OFM Agri Focus Week: Recent Episodes

OFM

​OFM Agri Focus Week - supporting our farmers, the farming community and the agricultural industry!

View Details

Cyril Viljoen gesels met Johan Scholtz, die nasionale lewende hawe bestuurder van OVK

View Details

Jaco Naude, Streeksbestuurder van Pannar Saad in die Wes-Vrystaat brei uit oor hul toonaangewende kultivars

View Details

Dit is belangrik dat boere deel moet wees van ‘n georganiseerde landbou-organisasie. Bennie van Zyl, hoofbestuurder van TLU Suid-Afrika, moedig boere aan om by ‘n organisasie aan te sluit waar hulle voel hulle beginsels word uitgedra. OFM-nuus se Elsabé Richard het met hom gepraat…

View Details

We live in a time that consumers are becoming more and more aware of what they eat and drink. Farmers who are certified organic or non-GMO, amongst other certifications, can increase their credibility by getting themselves certified. OFM News’ Elsabé Richard spoke to Tozie Zokufa, executive director of the NGO, A Greener World SA (AGW), about the benefits of these different types of certification…

View Details

Het jy al ooit gewonder hoe sout geproduseer en verwerk word? Soutproduksie is net een van die baie interessante landbou-opsies wat mense kan aanpak. In hierdie insetsel gesels OFM-nuus se Cathy Dlodlo met ‘n soutboer, Solomon Thebeagea, van die plaas Skoppan in die Vrystaat, oor soutproduksie op sy plaas...

View Details

Cyril Viljoen talks to spokesperson for the Department Agriculture, Environmental Affairs, Rural Development and Land Reform, Zandisile Luphahla.

View Details

Onderwerpe soos vanjaar se mielie-oes, die nuwe minimumloon vir plaaswerkers en onteiening van grond sonder vergoeding het onder die loep gekom toe OFM-nuus se Elsabé Richard met Theo Vorster, hoof uitvoerende beampte van Galileo Capital, gesels het. Vorster voorsien dat die Rand-waarde van hierdie oes heelwat sterker gaan wees. Hier is Vorster met meer…

View Details

Die droogte bly nog een van die landbougemeenskappe in die Noord-Kaap se grootste uitdagings. Die onlangse reënval, wat oor dele van die provinsie voorgekom het, het nie die erge droogte in die provinsie gebreek nie. Nicol Jansen, president van Agri Noord-Kaap, het met OFM-nuus se Elsabé Richard, hieroor gesels…

View Details

Dieregesondheid is belangrik en daarom is dit noodsaaklik dat lewendehawe-agente hulself vergewis het van kritiese biosekuriteitsmaatreëls wat in November 2020 in die Staatskoerant gepubliseer is. Dit is volgens Francois Knowles, registrateur van die Landbouprodukte-agenteraad, oftewel APAC. OFM-nuus se Elsabé Richard het met hom gepraat…

View Details

Vrystaatse boere kyk na die aanplanting van glutenvrye gewasse in die provinsie. Nick Meyer, ‘n boer in die Mangaung-streek en direkteur van Icon Foods International, sê gewasse soos chia-saad en quinoa is nog ‘n nuutjie in die land. OFM-nuus se Cathy Dlodlo het met hom gepraat…

View Details

The condition of roads, be it tar or gravel roads, play an essential role in farmers’ ability to get their products to markets. Free State MEC for Agriculture and Land Reform, William Bulwane, says the department has taken hands with the department responsible for roads and transport to help alleviate this pressing issue. OFM News’ Elsabé Richard spoke to him about this…

View Details

Natuurrampe gebeur onverwags en daarom is dit belangrik om voorsorgmaatreëls te tref. Francois Wilken, president van Vrystaat Landbou, waarsku veral oor moontlike veldbrande. OFM-nuus se Elsabé Richard het met hom gepraat…

View Details

Eksterne faktore soos belasting, die styging in diesel- en voerpryse, asook ‘n verhoogde minimumloon, het ‘n negatiewe effek op die melkbedryf. Ian van Niekerk, hoof uitvoerende beampte van Oakland Dairies, sê melkprodusente sowel as die verbruiker, is onder druk. OFM-nuus se Elsabé Richard het met hom hieroor gepraat…

