mekaar meeding om die nasionale titel. Ons het met Stephen de Meyer van Dullstroom gesels oor wat sy dorp so spesiaal maak. Stemming in hierdie ronde sluit reeds Vrydag om 12:00. SMS die dorp se naam na 33157.

View Details

Kwêla het die Mpumalanga-dorpe aangekondig wat semi-finaliste is in vanjaar se Dorp van die Jaar-kompetisie. Kaapsehoop, Pelgrimsrus en Dullstroom is almal kandidate om as die provinsie se beste dorp aangewys te word voor die streekswenners teen mekaar meeding om die nasionale titel. Ons het met Alita Steenkamp van Kaapsehoop gesels oor wat haar dorp so spesiaal maak. Stemming in hierdie ronde sluit reeds Vrydag om 12:00. SMS die dorp se naam na 33157.

View Details

Kwêla het die Mpumalanga-dorpe aangekondig wat semi-finaliste is in vanjaar se Dorp van die Jaar-kompetisie. Kaapsehoop, Pelgrimsrus en Dullstroom is almal kandidate om as die provinsie se beste dorp aangewys te word voor die streekswenners teen mekaar meeding om die nasionale titel. Ons het met Leona Oosthuizen van Pelrgrimsrus gesels oor wat haar dorp so spesiaal maak. Stemming in hierdie ronde sluit reeds Vrydag om 12:00. SMS die dorp se naam na 33157.

View Details

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens het ‘n beroep gedoen op die publiek om dringend bloed te skenk. Hulle ervaar tans ‘n kritieke tekort aan bloed, met voorraadvlakke van onder meer O-bloed wat op slegs 3 dae staan - vêr onder die vyf-dag voorraad wat hulle teiken. Ronald Marsh van die Laeveld-bloedbank-tak verduidelik hoeveel eenhede daagliks benodig word.

View Details

'n Man is in Carolina betrap met meer as 170-duisend-Rand se dagga. Volgens die polisie is die 28-jaige Sifiso Nkomo aangekla van onwettige daggahandel. Hulle ondersoek ook of hy die dagga van Eswatini die land ingesmokkel het. Hy is Maandag aangekeer tydens 'n patrollie deur polisielede wat sy bakkie gestop en deursoek het. Meer as 100 kilogram dagga is in 31 swartsakke ontdek. Hy is Dinsdag in die hof borgtog van 10-duisend-Rand toegestaan en verskyn weer op 13 Junie.

View Details

Twee vermeende stropers bly tot 4 Mei in aanhouding, na hulle Vrydag in die wildtuin deur veldwagters aangekeer is. Volgens die polisie het Patrick Nguntshane en Freddie Mahlaule die Krugerwildtuin in die Onder Sabie-omgewing uit Mosambiek betree. Donald Mdluli sê hulle ondersoek ook hul wettige status in Suid-Afrika.

View Details

Die twee veldwagters van die Krugerwildtuin wat aangekla word van korrupsie, bedrog en geldwassery het gister in die Skukuza-hof verskyn. Daniel Maluleke en Solly Ubisi is Saterdag in Skukuza in hegtenis geneem weens bewerings dat hulle taktiese inligting aan renosterstroping-sindikate verskaf het in ruil vir groot bedrae geld. Volgens die Valke se Dineo Sekgotodi is dit oopgevlek tydens ‘n ondersoek na hul finansies. Hulle sal op 4 Mei om borgtog aansoek doen.

View Details

Van die grootste name in Suid-Afrikaanse Country musiek is hierdie naweek saam te sien in die Laeveld. Die Country Spectacular vind Saterdag by Blue Moon buite Nelspruit plaas. Clive Bruce, Nadine Burness, Tommy Dell, Billy Forest, Manie Jackson, Lee Magnum en Barbara Ray is almal deel van die konsert. Organiseerder Suré Kruger sê dis ‘n moet-sien vir Country-aanhangers. Kaartjies is beskikbaar by Quicket.

View Details

Twee mans en ‘n vrou, almal tussen 57 en 61 jaar oud, sal vandag in die Elukwatini-hof verskyn op klagte van daggahandel. Hulle is Saterdag naby die Oshoek-grenspos aangekeer toe hulle Suid-Afrika vanaf Eswatini deur ‘n heining binnegekom het in hul bakkie. Volgens Donald Mdluli is dagga ter waarde van sowat 94-duisend-Rand in die voertuig gevind.

View Details

Op my eish! 2 volg Nelspruit-boorling Francois Jacobs se soeke na liefde. Hy kon in die eerste episode verlede week 15 vroue kies, maar moes na blitsafsprake drie huis toe stuur. Gisteraand het Elizna de Waal aangekondig sy kan nie verder aan die reeks deelneem nie. Sy het met Ludi en Mireille daaroor gesels. Skakel elke Donderdag om 20:00 in op kykNET (DStv-kanaal 144) in vir die tweede seisoen van Op my eish! Dit is ook op DStv Catchup beskikbaar.

View Details

En ten slotte: Innibos skop eersdaags af met die In Jou Huis teater-reeks. Vanjaar se fees, met die tema “Heeltyd Feestyd” is ‘n klomp kleiner kuns geleenthede wat deur die jaar versprei is. Philna Scholtz, Innibos Programbestuurder, sê die musiekteater-reeks skop op 4 Mei af met Johny Klein en Frazer Barry. Soos met verlede jaar se huis-konsertreeks vind dit op uitnodiging by privaathuise plaas, maar alles word regstreeks op 100.5FM uitgesaai. Op 1 Junie is Bibi Slippers en Jak de Priester aan die beurt, en op 5 Oktober Andries Bezuidenhout en Koos Kombuis.

View Details

Die DA in Mpumalanga sê hulle het die LUR vir samewerkende regering in die provinsie gevra om in te gryp by munisipaliteite, wat volgens die party op die rand van bankrotskap staan. Trudie Grovè-Morgan sê Mbombela, Thaba Chweu, Emalahleni en Msukaligwa het operasionele begrotingstekorte met die gevolg dat hulle nie hul krediteure kan betaal nie. Sy sê LUR Busisiwe Shiba moet met ‘n strategie vorendag kom om hulle te help.

View Details

Boorwerk aan die Moodies-BASE Projek in die Makhonjwa-berge is goed op dreef. Geoloë boor reeds verskeie maande in hierdie UNESCO Wêreld-erfenisgebied. Hulle hoop dat hierdie goed bewaarde rotsmonsters navorsers sal help om te bepaal hoe die aarde en lewe daarop gevorm is. Phumelele Mashele sê hulle is baie tevrede met wat hulle tot dusvêr gevind het.

View Details

Boorwerk aan die Moodies-BASE Projek in die Makhonjwa berge is goed op dreef. Geoloë boor reeds verskeie maande in hierdie UNESCO Wêreld-erfenisgebied. Hulle hoop dat hierdie goed bewaarde rotsmonsters navorsers sal kan help bepaal hoe die aarde en lewe daarop gevorm is. Phumelele Mashele en Rodney Tucker het met Ludi en Mireille gesels.

View Details

Die Slowvelders-span (Harry Wiltshire, Stephan Pinker, Wihan Jacobs en Megan Andersen) het die onlangse Expedition Africa 2022 in Lesotho aangepak. Dit is ‘n uithouwedloop soos min: Spanne het sewe dae om saam 500 km te voet, per bergfiets en met kajakke af te lê. Harry, Stephan en Megan het vir Gerhardt vertel presies wat dit behels het, en wat hulle volgende aan gaan pak.

View Details

Penryn se Miela Banza het drie goue medaljes losgeswem by die onlangse Suid-Afrikaanse Nasionale Akwatiese Kampioenskappe. Die 12-jarige het die 50 meter, 100 meter, en 200 meter borsslag vir meisies onder 13 gewen. Sy het ook die finaal gehaal in die 200 meter wisselslag. Haar afrigter, Jasper Venter, sê Miela is dalk nog te jonk vir die Olimpiese Spele in 2024, maar hulle mik definitief vir deelname aan die Statebondspele in 2026. Hulle het met Charles gesels.

View Details

Penryn Prep se Miela Banza het van die onlangse Suid-Afrikaanse Nasionale Akwatiese Kampioenskappe drie goue medaljes losgeswem. Die 12-jarige het die 50 meter, 100 meter, en 200 meter borsslag vir meisies onder 13 gewen. Sy het by die byeenkoms ook die finaal gehaal in die 200 meter wisselslag. Haar afrigter, Jasper Venter, sê Miela is dalk nog te jonk vir die Olimpiese Spele wat in 2024 in Parys aangebied word, maar skryf dit nie af nie, en hulle mik definitief vir deelname aan die Statebondspele in 2026.

View Details

Die Nelspruit Lions-klub het 'n projek geloods om noodvoorraad in te samel vir mense wat deur die vloede in KwaZulu-Natal geaffekteer word. Koos Schoonraad van die klub sê dit bied die Laeveld-gemeenskap die geleentheid om hulp te verleen. Alle skenkings as deur Lions-klubs in KwaZulu-Natal versprei na waar dit nodig is. Nie-bederfbare kos, water asook klere en komberse word dringend benodig. Die vragmotor vertrek Sondag.

View Details

Blossom Care het beduidend uitgebrei sedert hulle in September ‘n fabriek in Mataffin geopen het. Die maatskappy vervaardig landwyd Joy Classic sanitêre dovekies, wat aangekoop en aan behoeftige skooldogters geskenk word. Die fabrieke word ook deur vroue bedryf, wat hulle bemagtig en werk skep. Ahmed Motara het vanoggend die Riverside Foundation toegespreek oor hoe sakeondernemings betrokke kan raak. Hy sê dit is landwyd 'n baie groot probleem.

View Details

Laerskool Laeveld het vandag hul 40ste verjaarsdagvieringe afgeskop. Tot Sondag verf die skool dit rooi, met pret dae vir die leerlinge, konserte, ‘n fliekaand Vrydag en ‘n buitelug familiefees Saterdag voor dit Sondag met 'n Loffees afsluit. Andre Barnard, wie se pa die eerste skoolhoof was 40 jaar gelede, sê Laeveld is opgewonde oor wat die toekoms vir die skool inhou.

View Details

“Crux: The Musical” maak hierdie naweek sy debuut, net hier in die Laeveld by Church Unlimited in Mbombela. Zane Meas vertolk die titelrol van Barabbas, uit wie se oogpunt die Paasverhaal vertel word. Die musiekteaterproduksie wemel ook van plaaslike talent met Laeveldse orkeste, kore, soliste en selfs dansers. Meas het saam met regisseur Andrew Botha in die ateljee kom kuier om meer te vertel.

View Details

Die 25-jarige Kristen Raath het die toekenning gewen vir beste aktrise in ‘n kortfilm by die Miami Internasionale Wetenskapfiksie Rolprentfees vir haar rol in die Suid-Afrikaanse kortfliek, “Weapon of Thought”. Raath, ‘n oud-Laevelder, het aan Hoërskool Nelspruit gematrikuleer. Sy is veral bekend as Amorey Welman in die sepie, “7de Laan” en het die rol van die jong Katja Kowalec vertolk in “Sade van Genade”, die radiodrama van haar memoir “Those Miraculous Sunflower Seeds”. Raath sê daar is planne om dit tot 'n vollengte rolprent te ontwikkel.

View Details

Dr. Victor E. d'Assonville is 'n Suid-Afrikaanse teoloog wat al jare by 'n sendingstasie in Duitsland betrokke is. Sedert Rusland Oekraiëne ingeval het, is hulle ook betrokke daarby om vlugtelinge uit die land te help. Hy het vir Ludi en Mireille vertel wat werklik op die grond gebeur.

View Details

“Mr Bones 3: The son of Bones” word vandag landwyd in rolprentteaters vrygestel. Leon Schuster het met Ludi en Mireille daaroor gesels.

View Details

Die tweede seisoen van Op my eish! met plaaslike boorling, Francois Jacobs as die hubare losloper, skop môre op kykNET af. Hy kies aanvanklik 15 vroue om beter te leer ken, en ná blitsafsprake, moet hy ongelukkig reeds in episode een drie huistoe stuur. Jacobs sê kykers kan trane, bloed, sweet, en ‘n paar verrassings verwag, asook om verlief te raak op elke deelnemer.

View Details

Die tweede seisoen van Op my eish! skop op 14 April af en het hierdie keer 'n definitiewe Laeveldse geur. Francois Jacobs is die gesogte losloper en groot dele van die reeks is in die Laeveld verfilm. Oor die volgende 13 weke sal kykers op kykNET kan sien hoe hy kuier met die 15 vrouens, tot net een oorbly. Hy het vir Ludi vertel hoe hy verfilming ervaar het.

View Details

Mpumalanga se polisiekommissaris, Luitenant-Generaal Semakaleng Manamela, het polisielede geloof vir hul bydrae tot vreedsame verkiesings-konferensies wat die afgelope weke in die provinsie gehou is. Die ANC se Ehlanzeni- en Gert Sibande-streke het die naweek in onderskeidelik Witrivier en Badplaas konferensies gehou. Die Suid-Afrikaanse Demokratiese Onderwysersunie se verkiesing was ook sonder voorval, soos die provinsiale ANC-konferensie verlede naweek in Witbank. Manamela sê by monde van haar woordvoerder, Brigadier Selvy Mohlala, dit is betekenisvol vir ‘n meer volwasse demokrasie.

View Details

“Crux: The Musical” word hierdie Paasnaweek op die planke gebring by Church Unlimited. Sanger, liedjieskrywer en komponis Lizanne Barnard het die teks geskryf en Andrew Botha is die regisseur. Zane Meas vertolk die titelrol van Barabbas, uit wie se oogpunt die Paasverhaal vertel word. Barnard sê sowat 50 musikante is deel van die musiekteaterproduksie met Laeveldse kore, orkeste, dansers en soliste wat optree.

View Details

“Crux: The Musical” word Paasnaweek op die planke gebring by Church Unlimited. Dit is Lizanne Barnard se eerste teks, en sy beskryf dit as musiekteater. Die bekende Zane Meas vertolk die titelrol van Barabbas, uit wie se oogpunt die Paasverhaal vertel word. Die produksie wemel ook van plaaslike talent, met twee kore, dansers en soliste uit die omgewing wat daarin verskyn. Moet dit nie misloop nie, hierdie Vrydag Saterdag en Sondagaand. Kaartjies is beskikbaar by Quicket, die kerkkantoor of Que’s Café in Sonpark.

View Details

‘n Vermeende transitorower is deur die Valke aangekeer. Die 22-jarige Sandiso Ngomane het Vrydag in die Kabokweni-hof verskyn. Die rooftog het op 19 Maart plaasgevind toe ‘n Fidelity-geldwa op pad na Masoyi van die pad afgedruk is. Twee sekerheidswagte is van hul vuurwapens beroof en die voertuig oopgeblaas. Die ongebekende aantal verdagtes het met ‘n onbekende bedrag kontant gevlug. Ngomane is met sy vingerafdrukke aan die toneel gekoppel en hy is Donderdag in Hazyview aangekeer. Die Valke se Kaptein Dineo Sekgotodi:

View Details

Die 39-jarige Warren Macaulay is Vrydag tot 10 jaar tronk toe gestuur, of ‘n 10-duisend-Rand boete opgelê, vir oortreding van die Wet op die Beheer van Vuurwapens, onwettige besit van ‘n vuurwapen en bedrog. Volgens die Valke se kaptein Dineo Sekgotodi het hy skuldig gepleit op die klagte in die Nelspruit-hof. Macaulay is in Januarie 2021 in Witrivier aangekeer in besit van ‘n LM5-geweer wat hy by Victor Wilkens wou koop sonder om die wetlike prosedure te volg. Hy was ook op pad om die vuurwapen te verkoop vir kontant om ‘n kar te herstel. Wilkens is verlede jaar self skuldig bevind vir die oortreding van die Wet op die Beheer van Vuurwapens en ‘n boete van 10-duisend-Rand opgelê.

View Details

TRAC N4 is gereed vir die verwagte volumes verkeer wat jaarliks Paasnaweek tussen Mpumalanga, Gauteng en Maputo toeneem. Kommunikasiebestuurder, Solange Soares, sê dit is die besigste tyd van die jaar op dié roete. Na verwagting sal dit Donderdag tussen 12:00 en 22:00, Vrydag 09:00 tot 15:00 en weer Maandag van 09:00 tot 19:00 die hoogste wees. Hul padveiligheidsveldtog sluit in dat TRACAssist eenhede saam met nooddienste op strategiese punte gestasioneer sal wees. Die grensposte sal vanaf 12 April ook weer voltyds 24 uur operasioneel wees.

View Details

Twee van die losloperleeus wat sedert November in Marloth Park opgemerk is, is Vrydagaand suksesvol gevang. Chris Hobkirk van die Mpumalanga toerisme- en parke-agentskap (MTPA) sê die jong mannetjie en wyfie het die afgelope maande as ‘n paartjie saam beweeg. Dit is moontlik dat daar steeds drie leeus oor is van die oorspronklike vyf. Hulle is in ‘n plek van veiligheid vanwaar hulle in die wild vrygelaat sal word.

View Details

Die Comrades koning, Bruce Fordyce, het gisteraand sy kennis oor voorbereiding vir die ultramarathon by die Nedbank LVCC hardloopklub kom deel op die vooraand van die opkomende TRAC N4 Elandsmarathon. Hy vertel hoe hy self in 1976 begin hardloop het, en gee raad vir beginners.

