Aangebied deur Tafelberg, ʼn druknaam van NB-Uitgewers In sy nuutste boek, In die blou kamp, boekstaaf Dana Snyman 100 van sy ware ontmoetings: ontmoetings met mense, maar soms ook met dinge soos die vleispastei of tuisgemaakte braai-apparate. Die stories is aanvanklik op Facebook gepos, en dié wat die grootste reaksie gekry het, is nou hierin verwerk.
Aangebied deur NB-Uitgewers : Karakters soos Bennie Boekwurm, Liewe Heksie, Haas Das, Karel Kraai en Sarel Seemonster is volksbesit en bly geliefd. Louise Smit, Hannes van Wyk en Margrit Meyer-Rödenbeck gesels oor die sukses van ʼn Liewe Heksie-pantomime, die nostalgie van dié kinderkarakters en hoe om hulle lewend en vars te hou. Vir grootmense.
Aangebied deur Penguin Random House: Stommiteite van politici, irrasionele vrese van Afrikaners wat nog in die laer skuil, die sensitiewe ego’s van plaaslike musikante – Koos Kombuis se humorsin, eerlikheid en meevoerende styl maak Ver in die wêreld, sushi! ʼn móét-lees vir elkeen van sy bewonderaars. Hy praat met Dana Snyman oor sy jongste rubrieke.
Aangebied deur NB-Uitgewers Jaarliks ʼn hoogtepunt in die skrywersprogram! Petra Müller, Lina Spies, Ronelda Kamfer en die Belgiese digter, Maud Vanhauwaert, lees hul gedigte voor. Moenie dié sonderlinge geleentheid misloop nie. Bly gerus langer vir die InZync Poetry Slam na afloop van die paradys.
Aangebied deur Lapa: Hoe hanteer skrywers navorsing rondom misdaad? Is die grense wat jy nie mag oorsteek nie dieselfde vir skrywers van nie-fiksie en fiksie? Krimi-skrywers Martin Steyn en Henk Breytenbach gesels met joernaliste Riette Rust en Carla van der Spuy oor feit vs. fiksie wanneer dit my misdaad-skryf kom.
Aangebied deur Tafelberg, ʼn druknaam van NB-Uitgewers Brandwaterkom, wenner van die derde prys in NB-Uitgewers se Groot Romanwedstryd, is die onderwerp van Elmari Rautenbach se gesprek met woordkuns-veteraan Alexander Strachan. Hulle praat o.a. oor die skrywer as historiograaf, en hoekom oorlogsgeweld en liefdesintrige geloofwaardig uit te beeld.
Aangebied deur Penguin Random House en Queillerie, ʼn druknaam van NB-Uitgewers:
Dalena Theron (Huisies van papier) en Debbie Loots (Split) gesels met Madri Victor oor hulle debuutromans. Split handel oor ’n gebroke huisgesin en die nuwe lewens wat hulle probeer bou met die stukke wat oorgebly het, en Huisies van papier vier die liefde en gesin in al sy kleurryke gedaantes.
Presented by Pan Macmillan: Blogger Jacob Lynch flees to an isolated hunting lodge in Alaska so he can focus on finishing his manuscript. But then he wakes up chained to a bed... Book reviewer and blogger Karin Schimke chats with Alex van Tonder about keeping a finger on the pulse of pop culture.
Aangebied deur die Anglo-Boereoorlog Monument: Dorothea van Zyl gesels met Bertus Steenkamp en Fransjohan Pretorius oor die naweë van die Anglo-Boereoorlog op die psige van Afrikaners, en die rol wat die Kaapse Rebelle gespeel het. Argitek Andries Domburg praat ook oor die die Anglo-Boereoorlog monument by Laborie in die Paarl.
Presented by N&B Books: When someone kills dieting guru Professor Tim Noakes, Detective Bennie September has more suspects than solutions. In this hilarious novel, Paige Nick prods and pokes at both the fans and the detractors of South Africa’s biggest dieting craze. Don’t miss this talk between Paige Nick and Helen Moffett.
Aangebied deur Human & Rousseau, ʼn druknaam van NB-Uitgewers ʼn Vriendskap onstaan tussen die kunstenaar Niek Steyn en Marthinus Scheepers wanneer een van Marthinus se varke in Niek se tuin beland. Dan verdwyn Charelle, Niek se losseerder, en ʼn welaf kunstenaar maak ʼn verdagte aanbod op sy huis. Moenie dié gesprek tussen Ingrid Winterbach en Louise Viljoen misloop nie.