View Details

Rabbits are versatile animals and can lead to a profitable farming business. However, Judy Stuart of Future Farmers, who is also a member of the Natal and Cape rabbit clubs, says having a genuine interest in these animals and knowledge of rabbits can lead to a successful rabbit farming business. OFM News’ Elsabé Richard spoke to her about this…

View Details

Daar is verskeie faktore wat ‘n rol speel in die gesondheid van kuddes. Dr. Lizanne Meiring, veearts by die Universiteit van die Vrystaat, sê hoë reënval, sowel as droogtes, kan onder meer ‘n negatiewe invloed op kuddegesondheid hê. Hier is Meiring met meer hieroor…

View Details

Many farmers who sought financial assistance to help grow their business, as well as investors, have benefitted greatly from Section 12J over the past few years. Dave Humphrey, Director of Impact Empowerment Ventures, says this section allows investors to invest in businesses and deduct 100% of their investment from their taxable income in the year of the investment. OFM News’ Elsabé Richard spoke to him about this...

View Details

Landelike veiligheid bly een van die grootste uitdagings wat boere in Noordwes in die gesig staar. Dit is volgens Agri Noordwes se president, Willem De Chavonnes Vrugt, wat byvoeg dat onwettige grondbesettings in die provinsie ook ‘n uitdaging is. OFM-nuus se Elsabé Richard het met hom gepraat…

View Details

Expropriation of land without compensation has been an ongoing hot topic in the agricultural community. Annelize Crosby, Head of Land Affairs at Agri SA, talks to OFM News’ Elsabé Richard about this…

View Details

Die 2021/22-seisoen se graanoeste lyk oor die algemeen baie goed, met ‘n verwagte mielieproduksie van meer as 16 miljoen ton. OFM-landbou joernalis, Elsabe Richard vind meer uit by Luan van der Walt, ekonoom by Graan SA…

View Details

Livestock diseases, farm evictions, and the availability of land for farming, are some of the pressing issues that the African Farmers Association of South Africa are currently grappling with. OFM News' Elsabé Richard spoke to Secretary-General, Nakana Masoka...

View Details

Streng Covid-19 regulasies, soos die feit dat internasionale toeriste nie die land kon besoek nie, het wildboere hard getref en die publiek word aangeraai om plaaslike wildsplase te besoek om wildboere te ondersteun. OFM-nuus se Elsabe Richard gesels met Franco Joubert, ‘n wildsboer van Swartruggens in Noordwes...

View Details

Byeboerdery is deesdae nie net ‘n gewilde agterplaas tydverdryf nie, maar kan ook in ‘n suksesvolle sakebedryf omskep word. In ons laaste spesiale insetsel gesels Elsabe Richard met Jana du Plessis, ’n suksesvolle byeboer van die Keimoes-omgewing in die Noord-Kaap, wat reeds van kleins af belanggestel het om met bye te boer…

View Details

Nakana Masoka, secretary general of the African Farmers Association of South Africa, or Afasa, believes it is vital, now more than ever, for farmers to come together as a body in order for them to speak as one voice. OFM News' Christal-Lize Muller spoke to him about burning topics in agriculture...

View Details

Senwes Grainlink is die graanprodusent se vennoot en net een oproep ver. Enriko Klopper hoor by Pieter Malan meer oor Senwes Grainlink se uitgebreide dienste…

View Details

Die Covid-19-pandemie se strenger inperkingsregulasies, was 'n groot ekonomiese bedreiging vir die beesvleisbedryf, veral omdat verbruikers se vermoë om vleis aan te koop, afgeneem het. OFM-nuus se Christal-Lize Muller gesels met Roelie van Reenen, hoof van die verskaffingsketting van die Beefmaster Groep...

