Ons dissekteer enige interessante onderwerpe en pak dit uit.
Kyk uit vir die Dekselse Potgooi.
Moontlike temas om na uit te sien: - Toekoms visie en voorspellings - Beroepe en stokperdjies (vreemd en lukraak) - Waar op die kaart? - Wat in die wereld? - Musiek met 'n missie
In hierdie episode bespreek ons die neigings, voordele en nadele rondom kunsmatige intelligensie stelsels soos b.v Chat-GPT en Deep Fakes.
In die afgelope dekade het die hoeveelheid data in die wereld aansienlik gegroei.
In hierdie episode praat ons oor fop-feite en die mag van inligting vir die mensdom.
Stress en verveeldheid is simptome wat die wereld al sedert die eerste industriele revolusie beleef en steeds mee worstel.
Die COVIT-19 pandemie het ons net meer hiervan bewus gemaak.
In hierdie episode bespreek ons hoe om hierdie uitdagings aan te pak.
Ontmoet vir Stefan, Vincent en hul dekselse potgooi.
Hierdie episode bespreek die potgooi self en waarna luisteraars kan uitsien.