2017: Skrywersfees: Recent Episodes

US Woordfees

Opnames van die Skrywersfees items vanaf Woordfees 2017.

View Details

Aangebied deur NB-Uitgewers ’n Jaarlikse hoogtepunt waar bekende en debuutdigters hulle werk deel: Antjie Krog, Nathan Trantraal, Joan Hambidge, Bibi Slippers en Juanita Louw lees voor.

View Details

Aangebied deur NB-Uitgewers Soos in sy bekroonde Chokers en suvivors werk dié opspraakwekkende digter weer met kwessies soos Afrikaans as taal, klas, ras en die politiek, maar nou ondersoek hy ook seksualiteit as tema, en die religieuse en stedelike milieu waarin hy grootgeword het. Danie Marais vra hom uit.

View Details

Aangebied deur NB-Uitgewers Hy ontsien niks of niemand nie, nie Afrikaans op kampusse, baarde, banting, die Guptas of mans se ‘menere’ nie. Uitdagend, uittartend, of snaaks – een ding is seker: Deon Maas is so gebek en so laat staan. Erns Grundling probeer hom vasvat.

View Details

Aangebied deur NB-Uitgewers Sussie Kotze keer na haar geliefde Weskus terug, maar dié slag is dit die Weskus
van die vroeë 20e eeu. Sy vertel vir
RSG se Martelize Brink van Klein Kattie, die kinderoppasser wat by vername mense ’n fyner lewe leer ken totdat sy ’n onbesonne huwelik aangaan.

View Details

His 320-word email request was eloquent and amusing; Lee Child’s reponse 12 words long. The result was permission
to shadow Child for a year and write about his creative process. Listen to what local Jack Reacher fans Karin Brynard, Irma Venter en Dibi Breytenbach have to say to the British author of Reacher Said Nothing – Lee Child and the Making of Make Me and the forthcoming With Child, on Child’s fan community.

View Details

Aangebied deur Naledi Daar is vier maniere om ouderdom te benader: as jou uiterlike, die syfer op jou geboortesertifikaat, die negatiewe gevoelens van die samelewing, of jou innerlike gesindheid. Kobus vertel vir Tobie Wiese meer omtrent sy nuwe boek, Dansend met die lewe, en hoe om nuut te dink oor ouderdom.

View Details

Aangebied deur NB-Uitgewers In die winter van 1795 is die Kaap nog Hollands, maar die Engelse lê reeds geanker by Simonstad. Thys Human gesels met Dan oor sy bekroonde 1795, waarin hy die laaste Kaapse maande onder die Kompanjiesvlag beskryf met ’n onfeilbare aanvoeling vir wat die totstandkoming en verval van gemeenskappe onderlê.

View Details

Advokaat, prokureur, aanklaer. Drie regsgeleerdes vertel hoe dit voel
om jou werk huis toe te neem ... en misdaadfiksie daarvan te maak. Die bekroonde Andrew Brown (Good Cop, Bad Cop), Duane Aslett (Goudduiwel) en Dibi Breytenbach (Vrediger) gesels met prokureur en skrywer Bettina Wyngaard.

View Details

Filosoof Johann Rossouw ondersoek
aan die hand van 5 van Karel Schoeman se latere romans hoe die voormoderne wêreld (tradisie) waaruit die moderne wêreld gebore is, dit wat in die moderne wêreld skeefgeloop het, kan regstel.

View Details

Aangebied deur Jonathan Ball Publishers In dié huldeblyk aan ’n koerant wat
met net 26 letters, 10 syfers, kolletjies
en strepe 30 000 uitgawes binne ’n eeu kon druk, word van die merkwaardige stories opgediep – van die Groot Griep en leë kantore, die nag in ’48 toe die teleksmasjien flits: ‘Smuts beaten at Standerton’, tot die dood van Nelson Mandela ... Luister hoe onthou oudjoernaliste betekenisvolle oomblikke, lag saam vir die ‘erewag’ van spotprente en kry daarna iets te ete en te drinke.