View Details

Bediening op Wiele Nelspruit, wat reeds 18 jaar benodigdhede soos kos, klere en huishoudelike items insamel en versprei na behoeftige mense, is nou ‘n geregistreerde nie-winsgewende organisasie. Santie Tyrer sê hulle het verlede jaar besef hierdie stap is nodig om hulle in staat te stel om meer mense te kan help. Bediening op Wiele help mense so vêr as Waterval Boven. Die liefdadigheidsorganisasie hou vir hierdie doel op 9 April ‘n gholfdag by Barberton-gholfklub.

View Details

Inwoners van dorpe in Emakhazeni-munisipaliteit het reeds ‘n maand lank nie toegang tot lisensiedienste nie, omdat die Mpumalanga departement van gemeenskapsveiligheid hulle na bewering 1,5-miljoen-Rand skuld. Volgens raadslid Foyoyo Maseko het die munisipaliteit die kragtoevoer na die Belfast-kantore afgesny weens die uitstaande skuld. Die DA sê amptenare word ook toegang tot munisipale geboue in Machadodorp en Dullstroom geweier, wat ‘n groot impak het op lisensiedienste.

View Details

Daar is nog drie opgeskote leeus los in Marloth Park. In Desember is vyf leeus in die reservaat opgemerk. Gerrie Camacho van die Mpumalanga Toerisme en Parke-agentskap (MTPA) sê die groot mannetjie het intussen sy intrek by Lionspruit geneem en die groot wyfie, die ma van die drie oorblywende jonges, is baie lanklaas in Marloth Park gesien. Die jong mannetjie en twee wyfies beweeg tussen Marloth Park, die rivieroewer en ‘n naburige plaas. Die MTPA se strategie is om een van die leeus te vang en te merk om die ander twee te vind sodat almal geskuif kan word. Daar is egter verskeie uitdagings aan verbonde.

View Details

Sonpark-sentrum het die jongste maatskappy geword om saam met vennote 'n openbare deel van Mbombela as hul eie aan te neem. Gené van Niekerk verduidelik dat geïnspireer is deur die Our City of Mbombela-inisiatief wat onlangs geloods is om die dorp self mooier, skoner en veiliger te maak. Sonpark het die middelman voor die sentrum op Madiba-rylaan formeel by Mbombela-munisipaliteit aangeneem en is nou verantwoordelik daarvoor.

View Details

'n Mens moet realisties wees oor die unieke uitdagings wat die lewe in Suid-Afrika aan inwoners stel, en daarom het Johan Grobler besluit om volgende naweek "oorlewingsopleiding" na Klipspringer Lodge te bring. Voormalige lede van die verkenningskommando in die SA weermag sal stories kom deel, maar ook praktiese opleiding gee in hoe om op te tree sou jy of jou gesin in 'n situasie beland. Joseph McIntyre sê daarom is dit vir die hele gesin bedoel.

View Details

Vyf verdagtes word deur die polisie gesoek na die 31-jarige Mxolisi Ndlela Maandagaand in Piet Retief vermoor is. Hy was saam met sy vrou en kind by die huis toe die aanvallers, gewapen met messe, hom uit die huis gesleep het. Hy is doodgekap en sy liggaam is aan die brand gesteek. Die verdagtes het gevlug. Die motief vir die moord is onbekend. Volgens brigadier Selvy Mohlala bestaan die moontlikheid dat die voorval verwant is aan heksery.

View Details

'n Sewende verdagte wat glo betrokke was by die skietery wat Vrydagoggend die lewe geëis het van 'n polisiesersant, het homself gister aan die polisie oorgegee. Volgens die Valke se kaptein Dineo Sekgotodi sal hy vandag in die hof verskyn. Die ses wat Vrydag op die toneel aangekeer is, het Maandag in die hof verskyn. Die 37-jarige Enok Themba Nsimba is noodlottig gewond toe die polisie Vrydag reageer het op 'n wenk oor 'n saamtrek van 10 mense wat na bewering 'n transitoroof beplan het by 'n gastehuis in Kabokweni. Die verdagtes het op die polisielede geskiet terwyl hulle probeer vlug het en Nsimba is met sy aankoms by die hospitaal dood verklaar. Agt vuurwapens, onder meer 'n AK-47, is gekonfiskeer.

View Details

Hoërskool Nelspruit se Arili Boshoff is vir Suid-Afrika se skole tennisspan gekies. Dié nommer 1 speler in Mpumalanga het onlangs by die nasionale skoletoernooi die afdeling vir meisies 17 oorheers. Sy het al haar kragmetings in die enkelspel gewen. Sy het groot tennis drome, wat haar gesin ondersteun. Ma en Pa Jeanetta en Pieter het saam met Arili met Gerhardt gesels.

View Details

Die plaaslike wetenskaplike Eurika Mogane is die naweek met ‘n internasionale eretoekenning vereer by die Forty under 40 Afrika-toekennings. Dit is in Ghana uitgeloof en Mogane het dit virtueel in ontvangs geneem. Dit was vir die werk waarby sy betrokke was om kommunikasie oor Covid-19 aan die begin van die pandemie toeganklik en vryelik beskikbaar te maak. Hoewel Mogane in haar mediese navorsingswerk hoofsaaklik op gentika fokus, sê sy dit is haar passie om ander te bemagtig deur beter toegang tot inligting, iets wat ook die Golden Key Erevereniging se aandag getrek het. Sy vertel self meer van haar paadjie tot hier, en wat is volgende.

View Details

Eurika Mogale het die naweek ‘n internasionale prys gewen in Ghana, waar sy Suid-Afrika verteenwoordig het by die “Forty under 40” Afrika-toekennings. Dit was vir die werk waarby sy betrokke was om kommunikasie oor Covid-19 aan die begin van die pandemie toeganklik en vryelik beskikbaar te maak. Hoewel Mogale in haar mediese navorsingswerk hoofsaaklik op gentika fokus, is dit haar passie om ander te bemagtig deur beter toegang tot inligting.

View Details

Drie mense is gistermiddag dood in ‘n gru-ongeluk tussen Ermelo en Lothair toe ‘n Polo TSI en Audi A3 in ‘n kop-botsing was op die R39. Die oorledenes - ‘n maand-oue baba, ‘n 13-jarige seun en ‘n 27-jarge vrou - was almal passasiers in die Polo. Die bestuurder van die Polo en nog twee passasiers, sowel as beide insittendes van die Audi, is ernstig beseer. Die polisie se brigadier Selvy Mohlala sê ‘n saak van strafbare mansslag word ondersoek.

View Details

Die VF Plus het ʼn klag ingedien by die Groen Skerpioene teen die Govan Mbeki-munisipaliteit in Secunda vir die wanbestuur van vullisterreine. Volgens raadslid, Louise Jonker, word daar nie aan minimum vereistes soos toegangsbeheer, brandregulasies, omheining en rehabilitasie voldoen nie. Sy sê die tarief wat gehef word vir vullisverwydering is die naasgrootste finansiële bydraer tot die munisipaliteit, maar word nie in die departement aangewend nie. Dit besit ook 'n vloot van 20 vullisverwyderingsvragmotors, waarvan slegs agt tans in werking is.

View Details

Die Mpumalanga polisiekommissaris, luitenant-generaal Semakaleng Manamela, is bekommerd dat polisielede toenemend deur kriminele geteiken word. Gisteraand is ‘n 24-jarige man en 26-jarige vrou aangekeer na hulle op die polisie geskiet het, terwyl hulle probeer vlug het van ‘n winkelsentrum naby Calcutta waar hulle na bewering ‘n roof uit wou voer. Beide is gewond en word behandel en sal aangekla word van die onwettige besit van ‘n vuurwapen en ammunisie. ‘n 25-jarige vrou is ook gearresteer nadat ‘n polisiebeampte se gesteelde dienspistool Sondag in haar huis in Shatale naby Bosbokrand gevind is. Vrydag is die 37-jarige polisiesersant Enok Themba Nsimba noodlottig gewond toe die polisie reageer het op 'n wenk oor 'n saamtrek van 15 vermeende kriminele by 'n gastehuis in Kabokweni. Ses verdagtes is aangekeer en sal vandag in die hof verskyn. Brigadier Selvy Mohlala:

View Details

Wiseman Khumalo is vandag vir 'n vyf-jaar termyn aangestel as Mbombela-munisipaliteit se stadsbestuurder. Khumalo is sedert Oktober 2019 in die pos na sy voorganger, Neil Diamond, bedank het. Hy is op 'n twee-jaar kontrak aangestel wat verlede jaar verleng is. Die raad het vandag, tydens 'n spesiale raadsvergadering, gestem om hom 'n volle vyf-jaar kontrak te gee. Cyril Chuene, hoofsweep van die DA in die raad, sê hulle eis 'n omkeerplan binne 30 dae.

View Details

Noeline Waters is op 'n missie op Bidbeertjies vir Jesus in die Nelspruit-omgewing te versprei aan almal wat die vertroosting wat dit bied nodig het. Om die projek uit te brei benodig sy mense wat kan help brei of hekel aan die beertjies, hulle kan stop, of die materiaal kan help borg. Kontak haar by 079-510-6565 of kontak Radio Laeveld by 061-496-4323. Jy kan wol wat jy wil skenk ook by Radio Laeveld se ateljee in Sonpark af kom laai. As jy kan, kan jy die beertjie ook koop teen R100 elk, wat op sy beurt weer vir 'n volgende gratis Bid Beertjie sal sorg.

View Details

Die publiek het tot 15 April om kommentaar te lewer op die gesondheidsdepartement se voorgestelde regulasies om Covid-19 en ander mediese toestande buite die ramptoestand te hanteer. Dit sal wetlike instrumente daar stel om die huidige en toekomstige pandemies te bestuur. Linda Grimbeek van die Kruger-Laeveld-sakekamer sê die regulasies maak voorsiening dat die minister van gesondheid sonder parlementêre oorsig of openbare deelname regulasies sal kan aanpas. Sy moedig mense aan om daarop kommentaar te lewer.

View Details

‘n Maand gelede, op 24 Februarie, het Rusland Oekraïne binnegeval. Nadiya Beznar (36) het met haar Suid-Afrikaanse man, Derrick, en tweejarige seuntjie, gevlug, tot by sy familie in Nelspruit. Sy vertel wat sy ervaar het.

View Details

Die Uitkyk-pad in Nelspruit is nou heelwat veiliger na We Care for Nelspruit, die Claremont-gemeenskapspolisiëringsforum en die plaaslike AfriForum-tak dit skoon gesny het. Die pad was erg toegegroei met bome en bosse wat die pad op plekke vir voetgangers versper het, sodat drawwers en fietsryers in gevaar gestel is. Die takke is gesnoei, gras is gesny en hope grond is van die padoppervlak verwyder sodat stormwaterdreine weer doeltreffend kan funksioneer. Arlo Van Heerden AfriForum se distrikskoördineerder vir die Laeveld:

View Details

Vandag is presies twee jaar sedert pres. Cyril Ramaphosa die grendeltydperk aangekondig het. Ons kyk saam met ‘n paar mense terug na die massiewe veranderinge wat ons sedertien beleef het. Besoek Dearsouthafrica.co.za om ook jou stem te voeg tot die voorgestelde wetsveranderinge.

View Details

Die VF Plus sê die twee plaasaanvalle die afgelope twee weke in Mpumalanga, bewys dat landelike veiligheid nie ‘n prioriteit is vir die polisie of provinsiale regering nie. Sondag is die 76-jarige Gustav Rappart op sy plaas buite Delmas vermoor. Op 11 Maart is vier mense vasgebind en gemartel by Mara buite Nelspruit. Werner Weber sê die LUR vir gemeenskapsveiligheid, Vusi Shongwe, en die provinsiale polisiekommissaris, Semakaleng Manamela, moet antwoorde gee oor die kritieke tekort aan polisiehulpbronne wat die polisie verhinder om sy werk te verrig.

View Details

‘n 36-jarige man, wat na vermoede met transitorooftogte verbind word, is gister in Schoemansdal aangekeer. Volgens die polisie se brigadier Selvy Mohlala het die polisie gereageer op inligting oor drie verdagte voertuie. Hulle het op ‘n Mercedes Benz, BMW en Ford Ranger toegeslaan. 'n Onbekende aantal verdagtes het te voet gevlug. Ploftoestelle, vuurwapens en ammunisie, asook koeëlvate baadjies en balaklavas is in die voertuie gevind. Mohlala sê hulle glo die verdagtes kan aan verskeie transitorowe gekoppel word weens nie aard en omvang van die gekonfiskeerde wapens en toerusting. ‘n Geslaagde transitoroof is Saterdag in Masoyi uitgevoer. Vrydag kon wagte ‘n poging tot roof afweer. Een is in die maag geskiet.

View Details

Die polisie in Mpumalanga het 'n soektog van stapel gestuur nadat die internasionaal-bekroonde Ndebele-kunstenaar Esther Mahlangu (87) gewelddadig aangeval en beroof is in haar huis in Siyabuswa, naby Kwamhlanga Saterdagmiddag. Mpumalanga polisiewoordvoerder, brig. Selvy Mohlala, sê 'n man het haar huis betree en haar gegryp en in haar gesig geslaan voordat hy haar hande vasgebind en haar gewurg het totdat sy haar bewussyn verloor het. Sy het hulp gaan soek toe sy later die middag haar bewussyn herwin het. Haar huis is geplunder en haar vuurwapenkluis, waarin daar ‘n vuurwapen en kontant was, is weg. Mahlangu kan glo nie onthou wat gebeur het nie, en het kneusplekke aan haar gesig opgedoen. Mohlala sê teen Dinsdagoggend is nog niemand in verband met die aanval aangekeer nie.

View Details

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens sal Maandag, op Menseregtedag, ‘n groot bloedskenkings-veldtog hê in ‘n poging om 7-duisend eenhede bloed in te samel. Hulle teiken daagliks die versameling van 3-duisend eenhede landwyd, maar ervaar tans ‘n ernstige tekort aan bloed. Lebo Matsimbi van die Laeveld-tak sê die skenking van bloed beskerm mekaar se reg op lewe. Een geskenkte eenheid kan tot drie lewens red.

View Details

Die International Arts Talent Showcase (IATS) is op pad na Mbombela, waar oudisies vir voornemende modelle, akteurs, dansers en musikante op 28 Mei gehou word. Elsubie Verlinden, voorsitter en uitvoerende hoof van die talentagentskap 33&Me wat dit aanbied, het vanoggend vertel hoe hulle daardeur die afgelope 12 jaar $17,4 miljoen in internasionale beurse vir jong, opkomende kunstenaars bekom het. Sy verduidelik hoe dit werk.

View Details

Dit is skoolvakansie en langnaweek en ongelukke gebeur. Pieter Nel van Pieter Nel Prokureurs, wat spesialiseer in derdeparty-eise sê die beste ding om te doen is om alles in jou vermoë te doen om in die eerste plek nie in 'n ongeluk betrokke te wees nie. Hy deel sy raad.

View Details

Hi-Tech Sekuriteit sê Toyota-voertuie word tans in die Laeveld deur diewe geteiken. Callum Mac Pherson sê eienaars moet veiligheidsmaatreëls tref, soos hul voertuig agter ander parkeer, die sleutels beveilig en seker maak hul opsporingstelsels is in orde. Hy sê daar is ‘n groot vraag na Toyotas, ook buite Suid-Afrika se grense, en hulle word meestal op bestelling gesteel.

View Details

Die minister van Justisie, Ronald Lamola, het vanoggend die rede gelewer by die provinsiale Grondwetlike Regte Konferensie by die Universiteit van Mpumalanga. Dit vier die 25ste herdenking van die Grondwet. Dit is bygewoon deur onder meer die premier, Refilwe Mtshweni-Tsipane, Mbombela burgemeester Sibongile Makushe en Mpumalanga regter-president Francis Legodi. Lamola sê die polisie werk daaraan om laboratorium toetse van DNS te verbeter en te bespoedig.

View Details

'n Man het na bewering vanoggend ‘n brand gestig in 'n kantoor by January "Che" Mashilela-huis, die ANC se provinsiale hoofkantoor, in Nelspruit. Ooggetuies wou nie op die toneel met die media praat nie, maar daar word verstaan dat die man die kantore besoek het. In een kantoor het hy petrol op die vloer gegooi en dit aan die brand gesteek. Almal kon die gebou suksesvol ontruim vlug en niemand is beseer nie. Mbombela brandweerhoof, Petrus Mthiyane, sê die polisie ondersoek presies hoe die brand begin het.

View Details

Curro Nelspruit het gisteraand amptelik hul nuwe teater, die Sycamore, ingewy met ‘n kultuur skouspel. Met die tema, "Reik vir die sterre" het leerlinge hul slag gewys agter die mikrofoon, op hul instrumente, met drama-opvoerings en, natuurlik, in dans. Oud-sterleerlinge Mateo Komlosy en Thando Silinda het ook opgetree. Curro Nelspruit se uitvoerende hoof, Michael Bownes, sê daar is sowat twee jaar gelede besluit om die bestaande skoolsaal in ‘n behoorlike teater te omskep. Mari Lategan van Curro Holdings het amptelik die rooi lint geknip voor die vertoning begin het.

View Details

‘n 35-jarige man is gister deur die Mpumalanga Hooggeregshof in Graskop 35 jaar tronkstraf opgelê vir die moord, in September 2020, op die ma van sy seun. Brigadier Selvy Mohlala weerhou hul name om die kind se identiteit te beskerm. Die 32-jarige vrou is die betrokke aand in Marite naby Bosbokrand doodgesteek en in bosse versteek. Haar liggaam is twee dae later deur ‘n verbyganger gevind. Die man was in besit van haar persoonlike items toe hy aangekeer is.