Moontlik gemaak deur die Nederlandse Taalunie, Kaapse Forum vir Neerlandistiek, Fonds Neerlandistiek en Van Ewijck-stigting: Maud Vanhauwaert, Belgiese digter en aktrise, wen in 2015 die Publieksprijs Herman de Coninckprijs vir haar bundel, Wij zijn evenwijdig. Digter en dosent Alfred Schaffer gesels met haar. Met ʼn voorlesing deur die digter. Prima-poësie uit die Lae Lande.
Aangebied deur Protea: Van Nicol Stassen se boek sê André Wessels dit is “so omvattend en ensiklopedies van aard, dat die legkaart van die Dorslandtrek van 1874 tot 1881 vir alle praktiese doeleindes nou voltooi is”. Stassen tree in gesprek met Fransjohan Pretorius en Andries Bezuidenhout oor hierdie kragtoer.
Aangebied deur Naledi In opvolg tot God en die gode van Egipte en Die God van Genesis, sluit Willie Esterhuyse dié trilogie af met Geagte Jahwe, elf briewe gerig aan God. Chris Jones gesels met die skrywer oor die stryd tussen gelowe, die ineenstorting van samelewings en hoe om na die wêreld te kyk in ʼn gees van omgee.
Aangebied deur Queillerie, ʼn druknaam van NB-Uitgewers Openbaring is ’n reisstorie wat wipplank ry tussen twee uiterstes – die skrywer en sy reisgenote besoek die koudste en warmste plekke op aarde waar mense nog leef en ’n bestaan maak, onderskeidelik die Danakil-depressie en die Siberiese dorpie Oymyakon. Kom reis saam met dié supergewilde skrywer-storieverteller tydens sy gesprek met Ernst Grundling.
Presented by Jonathan Ball From Transvaal to Victorian England, two sets of cousins, Boer and Brit, form strong bonds which are tested on the battlefields of South Africa during the Anglo Boer War. Jonathan Amid in conversation with novelist Joyce Kotzè.
Louis en Cora de Kock van WildeKlawer by Barkley-Wes in die NoordKaap, is Suid-Afrika se grootste uie-produsent vir sowel die plaaslike as die internasionale mark. Binne seisoen pak die maatskappy meer as 2,4 miljoen uie per dag. Hulle lewer ’n aansienlike bydrae tot die land se aartappelproduksie en verskaf omtrent 5% van Suid-Afrika se aartappels. Wildeklawer verbou ook pitlose waatlemoene.
Aangebied deur CUM Verskeie sportsterre kom deel hulle boodskap van hoop vir Suid-Afrika met Karien Basson. ʼn Inspirerende gesprek oor God se seën en liefde vir ons land en sy mense.
Presented by Penguin Random House Robin Brown is in conversation with Bill Nasson about Cecil John Rhodes’s secret society. The society was set up to establish a new world order and played a key role in the governance of Britain during the Great War. It shows how Rhodes’s powerful influence persists in institutions such as the Rhodes Scholarships and the Mandela Rhodes Foundation.
Aangebied deur Protea Ena Jansen het jare lank ondersoek ingestel na die uitbeelding van huiswerkers in Suid-Afrikaanse boeke en hoe die huiswerker en werkgewer mekaar ervaar en teenoor mekaar optree. Sy tree in gesprek met Ingrid Winterbach oor haar aangrypende boek, Soos familie, wat uit dié studie voortgespruit het.
Aangebied deur Penguin Random House: Vuilspel was die eerste roman in Afrikaans wat fokus op lesbiese karakters uit die bruin gemeenskap. Haar nuwe roman, Slaafs, breek grond in Afrikaanse fiksie met sy fokus op mensehandel. Melt Myburgh gesels met die bekroonde krimi-skrywer.
Aangebied deur Penguin Random House Chris Schoeman gesels met Albert Grundling oor die derde Van Gogh-broer, Cornelis, wat in Nederland grootgeword het, maar in Suid-Afrika gewerk, getrou en gesterf het. Sy boek steun op briewe en argiefstukke wat lig werp op Cornelis se verhouding met sy beroemde broer Vincent.