View Details

Aangebied deur NB-Uitgewers Die LitNet-joernalis gesels met Francois Smith oor haar fiksiedebuut, ’n naelskou- riller wat afspeel teen ’n brandende Stellenbosch, met opstandige studente en ’n jong ma wat droom van wegloop. Wanneer haar dogtertjie wegraak, verander dié prentjie egter drasties.

View Details

Aangebied deur Protea Boekhuis Hy het al van JK Rowling tot Roald
Dahl vertaal, maar onlangs was dit
die pittige stories van die man wat beskou word as die grootste Britse kinderboekskrywer van die afgelope dekade, die skerpskertser David Walliams. Hoor watter geheime verklap Kobus aan jeugboekskrywer Nanette van Rooyen oor internasionale vertaalkontrakte.

View Details

Aangebied deur Penguin Random House Die kos- en onthoustories van dié restaurateur en Sarie se voormalige kosredakteur is so ryk soos die botter en jerseyroom waarop hy op sy deftige Oupa en Ouma Cilliers se plaas in die Hokoe-vallei van die Klein-Karoo grootgeword het. Maar hy vertel
ook vir Kerneels Breytenbach van liefde vind en verloor, gay-wees as ’n plattelande seun, geloof en oudword.

View Details

Aangebied deur NB-Uitgewers Hy word as ’n wêreldklas-geskiedkundige gereken. Sy magnum opus, Die Afrikaners, het nie net die Jan H Marais-prys verower nie, maar is in die proses om verfilm en op kykNET uitgesaai te word. Albert Grundlingh lei die gesprek met Hermann.

View Details

Hoe is dit moontlik om vandag in Afrikaans te skryf? En veral as ’n mens vir en oor die wyer wêreld sou skryf? En is daar enigiemand wat nog oor
50 jaar Afrikaanse fiksie sal lees? Dit is van die vrae wat SJ (Fanie) Naudé, die 2013 Jan Rabie en Marjorie Wallace- beurshouer vir Alfabet van die voëls, vra in sy Jan Rabie en Marjorie Wallace- gedenklesing van verlede jaar by die Universiteit van Wes-Kaapland

View Details

Ingrid Winterbach talks to Karina about her life with one of our most celebrated and controversial novelists, André P Brink, and her forthcoming memoir, The Fifth Mrs Brink/Die vyfde mev. Brink. She was 29 when they were married, he 71. They shared 10 years of married life, never being apart, before he died on a plane next to her and she landed in what she calls ‘the foreign land of grief ’.

View Details

Aangebied deur LAPA Uitgewers Verskeie vroueskrywers laat hulle lesers naels kou van spanning, maar bied
ook ’n romantiese uitlaatklep. Drie van hulle – Isa, Madelein en Chanette – verduidelik aan Madri Victor waarom spanning maar ’n sagte kant mag hê.

View Details

Van Pokémon Go tot Brexit, oudioboeke tot ’n al hoe sterker papierboek,
Ferrante tot Knausgaard – wat is die jongste neigings in die internasionale boekwêreld? Jonathan Ball se Jeremy Boraine, Marga Stoffer van NB, en Penguin Random House se Melt Myburgh gesels met die hoof van die US Woordfees se Skrywersprogram Elmari Rautenbach.

View Details

Hoe lyk ’n wêreld waarin honde vir hulleself moet sorg? Wat gaan word as ons eerste mense verdwyn? Ernstige vrae, maar seepglad in misdaadfiksie ingeweef. Antropoloog en ekoloog Dave Pepler gesels saam oor feite wat (misdaad)storie word; Rudie van Rensburg stel die vrae.

View Details

Filosoof Johann Rossouw ondersoek
aan die hand van 5 van Karel Schoeman se latere romans hoe die voormoderne wêreld (tradisie) waaruit die moderne wêreld gebore is, dit wat in die moderne wêreld skeefgeloop het, kan regstel.