View Details

Die VF Plus wil waterverskaffing aan Hazyview laat privatiseer. Mbombela raadslid, Ken Robertson, sê die bystandpomp by die hoofwatersuiweringsaanleg is reeds vir 15 maande buite werking en die hoofpomp het intussen ook gebreek. Geen aksie is egter geneem om die bystandpomp betyds te herstel nie en die plaaslike landbougemeenskap moes sy besproeiingskanaal aan die munisipaliteit beskikbaar stel om tydelik water aan inwoners te verskaf. Hy voer aan dat die bekende toerismebestemming se reputasie onherroeplike skade ly.

View Details

Twee mans wat aan verskeie moorde en gewapende rowe gekoppel word, is Vrydagaand in Marite naby Bosbokrand gearresteer. Die polisie het inligting ontvang oor individue in besit van vuurwapens. Die taktiese reaksie-eenhede van Tshwane en Ekurhuleni het saam met die Calcutta-taakmag gereageer. Elkeen was in besit van ‘n 9-milimeter-pistool. Hulle sal vandag in die Mkhuhlu-hof verskyn vir die onregmatige besit van vuurwapens en ammunisie. Beide word ook gekoppel aan ‘n reeks ernstige misdade, insluitende die moord op ‘n polisielid in Januarie en ‘n moord in Johannesburg in Desember.

View Details

Hope for Wildlife se Jana Meyer was verlede week betrokke om ‘n olifantbul wie se slurp in ‘n strik verstrengel geraak het in die Groter Kruger-area, te verlos. Sy het met Mireille gesels oor die rol van helikopters in bewaring en hoe verskriklik strikke is.

View Details

Curro Nelspruit vier volgende week hul tiende jaar met ‘n weeklange fees. Dit skop Maandag af met Frank Opperman se vertoning van “Donkie” en die kultuur “showcase” Dinsdagaand in die opgegradeerde saal met van die skool se oud sterre asook huidige talent. Woensdag se stigtersdag sal deur die uitvoerende hoof van Curro Holdings, Andries Greyling, bygewoon word. Curro Nelspruit hoof Nico Bronkhorst sê hulle vra altyd hoe hulle die leerlinge se talente beter kan ontwikkel. Die talentvertoning is gratis, maar vooraf-bespreking is noodsaaklik. Besoek hierdie skakel: http://forms.office.com/r/wQr4xMDekc

View Details

Opposisiepartye in die Mpumalanga wetgewer het hul mismoë uitgespreek met die LUR vir finansies, ekonomiese ontwikkeling en toerisme, Vusi Mkhatshwa, se begroting vir die 2022/23 finansiële jaar. Hy het dit Dinsdag te tafel gelê. Die DA se Bosman Grobler sê dit is teleurstellend dat dit geen daadwerklike planne bevat om werkloosheid onder die jeug hok te slaan nie en eerder die fondse vir jeug ontwikkeling met 8-miljoen-Rand besnoei. Die VF Plus se Werner Weber sê geld word op die water gegooi met besteding aan wit olifant-infrastruktuur, terwyl toerisme en gemeenskapsveiligheid in die slag bly.

View Details

Jannie Ferreira, ‘n fiksheidsinstrukteur en pa van twee, is vroeg Dinsdagoggend met ‘n mes in sy maag gesteek toe hy twee vermeende diewe in sy agterplaas in Percy Fitzpatrick-rylaan in Nelspruit betrap het. Hy is gelukkig nie ernstig gewond nie, en vamiddag reeds ontslaan. Hy het vir Mireille vertel hoekom hy genoop gevoel het om ondersoek in te stel toe hy lawaai op sy erf hoor.

View Details

‘n Mannejag is geloods na ‘n sake-eienaar en sy gesin gisteraand noodlottig geskiet is in hul huis in Kasteel naby Bosbokrand. Volgens die polisie het bure om ongeveer half 8 skote gehoor. Kort daarna is twee mans gesien wat oor die muur spring en vlug. Die slagoffers is geidentifiseer as die 58-jarige Johnson Fakude, sy 50-jarige vrou, Gift Matsane, en hule twee dogters Princess (11) en Priscilla (8). Hulle het skietwonde gehad en is op die toneel dood verklaar. Volgens Brigadier Selvy Mohlala is die motief vir die moorde onbekend. Fakude was die eienaar van Faduku Cash Loans. Enigiemand met inligting is gevra om die takbevelvoerder, speurder kolonel Dumisani Mbokane, te kontak by 082-556-5630.

View Details

Kaartjieverkope vir die Springbokke se 2022 tuistoetse open op 9 Maart, om 9-uur vir die publiek. Kaartjies vir die Bokke se Castle Lager Rugby Kampioenskap-wedstryd teen die All Blacks by Mbombela-stadion in Nelspruit op 6 Augustus sal beskikbaar wees by Computicket en die stadion-kantoor. Pryse daarvoor wissel van 150-Rand tot 1-duisend-500-Rand. Stadion bestuurder, Roelf Kotze, sê al 43-duisend-500 sitplekke sal beskikbaar wees. Saru sê hulle glo beperkinge van 2-duisend op skares sal binne die volgende weke gelig word.

View Details

Pediatric Care Africa is terug van hul gebruiklike 7 000 km-motorfietsrit rondom Suid-Afrika. Hulle het op Valentynsdag in Witrivier weggetrek en Saterdag na 21 dae veilig teruggekeer. Dr. André Hattingh sê hulle is van die begin tot die einde wonderlik ondersteun deur ander motorfietsryers. "Ons ry met 'n doel," vertel hy oor die 1 000 operasies wat hulle vir 1 000 kinders wil gee.

View Details

Die VF Plus sê Mbombela-munisipaliteit moet dringend die geld oorbetaal wat hulle aan die DBV verskuldig is. Freddy Robertson sê die munisipaliteit se gesloer om ʼn betalingsooreenkoms tussen hulle en die Laeveld DBV te eerbiedig het daartoe gelei dat die Barberton DBV einde Februarie sy deure moes sluit. Dit plaas die oorblywende twee takke in Nelspruit en Witrivier onder groot druk om ook dienste te lewer aan die Umjindi-area. Hy voer aan Mbombela het op 5 Augustus 2020 laas geld vir die 2018/19-finansiële jaar aan die DBV oorbetaal. 'n Bedrag van R3,2 miljoen is aan die DBV verskuldig vir die laaste twee finansiële jare. Hulle sloer ook sedert Julie om die ooreenkoms te hernu waarvolgens die DBV skutte namens Mbombela bestuur.

View Details

Die Nelspruit DBV het ‘n beroep gedoen op die gemeenskap om hulle te help om dienste in die Barberton-area te lewer. Die Barberton DBV moes weens finansiële druk op 23 Februarie sy deure sluit. Die Nelspruit DBV neem van die dienste oor. Lize Pienaar sê Nelspruit sal na die beste van hul vermoë dienste lewer, maar dit sal nie voltyds kan wees nie. Hulle vra ook dat die gemeenskap geduldig is omdat hulle lang afstande af moet lê.

View Details

Die SANParke-ereveldwagters maak gereed om volgende maand 'n veldtog in die Krugerwildtuin te loods wat besoekers aanmoedig om nie rommel te strooi nie. Elsabe de Bruyn van die Laeveld-streek verduidelik dat dit ‘n baie groot die probleem is op paaie en in kampe. Die veldtog sal Paasnaweek afskop, en die oor die lang duur aanhou om kinders en volwassenes aan te moedig om ook hul leefareas buite die wildtuin skoon te hou.

View Details

Die AfriForum-tak in Nelspruit het Donderdag in samewerking met Mbombela-munisipaliteit die park by die Steiltes Natuurreservaat se gras gesny en indringerplante uitgeroei. Volgens Arlo van Heerden, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Laeveld, is die reservaat ‘n gewilde ontspanningsarea met veral gesogte bosloeries wat kranige voëlkykers daarheen lok. Die munisipaliteit het die groter areas gesny terwyl AfriForum die ontspanningsareas, heinings en parkeerarea met bossiekappers skoongesny het. Van Heerden sê dit is verblydend dat die parke-afdeling van die munisipaliteit steeds hul kant bring, ten spyte van uitdagings met arbeidskrag en hulpbronne.

View Details

Die provinsiale polisiekommissaris in Mpumalanga, luitenant-generaal Semakaleng Manamela, vra die publiek moet op die uitkyk wees vir mense wat gesteelde items aan hulle probeer verkoop. Dit na sowat 20 mense Vrydagmiddag in ‘n moskee in Kabokweni beroof is. Sowat 15 swaar gewapende aanvallers het in ‘n wit Quantum kombi daar aangekom en hulle aangehou en beroof van persoonlike items, insluitende selfone. Volgens polisiewoordvoerder, Brigadier Selvy Mohlala, is ‘n mannejag gelood, maar geen arrestasies is nog gemaak nie.

View Details

Die SANParke Ereveldwagters skop Paasnaweek af met 'n veldtog om besoekers aan die Krugerwildtuin aan te moedig om nie rommel te strooi nie. Pieter en Elsabe de Bruyn van die Laeveld-streek verduidelik hoe groot die probleem is, en wat die impak daarvan op die natuurlewe is. Om meer uit te vind oor die veldtog of Ereveldwagters, kontak 082-558-4369 of lowveldchairperson@honoraryrangers.org.

View Details

Juanry Crous van Witrivier is Saterdag as Mev Mpumalanga 2022 gekroon tydens die gala by Communio-kerk. Dit was die eerste keer dat sy daarvoor ingeskryf het, en beskou dit as 'n goeie platform om haar te help om haar droom te verwesenlik: om jeugdiges op te lei en te bemagtig. Sy vertel watter projekte alles vir die jaar beplan word.

View Details

Intussen sê die VF Plus in Mpumalanga dat praatjies oor werkskepping, infrastruktuurontwikkeling en die herlewing van toerisme niks beteken sonder werkbare maniere oor hoe om dit te bereik nie. Die premier, Refilwe Mtshweni-Tsipane, het Vrydag verskeie projekte aangekondig, ten spyte van die feit dat groot projekte al vir jare sloer. Volgens Werner Weber het sy geen oplossings gebied oor wat gedoen gaan word om munisipaliteite te dwing om hul grondwetlike plig teenoor inwoners na te kom nie.

View Details

Die DA in Mpumalanga het die Menseregtekommissie gevra om in te gryp in die waterkrisis by die Thaba Chweu-kosskool. Volgens Jane Sithole is die skool se sowat 800 leerlinge huis toe gestuur omdat daar nie water is nie. Gedurende die debat gister in die wetgewer oor die premier se provinsiale rede het die DA ‘n mosie gebring vir die regering om die waterprobleem dringend op te los, maar die ANC het dit verwerp. Sithole sê leerlinge word van hul toekoms beroof.

View Details

Drie verdagtes wat na bewering verbind word aan misdadige aktiwiteite is gisteroggend tydens ‘n klopjag deur die Calcutta-polisie in besit van onwettige wapens en ammunisie aangekeer. Die mans is by hul onderskeie huise in Marite Trust gearresteer nadat die polisie inligting ontvang het van Provinsiale Misdaad-intelligensie. Volgens Brigadier Selvy Mohlala is onder meer is ‘n rewolwer, geweer, ammunisie en ‘n koeëlvaste-baadjie gekonfiskeer. Hulle sal vandag in die hof in Mkhuhlu verskyn.

View Details

Pediatric Care Africa se “Ride for a Child”-fondsinsamelingsprojek staan al einde se kant toe. Die motorfietsryers is op ‘n 7-duisend-kilometer rit om geld in te samel om mediese sorg aan behoeftige kinders te kan voorsien. Hulle het vandag van Port St John’s na KwaZulu-Natal vertrek, en sal Saterdag terugkeer na Witrivier. Dokter André Hattingh sê hulle het ongelooflike ondersteuning op die Tuinroete gehad: Saterdag by George en Sondag op pad Oos-Londen het hordes motorfietse by hulle aangesluit.

View Details

Hoërskool Rob Ferreira en Laerskool Witrivier het hande gevat om 'n teenboelieveldtog van stapel te stuur. Willem Engelbrecht, wat saam met sy broer Jo Black, die "Be that guy"-inisiatief begin het, het gister by die skole met leerlinge en ouers oor boeliegedrag gepraat. Loanette Caknis van Rob Ferreira sê hul doel is om beide die slagoffers en boelies te help. Hulle hoop ook dit kring uit na ander skole, waar sy glo dié gedrag ook bestaan.

View Details

Hoërskool Rob Ferreira en Laerskool Witrivier het hande gevat om 'n teenboelieveldtog van stapel te stuur. Willem Engelbrecht, wat saam met sy broer Jo Black die "Be that guy" inisiatief begin het, het gister by die skole met leerlinge en ouers oor boeliegedrag gepraat. Loanette Caknis van Robbies sowel as die skool se hoofleiers, Peter Quinn en Simoné de Beer, het saam met Laerskool Witirivier s'n (Marné Pretorius en Jeff Badenhorst) daaroor kom gesels in die ateljee.

View Details

Church Unlimited het amptelik hul nuwe kerkgebou ingewy met ‘n aanbiddingsdiens Sondag, 27 Februarie. Etienne Garnett-Bennett sê dit het sowat vyf jaar geneem omdat alles kontant gebou is. Met beperkings is daar tans 800 sitplekke, maar dit kan 1 500 mense akkomodeer. Hy sê hulle beoog om dit beskikbaar te stel aan die gemeenskap vir gebruik.

View Details

Church Unlimited het gister amptelik hul nuwe kerkgebou ingewy met ‘n aanbiddingsdiens. Etienne Garnett-Bennett sê die gebou is aan die begin so ontwerp, maar net die helfte is aanvanklik gebou, Die ander helfte het sowat vyf jaar geneem omdat alles kontant gedoen is. Met beperkings is daar tans 800 sitplekke, maar dit kan 1 500 mense akkomodeer. Hulle beoog om dit beskikbaar te stel aan die gemeenskap vir gebruik.

View Details

Die premier van Mpumalanga, Refilwe Mtshweni-Tsipane, sê haar administrasie het slapelose nagte oor die “astronomiese” hoë werkloosheidsyfer in die provinsie. Sy het vanoggend haar provinsiale rede in die wetgewer in Mbombela gelewer. Mtshweni-Tsipane sê veral die toenemende werkloosheid onder jeugdiges is kommerwekkend en onvolhoubaar. Sy sê die provinsiale regering kon die afgelope 10 jaar slegs daarin slaag om sowat ‘n kwart van hul teiken van 105-duisend werksgeleenthede per jaar, te skep.

View Details

Innibos het aangekondig dat die beste kunstefees in Suid-Afrika weens Covid-19 vanjaar nog nie na die formaat van voor die pandemie terug sal kan keer nie. Bemarkingsbestuurder, Sandra Jacobs, sê daar word reeds beplan aan 'n baie groot fees vir 2023, maar huidige beperkings maak dit onwys om voort te gaan met 'n "gewone" fees vir die winter. Vanjaar se program is aangepas om vanaf Maart elke maand 'n feesaanbieding te lewer. Dit bied optreegeleenthede aan kunstenaars, en geleenthede om die plaaslike ekonomie te stimuleer en ’n ondersteunende en opbouende rol in die plaaslike gemeenskap te speel. Die program sal teen Maart-maand gefinaliseer word.

View Details

Twee renosterstropers sal effektief 19 jaar agter tralies spandeer, na hulle gister in die Skukuza-hof gevonnis is. Micheal Chauke (57) en Americo Mathonsi (59) is in Mei 2019 in die Satara deel van die Krugerwildtuin betrap maby 'n dooie renoster waarvan die horing af was. Volgens kolonel Donald Mdhluli is hulle aangekla en skuldig bevind aan onwettige jag, betreding, oortreding van die Immigrasiewet en besit van ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie.

View Details

‘n 40-jarige man verskyn vandag in die Bosbokrand-hof op klagte dat hy werklose jeugdiges uit sowat 610-duisend-Rand bedrieg het. Hy is gister in Lephalale, Limpopo, aangekeer. Hy het glo in ruil vir kontant aan meer as 75 mense plekke beloof by die opleidingskollege vir verpleërs in Mpumalanga. Volgens die Valke het hy homself voorgedoen as ‘n beampte van die gesondheidsdepartement. Twee vroue wie hy aangestel het om die voornemende verpleërs te werf, is in Mei verlede jaar aangekeer. Hulle kom weer op 31 Maart voor.

View Details

Die "Our city of Mbombela" beoog om die hele munisipale area skoner, mooier en veiliger te maak deur inwoners en plaaslike sakeondernemings daarin te ondersteun. Sandra Jacobs, president van die Kruger-Laeveld-Sakekamer, sê die inisiatief het ten doel om organisasies wat hulself reeds daarvoor beywer, asook individue wil 'n verskil wil maak, te sterk in hul bydraes. Sy verduidelik presies hoe dit werk.

View Details

Die "Our city of Mbombela" inisiatief word môre amptelik bekendgestel. Dit bepoog om die hele munisipale area skoner, mooier en veiliger te maak deur inwoners en plaaslike sakeondernemings se inisiatief. Sandra Jacobs, president van die Kruger-Laeveld-Sakekamer, sê die inisiatief behoort aan almal, en is om organisasies wat reeds bestaan, asook individue, te sterk in hul pogings. Barend le Grange, wat instrumenteel was daarin om Kroonstad se inwoners te help om hul dorp te laat herleef, is die gasspreker.