Aangebied deur Tafelberg, ʼn druknaam van NB-Uitgewers Adele van der Merwe en Jeske Wellman (Eet gesond, voel gesond: Beveg kanker met voeding), Arien van der Merwe (Hanteer diabetes) en Hilda Lategan (SA kookboek vir allergieë en voedselsensitiwiteit) gesels met Carmen Niehaus oor hoe die regte voeding ons gesondheid beïnvloed en verbeter.
Aangebied deur Lux Verbi, ʼn druknaam van NB-Uitgewers Adri-Louise was die redakteur van LiG en die eerste vroulike redakteur van Kerkbode. Danny werk as vryskut in die mediabedryf. Hulle het laat in hulle lewe verloof geraak, maar kort daarna is Adri-Louise gediagnoseer met fase 4 kanker. Milanie Vosloo vra Danny uit oor dié roerende verhaal van ware liefde in die skadu van die dood.
Presented by Penguin Random House: The Seed Thief is a modern love story with an ancient history, a tale that moves from flora of Table Mountain to the heart of Afro-Brazilian spiritualism. Author and editor Helen Moffett talks to Jacqui L’Ange, former editor of The Oprah Magazine, about this entrancing and richly imagined novel.
Piet Naude en Julie Claassens Die woord “evangelie” kom van die Grieks “euangellion” en dit beteken die goeie of blye boodskap. ’n Mens wonder egter of die nuus wat eng’lekore eens oor herdersvelde uitgesing het, vandag nog ter sake is. En met soveel vrae oor die gesag van die Bybel, wat is nog “goed” en “bly” aan hierdie boodskap?
Aangebied deur Queillerie, ʼn druknaam van NB-Uitgewers: Lien Botha is ’n kunstenaar-fotograaf wat bekend is om haar talle nasionale en internasionale tentoonstellings. Haar debuutroman, Wonderboom, speel af in ’n postapokaliptiese Suid-Afrika en is deur resensente beskryf as een van die belowendste en opwindendste debute in ’n lang tyd. Saartjie Botha gesels met die skrywer.
Mandla Langa (The Texture of Shadows) and Ingrid Winterbach (It Might Get Loud) were both longlisted for the Financial Times / Oppenheimer Funds Emerging Voices awards. They talk to Michiel Heyns about literary prizes and how they feel about being labelled “emerging voices” after receiving numerous other awards during their prolific careers.
Aangebied deur Jonathan Ball:
Oorlog-Beeld volg die verloop van die Anglo-Boereoorlog in koerantformaat. Daar word nie net oor militêre konfrontasies berig nie, maar ook oor die kommandolewe, ervaringe van krygsgevangenes, vroue in konsentrasiekampe en Boere-afgevaardigdes in die buiteland, asook mense soos president Paul Kruger en Emily Hobhouse. Jackie Grobler in gesprek met Fransjohan Pretorius.
Aangebied deur Lapa: Sophia Kapp (Honderd en een oorlewingswenke vir ʼn bedonnerde diva), Alta Cloete (Opdrag van oorkant) en Santie van der Merwe (Vandat jy weg is) gesels met Elmari Rautenbach oor sterk vrouekarakters wat bedonnerd, beneuk en verlief is.
Aangebied deur Tafelberg, ʼn druknaam van NB-Uitgewers: Rachelle Greeff gesels met Hennie van Greunen oor haar nuwe kortverhaalbundel, Die naaimasjien en ander verhale. Rachelle se stories vertel van stukkende mense en hulle stiltes, maar ook hulle vermoë tot liefde anderkant stereotipes en vooropgestelde verwagtings.
Aangebied deur LAPA : Irma Joubert gesels met Helene de Kock (Debora en seuns) oor haar nuutste roman, Immer wes, en hoe die skrywer van historiese romans as brugbouer tussen generasies en kultuurgroepe optree. Twee formidabele skrywers aan die woord!
Aangebied deur CUM:
558 dae in Yemen is die aangrypende ware verhaal van Yolande en Pierre Korkie, wat in 2013 deur Al Kaïda aangehou is in Jemen. Yolande is later vrygelaat maar Pierre is na 558 dae oorlede. Monique Strydom gesels met Yolande en Maretha Maartens oor dié uitsonderlike boek.
Aangebied deur Lux Verbi, ʼn druknaam van NB-Uitgewers:
Bekende akteur en regisseur Regardt van den Bergh gesels met Danny Fourie oor sy lewe, sy suksesse en teleurstellings, die Suid-Afrikaanse filmbedryf en die onvergeetlike ontmoeting met God wat sy hele lewe vir goed verander het.