View Details

Die Stormberge is armer ná die afsterwe verlede jaar van die fier rooikopskrywer Margaret Bakkes, niggie van skryfgenoot Hennie Aucamp. Twee van haar seuns, die reisskrywer en pelgrim Johan Bakkes en Marius, ’n joernalis, en vriendin Reneé Conradie onthou die ma agter die skrywer, wat ondanks vier robuuste kinders in die huis meer as 35 boeke en bundels gepen het.

View Details

Aangebied deur Wits University Press Harry wou ’n toneelstuk skryf wat mense roer soos net teater kan. Maar dit het
eers roerend lewe gekry ná sy geprekke met mense na aan Bram, soos struggle- aktivis en Rivonia-beskuldigde Denis Goldberg, die vriend in wie se arms Bram die laaste twee nagte in die tronk geslaap het. Denis kom spesiaal saamgesels wanneer Jan-Jan Joubert Harry uitvra

View Details

Moontlik gemaak deur die Kaapse Forum van Neerlandistiek en Nederlandse Taalunie Berbers, Indies, Arubaans ... soveel kulture, soveel invloede. Wat is die impak daarvan op die Nederlandse taal en
hoe vergelyk dit met Afrikaans? Digter Alfred Schaffer, self van Arubaans- Nederlandse afkoms, gesels met die Amsterdamse skrywer Abdelkader Benali, wat in Marokko gebore is, en Pamela Pattynama, wat oor identiteit
en herinneringe aan Indië skryf.

View Details

Aangebied deur Kraal Uitgewers Nonnie was méér as net die vrou van genl. Koos de Rey. Sy was vreesloos in haar oortuigings. Tydens die Boereoorlog het sy ’n swerwersbestaan verkies bo oorgawe aan die Engelse. Fransjohan Pretorius en Dioneé Prinsloo van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns gesels met Zelda oor die dikwels onderskatte rol van die vrou in Suid-Afrikaanse geskiedskrywing.

View Details

Deon Meyer (Koors, Ikarus), Mike Nicol (Staatsrotte/Agents of the State) and acclaimed Nigerian crime writer Leye Adenle (Easy Motion Tourist, Lady Lagos) chat to Thys Human about the roles their home towns play in plotting their crime.

View Details

Medical doctor Anastacia Tomson discusses transgendered identities with photographer Robert Hamblin and opens up about her courageous account of embracing her own truth – as the woman she has always been.

View Details

Aangebied deur LAPA Uitgewers Hedendaagse feministe staan nie vir mans terug nie; tog is hulle skaamteloos vrou. Die moderne heldinne in Afrikaanse fiksie weet wat hulle wil hê, en dit is nié om man te wees nie. Sophia Kapp lei die gesprek.

View Details

Aangebied deur NB-Uitgewers Dis die 80’s, Johannesburg. Adriana de Klerk is 18. Haar pa, wat geld vir die ANC ingesamel het, is doodgeskiet en die Veiligheidspolisie staan voor haar deur. Ronel Nel gesels met Irma oor haar vyfde S-misdaadroman en haar hoofkarakter, wat uiteindelik in Berlyn haar talent om messe te gooi vervolmaak ....

View Details

Aangebied deur NB-Uitgewers Marié gesels met Amanda Botha oor die vroeë lewe van die beeldhouer Bernini terwyl sy besonderse beeldmateriaal uit haar navorsing vir Maestro deel. Sy beskryf Rome in die 1600’s, vertel hoe korrup die Kerk was, maar tog so toegeeflik teenoor sy kunstenaars, en hoe Bernini sy stem as kunstenaar gevind het.

View Details

Aangebied deur LAPA Uitgewers Dié bekende RSG-aanbieder se versameling sketse gaan oor die bisarre
tot skreeusnaakse dinge wat soms agter die strak gesig van die reg plaasvind.
Sélf ’n regsgeleerder in die strafhof weet misdaadskrywer Dibi Breytenbach waarvan hy praat, en deel sy ook ’n paar staaltjies.