View Details

Die Elands Marathon maak op 7 Mei, na 12 jaar se afwesigheid, sy terugkeer tot die Laeveld hardloop kalender. Vanjaar is TRAC aanboord as borg vir hierdie kwalifiseringswedloop vir die Comrades. Die 42.2 km wedloop word hoofsaaklik op die N4 gehardloop, vanaf Waterval Boven tot in Ngodwana. Daar is ook ‘n halfmarathon en 10 km. Registrasie is slegs aanlyn en sluit 2 Mei. TRAC kommunikasiebestuurder, Solange Soares, sê dit maak sin om betrokke te raak omdat die Elands nog altyd op die Maputo deurgang gehardloop word.

View Details

Hoërskool Nelspruit is Saterdag die trotse gasheer van die 72ste BUCO Laeveld Vriendskaplike Interhoër. Atlete van Penryn, Lowveld High, Hoërskool Barberton, Hoërskool Lydenburg, Hoërskool Bergvlam en Hoërskool Rob Ferreira sal sake op die baan en veld uitspook. Bywoning is beperk word tot 2 000 mense, en die skoolhoofde het besluit om leerlinge die geleentheid te gee om dit by te woon. Ouers en die publiek sal die aksie darem om SuperSport Schools kan volg. NHS se hoof, Johan Hattingh, sê dit is 'n groot eer om die byeenkoms aan te kan bied en hy verwag skouspelagtige atletiek.

View Details

Hoërskool Nelspruit is Saterdag die trotse gasheer van die 72ste BUCO Laeveld Vriendskaplike Interhoër. Atlete van Penryn, Lowveld High, Hoërskool Barberton, Hoërskool Lydenburg, Hoërskool Bergvlam en Hoërskool Rob Ferreira sal sake op die baan en veld uitspook. Hoewel bywoning beperk word tot 2 000 leerlinge en beamptes, sal die dag regstreeks deur SuperSport Schools uitgesaai word. NHS hoof, Johan Hattingh, sê dit is 'n groot eer om die byeenkoms aan te kan bied.

View Details

‘n Gesamentlike begrafnisdiens sal Donderdag gehou word vir die nege laerskool leerlinge wat Woensdag dood verongeluk het in Mpumalanga. Die minibus waarin hulle op pad was huis toe van die skool af, het omgeslaan. Tien leerlinge is ook beseer en in die Elukwatini-hospitaal behandel. Almal was tussen vyf en 13 jaar oud. Die bestuurder is gearresteer. Die woordvoerder van die departement van gemeenskapsveiligheid, Moeti Mmusi, sê die diens sal by die Mayflower-stadion plaasvind.

View Details

Pediatric Care Africa se “Ride for a Child”-inisiatief vorder goed. Die motorfietsryers het Sondag uit Witrivier vertrek op die 7-duisend-kilometer rit. Dit is om geld in te samel om mediese sorg aan behoeftige kinders te kan voorsien. Dokter André Hattingh sê hulle het vanoggend die sowat 780 kilometer Alexanderbaai toe aangedurf, nadat hulle gister in Upington aangekom het. Hulle het nog nie teëspoed opgetel nie en het reeds sowat 2-duisend-kilometer afgelê. Verskeie ander motorfietsryers het by hulle aangesluit. Hulle sal ook die naweek op SABC-nuus verskyn.

View Details

Laerskool Witirvier bied Saterdag by Hoërskool Rob Ferreira die Goldwagen Interlaer ateletiekbyeenkoms aan. Daar is ‘n beperking van 2-duisend op bywoning, maar alles word ook op DigiTV uitgesaai. Die atlete van Laerskole Witrivier, Barberton, Bergland, Laeveld, Lydenburg, Nelspruit en Nelspruit Primary sal sake op die baan en veld uitspook. Laerskool Witrivier se waarnemende hoof, Marianne Oosthuizen, sê die kinders, onderwysers en veral ouers is baie opgewonde na hierdie terugkeer na normaal. Die eerste items is om 8-uur, en die prysuitdeling om kwart voor vier.

View Details

Die Pumas speel Saterdag by Mbombela-stadion gasheer vir die Cheetahs in hul Curriebeker-kragmeting. As jy nog nie jou pienk ondersteunerstrui het nie, maak Vrydagmiddag ‘n draai by die piazza voor Doppio Zero by i'langa Mall. Nie net hou die spelers vanaf 3-uur af ‘n ontmoet-en-groet met die publiek nie, daar sal vanaf 2-uur ‘n stalletjie wees met Pumas-handelsware. Hulle gaan die oggend vanaf kwart oor 11 ook worsbroodjies by The Grove braai. Marius van Rensburg, uitvoerende hoof van die Pumas, sê die publiek moet regstaan vir ‘n verrassing by I’langa Mall - kyk uit vir afrigter Jimmy Stonehouse en ‘n kamera.

View Details

Agt laerskoolleerlinge is gistermiddag dood toe die minibus-taxi waarin hulle na skool op pad was huis toe, tussen Mayflower en Dundonald omgeslaan het. Sewe kinders is op die toneel dood en die agtste een in die hospitaal. Tien leerders het ligte tot ernstige beserings opgedoen en word in die Embuleni-hospitaal in Elukwatini behandel. Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie. Die LUR vir onderwys in Mpumalanga, Bonakele Majuba; LUR vir veiligheid, Vusi Shongwe; en die minister van vervoer, Fikile Mbalula, het hul medelye met die families betuig. Jasper Zwane sê amptenare van die onderwysdepartement sal die drie skole môre besoek.

View Details

‘n Man wat beskryf is as een van die mees gesoekte kriminele in Mpumalanga sal vandag in die hof verskyn in Bosbokrand en Dinsdag in Mkhuhlu. Die 21-jarige is Vrydag aangekeer en word verbind met verskeie misdade. Dit sluit in 14 moorde, verkragting en ontvoering, aanranding met die doel om ernstig te beseer, brandstigting, huisbraak en opsetlike saakbeskadiging. Een van die moorde was ‘n swanger vrou van Marite wie se liggaam in die Krokodilrivier naby Kanyamazane gegooi is na sy doodgeskiet is in Augustus. Volgens brigadier Selvy Mohlala sal die verdagte na verwagting Woensdag vir die saak in Kanyamazane verskyn.

View Details

Die Barberton DBV sal na 36 jaar aan die einde van hierdie maand hul deure sluit. Hulle sê in ‘n verklaring hulle ly reeds ‘n maandelikse verlies en moet van perseel verander, maar het bloot nie die finansies om die verlangde omheining, dienste en hokke by ‘n nuwe perseel op te rig nie. Hulle sal vanaf 23 Februarie nie meer enige dienste lewer nie. Enige gevalle van mishandeling kan van dan aan die Nelspruit DBV gerapporteer word by 013-753 3582.

View Details

Die sogenaamde “Masoyi-monster” is vandag tot 150 jaar agter tralies gevonnis vir die moorde op vyf vroue wat hy in 2018 en 2019 gepleeg het. Die 24-jarige Julius Mndawe is tot lewenslank gevonnis vir elke moord, sowel as vyf jaar vir elke geval van regsverydeling. Hy het sy slagoffers verkrag en verbrand voor hy hulle in sy erf begrawe het in Numbi Trust buite Witrivier. Brigadier Selvy Mohlala sê Mndawe het skuldig gepleit op die klagtes in die Mpumalanga Hooggeregshof. Polisiekommissaris, Semakaleng Manamela, en LUR vir gemeenskapsveiligheid, Vusi Shongwe, het die swaar vonnis verwelkom.

View Details

Twee mans is gister gearresteer nadat hulle na bewering onderwysers by twee laerskole in Masoyi beroof het. Volgens polisiewoordvoerder brigadier Selvy Mohlala het twee mans hulself Maandag as ouers voorgedoen om tot Mdumseni Primary toegang te verkry. Hulle het toe die onderwysers in die personeelkamer aangehou en van selfone, skootrekenaars en kontant beroof. Woensdag het dieselfde by Khulani Primary gebeur. Die polisie het inligting bekom en die twee in besit van een van die selfone gevind.

View Details

Drie verdagtes is binne ure aangekeer na hulle ‘n man gister in Ermelo gemartel en beroof het. Volgens die polisie is dié sukses te danke aan samewerkign tussen Acsu Sekuriteit en die polisie is Mpumalanga en Gauteng. Die 47-jarige slagoffer was op pad om ‘n kind skool toe te neem toe hulle oorval word deur die gewapende mans. Hy is met ‘n warm strykyster gebrand voor die aanvallers met kontant, juweliersware, ‘n skootrekenaar en selfone gevlug het. Springs polisie het die verdagtes binne ure by Etwatwa in Gauteng aangekeer. Drie vuurwapens is gekonfiskeer, waarvan twee aan die polisie behoort.

View Details

Die werksaamhede van die eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe in Mbombela word ernstig gekniehalter deur ʼn tekort aan voertuie. Volgens die VF Plus se Werner Weber, het dié eenheid sedert die begin van die jaar slegs twee voertuie om vyf dorpe te bedien. Verlede week was daar weens herstelwerk geen voertuig beskikbaar om sake te ondersoek nie. Volgens Weber is die party se vrae oor die tekort aan polisievoertuie in die provinsie aan die LUR vir gemeenskapsveiligheid, Vusi Shongwe, nooit beantwoord nie.

View Details

Nelspruit Relay for Life (RFL) het vanjaar 'n nuwe tuiste. Dit vind op 9 April plaas by Eagles View Play Park op die Uitkyk-pad, ‘n ideale gesinsomgewing. Jaco Potgieter, eienaar van Eagles View Play Park, sê hy het dadelik die perseel aangebied toe hy hoor KANSA Laeveld wil RFL vanjaar hervat. Sy eie dogter is agt jaar gelede weens leukemia oorlede, en sou vandeesmaand 21 jaar oud geword het. Hy het daarom ook gespring om die idee te laat realiseer dat nog ‘n nuwe tradisies by die Nelspruit RFL ingestel word: die aanbring van bankies waarop geliefdes se name aangebrign kan word in die natuurskone plek waar hulle onthou kan word.

View Details

Die Nelspruit Relay for Life is vanjaar terug en met ‘n nuwe baadjie aan. Na 15 jaar van deurnag stap, en twee jaar wat dit glad nie aangebied kon word nie, is die seremonie vanjaar heelwat korter. Riaan Loubser sê dit is deels te wyte aan Covid-19-regulasies. Dit vind op 9 April plaas by Eagles View Play Park. Die middag-seremonie sal voorafgegaan word deur 'n bergfiets rit. Die stap gedeelte sal slegs sowat twee ure duur, en gevolg word deur die gebruiklike seremonies vir die oorlewendes, hul versorgers en almal wat weens die siekte oorlede is met die Luminaria-seremonie waar kerse vir hulle aangesteek word.

View Details

Vier gewapende rowers is vanoggend aangekeer nadat hulle die Galaxy Grill-restaurant in I’langa Mall beroof het. Volgens die polisie tel ‘n voormalige polisiesersant wat in misdaadintelligensie in Mpumalanga gewerk het, onder die vier aangekeerdes. Die mans het om ongeveer 08:00 die restaurant binne gestorm, en verskeie werknemers met kabelbinders vasgemaak en van hul selfone, skootrekenaars en kontant beroof. Niemand is tydens die voorval beseer nie.

View Details

Solidariteit Helpende Hand maak Vrydag Ons Winkel oop in Barberton. Rika Buck sê hulle is opgewonde om die baken, Greenstone Trading Post, as adres te kan hê. In die Laeveld is daar reeds Ons Winkels in Nelspruit en Witrivier, waar mense items kan skenk wat hulle nie meer ‘n nut voor het nie, en wat iemand anders dan kan koop. Buck sê absoluut enigiets is welkom - veral klerehangers, linne, gordyne en mansklere. Opbrengs van die winkel word aangewend vir die studiefonds, sowel as kleiner projekte soos die Kosblikkie- en skooltassie-projek, die vrouefonds, Help Hetta en droomrokke.

View Details

Die AmberMacs Makadamia Ekspo Vrydag en Saterdag net buite Witrivier het die organiseerders, bywonende boere en leweransiers se verwagtinge oortref. Philip Moufarrige van AmberMacs, wat die ekspo gereël het, sê dit was spesifiek op die makadamiabedryf gemik en het verskaffers ingesluit, asook kenners op die gebiede van alles van kunsmis en pesbekamping, tot toebehore, implemente en sekuriteit. Bywoning was gratis, en die algemene publiek het ook van die geleentheid gebruik gemaak om meer oor dié produk, so eie aan die Laeveld, te leer.

View Details

‘n Omstander is gister doodgeskiet deur vermeende rowers tydens ‘n skietgeveg met die polisie in Elukwatini. Volgens die polisie het 'n groep verdagtes ‘n kontantwa by ‘n kitsbank om ongeveer 08:00 aangeval en met plofstof oopgeblaas. Hulle het met kontant gevlug en ‘n omstander doodgeskiet terwyl die polisie hulle gejaag het. Verskeie verdagtes kon suksesvol wegkom. Drie is daarna aangekeer vir moord, poging tot moord en sakeroof. Die een is deur die polisie gewond, en hospitaal toe geneem vir behandeling.

View Details

Die polisie is opsoek na drie verdagtes wat Dinsdagaand tydens ‘n huisroof in Sabie 13 kettingsae gebuit het. Volgens brigadier Selvy Mohlala het die gewapende mans die inwoners wakker gemaak toe hulle ‘n deur oopbreek. Hulle het die kettingsae en karsleutels geëis en daarmee in hul slagoffer se Toyota Belta gevlug. Die voertuig is later verlate gevind in nabygeleë bosse. Niemand is tot dusver aangekeer nie.

View Details

Hierdie Valentynsdag kan jy die geleentheid kry om saam met ‘n Pumas-speler op ‘n afspraak te gaan. Lucky Dlepu is een van ses jong spelers wat graag dié dag van romanse met 'n Laeveldse nooi te spandeer. Dié 22-jarige skrumskakel is oorspronklik van Kaapstad. As jy dink julle twee kan dalk net kliek, stuur vir ons ‘n WhatsApp-stemboodskap na die ateljee (061-496-4323) waarin jy ons 'n bietjie meer van jouself vertel. Merk dit met die hitsmerk #DateAPuma en jy kan die gelukkige wenner wees van 'n afspraak vol bederf.

View Details

Vroue in die Laeveld kan tot einde Maart geriefliker mammogramme ondergaan. Keystone Medical se mobiele eenheid is tot 9 Februarie in Komatipoort, dan tot 18 Februarie in Malalane, tot 28 Februarie in Mbombela en weer tot 11 Maart in Hazyview. Radioloog, dr. Nikoli van Zyl, sê dit is noodsaaklik dat vroue ouer as 40 die toetse ondergaan, omdat mammogramme en sonars kanker kan optel voor enige knoppe of simptome verskyn.

View Details

Die kroning van Mev Mpumalanga 2022 is om die draai en beloof om, soos elke jaar, 'n produksie uit die boonste rakke te wees. Zane van Zyl, uitvoerende hoof van Mev. Mpumalanga, en Jacques Lombard, eienaar en bestuurende direkteur, vertel hoe 'n sterk groep deelnemers die kompetisie vanjaar gelok het, en hoe opgewonde hulle is oor die verkil wat elkeen hul gemeenskappe se lewens maak.

View Details

Meer as 180 verskaffers is op pad om die naweek hul kundigheid te deel by die Makadamia-ekspo in Witrivier. Philip Moufarrige van AmberMacs, wat die twee-dag ekspo reël, sê dit is hoogtyd dat makadamia-boere in die Laeveld so ‘n geleentheid kry. Die fees vind Vrydag en Saterdag plaas by AmberMacs op die Ou Plaston/Yaverland-pad. Bywoning is gratis, maar vooraf-registrasie is noodsaaklik. Besoek Quicket om te registreer.

View Details

Sanett Oosthuizen, wat verlede jaar bekroon is met Solidariteit #GoeieGons se toekenning as beste Radiopersoonlikheid, is vanjaar een van die beoordelaars. Nominasies het pas geopen. Agt wenners sal in die vyf kategorieë aangewys word. Ken jy ‘n briljante ontwerper, kunstenaar, fotograaf, videoregisseur- of vervaardiger, skrywer of joernalis? Nomineer hulle en bring dié toekennings (weer) Laeveld toe. Besoek solidariteit.co.za vir meer.

View Details

'n Man wat in 2019 verskeie misdade in Dullstroom gepleeg het, is gister effektief tot lewenslange tronkstraf gevonnis deur die Mpumalanga Hooggeregshof in Middelburg. Die 32-jarige Moses Maseko het op 19 Februarie 2019, ‘n vrou doodgesteek in haar hut in Dullstroom. Op pad polisiestasie toe vir ondervraging, het hy die polisiebeampte van sy wapen beroof en gevlug. Hy het by ‘n huis ingebreek, waar hy deur die inwoners ontdek is en die polisie is ontbied. Maseko het homself toe geskiet, maar het intussen herstel. Hy is later ook gekoppel aan die roof van ‘n sakeman in Dullstroom. Brigadier Selvy Mohlala:

View Details

Die maand van liefde het aangebreek en hierdie Valentynsdag kan jy die geleentheid kry om saam met ‘n Pumas-speler op ‘n afspraak te gaan. ‘n Hele klomp van hierdie jongmans het hul name in die ring gegooi om ‘n bietjie nuwe mense te ontmoet – natuurlik van die skoner geslag. Eduan Swart (21), speel haker en is oorspronklik van Pretoria. As jy dink julle twee sal dalk goed klaarkom, stuur vir ons ‘n WhatsApp-boodskap waarin jy ons 'n bietjie meer van jouself vertel. Merk dit net met die hitsmerk #DateAPuma.

