Afrikaans Vandag: Recent Episodes

Afrikaans Vandag

Podsendingkanaal van die Woordeboek van Afrikaans Vandag en Teksredaksie by afrikaans-vandag.co.za.

View Details

Op watter maniere word Afrikaans deur Engels beïnvloed? Wat staan die teksredakteur in dié verband te doen? Behoort die terme “anglisisme" en “anglisisties” vandag steeds gebruik te word? Waar en wanneer het die invloed van Engels op Afrikaans begin? In watter mate kan van jong Afrikaansgebruikers verwag word om steeds hul taal “suiwer” te hou? Hoe moet taalpraktisyns Engelse invloed in Afrikaanse tekste benader? Moet pogings om Afrikaanse ekwivalente vir Engelse neologismes te skep, voortgaan? Wat is die rol van naslaanbronne? Beïnvloed stylbesluite by koerante en tydskrifte die gehalte en verandering van geskrewe Afrikaans? Jana Luther praat hieroor met Fred Pheiffer. Taalpos-nuusbrief

View Details

Van die ou, informele taal van diamantgrawers is daar vandag maar min gebruikers oor, maar van die tyd toe die delwerskoors hoog geloop en duisende geluksoekers na nuut geproklameerde delwerye gestroom het, getuig ’n klein skat inskrywings in die WAT. www.afrikaans-vandag.co.za

View Details

En die groen gras groei daar om (Jana Luther). Kyk ’n slag, sê Jeanette, “hoeke mooie name die veldgrasse van Suid-Afrika het”. In die wêreld is daar meer as 10 000 grasspesies; in Suid-Afrika ongeveer 1 000 soorte, wat ook al die grane insluit. Baie het meer as een naam. Ruigtegras. Beddinggras. Borselgras. Donsgras. Besembiesies. Bewertjies. Bromgras ... Lande en lande, vlaktes en vlaktes gras. Hier is ’n gerf uit die WAT.

View Details

Die teksredakteur (Jana Luther). Wat is die doel van redigering? En wat is die rol en verantwoordelikhede van die teksredakteur ten opsigte van ander rolspelers in die publikasieproses? Teksredaksie.co.za

View Details

Bontskapies, beeruile, bloutjies en bruintjies (Jana Luther). Dat die eerste aankomelinge uit Europa in hulle vroeë dae aan die Kaap baie van Suid-Afrika se inheemse soogdiere nog nooit gesien het nie; dit is algemeen bekend. Ook dat baie van dié diere na diere elders genoem is. Maar hoe het dit oor die eeue heen met die benoeming van Suid-Afrika se ongewerweldes gegaan? Insekte, spinnekopagtiges, oorkruipers, duisendpote, wurms. Hoeveel van dié diertjies ken ons by die naam? In die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (die WAT) wemel hulle.

View Details

In die leestekenhoofstuk van die AWS word daar vir die gebruik van die komma altesaam vytien reëls gegee; vir die gebruik van die kommapunt, net twee. Tog is baie skrywers oor die korrekte gebruik van die kommapunt onseker. Oor dié leesteken handel ’n hele nuwe boek: Semicolon: The Past, Present, and Future of a Misunderstood Mark, deur Celia Watson. Jana Luther lees die e-boekweergawe, in Junie 2019 uitgegee deur 4th Estate, Londen. Teksredaksie.co.za · Volg ons op Facebook

View Details

Jy wil ’n skrywer wees? (Jana Luther). Dan moet jy eers op hierdie vrae antwoord. Teksredaksie.co.za · Volg ons op Facebook

View Details

Welkom by Teksredaksie.co.za (Jana Luther & Fred Pheiffer). ’n Nuwe projek vir die verkenning van praktiese redaksionele prosesse ter aanvulling van formele, teoretiese opleiding van teksredakteurs in Afrikaans. Inhoud vir taalpraktisyns, taalpraktykstudente en -dosente, asook vir skrywers. Veral, maar nie uitsluitlik nie, vir mense wat daagliks professioneel in en met veral geskrewe Afrikaans werk. Teksredaksie.co.za · Volg ons op Facebook · Volg ons op Twitter