View Details

Dié reël kom uit Lionel Shriver se toespraak by Brisbane se skrywersfees verlede jaar. Sy het die vraagstuk ondersoek of skrywers
in ander kulture se skoene kan klim, en haar praatjie gelewer met ’n sombrero op haar kop. John Miles, Darryl David, Sylvia Vollenhoven en Jolyn Phillips gesels met Bettina Wyngaard oor identiteit
en kulturele appropriasie in fiksie.

View Details

Aangebied deur Penguin Random House Die gelyknamige RSG-program wil die wêreld minder vreemd maak, en dít doen hulle al 37 jaar lank! Met die boek op die rak word al die interessantste vrae en antwoorde nou byeengebring.

View Details

Aangebied deur LAPA Uitgewers Amor van der Westhuyzen se ma was Joey Haarhoff – dié Joey wat saam met pedofiel Gert van Rooyen 6 meisies in die 80’s ontvoer en ’n koeëldood gesterf het tydens ’n polisiejaagtog. Carla het Amor se storie gedokumenteer in Mishandel, misbruik, misken. Die twee vroue vertel saam die volle verhaal aan Kwêla se Hannes van Wyk.

View Details

Aangebied deur Naledi In Sulamiet is Lina aan die woord by monde van die Sulamitiese geliefde van Salomo in ‘Hooglied’. Naas erotiek word die aardse paradys herstel deur alle vorme van die liefde. Lina gesels met Andries Visagie oor Jesus as rabbi wat ons leer om te leef, terwyl die musiek ons verbind met ’n transendente God.

View Details

Filosoof Johann Rossouw ondersoek
aan die hand van 5 van Karel Schoeman se latere romans hoe die voormoderne wêreld (tradisie) waaruit die moderne wêreld gebore is, dit wat in die moderne wêreld skeefgeloop het, kan regstel.

View Details

From time travelling to crime, comics
to short stories, Lauren Beukes talks about storytelling, the strange places her research has taken her, and putting a twist on reality to get at the big issues.

View Details

Presented by Penguin Random House One of South Africa’s most popular and highly respected historians reflects on a career spanning 4 decades. Naomi Meyer probes Bill about a life steeped in South Africa’s past and touches on a variety of topics that are close to his heart, such as the Anglo-Boer War, cricket, District Six, Nelson Mandela – even Spike Lee and Hollywood.

View Details

Aangebied deur LAPA Uitgewers Sy spanningsverhaal – oor ’n ontvoerder en verkragter – is as grensverskuiwend beskryf. Dit is ’n verhaal waarin Martin
die leser saamneem op die lang pad van heling wat vir ’n verkragtingslagoffer voorlê en waarvoor hy intensief, en dikwels met vrouelesers as klankbord, navorsing gedoen het. Jono Amid lei die gesprek.

View Details

Aangebied deur LAPA Uitgewers Drie bekroonde jeugskrywers; drie splinternuwe, grensverskuiwende tienerboeke. Mia Oosthuizen
gesels met die wenners van LAPA se jeugromankompetisie oor die uitdagings van ’n genre waarvan die lesers voortdurend verander en skrywers moet tred hou met sosiale onderstromings om in pas te bly.

View Details

Aangebied deur LAPA Uitgewers Hans se Tussen die klippe en Ronel
se Pelgrimshoop vra altwee waar die streep tussen die reg en waarheid nou eintlik lê. Sophia Kapp vra die skrywers uit oor hulle lekkerleesromans wat terselfdertyd morele kwessies opper.

View Details

Presented by Modjadji Books On the same day Michelle presented her psychology honours thesis on men’s perceptions of rape she was raped. Just hours after being applauded, she was on a beach, terrified and powerless to stop what was about to happen. Michelle shares her experience of what it means to survive rape with Kwêla’s Therese Benade.