View Details

Die polisie ondersoek 'n moord en poging tot moord na 'n man sy meisie Saterdagaand buite 'n kuierplek in Standerton doodgeskiet het. Volgens Brigadier Selvy Mohlala het hulle stry gekry voor hy haar geskiet het. Haar broer het probeer om tussenbeide te tree en is ook in sy onderlyf geskiet. Die verdagte het te voet gevlug en sy voertuig op die toneel gelos. Die gewonde man het sy suster hospitaal toe geneem, maar sy is met haar aankoms dood. Die broer is later ontslaan. Die polisie glo ene Jan Mofokeng kan hulle help met hul ondersoek en die publiek is gevra om speur-sersant Oupa Radebe met inligting te kontak by 063-445-7885.

View Details

Die Nelspruit-dokter Eurika Mogane-Jones is gekies as ‘n finalis in die 2022 “Forty under 40” Afrika-toekennings. Dié reeds bekroonde entrepreneur van Tharika M. Health sal Suid-Afrika in die gesondheids-kategorie verteenwoordig. Sy is reeds met ‘n Golden Key-eerbewys beloon vir haar werk, in 2020, om inligting oor Covid-19 wyd te vertaal en vryelik beskikbaar te maak. Die toekenningseremonie vind in Maart in Ghana plaas.

View Details

'n Kop-botsing op die N4 tussen Middelburg en eMalahleni het vanoggend vier lewens geëis. Moeti Mmusi van die departement van gemeenskapsveiligheid sê dit het kort na 5-uur vanoggend gebeur toe 'n minibus en 'n swaarvoertuig gebots het. Die bestuurder van die minibus en drie passasiers is op die toneel dood. Nog vier pasiënte is ersntig beseer. 'n Ondersoek is gelood om die oorsaak te bepaal.

View Details

Is jy lus vir 'n verandering hierdie Valentynsdag? Lundi Msenge (23), die Airlink Pumas se nuwe vleuel, is een van die spelers wat graag op 'n afspraak wil gaan met 'n Laeveldse vrou. Hy het ons 'n bietjie meer van homself vertel. As dit jou belangstelling prikkel, stuur vir ons 'n WhatsApp na die ateljee, oor hoekom jy dink julle goed bymekaar sal pas.

View Details

Om nog 'n taal te leer, is die grootste geskenk wat jy jouself kan gee, sê Marie-Louise Botha van Bothabile African Language Institute. Sy het vir Mireille de Villiers 'n les gegee in siSwati.

View Details

Vyf hubare jong Puma-spelers het hul hande opgesteek om vanjaar Valentynsdag te vier saam met ‘n Laeveldse nooi. Ons het vanoggend vir Etienne Janeke (23) beter leer ken. Dié vasskotstut is oorspronklik van Jeffreysbaai, en nog net sowat ses maande by die Pumas. As jy saam met hom op ‘n afspraak wil gaan, stuur vir ons ‘n stemnota na 061-496-4323 en vertel ons ook ‘n bietjie meer van jouself. Merk dit #DateaPuma en, wie weet, dalk is dit jy

View Details

Die 2022-sensus het aangebreek. Die volkstelling skop op 3 Februarie af. Huishoudings het tot middernag Maandag, 31 Januarie, om te registreer. Robert Thenga van Statistieke Suid-Afrika in Mpumalanga verduidelik dat mense vooraf moet registreer en kan kies of hulle in persoon, telefonies of aanlyn die vraelys in wil vul. Registreer hier: https://getcounted.statssa.gov.za/#!/home (Dit verg nie selfoondata nie). Om 'n sensusopnemer te verifieer, skakel 0800-110-248.

View Details

Danika van Deventer, ‘n gr. 12-leerling van Curro Nelspruit, het haar Springbokkleure vir modelwerk verwerf, nadat sy by Stars of the Universe, Talent Africa se internationale kompetisie in Januarie, goud verwerf het in twee afdelings. Sy het vir Gerhardt vertel sy doen al modelwerk sedert sy kon loop, en koester groot drome om dit as loopbaan te volg.

View Details

Valentynsdag kom vanjaar vroeg. Die 14de val op ‘n Maandag, so oor presies twee weke, 11 Februarie, vier die Pumas en Radio Laeveld dit saam. Vyf hubare jong spelers, almal nuut in die Laeveld, het hul hande opgesteek om die dag op ‘n afspraak te gaan saam met ‘n Laeveldse nooi. Vanoggend het ons die heelagter Herschelle Goodman (19) ontmoet. Luister hier om hom ‘n bietjie beter te leer ken. As jy saam met hom op ‘n afspraak wil gaan, stuur vir ons ‘n stemnota na 061-496-4323 en vertel ons ook ‘n bietjie meer van jouself. Merk dit #DateaPuma en, wie weet, dalk is dit jy!

View Details

Liefde is in die lug met Valentynsdag om die draai en vyf gelukkige Laevelders kan ‘n afspraak wen – met niemand anders nie as ‘n Puma-rugbyspeler. Ons het vanoggend vir Darrien Landsberg (23) ‘n bietjie beter leer ken. Dié slot is oorspronklik van Johannesburg en het net meer as ‘n jaar gelede by die Pumas aangesluit. As jy graag saam met hom op ‘n Valentynsdag-afspraak wil gaan, stuur vir ons ‘n WhatsApp-boodskap (merk dit #DateAPuma) na 061-496-4323 en vertel ons hoekom. Wie weet, dalk is dit net die begin van iets spesiaal.

View Details

Dit is amper weer tyd vir die legendariese Sabie Tube Race wat verlede jaar glad nie kon plaasvind nie weens Covid-19-inperkingsreëls. Vanjaar kan dit, en 2 000 mense kan op 4 en 5 Februarie saam partytjie hou. Johannes Coetzee van Round Table Witrivier wat dit reël, sê vanjaar se “resies” het spesiale beplanning en voorbereiding geverg. Alle opbrengste is ten bate van liefdadigheid. Dit vind plaas by Castle Rock oorkant Merry Pebbles. Francois van Coke, Van Pletzen en Spoegwolf verskaf die vermaak. Kaartjies is beskikbaar by Quicket.

View Details

Hoërskool Rob Ferreira se Martiens le Roux het tydens 2021 matriekeksamen agt onderskeidings behaal. Dasha du Toit het sewe en is aangewys as die top-presteerder in geografie in Mpumalanga. Hulle het vir Gerhardt meer vertel van die uitdagings wat die afgelope twee jaar aan leerlinge gestel het, en veral hul onderwysers bedank vir hul ondersteuning.

View Details

‘n Vermeende kaper is gister in Delmas vasgetrek na hy homself as ‘n ryloper voorgedoen het en saam met ‘n makker ‘n vragmotor gekaap het. Brigadier Selvy Mohlala sê die vragmotor was van Ermelo na Delmas op pad toe die bestuurder drie rylopers ‘n geleentheid gegee het. Hy het die vrou by ‘n winkelsentrum afgelaai. Daarna het die mans hom gevra om te stop en die een het hom gewurg terwyl die ander hom vasgebind het met skoenveters. Hulle het hom agterop die vragmotor onder ‘n kombers gesit. Die polisie het hulle kort daarna gestop. Die een het te voet gevlug, en ‘n 37-jarige verdagte is aangekeer.

View Details

‘n Groep passasiers is vanoggend onderweg werk toe saam met die busbustuurder beroof. Volgens die Mpumalanga polisie het drie gewapende mans by ‘n busstop in Tweefontein, naby Vlaklaagte, opgeklim. Hulle het almal se kontant en selfone geëis, twee skote afgevuur, en ‘n ent met die bus gery voor hulle te voet en met die sleutels gevlug het. Niemand is beseer nie.

View Details

'n Baie spesiale boor-projek het in die wêreldbekende Makhonjwa-berge begin om te bepaal of die alge wat daar te vinde is, wel die oudste bekende lewensvorm op aarde is. Phumelele Mashele verduidelik wat die berge so spesiaal maak en wat dit die mens alles kan leer van presies hoe die aarde gevorm het.

View Details

Die DA in Mpumalanga eis dat die LUR vir gesondheid in die provinsie, Sasekani Manzini, ingryp by Rob Ferreira-hospitaal waar operasies uitgestel word weens ‘n onklaar lugversorger in ‘n teatersaal. Die party se woordvoerder oor gesondheidsake in die provinsiale wetgewer, Jane Sithole, sê al die operasies wat in dié betrokke saal uitgevoer sou word, is onbepaald uitgestel. Sy noem dit ‘n skande en vra dat die betrokke pasiënte na ander hospitale oorgeplaas word waar hulle hulp kan kry.

View Details

Marie-Louise Botha van die Bothabile African Language Institute weet waarvan sy praat wanneer sy sê dit is moeilik om 'n nuwe taal te leer, maar elke mens het die vermoë om dit reg te kry. Sy praat agt tale, onder meer Sotho, Zulu, Sepedi, Tswana en siSwati. "Dit is die grootste geskenk wat jy jouself kan gee, vertel sy vir Mireille en Ludi.

View Details

Die Nelspruitse navigator, Danie Stassen, is terug van die Dakar-tydren in Saoedi-Arabië, waar hy en bestuurder Shameer Variawa vir span Toyota Gazoo algeheel 15de geëindig het. Stassen sê dit voel asof hy die lotery gewen het, en dat elke dag se deelname aan die moeilikste motorsport-wedren in die wêreld, ‘n oorwinning in die kleine was. Hy het vir Ludi en Mireille vertel hoe 'n Laevelder dit reggekry het om hierdie vlak van motorsport te bereik.

View Details

Wetenskaplikes skop vandag af met ‘n projek waarin vars monsters van die ou gesteentes uit die dieptes van die Barberton-Makhonjwa Berge geboor word. Die doel is om klippe te bereik wat relatief onveranderd is deur verwering prosesse sodat die leidrade wat dit bevat oor die vorming van die vroegste lewensvorme op die planet, ontleed kan word. Plaaslike geoloog, Phumelele Mashele, het die publiek genooi om te kom kyk wat hulle doen op die gewilde Geotrail langs die R40.

View Details

Die Nelspruitse navigator, Danie Stassen, is terug van die Dakar-tydren in Saoedi-Arabië, waar hy en bestuurder Shameer Variawa vir span Toyota Gazoo algeheel 15de geëindig het. Stassen sê dit voel asof hy die lotery gewen het, en dat elke dag se deelname aan die moeilikste motorsport-wedren in die wêreld, ‘n oorwinning in die kleine was.

View Details

Matriekleerlinge in Mpumalanga het in 2021 'n slaagsyfer van 73,6% behaal, ‘n klein afname van verlede jaar se 74%. Premier Refilwe Mtshweni-Tsipane sê Ehlanzeni-distrik het die hoogste slaagsyfer van 75,6%. Thaba Chweu tel onder die top 5 munisipaliteite en Mbombela was die beste kring met 91,4% van kandidate wat geslaag het.

View Details

Luke Smythe was Uplands College se toppresteerder met agt onderskeidings in sy nege vakke die afgelope matriekeksamen. Hy tel ook onder die top 1% van nasionale presteerders in die IEB-uitslae in lewenswetenskappe, fisiese wetenskappe en lewensoriëntering. Hy sê hy is gelukkig om in ‘n skool soos Uplands te kon wees, waar leerlinge baie goed ondersteun is met aanlyn onderrig. Hy het raad vir leerlinge wat nou hoërskool begin, vakkeuses moet maak en gr. 12 aanpak.

View Details

Die polisie in Mpumalanga het ‘n deurbraak gemaak teen onwettige mynbedrywighede met die arrestasie Dinsdag van 14 vermeende onwettige myners. Volgens brigadier Selvy Mohlala is die intelligensie-gedrewe operasie by die Schoogezight steenkoolhoop uitgevoer. Die verdagtes sal na verwagting in die Emalahleni-hof verskyn vir onwettige mynbedrywighede, asook bedrog, nadat hulle ‘n vervalste sertifikaat vir mynbou aan die polisie voorgelê het.

View Details

'n Vermeende dwelmhandelaar verskyn vandag in die hof nadat hy gister aangekeer is met behulp van inligting wat die gemeenskap aan die Mpumalanga polisie verskaf het. Hulle het reageer op inligting dat die verdagte in die Pankop-omgewing dwelms verkoop. Dagga, nyaope, onwettige sigarette, kontant en 'n polisie-reflekteerbaadjie is in die 35-jarige se huis gevind.

View Details

G.Fox Nelspruit het 'n nuwe tuiste en vier dit vandag met 'n partytjie. Verwag baie spesiale aanbiedinge die heeldag. Moenie uitmis nie! Niadri vertel ons meer.

View Details

Die onderwysdepartement het ouers gevra om Vrydag saam met hul kinders hul graad 12 uitslae by skole te gaan afhaal, sodat onderwysers die puntestate kan verduidelik. Meer as 62-duisend leerlinge in Mpumalanga het in 2021 die matriekeindeksamen afgelê. Die departement teiken ‘n slaagsyfer van 83-persent in die provinsie. Die departement rva ook dat ouers nie onnodige druk op hul kinders plaas nie. Woordvoerder Gerald Sambo sê hulle is bewus van die druk wat die uitslae op leerders en ouers plaas, en het professionele ondersteuning beskikbaar.

View Details

Sowat 15 gewapende mans word gesoek, nadat hulle Sondagaand drie Pakistanse burgers in Hazyview beroof het. Volgens die polisie het hulle die huis se hek en deure oopgebreek. Volgens inligting het sommige van die aanvallers polisie-uniforms en Valke-baadjies gedra. Die slagoffers is ook in die rug gesteek voor hulle met kabelbinders vasgebind is. Die huis is deursoek en ondermeer kontant, selfone en skootrekenars is gesteel.

View Details

‘n Jong moordenaar is gister tot 10 jaar gevangenisstraf gevonnis in die Belfast-landdroshof. Lebogang Choma het in 2017, as 18-jarige, die 22-jarige Nkopodi Makgokga noodlottig gesteek tydens ‘n argument oor ‘n meisie. Die provinsiale polisiekommissaris, luitenant-generaal Semakaleng Manamela, het by monde van polisiewoordvoerder, brigadier Selvy Mohlala, die ondersoekers geloof.

View Details

Hoërskool Nelspruit bied op 26 Februarie die interhoër aan, na dié vriendskaplike atletiek-byeenkoms in 2021 glad nie kon plaasvind nie. Hoof, Johan Hattingh, sê dit beloof om die leerlinge 'n stukkie "normaal" te bied te midde van die pandemie. Die atlete sal na raming sowat die helfte van die toegelate 2-duisend mense opmaak, en leerlinge van die sewe hoërskole sal dan voorkeur kry vir bywoning. Hattingh sê hulle hou duim vas dat meer mense, en ouers, teen dan toegelaat mag word.

View Details

Hoërskool Nelspruit bied volgende maand die interhoër aan, na hierdie vriendskaplike atletiek-byeenkoms in 2021 glad nie plaas kon vind nie. Hoof, Johan Hattingh, sê beloof om die leerlinge 'n stukkie "normaal" te bied te midde van die pandemie. Op 26 Februarie sal sewe hoërskole op hul terrein deelneem. Sowat duisend atlete sal die helfte van die toegelate 2-duisend mense beslaan, en daarna kry leerlinge van die sewe skole voorkeur vir bywoning. Hattingh sê hulle hou duim vas dat meer mense, en ouers, teen dan toegelaat mag word. Elke atleet mag aan vier items deelneem, met twee van elke skool in elke item.

View Details

‘n Vermeende renosterstroper is Vrydag deur die Valke aangekeer. Die Valke het Rogerio Domingos Moiane gearresteer tydens sy hofverskyning vir die besit van renosterhoring in Delmas op ‘n ander aanklag van renosterstropery. Volgens kptein Dineo Sekgotodi is Moiane aanvanklik in Maart 2016 in Kaapmuiden vasgetrek in besit van ‘n ongelisensieerde vuurwapen. Nadat hy op borg vrygelaat is, het hy versuim om vir sy volgende verskynings op te daag. In Oktober is hy weer in Delmas aangekeer op die N12 in besit van renosterhorings.

View Details

Twee mans sal vandag formeel vir borgtog aansoek kan doen wanneer hulle in die Barberton-landdroshof verskyn. Hulle is verlede week aangekeer in besit van plofstof. Volgens die polisie was beamptes besig om na ‘n moordverdagte te soek, toe hulle op die twee afkom in ‘n wit Fiat bakkie. Een het ‘n kosblik by die venster uitgegooi. Die polisie het die voertuig deursoek en plofstof en toerusting gevind. Die verdagtes van 29 en 43 jaar oud is gearresteer en het reeds in die hof verskyn.