View Details

Die Covid-19 pandemie het baie beplande gebeurtenisse in die wiele gery. Graan SA se Nampo Oesdag het egter vanjaar 'n nuwe baadjie aangetrek om by omstandighede aan te pas en Nampo-virtueel het Woensdag aanlyn begin met 'n hele rits uitstallers, besprekings en selfs vermaak. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het by Graan SA se Toit Wessels gehoor hoe die aanlyn ekspo verloop…

View Details

Nie net spog Harvest Bags met ’n splinternuwe fabriek in Babalege in Noordwes nie, hul vernuf help ook in die stryd om die verspreiding van Covid-19 te beveg. Enriko Klopper vind meer uit by Deon van Wyk...

View Details

Senwes Equipment word hoog aangeskryf as ‘n diensvennoot, en een van die waardetoevoegende dienste wat hullle nou bied is inspeksieprogramme, wat tot en met einde Oktober beskikbaar is. Enriko Klopper het by Ferdie Pieterse, besturende direkteur van Senwes Equipment, meer uitgevind...

View Details

Ons praat nou met TLU SA se algemene bestuurder Bennie van Zyl oor die belang van organisasies soos dié en brandpunte in die landbou wat vir TLU SA in dié stadium van belang is. Van Zyl sê landbou-organisasies is deel van die hele waardeketting en die betrokkenes se rol is om kos op verbruikers se tafel te kry. Hy meen ten opsigte van beleidsake kan individue nie alleen beleidskwessies aanspreek nie en dít is waar die die kollektief van georganiseerde landbou 'n verskil maak. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met van Zyl gepraat....

View Details

Ons praat nou met Johan van Tol 'n mede-professor aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) se departement van grondgewasse en klimaat oor die belang van grondbestuur en die opnames daarvan. Hy sê tipes grond verskil en beskik oor verskillende eienskappe en daarom moet dit verskillend bestuur word. Dit is noodsaaklik dat grondeenhede word dan omgeskakel in bestuurseenhede wat die fondasie van presisie boerdery is. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat...

View Details

Die 2019/20 produksieseisoen is die tweede grootste nóg vir somergrane, wat mielies, sorghum, sojaboon, sonneblom en grondbone, insluit. Die verwagte mielie-oes is ook die tweede grootste nóg vir die graanbedryf en is op 'n geskatte 15,30 miljoen ton. 'n Ekonoom van Graan SA (GSA) Luan van der Walt sê dit is positief vir die land wat lankal reeds 'n goeie produksiejaar en 'n relatiewe goeie prysjaar benodig het. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat...

View Details

Die Mededingingstribunaal het onlangs die samesmelting tussen die Senwes Groep en die Suidwes Groep goedgekeur. As deel van die oedkeuringsooreenkoms, het die samesmeltende partye onderneem om hul huidige aanbod aan swart opkomende boere uit te brei. Francois de Kock van Senwes vertel meer...

View Details

Dit is uiters noodsaaklik dat daar georganiseerdheid op grondvlakstruktuur by landbouverenigings,moet geskied. Dit is hier waar 'n landbou-organisasie soos Vrystaat-Landbou (VL) 'n ondersteunende rol speel. Francois Wilken, president van VL, sê dié organisasie se ledetal het die afgelope tyd gestagneer. Dit kan aan verskeie faktore toegeskryf word, maar hy meen daar is 'n verkeerde persepsie onder boere, wat aanvanklik hul ledegeld betaal, en dan terugsit en wag dat almal hul probleme gaan oplos. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat...

View Details

Die Mike Loutfie-stigting is betrokke by pogings om Covid-19-voedseltekorte oor die land heen hok te slaan. Dié stigting werk nou saam met Agri SA in dié verband. R1 miljoen is aan die kunsmisgroep, Yara Africa, geskenk om kwesbare gemeenskappe by te staan. Dié stigting het in samewerking met die RSA-markagentgroep en Agri SA se affiliaat, Vrystaat Landbou, onlangs 800 kospakkies by die Bloemfonteinse varsproduktemark aan begunstigdes verskaf. 'n Groente-projek is ook by die Kopano-stentrum vir gestremdes van stapel gestuur. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Zani Kunz, uitvoerende direkteur van dié stigting gepraat...