View Details

Aangebied deur NB-Uitgewers Twee gesoute skrywers gesels misdaad met Deborah Steinmair. Wilna vertel meer oor die langverwagte slot van haar drieluik, waarin Ellie die moordenaars van haar pa konfronteer, terwyl Lerina – van Mannheim-sage – uitwei oor die tragiese Bosoorlogstorie wat die vonk was vir haar rillerdebuut.

View Details

’n Splinternuwe Afrikaans vertaling
het pas verskyn van Thomas Mofolo se ikoniese Chaka, wat in 1925 in Sotho gepubliseer is. Dit vertel van die lewe,
maar veral leierskapstyl van die magtige Zoeloe-opperhoof. Hoewel geen uitgewer dit aanvanklik wou uitgee nie, is die boek later in vyf tale vertaal en word dit beskou as van die beste werke in Afrika-literatuur uit die vorige eeu. Chris het dit in 1974 in Afrikaans vertaal, maar nou wéér gedoen. Hy gesels met Antjie Krog en Alfred Schaffer.

View Details

Aangebied deur NB-Uitgewers ’n Kwarteeu nadat die laaste skote in die Grensoorlog geklap het, is daar steeds mistastings daaroor. Abel Estherhuyse, verbonde aan die fakulteit Krygkunde aan die Universiteit Stellenbosch, gesels met Willem oor die hersiene glansweergawe van sy 1989-publikasie.

View Details

Moontlik gemaak deur Protea Boekhuis, SASNEV, die Vlaamse Regering,
Kaapse Forum vir Neerlandistiek
en Nederlandse Taalunie Met: Stefan Hertmans, Peter Verhelst en Abdelkader Benali Van die grootste woordkunstenaars
uit die Lae Lae lees uit hulle werk voor, terwyl die digter en bedrewe vertaler Daniel Hugo hulle uitvra oor hulle lewe en werk in Nederland en België.

View Details

Aangebied deur Protea Boekhuis Drie hopies grond. Drie grafte: Vytjie, Basjan en Gulu. Elkeen moet vertel hoe hy of sy aan sy dood gekom het. Trien
is die sameroeper van dié byeenkoms
na die dood. Hoe is haar huiswerker,
haar man en die plaaswerker dood? Marthinus Basson vra Hertzogpryswenner en dramaturg Pieter Fourie die kuns af.

View Details

Aangebied deur Protea Boekhuis Dis 1987 en die 19-jarige Leon Labuschagne is ’n tronkbewaarder by Pretoria Sentraal (nou Kgosi Mampuru II), waar hy as
laksman werk. Wanneer hy aangekla word van die moord op 7 lede van die Diepsloot-karatespan ná ’n voorval
van padwoede word bevind dit was
die dag nadat 32 gevangenes binne ’n kwessie van dae gehang is. Anant Singh se fliekweergawe van Shepherds and Butchers, die Engelse boekweergawe, is internasionaal bekroon. Chris, spesiaal hier uit Nieu-Seeland, praat met Jono Amid.

View Details

Ingrid se veelbekroonde Vlakwater is in Engels vertaal as The Shallows; Mike se Agents of the State in Afrikaans as Staatsrotte. Mike het die onderskeiding dat sy boeke beter in Afrikaans verkoop as Engels. Deborah Steinmair gesels met hulle oor Afrikaanse koopkrag versus Engelse reikwydte.

View Details

Filosoof Johann Rossouw ondersoek aan die hand van 5 van Karel Schoeman se latere romans hoe die voormoderne wêreld (tradisie) waaruit die moderne wêreld gebore is, dit wat in die moderne wêreld skeefgeloop het, kan regstel.