View Details

Die polisie soek na ‘n sakeman van Schoemansdal wat na bewering twee mense van Pakistan ontvoer het. Volgens brigadier Selvy Mohlala is hulle die land binne gesmokkel via Malawi en Mosambiek en met hul aankoms deur die verdagte gevangene gehou. Een se familie het ‘n losprys betaal, terwyl die ander s’n die saak in Johanneburg aangegee het. Donderdag is die verdagte naby Valencia opgemerk en na ‘n hoë-spoed jaagtog kon hy vlug. Sy voertuig is later in die parkeerterrein van i’langa Mall opgespoor. By die huis waar die slagoffers aangehou is, is nog ‘n onwettige immigrant van Pakstani wat as hul oppasser uitgewys is, aangekeer.

View Details

En in sport: Die 2022 Curriebeker skop vanaand af met die eerste wedstryd tussen die Pumas en Vodacom Bulls by Mbombela-stadion. Toeskouers word weens Covid-19-regulasies beperk en ondersteuners moet hul inentingsertifikaat by die ingang kan toon. Pumas afrigter, Jimmy Stonehouse, sê hulle sien baie daarna uit om weer voor toeskouers te kan speel. Kaartjies is beskikbaar by die stadion se kaartjiekantoor teen R80 vir volwassenes en R20 per kind. Die wedstryd kan ook regstreeks gevolg word op 100.5FM met kommentaar van RadioRugby. Die afskop is om 19:00.

View Details

Drie gewapende rowers is gisteraand dood in ‘n skietgeveg met die polisie in Tonga. Volgens brig. Selvy Mohlala het ‘n groep gewapende mans ‘n plaaslike supermark binnegestorm en televisiestelle, sigarette, lugyd-koepons en kontant geroof. Die polisie het hulle in hul wegkomvoertuig opgespoor. Na bewering het die rowers op hulle gevuur en met die terugskiet deur beamptes is drie verdagtes noodlottig gewond. Een vermeende rower kon vlug.

View Details

'n Man is vanoggend amper sy graaf kwyt, toe 'n grypdief dit van agter op sy bakkie gesteel het. 'n Ooggetuie, Deon Meyer, het agter die betrokke bakkie gewag om regs te draai op Madiba-Rylaan by die Samora Machel-kruising toe hy dit sien gebeur. Hy en die slagoffer het die dief agterna gesit en hy het sy buit neergegooi. John Meintjies van ACS Sekuriteit sê dit gebeur veral ook op die kruising van Samora Machel en Henshallstraat by die Promenade. Hy sê dit is 'n geleentheidsmisdaad.

View Details

Allan Laing, die nuwe hoof van Uplands White River College, het vanoggend in die ateljee kom kuier. Hy het met Ludi en Mireille gesels oor hoekom hy baie opgewonde is om by die Uplands-familie aan te sluit.

View Details

Drie mans is gister swaar gevonnis in die Mpumalanga Hooggeregshof vir ‘n moord wat hulle in Junie 2019 gepleeg het. Vusi Sihlabela, Karabo Makhubedu en Norman Mokoena het ‘n man van sy beursie beroof in ‘n drinkplek in Marite naby Hazyview. Toe hulle uitvind hy het die saak by die polisie aangegee, het hulle hom in sy huis dood gaan skiet. Volgens brigadier Selvy Mohlala is sy nefie ook gewond. Al drie is lewenslank opgelê vir die moord en 65 tot 75 jaar vir poging tot moord, roof met verswarende omstandighede en die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie.

View Details

Kollegas van die bevelvoerder van Elukwatini-polisiestasie, kol. Beauty Marivate (55), het gister van haar afskeid geneem. Sy is op 30 Desember doogeskiet toe sy gereageer het op 'n noodroep oor 'n sakeroof en verdagtes op haar voertuig losgebrand het. Sy is gewond en is hospitaal toe gehaas, waar sy aan haar wonde beswyk het. Agt verdagtes is sedertien daarvoor gearresteer. Die polisieminister, gen. Bheki Cele, het tydens haar ampelike begrafnisdiens by Elukwatini-stadion gepraat. Woordvoerder, Lirandzu Themba, sê nog arrestasies word verwag.

View Details

Vier verdagtes tussen 28 en 30 jaar oud sal na verwagting vandag in die Barberton-landdroshof verskyn vir die besit van drie ongelisensieerde pistole en ammunisie. Volgens brigadier Selvy Mohlala is die Nelspruit-blitspatrollie en Kaapmuiden SAPD verwittig oor 'n verdagte Toyota Corolla, wat hulle kort daarna op die N4 naby Kaapmuiden afgetrek het. Een gelisensieerde pistool en geweer in hul besit is ook gekonfiskeer.

View Details

Verskeie graad een en agt leerlinge wag nog vir plek in skole in Mbombela en Witrivier. Die akademiese jaar skop Woensdag af. Volgens die provinsiale onderwysdepartement, benodig 214 graad agt en 213 graad een leerders plek in Mbombela, en 33 graad agt en 35 graad eens in Witrivier. Lucy Moyane, departementshoof, sê kontrakteurs is ook aangestel om 40 tydelike klaskamers by vier laerskole aan te bou. Volgens Moyane sê hul nuwe doelwit om behoorlike sanitasiegeriewe by skole te verseker, is 2023.

View Details

Sowat agt gewapende mans het gisteraand ‘n Sunbake bakkery in Bosbokrand beroof. Volgens brigadier Slevy Mohlala het hulle om ongeveer half 12 die bakery bestorm. Hulle het sekerheidswagte wat in ‘n bakkie by die hek geparkeer was, van hul vuurwapens beroof en in ‘n kantoor toegesluit. Hulle het met plofstof die kluis oop geblaas, voor hulle in die rigting van Hazyview gevlug het met kontant, die vuurwapens en 'n Bidvest Toyota bakkie met registrasienommer TY74FSGP.

View Details

Dr. Donnie Engelbrecht het Maandag een van die Kaapsehoop wilde perde uit 'n strik verlos. Die merrie se been is gelukkig nie erg beskadig nie. Engelbrecht sê strikke is egter geensins die grootste bedreiging van die perde nie. Voertuie wat hulle tref is 'n groot gevaar.

View Details

‘n 28-jarige verdagte is aangekeer vir ‘n sakeroof wat Dinsdag by ‘n poskantoor naby Bosbokrand uitgevoer is deur ‘n groep van ongeveer 10 gewapende mans. Volgens brig. Selvy Mohlala het hulle die werknemers beveel om op die vloer te lê en een gedwing om die kluis oop te maak. Skote is lukraak afgevuur wat paniek veroorsaak het. Hulle het met kontant gevlug in drie voertuie met vervalste nommerplate. Een is in die BMW, en in besit van ‘n vuurwapen sonder ‘n reeksnommer, aangekeer.

View Details

‘n Tienermeisie van Gauteng is gister in haar been getref toe sy saam met haar ma en boetie aangeval is, op pad terug van ‘n vakansie in die Krugerwildtuin. Volgens Sersant Nanikie Nonyane van die Masoyi polisie, het dit om sowat kwart voor 1 gebeur naby die taxi-staanplek op die R538 deur Mganduzweni. Die ma het stadiger gery oor ‘n spoedhobbel toe twee verdagtes op hulle begin skiet het. Sy het weggejaag. Volgens die polisie is verskeie skote afgevuur wat onder meer die kar se regter agterband en windskerm getref het. Die kind is Mediclinic Nelspruit toe geneem het vir behandeling.

View Details

Die Barberton DBV het ‘n rowwe begin aan 2022 beleef toe ‘n groot boom se vallende tak die naweek van hul infrastruktuur beskadig het. Dít na 2021 gekenmerk is deur inbrake en pogings tot inbrake by hul kennels. Marlies Liebenberg sê geen van die diere is gelukkig beseer nie. Die omheining rondom die kennels, sowel as die skadunet wat vir die honde en hul hokke van skadu voorsien, is erg beskadig.

View Details

Die polisie se duikeenheid het gister die liggaam van ‘n 35-jarige man ontdek wat op Nuwejaarsdag verdrink het. Volgens polisiewoordvoerder, kaptein Gugu Phiri, het hy na bewering geval en gegly by Lisbon Waterval in Graskop. Die provinsiale polisiekommissaris, luitenant-generaal Semakaleng Manamela, het mense gewaarsku om versigtig te wees by toersite-aantreklikhede.

View Details

'n Vermeende dwelmhandelaar en motorkaper is die week in Emzinoni aangekeer. Jamvier Ramazani (30) het Dinsdag in die Bethal-hof verskyn. Volgens die Valke se kaptein Dineo Sekgotodi soek hulle hom sedert Julie toe hy arrestasie ontduik het tydens 'n intelligensie gedrewe operasie in Bethal waartydens tien verdagtes aangekeer is vir dwelmhandel. Ramazani word gekoppel aan twee dwelmhandelsake en ‘n motorkaping in Julie. Hy sal op 4 Januarie weer verskyn vir die kaping en op 4 Februarie saam met die ander tien vir dwelmhandel.

View Details

‘n 28-jarige vrou sal na verwagting vandag in die hof verskyn op klagte van moord, nadat haar 21 maande oue dogtertjie se liggaam Dinsdag in ‘n vlak graf in ‘n veld by Phake Rebone, naby Mmamethlake, gevind is. Volgens die polisie is die kind Vrydag laas gesien toe sy saam met haar ma by die huis weg is. Familielede het agterdogtig geraak toe die vrou later sonder haar kind terugkeer en nie kon verduidelik waar sy is nie. Hulle het die saak by die polisie aangemeld wat tot die soektog gelei het.

View Details

Gerhardt het die pad gevat Vrystaat toe, en gaan kuier by Onze Rust, die familieplaas van oudpresident MT Steyn, die sesde en laaste president van die onafhanklike Republiek van die Oranje Vrystaat. Dit was die eerste keer ooit dat 'n radiostasie regstreeks van hierdie historiese baken uitgesaai het. Sy agterkleinseun, adv. Colin Steyn, vertel meer oor die geskiedenis.

View Details

Twee verdagtes van 29 en 32 jaar oud is gister in Sabie aangekeer deur die Nelspruit Blitspatrollie. Hulle was glo in die besit van ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie. Volgens kaptein Gugu Phiri was hulle in 'n voertuig wat na bewering by Kabokweni gekaap is. Die nasporingsmaatskappy en polisie het gevolg. Sy sê hulle het in bosse in gevlug toe hulle besef hulle word agtervolg en is deur ‘n vriend opgelaai. Die polisie het hulle na ‘n huis in Sabie gevolg. Drie 9 milimeter pistole sowel as vermoedelik gesteelde selfone is in hul besit gevind. Beide behoort vandag in die hof te verskyn.

View Details

‘n 31-jarige man het gister in die Lydenburg-landdroshof verskyn vir die besit van ‘n gesteelde vuurwapen. Hy is die vorige dag deur die Lydenburg honde-eenheid aangekeer na hulle 'n verdagte vragmotor gestop en deursoek het. Die Z88-pistool is in sy bagasie gevind. Volgens polisiewoordvoerder, kaptein Gugu Phiri, het die verdagte erken hy het die vuurwapen by ‘n polisie-beampte afgeneem. Die saak is uitgestel tot 11 Januarie.

View Details

Justin en Ané Grobbler maak in Januarie Grace Baby Haven se deure in Mbombela oop. Dit is 'n veilige hawe vir weggooibabas, waarna daar 'n baie groot vraag is. Hulle het vir Mireille meer vertel.

View Details

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens ervaar 'n ernstige tekort aan bloed, en het mense aangemoedig om bloed te skenk voor Kersfees. Ronald Marsh skryf dit toe aan 'n toename in die vraag na bloed en afname in skenkings wat hulle gewoonlik hierdie tyd van die jaar ervaar. In Mbombela is die skenkingsentrums by I'langa Mall en Grove-winkelsentrums sewe dae 'n week oop.

View Details

Ses mense is Maandag deur die Valke aangekeer op 117 klagte van bedrog, korrupsie en geldwassery van meer as 3‪-miljoen-Rand. Nomthandazo Khoza was 'n boekhou-klerk in die departement van onderwys wat tussen Mei 2019 en November verlede jaar saam met 'n kollega, Mosibudi Makutu, begunstigdes vervals het en betalings aan hulself en familielede gemaak het. Vier familielede is ook aangekeer en daar is op vier voertuie beslag gelê. Khoza is borg van 15-duisend-Rand toegestaan en die ander tussen 3-duisend en 5-duisend-Rand elk. Die saak is uitgestel tot 24 Maart.

View Details

Merkery vir die matriek eindeksamen loop vandag in Mpumalanga ten einde. Die woordvoerder vir die provinsiale departement van onderwys, Gerald Sambo, sê hulle is tevrede met hoe die nasienery verloop het. Geen ernstige voorvalle is by enige van die 21 merksentrums aangemeld nie. ‘n Totaal van 69 260 gr. 12 leerlinge het die eksamen afgelê. Die departement mik vir ‘n slaagsyfer van 83%. Die uitslae sal op 21 Januarie by die Universiteit van Mpumalanga aangekondig word.

View Details

Kinders van al hoe jonger ouderdomme benodig toenemend professionele hulp vir angs. Die onsekerheid wat onder meer die Covid-19-pandemie teweeg gebring het, dra daartoe by, maar dit is nie tot dit beperk nie. Opvoedkundige sielkundige, Christie Malan, gee raad vir ouers.

View Details

Mbombela se nuutverkose burgemeester, Sibongile Makushe, sê ‘n groter klem moet op toerisme geplaas word. Die sakegemeenskap het van hul mees dringende kwellinge aan haar gelug tydens ‘n onlangse ontbytvergadering. ‘n Groot en gedeelde kwessie was die afwesigheid van ‘n wesenlike plaaslike ekonomiese ontwikkeling-strategie vir die munisipaliteit. Daar is tans ook net een amptenaar wat vir toerisme werk in Mbombela. Makushe se plan om sommige departemente te herstruktureer is verwelkom.

View Details

Ses mense is gisteraand dood in ‘n ongeluk op die R38 tussen Kaapmuiden en Barberton. Volgens Moeti Mmusi, van die departement vir gemeenskapsveiligheid, het twee sedans om ongeveer 20:00 reg van voor teen mekaar gebots. Vier vroue en twee mans tel onder die oorledenes wat beide bestuurders insluit. Nog drie mense is ernstig beseer en na 'n hospitaal in Mbombela gehaas. Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

View Details

'n 57-jarige man wat daarvan aangekla word dat hy sy ses-jarige kleindogter doodgesteek het, bly in aanhouding tot Januarie sodat hy psigiatriese evaluering kan ondergaan. Die man het Woensdag in die Emalahleni-landdroshof verskyn. Volgens brigadier Selvy Mohlala is die dogtertjie Sondag in Vosman verskeie kere gesteek. Gemeenskapslede wat hom beskuldig het, het hom aangerand. Hy moes deur die polisie gered word. Die hospitaal het Maandag bevestig dat sy aan haar wonde beswyk het. Die saak is uitgestel tot 26 Januarie 2022.

View Details

Groot skade is aan verskeie winkels by Tonga Mall aangerig tydens ‘n rooftog. Volgens die polisie se brigadier Selvy Mohlala het ‘n groep aanvallers Woensdag om half 2 die oggend ‘n sekuriteitswag vasgebind en die ander beveel om te vlug. Met hul aankoms het ‘n skietgeveg tussen die polisie en rowers ontstaan. In twee van die sewe winkels is plofstof gebruik om kluise oop te blaas. Selfone en klere is ook gesteel. Volgens Mohlala is verskeie verdagtes ingeneem vir ondervraging, maar daar word steeds na sowat 15 gesoek.

View Details

Roelf Kotze, bestuuder van Mbombela-stadion, is opgewonde dat hulle in Augustus 'n All Black - Springbok toets sal aanbied, iets wat hy 'n absolute hoogtepunt vir die stad en stadion noem. Dit sou verlede jaar plaasgevind het, maar alles is afgestel weens die pandemie. Die Pumas skop hul Curriebeker-toernooi die naweek van 14 Januarie af. Volgens Kotze sal 2-duisend toeskouers op hierdie stadium by wedstryde toegelaat mag word.

View Details

Die MTPA soek steeds na 'n trop leeus wat meer as 'n week gelede uit die Krugerwildtuin tot in Marloth Park ontsnap het. Gerrie Camacho sê hulle beplan om hulle te pyl en te skuif, weens die gevaar wat hulle vir mense inhou. Hul taak word egter bemoeilik deur dat die leeus nie heeltyd saam beweeg nie. Volgens hom verhoog dit mense se kanse om hulle raak te loop.

View Details

Hondsdolheid gaan nooit weg nie. Daar is landyd vanjaar 'n skerp styging in gevalle van die siekte onder mense aangemeld - die meeste van hulle kinders. Dr. Molly Lubbinge van The Vets @ 66 in Mbombela, waarsku dat mense steeds op hul hoede moet bly, selfs wanneer daar nie 'n uitbreking van die virus is nie. Sy het met Gerhardt gesels.

View Details

Mense met Alzheimer's siekte het spesiale versorging nodig, en dit moet dikwels deur geliefdes gedoen word. Elria Erasmus, maatskaplike werker by Alzheimer's Nelspruit, het raad as jy jouself in daardie situasie bevind.

View Details

‘n 37-jarige man sal na verwagting vandag in die Komatipoort-landdroshof verskyn op klagte van die besit van vervalste goedere. Hy is Donderdag by die Lebombo-grenspos aangekeer toe hy in besit gevind is van nagemaakte tekkies ter waarde van sowat 3,8-million-Rand wat hy in Suid-Afrika ingesmokkel het. Volgens polisiewoordvoerder, brigadier Selvy Mohlala, is daar op die vragmotor wat in die pleeg van die misdaad gebruik is, en self sowat 3,5-miljoen-Rand werd is, beslag gelê.