Schoeman Boerdery bestaan al vanaf 1919 en Kallie is reeds vir 37 jaar aan stuur van sake. Die familieboerdery staan hoofsaaklik op twee bene: akkerbou in die distrik Delmas en sitrus op die bekende plaas Moosrivier by Marble Hall. Mense is hul grootste bate en Kallie streef daarna om goeie verhoudings te handhaaf. Kallie was in 1991 Boer van die Jaar en dien tans op verskeie direksies van landboubesighede.
Aangebied deur Penguin Random House: Jack Parow het meer as 7 miljoen aanhangers op YouTube, cd-verkope van oor die 100 000, en sy lirieke word as van die bestes in Afrikaans beskou. Skrywer en joernalis Herman Lategan kuier saam met Parow. Kom ervaar Parow soos jy hom nog nooit gesien het nie.
Sy het die meeste boeke in Afrikaans verkoop, boer steeds op topverkoperlyste en het onderwerpe soos huishoudelike geweld aangespreek toe dit nog taboe was. Uitgewers Etienne Bloemhof, Nèlleke de Jager en Ettie Williams bing hulde aan Ena Murray, die skrywer wat as die doyenne van die Afrikaanse romanse beskou word.
Aangebied deur Protea: Op 87 publiseer Dirk Mudge sy langverwagte outobiografie oor sy betrokkenheid by die politiek van Suidwes-Afrika, en later Namibië. Hy verduidelik aan Willie Breytenbach waarom dit Namibië so lank geneem het om onafhanklikheid te verkry en watter rol Suid-Afrika daarin gespeel het.
Aangebied deur Naledi:
In hierdie biografiese verhaal vertel Randall Wicomb vir Amos van der Merwe van die humor, suksesse en mislukkings wat van hom ʼn huishoudelike naam gemaak het. Hy gesels openhartig oor sy familie, die duur prys van roem, en hy onthou die besonderse mense wat sy loopbaan beïnvloed het.
Presented by Penguin Random House Claire Robertson’s The Spiral House won the the 2014 Sunday Times Fiction Prize. She talks to Michiel Heyns about her arresting new novel, The Magistrate of Gower, which is set in 1930 and explores the courage to choose love over fear.
Aangebied deur Penguin Random House:
André P. Brink en Ingrid Jonker se liefdesverhouding het die verbeelding van bewonderaars aangegryp. Hul korrespondensie het van April 1963 tot April 1965 geduur. Vlam in die sneeu is ʼn roerende boekstawing van hulle liefde. Francis Galloway, Kerneels Breytenbach en Karin Schimke gesels oor dié belangrike boek.
Aangebied deur Quivertree: Kookboek, storieboek, fotografieboek –Die storie van ʼn huis vertel van die streek se fabels en sprokies, en die geskiedenis van La Creuzette in die Franse platteland. Met pragtige foto’s van die huis, omgewing en feestafels, en liplekker resepte. Nanette van Rooyen praat met Louis en Hardy oor hulle lewe in die idille.
Aangebied deur Lux Verbi, ʼn druknaam van NB-Uitgewers:
Hein Kruger gee ’n Bybelse perspektief op begroting, besteding, skuld en beleggings. Hy gesels met Stephan Joubert oor hoe jy jou geld kan bestuur.
Aangebied deur Kwela, ʼn druknaam van NB-Uitgewers:
Die verse in Ronelda S. Kamfer se jongste bundel, Hammie, eggo temas uit haar vorige werk, maar ondersoek veral die komplekse en intieme verhouding tussen ma en dogter. Dit gaan oor verlies, oor dinge wat ongesê bly, oor die woorde tussen woorde. Ronelda op haar beste – in gesprek met Annemarie van Niekerk.
Aangebied deur Lapa, Jonathan Ball en Tafelberg, ʼn druknaam van NB-Uitgewers:
Hoe skryf ʼn ma oor die trauma wat haar kind beleef? Is dit ʼn manier om sin te gee aan jou kind se lewe en jou struweling? Taalpraktisyn en oud-redakteur Mandi Botha stel dié vrae, en meer, aan Marga van Rooy (My kind is ʼn skisofreen), Juliana Coetzer (Bloedvreemd) en Douwleen Bredenhann (ʼn Hemelhoë hekkie).