View Details

Aangebied deur NB-Uitgewers Ryk se Huilboek speel af tussen sy lewe vandag in Nieu-Seeland en sy kinderjare aan die Oos-Rand van die 60’s. Die titel verwys na die boekie waarin hy as ’n misrabele seuntjie ’n kruisie moes maak telkens as hy wou huil; die roman word ’n volwasse man se ‘huilboek’. Ryk is spesiaal hier uit Nieu-Seeland. Hy gesels met Antjie Krog, en Jana Cilliers lees voor.

View Details

Aangebied deur Penguin Random House KykNET se gewilde Megaboere het Suid- Afrikaners ’n kykie gegee in die lewens van die land se voorste boere. Die oekweergawe bevat fassinerende portrette van dié presteerders. Suzaan Steyn gesels met skrywer en medevervaardiger Wynand Dreyer oor die boere wat sy pad gekruis het toe Megaboere geskiet is.

View Details

Aangebied deur NB-Uitgewers ’n Storm soos Hlaudi Motsoeneng se SAUK-krisis skud dinge in jou los. In sy eieverhaal skryf Ivor krities hieroor – ook sy rol. Maar hy vertel vir Hanlie Retief hoe alles begin het – met ’n kleintydliefde vir die Afrikaanse taal, en van goed en swaar in dié bedryf.

View Details

Aangebied deur NB-Uitgewers Daar was die dag vóór en die dag ná die aanval. Die kettingreaksie wat afgeskop word, sleur Margaretha mee van wanhoop na wonderwerk en ’n selfondersoek wat haar ver terugneem na haar kindertyd. ’n Ware verhaal deur die oë van ’n
vrou, waar insig teen ’n prys kom en retrospek soms eerlik-snaaks is. Sy praat met die hoof van die US Woordfees se Skrywersprogram Elmari Rautenbach.

View Details

Aangebied deur Naledi Die gereformeerde kerke in Suid-Afrika is aan die kwyn weens ’n verknogtheid aan Middeleeuse dogma. Deur bewese navorsingsbevindings in die teologie, argeologie en biologie te ignoreer word die Kerk toenemend irrelevant. Jurie praat met Chris Jones oor hoe dit die weg vir lidmate oopmaak om uiteindelik self te bepaal hoe die Kerk moet lyk en funksioneer.

View Details

Aangebied deur NB-Uitgewers Hoeveel kan ’n mens liefhê? Dié versameling essays deur die gewilde rubriekskrywer wys sy kyk op ander maniere na alles rondom haar. Annalise vertel aan Danny Fourie wat haar bemoedig en inspireer, en sing oor die vele fasette van die liefde.

View Details

Aangebied deur NB-Uitgewers Ria het ná die dood van Johan (JP) die verhale wat hulle saam geskryf het, voltooi. In Die helder oomblik, die egpaar se tweede bundel, val die fokus op verraad. Saam met Ria gesels die bekroonde Nicole Strauss oor As in die mond, wat sentreer om verskillende karakters wat geraak word deur een nag van vlammehel. Kerneels Breytenbach vra hulle uit.

View Details

Aangebied deur Protea Boekhuis ’n Tienermeisie se dagboekinskrywings tydens die Anglo-Boereoorlog oor onder meer die dood van haar geliefde broer, Japie, op Ceylon en haar pa wat as ‘hendsopper’ Lesotho toe uitwyk, gee sonderlinge insig in die oorlog en kwessies soos taal, politiek en sosiale status. Ena, wat die voor- en nawoord geskryf het, wys foto’s en gesels met Ingrid Winterbach.

View Details

Aangebied deur NB-Uitgewers Van die skrywer van Kroniek uit ’n doofpot, Die buiteveld en Voetstoots verskyn ná 8
jaar ’n nuwe roman, gekenmerk deur ’n moedswillige humor en merkwaardige insig in die mens se lot. Hierin neem ’n oud- onderwyser bestek op sy lewe ná ’n insident met ’n hond. Thys Human vra John uit.