View Details

Phumzile Maqondwana is gisteraand by die Mpumalanga Rugbyunie se toekenningsaand aangewys as die Pumas Curriebeker-speler van die jaar. Hy is ook as voorspeler van die jaar bekroon by die geleentheid by Mbombela-stadion. Die spelers se Speler van die Jaar is Pieter Janse van Vuren. Bongani Rainmaker is ook aangekondig as die span se nuwe titelborg vir die 2022 seisoen. Maqondwana sê die toekenning is vir hom ‘n baie groot eer.

View Details

AfriForum het weer verskeie dorpe in Mpumalanga se water getoets om die blou- en groendruppelstatus van hul drink- en rioolwater te bepaal. Volgens Hennie Bekker, AfriForum se distrikskoördineerder, voldoen al die dorpe in die provinsie se drinkwater aan die minimum standaarde en bevat dit nie skadelike bakterieë nie. Twaalf rioolsuiweringsaanlegte wat getoets is, voldoen egter nie aan die gestelde mikrobiologiese standaarde nie. Dit is Belfast, Dullstroom, Evenader, Leandra, Machadodorp, Middelburg, Nelspruit, Standerton, Witbank en twee in Secunda. Bethal se aanleg funksioneer glad nie.

View Details

‘n 27-jarige man wat glo betrokke was by verskeie sakerowe en inbrake regoor die provinsie, verskyn weer vandag in die Nkomazi-landdroshof. Hy is Maandag in Tonga aangekeer. Volgens die polisie word hy gekoppel aan verskeie rooftogte in September en Oktober waartydens plofstof gebruik is om onder meer kontant te steel. Volgens brigadier Selvy Mohlala was die man glo ook deel van die groep wat in Oktober winkels in Schoemansdal en Elukwatini deur die gebruik van plofstof beroof het.

View Details

Die Mpumalanga LUR vir gemeenskapsveiligheid, Vusi Shongwe, skop Donderdag die provinsie se padveiligheid-veldtog af tussen Standerton en Balfour. Die besige R-23 was die afgelope vakansietye die toneel van baie noodlottige ongelukke. Die veldtog moedig padgebruikers aan om padreëls na te kom om ongelukke te verminder. Vanjaar is die fokus veral daarop om nie te jaag nie. Woordvoerder, Moeti Mmusi:

View Details

‘n Jong man het verlede week gehelp om sy sussie, wat voor sy geboorte ontvoer is, na meer as 20 jaar op te spoor. Die pasgebore baba is in Maart 2001 in Ermelo ontvoer. Polisiewoordvoerder, brig. Selvy Mohlala, verduidelik. Op 29 November vanjaar het die eerste deurbraak gekom: die ontvoerde baba se jonger boetie, nou 19 jaar oud, het ‘n foto van sy sussie op sosiale media gesien, en agterdogtig geraak omdat sy presies lyk soos hul ma as tiener. Hy het die polisie gekontak, en DNS-toetse het bevestig dat sy die ontvoerde baba is. Die verdagte, ‘n 50-jarige vrou, is aangekeer. Sy kan nie geïdentifiseer word nie, om die slagoffer se identiteit te beskerm. Sy het op 30 November in die Ermelo-landdroshof verskyn en is borgtog van R1 000 toegestaan. Die saak is uitgestel tot 18 Januarie. Die 20-jarige vrou is na ‘n plek van veiligheid geneem en ontvang berading en sal hopelik binnekort met haar biologiese gesin herenig word, aldus Mohlala.

View Details

‘n 18-jarige man is in Bosbokrand aangekeer omdat hy na bewering twee broers gesteek het. Die 23-jarige Karabo Mathosi is dood, en sy 19-jarige broer gewond. Volgens die polisie het hulle in die vroeë oggendure van Sondag buite ‘n drinkplek wat gesluit was met dobbelstene gedobbel toe die argument ontstaan het. Die verdagte sal na verwagting vandag in die hof verskyn op klagte van moord en poging tot moord.

View Details

Die polisie in Nelspruit ondersoek ‘n dubbele moord na ‘n ma en haar volwasse seun se liggame Sondagoggend in Mataffin gevind is. Die bure het glo gister die polisie gebel weens die reuk wat uit die huis gekom het. Die 44-jarige vrou se liggaam is gevind met ‘n plastieksak oor haar kop en ‘n bed bo-op haar. Die liggaam van haar 28-jarige seun, saam met wie sy gewoon het, is by die motorhuis gevind met steekwonde. Kolonel Donald Mdhluli:

View Details

Bietjie-Bietjie-Bos het gekom en weer gegaan en was 'n groot sukses. Innibos se bemarkingshoof, Sandra Jacobs, sê hulle is baie tevrede met die opkoms, en dankbaar vir al die ondersteuning. Hulle beplan ook reeds aan die groot fees in die winter, maar sal nie die datums aan kan kondig tot hulle seker is hulle sal dit mag aanbied nie.

View Details

Bietjie-Bietjie-Bos mag veel kleiner wees as die fees waaraan Laevelders oor die jare gewoond geraak het, maar die aanbieding bly groot. Komedie en drama is op die planke in drie teaterproduksies: "Wat As", "Die Grapmakers" en "Groet die Grotman 2". Kaartjies is by die deur en Computicket beskikbaar. Luister hier wat die akteurs oor hul produksies te sê het.

View Details

Plaaslike toeriste operateurs is verpletter deur die reisverbod wat verskeie lande op Suid-Afrika geplaas het na die jongste Covid-19-variant opgespoor is. Oupa Pilane van Kruger Laeveld Toerisme sê dat veral safari lodges op internasionele besoekers staatmaak en 'n goeie Desember nodig gehad het. Dit is egter nou van die baan met nog werksverliese in die vooruitsig.

View Details

Die VF Plus beplan om ʼn klag by die openbare beskermer in te dien oor meer as 300-miljoen-Rand wat die afgelope 10 jaar aan twee projekte in Mpumalanga spandeer is – wat blykbaar nie bestaan nie. Die provinsiale departement van kultuur, sport en ontspanning het die geld vir die twee erwe, wat bedoel is vir ‘n kulturele sentrum in Witrivier en hoë-prestasie sentrum in eMakhazeni glo bestee aan die grond, argitek- en ingenieursdienste en vatbaarheidstudies. Die party se Werner Weber sê egter die departement kan nie bewyse daarvan kry nie, en ondersoek die saak self.

View Details

Meer as 255 verdagtes is die afgelope drie dae in Mpumalanga aangekeer vir verskeie misdade. Oortredings sluit in moord, dronkbestuur, die besit van onwettige vuurwapens en gesteelde goedere, sowel as oortreding van die wet op immigrasie. Polisiewoordvoerder, brigadier Selvy Mohlala, sê die stop en soek, padblokkades, inspeksies, patrollies en verhoogde sigbaarheid sal oor die feestyd intensifiseer.

View Details

Bietjie-Bietjie-Bos skop môre af. Elandré sê hy is geëerd om Vrydagaand by die Kliphard kykNET-konsert die verhoog met onder meer Francois van Coke en Spoegwolf te deel. Dié gewilde sanger sê hulle het regelik naels gekou voor pres. Cyril Ramaphosa aangekondig het dat die land nie nou na 'n hoër vlak van inperking sal skuif nie.

View Details

Na twee jaar van geen Innibos Kunstefees nie, word daar van 1 tot 5 Desember, Bietjie-Bietjie-Bos gehou. Bywoningsgetalle op die feesterrein moet beperk bly tot 2 000 mense ween inperking. Feesbestuurder, Andy Lubbe, verduidelik hoe die feesterrein gaan werk tydens die Vrydag, Saterdag en Sondag se aandkonserte.

View Details

Dit is 16 dae van aktivisme teen geweld teen vroue en kinders. Nomfundo Myeza van Child Welfare Nelspruit sê dit is bitter nodig om te praat oor die mishandeling van kinders, wat al hoe erger word, en elke gemeenskap raak, ongeag hul sosio-ekonomiese agtergrond of kultuur.

View Details

Tien munisipaliteite in Mpumalanga se totale skuld aan Eskom beloop tans 12,5-miljard-Rand. Dit blyk uit ʼn antwoord die LUR vir samewerkende regering en tradisionele aangeleenthede, Busisiwe Shiba, op ‘n vraag van die VF Plus. Die groot sondaar is eMalahleni wat 5,5-miljard-Rand aan die kragverskaffer verskuldig is. In die Laeveld skuld Thaba Chweu sowat 975-miljoen-Rand en Mbombela 746-miljoen-Rand. Die party se Werner Weber sê die provinsiale regering moet ingryp.

View Details

Mpumalanga se LUR vir maatskaplike ontwikkeling, Lindiwe Ntshalintshali, het haar kommer uitgespreek oor die toenemende gevalle van geweld teen vroue en kinders sedert April. Tot en met September is 84 vroue in die provinsie vermoor, 716 verkrag, 72 seksueel aangerand, en 3-duisend-164 aangerand. Die provinsiale regering het Vrydag hul 16 Dae van Aktivisme-verldtog in Karinet afgeskop. Ntshalintshali het ‘n beroep gedoen op die polisie om meer kinderbeskermings-eenhede te skep. Areas soos Kabokweni, Pienaar, Embalenhle, Emalahleni en KwaMhlanga is uitgelig as besonders kommerwekkend.

View Details

Die ANC se Sibongile Makhushe is Dinsdag tot die nuwe uitvoerende burgemeester van Mbombela-munisipaliteit verkies. William Nkatha is die raad se nuwe Speaker. Taylor Nsimbini is tot hoofsweep verkies. Al drie was die enigste genomineerde kandidate vir die ampte. Die nuutverkose raadslede is ook tydens hul eerste sitting, wat by Mbombela-stadion gehou is, ingesweer. Die ANC het tydens die plaaslike verkiesing ‘n meerderheid van 65% van die stemme gekry om 59 setels te wen. Nkatha sê geen korrupsie sal geduld word nie.

View Details

Die VF Plus het Mbombela-munisipaliteit by die provinsie se Groen Skerpioene verkla oor beweerde rioolbesoedeling in die Witrivier-natuurreservaat. Die party het die waarnemende LUR, Busisiwe Shiba, versoek om dit dringend te ondersoek en die munisipaliteit te beveel om ʼn volhoubare oplossing vir die probleem te vind. Volgens Freddy Robertson, ‘n VF Plus-raadslid, word rioolpompe nie onderhou nie, en ontbreek onderdele, met die gevolg dat onverwerkte riool in die omgewing uitlek en uiteindelik in die Krokodilrivierstelsel opgeneem word.

View Details

Laerskool Nelspruit se JP Snyman (12) is pas terug van sy tennistoer in Europa. Hy het op die Paris West Tennis Academy se kleibane geoefen en aan sy eerste toernooi op dié oppervlakte deelgeneem waar hy sewe van sy nege wedstryde gewen het. Hy en pa, Tiaan, het met Gerhardt gesels oor dié ervaring.

View Details

Die VF Plus in Mpumalanga het die ANC veroordeel dat hulle aan die eise van stakende munisipale amptenare van Steve Tshwete-munisipaliteit toegegee het. Volgens Werner Weber het hulle die afgelope weke die dorp in 'n rommelhoop verander. Die stakende werkers wat op 12 November afgedank is, is met onmiddellike effek heraangestel en hul salarisse opwaarts aangepas. Die munisipaliteit sal ook van ʼn Vlak 4-munisipaliteit tot Vlak 5 opgradeer word, wat Weber sê hulle nie kan befonds nie.

View Details

‘n 42-jarige verdagte sal vandag in die Barberton-hof verskyn op twee klagte van moord. Hy word aangekla dat hy Speurder Nkosinathi Lucky Ngwenya en sy vriend, Jaftha Mnisi, op 17 Oktober by Zanni Tavern in Barberton doodgeskiet het. Ngwenya was aan die speurtak in Nelspruit verbonde en was ten tyde van die voorval van diens af. Volgens Kaptein Dineo Sekgotodi van die Valke is die verdagte Dinsdag gearresteer in samewerking met die provinsiale opsporingspan, Barberton-speurders en blitspatrollie.

View Details

Die VF Plus het die Grondwethof se uitspraak Maandag verwelkom dat die mynboureus, Atha Africa Ventures, nie met mynboubedrywighede in Wakkerstroom mag begin voordat alle uitstaande hofsake en -aansoeke teen hom afgehandel is nie. Die maatskappy poog al vir ses jaar om steenkool in die waterryke Mabola-bewaargebied te ontgin, maar word deur agt bewaringsorganisies teengestaan. Provinsiale partyleier, Werner Weber, sê Mpumalanga is heel bo aan die lys vir steenkoolmynmaatskappye wat nie aan watergebruiklisensies voldoen nie.

View Details

Om te kan swem is 'n noodsaaklike lewensvaardigheid, en selfs meer so in Suid-Afrika (en die Laeveld) waar water en swembaddens en damme 'n leefstyl is. Hoe hou jy klein kindertjies egter veilig? Lauren Roberts van Swim Dynamics het met Amanda daaroor gesels.

View Details

Agt verdagtes sal na verwagting vandag in die hof in Komatipoort verskyn op klagte van bedrog en korrupsie. Drie is Vrydag aangekeer en nog drie gister. Valke-woordvoerder, kaptein Dineo Sekgotodi, sê nog twee verdagtes sal hulself vandag aan die owerhede oorhanding. Sy sê die intelligensie-gedrewe operasie na immigrasie-beamptes by Lebombo-grenspos het in Desember 2019 afgeskop. Hulle het glo tydelike werks- en verblyfpermitte uitgereik. Hulle het na bewering ook omkoopgeld aanvaar om onwettige immigrante van Mosambiek, Eswatini, Zimbabwe en Malawi se paspoorte te stempel om hul verblyf in Suid-Afrika te verleng. Minsiter van binnelandse sake, Aaron Motswaledi, het die uitvoer van die eerste lasbriewe Vrydag bygewoon. Hy het sy versekering gegee dat dit tekenend is van hul vasberadenheid om korrupsie in die departement uit te roei.

View Details

Niemand is nog aangekeer vir die kaping en roof van LUR, Speedy Mashilo, Donderdag nie. Mashilo is die Mpumalanga LUR vir menslike nedersettings en streeksvoorsitter van die ANC. Volgens polisiewoordvoerder, brig. Selvy Mohlala, was hy om ongeveer 12:00 op pad om te gaan jag, toe hy op die R568 tussen Ekangala en KwaMhlanga deur gewapende rowers in ‘n BMW voorgekeer is. Hulle het vuurwapens op hom gerig om hom te dwing om stil te hou. Hulle het Mashilo in die BMW in forseer en met hom en sy Toyota Hilux na die Oos-Rand gery. Hy is na sowat agt uur in ‘n afgeleë gebied naby Thembisa afgelaai war hy deur verbygangers gehelp is. Buiten sy bakkie is hy van R25 000 kontant, bankkaarte, kruideniersware, ‘n gelisensieerde jaggeweer en 25 rondtes ammunisie beroof.

View Details

Twee mans wat na bewering saamgesweer het om meer as R4,5 miljoen by die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling te steel, het gister in die Nelspruit-landdroshof verskyn. Ronny Germany Ngwenyama en Tinyiko Shadrack Golele word van bedrog, diefstal en geldwassery aangekla. Golele was 'n werknemer van die Mpumalanga departement en werk tans in Polokwane vir die departement van landbou. Volgens die Valke se kapt. Dineo Sekgotodi sal hul familielede wat ook in die geld gedeel het, na verwagting ook nog aangekla word. Albei is borgtog toegestaan van R5 000. Die saak is uitgestel tot 4 Februarie.

View Details

Dele van Mbombela en Nkomazi is die afgelope naweek erg beskadig deur storms. Volgens Jacques Benade van provinsiale rampbestuur was die meeste skade gekonsentreer in Nkomazi. Sowat 560 huise, twee gemeenskapsale, 14 skole, nege kerke, 12 winkels en twee gastehuise is beskadig. Hy voeg by dat nog sulke storms vir die res van die somer verwag kan word, weens veranderende klimaatspatrone.

View Details

Dele van Mbombela en Nkomazi is die afgelope naweek erg beskadig deur storms. Jacques Benade van provinsiale rampbestuur het vir Gerhardt vertel wat hulle die res van die somer van die weerspatrone verwag. Luister hier weer daarna.

View Details

‘n Verdagte is aangekeer en een is voortvlugtig na ‘n jaagtog wat uitgeloop het op ‘n skietery by Crossing-sentrum vanoggend. Albert Gryvenstein van Bossies Community Justice sê hy het inligting bekom oor ‘n Oranje VW Polo wat in die vroeë oggend-ure in Ermelo gesteel is. Sekuriteitsbeamptes van BCJ en Hi-Tech Sekuriteit het reageer en die verdagtes vanaf Barberton tot by Crossing agternagesit waar die skietgeveg uitgebreek het. Niemand is beseer nie. Een verdagte kon vlug. 'n Vuurwapen is ook teruggekry

View Details

Innibos hou vanjaar vanaf 1 tot 5 Desember 'n Bietjie-bietjie-Bos. Hierdie weergawe van die jaarlikse Innibos Kunstefees sal aansienlik kleiner wees as die gewone fees in Junie wat die afgelope twee jaar weens die Covid-19-pandemie nie plaas kon vind nie. Philna Scholtz, programbestuurder van die fees, sê dit is belangriker as ooit om kunstenaars te ondersteun. Kaartjies is beskikbaar by Computicket.