Aangebied deur Lapa: Gaan die spanningsverhaal nog oor die herstel van orde? Madri Victor hoor by Wilna Adriaanse (Eindspel), Chanette Paul (Labirint, Offerlam) en Madelein Rust (Monstersaad) of spanningsfiksie ʼn “feel good” einde moet hê. En wat dink hulle van die nuwe “noir”- neiging by vroueskrywers?
Aangebied deur Tafelberg, ʼn druknaam van NB-Uitgewers In: Anderkant uit kom beroemdes sowel as gewone mense aan die woord. Hanlie Retief, een van die bekendste Afrikaanse joernaliste, skryf oor Suid-Afrikaners se uitsonderlike vermoë om trauma te oorkom. Sy deel die openhartige verhale van mense wat ongekende trauma beleef het met Lise Swart en Louis Awerbuck.
Aangebied deur CUM : Daai eerste rampspoedige afspraak, onbekende rampe met huisonderhoud, asook ander verwarrende verrassings – hierdie twee enkelma’s ken die bitter en die soet van die lewe. Elize Parker en Magriet Smit gesels oor dié oorwinningsgids vir dae wanneer die lagie sekerheid maar dun is en geloof, hoop en humor die deurslag gee.
Presented by Penguin Random House: Craig Bartholomew Strydom and Stephen Segerman’s book explores the life and career of an iconic but elusive musician, as well as the odyssey of two Rodriguez fans to find out what had happened to their hero. They also reflect on the pursuit of die-hard filmmaker Malik Bendjelloul to bring the story to Oscar-winning celluloid. The authors talk to Danie Marais.
Aangebied deur Tafelberg, ʼn druknaam van NB-Uitgewers: François Verster vertel aan Dana Snyman van sy avonture tydens basiese opleiding en sy dienspligtyd as onderwyser vir Boesmankinders op die basis Omega. Dit lewer etlike humoristiese oomblikke op weens die “siekverveelde uitdrukking” op sy gesig en sy rebelse streep. ’n Tweede storielyn wat in die hede afspeel vertel van Verster se lewe as staatsamptenaar waar hy voel hy ’n tweede keer diensplig moet verrig.
Sedert die verskyning van die 1933-vertaling het agt ander vertalings van die Bybel die lig gesien. Hoe en deur wie is die onderskeie vertalings gemaak? Watter uitdagings staar vertalers in die gesig, veral wanneer daar met ʼn antiekeheilige teks gewerk word? Prof. Christo van der Merwe bespreekdie waarde van die verskillende Bybelvertalings.
Aangebied deur Tafelberg, ʼn druknaam van NB-Uitgewers: In 2015 haal Marinda van Zyl se manuskrip Amraal die kortlys van NB-Uitgewers se Groot Afrikaanse romanwedstryd. Dié verhaal vertel van Amraal Lambert se strewe rondom 1800 om sy kinders buite bereik van die inboekstelsel te hou. Want Khoi-khoi is tot hulle 25ste jaar by blanke koloniste ingeboek. Elna van der Merwe in gesprek met die skrywer.
Aangebied deur Protea: Leon van Nierop vertel staaltjies uit vergange dae en gesels oor die wonderlike geskiedenis van die Suid-Afrikaanse filmbedryf, soos uiteengesit in sy nuwe boek, Daar doer in die fliek.
Aangebied deur Lapa: Sophia Kapp (Honderd en een oorlewingswenke vir ʼn bedonnerde diva), Alta Cloete (Opdrag van oorkant) en Santie van der Merwe (Vandat jy weg is) gesels met Elmari Rautenbach oor sterk vrouekarakters wat bedonnerd, beneuk en verlief is.
Aangebied deur Tafelberg, ʼn druknaam van NB-Uitgewers: Daar’s stories oor taximanne, kalfies, padpiepies, sagopoeding, en veral oor liefde en onverwagse medemenslikheid. Die geliefde en gewilde Amore Bekker praat oor Hartstories: Huis toe met ʼn ligter tred, haar keuse van die beste goedvoelstories uit haar gewilde RSG-program, “Tjailatyd”.
Aangebied deur Protea: Soos Gregor van die Kafka-verhaal, ondervind Gregor Samsa ’n stelselmatige insekwording, wat deur sielkundiges, psigiaters en dokters toegeskryf word aan die ouditiewe en taktiele hallusinasies van dementia-lyers. Samsa-masjien het verskeie Kanna- en Fiësta- toekennings ontvang. Tertius Kapp gesels met die bekroonde drama-turg.