View Details

Aangebied deur Naledi Die projek het afgeskop as ’n gedenkboek aan Adam Small, oor die bydrae van spesifiek bruin sprekers van Afrikaans tot die ontwikkeling van die land en taal. Danksy die enorm positiewe reaksie
het dit uiteindelik ’n pragboek geword, waarin dikwels lank versweë stories
van meer as 40 skrywers, akademici en gemeenskapsleiers versamel is. Rian Cloete gesels met van die persoonlikhede.

View Details

Presented by Jonathan Ball Publishers Publisher Jonathan Ball talks to Richard Steyn (Jan Smuts: Not Afraid of Greatness) about his ground-breaking biography of a brilliant yet flawed world leader, which has now been published in Afrikaans as Jan Smuts: Afrikaner sonder grense.

View Details

Aangebied deur Kraal Uitgewers Hoe verseker ’n mens kulturele vryheid
vir minderhede in ’n politieke orde? In ’n nuwe boek ondersoek 10 kundiges uit Suid-Afrika, Zimbabwe, Nederland, België, Duitsland en Amerika hoe gemeenskappe en regerings wêreldwyd vorme van gebiedsongebonde selfstandigheid beproef of nastreef. Redakteur Heinrich Matthee bespreek hulle gevolgtrekkings met Deon Geldenhuys.

View Details

Aangebied deur Penguin Random House In Sabbatsreis vertel Annelie hoe sy
in Engeland vir Granny gaan oppas het. Sedertdien is sy wéér Engeland toe – dié keer as die goewernante
van vier onhebbelike bloubloed- seuntjies. En bevind sy haar in ’n grillerige ou kasteelhuis in Wallis – as kasteelbediende. Verlustig jou in dié storieverteller se herinneringe aan ’n tyd wat sy nooit weer wil beleef nie ...

View Details

Filosoof Johann Russouw ondersoek aan die hand van 5 van Karel Schoeman se latere romans hoe die voormoderne wêreld (tradisie) waaruit die moderne wêreld gebore is, dit wat in die moderne wêreld skeefgeloop het, kan regstel.

View Details

Beslis, argumenteer Danie Marais. Nie net verdien Dylan sy Nobel-prys vir sy uitsonderlike skryfwerk in sy liedtekste nie, maar die prys is ook groot erkenning vanuit ’n gerespekteerde oord vir ’n hele onderskatte skryfdissipline. Rian Malan, Kerneels Breytenbach en Anton Goosen gesels saam; Anton, met sy kitaar.

View Details

Aangebied deur Modjadji Books: Bibi Sllippers gesels me twee mede- debutante oor hoe hulle taalgrense buig: Jolyn Phillips, met wortels op die vissersdorpie van Gansbaai en n meestergraad in kreatiewe skryfwerk, oor haarmerkwaardige' kortverhale in Tjieng-Tjang Tjerries; en Shirmoney Rhode, die Afrikaans juffrou, wat in Kaapse Afrikaans dig oor haar ouma en die mense van Nomme 20 Delphi Straat.

View Details

Presented by NB Publishers: Only in South Africa would words such as Vrystaat',ou boe'’, or `nogal' be accepted as, yes, English! Say Again? treats readers with numerous examples of how our version of the Queen’s tongue is enriched by Afrikaans. Actress June van Merch shows us how, while Leon de Stadler chats to Malcolm over a glass of wine.

View Details

Aangebied deur NB-Uitgewers Bertolt Brecht se ikoniese Mutter Courage und ihre Kinder word na die Kaapse Vlakte verplaas, waar Priscilla ’n lewe vir haar gesin uit die flenters van bendeoorloë aanmekaar smous. Teaterresensente Wayne Muller en Naudé van der Merwe vra Amy uit, en akteurs gee ’n voorsmaak.

View Details

Aangebied deur Naledi Waar was God toe ’n Vrystaatse boer en sy vrou ná kerk op hulle plaas afgemaai is? En by Marikana? Dis dié soort vrae wat die vertrekpunt is van Frits se boek, God op soek. Hy bespreek dit met Willie Esterhuyse (van Geagte Jahwe) en Jean Oosthuizen.