View Details

Die polisie is op soek na drie verdagtes wat om ongeveer 1-uur vanoggend by 'n kroeg in Tonga ingebreek het. Die mans, gewapen met 'n geweer en handwapens, het op die polisielede op die toneel geskiet. Hulle het teruggevuur. Brigadier Selvy Mohlala sê hulle glo dat ten minste een van die aanvallers gewond is. Die publiek is gevra vir inligting.

View Details

Radio Laeveld, in samewerking met Mbombela-gholfklub, hou Vrydag ‘n jaarlikse gholfdag ten bate van Met Hart, 100.5 se welwillendheidsorganisasie. Daar is verskeie pryse op die spel. Anton Botha gaan op die dag musiek maak. Die inskrywing vir ‘n vier-bal beloop een-duisend-200-Rand. Om betrokke te raak, kontak Vanessa by 084-626-4007 of Alichia by 079-522-0973.

View Details

Die VF Plus sê hul groei van 242% in die plaaslike regeringsverkiesing bevestig hulle is een van die groot vyf rolspelers op die Suid-Afrikaanse politieke landskap. Die party sê die uitslag was ook 'n oorwinning vir minderheidsgroepe. Pieter Groenewald sê een van die redes is dat die party by herhaling gewys het dat hy bogemiddeld presteer het met beperkte steun. Die VF Plus het nou verteenwoordiging in al agt metro’s in Suid-Afrika. Werner Weber, die partyleier in Mpumalanga, wys daarop dat hulle tydens die vorige plaaslike verkiesing in 2016, slegs sewe raadslede tot stadsrade in die provinsie kon verkies. Die getal staan nou op 24.

View Details

Twee renosterstropers is Vrydag tot effektief 16 jaar gevangenisstraf gevonnis in die Skukuza-landdroshof. Jordan Samuel Mathonsi en Gorge Masango het skuldig gepleit. Die polisie se brigadier Selvy Mohlala sê twee vars renosterhorings sowel as 'n jaggeweer en ammunisie is in hul besit gevind. Elkeen is 10 jaar tronkstraf opgelê vir die jag van renosters, ses jaar vir die besit van 'n onwettige vuurwapen, vyf en twee jaar onderskeidelik vir die besit van 'n ongelisensieërde vuurwapen en ammunisie, drie jaar vir die onwettige betreding van die NKW en een jaar vir onwettige immigrasie. Van die vonnise sal gelyktydig uitgedien word.

View Details

‘n Ongeïdentifiseerde man is vanoggend dood gevind in ‘n ongebruikte regeringsgebou in die Mhala-omgewing. Volgens die polisie het hulle om ongeveer 08:00 ‘n anonieme oproep ontvang dat die man noodlottig aangerand is in Dumphries B. Brigadier Selvy Mohlala sê die man is met hul aankoms op die toneel in handboeie aangetref met kneusplekke regoor sy liggaam. 'n Voorlopige ondersoek dui daarop dat hy met stokke, klippe en ‘n panga aangerand is. 'n Moordsaak is geopen. Enigiemand met inligting is gevra om die polisie se speurder AO Jeffrey Sithole te kontak by 072-624-5133.

View Details

‘n Vermeende geldskieter het in die Hazyview-landdroshof verskyn op klagte van oortreding van die nasionale kredietwet. Nozipho Mabuza is gister deur die Valke en Nasionale Kredietreguleerder aangekeer. Volgens kaptein Dineo Sekgotodi is sy die eienaar van Humelela Cash Loans wat nie by die Kredietreguleerder geregistreer is nie. Daar is op sowat 500 bankkaarte, SASSA-kaarte en identiteitsdokumente en meer as 36-duisend-Rand se kontant in haar besit beslag gelê. Mabuza is borg toegestaan van ‘n duisend-Rand. Die saak is uitgestel tot 25 November.

View Details

Mbombela is in die proses om hul ordinansie ten opsigte van vuurwerke op te dateer. Die brandweerhoof, Petrus Mthiyane, sê dit sal hulle meer tande gee om oortreders vas te trek. Intussen word die afskiet van vuurwerke op godsdienstige dae sowel as Oujaarsaand toegelaat op gemeenskaplike sportgronde in die munisipale area. Mthiyane sê mense moet die brandweer se toestemming kry vir vuurwerkvertonings. Om die brandweer te kontak, bel 013-753-3331.

View Details

Die EFF het die DA net-net as die amptelike opposisie in Mbombela-munisipaliteit onttroon. Die ANC kon met 65.21% van die stemme 59 setels behou vir beheer van die stadsraad. Die EFF kon in totaal 14,68% van die stemme wen vir 14 setels, en die DA 13,54% vir 12 setels. Die VF Plus het drie en die ACDP en ATM een elk. Die DA, tot op hede die amptelike opposisie in die raad, kon wyke 15, 16 en 17 in Nelspruit behou, sowel as Witrivier (wyk 30). Thea Rix, wat vir die eerste keer in ‘n verkiesing gestaan het, het wyk 15 vir die DA loshande gewen.

View Details

ProLife Pet Rescue in Mbombela vier vanjaar hul 10de verjaarsdag. Saterdag word groot makietie gehou en die publiek is genooi om die honde en katte in hul sorg 'n bietjie te kom bederf. November is ook "Neem 'n ouer troeteldier aan"-maand. ProLife se stigter, Karen Erasmus, verduidelik hoekom sy persoonlik ook ouer diere verkies.

View Details

Die ANC het met ‘n 57-persent meerderheid 16 setels en daarmee saam beheer oor Thaba Chweu-munisipaliteit behou. Die DA het 28-persent van stemme, ses setels en wyk 12 gewen. Die EFF het drie setels en die VF Plus en African Unified Movement een elk. Die DA, EFF en VF Plus het almal groei getoon teenoor hul prestasie tydens die vorige munisipale verkiesing in 2011. DA leier in Mpumalanga, Jane Sithole, het die uitslag verwelkom.

View Details

Die polisie in Mpumalanga ondersoek ‘n voorval waartydens ‘n boks vol stembriewe gisteraand in Calcutta gesteel is. Volgens polisiewoordvoerder, brigadier Selvy Mohlala, was twee polisiebeamptes en twee amptenare van die verkiesingskommissie besig om stembriewe te vervoer, toe die ingangshek na die stemlokaal deur gemeenskapslede versper is. ‘n Boks vol stembriewe en ‘n leë een is van hul voertuig verwyder. Die provinsiale polisiekommissaris, luitenant generaal Semakaleng Manamela, sê buiten dit, was daar geen ernstige voorvalle in die provinsie nie.

View Details

Die premier, Refilwe Mtshweni-Tsipane, het 'n beroep op alle geregistreerde kiesers in Mpumalanga gedoen om vandag in die plaaslike regeringsverkiesing te gaan stem. Sy het haar kruisie by die Witbank Gholfklub in Emalahleni getrek. Dit is die sesde plaaslike regeringsverkiesing sedert 1994. Stemlokale sluit vanaand om nege-uur. Mtshweni-Tsipane het stemgeregtigdes aangemoedig om kandidate te verkies wat hul aspirasies verteenwoordig in Mpumalanga se 20 munisipaliteite.

View Details

Die polisie het ‘n mannjeag van stapel gestuur vir verdagtes wat Sondagoggend op polisiebeamptes en ‘n brandweerman geskiet het in Bosbokrand. Die lede het in die vroeë oggendure op ‘n ongelukstoneel op die R40 by Ga-Bereta gereageer. Die voertuig het van die pad af gery en in ‘n rivier beland. Die bestuurder is oorlede en een passasier het oorleef. Volgens polisiewoordvoerder, brigadier Selvy Mohlala, het ‘n groep van ongeveer vyf verdagtes uit die bosse verskyn en op die beamptes begin skiet. Een ppolisiekonstabel het verskeie skietwonde opgedoen.

View Details

As jy vooraf geregistreer het om 'n spesiale stem uit te bring, gebeur dit hierdie naweek. Onthou in 'n plaaslike verkiesing moet jy stem by die stemlokaal waar jy geregistreer is. Teecee Chembeni van die OVK vertel ons meer.

View Details

Die AfriForum-tak in Nelspruit het saam met We Care 4 Nelspruit 18 nuwe asblikke opgerig in areas waar rommel baie gestrooi word. Sestien asblikke is langs die R40 vanaf Ou Pretoria-weg tot by die West End-winkelsentrum opgerig, en twee is in Ferreirastraat. AfriForum Nelspruit het ook die operasionele kostes gedek vir ’n skoonmaakaksie wat deur We Care 4 Nelspruit uitgevoer is. Hennie Bekker, distrikskoördineerder vir Mpumalanga:

View Details

Baba Ayden van Niekerk is uiteindelik terug by die huis in Lydenburg. Ayden het in Mei skielik ophou asemhaal en word sedertien in die Netcare Garden City-hospitaal in Johannesburg behandel. Sy ma, Estelle, sê hulle is baie dankbaar om hom terug te hê. Daar lê wel nog 'n lang pad na herstel voor vir haar baba, wat Maandag sy eerste verjaarsdag vier.

View Details

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens sê hulle verwag ‘n buitengewone goeie reënseisoen in die Laeveld tot ten minste Desember. Volgens weervoorspeller Kholofelo Mahlangu sal dit die res van week meestal warm wees, maar reën kan Vrydagmiddag en Saterdag verwag word. Teen Dinsdag behoort dit op te klaar. Saam met die bogemiddelde reën word daar ook verwag dat die minimum-temperature warmer as gewoonlik sal wees.

View Details

Die matriekeindeksamen het vanoggend afgeskop. LUR vir onderwys in Mpumalanga, Bonakele Majuba, het dit by Skhila Sekondêr in Mashishing bygewoon. Die 69 260 voltydse leerlinge wat vanjaar die eksamen in die provinsie skryf is die hoogste ooit. Majuba sê sy is vol vertroue dat beurtkrag nie met die eksamen in sal meng nie.

View Details

Charissa gesels met Angus Buchan oor gebed en die Mighty Men Laeveld wat binnekort hier plaasvind.

View Details

Mense met gestremdhede het dieselfde uitdagings as ander, net nog meer. So verduidelik die Mpumalanga Raad vir Mense met Gestremdhede se Steven Mthombeni oor hoekom dit so belangrik is om mense met gestremdhede te help, en hoe groot die vraag na hul dienste is.

View Details

Care for Wild se Oz, 'n sesjarige renosterwesie, was verlede week die proefkonyn waarop die eerste CT-skandering op 'n lewendige, volwasse renoster uitgevoer is, in die land. Petronel Nieuwoudt verduidelik wat dit so belangrik maak.

View Details

Na twee jaar van geen Innibos Kunstefees nie, word daar van 1 tot 5 Desember Bietjie-Bietjie-Bos gehou. Kaartjieverkope open Woensdag. Ongelukkig moet bywoningsgetalle op die feesterrein tans beperk word tot 2 000 mense. Om voorsiening te maak vir die kunstenaars en mense wat op die terrein werk, kan slegs 1 800 kaartjies beskikbaar gemaak word aan die publiek. Sandra Jacobs sê sy sou graag baie meer mense wou verwelkom, maar hulle moet by inperkingsreëls hou.

View Details

Na twee jaar van geen Innibos Kunstefees nie, word daar van 1 tot 5 Desember 'n Bietjie-Bietjie-Bos gehou. Die program is gefinaliseer, en kaartjieverkope open Woensdag. Ongelukkig is daar net 1 800 kaartjies vir elke dag beskikbaar, weens inperkingsregulasies.

View Details

De Wet Broodryk was vanjaar die ontvanger van die Hoof te Toekenning by Hoërskool Bergvlam se meriete-aand. Hy en mnr. Deon Visser het vir Ludi en Mireille vertel wat dit beteken.

View Details

Die polisie soek na 'n groep verdagtes wat vanoggend om ongeveer 02:00 Acornhoek Mall beroof het. Polisiewoordvoerder, kolonel Donald Mdhluli, sê sowat 15 winkels is besteel en verskeie kitsbanke en kontantkluise is met plofstof opgeblaas. Die polisie is deur sekuriteitsbeamptes in kennis gestel van ‘n inbraak by die winkelsentrum. Onderweg na die toneel het polisie skote uit verskillende rigtings gehoor. Met hul aankoms by die toneel het die aanvallers reeds gevlug Die voorlopige ondersoek toon dat hulle toegang deur ‘n dak verkry het.

View Details

Die matriekeindeksamen vir die klas van 2021 is hier. Jozelle Grobbelaar, adjunkhoof van leerdersake by Penryn College, sê 2020 was 'n goeie proeflopie vir skole om te leer hoe om leerlinge tydens die pandemie te ondersteun. Sy vind vanjaar se groep het baie angs, veral weens die wisseling tussen fisies en aanlyn skoolgaan, maar in dieselfde asem is hierdie generasie kinders baie aanpasbaar en veerkragtig. Vir gr. 12's wat nou skryf, is haar raad om voor te berei, en na jouself te kyk. Luister weer hier.

View Details

Kenners in die veld sien toenemend dat jonger kinders tussen nege en 13 jaar oud sielkundige hulp benodig vir angs. Jozelle Grobbelaar, adjunkhoof van leerdersake by Penryn College, sê die fokus was histories op ouer kinders wat die einde van hul skoolloopbane bereik. Sy sê dit is egter op alle ouderdomme van toepassing en die Covid-pandemie het dinge bemoeilik omdat hulle nou boonop meer geisoleerd is.

View Details

Die Dullstroom-epilepsiesentrum sal vanjaar weer die hoof begunstigde wees wanneer die Trac N4-tydren volgende maand in Dullstroom plaasvind. Vanjaar is die tweede keer dat Trac hierdie been van die Suid-Afrikaanse Tydren-kampioenskap in eMakhazeni aanbied. Dit vind op 26 en 27 November plaas. Trac sê hulle het eMakhazeni gekies om die area ‘n nodige sosio-ekonomiese hupstoot te gee.

View Details

‘n Moordenaar is Dinsdag in die Mhala-hof 15 jaar gevangenisstraf opgelê. Die 33-jarige Tumelo Proley Theko het in Maart 2019 die 28-jarige Xolile Jele noodlottig geskiet tydens ‘n argument by ‘n drinkplek in Shatale naby Bosbokrand. Theko het eers gevlug maar is in August 2019 in Carolina aangekeer en is skuldig bevind aan moord. Polisiewoordvoerder, kolonel Donald Mdhluli:

View Details

Die gemeenskap van Barberton is geskok na die moord eergister op een van hul bekendste inwoners, Ned Sturgeon. Hy gisteroggend dood in sy huis aangetref. Polisiewoordvoerder, kolonel Donald Mdhluli, sê die 86-jarige het oop wonde aan sy bolyf gehad. Die DA se raadslid, Philip Minnaar, sê Sturgeon het oor dekades diep spore in die gemeenskap getrap, veral in sy rol by die Barberton-sakekamer en ontwikkeling van die dorp. Hy word oorleef deur sy seuns George en Tony en kleinseuns.

View Details

'n Bejaarde egpaar van Frankryk is Maandag in Graskop gekaap deur drie mans wat na bewering polisie uniforms gedra het. Een vrou se vinger is beseer toe sy uit die voertuig forseer is. Die aanvallers het gevlug met die paartjie se gehuurde Suzuki Swift. Oupa Pilane van Kruger Laeveld Toerisme sê hulle sal hul veiligheidsplan aktiveer en met die adjunkminister van polisie vergader.

View Details

Die Universiteit van Mpumalanga (UMP) sal vanaf volgende jaar vir die eerste keer doktorsgrade aanbied. Kommunikasiehoof, Tlangelani Ubisi, sê dit sal in landbou sowel as ontwikkelingstudies wees. Hy het vir Ludi en Mireille meer vertel oor UMP se groei.

View Details

Die Universiteit van Mpumalanga sal vanaf volgende jaar vir die eerste keer doktorsgrade aanbied. Kommunikasiehoof, Tlangelani Ubisi, sê hulle sal in totaal 44 kwalifikasies bied – op van die drie waarmee die universiteit in 2014 begin het. Die doktorsgrade sal in landbou sowel as ontwikkelingstudies wees. Ubisi sê die Universiteit het met rasse skrede gegroei in die diversiteit van hul aanbieding.

View Details

President Cyril Ramaphosa en die Mosambiekse president, Filipe Nyusi, het vandag tydens 'n kransleggingseremonie by Mbuzini die dood van Samora Machel herdenk. Dié voormalige president van Mosambiek is 35 jaar gelede dood. Sy vliegtuig het op Suid-Afrikaanse grondgebied in die Lebombo-berge naby die sameloop van die grens tussen Suid-Afrika, eSwatini en Mosambiek neergestort. Die herdenkingsgeleentheid by die Samora Machel-museum, is ook bygewoon deur Machel se weduwee Graca Machel, minister Nathi Mthethwa en premier Refilwe Mtshweni-Tsipane.

View Details

'n Mannejag is geloods na verdagtes wat Saterdagaand twee mense in Barberton doodgeskiet het. Volgens die polisie was die een slagoffer 'n polisiebeampte wat ten tyde van die voorval van diens af was. Speurder konst. Nkosinathi Lucky Ngwenya en Jaftha Mnisi is met verskeie skeitwonde dood langs 'n drankwinkel gevind.