View Details

Suid-Afrika is terug op 'n plek waar daar aangevoer kan word dat pres. Cyril Ramaphosa mense kan frustreer as dit lyk of hy stadig beweeg en nie hard praat nie. Maar sy stadige skaakspel werk goed volgens Max du Preez, 'n politieke ontleder wat meen dit is die gevolgtrekking wat nou gemaak kan word nadat ná Ramaphosa se duidelik oorwinning in die onlangse Nasionale Uitvoerende-komitee se vergader, nadat hy die ANC aangevat het en as beskuldigde nommer een met betrekking tot korrupsie uitgewys het. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat...

View Details

Agri Noord-Kaap gaan van krag tot krag ondanks verskeie uitdagings soos onder meer die droogte wat steeds sy tol eis in gebiede in dié provinsie. Daarmee saam kan die belang van landbou-organisasies soos Agri Noord-Kaap, 'n afiliaat van Agri SA, nie genoeg beklemtoon word nie. Dit is noodsaaklik vir boere om deel te wees van 'n georganiseerde struktuur in die samelewing veral te midde van die talle uitdagings wat die bedryf in die gesig staar. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Nicol Jansen, president van Agri Noord-Kaap, gepraat...

View Details

'n Groep vroue van die Suidwes Roggeveld-landbouvereniging het skouer aan die wiel gesit om boere en hul gemeenskap, wat swaartrek weens die voortslepende droogte, te help. Hulle doen dit deur koekies te bak en oor die land heen te versprei. Soedoende verdien van dié vroue 'n inkomste, maar 'n gedeelte van die geld, gaan aan dié komitee se fonds. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Estelle Steenkamp, 'n boer se vrou, en 'n apteker, wat aan stuur is van dié projek, gepraat...

View Details

Groot opgewondendheid eers vir Graan SA (GSA) se eerste Nampo Virtuele Handelskou wat Woensdag begin en tot Saterdag duur. Toit Wessels, assistentbestuurder van bemarking by GSA en Nampo, sê hulle is nou in die pylvlak en alles is slaggereed. Hy beloof daar wag 'n propvolprogram vir besoekers. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat.

View Details

In Februarie vanjaar is ‘n gesamentlike aankondiging deur Senwes en Suidwes gemaak waartydens die voorneme om saam te smelt bekend gemaak is. Aanvanklik het die Mededingingskomissie, wie se werk dit is om groot samesmeltings te ondersoek en ‘n aanbeveling aan die Mededingingstribunaal te doen, aanbeveel dat die samesmelting kan voortgaan. Kort daarna het die Komissie egter sy aanbeveling verander en ‘n algehele verbod op die samesmelting geplaas. Na baie beraadslaging en onderhandelinge kon Senwes uiteindelik daarin slaag om die Komissie te laat afsien van sy besware en die transaksie is beklink. Enriko Klopper gesels met Corné Kruger, Senwes-groep hoof finansiële beampte.

View Details

Enriko Klopper gesels met Germa Kieser oor wat beskoekers kan verwag wanneer hulle na Pioneer se ruimte gaan by https://nampovirtual.co.za/.

View Details

Corné Strydom from Auto X explains what visitors can look forward to when they log on to https://nampovirtual.co.za/ and visit the Willard Batteries stand.

View Details

OFM-nuus se Christal-Lize Muller praat met Willem De Chavonnes Vrugt, president van Agri-Noordwes oor die belang van 'n organisasie soos dié in die landbou en waarom produsente deel van georganiseerde landbou organisasies moet word.

View Details

Nthabiseng Kgobokoe, a 33-year-old farmer from Mahikeng in North West, believes there are great opportunities in agriculture for young female farmers.

View Details

The minister of agriculture, land reform and rural development, Thoko Didiza, says women's empowerment will be central to government's policies, regulatory reform and programmatic intervention and important milestones have been reached by the department in that regard. There are however still challenges facing women which includes among others mechanization.

View Details

Francois Strydom, Hoof Uitvoerende Beampte, Senwes Groep vertel oor die onlangse Suidwes-transaksie, impak van die koronaviruspandemie en hoe Senwes produsente ondersteun in hul voorbereiding vir die plantseisoen.