View Details

In A Death Retold in Truth and Rumour: Kenya, Britain and the Julie Ward Murder Grace revisits the sensational murder of a young British tourist in Kenya. Chris Marnewick’s In die laksman se skoot/Shepherds and Butchers takes place against the harrowing backdrop of death row during apartheid. They tell Hedley Twidle about the real-
life murders that inspired their books.

View Details

In Broedertwis word die rede vir die vete tussen die De Wet-broers, Christiaan en Piet - Boereoorlogheld en -verraaier - ondersoek: in Jan Smuts: Afrikaner sonder grense die kontras tussen Smuts se impak op die wêreldverhoog en dié in sy eie land. Die twee skrywers gesels met Fransjohan Pretorius oor verraad en verraiers binne `n historiese perspektief.

View Details

Aangebied deur NB-Uitgewers Kwêla se gewilde ankeraanbieder laat val die kollig op die vroue wat hom geraak het – van bekendes tot hartsvroue, soos sy ma en ouma. Kom luister na sy openhartige en humoristiese vertellings wanneer Zanne Stapelberg hóm ’n slag uitvra. As toegif sing sy boonop ’n liedjie of twee.

View Details

Aangebied deur Penguin Random House In haar eerste nuwe roman sedert
Die blou van onthou bevind Marita se hoofkarakter – ’n eens belowende, nou prulskrywer – hom in Parys. Sy morbiede gedagtes word kortgeknip wanneer hy tot sy ontsetting besef hy en ’n jong au pair het die Paryse terreuraanvalle met minute misgeloop ... Karin Brynard vra Marita uit.

View Details

Crossing mediums and languages, Brett Michael Innes (Rachel Weeping/ Sink), Chris Marnewick (Shepherds and Butchers/In die laksman se skoot), and Tracey Farren (Whiplash/Tess) talk to Martin Botha from UCT’s Centre for Film and Media Studies about the silver screen adaptations of their books and the Afrikaans translations that followed.

View Details

Aangebied deur NB-Uitgewers. Hoe kyk ’n mens terug na jou lewe en wens jy het ’n ander besluit geneem? Wat sou gebeur het as ...? Die roman is ’n brief aan ’n verlore geliefde, waarin ’n vrou worstel met skuld en spyt, maar veral waarin sy treur. Karin Schimke gesels met Valda.

View Details

Aangebied deur Penguin Random House A source of much controversy when it was published, Lerato’s The Way I See
It – The Musings of a Black Woman in the Rainbow Nation is thought-provoking, funny and irreverent. The former Sunday Times columnist and True Love editor tells Melinda Ferguson why she considers no subject too sacred for scrutiny.

View Details

Aangebied deur NB-Uitgewers Dit was die vonds van Emily Hobhouse se handgeskrewe notas, dagboeke en plakboeke in ’n trommel in Kanada wat Elsabé begeester het om dié vars blik te gee op ’n buitengewone vrou wat voortdurend in die spervuur was. Filmman Herman Binge hoor
die storie agter die storie.

View Details

Aangebied deur Kraal Uitgewers. Jaap Steyn se Ons gaan ’n taal maak is ’n besonderse boek oor die ontstaan van Afrikaans. Hier gesels hy, Michael Jonas
van die Afrikaanse Taalmuseum, en Wannie Carstens met Alana Bailey van die Afrikaanse Taalraad oor dié taal se geboorte en groei.

View Details

Aangebied deur Protea Boekhuis. As destydse koerantfotograaf het Cloete die lewe in die ou Distrik Ses op film vasgevang: mense wat praatjies op straathoeke maak, die karakters
van die buurt, jillende kinders, die Klopse wat ’n nuwe jaar in dans. Hy gesels oor die herdruk van sy boek met Noor Ebrahim, gebore en getoë
in die Ses, waar sy oupa 30 kinders gehad het – almal Distrik Sessers.